Upload
trantruc
View
245
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 24 8 – 17 Augustus 2018OUERS:GRONDSLAGFASE:Graad 1 en 2 verdaag op Woensdag, 15 Augustus om 11:00 en die graad 3-klasse verdaag op Donderdag, 16 Augustus om11:00 as gevolg van Departementele kursusse wat die leerkragte moet bywoon.
REVUE: BAIE STERKTE aan ons Revue-groep wat op Donderdag, 16 Augustus aan die Revue-fees in die Sand du Plessis Teater deelneem. Elke lid van die groep het ‘n finale inligtingsbrief met al die reëlings op ontvang. Juffroue Delene Da Camara, Deandri van Vuuren en Rozanne Meyer vergesel die groep.Maak ons trots!BUITEMUURS:Daar sal op Donderdag, 16 Augustus geen buitemuurs plaasvind nie, aangesien ‘n groot groep leerders Bloemfontein toe gaan.
NOORDKAAP KUNSTEFEES - KORE: [AFSKEURSTROKIE]Ons kore (Junior- en Seniorkoor) tree op Maandag, 27 Augustus om 13:00 by Newton Laerskool op. Koorlede moet reeds om 12:30 by die afrigters by Newton wees. Ouers moet asseblief almal die afskeurstrokie invul (Junior- en Seniorkoorlede) sodat hulle vervoer bevestig kan word. Die bus vertrek om 11:30 vanaf die skool. R30 busgeld is vooraf betaalbaar.Drag van Senior koor:Skoollangbroek met wit langmouhemp. Das en windjakker. Hare mooi netjies. Merk asseblief al jou klere. Drag van Junior koor:Skoollangbroek met wit langmouhemp. Geen das. Trek jou windjakker aan en sorg dat dit gemerk is, want julle gaan dit daar uittrek. Onderbaadjies en koordassie word deur die skool voorsien.
JAARBLAD 2018:Belangstellendes en instansies het weer die geleentheid om hierdie jaar ‘n advertensie in ons Jaarblad te plaas. Dit is ‘n pragtige kleur glansblad wat oor ons hele distrik versprei word. Dit is werklik die moeite werd om in hierdie blad te adverteer.Kostes is as volg: Volblad: R2000
Halfblad: R1000Kwartblad: R500Agsteblad: R250U is self verantwoordelik om u advertensie te ontwerp of te laat ontwerp.Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief doen. Kontak haar gerus by: Epos: [email protected] Tel: 0725282365
LEERDERDEELNAME:TENNIS: UITSLAE TEEN FUTURUM:Gemeng 0/13: Wen 5 – 1 Seuns 0/13C: Wen 3 – 0 Seuns 0/13B (2): Wen 5 – 1 Dogters 0/13B: Wen 5 – 1 Seuns 0/11B: Verloor 4 – 2 Dogters 0/11B: Gelykop maar verloor met uittel van spelle 25 - 21Die volgende tennisspanne speel op Woensdag, 15 Augustus tennisliga teen Douglas op die volgende bane. 0/13A en B, seuns en dogters: Landboudal0/11A en B, seuns en dogters: Jacobsdal Primêr0/9A, seuns en dogter: DorpsbaneWedstryde begin om 14:30
INTER AFRICA TENNISTOERNOOI:Sterkte aan die 0/13 seuns en dogters tennisspanne wat aan die toernooi in Bethlehem gaan deelneem.
NOVALS TENNISTOERNOOI: [AFSKEURSTROKIE]Spelers het tot Maandag, 13 Augustus om vir hierdie toernooi in te skryf. Inskryfwingsvorm: By nuusbrief 22 aangehegVul asseblief die afskeurstrokie in om u kind se vervoer te bevestig. Daar sal ‘n bussie ry indien dit die moeite werd is.
SWEM: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat wil hê dat hulle kinders swemafrigting moet ontvang, (skool en klub) moet die afskeurstrokie invul en op Maandag, 13 Augustus na die klasonderwysers terugstuur.Let wel:Ouers vul slegs die onderste gedeelte in as swemmers by NOCASA geaffilieer moet word. Dit is vir swemmers wat Age Group gala’s in
Kimberley wil swem. Ons benodig ouers se eposadresse op die afskeurstrokie sodat inskrywingsvorms vir u gestuur kan word.
LANDLOOP: [AFSKEURSTROKIE]Die Vrystaat Landloopkampioenskappe vind op Saterdag, 18 Augustus in Bloemfontein plaas. Atlete wat aan vier liga’s deelgeneem het, mag inskryf.Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 13 Augustus na die klasonderwysers terugstuur. Sorg asseblief vir ‘n kospakkie en sakgeldjie vir u kind. Busgeld van R80 is vooraf betaalbaar.
SKIET:Sterkte aan CJ Oertel en Bekker Schutte wat hierdie naweek aan die SASkietkampioenskappe deelneem. Hou ons naam hoog!
GENIET DIE LANGNAWEEK EN RY VERSIGTIG AS U WEGGAAN.
…………………. Mnr PW TaitSKOOLHOOF
GEBEDSLYS:Oom Giel de Beer
BEKENDSTELLINGSDAG:
Vrydag, 21 September 20189:00 vir 9:30
Indien u weet van ouers wat volgende jaar hulle kinders na ons skool wil stuur, kan u hulle besonderhede aan die
skool verskaf sodat ons vir hulle ‘n uitnodiging na ons Bekendstellingsdag kan stuur.
Toelatings vir 2019 sluit op 28 September 2018
AFSKEURSTROKIE: LANDLOOP - VS KAMP.
OUER: ______________________________________________
ATLEET: ____________________________________________
GAAN OP SATERDAG, 18 AUGUSTUS AAN DIE VRYSTAA-LANDLOOPKAMPIOENSKAPPE IN BLOEMFONTEINDEELNEEM.
EK VERVOER SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN:
BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:
HANDTEKENING: ________________________
DATUM: ____________________
Busgeld: R80
AFSKEURSTROKIE: SWEM
(OUER) ______________________________________________
(LEERDER/S) ________________________________________
________________________________________
HIERMEE BEVESTIG EK DAT MY KIND BY SWEMAFRIGTING (SKOOL EN KLUB) WIL INSKAKEL.
HANDTEKENING: ________________________
DATUM: _____________ KONTAKNR.: _____________________
AFFILIASIE BY NOCASA:
HIERMEE BEVESTIG EK DAT MY KIND/ERS:
______________________________________________________
BY NOCASA GEAFFILIEER MOET MOET VIR DIE AGE GROUPSWEMGALA’S IN KIMBERLEY.
EPOS ADRES: ______________________________________
HANDTEKENING: ______________________________
Affiliasievorms sal per epos na ouers gestuur word.Vul volledig in en stuur terug na Adéle Lübbe
AFSKEURSTROKIE: JNR EN SNR KOOR NK KUNSTEFEES
OUER: ______________________________________________
KOORLID: ____________________________________________
EK VERVOER SELF MY KIND NA NEWTON:
MY KIND BENODIG VERVOER NA NEWTON:
HANDTEKENING: ________________________
DATUM: ____________________
Busgeld: R30
Loslitdag(Ten bate van mense met ‘n gestermdheid)
Vrydag 7 September 2018Jakkies Opwaarts Sentrum het LOSLIT plakkers vir ‘n donasie van R10 beskikbaar, dit is deel van ons jaarlikse fondsinsameling (‘n gedeelte van die
geld kry Jakkies Opwaarts Sentrum vir elke plakker wat verkoop word).
Die Loslit tema vir 2018 is “wees elke dag ‘n Held “
Plakkers is beskikbaar by Jakkies Opwaarts Sentrum of dit kan gekoop word by tannie Maryke
by die boekstoor.
AFSKEURSTROKIE: NOVALS TENNISTOERNOOI (12 & 13 Okt – De Aar)
OUER: ______________________________________________
SPELER/S: ___________________________________________
MY KIND/ERS GAAN AAN DIE TOERNOOI DEELNEEM.
EK NEEM MY KIND/ERS SELF NA DE AAR:
MY KIND BENODIG VERVOER NA DE AAR:
HANDTEKENING: ________________________
DATUM: ____________________
VOLLEDIGE INLIGTING EN INSKRYWINGSVORM:NUUSBRIEF 22
Busgeld: Sal nog bereken word
3-SLAAPKAMERHUIS TE HUUR
KERKSTRAAT NR 88JACOBSDAL
R5 000.00 PER MAANDWATER EN LIGTE UITGESLUIT
KONTAK:Engela Steyn: 082 402 4763