64
Intermediêre Fase Onderwysershandleiding Graad 4 Natuur- wetenskappe

Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

Inte

rmed

iêre

Fas

e On

derw

yser

shan

dlei

ding

Graad

4

Natuur- wetenskappe

Page 2: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

Natuurwetenskappe Intermediêre Fase

Werkskedule en Onderwysersgids

Die Werkskedule en Onderwysersgids vir die Natuurwetenskappe bied ondersteuning aan onderwysers by die implementering van die NKV. Hierdie is nie 'n beleidsdokument nie, maar 'n hulpbron vir onderwysers. Die Werkskedule en die Onderwysersgids volg dieselfde weekplan vir elke graad. Die Werkskedule

• Hierdie is 'n breë raamwerk wat 'n keuse van inhoud (Leeruitkomste en Kernkennis en -konsepte) vir elke graad 4-6 bied.

• Die Werkskedule stippel van week tot week die inhoud en die assesseringsfokus uit.

• Dit werk vir al drie die Leeruitkomste van NW. • Dit dek al die Kernkennis en -konsepte in die vier stringe van die

Natuurwetenskappe. Die Onderwysersgids

• Die onderwysersgids sit die raamwerk uiteen wat week na week vir elke graad in die Werkskedule gegee word, en lig dit toe.

• Dit bied 'n wye verskeidenheid lesse wat tot verskillende assesseringstake lei wat met die Leeruitkomste vir NW verband hou.

• Dit gee verdere besonderhede van die konsepte wat onderrig, en die metodes wat gebruik moet word.

• Dit gee ook besonderhede van die integrasiemoontlikhede tussen sowel die NW-stringe as die verskillende Leerareas.

Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat:

• Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te vind, en dit wat hulle nuttig vind, in te sluit.

• Onderwysers die program by die tred van hul leerders aanpas. • Onderwysers dít uitkies wat geskik vir hul konteks is, en wat in hul klaskamer

behartig kan word. • Onderwysers vooraf hul assesseringsprogram elke kwartaal na gelang van hul eie

onderrigtred behoort aan te pas. • Onderwysers, waar dit ookal gepas is, inhoud behoort te integreer. • Onderwysers die Beleidsdokument van die Nasionale Kurrikulumverklaring behoort

te raadpleeg as 'n verwysing na die leeruitkomste, assesseringstandaarde en voorgeskrewe inhoudkennis.

BEDANKINGS

Opregte dank aan die onderwysers en kurrikulumadviseurs wat die werkskedule vir die Intermediêre Fase ontwikkel het. Direktoraat Kurrikulum : AOO

Page 3: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

ONDERWYSERSGIDS : GRAAD 4

NATUURWETENSKAPPE

INHOUD

DEEL EEN: INLIGTING

NASIONALE BELEIDSDOKUMENTE

INLIGTING VIR ONDERWYSERS

ALGEMENE INLIGTING

DEEL TWEE: VOORSTELLE OM DIE WERKSKEDULE VIR NATUURWETENSKAPPE IN DIE KLASKAMER TE IMPLEMENTEER

Graad 4 Assesseringsprogram Leeruitkomste en Assesseringstandaarde String 1: Energie en Verandering String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder

DEEL DRIE: BYLAE

Graad 4 - Patroon vir wetenskaplike ondersoek

DEEL VIER: WETENSKAPLIKE GELETTERDHEID

Woordelys

Page 4: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 1 -

DEEL EEN: INLIGTING

NASIONALE BELEIDSDOKUMENTE

Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R-9 - BELEID Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R-9 - Onderwysersgids Nasionale Beleid oor Assessering en Kwalifikasies vir skole in die AOO-band Nasionale Kurrikulumverklaring – AOO - Assesseringsriglyne

INLIGTING VIR ONDERWYSERS: Wetenskaplike Geletterdheid: Onderwysers behoort voor elke week se lesse 'n begrip van

hierdie konsepte te hê. Dit is belangrik om wetenskaplike konsepte en taalgebruik uit te bou. 'Kortliks gedefinieerde konsepte' is die woorde en konsepte wat onderwysers gedurende die les gebruik. Onderwysers moet seker maak dat leerders die betekenis daarvan verstaan. Hierdie woorde moet egter nie in aangeleerde woordeskatwoorde ontaard sonder dat die konsepte verstaan word nie. Leerders moet toegelaat word om die konsepte en betekenisse te hersien.

Voorstelle vir Implementering: Hierdie voorstelle behoort onderwysers te help oor HOE om hul eie aktiwiteite op te stel. Gebruik jou eie ervaring en kreatiwiteit in jou beplanning na gelang van jou eie skool se behoeftes. Bou ook maniere in om leerders met beperkinge te help. Maak voorsiening vir uitgebreide leer en diversiteit – sien beleidsdokumente. Waar van toepsssing, intergreer Geletterdheid en Syfervaardigheid reg deur die jaar terwyl onderrig, leer en assessering plaasvind.

Hulpbronne: Gebruik hulpbronne wat in jou skool/gemeenskap beskikbaar is. Integrasie: Gee aandag aan integrasie, en maak skakels waar hulle natuurlikerwys in die

kurrikulum voorkom. Integrasie is moontlik binne die kennisstringe van Natuurwetenskappe, en oor die verskillende Leerareas heen. Alhoewel die vier kennisstringe afsonderlik per kwartaal in die Intermediêre Fase uiteengesit word, kan jy steeds die stringe waar van toepassing integreer om te verseker dat Natuurwetenskappe nie in kompartemente onderrig word nie. Die skakels tussen die stringe kan in die aktiwiteite geïnkorporeer word.

Assessering: Assesseer 'n leerder se prestasie met gebruikmaking van toepaslike

assesseringsformate gelei deur die assesseringstandaarde. Informele assessering is deel van die moniteringsposes om leerders voor die formele assesseringstake te help. Gebruik verskillende toepaslike vorms van assessering oor die jaar heen versprei. Onthou om formele assesseringstake aan te teken. Voorbeelde van formele assesseringstake word gegee.

ALGEMENE INLIGTING: Onderrig begin met wat die leerders reeds weet. Die kurrikulum vir Natuurwetenskappe bestaan uit 70% voorgeskrewe kurrikulum, soos in

die Werkskedule bepaal, en vir 30% uit uitgebreide en plaaslike inhoud. Veiligheid in die Natuurwetenskappe-klaskamer en -laboratorium is belangrik. Leerders

behoort voortdurend oor moontlike gevare en werksveiligheid gewaarsku te word. Noukeurigheid in Wetenskap behoort beklemtoon te word. Vir elke graad is daar voorbeelde van wetenskaplike ondersoeke. Dit kan as volledige

aktiwiteite vir assesseringsdoeleinde gebruik word. Waar dit gepas is, kan die assesseringsinstrumente aangepas word.

Page 5: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 2 -

DEEL TWEE: VOORSTELLE VIR DIE IMPLEMENTERING VAN DIE WERKSKEDULE

NATUURWETENSKAPPE

INTERMEDIÊRE FASE: GRAAD 4 HERSIENE ASSESSERINGSPROGRAM: Formele assesseringstake Kwartaal 1 Assesseringstaak 1: Week 10 Kwartaal 2 Assesseringstaak 2: Week 20

Assesseringstaak 3: Week 21

Kwartaal 3 Assesseringstaak 4: Week 30 Kwartaal 4 Assesseringstaak 5: Week 34 Assesseringstaak 6: Week 40

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEKE

4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding kan gee

4.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Verken die moontlikhede in beskikbare

materiale, en vind uit hoedat hulle gebruik kan word

4.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Praat oor waarnemings en suggereer moontlike verbande met ander situasies

LEERUITKOMS 2: OM WETENSKAPSKENNIS TE KONSTRUEER 4.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting, en gebruik eie vlot taal om te benoem en te beskrywe 4.2.2 Kategoriseer inligting: Sorteer na aanleiding van sigbare eienskappe LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, SAMELEWING EN DIE OMGEWING 4.3.1 Toon 'n begrip van geskiedenis en inheemse kennis met verwysing na waterbronne in

wetenskap en tegnologie (put, riviere, damme, see) 4.3.2 Identifiseer kenmerke van tegnologiese toestelle en bespreek hul doel 4.3.3 Herken vooringenomenheid in wetenskap en tegnologie: identifiseer probleme wat

sommige mense met die gebruik van tegnologiese toestelle kan hê

Page 6: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 3 -

NATUURWETENSKAPPE: GRAAD 4

ONDERWYSERSGIDS

KWARTAAL 1: ENERGIE EN VERANDERING

WEEK 1 INLEIDING TOT WETENSKAP

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Ons gebruik energie vir alles wat ons doen: energie is nodig vir alle

lewensprosesse, bv. spysvertering, asemhaling, beweging. Energie is ook nodig om nie-bewegende dinge te beweeg, bv. 'n voertuig, 'n windpomp.

• Ons kry energie van ons voedsel.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.1 – 4.2.2

LU 4.3

Stap 1 Vind by die Grondslagfase-onderwyser uit watter wetenskapwerk gedoen is. Stap 2 Onderwyser vra leerders wat hulle van energie weet. Onderwyser sou die volgende vrae kon vra om hul response te rig: • Wat verstaan jy onder die woord 'energie'? • Waar kry ons energie vandaan? • Hoe is dit moontlik dat jy kan beweeg? • Wat sal gebeur indien jy nie eet nie? • Gebruik jy energie wanneer jy slaap? • Hoe weet jy hoeveel energie daar in die kos is wat ons eet? • Waar kom die energie vandaan wat 'n motor laat beweeg? Onderwyser skryf leerders se idees op die skryfbord. Bespreek verskillende standpunte en korrigeer indien nodig. Stap 5 Verwys na prente van mense in aksie. Vra leerders om hul bewegings te identifiseer. Waar kom die energie vir elke aktiwiteit vandaan? Leerders skryf hul response in sinne en in hul eie woorde neer. Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders: • Verduidelik dat voedsel die energie vir beweging in lewende dinge

verskaf? • Verduidelik dat energie vir alle lewensprosesse (bv. asemhaling,

spysvertering ens.) nodig is?

METODOLOGIE Bespreking, gebruik voorbeelde uit die omgewing HULPBRONNE Tydskrifte en leerders se vorige kennis, verwysingsmateriaal

NW stringe Lewe en Lewendes – voedsel voorsien energie

INTEGRASIE Leerareas Lewensoriëntering – persoonlike ontwikkeling en die

ontwikkeling van gesonde eetgewoontes

Page 7: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 4 -

WEEK 2 ENERGIEBRONNE EN ENERGIEVORMS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Energie: ons gebruik energie vir alles wat ons doen • Energiebronne: dinge wat energie verskaf, bv. die son, voedsel,

brandstowwe (petrol) • Vorms van energie – hitte, lig, klank, beweging

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.1 – 4.2.2

Stap 1 Energiebronne: Verduidelik aan die leerders dat ons energie gebruik vir alles wat ons doen. Begin 'n konseptabel vir energie wat opgebou sal word soos elke nuwe konsep gedek word. Stap 2 Leerders identifiseer waar energie vandaan kom (bronne van energie) vir verskillende aksies deur mense (voedsel), motors (battery, petrol, diesel), speelgoed (vere, batterye), elektriese ligte (elektrisiteit, steenkool), vuur (hout, paraffien), windmeul (wind) ens. Stap 3 Wys prente van aksies deur lewende en nie-lewende dinge, en vra leerders om die energiebronne te noem. Stap 4 Vorms van energie: Onderwyser verduidelik vorms van energie deur 'n konkrete voorbeeld, bv 'n gloeilamp, in die klaskamer te gebruik. Leerders voltooi 'n tabel wat ander vorms van energie (lig, klank, hitte, beweging) vir verskillende voorwerpe insluit. Stap 5 Energiebronne en energievorms: Leerders kies drie energiebronne en skryf sinne om die doel van elke energiebron te beskrywe. Hulle skryf ook die vorms van energie neer wat geproduseer word (bv. 'n battery laat 'n flits werk. Die flits gee ons lig-energie en 'n bietjie hitte-energie). Stap 6 Sorteer verskillende energiebronne (bv. son, voedsel, vallende water, hout petrol) in twee groepe, naamlik dié wat ooit gelewe het, en die nie-lewendes. Sorteer dit dan in twee ander groepe, naamlik hernubares en nie-hernubares. Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: • Verskillende energiebronne en energievorms uit prente of teks

identifiseer? • Energiebronne in dié wat geleef het en die wat nie geleef het nie sorteer?

METODOLOGIE Bespreking, interaksie met porture, navorsing HULPBRONNE Teksboeke, verwysingsmateriaal

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – natuurlike bronne van energie, bv. son-, wind- en waterenergie Materie en Materiale – eienskappe van materiale INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – eienskappe van materiale

Page 8: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 5 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □

Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte √

Nabootsings □

Konsepkaarte √

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertalingtaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 3 VEILIGHEIDSREËLS WANNEER ENERGIEBRONNE GEBRUIK WORD - gas, petrol, paraffien, elektrisiteit

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsep: • Elektrisiteit (elektriese energie): 'n sekondêre energiebron wat algemeen

gebruik word om krag aan elektriese toestelle te voorsien.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2 – 4.3

Stap 1 Verdeel die leerders in groepe. Vra leerders om gevare te identifiseer vir mense wat gas, petrol, paraffien, sonkrag (indien relevant) en hout as energiebronne gebruik. Vir elke probleem behoort die groepe 'n reël te identifiseer om mense veilig te hou. Stap 2 Elke groep rapporteer oor gevare wanneer energiebronne gebruik word.

Stap 3 Vra leerders wat hulle van energie weet (dinkskrum). Stap 4 Verduidelik een manier waarop elektrisiteit opgewek word, bv. elektrisiteit kom van vallende water (hidro-elektrisiteit) of brandende steenkool of kernkrag of windturbines. Onderwyser voorsien prente wat die leerders in die korrekte orde rangskik, etiketteer, en gebruik om te beskrywe hoedat elektrisiteit opgewek word. Stap 5 Wys leerders prente oor die verkeerde en korrekte gebruik van elektrisiteit. Vra leerders om veilige maniere te identifiseer waarop elektrisiteit gebruik kan word. Leerders beskrywe hoedat hulle energie tuis gebruik deur te kyk na (1) die bronne van die energie wat hulle gebruik, (2) die doel van hierdie energiebronne, (3) moontlike gevare by die gebruik van die energiebronne, en (4) maniere om die bronne veiliger te gebruik. Uitgebreide leer: Leerders vind ander maniere uit waarop elektriese energie geproduseer word. Leerders kies een van die maniere waarop elektrisiteit opgewek word, maak tekeninge (met notas of etikette), en beskrywe die proses in hul eie woorde.

Page 9: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 6 -

Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: • Gevare identifiseer wanneer verskillende energiebronne gebruik word? • Doen maniere aan die hand om elke energiebron veilig te gebruik. • Lys verskillende maniere waarop elektrisiteit opgewek word, en beskrywe

minstens een manier.

METODOLOGIE Klasbespreking, navorsing ens. HULPBRONNE Handboeke, naslaanboeke, prente, internet, flitskaarte

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – elektrisiteit in die natuur; Lewe en die Lewendes – negatiewe uitwerking van elektrisiteit op die menslike liggaam; Materie en Materiale – eienskappe van materiale

INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – eienskappe van materiale Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □

Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake √

Werkopdrag √

Vertalingtaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING

Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 4 VOEDSELKETTING AS 'N ENERGIESTELSEL IN DIE NATUUR

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Energieketting: Beskrywe die vloei van energie in die natuur deur lewende

organismes. Plante gebruik die energie van die son (energiebron) om voedsel te maak. Plante gebruik die energie vir groei, voortplanting ens. Van die energie word opgeberg totdat dit deur diere geëet word. Diere gebruik energie om te werk / beweeg / lewe ens.

• Energie-oordrag: wanneer energie van een deel van 'n stelsel na 'n ander beweeg.

AANTEKENINGE

oor HOE

LU 4.2.1

Stap 1 Vra leerders waar hul energie vandaan kom (voedsel). Vra waar die energie in voedsel vandaan kom. Plante kry hul energie van die son en maak hul eie voedsel tydens fotosintese. Diere kry hul energie van plante wanneer hulle plante eet.) Stap 2 Onderwyser verduidelik energievloei deur 'n eenvoudige energieketting, bv. Son gras bok leeu. Stap 3 Vra leerders om 'n energieketting te teken van iets wat hulle daardie dag geëet het. (bv. Son koring brood seun en / of Son gras koei melk seun)

Page 10: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 7 -

Skryf sinne om te beskrywe hoedat energie in hul voedselketting oorgedra word. Stap 4 Leerders konstrueer 'n ander energieketting wat in die natuur aangetref word. Hulle teken dit en beskrywe hoedat energie in hierdie ketting oorgedra word. (Son blom by verkleurmannetjie voël) Uitgebreide leer: Leerders skryf en teken energiekettings uit verskillende omgewings. (bv. 'n vlei, rivier, woestyn, oseaan ens.) Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: • 'n Energieketting konstrueer? • Beskrywe hoedat energie van een deel van 'n energieketting na 'n ander

oorgedra word (vloei)? • Aantoon dat die son die vernaamste energiebron vir byna alle

energiekettings is?

METODOLOGIE Klasbespreking, wys prente, teken diagramme, vraag/antwoord HULPBRONNE Handboeke, prente, onmiddelike omgewing, naslaanboeke, internet

NW stringe Lewe en Lewendes – die bron van lewe is voedsel INTEGRASIE

Leerareas Lewensoriëntering – persoonlike en fisiese ontwikkeling Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □

Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertalingtaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 5 OPBERGING EN OORDRAG VAN ENERGIE IN SPEELGOED (ENERGIESTELSEL)

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Energie: ons gebruik energie vir alles wat ons doen • Vorms van energie: hitte, lig, klank, beweging, elektrisiteit • Energiebronne: 'n bron wat 'n vorm van energie opberg of verskaf (bv.

battery, vallende water) • 'n Stelsel word gemaak uit twee of meer dele wat saam werk. In 'n stelsel

beweeg energie van een deel van 'n stelsel na 'n ander, bv.: o In 'n fiets: die beweging, (kinetiese energie) van die pedale beweeg die

ketting, wat die ratte beweeg, wat die wiele laat draai. o In motors: die opgebergde energie (potensiële energie) in die motor se

battery word in die vorm van elektriese energie na die drade oorgedra, en word dan na die toeter oorgedra, wat klankenergie produseer, en na die ligte, wat lig- en hitte-energie produseer.

Page 11: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 8 -

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.1

Opberging en oordrag van energie in speelgoed (energiestelsel) Stap 1 Leerders bring elektriese speelgoed, motortjies wat met batterye werk, poppe wat geluide maak, speelgoed wat draai. flitse ens. Stap 2 Onderwyser selekteer 'n steekproef van speelgoed. Onderwyser rig die seleksie om te verseker dat verskillende energiebronne ingesluit word. Stap 3 Leerders ondersoek die speelgoed en voltooi die tabel (soos in die voorbeeld hieronder). Benoem die energiestelsel. (d.w.s. die speelding) Die energiebron wat die speelding laat werk. Lys die verskillende vorms van energie in die stelsel. Beskrywe die baan waarin die energie beweeg soos dit van een deel van 'n stelsel na 'n ander oorgedra word.

pop wat praat battery

elektriese energie, beweging, klank Dit beweeg vanaf die battery na die drade na die luidspreker

Ens.

Stap 4 Leerders beskrywe die energie in twee van hierdie speelgoed deur sinne te skryf wat op die opskrifte in die tabel gebaseer is. Die onderwyser doen eers 'n voorbeeld met die hele klas as gedeelde skryfwerk, en laat die leerders dan nog twee op hul eie doen. Stap 5 Vra leerders om enige ander energiestelsel(s) te identifiseer, bv. radio, fiets, ens., en om 'n soortgelyke tabel te voltooi. Stap 6 Die leerders vorm groepe en doen 'n portuurassessering van mekaar se tabelle. Uitgebreide leer: kyk na meer gevorderde energiestelsels met baie energie-oordragte. (Bv. die menslike liggaam as 'n stelsel, 'n klein ekostelsel soos die skooltuin). Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: • Verduidelik waarom iets 'n stelsel is? • Verskillende dele van 'n stelsel identifiseer, en beskrywe hoedat energie

deur die stelsel heen oorgedra word? • Die bronne en tipes energie binne 'n energiestelsel noem?

Page 12: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 9 -

METODOLOGIE Gebruik van speelgoed as onderrighulpmiddels, voltooi van tabelle, groepbespreking

HULPBRONNE Handboeke, plakkate, elektriese toerusting, naslaanboeke, internet NW

stringe Materie en Materiale – eienskappe van materiale INTEGRASIE Leerareas Tegnologie – eienskappe van materiale, stelsels en beheer

Selfassessering □ Portuurassessering √ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √ Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 6 BOU 'N EENVOUDIGE ENERGIESTELSEL

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Wetenskaplike Ondersoek: om 'n plan te vorm en uit te voer om 'n

antwoord te kry op 'n vraag oor ons omgewing (natuurlik sowel as mensgemaak)

• Beplan: wat jy sou doen om jou antwoord te kry • Voer uit: voer jou plan uit (stappe) en teken aan wat jy waarneem (sien,

hoor, ruik, voel, proe) • Evalueer: verstaan wat jou resultate jou vertel, kontroleer dat dit jou vraag

beantwoord, en besluit hoedat die ondersoek indien nodig verbeter kan word

• Kommunikeer: verduidelik aan ander wat jy gedoen het en daaruit geleer het.

LET WEL: Hierdie konsepte behoort nie eenvoudig as definisies op sigself onderrig te word nie (dit het geen betekenis nie). Hulle sou ten beste in die konteks van 'n ondersoek gedoen kon word (bv. wanneer 'n speelding gemaak word of stroombane ondersoek word – weke 6 en 7) waar die leerders ervaar wat dit is om 'n ondersoek te beplan en uit te voer. Daar is baie geleenthede in die ander stringe (kwartale 2, 3 en 4), sowel as in toekomstige grade, vir leerders om hierdie vaardighede te ontwikkel. • 'n Stelsel word gemaak uit twee of meer dele wat saam werk. 'n Stelsel

dra energie oor van een plek na 'n ander.

AANTEKENINGE

oor HOE

LU 4.1.1 – 4.1.3

Bou 'n eenvoudige speelding (energiestelsel) wat aantoon hoedat energie vanaf 'n energiebron na kinetiese energie oorgedra word Voorgestelde ondersoek: Maak ’n eenvoudige speelding (bv. 'n 'garingtoltrekker').

Page 13: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 10 -

Stap 1 BEPLAN • Die onderwyser verduidelik dat leerders 'n energiestelsel in die vorm van

'n speelgoedtrekker gaan bou. • Laat leerders die materiale ondersoek (rekkie, garingtol – of enige

plastiekhouer van soortgelyke grootte soos 'n pillehouer ens. – 'n klompie vuurhoutjies, stukkie van 'n kers, 'n kort stokkie of potlood). Praat oor die bron van energie (opgewende rekkie) en die vorm van energie wat geproduseer word (beweging).

Stap 2 VOER UIT • Die onderwyser voorsien leerders van aanwysings (in die vorm van

diagramme en notas) oor hoe om die trekker te maak. • Leerders maak hul speelding, en stel dit dan op die proef.

rekkie kerswas potlood vuurhoutjie pilbottel of garingtol • Leerders meet om te sien hoe lank hul trekker kan bly beweeg, en of dit

langer beweeg indien die rekkie stywer opgewen word. Stap 2 EVALUEER Leerders probeer hul speelding uit, en bespreek maniere om die ontwerp indien nodig te verbeter. Stap 3 Leerders maak 'n tekening van hul speelding en beantwoord die volgende vrae: (1) Lys die dele van die energiestelsel (d.w.s. die rekkie, die langer stok deur

die middel, die garingtol of soortgelyke voorwerp). (2) Trek 'n vloeidiagram met pyle om aan te toon in watter rigting die energie

deur die stelsel vloei (d.w.s. waar dit begin en deur watter dele dit vloei). LET WEL: Die energie vloei vanaf die opgewende rekkie na die lang stok na

die garingtol. (3) Noem die vorm van energie in elke deel van die stelsel. (4) Noem die bron van energie in hierdie stelsel. (5) Watter vorm van energie is die bron? (6) Verduidelik hoedat die energie van die rekkie veroorsaak dat die trekker

beweeg. (7) Beweeg jou trekker langer as jy die rekkie stywer opwen? Verduidelik

waarom dit gebeur. (8) Noem enige ander situasies in die alledaagse lewe waar energie op

hierdie manier oorgedra word.

Uitgebreide leer: Beweeg jou trekker langer as jy die aantal windings vermeerder? Leerders kan tel hoeveel maal hulle die rekkie opwen en kyk hoe lank die speelding beweeg. Dan vermeerder hulle algaande die aantal windsels, en meet hoe lank dit elke keer beweeg. Hulle teken hul data in 'n tabel aan en evalueer dan hul resultate.

Page 14: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 11 -

OF Leerders kan verskillende speelgoed in groepe maak en dan hul energiestelsels beskrywe (teken en etiketteer). Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders: • Die dele van 'n energiestelsel identifiseer? • Beskrywe hoedat energie in die stelsel oorgedra word? • Die bronne en tipes energie binne 'n energiestelsel noem?

METODOLOGIE Praktiese werk met ondersteuning HULPBRONNE Naslaanboeke en hergebruikte materiale

NW stringe Materie en Materiale – eienskappe van materiale

INTEGRASIE Leerareas Tegnologie – stelsels en beheer, om tegnologiese prosesse en

vaardighede te ontwikkel. Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □

Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 7 ENERGIE-OORDRAG IN 'N ELEKTRIESE STROOMBAAN

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Stroombaan: elektrisiteit vloei in 'n sirkelvormige baan vanaf die bron na

die toestel en terug na die bron (en sal nie vloei tensy die baan voltooi is nie).

AANTEKENINGE

oor HOE

LU 4.1.1 – 4.1.2 4.3.1 – 4.3.2

Ondersoek: Hoedat energie in eenvoudige elektriese stroombane oorgedra word. Stap 1 BEPLAN Gee vir leerders elektriese komponente ('n battery (sel), 'n elektriese draad, 'n gloeilamp ens.) wat hulle sal gebruik om ondersoek in te stel oor hoe om 'n elektriese stroombaan te bou wat elektrisiteit daardeur laat vloei. Onderwysers moet genoeg tyd toelaat vir leerders om self te ontdek hoedat dit werk voordat hulle gehelp word. Stap 2 VOER UIT Leerders bou die stroombaan en ondersoek verskillende maniere om die stroombaan te verbeter. Indien die materiale beskikbaar is, kan leerders die uitwerking van die volgende bekyk: om meer batterye en meer gloeilampe by te voeg, om 'n gonser te gebruik, om 'n dun stukkie staalwol in die stroombaan te plaas en die hitte-energie waar te neem (dit word baie warm).

Page 15: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 12 -

Stap 3 EVALUEER Leerders teken en etiketteer die komponente van hul stroombaan (sel, draad, gloeilamp). Hulle teken pyltjies om die vloei van die elektrisiteit deur die stroombaan te toon. Hulle beantwoord vrae: (1) Noem die dele van hierdie energiestelsel. (2) Noem die vorm van energie in elke deel. (3) Beskrywe hoedat energie in die elektriese stelsel oorgedra word

(energiestelsel). (4) Noem die bron van energie in hierdie stelsel. (5) Skryf sinne om te verduidelik hoedat jy jou stroombaan gebou het. (6) Hoe het jy jou stroombaan verbeter sodat dit beter werk? (7) Wat gebeur met jou gloeilamp wanneer daar 'n gaping (onderbreking) in

die stroombaan is. Verduidelik waarom dit gebeur. Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders: • Die dele van 'n energiestelsel noem? • Die bronne en tipes energie binne elke deel van die stelsel noem? • Die oordrag van energie in 'n energiestelsel beskrywe? • 'n Eenvoudige elektriese stroombaan konstrueer, teken en etiketteer, en

beskrywe wat nodig is om dit te laat werk.

METODOLOGIE Praktiese werk HULPBRONNE Naslaanmateriaal

NW stringe

Materie en Materiale – eienskappe van materiale Planeet Aarde en Verder – impak van die opwek van elektrisiteit op die omgewing INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing, toegang tot basiese dienste en hulpbronne

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

WEEK 8 ENERGIE-OORDRAG IN DIE SAMELEWING / GEMEENSKAPPE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Inheemse kennis: kennis vanuit ons eie land • Tegnologie: dinge wat ons gebruik om ons lewens makliker te maak • Kulture: oortuigings en die manier waarop groepe mense lewe • Aardverwarming: ons atmosfeer wat verhit raak en rampe soos bv. erge

droogtes en oorstromings veroorsaak.

Page 16: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 13 -

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2 – 4.3

Energie-oordrag in die samelewing / gemeenskappe Stap 1 Leerders beskrywe verskillende stelsels vir die oordrag van energie in hul eie gemeenskap vandag en in die verlede. (Dinge wat hulle gebruik het om kos te kook, hul huise te verlig, hul klere te stryk, ens.). Leerders kan hul grootouers vra wat hulle vir sekere aktiwiteite gebruik het, bv. strykwerk, kook, ens., en dit vergelyk met wat ons vandag gebruik. Stap 2 Die onderwyser voorsien leerders van prente of werklike toestelle (lampe ens.) wat stelsels vir die oordrag van energie toon (bv. die stryk van klere, kook van kos, luister na die radio ens.) in 'n huis uit die verlede en 'n moderne huis. Leerders gebruik die prente om drie maniere te beskrywe waarop die oordrag van energie in die verlede plaasgevind het (bv. wanneer klere gestryk word) en vergelyk dit met die manier waarop dit vandag in 'n huis gebeur. (Vandag gebruik die meeste dinge elektrisiteit.) Stap 3 Leerders identifiseer die doel en nut van 'n energiestelsel (tegnologiese toestel) rondom hulle deur 'n tabel op te trek. Leerders vergelyk hul toestelle, en die doel en nut daarvan. Energiestelsels doel nut stoof gebruik elektriese energie om 'n metaalplaat te verhit maak kos gaar, kook water radio ontvang radioseine en sit dit om in klank luister na musiek, hoor die nuus, weervoorspellings, ens. Stap 4 Verduidelik aan leerders dat die meeste toestelle vandag elektrisiteit gebruik. Wanneer ons steenkool verbrand om elektrisiteit te produseer, word koolstofdioksied (CO2) vrygestel, en hierdie ekstra koolstofdioksied in die atmosfeer dra tot aardverwarming by. Stap 5 Leerders identifiseer maniere waarop energie bespaar kan word ten einde aardverwarming te minimaliseer. Leerders vors (gerig deur vrae vanaf die onderwysers) die skakel tussen die gebruik van energie en aardverwarming na. Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders: • Verskillende stelsels vir die oordrag van energie in hul eie gemeenskap

vandag en in die verlede beskrywe? • Die doel en nut van 'n energiestelsel identifiseer (tegnologiese toestel)? • Maniere identifiseer waarop energie bespaar kan word ten einde

aardverwarming te minimaliseer.

Page 17: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 14 -

METODOLOGIE Navorsing en bespreking HULPBRONNE Handboeke en ander naslaanmateriaal

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – lugbesoedeling en aardverwarming Materie en Materiale – eienskappe van materiale Lewe en Lewendes - aardverwarming en klimaatverandering en die impak daarvan op plante en diere. INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing Lewensoriëntering – persoonlike en fisiese ontwikkeling

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √ Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 9 VOEDSEL AS 'N ENERGIEBRON

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Kilojoule (kJ): die eenheid vir die meet van energie. • Voedsel as 'n energiebron. • Voedseletikette: bevat inligting oor voedingstowwe.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.1.1 – 4.1.3

Wetenskaplike ondersoek: Watter ontbytgraankos bevat die meeste energie? Stap 1 BEPLAN Leerders maak bydraes oor hoe om voedseletikette te ondersoek. Brink graankosbokse en voedseletikette. Verduidelik dat jy kan uitvind hoeveel energie 'n graankos bevat deur die etiket in Joule (kilojoule) per 100g-porsie te lees. Stap 2 VOER UIT Doen 'n opname van die gewildste graankosse wat deur die leerders in die klas geëet word. Doen 'n kontroletabel van die resultate. Kontroletabel Graankos Kontroleer (elke persoon wat hierdie graankos eet, word met 'n merkie aangeteken) Totale aantal wat hierdie graankos eet Graanvlokkies 1111 11 6

Page 18: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 15 -

Hawermout 11 2 Ens. Trek 'n staafgrafiek van die vyf gewildste graankosse. Lees die etikette met voedingswaardes van die vyf graankosse om uit te vind hoeveel energie hulle bevat, en stel 'n tabel van jou resultate op. Stap 3 EVALUEER Evalueer jou data deur die volgende vrae te beantwoord: Watter ontbytgraankos is die gewildste in jou klas? Watter een is die mins gewilde? Lys die vyf gewildste graankosse in dalende orde, vanaf die gewildste tot die mins gewilde. Van al die graankosse in die opname, watter een het die hoogste en watter die laagste energie-inhoud? Wat is die eenheid om energie in die graankosse te meet? Rangskik die graankosse in stygende orde, vanaf die laagste tot die hoogste energie-inhoud. Watter graankos sal jou die meeste energie vir oefening gee? Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: • 'n Kontroletabel en staafgrafiek teken en interpreteer? • Inligting op voedseletikette vind? • Sê watter eenheid gebruik word om energie in voedsel te meet?

METODOLOGIE Navorsing en Klasbesprekings HULPBRONNE Prente van voedseletikette en graankosse

NW stringe

Materie en Materiale – eienskappe van materiale Lewe en Lewendes – plantevoedsel

INTEGRASIE Leerareas

EBW – die ekonomiese siklus en die gebruik van hulpbronne Lewensoriëntering – persoonlike en fisiese ontwikkeling Sosiale Wetenskappe – voedselproduksie in Suid-Afrika

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing v Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □ Vertaaltaak √ Funksionele skryfwerk

√ Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

Page 19: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 16 -

WEEK 10 KONSOLIDERING EN FORMELE ASSESSERINGSTAAK 1

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.1.1 – 4.1.3 4.2.1 - 4.2.2

4.3.1 – 4.3.3

Konsolidering • Verbeel jou jy is die Minister van Energiesake Skryf 'n brief waarin jy

uitstippel hoedat mense kan help deur energie tuis en in die gemeenskap te bespaar.

• Maak 'n plakkaat vir die veilige gebruik van energie tuis. • Maak 'n geëtiketteerde tekening wat een manier toon waarop elektrisiteit

opgewek word. • In die energieketting: Son gras bok leeu, beskrywe hoedat

energie oorgedra word. • Verduidelik waarom 'n flits 'n stelsel is, teken en etiketteer die eenvoudige

elektriese stroombaan daarvan, en beskrywe wat nodig is om dit te laat werk. Noem ook die vorms van energie in hierdie stelsel, en sê waarom dit nuttig is.

• Kyk na die omslae van drie gewilde lekkers om uit te vind watter een die meeste energie bevat.

Voorbeeldassesseringstaak 1 behoort uit die volgende items te bestaan LO 2 AS 1 Wat weet jy van energie? LU 2 AS 2 Kategoriseer die volgende in twee groepe: 'energiebron' en 'aksies' LO 2 AS 2 Voltooi die tabel deur na 'n prent te verwys.

Benoem die energiestelsel Energiebron

Aksie Beskrywe hoe dit werk

LU 2 AS 1 Noem die hoofbron van energie in enige energieketting LU 2 AS 2 Beskrywe hoedat energie in 'n energieketting oorgedra word (skryf of teken) LU 3 AS 2: Gee die doel en nut van 'n flits. Noem die energiebron (opgebergde energie) en verskillende vorms van energie in 'n flits.

METODOLOGIE Assessering NW

stringe Materie en Materiale – eienskappe van materiale Lewe en Lewendes – voedselenergie

INTEGRASIE Leerareas

Tegnologie – energiestelsels; Lewensoriëntering – persoonlike en fisiese ontwikkeling Sosiale Wetenskappe – gelyke toegang tot voedsel en water

batterye Vuur wat brand

Pop wat praat

Page 20: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 17 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □

Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk □

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □ Voorleggings

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

Page 21: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 18 -

KWARTAAL 2: MATERIE EN MATERIALE

WK 11 - 12 INLEIDING TOT WETENSKAP

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Materie: alles op aarde en in die heelal is van materie gemaak. Materie is

van atome gemaak • Materiale: vaste stowwe word in groepe verdeel, bv. metale, erdeware en

polimere ens. • Eienskappe: hoedat iets lyk en voel, wat dit doen, bv. kleur, hardheid,

ens. • Stowwe tipes materie wat in die natuur kan bestaan of wat gemaak kan

word • Mengsels: twee of meer stowwe wat gemeng word sodat hulle eweredig

versprei is • Klassifikasie: Die rangskikking van voorwerpe of lewende organismes in

verwante groepe volgens hul ooreenkomste.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 1 – 3

Stap 1 Vra die Grondslagfase-onderwyser watter wetenskapwerk gedoen is. Vra leerders wat hulle van materie en materiale weet. Maak ’n breinkaart op die bord met gebruikmaking van leerders se idees. Bespreek idees en korrigeer waar nodig. Stap 2 Hersien kortliks die volgende uit Graad 3: • Suiwer stowwe en mengsels • Veranderings in mengsels waargeneem • Kleurveranderings wanneer mengsels gemaak word, bv. voedselkleurstof

of verf • Klassifikasie van materiale. Stap 3 Toon werklike voorwerpe en prente van voorwerpe wat van verskillende soorte materie en materiale gemaak is. Vra of hulle suiwer stowwe is, of van mengsels van materie en materiale gemaak is. Wys en benoem 'n paar materiale, bv. glas, metale, water, lug, rubber ens. Bespreek kleurveranderings wanneer mengsels gemaak word, bv. voedselkleurstof of verf. Stap 4 Leerders • Noem dinge wat van materie of materiale gemaak is • Teken en skryf om te verduidelik hoe om 'n mengsel te maak, deur bv

jellie te maak, of die kleur van verwe te verander deur hulle te meng. • Verander party dinge wanneer hulle gemeng word? Leerders beskrywe dit

indien daar veranderings is. Stap 5 Leerders meng nou vloeistowwe soos verf of voedselkleurstof. Teken en skryf om enige veranderings te verduidelik. Stap 6 Vra leerders om na die voorbeelde van voorwerpe te kyk wat van glas, metale, water, lug, rubber, skuim ens. gemaak is, en beskrywe hul eienskappe (kleur, tekstuur, hardheid, buigbaarheid, ens.).

Page 22: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 19 -

Leerders maak 'n paar voorwerpe van gevonde materiaal, bv. 'n pop, speelgoedmotortjie, ens. Hulle wys en vertel en beskrywe die eienskappe van die materiaal wat hulle gebruik het. Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Die verskil tussen 'n suiwer stof, bv. water, en 'n mengsel soos jellie

korrek aandui? • Die veranderings wanneer mengsels gemaak word, akkuraat beskrywe? • 'n Paar voorwerpe noem en hul eienskappe korrek beskrywe? • 'n Speelding maak, en die eienskappe van die materiaal wat hulle gebruik

het, beskrywe?

METODOLOGIE Klasbespreking, wys plakkate, prente en tydskrifte.

HULPBRONNE Verskillende voorbeelde van materiale wat vaste stowwe, vloeistowwe en gasse insluit. Werkblad van aktiwiteite, plakkate, tydskrifte, voedselkleurstowwe en verf.

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – Aardmateriale, materiale wat natuurlik voorkom en mensgemaakte materiale. INTEGRASIE Leerareas

Tegnologie – eienskappe van materiale Kuns en Kultuur – primêre en sekondêre kleure en die kleurwiel.

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte √

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering √

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 13 FASES VAN MATERIE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Materie: alles op aarde en in die heelal is van materie gemaak. Materie is

van atome gemaak. Materie het massa en beslaan ruimte • Vaste stof: materie met 'n vaste vorm; beslaan ruimte; kan nie afgeskink

word nie • Vloeistof: kan afgeskink word; neem die vorm van die houer aan; beslaan

ruimte • Gas: materie met geen vaste vorm nie • Smelt: Wanneer 'n vaste stof verhit word en dit in 'n vloeistof verander • Stol: Wanneer 'n vloeistof afkoel (hitte verloor) en in 'n vaste stof verander • Verdamp: Wanneer 'n vloeistof verhit word en in 'n gas verander • Kondenseer: Wanneer 'n gas afkoel (hitte verloor) en in 'n vloeistof

verander • Hitte-energie beweeg altyd vanaf 'n warmer plek na 'n koeler plek of

voorwerp

Page 23: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 20 -

• Energieverlies: Wanneer materie energie vrystel omdat die omgewing

koeler is • Energiewins: Wanneer materie energie absorbeer omdat die omgewing

warmer is.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.1 ; 4.2.2

Stap 1 Voer die terme vaste stof, vloeistof en gas in. Gebruik voorbeelde soos Coke of Soda Stream (gemaak van 'n bruin vaste stof in poeiervorm, die vloeistof water, en die gas koolstofdioksied) om te verduidelik dat baie dinge uit mengsels van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse gemaak word. Stap 2 Gebruik baie alledaagse voorwerpe en vra leerders om hulle in drie groepe te sorteer (vaste stowwe, vloeistowwe en gasse). Hersien die fases van materie: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. Stap 3 Neem voorbeelde van vaste stowwe: sjokolade, roomys, ys. Vra leerders om te voorspel: wat dink jy sal gebeur as ons hierdie dinge verhit? Stap 4 Demonstrasie om te wys dat vaste stowwe, vloeistowwe en gasse van fase verander wanneer hulle verhit word, en weer terug verander wanneer hulle verkoel word (hitte verloor). Gebruik baie verskillende alledaagse stowwe. Vaste stowwe verander in vloeistof wanneer hulle verhit word (energie bykry) • Verwarm jellie uit die yskas. Dit smelt en word 'n vloeistof, verkoel dit en

dit word weer 'n vaste stof (dit stol). • Verhit 1 teelepel suiker totdat dit smelt (toffie word), dit stol weer wanneer

dit afgekoel word. Vloeistowwe verander in gas wanneer hulle verhit word en terug in vloeistof wanneer dit afgekoel word. • Verhit water of gebruik enige sap of koeldrank; dit kook en verander in

waterdamp (gas). • Kook vloeistof en hou 'n koue bord bo die kokende vloeistof; druppels

vloeistof vorm op die bord (waterdamp kondenseer). Stap 5 Leerders kan oor hul waarnemings van die veranderings in fases in elke eksperiment teken en skryf. Stap 6 Leerders kan ander voorbeelde van faseveranderings tuis (bv. kook- en bakwerk) en wanneer in 'n garage gewerk word (bv. soldeerwerk) identifiseer en beskrywe. Step7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Korrek verduidelik hoedat smelt, stol (of vries), verdamp (kook), en

kondenseer plaasvind? • Vind en beskrywe goeie voorbeelde van die bogenoemde prosesse in die

alledaagse lewe. Beklemtoon veiligheid wanneer daar met hitte gewerk word.

Page 24: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 21 -

METODOLOGIE Demonstrasie; skryf, teken of gebruik prente; bespreking; doen waarnemings

HULPBRONNE Voorwerpe wat verhit moet word; beskikbare bron van hitte, bv. spiritusbrander of kers; vuurhoutjies; retortstaander; aktiwiteitswerkblaaie, plakkate, tydskrifte ens.

NW stringe

Energie en Verandering – die rol van energie in prosesse Planeet Aarde en Verder – natuurlike materiale wat in verskillende fases voorkom. INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – prosessering en eienskappe van materiale

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte √

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertalingtaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering √

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 14 - 15 OPLOS VAN STOWWE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Oplos: wanneer 'n vaste stof met 'n vloeistof gemeng word en dit lyk asof

dit in die vloeistof verdwyn • Mengsel van 'n vaste stof en 'n vloeistof: Wanneer 'n vaste stof met 'n

vloeistof gemeng word, maar ons nog steeds die vaste stof in die vloeistof kan sien

• Stowwe: tipes materie wat in die natuur kan bestaan of wat gemaak kan word.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.1 – 4.2

Wetenskaplike ondersoek Watter stowwe is oplosbaar en watter is onoplosbaar in water? Wat is die beste temperatuur vir stowwe om behoorlik op te los? Die volgende is 'n riglyn om 'n wetenskaplike ondersoek op te stel. Scenario: Dit is Moedersdag. Jy wil jou moeder met 'n lekker koppie koffie in die bed verras. Stap 1 BEPLAN Noem die stowwe wat jy nodig het om 'n koppie koffie te maak (bv. koffie, poeiermelk, suiker) Leerders beskrywe wat hulle van koffie, poeiermelk en suiker weet. Stap 2 VOER UIT Toets elke stof indiwidueel in koue en warm water om te sien of dit oplos. Gebruik dieselfde prosedure in albei eksperimente, bv. dieselfde aantal roerbewegings, dieselfde hoeveelheid suiker, ens. Verduidelik die volgende:

Page 25: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 22 -

Oplosbare stowwe Wanneer 'n stof opgelos het, sal dit lyk asof dit in die vloeistof verdwyn het. Daar is geen deeltjies sigbaar nie. Die oplossing is soos glas – jy kan deur die vloeistof sien. As jy die vloeistof vir 'n ruk laat staan, sal die deeltjies nie uitskei nie. Onoplosbare stowwe Wanneer 'n stof nie opgelos het nie, sal die mengsel korrelrig of melkerig lyk. Jy kan nie daardeur sien nie, en die deeltjies sal na 'n ruk onder in die houer afsak. Stap 3 Maak 'n tabel om die resultate vanaf stap 2 hierbo aan te teken. Die kolomopskrifte bo-aan die tabel sal die volgende wees: Warm water, Koue water. Die opskrifte vir rye teen die kant van die tabel sal die volgende wees: Koffie, Melkpoeier, Suiker. Die leerders sal in die betrokke blokkies in die tabel invul of die stowwe oplos of nie. Stap 4 Teken en skryf om te verduidelik wat met koffie, melkpoeier en suiker gebeur wanneer dit met warm of koue water gemeng word. Stap 5 Leerders beantwoord vrae: • Los al drie die stowwe in water op? • Watter stowwe meng met water maar los nie op nie? • Watter stowwe los op? • Maak warm water 'n verskil (verduidelik)? Stap 6 EVALUEER Vertel klasmaats van waarnemings tydens die ondersoek. Bespreek in groepe: Suggereer soortgelyke oplos- en mengprosesse in die alledaagse lewe. (bv. om koeldrankpoeier en water te meng, melkskommels te maak, ens.) Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Korrek herken wanneer 'n stof opgelos het en wanneer 'n stof nie opgelos

het nie? • Die verskil tussen oplosbaar en nie oplosbaar verduidelik? • Die stappe van die ondersoek uitvoer, en die resultate korrek aanteken? • Aan goeie voorbeelde van oplossings en mengsels in die alledaagse lewe

dink?

METODOLOGIE Doen eksperimente; besprekings; ondersoek

HULPBRONNE Werkblad, koue en warm water, stowwe om op te los, bv. koffie, poeiermelk en suiker, lepel, koppies.

NW stringe

Energie en Verandering – die rol van energie in prosesse Planeet Aarde en Verder – materie en materiale in die natuurlike wêreld, bv. die see is sout INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – eienskappe en materiale

Page 26: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 23 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □

Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □ Vertaaltaak √ Funksionele skryfwerk

√ Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WK 16 - 17 SMELTENDE YS EN KOOKWATER

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Materie: alles op aarde en in die heelal is van materie gemaak. Materie is

van atome gemaak. Materie het massa en beslaan ruimte • Vaste stof: materie met 'n vaste vorm; beslaan ruimte; kan nie afgeskink

word nie • Vloeistof: kan afgeskink word; neem die vorm van die houer aan; beslaan

ruimte • Gas: materie met geen vaste vorm nie • Smelt: Wanneer 'n vaste stof verhit word en dit in 'n vloeistof verander • Stol: Wanneer 'n vloeistof afkoel (hitte verloor) en in 'n vaste stof verander • Verdamp: Wanneer 'n vloeistof verhit word en in 'n gas verander • Kondenseer: Wanneer 'n gas afkoel (hitte verloor) en in 'n vloeistof

verander.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.1.1 – 4.1.3

Wetenskaplike ondersoek - Wat gebeur wanneer ons ys smelt? Wat gebeur wanneer ons water kook? Scenario: Ons gebruik water vir verskillende doeleindes: om te was, tuin te maak, te kook en te drink Stap 1 BEPLAN Noem die eienskappe van water met betrekking tot die gebruik daarvan. Ons gebruik dit om kos gaar te maak. Dit los vuilheid op wanner ons was. Ons kan dit giet en sprinkel – om plante nat te maak ens. Maak bydraes oor wat bekend is in verband met water wanneer dit in verskillende fases is (ys, water, waterdamp, hael, sneeu, stoom, ens.) Identifiseer interessante aspekte van water om ondersoek te word (bv. Smelt, Kook, Vries, Verdamp, Kondenseer) Vra die volgende vrae: Om te smelt Wat gebeur wanneer ons ys verhit? Smelt ys by 'n spesifieke temperatuur?

Page 27: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 24 -

Om te kook Wat gebeur wanneer water kook? Wat moet ons met water doen om dit te laat kook? Hoe weet ons wanneer water kook? Kook water by 'n spesifieke temperatuur? Stap 2 Onderrig leerders om termometers te gebruik en temperatuur in grade Celsius (°C) aan te teken Stap 3 VOER UIT Verhit ys – om te smelt Verhit gebreekte ys totdat dit smelt – in water verander (vaste stof na vloeistof) Neem die veranderings waar en meet die temperatuur elke vyf minute terwyl die ys verhit word totdat dit alles gesmelt het. Verhit water – om te kook Verhit water totdat dit kook, en doen waarnemings en/of neem die temperatuur elke 5 minute. Stap 4 Maak 'n sigsagboek om waarnemings en metings te teken en te skryf. Stap 5 Trek 'n grafiek van die temperatuurveranderings. Tyd op die horisontale X-as. Temperatuur op die vertikale Y-as. Onderrig leerders om 'n grafiek te trek en die stande van die termometer op te teken. Stap 4 EVALUEER Leerders beantwoord vrae: Om te smelt: By watter temperatuur begin die ys te smelt? Hoe lank neem dit om heeltemal te smelt? Wat is die temperatuur van die water wanneer al die ys gesmelt het? Om te kook: By watter temperatuur begin die water om klein borrels te maak? By watter temperatuur begin die water om stoom af te gee? By watter temperatuur begin die water om groot stoomborrels af te gee? By watter temperatuur begin die waterkook? Stap 5 Verken ander stowwe wat van fase kan verander wanneer dit verhit word (bv. margarien, sjokolade, malvalekkers, jellie, roomys, pannekoekdeeg, ens.). Stap 6 Ondersoek en skryf en teken hoedat die fases van water gebruik kan word (bv. bevriesing om kos te laat hou, stoom om kos sag te maak, stoom (waterdamp) word gebruik om turbines aan te dryf, ens.). Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Die stappe van die ondersoek uitvoer en 'n termometer korrek gebruik? • Hul waarnemings en metings akkuraat aanteken? • 'n Grafiek van hul resultate trek, wat die volgende bevat: skaal,

geëtiketteerde asse, opskrif vir die grafiek, korrek opgetekende metings?

Page 28: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 25 -

• Vrae oor hul ondersoek korrek beantwoord? • Goeie voorbeelde vir die gebruik van kook en bevries uit die alledaagse

lewe vind? • Oor voorbeelde van kook en vries skryf, en met etikette teken, op 'n wyse

wat begrip en korrekte inligting weerspieël.

METODOLOGIE Bespreking; ondersoek

HULPBRONNE Werkblad; koue water; ysblokkies; beskikbare bron van hitte, bv spiritusbrander of kers; retortstaander; beskermende handskoene; termometers

NW stringe

Energie en Verandering – die rol van energie in prosesse INTEGRASIE

Leerareas Wiskunde – meting, grafieke Tegnologie – eienskappe van materiale

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering √

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 18 EIENSKAPPE VAN MATERIALE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Materie: alles op aarde en in die heelal is van materie gemaak. Materie is

van atome gemaak. Materie het massa en beslaan ruimte • Materiale: vaste stowwe word in groepe verdeel, bv. metale, erdeware en

polimere ens. • Klassifiseer: Die rangskikking van voorwerpe of lewende organismes in

verwante groepe volgens hul ooreenkomste • Kategoriseer: sorteer/ om dinge saam te groeper wat dieselfde sigbare

hoedanighede of eienskappe het • Eienskappe: hoe iets lyk, voel, en wat dit doen, bv. buigbaarheid,

hardheid, tekstuur, kleur, oplosbaarheid, ens. • Metale: blink, hard, smeebaar, suiwer stowwe soos yster, koper, goud en

silwer. Word in voorwerpe gemaak soos spykers, pype, metaalskerpmaker, metaallineaal

• Erdeware: Voorwerpe wat van gebakte klei gemaak word, bv. porseleinkoppies, pierings, borde, glas

• Polimere: plastiek en vesels wat van plastiek gemaak word, bv. poliëster • Natuurlike vesels: lang, slap, sterk stringe wat van plante of diere

afkomstig is, bv. in hout en papier, katoen, wol, linne ens.

Page 29: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 26 -

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.1 – 4.2.2

Stap 1 Leerders versamel 10 verskillende en interessante voorwerpe om te beskrywe. Hulle klassifiseer die 10 voorwerpe in twee groepe, en verduidelik die redes waarom hulle in die twee groepe geplaas is. Leerders sal van mekaar verskil. Die bespreking is goed, want hulle sal begin om die eienskappe van materie te beskrywe. Stap 2 Bring verskillende voorwerpe, bv. boek, potlood, bottel, koppie, lepel, plaat kommetjie Stap 3 Bespreek die materiale waarvan hulle gemaak is (papier, hout, glas, erdeware, plastiek) met verwysing na die eienskappe van daardie materiale: tekstuur, sterkte, kleur, buigbaarheid, hardheid en oplosbaarheid. Stap 4 Maak ’n vergelykingstabel. (Rangskik die tabel met kolomopskrifte papier, hout metale polimere, glas, erdeware oor die bokant van die bladsy. Rangskik die rye langs die kant van die bladsy af, met die eienskappe: tekstuur, sterkte, kleur, buigbaarheid, hardheid en oplosbaarheid. ) Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Sê wat die verskil is tussen metaal, glas, polimere, papier, hout en

erdeware, ens. • Die eienskappe van die materiale korrek beskrywe?

METODOLOGIE Groepbesprekings; praktiese ervarings (verken)

HULPBRONNE Verskillende voorbeelde van materiale wat glas, polimere, papier, hout en erdeware insluit. Werkblad van aktiwiteite, plakkate, tydskrifte, handboeke, ens.

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – verskillende tipes materiale, bv. klei en metaal Natuurlike en sintetiese materiale INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – eienskappe en gebruike van materiale Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □

Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □ Vertaaltaak √ Funksionele skryfwerk

√ Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

Page 30: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 27 -

WEEK 19 VOORSTELLE VIR KONSOLIDERING

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2 – 4.3

Hersien vorige konsepte o Eienskappe van materiale: Maak iets met materiale om gebruik te maak

van hul eienskappe bv. breiwerk, weefwerk, maak van 'n skuiling, ens. o Fases van materie: Gebruik toepaslike materiale om faseveranderings

aan te toon (bv. brood bak, jellie maak, hout lym, ens.). Skryf, maak en teken.

o Om op te los: Ondersoek, skryf en bied maniere aan waarop oplosbare en onoplosbare stowwe in die alledaagse lewe gebruik word (bv. medisynes, kookwerk, verfwerk, ens.)

o Om te smelt en te kook: Lees inligting oor hoedat stoomenjins gewerk het. o Lees resepte oor hoe om roomys te maak. Maak ys-suigstokkies. o Klasse materiale: Doen 'n opname en teken alle materiale aan wat tuis

gebruik word. Maak 'n tabel om hulle in hul verskillende klasse te sorteer.

METODOLOGIE Besprekings; vrae en antwoorde; aktiwiteite

HULPBRONNE Behoort in lyn te wees met die hersieningsoefeninge en die vereistes van die finale Formele Assesseringstaak.

NW stringe Energie en Verandering – die rol van energie in prosesse

INTEGRASIE Leerareas Tegnologie – om eienskappe en gebruike van materiale te

verstaan Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □

Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertalingtaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 20 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 2

WETENSKAP-

LIKE GELETTERD-

HEID

Hersien vorige konsepte.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.1

Wetenskaplike ondersoek Wat is die vinnigste manier om koeldrankpoeier op te los? Scenario: Leerders gaan 'n uitstappie onderneem. Hulle wil koeldrank saamneem. Hulle moet hul koeldrank met 'n poeier aanmaak (bv. Cool Aid, Game, ens.).

Page 31: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 28 -

Stap 1 BEPLAN • Noem 'n paar van die eienskappe van water wat dit vir ons nuttig maak. • Voorspel: Verduidelik wat jy dink die beste manier is om die poeier op te

los. • Leer die leerders hoe om maatsilinders of maatbekers te gebruik (meet

die water in milliliters (ml)). Stap 2 VOER UIT Neem drie glase of bekers water. Sit yswater in een glas, kraanwater in 'n ander een, en warm water in die derde glas. Meet dieselfde hoeveelheid water in elke glas af. Sit dieselfde hoeveelheid koeldrankpoeier in elke glas en roer driemaal. Stap 3 Hou tyd hoe lank dit vir die koeldrankpoeier neem om op te los. Tel in sekondes (een & twee & drie ens.) totdat al die poeier opgelos is. Of meet die minute en sekondes met 'n horlosie. Stap 4 Teken jou bevindings in ’n tabel aan. Die opskrifte vir die kolomme aan die bokant van die tabel: Yswater, Kraanwater, Warm water. Die opskrif vir rye teen die kant van die tabel: Tyd geneem om op te los. Stap 5 Help leerders om 'n staafgrafiek te trek wat die verskillende tye aantoon wat dit geneem het om die poeier op te los. Horisontale X-as: maak 'n afsonderlike staaf vir elk van: Yswater, Kraanwater, Warm water. Vertikale Y-as: Tyd geneem om op te los. Stap 6 EVALUEER Bespreek 'n paar interessante afleidings wat 'n mens kan maak as jy na die resultate van die ondersoek kyk. Beantwoord vrae: Watter watertemperatuur neem die langste tyd om die poeier op te los? Watter watertemperatuur neem die kortste tyd om die poeier op te los? Wat anders kon ons nog gedoen het om die poeier te laat oplos? (dit geroer het, geskud het, die water gekook het, ens.) Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Die stappe van die ondersoek uitvoer en maatsilinders/ -bekers korrek

gebruik? • Hul waarnemings en metings akkuraat aanteken? • 'n Grafiek van hul resultate trek, wat die volgende bevat: skaal,

geëtiketteerde asse, opskrif vir die grafiek, korrek opgetekende metings? • Vrae beantwoord wat begrip en korrekte inligting weerspieël? Die onderwyser kan ook die Formate vir Ondersoek en Assessering in Bylae A gebruik

WEEK 21 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 3

WETENSKAP-

LIKE GELETTERD-

HEID

Hersien vorige konsepte.

Page 32: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 29 -

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2 – 4.3

Berei 'n Assesseringstaak voor waarin die leerders in staat behoort te wees om wetenskaplike kennis te onthou wat op die volgende gebaseer is (LU 2):

- Eienskappe van materiale - Fases van materie - Oplos van stowwe - Smelt, kook, vries, verdamp, kondenseer van stowwe.

Verder behoort die Assesseringstaak die verhouding tussen Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing te weerspieël (LU 3).

- Hoe pas die eienskappe van materiale in ons daaglikse lewens? - Waarom is dit belangrik om te weet, met spesiale verwysing na water,

dat materie verander? - Hoe sou die oplos van 'n verskeidenheid stowwe 'n rol speel in die

mengsels wat ons van dag tot dag voorberei? (melkskommel, graankos, ens.)

- Waarom is dit belangrik om te weet dat wanneer hitte na 'n stof gebring word, daar moontlik veranderings in die fase van hierdie stof kan plaasvind? (Bv. van 'n vaste stof na 'n vloeistof / van 'n vloeistof na 'n gas, ens.)

Page 33: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 30 -

KWARTAAL 3: LEWE EN LEWENDES

WK 21 vervolg INLEIDING TOT WETENSKAP - Deel 1

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Dele van die liggame van mense en diere en hul funksies, bv. kop, rug oë

ens. • Mense en diere het soortgelyke liggaamsdele met dieselfde funksies • Lewende organismes benodig voedsel, water en lug • Plante en diere verander met die dat hulle groei, en die seisoene

verander.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.1 – 4.3

Stap 1 Vra die Grondslagfase-onderwyser watter wetenskapwerk gedoen is. Stap 2 Leerders vertel die onderwyser wat hulle van die mens se liggaamsdele, en die funksie daarvan, weet. Leerders etiketteer die dele van die mens se liggaam op 'n prent, en dui die doel (funksie) van elke deel aan. Stap 3 Leerders gee ooreenkomste tussen die mens se liggaamsdele en diere se liggaamsdele (bv. 'n hond) deur twee prente te vergelyk. Leerders voltooi 'n tabel.

Mens Hond

hande

voorpote

ens. Stap 4 Noem dinge wat diere en plante nodig het om te lewe en te oorleef (voedsel, water en lug). Stap 5 Plante en diere verander met die dat hulle groei, en die seisoene verander. • Leerders kry prente om hierdie verandering in mense of diere oor die jare

heen te toon, en skryf sinne om die veranderings te beskrywe. • Leerders kan 'n lewenslyn van hul eie lewens teken en illustreer. Hulle

toon hul eie verandering en ontwikkeling met die verloop van tyd.

Uitgebreide leer: Leerders kan diere in verskillende dele van die wêreld beskrywe, en aantoon hoedat hulle van ons diere verskil.

Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Dele van die menslike liggaam etiketteer en die doel daarvan beskrywe? • Ooreenkomste tussen die mens se liggaamsdele en ander diere se

liggaamsdele aantoon? • Beskrywe hoedat plante en diere met die verloop van tyd verander? • Beskrywe hoedat plante en diere soortgelyke behoeftes het?

Page 34: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 31 -

METODOLOGIE Klasbespreking, leerders knip prente uit, sorteer en klassifiseer prente in groepe, voltooi tabel, skryf eie notas.

HULPBRONNE Tydskrifte, prente van plante en diere NW

stringe Planeet Aarde en Verder – belangrikheid van aardmateriale (lug, water, grond) om lewe in stand te hou INTEGRASIE

Leerareas Lewensoriëntering – persoonlike en fisiese ontwikkeling, belangrikheid van 'n gebalanseerde dieet

WEEK 22 INLEIDING TOT WETENSKAP - Deel 2

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Afhanklikheid: plante en diere kan nie sonder mekaar oorleef nie • Gewasse: plante wat op 'n groot skaal vir voedsel of ander gebruike

gekweek word • Teel: om voort te plant • Siektes: iets wat veroorsaak dat 'n mens siek is • Verskeidenheid: baie verskillende soorte plante en diere

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.1 – 4.3

Stap 1 Beantwoord die volgende vrae: Wat het ons nodig om te lewe? Wat het diere nodig om te lewe? Waar kom die voedsel vandaan? Wat kan ons doen om genoeg groente en vleis te hê om te eet? (Ons kan gewasse kweek en diere teel vir voedsel) Stap 2 Daar is ’n verskeidenheid diere • Leerders sorteer prente van diere in groepe volgens ooreenkomste tussen

hulle, bv. diere met vere, diere met hare, diere wat in die water lewe, ens. • Leerders plak prente saam van diere wat aan dieselfde groep behoort, en

skryf dan die hoedanighede neer wat elke groep diere van die ander onderskei. Dit kan eers in puntvorm gedoen word, waarna die leerders sinne oor elke groep skryf, bv.: Ek het die kat, hond en leeu saam gegroepeer omdat hulle almal hare, kloue, en lang skerp tande het.

Stap 3 Daar is ’n verskeidenheid plante • Elke leerder bring 4-5 plante. Hulle sorteer die plante in verskillende

groepe op grond van ooreenkomste. • Hulle skryf die redes vir hul groeperings neer. Stap 4 • Leerders kies dan twee verskillende plante, teken en etiketteer elke plant,

en maak dan 'n vergelykingstabel, d.w.s. dinge wat soortgelyk en dinge wat verskillend tussen die plante is.

• Hulle skryf 'n paragraaf om die ooreenkomste, en 'n paragraaf om die verskille te beskrywe.

Stap 5 Oordrag van siektes deur diere na mense • Leerders vertel die onderwyser wat 'n kiem is, en waar kieme vandaan

kom.

Page 35: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 32 -

• Hulle beskrywe hoedat kieme deur diere versprei word en in ons liggame

beland.(Die onderwyser kan prente gebruik, of 'n woordkassie met leidrade gee waaruit leerders die korrektes kies.)

• Die onderwyser verduidelik van organismes wat water (strome en riviere) besoedel en mense siek maak.

• Leerders identifiseer diere in die huis en omgewing wat kieme dra, bv. bosluise, vlieë, rotte en muise.

Stap 6 Voedsel en kulturele diversiteit • Leerders noem tipes voedsel wat deur verskillende kulture geniet word,

bv. Moslems, Jode, Afrika-mense • Leerders kan verduidelik waar voedsel vandaan kom. Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Diere op grond van hul ooreenkomste in groepe sorteer, en die redes vir

die groepering neerskryf? • 'n Plant teken en etiketteer? • Die ooreenkomste en verskille tussen plante beskrywe? • Plante op grond van hul ooreenkomste in groepe sorteer, en die redes vir

die groepering neerskryf? • Beskrywe hoedat siektes na mense oorgedra word, en diere identifiseer

wat siektes oordra? • Insien dat daar kultuurverskille is in die voedsel wat deur verskillende

kulture geëet word.

METODOLOGIE Verwys na dinge om hulle of gebruik flitskaarte, wys prente, handboeke, interaksie met ander klasmaats, bespreek en sorteer in hul groepe

HULPBRONNE Handboeke, plakkate, prente, en dinge om hulle heen (onmiddelike omgewing)

NW stringe

Energie en Verandering – oordrag van voedselenergie in ekostelsels Materie en Materiale – materie gaar energie op INTEGRASIE

Leerareas Kuns en Kultuur – voedsel van verskillende kulture Sosiale Wetenskappe – mense, hulpbronne en die omgewing

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

Page 36: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 33 -

WEEK 23 LEWENSPROSESSE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Lewensprosesse: kenmerke van alle lewende organismes • Voeding: om voedsel in te neem • Asemhaling: die handeling waardeur lug ingeneem word wat ryk aan

suurstof is, en lug uitgeblaas word wat ryk aan koolstofdioksied is • Ontlasting: die verwydering van afvalprodukte deur 'n lewende organisme • Voortplanting: om meer van dieselfde soort te produseer • Gevoeligheid vir lig en hitte: respondeer op lig en hitte • Beweging: kan self beweeg • Groei: 'n permanente toename in grootte en massa van 'n organisme.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.1 – 4.2.2

Stap 1 Die onderwyser hou twee voorwerpe op, die een lewend en die ander nie-lewend (bv. 'n klip en 'n dier of prent van 'n dier), en vra leerders watter die lewende organisme en die nie-lewende voorwerp is. Die onderwyser maak ’n breinkaart van leerders se idees. Stap 2 Leerders beskrywe (skryf kort aantekeninge) oor die lewensprosesse van mense, diere en plante. Die onderwyser verseker dat alle prosesse verduidelik en verstaan is. Stap 3 Leerders bring hul eie voorbeelde van lewende organisme en nie-lewende voorwerpe. OF Leerders gaan na buite op die skoolgrond en maak 'n lys van lewende en nie-lewende dinge. In hul groepe kontroleer en bespreek hulle mekaar se lyste (portuurassessering). Stap 4 Leerders kategoriseer items in groepe: lewend, nie-lewend, nooit geleef nie, kan weer leef bv. saad. Leerders skryf 'n paragraaf om te beskrywe waarom die voorwerpe en organismes op daardie manier gegroepeer is – wat maak iets lewend of nie-lewend? Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Organismes in groepe sorteer: lewend, nie-lewend, nooit geleef nie, kan

weer leef – en redes vir hul groepering gee? • Die lewensprosesse beskrywe wat alle lewende organismes ondergaan?

METODOLOGIE Klasbespreking, groepwerk, voorwerpe buite waarneem, prente en voorwerpe sorteer, leerders skryf beskrywings in eie woorde.

HULPBRONNE Handboeke, prente, flitskaarte, items (lewend en nie-lewend), plakkaatmateriaal en tydskrifte indien beskikbaar

NW stringe Materie en Materiale – eienskappe van materie INTEGRASIE

Leerareas Taalstruktuur (vergelykings)

Page 37: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 34 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □

Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte √

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 24 SINTUIE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Sintuie: 'n orgaan of liggaamsdeel wat gevoelig is vir 'n stimulus soos klank, aanraking of lig • Sig: die vermoë om te sien (lig waar te neem) • Gehoor: die vermoë om te hoor (klanke waar te neem) • Smaak: die vermoë om te proe (om soet, suur, sout en bitter in die mond

waar te neem) • Tassin (gevoel): die vermoë om aanraking en druk waar te neem • Reuksin: die vermoë om reuke met die organe in die neus waar te neem • Gevoeligheid (doel van die sinne): om in staat te wees om met

gebruikmaking van die sinne op stimuli te respondeer Die sinne ontvang die stimulus, wat ons in staat stel om op ons omgewing te respondeer.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.1

Stap 1 Die onderwyser vra leerders hoedat hulle van die dinge om hulle heen weet, bv. dat die kos kook, dat die water koud is, dat die wind waai, ens. Die onderwyser verduidelik oor die vyf sintuie en die betrokke organe. Leerders voltooi dan die volgende tabel: Stimulus (gebeurtenis) Hoe word dit waargeneem? Orgaan wat gebruik word Gevoel Wind wat waai Sien oë sig Kos wat kook Reuk neus ruik

Page 38: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 35 -

Stap 2 Die onderwyser stel verskillende werkstasies vir leerders op. Hulle ervaar stimuli deur hul verskillende sintuie: • Sig (kaleidoskoop) • Gehoor (bande, sang, hande klap ens.) • Smaak (wit stowwe: suiker, sout, Panado, mieliemeel, meelblom) • Tassin (verskillende voorwerpe in 'n sak) • Reuksin (verskillende vrugte) • Gevoeligheid (steek een hand in warm water, en plaas dan altwee hande

in koue water). Leerders skryf beskrywings, met gepaste sintuigwoorde, vir elke ervaring. Bv. Ek sien pragtige kleurpatrone in die kaleidoskoop. Ek gebruik my oë, en dit staan as my sigsintuig bekend. Stap 3 • Leerders beskrywe hoedat hulle dink 'n dier se sintuie hom help om in sy

omgewing te oorleef. Die onderwyser gee prente van diere, bv. 'n leeu buite in die veld. Leerders bespreek in hul groepe watter soort stimulus hulle dink dat 'n leeu van sy omgewing ontvang. Bv. dit kan die bok, water, ens. ruik. Hoe respondeer dit op hierdie stimuli? Bv. dit jag die bok, vind die water, ens.

• Leerders maak 'n geëtiketteerde tekening om die stimuli en response van baie verskillende diere te beskrywe.

Stap 4 Identifiseer tegnologiese toestelle wat mense help wat die gebruik van hul sintuie verloor het. Leerders doen navorsing en skryf 'n verslag oor minstens twee sulke tegnologiese toestelle. Uitgebreide leer: Leerders eksperimenteer met die skryf en lees van Braille. Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Die vyf sintuie lys, en die doel van elke betrokke orgaan beskrywe? • Sê watter orgaan vir elke sintuig verantwoordelik is? • Beskrywe hoedat 'n dier by sy omgewing aangepas is deur te verwys na

hoedat die sintuie dit help om te oorleef.

METODOLOGIE Klasbespreking, wys prente, vraag/antwoord, roteringstasies, voltooi tabel, skryf beskrywings in eie woorde.

HULPBRONNE Handboeke, prente, blinddoek, voorwerpe vir verskillende stasies NW

stringe Materie en Materiale – om met gebruikmaking van die sintuie tussen die eienskappe van materiale te onderskei INTEGRASIE

Leerareas Lewensoriëntering – persoonlike, fisiese en sosiale ontwikkeling Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □

Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Page 39: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 36 -

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 25 + 26 VOORTPLANTING IN PLANTE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Voortplanting: om meer van dieselfde soort te produseer. (Wanneer

plante, mense en diere meer van hulle maak) • Vegetatiewe voortplanting: voortplanting sonder sade. 'n Tipe aseksuele

voortplanting in plante waar 'n steel, wortel of blaar gebruik word. • Seksuele voortplanting: voortplanting met sade.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.1.1 – 4.1.3

Vegetatiewe voortplanting in plante Wetenskaplike ondersoek: Watter dele van 'n plant kan vegetatief voortplant? Stap 1 Elke leerder bring 'n plant na die klas en identifiseer die dele van die plant (wortels, stele, blare ens.). Hulle kan die plant teken en etikette by die dele aanbring. Leerders dra idees by oor hoe die plante rondom hulle voortplant. Stap 2 BEPLAN Die onderwyser verduidelik dat vegetatiewe voortplanting voortplanting is wat sonder sade plaasvind. Leerders dra idees by oor hoe om te bepaal of alle dele van 'n plant (d.w.s. die wortels, stele en blare) kan voortplant (vegetatief). Stap 3 VOER UIT • Leerders kweek nuwe plante van bolle, steggies, wortels en blare in water

en grond oor 'n geskikte tydsverloop, en neem hul groei met gereelde tussenposes waar.

• Teken waarnemings in 'n notaboek of sigsagboek ens. aan deur die plante na elke waarneming te teken, mate te neem, en 'n kort beskrywing te skryf van wat hulle gesien het en van die veranderings wat plaasgevind het.

Stap 4 EVALUEER Leerders skryf 'n kort beskrywing van wat hulle tydens die groeiperiode waargeneem het en wat hulle uit die eksperiment oor die vegetatiewe voortplanting van hul plant geleer het. Hulle vertel die klas van hul waarnemings van die vegetatiewe voortplantingsproses in hul eie plant. Beantwoord vrae: Was dit beter om die plante in water of in grond te kweek? Verduidelik jou antwoord. Watter dele van jou plant het gedurende die eksperiment gegroei? Is alle dele van alle plante in staat om vegetatief voort te plant? Verduidelik jou antwoord. Watter dele van die plant (wortel, steel of blaar) het met die meeste welslae vegetatief voortgeplant?

Die onderwyser maak 'n resultateblad om die hele klas se resultate vir die eksperiment te toon.

Page 40: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 37 -

Stap 5 • Leerders praat oor hul waarnemings. • Leerders dink aan soortgelyke situasies in die alledaagse lewe waar

vegetatiewe voortplanting gebruik word, bv. met aartappels. • Suggereer moontlike verbande met ander voortplantingsituasies (bv.

boere massaproduseer plante uit steggies). Vind uit hoedat tuiniers knolle en bolle gebruik om plante vegetatief voort te plant.

Uitgebreide leer: Leerders plant 'n varing se wortelstok of aarbeiplant om die voortplantingsproses waar te neem. Stap 6 Lewensiklusse (seksuele voortplanting) Leerders rangskik prente (of tekeninge) van stadiums tydens die lewensiklus van plante (bv. 'n boontjie) en diere (bv. 'n kat of mens) in die korrekte orde om 'n lewensikluswiel te vorm. Hulle etiketteer die stadiums (saad, saailing, volwasse plant, blomme, vrugte) en prosesse (saadverspreiding, ontkieming, groei en volwasse word, bestuiwing en bevrugting, ryp word) en skryf dat 'n kort beskrywing van die stadiums in elke lewensiklus. Die onderwyser verduidelik dat seksuele voortplanting uit sade of eiers plaasvind, (en nie van enige ander deel van die plant of dier nie). Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Die verskil tussen seksuele voortplanting en vegetatiewe voortplanting in

plante beskrywe? • Idees bydra oor hoe om die ondersoek uit te voer? • Die stappe van die ondersoek uitvoer, en hul waarnemings en metings

korrek aanteken? • Gevolgtrekkings maak wat op die waarnemings gebaseer is? • Vrae oor die ondersoek beantwoord wat wys dat hulle die resultate

(waarnemings) verstaan.

METODOLOGIE Praktiese werk met ondersteuning, leerders konstrueer lewensiklusse uit prente en skryf in hul eie woorde

HULPBRONNE Plante, grond, houer, snoeiskêr, plakkaat, prente van lewensiklus. NW

stringe Materie en Materiale – sorteer van lewende en nie-lewende dinge

INTEGRASIE Leerareas

Sosiale Wetenskappe – voedselproduksie EBW – Volhoubare groei en ontwikkeling Lewensoriëntering – bevordering van gesondheid

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □ Nabootsings □ Konsepkaarte

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □ Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

Page 41: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 38 -

WEEK 26 + 27 LANDDIERE – EKOSTELSELS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Ekostelsels: 'n ekostelsel sluit die lewende en nie-lewende dinge in 'n

area in, sowel as hul interaksie met mekaar • Habitats: 'n spesifieke plek binne 'n ekostelsel waar plante en diere leef

en voortplant • Voedselkettings: 'n voedselketting toon aan 'wie eet vir wie' in 'n

ekostelsel • Vel: die liggaamsbedekking van verskillende gewerwelde diere.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.1 – 4.2.2

Stap 1 • Die onderwyser voorsien leerders van 'n prent van 'n ekostelsel, bv. 'n

grasveld wat plante en diere in verskillende habitats toon. • Leerders maak 'n lys van alle lewende en nie-lewende dinge in die

ekostelsel. Stap 2 • Leerders beskrywe hoedat die lewende dinge in hierdie omgewing van die

nie-lewende dinge sowel as die lewende dinge afhanklik is. • Die onderwyser verduidelik die betekenis van 'n ekostelsel. Stap 3 • Die onderwyser vra leerders om ander ekostelsels te noem, bv. die see, 'n

dam, 'n woud. • Leerders word na buite geneem om 'n ekostelsel op die skoolterrein te

ondersoek. • Leerders maak 'n lys van alle lewende en nie-lewende dinge wat hulle

waarneem. • Leerders teken 'n ekostelsel op hul skoolterrein. Stap 4 Die onderwyser verduidelik wat 'n habitat is, bv. onder 'n klip, in 'n klam plek onder 'n kraan, ens. Leerders beskrywe die verskillende habitats van die plante en diere in die ekostelsel van hul skoolterrein en die ekostelsel in die prent. Stap 5 Leerders beskrywe (teken en etiketteer en/of maak mobiele van) 'n voedselketting in hul (1) grasveld-ekostelsel en (2) 'n ekostelsel op hul skoolterrein. Stap 6 Die onderwyser gee leerders 'n prent van 'n ekostelsel in 'n varswaterdam. Leerders kies 'n gewerwelde dier uit die dam-ekostelsel, bv. 'n padda of 'n vis, en een uit die grasveld-ekostelsel, bv. 'n akkedis. Hulle beskrywe (skryf volsinne) oor hoedat die vel van elke dier by sy omgewing aangepas is. Gee inligting oor die aanpassings van verskillende diere indien nodig. Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • 'n Ekostelsel en al die dele waaruit dit bestaan, beskrywe? • Verskillende habitats binne 'n ekostelsel lys? • Eenvoudige aanpassings van 'n plant of dier by die omgewing beskrywe?

Page 42: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 39 -

METODOLOGIE Praktiese werk met ondersteuning, bespreek, teken en etiketteer, lees inligting, vors na.

HULPBRONNE 'n Veldwerkbesoek aan die skoolgronde, notaboek en vrae, plakkate, prente, internet.

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – Aardmateriale (lug, water, grond) Energie en Verandering – oordrag van voedselenergie INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense, hulpbronne en die omgewing Kuns en kultuur – kamoeflering by diere

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

WEEK 28 DIE BELANGRIKHEID VAN WATER IN 'N EKOSTELSEL

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Watersiklus: die natuurlike herbenutting van water tussen die land,

watermassas en die atmosfeer Kondensasie: wanneer waterdamp ('n gas) afkoel en in 'n vloeistof

verander. Verdamping: wanneer water verhit word en van 'n vloeistof in 'n

gas (waterdamp) verander. Sonverhitting: die gebruik van energie vanaf die son Neerslag: Wanneer water in die vorm van reën, sneeu, hael, ens.

uit die lug val. • Groei: 'n permanente toename in die grootte en massa van 'n organisme.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.1

4.3.1 – 4.3.3

Die belangrikheid van water in 'n ekostelsel Stap 1 Leerders hou 'n dinkskrum oor waarom water vir mense belangrik is. Stap 2 Leerders hou 'n dinkskrum oor waarom water vir plante en diere in 'n ekostelsel belangrik is. Die onderwyser verduidelik die belangrikheid van water vir groei en fotosintese. Stap 3 Die onderwyser verduidelik die watersiklus met gebruikmaking van 'n plakkaat, die skryfbord, ens. Die onderwyser gee leerders 'n prent wat die watersiklus in die natuur toon (sonder pyle en etikette). Leerders etiketteer die prent en teken pyle in om die watersiklus te beskrywe.

Page 43: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 40 -

Stap 4 • Leerders vergelyk waar water vroeër gevind was (damme, fonteine ens.)

en hoedat dit in huishoudings ingevoer was (gedra, windpompe, reënwatertenks), tot waar en hoe dit vandag gevind en vervoer word (met pype in huise ingebring).

• Die onderwyser voorsien leerders van prente en inligting oor hoedat mense in die verlede water gekry het, en hoedat ons vandag water kry. Leerders bespreek hoedat mense toe en nou tegnologie gebruik het om water te kry, en die probleme wat albei die hoof moes bied.

Stap 5: Baie mense in arm gemeenskappe het nog steeds nie skoon water wat na hul huise aangelê is nie. Leerders bespreek die probleme wat hierdie mense het om water te vind en dit by hul huise te kry (d.w.s. toegang tot skoon water, hoe om dit te vervoer, lang afstande vanaf die bron, om skoon water te vind, siektes wat deur vuil water veroorsaak word – diarree, cholera, droogtes, ens.). Stap 6 • Leerders hou eers dinkskrums oor wat hulle reeds weet van die impak wat

mense op waterbronne het. • Die onderwyser verskaf inligting oor hoedat mense op ons waterbronne

impakteer – positief sowel as negatief. • Leerders lees en bespreek dan hoedat mense negatief op ons

waterbronne impakteer (d.w.s. in ons huise word water gemors, fabrieksafval besoedel riviere en damme, plaasdiere besoedel riviere, insekdoders en kunsmis word vanaf plase na riviere gespoel, riool en vullis word in riviere gestort, motorbote ens.) en wat gedoen word om water te bewaar (d.w.s. die bou van damme, verwydering van indringerplante, verbetering van besproeiingsmetodes op plase, waterbesparingstoestelle soos stortbaddens en krane, waterbeperkings, aansporings om minder water te gebruik, ens.).

• Leerders skryf 'n paragraaf oor die positiewe en negatiewe impak van mense.

Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • 'n Watersiklus teken en beskrywe? • Die belangrikheid van water vir mense, diere en plante verduidelik? • Beskrywe hoedat water in hul huise kom? • Die probleme lys wat baie mense het om drinkwater te bekom? • Die maniere lys waarop ons ons watervoorraad/bronne beskadig, en

hoedat water bewaar kan word?

METODOLOGIE Bespreking en herroep van inligting, teken en skryf, lees inligting HULPBRONNE Inligting oor water, prente ens.

NW stringe

Materie en Materiale – water en faseverandering Planeet Aarde en Verder – die Watersiklus Energie en Verandering – energie dryf faseveranderingsprosesse INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – strukture soos krane Sosiale Wetenskappe – mense, hulpbronne en die omgewing

Page 44: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 41 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □

Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □ Vertaaltaak □ Funksionele skryfwerk

√ Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

WEEK 29 KONSOLIDERING

LU 1 – 3

Konsolidering: • Maak 'n plakkaat of tekening met opskrifte en etikette van 'n ekostelsel. (Teken, of knip en plak prente uit koerante ens.) • Lys vyf lewende organismes wat in die ekostelsel aangetref word, en

verduidelik waarom hulle lewend is. • Lys vyf nie-lewende dinge wat in die ekostelsel aangetref word. • Kies 'n dier en 'n plant en beskrywe hoedat elkeen aangepas is om in

hierdie ekostelsel te lewe. • Skryf 'n paragraaf om te sê waarom water vir hierdie ekostelsel belangrik

is.

WEEK 30 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 4

Die onderwyser kan die vrae as deel van 'n assesseringstaak gebruik LU 2 AS 1 Vra woordeskat en spel van woorde. LU 2 AS 2 Gee leerders 'n prent van 'n ekostelsel. Vra die leerders om 3 lewende en 3 nie-lewende dinge in die prent te kategoriseer. LU 2 AS 1 Identifiseer 'n dier uit dieselfde prent. Vra leerders om te verduidelik waarom hulle 'n dier as 'n lewende ding sal klassifiseer. LU 2 AS 1 Vra leerders om 'n ekostelsel en 'n habitat met verwysing na dieselfde prent te beskrywe LU 2 AS 1 Maak 'n lys van dinge wat nodig is om vegetatiewe voortplanting te ondersoek. LU 2 AS 3 Beskrywe hoedat seksuele voortplanting van vegetatiewe voortplanting verskil. LU 3 AS 1 Identifiseer tegnologiese toestelle wat mense help wat die gebruik van hul normale sig en gehoor verloor het.

Page 45: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 42 -

LEWENSPROSESSE EN GESONDE LEWENSWYSES

LU 2 AS 1: Noem al die lewensprosesse van 'n mens.

LU 2 AS 1 Beskrywe twee verskille tussen 'n lewende en 'n nie-lewende ding.

LU 2 AS 1 Beskrywe hoedat lewende dinge deur hul sintuie op hul omgewing respondeer.

INTERAKSIES IN OMGEWINGS

L U 2 AS 1 Noem drie verskillende dele van 'n plant wat vir voortplanting gebruik kan word.

LU 2 AS 1 Beskrywe die drie belangrike dinge wat 'n plant nodig het om te groei.

LU 2 AS 1 Gebruik jou eie voorbeelde en beskrywe 'n voedselketting.

LU 2 AS 1 Beskrywe die habitat waarin jy hierdie plante en diere sal aantref:

Diere en Plante Beskrywing van Habitat

'n Groot boom 'n Aalwynplant ’n Krokodil ’n Muis

LU 2 AS 1 Beskrywe die belangrikheid van water in 'n ekostelsel.

WETENSKAP EN DIE SAMELEWING

LU 3 AS 1 Skryf 3 maniere neer waarop mense ons waterbronne en watervoorraad beskadig. LU 3 AS 1 Skryf 3 maniere neer waarop mense water kan bewaar.

Page 46: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 43 -

KWARTAAL 4: PLANEET AARDE EN VERDER

WEEK 31 INLEIDING TOT WETENSKAP

AANTEKENINGE

oor HOE

Hersien kortliks: • Vra leerders om voorwerpe te identifiseer wat in die lug waargeneem word

(bv. wolke, die maan, sterre, ens.). Vergelyk die lug van die dag met dié van die nag

• Leerders beskrywe die posisie en bewegings van hierdie voorwerpe in die lug.

• Leerders beskrywe die weerveranderings wat hulle van dag tot dag belewe, met verwysing na: o Temperatuur, waar 'n termometer gebruik word, en in °C (grade

Celsius) gemeet word. o Wolkbedekking – sonnig of bewolk o Windrigting met gebruikmaking van 'n windkous of weerhaan,

kompaspunte (Noord, Suid, Oos, Wes) o Windsnelheid met gebruikmaking van 'n windmeter of die Beaufort-

skaal, o Voggehalte – reënerig of droog

• Gebruik die kennis hierbo om die vier seisoene te hersien • Leerders doen eers navorsing (bv. gebruik van die Internet en koerante, of

praat met mense), dan bespreek hulle ongewone weerverskynsels (bv. tornado's, orkane, oorstromings en weerligstorms) en die impak daarvan op mense (bv. lewensverlies, vernietiging van tuistes, skade aan gewasse op plase, ens.)

• Leerders beskrywe en verduidelik die skakel tussen grond en plante. Leerders noem en beskrywe wat hulle weet van die verskillende tipes grond (kleigrond, slikgrond, sanderige grond, leemgrond).

• Leerders bespreek gronderosie (wegspoel/wegwaai van grond) en noem en beskrywe faktore wat by gronderosie betrokke is (wind, water, hitte en koue).

Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders:

• Die veranderings in die weer beskrywe, met gebruikmaking van die korrekte terme?

• Apparate soos 'n termometer of Beaufort-skaal korrek gebruik? • Die verskillende tipes grond identifiseer? • Die oorsake van gronderosie beskrywe en verduidelik?

METODOLOGIE Navorsing en Klasbespreking. HULPBRONNE Naslaanmateriaal

NW stringe

Materie en Materiale – die Watersiklus Lewe en Lewendes – die impak van die weer op plante en diere INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing, voedselproduksiein Suid-Afrika

WEEK 32 GRONDTIPES

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Aardmateriale: lug, water, gesteentes en grond • Grond: boonste laag van die aarde bestaan uit 'n mengsel van gesteentes,

klippe en klipdeeltjies van verskillende groottes • Sanderige grond: grond wat 'n hoër verhouding van sand bevat; groter, lig

gekleurde deeltjies, soos woestynsand en seesand

Page 47: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 44 -

• Leemgrond; grond van 'n hoë gehalte wat uit sand-, slik- en kleigronddeeltjies

bestaan, asook humus (ontbindende plant en dieremateriaal) • Kleigrond: grond wat 'n hoë verhouding van klei bevat; baie klein (fyn)

deeltjies;soms rooierig, oranje-bruin of wit van kleur • Slikgrond: grond met 'n hoë verhouding van slik; 'n poeieragtige grond met 'n

gladde, syerige tekstuur en klein korreltjies of deeltjies. • Eienskappe van grond: grootte van deeltjies, kleur, tekstuur, reuk en

smedigheid

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.1 – 4.2.2

Stap 1 Begin die les oor grondtipes met 'n opsomming of breinkaart van leerders se kennis van grond en grondtipes. Gee leerders klein hoeveelhede van die vier tipes grond (sanderige grond, leemgrond, kleigrond, slikgrond) om te ondersoek. Hulle moet: • Die grond voel • Die grond ruik • Met 'n vergrootglas na die grootte van die deeltjies kyk • Die kleur van die deeltjies beskrywe • Water gebruik om 'n rol van die grond te vorm, en dan die rol te buig(Let wel:

Slegs kleigrond sal dit doen). Stap 2 • Leerders vergelyk en beskrywe die eienskappe van die verskillende grondtipes

na gelang van die grootte van die deeltjies, kleur, tekstuur en reuk. • Skryf waarnemings in 'n vergelykingstabel waar hulle sanderige grond, leem-,

slik-, en kleigrond na gelang van die grootte van die deeltjies, kleur, tekstuur enreuk van elke grondtipe vergelyk.

Stap 3 Die leerders gebruik hul waarnemings om die besondere eienskappe van elke grondtipe as 'n gedeelde skryfoefening te beskrywe. Stap 4 Voorsien leerders van monsters van verskillende grondtipes (bv. uit 'n tuin, die skoolterrein, 'n strand ens,) en gebruik die eienskappe wat hierbo beskrywe is om die verskillende grondtipes te kategoriseer. Stap 5 Verskaf inligting oor diere wat in die grond woon (bv. erdwurms, molle, miskruiers ens.) Leerders teken en skryf oor hulle. Uitgebreide leer: Leerders vors die gebruike van grond na (bv. om gewasse te plant. huise te bou, erdewerk te maak, stene te maak, ens.) en gebruik voorbeelde wanneer hulle hul werk voorlê. Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Die verskillende tipes grond korrek identifiseer? • Die kenmerke van die verskillende grondtipes korrek beskrywe? • Die eienskappe en gebruike van die verskillende grondtipes identifiseer?

Page 48: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 45 -

METODOLOGIE Praktiese werk met ondersteuning.

HULPBRONNE Grondmonsters, vergrootglase, water, naslaanmateriaal: diere wat in die grond woon.

INTEGRASIE NW stringe

Lewe en Lewendes – dierehabitats, plantegroei Materie en Materiale – boumateriale

Leerareas

Sosiale Wetenskappe – mense, die omgewing, natuurlike hulpbronne en nedersettings Lewensoriëntering – bevordering van persoonlike en omgewingsgesondheid

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte √

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 33 ONDERSOEK GRONDTIPES EN WATERRETENSIE

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.1 – 4.3

Konsepte: verwys na week 32 Stap 1 Hersien die gebruike van grond wat vroeër bespreek was, en lei die leerders om te dink oor die kapasiteit van grond om water te hou. Lei leerders om vrae vir die ondersoek aan die hand te doen. Voorbeeld: • Kan alle tipes grond (kleigrond, slikgrond, sanderige grond,

leemgrond) water inhou? • Kan sommige grondtipes meer water inhou as ander? Stap 2 Leerders suggereer materiale/toerusting om in die ondersoek gebruik te word (bv. tregter, filtreerpapier, versamelfles). Stap 3 BEPLAN Bespreek die prosedure vir die ondersoek met die leerders, en fokus op kwessies van 'n billike toets (soos om dieselfde hoeveelheid water en dieselfde hoeveelheid grond te gebruik) en hoe belangrik dit is om waarnemings op 'n stelselmatige wyse aan te teken.

Page 49: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 46 -

Stap 4 VOER UIT Leerders voer die ondersoek uit;meet, teken aan, en vergelyk die hoeveelheid water wat deur die verskillende grondtipes ingehou is. Let Wel: Trek die hoeveelheid water wat versamel is, van die hoeveelheid water af wat in die grond geskink is. Stap 5 EVALUEER Leerders praat oor, en deel hul resultate. In die bespreking: • Lê 'n verband tussen die grootte van die gronddeeltjies en die

waterretensievermoë van die verskillende grondtipes. Let Wel: Die kleigrond hou die meeste water in.

• Bring hierdie kennis met ander situasies in verband (bv. die tipe grond wat gesonde gewasse sal produseer, die tipe grond waarin rose goed sal groei).

Uitgebreide leer: • Hoe sou kennis van die waterretensievermoë van verskillende grondtipes

vir boere of tuiniers van nut wees. • Watter eienskappe moet grond hê vir sekere gewasse om te groei?. • Wat is ondergrondse water / 'n watertafel / 'n vleiland? • Kweek sade (dieselfde soort, bv. boontjiesade) in verskillende

grondtipes;neem die resultate waar, teken dit aan, en beskrywe dit. Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Die waterretensievermoë van die verskillende grondtipes korrek beskrywe? • Die implikasies van hierdie kennis vir tuinmaak en die kweek van gewasse

korrek weergee?

METODOLOGIE Navorsing, bespreking, praktiese werk met ondersteuning. HULPBRONNE Grondmonsters, meetapparaat, filter, filtreerpapier en tregter, bekers ens.

NW stringe

Lewe en Lewendes – skakeling van grondtipes met plantegroei Materie en Materiale – eienskappe van water en grond

INTEGRASIE Leerareas

Wiskunde – lees van meettoerusting, meet van vaste stowwe envloeistowwe Sosiale Wetenskappe – mense, die omgewing, en natuurlikehulpbronne

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

Page 50: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 47 -

WEEK 34 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5 – Hoedat aardmateriale gebruik is

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Inheems: tuisgekweek, met oorsprong in, inlands, natuurlike groei • Kulture: gelowe en lewenswyses van groepe mense • Wonings: tuistes.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.3.1 – 4.3.2

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5 Inheemse kulture gebruik wetenskaplike beginsels om landelike huise te bou en nuttige items te skep Stap 1 Leerders doen eers navorsing oor die materiale wat deur inheemse kulture gebruik word om hul huise te bou (gras, hout, klei, ens.). Leerders doen 'n vergelyking van die huise wat deur inheemse kulture (meestal in landelike areas) gebou word, en die moderne stedelike huise (stene, beton, glas ens.). Die vergelyking kan uitgebrei word om 'n studie in te sluit van die manier waarop huise in die verlede gebou was, asook van huise uit ander kulture(bv. Eskimo's woon in 'n igloe, 'n nomade in die woestyn woon in 'n tent). Rig die navorsing en dinkprosesse met gebruikmaking van vrae soos: • Watter materiale het ons in die verlede gebruik om huise te bou, en hoe

verskil hulle van die materiale wat ons vandag gebruik? • Wat is 'n paar van die vernaamste verskille tussen landelike/inheemse

huise en stedelike huise? • Hoe is stene in die verlede gemaak? • Hoe word stene vandag gemaak? • Watter verskillende soorte stene word vandag vir die bou van moderne

huise gebruik? • Hoe word die buitenste mure van moderne huise versier? • Hoe word die buitenste mure van die inheemse huise versier? • Afgesien van stene, watter ander nuttige produkte word deur inheemse

kulture van grond gemaak? (bv. erdeware ens.) Stap 2 Leerders selekteer 'n onderwerp, en deel dan hul navorsingspoging met die klas: • Huise van verskillende kulture oral op aarde • Huise van verskillende kulture in Suid-Afrika • Boumateriale van moderne huise • Boumateriale van inheemse/landelike huise • Versiering van moderne huise • Versiering van inheemse huise Stap 3 Leerders gebruik die klei, wat hulle in die vorige les ondersoek het, om stene te maak wat hulle dan in die son uitdroog. Leerders suggereer/verken maniere waarop hulle hul stene van grond kan versterk (sit strooi of gras by, bak die stene, ens.).

Page 51: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 48 -

Uitgebreide leer: • Leerders kan 'n model van 'n huis bou (modern of inheems) en dit versier. • Leerders kan 'n model van 'n huis bou (modern of inheems) met

gebruikmaking van afvalmateriaal.

Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Basiese boumateriale identifiseer wat gebruik word in die konstruksie van

inheemse (landelike) huise? • Verduidelik hoedat inheemse (landelike) huise gebou en versier word?

METODOLOGIE Bespreking en Navorsing. HULPBRONNE Naslaanwerke, prente (landelike en stedelike wonings), klei, strooi, glas ens.

NW stringe

Materie en Materiale – grondeienskappe, boumateriale Lewe en Lewendes – menslike aanpassing by die omgewing

INTEGRASIE Leerareas

Sosiale Wetenskappe – mense, die omgewing, en natuurlike hulpbronne Tegnologie – strukture, inheemse kultuur en tegnologie Kuns en Kultuur – kultuurprodukte, -style en -prosesse

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk □

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 35 + 36 WEER

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Atmosfeer: die laag gasse rondom 'n planeet • Weer: die toestand van die atmosfeer (temperatuur, wind, ens.) op 'n

gegewe tydstip en plek • Weerhaan instrument om die windrigting aan te dui • Termometer: 'n instrument wat gebruik word om temperatuur te meet • Windkous: instrument om die windrigting aan te dui • Reënval: die hoeveelheid reën wat op 'n bepaalde tydstip in 'n gebied val • Temperatuur: 'n maat van hitte of koue in grade Celsius (°C) • Neerslag: neerslag – 'n vorm van water wat uit die atmosfeer na die aarde

se oppervlak val, soos reën, sneeu, ysreën, en hael • Weerkaart: bevat inligting oor die weer op 'n spesifieke tydstip en 'n

spesifieke plek.

Page 52: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 49 -

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.2 LU 4.1.1 – 4.1.3

Stap 1 • Leerders noem en beskrywe aspekte van die atmosfeer en weer waarmee

hulle vertroud is (bv. sonnig, koud, warm donderweer en weerlig). Maak 'n breinkaart van die verskillende aspekte van die weer.

• Leerders identifiseer die apparaat/instrumente wat gebruik word om elke aspek te meet (bv. 'n termometer word gebruik om temperatuur te meet). Hierdie inligting word in 'n opsomming of breinkaart byeengebring.

Stap 2 Leerders suggereer interessante aspekte van die daaglikse weer wat ondersoek kan word (soos die temperatuur, sonnig of bewolk, reënerig of droog, windsnelheid en –rigting). Rig die proses met gebruikmaking van vrae soos: • Hoe lyk die weer vandag? • Hoe is die weer gedurende die verskillende seisoene? • Hoe verander die weer oor 'n tydperk van 14 dae?

Stap 3 • Leerders kry die apparaat bymekaar wat hulle nodig het, en stel 'n

weerstasie op (om die temperatuur, reënval, windsnelheid en -rigting te meet). Leerders kan basiese instrumente met hergebruikte items bou (bv. 'n reënmeter maak deur 'n plastiekbottel te gebruik). Hulle moet die verskillende instrumente, soos 'n termometer, korrek gebruik.

• Leerders teken hul waarnemings daagliks vir 'n periode van 14 dae aan. Stap 4 Leerders deel/bespreek daaglikse waarnemings van die weer. Leerders gebruikdie data om grafieke te trek (bv. 'n grafiek van die temperatuurlesings vir elke week). Gebruik die weerkaart wat in koerante verskyn, en laat leerders die weer vir die dag of die week beskrywe. Stap 5 Leerders suggereer moontlike verbande met ander situasies, bv. die uitwerking van die weer op hoedat mense lewe (klere, voedsel ens.); op die omgewing): plante (sommige plante produseer lenteblomme) en die groei en ontwikkeling van diere (party kleintjies word in die lente gebore, 'n paar diere hiberneer of migreer in die winter). Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Die veranderings in die weer beskrywe, met gebruikmaking van die

korrekte terme? • Apparate soos 'n termometer korrek gebruik? • Beskrywe hoedat die weer lewende dinge beïnvloed?

METODOLOGIE Navorsing en Klasbespreking, Praktiese aktiwiteite HULPBRONNE Naslaanboeke, TV en koerante se weerkaarte, hergebruikte materiale

NW stringe

Materie en Materiale – die Watersiklus Lewe en Lewendes – plante en diere se response op veranderings in die weer INTEGRASIE

Leerareas Wiskunde – meting Sosiale Wetenskappe – mense en die omgewing, nedersettings

Page 53: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 50 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □ Nabootsings □ Konsepkaarte

□ Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertalingtaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 37 SONNESTELSEL – SON, AARDE EN MAAN

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Aarde: die planeet waarop ons woon As: die denkbeeldige as waar die aarde om draai Son: die ster in die middel van ons sonnestelsel Rotasie: die draai van 'n planeet of maan om sy eie as Omwenteling: 'n sirkelvormige baan of beweging (wentelbaan) van die

aarde om die son, en die maan om die aarde.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 4.2.1

Stap 1 • Gebruik modelle of geëtiketteerde diagramme/prente om die Sonnestelsel

te beskrywe. • Beskrywe hoedat die Aarde in verhouding tot ander liggame beweeg: Die

aarde volg 'n wentelbaan (wentel) om die son, en die maan wentel om die aarde.

Stap 2 • Beskrywe die omwenteling (draai) van die aarde om sy eie as om dag en

nag te verduidelik. • Leerders maak of gebruik 'n model van die Aarde en gebruik 'n lamp of flits

vir die Son. Stap 3 • Leerders skryf en teken oor die manier waarop die aarde se draai vir ons

dag en nag besorg. Stap 4 Leerders doen navorsing oor die maan en die ruimtereisigers se besoeke aan die maan. Hulle teken en skryf daaroor. Uitgebreide leer: • Wat gebeur met sommige plante gedurende die dag/nag? • Wat gebeur met sommige diere gedurende die dag/nag? • Het al die mense rondom die wêreld dag en nag op dieselfde tye?

Verduidelik

Page 54: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 51 -

Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Die aarde se rotasie om sy eie as beskrywe (1 rotasie / 24 uur = dag en

nag)? • Die aarde se beweging in 'n wentelbaan om die son beskrywe (1 jaar – 1

omwenteling)? • Toepaslike inligting oor die maan en die verkenning van die maan vind?

METODOLOGIE Navorsing en Bespreking HULPBRONNE Naslaanwerke, aardmodelle, flitsligte

NW stringe

Energie en verandering – energie vanaf die son Lewe en Lewendes – plante en diere se response op dag en nag Materie en Materiale – aardmateriale, maangesteentes, songasseINTEGRASIE

Leerareas Wiskunde – meet van tyd tegnologie – ruimtetuig en maanbesoeke

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 38 HERSIENING / UITGEBREIDE LEER

o Maak en versier kleiknyp- en kronkelpotte. o Kweek dieselfde soort saad (bv. boontjiesaad) in verskillende grondtipes;

neem die groei van die plante waar, teken dit aan, en lewer verslag daaroor. Let Wel: Alle ander omstandighede moet dieselfde bly, bv. die hoeveelheid water wat gegee is, die hoeveelheid sonlig waaraan dit blootgestel is, ens.

WEEK 39 HERSIENING / UITGEBREIDE LEER

o Weer: Om 'n weerjoernaal te hou. Teken en skryf oor verskillende

weerstoestande. o Doen navorsing en maak 'n voorlegging oor uiterste weerstoestande en die

impak van hierdie toestande op mense. o Kyk na TV-weerberigte en versamel weerkaarte ens. wat in koerante

verskyn, en berei jou eie voorlegging oor die weer vir 'n dag of 'n week voor. o Skryf 'n verslag oor dag en nag. Maak 'n rapliedjie of -gediggie oor rotasie en

omwenteling ens. o Doen navorsing oor waarom dag en nag vir mense, plante en diere belangrik

is ( bv. dag- en nagdiere).

Page 55: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- 52 -

WEEK 40 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 6

Die onderwyser kan die vrae as deel van 'n assesseringstaak gebruik

LU 2 AS 1 Vra oor woordeskat en spel van woorde

LU 2 AS 2 Gee leerders 'n prent van die ruimte. Vra leerders om die hemelliggame te identifiseer.

LU 2 AS 1 Beskrywe jou besoek aan die maan. (Hoe het jy daar gekom? Wat het jy gedra? Wat hetjy geëet? Hoe het jy op die maan geloop?)

LU 2 AS 2 Gee 'n lys van 3-6 eienskappe van grond. Leerders kan dié in 3 groepe kategoriseer.

LU 2 AS 1 Vra leerders om 'n ekostelsel / habitat in die grond te beskrywe (met verwysing na molle,erdwurms, ens.).

LU 1 AS 1 Maak 'n lys van dinge wat nodig is om stene te maak.

LU 1 AS 3 Beskrywe die eienskappe van die beste steen.

LU 3 AS 1 Beskrywe hoedat landelike mense grond gebruik.

LU 3 AS 1 Identifiseer tegnologiese toestelle wat mense help om die weer te beskrywe.

Page 56: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

DEEL DRIE: BYLAE

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK: GRAAD 4

'n Gids tot ondersoeke vir onderwysers en hul leerders Identifiseer 'n aspek van 'n natuurverskynsel (plante, diere, die weer, klippe, brand, elektrisiteit ens.) wat jy wil ondersoek. Wanneer jy iets ondersoek, vind jy meer daaromtrent uit deur iets waar te neem of te meet wat van nature voorkom (deur bv. die daaglikse natuurlike veranderings in die weer waar te neem en te meet). Jy kan ook ondersoek instel na wat gebeur wanneer jy iets doen om 'n natuurverskynsel te beïnvloed (bv. deur sout of suiker by water te voeg om te sien of dit die temperatuur van kokende water beïnvloed). Jy kan ook ondersoek instel oor hoe om iets te maak wat met 'n natuurverskynsel verband hou (bv. hoe om jou huis in warm weer koeler te maak). Jy kan die volgende formaat gebruik om jou deur 'n ondersoek te lei. LU1 AS1: BEPLAN ’N ONDERSOEK NB: Hierdie deel word as 'n klas gedoen, met 'n onderwyser en leerders A. Wat weet ons reeds?

1. Kies 'n onderwerp / natuurverskynsel om te ondersoek. 2. Maak 'n breinkaart van alles wat jy van die onderwerp / natuurverskynsel weet.

B. Wat wil ons nog meer uitvind?

1. Onderwyser help leerders om vrae te stel oor wat hulle nog meer oor die onderwerp wil weet. Onderwyser skryf al die vrae op die bord.

2. Onderwyser en leerders besluit watter van die vrae dit moontlik is om in 'n klaskamersituasie te ondersoek, en watter nie (sou in boeke nagevors kon word).

3. Onderwyser en leerders identifiseer een spesifieke vraag om te ondersoek. 4. Onderwyser en leerders bespreek die volgende:

• Apparaat / materiale benodig • Wat gaan die leerders waarneem of meet of versamel? • Hoeveel keer gaan hulle waarnemings maak of metings neem? • Watter meetinstrumente word benodig? • Waar gaan jy jou metings aanteken? (in watter formaat) • Veiligheidsmaatreëls.

LU1 AS1: PLAN NB: die volgende deel word deur leerders gedoen Wat wil ons uitvind?

1. Onderwerp / natuurverskynsel om te ondersoek (skryf). 2. Jou ondersoekvraag (skryf) 3. Voorspel: Wat dink jy gaan in die ondersoek gebeur?

LU1 AS2 :VOER DIE ONDERSOEK UIT EN VERSAMEL DATA C. Wat moet ons doen om uit te vind?

1. Gebruik die apparaat om 'n geskikte prosedure uit te voer (verken die materiale, maak 'n reeks waarnemings of metings ens.).

2. Teken jou waarnemings en metings op 'n geskikte manier aan (in 'n tabel, 'n tekening ens.). LO1 AS3 : EVALUEER DATA EN KOMMUNIKEER BEVINDINGS D. Wat vertel die resultate ons?

1. Verduidelik wat jy geleer het (skryf, teken, beantwoord vrae). 2. Besluit of die ondersoek jou oorspronklike vraag suksesvol beantwoord het of nie. (skryf) 3. Besluit of jou voorspelling korrek was of nie. (skryf) 4. Het jy nog ander vrae vir verdere ondersoeke? (skryf) 5. Gee 'n alledaagse voorbeeld van iets wat jy uit hierdie ondersoek geleer het.

Page 57: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

Assesseringsinstrument vir NW-ondersoeke String: _____________________ Onderwerp_____________ ASSESSERINGSTAAK _______________________________

Vorm van assessering: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK vir Graad 4 NW LU 1 AS 1 Beplan Kommentaar: Leerder kon vorige kennis kommunikeer Leerder was in staat om 'n aspek te identifiseer wat ondersoek kan word Leerder was in staat om van die apparaat te beskrywe wat benodig word 1 punt elk = 3 punte

Kommentaar:

LU1 AS2 Voer uit

Was self in staat om die aanwysings veilig en noukeurig uit te voer 3 punte

Was in staat om met hulp van die onderwyser die aanwysings korrek uit te voer 2 punte

Leerders het gesukkel om aanwysings uit te voer, selfs met hulp van onderwyser 1 punt

Nie gedoen nie 0

Was self in staat om noukeurige, gedetailleerde en akkurate metings en waarnemings te doen. 6 punte

Was in staat om met hulp van die onderwyser metings en waarnemings korrek te doen 4 punte

Leerders het gesukkel om selfs met hulp van die onderwyser metings en waarnemings korrek te doen 2 punte

Nie gedoen nie 0

LU1 AS3 Evalueer

Kon sonder hulp van onderwyser in detail verduidelik wat geleer is, kon hierdie kennis na ander situasies herlei 6 punte

Kon met hulp van onderwyser verduidelik wat geleer is 4 punte

Leerder het gesukkel om te verduidelik wat geleer is, het 'n paar wanopvattings gehad 2 punte

Nie gedoen nie. 0

Leerder se gedrag was goed. Werk was fluks gedoen. Werk was netjies gedoen. Halwe punt elk = totaal 2 punte: ________ Leerder het opgeruim.

Totale punte 20: ______ Onderwyser: _______________ Datum: ___/___/2009

Page 58: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- i -

DEEL VIER: WETENSKAPLIKE GELETTERDHEID

Woordelys A Aangepas: plante en diere wat verander het om by die huidige omstandighede te pas. Aardgas: 'n fossielbrandstof wat in sedimentêre gesteentes uit die oorblyfsels van oerseediere en -plante gevorm is, en saam met ru-olie aangetref word. Aardjaar: die tydperk wat dit die aarde neem om een omwenteling rondom die son te voltooi. (365¼ dae) Aardmateriale: lug, water, gesteentes en grond Aardverwarming: wêreldwye temperatuurtoenames weens vasgevangde sonligenergie, veroorsaak deur 'kweekhuisgasse'. Sommige gevolge van aardverwarming is: smelt van poolysbedekking, styging in die seevlak, en klimaatsverandering. Afloop: reënwater wat nie in die grond wegsak nie. Afsetting: wanneer gronddeeltjies weggewaai of weggespoel, en elders afgeset word. As: die denkbeeldige as waar die aarde om draai. Asemhaling: die handeling waardeur lug ingeneem word wat ryk aan suurstof is, en lug uitgeblaas word wat ryk aan koolstofdioksied is Atmosfeer: (lug) mengsel van gasse rondom 'n planeet. B Bestuiwing: wanneer stuifmeel vanaf die manlike deel van 'n plant (die meeldraad) na die vroulike deel (die stamper) oorgedra word. Bevrugting: die saamvoeg van manlike en vroulike seksselle om 'n nuwe individu te vorm. Beweging van hitte-energie: Energie beweeg altyd vanaf 'n warmer plek of voorwerp na 'n koeler plek of voorwerp. Bindweefsel: die weefsel wat bene in 'n gewrig aanmekaar hou. Biodiversiteit: "bio" beteken "lewe"; "diversiteit" beteken 'n verskeidenheid – d.w.s. baie verskillende soorte lewende organismes (plante en diere). Brandstowwe: bronne van energie (ons moet hulle gewoonlik verbrand om hitte-energie te produseer). Bron van energie: Sien energiebron. Buigbaar: iets wat in die vorm van 'n wors of 'n ring gerol en gebuig kan word. C D Diabetes: 'n ongesteldheid waar die liggaam nie in staat is om sy bloedglukosevlakke normaal te hou nie. Die maan: ons naaste buurman in die ruimte, wat om die aarde wentel. Distillering: 'n proses waar 'n vloeistof verhit word om wasem te produseer. Die wasem word dan gekondenseer deur dit af te koel sodat dit 'n suiwer vloeistof vorm. E Eienskappe van grond: grootte van deeltjies, kleur, tekstuur, reuk en buigsaamheid. Eienskappe: hoe iets lyk, voel, en wat dit doen, bv. buigsaamheid, hardheid, tekstuur, kleur, oplosbaarheid, ens. Eiers: die vroulike seksselle van diere. Ekostelsel: 'n ekostelsel sluit die lewende en nie-lewende dinge in 'n gebied, en hul interaksie met mekaar in;'n gemeenskap van plante, diere en mikroörganismes wat saam in 'n omgewing woon. Elektrisiteit: is 'n sekondêre energiebron (dit word uit 'n ander bron soos steenkool geproduseer) en word as 'n bron vir elektriese toestelle gebruik. Energie: energie is nodig om alles te laat werk of beweeg of lewe. Energiebronne: 'n bron wat 'n vorm van energie opberg of verskaf (bv. battery, vallende water). Sommige bronne bestaan uit opgebergde chemiese of meganiese energie, bv. elektriese sel, uitgerekte rekkie, hout, steenkool, water, olie ens. Sommige energiebronne is reeds aan die

Page 59: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- ii -

beweeg, en hul beweging word as 'n energiebron gebruik, bv. vallende water, bewegende golwe, wind (bewegende lug) ens. Energie-omskakeling: wanneer energie van een vorm na 'n ander verander word, bv. in 'n gloeilamp word elektriese energie na ligenergie verander. Energie-oordrag: wanneer energie van een deel van 'n stelsel na 'n ander beweeg. Energie-oordragstelsels: 'n stelsel word uit twee of meer dele saamgestel wat energie van een plek na 'n ander verplaas (beweeg), bv. 'n voedselketting, 'n elektriese stroombaan, 'n ekostelsel, ens. Energieverlies: dit gebeur wanneer materie energie vrystel omdat die omgewing koeler is. Energiewins: dit gebeur wanneer materie energie absorbeer omdat die omgewing warmer is. Erdeware: materiale wat van gebakte klei gemaak is, bv. porseleinkoppies, blompotte, teëls. Hulle is onbuigbaar, kan versplinter, maak 'n klinkgeluid, is duursaam en waterdig. Erosie: grond of gesteentes wat oor 'n lang tydperk weens wind, water ens. wegslyt. F Faktore wat oplosbaarheid beïnvloed: prosesse of aksies wat 'n oplosbare stof vinniger of stadiger in 'n vloeistof laat oplos, soos: hoeveel daar geroer word; temperatuur van vloeistof; grootte van deeltjies van die vaste stof; hoeveelheid van die vaste stof vergeleke met die vloeistof. Fases van die Maan: soos van die aarde af waargeneem, verander die voorkoms van die Maan in 'n siklus oor 'n sekere tydperk, d.w.s. volmaan, nuwemaan, halfmaan en kwartmaan. Fases van materie: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. Verhitting verander die fase vanaf vaste stof tot vloeistof tot gas, en verkoeling (hitteverlies) draai die verandering van fase om. Faseveranderings: om van een toestand na 'n ander te verander (vaste stowwe, vloeistowwe, gasse). Fossielafdrukke: Voetspore van diere of afdrukke van blare ens. wat in modder gemaak is, wat sedertdien hard geword en gesteentes gevorm het. Fossielafgietsels: presiese driedimensionele kopieë van die dele van plante of diere wat gefossileer het. Hulle word deur navorsers gemaak. Fossielbrandstowwe: ru-olie, steenkool en aardgas (gevorm uit die gefossileerde oorblyfsels van oerplante en -diere). Fossiele: oorblyfsels van 'n dier of plant uit vroeëre tye wat in gesteentes bewaar gebly het. Fossilering: die proses waardeur fossiele gevorm word. Die organiese chemikalieë in 'n dooie diere- of planteliggaam word deur anorganiese chemikalieë vervang, wat die liggaam so hard soos klip laat word. Fotosintese: die proses waardeur groen plante sonlig, koolstofdioksied n water gebruik om voedingstowwe te maak. G Gas: 'n fase van materie wat uit deeltjies bestaan wat vinnig beweeg en baie ver van mekaar is;gas het geen bepaalde vorm nie. Geabsorbeerde energie: wanneer energie verkry / geabsorbeer word of tot 'n voorwerp of materiaal bygevoeg word. Gebalanseerde dieet: wanneer voedsels wat die belangrike voedingstowwe bevat, in die korrekte hoeveelhede geëet word om gesondheid te verseker. Gevaarlik: materiale of stowwe wat nadelig vir die gesondheid kan wees en die omgewing kan beskadig. Gewasse: plante wat op 'n groot skaal vir voedsel of ander gebruike gekweek word. Gewrigte: die plek in 'n skelet waar twee bene bymekaarkom. Gewrigte maak beweging moontlik. Glas: 'n materiaal wat gemaak word deur sand te smelt wat met kalkklip en natrium karbonaat gemeng is. Eienskappe van glas: onbuigbaar, kan versplinter, maak 'n klinkgeluid, is duursaam en waterdig, brokkelrig en deurskynend. Grade Celsius (ºC ): die eenheid vir die meet van hitte-energie. Grond: die los boonste laag van die aarde bestaan uit 'n mengsel van verskillende grootte gesteentes / klippe en gronddeeltjies, en ontbonde organiese materie. H Habitat: 'n spesifieke plek binne 'n ekostelsel waar plante en diere leef en voortplant. Hardheid: vermoë om fisiese slytasie te weerstaan.

Page 60: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- iii -

Hidrosfeer: (water en waterdamp); daardie deel van die aarde wat uit water bestaan. Hittegeleiding: die manier waarop 'n materiaal toelaat dat hitte daardeur beweeg. Hitte-insulasie: die manier waarop 'n materiaal verhoed dat hitte-energie daardeur beweeg. I Infiltrasie: beweging van water in die grond of in poreuse gesteentes in. Inheems: tuisgekweek, met oorsprong in, inlands, natuurlike groei. Inheemse kennis: kennis vanuit ons eie land. Interafhanklikheid: lewende organismes wat vir oorlewing van mekaar afhang. Hulle verskaf vir mekaar voedsel, skuiling ens. J K Katastrofiese gebeurtenisse: gebeurtenisse wat grootskaalse skade of dood veroorsaak (bv. oorstromings). Kategoriseer: om dinge saam te groeper wat dieselfde sigbare hoedanighede of eienskappe het. Kernenergie: 'n vorm van energie wat deur radioaktiewe materiale, bv. uraan en plutonium vrygestel word. Kilojoule (kJ): die eenheid om energie te meet is die Joule (J). 'n Kilojoule is 1000 Joule. Kinetiese energie (bewegingsenergie): die energie in bewegende voorwerpe of deeltjies;energiebronne wat beweeg, bv. elektrisiteit, vallende water, wind. Klank: is 'n vorm van energie wat deur 'n voorwerp geproduseer word wat vibreer. Klank kan slegs deur 'n medium (vaste stof, vloeistof, gas) beweeg. Klank kan nie deur 'n lugleegte (d.w.s. geen lug) beweeg nie;klank beweeg weg van die bronne (d.w.s. radio, hande wat klap, 'n geskree, ens.);klank word dowwer soos dit weg van die bron af beweeg. Klanksterkte: hoe hard of sag 'n geluid is. Die geluidsterkte hang af van die hoeveelheid energie wat gebruik word om die geluid te genereer. Klasse materiale – vesels, glas, erdeware, polimere (plastiekware), papier, hout, metale. Klassifiseer: Die rangskikking van voorwerpe of lewende organismes in verwante groepe volgens hul ooreenkomste. Klei: baie klein (fyn) klipdeeltjies (soms rooierig, oranje-bruin of wit van kleur). Klei behou water en is klewerig wanneer dit nat is. Kleigrond: Grond waarin daar 'n hoë verhouding van kleideeltjies is. Klimaat: weerstoestande wat oor 'n lang tydperk in 'n sekere streek waargeneem en gemeet word. Klimaatverandering: Langtermynveranderings in die weer van die aarde se klimaatstreke. Klipdeeltjies: baie klein stukkies klip. Kokende water: water wat verhit is totdat dit genoeg energie het om in gas te verander. Kondensasie: wanneer waterdamp ('n gas) afkoel en in 'n vloeistof verander. Kondenseer: wanneer 'n gas afkoel (hitte verloor) en in 'n vloeistof verander. Kookpunt: die temperatuur waar ’n vloeistof in ’n gas verander. Koolhidrate: voedsels wat as 'n vername energiebron in menslike diëte dien. Suikers, stysels en sellulose is almal koolhidrate. Kristallisering: 'n proses om kristalle te vorm deur 'n versadigde oplossing te verhit sodat die oplosmiddel verdamp. Kweekhuiseffek: 'n verskynsel waar kweekhuisgasse sonligenergie in die atmosfeer vasvang. Kweekhuisgasse: gasse (soos koolstofdioksied, metaan en ander gasse) wat energie van die son absorbeer en in die aarde se atmosfeer vashou, en die moontlike oorsaak van aardverwarming is. L Landvorms: natuurlike fisiese eienskappe van die aardoppervlak, bv. berge, riviere, valleie, ens. Leemgrond: grond van 'n hoë gehalte wat uit 'n mengsel van sand-, slik- en kleigronddeeltjies bestaan, asook humus (ontbindende plant en dieremateriaal). Lengte van dag: die aantal daglig-ure vanaf sonsopkoms tot sonsondergang. Lengte van nag: die aantal ure vanaf sonsondergang tot sonsopkoms. Lewensprosesse: die prosesse wat alle lewende dinge uitvoer: beweging, voortplanting, gevoeligheid, groei, ontlasting, asemhaling, voeding.

Page 61: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- iv -

Litosfeer: (gesteentes en grond) soliede laag van die aarde wat die aardkors vorm. M Magnetisme: die manier waarop 'n materiaal na 'n magneet aangetrek word of nie. Materiale: vaste stowe word in groepe opgedeel, bv. metale, erdeware en polimere ens.;vaste stowwe wat nuttig is om dinge mee te maak. Materie: enigiets wat massa het en ruimte beslaan; alles op aarde en in die heelal is van materie gemaak. Materie is van atome gemaak. Meeldraad: die manlike deel (voortplantingsorgane) van 'n blom bestaan uit die helmknop en helmdraad. Meganiese stelsels: stelsels wat twee of meer bewegende dele het, bv. die bewegende dele van 'n enjin. Mengsels: twee of meer stowwe wat gemeng is en weer geskei kan word. Metale: materiale wat elektrisiteit en hitte gelei, bv. koper, tin. silwer, goud, lood, ens.; blink, hard, smeebaar, suiwer stowwe soos yster, koper, goud en silwer. Metale word in voorwerpe soos spykers, pype, metaalskerpmaker, metaallineaal gemaak. Metamorfies: gesteentes wat 'n verandering in fisiese vorm, voorkoms of aard ondergaan het. MIV/VIGS-pasiënte: mense wat met die Menslike Immuniteitsgebrekkige Virus (MIV), wat die immuunstelsel afbreek, besmet is. N Natuurlike vesels: lang, slap, sterk stringe wat van plante of diere afkomstig is, bv. in hout en papier, katoen, wol, linne ens. Natuurrampe: Gebeurtenisse soos oorstromings, aardbewings, vulkane, erge droogtes ens.). Neerslag: wanneer water uit die atmosfeer na die aarde se oppervlak val, soos reën, sneeu, ysreën, hael en dou. Nuwemaan: hierdie maanfase kom voor wanneer die maan nie deur direkte sonlig verlig is nie, en nie vir die blote oog sigbaar is nie. Die nuwemaan dui gewoonlik die begin van 'n nuwe maansiklus aan. O Om die weer te meet: 'n termometer meet die temperatuur; 'n windmeter meet die windsnelheid en rigting; 'n reënmeter meet reënval. Om te smelt is 'n verandering in toestand van 'n vaste stof na 'n vloeistof, gewoonlik deur hitte-energie veroorsaak. Omgewing: die lewende en nie-lewende milieu wat alle lewende dinge beïnvloed. Omwenteling: die beweging van 'n planeet in 'n wentelbaan soos dit rondom die son beweeg. Die beweging van 'n maan in 'n wentelbaan soos dit rondom 'n planeet beweeg. Ongewerweldes: (insekte, wurms, slakke, skaaldiere, spinnekoppe, duisendpote); die meeste het 'n eksterne skelet (eksoskelet). Onoplosbare stowwe: stowwe wat nie in 'n vloeistof kan oplos nie (bv teeblare of sanddeeltjies in water). Ontbinder: 'n organisme wat die dooie oorblyfsels van plante en liggame van diere afbreek. Ontkieming: sade ontkiem wanneer hulle begin groei en hul eerste wortel en loot ontwikkel. Ontlasting: die verwydering van afvalprodukte van metabolisme (sweet en urine) deur 'n lewende organisme. Opgeloste stof: 'n vaste stof wat in 'n vloeistof oplos en 'n oplossing vorm. Oplos: wanneer 'n vaste stof met 'n vloeistof meng en lyk asof dit in die vloeistof verdwyn, en dus nie gesien kan word nie. Oplosbaar: stowwe wat in 'n vloeistof kan oplos is oplosbaar (bv. suiker). Oplosbaarheid: die vermoë van 'n stof om op te los. Oplosbare stowwe: stowwe wat oplos (lyk asof dit verdwyn) wanneer dit met 'n vloeistof gemeng word (bv. suiker in water gemeng). Oplosmiddel: die vloeistof waarin 'n vaste stof oplos. Oplossing: 'n spesiale mengsel waarin 'n vaste stof, vloeistof of gas in 'n vloeistof, bv. soutwater oplos. Opvanggebied: natuurlike areas waar reënwater opdam, soos vleie, mere, ens.

Page 62: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- v -

Organismes: enige lewende dinge, bv. diere en plante. P Paraffien: energiebron in 'n huishouding: vloeibare brandstof wat gebruik word om kos gaar te maak. Wanneer paraffien per ongeluk aan die brand slaan, is die vlamme baie warm en moeilik om te beheer. Paring: wanneer die manlike en vroulike diere van dieselfde spesie bymekaar kom sodat die manlike een spermselle in die vroulike een se liggaam kan deponeer om haar eiers te bevrug. Penis en testikels: manlike geslagsorgane in diere. Planete: voorwerpe in die ruimte wat in 'n wentelbaan rondom 'n ster beweeg. Polimere (plastiekstowwe en natuurlike vesels): 'n reusagtige langkettingmolekule wat uit 'n groot aantal kleiner molekules bestaan wat saamgekoppel is, bv. plastiekstowwe, gomlastiek, plastiekvesels, poliëster ens. Polimere is buigbare, sterk isoleerders van hitte en elektrisiteit, duursaam, brand wanneer aangesteek. Sommige plastiekstowwe is deurskynend en ander is ondeursigtig (kan nie deur hulle sien nie). Potensiële energie (opgebergde energie): energie in 'n opgebergde vorm wat werk kan doen wanneer dit losgelaat word, bv. 'n battery. sel, gomlastiekband, chemikalieë, brandstof ens. Primêre verbruikers (planteters): diere wat slegs plante eet. Produsent: 'n organisme (bv. 'n plant), aan die begin van 'n voedselketting, wat nie nodig het om te eet nie, maar sy eie voedsel maak. Proteïene: voedsels wat gebruik word om die liggaam op te bou. Vleis, vis, eiers, bone en neute bevat proteïene. Q R Reënval: die hoeveelheid reën wat op 'n bepaalde tydstip in 'n gebied val. Relatiewe beweging: bv. die beweging van die aarde in verhouding tot die son – wentel om die son; die beweging van die maan in verhouding tot die aarde – wentel om die aarde, ens. Relatiewe posisie: posisie van die son, maan en aarde in verhouding tot mekaar in die heelal, bv. die son is in die middel van die sonnestelsel, en die planete is in wentelbane op vasgestelde afstande rondom die son. Mane wentel rondom planete, wat saam rondom die son wentel. Roes: 'n chemiese reaksie tussen yster (waar dit ookal is) en suurstof uit die lug. Rotasie: die draai van planete of mane om hul eie asse. Ru-olie: 'n fossielbrandstof wat in sedimentêre gesteentes uit die oorblyfsels van oerseediere gevorm is. S Saadknoppe: bevat die vroulike seksselle van 'n blomplant. Saadverspreiding: om saad in verskillende rigtings te versprei. Sand: groter, lig gekleurde korreltjies (klipdeeltjies), soos woestynsand en seesand. Sanderige grond: grond wat 'n hoë verhouding van sandkorrels bevat. Satelliet: enige voorwerp in die ruimte wat om 'n ander voorwerp wentel. Sedimentêre gesteentes: gesteentes wat gevorm word uit materiaal wat as lae sediment in water neergelê word. Seisoene: 'n periode van die jaar wat deur 'n duidelike klimaat gedefinieer word, (bv. winter, lente). Sekondêre verbruikers (alles-eters en vleiseters): tweedevlakverbruikers – diere wat sowel plante as diere, of slegs ander diere eet. Seksuele voortplanting: voortplanting waar daar twee ouers betrokke is. By seksuele voortplanting vind bevrugting plaas. By plante word sade na bevrugting geproduseer. Senings: die weefsel wat 'n spier aan 'n been heg. Skakelaars: die komponente in 'n elektriese stroombaan wat die stroombaan hetsy oopmaak (onderbreek) of toemaak (voltooi). Skeiding: 'n proses waardeur vaste stowwe geskei word. Skelet (menslik) – dele: skedel, kakebeen, ruggraat (werwels). ribbekas, voorbeen of arm (humerus, radius en ulna), agterbeen of bene (femur, tibia, fibula), skouer (skouerblad, sleutelbeen) en heupgordel, voete en hande.

Page 63: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- vi -

Slik: baie klein poeieragtige klipdeeltjies wat in grond aangetref word. Slikgrond: Grond wat 'n hoë verhouding slikdeeltjies bevat. Smeltende ys: ys smelt wanneer dit genoeg energie verkry om in 'n vloeistof te verander. Smeltpunt: die temperatuur waar ’n vaste stof in ’n vloeistof verander. Soepelheid: die vermoë om te buig of van vorm te verander sonder om te breek. Solidifisering: wanneer 'n stof, soos water, solied word. Son: die ster in die middel van ons sonnestelsel. Sonnestelsel: 'n ster, tesame met die planete, mane, asteroïede, komete en stof wat daaromheen wentel. Sonverhitting: gebruik van energie vanaf die son om water te verhit. Sosiale patrone: alleenlopende diere, pare, troppe, kuddes, kolonies. Spermselle: die manlike seksselle van diere. Spesies: organismes met dieselfde sigbare eienskappe wat slegs met hul eie soort kan voortplant. Spiere: liggaamsweefsel wat saamtrek om beweging te veroorsaak;tipes spiere, bv. biseps, triseps. Spysvertering: die proses waardeur voedsel in eenvoudige chemiese samestellings opgebreek word. Spysverteringstelsel: die organe wat help met die proses om voedsel te verteer; dit bestaan uit die mond, speekselkliere, slukderm, maag, lewer, pankreas, dunderm, en dikderm. Steenkool: 'n fossielbrandstof in die vorm van sedimentêre gesteentes van die oorblyfsels van oerplante. Stelsel: 'n stelsel word gemaak uit twee of meer dele wat saam werk. In 'n stelsel word energie van een deel van die stelsel na 'n ander oorgedra. Sterre: gasvormige massas in die ruimte wat energie genereer. Sterrebeeld: patrone van sterre soos dit vanaf die aarde gesien word. Die patrone bly op een plek, maar soos die aarde beweeg verskuif hulle in die lug. Sterrestelsel: 'n versameling sterre, planete, gas en ruimtestof. Stol: wanneer 'n vloeistof afkoel (hitte verloor) en in 'n vaste stof verander. Stollingsgesteente: gesteente wat deur intense hitte en die stolling van vulkaniese magma gevorm word. Stowwe: tipes materie wat in die natuur kan bestaan of wat gemaak kan word. Strata: die lae wat in sedimentêre gesteentes gesien kan word. Stroombaan: die sirkelvormige baan waarlangs elektrisiteit vanaf die bron na die toestel en terug na die bron vloei. Die elektrisiteit sal nie vloei as die baan nie heel is nie. Stuifmeel: bevat die manlike seksselle van 'n blomplant. T Teel: om voort te plant. Tegnologie: dinge wat mense gemaak het om hulle te help om dinge te doen en probleme op te los. Tekstuur: hoedat 'n materiaal voel wanneer jy daaraan raak of dit tussen jou vingers vryf. Temperatuur: 'n numeriese maat van hitte of koue in grade Celsius (°C). Termiese energie: hitte-energie. Termometer: 'n instrument wat gebruik word om temperatuur te meet. Tersiêre verbruikers: bv. mens, krokodil, ens.; derdevlakverbruikers. Toonhoogte: hoë of lae klanke. Note het 'n hoë toonhoogte (hoë klank) of 'n lae toonhoogte (lae klank). Die toonhoogte hang af van die materiaal of lug wat in 'n voorwerp of musiekinstrument vibreer;hoe vinniger die vibrasies, hoe hoër die toonhoogte. Tydelike verandering: verandering in 'n stof wat nie permanent is nie – dit kan weer tot die oorspronklike vorm terug verander word. U V Vaste stof: materie met 'n vaste vorm, beslaan ruimte; kan nie afgegiet word nie, deeltjies baie na aan mekaar.

Page 64: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre€¦ · String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder DEEL DRIE: BYLAE Graad 4 - Patroon vir

- vii -

Vegetatiewe voortplanting: voortplanting in plante sonder sade. 'n Tipe aseksuele voortplanting in plante. Die ouerplant kan 'n nuwe plant uit 'n deel van sy steel, wortel of blaar maak. Verbranding: die verbrandingsproses waarby suurstof, 'n brandstof en hitte betrokke is. Verbruiker (planteters, vleiseters en alles-eters): 'n organisme wat van ander organismes in 'n voedselketting leef. Verdamp: Wanneer 'n vloeistof verhit word en in 'n gas verander. Verdamping: die proses waardeur 'n vloeistof (bv. water) in 'n gas (waterdamp) verander. Verhittingsdrade: spesiale drade wat warm word wanneer 'n elektriese stroom daardeur beweeg, bv. soos in ysters, verwarmers, waterverwarmers, ketels. Versteen: om van los sediment na soliede rots te verander. Verweerde gesteentes: gesteentes wat deur blootstelling aan die weer beskadig is. Verwering: fisiese, chemiese of biologiese opbreek van klippe in kleiner deeltjies;die opbreek van gesteentes in kleiner deeltjies deur wind, water, hitte en koue. Vette en olies: voedsels (olyfolie, botter, vet) wat as 'n bron van energie dien en dele van die liggaam soos die senustelsel in stand hou. Vibrasies: vinnige bewegings deur 'n voorwerp gemaak (voel bv. die vibrasies wat van 'n luidspreker kom). Vitamiene en minerale: spesiale voedingstowwe wat in klein hoeveelhede nodig is vir normale groei en aktiwiteit in die liggaam. Vleiseters: diere wat ander diere eet. Vloeistof: 'n fase van materie;deeltjies in 'n vloeistof beweeg ten opsigte van mekaar, kan afgegiet word, neem die vorm van die houer aan, beslaan ruimte, deeltjies raak, maar is verder van mekaar as by vaste stowwe. Voedingstowwe: stowwe in ons kos wat voeding voorsien: koolhidrate, proteïene, vitamiene en minerale, vette en olies. Voedselketting: 'n voedselketting toon aan wie vir wie in 'n ekostelsel eet;die vloei van energie in die natuur deur lewende organismes. 'n Reeks organismes waardeur energie in 'n ekostelsel deurgegee word. Voedselpiramiede: 'n piramiedevormige diagram wat as gids na die vernaamste voedselgroepe dien, en na die aanbevole hoeveelhede wat vir 'n gebalanseerde dieet geëet moet word. Volhoubaarheid: om natuurlike hulpbronne te benut sonder om die ekologiese balans te vernietig. Volmaan: 'n fase van die maan waar die volle gesig sigbaar is (wanneer die maan rond lyk),dit kom ongeveer halfpad deur die maansiklus voor. Vorms van energie: bv. hitte, lig, klank, beweging, elektrisiteit. Vrugbeginsel en uterus en vagina: vroulike geslagsorgane in diere. Vrugblaar: vroulike deel van 'n blom – bestaan uit die stamper, stampersteel en vrugbeginsel. Vrugblaar: vroulike deel van 'n blom – bestaan uit die stamper, stampersteel en vrugbeginsel. W Waarskuwingstekens / gevaarsimbole: tekens wat gevaar- of risiko-areas aandui. Waterhulpbronne: bronne van water wat nuttig of potensieel nuttig vir mense is. Watersiklus: die natuurlike herbenutting van water tussen die land, watermassas en die atmosfeer; prosesse waarvolgens die aarde se water deur die omgewing sirkuleer. Weer: temperatuur, wind, sonlig en reën wat op 'n daaglikse basis gemeet word;die toestand van die atmosfeer (temperatuur, wind, ens.) op 'n gegewe tydstip en plek. Weerspieëlde lig: lig-energie wat 'n voorwerp tref en dan in 'n ander rigting wegbons. Wentelbaan: die baan waarlangs 'n planeet rondom die son beweeg. Die baan waarlangs 'n maan rondom 'n planeet beweeg. Werweldiere: (visse, amfibieë, reptiele, voëls, soogdiere) het 'n interne skelet (endoskelet). Windkous / weerhaan: instrument om die windrigting aan te dui. X Y Z