8

Eskom Holdings (MSB) Beperk (hierna Eskom genoem) het in ... · Eskom Holdings (MSB) Beperk (hierna Eskom genoem) het in September 2006 magtiging bekom vir die Medupi Kragstasie (DO

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • 2

    Eskom Holdings (MSB) Beperk (hierna Eskom genoem) het in September 2006 magtiging bekom vir

    die Medupi Kragstasie (DO Verw. No. 12/12/20/695). Ingevolge hierdie magtiging is Eskom onder

    andere gemagtig vir die:

    » oprigting van 'n 4 800 MW steenkoolkragstasie en bykomende infrastruktuur naby Lephalale,

    op sowat 700 ha van die plaas Naauwontkomen 509 LQ;

    » verlegging van die Steenbokpanpad; en

    » oprigting van die oorland vervoerband tussen die kragstasie en die myn.

    Daarbenewens het Eskom Holdings Beperk ook in Oktober 2009 'n afvallisensie vir die oprigting van

    'n ashoop op die plaas Eenzaamheid 687 LQ (Verw. No. 12/9/11/L50/6) bekom. Die Departement

    van Waterwese het in Maart 2011 'n wysiging aan die Lisensie vir Watergebruik uitgereik. Hierdie

    lisensie magtig 6 Ashoop Besoedelingsbeheerdamme.

    Weens die vertragings in die inbedryfstelling van die Medupi Kragstasie, het Eskom Holdings Beperk

    die behoefte geïdentifiseer om 'n steenkoolbergingsgebied te vestig om steenkool te akkommodeer

    wat die kragstasie van Exxaro se Grootegeluk Myn af moet voorsien. Hierdie

    steenkoolbergingsgebied is in die voetspoor van die gemagtigde Ashoop voorgestel. Die DO het

    hierdie steenkoolbergingsgebied in Julie 2012 gemagtig (DO Verw. No. 14/12/16/3/1/531).

    Die ashoop en oortollige steenkoolbergingsgebied wat op die plaas Eenzaamheid 687 LQ in die

    voetspoor van die voorafgemagtigde Medupi Kragstasie geleë sal wees, sal

    besoedelingsbeheerdamme verg vir die indamming van stormwaterdreinering vanuit hierdie

    gebiede. In hierdie verband verlang Eskom berging in besoedelingsbeheerdamme (BBD's)

    bykomend tot dié wat gemagtig is. BBD's met 'n gekombineerde kapasiteit van sowat 420 000 m3

    word aan die hand gedoen ten einde te verseker dat genoegsame indammingsfasiliteite beskikbaar

    is vir die verwagte gekombineerde waterafloop vanaf die steenkoolbergingsgebied en die ashoop.

    Gepaardgaande infrastruktuur sluit 'n werkswinkelgebied vir instandhouding/brandstofhervulling

    van konstruksievoertuie en die berging van gevaarlike stowwe in.

    Die aard en omvang van hierdie voorgestelde ontwikkeling word van naderby in hierdie

    Agtergrondinligtingsdokument (AID) ondersoek.

    Hierdie dokument poog om u, as 'n belangstellende en/of geaffekteerde party (B&GP), te voorsien

    van:

    » ' n o o r s i g v a n d i e v o o r g e s t e l d e b e s o e d e l i n g s b e h e e r d a m b y d i e

    steenkoolbergingsgebied/ashoopterrein te Medupi Kragstasie;

    » 'n oorsig van die OIE-proses (wat 'n Bestekopname- en 'n OIE-fase insluit) wat onderneem

    word ten einde die potensiële impakte van die voorgestelde projek te evalueer; en

    » besonderhede van hoe u by die OIE-proses betrokke kan raak, inligting kan ontvang of

    vraagstukke kan opper wat u dalk kan raak en/of wat vir u van belang kan wees.

    DOEL VAN HIERDIE AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT

  • 3

    OORSIG VAN DIE VOORGESTELDE PROJEK

    GEVOERDE BESOEDELINGSBEHEERDAMME WAT VIR DIE PROJEK

    VOORGESTEL WORD

    Die ashoop en oortollige steenkoolbergingsgebied wat op die westelike gedeelte van die noordelike

    ashoop in die voetspoor van die Medupi Kragstasie geleë sal wees, sal besoedelingsbeheerdamme

    verg vir die indamming van stormwaterdreinering vanaf hierdie gebiede. Indien afvalwater nie na

    behore beheer word nie, kan dit die hidrologiese kenmerke van beide die oppervlakwater en

    grondwater wesenlik verander, wat dan gevolglik ander bestaande watergebruikers in die

    omliggende gebied kan affekteer. Gesonde bestuurspraktyke om waterbesoedeling te voorkom of

    te minimaliseer, is derhalwe fundamenteel vir Eskom se bedrywighede om volhoubaar te wees.

    Eskom verlang dus besoedelingsbeheerdamme (BBD's) vir berging benewens dié wat gemagtig is

    ten einde die bykomende verwagte afvalwater van die ashoop en steenkoolbergingsgebied in te

    dam. BBD's met 'n gekombineerde kapasiteit van sowat 460 000 m3 word voorgestel ten einde te

    verseker dat genoegsame indammingsfasiliteite beskikbaar is vir die verwagte gekombineerde

    waterafloop vanaf die steenkoolbergingsgebied en die ashoop. Die voorneme is dat die water

    herwin sal word vir die ashoopbedrywighede, wat onder andere stofonderdrukking sal insluit, wat

    op sy beurt water sal spaar. Gepaardgaande infrastruktuur sluit 'n werkswinkelgebied vir

    instandhouding/brandstofhervulling van konstruksievoertuie en die berging van gevaarlike stowwe

    in. 'n Breër studiegebied van meer as 20 ha word oorweeg waarbinne die BBD's opgerig moet word,

    hoewel die omvang van die werklike ontwikkelingsvoetspoor kleiner sal wees.

    Die besoedelingsbeheerdam (insluitend die steenkoolbergingsgebied) is ontwerp as 'n zero-

    vloeistofuitvloeiterrein (ZLED-terrein). Voorsiening is gemaak vir 'n voeringstelsel onder die

    steenkoolbergingsgebied, asook vir die besoedelingsbeheerdamme, om syfering na grond onder

    die damme te voorkom. Die steenkoolbergingsgebied en damme sal met 'n voeringstelsel toegerus

    word ooreenkomstig die Minimum Vereiste Standaardspesifikasie (DWAF, 1998), Gevaarlik H:h, wat

    laag tot medium is. Syfering en vuil afloop van die steenkoolbergingsgebied en ashoop sal in die

    besoedelingsbeheerdamme opdam vanwaar vuil water sal verdamp. Indien nodig, sal hierdie water

    vir stofonderdrukking gebruik word.

    Gevoerde BBD's is belangrik om syfering na die ondergrondse waterbronne te voorkom en is dus

    belangrike elemente in die bestuur van afvalwater. Die primêre funksie van BBD's is om die

    vuilwaterbydrae wat nie na die natuurlike omgewing kan uitvloei nie, op te gaar en tydelik terug te

    hou. Die teruggehoue vuilwater sal deur herwinning en hergebruik bestuur word. Figuur 1 is 'n

    voorbeeld van 'n tipiese gevoerde BBD.

    Die bedryf van tipiese BBD's sluit die volgende in:

    » Bedryf teen 'n vlak om vuilwaterinvloei, minder uitvloei en verliese en die nodige vryboord te

    akkommodeer.

    » Herlei skoon stormwater weg van die dam sover prakties moontlik.

    » Laat vuilwater terugkeer na die proseswaterstelsel.

  • 4

    Die voorgestelde besoedelingsbeheerdamme by die Medupi Kragstasie sal sodanig ontwerp word

    dat hulle voorsiening sal maak vir afvalwater ná 2028 wanneer die gebruik van die oortollige

    steenkoolbergingsgebied nie meer benodig sal word nie. Daarna sal hulle terugval op die benutting

    van as soos gemagtig in die ashoopafvallisensie (Verw. No. 12/9/11/L50/6).

    Figuur 1: Voorbeeld van 'n tipiese gevoerde besoedelingsbeheerdam

    Kragtens die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur: Afval (Wet 59 van 2008), vereis die oprigting

    van die besoedelingsbeheerdam 'n Afvallisensie ooreenkomstig Staatskennisgewing 718.

    Aangesien die aktiwiteite wat verband hou met hierdie voorgestelde projek (d.i. Aktiwiteit No. 1 en

    11) gelys is onder Kategorie B van hierdie Kennisgewing, moet 'n Bestekopname en 'n OIE-proses

    soos uiteengesit in die OIE-regulasies (2010) onder Artikel 24(5) van die Nasionale Wet op

    Omgewingsbestuur (NEMA, Wet 107 van 1998) onderneem word. Daarbenewens verlang Eskom

    magtiging ingevolge die OIE-regulasies kragtens Artikel 24(5) van die Nasionale Wet op

    Omgewingsbestuur (NEMA, Wet 107 van 1998) vir aktiwiteite wat onder hierdie wetgewing gelys is.

    Omvattende, onafhanklike omgewingstudies moet ooreenkomstig die OIE-regulasies onderneem

    word ter ondersteuning van hierdie aansoek om magtiging en die aansoek om 'n afvallisensie. 'n

    Geïntegreerde aansoekproses word ter ondersteuning van beide hierdie vereiste aansoeke

    onderneem.

    'n OIE is 'n doeltreffende beplannings- en besluitnemingswerktuig. Dit bring mee dat die potensiële

    omgewingsverwante gevolge wat voortspruit uit 'n voorgestelde aktiwiteit, geïdentifiseer en na

    behore bestuur word tydens die oprigting en bedryf daarvan. Dit bied die applikant die geleentheid

    om vooraf gewaarsku te wees teen potensiële omgewingsvraagstukke en bied die geleentheid om

    die vraagstuk(ke) waaroor verslag gedoen is in die OIE-verslag, asook uit dialoog met B&GP's, op te

    los.

    OMGEWINGSIMPAKEVALUERINGSPROSES

  • 5

    Eskom het Savannah Environmental aangestel as die onafhanklike omgewingskonsultante ten

    einde die nodige Bestekopname en OIE-proses te onderneem om alle gepaardgaande potensiële

    omgewingsimpakte betreffende die voorgestelde projek te identifiseer en te evalueer, en om

    gepaste versagtings- en bestuursmaatreëls in 'n Omgewingsbestuursprogram (OBPr) voor te stel.

    As deel van hierdie omgewingstudies, sal B&GP's aktief betrokke raak deur die openbare

    deelnameproses.

    Die proses wat onderneem word, is ooreenkomstig die vereistes van die OIE-regulasies en kan soos

    volg opgesom word:

    » Verwittiging van belangstellende en geaffekteerde partye met betrekking tot die voorgestelde

    projek per brief, in die pers en op die terrein

    » Opstel van die Konsep Bestekopnameverslag (insluitend die identifisering van vraagstukke wat

    met die projek gepaard gaan) en die Plan van Studie vir die OIE

    » Oorsigtydperk deur belangstellende en geaffekteerde partye (B&GP's) vir die Konsep

    Bestekopnameverslag (Augustus 2013)

    » Indiening van die Finale Bestekopnameverslag by die Bevoegde Owerheid (Departement van

    Omgewingsake) vir oorsig en aanvaarding

    » Opstel van die Konsep OIE-verslag (insluitend spesialisstudies) en Konsep OBPr

    » Oorsigtydperk deur belangstellende en geaffekteerde partye (B&GP's) vir die Konsep OIE-

    verslag (Oktober 2013)

    » Oorsig en besluitneming deur die Bevoegde Owerheid

    » Omgewingsmagtiging en appèlproses

    Alle fases vir die voorgestelde BBD's (d.i. beplanning/ontwerp, konstruksie, bedryf en

    uitbedryfstelling) het die potensiaal om 'n impak op die omgewing te hê (d.i. direk, indirek en

    kumulatief), positief sowel as negatief. Die volgende potensiële impakte is tot op hede in die proses

    geïdentifiseer:

    » Ekologie, fauna en flora - die oprigting van die BBD's en gepaardgaande infrastruktuur kan

    lei tot die versteuring van plantegroei (insluitend beskermde boomspesies), sensitiewe habitats

    en/of diere.

    » Grondwater - die voorgestelde BBD's en gepaardgaande instandhouding/hervullings-gebied

    kan lei tot besoedelaars wat in die grond insypel (indien die voering sou ingee) en 'n impak op

    ondergrondse water kan hê.

    » Oppervlakwater - die oprigting van die BBD's en gepaardgaande infrastruktuur kan lei tot

    potensiële impakte op oppervlakwater.

    » Erfenishulpbronne - die konstruksie van die voorgestelde BBD's en gepaardgaande

    infrastruktuur kan die versteuring of vernietiging van erfenisterreine tot gevolg hê.

    » Maatskaplike impakte - die konstruksie- en bedryfsfase kan lei tot beide positiewe en

    negatiewe impakte deur werksgeleenthede en impakte op grondgebruik aangesien die

    eiendom tans gemagtig is as 'n ashoop en steenkoolbergingsgebied.

    WAT IS DIE POTENSIËLE OMGEWINGSIMPAKTE WAT MET DIE

    VOORGESTELDE PROJEK GEPAARD GAAN?

  • 6

    Die bogenoemde impakte is tydens die spesialisstudies geëvalueer wat as deel van die OIE vir die

    Medupi Kragstasie onderneem is (voltooi deur Bohlweki Environmental in Mei 2006). Konstruksie op

    die terrein het reeds 'n aanvang geneem onder die vorige magtigings wat verkry is. Gevolglik word

    oorweeg dat vorige studies wat op die terrein gedoen is, gebruik kan word as basis vir die

    identifisering en evaluering van impakte wat verband hou met BBD's en gepaardgaande

    infrastruktuur. Projekspesifieke spesialisstudies word onderneem om potensiële impakte op

    oppervlak- en grondwater te evalueer ten einde die bestaande situasie in hierdie verband te bepaal

    en om te verseker dat die risiko in hierdie opsig sover moontlik geminimaliseer word. Praktiese en

    uitvoerbare versagtingsmaatreëls sal vir alle potensiële impakte aanbeveel word ten einde

    potensieel wesenlike impakte te verminder wat geïdentifiseer is om met die voorgestelde BBD's en

    gepaardgaande infrastruktuur verband te hou. Hierdie aanbevelings sal in 'n Konsep

    Omgewingsbestuursplan (OBPr) vir hierdie projek vervat word.

    Die deel van inligting vorm die grondslag van die Openbare Deelnameproses en bied u die

    geleentheid om uit die staanspoor aktief by die OIE-proses betrokke te raak. Kommentaar en

    insette van B&GP's tydens die Bestekopname- en OIE-fase word aangemoedig ten einde te

    verseker dat oorweging aan potensiële impakte binne die omvang van die studie geskenk word. Die

    openbare deelnameproses poog om te verseker dat:

    » inligting wat al die tersaaklike feite met betrekking tot die aansoek bevat, aan B&GP's

    beskikbaar gestel word vir oorsig;

    » deelname deur B&GP's op so 'n wyse gefasiliteer word dat hulle 'n redelike geleentheid gegun

    word om kommentaar te lewer oor die voorgestelde projek; en

    » toereikende oorsigtydperke aan B&GP's gebied word om kommentaar te lewer oor die

    bevindinge van die Konsep Bestekopname- en OIE-verslag.

    Ten einde doeltreffende deelname te verseker, sluit die openbare deelnameproses die volgende in:

    » Die verspreiding van hierdie Agtergrondinligtingsdokument wanneer die proses 'n aanvang

    neem.

    » Die identifisering van B&GP's, wat naburige grondeienaars en staatsinstansies insluit.

    » Die aanbring van terreinkennisgewings by die geaffekteerde eiendomme.

    » Die plasing van advertensies in plaaslike koerante.

    » Die samestelling van 'n B&GP databasis wat regdeur die OIE-proses bygewerk sal word. Alle

    geregistreerde B&GP's word persoonlik in kennis gestel van mylpale in die OIE-proses deur 'n

    brief aan belanghebbendes.

    » Die vrystelling van die Konsep Bestekopname- en OIE-verslag vir openbare besigtiging.

    » Die hou van openbare en fokusgroepvergaderings met B&GP's ten einde die openbare

    deelnameproses verder te fasiliteer.

    Kragtens die OIE-regulasies, word u aandag gevestig op u verantwoordelikhede as 'n B&GP:

    OPENBARE DEELNAMEPROSES

    U VERANTWOORDELIKHEDE AS 'N B&GP

  • 7

    Kopiereg: Savannah Environmental

    » Ten einde aan hierdie OIE-proses deel te neem, moet u uself op die projek se databasis

    registreer.

    » U moet toesien dat enige kommentaar rakende die voorgestelde projek binne die gestipuleerde

    tydsraamwerke ingedien word.

    » Daar word van u verlang om enige regstreekse sake-, finansiële-, persoonlike- of ander belange

    wat u dalk mag hê in die goedkeuring of afkeuring van die aansoek vir die voorgestelde

    sonkragaanleg, bekend te maak.

    1. Deur telefonies, per faks of per e-pos te reageer op ons uitnodiging vir u betrokkenheid wat in

    koerante geadverteer is.

    2. Deur die antwoordvorm aan die tersaaklike kontakpersoon terug te besorg.

    3. Deur die vergaderings by te woon wat gedurende die verloop van die proses gehou sal word. As

    'n geregistreerde B&GP sal u outomaties uitgenooi word om hierdie vergaderings by te woon.

    Datums vir openbare vergaderings sal ook in plaaslike koerante geadverteer word.

    4. Deur die konsultante te kontak met navrae of kommentaar.

    5. Deur oorsig en kommentaar te bied oor die konsep Bestekopname- en OIE-verslag, en wel

    binne die gestipuleerde 30-dae oorsigtydperke.

    Indien u uself as 'n B&GP vir hierdie projek ag, moedig ons u aan om gebruik te maak van die

    geleenthede wat geskep word deur die openbare deelnameproses om kommentaar te lewer of

    daardie vraagstukke en knelpunte te opper wat u raak en/of waarin u belangstel en waaroor u meer

    inligting verlang. U insette in hierdie proses vorm 'n belangrike deel van die OIE-proses.

    Deur die meegaande antwoordvorm in te vul en in te dien, registreer u uself outomaties as 'n B&GP

    vir hierdie projek en verseker u dat kennis geneem word van die kommentaar, knelpunte of navrae

    wat u betreffende die projek opper.

    HOE OM BETROKKE TE RAAK

    KOMMENTAAR EN NAVRAE

    www.savannahSA.com

    Vir dokumentasie wat met die projek gepaardgaan, besoek

    Gabriele Wood van Savannah Environmental

    Posbus 148, Sunninghill, Johannesburg, 2157

    Telefoon: 011 656 3237

    Faks: 086 684 0547

    E-pos: [email protected]

    Rig alle kommentaar, navrae of antwoorde aan:

  • Page 1Page 2Page 3Page 4Page 5Page 6Page 7Page 8