6
GEMEENTEBEDIENING Die amptelike verkondiging van Gods Woord is aan die kerkraad opgedra (NGB Art. 30; KO Art. 48). Hierdie verkondiging loop egter breër as net die eredienste op 'n Sondag. Dit is 'n verkondiging wat Sondae én gedurende die week die gemeenskap van gelowiges opbou in hul belydenis van die ware geloof, en hul saambind in liefdevolle diens aan mekaar. Daarom is dit ook 'n gehoorsame uitleef van die Woord wat uitreik na elkeen in die gemeente en sodoende gemeenskap stig. Dit wil óók uitreik na kerkvervreemdes wat formeel nog lidmate is, maar nie werklik meer in die gemeenskap met Christus leef nie (KO Art. 52). In Berg-en-Dal funksioneer daar 'n Gemeentebedieningsgroep wat saam met die leraars, spesifiek hiervoor verantwoordelikheid aanvaar. Weens hul gedeelde doelstellings, bestaan daar noue skakeling tussen hierdie bedieningsgroep en die Wyksbediening. Die Gemeentebediening gee uiting aan dit wat in ons missie gestel is, naamlik dat: "Die Ned. Geref. Kerk Berg-en-Dal geroep is om as gemeenskap van gelowiges God Drie-Enig te verheerlik, deur ..... in ons geloof, hoop en liefde te groei deur die persoonlike en gesamentlike bestudering van sy Woord en ons Christelike belydenis, deur die onderlinge omsien na en sorg vir mekaar en deur toewyding in gebed; wanneer ons die Evangelie van Jesus Christus met mekaar deel deur ons woorde en dade, in opregtheid en nederigheid .... en ons daagliks volgens die eise van Gods Woord leef, saam en afsonderlik, elkeen volgens sy of haar gawes, op die verskillende akkers van sy Koninkryk..." BEDIENINGSTERREIN

gemeente bediening

Embed Size (px)

DESCRIPTION

erediensbediening

Citation preview

Page 1: gemeente bediening

GEMEENTEBEDIENING

Die amptelike verkondiging van Gods Woord is aan die kerkraad opgedra (NGB Art. 30; KO Art. 48). Hierdie verkondiging loop egter breër as net die eredienste op 'n Sondag. Dit is 'n verkondiging wat Sondae én gedurende die week die gemeenskap van gelowiges opbou in hul belydenis van die ware geloof, en hul saambind in liefdevolle diens aan mekaar. Daarom is dit ook 'n gehoorsame uitleef van die Woord wat uitreik na elkeen in die gemeente en sodoende gemeenskap stig. Dit wil óók uitreik na kerkvervreemdes wat formeel nog lidmate is, maar nie werklik meer in die gemeenskap met Christus leef nie (KO Art. 52).

In Berg-en-Dal funksioneer daar 'n Gemeentebedieningsgroep wat saam met die leraars, spesifiek hiervoor verantwoordelikheid aanvaar. Weens hul gedeelde doelstellings, bestaan daar noue skakeling tussen hierdie bedieningsgroep en die Wyksbediening.

Die Gemeentebediening gee uiting aan dit wat in ons missie gestel is, naamlik dat:

"Die Ned. Geref. Kerk Berg-en-Dal geroep is om as gemeenskap van gelowiges God Drie-Enig te verheerlik, deur .....

in ons geloof, hoop en liefde te groeideur die persoonlike en gesamentlike bestudering van sy Woord en ons Christelike belydenis, deur die onderlinge omsien na en sorg vir mekaar en deur toewyding in gebed;

wanneer ons die Evangelie van Jesus Christus met mekaar deeldeur ons woorde en dade, in opregtheid en nederigheid ....

en ons daagliks volgens die eise van Gods Woord leef,saam en afsonderlik, elkeen volgens sy of haar gawes, op die verskillende akkers van sy Koninkryk..."

BEDIENINGSTERREIN

Die bestudering van die Bybel as Woord van God en die aktuele toepassing daarvan in ons daaglikse lewens, is vir baie lidmate in Berg-en-Dal 'n prioriteit. Daarom skakel hulle in by een van die twee weeklikse Bybelstudies in die Jeugkamer, gelei deur die leraars (Woensdagaande om 19:00; Donderdagoggende om 09:00). Daar is egter ook 'n verdere twintigtal informele Bybelstudies wat deur lidmate self georganiseer word. Hierdie geleenthede funksioneer meestal ook as omgeegroepe. Die kwartaallikse wyksbyeenkomste wil in dieselfde behoefte voorsien en word deur die wyksouderlinge gereël en gelei. Terugvoer uit laasgenoemde word deur die Gemeentebedieningsgroep verwerk.

Die toepassing van die Bybel in ons lewens, word aangevul deur aktuele besprekings wat van tyd tot tyd in die gemeente gehou word (tradisioneel "Leer- en Aktuele Sake" genoem). Benewens geleenthede by aanddienste, gaan hierdie besprekings dikwels met 'n sosiale aksie gepaard, soos by die Kuierklub (vir senior lidmate) of die jaarlikse uitreik-ete. Vorige

Page 2: gemeente bediening

geleenthede met die Christendom onder Chinese, Indiërs en Boesmans as tema, was al besondere hoogtepunte.

Die bevordering van geestelike lewe in Berg-en-Dal en die verdieping van ons spiritualiteit, is 'n belangrike oogmerk van gemeentekampe en retreats wat jaarliks aangebied word. Hierdie geleenthede word spesifiek gerig op individuele lidmate, asook huwelikspare en gesinne.

Vir die opbou van 'n gemeenskap van gelowiges, is dit nodig om na mekaar uit te reik en mekaar beter te leer ken. Dit begin dikwels by die gesellige tee-drink Sondagoggende ná die eredienste. Die verwelkoming en inskakeling van nuwe intrekkers is 'n prioriteit. Besondere moeite word gedoen om die vreugdes en behoeftes van lidmate met mekaar te deel - verjaarsdae, siektes, hartseer. Dit gebeur by ons eredienste, in die wyke én deur 'n besondere uitreikpoging van hierdie bedieningsgroep: 'n paar vrywillige lidmate wat per telefoon of by wyse van 'n kaartjie, blomme of iets te ete kontak maak en wys ons gee om. Die gemeenskap van gelowiges in Berg-en-Dal word ten diepste gedra deur 'n gebedsaksie. Hierdie aksie in ons gemeente funksioneer op 'n informele wyse, en word indien nodig, deur 'n paar lidmate gekoördineer.

'n Deel van die uitreik na mekaar, raak ook die leraars van Berg-en-Dal: 'n paar lidmate is genader om na die geestelike- en algemene welsyn van die leraars en hul gesinne om te sien.

'n Hoogtepunt vir ons vreugdevolle lewe saam met mekaar, is die jaarlikse Kermis in September/Oktober - 'n gesellige en dankbare viering van ons gemeente se verjaarsdag (22 September). 'n Kermiskomitee neem verantwoordelikhied vir die reëlings hieraan verbonde, en oud en jonk in die gemeente werk saam, speel, kuier en lag met mekaar. 'n Nou al bekende onderdeel van die kermis is die Berg-en-Daller, 'n pretdraf en padwedloop oor 5 en 10 km onderskeidelik.

Om ons gemeente só saam te bind, is goeie kommunikasie belangrik. Die kerkkantoor vervul daarin 'n onmisbare rol. Vanuit daardie geledere en met die hulp van die leraars en 'n redaksie, verskyn drie publikasies waarop Berg-en-Dal trots is, elk met 'n eie karakter en oogmerk: 'n weeklikse Gemeentebode:

Verskyn elke Sondag. Inhoud is preekskets; besonderhede van ander eredienste; bladsy vir meelewing en voorbidding; weekprogram en ander afkondigings. 'n kwartaalblad, woord@bergendal:

Verskyn die laaste Sondag van elke kwartaal. Inhoud dek aktuele nuus in gemeente;lief en leed; oorsig van werksaamhede en aktiwiteite van kerkraad en bedieninge; nuus uit die kerkverband; diepte-artikels oor sake van koninkryksbelang; briewe van lidmate; nuus oor/vir die jeug.

'n jaarlikse Almanak:Verskyn aan die begin van elke jaar. Inhoud is die maandelikse program van die gemeente (eredienstye, vergaderings, ander byeenkomste); asook kontakbesonderhede van leraars, kerkraad, wyksleidsters en kerkkantoor.

Die fondse vir hierdie publikasies word deur advertensies in veral die Almanak geïn.

Page 3: gemeente bediening

Saam met hierdie publikasies, gaan ook 'n projek om lidmate of kinders van lidmate wat in die buiteland woon, per e-pos op hoogte te hou van nuus uit Berg-en-Dal. Hierdie diens word deur 'n vrywillige lidmaat in stand gehou.

Alhoewel vrouelidmate ook enkele eie projekte loods, speel hulle 'n deurslaggewende rol in die bogenoemde aksies van gemeentebediening. Meer besonderhede oor hul funksionering, word in Bylaag 18 (Riglyne vir die Komitee vir Vrouediens) uiteengesit.

'n Groot aantal lidmate het hul gawes beskikbaar gestel om in die werksaamhede van die Gemeentebedieningsgroep aangewend te word. Hierdie lidmate se name is op die Gawebank in die kerkkantoor beskikbaar.

FUNKSIONERING

Die taak van die Gemeentebedieningsgroep in Berg-en-Dal is as volg:

Die bedieningsgroep sien toe dat besluite van die kerkraad oor die opbou van die ge- meenskap van gelowiges in Berg-en-Dal deur almal daarby betrokke uitgevoer word.

Die bedieningsgroep dien as skakel tussen die kerkraad, die komitees verantwoordelik vir spesifieke aksies (hieronder gelys), besoekende sprekers en predikers, en lidmate.

Die bedieningsgroep sien om na die oorhoofse beplanning en koördinering van die verskillende komitees wat betrokke is by die opbou va die gemeenskap van gelowi-ges in Berg-en-Dal.

Die bedieningsgroep aanvaar verantwoordelikheid om in samewerking met die kerk-kantoor, die Gawebank jaarliks op te dateer en sodoende soveel as moontlik lidmate by 'n aksie in te skakel waar hul gawes benut kan word, én sien toe dat hierdie in-ligting aan die ander bedieninge in Berg-en-Dal beskikbaar gestel word.

Die bedieningsgroep begroot jaarliks vir die werksaamhede van hierdie bediening, samel sover moontlik self fondse en middele in om die werk in stand te hou en bestuur

daardie begroting.

Die bedieningsgroep dra sorg vir navorsing, beplanning, inligting en voorligting ter versterking en uitbouing van die gemeenskap van gelowiges in Berg-en-Dal, en ad-viseer die kerkraad oor beleid en besluite in dié verband.

Die bestuur van die Gemeentebedieningsgroep word as volg saamgestel:

Die ouderling wat deur die kerkraad as voorsitter vir hierdie bediening aangewys en bevestig is;

die leraars; die voorsitter, sekretaris en addisionele lede van die Komitee vir Vrouediens; die voorsitter van die Kermiskomitee of sy/haar verteenwoordiger;

Page 4: gemeente bediening

die redakteur van die kwartaalblad of sy/haar verteenwoordiger; die voorsitter of verteenwoordiger van die Kuierklubkomitee; 'n verteenwoordiger van die nuwe intrekker-aksie; en enige ander belangstellende lidmate van Berg-en-Dal.

Om bogenoemde funksies effektief uit te oefen, vergader die bestuur van die Gemeentebe-dieningsgroep ten minste een keer per kwartaal. Verslag van hierdie vergadering word aan die Bestuursraad gelewer. Indien nodig, kan die voorsitter van die bedieningsgroep 'n spesiale vergadering belê. Die onderskeie komitees hierbo genoem, vergader uiteraard soos nodig om hul werksaamhede te hanteer.