25
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 MEMORANDUM PUNTE: 70 Hierdie memorandum bestaan uit 25 bladsye.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

Province of the

EASTERN CAPE EDUCATION

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

SEPTEMBER 2013

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 MEMORANDUM

PUNTE: 70

Hierdie memorandum bestaan uit 25 bladsye.

Page 2: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

NASIENRIGLYNE 1. As ʼn kandidaat meer as die vereiste aantal vrae gedoen het, word net die

eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidaat mag nie die opstelvraag EN die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

2. Indien die antwoord in meer as een sin aangebied word en die antwoord nie in

die eerste sin voorkom nie, maar dit tot die antwoord in die tweede sin lei, word die antwoord in die tweede sin nagesien.

3. Vir oop vrae waar JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE plus ʼn

motivering vereis word, word slegs die rede/motivering oorweeg. Indien die kandidaat nie JA/NEE skryf nie, maar die motivering is korrek, word die punt toegeken.

4. Indien die kandidaat JA/NEE sê, moet die motivering korrek wees, anders

verloor die kandidaat die punt. 5. Vir WAAR/ONWAAR – of FEIT/LUG JOU MENING vrae, word die punte

verdeel: 1 punt vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING en 1 punt vir die rede/motivering/aanhaling.

As die leerder se WAAR/ONWAAR reg is, maar die motivering is verkeerd, verdien die leerling net EEN punt.

As die leerder se WAAR/ONWAAR verkeerd is, maar die motivering is reg, word GEEN punte toegeken nie.

6. Fals (Vals) kan aanvaar word. (False is egter verkeerd, want dit is Engels.) 7. Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die

vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.

8. Aanvaar dialektiese variasies. 9. Indien die kandidaat kru taal gebruik, word die kru woorde geïgnoreer. Indien

die antwoord sonder die kru woord sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

10. Waar een-woord antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee, is dit

korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word.

11. Vir meervoudigekeuse-vrae word sowel die letter as die korrekte antwoord wat

ten volle uitgeskryf is, aanvaar. 12. As die kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar

die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer.

Page 3: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3

13. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum nagesien.

14. As ʼn spelfout die betekenis van ʼn antwoord beïnvloed, word dit verkeerd

gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

15. Opstelvraag: As die opstel korter as die vereiste lengte is, word die kandidaat

nie gepenaliseer nie omdat hy/sy reeds hom/haarself gepenaliseer het. As die opstel te lank is, laat ʼn oorskryding van ʼn maksimum van 50 woorde (disjunkte ortografie) toe en ignoreer die res van die opstel.

16. Ter wille van nasien kan regmerkies gebruik word om feite aan te dui.

VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING

Woordorde (…) Hakies Spelfout ___ Kort strepie onder die fout

Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur Woorde uit ʼn ander taal E/X/Z Die letter boaan die woord Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T

Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Paragraafindeling // Dubbelskuinsstreep

Herhaling hh (in die kantlyn) hh

Onduidelik/Onverstaanbaar (in die kantlyn) Kronkelstreep

Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r

Punktuasie O ʼn Sirkel

17. Punte word as volg aangedui:

KODE I = KODE S/T =

PUNT 18. ʼn Kandidaat word nie gepenaliseer as aanhalingstekens ontbreek nie, al vereis

die vraag dit. 19. Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ʼn hele

reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien. 20. By ʼn vraag waar enige GEBEURE in die regte volgorde gerangskik moet word,

verdien die kandidaat EEN punt per korrekte antwoord mits dit op die korrekte plek staan.

21. Halwe punte word slegs aan die einde by die groottotaal tot ʼn hele afgerond. 22. Gebruik die rubriek in hierdie MEMORANDUM om die opstelvrae na te sien.

Page 4: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

AFDELING A: ROMAN BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG. VRAAG 1: OPSTELVRAAG By die nasien van hierdie opstelvraag maak die memorandum vir soveel as moontlik feite voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te gee nie. Hulle kan oorsigtelik oor alles of intensief oor enkeles skryf. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite. Gebruik die rubriek op bladsy 25. INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in. LIGGAAM Kate MacDonald

Kate die beste ding wat met Saul gebeur het.

Kate was te goed om waar te wees.

Saul ontmoet Kate toe hy veertien jaar oud was.

Kate het gereeld Sondae skelm vir Saul by die houtskuur gaan kuier.

Kate leer Saul Engels praat.

Kate leen David Copperfield vir Saul om te lees en sy noem hom Charles Dickens.

Kate gaan hou skool in die Bos vir die delwerskinders.

Kate wil nie hê Saul moet weggaan nie.

Kate koop ʼn erf en stel dit aan Saul beskikbaar.

Kate oortuig Saul om te bly, die Bos op te pas en die houtkappers te help. Oupoot

Saul en Oupoot het die Bos lief; daarom verstaan hulle mekaar se frustrasies teenoor dié wat die Bos verniel.

Albei is leiers en alleenlopers; daarom het hulle mekaar so goed verstaan.

Hulle word albei beskuldig van dinge wat hulle nie gedoen het nie en deel dus die gevoel om onnodig vir iets beskuldig te word.

Hulle verstaan mekaar en is daar vir mekaar in krisisse.

Die dag toe Jozef en Saul op pad Diepwalle toe was om van hul ma en suster se dood te gaan vertel het hy troos nodig gehad en hulle paaie het weer gekruis.

Toe Saul so ongelukkig was om die kalander af te kap, was Oupoot daar.

Die dag van Joram se begrafnis was Oupoot daar.

Saul is ook die aand wat hy so baie siek was en geyl het deur Oupoot besoek.

Oupoot was op sy manier altyd daar vir Saul.

Saul voel nie bedreig deur Oupoot nie.

Saul beskou Oupoot as dierbroer.

Oupoot wys vir Saul die skade wat in Meulbos aangerig is.

Saul beskou Oupoot as een van God se mooiste skeppings.

Page 5: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5

Tref Oupoot dood aan

Saul is in Streepbos en hy hoor ʼn skoot afgaan.

Hy besef Oupoot is geskiet.

Hy braak.

Dit was nie Terblans nie, maar delwers wat hom geskiet het.

Saul wil homself skiet.

Oupoot lê met sy rugkant na hom toe.

Saul is stukkend (hartseer).

Hy sien die mense wat Oupoot geskiet het en hy wil hulle skiet.

Hy raak aan Oupoot en betoon sy liefde vir hom.

Hy huil.

Hy besluit om self vir Oupoot te begrawe. SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35] VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG KRINGE IN ʼn BOS – Dalene Matthee 2.1 Hulle wou goud delf. (1) 2.2 2.2.1 B Alomteenwoordige verteller (1) 2.2.2 C Australië. (1) 2.3 Saul moes sy salaris vir familieskuld aan MacDonald afstaan. (2) 2.4 Sy het gesê dat alle houtkappers en hulle kinders wild en vuil is./soortgelyk (1) 2.5 Saul wou bewys dat nie noodwendig alle houtkappers dom en vuil en

ambisieloos/wild is nie. (1) 2.6 Volgens Saul kon die boom voel en dit het gevoel of ʼn lewe geneem word. (1) 2.7 2.7.1 E 2.7.2 F 2.7.3 A 2.7.4 B 2.7.5 C (5) 2.8 2.8.1 Maska (1) 2.8.2 Maska het vertel dat Joram hom (Maska) jare tevore Meulbos toe

gestuur het om te gaan kyk hoe dit met Saul gaan. (1) 2.9 Hy het soos ʼn vreemdeling gevoel en het besef dat hy nie meer deel van die

houtkappergemeenskap was nie./Hy het klaar gehuil oor sy pa. (2)

Page 6: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

2.10 2.10.1 Hy en sy pa het verskillende (onversoenbare) sienswyses./Enige soortgelyke antwoord wat daarop dui dat hulle sienswyses oor/t.o.v. die Bos onversoenbaar was, kan aanvaar word. (1)

2.10.2 ʼn Mens moet reg lewe met mekaar./ʼn Mens moet daarna streef om

verskille kalm uit te sorteer, voordat dit te laat is./Moenie wag tot iemand sterf voordat jy versoen geraak het nie. (1)

2.11 Arend Botha het Saul gehelp om Patterson dorp toe te dra. Arend het in ʼn

geroeste spyker getrap en gesterf. /MacDonald wou hulle nie help nie en Arend sterf. Die bosmense het geglo dit was Saul se skuld. (2)

2.12 Nee, Kate en Saul kom van verskillende agtergronde en Saul word nie deur

Kate se familie vertrou en aanvaar nie. /Dit was onbetaamlik vir twee ongetroudes om vir dae alleen saam te wees. (Enige iets soortgelyks) (2)

2.13 2.13.1 Patterson se pan (1) 2.13.2 Jane Stewart se ma gemaak het (1) 2.13.3 David Copperfield (1) 2.13.4 Charles Dickens (1) 2.14 Hulle het Oupoot langs die pad teëgekom EN moes in bome gaan skuil. (2) 2.15 Hy wou hom die vernedering spaar om deur Freek Terblans geskiet te word. (1) 2.16 Hy loop terug na ʼn plek waar hy nie wou wees nie, ʼn plek waar mense hom

haat./Hy wou juis nooit weer teruggaan na die herinneringe van sy verlede nie en tóg het hy. (1)

2.17 Leerder se eie opinie

Enige aanvaarbare antwoord bv. Ek sal graag die regte dinge in die lewe wil doen/omgee vir die natuur. (2)

2.18 In Kringe in ʼn Bos, net soos vandag, het die mens geen respek vir die natuur

nie. /Mense maak diere dood in die verhaal, vandag vind dit nog steeds plaas. Olifante, renosters word vandag doodgemaak. /Ons vind in die roman diskriminasie op grond van wat jy besit. /Vandag is daar nog steeds diskriminasie op grond van rykdom. /Enige een soortgelyke relevante antwoord is aanvaarbaar. (1 x 2) (2)

[35]

Page 7: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7

VRAAG 3: OPSTELVRAAG DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver By die nasien van hierdie opstelvraag maak die memorandum vir soveel feite as moontlik voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te gee nie. Hulle kan oorsigtelik oor alles of intensief oor enkeles skryf. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite. Gebruik die rubriek op bladsy 25. INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in. LIGGAAM:

Hanna se gesin teenoor Sharon se gesin:

Hanna het ʼn saamgestelde/uitgebreide gesin terwyl Sharon deel is van ʼn tipiese enkelgesin.

Hanna het ʼn stiefpa en haar biologiese pa is homoseksueel en nie regtig deel van haar lewe nie terwyl Sharon se biologiese pa nog met haar ma getroud is.

Hanna het ʼn halfbroer en 2 stiefbroers en nog ʼn halfsuster op pad terwyl Sharon die enigste kind is.

Hanna se ma voldoen nie aan Hanna se verwagtinge van wat ʼn ma moet wees ten opsigte van voorkoms, reuk, huishouding en opvattings nie terwyl Sharon se ma soos ʼn perfekte ma lyk en optree.

Hanna voel sy pas nie in of hoort nie by haar gesin nie, terwyl ons nie dieselfde indruk van Sharon kry nie.

Hanna se ma is geskei en weer getroud terwyl Sharon se gesin nie so is nie.

Hanna se halfbroer is ʼn proefbuisbaba wat dus nie sy pa ken nie. Dit bewys Mana se “anderse” denke teenoor die normaliteit van Sharon se ma.

Hanna se voorkoms en agtergrond teenoor Sharon s’n:

Hanna reken haar voorkoms is doodnormaal/gemiddeld, selfs vervelig terwyl Sharon pragtig is.

Hanna het ʼn spleet tussen haar tande terwyl Sharon ʼn stel perfekte tande het.

Sharon het ʼn perfekte vel en Hanna sukkel soms met puisies.

Sharon het ʼn “koffiekleurige” vel terwyl Hanna blank is.

Sharon lyk soos ʼn filmaktrise terwyl Hanna vaal lyk.

Sharon trek modieuse, duur klere aan terwyl Hanna net vaal goedkoop, “oumens”-klere dra.

Sharon gebruik grimering terwyl Hanna dit nie eers besit nie.

Sharon toon ook selfvertoue terwyl Hanna dit nie het nie.

Sharon se gesin is finansieel baie sterker as Hanna se gesin.

Sharon-hulle woon in ʼn pragtige huis met al die luukshede wat Hanna begeer terwyl Hanna se gesin in ʼn ou, lelike huis woon wat lyk of dit aangeplak is. Hulle huis was ook goedkoop.

Page 8: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

Hul siening van die ideale gesin:

Omdat Hanna voel sy hoort nie tuis in haar gesin nie en dat dit so ʼn laslappiegesin is, dink sy dat Sharon se gesin die ideale gesin voorstel: ma en pa nog getroud, slegs een kind (anders as Hanna se aangelapte gesin: 4 kinders van verskillende pa’s en nog een op pad).

Hanna droom om deel van ʼn “normale gesin” soos Sharon te kan wees: met ʼn ma wat nie ʼn kunstenaar met vreemde gewoontes is nie en ʼn pa wat ʼn gewone werk het en nie mode-ontwerper is nie.

Sharon wens weer vir ʼn lewendiger, spontane gesin soos Hanna se gesin. Sharon steur haar nie noodwendig aan rykdom nie. Dit word duidelik toe sy vertel hoe sy na haar “eenvoudige” ouma verlang en dat haar ouers haar nie toelaat om daar te gaan kuier nie. Sharon kry ook nooit die geleentheid om saam met haar ouers bordspeletjies te speel nie en geniet die vakansie saam met Hanna se gesin omdat dit juis dinge is wat sy weer graag wil ervaar.

Teen die einde kom Hanna egter agter dat haar gesin nie so erg of abnormaal is soos wat sy gedink het nie en sy kom agter dat sy eintlik trots op hulle kan wees en dat dit eintlik, in plaas van sleg, baie opwindend is om deel van so ʼn laslappie en interessante gesin te wees. Hanna kom agter dat Sharon eintlik smag na dit wat sy in haar eie gesin so verwens en dat Sharon se skynbaar “perfekte” gesin haar eensaam laat voel.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35] VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver 4.1 Gavin/Haar biologiese pa (Enige 1) (1) 4.2 Gavin is Hanna se biologiese pa

Hy is baie jammer dat hy nie altyd ʼn goeie pa was nie

Hy gee vir Hanna altyd geskenke en baie keer klere waarvan sy nie hou nie./Hy is nie in voeling met Hanna se (klere) smaak nie.

Hanna is “fabulous” volgens Gavin.

Teen die einde van die verhaal aanvaar Hanna haar pa. (Enige 2) (2) 4.3 Beyers (1) 4.4 Sy dink hy is die beste man wat Mana nog in haar lewe gehad het.

Sy praat met hom oor die letterkunde.

Hy moedig haar aan om te skryf en sal graag haar skryfwerk wil lees. (Enige 2) (2)

4.5 4.5.1 Sy is Hanna se alter ego/die persoon wat Hanna graag wil wees

(Enige 1) (1) 4.5.2 Fabienne voel sy en haar vader (tandarts) het niks in gemeen

nie /niks om oor te gesels nie. Sy teken tande, dan gesels sy oor kuns en haar pa oor tande. (2)

Page 9: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9

4.5.3 Hanna. Sy het ʼn gaping tussen haar voortande en Mana wil nie hê dat sy draadjies moet kry nie – dit sal haar karakterloos maak. (2)

4.6 Hanna Fabienne

Blyplek Ou huis en lyk soos aangelapte spoorweghuis.

Moderne, argitekontwerpte huis. (2)

Gesin Saamgestelde gesin/Gesin met eie ma, stiefpa, halfboetie en 2 stiefbroers

Eie ma en pa met eie suster. (2)

4.7 4.7.1 E 4.7.2 C 4.7.3 F/C 4.7.4 B 4.7.5 D (5) 4.8 4.8.1 Eerstepersoonsverteller (1) 4.8.2 Sy beskryf Hanna se emosies en gevoelens die beste. (2) 4.9 4.9.1 Margot 4.9.2 water 4.9.3 stap (3) 4.10 4.10.1 B Sy het na ʼn nuwe skool gegaan. (1) 4.10.2 B dit ʼn slegte vakansie is. (1) 4.11 Juffrou Liebenberg is haar Afrikaans onderwyseres. Ek dink sy sien haarself as

iemand wat ʼn goeie verbeelding het en haar leerders kan inspireer. So ʼn onderwyseres kan haar leerders aan verskillende genres bekendstel. Enige sinvolle antwoord kan hier aanvaar word. (2)

4.12 Sy trek konserwatief aan,/dra nie grimering nie/is nie modieus nie.

(Enige een antwoord) (1) 4.13 vergelyking (1) 4.14 Aanvaarding van jouself, jou familie en die omgewing waarin jy leef. Enige

soortgelyke sinvolle antwoord is aanvaarbaar. (1) 4.15 Leerders moet motiveer

Hanna wil net ʼn normale ma en pa hê, want Gavin is vreemd /homoseksueel /en lyk glad nie soos die ander kinders se pa’s nie. /Hy trek anders aan en dra selfs grimering. /Pappa is ʼn onbekende begrip. / (Enige 1) Mana het vreemde idees,/lyk en ruik anders as die ander kinders se ma’s. /Mana argumenteer met die onderwysers. /Hanna noem haar Mana. / (Enige 1) (2)

[35]

Page 10: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 5: OPSTELVRAAG MEEULANDERS – Esta Steyn By die nasien van hierdie opstelvraag maak die memorandum vir soveel as moontlik feite voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te gee nie. Hulle kan oorsigtelik oor alles of intensief oor enkeles skryf. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite. Gebruik die rubriek op bladsy 25. INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in. LIGGAAM: Elsabet Langhans/Blanckenberg

Het ʼn verhouding met Fred terwyl hy getroud is.

Verbreek verhouding en trou baie gou daarna met Jacob om weg te kom van skinderstories.

Ongelukkig op Meeuland – soek mense en winkels, ens.

Na baba se geboorte erken sy aan Ryna dat eiland haar vasdruk.

Noem ook Meeuland ʼn tronkeiland.

Begin weer verhouding met Fred om weg te kom van eiland, geluk kry, maar veral om vir Jacob seer te maak.

Vind daar ook nie geluk nie – Fred se gesin klou nog aan Sheila se herinneringe.

Vind egter wêreldse geluk wanneer sy kan koop soveel as wat sy wil.

Begin drink en kalmeerpille gebruik.

Vind uit van Fred se verhouding met Jackie.

Besef Jacob was die enigste wat haar werklik liefgehad het.

Sheila’s Song II – storm verdrink.

Soek haar lewe lank na geluk en besef te laat dat sy dit altyd gehad het. Skalla/Schalk Blanckenberg

Voel van jongs af soos ʼn uitgeworpene – ma het hom en Hermanus gelos toe hy 5 jaar oud was.

Ma het hom afgeteken vir groot bedrag geld.

Verlaat skool (nadat hy 2 keer gedruip het) in st.8

Raak by onwettige bedrywighede betrokke en familie sien hom ongereeld.

Pas nie in by die Blanckenberg-ideaal nie en probeer nie sy lewe verander nie.

Weier enige hulp van Hermanus, bv. om Ousanna se huis reg te maak.

Pers Fred egter af om seegraskonsessies te kry.

Het tog sagter sy: troos Bernard, voel jammer vir Elsabet, ens.

Probeer selfmoord pleeg, maar slaag nie daarin nie.

Jacob steek hom per ongeluk dood tydens geveg.

Page 11: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11

Doreen Bindeman

Sterk vrou met vaste beginsels.

Gelukkige huwelik.

Ontmoet Jason Peters – ontwikkel gevoelens vir hom.

Laat haarself toe om op hom verlief te raak omdat Reggie so betrokke by sy besigheid is.

40ste verjaarsdag – soen – Mary sê vir Reggie – vertrou haar nie meer nie.

Weier om met verhouding met Jason voort te gaan.

Bedank haar pos en werk vir Reggie terwyl sy haar graad deur UNISA probeer kry.

Vertel na 3 jaar vir Reggie dat sy weer wil skoolhou en hy begin haar weer vertrou.

Raak weer swanger. SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35] VRAAG: KONTEKSTUELE VRAAG MEEULANDERS – Esta Steyn 6.1 Meeuland (1) 6.2 Sy is swanger en die reuk van die voëlmis maak haar dalk naar. (1) 6.3 B Jacob en Elsabet se baba (1) 6.4 Verander haar naam van Camilla Calvin na Ryna van Rensburg.

Verruil Kaapstad vir eenvoudige Weskus-eiland/Verruil weelderige stadslewe vir eenvoudiger lewe op die eiland.

Eilandlewe was moeiliker, moes self gaan water haal en vuur maak vir warm water en kos terwyl sy in Kaapstad elke dag mooi aangetrek het en grimering gedra het en haar man haar bederf het.

Enige soortgelyke antwoord is aanvaarbaar. (3) 6.5 6.5.1 E 6.5.2 F 6.5.3 D 6.5.4 B 6.5.5 C (5) 6.6 Mama-meeu (1) 6.7 6.7.1 Ryna (1) 6.7.2 Dit is ʼn skriftelike of mondelinge ooreenkoms tussen mense wat

“belowe” om sekere bepalings na te kom. (1) 6.7.3 Hulle besluit om dit vir altyd geheim te hou./Hulle het “kontrak

geteken” deur aan mekaar te belowe hulle sal vir niemand sê wat hulle gedoen het nie. (1)

6.7.4 B voor die dag gebreek het (1)

Page 12: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

6.8 Fred is ʼn ryk en belangrike besigheidsman, (½) terwyl Skalla ʼn skelm en smokkelaar is. (2 x ½) (1)

6.9 Ja: Hulle is albei skelm: Fred is ontrou aan sy vrou, Skalla smokkel met

kreef – albei doen verkeerde dinge.

OF

Nee: Hulle verskil heeltemal: Fred is ʼn man van aansien, hy is die burgemeester. Skalla is ʼn skelm. (2)

6.10 6.10.1 Leerder se eie mening met aanvaarbare redes.

Bv. Ja. Sy moes nie ʼn verhouding met Fred gehad het nie /moes nie die verhouding weer begin het nie/moes geweet het Fred sal haar ook verneuk.

OF

Nee. Sy kan nie help dat sy ongelukkig op die eiland was nie. /Jacob moes harder probeer het om haar gelukkig te hou. (2)

6.10.2 Hulle wou altwee vir Skalla aankeer./Albei het Skalla gehaat. (1) 6.11 6.11.1 Janka ½ 6.11.2 Kersvader ½ 6.11.3 stropers/kreefdiewe ½ 6.11.4 Geweer ½ 6.11.5 Skalla ½ 6.11.6 Janka ½ (3) 6.12 6.12.1 Reggie (1) 6.12.2 Attie (1) 6.12.3 Meeuw (1) 6.13 Jason Peters (1) 6.14 6.14.1 Jason het vir haar parfuum as geskenk gegee en haar gesoen. (2) 6.14.2 Reggie het haar nie meer vertrou nie. (1) 6.15 Ja. Hy voel minderwaardig teenoor akademici. (2) 6.16 Sy het vir haar graad deur UNISA studeer. (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35

Page 13: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 13

AFDELING B: DRAMA VRAAG 7: OPSTELVRAAG POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé By die nasien van hierdie opstelvraag maak die memorandum vir soveel as moontlik feite voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te gee nie. Hulle kan oorsigtelik oor alles of intensief oor enkeles skryf. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite. Gebruik die rubriek op bladsy 25. INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in. LIGGAAM:

Ure het sy in lang toue gestaan en ver van haar huis gewerk om vir haar kinders te kan sorg.

Sy het gereeld kos huis toe gebring en weggekruip as die polisie na die permitte kom soek het.

Poppie het Mdantsane toe getrek omdat sy daar ʼn huis vir haar kinders kon kry en hulle daar kon skoolgaan.

Dit het haar hart gebreek om so ver van haar familie te wees.

Sy was baie eensaam in Mdantsane.

Toe Stone dood is, het sy besluit om terug te gaan Kaap toe.

Sy het nie aan haar eie veiligheid gedink nie, maar aan die versorging van haar kinders.

Oor ʼn pas was sy nie meer bekommerd nie.

Sy was bereid om weg te kruip sodat sy kan werk en meer geld vir hulle in die Kaap kan verdien as in Oos-Londen.

Vir haar kinders se onthalwe het sy hulle weggestuur Herschel toe sodat hulle nie aan die lokasie se gevare uitgelewer was nie.

Poppie was ook ʼn baie gelowige vrou.

Toe sy nie meer krag gehad het om te baklei teen die apartheidstelsel nie, het sy kerk toe gegaan en vir die Here gevra vir krag.

Sy het hom gevra om haar kinders en haar broers te beskerm en van die bose dinge af weg te hou.

Op Kersdag het sy haar kinders kerk toe geneem, al was die lokasie onveilig.

Sy het ook geglo dat Vukile ʼn geskenk van God was omdat hy gebore is in die tyd wat Stone begrawe is.

Poppie was bereid om in vrees te leef tydens klopjagte.

Poppie het Bonsile se kind soos een van haar eie grootgemaak. SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35]

Page 14: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé 8.1 Haar lyf is ten volle ontwikkel./Dit is soos dié van ʼn volwasse vrou. (1) 8.2 trou (1) 8.3 Hy was netjies met ʼn mooi lyf.

Hy was stiller as die ander.

Hy het mooi aangetrek. (Enige 2) (2) 8.4 8.4.1 C 8.4.2 D 8.4.3 A (3) 8.5 Lambertsbaai (1) 8.6 skoolgaan (1) 8.7 8.7.1 C Personifikasie (1) 8.7.2 B kinkhoes (1) 8.7.3 A het reggekom. (1) 8.8 8.8.1 Vals (1) 8.8.2 Hy het daar grootgeword.

Hy werk by die vulstasie.

Hy het by Union Kollege studeer. (Enige 2) (2) 8.9 Ja. Hy het waarskynlik skoolgegaan, want hy kon Poppie se

briewe verstaan, al het hy ongeskoolde arbeid verrig./Hy het ook briewe aan Poppie geskryf.

Kan ook Nee en korrekte motivering aanvaar. (2)

8.10 Getroude vroue binne die Xhosa-tradisie is baie gesteld op respek teenoor

hul mans. (2) 8.11 Dit pas by die agtergrond waarin die drama geskryf is. /

Dit is die Afrikaans wat swartes gedurende die daardie jare gepraat het. /

Enige verbandhoudende sinvolle antwoord sal hier aanvaar word. (Enige EEN feit is aanvaarbaar) (2)

8.12 pasboekies (1) 8.13 Dit pas by die agtergrond waarin die drama geskryf is. /Leerder se opinie bv.

Sou teen die wette in opstand kom/sou maar die wette gehoorsaam. (Enige soortgelyke antwoord) (2)

Page 15: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 15

8.14 Sy moes teruggaan Ciskei toe. Daar moet ʼn skool vir haar kinders wees.

Sy wil ʼn huis hê. (3) 8.15 Sy moes werk kry. (1) 8.16 8.16.1 Mdantsane (1) 8.16.2 skoonfamilie (1) 8.16.3 Mosie (1) 8.17 Sy het gesê die Here sal voorsien. (1) 8.18 B Sarkasme (1) 8.19 hulpeloos/verslaan (Enige relevante antwoord is korrek) (1) 8.20 Ek dink dit is verkeerd of onmenslik om mense so te ontwortel. OF Ek kan

daarmee saamstem indien die mense verskuif word omdat hulle in lewensgevaar is. Leerder se eie opinie. (1)

[35] VRAAG 9: OPSTELVRAAG PALJAS – Chris Barnard By die nasien van hierdie opstelvraag maak die memorandum vir soveel as moontlik feite voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te gee nie. Hulle kan oorsigtelik oor alles of intensief oor enkeles skryf. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite Gebruik die rubriek op bladsy 25. INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in. LIGGAAM:

Die McDonalds is in ʼn vrolike luim terwyl hulle vir die Volstruisdans gereedmaak.

By die Volstruisdans is daar braaivleisvure, kinders hardloop rond, mense gesels en lag en skinkborde vol eetgoed word aangedra.

Net nadat Hendrik-hulle uit die motor geklim het, word hulle met eiers en tamaties gegooi terwyl mense geselsend lag.

Hendrik storm tussen die mense in om te sien waar die eiers en tamaties vandaan kom, maar word vasgehou.

Die mans kry hom by die motor en dwing hom by die agterdeur in.

Katrien, Emma en Willem klim ook in; met Nollie agter die stuur.

Hulle ry huis toe terwyl Jan Mol en ʼn paar ander jong mans klippe agter die motor aangooi.

Terug by die huis is dit duidelik dat almal baie geskok is en dat hulle die vyandige optrede van die gemeenskap glad nie verwag het nie.

Almal is verbaas toe Hendrik sê hulle moet hulle gaan was en mooimaak.

Page 16: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

Hendrik wil hê hulle moet die gebeure van die aand vergeet en aangaan asof niks gebeur het nie.

Emma sê ontsteld dat dit tyd is om oor alles te praat.

Al wat hulle heeltyd doen, is om te maak asof niks gebeur het nie; probleme te ignoreer in plaas daarvan om daaroor te praat.

Katrien huil bedags omdat sy ongelukkig is, Willem praat al twee jaar lank nie en hulle word by die dans weggejaag, maar niemand praat daaroor nie.

Hulle praat oor alle onbelangrike dinge.

Volstruistaktiek help nie – hulle moet praat oor dit wat pla.

Hendrik sê Emma is nog ʼn kind en verstaan nie.

Katrien sê dit is juis omdat Emma verstaan, dat sy sê dat hulle oor alles moet praat.

Katrien sit haar arms liefdevol om Hendrik asof sy hom teen seerkry wil beskerm.

Motors kom by Hendrik-hulle se werf aan en van die dorpsmense wat by die dans was, klim uit.

Hulle lyk ongemaklik en voel skuldig oor sommige van die dorpsmense se optrede en gedrag by die dans.

Sakkie vra namens hulle om verskoning vir wat gebeur het.

Ouderling Bothma sê die dans was nie ʼn sukses nie.

Hendrik nooi die besoekers binne.

Dis die ene vrolikheid op die McDonalds se stoep.

Daar is musiek, mense lag en dans en geniet die drankies wat Hendrik skink.

Willem doen ʼn paar toertjies vir die gaste.

Hendrik voel baie trots op Willem.

Nollie soen vir Emma.

Hendrik en Katrien lyk gelukkig terwyl hulle dans en almal klap vir hulle hande. SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35] VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG PALJAS – Chris Barnard 10.1 Nee. Hulle slaap elk op ʼn enkelbed in hul slaapkamer en het niks vir mekaar

te sê nie. (2) 10.2 Hy bring geskenke – melk en appels/

Hy besoek haar gereed as Hendrik nie tuis is nie. (Enige EEN antwoord is aanvaarbaar) (1)

10.3 Emma weet dat Katrien ongelukkig is en hunker na opwinding. /Sy sien

Frans se aandag as ʼn bedreiging vir haar ouers se huwelik. (2) 10.4 10.4.1 A Herhaling (1) 10.4.2 B Hendrik se motor se bande word afgeblaas. (1) 10.4.3 C hom verpleeg het na hy geskiet is. (1) 10.5 Die aankoms van die sirkustrein. (1)

Page 17: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 17

10.6 10.6.1 Onwaar (1) 10.6.2 Die sirkusmense het in ʼn (gehawende) kombi en woonwa daar

aangekom. (1)

10.7 Nee. Hulle dink nie hy is juis belangrik nie /hulle luister nie na sy bevele nie /en gaan voort om te doen wat hulle doen.

(Enige een korrekte antwoord aanvaarbaar) (2)

10.8 Uniondale (1)

10.9 Die nar het met sy narklere aan met ʼn olifant in die veld geloop.

Die nar het na Willem gestap toe hy hom sien.

Willem het nie geantwoord toe die nar vra wat sy naam is nie.

Die nar druk die tou in Willem se hand en sê hy moet met die olifant loop.

(Enige sinvolle verbandhoudende feit kan aanvaar word) (Enige 2) (2)

10.10 Willem skryf sy naam met ʼn stukkie houtskool op die skuur se muur. (1)

10.11 Hy is kunstig; lief vir kinders; opgewek; goedhartig; opreg en ʼn grapmaker, geduldig, empaties, fassinerend.

(Enige 2 karaktereienskappe wat sinvol in hierdie verband is) (2)

10.12 10.12.1 Hy het na die nar/Manuel gegaan/skuur. (1)

10.12.2 Hy was ontsteld en vang die klippies mis. (2)

10.12.3 Hy het gesê hulle moet speel. (1)

10.12.4 Ja. As die regte mense opdaag en weet hoe om ʼn probleem aan te spreek, kan dit ʼn verskil in enige persoon se lewe maak.

OF Nee. dit kan dalk vreemd voorkom dat ʼn jong kind ʼn vreemdeling

so vertrou en vervolg. (Enige sinvolle eie mening in hierdie verband aanvaarbaar) (2)

10.13 10.13.1 C (1) 10.13.2 E (1) 10.13.3 B (1)

10.14 Sy vergewensgesindheid – alhoewel hy en sy gesin by die volstruisdans verneder is, kon hy dit regkry om die dorpenaars in te nooi sonder om dit teen hulle te hou. (Enige goeie eienskap en motivering). (2)

10.15 10.15.1 eetkamer (1) 10.15.2 hingsel (1) 10.15.3 narrepak (1) 10.15.4 sirkus (1)

10.16 Dit het gehelp. Toe Manuel besluit het om weer by die sirkus aan te sluit, was hy hartseer om die McDonalds (½) te groet en Willem het toe vir hom ʼn gesig geteken (½) wat nie huil nie. (2 x ½) (1)

[35]

TOTAAL AFDELING B: 35

Page 18: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

AFDELING C: KORTVERHALE

VRAAG 11: OPSTELVRAAG

By die nasien van hierdie opstelvraag maak die memorandum vir soveel as moontlik feite voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te gee nie. Hulle kan oorsigtelik oor alles of intensief oor enkeles skryf. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite.

Gebruik die rubriek op bladsy 25.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM: Baby en oom Attie se aankoms in Nqamakwe

Ou sersant De Wit het die twee besoekers na die verteller se ouerhuis toe gebring.

Die besoekers se motor het onklaar geraak.

Van die staanspoor af besef Nooi dat sy nog nooit iemand soos Baby gesien het nie.

Hulle drink koffie uit die bure se koppies en nie uit Ma se blikbekers nie.

Oom Attie en Baby het blyplek tot die volgende dag nodig gehad.

Ouma Stienie het aangebied dat hulle in haar voorkamer kon slaap.

Nooi se ouers het vir Attie en Baby vir ete genooi.

Oom Attie vertel die huismense dat Baby sy dogter is en ook dat hy ʼn towenaar van beroep is.

Attie was gretig om ʼn vertoning op die dorp te hou en die sersant het belowe om die dorpsmense van die vertoning te vertel asook probeer om die saal te reël.

Die aanvanklike indruk wat Baby op Nooi (die verteller) gemaak het.

Sy dra ʼn liggeel skouerlose rok – dit is so kort dat dit hoog teen haar bene opgetrek is.

Sy’s omtrent vyftien, maar haar swaar grimering laat haar ouer lyk.

Haar krullerige swart hare versteek haar gesig.

Blou ooggrimering, rooi lippe en lang, rooi naels.

Nooi het opgelet dat Baby se oë soms smekend en hulpeloos lyk.

Sy was verwonderd oor hierdie stadsmeisie.

Hoe Nooi later vir Baby met ander oë sien.

Nooi kom agter dat oom Attie baie besitlik teenoor Baby optree.

Hy laat nie toe dat Baby met die kinders netbal speel nie.

Sy hand rus ongewoon lank op haar skouers.

Toe Nooi vir Baby na die toilet vergesel, swaai Baby haar heupe op ʼn tergende manier.

In die toilet begin sy snot en trane te huil.

Nooi besef dat Baby Attie vrees.

Toe Nooi later die aand vir haar ma sê sy dink daar’s fout met Baby, is haar ma se reaksie dat sy moet wegbly van die kind; dat sy ʼn slegte invloed is.

Die volgende oggend is daar ʼn groot bohaai, want Baby hardloop byna poedelnakend uit tant Stienie se huis met ʼn glimlag op haar gesig.

Die mense het gedink dat sy dronk is, maar sy ruik nie na wyn nie.

Sy was egter afhanklik van pilletjies wat Attie vir haar gegee het.

Page 19: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 19

Hoe die sersant agtergekom het wat die waarheid was en Baby van oom Attie bevry word.

Sersant se vrou daag ook op en is nuuskierig oor Baby se Mô-sêery.

Sy het besef dat iets nie pluis is nie, want dis net Transvalers wat “Mô” sê.

Die volgende oggend probeer Nooi se ma om vir Baby te troos terwyl sy skree dat sy haar “Mô” wil hê.

Haar ma was beïndruk met oom Attie toe hy trane in sy oë kry en sê die ma wil niks met die kind te doen hê as sy so is nie.

Sersant en sy vrou het hulle “huiswerk” gaan doen en toe besef dat Attie eintlik ʼn skelm was.

Baby was dus die ontvoerde Claudia Grootboom van Pretoria.

Oom Attie word vir sy misdaad in hegtenis geneem. SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35] VRAAG 12 KONTEKSTUELE VRAAG STORIEJOERNAAL Agter ʼn baard – Hennie Auckamp 12.1 Van die grens af/grensoorlog (1) 12.2 C Trein (1) 12.3 Sy is mooi en blond. Sy het ʼn seuntjie en sy is swanger. /Dit is meer

nuuswaardig – die blydskap van ʼn swanger vrou met klein seuntjie oor die terugkeer van haar man van die grens. /Enige een sinvolle antwoord in die verband aanvaarbaar. (2)

12.4 12.4.1 C Dit lyk vir haar slordig (1) 12.4.2 Deon het nou ʼn baard en sy hou nie daarvan nie./Hy lyk baie

anders/Hy lyk vreemd met sy baard. (1) 12.4.3 ʼn Nar is iemand wat agter ʼn masker sy ware gevoelens kan verberg

en dit voel vir haar of Deon dieselfde met die baard doen terwyl daar geen geheime tussen man en vrou behoort te wees nie. Die ironie lê eerder daarin dat ʼn nar mense laat lag, maar hy stoot Marina weg met sy “masker” (baard). (Ironie moet duidelik na vore kom.) (Enige soortegelyke antwoord) (3)

12.4.4 Hulle het nog net oor Deon se baard gepraat. (1) 12.5 12.5.1 C (1) 12.5.2 A (1) 12.5.3 D (1) 12.5.4 B (1)

Page 20: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

20 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

12.6 ʼn Soldaat gee nie om hoe hy lyk as hy in die bosse en in die veld die vyand

agtervolg nie of self moet vlug nie. /Het nie die geriewe in die bos om te veel aandag aan hulle voorkoms te gee nie.

(Enige een soortgelyke sinvolle antwoord.) (2) 12.7 12.7.1 Hy druk met sy vinger teen Deon se neus./

Hy skree aanhoudend slaphakskeentjies./

Hy vra sy pa om stories te vertel. (Enige 1) (1) 12.7.2 Deon is emosioneel. (1) 12.7.3 Hy het sy familie gemis. (Enige soortgelyke beskrywing) (1) 12.8 B boontjiebredie. (1) 12.9 Hy sou nagmerries kry. (1) 12.10 Vanuit Marina se perspektief. (1) 12.11 Sy hoop Deon skeer sy baard ook af. (1) 12.12 Nee. Sy dink net aan haarself en moet vir Deon ruimte gee om alles wat in die

bos gebeur het, te verwerk. Of iets soortgelyk. (Enige sinvolle antwoord met motivering kan aanvaar word.) (2)

12.13 Deon skrik as Marina praat van sonneblomme wat se nekke omgedraai is en

hy is baie ontsteld om in die koerant te sien dat ʼn soldaat vermis word. (2) 12.14 Hy was ontsteld. Dit is normaal aangesien Deon soveel keer gesien het hoe

ʼn soldaat sy lewe verloor. (2) 12.15 12.15.1 personifikasie/metafoor (1) 12.15.2 metafoor (1) 12.15.3 vergelyking (1) 12.16 Sy ken. (1) 12.17 Nee. Wanneer Deon vir Marina van die oorlog en sy ervaringe daar vertel, het

dit haar ontstel en sy het hom probeer stilmaak. OF

Ja. Enige sinvolle antwoord kan hier aanvaar word. (2) [35] TOTAAL AFDELING C: 35

Page 21: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 21

AFDELING D: GEDIGTE VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG Woorde – Vincent Oliphant 13.1 tersine/terset (½)

13.2 Hy kan nie bose magte tot ʼn val bring nie./Soortgelyke eie woorde ook

aanvaarbaar. (1)

13.3 Jy oorwin/wen ʼn stryd/veroorsaak iets/iemand se ondergang. (1)

13.4 Jesus/ʼn welsprekende persoon wat positiewe verandering kan

meebring./(Enige sinvolle antwoord) (1)

13.5 figuurlik (1)

13.6 13.6.1 vergelyking (1)

13.6.2 metafoor (1)

13.7 Die titel sluit aan by die inhoud van die gedig. (2)

13.8 13.8.1 C (1) 13.8.2 A (1) 13.8.3 B (1)

13.9 Hy het ʼn positiewe stem./

Hy het ʼn ander stem as die digters wat protesgedigte skryf./

Hy kan slegs goeie goed sing/praat/dig./ (Enige iets positiefs is aanvaarbaar binne konteks) (1)

13.10 13.10.1 Hierdie versreëls bevat almal die frase “my woorde”. (1)

13.10.2 Sy woorde word 8 keer herhaal om dit te beklemtoon dat dit sý

woorde is, dis ʼn persoonlike gedig./Dit gee die gedig ʼn persoonlike aanslag. (1)

13.11 Hy is saggeaard/hy kan nie seermaak nie./Hy is vergewensgesind/enige

sinvolle antwoord aanvaarbaar. (1)

13.12 Dat ons van grense tussen mense moet vergeet en mekaar aanvaar. (2) [17½]

Page 22: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

22 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG Die Hanswors – S.J. Pretorius 14.1 nar (½) 14.2 14.2.1 kollegas (1) 14.2.2 bitterder (1) 14.2.3 Ja. Hy is eintlik ongelukkig, maar as hy sy gesig verf met die masker

met die groot glimlag, is hy ʼn hanswors en speel toneel vir die gehoor. (1)

14.3 Hoewel sy eie lewe vol pyn, hartseer en lyding is, laat hy nog ander mense

lag. (2)

14.4 Hy verdien ʼn salaris en moet homself versorg. (Enige verbandhoudende

sinvolle antwoord.) (1)

14.5 14.5.1 lyding (1) 14.5.2 onmenslikheid (1) 14.6 Sy kollegas by die sirkus. (1) 14.7 Geld vir sy siek ma/boggelrugvroutjie gestuur. (1) 14.8 Die leser besef dat daar wel “iemand” in die hanswors se lewe was: sy

ma. /Uit haar bedanking weet ons dat hy elke maand uit sy salaris vir haar geld gestuur het. /Dit is waarskynlik ʼn rede waarom hy nie geld gehad het om vir hom nuwe klere te koop nie. (2)

14.9 14.9.1 C (1) 14.9.2 D (1) 14.9.3 A (1) 14.10 Tydsverloop/dat sy ma daarna gesterf het./Hy het dadelik op die brief

gereageer. (1) 14.11 Die hoogtepunt is dat hy betyds die brief gekry het om by sy ma se sterfbed te

wees./Dat die leser nou verstaan waarom die hanswors onversorgd was (en so na drank geruik het.) (1)

[17½]

Page 23: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 23

VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG KONTAK – Theo de Jager 15.1 liefdes (liriese) (½) 15.2 kwatryne (1) 15.3 15.3.1 hoop/vrede (1) 15.3.2 vrede/hoop (1) 15.4 15.4.1 regressie (1) 15.4.2 modernste (1) 15.4.3 uiteindelik (1) 15.5 15.5.1 C (1) 15.5.2 D (1) 15.5.3 B (1) 15.6 “skrif” is die brief en “klank” die selfoon/skryf en praat (2) 15.7 15.7.1 metafoor (1) 15.7.2 Jy sê presies hoe jy voel/wat jy dink/lê jou diepste gevoelens

bloot/vertel alles. (1) 15.8 Dit was vir hom moeilik om woorde op papier te kry./Hy kon nie die regte

woorde kry om te verduidelik nie. (1) 15.9 Ja. Want hy sê dat hy ʼn brief geskryf het, maar hy het waarskynlik nie die

moed gehad om die brief te pos nie. (2) 15.10 Nee. Simbole, tekens en lyftaal dra boodskappe oor sonder woorde./Enige

sinvolle voorbeeld. (1) [17½]

Page 24: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

24 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG Kabouterliefde – Ingrid Jonker 16.1 Simone/die digteres se dogtertjie (½) 16.2 ʼn kabouter (1) 16.3 Dit dui die intense kleur aan/dit pas by die opgewonde reaksie van kind wat

daarvan hou om woorde te herhaal./Dit versterk die begrip van die kleur in die geheue van die kind. (1)

16.4 romantiese atmosfeer (1) 16.5 Sy hemp is geel en dit pas by die kleur van die maan in kinderstories./dit was ʼn

vriendelike kabouter. (1) 16.6 verlief (1) 16.7 gebroke rym (1) 16.8 16.8.1 B (1) 16.8.2 D (1) 16.8.3 A (1) 16.9 liefde (1) 16.10 Die kabouter het sy liefde aan die spreker verklaar. (1) 16.11 Die sterre wou hulle beskerm. (2) 16.12 Omdat die mees algemene gousblomme, net soos die maan geel is.

(Enige soortgelyke logiese antwoord.) (2) 16.13 As iemand jou sy hart gegee het, hoef jy nie verder na liefde te soek

nie. /Die liefde lê waar jy gelukkig is. (2) [17½] TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70

Page 25: GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …

(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 25

EERSTE ADDISIONELE TAAL RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG Let op die verskil in die puntetoekenning vir inhoud versus struktuur en taal

KODES EN PUNTETOEKENNING

INHOUD [25] Interpretasie van die onderwerp. Grondige argumente, verantwoording en begrip van die voorgeskrewe werk.

STRUKTUUR EN TAAL [10]

Struktuur, logiese vloei en aanbieding. Gebruik van taal, toon en styl in opstel.

Kode 7 A

80-100%

Uitmuntend 20-25 punte

In diepte interpretasie van onderwerp, alle aspekte van die onderwerp is ten volle nagevors. Uitstekende reaksie. (90+, uitmuntende reaksie) Reeks pakkende argumente, uitgebreid; ondersteun uit die teks. Uitstekende begrip van genre en voorgeskrewe teks.

Uitmuntend 08-10 punte

Samehangende en gestruktureerde opstel. Uitstekende inleiding en afsluiting. Argumente si goed gestruktureerd en duidelik ontwikkel. Taal, toon en styl is gevorderd, treffend en korrek.

Kode 6 B

70-79%

Verdienstelik 17½-19½

punte

Bo-gemiddelde interpretasie van onderwerp. Alle aspekte van die onderwerp is geskik nagevors. Gedetailleerde reaksie. Reeks grondige argumente is gegee, goed ondersteun uit teks. Baie goeie begrip van genre en teks.

Verdienstelik

7-7½ punte

Opstel is goed gestruktureerd Goeie inleiding en afsluiting. Argumente en gedagtelyn is maklik om te volg. Taal, toon en stylis korrek en gepas vir die doel. Goeie aanbieding.

Kode 5 C

60-69%

Beduidend 15-17 punte

Toon begrip en het onderwerp goed geïnterpreteer. Taamlik gedetailleerde reaksie op die onderwerp. Sommige grondige argumente is gegee, maar nie almal is baie goed gemotiveer nie. Begrip van genre en teks duidelik.

Beduidend

6-6½ punte

Duidelike struktuur en logiese vloei van argumente. Inleiding, afsluiting en ander paragrawe is samehangend georganiseer. (koherensie) Vloei van argumente kan gevolg word. Taal, toon en styl is grootliks korrek.

Kode 4 D

50-59%

Voldoende 12½-14½

punte

Taamlike interpretasie van die onderwerp; nie alle aspekte is in detail nagevors nie. Sommige goeie punte ter ondersteuning van die onderwerp. Meeste argumente is ondersteunend, maar bewyse is nie altyd oortuigend nie. Basiese begrip van genre en teks.

Voldoende

5-5½ punte

Geringe bewyse van struktuur. Goed gestruktureerde en logiese vloei en samehang ontbreek. Min taalfoute; toon en styl is meestal gepas. Paragrawe is meestal korrek.

Kode 3 E

40-49%

Matige 10-12 punte

Baie gewone en gemiddelde poging om die vraag te beantwoord. Baie min diepte en begrip in reaksie op die onderwerp. Argumente nie oortuigend nie en baie min verantwoording uit die teks. Leerder het nie houvas en volle begrip van genre en teks nie.

Matige

4-4½ punte

Beplanning van die struktuur is gebrekkig. Argumente nie logies gerangskik nie. Paragrawe is foutief. Opvallende taalfoute. Toon en styl nie gepas vir die doel nie.

Kode 2 F

30-39%

Basiese 7½-9½ punte

Houvas op die onderwerp is swak. Reageer herhalend en soms van die punt af. Geen diepte in argumentering; verkeerde interpretasie / Argumente word nie verantwoord uit die teks nie. Baie swak houvas op genre en teks.

Basiese

3-3½ punte

Swak aanbieding en gebrek aan beplanning beïnvloed die vloei van die argumente. Taalfoute en foutiewe styl maak opstel onsuksesvol.

Kode 1 F tot H 0-29%

Ontoereikend 0-7 punte

Reaksie soms in verhouding met die onderwerp, maar dis moeilik om ontoepaslike argumente te volg. Swak poging om vraag te beantwoord. Min toepaslike punte met geen verantwoording uit die teks. Baie swak houvas op genre en teks.

Ontoereikend

0-2½ punte

Moeilik om te bepaal of die onderwerp aangespreek word. Geen bewyse van logiese beplanning nie. Geen paragrawe en koherensie nie. Swak taalgebruik. Verkeerde styl en toon.