16
LEWENSORIËNTERING Graad 1 0 Aktiwiteits boek

Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

  • Upload
    others

  • View
    12

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

LEWENSORIËNTERING

Graad 1 0

Aktiwiteits boek

Page 2: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

KWARTAAL 1

Week 1

Aktiwiteit 1

Lees die strokiesprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

[Aangepas uit www.comicskingdom.com. Toegang op 21 Desember 2019 verkry]

• Definieer selfontwikkeling, selfbeeld en selfkennis. (2x3) (6)

• Bespreek die belangrikheid van selfontwikkeling in die besluitnemingsproses

met verwysing tot vriendskappe en verhoudings. (2x2) (4)

• Verduidelik DRIE wyses waarop haar kommentaar teenoor die bibliotekaresse

haar vriendin se selfbeeld kan affekteer. (2x3) (6)

• Stel TWEE wyses voor waarop Suzanne respek kan wys vir die uniekheid en

verskille van haar vriendin. (2x2) (4)

Week 2

Aktiwiteit 2

‘Rape Crisis‘ se nuwe veldtog tref naby aan die huis en herinner ons hoe die

meeste oorlewendes hul verkragters ken.

40 % van Suid-Afrikaanse vroue word in hul leeftyd verkrag, volgens die nuwe Speak Out-veldtog in Kaapstad. Volgens hulle bevindinge word slegs 8,6 % van die verkragtingoortreders skuldig bevind. Asof dit nie reeds vernietigend is nie, het hulle ook getoon dat 68 % van verkragtingsoorlewendes die oortreders ken. Die ontstellende bevindings is teen die algemene oortuiging dat verkragting oor die algemeen deur vreemdelinge in eensame donker stegies gepleeg word. In teendeel, vroue word verkrag deur mense wat hulle vertrou het, in plekke wat hulle gedink het veilige ruimtes was. Die misbruikers is dikwels by die huis, in familie byeenkomste, by die kerk en mense wat hulle sien by die werk elke dag.

[Aangepas uit: www.w24.co.za. Toegang op 20ste Augustus 2019 verkry]

Page 3: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

• Gee TWEE redes waarom vroue meer vatbaar is om slagoffers van

verkragting.te wees. (2x2) (4)

• Bespreek DRIE vaardighede wat kan help om ongewenste tiener-

swangerskap te voorkom. (2x3) (6)

• Ongewenste tienerswangerskap is dikwels die resultaat van verkragting.

Bespreek die sosiale -, opvoedkundige - en gesondheidsgevolge wat dit mag

hê op die swanger tiener. (3x2) (6)

• Stel TWEE moontlike programme of veldtogte voor wat jy dink in Suid-Afrika

ontwikkel en geïmplementeer kan word om die getal tienerswangerskappe te

verminder sodat tienermeisies hul onderwysloopbane kan voltooi (2x2) (4)

Week 3

Aktiwiteit 3

Suid-Afrikaanse vroue in sport ...

Brons, silwer of goud: Suid-Afrikaanse vroulike sporthelde het lank die trots van die land op hulle skouers en in hulle harte gedra. Maar die verhoging van die profiel van Suid-Afrikaanse vroue in sport neem bloed, sweet en trane, op en van die veld af. Sportliggame en pioniers in die bedryf is hard aan die werk om te verseker dat vrouesport goed gevestig is, voldoende finansiële steun ontvang en gratis en billike media-dekking kry. Een seker feit is dat daar altyd iets is om te vier. SA se Nasionale Vrouesokkerspan, Banyana Banyana het geskiedenis in November verlede jaar gemaak nadat hulle vir die 2019 FIFA-Wêreldbekertoernooi vir die eerste keer gekwalifiseer het.. 'n uitstekende speler ,waardig van 'n spesiale melding, is Portia Modise, afgetrede Banyana Banyana doelskopper, wat gekies is as een van 13 FIFA ambassadeurs vir die komende Vroue Wêreldbeker. Behalwe vir haar uitstekende doelskopvaardighede op die veld, het Portia altyd gepleit dat vroue in sport gelyk behandel moet word aan hul manlike eweknieë, veral in die gebied van vergoeding. [Aangepas uit www.brandsouthafrica.com. Toegang op 23 Mei 2019 verkry]

• Verduidelik EEN rede waarom fisiese aktiwiteit lei tot 'n beter selfbeeld en

welstand verbeter. (1x2) (2)

• Bespreek TWEE wyses waarop die bogenoemde stereotipiese sienings die

vrou se algemene welstand kan affekteer? (2x2) (4)

Page 4: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

• Bespreek kriteis TWEE wyses waarop sportinstellings kan help met die

ontwikkeling van vrouesport in ons land om seker te maak dat dit dieselfde

aandag geniet as manlike sport? (2x2) (4)

• Brei uit op TWEE voordele wat die ontwikkeling van vrouesport mag hê op

die vroue wat aan die verskillende sportkodes deelneem. (2x2) (4)

Week 4

Aktiwiteit 4

Triathlon atleet Mhlengi Gwala het sy visier op Paralimpiese goud byna 'n jaar nadat hy die eerste keer met 'n kettingsaag aangeval is en amper sy bene verloor het. Die wrede aanval het een vroeë oggend in Maart 2018 gebeur terwyl hy fiets gery het naby die Universiteit van KwaZulu-Natal se kampus . Drie mans het hom van sy fiets afgetrek en hom die bosse ingesleep. [Aangepas uit: www.citizen.co.za. Toegang op 15 Desember 2019 verkry]

• Identifiseer DRIE veiligheidsmaatreëls wanneer jy deelneem aan buitenhuise

fietsry. (3x2) (6)

• Verduidelik TWEE voordele van deelname aan fisiese aktiwiteite. (2x2) (4)

• Bespreek waarom opwarmingsaktiwiteite belangrik is wanneer jy aan fisiese

aktiwiteite deelneem. (2)

• Na die aanval het Mhlengi Gwala sy situasie gebruik om vir 'n nuwe doel te

mik. Gee advies aan 'n leerder in jou skool wat deur moeilike omstandighede

gaan, hoe om sport tot sy/haar voordeel te gebruik? (2x2) (4)

Week 5

Aktiwiteit 5

Jonathan is in Graad 12. Hy is geïnteresseerd in Besigheidstudies (BCom) en die mediese veld. Hy hou daarvan om mense te help en dinge te organiseer. By die skool is hy deel van die sosiale komitee, eerstehulpspan en tutors na skool om die jonger grade te help. Hy is besig om die finale besluite te neem oor sy loopbaanpad. Sy mees onlangse Junie-rapport was soos volg: Engels Huistaal 81% Afrikaans Eerste Addisionele Taal 21% Wiskunde 55% Rekeningkunde 75% Besigheidstudies 70% Fisiese Wetenskap 28% Lewensoriëntering 83%

Page 5: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

• Definieer die konsep selfkennis en verduidelik waarop dit belangrik is vir die

identifisering van gepaste loopbane. (1+2) (3)

• Evalueer die waarde of belangrikheid van die skakel tussen kennis van

lewensdomeine en om 'n geskikte loopbaan te kies. (3x2) (6)

• Krities evalueer of die mediese veld die geskikste loopbaan vir Jonathan se

lewensdomein en die keuse van 'n geskikte loopbaan is. (3x2) (6)

Week 6

Aktiwiteit 6

NSFAS keur befondsing vir 300 000 studente toe, verwerp 65 000

Die Nasionale Finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) het befondsing vir meer as 300 000 studente vir die jaar 2019 goedgekeur. Die skema het gesê dat dit alle assesserings van die aansoeke van nuwelingstudente voltooi het. "Van die 417 000 aansoeke wat ontvang is, is meer as 300 000 studente goedgekeur, wagtende registrasie by openbare instellings vir NSFAS-befondsde kwalifikasies, " sê woordvoerder Kagisho Mamabolo. Mamabolo het gesê dat 65 000 aansoekers onsuksesvol was. [Aangepas uit die Internet. Toegang op18 Februarie 2018 verkry]

• Noem en verduidelik watter tipe finansiële bystand NSFAS is. (1+2) (3)

• Beskryf DRIE wyses waarop jy finansiële bystand kan kry. . (3x2) (6)

• Evalueer krities DRIE redes waarom 'n studente se aansoek om finansiëring

onsuksesvol kan wees. Dink aan die volgende:

- sosio-ekonomiese faktore

- vakkeuses

- loopbaanveld (3x2) (6)

Week 7

Aktiwiteit 7

Johannesburg se burgemeester, Herman Mashaba, en die vakbondleier,

Zwelinzima Vavi het herhaaldelik gesê dat Johannesburg "verswelg" word

deur onwettige migrante.

• Definieer die term xenofobie. (2)

Page 6: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

• Bespreek DRIE redes waarom Suid-Afrikaners mense van ander

lande aanval. (3x2) (6)

• Stel TWEE wyses voor waarop die kwessie hanteer kan word. (2x2) (4)

Week 8

Aktiwiteit 8

• Definieer die term diskriminasie. (2)

• Verduidelik hoe die Afrika-filosofie van uBuntu nie in hierdie spotprent

toegepas word nie. (2)

• Bespreek hoe die mense wat deur die venster gesien word dans en lag, nie

verantwoordelik burgers is nie (2x2) (4)

• Stel TWEE wyses voor hoe die mense in die spotprent as verantwoordelike

burgers kan optree. (2x2) (4)

Week 9

Aktiwiteit 9

Die lyk van 'n kind is oor die naweek in Knysna gevind. Alhoewel dit nog

onduidelik is of dit die vermiste meisie is wat vroeër die maand weggeraak het.

• Watter Suid-Afrikaanse veldtog of inisiatief spreek menseregteskendings aan

teenoor vroue en kinders en noem die doel van hierdie inisiatief. (1+1) (2)

Page 7: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

• Gee DRIE moontlike uitwerkings van hierdie misdaad op die lede van die

gemeenskap (3x2) (6)

• Stel TWEE wyses voor waarop die gemeenskap hulle kommernisse oor

hierdie misdaad kan uitspreek. (2x2) (4)

• Stel TWEE wyses voor waarop die gemeenskap hulle kinders kan beskerm

teen ontvoering. (2x2) (4)

KWARTAAL 2

Week 1 en 2

Aktiwiteit 1 en 2

“Cramming” is 'n algemeen gebruikte studievaardigheid wat gedoen word in

jou voorbereiding vir 'n eksamen. “Cramming” word dikwels gebruik as 'n

middel van die memorisering van groot hoeveelhede inligting in 'n kort tyd.

• Definieer die term tydsbestuur. (2)

• Bespreek TWEE negatiewe uitwerkings wat “cramming” op jou eksamen sal

hê. (2x2) (4)

• Onderskei tussen interne/informele assessering en eksterne assessering.

(2+2) (4)

• Evalueer DRIE voordele van 'n studieplan. (3x2) (6)

Page 8: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

Week 3

Aktiwiteit 3

• Definieer die konsep omgewingsgeregtigheid en verduidelik hoe die

advertensie die konsep illustreer. (1+2) (3)

• Bespreek die impak wat ‘n tekort aan hulpbronne op voedselsekerheid het.

(2x2) (4)

• Bespreek hoe voedselonsekerheid die grootste negatiewe impak op die

armes in die samelewing het. (2x2) (4)

• Stel TWEE wyses voor waarop jy die probleem van omgewingsonregtelikheid

kan oplos. (2x2) (4)

Week 4

Aktiwiteit 4

• Definieer die term armoede. (2)

• Bespreek DRIE bydraende faktore wat tot armoede in jou gemeenskap lei.

(3x2) (6)

• Evalueer DRIE skadelike effekte van armoede op jou persoonlike gesondheid.

(3x2) (6)

Page 9: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

Week 5

Aktiwiteit 5

• Verduidelik hoe maatskaplike toelaes bydra tot die verligting van armoede.

(2)

• Bespreek die rol van die privaat sektor in die verligting van armoede. (2x2) (4)

• Evalueer die nadele van maatskaplike toelaes (2x2) (4)

Week 6

Aktiwiteit 6

• Definieer die term werkloosheid . (2)

• Beskryf hoe werklose mense kan oorleef deur van informele handel gebruik

te maak (2x2) (4)

• Evalueer die effektiwiteit van informele handel. (2x2) (4)

• Stel TWEE wyses voor waarop die regering kan verseker dat hul hulp ontvang

word deur die mense wat dit die nodigste het (2x2) (4)

Week 7

Hersien eksamenskryfvaardighede

Week 8 tot 10

Eksamen

Page 10: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

KWARTAAL 3

Week 1 en 2

Aktiwiteit 1 en 2

Dit help hom besef dat ek ernstig is.

• Verduidelik TWEE wyses hoe sosiale media dit moelik maak vir ouers en

tieners om doeltreffend te kommunikeer. (2x2) (4)

• Evalueer hoe 'n positiewe gesindheid ‘n bydrae kan lewer tot effektiewe

kommunikasiestrategieë in ‘n ouer-kind verhouding (1x2) (2)

Week 3

Aktiwiteit 3

• Verskaf TWEE sosiale gevolge wat tienerswangerskappe kan hê op die

tiener- moeders. (2x1) (2)

• Bespreek EEN emosionele verandering wat verband hou/geassosieer word

met ontwikkeling tot volwassenheid. (1x2) (2)

• Beskryf TWEE wyses waarop alkoholmisbruik tot ongewenste swangerskap

kan lei. (2x2) (4)

Page 11: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

• Bespreek krities TWEE bydraende faktore verantwoordelik vir die toename in

tienerswangerskappe en MIV-infeksies (2x2) (4)

Week 4

Aktiwiteit 4

DIE ONSIGBARE KETTINGS " ‘n Rukkie gelede?" Vra Amy. "Ja, hy het my 'n rukkie gelede verkrag. Presies nege maande en twee dae gelede. Wat is dit? Nege maande of nege minute. Dit is dieselfde. En dit is in die verlede, sê jy? Dan hoekom gebeur dit nog steeds, elke dag, elke keer as ek my oë toemaak? Elke keer as ek iemand agter my hoor, en ek nie weet wie dit is nie? Hoe is dit dat ek 'n byna onweerstaanbare drang kry om iemand wat onverwags aan my raak te vermoor? Sê vir my, John, hoe vergewe ek, laat staan nog vergeet, iets wat steeds gebeur, wat aanhou om oor en oor te gebeur? Hoe? Hoe doen ek dit? " Ek het gedink ek het al die vaardighede en kennis om my te beskerm!

• Definieer die term verkragting en gee TWEE risikofaktore wat tot hierdie

verskriklike belewenis kan lei. (1+2) (3)

• Bespreek DRIE vaardighede wat jou kan help in onveilige en gevaarlike

situasies soos verkragting. (3x2) (6)

• Beveel TWEE waardes aan wat jongmense kan help in hul besluitneming met

betrekking tot hul seksualiteit. In jou antwoorde dui ook die impak van elk van

die waardes aan. (3x2) (6)

Week 5

Aktiwiteit 5

James kry altyd 'n A-gemiddeld, hy is 'n pligsgetroue student. Hy werk baie hard om goeie punte te kry en hoop om medies na skool by die Universiteit te gaan studeer. Hy voel die afgelope tyd egter baie angstig en gespanne en as gevolg van dit vind hy dit moeilik om te fokus op sy studies.

• Definieer die term emosionele gesondheid en gee TWEE eienskappe van 'n

emosioneel gesonde persoon. (1+2) (3)

• Bespreek DRIE redes waarom tieners steeds geen rekreasie aktiwiteite doen

ten spyte van die voordele daarvan vir hul emosionele gesondheid.

(3x2) (6)

• Beveel DRIE strategieë aan wat James kan implementeer/volg om

sy angs- en spanningsvlakke te verlaag. (3x2) (6)

Page 12: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

Week 6

Aktiwiteit 6

Suid-Afrika het in die middel van die twintigste eeu uit 'n primêre en sekondêre ekonomie verskuif na 'n ekonomie wat hoofsaaklik deur die tersiêre sektor gedryf word, wat verantwoordelik is vir 'n beraamde 65% van die BBP of $230 biljoen in nominale BBP terme. Die land se ekonomie is redelik gediversifiseerde met belangrike ekonomiese sektore, insluitend mynbou, landbou en visserye, motorvervaardiging en-montering, voedselverwerking, klere en tekstiele, telekommunikasie, energie, finansiële en besigheidsdienste, Real Estate, toerisme, vervoer, groothandel en kleinhandelhandel. [Aangepas uit https://www.globaltenders.com/economy-of-south-africa.php . Toegang op 28 Julie

2019 verkry]

• Identifiseer TWEE beroepe wat in die primêre sektor en TWEE beroepe wat in

die sekondêre sektor aangetref word (4x1) (4)

• Gee 'n definisie vir die term tersiêre sektor en gee TWEE voorbeelde

van loopbane/beroepe binne die sektor. (2+2) (4)

• Bespreek die rol wat die sekondêre sektor speel om die primêre

en tersiêre sektore met mekaar te verbind. (1x2) (2)

• Assesseer waarom Suid-Afrika se ekonomie nou deur die tersiêre sektor

gedryf word en nie meer deur die ander twee sektore nie? (2x2) (4)

Week 7

Aktiwiteit 7

Volgens berigte van Fin24, Suid-Afrika se werkmarkmark, het deur 48 000 werksgeleenthede gedurende die eerste kwartaal van vanjaar voorgekom. Statistiek Suid-Afrika het bevestig dat die gemiddelde werk met 0,6% oor die afgelope jaar gedaal het. Hierdie afname is gedryf deur 'n afname in handel (1,5%), besigheidsdienste (1%), gemeenskapsdiens (0,3%), vervaardiging (0,3%), en vervoer (0,2%). Adzuna se bevindinge het aangedui dat daar 'n verhoogde neiging was vir 'n vraag na tegniese vaardighede, alhoewel die aantal vakatures in die veld afgeneem het. Dit is die aangedui wat deur 'n ontleding gedoen is oor meer as 130 000 unieke aanlyn werklysinskrywings in Suid-Afrika. Hierdie tendens is hoofsaaklik ingelui deur 'n jaarlikse tendens van meer nuwe talent wat gehuur word aan die einde en begin van die jaar, uitgesluit die maand van Desember natuurlik.

Page 13: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

• Definieer die term kritiese vaardigheid (2)

• Onderskei tussen vaardighede en bevoegdhede (2+2) (4)

• Definieer die term besoldiging. (2)

• Evalueer die nadele om ‘n werk te kies wat hoog in aanvraag is of baie gewild

is. (2x2)(4)

Week 8 en 9

Aktiwiteit 8 en 9

Ongelukkigheid met jou keuse van loopbaan kan verbind word met jou identitiet en jou sin van egtheid.

Mense wie se loopbane nie reg is nie, voel dikwels soos indringers, selfs al is hulle baie vaardig in hul werk. Nog 'n simptoom is konstante ergernis met die eise wat gemaak word op hulle; alhoewel dit redelik is vir die besigheid waarin hulle is.

• Onderskei tussen vaardighede, talente en sterkpunte. (3x1) (3)

• Evalueer krities hoe om NIE die regte besluitnemingsproses te volg kan lei tot ongelukkigheid in jou loopbaan. (3x2) (6)

• Gee raad aan ouers oor hoe om hul kinders te lei om die regte loopbaan-

keuses uit te oefen. (3x2) (6)

Week 10

FORMELE ASSESSERING : PROJEK

Page 14: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

KWARTAAL 4

Week 1

Aktiwiteit 1

Loopbaankeuses is nooit maklik nie, daar is so baie opsies om van te kies.

Sara het jou hulp nodig om ‘n loopbaan te kies.

● Noem TWEE baie belangrike faktore wat Sara in ag moet neem wanneer sy

‘n loopbaan kies. (2x1)(2)

● Onderskei tussen loopbaanveld, loopbaan en werk .(3x2)(6)

● Bespreek die belangrikheid van werksgenot en -bevrediging wanneer

'n loopbaan gekies word. (2x2)(4)

• Assesseer die impak wat Sara se vakkeuses op haar loopbaan het. (1x2) (2)

Week 2

Activity 2

Die NKR en SAKO vorm die fondasie vir opleiding en onderwys in Suid-Afrika.

● Waarvoor staan die volgende akronieme: SAKO, NKR en EVL. (3x1)(3)

● Bespreek die doelwitte van die NKR (3x2)(6)

● Gee ‘n analise van hoe SAKO werk. (3x2)(6)

Week 3

Aktiwiteit 3

Skryf paragrawe waarin jy die DRIE leerstyle, naamlik formele leer, informele leer en

nie-formele leer bespreek.

Gebruik die volgende as riglyne:

● Gee ‘n voorbeeld van elke tipe leerstyl soos genoem (3x1)(3)

● Beskryf elke leerstyl. (3x2)(6)

● Bespreek die belangrikheid van lewenslange leer. (1x2)(2)

Page 15: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College

Week 4 en 5

Aktiwiteit 4 and 5

Vryheid van geloof geld vir alle gelowe en nie net jou eie nie.

• Definieer die tem godsdiensverdraagsaamheid en gee TWEE begeleidende beginsels om in ‘n multi-godsdienstige samelewing te leef. (1+2)(3)

• Bespreek DRIE redes waarom dit belangrik is om kennis van ander gelowe behalwe jou eie te hê. (3x2)(6)

• Evalueer waarom godsdiensvryheid in ‘n diverse land soos Suid-Afrika belangrik is. (3x2)(6)

Week 6

Aktiwiteit 6

Sport in skole

Meer en meer onbillike praktyke gebeur vandag in skole sport. Om te

WEN het die heel belangrikste geword.

• Dwelms of “doping” is aan die orde van die dag. Gee die definisie van doping

en gee TWEE redes waarom atlete daarby betrokke raak. (1+2) (3)

• Verduidelik EEN gevolg van die neem van dwelms om sportprestasies te

verbeter vir ‘n skoolatleet. (1x2) (2)

• Beskryf TWEE wyses waarop ‘n subjektiewe skeidsregter ‘n negatiewe

invloed op wedstryde uitoefen. (2x2) (4)

• Stel DRIE wyses voor om die praktyk van wanadministrasie in skole sport te te oorkom. (3x2) (6)

JAAREIND EKSAMEN

Page 16: Graad 1 0 Aktiwiteits boek - Grey College