20
Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2 Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant Jaargang 25 nommer 3 Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102 Webtuiste: www.gk-alkantrant.co.za • Volg ons op Facebook GK Alkantrant, Absa rekeningnommer: 540 340 404, Takkode: 334745

Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2

DopperdingeGemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant Jaargang 25 nommer 3

Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102Webtuiste: www.gk-alkantrant.co.za • Volg ons op Facebook GK Alkantrant, Absa rekeningnommer: 540 340 404, Takkode: 334745

Page 2: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Inhoudsopgawe

Dissipels van Jesus Christus 1Die vingers van God 2Idealisme 4Dink aan jou Skepper 5Die Heilige Gees is liefde 6Ter nagedagtenis 7Wat is Sciëntologie? 8Mootkamp, 2016 10koffiekroeg 11Korrespondensie 12Blokraai 14In ligter luim 15Woordsoek 16Die wonder van God se skepping 17

Dopperdinge

Redakteur:Willie PretoriusSel: 072 224 [email protected]

Predikant:Ds Dirk Kotzee Sel: 079 305 [email protected]

Fotograaf:Tjaart van der WaltSel: 083 3031 [email protected]

Taalversorger:Geert van JaarsveldSel: 082 820 [email protected]

Uitleg:Danie DreyerSel: 082 844 [email protected]

Drukwerk:Marketing Support Services Tel: 012 346 2168

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 2

DopperdingeGemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant Jaargang 25 nommer 3

Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102Webtuiste: www.gk-alkantrant.co.za • Volg ons op Facebook GK Alkantrant, Absa rekeningnommer: 540 340 404, Takkode: 334745

VoorbladDie bloeisels word gesien

in die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land.

Hoodlied 2:12

Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant Jaargang 25 nommer 3

Page 3: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 1

Die afgelope kwartaal het ons op dissipelskap gekonsentreer. Dit is in die eredienste aan-gespreek en uiteindelik is die kwartaal met ’n toerustingsessie afgesluit. Tien lidmate het die toerustingsgeleentheid bygewoon waar ons sinvol saam gesels en ons elkeen se roeping binne die kerk in oënskou geneem het.

Ons duidelike standpunt ten opsigte van dissipelskap is dat dit geensins ’n modegier in die kerk is nie. Soveel dinge vlam in die kerk op en brand later maar weer uit. Dissipelskap is een van daardie fasette wat nie mag uitbrand nie, want dit is ’n leefstyl.

Jesus roep ons immers om sy navolgers te wees. Lees weer in die evangelies hoe Jesus die twaalf uit hulle daaglikse lewe geroep het om Hom te volg, hoe Hy hulle lewensuitkyk verander en die opdrag waarmee Hy hulle later agterlaat het. In Matteus 28:19 lees ons: Gaan heen en maak dissipels van al die nasies. Dit was Jesus se laaste opdrag. Hierop brei Hy in Handelinge 1:8 uit: maar dat julle die krag sal ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

Hierdie opdrag het vir Jesus se dissipels nooit irrelevant geword nie. Jesus sê self dat Hy nie weer kom alvorens die laaste een die blye boodskap gehoor het nie. In Handelinge 8:30-31 volg die beskrywing van die verkondiging van die evangelie in een van die uithoeke van die wêreld waar Filippus die evangelie aan die man van Ethiopië verklaar. Filippus het daarheen gehardloop en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees. Hy vra toe vir hom: “Verstaan u wat u lees?”Die Etiopiër antwoord: “Hoe sou ek kon as niemand dit vir my uitlê nie?”

Dissipelskap en dissipel wees is twee verskillende aspekte. In wese beteken dissipel wees om ’n leerling, ’n volgeling van Jesus te wees en om in die proses ook ander mense dissipels van Hom te maak. Daarenteen is dissipelskap die proses waarbinne sekere elemente moet figureer terwyl ander vermy moet word. Dit is as’t ware die riglyn vir praktiese plaaslike evangelisasie. Tydens die toerustingsgeleentheid was ons fokus veral hierop ingestel. Hoe moet die proses van

dissipelskap lyk? Watter elemente is in dié opsig onmisbaar? Hoe weet ons of ’n verdere gesprek die moeite werd is? Heelwat lidmate wat die toerustingsgeleentheid nie kon bywoon nie, het versoek dat dit weer aangebied moet word. So ’n geleentheid sal DV in September geskeduleer word.

Die tweede geleentheid, wat op die eerste aanbieding in September volg, handel oor die toerusting in die praktyk. Hoe kan ons dit in die gemeente implementeer en prakties ten uitvoer bring waar die Here ons roep om sy getuies te wees? Daarby sal ons basiese raamwerke uiteensit en saam bespreek.

In die vierde kwartaal gaan ons fokuspunt na die gesin verskuif om die noodsaaklikheid van dieselfde praktyk in die gesin te beklemtoon. As ouers is ons eerste roeping om ons kinders dissipels te maak. Hulle moet leer wie God is en om vir Hom lief te wees. Daarvoor sal ons weer ’n toerustinggeleentheid aanbied.

Die geleenthede sal op Saterdagoggende aangebied word, gevolg deur ’n informele braai, middagete en gesellige kuier.

Die datums wat u vir hierdie geleenthede kan oophou:

• Dissipelskap–teorie:Saterdag 3 September 2016 om 10:00

• Dissipelskap–praktykvirAlkantrant: Saterdag 10 September 2016 om 10:00

• Ouersseroepingomhullekindersdissipels van Jesus te maak: Saterdag 22 Oktober 2016

Lekker lees aan hierdie uitgawe van Dopperdinge. Mag dit die roepingsbewustheid in ons elkeen aanwakker sodat ons ons deel kan doen vir God se missie. Baie seën en voorspoed vir u elkeen toegebid.

Ds Dirk Kotzee

Dissipels van Jesus Christus – ’n leefstyl en nie ’n modegier nie

Page 4: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

2

As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het –(Psalm8:4AFR53)

Ons hoor in die Bybel nie baie van God se vingers nie. In die hele Skrif word daar slegs vier keernadievingervanGodverwys(Eks.8:19; Eks.31:18;Ps.8:4;Luk.11:20).

Psalm 8: As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het –watdan?

Skeppingswerk is eie aan God. Net Hy kan dit doen. Maar nou die merkwaardige wat ons in Psalm 8 hieroor opmerk. In vers 7 lees ons dat die Here die mens laat heers oor die werk van sy hande. Maar in vers 4 kyk Dawid vol verwondering na God se skeppende vingerwerk. Al twee uitdrukkings is uiteraard ’n manier van praat om ons iets van God te laat verstaan. God is Gees. Hy het geen hande en voete, geen vingers en tone nie. In mensetaal word egter iets van God gesê sodat ons sal begryp hoe magtig en wys God in sy skeppingswerk is. En daar word ’n duidelike onderskeid gemaak. In ’n sekere sin is ál die werk wat God skep sy handewerk. Hy maak en vorm en boetseer. Maar wat kom ons agter? Hy laat die

mens heers oor beeste en skape, oor wilde diere envoëls–oorsyhandewerk. Maar sy vingerwerk is in ’n ander klas, ’n ander kategorie. Daaroor kan die mens nie heers nie. By God se skeppende vingerwerk geld die gebod vir die mens: hou jou hande tuis.

Dat God met sy vinger skep, sê verder dat Hy baie persoonlik betrokke is by wat Hy maak. Hy sit, om dit so te sê, sy vingerafdruk op wat Hy maak. As ons die hemele aanskou, die maan, die sterre–dansienonsGodsevingerafdruk.Kyk,ditisonsGod–sogrootenmagtigisHy.Metsyalmagtige vinger druk hy die sterre in die heelal op hulleplek;sooswatjongkindersblinksterretjiesoppapier plak. Die hemelruim is ’n kunswerk van sy skeppende wysheid.

In Psalm 8 praat Dawid nie in besonderhede oor die skepping nie. Daar word niks gesê oor die lewe in die huwelik en die gesin en die samelewing nie. Ook nie oor skool en vriendskap nie. Tog lê al hierdie dinge geheel en al in Psalm 8 opgesluit. Op die sesde skeppingsdag het God vir Adam geformeer uit die stof van die aarde. Adam ontvang sy eerste opdrag om vir al die diere name te gee. Hy bemerk dat hy alleen is as hy sien dat al die

Die vingers van God

Page 5: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 3

diere in pare is. Dan skep God mannin uit die man, uit Adam uit. Hy lei hulle na mekaar toe. Hy skep die huwelik, die gesin. In die gesin word kinders gebore. Daar kom uitbreiding. Dit is alles Goddelike vingerwerk met ’n Goddelike vingerafdruk. Juis dit maak die lewe in al sy verbande so uitnemend. Ditisniemensbedinknie–nieuitdiemensvirdiemens nie. Die verhoudings en verbande tussen mense is uit God vir God. Goddelike, skeppende vingerwerk.

Dawid stel ’n vraag in Psalm 8: Wat is die mens dat U aan hom dink en die mensekind dat U hom besoek? Dit is nie sommerso ’n onskuldige vraag nie. In ons Afrikaanse vertaling kan die Hebreeus ongelukkig nie duidelik weergegee word nie. Die mensaanwieGoddinkisdiemens(enosh)insygevalle, sondige bestaan. Dit is die mens van wie Job(14:1)praat:die mens uit ’n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.

Toe God die mens geskep het, het Hy hom uitnemend geskep. Die mens is geskep na die beeld van God. Man en vrou is aangestel as kroon van die skepping. Hoe diep het die mens nie geval toe hy in opstand teen God gekom het nie?! Op alle vlakke van lewe het die breuk sigbaar geword. Veral daar waar mense met mekaar saamleef en met mekaar moet saamwerk. Hoeveel hartseer is daar nie in huwelike en verhoudings tussen mense nie, ook by die werk. Misverstande, wantroue, misplaaste gevoelens, afbrekende woorde, naywer, jaloesie. Dit is die erns en die krag van sonde. So slaan die dood sy slag in die lewe van mense.

Nou luister ons weer na Dawid se vraag: Here, as ek na die skeppingswerk van u vingers kyk, wat is die ellendige mens dat U aan hom dink? Waarom maak U nog hoegenaamd verder bemoeienis met hom? Hoekom soek U die mensekind, die seun van Adam, nog op?

Die antwoord op hierdie vraag kan ons alleen by God self vind. Hy soek geen sukkelende, stukkende, sugtende skepping nie. Hy soek geen menselewens wat nie op Hom gerig is nie.Daarom doen Hy met sy Goddelike vinger iets baie ingrypend. Hy skryf sy wil op twee kliptafels –metsyeievinger. Eksodus 31:18 is die tweede Skrifteks wat vertel van God se vinger. Deur sy wet bring God die gebroke lewe van die mens weer terug op die regte spoor. As die mens volgens die wet leef, kom daar orde op sake. Met sy verlossende vinger waarmee Hy die wet skryf, wys God die pad aan. Die tien gebooie van God se wet is elkeen kort en kragtig. Alles wys in een rigting:

Julle moet terug na die begin, soos wat dit in die paradys was.

Kan ons? Nee, ons kan nie uit onsself nie. Die mens is in homself so gebroke dat hy die wet van God wat Hy met sy vinger geskryf het nie kan nakom nie. Die wet roep vir meer. Die wet is op sigself ’n vingerwysing. God dink aan die mensekind, die seun van Adam. In sy wysheid stuur Hy dié Seun van Adam om redding te bring vir wat verlore is. Christus is ’n weinig minder as ’n goddelikewese,’nengel,gemaak(Heb.2:6-9).Hy het homself van Goddelike eer en heerlikheid beroofenmensgeword(Fil.2).Hyhetgelyenhetgesterf. Hy is opgewek en met eer en heerlikheid gekroon.

Daar is nog twee ander Bybeltekste waar daar sprake is van God se vinger:

Eksodus 8:19. Die Egiptenaars het die derde plaag gevoel en gesien. Aäron het die stof van die aarde in muskiete verander. Die towenaars van Egipte het ook probeer om dit te doen, maar hulle kon nie. Die muskiete was op die mense en op die vee. Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God. Hulle was uit die veld geslaan.

Lukas 11:20. Christus het ’n duiwel uit ’n stom man uitgedryf. Die stom man het gepraat en die skare was verwonder. Maar sommige het gesê Hy dryf die duiwels deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, uit. Christus het geantwoord:... as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.

Twee ander gebeurtenisse sluit direk hierby aan. Die Here Jesus het by geleentheid met sy vinger op die grond geskrywe. Dit was toe Fariseërs en Skrifgeleerdes Hom versoek het en ’n vrou op ’n daad van egbreuk na Hom toe gebring het (Joh.8:6).EnHyhetmetsyvinger’nmansedoweoreenstommondgesondgemaak(Mark.7:33).

Uit al twee hierdie tekste word dit duidelik hoe die mond van God se teenstanders stilgemaak word. Die heerlike vingerwerk van God laat die nie-gelowige en ongelowige sprakeloos. Hoeveel temeersalons–Godsekinders–nievolontsagna God se heerlike werke kyk nie? Sy heerlike vingerwerk moet al meer en meer in ons lewe sigbaar word. Ons wil saam dinge aanpak tot sy eer.

Radiopraatjie op Pretoria FM–22Mei2016Verwerk–metvriendelikevergunningvan dr Gerard Meijer, GK Pretoria Oos-Moot

Page 6: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

4

In ’n samelewing wat hedendaags deur soveel konflik, onmin, teleurstelling, moedeloosheid, wantroue, korrupsie, ensovoorts, gekenmerk word, ontstaan vrae soos, eerstens, in hoeverre is die nageslag nog enigsins van ’n toekoms verseker en, tweedens, is die aansporing tot idealisme by ons as die ouer geslag steeds aanwesig om die jeug tot daadwerklike hoogtes te inspireer? Hierdie komplekse vrae verdiep mettertyd tot hoe om in ’n veeleisende, rustelose gemeenskap met al sy vereistes aan te pas, kop bo water te hou en ekonomiese uitdagings die hoof te bied. Daarmee saam moet die sienswyse en beïnvloeding van die moderne samelewing in die beantwoording van hierdie vrae nie buite rekening gelaat word nie. Selfs ons as gelowiges, wat deel van so ’n samelewing uitmaak, spring die neerdruk- kende faktore in die respons van hierdie kwessies nie vry nie.

Idealisme is die fondament van verskeie fasette waarop ’n sterk karakter gebou word. Dit veronderstel elemente van opregtheid, eerlikheid, innemende persoonlikheid, meelewing, standvastigheid, volharding, hardwerkendheid en diebelangrikste–geloofsvertroueinGodDrie-enig en gebed. Hieraan is daar ook die onmisbare teleurstellings en mislukkings verbonde wat ten doel het om die mens tot volwassenheid te lei. Daarby moet ons ook aanleer om oordeelkundig te onderskei om vir niemand ’n aanstoot te mag wees nie...(Fil.1:10).Hiersondervoerdiemens

’n verlore stryd en is hy in sy strewe gedoem. Slegs deur die gebed en vertroue in God almagtig kan die gelowige sy roeping volvoer.

Idealisme behels egter nog meer, naamlik die verwesenliking van persoonlike ideale wat die mens se bestaan die moeite werd maak. Die stel van ’n ideaal is vir die gelowige kind van God baie belangrik. Die Christenidealis besef dat hy op aarde met ’n spesifieke doel geplaas is, naamlik om in die eerste plek die eer van God te beskerm en om dan te streef na die ewige lewe. Paulus vergelyk hierdie strewe met die toegewyde atleet se deelname op die atletiekbaan. Die atleet besef dat om die oorwinning in ’n veeleisende wedloop te behaal goeie voorbereiding ’n absolute vereiste is, maar daar is ook reëls vir die wedloop neergelê waaraan hy moet voldoen om as oorwinnaar gekroon te word. In so ’n wedloop is die ware, doelgerigte gelowige in sy deelname nie onseker om sy ideaal te verwesenlik nie, want hy wil die onverganklike oorwinnaarskroonverower.(1Kor.9:25).Paulusbemoedig Timoteus in hierdie opsig as hy deelname aan die wedloop soos volg beskryf:

In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal.(1Tim.6:12a)

Mag die idealisme in ons strewe om as ware gelowiges aan die einde van die dae die ewige lewedeelagtigteword–metdiegenadevan Bo–nooitverflounie.

Willie Pretorius – Redakteur

Idealisme

Page 7: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Prediker 11:9-10, 12:1-8

Jy, jonk van jare, geniet jou jeug, geniet dit met ’n volle vreug!Doen die dinge waarvan jy houMaar bly aan God getrou.Hy gaan volle rekenskap eis van jou dade. Maar God is goed, Hy is ook vol genade.Jou hart moet vry van bekommernis wees, jou liggaam gesond, net soos jou gees. Want die jare van jou jeug is kort,soos ’n oogwink vlieg die jare vort.

Daarom, jongeling, dink aan jou Skepper in jou jeug.Om Hóm te dien is die grootste deug,want die jare kom gou wat jy sal ervaardie oë, wat die sonskyn aanskou, word dof,die maan en die sterre ontplofen die wolke, na die reën, word ’n gevaar.

Dan bewe die bene wat die liggaamshuis dra.Die arms word swak en jy kladie malers is stil – die tande is mindie vensters, jou oë, kyk maar dit maak geen sin –alles vervaag tot net ’n hersenskim.Jou bewegings word beperk,want niks aan jou is nou meer sterk.

Jy staan vroeg op as die voëltjies begin te singmaar geen geluid kan meer deur jou ore dring.Jy word bang as jy die hoogtes vaten skrik vir alles op die pad.Jou hoof, soos die amandelboom in blom, vertoon ook wit.Jou liggaam is moeg en jy kan niks meer versit.

Niks kan meer help om die ouderdom te tem.Die mens gaan na sy ewige woning en niks kan hom rem.Die silwerdraad word afgesnyen die wiel by die put sal jy stukkend daar kry.Die goue kruik – die liggaam – val stukkend by die fonteinen gebreek is die lewenslyn.

Die liggaam word stof soos dit vroeër was,niks kan meer die liggaam las.Want sy gees gaan nou na sy ewige woning –daar waar God regeer as Ewige Koning.

Die Prediker sê: Alles kom tot niks, tot niks,Jou lewenspan op aarde is kort, dit gaan verby soos ’n blits!Die hoogste sin op aarde is dus om God te eer,want Hy is oor jou lotsbestemming, tot in ewigheid, in beheer.

Gys van Rooyen, Desember 2004

Dink aan jou Skepper

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 5

Page 8: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

6

Die Heilige Gees is liefdeOns sê altyd God is liefde, maar as ons

Romeine 5:5 lees, dan dink ons anders daaroor, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Dit beteken dat ons harte met liefde gevul is deur die Heilige Gees wat God in ons uitgestort het.

Die Bybel bevat talryke tekste wat na God se liefde verwys. Wat behels hierdie liefde wat in ons harte uitgestort is? Hoe verstaan, ondervind en herken ons die liefde? Hoe lyk liefde?

Liefde:• isgeduldigmetmekaarenmetons

naastes;• isaltydvriendelik;• isnieafgunstignie;• soekniesyeiebelangnie;• isnieliggeraaknie;• isvergewensgesind;• beskikoorgewilligehandeomlastete

helpverlig;• hetvoeteomvertraptemensenadie troonvanliefdetedra;• sienmetdeernisvolleoëstukkendesraak;• hoordienoodkreetvanverdwaaldes;• helpdeurmiddelvandiewoordomte

vertroos;• beskikoorknieëommakliktebuigenarms

ommetwarmteteomhels;• maakhartevirverwerptesoop;• drametlippesyWoordmetsagtheidoor;en• geeomvirmekaar.God is liefde, Jesus is liefde en die Heilige Gees

is liefde, want die Drie-eenheid IS LIEFDE. As jy liefde wil hê en liefde wil gee, ken God. Soek Hommetjouhelehart–injoubinnekamereninsyWoord. Oordink sy Woord dag en nag. Die Bybel stel dit so duidelik ... Peins oor Hom. Jy kan slegs bewus wees van sy teenwoordigheid as jy gedurig aan Hom dink. As jy nie aan iemand dink nie, is die persoon nie in jou gedagte nie en kan jy nie van sy teenwoordigheid bewus wees nie. Dieselfde beginselgeldvironsHemelseVader–soek

naamlik sy nabyheid deur gedurig aan Hom te dink. Jy hoef nie ver te soek nie, want die Heilige

Gees is in ons binneste en God het sy liefde, wat so omvattend is soos hierbo gemeld, in ons harte uitgestort. Die woordjie uitgestort beteken in oorvloed. Ons harte is gevul met sy liefde. Hoe is dit moontlik dat ons nie ’n bietjie van hierdie liefde ook op ander uitstort nie? Waarom is daar rusie en twis onder familielede, tussen vriende en kollegas? Laat ons ons nie deur die Heilige Gees lei nie? Of is ons nie bewus van die liefde in ons harte nie? Is ons harte van klip? Dan moet ons God vra om vironshartevanvlees(volliefde)tegeeenopons tekortkominge in dié verband te wys. Laat ons dade, woorde en denke duidelik aan die wêreld toon dat ons Christene is en volgelinge van ons Here Jesus Christus.

Vind uit wat God se wil vir jou lewe is. In Hosea 10:12 spreek die Here hieroor soos volg: Saai volgens my wil en julle sal my liefde oes … Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.

Wat moet ek doen? Lof is die offer wat jy aan Godmoetbring(Psalm50:14).

Die Here sê: Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? ... My liefde brand te sterk. … want Ek is God, nie ’n mens nie. Ek is die Heilige wat by jou is… (Hosea11:8-9).IsonsniegeseëndomteweetdatGod, die Heilige, by ons is nie?

Wat jy moet doen, is om na jou God toe terug te keer: jy moet Hom liefhê en sy bevele gehoorsaam, jy moet jou hoop altyd op jou God vestig (Hosea12:7).

… maar wie op die Here vertrou, dié omvou Hy met sy liefde(Psalm32:10).

Ons is skatryk aan God se liefde. Laat ons nie suinig daarmee wees nie. En waar ons wel tekort skiet, laat ons goedgesindheid, begrip en onselfsugtigheidvanGodbid–nee,afsmeek!Hysal die gebed van ’n gelowige nie minag nie.

Estelle Prinsloo

Page 9: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 7

Ons oudste lidmaat, oom Izak Schutte, is op 8 Julie 2016 in die geseënde ouderdom van 97 jaar oorlede. Hy was die afgelope klompie jare bedlêend omdat die bene ingegee het, maar hy was tot en met sy dood geseën met goeie gesondheid en ’n helder verstand. Die laaste twee maande van sy lewe het hy begin probleme ondervind met orgaanversaking wat uiteindelik tot sy dood gelei het. Genadiglik het hy nie gely en swaargekry nie en het die Here hom rustig weggeneem na die Vaderwoning.

Oom Izak was ’n boorling van die koue Oos-Kaap, is gebore as die oudste van drie kinders en het grootgeword in Dordrecht, waar hy ook skoolgegaan het. Na skool begin hy werk by die Poskantoor en bemeester die morsekode wat hy ook gebruik het in die Tweede Wêreldoorlog waartydens hy vir die Weermag gewerk het. Na die oorlog sluit hy aan by die Staatsdiens en werk jare

lank vir die Department van Arbeid. Met sy aftrede was hy in die Johannesburg-kantoor hoof van die Departement van Arbeid. Oom Izak en oorlede tant Hannie, wat hom baie jare gelede al ontval het, het slegs een seun, Jan, getroud met Petra. Oom Izak het twee kleinkinders en vyf agterkleinkinders gehad.

Ek het die voorreg gehad om oom Izak 25 jaar te ken toe hy ’n paar jaar na sy aftrede in ons gemeente ingetrek het. Hy was ’n besondere mens wat op hoë ouderdom intens belanggestel het in die moderne IT-wêreld en hy kon vir ure navorsing op internet doen oor verskeie onderwerpe, waaroor hy met gesag kon praat. Sy belangstelling in die kultuurhistoriese agtergrond van die Bybel was inspirerend tydens Bybelstudies waar hy met groot gesag oor die Bybelse agtergrond kon praat. Hy was aktief in Bybelstudies, Klub 50 en verskeie gemeentelike aksies. Daarby was hy nie net ’n “student” in die Bybel nie, maar ’n getroue kerkganger wat die Here, sy Woord en sy Kerk innig liefgehad het. Hy was ’n opregte kind van die Here. Dit het hom soveel sekerheid gegee oor die ewigheid en die eindbestemming van die gelowige kind van God. Tydens sy laaste jare het hy telkens met my gepraat oor hierdie sekerheid en genadige beskikkingswerk van Christus.

Ons dink aan sy gesin in ons gebede, en dank saam met hulle die Here vir ’n lang lewe van genade wat oom Izak beleef het.

Nico Ligthelm

Ter nagedagtenis

Die publikasie van Dopperdinge is afhanklik van u bydraes. Gevolglik wil ons ’n ernstige beroep op u doen om artikels in te stuur. Die verskyning van so ’n publikasie kan nie net van die redaksie afhanklik wees nie. Hier is soveel talent in ons geledere wat nie benut word nie. Die sukses van so ’n blad word grootliks deur sy lidmate bepaal omdat dit uit die gemeente deur hulleself geskryf en op hul medegelowiges gerig is.

Artikels kan oor enige onderwerp handel wat op ’n Christelike grondslag gebaseer is. Dit kan briewe

wees wat op kerklike aangeleenthede betrekking het, gedigte, boekbesprekings, bevordering van kerksang, beplanning van gemeentelike aktiwiteite en verslag oor sodanige aktiwiteite. Ons sal dit verwelkom as ons jonger lidmate ook hulle gedagtes met ons wil deel. Op hierdie wyse word tekortkominge geïdentifiseer wat onmiddellik die nodige aandag kan geniet.

Help asseblief mee om Dopperdinge werklik ’n pronkblad te maak. Stuur u artikels in elektroniese formaat aan Willie Pretorius by [email protected]

ALLE BYDRAES SAL, INDIEN GEKEUR, VOOR PUBLIKASIE TAALKUNDIG VERSORG WORD.

Dopperdinge

Page 10: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

8

Wat is Sciëntologie?SciëntologieStigting

Die Kerk van die Sciëntologie is in 1953 deur die Amerikaanse filosoof, ontdekkingsreisiger en

skrywer van wetenskapfiksie, L. Ron Hubbard gestig. In 1952 het hy Scientology as Religious Philosophy geskryf en in die daaropvolgende jaar voorgestel dat Sciëntologie in ’n godsdiens omvorm word. Sy beweeg rede was nie soseer filantropies van aard nie maar eerder om die belasting- en ander institusionele

voordele wat kerkwees sou bied, te benut. In ’n brief het hy die stigting van drie sentra vir berading asook ’n bedrag van $500 per sessie deur klante voorgestel. Met hierdie werkswyse, het hy geredeneer, sou daar geen tekort aan geld wees nie! In Desember 1953 het Hubbard drie kerke gestig. Die beweging het gou in die VSA aanklank gevind en deur die Engelssprekende lande versprei. Ook in Suid-Afrika is die beweging aktief.(InPretoriaishullekerkgebouopdieh/vStanzaBopape-enPinestraat).Die“kerk”moes vroeg reeds uitdagings in die vorm van regeringsondersoeke die hoof bied. In die ontwikkeling van Sciëntologie het Hubbard mettertyd sy aanvanklike sienings en leringe aangepas. In wese toon die beweging sciëntistiese en terapeutiese invloede waartoe met verloop van tyd bosinlike elemente bygevoeg is.

BelydenisOp navorsing gegrond

Waarop berus die Sciëntoloë se belydenis en praktyke? Dit is volgens hulle streng op navorsing gegrond en volgens wetenskaplike wette in belangrikheid gerangskik. Volgens Scientoloë strek die menslike heugenis veel verder terug as die ouderdom

vandieheelal–watnatuurlikstrydigismetdiebestaande wetenskaplike opvatting van die heelal. Onvoorwaardelike geloof is vir hulle van minder betekenis as Sciëntologiese metodes. Hubbard stel dit soos volg: “For a Scientologist, the final test of any knowledge he has gained is, Did the data and the use of it in life actually improve conditions or didn’t it?” en dat die hoofdoel is: “A civilization withoutinsanity,withoutcriminalsandwithoutwar;where the world can prosper and honest beings can have rights, and where man is free to rise to greater heights, are the aims of Scientology.”

Geen bepaalde godsbegripSciëntologie het geen bepaalde godsbegrip

nie. Sciëntoloë moet deur eie waarneming en gewaarwording die “waarheid” ontdek: “... the Church of Scientology has no set dogma concerning God that it imposes on its members. As with all its tenets, Scientology does not ask individuals to accept anything on faith alone. Rather, as one’s level of spiritual awareness increases through participation in Scientology auditing and training, one attains his own certainty of every dynamic. Accordingly, only when the SeventhDynamic(spiritual)isreachedinitsentiretywill one discover and come to a full understanding oftheEighthDynamic(infinity)andone’srelationship to the Supreme Being.”

“Tone”-skaalSciëntoloë gebruik ’n emosionele klassifikasie

wat die “Tone”-skaal genoem word. Hierdie skaal word in die oudit gebruik. Deur ’n persoon se posisie op hierdie skaal te bepaal, is dit volgens hulle makliker om so ’n persoon se handelinge te voorspel en dit help om hulle posisie te verbeter. ’n Ander dimensie is die klem wat op “oorlewing” geplaas word. Oorlewing, waarna as dynamics verwys word, word in agt verdeel. Eerstens oorlewingsdrang en tweedens voortplanting en familie, gevolg deur aksies wat insluit groepe, die mensdom, die ganse lewe, die fisiese heelal, die gees en die ewigheid wat dikwels met die Opperwese gelykgestel word. Die beste oplossing word gesê is daardie een wat die meeste voordeel vir die grootste getal dynamics bring.

Page 11: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 9

Liggaam en thetanScientoloë glo aan die onsterflike siel wat

hulle thetan noem. Volgens hulle is thetan die wareidentiteitvan’npersoon–’nbasiesgoeie,alwetende, nie-stoflike entiteit wat tot onbeperkte kreatiwiteit in staat is.

Hubbard leer dat thetans die fisiese werklikheid hoofsaaklik vir hulle eie genot tot stand gebring het. Die uitspansel is geen werklikheid nie en slegs ’n werklikheid omdat thetans die bestaan daarvan erken. Thetans het tot ’n val gekom toe hulle eerder met hulle skepping in plaas van hulle oorspronklike toestand van geestelike reinheid geïdentifiseer het. Algaande het hulle ware aard en daarmee ook hulle geestelike en skeppende hoedanighede in vergetelheid geraak. Die uiteinde was dat thetans hulself slegs as sterflike wesens beskou.

Thetans word telkemale in nuwe liggame deur ’n spesiale proses, soortgelyk aan reïnkarnasie, herbore. Daarby word thetans toenemend deur tydige ervarings van vorige lewens en geboortes beïnvloed.

Hoërorde-leringeBinne die Sciëntologie is daar hoërorde-leringe

wat van die gewone lede weerhou word omdat dit “skadelik” is. Hierdie leringe sluit vertellings in van verskeie kosmiese katastrofes wat thetans getref het. Hierdie word deur Hubbard space opera genoem. Een van hierdie gebeure is toe Xenu(’ntiranvandie“HemelsfeerKonfederasie”)75 miljoen jaar gelede miljarde mense in ruimtetuie

na die aarde gebring het, dit in vulkane geplaas en met waterstofbomme vernietig het. Die thetans het toe bymekaar gebly en aan die liggame van die lewendes geklou. Gevorderde Sciëntoloë glo vas dat liggaamlike thetans uitgeken en geïsoleer moet word. Daar is agt vlakke van hoërorde-lering. Die hoogsteorde-lering word slegs ter see op die organisasie se skip, die Freewinds, aan uitgesoekte gevorderde lede geopenbaar. Al hierdie vlakke van lering kom van Hubbard af.

Etiese reëlsAlle lede van hierdie “kerk” word aan etiese reëls

ondergeskik gestel. Etiek-amptenare verseker die korrekte toepassing van die tegnologie en handel met gevalle wanneer gedrag die organisasie benadeel. Volgens Sciëntologie is 20% van die bevolking suppressive persons. Hierdie groep sluit persone met antisosiale gedrag en dwelmbase in. Kontak met diesulkes word verbied. Oortreding van etiese reëls lei tot die uitsluiting van persone. Lede, wat die “kerk” verlaat, word as suppressive persons gebrandmerk en beleef hierna ’n baie aggressiewe houding van sy lede.

TeenstandDie “kerk” duld geen teenstand nie.

Teenstanders word as vyande gereken wat hulle in die oë van die “kerk” geregverdigde teikens maak vir die toepassing van beleid en prosedures. Diesulkes is aan verstoting, straf en vervolging deur dieorganisasieblootgestel–soveelsodatdaarin ’n televisiereeks gewys is hoe oudlede fisies en geestelik geteister en geviktimiseer word.

Geen godsdiensSciëntologie is volgens Christelike beskouing

bepaald geen godsdiens nie. Dit verheerlik en verhoog die mens as bepaler van sy eie lotgevalle. Die mens kan slegs op eie meriete met behulp van die “kerk” en die gebruik van kwasi-wetenskaplike teorieë en prosedures ’n toestand van sogenaamde saligheid bereik. Die “kerk” gee voor om oor godsdienstige eienskappe te beskik en alle wysheid in pag te hê. Op dié wyse buit die “kerk” nie alleen mense se swakheid en ydelheid tegelyk uit nie, maar is ook voorskriftelik in elke sfeervanhulleledeselewe–selfsdiegenemetwie lede van die “kerk” mag assosieer. Teenstand word met aktiewe aggressie begroet en afvalliges word van familie en vriende uitgesluit. Dit is een vandierykste“kerke”terwêreld.’nKursus(daarisagtstadia)watbyhierdie“kerk”aangebiedwordom die “volmaakte toestand” te kan bereik, kos enigietsvanR10000totR30000enselfsmeer–die eerste kursusse is gewoonlik gratis, maar word toenemend duurder soos daar “gevorder” word. Die totale koste om die hoogste sport te bereik, kan soveel as $380 000 beloop. Die “kerk” besit eiendom wat miljoene der miljoene werd is.

Hennie Klopper

Bron: WikipediaToeganklik by: https://en.wikipedia.org/wiki/Scientologyhttps://www.msn.com/en-nz/entertainment/celebrity/13-celebrities-who-left-scientology/ar-AAaCWvn

http://www.xenu.net/archive/books/tsos/sos-19.html

Page 12: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

10

Die Mootkamp is nie iets waarmee ons almal bekend is nie. Dit het reeds in 1988 onder leiding van ds Ben Fourie van Kameeldrift ontstaan. Dit het alle belangstellende skoolverlaters, maar veral die skoolverlaters van die Streeksinode Pretoria betrek. Die doel van so ’n kamp was om die skoolverlaters vir die uitdagings van die naskoolse lewe toe te rus. Derhalwe openbaar die kamp ’n sterk geestelike karakter wat met gesonde pret en lewenslus gepaardgaan.

Teen 2016 het die kamp se formaat redelik verander. Die behoefte aan ’n kamp vir alle leerders van hoërskole het sterk na vore getree. Gevolglik is daar tans twee Mootkampe wat saamwerk, naamlik die Moot-lite kamp vir graad 7 en 9 en die Moot-

skoolverlaterskamp waarby graad 10 tot 12 betrek word.

Vanjaar het die Moot-lite kamp onder leiding van ds Lohan Linde van Wonderboom-Suid en ds Dreyer Potgieter van Meyerspark plaasgevind. Hierdie kamp is vanjaar op ’n ander terrein aangebied as dié vir die

skoolverlaters. Daar word egter beoog om die twee kampe volgende jaar naby aan mekaar, of op dieselfde terrein, te hou. ’n Paar van ons kinders het die Moot-lite kamp besoek en die terugvoer was baie positief.

Die skoolverlaters het in die ooreenstemmende tyd by Oppiberg agter Buffelspoort gekamp. Die tema was Dors. In die tydperk van ses dae het die volgende subtemas hieruit voortgevloei:

• Waaromisonsdors?• Waarnaonsmoetdors?• Hoewordonsdorsgeles?• Hoeeffektiefwordonsdorsgeles?• Hoekanonsfonteineweeswatanderse

dors help les?Albei kampe het basies dieselfde program

gevolg, maar ek gee graag ’n weergawe van die daaglikse aktiwiteite op die skoolverlaterskamp.

Elke dag is met Jabbokstilte begin. Dit is ’n tyd om stil te raak en sake in gebed en met Skriflesing saam met die Here te oordink. Riglyne is in die kampboekie vervat sodat elke dag se stil word by die dag se tema aansluit. Dit is gevolg deur ’n geleentheid vir terugvoer onder leiding van een van die predikante. Daarna het die bespreking van die dag se tema gevolg waarna die jongmense in hulle groepe vir groepstudie verdeel het.

Die res van die oggend en vroeë middag was elkeen met sy eie tyd besig, of besig om mekaar te vermoor. Ja, dit is wat daar gebeur. Mense moor mekaar met tandepasta! Dit staan bekend as die

Mootkamp, 2016

Page 13: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 11

Ons koffiekroeg funksioneer al ’n geruime tyd. Die paar musketiers wat saam met my en Christiaan opdaag is aangename mense. Elke Sondagaand kom ons bymekaar, geniet die koffie en voer sinvolle oop gesprekke met mekaar oor

onderwerpe waarop dit in die lewe aankom. Ek beleef dit as ’n besonderse geleentheid om as herder en leraar saam

met die jongelinge hulle leefwêreld te betree en hulle dienooreenkomstig relevant te kan bedien.

Tot dusver het hierdie bediening verskillende vorme aangeneem. Soms kyk ons na ’n film,

ander kere word ’n spreker se toerusting beoordeel en trag ons om dit in ons eie lewens te implementeer. Selfs ’n moeilike onderwerp is al aangepak en saam is daar na die Here se antwoord in sy Woord gesoek.

Koffiekoppies is geverf en almal het dit terdeë geniet. Verversings soos koek en ander lekkernye verorber ons terwyl ons lekker saamkuier. Ons het selfs

’n aangename uitstappie na Mugg & Bean gehad. Diegene wat graag wil inval en saam met

ons hierdie besonderse ervaring wil deel, kom asseblief saam. Die kafeïenkantien is oop vir almal

met ’n diep dors en ’n behoefte aan lekker geselskap en saamgroeigeleenthede.

Koffiekroeg

Moot-moordspeletjie. Die een wat aan die einde van die kamp nog staande bly, is die wenner. Intussen moet almal mekaar probeer uitskakel deur drie duidelike tandepastastrepe met hulle regterhand op die persoon se regterwang te trek.

Daar is ook georganiseerde speletjies en groepaktiwiteite wat die studente uitwerk. Dit sluit onder andere in ’n vlugbalkompetisie, boeresport, “minute to win it” en vele meer. Saans het ons terugkoppeling in verband met die dag se tema. Dit word deur nog interessante aktiwiteite gevolg, soos SOV–Subtiele Onderlinge Verskille–waarseunsen meisies met mekaar in hierdie verband redeneer. Die dag word deur een van die studente met Skriflesing en gebed afgesluit. Hierna voer die skoolverlaters met mekaar persoonlike gesprekke, waar daar ook vir mekaar voorbidding gedoen word.

Dit is natuurlik alles met Christiaan Swanepoel en Helet Linde se heerlike kos

bekroon. Ons het soos konings op die kamp geëet.

Soos julle kan agterkom, is dit ’n kamp met ’nvolprogram–volkosvirdiesielenvolpret. Ek was vanjaar bevoorreg om my vyfde Mootkamp by te woon en my eerste as predikant. Saam metdsChrisdeBeer(Brooklyn)endsNikolaasPienaar(Pretoria-Wes)hetonsditas’nongelooflikverrykende geleentheid ervaar. Dit is ’n geleentheid wat ek hoop elkeen van ons jongmense in die toekoms sal kan bywoon.

Ds Dirk Kotzee

Page 14: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

12

Datum: 28-07-2016

President Kruger Kinderhuise

Alkantrant Gereformeerde Kerk,

Mev Greyling,

Namens die President Kruger Kinderhuise wil ons net ons opregte dank uitspreek rakende die handgebreide truie en speelgoed as skenking ontvang. Aangesien ons bedryfskostes op hierdie stadium ‘n uitdaging is, is skenkings van hierdie aard vir ons van onskatbare waarde. U kan verseker wees dat die skenking sal gebruik word in die versorging van ons kinders.

Dit is voorwaar ‘n groot voorreg om die ondersteuning van Alkantrant Gereformeerde Kerk ten opsigte van President Kruger Kinderhuise te ervaar.

Weereens baie dankie.

Vriendelike Groete,

President Kruger Kinderhuise

Me. Retha van der MerweBemarkingsbestuurderPaul Kruger Kinderhuis

Françoise Viljoen en Peter Amblianities op 28 November 2015 deur ds Nico in die huwelik bevestig is. Hulle is lidmate van wyk E2.

Page 15: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 13

Beste WillieDit is al ’n tydjie wat ek

met die gedagte sit van ’n rubriek in Dopperdinge waarin lidmate genooi word om hulle menings en kommentaar uit te spreek oor aangeleenthede rakende kerk- en gemeentesake. Ek het pas ’n stukkie uit die publikasie God se Missie gelees wat oor dink handel. Dit word

daarin voorgehou dat om ’n persoon van geloof te wees nie beteken dat jy blindelings vorentoe moet struikel sonder denke en beplanning nie. Ons moet ons gedagtes en idees gebruik om God op die beste moontlike manier te dien. Sorgvuldige denke en beplanning is ’n manier om God lief te hê met die gawe van denke en wysheid. So roep Efesiërs Christene op om wys en nadenkend te wees. Ons gedagtes moet gebruik word om die beste van ons omstandighede te maak. Die toepassing van ons gedagtes oor hoe om die Here die beste te dien, gegewe ons omstandighede, staan vir my voorop.

Onder ons gemeentelede is daar soveel kennis en ervaring opgesluit en weinig daarvan word tot voordeel van andere en tot diens van die Here gedeel.

’n Tydjie gelede het ds Dirk tydens die tweede erediens die tema aangespreek oor keuse van begrafnis. Die vraag was watter keuse moet jy maak -- die tradisionele teraardebestelling of verassing. Die twee keuses het hy tekstueel netjies hanteer en tot die slotsom gekom dat die keuse joune bly. Jy moet jou deur kostes en praktiese omstandighede laat lei. Dié preek was vir my baie aktueel en het een van die baie relevante vraagstukke van ons tyd aangespreek. Wat ek graag sou wou weet, is wat die gemeentelede se standpunte en kommentaar oor vraagstukke soos hierdie is.

So is daar vele ander aktuele temas en vraagstukke van ons tyd wat uit ’n kundige hoek nadenke en toeligting vereis. So is ons gemeente byvoorbeeld Afrikaans en wit. Hoe lank gaan dit nog so bly voordat ons aan sosiale druk sal moet toegee? Al meer anderskleurige Christene neem hul intrek in ons woonbuurtes. Hulle is immers ons naaste–hoemoetonshulleakkommodeer?

Ek wil nie hier in temas en kwessies verval nie. Die vraag by my gaan meer oor die gawe van

denke en uitruil van inligting om ons kennis te verbreed en die beste van ons omstandighede te maak. Ek is oortuig daarvan dat daar heelwat sake is wat aandag vereis wat ons eenvoudig miskyk. Ons dink net nie daaraan as relevant vir ons gemeente nie. So kan ons dink aan wenke oor temas van moontlike preke vir die tweede erediens. Moet die tweede erediens nie gerig word op die vereistes van sosiale vraagstukke van ons tyd wat sekere aanpassings van ons vra nie? Hier dink ek aan maniere en wyses hoe om dwalinge en die verval van ons kerke te kan stuit of, positief gestel, maniere om groei te stimuleer.

Die jeug van vandag het ander vereistes omdat hulle leefwêreld anders is. Hoe moet ons hulle behoeftes hanteer? Ek kyk na ons sportmanne en sportspanne wat nie huiwer om eer en lof aan die Skepper te betuig nie. Voor en na groot wedstryde word die hoofde gebuig. Dit is die jeug wat ons moet respekteer en as instrumente in sy diens moet gebruik. Daar is ook ander temas wat dikwels by my opkom. Kyk ons na die Roomse Kerk het weinig van sy standpunte, tradisies en gebruike oor die eeue verander.

Verandering skyn nie altyd oplossings te bied nie. Wat weet ons van die wêreld van die Moslems en watter gevare hou hulle vir die Christendom in? Is daar iets wat ons meer van hulle doelstellings te wete moet kom?

Ek is oortuig daarvan dat daar ruimte in Dopperdinge geskep kan word vir ’n rubriek om die resultaat van ons kennis en denke uit te ruil.

Dit is noodsaaklik dat ons relevant moet wees betreffende aktuele vraagstukke om ons kerk uit te bou en te rig op wat van ons vereis word. Ek sien bydraes onder hierdie rubriek nie as lang en omvattende relase van denke oor teorieë en filisofieë nie, maar as kort en saaklike gedagtes rondom dit waaroor ons meer helderheid en kennis verlang.

’n Rubriek kan in ’n baie interessante deel van Dopperdinge ontwikkel en ek glo dit kan ’n bydrae lewer om die eenheid van die kerk hegter te maak en stimulerende en opbouende denke te bevorder. So word ons meer wys en nadenkend.

Mac Botha

Die redaksie onderskryf hierdie skrywe ten volle. Kom ons begin met so ’n wisseling van gedagtes. Neem die vrymoedigheid en skryf u gedagtes neer en stuur dit aan die Redakteur.

Briewe

Page 16: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

14

Page 17: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Dopperdinge Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 15

’n Priester sluit aan by ’n orde wat ’n swyg-eed handhaaf en waar lede van die orde toegelaat word om net elke sewe jaar twee woorde te mag sê. Na die eerste sewe jaar roep die ouderlinge hom om sy twee woorde te sê. Hy sê: “Vloer koud. Sewe jaar later roep hulle hom weer. Hy sê: “Slegte kos. sewe jaar verloop en hy word weer kans gegee om te praat. Hy sê toe: “Ek bedank. “Dis g’n wonder nie,” sê die ouderlinge “al wat jy nog gedoen het vandat jy by ons aangesluit het, is om te kla!

+++++++++++++Die Juffrou is besig met ‘n Aardrykskundeles.

Daar is ‘n groot wêreldkaart in die klaskamer. Juffrou vra vir Jannie om met sy vinger op die kaart te wys waar Amerika op die kaart is. Jannie staan op en druk met sy vinger op Amerika. Juffrou vra toe vir Pietie: “Pietie, wie het Amerika ontdek?” Pietie antwoord: “Jannie, Juffrou!”

Wat is ‘n kameel? Dis ’n perd wat deur ’n komitee

ontwerp is!+++++++++++Tweevriendestapmethullehonde–Eenmet’n

Great Dane en die ander met ‘n Chihuahua. Terwyl hulle stap sê die een vir die ander: “’n Biertjie sal nou lekker smaak. Sy vriend sê toe dat die kroeg hulle nie sal toelaat nie omdat dit ’n streng beleid oor honde in die kroeg het.

Die vriend met die Great Dane sê toe: “Volg my voorbeeld. Hy sit sy donkerbril op en kom by die deur van die kroeg. Die eienaar sê dat hulle nie honde toelaat nie. Die ou antwoord dat hy blind is en dat dit sy gidshond is. Hy word toegelaat. Die vriend met die Chihuahua doen dieselfde.

Die kroeg eienaar sê toe: “Hoe kan ’n Chihuahua ‘n gidshond wees?”

Waarop die Chihuahua-eienaar antwoord: “Ag nee, moenie vir my sê dat hulle vir my ’n Chihuahua vir ’n gidshond gegee het nie!”

In ligter luim

Augustus 28 – D4 F5 F6 F8 H5

September 4 – A1 E2 F7 G3 G6 H111 – D1 D3 F4 G5 H418 – B1 B2 B3 C3 F2 H2

Oktober 16 – C1 C2 D2 F3 G4 H623 – F9 F10 G1 G2 H330 – D4 F5 F6 F8 H5

November 6 – A1 E2 F7 G3 G6 H113 – D1 D3 F4 G5 H427 – B1 B2 B3 C3 F2 H2

Desember4 – C1 C2 D2 F3 G4 H6

Teeskinkbeurte 2016

Page 18: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

16

Page 19: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Die wonder van God se skeppingUit die aarde wat woes en leeg was, het God in die glorie van sy Almag die skepping tot stand

gebring.Insywerke-diesterrehemelendiediereryk–openbaarHyhomaanons.Inaanbiddendeverwondering kan ons sy magtige dade elke dag in Sy skepping sien en ervaar. Hierdie rubriek wil poog om iets van die skoonheid van God se werke te ontsluit.

André en Annette Ligthelm

Swartneusrooibok, Chudop, Etosha

Springbok, M’Bari, EtoshaDie Here my God is my hulp. Hy gee my krag.Hy laat my loop waar rats die ribbok gaan.Hy laat my vas en veilig staan.Habakuk 3:19

Page 20: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Dopperdinge-03-201… · Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102

Dooievlei, Namibië

Sossusvlei, Namibië

Matteus (4: 1-11) berig dat Jesus net na sy doop deur die Gees die woestyn ingelei is. Moses en Elia vlug ook na die woestyn. So het vroeë Christene ook hul toevlug na die woestyn geneem. Dwarsdeur die Bybel is die woestyn dikwels plek van ontmoeting. In die stilte van die woestyn kan ons ook stil word en God opnuut ervaar. Selfs in ons innerlike woestyn (stilte) skep God juis vir ons die geleentheid en versekering om Hom te vind en te ontmoet.