26
Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 Christus se orde vir vroue se verkondiging in die manier waarop hulle hul versier. Maart 2012

Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10Christus se orde vir vroue se verkondiging in die manier waarop

hulle hul versier.

Maart 2012

Page 2: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

Ps-vooraf Ps 48:1,2 (sittende)

Ontmoetingsdiens.

Votum.

“Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan

kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Amen

Seëngroet

Gemeente van ons Here Jesus:

“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,

en die Here Jesus Christus

deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”

Amen.

Lofprysing – Ps 97:1,4,5,7

Geloofsbelydenis

Verootmoediging en Versoeningsdiens.Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.Psalm na die wet – Ps 40:6,7,8

1

Page 3: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

Gebed om skuldbelydenis en verligting.

Psalm na gebed – Ps 119:6,7

2

Page 4: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

Woorddiens.

Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15

Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

Fokus gedeelte: vers 9-10

Skrifverklaring.Inleiding

Geliefdes ... verlede-week was ons by vers 8 ...

waar Paulus sê: ... “Ek wil dan hê

dat die manne op elke plek moet bid

en heilige hande ophef sonder toorn en twis.”

Met hierdie woorde is Paulus besig

om die orde te reël vir Christus se kerk ... op elke plek.

Terugblik

• En hierdie orde is Christus se orde ...

Want sy apostel gee dit.

• En dit is ‘n orde vol Evangelie ...

Want alleen deur Christus se verlossingswerk ...

kan daar op elke plek ‘n kerk wees ...

waar daar erediens is ... en gebede ...

* Ja ... gebede vir alle mense ...

* En gebede vir die verlossing van God se uitverkorenes ...

uit alle mense ...

* Daardie gebede ...

waarvan ons verlede maand kon leer ... in vers 1-6.

3

Page 5: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

• En hierdie gebede doen ... die manne ...

En ook hier hoor ons Evangelie.

Want die kerk is Christus se nuwe verloste mensdom ...

waar die manne weer leiding neem ...

soos God dit gewil het voor die sondeval.

• Maar belangrik: ...

Manne wat leiding neem ... in die erediens en gebed ...

moet besig wees met ‘n lewe van heiligmaking.

Daarom ... is die orde in Christus se kerk op elke plek ...

nie net dat die kerk ‘n biddende kerk moet wees nie.

Nee! ... Die kerk moet ook ‘n kerk wees ... met manne ...

wat elke dag tot bekering kom.

****************

Maar nou kom ons by vers 9-10 ... waar Paulus sê:

“So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding,

gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid,

nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,

maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.”

Verduidelik1

En nou moet ons dit raak sien: ...

In vers 8 gaan’it oor Christus se wil ... deur sy apostel ...

vir die manne ... in die erediens.

In vers 9-10 gaan’it oor Christus se wil ... deur sy apostel ...

1 ωσαυτως και (so ook) het hier die betekenis van ‘net so ook wil ek ...’ ωσαυτως και impliseer dus die ww van 8a. Die vw-infin is egter nuut (‘om te bid’ [vers 8]; ‘om te versier’ [vers 9]). Paulus het dus hier twee ‘wille’ wanneer gemeente saamkom in die erediens. Een vir manne en een vir vroue (Ridderbos se 1Tim komm bl 80-81; Knight se 1Tim komm bl 131-133).

4

Page 6: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

vir die vroue in die erediens.2

***************

Toepassing3

En as daar nou een saak is ...

wat mense se hare ... deur die eeue ... van ontevredenheid laat rys ...

dan’sit die verkondiging van 1Tim 2:9-10 ...

wat gaan ... oor wat vroue moet aantrek ...

en hulle rol in die kerk en erediens.

***************

En tog ... leer Christus vir ons in vers 9-10 wonderlike dinge ...

Bewys

Want hier gan’it ... oor die wonderlike God-verheerlikende-rol

van vroue in die kerk en die erediens.

*****************

En hieroor gaan ons nou meer leer ... Daarom is ons tema ...

Christus se orde ... vir vroue ... se verheerliking van

God ... in die manier waarop hulle ... hul ... versier.

Daarom staan ons stil by vroue se God verheerliking ...

deur hulle versiering ...

• wanneer hulle aantrek

• in hulle gesindheid

• en hulle goeiewerke.

2 Vgl 1Tim 2:8 preek se eerste punt.

3 Vgl Ryken se 1Tim komm bl 80-81; Macarthur se 1Tim komm bl 79-80; http://en.wikipedia.org/wiki/John_Chrysostom; http://en.wikipedia.org/wiki/Aelia_Eudoxia

5

Page 7: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

1. So ... kom ons begin by vroue se versiering ...

wanneer hulle aantrek.

En ons hoor hiervan in die eerste deel van vers 9:

“So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding ...”

Verduidelik

Nou ... behoorlike kleding ...

is eenvoudige klere ... wat nie uitspattig is nie.

Dis ook klere wat nie bedoel

om die aandag op jou as vrou ... te fokus nie.4

En dit is die belangrike saak ... hier in vers 9.

Christus se reël5 ... vir die klere ...

waarmee christen-vroue hulself versier ... of mooi maak6 ... is:

• eenvoud ...

• nie-uitspattig nie ...

• nie klere wat die aandag op jou as vrou se lyf fokus nie.

Opmerking

En geliefdes ... dit beteken nie ...

dat vrouens se klere nie mooi mag wees nie.

Dit beteken ook nie ...

dat vrouens se klere outyds moet wees nie ...

4 Vgl Baljon bl 506-507; Ridderbos se 1Tim komm bl 81; Knight se 1Tim komm bl 133; NIDNTT vol 1 bl 521,524.

5 Met εν καταστολη κοσμιω word my gewys op die uiterlike wyse of standaard van die vroue se klere (Ridderbos se 1Tim komm bl 81; Knight se 1Tim komm bl 134).

6 Baljon bl 534; NIDNTT vol 1 bl 521,524

6

Page 8: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

of uit die moede moet wees nie.

Nee! ... Christus wil ...

dat daar in christen-vroue ... se mooi-maak ... deur hulle klere ...

• eenvoud moet wees

• en nie uitspattigheid nie ...

• Ja ... jou klere ... geliefde suster ...

moenie die fokus op jou ... en jou liggaam ... laat val nie.

Daarom dat Paulus verder aan in vers 9 sê ...

dat christen-vroue hulself nie moet versier

“... met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie ...”

Verduidelik

En dadelik moet ons sê

dat gevlegte hare en juwele en kosbare rok ... nie verkeerd is nie.

Bewys

• In Spr 31 hoor ons tog van die deugsame vrou ...

die vrou wie se “waarde ver bo korale is.” 7

Maar Spr 31:22 vertel van “haar tabberd van fyn linne en

purper ...”

• En wanneer die kerk in Ps 458 en in Openb 19:8 beskryf word ...

as die bruid van Jesus ... dan hoor ons:

“van gouddraad is haar kleding ...” 9

7 Spr 31:10

8 In Ps 45:11vv kry ons iets van ‘n heenwysing na die huwelik van Christus met sy bruid – die kerk (Lane se Ps komm vol 1 bl 205)

7

Page 9: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

“En (verder) is aan haar gegee

om bekleed te wees met rein en blink fyn linne ...”

En in Openb 21 hoor ons van haar goud en pêrels.10

So ... Paulus het dit in vers 9 nie teen gevlegte hare

en juwele en ‘n mooi rok nie.

Nee! ... Waarteen Paulus dit het ...

is dat hierdie dinge verkeerd word ...

wanneer dit die aandag na jou as vrou toe trek.

Daarom is Christus se maatstaf vir die klere ...

waarmee christen-vroue hulself moet mooi maak:

• eenvoud ...

• nie-uitspattig nie ...

• nie klere wat die aandag op jou as vrou fokus nie.

***************

Skrif met Skrif

Petrus verduidelik dit so in 1Pet 3:3 ... Hy sê:

“Julle versiering (susters) moet nie uiterlik wees nie ...”

Nie op die uiterlike van jouself nie.11

En in Jesaja 3 wys die HERE self ook op hierdie belangrike reël.

Bewys

Want in Jes 3:18-23 beskryf die HERE Jerusalem se vroue ...

9 Ps 45:15

10 Openb 21:9-21

11 Vgl Grudem se 1Pet komm bl 139-140

8

Page 10: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

se klere en juwele ... as Hy praat van hulle

“... voetringe en die sonnetjies en die maantjies;

die oorversiersels en die armbande en die sluiers;

die hoofversiersels en die voetkettinkies ...

die vingerringe en die neusringe ...

die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;

die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye

mantels.”

En die rede vir hierdie geweldige uitspattige klere en versiering?? ...

Wel ... in Jes 3:16 sê die HERE ...

dis omdat Jerusalem se vroue

“trots is en loop met ... die oë (wat) lok ...”

Verduidelik

En dit sê vir ons net een ding:

Vir Jerusalem se vroue ... in die dae van Jesaja ...

het alles net oor hulleself gegaan.

Hulle wou in die middelpunt van alles staan.

En met hulle klere ... het al die aandag op hulleself gefokus.12

**************

Gevolgtrek

So ... geliefde susters ... wanneer Paulus in vers 9 sê:

“So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding ...

nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie ...”

dan hoor ons Christus se reël ... vir hoe julle moet aantrek.

12 Vgl Young se Jes kommvol 1 bl 161-162; Mackey se Jes komm bl 117

9

Page 11: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

En hierdie reël is:

• eenvoud ...

• nie-uitspattig nie ...

• nie klere wat die aandag op jou as vrou fokus nie.

****************

Toepassing

En nou moet julle selfondersoek doen ... susters ...

Toe julle vanoggend aangetrek het ... vir die erediens ...

wat was jou maatstaf?

Was dit Christus se reël? ...

Of ... die enigste ander alternatief ... was dit die reël ...

van die sondige-wêreld ... en Satan ... en die Antichris ...

wat vir ons in geprent word op die bladsye van vroue-tydskrifte ...

en op ons televisieskerms?

****************

En net hier staan ons by ‘n erge krisis van ons tyd.

Want weet u ... susters:

Ons dink baie maal ... dat die manier

waarop julle aantrek in-lyn is met Christus se reël.

Maar dan’sit myle daarvan af.

Bewys

Want ons ... met ons ou-sondige-natuur13 ...

raak so maklik gewoond aan die sondige-wêreld se dink en doen ...

wat elke dag om ons is: ... in tydskrifte ... op die televisie ...

op die internet ... op playstation-speletjies ... op ons selfone.

13 Sondag 2-3; Sondag 33; Sondag 44

10

Page 12: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

Dit oordonder ons ... In ons gedagtes maal dit ...

Dit word deel van ons.

Opmerking

En weet u: ... In my voorbereiding vir vandag ...

het ek gelees dat sedert die 1950’s van die vorige eeu ...

daar ‘n doelbewuste dryf in die mode-wêreld is ...

om klere al hoe kaler te maak ...

sodat die fokus al hoe meer op die vrou en haar lyf is.14

En die dogters van daardie tyd ... is vandag ouma’s ...

***************

En ons? ... Ons het gewoond geraak daaraan.

Niks is meer te erg nie ...

Bloese se bokante raak al hoe laer ...

en die onderkante al hoe hoër ...

En durf iemand daaroor praat ...

dan word hy uitgekryt as outydse wettiese Fariseër.

***************

Gevolgtrek

Daarom ... geliefde susters ... is hierdie ‘n saak

waaroor ons elke dag ernstig tot bekering moet kom.

Biddend moet ons na Jesus vlug ... by wie daar vergifnis is.

Van God af moet ons dit smeek

dat Hy ons daagliks nuut sal maak deur sy Gees ...

14 Vgl de Bruyn, Die christen en kleredrag, bl 14.

11

Page 13: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

Sodat julle as nuutgemaakte vroue ...

nuut kan leef in hierdie ou-bose-wêreld ... volgens die reël ...

wat Christus deur sy apostel vir ons gee ... oor die manier

waarop vroue moet aantrek.

***************

En dis so belangrik! ... Want weet u: ...

Wanneer ons hou by Christus se reël vir julle klere

Christus se reël in vers 9 ... wat praat van ...

• eenvoud ...

• nie-uitspattig nie ...

• nie klere wat die aandag op jou as vrou fokus nie ...

dan word julle verkondigers ... hier in die erediens!

Verduidelik

Want met julle klere in eenvoud ...

klere wat nie die aandag op julself fokus nie ...

verheerlik julle die HERE.

Dis asof julle met julle klere sê:15

• ‘Hier in die erediens gaan dit nie oor my nie ...

Nee! ... Dit gaan alles oor die eer van die HERE!’

• Ja ... julle verkondig: ... ‘Kyk ... hoe wonderlik is ons God!

Kyk ... hoe groot is Christus ...

Want Hy verlos vir Hom ‘n nuwe mensdom ...

vir wie die HERE en se eer die belangrikste geword het ...

En nie meer ek ... wat van myself ‘n afgod maak ...

15Vgl Macarthur se 1Tim komm bl 79

12

Page 14: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

en so aantrek dat almal my moet bewonder nie.’

******************

Bevinding

Sien u nou ... susters ... waarom dit so belangrike is

om te hou by Christus se reël

vir hoe vroue hulself moet aantrek.

En ons wat ma’s en pa’s is: ...

Sien u hoe belangrik dit is ...

dat ons met ons dogters oor hierdie reël van Christus praat.

Dis belangrik! ...

Want wanneer ons susters hou by Christus se reël

verkondig hulle met hulle klere

die wonderlike genade en glorie van God ...

en meer nie die monsteragtige verdorwenheid van die mens nie.

****************2. En dit ... kon ons leer uit vers 9 ... waar Paulus sê:

“So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding ...”

Maar nou praat Paulus verder in vers 9 ... Hy sê:

“So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding ...”

Maar net daarna sê hy:

“gepaard met (of saam met16) beskeidenheid en ingetoënheid ...”

Opmerking

So ... in ons eerste punt gaan’it ...

oor die versiering met behoorlike klere ...

16 μετα αιδους και σωφροσυνης – Met hierdie voorsetsel-frase word gewys op wat saam moet gaan met vroue se versiering volgens die standaard wat Christus deur sy apostel neerlê (Greek grammer beyond basics bl 377).

13

Page 15: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

waarmee vroue God verheerlik in die erediens.

Maar hierdie behoorlike klere ...

gaan altyd saam met die regte gesindheid.

En hieroor gaan ons tweede punt ...

Oor vroue se versiering met die regte gesindheid.17

****************

In vers 9 noem Paulus hierdie gesindheid:

beskeidenheid en ingetoënheid.

Verduidelik

En hoor ons van beskeidenheid en ingetoënheid ...

hoor ons van iets soos nederigheid en terughoudendheid.

Ons hoor van ‘n vrou ... wat nie almal ... om haar oordonder nie.18

Petrus noem in 1Pet 3:4 hierdie beskeidenheid en ingetoënheid ...

“‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.” 19

So dit ... is die gesindheid ...

wat altyd saamgaan met behoorlike klere.

Dis ‘n gesindheid van beskeidenheid en ingetoënheid ...

van nederigheid en terughoudendheid ...

wat nie die belangrikste wil wees ... en almal wil oorheers.

***************

17 Vgl Macarthur se 1Tim komm bl 81

18 Vgl Baljon bl 24; Ridderbos se 1Tim komm bl 81; NIDNTT vol 1 bl 502; Ridderbos se 1Tiom komm bl 81; Plek van die vrou in die kerk, bl 56.

19 Vgl Knight se 1Tim komm bl 134,138

14

Page 16: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

Verduidelik

• Dis so heel anders as die gesindheid van Isebel ...

van 1Kon 16:31 ... wat koning Agab ... haar man ... gedomineer het ...

en Israel van die afgod Baäl geleer het.20

• Dis so anders as Babilon ... die moeder van die hoere ...

van wie ons hoor in Openb 17:18 ...

“wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.”

• Dis so anders ... hierdie gesindheid van beskeidenheid en

ingetoënheid ...

So anders as die vrou ... vasgevang onder die sonde ...

van wie ons hoor in Gen 3:16.

Wie se begeerte is na haar man ...

om hom domineer en beheers met ‘n trotse gees.21

****************

Toepassing

En nou is die vraag ... geliefde suster: ...

Hoe lyk die gesindheid waarmee jy jou versier?

Is daardie gesindheid beskeie en ingetoë ... nederig en terughoudend?

Is in jou “‘n sagmoedige en stille gees” ?

Of is daar ‘n Gen 3:16 gesindheid in jou?

Of die gesindheid van Isebel ... wat jou ... en jou wil ...

ten alle koste wil laat geld ...

20 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 776

21 Vgl reformation study Bible bl 14; Plek van die vrou in die kerk, bl 56.

15

Page 17: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

en woede en bitterheid en geskreeu uit jou laat borrel?22

Of is daar dalk die gesindheid ...

van Babilon in jou ... die moeder van die hoere ...

wat jou al kaler en kaler laat aantrek ...

om op die manier jou ... en jou lyf ... en jou goedkoop skoonheid

in die middelpunt van alles in te forseer ... en God te beroof van sy eer.

***************

Hoe staan dit met jou gesindheid ... geliefde suster?

Is daar in jou beskeidenheid en ingetoënheid ...

nederigheid en terughoudendheid ...

en “‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.” ?

Selfondersoek

Weet u ... geliefdes:

Wanneer elkeen van ons ... eerlik selfondersoek doen ...

weet ons dat daar van nature net mooi niks is

van nederigheid ... en terughoudendheid ...

en ‘n sagmoedige en stille gees nie.

Nee ... van nature is elke vrou ‘n Isebel ...

en in haar leef die gesinheid van Babilon.

En daarom is dit so nodig ...

dat ons altyd weer sal hoor van Jesus.

Van Jesus wat in Mat 11:28-29 ...

ook vir vroue ... vir meisies ... vir dogters ...

wat hulle sonde van ‘n Isebel-en-Babilon gesindheid besef ... gesê het:

22 Efes 4:31

16

Page 18: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is ...

Neem my juk op julle en leer van My,

want Ek is sagmoedig en nederig van hart ...”

Hoor u dit Susters? ... Jesus is ons Verlosser!

Dis Hy wat ons bevry van ons aaklige sondige gesindheid.

Maar dis ook Hy wat vroue leer van beskeidenheid en ingetoënheid ...

van nederigheid en terughoudendheid ...

en ‘n sagmoedige en stille gees.

Wees dan tog soos Maria ... van wie ons hoor in Luk 10:39

wat “aan die voete van Jesus gesit (het)

en na sy woord geluister (het).”

En broeders ... ons wat dogters het: ...

Het ons hulle al vertel? ... van Jesus wat verlos ...

en vir meisies leer van beskeidenheid en ingetoënheid ...

nederigheid en terughoudendheid ... en ‘n sagmoedige en stille gees.

***************

Saamvat

Ja ... susters onthou dit tog:

Julle versiering moet nie net met behoorlike klere wees nie.

Nee! ... Daarmee saam moet julle ...

julself ook elke dag meer en meer versier ...

met ‘n verloste gesindheid ...

van beskeidenheid en ingetoënheid ...

verlos van selfgesentreerdheid en trotsheid ...

Sodat julle die HERE kan verheerlik.17

Page 19: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

3. Maar nou’s daar nog ‘n derde versiering.23

Paulus praat daarvan in vers 10:

“So ook moet die vroue hulle versier ...

soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely,

met goeie werke.”

Verduidelik

Of ons kan ook sê: ... ‘So ook moet die vroue hulle versier ...

met goeie werke ... wat pas24 by vroue wat die Godsvrug bely.’

En wanneer jy die Godsvrug bely ...

dan bely jy dat jy in die HERE glo,

Hom lief het ... Hom wil gehoorsaam ...

en dat die HERE die belangrikste in jou lewe is.’25

Opmerking

So hoor u waaroor gaan die derde versiering?

Dit gaan oor gelowige christen vrouens se goeie-werke.

En dis ook ons derde punt.

****************

Verduidelik

En dadelik moet ons raaksien ...

dat die woorde van vers 10 baie ernstig met ons praat.

Dis asof Paulus dit wil onderstreep.26

23 Vgl Knight se 1Tim komm bl 136

24 Vgl Baljon bl 815

25 Vgl NIDNTT vol 2 bl 91; Bouma se 1Tim komm bl 62

26 Deurdat die byvoeglike bysin – soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely – voor sy antesedent (goeie werke) staan het ons te doen met casus pendens wat beteken dat die byvoeglike bysin beklemtoon word (Binnewerk bl 116).

18

Page 20: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

Ja ... dit kan nie anders nie.

Vrouens wat die Godsvrug bely ...

sal besig wees met goeie werke.

So hoort dit ... Die kan nie anders nie.

****************

Toepassing

En nou’s die vraag ... susters:

Ons het vanoggend ons geloof bely.

Ons het die Godsvrug bely.

Een of ander tyd in jou lewe ...

het jy voor God en die gemeente bely ...

dat jy in die HERE glo ... Hom lief het ... Hom wil gehoorsaam

en dat die HERE die belangrikste in jou lewe is.

En nou’s die vraag vanoggend:

Is jy besig om jou te versier met goeie werke?

***************

En nou sal iemand dalk vra: ... Wat is goeie werke?

En dis ‘n goeie vraag ...

Want dis tog waarmee ons almal moet besig wees.

Dis waarmee vroue hulle moet versier.

Verduidelik

Wel ... heel eerste moet ons sê ...

dat ons nie deur ons goeie werke gered word nie.

Bewys

Want werke waardeur die mens gered word 19

Page 21: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

moet heeltemal volmaak wees.

En dis net Jesus wat volmaak gehoorsaam was aan God.

Daarom sê Paulus ook in Efes 2:8 ...

“uit genade is julle gered, deur die geloof (in Jesus Christus),

en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God ...”

Maar nou’sit baie belangrik:

Ons wat uit genade gered is deur die geloof ... word mense

wat besig is met goeie werke ...

Bewys

Want in Efes 2:10 sê Paulus:

“ons is ... geskape (of verlos) in Christus Jesus

(om) goeie werke (te doen) wat God voorberei het ...”

**************

Gevolgtrek

So ... nooit ooit word ons gered deur goeiewerke nie ...

Nee! Ons word gered uit genade alleen

deur die geloof in Jesus.

Maar! ... Elkeen wat so uit genade gered is ...

is deur Christus gered met die doel ...

dat ons weer kan begin met goeie werke.27

**************

En hierdie goeie werke ... so leer ons uit die Skrifte ... is dit

wat God in sy Woord vir ons beveel.

Dis nie dinge wat ons sommer self uit dink nie ...

27 Vgl Sondag 32 v/a 86

20

Page 22: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

Nee! ... Goeie werke is alles wat God in sy Woord beveel.

****************

Toepassing

So ... susters ... hoe sal julle weet wat die goeie werke is

waarmee julle jul moet versier?

Julle sal bid ... en sê:

‘HERE wat wil u hê moet ons doen.’

En dan sal julle na die Woord van die HERE gaan en lees.

En daar in die bladsye van die Bybel sal die HERE julle antwoord ...

En vir julle wys wat die goeie werke is wat vroue moet doen ...

En waarmee hulle hul versier.

*******************

Julle sal bv kom by 1Tim 5:10 ...

waar Paulus ... geïnspireer deur die Heilige Gees ...

voorbeelde gee van goeie werke ... wat vroue moet doen.28

Hy sê dis dinge soos ...

• kinders in die vrees van die HERE grootmaak ...

• gasvry wees ...

• die voete van die heiliges was ...

wat natuurlik beteken dat jy jou lewe ... jou tyd ... jou gawes

in selfopofferende liefde aan ander gee.29

28 εν ἔργοις καλοις μαρτυρουμενη, ει ετεκνοτροφησεν, ει εξενοδοχησεν, ει αγιων ποδας ἔνιψεν, ει θλιβομενοις επηρκεσεν, ει παντι ἔργω αγαθω επηκολουθησε – Die partikel ει lei hier verduideliking in van ἔργοις καλοις of dit gee meer inligting of voorbeelde daaromtrent (Greek grammer beyond basics bl 673; knight se 1Tim komm bl 223; Ridderbos se 1Tim komm bl 132).

29 Joh. 13:14-16; vgl Baljon bl 642; Macarthur se 1Tim komm bl 208; Ridderbos se 1Tim komm bl 132; Bouma se 1Tim komm bl 92; Knight se 1Tim komm bl 224; Macarthur se 1Tim komm bl 208

21

Page 23: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

• Paulus praat ook van vroue wat die goeie werk doen

van om verdruktes in hulle nood te help.

***************

Bevinding

En weet u ... susters: ...

Hierdie is nie groot dinge nie.

Joernaliste skryf gewoonlik nie koerantberigte hieroor nie.

Kinders grootmaak ... gasvry wees ... Tyd maak vir ander ...

kos maak vir die diakens se kos-projek ...

Dis sulke gewone dinge.

Maar tegelyk ook dinge ... wat baie maal swaar is om te doen.

En daarby kry jy nie vreeslik baie erkenning daarvoor nie.30

Maar vir God is dit goed.31

Vir God is dit ‘n pragtige versiering.

Dis die goeiewerke ... wat Hy wil hê ... dat vroue moet doen

en waardeur Hy verheerlik en geprys word.32

Voorbeeld33

En susters ... julle moet dit tog ter harte neem ... en hoor ...

Net soos daardie ou weduwee ...

wat een maal by haar predikant gekom het ... Vol hartseer ...

30 Vgl Ryken se 1Tim komm bl 211-212

31 Vgl Macarthur se 1Timm komm bl 209

32 Sondag 32 v/a 86

33 Vgl Macarthur se 1Tim komm bl 209-210

22

Page 24: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

En vir hom gesê het ...

dat sy so graag meer wou doen vir Jesus.

Maar nou het sy deur haar hele lewe ...

maar net kinders groot gemaak ...

gesorg het dat daar kos op die tafel is ...

vloere gemop ... klere gewas ... en gestryk ... en heel gemaak.

Maar nooit het sy daarby gekom ...

om vir Jesus te werk nie.

Dis toe dat haar predikant haar kon troos ... en vir haar kon sê:

Vrou jou genade-loon is groot ...

Want jy ... het ... vir Jesus gewerk.

Jy’t jou versier met die goeie werke ... wat God beveel.

****************

Slot

Geliefdes kom ons sluit af ...

En dan vat ons saam.

In 1Tim 2:9-10 kry ons Christus se orde ...

vir vroue ... se versiering ... in sy kerk op elke plek.

En hierdie versiering ... bestaan in behoorlike klere ...

• mooi en eenvoudig ...

• nie uitspattig nie ...

• nie klere ... wat die fokus op jou as vrou laat val nie.

En daarmee saam gaan ‘n gesindheid

wat in Christus verlos is ... om beskeie en ingetoë te wees ...

23

Page 25: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

nederig en terughoudend ...

Die gesindheid van ‘n sagmoedige en stille gees

wat vir God baie kosbaar is.

En dan’sit asof alles prag begin skitter ...

wanneer ons die vrouens se goeiewerke raaksien.

*************

Geliefdes ... kry u die prentjie van Christus se kerk op elke plek.

• Dis ‘n biddende kerk.

• Dis ‘n verloste kerk ... Christus se nuwe mensdom ...

* waar die manne die leiding neem in die eredienste en gebede ...

* En elke dag tot bekering kom.

• En dan’s daar die vrouens se versiering ...

wat die eer van God in hierdie wêreld laat skitter.

Kom ons bid ... dat die HERE ons ook so ‘n kerk sal maak.

Amen

Antwoorddiens

Antwoord op die Woord van die HERE Ps 45:6,9,10,12,13

Gebed

24

Page 26: Die regering van die Kerk – 1Tim 2:9-10 2,9-10.pdf · Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:8-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 45:6,9,10,12,13

Barmhartigheidsdiens

Psalm tydens kollekte : Ps 144:1,4,5,6 (sittende)

Slotpsalm : Ps 48:4,5

Wegstuurseën.

Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

“Die genade van die Here Jesus Christus

en die liefde van God

en die gemeenskap van die Heilige Gees

sy met julle almal!

Amen.

25