Upload
others
View
3
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Houtwerk Jaar 1
Week 1 - VEILIGHEID * Demonstrasie en toepassing van die volgende
veiligheidsreëls:
- Persoonlike veiligheid (PPE – Personal Protective
Equipment)
- Algemene werkswinkel veiligheid (Veilige prosedure en
goeie huishouding)
- Stoor van materiale (hout)
- Toepassing van veiligheidsmaatreëls vir handgereedskap
- MIV / Vigs bewusmaking
- Basiese Noodhulp – snye, brandplekke, ens.
KWAGGASRANDSKOOL
HOUTWERK
JAAR 1
LEERDERWERK TYDENS INPERKING
ONDERWYSER : MNR SCHOONRAAD
PERSOONLIKE VEILIGHEID (PPE – Personal Protective Equipment)
Gesig en Sig Beskerming – Jy moet altyd veiligheidsbrille en een of ander beskerming vir jou gesig dra,
wanneer jy met hout werk.
Gehoor Beskerming – Enige geluid wat hoër as 85 desibels is kan potensiële skade aan jou gehoor
veroorsaak. Daarom is voldoende oorbeskerming baie belangrik, in die vorm van oorpluisies, veral met
die gebruik van kraggereedskap.
Hand en Voet Beskerming – Met houtwerk hanteer ons soms swaar hout en word dit geskuif of gedra.
Daar is altyd ‘n risiko dat iets swaar op jou voete kan val, daarom is goeie kwaliteit veiligheidsskoene en
handskoene belangrik.
Kop Beskerming – Dit moet gedra word wanneer oorhoofse houtwerk gedoen word. ‘n Hardehoed word
hiervoor aanbeveel.
Allergie Beskerming – Sekere hout kan simptome van allergië veroorsaak. Simptome sluit asma, long
weefsel irritasie, veluitslag, neusbloeding ensovoorts in. Daarom is dit baie belangrik om ‘n goeie
kwaliteit stofmasker te dra.
ALGEMENE WERKSWINKEL VEILIGHEID (Veiligheidsprosedures en goeie huishouding)
Luister altyd aandagtig na die onderwyser en volg sy instruksies.
Skooltasse moet nie naby werkstasies en masjiene behou word nie.
Ordentlike veiligheidskoene moet gedra word.
Moenie in die werkswinkel hardloop nie.
Jy moet weet waar die nood stop skakelaars in die werkswinkel geleë is.
Jy moet altyd ‘n oorpak dra om jou klere te beskerm en om lospassende kledingstukke weg te hou van
masjiene.
Geen lawwe speletjies in die werksplek nie.
Hou loopareas skoon en netjies.
Goeie huishouding is belangrik. Maak altyd jou werkstasies skoon terwyl jy werk. Maak seker jou
werkstasie is skoon van toerugsting en materiale wanneer jy klaar gewerk het.
Moet nooit die persoon wat besig is met werk se aandag aflei terwyl hy nog besig is nie, aangesien dit
kan lei tot beserings.
Moet nooit met ‘n masjien werk indien jy nie reeds deur die onderwyser opgelei is om daarmee te werk
nie.
STOOR VAN MATERIALE (HOUT)
Stoor hout in stoorplekke soos aangedui in geselekteerde spasies.
Hout moet gestoor word, gelig vanaf die vloer.
Moet nooit hout te hoog opmekaar stapel nie.
Hout wat vertikaal gestoor word, gelig vanaf die vloer, op so ‘n manier dat dit nie beserings kan
veroorsaak nie.
Alle ander materiale moet in areas gestoor word soos aangedui in die werkswinkel of stoor.
Alle materiale moet in die stoor op hulle plekke gebêre word, na afloop van ‘n les.
TOEPASSING VAN VEILIGHEIDSMAATREëLS MET GEBRUIK VAN HANDGEREEDSKAP
Dra die regte veiligheidsklere vir die werk.
Gebruik gereedskap wat die regte grootte en regte soort is vir die werk.
Volg die korrekte prosedure vir elke gereedskapstuk.
Hou jou snygereedskap skerp en in goeie toestand.
Moet nooit met olierige hande werk nie.
Hanteer gereedskap met skerp en punterige kante met sorg.
Dra altyd skerp punte van gereedskap so dat die swaar en skerp punte na onder wys, so na as moontlik aan jou sy.
Maak alle klein of kort werkstukke met ‘n klamp of stelskroef vas om dit te beveilig.
Moet nooit gereedskap in jou sakke dra nie.
Moet nooit gereedskap gebruik wat los of gekraak is nie.
Hou ponse en beitels in goeie kondisie. Stomp koppe kan splinter en beserings veroorsaak.
Moet nooit ‘n veil sonder handvatsels gebruik nie.
Moet nooit met ‘n veil kap nie. Dit kan splinter.
Moet nooit skroewedraaiers as beitels gebruik nie.
Na gebruik van gereedskap moet dit skoon gemaak word en op sy regte plek en manier gestoor word.
Indien enige gereedskap breek of nie meer reg werk nie, raporteer dit onmiddellik aan die onderwyser.
Moet nooit gereedskap en materiaal op die kante van ‘n werkstasie laat lê nie.
Moenie gereedskap gebruik vir ‘n ander doel as waarvoor dit gemaak is nie.
Stoor gereedskap en materiale vertikaal met skerp en swaar punte na onder.
Werk weg van jou lyf af wanneer beitels en skerp gereedskap gebruik word.
Moet nooit skroewe forseer nie: maak seker die korrekte skroef word gebruik vir die werkstuk.
MIV / VIGS BEWUSMAKING
MIV KAN oorgedra word deur: - Seksuele kontak
- Deel van naalde waarmee dwelms ingespuit is.
- Ma tot baba gedurende swangerskap, geboorte of
borsvoeding.
MIV is NIE oordraagbaar deur: - Lug of water nie.
- Spoeg, sweet, trane, of toe mond soene nie.
- Insekte of troeteldiere nie.
- Gesamentlike gebruik van toilette, kos of drank nie.
Beskerm jouself van MIV - Laat jouself minstens een keer of meer gereeld toets
indien jy ‘n risiko is.
- Gebruik kondome op die regte manier, elke keer as jy
seksueel verkeer.
- Beperk jou aantal seksmaats.
- Moenie dwelmmiddels spuit nie, indien jy wel doen,
moenie naalde deel nie.
- Indien jy ‘n risiko loop vir MIV, vra jou
gesondheidswerker of voor-blootstelling prophylaxis
(PrEP) reg is vir jou.
- Indien jy dink dat jy aan MIV blootgestel is binne 3 dae,
vra dadelik ‘n gesondheidswerker oor na-blootstelling
prophylaxis (PEP). PEP kan MIV voorkom indien dit
binne 72 uur na besmetting gebruik word.
- Laat jou toets en behandel vir ander Seksueel
Oordraagbare Siektes.
Hou jouself gesond en beskerm ander indien jy met MIV saamleef
- Vind MIV sorg, dit kan jou gesond hou en die kans om
MIV oor te dra beperk.
- Gebruik jou medikasie daagliks volgens voorskrifte.
- Hou aan met MIV sorg.
- Lig jou seksmaat of mede dwelm gebruiker dat jy met
MIV lewe. Gebruik kondome en lig jou maat in oor
PrEP.
- Toets en kry behandeling vir ander seksuele
oordraagbare siektes.
BASIESE NOODHULP (snye en brandplekke, ensovoorts)
Basiese noodhulp kan op ‘n vroeë ouderdom geleer word.
Jou werkswinkel moet ‘n noodhulp tas hê, waarin basiese nodige voorraad gehou word.
‘n Persoon met ‘n goedgekeurde Noodhulp sertifikaat moet verkieslik beserings hanteer en na die
beseerde omsien, totdat professionele hulp opdaag.
Basiese noodhulp kennis kan ‘n lewe red:
- Plaas druk op ‘n wond wat bloei.
- Sit eis op ‘n geswelde besering.
- Gooi koue lopende water of ‘n nat handdoek op ‘n brandwond.
- Knyp die neus vir 5 tot 10 minute of neusbloeding te stop.
- Gooi ‘n kombers oor ‘n persoon wat aan skok lei.
- Draai ‘n persoon wat ‘n epileptiese aanval kry, op sys y. Moet
niks in sy mond druk nie.
- KRY SO SPOEDIG MOONTLIK VOLWASSE HULP!
Week 2 - MATERIALE * Identifiseer hout vir projekte, wat nie te duur is nie
en ander gebruike daarvoor.
- Dennehout
- Supa hout
- Hardboard
- Laaghout
DENNEHOUT
Dennehout is ‘n sagte hout wat nie baie duur is nie.
Dennehout is meerdoelig sodat meubels tot pennehouers daarmee gemaak kan word.
Dennehout kan binne of buite gebruik word, maar moet behoorlik en gereeld met vernis of verf
behandel word, wanneer buite gebruik word.
SUPA HOUT
Supa hout is gemaak van fyn houtvesels wat saam gebind word met hars (resin) en saamgepers word in
velle van medium digtheid.
Supa hout is ideaal vir kreatiewe routerwerk, profielwerk, verf, kleuring (stain) en oorlegging (overlaying).
Supa hout is nie baie duur nie en het ook soveel werk nodig om dit glad te skuur soos ander hout nie.
Dit word reeds glad gemaak tydens vervaardiging.
Supa hout kan gebruik word om kabinette, meubels, fotorame ensovoorts, te maak.
HARDBOARD
Hardboard word op ‘n soortgelyke manier vervaardig, as supa hout.
Hardboard is dunner as supa hout en word hoofsaaklik gebruik as agterkante van kabinette, kaste ens.
Hardboard het een gladde kant, wat meestal aanvaar word as die sigbare kant van die werkstuk.
Hardboard is goedkoop, Dit kan ook gebruik word om aanklip-borde en agterborde van fotorame te
maak.
LAAGHOUT
Laaghout word gemaak van drie of meer dun lae hout wat op mekaar geplak word.
Elke laag hout word gewoonlik in alternatiewe grein van vorige laag geplak.
Dit verminder inkrimping en verbeter die sterkte van die finale stuk.
Laaghout is redelik goedkoop. Word ook soms by konstruksie werf gebruik.
Laaghout kan gebruik word om broeikaste vir voëls, boekrakke, kabinette en meubels te maak.
Week 3 tot 5 - TOERUSTING * Identifiseer, beskryf, demonstreer, versorging en
veiligheid van gereedskap.
- Meting
- Snywerk
- Ander
METING
Staalliniale, haaks –liniale (set square), en ‘n potlood word gebruik om hout te meet vir ‘n projek. Merk
die hout af en berei voor vir die snywerk.
Meet die lengte, wydte en dikte van die hout in mm. Gebruik die templaat om die
houtstukke akkuraat te meet.
SNYWERK
Ons gebruik ‘n Tenonsaag om hout te sny nadat dit akkuraat gemeet is volgens die projek plan.
Gebruik altyd ‘n skerp gereedskapstuk en maak seker die werkstuk is behoorlik vasgemaak met ‘n klamp
of ‘n “vice”, voordat snywerk begin.
Sny in reguit lyne nadat afmerkwerk en voorbereiding gedoen is.
ANDER
Nog gereedskap wat moontlik vir jou projek gebruik sal word, sluit in:
Week 6 tot 7 * Heg en voegwerk van houtstukke vir werkstukke
- Verskillende voegwerk
- Verskillende hegting
VOEGWERK
Daar is verskillende maniere om werkstukke bymekaar te voeg. Dit sluit in “butt joints”, “half lapped
joints”, en delfvoegwerk (“dowel joints”).
HEGTING
Daar is verskillende hegtingsmateriale beskikbaar vir jou projek.
Week 8 - AFRONDING * Afrondingsprodukte beskikbaar vir jou projek.
- Skuurpapier met verskillende grofheid
- Rou linseed olie
- Vernis of kleur (stain)
- Gewone kleur akriel verf
SKUURPAPIER
Skuurpapier met verskillende grofheid word gebruik om hout glad te skuur.
Die grofheid word bepaal na gelang van die grofheid van die hout en die gladheid vereis vir die finale
produk.
Grofheid vir houtwerk is: P60 – baie grof, P80, P100, P120, P160 – medium, P200 tot P800 fyn.
(Hoe laer die P nommer, hoe grower die skuurpapier).
ROU LINSEED OLIE
Olie word gebruik (rou linseed olie, mees populêre), om in voltooide werkstuk in te vryf, om die hout te
beskerm teen uitdroging en teen skade deur die weer.
Olie moet gereeld aangewend word, wanneer ookal die hout droog begin lyk.
VERNIS OF KLEUR
Vernis of kleur word op ‘n werkstuk aangewend om die hout te beskerm teen uitdroging en skade deur
weerstoestande en gee die hout a blink voorkoms.
Kleur word gebruik om hout ‘n spesifieke kleur te gee of om ‘n spesifieke hout na te boots. Vernis vorm
‘n dun lagie op die hout.
GEWONE GEKLEURDE AKRIEL VERF
Gewone gekleurde akriel verf word gebruik om ‘n werkstuk te verf, nadat ‘n onderlaag aangewend is.
Akriel verf word gebruik om die hout ‘n spesifieke kleur te verf en word gebruik in die plek van kleur,
vernis of olie.
Kleur en vernis word meestal op regte hout gebruik en gee nie dieselfde effek as of supa hout of
laaghout nie.
Supa hout en laaghout word meestal met akriel geverf.