Upload
others
View
8
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
S
Handleiding in terme van Artikel
14 van die Wet op
Bevordering van Toegang tot
Inligting, 2000
PROVINSIALE TESOURIE
INHOUDSOPGAWE
1. Inleiding
2. Struktuur van die Departement
3. Funksies van die Departement
4. Kontakbesonderhede van adjunkinligtingsbeampte
5. Gids van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor hoe
om die Wet te gebruik
6. Rekords
6.1 Beskrywing van onderwerpe waarvan die
Departement rekord hou
6.2 Rekords wat outomaties beskikbaar is
6.3 Versoekprosedure
7. Dienste beskikbaar aan die publiek
8. Reëlings wat betrokkenheid by beleidsformulering en die
uitvoering van funksies toelaat
9. Regsmiddele beskikbaar ten opsigte van handelinge of
versuim om op te handel
10. Toeganklikheid en beskikbaarheid van handleiding
1. INLEIDING Die huidige grondwetlike dispensasie in Suid-Afrika maak
voorsiening vir die reg tot toegang tot inligting welke gehou word
deur die Staat en privaat liggame (onderhewig aan
regverdigbare beperkings) wat benodig word vir die uitoefening
of die beskerming van enige reg.
Die Grondwetlike Hof interpreteer die reg tot toegang tot
inligtigting, nie net as ‘n reg wat uitgeoefen word om om inligting
te bekom vir die beskerming van ‘n reg nie, maar ook om te
verseker dat alle vlakke van regering oop en verantwoordbaar
administreer word.
Artikel 32(1) (a) en (2) van die Grondwet van die Republiek van
Suid Afrika, 1996 (die Grondwet) lees as volg:
(1) Elkeen het die reg op toegang tot—
(a)enige inligting wat deur die staat gehou word; en
(b)enige inligting wat deur ’n ander persoon gehou word en wat
vir die uitoefening of beskerming van enige regte benodig word.
(2) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie
reg gevolg te gee, en kan voorsiening maak vir redelike
maatreëls om die administratiewe en finansiële las op die staat
te verlig.
Die voormelde bepaling van die Grondwet het gely tot die
ontstaan van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting,
2000 (WBTI). The doel van WBTI is om ‘n kultuur te skep van
deursigtigheid en verantwoordbaarheid in publieke en privaat
liggame en om die mense van Suid Afrika te bemagtig en te
ondderig aangaande hul regte. In terme van Artikel 14 van WBTI
moet ‘n publieke liggaam oor ‘n handleiding beskik wat, buiten
hul ander funksies, uiteensit en beskryf wat die struktuur en
funksies van die publieke liggaam is en moet ook ‘n indeks
verskaf van die rekords wat gehou word. Hierdie handleiding
gee effek tot Artikel 14 van WBTI en verskaf onder andere ook
lyding oor die prosedures wat gevolg moet word om toegang tot
rekords te verkry wat in besit is van die Provinsiale Tesourie.
2. STRUKTUUR VAN DIE DEPARTEMENT
ARTIKEL 14(1)(a)
MINISTRY: FINANCE, ECONOMIC
DEVELOPMENT AND TOURISM
PROVINCIAL TREASURY: HEAD OF DEPARTMENT
BRANCH: GOVERNANCE AND ASSET MANAGEMENT
BRANCH: FISCAL AND ECONOMIC SERVICES
CHIEF DIRECTORATE: FINANCIAL GOVERNANCE
AND ACCOUNTING
DIRECTORATE: PROVINCIAL
GOVERNMENT SUPPLY CHAIN MANAGEMENT
DIRECTORATE: FINANCIAL
GOVERNANCE
DIRECTORATE: PROVINCIAL
GOVERNMENT ACCOUNTING
CHIEF DIRECTORATE: ASSET MANAGEMENT
DIRECTORATE: LOCAL GOVERNMENT ACCOUNTING
DIRECTORATE: LOCAL GOVERNMENT SUPPLY CHAIN MANAGEMENT
DIRECTORATE: STRATEGIC AND OPERATIONAL
MANAGEMENT SUPPORT
DIRECTORATE: FINANCIAL MANAGEMENT
DIRECTORATE: SUPPORTING AND
INTERLINKED FINANCIAL SYSTEMS
CHIEF DIRECTORATE: PROVINCIAL
GOVERNMENT PUBLIC FINANCE
CHIEF DIRECTORATE: LOCAL GOVERNMENT
PUBLIC FINANCE
CHIEF DIRECTORATE: PUBLIC POLICY SERVICES
DIRECTORATE: BUSINESS INFORMATION
AND DATA MANAGEMENT
DIRECTORATE: INFRASTRUCTURE
DIRECTORATE: PROVINCIAL GOVERNMENT
FINANCE (EXPENDITURE MANAGEMENT)
DIRECTORATE: LOCAL GOVERNMENT REVENUE
AND EXPENDITURE GROUP 1
DIRECTORATE: LOCAL GOVERNMENT REVENUE
AND EXPENDITURE GROUP 2
DIRECTORATE: FISCAL POLICY
DIRECTORATE: PROVINCIAL
GOVERNMENT BUDGET OFFICE
DIRECTORATE: LOCAL GOVERNMENT BUDGET
OFFICE
RY 1 MINISTERIE: FINANSIES, EKONOMIESE
ONTWIKKELING EN TOERISME
RY 2 PROVINSIALE TESOURIE
DEPARTEMENTSHOOF
RY 3 TAK: BEHEER EN BATEBESTUUR TAK: FISKALE EKONOMIESE DIENSTE
RY 4 HOOFDIREKTORAAT: FINANSIËLE BEHEER EN REKENINGKUNDE
HOOFDIREEKTORAAT: BATEBESTUUR
HOOFDIREKTORAAT:: PROVINSIALE REGERING OPENBARE FINANSIES
HOOFDIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING OPENBARE FINANSIES
HOOFDIREKTORAAT: OPENBARE BELEIDSDIENSTE
RY 5 DIREKTORAAT: FINANSIËLE BEHEER
DIREKTORAAT: ONDERSTEUNENDE EN ONDERLING GEKOPPELDE FINANSIËLE STELSELS
DIREKTORAAT: BESIGHEIDSINLIGTING EN BATEBESTUUR
DIREKTORAAT: PLAASLIKEREGERINGSINKOMSTE EN -UITGAWE GROEP 1
DIREKTORAAT: FISKALE BELEID
DIREKTORAAT: STRATEGIESE EN OPERASIONELE BESTUURSONDERSTEUNING
DIREKTORAAT: FINANSIËLE BESTUUR
RY 6: DIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING REKENINGKUNDE
DIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING VERKRYGINSLYNBESTUUR
DIREKTORAAT: INFRASTRUKTUUR
DIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING INKOMSTE EN -UITGAWE GROEP 2
DIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING INKOMSTEKANTOOR
RY 7 DIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING REKENINGKUNDE
DIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING VERKRYGINGSLYNBESTUUR
DIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING FINANSIES UITGAWEBESTUUR
DIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING BEGROTINGSKANTOOR
3. FUNKSIES VAN DIE DEPARTEMENT
• Lewer finansiëlebeheer- en batebestuursdienste
• Lewer fiskale en ekonomiese dienste.
• Verskaf ’n doeltreffende finansiële-bestuursondersteuningsdiens
aan die Departement.
• Lewer strategiese en operasionele bestuursonder-
steuningsdienste
DIREKTORAAT: STRATEGIESE EN OPERASIONELE
BESTUURSONDERSTEUNING
• Fasiliteer die Departement se strategiese en
moniteringsondersteuningsdienste
• Verseker die lewering van IKT, menslike kapitaal, korporatiewe
versekering, regs- en kommunikasieondersteuningsdienste aan
die Departement deur die Korporatiewe Dienbssentrum (KDS)
ingevolge die bepalings van die betrokke diensvlak-
ooreenkoms.
• Lewer ’n ondersteuningsdiens aan die Hoofbeampte, wat
kommunikasiedienste insluit.
SUBDIREKTORAAT: STRATEGIESEBESTUURSONDERSTEUNINGSDIENSTE
• Fasiliteer die Departement se strategiese en hoëvlak
operasionelebeplanningsproses
• Koördineer die ontwerp, publikasie en voorlegging van die
Departement se strategiese plan en jaarlikse prestasieplan
• Koördineer die ontwerp en konsolidering van die
Departementele diensleweringsverbeteringsplan en ander
verslaggewing van nie-finansiële en generiese funksies
• Bestuur die integrasie van alle bestaande monitering- en
evalueringstelsels in die Departement
• Verseker die aanpassing van Departementele prestasie-
maatreëls by nasionale en provinsiale doelwitte en
moniteringsraamwerke
• Berei inligting voor en evalueer dit en maak aanbevelings oor
Departementele programme
• Neem deel aan Departement-spesifieke transversale
prestasiebestuurstrukture
SUBDIREKTORAAT: KORPORATIEWEDIENSTE-VERHOUDINGSBESTUUR
• Moniteer, assesseer en doen verslag aan die
Departementshoof aangaande die dienslewering van die KDS
aan die Departement ingevolge die KDS-
diensleweringsooreenkoms.
• Fasiliteer periodieke interne hersiening van die KDS-
diensvlakooreenkoms om te verseker dat aan die Departement
se diensleweringsvereistes voldoen word
• Koördineer Departementele operasionele dienslewerings-
verpligtinge soos vereis deur die KDS-diensvlakooreenkoms
KANTOOR VAN DIE HOOFBEAMPTE
• Lewer ’n sekretariaatondersteuningsdiens
• Lewer ’n administratiewe ondersteuningsdiens
• Doen navorsing en stel dokumente saam van ’n niestrategiese
aard
• Administreer parlemetêre vrae en navrae
• Bedryf Departementele korrespondensiemiddelpunt
• Lewer kommunikasiedienste aan die Departement
DIREKTORAAT: FINANSIËLE BESTUUR
• Verseker bestuursrekeningkunde
• Verseker finansiële rekeningkunde
• Verseker verkrygingslynbestuur
• Verseker behoorlike internebeheerpraktyke
SUBDIREKTORAAT: BESTUURSREKENINGKUNDE
• Stel die begroting op en bestuur dit
• Bestuur die MTUR-begrotingsproses
• Beheer inkomste en besteding
• Bestuur en moniteer inkomste en besteding
• Hanteer Departementele strategiese plan, jaarverslag
SUBDIREKTORAAT: FINANSIËLE REKENINGKUNDE
• Bestuur Departementele banksake
• Lewer ’n boekhoudingsfunksie
• Bestuur salarisverwante sake
• Lewer finansiëlerekeningkundedienste ten opsigte van:
- Debiteure
- Krediteure
- Stelsels
SUBDIREKTORAAT: VERKRYGINGSLYNBESTUUR
• Voorsien verkryging- en kontrakbestuur
• Voorsien beheer oor die verkryging- en batebestuurfunksie
• Ontwikkel en handhaaf VLB-beleid, -voorskrifte en -delegasies
• Implementeer voorgeskrewe verkrygingsbestuur- stelsel
• Doen jaarlikse aanvraagbestuursbeplanning
• Ondersteun Departementele transversale tenders
• Bestuur die verkrygingsproses:
a. Finaliseer spesifikasies
b. Reël advertensies en voorbereiding vir DBTK-proses
(evaluering en toewysing).
c. Ondersteun DBAC en verskaf sekretariële dienste
• Lewer kontrakbestuur
a. Beheer lewering volgens bodaanvaardingsvereistes
b. Beplan en administreer kwartaalkontrakte
c. Reël vir betaling met suksesvolle lewering van goedere en
dienste
• Handhaaf voorgeskrewe logistieseinligting-bestuurstelsel
• Bestuur die inventaris
• Doen roerendebatebestuur
a. Bestuur voorraad
b. Doen voortgesette rekonsiliasie
c. Bestuur die beskikkingsproses
d. Lewer invoer vir JFS
• Bestuur akkommodasiesake
• Verskaf aanvullende dienste
SUBDIREKTORAAT: INTERNE BEHEER
• Lewer ’n versekeringsdiens.
• Verseker behoorlike beheer
• Verskaf effektiewe en doeltreffende bedrog- en
verliesebestuurdienste
• Evalueer die doeltreffendheid van finansiële voorskrifte
(inspeksies)
• Verseker implementering van korrektiewe maatreëls en
voorkomende kontrole ten opsigte van CGRO,
Beheeraksieplan (BAP) en FMCMM.
• Bestuur en koördineer finansiële/niefinansiële reaksies vir die
Departement ten opsigte van interne oudit, eksterne oudit en
FIU/SIU/ERM.
• Fasiliteer en koördineer reaksies vir SCOPA, Ouditkomitee,
Interne Beheer Forum en Staatsdienskommissie
• Hou finansiële inligting en kennisbestuur in stand
TAK: BEHEER EN BATEBESTUUR
• Lewer die algemene dienste van provinsiale rekenmeester en
doen verslag op optimum finansiële en berstuurstandaarde,
norme en praktyke en doen of rangskik assesserings en verslae
hieroor
• Verseker effektiewe en doeltreffende bestuur van
verkrygingslyn en roerende bates van die provinsiale en
plaaslike regering en die effektiewe bestuur van
dwarsleggende finansiële stelsels deur die provinsiale
departemente.
HOOFDIREKTORAAT: FINANSIËLE BEHEER EN REKENINGKUNDE
• Verseker die ontwikkeling en implementering van finansiële
beheer se norms en standaarde
• Verseker dat die jaarlikse finansiële state ’n volledige en ware
weerspieëling is van die finansiële posisie van die provinsiale
regering en sy entiteite soos voorgeskryf
• Verseker dat die jaarlikse finansiële state ’n volledige en ware
weerspieëling is van die finansiële posisie van die munisipaliteite
en hulle entiteite soos voorgeskryf
DIREKTORAAT: FINANSIËLE BEHEER
• Bedryf die implementering, monitering en evaluering van
finansiële beheer se norme en standaarde in die regering
• Ontwikkel ondernemingsrisikobestuur se norme en standaarde
en moniteer implementering binne munisipaliteite en
munisipale entiteite
• Ontwikkel norme en standaarde vir finansiële beheer en interne
oudit en moniteer implementering binne munisipaliteite en
munispale entiteite
• Bedryf kontroleeraktiwiteite deur wetsvoldoening aan die
regsraamwerk in alle aspekte van finansiële beheer.
SUBDIREKTORAAT: NORMATIEWE FINANSIËLE VOLDOENING
(GROEPE 1 EN 2)
• Moniteer voldoening ten opsigte van wetgewing, norme en
standaarde
• Moniteer en implementeer die WPFB Minimumbevoegdheids-
regulasies binne Munisipaliteite
• Ontleed, evalueer en doen aanbevelings van korrektiewe
optrede n.a.v. bevindings van ouditverslae
• Fasiliteer ooreengekome gekonsolideerde ondersteuning van
Provinsiale Tesourie en Plaaslike Regering in reaksie op
ouditbevindings
• Ontwikkel raamwerke en riglyndokumente en koördineer
Geïntegreerde Opleidingsprogramme om BTO’s binne
munisipaliteite en CFO-kantore in departemente bevoeg te
maak
• Koördineer Provinsiale Tesourie se opinies en aanbevelings
aangaande die stigting van, of deelname aan ’n entiteit
• Ontwikkel assesseringsraamwerk, doen assessering, stel ’n
verslag saam en neem deel aan munisipale deelname ten
opsigte van die PR MPUK 3 en MGRO-prosesse
• Doen ’n ontleding van finansiële bestuur en adviseer
munisipaliteite om dit op te knap, wat insluit die verbetering
van gehalte en die ooreenstemming van munisipale en
provinsiale begrotings
• Oorsig van Finansiële Bestuursverbeteringsprogram in
Provinsiale Tesourie, departemente, munisipaliteite en entiteite
SUBDIREKTORAAT: SEKERHEIDSDIENSTE
• Ontwikkel 0RB-norme en standaarde sowel as riglyndokumente
vir , munisipaliteite en munisipale entiteite
• Fasiliteer die implementering van norme en standaarde in ,
munisipaliteite en munisipale entiteite deur:
- die verskaffing van ORB-ondersteuning;
- bied van opleiding;
- fasilitering van Risikobestuur-forums; en
- kapasiteitsbou
• Evalueer die status van implementering van
ondernemingsrisikobestuur (ORB) binne , munisipaliteite en
munisipale entiteite
• Voorsien vir ondernemingsrisikobestuur (ORB) ’n dataplatform
en sagteware instandhouding soos en wanneer benodig.
• Monitor implementering van interne audit norme en
standaarde binne munisipaliteite and munisipale entiteite.
SUBDIREKTORAAT: REGS- EN BELEIDSEENHEID
• Ontwikkel en implementeer beleid en riglyne t.o.v. behoorlike
finansiële beheer soos voorgeskryf in die WOFB vir
departemente en openbare entiteite
• Ontwikkel en implementeer beleid en riglyne ten opsigte van
gesonde finansiële bestuur soos voorgeskryf in die WMFB vir
munisipaliteite en munisipale entiteite.
• Moniteer die implementering en doeltreffendheid van
finansiële beleid en riglyne soos voorgeskryf in die WOFB en
WMFB vir departemente en openbare entiteite
• Hersien, werk by en hou in stand bestaande beleid en riglyne
met betrekking tot finansiële beheer se norme en standaarde in
departemente, openbare entiteite en munisipaliteite
• Bepaal beleidsvoldoeningsassesseringskriteria van PROV
R MTUK/R MTUK en MGR&O
• Hou toesig oor die samestelling van riglyne om gebreke aan te
spreek deur besondere dissipline binne die Provinsiale Tesourie.
• Hanteer alle aspekte in verband met opstel, ontleding,
hersiening en kommunikasie van finansiële wetgewing en
beleide
• Hanteer alle aspekte in verband met provinsiale en nasionale
wetshervorming in samewerking met Regsdienste in die
Departement van die Premier.
• Lewer ’n adviesdiens aan departemente en openbare entiteite
aangaande die toepassing van finansiële wetgewing
(nasionaal, provinsiaal en munisipaal)
• Verskaf opleiding in die toepassing van finansiële wetgewing vir
algemene begrip aan departemente, entiteite, munisipaliteite,
Hoofkantoor: Provinsiale Tesourie, Provinsiale Rekeningkunde,
Algemene en Staande Komitees.
• Verseker die ontwikkeling en implementering van korrektiewe
maatreëls ten opsigte van gapings wat geïdentifiseer is
• Ontwikkel finansiële/korporatiewe beheer norme en
standaarde vir implementering in departemente, publieke
entiteite, munisipaliteite en munisipale entiteite.
• Ontwikkel interne beheer standaarde wat gesonde finansiële
bestuur daarstel, soos voorgeskryf in die WOFB en die WMFB
met betrekking tot departemente, publieke entiteite,
munisipaliteite en munisipale entiteite.
DIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING REKENINGKUNDE
• Bestuur die implementering van rekeningkundige raamwerke
en assesseer en moniteer die ontwikkeling van
bestuursrekeningkundige inligting vir spesifieke departe-
mente/komponente (groep 1 en 2)
• Bedryf die implementering, monitering en evaluering van
finansiële beheer se norme en standaarde in die provinsiale
sfeer
SUBDIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING REKENINGKUNDE (GROEPE
1 EN 2)
• Verseker die ontwikkeling van rekeningkundige praktyke wat
effektiewe en doeltreffende vaslegging van ware bewegings
wat rekenpligtig is, bevorder.
• Verseker integriteit van finansiële gegewens wat assessering
van IJM, en voorskou van GBS insluit
• Stig en hou in stand ’n bevoegde rekeningkundige eenheid
regoor departemente en entiteite deur leemtes te identifiseer
en geïntegreerde opleiding op die JFS ter verskaf.
• Stel jaarlikse gekonsolideerde finansiële state saam.
• Verskaf tegniese bystand
• Verskaf ’n sekretariële diens aan verskeie finansiële forums
• Doen navorsing oor, stel op en reik uit, beste rekeningkundige
praktyke
SUBDIREKTORAAT: NORMATIEWE FINANSIËLE VOLDOENING (WOFB)
• Moniteer voldoening ten opsigte van wetgewing, norme en
standaarde
• Ontleed, evalueer en doen aanbevelings van korrektiewe
optrede n.a.v. bevindings van ouditverslae
• Fasiliteer gekonsolideerde, ooreengekome ondersteuning van
Provinsiale Tesourie in reaksie op ouditbevindings
• Ontwikkel assesseringsraamwerk, doen assessering, stel ’n
verslag saam en neem deel aan munisipale skakeling ten
opsigte van die PR MTUK en CGRO-prosesse
• Doen ’n ontleding van finansiële bestuur en adviseer
munisipaliteite en openbare entiteite oor hoe om finansiële
bestuur te verbeter. Dit moet insluit die verbetering van gehalte
en ooreenstem met die provinsiale begroting.
• Oorsig van Finansiële Bestuursverbeteringsprogram in
Provinsiale Tesourie, departemente en entiteite
DIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING REKENINGKUNDE
• Bestuur die implementering van finansieel-rekenkundige
raamwerke en assesseer en moniteer die ontwikkeling van
rekeningkundige inligting vir spesifieke munisipaliteite en hulle
entiteite
SUBDIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING REKENINGKUNDE
(GROEPE 1, 2 EN 3)
• Bedryf 'n standaardisasieproses en verskaf invoer oor relevante
verslaggewende raamwerke openbaarmakingskonsepte van
die Raad vir Rekeningkundige Standaarde.
• Maak ’n ontleding van opleidingsbehoeftes gekoppel aan
munisipale en ander belanghebbendes en voorsien opleiding
soos nodig.
• Hou toesig oor finansiële rekenkundige riglyne wat aan
munisipaliteite en verwante entiteite voorsien is deur verskeie
belanghebbendes (diensverskaffers, Nasionale Tesourie,
nasionale en provinsiale departemente).
• Evalueer, bepaal en volg korrektiewe stappe deur die
onderskeie munisipaliteite op in verhouding tot OGSA-
bevindings en rekeningkundig verwante kwessies.
• Verskaf invoer aan, en hou toesig oor die implementering van
goedgekeurde rekeningkundige raamwerke
• Inisieer en hou toesig oor rekeningkundige beste praktyk vir
munisipaliteite en bestuur die implementering van
aanbevelings.
• Stel jaarliks ‘n Finansiële Rekeningkundige Oorsig vir
munisipaliteite op en bestuur implementeringsaanbevelings.
• Adviseer en verskaf kommentaar aan Nasionale Tesourie oor
stappe en maatreëls om rekeningkundige standaarde in
munisipaliteite te verbeter sowel as oor die verdere
implementering van die onderskeie WPFB-vereistes
• Dra by tot die verbetering van die finansiële bestuur van
munisipaliteite en help met herstelplanne soos gepas
• Doen ’n evaluering van rekeningkundige tendense en stel
verslae saam oor die status van rekeningkundige bestuur binne
munisipaliteite (PR MTUK 3)
• Adviseer munisipale rade en Provinsiale LUR’s van PR en
Finansies aangaande die status van finansiële rekeningkundige
bestuur in munisipaliteite, met inbegrip van korrektiewe stappe
HOOFDIREKTORAAT: BATEBESTUUR
• Bestuur die ontwikkeling en instandhouding van finansiële
stelsels vir provinsiale en plaaslike regering.
• Bepaal beleid om provinsiale departemente te bestuur, te
assesseer en by te staan in kapasiteitsbou, versekering van
data-integriteit, die afdwing van deursigtigheid en
verantwoordbaarheid, die balansering van kommersiële
imperatiewe met sosiale verantwoordelikheid en die
aanspreek van ekonomieë van skaal en waarde vir geld vir
verkrygingslyn en roerende bates
• Bepaal beleid om munisipaliteite te bestuur, te assesseer en by
te staan in die bereiking van kapasiteitsbou, versekering van
data-integriteit, die afdwing van deursigtigheid en
verantwoordbaarheid, die balansering van kommersiële
imperatiewe met sosiale verantwoordelikheid en die
aanspreek van ekonomieë van skaal en waarde vir geld vir
verkrygingslyn en roerende bates
DIREKTORAAT: ONDERSTEUNINGS- EN ONDERLING-VERBONDE
FINANSIËLE STELSELS
• Bestuur die verskaffing van die verbetering en implementering
van bestaande finansiële stelsels (BRS, PERSAL, LOGIS en
Vulindlela) en uiteindelike oordrag na die IFMS, met
versekering van voldoening aan die WOFB en ander relevante
wetgewing
• Bestuur die monitering en rapportering oor die finansiële stelsel
se prestasie
• Bestuur die lewering van effektiewe tegniese en strategiese
ondersteuning (hulplessenaar)
• Ontwikkel, implementeer en bedryf gepaste
opleidingsintervensies vir alle provinsiale departemente
(formeel en van persoon tot persoon)
• Ontwikkel, implementeer en verfyn ’n risikobestuursraamwerk
om sekuriteit en geloofwaardigheid van data te assesseer
• Ontwikkel, implementeer en verfyn ’n finansiële operasionele
model wat goeie beheerpraktyke afdwing
• Ontwikkel, implementeer en bestuur ’n
besigheidsintelligensiestelsel om te verseker dat gepaste data
en bestuursinligting betyds voorsien word.
• Implementeer en bestuur 'n analitiese instrument vir die
opsporing van moontlike onreëlmatige en oneerlike transaksies
op alle dwarsleggende stelsels.
• Verantwoordbaar vir die ontwikkeling, implemen-tering en
verfyning van ’n evaluering en kapasiteitsbouplan.
• Verskaf ’n Departementele Stelselkontrolefunksie namens
Provinsiale departemente.
• Bestuur ’n verskafferdatabasis van verkrygingstoewysing en ’n
kontrakbestuurstelsel.
DIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING VERKRYGINGSLYNBESTUUR
• Ontwikkel en hersien strategieë, beleide en beste praktyk
norme en standaarde
• Verseker en dwing voldoening af, d.w.s. behoorlike assessering,
leiding en monitering volgens norme en standaarde.
• Ondersteun en assisteer departemente en entiteite met die
verbetering van hulle funksionele kapasiteit.
• Bestuur inligting, stel data saam en ontleed besteding ten
opsigte van verkrygingdeursigtigheid, integriteit en
kooppatrone.
• Voorsien ’n verskaffershulplessenaar (provinsiale en munisipale
inbelsentrum).
• Bestuur en hanteer appelle en klagtes van verskaffers
• Doen VLB-oorsigte ten opsigte van beweerde nievoldoening
van beleide en moontlike heimlike tenderpraktyke
• Bedryf, asministreer en bestuur dwarsleggende tenders vanuit
’n waarde-vir-geld- of ekonomie-van-skaal-perspektief
• Koester SBEB/KMMO-ontwikkeling wat sal insluit die
ontwikkeling van verhoudings met spesifiek swart bemagtigde
KMMO-verkopers ter ondersteuning van die voorkeurver-
krygingstrategie
DIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING VERKRYGINGSLYNBESTUUR
• Opstel van beste praktyk norme en standaarde
• Verseker en dwing voldoening af, d.w.s. behoorlike assessering,
leiding en monitering volgens norme en standaarde
• Ondersteun en assisteer munisipaliteite om hulle funksionele
kapasiteit te verbeter
• Bestuur inligting en versamel data wat verband hou met
bodftoekennings om die verspreiding van voorsieners, sosio-
ekonomiese (SEB en koop plaaslik) impak en werklike
bodpraktyke te assesseer
• Lei appelprosesse en reageer op verskaffers se klagtres na die
behoorlike proses gevolg is
• Koester SBEB/KMMO-ontwikkeling (gedeel oor die provinsiale
en munisipale sfere heen) ten opsigte van verkrygingsvereistes
• Verskaf ’n VLB-hulplessenaar
TAK: FISKALE EN EKONOMIESE DIENSTE
• Verseker doeltreffende begrotingsbestuur vir die provinsiale
regering.
• Verseker doeltreffende begrotingsbestuur vir plaaslike
regering.
• Bestuur die provinsie se fiskale bronne doeltreffend vir die
provinsiale regering en maak seker van behoorlike en
volhoubare begrotings en ekonomiese ontleding vir plaaslike
regering
HOOFDIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING OPENBARE FINANSIES
• Lewer besigheidsinligting en databestuurdienste
• Bevorder die effektiewe en doeltreffende bestuur van
roerende bates en lewering van infrastruktuur en adviseer
departemente en munisipaliteite oor PPP-projekte
• Evalueer en verbeter die geloofwaardigheid en
volhoubaarheid van die provinsiale begroting en moniteer die
implementering daarvan
DIREKTORAAT: BESIGHEIDSINLIGTING EN DATABESTUUR
• Lerwer ’n kliëntekoppelvlak en dataversamelingsdiens
• Lewer ’n data-inligting- en rekordbestuurdiens
SUBDIREKTORAAT: KOPPELVLAK EN KOLLASIE
• Koördineer die MTEC-proses en bestuur die publikasie en
beskikking van begrotings en finansiële dokumentasie
• Vergelyk data en hou toesig oor die tegniese monitering en
finalisering van verskeie Departementele publikasies
AFDELING (OF SUBDIREKTORAAT: KOPPELVLAK EN
KOLLASIONERING): KLIËNTEKOPPELVLAK
• Bestuur en koördineer die Provinsiale en Plaaslike Regering se
MTEC-proses
• Bestuur die logistiese reëlings ten opsigte van publikasies
gedurende die begrotingsproses
• Bestuur ontwikkeling en publikasie van jaarlikse, kwartaallikse
en oorsigverslae
• Dien as intreepunt vir inligting na die Departement
• Ontvang die inligting as drukstukke of in elektroniese formaat
• Evalueer gehalte van insette
• Versprei inligting en dokumente onder Departement en ander
kliënte/belangherbbendes
• Lig kliënte in oor beskikbaarheid van inligting.
AFDELING (VAN SUBDIREKTORAAT: KOPPELVLAK EN
KOLLASIONERING): DATAVERGELYKING EN TEGNIESE REDIGERING
• Bestuur en hou toesig oor die versameling/konsolidering en
tegniese redigering/formattering van:
a. die Provinsiale Begroting en verwante dokumentasie
b. ander Departementele publikasies, bv. FGR&O, PER&O,
hoofbegroting (7 publikasies)
c. munisipale begrotingsinligting en prestasie-
assesseringverslae
• Vestig en handhaaf die ondernemingsinhoud-bestuurstelsel
(OIBS), wat verwante beleid insluit
• Verseker dat OIBS-uitleg ooreenstem met die registrasie se
lêerstelsel
SUBDIREKTORAAT: INLIGTING- EN REKORDBESTUUR
• Verseker akkurate finansiële en ekonomiese gegewens en
inligting aan die Departement, plaaslike regerings en ander
gebruikers
• Lewer ’n rekordbestuurdiens aan die Departement, met
inbegrip van die lewering van ’n elektroniese rekorddiens (e-
liassering
AFDELING (OR SUBDIREKTORAAT: INLIGTING- EN REKORDBESTUUR)
DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
• Ontwikkel en hou in stand ’n inligtingsbestuurstelsel vir die
bestuur van die bewaring van, toegang tot en vloei van
inligting
• Verseker die beskikbaarheid van volledige, bygewerkte data
van ’n hoë gehalte
• Stel op maandelikse, kwartaallikse ad hoc en jaarlikse
datastelle en gemiddeldeverslae oor die staat van provinsiale
besteding en inkomstetendense
• Bou kapasiteit onder gebruikers om databasisse te benut
• Moniteer, optimaliseer en allokeer fisiese databewaring vir
databasisstelsels
• Beplan en koördineer datamigrasie tussen stelsels
• Skep en koördineer vereiste verslae in reaksie op
gebruikersbehoeftes van besigheid
• Skep effektiewe omgewing vir departemente, munisipaliteite
en verwante entiteite om elektroniese opgawes voor te lê
• Koördineer en verseker die bewaarplek vir geïdentifiseerde
opgawes
AFDELING (VAN SUBDIREKTORAAT: INLIGTING- EN REKORDBESTUUR):
REKORDBESTUUR
• Verrig Departementele statutêre verantwoordelikhede ten
opsigte van rekordbestuur
• Lewer ’n registrasiediens
• Herwin inligting
• Hou rekords in veilige bewaring
• Verseker voldoening aan die Wet op die Bevordering van
Toegang tot Inligting
• Lewer ’n bodediens
• Lewer ’n fotokopiëringsdiens
DIREKTORAAT: INFRASTRUKTUUR
Bevorder die effektiewe en doeltreffende lewering van
infrastruktuur en die bestuur van onroerende bates deur
spesifieke provinsiale departemente
• Moniteer die effektiewe en doeltreffende implementering van
PPP-projekte en verken alternatiewe
verkrygingstrategieë/metodologieë vir infrastruktuur en
eiendomme
SUBDIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING INFRASTRUKTUUR EN
EIENDOMSBESTUUR (GROEPE 1 EN 2)
• Verskaf raad aan departemente ten opsigte van
infrastruktuurlewering
• Fasiliteer die implementering van Infrastruktuur-
leweringverbeteringsprogram
• Assesseer Gebruikerbatebestuursplanne (U-Amps) en
Bewaarderbestuur (C-Amps) van departemente en die
integrasie daarvan in die begrotingsproses
• Hersien eiendomsassesserings (verkryging/beskikking/verhuring
wat aan die Kabinet of Provinsiale Tesourie vir goedkeuring
voorgelê word
• Verskaf leiding aan departemente oor infrastruktuurverkryging
• Ontwikkeling en voortgesette bywerking van strategieë vir
lewering van infrastruktuur wat in lyn gebring is met
veranderinge in die institusionele omgewing
• Vervul ’n leierskapsrol in die ontwikkeling van ’n provinsiale
infrastruktuurstrategie
SUBDIREKTORAAT: EENHEID VIR PUBLIEKE-PRIVAAT-VENNOOTSKAPPE
(PPV)
• Werk nou saam met nasionale en provinsiale
departemente/munisipaliteite om OPVprojekte te identifiseer,
ontwikkel en implementeer as ’n meganisme om aan
infrastruktuurbeleggingsprioriteite te voldoen
• Moniteer OPV-projekte
• Assesseer besiogheidsmodelontleding met inbegrip van
finansiële en konsepuitvoerbaarheidstudies oor voorgestelde
OPV-projekte
• Ondersoek alternatiewe verkrygingsmodaliteite vir
infrastruktuur en eiendomme.
DIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING FINANSIES (UITGAWEBESTUUR)
• Verseker geloofwaardigheid en volhoubaarheid van die
hoofbegroting en aanpassingsbegroting (mediumtermyn-
uitgaweraamwerk)
• Bestuur die aansuiweringsbegrotingsproses
• Berei voor en stel saam die hoof- en aanpassingsbegroting
• Assesseer en pas uitgawedoeltreffendheid en
aanspreeklikheidsbestuur streng toe
• Bestuur, assesseer en kontroleer die implementering van die
provinsiale begroting.
• Assesseer uiitgawetendense, stel uitgaweverslae (IJM) op en lê
dit voor
• Bevorder begrotingshervorming
• Verskaf tegniese bystand en finansiële opvoeding
HOOFDIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING OPENBARE FINANSIES
• Assisteer, assesseer en doen verslag oor munisipale begrotings
se inkomste-en-uitgawebestuur, met inbegrip van munisipale
entiteite en om die implementering van die WMFB by
spesifieke munisipaliteite bedryf
DIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING (INKOMSTE EN UITGAWE)
• Implementeer en koördineer Provinsiale Tesourie se
verantwoordelikhede soos bevat in die WMFB
• Bestuur die IJM-proses van munisipaliteite en kontroleer en
maak voorstelle om inkomste en uitgawe te bestuur
• Moniteer, assesseer, adviseer, koördineer en stel remediërende
maatreëls in om integriteit (volhoubaarheid en
geloofwaardigheid) van munisipale begrotings, wat integraal
is tot die IJM-proses ingevolge die WMFB en verwante
wetgewing, te verseker
• Moniteer die munisipale aanpassingsbegroting ingevolge
beleidsparameters en wetgewing
• Assisteer, assesseer en adviseer oor munisipale inkomste-en-
uitgawebegrotings, met inbegrip van entiteite
• Adviseer oor die stigting van munisipale entiteite
• Adviseer oor die tegniese fasette en die verwerkliking van
gepaste en doeltreffende subdivisies van die jaarlikse
munisipale hoofbegroting binne die leweringsbeleid-
parameters van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne,
SDBIP’s en skakel dit in by die Provinsiale Groei- en
Ontwikkelingstrategie
• Publiseer toekennings/oordragbetalings aan munisipaliteite en
ruimtelike ontbondeling van provinsiale begrotring
• Bepaal en adviseer aangaande tegniese standaarde vir
begrotingsbestuur en administrasie en versekering van
integriteit vir die goedgekeurde begroting
• Bepaal advies aangaande tegniese standaarde vir
begrotingsbestuur en -administrasie en versekering van die
integriteit van die goedgekeurde begroting
• Ontleed en assesseer skuldbestuurstrategieë in munisipaliteite
en assisteer niemetro munisipaliteite met skuldin-
vordering/verhaling van departemente
• Assesseer en adviseer oor die toewysing van magte en funksies
aan munisipaliteite en oor ’n aansoek vir munisipale
polisiedienste
• (Slegs groep 1)
• Skakel met Nasionale Tesourie, DPLG en Plaaslike Regering oor
die implementering en voldoening aan die WMFB (Slegs groep
1)
• Moniteer en doen verslag oor die uitkoms van munisipale
inkomste-en-uitgawebegrotings (IJM)(Slegs groep 1)
• Assisteer munisipaliteite met die oplossing van finansiële
probleme deur intervensiemeganismes, bv. stedelike
skuldbestuur (Slegs groep 1)
• Assesseer en adviseer oor die toewysing van magte en funksies
aan munisipaliteite (Slegs groep 2)
• Assesseer, moniteer en maak aanbevelings oor
voorwaardelike toekenningsraamwerke van plaaslike regering
en doen rekonsiliasies van hierdie toekennings (Slegs groep 2)
• Assesseer en adviseer munisipaliteite om hulle eie
inkomstebasis te assesseer en te optimaliseer ten opsigte van
inkomste-invordering en assisteer met inisiëring van stappe om
finansiële probleme op te los deur middel van
intervensiemeganismes (Slegs groep 2)
HOOFDIREKTORAAT: OPENBARE BELEIDSDIENSTE
• Verseker fiskale argitektuur (billike gedeelde navorsing en FFC-
interaksie) sowel as navorsing oor nuwe en bestaande bronne
van inkomste
• Bevorder doeltreffende finansiële brontoedeling vir provinsiale
regering en maak voorsiening vir ekonomiese ontleding en
advies wat ten grondslag lê van fiskale beleid en die
begrotingstoekenningsproses
• Verbeter begrotingsbeplanning en implementering van
munisipaliteite om beter reageerbaarheid van hulle begrotings
op sosio-ekonomiese realiteite te fasiliteer
DIREKTORAAT: FISKALE BELEID
• Verbeter die volhoubaarheid van provinsiale en munisipale
inkomstebronne en ondersoek die volledige benutting
daarvan
• Optimaliseer likiditeitsvereistes en maksimaliseer winste binne
aanvaarbare risikovlakke
• Moniteer en lei kontantbestuur in munisipaliteite
SUBDIREKTORAAT: INKOMSTEONTLEDING, NAVORSING EN
MODELLERING
• Verseker die doeltreffende ontwikkeling en uitbreiding van die
eie-inkomstebasis van die provinsiale regering, in
ooreenstemming met die relevante wetgewing, met insluiting
van navorsing oor alternatiewe opsies vir belasting
• Assesseer en assisteer om die doeltreffende en effektiewe
bestuur te verseker van die provinsiale regering se lenings om
kapitaal en infrastruktuurverpligtinge te finansier
• Ontleed risiko’s wat verband hou met verskillende
inkomstestromings
• Ontwikkel en vestig ’n munisipale tariewedatabasis
• Assesseer munisipale tariewe ingevolge beleid, struktuur,
bekostigbaarheid en verwagte ekonomiese impak
• Verseker die doeltreffende ontwikkeling en uitbreiding van die
eie-inkomstebasis van die munisipaliteite, in ooreenstemming
met die relevante wetgewing, met insluiting van navorsing in
alternatiewe opsies vir belasting
• Assesseer en assisteer om die doeltreffende en effektiewe
bestuur te verseker van die plaaslike regering se lenings om
kapitaal en infrastruktuurverpligtinge te finansier
• Lewer ’n toesigfunksie ingevolge die Wes-Kaapse Wetsontwerp
op Dobbelary en Wedrenne
• Voer maandelikse IJM-assesserings uit van inkomstetendense
• Verseker fiskale argitektuur (billikedeelnamenavorsing en FFC-
interaksie) sowel as navorsing oor nuwe en bestaande bronne
van inkomste
SUBDIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING KONTANTBESTUUR
• Verseker tydige ontvangs van alle aanwasse tot die Provinsiale
Inkomstefonds
• Ontwikkel en implementeer ‘n doeltreffende en effektiewe
kontantbestuurraamwerk binne die Provinsie
• Bepaal en verseker minimum daaglikse kontantvloeivereistes
vir Provinsiale Inkomstefonds
• Bewerkstellig doeltreffende en effektiewe bankreëlings/-
ooreenkomste
• Assesseer kontantvloeitendense, koördineer en stel verslae
saam
• Stel jaarlikse finansiële state op vir Provinsiale Inkomstefonds.
• Vervul stelselfunksies
• Verskaf tegniese bystand en opleiding.
SUBDIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING KONTANTBESTUUR
• Moniteer en handhaaf inligting oor munisipaliteite en
munisipale entiteite se bankrekeninge en relevante
onttrekkings en kontantvloei
• Assesseer en adviseer aangaande die onttrekking van fondse
ten opsigte van ’n tydelike begroting
• Assesseer en adviseer oor die wysiging van betalingskedules
• Verskaf tegniese bystand en opleiding aan munisipaliteite
• Verskaf gebruikersondersteuningleiding en opleiding ooreen-
komstig kontantbestuurraamwerk
• Assesseer maandelikse IJM
• Assesseer en adviseer oor eksterne skuld
• Verskaf ondersteuning en leiding oor die implementering van
die leningsassesseringsraamwerk
DIREKTORAAT: PROVINSIALE REGERING BEGROTINGSKANTOOR
• Bedryf die MTUR en jaarlikse begrotingsproses
• Konsolideer, berei voor en stel saam die jaarlikse fiskale beleid
• Bepaal jaarlikse begrotingstoekenning per Departement wat
ontwikkelingsprioriteite oordra na sektorale en funksionele
begrotingstoekennings ooreenkomstig nasionale
begrotingsriglyne
• Bepaal bronverskuiwings tussen departemente
• Bevorder integrasie en sinergie van beleid, besteding en
lewering en begrotingsprioriteite tussen departemente en
regerings
• Fasiliteer en voorsien tegniese bystand en opleiding aan
provinsiale departemente en entiteite met die doel om WOFB-
voldoende en reagerende begrotings te bereik.
• Assesseer begrotingsimplementering deur prestasie te
moniteer en resultate te evalueer oor doeltreffendheid van
programme om beplanning en brontoewysing te rugsteun
• Ontleed sleutel ekonomiese veranderlikes, hulle
interverhouding en relevansie vir die begroting
• Bepaal die potensiaal en beperkinge van groei en
ontwikkeling en hulle interaksie met regeringsbesteding en
inkomstepatrone/ tendense
• Ontleed demografiese en sosio-ekonomiese tendense en
verseker dat dienste behoorlik daarmee in ooreenstemming
gebring word en integreer ekonomiese beleid en
diensleweringsimpaknavorsing
• Fasiliteer die ontwikkeling en implementering van
prestasiebestuursbeleid en -kultuur binne departemente
DIREKTORAAT: PLAASLIKE REGERING BEGROTINGSKANTOOR
• Ontleed die sosio-ekonomiese status van munisipaliteite deur
die saamstel van sosio-ekonomiese profiele vir munisipaliteite
• Assesseer en adviseer oor die geloofwaardigheid van die
sosio-ekonomiese inligting in die ILP’s en die ondersteunende
sektorplanne van munisipaliteite en die implikasie vir die
munisipale begrotings.
• Assesseer en adviseer of die sosio-ekonomiese
ontledingskomponent van die ILP die sosio-ekonomiese
realiteit en behoefteontleding van die munisipale area
weerspieël
• Assesseer en adviseer of die beleidsprioriteite geïdentifiseer in
die ILP reageer op die sosio-ekonomiese realiteit en
behoefteontleding van die munisipale area
• Assesseer en adviseer of die ILP-beleidsdoelwitte geprioritiseer
word in die kapitale en operasionele begrotings van
munisipaliteite
• Fasiliteer en verskaf tegniese bystand en opleiding aan
munisipaliteite in databestuur
• Verskaf leiding en moniteer die munisipale jaarlikse begroting
se voorbereidingsproses
• Moniteer, evalueer, en doen verslag oor implementering van
munisipale begroting en diensleweringprestasie om
beleidsvoorskrifte te rugsteun en begrotingsbeplanning te
verbeter
• Koördineer die jaarlikse begrotingsassesseringsproses van
munisipale begrotings
• Koördineer jaarlikse begrotingskonsultasieprosesse met
munisipaliteite
• Fasiliteer en verskaf tegniese bystand en opleiding aan
munisipaliteite met die doel om deelnemende begrotings te
skep wat voldoen aan die WMFB-vereistes
• Identifiseer en adviseer oor intervensies aangaande munisipale
begrotings
• Assesseer en adviseer aangaande langtermyn kapitale-
finansieringstoepassings teenoor munisipale prioriteite en
beplanning.
• Verskaf invoer en leiding t.o.v. beleidsopsies in verwante areas
4. KONTAKBESONDERHEDE VAN DIE INLIGTINGSBEAMPTE Adv. B Gerber 1st Vloer
15 Wale Street
Kaapstad
8000
Tel: 021 4836032
Fax: 021 4833300/4715
E-mail: [email protected]
KONTAKBESONDERHEDE VAN DIE ADJUNKINLIGTINGSBEAMPTE
ARTIKEL 14(1)(b)
Mr Z Hoozain
Waalstraat 7/Privaatsak X9165
KAAPSTAD
Tel.: (021) 483-6267
Faks: (021) 483-3855
e–posadres: [email protected]
Tel:021mailto:[email protected]:[email protected]
5. HANDLEIDING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE
OOR HOE OM DIE WET TE GEBRUIK
ARTIKEL 14(1)(c)
Dit is die verantwoordelikheid van die SAMRK om ’n gids saam te
stel ingevolge artikel 10 van die PAIA, in ’n maklik verstaanbare
vorm en wyse, soos verwag kan word van ’n persoon wat enige
reg wil beoefen soos bedoel in die Wet.
Hierdie gids is ook beskikbaar in al die amptelike tale vanaf die
SAMRK en enige navrae in hierdie verband moet gerig word
aan:
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie
Telefoon +27 11 877 3900
Faks +27 11 4030684
E–posadres [email protected]
Posadres WBTI-eenheid: Bevordering van
Toegang tot Inligting
Privaatsak 2700
Houghton
2041
Straatadres Suid Afrikaanse Menseregte
Kommissie
33 Hoofd Street
Braamfontein
2017
JOHANNESBURG
mailto:[email protected]
Webblad: www.sahrc.org.za
6. REKORDS
6.1 BESKRYWING VAN ONDERWERPE WAARVAN DIE DEPARTEMENT
REKORD HOU
ARTIKEL 14(1)(d)
• Wetgewing
• Bestuur en Beplanning
• Huishoudelike finansies
• Menslikehulpbronbestuur
• Dienste en Voorrade
• Koördinasie en Skakeling:
• Verslae, Omsendbriewe en Inligting
• Finansiële Bestuur
• Begrotingsbestuur
• Fiskale Beleid
• Provinsiale Regering Finansies
• Provinsiale Regering Finansies
• Finansiële Batebestuur
• Finansiële stelsels
• Openbaar-privaat-vennootskap
• Roerende en Onroerende Batebestuur
6.2 BESKRYWING VAN REKORDS WAT OUTOMATIES BESKIKBAAR IS
ARTIKEL 14(1)(e)
http://www.sahrc.org.za/
BESKRYWING VAN KATEGORIEË VAN
REKORDS WAT OUTOMATIES
BESKIKBAAR IS INGEVOLGE ARTIKEL
15(1) VAN DIE WET OP DIE
BEVORDERING VAN TOEGANG TOT
INLIGTING, 2000
HOE TOEGANG VERKRY KAN
WORD TOT REKORDS
BESKRYWING VAN KATEGORIEË VAN REKORDS WAT OUTOMATIES
BESKIKBAAR IS VIR AANKOOP INGEVOLGE ARTIKEL 15(1)(a)(ii)
(a) Provinsiale Begroting (Hoof- en
Aangepaste Beramings
Kopieë van hierdie rekords
kan verkry word na betaling
van die voorgeskrewe tarief
vanaf die Departement, 3de
vloer, Parlementsgebou,
Kaapstad, of kan besigtig
word op die Departement se
webbladsy
(b) Verduidelikende memorandum
aan die Provinsiale Begroting
(Hoof- en Aangepaste
Beramings
(c) Wes-Kaap se Mediumter-myn
Begrotingsbeleids-verklaring
(d) Provincial Review and Outlook
(PERO)
(e) Municipal Economic Review
and Outlook (MERO)
(f) Verslae per departement as
gevolg van die Wet op die
Bestuur van Openbare
Finansies, 1999 (Wet 1 van
1999) en die Wet op die
Verdeling van Inkomste
(g) Tesourie-omsendbriewe en
ander relevante beleids-
BESKRYWING VAN KATEGORIEË VAN
REKORDS WAT OUTOMATIES
BESKIKBAAR IS INGEVOLGE ARTIKEL
15(1) VAN DIE WET OP DIE
BEVORDERING VAN TOEGANG TOT
INLIGTING, 2000
HOE TOEGANG VERKRY KAN
WORD TOT REKORDS
dokumente
(h) Verkrygingslynbestuurdelegasie
(i) Finansiële Delegasie
(j) Tender
dokumente(geadverteerde
tenders)
6.3 VERSOEKPROSEDURE
• Iemand wat ’n versoek rig, moet gebruik maak van Vorm A
soos voorgeskryf in die regulasies gepubliseer ingevolge die
Wet op die Bevordering van toegang tot Inligting
(Regeringskennisgewing 223 van 9 Maart 2001). Vorm A word
hierby aangeheg.
• ’n Bedrag van R35,00 is betaalbaar voor die versoek
geprosesseer sal word.
• Die betaling van die versoekgeld is nie van toepassing op ’n
rekord wat versoek is deur ’n instandhoudingsbeampte of
instandhoudingsondersoeker vir doeleindes van instand-
houdingsondersoek of ’n navraag ingevolge die bepalings
van die Wet op Instandhouding, 1998 of die regulasies onder
artikel 44 van die genoemde Wet (soos per regerings-
kennisgewing R991 van 14 Oktober 2005) nie.
• Die betaling van aanvraaggeld is nie betaalbaar indien die
versoek tot toegang tot die rekords van toepassing is op
persoonlike rekords nie. (volgens Goewermentskennisgewing
R991 van 14 Oktober 2005).
• ‘n Versoek fooi beteken die betaling van R35-00 soos bepaal
deur die regulasies, hierby aangeheg.
• Voorsiening word gemaak op Vorm A vir die persoon wat die
versoek rig om aan te dui of hy/sy ’n kopie van die rekord
verlang of bloot daarna wil kyk.
• Vorm A maak ook voorsiening vir die persoon wat die versoek
rig om aan te dui in watter taal die rekord verlang word,
alhoewel daar geen verpligting op die departement rus om
dit te vertaal nie.
• Iemand wat ’n versoek rig kan ook aandui in watter vorm (d.i.
papierkopie, elektroniese kopie, ens.) toegang tot die rekord
verskaf moet word. Daar sal hierby gehou word tensy dit
onredelik inmeng met die werking van die Departement of
indien toegang om praktiese redes nie in die vereiste vorm of
medium gegee kan word nie.
• Die Inligtingsbeampte of die adjunkinligtingsbeampte, soos die
geval mag wees, moet so vinnig as wat redelik moontlik is,
maar in elk geval binne 30 dae nadat ‘n versoek ontvang is,
besluit ingevolge die Wet of die versoek toegestaan word, al
dan nie, en moet die versoeker dienooreenkomstig inlig.
• Die Inligtingsbeampte of Adjunkinligtingsbeampte, aan wie ‘n
versoek tot inligting gerig is, kan die periode van 30 dae slegs
een maal verleng vir ‘n verdere periode soos omskryf in artikel
26 van WBTI.
• Indien die versoek betrekking het op rekords van ‘n derde
party(e) soos omskryf in artikels 34 (1), 35 (1), 36 (1), 37 (1) or 43
(1) van WBTI, moet die Inligtingsbeampte of die
Adjunkinligtingsbeampte, soos die geval mag wees, all
redelike stappe neem, maar in elk geval binne 21 dae nadat
die versoek ontvang is, om die derde party(e) in te lig indien
die versoek betrekking het op op die derde party(e).
• ‘n Derde party wie ingelig is van die versoek mag binne 21
dae skriftelike of mondelinge vertoeë lewer aan die
Inligtingsbeampte of die Adjunkinligtingsbeampte, soos die
geval mag wees, waarom die versoek geweier moet word of
kan skriftelike toestemming gee vir die bekendmaking van die
rekord.
• Die Inligtingsbeampte of die AdjunkInligtingsbeampte, soos
die geval mag wees, moet so gou as wat dit redelik moontlik
is, maar in elk geval binne 30 dae nadat elke derde party
ingelig is, besluit of die versoek om toegang tot die rekord
toegestaan of geweier word en moet die derde party(e) en
die aanvraer ingevolge artikel 49 van WBTI inlig aangaande
sy/haar besluit.
• ‘n Derde party(e) het die reg om ‘n interne appel aan te
teken, binne 30 dae nadat hy of sy van die besluit in kennis
gestel is. Die appel kan aangeteken word deur vorm B, hierby
aangeheg, te stuur na die kantoor van die Inligtingbeampte
of Adjunkinligtingsbeampte of per faks of per e-pos.
• ‘n Versoek het die reg om ‘n interne appel aan te ken, binne
60 dae, nadat hy of sy kennis gegee is van die besluit van die
Inligtingsbeampte of Adjunkinligtingsbeampte, soos die geval
mag wees, om die versoek tot toegang tot die rekord te weier
of geneem is ingevolge artikels 22, 26 (1) or 29 (3) van WBTI.
Die interne appel kan aangeteken word deur die versending
van ‘n voltooide vorm B te stuur na die kantore van die
Inligtingsbeampte of die Adjunkinligtingsbeampte of per faks
of e-pos.
• In die geval dat die interne appel proses uitgeput is en die
aanvraer of die derde party steeds ontevrede is met die
uitslag, mag ‘n hof genader word vir die relevante regshulp
binne 180 dae nadat die uitslag van die appel aan hom of
haar bekend gemaak is.
• Die aanvraer of ‘n derde party kan ‘n Landdroshof of ‘n
Hooggeregshof nader vir die relevante regshulp.
• In die geval dat ‘n versoek tot toegang van ‘n rekord
toegestaan word, ander dan ‘n persoonlike versoek, is
toegangsgelde betaalbaar deur ‘n aanvraer.
‘Toegangsgelde’ beteken die fooi(e) wat betaalbaar is
wanneer ‘n aanvraer byvoorbeeld kopieë van die verlangde
rekord nodig het of die tyd wat spandeer sal word om die
rekord op te spoor en dit voor te berei. Die tiepe fooi ter
sprake en hul bedrae word bepaal deur die regulasies en
word hierby aangeheg.
• ’n Enkel persoon wie se jaarlikse inkomste nie R14 712,00 per
jaar oorskry nie en getroude persone, of 'n persoon en sy of
haar lewensmaat, wie se jaarlikse inkomste nie R27 192.00
oorskry nie is vrygestel van die betaling van toegangsgeld
(soos per Regeringskennisgewing R991 van 14 Oktober 2005).
• Betaling van die toegangsgeld is nie van toepassing op die
persoonliker rekord van ’n aansoeker nie (soos per
Regeringskennisgewing R991 van 14 Oktober 2005).
• In sekere gevalle kan ’n aansoeker ook versoek word om ’n
deposito te betaal.
• ’n Aansoeker mag ’n interne appel aanteken teen die
betaling van die deposito en/of toegangsgeld. Indien ’n
aansoeker ’n interne appel wil aanteken, moet Vorm B (soos
voorgeskryf in Regeringskennisgewing R223 van 9 Maart 2001)
voltooi word.
• In die geval dat die interne app elprosedure deurloop is en die
aansoeker steeds nie tevrede is met die uitkoms nie, kan ’n hof
genader word vir ’n gepaste hofbevel.
• Toegang tot ’n rekord sal weerhou word totdat alle toepaslike
gelde betaal is.
• Inligting mag namens ’n ander persoon versoek word, maar
die hoedanigheid waarin die versoek gestel word, moet
aangedui word.
• Indien ’n aansoeker nie kan lees of skryf nie, of as gevolg van
’n gebrek, nie die vorm kan voltooi nie, kan die versoek
mondelings gerig word. Die inligtingsbeampte, of 'n persoon
wat sodanig gedelegeer is, moet dan die vorm namens
sodanige aansoeker invul en aan hom of haar 'n kopie van die
voltooide vorm gee.
7 DIENSTE BESKIKBAAR AAN DIE PUBLIEK
ARTIKEL 14(1)(f)
Geen
8 REËLINGS WAT BETROKKENHEID BY BELEIDSFORMULERING EN DIE
UITVOERING VAN FUNKSIES TOELAAT
ARTIKEL 14(1)(g)
Geen
9 REGSMIDDELE BESKIKBAAR TEN OPSIGTE VAN HANDELING OF
VERSUIM OM TE HANDEL
ARTIKEL 14(1)(h)
Wetgewing van toepassing op die Departement kan voorsiening
maak vir ’n interne hersiening of appelprosedure. Indien hierdie
prosedure deurloop is, of geen voorsiening gemaak is vir sodanige
prosedure nie, mag 'n hof genader word vir 'n geskikte hofbevel.
Sien egter paragraaf 6 hierbo wat die die interne appel en hof
prosedures uiteensit wat gevolg moet word.
10 TOEGANKLIKHEID EN BESKIKBAARHEID VAN DIE HANDLEIDING
ARTIKEL 14(3)
Die Engelse weergawe van hierdie gids is beskikbaar vir besigting by
die fisiese adres van die Adjunkinligtingsbeampte. Die gids is vertaal
in die Afrikaans en Xhosa tale en is beskikbaar vir besigtiging op die
Department se volgende webwerf:
https://www.westerncape.gov.za/general-publication/access-
information-provincial-treasury-section-14-manual
https://www.westerncape.gov.za/general-publication/access-information-provincial-treasury-section-14-manualhttps://www.westerncape.gov.za/general-publication/access-information-provincial-treasury-section-14-manual
AANHANGSEL
VORM A
VERSOEK OM TOEGANG TOT REKORD VAN OPENBARE LIGGAAM (Artikel 18(1) van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No.
2 van 2000)) [Regulasie 2]
VIR DEPARTEMENTELE GEBRUIK Verwysingsnommer: _______________ Versoek ontvang deur (meld rang, naam en van van inligtingsbeampte/adjunk-inligtingsbeampte) op (datum) te (plek). Versoekgelde (indien enige): R .................................... Deposito (indien enige): R ................................... Toegangsgelde: R...................................
HANDTEKENING VAN INLIGTINGSBEAMPTE/ADJUNK-INLIGTINGSBEAMPTE
A. Besonderhede van openbare liggaam Die Inligtingsbeampte/Adjunk-inligtingsbeampte: B. Besonderhede van persoon wat toegang tot die rekord versoek
(a) Die besonderhede van die persoon wat toegang tot die rekord versoek, moet hieronder aangedui word.
(b) Voorsien ‘n adres en/of faksnommer in die Republiek waarheen inligting gestuur moet word.
(c) Bewys van die hoedanigheid waarin die versoek gerig word, indien van toepassing, moet aangeheg word.
Volle name en van: Identiteitsnommer: Posadres: Faksnommer: Telefoonnommer: E-pos- adres: Hoedanigheid waarin versoek gerig word, indien dit namens ‘n ander persoon gedoen word: C. Besonderhede van persoon namens wie die versoek gerig word Hierdie gedeelte moet slegs ingevul word as’n versoek tot inligting namens ‘n ander persoon gerig word. Volle name en van: Identiteitsnommer: D. Besonderhede van rekord (a) Voorsien volle besonderhede van die rekord waartoe toegang versoek word,
insluitende die verwysingsnommer indien dit aan u bekend is, om die opsporing van die rekord moontlik te maak.
(b) Indien die spasie wat voorsien word nie voldoende is nie, gaan asseblief voort op ‘n aparte folio en heg dit aan die vorm. Die versoeker moet alle addisionele folio's onderteken.
1. Beskrywing van rekord of toepaslike gedeelte van die rekord:
2. Verwysingsnommer, indien beskikbaar: 3. Enige verdere besonderhede van rekord:
E. Gelde (a) ‘n Versoek om toegang tot ‘n ander rekord as ‘n rekord wat persoonlike inligting van
uself bevat, sal slegs verwerk word nadat versoekgelde betaal is. (b) U sal in kennis gestel word van die bedrag wat as versoekgelde betaal moet word. (c) Die gelde betaalbaar vir toegang tot die rekord hang af van die formaat waarin
toegang verlang word en die redelike tyd wat benodig word om die rekord te soek en voor te berei.
(d) Indien u kwalifiseer vir vrystelling van die betaling van enige gelde, meld asseblief die rede daarvoor.
Rede vir vrystelling vir betaling van gelde: F. Formaat van toegang tot rekord Indien u as gevolg van ‘n gestremdheid verhinder word om die rekord te lees, besigtig of daarna te luister in die formaat van toegang soos in 1 tot 4 hieronder voor voorsiening gemaak word, meld u gestremdheid en dui aan in welke formaat die rekord verlang word. Gestremdheid: Formaat waarin rekord verlang word:
Merk die toepaslike blok met ‘n "X". NOTAS: (a) U aanduiding van die verlangde formaat tot toegang is afhanklik van die formaat
waarin die rekord beskikbaar is. (b) Toegang tot die formaat wat versoek word, mag in sekere omstandighede geweier
word. In so ‘n geval sal u in kennis gestel word of toegang in ‘ n ander formaat toegestaan sal word.
(c) Die gelde betaalbaar vir toegang tot die rekord, indien enige, sal gedeeltelik bepaal word deur die formaat waarin toegang verlang word.
1. Indien die rekord in skriftelike of gedrukte vorm is - afskrif van rekord* inspeksie van rekord 2. Indien die rekord bestaan uit visuele afbeeldings -
(dit sluit in foto's, skyfies, video-opnames, rekenaargegenereerde afbeeldings, sketse, ens.)
besigtig die afbeeldings afskrif van die afbeeldings* transkripsie van die afbeeldings*
3. Indien die rekord bestaan uit opgeneemde woorde of inligting wat as klank
gereproduseer kan word - luister na die klankbaan
(klankkasset) transkripsie van die klankbaan*
(geskrewe of gedrukte dokument) 4. Indien die rekord op rekenaar of in elektroniese of masjienleesbare formaat
gehou word - gedrukte afskrif van
rekord* gedrukte afskrif van
inligting verkry uit die rekord*
afskrif in rekenaarleesbare formaat* (ferm- of laserskyf)
*Indien u ‘n afskrif of transkripsie van ‘n rekord (soos bo) versoek, wil u hê dat die afskrif of transkripsie aan u gepos word? Posgelde is betaalbaar.
JA NEE
Neem kennis dat indien die rekord nie beskikbaar is in die taal wat u verkies nie, toegang in die taal waarin die rekord beskikbaar is, toegestaan kan word. In watter taal sal u die rekord verkies?
G. Kennisgewing van besluit rakende versoek tot toegang U sal skriftelik in kennis gestel word of u versoek goedgekeur/geweier is. Indien u verkies om op ‘n ander wyse in kennis gestel te word, spesifiseer asseblief die wyse en voorsien die nodige inligting om aan u versoek gehoor te kan gee. Hoe verkies u om van die besluit rakende u versoek om toegang tot die rekord in kennis gestel te word? Geteken te op hede die dag van 20
HANDTEKENING VAN VERSOEKER/ PERSOON NAMENS WIE DIE VERSOEK GERIG IS
VORM B
KENNISGEWING VAN INTERNE APPÈL (Artikel 75 van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2
van 2000)) [Regulasie 6]
MELD U VERWYSINGSNOMMER:
A. Besonderhede van openbare liggaam Die Inligtingsbeampte/Adjunk-inligtingsbeampte: B. Besonderhede van versoeker/derde party wat die interne appèl aanteken (a) Die besonderhede van die persoon wat die interne appèl aanteken, moet hieronder
aangedui word. (b) Bewys van die hoedanigheid waarin die appèl aangeteken word, indien van
toepassing, moet aangeheg word. (c) Indien die appellant ‘n derde persoon is en nie die persoon wat oorspronklik die
inligting versoek het nie, moet die besonderhede van die versoeker by C hieronder gemeld word.
Volle name en van: Identiteitsnommer: Posadres: Faksnommer: Telefoonnommer: E-pos-adres: Hoedanigheid waarin ‘n interne appèl namens ‘n ander persoon aangeteken word: C. Besonderhede van versoeker Hierdie gedeelte moet ingevul word SLEGS as ‘n derde persoon (anders as die versoeker) die interne appèl aanteken.
Volle name en van: Identitetsnommer: D. Die besluit waarteen die interne appèl aangeteken word Merk die besluit waarteen die interne appèl aangeteken word met ‘n "X" in die toepaslike blok: Weiering van versoek om toegang. Besluit rakende gelde bepaal ingevolge artikel 22 van die Wet. Besluit rakende die verlenging van die tydperk waarin versoek mee gehandel
moet word ingevolge artikel 26(1) van die Wet. Besluit ingevolge artikel 29(3) van die Wet om toegang in die formaat soos deur
die versoeker versoek, te weier. Besluit om versoek tot toegang goed te keur. E. Gronde vir appèl Indien die spasie wat voorsien word nie voldoende is nie, gaan asseblief voort op ‘n aparte folio en heg dit aan hierdie vorm. U moet alle addisionele folio's onderteken. Meld die gronde waarop die interne appèl gebaseer is: Meld enige ander inligting wat ter sake is by die oorweging van die appèl: F. Kennisgewing van besluit oor appèl U sal skriftelik in kennis gestel word van die besluit oor u interne appèl. Indien u verkies om op ‘n ander wyse in kennis gestel te word, spesifiseer asseblief die wyse en voorsien die nodige inligting om aan u versoek gehoor te kan gee. Meld die wyse: Besonderhede van die wyse: Geteken te op hede die dag van 20
HANDTEKENING VAN APPELLANT
VIR DEPARTEMENTELE GEBRUIK: AMPTELIKE REKORD VAN INTERNE APPÈL:
Appèl ontvang op (datum) deur (meld rang, naam en van van inligtingsbeampte/adjunk-inligtingsbeampte). Die appèl vergesel van die redes vir die inligtingsbeampte/adjunk-inligtingsbeampte se besluit en, waar van toepassing, die besonderhede van enige derde persoon op wie die rekords betrekking het, deur die inligtingsbeampte/adjunk-inligtingsbeampte op (datum) aan die tersaaklike owerheid voorgelê. UITSLAG VAN APPÈL: BESLUIT VAN INLIGTINGSBEAMPTE/ADJUNK-INLIGTINGSBEAMPTE BEVESTIG/ VERVANG DEUR NUWE BESLUIT NUWE BESLUIT: DATUM TERSAAKLIKE OWERHEID DATUM DEUR DIE INLIGTINGSBEAMPTE/ADJUNK-INLIGTINGSBEAMPTE VANAF DIE TERSAAKLIKE OWERHEID ONTVANG:
FEES
Annexure A GENERAL: VALUE-ADDED TAX
Public and private bodies registered under the Value-Added Tax Act, 1991 (Act No. 89 of 1991), as vendors may add value-added tax to all fees prescribed in this Annexure.
PART I FEES IN RESPECT OF GUIDE
1. The fee for a copy of the guide as contemplated in regulations 2 (3) (b) and 3 (4) (c) is
R0,60 for every photocopy of an A4-size page or part thereof.
PART II FEES IN RESPECT OF PUBLIC BODIES
1. The fee for a copy of the manual as contemplated in regulation 5 (c) is R0,60 for every
photocopy of an A4-size page or part thereof.
2. The fees for reproduction referred to in regulation 7 (1) are as follows:
R (a)
For every photocopy of an A4-size page or part thereof 0,60
(b) For every printed copy of an A4-size page or part thereof held on a computer or in electronic or machine-readable form
0,40
(c) For a copy in a computer-readable form on—
(i) stiffy disc 5,00 (ii)compact disc 40,00
(d) (i)For a transcription of visual images, for an A4-size page or part thereof
22,00
(ii)For a copy of visual images 60,00
(e) (i) For a transcription of an audio record, for an A4-size page or part
thereof
12,00 (ii)For a copy of an audio record 17,00
3.The request fee payable by every requester, other than a personal requester, referred to in regulation 7 (2) is R35,00.
4.The access fees payable by a requester referred to in regulation 7 (3) are as follows:
R
(1) (a)For every photocopy of an A4-size page or part thereof 0,60 (b)For every printed copy of an A4-size page or part thereof held on a
computer or in electronic or machine-readable form
0,40 (c)For a copy in a computer-readable form on—
(i) stiffy disc 5,00
(ii) compact disc 40,00
(d)(i)For a transcription of visual images, for an A4-size page or part thereof
22,00
(ii)For a copy of visual images 60,00 (e)(i)For a transcription of an audio record, for an A4-size page or part
thereof
12,00
(ii)For a copy of an audio record 17,00
( f )To search for and prepare the record for disclosure, R15,00 for each hour or part of
an hour, excluding the first hour, reasonably required for such search and preparation.
(2)For purposes of section 22 (2) of the Act, the following applies:
(a)Six hours as the hours to be exceeded before a deposit is payable; and (b)one third of the access fee is payable as a deposit by the requester.
(3)The actual postage is payable when a copy of a record must be posted to a requester.
PART III FEES IN RESPECT OF PRIVATE BODIES
1. The fee for a copy of the manual as contemplated in regulation 9 (2) (c) is R1,10 for
every photocopy of an A4-size page or part thereof.
2. 2. The fees for reproduction referred to in regulation 11 (1) are as follows:
R (a)For every photocopy of an A4-size page or part thereof
1,10
(b)For every printed copy of an A4-size page or part thereof held on a computer or in electronic or machine-readable form
0,75
(c)For a copy in a computer-readable form on—
(i)stiffy disc 7,50
(ii)compact disc 70,00
(d)(i)For a transcription of visual images, for an A4-size page or part thereof 40,00
(ii)For a copy of visual images 60,00
(e)(i)For a transcription of an audio record, for an A4-size page or part thereof 20,00 (ii)For a copy of an audio record 30,00
3. The request fee payable by a requester, other than a personal requester, referred to in
regulation 11 (2) is R50,00.
4. The access fees payable by a requester referred to in regulation 11 (3) are as follows:
R (1)(a)For every photocopy of an A4-size page or part thereof
1,10
(b)For every printed copy of an A4-size page or part thereof held on a computer or in electronic or machine-readable form
0,75
(c)For a copy in a computer-readable form on—
(i)stiffy disc 7,50
(ii)compact disc 70,00
(d)(i)For a transcription of visual images, for an A4-size page or part thereof
40,00
(ii)For a copy of visual images 60,00
(e)(i)For a transcription of an audio record, for an A4-size page or part
thereof
20,00
(ii)For a copy of an audio record 30,00
( f )To search for and prepare the record for disclosure, R30,00 for each hour or part of
an hour reasonably required for such search and preparation.
(2)For purposes of section 54 (2) of the Act, the following applies:
(a)Six hours as the hours to be exceeded before a deposit is payable; and (b)one third of the access fee is payable as a deposit by the requester.
(3)The actual postage is payable when a copy of a record must be posted to a requester.
2. STRUKTUUR VAN DIE DEPARTEMENT3. FUNKSIES VAN DIE DEPARTEMENTKONTAKBESONDERHEDE VAN DIE ADJUNKINLIGTINGSBEAMPTE5. HANDLEIDING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE OOR HOE OM DIE WET TE GEBRUIK6. REKORDS6.1 BESKRYWING VAN ONDERWERPE WAARVAN DIE DEPARTEMENT REKORD HOUARTIKEL 14(1)(d)6.2 BESKRYWING VAN REKORDS WAT OUTOMATIES BESKIKBAAR IS6.3 VERSOEKPROSEDURE
HOE TOEGANG VERKRY KAN WORD TOT REKORDS7 DIENSTE BESKIKBAAR AAN DIE PUBLIEK8 REËLINGS WAT BETROKKENHEID BY BELEIDSFORMULERING EN DIE UITVOERING VAN FUNKSIES TOELAAT9 REGSMIDDELE BESKIKBAAR TEN OPSIGTE VAN HANDELING OF VERSUIM OM TE HANDEL10 TOEGANKLIKHEID EN BESKIKBAARHEID VAN DIE HANDLEIDING