20
dwelmafhanklikheid Deur Nicolien Welthagen Solidariteit Navorsingsinstituut Opgestel in opdrag van Solidariteit Helpende Hand September 2015

dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

dwelmafhanklikheidDeur Nicolien Welthagen

Solidariteit Navorsingsinstituut

Opgestel in opdrag van Solidariteit Helpende Hand

September 2015

Page 2: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

inhoudsopgawe3

Inleiding

3Agtergrond

4Navorsingsmetode

5Resultate

5Problematiese kinderjare

7Tipe dwelms wat gebruik is en die invloed daarvan op hul lewens

7Tipe dwelms

9Isolasie en vervreemding van familie en geliefdes

11Die straatlewe van geweld, aanranding, diefstal en tronke

12Nigeriërs, prostitusie en satanisme ook deel van die lewe van ‘n dwelmslaaf

13Ophou en terugval, ophou en terugval

16Ingrepe en hulp

17Die invloed en gevolge van GEE

18Samevatting

SolidariteitHelpende Hand

®

Page 3: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende Hand Wit bedelaars & dwelmafhanklikheid

3

Inleiding

Motoriste kyk vol emosie en met gemengde gevoelens na wit bedelaars op straat. Mense word gewoond aan die verbrande gesigte vol plooie, die onversorgde hare en stukkende vuil klere aan maer lywe, maar voel altyd jam-merte en ʼn oorweldigende behoefte om te help en te gee. Baie mense is egter ook al teleurgestel wanneer die

bedelaars nie wil werk nie of geld aan drank en sigarette uitgee. Baie is moedeloos om te gee en die probleem te sien bly.

Bedelary is die uitkoms van ‘n ingewikkelde sameloop van lewensomstandighede, sielkundige faktore, kinderjare en ekonomiese toestande. Hierdie studie het ten doel om hierdie aspekte uit te lig en die publiek daarop te wys dat ʼn paar rand wat by ʼn verkeerslig gegee word, in werklikheid die probleme vererger. Die publiek sal moet leer en besef dat hulle REG moet GEE!

Agtergrond

Om te bedel, bly vernederend en tas menswaardigheid diep aan. Dit spreek tot die hart en siel van ʼn gemeenskap, maar kan nie opgelos word deur optrede en besluite wat nie weldeurdag en met kennis ingelig is nie. Hoekom kan bedelaars nie aan hul omstandighede ontsnap en beter keuses maak nie? Wat gee daartoe aanleiding dat

bedel op straat die enigste uitweg vir hierdie mense is?

Om te bedel, is ʼn simptoom van ʼn lewe en verhoudings wat ingewikkeld en droewig tot ʼn hartseer verhaal saamge-vleg het. Maar net soos wat dit ʼn simptoom is, veroorsaak die straatlewe verdere probleme soos sosiale isolasie, fisieke agteruitgang en verdere besluite wat die persoon in wanhoop en pyn verstrengel.

Navorsing wys dat bedelary en ‘n straatlewe ʼn ingewikkelde probleem met veelvoudige omstandighede en situasies is wat in ag geneem moet word. Daar is ʼn interspel van individuele, gesins-, gemeenskaps- en strukturele omstandighede wat die probleem teweegbring en vererger. Sterk verbande en oorsaaklikheid tussen bedel, haweloosheid, armoede, geestesversteurdheid, dwelmverslawing en alkoholisme is uit verskeie studies wêreldwyd bewys (Lee & Farrell, 2003, Murry et al, 2012; Burke 1999; Stones, 2013).

Kennis en insig is nodig sodat ʼn probleem suksesvol ontrafel en aangepak kan word. Behalwe Solidariteit Helpende Hand, in samewerking met die Solidariteit Navorsingsinstituut en die Moeggesukkel-rehabilitasiesentrum, is daar geen ander navorsers wat kwalitatiewe studies onder wit bedelaars op straat aanpak nie. Hierdie studie ondersoek veral die probleem van dwelmverslawing onder die wit straatbedelaars.

Helpende Hand het dié eksploratiewe kwalitatiewe navorsing versoek sodat die bedelaars se stories gehoor kan word en so-dat húl perspektief oor hoe dit voel om te bedel, beter verstaan kan word. Daar word gehoop dat beter begrip vir die probleem en kennis ontwikkel en versamel sal word sodat professionele en waardevolle werk op dié gebied gedoen kan word.

Die Suid-Afrikaanse konteks waarbinne hierdie ondersoek plaasgevind het, is een van hoë vlakke van wit werkloosheid en toenemende armoede binne ʼn verswakkende ekonomie, min of geen regeringshulp aan wit armes nie en min welsyns- of spesialisinstansies wat die probleem ondersoek en beslissend aanpak.

“Bedelary is die uitkoms van ‘n in-gewikkelde sameloop van lewensom-standighede.”

Page 4: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende HandWit bedelaars & dwelmafhanklikheid

4

Navorsingsmetode

Omdat die navorser nie van enige ander ondervindingsgebaseerde studies met wit bedelaars en dwelmafhanklikheid bewus is nie, is daar besluit om ʼn kwalitatiewe benadering te volg. Kwalitatiewe navorsing het ten doel om die respon-dente se ondervinding en vertelling vanuit hul eie perspektief en lewensomstandighede te verken en te verstaan.

Daar word dus insig in die ondervinding en binnewêreld van die respondente verkry. Hierdie studie is die begin van ‘n kennisbasis in hierdie onbekende veld.

Daar is op semigestruktureerde kwalitatiewe onderhoude as data-insamelingsmetode besluit. Die onderhoude het gefokus op verskeie faktore wat aanleiding gegee het tot die respondente se straatlewe en huidige lewensomstan-dighede.

De Wet Potgieter, ʼn ervare joernalis, is genader om die onderhoude te voer. Vanuit vorige werk en projekte het hy toegang tot hierdie netwerk van mense en word hy onder moontlike respondente gesien as iemand wat vertrou kan word. Só is openhartige en eerlike inligting verkry.

De Wet het gedurende Julie 2015 met sewe dwelmverslaafdes wat reeds in Moeggesukkel en House Regeneration in Pretoria opgeneem is, onderhoude gevoer. Die respondente is spesifiek gekies (Nie-ewekansige, Doelgerigte steek-proefmetode) omdat hulle volgens die personeel van Moeggesukkel en House Regeneration die geskikste sou wees om die navorsingsvrae te beantwoord. Hulle is almal mans en hul ouderdomme is 24, 26, 27, 29, 30, 33 en 48 jaar.

Hoewel die onderhoude semigestruktureerd was, moes dit ʼn dieptenavraag rondom die respondente se lewensverhale doen. Hulle moes vertel hoe hulle grootgeword het, wat hulle ervaar en deurleef het, die keuses wat hulle gemaak het en dit wat aanleiding tot dwelmgebruik gegee het. Verder moes hulle vertel hoe hulle op straat beland het en wat hulle daar ondergaan het. Hulle is ten slotte uitgevra oor hul stryd om te rehabiliteer.

Die onderhoude is hierna getranskribeer en volgens ʼn inhoudsanalisetegniek gekodeer en geanaliseer. Op grond van hierdie analises is daar patrone en temas uit die data geïdentifiseer wat herhaaldelik in die data te voorskyn gekom het. Dit het aanleiding tot die samestelling en struktuur van hierdie verslag gegee.

Die temas wat uit die data verskyn het, word beskryf, waarna die woordelikse (verbatim) response (met oranje aanha- lingstekens aangedui) weergegee word om die tema te verduidelik. Sommige vertellings word op meer as een plek in die verslag gebruik omdat dit tot meer as een tema spreek.

Lewensverhale vloei en vleg ineen en dit is moeilik om dit só te ontrafel dat dit volkome tot een spesifieke tema spreek. Soms is die woordelikse relaas lank omdat daar ʼn lang storie vertel word en daar van die diepte verlore sal gaan as dit verkort word.

Die respondente se data word verder aangevul deur die notas en insigte van die onderhoudvoerder. Dit was ook nodig om name en verwysings na spesifieke plekke te verwyder of te verander om die respondente se identiteit te beskerm.

“My ma het ook gedrink, dwelms gebruik en sulke dinge.”

Page 5: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende Hand Wit bedelaars & dwelmafhanklikheid

5

Resultate

Die bevindings word in chronologiese volgorde aangebied en nie noodwendig op grond van die “sterkte” van ʼn tema nie. In lewensverhale is daar ʼn oorsaaklike verloop. Omstandighede en gebeure lei tot die volgende en daaropvolgende gebeure, keuses en situasies. Die verslag is hiervolgens geskryf.

Problematiese kinderjare

Die meeste van die respondente vertel verhale van fisieke of emosionele trauma of ernstige stres, vrees of krisisse tydens hul kinderjare. Hulle het swak psigososiale of gesinsomstandighede of invloede beleef, waar hul ouers dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in

stabiele huislike of familie-omstandighede grootgeword het, is aangeneem omdat sy ma ʼn prostituut was. Hoewel sy aanneemouers ʼn goeie huis en opvoeding verseker het, het hy altyd gevoel dat hy nie daar hoort nie en het dit hom geweldig gepla dat sy ma hom weggegooi het. Hy het verkeerde vriende ontmoet wat hom aan dwelms voorgestel het.

By die meeste van die respondente was daar ʼn gebrek aan standvastigheid en verhoudingsekuriteit asook gevoe-lens dat niemand vir hulle omgee nie. Van die respondente noem dat hul pa’s in alle opsigte afwesig was en van die kinders “vergeet” het. Dit is maklik om hul soeke na behoort-aan, geborgenheid en liefde in hul stories te lees. Ernstige gevoelens van verwerping is sigbaar en onbetrokkenheid van ouers of versorgers is duidelik te sien. Baie kon nie die verwerping hanteer nie.

Sommige se ouers het self dwelms of drank gebruik en kon nie ondersteunend en versorgend teenoor die kinders wees nie. Die respondente het daarom geen stabiliteit of ʼn vangnet gehad om op terug te val nie. Daar was niemand om leiding en raad te gee wanneer die lewe moeilik geraak het of wanneer hulle hulp nodig gehad het as hulle verkeerde keuses gemaak het nie.

Die respondente kom meestal uit gebroke huishoudings waar die ouers geskei is of waar daar gesinsgeweld teenwoor-dig was.

My aangenome ouers het my goed grootgemaak. Hulle was baie goed vir my gewees. Ek het net gevoel ek was ʼn fout. Daar was so baie dinge waaroor ek nie kon praat nie. Nie met my ouers oor kon praat nie. Hulle het my al van baie kleins af laat verstaan dat hulle nie my eie ouers was nie en ek dink dit het my baie gepla. Ek kon nie verstaan hoekom het my ma my weggegooi nie. Toe ek vyftien was, jy kry mos dan papiere wat vir jou vertel hoe lyk jou ma en hoe lyk jou pa. Geen name nie. So het ek uitgevind sy was ʼn prostituut gewees. Sy het my weggegooi toe ek drie jaar oud was en ek is aangeneem deur my ouers. My situasie het baie jonk begin. Ek het gevoel ek was nie bedoel nie en ek het nêrens ingepas nie en ek dink ek het liefde gesoek op die verkeerde plekke. Dit het al op laerskool begin waar ek baie rebels was. Ek het begin dagga rook, skool gebank en alles. Eendag het die hoof my geslaan en ek het hom teruggeslaan. Hulle het my toe geskors. Ek het vir twee jaar Boys Town toe gegaan en uitgekom en toe in ʼn verbetering-skool gesit. Ek dink dit is waar my dwelmprobleem begin het.

Ek was op ʼn baie jong ouderdom aangerand. Ek was twaalf maande oud toe steek my ma se man, my stiefpa, my oog uit met ʼn potlood. My ma het ook gedrink, dwelms gebruik en sulke dinge en hulle het maar hul frustrasies op my uitgehaal omdat ek die eerste kind was. Ek het ʼn rebelse houding begin kry. Ek het toe op skool begin om dagga te rook en saam met pêlle te drink. Op daardie manier het ek net gesien ek moet niks bereik met my lewe nie.

Ek sal seker sê van laerskooltyd af het dinge verkeerd begin loop. My pa is ʼn biker. So ek was van kleins af blootgestel aan daai tipe goedjies. Ek was so twaalf, dertien jaar oud dat ek blootgestel is aan dit en ek het, ja, my pa het dat ek sy dagga-zolletjies vir hom rol. My ouers is later geskei en ek het by my ma gebly. Van hoërskool af, hier van standerd nege af, toe was ek blootgestel aan ander mense wat dit gebruik het.

My pa en my ma het geskei, my regte pa, juis omdat my ma nie wou regkom nie. My pa het daarvan uit-gevind en my stiefpa laat toesluit vir lewenslank en my ma was verbied om my ooit weer in haar lewe te sien. Ek is toe op ‘n tydelike basis kinderhuis toe. Was vyf maande daar, toe het mense my kom tydelik aanneem.

Page 6: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende HandWit bedelaars & dwelmafhanklikheid

6

Dit was huishoudelike probleme gewees. My stiefpa het my ma baie geslaan en ons het nie baie goed oor die weg gekom daaroor nie en op sestien is ek uit die skool uit. Van toe af was ek op die straat en ek het met vriende gemeng wat met drugs deurmekaar was.

My eintlike probleme het gebeur oor violence in die huis. Geen standvastigheid by die huis nie, ek weet nie waar is my pa nie. Hy het my en my broer vergeet. Ek kon nie rejection hanteer nie en ek die situasie baie misbruik.

Jy soek oral aandag. Jy doen stupid goed. Jy dink nie.”

Een respondent het egter vertel dat hy baie goed in sport was en ook ernstig gefokus het op sy akademie. Vir hom het dit daaroor gegaan om in te pas, om gewilder te wees. Sy belangstelling is egter waarlik geprikkel toe mense by die skool met hulle oor dwelms kom praat het. Pleks daarvan om afgeskrik te word, het hy meer begin belangstel in hoe dit werk. Kort daarna het hy vriende ontmoet wat dwelms gebruik het.

In standerd sewe het ek my Gauteng-Noord-kleure gekry. In standerd agt weer by Gauteng-Noord kleure gekry sowel as Junior Springbok en in standerd nege weer en derde beste in die land. Ek het in standerd agt vir die eerste keer dagga gerook. Dit was in 2002. Ek het nie baie daarvan gehou nie. Dit het my lui gemaak. Ek het probeer inpas. Ek was daai tyd baie ingestel op akademie en ek wou bietjie meer populêr gewees het. Nie lank daarna nie het hulle by ons skool kom praat oor dwelms, maar in plaas van om te doen wat hulle sê om weg te bly van die goete af het ek groot belangstelling gevind in die goed en hoe dit werk. Ek het toe ʼn ou in ons klas ontmoet en hulle het al gebruik en het ons toe deur hulle daai tyd ecstasy gekoop. Ons het baie ecstasy gebruik op skool, maar net oor naweke as ons geld gehad het. Dit was nie ʼn ding wat ons by die skool gedoen het nie. Ek was in standerd nege gewees toe ek cat gebruik het in daai groep, maar omdat ek altyd geld van my ouers gekry het, het ek verkies om cocaine te gebruik oor die kwaliteit van die goed wat daardie tyd ongelooflik was. Ook ‘n naweekding gewees. Niks deur die week nie, miskien net hier en daar. Ek het my matriek klaar gemaak en ek wou in ʼn mediese rigting gaan studeer. Ek het my matriek gemaak, maar nie universiteitstoelating gehad nie. Toe besluit ek in 2004 om oorsee te gaan en ek het toe daar gaan werk vir amper twee jaar by ʼn groot Joodse firma, geldmagnate.Ek het baie goed gedoen vir myself, baie goeie geld verdien. Ek het in ʼn baie nice plek gebly ek was seker twee maande daar wat ek skoon was toe die belangstelling vir dwelms my weer getakel het. Toe kom ek agter hoe goedkoop is dit daar en hoe maklik dit verkrygbaar is. Ek daar toe sommer by die werk en naweke gebruik, na tweekeer ʼn week, driekeer ʼn week, na vierkeer per week.”

ʼn Ander respondent het vertel dat hy ʼn suksesvolle besigheid en gesinslewe gehad het, tot sy vrou hom verneuk het en hulle geskei is. Hy kon nie die seer en verwerping hanteer nie en het alles verloor en op straat beland.

Ek is deur ʼn verskriklike huwelik, vrou verneuk en kon dit nie verwerk toe dit deurkom dat ek drie jaar gelede geskei is nie. Was te veel vir my. Ek kon nie die egskeiding verwerk nie. Het probeer, het probeer en alles verloor naderhand. Dit het slegter en slegter gegaan en my eie familie het my begin verwerp. Ek wou nie hoor nie. Ek is strate toe.”

““Jy soek oral aandag. Jy doen stupid goed. Jy dink nie.”

Page 7: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende Hand Wit bedelaars & dwelmafhanklikheid

7

Tipe dwelms wat gebruik word en die invloed daarvan op hul lewens

TIPE DWELMS

Die tipe dwelms wat mense gebruik, word gewoonlik aangeleer by die groep mense met wie hulle saam partytjie hou, met wie hulle saambly of wat bereid is om aan hulle blyplek te gee. Dikwels het ʼn invloedryke persoon soos ʼn meisie vir wie hulle lief is en wat self dwelms gebruik of ʼn groep vriende by wie hulle wil inpas, ook ʼn groot invloed.

Baie bou ʼn persoonlike verhouding met hul “dealers” op, en bly selfs naby hulle of saam met hulle. Soos later beskryf sal word, is dit ʼn abnormale verhouding wat dikwels op vrees, mag en uitbuiting geskoei is.

Ek het toe só reggekom dat ek by mense ingetrek het, maar ek was maar nog op straat. Die man het cat gedoen, hy het crystal meth gedoen. Hy het heroine gespuit. Ek het dit daar leer gebruik. Ek het daai ouens geken. Ek weet nie hoekom nie, maar ek het altyd ʼn persoonlike verhouding met, ek sal nie sê die grootkoppe nie, maar ek was nie net ʼn gebruiker nie en het ook met die groot outjies gepraat en altyd menslik gewees en onderhandel.”

Skoolkinders begin gewoonlik saam met vriende drink en dagga rook, waarna dit later kan ontwikkel na ander dwelms. Baie respondente vertel dat dagga die eerste dwelm was wat hulle gebruik het.

Ek het toe op skool begin om dagga te rook en saam met pêlle te drink. Ek het begin dwelms gebruik op die ouderdom van sewentien, heroine. Ek het verslaaf aan dit geraak en dit was deel van my lewe vir baie lank tot op die ouderdom van 26. Dagga was my eerste ding wat ek gebruik het. Dit was nie my trigger gewees nie. Vriende was my trigger. Verkeerde vriende.”

Drank het ook ʼn groot rol in die lewens van sommige van die respondente gespeel. Hulle het begin drink voor hulle met dwelms begin het of het tydens hul dwelmgebruik ook drank gebruik. Die respondente het ʼn verskeidenheid van dwelms en in verskeie vorms gebruik oor baie lang tydperke. Heelwat het heroïen gebruik of ingespuit. Sommige gaan van Crystal Meth wat gespuit word na heroïen. Heroïen is die goedkoopste en maklikste verkrygbaar op straat, wat dit ook volgens hulle die gevaarlikste maak.

Ek het baie drugs gebruik deur die jare. Maar heroine is ʼn, hoe kan ek sê, ʼn dwelm wat veral in jou swart gebiede is dit baie volop en dan die minderbevoorregte areas van witmense. So sal ek sê dit is goedkoper by jou dealers en dan as jy by Mamelodi of Eersterust en jy ken die ouens by wie die ander swart mense wat ek hier geken het, hul stock aankoop, dan kan jy dit teen R20 kry.

Heroine is, kan ek vir jou sê, is eintlik die gevaarlikste enetjie because hy is so goedkoop en hy is orals beskikbaar. Dit is so maklik en goedkoop en beskikbaar en om te bedel by ʼn robot hulle het tot R700 tot R800 per naweek gemaak. En ek meen R700 tot R800 tot ʼn R1 000 kry vir jou al klaar ʼn klomp van die dealer. Ek het, ek was die een wat daai ouens geken het om die drugs teen kosprys te kry. So hulle het basies by die robots gehustle en geld ingesamel en dan het hulle dit oorgegee aan my dat ek kan aankoop die stock want ek het die bargains gekry. Ek het ook nog my bakkie gehad en goedjies want my ma is bevoorreg en die geldjies is alles reg daarso.

““

“Dagga was nie my trigger nie.

Vriende was. Verkeerde

vriende.”

Page 8: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende HandWit bedelaars & dwelmafhanklikheid

8

Toe het ek begin heroine gebruik. Ja, ek het ander goed ook gebruik, maar die heroine was die grootste probleem. Ek het my daarmee ingespuit. Ek was vyftien toe ek begin spuit het. Toe ek dertien was, het ek begin deur te snuif.”

Baie vertel dat die gehalte van heroïen oor die jare baie verswak het. Deesdae is dit dikwels Nigeriërs wat self die dwelms meng en onsuiwer chemikalieë inmeng.

Die probleem met die dwelms is as die dealers die heroine meng met allerhande goed soos Rattex. Die dealers kry ʼn besending drugs en jou lyf raak dan gewoond aan die heroine. Soos ek. Ek het vier “bags” op ʼn slag gespuit. So bag kos jou tussen R25 en R30. So een shot kos jou so R120. Ek het so tien, elf shots per dag gesoek. Black tar is jou beste heroine. Dit lyk soos bruin “putty.” Dan kry jy Thai White. Dis jou vuilste heroine wat jy kan kry. Dis Nyope en dis baie gesny. As jy die heroine in die teelepel kook, sak die vuil stof af. Toe ek destyds begin gebruik het, was die heroine nog baie suiwer gewees.”

ʼn Respondent vertel dat hy hoofsaaklik Crystal Meth gebruik het, en dat daar drie verspreiders (dealers) binne loopaf-stand en reg rondom hulle beskikbaar was om te verkoop. Hy sê dat hy maklik net oor die pad gestap het en al sy dwelms maklik en vinnig daar gekry het. Ander beskryf dat hulle acid, E (extacy), kokaïen en cat gebruik of gebruik het. Vir baie verslaafdes is die dwelms wat hulle gebruik en die manier hoe hulle dit gebruik ʼn persoonlike keuse en verskil dit van persoon tot persoon.

Crystal meth baie. Waar ek gebly het byvoorbeeld was daar drie dealers reg om ons. Loopafstand. Som-mer net oor die pad kon ek kry wat ek wil hê. Dis verskriklik. Dis al wat ek kan sê! Ek het seker vier, vyf jaar gespuit. Kyk, ek het nie 100% op straat beland nie, maar ek was altyd, is maar jy kry jou uppers soos jou cocaine en jou cat. Hy het nie gespuit nie. Ek het die geleentheid gehad om te spuit, maar my ding is dis elke ou se verskillende keuse. Ek het toe begin rocks gebruik in my laaste vier jaar. Toe die ouens begin spuit, het ek begin rocks gebruik.”

Baie van die respondente beskryf dan ook die verloop van hul verslawing van minder ernstige dwelms na die baie gevaarlikes en mengsels. Dit gebeur omdat hul liggame toleransie opbou en hulle dan oor tyd nie meer dieselfde “kick” of “high” uit die gewone dwelms kry nie. Hul liggame het dan meer en meer nodig. Dit is die begin van die afdraande pad en die einde!

Dit hang af hoe gewoond jou liggaam daaraan raak. Jy raak later nie meer high op die drugs nie. Jy is siek, dan spuit jy. Dit maak jou dan net normaal. Eintlik net om jou normaal te kan laat funksioneer. Waar heroine die einde van die... hoe sal ek nou sê – jy begin met ʼn Bachelor-degree en dan gaan jy na ʼn doktor. Waar die doktor-degree is waar jy basies spuit. Dit is die hardste wat hy jou kan skop en die most potenste wat jy hom kan vat in jou liggaam.

So ja, toe het ek ander goedjies soos heroine, rocks, acid. Dit is nou in die latere stadium wat ekke gewerk het, volwasse was toe het ek maar. Mens begin maar altyd by, hoe kan ek dit nou sê, die klein babagoed-jies, die baba-drugs, en dan sal jy opskuif na soos heroine. Jy begin dit te rook of jy snuif hom of jy rook hom met dagga en met tinfoil as hy jou nie meer so skop soos jy wil nie, dan gaan jy bietjie harder. Jou lyf raak dan gewoond aan die stock van jou spesifieke dealer. Nou kry hy nuwe stock en hy sê jou nie dis nuwe stock nie. Daai stock is dan sterker as die vorige batch. So nou gaan spuit jy die gewone vier bags met een shot en dan is dit baie sterker as die voriges. Dis wanneer mens maklik OD.”

Twee respondente vertel hoe hulle “speedballs” maak. Dit is ʼn mengsel van heroïen en crystal. Van hulle beskryf hoe hulle met verskillende dwelms en mengsels daarvan eksperimenteer en dit meng en dat hulle met enigiets sal ekspe- rimenteer om die beste “high” te kry. Hulle beskryf ook hoe ‘n mens soms ʼn “upper” en ʼn “downer” moet gebruik. Hulle kry só die “high”, maar moet dan iets gebruik om “af” te kom en om te kan slaap.

En die ding is ek het ge-speedball. Dit het beteken ek het my rock gebruik – ek het so R700 ʼn dag gebruik – en ek het vir my ʼn gram heroine gekoop. Ek het dan ge-speedball. Ek het my rock gedrop dan drop ek my heroine op die rock. Dan vat ek ʼn upper en ʼn downer saam. Dan weet ek nie waar ek traai inkom nie, maar jy traai iewers inkom. Ek was toe 21.

Page 9: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende Hand Wit bedelaars & dwelmafhanklikheid

9

Ek het myself in die aande heroine gespuit sodat ek kan afkom, om te kan slaap. Ek het al heroine en crystal gemix en gespuit. Dis ʼn speed ball. Ek het al baie dinge gedoen. Ek was bereid om met enigiets te eksperimenteer.”

Hoewel die respondente openlik en geredelik kan praat oor selfs hul tronkstraf, hoe hulle hul familie verloor het en hoe hulle moes steel, word daar nie veel aangebied oor die fisieke gevare van die dwelms wat hulle gebruik nie. Hier en daar het iets deurgeskemer van hoe hulle geoordoseer (“OD”) het of wat die effek van vuil spuitnaalde en die moontlikheid van MIV/vigs was. Van hulle het vertel dat hulle in bendegevegte betrokke was en met messe gesteek is. Een was in ʼn skietgeveg betrokke. Mense vertel hoe hul liggaamsweefsel verrot het en een moes ʼn neusoperasie ondergaan.

Ek het my begin spuit nog voor heroine beskikbaar was. Dit was nog in die dae van die “Pinks” waar ons Wellconal opgelos en ingespuit het. Dit laat gate in jou vleis inval. Daar waar jy dit spuit, word jou weefsels vrot en jy kan ledemate verloor van gangreen. Baie mense spuit dit in hul lieste in. Ek het bang geraak toe ek sien wat gebeur.

Ek het gegaan vir ʼn neusoperasie omdat die kokaine my neus weggevreet het. Ek kan vandag ʼn lepel, ʼn dun teelepel, in albei neusgate indruk dat dit regdeur druk tot dit my nekwerwels raak sonder dat ek enig-iets voel. Ek het ook nie meer baie reuk oor nie. Die reuk wat ek oor het, is baie skerp reuke. Dit het my proe baie opgeneuk omdat jy jou neus ook baie gebruik om te proe.

Die gevare vir vigs is erg onder dwelmverslaafdes want hulle deel spuitnaalde en dit is baie keer vuil en besmet. My ma het later maar altyd vir my nuwe naalde gekoop om seker te maak ek spuit nie met besmette naalde nie.”

ISOLASIE EN VERVREEMDING VAN FAMILIE EN GELIEFDES

Verhoudings met familie bly in byna al die gevalle uiteindelik in die slag. Familie en geliefdes word gewoonlik gemanipuleer en belieg om dwelmgewoontes in stand te hou. Die afhanklikes se persoonlikheid verander en geliefdes sê dat dit nie dieselfde persoon is wat hulle vroeër geken het nie. Veral heroïen verdoof en dood

gevoelens in só ‘n mate dat hulle nie omgee vir enigiemand nie. Hulle dink nie twee keer om iemand seer te maak nie. Hulle het geen gewete nie en voel niks. Een respondent noem dat hy eintlik net wou doodgaan.

ʼn Ander een vertel dat hy al sy ma se besittings onder haar uitverkoop het en een beskryf hoe hy drie maande lank nie bewus daarvan was dat sy ma met ʼn beroerte in die hospitaal beland het nie omdat hy die huis verlaat het en geen kontak met haar wou hê nie.

Hulle beskryf hoe hulle hul verloofdes, vroue, kinders of die “liefdes van hul lewens” as gevolg van dwelms verloor het. Vir ʼn dwelmverslaafde is dit onmoontlik om die normale lewe van werk en ʼn gesin in stand te hou. Dit is die eerste wat skipbreuk ly en daarom beland soveel van hulle uiteindelik op straat. Mense raak oor tyd moeg daarvoor om te probeer help en gemanipuleer en besteel en belieg te word. Een respondent vertel hoe sy eksvrou hom laat toesluit het.

“Daar waar jy dit spuit, word jou weefsels vrot en jy kan lede-mate ver-loor van gangreen.”

Page 10: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende HandWit bedelaars & dwelmafhanklikheid

10

In daardie tyd het ek mense begin manipuleer om vir my geld vir dwelms te gee. Het vertel dit is vir my ouma en my sussie.

As mens verslaaf is aan heroine dink baie mense ons is selfsugtig en dat ons nie aan ons families dink nie, ons dink nie aan mense om ons nie. Dis glad nie die geval nie. As jy heroine gebruik gaan die emosies weg, jou trots gaan weg, jy verloor jou persoonlikheid. Jy is permanent hartseer, teleurgesteld. Jy wil net doodgaan. Jy wil nie meer lewe nie.

Toe verkoop ek alles. Van die sitkamerstel tot die koppies en gordyne. Daar was niks. Ek het alles onder haar uit verkoop. Hierna het hy sy ma gebel en gesmeek vir nog ʼn kans. Sy kry toe ʼn stroke en beland in die hospitaal. Ek het ná drie maande eers uitgevind my ma is in die hospitaal.

So het ek my vrou en kind verloor oor cat. Ek het my kop verloor toe los ek haar. Kyk ek het baie gedrink. Ek het die hele Suidkus deurgetoer, gehike, my eie koekoe conchi gebou, jy weet, so op die strande gebly.Dieselfde storie oor en nou het my ma my opgegee. Sy wil my ook nie meer help nie.

Ek is nooit gevang vir die stelery nie en op die einde is ek toegesluit deur my eks-vrou. Ek het probleme daar gekry. Ek wou terug gaan, ek wou dinge opgelos het. My grootste hunkering was ek wou terug huis toe, maar ek kon nie. Daar het ‘n woordewisseling ontstaan en op die einde van die dag het hulle my toegesluit. Ek het twee weke gesit.

Ek het tweekeer alles verloor. Ek is ʼn entrepeneur ook so ek kon goed opbou, maar intussen het ek alles verloor en was ek rock bottom. Was tweekeer verloof gewees.

Sy was die liefde van my lewe. Dit was vir so vier maande wat ons saam was. Ek het intussen myself op-gewerk tot ʼn manager by my werk. Ek weet ek is intellektueel baie geseënd en ek weet ek kon baie goed doen vir myself. Toe het ek begin swot en ek was vir baie lank eerste in die klas en toe tweede in my klas. Ek het baie goed gedoen met net onderskeidings en 90% in my vakke.Terwyl ek met I uitgegaan het, het sy my ondersteun. Sy was baie goed vir my gewees. Sy was my alles wat ek gesoek het in ʼn vrou. Sy was pragtig, mooi, blou oë. Toe my pa oorlede is, toe val ek lelik. Ek het toe baie lelik geval en I het my nog ʼn kans daarna gegee, maar ek kon sien sy wou my help maar ek het daar teen geskop. Ek het toe vir I ver-loor en toe ek haar verloor toe trek ek die mat onder my uit. Toe het ek begin crystal meth doen. Dit was laasjaar. Ek het crystal meth begin doen ek het baie slaappille gedrink – skedule 5 slaappille.”

Huisloos en familieloos, is die uitweg gewoonlik om by die Nigeriërs wat ook die “dealers” is, of vriende wat ook ge-bruik, in te trek, of die straatlewe aan te durf. Een respondent het vertel hoe hy wou selfmoord pleeg nadat hy alles verloor het.

Hulle het vir my blyplek gegee, ek het saam met hulle gebruik. Ek het crystal, heroine, acid, E (ecstasy), cocaine, cat gebruik.

Ek is toe nou daar uit en toe het dit sleg gegaan. Ek het die dag geloop toe beskluit ek nee wag, ek gaan selfmoord pleeg. Omdat ek ʼn redelike gesiene ou in Alberton was. Ek het my eie maatskappy gehad. Al-les gehad. Het saam met mense gebly wat heavy, heavy cat gesnuif en rocks gerook het. Dit het lekker gegaan.

Maar naderhand as jy alleen is op straat en jy het nie familie oor nie, dan kry jy daardie ouens wat opgegee het. Dit is baie gevalle die ouens wat by die robots staan en so aan, maar hulle het almal hulp nodig.

Daar het ek ʼn meisie ontmoet. Sy was sewe jaar ouer as ek. Twaalf weke later het hulle vir my gesê ek moet gaan, want verhoudings word nie daar toegelaat nie. Ons het aangegaan. Sy was ook op heroine so dit het nie baie vir my gehelp nie. Ons was so drie jaar saam en ek het ʼn seuntjie by haar. Hy bly by haar ma-hulle in Carletonville. Die probleem is toe my seuntjie vyf maande oud was het sy ma geoverdose en is sy in my arms dood.”

Page 11: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende Hand Wit bedelaars & dwelmafhanklikheid

11

DIE STRAATLEWE VAN GEWELD, AANRANDING, DIEFSTAL EN TRONKE

Meeste van die dwelmverslaafdes lewe ʼn wilde, gewelddadige en vuil straatlewe waarvan min mense werklik bewus is. Hulle verloor hulleself, hul identiteit en waardes. Dwelms is in beheer en dikteer alle gedrag, besluite en keuses. Een respondent wat nie wou bedel nie, het met geweld besit geneem van byvoorbeeld ʼn kamer

waar hy wou bly en ook mense beroof en besteel. Hy het geweld gebruik om sy dwelms in die hande te kry omdat hy te trots was om te bedel.

Van die respondente het aan bendes behoort of was in die tronk, waar hulle ʼn lid van ʼn bende geword het. Hulle doen dit hoofsaaklik vir oorlewing en mag, aan die begin, maar hulle word gou tot só mate vasgevang dat hulle nie uit die bende kan ontsnap nie. ʼn Respondent verduidelik dat as die bende jou opdrag gee om moord te pleeg of iemand aan te rand, dan doen jy dit. So vertel een respondent ook dat hy by satanisme betrokke geraak het. In bendes en by satanisme is jou eie lewe ook in gevaar.

ʼn Dodelike en gevaarlike kringloop van afhanklikheid. Jy het die dwelms nodig, ander soos bendelede of dwelmver-spreiders weet dit en het daarom mag en beheer oor jou omdat jy enigiets sal doen om dwelms te kry.

Ek het eventually op straat geëindig. Ek het gesukkel omdat ek in ʼn goeie huis grootgeword het. My ouers het altyd gesorg dat ek alles gehad het wat ek wou gehad het. So dit was erg vir my om op straat te eindig. Nou moet ek in die veld slaap saam met swartes en ek het nie komberse nie, ek het nie klere nie. Dit was moeilik vir my om dit te aanvaar.

Hy was nog skaars mondig toe was hy al ʼn “Stoneyard” en later ʼn “soldaat” vir die gevreesde 26-bende in die tronk. As ʼn “generaal” van die “26’s” opdrag gee om moord te pleeg of iemand aan te rand, dan doen jy dit.”

Maar die lewe wat hy van jongs af op straat geleef het, was ʼn ander wêreld. Dit was wild, vieslik en gewelddadig. Hy met geweld besit geneem van ʼn kamer in die vervalle ou hotel en daar besope mans aangerand en beroof wat deur prosti-tute soontoe gelok is vir gunsies. Hy het nie daarin geglo om te bedel nie. Hy het geweld gebruik om sy dwelmgeld in die hande te kry. Hy het selfs nie eers geskroom om die Nigeriese dwelmbase te besteel nie.

Ek was vyftien toe ek vir drie diefstalsake in hegtenis geneem is. Ek het hof toe gegaan. Ek is vier jaar na Baviaanspoort-gevangenis se minderjarige tronk toe gestuur.

Ek het by die “juvenile tronk” in die houtwerkafdeling gewerk. Ek het betrokke geraak by die tronkbendes. Ek wou iewers inpas.

My habit het so gevaarlik geraak dat my ma-hulle ʼn beskermingsbevel teen my moes gekry het. Ek was toe agtien maande in die tronk gewees.

Ja, toe het ek begin steel vir ʼn lewe. Ek het koper gesteel. Dit was laasjaar.

“Ek was vyftien toe ek vir drie diefstal- sake in hegtenis geneem is.”

Page 12: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende HandWit bedelaars & dwelmafhanklikheid

12

Ek het nooit by die robots gestaan nie. Nee, ek het maar mense gevra vir geld. Maar daai arm gesiggie opgesit. Ek het verder baklei vir geld. Ek het vir mense gehelp – as hulle probleme met daai ou het, het hulle geweet hulle moet Bra’ Jan kom sien. En dan het Bra’ Jan gegaan en gesê: julle weet ek is nie ʼn ou vol gelde nie, dan stoot ek maar die geweld. Gee hom paar klappe.

Ek en my vrou het net snags saamgeslaap en bedags ons eie paadjies gevat om geld vir drugs in die hande te kry. Ons gaan bedel en steel dan vir heroine-geld.

Ek het aan die begin gesukkel om te adapt, maar heroine maak jou dood. Jy voel vir niks nie. Jy worry nie oor ander mense nie, jy worry nie hoe jy lyk nie. Jy worry nie wat mense van jou sê nie. Ek het in die tronk in bendegevegte betrokke geraak en ek is in my maag en in my rug met messe gesteek.”

NIGERIËRS, PROSTITUSIE EN SATANISME OOK DEEL VAN DIE LEWE VAN ‘N DWELMSLAAF

Dit is reeds uit hierdie verslag duidelik dat Nigeriërs ʼn sentrale rol in die dwelmwêreld speel. Omdat die meeste van die Nigeriërs verskaffers of verspreiders is, word die spinnerak voortdurend stywer gespan namate die afhanklikheid toeneem. Dikwels het prostitute ook ʼn rol in die netwerk gespeel. Die prostitute het mans nader

gebring en die mans is beroof om geld vir dwelms te kry. So het hulle saamgewerk. Die respondente het die prostitute ook op straat ontmoet. So vertel een respondent ook van sy kennismaking en pad met satanisme.

Die wêreld wat saam met dwelms arriveer, is ʼn lelike plek waarin ‘n mens so vasgevang word dat jy nie maklik daaruit kan kom nie – al kry jy dit reg om die dwelms te los. Abnormale verhoudings, gunsies, skuld of te veel kennis van iets verbind die verslaafdes aan ʼn wyer en gevaarlike netwerk.

Voor ek dit begin doen het, het heroine my na ander punte toe gedryf en ek was by Nigerians, ek het by hulle gebly.

Ek het vir prostitute gepimp, soos hulle van dit sê vandag. Hulle opgepas in die aand en seker gemaak die geld kom by my uit. Ek het ook in daardie tyd gesteel om my habit tye onderhou, ingebreek by huise. Ek het dit alles gedoen om my dwelms te kry.

Hulle staan by ʼn robot en goedjies en daar is ook ʼn paar vroutjies ook wat hul lyfies en goed verkoop. En hulle staan ook by die robots en what have you.

Toe raak ek betrokke by Satanisme. Ek het nogal diep gegaan. Een aand was ons hier in Johannesburg. Almal was daar en ek het daardie aand my naam in ʼn boek geskryf met my bloed. Paar weke later sê hulle ek moet my dogtertjie offer. Ek het net besluit ek kan dit nie doen nie. Ek het weggehardloop van daardie mense af en tot vandag toe soek hulle my. Die ding met Satanisme is dit is nie iets wat mens net sommer kan los nie.

Ek het baie mense seergemaak in my verlede. Veral in die tronk. Baie van die tatoeërmerke op my arms is Satanisme. Dis Duiwels en graveyards. My tronk tattoos met my range is op albei my skouers.”

“Ek het vir prostitute gepimp, soos hulle van dit vandag sê.”

Page 13: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende Hand Wit bedelaars & dwelmafhanklikheid

13

OPHOU EN TERUGVAL, OPHOU EN TERUGVAL

Die meeste vertellings en inhoud van die onderhoude het oor “probeer ophou en terugval” gegaan. Dwelmver-slaafdes WIL ophou. Baie begeer om na hul ou lewens terug te gaan. Maar hulle vertel hartseer verhale van ʼn ewige verloorstryd teen dwelms. Baie probeer en val terug, probeer weer, en so gaan dit byna vir die duur van

hulle lewens aan. Dit is ʼn bose kringloop tensy hulle spesifieke en gespesialiseerde hulp kry. Selfs dan is dit nie gewaar- borg dat hulle nooit weer dwelms sal gebruik nie. Jare skoon, beteken nie skoon vir altyd nie. Die lewe is vol “triggers”. Iemand gaan dood, daar is ʼn egskeiding, hulle verloor ʼn werk of die emosies, trauma of gebeure van die verlede kom vir die soveelste keer spook.

My pa is middel Junie vanjaar dood. Dit het my hard getref.

Dit was ʼn baie tragiese gebeurtenis, ek het gesien hoe het die kar gelyk waar hy hom geskiet het. Dit was nie baie lekker gewees nie.

Die probleem is toe my seuntjie vyf maande oud was, het sy ma geoverdose en is sy in my arms dood. Haar ma-hulle blameer my vir haar dood. Ek het alles moontlik gedoen om haar lewe te red, maar nouja, ek word tot vandag toe vir haar dood geblameer. Dit pla my nog vandag.

Maar toe’s ek slim en ek gaan uit, was agt maande skoon, en toe, nou ja, toe val ek al weer. Ek was moede-loos. Ek het oorgegee.

‘n Jaar later word ek weer gearresteer. Toe is ek tronk toe. Tronk in, tronk uit, tronk in, tronk uit.

Ná twee jaar is ek vrygelaat op parool, maar ná twee jaar weer terug verval in my ou gewoontes. Het reg-gekom, maar die drank en dagga het my afgetrek.

Was te veel vir my. Ek kon nie die egskeiding verwerk nie. Het probeer, het probeer en alles verloor na-derhand. Dit het slegter en slegter gegaan en my eie familie het my begin verwerp. Ek wou nie hoor nie. Ek is strate toe, ja. Ek het gedrink, maar ek het probeer om terug te kom. Ek het by ʼn garage geslaap waar hulle uittrek. Ek het ʼn stort gehad, ek het probeer werk.

Natuurlik word baie dwelmafhanklikes moedeloos, depressief of net nie meer lus om die stryd aan te pak nie. Van hulle probeer selfmoord pleeg. Van hulle gaan tot uiterstes om hulp te kry. Die lewe en die worsteling word net te erg om te hanteer. Dit is dan wanneer baie oordosisse ook gebeur. Stadigaan word hul liggame en siele tot breekpunt gedryf.

Ek is toe nou daar uit en toe het dit sleg gegaan. Ek het die dag geloop toe besluit ek nee wag, ek gaan self-moord pleeg. Omdat ek ʼn redelike gesiene ou was. Ek het my eie maatskappy gehad. Alles gehad. Die mense wou my nie ken nie. Besluit gaan selfmoord pleeg, gaan nie aan met my lewe nie. Ek is moeg. En soos ek geloop het, het ek gedink ek gaan van ʼn brug spring. Dis maar die vinnigste. Wag vir ʼn trok, spring en dis klaar.

Ek het tweekeer alles verloor. Ek is ʼn entrepreneur ook so ek kon goed opbou, maar intussen het ek alles verloor en was ek rock bottom. Was tweekeer verloof gewees. Tweekeer alles verlore en sodra dinge weer goed gaan, skop die emosies jou en trap jy weer in die gat.

Ek het ingestem en hulle (sielkundige en psigiater) gesien en toe skoon gekom. Ek was toe baie lank skoon gewees. Toe my pa oorlede is, toe val ek lelik. Ek het omtrent ná drie jaar weer gebruik. Toe het ek begin crystal meth doen. Dit was laasjaar. Ek het crystal meth begin doen ek het baie slaappille gedrink – ske-dule 5 slaappille. Jy kort ʼn voorskrif daarvoor. Ek is toe by so baie dokters gewees en hulle gee jou dertig pilletjies vir dertig dae en nie meer nie. Ek het voorskrifte begin vervals en ek het weggekom daarmee by baie apteke. Ek is toe eventueel later gevang waar ek ʼn voorskrif by Dis-Chem ingegee het vir ʼn tweede keer in ʼn week, want ek kon nie onthou dat ek voor dit ook daar was nie. Hulle het my gevang en al die apteke en dokters in Centurion gewaarsku en my naam daar ingesit. So toe het ek maar van die slaappille af na die heroine toe gegaan en dit gerook. Jy sit dit op foeilie en brand dit van onder af en suig die rook in.Met die tyd het dinge net erger en erger geraak. Ons is rehabilitasiesentrum toe en toe dit nie werk nie en ons daar loop, het alles uitmekaar begin val.

Page 14: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende HandWit bedelaars & dwelmafhanklikheid

14

My habit het net meer geraak en ek het meer begin gebruik. Dit was laasjaar gewees. My habit het só erg begin raak dat ons huisdokter vir my pa-hulle gesê het as ek nie ophou nie, gaan my hart ingee.

Ek het in my lewe dertien keer geoverdose. Agt van daardie kere wou ek selfmoord pleeg. Oor die om-standighede in my lewe. Die laaste keer het my hart vir 32 minute gaan staan. By my ma se huis nogal. Ek dink dit het hulle baie geskok.

Ek het seker drie, vier weke ná my operasie weer begin saam met ʼn vriend en ek het seker te veel gebruik, want by Centurion Tiger Wheel and Tyres het ek inmekaar gesak en ek is na Unitas toe gejaag waar ek ge-OD het.

En toe besluit ek, ek moet hulp kry, maar dit was meer op my afgeforseer van familie en vriende se kant af. Toe het ek maar geluister maar my eks was toe al heeltemal weg van my af. Ek is toe vir drie maande na ʼn rehab in Randburg. Toe ek daar uitkom, het ek werk gekry en ek het oor my elektriese en elektroniese kennis op hoë- en mediumspanningsubstasies gewerk. Ek het ʼn massiewe groot salaris verdien en in die tweede maand toe ek salaris gekry het, het ek gevou. Ek het dadelik weer crystal meth gedoen en dinge het daarna weer baie vinnig geval. Ek het toe van eenkeer per week na tweekeer ʼn week gebruik en drie-keer ʼn week totdat hulle my daarvandaan na hul hoofkantoor gestuur het omdat ek droog gemaak het by die hotel en die gastehuis waar ek was. Nog ʼn kans gekry en rekenaarwerk gedoen by hul hoofkantoor in Lynnwood. Een aand by ʼn vriend se huis gebruik en sy meisie het vir my Seroquel (Seroquel XR is ‘n an-ti-psigotiese middel wat vir skisofrenie voorgeskryf word) gegee. Dis ʼn verskriklike sterk tranquilizer, ver-dowingsmiddel. Dis baie soos die goed wat hulle vir jou gee voor ʼn operasie in die teater. Jy is veronder- stel om ʼn halwe pil voor agtuur die vorige aand te drink. Ek het die oggend tweeuur ʼn hele een gedrink toe ek by die werk kom kon ek nie reguit loop nie en hulle sien dit. Dis hoe ek my werk verloor het. Ek het my werk verloor en dit was ná my derde maand daar. Ek was gelukkig, want ek het my salaris gekry. Ek het toe in ʼn hotel in Centurion gaan bly en dwelms gebruik. Dit was een groot vet partytjie. Ek het nie geworry oor die mense wat ek seergemaak het nie. Toe my geld opgeraak het by die hotel, het ek op straat geslaap. Ek was vir twee aande op straat gewees. Dit was so Mei vanjaar gewees. Toe het ek vir twee aande by die Total-garage reg oorkant die hotel geslaap. Ek het nog een aand probeer in die hotel slaap, maar hulle het gesê ek moet eers die R600 per nag se geld neersit. My eks het my die Donderdag kom haal. Sy wou nie vir my geld oorbetaal nie, want sy het my nie vertrou nie. Na haar huis toe en die Vrydag is hulle weg vir die naweek. Vrydag het hulle my weer by die garage gaan aflaai, want hulle wou my nie alleen by die huis los nie. Ek kon dit verstaan, want ek het nie gelyk soos ek nou lyk nie. Ek was vuil en het ook nie eintlik lekker geruik nadat ek twee dae nie gebad het nie. Ek het gedink ek gaan weer op straat slaap die aand. Ek het my ma in Kaapstad gebel en sy was in trane. Sy was altyd daar vir my gewees. Toe ek die eerste keer in rehab was het ek nog by my ma gebly. Sy het toe Kaapstad toe getrek en toe ek die tweede keer uit re-hab kom was sy nie daar vir blyplek nie. Bel die aand toe my vriend, Willem, saam met wie ek cat gebruik het. By hulle gebly vir so drie weke en toe sê hy vir my: hoor hierso, dis tyd dat jy gaan. Ek het toe gegaan.Weer amper op straat geslaap toe bel ek ʼn neef van my wat baie ouer as ek is. Ek noem hom oom Tertius. Hy het my probeer inkry by rehab. Ek het self soontoe gegaan maar die waglys was ses weke. Ek het nie ses weke gehad om te wag nie. Dit was in die stad gewees. Ek het daarvandaan na Steve Biko toe gestap.

Page 15: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende Hand Wit bedelaars & dwelmafhanklikheid

15

Ek het toe gemaak asof ek mal is, want ek wou nie weer op straat slaap nie. Asof ek depressief is en my eie lewe gaan vat. Dan moet hulle jou opneem. Ek het weggekom daarmee en hulle het my toe opgeneem in die hospitaal vir 72 uur observasie. Toe hulle wou ontslaan, besef ek as hulle my hier ontslaan, dan gaan ek op straat wees en ek wil nie. Ek sit en dink ek is nou besig om my lewe reg te kry en ek kan nie nou strate toe gaan nie. Toe wou hulle my op die derde dag ontslaan omdat ek nie regtig enige simptome van self-moord toon of depressief is nie. Toe vat ek dinge tot op die extreme en ek vat toe ʼn naelknipper en begin my tong knip in die hospitaal sodat hulle my uitgespuit en gesê het dis reg jy moet Weskoppies toe gaan. Ek was drie weke in Weskoppies, toe kom hulle agter ek is nie so depressief nie en hulle my ingelig ek word die Maandag ontslaan. Jy kan nie vir hulle sê jy wil bly nie. In Weskoppies self het ons baie dwelms gekry. Die dwelmhandelaar het in Weskoppies ingery en hy het ons crystal meth vir ons kom aflaai. Ek het binne Weskoppies gebruik, want dinge het so lekker gegaan.”

Die eerste stap is sekerlik die moeilikste om te neem. Onttrekking is verskriklik erg. Die ouens vertel hoe groot mans van die pyn huil. Dit word gevrees, erger as die vrees om alles te verloor, gearresteer of vermoor te word of in mesgevegte te wees. Die fisieke simptome is ondraaglik en sonder mediese hulp byna onmoontlik om alleen deur te gaan. Baie probeer, byna niemand kry dit reg nie. Hulle draai by die dood om.

Ek dink daar is nie ʼn erger gevoel soos die onttrekking van heroine. Jy kan nie eet nie, jy kan nie slaap nie. Jou joints is seer, jou rug is seer. Jy kry koud, jy kry warm, jy’s naar, jy gooi op.

Dit voel fisies of jy doodgaan. Ek het al ouens in die tronk gekry. Groot manne wat huil van die onttrekking. Daar is nie genade in die tronk vir onttrekking nie.

My slaappatroon moet nou eers terugkom. As ek slaap en wakker word, voel dit of ek babelaas is. Ek voel duiseling, ek voel lam, ek voel beneuk. My humeur is kort. Al my emosies is nou alles op een slag besig om terug te kom. Ek is kwaad, ek is spyt, ek is hartseer. Al daardie gevoelens kom nou terug en ek sukkel om dit te hanteer.

Dis baie erg. Daar gaan baie van hulle dood op straat. Veral nou in die winter. Koue, honger. Kyk, jou lyf kan net soveel vat. Jou hart kan net soveel vat en die probleem is as jy spuit, vergiftig die heroine jou hele lyf. Jou bene, jou spiere, jou hart tot in jou bene se murg.

Mense gaan net dood. Toe ek begin het om te spuit, was ons 22 mense gewees. Vandag is daar net drie van ons groep oor.”

“Mense gaan net dood. Toe ek be-gin het om te spuit, was ons 22 mense gewees. Vandag is daar net drie van ons groep oor.”

Page 16: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende HandWit bedelaars & dwelmafhanklikheid

16

Ingrepe en hulp

Die respondente met wie daar onderhoude gevoer is, is tans in rehabilitasie. Baie vertel van ‘n ingrypende omme-keer wat hulle gemaak het waar hulle tot ander insigte gekom het en besluit het om hul lewens te verander en tot inkeer te kom. Vir baie het dit te doen met ‘n nuwe verhouding of ‘n eerste ontmoeting met God en die geloof

dat daar hulp en redding is. Godsdiens en God bied iets groters en sterkers as hulleself om die dwelms te help oorwin. Hier en daar kry een ‘n greintjie insig dat hulle wel ‘n goeie mens is en dat God dit dalk weet.

Ander besef dat as hulle nie hulp kry en hul lewens verander nie, hulle in die tronk gaan beland. Een is reeds vir die vierde keer in rehabilitasie en is vasbeslote om hierdie keer suksesvol te wees. Van die respondente is gedwing, gefor- seer of deur familie geborg om in rehabilitasie te wees. Almal wil, en almal probeer – dalk is dit hierdie keer genoeg om die dwelmduiwel eens en vir altyd af te skud. Elkeen hoop op ‘n nuwe en suksesvolle lewe.

Toe ek uit Weskoppes is, het dieselfde vriend my die aand kom haal. Ek is na Mall @ Reds toe en bel ʼn tan-nie van my en ek het een aand by haar geslaap. Die volgende oggend het sy vir my gesê sy kan ook my nie nog ʼn aand laat oorbly nie. Ek bel toe ʼn ander vriend van my. Hy het ʼn hart van goud. Hy is ʼn man van God. Agt dae by hulle gebly en Christo het van Moeggesukkel gehoor. In daardie agt dae het ek my dinge met die Here reggemaak. Eerste keer intieme verhouding met God gekry en besef tot hier en nie verder nie.

Ek het met my vriend gaan praat en gesê: Luister hier my vriend, ek wil nie meer wees soos ek nou is nie en ek kort hulp, want dit is nie iets wat ek op my eie kan doen nie. Dit was vir my ongelooflik toe ek by Moeggesukkel ingeboek was. Ek het nog heroine gebruik voordat ek by Christo weg is. Ek het dit gerook om van die crystal meth te kan afkom. Twaalf ure nadat ek die laaste keer heroine gerook het, het ek by Moeggesukkel ingestap. Toe begin ek al klaar onttrek van die heroine. Dit was aaklig gewees, want dit was die eerste keer dat ek so erg onttrek het. Voorheen het ek nooit heeltemal afgekom nie. As dit erg word met die onttrekking, het ek voorheen altyd gesorg om iets te kry vir dit. Die tweede dag was die eerste keer wat ek heeltemal skoon was. Daardie aand was erg gewees. Vandag is dit 33 dae wat ek skoon is. Ek is hierdie keer reg. Ek weet ek gaan nie weer ʼn kans kry nie.

Ek gaan hier bly totdat ek heeltemal reg is.

Net voordat ek heeltemal beland het, basies soos daardie minderbevoorregte outjies wat by robots en alles staan, het ek terug gedraai na God. Die beste tyd wat ek sien wat ek gehad het en waar ek vol van die gees gewees het, basies ʼn doel, ʼn purpose gehad het vir my lewe, as God se wil. As jy God se wil het, sal jy outomaties ook jou purpose bereik. En basies al daai goed waarvoor jy gemik het voor, selfsugtige goedjies soos, sê, standvastigheid, ʼn huisie, ʼn kar.

Daar het ʼn vrou langs my stil gehou, maar daai tyd het ek baie vir die Here begin bid. Ja, dronk, gerook ek het gebid vir die Here. Ek het ʼn Bybel gekry en ek het begin te lees. Jy is aan en alles is mooi, maar jy vergeet die Here.

Ek gaan kerk toe en ek wil die dinge wat in my verlede gebeur het regmaak. Ek voel daar is net een weg en dit is die Here. Ek moet net bly glo dat Hy my sal help want Hy weet ek het ʼn goeie hart.

Ek is steeds nog nie gearresteer nie en ek besef toe as ek so aanhou gaan ek in die tronk eindig.

Ek is gesponsor deur oom Ado en die familie en ek sien dit as ʼn blessing. Ek het nie geweet ek het nie geworry. Hierdie is ʼn besigheid en ek kan nie net Pro Bono, Pro Bono nie. Maar gelukkig het die Here my gebless, in hulle harte het hulle gesien hulle sal my bless, ek het my jaar sponsorship.

Dit is my vierde keer hierso. Elke keer as ek hier weg is, het dit my gepla dat ek weer terug is in daardie lewe. Ek sal seker hier wees tot ek 25 jaar oud is en dan het ek nog ʼn goeie lewe voor my om aan te gaan. Ek is ʼn qualified electric technician, qualified CCTV technician, aircons. So ek het baie skills, maar die drugs het my weggehou van werk af, want jy is nie lus nie. ”

Page 17: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende Hand Wit bedelaars & dwelmafhanklikheid

17

Die invloed en gevolge van GEE

Die meeste bedelaars op straat is dwelmverslaafdes. Die skatting is ongeveer 80% tot 90%. Dit is nie vir die al-gemene publiek moontlik om te weet wie bedwelmd is en wie nie, wie kos gaan koop met die geld wat hulle gee en wie dwelms daarmee gaan koop nie.

As ek vir jou kan sê 90% van hulle is verslaaf aan dwelms, dan oordryf ek nie. Miskien meer. En hulle geld kom net van bedel af. Die ouderdomme wissel van 19 tot veertig.

As hulle geld gemaak het, dan sal hulle morsig gewees het en hulle sal KFC of McDonald’s koop terwyl hulle baie geld het want en dan terwyl die geld nog daar is. Dan in die ander tye sal hulle soja mince koop, maar dan sal hulle almal saam skip. Twintig persent van die geld gaan vir kos en die res gaan vir dwelms. Dis elke dag se storie.

As jy op drugs is het jy nie ʼn eetlus nie. Jy wil nie eet nie. Dis hoekom die ouens so maer word. Hulle eet nie. Dis die grootste probleem. Die ding is jou lyf raak so swak en dan is dit nog die onttrekking. Jy eet nie en jy slaap nie.”

Die persoon wat jy sien bedel op ʼn straathoek, is nie die hele prentjie nie. Jy kan nie die uiters gekompliseerde, ver-strengelde lewe van alles wat die wêreld van ʼn dwelmverslaafde uitmaak, sien of besef nie.

HOU IN GEDAGTE:Baie mense wat verby bedelaars ry, het ʼn behoefte om te help. Dis natuurlik en dis Christelik. Die maklikste is om geld te gee, maar dit is die verkeerdste ding om te doen. Dit help nie eers om kos te gee nie.

As hulle vir my kos of goed gee, het ek dit vir geld gaan verkwansel. Mense het vir my jammer gekry en geld gegee.”

Dwelms is goedkoop en baie maklik bekombaar op straat. Die geld wat die publiek vir bedelaars gee, gaan heel moontlik vir dwelms.

Waar ek gebly het byvoorbeeld was daar drie dealers reg om ons. Loopafstand. Sommer net oor die pad kon ek kry wat ek wil hê. Dis verskriklik, dis al wat ek kan sê. Die probleem is die mense staan by die robot. Hulle sê hulle het nie werk nie en hulle het nie kos nie. Outomaties gaan mense vir jou geld gee vir kos. Die mense besef nie hulle support hulle vir dwelms nie.”

Dwelmafhanklikes het spesifieke hulp nodig, hulle kan nie die probleem alleen hanteer nie. Baie wil gehelp word, maar weet nie waarheen om te gaan of wat om te doen nie. Die geld wat die publiek gee, bring mee dat die keuse om te gaan hulp soek, met nog ʼn dag, nog spuit of snuif, nog ʼn pilletjie uitgestel word.

Die mense op straat moet self besef hulle het ʼn probleem voordat hulle gehelp kan word. Baie van hulle is baie bang vir daardie hel van onttrekking wat mens moet deurgaan. Hulle sal eerder aanhou gebruik as om daardie onttrekkingsimptome van drie weke te verduur.”

Die straatmense se ondersteuningsisteme en verhoudings is grotendeels tot niet. Hulle het nie geld vir nog dwelms nodig nie. Hulle het bystand, liefde, omgee, ʼn ondersteuningstruktuur, beskerming en doelgerigte reha-bilitasie nodig.

Dis die grootste probleem want jy help nie die ou nie. Jy bring hom net meer af. Want die mense daar buite moet weet hulle moet hulle nie help deur goed vir hulle by die winkels te koop nie. Gee vir hulle nommers om te bel vir hulp. Mense moet maar hul harte verhard as die ouens bel met die verskoning dat hy R500 nodig het vir sy ID en dat hy besig is om te soek na werk. Mense moet ingryp en help want ons kan dit nie alleen doen nie. Die mense op die straat wil gehelp word, al besef hulle dit nie altyd nie, of sê hulle dit nie altyd nie, maar as hulle op plekke beland soos dié met dieselfde soort ouens wat daar deur is soos ons.”

““““

Page 18: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende HandWit bedelaars & dwelmafhanklikheid

18

Die publiek en gemeenskappe kan bydra deur te help en daartoe by te dra dat meer rehabilitasiesentrums soos Moeggesukkel opgerig word of hulle kan help om verslaafdes by Moeggesukkel in te kry.

As die gemeenskap ingryp en ons begin nog so ʼn plek soos Moeggesukkel 2 en Moeggesukkel 3, dan kan ons begin uitsprei en die mense help. Maar dis al way wat ons kan help, is die community moet ons hande gryp en ons moet saam hardloop met die ding. Kom alles neer dat die gemeenskap rêrig moet kyk of hulle help. Moeggesukkel kan help om groter te raak, want daar is baie plekke soos dié, maar baie plekke het nie dieselfde visie as ons nie. Wat die mens kan doen daar buite is om hulle na plekke soos hierdie, Moeggesukkel, te bring wat ʼn baie great plek is. Hierdie plek is fantasties. Ek sal sê hulle manier wat hulle alles doen is eintlik so goed gedesign, hy werk só aan jou karakter.”

Samevatting

Hoewel die meeste mense goed bedoel en met die suiwerste bedoelings aan bedelaars op straat gee, het hulle waarskynlik nie die vaagste idee waarmee hulle te doen het nie. Die fokus van hierdie navorsing was om te kon-sentreer op wit bedelaars se dwelmgewoontes, wat daartoe aanleiding gegee het en hoe hulle lewens daarna

verloop het.

Die kompleksiteit van nie net die dwelmverslawing nie, maar elkeen van die faktore wat daartoe aanleiding gegee het, wat daarin ʼn rol speel, wat dit in stand hou en die negatiewe prognose, het onbetwisbaar uit die studie na vore gekom.

Vanuit ʼn kwalitatiewe metodologiese raamwerk is ongestruktureerde onderhoude met spesifiek gekose respondente gevoer. Hulle is gekies op grond van die feit dat hulle dwelms gebruik het en op straat gelewe het. Hulle is ook almal tans in rehabilitasie in die Moeggesukkel-rehabilitasiesentrum in Centurion of in House Regeneration in Derdepoort.

Die respondente se grootwordjare was meestal met ernstige probleme, kwelling of trauma gevul. Hulle gesinsomstan-dighede, verhoudings met ouers en ander, asook swak psigososiale invloede, het ʼn basis gelê wat op sigself reeds problematies en kompleks is. Kinders se vormingsjare is kritiek belangrik en wat daar skeefloop, beïnvloed die res van hul lewens en die besluite wat hulle later neem.

Die kern van die respondente se kinderjare is ‘n gebrek aan standvastigheid en sekuriteit, gevoelens dat niemand omgee nie en dat daar niemand is wat ondersteunend is en raad en leiding kan gee wanneer hulle dit nodig gehad het nie. Ouers was onbetrokke en afwesig. Sommige het self drank of dwelms gebruik of is oorlede.

“Al way wat ons kan help, is die community moet ons hande gryp en dan moet ons saam hardloop met die ding.”

Page 19: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

Studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Helpende Hand Wit bedelaars & dwelmafhanklikheid

19

Verkeerde vriende het later ʼn belangrike rol in die respondente se lewens gespeel. Baie van hulle het op hoërskool saam met vriende begin drink of dagga gebruik. Hulle wou inpas, het aandag gesoek en ʼn plek of groep gesoek waar hulle aanvaarding kon kry. Dit was eintlik ʼn soeke na omgee en liefde.

Dwelmgewoontes begin gewoonlik by drank en dagga. Sommige word aan heroïen blootgestel en begin direk daar-mee. Die dwelms wat gebruik word, word gewoonlik aangeleer by ʼn groep, by mense waar hulle aan huis is of by in-vloedryke persone, soos ʼn meisie met wie hulle in ʼn verhouding is.

Dit is skokkend hoe maklik beskikbaar en goedkoop dwelms op straat is. Baie ervaar met verloop van tyd toleransie en het dan sterker dwelms of mengsels van dwelms nodig om dieselfde gevoel daaruit te kry. Sommige gebruik dwelms vir ʼn “high” en dan ander pille om weer “af” te kom van die “high” en nog ander pille om te kan slaap. Mettertyd gee hulle nie meer om vir hul liggame of gesondheid nie, ook nie wie hulle in die proses seermaak of verloor nie. Al wat belangrik is, is waar die volgende “high” vandaan sal kom. Daar is altyd die kans van oordosering, ʼn “bad trip”, vigs van vuil naalde en weefselnekrose. Hulle eet nie genoeg of voedsame kos nie en vermaer in die proses.

Dwelmgebruik en verslawing lei sonder twyfel tot die verbrokkeling van familieverhoudings. Familie of vriende word gemanipuleer en belieg, selfs besteel om geld te kry. Hulle gee raad en ondersteun sover hulle kan, maar kan later nie meer voortgaan nie. Dwelmverslaafdes kan nie vertrou word nie, hulle hou nie by hul beloftes nie en gee nie om nie.

Sonder die ondersteuning van familie of vriende, of hul eie geld wat alles aan dwelms spandeer word nadat hulle hul werk verloor het, is die straatlewe dikwels die enigste uitweg. Die straatlewe is gevaarlik. Daar is invloede van Nigeriërs en prostitute, bendes en selfs satanisme. Om hier staande te bly, is onmoontlik. Die fokus van hul bestaan is waar die geld vir die volgende “fix” vandaan sal kom. Hulle gee nie om of dit met geweld geskied nie. Hulle sal nie skroom om hul enigste bietjie kos vir die dag wat iemand by die robot vir hulle gegee het, te verkwansel vir geld vir dwelms nie.

So raak hulle dieper verstrengel. Baie gaan dood en baie probeer selfmoord pleeg. Ander moet vir altyd vlug vir die bendes of satanismegroep waaraan hulle behoort het. Dan begin die worsteling van probeer ophou en terugval. Baie ervaar ʼn keerpunt waar hulle tot die besef kom dat as hulle nie ophou nie, hulle die dood in die gesig staar. Dit is agterna nie meer lekker nie, die “highs” is kort en flou en die straatlewe is wreed en onmenslik. Baie wil hul lewens verander en suksesvol wees. Maar dit is verskriklik moeilik. Die loutere hel van onttrekking is almal se grootste vrees. Jy gaan een keer daardeur en nie sommer op jou eie weer nie. Dit is fisiek te erg om sonder hulp of ondersteuning te kan hanteer. So val hulle weer terug en gebruik erger en meer.

Dan, met baie gebede, iemand met ʼn groot hart wat hulle ontferm of met die druk van familie, beland die verslaafdes in ʼn plek soos Moeggesukkel. Die stryd om te rehabiliteer, skoon te kom en al die duiwels van die verlede in die oë te staar en deur te werk, begin dan eers. Hier word hulle ook voorberei vir ʼn normale lewe van werk. Niks is egter gewaarborg nie.

Hulle sal moontlik nooit die vrede beleef dat alles dalk nou vir altyd verby is en dat daar nooit weer ʼn terugval sal wees nie. Dwelms is ʼn kruis vir die res van hul lewens.

HOEKOM MOET DIE PUBLIEK NIE VIR BEDELAARS GEE NIE? Die meeste bedelaars is ook dwelm- of drankverslaafdes.

Jou geld hou hul gewoonte in stand!

Jy kan nie sien wie verslaaf is en wie nie.Jou geld kan meer skade doen as wat jy besef.

Die kompleksiteit van hul situasie is van só aard dat niks wat jy daar by die robot kan doen,enigsins ʼn verskil kan maak nie.

Die geld wat jy gee, verander niks aan hul situasie nie.

Die publiek kan meer help deur byvoorbeeld ʼn telefoonnommer van Moeggesukkel of Helpende Hand te gee. Die publiek kan ook help deur hierdie instansies finansieel te ondersteun.

Page 20: dwelmafhanklikheid - helpendehand.co.za · dalk self alkohol of dwelms misbruik het of nie geskik was om vir hul kinders te sorg nie. Een respondent, wat in stabiele huislike of familie-omstandighede

“As ek vir jou kan sê 90% van hulle is verslaaf aan DWELMS, dan oordryf ek nie. Miskien meer.

En hulle geld kom net van BEDEL af.”

Tel: 012 644 4300 • Faks: 012 644 6493 • Posadres: Posbus 11580, Centurion, 0046Hoofkantoor: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion

www.navorsing.co.za • 0861 25 24 23SolidariteitBeweging

SolidariteitNavorsingsinstituut

Moeggesukkel Tel: 073 329 5174

Adres: 114 ErasmuslaanRaslouw, Centurion

www.moeggesukkel.co.za

House Regeneration Tel: 012 808 0527

Adres: Plot 358, SakabukalaanDerdepoort, Pretoria

hr7.co.za

www.helpendehand.co.za • 0861 25 24 23