15
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 1 19 - 26 Januarie 2018 Tema vir die jaar: “VRIENDELIKHEID” VERWELKOMING: Baie welkom aan ons nuwe leerders en ouers, asook ons nuwe leerkragte, mejj Chantell Deetlefs en Mariska Marais en mev Saricé Venter. Ons verwelkom ook mev Liezel Roodt wat by die koshuis diens gaan doen en in die kombuis behulpsaam gaan wees. Oom Giel de Beer is as faktotum aangestel en Adéle Lübbe is ons nuwe Sportorganiseerder. Ons hoop dat u vinnig tuis sal voel en wens u ‘n lang en aangename verbintenis met Jacobsdal Primêre Skool toe. SKOOL- EN KOSHUISGELD 2018: Skoolgeld vir Januarie is dadelik betaalbaar en dan tot en met November vóór die 7de van elke maand. Koshuisgelde vir die eerste kwartaal is dadelik betaalbaar en dan verder op die eerste dag van kwartale twee, drie en vier. Maandbetalers moet op die eerste dag van ‘n maand betaal. Op 22 Desember 2017 is ‘n bedrag van R5100 op die skoolrekening inbetaal met verwysing: “Uitstaande geld”. Ons het geen idee wie dit was nie. Kontak asseblief die finansiële kantoor. BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 12:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00, op Maandag, 22 Januarie. MEDIALEIERS / MONITORS: Baie geluk aan die volgende leerders wat as MEDIALEIERS en MONITORS by die skool aangestel is: DOKUMENTE BY NUUSBRIEF INGESLUIT: Finale buitemuurse rooster en kwartaalprogram vir kwartaal 1. Uiteensetting van die skool- en koshuisgeld vir 2018. Gedragskode vir leerders vir 2018. (Teken afskeurstrokie onder aan die dokument en stuur terug na klasonderwyser) Gedragskode vir ouers vir 2018. (Teken afskeurstrokie onder aan die dokument en stuur terug na klasonderwyser) Vrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese medikasie gebruik. Basiese medikasievormpie vir leerders. Aansluitingsvorm vir die sms-stelsel. Aansluiting vir alle ouers is verpligtend. Slegs R60 vir die hele jaar se sms’e. Afskeurstrokie vir ouers wat bereid is om toesig in klasse te hou indien onderwysers afwesig is. (Teen betaling) Periodetye vir 2018. MEDIALEIERS: Cayla da Camara MONITORS: Lana Jacobs

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

  • Upload
    dinhthu

  • View
    237

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 1 19 - 26 Januarie 2018Tema vir die jaar: “VRIENDELIKHEID”VERWELKOMING:Baie welkom aan ons nuwe leerders en ouers, asook ons nuwe leerkragte, mejj Chantell Deetlefs en Mariska Marais en mev Saricé Venter. Ons verwelkom ook mev Liezel Roodt wat by die koshuis diens gaan doen en in die kombuis behulpsaam gaan wees.Oom Giel de Beer is as faktotum aangestel en Adéle Lübbe is ons nuwe Sportorganiseerder.Ons hoop dat u vinnig tuis sal voel en wens u ‘n lang en aangename verbintenis met Jacobsdal Primêre Skool toe.

SKOOL- EN KOSHUISGELD 2018: Skoolgeld vir Januarie is dadelik betaalbaar en dan tot en met November vóór die 7de van elke maand.Koshuisgelde vir die eerste kwartaal is dadelik betaalbaar en dan verder op die eerste dag van kwartale twee, drie en vier. Maandbetalers moet op die eerste dag van ‘n maand betaal.

Op 22 Desember 2017 is ‘n bedrag van R5100 op die skoolrekening inbetaal met verwysing: “Uitstaande geld”. Ons het geen idee wie dit was nie. Kontak asseblief die finansiële kantoor.

BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 12:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00, op Maandag, 22 Januarie.

MEDIALEIERS / MONITORS:Baie geluk aan die volgende leerders wat as MEDIALEIERS en MONITORS by die skool aangestel is:

DOKUMENTE BY NUUSBRIEF INGESLUIT: Finale buitemuurse rooster en kwartaalprogram vir kwartaal 1. Uiteensetting van die skool- en koshuisgeld vir 2018. Gedragskode vir leerders vir 2018. (Teken afskeurstrokie onder

aan die dokument en stuur terug na klasonderwyser) Gedragskode vir ouers vir 2018. (Teken afskeurstrokie onder aan

die dokument en stuur terug na klasonderwyser) Vrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb

en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese medikasie gebruik. Basiese medikasievormpie vir leerders. Aansluitingsvorm vir die sms-stelsel. Aansluiting vir alle ouers is

verpligtend. Slegs R60 vir die hele jaar se sms’e. Afskeurstrokie vir ouers wat bereid is om toesig in klasse te hou

indien onderwysers afwesig is. (Teen betaling) Periodetye vir 2018. Kleurgala inskrywingsvorm. Ons rig ‘n vriendelike versoek aan

Graad 1 ouers om ‘n donasies van produkte vir hierdie gala te skenk. As elke kind in graad 1 net een item kan bring gaan dit help om aankope tot die minimum te beperk. (Elke graad gaan ‘n beurt kry om deur die loop van die jaar bydraes vir fondsinsamelings te maak)

BELANGRIKE INLIGTING: HOU ASB. AL U NUUSBRIEWE OP LÊER, U GAAN DIT WEER

NODIG KRY. Ouers moet seker maak dat hulle kwitansies ontvang vir alles wat

by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Dokumente word by die klasonderwysers ingehandig en meeste

betalings word ook by die klasonderwysers gedoen. Ouers (en veral ons nuwe ouers) kan kennis neem van die

volgende nuttige inligtingWebtuiste: www.jakkies.com Eposadresse: [email protected] (Skoolhoof)

[email protected] (Sekretaresse) [email protected] (Finansies)

[email protected] (Sportkantoor – Adelé) Facebookblad: Jakkieloer - ouers is welkom om nuus daarop te laai (like asb!)

NUUSBRIEWE:- Elke oudste of enigste leerder in ons skool ontvang elke Vrydag

‘n nuusbrief met inligting en al die reëlings vir die volgende week. U moet assebief op die nuusbriefkontroleblad (in u kind

MEDIALEIERS:Cayla da Camara

Leané du ToitAnke Duvenhage

Lyrika J v RensburgClaire Nolan

Willandie SwartzGerco MaraisVuyani Moore

MONITORS:Lana Jacobs

Anke DuvenhageKayla van der Linden

Claire NolanElza van Graan

Juhan SwanepoelJC Lübbe

Christopher BeyleveldPhillip Wiid

Stephan Dignon

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

se besit) teken dat u die nuusbrief ontvang en saam met u kind gelees het.

- Die nuusbrief word ook elke Vrydag op ons webtuiste geplaas. DISSIPLINE:

- Ons skool volg ‘n dissiplinestelstel wat as volg werk:- Detensie word op Dinsdae, en Donderdae vanaf 15:30 tot 16:30

in die koshuis gesit.- Indien u kind ‘n pienk briefie ontvang is hy/sy verplig om

detensie te sit.- Ouers moet ook die detensiebriefies teken en terugstuur.- Met ‘n vierde oortreding kry ‘n kind ‘n geel briefie wat ‘n

dissiplinêre verhoor beteken. AFWESIGE LEERDERS:

- Leerders wat afwesig was en toetse gemis het, gaan op die eerste Maandag daarná daardie toetse gedurende die eerste periode (admin) in mnr Schalk Meintjes se klas skryf. Indien ‘n leerder op daardie Maandag óók afwesig is (met ‘n geldige verskoning) mag hy op die daaropvolgende Maandag sy/haar toets inhaal. Indien hy of sy nie ‘n geldige verskoning het nie, kry daardie leerder ‘n 0-punt vir daardie toets.

- Ouers mag nie gedurende skoolure direk na ‘n klaskamer gaan om ‘n onderwyser te spreek nie. Meld asseblief by die kantoor aan sodat ons adminpersoneel u kan help.

- Leerders wat laat is vir skool moet eers by die kantoor aanmeld en ‘n register teken.

- Ouers moet asseblief die kantoor so vroeg as moontlik telefonies in kennis stel indien u kind siek is of nie in die skool is nie.

- Geen dokters-/tandartsafsprake gedurende skoolure tensy dit ‘n krisis is nie. Stel asseblief vooraf die Skoolhoof SKRIFTELIK in kennis en onthou om u kind by die kantoor te kom uitteken.

- Leerders moet ‘n mediese sertifikaat toon indien hy/sy meer as twee dae afwesig is.

- Leerders is self daarvoor verantwoordelik om hulle huiswerk by maats te kry, en in te haal, as hulle afwesig was. Huiswerk is ook elke dag vir graad 4 – 7 net na skool in ‘n lêer in die boekstoor beskikbaar.

VEILIGHEID:Alle hekke van die skool word vanaf 7:30 tot 12:30 gesluit ter wille van die veiligheid van u kind. Ouers en leerders (ook Kleuterskool) moet asseblief van die Zebrastrepe gebruik maak om tussen die skool en koshuis oor die

pad te gaan. Geen motors mag op die Zebrastrepe staan nie. Ry asseblief uiters versigtig en stadig in die straat voor die skool/koshuis.

SKOOL EN SPORTKLERE:- Leerders kom elke Woensdag met hulle sportklere skool toe.- Alle skool- en sportklere moet asseblief gemerk wees.

SELFONE:- Leerders mag nie selfone tydens skoolure in hulle besit hê nie.

Selfone mag wel vóór skool by die kantoor ingehandig en ná skool weer afgehaal word. Geen selfone by die koshuis nie.

KLEREWINKELTYE: Maandag: 7:30 – 9:00 Vrydag: 12:00 – 13:00

PRYSUITDELING: (Veral ons nuwe ouers)Die beleid bepaal dat leerders (indien hy/sy vir ‘n streek- of provinsiale span gekies word) eers kleure kry indien hy/sy vir daardie streek/span deelgeneem het. Indien deelname ná die Prysuitdeling van daardie jaar plaasvind, sal die leerder eers in die volgende jaar erkenning daarvoor kry.

Die HANDBOEKE wat u kind ontvang, is vir ons skool baie kosbaar. Leerders wat handboeke verniel of laat wegraak, ontvang rekeninge.

Ouers wat skool- en koshuisgelde elektronies inbetaal moet asseblief hulle kind se naam en van en waarvoor die betaling is, as verwysing gebruik.

Ouers moet asseblief kennis neem dat daar kameras in die klaskamers is. Opnames kan met dissiplinêre verhore gebruik word.

MIDDAGETES is vir dagskoliere by die koshuis beskikbaar @ R40 elk. Etekaartjies moet vóór 10:00 by die kantoor gekoop word om ‘n ete te kan kry. Ouers wat vir die eerste keer hulle kinders by die koshuis wil laat eet en studie in die middae, moet ‘n aansoekvorm en beleid by die kantoor kom haal om u kind te registreer. Ouers wat reeds geregistreer het hoef dit nie weer te doen nie.

ADRESVERANDERING: Dit is u as ouers se verantwoordelikheid om die skool in kennis te stel indien u woonadres, posadres of telefoonnommer verander.

BOEKSAKKIES: Materiaal boeksakkies is by juffrou Rina beskikbaar @ R25 een. Ten bate van Jakkies Opwaarts Sentrum.

NB: Geen geld/boeke/kosblikke/sportklere/taakitems ens. word gedurende skoolure na kinders in klasse geneem nie. Hulle moet maar daarsonder klaarkom daardie dag.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

Enige navrae oor Prysuitdeling- en atletiekfoto’s moet by Clivé self gedoen word. Haar nommer is: 0837083974

SMS-WEB:Ouers is verplig om by die sms-stelsel van die skool aan te sluit. U moet elke jaar herregistreer deur die strokie in te vul en R60 na die klasonderwyser te stuur. Ons skool moet ouers in ‘n noodgeval in die hande kry. Hierdie R60 is ‘n eenmalige bedrag vir die hele jaar. (Ten minste een ouer is reeds voorlopig by die stelsel geregistreer)

SKRYFBEHOEFTES / HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Leerders se skryfbehoeftes en huiswerkboeke word op Maandag, 22 Januarie deur die klasonderwysers gekontroleer. Graad 5 – 6 leerders kan huiswerkboeke vir kwartaal 1 by die klasonderwysers @ R25 elk bestel. (Graad 4’s kry kwartaal 1 se huiswerkboek gratis.) Afskeurstrokies en gelde na klasonderwysers asseblief.

GRAAD 1 “EERSTE SKOOLDAG”-FOTO’S: [AFSKEURSTROKIE]Graad 1 se “Eerste Skooldag”-foto’s kan deur ouers per afskeurstrokie by juffrou Marisan bestel word. (Een foto is in die saal tydens die “kloklui”-seremonie geneem en nog ‘n individuele foto is in die klaskamer geneem)Jumbo: R15 A5 vergroting: R30Kontant met bestelling asb. Sluitingsdatum vir bestellings: Vrydag, 26 Januarie.

GRAAD 1 OUERVERGADERING: Ouers van graad 1-leerders het op Vrydag, 26 Januarie om 12:00 ‘n belangrike inligtingsvergadering in die graad 1-klas.

KOSHUIS: Kennis geskied hiermee van ‘n vergadering vir ALLE KOSHUISOUERS wat plaasvind op Maandag, 22 Januarie om 7:40 in die eetsaal. ‘n Koshuiskomiteevergadering vind net na die Koshuisouervergadering plaas.

LEERDERDEELNAME:RUGBY- EN NETBALOEFENING / BOKSMART LYSTE:

Oefentye is op die buitemuurse rooster aangedui. 0/13 Rugby en netbal begin reeds op Dinsdag, 23 Januarie. Die res eers op 6 Februarie. 0/13 Rugbyspelers gaan weer proewe hê op Dinsdag, 23 Januarie 15:45 – 16:45. Indien jy nou al weet dat jy nie vanaf 23 - 28 Maart gaan toer nie, moet jy dit vir die afrigters sê asseblief. Dit gaan nie jou posisie later in die seisoen beïnvloed nie. (Onthou geen atlete!)Atlete mag eers ná die Motheo/Xhariepbyeenkoms aan rugby- en netbaloefening deelneem.Alle seuns moet asseblief die BokSmart vorms wat hulle gekry het invul en so gou as moontlik na die klasonderwysers terugstuur.

TENNIS: Baie sterkte aan die volgende tennisspelers wat op Saterdag, 20 Januarie aan die Suid-Vrystaat tennisproewe deelneem:JC Lübbe, Anneline de Wet, Marlien Smith, De Wet du Plooy, Evan Burger, Suzanne le Roux, Izeldi Jacobs, Riko Swart, Leo Wilkinson, Nico Smith en Johandri de Wet.Ouers wat wil hê dat hulle kinders by Ruan Venter professionele tennislesse moet ontvang, kan die vorm invul wat by die nuusbrief ingesluit word. Stuur dit asseblief terug na die klasonderwysers. Lesse begin op Woensdag, 24 Januarie in die LOP periodes in groepe.

BLEEPTOETSE:Bleeptoetse (fiksheidstoetse) word op Woensdag, 24 Januarie tydens die LO-periodes deur alle graad 4 – 7 leerders afgelê.

KLEURGALA – MAANDAG, 29 JANUARIE: Leerders wat vir die Kleurgala wil inskryf moet hulle inskrywingsvorms op die laatste Maandag, 22 Januarie by die klasonderwysers inhandig. Swemmers kan vir 5 items inskryf. Geen inskrywings word by die byeenkoms self gedoen nie. Geen laatinskrywings na Maandag nie.NB:

Die Victor en Victrix, word vanjaar op die Interskolegala en nie op die Kleurgala nie, bepaal. Slegs die Jakkie-swemmers gaan in aanmerking daarvoor kom.

Slegs 0/9 swemmers word in aanmerking geneem vir die Junior Victor en Victrix toekennings.

Slegs swemmers van 0/9 af, neem aan die Vrystaat Swemkampioenskappe deel. .

Slegs 0/9 swemmers mag vir 0/10 50m vlinderslag inskryf op die Kleurgala omdat hulle dit ook op die Vrystaat Kampioenskappe so kan swem.

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

Die eerste twee plekke in elke item gaan deur na die Interskolegala.

Na afloop van die Kleurgala word ‘n span gekies om aan die Vrystaatkampioenskappe op 20 en 21 Februarie deel te neem.

Wenners van die Victor en Victrix Ludorum swembekers van 2017 (nie swemprestasiebekers nie!) moet asseblief die bekers op Maandag, 22 Januarie by die sportkantoor kom inhandig.

KOM BRING DIE MIDDAG SAAM MET ONS DEUR!

KLEURGALA BEAMPTES / VERVERSINGS:Ouers wat bereid is om as beamptes op te tree, kan dit onderaan die inskrywingsvorm aandui. (Ons sal julle hulp ook by die Interskole Gala op Maandag, 5 Februarie baie waardeer.)

AL DIE GRAAD 1 OUERS word vriendelik gevra om volgende week skenkings van die volgende produkte vir die Kleurgala na die boekstoor te stuur:

KOEKMEEL EIERS KOOKOLIE MAYONAISE TAMATIESOUS SUIKER RYS MAALVLEIS BLATJANG WAATLEMOENE

(Gee dit asb. by die boekstoor af)

BEPLANDE VERVERSINGS: Skyfies / Russians / Cheesegrillers Worsbroodjies Toasted Ham & Cheese Kerrie & Rys Pannekoek Koeldrank & Snoepie Vrugtebakkies Braaistasie – benodig pappas asb.

Ons vra ook dat ons graad 1-ouers (as dit vir hulle moontlik is) die OLK kom help met die voorbereiding en verkoop van verversings. Kontak asseblief vir Jeanette Engelbrecht by 0823357333 as jy kan help. Byvoorbaat dankie aan ons graad 1 ouers! Ons sal julle hulp baie waardeer. Met die Interskole Gala is die graad 2-ouers aan die beurt.

SONE ATLETIEKBYEENKOMS: [AFSKEURSTROKIE]

Die finale sone-span is beskikbaar nadat die nuwe leerders ook getoets en ingesluit is. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 22 Januarie terugstuur na die klasonderwysers.

Datum van Sone-byeenkoms: Donderdag, 1 Februarie Inskrywingsgeld: R20 per atleet (Gee in saam met vorm) Ouers neem verkieslik self hulle kinders na die byeenkoms. Inskrywings word volgende week gedoen en dan sal geen

onttrekkings toegelaat word nie.

TWEEKAMP:Suid-Vrystaat tweekampatlete wat aan die Oudtshoorn Interprovinsiale byeenkoms wil deelneem moet so gou as moontlik by tannie Adéle kom inskryf.

SWEMKLUB: [INLIGTINGSBRIEF]Ouers moet asseblief kennis neem van die inligtingsbrief wat by die nuusbrief ingesluit word.

SKAAK: Sterkte aan die skaakspelers wat op Vrydag 19 en Saterdag 20 Januarie aan die heel eerste kwalifiserende skaaktoernooi van 2018 gaan deelneem.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

Baie geluk aan Hoër Landbouskool met hulle pragtige matrieksuitslae van 2017 (33 jaar 100% slaagsyfer).Ons is veral baie trots op Oud-Jakkies wat pragtig

presteer het.

AANSLUITING BY JAKKIES SE SMS-STELSEL 2018 - Verpligtend vir alle ouers

GEBEDSLYS:

Marietjie Badenhorst (Ma baie siek)Delene Da Camara (operasie)

DIE DROOGTE IN ONS LAND

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

OF

Merk asseblief u keuse met ‘n X

LEERDERS IN ONS SKOOL SE NAAM, VAN EN GRAAD:

____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

(Elke leerder in die gesin moet aan die selfoonnommer gekoppel word)

SELFOONNOMMER: 1 (Gewoonlik Mamma!)

NOEMNAAM EN VAN: __________________________________

SELFOONNOMMER: ___________________________

EPOS-ADRES MA: _________________________________________

EPOS-ADRES PA: _________________________________________

SELFOONNOMMER: 2 (Pappa – slegs as u R120 betaal het)

NOEMNAAM EN VAN: __________________________________

SELFOONNOMMER: ________________________

NB: Ouers moet elke jaar vir die SMS-stelsel herregistreerNS: Ouers kan op ‘n sms “reply”, dit kom dan as ‘n epos na die skool toe

terug.

AFSKEURSTROKIE: GRAAD 1 EERSTEDAG FOTO’S

HIERMEE WIL EK _________________________________

AFSKEURSTROKIE: AFLOSSE VIR ONDERWYSERS

Geagte ouers:Ons wil nie graag klasse sonder toesig laat nie en benodig plaasvervangers (ouers) om vir onderwysers wat kursusse in skooltyd moet bywoon, siek is of dringend verlof moet neem, in te staan.Vul asseblief die onderstaande in as u ons kan help.

Naam en van: Toesig:Gee van

onderwys:(Slegs gekwalifeerde

onderwysers)

( Merk asseblief die toepaslike)

HANDTEKENING: ______________________ DATUM: _____________

KONTAKNOMMER: ________________________

AANSLUITING BY JAKKIES SE SMS-STELSEL 2018 - Verpligtend vir alle ouers

TOESTEMMINGSBRIEF (2018)BASIESE MEDISYNE

1 x Selfoonnommer@ R60 per jaar

2 x Selfoonnommers@ R120 per jaar

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

AFSKEURSTROKIE: GRAAD 1 EERSTEDAG FOTO’S

HIERMEE WIL EK _________________________________ TOESTEMMINGSBRIEF (2018)BASIESE MEDISYNE

KRONIESE MEDIKASIE (2018)Bv. Ritalin, Concerta ens.

LEERDERS WAT ‘N BRIL DRA (2018)Hiermee stel ek u in kennis dat my kind:

Naam en van: _________________________________ graad: ________

‘n by die skool moet dra.

(Merk die toepaslike)

Naam van ouer: ____________________________

Handtekening: _________________________

Permanente bril / Leesbril

AFSKEURSTROKIE: SONE ATLETIEKBYEENKOMS

OUER: ___________________________________

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

WOONSTEL TE HUUR“Bachelor” woonstel te huur

Ten volle gemeubileerKrag en water ingesluit

Lubbestraat 62Jacobsdal

R3000 per maand

Kontak Ansie: 0713720864

KRONIESE MEDIKASIE (2018)Bv. Ritalin, Concerta ens.

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK KWARTAAL 1 (R25)

AFSKEURSTROKIE: SONE ATLETIEKBYEENKOMS

OUER: ___________________________________

BESIGHEIDSURE:

Maandag tot Donderdae 7:00 tot 10:30Vrydae en Saterdae enige tyd

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL: SKOOL- EN KOSHUISGELDE - 2018SKOOLGELDE: ENB 52561347174 1 LEERDER 2 LEERDERS 3 LEERDERS 4 LEERDERS

PER JAAR: [R825 oor 11 maande] R9 075.00 R18 150.00 R27 225.00 R36 300.00PER KWARTAAL: Kwartaal 1 R2 475.00 R4 950.00 R7 425.00 R9 900.00

Kwartaal 2 R2 475.00 R4 950.00 R7 425.00 R9 900.00 Kwartaal 3 R2 475.00 R4 950.00 R7 425.00 R9 900.00 Kwartaal 4 R1 650.00 R3 300.00 R4 950.00 R6 600.00

PER MAAND (R825 oor 11 maande) R 825.00 R1650.00 R2 475.00 R3 300.00

Skoolgeld streng vooruitbetaalbaar op die eerste skooldag van elke kwartaal, daarna voor of op die 7de van elke maand. (1 Jan tot 1 Nov) Aansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor

7 Februarie 2018. (Met die nodige dokumentasie) Navrae: Finansiële Assistent

KAREEHOF KOSHUIS: ENB 52560006664 1 LEERDER 2 LEERDERS 3 LEERDERS 4 LEERDERS

PER KWARTAAL Kwartaal 1 R3 792.00 R7 584.00 R11 376.00 R15 168.00 Kwartaal 2 R3 792.00 R7 584.00 R11 376.00 R15 168.00 Kwartaal 3 R3 792.00 R7 584.00 R11 376.00 R15 168.00

Kwartaal 4 R2 528.00 R5 056.00 R7 584.00 R10 112.00PER MAAND (R1300 oor 11 maande) R1 300.00 R2 600.00 R3 900.00 R5 200.00 Koshuisgelde vir die kwartaal moet vooruitbetaal word op die eerste skooldag van elke kwartaal. Koshuisgelde per mnd afbetaal: Slegs met skriftelike aansoek & toestemming van die Beheerliggaam.

Streng vooruitbetaalbaar op die 1ste maandeliks (1 Jan tot 1 Nov)

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK KWARTAAL 1 (R25)

Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

PERIODETYE – 2018 (Somer en Winter)

PERIODES: MAANDAE, TOTDONDERDAE: VRYDAE:

1 7:30 – 8:00 7:30 – 8:002 8:00 – 8:30 8:00 – 8:303 8:30 – 9:00 8:30 – 9:004 9:00 – 9:30 9:00 – 9:305 9:30 – 10:00 9:30 – 10:00

Langpouse 10:00 – 10:20 10:00 – 10:20 6 10:20 – 10:50 10:20 – 10:50 7 10:50 – 11:20 10:50 – 11:20 8 11:20 – 11:50 11:20 – 11:509 11:50 – 12:20 11:50 – 12:20

Kortpouse 12:20 – 12:30 12:20 – 12:3010 12:30 – 13:00 12:30 – 13:0011 13:00 – 13:30 13:00 – 13:3012 13:30 – 14:00

GRAAD 1-LEERDERS VERDAAG VIR DIE EERSTE TWEE WEKEVAN 2017 OM 12:00 (17 – 26 Januarie)

Graad 1 & 2 verdaag elke dag om: 12:48 (23-uur onderrig per week)

Graad 3 verdaag elke dag om: 13:12 (25-uur onderrig per week)

Graad 4 – 7 verdaag Maandae tot Donderdae om: 14:00 en Vrydae om 13:30. (27 uur 30 minute onderrig per week.)

Dinsdae: 7:30 – 8:00 KOOR OF SANG: [Koor oefening begin reeds om 7h20 vir leerders]

Donderdae: 7:30 – 8:00 KOOR/JKJA & PERSONEELVERGADERING: [Koor oefening begin reeds om 7h20 vir leerders]

NAWEKE:

Die koshuis sluit op ‘n Vrydagmiddag om 14:00 en maak weer op ‘n Sondagmiddag om 17:00 oop.

SKOOL HEROPEN AAN DIE BEGIN VAN ELKE KWARTAAL OM 8:00. SKOOL SLUIT AAN DIE EINDE VAN ELKE KWARTAAL OM 11:00

Page 10: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

Welkom terug! Dis tyd vir BIOLINK!!

Beste ouerHierdie jaar beloof BIOLINK om sommer klomp nuwe programme aan te bied. As jy nog altyd gewik en geweeg het oor BIOLINK is dit nou die tyd om u kind in te skryf.

Leerders van Jacobsdal Primêre Skool sowel as Landboudal kan bewys dat BIOLINK wondere vir hul skoolpunte verrig het. Belê in u kind se toekoms – NOU!

Verskeie kursusse sal ook vir leerders (ouers en onderwysers ook welkom) aangebied word hierdie kwartaal. Skakel asb. as u belangstel vir meer info.

Oppad groot skool toe Die gebruike van tellers (veral vir Gr R’e en 1’s) Mamma maak leer lekker Hulp aan leerders met leesprobleme Die oorgang na Gr 4 – maak dit maklik! Studiemetodes vir Gr 4 tot 7 Studiemetodes vir hoërskoolleerders

NUUT! NUUT! NUUT! Tenses en tye – hoe maklik kan dit wees!

Ouers en onderwysers skakel my gerus vir die nuwe wielkaarte (Afrikaans en Engels) wat in ‘n japtrap “tenses” en tye leer.

Vir enige verdere navrae, skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 of stuur ‘n epos na [email protected]. Besoek ook BIOLINK se webwerf by www.bio-link.co.za en besoek Jacobsdal se Facebook-blad – Biolink Jacobsdal.

Page 11: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewVrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese

Vir meer informasie:Annemé Fouché

082 665 3064

BALLET EN MODERNE DANS KLASSE!WANNEER: Donderdae, begin 25 Januarie.PLEK & TYD : Laaities en Ladies 9:30-10:00

Kammaland 10:00-11:00 (pouse)FOOIE: R130 registrasie per danser ~ KLEUTERSKOLE - 40 minute klasse

Ballet en moderne danse pakketR700 per kwartaal

~ LAERSKOOL - 45 minute klasse (na skool)Ballet OF moderne danse – R625 per kwartaal (1 dansvorm)Ballet EN moderne danse - R625 + R120 (2 dansvorme)LET WEL: spesiale fooie vir sussies beskikbaar

KLERE: Pakket sluit in skoene, kort kousies, lang sykouse, groen leotard,groen rompie en ballet sak vir R540,of bestel items afsonderlik.

VUL ASB DIE SKEURSTROKIE IN EN STUUR NA DIE KANTOOR TOE VOOR 24 JANUARIE!

Bang hy raak weg voor hy by die kantoor uitkom? Vul in, en stuur gerus 'n foto van die strokie via Whatsapp na 082 665 3064. Ouers word gekontak met finale tye!

NAAM EN VAN(DOGTER)_________________________________________ GRAAD ________

MAMMA NAAM________________________________ SELNR ___________________________

ANDER AKTIWITEITE OP N DONDERDAGMIDDAG EN TYE________________________________________________________________________________________________________________