444
BOEK 6 Die Heer en die tempelpriesters Die genesing van `n sieke by Bethesda. (Evangelie van Johannes 5:1-13) 1 Ek het egter saam met My studente op hierdie dag tot naby Jerusalem gegaan, waar ons losies geneem het in `n herberg wat Ek en My studente goed geken het. Die herbergier was besonder verheug oor ons besoek en het ons heelwat vertel oor die heersende, slegte toestande in Jerusalem en het `n uitstekende aandete vir ons laat voorberei. [2] Maar EK sê aan hom: “Kom maar môre na die tempel, dan sal jy sien hoe Ek met die Fariseërs sal handel! Môre sal julle presies en sonder enige voorbehoud te wete kom met wie julle in My Persoon te maak het!” [3] Daaroor was ons herbergier baie bly en hy het ons nog voldoende brood en wyn gebring. Weliswaar het hy al baie oor My gehoor, maar ook hy het nog nie geweet wie Ek nou eintlik presies was nie, hoewel My studente `n aantal aanwysings aan hom gegee het, wat hy goed opgeneem het. Spoedig daarna het ons onsself ter ruste begewe. [4] Op die oggend van die Sabbat het ons (*Johannes 5:1) na Jerusalem opgetrek. Waarom dan ‘op’? Omdat die groot stad en veral die tempel op `n taamlike uitgestrekte, rotsagtige bergrug gebou was en die tempel met sy uitgestrekte suilegange, ringmure en hooggeleë tuine op die hoogte geleë was. Dat die herbergier, wie se huis in die dal gestaan het, met ons saam opgegaan het, spreek vanself. *(Alle teksverse is deur Lorber of die uitgewer aangebring.) [5] Toe ons in die nabyheid van die tempel gekom het, moes ons eerste langs `n bad, genaamd Bethesda (Vedes da = dit gee opwekking of genesing) , wat naby die skaapstal van die tempel was, omring deur vyf suilegange, verbygaan. (Johannes 5:2) In hierdie gange het daar altyd heelwat siekes, soos blindes, verlamdes, mense met verskrompelde ledemate en mense met allerlei ander siektes gelê en hulle het gewag totdat die water in beweging gekom het. (Johannes 5:3) Volgens `n baie ou oorlewering uit die tyd van Melgisédek, en volgens die vaste geloof, veral van die arm volk, het daar van tyd tot tyd `n engel uit die hemel neergedaal, wat die water in beweging gebring het. Weliswaar het die mense nie die engel gesien nie, maar hulle het sy aanwesigheid afgelei uit die vreemde beweging van die water. (Johannes 5:4a). [6] Die geleerde Fariseërs het persoonlik weliswaar nie aan die neerdaling van die engel geglo nie, maar net soos die Romeine en die Grieke het hulle die bad maar net as `n spesiale, geneeskundige bron beskou; maar hulle het egter tog voordeel daarin gesien om die volk by die vrome, ou geloof te hou. (Johannes 5:4b). [7] Wanneer die water egter beweeg het - wat elke week een- of tweemaal voorgekom het, het dit werklik so `n buitengewone genesende krag gehad, dat elkeen met watter besmetlike siekte dan ook, genees is as hy die geluk gehad het om eerste in die water te kom. (Johannes 5:4) Dit spreek vanself dat ook net die rykes en welgesteldes die voordeel gehad het en dat die armes, omdat hulle niks kon betaal nie, dikwels jarelank tevergeefs moes wag totdat `n verpleër, wat barmhartiger was, so `n arme eerste in die water gedompel het, waarop hy dan ook gesond geword het.

Die nuwe openbaring van Johannes - · Web viewAs die kind aan die lewe bly, word hy of sy vervolgens as huisbediende gewoon aan die een of ander boer verkoop, waar hy dan soos `n

Embed Size (px)

Citation preview

BOEK 6

Die Heer en die tempelpriesters

Die genesing van `n sieke by Bethesda. (Evangelie van Johannes 5:1-13) 1 Ek het egter saam met My studente op hierdie dag tot naby Jerusalem gegaan, waar ons losies geneem het in `n herberg wat Ek en My studente goed geken het. Die herbergier was besonder verheug oor ons besoek en het ons heelwat vertel oor die heersende, slegte toestande in Jerusalem en het `n uitstekende aandete vir ons laat voorberei.[2] Maar EK sê aan hom: “Kom maar môre na die tempel, dan sal jy sien hoe Ek met die Fariseërs sal handel! Môre sal julle presies en sonder enige voorbehoud te wete kom met wie julle in My Persoon te maak het!” [3] Daaroor was ons herbergier baie bly en hy het ons nog voldoende brood en wyn gebring. Weliswaar het hy al baie oor My gehoor, maar ook hy het nog nie geweet wie Ek nou eintlik presies was nie, hoewel My studente `n aantal aanwysings aan hom gegee het, wat hy goed opgeneem het. Spoedig daarna het ons onsself ter ruste begewe. [4] Op die oggend van die Sabbat het ons (*Johannes 5:1) na Jerusalem opgetrek. Waarom dan ‘op’? Omdat die groot stad en veral die tempel op `n taamlike uitgestrekte, rotsagtige bergrug gebou was en die tempel met sy uitgestrekte suilegange, ringmure en hooggeleë tuine op die hoogte geleë was. Dat die herbergier, wie se huis in die dal gestaan het, met ons saam opgegaan het, spreek vanself. *(Alle teksverse is deur Lorber of die uitgewer aangebring.)[5] Toe ons in die nabyheid van die tempel gekom het, moes ons eerste langs `n bad, genaamd Bethesda (Vedes da = dit gee opwekking of genesing), wat naby die skaapstal van die tempel was, omring deur vyf suilegange, verbygaan. (Johannes 5:2) In hierdie gange het daar altyd heelwat siekes, soos blindes, verlamdes, mense met verskrompelde ledemate en mense met allerlei ander siektes gelê en hulle het gewag totdat die water in beweging gekom het. (Johannes 5:3) Volgens `n baie ou oorlewering uit die tyd van Melgisédek, en volgens die vaste geloof, veral van die arm volk, het daar van tyd tot tyd `n engel uit die hemel neergedaal, wat die water in beweging gebring het. Weliswaar het die mense nie die engel gesien nie, maar hulle het sy aanwesigheid afgelei uit die vreemde beweging van die water. (Johannes 5:4a). [6] Die geleerde Fariseërs het persoonlik weliswaar nie aan die neerdaling van die engel geglo nie, maar net soos die Romeine en die Grieke het hulle die bad maar net as `n spesiale, geneeskundige bron beskou; maar hulle het egter tog voordeel daarin gesien om die volk by die vrome, ou geloof te hou. (Johannes 5:4b). [7] Wanneer die water egter beweeg het - wat elke week een- of tweemaal voorgekom het, het dit werklik so `n buitengewone genesende krag gehad, dat elkeen met watter besmetlike siekte dan ook, genees is as hy die geluk gehad het om eerste in die water te kom. (Johannes 5:4) Dit spreek vanself dat ook net die rykes en welgesteldes die voordeel gehad het en dat die armes, omdat hulle niks kon betaal nie, dikwels jarelank tevergeefs moes wag totdat `n verpleër, wat barmhartiger was, so `n arme eerste in die water gedompel het, waarop hy dan ook gesond geword het. [8] Ons herbergier het hom baie daaroor opgewen en het hierdie handelwyse as `n gemene, onregverdige saak bestempel. Ook het hy My aandag gevestig op `n arme bejaarde man, wat alreeds agt-en-dertig jaar op genesing gewag het (Johannes 5:5) sonder dat so `n op geld belustige verpleër ook maar daaraan gedink het om hom na soveel jaar eindelik eerste na die bewegende water te bring. [9] Daardeur is Ek natuurlik baie getref en EK sê aan die herbergier: “Hoewel dit vandag Sabbat is, moet hierdie man tog dadelik gehelp word!” [10] Omdat Ek ten eerste Self geweet het en ook van die opregte herbergier gehoor het, wat hierdie man se toestand was, het Ek dadelik na hom toe gegaan en gevra: “Wil jy gesond word?” (Johannes 5, 6) [11] Daarop het DIE SIEKE met `n treurige gesig geantwoord: “Goeie Heer! Ek het niemand wat my eerste in die bad kan bring as die water in beweging kom nie en as ek self gaan, gaan `n ander wat begunstig is, vóór my in die water in. (Johannes 5:7) Hoe kan ek dan ooit gesond word?!” [12] Toe sê EK: “Staan dan op, neem jou bed op en gaan terug na waar jy vandaan gekom het!” (Johannes 5:8) [13] En dadelik het die sieke gesond geword, sy skamele bed opgeneem en soos wat gebruiklik was, na `n priester gegaan, om hom te laat sien dat hy genees was en dit nog wel op `n Sabbat, hoewel jarelange ervaring geleer het dat die water dan byna nooit beweeg is nie. (Johannes 5:9) Daarom het dit die Judeërs

dadelik opgeval dat hierdie man op `n Sabbat gesond geword het. [14] Oor sy genesing sou hulle (DIE JUDEËRS) nie soveel gesê het nie, maar dat hy op die Sabbat sy bed gedra het, was vir hulle wel `n groot misstap en hulle sê: “Dit is vandag Sabbat en dan is dit nie gepas om `n bed te dra nie!” (Johannes 5:10; Ex. 20:10; Jer. 17:21-22) [15] Hy (DIE GENEESDE MAN) het egter geantwoord: “Luister! Hy wat my gesond gemaak het, het ook aan my gesê: “Neem jou bed op en gaan heen!” (Johannes 5:11) Iemand wat so `n mag het en so `n weldaad aan my bewys het, het ek ook op hierdie Sabbat gehoorsaam! Want `n volle agt-en-dertig jaar lank het niemand so `n weldaad aan my bewys as hierdie man nie! Waarom sou ek Hom dan ook nie op die Sabbat gehoorsaam nie?!” [16] Toe vra DIE JUDEËRS hom: “Wie is dan die man wat vandag op `n Sabbat aan jou gesê het: Neem jou bed op en gaan heen!?” (Johannes 5:12) [17] Die geneesde man aan wie dit gevra is, het egter nie geweet wie Ek was en hoe Ek geheet het nie. Hy kon My ook nie uitwys nie, omdat Ek die plek vinnig verlaat het, vanweë die talle mense wat daar versamel was. (Johannes 5:13)

Die Heer getuig van Homself en van Sy sending as Messias (Evangelie van Johannes 5: 14-27) 2 Ongeveer `n uur later het Ek saam met My studente na die tempel gegaan, nadat ons eers `n ontmoeting gehad het met die familie van Lasarus uit Bethanië, wat Ek reeds vanaf My twaalfde jaar geken het en wat Ek elke jaar tydens ons pelgrimstogte na Jerusalem besoek en met hulle heelwat bespreek het oor die uitoefening van My taak as leraar. Die familie en ook ons reeds bekende herbergier het ons na die tempel begelei en toe ons in die tempel gekom het, het Ek die geneesde man daar aangetref, wat, toe hy My gesien het, na My toe gekom en My opnuut begin loof en dank het. [2] EK sê vir hom: “Sorg dat jy, noudat jy gesond geword het, nie verder meer sondig nie, sodat jy nie nog iets erger oorkom nie!” (Johannes 5:14; Johannes 8;11) [3] Hy het dit plegtig verseker en het by hierdie geleentheid My naam verneem, wat maklik was, omdat baie My van vroeëre ontmoetings geken het. Daarna het die man ons verlaat en na die streng Tempeljode gegaan en aan hulle vertel dat Ek, Jesus, die Een was wat hom genees het. (Johannes 5:15) [4] Toe het hierdie Tempeljode in woede ontsteek, My gevolg en begin om na My toe te dring om My op staande voet te gryp en te dood, omdat Ek dit - en bowendien nog op so `n belangrike Sabbat! - gedoen het. (Johannes 5:16) [5] Die Herbergier het toe die Judeërs, wat hy bo alles haat, woedend in My rigting sien kom en My aangeraai om so gou moontlik te verdwyn, omdat iets ergs My maklik andersins sou kon oorkom. [6] EK het hom egter gerusgestel en gesê: “Moenie bang wees nie; want solank Ek dit Self nie wil nie, sal julle My niks kan aandoen nie! Maar Ek sal aan julle eers, sodra julle aan My vrae begin stel, onomwonde sê wie Ek is en dan sal julle egter eers hulle woede sien, maar op die oomblik hoef niemand egter bang te wees nie!” [7] Terwyl Ek dit onder vier oë aan die herbergier gesê het, was DIE WOEDENDE JUDEËRS ook alreeds by My en het My toegesnou: “Waarom het jy dit op `n verhewe Sabbat gedoen en het jy dit in die teenwoordigheid van die hele volk ontheilig? Sou jy dit nie môre kon gedoen het nie, dan sou die sieke nog vroeg genoeg geholpe gewees het en die verhewe Sabbat sou nie ontheilig gewees het nie?!” [8] EK het die woedende Judeërs ernstig aangekyk en eenvoudig aan hulle gesê: “My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook!” (Johannes 5:17; Johannes 9:4) [9] Daarop het DIE TEMPELJODE nog boser geword en probeer om My te gryp en dadelik te dood; want hulle het vir die volk geskreeu: “Hy vind dit nie genoeg om die verhewe Sabbat te ontheilig nie, maar Hy laster ook God, deur Hom Sy Vader te noem en Hom aan HOM gelyk te stel! Gryp Hom daarom en wurg Hom dadelik!” (Johannes 5:18) [10] Daar het `n regte oproer in die tempel ontstaan en sommiges het aanstaltes gemaak om My te gryp. Ek het egter toornig geword en hulle gebied dat hulle stil moes wees. [11] Dadelik het alles ook rustig geword en EK het aan die woedende Judeërs gesê: “Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle: Ek, as Seun, kan uit Myself niks doen nie - behalwe dit wat Ek die Vader sien doen! Wat My Vader dus doen, dit doen Ek ook! (Johannes 5:19) Die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy Self doen, en Hy sal Hom nog groot dinge laat sien, sodat julle julleself uitermate daaroor sal verbaas! (Johannes 5:20) Want soos wat die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil. (Johannes 5:21) Ek sê vir julle, blindes: Die Vader in die hemel oordeel nou niemand nie; want die hele oordeel het Hy aan My, Sy Seun, in My hande gegee (Johannes 5:, 22), sodat alle mense - Judeërs en heidene - die Seun op gelyke wyse sal eer as hulle die Vader eer. Wie die Seun egter nie eer nie, eer ook

nie die Vader wat Hom gestuur het nie.' (Johannes 5:23) [12] Toe Ek so gespreek het, het daar volkome stilte geheers en die woedende Judeërs het geswyg; want Ek wou dit so gehad het. [13] Dus het Ek verder gespreek en gesê: “Voorwaar, voorwaar, wie My woord hoor en waarlik in HOM glo wat My na die mense op hierdie aarde gestuur het, het die ewige lewe en kom met sy siel nooit in `n oordeel wat bestaan uit die dood van die materie nie, maar deur die ernstige en lewende geloof het hy van die dood na die ware, ewige lewe deurgedring! (Johannes 5:24) [14] En wederom sê Ek vir julle: Voorwaar, voorwaar, die uur kom en is alreeds daar waarop die mense wat na liggaam en siel dood is, die stem van die Seun van God sal hoor, en hy wat Sy stem vol vertroue sal hoor, sal ook ewig daardeur lewe! (Johannes 5:25) Want soos wat die Vader die lewe in Homself het, so het Hy ook die Seun van ewigheid die lewe in Homself gegee. (Johannes 5:26) Ook het Hy Hom mag gegee om gerig te hou oor alle mense, en wel omdat die ewige Seun van God nou vir hierdie tyd ook `n Menseseun (Seun van Adam) is.” (Johannes 5:27)

Die Heer praat oor die betekenis van Sy dade (Evangelie Johannes 5: 28-39) 3 Toe het baie groot oë gemaak en het begin om hulle baie oor My woorde te verbaas. Sommiges het gemeen dat dit `n weergalose godslastering was. [2] ANDER, daarenteen, sê: “Nee, waarlik, daar moet iets waar daarin wees; want so het `n mens nog nooit van homself gepraat nie!” (Johannes 5:28)[3] Maar EK sê aan hulle: “Want die uur kom waarin almal, selfs hulle wat in die grafte is (hiermee word die heidene bedoel, iets wat die Judeërs nie verstaan het nie), My stem sal hoor en sal opstaan, julle wat die goeie gedoen het tot die ware opstanding van die lewe, - maar hulle wat die bose gedoen het, tot die opstanding van die oordeel, wat die ware dood van die siel is.” (Johannes 5:29) [4] Toe het daar ander weer begin om te murmureer en ander het weer gesê: “Die man oordoen dit en begin nou werklik behoorlik onnadenkend te praat! Hy praat van Homself immers so asof Hy en God een en dieselfde sou wees!? Wie het so-iets ooit gehoor?!” [5] Maar EK sê: “Julle vergis julle baie as julle so oor My oordeel; want Ek kan as mens ook niks uit Myself doen nie. Ek hoor egter altyd die stem van die Vader in My en soos wat Ek dit hoor, so handel, spreek en oordeel Ek, en My oordeel is dan waar, omdat Ek nie My menslike wil nie, maar net die wil van My Vader uitvoer wat My in hierdie wêreld gestuur het. (Johannes 5:30) As Ek as mens oor Myself sou getuig, sou die getuienis van My onwaar wees (Johannes 5:31); maar dit is `n Ander, wat julle nie ken en nog nooit geken het nie, wat deur My dade, wat reeds alombekend is, oor My getuig, en daarom weet Ek maar al te seker dat die getuienis wat Hy My steeds gee, volkome waar is. (Johannes 5:32) [6] Julle het mense na Johannes die Doper gestuur en vasgestel dat hy van die waarheid getuig. (Johannes 5:33) Maar Ek aanvaar, soos wat julle sien, geen getuienis van mense nie, want Ek getuig van Myself vanuit die Vader, en dit doen Ek sodat julle almal waarlik salig sal word. (Johannes 5:34) Waarom geval dit julle dan nie?” [7] Toe sê sommiges: “As, soos wat jy self sê, Johannes van die waarheid getuig het, dan was sy getuienis tog alreeds goed en voldoende; waartoe dien jou afsonderlike getuienis dan nou nog?! Want ons kan immers tog alreeds in elk geval volgens die getuienis van Johannes salig word.” [8] EK sê: “Johannes was wel `n brandende en helder skynende lig; maar julle het hom maar net opgesoek omdat julle net by sy lig wou vrolik wees.” (Johannes 5:35) “Ek het egter `n groter getuienis oor Myself as die getuienis van Johannes; want die werke wat My Vader My opgedra het om persoonlik uit te voer, hierdie werke dus, wat Ek net doen voor die oë van die hele wêreld, getuig volledig volgens waarheid dat die Vader My as Sy Seun na julle gestuur het. (Johannes 5:36-38) [9] “En juis hierdie Vader, wat My nou na julle toe gestuur het, het reeds lank deur die mond van die profete van My getuig, hoewel geeneen van julle ooit Sy stem gehoor en Sy gestalte gesien het nie. (Johannes 5:37: Matthéüs 3:17) Julle het weliswaar Sy woord uit die geskrifte van die profete verneem, maar nie aanvaar nie, want julle glo Hom nie wat Hy na julle gestuur het.[10] Soek dit self op in die Skrif, waarvan julle sê dat julle ewige lewe daarin te vind is! En kyk, juis die Skrif getuig honderd - en duisendvoudig van My! (Johannes 5:39)[11] Wat het julle teen My? Is dit dan nie waar dat Ek sonder enige uiterlike vertoon na julle kom, om julle nie kleinmoedig en moedeloos en vreesagtig te maak nie?! Het EliJaH, toe hy in die gees was, dus ook nie geestelik `n voorspelling oor My koms ontvang nie, JaHWeH soms in die stormwind, of in die vuur verby sien gaan toe hy in die grot verborge was nie? Nee, in `n sagte ritseling het JaHWeH verbygegaan! En kyk, dit vind nou hier in julle teenwoordigheid plaas! Waarom wil julle dit dan nie glo nie? Is My werke, wat Ek

reeds ten aanskoue van duisende en nogmaals duisende getuies gedoen het, dan nie die waaragtigste getuienis daarvan nie? Het iemand dan ooit sulke dade op die wêreld verrig?”

Die verstoktheid van die Tempeljode (Evangelie Johannes 5: 40-47) 4 SOMMIGE JUDEËRS sê: “Jou dade is wel baie uitsonderlik, maar jou uiterlike pas nie in die verste verte daarby nie en bowendien kan die Essene presies dieselfde doen, alhoewel hulle ons vyande is, maar tog toegee dat die Messias uit die Judeërs sal voortkom.” [2] EK sê: “O, Ek ken julle maar al te goed! Julle weet nie eers nou nie, maar alreeds `n hele lang tyd hoe die Essene hulle wonderwerke verrig, en daarteen het julle ook alreeds met reg in die openbaar gekom en julle het die volk ook alreeds meermale met goeie gevolg die skynvertoon van die Essene laat sien, want die kunste en kunsgrepe ken julle net so goed as die Essene; en My persoonlike uiterlike is vergeleke met julle ook nie die minste nie. Dus lê dit heeltemal nie daaraan dat julle My nie wil erken en wil aanneem vir wat Ek in waarheid is nie, - maar julle wil, heel eenvoudig gesê, nie na My kom om van My en uit My die ewige lewe te verkry nie. (Johannes 5:40) [3] Ek neem egter - terwille van meer uiterlike aansien - geen eer van mense aan nie (Johannes 5:41), omdat julle My tog in elk geval nooit ewiglik meer eer kan gee as wat in My woon nie; maar Ek ken julle van `n heel ander kant! Vanweë julle hoogmoed, julle wêreldse liefde en julle eieliefde is die liefde van God alreeds lankal nie meer in julle nie, - en daarom neem julle My nie aan nie!” (Johannes 5:42) [4] Weer sê SOMMIGE JUDEËRS: “Dit is wel baie fyn, skerpsinnige en slim woorde, maar dit bewys nog lank nie dat jy nou juis opeens die beloofde Messias is nie! Jy kan, wat ons desnoods kan aanneem as ons dit wil, `n profeet in Sy Naam wees, hoewel daar geskryf staan dat daar uit Galilea geen profeet sal voortkom nie; maar van `n Messias sal by jou nog wel lank geen sprake wees nie! Het ons gelyk of nie?” [5] EK sê: “Geensins nie; maar Ek sal julle in alle waarheid vertel hoe dit met die saak gesteld is! Luister dus: Ek het nie as profeet in die naam van die komende Messias na julle gekom nie, maar Ek het as die beloofde Messias in die Naam van My Vader, met Wie Ek volledig één is, na julle gekom en die werke en dade wat Ek doen, lewer die waaragtigste getuienis daarvan en nogtans neem julle My nie aan nie! Kom daar egter `n ander een met baie prag en praal in sy eie, uiters selfsugtige naam, dan sal julle hom beslis sonder bedenking aanneem! (Johannes 5:43; Matthéüs 24:5) Maar hoe sou julle My ook kon glo, terwyl julle alle eer van elkeen aanvaar en julle julleself ook deur die hele wêreld laat eer, maar die beskeie eer wat uit God is, nooit gesoek en nou ook nie soek nie!” (Johannes 5:44) [6] DIE JUDEËRS sê: “Wel, - jy sê onomwonde dat die almagtige God jou Vader is! As ons dan nou onreg doen deur jou nie te glo nie, kla ons dan aan by jou Vader, dan sal ons wel sien wat ons daarvoor sal wedervaar!” [7] EK sê: “O, moenie dink dat Ek julle by My Vader sal aankla nie! Daar is `n ander wat julle sal aankla, en dit is Moses, waarvan julle hoop dat hy vooraf nog met EliJaH sal kom. (Johannes 5:45) Hulle het ook gekom, maar is ewemin deur julle herken soos wat julle My Self nou herken het (Lorber: N.B: Moses se gees was in Sagaria en EliJaH se gees in Johannes.) (Johannes 5:45) [8] As julle met julle wêreldse ingesteldheid ooit vir Moses sou geglo het, dan sou julle My ook geglo het; want Moses het oor My getuig. (Johannes 5:46) Maar omdat julle sy geskrifte nog nooit geglo het nie, hoe sou julle dan nou My woorde kan glo?!” (Johannes 5:47) [9] DIE JUDEËRS sê: “Hoe kan jy sê dat ons, wat op sy stoel sit, Moses nie sou geglo het nie?” [10] EK sê: “Wat die mens moet glo, dit moet hy eers vooraf weet, Ek sê egter aan julle, dat julle net vir geld priesters geword het en sedert julle kinderdae dit nie eers die moeite werd gevind het om die geskrifte van Moses deur te lees nie. Waarom ook; want dit het immers sonder hierdie moeite steeds baie goed gegaan! Weet julle immers wie julle Moses en julle profete te alle tye was? Ek sê vir julle: Dit was julle buik!” [11] Toe het die Joodse priesters se gesigte ietwat verbouereerd gelyk en EEN van hulle sê: “Word die Skrif nie elke week op die vasgestelde uur van die dag voorgelees nie?! Ons besit net vyf eksemplare en die oorspronklike, wat as relikwie deur niemand anders behalwe die hoëpriester op doodstraf aangeraak mag word nie. Hoe kan jy dan sê dat ons nie sou geweet het wat Moses en die profete geskryf het nie?! Weliswaar kan ons dit self nie lees nie, maar ons hoor dit altyd as dit gelees word!” [12] EK sê: “Julle hoor wel met julle ore as julle met julle vol buik tydens die lees nie aan die slaap raak nie; maar met julle hart het julle nog nooit geluister nie, omdat sy met haar begeerte steeds orals elders ronddwaal. Die gebooie hou julle ook maar net vir die skyn voor die oog van die wêreld, omdat julle in priesterlike gewade rondloop; maar self gee julle niks daarvoor om nie! Dit sê Ek aan julle, omdat Ek julle baie beter ken as wie dan ook in die wêreld.” [13] Toe het baie uit die volk wat dit ook aangehoor het, geweldig begin skimp en oor hierdie Joodse

priesters gemurmureer en hulle het hulle dadelik na hulle vertrek teruggetrek. Ek het egter saam met My mense ewe-eens die tempel verlaat en My, op uitnodiging van Lasarus, met die studente en die herbergier na Bethanië begeef, wat `n klein dorpie was, wat ongeveer vyftien veldweë* (ongeveer drie km of ongeveer twee myl) van Jerusalem af gelê het. Dat ons daar besondere goed ontvang was, spreek vanself.

Die Fariseërs in Bethanië 5 Ek kon hierdie keer nie lank bly nie, omdat daar uit Jerusalem voortdurend te veel vooraanstaande Judeërs gekom het, waaronder ook van die mense wat nie in My geglo het nie. Ek het hier net gedurende drie dae die vriendelike sorg aanvaar, maar egter niks verkondig nie en ook niks gedoen nie, vanweë die ongelowige Judeërs. [2] Wel het daar nogal heelwat mense na My toe gekom wat My oor allerlei sake wou uitvra, maar EK het heel eenvoudig aan hulle gesê: “Hier is nie die plek en die tyd nie! Wat julle egter moet weet, het Ek vir almal in die tempel gesê en meer het julle voorlopig nie nodig nie!” [3] Daarop het Ek hulle My rug toegekeer en met Lasarus en die herbergier na buite gegaan, waar ons baie oor die uitspattigheid van die Tempeldienaars en oor hulle optrede teen die volk gepraat het en die herbergier, wat baie gelowig geword het, kon My nie genoeg loof nie, omdat Ek hierdie tempelhuigelaars so onomwonde die waarheid in hulle gesigte gesê het. En Lasarus, wat reeds lankal geweet het Wie daar agter My is, was besondere bly daaroor. [4] Toe ons so buite rondgewandel het, terwyl ons verskillende sake onder mekaar bespreek het, het My student JOHANNES, My gunsteling, na ons toe gekom en gesê: “Heer, wat moet ons nou doen? Die Judeërs wat U nou net in die huis so vinnig op hul plek gesit het en wat U daarna dadelik die rug toegekeer het, is nou baie boos daaroor, uit op wraak en sê: “O wag maar, ons sal jou trotse Messias spoedig uitdryf!” Ons het probeer om hulle te kalmeer, maar toe het dit net erger geword en hulle het gedreig om onmiddellik die wag uit Jerusalem te laat haal!” [5] EK sê: “Gaan daarheen en sê aan hulle dat My tyd, waaroor Ek julle in Galilea al dikwels voorspellings gegee het, nog nie gekom het nie; laat hulle daarom die wag maar gaan haal en by hierdie geleentheid die mag en die eer van die Seun van God nog beter leer ken! Gaan en vertel dit aan hulle!” [6] Verheug het Johannes op weg na die trotse en oormoedige Judeërs gegaan en het alles woordeliks oorgedra. Daarop het hulle (DIE JUDEËRS) woedend geword en geskreeu: “Ons sal wel sien hoe ver die mag van hierdie Nasarener reik!” [7] Daarop het daar so twintig man die deur uitgehardloop om die wag uit Jerusalem te gaan haal. [8] Maar Ek wou nie gehad het dat die vriendelike gesin van Lasarus so-iets moes wedervaar nie; daarom het Ek die woestaards vanaf die huis ongeveer honderd treë laat hardloop waarna Ek hulle voete dadelik laat verstyf het. Hulle het hulleself daarop baie ingespan om verder te kom; maar teen My wil in was dit beslis onmoontlik. Toe het hulle begin skreeu en te jammer en om hulp te roep. Die beter mense, wat hulle reeds in die tempel aan My kant geskaar het, het dit gewaar en hulle het daarheen gegaan en hulle gevra waarom hulle dan nou daar bly staan en so erbarmlik om hulp geroep het. [9] Toe het diegene wat AAN DIE GROND GENAEL was, tandeknersend gesê: “Luister, ons is vasgenael aan die grond waarop ons staan en ons bene het plotseling so styf geword soos erts! Watter bose gees het ons dit aangedoen? O, help ons uit hierdie uiters ellendige toestand!” [10] Maar DIE GOEIE MENSE sê: “Julle het Hom wat vandag op die Sabbat die sieke genees het, uitgeskel vir `n Sabbatskender en godslasteraar, wat Hy nie verdien het nie! Sou julle nou egter nog nie duisendmaal erger Sabbatskenders geword het as julle, vanweë julle bose hoogmoed, as priesters ook nog persoonlik die wag sou gehaal het om die hand aan hierdie onskuldige te slaan en daardeur die agtenswaardige huis van Lasarus `n slegte reputasie besorg het nie?! Ons burgers, wat geen priesters van Jerusalem is nie, sê nou egter vir julle, slegte priesters: Waarlik, om hierdie rede het God se straf julle hier sigbaar ingehaal! Nou eers is ons heeltemal daarvan oortuig dat die verhewe Galileër presies dit is wat Hy vandag volkome volgens waarheid in die tempel oor Homself gesê het! Net Hy, as Seun van God wat julle hier gestraf het, kan julle help en verder niemand in die hele wêreld nie! Vra Hom om hulp en bekeer julle tot die goeie en ware, andersins kan julle hier net soos die vrou van Lot tot aan die Oordeelsdag bly staan!” [11] Hierdie woorde was doeltreffend en DIEGENE WAT AAN DIE GROND GENAEL WAS, roep: “Bring Hom dan hier, dan sal ons doen wat Hy van ons verlang!” [12] Daarop het die burgers weer na die huis van Lasarus teruggegaan en het My nog daar aangetref en hulle het vinnig die hele gebeurtenis aan My vertel. [13] Maar EK sê aan hulle: “Hierdie manne, wat vir My die wag uit die stad wou gaan haal, moet nou maar `n oomblik self op wag staan, dan sal hulle verder wel van die begeerte afsien om `n volgende keer hulle starre hoogmoed op `n dergelike wyse te laat botvier! Ons sal nou nog eers voor sonsondergang `n versterkende maaltyd nuttig en daarna eers sien wat daar met diegene wat deur God gekluister is, gedoen

kan word. Want die mens moet as hy honger het op die Sabbat, ook eet en nie eers nadat die son ondergegaan het nie; want wat het die son nou met die Sabbat te doen en wat het die dom Joodse Sabbat te doen met die son?! Is die son op `n Sabbat dan beter en eerbaarder as op `n ander dag, terwyl elke dag tog `n dag van JaHWeH is en nie net die Sabbat nie?! Laat ons daarom aan tafel gaan en ons dit daarby goed laat smaak!” [14] Lasarus en albei sy susters was daaroor buite hulself van vreugde en daar is ook dadelik ryklik opgedien en ons het begin eet en drink en was heel opgewek daarby. [15] Eers na `n paar uur, toe ons almal volkome versadig was, sê Ek aan Lasarus: “Broer, nou gaan ons eers na die gekluisterdes om te sien wat daar met hulle te doen is! Waarlik, as hulle ook maar `n bietjie weerspannig is, sal hulle wat My betref, tot sonsopgang daar bly staan en daarby leer insien dat die Seun van God geen getuieverklaring en geen eer van mense nodig het nie! Laat ons nou dus na hulle toe gaan!” [16] Ons het van die tafels af opgestaan en na hulle toe gegaan.

Die bekentenis van die Fariseërs 6 Toe hulle My sien aankom het, het hulle (diegene wat aan die grond vasgenael was) dadelik begin roep: “Heer, help ons uit ons nood wat deur `n wonderwerk oor ons gekom het, dan sal ons alles oor U Naam en U Goddelike sending glo! Ons het gesondig teen God, deurdat ons die hand wou slaan aan Sy Heilige. Ons erken openlik dat ons in ons groot blindheid gesondig het; o Heer, verlos ons daarom van hierdie kwaad!” [2] EK sê: “Julle woorde klink wel goed, maar in julle harte klink dit anders!” [3] Toe het diegene wat aan die grond vasgenael was, gevra: “Hoe klink dit dan in ons harte?” [4] EK sê: “As julle volgens waarheid erken, sal julle ook gehelp word en wel dadelik volgens die openlike en waarlike bekentenis; as julle egter `n leuen spreek, dan moet julle wag tot môre!” [5] Toe het daar EEN gesê: “Maar hoe kan ons weet wat elkeen van ons by homself dink?” [6] EK sê: “Julle dink almal presies dieselfde! Spreek dus, as julle wil!” [7] Toe het daar EEN begin praat en gesê: “Heer, U weet dat mens in hierdie wêreld heel dikwels, om verstandig te moet wees, iets anders moet sê as wat mens dink! Want jy kan sê wat jy wil, terwyl jou gedagtes nogtans geheim is en soos wat mens sê, tolvry; maar as U ook in ons harte ons gedagtes sou lees, dan bly daar vir ons natuurlik niks anders oor as om presies te sê wat ons dink nie. U sal ons wel vergewe dat ons U in ons gedagtes net as `n buitengewone towenaar beskou het en ook teen U die grofste verwensinge geuiter het omdat ons gemeen het dat U ons dit aangedoen het; want tien jaar gelede het ons in Damaskus inderdaad eenkeer `n Indiese towenaar gesien wat nie net mense nie, maar selfs diere aan die grond gekluister het. Wel, by alle ervaringe wat ons in ons lewe reeds opgedoen het, is dit werklik moeilik om `n egte wonderwerk van `n valse te onderskei en U moet dit ons daarom maar ietwat ten goede hou as ons U weens menige oorwegings nie dadelik as die Een herken het nie, waarvoor U Uself in die tempel aan ons uitgegee het. [8] Bowendien staan daar ook in die Skrif dat mens net in een God moet glo en nie ook nog enkele vreemde gode naas Hom mag hê nie. U het Uself egter aan ons as `n egte God beskryf, gelyk aan die ou God, want U het openlik gesê dat U Sy Seun is en presies dieselfde mag het as Hy en bowendien nog die oordeel daaroor. Wie kan daar van U - terwyl U net soos `n mens daar uitsien en ook nog uit Galilea kom waar in elk geval meer heidene as Judeërs woon - ook al spreek U nog sulke skerpsinnige woorde, dadelik glo dat U werklik die Een is waarvoor U Uself uitgegee het?! Ons kon dit ook nie ondanks U deeglike teken, wat U bowendien nog vandag op `n feestelike Sabbat gedoen het, wat vir ons U beweerde goddelikheid nog verdagter moes maak. Nou gaan daar vir ons natuurlik `n ander lig op en dit sal vir ons nog meer opgaan as U ons nou hopelik van hierdie groot kwelling sal verlos. Ons smeek U daarvoor!” [9] Toe sê EK: “Wees dan vry!” [10] Oombliklik het hulle vry geword en kon weer loop en hulle het My bedank. [11] Maar EK sê aan hulle: “Julle is nou vry, maar vir julle en almal sê Ek: van wat hier voorgeval het, mag geen enkele woord aan iemand anders verraai word nie! Want Ek doen tekens wat elkeen mag sien en weet, maar ook sulkes wat net vir min mense geskik is en dit moet voorlopig nie aan mense in die algemeen openbaar word nie. Net Ek weet die rede daarvoor. Bowendien mag julle vandag nie na Jerusalem teruggaan nie, want Ek wil juis vandag nog die een en ander met julle bespreek. [12] Want Hy, wat eens op die berg Sinai, tydens weerlig en donder aan Moses die wette gegee het en wie se Gees vóór Adam se tyd oor die waters gesweef het, staan in hierdie eenvoudige persoon voor julle. Of julle dit nou glo of nie, wat hierna kom sal dit duidelik maak! Laat ons nou na die huis gaan en julle twintig, wat nog nie geëet het nie, gaan nou eers `n versterkende ete nuttig!” [13] Toe het almal stil geword en het dit nie durf waag om onder mekaar `n woord wissel nie.

[14] In die huis van Lasarus gekom, sê PETRUS aan My: “Heer, dit het U aan ons, U studente wat altyd by U is, nog nie vertel nie!” [15] EK sê: “Dit was dikwels baie voor die hand liggend, maar julle begrip was tot op hede nog steeds te gering en sal nog `n tyd lank beslis so bly! - Maar gaan julle nou iets anders doen; Ek het met die Judeërs nog die een en ander te reël!” [16] Daarmee was die studente tevrede en hulle het na buite gegaan. [17] Die ete vir die twintig het alreeds op die tafel gestaan, maar omdat die son nog nie ondergegaan het nie, het hulle nie gewaag om iets aan te raak nie en hulle het meermale na die son gekyk of dit nie gou sou ondergaan nie. [18] EK sê egter aan hulle: “Luister! Wie is belangriker: Die son, die Sabbat of Ek, wat in My Gees die Heer van beide is en alreeds van die ewigheid af was?” [19] Toe sê hulle: “Ja, as U werklik is waarvoor U Uself uitgee, dan is U beslis oneindig baie meer as die son en die Sabbat!” [20] EK sê: “Gaan sit en eet en drink welgemoed! - Eens is daar gesê: “Niemand kan God sien en terselfdertyd in die lewe bly nie, want God is `n allesverterende vuur.” Maar nou kan julle God sien en eet en drink en daarby selfs nog die ewige lewe oes!” [21] Toe sê hulle: “Alles goed en wel, as die wet van Moses maar net nie daar was nie!” [22] EK sê: “Waar Ek is, daar is ook Moses en alle ander profete; doen daarom wat die Heer wil hê!” [23] Toe het almal eindelik aan tafel gegaan en nog voor sonsondergang geëet en gedrink. En toe hulle geëet en gedrink het, het Ek hulle almal saam op `n klein heuwel agter die huis van Lasarus gelei, waar ons heelwat aangeleenthede bespreek het, waaroor vervolgens iets duidelik gemaak sal word.

Die Heer met Sy mense op `n heuwel by Bethanië 7 Toe ons almal op die heuwel byeen was, wat, soos wat gesê is, agter die huis van Lasarus geleë was en waarop `n mooi vlak terrein hom bevind het, goed voorsien van rusbanke, het ons gaan sit terwyl die nag helder verlig is deur die vol maan; en hoewel ons, alhoewel ons so vyf-en-vyftig was, tog ruimte genoeg gehad het, het sommige Judeërs nogtans daaroor begin twis dat mense die sitplekke nie presies volgens rangorde ingedeel het nie. [2] LASARUS het `n opmerking daaroor gemaak en gesê: “My vriende! Volgens dit wat ons gehoor, gesien en ervaar het, is net die Een onder ons die hoogste in rang en Hy het vir Homself juis die geringste plek uitgesoek! Hoe kan ons ons rang dan as so belangrik beskou, terwyl ons tog eintlik as suiwer sterflike mense, vergeleke met Hom, heeltemal niks is nie?!” [3] Hierdie woorde van Lasarus as algemene geagte gasheer het `n goeie uitwerking gehad en `n einde gemaak aan die lastige en volkome onbelangrike getwis. [4] Toe alles op hierdie wyse rustig en ordelik geword het, sê EK: “Bo alles gebied Ek julle hier, dat julle dit wat julle nou sal hoor en sien, altyd streng vir julleself sal hou, sodat niemand maar net daardeur deur sy wil en gewete genoodsaak word om aan My en My sending te glo, behalwe alleenlik deur die daarvoor bestemde nuwe leer en die tekens wat deur My wysheid daarvoor gekies word nie. [5] Elke innerlike, morele dwang is in sigself al `n oordeel; want wat `n mens nie aanneem en nie volledig uit vrye wil en volledig uit eie besef en oortuiging doen nie, dien hom nie tot lewe nie, maar tot `n oordeel. Om heeltemal goed en vol van die ware, geestelike lewe te word, mag die mens deur geen ander dwangmiddel aangespoor word as alleenlik net deur sy eie vrye en vaste wil nie. [6] Nòg Wet nòg beloning of straf mag hom op enige wyse daartoe bring nie, maar alleenlik net sy vrye geloof, sy innerlike oortuiging, sy suiwer insig en vervolgens die gehoorsaamheid na buite toe en sy vrye wil, wat moet voortkom uit die suiwere liefde vir God en vir alles wat goed en waar is. [7] Ek sê dit aan julle as die helderste waarheid: Ek sou net so maklik en eintlik nog makliker in die gestalte van `n mens van ontsaglike grootte, begelei deur tallose engelskare en deur vuur, weerligstrale en donder en `n storm, op die aarde sou kon neergedaal het en met `n donderende stem wat berge verwoes, en aan julle die nuwe barmhartigheidswoord verkondig het. Daar sou seker niemand onder julle gewees het wat in homself ook maar die geringste twyfel sou laat opkom nie. Want die enorme skrik en die grootste angs sou hom oombliklik soveel bevang het, dat hy nie eens tot die geringste gedagte in staat sou gewees het nie. Sou dit egter vir iemand van nut gewees het vir sy innerlike, ware vrywording? O, geensins nie! Dit sou `n oordeel gewees het vir elke mensesiel en alle harte sou so verskrik geword het, dat hulle behoorlik in die hardste klip sou verander het! [8] Sien, daarom het Ek so eenvoudig en heel onopgemerk in hierdie wêreld gekom soos wat Ek My ook deur die mond van die profete aangekondig het, sodat geen mensehart gevang sou word nie en hulle alleenlik net deur die seënryke mag van die waarheid van My woorde en lesse, My liefhebbend sou erken

en dan heel vry hulle lewenswandel daarvolgens sou inrig! [9] My tekens moet net dien om te bekragtig dat EK werklik IS wat Ek sê dat EK IS. Daarom waarsku Ek julle nogmaals om aan niemand oor dit wat julle in hierdie nag sal hoor en sien, iets te sê nie, sodat geen mensehart innerlik in sy gemoed gevange word nie! Julle moet julle daardeur egter ook self nie in julle hart gevange laat neem nie, maar julle net laat lei deur My woord en die waarheid daarvan. [10] Want as julle ongedwonge al My tekens sou weerspreek en ongedwonge julle aan die waarheid van My woorde sou onderwerp, dan sou julle nogtans die ewige lewe in julle en die volle vryheid daarvan hê; as julle julle egter net deur die tekens laat beheers en nie op die waarheid van My woorde let nie, dan is julle gevange, dan bevind julle julle in die oordeel, dan is julle net suiwer masjienagtige mense sonder innerlike, waarlike geestelik lewe en daarom dood, soos wat `n klip dood is. [11] Sodat julle julle nou ook in julle gemoed en harte daarvolgens kan gedra, het Ek, die enigste Heer en God van al wat lewe en bestaan, dit vooraf aan julle almal gesê. Rig julle daarvolgens, dan sal julle lewe!” [12] Hierdie woorde van My het almal baie diep aangegryp en baie het begin bang word vir wat nou daaruit sou kom. [13] Maar EK sê aan hulle: “Ja, my liewe kinders, as julle nou alreeds bang word en oorval word deur allerlei angstige gevoelens, dan sal Ek in julle teenwoordigheid nie juis so baie kan doen nie!” [14] Toe sê LASARUS: “O Heer, ek is nie bang nie en U studente is dit ook nie! Wie egter nou bang word, wel, laat hom maar bang word, - dit sal hom ook nie skaad nie!” [15] EK sê: “Nou goed, laat ons dan hoor en sien!”

Moses en EliJaH verskyn op bevel van die Heer. Moses se aanklag teen die Tempeljode 8 EK wend My tot die Judeërs en sê: “Omdat julle nie wou glo dat Moses en EliJaH alreeds kort voor My koms daar was nie, moet hulle goed herkenbaar hierheen kom en self aan julle sê van watter gees julle is!” [2] Dadelik het beide profete in ons midde gestaan en het hulle eers diep voor My gebuig. [3] En ELIJAH sê hardop: “Voor U en U Naam moet alle knieë en harte in die hemel, op aarde en onder die aarde buig!” [4] Daarop praat MOSES met die Judeërs: “Julle godslasteraars in die tempel van Salomo, julle kinders van die slang, watter duiwel het julle dan verwek dat julle kan sê dat Abraham julle vader is en dat julle op my en Aäron se stoel sit?! Maar noudat julle volkome ongeroepe daarop gaan sit het om die wet, wat deur God aan my gee is, aan die volke te verkondig, waarom herken julle dan nou nie die hoogste Verhewene nie, wat juis op die berg Sinai aan my die wet op twee kliptafels gegee het?! [5] Julle sê dat ek en hierdie broer EliJaH eers moes gekom het, - wel, ons was albei daar! Maar wie van julle het ons herken en in ons geglo?! En het julle met ons nie presies dieselfde gedoen wat julle met byna alle profete en gewydes van die Heer gedoen het nie?! Wat moet dit dan voorstel as julle, boosaardige huigelaars, voor my naam tot aan die grond gebuig het, maar my vervolg en uiteindelik tussen die altaar en die Allerheiligste gewurg het? Praat en gee antwoord!” [6] Toe sê daar EEN met `n bewende stem: “O, groot profeet, hy wat daar verwurg is, heet tog Sagaría!” [7] Daarop praat MOSES: “Booswig, jy is nou oud, maar jy was ooggetuie en jy het alles gehoor wat ek in daardie tyd aan die vergadering van priesters gesê het, toe ek uit die Allerheiligste teruggekom het! Ek het toe gesê: “Luister, broers, God, die Heer het in Sy groot barmhartigheid en ontferming my innerlike aan my geopen en Moses se gees het in my gekom en nou is my siel met Moses se gees één mens, wat nou voor julle staan soos wat hy eens voor die Farao en op die berg Sinai voor God gestaan het! Ek was die eerste wat hierdie stoel neergesit het en op God se bevel daarop gaan sit het - en nou sit ek daarop, omdat God dit so wil hê, as laaste; want in die toekoms sal net die Heer, wat reeds in hierdie wêreld op wonderbaarlike wyse die vlees van `n mens aangeneem het, met hierdie stoel doen wat Hy volgens Sy ondeurgrondelike raadsbesluit wil doen!” Julle het woedend geword oor die waarheidsgetroue voorspelling van my, my van die stoel afgeruk en my liggaam verwurg. Het dit nie so nie gebeur nie?” [8] `n Ander, ook al bejaarde JUDEËR, sê nog bedeesder: “Ja so was dit werklik; maar wie sou nou so-iets kon glo?!” [9] MOSES sê: “Waarom het `n aantal vrome mense dit dan wel geglo het, wat deur julle uit die tempel verdryf is daarvoor na die verre land van die heidene en waarvan daar nog `n paar in die lewe is wat teen julle kan getuig?” [10] `N ANDER BEJAARDE JUDEËR sê nou: “Ja, dit is wel moontlik, - hulle moes `n visioen in verband daarmee gehad het, maar ons het nooit `n visioen gehad nie!” [11] MOSES antwoord: “O, jy praat `n onwaarheid en vertel aan jouself `n leuen! Want dit alles is aan almal, tot en met die minste tempelkneg toe, sewemaal na mekaar duidelik en verstaanbaar in helder

drome in die gees aangekondig en julle het dit nog weke lank gedurende die tyd wat ek stom was, aan almal uitgelê. Hoe kan jy dan sê dat julle geen visioen in verband daarmee gehad het nie?” [12] DIESELFDE JUDEËR sê: “O - was die droom dan ook `n visioen? Sien nou, sien nou net! Ja, - wie het dit toe kon vermoed!?” [13] MOSES sê: “O, julle wêreldse, sluwe jakkalse, julle het baie goed geweet, aan die hand van talle voorbeelde uit die Skrif, wat helder drome moet beteken! Dink maar byvoorbeeld aan die droom van Jakob, die drome van Josef, die droom van die Farao en nog baie soortgelyke drome; wat baie goed aan julle in die oor gefluister is wat julle visioene, wat tot sewekeer herhaal is, moes beteken; maar julle wêreldse ingesteldheid, julle priesterlike hoogmoed, julle begeerte om onbeskryflik luuks te lewe en julle begeerte tot die grootste moontlike luiheid en tot alle soorte en vorme van hoerery, het julle verblind en verdoof en daarom was julle baie bang om volgens My profesie al julle al te aangename, aardse lewensvoordele te verloor en daarom het julle, in plaas daarvan om julle na God se wil te rig, liewer alles teen Hom ingespan en het julle tot op die uur en tot op die oomblik volledig in opstand gekom teen God. Stofwurms, hoe geval hierdie ware geskiedenis julle?! [14] Sien, die Heerlike en die Allerhoogste, wie se aangesig ek, Moses, nooit waardig kan wees om te aanskou nie, het dit self aan julle in die tempel gesê: “Nie Ek nie, maar Moses, op wie julle hoop, sal julle by die Vader aankla!” En sien, daar het sedertdien nog lank geen dag verstryk of die profesie van die allerhoogste Heer het reeds in vervulling gegaan en ek, Moses, in die Naam van die Heer, hoofprofeet van julle almal, kla julle nou voor Sy heilige aangesig aan vanweë al dit waaraan julle julleself op die mees ten hemel skreiende manier skuldig gemaak het! Wat kan julle nou sê om julleself te regverdig?” [15] Toe het die Judeërs, wat heeltemal in die noute gedryf was, en wat van louter angs en ontsetting met stomheid geslaan was, bewend begin stamel, sonder om nog één begryplike woord oor hulle armsalige lippe te kry. [16] Net EEN VAN DIE JONGERES onder hulle sê met `n hewig bewende stem: “My God en Heer, begin die laaste verskriklike Oordeel dan alreeds vandag?” [17] MOSES sê: “My aanklag bevind hom te alle tye in my hand; die toorn en die wraak lê egter in die hand van die almagtige Heer! Julle jongste dag het egter alreeds `n behoorlik stuk nader gekom; maar nou hang alles heeltemal slegs van die Heer af. Sê eers, of julle dit alles verstaan!” [18] Toe sê `N BEJAARDE JUDEËR klappertand van angs: “O, groot profeet Moses, sê ons tog, of ons dan heeltemal reddeloos in die hel sal kom en of elke mens sy eie Laaste Oordeelsdag het!” [19] MOSES antwoord: “Wat die hel betref, hoef julle by julle huidige lewenswyse heeltemal nie te vra of julle daarin sal kom nie; want julle manier van dink en handel was immers lankal sodanig, dat julle tot op hede in die hel was en julle het ook alles gedoen wat daar tuishoort. Julle kan daarom nie meer in die hel kom nie, omdat julle in wese alreeds daarin is. [20] Wat die Laaste Oordeelsdag betref, sal julle na die aflegging van julle liggaam, in die ander wêreld net so goed `n Laaste Oordeelsdag hê soos wat julle in hierdie wêreld ook `n laaste en terselfdertyd laaste en oudste dag sal hê. Net, solank julle nog in hierdie wêreld lewe, kan julle, as julle dit wil, nog maklik `n uitweg uit die hel vind, want hier by julle sit die groot Leier en Verlosser, luister na Hom en doen wat Hy sê! - Ek het voor U gespreek, o Heer, en nou kan EliJaH in my plek die woord voer!”

Die aanklag van EliJaH 9 EK sê: “EliJaH, My wegbereider, wat die weg vir My gebaan het! Watter klagte het jy in te bring teen hierdie dienaars van die tempel?” [2] ELIJAH sê: “Heer, Moses het alles gesê! Met hom het die tempel opgehou om `n huis van God te wees; die tempel is nou niks anders as `n rower- en moordenaarsnes nie. Aan die Jordaan het ek dit haarfyn en sonhelder aan hierdie mense duidelik gemaak en met die korrekte bewyse gestaaf. Toe hulle egter gesien het dat hulle nie in staat was om ook maar iets tot hulle verdediging aan te voer nie en toe hulle goed besef het dat hulle onweerlegbaar voor die volk ontmasker was en beskuldig was van elke moontlike ongeregtigheid teenoor U, o Heer, en teenoor die volk, het hulle openlik gelag en my as `n vrome dwaas bestempel, na wie mens wel `n paar uur kan luister om te kan lag; maar in die geheim het hulle die volk nogtans bedreig, indien hulle my leer vir iets meer sou aansien as belaglike waansin. [3] Heimlik het hulle egter steeds meer vol woede geword, omdat hulle gemerk het dat die volk my tog as `n profeet beskou en vereer het, boete gedoen en hulle laat doop het. Hierdie verdorwe boosdoeners in die heiligdom van God het maar al te gou gemerk dat ek by hulle die byl aan die wortel gelê het en dat die einde van hulle boosaardige heerskappy daardeur voor die deur gestaan het. Toe het hulle Herodus omring en allerlei algeheel onware argumente en bose, slinkse streke gegee dat ek die grootste gevaar vir sy gesag sou inhou. Herodus kon dit weliswaar nie insien nie, omdat hy bindende ooreenkomste met Rome gehad het, wat hy steeds punt vir punt nagekom het en daarom in ongunstige voorvalle dan ook

onvoorwaardelik volgens ooreenkoms kon reken op Romeinse beskerming. Maar dit het hom alles niks gehelp nie, hulle het Herodus so lank bestorm, dat hy my gevange geneem het. [4] Toe ek eenmaal gevange was, maar my studente nogtans nog vrye toegang tot my gehad het, kon hulle Herodus nie meer lastig val nie; hulle het egter wel gemerk dat my leer geweldig deur my studente uitgebrei het. Hierdeur het hulle wrok en woede van uur tot uur groter geword en deur die boosaardige moeder van die mooie Herodias het hulle dit in gedagte gekry, as Herodus `n guns van hom sou vra waarby hy met sy gebruiklike eed ook sy woord as vors sou gee, niks anders as my hoof sou vra nie. Daarvoor sou die moeder in die geheim tienduisend pond goud uit die skatkis van die tempel ontvang. Die mooie Herodias het egter haar bedenkinge oor hierdie eis gehad, wat sy as te erg beskou het, omdat sy goed geweet het dat Herodus heimlik van my gehou het; maar daar het `n bose gees in die bejaarde vrou ingevaar en aan haar onthul dat ek die onsuiwer liefdesverhouding van Herodus nie goedkeur nie en hom daarvan wou afbring. Dit het dan ook vir Herodias baie teen my opgemaak, sodat sy daarna op die fees, na herhaalde aandrang van haar moeder, wat heimlik omgekoop was, my hoof geëis het, wat Herodus baie treurig gestem het, - maar omdat hy nou eenmaal die eed gesweer het, moes hy dit ook hou en ek is dan ook in die gevangenis onthoof. [5] Toe die tempeldienaars dit gehoor het, het daar `n luide gejubel onder hulle uitgebreek en hulle het dadelik begin om die volk, wat in my geglo het, soveel moontlik te vervolg. - Dit, o Heer, is met weglating van alle bysake, wat in elk geval al te bekend is aan U, die vernaamste kenmerk van hulle algehele verdorwenheid en ek kla hulle daarom nou by U aan! Maar U alleen is die Heer van ewigheid; rig U hulle volgens U oneindige mag, wysheid en regverdigheid! Laat net U heilige wil geskied!” [6] Daarop sê EK: “Ja, so is dit! Daar was daarby weliswaar nog `n aantal ander omstandighede, wat Ek Self per geleentheid vermeld het en waaroor ook ander oog- en oorgetuies in My teenwoordigheid gespreek het; maar dit is die eintlike, diepste kern van hulle meer as helse slegtigheid! Maar nou rig Ek My tot julle, wat My getrouste profete en nou engele in My hemel is en Ek vra aan julle, of julle hierdie groot misdadigers in My heiligdom die groot onreg wat hulle aan julle begaan het, kan vergewe.” [7] BEIDE sê: “Ja, Heer; want net U is immers die versoening vir ons almal! Verlig hulle egter in U groot barmhartigheid, sodat hulle sal insien hoe groot hulle verdorwenheid is!” [8] Daarop het beide op My verborge wenk verdwyn en ons was weer alleen.

Die selfbeskuldiging van die priesters 10 Dit duur `n geruime tyd voordat iemand dit durf waag om ook maar `n woord te sê; want die verskyning van beide profete het almal baie aangegryp en veral die aanwesige Judeërs baie diep geskok.[2] Net DIE HERBERGIER, wat langs My gesit het en ook heeltemal aangegryp was, het op gedempte toon aan My gesê: “Heer, Heer, daaruit blyk meer as uit al die ander dinge, dat U in die grootste waarheid die Een is waarvoor U Uself in die tempel voor die hele volk uitgegee het! [3] Nou is dit sonhelder, dat die beloofde groot tyd van tye gekom het met alle barmhartighede, maar ook met alle oordele uit die hemele. O, was ek maar waardig genoeg om in aanmerking te kom vir `n heel klein deel van die barmhartighede!” [4] EK sê: “Nie net `n heel klein, maar `n hele groot deel kan jy neem! Dit hang maar net van jou wil af om met vreugde en plesier te handel volgens My leer, waarmee jy binnekort volkome vertroud sal wees. - Maar nou sal ons die Judeërs eers vra hoe hulle hierdie ware verskyning hulle geval het!” [5] Daarop wend Ek My tot die twintig Joodse priesters en vra hulle om te sê wat hulle nou van hierdie verskyning gedink het. [6] Toe het daar EEN van sy sitplek af opgestaan, wat vervolgens sê: “Dat die verskyning geen voorgetoorde begogeling was nie, daarvan is ons almal volkome oortuig, want `n suiwer skyneffek soos wat ek verskeie kere in Damaskus gesien het, het geen spraak nie en het geen wete van die geheimste gegewens oor voorvalle wat kort of lank gelede êrens voorgekom het nie. Maar juis omdat die verskyning juis geen begogeling was nie, moes dit beslis `n baie onheilspellende indruk op ons almal gemaak het en wel, omdat ons daardeur maar al te duidelik gesien het dat ons deur ons slegte dade onmoontlik ooit vergewing van ons oorgrote sondes van God kan verwag. [7] Dit is waarlik `n uiters moeilike saak om op die wêreld mens te wees! Mens is blootgestel aan alle verlokkinge van die wêreld en van die duiwel, twee vyande van die menslike lewe waarvan mens wel die minste skadelike sien, maar waarvan die tweede, wat die mense na die wêreld lok en met alle geweld daarnatoe trek, deur niemand gesien word nie, waardeur iemand jou ook baie moeilik daarteen kan verset. [8] Dat ons groot sondaars geword het, sien ons nou duidelik in; maar hoe ons so langsamerhand daartoe gekom het, is vir ons volkome onbegryplik. Ons kan nou niks anders sê nie as: Heer, indien daar in U nog barmhartigheid vir ons is, ontferm U dan oor ons en oordeel ons minstens nie te hard nie! [9] As ons dit destyds so sou ingesien het soos nou, dan sou Sagaría en daarna Johannes nie so behandel

gewees het nie. Maar ons was almal immers stokblind, deur die wêreld en die duiwel verblind en daarom het ons ook suiwer volgens ons waarlik duiwelse blindheid en die ergste bose wil van die duiwel gehandel. [10] Soos wat Moses en EliJaH ons nou egter heel tereg by U, o Heer, aangekla het, so kla ons dan nou ook die duiwel by U aan, hierdie grootste vyand van die mense; laat hy ook nou voor U regterstoel kom!” [11] EK sê: “Die aandeel wat die duiwel aan julle handelinge het, is alreeds lank op sy rekening geskryf, maar Ek sê aan julle, dat daar nou sommiges in die tempel is wat die duiwel alreeds lankal oortref het en die mensdom sodanig behandel het, dat julle daarin deur geen duiwel oortref kan word nie. [12] Ek sê ook nog aan julle, dat juis die verleidinge van die kant van die duiwels lank nie so groot is soos wat julle in julle dwase geloof dink nie! Die eintlike duiwel is die mens self met sy wêreldse begeertes. Daaruit kom die eieliefde - dit is `n duiwel, - die sug na `n luukse lewe - `n tweede duiwel, - die eersug, die hoogmoed, die heerssug, die toorn, die wraak, die nyd, die gierigheid, die arrogansie, die hoerery en die minagting van die medemens voort - dit is louter duiwels, wat op eie grond en bodem verwek is! Daarom moet julle juis nie so `n groot angs vir die duiwel hê en hom ook nie aankla nie; maar kla julleself in julle gewete aan en wees berouvol daaroor en neem die vaste besluit om heeltemal ander mense te word en word dit dan ook! [13] Julle moet God waarlik bo alles liefhê en die arme naaste soos julleself, dan sal julle talle groot sondes ook vergewe word! Want as `n mens die sonde nie volledig loslaat nie, kan hulle dit ook nie kwytgeskeld word nie. Want die sonde is immers iets wat die mens self doen, omdat dit voortkom uit sy liggaam en die wil van sy siel. [14] Die doen van goeie werke volgens die wil en die woord van God is en bly eintlik, ook al doen die mens dit uit eie vrye wil, `n barmhartigheid van bo, `n verdienste van die Gees van God in die hart van die mens en val die mens maar net ten deel deur die barmhartigheid van God. - Nou weet julle hoe die sake staan. Julle is vry en kan doen wat julle wil!”

Die goeie voornemens van die pasbekeerde Judese priesters 11 Toe sê DIE JUDEËR: “O Heer, verlaat ons nooit in hierdie wêreld nie, - dan is ons almal veilig! Weliswaar is daar in die tempel nog wel sewehonderd wat is soos wat ons is; maar hulle het nog baie harder geword as ons, - laat hulle maar self sorg vir hoe dit met hulle sal gaan! Ons sal egter reeds môre ons besittings gaan haal en ons oorvloed onder die armes verdeel. Dan trek ons `n ander gewaad aan en sal U volg, - ook al sou U ons met weerligstrale en donder wil wegjaag! Noudat ons eenmaal U wil volledig herken het, sal ons, ook as bejaarde Judeërs, toon dat ou bome hulle nog heel goed kan laat buig. Ons het nou gesien dat daar buite U, o Heer, geen heil en geen lewe kan bestaan nie; daarom sal niks ons ook ewig meer van U afvallig maak nie! [2] Sien, o Heer, heel in die begin was ons eintlik nie so uiters sleg nie, want ons het in die tempel slegs die oorspronklike waarheid gesoek toe ons onsself daar laat inlyf het! Maar wat het ons daar gevind? Niks anders nie as diepe geheime en nog eens geheime nie! Wanneer ons iemand om `n uitleg gevra het, dan het hulle gesê: “Julle hoef niks anders te doen as om maar net te glo nie! Wat die tempel sê, wat julle moet glo, glo dit sonder om te twyfel, ook al kom dit vir julle hoe onsinnig, onverstandig en onnatuurlik voor; want net die hoëpriester het die sleutel tot die geheime van God en dit moet voldoende vir julle wees! Net Hy offer vir julle en die hele volk!” Wel, dit was heel aantreklike woorde, wat egter jammer genoeg deur die treurige geskiedenis met die hoëpriester Sagaría volgens ons gemoed baie sterk aan waarde ingeboet het, want daarna het ons by onsself eers baie goed ingesien dat Moses, alle profete en die hele Skrif heeltemal niks sou kon voorstel nie. Want as hulle werklik iets sou voorgestel het, dan sou ons meerderes onmoontlik so ontsettend gewetenloos kon gehandel het! [3] Nadat ons onsself dus daarvan oortuig het dat daar in hierdie opsig geen enkele ware woord in die Skrif voorkom nie, het ons ook al ons bose hartstogte die vrye loop laat neem en het ons in werklikheid nog erger geword as `n hele legioen van die ergste duiwels. Want hulle wyk voor die Naam van die Allerhoogste; ons het egter nie gewyk nie, maar het daardeur nog boser en boosaardiger geword. Sien, alwyse, algoeie en hoogs regverdige Majesteit en Heer, omdat ons dus eintlik merendeels deur die slegte voorbeeld van ons meerderes in hierdie toestand gebring is waarin ons onsself nou bevind, is ons hoop op U vergewing van ons sondes nog groter, aangesien ons onsself nou almal vas voorgeneem het om alle sondes te verafsku en suiwer volgens U leer te lewe, - ook al sou dit selfs ons aardse lewe kos!” [4] EK sê: “Goed dan, al julle sonde sal julle dan nou kwytgeskeld word, - maar net solank geeneen van julle weer `n sonde begaan nie! As julle My egter as studente wil volg, hanteer dit dan verstandig in die tempel, sodat die sluwe jakkalse nie merk wat julle van plan is om te doen nie! Want dit is nog nie My tyd om My terwille van die sondes van die wêreld deur die slegte jakkalse te laat vervolg nie; want ook dit moet nog gebeur, sodat hulle maat kan vol word. - Maar let nou op dit wat gaan kom en neem dit alles goed ter harte!”

Die nagtelike storm tydens die onweer 12 Toe het daar `n geweldige, sterk wind opgesteek en in die ooste het swaar wolke met die voorkoms van `n rooi gloed opgestyg. Hierdie verskynsel het almal opgeval, omdat dit hier tot die groot seldsaamhede behoort het. Daar was nou ook alreeds weerligstrale sigbaar wat in alle rigtings deur die digte wolkedak beweeg het en mens het ook `n ver, maar geweldige gerol van die donder gehoor. [2] Almal het ietwat angstig in hul gemoed geword en LASARUS sê aan My: “Heer, kyk na die geweldige onweer! Dit lyk presies asof dit in ons rigting kom! Wat sou U daarvan dink as ons miskien tog maar liewer na binne sou gaan; want sulke nagtelike onweersbuie is dikwels baie gevaarlik!” [3] EK sê: “Wees maar rustig, Lasarus; want sonder My wil sou die onweer nie gekom het nie! Maar waarom Ek dit laat kom, sal jy later wel merk.” [4] Daarop het Lasarus rustig geword; maar toe die onweer steeds nader en tot digby ons gekom het, het die Judeërs ietwat angstig begin word en heimlik aan die studente gevra of Ek dan nie bang was vir die swaar, vinnig naderende onweer nie. [5] DIE STUDENTE sê egter: “Hy is ook Heer oor die storms en die onweer en alle elemente moet Sy wil gehoorsaam, daarom hoef ons in Sy teenwoordigheid vir geen onweer bang te wees nie.” [6] Die Judeërs het goed op hierdie opbeurende trooswoorde gereageer en het rustiger geword. Maar DIE TWINTIG JOODSE PRIESTERS het buitengewoon onrustig en bang geword, veral toe die weerligstrale keer op keer mekaar met luide geknetter opgevolg het. Hulle het opgestaan, na My toe gekom en gesê: “Heer, vir Wie alle dinge moontlik is, gebied tog die verskriklike onweer om op te hou, anders loop dit met ons almal sleg af, want dit is `n gevaarlike onweer! Ons het in ons hele lewe maar net drie sulke storms beleef en daar het toe ook laat in die aand baie mense en diere omgekom. Destyds het die reën, net soos nou, gepaard gegaan met weerligstrale en donderslae en wie getref is, was ook dadelik `n kind des doods. Net hulle wat in stewiggeboude huise `n goeie heenkome gesoek het, het in die lewe gebly. Besonder hewig was die swaar onweer twintig jaar gelede in Damaskus. Wie toe buite was, kon met moeite sy lewe red. Daarom sou dit miskien ook hier beter wees as ons tog na binne sou gaan; want dit kan met ons hier almal besonder sleg gaan as die erge onweer bo ons kom staan. Ook die wind word nou alreeds so hewig dat mens dit nouliks nog kan verdra!” [7] EK sê: “Doen dit nie, want ook tydens hierdie onweer moet julle God se krag en mag in die Menseseun leer ken!” [8] Nouliks het Ek dit gesê, of die onweer het alreeds ver na alle kante uitgestrek, presies bo ons hoof gehang en onophoudelik het daar duisende weerligstrale uit die digte wolkedak geskiet. Baie het daar om ons heen met luide geknetter in die heuwel geslaan. [9] Toe begin DIE JUDEËRS luidkeels te roep: “O Heer, help ons, anders is ons almal verlore!” [10] Maar EK sê: “Is daar dan al iemand deur die weerlig getref, dat julle so hard roep?! Diegene, wat by My is, word deur geen gevaar bedreig nie. Leer egter nou die mag van die Vader in die Seun ken; want hierdie onweer is ook `n oordeel en dit staan onder My gesag! Ek het dit opgeroep en kan dit ook weer laat verdwyn, wanneer en hoe Ek maar wil. Maar vir julle, twintig priesters, is dit `n simbool van julle gemoed; want presies so en nog erger as dit wat nou bo ons daar uitsien, het dit nouliks drie uur gelede in julle harte daar uitgesien. [11] Maar - glo My - dit is makliker vir My om hierdie onweer te beveel om tesame met die sterk stormwind op te hou, as om julle harte hul bose hartstogte te beveel! Om julle innerlike onweer te bemeester, was baie woorde en groot tekens nodig, maar vir hierdie enkele, geweldige onweer is net één woord nodig en dan is dit nie meer daar nie! [12] Maar soos wat My barmhartigheid, na die verdrywing van julle innerlike, bose onweer vir julle lig begin gee, so sal ook hier na die verdrywing van die bose onweer My barmhartigheid simbolies aan die uitspansel sigbaar word. Sien eers, daar skiet alreeds `n groot aantal weerligstrale uit die digte wolkemassas wat na alle kante uitgestrek is, maar die aantal is nog lank nie gelyk aan dié van julle sonde nie! Hieruit kan julle nou opnuut sien, hoe dit met julle gesteld was! Ek sou die onweer nog `n volle uur moet laat voortduur om die aantal weerligstrale gelyk te laat word aan dié van julle sondes; maar dit sou vir julle verder geen innerlike waarde hê nie en daarom laat ons dus die onweer, wat julle almal nou alreeds baie bang maak, verdwyn! En daarom gebied Ek jou, monster, om uiteen te val en te verdwyn! Amen.” [13] Op dieselfde oomblik het sowel onweer as die stormwind verstom, die wolke het opgelos, die sterre het weer in hulle ou prag en majesteit begin skitter en reg bo ons het `n groot ster gestraal, wat niemand geken het nie.

Die nuwe ster en die nuwe Jerusalem. Die voorwaarde vir die ewige lewe 13 Toe vra LASARUS: “Heer, dit is `n onbekende ster, wat ek nog nooit voorheen gesien het nie! Wat se

ster is dit en wat beteken dit?” [2] EK sê: “Wees jy maar net rustig, want julle sal almal hierdie ster dadelik van naderby leer ken!” [3] Daarop het Ek vir alle aanwesiges vir enkele oomblikke hul innerlike gesig geopen en die ster het `n wêreld vol lig geword en in die middel daarvan het `n nuwe Jerusalem gestaan, wat twaalf poorte gehad het en die ringmure, wat `n vierkant gevorm het, was uit eweveel soorte edelstene gebou soos wat daar poorte in die stad was. Deur alle poorte het engele in- en uitgegaan; ook was Moses en EliJaH weer aanwesig met nog talle ander profete. Die Judeërs het hulle uitermate daaroor verbaas en het begin om My te loof en te prys omdat Ek aan hulle die groot barmhartigheid bewys het om hulle dit te laat sien. Maar Ek het hulle weer in hulle natuurlike toestand teruggeroep en toe het hulle maar net weer die helder ster gesien, wat steeds kleiner geword en uiteindelik heeltemal verdwyn het. [4] Toe die hele skouspel ten einde was, het byna almal tegelyk vir My gevra wat dit nou was. [5] EK sê: “Daar was My nuwe leer te sien, wat Ek uit die hemele aan julle gee. Dit is die ware, nuwe Jerusalem uit die hemele; want die ou, aardse het geen waarde meer nie. Die twaalf poorte dui op die twaalf egte stamme van Israel en die twaalf soorte edelstene van die ringmure dui op die tien gebooie van Moses en die boonste twee rye uit diamant en robyn dui op My twee gebooie van die liefde vir God en die naaste. Die engele wat by die poorte uit- en ingaan, dui op die talle waarhede wat vir die mense duidelik word deur My leer getrou in ag te neem. Diegene wat uit die stad uit gaan, gee die groot wysheid weer van My leer en die talle mense wat in die stad ingaan, gee weer hoe die mense hierdie leer van My as pure liefde ook in hulle harte moet laat kom en daarvolgens moet handel, dan sal hulle daardeur tot die ware, geestelike wedergeboorte kom en daardeur in alle waarheid en wysheid binnegelei word. [6] Dit is die betekenis van hierdie gesig en dit is dan ook die ware barmhartigheidson vir elkeen wat My woord hoor en daarvolgens leef en daarin sal ook almal wat nou en later in My glo, vir ewig by My wees en by My woon en saam met My alles bestuur en lei wat in die ewige ruimte geskape is. [7] Julle verstaan dit weliswaar nou nog nie en julle kan dit ook nie verstaan nie; maar as julle bly in die geloof in My en doen wat My leer sê, dan sal julle, as julle glo en julle liefde ryp geword het, gedoop word deur die Heilige Gees, wat Ek aan almal sal stuur wat deur hulle lewe laat sien dat hulle in My glo en in Hom, wat My uit Hom in die vlees as Menseseun in hierdie wêreld gestuur het; want die eintlike, ware, ewige lewe is: dat julle in My as die waaragtige Seun van die Vader in die hemel glo en volgens Sy leer leef. [8] Wanneer die Gees egter, van Wie Ek nou met julle gespreek het, na julle sal kom en julle sal deurdring, sal julle uit julleself alles begryp wat julle nou almal sien en hoor, maar deur julle suiwer natuurlike gesteldheid nie kan begryp nie; want die liggaam kan die gees nie begryp nie en is in elk geval in sigself dood. Dit het geen ander lewe as maar net die tydelike meelewe uit die lewenskrag van die siel nie, wat aan die gees verwant is en wat heeltemal na hom kan lyk en een met hom kan word as sy haarself heeltemal van die wêreld sal afwend en hom sien en net gerig wees op die mees innerlike, geestelike, volgens die orde en wyse soos wat My leer en My persoonlike voorbeeld dit julle laat sien het. [9] Daarom moet elkeen van julle homself inspan om sy siel deur sy eie krag te red; want dink julle dat sy, as sy in die oordeel kom, haarself wel sal kan red sonder om middele daarvoor te hê, terwyl sy haar hier met soveel middele wat haar ten dienste gestaan het, nie kan red as sy nie bedink dat sy haarself as `n onskatbare goed moet sien dat, as sy verlore gaan, in eie krag deur niks weer gekoop of verkry kan word nie?! [10] Laat elkeen daarom bo alles sy siel probeer red! Want vir almal sê Ek, dat dit aan die ander kant so sal wees: Wie liefde en waarheid, en dus die korrekte orde van God, in haar het, sal daar onmiddellik nog baie daarby gegee word; wie dit egter nie het nie of te min het, van haar sal ook dit wat sy uiteindelik nog het, afgeneem word, sodat sy dan heeltemal niks sal hê nie en naak, sonder middele en sodoende sonder hulp daar sal wees. Wie sal hom daar oor haar ontferm en haar vrykoop?! Waarlik, Ek sê vir julle: Eén uur hier is meer werd as duisend jaar daar! - Skryf hierdie woorde diep in julle harte; maar voorlopig moet elkeen dit vir homself hou!”

Bekentenis van `n Judese priester 14 Toe sê `N JUDEËR uit die priesterstand: “O Heer, U is altyd wonderbaarlik, vol liefde, ontferming, geregtigheid en wysheid en wat U sê of ook maar net dink, is onherroeplik al vir ewig `n volbragte daad en daarom kan `n mens moeilik met U praat! Maar desondanks wil ek dan tog, terwille van die broers, iets vir U sê; wees U daarom so barmhartig om na my te luister! Kyk, o Heer, wie die weg presies ken waarvan bewys is dat dit na `n bepaalde doel lei, sodat dit die grootste lewensvoordeel aan die wandelaar kan en moet gee, as hy maar net die doel bereik, sal hy ook beslis niks anders doen nie as om op hierdie welbekende weg die doel na te streef en dit ook sekerlik bereik; net `n volkome blinde dwaas sou tog nog uit pure domheid en algehele onkunde `n ander weg kan inslaan.

[2] Wel, ons ken nou die weg en die doel en ons kan daarom ook maklik die hele wêreld en haar verlokking die rug toekeer en as ware helde selfs oor dorings en slange op hierdie weg die ware en sekere lewensdoel nastreef; ons sou nou selfs teen `n leër duiwels kon veg en onweerstaanbaar ons doel nastreef! Ja, ons almal het dit nou maklik, want ons het nie net gehoor nie, maar ook gesien en met al ons sintuie waargeneem, dat dit so is en ewig nie anders kan wees nie. Maar hoe groot is ons aantal hier wat hierdie onbegryplike barmhartigheid van U gekry het?! [3] En hoe staan dit met die ontelbare talle ander mense wat sedert Adam verstrooid oor die onmeetlike groot aardbodem in totale geestelike duisternis geleef het, nou lewe en nog sal lewe? Wie sal hulle die oë open en wie sal hulle siele aan die ander kant red? Selfs ons Judeërs en - sê maar - priesters het, as leraars en leiers van die volk, Moses en die profete; maar watter nut het ons van hulle? Waar is die bewyse dat hulle ooit werklik bestaan het? Maar net in die blinde geloof! Want gewetensvolle gelowiges het dikwels voor ons oë `n baie bittere en smadelike dood gesterf en nooit het iemand se siel, ook al het die persoon hoe gelowig gesterf, teruggekom om aan ons oor die hiernamaals `n verduideliking te gee nie. Alles wat ons daarvan geweet het, was net in duistere, onbegryplike mites wat met die beter beginsels van die verstand in alle opsigte in teenspraak gestaan het en waarmee mens net die meeste onontwikkelde laer deel van die volk nog gedeeltelik in toom kon hou. [4] Wat `n wonder dat ons en nog baie met ons, die wyshede van die Griekse wyses leer ken het, maar vervolgens weliswaar die Judeërdom verkondig het, maar self as Epikuriste* geleef het! Want die mens het nou eenmaal `n onstilbare dors na geluksaligheid en minstens na `n redelike mate van tevredenheid; oor `n ewige geluksaligheid in die hiernamaals kon ons op generlei wyse ook maar die geringste aanwysing verkry nie, laat staan nog enige vasstaande, houbare bewys. Ons was gesonde en sterk mense, die wêreld het duidelik sigbaar met al sy vreugdes en weelderighede voor ons gelê; dan is dit tog wel ooglopend duidelik dat ons nie gehuiwer het om daarna te hunker en te gryp nie! Want waarom sou ons vir ons moeite om die volk die dom geloof in God en die onsterflikheid op allerlei maniere deur leuens en bedrog by te bring, onsself ook geen vreugde aandoen nie, want vir die geluk in die hiernamaals kon ons, soos wat reeds gesê is, tog nêrens `n bewys vind nie?! *(Epikuriste: Hulle hoofdoel was genotsug.) [5] Sien, o Heer, dit was ons geheime leer vir ons, byna soortgelyk aan dié van die Essene, hoewel ons om bekende redes geen betrekkinge met hulle gehad het nie! Ons het ook die Sadduseërs vanweë hulle sinisme vervolg, maar nie omdat ons self iets teen hulle gehad het nie, maar terwille van die gelowige volk; want sou die volk oorgegaan het na die sekte van die Sadduseërs, dan sou ons aardse geluksaligheid baie gou geëindig het. Maar noudat ons deur U suiwere barmhartigheid eindelik die oortuigende bewyse vir die hiernamaals ontvang het, het al die aardse dinge vir ons natuurlik egter weersinwekkend geword! Wat gebeur daar egter met die ander, wat nie hierdie barmhartigheid gehad het nie en waarskynlik nooit sal ontvang nie?” [6] EK sê: “Daaroor hoef julle julle nie te bekommer nie! Sorg julle voorlopig maar net vir julleself, vir alle ander sal nog voldoende gesorg word! Wie dan wil, soos julle, sal net soos julle gered word; wie dan egter nie wil nie, sal dit aan homself te wyte hê as hy verlore gaan. [7] Want elke siel sal in die hiernamaals geheel uit haar liefde en uit haar geloof verder lewe, en dit sal sy doen in die volle vryheid van haar wil. As die liefde rein en goed is, sal haar lewe in die hiernamaals ook rein, goed en salig wees; is haar liefde egter sleg en onrein, en berei sy vir haar naaste geen vreugde nie, dan sal haar lewe in die hiernamaals ook onrein, sleg en sonder saligheid wees. [8] As mens egter `n siel haar liefde sou ontneem en aan haar `n ander liefde sou gee, sou dit beteken dat mens haar vernietig en in haar plek `n heel ander siel skep. Dit sou egter teen die ewige, Goddelike orde ingaan; want wat God eenkeer in die lewe geroep het, kan nie meer vergaan nie, maar net voortdurend in iets anders en beters oorgaan. Daarom sal ook in die hiernamaals vir sulke verlore siele gesorg word; maar Ek sê wel, soos wat Ek reeds vroeër gesê het: Hier is één uur beter as `n duisend jaar daar! [9] Aan geen enkele siel geskied egter onreg daardeur nie; want as mens die liefde en die wil van `n siel onbeskadig laat en haar net in soverre van die ander afskei dat sy die goeie geen nadeel kan berokken nie, maar verder in haar sfeer in die geesteswêreld, wat heeltemal met haar eie aard ooreenkom, kan doen wat sy volgens haar liefde vir die lewe en haar intelligensie wil, dan doen mens daarby beslis geen enkele siel onreg aan nie, selfs ook nie skynbaar nie. [10] Soos wat julle tot nog toe geleef het, so lewe ook alle bose duiwelse siele in die hel en hulle hellevuur bestaan juis uit hulle bose, nooit te versadigde eieliefde en heerssug, en julle sê self, dat dit daarby met julle goed gegaan het. Maar nogtans het die wurm van die dood elke dag steeds meer in julle geknaag en het julle bestaan onuitspreeklik verbitter! Wat het julle so aan julle goeie lewe? [11] En so sal dit met baie in die hiernamaals vir baie lank gaan, waaraan hulle egter heeltemal self skuldig is. Want hulle sal daar nie één keer nie, maar heel dikwels, die verskrikkinge van die dood moet deurstaan, wat egter ook so moet wees; want as dit nie daar was nie, sou elkeen van hierdie siele werklik vir ewig verlore gewees het.

[12] Vir vandag weet julle genoeg, en omdat dit nou spoedig middernag is, gaan ons nou na binne om te rus. Wat die dag van môre alles sal bring, sal ons wel sien, laat ons dus gaan!” [13] Toe het ons almal die heuwel verlaat en na die huis gegaan, waar reeds uitstekend vir ons rus gesorg was. Maar die Judeërs het `n eie, groot kamer gehad. Daar het hulle om die tafels gesit en byna die hele nag met mekaar bespreek oor wat hulle sou moes doen om van die tempel vry te kom. Die sekerste middel het vir hulle voorgekom om hulle uit te koop. Toe het dit ook by hulle rustig geword.

Die Judese priesters word studente van die Heer 15 Die oggend vroeg nog voor sonsopgang was ons, dit wil sê Ek, die studente, ons herbergier en Lasarus met sy hele huishouding, alreeds op die been. Lasarus se suster Martha was met haar helpsters alreeds baie ywerig besig om `n goeie ontbyt voor te berei; Maria het egter saam met ons na buite gegaan en het soos altyd, net oë en ore vir My gehad om iets vir haar hart en haar siel te verkry. [2] Toe ons al ongeveer `n uur buite rondgewandel het, het die Judeërs eers wakker geword. Hulle het volgens hul gebruik gewas en toe gou gevra of Ek nog geslaap het. [3] MARTHA sê: “O, die Heer het alreeds `n uur gelede met Sy studente, my broer, my suster en die herbergier na buite gegaan en sal waarskynlik nou spoedig terugkom omdat die ontbyt ook spoedig gereed sal wees!” [4] `n PRIESTER sê: “Waarheen het Hy gegaan, sodat ons vinnig na Hom toe kan gaan en aan Hom vertel dat die ontbyt byna gereed is?” [5] MARTHA antwoord: “O, dit is by die Heer egter nie nodig nie, want Hy weet presies wanneer dit klaar sal wees!” [6] Toe die Judeërs dit hoor, sê een van hulle aan Martha: “Jy moet Hom dus wel langer ken, dat jy alreeds so goed vertroud is met Sy onmiskenbare, Goddelike eienskappe?” [7] MARTHA sê: “Ek ken Hom alreeds geruime tyd, maar van julle is dit tog nie so prysenswaardig dat julle Hom tot nou toe nog nie herken het nie!” [8] DIE JUDEËRS antwoord: “Ja wel, ja wel, die verwyt is heel geregverdig en ons betreur dit nou self dat ons deur die drukte van ons aardse beslommernisse nog nooit nadere navraag oor Hom gedoen het nie, hoewel ons wel heelwat oor Sy doen en late uit Galilea verneem het. Ook kom dit vir ons voor dat Hy tydens die Pasga hier in Jerusalem was en merkwaardiggewys alle kopers en verkopers uit die tempel gedryf en die tafels van die geldwisselaars en handelaars omgegooi het!” [9] MARTHA sê: “Ja, ja, Hy is dieselfde Persoon, maar destyds was julle oë nog baie verblind en julle ore en harte verstop; daarom het julle Hom nie herken nie!” [10] Toe sê DIE JUDEËRS: “Ja wel, ja wel, jy het gelyk; maar omdat ons Hom nou herken het, sal ons twintig in elk geval nie meer van Hom af weggaan nie en ons het ons vas voorgeneem om in ander klere as studente met Hom saam te gaan, sodat die tempeldienaars en die ander Joodse priesters, Fariseërs en skrifgeleerdes, wat orals verspreid is, ons nie kan verwyt dat ook ons, priesters van die tempel, deur Hom, `n stigter van `n nuwe sekte en `n volksverleier, laat verlei het nie. Ons sal daarom hierna dadelik na Jerusalem gaan en ons uitkoop onder die voorwendsel dat ons `n reis na Persië en Indië wil onderneem, wat hulle graag en selfs al te graag aan ons sal toestaan. As ons dit binne `n paar uur gereël het, kom ons vandag nog terug en dan sal ons Hom as Sy studente op ons eie koste orals heen volg.” [11] MARTHA sê: “Dit is `n prysenswaardige besluit van julle en dit sal julle Sy seëninge bring! Maar kyk eers na buite; Hy kom alreeds omdat ek heeltemal klaar is met die voorbereiding van die maaltyd en ons sal Hom soos wat dit net Hom toekom, met die hoogste agting en liefde ontvang, Hom nogmaals uit die diepste grond van ons harte dank vir die groot vertroostinge wat Hy vir ons berei het en Hom dan vra of Hy goedgunstiglik hierdie ontbyt sal seën en tesame met ons wil nuttig!” [12] Terwyl Martha nog so met die Judeërs gespraat het, wat heel aandagtig na haar geluister het, het EK alreeds die kamer binne binnegekom en sê: “Liewe Martha, daarvoor het jy jou mond nie nodig nie; wie dit in sy hart doen, doen dit goed. Die lippegroet kan dan heel paslik agterweë bly, want Ek kyk net na die hart en sy innerlike gedagtes. Maar by jou het ook jou woorde egte waarde vir My, omdat hulle werklik opreg uit jou hart kom.” [13] Dit het Martha heeltemal gerusgestel en sy het vol vreugde vervul geword. [14] Maar EK wend My tot die Judeërs en sê vir hulle: 'Julle wil dus in alle erns My leerlinge word?' [15] Toe sê werklik ALMAL, ook hulle wat geen priesters nie, maar net welgestelde burgers van Jerusalem was: “Ja, Heer, as U ons maar net waardig genoeg ag om U studente te mag wees! Ons sal selfs alles daarvoor aanwend, om so rustiger en beslister U, o Heer, op al U weë en paaie te kan volg!” [16] EK sê: “In daardie opsig doen julle goed, maar één ding moet Ek aan julle sê en dit is: Sien, die voëls in die lug het hulle neste en die jakkalse hulle gate, maar Ek, wat na die liggaam `n suiwer Menseseun is,

het nie eens `n klip wat Ek as My aardse eiendom onder My hoof sou kon lê nie!” [17] DIE JUDEËRS sê: “Maar nogtans is die hemel en die hele aarde U eiendom! Wat hierdie wêreld betref het ons vir U, vir U studente en vir ons wel genoeg vir tien jaar en nog langer! Laat ons maar met U meetrek en U lewenswoorde aanhoor, vir al die ander sal ons orals volgens U wil sorg!” [18] EK sê: “Welaan dan, gaan vir die maaltyd na die huis en reël alles goed! Kom dan terug en dan sal Ek aan julle sê wat ons daarna sal gaan doen en onderneem! Maar laat ons nou na die maaltyd gaan!” [19] Daarop het almal aan tafel gegaan, hulle dankgebed uitgespreek en net soos Ek geëet en gedrink.

Die bekeerde priesters breek met die tempel 16 Toe die maaltyd verby was, het almal weer gedank en daarna het die Judeërs hulle op weg na Jerusalem begeef. Die tempeldienaars en die hoëpriester het aanvanklik sekerlik groot oë gemaak toe die twintig reeds baie bejaarde priesters beweer het dat hulle nou `n ver reis wil onderneem; maar omdat hulle baie goud en silwer by hulle agtergelaat het daarvoor, het hulle uiteindelik tog ingewillig en hulle baie voorspoed vir die reis toegewens. Die twintig het gou afskeid geneem en verspreid in die groot stad beweeg, sodat mens nie so maklik op hulle sou kon spioeneer om te ontdek watter weg hulle eintlik ingeslaan het nie. Maar hulle het buite die stad `n Griek geken wat altyd `n groot voorraad Griekse klere gehad het en daarmee handel gedryf het. Hulle het daarheen gegaan , Griekse klere by hom gekoop en hulle eie klere daar agtergelaat, wat die Griek baie verbaas het. Uit nuuskierigheid het hy toe heel omsigtig begin vra wat hierdie verkleding tog wel kan beteken. [2] Hulle (DIE PRIESTERS) sê egter: “Vriend, in hierdie klere kan ons beter handel dryf en omdat die vroeë inkomste van die tempel van jaar tot jaar uitgebly het, moet dit nou opgemaak word deur slim sake te doen met die heidense volke in die buiteland.” [3] Met hierdie uitleg was ons Griek heel tevrede, hy het sy geld gekry en daarby nog die goeie, duur priesterkleding; hy was daarmee volkome tevrede en het verder geen woord meer gesê nie. Net het die twintig dit ten strengste aan hom opgedra om teen niemand ooit iets daaroor te sê nie, omdat hy andersins daardeur in groot probleme sou kon beland. En die Griek het dan ook soos `n muur geswyg. [4] Die twintig het via `n groot, beduidende omweg as Grieke weer na ons toe teruggekom en het om ongeveer twee uur na die middag by ons aangekom. Toe hulle aangekom het, terwyl ons nog aan tafel gesit en nog maar net skaars met die middagete klaar was, het Lasarus, die herbergier en ook My studente hulle daaroor verwonder dat hulle hul sake so gou gereël het. [5] Toe sê EEN van hulle: “Ja, geliefde vriende, vir geld gaan alles by ons baie vinnig, maar sonder geld of met te min geld moet mens wag en skuif mens alles op die lange baan en verder gebeur daar dan ook bloedweinig! Maar ons het heelwat goud en silwer agtergelaat en ons transaksie is daarom ook maklik en gou afgehandel. Die tempel het nou lank nie soveel inkomste meer as vroeër toe die Samaritane, die Sadduseërs en nou ook al `n groot deel van die Essene, op wie mens in die begin heeltemal geen ag gegee het nie, hulle nog nie van ons afgeskei het nie en daarom is die leiding van die tempel nou alreeds baie bly as daar van tyd tot tyd van hulle kosgangers weggaan. [6] Ons het daarom dus baie maklik deurgekom, maar ons het dan ook vas en seker daaraan gedink dat die Heer, wat ons gister van ons bande bevry het, ons volgens Sy heilige wil wel behulpsaam sou wees om ons voorneme met so min moontlik probleme te kan uitvoer. En sien, dit het presies so gegaan soos wat ons gedink het en daarvoor dank ons U, o Heer, ook heel inniglik! Maar waar bly ons burgers tog? Hulle was tog twaalf of dertien in getal! Kan hulle hulleself dan nie minstens so maklik vrymaak van hulle gesinne soos ons van die tempeldienaars nie?” [7] EK sê: “Nie so maklik nie, want hulle is vaders van gesinne! Maar hulle sal nie lank op hulle laat wag nie, want hulle is egte, Jerusalemse manne van eer, soos wat daar maar weinig van is. Maar kom sit nou by ons en eet en drink as Grieke en wees opgeruimd en welgemoed!” [8] Die twintig pseudo-Grieke het gedank, by ons aan tafel kom sit en het begin om opgewek te eet en te drink en hulle het aan ons baie vrolike dinge vertel oor die teenswoordige toestand van die tempel, oor die nuwe, nagemaakte verbondsark, omdat die ou verbondsark sedert die gruwelike dood van die destydse hoë- en opperpriester Sagaría sy besondere wonderbaarlike krag merkwaardigerwyse heeltemal verloor het. Die nuwe een was derhalwe nou alreeds byna dertig jaar oud en gedurende hierdie tydperk was daar met hom geen enkele wonderwerk meer verrig nie en het die dom volk die nuwe aanbid asof dit die ou een was. [9] Ook is daar uitgebreid gepraat oor die kennelike opheffing van die Mosaïese wette en die vervanging daarvan deur nuwe, uiters onaangename wette, strawwe boetes en dat in plek van die vroeëre, egte wonderwerke van God nou die Indiese, Persiese en Egiptiese uitgebrei het, maar met weinig geluk, omdat vermomde Essene hulle dit orals per geleentheid op so `n heel natuurlike manier aan die volk verklaar het, dat dit selfs vir die domste mense uiteindelik voor die hand liggend was dat die hele wonderwerk niks

anders was as `n bedrogspul wat lomp en onhandig uitgevoer is nie. Die gevolg daarvan was dat die aansien van die tempel van dag tot dag minder geword het, wat hulle self maar al te goed opgemerk het. Want wat gebeur daar nou? As daar vandag deur `n opperpriester `n sogenaamde blinde, wat goed daarvoor betaal word om mee te doen, maar verder net so goed kan sien soos een van ons, ten aanskoue van die volk siende gemaak word, - dan het die seuns in die strate en stege binne `n paar dae tientalle sulke wonderwerke gedoen. [10] Daarom het hulle in die Hoë Raad van die tempel `n versoek ingedien om, vanweë die voortdurende ontheiliging, vir `n langer tydperk paal en perk te stel aan sulke verrigtinge; want daarvoor sou tog immers wel `n verstandige en geloofwaardige rede gevind kon word. Maar dit het alles op dowe ore geval. Wonderwerke moes daar gedoen word, in elk geval vir die gewone volk, - maar dan is daarby ook alreeds dikwels in die tempel daaroor gelag! Watter nut het `n priesterlike voorkoms, `n ernstig gesig en die nagemaakte Aäronstaf vir nulle, as die wonderwerk in sigself so dom was dat selfs die mees gewone straatseun begin het om daaroor te lag?! [l1] En in hierdie trant het ons Grieke nog heelwat vertel, waaroor Lasarus, sy twee susters en so nou en dan selfs ons herbergier, wat alreeds lankal niks meer van die tempel gedink het nie, hulle begin verwonder en LASARUS, wat in menige opsig nog wel baie van die tempel gedink het, sê: “Nee, dit sou ek nie van die tempel geglo het nie! Want ek moet eerlik erken dat ek as egte Judeër die tempel nog steeds besoek het en dikwels wanneer die tempeldienaars op besoek na my toe gekom het, kon ek nie fout vind met hulle goeie toesprake en leringe nie en ek moes dikwels teenoor myself erken dat dit baie wenslik sou wees indien die mense volgens hierdie voorskrifte sou leef. [12] Maar nou sien dit heel anders daar uit! Watter nut het woord en leer as hulle pure huigelaars is, en die skynbaar vrome leraar in werklikheid `n veragtelike skurk is?! Sulke leraars kom my juis so voor soos volgens die goeie ou fabel van die wolf in skaapsklere, wat, omdat hulle die vlugtige skape as openlike wolwe net met moeite kon vang, hulle hulleself met skaapsvelle beklee het om hulle met minder moeite te kon vang en te verskeur. Nou, dit sal ek my minstens heimlik goed as merkteken inprent! Wat sê U, o Heer, nou daarvan?”

Die selfsugtige handelwyse van die priesters in die tempel 17 EK sê: “Vind jy dan dat hulle iets nuuts aan ons vertel het?! O, geensins nie! Dit is aan My selfs as Menseseun alreeds lankal bekend! Herinner jy jou nog aan My twaalfde jaar, toe Ek as Seun drie dae lank met die Fariseërs en skrifgeleerdes en oudstes verkeer het?! Sien, reeds destyds het dit in die tempel presies net so daar uitgesien as nou, en alreeds vroeër was dit ook al so; maar toe het daar tog minstens sommige waardige en waaragtige opvolgers van Moses en Aäron op die stoel van Moses en sy broer Aäron gesit, wat egter uit die stam van Levi gekom het. Maar Sagaría was die laaste, en nou is alle stamme daar in die tempel verteenwoordig, omdat elkeen na willekeur vir geld `n amp daar vir homself kan koop. [2] Kort en klaar, My huis - soos wat die profeet sê - het hulle in `n moordkuil verander en daarom kan geen heil meer daarin gesoek word nie! Maar nogtans sê Ek aan julle almal: Luister na die leer van diegene wat op die stoel van Moses en Aäron sit wanneer hulle die woord van God verkondig, maar kyk nie na hulle slegte dade nie en doen hulle dit ook sekerlik nie na nie, want dit is die afskuwelikste bedrog! [3] Dat hulle egter nou so is soos wat hulle is, is die oordeel van God oor hulle, omdat hulle van Hom afgedwaal het en hulle na Mammon gewend het, wat nou hulle god is. Wie weet nie dat die eersgeborenes uit elke huwelik vroeër tot hulle veertiende jaar vry en kosteloos in die tempel as `n offer aan God uitstekend vir die Heer opgevoed is en dat sulke eersgeborenes heel dikwels sigbaar deur die engele van die hemels bedien en onderrig is nie?” [4] ALMAL sê: “Ja, dit is woord vir woord waar!” [5] EK sê verder: “Waar gebeur so-iets nou?” [6] `n JUDEËR sê: “O, dit gebeur ook nou nog, maar weliswaar op `n heel ander manier! In plaas daarvan dat die eersgeborene as offer aan God die Heer, toegewys word, neem die tempel liewer geld aan; maar wie geen geld het nie, kan sy eersgeborene sonder enige beswaar self hou en dan word daar vir `n paar muntstukke in die skatkis `n aantal gebede in God se huis geprewel vir die toekomstige welsyn van die desbetreffende, of mens neem, as die ouers van die eersgeborene as reggeaarde gelowiges (Judeërs) nog halsstarrig vashou aan die ou instelling, dan word die eersgeborene wel met die voorgeskrewe seremonie aangeneem, maar dan teen `n geringe vergoeding direk in die hande van die een of ander vroedvrou oorgegee. As die kind aan die lewe bly, word hy of sy vervolgens as huisbediende gewoon aan die een of ander boer verkoop, waar hy dan soos `n dier grootword sonder lering en onderwys en eis die ouers hom vervolgens na sy veertiende jaar terug, dan verwonder hulle hul natuurlik uitermate daaroor dat hulle eersgeborene so weinig barmhartigheid in die tempel gevind het en dan het hulle eers werklik

probleme met die kind. [7] Daarom gee die armes tans hulle eersgeborenes ook glad nie meer aan die tempel nie, maar hou hulle liewer by die nuwe voorskrif waaroor ons vroeër gepraat het. By die rykes is dit ewenwel anders; hulle word wel in die tempel, natuurlik vir geld, heel behoorlik versorg en na verloop van tyd ook af en toe deur pseudo-engele besoek, bedien en onderrig in enkele Skriftekste wat van buite geleer is, maar wat die engele egter ewemin verstaan as hulle vrome leerlinge.” [8] EK sê: “Laat ons nou ophou met hierdie verhale, wat ongelukkig maar al te waar is, want ons Judese burgers kom nou aan en ons wil hulle nie buitengewoon vererg nie. Weliswaar weet hulle ook heelwat, maar natuurlik nie al hierdie dinge nie en daarom sal ons hulle vooraf nie te ver inwy in die diepste, bose geheime nie. Praat julle ook so min as moontlik daaroor, want andersins sou julle in groot aardse moeilikhede kon kom, wat dan ook julle siele skade sou kon berokken! Dink liewer:”Ons is in ons harte vry en het die regte lig en die ware weg na die lewe gevind!” Solank Ek hulle egter nog duld, sodat die maat van hulle boosheid kan volword, solank moet ook julle hulle nog duld en volg hulle goeie leringe na, maar wend julle oë en ore af van die slegte leringe! En nou genoeg oor hierdie onderwerp, want ons burgers staan alreeds voor die deur en ook hulle het nog niks geëet nie; daarom moet hulle hier ook iets te eet en te drink kry.”

`n Evangelie van blymoedigheid 18 Daarop het Martha en Maria hulle dadelik na die voorraadkamer gehaas, brood en wyn en gebraaide skaapvleis gaan haal en alles op `n sytafel geplaas, omdat daar op ons tafel geen plek meer was nie. [2] Toe die burgers heel eerbiedig na ons in die kamer gekom het, sê EK dadelik heel vriendelik aan hulle: “Laat nou die groot eerbied maar vaar! Julle het honger en dors, eet en drink daarom welgemoed! As die kinders van die nag, wat in die oordeel en die dood is, opgeruimd is tydens hulle smulpartye, - waarom sal die kinders van die lig en die lewe in die aanwesigheid van hulle hemelse Vader dit dan nie wees nie?! Want Ek sê vir julle: Waar Ek is, is ook die Vader. Wees dus almal bly en opgeruimd en eet en drink!” [3] Die burgers het gedank, gaan sit en het flink begin eet en drink en vertel aan ons vertel hoe goed hulle geslaag het om vir `n aantal maande afskeid te neem van hulle families. Ek het hulle daarvoor geprys en hulle ware moed en uithouvermoë aanbeveel, waarsonder hulle My met min sukses sou kon navolg. Hulle het dit beloof en hulle ook aan hulle belofte gehou, soos wat later nog `n keer sal blyk. [4] Tydens hierdie gesprek met die burgers van Jerusalem, het MARTHA egter saggies aan Lasarus gesê: “Broer, stel jouself voor: Alweer `n wonderwerk! Gister en vandag het ons vir so baie mense tog `n groot hoeveelheid verbruik en kyk nou, uit ons groot voorraadkamer ontbreek nie net iets nie, maar van alles is daar nou tienmaal soveel en in ons groot en kleiner wynkelder is alle sakke vol wyn! Dit kon niemand anders as net die Heer in Sy oorgrote goedheid en liefde vir ons gedoen het nie en dus het Hy geen spys en drank van ons geneem nie, maar het ons almal aan Sy tafel geëet en gedrink!” [5] Toe het Lasarus behoorlik verleë geword en hy het nie geweet wat hy daarop moes sê nie. [6] Maar EK het sy verleentheid egter opgemerk en sê saggies aan hom: “Maak jou geen sorge daaroor nie, want sien, ons sal byna die halwe winter in alle rus in hierdie omgewing vertoef en nog dikwels jou gaste en ook ons herbergier se gaste wees! Daar sal gedurende die komende winter baie siekes in hierdie streke rondom Jerusalem wees en Ek sal hulle by daardie geleentheid genees sodat hulle sal ondervind dat die Messias, wat gekom het, hulle nou gehelp het en hulle sal in Sy Naam glo. [7] Na die helfte van die winter sal Ek vir `n kort tyd `n besoek bring aan die opregte Galileër Kisjonah en daarna `n paar dae weer vir die Pasga hierheen kom, maar nog voor die fees weer na Galilea vertrek. Sien, ons sal dus behoorlik lank by jou vertoef en ook werklik heelwat gebruik; en daarom seën Ek jou voorraadkamer en wynkelder soveel! Wees egter stil en sê aan niemand iets daaroor nie!” [8] Lasarus het My in stilte gedank en het daarop sy susters gerusgestel; en toe hulle dit gehoor het, het hulle so vol vreugde geword, dat hulle byna in trane uitgebars het en `n oomblik na buite moes gaan om daar hulle vreugdetrane die vrye loop te laat neem sonder dat iemand dit opgemerk het. Daarna het hulle weer na ons teruggekom en in ons vreugde gedeel. Toe die burgers uiteindelik ook versadig was, het hulle hul dank uitgespreek en van hulle plekke af opgestaan. [9] Maar EK sê aan hulle: “As julle verder niks te doen het nie, bly dan sit, dan sal ons tesame vrolik wees; die oomblik om treurig te wees sal nog vroeg genoeg kom! [10] My studente mag geen druilore wees en met skynheilige gesigte en voorgewende vroomheid rondloop om die mense te laat glo asof hulle maar net met hulle voete nog aan die aarde raak nie, maar met die res van hulle liggaam alreeds in die hemele is en heeltemal vervul is van die Gees van God, - maar julle moet voor elkeen `n openlike en opgeruimde gesig laat sien, sodat elkeen baie vertroue in julle kan kry, dan sal julle baie seën uit die hemele onder die mense versprei. [11] Sien, die waaragtige Gees van God woon volkome in My en julle het My nog nooit met hangende hoof

en vroom neergeslaan oë sien rondstap nie, maar Ek loop met `n openlike en heel natuurlike gesig rond en Ek stap op `n weg wat steeds volkome reguit is en by eerlike en opgeruimde mense is Ek vriendelik en opgeruimd en treurendes en angstiges maak Ek vrolik en moedig en as studente van My moet julle volgens julle hoogste eie vrye wil net dieselfde wees! [12] Daarom sê Ek aan julle almal nog `n keer, dat julle volkome vry van gees moet wees en vrolik en opgeruimd deur die wêreld moet gaan, sonder om aan die wêreld te hang. Want netsoos Ek Self in die wêreld gekom het om aan alle mense `n blye en uiters saligmakende boodskap uit die hoogste hemele oor te bring, wat elkeen op so `n wyse die grootste troos moet gee, dat selfs die ergste marteldood hom nie droewig sal stem nie - omdat hy sien en moet sien dat daar vir hom geen dood meer bestaan en kan bestaan nie en dat in My ewige Ryk vir hom nòg hierdie aarde nòg die hele sigbare hemel ooit meer verlore kan gaan en dat hy bowendien daarby nog groot heerskappy oor heelwat sal verkry, - so sal Ek ook julle, wanneer julle in die Gees en in die Krag van My leer bekwaam word, in My Naam uitstuur om aan alle volke van die aarde hierdie blye boodskap uit die hemele oor te bring. [13] Maar wie sal so `n besondere blye boodskap met `n treurige, bedeesde, vreesagtige, angstige en moedelose gesig wil of kan oorbring? Daarom, vir altyd weg daarmee en weg met die oordrewe eerbied selfs vir My; want met dit alles sou julle nooit geskik wees om vir iets groots geroep en uitgekies te word nie en nog minder om iets belangrik en groots te verrig nie! [14] As julle My uit die grond van julle harte liefhet, is dit vir My volkome; alles wat meer is, is dom, het geen nut nie en maak van die mens, My ewebeeld, `n lafhartige skepsel wat vir niks groots deug of bruikbaar is nie.

Die reiniging van die sonde 19 Toe sê `n BURGER: “O Heer, dit sou alles goed en wel wees, indien ons in ons hele lewe maar nooit gesondig het nie! Maar nou brand die sondes in ons harte voor U, wat ons harte en niere deursien en deur en deur gewyd is, en ons is juis die teendeel! Daarom is dit vir ons moeilik om nou so opgeruimd en vrolik te wees!” [2] EK sê: “Glo julle dan, dat Ek dit nie alles geweet het toe Ek julle aangeneem het nie?! Ek het julle julle sondes egter volkome kwytgeskeld, omdat julle julleself van alle sonde afgewend het en verder nooit meer wil sondig en ook beslis nie sal sondig nie en daarom is julle geen sondaars meer nie, maar nou volkome vry van alle sonde en daarom vind Ek dat julle des te meer rede moet hê om van ganser harte vrolik te wees!” [3] Toe sê EEN van die burgers: “Heer, hoe staan dit dan met die sondevlekke van ander siele? Want ons het gehoor, dat as iemand eenmaal gesondig het en homself, as hy hom verbeter deur boete te doen, die sonde ook kwytgeskeld word, maar dat daar nog altyd `n swarte vlek aan sy siel bly kleef, waardeur hy sodanig gebrandmerk is dat elke suiwere siel hom dan in die ander lewe vermy en niks met hom te doen wil hê nie en dat so `n bevlekte siel vir God nie mag sien alvorens hy nie die vlek heeltemal in die erge vuur van die onderwêreld (Sheol) verloor het nie.” [4] EK sê: “Ja, ja, die vlek bly net so lank aan die siel kleef totdat die mens volledig afsien van die sonde! Maar wie volkome ernstig van die sonde afsien omdat dit sleg is en omdat dit die mense ten gronde rig en van God en al die goeie en ware vervreem, het ook geen vlek meer in sy siel nie en hoef gladnie meer bang te wees vir die erge vuur van die onderwêreld nie. As julle egter so `n ontsag het vir die sondevlekke op julle siele, hoe kon julle My dan aankyk, terwyl julle nou tog ook weet wie agter My en eintlik in My is?! Sien dus hoe swak en dom julle nog is! [5] Ek sê vir julle: As julle my studente wil wees, moet julle julle ou mens heeltemal as ou klere uittrek en `n totaal nuwe mens aantrek; want Ek en die uitermate verslete, verroeste hedendaagse leerstellinge van die tempel pas absoluut nie meer bymekaar nie. Let daarop en wees verstandig, edel, opgeruimd en vol goeie moed!” [6] Hierdie troosvolle onderrigting het `n goeie uitwerking op ons burgers gehad en hulle het nou flink na die wyn gereik, het weldra werklik opgeruimd geword en het ook al gou begin om `n aantal vrolike verhale te vertel en die Grieke het begin om hulle te sekondeer en so het die tyd tot sonsondergang verbygegaan. [7] LASARUS het by hierdie geleentheid ook heelwat te hoor gekry, wat hom behoorlik geskok het, sodat hy alle agting vir die tempel verloor het en heimlik aan My sê: “Heer, nou is ek tog wel heeltemal genees en my besoeke aan die tempel sal steeds seldsamer word!” [8] EK sê: “Daaraan sal jy goed doen, maar doen dit meer in jou hart as na buite toe, sodat die jakkalse jou nie begin wantrou nie, want tot op hede staan jy nog hoog in aansien by die tempel! As jy jou plotseling terugtrek, sou dit nòg jou, nòg My saak van enige voordeel wees en Ek kyk immers maar net na die innerlike mens; want die uiterlike is van geen nut nie.”

Die verganklikheid van die materie 20 (DIE MEESTER): “Maar bring vir My nou `n klip so groot en so hard as wat jy maar êrens kan vind en hier kan inbring, dan sal Ek julle almal iets laat sien!” [2] Daarop het LASARUS vinnig van sy sitplek opgestaan en het spoedig `n stuk kwartssteen, wat ongeveer tien pond swaar en baie hard was, gebring en hy het dit voor My op tafel geplaas en gesê: “Heer, hier het U `n uiters harde klip!” [3] EK sê toe: “Dit is uitstekend, want hy is net so hard soos die harte van die tempeldienaars in Jerusalem en die ou mure van die tempel; wat Ek nou heel goed kan gebruik!” [4] Almal het nou met gespanne aandag opgelet na wat Ek met die klip sou doen. [5] Maar Ek sê: “Luister! Ons is vandag op die dag na die Sabbat opgeruimd en vrolik byeen en waarom sou ons dit ook nie wees nie?! Want julle het My verstaan en herken, hoewel met baie moeite en offers en dus het Ek julle ook aanvaar! Julle is vrygemaak van elke oordeel, omdat julle julleself uiteindelik self uit vrye wil na die enigste ware en goeie geoordeel het. En dus kan Ek julle nou, sonder om afbreuk te doen aan julle vrye insig en julle vrye wil, hier wel `n teken gee van My innerlike goddelikheid. Hou nou dus alles baie goed in die oog! Wat sou makliker wees, dink julle: Om hierdie klip alleenlik deur My wil in `n oogwenk te vernietig - of die tempel met alles wat daarin is, dood en lewend, op gelyke wyse te vernietig? Toets eers vooraf nog die klip, sodat niemand kan sê dat hy op `n een of ander wyse vooraf voorberei was nie!” [6] Toe sê ALMAL: “O Heer, dit is hier nie nodig nie, want ons ken hierdie klip alreeds lankal! Hy is deur `n visser vanweë sy mooi, ronde vorm uit die Jordaan hierheen gebring.” [7] EK sê: “Goed, sê dan wat vir My makliker sou wees: Om hierdie klip te vernietig of die tempel!” [8] Toe sê EEN van die wat nou Grieke was: “Heer, ons dink dat dit vir U redelik om’t ewe sou wees; want vir ons kom sowel die een as die ander, suiwer menslik gesien, onmoontlik voor! Ons het weliswaar verskillende kere gesien dat Egiptiese towenaars ook klippe laat verdwyn het, maar ons het alreeds gou opgemerk hoe dit plaasgevind het toe ons dieselfde klippe daarna weer te siene gekry het en dit het nie lank geduur nie of ons het presies dieselfde truuk heel handig nagemaak. Ons het mekaar uitgelag en onsself afgevra hoe dit moontlik was dat ons aanvanklik self geglo het dat dit `n ware wonderwerk was. [9] Maar dit hier is iets wat hemelhoog anders is! Dit is `n egte klip en die hardste wat daar maar by ons te vind is. Die Grieke verstaan weliswaar die kuns om hierdie klip in die vuur te smelt en kosbare glas daaruit te berei, wat voor hulle, ten tye van die eerste Farao's, die Fenisiërs reeds na bewering geken het, - daarby het die klip egter net in `n ander stof verander. Maar om so `n klip alleenlik net deur die pure wil algeheel te vernietig, daartoe behoort Goddelike krag, waarvan ons swakke mense ons nooit `n suiwere en heldere voorstelling sal kan maak nie!” [10] EK sê: “Wel - goed dan! Let nou almal goed op dat Ek die klip nie aanraak nie, maar net daaraan sê: Ou oordeel, word vernietig!” [11] Op dieselfde oomblik dat Ek dit gesê het, was van die klip geen spoor meer te sien nie. [12] Toe het ALMAL die hande van verbasing saamgeslaan en letterlik geskreeu: “'Ja, ja, dit kan maar net vir `n suiwer Goddelike krag moontlik wees! So-iets is ongekend!” [13] EK sê: “Soos wat nou hierdie klip alleenlik deur My wil opgelos is in sy oerelemente, so sou Ek dit ook kon doen met die tempel, met alle berge, met die aarde, met son en maan en met alle sterre, en hierdie oplos in hulle oorspronklike, letterlike niks, dit wil sê in pure gedagtes van God, wat ook geen realiteit het solank hulle nie deur die liefde en deur die almagtige wil van God hulle werklike vorm en vastheid kry nie. In God heers nie die beginsel van verwoesting en vernietiging nie, maar in Sy ewige orde heers die behoud van alle eenmaal geskape dinge, egter nie in die voortdurende oordeel van die materie nie, maar sonder oordeel, dus vry in gees en lewe. Daarom is en mag ook geen enkele materie in hierdie oordeelswêreld duursaam wees nie. Alles bestaan net gedurende `n bepaalde tyd, los daarna geleidelik op en gaan volgens die orde oor in die geestelike, duursame en onverganklike. [14] Die materie is `n graf van die oordeel en die tydelike dood en die dooie geeste in hierdie grafte moet ook My stem hoor en My wil gehoorsaam, soos wat julle nou gesien het. En soos wat hierdie klip nou plotseling opgelos is, so sal dit ook geleidelik met die hele aarde gebeur en dan sal daaruit `n nuwe, geestelike, onverganklike aarde ontstaan vol lewe en geluk vir sy geestelike bewoners en daar sal geen oordeel of dood op sy hemelse velde heers nie; want dit sal ontstaan uit die lewe van almal wat daaruit ontstaan en daarop gebore is. [15] Julle het nou die mag van die Goddelike wil in My gesien en Jerusalem en die tempel sou dit lankal verdien het dat Ek met die tempel sou doen wat Ek nou met die klip gedoen het. Maar nee, die tempel moet bly en heers totdat dit sy tyd is. Deur sy werke sal hy homself vernietig, maar nie soos wat Ek nou hierdie klip vernietig het nie, wat daardeur net oorgegaan het in `n vryer bestaan van die spesifieke wese, maar `n vryer geestelike sielelewe gekry het. Die tempel egter vernietig homself soos `n selfmoordenaar,

van wie die siel daardeur in `n nog harder oordeel en in `n veelvoudige dood oorgaan! Daarom laat ons hulle begaan totdat die maat van hulle tyd vol is, sodat hulle nie later kan sê nie: ”Julle het ons nie gewaarsku nie en nogtans vernietig!” - Begryp julle nou hierdie teken wat Ek nou voor julle oë verrig het?” [16] DIE GRIEKE sê: “Heer, dit is `n baie veelseggende teken, wat ons wel gedeeltelik begryp, - maar om heeltemal daardeur te sien, is net vir U moontlik; vir ons sal dit miskien eers in die hiernamaals deur U barmhartigheid moontlik word! Waarlik, dit was `n heel belangrike teken en die betekenis daarvan is oneindig groot, hoe gering dit ook daar mag uitsien! - Maar omdat U, o Heer, vandag in so `n goeie stemming blyk te wees, wil ons U, nie by wyse van proef nie, maar net as guns, vra om aan ons te vertel hoe U, so te sê, uit niks nie, iets in die lewe roep.”

`n Wonderwerk met wyn: Die werk in die wingerd van die Heer 21 EK sê: “Julle sou wel graag van My wondertekens wil geniet?! Maar sien, Ek is nie soos die een of ander towenaar wat sy bedrieglike tekens tot stand bring sodat die blinde en dom wêreldse mense hulle daaroor verwonder en om hulle te amuseer nie, maar Ek doen My tekens net volgens die wil van Hom wat My as `n mens van vlees en bloed in hierdie wêreld gestuur het en nou ook in My woon; en as Ek dus `n teken doen, dan moet dit dien vir die diepe innerlike, geestelike onderrig van die siel, en daarnaas moet dit vir die mens allerlei goeie dinge bring! Maar die teken wat julle vra, weliswaar sonder onsuiwere bedoelinge, het hier geen regte doel, geen nut nie en help nie en daarom is dit beter as Ek dit nie doen nie; want julle kan julle nou intussen ook wel voorstel dat alle dinge by God moontlik is.” [2] Toe sê DIESELFDE JUDESE GRIEK: “Heer, U moet ons ons blindheid maar vergewe, dit is nog groot en net daardeur het ons durf waag om U om nog `n teken te vra! O Heer, vergeef ons ons al te voorbarige vermetelheid!” [3] EK sê: “Nee, nee, My vriende! Julle wens was heel natuurlik in orde, want Hy wat iets heeltemal in die materiële niks kan laat oorgaan, moet ook die teendeel kan doen! So het julle gedink en ook presies so uitgespreek en dit was tog immers goed en korrek! Die sou net nie korrek gewees het as julle anders sou gedink en gespreek het nie. Dat die verlangde teken egter direk na die reeds gegewe teken nie heeltemal volgens die goeie orde sou gewees het nie, kon julle immers nie geweet het nie, maar net Ek! En dus het julle deur julle wens beslis geen fout begaan nie, maar Ek ook nie, deur nie dadelik aan julle wens te voldoen nie. Maar omdat julle nou volkome afgesien het van die verlange in julle harte en ook sonder teken glo dat Ek eweneens `n teenoorgestelde teken kan doen, sal Ek nou eers ook so `n teken ten uitvoer bring! - Kyk of daar nog wyn in julle kruike is!” [4] Hulle het gekyk en gesien dat hulle kruike leeg was. [5] Toe sê DIE SPREKER: “Heer, hulle is almal leeg!” [6] En EK sê: “Wel, laat hulle dan nou almal vol wees!” [7] En kyk, alle kruike was tot die rand gevul met die beste wyn! [8] Toe verwonder DIE JUDESE GRIEKE hulle en sê: “Kyk wat `n wonderkrag die Heer het! Nouliks het Hy die woord gesê, of die kruike is al vol van die heerlikste geurige wyn! O, mag ons deur U lewenswoorde ook maar so vol van U lig en U barmhartigheid word! O Heer, wees geduldig met ons groot swakheid!” [9] EK sê: “Dit kan en mag Ek by die mens nie so doen soos by hierdie wynkruike nie, want dit hang net af van julle ywer en julle eie vrye wil. Maar aan My hulp sal dit julle nie ontbreek nie. Wat julle self kan doen met die mate van krag wat aan julle toegemeet is, moet julle ook self doen; vir dit wat dit te bowe gaan, sal Ek dan wel sorg. Want waarlik, Ek sê vir julle: Wat julle die Vader in My Naam en binne My orde, wat aan julle bekend is, sal vra, dit sal ook aan julle gegee word na die mate waarin dit vir julle siel nuttig is. Maar drink nou, want dit het intussen alweer aand geword!” [10] DIE JOODSE GRIEKE het toe hulle kruike opgelig, gedank en gesê: “Op die bloei van die groot geluk wat ons gister gevind het, vir alle Judeërs en alle volke van die aarde! Mag U woord, U leer en U barmhartigheid hulle almal so deurdring soos hierdie voortreflikste, geesrykste en soetste heel vry en nuutgeskape wyn ons ingewande en ledemate sal deurdring en verlewendig! Heer, U wil geskied!” [11] Daarop het almal amein gesê en EK het van My sitplek opgestaan en gesê: “Dit was `n egte, goeie wens; laat ons daarom almal drink van hierdie gawe van God sodat die versoek sekerlik in vervulling sal gaan en ook Ek voeg My amein daaraan toe! Dit sal weliswaar nog baie moeite en werk kos, want die wingerd van God is groot en het nou nog weinig wynstokke. Daarom moet daar gegrawe word en moet daar sonder rus of duur nuwe, edele wynstokke geplant word, sodat die wingerd vol edele en vrugbare wynstokke kan word, dan sal die groot oes ons `n duisendvoudige loon vir ons moeite en ons werk gee! [12] Ons sal by hierdie werk werklik baie moeite van allerlei aard moet deurstaan, ons sal nog uit alle mag deur groot en klein vervolg, verag en bespot word; maar omdat ons presies weet wat ons het en wat ons gee, sal ons die blinde boosheid van die wêreld ook maklik met alle geduld, deemoed en sagmoedigheid verdra. Want die Vader wil dat Sy mense in hierdie wêreld eerstens werklik tot die uiterste

verdeemoediging kom, voordat hulle tot die onverganklike eer verhef word wat niemand hulle in ewigheid meer sal kan ontneem nie. [13] Ook hierdie menslike liggaam van My sal nie daarvan uitgesonder wees nie, soos wat Ek reeds vooraf aan My studente gesê en aangetoon het. Maar ondanks dit alles sal ons die groot doel tog beslis bereik en die oorwinning behaal oor alle oordeel, dood en hel. En as hierdie oorwinning deur stryd behaal is, sal die poorte van die hemel, wat sedert lank geslote was, vir ewig vir die nuwe kinders van God geopen word en die oorwinning sal ewig duur. [14] Wel sal die vyande nog in allerlei gestalte en vorm voortwoeker en tussen die koring sal ook die onkruid welig gedy en in die wingerd sal wilde stamme opkom en voortwoeker, maar altyd net tot op `n bepaalde tyd; dan sal dit egter uitgesny word en in die vuur van die oordeel gewerp word, waar dan baie geween en gekners van tande sal wees." [15] Toe sê daar EEN ENKELE: “Heer, wat wil U daarmee sê?” [16] EK antwoord: “Soos wat Moses se suiwere leer mettertyd verontreinig is deur die hebsug van die mense en deur hulle begeerte na die wêreld, so sal dit ook met My suiwere leer gaan. Hulle, die wêreldse mense, sal weer tempels bou en dit vir die verkryging van geld en ander aardse goedere gebruik en daarby sal hulle die verkryging van My Ryk gladnie ag nie. Hulle sal trotser as die grootste vorste en konings van die aarde rondgaan, gehul in goud en edelstene. - Kyk, dit sal die onkruid tussen die koring en die wilde stamme in My wingerd wees!”

Die valse leraars van die Evangelie 22 Toe vra DIE STUDENTE: “Heer, hoe sal dit moontlik wees? Want ons sal dit gee soos wat ons dit ontvang het en hulle wat dit van ons sal ontvang, sal dit nie verontreinig nie. Daaraan sal U Goddelike hulp uit die hemele immers alles kan doen!” [2] EK sê: “Dit begryp julle nou nog nie! Daar is in die aarde, op die aarde en in die lug, boosaardige geeste wat nog nie uitgesuiwer is nie, wat steeds daarop uit is om die vlees van die mens te bemagtig. Hulle is noodwendige uitwasse van die ou oordeel van die aarde, wat na gelykgestemdes soek onder die kinders van hierdie wêreld en hulle sintuie heimlik benader. Dit vind die kinders van hierdie wêreld aangenaam en hulle volg die geheime verlokkinge van sulke geeste. [3] Sulke kinders van die wêreld gryp dan alles aan wat maar die aandag trek in hierdie wêreld. Omdat hulle egter nie die ware gees het nie, juis vanweë die feit dat hulle kinders van hierdie wêreld is, stel hulle die sake waarmee hulle dink om baie aardse goedere te verkry, volgens hulle eie (geestelike) blindheid en wêreldwysheid met groot uiterlike praal en uiterlike waardigheid en prag op en lok dan talle, ook beter geeste na hulle toe. [4] Sien, dit is dan alreeds `n groot en growwe verontreiniging van `n nog so suiwer leer! En omdat die suiwer leer slegs baie min aardse voordele bied, maar net geestelike, terwyl die onsuiwere leer benewens die voorgegewe, geestelike goedere sy aanhangers veral die sekere vooruitsig gee op groot aardse voordele, sal julle wel so ongeveer begryp hoe die suiwerste leer ook na verloop van tyd verontreinig kan word. [5] Wees dus op julle hoede! Want mettertyd sal nog tydens julle aanwesigheid op aarde, talle valse profete en leraars opstaan en uiters hard en vrypostig skreeu:”Kyk, hier is die Messias(Christus) (waarheid uit God), en daar is Hy!” en sal selfs op die manier van die Essene groot tekens doen en wel sodanig dat hulle, as Ek dit sou toelaat, selfs julle, uitverkore eerste studente, sou verlei. Luister nie na hulle nie, maar bestraf hulle in My Naam vanweë hulle leuens en maan hulle tot deemoed en die aanneem van die waarheid uit God, dan sal julle en julle ware studente die suiwere weg bewandel! [6] Die tekens waaraan julle hulle heel maklik sal herken, is: Grootpratery, groot en growwe aanmatiging van Goddelike kragte, wat hulle nooit gehad het en op hierdie wêreld nooit sal hê nie, verder groot glans, groot prag en mistieke praal soos by die heidene en `n uitermate groot heerssug en eweneens `n onversadigbare sug na die skatte en goedere van hierdie wêreld. Aan hierdie behoorlik tasbare kenmerke sal hulle hopelik tog nie moeilik te herken wees nie." [7] Toe sê ALMAL en ook die studente: “O, solank ons op die wêreld is, sal ons hulle wel herken; daarna kan ons eie studente hulle wel self op gelyke wyse beoordeel en as sodanig herken, en U sal U ware studente tog nie in die steek laat nie!” [8] EK sê: “Ek sal in die gees by hulle bly tot aan die einde van hierdie wêreld! Maar vir vandag is dit genoeg aan tekens en lesse. [9] Van nou af aan sal Ek gedurende die hele winter, behalwe die genesing van siekes, geen ander tekens meer doen en geen onderrig meer gee nie; want nou het julle aan dit wat julle reeds ontvang het, voldoende daarvan. As julle iets nie verstaan nie, dan is Ek by julle. Julle, My studente, moet egter gedurende hierdie tyd hierdie nuwe studente af en toe onderrig!

[10] Môre en die res van die dae tot aan die Sabbat sal ons hier in hierdie huis rus; maar op die Sabbat sal ons na Bethlehem gaan en daar `n aantal siekes genees. Daarna sal ons `n paar dae by ons herbergier deurbring en vervolgens ook by My Lasarus en so beurtelings tot die helfte van die winter. Daarna besoek ons vir Kisjonah en kom vir die Pasga weer hierheen. Dan sal ons weer met `n groot geselskap en nuwe studente na Galilea gaan, waar Ek opnuut sal gaan onderrig en werksaam sal wees. [11] Maar bring nou lampe, dan sal ons by brood en wyn vrolik wees en ook dadelik ons nagrus aan hierdie tafels geniet!” [12] Met hierdie voorstel was elkeen dit eens, niemand het egter enige slaap bespeur nie en dus is daar tot na middernag oor alles gespreek, wat egter geen waarde vir die mensdom in die algemeen gehad het en kan hê nie; Self het Ek meermale met mense wat vir My lief was, allerlei aangeleenthede bespreek en Ek het hulle in allerlei huishoudelike sake raad gegee, wat natuurlik nie in die Evangelie tuishoort nie. Ook het My studente dit gedoen, wat hulle by die mense baie gesiene en geliefd gemaak het; want dit is ook naasteliefde as mens die besorgde en onkundige mense in allerlei goeie en nuttige sake met goeie raad bystaan. [l 3] Die oggend was ons alreeds `n halfuur voor sonsopgang weer op. Baie gou is `n ligte ontbyt genuttig, waarna ons na buite gegaan en oor allerlei dinge gespreek het. En so het dit tot aan die Sabbat gegaan. [14] Ons het ook verskeie bure van Lasarus besoek, wat baie vreugde daaraan gehad het om My te sien en te spreek; maar onder hierdie bure het ons egter geen enkele een gevind wat `n vriend van die tempel was nie. [15] Die twintig Judese Grieke is egter nie herken nie, hoewel hulle baie oor die intriges van die tempel vertel het en hulle daardeur baie geliefd by die bure gemaak het.

Die Heer en Sy mense in Bethlehem. Genesing en versorging van baie siekes 23 Vroeg die oggend van die Sabbat, het ons onsself voorberei om te vertrek en na Bethlehem gegaan. Daar was `n fees en sodoende was daar `n groot aantal arme, gebrekkige mense wat aan allerlei kwale gely het, wat om en buite die poorte van die stad gelê en om `n aalmoes gevra het. [2] LASARUS, wat met ons saamgegaan het, sê: “Heer, sien tog hierdie menigte arme mense! En hoe beklaenswaardig sien hulle tog nie daaruit nie!” [3] Daarop sê EK: “Baie onder hulle is deur die Fariseërs in hierdie ellende en armoede gestort; daarom word toegelaat dat hulle nou bedel. Straf, verdriet, ergernis en heimlike toorn en grimmigheid het uiteindelik sulke gebrekkige mense van hulle gemaak. Ek het nou juis hierheen gekom om hulle liggaamlik te help, sodat hulle in die vervolg tog hulle brood met hulle hande kan verdien.” [4] Sommiges het ons om `n aalmoes gevra. [5] Maar EK sê aan hulle: “Sou julle nie liewer met eie hande julle brood wil verdien nie, as om hier so ellendig te bedel?” [6] Toe sê ALMAL: “O Heer, wie U ook al mag wees, dit sou ons duisendmaal liewer wil doen as ons maar soos vroeër, gesond sou gewees het! Maar kyk na ons voete en hande en oordeel dan self of ons moontlik tot werk in staat is!” [7] EK sê: “Ja, dit sien Ek goed; Ek wou daarmee egter maar net vra of julle nie liewer heeltemal gesond sou wou word nie en dan liewer sou werk, as om hier so ellendig te moet bedel!” [8] Daarop sê ALMAL: “O mens, as dit moontlik sou gewees het, dan sou ons dadelik opgestaan en op weg gegaan het om werk en brood te soek!” [9] EK sê: “Julle weet tog dat dit vandag Sabbat is en dat dit dan miskien nie so vanpas sal wees om julle van julle talle ou kwale te genees nie!” [10] DIE ARME MENSE sê: “Heer, ons is goed voorgeligte Judeërs, - maar daarvan is aan ons niks bekend dat Moses of watter ander profeet dan ook ooit verbied het om op die Sabbat `n goeie daad te verrig nie! As mens op die Sabbat selfs `n siek dier mag help sonder om daardeur die Sabbat te ontheilig, waarom sou mens dan nie `n mens mag help as hy nog geholpe kan word nie?! En waarom hardloop die Fariseërs, as hulle terselfdertyd geneeshere is, ook op die Sabbat na die ryk siekes?! Hulle sou tog wel die beste moet weet of hulle daardeur die Sabbat ontheilig of nie!” [l1] EK sê aan hulle: “Julle antwoord is baie goed en nou wil Ek dit doen en sê: Word almal heeltemal gesond!” [12] Toe het hulle gesien dat hulle gebrekkige ledemate weer heeltemal reg en gesond was en een van hulle, van wie die regterhand vanaf die elmboog weg was, het ook hierdie hand teruggekry. Dit was vir die geneesde mense tog wel ietwat te wonderbaarlik. Daarom het een gevra wie Ek wel was, dat My woord iets kan doen wat die kennis van geen geneesheer kan doen nie. [13] EK sê: “Dit sal julle nog wel eendag te wete kom, - maar staan nou op en gaan heen en soek werk en

brood!” [14] Toe sê LASARUS aan hulle: “Indien julle nêrens werk vind nie, gaan dan na Bethanië; die meester van die groot landgoed het werk vir honderde!” [15] Almal het daarna opgestaan, gedank en weggegaan. [16] Dieselfde teken van genesimg is ook by die ander ses poorte van die stad verrig; want die ou stad van Dawid het sewe poorte gehad, waaronder drie groot en vier klein poorte. By die laaste, groot poort is ons egter deur drie verbygaande Fariseërs gestop en tereggewys, omdat dit nie paslik was om so-iets op `n Sabbat te doen nie. [17] Maar DIE GENEESDE MENSE het gou opgestaan en met dreigende gesigsuitdrukking aan hulle gesê: “Tien jaar lank het ons ellendige mense voor die poorte gelê en nog nooit het een van julle ons gevra wat ons makeer nie en nog minder het een van julle ons ooit `n aalmoes gegee, - en wil julle nou hierdie egte wondergeneser teregwys omdat hy ons weer ons gesonde en ten dele selfs ontbrekende ledemate teruggegee het?! [18] Het Moses dan nie gebied om ook op die Sabbat selfs `n siek bees te help nie?! Hoeveel meer sal dit dan wel gebiedend wees om op die Sabbat `n lydende mens te help?! Maak nou dat julle wegkom - andersins sal ons Moses beter vir julle leer verstaan en begryp!” [19] Hier het die drie wel ingesien dat dit nie juis so baie raadsaam sou gewees het om `n verdere woordewisseling met die geneesde mense aan te gaan nie en hulle het gemaak dat hulle wegkom . Die geneesde mense het hulle dank uitgespreek en toe ook vinnig na Bethanië gegaan, nadat Lasarus hulle eerste `n aalmoes gegee het. En so het Lasarus, wat alreeds lankal te min arbeiders op sy uitgebreide besittings gehad het, ook ongeveer honderd-en-twintig arbeiders gekry, wat hy almal heel goed kon gebruik en met wie hy nie die gevaar geloop het dat hulle, soos wat alreeds dikwels die geval was, deur die tempelpriesters van hom weggelok kon word nie. [20] Ons het ons ook gou verwyder en na `n ander plek gegaan, wat ongeveer twee uur van Bethlehem was en meestal deur Grieke en Romeine bewoon was. Daar het ons `n goeie herberg gevind en binnegegaan.

Die genesings van die Heer in `n plek by Bethlehem 24 DIE MEESTER VAN DIE HUIS, `n opregte Romein, wat ook heel goed Hebreeus gepraat het, sê: “Ja, my liewe gaste, ek is baie verheug oor die besoek van so `n groot aantal gaste, maar daar het in my groot herberg wat ryklik van alles voorsien is, `n ware MALUM OMEN* ingetree. Al vir agt dae lank lê my dapper vrou, wat in die bestuur van die kombuis baie bedrewe is en ook my twee oudste dogters, wat net so bruikbaar is, met hoë koors in die bed. Nòg Griekse nòg Judese artse kon hulle help en daarom sien my kombuis nou baie sleg daaruit. Brood en wyn het ek wel, maar ander geregte is selfs vir my nou heel moeilik te kry!” *(SLEGTE TEKEN, IN DIE SIN VAN TEËSPOED)[2] LASARUS, wat die herbergier alreeds lankal geken het, sê: “Maak jou maar geen sorge oor jou huislike probleme nie; jou huis het nou `n groot heil ervaar! Sien, die groot Wonderheiland is hier by ons, oor wie jy al baie van reisigers uit Galilea gehoor het! Vra Hom net, dan sal dit dadelik beter gaan met jou siekes!” [3] DIE HERBERGIER vra: “Wie is dit? Ek het reeds meermale ongelooflike dinge oor Hom gehoor!” [4] LASARUS sê: “Hy staan langs my!” [5] Toe die herbergier dit gehoor het, het hy letterlik voor My neergeval en My gesmeek om sy drie siekes te help; want hy het vas geglo wat Lasarus aan hom vertel het. [6] Maar EK sê aan hom: “Staan op en gaan heen; want met jou siekes gaan dit alreeds heeltemal beter, laat hulle maar `n goeie maaltyd vir ons voorberei!” [7] Toe het die herbergier opgestaan en hom na die SIEKES gehaas, wat heel opgeruimd aan hom gesê het: “Sien, ons het ineens so gesond geword soos nooit tevore nie! As jy wil, staan ons op en gaan in die kombuis werk!” [8] DIE HERBERGIER sê: “Doen dit; want ek weet dat julle volkome gesond is! Die res vertel ek nog wel aan julle!” [9] Maar die vroue het nogtans aan die herbergier gevra om vinnig aan hulle te sê wie hulle groot weldoener was, dan kon hulle na hom toe kon gaan om hom solank te bedank. [10] Die herbergier het egter gesê, dat hy met ruim vyftig gaste gekom het en dat hulle almal bo alles `n goeie middagete verlang het. Hoewel dit nou alreeds byna die vyfde uur na die middag was, kon hy niks anders aan hulle gee as brood, wyn en sout nie. Daarom moes hulle hulle dankbaarheid vir die groot weldoener veral in die kombuis toon, vir die ander sou daar ook na die maaltyd nog genoeg tyd wees. [11] Hierdie woorde het die regte uitwerking gehad en die kokke was so vinnig soos die wind in die kombuis en die talle dienspersoneellede moes dadelik allerlei opdragte uitvoer om die drie in die kombuis

met al hulle kragte te help. Vervolgens het die herbergier opgeruimd die groot gastekamer binnegekom en My met trane in sy oë gedank vir hierdie groot barmhartigheid wat aan hom bewys was, soos wat hy dit uitgedruk het. [12] Maar EK sê aan hom: “Maak geen ophef daarvan nie; jy is geholpe en meer is nie nodig nie!” [13] Daarop sê DIE HERBERGIER: “O Heer en Vriend, daar is beslis nog meer nodig! Ten eerste staan ek duidelik by U in die skuld en ten tweede moet ek nou openlik beken dat ek U vir meer aansien as maar net `n gewone mens! En daarom sou dit seker volgens die goeie orde wees om aan so `n waarlike Elohimmens `n offer te bring!” [14] EK sê: “Dit is alles nie nodig nie! Ek is nou net `n mens soos wat elke ander is van vlees en bloed; jy sal nog wel vroeg genoeg meer daaroor hoor! Maar wees nou opgeruimd en vrolik, soos wat ons almal is!” [15] Daaroor was die herbergier baie bly en hy het kruike geneem en vir ons dadelik die allerbeste wyn uit sy kelder gebring, wat hy gewoonlik maar net aan die hoogste Romeine voorgesit het as hulle deur hierdie streek gereis het - wat langs hierdie belangrike hoofpad bepaald dikwels voorgekom het. [16] Ons Judas het dadelik na `n kruik gereik en dit met groot teue byna tot op die bodem leeggedrink. Dit het die ander studente gesien en hulle het hom gevra, wie dan wel die meeste reg gehad het om eerste van die beste wyn van die herbergier te proe. [17] Daarop het hy, (JUDAS ISKARIOT), geantwoord: “Ek het `n ontsettende dors en die vorige wyn het ek nie goed genoeg gevind nie; maar as dit nie korrek is nie, dan sal Hy my wel daaroor aanspreek, daaroor hoef julle my niks te verwyt nie!” [18] Maar EK het omgekyk en aan die studente gesê: “Los hom; want om hom te verbeter is dieselfde as om `n Moor met alle geweld wit te wil was!” [19] Toe Judas dit hoor, het hy hom geskaam, na buite gegaan en verdwyn, sodat ons hom daarna drie dae lank nie meer te siene gekry het nie. Hy het egter `n ander herberg uitgesoek, waar hy met sy eie geld betaal het; want hy het altyd onderweg geweet hoe om heimlik geld te verdien. [20] Almal was bly dat hy weg was en ons het by die herbergier, wat ons goed versorg het, nog agt volle dae deurgebring en Ek het in hierdie plek nog `n aantal siekes genees. [21] Toe die aanloop van mense egter baie gou daarna te groot geword het, het ons vroeg die oggend op pad na `n ander streek gegaan, waar ons eweneens weer goeie onderdak gekry en die siekes genees het. Daar moes die studente ook, Judas uitgesonderd, by die siekes die hande oplê en dit het met almal by wie die studente die hande opgelê het, beter gegaan. Self het Ek daar weinig tekens gedoen, maar Ek het met Lasarus, wat nog altyd saam met ons gegaan het, en met die ander herbergier, gesprekke gevoer. [22] Intussen het ons weer in Bethanië by Lasarus en ons herbergier gekom. En beide het tuis alles in die beste orde gevind, hoewel hulle byna vier weke lank saam met My rondgetrek het. Ons het weer agt dae by die herbergier deurgebring en daarna weer by Lasarus, wat baie vreugde beleef het met die arbeiders wat hy in Bethlehem aangeneem het en wat in sy diens niks te kort gekom het nie. [23] Toe die geneesde mense My sien, het hulle letterlik van dankbaarheid voor My op hulle knieë neergeval en wou My werklik aanbid, want hulle het reeds van Martha en Maria te wete gekom wie Ek eintlik was. [24] Maar EK sê aan hulle: “Swyg voorlopig! Binnekort sal daar nog `n tyd kom, dat ook julle sal kan spreek!” [25] Daarop het hulle vinnig opgestaan, beloof om te swyg en het dadelik begin met die werk wat aan hulle opgedra was.

Die reis van die Heer na Kisjonah 25 Wel het Martha aan ons vertel dat daar intussen al verskeie tempeldienaars na haar toe gekom het wat heel belangstellend gevra het waar Lasarus tog heengereis het en vanwaar die groot aantal goeie arbeiders nou opeens gekom het. Daarop het sy hulle geantwoord, dat Lasarus, haar broer, vir belangrike sake miskien wel selfs na Egipte gereis het en baie gou na sy vertrek hierdie arbeiders, wat baie nodig was, êrens in diens geneem en na Bethanië gestuur het. [2] `n FARISEËR het haar egter gevra en gesê: “Kan jy nie twintig van hierdie arbeiders aan ons afstaan nie?” [3] Maar MARTHA sê: “Vra julle hulle self, - want ek weet heeltemal nie of dit Judeërs, Grieke of Romeine is nie; want onder mekaar praat hulle allerlei tale!” [4] Die Fariseër het daarop vinnig na buite gegaan en begin om met `n paar van die arbeiders te onderhandel. Maar hulle het hom skynbaar geken en gesê, dat hulle ten eerste geen Judeërs meer was nie en indien hulle dit sou gewees het, sou hy daarvan verseker kon wees dat hulle geen enkele Fariseër meer sou dien nie.

[5] Toe het die tempeldienaars huis toe gegaan en sedert daardie tyd was daar nie een meer in Bethanië gewees nie; hulle het waarskynlik die terugkoms van haar broer afgewag. [6] Lasarus het My nou gevra, wat hy in daardie geval moes doen. [7] En EK sê aan hom: “Doen wat jou suster gedoen het! Hulle sal niks met die arbeiders bereik nie en hulle kan jou nie die skuld daarvoor gee nie.” [8] En so was dit ook goed en Lasarus het daarna meer rus in sy huishouding gehad. [9] Omdat dit al taamlik winter geword het en Ek nog maar weinig siekes genees het, het ons soos gesê, nou tot ongeveer die middel van die winter nog afwisselend by Lasarus of by ons herbergier gebly, terwyl die nuwe studente in daardie tyd die hele nuwe leer met baie liefde en vaste geloof van die ou studente aangeneem het en selfs die nuwe doop verlang het. [10] Maar EK het aan hulle gesê: “Voorlopig is dit voldoende as julle die doop van die waarheid aanvaar het; wanneer egter, as julle julleself by die leer sal hou en daarvolgens lewe en werk, die ware, lewende doop oor julle sal kom, sal julle ook die doop van Johannes kan ontvang. Dit sal egter nie lank duur nie voordat daar `n tyd sal kom wat baie eerder die ware doop met die lewensvuur van die Heilige Gees sal ontvang, as die doop met die water.” [11] Dit het die nuwe studente volkome tevrede gestel. [12] Op die afgesproke tyd op `n Maandag het ons onder seën Bethanië en ons herbergier verlaat en het welgemoed op weg na die See van Galilea gegaan. Daar het ons `n goeie skip gevind wat ons gehuur het om ons na Kis te laat bring. Omdat dit egter al aand was, het die skippers dit nie durf waag om in die nag oor die see te vaar nie, want hulle het beweer dat die see gedurende hierdie tyd tot teen middernag baie stormagtig word. [13] Daarop sê DIE STUDENTE: “Julle is tog uit Genésaret - ken julle dan nie die mag van die Heer Jesus uit Nasaret nie?” [14] DIE SKIPPERS sê: “Wat? Is Jesus van Nasaret hier?” [l5] En EK sê: “Ja, Ek is Hy!” [16] Toe sê DIE SKIPPERS: “Ja, as U Hy is, vaar ons, ook al styg die golwe tot by die wolke! Kom klim maar in ons groot skip, want dit bied `n goeie en veilige ruimte vir tweehonderd mense!” [17] Ons het nou die skip bestyg en het met gunstige wind weggevaar en hoewel die golwe in die rigting van Kis hoog gegaan het, het die skippers nie daaraan aandag gegee nie en ons het by matige maanlig tog sonder moeite die rustige golf van Kis bereik. [18] Toe ons die hawe van Kisjonah binnegevaar het, was sy dienspersoneel en tollenaars dadelik byderhand, wat ons fluks en amptelik gevra het wat die rede van ons koms was, wat ons daar gedoen het en waarheen ons reis gegaan het en of ons belasting moes betaal. [19] Maar EK sê: “Laat Kisjonah na My toe kom, dan sal julle dadelik hoor wat ons hier kom doen!” [20] Dadelik is Kisjonah laat haal. [21] Hy het dadelik, in die lig van fakkels na die oewer gekom en toe hy My in die oog gekry het, het hy (KISJONAH) van vreugde luid uitgeroep: “O Heer, hoe kan U my, sondige mens, waardig ag om my nog so laat in die nag op te soek?! O, wees tog met almal wat saam met U is, van harte welkom! Kom almal binne in my groot huis, ook julle skippers; want vandag sal julle nie verder vaar nie! Ek wil julle met alles en die beste bedien! O, hierdie ontsaglike vreugde wat my nou so onverwags ten deel val, is letterlik onbeskryflik! O kom, kom, kom!” [22] Ons het gou van die skip op die oewer afgeklim en dadelik die huis van Kisjonah binnegegaan, in wie se groot kamer dit baie warm was omdat dit deur vier groot kaggels, waar `n lewendige vuur opgevlam het, uitstekend verwarm is. Elkeen in die huis is dadelik fluks aan die werk gesit en nog voordat daar `n halfuur verstreke was, het daar al `n groot hoeveelheid van die besvoorbereide edelvisse op tafel gestaan en ook `n oorvloed aan brood en uitgelese wyn, wat ons almal heel goed te pas gekom het, want ons het, nadat ons Lasarus se huis vroeg die oggend verlaat het, niks geëet en gedrink nie. [23] Ek Self het na die lang reis die behoefte aan natuurlike, liggaamlike versterking gevoel en die studente nog baie meer en dit het ons hier ryklik ten deel geval. Ons het heel welgemoed geëet en gedrink en byna die hele nag deur is daar baie vertel oor ons reise en belewenisse, wat Kisjonah en sy familie in hoë mate geïnteresseer het en waaroor hulle woorde tekort gekom het om hulle lof en verwondering uit te spreek. Net het hy dit betreur dat Maria, wat byna die hele somer by hom deurgebring het, nou vir `n paar dae na Nasaret gereis het, hoewel sy alreeds gou weer sou terugkeer. Sy het egter baie oor My reise en dade gehoor en kon maar nie begryp dat God haar so `n barmhartigheid waardig gevind het nie. Sy het wel van alle wonderbaarlike gebeurtenisse geweet, maar dat so-iets daarop sou volg, daarvan het sy haar vroeër nie so `n duidelike voorstelling kon maak nie. [24] En so het Kisjonah nog heelwat oor die lewe en doen en late van Maria tydens My afwesigheid vertel,

asook oor die twee seuns van Josef, naamlik Joël en Joses, wat tuis gebly het om die werk van Josef voort te sit. Maar om dit alles hier weer te gee sou geen sin hê nie en daarom laat ons dit agterweë. [25] Ook in hierdie nag het ons nie eintlik bed toe gegaan nie, maar op die sagte banke bly sit en in die warm vertrek volkome uitgerus, te meer daar ons nog tot diep in die oggend rus gehou het. Daarom het ons ook geen ontbyt genuttig nie; die middagete was daarenteen des te meer ryklik. Ook ons bekende Philopold uit Kana, by die grens van Samaria, was hierheen uitgenooi en nog enkele ander vriende van My en Kisjonah. [26] Wel, ook dit is alles bysaak; maar daarop volg, na aanleiding van `n vraag van Philopold, `n baie belangrike, heldere uiteensetting van My oor God se Geestelike Oerwese in teenstelling met alle skepsele, oor tyd en ruimte, oor oneindigheid en ewigheid, oor God se aanwesigheid en bestaan, en oor die aanwesigheid en die bestaan van alle skepsele in tyd en ruimte. Die uiteensetting het tot laat in die nag geduur en het as sodanig die middag- en aandete verenig, dus kan hierdie uiteensetting goed hierby aansluit, want dit gee en moet aan elke denker volkome opheldering gee oor die materiële en geestelike bestaan van die mens en oor die suiwer Geestelike Oerbestaan van God.

Die filosofiese vrae van Philopold 26 Ons Philopold, wat My ook tesame met Kisjonah by die bejaarde Markus besoek het, het weliswaar alreeds baie oor hierdie onderwerp gehoor en hy het ook geglo dat dit so daarmee gesteld was, maar hy was nou eenmaal `n filosoof, weliswaar van die beste en suiwerste soort, en hy was daarom nie net met die suiwer geloof tevrede nie, maar wou dit ook soos `n wiskundige stelling bewys sien. [2] Hy (Philopold) het daarom met sy tekort aan kennis vorendag gekom en het dadelik na die middagete gesê: “Heer, alles wat ek ervaar, gesien en gehoor het, glo ek vas, maar om dit grondig in te sien en te begryp, kan ek ondanks alle skerpte van my denkvermoë, baie weinig, en dit maak dikwels my siel baie, baie benoud! Ek het my daarom vas voorgeneem om met U Self by `n gunstige geleentheid, soos wat dit hom nou voordoen, van naderby daaroor te praat en as U geen beswaar daarteen het nie, sou ek nou graag wil hê dat U my deur `n nadere en begrypliker uitleg sal onderrig.” [3] EK sê: “Hoewel Ek aan julle almal beloof het om binnekort My Gees te stuur en Hom oor julle uit te stort, wat julle dan sal inlei in alle Waarheid en Wysheid, en Ek ook gesê het dat julle tot op daardie oomblik geduld moes beoefen, wil Ek tog ook mondelings `n eerlike strewe soos dié van jou mondelings help. Dit doen Ek nou in hierdie wintertyd des te meer omdat Ek hierdie tyd, soos beloof, vanweë die winterrus tog in elk geval tot naby die Pasga hier wil en sal deurbring, dus kan jy gerus met jou vertwyfeling vorendag kom en wat nie vandag alles behandel kan word nie, daarvoor sal ons nog voldoende tyd vind. As ons klaar is met die maaltyd, kan jy, omdat ons tog in elk geval aan tafel bly sit, jou versoek wel uitspreek. [4] Môre kan My studente, as hulle dit self wil, `n paar dae na hul gesinne en huise gaan; hulle wat egter geen gesin het nie, sal hier bly, veral Johannes en Matthéüs, want hulle het hier nog baie wat hulle netjies moet oorskryf.” [5] Toe vra Judas ook, of hy ook moes gaan of moes bly. [6] EK sê: “Van alle studente het jy die grootste besitting, jy het `n vrou en kinders en `n aantal dienaars; daarom is dit vir jou ook die meeste noodsaaklik om na jou huis te gaan en jy kan, as jy wil, eers teen Pasga terugkom!” [7] Met hierdie antwoord was Judas weliswaar nie so baie tevrede nie; maar omdat niemand hom gevra het om te bly nie, het hy die volgende dag nogtans gedoen wat Ek gesê het. Die ander studente het weliswaar ook gegaan, maar hulle het almal weer na `n paar dae teruggekom, en het vervolgens met weinig onderbrekinge by My gebly. [8] Kisjonah het na die maaltyd nog `n spesiale wyn gebring, wat hy “Noag se liefling” genoem het, en dit aangebied. Daardeur het Philopold baie geesdriftig geword en hy het dadelik begin om al sy gewetensbesware na vore te bring, - maar alles baie ordelik en beskeie. [9] Wat het hy dan eintlik gesê en wat het hy gevra? Hy het een vraag na die ander gevra! [10] “Heer”, het hy (Philopold) gesê, “wanneer ek goed nadink oor wat U ons by die bejaarde Markus geleer het, dan is tyd en ruimte, soos wat ons dit hier op aarde ken, deur bepaalde periodes en feite en in die vorms wat in die ruimte voorkom, begrens en meetbaar; maar in sigself is dit ewig en oneindig, wat eintlik een en dieselfde is. [11] As tyd en ruimte egter ewig en oneindig is, dan verstaan ek die geskrifte van die ou godgeleerdes en wyses absoluut nie, waarin met sekerheid beweer word dat God, as die Oerwese van alles wat bestaan, Hom buite tyd en ruimte bevind. [12] Hoe kan dit by `n ewige tydsduur, wat sonder begin en einde is en by die bestaan van `n oneindige ruimte wat ook nêrens `n begin en nêrens `n einde het nie?

[13] As God dus Self heeltemal buite tyd en ruimte bestaan, dan kan selfs die suiwerste menslike verstand hom onmoontlik van God `n ander begrip voorstel: Of God bestaan heeltemal nie, omdat daar buite die ewige tyd en buite die ewige, oneindige ruimte onmoontlik iets kan bestaan nie, of God bestaan soos ons almal binne tyd en ruimte en dan het die ou godgeleerdes met hul definisies die grootste waansin neergeskryf. [14] Voor hierdie bewering kom U nou Self te pas; want dat die volheid van die Godheid U vervul, kan niemand ontken wat U hoor spreek het en U dade gesien het nie. Watter godgeleerde kan nou egter van U beweer, dat U nie by ons in tyd en ruimte is nie?! [15] En as hy dit beweer, dan is U Self daarmee volkome van U Goddelikheid ontdaan! U is dan geen God meer nie, maar net `n baie besondere mens, wat deur geboorte, genialiteit, buitengewone talent, oefening in wilskrag, en uiteindelik ook deur die leer van allerlei geheime kunste en wetenskappe dit sover gebring het dat normale redelike mense U nie anders kan aansien as as `n God nie. [16] Maar U hoedanighede is, veral in U dade, nogtans van so `n aard, dat mens byna onmoontlik op grond van die bogenoemde voorwaardes in die besit daarvan kan kom. En daarom sou ek nou graag van U wil hoor, hoe dit werklik daarmee gesteld is.”

Die rypwording van die mens 27 Ek sê: “Jy het jou vraag goed gestel en die onderwerp heeltemal korrek en waar geformuleer vir sover `n skerpsinnige mens in staat is om so-iets te doen; maar nogtans sê Ek aan jou dat die ou wyses ewe-eens gelyk het en selfs nog meer as jy! [2] Glo jy dan nie dat mens in tyd en ruimte en ook terselfdertyd sonder tyd en ruimte kan wees en tog volledig kan bestaan nie?” [3] Philopold sê: “Ja, mens kan dit wel glo, veral as mens dit uit U mond hoor! Maar ek het alreeds dadelik by die begin van my inleidende vraag en versoek gesê, dat ek teen alles wat U gesê en ook getoon het, heeltemal geen beswaar het nie; dit gaan hier suiwer om die begrip. Want `n suiwer, sogenaamde vroom geloof kom my voor as `n totale bespotting van elke menslike rede, van alle begrip en alle denke, wat tog ook beslis deur God aan die mens gegee is as `n geestelike lig wat hom die enigste moontlikheid bied om homself, alle dinge buite homself en uiteindelik selfs God te leer ken. [4] En daarom is ek dan ook vas daarvan oortuig dat `n eerlike mens geen genoeë daarmee moet neem om maar net blindelings te glo wat die een of ander wyse, of `n ander buitengewoon begaafde persoon, wat prakties in alle sfere en dinge deskundig is, aan hom gesê het nie, maar hy moet daarby ook en weliswaar die meeste moontlik, ywerig navraag doen om `n goeie begrip te kry van die inhoud van sy geloof.” [5] EK sê: “Jy het alweer volkome gelyk; daar is egter nog menige besware waarmee ook volledig rekening gehou moet word! [6] Sien, by alles in hierdie wêreld, en selfs ook in die geesteswêreld behoort `n sekere rypheid en by die rypheid hoort `n sekere tyd! [7] Kyk in die winter na `n appelboom of `n wynstok! Waar vind jy dan `n ryp, soet vrug?! Maar dan kom die voorjaar, - lig en warmte van die son neem toe, knoppe word voller en sappiger, vervolgens ontdek jy al gou tere lote, en uiteindelik blare en blomme. Na `n kort tyd val die blomme af omdat hulle vir die bereik van die hoër doel geen nut meer het nie, en `n kort tyd later kan jy alreeds die begin van die groeiende vrug waarneem. [8] “Wat is dit nou vir `n vergelyking?!”, vra jy jouself nou af. Sien, knoppe, die sappiger wording daarvan, die eerste lote, blare, blomme en die eerste vrugte kom almal ooreen met die kinderlike, vroom geloof van die mens; maar van rypheid kan daarby nog geen sprake wees nie. Want God is die hoogste orde Self en alles wat op die wêreld gebeur, moet sy tyd hê, `n tyd wat ooreenkom met die Goddelike orde. [9] Die kind stamel eers; uit die stameling vorm langsaam maar seker die spraak. As die spraak meer ontwikkel is, begin mens om aan die kind iets voor te sê, en hy onthou alreeds gou kort sinnetjies. En wat mens verder aan die kind sê, glo die kind byna onvoorwaardelik; die kind vra nog geen ‘hoe’ en ‘waarom’; nie. Op grond van die vroom geloof leer die kind dan baie tot aan die einde van die kinderleeftyd en op hierdie leeftyd begin die kind alreeds dikwels behoorlik skerp te dink en die rede van baie van dit wat hy geleer het en van die kennis te soek; maar die kind besit self nog te min volle, inwendige lewenswarmte en lyk dan presies soos die eerste vrug wat gevorm word. [10] Maar as in die volle somer dan die volle krag van die lig en die warmte van die son kom, kry ook die eerste vrug wat gevorm word die innerlike, alles tot lewe bringende warmte. Dit veroorsaak dat die jong vrug steeds verder groei, en dat dit die sap wat die nuwe vrug binnestroom, indamp. Daardeur word die vrug groter en vul hom met steeds suiwerder sap en ook die lig kan dan die vrug geleidelik steeds meer deurdring, en so begin die vrug dan eers ryp te word.

[11] Sien, so gaan dit ook by die mens! Solank die innerlike lewenswarmte van sy liefde nie sy hoogtepunt bereik het nie en die lig van hierdie warmte hom nie heeltemal deurdring nie, sal hy ondanks die beste uitleg van buite af die innerlike, geestelike waarhede moeilik of uiteindelik heeltemal nie verstaan nie; maar as hy egter soos `n ryp druif heeltemal deur die toenemende innerlike lewenswarmte en sy lig deurdring word, is hy ryp en besit hy reeds self die beste uitleg van al sy vroeëre vertwyfeling. [12] En omdat jy ook alreeds taamlik ryp begin word, kan mens jou wel ietwat meer lig en warmte gee uit die groot barmhartigheidson, wat aan alle hemele en hul bewoners, eweneens ook aan alle stoflike wêrelde en wat daarin, daarop en daarbinne leef en adem, lewe en bestaan verskaf. Let dus op!”

Tyd en ruimte 28 Die Heer: “Sien, `n halfjaar gelede het Ek jou siel in `n toestand gebring waardeur jy verplaas was na `n baie ver verwyderde sonnewêreld, soos wat Ek daarna sulke tekens ook by ander geleenthede en op ander plekke gedoen het, wat al My studente hier as waarheid kan bevestig. Vervolgens was jy by Markus self daarby toe die engel die kosbare glasligbol uit die baie ver binneland van Afrika gaan haal het. [2] Sien, as `n pyl met topsnelheid hierdie aarde sou verlaat, dan sou jy, hoewel jy baie goed kan reken, geen getal kan vind wat groot genoeg is om die aantal aardse jare aan te gee wat die pyl nodig sou hê om die sonnewêreld te bereik nie, - en tog het jou oortog geen tyd geneem nie! Dus het jy toe met die aardse ruimte niks te doen gehad nie en was jy dus, wat jou lewende siel betref, beslis buite tyd en ruimte! [3] Om van Markus na Afrika te kom, sou jy oor `n goed gebaande weg selfs meer as twee volle jare te voet onderweg wees om daar te kom waar die engel die verligte klip gaan haal het. Hy was op dieselfde oomblik dat hy gegaan het, weer terug. Kon tyd en ruimte dan toe iets vir hom beteken het?! [4] En verder! Stel jou eers die supersnelle beweging van `n aardse voorwerp voor, wat byvoorbeeld die afstand van hierdie aarde tot aan die bepaalde sonnewêreld in `n oogwink aflê, dan sou `n gees in een en dieselfde oomblik `n duisend maal groter afstand tallose kere kan oorbrug; Ek sê tallose kere, omdat jy geen getal ken wat die groot aantal kere heen en terug kan weergee nie. [5] Daaruit volg egter dat selfs die grootste bewegingsnelheid op hierdie aarde in geen enkele verhouding staan met die geestelike bewegingsnelheid nie. Daarom is die aards-materiële iets op sy eie en alles wat geestelik is, ook iets op hul eie. Beide het net ooreenstemmende betrekkinge met mekaar, maar in wese is hulle eindeloos verskillend. [6] Die verskil tussen alles wat aards en alles wat geestelik is, wat jy nou baie duidelik sou waargeneem het, bestaan ook op gelyke wyse tussen alles wat hulle hier op hierdie aarde aan jou as tasbaar, voelbaar, hoorbaar en sigbaar voordoen. [7] Met betrekking tot die feit dat die geestelike beweging geen rekening hou met die ruimte nie, kan Ek aan jou nog die snelheid van die gedagtes van jou siel as goeie voorbeeld gee. Sien, dink nou aan Rome, waar jy alreeds was, en waarvan jy wel weet hoe ver dit hiervandaan is, en ook hoe die groot heidense stad daar uitsien! Met jou gedagte is jy alreeds dadelik in Rome en sien jy in `n sekere sin die stad, sy pleine, stegies en strate en omliggende streke. Jou gedagte het, om in Rome te kom, dus ook geen tyd nodig gehad nie, omdat ruimte geen rol daarby gespeel het nie! [8] Daaruit kan jy nogmaals met sekerheid vasstel dat jou siel hom as geestelike wese met wat hy doen ook buite tyd en ruimte bevind, en ook kan jy jouself in gedagte met dieselfde snelheid na die bekende ster verplaas, en weer terug, terwyl jy ook nie meer tyd nodig sal hê om die ontsettende groot ruimte te oorbrug nie. [9] Nou sal jy tog wel insien dat daar vir die suiwer gees nòg tyd, nòg ruimte kan wees nie! [10] God se Gees en alle engele bestaan weliswaar ook in die oneindige ruimte en bly aldeur bestaan deur die hele ewige verloop van die tye; want daarsonder sou daar geen skepsele wees nie, en sou daar ook geen aardse ruimte wees nie, nòg aardse tyd. Maar hierdie suiwer geestelike magte en hoogste intelligensies staan in alles eindeloos ver bo tyd en ruimte.”

Die mate van krag 29 Die Heer: “Nou vergelyk ons nog die grootte van `n suiwer geestelike krag met die grootste aardse krag. Wat sal dit oplewer? Sien, daar is in die oneindige heelal sulke verskriklike groot sonnewêrelde, in vergelyking waarmee onder die korrekte verhouding hierdie hele, groot aarde ten opsigte van sy grootte net so in verhouding sou wees soos die grootte van die kleinste sandkorreltjie ten opsigte van die omvang van die hele aarde! Sien, as dit hier oor die sandvlakte waai, hef die wind die sand alreeds op en voer dit met groot gemak saam en `n orkaan doen dit nog makliker met groot sandmassas! Stel jou nou eers `n betreklik harde wind voor op daardie groot sonnewêreld! Hy sou tog sekerlik met wêrelde soos hierdie aarde `n baie maklike spel hê. “Ja”, sou jy met jou wêreldse verstand sê, as daar sulke geweldige winde waai, dan moet mens tog tot op hierdie aarde iets daarvan merk! En Ek sê vir jou, dat dit selfs dikwels die

geval is, en ook nog baie, baie heelwat meer! [2] Jy sal wel alreeds vlieënde sterre gesien het. Sommige daarvan is dikwels so groot dat mens hulle `n klein aardwêreld sou kon noem. Dit is stof van wêrelde wat op velerlei wyses deur onderaardse storms, wat losgebars het, vanaf die sonnewêrelde in die groot eterruimte geblaas is, en deur die sterk aantrekkingskrag gaan so `n sonnewêreld langsaam maar seker weer terugval na vanwaar dit weggewaai het, tensy dit byvoorbeeld te naby aan `n ander hemelliggaam kom, en daardeur aangetrek word, wat egter nie so dikwels gebeur nie. [3] Daaraan kan jy die geweldige krag van die sogenaamde natuurkragte van hierdie wêreld wat in die eindelose ruimte heers, sien. Nou kan jy hierdie en nog ander natuurkragte wat aan jou bekend is, sonder ophou duisende en miljoene jare versterk, dan sal die sterkte van die krag wat deur jou as laaste bereken is, nogtans nog steeds in so `n verhouding tot die Goddelike alvermoënde krag staan soos `n volkome niks tot iets werkliks, of soos `n leuen tot die waarheid. [4] Soos wat die grootste natuurkrag absoluut in geen verhouding staan tot die Goddelike krag nie, so staan hy ook in geen verhouding tot die krag van elke suiwer engelgees nie. [5] Omdat daar dus in ruimte en tyd geen enkele krag bestaan wat hom ook maar net met die krag van `n engel sou kon meet nie, moet dit as geestelike krag ook buite of bo alle ruimte en tyd staan, hoewel hy hom as `n eie eenheid selfstandig in tyd en ruimte bevind, maar van beide heeltemal vry en onafhanklik is, terwyl hy alles bestuur net deur met innerlike, lewende analogie daarmee in verbinding te staan. [6] Om die oneindig oorheersende van die Goddelik-geestelike krag oor alle natuurkragte, hoe groot hulle ook mag wees, nog duideliker aan te toon, hoef Ek net vir jou te sê: As al die grootste kragte van hierdie aarde gesamentlik miriades en eons aardse jare lank in die groot skeppingsruimte sou woed, dan sou hulle, teen die krag van die Goddelike wil in, in die hele skepping nog geen atoom kon vernietig nie; maar een engelgees sou in staat wees om net deur dit te wil, as God dit toelaat, in een oomblik die hele eindelose ruimte van alle materiële skepsele te ontdoen, en daar sou geen son en geen aarde meer daarin bestaan nie. [7] Sê vir My, Philopold, of jy nou alreeds `n bietjie begin insien hoe God en al die hemelse en suiwer geestelike volledig buite tyd en ruimte staan en so in hulself bestaan, aanwesig is en moet wees, omdat andersins ewig geen stoflike skepsel sou kon ontstaan het nie!”

Die krag van die lig 30 Philipold sê: “Heer, dit begin vir my nou wel bietjie duideliker te word; maar van U enorme wysheid word ek bepaald nou ook alreeds behoorlik duiselig! Tog vra ek U of U nog meer wil verduidelik!” [2] EK sê: “Dit sal Ek wel doen, maar konsentreer jy, sodat jy dit ook begryp en dit goed in jou siel inprent! [3] Laat Ons nou na die lig oorgaan! Kyk na die lig van hierdie helder skynende, suiwer naftaleenlamp! Dit verlig hierdie groot kamer dermate en voldoende sodat ons mekaar almal goed kan sien en herken. Wat dink jy: Sou honderd sulke helder brandende lampe ook nie `n honderdmaal sterker lig in hierdie kamer versprei nie? Jy sê: “Ongetwyfeld, want daarvan kan mens jouself by groot feesbeligtinge meer as voldoende oortuig! Goed, sê Ek, stel jou nou duisend maal duisend sulke lampe voor, êrens bo-op `n alleenstaande berg! Sou hulle almal saam nie binne `n behoorlike groot gebied alles helder verlig nie? Gewis en seker! Maar hoewel hulle die wye omtrek sou verlig, sou hulle nogtans nie in die minste vergelyk kan word met die lig van die vol maan nie, wat, alhoewel hy vir die oog bepaald nie so groot lyk nie, nogtans op een slag die halwe aarde baie goed verlig. Maar wat is die lig van die maan vergeleke met die lig van die son?! [4] Stel jou nou egter eers voor dat die sonlig die hele uitspansel sou vul! Sou daar dan `n sterfling in staat wees om ook maar net `n oomblik daardie magtige lig te verdra, sonder om oombliklik soos `n druppel water op `n gloeiende plaat vernietig en opgelos te word nie? Ek sê vir jou: Die effek van daardie lig en die onbeskryflike hitte daarvan sou dan alreeds so groot wees dat dit selfs hierdie hele aarde binne enkele oomblikke sou laat vergaan, en talle honderdduisende sulke wêrelde ook! [5] Sien jy die enorme groot verskil tussen die lig van hierdie lamp en die lig van so `n groot uitgebreide son?! [6] Maar daar bestaan in die uitgestrekte skeppingsruimte sentrale oersonne wat miriade maal groter is as ons son, alhoewel ons son ook ruim duisend maal duisend keer groter as hierdie hele aarde is. Sulke sentrale oersonne het in verhouding ook net soveel groter en sterker lig, waarin dan sulke sonne soos ons son is, wat, as hulle in die nabyheid daarvan sou kom, ook soos `n waterdruppel op `n gloeiende plaat in `n oogwink sou verdamp. [7] Nou kan jy hierdie aardse ligsterkte vergroot soveel jy maar wil, byna tot in die eindelose, en dan sal jy met al hierdie versterkte lig van die sonne uit ruimte en tyd dieselfde verhouding vind ten opsigte van die lig van God, soos jy gevind het by die beweging en die krag.

[8] En omdat die lig van God in ruimte en tyd ewig nooit geëwenaar kan word nie, volg daaruit duidelik, dat die suiwer geestelike lig van God, net soos die onmeetbare liefdeslewenswarmte wat uit die lig voortkom, nie binne tyd en ruimte nie, maar net buite hierdie twee aanwesig kan wees. [9] Dat daar egter tog `n lewensegte en altyd steeds werkende analogie bestaan tussen die oerlig van God en die net gedeeltelik geskape lig van die son, kan jy maklik aflei uit die feit dat ook die lig van die son lewegewende krag het vir die skepsele op dié hemelliggame en wêrelde, waarvan elke voorjaar jou voldoende kan oortuig. - Begryp jy nou alreeds beter hoe en op watter manier al die suiwer geestelike homself noodsaaklikwys buite tyd en ruimte bevind en dat dit ook so moet wees?”

Die Goddelike en die menslike wese van die Heer 31 Philipold sê: “Die voorbeeld met die lig het my in hierdie saak baie duidelikheid verskaf; maar op die agtergrond bly heelwat nogtans verhul, en tot die verhulde behoort veral U huidige volmaakte Goddelike teenwoordigheid, waaroor ek nou duidelik niks anders kan sê nie as: As U vóór U menswording êrens baie ver weg in die hoogste hemel, buite tyd en ruimte, met U rein engele as JaHWeH gewoon het, dan moet in `n sekere sin U menslike-persoonlike aanwesigheid nou afwesig wees in die hemel, omdat U nou heeltemal in tyd en ruimte by ons woon! Hoe kan U nou binne tyd en ruimte, maar as God ook terselfdertyd buite tyd en ruimte bestaan? Heer, dit skep vir my verstand nog `n enorme kloof wat ek self nie kan oorbrug nie; daarom vra ek U om ook daaroor U lig te laat skyn!” [2] EK sê: “Omdat jy `n egte wysgeer is, wat dink volgens Plato, Sokrates en Aristoteles, moet Ek ook gedeeltelik op hulle manier met jou praat, sodat jy My makliker kan verstaan. [3] Sien, tussen ‘van ewigheid’, ‘vroeër’ en ‘nou’ is eintlik in My bestaan, net soos in My ‘wees’, en in My ‘aanwesig wees’, heeltemal geen verskil wat My suiwer Goddelike Ek betref nie! En as dit nie so sou gewees het nie, waarlik, dan sou Ek in hierdie menseliggaam geen mag en heerskappy oor die hele materiële skepping van die natuur gehad het nie; want alle skepsele met hul tyd en ruimte bestaan in verhouding subjektief tot My, hul Doel; omdat alles uit My is en nie Ek uit alles nie. [4] Daarom is Ek altyd die enigste voorafgaande en voorliggende Wese, dus die ewige Doel, en kan Ek My ten opsigte van die skepsele nooit as te nimmer as `n onderwerp in verhouding stel nie. [5] Omdat alles egter nou eenmaal uit My is en Ek deur My wil in alles die kern is as die alles behoudende, leidende, besturende, geordende en léwegewende beginsel, is Ek volgens die mag van My wil en My Wysheid ook `n onderwerp en sodoende is Ek die Alfa en die Omega of die Begin en die Einde, asook die Eerste en die Laaste in alle skepsele en ten gevolge van hierdie eienskap van My, dat Ek sowel objektief en in alles ook subjektief is, kan Ek hier nou by julle baie goed as mens volgens die mag van My wil en Wysheid bestaan, en nogtans daarbenewens die ewige, alleen lewende en skeppende Doel ten opsigte van alle skepsele wees. [6] As huidige Onderwerp, in die gestalte van liggaamlike mens, is Ek egter self geringer as en ondergeskik aan die eie ewige Doel in My, hoewel Ek juis deur My strenge onderworpenheid eintlik volledig één is met die ewige Doel; want sonder sulke strenge subjektiwiteit van My huidige uiterlike persoonlikheid, sou so `n innige vereniging nooit moontlik gewees het nie. [7] En dit doen My onmeetlike Liefde tot die Doel en Sy net so onmeetlike liefde tot My, en so is Ek met die Vader een Liefde, een Wysheid, een Wil, een Lewe en een Mag, waarbuite daar in die hele ewige oneindigheid geen ander bestaan is en kan wees nie.[8] Daarom is Ek hier net so in tyd en ruimte aanwesig soos ook buite tyd en ruimte. [9] Dat Ek nou by julle in tyd en ruimte bestaan, dit sien julle; dat Ek egter terselfdertyd volgens My innerlike Wese ook buite tyd en ruimte bestaan, dit leer julle uit My werke, wat Ek nie sou kon doen as Ek My nou ook met My Goddelike Wese in tyd en ruimte sou bevind nie. Want die tydelike en die ruimtelike is en bly ewig en altyd begrens, is derhalwe nie volkome en volmaak nie; net die buitetydse en buiteruimtelike is in alles onbegrens en dus volkome en volmaak. Om te laat sien dat dit egter so is en onmoontlik nie anders kan wees nie, sal Ek dit alles nog nader vir jou verklaar deur `n aantal voorbeelde; let dus goed op!”

Die geestelike in die natuurlike 32 Die Heer: “Kyk, hier het Ek `n koringkorrel in sy totale eenheid en eenvoud! Sy bestemming is kennelik tweevoudig. In die eerste plek dien dit as voedsel vir die mens, en in die tweede plek is dit as saadkorrel diensbaar aan homself vir sy eie voortplanting en vermeerdering. As voedsel gee dit aan die menslike liggaam en daardeur ook aan die formeel substansiële liggaam van die siel sy veelvoudige spesifieke dele en gaan as sodanig oor in `n hoër en vryer bestaan. Hoe dit gebeur, sal julle eers presies te wete kom as julle geestelik wedergebore is, dit is hier ook nie heeltemal volmaak nie - omdat onder die invloed van hierdie son niks kan bestaan wat heeltemal volmaak is nie en alle wete en kennis min of meer onvolmaakte stukwerk is, - maar daarna in die hiernamaals die meer volmaakter, omdat ook julle daar vir wat betref julle

gees julleself buite die invloed van tyd en ruimte sal bevind en julle insig, kennis en wete nie meer onvolmaakte stukwerk sal wees nie. [2] Maar hier sal ons hierdie koringkorrel net as saadkorrel ietwat nader in oënskou neem en dan sien hoe die Goddelik-geestelike, ook al lyk dit in `n sekere sin subjektief, homself in wese egter tog objektief buite tyd en ruimte in hierdie korrel bevind. [3] Sien, dit is `n koringkorrel, wat op een halm gewoonlik drie are, elkeen met ruim 30 korrels, produseer! Wel, as jy hierdie koring in goeie aarde saai, sal dit jou in die volgende oesjaar beslis alreeds 100 korrels van presies dieselfde aard en geslag as loon vir jou moeite bring. Neem jy nou hierdie eerste geoeste 100 korrels en saai jy hulle weer in goeie aarde, dan sal jy in die volgende oesjaar kennelik alreeds 10 000 identiese korrels oes. En na weer een jaar sal jy alreeds 100 maal 10 000, dus 1000 maal 1000 korrels oes, wat alreeds `n behoorlike hoeveelheid van die graan is. [4] Om al hierdie korrels weer vir `n volgende jaar in die aarde te saai, sal jy alreeds `n aansienlike stuk land nodig hê. As oes sal jy dan duidelik wel honderdmaal meer korrels kry as wat jy die vorige jaar geoes het. Maar om verder vir `n volgende jaar die totale hoeveelheid korrels weer goed uit te kan saai, sal jy ten eerste alreeds `n honderdmaal groter akker nodig hê en vervolgens daarvan reeds ruim tien miljard identiese korrels oes; en as jy dit so nog tien jaar lank bly doen, dan sal jy daardeur alreeds so `n ontsaglike hoeveelheid korrels kry dat jy, om dit te kan uitsaai, `n akker byna die grootte van die helfte van die aarde sal nodig hê. [5] As hierdie verdere vermenigvuldiging van die hoeveelheid korrels tot in die oneindige deurgaan, steeds in dieselfde verhouding, kan jy self verder nog tot honderd, duisend en nog meer jaar uitbrei, en dan sal jy deur berekening vind, dat na net sommige honderde jare `n totaal van duisend maal duisend aardes nog veels te min sou wees om as akker te dien vir die ontsaglike groot aantal koringkorrels. En sien, hierdie vermeerdering kan tot in die oneindige voortgesit word! Sou dit egter moontlik gewees het, as daar nie in hierdie een korrel en op gelyke wyse ook in alle ander korrels, die eindelose aantal nie alreeds, deur die daarin aanwesige goddelik-geestelike, buitetydse en buiteruimtelike, voorhande was nie?! Sekerlik nie! [6] Wat egter in hierdie koringkorrel voorhande is, is in alle sade en gewasse en in alle diere voorhande; en in die mens, wat gelyksoortig is aan God, is dit op heel besondere wyse voorhande, waarom hy dan ook met rede so begaafd en verstandig kan word, `n taal het en aanvanklik `n vermoede kan hê van God as sy Skepper en Hom later steeds suiwerder kan leer ken en liefhê, en sy eie wil volkome ondergeskik kan maak aan die erkende Goddelike wil. [7] Dit is dan die suiwer geestelike in die mens, en omdat dit aan God gelyksoortig is, staan dit ewe-eens buite tyd en ruimte; want as dit iets tydelik en ruimtelik sou gewees het, sou die mens nòg homself nòg God ooit kon leer ken, en die mens sou dan vir elke ontwikkeling totaal ongeskik wees, nooit redelik kon word en nooit iets kon begryp nie. Hy sou nooit as te nimmer ook maar die minste `n besef van God kon gekry het nie, Hom nog minder ooit kon herken, liefhê en sy wil aan Hom onderwerp nie, en hy sou dan maar net die buitenste, dooie dop van `n eier gewees het, geen lewe in homself gehad het nie en sekerlik geen buitetydse en buiteruimtelike ewige lewe gehad het nie. [8] Ek glo dat Ek nou hierdie saak wat jou so baie gekwel het, vir sover dit vir die suiwere verstand verklaarbaar is, voldoende duidelik uitgelê het. Dit kom nou op jou oordeel af of jy dit alles ook op die korrekte wyse bedink en begryp het, of dat daar vir jou nog iets onduidelik is. As jy nog iets onduidelik vind, dan kan jy praat; as jy alles egter goed begryp het, dan praat ons nie meer verder daaroor nie, drink wyn, en eet brood daarby.”

Hemel en hel 33 Toe sê Philopold: “Heer, ek en sekerlik ons almal dank U uit die grond van ons harte vir hierdie besondere grootse, voortreflike, en vir my nou volkome duidelik geworde uitleg van die geskrifte van die ou wyses! Ja, nou vind ek alles oortuigend, helder en begryplik, terwyl dit vroeër vir my beslis soos klinkklare onsin moes voorkom! Natuurlik sal ek dit alles eers heeltemal duidelik kan insien en begryp wanneer ek geen stoflike elemente meer sal bevat nie. [2] Nou is dit egter voldoende dat ek insien dat `n mens, alhoewel `n mens in tyd en ruimte is, jou nogtans baie goed en in wese geheel na waarheid, volkome buite tyd en ruimte kan bevind. Net een ding sou ek nog baie kortliks van U wou weet, en dit is op watter plek dan die hemel en ook die ellendige hel, waaroor ek ook alreeds baie gehoor en gelees het, hulself bevind. Mense sê: Hy sal opvaar na die hemel, en hy sal neergewerp word in die hel. Waar en hoe is die ‘op’, en waar en hoe is die uiters betreurenswaardige ‘neer’?” [3] EK sê: “Sien, hier op die stoel waarop jy nou sit, kan, aards gesien, hemel en hel heeltemal langs mekaar wees; in die ryk van die gees word hulle egter geskei deur `n kloof wat nie te oorbrug is nie! - Kyk verder: [4] Hier, waar Ek nou met julle is, is die hoogste hemel, en dit heet ‘bo’, en juis hier is ook die diepste en ergste hel, en dit heet ‘onder’.

[5] Die materiële ruimtelikheid maak geen verskil nie, maar net die geestelike ruimtelikheid, wat met die stoflike, soos wat jy gesien het, beslis niks in gemeen het nie; want in die ryk van die geeste veroorsaak die manier waarop mens leef die egte en werklike afstand. Die aardse-ruimtelikheid kan nooit van belang wees daar nie. Om dit nog meer begryplik en duidelik aan julle te maak, sal Ek aan julle `n paar voorbeelde gee. [6] Sien, gestel dat hier op een en dieselfde bank twee mense langs mekaar sou sit! Die een is `n vrome wysgeer, wie se heldere, verligte gees in baie geheime betreffende die werking van die Goddelike kragte in die natuurwêreld ingewy is; die ander is egter `n verstokte booswig, wat maar net op die bank sit om uit te rus, en homself soos `n eerlike mens ook brood en wyn laat gee, om hom te sterk ten einde buite dan weer makliker iets kwaads te kan doen. Hoe naby is die twee mense volgens aardse, ruimtelike begrippe aan mekaar en hoe oneindig ver is hulle geestelik van mekaar verwyder! [7] Maar gestel dat ons wysgeer hier by ons op hierdie bank sit en dat daar op dieselfde wyse so `n duisend dagreise hiervandaan `n ander wysgeer sit, dan sou beide hierdie gelyke wysgere volgens aardse ruimtelike begrippe tog beslis baie ver van mekaar verwyderd wees; maar in die ryk van die gees sou hulle digby mekaar wees, soos wat dit ook letterlik in My Ryk die geval is. [8] Hieruit kom weer eens baie duidelik na vore dat die hemel vir elke goeie mens presies daar sal wees waar hy hom bevind, en alle goeie en rein mense soos hy sal hulle onmiddellik in sy naaste omgewing bevind. Want jy kan nie sê: “Sien, hier of daar, byvoorbeeld bo alle sterre is die hemel en byvoorbeeld êrens diep onder die aarde is die hel nie!” Dit alles hang nie af van hierdie tyd en hierdie ruimte nie en daar is geen uiterlike vertoon soos by `n betekenislose tempelseremonie nie, maar dit bevind homself baie diep in die mens self. [9] Soos wat die innerlike van die mens dus daar uitsien, sal ook in die hiernamaals die wêreld daar uitsien wat hy uit homself sal skep en waarin en waarop hy dan sal lewe, - goed of sleg. [10] Die wêreld van almal wat deur hul lewende geloof en die toepassing daarvan in hul lewe, sal in die waarheid wees en dus in die ware lig van My Woord, sal in My Ryk volkome gelyksoortig wees aan hierdie aarde, en verder ook in steeds toenemende mate lig en waarheid wees; maar die wêreld vir hulle wat uit eie wil in die onware en daardeur in die bose sal wees, sal dan ook in toenemende mate ooreenkom met hul innerlike. Want soos wat `n werklike goeie mens steeds beter word, so word `n slegte mens steeds slegter, en daardeur verwyder hy homself deur die manier waarop hy leef, steeds meer van die goeie, soos wat dit alreeds op hierdie wêreld baie duidelik te sien is. [11] Kyk eers na daardie mense wat deur hul hoogmoed steeds meer beheers word deur brandende heerssug! As hulle deur hul tirannieke mag talle miljoene mense tot ellendige slawerny gebring het, versamel hulle nog groter leërmagte, val die ryke van ander konings binne, oorwin hulle en ontneem hulle van hulle lande, volke en skatte. En as hulle op hierdie manier `n halwe wêreld verower het en ongelukkig gemaak het, waan hulle hulself reeds aan God gelyk en verhef hulself selfs bo Hom, laat hulself aanbid en bedreig met die pynlikste straf elkeen, wat dit waag om `n ander god as net so `n regeerder te aanbid en aan hom offers te bring, soos wat ons daarvan in die Babiloniese koning ‘Ne Bouch Kadne Zcar’ (“Daar is geen God buite my, die koning nie!”) `n sprekende voorbeeld het. En so `n voorbeeld het ons ook tans in die hoëpriesters, Fariseërs en Skrifgeleerdes, wat nou ook dink dat net hulle gode is, en wat My na die lewe trag sodat dit op `n sekere oomblik selfs toegelaat sal word dat hulle My liggaam sal dood, - maar weliswaar net vir drie dae; daarna sal Ek geheel uit eie krag weer opstaan, en eers dan sal hul oordeel en hul einde kom. [12] Hieruit kan julle almal baie duidelik sien dat hulle wat kwaad doen, steeds slegter word, soos wat `n goeie mens steeds beter word, net met die verskil, dat vir die boosdoener `n grens gestel is, wat lui: “Net tot hier en geen stap verder nie!” Want daarna moet daar steeds `n groot strafoordeel volg waardeur die bose weer tot besinning gebring kan word, sodat hulle en ander moontlikerwys tog `n beter weg kan inslaan. [13] Op die wyse waarop dit, soos wat Ek nou aan julle gewys het, in hierdie wêreld gaan, gaan dit ook in die hel, net met die verskil dat daar - in die algemene geesteryk - diegene wat goed, nederig en geduldig is en op God vertrou, vir ewig afgesonderd is, en dus net die bose in die hel hul deurgaans boosaardige, verdorwe, ofskoon volkome nietige bedrywigheid het; nietig omdat sy lig valsheid, bedrog en `n volkome nietige, leë skyn is soos wat die droom van `n ryk drinker en swelger en verkwister is. [14] Ek glo dat julle nou almal ook met hierdie saak in die reine is en daarom sal ons die oorblywende gedeelte van hierdie nag opgeruimd en vrolik deurbring! Het iemand nog iets op sy hart, dan het ons nou tot die Pasga die tyd; want tot dan sal Ek by My vriend Kisjonah bly. - Philopold, is dit vir jou nou duidelik?” [15] Philopold sê: “Nou is dit goed, want U het ons die mees onbegryplike dermate duidelik en begryplik gemaak dat daar vir my nou in die opsig heeltemal geen vrae meer oorgebly het nie, en ek glo dat ook al die aanwesiges hier dit baie goed begryp het. Ja, dit is ook maar net U, o Heer, wat dit so aan ons kan uitlê, want alle wysgere sou tog wel hul verstandstande daarop stukkend gebyt het. Ons dank kan U in elk

geval in ons harte lees.” [16] Toe sê ook ons Judese Grieke: “Waarlik, dit kan net Hy alleen so uitlê, wat met Sy Gees alles deurdring en eintlik alles in alles is! Dit is vir ons nog die grootste en duidelikste bewys van U suiwer Goddelike sending. Die tekens doen weliswaar baie as hulle op U wyse uitgevoer word, maar net vir mense wat alreeds baie ervaring het; maar boei hulle nogtans nie. Die Woord maak egter lewend en dit maak die siel vry en dit is daarom meer werd as duisend tekens, wat nie lewend maak nie, maar die gemoed net in hul ban bring en dit met angs vervul. Daarom betuig ons aan U ook ons dank vir U baie wyse les!” [17] EK sê: “Baie goed geoordeel! Môre sal daar nog baie gebeur; maar nou sê Ek: Drink en wees vrolik tot sonsopgang! Aan slaap sal ons vannag geen behoefte hê nie.”

`n Groot visvangs 34 Daarna is daar onder die studente, wat agtergebly het, die Judese Grieke en Philopold, nog baie bespreek; ook Ek en Kisjonah het oor alles gepraat, soos oor die ou priesterdom en oor die ou patriargale wyse van regeer wat baie beter was as die wat tydens My aardse tyd geheers het, en so het die oggend gekom en van die hele geselskap het niemand die gevoel gehad dat hy te min geslaap het nie. Kortom, die oggend het daar `n baie opgewekte stemming geheers en ons het na buite na die see gegaan en `n oomblik na die vissers van Kisjonah gekyk wat op die water druk besig was in hul vissersbote, maar tog nie baie gevang het nie. [2] `n Paar vissers het na die oewer gekom en aan Kisjonah gesê: “Heer, vandag sien dit maar maer met ons vangste daaruit! Alreeds sedert middernag doen ons ons uiterste bes, maar die fatale oostewind dryf die visse na die bodem, en daarmee is ons byna magteloos!” [3] Kisjonah vra hoeveel hulle gevang het. [4] Die vissers antwoord: “Miskien `n paar klein vaatjies vol; maar wat is dit vir twintig visserskepe en dubbel soveel klein bote?!” [5] EK sê aan beide vissers: “Vaar nog `n keer uit om julle nette uit te werp, want julle kan die beste visse met sonsopgang kry!” [6] Toe sê die vissers, omdat hulle My nie geken het nie: “Vriend, dit weet ons goed, maar by die harde oostewind verwag ons ook nie baie daarvan nie! Geen enkele wind is weliswaar gunstig vir ons werk nie, maar die oostewind is die ongunstigste, veral in die wintertyd.” [7] EK sê: “Doen nou maar wat Ek aan julle gesê het, dan sal julle `n ryk vangs hê!” [8] Daarop het hulle weggeroei en die boodskap aan die ander vissers oorgebring. Hulle het weliswaar hul skouers opgetrek, maar omdat hulle gehoor het dat Kisjonah dit so wou gehad het, het hulle tog hul nette uitgewerp en so `n groot aantal van die beste en voortreflikste visse gevang, dat die nette byna begin het om te skeur en hulle moeite gehad het om al die visse in die groot vishouers te bêre. Natuurlik was hulle baie verbaas daaroor, omdat hulle nog nooit so `n ryk vangs gehad het nie. Later het Kisjonah dit aan hulle verduidelik, Wie die wonderbaarlike oorsaak van hierdie ryk vangs was. En hulle het daarna almal in My Naam geglo, hoewel verskeie vissers My later as die seun van Josef, die timmerman herken het. [9] En so het die helfte van die winter met allerlei nuttige lesse en klein dade verstryk, wat vir niemand so belangrik is dat hulle hier spesiaal vermeld moet word omdat dit alles meer te make gehad het met die welsyn van die aardse burgerlike lewe. [10] So het daar ook `n paar dae later by die aankoms van Maria, die moeder van My liggaam, weinig gebeur wat geskik was om op te skryf, behalwe dat sy baie verheug was om My weer persoonlik te sien, en dat sy haar deur die studente baie laat vertel het oor wat Ek alles gedoen en onderrig het, wat sy alles diep in haar hart bewaar het en waarvolgens sy haar denke, wil en ook haar handel gerig het. Ook beide die oudste broers, respektiewelik seuns van Josef, het na Kis gekom vir `n bouopdrag, waarby Ek hulle self natuurlik met raad en daad bygestaan het. [11] En so het die Pasga naby gekom en baie het begin om voorbereidings te tref om na die feeste in Jerusalem te reis. [12] Kisjonah het My ook gevra of Ek self na Jerusalem sou gaan. [13] En EK het aan hom gesê: “Ek sal, soos wat afgespreek is, wel gaan, maar My hierdie keer nie by die fees en geensins in die tempel laat sien nie en gou weer na Galilea terugkom, waar Ek dan opnuut met My werk sal begin.” [14] Toe sê die Judese Grieke: “Maar as U, o Heer, U nogtans in die tempel sou laat sien en weer `n dergelike toespraak sou hou, dan sou daar miskien opnuut `n aantal tempeldienaars begin nadink en net soos ons in U glo?” [15] EK sê: “O, wees julle maar nie daaroor bekommerd nie, want Ek sal nog dikwels in die tempel onderrig

gee; maar van die aanwesige Fariseërs, oudstes en skrifgeleerdes wat tans daar is, sal niemand begin nadink nie en hulle daarna rig om ook salig te word nie, maar hulle sal almal maar net probeer om My te gryp en te dood! En daarvoor is dit nou nog nie My tyd nie; daarom weet Ek baie goed wat Ek moet doen.” [16] Hulle was almal tevrede met hierdie antwoord en daarom het hulle aan My in hierdie opsig geen vrae meer gestel nie. [17] Net een episode voor ons vertrek na Jerusalem kan hier nog vermeld word, en dit het betrekking op die terugkoms van Judas Iskáriot.

Judas Iskáriot in die huis van Kisjonah 35 Almal was alreeds van mening en bly dat hierdie student nie meer sou terugkom nie, omdat hy hom die halwe winter gladnie laat sien het nie, dit wil sê, nie by bekendes nie. Maar sien, opeens het hy ons juis tydens `n werklik opgeruimde middagete verras. Hy het ons almal baie vriendelik gegroet en Kisjonah het hom dadelik aan tafel genooi, wat die student ook dadelik baie dankbaar en vriendelik aangeneem het. [2] Kisjonah, `n man wat teenoor almal uiters vriendelik en opreg was, het dan ook aan ons student gevra wat hy gedurende hierdie tyd tuis gedoen het en hoe dit met hom en sy gesin gegaan het. [3] Daarop het die student lank en breedvoerig begin uitwei oor die wins wat hy in die kort tyd vir sy gesin gemaak het deur buitengewoon hard te werk in sy kuns; dat hy opdrag gekry het om vir `n aantal hoë here baie uitmuntende kombuis- en tafelserviesgoed te maak en dat hy daarvoor baie goed betaal is en so sy huishouding en sy familie, ten minste vir `n aantal jare, uitstekend versorg het. En hy het nog meer dergelike verhale wat aan die ongelooflike grens, vertel. [4] Toe was die geduld van die ander studente egter op, en selfs ons Petrus, wat andersins nie vinnig iets gesê het nie, het uiteindelik aan hom gesê: “Luister, as van dit alles ook maar die helfte waar is - wat ek baie betwyfel -, dan is jy nou byna immers in elk geval byna so welgesteld soos ons vriend Kisjonah hier, en dan begryp ek heeltemal nie waarom jy nou kon besluit het om weer na ons te kom en moontlikerwys selfs nog verder met ons saam te gaan nie! Sou dit dan vir jou nie baie verstandiger gewees het om ook nou tuis te bly en jou deur jou kunssinnige vlyt nog meer te verryk nie?” [5] Judas Iskáriot sê: “Dit begryp jy nie! Ek het weliswaar graag fluks gewerk toe ek een maal besig raak; maar ek kan nie ontken dat, ondanks alle vlyt, die herinnering aan alles wat ek gehoor en gesien het, my weer van die werk weggetrek en na julle gevoer het, om nog meer daarvan te hoor en te sien. Want so besonder geesteloos as wat julle, broers, my beskou, is ek nie! As ek so was, dan sou ek beslis nie by julle wou gewees het nie! Maar ek wou graag weer by julle gewees het, en natuurlik die meeste by ons Heer, en daarom moes ek gaan, soos deur `n onsigbare mag getrek, en nou is ek hier. Indien dit egter vir julle onaangenaam is dat ek hier is en ek op een of ander wyse in julle weg staan, dan hoef julle dit maar net te sê en veral die Heer, dan gaan ek weer na waar ek vandaan gekom het, en dan bly ons tog nog goeie vriende!” [6] Petrus sê: “O nee, dit sal ons nooit doen nie, en jy kan by ons bly soos wat jy was en soos wat jy wil; die enigste rede waarom ek jou vermaan, bestaan net daarin, dat jy sonder om enige rekening te hou met die alwetendheid van die Heer, wat Hy so dikwels aangetoon het, aan ons almal so vrypostig en onbeskaamd in ons gesig leuens kan vertel oor jou groot winste, terwyl jy van die Heer net so goed soos ons behoort te weet dat daar nooit `n onware woord oor ons lippe mag kom nie. As dit met sekerheid aan jou bekend is, waarom kom daar dan sulke leuens oor jou lippe, terwyl jy, net soos ons, deur die Heer uitverkies is tot apostel?” [7] Judas Iskáriot sê: “Hoe kan jy dan aan my bewys dat ek leuens vertel het?| [8] Petrus sê: “Baie maklik! Want in die eerste plek het die Heer deur Sy barmhartigheid my innerlike dermate verlig dat ek presies weet en kan weet of iemand `n leuen vertel of die waarheid praat; bowendien sal, wat ek juis nou gewaar word deur die barmhartigheid van die Heer, baie gou `n ander, nog duideliker bewys hier binnetree, waarvan almal wat jou nou aangehoor het, maar al te duidelik sal verneem in watter mate jy aan ons almal nou leuens vertel het, wat egter nie prysenswaardig van jou was nie! Ons ondervind weliswaar deur jou volkome ydele grootdoenerigheid nòg skade nòg voordeel, maar dink self eers of so-iets onder ons gepas is, en heel in die besonder in die teenwoordigheid van die Heer, van wie jy beweer dat jy, net soos ons almal, in Hom glo en op Hom hoop!” [9] Hier het ons student baie verleë geword en hy het nie geweet wat hy Petrus daarop moes antwoord nie, want hy het diep getref daardeur gevoel. [10] Dit het egter nie lank geduur nie, toe daar egter sommige mense na die huis van Kisjonah gekom het en om `n aalmoes gevra het, en Kisjonah het hulle soos wat hy gewoond was, laat binnekom. Toe hulle in die kamer gekom het, het dit vier reeds taamlik groot kinders blyk te wees wat in baie armoedige, stukkende klere gehul was. Toe Judas Iskáriot hulle in die oog gekry het, het hy sy gesig afgewend om nie deur die vier wat binnegekom het, herken te word nie; want dit was sy oudste vier kinders, `n meisie en

drie jong seuns. [11] Kisjonah het hulle egter opsy geroep, wie hulle was en waar hulle vandaan gekom het, wie hul vader was en hoe hy geheet het. [12] Die kinders het alles na waarheid geantwoord en het oor hul vader geen besondere goeie getuienis gegee nie. [13] Kisjonah het daarop opgemerk dat hy gehoor het dat hul vader die eerste helfte van die winter deur sy kunssinnige ywer juis soveel geld verdien het. [14] Maar die kinders het dit ontken en gesê: “Die vader het wel die een en ander klaargemaak vir `n mark, - maar toe hy op die mark gekom het, het daar `n groot geveg tussen Joodse en Griekse kooplui ontstaan, en by hul vader is alle potte en kanne aan stukke gebreek, en hulle het toe met alles en almal soos pure bedelaars weer na hul huise teruggegaan, waarop hul vader baie verdrietig geword het en van hulle weggegaan het met die woorde: “Kinders, ek kan nou niks meer vir julle doen nie! Gaan na barmhartige mense, wat julle nog wel sal help! Ek sal egter na die wonderbare Heer gaan waaroor ek alreeds soveel vertel het; miskien kan ek Hom oorhaal om minstens vir julle en julle arme moeder te help, indien ek nie meer gehelp kan word nie!” Toe het hy bedroef weggegaan en ons het ook weggegaan soos wat u ons nou sien, om `n aalmoes vir ons, vir ons moeder en vir ons jonger broers en susters te vra, maar tot op hede sonder goeie resultaat. Daarom smeek ons u om u oor ons te ontferm!” [15] Kisjonah sê: “Hoe lank is dit dan alreeds sedert julle vader julle verlaat het?” [16] Toe sê die kinders dat dit alreeds sowat agt dae gelede was dat hulle hul vader vir die laaste keer gesien het. [17] Hierop het Kisjonah die kinders in `n ander vertrek gebring, hulle ander klere laat gee en hulle laat bad, en het aan hulle te ete en te drinke gegee. Toe die vier so voorlopig versorg was, het hulle duidelik te kenne gegee dat hulle begaan was oor die leed van hul vader, wat meegebring het dat hul arme moeder tuis ook baie bedroef was, omdat niemand nou geweet het waarheen hy gegaan het nie. [18] Kisjonah het hulle getroos en gesê dat hulle hulle daaroor geen sorge hoef te maak nie, omdat ook hul vader voorlopig by hom goed versorg was en hulle hom gou sou sien. [19] Dit het die kinders baie bly gemaak en hulle het gerusgestel in hul vertrek gebly. [20] Kisjonah het weer teruggekom, na Judas Iskáriot gegaan en gesê: “Vriend, dit is ver van my om aan jou, `n uitverkore student van die Heer, vanweë jou grootpratery ook maar enige verwyte te gooi, - maar omdat jy my hopelik selfs goed ken soos elke arme uit die wye omtrek, vra ek my af waarom jy nie direk hierheen gekom het nie, en waarom jy my nie oor jou betreurenswaardige omstandighede vertel het nie? Sien, jou kinders is baie opregter as jy en baie besorg oor jou, maar toe hulle binnegekom het, het jy jou aangesig van hulle af weggedraai om nie deur hulle, wat bedroef na jou gesoek het, herken te word nie! Ek vind dit op die minste tog ietwat vreemd van jou! Wat sê jy nou self van dit alles?” [21] Judas Iskáriot sê met `n diepe sug: “Ag, vriend, ek wou deur my misplaasde grootpratery maar net my totaal gebroke hart verdoof! Maar dit het vir my slegte vrugte opgelewer; want die straf het my boosheid teen myself dadelik gevolg soos `n giftige adder op die hak, en nou staan ek hier ontmasker, vernietig voor elkeen. Kom, laat my na my kinders gaan om hulle te troos en dat ek my verdriet by hulle kan uithuil!” [22] Maar EK sê: “Nog nie nou nie! Eet en drink nou, en vertel in die vervolg nie meer leuens nie, andersins sal iets erger jou nog oorkom!” [23] Toe het Judas Iskáriot gebly en begin weer te eet en te drink, en almal het verder baie vriendelik met hom gepraat, en Kisjonah het hom beloof om vir sy behoeftige kinders te sorg, omdat hulle heel onskuldig was aan sy teenspoed, terwyl hy as vader wel in `n meerdere of mindere mate aan hul teenspoed skuldig was. [24] So is hierdie episode heel rustig en goed afgesluit, en is dit maar net hier vermeld om hierdie student weer te beskryf, en wat se gesindheid hy gehad het.

Vertrek uit Kis en aankoms by die herberg van Lasarus 36 Ook My liggaamlike moeder Maria het gou daarna aan Judas Iskáriot gesê: “As jy so voortgaan en jou hart en gemoed nie verander nie, sal jou einde `n verskrikking wees vir baie en tot aan die einde van die wêreld in die gedagtenis van die mense bly. Neem jou daarom voortaan goed in ag om te kan standhou in die oë van die Heer! Ek het nog nooit `n goeie droom oor jou gehad nie en sien nou ook waarom. Daarom sê ek nog `n keer: Sorg dat jy standhou in die oë van die Heer!” [2] Hierdie woorde het alle studente diep in hul harte bewaar. [3] Na die maaltyd het ons nog die huis van Maria en die besitting wat Kisjonah aan haar gegee het, besoek. Alles het uitstekend daar uitgesien. Ook was daar `n klein skooltjie gebou, waarin moeder Maria onderrig gegee het aan behoeftige kinders in allerlei nuttige dinge, en so die tyd op velerlei maniere nuttig

deurgebring het, wat meegebring het dat sy by alle mense van die plek en die omgewing baie geliefd was en geag is. Sy het ook talle siekes genees deur hulle in My Naam die hande op te lê of oor hulle te bid. En so was sy dan ook `n seën vir hierdie streek en vir Kisjonah was sy `n ware kleinood. [4] Op die volgende dag, `n Donderdag, nog ongeveer drie weke voor Pasga, het ons afskeid geneem van Kisjonah, met die belofte om hom gou weer te besoek. Hy het dadelik een van sy beste skepe in orde laat bring, wat ons spoedig na die ontbyt bestyg het en waarmee ons vervolgens met `n goeie wind weggevaar het. Kisjonah, Philopold en Maria het ons oor see begelei tot aan die oewer waar die Jordaan die See van Galilea verlaat en hom daarna links deur `n lang dal wat sterk na die ooste geboë is, na die Dooie See wend. Vandaar gaan mens dan oor `n goeie begaanbare weg op na Jerusalem. Van hierdie weg is tot vandag ewenwel niks meer te sien nie, net soos van alle ander plekke aan die Galilese see, wat in ons tyd ook alreeds ruim `n derde kleiner geword het. [5] Op die landingsplek het net `n tolhuis gestaan, waar mens `n geringe bedrag tolgeld moes betaal as mens koopware saamgebring of vervoer het. Ons het daar aan land gegaan, ons begeleiers geseën en gou ons weg voortgesit, sonder om êrens te rus, en het sodoende taamlik laat in die nag die huis van ons bekende herbergier bereik, wat nog op was, omdat daar `n paar gaste by hom was. [6] Toe ons daar aankom en die herbergier ons herken het, was hy vol vreugde en hy het dadelik elkeen in die huis aan die werk gestel om ons te versorg, want ons het sedert die oggend niks meer geëet nie. Ook ons ledemate was moeg van die ver voetreis en hulle het duidelik behoefte aan rus gehad. Terwyl die herbergier sy mense `n aandete vir ons laat voorberei het, het hy ons baie dinge vertel wat tydens My afwesigheid gebeur het, - onder ander ook dat die goeie Lasarus ernstig in konflik gekom het met die tempeldienaars vanweë die arbeiders wat Ek hom uit Bethlehem besorg het. [7] (Die herbergier:) “Die tempeldienaars het direk daarheen gegaan en alle moontlike moeite gedoen om die arbeiders van Lasarus aan hul kant te kry; maar die arbeiders het die tempeldienaars gedreig as hulle hulle nie met rus sou laat nie. Dit het die tempeldienaars agterdogtig gemaak en hulle het Lasarus daarvan beskuldig dat hy sy arbeiders heimlik teen hulle opgestook het, en hulle het daarom `n formele aanklag by die Romeinse goewerneur ingedien. Hy het Lasarus na hom laat roep en hom na die ware toedrag van sake gevra en daarna ook al die arbeiders ondervra. Die resultaat was dat Lasarus met sy arbeiders van alle skuld vrygespeek is en aan die tempeldienaars heimlik te verstaan gegee is om die dienaars van Lasarus, wat nou ereburgers van Rome was, met rus te laat, omdat die goewerneur andersins genoodsaak sou wees om Lasarus vir sy beskerming `n goeie aantal soldate ter beskikking te stel. Dit het `n uitwerking gehad en Lasarus was nou alreeds ses weke lank volkome deur die tempeldienaars met rus gelaat. Maar of hulle daarom innerlik baie met hom geneë was, betwyfel ek baie, hoewel hulle voor sy gesig baie vriendelik is en hom verseker dat hulle hierdie saak maar net teen sy arbeiders en nie teen hom voor die goewerneur gebring het, omdat hulle hul bedreig gevoel het. En so leef Lasarus in elk geval minstens oënskynlik op goeie voet met die tempeldienaars.” [8] EK sê: “Ek het goed geweet dat dit so sou gaan; maar dat dit ook nog anders kon gaan, as die saak nog `n paar weke langer sou geduur het. Want dan sou dit tussen die arbeiders en die tempeldienaars tot ernstige handtastelikhede gekom het, wat Ek voorsien het en daarom het Ek ook deur My wil dit geheel so gelei het soos wat dit gegaan het, en dit was goed. Die tempeldienaars het nou weliswaar `n heimlike wrok teen Lasarus, maar dit beteken niks nie, want hulle het ook `n wrok teen alle Romeine en Grieke en die Essene, Sadduseërs en Samaritane. Maar al hierdie wrokke van hulle lyk soos dié van `n dwase man wat byna woedend van toorn word by `n groot rivier, omdat hy geen brug vind waaroor hy die mooi oewerland aan die oorkant kan bereik nie. Die rivier het homself gebly ondanks die wrok en toorn van die dwase man. En waarlik, presies so is dit gesteld met die wrok en die toorn van die tempeldienaars! Dit is soos `n wurm wat in die stof wring en wriemel en teëstribbel in die stof teen die treë van verbygaande kamele. Daarom laat ons dit nou daar en jy, liewe vriend, kyk eers of ons nie alreeds spoedig na ons nagtelike maaltyd kan gaan nie !”

Die wyses uit Persië 37 Die herbergier het vinnig na die kombuis gegaan en alles was spoedig klaar. Daar is dadelik opgedien en ons het heel welgemoed geëet en gedrink. [2] Die ander gaste, wat as reisigers deels uit Galilea, Griekeland, Samaria en deels uit verskillende ander lande die nag hier deurgebring het, omdat die herbergier bekend gestaan het as `n baie redelike man met `n groot gastehuis, het egter verneem dat Ek, van wie hulle alreeds soveel gehoor het, My nou ook in hierdie herberg bevind het. Hulle het aan die dienaars van die herbergier gevra of hulle My mag besoek. Sodoende het daar `n dienaar na ons toe gekom, wat die versoek in die geheim aan die herbergier, wat oor allerlei dinge met ons gepraat het, meegedeel. [3] Die herbergier sê aan die dienaar: “Daarop kan ek geen ja of nee sê nie, want hierdie Heer is alleen Heer, en daar mag net gebeur wat Hy wil!”

[4] EK sê egter aan die herbergier: “Daar is by die reisigers ook vier magiërs uit Egipte, wat egter in Persië naby die grens met Indië gebore is. Drie van hulle is vooraanstaande magiërs en alreeds op hoë leeftyd, die vierde is net `n student. Hulle het wel ook nog `n groot gevolg, maar hulle is vir die grootste deel op `n ander plek geherberg; hier het hulle net die aantal persoonlike dienaars by hulle wat hulle nodig het. Wel, hierdie vier magiërs, wat nou `n aantal jare in Egipte aktief was, kan jy laat binnekom en dan sal ons hulle eers aan die tand voel om te sien watter soort gesindheid hulle het.” [5] Toe het die herbergier na die kamer gegaan waar die magiërs hulle hul bevind het en aan hulle gesê dat Ek dit aan hulle toegestaan het om na My te kom. [6] Daaroor was die magiërs baie verheug, omdat hulle selfs tot oor die grense van Kanaän al soveel oor My gehoor het. Hulle staan dadelik op en kom, begelei deur die herbergier, vinnig na My toe. Toe hierdie eerbiedwaardige grysaards binnegekom het, het hulle diep gebuig en baie hoflik gegroet, soos wat die gebruik by hulle was. Omdat hulle die Hebreeuse taal magtig was, kon hulle ook deur alle studente goed verstaan word. [7] EK sê dadelik aan hulle: “Die Een, wat u graag nader sou wou leer ken, is Ek; maar kom sit nou by ons, dan sal ons eers ietwat nader met mekaar kennis maak!” [8] Die magiërs het aan ons tafel plaasgeneem en EK vra aan hulle: “Vertel u My eers openlik wat u alreeds met u kunste en toordery verrig het, dan sal u ook van My hoor, wat Ek alles doen! Miskien kan ons almal dan mekaar wedersyds van diens wees!” [9] Toe het die magiërs gebuig en die een magiër sê: “Heer, dit is ons oudste en wysste, sy naam is Hahasvar (later Kaspar = hoeder van die sterre(*), hy sal vir ons spreek! Hy is alreeds drie maal dertig jaar oud. Ek self is eers tagtig en hierdie persoon langs my tel sewentig volle jare, en in die sterre staan geskryf dat elkeen van ons vanaf nou nog dertig jaar moet leef. My naam is Meilisechiori(*) (het insig of kennis om die tyd te meet) en die naam van my buurman is ou Li Tesar (besweerder of bedwinger van die wil). Die vierde van ons is nog jonk en het nog geen spesiale naam nie omdat hy nog `n student is. Die oudste van ons sal nou spreek!” *(Later respektiewelik Kaspar, Melchior en Balthasar.) [10] Toe het die oudste dus begin en gesê: “Ons drie was alreeds dertig jaar gelede hier gewees en het `n lang reis van die Verre Ooste hiernatoe onderneem, want ons is deur `n besondere ster daartoe opgeroep en in die taal van die sterre staan geskryf: “In die verre Weste is `n nuwe koning by die ontaarde volk van God gebore. Sy liggaamlike moeder is `n maagd wat nooit deur `n man aangeraak was nie; want die kind in haar skoot is verwek deur die groot krag van God, en Sy Naam sal groot wees onder alle volke van die aarde, en Hy sal `n Ryk vestig en daarin as almagtige Koning vir ewig heers. En met almal wat in Sy Ryk sal lewe, sal dit goed gaan; want oor hulle sal die dood geen mag meer hê nie!” [11] Toe ons dit gelees het, het ons onsself gereed gemaak, die loop van die ster gevolg en werklik te Bethlehem, en wel in `n ou skaapstal, baie wonderbaarlik `n pasgebore Kind gevind en ons het aan hom ons gawes geoffer. Ons wou, soos wat afgespreek was, weer via Jerusalem na ons eie land terugreis, maar was in `n droom gewaarsku deur `n liggees dat ons langs `n ander weg na ons huis moes gaan en die pasgebore Koning nie aan die bose vors moes verraai nie. Dit het ons toe ook gedoen. Wat daarna met die wonderbaarlike Kind gebeur het, kon ons, ondanks ons naspeuringe, op geen enkele wyse meer te wete kom nie. [12] Ons het van die ou mense gehoor dat die ou, wrede vors Herodus te Bethlehem vanweë die pasgebore Koning `n kindermoord gelas het, waarby alle jong seuns van l tot 2 jaar met die swaard omgebring is; maar die ouers het na bewering met hul Wonderkind nog net betyds na Egipte gevlug en so aan die wreedheid van die kranksinnige vors ontkom. Ons soek nou `n aantal jare in Egipte na dieselfde Kind en die Koning en kon nie die geringste ontdek nie. [13] Eers onlangs in Memphis in Egipte, het ons gehoor dat daar in Galilea `n groot wonderdoener optree, wat tekens en dade verrig, waarvan op hierdie aarde nog nooit gehoor is nie, en dat Hy daarby sulke wyse toesprake hou, dat alle groot wyshede van die aarde daarteenoor suiwer in die stof sou moes kruip. Baie sou daarom in Hom glo en aanneem dat Hy blykbaar God Self moet wees, omdat Sy doen en late andersins nie te verklaar is nie. [l4] Na aanleiding van hierdie berig het ons spesiaal weer hier na Kanaän of na die Judese land gekom, om hierdie buitengewone mens êrens te ontmoet, en wel om twee redes: Ten eerste, om ons self van alles persoonlik te oortuig, en ten tweede, om te ondersoek of hierdie man dalk voortgekom het as die Kind wat in Bethlehem gebore is. [15] Die beroemde wonderdoener is weliswaar nog geen koning nie, - maar dit maak heeltemal nie saak nie; want hoewel ons net wyses en sterrekundiges is vanweë ons kennis van die natuurkragte in die oë van die blinde mensdom, is ons ook baie buitengewone magiërs en is ons in die verre hooglande agter Persië ook konings met `n land en `n groot bevolking en ons het geen vyande te vrees nie, omdat elke naburige vors ons hoog ag en die grootste eerbied vir ons geheime mag het. En tog is ons mag net `n baie

natuurlike een, wat elke mens kan leer; hoeveel te meer kan die beroemde man van die Judese land dan Koning wees, wat alleenlik deur Sy wil berge en rotse kan vernietig, aan dooies die lewe kan teruggee en die elemente kan gebied! [16] Ons het alreeds vanoggend hier in hierdie streek aangekom en navraag gedoen oor hierdie man, en mense sê dat Hy onlangs hier was en dat Hy waarskynlik binnekort weer hierheen sou kom. En nou laat in die aand is dit in die huis van mond tot mond gesê dat die beroemde man saam met sy studente hier aangekom het. [17] Nou kan U, Heer, U wel voorstel wat `n hewige verlange daar in ons almal begin brand het om in U die man te sien oor wie ons sulke wonderbaarlike groot dinge gehoor het, en om U vervolgens ook met die grootste beskeidenheid te vra of U dalk tog uit die Wonderkind, wat in Bethlehem gebore was, voortgekom het.”

Die bekwaamheid en die dade van die drie wyses 38 EK sê: “Dit is alles baie mooi en prysenswaardig van u, maar mense vertel tog dat die drie wyses wat die Wonderkind, wat in Bethlehem gebore is, besoek het, later - alreeds ongeveer vyftien jaar gelede - gesterf het. Hoe kom dit dan dat u nog leef en nog orals in die wêreld aktief is?” [2] Daarop sê die oudste: “Edele vriend, by ons in ons land kan mens vyf maal, maar ook sewe maal sterf en daarna, opnuut tot lewe gebring word, en weer verder leef. Dit word daar deur die lug, die aarde en sy geeste, die wonderkruie en ons kragte wat ons uit die geheime kragte van die natuur put, teweeggebring. [3] Maar toe ons destyds in Bethlehem was, was daar nog drie geeste in ons, stammende uit die oertyd van die mense van hierdie aarde*; hulle is nou nie meer in ons en met ons verbonde nie, ons is nou vry en alleen. *(Sien: “Die geistige Sonne”' (“Die geestelike son”), deel 2, hfst.15, 17 en 18: Adam, Kain en Abraham. Ook in die boek, Die Jeug van Jesus)[4] Toe hierdie geeste ons verlaat het, het dit uiterlik sekerlik voorgekom asof ons gesterf het; maar ons geeste het ons weer lewend gemaak en ons leef nou weer baie goed verder vir ons self en sal nog `n geruime tyd verder leef. Maar as die liggaam eers heeltemal onbruikbaar sal word, sal ons nie soos wat die arm mense hier in die land, erbarmlik sterf nie, maar ons sal by ons volle bewussyn self vrywillig ons liggaam verlaat en dan as geeste voortleef en ook werk onder mense soos ons. Sien, edele, groot Heer, so staan die sake by ons omdat ons nog `n onbedorwe oer- en natuurvolk is.” [5] EK sê: “Dit weet Ek goed, en Ek weet ook dat daar op hierdie aarde nog `n paar sulke volke is, teen wie Ek beslis niks in te bring het nie, en Ek neem dan ook aan dat u die drie wyses uit die Verre Ooste is wat die pasgebore Wonderkind in Bethlehem in `n skaapstal besoek het, en nou weer teruggekom het om die Wonderkoning te besoek wat uit die Kind gegroei het om weer aan Hom u eerbied te betuig, wat onteenseglik baie prysenswaardig van u is. [6] Maar Ek vra u ook, wat u dan op u verre reise alles met kunste en werksaamhede verrig het, en wat se nut u dan daarvan het. Daaroor moet u My ook iets vertel, sodat hierdie studente van My minstens ook iets van u kan leer. Daarna sal Ek u ietwat meer oor Myself vertel.” [7] Die oudste sê: “Ja, groot Heer, as U alles doen wat ons oor U gehoor het, dan sal U studente bepaald nie so baie van ons leer nie; maar omdat U dit wens, kan ek wel die vernaamste aan U vertel. Die eerste en die eintlike hoofsaak vir ons is om baie dinge aan die mense vanuit die sterre te voorspel wat vir hulle nuttig is en dit gebeur dan meestal ook. Weliswaar kom dit daarby, eerlik gesê, meer op die kunsmatige posisie van die sterre aan, wat, behalwe die weinige planete, tog altyd onveranderd bly. [8] Net by die geboorte van die Judese Wonderkind, toe ons nog min of meer deur die bepaalde geeste bewoon is, het ons in die Weste wel baie merkwaardige posisies van die sterre gesien en ook `n ster van besondere grootte wat na die Weste toe `n lang roei gehad het, en omdat ons ook goed waargeneem het dat hierdie ster juis vinniger na die Weste toe beweeg het as die ander sterre, het ons toe gedink dat daar in die Weste iets groots moes gebeur het. En weldra het ons in die sterre gelees asof daar geskryf gestaan het: “By die Judeërs is `n nuwe Koning gebore, wat `n Ryk sal vestig wat nooit in ewigheid sal eindig nie, en Hy sal heers oor alle volke van die aarde!” [9] Wel, wat daar geskryf gestaan het, was heeltemal waar en ons het toe ons reis presies volgens die beweging van die ster onderneem wat ons skynbaar by die korrekte stad en op die regte plek te staan laat kom het, en daar het ons werklik `n geboorte gevind waarby alle moontlike wonderwerke gebeur het, sodat ons geen oomblik kon twyfel of ons wel op die regte plek was nie. Toe was ons uitleg van die sterre dus heeltemal waar; vir die korrektheid van die volgende en latere sou ons, eerlik gesê, nie volkome kon instaan nie. So is dit dus met ons sterrewysheid gesteld. [10] Ons magie bestaan egter uit drie dele. Die eerste en vernaamste deel is die resultaat van ons talle proewe, eksperimente en ervaringe, waardeur ons kennis kry van en vertroud word met die geheime kragte van die natuur, sodat ons in staat is om duisend en één dinge en sake ten uitvoer te bring wat die

blinde en onwetende mensdom natuurlik in stomme verbasing bring en ons `n groot aansien en ook `n groot inkomste besorg. [11] Op die oomblik is ons in besit van `n geheim om `n korrelsoort te produseer wat baie maklik ontvlambaar is, maar tydens hul vinnige ontvlamming in `n geslote ruimte so `n krag ontwikkel dat die sterkste en hardste rots met `n groot knal in duisend stukke uitmekaar breek daardeur as mens vooraf, deur `n opening wat hiervoor gemaak is, `n paar pond van die genoemde korrels inbring en deur `n onsigbare lont aansteek. Om die volk te mislei, maak ons wel asof ons die rots beveel om uitmekaar te breek; maar uiteraard word dit net veroorsaak deur ons springkorrels, wat ons alreeds sommige dae vantevore baie ongemerk op `n geskikte plek aangebring het. [12] En so het ons nog `n klomp van die soort dinge waarvan die eksperimente die onwetende volk in groot verbasing moet bring. Daartoe hoort ook ons vaardighede met vuur, waarmee ons ook die weerlig en alle uitwerkinge daarvan egter bedrieglik kan naboots. Daaruit bestaan dus die eerste deel van ons magie. [13] Die tweede deel is suiwer meganies, waarby ons deur bepaalde masjiene, wat tot op hede nog onbekend is, ook bepaalde effekte teweegbring, wat elke leek stomverbaas laat staan, omdat die oorsaak van die effek onbekend is en deur niemand behalwe ons verklaar kan word nie. [14] Die derde deel van ons magie is eintlik niksseggend, omdat dit net deur bepaalde geheime afsprake tot stand kom. By die volk veroorsaak dit egter byna die meeste opsien, hoewel daar niks anders agter steek as `n bepaalde aangeleerde vaardigheid en behendigheid nie. Dit is dus die drie dele waaruit ons magie bestaan. [15] Ten slotte is ons egter ook geneeshere en kan met die beste gewete ter wêreld baie siektes deur geheime middele genees, lastige ongediertes van allerlei aard verdelg, en alle soorte gevaarlike diere op die vlug jaag of tem, - en met hierdie bekwaamheid het ons aan die mense ook alreeds baie goeie dienste bewys. - En hiermee het U, groot Heer, nou `n kort oorsig van alles wat ons kan doen. Maar nou vra ons U ook, of U ons ietwat meer oor Uself wil vertel.”

Die goeie doel heilig nie die bose middele nie 39 EK sê: “U kuns is, vir sover dit hom by die eksperimente bedien van natuurkragte, meganika en geneesmiddels, in sigself baie goed, en mettertyd kan dit die mense menige aardse voordele bring. Maar omdat alle mense voor God gelyke waarde het, is alles wat aan die mense bedrieglik voorgestel word vir gewin, sleg en vir God, die enigste Heer van die hele wêreld en alle skepsele, nie welgevallig nie, wat Ek ook aan die Essene, wat iets dergeliks doen, by `n bepaalde geleentheid gesê en laat sien het. Want ook al sou die doel in sigself tog hoe goed wees, maar net deur `n leuenagtige en derhalwe as sodanig slegte middel bereik kan word, dan word die middel deur die wesenlike goeie doel nooit geheilig en ook nooit goed nie. [2] Byvoorbeeld: Gestel dat daar `n sieke was wat baie aan pyn ly, terwyl die beste artse geen middel meer kon bedink om hom van sy groot pyn te genees nie. Gestel dat daar dan een van die artse sou sê: “Noudat hierdie man tog nie meer te help is nie, gee ons aan hom `n sneldodende gif, dan is hy oombliklik uit sy lyding verlos!” So gesê, so gedoen, - en die lydende was oombliklik dood gewees. Ja, hierdie artse het die sieke werklik van al sy pyn bevry; maar hulle het hom gedood sonder om te dink waarom God hom die lyding gegee het, en hoe dit daarna in die hiernamaals met sy siel sou gaan. En daarom was die middel sleg, waarmee daar nooit `n suiwer en goeie doel bereik kan word nie. [3] En sien, so is dit met al sulke valse wonderwerke gesteld! Ook al gaan hulle selfs vergesel van goeie, morele lesse waarvan die mense baie nut het en ook al word hulle as goddelike dade uitgelê, tog bereik hulle uit die aard van die saak niks goeds nie; want hulle veroorsaak in die harte en gemoedere van die volk `n afgedwingde liggelowigheid, waaruit allerlei bose bygeloof en uiteindelik fanatieke haat ontstaan teen elke andersdenkende. En kom hulle uiteindelik deur iemand wat verstandig genoeg is, agter die bedrog, en merk hulle dat deur die vermeende goddelike wonderwerke te glo wat net baie alledaags en natuurlik was, dan verloën hulle ook alle lesse wat daarop gebaseer is, hoewel dit in sigself goed was, glo daarna totaal niks meer nie en word soos tiers en hiënas teenoor hul leraars en wonderdoeners. [4] Hieruit is dit egter eenvoudig om te sien, dat `n goeie doel eintlik nooit deur `n slegte middel bereik kan word nie; want as die ondersteuning sleg en swak is, hoe kan `n volkome stewige gebou dan daarop staan?! [5] Op slegte, los grond kan `n stewige kasteel nooit gebou word nie, en so kan met bedrieglike, misleidende middele ook nooit `n goeie opvoeding tot stand kom wat die mens deur en deur verbeter en lewend maak nie. [6] Ook die grootste state van hierdie wêreld, waarvoor die halwe aarde bewe, val uiteindelik soos los kaf uitmekaar omdat die fondament waarop hulle gebou was, self niks anders was as ydele, kafsoortige begogeling nie. [7] Daarom het Ek dus van Bo na hierdie wêreld neergedaal om die mense in alles die volle waarheid te

laat sien en te gee. En wie in hierdie waarheid sal bly en leef, sal waarlik vry wees en in homself die ewige lewe hê, wat nooit deur die een of ander misleidende middel nie, maar net deur die mees suiwere en mees opregte waarheid te bereik is. [8] En presies daarin bestaan die Ryk wat Ek nou aan die vestig is. Dit is `n Ryk van liefde, van lig en daardeur van die reinste en opregste waarheid. Sy Koning sal wel nooit `n aardse troon bestyg en geen goue septer in Sy hand neem en geen ander wapen dra as net die waarheid nie; maar hierdie wapen sal aan Hom tog vir ewig die skitterendste oorwinning gee oor alle volke van die aarde en oor al sy skepsele, en dit sal met hulle goed gaan wat hulle deur hierdie reinste hemelse wapen sal laat oorwin! [9] En nou eers sê Ek ook aan u, dat Ek die Een is wat u soek en aan Wie u reeds as pasgebore Kind eer bewys het. [10] Ek sê u nou ook, dat Ek nou en in die toekoms geen eer van die mense sal aanneem nie; maar daar is Een, wat Eén is met My en My eer, en Sy Naam is: Liefde, Lig, Waarheid en Lewe. Hy is die Oergrond van alle dinge en die ewige Syn en Bestaan self, en alles wat daar is en bestaan, is en bestaan uit Hom. - Weet u nou waaraan u toe is?”

Die invloed van die liggeeste 40 Heeltemal deurdring van die waarheid van My woorde, sê die oudste: “Groot Heer! Uit helder woorde van U het ons sonhelder begryp dat U meer as `n gewone mens moet wees; want ons het nog nooit `n mens so oortuigend waar hoor praat nie, en waarlik, hierdie woorde het meer uitwerking as duisend van die wonderbaarlikste tekens, wat weliswaar die mense `n tyd lank meevoer, maar hul hart nog meer verhard en verduister! Daarom vra ons ook heeltemal geen ander teken van U nie, want U woord is vir ons volkome voldoende, en ons weet nou goed wat ons in die vervolg moet doen en waaraan ons onsself sal moet hou. Ons volk tuis sal voortaan nie meer in die duister rondwandel nie!” [2] EK sê: “Daaraan sal u baie goed doen; maar al die goeie en ware het ook sy tyd nodig. Daarom moet u dan ook by u hele opregte handel en wandel u verstand gebruik. Want `n volk wat een keer verduister is, kan `n plotseling fel opgaande lig nie verdra sonder om die oë te beskadig nie; dan word hulle waansinnig en ligsku en soek hulle skadu en duisternis. Daarom moet die lig eers baie spaarsaam toegelaat word, sodat die mense geleidelik daaraan gewoond raak. Mettertyd sal hulle dan selfs heel behaaglik die sterkste lig voor hul oë kan verdra. - As u dus egte wysgere uit die Verre Ooste is, dan moet u ook hierdie wysheidsles goed in ag neem om `n ware seën vir u volke te kan wees.” [3] Die oudste sê: “Ook dit sal ons en ons studente goed in ag neem; want ons sien dat U in alles gelyk het en deur en deur waaragtig is. Maar nou sou ons ook nog van U wou hoor, hoe dit gesteld was met die geeste wat ons tydens U wonderbare geboorte gelei het, want ons het binne in ons baie goed waargeneem dat hulle nie ons was nie en ons nie hulle was nie. As hulle in ons geheers het, kon ons nie doen wat ons wou nie, maar net wat hulle wou, en dit het vir ons daarby voorgekom asof hulle ons beter ‘ek’ was. Want toe was ons ook baie wys en het eers só die inwendige natuurkragte en die gebruik daarvan leer ken; maar toe dit gelyk het asof hulle uit ons weggetrek het, was ons weer baie dom en kon ons gladnie begryp hoe ons die groot geheime van die natuurkragte leer ken het nie. Al ons verbeterde kennis is aan ons deur daardie geeste meegedeel, wat ons in helder drome ook te siene gekry het. Wel, wat kan volgens U wysheid daaragter skuil?” [4] EK sê: “Dit is by u niks besonders nie, want alle mense wat van natuur beter is, word deur geeste op `n soms meer of minder tasbare wyse onderrig in allerlei geestelike en natuurlike wetenskap, en by u was dit dus op `n meer tasbare wyse die geval. [5] En hoe natuurliker, eenvoudiger en in hulself gekeerd mense wat dan waar ook ter wêreld leef, soveel te meer en lewendiger staan hulle ook met die beter en goeie geeste van die hiernamaals in verbinding. En dit was dan ook by u en ook met u die geval. [6] Maar toe u daarna deur u talle reise wêreldwyser geword het, het die geeste wat u onderrig en gelei het, u ook verlaat en u aan u eie kennis, verstand, begrip en vrye wil oorgegee. Maar nogtans het hulle die verlange in u opgewek om My te gaan soek en nou ook te vind, en daarmee het die drie geeste baie goed vir u en u kinders en volke gesorg. [7] Die geeste was vroeër egter ook mense op hierdie aarde, en hulle was weliswaar van die grootste betekenis vir die hele huidige lewende mensdom; maar in die hiernamaals hou alle aardse verskille van 'eerste', 'groot' of 'klein' heeltemal op, en die laaste mens van die aarde sal nie minder wees as die eerste nie, op voorwaarde dat hy die wil van God erken het en volgens Sy voorskrif en orde gehandel het. [8] Die wil van God vir alle mense lui egter kortliks so: Jy moet God erken en Hom bo alles liefhê en jou naaste, dit is jou medemense, soos jouself. Wees waaragtig en getrou ten opsigte van almal, en wat jy redelikerwys wil dat mense vir jou sal doen, doen dit ook vir jou medemens, dan sal daar vrede en eenheid onder julle heers en God se welgevalle sal oor julle hoofde straal soos `n ware lewenslig!

[9] Laat dit vir u voldoende wees. Daaruit sal dan aan u alle ander, verdere wysheid gegee word. En begewe u nou ter ruste want dit is reeds middernag.” [10] Die wyses het hul dank uitgespreek en My versoek om die komende dag nog in My nabyheid te mag bly, wat Ek met graagte aan hulle toegestaan het. Daarop het ons almal gaan rus. [11] Toe ons die volgende dag ontwaak het, het daar alreeds `n goeie ontbyt gereed gestaan en ons wyses het ook alreeds met die grootste verlange van die wêreld gewag om My weer te sien en miskien ook te hoor praat; want My woorde het hulle baie ter harte geneem. [12] Terwyl Ek met al My studente aan die ontbyttafel gesit het en geëet en gedrink en met die herbergier die een en ander bespreek het, het die wyses alreeds by die deur geluister. Omdat hulle My egter net oor meer onbelangrike, aardse sake hoor praat het, het hulle onder mekaar gesê: “Sien, vandag praat Hy nie so wys soos vannag nie! Sy kennis moet baie veelsydig wees! Maar nou straal daar nie baie Goddelike wysheid van Hom af nie!” [13] Toe hulle so aan die wik en weeg was, het daar plotseling `n ernstige sieke die voorvertrek binnegekom; dit was `n buurman van die herbergier, wat van sy personeel gehoor het dat Ek by die herberg aangekom het en nou verblyf gehad het. Toe hy My deur die deuropening in die oog gekry het, het hy geroep: “O Jesus van Nasaret, o ware Heiland, ontferm U oor my en genees my ook, want u het alreeds soveel genees!” [14] EK het na hom toe gegaan en sê: “Hoe lank het jy al las van jig?” [15] En hy sê: “Heer, alreeds sewe jaar! Toe die pyne nog nie so hewig was nie, het ek dit egter geduldig verdra; maar nou word hulle ondraaglik en daarom het ek my na U toe laat lei.” [16] EK sê aan die wyses: “Wel, u is ook geneeshere! Wil u nie hierdie man help met u geneeskunste nie?” [17] Die oudste sê: “Heer, hierdie soort siekes beskou ons as ongeneeslik en daarvoor help ook geen geneesmiddel meer nie! As so `n jiglyer nie meer deur die son genees kan word nie, help niks ter wêreld hom nie.” [18] EK sê: “Nou, dan wil Ek eers sien of hy nie meer te genees is nie!” [19] Daarop sê EK aan die sieke: “Wees genees en gaan; maar sondig voortaan nie meer nie, sodat iets nog erger jou dan nie oorkom nie!” [20] Toe het die sieke baie plotseling volkome reg en gesond geword, hy het My gedank en vol vreugde die huis verlaat. [21] Toe het die wyses geskrik en hulle wou My letterlik begin aanbid. Ek het hulle dit egter verbied en Ek en die studente het daarop dadelik na Bethanië na Lasarus gegaan, en die wyses het ook nog dieselfde dag op pad na hul ver land teruggegaan.

Aan die See van Galilea. Evangelie van Johannes.

Die spysiging van die vyfduisend. (Evangelie van Johannes 6: 1-15) 41 Dit hoef nouliks vermeld te word dat Lasarus hom baie verheug het oor My koms. Maar binne skaars drie dae het die arbeiders daarvoor gesorg dat mense tot ver in die omtrek geweet het dat Ek daar was, en elke dag het daar meer mense toegestroom gekom en hulle het allerlei siekes gebring, wat almal genees is. Dit het in die hele omgewing van Jerusalem egter groot opsien veroorsaak en dit het ook die Fariseërs ter ore gekom, wat dadelik daarop begin te beraadslaag het, hoe hulle My kon vang en uit die wêreld kon ruim. [2] Maar EK het daarvan geweet en het op die tiende dag van My verblyf in Bethanië aan Lasarus en die studente gesê: “Ons gaan hiervandaan weer na Galilea; want die Fariseërs span teen My saam met `n bose plan. Ek wil nou egter geen verdere opsien veroorsaak nie, sodat dit ook by jou huis gedurende die feesdae rustig sal wees. Ek sal daarom nog vandag hier weggaan.” [3] Toe het Lasarus baie bedroef gesê: “Heer, U is tog almagtig en U kan die bose gebroedsels met één gedagte vernietig, en dit sou vir alle beter Judeërs `n groot weldaad wees.” [4] EK sê: “Dit sou Ek wel kon doen, maar dit is nie die wil van die Vader nie; hulle moet handel totdat hul maat vol word. Dan eers sal die groot oordeel oor hulle kom; want hulle sal deur hul heerssug, wat alle perke te buite gaan, self die swaard in hul lyf stamp. In hul hoogmoed sal hulle teen die Romeine in opstand kom en dié sal hulle volkome vernietig. Ek sê vir jou: Daar sal geen klip op die ander bly nie en die nakomelinge sal die plek nie meer vind waar Jerusalem gestaan het nie, en al sou hulle iets vind, dan sal hulle hulle tog nie daarvolgens kan rig en geen plek met sekerheid kan bepaal nie. Dit sal die wêreld doen terwille van die wêreld. Maar nou is dit nog nie die tyd nie, en Ek het nie gekom om iets te vernietig nie, maar net om die gebrokenes op te rig en die verlorenes te soek en te vind. En daarom is dit nou beter dat Ek vir `n tydjie hier weggaan, sodat Ek en jy rus het; want hulle sal My binnekort hier soek, maar nie vind

nie, - en dit sal goed wees.” (Matthéüs24:02)[5] Daarop het ons die ontbyt genuttig en het op ons pad gegaan. Lasarus het ons egter tot in die nabyheid van die Galilese See begelei, en `n groot aantal mense het agter ons aangetrek. Maar by die See, waar ons eers taamlik laat teen die aand aangekom het, het Ek gestop en gedurende die nag het ons daar in `n herberg gebly. Die dag daarop het Lasarus afskeid geneem en met sy mense huiswaarts gekeer[6] Ek het egter met die studente, waarvan die aantal nou alreeds opnuut meer as sewentig beloop het, op `n groot skip geklim en Ek het met hulle naby aan die stad Tiberias oor die See gevaar. (Johannes 6:1) Toe die volk egter sien dat Ek weggevaar het, het hulle dadelik ook `n aantal skepe gehuur en My so onophoudelik gevolg, omdat hulle die tekens gesien het, wat Ek aan die talle siekes gedoen het. (Johannes 6:2) Ons het, tesame met die talle skepe wat ons begelei het, ongeveer `n uur van die stad Tiberias verwyder, op `n totaal onbewoonde plek geland waaragter daar `n hoë berg hom verhef het. (Johannes 6:3-14)[7] EK sê egter aan die studente: “Laat ons die berg opgaan! Halfpad wil Ek uitrus sonder om deur die mense wat uit die stad in hierdie rigting kom, opgemerk te word; want die mense van hierdie stad het geen goeie bedoelings nie en nog minder geloof; want dit is `n volk van handelaars wat maar net aan geld en wins dink.” [8] Dadelik het ons die berg opgegaan tot by die aangegewe plek, wat baie lieflik was en waar baie gras gegroei het, wat ons vir ons rus baie goed te pas gekom het. Daar het Ek met die studente gaan sit (Johannes 6:3). Maar die talle mense wat ons gevolg het, het agter ons aangekom met hul broodmandjies wat hulle saamgeneem het en het om ons heen gaan sit. [8] Want dit was nou naby die Pasga, die vernaamste fees van die Judeërs (Johannes 6:4), en dan was die gewoonte om `n vars ongesuurde brood in die mandjies saam te neem, en ook gebraaide visse, net soos eiers en lamsvleis. (Johannes 6:4) [9] Ek het ongeveer vyf dae hier gebly en ons het almal vier dae lank genoeg te eet en te drink gehad, want by ons rusplek het hom ook `n goeie, vars waterbron bevind. Maar toe die voorraad op die vyfde dag opgebruik was, het Petrus My daarop attent gemaak dat daar byna elke dag meer volk bygekom het, en dat die mense niks meer te ete gehad het nie. (Johannes 6:5) [10] Toe het Ek My oë opgeslaan en die groot volksmenigte gesien en dat daar baie mense na My toe gekom het. En EK het aan Philippus gesê, wat gewoonlik ons rekeninge betaal het en as Griek wat `n Judeër geword het en dikwels nog swak in sy geloof was: “Ja, waar koop ons nou soveel brood dat hulle almal iets te ete kry?” (Johannes 6:5) Dit het Ek egter maar net gesê om die student, wat nog swak in die geloof was, `n bietjie op die proef te stel, want Ek het tog in elk geval geweet wat Ek wou doen. (Johannes 6:6) [11] En ons student (Philippus) het egter regop gaan sit en My geantwoord: “Al ons kontantgeld bestaan nou uit tweehonderd pennings, en vir hierdie geld kry mens nie genoeg brood om aan elkeen iets te gee nie.” (Johannes 6:7) [12] Toe sê `n ander een, wat ook nie die sterkste geloofsheld was nie, hoewel hy `n broer van Sirnon Petrus was (Johannes 6:8): “Heer, hier is wel `n jong seun wat nog vyf garsbrode en twee visse in sy mandjie het; maar wat is dit vir soveel mense?” (Johannes 6:9) [13] EK sê: “Bring die jong seun na My toe en sorg daarvoor dat die volk ordelik gaan sit!” (Johannes 6:10) [14] Omdat daar op hierdie plek baie gras was, het die ongeveer vyfduisend mans, vroue en kinders nie ingereken nie, ook alreeds gou gaan sit. (Johannes 6:10) Ek het die brode geneem, die Vader gedank en dit geseën. Daarna het Ek die brode en die visse aan hulle gegee om uit te deel aan almal wat gaan sit het, en Ek het aan alle studente gesê dat hulle van die brode asook van die visse aan elkeen soveel moes gee as wat hulle wou gehad het om versadig te word. (Johannes 6:11) Almal het geëet en is versadig. (Johannes 6;11) [15] Omdat hulle nie alles kon opeet nie, het EK weer aan die studente gesê: “Versamel die oorgeblewe stukke, sodat niks daarvan bederf en vergaan nie!” (Johannes 6:12) [16] Die studente het die grootste mandjies geneem en die oorgeblewe brokke versamel wat almal oorgelaat het, wat gevoed is, en hulle het daarmee - let wel - van die vyf klein garsbrode, twaalf groot mandjies tot die rand gevul. (Johannes 6:13) [17] Toe het die studente gesê: “Waarlik, hierdie volkspysiging oortref die twee van vroeër! Maar wat doen ons nou met die twaalf gevulde mandjies?” [18] EK sê: “Dit kom die volk toe; hulle sal wel weet wat om daarmee te doen. Ons het dit nie nodig nie, omdat ons ten eerste nou ook versadig is en ten tweede vandag in elk geval na Kapernaum sal gaan.” [19] Daarop het die studente die vol mandjies aan die volk gegee, en elkeen het `n deel daarvan geneem en niemand kon kla dat hy ook maar iets te kort gekom het nie. [20] Toe die mense nou die teken sien wat Ek gedoen het, het hulle gesê: “Waarlik, dit is die profeet wat in

die wêreld moes kom! Hoe is dit dus daarmee gesteld? As hy magtiger is as enige mag ter wêreld en wyser is as Salomo, word dit hoog tyd dat ons hom met geweld ons koning maak!” (Johannes 6:14)[21] Omdat Ek egter wel gemerk het dat hulle vas van plan was om My met geweld koning te maak, het EK saggies aan Johannes gesê: “Jy hoor wat die volk van plan is; daarom sal Ek nou gou en ongemerk hoër op hierdie berg verdwyn. (Johannes 6:15) Julle bly egter hier totdat dit aand word. As die volk hulle versprei, dan sal Ek weer na julle toe kom; versprei hulle hulleself egter nie, dan gaan julle na benede na die See. Daar sal `n goeie skip op julle wag; vaar daarmee na Kapernaum, waar Ek julle dan wel sal inhaal!” (Johannes 6:15; Johannes 18:36)

Die studente vaar oor die See na Kapernaum. Die geestelike betekenis van die vermeerdering van die brode en visse (Evangelie van Johannes 6: 16-21) 42 Johannes het goed daarvan kennis geneem; maar omdat hy hom die meeste besig gehou het met geestelike ooreenkomste en orals oorsaak, gevolg en doel wou sien, het hy My nog na die rede van hierdie teken gevra. [2] En EK sê aan hom: “Jy moet veral die geheim van die Ryk van God ten volle begryp, luister dus vinnig: Hierdie mense is die wêreld wat al sy geestelike voedselvoorraad opgebruik het. Net één eenvoudige jong seun het nog `n suiwer, onbedorwe hart en ietwat kinderlike geloof gehad; daarom het hy ook `n voorraad van vyf garsbrode en twee visse gehad. [3] Die vyf garsbrode beteken, dat sy vyf sintuie nog suiwer en onbedorwe is en dus ook sy hart en siel, wat ook dadelik te sien was aan die groot vreugde waarmee hy in My wens ingewillig het. Die twee visse staan vir die goeie van die liefde en die waarheid van die geloof, of vir die lewenswarmte van die liefdeslewe, of vir `n vuur en `n lig van lewenswysheid, toon sy kinderlike geloof, sy vertroue en sy liefde. Terselfdertyd stel die feit dat hy hier as eenling is en sy geringe persoonlikheid ook aan hoe swak en hoe gering die goeie en ware uit die hemele nou in die wêreld by die wêreldse mense verteenwoordig is. [4] Bowendien dui die vyf brode op My leer vir die mense. Dit skyn veels te min te wees vir alle mense van die aarde; maar dit sal hom vermenigvuldig soos hierdie brode en dan sal daaruit selfs vir die grootste wysgere, wat in die gees deur My onderrig en versadig sal word, tog vir die hele ewigheid steeds nuwe en dieper wyshede te ontdek wees en nog eindeloos baie kennis te leer wees. Want die twaalf mandjies stem ooreen met die twaalf stamme van Israel, wat weer vir die geheel van die Goddelike volmaaktheid in alles staan, wat nooit geëwenaar kan word nie. [5] Daarmee, My liewe Johannes, kom hierdie teken ooreen, en die gedagte van hierdie mense om My `n wêreldse koning te maak, is afkomstig van hul duistere verdorwe wêreldse aard, omdat hulle `n magtige en gevreesde wêreldse volk wil wees en al hul vermeende vyande wil neerslaan, wat regstreeks sou ingaan teen die strekking van My leer. En daarom sal Ek nou ook gou weggaan. Doen julle egter wat Ek aan julle gesê het!” [6] Toe het Ek My agter die studente in `n struikgewas verskuil en het gou daardeur tot bo-op die berg deurgedring; want vir My open daar `n gebaande weg, - net vir My en nie vir hulle wat agter My wou aangaan nie. Daarop het die volk hulle na die studente gewend en wou hulle behoorlik tot verantwoording roep omdat hulle My laat weggaan het. [7] Maar Johannes het na vore gestap en gesê: “Julle is tog baie meer mense as ons! Waarom kon julle Hom dan nie teëhou nie? Beveel die storm en die weerlig om op te hou! Gebied die golwe van die see, wanneer hulle woedend dreig om julle te oorweldig! En ek wat net `n student is, kan aan julle sê: Makliker en met meer sukses sou julle die woedende elemente tot rus kon bring as om die wil van hierdie Elohimmens te buig! Luister dus en koester nie sulke dwase planne nie! Hoe kan julle Hom dan `n ydele wêreldse koning oor die Judeërs wil maak, wie se Gees ewig Heer is oor alles in die hemel en op aarde! Dit het julle immers tog duidelik kon aflei uit die talle tekens wat Hy julle laat sien het. Hy hoef maar net te wil, en dit is daar en daar gebeur wat Hy wil. Maar Sy alsiendheid en Sy wil reik nie net tot hier nie, maar ook eindeloos baie verder; wees daarom nie dwaas nie, en gaan rus sodat iets onaangenaams julle nie sal oorkom nie!” [8] Na hierdie woorde van Johannes het baie mense gaan rus; maar enkeles het gemor en wou My tot elke prys op die berg gaan soek. Maar hulle het alreeds gou teen sulke onoorkomlike hindernisse gestuit, wat onmoontlik oorwin kon word, dat hulle weldra heeltemal uitgeput van hul vergeefse moeite teruggekom het en maar nie kon begryp hoe Ek langs die verskriklikste rotswande na bo geklim het nie. Na benede sou Ek egter nêrens kon ontkom het nie, omdat die moontlike weë na benede vanaf hierdie rusplek almal deur hulle beset was en hulle My êrens sou moes gesien het. Kortom, hulle het gesien dat hulle niks kon uitrig nie, en begin toe te beraadslaag of daar iets daaraan te doen was. Sommiges het aan die studente gevra wat hulle nou sonder die Heer gaan doen, en of Hy weer sou terugkom.

[9] Die studente sê: “Wat kan ons nou anders doen as om terug te gaan na ons woonplek by Kapernaum! Daar sal Hy wel weer na ons kom, hoe en wanneer Hy wil.” (Johannes 6:16-22) Jesus wandel vir die tweede keer op die water(Opmerking deur die uitgewer: In Matthéüs 14:22-33 en Mk. 6:45-52, word `n byna identiese episode van die eerste keer toe JaHWêshua op die water geloop het, berig, wat geskilder word in die nuwe openbaringe van Jesus in Boek 2. Hfs 100-102.) [10] Daarna het die ergstes van hulle begin weggaan; maar baie het nog gewag en wou eers sien wat die studente sou doen. Toe dit egter aand begin word het, het die studente opgestaan en gou na benede na die see gegaan (Johannes 6:16), waar `n groot skip alreeds op hulle gewag het - soos wat Ek tevore aan hulle gesê het - wat hulle vinnig kon bestyg en nog vroeër kon wegvaar as wat die talle mense vanaf die berg by die see kon kom; want die weg na benede was taamlik moeilik en kon deur ongeoefende bergbeklimmers net met baie moeite en versigtigheid afgelê word. Vandaar het hulle vervolgens na die stad Tiberias gegaan en baie het daar ook skepe na Kapernaum gehuur. Sommiges het dadelik weggevaar, ander het gewag of Ek nie dalk van die berg sou kom en dan met hulle na Kapernaum sou vaar nie. Omdat Ek egter nêrens te voorskyn gekom het nie, het hulle eers die oggend weggevaar. (Johannes 6:16) [11] Die studente het met `n goeie wind vinnig oor die see in die rigting van Kapernaum gevaar. (Johannes 6:17) Die studente het gemeen dat Ek hulle met `n ander skip agterna sou vaar en maklik sou inhaal, want die afstand wat afgelê moes word, was egter taamlik groot, en daarom was dit alreeds heeltemal donker toe hulle nog `n redelik groot afstand na Kapernaürn moes seil en roei, omdat hulle `n tyd lank met `n teenwind te kampe gekry het. Hulle het steeds rondgekyk of en uit watter rigting Ek uiteindelik na hulle toe sou kom; maar Ek was nog nêrens te sien of waar te neem nie en Ek het dus ondanks hul groot verlange nog nie na hulle gekom nie. Toe het hulle treurig geword en aan mekaar gesê dat Ek beslis eers môre na hulle toe sou kom. [12] Terwyl hulle dit gedink het, het daar plotseling `n harde wind opgesteek en die see het begin om hoë golwe te laat ontstaan. (Johannes 6:18) [13] Toe het die skeepsbemanning gesê: “Trek die seile vinnig na binne, en laat elkeen met alle mag roei, want as ons nie gou in die hawe kom nie, gaan daar probleme kom!” [14] Elkeen het na die roeispane gegryp en toe hulle so `n kilometer of drie geroei het, het hulle My op die hewig golwende see na hul skip toe sien aankom; maar ofskoon hulle dit alreeds in `n ooreenkomstige situasie van My meegemaak het, het hulle nogtans baie bang geword. (Johannes 6:19) [15] Omdat Ek dit goed gesien het, het EK met hulle almal gepraat en gesê: “Waarom is julle dan bang? Sien julle nie dat dit Ek is nie?” (Johannes 6:20) [16] Toe wou die studente My in die skip saamneem, omdat hulle gesien het dat dit nog ver na die land was; maar op dieselfde oomblik dat hulle dit wou doen, het die skip ook alreeds aan die land vasgemeer! (Johannes 6:21) [17] Dit het egter baie opsien by die nuwe studente veroorsaak, omdat hulle so-iets nog nie beleef en ook nog nooit gesien het nie. Ook die skippers het heeltemal buite hulleself geraak en nog steeds geglo dat Ek êrens gesterf het en nou as gees sigbaar rondwandel, miskien verwens deur die een of ander towenaar, of dat Ek Self `n towenaar was, wat die watergeeste beveel het om My oor die see te dra. Want die skippers was Grieke, en derhalwe ook heidene, en hulle kon natuurlik nie anders oordeel nie, omdat hulle van die ware, geestelike Judese geloof net weinig of niks geweet het nie, waarom hulle dan ook tot later in hul mening gelaat is. [18] Ons het nou gou na `n herberg gegaan, wat aan ons welbekend was, waar Ek alreeds `n jiglyer genees het toe hy met bed en al deur `n opening in die dak voor My neergelaat is. Daar is ons goed ontvang en ook dadelik goed onthaal.

Die brood van die lewe. (Evangelie van Johannes 6: 22-35)43 Maar die volgende dag, toe ons na die ontbyt na buite gaan om te sien wat daar te doen was, het ons aan die oewer `n groot aantal mense aangetref wat ons die nag nog vanaf Tiberias met baie moeite nagevaar het. Dit was egter dieselfde mense wat die aand tevore aan die oorkant van die see aan die oewer gestaan het en duidelik gesien het dat die studente sonder My oor die see weggevaar het. En hierdie mense het nou ook gesien dat daar behalwe hul eie skepe, wat hulle goed geken het, geen ander skip was as die een waarin hulle die studente sonder My gesien wegvaar het nie, en hulle het geweet dat Ek beslis nie vir die afvaart aan boord gegaan het nie, maar dat net My studente weggevaar het. (Johannes 6:22) [2] Terwyl ons so langs die oewer gewandel het, het daar nog mense in ander skepe aangekom, wat eers die oggend vroeg van Tiberias weggevaar het. Hulle het egter eers nog na die vorige plek gevaar, uitgestap en nog die plek besoek waar hulle deur My danksegging die brood geëet het, om hulle daarvan

te oortuig of Ek dalk tog nog daar was. (Johannes 6:23) Omdat hulle egter nòg vir My nòg die studente daar gevind het, het hulle gou teruggegaan na die skepe wat op hulle gewag het en met gunstige wind na Kapernaum gevaar; want hulle het geweet dat die studente na Kapernaum gevaar het. Toe hulle teen die middag in Kapernaum aangekom het, het hulle dadelik die studente gesoek en veral vir My, om te kyk of Ek wel daar sou wees. (Johannes 6:24) [3] En toe hulle My na `n lang gesoek gevind het, en wel in `n skool in Kapernaum waaroor later nog iets gesê sal word, en nou duidelik gesien het dat Ek van Tiberias na Kapernaum ook kennelik oor die see moes gekom het, omdat Ek via die ver omweg oor land oor al die berge en klowe seker `n paar dae nodig sou gehad het, het hulle aan My gevra: “O Heer, hoe het U dan die see oorgesteek?” (Johannes 6:25) [4] Ek het egter vinnig aan die studente `n wenk gegee dat hulle dit aan niemand moes sê nie, omdat Ek My voorgeneem het om aan hierdie koningshelde `n les te gee, wat baie geskik sou wees om die kaf van die suiwer koring te skei. [5] EK sê daarom aan die vraende mense: “Waarlik, waarlik, Ek sê vir julle: Julle soek My nie omdat julle die talle tekens wat Ek gedoen het, gesien het nie, maar net omdat julle as hongeriges op die berg die brood geëet het en daardeur versadig is. Daarom het julle My ook as dank `n groot profeet genoem en wou julle My uiteindelik selfs julle koning maak, omdat julle by julleself gedink het: “Sien, Hy het mag genoeg oor ons vyande, wat ons altyd maar laat werk, en daarbenewens kan Hy aan ons steeds op hierdie manier brood verskaf, dan sal ons nie meer nodig hê om te werk nie!” (Johannes 6:26)[6] Ek sê egter vir julle: Die spys bevorder nie die geestelike lewe van die siel nie, maar net die verganklike lewe van die vleeslike liggaam. Ek, wat nou ook die Menseseun is, wil en sal aan julle egter `n ander spys toon en gee wat sal bly en vir ewig in die siel werk. Want daartoe het die Vader in die hemel My verseël en bestem. (Johannes 6:27) En die spys bestaan daarin dat julle waarlik God se wil doen en daardeur ook God se werke verrig.” (Johannes 6:27) [7] Toe vra die vraers aan My: “Sê dan aan ons wat ons moet doen om volgens U woord, God se werke te doen! Ons is net mense en geen profete nie en kan maar net volgens die wet van Moses leef.” (Johannes 6:28) [8] EK sê: “Ja, as julle jul aan die wet van Moses sou hou, dan sou julle My alreeds lankal herken het! Maar julle hou julle uit angs vir wêreldse strawwe, met heimlike woede aan die wêreldse voorskrifte en herken My daarom nie, hoewel Ek sulke tekens voor julle oë gedoen het wat nog nooit deur `n mens voor My gedoen is nie. [9] Maar Ek sal julle nou sê wat God se werk van nou af is. Van nou af aan kan julle God se werk doen deur te glo dat Ek die Een is wat God deur die profete beloof het en wat Hy nou na julle in hierdie wêreld gestuur het!” (Johannes 6:29) [10a] Daarna het hulle almal baie verbluf opgekyk en gesê: “Watter tekens doen U dan verder nog, wat groter is as dit wat ons gesien het? Vertel dit eers en wys dit aan ons, sodat ons dit ook kan sien en dan kan glo wat U van Uself sê! Dus, watter ander tekens doen U nog? Tot nou toe weet ons maar net dat U allerlei siekes genees het en dat U ons waarlik op wonderbaarlike wyse versadig het met die talle brood wat op die berg uit die paar brode ontstaan het. Maar, sulke en soms selfs groter tekens het ook ander profete, sedert Moses, gedoen. (Johannes 6:30) [10b] Het ons vaders geen manna geëet in die woestyn nie, soos wat geskryf staan? “Hy gee hulle brood uit die hemel te ete.” (Johannes 6:31)[11a] Daarop het EK aan hulle gesê: “Waarlik, waarlik! Moses het aan julle geen brood uit die egte hemel gegee nie, maar net uit die lug van die sigbare, aardse hemel. Alleenlik My Vader in die egte, geestelike hemel gee aan julle nou deur My die ware brood uit die hemel! (Johannes 6:32)[11b] Want dit is die ware brood uit die hemel in My, wat aan die wêreld die lewe gee! (Johannes 6:33) [12] Hulle het egter nie begryp dat Ek met die ware brood wat aan die siel die ewige lewe gee, My woord en My leer, wat uit die ewige, lewendigste liefde en wysheid van God voortkom en daardeur self lewe en wysheid is en aan die siel die ware lewe gee, bedoel het nie. [13] Omdat hulle maar net daaronder die brood verstaan het wat hulle op die berg geëet het, het hulle dan ook gesê: “Heer en Leraar, gee aan ons dan altyd sulke brood om te eet, meer verlang ons nie.” (Johannes 6:34) [14] Daarop sê EK: “Wat praat julle, en wat wil julle hê? Het julle dan nie verstaan wat Ek gesê het nie? Ek Self is die ware brood van die lewe! Wie na My toe kom, sal geen honger hê nie, en wie in My glo sal nooit meer dors hê nie!” (Johannes 6:35) [15] Toe het hulle gesê: “Heer, ons is nou tog by U! En hoewel ons glo dat U `n groot profeet is, miskien groter as Moses, van wie mens nie eers met groot sekerheid kan sê dat hy werklik ooit bestaan het nie, kry ons nou, omdat ons sedert vanmôre niks geëet het nie, tog honger en ook dors. Moses het ons nooit gesien nie, U het ons gesien en ons sien U nog, en daarom is U vir ons ook duidelik belangriker as Moses

en alle ou profete. Maar nogtans is ons nou alreeds werklik honger en dors. Op watter manier moet ons dan U woorde uitlê?” [16] Toe het EK saggies aan Johannes gesê: “Begryp jy nou, wat Ek gister heimlik aan jou op die berg gesê het; was dit nie waar nie?! Hierdie mense staan nog heeltemal op die vlak van die diere, en Ek gebruik sulke bedekte taal sodat hulle die spoor heeltemal moet byster raak sodat hulle daarna van My af sal weggaan; want hul tyd is nog lank nie daar nie.”

Die doel van die Heer se menswording op aarde volgens die wil van JaHWeH. Die vlees en bloed van die Heer. (Evangelie van Johannes 6: 36-58) 44 Daarna het EK My weer na die mense gewend en sê: “Maar wat praat julle?! Het Ek dan ooit gesê, dat julle My nie gesien het nie?! Ek Self weet, en Ek sê nou en het ook vroeër aan julle gesê, dat julle My en My tekens gesien het, en nogtans glo julle nie (Johannes 6:36) dat alles wat My Vader in die hemel aan My gee, na My kom, en dat Ek hulle wat na My kom, beslis nie sal verstoot nie. (Johannes 6:36-37; Matthéüs 11:28) [2] Onthou dan wat Ek aan julle sê: Ek is nie soos julle van hierdie wêreld nie, maar Ek het uit die hemel neergedaal, - maar nie om net soos julle My eie wil te doen nie, maar net om die wil te doen van Die EEN wat My hierheen in hierdie wêreld gestuur het.” (Johannes 6:38) [3] Toe vra hulle: “Wat is dan wel die wil van Die EEN wat U uit die hemel na ons in hierdie wêreld gestuur het?”[4] EK sê: “Vir dowe ore kan mens moeilik preek en vir blindes moeilik skryf. Dit is egter die wil van die Vader wat My gestuur het, dat Ek niks verloor van alles wat Hy aan My gegee het nie, maar dat Ek alles terugbring en op die Laaste Oordeelsdag opwek tot die lewe.” (Johannes 6:39; Johannes 10:28; Johannes 10:29; Johannes 17:12) [5] Daarop het sommiges gesê: “Die man sê merkwaardige dinge; volgens ons is Hy verward.” [6] Maar ander sê: “Praat duidelik en verklaar wat U sê, duidelik! Wat beteken die Laaste Oordeelsdag?” [7] EK sê: “As julle My sal erken en in My sal glo, sal daar `n jongste, ware dag in julle siel ontstaan, waarop Ek julle deur die mag van die waarheid van My leer sal opwek. Maar as julle nie in My glo nie en My nie erken nie, dan sal dit wel nooit in julle siel `n jongste dag word nie.” [8] Weer sê die mense: “Sê ons dan tog duidelik, wat die wil van die Vader is!” [9] EK sê: “Luister dan! Die wil van die Vader, wat My gestuur het, is, dat hulle wat die Seun sien, in Hom sal glo en Hom sal aanneem as die ware Messias van die wêreld, die ewige lewe sal hê, - en Ek sal hom op die jongste dag opwek! Wat die jongste dag is, het Ek julle alreeds vertel.” (Johannes 6:40; Johannes 5:29; Johannes 11:24) [10] Daarop het die Judeërs veral daaroor gemor dat Ek gesê het: “Ek is die brood van die lewe wat uit die hemel neergedaal het.” (Johannes 6:41) [11] En hulle sê: “Is dit nie Jesus, die timmerman, die seun van die timmerman Josef nie?! Ons ken Hom, sy vader en sy moeder tog maar al te goed! Hoe kan Hy dan vervolgens sê dat Hy uit die hemel gekom het?! Sy verstand en Sy ander seldsame gawes kon Hom ongetwyfeld deur die hemel gegee wees, omdat daar nog nooit `n groot en beroemde man sonder Goddelike inspirasie bestaan het nie; maar Hy kan van Homself tog nie vas beweer dat Hy Self as egte brood, as voedsel vir die ewige lewe uit die hemel na ons gekom het nie!” (Johannes 6:42)[12] Ek sê vir julle nog één keer: Daar kan niemand na My toe kom (My erken) nie, tensy die Vader (die liefde uit God en vir God) wat My gestuur het, hom nie trek nie en net Ek (My woord en My leer) sal hom op die jongste dag opwek! (Johannes 6:44) [13] Daar staan selfs in die profete geskryf: “In die tyd, wat sal kom - en wat nou daar is, - sal almal onderrig word deur God!” En Ek sê vir julle nou juis daarom: Wie dit nou leer van die Vader (God se liefde), kom na My (hy sal My ook sekerlik erken) (Johannes 6:45) [14a] Ek sê dit nou egter aan julle nie in die veronderstelling dat iemand van julle ooit die Vader sou gesien het nie, - maar net Ek, wat uitgegaan het van die Vader, het die Vader altyd gesien. (Johannes 6:46-47) [14b] Daarom sê Ek aan julle ondanks julle gemor: Waarlik, waarlik, wie in My glo, het reeds die ewige lewe in hom (dus My volledige opwekking op die jongste dag)! (Johannes 6:48)[14c] En Ek Self is volkome waarlik die brood van die lewe!” (Johannes 6:48) [15a] Julle vaders het wel manna in die woestyn (die sinlike liggaamlike lewe) geëet, maar hulle het gesterf, en baie van hulle ook in hul siele. (Johannes 6:49) [15b] Maar die brood, wat Ek self in Wese is, en wat waarlik uit die hemel van alle bestaan en lewe gekom het, maak dat elkeen wat daarvan eet (die leer gelowig aanneem en daarvolgens handel), nooit sal sterf nie. (Johannes 6:50)

[16] Waarlik! Ek het as die lewende brood uit die hemel gekom! Wie van hierdie brood sal eet (die leer in dade sal omsit), sal verder leef in ewigheid! En sien, die brood wat Ek sal gee, is My vlees, wat Ek sal gee vir die menslike lewe van hierdie wêreld!” (Daaronder is te verstaan die uiterlike, stoflike omhulsel van My woord, waarin hom die lewende, geestelike woord bevind soos wat die lewende kiem in sy dooie omhulsel is.) (Johannes 6:51)[17] Dit was vir die Judeërs, wat nie die minste begrip gehad het van `n geestelike betekenis nie, te veel en hulle het behoorlik rusie onder mekaar begin maak. (Johannes 6:52) [18] `n Deel sê: “Laat hom tog praat, aan die einde sal ons wel sien waarop dit alles sal uitloop!” [19] Die minder gematigdes sê egter: “Ag wat, mens sien en merk immers met die eerste oogopslag op dat die man uitsinnig (mal) is! Eers was Hy nog `n brood uit die hemele wat ons moes eet om die ewige lewe te verkry; nou verlang Hy selfs dat ons Sy vlees sal eet! Dwaasheid! Hoe kan Hy aan ons sy vlees te ete gee?! En hoeveel sou daar genoeg hê aan sy vlees om in die ewige lewe te kom?! As dit die voorwaarde is om die ewige sielelewe te verkry, dan sal min maar sover kom!” (Johannes 6:52)[20] EK sê: “Julle kan stry en rusie maak soveel as wat julle maar wil, maar dit is nogtans soos wat Ek aan julle gesê het. En Ek sê nou aan julle nog baie meer: As julle die vlees van die Menseseun nie sal eet en Sy bloed nie sal drink nie, dan sal julle geen lewe in julleself hê nie. (Wat die vlees beteken, is reeds verklaar; die bloed, wat die eintlike fisieke lewensvloeistof is, wat aan die liggaam lewe gee, in stand hou, voed en daaraan die voortplantende lewenskiem gee, is die eintlike, innerlike, geestelik lewende in die uiterlike letterlike woord.) (Johannes 6:53)[21] Toe het dit vir sommige Judeërs heeltemal te veel geword. [22] `n Paar het begin lag, die meer gematigdes het egter gesê: “Laat Hom tog klaar praat! Wie weet wat daar uiteindelik nog alles tevoorskyn sal kom! Ons weet immers dat Hy ander kere dikwels baie wys gespreek het.” En hulle het hulle na My gewend en gesê: “Liewe Heer, ons versoek U om verstandig te praat!” [23a] EK sê: 'Hoe kan Ek dit dan doen?! Ek praat nou soos Hy wat julle op die berg in My gesien het; Ek spreek nou voor julle soos `n groot profeet! Wys My egter `n profeet wat ooit op `n ander wyse tot die volk gespreek het! [23b] En Ek sê vir julle daarom nog `n keer: Wie My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag opwek. (Johannes 6:54; Matthéüs 26:26-28) [23c] Want My vlees is die ware voedsel en My bloed is die ware, lewegewende drank. (Johannes 6:55) [24a] Ook sê Ek bowendien nog aan julle: Wie My vlees eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom. (Johannes 6:56)[24b] Soos wat die ewig lewende Vader My egter waarlik gestuur het en Ek tans hier leef deur die Vader, so-ook sal hulle wat My eet, lewe om My ontwil. (Johannes 6:57) [24c] En juis dit is dan die brood wat, soos wat alreeds gesê is, uit die hemel gekom het, wat nie die eienskap het van die manna in die woestyn wat julle vaders geëet het en gesterf het, soos wat Ek alreeds vroeër aangetoon het nie, maar wie hierdie brood sal eet, sal leef tot in ewigheid.” (Johannes 6:58)

Die oordeel van die volk oor die toespraak van die Heer. Die studente van Jesus se getrouheid word op die proef gestel. (Evangelie van Johannes 6: 59-65) 45 Omdat Ek dit in `n skool te Kapernaum gesê het, was daar natuurlik, behalwe die talle studente wat Ek nou gehad het en die groot aantal mense wat My uit Jerusalem gevolg het, ook nog baie Judeërs aanwesig, en daarom het hierdie leer, wat My eerste studente ook nie verstaan het nie, baie opsien gebaar en het dit aanleiding gegee tot talle twisgesprekke. (Johannes 6:59) [2] Sommiges sê: “Hy kan tog nie die vlees en bloed van Sy liggaam bedoel nie.” [3] Ander het weer gesê: “Ja, wat moet ons dan anders daaronder verstaan? As Hy `n wyse is en die volk wil leer - bowendien nog in `n openbare skool, dan moet Hy tog so met die mense praat dat hulle Hom kan verstaan; want ons mense is nou eenmaal mense en geen geeste nie, en iemand wat egter wys is, moet goed weet en duidelik insien met watter toehoorders hy te make het. Maar dit was sulke onsinnige harde woorde dat geen enkele mens met menslike verstandigheid werklik daarna kon luister nie. Dit het ons maar net verwonder dat daar soveel is wat Hom so lank kan aanhoor. As Hy hierdie les in die Indiese taal voorgedra het, dan sou ons ewe veel nut daarvan gehad het!” (Johannes 6:60) [4] Toe het die meer gematigdes weer gesê: “Dit is voorlopig wel waar, maar ons is tog van mening dat iets anders daaragter steek en dat Hy waarskynlik maar net bewustelik so gespreek het om ons siele aan te spoor tot aktiewer en dieper nadenke, - en miskien gee Hy wel `n nadere uitleg aan ons as ons Hom daaroor sou vra?!”

[5] Die ander sê: “Het ons dit dalk nie gedoen nie?! Toe Hy ons nader sou uitlê wat dit beteken dat Hy as `n egte brood uit die hemel gekom het, het Hy selfs oor Sy eie vlees en bloed begin praat wat mens moet eet en drink om die ewige lewe te verkry! Die raaisels is met opset op die manier gegee dat geen mens dit ooit sal kan verstaan nie, of die goeie man het Hom met ons eers `n grap veroorloof. Maar wat dit ookal is, nòg die een nòg die ander kan vir ons waarde hê! Wie egter eweveel gesonde verstand het soos ons, volg ons en gaan op sy weg!” [6] Daarop het baie die skool verlaat, en net nog die talle studente het gebly, soos natuurlik ook die twaalf verkose apostels; want hulle het nog op `n nadere uitleg gewag. Maar onder mekaar het hulle ook gemor en gesê: “Dit is tog merkwaardig van Hom! Vandag kon Hy deur `n duidelike en by die menslike verstand gepaste les duisende tot vaste aanhangers van Sy leer gemaak het; maar op hierdie manier het Hy Homself vir `n lang tyd geskaad! Want wie sal Hom van nou af aan verder nog kan aanhoor en verdra?!” [7] Ook die Judese Grieke het onder mekaar gesê: “Daar is `n geweldige afstand en `n groot verskil tussen die lesse in Bethanië en hierdie een hier! Die Judeërs wat nou weggegaan het, het die huidige stand van sake heeltemal korrek beoordeel. Maar miskien sal Hy Hom daaroor later tog nog duideliker uitspreek, - nou is hulle almal weg wat Hom op die berg koning wou gemaak het, en daarom sal daar nou minder in Sy weg staan om openlik met ons te spreek.” [8a] Omdat Ek by Myself goed geweet het dat ook baie studente hulle daaroor vererg en onder mekaar gemor het, sê EK aan hulle: “Hoe kon julle julleself nou daaroor vererg? Het Ek dan nie aan een van My studente gesê dat hierdie mense nog lank nie ryp is vir die innerlike opname van die Ryk van God nie?! Ek het hulle nou egter almal behoorlik geskok, wat hulle nog baie besig sal hou en ryper sal maak vir die toekoms. Want Ek moet die mense tog eers vir My voorberei, sodat hulle daarna die dieper geheime van die Ryk van God makliker sal kan begryp. (Johannes 6:61) [8b] Ek vra julle nou net wat julle wel sou sê as julle My, as die Menseseun wat Ek nou voor julle is, weer sou sien opvaar na waar Hy vroeër van ewigheid was?” (Johannes 6:62) [9] Toe sê die studente: “Ja, ja, dit glo ons goed en dit sal ook beslis so wees; want U tekens is wonderbaarlik genoeg daarvoor. Maar dat mens vir die verkryging van die ewige lewe, Majesteit en Heer, U vlees moet eet en U bloed moet drink, dit is tog, op die manier waarop U dit voorgedra het, vanselfsprekend volkome onuitvoerbaar! Ons almal vind dit sekerlik baie belangrik om aan die dood te ontkom - ook al betref dit maar net die huidige sielelewe, omdat die liggaam tog in elk geval aarde en stof is wat moeilik ooit weer lewend gemaak kan word, - maar as dit maar net moontlik is ten koste van die vlees en bloed van U liggaam, dat dit tog maar vir baie weinig mense voldoende sou wees, sien ons ook af van die ewige lewe van die siel en dan wil ons as eerlike mense ons lewe vir ewig hier op aarde afsluit. As U egter daarmee iets anders bedoel, dan sou U waarlik goed daaraan doen as U dit aan ons ietwat meer sou verduidelik. As U binnekort weer opvaar na die plek waarvandaan U, volgens wat U sê, gekom het, waar en hoe sal mense dan oor U vlees en bloed kan beskik? Dus, aan hierdie huidige les het ons sonder nadere beligting absoluut niks nie!” [10] EK sê: “Het Ek dan nie gesê dat dit moeilik is om vir dowes te preek en moeilik is om vir blindes te skryf nie?! Is dit dan nie net die Gees wat lewend maak, terwyl die vlees nêrens iets dien nie?! Die woorde wat Ek tot julle gespreek het, is Gees en lewe en geen aardse vlees en bloed nie. (Johannes 6:63) [11] Maar Ek sê julle nou ook heeltemal openlik, dat daar sommiges onder julle is wat, hetsy geen, of net `n baie geringe geloof het, en daar bevind hom onder My oudste studente selfs enkeles van wie Ek vanaf die begin alreeds geweet het dat hulle weinig geloof het, en één daarvan is selfs `n gierigaard, `n dief en `n verraaier!” (Johannes 6:64)

`n Toets vir die studente van die Heer. (Evangelie van Johannes 6: 65-70) 46 Dit het soos `n donderslag gewerk, sodat talle baie geskrik en ontsteld geword het en sommiges sê: “Heer, waarom het U dit dan nie alreeds veel vroeër gesê nie?! Waarlik, ons sou so `n onwaardige mens by ons alreeds lankal ontdek en vir goed verwyder het, indien U in U groot geduld nie self die hand aan hom wil slaan nie!” [2] EK sê: “Ek het julle alreeds dikwels gesê dat op hierdie wêreld alles sy tyd en sy maat het. Ten tye van die oes sal geen verstandige huisvader die onkruid tesame met die koring versamel nie, maar net die suiwer koringare, en al die onkruid, wat ook tussen die koring gegroei het, sal hy deur sy knegte in bondels laat versamel, om dit dan te verbrand ter bemesting van die akker. (Matthéüs 13:25)[3] Maar daarom het Ek alreeds vroeër aan julle gesê, dat niemand werklik na My kan kom behalwe wanneer dit aan hom deur die Vader gegee is nie, (Johannes 6: 65) wat in Homself Liefde en Lewe en Waarheid is soos wat Ek dit is vanuit die Vader en ook uit Myself, omdat Ek in die Vader is en die Vader in My is. (Johannes 6:65; Johannes 6:44)

[4] Laat niemand van julle dink dat hy naby My is omdat hy saam met My rondtrek nie, My woorde hoor en My tekens bewonder nie, - maar hy alleen is waarlik by My, wat met suiwer, innerlike liefde na My getrek word, en sonder enige twyfel die volledige geloof wat Ek leer, en glo dat Ek nou as tydelike Menseseun uitgegaan het van My Vader en in die Gees Een met Hom is. [5] Toe het die studente, behalwe die Judese Grieke en die twaalf gesê: “Ja, in hierdie geval is daar geen sin in om saam met Hom rond te trek nie! Die harde en ongelooflike begryp ons nie - en daarom kan ons dit ook nie glo nie. Om Hom so suiwer lief te hê is ook nie so maklik nie, omdat Hy Hom teenoor ons voorwaar so gedra dat dit aan ons weinig neiging vir Hom gee. Daarom doen ons goed om weer na Moshè terug te val, want hy is vir ons duideliker en begrypliker. Om God lief te hê beteken tog in elk geval maar net om Sy gebooie te onderhou. En daarom hoop ons om sonder die geloof in hierdie raaiselagtige lesse, salig te word.” [6] Daarop het baie ons die rug toegekeer en nie meer met My saamgegaan nie, alhoewel hulle later baie oor My woorde nagedink het. Omdat Ek egter aan niemand van hulle wat weggegaan het, ook maar gevra het om nog te bly en geduld te hê nie, het ook die agterblyers treurig begin lyk en nie geweet waaraan hulle toe was nie, - of hulle ook moes gaan of bly nie. [7] Toe het EK aan hulle op `n vriendelik-vraende toon gesê: “Wil julle dalk ook weggaan? Wat My betref, is julle net so vry soos elke mens op hierdie aarde.” (Johannes 6:67) [8] Toe sê Simon Petrus aan My: “Heer, waarheen moet ons dan gaan? Net U het immers lewenswoorde, ook al is ons nie in staat om dit dadelik ten volle te begryp nie. Op die regte oomblik sal U dit wel weer nader vir ons toelig, wanneer ons waardiger vir U hoëre lig sal wees as nou. (Johannes 6:68)[8b] En bowendien het ons immers dadelik vanaf die begin geglo en erken dat U die Gesalfde en die lewende Seun van God is, en dus kan ons U, o Heer, immers onmoontlik meer verlaat nie! Heer, verstoot ons asseblief nie en beoefen geduld met die swakhede van ons, wat nog steeds groot is!” (Johannes 6:69; Matthéüs 16:16) [9] EK sê: “So is dit goed en reg, en so bly dit ook! Maar omdat ons nog hier in hierdie openbare skool in Kapernaum is, kan Ek dit nie nalaat om aan julle nog iets te onthul nie. Julle weet dat Ek die vorige jaar in hierdie streek julle twaalf uit talle studente uitverkies het, - en sien, tog is daar onder julle `n duiwel!” (Johannes 6:70)

Judas Iskáriot. 47 Daarmee het Ek hier duidelik Judas Iskáriot bedoel, omdat Ek alreeds vanaf die begin herken het van watter mentaliteit hy was. (Johannes 6:71) Maar nogtans was hy baie geesdriftig, altyd druk besig en kon goed praat en die leer uiteensit, en daarom is hy dan ook vanweë die goeie en nie vanweë die slegte deur My as voorbereidende sendeling met die ander elf uitgekies. Omdat hy egter as sodanig deur sy ernstige ywer en deur sy welsprekendheid in dieselfde tyd meer tot stand gebring het as die ander elf tesame, het hy homself ook baie begin verbeel. (Johannes 6:71)[2] Maar toe sy hoogmoed baie teenstand ondervind het, het daar langsaam maar seker `n heimlike wrok in hom begin knaag, waardeur hy van dag tot dag meer geslote geword het, en hy het begin om die ander studente skerp in die oog te hou om hulle êrens te betrap om hulle dan by My ter verantwoording te roep. Maar omdat so-iets nie gebeur het nie, wat sy wrok sou kon verminder het, het hy heimlik steeds meer verbitterd geword en het hy steeds yweriger na `n geleentheid gesoek om sy broers `n keer in die verleentheid te bring; en dikwels het hy nagedink oor `n gepaste middel. [3] Hy was `n gierige en geldsugtige mens, wat self dikwels met baie welsprekendheid die besit van geld as iets baie noodsaaklik vir die aardse lewe beskryf het, omdat die wêreldheersers dit nou eenmaal ingevoer het ter vergemakliking van die moeisame ruilhandel. [4] Ook het hy een keer aan die wyse Nathanaël gesê, met wie hy nog die meeste gepraat het, dat dit baie begryplik was dat Ek kennelik vir die aardse lewe geen geld nodig gehad het nie, want as mens oor Goddelike almag beskik, dan kan mens orals sonder geld deurkom. Maar mense sonder hierdie vermoë en sonder die geluk dat hulle studente van My was, moes vir die aardse lewensonderhoud net so goed en noodsaaklik geld hê as die keiser self om sy soldate en ander staatsdienaars te betaal. [5] Nathanaël het hom wel steeds aangetoon dat die geld nogtans `n groot boosheid onder die mense was, hoewel dit net soos elke aardse besit in die hand van `n regverdige ook die oorsaak van baie goeie dinge kan wees. Die bose daarvan sou egter altyd wees dat dit die begeerte van die mense baie daarna sou wek en dat dit die vernaamste oorsaak sou wees van allerlei sonde en misdade, klein sowel as groot. [6] Ons Judas Iskáriot was dit weliswaar daarmee eens, maar hy het nogtans verklaar dat geld `n noodsaaklike kwaad is, soos wat ook die liggaam vir die siel `n noodsaaklike kwaad is. As die siel die liggaam egter wys gebruik, dan is die liggaam vir hom ook `n tempel van geluk en sy enigste weg om tot die ewige lewe te kom en die ware kindskap van God te bereik.

[7] So het hy deur sy welsprekendheid geweet hoe om orals `n regverdiging vir alles te vind, en dit was moeilik om met hom te redetwis. Hy het dit egter met sy spitsvondige drogredenasies so ver gebring dat hy, net soos die Spartane en Kretensers, selfs diefstal in `n noodgeval, as `n regverdige saak voorgestel het en Moses van swaksinnigheid beskuldig het omdat hy elke diefstal sonder meer as sondig betitel het. Hy het egter nie bedink dat geoorloofde, en selfs noodsaaklike diefstal die mense mettertyd tot groot traagheid sou verlei nie, en dat niemand ook maar sou gewerk of gespaar het, as hy geweet het dat sy uiteindelike voorraad al gou verraai sou wees en dadelik van hom deur die noodlydendes afgeneem sou word nie. Hoe sou dit dan egter gesteld wees met die naasteliefde en met die kennis van God, as die gebruik by die mense wettig sou word en so toegestaan sou word?! [8] Nathanaël het wel vir Judas laat sien dat sy regverdiging van diefstal hom nie laat rym het met sy groot ekonomiese strewe nie en dat die geoorloofde diefstal elke spaarsaamheid, hoe geregverdig ook, tot niet gemaak het. Maar dan verberg hy hom weer agter sy spitsvondighede, en daarom was daar met hom niks uit te rig nie. Slegs wanneer Ek `n teregwysing aan hom gegee het, het hy sy idees vir `n tydjie laat vaar en hom heimlik oorgegee aan beter beskouinge. Daarom het Ek aan hom in die skool ook nog hierdie les gegee, wat hy die beste verstaan het, terwyl die ander studente net `n vermoede gehad het, maar nogtans nie bepaald met die vinger na hom kon wys nie, want dit wou Ek ook nie gehad het nie, hoewel Ek geweet het wat hy nog alles sou doen; want vir hom moes ook sy maat vol word, en hy moes uiteindelik in homself heeltemal daarvan oortuig wees dat sy hele aardse handelswyse deur en deur sleg was en `n afskrikwekkende voorbeeld vir alle mense, want anders sou daar vir sy siel ook in die hiernamaals geen verbetering moontlik gewees het nie. [9] Ek vermeld hierdie karaktertrekke van hierdie student om dit begrypliker te maak waarom Ek hom hierdie keer `n duiwel genoem het; want ongemerk was hy die een wat die meeste beswaar gehad het teen die toespraak wat Ek in die skool gehou het en waaroor so baie hulle vererg het, sodat hy hulle van My wou afkeer; want by homself het hy alreeds allerlei besluite geneem waarin hy `n rol gespeel het en daarom het hy hom ook heimlik die meeste vererg. Ja, hy het selfs saggies aan Nathanaël opgemerk dat Ek My in die huis van Petrus baie skerp uitgelaat het oor die boosheid van die ergernis, maar nou self duisende baie groen van ergernis laat word het, en hoe dit nou kon saamgaan met My leer. [10] Nathanaël het ewenwel gesê, dat Ek toe vernaamlik oor die boosheid van die ergernis by klein kinders gepraat het. [11] Maar ons sofis (drogredenaar) het ook geweet wat om daarteen in te bring, en toe Ek omstreeks die vierde uur die namiddag met die studente die skool verlaat het en weer na ons goeie herberg gegaan het, het Judas Iskáriot nie saamgegaan nie, maar hy het na die stad na `n paar kennisse gegaan, waar baie oor My onbegrypte toespraak gepraat is. Daar het hy hom egter weer as My student gewys en as `n goeie spreker en hy het deur allerlei oratoriese kunsgrepe My toespraak vir hulle aanvaarbaarder gemaak, al was dit nie in die regte lig nie. Ons het hom sewe dae lank nie gesien nie en gedurende hierdie tyd het ons in en om Kapernaum vertoef. Maar toe het hy weer na ons toe gekom.

In die herberg van die herbergier van Kapernaum 48 Toe ons van die skool in ons herberg aangekom het, het ons die tafel reeds ryklik voorsien met wyn, brood en visse gevind, en dit het die herbergier groot vreugde verskaf om My en My studente, waarvan daar nou aanmerklik minder was, by hom as gaste te hê. [2] Eers toe ons almal volop geëet en gedrink het, het die herbergier aan ons gevra: “Heer, hierdie keer skyn U geheimsinnige leer by die talle in- en uitheemse toehoorders in die groot, openbare skool nie so baie in die smaak te geval het nie, want hulle het almal vererg weggegaan. Sommiges het nog meer, ander ietwat minder geskimp, en die vreemdelinge en ook baie wat gister nog as studente by U was, sê dat U daar opsetlik so gepraat het om op `n netjiese manier van hulle ontslae te raak, wat hulle nie mooi vind van U nie, omdat hulle wel self op eie koste sou geëet het. [3] By my was daar sommiges wat hulle baie daaroor opgewen het en ook gesê het dat hulle baie van U verwag het, maar nou op `n baie onaangename wyse teleurgestel is en hulle het ook gesê dat U op hierdie manier ondanks U uiters wonderbare tekens, by die mense baie min begrip vir U leer sou opwek. Ek het hulle laat praat en het geen antwoord daarop gegee nie. Daarna het hulle hul rekening betaal, die skepe bestyg en weggevaar. [4] Ek het dit egter baie aangenaam gevind om te hoor dat hierdie grootpraterige geleerdes deur U, o Heer, een keer met hul verstand te kort gekom het, want reeds gisternag, toe U Uself na die maaltyd ter ruste begeef het, is daar baie oor die voordeel en baie oor die nadeel van U broodvermeerdering en U moontlike wonderbare koms oor see gepraat. Die een het dit nog beter as die ander geweet. Maar ek het by myself gedink: “Wag maar, julle wyse Judeërs! Die Heer sal sekerlik op die regte oomblik grense aan julle wysheid stel wat julle met die besonder heldere verstand van julle nie kan oorskry nie!” En vandag het my geheime wens alreeds volledig in vervulling gegaan!

[5] Ek was self ook in die skool en ek het die vernaamste deel van U woorde baie goed gehoor; maar ek het niks daarin gevind wat my ook maar in die minste laat verwonder het nie. Want dat U, hoewel tans in volkome menslike vorm, Heer is oor hemel en aarde en oor alle geestes- en gedagtewêrelde, was vir my lankal duidelik. Wie buiten U kan vir die voedende brood van alle mense en diere sorg, en wie buiten U gee die aan geeste, soos wat ook nou ons siele is, ewige lewe, liefde en wysheid, wat ek sien as die ware lewende brood wat uit die hemele kom?! Op hierdie wyse wou ek dit nog aan `n paar van die beter mense verduidelik; maar hul dom en baie opgeblase verstand het dit nogtans nie begryp nie. [6] Iets dergeliks het ek ook gedoen toe U baie konkreet oor U vlees en bloed begin spreek het, omdat hulle my gevra het hoe ek dit dan opneem. Toe het ek gesê: “Dit is nog duideliker as die voorgaande en verklaar en bevestig my vroeëre mening! Is die aarde, menslik gedink, nie in `n sekere sin `n egte liggaam van God, en alle bevrugtende waters Sy bloed nie?! Waar kom dan al die aardse voedende brood verder nog vandaan? En is in `n geestelike opsig God se liefde vir ons onwaardige mense nie dalk `n ware aardse bodem vir ons nie, wat ons liggaamlik en geestelik dra, duld en voed, en is die gawe van die rede en die verstand en nou Sy leer daarby nie dalk die waarste en lewendigste bloed van God, wat ons siele wat na wysheid dors, verkwik, versterk en waaragtig lewend maak nie?!” [7] Toe het daar sommiges gesê:”Ja, dit is alles baie mooi gesê, maar waarom laat Hy dan nie Self so `n uitleg op sy woorde volg nie?” [8] Toe het ek gesê: “Hy sal wel `n goeie rede hê! Waarskynlik sal Hy dink: “Wie waarlik in My glo, sal My ook verstaan; wie egter ondanks die talle tekens en ondanks die wysheid van My lesse nog nie glo dat Ek die Majesteit JaHWeH van die Skeppingsleërmag is nie, moet maar weer na sy wêreld terugkeer en net soos die dom swyne in die aardse drek rondwoel!” [9] Toe het hulle woedend geword en weggegaan. - Heer, daarmee het ek tog nie verkeerd gehandel nie?” [10] EK sê: “O, geensins nie! Want ten eerste het jy die betekenis van My woorde baie goed verstaan en het jy dit aan die blindes ook baie goed uitgelê, en ten tweede was jou slotopmerking volkome tereg! Want sulke mense is waarlik te vergelyk met swyne, wat, hoe sterker en warmer die ware son van die hemele begin te skyn, hoe begeriger en yweriger hardloop hulle na die smerigste modderpoele van die wêreld en voel hulle volmaak geseënd wanneer hulle in hul ou drek kan rondwoel. Ek het uiteindelik tog duidelik aan hulle gesê dat die vlees en die bloed wat hulle bedoel, nêrens goed voor is nie, en dat My woorde gees en lewe is! Maar die osse en swyne begryp nogtans nie alles nie, en daarom was jou slotopmerking heeltemal tereg, en daarom bly Ek nou `n aantal dae by jou. [11] Maar bring nou nog wyn, want ons wil vandag en die ander dae werklik opgeruimd wees! Ek is nou werklik bly oor jou, want jy het My beter verstaan as enigeen van My studente. Teen die aand gaan ons visvang, sodat jy voorraad kan hê vir jouself en vir ons. Maar praat nie in die stad oor My nie, want dan sou ons min rus hê. - En bring ons nou die wyn en brood!”

Die geduld van die Heer met Judas Iskáriot. 49 Ons het toe wyn gedrink en brood daarby geëet, want ons was twee-en-dertig persone en het nog `n versterking nodig gehad. [2] Terwyl ons nog so vrolik aan die tafel gesit het, sê een van die Judese Grieke: “Majesteit en Heer! Hierdie herbergier wat ons so uiters vriendelik gesind is, sou besonder geskik wees om die plek in te neem van die student wat U steeds vererg, waarby U dan die ander, as hy ook weer sou kom, die Romeinse 'consilium abeundi'* sou kon gee. Want vir sover ons dit waargeneem het, is hy nog geldgieriger as `n tempeldienaar, en die enigste wat hy wil hê, is wêreldse dinge en `n goeie lewe. Daarbenewens het hy nog `n baie bose hartstog wat bestaan uit ydele grootdoenerigheid en leuens, en met so `n student is U en die mensdom weinig gedien. Hierdie herbergier het egter beslis `n helder gees en verstaan selfs U mees geheime woorde waarlik beter as U eerste studente; daarom sou hy tog wel `n baie voortreflike plaasvervanger wees vir die afwesige.” *(Die raad om weg te gaan.) [3] EK sê: “Ek sal vanaf nou tot by die Loofhuttefees in Galilea bly en selfs dan is dit nog maar `n groot vraag of Ek na die Fees in Jerusalem sal gaan, en daar is dus tyd in oorvloed vir ons herbergier Matthias (Mai of Moi Dias = ‘my werker’, ook wel ‘my kneg’ of ‘dienaar’) om ons orals heen te kan begelei, by watter geleentheid hy nog baie vir die oog en oor en vir die hart en siel sal ervaar. Juis vir hierdie plek sal hy dan `n uitstekende en deeglike verbreider van My leer word; want ook hierdie mense is aan My gegee om hulle op te wek tot die lewe en nie tot die dood nie. [4] Wat die afwesige egter aanbetref, kan hy kom as hy wil, - hy kan egter ook wegbly as hy wil; want elke mens, goed of kwaad, skik hom wat betref sy gees ten opsigte van My soos wat hy sy liggaam ten opsigte van die son skik. Wil hy hom deur die strale van die son laat verlig en verwarm, dan kan hy dit doen - of hy `n goeie of `n slegte mens is, dit sal hom nie geweier word nie; - wil hy dit nie doen nie, dan sal hy ook nie deur God daartoe gedwing word nie, en daarom staan daar ook: “God laat Sy son skyn oor die goeies en

die boses.” En kyk, so is dit ook by My in lewende en -geestelike opsig! Wie My wil volg kan dit doen, en Ek sal hom nie afwys nie, ook al sou hy nog so `n groot sondaar wees! Want Ek het immers maar net terwille van die verlorenes en sielsiekes in hierdie wêreld gekom; want die gesondes het geen arts nodig nie. (Matthéüs 5:45b) [5] En dus kan ook die afwesige met My saamgaan as hy wil, net soos wat Ek die Judeërs vandag nie weggestuur het nie; maar omdat hulle uit hulleself weggegaan het, het Ek hulle ook nie teëgehou en gesê dat hulle moes bly nie. Ook het Ek nie onbegryplik voor hulle gespreek met die bedoeling dat hulle moes weggaan nie, maar Ek het op hierdie manier gespreek omdat Ek, deur die Vader daartoe genoodsaak, so moes spreek. Hulle het hulle daaroor vererg en het weggegaan, en dit was hulle en nie My skuld nie, - en dit was daarom ook goed dat hulle weggegaan het. Hulle kan terugkom en bly, as hulle wil; wil hulle egter nie, dan sal My sending en My leer daarom nie minder waar wees nie, net soos ook die lig en die warmte van die son nie minder en swakker word omdat `n aantal dwase hulle nie daardeur wil laat beskyn en verwarm nie. – Verstaan julle dit?” [6] Die Judese Grieke sê: “Ja, Heer, dit het ons baie goed verstaan! Wat U, o Heer, spreek en sê, bevat werklik alle waarheid, krag en lewe! O, as alle mense dit tog sou kon insien!” [7] EK sê: “Dit sal in hierdie wêreld wel nooit heeltemal die geval wees nie; maar daar sal nogtans baie wees wat dit sal insien, daarvolgens sal handel en die ewige lewe sal oes.”

Die ryk visvangs. Die heerlik smakende edelvisse 50 (Die Heer:) “Maar ons moet ons nou gaan klaarmaak vir die visvangs; want daarvoor is dit nou juis presies die regte tyd.” [2] Die herbergier sê: “Omdat U, o Heer, dit sê, sal dit nou wel die beste tyd wees; maar andersins, volgens ons vissersreël, sou dit nou eintlik die ongunstigste tyd wees, omdat die visse nou terselfdertyd as die son ondergaan en die diepte opsoek en daar dus op die oppervlakte nie baie vis meer aanwesig is nie.” [3] EK sê: “Juis daarom gaan ons nou visvang, en dan sal dit blyk dat ons ook van die visse meer weet as die ander vissers. Oordag en by `n windstille see kan elkeen visvang, maar in die aand en by `n baie onrustige see is visvang sonder My tans goed onmoontlik vir elke visser op die see. Dus laat ons nou gaan en ons vistuig klaarmaak!” [4] Daarop het ons uit die kamer gegaan, die vistuig geneem, wat uit `n aantal groot treknette bestaan het, die vissersbote losgemaak, dit bestyg en ongeveer drie veldweë* ver van die oewer af gevaar. *(Veldweg = Griekse afstandsmaat van 129 meter.)[5] Daar sê EK: ”Werp nou die nette uit, hou hulle goed styf, en laat die roeiers rustig na die oewer koers kry, en aan die oewer sal wel blyk of die ondergaande son ons in ons werk gehinder het!” [6] Dit het gebeur soos wat Ek beveel het, en toe ons by die oewer kom, was die nette so vol van die edelste visse, dat hulle byna begin skeur het. Toe die vissers begin om die visse uit die nette in die vishouers te plaas, het dit geblyk dat die ruimte te klein was om alles op te neem; ruim `n derde deel van die visse moes in die saamgebinde nette tussen die bote in die water bly hang. [7] “Nee”, sê die herbergier, “so `n vangs op hierdie tydstip is ongehoord! O Heer, as U met nog tien keer soveel studente nog volle tien jaar in my huis sou woon en leer, dan sou ek U daarmee die wins, wat U my vandag deur hierdie visvangs besorg het, nie kon vergoed nie! Sien eers, my groot en goedgeboude huis met die talle, doelmatige bedryfsgeboue en alles wat daarin is - en ook met al die akkers, weivelde, bosse, munisipale weidings en wingerde - is lank nie soveel werd as hierdie byna ontelbare talle, groot edelvisse nie, wat andersins maar selde in die winter so hier en daar gevang word. As mens in die gunstigste geval tien kon vang, is mens in elk geval alreeds `n ryk man; want visse van hierdie soort word deur die Romeine en Grieke flink opgekoop vir honderd silwerstukke stuk, ingesout en aan die howe van die konings seker vir driehonderd silwerstukke verkoop. As U dit goedvind, o Heer, dan stuur ek my knegte met `n paar daarvan na die stad na die Romeine en die Grieke toe, en dan kan U Uself daarvan oortuig met hoeveel geld hulle alreeds baie gou sal terugkom!” [8] EK sê: “Doen dit in elk geval; maar sê wel aan al jou mense dat hulle nie oor My moet praat nie, want dan sou ons baie gou opgeskeep sit met alle belangrike Romeine en Grieke! Laat hierdie edelste visse ook vir ons aandete voorberei word, en self moet jy lustig saameet, want tot op hede het jy maar net gehoor hoe hulle oor die heerlike smaak van hierdie vissoort praat, maar self het jy nog nooit een daarvan geproe nie. Eers wanneer jy nou self een daarvan sal eet, sal jy merk waarom mense soveel geld vir hierdie visse betaal. En nou kan jy jou knegte wel met die visse wegstuur; maar hulle moet dit uit die nette neem. Ook vir ons moet dit uit die nette geneem word; laat die visse in die houers met rus!” [9] Toe het die herbergier gegaan, die saak met sy talle knegte gereël, en ongeveer vyftig van hulle het elkeen twee visse geneem, omdat drie te veel sou gewees het, en dit gesamentlik na die stad gedra. Die knegte het vinnig na die Romeine en Grieke gegaan, en toe hulle die bekende edelvisse gesien het, het

daar `n formele verkoopsveiling ontstaan sodat `n vis van maar net 40-50 pond vir tweehonderd silwerstukke verkoop is. [10] Die Romeine en die Grieke het wel gevra, net soos sommige ryk Judeërs, hoe hulle tog op hierdie baie ongewone tydstip aan sulke edelvisse gekom het. [11] Maar die knegte sê dat hulle van `n onbekende visser die geheim in die hande gekry het om sulke visse ook buite die winterseisoen te vang, en die visse was die sekerste bewys dat die geheim betroubaar was. Toe is geen verdere vrae aan hulle gestel nie en die knegte het weldra vir die herbergier so `n groot hoeveelheid geld gebring soos wat die opbrengs van die visse gelewer het, sodat hy nouliks genoeg houers gevind het om al die geld in te plaas en te bewaar. [12] Inmiddels was ook ons nagtelike maaltyd gereed en ons het aan die groot tafel gaan sit. [13] Toe die Judese Grieke die goed voorbereide visse sien, sê hulle: “Van hierdie besondere edel soort het ons net een maal een te ete gekry, en nou is daar so `n groot aantal voor ons! O, dit is egter te veel van die goeie! O Heer, dit is ook U vlees en bloed soos wat die herbergier dit so goed uitgelê het; want sonder U woord en sonder U wil sou ons nooit so `n maaltyd gekry het nie! Ja, hier sien mens duidelik waartoe die Liefde, die Wysheid en die Almag van God alles in staat is! O, wat is die mens tog heeltemal niks vergeleke met U, o Majesteit en Heer!” [14] EK sê: “So is dit bepaald nie; want dit is immers juis die wil van die Vader dat elke mens net so volmaak sal word soos Hy Self in die hemel volmaak is. En die tyd sal leer dat My egte studente nog groter dinge sal doen as dit wat Ek nou doen! Die tyd het egter nog nie gekom nie, maar sal nie so baie lank meer op hom laat wag nie. - Nou hou ons egter daaroor op en eet en drink soveel ons lus en nodig het! [15] Solank die bruilofsgaste die bruidegom by hulle het, moet hulle geen nood ly nie; want hulle sal soos die bruidegom opvaar na vanwaar Hy gekom het, en nog genoeg nood kry om te deurstaan. Die ware bruidegom egter is Ek, en die wat in My glo, is die ware bruide en bruiloftsgaste terselfdertyd. Wees daarom nou opgeruind en vrolik van gemoed!” [16] Daarop het almal flink begin eet en drink met baie genoeë en het daarby baie opgewek geword. [17] `n Judese Griek het tydens die eet van die vis gesê: “In Kis by Kisjonah het ons ook edelvis geëet wat baie goed was; maar dit was nie te vergelyk met hierdie visse nie, en tog is dit hier dieselfde see en dieselfde water?!” [18] EK sê: “Dit is seker, - maar dit is nie dieselfde bodem nie! Hierdie soort visse is seldsaam en kom in die natuur maar net in hierdie streek voor. Hulle voel hulle merendeels net in diep water tuis, waar hulle dan ook hul voedsel vind wat bestaan uit soorte diepsee plante. Die plante kom egter net hier voor en wel oor `n oppervlak van duisend akkers; verder is die bodem van die see tot in die ver omtrek leeg, en hierdie vis kom nie daar voor nie. - Maar laat ons nou eet en drink!”

Oor vas en boete doen. Die geheim van die Fariseër en die tollenaar. 51 Die visse het goed gesmaak en die wyn nie minder nie. Ek self het heel flink geëet en gedrink, sodat dit `n paar Judese Grieke opgeval het dat Ek as mens, wat heeltemal met die Gees van God deurdring was, net soveel kon eet en drink soos elke ander mens. [2] Omdat Ek dit wel gemerk het, sê EK: “Die liggaam het syne nodig - en die gees ook syne; ons is nou egter aan ons ledemate verskuldig om hulle goed te versterk, en daarna sal ons die gees nie vergeet nie. [3] Laat niemand dink dat hy aan God `n welgevallige diens bewys deur te vas en vir sy sondes wat hy begaan het, in harige kleding voor die oog van die hele wêreld boete te doen nie, - maar net hy is aan God welgevallig, wat dankbaar eet en drink wat God hom skenk om daardeur sy aardse kragte te versterk vir nuttige werk waardeur hy homself en sy naaste heelwat nuttig kan help, en, as hy enige sonde begaan het, dit as sodanig erken, berou, verafsku, nie meer begaan nie en hom so waarlik verbeter. [4] Daar is ewenwel ongelukkig baie wat tydens hul lewe maar net eet en drink. Hulle sorg net vir hul buik en vir hul huid. Naasteliefde is vir hulle vreemd, en vir `n arm mens spoeg hulle op die grond en laat hom nie by hul huisdeur se drumpel kom nie. Hul buik wat altyd gevul is, laat hulle nooit die pyn van honger of dors voel nie. Dit is egte swelgers, smulpape en dronklappe, wat daardeur met hul liggaam altyd gereed is vir allerlei geilheid, ontug, hoerery en egbreuk. Dit is dan vraatsug en swelgery waarmee niemand ooit die Ryk van God sal binnegaan nie. [5] So staan dit ook met al die huigelaars wat vas en in harige klere boete doen en vir hul sondes aansienlike offers aan die tempel gee om deur die volk as geregverdig aangesien en geprys te word, maar dan self vir elke mens oor die skouer loer, as `n vermeende sondaar verag en alreeds van ver af vermy, omdat hy nie kan sien dat hy gevas, in harige klere boete gedoen en aan die tempel geoffer het nie. [6] Ek sê egter aan julle: Sulke mense is ewe-eens `n gruwel voor God; want hul hart is verhard, net so hul gees en hul verstand. Hulle veroordeel hul naaste sonder enige bedagsaamheid en toegeeflikheid, hulle vee voor die deur van hul buurman en sien nie die groot hoop vuilis voor hul eie voorportaal nie. O waarlik,

Ek sê vir julle: Soos wat hierdie tempelheiliges en -regverdiges nou meet, so sal hulle in die hiernamaals op hulle beurt ook gemeet word! (Matthéüs 6:16; Jesaja 58:5-6)[7] Ek sê vir julle: Wie hier oordeel, sal ook in die hiernamaals geoordeel word; wie egter niemand oordeel behalwe homself nie, sal ook in die hiernamaals nie geoordeel word nie, maar dadelik opgeneem word in My Ryk! (Lukas 18:9) [8] Ek sal hier egter aan julle in `n beeld die enigste manier toon waarop menslike selfregverdiging suiwer en deugdelik is voor God. Luister dus! (Lukas18:10) [9a] Daar het twee mense na die tempel opgegaan, die een `n ryk Judeër, maar wat andersins streng volgens die wet gelewe het, en die ander `n tollenaar. (Lukas 18:11) [9b] Toe die Judeër in die tempel gekom het, het hy vlak voor die altaar gaan staan en sê hardop gesê: “O God, ek dank U hier voor U altaar dat ek nie is soos wat talle ander is nie! Want U, o Heer God, het aan my die goeie en vaste wil gegee en ook alle ander aardse goedere daarby, en alleenlik daardeur is dit vir my moontlik om al U gebooie volledig na te kom; en hoe goed doen dit my siel nou om, noudat my dae ten einde loop, geheel regverdig voor U te staan!” (Lukas 18:12) Nadat hy nog `n aantal van sy regverdige, en dus volgens die wet, goeie handelinge so aan God voorgedra het, het hy `n groot offer op die altaar geplaas en het vervolgens uiters tevrede met homself, en met die beste gewete van die wêreld, die tempel uitgegaan en na sy huis gegaan, waar sy streng huistug gemaak het dat niemand van sy huismense baie verheug was oor hom nie, omdat sy rein gewete, sy streng sin vir orde en sy wettiese regverdigheid niks anders as louter sondes en foute by hulle ontdek het nie. (Lukas 18:13) [10] Ons sondige tollenaar het hom egter in die tempel berouvol in homself teruggetrek, heeltemal agter bly staan, en het nie sy oë durf opslaan na die altaar nie, terwyl hy by homself gesê het: “O Heer, volkome regverdige, heilige en almagtige God, ek is `n te groot sondaar en daarom heeltemal nie waardig om my oë na U heiligdom op te hef nie; sien U my egter nogtans met medelye en barmhartigheid aan!” (Lukas l8:13) [11] Wel, wat dink julle, wie van die twee mense het daar geregverdig uit die tempel huis toe gegaan?” [12] Die Judese Grieke het mekaar aangekyk en nie werklik geweet wat hulle aan My vir `n antwoord moes gee nie;- want niemand kon in hul oë tog regverdiger wees as juis die Judeër wat die wet tot in die kleinste puntjies vervul het nie. Die sondige tollenaar kon na hul mening seker nie meer geregverdig die tempel verlaat het as die genoemde Judeër nie! [13] Maar EK sê aan hulle: “Julle vergis julle in jul oordeel! Die Judeër het heeltemal nie geregverdig uit die tempel gegaan nie; want hy het homself luid voor die hele volk geprys, het alle oë, ore, lof en bewondering na hom toe getrek en homself op hierdie wyse beloon. Is so `n gevoel van eiewaarde egter ook nie `n baie erge soort van hoogmoed nie?! Die vrugte daarvan is uiteindelik haat en veragting en `n voortdurende vervolging van almal wat hy nie as gelykwaardig erken en beoordeel nie. Is so `n mens dan wel `n geregverdigde voor God? O, geensins nie! Hy is nog baie ver daarvan af! (Lukas 18:14) [14] Maar die tollenaar is `n geregverdigde voor God; want hy is vol nederigheid en vind homself baie slegter as die ander mense. Hy haat en verag niemand nie en is bly dat die mense hom nie nog meer verag en ontwyk as wat tog alreeds die geval is nie. - Wel, wat sê julle? Het Ek reg geoordeel?” (Lukas18:14) [15] Toe het almal gesê: “O Heer, net U het in alle dinge gelyk, en ons almal is duister en sondige mense. Ons oordele is daarom net soos wat ons self is. O, dit was `n volkome korrekte beeld, want dikwels het ons die geleentheid gehad om sulke mense, wat hulself regverdig, waar te neem, wat geweet het hoe om hulself so rein soos die son voor te doen, en mens kon ook nie sê dat hulle in die tempel gehuigel het nie, want hulle het besonder gewetensgetrou op alle wette ag gegee. Maar juis daarom was hulle tog baie onverteerbare mense; want hulle het die wet nie nagekom omdat hulle die wil en die orde van God daarin herken het nie, maar hulle het dit gedoen asof die wet hul werk sou gewees het, om as streng wettiese mense meer invloed te kon uitoefen op hul dienspersoneel en huisgenote en om hulle foute en ondeugde beter te kon uitwys. Omdat ons baie sulke waarnemings kon doen, het ons nou ook die groot waarheid van U gegewe beeld ingesien en ons dank U, o Heer, vir hierdie les wat volkome waarheid bevat.” [16] EK sê: “Nou dan, wees nie kleinmoedig nie, en eet en drink as julle nog lus het! Ek self sal nog ietwat van hierdie vis neem.” [17] Toe het almal nog van die vis geneem en het hulle ook baie goed aan die wyn geproe.

Oor die versoeking en die swakke. Oefen die denke 52 Toe ons almal genoeg geëet en gedrink het, vra die herbergier aan My of ons, omdat dit reeds taamlik laat in die nag geword het, dalk wou gaan rus. [2] Maar EK sê: “Wie behoefte aan rus het, moet gaan rus; Ek het egter geen behoefte daaraan nie en daarom gaan Ek nou ook nog nie rus nie. Bowendien is dit vir die liggaam beslis nie bevorderlik om dadelik na `n maaltyd te gaan rus nie; daarom bly ons nog `n paar ure wakker. Maar wie voel dat hy rus nodig het, laat hom gaan rus!”

[3] Almal sê: “Nee, nee, o Heer, ons wil met U wakker bly tot die môre, as U dit wil! Want ons weet maar al te goed dat by U alles `n innerlike, onnaspeurbare betekenis het, en dus is hier ook beslis iets daaragter, en dus bly ons wakker!” [4] EK sê: “Julle het gelyk; waak en sorg dat niemand van julle in versoeking kom nie!” [5] Toe het My eerste studente aan My gevra: “Heer, wat kan ons in U nabyheid dan wel in versoeking bring?! Want ons het aan U sy tog alreeds so baie beleef, en nog baie weinig het ons ook maar `n oomblik in versoeking gebring.” [6] EK sê: “O, beroem julle maar nie daarop nie, want die gees van die versoeking gaan rond soos `n hongerige, brullende leeu en probeer die mense te verslind! Julle kan nie waaksaam genoeg wees en nie genoeg let op elke sagte wind wat julle, o so ligtelik, prikkel nie! As so `n prikkeling die mens in sy gemoed en hart ook maar `n haarbreedte aan sy kant gebring het, dan sal dit hom werklik baie wilskrag kos om sy vroeëre standpunt te herwin. Onthou dit alles goed; want solank as wat die mens in hierdie wêreld leef, dink, wil en handel, weeg sy vlees swaarder as sy siel.” [7] Philippus sê: “Dit is sekerlik al te waar, en ek het dit alles baie goed by myself waargeneem; maar noudat ek oud is, doen geen enkele versoeking my nog iets aan nie. Ek het maar één fout en dit bestaan uit `n soort geloofswakte wat so nou en dan intree, dit wil sê, ek glo eintlik wel alles wat U sê, o Heer, - maar as my verstand alles soms nie dadelik begryp nie, dan word my geloof ook swak, en dan verval ek dadelik in allerlei ernstige vrae waarop van geen enkele kant `n duidelike antwoord in my gemoed en hart te vind is nie, en dan begin ek baie gou ligweg te twyfel. Dit is die enigste versoeking wat my nog steeds so nou en dan bekruip. Maar U, o Heer, sou my wel daarvan kon bevry en daardeur sou U my die gelukkigste mens maak!” [8] EK sê: “As Ek dit deur die krag wat in My woon sou doen, sou jy geen vry mens meer wees nie, baie traag word en baie gou ophou om jou siel te oefen in die steeds groter verkryging van die ware lewenskrag. [9] Laat elkeen dus sy las gewillig dra en hom steeds oefen in alle goeie dinge van die innerlike lewe! Op die regte tyd sal sy lewensmaat ook daardeur vol word en dan sal hy eers ware onverganklike vreugde hê oor die brood wat hy so self in die sweet van sy aangesig verwerf het. [10] Stel jou `n baie verwende mens voor, wat vanaf die wieg totaal niks hoef te gedoen het nie. Hy het die beste spyse geëet en gedrink, hoogstens maar net geleer praat en het behalwe sy klere nooit enige las gedra nie. As so iemand dan `n gewig van etlike ponde oor `n bepaalde afstand moet dra, sal hy dit nouliks kan doen, omdat hy sy fisieke kragte nooit ook maar in die minste daarvoor geoefen het nie. As hy dan nogtans begin om sy liggaamlike kragte deur `n langsame toenemende proses van aktiwiteit te oefen, sal hy dit binne enkele jare ook sover bring, om groter laste met gemak op te tel en te vervoer. Maar sou hy ook tot hierdie groter liggaamskrag gekom het, as hy maar steeds die ander mense vir hom sy laste laat optel en dra het?! [11] En kyk, presies so sien dit daar by jou met jou denkvermoë uit! Jy het dit vanaf jou jeug te min geoefen en eers nou op `n latere leeftyd het jy begin om dit meer te oefen, en jy hoef jou dus ook nie daaroor te verwonder dat jy nou baie dinge nie so gou opneem en begryp soos menige ander nie. [12] Ek is egter `n goeie onderwyser en leier en Ek dra My studente nie op die hande oor alle weë en voetpaaie nie, hoe steil en oneffe ook, maar laat hulle self loop sodat hulle sterk genoeg word om voortaan selfstandig oor alle weë te kan gaan, ook die growwe weë. [13] As iemand egter op `n bepaalde weg `n hindernis ontmoet wat egter te groot is, dan sal Ek hom wel lig en krag gee om ook hierdie groot hindernis te oorwin. Maar in die eerste plek moet elke mens self alles doen wat in sy vermoë is; as hy meer nodig het, sal dit op die regte oomblik aan hom gegee word. - Het jy dit nou goed begryp?” [14] Philippus sê: “Ja, Heer, dit het ek nou goed begryp, en ek sal alle moontlike moeite doen om in my denke en geloof altyd so sterk as moontlik te word!”

Die bestemming van die skepsele 53 Daarop het die herbergier gesê: “Ek ken hierdie mens ook in myself en weet nou ook, wat my te doen staan. Ek wil nie praat oor alle profete en oor die Hooglied van Salomo nie, - waarvan ek tot op hede nog baie weinig of heeltemal niks verstaan het nie; maar tog het ek by die deurlees van die Wysheid uit die voortyd wel dikwels gedink dat hulle juis deur hul mistieke taal die mens baie in die denke laat oefen het en hom daardeur gewoonweg gedwing het om steeds dieper in homself te gaan kyk, en dit vind ek baie goed. As mens dan egter so diep in jouself gedring het, volg die een ligpuntjie na die ander en dan word baie dinge vir jou duidelik wat vroeër soos `n onoplosbare raaisel voorgekom het. Maar soos wat gesê is, ek praat nou nie oor die onbegryplikheid van die geskrifte van die ou wyses en sieners nie, maar oor baie natuurlike dinge.

[2] Soos byvoorbeeld oor die ware bestemming van enige skepsel op hierdie aarde, en dan kom ons dadelik by ons edelvisse. Hulle is seldsame en selfs baie lewenslustige, mooi waterdiere. En die mens het eers op die idee gekom, deur honger gedryf, om hulle te vang en te eet. Wel, is dit dan hul ware bestemming om deur ons mense gevang, gedood en daarna as `n ware lekkerny geëet te word?! As dit hul ware bestemming is, weet ek nie wat dan destyds hul bestemming was toe die mens nog nie op die gedagte gekom het om hierdie visse te vang, te dood en dan goed voorberei te eet nie. [3] Ek het wel duisende dergelike vrae, en hoe meer ek daaroor nadink, hoe meer verward word ek en ek raak maar net steeds verder van die lig verwyderd in plaas daarvan om nader te kom, en juis deur hierdie navorsing en nadenke kan ek nooit heeltemal die sekerlik uiters wyse doel ontdek wat die Skepper het met hierdie en die tallose ander skepsele nie. So-iets sou ook eintlik vir ons mense ook gladnie nodig wees nie, want skepsele is nou eenmaal daar en die goeie en uiters wyse Skepper sal wel weet waarom Hy hulle geskape het. [4] Maar die mens is en bly `n denker en kan in homself geen rus meer vind sodra sy gedagtes eenmaal met hom op loop gaan nie. En so gaan dit met my! Ook al weet ek dat al die nuttelose denke my heeltemal niks help nie, dink ek nogtans steeds maar aanmekaar, en daarteen sou ek dan ook van U `n goeie geneesmiddel wil hê; want hierdie denkwyse word vir my nou alreeds behoorlik lastig, en ek sou wat daarvoor gee as ek vir altyd daarvan bevry sou kon word.” [5] EK sê: “Ja, My liewe vriend, op hierdie punt is dit egter ietwat moeilik om jou te help; want dan sou Ek baie lank met jou moes praat om jou van alle talle soorte skepsele die ware doel van hul bestaan uit te lê. Net in die algemeen kan Ek jou soveel sê, dat alles wat vir die mens sigbaar en tasbaar geskape is, iets geesteliks is wat onder die oordeel lê en die bestemming het om deur `n lang ry van allerlei vorme uiteindelik in `n vry en selfstandige lewe oor te gaan. [6] Die vorme is houers ter opname van die lewe uit God en is daar – reeds om te begin met die gesteente - deur alle ryke van die minerale na die planteryk, deur die hele planteryk weer na die diereryk en daardeur na die ryk van die mens. [7] Elke vorm kom ooreen met `n sekere soort intelligensie. Hoe eenvoudiger die vorm is, hoe eenvoudiger en onbeduidender is die intelligensie ook wat daarin aanwesig is; hoe ontwikkelder en komplekser `n vorm is, hoe meer intelligensie sal jy ook daarin vind. [8] Neem byvoorbeeld `n naakte reënwurm, en jy sal aan sy manier van doen maklik sien dat sy uiters geringe lewensintelligensie heeltemal ooreenstem met sy vorm; beskou daarenteen die vorm van `n by, wat alreeds baie gekompliseerd is, dan sal jy daaruit ook die baie hoëre intelligensie aflei wat hoort by die wyse waarop hierdie diertjie leef! En so neem dit opwaarts toe tot by die mens. [9] Hierdie vorme is egter net voorlopige versamelplekke en draers van sterker en intelligenter wordende lewe. Die lewe is voortdurend besig om hoëre vorme aan te neem en verlaat na gelang van die maat en toestand van die groter vereniging die voormalige eenvoudiger vorme. Wat dan verder met die agtergeblewe lewelose vorm gebeur, is onbelangrik, want dit was maar net `n organies-meganiese omhulsel wat spesiaal geskik was vir die lewensintelligensie wat daarin aanwesig is. Of hierdie visse dus nou deur ons mense of deur ander diere geëet word, dit bring die groot doel van die Skepper nie in die minste van koers af nie, en die einddoel van die lewe word nogtans onvermydelik bereik. [10] Dat daar egter in die lewelose omhulsels voedingsdele aanwesig is, is bekend, en deurdat die lewelose vorme op hul beurt ook weer verteer word, gaan die meer edele dele daarvan ook weer in `n ander lewe oor, en so sien jy hier op aarde `n voortdurende stryd en wisseling van lewe deur die hele, groot kring van skepsele tot by die mens. [11] Maar selfs die uiterlike vorm van die mens, naamlik sy liggaam, het net waarde solank die lewende siel daarin woon. As die siel eenmaal ryp geword het, dan verlaat sy vir ewig die liggaam, daarna word dit verteer. Dit is dan van geen belang deur wie of deur wat nie. Wat daar nog substansieël aan die siel behoort, word ook weer aan die siel gegee; al die ander gaan as voedingsstof in talle ander geskape vorme oor. Hier het jy in kort `n grondige beskrywing van al die dinge waaroor jy tevergeefs soveel nagedink het. - Begryp jy dit nou goed?”

Die opstanding van die vlees 54 Die herbergier sê: “Ja, ek verstaan dit nou wel redelik, hoewel ek hier openlik moet erken dat dit alles vir my heeltemal nuwe dinge en in `n sekere sin nie te glo is nie. Dan bestaan daar dus nie die uiteindelike opstanding van die liggaam nie, waaraan alle Judeërs tog vas glo en waarvoor hulle die lyke in `n bepaalde kerkhof begrawe in die geloof dat hy op die jongste dag weer deur die engele gewek en met hul siele verenig sal word! Die Judeërs sal dit moeilik glo (wat U nou leer)! Ek glo dit wel, omdat U, o Heer, dit nou so aan ons vertel het en baie grondig uitgelê het, - maar as iemand anders dit aan my sou verduidelik het, sou ek hom baie moeilik kon glo; want dit wyk te sterk van die bestaande geloof af. En nogtans moet ek nou openlik erken dat die ervaringe my geleer het dat dit alles maar net so kan wees en nie anders nie. –

Wat sê julle, ou en nuwe studente, daarvan?” [2] Een van die Judese Grieke sê: “Wat ons betref, ons is dit heeltemal met jou eens! Ons sien wel die waarheid in van wat daar gesê is, maar ook die moeilikheid om hierdie heeltemal nuwe leer aan die mense van hierdie tyd begryplik as waarheid voor te stel.” [3] EK sê: “Ek het hierdie leer egter ook nie gegee sodat julle dit aan die Judeërs moet beskryf nie! As julle iemand anders daarmee wil onderrig, dan kan julle dit altyd doen; maar of hy dit glo of nie, is voorlopig onbelangrik. As die tyd gekom het, sal My ware aanhangers egter in elk geval deur My Gees, wat oor hulle uitgestort sal word, in alle Waarheid en Wysheid gelei word. [4] Dit spreek tog vanself dat die aardse liggaam, wanneer dit eenmaal ontsiel is, nooit meer sal opstaan en in al sy dele weer lewend gemaak sal kan word nie; want as dit die geval sou gewees het, dan moet op die bepaalde jongste dag ook al die afgeraakte dele wat tydens die dikwels baie lang tydelike lewe van die liggaam, soos die hare, naels, verlore tande en alle growwe huiddeeltjes wat verdwyn het, en ook die talle bittere gevalle vergote bloeddruppels, sweetdruppels en nog baie meer wat die liggaam mettertyd afgelê het, saam opgewek en saam lewend gemaak word. Stel julle dan so `n menslike gedaante voor wat op die jongste dag weer tot lewe gewek is, - hoe belaglik dit daar sou moes uitsien. [5] Die mens het egter tydens verskillende periodes van sy lewe ook verskillende liggame; so is byvoorbeeld die liggaam van `n kind `n ander een as dié van `n groeiende seun, en `n ander as dié van `n jongeling, en `n ander as dié van `n man en `n ander een as dié van `n grysaard. Wel, by die volkome opnuut tot lewe wekking van die gestorwe menseliggame op die jongste dag sou mens jou tog noodwendig moes afvra of alle lewensvorme wat iemand vanaf sy kindertyd tot op hoë leeftyd beset het, tegelyk of na mekaar of selfs maar net één daarvan weer opnuut tot lewe gewek moet word. [6] Dan doen hom nog `n baie belangrike vraag voor, en dit is die volgende: By die Romeine, Grieke en Egiptenare en by nog talle ander volke van hierdie aarde word die lyke tot as verbrand. Êrens anders gooi mense hulle in die see en word hulle deur die seemonsters geëet en daardeur word deel van die liggaam deel van die seemonsters, en gaan so `n monster dan dood, dan word dit weer deur ander diere van die see geëet. Wat moet daar op die jongste dag van hierdie liggame opgewek word? By die verbranding het die grootste deel van die liggaam in rook en damp opgegaan wat met die lug vermeng het, en by die liggame, wat in die see gewerp is, is vlees en al `n bybestanddeel van die seediere en het so in `n baie ander wese oorgegaan. Wie moet dan die voormalige menslike liggaamsbestanddele uit die tallose aantal diereliggame, uit die water, uit die lug, uit die minerale en uit die plante en wurms versamel en weer saamvoeg? [7] En selfs as dit by God nie onmoontlik sou wees nie, dan is dit tog die vraag wat se nut en bate `n vrye siel daarvan sou kon hê. Waarlik, elke siel wat eenmaal verlos is van haar swaar liggaam, sou haarself sekerlik uitermate ongelukkig voel as sy weer daarin sou moes teruggaan - en dit ook nog vir ewig! [8] Bowendien sou dit ook nooit ooreen kon stem met die ewige orde van God nie, want God self is `n suiwer Gees en die mense het uiteindelik ook uitsluitlik maar net die bestemming om vir ewig suiwer geeste te word wat aan God gelyk is. Waarvoor sou hulle dan die liggame nodig hê?! [9] Ja, hulle sal ook daar liggame hê, maar nie hierdie aardse, grofstoflike nie, maar `n baie nuwe, geestelike, wat sal voortkom uit hul aardse goeie werke volgens My leer wat Ek nou aan julle gegee het. [10] As dit so met die werklikheid gesteld is, hoe kan iemand dan meen dat onder die opstanding van die liggaam die in die toekoms opnuut lewendmaking van hierdie aardse liggaam verstaan moet word?! Die opstanding van die liggaam bestaan net uit die goeie werke wat die siel in die liggaam vir die naaste gedoen het en wat net aan die siel die ware, ewige lewe gee. [11] Wie dus My leer hoor, in My glo en daarvolgens handel, sal Ek self opwek op sy jongste dag, wat dadelik na die uittrede van sy siel uit hierdie liggaam volg, en wel so dat niemand sal merk hoe gou die verandering plaasvind nie, want die verandering sal oombliklik plaasvind. [12] En nou glo Ek, dat ook in hierdie opsig, dit alles vir julle heeltemal duidelik is. Het iemand egter nog die een of ander probleem of twyfel, laat hom dit dan laat hoor!”

Oor die siektes en oor die vroegtydige dood 55 Toe sê `n Judese Griek: “Majesteit en Heer, dit is vir ons almal nou heeltemal duidelik; maar nogtans is daar nog een ding waarvoor ek geen egte rede kan bedink nie. Waarom moet daar tog soveel kinders in hul prille, nog heeltemal onontwikkelde jeug sterf, en waarom moet die liggaamlike dood byna altyd deur `n ernstige siekte voorafgegaan word wat die liggaam verswak en ook dood? As `n mens eenmaal ryp is, sou hy as siel tog wel baie maklik en sonder pyn die liggaam kon verlaat, en kinders sou voordat hulle `n bepaalde graad van rypheid bereik het, nooit as te nimmer moet sterf nie. Maar nogtans gebeur dit voortdurend: Kinders sterf op alle leeftye, en die ernstige siektes verdwyn nie en is `n voortdurende plaag vir die mense. O Majesteit en Heer, waarvoor is dit nou op hierdie aarde nodig?”

[2] EK sê: “Dit sou glad nie nodig gewees het nie, en dit was ook nie so in die voortyd nie; want het jy dalk in enige kroniek gelees oor ernstige siektes by die mense wat aan God getrou was en volgens Sy gebooie geleef het?! Hulle het almal `n hoë leeftyd bereik en hul sterwe was `n sagte, pynlose inslaap. Toe het daar ook geen kind gesterf nie, want hy of sy is deur gesonde ouers verwek en op `n gesonde, natuurlike manier gevoed en opgevoed. [3] Toe daar later by die mense egter allerlei vorme van hoogmoed en daarmee `n baie groot leër van die ergste sondes teen die gebooie van God en die wette van die natuur ingang gevind het, het daar eers deur eie skuld allerlei kwaadaardige siektes onder die mense gekom. Die mense wat daardeur verswak is, kon vervolgens ook geen gesonde kinders meer verwek nie. Sulke kinders, wat reeds vanaf die moederliggaam verswak is, het geleidelik steeds meer begin ly aan allerlei siektes en toe in verskeie leeftydstadia gesterf. [4] Omdat dit nou so gaan, moet julle nie dink dat God dit vanweë die een of ander onnaspeurbare geheime voorneme by die mense ingestel het nie; Hy het dit egter toegelaat, sodat die mense ten eerste deur die siektes weggehou kan word van te veel sonde, en ten tweede, sodat hulle deur die bittere en pynlike siektes meer van die wêreld losgemaak word, tot inkeer kom, hul sondes insien, dit verafsku en so met geduld en oorgawe aan die Goddelike wil salig kan word. [5] So is dit ook by die kinders. Wat moet daar op hierdie aarde van `n kind, wat liggaamlik heeltemal in sy ontwikkeling gestrem is, word, en in die besonder by ouers wat self in alle sonde gebore is?! Wie sal hulle opvoed en wie sal hulle genees van al hul kwale?! Is dit dan nie beter dat hulle van hierdie wêreld weggeneem word en daarna in die hiernamaals in die kinderryk, wat spesiaal vir hulle bestaan, deur die engele grootgemaak word nie?! [6] Ek sê vir julle: God weet alles en sorg ook vir alles! Maar hoe kan die mense in hierdie tyd, aangesien die meeste God gladnie meer ken en niks van Hom af weet nie, dan weet wat God doen en wat Hy voorskryf vir hul moontlike geluksaligheid?! [7] As God geen siektes sou toegelaat het wat ooreenstem met die sondes van die mense nie, dan sou meer as die helfte van die mensdom heeltemal ten gronde gegaan het, en die aarde sal `n volkome hel word en verwoes moet word en as dooie brokstukke in die eindelose wêreldruimte moet ronddwaal, soos wat daar in die sigbare heelal met sy sterre en wêrelde ook alreeds soortgelyke voorbeelde te vinde is, waaroor My studente julle wel ietwat meer sal kan vertel. - En nou vra Ek julle, hoe julle dit begryp en opgeneem het.” [8] Toe sê die Joodse Grieke: “Ja, Majesteit en Heer, ook dit is nou volkome duidelik vir ons, en dit vererg ons ook heeltemal nie meer dat ons ook reeds verskeie kere ernstig siek was en dat ons hoogswaarskynlik uiteindelik nog deur `n ernstige siekte van hierdie wêreld na die ander gehelp sal word nie; want ons het gedurende ons lewe ook baie dikwels en baie erg gesondig! Maar nou sal ons nog graag van U wil weet watter sondes die oorsaak is van die meeste en ernstigste siektes; want daarin sal tog ook wel verskille wees.”

Die vernaamste oorsake van die siektes 56 EK sê: “Van alle sonde is hoerery, ontug en allerlei soorte geilheid die ergste. Die mense word egter tot hierdie sonde verlei deur niksdoen, hovaardigheid en hoogmoed. Want vir die hoogmoed is niks meer gewyd nie; hy soek net alle middele wat hom ten dienste staan, om daardeur die hartstogte van sy sinne, wat op die wêreld gerig is, te bevredig. [2] As kinders dan deur so iemand verwek word, - watter beklaenswaardige mense kom daar dan op hierdie wêreld, wat deur allerlei siektes gepla is! - Hierdie sonde is dus `n hoofoorsaak, waardeur alle ergste siektes in hierdie wêreld inkom. [3] Daarna kom egter ook vraatsug en swelgery, toorn en talle soorte ergernisse, deur watter genoemde goddeloosheid daar ook allerlei siektes by die mense ontwikkel en hulle dan op jammerlike wyse kwel. [4] Het Ek nie aan die sieke in Jerusalem gesê, wat meer as agt-en-dertig jaar by die Bad van Betésda gewag het om genees te word nie, toe Ek hom genees het: “Gaan heen en sondig nie weer nie, sodat iets ergers jou nie oorkom nie!”?! Sy erge jig was derhalwe ook `n gevolg van sy talle sondes van vroeër. En so is dit byna by die meeste mense wat deur My genees is, ewe-eens die geval gewees. As hulle deur hul talle sondes nie siek sou geword het nie, dan sou hul siele ook verlore gewees het. Maar `n baie swaar en bittere siekte het hulle nugter gemaak en getoon hoe die wêreld sy aanhangers beloon. Hulle het deur die siekte hul liefde vir die wêreld verloor en verlang vurig daarna om gou daarvan verlos te word. Daardeur het hul siel vryer geword, en op die regte oomblik het vir hulle dan ook die genesing van hul liggaam gekom. [5] Benewens hierdie hoofoorsake waaruit mense, wat reeds vanaf hul geboorte `n swak gesondheid het, en die meeste siektes ontstaan het, is daar sekerlik ook ander waardeur die swak mens baie siek kan word, - maar Ek sê nogmaals nadruklik: Net diegene wat reeds vanaf die geboorte `n swak gesondheid

het, kan die siektes kry! Die oorsake sal Ek julle egter baie kortliks aantoon: [6] Ten eerste die eet van verkeerde, onreine en slegte en nie vars voorbereide spyse nie en ook onsuiwer drank, - vervolgens die eet van allerlei onryp vrugte. Dan het baie die verkeerde gewoonte om hulle in `n verhitte toestand vinnig te laat afkoel. Ander stel hulle weer, heeltemal onbewus van hul aangebore swakheid, aan allerlei gevare bloot waardeur hulle heeltemal ten gronde gaan of waarvan hulle lewenslank die skade moet dra. [7] Ja, daarvoor kan God nie, te meer omdat Hy aan die mens verstand, vrye wil en die beste lewenswette gegee het! [8] Teen die traagheid van die mens bestaan nou eenmaal geen ander middel as allerlei toegelate kwale nie, wat noodsaaklikerwys op die verontagsaming van die Goddelike wil moet volg. Dit wek die siel, wat in die liggaam van die mens vas lê en slaap, en toon aan haar die ellendige gevolge van haar traagheid, en daardeur word sy versigtiger, verstandiger, yweriger en meer inskiklik vir die erkende, Goddelike wil. En sodoende het die verskillende siektes waarmee die mense nou gepla is, ook hul besliste goeie kant. [9] Weliswaar is dit ook `n soort oordeel, wat die siel na die goeie dwing; maar daardeur word die siel tog nie heeltemal haar vrye wil ontneem nie, en sy kan haarself tydens en na `n siekte nog behoorlik baie verbeter, alhoewel sy haar verdere vervolmaking eers in die hiernamaals sal verkry. [10] Daar is egter ook siek mense, wat vanweë die sondes van hul ouers of ook wel voorouers reeds vanaf die moederskoot siek in die wêreld gekom het. Hierdie siele van sulke siekes is meestal van bo afkomstig en maak net `n tydelike proef in die vlees deur; vir hulle is egter in die hiernamaals in die ryk van die geeste in elk geval alreeds goed gesorg, en elkeen wat vir hulle sorg en hulle met liefde en geduld behandel, sal hulle ook in die hiernamaals met dieselfde liefde en dieselfde geduld in hul hemelse woninge opneem. [11] En hiermee het Ek aan julle nou ook volle opheldering daaroor gegee; wanneer die Gees egter heeltemal in julle sal ontwaak, sal Hy julle, ook wat dit betref, in alle wysheid binnelei. - Verstaan julle dit nou ewe-eens?” [12] Almal sê: “Majesteit en Heer, ons verstaan dit nou volkome en dank U nogmaals vir hierdie groot lig! Want omdat iemand wat leraar word, met allerlei siek mense te doen kry, is dit vir hom ook baie noodsaaklik om hulle deur die genoemde gedagtes geloof, moed en alle geduld te gee, om by hulle, as dit nodig en moontlik sou wees, ook `n versagting van hul lyding te bewerkstellig; want wie geduldig ly, ly duidelik al minder as wie baie ongeduldig ly. En daarom vind ons hierdie leer van U baie goed, want niemand het meer troos nodig as iemand wat in watter vorm dan ook ly, en ons vind dit ook besonder belangrik om `n lydende mens geestelik en liggaamlik te hulp te kom. - Het ons gelyk of nie?” [13] EK sê: “Sekerlik; want net hulle moet deur die naasteliefde gehelp word wat dit nodig het, dit het waarde voor God. Daarom sê Ek egter nog daarby aan julle: Iemand wat `n gastemaaltyd aanbied en sy ryk bure en vriende daarvoor uitnooi, het weliswaar nie daardeur gesondig nie, maar in die hemel sal hy ook geen loon daarvoor kan verwag nie, omdat sy vriende hom hier kan beloon daarvoor. Nooi daarom die armes as gaste uit, en dit sal julle in die hemel beloon word; want die armes kan julle hier nie vergoed nie! [14] So gaan dit ook met hulle wat hul baie geld aan rente uitleen en na `n bepaalde tyd ook weer hul kapitaal terugkry. Hulle begaan daardeur, as hulle geen woekerwins bedryf nie, sekerlik ook geen sonde nie; maar in die hemel sal hulle daarvoor geen rente vergoed word nie, - egter wel, as hulle ook aan die armes in hul nood geld sonder rente en ook sonder terugbetaling van die kapitaal geleen het. Dus, die ware werk van die naasteliefde is: Om alle soorte armes op elke moontlike goeie wyse te help. [15] Maar vir vanaand het ons genoeg goeie dinge gedoen en daarom begewe ons onsself nou ter ruste. Die dag van môre sal wel weer syne bring.” [16] Na hierdie woorde van My het almal gaan rus, en almal het My nogmaals vir die gegewe lesse bedank.

Die springvloed 57 Op die oggend van die dag na die Sabbat, het ons vroeg opgestaan, en Ek het met sommige studente na buite gegaan, soos wat Ek gewoonlik byna orals gedoen het. Dit was `n helder, mooi lentemôre, en dit was vreemd dat die see, terwyl daar byna wel `n volkome windstilte geheers het, sulke hoë golwe gevorm het. [2] Die herbergier, wat ook baie gou na ons toe gekom het, het My heel verbaas na die rede van die magtige beweging van die water gevra, terwyl daar tog nêrens iets van `n wind te merk was nie. [3] Maar EK sê aan hom: “Glo dit, aan My is alle mag in die hemel en op die aarde gegee, en die water word hier dan ook so sterk beweeg omdat Ek dit wil! Ek het egter `n rede daarvoor, waarvan jy jou later self sal kan oortuig.” [4] Toe sê die herbergier, nou nog meer verbaas: “Heer, dat alle kragte en magte van die natuur U moet

gehoorsaam, is vir my baie duidelik, maar dat U die see ook vanweë `n geheime rede onstuimig laat word, is nuut vir my, veral in hierdie pragtige helder oggenduur. Die golwe word steeds kragtiger en hoër! Dit word byna nodig dat ek die skepe en die vishouers na `n nog veiliger plek bring, andersins kan daar werklik skade kom!” [5] EK sê: “Wees nie daaroor bekommerd nie, want nòg jou skepe, nòg jou visse sal enige skade opdoen. Maar hulle, wat met `n baie bose bedoeling nou per skip op die water is, sal dit nie so baie behaaglik te moede word nie. Hulle sal weliswaar nie deur die golwe oorweldig word nie, maar hul boosaardige gemoed sal na die baie moeisame bereiking van die oewer baie afgekoel wees!” [6] Daarop vra die herbergier: “Wie mag dan die slegte mense wel wees, en wat is hulle van plan om te doen?” [7] EK sê: “Jy weet dat Ek die vorige jaar tydens die Loofhuttefees in Jerusalem was en die volk daar in die tempel geleer het oor My sending, nadat Ek vroeër die man wat agt-en-dertig jaar siek was, by die Bad van Betésda genees het, en later nog `n aantal in die omgewing van Jerusalem en Bethlehem. Baie mense van die volk het daardeur gelowig geword, wat die tempeldienaars goed gemerk het, soos ook dat baie My gevolg het. Daarom het hulle in hul woede nou weer besluit om My te agtervolg, te gryp en ook dadelik te dood. Hulle wil My dus om die lewe bring. Maar My tyd het nog nie gekom nie, en daarom werp Ek nou `n hindernis vir hulle op wat hulle sal verhinder om My te agtervolg, te gryp en te dood. En dit is die rede waarom die see nou so sulke groot en hoë golwe vorm. - Is dit nou vir jou duidelik?” [8] Toe sê die herbergier: “O ja, in hierdie geval moet die see net nog baie erger begin woed! Laat daar dan ook maar `n baie kragtige stormwind bykom, dan sal die verdorwe mense eers werklik begin te merk hoe God weet om hul bose moeite te beloon!” [9] EK sê: “O, `n stormwind sou hulle juis goed te pas kom, want hulle het `n skip wat bestand is teen die storm en wat hulle baie spoedig na `n veilige oewer sou bring. Maar hierdie windstille springvloed bring hulle heeltemal tot vertwyfeling; want hulle kom daarin, selfs as hulle so hard as moontlik roei, nie verder nie, omdat elke golf die skip weer na sy aanvanklike plek terugwerp en dit by hulle net so gaan soos met `n wandelaar wat oor los klippe `n berg wil klim. Met elke tree gly die klippe weg en die wandelaar gly weer terug na die plek waar hy eers was. Daarom is hierdie soort golfbeweging vir My agtervolgers alreeds in elk geval die beste en mees bruikbaarste. - Maar ons laat dit nou daar en gaan sien hoe dit met ons oggendete gesteld is!” [10] Die herbergier sê: “Heer, dit sal wel klaar voorberei wees, want ek het aan die dienspersoneel opgedra om ons te roep wanneer alles klaar is en sien, daar kom alreeds een uit die huis om ons te roep, laat ons dus maar gaan!” [11] EK sê: “Jy vergis jou, - hy bring ons maar net die berig dat die studente na My gevra het en wou weet waarheen Ek gegaan het. Want hulle het `n klein meningsverskil waarby Ek dadelik as skeidsregter moet optree. Maar ons laat hulle nou dit nog maar ietwat bespreek; hierna is daar nog tyd genoeg om hulle almal op die regte weg te lei.” [12] Die herbergier sê: “Waaroor kon hulle nou tog `n meningsverskil gekry het?” [13] EK sê: “O, oor `n kleinigheid! Die twintig nuwe studente het aan sommige van My ou studente, wat tuis gebly het, na die rede van hierdie hoë seebeweging gevra, en die ou studente sê dat hierdie windstille hoë seebeweging net deur My vanweë `n geheime rede, op wonderbaarlike wyse veroorsaak moes gewees het. Die nuwe studente wou dit egter nie heeltemal aanvaar nie en sê: “Ons weet wel dat alles wat daar gebeur en ontstaan, net van God, die Heer afhang; maar desondanks het Hy in die natuur deur Sy orde, geregtigheid en wysheid vir geheime kragte gesorg wat volgens Sy wil werk. Weliswaar bring Hy deur Sy wil die kragte weer in werking; maar daarna werk die kragte direk en God deur hulle net indirek. Dat alles wat gewig het, na benede val, het God oorspronklik so ingestel; maar nou dryf die krag wat op hierdie wyse ingestel is, die eie liggaamsgewig vanself na benede. So het God oorspronklik die water swaar en vloeibaar gemaak. En juis hierdie eienskap, wat deur Hom gegee is, is nou ook die geheime krag van die water wat dit van die hoogte onweerstaanbaar en aanhoudend na die diepte laat stroom, sonder dat God daarby steeds hoef in te gryp om die water verder in die spruite, riviere en strome te laat vloei. En so sal dit nou ook by hierdie windstille seebeweging wees; hierdie is juis net deur die algehele windstilte opvallender as wanneer dit deur `n sterk, magtige orkaan opgewek sou wees.” Daarom het hulle juis die reeds baie meer ervare studente gevra deur watter geheime krag God nou hierdie seebeweging sou kon opgeroep het. [14] Die ou studente het egter standvastig volgehou met die bewering dat hierdie beweging nie indirek nie, maar baie direk deur die mag van My wil opgeroep is. Nou het die nuwe studente egter op hul manier gelyk en die ou studente ook, en daarom het hulle My beslissing as skeidsregter nodig. En daarom gaan ons dan ook na hulle toe om hulle in reg en waarheid te verenig!” [15] Daarop het ons dadelik na die huis gegaan, vanwaar ons in elk geval maar hoogstens duisend treë

was. [16] Toe ons binnekom, het alle studente My gegroet en dadelik hul meningsverskil aan My voorgelê. [17] En EK het hulle almal vriendelik aangekyk en gesê: “Julle stry oor die waarde van `n plukseltjie skaapwol! Die nuwe studente het gelyk, - maar die ou studente ook; want in algemene sin het die nuwe studente gelyk, en nou in hierdie spesiale geval die ou studente. Want hierdie beweging van die see wat vir julle nou so heel merkwaardig voorkom, ontstaan nie deur `n indirekte krag nie, maar direk deur My wil. [18] Maar sodat julle dit egter nog meer tasbaar kan waarneem, moet julle na buite kyk na die see, wat nou orals ewe hoog gaan! Ek sal `n klein gedeelte hier by die oewer beveel om volkome tot rus te kom, en dan sal julle tog wel insien dat God se wil ook iets direk kan bewerkstellig.” [19] Net deur My wil het Ek oor `n oppervlak van tweehonderd akkers die see sodanig tot rus gebring, dat dit spieëlglad was, terwyl die see buite hierdie spieël nog erger gewoed het as voorheen. Toe die nuwe studente dit gesien het, het hulle voor My neergeval en wou My aanbid. [20] Maar EK sê aan hulle: “Hou dadelik op daarmee! Want Ek het nie in hierdie wêreld gekom om My deur die mense te laat eer en aanbid nie, maar net om die weë van die waarheid en die lewe aan hulle te toon en almal te help wat nood ly, wat vermoeid is en met allerlei bose laste belaai is. [21] As julle egter God, wat in Homself die reinste Gees is, waarlik wil aanbid, dan moet julle Hom deur die liefde in julle hart ook in gees en in waarheid aanbid, en wel deur die daad, deur allerlei goeie werke. Want waarlik, wat julle vir die armes uit liefde vir God doen, dit doen julle vir God! En dat julle aan My glo, dat Ek deur God na julle gestuur is, dit is die enigste ware aanbidding van God. Elke leë lippegebed is egter `n gruwel voor God en volkome waardeloos. Wie God met sy lippe eer, terwyl sy hart daarby koud en passief bly, maak van God `n afgod en bedryf daardeur egte geestelike hoerery. Soos dit staan in een van die profete, wat sê: “Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af!” (Matthéüs 15:8; Jesaja 29:13) [22] Waarlik, Ek sê vir julle: Waar die hart God nie deur dade van ware en suiwere, onselfsugtige liefde aanbid nie, daar is elke gebed `n leë en waardelose klank, wat in die lug weerklink en volledig wegsterf. Ek is nou julle Heer, en julle is My studente. Glo wat Ek aan julle sê en doen wat Ek aan julle opdra, en volg My na! Meer is onder ons nie nodig nie.” [23] Daarop het die nuwe studente van hul aanbidding afgesien en ons het na die goed voorbereide ontbyt gegaan, wat vir almal baie goed gesmaak het.

Petrus en die ryk inwoner van Kapernaum 58 Tydens die maaltyd is daar min gepraat, maar na die maaltyd des te meer; want daar het alreeds gou baie gaste uit die stad gekom, deels om na die woeste see te kyk, maar deels ook om `n goeie visontbyt daar te nuttig; want ons herbergier het naamlik in hierdie opsig `n goeie naam in die hele stad gehad. Dit was nie maklik om te vermy dat hierdie gaste met ons in aanraking gekom het nie, waarby baie na My gevra het; want hulle het sommige van My studente, wat hulle goed geken het, gesien en het daaruit die gevolgtrekking gemaak dat ook Ek nie so ver weg van hulle sou wees nie. [2] `n Vername man uit Kapernaum, wat Simon Petrus baie goed geken het, het hom nader geroep en gesê: “Liewe vriend! Jy weet dat ek altyd vis van jou gekoop het en jou huis soveel moontlik ondersteun het; maar dit duur nou alreeds meer as een jaar dat jy en `n aantal opregte en deugdelike mense heeltemal vir niks met die Nasareense profeet rondtrek en julle vir julleself daardeur `n menigte vyande by die Judeërs op die hals gehaal het. Terselfdertyd verwaarloos julle julle huise en julle families, en dit kan God volgens die wette van Moses nie welgevallig wees nie! Dit is wel waar dat die Nasarener af en toe baie buitengewone tekens doen en mens byna in die verleiding sou kom om Hom vir `n profeet, wat deur God gesalf is, aan te sien; maar hoor mens Hom daarna spreek, dan weet mens nie of daar iets in so `n brein in orde is nie en of Hy opsetlik soveel onsin praat dat `n normale mens dit nie kan aanhoor nie, soos byvoorbeeld gister in die skool. Almal was gespanne oor wat Hy daar sou sê, omdat mens alreeds soveel oor Sy werklik buitengewone vaardighede self meegemaak het en heelwat van baie geloofwaardige ooggetuies gehoor het; maar Sy toespraak van gister was tog so dom, dat elkeen hom wel terdeë daaroor moes vererg! Waarlik, as julle van Hom niks beter leer nie, dan is julle terwille van julleself en nog meer terwille van julle brawe gesinne, baie te bejammer! - Het ek gelyk of nie?” [3] Petrus het ietwat geprikkeld geantwoord: “Vriend, as jy oor ons Heer `n geldige oordeel wil vel, dan moet jy Hom net soos ek beter leer ken! Ek is nou meer as een jaar voortdurend by Hom en weet daarom ook beduidend meer as wat jy ook maar kan weet. Ek het ook nie op my kop geval nie, ek ken die Skrif en kan daardeur ook heelwat baie grondig beoordeel; maar ek het uit Sy mond nog nooit `n woord gehoor waaruit nie die diepste, Goddelike Wysheid sonhelder betuig is nie. Selfs die toespraak van gister was vol innerlike lewe en Goddelike Gees. Dat dit net deur baie min verstaan is, is werklik nie Sy skuld nie! Wanneer Hy Hom duidelik openbaar en eindelik verklaar wie Hy nou presies is, en niemand Hom glo nie,

hoe kan sulke verstarde ongeloof dan Sy toespraak van gister begryp?! [4] Kyk eers na buite! Sien eers hoe ongelooflik die see raas en woed! En let dan ook eers op dat `n groot stuk langs die oewer waar dit spieëlglad is en waar geeneen van die golwe wat so geweldig daarteen slaan, in staat is om ook maar die rus daarvan te rimpel nie! En kyk, dat dit so gebeur, kom maar net deur die wil van die Nasarener! Nouliks `n halfuur gelede was die rasende golwe ook hier aan die oewer net so magtig soos daar in die vol see; maar Hy het rus op hierdie gedeelte gebied en dit was oombliklik rustig, soos wat dit nou nog is. Wie moet dan wel die Een wees, aan Wie ook die stomme elemente oombliklik gehoorsaam is?! [5] Hy het egter gister eenmaal openlik en onomwonde aan julle gesê wie Hy is. Waarom het julle Hom dan nie geglo en julle knieë en hart voor Hom gebuig nie?! Was dit wel verstandiger van julle om Hom as dwaas te verklaar, as om na Hom toe te gaan en te sê: “O Heer, U, wat as die lewe en alle mag uit God Self aan ons lewenswoorde verkondig, betuig aan ons arme blinde sondaars medelye en wees ons barmhartig!” Sien, ek weet en sien wie Hy is en bly daarom by Hom, en net deur Hom sal ek daarvoor die ewige lewe oes, waarvan ek nou alreeds baie sekerder is as van die feit dat ek nou leef en spreek! En as dit nie so sou gewees het nie, glo my, dan sou ek alreeds lankal nie meer Sy student gewees het nie; want soveel verstand as menige burger van hierdie stad het ek ook wel! [6] Maar ek het in ooreenstemming met alle profete van die Skrif beken dat net Hy die beloofde Messias, die groot Gesalfde van God, van ewigheid kan wees en ook is, en dus bly ek by Hom en beskou dit as die hoogste eer van die wêreld om deur Hom self as student geroep te wees. Gaan maar na my huisgenote en vra aan hulle of hulle sedert my afwesigheid iets te kort gekom het! Wie behalwe Hy sorg daar vir hulle?! En hulle het voldoende brood en wyn! Hy gaan nie self hul akkers bebou en vang ook geen vis vir hulle nie; dit alles doen Sy almagtige wil, wat ook net daarvoor sorg dat die hele aardbodem verbou word! En dan sê jy dat dit nie mooi is om terwille van hierdie Nasarener die huis en gesin te verlaat nie! O vriend, hoekom is jy tog so blind! [7] Kyk, ek het werklik nie van jou en van niemand `n les nodig nie; want ek het vir ewig genoeg aan die lesse van die Een! Was jy maar ietwat verstandiger as wat jy in werklikheid is, dan sou jy ons vra wat jou Nasarener leer en doen, en dan sou jy baie wyser handel as nou met jou wêreldse selfsugtige praatjies! Ek weet wat ek weet, en die ander studente weet dit ook, en hulle sal tesame met my getuig van die groot liefde en waarheid van God die Vader, wat nou in ons Heer Jesus, die deur God Gesalfde, na ons in hierdie wêreld gekom het tot heil van almal wat in Hom glo, en tot oordeel vir hulle wat Hom nie wil aanneem nie en altyd met raad en daad teen Hom is en hul uiterste bes doen om teen Hom te getuig. [8] Tog matig ons onsself nie aan om iemand van julle as dom en blind en ligsinnig te verklaar nie, maar julle doen dit wel aan ons en julle beskou ons as werksku leeglopers en ligsinnige avonturiers, sonder dat ons julle ook maar die minste aanleiding daartoe gegee het! Sê eers eerlik of dit wel reg is voor God en voor elke opregte mens!” [9] Toe het die ryk burger gesê: “Wel, wel, my liewe Simon Juda, ek het dit immers heeltemal nie so erg bedoel dat dit vir jou aanleiding sou wees om jou so oor my op te wen nie! As jy die wonderlike Nasarener beter ken as ek, dan is dit tog nie my skuld nie; want ek was nie in die geleentheid om, soos jy, voortdurend by Hom te wees en al Sy werke te sien en al Sy woorde te hoor nie. Ek beoordeel Hom maar net volgens wat ek self gesien het en wat ek oor Hom van ander mense gehoor het. As louter mens kan ek oor `n mens ook met die beste wil nie anders as om maar net menslike oordele te vel nie; en omdat ek my dit nou as jou ou vriend teenoor jou veroorloof, sou dit jou, as wyse man met baie meer ervaring as ek, miskien tog nie sleg gepas het as jy my in ietwat gematigder woorde op my vergissing gewys het nie! Maar omdat ek jou altyd liefgehad het, is ek nie vir jou kwaad nie. [10] Maar selfs die Goddelikste wysheid sal openlik aan my met reg moet toegee dat niemand meer van `n mens kan verlang as waartoe hy in staat is nie. Ek sou die God wel eers wil leer ken wat gebiedend en dadelik met straf dreigend aan my sou sê: “Jou ellendige aardse wurm daar, tel hierdie berg op en dra hom van hier na die einde van die wêreld, anders vervloek Ek jou tot ewige ellende!” Sou jy so `n soort Goddelike eis wys vind?! Sou `n wyse God, wat my kragte moet ken, so `n daad van my kan verlang?! Ek vra jou of dit so besonder wys van jou was om van my meer kennis, begrip en geloof te verlang as wat my geestelike kragte strek, en my dan dadelik vanweë my wankelende geloof en kennis ook van `n oordeel te verseker. [11] Geestelike krag is egter duidelik van `n hoër orde as elke natuurlike krag. As jy geen geestelike krag het nie, het jy dit nou eenmaal nie, en sonder om in die besit te wees van die groter en hoër geestelike krag kan jy dan ook ewemin diepere en meer geheime waarhede verstaan en dit as sodanig gelowig erken, as wat mens met te min natuurlike krag `n berg kan optel en wegdra. Ek dink egter dat mens orals met liefde en geduld by die mense meer uitrig as met hierdie erns wat jy nou sonder noodsaak teenoor my ontwikkel het. Het ek gelyk of nie?” [12] Toe het Petrus ietwat verleë gesê: “Ja, ja, jy kan op jou manier ook wel gelyk hê, en ek kan nie juis

iets teen jou mening inbring nie; maar jy moet tog ook insien dat dit van jou kant beslis nie mooi was om my dadelik in `n sekere sin as `n ligsinnige mens uit te maak nie, omdat ek my huis, ambag en gesin verlaat het en die Heilige van God uit Nasaret nagevolg het! [13] Ek weet wel dat dit jou hier, net soos nou talle ander, aan geestelike krag ontbreek om die diepe geheime van God dadelik te verstaan; maar daar is nog `n baie goeie middeweg, en dit lui volgens my ongeveer so: As ek buitengewone dinge hoor of dit selfs sien, bly ek beskeie en wag solank met my oordeel totdat ek moontlik van `n ander kant `n beter uitleg daaroor kry; en is dit vir my dan nog nie so heeltemal duidelik nie, dan soek ek verder, en eers as ek geen hoëre en betere uitleg kry nie, is ek geregtig om te sê: “Dit verstaan ek nie en ek laat dit aan ander oor wat kundiger is as ek om `n oordeel daaroor te vel!” Maar om dadelik die staf te breek oor iets wat jy nie verstaan nie, is tog beslis nog minder wys as wat my voortvarende reaksie teenoor jou was! [14] Jy het sekerlik die Hooglied van Salomo gelees en ook, net soos ek, beslis geen woord daarvan verstaan nie! Sou dit verstandig wees om dit te verwerp omdat jy dit nie verstaan nie?! Nogtans het ons `n groot eerbied vir die lied, hoewel ons dit nie verstaan en waarskynlik in hierdie wêreld ook nooit volkome sal verstaan nie. As ons met ons huidige baie beperkte verstand tydens die lewe van hierdie koning, wat met so `n groot wysheid begaafd was, geleef het, dan sou ons waarskynlik oor die Hooglied geen beter oordeel gehad het as wat julle gister gehad het oor die toespraak van die Majesteit en Heer nie; maar omdat die lied van die koning alreeds baie oud is, waardeer mens dit vanweë sy ouderdom, ook al verstaan mens dit glad nie. [15] Ons Majesteit en Heer verrig dade, waarvan Salomo nooit kon gedroom het nie, en Sy wysheid en respektiewelik volkome alwetendheid is in verhouding tot die wysheid van Salomo soos die oneindigheid tot die kleinste puntjie daarin; omdat dit egter nie byna duisend jaar oud is en hier voor julle oë en ore werksaam is en verlig, is dit vir julle `n dwaasheid. Dink self eers goed daaroor na en sê my dan of dit wys is van manne met enige verstand! [16] Ek wen my wel teenoor jou op, maar tereg, omdat ek tog vir jou moes aantoon dat ek en ook die ander broers, deur alles te verlaat en Hom te volg, geen arbeidsku dwase is nie, maar dat julle die dwase is, omdat julle dit nie insien en erken en dieselfde doen wat ons doen nie. Want nou het die tyd sigbaar aangebreek waarin elkeen wat dit wil, direk deur God onderrig en opgevoed kan word; want waarlik, ek sê aan jou as jou ou vriend: In hierdie Mens, wat julle `n profeet uit Nasaret noem, woon nie net die gewekte gees van `n profeet nie, maar in Sy liggaam woon die volledige Godheid en des te meer in Sy Gees! Maar julle is almal blind en wil, tot groot skade vir julleself, dit nooit erken en nog minder glo nie, en daarom is dit moeilik om met julle te praat.” [17] Toe het die ryk burger gesê: “Maar - liewe ou vriend, jy sê maar steeds dieselfde! Wees tog eers nugter en bedink dat daar in die eerste plek nog nooit iemand as `n volkome wyse man uit die hemel op ons aarde gekom het nie - en glad geen mens soos ons ook nie! Hoe sou ons dan kon weet dat agter die timmermanseun, wat aan ons persoonlik maar al te goed bekend is en wat met sy vader Josef en sy broers meermale by ons gewerk het, nou skielik die algehele volheid van die Godheid in Hom moet wees?! [18] Ja, as Hy met sy wonderdade byvoorbeeld uit Egipte of Persië na ons toe sou gekom het, dan sou Sy hele Wese vir ons kortsigtige mense duidelik belangriker gewees het en ook seker makliker `n sterker aantrekkingskrag op ons uitgeoefen het; maar ons ken Hom alreeds vanaf Sy kinderjare en Hy het vroeër, solank sy vader geleef het, nooit ook maar in die minste laat merk dat Hy iets meer was as `n baie gewone, stil, vlytige en uiters welgemanierde mens nie! Nou het Hy Hom opeens verhef tot leraar en buitengewone Heiland vir siekes en selfs skyndooie mense, wat opvallender is en moet wees omdat Hy vroeër nooit iets laat blyk het van dit alles nie, en ons baie goed weet dat Hy voorheen nooit `n skool besoek het en nooit in die buiteland was nie, waar Hy so-iets Sy eie kon gemaak het nie. [19] Maar skielik staan Hy met sulke buitengewone vaardighede toegerus voor ons, dat elke mens met reg uitermate verbaas daaroor moet wees! Wat kan ons met ons natuurlike verstand dan nog anders dink as: Hy is, omdat Hy `n vroom man is, op `n keer in die nag deur die Gees van God tot profeet opgewek, en ons doen dus niks onredelik as ons Hom as `n profeet uit Nasaret verklaar nie, wat die Nasareners self ook doen. Van jou hoor ek eers nou baie ander dinge, wat vir my weliswaar nog ietwat seldsaam klink. Maar ook dit maak nie saak nie, omdat `n mens immers eers iets êrens oor `n aangeleentheid moes gehoor het, alvorens hy dit kan beoordeel, beproef en ondersoek, waarna hy dit eers gelowig as volle waarheid kan aanvaar. [20] Ek het van jou nou vir die eerste keer iets gehoor oor wat daar eintlik agter ons Nasarener is, en sien, hoe indrukwekkend jy ookal oor Hom praat, vind ek dit nogtans nie verdoemenswaardig nie, maar selfs die moeite werd om ernstig daaroor na te dink, dit te ondersoek en ook aan te neem, as mens alle nodige voorwaardes daarvoor in ag geneem het! Ek vind niks onmoontlik daarin nie, en die omstandighede spreek nou baie daarvoor, omdat ons almal maar al te goed weet dat die Nasarener Hom die buitengewone bekwaamhede nêrens in `n geheime profeteskool Sy eie kon gemaak het nie, omdat Hy nooit `n besoek

daar afgelê het nie. Volgens Sy vader het Hy selfs nooit op so `n manier leer lees en skryf dat mens sou kon sê dat Hy dit volkome beheers nie. En daarom is Sy gawes wat plotseling tevoorskyn gekom het, soveel meer opvallender, en is die onbegryplike mag van Sy wil, waarvoor selfs, volgens wat ek gehoor het, letterlik die hardste klip moet wyk, nog meer bewonderenswaardig. Ek beskou alles as waar omdat ek die vorige jaar self getuie was van so `n daad, wat Hy duidelik maar net deur Sy wil volbring het. Maar jy, my ou vriend, moet nie kwaad word vir my wanneer ek as eenvoudige en beskeie mens maar net menslik met jou praat nie!” [21] Petrus sê: “Van kwaad word kan by my alreeds lankal geen sprake meer wees nie; maar ek sal ook nie aarsel om aan `n ou vriend die volle waarheid te vertel nie. Maar nou wens ek jou verder nog `n genoeglike voortsetting in die Naam van my Majesteit en suiwer Goddelike Heer toe!. Ek moet nou na Hom toe gaan in die vertrek hier langsaan, want ek het Sy stem binne-in my gehoor.” [22] Toe het Petrus sy ou vriend verlaat en weer na ons toe in die vertrek gekom.

Die wese van die wêreldse mens 59 Toe hy by My kom, sê hy (Petrus): “Heer, ek het U stem binne-in my hoor roep! Wat is U wil wat vir my altyd bo alles gewyd is?” [2] EK sê: “Niks anders nie as dat jy aan die bejaarde, ryk sonderlinge mens genoeg gesê het! As dit hom nie tot `n beter insig bring nie, sal iets anders hom nog minder daartoe bring. Maar nou is daar wel genoeg gepraat. Dit is in jou eie vaderland baie moeilik om die mense tot die suiwer waarheid te lei! Want dan hoor mens dadelik die ou vraag: “Waar het hy dit vandaan gekry? Ons ken hom alreeds van sy kinderdae af!” En dan het verdere onderrig alreeds geen sin meer nie. Want wie twyfel aan die persoon van die leraar, twyfel ook min of meer aan wat hy leer. En as mens sulke mense, wat in werklikheid tog nie sleg is nie, met wonderwerke en buitengewone tekens tot `n bepaalde geloof dwing, sou dit beteken dat hul siele en hul wil skielik van alle vryheid beroof word; daarom is dit beter om hulle solank te laat gaan, totdat hulle uiteindelik self om meer uitleg kom vra. [3] As daar egter tydens die paar dae wat ons hier sal wees, sommige nogtans nog meer inligting oor My sou kom vra, vertel dan nie te veel aan hulle oor My tekens en veral nie oor dit wat geheim moet bly nie, maar gee net aanduidings; vertel aan hulle egter veral wat hulle moet doen om die ewige lewe te verkry. As hulle nie daarmee tevrede is nie, laat hulle dan gaan; want dit is nie goed om edel pêrels as voer vir die varke te gooi nie. Wie die kleinste nie eer nie, is waarlik die grootste nie werd nie! [4] Daar is mense hier wat van tyd tot tyd graag ure lank oor geestelike dinge en verhoudinge wil praat, wat daardeur soms ook werklik gestig word en vol goeie wil en planne is; sodra hulle egter weer tuis in hul ou, vertroude, wêreldse dinge kom, dan is dit asof dit afgesny word! Kom daar ook maar weer iets wat hulle dwarsboom, dan word hulle weer vol van die drukkendste wêreldse sorge en wil glad nie meer alle vroeëre suiwer geestelike vertroostinge hê wat hulle ontvang het nie. Waarvoor was dit dan goed?! [5] En sien jy, My Simon Juda, so gaan dit ook met jou goeie gesprekke met jou ou vriend! Sien, hy dink nou alreeds nie meer daaraan nie, omdat daar `n handelaar uit Kana na hom gekom het en hulle onderhandel nou met mekaar oor `n baie voordelige aankoop van verskeie handelsartikels! Hy weet baie goed dat Ek Self hier is, en hy sou ook na My toe kon gekom het om self met My te praat oor My bekwaamhede wat hy so buitengewoon vind. Ek sou hom waarlik nie die deur gewys het nie! Maar nee, die koopman uit Kana is baie belangriker, en jy hoef nie bang te wees dat hy nog ietwat meer oor My met jou sal bespreek nie! [6] Daarom is sulke mense nog lank nie geskik vir die Ryk van God nie. Hulle lyk soos daardie landbouers wat tydens die ploeg nie vorentoe nie, maar agtertoe kyk en daarom nie kan sien hoe die os die ploeg trek nie, en of hy die vore wel reg trek en opwerp nie. Sulke mense is daarom nog lank nie geskik vir die Ryk van God nie. (Lukas 9:62) Dit is beter om die mense te laat staan, waar hulle wil staan, omdat hulle ondanks alle tekens en die mees begryplike woorde, wat vol lig is, nie los te maak is van hul wêreldse sorge nie. [7] Ek sê ook dit aan julle: As julle eendag as volleerde studente in My Naam aan die mense My leer sal gaan verkondig, let dan op die volgende: As mense julle êrens in `n plek of in `n huis goed sal ontvang, bly dan daar en onderrig die mense korrek en goed, en doop hulle vervolgens in My Naam met water soos wat Johannes dit gedoen het, en Ek sal hulle dan doop met My Gees van bo! [8] As mense julle egter nie sal opneem nie, of maar net op die wyse waarop jou ou vriend nou jou woorde opgeneem het, skud dan selfs die stof af van jou voete wat op so `n plek of in so `n huis daaraan bly kleef, sodat niks wêrelds van hierdie mense aan julle bly kleef nie! (Matthéüs 10:13-14; Lukas 10:120-11) Want julle weet dat My Ryk nie van hierdie wêreld is nie, maar dat dit geskape moet word deur die kennis en nakoming van My woord in die innerlike van die mens. Maar die skepping van hierdie innerlike geestelike lewens- en hemelwêreld bly altyd `n moeilike saak solank daar nog aan die mens enige wêreldse sin kleef. [9] Ek bedoel met die genoemde stof aan julle voete egter geen natuurlike huisstof of die stof op die strate

nie, maar die stof wat Ek bedoel, bestaan uit daardie wêreldwyse woorde van mense wat presies soos dié van jou ou vriend klink. Hulle klink baie beleefd, vriendelik en passend vir die wêreldse verstand, maar hulle is nogtans niks anders as waardelose stof nie, omdat hulle net die wêreldse voorstaan en selfs daarin is geen spoor van die erns van die waarheid te vinde nie. Soos wat die waardelose, nietige stof van die straat egter vir geen enkele wandelaar iets nuttig kan oplewer nie, so is dit ook met sulke stowwerige wêreldse praatjies van sulke wêreldwyse ryk burgers gesteld. [10] Maar hoewel sulke stof niemand enigsins van nut kan word nie, kan dit nogtans `n wandelaar min of meer skaad. As daar wind kom en die stof in die lug opwaai, moet mens jou oë sluit en jou mond dighou, andersins kan mens blind word en stik. Ook moet mens solank bly staan, of selfs met jou gesig na benede op die grond gaan lê, totdat die wind die hinderlike stof ver weg gedra het. En dit het die wandelaar beslis ook tyd gekos, waardeur hy noodsaaklikerwys later op sy plek van bestemming aankom as wat hy sonder die stofoorlas sou kon gedoen het. [11] Wat egter die stof van strate en stegies vir die aardse wandelaar is, is die ydele woordestof van die wêreldse verstand vir die lewenspelgrim op die lewensweë wat Ek aan julle gewys het. Dit vertroebel maklik die innerlike blik en kan selfs baie verstikkend inwerk op die ware, innerlike, geestelike sielelewe. Op die minste vertraag dit, ondanks alle versigtigheid wat aangewend word, tog die geestelike vooruitgang! Daarom het Ek gesê dat julle ook selfs die stof, wat aan julle voete bly kleef het, moet afskud, sodat daar glad niks wêrelds aan julle bly kleef nie; want waarlik, Ek sê vir julle: Solank as wat daar nog `n wêreldse atoom aan `n siel kleef, kan hy My Ryk nie volkome binnegaan nie; want al die wêreldse is vir die siel, soos wat gif vir die liggaam is. Die kleinste, nouliks sigbare druppel swaar gif kan die liggaam dood, en ewe-so kan ook `n atoom wêreldsheid die siel van `n mens heeltemal bederf of minstens so beskadig dat sy daarna lank nodig sal hê om volledig genees op te staan tot die ewige lewe. Die ervaring sal dit ten volle aan julle bevestig.” [12] Petrus sê: “Heer, dan sal dit vir ons tog wel nie so maklik wees om U woord aan die ander mense te verkondig nie! Want hoe sal ons gewaarword of iemand geskik is om U Evangelie aan te neem? Die bejaarde man buite sou, wat my betref, `n baie geskikte mens gewees het, omdat hy verder `n heel goeie geaardheid het en in sy vrye tyd graag spreek oor hoëre en geestelike dinge en vir sover dit aan my bekend is, ook graag aan arm mense goed doen. Wel, as sulke mense ook nog by die twyfelagtiges hoort waarmee mens jou nie so baie moet bemoei nie, dan sou ek waarlik nie wou weet wie geskik geag sou kon word vir die mededeling van U Evangelie nie.” [13] EK sê: “Is julle dan ook nog blind, en onthou julle niks van wat Ek aan julle gesê het nie? Het jy nie die ryk jongman die vorige jaar gesien nie? Hy het My gevra wat hy moes doen om die ewige lewe te bereik. En Ek het aan hom gesê dat hy die gebooie moes hou en God bo alles en die naaste soos homself moes liefhê. Toe het die jongman plegtig verklaar dat hy dit alreeds vanaf sy kinderjare gedoen het. Maar Ek het daarop gesê: “Goed dan, - as jy meer wil hê, verkoop dan al jou besittings, verdeel die opbrengs onder die armes, en kom dan en volg My, dan sal jy daardeur vir jou `n groot skat in die hemelryk verwerf!” Dadelik het die jongman treurig geword, ons die rug toegekeer en weer verder gegaan. Maar Ek het toe aan julle die opmerking gemaak dat `n kameel makliker deur die oog van `n naald* sal gaan, as wat `n ryke in die hemel sal kom. (Matthéüs 19:16-24) Toe was julle verbaas daaroor en het toe gedink dat daar dan maar baie weinig in die hemelryk sou kom. En Ek het aan julle gesê dat vir die mense baie onmoontlik lyk, maar wat egter by God nog altyd baie goed moontlik is. (Matthéüs 19:19-26) *(`n Smal syingang by die hoofpoort van Jerusalem ten tye van Jesus.) [14] Toe het julle dit nie heeltemal ingesien nie; maar nou sal dit wel vir julle baie duideliker wees. Wat sou ons byvoorbeeld daarby gewen het as ons destyds werklik probeer het om die jongman te oorreed om nogtans maar te doen wat Ek hom aangeraai het? Heeltemal niks nie! Hy sou ons dae lank die wêreldwyse argumente voorgehou het wat gemaak het dat hy selfs met die beste wil My raad voorlopig nie kon nakom nie, en ons sou na `n paar dae nog net so ver gewees het as op die eerste oomblik van ons ontmoeting. Maar ons het liewer vinnig verder gegaan en het alreeds gou `n geleentheid gevind waarby ons baie goeie dinge kon bewerkstellig. Sien, toe het ons ook die stof, wat duidelik van die jongman afgekom het, vinnig afgeskud en ongehinderd verder op ons weg gegaan! [15] Daar in die voorvertrek is almal sulke mense, wat in hulleself baie opreg en wêreldwys is, en hierdie eienskappe het hulle in die wêreld ook baie rykdom besorg; maar vir My Evangelie is hulle nog lank nie ryp nie en hulle sal in hierdie wêreld ook moeilik so word. Daarom moet julle ook in die vervolg My woord nie aan sulke mense verkondig nie; want dit sal by hulle geen wortel skiet nie, en dit sal nog minder ooit `n goeie ryp vrug voortbring. [16] Jy, Petrus, het aan die ryk burger werklik baie behoorlike waarhede gespreek, asof jy die woorde uit My mond geneem het! Maar watter uitwerking het dit by hom gehad? Sien, heeltemal niks nie! Hy praat nou net so ongedwonge en onverstoorbaar met sy sakevriend asof jy nooit `n woord van My met hom gespreek het nie! Hy weet dat Ek hier is; sy nuuskierigheid sou hom minstens na My toe moes gelei het om

met My Self oor dit te mag spreek wat jy aan hom oor My gesê het! Maar nee, dit alles laat die ryk man net so onverskillig soos `n muggie wat hy onderweg met sy voet vertrap het. Hy is heeltemal nie aangewese op ons nie en ons hulp is vir hom te onbeduidend, omdat hy immers `n ryk en wêreldwyse man is, - en daar is nog baie soos wat hy is. [17] Sien, dit is nou die egte wêreldse vroetelende varke, voor wie julle nie My pêrels moet werp nie; want hulle bekommer hulle oor niks anders as om te vra of en hoeveel materiële gewin daar in `n saak is nie. Daarom het die ryk man jou dan ook voorgehou dat jy jou winsgewende werk verlaat het en My verniet gevolg het. [18] Verder is hierdie mense baie beleefd en hulle gedra hulle teenoor almal as goedgemanierd; maar dit alles is te vergelyk met die mooi sierlike buitekant van `n graf, wat daardeur baie stigtelik is om uiterlik te sien, - maar wat van binne nogtans vol dooie verrotting en die reuk van verpestende walglike lug is. Solank so iemand baie rustig sy wins kan maak en sy sake goed sonder probleme verloop, sal hy steeds in die beste en so nou en dan selfs vrygewige bui wees; maar as ons hom by die een of ander spekulasie eers behoorlik daarby laat verloor, kyk dan maar eers na jou vriendelike man, en begin dan om met hom oor innerlike, geestelike waarhede te spreek, dan waarborg Ek aan jou dat jy nog wel, omdat jy jou mond oopgemaak het, uit sy huis gesit sal word! En sien, dit is ook vernaamlik die rede waarom Ek jou weggeroep het van jou andersins baie lofwaardige geesdrif; want by sulke mense is elke innerlike, geestelike woord byna volkome tevergeefs! [19] Jy het tog aan hom onthul dat hierdie hoë golwe van die seebeweging maar net deur My almagtige wil bewerkstellig word en dat Ek net hoef te wil en alle elemente gehoorsaam My. Dit is tog egter geen kleinigheid nie! Maar kyk net na buite, dan sal jy jou dadelik self daarvan kan oortuig hoe weinig indruk jou mededeling op hom gemaak het! Hy het nie eers gaan kyk of die see nog steeds sulke groot bewegings maak nie, en of `n bepaalde deel daarvan heel rustig is nie! [20] Jy het ook aan hom te kenne gegee dat die ongelowiges getref sal word deur My oordeel. Dit het hom hoogstens `n glimlag gegee en hy het by homself gedink: “O arme hongerlyer, sorg jy maar net dat jy nie binnekort skielik deur die oordeel van jou leë maag en jou naakte huid getref gaan word nie!”- Sê My nou eers of My woord aan sulke mense verkondig moet word!” [21] Toe sê Petrus baie vererg: “Ag, in hierdie geval sou ek baie liewer `n varkoppasser van `n Griek wou wees as prediker vir sulke mense! Nou begryp ek eers goed U toorn die vorige jaar in die tempel! Sulke mense moet mens op `n ander wyse toespreek, met toue en knuppels, soos wat U dit in die tempel gedoen het! Hierdie gebroedsel is uiteindelik nog slegter as die meeste jaloerse Fariseërs in die tempel; want hulle besit in elke geval nog `n geestelik skynsel - wat weliswaar ook vir niks goed is nie, maar hierdie gebroedsel besit alleenlik net die suiwerste en mees materiële wêreld! O, dit is goed dat U, o Heer, ons almal so daarop gewys het! Waarlik, met hierdie stof op die stegies moet ons voete nooit meer bestuiwe word nie! Maar wat doen ons nou?” [22] EK sê: “Ons gaan nou na buite sodat julle julle almal van die onverskilligheid van hierdie mense kan oortuig; daarna kom ons weer terug hierheen. Ek sal dan egter `n baie deeglike reënbui laat kom, en dan sal ons hierdie lastige gaste gou kwyt wees. Laat ons dus, soos wat Ek alreeds gesê het, na buite gaan! Maar let veral goed op alle mense wat na ons toe sal aankom! Hier sal ons dan nog verder daaroor praat en dan ons maatreëls neem.”

Die onverskilligheid van die kooplui op geestelike gebied 60 Dit was ongeveer drie ure voor die middag toe ons, op My voorstel, ons kamer verlaat en deur `n groot groep gaste na buite gegaan het. Die herbergier, wat baie met die gaste te doen gehad het en met hulle moes praat, het hom by My verontskuldig dat hy aan My vanweë al die gaste so min aandag kon gegee het. [2] Maar EK sê aan hom: “Wees nie bekommerd daaroor nie! Wie met sy hart by My is, kan met sy ledemate rustig sy noodsaaklike, daaglikse werk doen soos wat hy dit wil en kan, en soos wat sy beroep dit vereis, en dan skenk hy aan My nogtans sy volle, waarlike aandag; elke ander vorm van aandag het vir My ook in elk geval geen waarde nie. [3] Ons gaan nou tot aan die middag na buite en sal langs die oewer na die see se beweging kyk. Voordat ons egter weer sal terugkom, sal daar deur My opgeroep, `n werklik deeglike reënbui kom wat hierdie kooplui, wat vir My hinderlik is, voor ons uit die huis sal jaag, soos wat Ek alreeds vroeër vermeld het; want vir onweer het hierdie wêreldse mense die grootste angs. As hulle onweer sien nader, sal hulle dadelik in alle haas na die stad teruggaan. Pas maar op dat daar geeneen weggaan sonder om te betaal nie!” [4] Die herbergier sê: “O Heer, ek dank U vir hierdie raad en baie spesiaal vir die beloofde onweer; want hierdie soort gaste is vir my die lastigste!” [5] Daarna het ons weggegaan, want die herbergier is deur `n gas geroep, wat vir hom glad nie

aangenaam was nie. 6] Toe ons buite was, vra Ek aan Petrus: “'Wel, het jy jou ou vriend nog gesien?! Hoe het hy jou geval?” [7] Petrus het baie verontwaardig gesê: “Ag, dit is tog wel die toppunt! As hierdie mense ons net `n blik waardig geag het, of minstens onder mekaar gevra het, wie ons sou wees! Maar nee, nog geen blik het hulle ons gegun nie, hoewel hulle U ken en reeds baie van U gehoor het! Waarlik, sulke ontsettende dom, onverskillige mense het ek nog nooit teëgekom nie! As ons vandag in `n trop varke sou beland, sal hierdie diere ons beslis aankyk en vir ons knor; maar vir hierdie mense is ons algeheel niks nie, asof ons gladnie bestaan nie. O slegte, dowe, stokblinde wêreld! O Heer, laat asseblief `n ontsettende onweer met tallose weerligstrale bo hul hoofde losbreek, sodat hulle meer as hulle uiters Stoïsynse kalmte verloor! Ja, waarlik, dit is in werklikheid die varke waarvoor mens nie U lewenspêrels moet werp nie!” [8] EK sê: “Ek het vantevore aan jou gesê, dat dit met hierdie kooplui so gesteld is! Hulle ken net hul ware en hul geld. Wie met hulle vergeleke geen koopware en geen geld het nie, is in hul oë ook so goed as geen mens nie. Wat hulle oor iemand soos wat ons is, wat geen geld het nie, hulle nog verneder om aan te dink, is net, dat hulle by hulself kan reken en sê: “Sien, wat sou hierdie sukkelende as slaaf werd wees?’ Net as minderwaardige ware sou ons nog enige waarde vir hulle hê; want daar is baie onder hulle wat heimlik slawehandel bedrywe, en jou ou vriend is een van die grootstes onder hulle en hy doen elke jaar sake in Egipte, Rome, Griekeland en ook in Persië. - Wat sê jy daarvan as `n Judeër so-iets doen?” [9] Petrus sê: “Hy moet gestenig word! Maar ek, en eintlik ons almal, begryp nog steeds nie so goed hoe U, o Heer, hierdie misdade van die walglike mense met soveel geduld en lankmoedigheid kan aansien nie; want dit is immers alreeds erger as in Sodom en Gomorra. As die heidene so-iets doen, is hulle te verontskuldig, - maar `n Judeër nooit as te nimmer nie!”

Oor reïnkarnasie. Die aarde as skool vir God se kinders 61 Ek sê: “Word maar net nie te driftig nie; want jy weet nog lank nie duidelik genoeg watter soort gaste op hierdie aarde rondwandel nie, en wat daarvoor nodig is om hulle geleidelik in die sfeer van die kinders van God te bring nie! Wanneer julle egter deur My Gees, wat Ek na My hemelvaart aan julle sal stuur, heeltemal gesterk sal wees, dan sal julle dit ook duidelik insien en My juis eer omdat Ek so geduldig en lankmoedig is. [2] Laat diegene egter onder julle wat tot enige begrip in staat is, weet dat ook siele van ander wêrelde op hierdie aarde geïnkarneer is, en dat die kinders van die slang ook op hierdie aarde is. Hulle het alreeds vroeër eenmaal gesterf en sommiges al `n paar keer, maar om hulle verder te ontwikkel tot voleindiging, is hulle weer geïnkarneer. [3] Julle het alreeds dikwels oor sielsverhuising gehoor. Die verre Ooste glo tot op hede vandag nog vas daaraan. Maar hierdie geloof het by hulle baie onsuiwer geword, omdat hulle die mensesiele weer in `n dierlike liggaam laat terugkeer. Dit is egter in die verste verte nie so nie. [4] Dat die menslike siel van hierdie wêreld wel saamgestel word uit elemente van die minerale-, plante- en diereryk en haarself opwerk tot `n mensesiel, is reeds grotendeels aan julle gewys, en ook, hoe dit binne die gevestigde orde plaasvind. Maar `n mensesiel gaan ook, al is sy nog so onvolmaak, nie terug nie, behalwe dan, in uiterlike opsig, in die geestelike middelryk, ten einde haar meer nederig te maak en moontlikerwys daardeur te verbeter. As daar tot op `n bepaalde hoogte verbetering ingetree het, wat dan weens gebrek aan groter bekwaamhede nie verder kan gaan nie, kan so `n siel dan na `n ander hemelliggaam oorgaan, dit wil sê na die geestelike deel daarvan en as skepsel geluksalig word, of ook, as sy dit wil, nog eers in die liggaam van `n mens van hierdie aarde kom, en op hierdie weg kan sy hoëre bekwaamhede haar eie maak en met behulp daarvan kan sy selfs die kindskap van God bereik. [5] Dus verhuis daar ook siele van ander wêrelde na die liggaam van mense van hierdie aarde, om daarin die tallose talle geestelike eienskappe hulle eie te maak wat nodig is vir die bereiking van die ware kindskap van God. [6] Omdat die aarde dus `n dergelike skool is, word dit ook deur My met soveel geduld, verdraagsaamheid en lankmoedigheid behandel. Wie van julle dit kan begryp, begryp dit; maar laat hy dit vir homself behou, omdat dit nie aan elkeen gegee moet word om alle geheime van die Ryk van God te begryp nie. As julle egter nogtans iemand ontmoet wat moontlikerwys baie geskik is daarvoor, dan kan julle die verskillende geheime geleidelik aan hom openbaar, maar ook maar net vir homself; want Ek wil dat `n ware mens hom dit alles deur eie inspanning volgens My leer verwerf. [7] As `n mens eenmaal weet wat hy moet doen om die ewige lewe en sy skatte te bereik, moet hy daarvolgens handel en lewe, en dan sal hy wel in homself die volle vervulling van My belofte waarneem, hoor en lewendig voel. [8] Om aan `n mens mondelings heelwat sulke buitengewone geheime te vertel, het heeltemal geen of net baie weinig nut of waarde; want ten eerste begryp hy dit nie, en ten tweede steur iets wat vir hom te

onbegryplik is, baie maklik sy geloof, wat hy tog alreeds met moeite aanvaar het. Want om dit tot in die ware, innerlike, geestelike diepte van die lewe te begryp, is duidelik meer nodig as maar net die dooie letter van die wet en die profete.”

Die groot seeslang 62 Die Heer: “Maar nou het ons so ver langs die oewer van die see gekom, dat ons nouliks meer iets van die stad kon waarneem nie, en die golwe van die see het dawerend aan die rotsagtige oewer geslaan. Daar voor ons is `n vissershut! Laat ons daar binnegaan en die beloofde onweer afwag. Kyk eers na die suide! Van daar sal dit met geweld kom, en aan weerligstrale sal daar geen gebrek wees nie. Laat dit opkom en gou na Kapernaum trek!” [2] Nouliks het Ek dit gesê of daar begin plotseling verskriklike donker onweerswolke uit die see en bo die berge saam te pak, wat die gaste by ons herbergier in Kapernaum baie gou opgemerk het. Toe die dreigend lykende onweer met groot gedreun en magtige donderslae steeds vinniger in die rigting van die stad begin te beweeg, het die gaste so vinnig moontlik hul rekening betaal en het elkeen gemaak dat hulle, so gou as wat hulle maar kon loop, weg te kom. Ook alle sakegesprekke was plotseling ten einde, en die huis van ons herbergier was opeens al sy lastige gaste kwyt. Toe die onweer egter oor ons heengetrek het, het ook ons Judese Grieke benoud geword, omdat ook hulle, as ou Judeërs, `n aangebore angs vir sulke onweersbuie gehad het. [3] Maar EK het hulle gemaan om moed te hou en geen vrees te hê nie, en sê: “Sien julle dan nie dat ook die geeste van hierdie onweer aan My wil onderworpe is nie?! Moenie vrees nie, - van niemand sal `n haar gekrom word nie! Ek het dit nie soseer vanweë die mense uit Kapernaum opgeroep nie, maar veeleer vanweë die uitgestuurdes uit Jerusalem, om hulle nog meer te laat merk hoe God die troue dienaars van Mammon beloon en beskerm.” [4] Maar toe Ek dit gesê het, het daar juis vlak voor ons `n weerligstraal met `n oorverdowende knal in die grond geslaan. [5] Die Judese Grieke het angstig teruggedeins, en een van hulle het aan My gesê: “O Heer, verdryf hierdie monster van hier, anders kom ons almal dalk aan ons einde!” [6] Ek het die onweer gedreig, en dit het weggetrek, en bo ons was die hemel onbewolk en helderblou, waaroor die Judese Grieke baie verheug was en waarvoor hulle My begin te prys het. [7] Maar toe ons die hut verlaat en naby aan die see kom, het een van die Judeërs opgemerk dat daar op `n afstand van ongeveer tweehonderd treë `n monster hom bevind het wat met `n geweldige kronkel beweeg het, en `n swerm seevoëls wat vanuit die lug daarop neergeduik het. Hy het My gevra, wat vir `n ondier dit kon wees. [8] En EK sê: “Dit is `n groot seeslang, wat nou tydens die storm soos gewoonlik op rooftogte uitgaan; maar verder bevind hy hom altyd in die diepte van die see. Sodra hy genoeg geëet het, sink hy weer na die bodem en bly dikwels verskeie weke daar lê. As hy dan weer honger kry, kom hy weer na die oppervlakte om jag te maak op sy prooi. Wanneer hy in die water te min vind om sy honger te stil, kruip hy teen die oeweroppervlakte op en roof daar lammers en bokke, ook varke, kalwers en klein eseltjies. As hy in die omgewing van skepe kom, is dit gevaarlik vir hulle, omdat hy in `n hongerige toestand ook mense verslind. En nou weet julle dus wat se dier julle nou in die seldsame geval gesien het.” [9] Toe vra Petrus: “'Heer, so `n monster het ek een keer as visser gesien en toe het ek gedink: “Sien eers, dit is `n reusagtige aal; dit moet mens met `n goeie lokaas kan vang!” Ek het met my helpers `n lokaas gemaak en dit uitgegooi; maar die dier het dit ontwyk en plotseling daarop verdwyn, en ek het dit tot op hede nie meer gesien nie. Hoe sou mens so `n dier kon vang?” [10] EK sê: “Dit sou onder die huidige omstandighede vir mense byna onmoontlik wees! Want ten eerste is so `n slang baie slinks en weet hy hoe om alle gevare wat hom bedreig, te ontwyk, ten tweede beweeg hy baie vinnig, sodat ook die beste seilskip hom nie sal kan inhaal nie, en ten derde is hy, vergeleke met julle, ongelooflik sterk. As hy hom hoe dan ook bedreig en in die noute gedryf sou voel, sou hy hom op die vyand stort en hom oombliklik platdruk. Daarom is dit nie raadsaam om hom ernstig te agtervolg nie. In hierdie see is maar net twee van hierdie diere, en as hulle gesterf het, sal hierdie waters volledig vry wees van hierdie ondiere. Maar die twee wat nou nog hier is, is alreeds baie oud en hoort tot die voorwêreldlike dieretydperk, hoewel hulle eers die leeftyd van Noag het, dit wil sê vanaf hulle geboorte tot hierdie tyd. [11] Hierdie diere hoort eintlik in die groot oseaan tuis; maar ten tye van die groot vloed van Noag het hulle in hierdie binnesee beland en sedert daardie tyd lewe hulle hier en sal hulle nog `n paar honderd jaar hier bly lewe. [12] In sulke reusediere versamel daar die aller ruuste lewenstof van die wêreldsiele, en hulle word daarin versag en in `n sekere sin ryper gemaak vir `n hoër lewe. As die dier dan eindelik eendag doodgaan, gaan sy versamelde lewe oor in duisendmaal duisende hoëre lewensvorme, waarin dit reeds in `n korter tyd `n

groot lewensrypheid bereik, hetsy nog in die water, of in die lug of op die aardbodem, en dit gaan dan so deur alle lewensvorme heen omhoog tot by die mens. Maar die mensesiele wat hulle langs hierdie weg ontwikkel het, staan tog op `n baie lae trap en word deur die ou wyses ‘kinders van slange en drake’ genoem; want die ou wyses het in hul eenvoud meer van die oorsprong van die siele geweet as die hedendaagse wyses. [13] Dit is dus die kinders van hierdie wêreld; hulle is op hul manier baie skrander en aards ryk en magtig, - maar nog lank nie geskik om die hoëre, geestelike lewe op te neem nie. [14] Ons kooplui uit Kapernaum het dan ook presies dieselfde geestelike afkoms. Hulle gaan nog steeds met hul handel op roof uit en beleef die grootste vreugde daaraan as hulle werklik `n reusagtige wins gemaak het. Hulle besit daarom nog baie van die vraatsugtige natuur van so `n slang en versamel steeds meer skatte na skatte, net soos wat die dier maar net deur sy onversadigbare vraatsug, allerlei lewensubstansies in homself versamel. [15] Maar net soos wat alles van die dier by sy dood afgeneem word en onder die hoëre lewensvorme verdeel word, so word ook na die liggaamlike dood van sulke ryk, selfsugtige sonderlinge mense alles afgeneem, en hulle sal in die hiernamaals deur groot armoede en honger en dors gelouter moet word van hul ou slangnatuur. Dit is wel bitter en baie jammer dat dit so is, maar vir sulke allerlaagste lewensvorme kan dit nie anders wees nie.”

Die rede vir die menswording van God 63 Die Heer: “Om te skep is maklik; maar om die skepsele, wat uit hulself na buite gebring is, na `n vrye, selfstandige bestaan, wat nie onder die oordeel staan nie, te lei, is selfs vir die Goddelike almag geen maklike saak nie. Maar met geduld en lankmoedigheid kan mens uiteindelik nogtans alles bereik, en as iets eenmaal op die beste wyse bereik is, dink mens nie meer aan die tyd wat dit nodig was om sover te gekom het nie. [2] Dit gaan vir ons dan soos `n swanger vrou, wat ook tydens haar swangerskap baie vrees, angs en weë moet deurstaan; maar as die kind binne die vasgestelde tyd uit haar gebore is, het alle vrees en angs by die vrou verdwyn, en sy dink nie meer aan die weë en die pyn nie, want sy sien die lewende vrug voor haar, wat uit haar in `n vrye en selfstandige lewe oorgegaan het. [3] As die volkome vry- en selfstandigmaking van `n skepsel egter `n saak sou gewees het wat makliker tot stand gebring kon word, dan sou dit vir My, as Skepper van alle dinge en alles wat bestaan, egter nie nodig gewees het om nou self as mens op hierdie wêreld te kom om die volmaakste moontlike, vrye vorming van die mens, deur leer en daad te bewerkstellig nie. [4] As iemand anders dit aan julle sou gesê het, sou julle aan hom gesê het: “Mens, wat klets jy, watter onsin praat jy daar deurmekaar!” Maar Ek Self sê dit aan julle, en daarom kan julle wel glo dat dit so is; want terwille van `n kleinigheid sou Ek nooit die vlees van hierdie wêreld en selfs die dood, aanvaar het nie, en sou Ek nie met julle, My skepsele, omgegaan het soos wat `n egte vader met sy kinders omgaan nie. [5] Nou sê julle wel by julleself dat dit nou wel volkome waar is, maar julle vra julle daarby af, waarom dit dan juis nou moet gebeur, en hoe dit dan gesteld is met die hele ewigheid wat reeds verbygegaan het, waartydens God net so eindeloos volmaak bestaan het as nou, - en wat daar dan met daardie skepsele gebeur het wat hierdie huidige lewensvervolmaking nie kon bereik het nie, omdat Ek nooit vroeër `n vleeslike liggaam soos van dié van `n geskape mens aangeneem het nie. [6] Ja, My geliefdes, dit is `n baie belangrike vraag! Maar ten dele het Ek dit alreeds met julle, My ou studente, by die bejaarde Markus in Cesaréa-Filíppi bespreek, en julle weet nog heelwat daarvan; julle weet egter nog nie volledig waarom uit die oneindige loop van die tye juis hierdie periode geneem is om aan die menslike skepsele van nou af aan vir ewig die volkome gelyksoortigheid aan God te gee nie. [7] Sien, vir die hele, eindelose groot skepping, neem God, sowel wat tyd as ruimte betref, steeds een en dieselfde wysste orde in ag! Sou dit vir God dan dalk onmoontlik wees, om sonder verwekking en sonder moederliggaam met alle wysheid en krag mense te skape, net soos wat dit vir Hom moontlik is om in `n oogwink die weerlig uit die lug te roep?! Beslis nie, en Ek Self het julle daarvoor die oortuigendste bewyse gegee! [8] Maar as dit vir God moontlik is, waarom laat Hy dit dan toe dat die mens eers in `n vroulike liggaam verwek moet word, en vervolgens daarin van periode tot periode en van deel tot deel moet groei en homself moet ontwikkel? As hy in die moederliggaam na `n lang tydperk voldoende ontwikkel is, kom daar die moeisame geboorte, terwyl daar nog baie is wat aan sy liggaamsdele ontbreek. Na verloop van tyd word dit steeds meer volgroeid; die tong word soepeler en begin woorde te stamel, die organe orden hulle steeds meer, en die kragtiger en mondiger wordende siel kan haarself meer en meer self bedien, en so gaan dit van fase tot fase op- en voorwaarts aan, totdat die mens, so ongeveer na dertig of veertig jaar, `n

kragtige, ervare, verstandige man is. Alle kennis en ervaring het hy hom deur eie moeite en arbeid sy eie moes maak om vir sy medemense as `n nuttige medeburger waardevol en agtenswaardig te kan wees. Ja, maar waarom moet dit alles met die mens gebeur as God almagtig is en dadelik sonder geboorte en opvoeding volkome wyse, sterke mense uit die lug of selfs maar uit niks kan maak? [9] Dit kan God ongetwyfeld doen; maar wat sou sulke mense wees? Ek sê vir julle: Niks anders as masjiene nie, wat nooit `n eie vrye wil, nooit `n eie selfbewussyn sou hê en nooit tot `n vrye selfstandige denke kon kom, voel en sou kon handel nie, maar wat deur God se almagtige wil elke oomblik opnuut tot lewe gebring sou moes word, terwyl God self vir hulle sou moes dink en wil en hul ledemate vir elke handeling sou moes opwek en beweeg. Sou God dit nie doen nie, dan sou so `n mens ook oombliklik dood wees en ook heeltemal uit sy bestaan moes verdwyn. [10] Sodat die eenmaal geskape mens egter asof uit homself vry kan voortbestaan, homself vorm en versterk en vervolgens soos uit eie krag vry word in denke, wil en handel, het God reeds van ewigheid `n orde vasgestel, waarvolgens die idees wat eenmaal uit God na buite gebring is, hulself geleidelik aan steeds meer van God afsonder en uiteindelik in `n sekere sin die gevoel kry dat hulle los van God bestaan en volgens hul eie mening `n vrye wil kry en vry handel, sodat hul lewe daardeur volkome standvastig word en hulle dan deur lesse van God, wat van buite af gegee word, as toekomstige God/Gode gelei kan word en as’t ware op eie grond en bodem tot lewensvervolmaking gebring kan word. [11] Daarvoor is egter `n baie lang tydperk nodig, wat deur God presies bereken is en ingedeel is in baie periodes waartydens die verskillende ontwikkelings kan plaasvind. [12] Soos wat egter by elkeen, wat hom op ordelike wyse ontwikkel, eenmaal die oomblik sal kom dat hy die vermoë sal ontvang om hoëre wysheid in homself op te neem, so het nou, deur God presies bereken, ten aanskoue van julle oë die oomblik vir die hele skepping aangebreek waarop aan alle rypgemaakte skepsele die geleentheid gebied word om uit hul ou grafte van die oordeel te stap en volkome aan God gelyksoortig te word, en daarom staan daar ook in die Skrif, dat almal wat nou in die grafte was en nog is, die stem van die Menseseun sal hoor en, as hulle uit hulself ryp geword het, op eie krag verder sal gaan na die ewige, ware en volkome aan God gelyksoortige lewe. [13] En omdat hierdie oomblik juis nou gekom het, wat God reeds van die ewigheid presies en duidelik bereken het, waarop alle skepsele bepaalde selfstandige rypheid bereik het, wat veral te sien is aan die feit dat die meeste van God byna niks meer weet en volledig van God geïsoleerd is, daarom is Ek as God dan ook hier om die mense nie meer deur My almag te lei nie maar net deur die leer, wat Ek nou aan hulle op so `n wyse gee asof Ek self niks meer en niks anders is as hulleself nie. [14] Ek kan nou liggaamlik as Persoon met hulle soos `n vreemde onder vreemdes verkeer, en die ou rede waarom niemand God kon sien sonder om sy lewe te verloor nie, bestaan nou heeltemal nie meer nie. Nou kan julle My sien wanneer julle wil, en nogtans julle lewe ongedeerd behou!”

Die ongeloof as bewys van rypheid vir `n nuwe openbaring. Vergelyking van die mense ten tye van Noag en van Jesus. Die geestelike toestand van die mense. 64 Die Heer: “Maar Ek sien nou nog `n baie spesiale vraag by My nuwe studente, en dit is: “Ja, as die geloof aan `n ware God, wat die eintlike basis moet wees vir die rypheid van die mense ten opsigte van God, byna algeheel ontbreek het, dan begryp ons nie waarom God ten tye van Noag, toe die geloof in `n ware God by die mense ook totaal verdwyn het, nie na hulle gekom het soos wat Hy nou na ons toe gekom het, en op hulle eie grond en bodem `n leer gegee het waarmee hulle in vryheid die ewige lewe kon verkry het nie! Waarom het God toe liewer die ergste sondvloed laat kom om die mensdom, wat God vergeet het, te verdelg?” [2] Ek sê vir julle dat ook hierdie vraag bepaald nie in geestelike opsig onbelangrik is nie, en die beantwoording daarvan moet `n groot lig werp op die verhouding tussen God en Sy skepsele. Let dus goed op! [3] Die mensdom was ten tye van Noag nie so goddeloos soos wat julle wel dink nie; hulle was egter teenoor die God wat hulle maar al te goed geken het, trots en het baie hoogmoedig geword en wou hulle in alle erns teen Hom verset en Sy mag by Hom afneem. Hulle het gedoen wat hulle wou; en hoewel aan hulle vanuit die hemel die mees wyse wette gegee is, het hulle dit met hul voete vertrap en presies die teenoorgestelde gedoen. [4] Hierdie mense het die God, wat hulle goed geken het, gehaat en was vyandig teenoor alles wat maar afkomstig was van God se Almag en Wysheid. Hulle het alles vervloek wat van God afkomstig was, selfs die hele sigbare skepping, uiteindelik selfs die aarde, en hulle het ook in alle erns besluit om die hele aarde met hul springstof te vernietig. Hulle is deur die mense van die hoogte dikwels en meermale gewaarsku en ook gestraf vir hul misdade.

[5] Daar is volke van hulle afgeskei en hulle is na verre lande gelei, waarvan die nakomelinge vandag nog lewe en die ou leer nog het, hoewel dit ongelukkig nie meer suiwer is nie. Maar dit alles het niks gehelp nie. Hulle het weer magtig geword, by name die Hanogiete*, wie se stad uiteindelik baie groter was as die hele, groot, Beloofde Land. Hulle het uiteindelik die kinders van die hoogte onderwerp, behalwe die familie van Noag, wat nog as enigste volledig getrou aan God gebly het. *(Hanoch, die seun van Kain se stad. Lees daarvan in “die Huishouding van God.” van JL)[6] In Noag se tyd het hulle uit pure oormoed begin om die berge te vernietig, hoewel hulle deur die wyses onder die bergbewoners gewaarsku is dat die grootste watersluise hulle daar onder die berge bevind, en dat, indien hulle in hul vermetelheid ook maar één groot berg tot op die grond sou afgrawe en sy massa in die diepte van die see sou werp, daardeur meer onderaardse watersluise sou open, waardeur in `n kort tydjie soveel water na die aardoppervlakte gelei sou word, dat dit tot bo die hoë berge sou styg en hulle almal daarin sou verdrink. Maar al hierdie waarskuwings het net geensins gehelp nie, maar het hulle nog meer aangemoedig om met energie, wat nouliks beskryf kan word, aan die vernietiging van die berge te werk. [7] Noag het toe gesien dat alle vermanings en onderrigting vrugteloos was, en hy het tot God gebid vir `n middel om minstens sommige van die goeie mense en diere en lewensmiddele te red; want hy het maar al te duidelik die treurige gevolge van die slegte en dwase dade van die toenmalige wêreldse mense ingesien. Toe eers het hy van die Gees van God onderrig ontvang om `n ark te bou, waarvoor die ontwerp en die mate uit die hemele aan hom gegee is. [8] Toe die bose dwase met onuitspreeklike moeite die voet van `n belangrike berg vir die grootste deel daarvan weggeneem het, het die loon vir hul werk ook alreeds sigbaar geword. Die groot massa van die eintlike berg, waarvan die steunpilare weggeneem is, het begin om deur sy groot gewig te sink, en het verskriklike watermassas in magtige strome na die oppervlakte van die aarde gedryf. Deur die talle warm waterstrome moes ook die lug natuurlik daardeur vol met dampe en wolke geraak het, waardeur die reën werklik in strome begin neerval het en die water tot bo die berge laat styg het. Meer as `n derde van die hele wêrelddeel Asië het oorstroom, en alle Hanogiete, wat gemeen het dat hulle die hele mensdom op aarde uitgemaak het, het daar ten gronde gegaan en hul stad het ewe-eens in die diepte van die aarde gesink. [9] Uit My kortlikse weergawe, maar ware beskrywing van daardie mense uit die tyd voor Noag, blyk wel dat hulle nie onkundig was oor God nie, maar hulleself bo Hom wou verhef, en die omstandighede bewys juis dat hulle Hom wel geken het. [10] Hul haat teenoor God is eenvoudig veroorsaak deur die feit dat hulle moes sterwe en dat meestal reeds na dertig tot veertig jaar, terwyl hulle van die bewoners van die berge, wat destyds `n baie hoë leeftyd bereik het, gedink het dat hulle onsterflik was. Dit was die rede waarom hulle so woedend op God geword het en hulle ernstig voorgeneem het om, omdat hulle moes sterwe, ook alles ten gronde te rig, om God te trotseer. [11] As dit nou so is en nie anders nie, kan julle dan by julleself nog volhou dat die mense toe ook alreeds so ryp was soos nou?! Kyk nou eers na die mense op aarde! Hoeveel is daar selfs onder die Judeërs, wat waarlik in `n God glo en werklik lewendig op Hom vertrou? Hulle het byna almal net `n suiwer tradisionele geloof, in hul hart is hulle egter volkome goddeloos, en dit kom heeltemal nie in hulle op dat daar werklik een of ander God sou kon wees nie, - en as daar Een mag wees, dan is Hy, volgens hulle, gladnie bekommerd oor die sterflike mense met hul gebede en offers nie. Die mense het Hy maar net geskape om Sy aarde te laat bebou en te kultiveer. Dit is eintlik wat die beter Judeërs glo, - die slegteres glo in elk geval heeltemal niks nie. [12] Weer ander, wat nog tot die ou Judeërs behoort soos wat daar in Samaria `n aantal is, sê: Die insettinge van Moses is goed, en mens moet dit nakom, of hulle nou van God of maar net van Moses afkomstig is. Wie hom by die insettinge hou, faal nie, of daar nou `n God is of heeltemal geen God nie. Mens moet die goeie net doen omdat dit goed is, en die slegte nalaat omdat dit sleg is. [13] Maar uit die wysheid blyk immers tog ook weer duidelik dat die lewende geloof in God geen eenvoudige saak is nie. Hoe dit egter in die tempel met die geloof aan `n God gesteld is, weet julle self maar al te goed, en daar hoef verder geen woord meer daaroor gesê te word nie. Want waar mens geen gewetensaak daarvan maak om die gebooie van God tersyde te stel en in die plek daarvan, wêreldse voorskrifte as heilige en van God gegewe in te stel nie, daar het alle geloof aan `n ware God volkome verdwyn. Nou sien julle hoe die geloof in God nou by die Judeërs daar uitsien! En vra julle nou uiteindelik eers self af, hoe sterk julle eie geloof in `n ware God was! Voordat julle na My gekom het, het julle nog iets Goddeliks in die tempel gesoek en het julle die instellinge soveel moontlik nagekom, - maar aan die egte bestaan van `n God het julle self getwyfel, en julle geloof was maar net alreeds vanaf die wieg `n aangenome gewoonte, wat julle baie moeilik sou kon aflê, omdat julle in die plek daarvan niks beters geweet het om te vind nie en julle ou gewoontegeloof `n deel van julle lewenswyse geword het. Daarom

was julle geloof dan ook so goed soos geen geloof nie. [14] Dus by die Judeërs as die uitverkore volk van God is daar nou heeltemal geen geloof meer nie; maar as daar alreeds geen geloof meer daar te soek en te vinde is nie, hoe moet dit dan by alle heidene te soek en te vinde wees?! In vroeëre tye het hulle tog nog aan hul afgode en orakels geglo; maar nou glo hulle ook niks meer nie. Hulle hou hulle weliswaar aan die uiterlike seremonies en gebruike, maar van geloof is daar ook alreeds lankal geen sprake meer nie. [15] Net in Egipte vind jy nog enkele volgelinge van Plato, Sokrates en Aristoteles, wat nog die moontlikheid van `n hoogste, maar aan niemand bekende Goddelik Wese aanneem; maar hulle dink ook dat die mens wat deur `n uiters streng lewe dit sover kan bring dat hy die Goddelike Gees op bepaalde heilige momente sal kan voel en dan tydens die gevoel heldere blikke in die toekoms sal kan werp. Maar verder kan geen sterfling dit volgens hulle dit sover bring nie. Wat daar met die mense na die liggaamlike dood gebeur, bly `n Gordiaanse knoop wat nooit ontknoop kan word nie, waaroor daar wel baie menings bestaan, wat in die mens `n vae hoop opwek, maar waaroor mens heeltemal geen sekerheid het nie. [16] Die beste deel van die heidene dink nou so. Maar as dit so is, iets wat julle nou sonder moeite kan sien en begryp, dan is dit immers tog ook duidelik dat juis nou sprake is van die rypheid tussen Skepper en skepsele van waaruit die mense eers volkome in die toestand gekom het om deur God, sonder om hul selfstandige lewe skade te berokken, onderrig en tot goddeliksoortige lewensvolmaaktheid gelei en gebring te word. - Is dit vir julle nou duidelik?”

Die leiding in die hiernamaals van die mense wat vóór Jesus se tyd geleef het. Oor die hemelryk 65 Petrus sê: “Heer, dit begryp ons nou baie goed; maar nou bly die vraag nog: Wat gebeur daar met hulle wat voor U koms op die aarde geleef het, en wel vanaf Adam gereken? Kan hulle ook nog tot ware lewensvervolmaking kom, en hoe?” [2] EK sê: “Dit is tog baie natuurlik! Ek het die poorte tot die lewe nou nie net geopen vir hulle wat nou op die aarde lewe nie, maar ook vir almal wat alreeds lankal na die dood na die ander kant gegaan het. En baie van die ou sondaars sal nog `n keer `n kort proeflewe in die vlees moet deurmaak, soos wat Ek dit alreeds aan julle gewys het. [3] In die hiernamaals is `n oneindige aantal soorte skole, waarin die siele op die mees praktiese wyse onderrig kan word. Weliswaar gaan dit daar nie so maklik soos hier nie, omdat elke siel daar geen ander wêreld en omgewing het as dit, wat uit hulle denke, gevoel en wil ontstaan het en die siel alles gee wat sy liefhet en wil hê. [4] Wel, daar is dit dus baie moeiliker om gunstige invloede op `n siel, wat vol verwarde wanvoorstellinge is, uit te oefen as hier, waar sy op `n onbekende, vaste bodem staan en `n groot aantal ewe-eens totaal onbekende omgewing om haar heen sien. Maar nieteenstaande is daar ook nog steeds genoeg middele om met vrug op `n siel in te werk. Maar daarvan sal aan julle by `n ander geleentheid ietwat meer vertel word. [5] Laat dit egter vir niemand tot spesiale troos dien nie; want as `n siel in die hiernamaals in haarself en dus in haar wêreld in plaas van steeds beter, maar slegter en boosaardiger word, dan sal natuurlik in gelyke mate ook haar skynwêreld en haar geselskap en omgewing slegter word. Soos wat die waarheid en die lig in die siel minder word, so gaan dit ook met haar wêreld en haar omgewing, wat haar baie begin te druk en te kwel. Met die toename van die kwelling styg haar toorn en wraaksug ook, en dit is dan reeds die binnegaan in die hel, wat `n ware tweede dood van die siel is, waar mens dan baie moeilik weer kan uitkom. [6] Dit is sekerlik maar net suiwer middele waardeur die siel na verloop van baie lang tydperke gered kan word; maar dit sien werklik baie treurig daar uit! Want dit kan die menige deur en deur aartslegte siele miljarde aardse jare kos voordat sy haarself deur sulke pynlike middele ietwat uit haarself verbeter. Daarom is één dag hier meer werd as `n honderd jaar in die hiernamaals, volgens aardse tyd gereken. - Verstaan julle dit?” [7] Toe sê almal: “Ja, Heer, ons verstaan dit; maar tog dring daar nog `n vraag hom aan ons op wat ongeveer as volg lui: As `n oorlede siel hier, wat nog nie volmaak is nie, maar net in `n suiwer skynwêreld woon wat uit haar denke, gevoel en wil ontstaan - wat mens ook `n fantasiewêreld sou kon noem - waaruit bestaan die wêreld van die volmaakte siele dan daarna? Hoe sien die hemelryk daar uit, en waarmee kan dit op `n goeie, ware manier vergelyk word?” [8] EK sê: “Dit is nou weliswaar tyd om na die herbergier terug te gaan, - maar omdat dit juis geen onbelangrike vraag is nie, wil Ek dit onderweg aan julle beantwoord. Laat ons dus gaan, en luister na My! [9] Sien, met die eintlike hemelryk, wat `n Ryk van waarheid, lig en liefde is, wat Ek alreeds by verskillende geleenthede duidelik aan julle gewys het, is dit volgens waarheid as volg gesteld: Hierdie Ryk vertoon geen

uiterlike prag nie en kom nie met bepaalde uiterlike tekens en byvoegings in die mens nie, maar dit ontwikkel hom geheel binne-in julle, is dan in julle, groei in julle, deurdring julle en word so julle woonplek en julle wêreld vol van die grootste geluksalighede.[10] Die hemelryk lyk hier soos `n saaier wat goeie saad uitgestrooi het. `n Deel het op `n pad geval; daarvan is `n deel deur die voëls uit die lug opgeëet en `n deel deur die wandelaars vertrap. Die saad het dus nie opgekom nie en het ook geen vrug gegee nie. `n Deel het op rotsagtige grond geval. In die begin het dit opgekom solank die klippe nog vogtig was, maar die wortels wat voedsel gesoek het, het geen houvas in die klipperige grond gevind nie; die vog was ook nie voldoende om die halm te voed en so het dit verdroog en ook geen vrug gegee nie. `n Ander deel het tussen dorings en struikgewas geval. Dit het weliswaar in die begin baie goed opgekom, maar toe dit hom volkome moes ontwikkel, is dit deur die dorings en die wilde struikgewas oorwoeker, dit verkrimp en het ook geen vrug gegee nie. Net `n deel het op goeie grond geval, opgekom en ryklik vrug voortgebring. [11] En sien, so gaan dit nou ook met die hemelryk op hierdie aarde! Ek Self is die Saaier, en My woord is die goeie saad, waaruit die hemelryk vir elkeen as vrug moet groei. Waar dit in goeie aarde sal val, daar sal dit ook `n honderdvoudige vrug voortbring; maar as dit op die pad van hierdie wêreld sal val of op die klippe of tussen die dorings en die wilde struikgewas, sal dit geen vrug dra nie. Onder die mense wat Ek met die pad vergelyk, moet die eintlike wêreldse mense verstaan word, soos wat ons vandag `n aantal by ons herbergier gesien het. Die wandelaars op die pad wat die saad vertrap, is hul inspanning vir die handel en die wins, en hul handelsgedagtes, wat na alle rigtings vlieg, is die genoemde voëls wat ook die sade wat nog nie vertrap is nie, oppik sodat daar maar geen vrug te voorskyn sal kom nie. Hierdie soort mense is, soos wat alreeds gesê is, die eintlike swyne waarvoor die mense My pêrels nie as voer moet werp nie. [12] Met die klippe word daardie wêreldse geleerdes bedoel wat alles weliswaar met `n bepaalde gretigheid opneem, maar waarin die saad - omdat hulle innerlik van allerlei wêreldse wanopvattinge uitgaan en in `n sekere sin versteen is in hul gemoed en hart, - te min van die lewegewende vog en te min sagte, los grond vir hul voedingswortels vind. As daar dan wind kom en droogte, verdor die klein halm baie gou, en omdat hy geen wortels het nie, word hy weldra deur die wind van sy plek weggeblaas. Oftewel, as so `n mens in `n bepaalde versoeking kom, sê hy gou: “Ek het dit dadelik van die begin af aan alreeds geweet dat daar niks in die saak kan wees nie! Waar is nou die belofte wat in vervulling moet gaan, - in plaas van die vervulling daarvan moet ek ly! Daarom weg met sulke nuwe leerstellinge!” Dit is dus die klipperige grond. [13] Wie is dan vervolgens die dorings en die wilde struikgewas? Dit is daardie goedmoedige wêreldburgers wat My woord met werklik baie vreugde opneem en dit `n tyd lank ook baie vlytig nakom. Maar na verloop van tyd kom daar allerlei sorge en daarby ook allerlei ydele beslommernis en vrees en angs. Dit verstik die lewende woord in hul harte, sodat dit dan ook geen vrug kan dra nie. [14] En daar is dus maar `n klein deeltjie van die mense wat met die ware goeie aarde vergelyk kan word. Hulle neem die woord aan en pas dit dadelik gelowig toe. En daar dra die saad ryklik vrug, en hierdie vrug is dan die eintlike hemelryk in die mens wat geen uiterlike vertoon hoef te hê nie. Maar hierdie Ryk sal hom vervolgens oor die mens wat dit in homself uit My woord geskape het, uitbrei en aan hom alle saligheid, lig, waarheid, en alle wysheid en mag gee oor al die skepsele. [15] Hieraan moet julle egter ook sien waar julle My woord moet saai; want waar julle dit saai, moet dit ook vrug dra! In die eerste plek moet dit in goeie aarde val. As dit daar ryklik rente oplewer, sal die kooplui, die wêreldse geleerdes en die besorgde wêreldburgers wel vanself kom en by julle vir hulle `n akker saad koop. - Het julle dit nou ook baie goed verstaan?” [16] Almal sê: “Heer, ook dit het ons baie goed verstaan en ons sal U raad ook sekerlik opvolg; want op paaie, klippe en onder dorings sal ons hierdie edelste lewensaad beslis nie strooi nie. - Maar nou kom ons herbergier ons baie haastig tegemoet! Wat sou die rede daarvoor wees dat hy so haastig is?”

Die hebsugtige owerste van Kapernaum 66 Ek sê: “Nie iets van besondere belang nie! Maar laat hom maar kom en dit self aan julle vertel!” [2] Toe het die herbergier na ons toe gekom en hy vertel: “Die owerste van die sinagoge in Kapernaum het mense gestuur vir `n tiende van die visse, maar omdat hy gehoor het dat ek `n ryk vangs gehad het en dit nie aan hom gemeld het nie, moet ek hom nou as welverdiende straf `n drievoudige tiende van die edelvisse gee. Dit is maar goed dat hy nie weet dat hulle op die aand van `n Sabbat gevang was nie; as mens dit aan hom sou verraai, sou hy waarskynlik al my visse afgeneem het! Jammer, dat die vorige owerste weggegaan het, - hy was `n baie goeie man; maar hierdie een is vir ons `n ware plaag en hy behandel die mense byna asof hulle almal sy eie slawe is! O Heer, sou daar niks aan hierdie kwaad gedoen kan word nie?” [3] EK sê: “O ja, en wel op `n baie besondere manier! Stuur nou `n bode na die owerste om aan hom te sê dat hy eers die visse in jou vergaderbak moet laat tel, omdat jy hom nie te veel en nie te min van die

opgelegde drievoudige straftiende wil gee nie. Dan sal hy gou met sy amptenare hier wees om die visse te tel, - maar nie één daar vind nie! Want die visse het Ek geskape, en Ek kan hulle ook weer laat verdwyn en hulle dan nogmaals skep. As hy hom daaroor opwen, en jou wil beskuldig dat julle die visse dadelik laat wegbring het toe jy van sy eis gehoor het, dan eis jy dat hy dit deur getuies laat bevestig, omdat jy jou anders onder Romeinse beskerming sal stel. As hy dit hoor, sal hy weggaan en jou verder geen straftiende meer oplê nie. Doen dit, en dan sal alles wel in orde kom!” [4] Die herbergier sê: “Maar nou is die middagete ook alreeds klaar! Sal ons dit nie eers nuttig, sodat ons nie tydens die maaltyd deur die owerste gesteur word nie?” [5] EK sê: “Ons sal baie ongestoord eet, - ook al sou daar honderd owerstes buite besig wees om visse te tel! Hy kan selfs, as hy wil, binne na ons toe kom, en dan sal hy so gou moontlik na sy huis gaan om sy huid te red.” [6] Toe die herbergier My dit hoor sê, het hy baie bly geword en dadelik `n bode na die owerste gestuur, en ons het aan tafel gaan sit en was daarby in `n baie goeie stemming, veral oor die vlug van die talle oggendgaste wat op die onweer gevolg het. [7] Na die maaltyd sê EK aan die herbergier: “Hy kom alreeds aan; kyk egter eers vooraf in die vergaderbak, dan sal jy sien wat se vis die owerste daarin sal vind!” [8] Die herbergier het toe vinnig na buite gegaan en ontsettend geskrik toe hy, in plaas van die groot edelvisse, die reuseslang wat voorheen tydens die onweer waargeneem is, daarin sien rondswem. [9] Maar ook die owerste wou van die tel van die visse niks meer weet toe hy die monster waargeneem het nie. Dat ons herbergier hierdeur vinnig en maklik van die owerste losgekom het, is begryplik; want van die monster het die owerste geen enkelvoudige en nog minder `n drievoudige straftiende verlang. [10] Toe hy die monster sien, het die owerste so gou moontlik teruggewyk en gesê: “Hierdie monster het in die tiende al my plek geneem! Ek sou wel baie graag `n paar stukke van hierdie edelvisse op my tafel gesien het, maar omdat daar niks meer is nie, moet dit natuurlik ook so in orde wees. Waar niks is nie, is ook geen wet en geen reg nie, en dus is ons weer goeie vriende; as jy egter tog weer eens so `n edelvis vang, stuur dan aan my `n betaling! Want as jy minder as tien visse vang, hoef jy tog geen tiende te betaal nie. Maar nou maak ons dadelik dat ons so ver moontlik van die see wegkom; want hierdie ondier kan wel die land opkom en ons almal soos vlieë weghap! Hy het `n bek om huise mee te verslind!” [11] Daarop het hy vinnig na sy huis geloop en het hom toe vir `n lang tyd nie meer by die see laat sien nie, omdat hy `n te groot eerbied vir die monster gekry het. [12] Sodra die owerste egter weg was, terwyl die herbergier nog toegekyk het, het ook die monster van `n reuseslang weggegaan en met groot kronkels vinnig na die vol see geswem, waar dit deur die hoë golwe uit sig verdwyn het. [13] Toe het die herbergier na die groot vishouer gekyk, en dit was, net soos vantevore, vol van die mooiste edelvisse. Daarop het hy weer vol vreugde na ons toe gekom, aan ons tafel geëet en gedrink en aan ons vertel wat hy gesien het en hoe goed hy van die owerste afgekom het. Terselfdertyd het hy ook gevra in watter deel van die see hierdie monsters hulle by voorkeur ophou, om hulle te kan vermy; want dit sou tog wel nie baie aangenaam wees om êrens op hulle af te kom nie. [14] Toe sê EK: “Moet jou nie daaroor bekommer nie! Die ondier woon op die diepste plek van die see en kom ongeveer elke honderd jaar tydens besondere groot storms, wat hul oorsprong onder die water het, eers te voorskyn, iets wat op die binneseë `n baie seldsame verskynsel is. So nou en dan, as hierdie ondiere honger het, omdat hulle op hul diepte te min voedsel vind, kom hulle wel aan die oewer en roof daar skape, lammers en kalwers, ook eselsvulletjies en varke; maar hulle val net selde of ooit mense en groot diere aan. Maar van nou af aan sal hy nooit weer te voorskyn kom nie, want sy lewenstyd is verby; daarom hoef jy ook nie daarvoor bang te wees nie. Stuur egter eers oor `n paar dae `n edelvis aan die owerste, dan sal hy volkome tevrede wees daarmee. - Maar nou kan elkeen weer `n vraag stel as daar iets vir hom nog nie duidelik is nie; want vanaf môre af sal ons `n aantal dae hier rus en weinig oor geestelike sake praat!” [15] Almal sê: “Heer daar is nou byna niks meer om nog aan U te vra nie; want ons het van U tog alreeds oor alles die mees wyse lesse ontvang!” [16] EK sê: “Rus dan nou en dink na oor die lesse wat julle ontvang het!”

Die onsterflikheid van die siel van die mens 67 Toe sê die herbergier: “Ek het weliswaar ook alreeds oor talle sake uit U Goddelike mond onderrig ontvang, maar nogtans het ek nog verskeie belangrike vrae op die agtergrond. Eén daarvan kom vir my van die grootste belang vir die lewe voor, en as U dit daarmee eens is, sou ek die vraag wel graag deur U beantwoord wil sien!” [2] EK sê: “Hoe lui dan jou vraag vervolgens?”

[3] Die herbergier sê: “Aldus, Majesteit en Heer: Sien, die mens weet baie goed, dit wil sê deur onderrig, dat sy siel, waarvan mens ook nie so `n baie korrekte begrip het nie, onsterflik is; maar ondanks al die vaste geloof, vermeng hom daarmee tog steeds die bittere gevoel van die algehele afsterwe en uiteindelik die volledige vergaan en verdwyning uit die ry van lewende en van hulself bewuste wesens. [4] Met die gedagte aan die bestaan in en aan die ander kant van die graf kan niemand, selfs met die beste wil, ooit sodanig vertroud raak dat sy hart hom geluksaligheid daaroor sou gee nie, maar dit huiwer steeds opnuut daarvoor, omdat juis oor hierdie belangrikste punt, ondanks alle moontlike moeite, van geen enkele kant duidelikheid aan hom gegee word nie. [5] Omdat die dood en die graf dus die bitterste gedagtes by die mens oproep, en omdat daaroor nêrens `n goeie verklaring wat standvastige lig gee, te kry is nie, is die menige mense egter nie kwalik te neem nie dat hulle hulleself, om hierdie duistere gedagtes in hulle te oorstem, hulle volledig oorgee aan die roes van die wêreld. Oor die belangrike lewensvraagstuk sal die korrekte liggewende uitleg uit U mond, o Heer, daarom werklik baie noodsaaklik wees! Want watter nut het die mens aan die mees wyse lesse, as hy in sy innerlike bewussyn nie volkome duidelik weet, dat hy die lewe van die siel na die dood besit nie?! Mens hou jou wel aan die wette en die onderrig, maar meer terwille van die uiterlike, burgerlike orde, eerder as om daardeur die ewige lewe op `n bepaalde manier met sekerheid te verkry. [6] Ek is soveel moontlik tog nog een van hulle wat redelik getrou is aan die insettinge van Moses, en ek is, wat geestelike sake betref, steeds die liefste daarvoor en wat die meeste met die belangrikste wyse mense van alle nasionaliteite omgaan, en hulle weet ten slotte niks van die betrokke onderwerp nie, of kan niks meer sê as ekself nie. Die Romeine sê, en met hulle ook die Grieke: “Dit is nou juis die noodlottige sluier van Isis, wat tot op hede nog deur geen sterfling opgelig is nie!” Ja, dit is baie mooi gesê, en daar is ook baie waarheid daarin; maar daarby baat ons jammer genoeg niks nie! Want `n dooie voel, hoor en sien niks meer nie, en ons, wat nog aan hierdie lewe knaag, soos wurms aan `n verrotte stuk hout, sien, hoor en voel van die gestorwene ook niks anders meer nie as sy dooie, stinkende liggaam, wat weinige jare later tot stof en as word nie. Dus, Majesteit en Heer, U, wat die lewe Self is volgens U leer, gee aan my, en eintlik aan ons almal, `n duidelike uitleg daaroor, ek smeek U daarvoor! Want waarlik, met die duistere gedagte aan die dood, aan die graf en aan die vernietiging wil ek nie graag nog een jaar lewe nie!” [7] EK sê: “Ja, My liewe vriend, jou vraag is baie goed gestel, en daar spreek `n menslike behoefte daaruit van die eerste orde; maar om daaroor `n dusdanige uitleg aan jou te gee dat jy die ewige lewe van jou siel deur `n baie duidelike sonhelder bewussyn in jou voel, is `n buitengewoon moeilike saak! Want kyk, Ek het immers juis in hierdie wêreld gekom om aan die mens die besef van die ewige lewe volkome te skenk as hy heeltemal volgens My leer leef en handel! As `n mens My leer egter nie ken nie, of - as hy dit wel ken – en dan tog nie daarvolgens leef nie, kan hy ook nie tot die innerlike lewensbewussyn kom nie, omdat alleenlik Ek die weg en die deur daarheen is. [8] Jy sien die blomme aan die boom; maar van die groeiende vrug sien jy tydens die bloeityd weinig of niks nie. Eers wanneer die blomme afgeval het, word `n baie klein vrugbeginsel sigbaar. Maar in die vrug moet tog ook die saad met die lewenskiem groei; waar is die eerste klein vrugbeginsel te bemerk?! Alles blyk daar nog één en dieselfde te wees. Die vermoë is egter wel alreeds daarin, maar jy kan dit nog lank nie onderskei van alle ander lewenslose dele nie, waarin geen lewenskiem ryp word nie. As die vrug egter tot volle rypheid kom, sal jy maklik en sonder enige moeite die saadkorrel ontdek. [9] En sien, dit is byna net so met die volle, duidelike lewensbewussyn van die siel in die mens! Solank die mens dit nie in hom het nie, is die siel in sy liggaam nog nie so lewensryp dat hy te onderskei is van die vlees nie. Hy is nog te veel en te nou verbonde met die vlees en kan in homself dan nie baie anders voel en waarneem as net die lot van sy liggaam nie, en selfs die beste verklaringe kan nie aan `n siel, wat nog nie ryp is vir die lewe, die innerlike, volkome, ryp lewensbewussyn gee nie. [10] Het `n siel egter deur haar eie werksaamheid volgens My leer die genoemde lewensrypheid bereik, dan is elke verdere bewys daarvoor heeltemal onnodig. Of het jy dalk `n bewys daarvoor nodig dat jy nou op `n natuurlike wyse in jou liggaam leef? Beslis nie, en jy sou elkeen uitlag wat van plan sou wees om aan jou te bewys dat jy nou in jou liggaam leef, beweeg en na alle kante besig kan wees. Sou die mees oortuigende bewys dat jy nog leef jou egter iets help as jy in `n diep slaap sou versink en nie in staat sou wees om iets waar te neem nie?! [11] Sien, ook elke dier het `n siel, waarvan die bestaan ook geestelik-substansieël en dus onvernietigbaar moet wees, omdat dit nie andersins die ledemate van sy liggaam sou kon laat beweeg nie! Maar probeer eers om aan `n dier te verduidelik wat sy siel is, en dat hy net deur sy siel leef! Sou die dier wel begryp wat jy aan hom gesê het? Beslis net so min as wat `n klip jou sou verstaan het! Maar waarom verstaan `n dier dit nie, en waarom het dit geen woorde om sy gevoelens aan `n ander skepsel mee te deel nie? [12] Sien, `n dieresiel is noodsaaklikerwys nog diep in sy vlees begrawe en word, buiten die behoeftes van sy liggaam, van byna niks gewaar nie! As iemand `n dier vir `n baie eenvoudig werk wil afrig, moet hy heelwat moeite doen om die dieresiel eers in soverre uit sy liggaam te wek, dat die dier verstaan wat die

mens van hom wil hê. [13] Glo jy egter dat daar mense is waarvan die siele nie so baie ver bo die dieresiel staan nie, ja daardeur dikwels oënskynlik selfs oortref word? Wel, om sulke siele reeds aan hierdie kant deur woorde tot innerlike lewensbewussyn te probeer bring, sou totaal vergeefse inspanning en moeite wees! Vir sulke mense voldoen reeds die blinde en stille geloof dat hul siel na die dood van die liggaam voortleef en daar hetsy loon of straf te verwag het, ten einde hulle te voeg volgens die een of ander wettige orde, soos die os na sy juk. Alle verdere dinge moet vir `n ander lewenstoestand bewaar word. [14] `n Dier kan net deur allerlei soorte pynlike tug so intelligent gemaak word dat hy nuttige take verrig, - so-ook `n baie lae wêreldse mens van wie die siel net na bevrediging van die liggaamlike behoeftes streef en behalwe die moontlikheid tot spraak byna niks verheffend te bied het wat uitstyg bo die dieresiel nie.”

Die oorsaak van die vrees vir die dood 68 Die Heer: “Dat mense soos jy egter tot nou toe nog nie tot `n bepaalde bewussyn oor die voortlewe van die siel na die liggaamlike dood kon kom nie, daaroor het Ek jou die oorsaak reeds laat sien, en jy sal dit ook ingesien het; maar die vrees vir die liggaamlike dood lê eintlik nie soseer daarin dat jy nie bewus is van die lewe van jou siel na die aflegging van jou liggaam nie, maar veeleer in jou liefde vir die wêreld en in jou eieliefde. Deur beide soorte liefde word jou siel steeds verder met haar vlees vermeng, en die gevolg daarvan is dat sy haarself juis daardeur die gevoel van sterwe, vergaan en die einde steeds meer haar eie maak en moet oorgaan in allerlei angs en vrees. [2] Sien, die oervaders van die mense van hierdie aarde het geen vrees vir die liggaamlike dood gehad nie, maar dikwels net `n verlange om bevry te word van die gebrekkig geworde liggaam! Hulle het weens hul lewenswandel, wat vir God welgevallig was, van tyd tot tyd helder blikke en gesigte gehad, sodat hulle in die hiernamaals kon sien en daardeur het hulle `n duidelike en ware bewussyn oor die lewe van die siel na die skeiding van die liggaam verkry. [3] Maar in hierdie tyd is tog byna elke geloof aan God by die mense uitgeblus! Waar sou by die mense die heldere bewussyn van die lewe van die siel na die liggaamlike dood nog vandaan moes kom?! [4] Ek sê vir jou: As mens aan die oorsprong van die lewe alreeds byna algemeen twyfel, is dit heeltemal nie te verwonder dat mens oor die verdere lewe van die eie siel na die liggaamlike dood groot twyfel het nie. [5] Gaan maar na die Sadduseërs, dan sal jy ontdek dat hulle in die eerste plek mense is wat besonder materialisties is, en die wêreld en hulleself bo alles liefhet, ten tweede nie aan enige God glo nie, en daarom ten derde ook die onsterflikheid van die menslike siel volledig ontken en elkeen as dwaas uitmaak wat ook maar enigsins glo aan die onsterflikheid van die menslike siel, wat volgens hulle niks anders is as `n waansinnige fantasiebeeld van `n swaksinnige mens nie, wat dit selfs deur leë praatjies wil bewys. [6] Kyk verder na die egte sinici, studente van die wysgerige Griek Diogenes! Dat hulle selfs ware vyande van die lewe is, en hulle verwens enige krag wat hulle sonder hul toestemming in die lewe geroep het. Hulle lewe weliswaar baie sedelik en nugter, en verag alle luukshede, ja selfs die minste lewensgerief. Vir hulle is die grootste weldaad die dood, waarna hulle geen lewe meer verwag nie, maar totaal niks, waarna hulle baie verlang. [7] Daarenteen kan jy weer in Indië tot vandag toe nog mense vind wat met die siele van gestorwe mense net so omgaan as met die lewendes, en met hulle oor allerlei geheime sake spreek. Hierdie mense het ook geen greintjie angs vir die liggaamlike dood nie, - inteendeel, die sterfdag van `n mens is by hulle `n ware jubeldag en die geboorte van `n kind wat in die wêreld kom, `n egte treurige dag. [8] Sien, so is die mense, ten opsigte van jou vraag, baie verskillend! Waarvoor die een volk dikwels baie bang is, daarvoor het `n ander volk, selfs by die mees verskillende leerstellinge en verwagtinge, nie die minste vrees en angs nie. Die Judeërs is egter die meeste bang vir die liggaamlike dood, en die rede daarvoor is juis hul groot liefde vir die wêreld en hul sinlike begeerte. Wie dit so sorgvuldig koester soos die Judeërs, moet mettertyd al die hoëre insig verloor het; want niks skaad die regte, lewende geloofsinsig so veel as juis ontug, allerlei geilheid en liggaamlike hoerery, wat alreeds lankal by die Judeërs baie erger algemeen gebruiklik is as by die duisterste heidene. Hierdie sonde verstik die siel letterlik in die modder van die vlees en dood selfs die vlees. As dit so is, waar moet so `n siel dan die helder lewensbewussyn vandaan neem?! [9] Nou is jy vir My weliswaar `n mens wat baie aangenaam is, en Ek sal op die regte tyd wel weer die lewensbewussyn in jou siel lê; maar in jou jong jare het jy jou vleeslike luste baie gekoester, en sien, juis daar lê by jou dan ook vernaamlik die rede waarom jy ondanks al jou vrae en soeke tot op hede nog steeds nie die ware onfeilbare lig gevind het nie! Deur jou huidige kuiser lewe sal jy ook weldra tot meer innerlike lewensinsig kom en dan nie meer sulke vrae stel soos wat jy nou gedoen het nie. - Het jy My nou goed verstaan?”

[10] Die herbergier sê: “O ja, maar al te goed het ek U verstaan, en ek sê nou met die Romeine: Hinc ergo illae lacrimae!* Ja, ja, Heer, Alwetende, my jeugsondes het baie van die lewenskrag van my siel verbruik, en noudat ek ouer geword het, merk ek baie sterk dat hulle afgeneem het. Dit is hier maar net die vraag hoe dit nou weer enigermate herstel kan word.” *(Daarom dus daardie trane!) [11] EK sê: “Solank `n mens op hierdie aarde leef en `n volkome, lewenskragtige ernstige wil het, is dit alles nog baie goed moontlik, waarvan Dawid jou `n lewende en konkrete voorbeeld gegee het; want ook hy het in `n periode, wat vir julle nie onbekend is nie, baie gesondig op die gebied van die liggaamlike begeerte. Maar hy het hom daarna ook betyds laat vermaan, en uit liefde tot God nie meer gesondig nie en het daardeur `n man na God se hart geword. Want waarlik, Ek sê vir jou, dat in die hemel meer vreugde is oor één sondaar wat sy sondes as sodanig erken, verafsku, waarlik berou daaroor het, en op `n korrekte en verstandige wyse boete doen en hom grondig verbeter en nie meer sondig nie, as oor nege-en-negentig regverdiges wat nooit hoef boete te doen nie! Of is dit by die mense ook nie so dat `n mens oor iets, hoe onbeduidend ook, wat hy verloor en dan gelukkig weer gevind het, meer vreugde het as oor sy groot skatte, wat hy nooit verloor het nie?! Sien, net so gaan dit ook by God, en as dit nie so was nie, dan sou jy My waarlik nou nie in jou herberg as jou gas gehad het nie! [12] Dit is wel waar dat jou jeugsondes jou baie geskaad het, sowel jou liggaam as daardeur ook jou siel; maar omdat jy dit erken het en jou heeltemal afgewend het van die sonde, het Ek ook by jou in jou huis gekom om jou volledig van al jou kwale te genees. [13] Waar Ek egter eenmaal ingetrek het, is ook die volkome vergewing van alle sondes, en het die lig en die ewige lewe self ingetrek. Ek kan daarom aan jou sê dat jou huis en jy self nou `n groot heil ervaar het, en die gevolge sal dit beter aan jou duidelik maak as Ek nou Self; want Ek het aan jou nou net die leer en die belofte gegee, maar eers in die vervulling daarvan sal jy die volheid van die waarheid in jouself gewaar.”

Die Goddelike Liefde, haar sorg en wysheid 69 Die Heer: “Waarlik, Ek sê vir jou: Wie My woord hoor, dit as waarheid aanneem en getrou daarvolgens leef en handel, sal voortaan geen dood meer voel nóg smaak nie! Maar wie My net as `n redelike goeie buit in gelyke mate langs die wêreldse wil inbring, sal tot aan sy einde in hierdie wêreld weinig geestelike lewenstroos in homself bespeur, en in die hiernamaals sal dit dan eers duidelik word wat by hom meer gewig gehad het. Want wie meer van die wêreld in hom het, sal eendag baie moeite hê om selfs maar die ewewig te bewerkstellig, en dit sal nog baie lank duur voordat Ek Self in sy huis as gas sal wees en by hom sal rus. [2] Maar jy, wat dit nou weet, met goeie moed hê, en bedink dat mens met een slag geen volgroeide boom kan omkap nie, dan sal jy rus vind in jou hart en gemoed. Jy hoef van nou af aan net volgens My woord te handel, en die ander wat jy soek, sal dan op die korrekte tyd aan jou daarby gegee word. [3a] Wees ook nie te veel besorg oor jou huis en wat jou gesin sal eet en drink nie; want dit doen net die wêreldse mense en die heidene, wat van God en respektiewelik van My niks af weet nie![3b] Soek volgens My woord alleenlik die Ryk van God en sy geregtigheid, wat vol lig is en wat veral bestaan uit die liefde vir God en die naaste, dan sal al die ander heeltemal vir niks aan jou daarby gegee word! (Matthéüs 6:25; Lukas 12:22)[4] Kyk na die blomme op die veld wat nie werk en ook nie oes nie, maar die Vader in die hemel sorg nogtans so vir hulle dat hulle gevoed word en bowendien uiteindelik nog baie pragtiger beklee is as Salomo ooit in sy grootste koningsprag. (Matthéüs06:28-29; Lukas 12:27) [5] As God egter al so vir die gras sorg, wat vandag groei en môre afgemaai word en volgens `n ou gebruik in bondels gedroog en in die oond tot as verbrand word, hoeveel te meer sal God dan vir daardie mense sorg wat Hom liefhet en Sy gebooie onderhou! (Matthéüs 8:26; Matthéüs16: 08; Lukas 12:28) [6] As selfs die mense wat meestal tans gemeen en sleg is, hul kinders liefhet en so aan hulle soveel goed as moontlik doen, hoeveel te meer sal die goeie Vader in die hemel dit dan aan diegene doen wat Hy waardig bevind het om Sy kinders te wees! Of het jy ooit van iemand wat uiters baie suiwer wysheid besit, hoor sê dat hy gruwelik en onverbiddelik hard teen sy naaste of selfs teen sy kinders opgetree het?! [7] Dit is sedert menseheugenis bekend dat `n wyse mens ook `n goeie mens is en die goeie vir alle mense wil hê. Net die Wysheid het aan die mense wette gegee wat maklik was om na te kom en waardeur almal volkome gelukkig kon word; hulle het die wette maar net bekragtig vanweë die slegte, eiesinnige, ongehoorsame mense, sodat die goeie mense `n middel in die hande sou hê om die slegte dwase met geweld na die goeie toe te dwing, as die sagte vermanings geen vrugte opgelewer het nie. So is ook die bekragtiging van die wette vir orde `n daad van Liefde en Ontferming uit die Wysheid. [8] As volkome menslike wysheid egter alreeds net goeie dinge tot stand bring, en die onwyse mense na die ware geluk van die lewe lei, hoeveel te meer dan die allerhoogste en diepste Goddelike Wysheid van

God! [9] Dat Hy nie kan ingaan teen Sy eie orde, waarvan die bestaan van alle skepsele afhang nie, en daar ook ewig nooit teen sal ingaan nie, moet elke mens met `n bietjie wysheid baie goed kan begryp, omdat daardeur die bestaan en die geluk van alle goeie en salige wesens bedreig sou word. Maar die Hoogste Wysheid wil ook die weerspannige geeste en wesens tot die goeie en ware bring en het vir hierdie doel vir die mees gepaste middele gesorg, wat vir die verstokte sondaar weliswaar nooit soos melk en heuning sal smaak nie, - maar dit sal nogtans steeds van sy eie wil afhang om dit te verander, as hy dit wil doen. [10] En dit is ook hier die geval. Alles hang af van die ernstige wil van die mens; as hy hom ernstig wil verbeter en in volle vertroue God, altyd in My Naam, smeek om iets regs en goeds, sal dit aan hom gegee word na die maat van sy ware verbetering en van sy geloof en vertroue. En jy kan dan nou volkome tevrede wees met hierdie uiters ware belofte van My. [11] Wie dit alles goed oordink en daarvolgens handel, sal in alles baie gelukkig wees en vir die liggaamlike dood geen angs en vrees meer hê nie, ook al was hy ook vroeër `n groot en growwe sondaar gewees. Want God, die Vader in die hemel, het My net vir die sondaars en nie vir die regverdiges nie, na hierdie wêreld gestuur, en soos wat die Vader My gestuur het, so sal Ek ook julle na die sondaars stuur; want net die siekes het `n geneesheer nodig, en nie die gesondes nie. - Is dit vir jou nou heeltemal duidelik?” [12] Die herbergier sê: “O, vir wie sou dit nou nog nie duidelik wees nie?! - Maar nou begin die dag ook alreeds ietwat na die aand te neig. Wat sal ons nou doen?” [13] EK sê: “Dit hang nou van jou af; want vir vandag, môre en oormôre sal Ek heeltemal niks bepaal nie. As jy egter iets het, sê dit dan, dan sal Ek sien wat daar te doen sal wees!”

Die versonke stuk land 70 Toe sê die herbergier: “Ek het nog wel iets; maar ek vind dit byna te onbeduidend om U, o Heer, daarmee lastig te val!” [2] EK sê: “Sê dit maar, want niks in die wêreld is te onbeduidend vir My nie!” [3] Toe sê die herbergier: “Wees dan so barmhartig om my aan te hoor! Sien, ek het, behalwe hierdie besitting, nog `n groot boerdery nie ver hiervandaan nie, waar ek my beste beeste en skape hou, en ek het daar ook `n aantal werklik getroue knegte en diensmeisies! Op die groot diereweiveld, wat heeltemal begroeid is met weelderige gras, het daar `n paar maande gelede `n stuk land van ongeveer `n kwart morg sodanig versink, dat daar nou op daardie plek `n gat is waarvan mens die diepte glad nie kan peil nie, en ook nie kan weet of daar nie alreeds spoedig nog meer land sal wegsink nie. [4] `n Bejaarde man, wat taamlik deskundig is in hierdie dinge, het aan my gevra of die diere in die omgewing naby die gat gekom het. En ek het aan hom, soos wat dit is, die volle waarheid gesê. Ek het sommige skape en beeste naby die gat laat bring; maar hoe nader hulle aan die groot gat gekom het, hoe meer het hulle teëgestribbel en toe hulle nog maar sowat tien treë daarvan verwyderd was, het hulle losgeruk en plotseling weggehardloop. Selfs die bokke is nie in die omgewing van die gat te bring nie, hoewel hulle andersins op die hoogste rotse baie behaaglik en onverskrokke rondspring en klim. Toe het die deskundige man gesê dat dit `n sekere teken daarvan was dat daar nog meer land in die diepte sou insink. En in hierdie saak, wat vir my as grondbesitter tog wel baie onaangenaam is, vra ek dan nou ook aan U wat dit beteken, wat daar nog te verwag is, en of die euwel tog miskien nog op die een of ander manier verhelp sou kon word.” [5] EK sê: “Laat ons na buite gaan en hierdie bose moedswilligheid van die ruwe aardgeeste bekyk, wat dit gedoen het op aansporing van ander geeste van daardie gestorwe mense. Hierdie geeste het as jou vyande na die ander kant oorgegaan, omdat jy hul boerdery ten gevolge van `n geregtelike beslaglegging vanweë nie-betaalde groot skulde deur koop in jou besit gekry het! Laat ons dus na buite gaan en die saak in oënskou neem!” [6] Ons het nou vinnig van ons sitplekke af opgestaan en na die noodlottige stuk boerderyland wat ongeveer `n halfuur daarvandaan was, gegaan. So het ons weldra by die waarlik baie onheilspellende gat gekom. Buiten My en die herbergier het niemand dit durf waag om heeltemal tot aan die rand daarvan te gaan nie. Die twintig nuwe studente het alreeds van ver teruggedeins; want die gat was werklik baie angswekkend om te sien. Die herbergier sê toe dat hy self nog nooit so naby aan die gat gekom het nie en eers nou die onpeilbare diepte daarvan gesien het. [7] Maar EK sê aan hom: “Gaan haal eers `n behoorlike groot klip vir My, dan sal Ek sien of die gat nie op te vul is nie!” [8] Toe het die herbergier gegaan en vir My minstens `n tien pond sware klip gebring. Ek het die klip egter geneem en dit met groot krag in die gat geslinger. Alreeds gou het daar uit die gat `n geweldige rooksuil begin opstyg, wat `n sterk swaelreuk versprei het. [9] Maar EK het die rookwolk bedreig en gesê: “Al julle bose geeste. Ek, die Heer, gebied julle om die gat

dadelik vir nou en alle tye op te vul!”[10] Toe het mense uit die rookwolk stemme gehoor, wat geroep het: “Jesus van Nasaret, Seun van die lewende God, ons ken U! Waarom het U gekom om ons vóór die tyd te kwel? Ons sit hier op mekaar gepers en het ietwat ruimte vir lug vir ons gemaak. Waarom gun U ons nie hierdie vryheid nie? Hier is `n groot onreg aan ons gedoen, dat ons liggame gedood is. Ons het alles verloor. Waarom mag die koper nou ook nie iets verloor nie? Ons het hierdie stukkie grond nodig in ons ontsettende diepte. Waarom mag ons dit dan nie besit nie?” [11] EK sê: “Doen wat Ek julle beveel het, anders sal iets erger julle nog oorkom!” [12] Toe het die rook gesak, en binne-in die holte het dit geweldig begin woed en te bruis. Dit het egter maar baie kort geduur en gou het mens gemerk dat die versonke stuk land langsaam omhoog gekom het, en na `n uur was die holte weer sodanig opgevul dat niemand kon sien dat die deel ooit versonke was nie. [13] Maar EK roep nou alle ou en nuwe studente en sê: “O julle kleinmoediges! Kom hier en gaan staan op die versonke stuk land wat uit die diepte omhoog gekom het, en erken dat niks die mag van die Goddelike wil kan weerstaan nie!” [14] Toe het alle studente gekom en hulle volkome daarvan oortuig dat niks die mag van My wil kan trotseer nie.

Die wese van die bose geeste 71 Maar die herbergier het My gevra wat die geeste, wat ons in die rookwolk gesien het, bedoel het toe hulle gesê het dat Ek hulle nie voor die tyd moes kwel nie. [2] EK sê: “Sien, alle afvallige geeste sien dit as `n kwelling wanneer hulle tot gehoorsaamheid aan God gemaan word; want alle hoogmoed ken geen gehoorsaamheid nie, omdat hy alleen wil heers en gebied. Maar hulle het toe gedink dat hulle nog te kort in die geesteswêreld was om nou alreeds gehoorsaam te moet wees aan My Goddelike wil. Sien, hulle sou nou dit liefs wou hê dat hulle, sê maar `n voltooide ewigheid van hul slegte en wraaksugtige vreugdes kon geniet, en elke gees wat hulle tot orde en gehoorsaamheid maan of dikwels selfs met geweld dwing, sien hulle as hul vyand en hul kweller! [3] Daarom het Ek hulle ook dadelik gedreig, en hulle moes gehoorsaam en het toe ook gehoorsaam, alhoewel met die grootste teësin. Maar dit pla dergelike geeste wat in die oordeel is, glad nie, en daarom is hulle in die dood, omdat hul eiesinnige vryheid geen vryheid nie, maar `n gevangenis en `n baie groot oordeel, waaruit hulle maar net baie geleidelik bevry kan word as `n magtiger wil as hulle wil hulle dan gryp en tot `n goeie daad dwing. [4] Hulle lyk soos daardie dromers wat in allerlei soet drome hulle soos vorste en konings wieg, en in hul droom allerlei dom onsin praat en hulle dikwels baie vermoei. Nou weet elkeen egter dat sulke drome nie so baie bevorderlik is vir die natuurlike gesondheid van die mens nie en dat dit goed is om sulke oggenddromers uit sulke soet drome te wek. Hoe word so `n slaper egter nie vererg en grimmig nie, as hy deur iemand wat wakker is, gewek word! Maar as hy daarna heeltemal wakker geword het, is hy nogtans baie bly dat hy uit sy verdowende slaap gewek is. Hy is by die wakkerword weliswaar al sy mooi vorstedomme kwyt en het van koning weer gesink tot `n baie gewone mens; maar as sodanig het hy ook juis tot die duidelike besef gekom dat sy koninkryk niks anders as `n ydele sieklike koorsdroom was nie. [5] En sien, so gaan dit ook met sulke geeste, net met die verskil dat hulle dikwels ontsettend lank in sulke drome vertoef en hulself dan nog uiters moeilik laat wek! [6] In `n soortgelyke droom bevind hom ook alle wêreldse geluksoekers wat op alle terreine van die menslike bestaansfeer op hierdie aarde uiters ryklik verteenwoordig is. Hulle voel baie gelukkig daar en wee diegene wat dit sou waag om hulle vir die erns van hierdie lewe deur woorde en dade te wek! Maar as mens tog so nou en dan in staat is om een van die baie wat so is, te wek, sal die gewekte daarna beslis baie bly word omdat hy eers in die geestelike ontwaakte toestand steeds meer begin te verstaan en in te sien, in watter gevaar hy hom in sy blinde sinneslaap bevind het. [7] Daarom is dit dan ook wenslik dat julle probeer vasstel of so iemand, wie se sinne bedwelmd is, nog nugter en wakker te maak is! As dit kan, wek hom dan, en dit sal julle van groot nut wees, omdat hy dan weer makliker as Ek met sukses op sy gelykgesindes kan inwerk; as hy hom egter nie laat wek nie, laat die luie en trae esel dan slaap! Dan moet daar baie ander wekmiddele kom om sulke slapers te wek. Dergelike middele bestaan egter uit allerlei siektes, oorlog, hongersnood en epidemies. - Het julle dit verstaan?” [8] Die herbergier sê: “O ja, Majesteit en Heer, dit is presies so, en so moet dit ook wees! Maar die saak met sulke slapers bly altyd ietwat treurig, omdat wanneer God eenmaal die groot besoeking oor die mense laat kom, die onskuldige baie dikwels saam met die talle skuldiges moet ly.” [9] EK sê: “Hy ly egter ook soos wakendes onder die talle slapendes, en derhalwe verloor hy weinig of niks nie. Of is dit dalk aangenaam om hom in `n vertrek as enigste wakende tussen louter slapendes te bevind en stil te wees?!”

[10] Die herbergier sê: “Ja, ja, dit is wel waar, - dit sou werklik pynlik wees vir `n wyse mens om hom onder louter dwase en stommes en blindes te bevind, met wie hy nooit ook maar `n enkele verstandige woord sou kon wissel nie! En dan is lyding wat tot verbetering lei, in sigself beter as lyding wat duidelik nie tot verbetering lei nie. Ag, Heer, dit dring glad nie tot my deur hoe onuitspreeklik gelukkig ek nou is in U volmaakte, Goddelike teenwoordigheid nie! Ek sal U nie net sonder my, uit my huis kan laat weggaan nie; want sonder U sou vir my nou alreeds alles baie wêreldvreemd en buitengewoon aaklig voorkom. Maar ek sal nou tog graag wou weet hoe diep die gat volgens aardse maatstawwe was.” [11] EK sê: “Dit was baie diep; die diepte was ongeveer duisend el (500meter).”

Invloed van geeste by natuurlike gebeurtenisse as toelatings van die Voorsienigheid 72 Die herbergier vervolg: “Maar het ruwe, bose geeste wel soveel krag om so `n aanmerklike stuk grond, wat daarby nog baie vas is, so diep na benede te druk?” [2] EK sê: “Hulle het eintlik net so min krag as `n slapende held; maar so nou en dan word daar iets vir hul eie ontwaking toegelaat, wat sulke slegte geeste in hul totaal kragtelose droomfantasie wil uitvoer, en waartoe hulle steeds nuttelose pogings onderneem, sodat dit werklik gebeur, volgens die wil van `n hoëre, volledig wakker, geestelike mag. As so-iets dan werklik gebeur, skrik hulle plotseling wakker en sien hulle hul ellende in. Daardeur kom sommiges dan deur hul eie wil uit hul bose droomlewe in `n meer wakende bestaan in, en dan is hulle daarna alreeds meer versigtig om nie weer in sulke bose fantasieë te verval nie, sodat daar nie weer iets bo hulle instort en hulle toetakel in hul veronderstelde vrye bestaan nie. [3] Hier gaan dit egter oor `n sameloop van omstandighede, wat sedert `n lang tyd presies bereken was vir die bereiking van `n goeie doel. Hier, onder hierdie stuk grond, bevind hom reeds sedert vir julle onvoorstelbare aardse oertye `n groot gat, wat `n onderaardse voortsetting van die see was. Maar met die verloop van tyd het die opgehoopte seeklei steeds die verbinding verskuif en verstop, wat reeds vanaf die begin af nou was, tussen die oop see en die daarmee verbonde onderaardse see, wat sy watertoevloei daaruit getrek het. Toe die toevoer van die water met die verloop van `n lang tydperk heeltemal opgehou het, het die onderaardse water steeds verder gesak en daardeur het `n groot hol ruimte ontstaan. Deur herhaalde aardbewings het die een loshangende deel na die ander onder hierdie stuk grond los geword en in die diepte van die hol ruimte geval. Daardeur het die ingestorte stuk grond natuurlik steeds dunner geword en het dit steeds minder houvas gehad. [4] Toe die ruwe aardgeeste gedurende die afgelope tyd `n klein aardbewing veroorsaak het, na aanleiding van `n stille opwinding van die bose siele, wat as gevolg van hulle materiële aard hul bestaansruimte meestal in die onderste aardholtes het, het die hele stuk grond dan ook vanweë die swak binding ingeval en in die diepte ingestort. Dit was eintlik die volkome natuurlike rede; maar dit is nogtans nie heeltemal suiwer natuurlik nie, maar ook geestelik, omdat dit reeds sedert onvoorstelbare lang tye ten behoewe van die ontwaking van die slegte slaapgeeste deur God voorsien en toegelaat was. [5] En so gebeur daar op aarde heeltemal niks eintlik suiwer natuurlik in sigself nie, maar altyd in volle verbinding (met die geestelike), terwille van `n geestelike doel; want orals staan die geestelike deurlopend streng in verbinding met die natuurlike en beide werk voortdurend op mekaar in, wat julle egter eers heeltemal duidelik sal insien as julle, deur volgens My leer te handel, in julle gees weergebore sal wees. - Maar nou kan ons na hierdie gedane arbeid wel weer huiswaarts keer; want ons sal daar ook iets nuuts aantref.” [6] Toe sê die herbergier: “Heer, sal ek nie eers my knegte en diensmaagde hierheen roep, sodat hulle ook kan sien wat se ongelooflike wonderwerk hier plaasgevind het nie?” [7] EK sê: “Doen dit nie vandag nie, want môre is daar ook nog genoeg tyd daarvoor! Dat jou dienspersoneel hulle baie daaroor sal verwonder, is verseker; maar die verbasing sal weinig nut hê vir hul siele wat nog baie sinlik is, want dit is meestal Grieke en daarom nog werklik duistere en baie bygelowige mense, en hulle sal die gebeure dadelik aan die een of ander sogenaamde halfgod toeskryf. Hulle sal jou nog verder gaan beleër oor die oorsaak van die verskynsel as jy aan hulle gaan sê dat Ek, die timmerman uit Nasaret, dit gedoen het, dan sal hulle jou uitlag of sê dat Ek Self met `n halfgod in verbinding staan en daarom maklik so-iets kan bewerkstellig. [8] Sulke mense is nog lank nie tot die opname van die Ryk van God in staat nie; hulle moet eers op `n geskikte manier voorberei word, en in staat gestel word om helderder oor alle verskynsels in die natuurlike wêreld na te dink en te oordeel. Maar hierdie mense bring alles terug tot die wil van die onsigbare gode, waarvan hulle van mening is dat hulle hulle aanwesigheid presies kan bedink en aanvoel, en dan is daar met die volle waarheid uit God se hemele nog lank niks aan te vang nie; daarom laat ons hulle met rus en gaan nou weer na die huis!” [9] Daarop het ons die plek verlaat en na die huis, na ons herberg, gegaan.

Die verdrinkte dogter van die herbergier en haar opwekking 73 Toe ons juis met sonsondergang daar aankom, het die herbergier die opmerking gemaak dat die see nou wel buitengewoon te kere gegaan het en dat hy op `n afstand van ongeveer honderd veldweë diep `n skip gesien het wat by hierdie vreeslike woeste golwe duidelik sou vergaan, en of mens so `n skip wat in nood verkeer, geen hulp moes bied nie? [2] EK sê: “`n Ander wel, - maar nie hierdie een nie! Die wind van vanoggend het dit so ver hierheen gevoer; maar `n ander wind sal dit wel weer terugdryf. Dit is nou juis die skip met daardie slegte mense uit Jerusalem, wat My moet vang en doodmaak. Maar nou bevind hulle hul in My gevangenskap en sal nog `n paar dae en nagte daarin moet bly, - dan moet `n wind hulle na die kus agter Tiberias dryf en hulle verlos van hul kwelling. Daarna sal hulle heeltemal nugter na hul huise gaan en My nie so gou meer agtervolg en om die lewe wil bring nie. Sien, die wind is alreeds by hulle en dryf die skip van hierdie oewers af weg! Maar ons laat dit daar; in die huis wag iets anders op ons! Laat ons daarom in ons herberg ingaan!” [3] Die herbergier en almal was baie nuuskierig oor wat daar dan vir ons sou wees, en ons het daarom baie gou die huis binnegegaan. En sien, die oudste dogter van die herbergier het nagenoeg dood op `n bed gelê en gedrup van die water. Sy het net na die groot vishouers gegaan om `n paar van die edelvisse vir ons aandete te gaan haal; maar sy kon die groot, sterk diere nie baasraak nie en is deur `n vis wat heftig opgespring het, in die diep water gewerp. Op haar geroep het weliswaar dadelik redders aangeloop gekom; maar hulle kon haar met die beste wil nie vinnig genoeg uit die water kry nie, en die gevolg daarvan was dat sy dood uit die water gehaal is. Dat dit groot ontsetting in die hele huis teweeggebring en mense dadelik iemand na die stad gestuur het om `n arts te gaan haal, wat ook dadelik gekom het en alle moeite gedoen het om die verdrinkte meisie weer tot lewe te bring, hoef nouliks vermeld te word. Maar ondanks alle trane van haar moeder en die ander broers en susters, en ondanks alle moeite van die arts, het die drenkeling geen teken van lewe meer gegee nie. [4] Toe het ook ons herbergier bang geword, en hy het hom smekend tot My gewend en gesê: “Heer, ek weet nou dat alle dinge vir U moontlik is!” [5] EK het hom hier in die rede geval en gesê: “Sê nou niks van dit alles nie; Ek wil hier geen opsien veroorsaak nie! Die arts, wat ook `n Fariseër is, sal spoedig sy gevolgtrekking maak en sê: “My moeite is by hierdie drenkeling volkome vergeefs, want sy is onherroeplik dood.” Betaal hom dan gou vir sy moeite, dan sal hy ook daarna dadelik vinnig hier weggaan; Ek sal dan wel onder vier oë My deel vir jou doen. Maar as Ek My hande op die verdrinkte meisie sal lê, mag daar buiten ons, niemand in die kamer wees nie, - ook nie jou vrou en jou ander kinders nie.” [6] Spoedig daarop het die arts verklaar dat die dogter ongelukkig gesterf het. Maar hulle moes haar tog in verwarmde doeke wikkel; miskien sal sy binne etlike ure tog nog ontwaak. Dit het hy egter maar net gesê om die ouers nog `n klein bietjie troos te gee. Die herbergier het die arts betaal, wat ook dadelik met `n vrolike gesig vertrek en beloof het dat hy spoedig self die klaagvroue sou laat kom. Die herbergier het egter gesê dat hy nog tot môre toe daarmee moes wag; en as dit nodig was, sou hy wel self môre na hom toe kom. Daarop het die dokter weggegaan. [7] En toe die kamer vrygemaak was van alle oorbodige mense, het EK na die drenkeling gegaan, haar My hand opgelê en gesê: “Dogter, staan op uit jou slaap!” [8] En op dieselfde oomblik het die dogter haar in die bed opgerig en dadelik gevra wat daar nou met haar gebeur het. Sy het wel geweet dat sy in die water geval het, maar hoe sy nou in die bed gekom het, het sy beslis nie geweet nie. [9] Daarop sê EK aan haar: “Sien, liggaamlik was jy heeltemal dood; maar Ek, wat Self die lewe is, het nou aan jou die lewe teruggegee. Gebruik egter in die vervolg jou verstand en doen maar net werk waarvoor jou kragte toereikend is, omdat jy andersins weer iets dergeliks sou kon oorkom. Vlyt is altyd prysenswaardig by `n mens; wanneer hy egter sy kragte ooreis, is hy nie meer prysenswaardig nie, maar baie dwaas. Onthou dit en sê dit ook aan jou moeder en jou broers en susters, wat andersins baie braaf is! Maar staan nou op en laat jou aan jou moeder sien en jou broers en susters wat nog baie oor jou treur, en sorg nou vir ons aandete!” [10] Daarop het die dogter vinnig van die bed af opgestaan, My vir die groot barmhartigheid gedank en het toe dadelik uit die kamer na haar moeder en broers en susters gegaan, wat toe almal van louter vreugde geen raad geweet het nie. [11] Die dogter het egter hardop verklaar en gesê: “Die groot Heer uit Nasaret het dit aan my gedoen, maar Hy het ook gesê dat ons vir Hom daarom nou dadelik `n goeie aandete moet voorberei, - dus laat ons dit dan ook voor alles doen!” [12] Toe het elkeen aan die werk gespring en baie gou het daar `n oorvloedige maaltyd voor ons gestaan. Die herbergier kon van louter dankbaarheid byna geen woord uitbring nie. [13] Die nuwe studente kon hulle ook byna nie genoeg verwonder oor die teken nie en sê: “Dit sou seker

die hele tempel bekeer!” [14] Maar EK sê: “`n Nog groter teken van gelyke aard sal die tempeldienaars juis dermate oor My verbitter, dat hulle dan alles in die werk sal stel om My te dood. Meer hoef Ek julle waarlik nie te sê nie! - Laat ons maar nie verder daaroor praat nie, maar in plaas daarvan nou opgewek eet en drink wat daar voor ons staan!” [l5] Daarop het die studente geëet en gedrink en het hulle besiggehou met allerlei verhale oor hul belewenisse en ervaringe.

Die skip van die Fariseërs op die woeste see 74 Die dogter, wat opnuut tot lewe gebring is, het met haar moeder en haar susters en broers ook na ons toe gekom en na die gesprek van die studente geluister, wat hierdie keer baie oor bose spookgeeste en duiwels te vertel gehad het, en ook beweer het dat baie mense nie in staat was hulle teen die vervolging van hierdie sigbare, slegte wesens te beskerm nie. Dat God die dinge toegelaat het, was nie so goed te begryp nie, en volgens hulle moet mense, wat deur die duiwel besete was, eers goed onder beskouing geneem word, veral daar waar die besetenheid alreeds by baie jong kinders voorkom. [2] Toe het ook ons herbergier gesê: “Ja, dit is juis `n baie merkwaardige saak wat absoluut onbegryplik is! Ek self het alreeds dikwels verskynsels van hierdie aard by kinders op vyfjarige leeftyd gesien, wat op die ellendigste wyse toegetakel was deur geeste wat van hulle besit geneem het. Die merkwaardige daarby is net dat byna niemand meer sulke kwale kan verhelp nie.” [3] EK sê: “My ou studente is alreeds ingewy daarin en kan `n uitleg daaroor aan jou gee, naamlik Simon Juda - nou Petrus - en Jakobus en Johannes; hulle kan die kwale ook dadelik verhelp net soos Ek. Maar Ekself sê nou verder niks daaroor nie, want Ek het alreeds vroeër gesê dat Ek `n paar dae sal rus ten opsigte van onderwysing en ook dade. Julle almal kan egter praat en doen wat julle wil; maak My net nie bekend in hierdie omgewing nie en nog minder in die stad!” [4] Die studente het toe hul vertellings voortgesit en Johannes het aan die nuwe studente die verskynsel van besetenheid verduidelik, en toe hy so teen middernag daarmee klaar was, het ons ons almal ter ruste begewe. [5] Die oggend het ons egter alreeds behoorlik vroeg opgestaan, en Ek het met die drie genoemde studente vóór die ontbyt na buite gegaan. Die herbergier het ons ook alreeds gou gevolg, maar die ander studente het in die huis gebly en heelwat opgeskryf. Ons het egter oor die lot van die skip van die Fariseërs gepraat, wat nog in die middel van die see met die magtige golwe geworstel het. Die herbergier het gevra of die wind dit nog nie tot agter die stad Tiberias sou gedryf het nie. [6] Maar EK sê: “Tot nou toe nog nie; dit sal hulle eers oor `n paar dae ten deel val, dit wil sê, as hulle hul ingesteldheid ietwat sal verander, - andersins laat Ek hulle nog `n aantal dae byna in die middel van die see bly en tevergeefs roei!” [7] Die herbergier het nou begryp dat daar met My beslis nie te skerts is nie, en was dit met My eens dat Ek die kwaadaardige vervolgers van My Persoon soveel moeite besorg het. Die herbergier was juis `n groot vyand van die tempeldienaars en dit het aan hom daarom baie vreugde gegee wanneer hulle baie in enige noute gedryf is. [8] Ons het nou nie verder meer daaroor gepraat nie en het na die hoë golwe van die see en die talle swerms watervoëls gekyk, wat by sulke hoë golwe altyd aanwesig is en hul voedsel gesoek het. Die herbergier het gevra waar hierdie voëls hulle dan ophou as die see rustig was. [9] En Petrus, as visser wat baie goed vertroud was met die see, sê: “Sien, dit is eintlik `n soort waterroofdier, wat net so dikwels en in groot getalle te sien is wanneer daar vir hulle iets te roof is; andersins sit hulle langs die oewers van die see op gedeeltes wat nie toeganklik is nie, nòg vanaf die land, nòg vanaf die water. Op sulke plekke vind mens baie insekte en wurms, wat vir hierdie diere as voedsel dien. Gedurende groot storms kruip die insekte en wurms egter weg en dan gaan die voëls hongerig op rooftogte na klein vissies, en as die storm gaan lê, keer hulle weer terug na die plek waar hulle hul goed verborge neste het. Nou weet jy wat jy nog nie geweet het nie; dit is weliswaar nie so belangrik nie, maar nogtans is dit goed om ook hierdie soort dinge te weet.” [10] Die herbergier was heel tevrede daarmee en het gedink dat ons nou wel kon teruggaan vir die ontbyt.

Hoe die natuur beskou moet word 75 Maar EK sê: “Dit duur nog wel `n uur, en dit is baie goed om hier op hierdie heuwel te wees, en te sien hoe God Sy gedagtes vir ons oë beliggaam.” [2] Die herbergier sê: “Heer, hoe moet mens dit wel sien?”[3] EK sê: “Dit, hier om ons heen, wat jy met jou oë sien, met jou ore hoor en met elke ander sintuig

waarneem, is louter beliggaamde gedagtes van God. Jy sien hoe magtig die golwe beweeg. Wie dryf die waters daar so hoog op en laat dit nie tot rus kom nie? Sien, dit is God se gedagte, tot lewe gebring deur Sy wil! Kyk eers na al die voëls wat besig is met die golwe! Wat is hulle anders as suiwer beliggaamde gedagtes van God?! Die hele see, alle berge, alle diere, al die gras, alle kruie en bome, alle mense, die son, die maan en alle tallose talle sterre is niks anders nie. Hul bestaan hang heeltemal net af van die vir julle nou nog totaal onbegryplike bestendigheid van die wil van God. [4] Gestel die moontlike situasie dat God van een van die beliggaamde gedagtes wat ons hier sien, Sy wil wegneem, wat gesien die oneindige vryheid van die Goddelike wil, goed verklaarbaar is, dan het die beliggaming ook reeds op dieselfde oomblik verdwyn. In God sou die geestelike gedagte wel bly, maar die liggaam sou hom as’t ware in die totale niks oplos. Hier voor ons het ons nou die bestaan, wese, wording, en ook verganklikheid van die gedagtes van God, wat vir die ware vriend van God so belangrik is! Is dit nie `n ware vreugde om daarna te kyk en daardeur van dag tot dag JaHWeH se liefde, wysheid en almag van naderby te leer ken nie?! [5] Kyk na die wolkies daar in die ooste, hoe hulle nou eers groter, dan weer kleiner word, en vervolgens heeltemal verdwyn! Dit is ewe-eens God se gedagtes, wat, deur Sy wil net baie liggies uit die lug saamgetrek en in `n vlugtige liggaamlikheid oorgaan, in steeds veranderlike vorme vir ons sigbaar word. Hierdie vorme lê duidelik nader aan die oorspronklike, geestelike elemente as die massiewe berge en alle ander skeppings wat ons hier aan alle kante omring; maar nogtans is hul bestaan nog onvolkome en hulle moet eers, deur hulle meermale in `n ander vorm te manifesteer, soos byvoorbeeld in reëndruppels, oorgaan en dan as voedingstof in die een of ander plant `n meer bepaalde, bestendiger vorm aanneem, en so tot by die mens opklim, van waaruit hulle dan as volledig vrye, selfstandige en self vry denkende wesens met `n vry wil vir ewig onveranderlik en bestendig in die suiwer geestelike en aan God gelyksoortigheid kan en ook sal oorgaan. [6] Sien, wie so die skepsele van God betrag, ondervind baie genoeë en vreugde daarvan! En Ek sê vir jou dat so `n beskouing meer krag aan die mens gee as `n ontbyt wat te vroeg genuttig is. - Vind jy dit nou ook nie so nie?” [7] Toe sê die herbergier: “O ja, Majesteit en Heer! Maar vir so `n besielende beskouing het mens ook U Wysheid nodig; ek sou wel `n eeu kon kyk en dan sou ek dit wat U nou aan ons uitgelê het, nogtans nie ontdek het nie! Van nou af aan sal dit by my ook wel beter gaan; want ek is `n vriend van die natuur en verlustig my graag in sy skepping en vorme. Net wanneer hy eers hier of daar ontaard, bly ek graag so ver moontlik daarvandaan. As daar swaar storms kom en die wolke dreig om ons met weerligstrale en donder te vernietig, dan hou my vriendskaplikheid met die natuur op; maar as hy so rustig besig en aanwesig is, is ek besonder lief vir hom. Weliswaar is hierdie golwestorm op die see nou ook geen rustige werking van die natuur nie, maar vir ons bewoners van die vasteland is dit nie juis gevaarlik nie en daarom nog met `n geruste hart en gemoed aan te sien; maar sou `n geweldige orkaan die see so in beweging bring, dan sou dit hier nie juis so baie behaaglik wees om die natuur in sy doen en late te betrag nie en daarin die groot Goddelike gedagtes, wat deur Sy wil tot lewe gebring is, te herken nie.” [8] EK sê: “Dit is beslis so; maar wat Ek nou aan jou gesê het, is ook geen gebod nie, maar net `n goeie raad, - want andersins sou die mense ook in die diepte van die see moes afdaal en daar orals in alle rigtings die beliggaming van die groot gedagtes van God moes waarneem. As `n mens dit sonder gevaar en sonder nadeel vir sy lewe kan doen, laat hom dit dan so nou en dan doen, dan sal hy daaruit menige nut vir siel en liggaam haal en ook meer en meer in homself die gees van die ware liefde vir God en ook vir die naaste opwek. [9] Want om God waarlik te kan liefhê, moet mens trag om God steeds meer te leer ken. Wie dit nie die belangrikste vind nie, sal dit uiteindelik aan homself te wyte hê wanneer by hom die innerlike gevoel en bewussyn van die ewige voortlewe van die siel na die liggaamlike dood net uiters swak is en bly; want hierdie egte lewensgevoel is alleenlik maar net die gevolg van die ware, lewende liefde vir God en daardeur vir die naaste. [10] God in Homself as Vader is immers juis in Sy oerwese die liefde en daardeur die Lewe self, omdat liefde en lewe een en dieselfde is. Wie dus die liefde vir God in hom het, wat die enigste lewenselement is, die het ook die ware, Goddelike, ewige lewe in hom. Wie egter hierdie liefde nie het nie, is innerlik dood; sy lewe is net `n skynlewe en bly daardeur só lank `n oordeel, as hy nie vrywillig die liefde vir God in homself opgewek het nie en deur selfstandige dade tot lewe gebring het nie. En sien, juis daarom is dit goed vir die ware mens as hy van tyd tot tyd dieper beskouinge wy aan dit wat hom aan sy sintuie ter waarneming voordoen! - Verstaan jy nou wat Ek aan jou gesê het?” [11] Toe sê die herbergier: “Ja, Majesteit en Heer, nou is dit vir my ook duidelik; dit is net tans hier op aarde baie te betreur dat die meeste mense heeltemal niks weet van sulke belangrike lewenslesse nie! Maar dit sal my nie aan die korrekte ywer ontbreek om ten minste ontvanklike mense, tydens gunstige geleenthede, dit wat ek weet, by te bring nie. Maar wat kan nou die vernaamste rede wees, dat die mense

in hierdie tyd so ontsettend onsinnig geword het?”

Die oorsake van die verval van die mens. Teokrasie en monargie. Eindtyd en gerig 76 EK sê: “Dink na oor wat Ek alreeds daaroor gesê het; maar veral hoogmoed, traagheid, eieliefde en die heerssug wat daaruit voortkom is die oorsake van so `n verval van die mense. [2] Reeds ten tye van Samuel het die mense traer en meer arbeidsku geword. Hulle het begin om hulle vir bepaalde soorte werk te skaam en het dit net deur bepaalde gehuurde knegte en diensmeisies laat verrig. Die rykes het hul hande in die skoot gelê en die ander vir hulle laat werk. Wie die hardste vir hulle gewerk het, het ook die meeste loon ontvang, wat ook reg was; maar daardeur het die rykes klein tipe heersers geword, wat beslis geen knegtewerk wou verrig nie, maar net aan knegte en diensmeisies werk opgedra het en dit self met geen vinger aangeraak het nie. [3] Soos wat die ouers was, so het ook die kinders geword, naamlik traag, selfsugtig en heerssugtig. Hulle het geleer om bevel te voer oor die dienspersoneel, maar hul tere hande wou hulle nooit as te nimmer besoedel met geringe knegtewerk nie. Hierdie slegte gewoonte het by die mense van jaar tot jaar gegroei en maar al te gou `n vlak bereik waarop die hoogmoed, wat tog alreeds so goed gekoester was, geen voldoende bevrediging meer gevind het nie. Hy, die Judeër, het weemoedig na die praal en die hoë en belangrike hoogwaardigheidsbekleërs van die heidense volke gekyk, en die koningskap het hy die allerhoogste eer en waardigheid vir `n mens gevind. Kortom, hy wou ook `n wêreldse koning hê en was nie meer tevrede met die reinste heerskappy van God deur sieners en rigters nie! [4] Toe die volk, teen alle goeie vermaninge van die sieners in, van Samuel, nogtans `n koning verlang het, het die vrome dienaar aan God die wense van die dwase volk oorgebring omdat hy self nie geweet het wat hy moes doen nie. [5] Toe spreek JaHWeH tot hom: “Sien, by alle sondes wat hierdie volk alreeds voor My aangesig begaan het, begaan hulle nou ook die grootste: dat hulle `n koning wil hê! Gaan en salf die grootste man uit die volk! Hy sal die volk tugtig vir die misdaad wat teen My begaan is.” [6] Sien, dit is, baie kort opgesom, die woorde van JaHWeH na aanleiding van die slegte begeerte van die volk! Die gevolge van die hoogmoed van die volk wat daardeur steeds meer gevoed is, kan jy gedeeltelik lees in die boek van die Konings en in die Kronieke, waarin die mooi verhale kortliks opgeteken is, - maar vir die grootste deel sien jy hulle nou voor jou oë. [7] Vriend, net in die ware nederigheid lê die weg na die innerlike lewe van die siel! Maar wie besit nederigheid? Sien, selfs geen dienaar van `n meester nie; want hy matig hom teenoor die dienaars van ander meesters die eer en die aansien van sy meester aan! As hy ook maar `n graad hoër is as die dienaar van `n ander meester, dan word die dienaar van die mindere meester alreeds dadelik met veragting aangesien, en daar word tussen beide weinig woorde gewissel. [8] Ek sê vir jou: Solank die ware suiwere liefde en die dienooreenkomstige nederigheid die volke nie sal orden en lei nie, so lank ook sal dit oor die algemeen duister op die aarde wees. Dat daar altyd enkeles sal wees wat in die lig sal wees, is seker en gewis, maar van hulle sal daar altyd maar weinig wees. Want solank daar wêreldse groot, en buitengewoon trotse en eersugtige heersers in die wêreld sal wees, so lank ook sal in alle lae van die mensdom die saad van die hoogmoed en van die mede-heerssug voortwoeker, en nag, duisternis, selfsug, nyd, gierigheid, vervolging en verraad, as die ware elemente van die hel, sal van die aardbodem nie wyk tot aan die tyd van die groot oordeel nie, waarin Ek die aarde opnuut deur vuur sal reinig. Na hierdie tyd sal daar geen koning meer oor `n volk van die aarde heers nie, maar net die Lig van God. Liggaamlik sal julle daardie tyd nie beleef nie, maar wel helder en baie duidelik geestelik in My Ryk.” [9] Toe sê die herbergier: “Heer, wanneer, in jare gereken, sal daardie gelukkige tyd kom?” [10] EK sê: “Dit weet net die Vader, en na Hom weet net hy dit, aan wie die Vader dit sal openbaar. Aan My het My Vader dit tot nou toe nog nie geopenbaar nie, behalwe dat dit sal geskied. Maar julle kan almal as volkome waar aanneem dat daar byna elke tweeduisend jaar op aarde `n groot verandering plaasvind. En so sal dit ook, vanaf hede gereken, geskied. - Maar nou niks meer daaroor nie!” [11] Toe sê die herbergier: “Heer, as dit U geleë sou pas, moet die ontbyt nou alreeds heeltemal gereed wees!” [12] EK sê: “Wel, laat ons dan gaan en dit dan nuttig!”[13] Vervolgens het ons na die huis gegaan, waar die ontbyt alreeds op ons gewag het. Die studente wat agtergebly het, het ons gevra waar ons tog was, want hulle kon ons nie vind nie. [14] Maar EK sê: “Ons was presies daar waar ons was, maar julle het ons daar gesoek waar ons nie was nie, en dit is die heel eenvoudige rede waarom julle ons nie gevind het nie. Maar laat ons nou eet en

drink!” [15] Daarop het ons ons ontbyt genuttig en tydens die ete het `n Judese Griek opgemerk dat My antwoord op hul vraag tog `n bietjie merkwaardig geklink het, en dat hulle nie geweet het wat se uitleg hulle daaraan moes gee nie. [16] Toe sê EK aan hulle: “Presies net soos wat Ek dit aan julle gegee het! As julle dieper daaroor wil nadink, sal julle ook `n groot geestelike waarheid daarin vind.” [17] Die studente sê: “Dit sal nie so moeilik wees nie, want dit skyn niks anders te wees as `n goeie woordelikse bestraffing vir ons eiewyse vrae nie!” [18] EK sê: “O, geensins nie! Ek sal egter aan julle sê wat dit beteken en wat Ek daarmee wil sê. Luister dus na My! [19] Waarlik, hulle wat My nie daar soek waar Ek is nie, vind My nie en sal My ook nie vind nie. Daar sal met verloop van tyd nog baie na My soek en nie vind nie! Daar sal tye kom waarin baie valse profete en Messiase sal opstaan wat aan julle sal sê: “Sien, hier is die Gesalfde!” of “Daar is hy!” Maar glo hulle almal nie, want waar hulle sal aangee dat Ek te vinde is, sal Ek juis die allerminste en eintlik heeltemal nie en nooit te vinde wees nie. Wie My sal soek in iets wat ook maar net na die geringste sweem van wêreldsheid ruik, sal My nie vind nie, maar net hy wat My in ware liefde, nederigheid en selfverloëning sal soek, sal My ook sekerlik altyd en orals vind. [20] Julle het egter ietwat vererg daaroor uitgegaan om My te soek, omdat Ek vroeër nie aan julle vertel het waarheen Ek vanoggend voor die maaltyd sou gaan nie. En sien, dit was ten eerste nie die korrekte plek om My geestelik in julle hart en gemoed te soek nie, en in die tweede plek kon derhalwe ook uiterlik die korrekte plek waar Ek My bevind het, nie gevind word nie! [21] Dit alles het nou egter geen betrekking op julle houding teenoor My nie, maar Ek laat julle deur `n beeld sien hoe die saak eendag sal word. Daarom moet dan ook, net soos Ek, elke ware leraar by elke geleentheid sy woorde so kies, ook by die onbelangrikste sake, dat dit as grondslag kan dien vir `n nuwe, belangrike leer. Want waarlik, Ek sê vir julle: In die ryk van die geeste, wat rein is voor God, sal julle ook vir elke ydele leë woord rekenskap moet aflê en in teenwoordigheid van die rein lig van die waarheid uit God tot skande word!” [22] Hierdie woorde het vir die studente nou nie bepaald so aangenaam in die ore geklink nie, maar hulle het dit nogtans baie diep in hul harte geskryf.

Op `n berg by Kapernaum 77 Na die ontbyt, wat gou genuttig was, het ons almal `n taamlike hoë berg digby Kapernaum bestyg. Ook die herbergier en die dogter wat uit die dood opgewek is, het saamgegaan, en die herbergier het aan `n kneg opgedra om ietwat brood en wyn saam te neem, omdat Ek vroeër onder vier oë aan hom gesê het dat ons tot by die aand op die berg sou vertoef. Aan `n ander kneg het hy opdrag gegee om twee van die grootste edelvisse as geskenk aan die owerste te oorhandig. Dit het dan ook gebeur en ons het dadelik op pad gegaan en binne `n paar uur die berg maklik bestyg. Vanaf die baie gunstig geleë bergtop het mens `n oorsig oor `n groot deel van die Galilese See gehad, en mens kon selfs die skip sien wat nog in `n groot stryd met die golwe van die see geworstel het. [2] Toe sê die herbergier: “Die duiwelse mense op daardie skip sal waarskynlik ook glad geen mondvoorraad meer hê nie en dus baie deur honger gepla word!” [3] EK sê: “Hulle het nog wel `n bietjie deurweekte brood, en dit is voldoende vir hul boosheid! Hulle het egter alreeds hul bose planne opgegee en sal nou probeer om terug te vaar, en daartoe moet die wind hulle te hulp kom. Maar hulle het nog angs genoeg te deurstaan voordat hulle `n oewer sal bereik; want baie maklik sal hulle nog nie van die water op die droë vasteland kom nie!” [4] Die herbergier sê: “Weet U, Heer, met die slegte tempeldienaars het ek heeltemal geen medelye nie, - maar die arme skippers sal vir hul groot inspanning en angs nie net heeltemal geen loon nie, maar ook nog `n straf kry, omdat die Fariseërs hulle alle skuld daarvoor sal gee, dat hulle op hierdie binnesee die skip nie van sy plek kon gekry het nie!” [5] EK sê: “O, maak jou daaroor maar geen sorge nie! Dit is kragtige Grieke uit die omgewing van Tiberias; hulle sal niks tekort kom nie! Hulle het ook nog voldoende mondvoorraad by hulle, soos gerookte visse, gerookte varkvleis en dubbelgebakte koringbrood. Hulle het ook `n paar sakke wyn in die agterruim van die skip, en omdat die tempeldienaars hul deurweekte, ongesuurde brood nie so goed kan eet nie, koop hulle vir baie geld hul kos by die skippers, en sodoende ly hulle, behalwe die angs vir `n moontlike skipbreuk, op ander wyses heeltemal geen nood nie. Laat ons ons daarom ook heeltemal nie meer oor hulle bekommer nie; teen die aand sal hulle met baie moeite en inspanning die oewer bereik! Laat dit so wees!” [6] Daarmee was almal tevrede, en niemand wou nog aan die skip dink nie. [7] Die herbergier het egter weer met `n nuwe vraag gekom en gespreek: “Heer, omdat U weet van alles

wat daar is en gebeur, sal U ook wel weet hoe dit nou met die student Judas Iskáriot gaan wat U eergister verlaat het, en waar hy hom nou bevind!” [8] EK sê: “Ook hom laat ons sy gang gaan! Oormôre sal hy beslis weer na ons toe kom; want Ek sal hom nie teëhou nie. Maar laat ons nou hier die uitsig, wat gewis baie mooi is, geniet en dink julle daarby aan die les wat Ek vanoggend aan julle gegee het, en laat die een wat dit begryp, die onwetendes onderrig, en dit sal vir julle `n ydel en ook ware plesier besorg!” [9] Daar is dan ook daarmee begin, en almal het hulle daarmee tot aan die aand so goed daarmee besig gehou, dat hulle selfs die saamgeneemde brood en die wyn sou vergeet het, as die dogter van die herbergier hulle nie daaraan herinner het nie, omdat sy self deur haar eie beskeie honger en dors daaraan herinner is.

`n Gesprek tussen die herbergier en die owerste oor die Heer 78 Teen die aand het ons weer teruggegaan en toe ons in die huis kom, was daar ook alreeds `n oorvloedige aandete vir ons berei, en `n bode van die owerste wat die twee edelvisse as geskenk ontvang het, het op die herbergier gewag om die dank van die owerste en `n mandjie vol vars eiers, wat deur die groot hoenders van die owerste gelê was, aan hom oor te bring. [2] Die herbergier het hom daarvoor bedank en gesê: “As ek weer so `n vis vang, sal ek weer aan die owerste dink.”[3] Toe het die bode egter gesê: “Dit sal die owerste sekerlik baie vreugde verskaf, maar hy het gehoor dat die berugte profeet uit Nasaret na bewering tydelik hier vertoef. Die owerste sou self graag met u daaroor wil praat, en daarom sou u hom ook `n groot vreugde verskaf as u na hom toe wou kom om hom presies daaroor in te lig. Wanneer kan u kom? Bepaal u maar self die tyd!” [4] Die herbergier sê: “My liewe vriend, wees nog `n paar oomblikke geduldig! Ek moet nog eers `n vriend gaan raadpleeg oor die tyd wat ons nodig het vir `n afspraak wat ek vanaf môre vir `n paar dae met hom het, - daarna sal ek wel kom om die owerste korrek in te lig oor die seldsame, wonderbaarlike mens uit Nasaret, wat volgens my mening baie goed aan my bekend is.” [5] Daarop het die herbergier na My toe in ons eetkamer gekom en My gevra wat hy nou moes doen. [6] Maar EK sê: “Gaan vandag nog na hom toe, hoewel dit alreeds aand is, en sê dat Ek hier is en hier sal bly solank dit My behaag. Wie egter iets teen My mag hê, moet kom en dit persoonlik met My self kom afhandel. Want Ek gee Self oor Myself rekenskap en verder niemand in die hele wêreld nie. Gaan nou en sê dit aan hom, en hy sal met hierdie inligting volkome tevrede wees! Maar vertel hom verder nie veel oor My nie!” [7] Met hierdie advies het die herbergier vinnig na die bode uitgegaan en met hom ook vinnig na die owerste gegaan, wat juis nie baie ver van die herbergier vandaan gewoon het nie, weliswaar binne die stadsmure. [8] Toe ons herbergier by die owerste gekom het, was hy bly, omdat hy baie graag wou geweet het hoe dit met My gesteld was. Na `n wedersydse vriendelike begroeting het die owerste dadelik gevra wat daar van waar was dat mense gesê het dat die berugte profeet by hom, naamlik die herbergier, vertoef het en daar met sy angswekkende dinge besig was. [9] Die herbergier sê, wat Ek hom tevore in die mond gelê het om te sê. [10] Daarop het die owerste `n nors gesig getrek en hy sê: “Maar hoe kan u as bekende persoon en herbergier nou iemand wat alreeds algemeen vervolg word, in u huis herberg?” [11] Die herbergier sê: “Dit is as gasheer en herbergier my plig; want ek mag die deure van my huis vir niemand sluit nie, wie hy ook is en waar hy ook vandaan kom. Ek het nie eers die reg om `n dief en `n rower daar uit te gooi en hom te vra wat hy van plan is om daar te doen nie, omdat `n regte herberg ook deur hom gerespekteer word. Bowendien is my herberg `n vry plek, waarin sewe volle dae lank selfs geen misdadiger gegryp en voor die gereg gebring mag word volgens die wette van Rome nie. Waarom sou ek dan, gesien hierdie omstandighede, die beroemdste man wat die wêreld ooit gehad het, geen herberg gee nie, omdat Hy ten eerste nooit iemand iets skuldig gebly het nie en ten tweede die allervriendelikste en beste mens is wat ek ooit êrens ontmoet het?! [12] Bowendien het Hy in elk geval op die Sabbat in die skool gepreek. As u iets teen Hom gehad het, sou dit immers daar die regte plek gewees het om Hom te gryp en rekenskap van Hom te vra! Ek as herbergier het geen reg daartoe nie. Hy is nou egter nog by my; as u iets teen Hom het, dan staan dit u, net soos elke ander mens, heeltemal vry om self daarheen te gaan en met Hom te praat. Want Hy het uitdruklik aan my gesê, dat niemand in die hele wêreld vir Hom rekenskap hoef af te lê nie; omdat Hy heeltemal net vir Homself instaan, en vir sover ek uit ervaring weet, vir niemand terugskrik en vir geen mens bang is nie. Maar wel sou alle mense Hom moet vrees, want die mag van Sy wil is oneindig. Wat Hy maar wil, gebeur en is daar.

[13] Of het Hy dalk nie die vorige jaar die dogter van u voorganger, Jaïrus, uit die dood weer tot lewe gewek nie, iets wat u tog sekerlik goed sal weet?! En daarom is Hy `n ware weldoener van die mense, ook al is Hy in Homself ook ondeurgrondelik. Waarom sou ek dan so iemand nie herberg solank Hy by my wil herberg neem nie?!” [14] Die owerste sê: “U is in u reg, dit weet ek baie goed, en niemand kan u iets in die weg lê nie. Maar laat u nie wegvoer deur van Hom te glo dat hy die beloofde Messias van die Judeërs is nie! Want Hy versprei sulke godslasterlike leringe onder die volk, en ek weet maar al te goed dat `n baie groot aantal mense van die volk nou alreeds in Hom glo, omdat Hy Sy leer met allerlei toorkunste bevestig, wat Hy vir die grootste deel vas en seker met die hulp van Beëlsebul bewerkstellig. Dit is al wat ek eintlik aan u wou sê, en dit was vir my daarom baie aangenaam dat u vandag nog na my toe gekom het.” [15] Die herbergier sê: “Waarlik, daarvoor was dit tog nie nodig om my hier na u te laat roep nie! Want ek is tog self `n mens van ervaring in die wêreld en kan baie goed beoordeel of iets vals of eg is! Ons almal ken hierdie wonderbaarlike mens byna vanaf Sy geboorte en ons ken Sy ouers, mense wat altyd streng volgens die wette geleef en gehandel het en derhalwe ware voorbeelde van gehoorsaamheid aan God en al Sy instellings was. Maar hoe sou hierdie een dan, met sulke ouers, en wel volgens die getuienis van Josef, die vrome timmerman, wie se gelowigste, mees welopgevoede en gehoorsaamste seun met Beëlsebul in verbinding staan en Sy werklik Goddelike wonderwerke met sy totaal onbeduidende hulp verrig?! [16] Wie `n volkome geldige oordeel oor Hom wil gee, moet moeite doen om Hom van alle kante en onder alle omstandighede te leer ken; dan eers kan hy met reg sê en beweer: “Die persoon is sus en so!” Dit is so my mening. Maar om `n mens dadelik te verdoem sonder om hom self beter te leer ken, vind ek heeltemal onvanpas vir regterlike, en nog baie minder vir priesterlike wysheid. Dit verbaas my van u dat u, soos wat ou boosaardige vroue dit doen, maar net van hoorsê oordeel oor iemand wat u nog nooit gesien en mee gepraat het nie. Gaan praat self met Hom, - en oordeel dan eers oor Hom!' [17] Daarop het die owerste niks meer geweet om te sê nie en hy het by homself nagedink oor wat hy sou doen. [18] Eers na `n oomblik het hy (die owerste) gesê: “U het weliswaar gelyk, en as ek geen owerste was nie, sou ek waarskynlik netso daaroor gedink het soos u; maar ek is hier owerste en moet volgens my plig handel. Teenoor iemand soos u dink en gedra ek my egter nie soos `n owerste nie, maar as mens. Sou ek egter meer met die tempel verbonde gewees het as nou, dan sou ek volgens die opdrag van die tempel die mens moes gegryp en Hom aan Jerusalem moes uitlewer. Omdat ek egter meer mens as owerste is, laat ek Hom selfs in die skool preek en gaan self nie daarheen nie, om dit die skyn te gee dat ek niks daarvan geweet het nie. Maar die Nasarener, wat andersins na bewering baie verstandig en wys is, het blykbaar `n baie raaiselagtige en vir niemand begryplike toespraak gehou en het uiteindelik byna alleen in die skool oorgebly. Nou, as ek my vry kan maak, dan kom ek môre of oormôre `n slag daarheen; want ek wil Hom minstens tog wel sien!” [19] Daarop sê die herbergier: “Doen u dit; ek staan daarvoor in dat u geen spyt daaroor sal hê nie!” [20] Toe het die herbergier afskeid geneem en het weldra weer na ons toe gekom en aan My vertel wat hy met die owerste gepraat het. [21] En EK sê aan hom: “Jy het baie goed gepraat omdat Ek immers Self die woorde in jou mond gelê het; maar desondanks bly die owerste nogtans tempeldienaar, en as hy `n nuwe aansporing van Jerusalem sou kry om My te vervolg, dan sou hy dit met volle ywer doen. Maar so sonder aansporing is hy baie op sy gemak gestel en laat hy ons gaan en doen wat ons maar as’t ware wil. Of hy egter om My ontwil hierheen sal kom, is `n vraag wat moeilik te beantwoord is; want as die owerste môre sal wakker word, sal hy dit wat jy met hom bespreek het, nouliks meer kan herinner. - Maar laat ons nou gaan rus, want die berg het ons ledemate moeg gemaak!” [22] Daarop het almal van hul sitplekke af opgestaan en hulle na hul toegekende slaapvertrekke begeef, wat by ons herberg baie goed ingerig was. [23] Daarna het Ek nog twee volle dae daar vertoef, waartydens daar egter niks van enige belang gebeur het nie. Maar op die oggend van die derde dag het Ek met die studente en met die herbergier na buite gegaan en die see tot kalmte gebied. En dadelik het die golwe bedaar, en die vissers het alreeds gou daarna ylings aan die werk gegaan, omdat hulle tog in elk geval alreeds vyf dae lank moes rus, wat hulle bepaald ook nie juis geskaad het nie.

Die Heer in die noorde van Galilea.

Die afskeid van die herbergier te Kapernaum. Die innerlike woord as Godsgeheim in die hart van die mens. (Evangelie van Johannes 7:1) 79 Op hierdie oggend het Judas Iskáriot ook na ons toe teruggekom, en wou begin vertel wat hy alles in My Naam gedoen en gespreek het. [2] Maar EK sê aan hom: “Laat dit, want aan My is niks onbekend nie! Pas op dat jy nie leuens vertel nie! Om dit te voorkom, moet jy nie praat nie; want as jy iets sê, is ruim die helfte daarvan onwaar!” [3] Daarop het hy stil geword en rondgekyk om iets te ete te kry. [4] EK sê egter nou aan die herbergier: “Luister vriend, daar is nou verder niks meer hier te doen nie, en Ek vertrek na middagete! Want vandag teen die aand kom hier `n aantal vreemdelinge, waaronder talle uit Jerusalem, en Ek wil hulle om baie wyse redes nie ontmoet nie. Laat dus `n goeie middagete opdis; daarna staan dit jou vry om die rekening vir ons op te maak, as dit dan nie vir My en My ou studente is nie, dan tog wel vir die twintig nuwe studente wat ryklik mate goud en silwer by hulle het!” [5] Die herbergier sê: “Nee, Majesteit en Heer, al sou daar nog soveel studente van U tientalle jare hier in my herberg wees, dan hoef niemand my tog ook net `n stater* te betaal nie! Want ek staan immers, o Heer, so diep by U in die skuld, dat ek U selfs met goudklonte so groot soos `n berg nooit sou kon betaal wat ek aan U verskuldig is nie. Dink eers aan die visvangs, dan die wonderbare verstopping van die groot holte en uiteindelik selfs die opnuut lewendmaking van my liefste kind! Met watter skatte ter wêreld sou so-iets nou na behore betaal kon word?!” *(klein muntstukkie =gelykstaande aan `n kwart pennie) [6] EK sê: “Wel, gaan dan en laat `n goeie middagete vir ons voorberei!” [7] En die herbergier het gegaan en alles gereël. [8] Toe het die studente egter na My gekom en gesê: “Heer, waarheen wil U nou gaan? Galilea het ons al van plek na plek en van huis tot huis deurgegaan. Alleen Judéa, Samaria en Klein-Mesopotamië, net so Sírië en die gebied in die rigting van Damaskus is nog min of glad nie deur ons betree nie. Hoe sou U dit vind indien ons daarheen sou trek?” [9] EK sê: “Dat die lande wat deur julle genoem is, lig nodig het, en veral Judéa, wat die meeste ontaard het, dit weet Ek; maar Ek gaan nogtans nie nou daarheen nie, omdat mense My daar die meeste na die lewe staan.- Weliswaar kan niemand My voor My vasgestelde tyd gryp nie, waarvan Ek julle alreeds `n aantal bewyse gelewer het, - maar Ek wil nie deur My aanwesigheid die volk van Judea ook nog boser maak as wat hulle alreeds is nie. Die ander lande is egter nog te min ryp vir My, en daarom sal ons tog in Galiléa bly en hier die lig nog meer aansteek.” (Johannes 4:43; Johannes 7:1) [10] Dit was vir die studente dan ook reg; want ook hulle wil juis nie so baie met die eintlike Judeërs te doen hê nie. Want die Judeërs het byna alles verag wat uit Galilea afkomstig was. Die nuwe studente het toe gedink dat Klein-Mesopotamië, Sírië en Coles-Sírië miskien nog wel die geskiktste streke sou wees waar mens die lig van die hemele met veel nut sou kon uitbrei. [11] EK sê: “Leer My nie daardie lande ken nie! Daar kom vir een - sê maar - slegte Judeër minstens tien Grieke en Romeine voor as suiwer heidene met `n egte, ontsettende duister bygeloof! Hoe sou hulle die ware, geestelike lewenslig kan opvat?! In Samaria het ons die lig reeds versprei en dit groei aansienlik daar. Damaskus is `n groot handelstad. Die mense daar dink maar net aan hoe en waar hulle hul produkte die beste sou kon verkoop, en met die lig is daar voorlopig maar baie min te bereik; later sal die lig egter ook wel daar kom, en daarom bly ons nou in Galilea, besoek ons ligvriende en versterk hulle nog meer! [12] As `n heerser oor `n volk wil heers, dan moet hy eers `n versterkte kasteel vir homself bou wat nie deur sy vyande verower kan word nie. En as die volk dan sien dat die heerser nie oorwin kan word nie, onderwerp hulle hulle aan hom en hou hulle aan sy voorskrifte. En so moet Galilea ook vir ons `n versterkte kasteel word wat nie maklik deur die vyand van die lig verower kan word nie. Ek is Self as Galileër die fondamentsteen, en julle geloof is die rots waarop Ek die kasteel van God bou. - Nou kom die herbergier ook alreeds om ons na die maaltyd te roep. Laat ons dus gaan!” [13] Die herbergier het gekom en ons aan tafel genooi, hoewel dit nog nie die middel van die dag was nie, en ons het gegaan en die goed voorbereide maaltyd genuttig, terwyl daar ondertussen nog heelwat oor ons aanstaande reis gepraat is. [14] Na die maaltyd het ons vinnig opgestaan en op ons weg gegaan. Die herbergier het My gevra of hy ons nie tot die volgende plek mag begelei nie. [15] Maar EK sê aan hom: “Jy het nou ook een van My studente geword, want jy het goed erken wie Ek is. Bly jy nou maar tuis, daar sal jy vir My meer van nut wees as wanneer jy sou saamgaan! Daar sal vandag nog baie gaste na jou herberg kom en jy sal geleentheid kry om My te verteenwoordig, en dit sal hom nou

in hierdie tyd baie dikwels herhaal. Binne `n paar weke sal Ek egter weer na jou toe kom en nogmaals etlike dae by jou deurbring; dan sal jy wel weer geleentheid kry om nog meer oor My leer te hoor. Maar as jy van nou af aan in My Naam sal spreek, hoef jy nie te dink wat jy sal sê nie, maar Ek sal jou die woorde in jou mond lê wat jy moet sê!” [16] Die herbergier sê: “Heer, hoe sal ek dit voel en gewaar word?' [17] EK sê: “Jy sal in jou hart gedagtes waarneem wat so helder is asof dit suiwer gespreek word, en dit sal jy dan met jou mond sonder moeite kan uitspreek. Daarin lê die geheim van God in die mensehart. – Ten slotte wil Ek jou nog iets sê: [18] As jy êrens `n sieke sal vind, lê hom dan in My Naam die hande op, dan sal hy beter word! As jy egter iemand op hierdie wyse genees het, laat jou dan nie vir die genesing betaal nie, maar sê aan die geneesde: “Dank God, die Almagtige, in Sy Seun Jesus! Gaan heen en sondig nie meer nie! Hou die gebooie en doen die goeie!' Daardeur sal jy vir My baie gelowiges opwek.” [19] Daarop het Ek hom die hande opgelê en hom daardeur die krag gegee om in My Naam te handel.

Die besoek by die herberg in Kana. Die genesing van die siek kind. `n Evangelie vir sogende moeders. 80 Daarna het ons gou van hierdie plek vertrek en teen die aand in Kana in Galilea gekom, waar Ek die water in wyn verander het. Ons het in dieselfde huis tuisgegaan, omdat dit ook `n belangrike herberg was. Dat ons daar ook met die grootste vriendelikheid opgeneem was, hoef nouliks in meer besonderhede vermeld te word. [2] Die jong egpaar het alreeds `n kind gehad, `n seun; maar die kind, wat nouliks `n paar weke oud was, het aan erge krampe gely as gevolg van `n skrik wat die jong moeder nog in die kraambed gekry het, deur `n brand in die huis van die bure, wat egter gou weer geblus is. Die jong ouers, asook hul nog lewende ouers, het alles probeer om die kind van hierdie kwaal te genees; maar alles was tevergeefs. [3] Toe Ek hul huis binnegekom en hulle My wel herken het, het hulle voor My op hul knieë neergeval en gesê: “O Heer, God het U waarlik hierheen na ons gelei om ons enigste kind te genees! O, dit smeek ons U inniglik! Dat alles vir U moontlik is, weet ons alreeds lankal.” [4] EK sê: “Staan op, want dit is nie gepas dat mense voor mense op die knieë val nie!” [5] Die jong egpaar sê: “O Heer, ons weet egter dat U meer is as `n mens, en daarom is dit wel gepas dat mense voor U op die knieë val! O, help ons kind!” [6] EK sê: “Staan dan op en bring die siek kind na My toe!” [7] Toe het die ouers vinnig opgestaan en die kind na My toe gebring. Ek het hom die hande opgelê en hom geseën en op dieselfde oomblik het die kind so opgeruimd en gesond geword asof hy nooit iets makeer het nie. [8] Vervolgens sê EK aan die jong moeder: “Wees egter in die vervolg versigtig! As jy baie opgewonde is deur die een of ander iets, en jy nog `n kind aan die bors het, voed hom dan eers as jy weer heeltemal rustig is! Want deur die moedersmelk kan allerlei kwale in die liggaam en selfs in die siel van die kinders ontstaan. Dink daaraan! - Maar sorg nou dat ons almal `n aandete kry!” [9] Die ouers het My uitermate gedank vir hierdie weldaad en het gegaan om `n aandete vir ons voor te berei. [10] Binne `n uur was alles alreeds gereed en mense het ons na `n groot, heeltemal nuutgeboude eetsaal gelei, waar ons die baie goed voorbereide aandete genuttig het. Na die maaltyd het Ek die jong huisheer gevra wanneer en hoe en deur wie hierdie baie mooi, baie ruim eetsaal gebou was. [11] Toe sê die herbergier: “Ja, Heer, dit het waarlik ook nie so heeltemal op natuurlike wyse gebeur nie! Die boumeesters was Joses en Joël, respektiewelik seuns van Josef en stiefbroers van U. Maar dit het baie merkwaardig gegaan. Hulle het net twee helpers gehad en toe hulle die seders begin bewerk het, het die werk, wat andersins minstens tien dae sou geneem het, nouliks `n dag geduur, en die verbinding van die bome, die opsit van die dak en die lê van die vloere, net soos die vervaardiging van alles wat in die saal is, het net soveel tyd geneem as die tyd wat die Heer volgens Moses nodig gehad het vir die skepping van die wêrelddeel. [12] Kort en goed, volgens die mening van elke deskundige sou die bou van so `n saal ongeveer ruim `n halfjaar benodig, en dan nog met meer bouliede wat daarby baie fluks sou moes werk, - en hierdie saal is deur net vier bouliede in ses dae in die huidige stand opgerig, en dit moet tog ook wel beslis duidelik `n wonderwerk wees! [13] Beide broers het self gesê: “Ons word onsigbaar gehelp deur die Gees van ons Goddelike broer!' En dit was seker ook so, omdat selfs U liewe moeder Maria, wat ons dikwels besoek, dit ook as die vasstaande waarheid meegedeel het. - Is dit nie so nie, Majesteit en Heer van alle lewe en bestaan?”

[14] EK sê: “Nou ja, dan moet dit wel so wees! Maar sorg nou ook vir slaapplekke; want ons het almal het liggaamlik moeg geword! Môre sal ons wel tyd vind om verder daaroor te praat.” [15] Dit is dan ook vinnig bewerkstellig en ons het ons ter ruste begeef.

Die Heer in die noorde van Galilea 81 Ek het ongeveer sewe dae in Kana in Galilea gebly, en My studente het die Evangelie aan die volk verkondig. Na sewe dae het ons egter verder getrek, nadat ons vooraf eers baie goeie dinge verrig het. Baie mense uit die volk het ons vanuit Kana nog `n groot afstand begelei en getroos weer na hul huis teruggekeer. [2] Vandaar het ons na die noordelikste grense van Galilea getrek, waar ons nog nie voorheen was nie. Daar het ons baie heidene aangetref, wat baie bygelowig was en baie staatgemaak het op allerlei amulette. Hulle het ons dan ook baie verwonderd aangekyk en kon nie begryp dat ons sonder sulke beskermende middele durf reis nie. Toe ons aan hulle ander bewyse van ons innerlike kragte begin gee het, het hulle op hul aangesigte neergeval; want hulle het ons vir gode van die Olimpus aangesien en het dit nie durf waag om ons aan te kyk nie. Eers na lang gepraat en oorreding het hulle weer begin om ons vir mense aan te sien en daarna was dit eers moontlik om ons beter aan hulle bekend te maak. [3] Ons het ongeveer drie weke daar gebly en het daar `n groot aantal heidene tot die suiwer Judeërdom bekeer. Verder was dit baie goeie mense, wat ons met alles versorg het wat hulle maar gehad het. Toe ons hulle verlaat het, is daar baie trane oor ons gehuil; maar Ek het hulle versterk en toe het hulle ons rustig laat gaan. [4] Sodat die leser van hierdie skrif hom makliker kan oriënteer oor die plek waar hierdie amulet-heidene hulle hulself bevind het, moet hy op die landkaart kyk en dan sal hy in Klein-Asië `n landstreek vind, wat Kappadosië (Cai pa dou ceio) heet (= Wat wil hulle hier?). Daar aan die suidgrens was `n stad met die naam Melite (Mei liete! = Het of tel die jare!) Hierdie naam het die stad van `n jong koning gekry, wat weliswaar werklik wys en dapper was, - maar wat, toe die ou koning gesterf het, dadelik die troon wou bestyg. In die raad van oudstes van die volk het dit egter geblyk dat die seun nog nie die vereiste leeftyd bereik het nie, en mens het aan hom gesê: “Mei liete!” = “U moet die jare hê!” Toe het die seun kwaad geword en met sommige dapper stryders na die ooste getrek, bogenoemde landstreek Kappadosië by die reeds vroeër verowerde streek Cilícië (Ci lei cia = As sy maar wil), en het daar `n stad gebou en daaraan die triomferende naam Mei liete nei (Grieks: Melitene = Het die jare nie), waarmee hy aan die raad van die oudstes wou sê: “Sien maar eers of ek nie oud genoeg is nie!” [5] Nou, dit hoort weliswaar nie so presies in ons Evangelie tuis nie; maar dit skaad niemand om ook so-iets te weet nie, omdat hy hom daarna oor baie sake makliker kan oriënteer. [6] Dus westelik van hierdie ou stad was `n belangrike gebergte aan die grens van Sirië, en daar het ons amulet-Grieke gewoon. Hoe Ek die aangeleentheid by en met hulle hanteer en beleef het, is alreeds kortliks weergegee en dit is wel voldoende. [7] Van hierdie gemoedelike mense het ons suidweswaarts beweeg en in `n stadjie genaamd Chotinodora (Choti no dora = op die hoek verbou of ploeg mens nie). In hierdie stadjie het baie Judeërs uit Bethlehem gewoon wat daar met alles handel gedryf het, maar ook as geldwisselaars besonder ywerig was. Terselfdertyd was daar ook Grieke uit Armenië wat houthandel bedryf het aan die Eufraatrivier tot in Indië, omdat hierdie stadjie, net soos `n ewe groot buurstadjie met die naam Samosata, aan voorgenoemde stroom geleë was. [8] “Wel, almal handelaars! Daar sal ons vir ons saak weinig bereik!”, het die studente toe onder mekaar gedink, en een van die oudste nuwe studente het aan My gesê, toe ons aan die oewer van die rivier na die bedrywigheid van die mense gekyk het: “Heer, hierdie plek hoort tog nie meer by Galilea nie en tog het U daarnatoe gereis, alhoewel U maar net in Galilea wou rondtrek! Hoe het dit so gebeur, en hoe moet ons dit verstaan?” [9] EK sê: “Dit het baie natuurlik gebeur, omdat alles tot aan die grens van Klein-Asië nou volgens die landindeling van die Romeine by Galilea hoort, en dus is ons nou nog in Galilea en let nie meer op die ou name nie, maar net soos wat dit nou bestaan! Hierdie land, wat in die tyd van Jakob en later tydens die Rigters die land van die treurendes, `n land vir verbanne mense was, het nou `n land van vreugde geword, en hoewel dit vroeër klein was, het dit nou nogtans groter geword as alle lande van die hele Beloofde Land. Ons is nou weliswaar in ou Sírië, maar tog is ons in die nuwe Galilea (‘G’ = as ‘Sch’ uitgespreek, heet 'Schalilea' = `n plek van droefheid), wat nie `n land van droefheid nie, maar `n land van vreugde en geestelike opstanding geword het. - Verstaan julle dit?” [10] Almal sê: “Heer, dit verstaan ons nou baie goed omdat dit in alle waarheid so is! Maar nou is die vraag wat ons hier sal doen. Die huidige dag loop alreeds ten einde en ons het nog geen herberg nie. Ook ons mondvoorraad is heeltemal op. Daarom vra ons U, o Heer, of U aan ons raad wil gee! Moet ons hier in die

ope lug oornag of sal ons in die stad gaan soek of daar êrens brood te koop is?” [11] EK sê: “O, julle kleinmoediges! Gaan heen en doen laasgenoemde! Maar na `n herberg hoef julle nie te soek nie, want dit sal nog vanself kom, as dit wil kom. Kom dit nie dan bly ons hier, en niemand sal iets oorkom nie. Môre sal ons eers sien wat daar gedoen moet word.”

Die studente en die streng tollenaar 82 Daarop het sommige van die ou studente opgestaan, na die stad gegaan en het gou `n bakkerswinkel gevind en vir tien pennings brood en vir vier pennings gebraaide vis gekoop. Toe hulle met hierdie inkopies uit die stad uitgegaan het, het `n tollenaar hulle ontmoet, wat hulle opgehou en gevra het wie daar soveel brood en vis nodig gehad het. [2] Maar hulle (die ou studente) sê: “Ons Majesteit en Heer wil dit so hê, en daarom doen ons dit ook so!” [3] Toe het die tollenaar verder gevra: “Wel, wie is dan julle Majesteit en Heer, en wat is sy beroep?” [4] Die studente het geantwoord: “Gaan maar self na Hom en vra Hom, - Hy sal dit wel aan u sê, as Hy dit wil. Maar Hy staan nie dadelik elkeen te woord nie! Daar, `n paar honderd treë langs die oewer van die rivier, rus Hy met die ander studente. Gaan self en praat met Hom Self!” [5] Die tollenaar sê: “Waarom soek julle dan nie hier verblyf in `n herberg nie? Daar is immers verskeie daarvan in ons nie so klein stadjie nie!” [6] Weer het die studente geantwoord: “Gaan na Hom, en Hy sal dit aan u sê, want ons weet self nie wat Hy hier alles wil doen nie!” [7] Toe het die tollenaar gesê: “Ja, dan moet ek self wel gaan en by Hom navraag gaan doen hoe dit met julle gesteld is! Want by ons word `n streng orde gehandhaaf, en ons moet weet watter vreemdelinge hulle in die nabyheid van ons stad bevind.” [8] Daarop het die tollenaar saam met die studente na My toe gekom en toe hy by ons aangekom het, het hy dadelik heel streng en ernstig soos `n regter gevra: “Wie van u is die Majesteit en die Heer?” [9] EK sê: “Ek is Hy! Wat wil u van My en My studente hê?” [10] Die tollenaar sê: “U is vreemdelinge, en ons kan hulle nie in die omgewing van ons ryk stad duld as hulle nie presies vertel wie hulle is en waar hulle vandaan kom nie!” [11] EK sê: “Ek ken u wette en regte beter as u, wat as suiwer tollenaar heeltemal geen reg het ons te vra wie ons is en waar ons vandaan kom nie! Sien, ons bevind ons nog op meer as sewehonderd treë van die poort van die stad, en hierdie plek, wat ons nou beset het, is volgens u gemeentewette van oudsher reeds bestem vir vreemdelinge, en dus is ons volgens u eie wette hier op hierdie plek vry, en dus ook aan niemand enige uitleg en antwoord verskuldig nie! Maar u beter self nou vinnig na u huis teruggaan, andersins sterf u oudste seun wat alreeds sewe jaar siek is, nog voordat u tuis is!” [12] Daarop het die tollenaar uiters verbaas opgekyk. Sy oë het groot geword van verbasing en hy het aan My gevra van wie Ek dit sou geweet het. En as Ek dit tog so presies geweet het, dan het Ek miskien ook wel geweet dat sy seun nie meer gehelp kon word nie. [13] EK sê: “O ja, dit sou Ek wel weet en Ek sou hom selfs kon help, - ook nog as hy alreeds dood sou wees; maar dan sou u tesame met u hele huis `n sterker geloof in die enigste, ware God moet hê as wat u nou het!” [14] Toe het die tollenaar My weemoedig en vriendelik aangekyk en gesê: “Heer en Majesteit, soos wat hulle U noem wat by U is! Sien, ek het self `n groot herberg, kom met my saam met al U metgeselle, en woon in my huis! Niemand van u sal iets tekort kom nie - ook al wil u `n volle jaar by my bly, - en as U my seun genees, wil ek U ook goud en silwer gee, soveel U maar ooit sou wou hê; want ek is baie ryk aan allerlei aardse goedere en sou vir die genesing van my geliefde seun graag meer as die helfte daarvan wil gee. Wil U saam na my huis toe kom?” [15] EK sê: “As u glo, sal dit vir u ook moontlik wees om iets van die groot Mag en Glansrykheid van God waar te neem! Maar gaan u nou net alleen na u huis, dan sal Ek later saam met My mense kom! Want ons wil nou eers `n spaarsame maal nuttig omdat ons vandag die hele dag tydens die vermoeiende reis nog niks geëet het nie.” [16] Toe sê die tollenaar: “Maar Majesteit en Heer! In my huis sal u almal beslis beter bedien word as met hierdie paar brode en visse; wat u vir hierdie brode betaal het, wil ek u duisendvoudig vergoed!” [17] EK sê: “Gaan nou na u huis, omdat Ek dit so wil hê, en u seun sal lewe! Ons sal egter oor `n uur volg.”

Die Heer wek die gestorwe seun van die tollenaar op 83 Vervolgens het die tollenaar haastig na sy huis gegaan en tuis dadelik gevra hoe dit met sy geliefde seun gegaan het.

[2] Die drie artse het egter aan hom gesê: “Heer, dit is baie ernstig met u seun gesteld! Hy is nie meer te red nie! Ons het wel alles probeer wat ons wetenskap en ervaring ons ingegee het, maar dit was alles vergeefse moeite. As ons hom nog `n uur aan die lewe kan hou dan het ons met hom `n groot wonder bereik!” [3] Daarna het die tollenaar na sy seun gegaan, wat reeds sterwend was; maar hy het nogtans aan hom gesê: “My seun, hierdie drie artse sal jou nie help nie, maar daar sal spoedig `n ander arts kom wat jou sal help; want op Hom vestig ek al my vertroue en my volle geloof.” [4] Toe hef die sieke sy hoof op en sê met `n gebroke, swak stem: “Ja, die dood sal my help, - maar geen dokter meer nie!” [5] Trane het in die vader se oë gekom, en hy het aan sy seun gesê: “Nee, nee, nie die dood nie, maar die lewe sal jou help! Want die onbekende arts, met wie ek gepraat het en wat ek vroeër nog nooit gesien het nie, het geweet, dat jy alreeds sewe jaar siek was, en Hy het ook gesê dat Hy jou nog sou kon help, ook al sou jy alreeds gesterf het, en dus glo ek dan ook vas in Sy woorde.” [6] Daarop het die seun niks meer gesê nie, en die artse sê: “Ons moet hom volkome met rus laat, want die minste inspanning sal hom doodmaak! Sien, sy gesig het alreeds alle tekens van die dood!” [7] Dit het nou nog `n halfuur geduur, toe het die sieke nog eenmaal diep gesug en gesterf. [8] Nou sê die artse: “Waar is nou u arts wat u seun sou kon help, ook al het hy gesterf?!” [9] Toe het EK die kamer van die sieke binnegekom en het hardop gesê: “Hier staan Ek en Ek is geen grootprater soos julle nie, maar wat Ek sê, is die volste en onbedrieglike waarheid uit die hemele van God!” [10] Die drie woedende dokters sê: “Hier lê die dooie voor U, onbekende grootprater! Help hom, as dit vir U moontlik is, dan sal ons ons tot op die grond voor U buig en selfs erken dat ons niks anders is as pure grootpraters nie!” [11] EK sê: “Ek het nie u buiging nie en nog minder u bekentenis nodig, maar Ek doen, wat Ek doen, omdat Ek dit so kan en wil doen, en omdat Ek dit ook so wil doen! As Ek egter sê dat Ek dit kan doen, dan matig Ek My niks aan nie, omdat Ek dit doen uit My hoogste eie krag wat in My is, en Ek het ook geen ander middel daarvoor nodig as My eie, vrye wil nie; maar u verkondig aan die hele wêreld dat u die beste meesters in u kuns is, - en wat is die resultaat van u grootpratery? [12] Daar voor u lê hy! Die jong man het `n ligte koors gekry, - `n lepel gebrande sout met sewe lepels wyn sou hom vir altyd genees het! U het hierdie geneesmiddel goed geken, maar u het gedink en gesê: “O, dit is die seun van `n ryk man, hy kan die ligte koors jarelank hou, dit lewer vir ons dan baie geld op! As die seun oud genoeg word, sal die koors hom wel in elk geval vanself verlaat.” Ek sê egter aan u, slegte dokters: Die koors sou die seun ook alreeds lank gelede verlaat het, maar u het dit in stand gehou om daaruit `n verdienste te maak, en u het `n verterende koors daarvan gemaak wat u nou nie meer kon genees nie, en sodoende het u vanweë u gemene hebsug, ware moordenaars van hierdie jongman geword! [13] U het My `n grootprater genoem en u het My nooit voorheen gesien en geken nie; Ek ken u egter alreeds lankal en sê nou as u 'grootprater' oor u die volle waarheid en daardeur het Ek u u eie bekentenis gespaar! Van die feit dat Ek nou oor u die waarheid gespreek het, sal die weer volkome tot lewe wekking van hierdie gestorwe mens die duidelikste getuienis gee!” [14] Toe het die drie artse, honend glimlaggend, gesê: “Nou, dan is ons beslis van elke aanklag vrygespreek!” [15] EK sê: “Dit sal dadelik blyk!” [16] Daarby het Ek na die dooie toe gestap en sê: “Jorabe, staan op uit jou slaap en getuig oor die groot valsheid van hierdie drie, wat My vantevore as `n grootprater uitgemaak het!” [17] Oombliklik het die dooie van sy bed opgestaan en was so fris en gesond asof hy nooit iets makeer het nie. Die vader het toe daaroor so vol vreugde geword dat hy nie geweet het of hy My of die seun wat aan hom teruggegee was, die eerste uit liefde en dankbaarheid aan sy bors moes druk nie. [18] Maar EK sê aan hom: “Wag maar daarmee; sorg egter daarvoor dat u seun Jorabe iets te ete kry en daarna `n bietjie wyn!” [19] Dit is alles vinnig gereël, net soos `n voortreflike maaltyd vir ons.

Die wegstuur van die drie artse 84 Die drie artse het nou daar asof versteen gestaan en geeneen van hulle kon `n woord oor sy lippe kry nie. [2] Toe het die tollenaar aan sy seun gevra, wat nou heel opgeruimd was, watter getuienis hy van die drie (artse) kan gee. [3] Die seun sê: “Presies dieselfde as wat hierdie onbekende, wonderbare Heiland oor hulle gegee het!

Hulle het heeltemal geen belangstelling in die genesing van `n sieke nie, maar hulle wil net dat hulle so veel moontlik van hul gesondheidsdrankies sluk en dat hulle daarvoor dan werklik baie geld kry. Dat hulle egter niemand ooit werklik gehelp het nie, weet die hele stad en omgewing. Soos wat hulle my gehelp het, het hulle alreeds werklik baie gehelp, - naamlik van hierdie wêreld na die ander! Ek glo dat ek wel genoeg gesê het. [4] Maar dit is tog waarlik noemenswaardig: Hulle is Judeërs, volgens wat hulle sê, van Jerusalem, en spog baie oor hul JaHWeH, en vertel dat hulle net diegene met sekerheid sou kon help wat in hul God glo en `n groot offer in goud, silwer en edelstene bring. Die offer moet mens aan hulle gee sodat hulle dit dan na Jerusalem sou kon stuur, waar `n sekere hoëpriester in `n baie heilige kamer van die tempel tot JaHWeH sal bid vir die sieke, waarop dit met die sieke dan beslis beter sal gaan. Wat moet ons Grieke egter daarvan sê, terwyl ons in elk geval alreeds te veel gode het? Moet ons nog `n god daarby neem, sodat ook hy ons nie help, soos wat alle ander ons ook nog nooit êrens mee gehelp het nie, maar wel hul sluwe priesters, wat in hul plek met gewigtige, aan die gode toegewyde gesigte die rykste offers ontvang en dit heimlik verkwis aan allerlei nietige dinge en handelinge?! [5] Maar ek lê hier nou `n openlike bekentenis af en verklaar: Hierdie wonderbare vreemdeling is nou en vir alle toekomstige tye die enigste ware God vir my! Hy is die JaHWeH van die Judeërs en die Zeus van die Grieke, Romeine en Egiptenare. In Hom moet alle gode verenig wees. Ons het alreeds dikwels allerlei sprokies gehoor wat vertel is, hoe hierdie of daardie God in die ou tye net deur Sy almagtige wil iets geskape het; maar ons Grieke, wat ook mense is, het nog nooit die geluk gehad om so-iets met eie oë te sien nie. Hier staan egter `n mens wat dit kan doen, en Hy is vir my `n ware God, wat ek nou vas glo, en hierdie geloof sal ek ook gedurende my hele lewe steeds behou. - Wat sê julle ander daarvan?” [6] Die tollenaar sê: “Ja, my seun, by hierdie nuwe geloof van jou sal ook ek en alle mense van my huis ons getrou aansluit! Want net `n God kan `n volkome dooie weer in die lewe terugroep. Maar nou, onbekende Heer en - dit sê ek - God, wat waardig is om aanbid te word, bepaal U nou wat ek met die drie artse moet doen! Want hul manier om die lydendes te help is duidelik te sleg om hulle heeltemal ongestraf te laat weggaan!” [7] EK sê: “Laat hulle gaan; want hulle sal nog genoeg regverdige straf kry! Ten eerste sal, as dit aan almal bekend word, beslis geen mens hulle meer wil hê nie, en ten tweede sal hulle dan so vinnig moontlik vanself wel die loop moet neem. Maar laat hulle nou gaan en laat hulle elke silwerstuk terugbetaal wat julle aan hulle vir hul nietige artswerk betaal het!” [8] Daarop het al drie `n ontsettende suur gesig getrek; want die terugbetaling van verskeie honderde silwerstukke, wat hulle alreeds vooruit van die tollenaar ontvang het, het hulle beslis geen genoeë gegee nie. [9] Maar die tollenaar het nou opgestaan en gesê: “Waarlik, ek het hierdie geld nie in die minste nodig nie; maar ek sal dit aan die talle armes van hierdie plek gee, dit sal beter wees as dat ek dit julle vir niks en verniet sou laat hou! Gaan dus en bring my nog binne `n uur die geld, want andersins gee ek julle, ellendige booswigte, oor aan die gereg!” [10] Toe het die drie dokters opgestaan en hulle gereedgemaak om te vertrek. [11] Maar EK sê: “Dit is voldoende as daar maar een van hulle die geld gaan haal, - die ander twee bly intussen as borge hier; want as hulle nou al drie sou gaan, dan sou ons hulle wel vir die laaste keer gesien het! Laat die jongste van hulle maar gaan, omdat hy nog die eerlikste is; want as een van die twee oueres sou gaan, sou hy die ander wat hier wag, laat sit en vir altyd met die geld verdwyn. Laat dit so gebeur!” [12] Toe het die jongste van die drie artse dadelik opgestaan, weggegaan en ook spoedig die geld gebring. [13] Nadat die tollenaar die geld aangeneem en sorgvuldig bewaar het, het hy aan hom wat dit gebring het, gesê : “Luister, omdat jy volgens die getuienis van hierdie waarlik Goddelike Heer nog die eerlikste is, kan jy nou hier bly; maar die ander twee moet hulle oombliklik van hier verwyder! As jy egter met hulle wil saamgaan, sal jy daarin ook nie in die minste gehinder word nie.” [14] Die jongste dokter antwoord: “As ek mag, dan bly ek, en ek weet wat ek sal doen. Saamwerk met die ander sal ek nooit meer nie; want hulle was die meesters en ek in sekere sin net hul kneg, en ek moes met hulle volgens hul wil en teen my wil en beterwete saamwerk. O Heer, dit het vir my uiters baie droewige ure en dae besorg! Maar wat wou, wat kon ek doen? Want om met die twee rusie te kry, sou beteken, dat die hele tempel in Jerusalem my vyand sou word, en hierdie vyandskap is soos wat bekend is, die allerergste in die wêreld. Maar as ek op eie bene staan, en wel daartoe uitgenooi word deur u, as eerste bestuurder van die hele stad, dan lag ek oor die vyandskap van die tempel.” [15] Die tollenaar sê: “Goed, jy bly dus, - en die ander twee gaan!” [16] Beide die ander twee was egter alreeds weg en het hierdie plek met vinnige treë verlaat; want hulle het besef dat dit vir hulle nie moontlik was om te bly indien Ek My hier sou vestig nie.

Die kuns om te lewe 85 Na hierdie reëling is ons na die maaltyd uitgenooi en het in `n eetsaal gekom wat nie sy weerga in Jerusalem gehad het nie. In die middel van die saal het `n groot sederhouttafel gestaan, belaai met allerlei spyse en die edelste wyne. Ons het daaraan plaasgeneem en geëet en gedrink, want die vroeër gekoopte brode was nie goed en ook nie groot nie, net so-ook die paar armsalig voorbereide visse, - daarom het ons ook maar baie min daarvan geëet. [2] Tydens die ete is daar nie baie gepraat nie; maar toe die tonge van die gaste losser geword het deur die goeie wyn, het dit weldra baie lewendig om die tafel geword. Ek het egter nie gepraat nie, want Ek het tussen die tot lewe gewekte seun en sy vader gesit; en hulle het `n te groot eerbied vir My gehad en het dit nie durf waag om My te steur terwyl Ek Self geëet en gedrink het nie. [3] Eers toe Ek gesê het dat Ek nou voldoende geëet en gedrink het, het die tollenaar My gevra hoe dit vir My moontlik was om selfs aan `n dooie die lewe terug te gee; want van so-iets het mense op aarde nog nooit gehoor nie. [4] EK sê egter aan hom: “Vriend, as die menslike gees eenmaal volgens die orde opgewek is, kom hy agter allerhande geheime, en as hy heeltemal in die volle lig ontwaak het, kom hy ook agter die groot geheim van die lewe, en besef hy dat hy die skepper van alle lewe is. Die grootste kuns van die lewe is nou juis om jouself as sodanig te vind en te erken! [5] Ook jy leef en dink, wil en doen volgens jou denke en wil; maar jy weet nie wat die lewe is nie, hoe die denke en wil, en hoe dit vervolgens alle ledemate in `n ooreenkomstige aktiewe beweging bring. Maar wie dit in homself gevind het en goed onderskei het, het vanaf daardie oomblik `n ware meester van sy lewe, soos ook die lewe van sy medemens, geword en hy kan dan ook doen wat Ek vir jou seun gedoen het. Ja, hy kan nog meer doen: Sien, hy kan homself heeltemal onsterflik maak! [6] As mens My in die huidige blindheid, selfsug, hebsug, nyd, jaloesie en heerssug van die mense sal gevange neem en selfs sal dood, sal dit die slegte mense niks baat nie; want voordat daar drie dae sal verbygaan, sal Ek Myself weer opwek uit die dood, vervolgens ewig verder lewe en nog groter dinge doen as nou. - Dit, wat Ek nou aan jou gesê het, is so waar en so seker, as dat dit waar is dat jou seun Jorabe dood was en nou weer volkome leef. Glo jy dit?” [7] Die tollenaar sê: “Dat U my geen onwaarheid vertel nie, daarvan is ek volkome oortuig; want ten eerste leef my seun net deur die mag van U geheime lewenskuns, wat `n gevolg van U kennis sal wees, en ten tweede het die ou, wyse Grieke ook reeds sulke leerstellinge opgestel. Of hulle egter ooit soos U met hul gees agter die groot geheim van die lewe gekom het, weet ek nie en ek herinner my ook nie daaraan dat ek verder ooit iets daaroor gelees of gehoor het nie. [8] Die fabels van ons gode en halfgode vertel weliswaar oor baie klein wonderwerkies wat hulle verrig het; maar watter mens met `n bietjie verstand kan so-iets glo?! Ook in die mistieke skrifte vertel mense dikwels heelwat oor `n almagtige God, wat omgewe is deur ontelbare magtige geeste, wat steeds baie presies Sy bevele in die hele universum uiters noukeurig oorbring en uitvoer. Vir mense is hulle egter nie sigbaar nie, en die God ewemin, maar hulle moet wel `n volmaakte verstand en `n almagtige wil hê. Talle honderde jare gelede moes hulle hulleself op dieselfde wyse aan die vrome mense laat toon het soos die gode en veral die halfgode hulle hulleself aan die Grieke getoon het. [9] As mens rustig en onbevange daaroor nadink, sien jy daaraan dat die gode- en lewenslere van die Grieke en Judeërs uiteindelik op een en dieselfde neerkom. Alles is in `n ondeurdringbare duister gehul, en hoeveel moeite en inspanning die grootste wyses te alle tye en volke hulle ook getroos het, hulle was nogtans nooit in staat gewees om die noodlottige sluier van Isis op te lig nie, en ons sterflinge staan daarom nog voor dieselfde onontrafelde knoop soos ons voorouers talle duisende jare gelede. [10] U is nou waarskynlik die enigste wat hierdie knoop waarlik ontafel het, en daarom sou ek U, as ware Lewensmeester, wou vra, om aan my en eintlik ons almal die groot kuns te toon hoe mens heeltemal seker agter die geheim van die lewe kan kom en dit erken en om uiteindelik self lewensmeester te word. U het dit duidelik sover gebring, en moet dan ook die middele en weë daartoe goed ken. Omdat U dit egter moet ken, sou dit wel `n groot barmhartigheid van U vir ons wees, as U dit van naderby aan ons sou wou beskryf. [11] My vraag aan `n so groot kunstenaar soos U is wel buitengewoon vermetel, omdat elke ware kunstenaar sy kuns as sy waardevolste besitting beskou en ook moet beskou, en ek ook baie goed weet dat ook die grootste kuns beduidend van sy waarde inboet as dit onder die mense baie gewoon word; maar omdat U kuns, seker vir die beste deel van die mensdom, die eerste lewensvraag sou wees, en deur sy korrekte oplossing die mensdom die grootste en onskatbaarste lewensgeluk beskore sou wees, sou ek net vir `n paar aanwysings, waardeur mens verseker agter hierdie geheim kan kom, vir die welsyn van die mense die beste driekwart van my grootste skatte aan U wou gee. U sou daardeur beslis niks verloor nie, en ons sou daardeur iets oneindigs wen! - Wat sê U, groot Heer, oor hierdie voorstel van my?”

Die Heer as leraar van die lewenskuns 86 EK sê: “Ek sê vir jou daarop niks anders nie, as dat Ek Self persoonlik as mens in hierdie wêreld na die mense gekom het om aan hulle hierdie allergrootste en allerbelangrikste kuns gratis te leer, en Ek sal dit vir julle ook gratis leer. Dat Ek dit doen vir mense in talle lande en plekke, en die waarheid van My leer met die korrekte tekens bevestig, daarvoor is die mense wat saam met My gekom het, deur woord en daad My getuies, omdat hulle My studente is. Hulle is reeds baie ver ingewy in hierdie geheim en kan aan julle die weg en die middele daartoe verskaf. [2] Wie dit aanvaar, glo en vasbeslote daarvolgens leef en handel, kom onfeilbaar agter die geheim van die lewe en word na die werklike wedergeboorte van sy eie lewensgees, wat hy in homself verkry het, self `n meester van sy lewe en daardeur ook `n meester van die lewe van sy medemense, omdat hy aan hulle die weg daartoe sal kan toon en deur sy lewensmeesterskap ook die groot lewensvoordele van hierdie meesterskap kan toon. [3] Maar Ek het ook aan jou gesê dat niemand plotseling meester word nie, en dat `n mens heeltemal geen nut het aan die suiwere, teoretiese kennis van die middele en weë ter verkryging van hierdie groot lewenskuns, as hy dit nie volledig prakties in sy lewe opgeneem het nie. Die teorie in sigself het heeltemal geen nut nie, maar net die praktyk. [4] En dieselfde is ook by die leer van die ander kunste die geval. As jy byvoorbeeld `n musiekinstrument op meesterlike wyse wil leer bespeel, soos byvoorbeeld die volmaakte lier van die Grieke of die nog welluidender klinkende harp van die Judeërs, dan moet jy duidelik lesse neem by `n meester van hierdie instrumente. Hy sal aan jou bo alles die reëls wat vir die bespeel van hierdie musiekinstrument absoluut noodsaaklik is, heel noukeurig onderrig, sodat jy daardeur presies sal weet wat jy moet doen en hoe jy sou moes oefen om mettertyd self `n meestermusikant te word. Sou jy net met die kennis van alle reëls, middele en weë, ook al was dit nog so noukeurig, `n harp- of lierspeler wees? O, sekerlik nie! Jy sou eers, deur jou vingers en ore baie vlytig te oefen volgens die bekende reëls, met baie inspanning die vaardigheid moet verwerf, om daardeur dan `n meester te word. En presies so gaan dit ook met die verkryging van die lewenskunstenaarskap. [5] Eers deur oefening word mens meester, en die meer of minder volmaakte graad van die bereikte meesterskap is volkome na gelang van die meer of minder oefening volgens die bekende reëls. Hoe meer oefening, soveel te meer meesterskap! Glo daarom nie dat jy deur die kennis van die reëls vir die lewenskuns alreeds iets tot stand kan bring nie, of dat die sluier van jou Isis reeds daardeur opgelig sou word nie! Ek sê jou: deur die suiwer kennis sal jy nie eers in die verste verte die moontlikheid begryp dat deur die beoefening van sulke reëls die sluier van Isis vir jou opgelig sou kon word nie! Net deur voortdurende en vlytige oefening sal jy eers tot die steeds duideliker wordende oortuiging kom dat die reëls korrek en waar is en na die doel lei. En eers as jy deur oefening die meesterskap bereik het, sal jy die volledige opgeligte Isissluier in en voor jou hê. - Sien, dit was die eerste inleiding tot die uiteindelik navolgende reëls, wat die mens moet oefen en in praktyk moet bring om tot die ware lewensmeesterskap te kom! Wat dink jy daarvan?” [6] Die tollenaar sê: “Dit lyk my alles volkome korrek en in orde. Dat mens net deur die kennis van die reëls geen meester nie, maar nouliks leerling word, is `n waarheid wat in die praktyk tallose bevestiginge vind; maar daar is immers alreeds oneindig baie gewen as mens vir die bereiking van so `n doel maar eenmaal die sekere middele en weë het. Die res is dan natuurlik net ons saak. Dat die toekomstige student ook verder nog lank nie in homself tot die heldere bewussyn van `n meester kan kom nie, maar eers wanneer hy dit deur baie oefening self tot meesterskap gebring het, is vir almal sonhelder; maar dat sonder U en voor U nog niemand hierdie allerbelangrikste reëls ook maar in die verste verte kon vind nie, dit is iets wat my verstand absoluut nie wil en kan begryp nie. Nòg die ou Egipte nòg Kanaän, nòg Griekeland en Rome, nòg Persië en Indië kon buig voor `n wyse man wat vir hierdie kuns ook maar enigsins die korrekte reëls kon vind. U is dus die enigste wat hierdie kuns nie op een of ander wyse geleer het nie, maar duidelik uit Uself verkry het! - Vertel eers, hoe was dit vir U as mens moontlik?! [7] Want dat U die lewensmeesterskap in volle mate besit, daarvoor sit die sprekendste en waarste bewys hier by ons. U kon ook beslis maar net deur die beoefening van die reëls wat daarvoor vereis word, daartoe gekom het, wat U egter eers ook Self moes ontdek het. Wel, dit is nou juis dit, wat ek die minste kan opneem en begryp; want ek het in my jong jare ook wyd en suid deur die hele wêreld gereis en orals sorgvuldig inligting ingewin. Die bedrywighede van die Essene met hul skynwonderwerke is vir my maar al te bekend, asook alle toorkunste en waarsêery, waarvan ek die skole selfs meermale meegemaak en deurloop het; maar hier het ek geen afgespreekte werk, geen towerstaf, geen mistieke towerspreuk, geen toordrank en geen demonebeswering gevind nie, maar net die eenvoudigste waarheid sonder enige opgesmuktheid en sonder enig hulpmiddele! Sodra U spreek en wil, is die uitwerking van U woord en wil daar! Ja, dit is iets wat al my kennis ver te bowe gaan! Om te presteer is beslis iets baie maklik as mens eenmaal meester geword het; maar hoe om sonder meester en leier tot meesterskap te kom en veral om

ter bereiking daarvan noodsaaklik by die reëls te kom, - dit is `n ander saak! Sê U tog eers aan my hoe U daaraan gekom het! Wie het aan U die reëls getoon en gegee?”

Die innerlike ontwikkeling van die geestelike mens 87 Ek sê: “Vriend, dit is voorlopig nog glad nie of van min belang! Dit is voldoende dat die reëls gevind is, waarvan jy die egtheid en volle waarheid nie kan betwyfel nie. Wie dit sal ken en navolg, sal die krag van die lewe in hom wakker roep en dan deur hierdie krag kan lewe en werk, en Ek sal hom deur die krag van die Gees van My woorde op die jongste dag van sy innerlike, geestelike wedergeboorte opwek. [2] Waarlik, waarlik, Ek sê vir jou: Ek Self is - sowel hier as orals - die waarheid en die lewe. Wie in My glo en volgens My leer handel, sal vir homself en in homself die dood in ewigheid nie sien nie!” [3] Die tollenaar sê: “Heer, hierdie woorde van U klink merkwaardig! Dit kom vir my net voor asof U `n soort hoër, Goddelike wese is, weliswaar van vlees en bloed vanweë die sigbaarheid, maar in wese vir Uself nogtans `n suiwer Gees, wat Hom na willekeur hoe en wanneer Hy maar wil, met materie kan omhul. - Het ek reg of verkeerd geoordeel?” [4] EK sê: “Van albei is daar iets in! Maar wat juis nou daarin sit, begryp jy nie. Wat jy egter dink om te begryp, is nie dit nie! Want Ek kan nou net so min uit My liggaam gaan as jy; wil Ek as Gees uittree, dan moet die liggaam eers gedood word. Maar die Gees, wat nou volkome wakker in My leef en werk, kan in ewigheid nie gedood word nie, maar sal ewig voortlewe en werk. [5] Jy het tog sekerlik meermale die skepping in sy wese en werke bestudeer, en dit kon jou nie ontgaan het dat `n sekere orde daarin bestaan, en dat die vorme in sigself in alle rigtings bestendig is, waardeur jy steeds maklik kan erken wat dit of dat vir `n ding is. So erken jy ook watter uitwerking die een of die ander veroorsaak, en waarvoor dit volgens die vasgestelde werking goed, en dus te gebruik, is. [6] As die hele skepping egter volgens julle nuwe wêreldwysheid maar net die werk van die blinde toeval sou gewees het, sou die dinge in die natuur dan ook in alle rigtings hul huidige bestaansbestendigheid behou? O geensins nie! Sien, die wind kan jy wel tot die meer blinde kragte reken, hoewel net ten dele! Het jy ooit gesien dat hy `n bepaalde, blywende vorm geproduseer het? Hy woel die stof op en dra dit in die vorm van los wolke deur die lug, waar die vorme elke oomblik verander en nooit meer heeltemal dieselfde te voorskyn kom nie. Kan jy jou die vorm van `n wolk sodanig herinner dat jy byvoorbeeld na `n paar dae sou kon gesê het: “Sien, dit is dieselfde wolk wat ek al `n paar dae gelede gesien het!”?! Of kan jy aan die see van die een of ander golf dieselfde beweer?! [7] Daaraan kan jy dus baie maklik sien dat `n blinde krag nooit ook maar `n mosplantjie, wat met dieselfde heel gelyke vorm gedurende talle duisende jare steeds terugkeer, te voorskyn gebring het nie. [8] Maar kom dit in `n intelligenter menseverstand nie vanself op nie dat al die wording, wese en bestaan, waarin ten eerste by alles `n bepaalde onveranderlike vorm, hoedanigheid, eienskap, nut en einddoel duidelik goed en vasstaande te herken is, deur so `n krag voortgebring moet word waarvan insig en wysheid onbegrensd en onveranderlik maar wel alomvattend moet wees, omdat jy andersins nooit `n bepaald gevormde voorwerp te sien sou kry, of dit nou `n klip, `n metaal, `n plant of `n dier is?! So `n krag moet beslis homogeen en hom van homself baie goed bewus wees, omdat niks andersins `n bepaalde en in sigself homogene vorm sou kon aanneem nie. [9] En dan ten tweede: Omdat jy noodsaaklikerwys moet aanneem dat daar `n krag is wat, as oerbestaan in sigself, ten grondslag lê aan alles wat bestaan, moet hierdie fundamentele-oerkrag tog ook `n ooreenkomstige naam hê, waardeur hy in die herinnering en in die geheue van die mense, wat daarvoor daar is om hierdie krag te herken, vasgelê kan word. Wie sal ooit na meer kennis vra oor iets waarvan hy selfs nog nooit die naam gehoor het nie?! Ons wil hierdie oerkrag in die algemeen 'God' noem. Maar as ons eenmaal `n God het, sal ons verder vra en sê: “Waar is dan hierdie God, en hoe sien Hy daar uit? Hoe skep Hy die dinge, hoe bring Hy, as suiwer Gees, die growwe materie uit Homself te voorskyn? [10] En sien, as `n mens eenmaal so begin vra, dan is hy alreeds op `n beter weg! Hy sal aan alle skepsele meer aandag gee, en ondersoek hoeveel Goddelike oerwysheid haarself in hulle bevind. En hoe langer hy so sal ondersoek, hoeveel te meer Goddelike wysheid en orde sal hy ook maklik en spoedig daarin vind. [11] As hy dit gevind het, sal hy in sy hart ook weldra `n gevoel van liefde vir God waarneem en uit hierdie liefde steeds meer besef dat God in Homself met die grootste liefde vervul moet wees om met so `n groot begeerte en vreugde `n ontelbare aantal dinge en wesens, wat nie maar net getuig van Sy bestaan nie, maar veeleer van Sy Wysheid, Mag en Liefde, om so wonderbaarlik wys te geskep het. [12] As die mens in sulke beskouinge en gewaarwording groei en toeneem, neem hy duidelik ook in die liefde vir God toe en nader Hom meer en meer; hoe groter en opregter sulke toenaderinge van `n mens tot God egter word, soveel meer van die Gees van God versamel daar in sy hart, waarin sy eie gees daardeur gevoed en steeds verder gewek word tot die ware kennis van die eie innerlike lewe en sy krag, verenig met die krag van die Goddelike Gees in hom.

[13] Het `n mens dit eenmaal sover gebring, dan besit hy alreeds die lewensmeesterskap, en in hom ontbreek nog net die volkome eenwording met die Goddelike liefde- en wilsgees. Bewerkstellig hy ook dit, dan is hy `n volmaakte lewensmeester en tot alles in staat wat Ek nou doen en ook tot ander groter dinge.”

Die grondslag vir die geestelike vervolmaking. Die Wese van God 88 Die Heer: “Hieruit sien jy dat sonder die ware en lewende geloof in `n enige en ewig waaragtige God geen mens die lewensmeesterskap kan bereik nie. Daarom is dit bo alles noodsaaklik om in `n ware God te glo; want solank jy nie glo dat daar `n enige ware God is nie, kan jy ook geen liefde vir Hom in jou hart laat ontwaak nie. Sonder hierdie liefde is dit egter onmoontlik om God te nader en uiteindelik byna volkome een met Hom te word. [2] Daarsonder kan van `n egte lewensmeesterskap net so min sprake wees as dat iemand `n meester op die harp sou wou wees sonder dat hy ooit iets daaroor gehoor en nog minder nooit een gesien het nie. [3] As jy egter nog steeds bly vra: “Ja, waar is God dan, en hoe sien Hy eintlik daar uit?”, dan sê Ek vir jou, dat niemand die eintlike Goddelike Wese kan sien en in die lewe bly nie, - want Hy is oneindig en daarom ook alomteenwoordig, en Hy is daarom as iets suiwer geesteliks ook die binneste van elke ding en elke wese, dit wil sê, deur die uitwerking van die Lig van Sy magtige Wil; in Homself en by Homself is God egter `n mens soos wat Ek en ook jy is, en woon in `n ontoeganklike lig, wat in die wêreld van die geeste die barmhartigheidson genoem word. God is egter nie self hierdie barmhartigheidson nie, maar dit is die uitwerkende uitstraling van Sy Liefde en Wysheid. [4] Soos wat jy die werking van die son van hierdie wêreld sien deurdat hy orals aanwesig is met sy lig wat voortdurend na alle moontlike rigtings uitstraal, so werk ook die orals werkende krag van die barmhartigheidson as `n lig wat uit homself stroom, wat in alle wesens skeppend en lewegewend aanwesig is. [5] Wie nou verstaan hoe om baie lig uit die barmhartigheidson van die hemele in die hart van sy siel op te vang, op te neem en dan deur die krag van die liefde vir God te behou, vorm in homself `n barmhartigheidson wat in alles volkome gelyksoortig is aan die oerbarmhartigheidson, en die volle besit van so `n barmhartigheidson is dan net so veel as die besit van die enigste ware lewensmeesterskap. [6] Die helderheid en die helder rykdom van hierdie ware leer sal ook jy egter eers besef as jy op hierdie wyse self die lewensmeesterskap sal bereik; want nou kan jy dit nog nie volkome begryp nie, alhoewel jy alles wat gesê is, baie goed in jou opgeneem het.” [7] Die tollenaar sê: “Ja, U het gelyk, liewe Heer! Ek het wel alles verstaan, maar ek weet nou nog nie wat ek daarmee moet doen nie. Dit staan egter vas dat die bereiking van die volkome lewensmeesterskap beslis geen maklike taak is nie; want dit beteken baie beskouinge, baie ondervinding, baie dink, wil en daarvolgens handel. - Maar nou nog één vraag, liewe Heer!” [8] EK sê: “Spreek, hoewel Ek baie presies weet wat jy My sal vra!” [9] Toe sê die tollenaar: “O liewe Heer, sê U dit maar dadelik; want ek twyfel nie daaraan nie!” [10] Daarop sê EK: “Jy twyfel nie heeltemal daaraan nie, - maar jy sou jou tog wel `n bietjie daarvan wou oortuig of Ek wel sou weet wat jy My nog wil vra! Maar dit maak nie saak nie, Ek sal aan jou jou vraag nogtans voorsê! Dit lui aldus: “Heer het U ook op hierdie wyse aan U lewensmeesterskap gekom, en wie het aan U, net soos U nou vir my, die deeglike onderwysing daarvoor gegee?” [11] Sien, so lui jou vraag woord vir woord! Maar Ek kan jou daarop ewemin `n bevredigende antwoord gee soos op jou vroeëre, soortgelyke vrae. Sien, as suiwer mens het Ek werklik presies dieselfde moes doen as jy; maar omdat Ek, eerlik gesê, wat My innerlike Geestelike Wese betref iets meer as maar net mens is, wat jy môre nog vroeg genoeg sal ervaar, het Ek dit eintlik moeiliker, omdat Ek as mens van hierdie aarde nooit `n eie wil in My mag laat opkom nie, maar steeds baie presies die wil moet navolg van Hom wat deur My in hierdie wêreld wou kom en aan die mense die ewige lewe wou bring en gee. Daaroor sal jy egter môre van My studente ietwat meer hoor. Maar vir vandag sal ons ons sitting sluit en ons ter ruste begewe!” [12] Die tollenaar sê: “Heer, as U dit graag wil, kan U almal hier in hierdie saal rus; want rondom aan die wande is hier baie gerieflike slaapplekke aangebring!” [13] EK sê: “Goed dan, dan bly ons hier, en sulke rusbanke is vir My aangenamer as die lui russtoele, wat hoogstens vir siekes goed is. - Laat ons dus opstaan en gaan rus!”

weegesprek tussen die arts en die herbergier oor die Heer 89 Toe ons ons rusbanke in beslag geneem het om te rus, het die tollenaar en ook sy seun, sy ander kinders en sy vroue, waarvan hy volgens die sede en gewoonte van die Ooste sewe gehad het, en ook sy talle amptenare en ander dienaars, ons verlaat en ons het weldra baie rustig aan die slaap geraak, omdat ons deur die lang reis behoorlik moeg geword het. Maar die huisbewoners het in die ander kamers nog lank wakker gebly en uitgebreid oor ons koms in hul stadjie gepraat. [2] Die jongste arts, wat agtergebly het, het op die laatste nog aan die tollenaar gesê: “Vriend, as dit

moontlik sou wees dat mens die lewensmeesterskap jou eie kon maak, dan sou mens alreeds spoedig al die geld van die hele aarde besit het! Dan sou menige koning sy halwe ryk as geskenk gee aan diegene wat op hierdie manier sy lewe kon beveilig! Nee, wat daar nie alles op hierdie goeie aarde voorkom nie! [3] Hoe lank is dit dan gelede dat `n aantal magiërs, wat uit Egipte gekom het, ter geleentheid van hul deurreis na Melite ons met menige merkwaardige toorkunste verras het?! Maar al hul toorkunste was duidelik skynwonderwerke en vir niemand behalwe hulself van nut nie. Hulle het wel die mense vermaak, maar niemand het iets goeds daarby geleer nie. Hulle het ook allerlei apparate saamgebring en slange en ape en honde, kamele en muildiere en vate vol salwe en olies. Maar hierdie groep het nou te voet gekom en heeltemal niks saamgebring nie en het dinge verrig wat gemaak het dat jy hulle maklik as gode sou kon aansien! Dit is nie meer te oortref nie! [4] Ook die leer wat hulle aan ons verkondig het, was baie goed, en ooreenkomstig die werk wat hulle doen; net die ou Judeërdom het daar sterk na vore gekom, net so is dit vir my nie onbekende grond- en leerstellinge van die ou Judese profeteskole nie, waaruit ook baie uitsonderlik manne, wat mens profete noem, moes voortkom. Of mens egter self, deur die navolging van die reëls so noukeurig moontlik, wat baie kortliks aan ons vertel is, in alle erns tot die wonderbaarlike lewensmeesterskap kan kom, dit sal miskien nog nie so eenvoudig blyk te wees nie! [5] Om een enkele en enige godheid, sê maar, volkome bo alles lief te hê, is `n moeilike saak, omdat mens as volwasse denkende mens alreeds moeilik glo dat daar êrens `n volkome bewys vir so `n God bestaan. Sy bewys vir die bestaan van een enkele ware God is baie goed en klink aanneemlik; maar daar sou jy jou as leerling alreeds vanaf die wieg intensief mee moet besighou, onder voortdurende leiding van `n baie ervare teosoof, omdat niemand anders langs hierdie weg ooit tot volkome kennis van `n enige ware God sou kon kom nie. [6] Maar hoe dit ookal sy, afgesien van die verklaring wat die wonderdoenende leier aan ons gegee het, is Hy tog `n buitengewone verskynsel! Ten eerste is dit net deur `n woord in die lewe terugroep van `n dooie, en nog heeltemal gesond ook, iets, wat nog nooit so volmaak voorgekom het nie, - en ten tweede, om presies te weet wat iemand diep in die geheim in sy hart dink, en iemand wat jy nog nooit vroeër gesien het nie, dadelik by sy naam te noem, - vriende, dit is dinge, wat geen menseverstand kan begryp nie! Waarlik, ofskoon ek van gode en goddelikhede nie juis soveel dink nie, sou ek nou egter nogtans baie geneig wees om hierdie man eerder vir `n God aan te sien as vir `n gewone mens!” [7] Die tollenaar sê: “Dit sou ek ook dink, en deur dit aan te neem, sou mens wel baie nader aan die doel kon kom, as deur die nog so streng navolging van die gegewe reëls wat deur Hom gegee is. Verder het Hy `n paar maal taamlik duidelik laat deurskemer dat agter Hom iets meer as `n suiwer aardse mens is. Wel, môre sal daar miskien nog baie oor hierdie brawe man opgehelder word! Sy karakter skyn baie eerbaar te wees en jy kan goed met Hom praat. Ons sal sekerlik nog baie van Hom te wete kom! Vir vandag gaan ons ook rus, want môre het ons baie te doen!” [8] Daarop het elkeen geleidelik gaan rus en die mense het tot sonsopgang vas geslaap.

Die menslike en die Goddelike in die Heer 90 Ek was egter met `n aantal studente alreeds voor sonsopgang op die been en het soos gewoonlik na buite na die Eufraat gegaan, wat hier alreeds `n aansienlike breedte gehad het. Ons het egter nog nie lank daar gestaan nie, toe daar `n groot houtvlot in die middel van die rivier met die stroom afgedryf gekom het. Op hierdie oomblik het ook die tollenaar met sy seun Jorabe en die arts ons agterna gekom om ons na die ontbyt uit te nooi. [2] Daar was egter niemand op die vlot om dit te bestuur nie; want dit het deur `n slegte bevestiging aan die oewer vanself weggedryf, en die tollenaar sê: “Dit is baie jammer van die mooi hout daarop, wat deur nalatigheid van sy eienaars onbeheersd ronddryf! Indien dit maar naby die oewer sou gedryf het sodat ons daarby kon kom, dan sou dit selfs kon gebeur dat die regmatige besitter binne `n paar dae dit nog sou agterna kom, en dan sou ons aan hom die vlot vir `n klein vergoeding kon teruggee. Maar so dryf die hele vlot verby en gaan dit natuurlik verlore! Wel, miskien vang die Samosaters dit op!” [3] EK sê, toe die vlot hom op ons hoogte bevind het: “Wil jy die hout hê?” [4] Die tollenaar sê: “Natuurlik wil ek dit hê, - maar hoe kry ek dit daaruit?” [5] EK sê: “Sien, baie maklik! As mens `n lewensmeester is, moet alle elemente jou ook gehoorsaam, en daarom gebied Ek die water dat dit die hout hier na ons toe op hierdie oewer moet bring. Ek wil dit; laat dit geskied!” [6] Toe Ek dit sê, het die water vinnig na ons toe gevloei en aan die oewer met `n hoogte van sewe span gestyg, al die hout met die vlot heeltemal aan land gebring en daarna weer terug in die natuurlike rigting en verder gestroom. [7] Die drie het behoorlik daaroor geskrik, en die arts sê aan My: “Vriend, U is geen mens van die

gebruiklike soort soos wat ons is nie, maar U is `n God! U is deur geen man op aarde in `n moederliggaam verwek nie! Ek sou selfs wou beweer, dat U `n ongebore mens en dus duidelik `n God is!” [8] EK sê: “Laat dit daar; wie vlees dra, kry dit uit `n moederliggaam! Net die eerste mensepaar het `n liggaam uit die hand van God se wil ontvang, - alle ander mense is egter uit `n moederliggaam. En dus is die liggaam van My ook uit `n aardse moeder, ook al is dit dan nie deur `n aardse vader op die gewone manier verwek nie, maar net deur die almagtige wil van die Gees van God, wat by volkome rein en Elohimgewyde mense baie goed moontlik is. Aan die begin van die tye, by die onbedorwe, eenvoudige en aan God baie toegewyde mense, was dit glad nie so seldsaam nie, en in hierdie tye gebeur dit so nou en dan ook nog. [9] Dat sulke mense, wat langs `n suiwer geestelike weg verwek is, dan ook geesteliker is as mense wat op die normale weg verwek is, is duidelik; want kinders van sterk en volkome gesonde ouers word ook sterk en gesond, - kinders van swak en siek ouers word gewoonlik ook swak en sieklik. Ek as mens, soos wat Ek nou voor julle staan, is geen God nie, maar wel `n Seun van God, wat elke mens eintlik moet wees; want die mense van hierdie aarde is voorbestem om kinders van God te word en te wees, wanneer hulle volgens die erkende wil van God leef. [10] Een van hulle is egter reeds van ewigheid deur God voorbestem om die Eerste te wees, die Lewe in Hom te hê, en dit aan elkeen te gee wat in Hom glo en volgens Sy leer leef. En hierdie Eerste is Ek! [l1] Maar Ek het hierdie lewe uit God nie vanuit die moederliggaam in hierdie wêreld gebring nie! Die kiem was wel in My, maar dit moes eers ontwikkel word, wat My byna `n volle dertig jaar tyd en moeite gekos het. Nou staan Ek weliswaar volmaak voor julle en kan aan julle sê dat aan My alle krag en mag gegee is in die hemel en op aarde, en dat die Gees in My volledig een is met die Gees van God, waardeur Ek dan ook sulke tekens kan doen wat `n mens nog nooit voor My gedoen het nie. Maar in die vervolg is dit geen besondere voorreg uitsluitlik net vir My nie, maar ook vir elke mens wat glo dat Ek deur God in die wêreld gestuur is om aan die mense, wat nou almal in die duisternis wandel, die lig van die lewe te gee, en vervolgens dan handel volgens My leer wat aan die mense sonhelder die wil van God se Gees toon, wat werklik volkome in My woon. [12] Hierdie Gees is wel God, maar Ek as suiwer Menseseun nie; want soos reeds gesê, Ek het as sodanig ook, net soos elke mens, deur baie moeite en oefening My eers die waardigheid van `n God moes verwerf, en kon My daarna eers verenig met die Gees van God. Nou is Ek wel een met Hom in My Gees, maar nog nie in My liggaam nie; maar ook daarmee sal Ek volkome een word, egter eers na baie lyding en die totale en die volkome vernederende selfverloëning van My siel. -[13] En so, My vriend en arts, wat van `n beter wil is as jou kollegas, kan jy nou wel weet wie Ek is en wat jy van My moet dink! Glo dit en leef volgens die leer wat jy weldra van My studente sal hoor, dan sal jy lewe en in al jou doen en late in die lig wandel en nie meer in die nag van die sonde van jou vlees en bloed nie! - Verstaan jy dit?” [l4] Die arts sê: “Ja, groot Heer, dit verstaan ek, alhoewel U woorde baie anders klink as dié van die priesters in die tempel te Jerusalem, waarvan ek self ook afstam en waar ek my geringe kennis ook gekry het! Aan U lê baie duidelik die Goddelike ten grondslag, en nogtans wil U vir ons nie meer wees as `n Menseseun nie, terwyl die Fariseërs in die tempel hulle gedra asof hulle God gehelp het met die skepping van die wêreld en die ander wesens, en asof die wel en weë van die mense van hierdie aarde net van hulle sou afhang. Ja, U woorde, groot Heer, klink wél soos God se woorde; want daar lê `n baie eienaardige krag en mag daarin wat die hart en gemoed goed doen, haar verhef en heeltemal opnuut lewend maak en verlig, terwyl die sogenaamde goddelike woord van die Fariseërs die mensehart in `n hoë mate kwets, bedroef, verduister en selfs dood! Want wie volgens hul leer leef en handel, word mettertyd so dom en so sinlik, hoogmoedig, selfsugtig en heerssugtig, dat hy uiteindelik heeltemal vergeet dat ook hy maar net `n mens is. Net homself beskou hy as die hoogste menslike outoriteit, - al die ander is ver benede hom. Maar volgens U woorde, groot Heer, blyk dit juis die volslae teendeel te wees en te word van dit wat die Fariseërs leer, en wat hulle eintlik van die mense wil maak! - Het ek gelyk of nie?” [15] EK sê: “Ja, ja, daarin sou jy wel eers gelyk kon hê; maar nou niks meer daaroor nie! Die vlot met die hout is gereed en lê daar op die volkome droë oewer, en jy, vriend Jored, kan nou daarmee doen wat jy wil; want die eienaar sal nie meer daarom vra nie, omdat hy te ver hiervandaan woon en die verlies van hierdie hout hom ook nie arm sal maak nie, omdat hy baie ryk is. Gee egter daarom `n offer aan die armes en gebruik die hout na eie goeddunke!” [16] Die tollenaar Jored sê: “Heer, ek dank U baie daarvoor, en die armes sal nie by my te kort kom nie! Maar nou gaan ons na die ontbyt; want dit sal nou wel heeltemal gereed wees!”

Die arts ontvang van die Heer die krag om deur handoplegging siekes te genees 91 Toe het ons weer na Jored se huis gegaan, waar `n oorvloedige ontbyt reeds in die bekende saal klaar vir ons voorberei was, en waar ook die studente, wat die oggend tuis gebly het, op ons gewag het. Ons het aan tafel gaan sit en geëet en gedrink. Die maaltyd het bestaan uit vis, heuningkoek en lamsvleis, terwyl die wyn, wat van `n besondere goeie gehalte was, uit Rome gekom het. Ook is daar spesiaal uit Cyprus ingevoerde wyn uit Griekeland bedien, en daarby wit koringbrood met botter, wat veral vir die Judese Grieke baie goed gesmaak het. Ons het ongeveer twee uur aan tafel bly sit en daar is baie gepraat, meestal egter oor allerlei landboukundige aangeleenthede. [2] Eers na die maaltyd is My leer oor die liefde vir God en die naaste deur die student Johannes voorgedra aan alle manne en vroue wat in die huis gewoon het. [3] Daarop het almal My plegtig beloof om hierdie leer noukeurig na te volg en daarvolgens te handel, en EK sê: “Glo en doen dit, dan sal julle ook op maklike en vinnige wyse die meesterskap van die lewe bereik!” [4] Vervolgens het Ek almal die hande opgelê en aan hulle krag gegee vir hul goeie en ernstige voorneme. [5] Maar die arts sê daarop: “O Heer, sien U, sowel hier in hierdie plek asook in die verre omtrek, waar daar altyd baie siekes is, is ek nou die enigste arts! Omdat niks vir U onmoontlik is nie, sou U my miskien ietwat van U wondergeneeskrag kon gee sodat ek dit vir my siekes kan gebruik, veral vir die armes wat geen geld het om duur medisyne te koop nie.” [6] EK sê: “Jesus is My Naam; lê die siekes in hierdie Naam jou hande op dan sal hulle, as dit goed is vir hul sieleheil, beter word! Maar gee die rykes soos gewoonlik maar net medisyne; want Ek gee hierdie krag aan jou uitsluitlik vir die armes!” [7] Nadat Ek dit aan die arts gesê het, het hy My daarvoor gedank en het vervolgens dadelik weggegaan, want hy het `n paar arm siekes gehad wat hy nou plotseling wou help. En hy het hulle ook gehelp; want hulle het op die oomblik dat hy hulle in My Naam sy hande opgelê het, beter geword. Na `n uur het hy weer teruggekom, My nogmaals vir hierdie krag gedank wat aan hom gegee is, en het aan ons die groot verbasing van die geneesde mense beskryf, wat baie verskillende kwale gehad het. [8] Hy sê: “Hulle kon nie begryp dat terwyl alle medisyne voorheen nie gehelp het nie, hulle nou opeens maar net deur handoplegging so gesond geword het soos nooit tevore nie. Hulle het my gevra, hoe ek nou skielik aan hierdie ongekende geneeswyse gekom het, en waarom ek dit nie vroeër gebruik het nie. Maar ek het gesê: ”Hierdie geneeswyse het `n uitheemse, groot Verlosser aan my getoon, en die siekes genees maar net omdat ek Sy Naam aanroep en Hy Self dan met my wil dat die sieke gehelp word!” Daarna het hulle almal na U gevra en hulle wou U baie graag persoonlik leer ken; want hulle het toe gedink dat U beslis Goddelike kragte moes hê omdat so-iets anders totaal onmoontlik was. Ek het niks daarop gesê nie en het hulle in hul mening gelaat. [9] Maar nou sal ek by my ryk siekes wel moeilikheid kry; want hierdie nuwe geneeswyse sal vinnig in die hele stad bekend raak, en die rykes sal dan ook op dieselfde wyse deur my genees wil word. Wat moet ek aan hulle sê, as hulle van my verlang om dit te doen wat U, o Heer, my eintlik as’t ware verbied het?” [10] EK sê: “Wel, stel dan die voorwaarde aan hulle, wat hulle, wanneer hulle genees is, vir jou en die armes moet nakom! Gaan hulle vreugdevol en gewillig op die voorwaarde in, lê hulle dan ook jou hande op; doen hulle dit egter nie, laat hulle dan siek bly en gee aan hulle medisyne soos hulle dit wil hê en wil neem! - Is jy nou daarmee tevrede?” [11] Die arts sê: “O liewe Heer, volkome! Maar nou het ek nog `n ander vraag, naamlik: Hoe en waarmee kan ek U my dankbaarheid daarvoor toon? Ek is weliswaar nie ryk nie en nou wel die allerminste, noudat my kollegas, wat gister verdwyn het, my sekerlik nie baie agtergelaat het nie; maar nogtans wil ek die beste doen wat in my vermoë is! Majesteit en Heer, ek smeek U, vra my tog een of ander vergoeding of `n offer!” [12] EK sê: “Laat dit daar; want niemand ter wêreld kan My iets gee wat hy nie eers van God ontvang het nie, en dus ook nie jy nie! Maar leef volgens die leer wat aan julle almal hier gegee is, en jy moet God liefhê bo alles en jou naaste soos jouself, en hou die bekende gebooie van Moses en leer dit ook aan die Grieke, dan skenk jy My die beste en waardevolste offer! En ook alle ander mense moet dit doen, dan sal hulle lewe in die waarheid en in die barmhartigheid van God, die Skepper en Vader van alle mense! [13] As Ek van die mense, aan wie Ek goed doen, geld sou wou aanneem, sou Ek regstreeks teen Myself getuig, en sou Ek nie die Een wees wat Ek is nie; want as Ek aan julle skatte uit die hemele bring en gee, omdat Ek die mag daartoe het, kan Ek My nie met dooie materie daarvoor laat betaal nie. Julle mense kan dit egter wel met mate en doelgerig doen; want ook Moses het voorgeskryf dat priesters en rigters deur die volk gevoed en onderhou moet word, en die tiende deel van alles moet kry wat geoes word op die akkers en in die wynberge en ook van die huisdiere. Maar Ek en My studente sal dit nie nodig hê nie; want wie

lewensmeester word soos wat Ek is, sal daarna nie hierdie middele vir sy onderhoud nodig hê nie. Waar hulle ookal sal heengaan, alles wat hulle nodig het, sal aan hulle van bo gegee word. Want al die goeie wat julle die Vader in die hemel in My Naam sal vra, sal Hy sonder voorbehoud aan julle gee.”

Die Christen as sakeman. Oor die betaal van beskerming en die aanhou van slawe. Die gedrag ten opsigte van afgodepriesters 92[1a] Die Heer: “As My opvolgers in latere tye egter net soos die Fariseërs hulle vir hul lesse met geld en allerlei ander dinge sal laat betaal, dan sal die Vader in die hemel hul versoeke ook absoluut nie meer verhoor nie, en hulle laat versink in allerlei sonde en ernstige kwale. (Matthéüs 10:08)[1b] Ek gee aan julle allerlei gawes verniet, en julle moet dit aan die ander mense ook weer verniet gee. As arts kan jy jou egter wel deur die rykes laat betaal, - maar nie deur die armes nie! [2] As jy egter af en toe aan iemand My leer gee, sien dit dan as `n betaling wanneer hy die leer met `n vreugdevolle hart aanneem en daarvolgens leef. Want as iemand eenmaal die leer aangeneem het, sal hy tog alreeds so `n vriend van jou word, dat hy sal sê: “Wat myne is en was, is nou ook joune, en ek wil nie dat jy nood ly nie!” [3] Ek sê vir julle: Wat die mense self vanweë My leer met `n vreugdevolle hart vir julle wil doen en aan julle wil gee, neem dit gerus aan en gebruik dit vir die welsyn van julle en julle naaste, en die barmhartigheid van God sal julle nie daarvoor ontneem word nie, van watter aard dit ookal mag wees! Maar as julle van iemand betaling daarvoor verlang, word julle dadelik die barmhartigheid van God ontneem, net soos wat die barmhartigheid nou ook die Fariseërs en starre Judeërs ontneem word en aan die heidene gegee word. Dink dus goed daaraan en handel daarvolgens, dan sal julle julle daardeur alle moontlike barmhartigheidskatte uit die hemele versamel, waaraan julle meer sal hê as aan alle skatte van hierdie wêreld! - Verstaan julle dit?” [4] Jored sê: “Heer, dit verstaan ons nou baie duidelik; maar wat vind U van my tollenaarsbedryf, wat ek hier op die water en op die land uitoefen? Dit het eintlik maar baie weinig met naasteliefde te maak! Opgee kan ek dit egter ook nie so maklik nie, omdat dit `n openbare staatsbedryf is; hou ek daarmee op, dan neem `n ander dit oor, wat van die reisende handelsliede en veral van die vreemdelinge nog meer sal eis as ek, terwyl ek daarby tog al menigeen wat niks het nie, vir niks die tolboom laat sak het. Wat sou U wil daarmee wees?” [5] EK sê: “Wat jy is, moet jy bly! Maar wees redelik in jou eis aan die armes; laat die rykes daarenteen behoorlik ietwat meer gee! [6] Die hef van tol is egter goed vir die land omdat dit andersins alreeds spoedig oorspoel sou word deur groot karavane met allerlei ware, waardeur daar weldra `n tekort aan eie lewensmiddele sou ontstaan het. Daarom moet jy juis van die talle vreemde handelsliede nog meer belasting eis, sodat hulle die begeerte sal onderdruk om te veel met hul ware na hierdie land te kom. Maar vir jou eie mense moet jy daarenteen meer redeliker wees! Nou weet jy ook wat jy in hierdie opsig moet doen, en waarop jy moet let. [7] Ook jou herberg is goed; let egter ook op dieselfde dinge! Wees redelik teenoor jou binnelandse mense en regverdig teenoor die vreemdelinge! Verlang van jou eie bevolking die werklike waarde en van die vreemdelinge `n regverdige wins! [8] Maar as daar `n vreemdeling kom wat niks het om jou te betaal nie, skenk hom dan die rekening, en as hy uiteindelik My leer aanneem, gee aan hom dan nog reisgeld daarby, dan sal die Vader in die hemel jou dit ryklik beloon! Dit moet elke koopman ook doen, en hy moet eerlik wees met sy mate en gewigte; want met dieselfde maat as waarmee mense meet, sal dit hulle vergeld word!” [9] Die tollenaar sê: Nou egter nog `n vraag, Majesteit en Heer! U weet dat ons hier meestal met Grieke saamwoon en allerlei handel dryf, soms selfs jammer genoeg mensehandel, soos wat dit onder ons heidene reeds van oudsher gewoonte en gebruik was. Ek moes my vroue selfs almal koop! Hulle was eers maar net my slavinne; omdat hulle egter ywerig was en hulle vir my ingespan het, het ek aan hulle hul vryheid gegee en het hulle daarna as vroue geneem. Die helfte van my dienaars en arbeiders is nog slawe. Moet dit so bly, of moet ook daar `n verandering daarin bewerkstellig word?” [10] EK sê: “Wat deur die staatswette in stand gehou word, kan jy nie verander nie; laat dit so bly totdat die staat self `n verandering daarin bring. Maar wees jy ook vir die slawe goed, redelik en regverdig; want ook hulle is mense en kinders van een en dieselfde Vader in die hemel. As jy weer `n slawemark besoek, koop hulle dan tog maar so veel as wat jy wil, en hou hulle, en maak vrye, ootmoedige mense van hulle, dan sal jy jou daarmee `n groot skat in die hemel verwerf! Maar jy moet daar nooit weer een verkoop nie; want om mense te verkoop is `n gruwel voor God! Waar My leer egter eenmaal wortel sal skiet, daar sal die gemene slawehandel ook vanself ophou. - Dit is weer iets waarop jy moet let! [11] Jy het egter nog `n vraag op jou hart omdat jy ook nie weet wat jy nou met die heidense

afgodspriesters moet doen nie, wat ook meestal jou gaste is en graag by jou langs kom. Ek sê vir jou: Laat hulle voorlopig wees wat hulle is! Self glo hulle nog minder aan hul afgode as wat jy voorheen daaraan geglo het; maar hulle het as sodanig hul amp en brood, en sal daarom nie maklik afsien van wat hulle is nie. Maar mettertyd kan jy wel rustig iets van die een of ander van My leer aan hulle vertel, en dan sal hulle julle weinig of geen moeilikheid besorg nie. Langsaam maar seker sal ook die afgodstempels verdwyn. Maar Ek gee aan julle nogtans geen opdrag om hulle te vernietig nie; want dit is ruim voldoende dat hulle in julle harte vernietig is. [12] As een van die priesters egter iemand met geweld sou dwing om in sy afgode te glo en aan hulle die vereiste offer te bring, vertel aan hom dan die volle waarheid! Wil hy hom dit nie laat vertel nie, roep My dan in jou gees aan, en doen in sy teenwoordigheid `n teken in My Naam! As hy dit sien, sal hy wel glo, ten minste as hy enige waarheidsin in sy hart het; glo hy egter nie, laat hom dan gaan - en bly julle by die waarheid van My leer! Want die denke en handel van die goewerneurs van Rome is nou daarop gerig om die mense volkome vry te laat wees in kennis, denke en geloof. [13] Wanneer so `n heidense priester egter julle geloof van die lig aanvaar, steun hom dan as lid van die nuwe gemeente van God op aarde as hy ondersteuning nodig het, en sorg vir sy tydelike lewensonderhoud; het hy dit egter nie nodig nie, laat hom dan jou vriend wees! [14] Wel, nou is ook vir hierdie geval gesorg, sodat julle in elke geval dit wat hinderlik sou kon wees vir My leer, presies kan weet wat julle moet doen! En omdat ons nou niks meer te bespreek en te behandel het nie, gaan ons weer na buite. Miskien doen daar hom hier of daar iets voor wat ons in die geleentheid stel om dieper daaroor na te dink!” [15] Die voorstel was vir almal goed en ons het na buite gegaan.

Die besoek aan die heilige bos. Die vernietiging van die afgodsbeelde 93 Toe ons egter deur die strate van die stad gewandel het, was daar natuurlik allerlei nuuskieriges wat ons van alle kante aangegaap het en ywerig gevra het wie ons tog sou wees. Die arts, die tollenaar, sy kinders wat saamgegaan het, en veral die seun Jorab* wat uit die dood opgewek is, moes hulle baie van die vraestellers laat welgeval, omdat die mense nie kon begryp hoe hierdie jong man, wat sewe jaar lank siek was en gister volgens berigte gesterf het, nou volkome gesond kon loop nie. Die vraestellers is egter vriendelik geantwoord met die mededeling dat hulle dit alles wel in die komende dae sou hoor, en daarmee was hulle tevrede. *(‘Jorab’ is moontlik `n verkorte weergawe van ‘Jorabe’) [2] Maar aan die einde van `n lang straat het drie priesters van Apollo ons teëgekom, met `n Zeus- en `n Minervapriester agter hulle in hul priestergewade wat avontuurlik en baie magies daar uitgesien het. [3] Hulle het voor ons bly staan, en `n Apollopriester het ons gevra of ons as vreemdelinge miskien die heilige bos wou besoek, waarin vir die drie belangrikste en hoogste gode `n gesamentlike tempel gebou was. In die geval sou hulle ons daarheen begelei en ons, in ruil vir `n klein offer om die drie gode gunstig te stem, laat sien wat daarin is wat besienswaardig en wonderbaarlik is. [4] Toe het die tollenaar Jored, wat aan hierdie vyf priesters maar al te goed bekend was, gesê: “Hierdie is my gaste; hulle sal ek wel vryhou, laat ons dus die tempel en julle merkwaardighede dinge sien!” [5] Daarmee was die priesters tevrede en hulle het ons vriendelik na die bos gelei, waar in die middel op `n klein heuwel `n aansienlik uitgestrekte, ronde tempel gestaan het. Die een helfte van die tempel was oop en sy dak het op tien pilare gerus; die ander helfte het uit `n digte muur bestaan, wat `n soliede halfsirkel gevorm het. Voor hierdie muur was marmerbeelde van die bogenoemde drie afgode geplaas. In die middel het Zeus op `n troon gesit, met regs van hom Minerva in haar oorlogsuitrusting, en links van hom Apollo, net met sy lier, want `n Apollo met `n sonwa en perde sou vir hierdie klein stad te duur gewees het. [6] Toe ons by die tempel kom, sê die Zeuspriester: “As die menere dalk verlang dat een van die drie gode iets moet sê, dan vra ek u vriendelik en beleefd om aan my `n vraag toe te vertrou!” [7] EK sê: “Vriend, daaraan het ons geen behoefte nie, want as baie ervare mense ken ons alreeds hierdie voorsorgmaatreëls, en ons weet maar al te goed op watter manier hierdie beelde praat. Daarom laat ons dit dus daar, bespaar jou hierdie moeite! Maar omdat daar vandag niemand meer hierheen sal kom om hierdie gode om raad te vra nie, kan jy die drie sprekers agter die afgodsbeelde wel laat gaan, en laat hulle, omdat dit verder baie eerlike mense is, hier na ons toe kom!” [8] Dit het die priester verbaas en hy het met `n sekere magies-priesterlike patos gesê: “Vriend, U is `n vreemdeling, daarom raai ek U vriendelik aan om Uself nie ten opsigte van ernstige gode te wangedra nie, omdat U daardeur maklik iets ergs sou kon oorkom! Want ek sê vir U, dat daar agter die gode geen sterfling verborge is om vrae vir die gode te beantwoord nie.” [9] EK sê: “Omdat jy My nie ken nie, vergeef Ek jou die leuen; maar Ek is tog daarvan oortuig dat net Ek, en nie jy nie, alle reg op die volle waarheid het! Sien, Ek wil nou dat hierdie drie afgodsbeelde oombliklik vernietig word en die drie arme sprekers bevry word en na ons toe kom!”

[10] Toe sê die priester: “As u daartoe in staat is, val ons voor U neer en sal U as die God van alle gode en mense aanbid!” [11] EK sê: “Dit het Ek nie nodig nie, maar tog sal julle so `n ander heerlikheid van die mag van die ware God leer ken, verbonde met die mag van die menslike gees, en Ek sê nou: Ek wil dit, en laat dit so wees!” [12] Sodra Ek dit gesê het, was daar van die drie afgodsbeelde geen spoor meer te herken nie, en die drie sprekers wat in die nou nisse gehurk het, het sigbaar geword, hulle het baie verskrik en verbluf uit hul duistere skuilplekke in die heldere daglig te voorskyn gekruip. [13] Toe die vyf priesters dit gesien het, het hulle baie bedroef geword en een van hulle, wat die moedigste was, het aan die ander gesê: “Broers, teen die almagtige wil van `n Elohimmens help geen swaard nie, dit is maar die beste om jou volgens Sy wil te skik! Natuurlik is ons nou onmiddellik sonder werk en dus ook broodloos, maar wat kan ons daaraan doen? Ons het hierdie amp egter altyd baie waardig beoefen, en met die geringe, vrome bedrog van ons het ons nooit iemand skade berokken nie, ook het ons nooit van iemand `n oormatig groot offer geëis nie; ons het die mense altyd heelwat geleer en het altyd `n goeie voorbeeld vir hulle gestel. En daarom vertrou en hoop ek dat hierdie waarlik almagtige Elohimmens ons, as ons Hom daarom vra, nie heeltemal sal verstoot nie.” [14] Die ander sê: “Dit sou wel alles goed wees, maar wat sal die volk, wat vir die merendeel nog baie van ons drie gode gedink het, wel sê as hulle hierheen kom en die ou, troue gode nie meer vind nie? Wat sal ons dan aan die volk sê?” [15] Die een sê: “Ook dit sal ons aan hierdie almagtige Elohimmens oorlaat, dan sal daarvoor ook nog wel `n goeie verontskuldiging gevind word, en dit sal makliker gaan omdat ons bestuurder Jored by die buitengewone voorval aanwesig was. Nou gaan dit in die eerste plek alleenlik maar net daarom, wat ons op hierdie oomblik moet doen.” [16] EK sê: “Trek veral julle belaglike kleding uit en trek julle soos fatsoenlike mense aan! Kom daarna weer terug, dan sal ons nog wel verder oor hierdie punt praat!” [17] Toe het die vyf mans vinnig na hul woonhuise gegaan, wat vlak agter die tempelgebou was, ander klere aangetrek, en het weldra met hul vroue en kinders teruggekom. Die vroue en kinders het egter baie jammerlik gekla toe hulle die tempel heeltemal leeg gevind het, en hulle het na My gevra, omdat Ek so `n groot ongeluk oor hulle gebring het. [18] Toe het EK na hulle toe gestap en gesê: “Ek is die Een wat julle soek! Wil julle dan nie liewer van die werke van die waarheid lewe nie, as van hierdie werke van bedrog en waardelose leuens nie?” [19] Die vroue sê: “Natuurlik wil ons dit liewer doen, maar wie sal aan ons vir die werke van die waarheid iets gee?! Ons weet alreeds lankal dat ons gode niks meer met waarheid te doen het nie. Maar watter nut het ons daaraan?! Waar haal ons iets beter vandaan, wat meer met die waarheid ooreenkom? Hierdie onware het ons tog gevoed, hoe sal die ware, wat ons nog nie het nie, ons dan voed?” [20] EK sê: “Daaroor hoef julle, as vroue, geen sorge te hê nie; dit sal julle mans wel doen as hulle, in plaas van om afgodspriesters te wees, priesters en dienaars van die lewende Woord van God word!” [21] Die vroue sê: “En wie sal dit aan hulle gee?” [22] EK sê: “Ook daaroor hoef julle julleself nie te bekommer nie! Maar Ek sê nou aan julle, onwyse vroue: Gaan met julle kinders nou maar netjies terug na waar julle vandaan gekom het, andersins sou Ek genoodsaak wees om julle daartoe te dwing; want julle het nog genoeg te ete en te drinke! As julle niks meer sal hê nie, sal daar wel voor gesorg word dat julle nie met julle kinders sal verhonger nie! Gaan eers na buite op julle akkers en weiding, en doen ook daar ietwat werk! Dit sal nuttiger vir julle wees as die was van julle gode en die maak van gode uit leem en was.” [23] Toe het die vyf priesters hul vroue en kinders teruggestuur na hul huise; maar self het hulle gou met vriendelike gesigte na ons toe teruggekom.

Die vraag van die priester om herstel van die afgodsbeelde. Die heilige meer 94 En die Minervapriester, wat die moedigste en ook wetenskaplik die beste opgelei was, het na My toe gekom en gesê: “Heer en Elohimmens, of wie U ook mag wees. ek het uit die paar woorde wat U aan ons onbeheerste vroue gespreek het, begryp dat U `n goeie, wyse en baie redelik denkende man is, met wie mens waarskynlik ook baie redelik kan praat! En omdat ek dit as vasstaande aanneem, versoek ek U om my vriendelik en met ietwat geduld aan te hoor. Sien, ek weet dat wat U in die plek van die ou heidense gode aan ons sal gee, sekerlik onvoorstelbaar baie beter sal wees as die allerbeste wat ons met ons kennis kan wys; maar hier gaan dit nie daaroor nie, dit gaan hier om iets baie anders, en dit is ook eintlik die rede waarom ek om U welwillende aandag gevra het! [2] Sien, dit gaan hier ten eerste om die moontlike instandhouding van die staatswette met behulp van allerlei goeie lesse oor die bestaan van bosinlike kragte en magte in die natuur, wat ons in die algemeen gode noem! Om dit vir die volk aanskoulik te maak, het ons hulle deur gepaste beelde in suiwere vorme

volgens die reëls van die kuns sigbaar gemaak. Die volk is alreeds vanaf die wieg daaraan gewoond en word deur die sien daarvan steeds gestig en het daarby sekerlik menige goeie en vrome bekragtiging gehad. Ons priesters het aan die volk egter ook deur op die verhewe beelde te wys, op maklike wyse menige goeie en nuttige les kon gee, wat sonder hierdie beelde beslis `n baie moeiliker taak sou gewees het. [3] Indien die volk dus hier op `n bepaalde dag sou saamkom en die drie bekende afgodsbeelde, waaraan hulle gewoond is, nie meer sal sien nie, weet ek werklik nie hoe dit sal afloop nie. Tesame met U sou ons onsself wel op oortuigende wyse en met gloedvolle woorde onsself daaruit kon red en ons plegtig verontskuldig; maar waar sal U, as onbekende reisiger, dan op daardie oomblik wees? Weliswaar het ons gelukkig baie gesiene getuies uit hierdie plek by ons; maar ook hulle sal ons uiteindelik teen `n wild geworde, gemene volksmenigte nie baie kan help nie, en daarom sou ek U dus terwille van die goeie saak dringend wou smeek om die drie beelde vir `n kort tydjie te rekonstrueer, iets wat vir U nie so moeilik sal wees nie. Ons, daarenteen, sal nogtans U leer heeltemal en met `n dankbare gemoed aanneem en ook aan die volk deurgee, en so die drie afgodeenhede hier totaal oorbodig maak, daarvan kan U volkome seker van wees; maar dit sal nou, so plotseling, moeilik of eintlik glad nie gaan nie! [4] Goeie Elohimsmens, willig daarom hierdie opregte wens van my in, dit sal beslis selfs maklik vir U wees, soos wat U vroeër met die drie godebeelde gedoen het! Ek weet wel dat ons U toe beledig het deur die sprekers te wil ontken wat deur U ontmasker is, - maar daarmee het ons tog niks sleg of kwaad in gedagte gehad nie; want ons het immers nie geweet wie U kon wees nie. U wonderdaad het ons toe ewenwel dadelik op ander gedagtes gebring, maar toe was dit alreeds te laat. Maar noudat U nog hier is, vra ons om vergewing vir ons vroeëre oorhaastige reaksie, en terselfdertyd vra ons of U so barmhartig wil wees om aan my versoek wat ek namens ons almal stel, in te willig!” [5] EK sê: “Ja, wat moet Ek met julle blindes doen? As julle liewer vir die nag is as die lewensdag, neem dan maar weer julle dooie afgode! Julle sal egter ook beleef dat daar weldra `n tyd sal aanbreek waartydens die volk hierheen sal kom om self hande aan hierdie afgode te slaan, - maar ook aan julle! As julle julle daarenteen, ten eerste met die hulp van hierdie betroubare getuies en ten tweede ook met My onsigbare hulp, aan dit sou hou wat Ek julle voorlopig kortliks aangedui het, sou julle gered gewees het; maar as julle ondanks dit alles liewer julle gode wil hê, sal hulle ook oombliklik op hul ou plek staan!” [6] Die spreker sê: “Heer en Elohimmens, laat ons nog selfs tyd om oorleg te pleeg, dan sal ons openhartig ons besluit aan U meedeel!” [7] Toe sê die tollenaar: “Beste mense, beraadslaag met almal en kom daarna na my in my huis, dan sal ons die saak daar afspreek; want dit word hier werklik so verlate soos in `n Egiptiese katakombe!” [8] Daarmee het die priesters saamgestem en ons het verder in die rigting van `n klein meer gegaan, wat baie diep was, iets wat by die Asiatiese mere byna altyd die geval is. [9] Toe ons by hierdie meer kom, het Jored gesê: “Heer, sien, dit is egter iets merkwaardig in hierdie streek van ons! Snags sien mens daar, veral in die middel van die somerdae, altyd volop liggies oor die hele wateroppervlak beweeg, sommige langsaam, ander vinniger. Nadere ondersoek is juis daar nie so eenvoudig nie, omdat mens vanweë die moerasagtige oewers nie naby die meer kan kom nie. Maar, omdat die meer nog binne hul heilige bosgebied lê, weet die priesters om hierdie verskynsel goed te benut; wanneer dit sover is, en dit duur nou nie meer so lank nie, dan hou hulle indrukwekkende toesprake oor die aankoms van die genieë uit die Elisium, wat kom om aan die mense barmhartigheid te bewys. Na bewering het hulle spesiaal hierdie meer daarvoor uitgekies omdat dit die suiwerste van die wêreld sou wees. [10] Dat die meer baie suiwer water het, is maklik begryplik, want daar kan immers niks inkom wat dit vertroebel nie; maar of dit iets met die Elisiese genieë te make het, is `n saak op sy eie! Die verskynsel sou nie so besonders gewees het nie, en dit sal ook sekerlik van `n baie natuurlike aard wees, maar die priesters, wat baie bedrewe sprekers is, weet om so-iets daarvan te maak dat mens uiteindelik self - minstens vir die oomblik - heeltemal verbluf word, veral snags wanneer mens altyd ietwat meer vir magie oopstaan as gedurende die dag. Die sterk omheining om die meer het egter ook sy goeie kant, want dit is nie raadsaam om ook maar `n paar treë verby die aangebringde pale en die grense wat daardeur getrek is, te kom nie; wie daar sou wegsak, sou reddeloos verlore wees. [11] Wel, Majesteit en Heer, ook daar sou `n verduideliking nodig wees, en wel ten eerste: Waarom moet so `n gevaarlike en eintlik totaal nuttelose meer op die aardbodem bestaan? Geen skepe kan daarop vaar nie en dit het nog nooit ook maar één vis opgelewer nie. Dit het geen sigbare toevoer en net so min `n afvoer nie, en is daardeur ook vir die besproeiing van die omgewing heeltemal nie te gebruik nie. Ten tweede dien dit volgens die heilige, ware leer wat U nou aan ons gegee het, deur die werklik magiese ligverskynsels maar net vir afgodery, waarteen ek as sodanig niks teen gehad het nie, maar nou vanuit `n morele gesigspunt gesien, wel heelwat. Want ook al het die drie lomp standbeelde nou deur U wonderkrag as lewensmeesters verdwyn, dan sal die afgodery sekerlik tog net so bly voortbestaan soos voorheen. Sal dit vir U nie selfs maklik moontlik wees om aan hierdie afgodemeer op dieselfde manier `n einde te maak

soos aan die drie beelde nie?” [12] EK sê: “O, sekerlik, en Ek sal dit ook doen, omdat jy dit om `n goeie rede wens! Maar tog het dit nie meer so `n onbelangrike bestemming vir die aarde soos wat jy dink nie, want dit staan in verbinding met die inwendige organisme van hierdie aardbol, en dit is vanaf hier tot die bodem meer as driehonderd uur diep. Omdat dit as afkoelende bedekking dien bo `n baie warm slagaar van die aarde, is die water daarvan baie koud. [13] Die meer het `n onderaardse toevoer, maar geen afvoer nie, omdat die oorvloed aan water steeds voortdurend deur die inwendige hitte verdamp. Vir die inwendige meganiese lewe is dit net so noodsaaklik as die verdamping van die voedingsappe in die menslike maag, en sodoende het so `n meer weliswaar aan die oppervlakte van die aarde geen nut nie, maar binne in die aarde des te meer nut. [14] Nou kan jy wel sê: “Ja, maar waarom moet dit dan juis hier in hierdie verder so vrugbare, mooi vlakte bestaan? Dit sou tog ook êrens anders in `n woestyn geleë kon wees!” Ja, daarmee het jy ook weer heeltemal nie ongelyk nie; maar hierdie streek was nouliks tweeduisend jaar gelede ook `n woestyn, en is eers later deur die groot vlytigheid van die hande van mense wat na hierdie wye vlaktes verban was, bewerk en vrugbaar gemaak. [l5] Wel, dit kan ook met baie woestyne op hierdie aarde gebeur, waarin soms wel twintig tot dertig van sulke mere voorkom! As daardie woestyne bewerk sal word, sal die mense daar beslis ook vra: “Ja, waarom moet so `n gevaarlik meer nou juis hier wees?” Ek kan aan jou niks anders daaroor sê nie as: Omdat so-iets uiters noodsaaklik is ter ondersteuning van die meganiese aardlewe, daarom moet dit êrens op aarde wees, en daarom lê dit nou eenmaal toevalligergewys volgens God se wyse orde hier en enkele duisende lê daar op dieselfde wyse êrens anders, en die meeste lê onder die see en onder die hoogste gebergtes. [16] Wel, wat die ligverskynsels betref, wat meestal in die Julius Caesar-maand voorkom, dit is niks anders as liggewende insekte wat snags die dampe wat van die water opstyg, opsuig en hulle daarmee voed nie. Gaan na Indië, daar sal jy nog baie ander nagtelike ligverskynsels ontdek! [17] Maar dit maak alles saam nie saak nie, want die meer kan stewig omhein word, wat dan die gevare wegneem, en die bepaalde ligverskynsel sou selfs goed begryplik aan die mense verduidelik kon word. Omdat ons egter terwille van hierdie priesters hier alles uit die weg wil ruim waarmee hulle die mense sonder baie moeite maklik sou kon bedrieg en nog verder op allerlei dwaalweë sou kon verlei, sal ons hierdie meer tot duisend manshoogtes diep met vaste grond opvul en sy noodsaaklike opening êrens met `n ander groot meer in verbinding bring, en dan het julle gebaat en die meganiese lewe van die aarde nie geskaad nie. En laat dit so gebeur!” [18] Oombliklik was daar niks meer van die meer te sien nie, alles was vaste grond. Mens kon die omtrek van die meer nog net sien aan die grense wat nog vas bly staan het. [19] Dat dit by almal wat daarby was, `n ontsettende groot sensasie teweeggebring het, kan mens maklik dink. Toe ons daarna na die huis teruggegaan het, en ons onsself nog in die omgewing van die meer bevind het, omdat sommiges die stewigheid van die nuwe grond met hul voete wou uitprobeer, het die vyf priesters ons ook agternagekom, omdat hulle reeds vroeër by die tempel gemerk het dat ons waarskynlik ook `n besoek aan die heilige meer sou bring. [20] Terwyl hulle met haastige treë op die plek aangekom het, het hulle hul hande bo hul hoofde gehef en geroep: “Maar in die naam van alle gode! Wat het daar nou gebeur? Eers drie hoofgode weg - en nou ook hul suiwer, heilige meer! Wee ons; want nou is ons verlore! Die hoë gode moet hier op een of ander wyse baie sterk beledig geword het, en daarom laat hulle nou toe dat `n meestermagiër ons dit aandoen deur middel van die krag wat hulle daarvoor aan Hom moes gegee het. O, as ons die meer tog maar net mag behou het! O, wie sal ons nou help en onderhou?” [21] EK sê: “Gaan nou saam na Jored; daar sal ons bespreek hoe dit verder moet wees, - hier is nie die plek en die tyd daarvoor nie!” [22] Daarmee was die vyf priesters heeltemal tevrede en hulle het met ons saamgegaan na Jored, waar `n ryklike middagete alreeds op ons gewag het.

By die maaltyd in die huis van Jored, die tollenaar. Die lewensleer van die Heer 95 Jored, die tollenaar het die vyf priesters natuurlik ook uitgenooi na die middagete, wat hulle dadelik baie vriendelik aangeneem het, en hulle het by ons aan tafel kom sit. Tydens die maaltyd is volgens Griekse gebruik weinig of niks gepraat nie; maar na die maaltyd, toe die wyn eenmaal die tonge losgemaak het, het die gesprekke begin en baie gou het dit baie lewendig aan tafel geword. [2] Maar die vyf priesters het maar net geluister en het weinig gepraat, want hulle wou so uit die gesprekke van die studente en die ander gaste heimlik te wete kom wie Ek nou eintlik was en waar Ek vandaan

gekom het. Maar uit die verskillende gesprekke van die gaste het dit vir hulle nie duidelik geword nie. [3] Na verloop van tyd was die geduld van die vyf op en het hulle begin vra of hulle eers iets mag sê, en wel oor hoe hulle hulle nou voortaan as priesters moes gedra om met die volk tot ooreenstemming te kom. [4] Toe sê EK aan hulle: “Spreek net die waarheid, vertel hoe dit was en hoe dit gebeur het, en beroep julle op die getuies, van wie julle hier `n behoorlike aantal het, dan sal aan julle geen haar gekrom word nie! Neem daarna egter My nuwe leer op en verkondig dit aan julle mense, dan sal hulle hulle almal baie daaroor verheug dat hulle eindelik eers baie ander mense en leraars te sien kry as wat tot op hede ooit die geval was! Dink julle dan dat die mense wat vir julle tempel aanspreeklik is, ooit iets van julle verhale geglo het? Ek sê vir julle: Geen twee uit die paar honderd nie! Oudergewoonte het hulle na julle toe gekom en hulle met julle spektakelstuk vermaak; maar alreeds lankal het byna geen mens meer `n woord van julle geglo nie! Julle het hiermee dus niks verloor nie, maar net baie gewen. [5] Wat My leer inhou, sal My studente julle voor vanaand maklik bybring en hulle sal ook aan julle vertel hoe julle dit moet benader om dit aan die volk by te bring. Maar bo alles moet julle ook doen wat die leer vereis; want daardeur kan julle eers tot vervolmaking van julle lewe kom en daarin dan ook dit doen wat Ek nou doen, en as julle heeltemal volmaak word, ook nog groter dinge en baie meer. [6] Want die ware, groot, enigste God het die mens nie geskape om, net soos die diere, maar net besig te wees vir die bevrediging van sy natuurlike behoeftes nie, maar veeleer vir sy innerlike, geestelike behoeftes. En wie geestelik aktief word en sy geestelike kragte oefen deur kennis, geloof en dade, sal geestelik ook sterk en magtig word. [7] Wie veral die kragte van die gees oefen, bou in homself die Ryk van God, en dit is in die mens dan die ware, ewige lewe, verwant aan God die Skepper, en aan Hom in al Sy hoedanighede gelyksoortig. [8] As die mens egter hierdie saligste lewenstoestand in homself bereik het en sy wil verenig het met die erkende wil van God, dan kan hy ook alles doen wat God doen, en op hierdie wyse is hy in homself `n lewensmeester en `n magtige gebieder oor alle kragte van die natuur. Dat julle dit nou nog nie heeltemal sal verstaan nie, sien Ek; as My studente julle egter verder sal inwy, sal julle ook dit wat Ek nou aan julle gesê het, beter begryp as nou.”

Oor die astrologie 96 Toe sê die Minerva priester: “Luister, Elohimmens, ons werk bestaan ook vir `n groot deel uit die daaglikse tydsbepaling, die rangskikking en tel van dae, weke, maande en jare, en ons moet `n studie maak van die planete en die twaalf hemeltekens en vasstel watter een die jaar beheers! Dit is `n werk wat baie kennis, ervaring en werk vereis, en dit is vir die hele mensdom iets uiters noodsaaklik omdat hulle sonder ons waaksaamheid, sorg en inspanning baie gou met al hulle verskillende werksaamhede in die war sou raak. [2] Daarom maak ons ook die sandlopers en sonwysers volgens die stand van die twaalf hemeltekens. Wel, as ons U nuwe godsdiens en lewensleer self in ag neem en dit ook aan die volk bybring, mag ons dan daarbenewens hierdie werk ook nie meer doen nie?” [3] EK sê: “O ja, hierdie werk is volkome in orde en goed, daarom mag julle dit ook bly doen; maar dit geld nie vir julle sterrewiggelary nie, en ook nie vir julle poging om daaruit die lot van die mense te wil lees en vas te stel nie, en dan ook nie vir die sien van al die gode in die sterrebeelde, en die aanbidding daarvan, en die offers aan hulle nie. As julle dus daarvan afsien, kan julle reken wat julle maar wil, en dae, weke, maande en jare tel, en ook horlosies maak soveel julle maar wil, as julle daarby alle afgodery en waarsêery maar agterweë laat! Hierdie dinge ontraai Ek julle nie, hoewel Ek openlik aan julle moet erken dat by julle tydsbepalende werk die vasstelling van die planeet wat oor die jaar heers, totaal nutteloos en dom is. Want kyk en let op: [4] Julle reken ook die son en die maan tot die heersende planete. Van die maan wil Ek nog niks sê nie, omdat sy as konstante begeleier van hierdie aarde, wat wel `n planeet is, `n byplaneet is. Maar die son is tog geen planeet nie, maar `n vaste ster, soos wat daar tallose talle in die eindelose skeppingsruimte is. Sy is sekerlik minstens `n miljoen maal groter as hierdie aarde en vir haar omsirkelende planete `n vaste ligwêreld, wat `n onveranderlike plek het, wat julle beter sal leer ken as dit deur My studente ook nog van naderby aan julle uitgelê sal word. [5] As dit alles nou onweerlegbaar is, hoe kan julle dan julle planete tot heersers oor `n bepaalde jaar maak? Sien, daarin lê afgodery verborge wat alreeds deur die ou heidense priesters baie fyn bereken is! Want as by julle byvoorbeeld in die jaar Jupiter - of julle Zeus - die regerende planeet is, dan moet aan hom as God in die jaar ekstra baie geoffer word, sodat hy vriendelik gesind bly en die vrugte die jaar goed laat gedy. Sien, dit is afgodery en nie toegestaan waar mense die ware, lewende en enigste God moet erken en volgens Sy getroue, geopenbaarde wil moet lewe en handel nie; want in die ou boek van die wysheid staan geskryf: “Ek alleen is julle God en Heer, daarom sal julle geen nietige, vreemde gode langs

My hê en vereer nie!” [6] Daar is dus maar één God, wat alles wat bestaan, uit Homself geskape het. In Hom alleen moet julle glo, Sy gebooie, wat Ek aan julle bekendmaak, hou, en Hom meer as alles ter wêreld liefhê! [7] Maar as julle dit sal doen, om die Een wat Ek julle beloof het, te ontvang, dan is dit met die heersende planete afgeloop; want net God is die heerser oor alle dinge, alle elemente en alle tye. [8] Wie dit glo, en dit vas en sonder twyfel aanvaar, en leef volgens die erkende wil van God, sal ook in homself weldra duidelik gewaarword dat hierdie woorde, wat Ek nou met julle spreek en gespreek het, God se woorde is en dat hierdie selfs sekerlik tot die bereiking van My belofte wat aan julle gegee is, sal lei, soos die sekerheid dat Ek net deur My wil alles kan doen wat Ek wil. - Het julle dit nou goed verstaan?” [9] Die vyf priesters sê: “Heer, Heer en volmaakte ware Elohimmens, ons het dit nou goed verstaan, en sê en erken openlik dat U in alles volkome gelyk het en die suiwere waarheid spreek! Maar nogtans is ons met betrekking tot ons werk van mening dat die heersende planete wel gehandhaaf kan word by ons tyd- en jaarberekening, as ons net die ou vertroude name behou. Ons sou dan wel aan ons mense daarby uitlê dat dit maar net name is waarmee ons bepaalde planete aandui, om maar net op ordelike wyse die siklus van sewe tot sewe jaar te kan bepaal, volgens die stelsel van die ou Egiptenare. Dit, dink ons, sou die opbloei van U leer nie skaad nie.” [10] EK sê: “Ja, ja, ook al sou dit nie skaad nie, dit sou ook geen nut hê nie; want waarvoor is die siklus van sewe jaar goed? Die een van sewe weke en van sewe maande het alreeds heeltemal geen betekenis nie, - hoeveel dan minder `n siklus van sewe jaar! Maar julle het nou eenmaal die getal sewe magies gemaak, betekenis daaraan gegee, allerlei invloede daaraan toegeskryf en die hele volk daarmee verblind, en dit is die rede waarom julle van die meeste nuttelose dwaashede geen afstand kan doen nie. Maar as julle dit alles na julle mening moet behou, leer die volk dan egter in alle erns dat die ou godsname nou voortaan maar net ydele, betekenislose name vir bepaalde planete is! [11] Ek sê vir julle: Al julle berekeninge daar bo aan die sterrehemel is suiwer leuens en bedrog. My studente kan dit volkome volgens waarheid bevestig. Ek het dit ook aan hulle onthul, en hulle weet wat die son, die maan en al die ander sterre is. Vra hulle later daarna, dan sal hulle julle ook daaroor reg voorlig! Daardeur sal julle ontdek hoe uitermate verkeerd en lagwekkend dom al julle berekeninge en bepalinge is. [12] Soos wat gesê is, van julle tydsberekening is net die maankwartiere wat om die sewe dae steeds wissel, die daaruit voortkomende week, die periode van `n maand en die duur van die jaar waar en korrek, - al die ander is groot kletspratery. Nou weet julle ook watter waarde julle rekenwerk het, en dit hang nou heeltemal van julle self af wat julle wil doen!” [13] Na die aanhoor van sulke woorde oor hul tyd- en sterreberekening, wat hulle so belangrik geag het, was die vyf priesters baie verbaas en het heimlik aan mekaar gesê: “Sy wysheid en magiese wilskrag het Hy nie uit Egipte gekry nie; want andersins sou Hy oor Egipte se ou, uitstekende sterrekunde tog anders moes spreek! Maar Hy verwerp dadelik alreeds alles behalwe wat elke eenvoudige mens baie maklik op sy vingers kan natel en uitreken. Hy moet sy redes daarvoor hê. Ons sal wel met sy studente daaroor spreek!” [14] Daarop het die eerste Apollopriester, wat eintlik die vernaamste astronoom was, gesê: “Ek het tog in Diathira in Opper-Egipte onder die groot diereriem in die tempel van Chronos sorgvuldig die tydsberekening, die astronomie en die wonderbare astrologie bestudeer, en wel volgens die nuwe stelsel van die groot Ptolemeus*, en is dit nou skielik alles niks werd nie?! Maar wat moet mens dan dink by die sien van die fantastiese sterrebeelde aan die hemel? Moet dit dan in alle erns geen ander en belangriker betekenis hê nie, as dat hulle maar net deur hul skynsel snags hierdie aarde baie spaarsaam verlig?! Waartoe dien dan al die menigte groeperings wat altyd dieselfde bly? Waarvoor die verskille in grootte en kleur? Waarlik, dit is tog wel `n swaar beproewing vir ons! Maar hoe dit ookal sy, ons sal sien wat sy studente nuuts aan ons kan vertel!” (*) (Let wel! Dit is nòg Ptolemeus, die jonger astronoom nòg een van die konings, maar Pdolomeuz, wat heeltemal vir die wêreldgeskiedenis in volkome vergeet is. ‘Landmeter’ (‘Feldmesser’) het 400 jaar na die tyd van Moses geleef. Hy moet ook nie verwar word met die Pdolomeus van diathira nie, wat die diereriem bereken het. Pdolomeus beteken soveel soos ‘landmeter’ (‘Feldmesser’). ‘geometer’. Neem goed kennis daarvan! (Jakob Lorber))

Die Heer genees siekes in `n vissersdorpie 97 Toe het ons van die tafel af opgestaan omdat dit in elk geval alreeds byna die vierde uur in die namiddag was, en Ek het aan Andreas en Natánael opdrag gegee om aan hierdie priesters die nodige onderrig te gee en Ek het met die ander studente en huisgenote na buite gegaan. [2] Ook die Zeuspriester het ons gevolg, want hy sê aan die ander vier: “Let julle goed op wat die twee mans aan julle sal sê; ek sal egter die Heer agternagaan om te sien en te hoor wat Hy alles sal doen en sê.” [3] En dus het hy ons agterna gekom toe ons langs die Eufraat gewandel het, waar aan die regteroewer daarvan - waaraan die dorp geleë was - ook `n aantal seldsame, heilsame kruie gegroei het. Ons het na `n uur se stap stroomafwaarts by `n klein vissersdorpie gekom waar die inwoners meestal van visvang geleef

het; want die bodem was klipperig en sanderig en so hier en daar net spaarsaam met gras en ander kruie begroeid, waarop `n paar bokke nouliks voldoende voedsel gevind het en daarom nie geskik was vir landbou nie. [4] Toe ons daar aangekom het, het daar dadelik `n aantal mense ons tegemoetgekom wat Jored die tollenaar, waarmee hulle baie goed bekend was, verwelkom het, maar ook om begrip en geduld gevra, omdat hulle hom nog `n deel van die vispag verskuldig was. [5] Die tollenaar het hulle dit egter heeltemal kwytgeskeld en het nog daarby gesê: “Nie net die pag wat julle aan my verskuldig is, skeld ek julle van kwyt nie, maar ek onthef julle ook vir goed van elke verdere heffing; net die keiserlike belasting moet julle van nou af aan as volledig vrye eienaars van hierdie dorpie en julle visvangs, self betaal, en dit sal julle deur die verkoop van die vis wel gesamentlik kan bybring. - Is julle tevrede daarmee?” [6] Uit groot dankbaarheid het die mans en die vroue op hul aangesig neergeval en met luide stem die groot goedheid van Jored geprys. Maar Jored het hulle beveel om op te staan en nie so oordrewe te wees oor so `n geringe weldaad nie. [7] Nadat hulle opgestaan het, het hy sy seun wat uit die dood opgewek is, aan hulle voorgestel en aan hulle vertel hoe dit gebeur het. Toe het hierdie mense na My toe gedring tot by die plek waar Ek met die arts baie naby aan die water gestaan het, en hulle het begin om My te loof en uitbundig te prys omdat Ek Jored se seun uit die dood opgewek het waardeur Jored hulle nou sekerlik hierdie groot weldaad bewys het, wat hy andersins, hoewel hy altyd baie goed en redelik was, tog sekerlik nie sou gedoen het nie. [8] Hulle het My op hul natuurlike, eenvoudige wyse gevra, wie Ek dan wel was dat Ek so-iets ongehoords kon bewerkstellig. [9] Maar EK het hulle gerusgestel en het aan hulle gesê: “Wie en wat Ek is, sal julle nog vroeg genoeg ervaar. Voorlopig kan Ek egter wel soveel aan julle vertel, dat Ek alleen die ware Wêreldheiland vir alle mense is, en nie net die mag het om elke mens alleenlik deur My wil en deur My woord liggaamlik gesond te maak nie, maar dat Ek ook die siele van die mense van hul lang dwaling kan verlos en aan hulle die ewige lewe kan gee. Het julle siekes in julle dorpie, bring hulle dan hierheen, dan sal Ek hulle almal gesond maak!” [10] Toe het die arm mense My alreeds by voorbaat gedank en sê: “O, liewe Wêreldheiland, ons het genoeg siekes, en selfs ons is nie so gesond soos wat ons daar oënskynlik nog uitsien nie; ons siekes het egter meestal sulke gebreke dat daar by hulle nie baie meer te genees sal wees nie!” [11] EK sê: “Gaan haal hulle maar en bring hulle almal hierheen, dan sal julle die krag en die glansrykheid van God, wat Hy aan die mens gegee het, vir die eerste maal in julle lewe leer ken!” [12] Daarop het die mense vinnig na hul skamele wonings gegaan en ongeveer twintig siekes gebring; daaronder was lammes, kreupeles, jiglyers, blindes, dowes, melaatses en selfs `n man wat geen arms gehad het nie. Hierdie man was verder weliswaar gesond en sterk, maar omdat hy alreeds as kind deur die onagsaamheid van sy versorgster beide armes verloor het, kon hy geen behoorlike werk doen nie, behalwe wat hy baie gebrekkig met sy voete kon doen. [13] Toe alle siekes op `n spaarsaam begroeide grasperk gelê het, het EK na hulle toe gegaan en gesê: “Sou julle almal graag van julle kwale genees wou wees, en glo julle dat Ek julle kan genees?” [14] Toe het `n grysaard wat aan jig gely het, gesê: “Goeie, liewe Wêreldheiland, as dit vir U moontlik was om die seun van Jored uit die dood op te wek, glo ons ook dat U ons gesond kan maak! Dat ons wat so baie ly, almal egter weer aktief en gesond wil word, spreek natuurlik alreeds lankal vanself. As U, o goeie, liewe Wêreldheiland, ons gesond wil maak, bewys daarmee dan U liefde en barmhartigheid aan ons! Daarvoor kan ons weliswaar niks aan U gee nie; want U sien immers ons groot armoede. Ons het weliswaar alreeds alle gode aangeroep, maar hulle wou ons nie verhoor nie, omdat ons daarvoor sekerlik geen groot genoeg offer kon bring nie. As U ons egter genees, is U meer en beter as alle gode van die hemel!” [15] Daarop het die aanwesige Zeuspriester baie verbaas groot oë gemaak en aan die arts gesê: “As Hy dit kan doen, is Hy geen mens meer nie, maar waarlik `n God! Ek is egter die meeste nuuskierig oor die man sonder arms! Kan Hy ook aan hom beide sy verlore arms teruggee, dan is Hy algeheel vas en seker God, en dan moet ons Hom aanbid!” [16] Op daardie oomblik het EK My oë ten hemele gehef en het hardop gesê: “Vader, Ek dank U dat U My opnuut verhoor het! Ek weet wel dat U My altyd verhoor, maar Ek sê en doen dit sodat ook hierdie heidene U erken, in U en in My sal glo, en vervolgens slegs U heilige Naam sal prys!” [17] Daarop het Ek My tot die siekes gewend en gesê: “Staan op en loop!” [18] Toe het almal opgestaan, want hulle het almal op een en dieselfde oomblik volkome gesond geword. [19] Net die man sonder arms het nog nie sy arms gekry nie, en daarom het hy na My toe gekom en gesê: “O goeie Wêreldheiland, omdat dit vir U moontlik was deur U wonderbaarlik almagtige wil om al hierdie

siekes te genees, sal dit vir U sekerlik ook wel moontlik wees om beide my werkshande aan my te gee, sodat ek daarmee dan deur allerlei werk my brood kan verdien! O, laat my nie onverrigtersake van hierdie plek weggaan nie, sodat ook ek met my hele hart volkome kan instem met die volste dankgejubel van die ander geneesde mense!” [20] EK sê: “Waarom het jy op die oomblik getwyfel toe Ek die ander genees het? Sien, hulle almal het geglo en is genees; as jy nie getwyfel het nie, sou jy nou ook alreeds in die besit van jou hande gewees het!” [21] Die man sonder arms sê: “O goeie Wêreldheiland, neem dit my tog nie kwalik nie, want ek glo nou tog heeltemal dat U my ook kan help!” [22] Die Zeuspriester het toe heimlik agter My rug aan die arts gesê: “Ek het wel dadelik gedink dat daar met die man sonder armes moeilikheid oor sy genesing sou ontstaan! Want dit is iets baie anders om mense, wat nog alle ledemate het, ook al is dit hoe vergroeid, deur magiese woorde en wilskrag te genees, as om aan `n mens `n totaal ontbrekende ledemaat as nuwe geskape terug te gee!” [23] Die arts sê: “Dit dink ek nie, want wie drie kolossale klipbeelde in `n enkele oomblik gewoonweg in niks kan verander en die see tot op groot diepte met vaste grond kan opvul, kan ook aan so `n man sy arms teruggee, as Hy dit net wil!” [24] Na hierdie woorde van die arts het die Zeuspriester niks meer nie gesê nie; maar Jored het na My toe gekom en gesê: “Heer, as U dit wil, gee dan ook aan hierdie man sy hande, ek sal hom dan in diens neem en hy sal goed by my versorg wees!” [25] EK sê aan Jored: “Wees maar gerus, Ek sal aan hom sy hande gee; maar nou moet Ek vanweë die Zeuspriester nog ietwat talm, want hy het gedink dat Ek nie sal slaag nie, en Ek sal daarom eers met hom nog `n paar woorde wissel.” [26] Daarop het EK My omgedraai en aan die priester gesê: “Luister, dom persoon, hoe kan jy oor die Goddelike Wysheid, Krag en Mag oordeel?! Wie het dan, sonder verwekking en moederliggaam, die eerste mens op die wêreld geplaas en aan hom wat vroeër nie daar was nie, al sy ledemate so volmaak moontlik gegee? Sien, dit was Hy wat nou in My werk, waarvan jy jou kan oortuig deur die talle tekens wat Ek alreeds hier bewerkstellig het! Sien jy dan nie in dat `n suiwer mens uit homself nie kan doen wat Ek hier nou bewerkstellig nie, maar dat dit maar net gedoen kan word deur die Gees van God wat in My is en een is met My wil?! Om priester te wees, en dan nie op die eerste oogopslag te sien hoe sulke dade wat Ek nou doen, moontlik is nie, is werklik vir `n Zeuspriester wat tog alle moontlike skole deurloop het en Plato, Sokrates e.a. bestudeer het, nie baie prysenswaardig nie! Sê My eers, of jy in alle erns meen dat Ek nie in staat is om aan die man sonder arms sy arms terug te gee nie!” [27] Die priester sê: “Dit, my werklik almagtige Vriend, het ek tog eintlik nie bedoel nie, hoewel dit my skyn dat U by gebrekkige mense net die liggaamsdele wat nog daar is, weer gesond kan maak, maar nie die deel wat deur `n bose toeval verlore gegaan het nie! Want ek het by myself gedink dat U, as volmaakte ingewyde in alle onsigbare natuurkragte, wel maklik sou kon werk met die ruwe, dooie materie, die verwante stof in die lug en water wat U duidelik moet gehoorsaam; maar ek het gedink dat lank reeds verlore gegane arms van `n mens iets heel anders is, omdat hul grondstof tog seker alreeds baie ver verwyderd is van die eerste elementêre oerstof, en uit lug en water nie so maklik saamgestel sou kon word nie. Maar so sal dit wel nie wees nie, en vir U sal sowel die een as die ander moontlik wees! Ek het daarnet wel teenoor die arts ietwat skepties my mening geuiter, maar hy het my met weinige woorde volkome van die teendeel van my mening oortuig, en daarom glo ek nou dat U aan die man sonder arms sy arms sou kon gee, ook al sou U dit om die een of ander rede nie gedoen het nie.” [28] EK sê: “A, dit is nou `n baie ander taal, en Ek het heeltemal geen rede om nie aan hierdie man sy arms terug te gee nie; daarom wil Ek dat hy hulle op hierdie oomblik moet hê!” [29] Nouliks het Ek dit gesê, of die man sonder arms het alreeds beide sy kragtige arms gehad en kon dit ook alreeds dadelik gebruik asof hy hulle altyd gehad het. [30] Dit het by alle aanwesiges so `n enorme sensasie veroorsaak dat almal begin het om te roep: “Hy is geen mens nie, maar Hy is `n ware God! Vir Hom wil ons tempels bou en aan Hom net die suiwerste, beste en waardevolste offers bring!” [31] Maar Ek het hulle gerusgestel en aan hulle `n uitleg gegee, soos die dag vantevore aan Jored, oor die lewenskrag van die mens in vereniging met die krag van die gees deur die geloof en vervolgens deur die hoogste liefde vir God, wat ewig was, is en sal wees. Die eenvoudige mense het geglo en dit baie maklik en spoedig begryp.

Die handige verdedigingstoespraak van die heidense priester 98 Daarna het Ek aan die studente opdrag gegee om die mense die grondbeginsels van My leer mee te deel. Toe ook dit gou en maklik gedoen was, het almal My baie inniglik gedank vir die groot weldaad wat

aan hulle bewys was. Dadelik het hulle egter ook aan die Zeuspriester gesê, dat hulle sy dooie en niemand van nut synde gode volkome sou afsweer en die tempel voortaan nie meer sou besoek nie. [2] Die priester het egter gesê: “Daarmee was ek julle alreeds voor gewees! Ons sal mekaar nou egter in die vervolg in hierdie nuwe leer nog baie dikwels teëkom en mekaar wedersyds stig in die Naam van hierdie lewende God. Want ons ou klipgode bestaan lankal nie meer nie, dit wil sê, dat ons priesters, eerlik gesê, lankal geen waarde meer aan hulle geheg het nie, en hulle was vir ons ook alreeds baie lankal so goed as nie aanwesig nie; maar nou bestaan hulle ook nie meer nie, want hierdie Almagtige het hulle deur Sy wil vernietig en Hy het ook die heilige meer vir alle toekomstige tye met vaste grond opgevul. Ons het self ook nou Sy studente geword en ons sal aan julle nou in plaas van die ou leuen die nuwe, rotsvaste waarheid verkondig en julle help deur allerlei nuttige onderwys, en so sal ons ou, goeie vriende bly!” [3] Daarop het die leier van hierdie dorpie gesê: “Dit sou nou alles goed en reg wees, maar één ding geval my nie van jou nie, veral by hierdie wonderbare geleentheid! Jy sê dat julle priesters, eerlik gesê lankal geen waarde meer geheg het aan die gode nie. Dit was baie goed en verstandig vir julle en vir julle inkomste; want juis omdat julle geen geloof meer aan die ou gode geheg het nie, kon julle ook aan hulle toedig wat julle maar wou. Julle het julle voorgedoen as bemiddelaars tussen die gode en ons armsalige, dom, blinde mense en gesê: “Dit en dat verlang die gode as soenoffer om te voorkom dat hulle ons met die een of ander bose plaag sal besoek!” Ons het dan gewillig soos dwase geoffer, - en julle, in plaas van die gode wat nooit as te nimmer ook maar bestaan het nie, het die offers wat aan julle vir die gode gebring is, en wat dikwels baie rojaal was, verslind! As julle self egter alreeds so lank al nie aan die gode geglo het nie, waarom het julle dan so van hulle misbruik gemaak, en waarom het julle ons bedrieg? - Hoe sal julle dit weer goedmaak? [4] Wat ek, as arm visser en leier van hierdie klein gemeente, hier sê, sê ek nie vir myself nie, maar vir die hele gemeente, en jy, wat aan my bekend is as die vernaamste van julle vyf priesters, sal goed rekenskap moet aflê waarom julle met ons gehandel het asof julle die almagtige gode self was, en waarom julle diegene wat julle as verstandige mense enige teenwoord gegee het, harde strawwe opgelê het. As julle daarvoor geen voldoende uitleg aan ons sal gee nie, sal ons toekomstige vriendskap nie van lange duur wees nie!” [5] Die priester sê: “Liewe vriend, in die eerste plek het ons die kennis van die gode nie aan julle gegee nie, maar julle is alreeds daarin gebore en getoë, en in die tweede plek vra ek jou nou, wat jy dan met ons sou gedoen het as ons skielik opgestaan het en duidelik aan julle sou uitgelê het dat julle ou gode niks en ook niks werd was nie. Ons moes dus wat ons doen net terwille van julle doen, en indien moontlik, probeer om julle ou bygeloof in die gode in stand te hou omdat julle ons in die teenoorgestelde geval beslis nie baie vriendelik te lyf sou gegaan het. Solank die ou geloof aan die talle gode dus bestaan het, was ons genoodsaak om julle as dwase te dien en ons was sodoende, omdat ons tog wetenskaplik onderlegde mense is, ons loon dubbel werd gewees. [6] Bowendien moes ons ook uit politieke, staatkundige oogpunt dit wat ons gedoen het, doen. Sou ons iets teenoorgesteld gedoen het, dan sou die Romeinse regbanke ons alreeds gou gevra het waarom ons die ou leer van die ou gode teëwerk en aan die volk `n ander leer gee wat nêrens deur die staat gesanksioneer word nie. Ons sou dan sekerlik ons amp kwytgeraak het, en julle sou ander priesters gekry het wat beslis nie so redelik met julle sou omgegaan het soos ons nie. En wie staan nou daarvoor in dat, as ons aftree, julle van die staat nie alreeds spoedig nuwe priesters hier sal kry wat dit vir julle dan baie, baie lastig kon maak nie? [7] Weliswaar het ons oudstes dit nou makliker, omdat ons nou so baie getuig het vir dit wat hier deur `n waaragtige, lewende God gedoen word, en as ons van nou af aan onwrikbaar vas glo en doen wat die nuwe leer ons sal laat sien, en dan self met ons gelouterde wil tot iets besonders in staat sal wees, dan sal ons ons deur dit alles teenoor die regbanke, wat moontlikerwys op ons opmerksaam geword het, makliker kan verantwoord, en die reg kan dan sy swaard weer in die skede steek. [8] Daarom sê ek aan jou as bestuurder van hierdie plek: As ons nou as vriende so bly soos wat ons was, dan sal ons onsself vir `n geruime tyd ongestoord in die nuwe leer kan inoefen totdat ons daarin, deur die barmhartigheid, wat ons beslis ten deel sal val van hierdie ware, nuwe God, sekerheid gekry het dit ons ook baie voorspoedig sal wees, waarvan nog geen Romeinse regter tot op hede `n begrip van het nie, en hy kan ook nie, en hy sal ons dan, soos wat ek alreeds vroeër opgemerk het, met rus laat. - Sê jy nou maar of ek gelyk het of nie!” [9] Die bestuurder sê: “Dit het jy goed gesê, - maar diegene wat die ergste bedrieg is, is nog steeds ons; want julle het geweet dat die ou godeleer niks is nie, maar ons het dit nie geweet nie en het baie waarde daaraan geheg omdat julle goed verstaan het om ons dit deur julle verhewe praatjies in te prent. Maar nou praat ons nie meer daaroor nie, omdat ons almal deur hierdie Wêreldheiland so `n onverwagte groot heil beleef het, en sy studente is bowendien nog besig om ons te leer hoe `n mens tot sulke buitengewone lewensvaardighede, wat eintlik nog nooit voorheen bestaan het nie, kan kom! Maar nou moet ek self iets

daaroor hoor.” [10] Toe het ook die priester na die studente gegaan wat onderrig gegee het en twee uur lank met die grootste aandag na hul geesdriftige onderwys geluister en het eers uit die woorde van die studente gesien, wat hier baie openlik gespreek het, wie Ek was en wat Ek met die mense wou doen. [11] Ekself het intussen gepraat met Jored, met die arts, met sy seun Jorab en met die man wat voorheen geen arms gehad het nie, wat Jored nou, soos wat hy beloof het, by hom geneem het, en het aan hulle heelwat duidelik en begryplik gemaak wat hulle andersins waarskynlik nooit sou begryp het nie.

Jored se arm vissersdorpie word wonderbaarlik deur die Heer geseën99 Nadat die studente hul onderrig beëindig het, het almal weer na My toe gekom en My met hoog opgehewe hande gedank vir die genesing en baie spesiaal vir die onderrig, waardeur hulle nou vir die eerste keer tot insig gekom het wat die mens eintlik is en waarvoor hy bestem is. [2] EK sê egter aan hulle: “Liewe mense, handel daarvolgens, dan eers sal dit aan julle volkome duidelik word dat die leer wat julle gehoor het, nie uit die mond van `n gewone mens afkomstig is nie, maar werklik uit God se mond, en dat hierdie leer op sigself die hoogste en suiwerste waarheid en dus die lewe self bevat!” [3] Hulle het almal plegtig beloof om hulle streng daaraan te hou, maar hulle het My net nog gevra of Ek, omdat dit vir My beslis ook moontlik sou wees, hul dorpie so wou seën dat hul daaglikse lewe ietwat makliker sou wees en nie so vreeslik skraal en ellendig moet wees nie. As hulle, soos tot op hede, steeds maar met die grootste inspanning hul karige voedsel moes verdien, sou hulle vir hierdie nuwe, ernstige lewenstaak baie min tyd beskikbaar hê, wat nou vir hulle baie pynlik sou wees. [4] Toe sê EK: “Wel, wat sou julle dan graag wou hê? Wil julle baie weelderige weivelde vir julle bokke en skape, en vrugtebome en vrugbare akkers en `n oorvloediger vissery hê, en daarbenewens miskien ook ietwat beter huise en stalle en skure?” [5] Die bestuurder sê: “O, Heer en Majesteit van die lewe en van alle dinge, dit sou alles baie goed wees en ons sou dit in die besonder graag wou hê, maar ons is dit nog lank nie waardig nie! Daarom sou ons voorlopig alreeds meer as tevrede wees met `n ietwat vetter weiveld vir ons maer bokke en skape. As daar so nou en dan ook `n rojaler visvangs vir ons sou wees, dan sou ons alreeds in elk geval die gelukkigste mense op aarde wees!|” [6] EK sê: “Luister, dit kom by julle nou egter in alle erns op die ou spreekwoord aan wat lui: “Wie die kleine nie eer nie, is ook die grote nie werd nie!” Omdat julle die kleine eer, is julle ook die grote werd. En so geskied alles vir julle wat Ek vantevore uitgespreek het!” [7] Op dieselfde oomblik het daar baie netjiese, sierlike huise met deeglike stalle en skure gestaan, en die hele groot sand- en klipsteppe het in pragtige groen weiveld verander, en mens het streke van die vrugbaarste koringakkers tussen die weivelde gesien. Om die huise het binne goeie omheinings alle soorte van die edelste vrugtebome gepryk, selfs die wynstok het nie ontbreek nie, en wat die viswater betref, het dit ook dermate geseënd geword dat mense nou alreeds tot aan die oewer die pragtigste visse in groot skole sien rondswem het, en die nie-omheinde weivelde het vol bokke en skape gestaan; maar ook binne die nuwe omheinings, wat baie sierlik om die woonhuise, stalle en vrugtebome was, het die inwoners `n menigte voëls opgemerk, soos wat dit gewoonlik by die ryk Grieke gebruiklik was. [8] Toe die arm inwoners dit alles so skielik gesien het, het hulle eers nie geweet of dit wel werklikheid was of `n mooi droom nie. Eers na `n tyd het hulle tot hulleself gekom en in luide dankgeroep ingestem. [9] Maar Ek het hulle weer gerusgestel en het hulle vermaan om hulleself ten eerste nooit as te nimmer te ooreis nie, omdat alles andersins baie maklik weer deur `n oorstroming van hulle afgeneem sou kon word, - ten tweede om nie aan elkeen wat daardeur aangetrek sou word, te hardop te vertel hoe hulle daaraan gekom het nie, omdat die wêreld dit nie sou kon begryp nie en hulle hoogstens sou uitlag en nie sou nalaat om hulle skade te berokken nie. Hulle moes maar net sê dat hierdie `n beloning was van al hul beter lewensinspanninge, - en ten derde moes hulle onder mekaar liefderyk en verdraagsaam wees, en nooit hul bure om `n moontlik groter voorspoed beny nie, maar mekaar vol liefde en ywer dien, die een die ander, en `n rein, kuis en daardeur God-welgevallige lewe lei, dan sou die huidige seën hulle nooit verlaat nie. [10] Hulle het dit alles plegtig beloof en onder baie trane en snikke van vreugde. [l1] Maar nou het EK nogmaals aan hulle gesê: “Gaan nou na julle nuwe huise en neem alles in besit wat julle daar sal vind!” [12] Hulle het My gevra of Ek so vriendelik wou wees om elkeen nou sy eie woning aan te wys, omdat hulle nou heeltemal nie geweet het wat aan wie wat behoort het nie. [13] Toe het Ek aan die studente opdrag gegee om dit vir hierdie mense te doen. En die studente het dit gedoen, sodat alles vinnig en goed gereël was.

[14] Omdat die bewoners egter in hul nuwe woonhuise ook `n rojale voorraad aangetref het, wou hulle almal nog `n keer na ons terugkom om aan My hul herhaalde, luide dank te bring; maar die studente het aan hulle gesê, dat hulle dit maar baie stil in hul harte moes doen, en dat Ek hulle baie goed sou verstaan omdat Ek selfs die stilste gedagte van `n mens, hoe ver ook verwyderd, geken en opgemerk het. Daarom moes hulle hulle ook ter harte neem om nooit `n slegte gedagte in hulle te laat opkom nie, omdat Ek dit oombliklik sou weet. [15] Daarmee was die inwoners tevrede en hulle het begin om alles wat deur hierdie wonderteken ten deel geval het, baie geluksalig in oënskou te neem.

Die terugkeer na Chotinodora 100 Daarop het die studente weer na ons toe gekom, behalwe Judas Iskáriot. Hy het nog die moeite gedoen om die bewoners die gebruik van verskillende gereedskapstoestelle te leer, en in elke huis het hy geëet en gedrink, want hy wou vir sy onderrig tog wel iets gehad het. Ons het hom egter sy vreugde gegun en het onder die voer van menige goeie gesprekke na Chotinodora gegaan. Toe ons daar aankom, het die son alreeds byna ondergegaan en ons het dan ook ietwat moeg geword en Jored se huis binnegegaan na die reeds bekende saal. Daar was ook beide die studente met die vier priesters, wat daar deur hulle onderrig is, en alreeds gou het daar `n menigte mense uit die huis en uit die stad gekom, wat graag wou weet wat daar alles tydens die klein reis na die vissersdorpie gebeur het. [2] Wel, dit het byna tot die aanbreek van die nag aan beide kante aanleiding tot baie verhale en verbasing gegee. Net die aandete wat binnegebring is, is die tonge ietwat tot rus gebring en die burgers uit die stad het ons verlaat en die een na die ander weggegaan, sodat ons met meer rus die maaltyd kon geniet. [3] Eers toe ons klaar geëet het, het Judas Iskáriot binnegekom en hy het taamlik ondersoekend rondgekyk of die maaltyd eers begin het of alreeds geëindig het. Hy het egter gesien dat dit reeds geëindig het en gewillig in sy lot berus. Jored wou nog iets vir hom laat voorberei, maar Judas Iskáriot wou dit nie toelaat nie en het hom net vir brood en wyn gevra, wat hy ook dadelik gekry het. [4] Maar ons Thomas kon nogtans nie nalaat om `n opmerking te maak omdat hy deur My gewaargeword het dat Judas Iskáriot hom in die nuwe dorp deeglik goed gehelp het aan die wonderwyn aldaar nie. Hierdie keer het Judas Iskáriot egter net gemaak asof hy Thomas gladnie gehoor het nie, maar hy het nogtans, nadat hy `n deeglike beker wyn leeggedrink het, na buite gegaan, en ons het hom hierdie nag nie weer gesien nie. Buite het hy `n burger aangetref wat met hom oor die gebeurtenisse van hierdie dag gepraat het en hom toe ook saam na sy huis geneem het, waar aan hom `n goeie en ryklike aandete ten deel geval het. [5] Toe ons egter nog so aan tafel gesit het, het die vroue en kinders en ander dienaars van die vyf priesters gekom om te kyk wat daar met hulle gebeur het, omdat hulle hulleself die hele middag op geen van die plekke laat sien het waar hul familielede gewoonlik gegaan het nie. [6] Ook het die vroue heel ernstige woorde gespreek oor hoe dit nou verder moes gaan, omdat alles nou vernietig was wat andersins by hul diens behoort het. [7] Maar die priesters het hulle ernstig oor hierdie vrae berispe en gesê: “Ons - en nie julle nie - was die priesters van die menslike, ou, onverbeterlike blindheid en gruwelikste domheid! Ons ken nou iets anders en sal ook rotsvas daarby bly. Maar as die waardelose, ou, valse gode ons vir ons nuttelose diens gevoed en onderhou het, dan sal die enigste, ware, almagtige God ons ook wel onderhou wanneer ons almal Hom nou alleen waarlik sal dien! - En vra ons nou verder niks meer nie; môre is daar ook nog `n dag waarop julle vroulike, dom nuuskierigheid bevredig kan word!” [8] Ook hierdie goeie, ernstige berisping van die vyf priesters aan hul familie het `n goeie uitwerking gehad; hulle het geswyg en het baie geduldig weer huistoe gegaan. [9] Daarna is nog heelwat goeie dinge bespreek, en die twintig nuwe studente het onder mekaar gesê: “O, was dit hier maar Jerusalem, wat `n salige lewe sou daar dan gewees het! Maar as in Jerusalem sou gebeur wat vandag alles hier gebeur het, dan sou dit die tempeldienaars nog erger opgewen het, en geeneen van ons sou sy lewe nog `n uur meer seker gewees het nie. En moet die kinders van God dan daar woon, en is hier maar net duistere en liglose heidene?! Ons praat nie meer oor kinders van God in Jerusalem nie! Hier is nou die ware kinders van God - en in Jerusalem die kinders van Satan!” [10] EK sê: “Wel, wel, wen julle nie teveel op nie! Julle het wel korrek geoordeel, maar dit is hiervoor nie die regte plek nie. Praat dus liewer oor iets anders!”

Die Heer verklaar die geskiedenis van Daniël 101 Een van die twintig nuwe leerlinge, wat `n skrifgeleerde in die tempel was, sê toe: 'Heer, omdat alle dinge vir U bekend en moontlik is, kan U vir ons uit die profeet Daniël, en veral die sewende hoofstuk, iets uitlê! Hierdie merkwaardige siener gee weliswaar `n besondere uitleg aan sy visioen van die vier diere, - maar die uitleg is net so onduidelik en duister as die waargenome beeld wat die siener laat huiwer het. - Kan U ons oor die visioen `n nadere uitleg gee?' [2] Ek sê: 'O, baie sekerlik; maar ook daarvoor is dit hier nie die beste plek nie, omdat hierdie mense oor ons Skrif weinig of selfs niks weet nie. Bowendien deurgrond julle self ook nog veels te min julle - sê maar -

gees van die ander kant, en julle het daar nog te min één mee geword om insig te kan kry in die visioen van die siener Daniël, en om dit tot op die bodem te verstaan. Want al sou julle desnoods die twee eerste diere verstaan, dan sou julle tog die twee laastes nie kon verstaan nie, omdat hulle bestaan en hulle dade weggelê is vir toekomstige tye. Hoe sou mens nou aan julle verstand, wat nog slegs natuurlik is, iets duidelik kan uitlê wat nog nie op aarde voorgekom het nie, maar wat homself eers na talle eeue sal afspeel?! [3] Ek kan julle maar net sê dat die vier merkwaardige diere nie moontlikerwys vier naasmekaar bestaande ryke voorstel nie, waarby uit die laaste dan nog tien koninkryke ontstaan ooreenkomstig die getal van die tien horings in wie se middel nog `n elfde ryk op die kop van die dier tevoorskyn gekom het, waarvoor daar drie van die vorige tien horings by die dier uitgeruk word. Maar die vier merkwaardige diere dui op vier groot na mekaar opvolgende bestaansperiodes van volke sedert die begin wat daar mense op hierdie aarde geleef het. Vir die ondersoek van hulle verlede is baie kronologiese kennis van die geskiedenis nodig en om hulle toekoms te deursien is `n volledige geopende geestesoog noodsaaklik wat in die lig van die lig en die lewe van die lewe verder kan sien as tyd en ruimte. [4] Kyk, op die manier moet ook die laaste dier ystertande hê en alles om hom heen verswelg, en het die elfde horing oë soos mense oë, en `n mond wat belangrike dinge sê! [5] Ja, Ek sê julle dat dit onvermydelik so sal kom; maar ook al sou Ek dit vir julle nou ook maar `n bietjie wil uitlê, dan sou julle van My uitleg net so weinig verstaan, as wat Daniël self in feite verstaan het van die uitleg wat die Gees hom gegee het. [6] Daniel se vroom siel was wel baie geskik om die visioen asof in `n lewendige droom te sien, maar ook sy siel kon dit nie verstaan nie, want die Gees van die ander kant uit God kon nie één met hom word nie en dit is, omdat Ek nog nie liggaamlik aanwesig was om so `n algehele éénwording moontlik te maak nie. Hierdie algehele éénwording sal egter ook eers volledig moontlik wees wanneer Ek opgevaar het na My ou en daarna ook heeltemal nuwe vaderland. [7] Daaruit kon julle nou wel duidelik die slotsom maak dat julle niks sou hê aan My verklaring oor die hele sewende hoofstuk van Daniël nie.' [8] Nou sê Petrus: 'Maar Heer, as ons ooit weer eens heeltemal alleen bymekaar is, dan sal U ons daar wel enige wenke oor kan gee! Want ek sê nou self: die profete, en by name die vier grotes, soos Moses, EliJaH, Dawid en Salomo, het baie opgeskryf - maar vir wie? Buiten ons, het nog geen enkele skrifgeleerde, hoe wys ookal, dit behoorlik verstaan nie, ons verstaan ook maar baie min daarvan, en die wat na ons sal kom, sal dit beslis ook geen haar beter verstaan nie. En tog is die boeke vir mense en nie vir ander skepsele geskryf nie. Maar wat het die mense daaraan as hulle dit nooit as te nimmer behoorlik sal verstaan nie?' [9] Ek sê: 'O, nou vergis jy jou deeglik! As die boeke oor die innerlike, geestelike wysheid so geskryf was dat dit vir elke natuurlike, wêreldse verstand al op die eerste oogopslag volkome begryplik sou wees, dan sou die mens hulle baie gou eenkant laat lê het en nie eens meer daarna gekyk het nie. Wat se nut sou dit dan hê?! [10] Nou bevat dit egter geestelike dinge vir die eenvoudigste skepsel tot aan die hoogste hemels-goddelike en kan daarom nooit deur geen enkele natuurlike, wêreldse verstand volledig verstaan word nie, maar slegs deur die suiwere, volledig aan die ander kant aanwesige synde gees van die mens. [11] Juis die nie-verstaan van hierdie geskrifte hou die gees in die mens wakker en laat hom sien wat en hoeveel daar nog te kort kom aan die eintlike lewensvervolmaking. Hy sal die geskrifte daarom dikwels ter hand neem en sy gedagtes daaroor laat gaan, waarby hom so nou en dan tog een en ander ietwat duideliker sal word. Wanneer hy so deur sy moeite en sy ywer `n glimp van die gees opgevang het, sal hy wel steeds yweriger gaan naspeur na die innerlike, geestelike waarhede en op die wyse steeds meer lig kry en ook `n meer inniger verbinding kry met sy innerlike gees aan die ander kant, en dan sal hy ook sy naaste meer lig kan gee, wat baie heilsaam vir hulle sal wees. [12] Maar dit sal nooit gebeur as hierdie geskrifte slegs op suiwer natuurlike wyse gegee was nie; as dit so gegee was, sou daar niks geestelik en hemels-goddelik aan die woorde ten grondslag gelê het nie, soos wat Ek dit julle al meermale baie duidelik laat sien het. [13] Wat sou julle daarvan sê as Ek julle meedeel dat dit oor ongeveer 2000 jaar vanaf nou gereken, met My leer in die algemeen nog baie slegter gestel sal wees as met die ergste heidendom van vandag, en nog erger sal wees as die domste wat die Fariseërs nou voorskryf in Jerusalem, en dat dit vanaf hede geen vyftig jaar meer sal bestaan nie?! Wat sal julle sê as Ek aan julle openbaar dat die mense in die tyd groot kunsmatige oë sal uitvind en maak, waarmee hulle in die diepste dieptes van die sterrehemel sal kan kyk, en baie ander berekeninge sal maak as wat die Egiptenare gedoen het?! Ja, die mense sal ysterweë aanlê en met stoom en vuur in ysterwaens ry so vinnig soos wat `n afgeskiete pyl deur die lug kan vlieg! Hulle sal mekaar met metaal vuurwapens beveg, en hulle briewe deur die bliksem oor die hele wêreld laat versprei,

en hulle skepe sal sonder seile of roeirieme deur die krag van die vuur oor die groot wêreldsee vaar so gou en maklik soos wat die arend deur die lug vlieg; - en nog duisend en één ander dinge waarvan julle vir julleself geen voorstelling kan maak nie. [14] En kyk, dit lê alles verborge in die vierde dier, en dit kan nou nie deur julle verstaan word omdat julle ook nie wat Ek julle nou gesê het kan verstaan nie! Maar in die gees sal julle dit binnekort alles goed verstaan, maar ook julle sal niemand `n ander uitleg kan gee as dit wat Ek nou by hierdie geleentheid gegee het nie. Ek sal julle egter later by `n geskikte geleentheid tog nog ietwat meer daaroor sê. Vir vandag was dit genoeg gewees. Laat ons dus nou weer liggaamlike rus gaan neem!' [15] Daarmee word hierdie aand afgesluit en elkeen neem vir hom sy noodsaaklike rus, want dit was al vry laat. Slegs die vyf priesters en Jored het in `n ander kamer nog lank met mekaar oor al die gehoorde, gesiende en gebeurlikhede gepraat.

Die listige vroue van die heidense priesters 102 In die oggend wag daar al `n aantal mense voor die huis om My te sien; maar Ek bly met die leerlinge in die saal en gaan nie die keer voor die oggendete na buite nie. [2] Jored het egter gekom om te kyk of ons nog geslaap het. En omdat hy ons klaar wakker aantref, sê hy vir My: 'Heer en God, die maaltyd is gereed; en as dit vir U geleë is, laat ek dadelik opdien! Ook die vyf priesters en ons dokter is al daar en sou U wil sien en begroet. Verder is daar baie volk rondom die huis, wat niks anders wens as om U `n keer te sien nie. Heer, wat wil U hê?' [3] Ek sê: 'Laat die maaltyd opdien, en die priesters en die dokter hier kom, en natuurlik ook jou familie, wat vir My baie dierbaar geword het! Maar die nuuskierige volk moet wag, want hulle word voorlopig nie beter of slegter wanneer hulle My bekyk nie. Doen dit dus; na die maaltyd sal ons wel sien wat daar gedoen kan word!' [4] Vervolgens gebeur daar dadelik wat Ek gesê het. Die dokter en die priesters kom binne en ons gaan aan tafel. Toe word die spyse ook binnegebring, wat baie goed voorberei was, aangesien die sewe vroue van Jored prima kooksters was, en ons eet en drink opnuut na hartelus, en drink nog wyn na die vis. [5] Na `n halfuur was ons klaar met die maaltyd, en een van die priesters vra My of hy iets mag sê. [6] Ek sê vir hom: 'Vriend, praat soveel as wat jy maar wil, maar Ek sê jou wel, dat Ek tog al woord vir woord weet wat jy vir My wil sê en waarom jy My wil vra, en daarom kan jy jou die moeite wel bespaar om jou mond oor so-iets onbelangrik oop te maak! [7] Kyk en luister! Toe julle laasnag - weliswaar reeds by die oggendskemering - tuis kom, hoor julle in julle heilige bos `n gehuil en geweeklaag. Julle gaan ietwat bang dieper die bos in en hoor selfs dreigend sê dat die gode hulle op julle sal wreek omdat julle julle eed teenoor hulle gebreek het. Julle haas julle toe nie min beangs na julle vroue en vertel hulle wat julle gehoor het, en dit was nou juis koring op hulle meule. [8] Weet julle waarom julle sluwe vroue en kinders en bediendes julle gisteraand kom haal het? Wel, hulle het vir julle hierdie spookgeskiedenis in `n opvoering omgesit en wou julle baie graag vroeër die skrik op die lyf gejaag het! Hulle was baie kwaad omdat julle so lank getalm het, voordat julle in hulle val ingeloop het. [9] Hoewel Ek gister, net soos nou, baie presies geweet het wat die vroue in die mou voer, het Ek dit tog laat gebeur, nie dat julle deur julle vroue `n paar uur angs laat aanjaag het nie, maar juis om julle nou daardeur te help om julle vroue en kinders en dienaars op die goeie weg te bring. [10] Daarom het Ek die werktuie van die lis van julle vroue solank op hulle plek vasgeklink totdat ons nou aanstons daar sal wees en julle julleself ten aanskoue van julle vroue kan oortuig van die wonderwerke wat hulle in die nag vir julle op tou gesit het, met die katte wat in die struike aan die sterte vasgebind was en met sommige gehuurde, omgekoopte knegte en meide wat op die dik boomtakke gesit het. [11] Toe julle vanmôre na My toe gekom het, het julle vroue, kinders en bediendes vinnig na die heilige bos gegaan en hulle doen nou alle moontlike moeite om die spook-werktuie, wat hulle vir julle bedink het, te bevry; maar dit gaan nie nou gebeur nie, totdat ons daar sal kom om die spook-aktrises baie duidelik en kragtig toe te spreek en hulle toorwerktuie dan eers te bevry. Nou vriend, sê eers of dit nie so is nie, en of jy My dit nie wou sê nie!' [12] Die priester sê: 'Ja, verhewe Heer en God, presies so was dit! Ek dank U uit die diepste van my hart vir hierdie opheldering, ons was gister nie weinig in angs nie, en dag toe: Nou, as dit so voortgaan, beleef ons binnekort nog die ou gode-oorlog. Daaraan het ons in feite wel nooit geglo nie, maar ons veronderstel wel dat daar in die oertyd op hierdie aarde baie groot, aardse, elementêre omwentelinge voorgekom het, waarvan die bestaan en die gebeure deur die eenvoudige natuurmense uit die tyd in allerlei beelde en wonderlike visioene vir hulle nakomelinge vasgelê is. Maar gister het ons al byna aan die werklikheid van die fabels geglo, en makliker omdat ons gister gesien en gehoor het waartoe `n goddelike mag, ook al woon dit slegs in `n mens, alles in staat is. Ons sien U en U leerlinge al brandende berge en reusagtig

groot eike met verskriklike krag omhoog slinger. Maar nou het die dom gedagtes wel heeltemal verdwyn, en ek as spreker verheug my nou daarop in die besonder dat U, o Heer en God, ons oerdom vroue tot orde sal roep!' [13] Ek sê: 'Jy sê tereg dat julle vroue baie dom is, maar die skuld van hulle domheid lê by julle. Julle het dit veroorsaak, en daarom lê die skuld van die feit dat julle vroue en kinders so is soos wat hulle is, by julleself, en julle moet nou, maar wel met liefde en geduld, self weer aan hulle goedmaak wat julle aan hulle bederf het! Ek sal wel My deel doen, maar daarna moet julle ook julle eie aandeel op julle neem. Met liefde en geduld sal julle baie bereik, - maar met julle vanouds se gebruiklike strengheid heeltemal niks!' [14] Toe sê die Zeuspriester: 'Heer en Leraar, ons kon onmoontlik baie aan ons vroue bederf het; hulle was van kinds af aan so baie in die borsrok van die gode gepers, dat hulle ons steeds korrigeer as ons net iets van ons seremoniële kultus agterweë laat, wat in `n sekere sin maar net bysaak was, en eerder weggelaat sou kon word.' [15] Ek sê: 'Dit is wel so, maar julle sal julleself nou ook nog die beste kon herinner aan die tyd toe julle na die hand van julle vroue gedans het! Toe het julle vasgestel dat hulle, as dogters van `n priester in Sidon, die Skrif van die Judeërs gelees het en baie belangrik gevind het, so ook hulle vader, al was dit dan heimlik vir homself. Toentertyd het julle dit geprys om die dogters vir julle te wen; maar toe hulle julle vroue geword het, begin julle die leer van die Judeërs van dag tot dag by hulle in `n slegter lig te stel, julle toon hulle allerlei skynwonderwerke en beweer dat die gode dit alles gedoen het. Vervolgens probeer julle die fantasie van die vroue uitsonderlik deur allerlei middele te prikkel, sodat hulle uiteindelik allerlei drome en visioene gekry het. Hierdie drome en visioene het julle geweet om deur julle welbesprekendheid altyd so uit te lê dat hulle presies beteken en aangetoon het wat in julle kraam gepas het. As julle dit bedink het, sê dan eers wie die vernaamste skuld dra aan die domword van julle vroue! [16] Maar Ek sê nou nog iets vir julle daarby, en dit is die volgende: julle vroue is heimlik nie so baie dom soos wat julle dink nie; want as hulle dit was, en iets sou verwag het van die hulp van die gode, dan sou hulle dit nooit aangedurf het om so, in die naam van die gode wat hulle daardeur kwaad sou maak, heel ongedwonge vir julle spook te speel nie. Maar omdat hulle heimlik juis nooit baie waarde geheg het aan al die heidense gode nie, en nou al gladnie, omdat hulle deur julle by geskikte geleenthede as julle mees vertroude en noodsaaklike helpsters ingewy is in allerlei toorkunste, moes hulle tog ingesien het hoe en op watter wyse julle gode hulle wonderwerke verrig het. Bedink dit eers en sê dan wie eintlik skuld dra aan die sogenaamde domword van julle vroue! [17] Maar dit maak op die oomblik nie saak nie, want voortaan sal julle vroue, kinders en dienaars julle ook in die waarheid, wat nou deur My by julle opgegaan het, ver oortref. Nou gaan ons egter na die heilige bos, en daar sal Ek julle vroue, kinders en bediendes van hulle groot verleentheid en naderende vertwyfeling verlos! Want nou begin hulle self te glo dat die gode hulle straf oor wat hulle ongelowig in die heilige bos teen hulle misgaan het. Laat ons daarom opstaan en vinnig op die pad gaan!' [18] Ons verlaat dadelik die saal en gaan na die heilige bos, maar kies daarvoor `n agterweg, om te voorkom dat die baie mense, wat nog aan die voorkant van Jored se huis op My gewag het, hulle sou opdring en ons te voet sou volg. [19] Onder die volk bevind hom ook ons Judas, wat My vir `n paar muntstukke aan die volk wou toon, omdat die mense My immers nog nie persoonlik geken het nie. Daarin word die verraderlike en op geld beluste leerling egter verhinder, omdat ons `n agterweg na die genoemde bos gekies het.

Die goeie getuienis van die priestervroue oor die Heer 103 Ons kom op die plek van bestemming aan en vind die vroue en kinders en bediendes druk besig om die betaalde weeklaers op die boomtakke en die katte in die bossies los te maak; maar die weeklaers op die takke lyk wel vasgeklink en die katte durf niemand nader nie, omdat hulle woes was en ontsettend om hulle heen gebyt en gekrap het vanweë die pyn wat gely is. [2] Toe die vyf priesters hulle vroue in so `n vertwyfelde omgewing aantref, vra hulle hulle wat hulle daar aan die doen was. [3] Een van die vroue, naamlik die van die priester van Minerva, was nog die flinkste, en sê vir haar eggenoot: 'Ag, kyk, ons het gister `n valstrik vir julle uitgedink om julle weer terug te bring na die ou godedom, wat baie inbring! Jy sien hier `n paar jammeraars en weeklaers op die takke van die bome sit en in die bossies `n aantal katte, wat almal gisternag by julle aankoms die gehuil moes aanhef om vir julle die skrik aan te jaag, omdat julle vanweë die groot toorkunste van die vreemde kunstenaar wat eergister hier aangekom het, die gode verlaat het en ons goeie, baie winsgewende loopbaan met één klap heeltemal tot niet gemaak het. [4] Maar ons is met ons lis smadelik en eintlik ontsettend afgehaal. Kyk, ons het deur hierdie misdaad in die heilige bos ofwel die ou gode baie beledig, of die groot toorkunstenaar; want die straf vir ons misdaad

is maar al te duidelik! Die jammeraars en weeklaers op die boomtakke lyk asof deur `n onsigbare mag vasgeklink te wees en kon ondanks alle moeite nie van hulle plek afkom nie, en die katte in die bossies kan geen mens nader nie, want hulle lyk meer soos woeste furies (helleveë) as na huisdiere, hulle byt en krap ontsettend om hulle heen en kan daarom vir geen geld ter wêreld losgemaak word nie. Ons weet nou geen raad meer nie en voel hulpeloos. Wat moet ons doen?! O, wat was dit `n ongeluksalige gedagte waardeur ons onsself laat verlei het! [5] Wat dink jy van die groot Wonderman?! Sou Hy ons nie kan help nie, want Hy is tog eintlik die skuldige van dit alles, omdat Hy deur Sy onbegryplike wilskrag ons afgodsbeelde vernietig het en die heilige meer in vaste grond verander het! Gaan jy eers na Hom toe en vra Hom dit in ons naam!' [6] Die priester sê: 'Dit sal nie baie help nie, maar julle almal moet self na Hom toe gaan daarvoor! Hy staan daar in die middel tussen Sy leerlinge. Hy weet alles daarvan en het ons dit in die huis van Jored vertel, anders het ons nie hierheen gekom nie. Hy wil en sal julle help; maar julle moet eers self na Hom toe gaan en Hom om vergewing vra. [7] Julle het deur wat julle hier gedoen het, julle nie besondig aan die ou gode, wat nooit en nêrens - behalwe in die fantasie van die dom mense - bestaan het nie, maar enkel en slegs teen die groot, almagtige Elohimmens, wat in Sy groot liefde vir alle mense spesiaal ook na ons toe gekom het om ons uit ons lang, voortdurende, groot dwaling te bevry en die enige ware lewenslig te laat sien en te gee. Deur Hom en in Hom werk die ware, ewig ondeurgrondelike wyse en almagtige God. Dit is `n waarheid wat deur niemand, al was hy ook maar vanuit die verte getuie van Sy dade, nie meer ontken kan word nie. En ook al het iemand Sy dade, wat slegs deur `n God moontlik kan wees, self nie gesien nie, maar slegs Sy leer getrou en onvervals van `n ander gehoor, dan sal hy daaruit tog gou en moeiteloos gewaarword dat die leer nooit van `n mens, maar slegs van die enige en ewige God afkomstig kan wees; want slegs `n goddelike mond kan woorde praat wat as lewende vlamme in die hart van die mense dring en daarin `n bewussyn teweegbring waarvan geen mens voorheen `n vermoede van kon gehad het nie. Gaan dus daarom self in alle deemoed en liefde na Hom toe, en vra Hom, en Hy sal julle nie onverhoord laat weggaan nie!' [8] Na hierdie oorreding, wat vir `n Minervapriester besonder goed en waaragtig was, gaan sy vrou gou na haar kollegas en sê vir hulle dieselfde wat haar eggenoot vir haar gesê het. Dit het `n goeie uitwerking, en die vroue met hulle kinders en bediendes kom na My toe en vra My, geknield om vergewing, en of Ek die mense op die boomtakke en die bepaalde diere in die bossies sou vrylaat. [9] Maar Ek sê: 'Wie nie weet wat hy doen nie, sondig nie, - en dus het julle ook nie gesondig nie! Maar omdat julle nou weet wie Ek is, geld van nou af aan dat julle swaar sou sondig teen die hele goddelike orde, wat vir julle die ewige beste voorskryf en wil dat julle volkome salig sal word, nie soseer tydelik nie, maar soveel te meer vir die ewige. [10] Maar hoe die mens dit alles in die aardse lewe kan bereik, sal julle mans julle vertel. En gaan nou heen en sien of julle gevangenes al vry is!' [11] Toe bedank die vroue, kinders en bediendes My en gaan heen. En toe hulle terugkom, vind hulle almal wat gevange gesit was, heeltemal in vryheid en hulle was baie bly daaroor. [12] Hulle kom egter dadelik weer terug en dank My op hulle knieë dat Ek hulle van die groot angs bevry het. [13] Ek beveel hulle egter om op te staan en sê vir hulle: 'Leer dit wat julle nou gesien en uit die mond van julle mans gehoor het, ook met alle geduld en sagmoedigheid aan julle kinders en bediendes, en later ook aan die kinders van ander ouers. Vestig op die wyse `n ware lewenskool in My Naam, wat julle ook van julle mans sal hoor, dan sal julle omspoel word deur hemelse seën - soos wat `n eiland in die rivier omspoel word deur die water van die rivier, en vir die voedsel van haar plante, struike en bome onafhanklik is van wêreldse reën uit `n duistere wolk wat die lig van die son wegneem. Dink daaraan en handel daarvolgens, dan sal julle vanuit die dood van hierdie wêreld tot die lewe van die Gees deurdring, soos wat Ek in My aards-menslike deel Self deurdronge is van die Goddelike Gees! En as julle werklik in My Naam sal glo, sal julle in alles deur God gehelp word; want Ek is die lewende band tussen God en die mense.' [14] Toe die vroue, kinders en bediendes die saligheid van My woorde in hulleself waarneem, sê hulle: 'Ja, waarlik, waarlik, o groot, van God vervulde Heer, soos wat U praat, kan geen mens praat nie! Wie U slegs hoor, het geen ander teken meer nodig nie, omdat die woorde hom al die mees duidelike bewys gee wie agter die verborge dinge moet wees, wat tot die uitspreek van sulke woorde in staat is. Die lyk wel of U `n mens is, maar eintlik is U slegs vanweë U heilige huid `n mens in ons oë; maar onder U huid is by U alles God, en ore wat daarvoor bestem is om dit te hoor, wat inwendig in die mens is - as gedagtes, verlange en besluite, wat hy hardop deur woorde uiter, - verneem uit U mond slegs suiwer goddelike dinge, en dus is en bly U, o groot Heer en Leraar, vir ons die enige God! En ons latere nakomelinge sal beslis nog met alle lewenswarmte en -gloed vertel, hoe ons, hulle voorouers, werklik vir God gesien en met Hom gepraat het, en van Homself onderrig gekry het, en hoe ons Hom goed herken het aan Sy woorde en aan die tekens wat Hy voor ons oë gedoen het.'

[15] Ek sê: 'Dit is goed! Bly daarby, en Ek sal in die gees altyd by julle wees en bly - reeds in hierdie wêreld, en aan die ander kant in My ryk wat Ek vir My vriende van hierdie aarde spesiaal voorberei en inrig in die innerlike van elke mens wat van goeie wil is, en daar sal aan ons suiwer geestelike en salige samesyn nooit meer `n einde kom nie!'

Die twyfel van die geleerde vroue aan die hiernamaals 104 Toe sê die vroue en ook hulle reeds volwasse kinders: 'O, groot Heer en goddelike God, was daar vir ons, sterflike mense, maar in die een of ander hiernamaals na die liggaamlike dood `n ander, ewige lewe! Weliswaar wens elke mens, hetsy jonk of oud, dit; maar waar vind jy daarvoor versekerde en onmiskenbare bewyse?! Wyse mense van alle volke en uit alle tye het baie, - sowel daarvoor as daarteen, - daaroor gepraat en geskryf; maar die tyd het hulle almal ingehaal, en daar bly niks van hulle oor as gedeeltes van hulle werke wat in ons tyd so vermink is dat die huidige volke niks anders daarin as onoplosbare en onsamehangende raaisels terugvind nie. [2] Waarlik, groot Majesteit en van God vervulde Heer, ons Griekse wyse, die bekende man in die ton* het tot op hede die volle waarheid oor ons menselewe nog die beste benader, deurdat hy baie duidelik met baie voorbeelde die bestaan van die mens voor die geboorte en na die dood beskrywe het, en ons was met dit alles tot op hede onder mekaar volledig met hom eens, hoewel ons by ons self dikwels gedink het aan Plato, Sokrates en selfs aan die ou Egiptiese wyse Moses, wie se geskrifte ons ten dele ook te lees gekry het toe ons nog in Sidon was. Ja, ons het selfs die geskrifte van die Indiërs, die Brahmane en die Meders en Perse gelees; maar - alles tevergeefs! Ons leraar in Sidon, in alle geskrifte deur en deur `n deurknieë man, het ons naamlik baie afdoende met woorde en voorbeelde van ander volke bewys dat die siel van die mens na die dood van sy liggaam selfstandig en onverwoesbaar verder leef in `n beter, maar soms ook slegter wêreld, en hy het ons besweer by alles wat aan hom gewyd was, dat hy, as hy vroeër as ons sou sterwe, as gees na ons toe sou kom en ons daardeur dan die grootste en sekerste bewys van die waarheid van sy leer sou gee. *(Diogenes)[3] Wel, hy het gesterf; maar die beloofde bewys het hy ons tot op hede nog skuldig gebly. Ja, ons het baie dikwels oor hom gedroom, en dan vra ons hom wanneer hy sou kom om sy belofte af te los. En hy besweer net so lewendig as tydens sy lewe: 'Ek kan nie anders as Diogenes maar net so na julle toe kom nie!' Maar dan word ons wakker en dan besef ons dat slegs ons steeds wakker, lewendige fantasie ons in die droom sy sprekende beeld laat sien het, wat werklik niks anders was as `n lewende gedagte aan hom nie! Want drome is immers niks anders as sigbare gedagtes van die brein, wat `n vlugtige bestaan lei solank die ooglede van die mens geslote is; maar wanneer die mens eenmaal volledig dood is en sy hart nie meer klop nie, hou sy gedagtes en drome ook vir altyd op. [4] En daarom is die laaste waaraan ons glo, `n lewe van die siel na die liggaamlike dood! Alles is natuurlik moontlik, maar tot op hede het ons werklik nog geen ander bewyse daarvoor nie as dit wat mense sê wat nog hier lewe nie! [5] Nog niemand van die tallose mense wat ontslaap het, het ooit teruggekom om ons te laat sien dat en hoe hy in die hiernamaals verder leef nie! Solank dit egter nie gebeur nie, sal die geloof aan `n voortlewe aan die ander kant ook steeds maar baie swak wees of so goed as niks voorstel nie. Weliswaar was daar tot op hede sedert menseheugenis ook nog niemand soos U, van God vervulde Heer, en as U ons iets sal vertel, sal ons ook alle rede hê om dit volledig te glo; maar vreemd bly dit tog dat daar van die oorkant geen enkele wese meer na ons toe wil kom nie wat sê: 'Vriende, julle sleep hier nog julle swaar liggame rond soos wat `n moeë lasdier sy swaar las sleep, maar kyk, ek leef geseënd, - daar is geen dood meer nie, en ons lewe saam met tallose op hierdie manier!' Dit sou tog eenvoudig wees! Maar nee, so-iets gebeur nooit as te nimmer op `n manier wat ons mense baie maklik sou oortuig dat dit nou eenmaal so is en nie anders nie! [6] Van God vervulde Heer, as die siel van die mens aan die ander kant voortleef - op grond waarvan al die sedelike strewes van die mense op hierdie aarde tog die beste georden sou wees, - waarom gebeur daar dan van die kant van `n uiteindelike geesteswêreld eintlik heeltemal niks wat invloed het op ons mense wat nog sterflik is nie?! Geen mens kan tog iets daaraan doen dat hy in hierdie wêreld gebore is nie; maar as hy daar as verstandige wese is en moet wees, sou die hoogste, wyse mag, wat hom teen sy wil in die lewe geroep het, tog voldoende sorg daarvoor moet dra dat hy vanuit `n werklike êrens bestaande geesteswêreld inligting sou kry oor die rede van sy bestaan en wat hy te verwag het. [7] Kyk, van God vervulde Heer, ons is slegs vrouens; maar, omdat ons altyd baie geleer het, is ons verstand behoorlik ontwikkel, en elke wyse sou aan ons `n harde neut te kraak hê! Ons is goed en het respek vir elke mens, want ons bekla elkeen van harte omdat hy hom net soos ons, ook in hierdie wêreld bevind om afgeslag te word en ellendige voer te wees vir die vraatsugtige en onversadigbare tyd. Maar dit is nie goed dat `n hoër, ewige, alomheersende goddelike mag hom nie meer bekommer oor die mense en alle skepsele van hierdie aarde as wat ons mense bekommerd is oor die vuil wat ons kinders agterlaat.

Maar wat kan ons swak mense doen?! God se mag werk bo die sterre in die eindelose grootheid, en bekommer hom nie oor die huilende en klaende wurms van hierdie wêreld nie! Daarom moet die arme mense hulle solank self troos en sterk tot die dood hulle van die aarde verdelg; dan kom die rus in die ewige nie-bestaan, wat ewig en altyd die uiteindelike en grootste geluk vir die arme mens is. [8] Weliswaar is U nou `n mens wat vervul is van God se Mag en Majesteit; maar oor enige honderde jare sal die wêreld oor U hoogswaarskynlik ook nie baie meer weet as dat U eens daar was nie. Ons nakomelinge sal in elke geval, soos wat ons al gesê het, hierdie herinnering so lewendig moontlik bewaar, hoewel U woorde nog meer as U wonderbare dade `n Gees uitasem wat buitengewoon getuig van God se geestelike aanwesigheid in U. Daar was egter al baie groot geeste as mense op hierdie wêreld gewees, en ook hulle werklik onbegryplike groot wonderdade getuig daarvan dat hulle meer as gewone mense was; maar ook hulle het almal gesterf, en geeneen van hulle laat homself ooit weer as voortlewende gees sien om daardeur die volle waarheid te bevestig van sy leer wat hy die arme mense dikwels onder donder en bliksem gegee het nie. [9] Nou het U na ons, arme sterflike mense, gekom en U het ons ook `n ewige lewe aan die ander kant beloof! Ons twyfel geen oomblik daaraan dat U ons dit ook op `n heel begryplike wyse sal bewys nie, - maar sekerlik ook maar net vir die tyd dat ons in hierdie wêreld bly lewe! Het ons eenmaal gesterf, wel, dan het ons natuurlik geen bewys meer nodig nie; want lewe ons verder dan is elke ander bewys oorbodig - en, lewe ons nie verder nie, dan is dit nog meer oorbodig! Hoofsaak is, dat ons arme mense in elke geval tydens die duur van ons lewe op hierdie aarde, deur watter blinde geloof dan ook, vas daaraan bly glo het; want dit kruie dan tenminste vir `n deel van die mense van hierdie aarde die kort span van hulle lewe en maak vir hulle hulle lyding meer draaglik. Die beste daaraan toe is altyd die dwase en blinde gelowiges, en groot ervaring leer dat mens kan sê dat die gode iemand wat hy met wysheid begiftig, wel baie moet haat. [10] Miskien ontgaan dit U uiteindelik, dat die meeste begiftig is met alle wysheid en mag, beter as wat U talle groot voorgangers bedeel het, wat ons egter baie betwyfel! Heeltemal onmoontlik wil ons dit egter ook nie noem nie, en ons sou graag van Uself - en nie van ons mans nie - iets naderby daaroor hoor. As U dit goed sal vind, wil ons graag na U luister!'

Die misnoeë van die Heer oor die hoogmoedige, kritiese vroue 105 Ek sê: 'Beste vroue, julle het werklik baie verstand! Hier op hierdie plek sal Ek nie praat nie, maar in die huis van Jored, waarheen julle kan gaan as julle wil. Maar Ek sê vir julle al by voorbaat dat dit baie moeilik sal wees vóór julle by julleself sal erken dat slegs jou vlees sterflik is, maar nie die siel nie. Dit het gebeur deurdat julle julleself reeds vanaf julle jeug gefokus het op die materie van die vlees en daarna niks meer kon sien, voel, waarneem en ondervind nie, as maar net dit wat die mees growwe materie julle voor julle liggaamlike oë plaas. - Maar nou niks meer daaroor nie!' [2] Toe bedank die vroue, hulle kinders en bediendes My nogeens vir wat Ek hier vir hulle gedoen het en begewe hulle daarna na hulle baie deftige huise. [3] Jored vra My egter of hy hulle dalk vir die middagete moes uitnooi. [4] Ek sê: 'Bepaald nie, want daar is niks waarvan Ek minder hou as van die geselskap van sulke super-intelligente vroue as juis by `n maaltyd nie, want as hulle tong eenmaal loskom, vergeet hulle om te eet en te drink, en iemand soos ons sou sekerlik nie aan die woord kom sonder om hulle tonge eers vir `n oomblik te laat verlam nie. Hierdie vyf vroue sou werklik meer as voldoende in staat wees om iemand letterlik dood te praat. [5] Ten eerste is dit dogters van `n baie geleerde Griekse opperpriester van die god Apollo en die god Mercurius, wat wil praat volgens hulle heidense begrippe. [6] Ten tweede het hulle `n mentor gehad wat baie goed tuis was in alle wetenskappe en wat hulle die koppe eers goed op hol gekry het, want hy wou al hulle ou wysgere heeltemal deur en deur leer ken en verstaan, maar het nie daarby gedink dat al hierdie ou filosowe van die bekende volke en nasies mekaar in `n hoë mate teenspreek nie, en dat jy, as jy al hierdie wysgere ken en aanhang, nooit tot `n harmoniese lewensisteem sal kan kom nie, en dat so `n mens maar net `n tipe van hoogmoedige veelweter kan word wat uiteindelik geen ander behoefte in hom voel as om nou en dan te laat sien hoe baie hy in alle kennis en ervaring bo elke ander mens staan nie. En dit is ook by hierdie vroue, en alreeds by hulle kinders en bediendes die geval. Praat maar eers met so `n bediende, dan sal jy wel sien hoe vaardig hy met sy tong is! [7] Ten derde en uiteindelik is hulle vroue van priesters en in `n sekere sin self priesteresse, en moet daarom ex officio* so verstandig en wys wees, dat beroepshalwe geen enkele ander mens hulle op een of ander wyse kan benader nie, - daarom gaan ook hulle kinders en bediendes hulle dan as ligtende aankondigers, as uithangborde van hulle wysheid, voor, sodat die mense uiteindelik so oor hulle moet voel dat hulle sal sê: 'Ja, as hulle al so wys is, hoe wys sal dan wel die priesters en priesteresse self wees! 'Ja,

My vriend, by die innerlike lewensgesteldheid verwerdig die gees van hulle mentor hom natuurlik nie om by hulle sy belofte af te los nie! *(beroepshalwe)[8] Het jy nie gemerk dat hulle My nouliks bedank het, en hoe hulle dadelik hulle bedenkinge oor die onsterflikheid van die siel begin uit te kraam toe Ek hulle beloof dat Ek hulle, as hulle in My leer sou bly, ook altyd sou help en ook wil troos en sterk as hulle My Naam sou aanroep, wat hulle tesame met die leer van hulle mans sou hoor?! Dink jy dalk dat hulle daar in hulle erns, eg uit die diepte van hulle hart, begin het om `n teenargument te uiter? O nee, dit was maar net daar gedoen om My te laat sien hoe buitengewoon wys hulle is en hoe besonder geskik hulle is vir die oprig van `n nuwe lewenskool in My Naam! Nou sal dit vir jou wel duidelik wees dat Ek juis by die middagete nie graag met sulke vroue wil saamwees nie. Maar na die maaltyd kan hulle wel kom, dit kan jy vir hulle deur hulle mans laat sê.' [9] Jored sê: 'Kyk, Heer en God, presies so het ek hierdie vroue altyd vir my voorgestel, en ek kon hulle ook nooit so baie goed lei nie, omdat hulle met hulle kennis altyd minstens so `n duisend jaar voor wou loop! Want as jy iets vertel wat jy dan tog ook geleer het en uit ervaring weet, kry jy altyd te hoor, ook al was dit dan op `n baie vriendelike toon: 'Ek versoek dringend om daaroor op te hou, anders moet ons weggaan; want dit verstaan jy nie en jy sal dit ook nooit verstaan nie!' Ja, selfs hulle mans moes hulle behoorlik in ag neem om in `n bespreking met hulle nie deur hulle vroue gekorrigeer te word nie. - By baie geleenthede dink ek dit so by myself, en nou sien ek eers duidelik dat my gevoelens my nie bedrieg het nie, en ek sal hulle dus so ongeveer drie uur na die maaltyd na my toe ontbied.' [10] Ek sê: 'Baie goed! Gaan sê nou egter vir die mans dat Ek met één van hulle `n paar woorde wil wissel!' [11] Jored gaan en roep die Minervapriester. En hy kom dadelik na My toe en vra My wat Ek van hom verlang. [12] En Ek sê: 'Vriend, bly vandag op die middel van die dag tuis by julle vrouens, anders gee julle aanwesigheid hier vir hulle geleentheid om My by die middagete te oorval met hulle stereotipe wyshede, en dit wil Ek nie hê nie, want Ek wil graag aan tafel tydens die ete rus! Maar oor `n uur of drie kan julle wel met julle seergeleerde vroue kom. Gee hulle egter eers ietwat onderrig in die dinge wat julle al van My weet, sodat hulle, wanneer Ek praat, geen bedenkinge het of opmerkings maak nie! Want julle vroue is aanhangers van die leerstellinge van Diogenes, en met hulle is dit moeilik om `n indringende gesprek te voer; hulle is bowendien ook nog aanhangers van die skeptisisme, en dit is nog erger! Doen dus wat Ek julle nou gesê het! Hulle sal ons vanmiddag nog genoeg aanstel!' [13] Die priester bedank My vir hierdie raad en beloof My dat hy die vroue baie behoorlik sou bybring, en hy staan daarvoor in dat hulle hulleself baie beskeie in die saal van Jored sou gedra. [14] Toe gaan hy weg en bring die boodskap ook aan sy kollegas oor, wat heeltemal eens daarmee was, hoewel dit vir hulle baie beter sou gewees het as hulle nou ook weer saam met ons na Jored kon gaan, omdat dit nou al byna die middel van die dag was. [15] So word dan hierdie nie onbelangrike saak gereël en die ergste deel van die heidendom van die plekkie word op `n beter en verligte weg geplaas.

`n Skrifgeleerde ondersteun die opvattinge van die priestervroue 106 Hierdie plek was belangrik, omdat die tempel vir baie heidene `n plek was waarheen hulle van tyd tot tyd `n pelgrimstog gemaak het, en omdat dit `n tweede orakel van Delphi was. Hierdie priesters en priesteresse het al baie ryk geword daarvan. Van daar af kon dan ook oor `n groot deel van die Asiatiese Grieke en Romeine `n beter lig uitgestort word, en daarom het Ek ook ietwat langer hier gebly as in die vroeër besoekte plek van die klein en eindige, asook van die groot en oneindige Galilea. [2] Via dieselfde agterweg gaan ons nou terug na die huis van Jored om te voorkom dat Judas Iskariot iets verdien, soos wat hy gehoop het; want langer as tot die middag wil al die mense nie wag nie en sommiges laat hulleself daar teleurgesteld teen die leerling uit omdat hy hulle so aan die lyntjie gehou het en hulle My tog nie te siene kry nie. Die leerling verberg hom egter in die huis, omdat hy bang was dat hy nou in plaas van sy verwagte geld, stellig `n ander betaling sou kry. [3] So kom ons in die saal, en die middagete was ook al voorberei en word dadelik opgedien. [4] Vooraf sê Ek egter vir almal: 'As die leerling kom, laat hom dan toe, en maak asof hy gladnie weg was nie!' [5] Nouliks het Ek dit gesê of hy kom die saal al binne en groet almal vriendelik en maak ook asof hy ons die oggend gladnie gemis het nie. Ons doen egter dieselfde, en eet en drink baie opgewek. [6] Tydens die ete word weinig gepraat, - slegs ons twintig nuwe leerlinge praat onder mekaar oor wat die priestervroue gesê het, want hulle het sulke glasharde stoïsynisme nog nooit vroeër meegemaak nie. Dan weer maak die een, dan weer `n ander `n opmerking daaroor. [7] Die Skrifgeleerde onder hulle, wat tewens in kabbalis* was en wat die later heeltemal verlore gegane

boek van die 'Oorloë van JaHWeH' goed geken het - wat die oud-Indiërs egter in die huidige tyd tog nog onder die naam Sen scrit ('Ek is verborge') besit, - sê: 'Tog moet jy respek vir die vyf vroue hê, want hulle het baie meer geleer as die oorgrote deel van die geleerdste Judeërs, en gesien vanuit ons natuurlike lewensomstandighede kan mens hulle buitengewone gedugte opvattinge beslis nie afkeur nie. *(aanhanger van die geheime Joodse leer)[8] In die oë van `n skerpsinnige denker is die sigbare dood van alle skepsele nou juis iets wat die Skepper baie van Sy groot glorie en majesteit ontneem! As Hy deur Sy almag die aarde met haar berge en seë, maan, son en alle sterre in stand kan hou, waarom dan op Sy minste ook nie die mens soos wat hy is nie, met liggaam en siel tesame? [9] En al moet die mens dan na verloop van tyd sy liggaam aflê en in `n steeds suiwerder geestelike wese oorgaan, dan sou dit deur die almag van die Skepper immers tog wel kon gebeur deur die liggaam langsaam maar sekerlik geesteliker te maak en uiteindelik sonder enige verstoring van die eie bewussyn in die suiwer geestelike te laat oorgaan, of deur die mens op `n bepaalde ryp leeftyd in elke geval sigbaar te laat kommunikeer met die reeds heeltemal oorgegane mensesiele, om daardeur vir homself en vir sy naaste volledige sekerheid te kry oor die lewe na die dood. Maar van dit alles is op hierdie aarde bykans geen spoor te ontdek nie. [10] In die eerste plek word die mens al dommer en onbeholpener as `n dier in hierdie wêreld gebore, en moet jare lank deur sy ouers versorg en gevoed word voordat hy genoeg krag en insig het om homself te onderhou, - en in die tweede plek word hy, wanneer hy dan `n mens geword het wat hom vry moet kan beweeg, deur `n groot aantal wette dermate beperk en sodanig fisies en geestelik gebind, dat hy nouliks nog vry kan asemhaal. En ek vra my af, wat staan dan vir hom daarteenoor? Niks anders as die goeie geloof dat dit met hom na die dood beter en selfs buitengewoon goed sal gaan wanneer alle moeilik opvolgbare lewensvoorwaardes, wat deur die wet opgelê is, vervul is. Ja, dit sou alles goed en beter gewees het as die mens `n sekere waarborg daarvoor sou gehad het! Maar daar sit die grootste moeilikheid by alle mense! [11] Mens lees wel in die boeke dat die mense uit die voortyd met hulle eenvoudige sedes sulke waarborge gehad het. Ja, dit is natuurlik baie mooi en dit is werklik `n gelukwensing werd as hy dit gehad het! Maar ons huidige mense kan mens gladnie gelukwens nie; want aan ons ontbreek sulke waarborge ten ene male, en tog is ons net sulke goeie mense as wat die mense uit die voortyd was. Mens sê ons weliswaar dat dit by ons nie meer moontlik is nie, omdat ons te grof sinlik materialisties sou geword het en aanhangers van die Joodse geheime leer is. Maar ek dink dat juis daar waar die mens op dwaalweë geraak het, hetsy deur sy swakheid gelei of deur die een of ander onsigbare duiwel verlei, dergelike waarborge uit `n moontlike geesteswêreld die meeste na vore sou moet tree om die dwalendes op die korrekte pad te bring. Maar in die algemeen gebeur daar juis nooit iets dergeliks nie. [12] Dat ons met die paar mense nou juis die groot seëning geniet om U, Heer en God, by ons te hê, wat ons deur woorde en tekens laat sien dat en hoe `n mens tot `n ewige en suiwer geestelik lewe geroep en bestem is, geld egter nog lank nie vir alle mense in die wêreld nie, en selfs vir ons slegs in soverre ons van U moet glo dat dit so is, omdat U suiwer goddelike tekens en dade ons geloof `n vaste steun gee. Maar die werke van Moses was ook indrukwekkend, en het veral die mense van sy tyd gedwing om volkome te glo; naderhand het al die buitengewone tekens egter opgehou, en die mense het swakker en swakker in die geloof geword, en het sodoende nou merendeels gestaan op die punt om `n ewige nie-te-wees as die grootste geluk te sien en dit reeds vooraf werklik te voel. Want vir die totale vergaan van die dinge het hy daagliks tallose bewyse gehad, maar vir die ewige voortbestaan selfs nie één nie! [13] Dat dit egter so in hierdie wêreld voorkom, sal niemand hopelik kan betwis nie, en mens kan die priesteresse in hierdie tyd werklik nie kwalik neem as hulle oordeel en die mening wat hulle verkondig, ooreenstem met wat hulle in die hele natuur deur intensiewe ondersoek as korrek bevind het nie. Waarom kom die gees van hulle gestorwe leraar dan nie soos wat hy aan hulle, nog tydens sy lewe, met die hand op sy hart verseker het nie? En waarom gehoorsaam Samuel se gees dan die magpreuk van die heks van Endor en voorspel Saul se einde? Ja, dit is dan tog wel vreemde dinge waaruit `n mens langs natuurlik-verstandelike weg wel nooit in die ewigheid wys sal word nie! [14] Jy kan `n mens deur woorde en onderrig weliswaar baie lig en rus verskaf en dit met wonderbare tekens onderbou; maar van `n oortuiging in die eie, lewende bewussyn is daar nog lank geen sprake van nie! - Heer en God, hierdie opvatting val tog heel goed te verontskuldig, wat vind U daarvan?'

Die verkeer met die ander kant. Bewyse vir die voortlewe na die dood 107 Ek sê: 'Voorlopig mon of heeltemal niks nie, want jy is nog lank nie in staat om jou van al die geestelike `n ware, helder en korrekte begrip te vorm nie! [2] Dink jy dalk dat die mense so deur God verlaat is, dat hulle nou heeltemal geen berig meer uit die geesteswêreld kry nie? O, dan vergis jy jou deeglik; maar die mense het hulle self van God afgekeer, hulle

het begin om hulle alles in die materie te soek en slegs daarvoor besig te wees, en so het hulle hulleself dus heeltemal van die geestelike afgewend. Geen wonder dat hulle dan niks meer waarneem en eintlik niks meer wil waarneem van die geestelike waarborge oor die lewe na die volledige, liggaamlike dood wat aan hulle gestuur is nie! [3] Hoe dikwels is mense, wat met die geeste en met die engele van God dialoog gehou het, nie deur die Judeërs en die Fariseërs as brutale leuenaars gestenig nie, omdat hulle niks wou hoor van `n gees wat hulle vermaan het nie! En omdat dit talle honderdduisende kere voorgekom het, is dit dan `n wonder dat elke onskuldige siener opgehou het en sy visioene en menings vir homself gehou het? [4] Was ou Simeon en ou Anna in die tempel nie `n bron van informasie uit die geesteswêreld nie, omdat beide van hulle daagliks ure lank met die engele van God onderhoude gevoer het en selfs met hulle gedagtes kon wissel? Maar wie het hulle geglo? Mense wou selfs op `n bepaalde dag met oë, ore en mond met die hemelse geeste kontak gehad het; ook dit word, toe Simeon dit vra, toegestaan. Wat sê mens egter van hierdie geweldige verskynsel in die tempel? Dat Simeon en Anna in die geheim saamgewerk het met die Essene en die Egiptiese towenaars om vir die vrome spookverskynsel te sorg! Honderde tempeldienaars is tog met hulle oë, ore en mond getuie daarvan gewees! Waarom het hulle dit dan nie geglo nie? [5] Die latere hoëpriester Sagaria het visioene gekry. Wie het hom geglo? Maar toe die mense sien dat die visioene van Sagaria volkome waar was, wat het die mense toe met hom gedoen?! [6] Toe sy seun, Johannes, wat van die goddelike gees deurdronge was, in die woestyn gepredik het, en die Judeërs deur allerlei tekens oortuig was van die volle waarheid van wat hy gesê het, het hulle toe gedoen wat hy hulle geleer het? O nee, hulle het maar net baie kwaad geword en hom, giftig van ergernis, gegryp en hom in die gevangenis gewerp, en - die res weet julle! [7] Nou is Ek hier, met die Allerhoogste Gees van God, en laat julle deur woorde en dade sien dat dit so is, en tog twyfel julle aan die waarheid van My woorde! Sê nou eers self: Watter groot en nog betroubaarder waarborge vir `n lewe aan die ander kant moet Ek julle dan nog gee? [8] Of moet mense, wat deur die onbegrensde liefde van die Vader voorbestem is om volledig Sy kinders te word, nie wat hulle siele aanbetref, wat onder die oordeel val, in hierdie wêreld gebore word sonder `n reeds ontwikkelde, hoër bekwaamheid vir die lewe nie? Moet hy nie eers deur allerlei onderrig en oefening uit vrye wil kennis en vaardighede opdoen en daardeur, as jong, aankomde skeppers self aan hulle goddelike lewensvervolmaking werk nie, waartoe die Vader in die hemel hulle altyd alle moontlike hulpmiddele in die hand gegee het en nog steeds bly gee? [9] Waarom sê Ek dan vir julle: 'Handel volgens My leer, dan sal die ewige lewe hom vanself so duidelik moontlik in julle openbaar!'? En as dit so is, hoe kon julle dan nog so blind wees en sê dat die buitengewone stoïsynse vroue van hierdie priesters eintlik gelyk het om so te praat? O, julle baie blinde dwase! As Ek dit wou en as dit enig nut vir julle sou hê, sou Ek julle geestelike oë onmiddellik kon open, en dan sou julle sien dat julle van alle kante deur `n leër van geeste omring word! Maar wat sou julle dan sê? Ek sê jou: Presies dieselfde as die stoïsynse vroue! Julle sou dan, altans innerlik, so oordeel: 'Ja, solank ons lewe, voel en sien, is dit maklik om iets vir ons in die mou te voer; maar gaan maar eens na die begraafplase toe en maak dit eers aan die dooies wys, - hulle sal tog niks meer daarvan hoor, sien en voel nie!' En Ek sê vir julle: Julle het volkome gelyk; want hulle is ook sekerlik nie meer voorbestem om te lewe nie, hoewel daar ook nog in hulle lewensdeeltjies van die siel aanwesig is wat onder die oordeel val, wat na hulle volledige ontwikkeling ook eens vir `n ander individu tot `n vrye lewe gewek word. [10] Maar net die siel van die mens is vir die ewige voortlewe voorbestem; die materie kan nie as materie voorbestem wees vir `n ewige voortbestaan nie, omdat hy op sigself slegs iets geestelik is wat geoordeel is, dus alleen die vasgelegde wil van God vir `n bepaalde tyd is, en dat dit nie vir altyd so kan bly nie, omdat in God, saam met al die ander, sy wil ook vry is en dat `n gedagte van God slegs solank vasgehou word as wat noodsaaklik is vir die bereiking van `n hoër doel. [11] Sonder God en buite God kan iets in ewigheid nooit en nêrens bestaan nie. Wat daar is in die hele, ewige oneindigheid is uit God, en dus eintlik volkome geestelik. Dat dit in `n wêreld as vaste materie sigbaar word, kom deur die standvastigheid van die goddelike wil; as dit sou ophou om aan `n gedagte van God vas te hou, sou daar vir `n stoflike oog selfs geen spoortjie meer te vinde wees nie, hoewel die gedagte van God wat op hierdie wyse opgelos is, geestelik ewig in God sou moet voortbestaan. [12] Sê dan eers waar Ek die grond vandaan gehaal het waarmee Ek die meer opgevul het, of die materiaal waarmee Ek gisteraand die aardse besittings van die arm vissers verbeter het, en waar bly die materie van die drie gode wat weg is? By die meer en by die vissers is My gedagte deur My wil vasgelê, en by die beelde is My vasgelegde wil losgelaat en My oergedagte vry en weer geestelik gemaak. En dit is ook die verklaring vir die tekens wat Ek hier vir julle gedoen het. Vir die feit dat Ek egter ook Heer van die geeste en al die lewe is, is hierdie seun Jorab, wat eergisteraand deur My uit die volkome dood weer tot lewe gewek is, `n gedugte getuie. Kan Ek julle dan nog meer bewyse gee vir die verder lewe van die siel

na die skeiding van die liggaam?' [13] Toe sê die Skrifgeleerde: 'Nee, my God, my Heer en Leraar! Nou is alles vir my heeltemal duidelik. Ja, so is dit en dit kan ewig onmoontlik nie anders wees nie! Maar Heer, as die vroue van die priesters nou straks mag kom, laat my dan asseblief `n oomblik met hulle praat, dan sal ek hulle Diogenes wel op so `n manier uit hulle verjaag dat hulle later beslis nooit meer aan `n Diogenes sal dink nie!' [14] Ek sê: 'Ja, ja, doen dit, want dit staan My tog al baie teen om met allerlei stoïsyne te doen te hê! Maar pas op dat jy uiteindelik nie aan die kortste end trek nie, want hierdie vroue is op hulle manier baie bekwaam en weet hoe om hulle saak te behartig.' [15] Die Skrifgeleerde sê: 'Heer, daarvoor sal ek wel met U hulp sorg!' [16] Nouliks het hy dit gesê, of die vyf priesters met hulle vroue daag op.

Die ateïstiese toespraak van die welsprekende vrou van die priester 108 Die priesters en hulle vroue groet ons en maak voor My `n diep buiging, en Jored wys hulle dadelik `n plek aan ons tafel aan en plaas brood en wyn voor hulle. Toe hulle uit beleefdheid ietwat brood en wyn geneem het, begin die vroue baie gou hardop met almal te praat, by name die besondere intelligente, wysgerige vrou van die Minerva-priester. Reg teenoor hierdie vrou sit die Judees-Griekse skrifgeleerde, wat ongeduldig wag om met die vrou `n gesprek te begin; want sy praat nou oor heel ander, onbelangrike dinge. [2] Eers na ongeveer `n uur gaan die gesprek oor na `n belangriker onderwerp, naamlik die orakel van Delphi en die van oudsher bestaande wêreldorakel te Dodona. Eers by hierdie geleentheid kry ons skrifgeleerde `n moontlikheid om met die vrou `n gesprek te begin, waaroor hy hom opwen omdat hy so lank op die oomblik moes wag. [3] Maar meer intenser breek die bui nou los. Die vrou beweer naamlik, dat hierdie institute nog steeds vir die gewone volk `n groot weldaad was, omdat die mense juis daardeur nog die meeste by die dom geloof aan `n voortlewe van die siele na die dood gebly het. Want daar kry die dom, swaksinnige mense nog steeds `n baie goeie, en deur die ou geloof geoutoriseerde, geleentheid om vir `n klein offer met hulle gestorwe vriende te praat, en dit was en bly steeds waar, omdat mens die mense tot op hede nog niks beter kon aanbied nie. [4] Aan die stoïsynse waarheid, wat deur alle ervaringe bevestig word, en wat vir hulle die enigste erkende was, het die onopgevoede volk weinig, en daarom was dit ook goed dat hierdie waarheid slegs aan die priesters toevertrou was, sodat dit wys sou wees om daardeur allerlei beter vrome bedrieëry vir die volk te kon bedink, waardeur die volk tydens sy kort lewensduur volkome geseënd gemaak kon word. Die geluk was natuurlik nooit vir die priesters weggelê nie, daarom het hulle offers nodig gehad om hulle lewe, wat origens treurig en ellendig was, beter te kon verdra, en hulle moes hulle troos met die gedagte aan die komende non-bestaan, wat geen gevoel, pyn en sorg sou ken nie. [5] 'Ek sê nie', praat die priesteres verder, 'dat daar vir die goeie niks beter gegee sou kon word nie; maar solank dit nie gebeur het nie, was die bestaande nog altyd verreweg die beste. Die egte wysheid leer ons mense, deur doelmatige, maar steeds geheim gehoue middele om die mensdom in sy algemeenheid so goed moontlik te verdra, in `n gelukkige lewenstoestand te bring en te hou. Eers daardeur kry die mens sy sedelike waarde en is hy in staat om `n bruikbare lid van die menslike maatskappy te word. Daarom kan die priesterstand, wat ook op homself beklaenswaardig is, en wat insig het in die suiwere, maar baie treurige waarheid, nooit genoeg deur alle leke gewaardeer word nie, want al die wel en weë van die mensdom hang enkel en alleen af van die opofferende priesterstand. [6] Veronderstel eers dat alle priesters en priesteresse op `n keer teen die volk sou saamsweer en die volle, suiwer waarheid sou praat en die hele gedoe van die vrome bedrog sou onthul. Dit sou sekerlik die verskriklikste chaos onder die mense veroorsaak. Niks sou vir die mense dan nog heilig wees nie, en die sterkere sou die swakkere soos `n wilde dier aanval en verskeur, ja, mense sal die pasgebore kinders slag en as voedsel vir die honde gee. Kort en klaar, die mens sou baie gou sy eie vyand word en `n vreeslike vyand van alle hele lewe word, iets wat ons in feite ook vir onsself en onder mekaar volgens waarheid weet. [7] Want ons ken geen God nie - behalwe die God wat uit ons fantasie voortkom. Ons weet wel iets, naamlik dat daar geheime kragte in die groot natuur is waaronder deur talle, verskillende, toevallig optredende omstandighede ook die mens sy treurige bestaan te danke het, maar hierdie kragte is net so min bepaalde intelligensies en van homself bewuste godhede, as dat die water `n godheid sou wees, omdat dit deur sy volkome stomme, blinde swaartekrag steeds na benede stroom, wat ou ervaring geleer het, omdat mens nog nooit `n stroom teen `n berg na bo sien stroom en kabbel het nie. Daarom is duisend gode en die grootste bygeloof onnoemlik baie heilsamer en nuttiger vir `n mens as watter suiwer waarheid dan ook. Wel, wat gee die geloof wat `n mens van die wieg tot die graf gehad het, as dat die geloof hom

maar `n duidelike versekering gee vir eendragtelike en voortdurende lewe van die siel na die liggaamlike dood? [8] Wat kan `n dom yweraar van die waarheid teen ons inbring as ons sê: 'Vir die mense is elke godeleer goed as hulle dan ook in `n hoër goddelike wese glo wat hulle volledig die versekering kan gee van `n ewige lewe van die siel na die dood!'? Op sigself is elke godeleer vals en ongeloofbaar, slegs die sedelike wette wat daarvan afgelei is, is goed. Daar het egter ook - as daar `n lewe na die dood is - nog nooit `n mens teruggekom om ons priesters ter verantwoording te roep en uiteindelik te sê: 'O julle gemene booswigte, waarom het julle my tog op so `n skandelike wyse bedrieg met sulke kolossale leuens en met valse leerstellinge?' [9] Helaas, as daar `n lewe van die siel na die dood sou wees, dan sou sulke siele, wat so baie deur ons bedrieg is, hulle al baie lankal sigbaar en geloofwaardig op ons gewreek het, of hulle sou ons, in ons ellende gesien, `n nadere uitleg oor God en oor die lewe van die siel na die liggaamlike dood gegee het! Maar omdat daar na die dood van die mens, net soos van elke dier, geen lewe meer is en kan wees nie, daarom kom daar ook geen gees meer te voorskyn om hom op ons te wreek nie, omdat ons hom in hierdie wêreld so baie belieg en bedrieg het, en ons sal ook beslis geen onnodige bekommernis daaroor hê nie. [10] Mense het hier op hierdie aarde, na gelang van die klimatologiese bodem- en wateromstandighede, verskillende talente en eienskappe. Die een is reusagtig sterk, die ander is so swak soos `n vlieg. Die een het `n skerp verstand, en `n ander is daarby vergeleke so dom soos die nag. Die een het die skerp blik van `n arend en sy naaste is blind. Die een het, danksy sy groot skerpsinnigheid `n ongelooflike opmerkings- en kombinasievermoë, dring maklik deur in alle dieptes van die werking van die geheime natuurkragte, en is weldra in staat om dit op klein of groot skaal na te boots, en ander mense wat die eienskappe nie het nie, verbaas hulle oor hom en sien hom haas vir `n God aan. Ander kan weer duisend jaar lank die altyd aktiewe en besige natuur bestudeer, sonder om iets te vind, en hy vind ook niks uit nie, hoewel hulle tog ook mense is. [11] Maar ondanks al die buitengewone wonderbaarlike eienskappe waarmee die mens so dikwels op hierdie aarde begiftig was, moes hy uiteindelik tog sterwe, en geen sterfling het ooit weer iets van hulle gesien nie. En daarom sê ons, hoewel ons julle wonderbaarlike gawe, wat bykans nog nooit met die krag voorgekom het nie, in `n baie hoë mate bewonder, dat ook julle almal, net soos ons, net so sal verdwyn van hierdie aarde as al julle groot voorgangers. Slegs hulle verskillende leerstellings en hulle dade en werke het nog by hulle volgelinge in herinnering gebly, en dit sal met verloop van tyd ook met julle die geval wees, waaraan julle natuurlik niks het nie omdat julle, as julle nie meer bestaan nie, ook niks meer nodig sal hê nie. [12] Dit is tot op hede ons opvatting oor die bestaan en oor die bestemming van die mens, wat deur die ervaring van alle volke van die aarde goed gefundeerd is en tot op hede die enigste ware een is. Dat daar buite hierdie enigste ware lewensbeskouing by alle volke nog `n aantal pragtige fantasieë bestaan oor `n ewige lewensbestemming van die mensesiele na die liggaamlike dood, weet ons baie goed; maar wat staan vir hulle waarheid in? Dalk die beelde uit die drome van die mense, of die spoke van `n koorsagtige verhitte fantasie? O, dit is alles slegs produkte van die verskillende lewenstadia van die mens, solank sy hart klop! As dit nie meer klop nie, het ook die drome en koorsverhitte spoke opgehou, en hiermee die bestaan van die mens en sy verwagtinge, wat dikwels so mooi is! - Ek het nou gepraat, neem U nou die woord, meester uit die ryk van die gode, en gee ons iets beter!' [13] Tydens hierdie taamlik uitgebreide, suiwer ateïstiese toespraak van die priesteres word die skrifgeleerde al behoorlik kwaad, omdat hy die steeds maar deurgaande logika van die priesteres nêrens kon onderbreek om haar die mond te snoer nie. Maar nou kom vir hom die lank verwagte oomblik, en hy haal so diep moontlik asem om kort en kragtig baie swaarwegende teenargumente op die priesteres af te vuur. [14] Eers toe hy met sy asem in die reine was, sê hy met `n veelbetekenende blik: 'Luister, ontsettend lewenslose en godlose Minerva van `n priesteres! Het jy as besondere wyse, heidense vrou, die Romeinse spreekwoord nooit gehoor nie wat lui: 'Quod licet lovi, non licet bovi!'?* *(Wat Jupiter mag doen, is aan geen os toegestaan nie)[15] Vinnig sê die priesteres: 'Beste vriend, het dit betrekking op my of op jou? In die huidige situasie skyn dit werklik meer op jou betrekking te hê as op my, want ek het nooit daaraan gedink om iemand met onsorgvuldige verkose, ongekontroleerde woorde te beledig nie, - wat egter nou by jou juis die geval skyn te wees. As daar `n Jupiter bestaan, dan sal hy wel daarvoor sorg dat `n os hom nie namaak nie; maar as daar geen Jupiter is nie, staan die os, omdat dit in elk geval wel daar is, duidelik hoër as die nonbestaande god. Helaas vriend, as jou hele wysheid bestaan uit sulke tot nog toe heel ontoepaslike sinspreuke, dan sal ek graag jou leraars wil leer ken! Die sal bepaald nie in die daglig esteties daar uitsien nie! Kan jy my miskien nog meer van sulke spreuke laat hoor?'

Gedagtewisseling tussen die skrifgeleerde en die priesteres 109 Hierdie taamlik vinnige opmerking van die priesteres bring die skrifgeleerde tot beter insigte en hy sien nou in, hoe lomp sy Romeinse spreuk was en hoe sinneloos hy dit gebruik het. [2] Hy besin hom en sê: 'Nou, nou, beste vriendin, so het ek dit tog immers nie bedoel nie; ek bedoel maar net dat jy, omdat jy heeltemal niks weet oor `n siel en oor `n verdere lewe daarvan, ook na die liggaamlike dood nie, en ook nie oor `n enige, waaragtige God nie, en jy ons maar net die ewige dood predik, nie eers so praat asof jy alleen alle wysheid van die hele wêreld sou besit nie, en asof jy ons, wat tienduisendmaal beter weet, met jou ou Diogeneskraam die les leer, asof ons nog nooit iets daaroor gehoor het nie. Ons wil julle arme blindes nou maar net iets beter gee; en dit maak dat wat jy doen gladnie pas by wat ons nou ten voorskrifte van julle wil pas nie! Julle moet na ons luister, maar ons nie na julle nie, omdat ons maar al te goed weet hoe dit met julle gestel is en waaruit julle innerlike Diogenes-wysheid bestaan wat ons by julle moet wegneem. En ongeveer so moet jy die betekenis van my spreekwoord sien.' [3] Die priesteres sê: 'Laat jou spreekwoord beteken wat dit wil, dan het jy dit tog nie gebruik soos iemand wat volgens sy uiterlike as Griek, alles moet weet van ontwikkeling, gedrag, fatsoenlikheid en menslikheid nie, maar soos `n egte onbehoue Judeër. Ek sê dit nou maar net so vir jou, om jou te laat besef dat ons hier fyner maniere het as wat die volk van God by julle in Jerusalem miskien het. [4] Dit lyk my egter dat dit die moeite werd is om die God van naderby te leer ken wat so `n volkie soos syne uitgekies het! Helaas, ek sê vir jou: so `n God moet baie te bekla wees! As jy ons onderrig wil gee en Diogenes uit ons koppe wil praat, moet jy baie anders teenoor my praat, anders sal jy, omdat jy slegs `n leerling van die groot meester is - en beslis nie die belangrikste nie - bepaald geen goeie sake met ons kan doen nie! Beheers jou daarom ietwat beter!' [5] Die skrifgeleerde sê: 'Laat ons daaroor ophou en dadelik tot die hoofsaak oorgaan! Sien jy nie dat ons leerlinge almal in `n ware God en in die onsterflikheid van die menslike siel glo nie? Ja, waarom dan nie julle nie? Ons is almal volkome daarvan oortuig, en ons is tog ook mense! Hoe kom dit dan dat julle heeltemal gladnie oortuig is van dit alles nie, wat nou tog al vir elke mens wat dieper nadink, `n uitgemaakte saak is en ook baie goed ingesien word? [6] Kyk, ek kan julle vertel hoe dit gebeur het. Dit is `n straf vir julle van die ware God van Israel, waardeur julle julleself steeds moet laat pla deur die verskriklike gevoel van die ewige dood, omdat julle die hoër lewenswaarheid wat die volke vroeër gehad het, van hulle weerhou het en hulle vanweë julle luuksueuse lewetjie en niksdoen, in plaas van met die verligte waarheid, alleen met allerlei leuens en bedrog afgeskeep het! [7] Julle het julle aan die volk voorgedoen as die ware dienaars en onsterflike vriende van die gode en julle het dikwels groot en soms selfs gruwelike offers van die armes geëis, deur julle deur en deur beliegde en bedriegde volk; daarom het God julle die innerlike, oortuigde gevoel van die sielelewe ontneem en die gevoel van die ewige dood in julle gelê, en julle groot wysheid bestaan nou daarin dat julle voel en duidelik besef dat die ewige dood in julle gehuisves is! [8] Juis daarom kan julle ook nie meer agterkom dat die verkeer tussen die mense wat hier lewe en die oorgegane siele nog net so bestaan soos dit altyd bestaan het by mense wat by die ou waarheid gebly het. [9] En laat ek nou nog die volgende vir julle sê! Die buitengewoon belaglike, dom heidendom is nou by julle weggevee, en julle sal dit hopelik verder nooit meer opnuut vestig nie; neem daarom die leer wat julle van julle brawe mans sal hoor, in julle hart op en leef en handel daarvolgens, dan sal die in julle weer teruggekeerde, oortuigende gevoel van die lewe van die siel na die liggaamlike dood wel weer verskyn en julle die enige, ware God en Heer laat erken, wat julle nie vir die ewige dood, maar vir die ewige lewe geskape het, wanneer julle julleself waardig wil maak langs die weg van `n heel ander wysheid as die van julle uiters dom Diogenes! - Het jy my verstaan?' [10] Die priesteres sê: 'O ja, baie goed! Jy het egter nou wel verstandig gepraat, maar dit is helaas maar net woorde soos ons dit ook baie dikwels van ons gestorwe mentor gehoor het! Die woorde op sigself is baie goed, - dit is net jammer dat dit heeltemal geen oortuigingskrag vir ons besit nie! As ons ouers hulle, miskien `n paar duisend jaar gelede, van `n moontlike, ware God afgewend het, dan kan dit tog onmoontlik ons skuld wees dat dieselfde enige en ware God ons onskuldige nakomelinge van die moontlike sondaars nog steeds so haat dat hy ons hart voortdurend met die ewige dood sal pla! Mag dit egter wel so wees, dan bedank ons julle enige, ware God! Dan gee ons Diogenes met sy leer oor die te verwagte ewige vernietiging `n baie groter troos as wat jy ons nou gee met die uitsig op die herverkryging van die gevoel van die ewige lewe in ons siele! Nee, dit sou vir my `n mooi alwyse en almagtige God wees, wat so `n matelose toorn teen `n skepsel bly koester, dat al die duisende verbygegane winters nie in staat was om dit uiteindelik eers af te koel nie! [11] Ek sou my `n ware God hoogstens kon voorstel as `n baie groot, suiwer liefde, omdat liefde die element is wat eintlik alles verwek en lewe gee; maar om `n God vir my voor te stel as `n baie groot toorn,

sou vir my egter onmoontlik en ondenkbaar wees! Ook ons heidene het wel toornige gode, - maar hulle het as simboliese beelde hulle plek in die onderwêreld, omdat daar selde iets goeds daarvandaan te voorskyn kom; want in die onderaardse gate en hole woon gewoonlik slange, drake en verskeurende wilde diere, en ook swawel, pik en `n verskriklike, alles vernietigende, verterende vuur hoort daar tuis. Omdat sulke bose dinge hulleself daar huisves, het ons alle slegte en laere hartstogte as duistere, versteekte beelde in die onderwêreld geplaas. [12] Maar ons begrippe van die goeie gode is almal sodanig, dat dit baie goed afgelei kon word van die suiwere liefde. Magtige, wyse erns, gepaard met liefde, is dit wat ons onsself voorstel van `n korrekte begrip vir `n God wat êrens in of bo die sterre woon; en om onaangename toorn en afskuwelike wraak voor te stel het ons die simbole van die furiës (helleveë). En so, vriend, het ons heidene, altyd nog die beste en vir elke suiwer menseverstand die redelikste begrippe van `n waaragtige goddelik wese! - Wat het jy nou daarop te sê?'

Die uiteensetting van die skrifgeleerde oor die wese van God 110 Die leerling sê: 'O beste, wyse, heidense priesteres! Jy praat volgens jou begrippe weliswaar wys en jy het van die goeie godheid bepaald geen verwerplike opvatting nie, - maar desondanks ken jy nie die ware wese van God nie, en as jy dit sou ken, sou jy saam met die wyses uit die voortyd uitgeroep het: 'Verskriklik is dit vir `n sondaar om in die hande van die almagtige God te val!' God is wel vol oneindige liefde vir diegene wat Hom ken, liefhet en Sy gebooie onderhou, - maar duisendmaal wee aan diegene wat Hom nie wil ken nie of, as hy Hom en Sy gebooie wel ken, homself tog in sy hart van Hom afkeer en Sy gebooie nie onderhou nie! [2] Kyk, die geskiedenis laat ons verbasingwekkende voorbeelde sien van versengende toornoordele oor hele volke omdat hulle God nie meer wou erken nie en maar net gedoen het wat hulle sinne bevredig! Omdat God dus sulke growwe, totaal verstokte sondaars en teenstanders van Sy heilige wil altyd met die onverbiddelikste, hardste straf kasty en die straf selfs dikwels tot die kinders en kindskinders uitstrek, kan ons nie anders as om vasstaande aan te neem dat in die enige en slegs ware God ook toorn en wraak woon nie, en dit nog verseker omdat mens die eienskap ook baie oorheersend in al Sy skepsele aantref! [3] By ons skepsele kom dit nou maar net daarop neer met watter van die eienskappe wat in onsself aanwesig is, ons onsself vernaamlik geïdentifiseer het en waarvolgens ons handel; want met dieselfde, gelyke eienskappe sal God Homself ook ten voorskrifte van ons gedra. Is ons goed, wys, liefdevol teenoor God en ons naaste, en barmhartig, deemoedig en geduldig, dan sal God ook altyd so teenoor ons wees. Hy sal in ons die bewussyn van die ewige lewe opwek, en ons sal `n oorvloed aan seëninge ontvang. Is ons egter die teendeel, dan sal God ook so teenoor ons wees en ons voortdurend tugtig, en dit net totdat ons onsself volledig volgens Sy wil verbeter het. En kyk, daaruit bestaan dan ook die hoogste regverdigheid van God, waar God sonder hierdie eienskap onmoontlik `n volkome waaragtige God sou gewees het! [4] Want God, die alsiende, alwetende en alvoelende, moet vas en sekerlik tog ook in staat wees om te beoordeel wat goed en wat sleg is, dit wil sê, wat volgens Sy ewige orde is, of daarteen, en Hy moet dan die skepsel, wat Hy begiftig het met verstand en `n vrye wil, en wat Hy tot `n hoër lewensdoel op hierdie aarde wil verhef, deur `n korrekte opvoeding ook die les te leer of hetsy te straf. [5] Ons enige, ware God is daarom alles in alles. Hy is die hoogste, suiwerste liefde, maar ook die hoogste, onverbiddelikste geregtigheid self. Beste vrou, as jy miljarde jare sou lewe, maar steeds weer teen die bekende wil van God sou ingaan, sal Hy jou nie verhoor nie, ook al bid jy vir duisende jare op jou knieë na Hom toe of Hy jou nie uit jou ellende sou wil bevry nie. Maar sodra jy jou vermaan om in alle erns Sy wil deur jou dade tot jou wil te maak, dan sal God jou ook verhoor en sal Hy jou help in die mate waarin jy Sy wil aanvaar het. Kyk, dit is `n ware en korrekte voorstelling van die enige ware God wat die hemele en hierdie aarde en alles wat daar is uit Homself geskape het! Wat dink jy nou daarvan?' [6] Die priesteres sê: 'Ja, ja, dit klink al beter en daar sit baie in van wat jy in die natuur terugvind! Maar ek is `n selfstandig denkende wese, ek het denkvermoë en rede, en ek het gesoek en geen God gevind nie, - en waar vind ek iemand om aan my die aangetoonde, ware goddelike wil mee te deel, sodat ek dit dan kan opvolg? Of het ek vóór my bestaan ooit met die absoluut ware God `n bepaalde kontrak gesluit waarin die voorwaarde staan waaronder ek in hierdie wêreld gebore moes word en wat ek dan moes doen? [7] Nee, daar kan jy niks oor navraag doen nie, maar die mens kom sonder om dit te weet en te wil op hierdie wêreld, hy moet eers vanweë sy onbeholpenheid en swakheid baie van sy sterk ouers laat welgeval, wat egter goed is omdat die swakke kindmens sonder hulle hulp beslis binne `n baie kort tyd ten gronde sou gaan. Mettertyd word die kind egter `n sterk mens, en dan verminder die absolute gehoorsaamheid aan die ouerlike wil aanmerklik, - maar dan kom die gehoorsaamheid aan `n hoër wil, die wil van God, wat `n mens tot aan sy dood belemmer om sy lewe in te rig soos wat hy dit self wil hê. Wel, as jy dit vooraf met `n God sou afgespreek het, sou dit wel in orde wees, maar daar kom jy niks oor te wete

nie en jy kan dit ook nie lewendig in jou herinnering terugroep nie! [8] Ons mense is duidelik deur `n groot mag en krag in die lewe geroep. Dit leer ons ons selfbewussyn. Wie egter die krag is en hoe hy daaruit sien, is `n heel ander vraag. Ons kom hoogstens te wete dat hy êrens moet wees, omdat elke werking tog `n oorsaak moet hê. Maar waar sit die oorsaak, wat is dit, hoe sien dit daar uit, en hoe werk en handel hy? Wie kan hom soek, wie kan hom vind, en wie kan sy stem hoor en sy wil, en wie kan sy gesig sien? [9] Wat ons van hierdie krag en mag weet, weet ons tot op hede maar net uit die mond en uit die vrome fantasie van die mense, en merendeels van diegene wat deur hulle besondere vaardighede ook meer met die geheime kragte van die groot natuur vertroud was en dit dikwels ook in verbasingwekkende omvang tydens hulle lewe aan hom diensbaar kon maak. Die soort mense, wat weliswaar seldsaam is, wat ons in `n sekere sin halfgode noem, gebruik hulle natuurlike gawe dan ook gewoonlik om die mense in die naam van een of meer gode onderrig en wette te gee; en die liggelowige, blinde volke glo hulle dan ook heilig en help die wonderdoeners selfs by die maak van ondraaglike harde wette vir hulself en hulle nakoming en bekragtig dit met die gruwelikste straf hier en aan die ander kant. Wanneer ander wyse mense dan, wat ook met baie buitengewone eienskappe begaafd was, die beste vir die mense wil hê en die ou verroeste onsin wil opruim, dan word hy dikwels baie gou `n beklaenswaardige offer van die ou, gruwelike wette. En dit is op hierdie aarde altyd al so gewees en sal ook verder wel so bly, omdat die natuur en die temperatuur van ons aarde so is dat die waaragtige goeie nooit op haar bodem lank sal standhou nie, maar waar die slegte en bose hardnekkiger en onveranderlik bly. [10] Strooi maar net suiwer saad in `n sorgvuldig skoongemaakte akker, dan sal daar tog altyd onkruid daartussen opskiet! Strooi egter onkruidsaad op `n stuk grond, en jy sal nie één koringaar somaar te midde van die onkruid sien opkom nie! Daarom moet die mens die goeie altyd met besondere vlyt versorg, en daarby sal hy sy hande vol hê om dit teen allerlei kwaad te beskerm. Maar ondanks alle vlyt en ywer van menige agtenswaardige mense word daar nie met verloop van tyd alle moeite en inspanning gedoen nie, soos by `n groot, mooi stad wat eens vol wêreldse prag was, maar waarvan mens later nouliks meer weet waar sy geleë was. [11] Ek sê vir jou, dat jy my nou net werklik `n baie aanneemlike definisie gegee het van die begrip God; maar jy as spreker is `n mens, en ek, jou toehoorster, is ook niks anders nie, en ek kan jou maar net sê: Jou betoog was egter nie in teenspraak met die hoër rede nie, - maar daar ontbreek tog die belangrikste aan, naamlik die noodsaaklike, duidelike bewys dat daar werklik so `n God bestaan waaroor jy soveel goed en aanneemlik gesê het. Kan jy dit gee, dan het jy aan ons almal `n goeie daad verrig, en sal ons weet om jou te prys.' [12] Die skrifgeleerde sê: 'Die bewys wat deur jou verlang word, kan deur niemand anders as maar net deur jouself gegee word nie, - ook God kan dit nie gee nie; want dit moet eers deur die handeling volgens die ware, geopenbaarde wil van God in jouself duidelik word! Want juis dit is, as `n lewende, waaragtige bevestiging vir die bereik van die ewige lewe, die herkenningsteken wat aantoon dat die wil van God wat aan die mens geopenbaar is, nie die woord van `n mens is nie, maar die woord van die ewig ware, lewende God, wat in homself Lewe, Liefde, Krag en Wysheid is. - Meer kan ek jou nie sê nie, omdat dit op sigself voldoende is vir elkeen wat daarvolgens wil lewe en handel; maar met die uitoefening van allerlei kritiek bereik jy egter nooit iets vir die lewe van jou siel nie. Wil jy egter nog meer weet, wend jou dan maar tot ons Heer en Leraar, Hy sal jou wel verder kan inlig!' [13] Die priesteres sê: 'Vriend, ook sonder die raad van jou, wat hier totaal oorbodig is, weet ek dit goed! Maar jy het dadelik begin om teen ons te praat en daarom vereis beleefdheid dat ons met jou praat; nou skyn jy egter aan die einde van jou wysheid te wees, en daarom verwys jy my na die groot, wyse meester! Dit is die beste, maar as jy dit dadelik in die begin gedoen het, sou dit vir my en ons almal beter gewees het.'

Die weg om God te leer ken en lief te hê 111 Daarop sê die skrifgeleerde niks meer nie; maar Ek sê vir die priesteres: 'Luister, baie wysgerige priesteres, dit maak nie saak of Ek of hierdie leerling met jou praat nie, want elkeen van My leerlinge wat dit dan ook in My Naam sê, kan maar net dit sê wat Ek hom Self in die mond lê! Hy het jou presies gesê wat Ek jou sou gesê het! Dat jou egosentriese stoïsynisme niks anders as die dood is nie en om die uiteindelike volledige vernietiging van jou bestaan in jou te voel, is maar net jou eie skuld. [2] Waarom is daar dan soveel heidene wat, net soos die beste Judeërs, maar nie net sonder om te twyfel glo aan die voortlewe van die siel na die dood nie, maar ook innerlik in hoë mate en lewendig daarvan bewus is?! Waarom is dit dan nie by julle die geval nie? [3] Ek sal julle egter vertel waarby dit lê! Kyk, dit kom deur julle hoogmoed, julle eieliefde, en die begeerte om by die mense as hoogdrawende baie- en selfs allesweters te skitter en elke andereen met julle ou,

wysgerige brokke in die stof te laat byt! Wie kan daar iets teen julle sê of julle iets aanraai, as julle altyd maar net daarop uit is dat elkeen na julle luister – maar julle nie na iemand anders wil luister nie? Dit is egter die gevaarlikste soort hoogmoed, en daarop slaan die spreuk: Wie geen raad aanneem nie, is ook nie meer te help nie! [4] Solank julle vashou aan hierdie hoogmoed, sal julle ook in plaas van die lewe, slegs die ewige dood in julle voel; want hoogmoed dryf die siel met alle krag in die vlees van haar liggaam in, en daardeur word sy, omdat sy haar steeds meer opblaas, volledig één met haar vlees en in die toestand kan sy dan niks anders meer voel en ervaar as die dood van haar liggaam nie. [5] As die siel egter heeltemal afstand doen van haar hoogmoed en haarself verdeemoedig, isoleer sy haar ook steeds meer van die growwe vlees van haar liggaam en staan maar net deur die senuweegees, wat aan haar verwant is, daarmee in verbinding. As hierdie situasie eenmaal by `n siel ingetree het, sal sy ook lewe in haar voel, en sal sy daarna strewe om haar ook steeds meer in te span vir die naasteliefde en daardeur ook vir die suiwere liefde tot God, wat sy in haar deemoed ook gou en moeiteloos sal vind. Daardeur wek sy ook haar gees aan die ander kant uit God op en begin één daarmee te word. As dit eenmaal gebeur het, word sy reeds opgeneem in die volmaakte, ewige lewe en sy gaan daardeur steeds meer in alles na God lyk, en het dan `n helder insig in die ewige lewe gekry. [6] Solank `n siel egter in haar wêreldse hoogmoed volhard en haar deur haar naaste oormatig laat bewierook, begrawe sy haar steeds verder in haar growwe vlees en daardeur ook noodsaaklikerwys steeds verder in die dood van die vlees. Watter woorde en watter dade en tekens moet dan van die dood vervulde siel die bewys kan lewer dat sy na die liggaamlike dood verder leef, en dat daar slegs één waaragtige God is?! [7] Jy vind nou wel dat `n baie wyse, alwetende, almagtige God so `n mens tog op die een of ander manier wel `n lig sou kon gee, sodat hy gewaar sou kon word hoe hy daarvoor staan. Dit doen God altyd; maar hoogmoed laat nie toe dat die mens dit alles vir homself realiseer nie. [8] Ek sê julle: Wie ook maar ooit begin om te dink dat daar `n God is wat alles wat bestaan geskape het en alles onderhou en bestuur, die sal ook gou insien dat alles wat bestaan, goed en doelmatig ingerig is. Hy sal deur die wyse bestel ook baie gou besef dat die Skepper van alles wat bestaan, baie goed moet wees. As `n mens dikwels daaraan dink, en so Skepper en skepsel beoordeel, sal hy die Skepper begin liefhê en die liefde tot God sal van dag tot dag steeds in die hart van die mens vermeerder en hegter word, en hierdie liefde is nou die gees van die mens van die ander kant, wat met sy lig die siel deurdring en met sy warmte die siel lewend maak. En as dit eenmaal by die mens die geval is, is dit vir hom ook nie meer moontlik om ooit te dink dat hy die dood in hom het nie. [9] Dat die moontlikheid vir elke mens bestaan om dit op eenvoudige wyse by en in homself te verwesenlik, is af te lei uit die feit dat elke mens oë het om te sien, ore om te hoor en `n reuksin het en smaak en gevoel, en by dit alles verstand, rede, en hande en voete, en `n vrye wil waarmee hy na willekeur sy ledemate kan aktiveer en sy liefde kan reël. So toegerus, sien hy die son op- en ondergaan, - en ook die maan. Hy sien die sterre en tallose talle soorte skepsele, wat hy kan bekyk en waardeur hy God, die Majesteit steeds meer en beter kan leer ken. [10] Elke berg, elke vlakte met sy talle vrugte, elke rivier, alle verskillende, op allerlei wyse versierde grasse, plante, struike en bome getooi in al hulle skoonheid, en alle diere gee hulself immers tog stof genoeg om oor hulle ontstaan en bestaan na te gaan dink. [11] As `n mens egter daaroor nadink, sal `n innerlike stem hom sê dat alles nie maar net so vanself en uit homself kon ontstaan nie, maar dat daar `n baie wyse, liefdevolle en almagtige Skepper moet wees wat dit alles geskape en georden het, wat dit nou nog steeds in stand hou en op `n steeds meer veredelde en volkomer wyse ewig verder in stand sal hou, omdat Hy dit sedert, vir die menseverstand, onvoorstelbare tye tot op hede onderhou het. [12] Wie vir homself so `n God en Skepper voorstel, moet tog ook wel `n steeds groot agting vir Hom en liefde tot Hom in homself wakker roep. As dit eenmaal daar is, begin die innerlike van die siel ook lewend te word in haar gees, wat toeneem namate die liefde tot God toeneem, watter toename makliker plaasvind omdat die liefdegees die siel steeds meer verlig waardeur sy steeds meer duidelikheid oor die wese van God kry. [13] Het `n mens op hierdie wyse die weg na God en dus tot die ware, ewige lewe gevind, dan kan hy dit uit naasteliefde ook aan sy naaste wys en hulle op die korrekte wyse lei, en daarvoor sal hy deur God met nog meer lig en wysheid begiftig word, en sy leerlinge sal hom liefhê en met al die nodige ondersteun. [14] As julle dit vanaf die begin sou gedoen het - toe julle julle juis deur julle mentor, wat `n volgeling van Plato was, op `n baie goeie weg bevind het, - dan sou julle ons nou nie met julle Diogenes volledig die mond wou snoer nie; want dan sou julle self al van die lewe vervul gewees het. Maar julle Diogenes en julle heimlike, groot hoogmoed het julle heeltemal verander, en daarom sal julle nou julle innerlike lewe

heeltemal van voor af aan volgens My gegewe leer moet gaan vorm. Met baie ywer en liefde sal julle weldra groot vordering maak; maar as julle eiesinnig wil bly, sal julle ook in julle innerlike dood bly. - Het julle dit goed verstaan?' [15] Die priesteres sê: 'Ja, Heer en Leraar, dit was duidelik, en ek het die waarheid daarvan nou baie goed ingesien; maar vir `n enige, ware en almagtige God sou dit tog ook `n kleinigheid gewees het om die gees van ons afgestorwe mentor vir ons te laat verskyn, omdat hy ons dit, as die uiteindelike bewys van sy leer van die sielelewe, so dikwels baie nadruklik onder eed beloof het. As hy aan ons sou verskyn, sou dit die waarheid van sy leer vir ons bevestig en dan sal ons ook ons hele lewe daarvolgens inrig; maar noudat hy ons dit tot op hede steeds skuldig gebly het, is dit tog vanselfsprekend dat ons daardeur aan die waarheid van sy leer moes twyfel. Waarom verskyn hy dan nie aan ons nie?' [16] Ek sê: 'Hy het sewe maal in julle drome verskyn en het julle steeds dieselfde rede opgegee waarom hy julle nie anders as in julle drome kon besoek nie. Waarom het julle hom dan nie geglo nie? Omdat julle, as knap dogters van `n opperpriester, reeds te ydel en te hoogmoedig geword het, en omdat julle teenoor julle brawe mentor reeds tydens sy lewe slegs meer gelag het as om met blye lewensywer na hom te geluister het! Julle siele het hulleself te vas begrawe in die vlees; daardeur het julle die sien van die geestelike noodsaaklike, uitstralende sfeer van die lewenseter verloor, waardeur dit vir die gees onmoontlik was om homself vir julle sigbaar te maak. [17] Wie egter deur die oorvloed van sy innerlike lewe ook `n lewensatmosfeer buite sy liggaam kry, kan die siele van gestorwe mense sien en met hulle oor die belangrikste lewenstake onderhoude voer, wanneer en hoe dikwels hy maar wil. Maar daarvoor is daar vanselfsprekend `n innerlike, byna algehele lewensvervolmaking nodig. [18] Dink egter nou daaroor na, pleeg oorleg met julle mans, wat My leer reeds gekry het, en dan sal julle self wel tot `n korrekte besluit kom! As dit eenmaal gebeur het, sal ons vanaand nog wel iets daaraan toevoeg wat julle ietwat meer lig sal gee. [19] Die mense van hierdie aarde het die hoë bestemming om, soewereine kinders van God te word; daarom moet hy homself ook heeltemal selfstandig oefen en ontwikkel. - En nou is dit genoeg tot vanaand!' [20] Toe sê die vroue niks meer nie, en Ek gaan met die leerlinge en huisgenote na buite.

Die bygelowige visserbaas aan die Eufraat 112 Ons gaan na die rivier, en wel na die plek waar die onderskepte houtvlot hom bevind wat nog in volle omvang saamgebind lê, en waar die vissers van Jored juis hulle nette vir `n groot visvangs uitgewerp het. Ons kyk na hulle terwyl hulle tevergeefs die een trek na die ander doen. [2] Toe sê Jored vir die baas van die vissers: 'Wat is tog aan die gang? Is daar dan heeltemal geen vis meer in ons rivier wat andersins so visryk is nie?' [3] Die ou visserbaas antwoord: 'Heer, dit is selfs vir my `n raaisel! Die tyd is nou baie gunstig, en aan die oppervlakte van die water sien jy voortdurend `n groot aantal lugbelletjies verskyn, wat meestal `n baie goeie teken is om vis te vang. Daar is ook geen wind nie, en die son staan presies op die korrekte hoogte; daarby kom nog dat die maan in die teken van die vis gekom het, wat ook baie gunstig is om vis te vang. Op `n ander keer het ek onder sulke buitengewone gunstige omstandighede altyd met weinig moeite baie gevang, maar vandag lyk alles wel beheks. Ons het nou al vyf trekke gedoen, en dit byna oor die hele breedte van die rivier, en ek het Neptunus en Triton en alle nimfe van hierdie rivier aangeroep, maar alles vir niks! Nie één vis kom daar in ons goeie nette nie! Dit is om van wanhopig te word! [4] Stroomafwaarts in Malaves moes die vissers gister `n reusagtige hoeveelheid visse gevang het; volgens hoorsê is daar `n towenaar by hulle. Maar ek ken ook allerlei middeltjies om vis te betoor en dit het ek intussen alles al toegepas, maar vandag het dit geen sin nie! Alle voorwaardes is goed, en tog geen resultaat nie! Laat iemand my nou maar eens sê wat daar in die naam van alle gode tog daaragter kan sit! Miskien het die gode kwaad vir ons geword omdat die vreemde towenaar hulle beelde, wat ons vereer het, in `n oogwenk vernietig het, - wat ek gehoor het, maar waarvan ek myself nog nie oortuig het nie. As dit waar mag wees, my meester, dan sou dit wel binnekort sleg vir ons daar uitsien, want as gode eenmaal kwaad is, word hulle nie weer so maklik weer mak gestem nie. Dit sou groot offers vir ons kos! Maar ek sal nou tog nog `n paar trekke probeer; bly dit ook sonder resultaat, dan doen ek vandag niks meer nie!' [5] Jored sê: 'Doen dit, miskien kom daar tog nog iets te voorskyn!' [6] Toe gee die visserbaas gou opdrag om nog `n trek te doen. Alles verloop voortreflik, maar toe die net aan die oewer gebring word, was dit weer leeg soos die eerste keer. Dit vererg die visserbaas geweldig en hy sê: 'Ek sê dit weer: Vandag is dit `n behekste dag en dan is alle inspanning en alle moeite tevergeefs! As ek nou nog `n trek laat doen, sal dit beslis weer net eenders gebeur soos hierdie keer, ek glo dus dat ons vir vandag maar moet stop. As u vandag visse nodig het, kan dit in Malaves gehaal word; want die vissers moes gister `n groot voorraad daar gevang het. Ook moes `n towenaar heimlik, soos met

`n toorslag, sulke huise vir hulle vervaardig het, dat hulle ons stadsbewoners behoorlik kon uitlag! Wat daar in hierdie liewe wêreld nie alles gebeur nie, - ja, teenswoordig weet `n gewone mens nie meer waaraan hy toe is nie! Wat dink u, meester, moet ons nog `n keer die moeite doen, wat verseker weer tevergeefs sal wees, of moet ons liefs vir vandag met die werk ophou?' [7] Toe sê Ek: 'Luister eers ou, bygelowige visser, solank die belletjies opstyg in die water, is dit vir die visse nooit `n goeie, maar altyd `n slegte teken, omdat dit baie natuurlik aangee dat die visse op die bodem lê om te rus. Want om op die bodem te kon lê moet die lugsakke, wat in hulle liggame is, hulle instinkmatig van die lug ontdoen, en dit gee in `n visryke water altyd die bepaalde belletjies wat deur jou opgemerk is. Eers as jy hierdie belletjes nie meer sien nie, moet jy jou nette uitwerp, dan sal jy vis in oorvloed vang! Want as die vis geen lug meer uit sy lugsak uitstoot nie, het hy dit gebruik, omdat hy slegs daardeur na die oppervlakte kan kom. [8] Kyk, nou het die opstyg van die belletjies opgehou, en die meeue en reiers begin in die water te duik! Doen nou nog `n trek, dan sal jy sonder enige toordery vis in oorvloed vang!' [9] Die visserbaas verstaan weliswaar nie baie daarvan nie, maar omdat sy werkgewer Jored dit ook beveel, gee hy opdrag tot nog `n trek, werp die nette uit en vang so `n kolossale hoeveelheid vis, dat hy die nette nouliks na die oewer kon kry. Toe was daar natuurlik werk tot oor die ore om die talle, merendeels baie groot visse in die vishouers onder te bring. [10] Na `n uur was die mense gereed daarmee, maar die visserbaas bly hom verwonder oor hierdie visvangs, wat nou skielik so ontsettend groot was, en hy sê, toe hy van sy verbasing herstel het: 'Dit mag dan wel geen toordery gewees het nie, - maar ek sê: dit was tog die grootste en nog nooit vertoonde toorkuns van alle toorkunste! Dit lyk vir my dat die man wat my aangeraai het om nog `n trek te doen, meer weet en ken as maar net dit wat hy aan `n ou visserbaas vertel het oor `n ryk visvangs by die uitbly van lugbelletjies en by die gedrag van bepaalde watervoëls. Miskien is hy wel die een wat die beelde van die tempel weggetoor het, en die mense uit Malaves heimlik beter wonings besorg het! Maar genoeg hieroor, ek vra nou maar net of ons nog `n trek sal waag!' [11] Ek sê: 'Doen dit, dan het julle vir weke lank voldoende vis!' [12] Toe doen die vissers vinnig nog `n trek, wat net so ryk uitval as die vorige. [13] Toe die visse in die groot, leë visvywers ondergebring was, gee die visserbaas sy knegte opdrag om die bote en die vistuig in orde te bring, en daarna kom hy na My toe en sê: 'Luister U eers, tot nog toe is U volkome onbekend aan my, maar U ken en verstaan meer as wat `n andersins normale, ervare, verstandige man ken en kan verstaan! Êrens diep in Agter-Indië moet U die hoë magie bestudeer het, want hier by die Grieke en gedeeltelik ook Romeine en Judeërs is so-iets volkome ongehoord. Slegs U het ons hierdie ryk visvangs in ons nette getoor! Ek is `n ou visser, maar nog nooit het ek, ook nie in my allerbeste vistyd, so `n vangs - en nog wel van louter edelvisse – gehad nie. O, met U sou ek graag oor baie dinge wou praat, want U moet baie geleerd wees en baie ervaring hê, en ook al vanaf U geboorte baie talente gehad het! U moet die gode werklik baie sterk besiel het dat U wil in U so magtig geword het!' [14] Toe sê Jored: 'Baie goed, ou troue dienaar, ons sal nog baie daaroor praat! Maar sorg nou dat daar vir vanaand nog `n paar van die mooiste, beste visse na die kombuis gebring word; want ons wil nog vandag daarvan geniet! Sorg egter ook dat julle self niks tekort kom nie!' [15] Die ou man sorg dadelik daarvoor, maar kom daarna gou weer na ons toe, terwyl ons intussen by die boomstamvlot was en gaan sit om van daar af te kyk na `n swerm groot meeue en reiers wat die groot oop vishouers verken, en onder mekaar as`t ware beraadslaag hoe hulle `n vis daaruit kon steel. [16] Toe vra die visserbaas My: 'Beste man, wat kan ons nou teen hierdie geveerde visdiewe doen, om te sorg dat hulle ons geen skade in die visvywers berokken nie? Want kyk, ook al kon hierdie diere nie een van hierdie groot visse uit die water tel nie, dan verwond hulle die visse tog met hulle lang, skerp snawels soos wat hulle pylsnel op hulle neerduik. Die visse word daardeur siek en is dan nie meer so geskik vir menslike gebruik nie, of hulle vrek na `n groot verwonding en word deur hierdie voëls, wanneer hulle dood en op die wateroppervlak dryf, dermate uitmekaar getrek dat hulle daarna na die bodem sink en die water in die visvywer verpes, wat dan ook nadelig is vir die gesonde visse. U sal sekerlik `n middel daarteen hê! Wil u so goed wees om dit vir my te vertel!' [17] Ek sê: 'Jy dink nog steeds dat Ek `n towenaar is; maar Ek sê jou volgens waarheid en met nadruk dat dit by My nie in die minste die geval is nie en ook beslis nooit was nie. Daarom sal Ek jou enkel as natuurkenner ook `n baie natuurlike middel aan die hand doen, en dit bestaan uit die volgende: dek die vywers met `n ou visnet af, waarvan jy daar genoeg het, dan sal hierdie voëls as gevolg van die net niks meer aan die visse kan doen nie! Kyk, dit is iets volkome natuurlik en eenvoudig, sonder om enige toordery uit te voer, en as dit goed en deeglik uitgevoer word, gee dit ook beslis `n goeie resultaat!' [18] Toe gaan die ou man weer, want dit lyk vir hom soos `n goeie idee. Hy roep sy bediendes en bring My plan gou ten uitvoer, en het toe selfs genot daarin dat hy die vraatsugtige voëls daarmee so `n grendel vir

hulle gulsige snawels gevind het.

Die korrekte manier om godsdienstige onderrig te gee 113 My leerlinge vra hulle egter af waarom Ek My nie van naderby aan hierdie visser bekend gemaak het nie. [2] Maar Ek sê: 'Dit weet en verstaan Ek Self die allerbeste! Die is vir hom beter as hy later van die leraars hier ter plaatse tydig genoeg hoor met wie hy te make gehad het. Hy sit te vas aan die gedagte dat Ek `n towenaar is, en met dergelike mense kan mens verder op kort termyn geen goeie resultaat bereik nie. Hy sal naderhand van hierdie huisgenote, oor ons en by name oor My, wel uitleg kry, veral van die dokter, wat alles die beste verstaan het, en aan wie Ek ook die vermoë gegee het om deur middel van handoplegging allerlei siektes te genees. Dan sal hy sy towenaar baie gou vaarwel sê en `n korrekte opvatting oor My kry. [3] Ek sê vir julle almal: Wanneer julle aan `n heiden onderrig gee, mag julle nooit dadelik met die deur in huis val nie, maar dan moet julle die mense vooraf goed bestudeer om daardeur te wete te kom aan watter kant hy toeganklik is; want as julle hom aan `n ontoeganklike kant aanpak, maak jy dit vir jouself maar net moeilik en dit sal jou dan baie moeite kos om so iemand op die korrekte weg te bring. Daarom kan Ek julle nie dikwels genoeg sê nie: Wees so wys soos slange en so sag as die duiwe! [4] Julle weet nie hoeveel mag `n verkeerde beweegrede oor die hart van `n mens het nie. Wanneer julle egter merk waaruit dit bestaan, mag julle so iemand nooit direk aan die kant, waar hy die meeste ongenaakbaar is, aanpak nie, maar slegs daar waar hy die swakste is, wat jy gou kan agterkom. Het jy hom daar gewen, dan sal dit daarna gladnie so moeilik wees om ook sy sterk kant te oormeester nie. Jy moet jou dus altyd gedra soos `n vaardige en bedrewe veldheer en ook so optree. `n Vaardige en bedrewe veldheer sal die vyand deur sy betroubare spioene laat verken waar hy moontlikerwys sy swakste kant het. Sodra hy dit weet, sal hy die vyand aan sy sterkste kant slegs met onbeduidende skermutselinge besig hou om hom te mislei; maar aan sy swakste kant sal hy hom onverhoeds aanval en sonder slag of stoot verslaan en oorwin. [5] Ook moet julle julleself gedra soos `n kundige arts wat die siekte van iemand en die plek daarvan goed vasgestel het. Wat doen hy? Kyk, daar waar die siekte sit, doen hy niks nie en kan hy dikwels ook niks doen nie! Maar hy gee die sieke middels wat die siekte via die gesonde deel van die liggaam en van daar af deels deur die sweet en deels deur die maag en die derms afvoer, - en die sieke word gesond. Waar die siekte homself stewig as vyand genestel het, is met hom niks aan te vang nie, maar mens moet hom deur goeie en die korrekte middele verdeel, dan sal mens hom maklik op sy swakste punt oorwin. [6] Kyk en luister verder! Die gedrag van hierdie visserbaas - wat nou nie hier is nie, sodat Ek dus ook heeltemal vryuit met julle kan praat - word veral bepaal deur die magie. Hy glo so vas in bepaalde spreuke, amulette, salwe, in die stand en kwartiere van die maan, in die son, wolke en, lug en die voëltrek en nog talle ander dinge, dat hy ontsettend kwaad sou word met hulle wat hom regstreeks daarin sou teengaan. Met so iemand sou hy daarna beslis ook maar baie weinig meer omgaan, omdat hy hom te dom en vir sy wysheid onwaardig sou vind. [7] Maar verder is hy `n baie goeie en eerlike en getroue mens, en hoor hy graag iets nuuts en besonders van iemand, - en kyk, dit is nou juis sy swak kant! Daar moet jy hom aangryp en hom die dinge op `n baie natuurlike wyse laat sien en uitlê, en dan sal hy wel heimlik self die towenaar na die kant toe begin te skuif, omdat hy aan die ander kant steeds meer sal begin insien dat sy hele toordery op niks berus nie. [8] Dit is daarom goed om iemand, wat `n mens vir die waarheid wil wen, vooraf so grondig moontlik sy onware beweegredes te laat uitpraat. Het hy dit met alle energie gedoen - soos wat dit met die priestervroue gedoen is, dan het die vernaamste krag waaraan hy vasgehou het, verdwyn en begin hy dan eers aandagtiger na sy teenstander te luister, en ook begrip te kry vir hoër waarhede, verwerp dan vanself sy verkeerde beweegredes, waarna mens hulle gewen het. [91 Daarom moet julle nie verbaas wees as Ek maar net soos `n natuurlike mens met sulke mense praat nie; want Ek deursien immers elke mens dadelik heeltemal, en herken maar al te duidelik sy sterk en swak kante, en weet dan ook wat Ek vir hom moet sê en met hom moet doen! En wanneer die menslike gemoed nie te veel in beslag geneem is deur hoogmoed en gierigheid nie, dan kan elkeen vir die waarheid gewen word; maar hoogmoed en gierigheid is by die mense altyd die moeilikste te oorwin. Hou dan ook rekening daarmee, en as julle so handel, sal julle maklik handel, en altyd die beste resultate bereik!'

Die slang as voorbeeld 114 Petrus sê: 'Heer, waarom sê U, dat ons so wys moet wees soos slange? Die slang is immers die sinnebeeld van al die bose en slegte, `n simbool van die Satan, wat deur sy arglistigheid in die gedaante van `n slang die eerste mensepaar verlei het! Die slang kan in haar boosaardigheid baie listig wees, maar watter eerlike en goeie mens sal die arglistigheid teenoor sy medemense wil nadoen?! Kortom, hierdie

vergelyking van U verstaan ek nog steeds nie so goed nie! Wil U dit nie eers vir ons uitlê nie!' [2] Ek sê: 'Hoe lank sal Ek julle nog moet verdra! Verstaan julle dan nog nie eers, wat tog so sonklaar voor die handliggend is nie? Sê Ek dan nie, dat julle vir julleself die wyse listigheid van `n slang eie moet maak nie, maar daarenteen nie haar daarmee gepaardgaande slegte bedoelinge moet nastrewe nie, sodat julle ondanks die besit van die wysheid tog goed en sag moet bly soos duiwe? [3] Kyk maar eers na `n slang in die natuur, dan sal julle sien dat die dier juis verstandiger is as elke ander op aarde. Die natuurkundiges sê dat die leeu die koning van die diere is, maar Ek sê vir julle dat dit die slang is; want hoewel die leeu danksy sy krag alle ander diere in `n geveg oorwin, vlug hy tog vir die slang, en as sy hom beloer en omstrengel het, is hy verlore en word hy haar beklaenswaardige buit. Kort en klaar, die slang werk met die meeste oorleg en soek die plek van haar jag met die grootste moontlike versigtigheid en suiwere berekening uit, en die buit waarvoor sy op die loer is, ontgaan haar nooit. Slegs `n mens is haar meester, maar verder geen enkele skepsel op aarde nie, veral wanneer sy eenmaal volwasse is en haar volle krag bereik het. Ek praat hier oor die egte slange en nie oor haar klein bastertjies, wat egter ook nog verstandiger is as baie groot diere. [4] In Indië en ook in Afrika, waar baie verskeurende diere is - soos leeus, luiperds, tiers en hiënas, en ook gevaarlike ape en nog ander gevaarlike diere, - word die slange deur die mense afgerig om hulle veiligste en betroubaarste wagters te wees. As `n menslike woning, ongeag watter, deur slange omring word wat daar waghou, kom daar beslis nooit `n roofdier naby nie; selfs die olifant en die magtige renoster het `n groot ontsag vir hierdie huisbewaarders. Hy berokken egter ook geen skade aan die huisdiere nie solank hy maar voldoende deur die mense gevoer word. As die mense hulle egter laat hongerly, dan verlaat hy hulle woning en gaan op rooftogte uit. [5] Tewens is slange met min moeite sodanig te tem en af te rig, dat hulle op `n gegewe teken alles sal doen wat mens - volgens hulle vermoë - van hulle verlang. Dit is dan tog ook `n teken van die heel besondere intelligensie van hierdie diere. Hoe meer intelligensie `n dier besit, soveel makliker kan hy afgerig word en dan vir `n bepaalde doel gebruik word, en soveel verstandiger is dit ook in en vir homself. [6] As `n egte leraar het Ek julle nou `n les gegee oor die natuur, dink dus ook daaroor na, sodat julle My nie weer vir `n uitleg vra as Ek julle by die een of ander geleentheid op hierdie gelykenis wys nie! - Het julle egter ook goed verstaan wat Ek daarmee vir julle wil sê?' [7] Petrus sê: 'Ja, hooggeprese sy U Naam; want aan U is alle dinge bekend, en as U iets uitlê, word dit vir die mens duidelik, en vir my is dit daarom ook alles baie duidelik! In die vervolg sal ons weet om onsself ook orals so te gedra.'

Die houtdiewe 115 Toe Petrus dit gesê het, sien ons verskeie vlotte wat stroomafwaarts geroei word, sodat hulle vinniger vaar as wat die water stroom. [2] Petrus vra daarop aan Jored: 'Vriend, waarom roei die mense so; dit is by so `n snelstromende rivier tog nie gebruiklik nie?' [3] Jored sê: 'Dit is houtvlotters wat waarskynlik nog vandag in Samosata wil wees. Dit is hier `n ou gebruik dat houtvlotters oordag, dit wil sê solank die son nog nie ondergegaan het nie, hier tolvry mag verbyvaar; as hulle egter hierlangs kom as die son al ondergegaan het, dan moet hulle hier aan land gaan en tol betaal, omdat hulle anders beboet word. Kyk, dit is die rede waarom hulle hulle vlotte nou so kragtig stroomafwaarts roei! As hulle so deurgaan, is hulle maklik binne twee uur in Samosata en sal nog binne die voorgeskrewe tyd daar aankom. `n Halfuur later sou hulle daar al boete moet betaal. So is dit!' [4] Petrus sê: 'Ja, maar waarom `n boete? By my aan die Galilese see kan `n skip aankom wanneer dit maar kan en wil, en daarvoor hoef hulle geen boete te betaal nie; want aan toevallige, onvoorsiene hindernisse, waardeur mens op die water baie dikwels opgehou kan word, kan mens tog niks aan doen nie. Waarom dan `n boete?' [5] Jored sê: 'Vriend, op jou manier het jy weliswaar gelyk; maar ook die boete hier is korrek en tereg. Want alle gebruikers van die water van hierdie magtige stroom tot waar dit bevaarbaar word, weet by elke stand van die water presies wanneer hulle van hulle stapelplek moet vertrek om op die regte tyd by die eersvolgende plek van bestemming aan te kom. As hulle hulleself nie daarby hou nie, kan hulle met `n vaart wat tot in die nag voortduur, maklik verongeluk omdat daar baie gevaarlike plekke in die rivier is waar ervare houtvlotters selfs oordag moet oppas om sonder ongelukke daarvan af te kom. Snags moet dit uiters moeilik wees om sulke gevaarlike plekke heelhuids verby te gaan. Om soveel moontlik te voorkom dat mense hulle maklik `n ongeluk op die hals haal deur hulle nie te hou by die algemene bekende voorskrifte vir die bevaarding van die stroom nie, het mense, met toestemming van die keiser, hierdie voorskrifte vir die riviervaart bekragtig, waardeur oortreders `n paslike boete in geld of natura opgelê kry. Die opbrengs hiervan gebruik mense dan vir die onderhoud van goeie landingspleke en vir die verwydering

van hindernisse wat toevallig in die stroom ontstaan, vir watter doel die watertolgelde en landingsbelasting ook ten dele gebruik word. En kyk, vriend, so is dit tog `n regverdige saak?!' [6] Nou sê Ek: 'Vriend Jored, maar wat gebeur dan as daar byvoorbeeld - soos wat dit hier die geval is - diewe kom wat vlotte wat op die water gelê het en wat reeds saamgebind was, en wat gereed was om op `n bepaalde tyd te vertrek, die vlotbewakers snags onskadelik gemaak het, die vlotte losgemaak en so gou moontlik weggevaar het, wat nou by die ietwat hoër waterstand baie goed moontlik is?' [7] Jored sê: 'Heer, wat sê U?! As dit so is, moet ons hulle tog oombliklik probeer aanhou en hulle gryp! Hulle kom nou juis in ons omgewing!' [8] Ek sê: 'Maak jou maar nie daaroor bekommerd nie; want hulle sou lankal hier verbygedryf het, as Ek hulle ondanks al hulle moeite nie belemmer het om verder te vaar nie! Maar nou kom hulle tog baie langsaam in ons omgewing en ons sal dan wel weet om hulle teen te hou!' [9] Jored sê: 'Nou wag maar, julle gemene spitsboewe, daar sal `n end gemaak word aan julle praktyke! - Heer, het hulle die vlotwagters dalk ook nog vermoor?' [10] Ek sê: 'Ongetwyfeld, maar die wag het bestaan uit waakhonde. Hierdie diere het hulle vlotte woedend verdedig en twee van die diewe was deur hulle gebyt; maar aan die einde van die geveg is die diere deur die diewe doodgeslaan en in die water gewerp, en die diewe het die vlotte vinnig losgemaak en gou weggedryf, voordat die mense, wat deur die lawaai van die honde gewek was, daarby kon kom. Hulle het dadelik daarna mense oor die water en oor land agter hulle aangestuur, maar hulle het hulle tot nou toe nog nie kon inhaal nie. Hulle op die water sal nou wel nie so lank op hulle laat wag nie; maar die oor land sal eers teen middernag heeltemal uitgeput hier aankom. Ons sal hulle, dit wil sê hierdie houtvlotters, sodra die son ondergaan, na die oewer trek, wat baie gou sal gebeur, en jy, Jored, laat jou beamptes dan dadelik die landingsgeld opeis! Intussen sal die eienaars van hierdie houtvlotte, wat hulle agtervolg, aankom, en dit sal `n heel ander verhaal word! Laat jou beamptes nou gaan, want hulle sal baie gou teen die oewer moet stamp, omdat Ek dit so wil!' [11] Jored ontbied nou gou sy beamptes, en die kom en gaan om die vlotte in te wag, sonder om egter te weet wat se gespuis die houtvlotters was. Die eerste vlot het digby die oewer gekom en die beampte eis die geld van die vier houtvlotters wat daarop gesit het. [12] Maar hulle sê: 'Ons wil verder, - maar `n onsigbare mag hou ons teë en trek ons heeltemal na die oewer; ons betaal dus niks, omdat ons teen ons wil hier teëgehou word. Ook het ons geen geld nie en ons sal ons heffing eers betaal as ons terugkom.' [13] Die beampte sê: 'Dit gaan nie by ons af nie! Kan of wil julle nie betaal nie, dan bly die vlotte intussen as onderpand hier totdat julle hulle sal vrykoop!' [14] Toe wil die houtvlotters wel betaal, maar dan moet hulle hulle dadelik weer verder laat vaar, omdat hulle goeie, ervare nagvaarders was. [l 5] Maar die beampte staan hulle dit nie toe nie en sê: 'Betaal, en vaar môre op die voorgeskrewe tyd weg! As julle nou nie wil betaal nie, terwyl julle geld het, dan sal julle dit môreoggend driedubbel moet betaal!' [16] Toe die vlotdiewe dit hoor, betaal hulle die heffing en lê die vlot vas aan die oewer; maar hulle wil die vlot nie verlaat nie. Dieselfde gebeur ook met die volgende vyf vlotte, en toe die landingsgeld betaal was, merk die mense ook die vlot wat hierdie ses gesteelde vlotte agtervolg het, met agt mense daarop wat baie hard stroomafwaarts roei. Nouliks enkele oomblikke later stoot die vlot al teen die oewer. [17] Hierdie agt houtvlotters herken dadelik hulle gesteelde vlotte en sê met oë wat gloei van toorn: 'Nou het ons julle, gemene spitsboewe, ons het julle al lank in die oog gehad! Wag maar, die steel van vlotte sal van nou af aan beslis vir altyd verby wees! Die hout is bestem vir Serrhe vir `n belangrike bouwerk, en ons het dit self vir baie geld heeltemal uit Cappadocië gehaal en wel uit Arasaxa, Tonosa en Saona tot aan Lacotena in Mesopotamië, waar ons woon, en julle gewetenlose skurke het dit op `n baie gemene manier van ons gesteel, sonder om eers aan julle eie sekerheid te dink dat julle ons nie met die swaar hout kon ontkom nie, en ons die middele het om julle tot diep in Indië te agtervolg! Hierdie keer sal julle nie julle uitgemete straf vryspring nie!' [18] Toe sien hulle hulle welbekende tollenaar Jored, gaan na hom toe en doen by hom aangifte.

Die vloteienaars en die Heer 116 Maar Jored sê vir hulle: 'Wees nou vir eers maar bly dat julle die hout terug het; wat julle egter hier aangee, het ek al byna `n uur gelede gehoor van `n vreemdeling wat Hom reeds `n paar dae saam met Sy leerlinge by my ophou. Slegs aan Hom het julle dit te danke dat julle julle dure hout weer teruggekry het; want sonder Hom sou julle hout waarskynlik al verby Samosata gewees het. Want hierdie mense sou dag en nag tot diep in Persië of selfs Indië deurgevaar het, en ook al sou julle hulle ingehaal het, sou dit julle nie gehelp het nie, omdat hulle met hulle vier-en-twintig driemaal sterker as julle sou gewees het. Wees

daarom veral bly dat julle julle hout teruggekry het en bedank die een Man daarvoor, want sonder Hom sou julle julle hout nooit teruggekry het nie!' [2] Toe sê die houtvlotters: 'Ja, ja, vriend, dit sal ons sekerlik doen, die goeie man sal beslis nie oor ons te kla hê nie; tog moet daar maar eers gesorg word dat hierdie ellendige skurke aan die gereg oorgedra word?!' [3] Jored sê: 'Kyk eers na hulle op die vlotte! Geeneen van hulle kan wegkom en vlug nie! Wie hou hulle vas? Ek sê julle: slegs die een Man, want as Hy hulle nie vasgehou het nie, sou hulle lankal in die water gespring het en sekerlik as goeie swemmers die ander oewer bereik het, en dan sou ons hulle nie langs hierdie weg kon volg nie! Maar die een Man wil dit so hê, en dit kan nie anders gaan as presies soos wat Hy dit wil hê nie. En ek raai julle aan om nie die hand aan die diewe te slaan nie, maar elke oordeel oor hulle aan die een Man oor te laat, dit is die beste wat julle kan doen!' [4] Toe sê die houtvlotters: 'As dit so is - waarby ons heeltemal mee instem - bring ons dan na die merkwaardige Man, dan wil ons self met hom praat!' [5] Jored sê: 'Kyk, Hy hier vlak langs my is Die Een!' [6] Toe kyk die diewe woedend en tandeknarsend in My rigting en sou My graag hardop verwens het, maar Ek het hulle tevore al die mond gesnoer, dit wil sê om te praat, en so lyk hulle soos stom mense, wat ook niks kan sê nie. [7] Maar die houtvlotters buig diep voor My en sê: 'Vriend, ons het uit dit wat ons vriend Jored vir ons gesê het, uitgemaak dat U buitengewone kragte en eienskappe besit! Wie U is en hoe U aan die wonderbaarlike eienskappe gekom het, gaan ons, mense uit Lacotena, niks aan nie; maar omdat ons beste oppertollenaar Jored so vriendelik was om ons te vertel dat ons alles slegs aan U te danke het, en dat ons dit heeltemal aan U moet oorlaat om die skurke passend te bereg en te bestraf, vra ons U, as volkome respektabele burgers uit Lacotena, of U so vriendelik sou wil wees om ons te sê wat ons U vir U onskatbare inset ten gunste van ons skuldig is. Tewens vra ons U om die gemene diewe na U goeddunke te bereg, want dit sal beslis altyd regverdig wees.' [8] Ek sê: 'Wees kalm, - wat Ek doen, doen Ek vir niks! Daar is genoeg armes in julle stad; help hulle en bedink dat armes ook mense is, en julle aardse broers! Wees nie karig met hulle nie en gee hulle graag van julle groot oorvloed, dan sal julle julle omgewing daardeur die beste teen diewe en rowers beveilig en daarvan suiwer! Maar julle moet veral besef dat ook hierdie diewe arme sukkelaars is, en dat dit nie so seer hulle bose wil nie, maar wel hulle armoede is wat hulle tot hierdie en nog ander, reeds vroeër begane, kleinere diefstalle gebring het. [9] As hierdie mense, wat flink arbeiders sou kon gewees het, van bepaalde, regverdige, opregte denkende werkgewers geskikte werk teen `n ooreenkomstige beloning sou kry, sou hulle sekerlik baie graag hulle snode aktiwiteite opgee. Maar as dit nie die geval is nie, bly vir hulle ook werklik niks anders oor as om te bly doen wat hulle nou noodgedwonge doen nie. [10] Hulle kan geen veld verbou nie, omdat hulle dit nie het nie; want alle velde en alle bosse en berge behoort aan julle, en julle laat dit vir talle ure braaklê omdat julle hulle nie kan bewerk nie. Waarom gee julle die armes geen stukkie grond om nuttig te bewerk nie?! Daardeur sou hierdie mense dan ook iets hê, en julle nog bowendien `n matige skatting kon betaal sodra die woeste velde en berge gekultiveer is. Sê nou self eers of dit nie beter sou wees as wanneer julle met `n paar rykes uiteindelik self alles wil besit nie, wat vir julle niks oplewer nie, maar wel `n ongelooflike skade toebring! [11] Ek wil egter nie met hierdie vier-en-twintig diewe praat nie, omdat hulle nou al te veel verstrik sit in hulle begeerte om te steel; maar daar is in julle stad en in die hele, uitgestrekte omgewing nog baie sulke dergelike mense. Doen met hulle wat Ek julle nou net aangeraai het, dan sal julle weldra nie meer oor diefstal kla nie! [12] Plaas wagters soveel julle maar wil en kan, en julle sal daarmee weinig of niks bereik nie; want julle sal daardeur die woede van die arm mense nog meer opwek, en hulle sal dag en nag daaroor pieker hoe hulle julle op die gevoeligste wyse kan tref! As julle egter My raad opvolg, sal julle versorgde armes self juis julle beste wagters word.'

Die geskiedenis van die ryk man en sy werkliede 117 (Die Heer:) 'Kyk, lank gelede was daar `n man wat met sy familie weggetrek het na `n eensame land wat nog nooit deur iemand anders bewoon was nie, en hy kon sê: 'Sover die oog reik, is alles nou my eiendom!' Hy het vir homself gou `n behoorlike woning gebou, en hom met melk van die aanwesige wilde bokke gevoed wat daar in groot aantalle rondgeloop het en gladnie sku was nie, omdat hulle nog nooit deur `n jagter agtervolg was nie. Met die jare het sy familie ook uitgebrei, en die vroeëre, sobere, eenvoudige woning het letterlik in `n stewige kasteel verander. Dit het egter gebeur omdat hy `n groot hoeveelheid suiwer goud en nog `n groot hoeveelheid pragtige edelstene in die land gevind het, skatte wat

hy nie meer in sy vroeëre eenvoudige woning durf bewaar nie. [2] Toe sy skatte aan goud en edelstene egter steeds groter geword het deur sy versamelwoede, stuur hy bodes uit om sy skatte in die bewoonde lande te ruil vir ander dinge wat hy vir sy huishouding nodig gehad het. In die begin het hy goeie sake gedoen, en hy laat ook `n aantal ander mense na sy land kom om daar vir hom te kom werk. [3] Omdat hy hulle egter maar weinig loon gebied het en hy hulle byna dag en nag vir hom en syne laat werk het, word hulle ontevrede en vra meer loon en `n beter behandeling. Die man, wat nou ryk was, sê egter: 'Wees geduldig totdat ek my huis beter ingerig het, - dan sal ek julle eis wel tegemoetkom!' Daarmee neem die arbeiders genoeë en raak weer aan die werk. [4] Die ryk man dink egter by homself: 'Ek is nou weliswaar bang vir julle, maar ek sal my getroue bodes weer uitstuur om wagters en soldate te gaan haal. Hulle sal ek ietwat beter beloon en hulle sal dan wel weet om die oormoed van die arbeiders te beteuel.' - Dit doen hy dan ook, en toe die arbeiders dit sien, word hulle baie bedroef en sweer wraak teen die harde, ryk man. [5] Toe stuur hulle ook mense in die geheim na hulle lande om hulptroepe te gaan haal. Hulle kom gou, omdat hulle `n ryk buit verwag het. Toe die arbeiders so hul versterking gekry het, het hulle weer na die ryk geworde man gegaan, wat nou `n groot land sy eiendom kon noem, en vra hom dringend vir `n behoorlike verbetering van hulle loon, en die behandeling waarop hulle al lank reg gehad het. [6] Maar die rykgeworde man roep die bewakers, wat die arbeiders moes straf vir hulle euweldaad en hulle in alles nog meer moes beperk. Toe was die geduld van die arbeiders op en hulle sê: 'Heer, deur ons harde werk het u so ryk geword! Ons hande het vir u hierdie stewige koningskasteel gebou, voorsien van allerlei werkplekke, die land met koring bebou en wyn wingerde aangelê. Ons het goud, silwer en allerlei edelgesteentes vir u versamel en het dit vir u na alle markte gebring, en as dank wil u ons nog harder laat werk en harder behandel?! Nou, wag maar, ons sal die begeerte daartoe wel vir u laat vergaan! [7] Elke mens op hierdie aarde het vir homself die reg van ontgin en versameling; as hy egter `n medemens dien, moet die hom goed versorg, omdat hy vir hom afstand gedoen het van sy eie ontgin- en versamelreg. Ons almal het dit vir u gedoen en u gegee ons wat u volgens die wet reg op gehad het, en daarvoor wil u ons nou so beloon?! Weet, harde man, dat ons van u vir al ons moeite en ons harde werke nie slegs byna geen loon nie, maar bowendien ook nog `n slegte behandeling gekry het, wat nou in die laaste tyd al sover gegaan het dat u op brutale wyse deur u geregsdienaars ons hutte laat deursoek het om te sien of ons dalk nie ook vir ons self `n kleinigheid versamel het nie? En as daar iets by iemand gevind was, het u nie slegs alles by hom laat wegvat nie, maar hom ook nog gruwelik deur u wagters laat mishandel, en u het selfs formeel `n wet laat afkondig wat lui dat elkeen wat iets van die skatte agterhou, met die dood gestraf sal word. [8] Omdat u, ellendige ou booswig, ook nog in staat was om dit aan ons te doen, sonder om maar in die minste te bedink dat ons ook net sulke goeie mense soos u is, en van God presies dieselfde regte op hierdie aardbodem gekry het as u, - daarom verlang ons nou van u dat u alle skatte wat ons met baie moeite vir u versamel het, aan ons te gee; want deur al die werk is dit ook ons eiendom! Die aarde het hulle aan ons gegee, en daar was nêrens `n God nóg `n mens wat ons verbied het om dit te neem nie, en dit is volkome ons eiendom. U is ten voorskrifte van ons slegs `n dief en selfs `n rower as u dit nie aan ons wil gee nie! Ons wil egter maar net hê wat ons versamel het, en vra tog niks vir die feit dat ons hierdie kasteel met groot moeite vir u gebou het nie, en daarmee sewe jaar lank geplaag was. Gee nou goedskiks wat ons s`n is, anders gebruik ons geweld en neem alles, en verwoes ook nog hierdie stewige kasteel!' [9] Toe die ryk man sien dat hy niks met geweld teen die talle arbeiders kon uitrig nie, besin hy hom en sê: 'Wees kalm! Ek sien die onreg in wat ek julle aangedoen het, en ek sal julle van nou af aan heeltemal behandel asof julle my eie kinders is, en ek skenk julle die algehele ontginnings- en versamelreg, en julle hoef my, soos diegene wat die land met baie moeite en baie angs en sorg ontdek het, slegs `n tiende deel van al die versamelde af te gee, waarvoor ek julle egter soveel moontlik toevlug en beskerming sal gee.' [10] Toe sê die arbeiders: 'As u `n man van u woord was, sou ons u geglo het, maar omdat u tot op hede nog nooit gedoen het wat u ons beloof het nie, glo ons u ook hierdie keer nie! Want u groot hebsug laat nooit toe dat u u woord hou nie. Ons sou u graag weer wou glo, - maar ons weet maar al te goed dat u, as ons nou rustig weggaan, dadelik vir hierdie daad van geweld die bewaking in u kasteel tienvoudig sal versterk en ons dan baie streng deur u bewakers sou laat straf, wat ons gou sonder moeite sou baasraak. Gee ons daarom die eiendom waarop ons reg het, dan gaan ons vir altyd hiervandaan weg!' Maar die man het geaarsel en wou nie; toe neem hulle daarop self alles af en gaan daarvandaan weg.'

Die skuld van die vlotbase 118 Die Heer:' 'Beste vriende, nou vra Ek julle: 'Het die arbeiders in hierdie geval en onder hierdie omstandighede reg gehandel ten voorskrifte van hulle werkgewer, of nie?'

[2] Die agt vlotbase sê: 'Ja, ja, onder sulke omstandighede het die arbeiders `n baie natuurlike, goed gefundeerde reg! Want ook ons sien in dat elke mens met `n bietjie harsings en `n greintjie verstand, sonder meer die reg moet hê om te ontgin en te versamel, omdat hulle nou eenmaal op hierdie aarde geplaas is en sonder meer voedsel en `n minimale woonplek moet hê. Maar daarnaas moet `n ander mens dan nie die reg hê om die ontginner en versamelaar al die ontginde en versamelde af te neem nie!' [3] Ek sê: 'Het die ryke self ontgin en versamel? O nee! Dit het sy arbeiders gedoen, wat ook net sulke goeie mense was soos hy! Omdat hulle vir hom gewerk, ontgin en versamel het en dus hulle goeie persoonlike reg op die beloofde loon slegs aan hom oorgedra het, maar hy hulle die beloofde loon nie gegee het en hulle tewens getiranniseer het, het hulle daarna tog die volste reg gehad om hulle eiendom van hom te eis en te neem vir wie hulle ontgin en versamel het. [4] Sekerlik, as A byvoorbeeld ywerig ontgin en versamel het en daardeur `n voorraad aangelê het, dan sou die lui B geen reg gehad het om hom aan die voorraad van ywerige A te vergryp nie. In My gelykenis is egter juis die ryk man die lui B, en die arbeiders is die vlytige A. Maar in die geval het hulle ook die reg, wanneer hulle vir hulle moeite en werk geen ander vergoeding gegee was nie, om hulle eiendom van die onregmatige besitter terug te eis.' [5] Die ryk vlotbase sê: 'In die geval sekerlik; maar dan het `n vors ook nie die reg om ons allerlei belastings en heffings op te lê nie! Want ook hy werk nie en hy ontgin en versamel niks, en as ons, onderdane, sterker sou wees as sy wag, sou ons hom immers ook kon ontneem wat volgens natuurlike reg ons eiendom is!' [6] Ek sê: 'O, daar maak julle `n groot vergissing! By `n heerser is dit totaal anders, want hy is slegs die hoogste en algemene hoof van die gemeenskap en besit van die hele gemeenskap die gekroonde reg om vir hulle binnelandse orde en sekerheid sorg te dra, en hy dra daarmee ook die septer van die mag en die swaard van die wet en die algemene reg. Hy moet nie slegs vir homself, maar veeleer in alle gemeenskappe vir baie bewakers sorg en vir hulle gereedstaan, en vir hulle noodsaaklike onderhoud kan hy nie net met sy eie hande ontgin en versamel nie. [7] Omdat die wette, die regters en die groot aantal bewakers dus merendeels in die belang van die gemeenskap steeds in stand gehou moet word, moet die gemeenskap ook graag en gewillig daaraan bydra dat die monarg steeds sodanig vermoënd is dat hy alles wat vir die gemeenskap van nut is, kan laat versorg en uitvoer. En daarom is julle belastings en heffings `n baie regverdige saak. [8] Slegs wanneer `n tirannieke heerser die gemeenskap op `n gemene, kwaadwillige wyse sou afpers, sou ook hulle die reg hê om so `n tiran van die troon af te stamp. Want die gemeenskap het vanaf die begin die reg gehad om `n koning te kies en hom toe te rus met alle nodige mag, krag en gesag. Wat hy egter in die begin gehad het, dit het hy nog. [9] Tog is dit vir elke gemeenskap beter om vir `n tyd lank onder `n tiran te ly, en eers dan met hom in oorlog te kom; want tiranne word gewoonlik slegs vir `n kort tydjie deur God toegelaat as swepe, waardeur gemeenskappe, wat die een ware God reeds lank vergeet het, weer daaraan herinner word dat daar `n alwyse en almagtige God bestaan wat uiteindelik as enige nog in staat is om elke gekwelde volk te help wanneer hulle in alle erns om hulp sou vra, en hulle gelowig tot Hom wend. - Kyk, so staan die sake! Noudat julle dit egter van My gehoor het, moet julle self beoordeel wat ons met hierdie vier-en-twintig diewe sal doen!' [10] Toe sê die agt vlotbase: 'Ja, hulle moet volgens die wet dan tog wel as voorbeeld vir alle ander gestraf word!' [11] Ek sê: 'Heeltemal korrek; maar wat moet daar dan met hulle gebeur sodra hulle hulle straf ondergaan het?' [12] Toe sê die vlotbase: 'Nou, dan moet hulle uit die land gesit of as slawe in Afrika of Europa verkoop word!' [13] Ek sê: 'So! Ek sê vir julle, as mense dink julle nie kwaad nie, - maar daarom moet Ek julle tog nog iets heel besonders vertel. [14] Kyk, hierdie diewe, wat nou hulle praktyk, wat bepaald nie so prysenswaardig is nie, al lank beoefen, was vyf jaar gelede nog julle arbeiders en het julle gedien met inset van al hulle kragte en bekwaamhede! Maar hoe het julle julleself by julle afspraak met hulle gehou? Julle was na elke opdrag wat hulle moes uitvoer, maar net daarop uit om na te gaan of daar iets met hulle werk geskort het. Ook al het julle niks gevind nie, dan het julle wel iets versin om hulle welverdiende loon sterk in te kort of gladnie uit te betaal nie. [15] Wie het julle die reg gegee om hierdie mense te dwing om vir julle te werk, vir julle te ontgin en te versamel, en hulle daardeur van hulle persoonlike, vrye menseregte te beroof?! [16] Toe hulle sien dat julle gedrag ten voorskrifte van hulle baie onregverdig was, moes hulle tog duidelik oor `n ander middel gaan nadink, en wel `n middel waarmee hulle hulleself by julle en nog `n aantal ander skadeloos kon stel vir die regte wat julle van hulle gesteel het! Met geweld kon hulle niks teen julle begin

nie, omdat julle aansienlik sterker was; dus moes hulle van diefstal gebruik maak. Tot op hede het hulle volkome geslaag en hulle sou sonder My ingryping hierdie keer ook heeltemal geslaag het. [17] Maar Ek sê julle nog iets: Hierdie diewe het dus `n natuurlike reg om hulle via julle skadeloos te stel; maar die manier waarop dit gedoen was, was nie goed nie, omdat hulle julle ook langs wettige weg deur middel van die regter daartoe kon aangemaan het, en dit sou makliker gewees het, omdat die Romeinse regter juis `n streng regverdig man is, wat hom deur niks as maar net die letter van die wet laat lei nie. Julle het heeltemal geen reg om hulle daarvoor te oordeel nie, omdat julle nog by hulle diep in die skuld staan! Meer as wat honderde van sulke vlotte in Serrhe werd is, is julle hulle nog skuldig aan toegesegde loon; betaal hulle daarom eers die uitstaande loon, - en veroordeel hulle eers daarna, sodat hulle hulleself nooit weer aan julle eiendom mag vergryp nie! [18] Vir die oomblik gee Ek hierdie diewe geen ander straf nie as: Steel in die vervolg van niemand meer iets nie, en wees vry, eerlike, werksame mense! Gaan egter nie meer na Lacotena nie, maar bly hier in hierdie plek, dan sal julle saam met julle vroue en kinders werk in oorvloed vind! - Vlotbase, julle moet egter daarvoor sorg dat hierdie arbeiders vandag nog die verskuldigde loon kry, en bring hulle vroue en kinders behoue hierheen! En nou kan julle die vlotte weer in besit neem! Maar My regterlike uitspraak moet noukeurig deur julle opgevolg word, anders sal dit deur My toedoen baie sleg met julle gaan!' [19] Toe die vlotbase dit hoor, kyk hulle baie verbaas op en beloof om My uitspraak gehoorsaam op te volg. [20] Daarop gee Ek aan Jored opdrag om goed vir die vier-en-twintig diewe te sorg, maar hulle baie goed deur die agt vlotbase te laat betaal vir wat hulle nodig sou hê. Daarna gaan ons die huis weer binne waar heerlik toebereide visse op ons gewag het.

Die eerbied van die priestervroue vir die Heer 119 Toe ons ons saal binnekom, kom die vyf priesteresse My baie eerbiedig tegemoet en vra My om vergewing omdat hulle My en My leerlinge voorheen so hardnekkig teëgepraat het; want hulle het tog nooit kon vermoed dat Ek Die Een was, wat Ek was nie. [2] Die priesters het hulle naamlik op die man af vertel, dat Ek met My Geestelike deel God Self is, die Enige en Enkele, en dat Ek `n uiterlike liggaam het om My vir die mense sigbaarder en toegankliker te maak. Hulle sê dat My liggaam weliswaar net soos die liggaam van elke mens begrens wat, - maar dat My Gees alles deurdring, naby en veraf, en daarom slegs hoef te wil om naby en veraf te laat gebeur wat Ek maar wil laat gebeur. As ek iets wil, is dit daar en bly dit bestaan solank Ek dit wil laat bestaan. As Ek dit egter nie meer verder wil laat bestaan nie, bestaan dit ook nie meer nie, en wel asof dit nooit daar gewees het nie. Ook weet My innerlike, goddelike Gees alles, hoe verborge ook; ja, Ek ken volgens hulle selfs die allergeheimste gedagtes van alle mense op die hele aarde en weet ook alles wat daar waar dan ook nog so verborge gebeur. [3] Dit alles het hulle met feitelike bewyse onderbou, sodat die vroue wel gedwing was om alles wat hulle mans oor My gesê het, vas en sekerlik te glo, en dit was dan ook die rede waarom hulle My nou met so `n grenselose eerbied tegemoet gekom het. [4] Maar Ek sê baie rustig vir hulle: 'As julle, beste kinders, nou deur julle mans weet en glo dat Ek Die Een is, dan is die manier waarop julle My nou tegemoet kom, gladnie in orde nie. `n Te groot en onbegrensde, met menslike gemoed heeltemal van wroeging vervulde eerbied vir `n goddelike wese is net so nadelig as `n te geringe eerbied; want as julle iemand met te veel vrees en bewing hoogag, vra julle dan eers in julle hart af of julle hom nog wel kan liefhê! As julle egter heeltemal geen agting vir iemand het nie, sal julle hom ook nie kan liefhê nie. Maar as julle van iemand goed weet watter talle goeie, beste eienskappe en vaardighede hy het, dan sal julle hom in julle hart buitengewoon bewonder en bomatig liefhê; en kyk, dit is dan die ware eerbied, en dit is julle net so verskuldig aan `n goddelike wese as aan elke mens wat jou naaste is, orals waar jy hom teëkom! [5] Laat vaar dus julle huidige oordrewe eerbied! Kom aan tafel, en eet en drink opgewek en bly by My! Want as julle baie dikwels by julle feesmaaltye vrolik kon wees toe die dood nog in julle harte gewoon het, sal julle nou nog baie vroliker kan wees omdat die dood van julle gewyk het en die lewe sy intrede in julle harte gemaak het! - Wat vind julle daarvan?' [6] Die priesteresse sê: 'Ja wel, ja wel, - maar ons is nog te veel onder die indruk van die mag en die grootte van U Gees! Ook in die opsig sal ons egter alle moontlike moeite doen om nie voor U te bewe nie, maar U waaragtig te ag en sekerlik bo alles lief te hê. Slegs U kry dus al ons eer en al ons liefde!' [7] Ek sê: 'Nou, dit is wel goed; laat ons dus maar almal dadelik aan tafel gaan en in alle opgewektheid eet en drink! Na die maaltyd sal ons dan wel oor allerlei sake praat en ons amuseer en stig!' [8] Daarop gaan almal aan tafel en eet en drink na hartelus. Na die maaltyd word nog oor alles en wat gepraat, en die priesteresse weet heelwat merkwaardige sake te vertel, en die gesprek kom oor die maan en die dikwels ongeneeslike inwerking op die aarde en ook op baie ander mense.

[9] `n Priesteres vertel dat sy `n maansiek man geken het wat meestal snags by die volmaan met geslote oë sy kamer verlaat het, sy hande na die maan uitgesteek het en dan met onfeilbare sekerheid selfs maklik teen die steilste rotswande na bo gegaan het asof hy oor `n vlak bodem voortbeweeg het. Slegs één ding moes die verbaasde toeskouer daarby in die oog hou, naamlik dat hy stil en rustig moes bly, omdat `n menslike geluid die maanwandelaar se lewe kon kos. [10] (Die priesteres:) 'Wel, wat is dit dan vir besondere invloed van die maan op bepaalde mense, en hoe kom die mense daaraan?'

Die Heer gee uitleg oor die maanwêreld en oor maansug 120 Ek sê: 'Dat die maan, as mees nabye hemelliggaam van die aarde, `n invloed op hierdie aarde uitoefen, is sekerlik so; maar in die algemeen beïnvloed sy geen mense, diere, plante en minerale nie, maar in die besonder maar net dit wat op hierdie aarde van haar afkomstig is. Let goed op, veral julle kalendermakers! [2] Kyk, die maan is haas net so `n wêreld soos hierdie aarde, en sy is die voortdurende begeleidster van hierdie aarde by haar reis van een jaar om die son, waaromheen ook die ander planete in verskillende tye hulle baan deurloop; - die wat nader aan die son staan het minder tyd nodig as die aarde, en die wat verder wegstaan, natuurlik meer. Jupiter en Saturnus het ook mane, maar omdat die wêrelde baie groter is, het hulle daar meer mane as die aarde, terwyl die kleinere planete glad geen mane het nie. By ons aarde sorg die daaglikse omwenteling vir dag en nag, en haar baan om die son duur een jaar.' [3] Daaroor kyk die heidene van op, omdat hierdie uitleg van My hulle kennis ver te bowe gegaan het, en `n priester sê: 'Heer, ons dank U vir alles, maar hou maar op met U uitleg, want ons kan dit onmoontlik verstaan nie omdat ons dit nie vir onsself kan voorstel nie!' [4] Toe sê Ek: 'Wel, as dit aanskoulik gemaak moet word, dan sal dit dadelik gebeur!' [5] Oombliklik sien almal in die vrye, hoë ruimte van die saal bo die tafel die son, die maan en die aarde, en ook alle ander planete met hulle mane, en alles bewegend soos in die werklikheid. Aan die verbasing kom geen einde nie, en Ek lê dit vir hulle twee uur lank baie noukeurig uit, en toe verstaan hulle alles, wat hulle baie genot verskaf. Behalwe die wiskundige deel laat Ek hulle egter ook die bewoonbaarheid van die son en alle planete en hulle mane sien, en baie uitvoerig die bewoonbaarheid van ons aardse maan, en sê toe in die besonder: [6] (Die Heer:) Omdat julle dit nou insien en verstaan, kan Ek julle ook die nodige vertel oor maansug. Die bewoners van die maan het as baie eenvoudige en in hulself gekeerde mense by uitstek die gawe van heldersiendheid, en dit by name tydens hulle nag van veertien volle aardse dae, wat hulle meestal slapend in hulle onderaardse woongate deurbring. Tydens hierdie slaap bly hulle siele egter volkome wakker en hulle sien dan alles om hulle heen tot in die verre omtrek, en dus ook hierdie aarde, waar hulle eintlik min of meer by hoort, wat hulle egter, vanweë die natuurlike posisie van die maan tydens hulle waaktoestand, op hulle lang dag nooit kan sien nie; (want die maanmense bewoon slegs die gedeelte van die maan wat van die aarde afgewend is) omdat die maan, soos wat Ek julle al uitgelê het, om heel natuurlike redes (op die na die aarde toegekeerde kant) geen lug en geen water het nie, en as daar al hier en daar in die talle dieper geleë dele `n soort lug aanwesig is, dan is dit tog nie toereikend vir die asemhaling van wesens met `n liggaam nie, en is ook nie geskik daarvoor nie, omdat die element sout (die suurstof) geheel ontbreek. [7] Die mense van die maan het in hulle natuurlike toestand ook geen behoefte daaraan nie, omdat hulle in hulle droomlewe, waarvan hulle die meeste hou, tog alles kan sien en te wete kan kom wat goed is vir die heil van hulle siele. Hulle verlang dan ook die allermeeste daarna om vinnig bewoners van hierdie aarde te word, wat dan ook eintlik hulle bestemming is. En as hulle op hulle wêreld hulle liggame afgelê het, gaan hulle siele, soos wat hulle haar tydens hulle liggaamlike lewe waardig gemaak het, dadelik na hierdie aarde en word by `n passende geleentheid in `n moederliggaam verwek. As kinders van hierdie aarde word hulle weer gebore, groei vervolgens op en ontvang die opvoeding van die aardse mense, waardeur hulle in elke geval die moontlikheid kry om op die weg van die kinders van God geplaas te word, hetsy reeds hier of aan die ander kant. [8] Wel, die siele van hierdie mense bestaan uit die substansie van die maanwêreld en voel sodoende, veral tydens hulle droomlewe, `n besondere drang na waar hy vandaan gekom het, wat die sterkste tot uiting kom by die lig van die volmaan, omdat daar deur die maanlig `n groter aantal substansiële, spesifieke sieledeeltjies op die aarde neerdaal en die genoemde mense wat maansiele het, prikkel en aantrek. [9] Dit euwel kan egter gou en maklik verhelp word deur die hande in geloof op te lê en deur die gebruik van koue baddens.'

Kenmerke van die maansiele wat op die aarde geïnkarneer is 121 (Die Heer:) Origens skaad so `n eienskap die mens sekerlik nie, en sy siel nog die minste; want sulke mense is gewoonlik baie goed en sagmoedig, en maklik in die omgang. Maar af en toe kan dit by hierdie mense voorkom dat hulle liggaam as gevolg van die growwer ingewande nog in besit geneem word deur `n ander siel wat nog vry in die aardse lugruim rondswerf, dikwels selfs deur meer as één, en meestal deur siele, wat reeds op hierdie aarde `n lewensproef in die vlees deurgemaak het, maar, vanweë hulle groot sinlikheid en selfsug, vir hulle lewensheil aan die ander kant nie slegs niks gewen het nie, maar selfs baie verloor het. [2] Hierdie siele word gewoonlik, na gelang van die manier waarop hulle hulle lewe wil verbeter, toegelaat, sodra daar vir haar `n goeie en deugdelike geleentheid voordoen tot `n nuwe liggaamlike lewensproef. Maar as sy dan nie meer kan wag totdat sy weer in `n moederliggaam geplaas word nie, en sê: 'Ag wat, vlees is vlees! Ons sal nou die eerste en die beste menslike liggaam in besit neem en dit straf soveel as wat dit maar moontlik is! En as die liggaam eenmaal deur al die straf ten gronde gegaan het, dan kan ons dit as volledig gelouterde siele verlaat en in die saligheid binnegaan!' [3] Dergelike siele vergis hulle weliswaar geweldig, omdat so `n soort skynbesit van `n liggaam nie slegs niks help nie, maar slegs skaad, omdat sy dan weer baie lank moet wag voor sy toegelaat kan word tot `n egte herhaalde verwekking in `n moederliggaam. Maar sulke skynbare inbesitnames van die liggaam van ander mense word tog toegelaat, omdat elke siel wat ooit `n volledige vry lewe moet kry, uiteindelik maar net deur haar persoonlike, vrye wil verbeter en versterk kan word, en die vrye wil onmoontlik anders as dat sy deur allerlei bitter ervarings tot die beskeie nugterheid te bring is waardeur sy haar uiteindelik na die ligvolle wil van `n beter gees voeg en eers waaragtig uit haarself verbeter kan word. [4] En kyk, dan gaan dit tydelik ietwat minder goed met ons mense wat `n maansiel het, omdat hulle deur sulke vry rondswerwende, nog steeds slegte siele – wat die mens die beste nog duiwels (Ouvraci = keerders na die betere) kan noem - die eerste en die maklikste tydelik in besit geneem kan word. Daardeur ly die eie siel van die liggaam nooit enige skade nie, maar sy het selfs nog nut van so `n toestand, omdat sy daardeur baie gedeemoedig word en aan die lewe van haar liggaam weinig of heeltemal geen genot meer beleef nie, wat vir maansielmense baie goed is. Want ten eerste is hulle, ondanks hulle heldersiendheid, merendeels baie eiesinnig en sterk gebonde aan die geslagtelike liefde, en ten tweede wil hulle altyd gelyk hê en is hulle twissiek, geslote en gemeen, hoewel nie bepaald heeltemal boosaardig nie. [5] Maar ook die besetenheid is te genees deur gebed, deur die aanroep van My Naam, deur vas en deur die oplê van die hande in My Naam. - En dit is nou ook in die opsig alles wat julle voorlopig moet weet; al die hoër en meerdere sal julle gees julle leer, wat Ek op die regte tyd sal vervul met My Gees.'

Die Heer waarsku teen die terugval in die materiële. Die wese van die materie. Die oneindigheid van die Heer 122 (Die Heer:) 'Ek het julle nou laat sien, wat en wie die mens is en wat hy moet doen om die ewige lewe te bereik. Van nou af aan hang dit heeltemal van julle af om daarvolgens te handel. Let egter op, dat julle nou nie ter wille van die wêreld weer in julle ou onsin en daardeur in julle ou dood terugval nie, want dan sal julle nog baie moeiliker op die korrekte weg te bring wees as nou! Ek kan nou nie meer persoonlik langer by julle bly nie; maar as julle My leer bly toepas, sal Ek ook in die gees werkend by en in julle aanwesig wees, en wat julle hierdie goddelike Gees van My sal vra in My Naam, dit sal julle ook gegee word. [2] Maar om suiwer wêreldse dinge hoef julle nie by My aan te kom nie; want die sieldodende gif sal Ek julle nie gee nie, ook al sou julle My ook jare lank daarom vra! Want My doel is om julle volledig in julle siele van al die wêreldse vry te maak, en nie om julle nog meer daarmee te verbind nie. - Julle weet nou wat julle moet doen en glo, en meer is voorlopig nie nodig nie. [3] Maar nou nog iets anders! Vriend Jored, kyk eers, ons was nou drie dae by jou gewees, en het baie in jou huis verbruik! Hoeveel is ons jou daarvoor verskuldig?' [4] Jored sê diep ontroer: 'Heer, alles wat daar is, is immers slegs van U af. Ek sou egter vir U moet sê: O Heer, ek is U oorgrote skuldenaar! Wanneer en hoe sal ek hierdie groot skuld by U kan aflos? As U duisend jaar met nog duisendmaal soveel leerlinge hier sou wil bly, en dag en nag sou eet en drink, dan sou ek selfs na duisend jaar nog net so `n groot skuldenaar van U wees as wat ek nou is; wil U daarom voortaan maar net barmhartig en vol medelye met my wees, - al die ander is niks en kos ook ewiglik niks nie! - Maar één vraag sou ek U, o Heer, tog nog wil vra!' [5] Ek sê: 'Bespaar jou die moeite, want Ek weet immers tog al wat jy nog `n tydjie hier in hierdie saal sou wil hou! Kyk, hierdie hemelliggame sou jy so wil bewaar! Ja, hulle sal nog een jaar lank so bly vir julle verdere voorligting! Maak gedurende daardie tyd `n afbeelding daarvan; daarna sal hierdie wonderbaarlike eksemplare egter verdwyn, soos wat ook eens hierdie hele sigbare hemel en hierdie aarde sal verdwyn

wanneer sy alles wat daarin gevange is, heeltemal sal teruggegee. [6] Want luister: Alle stoflike dinge wat die hele oneindige ruimte in hierdie tyd bevat, is geestelike dinge wat gevange en geoordeel is! Dit is geeste wat hulle in die oordeel van die krag en mag van die goddelike wil bevind tot op `n vasgestelde tyd, waarop die goddelike alwetendheid sal konstateer dat hulle die graad van selfstandige sterkte bereik het wat nodig is vir die verdere geestelike, selfstandige ontwikkeling van die lewe. Dit verstaan julle nou weliswaar nie, en julle kan dit ook nie verstaan nie; maar eendag sal julle dit tog verstaan. [7] Ek het dit egter slegs aan julle gesê sodat julle ook as heidene sal insien dat Ek die eintlike, ewige EK IS, en dat in feite alles wat die oneindigheid omvat uit MY bestaan. Maar hou dit voorlopig vir julle, totdat die ewige Gees van die Waarheid julle meer daaroor sal leer! [8] Nou kry julle in hierdie nag nog ietwat tyd. Wie nog iets te vra het, vra dit! Môre voor sonsopgang gaan Ek verder; want Ek het baie kinders wat Ek nog, as `n egte lewensvader, wil besoek om ook aan hulle die blye boodskap van die ewige lewe te verkondig.' [9] Toe staan `n priester op en sê: 'Heer, môre mag U ons nog nie verlaat nie; want U het ons nou eers goed in vuur en vlam gesit en daar sal dus nog baie wees waarby ons U heilige raad nodig sal hê!' [10] Ek sê: 'Is Ek dan die EK, of is dit My innerlike Gees? Ek het julle immers gesê dat die Gees by julle sal bly, en as julle iets nodig sal hê, dan sal Hy dit sonder voorbehoud aan julle gee. My persoon is verder van geen nut vir julle nie, maar slegs die Gees, wat julle nooit sal verlaat as julle Hom nie verlaat nie.' [11] Die priester sê: 'Heer, dit glo ons almal nou vas en sonder enige twyfel; maar ons het nou almal `n groot liefde vir U opgewek omdat ons U volledig herken het, en juis nou wil U ons ook al weer verlaat?! Heer, bly persoonlik by ons, al is dit maar `n dag, dan sal ons almal daardeur oneindig geseënd wees!' [12] Ook Jored en sy seun sê: 'Ja, ja, Heer, so is dit! Bly minstens nog `n halwe dag by ons en dan sal ons U begelei, waar U ook maar sal heengaan!' [13] Ek sê: 'Nou dan, Ek sal nog môreoggend die oggendete by julle gebruik, maar dan direk daarna verder trek!' [14] Daarop sê die uit die dood opgewekte seun Jorabe: 'Luister almal, beste mense! Hierdie enige, ewig ware God word maar net deur liefde teëgehou! Dit is die enigste mag wat selfs Hy innerlik gehoorsaam! Laat ons Hom dus van harte liefhê, dan bly Hy ook tot die middel van die dag!' [15] Ek sê: 'Jy het heeltemal gelyk - want dit het jy nie met jou bloed nie, maar dit het jou gees jou ingegee -; maar Ek kan tog nie anders doen as wat Ek vroeër gesê het nie. Om julle almal genoeë te verskaf, sal Ek eers na sonsopgang hier weggaan, maar in die gees tog by julle bly. Nou is dit egter die vraag of julle alles verstaan het, en of niemand van julle nog iets te vra het nie.'

Oor gebed en godsdiens 123 Toe sê die Minervapriesters: 'O Heer, ons sou wel `n ewigheid lank steeds maar aanhoudend wil vra, maar wat sou ons daarvan hê, omdat ons in ons huidige toestand immers tog nooit U antwoord sou kon verstaan nie! Maar stuur U ons maar so vinnig moontlik U beloofde Gees wat ons sal inwy in alle waarheid, dan is ons al meer as volmaak tevrede met alles wat ons tot op hede van U gekry het. Slegs één ding sou nog genoem kon word, en dit sou goed wees as ons ook in die opsig `n korrekte aanwysing uit U mond sou kry. [2] Kyk, in alle godsdienste stel mens die loflike eis dat `n goddelike wese deur ons, mense, aanbid moet word! Wel, vir ons valse gode het ons `n hele legioen goedgekeurde en ook nie-goedgekeurde gebede gehad. Die goedgekeurde, en dus ook die werksame gebede was deur priesters - natuurlik van die hoogste rang - gemaak en mag ook maar net deur die priesters tydens `n bepaalde seremonie en maar net op `n bepaalde tyd van die dag gebid word, en behoort tot die misterieuse, sogenaamde afgodsdienste. So `n gebed mag die leek en oningewyde nooit self bid nie, want daar staan baie streng strawwe daarop, maar hy moes na `n priester gaan, en hom `n bepaalde en vir elke geval apart vasgestelde offer bring, sodat die priester dan vir hom so `n goedgekeurde gebed tydens die daarvoor vasgestelde seremonie baie monotoon en volledig gedagteloos in die tempel sou opdreun. Die nie-goedgekeurde, en daarom ook geen uitwerking hebbende gebede, mag die leek ook bid, enkel en alleen om hom te oefen in die beskouing van die gode, en om die uitwerking van die goedgekeurde, heilige gebede van die priesters daardeur te leer ken. [3] Nou, dat so-iets vir U oë en ore `n gruwel is, hoef my deur niemand verder uitgelê of bewys te word nie; maar desondanks sou `n mens vir die aanbid en aanroep van `n ware God tog meer bepaalde, versorgde en meer vir God waardige woorde moet gebruik as die van die omgangstaal van die daaglikse gebruik. En in die opsig sou ons dan ook van U Self `n riglyn wil hê. [4] Ek sê: 'My leerlinge het julle tog alreeds My gebed gegee, wat Ek hulle geleer het en dat elke mens in sy hart op dieselfde wyse kan bid; elke ander lippegebed is vir My `n gruwel.

[5] In die gees is Ek van ewigheid altyd volkome dieselfde, Ek het My nooit verander nie en sal My ook ewiglik nooit verander in My wese, werke en wil nie. Ek is nou drie dae lank by julle en het julle geleer wat julle moet weet, glo en doen - elkeen vir homself - om die ewige lewe van die siel te verkry. Het Ek julle toe iets gesê oor bepaalde gebede of oor `n bepaalde doelmatige, misterieuse, godsdiens wat My enigsins welgevallig is, of oor `n bepaalde feesdag, of uiteindelik oor `n Sabbat van die Judeërs, wat hulle die dag van die Heer JaHWeH noem, en waarop die priesters die mense alle arbeid verbied, terwyl hulle self as priesters juis op die dag van JaHWeH die grootste en skandelikste bedrog pleeg, en daarby nog die gewetenlose slegte mening daarop het dat hulle God `n goeie diens daarmee bewys? Nee, van dit alles het julle uit My mond niks gehoor nie en Ek sê julle die hele waarheid: [6] Weg met alle gebede, weg met alle feesdae, want elke dag is `n ware dag van JaHWeH, en weg met die hele priesterdom! Want elke mens wat God erken en Hom bo alles liefhet en Sy wil doen, is `n waaragtige en goeie priester, en ook `n goeie leraar as hy sy naaste hierdie leer gee wat hy van My gekry het. [7] Wie dus My wil doen, nou spreek JaHWeH, bid waaragtig en bid altyd sonder ophou; en elke dag waarop `n mens sy medemens in My Naam `n weldaad bewys, is `n goeie dag, en slegs so `n dag is vir My `n aangename dag van JaHWeH. [8] As iemand egter aan sy naaste `n weldaad bewys, laat hy dit dan in stilte doen, en dit nie rondbasuin en hom op die bors slaan daarvoor nie! Want wie dit doen, het sy geestelike loon van My al geneem omdat hy vir sy edele daad wêreldse roem gekry het; dit versterk die siel egter nooit nie, maar bederf haar omdat hy haar maar net ydel en selfingenome maak. [9] So is dit ook as iemand een of ander guns van My vra. Wie deur te vra iets van My wil ontvang, moet dit baie stil, in sy hart wat van liefde tot My vervul moet wees, vra, en waarvoor hy gebid het, sal hom gegee word, as dit sou pas by die lewensgeluk van sy siel. [10] So kan ook twee, drie of ook meer mense in stilte verenig en vir hulself en die hele gemeente bid - maar nie so dat die gemeente dit ook dadelik weet nie, - en Ek sal sulke gebede sekerlik verhoor. Maar as daar twee, drie of ook meer mense aan die gemeente bekend sou maak dat hulle dit op `n bepaalde dag of op `n bepaalde tyd van die dag sal gaan doen, sodat die gemeente dan na hulle sou opsien en hulle sou prys, ja uiteindelik selfs vir die vrome gebed sou betaal, - helaas, dan sal so `n gebed nooit verhoor word nie, en sodoende ook die gemeente en hulle wat gebid het, nie help nie! Want dit alles en soortgelyke dinge het die heidene ook gedoen, - en dit gebeur nog, - wat by dreigende gevaar in groot skares van die een afgodstempel na die ander trek, daarby allerlei dom houtsneewerk, vaandels, houers en nog `n aantal ander dinge saamdra en baie misbaar maak, op horings blaas, geweldig op simbale slaan en met die skilde kletter. Hulle organiseer ook ver pelgrimstogte na buitengewone, besondere genadebeelde van `n afgod, en as hulle daar aankom, doen hulle op allerlei oerdom maniere boete en skenk die afgod groot en dikwels baie aansienlike offers. Dit was vir die afgodspriesters natuurlik baie voordelig, maar vir die dom pelgrims nooit. Sulke dergelike algemene gebede en vrae word dus nooit deur My verhoor nie! [11] Wie by My `n goeie vraag verhoor wil hê, moet op `n bedevaart na sy hart gaan en moet sy vraag aan My, heeltemal in stilte met volkome natuurlike, eenvoudige woorde voorlê, dan sal Ek hom verhoor. Maar Ek sê julle tewens, dat niemand daarby na My toe moet kom met bepaalde, vroom uiterlike gebare en `n vroom gesig nie! Want as iemand iets van My wil vra met so `n sekerlik, huigelagtige, vroom gesig, sal die vraag nie verhoor word nie; want wie nie so natuurlik soos wat hy is, na My toe kom nie, en nie in die ware Gees van die volle Waarheid vra nie, sal nie verhoor word nie, maar slegs hulle wat My waaragtig liefhet, My wil doen en sonder enige smuk en dwang na My toe kom soos wat hy is, sal altyd deur My verhoor word. [12] So is dit ook `n ou gebruik, selfs by die Judeërs, wat die blinde en dom mense by hulle vraag en gebede ook spesiale, fyner en beter kleding aantrek, omdat hulle meen dat die mens nie genoeg kan doen vir die sogenaamde groot eer van God nie. Maar so `n dwaas bedink nie dat daar baie armes is wat nouliks hulle naakte liggaam kan bedek nie. Hoe moet die arme voel, as hy die ryke so in sy beste klere in `n gebedshuis sien, en sien wat `n eer hy God gee, terwyl die arme dit nie kan doen nie, en tewens moet bedink dat hy in sy lompheid met sy gebed maar net vir God kan beledig! [13] Waarlik, Ek sê vir julle: Wie My ooit wat ookal sal vra, terwyl hy spesiale, beter kleding daarvoor aangetrek het, sal ook nooit verhoor word nie - en een of ander priester in sy dom, versierde toormantels en rokke ook heeltemal gladnie! [14] So bestaan daar ook `n ou, slegte gewoonte by die bid tot God, om maar net `n bepaalde, vreemde taal daarvoor te gebruik en dit die waardigste vir die verering van God te ag. Waar die onsin ooit in die vervolg sal voorkom, sal die vraag ook nooit verhoor word nie. [15] Die mens moet hom maar net in sy hart vir My tooi, en sy eie taal praat, en die taal van sy hart gebruik, wat Ek baie goed verstaan, dan sal Ek sy vraag verhoor!

[16] Ek wil dat al die ou dwaashede heeltemal verdwyn en die mense heel nuwe, waaragtige, suiwere mense word. En waar hulle so sal wees, sal Ek ook steeds te midde van hulle wees; maar die blinde, wêreldse dwase sal voortaan gestraf word deurdat hulle vrae nie verhoor sal word nie! [17] God het die mense sonder kleding geskape en Hy het hulle na Sy ewebeeld geskep, en God was ingenome met die uiterlike skepping van die mens, omdat dit Sy ewebeeld was. God het die mens ook getoon hoe hy kleding moes maak om sy huid teen die koue te beskerm; maar God het die eerste mense nie geleer om klere te maak om dit ten einde hoogmoediglik as versiering van hulle ledemate te dra nie. En nog minder het God die mense geleer om opgesmukte kleding te maak om slegs daarin vir God waardig te kan aanbid. [18] Klee julle daarom nou weliswaar volgens julle stand, maar eenvoudig, en heg aan `n rok en mantel geen ander waarde as net dat dit jou liggaam bedek nie; al die ekstras is verkeerd en bring geen goeie vrugte voort nie. [19] En so weet julle nou ook in die opsig wat julle te doen staan, en Ek glo nou - omdat dit al byna middernag geword het, - dat ons onsself ter ruste kan begewe!'

Oor die ontwikkeling van die mense 124 Toe sê die Minervapriester: 'Ja, Heer, U het volkome gelyk in alles; maar omdat U vandag helaas reeds die laaste nag by ons deurbring, sou ek U in Naam van ons almal nog iets belangrik wil vra, en dit is, of U so vriendelik sou wees om aan ons toe te staan dat U leer, wat U nou aan ons gegee het, woordeliks opgeskryf sal word, sodat dit, as die belangrikste verbetering van alle mense, nooit verlore sal gaan nie, daar elke leer andersins tog, as daar maar net mondelinge oorleweringe is, uiteindelik met verloop van die tye vervorm en verontreinig word. Want die mense voeg mettertyd graag aan alles toe en laat andersyds maklik iets wesenlik weg. As alles egter opgeskryf is, en deur al die aanwesige getuies hier onderteken is, ten bewyse dat dit volledig waar is, dan, dink ek, sal `n verontreiniging van U leer nie meer so maklik moontlik wees nie. Om te sorg dat ons niks verkeerds opskrywe nie, vra ons U, o Heer, of U ons met U alwetende en almagtige Gees wil lei!' [2] Ek sê: 'Dit kan julle sekerlik doen; maar as julle dit tog wil, skryf dit dan in meer eksemplare, sodat dit meer algemeen word, en dat die eerste geskrewe boek - veral by die baie bygelowige heidene - nie `n soort magiese werking kry, waardeur die waarde van die inhoud misvorm sou word en die mense `n letterlike vrees vir die gewydheid van so `n boek sou kry nie, wat van louter eerbied nie meer durf gelees word nie, en uiteindelik selfs sover sou kom om te glo dat alleen die verering van so `n relikwie die mense al die hemel sou oplewer nie! As daar egter verskeie soortgelyke boeke sal bestaan, is so `n verbastering nie meer so maklik moontlik nie. [3] Ek sê nie dat die mense nie sulke boeke in ere moet hou nie; maar hulle moet nie meer daarvan maak as om dit ook maar net te gebruik vir dit waarvoor dit bestem is en sekerlik nie vir iets anders nie. [4] Ek voeg egter nog daaraan toe dat julle ook moeite moet doen om alle mense reeds van kinderstaduim af aan behoorlik te leer lees, skryf en rekene te leer - nie maar net die rykes nie, - anders sal julle weinig aan die geskrewe boeke hê. Probeer veral `n goeie ontwikkeling van die kennis en daardeur van die hart by die mense te bewerkstellig, dan staan julle in My ryk `n groot beloning te wagte, en daardeur sal julle ook maklik met die mense op aarde kan werk; want met egte ontwikkelde mense kan jy maklik praat en omgaan. Maar probeer die mense `n waaragtige, totale ontwikkeling by te bring; want `n halwe ontwikkeling is dikwels slegter as heeltemal geen ontwikkeling nie! [5] Weerhou nie die waarheid van die jonges nie, soos wat Ek julle ook niks weerhou het nie; want slegs die waarheid vorm die mens werklik tot mens. Waar sy ontbreek, moet die leuen sondermeer haar plek inneem, en dit is die moeder van al die onheil wat maar op aarde onder die mense kan voorkom. Hou dit ook vir julle almal as lewensrigsnoer! As julle daarop sal let, sal julle die seëninge daarvan reeds baie gou op hierdie aarde baie duidelik en waaragtig ondervind. - Het julle nou nog iets op julle hart?'

Die gees van die mentor van die priestervroue verskyn 125 Toe sê die Minervapriesters: 'Heer, vir sover ons huidige insig dit toelaat, is daar nouliks meer iets wat ons U ten behoewe van die teenswoordige stand van ons kennis sou kon vra, omdat U ons al byna te veel getoon en geleer het; maar iets sou U vir tog nog vir ons vroue kon doen, naamlik dat U die siel van ons mentor vir ons laat sien, sodat ons onsself daardeur van die verder lewe aan die ander kant vooraf nog meer en deegliker kan oortuig.' [2] Ek sê: 'Dit is `n ietwat onverstandige wens van julle - want ten eerste is julle nog lank nie in staat om `n gees te sien nie, omdat `n gees slegs met geestelike oë, maar nooit met liggaamlike oë gesien kan word nie, en ten tweede is die siel van julle voormalige mentor ook nog lank nie in so `n lewenstoestand dat sy verskyning `n bepaalde nut vir julle sou kon verskaf nie; - maar omdat julle dit dan tog so belangrik vind en

van mening is dat dit julle geloof baie sou versterk, kan dit julle uiteindelik ook nog wel toegestaan word. - Isma kore! - kom en praat!' [3] So roep Ek die siel van die mentor. En daar ontstaan `n groot gedruis in die saal, uit die bodem styg rook op asof daaronder `n brand was, en in die middel uit die rook kom die gees met `n woedende gesig te voorskyn en sê vir die vroue: 'Waarom steur julle, ongelowige vroue, my in my rus waarin ek besig is met my vervolmaking, en in aangename geselskap is van geeste wat net soos ek is, en waar onderlinge rusie en onenigheid ondenkbaar is? [4] Ek het die belofte wat ek julle gegee het, lankal afgelos en julle ook duidelik gesê hoe nikswerd die leerstellinge van Diogenes is. Dit strek die mens wat dit kan aanvaar, tot groot skande, omdat dit niks meer as ellendige leuens is nie, `n bespotting van die hoogste Wysheid van `n ewige, almagtige God! Maar julle meen dat dit `n droom was en `n spel van julle fantasie! [5] Het julle verstandjies dan nie gesê dat die mens `n baie wonderbaarlike werk is van `n groot, wonderbaarlike almagtige Skepper nie, en dat daarin niks kan plaasvind wat nie `n oorsaak en `n wyse doel het nie?! Dit het ek julle tydens my aardse lewe tog dikwels gesê; maar daaraan het julle geen waarde geheg nie, want julle was maar net daar om te doen, deur mekaar te bewonder vanweë julle stoïsynse wysheid. Maar desondanks knaag die twyfel voortdurend tog aan julle harte, waarop ek baie duidelik opnuut moes verskyn het, wat ek nie wou doen nie. [6] Maar nou het daar `n hoër Gees by julle gekom en het julle onderrig. Waarom glo julle Hom dan nie volledig nie? Waarom vra julle my as getuie van Hom, wie se Naam ek nie waardig is om uit te spreek nie? O julle vreeslike dwase vroue! Helaas, as die groot Gees nie nou hier was nie, sou julle almal `n flink oorveeg van my af gekry het! Onthou egter, dat dit met julle baie sleg sal gaan as julle my nog `n keer in my rus sal steur!' [7] Daarop verdwyn die gees plotseling, en die vroue kon niks vir hom sê en durf dit ook nie sê nie. [8] Maar Ek vra hulle: 'Wel, is julle tevrede met julle mentor?' [9] Die priesteresse sê: 'O Heer, helaas, hy kan gerus in sy dom rus bly! As sy geselskap in die hiernamaals presies soos hy lyk, sal hulle nog baie lank aan hulle lewensvervolmaking moet werk. Hy is tog wel ontsettend grof en ru! Tydens sy lewe by ons ouers tuis was hy die mees beskeie en saggeaarde mens, en as gees is hy nou gloeiend van woede! Hoe is dit moontlik? Het hy op hierdie wêreld dan `n ander siel gehad?' [10] Ek sê: 'Dit tog nie, - maar op dié wêreld het sy siel baie verstandig haar eintlike ‘ek’ verberg en haar baie anders na buite getoon as wat sy innerlik was; maar in haar naaktheid werk dit nou natuurlik nie meer nie. Want aan die ander kant kan geen enkele siel haar uiterlike anders voordoen as wat sy innerlik is nie; en daarom kon julle mentor hom nou ook nie anders aan julle voorgedoen het as wat hy is nie, en hoe hy innerlik ook eintlik altyd ten opsigte van julle gesind was nie. Sy beskeidenheid en sy sagmoedigheid was slegs `n spel, innerlik het dit baie anders daaruit gesien! [11] Verlang daarom in die vervolg veral dat geen gees julle meer moet leer nie, maar leef volgens My leer, sodat julle daardeur in staat sal wees om `n volledige verbinding met My Gees aan te gaan, - dan sal julle die harde lesse van sulke geeste maklik misloop!' [12] Dit stel die vroue volledig tevrede en hulle verloor elkeen die verlange om ooit nog êrens so `n mentorgees te ontmoet. [13] Daarop raai Ek almal aan om nou te gaan rus, wat elkeen dan ook dadelik doen. Ek en die leerlinge doen dit ook en ons neem ons plek op ons rusbanke in. [14] Die nag gaan gou verby en ons staan op. Toe ons die saal wil verlaat, kom Jored ons al tegemoet en vra My om te wag op die oggendete, wat dadelik gereed sou wees. [15] Maar Ek sê: 'Gee ons maar net ietwat brood en wyn, dan gaan ons dadelik weg, sodat die priesters met hulle vroue, wat dadelik sal kom, ons nie meer hier sal aantref nie!' [16] Dit gebeur. Ons neem brood en wyn en gaan toe dadelik weg, nadat Ek Jored se huis en al sy mense nog eers geseën het.

Die betekenis van die Judese volk vir die heidene 126 Jored en sy seun Jorab begelei My tot by Malaves, waar die dankbare bewoners ons gou tegemoet kom en vir ons wou sorg. Maar ons neem niks aan nie, raai hulle egter nog `n keer aan om standvastig te bly in die ontvang van die leer. Dit beloof hulle ook baie nadruklik, en vra My na watter plek Ek nou heengaan. [2] En Ek sê vir hulle: 'Na Samosata! As julle `n vaartuig daarheen gereed het, dan kan julle My daarheen bring.' [3] Toe sê die gemoedelike, gedienstige mense uit Malaves: 'O groot Heer en Leraar, ons het wel twee

vaartuie waarop U en U begeleiers baie gerieflik binne `n paar uur van hier na Samosata kan kom; maar slegs die terugbring van die vaartuie is daarna taamlik moeilik. Hulle moet stroomopwaarts getrek word, en wel met osse en muildiere, en dit kan slegs gebeur as daar goedereskepe van Serrhe af tydens gunstige `n waterstand stroomopwaarts na Melitene vaar. Hulle neem dan sulke kleinere vaartuie op sleeptou en bring hulle na die plek terug wat die eienaar van die skip aangegee het. Maar dit maak nie saak nie; ons sal `n paar betroubare skippers saamgee, en die sal dan wel in Samosata daarvoor sorg dat die vaartuig so vinnig moontlik teruggebring word. As dit vir U, o Heer en Leraar, nou pas, kan U Uself dadelik inskeep en wegvaar!' [4] Ek sê: 'Baie goed, beste mense; maar gee vir ons in plaas van twee skippers, vier saam, dan staan Ek daarvoor in dat hulle vandag nog, lank voor sonsondergang, met die twee skepe sal terugkom!' [5] Die Malavese sê: 'Dit sou normaal gespreek nie moontlik wees nie; maar vir U, o Heer, is niks onmoontlik nie! Want ons het al aan die lyf ondervind dat U woord en wil dadelik `n vaste vorm aanneem.' [6] Toe gaan daar dadelik vyf skippers saam in plaas van vier; drie neem die leiding oor die grootste vaartuig, en twee gaan op die kleinste skip, waarop Ek met die twaalf leerlinge plaasneem. Hierdie vaartuie was eintlik meer soorte vlotte as skepe; hulle was slegs voorsien van relings en sitbanke, en elk het `n dak van growwe seildoek gehad. [7] Toe Ek met die oudste leerlinge op die kleinere vaartuig plaasgeneem het, groet Jored en sy seun My baie hartlik en vra My of Ek hulle tog nog `n keer persoonlik sou wil opsoek, maar by `n hernude besoek langer in hulle midde sou vertoef as hierdie keer. [8] Ek groet hulle ook en sê: 'Bly aktief in My leer, dan sal Ek nie net baie dikwels by julle wees nie, maar uiteindelik selfs te midde van julle gaan woon! Bring ons groete en seën oor aan almal wat van goeie wil is!' [9] Daarop word die vaartuie losgemaak, die kleinste voorop en die grootste enige oomblikke later, en dit vaar agter ons. [10] Toe ons alleen was, sê Petrus: 'Heer, dit sou haas beter gewees het om maar steeds by die heidene te bly en die Judeërs te laat vir wat hulle is; want dit is tog hartverwarmend om te sien hoe gretig hierdie mense die lewenswoorde in hulle opneem. Die vernietiging van hulle drie afgodsbeelde het hulle baie lig opgeneem, en bykans niemand, behalwe die vyf vroue, het hulle daaroor bekommerd gemaak nie, en uiteindelik was selfs die vroue ook nie so moeilik te oortuig nie. En as mens dit eers op die keper beskou dan het so `n heiden, soos wat Jored was en is, met sy hele huis, tog wel honderdmaal meer gesonde verstand as `n Joodse oudste of skrifgeleerde. Hoe sou dit in Jerusalem gegaan het as U by die Fariseërs in die tempel ook so sou uitgedun het soos drie dae gelede in Chotinodora?! Ek sê met steeds meer insig en oortuiging: Van alle volke is die Judeërs U groot erbarming, geduld en begrip die minste werd. - Wat vind U van my mening?' [11] Ek sê: 'Kyk, jy praat volgens die verstand wat jy het! As jy `n veld sien wat dig begroeid is met allerlei onkruid, moet jou gesonde verstand jou tog wel sê: Dit moet goeie, vrugbare grond wees! Dit sal die moeite die beste loon om die veld van onkruid te suiwer en dan koring daarin te saai; dit kan honderdvoudige vrug oplewer! As jy egter `n veld sien met weinig onkruid, waar maar hier en daar `n skraal grassprietjie baie spaarsaam groei, sal dit dan die moeite en die werk wel loon om die veld in `n vrugbare koringakker te verander? Sekerlik nie, want waar die grond geen voedsel het vir onkruid nie, sal dit beslis ook nie vir koring hê nie. Jy sal op so `n veld baie goeie, kragtige bemesting moet bring om die kaal veld vir die koring vrugbaar te maak. [12] Kyk eers watter tekens hier gedoen moes word om hierdie heidene te laat glo! Die tekens was kragtige bemesting, sodat die leer as lewenskoring op hulle gemoedsveld kon ontkiem en tot `n toekomstige vrug kon opgroei. Toe Ek egter anderhalfjaar gelede by julle Judeërs gekom het, was slegs `n woord voldoende en julle het My gevolg, sonder dat julle presies geweet het Wie julle volg. Julle gemoedsbodem was wel begroeid met baie onkruid, en menige doringstruike het julle harte omring, - maar daarnaas was daar tog ook nog baie ruimte vir die koring op die veld. [13] Maar by hierdie heidene sou ons tien jaar lank kon gepraat het sonder dat hulle hulleself sou bekeer het tot die lig van die lewe uit God, omdat hulle ondanks die talle, groot tekens nog hewige teenstand sou bied. Nou hoort hulle wel by ons, meer as talle Judeërs, want vanweë hulle starheid, sal die lig ook van die Judeërs ontneem word en aan die heidene gegee word, maar ondanks dit alles mag jy nooit vergeet dat die heil van die mense maar net van Jerusalem af uitgaan nie, en alle voorspellings wat aan die Judeërs gegee is, sal op die plek in vervulling gaan vir alle mense van die aarde! Maar ondanks dit alles sal ons nou ook die heidene besoek en hulle voorberei op wat hulle na My hemelvaart kan verwag, naamlik die uitstorting van die Heilige Gees uit God. [14] Maar let nou almal op; want ons kom nou op `n plek in die rivier waar dit meer stilstaan as om te stroom! Daar moet die roeispane ywerig gehanteer word, omdat mens andersins maklik deur rivierrowers ingehaal en oorval kan word. Maar tog moet beide ons skippers die vaartuig maar laat gaan soos wat dit gaan; want Ek wil met hierdie rowers praat en hulle van hulle handewerk afbring!'

Die Heer oorwin die rivierrowers 127 Ek het dit nog maar net gesê, of ons vaartuig dryf al op die rustige deel van die stroom, waar die rivier baie breed en ook baie diep was. Ons het nouliks twee morge verder op die rustige deel gedryf, toe beide ons skippers die roeirieme ter hand neem om stroomafwaarts te roei; maar Ek sê vir hulle dat hulle dit nie nou moes doen nie. [2] Die skippers sê egter: 'Heer, dit is `n onveilige plek, waar jy maklik deur gemene rowers aangehou kan word wat, elke vlot wat hulle inhaal, te veel skatting laat betaal! As ons ons vaartuig egter vinniger laat gaan, haal hulle ons nie voor die volgende stroomversnelling in nie, en dan sal ons al veilig wees, omdat hulle hulle nie verby die rustige deel waag nie.' [3] Ek sê: 'Ja, ja, daarin het julle wel gelyk, maar Ek wil hierdie rivierrowers juis ontmoet en hulle hier vir die toekoms heeltemal onskadelik maak. Hou daarom selfs op om te roei!' [4] Daarop hou beide ons skippers op met roei en geen tien sekondes later haal baie verdagte uitsiende manne in `n breë boot ons vaartuig in en eis dadelik dat ons vrywillig ons hele besitting en dit wat ons het, moet afgee. [5] Ek staan egter van My sitplek af op en vra met geweldige stem aan die rowers: 'Met watter reg eis julle dit van ons en van elkeen wat julle kan voorkeer?' [6] `n Reusagtige rower sê: 'Ons is vrybuiters en ken geen ander reg as die van die sterkste nie!' [7] Ek sê: 'Maar wat sou jy doen as ons hier die sterkste sou wees en van julle julle besit of julle lewe sou eis?' [8] Die rower sê: 'Dan sou ons dit ook moet toelaat! Maar omdat dit nie die geval is nie, moet julle nie talm om ons te gee wat ons wil hê nie, omdat ons andersins op onaangename wyse ons krag sal moet toon!' [9] Ek sê: 'Ons het niks en gee daarom ook niks nie; as jy My egter nie wil glo nie, dan moet jy maar dadelik gebruik maak van jou reusekrag!' [10] Toe hef die rowers geweldige knotse op om ons te slaan. Maar Ek laat hulle oombliklik verstyf, sodat hulle daar so onbeweeglik staan soos standbeelde, en van pyn baie jammerlik begin te skreeu. [II] Ek vra toe aan die sterkste rower: 'Wel waar is jou reg nou?' [12] Hy skreeu egter: 'O almagtige, U is `n god! Help ons, dan sal ons voortaan vir altyd die werk neerlê en alles doen wat U van ons verlang!' [13] Ek sê: 'Goed dan, wees vry; maar julle geroofde goud gee julle aan My twee skippers, anders sal dit met julle baie sleg gaan!' [14] Toe sê die groot rower: 'Heer, nie net die goud nie, maar ook al die silwer gee ons af; maar staan ons met so `n tiende toe dat ons U, waarheen U ook gaan, mag begelei, - want ek vermoed dat U baie ander en baie gewigtiger skatte besit as die van ons, en van die skatte van U sou ons onsself iets wil toe-eien!' [15] Ek sê: 'Gaan haal dan julle goud en silwer!' [16] Toe gaan hulle vinnig na die rotsagtige linkeroewer van die stroom, waar hulle in gate gewoon het. Binne `n kwartier was hulle al weer by ons terug en oorhandig aan My ongeveer honderd pond goud en driehonderd pond suiwer silwer, bowendien nog pêrels en edelstene. [17] Op hierdie oomblik kom die grootste vaartuig met die twintig leerlinge agterop ook aan, en die vaar nader na ons toe, omdat hulle skippers vir hulle gesê het dat ons beslis deur die berugte rowers aangehou was. Maar toe hulle by ons kom, verbaas hulle hulle oor ons skatte en wil vra hoe ons daaraan gekom het. [18] Maar Ek sê: 'Vaar nou maar deur, al die ander sal julle nog gou genoeg te wete kom! Hierdie skatte is nou egter die eiendom van ons vyf skippers, en hierdie tien manne wat hulle afgegee het, het gekom om My te volg. En sorg nou dat julle verder kom!' [19] Toe vaar die twintig verder, maar onder mekaar sê hulle: 'Dit is tog `n vreemde saak met ons Heer! Nou neem Hy al heidene en tollenaars en diewe en rowers as leerlinge aan; maar al die leerlinge uit Jerusalem laat Hy in Kapernaum sonder `n woord gaan! Ja, ja, ons sal nog beleef dat Hy ook hoere en egbreeksters as leerlinge sal aanneem! Dit is werklik baie vreemd! Maar wat kan ons daaraan doen? Hy is en bly nou eenmaal `n profeet wat met alle krag van God vervul is en niemand kan Hom weerstaan nie, en ons moet Hom Sy reg laat geskied, - daarteen kan niks ingebring word nie!' [20] Maar toe hulle so praat, het ons hulle saam met die tien rowers, wat ons in hulle breë boot vinnig agterna gevaar het, ook al ingehaal, en Ek sê vir die twintig: 'Julle vind dit vreemd dat Ek so maak, - Ek vind dit egter tienmaal vreemder van julle dat juis julle hierdie dade en handeling van My vreemd vind. Die mense is My werk, en Ek ken die werk die beste, Ek ken al hulle bekwaamhede en weet daarom goed wat Ek doen. Laat daarom verder niks meer van wat Ek doen vir julle vreemd voorkom nie, anders sou dit vir julle baie vreemd moet voorkom dat Ek julle aangeneem het, terwyl julle nog duisendmaal erger was as hierdie tien rowers, wat nog niemand gedood het nie, maar slegs die ryk- en swaarbelaaide vlotte ietwat ligter gemaak het!'

[21] Daarop kry die twintig moed en vra My om vergewing. Ek laat ons boot egter weer voor hulle vaar en wys hulle die veilige weg deur die stroomversnelling. Toe ons dit agter ons het, sien ons dadelik vir Samosata en ons bereik hierdie plek na `n uur.

Die Heer in Samosata 128 Toe ons daar land, kom daar dadelik tollenaars aan wat haastig hulle tol eis. [2] En Ek sê vir Petrus: 'Neem `n hele pond silwer en gee dit vir hulle vir ons almal!' [3] Petrus doen dit, maar die tollenaar sê: Heer, dit is tien keer teveel, U kry nog baie terug!' [4] Maar Ek sê: 'Wees daarmee dan goed vir die armes, hou alles en wys ons `n goeie herberg; want ons bly vandag en môre hier!' [5] Toe sê die tollenaar: 'Bly dan by my, want ek het self nou eenmaal die beste en grootste herberg!' [6] Ek sê: 'Goed, bring ons daarheen!' [7] Nou gaan ons aan land, en toe ons die vaartuie verlaat, vaar hulle dadelik pylsnel stroomopwaarts saam met die skatte terug, wat die tollenaar baie verbaas, en dit nog soveel meer omdat ook die leë boot sonder skipper vanself die twee ander vaartuie vinnig agterna vaar. [8] Toe die tollenaar van sy verbasing herstel het, bring hy ons na sy herberg. Hierdie Samosaatse tollenaarswoning en -herberg het baie gelyk soos die huis van Jored in Chotinodora en was byna net so ingerig; slegs die eetsaal was nie so ruim en gerieflik en elegant ingerig nie, - veral die plafon het nie baie mooi daar uitgesien nie, omdat dit nie uit planke nie, maar meer volgens die oosterse gebruik slegs uit `n afdak van smerige seildoek bestaan het. Maar dit het nie saak gemaak nie, dit was tog die beste saal in die hele Samosata, en dus het ons hier ingetrek, hoewel `n rower My daarop gewys het dat hierdie herberg weliswaar een van die beste in die hele plek was, maar ook een van die duurste; want jy was daar per dag minstens tien penning kwyt. Die herbergier was `n baie geldsugtige sonderling. [9] Ek sê: 'Daar het ons dit nou nie oor nie! Môre sal ons wel sien wat se rekening hy vir ons sal gee!' [10] Toe ons ons om die groot, lang tafel geskaar het, vra die herbergier My wat ons die middag wou eet en drink. [11] Ek sê vir hom: 'Brood en wyn het jy, en meer het ons nie nodig nie, en jy het ook verder niks meer om gereed te staan nie; vanaand sal ons goed vir onsself sorg.' [12] Die herbergier sê baie hoflik: 'O my baie vereerde vriend, ek het nog van alles in voorraad, soos vleis, melk, botter, kaas, eiers, heuning en allerlei tuinvrugte; ook het ek die beste vis in my vergaarbakke! U hoef maar te vra en dit sal alles binne die kortste tyd gereedgemaak word!' [13] Ek sê: 'Dit is nie nodig nie, ons hou dit nou egter by My eerste versoek; Ek verlang slegs om `n goeie wyn te hê, die sal jy wel êrens hê!' [14] Die herbergier roep dadelik sy bediendes en laat voldoende brood en wyn bring, en Ek seën beide en sê toe vir almal dat hulle na hartelus moes eet en drink. [15] Die tien voormalige rowers sê egter: 'Heer, ons is dit nie werd om aan u tafel te sit nie, en ons kleding is te armoedig en te smerig vir u, menere, wat goed geklee is!' [16] Ek sê: 'Dit is nou nie in orde nie; nou moet julle doen wat Ek wil, en dan sal julle klere weldra ook verbeter! `n Mens is en bly, wanneer sy innerlike in orde is, ook in die armoedigste klere `n mens.' [17] Toe eet en drink ons baie opgewek en praat daarby maar min. Toe ons geëet en gedrink en ons liggame aldus gesterk het, staan ons terstond op van ons plekke en Ek vra die herbergier vir die rekening. [18] Maar hy sê, dat alles al betaal was met die groot oorskot van die pond silwer, en dat ons vir die res nog drie volle dae by hom in die herberg kon bly. [19] 'Goed', sê Ek, 'dan kan ons met `n geruste hart na buite gaan en die plekkie `n bietjie besigtig.' [20] Die herbergier sê: 'Sekerlik, - ek sal U slegs vir die sekerheid begelei, want ons het `n Romeinse regbank en `n klein Romeinse besetting hier, en hulle gaan nou bepaald nie al te vriendelik met vreemde reisigers om as hulle hulle êrens teëkom nie. Maar as ek, as vernaamste tollenaar en tewens bestuurder van die dorp, met U sal saamgaan, sal U orals ongehinderd kan kom. Maar om vir myself ook heeltemal seker en gedek te wees, sou dit goed wees as U my persoonlik volgens waarheid sou vertel wie U is en waar U vandaan kom en wat U eintlik hierheen gebring het.' [21] Ek sê: 'Omdat jy `n eerlike wêreldsiel is en dit op jou manier goed met ons bedoel, vertel Ek jou as Heer en Leraar voor My en al hierdie ander: Ek is dié Verlosser van alle verlossers van die aarde, en dit is My leerlinge. Merendeels is ons Galileërs. En nou weet jy voorlopig genoeg!' [22] Die herbergier sê: 'Ag - so, so, - dus `n seun van Aesculapius, en dit is U leerlinge?! Wel, baie goed, baie goed; ek het by U aankoms al iets dergeliks gedink! Maar vertel U my eers, met watter vreemde skepe het U eintlik hier aangekom?! Hoe is dit moontlik dat dit so gou stroomopwaarts kon vaar? So-iets

het ek nog nooit gesien nie! En van wie was dan die talle goud en silwer wat in die skip gelê het waarin U, Heer, hier aangekom het, en die edelstene en pêrels?' [23] Ek sê: 'Dit is weliswaar van My, - maar Ek het alles aan die arm skippers geskenk, omdat hulle ons almal behoue hierheen gebring het. Dat die skepe egter ook stroomopwaarts kon vaar, is `n geheim wat Ek nie nou aan jou kan uitlê nie, om die eenvoudige rede dat jy dit onmoontlik sou kon verstaan. Maar laat ons nou na buite gaan!' [24] Die herbergier was dit daarmee eens en gaan vooruit om ons die weg te wys en ons na die plek in die stadjie te bring wat volgens sy mening die meeste besienswaardig was. So kom ons ook voor die statige gebou van die Romeinse hoofman, wat op die binneplein juis sy soldate instruksies gee hoe hulle gedurende die nag moes wagstaan, omdat aan hom vertel was dat daar `n groot Persiese karavaan in aantog was. Hulle moet aangehou en gevisenteer word om te sien watter skatte saamgeneem word, sodat hulle oor alles die wetlike tol kon in.

Die genesing van die seun van die hoofman wat aan koors gely het129 Toe die hoofman daarmee klaar was en die soldate en opsigters weggegaan het, sien hy ons en kom haastig na ons toe. Toe hy by ons kom, vra hy dadelik aan die tollenaar wie ons was en waar ons vandaan kom en wat ons hier kom doen. [2] Die tollenaar lê dit aan hom uit, en toe die ernstig uitsiende hoofman hoor dat Ek dié Verlosser van al die verlossers van die hele wêreld was, kom hy dadelik op My af en sê: 'As U is wat die bestuurder van U gesê het, genees my seun dan! Hy ly aan `n bose koors, lê al talle jare siek in die bed en lyk meer soos `n lyk as na `n lewende mens. Van orals vandaan het ek die beste dokters laat kom, maar hulle kon hom van geen hulp wees nie. As U hom kan help, skenk ek U `n koninklike loon!' [3] Ek sê: 'Bring My na jou siek seun toe, dan sal ons eers sien hoe dit met hom gesteld is!' [4] Dadelik bring die hoofman ons na sy huis by sy siek seun. Toe Ek daar kom, staan daar verskeie heidense afgodsbeelde in die siekekamer om sy bed, wat hom volgens die priesters moes help. [5] Ek sê egter vir die hoofman: 'Jy is tog `n verstandige, ervare man en jy sien tog self goed in dat hierdie beelde wat deur mensehande gemaak is, die sieke nie kan help nie, en tog het jy hulle vir baie geld van die oneerlike priesters gekoop of eintlik daarvoor gehuur! Ek sê jou nou: laat die oneerlike priesters kom! In hulle teenwoordigheid sal Ek hierdie beelde vernietig en daarna sal ek jou seun vas en seker help.' [6] Die hoofman, wat tog geen waarde geheg het aan die priesters en die afgodsbeelde nie, laat die priesters dadelik haal, waarvan daar sewe was. Hulle kom gou ter plaatse en die hoofman stel My dadelik aan hulle voor as `n dokter met besondere gawes. [7] Maar die priesters sê: 'Vriend, as mens verbeel jy jou baie wanneer jy dink dat jy `n sieke nog kan help wat selfs die almagtige gode nie meer wil help nie, omdat hulle insien dat die tyd van sterwe vir elke mens eenmaal gekom het!' [8] Ek sê: 'Maar hoe wil julle, gebore stoïsyne, `n ander mens iets laat glo, waarvan julle self nog nooit ook maar iets die grootte van die kleinste sonstoffie geglo het nie?' [9] Die priesters sê: 'Wie kan daar sê, dat ons moet glo wat ons leer?' [10] Ek sê: 'Ek kan julle dit sê, omdat die mag daarvoor ook in My aanwesig is!' [11] Die priesters sê: 'Watter mag? Wat praat jy oor mag?! Hier het niemand anders mag as die hoofman en ons nie, en die allerminste `n vreemde, wat bly moet wees dat ons hom hier laat lewe!' [12] Ek sê: 'Dat Ek hier ook mag het, daarvan sal julle nou dadelik volledig oortuig word! Kyk, hierdie yster- en klipafgode van julle, wat heeltemal geen mag en krag het nie en volledig dood is, sal Ek alleen deur `n woord volledig vernietig, omdat Ek die sieke andersins nie sou kon en wil help nie! En dus sê Ek: Weg met julle dooie afgode!' [13] Oombliklik verdwyn alle beelde volledig in die niet in, en daar was in die hele kamer geen spoor meer daarvan te sien nie. Mense deursoek nou die hele huis, en ook daar het alle afgodsbeelde in alle kamers in die niet in verdwyn. [14] Toe slaan die priesters hulleself op die bors en roep: 'O, brutale towenaar, ons erken jou onbegryplike mag; maar pas op, of jy jou daarmee by die egte hemelgode sal red!' [15] Ek sê: 'Ek is `n Judeër uit Galilea en was as sodanig nooit bang gewees vir julle dooie afgode nie en sal dit ook nooit wees nie. Orals waar Ek kom, help Ek die mense egter, - fisies en geestelik. Maar die afgode moet wyk en die enige, slegs ware, lewende, ewige God moet in hulle plek kom; want sonder Hom is daar geen verlossing vir die mense op hierdie aarde nie. Omdat julle afgode egter verdwyn het, wil Ek nou ook die sieke help! En dus sê Ek vir jou: Staan op en loop!' [16] Toe verlaat die bose koors die sieke oombliklik, en hy staan op, was volledig gesond en vra om te eet omdat hy honger gehad het.

[17] En Ek sê vir die hoofman: 'Gee hom nou brood en wyn, maar nie te veel op `n slag nie, dan sal hy straks daar uitsien asof hy nooit iets makeer het nie!' [18] Dit gebeur, en die seun staan daar so gesond asof hy nooit siek was nie. [19] Toe kom die hoofman stralend van vriendelikheid na My toe en sê: 'O, onbegryplike, bo al ons afgode verhewe Verlosser! Wat is ek U nou skuldig? Hoe kan ek U daarvoor die korrekte loon gee? Wat verlang U nou van my?' [20] Ek sê: 'Met niks van hierdie aarde kan jy My beloon nie, want Ek neem van niemand betaling aan nie. Maar Ek sal jou hier deur My leerlinge `n nuwe leer oor God en die lewe van die siel ook na die dood gee; neem dit aan en leef met jou hele huis daarvolgens. As jy egter meer van My wil weet, gaan dan binnekort net na Chotinodora, daar sal jy wel uitvoeriger ingelig word. Môre bly Ek egter ook nog hier, dus sal ons hier nog nader met mekaar kennis maak.' [21] Die hoofman was nou baie opgetoë en sê: 'Heer en Leraar van alle meesters en waaragtige Verlosser van al die verlossers! Alles, alles, wat U ook maar wil, sal gebeur; maar nou vir vandag vra ek U om met al U leerlinge my gas te wees; want sien eens, my huis is ruim en het baie kamers! Dit sou van my kant tog wel baie ondankbaar wees om U in die herberg van die tollenaar te laat oornag, wat vandag hoogswaarskynlik heeltemal vol sal wees met die groot Persiese karavaan wat in aantog is.' [22] Die aanwesige tollenaar sê: 'Teen u wens, hoofman, kan ek nie gaan nie, - anders sou ek nou alles probeer het om so `n gas kosteloos so goed moontlik te versorg; staan my egter slegs toe dat ek ten minste by die geselskap mag bly!' [23] Die hoofman sê: 'Daarmee sal jy my juis `n groot genot aandoen. Ek vind dit slegs baie jammer dat die res van my familie nou nie hier is nie, maar in Serrhe, waarvan hulle eers oor `n paar dae sal terugkom. Maar ek het tog genoeg mense, en u sal niks te kort kom nie.' [24] Een van die priesters sê: 'Heer, mag ons ook by die geselskap bly?' [25] Die hoofman sê: 'Dit moet ons groot Verlosser bepaal; want julle het hom nie sodanig ontvang dat Hy met julle ingenome sou kon gewees het nie.'

Die bekering van die afgodspriesters 130 Ek sê: 'Hierdie priesters moet na Chotinodora gaan na hulle opperpriester; daar sal hulle wel te hore kry wat hulle verder moet doen. Die tyd van die ou, inhoudlose afgodedom en die enersydse dom bygeloof en die totale nie-glo andersyds, is verby; van nou af aan sal die mense volgens die volledige, oortuigde waarheid aan die enige, ware, lewende en vir elkeen vindbare en verstaanbare God begin te glo, en hulle sal hulself in die geloof vind en die onsterflikheid van hulle siel erken en haar ewige, salige bestemming. Noudat hierdie tyd van die innerlike lig en lewe egter aangebreek het, is dit weg met julle dom gefantaseerde veelgodedom. [2] Nou tree die God op vir wie die Atheners ook `n tempel gebou het, naamlik vir hulle onbekende God, egter sonder afgodsbeeld, maar op `n altaar by die boeke van die ou wyses van Egipte. En as die mense eenmaal per jaar in hierdie tempel byeenkom, word wyse woorde uit hierdie boeke vir hulle voorgelees, en daar word die mense dan die meeste gestig, terwyl hulle vir die ander afgode weinig respek toon. Maar noudat hierdie enig ware God optree, moet alle waardelose, valse bedrog- en leuengode die veld ontruim voor Sy Gees. Gaan na julle tempel en julle sal geen afgodsbeelde meer daar vind nie!' [3] Toe slaan die priesters die hande bo hulle hoof ineen en sê: 'Heer, in die geval is ons verlore! Wat sal die volk daarvan sê?' [4] Die hoofman sê: 'Die volk het ek in my mag, en ek weet wat ek by `n moontlike opstand te doen het. Die volk sal eers in alle rus en kalmte uitgelê word wat dit alles beteken. As die mense dit volgens alle waarskynlikheid baie goed sal opneem, omdat hulle nou egter nie meer tevrede was met julle doen en late nie, dan is dit al iets goeds. Mag enkele hulleself daarby, miskien deur julle opgestook, ontevrede reageer, dan het ek ook wel weer middele genoeg byderhand om hulle tot rus en tevredenheid te bring. Laat jou egter nie daartoe verlei om iemand op te stook nie, want julle ken my erns! [5] En as die tempel, wat tog niks hier beteken nie, geen valse gode meer het nie, wel, wy hom dan, omdat ek dit so beskik vir julle verbetering, aan die onbekende God en onderrig die volk dienooreenkomstig, dan sal hulle duisendmaal meer tevrede wees as wanneer julle hulle bykans elke week driemaal met julle simbale byeenroep omdat dit die wil van die een of ander god is wat julle bedink het, waartydens julle allerlei dom, niksseggende seremonies verkondig, waarvoor julle van elkeen `n offer eis. [6] As iemand met meer insig niks wil gee nie, word hy vir hier en in die hiernamaals bedreig met die straf van alle gode, en vir `n tyd uitgesluit van die geselskap van die gelowige dwase. Daarby moet ons julle helaas behulpsaam wees, sodat julle julle gesig nie verloor nie; doen ons dit nie, dan sal die volk julle dadelik iets anders gaan vertel! Maar as julle julle maar deur ons steun kon handhaaf met al julle bedrieëry, sal julle as verkondigers van die waarheid nog meer op ons steun kan reken. Sien julle dit in?! As die volk

julle graag en gewillig offers gebring het vir julle leuens, dan sal hulle julle nog baie eerder vir die waarheid `n passende offer bring. As leek sien ek dit duidelik in, - waarom julle as wyse priesters van die gode dan ook nie?' [7] `n Meer gematigde priester sê: 'Dit is alles wel goed en waar! Dit sou baie goed wees om vir die volk die waarheid te predik, as jy dit maar op `n bepaalde manier self het; maar waar gaan haal ons dit vandaan? Dit is `n heel ander vraag!' [8] Die hoofman sê: 'Daarvoor het hierdie Verlosser julle al die korrekte advies gegee. Gaan na Chotinodora! Daar sal die opperpriesters julle wel goeie instruksies gee; handel daarvolgens en dan sal alles sekerlik goed gaan! Gaan daar vandag nog daarheen, laat julle daar onderrig, - kom daarna terug en leer die volk die waarheid!' [9] Ek sê vir die hoofman: 'Vir vandag moet hulle hier bly; môre moet hulle egter jou raad opvolg. Maar vandag kan hulle nog baie hier meemaak wat hulle die oë waarskynlik sal open.' [10] Die hoofman sê: 'Bly vandag dan hier in die geselskap, wat julle as mense, maar nie as priesters waardig is!' [11] Ek sê nou saggies vir die hoofman: 'Omdat jy volgens alles `n man na My hart is, moet jy vir kleding sorg vir hierdie tien mense wat so armsalig gekleed is! Ek het hulle aangeneem en hulle gaan nou as leerlinge saam met My.' [12] Die hoofman sê: 'Heer, U wil geskied; want U wil is vir my belangriker as die van my keiser, omdat ek nou maar al te goed besef dat ook die wil van die keiser aan die Uwe ondergeskik is en moet wees! Dit is maklik om met groot legioene te werk wat blindelings aan die veldheer gehoorsaam is, en volke en lande verower; maar geen enkele oorlogsleër kan slegs deur dit te wil metaalbeelde vernietig en `n ongeneeslike koors in `n enkele oomblik genees nie. Self het ek groot mag, en ek gebied oor baie soldate en krygsknegte; maar my seun moes ek ondanks al my mag vier jaar lank ellendig sien ly. Daarom staan, o goeie, wonderbaarlike Verlosser, die mag van U wil eindeloos hoër as die mag van alle keisers en konings op die hele aarde, hoe groot en uitgebreid dit ookal mag wees!' [13] Daarop roep hy sy dienaars en beveel hulle om die tien manne in die beste klere te klee. Dit gebeur binne enkele oomblikke, en die hoofman bedeel hulle nog ryklik met Romeinse geld. Daarna kom hulle weer na ons toe, heeltemal as Romeine geklee. [14] Die reus sien daar besondere respek af te dwing, sodat die hoofman onwillekeurig uitroep: 'O, wat `n pragtige manspersoon! As jou siel net so groot en goed gevorm is, sal jy nog groot dinge presteer op aarde!' [15] Ek sê: Ja wel, dit kan baie goed moontlik wees, dit is maar net na gelang van die regte lewenserns! Maar mense wat nog nooit `n dag kon begroet het wat hulle gunstig gesind was nie, het hulle erns in die nagtelike stryd gestaal en sal daarom sekerlik op `n vriendelike lewensdag ook nie die erns van die lewe verwaarloos nie.'

Die Romeinse hoofman vind sy broers 131 Die reus sê, diep ontroer: 'O goddelike, verhewe mensevriend! Al tien van ons was kinders van `n ryk vors aan die groot Kaspiese see. Ons het in vrede geleef, en ons volk was waarskynlik een van die gelukkigste op aarde. Toe kom daar opeens wilde hordes uit die verre noorde en roof, verbrand en vermoor alles wat hulle teëgekom het. Toe sê ons vader: 'Kinders, aan teenstand is daar nie te dink nie, laat ons vlug, anders is ons verlore!' Vader se wil was vir ons gewyd en ons het die berge ingevlug en so aan die wilde hordes ontkom. Ons het oor die berge getrek en uiteindelik aan dié kant van die hoë uitgestrekte berge gekom. Ons vader het vyf jaar gelede gesterf en die Eufraat was sy graf; want ons kon hom geen ander graf gee of laat gee nie. [2] In geheel het ons gedurende tien lange jare slegs in onderaardse gate aan die rivier gewoon en ons noodgedwonge baie ellendig met kruie en - helaas - deur `n vorm van onskadelike roof aan die lewe gehou. Die silwer en goud en die pêrels en edelstene was merendeels nog afkomstig van die haastig saamgeneemde sierade uit ons koninklike skatte, hoewel ons dit in die laaste tyd ook gladnie goed gevind het om ander ryk mense se oorvloed af te neem nie. Maar wat ons in ons gate verberg het, het ons, o Heer en Leraar, aan U gegee toe ons die onoorwinlike mag van U woord en wil ondervind het. [3] Ons vra U slegs toestemming om U te mag volg en as ywerige leerlinge iets van U te leer wat ons groot verlies sekerlik sal vergoed. En dus kan ons wel sê: Ons het die ontsettendste, bitterste lewenservaring opgedoen en ken die miserabele, bitter erns van die lewe, en kom wat wil, ons sal nie wankel nie, en nog die minste vir Hom wat ons vir die eerste keer in ons lewe `n ware lig op die verdere pad van ons aardse lewe beloof het, en wel met sulke onbedrieglike tekens soos wat geen sterfling nog ooit gesien het. [4] Ja, Heer, in ons sal U leerlinge hê met `n onbuigsame wil en erns! O, sê ons maar so spoedig moontlik wat ons moet doen, dan sal ons dit doen met die onverstoorbare moed wat maar net te vind is by mense

wat altyd gewoond was om die dood met die grootste koelbloedigheid in die oë te kyk!' [5] Ek sê: 'Bly getrou aan julle beginsels, dan sal julle oneindig meer wen as wat julle ooit verloor het!' [6] Toe die hoofman die verhaal van die tien manne hoor, kry hy trane in sy oë en hy sê: 'O broers, dit het die onbekende God alles so wonderbaarlik beskik! Kan julle julle nie meer herinner dat julle ooit `n broer nog as seun van nouliks tien jaar verloor het nie? Kyk, julle vader was ook myne! Mense het my ontvoer op `n keer toe ek heel sorgeloos in `n klein bos blomme gepluk het. Smeek het nie gehelp nie, die kinderdiewe het my oor die berge gesleep, en ek was in Sidon aan `n Romeinse skip as slaaf verkoop. In Rome was ek weer aan `n hoë Romein as slaaf verkoop; ek het hom beval en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy my aangeneem as sy kind, my die volledige vryheid geskenk en my tot kryger laat opvoed en oplei. Ek het langsaam maar sekerlik dit geword wat ek nou is, weliswaar meer deur my geld as deur my verdienste, en ek is `n paar jaar gelede hier as kommandant aangestel. [7] Ja, ek sou nou selfs durf beweer dat die wonderbare Verlosser van ons dit alles ook heimlik self in sy goddelike heldersiende gemoed geweet het, en dit op hierdie manier gereël het dat ons almal hier as broers mekaar moes vind. Daarom moes ek ook hierheen kom as kommandant, sodat julle, my ongelukkige broers, julleself in my nabyheid - wat baie treurig was - sou bevind; want as julle as rowers deur my soldate gevang was en by my voor die gereg gebring was, dan sou ons mekaar net soos nou beslis herken het, en ek sou dan sekerlik middele en weë moes gevind het om julle uit die moeilikheid te help. En dit het ons almal aan die een, egte, en aan ons nog onbekende God te danke, wat ons hoogswaarskynlik nou hierdie Verlosser as gesant gestuur het om ons van die dooie gode te bevry en aan ons in die plek daarvoor die een, ware God te wys. - Is dit nie so nie, beste, edele broers?' [8] Die grote sê: 'Ja, edele broer, so is dit presies! Hoe het ons nie trane oor jou vergiet nie en waar het ons jou nie orals in ons hele, groot land gesoek nie, en alle oewers van die groot see deursoek, - maar alles tevergeefs! Tot op hierdie uur het ons niks van jou gehoor nie. Slegs ons enigste suster, wat dikwels baie vreemde drome gekry het, het eendag gedroom dat sy jou in `n groot, pragtige stad gesien het en selfs met jou gepraat het, en dat jy haar self gesê het dat ons nie te veel oor jou moes treur nie, omdat jy geleef het en goed versorg was. Die droom kon sy ons nie dikwels genoeg vertel het nie. O, hoe sou sy nou nie bly gewees het as sy nog geleef het nie! Maar sy kan haas nie meer in die lewe wees nie, want tydens die inval en die vlug daarna, het ons haar uit die oog verloor, as enigste, tesame met ons moeder en sy het hoogswaarskynlik in die hande van die wilde hordes geval. Slegs die groot, aan ons nog onbekende God sal weet hoe dit met beide vrouens gegaan het! Miskien lewe sy nog êrens in groot ellende?!' [9] Ek sê: 'O nee, vriende, ook vir hulle word gesorg deur die God wat nog aan julle onbekend is! Hulle het ook behoue oor die gebergte in die omgewing van die Eufraat aangekom en met die hulp van `n terugreisende handelskaravaan in Chotinodora aangekom. Julle suster is nou daar en is die brawe vrou van Jored, die tollenaar wat aan julle bekend is. Hy het wel `n paar vroue, maar hy het ook vir haar geneem, ondanks haar armoede en vanweë haar skoonheid as vrou; sy is nou sy liefling, hoewel sy hom nog geen kind kon skenk nie. Maar hy het kinders by die ander vroue, waarvan julle suster egter net so hou asof dit haar eie kinders is. Ek was meer as drie dae in sy huis gewees en die hele huis het My leer aangeneem; maar Ek wou hom niks vertel oor alles wat nog hier op hom wag nie. Dit sal hom meer genot verskaf wanneer hy dit alles binnekort deur jou, My hoofman, te wete sal kom. Tot op hede weet hy nog nie wie sy liefste vrou is nie en waar sy vandaan kom nie, want nóg die vrou, nóg julle reeds baie bejaarde moeder, wat baie stil by hom woon, het - uit vrees vir moontlike verraad - hom ook maar iets vertel oor wie sy is en waar sy vandaan kom nie. [10] Daarom moet jy, as jy daar kom, dit eers onder vier oë aan Jored meedeel, en hom ook sê hoedat Ek dit alles so gereël het! Daaroor sal hy en sy seun Jorab hulle baie verheug, en jou suster en jou moeder nog baie meer. Kortom, as jy straks daar kom, sal jy die buitengewone wonderwerke aanskou wat daar tydens My aanwesigheid plaasgevind het. - Maar nou genoeg daaroor; want hier is nog baie ander belangriker sake waaraan ons aandag moet gee. [11] Eers gaan ons nou `n oomblik na buite, dan sal daar dadelik iets gebeur waardeur Ek julle ietwat beter met die God wat nog aan julle onbekend is, laat kennis maak, en dit is beslis meer werd as duisende sulke romantiese gebeurtenisse in `n mens se lewe, waaraan op hierdie aarde waarlik geen gebrek is nie. [12] Ek het dit reeds lank voorsien, en Ek ken julle en al julle lewensomstandighede op hierdie aarde; maar Ek weet ook dat My woord by julle in goeie aarde sou val, en Ek het daarom na julle toe gekom om aan julle almal troos te bring. Die allergrootste troos vir julle moet egter wees dat in My, die ryk van die God wat nog aan julle onbekend is, na julle toe gekom het, en daarmee die ewige lewe van julle siele! [13] Want luister: Wat het die mens aan alle skatte van hierdie aarde, as hy dit tog binnekort vir altyd en ewig moet loslaat? Is dit dan in die geval vir die mens nie onnoemlik wyser om vir hom skatte te versamel wat vir ewig bestaan en die menslike siel vir ewig te verseker van die saligste en gelukkigste lewe, en wel so, dat die mens reeds in die aardse lewe tot die duidelike, onbetwisbare oortuiging kom dat vir hom die

ware, volmaakte, vrye lewe eers na die dood van sy liggaam volledig en waar begin?' [14] Almal sê, selfs die priesters: 'Ja, Heer, dit sou sekerlik die hoogste en beste wees wat die mens op hierdie aarde sou kon bereik! Maar daar is `n muur, wat niemand nog tot op hede kon deurbreek nie, en die baie fatale sluier van Isis, wat geen sterfling nog tot op hede volledig kon oplig nie. So hier en daar was daar wel baie wyse mense gewees wat sekerlik van iets wat daarvan waar was, op die spoor gekom het, maar oor die waar, wanneer en hoe is al duisend maal duisend vrae nog volledig onbeantwoord. As U so geseënd is om hierdie vrae goed begryplik vir die menslike verstand te kan beantwoord, het U reg op die grootste roem en die hoogste dankbaarheid van alle mense.' [15] Ek sê: 'As Ek nie daartoe in staat sou gewees het nie, sou daar ook in ewigheid geen wese meer daartoe in staat gewees het nie, en sonder die vermoë van My sou daar ook geen lewe meer in die hele, eindelose wêreldruimte denkbaar gewees het nie; maar omdat Ek dit alles goed kan doen, bestaan en leef alles in die eindelose wêreldruimte en veredel hulleself deur veelvuldige bestaansveranderinge, van muggie tot mens en van sonstoffie tot son. Maar nou gaan ons na buite en om te sien wat ons sal teëkom!' [16] Toe staan elkeen op en gaan met My na buite.

Die klagte van die hoofman oor die oorlog in die diereryk 132 Die hoofman bring ons langs die rivier op `n klein heuwel wat skamel begroei was met palms, vanwaar mens `n besondere mooi uitsig oor die verre omtrek gehad het en die kronkelende rivier byna tot die omgewing van Serrhe kon sien. Daar gaan ons in die gras sit en geniet `n tyd lank die werklik pragtige uitsig, en die hoofman vertel allerlei gebeurtenisse wat hom hier en daar voorgedoen het, en almal luister aandagtig na hom, want hy was `n goeie spreker en het die Griekse taal beheers, wat elkeen in die geselskap verstaan het, omdat hierdie taal die meeste in bykans die hele Voor-Asië gebruik word. [2] Maar terwyl die hoofman nog druk aan die vertel was, vlieg daar `n reuse adelaar, wat `n konyntjie as buit in sy magtige kloue vashou, baie laag oor ons heen. [3] Toe sê die hoofman vir My: 'Verhewe, wonderbare Verlosser, kyk, dit was weer so `n treurige stukkie uit die geskiedenis van die natuur, waaruit op die hele liewe aarde niks as vyandskap en nog eens vyandskap blyk! Die een dier is die vyand van die ander, en dit gaan so deur tot by die mens, wat uiteindelik nog die grootste vyand is van alle ander dinge en wesens, ja wat selfs sy eie soortgenote nie ontsien in sy toorn en woede nie. Slegs gelyksoortige diere skyn `n soort van nie-vyandige liefde vir mekaar te hê; maar ongelyksoortiges is steeds die grootste vyande van mekaar. Dit gee egter duidelik `n ongunstige getuienis aangaande `n alwyse en algoeie God. [4] Het die alwyse en almagtige God dan nie vir ander aardse voedsel vir die diere kon sorg as dat hulle mekaar moet dood en hulle honger met die karkasse moet stil nie? Wat vir `n kwaad het die arme konyntjie die arend gedoen dat hy hom nou met sy magtige kloue moes gryp en êrens heen dra om dit daar nog lewend te verskeur en op te eet? En so is daar `n hele boel van die roofdiere wat hulle maar net voed met die vlees en die bloed van ander swakker, saggeaarde diere. Kon hy homself dan nie soos beeste, esels, bokke en skape met gras kon voed nie? [5] Die aarde is werklik wonderbaarlik mooi en gesier met alles wat die sig van die mens maar kan verkwik; maar nouliks het mens êrens `n veilige, rustige plekkie vir homself uitgesoek om daar sy gemoed met verhewe beskouinge te verbly, of die een of ander bose, afgunstige lot plaas vir jou `n panorama voor jou neus wat vir iemand al die skone en verhewe vir dae lank vergal. [6] Ek is weliswaar `n soldaat, `n kryger, en dit pas my gladnie dat ek so weekhartig is nie, - maar so is ek nou eenmaal - en ek kan dit onmoontlik verstaan dat `n alwyse, algoeie, almagtige goddelike wese, as daar een is, genot kan skep in die feit dat skepsele wat aan hom toebehoort, mekaar voortdurend wurg en opvreet. Die wese moet werklik `n hart hê soos die mense in Rome, wat nêrens soveel genot beleef as aan die wilde stiergevegte en ander ontsettende afgryslike jag op diere nie. [7] As die groot, enige ware God, wat U, beste vriend, ons beter wil laat leer ken egter, so `n patroon is, bespaar ons almal dan `n nadere kennismaking met Hom, en nog meer `n ewige lewe onder Sy heerskappy, want dit sou wel my laaste en ergste wens wees! Dan sou uself as God vir my eons maal aanvaarbaar wees! Ja, ek glo dat dergelike ervaringe uiteindelik ook die andersins so wyse Diogenes genoodsaak het om alles te ontvlug en te verag wat ook maar enigsins na `n almagtige God geruik het. [8] Hy het immers eens in die een of ander wysheidskool, waarin mens volgens Plato, die waardigheid en grootte van die mens egter so oratories ophemel, gesê, terwyl hy `n volkome geplukte, maar nog lewende gans losgelaat het: 'Kyk, dit is nou die waardigheid van die platoniese mens!' Die eintlike mens is die dier maar net voor daarin dat hy `n armsalige verstand het wat daartoe dien om vir hom die pyn dieper te laat voel om hom van alle kante die lewensvere te laat uittrek! [9] Heer en wonderbare groot Leraar, in U geheime kuns, as U ons daaroor `n bevredigende uitleg kan gee, sal U ons `n groot weldaad bewys! Ekself sou nou liewer huistoe wil gaan; want daar kan dalk nog so

`n gruwelike natuurgebeurtenis hier plaasvind, en dit sou my dae lank ontstem en ongelukkig maak.'

Oor die sieleleer. Wese en doel van die materie. Die vrye ontwikkeling van die mens tot die kindskap van God 133 Ek sê: 'Vriend, as daar verder niks is wat jou dwing om hierdie lieflike plek te verlaat nie, kan jy wel hier bly, dan sal Ek jou in `n paar woorde uitlê wat jou hart nou so in die war bring! Kyk, Ek ken jou gevoeligheid en het juis daarom toegelaat dat die reusagtige arend sy buit net voor jou neus moes wegvoer! [2] Dit is volkome waar dat al die lewe op hierdie aarde voortdurend aan allerlei vyande blootgestel is en steeds strydvaardig moet gereedstaan om homself as lewe te handhaaf. Maar hierdie stryd het slegs betrekking op die materie wat deur die almagtige wil van God geoordeel is, wat altyd dan die meeste moet ly, wanneer haar innerlike, geestelike wese, wat ons die siel noem, haar moet losmaak van die waardelose materie en na `n hoër lewensfase oorgaan. [3] Kyk, alle materie van hierdie aarde - van die hardste klip tot die eter hoog bo die wolke - is sielestof, maar in `n noodsaaklike oordeel en daarom vaste toestand. Haar bestemming is om egter weer in die ongebonde, suiwer geestelike bestaan terug te keer sodra sy, juis deur middel van hierdie afsondering, die lewenselfstandigheid bereik het. Om hierdie lewenselfstandigheid deur `n steeds groter selfwerksaamheid te bereik, moet die siel, wat uit die gebonde materie vrygemaak is, alle moontlike lewensfases deurloop en haar ook weer opnuut in elke nuwe lewensfase in `n ander stoflike liggaam verpop, waaruit sy dan weer nuwe lewens- en besigheidsubstansies na haar toe trek en dit haar eie maak. [4] Is `n siel - wat haar gees uit God aan die ander kant baie duidelik sien - eenmaal in `n liggaam, hetsy van `n plant of van `n dier, na die noodsaaklike ryping in staat om na `n hoër lewensfase oor te gaan, dan sorg haar steeds meer ontwikkelende gees aan die ander kant daarvoor dat die liggaam, wat vir die siel nie verder meer van nut is nie, van haar afgeneem word sodat sy dan, omdat sy reeds begiftig is met hoër verstandelike vermoëns, `n ander liggaam kan vorm waarin sy haar weer binne `n korter of langer tyd kan opwerk na groter verstandelike vermoëns vir haar lewe en haar aktiwiteite, en dit so maar deur tot by die mens, waar sy dan reeds heeltemal vry, in `n laaste liggaam, tot volle selfbewussyn sal kom, tot kennis van God, tot liefde vir Hom en daardeur tot volledige vereniging met haar gees aan die ander kant, watter vereniging ons die opnuut gebore word of die wedergeboorte in die gees noem. [5] As `n mensesiel hierdie lewensfase bereik het, is sy volmaak en kan dan as volkome selfstandige wese en lewe nie meer deur die algemene, goddelike allerbestaan en allerlewe vernietig of verswelg word nie. [6] Die sekerste teken van die reeds bereikte lewenselfstandigheid van `n mensesiel is dat sy God erken en Hom selfs met al haar krag liefhet. Want solank `n siel God nie erken as `n wese wat buite haar bestaan nie, is sy nog blind en stom, en nog nie bevry van die krag van die goddelike almag nie; sy moet dan nog geweldig veg om haar van die boeie te bevry. Maar sodra `n siel begin om die ware God buite haarself te herken en, deur die gevoel van haar liefde tot Hom, Hom egter wesenlik begin waar te neem, dan is sy vry van die bande van die goddelike almag en behoort sy ook steeds meer aan haarself en is sodoende self skepster van haar eie bestaan en lewe, en daardeur `n selfstandige vriendin van God vir alle ewigheid van die ewigheid. [7] Sodoende verloor die eintlike wese tog eintlik heeltemal niks wanneer die verder onbruikbare liggaam daarvan afgeneem word, sodat dit daarna gouer sy uiteindelike bestemming kan bereik. [8] Wat is dan die belang van die liggaam van die konyntjie waarmee die arend sy honger stil, - as daardeur tewens die siel van die diertjie vrygemaak word, sodat dit nou al volledig in staat is om na `n hoër lewensfase op te klim? Maar die arend self het ook `n siel, wat op weg is na dieselfde bestemming. In die vlees en die bloed van die konyntjie bevind hom egter ook grotere sielesubstansies. Dit verenig hulleself met die sielesubstansies van die arend, sodat die siel van die arend ietwat sagaardiger en intelligenter word en na die verlies van haar liggaam selfs al `n mensesiel kan word, en wel `n baie belangrike, wat baie lig, moed en krag besit. [9] Op hierdie aarde is dit nou eenmaal so gereël vir die kinders van God om hier opgevoed te moet word. Die lewe is en bly net solank `n stryd met allerlei vyande tot dit homself uit eie krag as oorwinnaar van die materie omhoog geworstel het. En daarom moet jy jou gladnie oor die stoflike lewensvyande verwonder nie; want hulle is nie die vyande van die eintlike lewe nie, maar slegs vyande van die stoflike skynlewe, wat eintlik heeltemal geen lewe is nie, maar slegs `n werktuig van die ware, innerlike, geestelike sielelewe, deur middel waarvan dit haar steeds meer omhoog kan werk tot die ware, eintlike lewensvryheid, wat sonder die tydelike hulplewe heeltemal ondenkbaar sou gewees het. [10] God kan vanweë Sy almag natuurlik `n gees met volmaakte wysheid en mag uit Homself na buite bring of skep, en binne `n enkele oomblik selfs tallose talle, - maar al die geeste besit geen selfstandigheid nie; want hulle wil en handel is niks anders as die goddelike Self nie, wat onophoudelik in hulle moet

stroom sodat hulle, hulself kan beweeg en handel volgens die leiding van die goddelike wil. Hulle is op hulself heeltemal niks, maar suiwer kortstondige gedagtes en idees van God. [11] Wil hulle egter mettertyd moontlikerwys selfstandig word, dan moet hulle die weg van die materie, of te wel van die oordeel en dus vasgelegde wil van God, deurmaak, op die wyse wat julle op hierdie aarde te siene kry. Eers as hulle dit gedoen het, is hulle uit hulself selfstandige, selfdenkende en vrywillige handelende kinders van God, wat weliswaar ook altyd die wil van God doen, maar nie omdat dit hulle deur die almag van God opgelê is nie, maar omdat hulle dit erken as baie wys, en self bepaal dat hulle dit wil opvolg, wat dan hulle eie lewe ten goede kom en hulle die hoogste saligheid en die hoogste lewensgeluk gee. [12] Kyk, My beste vriend, so staan dit daarmee, en juis omdat dit so is, kan jy die Hoogste Wysheid van die enige, ware God steeds meer erken en bewonder, omdat jy daaraan kan sien hoe God in Sy hoogste Liefde en Wysheid om Sy persoonlike gedagtes en idees selfstandig te maak, kinders maak en opvoed wat volkome aan Hom gelyk is! As jy dit maar enigermate verstaan het, gee My dan nou jou eie oordeel oor die hele natuurlewe!'

Die verhaal van die hoofman oor die wyse Illiriër 134 Die hoofman sê: 'Luister, groot Meesterheiland, ek weet nou werklik nie wat ek meer in U moet bewonder nie, U wonderbaarlike woord- en wilskrag of U buitengewone teosofiese wysheid! [2] Ek het in Rome eens met iemand gepraat, wat uit Illirië gekom het en `n sonderlinge mens was. Jy kon hom die vreemdste en dikwels mees geheime dinge vra en hy het dit presies geweet. As jy hom oor die lot van `n bepaalde mens gevra het, het hy gesê: 'As jy so doen, sal dit jou lot wees, en doen jy dit of dat, sal jy onvermydelik ook dit of dat oorkom!' Aan my voorspel hy suiwer dat ek byna aan die uiterste end van die groot keiserryk in die ooste aangestel sou word, en dat ek baie wonderbaarlike dinge sou meemaak, wat tot op hede alles uitgekom het. [3] Hierdie man, wat baie onopvallend daar uitgesien het, vra ek toe so in my vertroue wat sy mening oor die gode was. Toe sê hy: 'Op die manier waarop hulle nou deur julle bekyk en vereer word, sien ek heeltemal niks daarin nie, want hulle bestaan nêrens nie, nóg in die natuur en nóg minder in die een of ander ryk van siele en geeste. Hulle beelde is slegs mensewerk, en die menslike fantasie gee vorm daaraan. In die ou tyd was dit maar net ooreenkomstige voorstellings van die besondere, uit die werking van die natuurkragte bekende, eienskappe van die een, ewig ware God, wat die huidige mense egter nou nie meer ken nie. [4] Mens moet nie dink dat hierdie eienskappe die enig ware God uitmaak nie, maar jy moet dit so sien dat Hy deur Sy hoogste Wysheid en wilskrag die mens as Sy ewebeeld uit die materie van die aarde deur baie natuurlike lewensfases uiteindelik as mens tevoorskyn laat kom. Die aarde bestaan uit eindeloos baie siele, en die siel van die mens, as die eintlike, ware mens, is net so `n veelvoudige siel binne één vorm en één huid, soos wat haar intelligensies en haar innerlike en uiterlike sienswyses en waarnemings is. Maar dit besef niemand nou meer nie en kan dit ook nie, omdat die mens hom van homself vervreemd het deur sy liggaamlike luste. Die eieliefde en die hoerery het die mense in `n groot, diep lewensnag gestort, waar slegs God Self hulle weer sal kan uittrek en - na hy meen - miskien ook baie gou sal doen. Maar met Rome sou Hy nie begin nie, maar ook nie buite die grense van die groot keiserryk nie.' [5] Kyk, Heer, so het die vreemde Illiriër gepraat! As hy by die groot wysheid ook tekens kon gedoen het, sou mens hom haas as `n God beskou het. Deur my het hy baie toehoorders en beskermers gevind wat hom graag aangehang het; maar na een jaar het hy afskeid van my geneem en gesê: 'Ek het weliswaar baie vriende hier gevind, maar ook `n nog groter aantal vyande uit die kring van die priesters. Hulle wil my heimlik om die lewe bring; daarom gaan ek ook baie heimlik weer hier weg.' Ek het hom ryklik bedank en het hom `n veilig geleide saamgegee tot aan die kus van die Adriatiese see. Daar het hy aan boord van `n skip gegaan en met `n gunstige wind weer na sy vaderland gevaar. [6] Ek het dit nou maar net oor hierdie man, om u duidelik te maak dat ek oor dit wat U nou so wys vir my uitgelê het, al vroeër gehoor het en U derhalwe nou makliker kon verstaan. Maar wat U nou daaroor gesê het, staan oneindig baie hoër en is duidelik en vir bykans elkeen goed begryplik. Wanneer ek nou egter U tekens, U voltooide alwetendheid en U wysheid eens goed oordink, dan moet ek nou ook aan die vreemde voorspelling van die Illiriër dink, waarvolgens slegs die groot, enige ware God - en dit baie gou - die mense uit hulle nag sou haal, en wel binne die grense van die groot keiserryk. Miskien is Uself wel `n afgesant van die enig ware groot God - of selfs Hom in eie persoon?! [7] Mag één van beide die geval wees, sê dit dan aan ons, sodat ons ons almal daarvolgenskan rig!'

Die persoonlikheid van God. God se wil en die wil van die mens. Die krag van die wil 135 Ek sê: 'Of dit nou die één of die ander is, dit is nou nie ter sake nie; want hoe dit is, dit moet julle hart eers sê! As Ek julle Self sou sê dat Ek dit of dat was, dan sou dit geen geestelike wins vir julle siele beteken nie. Dat Ek net soos julle maar net `n mens is, kan julle met julle oë sien en met julle hande voel; maar dat God egter ook volledig mens is omdat die mense anders nie Sy ewebeeld sou gewees het nie, kan julle julleself ook voorstel. [2] Maar elke mens kan ook in alles heeltemal gelyk word aan God as hy die erkende wil van God volledig tot syne maak. Dit het julle nog nie geweet nie, maar Ek bewys dit vir julle, nie slegs deur woorde nie, maar veel eerder deur die dade wat Ek ten aanskoue van julle gedoen het. [3] Julle dink nou by julleself, dat Ek maar net sê dat `n ander dit ook sou kon doen; dit kan Ek egter maar net bewys deur nou een van My eerste leerlinge te roep en hom op te dra om ook `n teken te doen.' [4] Die hoofman sê: 'Ja, daaraan twyfel ek gladnie, dat elkeen van U leerlinge ook dieselfde aan ons kan laat sien wat U self doen; maar die leerling sal dit sê en U sal dit wil, en dan sal beslis gebeur wat hy sal sê.' [5] Ek sê: 'O nee, daarin vergis jy jou geweldig! Hy sal slegs op dieselfde wyse sy wil met die wil van God verenig, as wat Ek dit Self ook doen, en dan sal die volbringde daad ook deur so `n verenigde wil volg. [6] Ek sê jou: As jy die een, ware God volledig erken, Hom bo alles liefhet en Sy goedbegrepe wil tot joune maak, daarby egter ook vol vertroue glo en nie twyfel nie, kan jy vir die berge daar sê: 'Verhef jou, en stort jou in die see!' en dit, wat jy tesame met God gewil het, sal dadelik gebeur!' [7] Die hoofman sê: 'Ja, ja, dit kan natuurlik die beste so wees, maar dit is maar net die vraag of God dit wat ek op die oomblik wil, sal toelaat en wil, ook al maak ek verder my wil nog hoe ondergeskik aan die goddelike, - want iets doms kan God immers tog ewig nie wil nie. Die vernietiging van die berg sou, as ek dit wou, in elke geval tog baie dom en buitengewoon boosaardig wees, en God sou Sy wil dan nie met myne verenig nie! - Het ek gelyk of nie?' [8] Ek sê: 'Die keer nie so besonder nie, want Ek gee jou dit maar net as voorbeeld. Want dit praat tog wel vanself dat diegene wat eenmaal sy wil volkome met die wil van God verenig het, tog ook die goddelike wysheid - of ten minste ten dele - tot syne gemaak het. So `n mens sal dan ook wel insien of dit wat hy wil, goed en wys is. Maar dan sal hy met God ook maar net iets wil wat goed is, en wat hy dus wil, sal ook gebeur as hy nie daaraan twyfel nie; want twyfel die mens, dan is die twyfel `n gevolg van die nie volledige vereniging van sy wil met die wil van God. - Maar vra nou van een van My leerlinge `n willekeurige teken; dit moet slegs logies moontlik en verstandig wees!' [9] Toe sê die hoofman: 'Roep U dan één, want U weet die beste wat hulle kan doen!' [10] Ek sê: 'Petrus, kom, as jy voldoende geloof het, en luister na wat hierdie vriend wil hê!' [11] Toe gaan Petrus vinnig na die hoofman en sê: 'Vriend, wat wil jy dat ek vir jou moet doen?' [12] Die hoofman sê: 'As jy ook kan, kyk dan na die oorkant van die rivier! Daar groei digte struikgewasse om `n massiewe rotsblok. In die struikgewas lewe baie gevaarlike, giftige slange en hulle val dikwels mens en dier tot ver in die wye omtrek aan; laat hulle deur die mag van jou, en met God verenigde wil verdwyn en vernietig ook die bose gebroedsel van hierdie diere!' [13] Toe strek die leerling sy hande na die aangewese plek uit, wat oombliklik verdwyn. [14] Toe die hoofman dit sien, sê hy: 'Heer en Leraar, as U leerlinge dit van U kan leer, wil ek U self volg en ook U leerling wees; want dit is duisendmaal duisendmaal meer as tienduisendmaal tienduisend Romeinse krygslegioene! As ek die vermoë het, behoort die hele wêreld aan my, en dan verbeter ek haar deur wyse wette.' [15] Ek sê: 'Dit sou Ek Self goed kan doen, as dit vir alle mense op die oomblik goed sou wees! Maar die Wysheid van God sê: Hulle is nog nie almal daarvoor ryp nie; daarom gaan Ek ook hier slegs na die plek, waarvan Ek weet dat hulle bewoners daarvoor ryp is om `n hoër openbaring te kan aanneem. - Maar nou gaan die son al weer byna onder, en dit sal goed wees as ons onsself nou in die huis terugtrek.' [16] Die herbergier, wat natuurlik ook by ons was, sê: 'Heer en Leraar, ek vind dit baie jammer dat die barmhartigheid my nie ten deel kan val om U almal in my huis te herberg nie! Maar laat in elke geval `n aantal van U leerlinge my gaste wees.' [17] Die hoofman sê: 'Vriend, nie vandag nie, want vandag is ook jy my gas; maar môre sal ons almal by jou die gaste wees en oormôre, as ons hierdie wondermense beslis nie meer by ons kan hou nie, sal ons hulle na Serrhe begelei! Maar laat ons nou gaan, want ek hoop dat die bestelde aandete by my al gereed sal wees!' [18] Toe staan ons op en gaan na die huis van die hoofman, waar die aandete al op ons gewag het. Die herbergier gaan egter eers nog selfs na sy huis, maar kom gou weer na ons toe terug.

[19] Dit was `n volledige Romeinse maaltyd, en enkele leerlinge durf hulle nie goed van die skottels bedien nie. [20] Ek merk dit wel en sê: 'Wat Ek eet, dit kan julle ook gerus eet!' [21] Toe vermaan hulle hulself en eet en drink die Romeinse wyn. Almal word gou baie vrolik en ons bly die hele nag wakker, terwyl alle aanwesiges met die hooftrekke van My leer bekend gemaak word.

Die gevoel vir skoonheid `n blom van die waarheid 136 Ons bly, soos wat dit My wens en daarna dus ook die wens van almal was, die hele nag wakker. Eers `n uur voor sonsopkoms gaan ons na buite, en wel na die pragtige aangelegde tuin van die hoofman. Daar was lieflike groen lanings en grasbanke, allerlei soorte blomme, `n bos roosbome, jasmynstruike en ook baie nardusplante. Daarnaas staan daar alle soorte edel vrugtebome wat maar êrens op aarde groei, en elkeen bewonder hierdie kunssinnige, mooi en praktiese aangelegde tuin. [2] Ek sê egter: 'Kyk, soos wat hierdie voorbeeldige tuin is, moet ook die ware mens volgens die wil van God wees! Hy moet in homself ook die ware en goeie met die mooie en verhewene verenig. As hy dit doen, bewys hy daardeur dat hy God, sy Skepper en Vader in alles gelyk is. [3] Kyk eers hoe lieflik al hierdie blomme is! Hoe heerlik is hulle getooi, die een oortref die ander in skoonheid! Ja, waarom is dit so? Uiteindelik volg na die bloei van so `n verruklike mooi roos tog slegs `n baie eenvoudige en nooit besondere mooi uitsiende saad, waarvan die voorgangster die pragtige blom was en vir wie se voortbringing eintlik so `n mooi blom gladnie nodig was nie. Maar God kies vir al Sy werke die hoogste graad van skoonheid om daardeur ook by die mens die skoonheidsin op te wek, wat noodsaaklik vir alle saligheid is. As dit volledig by die mens ontwaak het, is so `n mens ook ontvanklik vir alle waarheid en vir al die goeie wat nou eenmaal uit die waarheid voortkom. [4] Kyk, ons beste vriend die hoofman het baie gevoel vir al die mooi en daardeur ook vir die nuttige en die goeie! As hy die gevoel nie gehad het nie, sou ook My waarhede, wat die mense tot kennis van die een, enig ware God en tot kennis van homself bring, heeltemal onverskillig in hom gebly het, en hy sou dit nie aangeneem het nie; omdat hy egter baie gevoel vir skoonheid besit - wat die aanleg van hierdie wondermooie tuin meer as voldoende bewys, - was hy ook die eerste wat hom hier die mededeling van My nuwe lewensleer baie aangetrek het en My leer ook aangeneem en sekuur opgevolg het. Laat elkeen dus dit doen en dit sal hom by God ten goede gereken word! [5] Gaan iemand maar eers `n huis binne! As dit skoon en ook sierlik volgens omstandighede ingerig is, kan jy vas daarop reken dat die innerlike van hierdie mens bykans ook net so daaruit sal sien. Kom jy egter in die huis van iemand waar alles onder vuilheid is en in alle opsigte `n totale gebrek aan huislike orde heers, dan kan jy wel dadelik omdraai en die reël toepas wat Ek al vir julle leerlinge gegee het, naamlik dat julle die pêrels van My evangelie nooit voor die swyne moet gooi nie! Daar sou dit ook volkome tevergeefs wees, want soos wat reeds gesê is: iemand wat geen gevoel vir skoonheid het nie, wat eintlik die bloeisel van die waarheid is, het ook geen waarheidsin nie, wat as nuttige lewensaad op die bloeisel volg. [6] Daarmee wil Ek nie sê, dat iemand daarom niks anders moet doen as veral maar net probeer om sy huis, sy tuin en sy akkers en weiding deur allerlei aardse, kosbare middele tot `n dusdanige skoonheid te verhef, dat alle mense daaroor in opperste verbasing sou moet raak nie. Want so `n onmeetlike skoonheidsin sou maar al te gou ontaard in die grootste eiedunk, eieliefde, hoogmoed en heerssug; dit sou vir die armer mense maar al te veel `n getuienis wees dat die eienaar van die prag oormatig ryk moet wees. Mens sou byvoorbeeld om iets van hom gedoen te kry, hom kon gaan eer deur sy prag te veel te bewonder, waardeur hierdie man maar al te maklik hom te veel sou gaan verbeel en hom dan nog meer sou inspan om te maak dat die mense nog onderdaniger sou word, en uiteindelik oor die bewonderaars selfs as heerser sou gaan optree. [7] Met so `n oordrewe gevoel vir prag en skoonheid moet dus in die niet gedoen word, omdat dit uiteindelik nog slegter is as om lui en vuil te wees. So-iets heet hoogmoed van die menslike natuur, en is `n sonde wat die siel nooit tot die ewige lewe sal bring nie. Maar die gevoel vir skoonheid en orde, wat slegs deur sy vlyt en ware ywer vir al die skone, ware en goeie ontstaan, soos hierdie tuin, is deugde wat vir elkeen baie aanbevelingswaardig is. [8] Maar nou oor iets anders; want nou kom die hoofman en die tollenaar, en in hulle teenwoordigheid wil Ek die tuin nie te veel prys nie; later sal die hoofman tog wel verneem wat Ek daarmee bedoel het.'

Die besoek aan die tempel van die wysheid 137 Toe kom die hoofman met die tollenaar by My aan en verontskuldig hom vir sy kort afwesigheid vanweë die noodsaaklike afhandeling van sy amptelike en maatskaplike pligte. En dieselfde doen die tollenaar ook; vervolgens nooi hy ons uit vir die oggendete by hom tuis, en omdat die hoofman die dag ook sy gas wou wees, neem Ek die uitnodiging aan, en ons gaan na die baie ruim huis van die tollenaar, waar

die vorige aand se aangekome handelskaravaan juis `n uur gelede vertrek het. Daar gebruik ons die baie goed voorbereide oggendete, en die leerlinge onderrig daarna die priesters in My leer en lê hulle die eintlike rede uit waarom Ek in die wêreld gekom het. [2] Ek Self onderrig die hoofman en sy seun, wat alles wat hy hoor met die grootste vreugde en met `n vaste geloof aanneem. En so verloop onder goeie gesprekke en werke ook hierdie dag, en Ek gee die priesters nog `n keer opdrag om na Chotinodora te gaan, wat hulle plegtig beloof om te doen. Daarna gaan ons rus en reis vroeg in die oggend, begelei deur die hoofman en sy geneesde seun, en met baie groete van die tollenaar, oor die water na die belangrike ou stad Serrhe. [3] Daar aangekom, bring die hoofman ons vinnig na sy familie, wat daar by `n owerste woon wat nou verwant was aan die hoofman waar die familie op besoek was. Hoe groot die vreugde van die vrou van die hoofman daar was toe sy haar reeds dood gewaande seun heeltemal gesond sien, kan elkeen hom self wel voorstel en hoef nie van naderby beskryf te word nie. [4] Omdat ons al taamlik laat aand met die groot geselskap in hierdie stad aangekom het, baar ons aankoms bykans geen opsien nie. Ons neem die vriendelike aangebode onderdak by die owerste aan, waar ons baie goed versorg word en vir ongeveer vyf dae bly. [5] Nie ver van hierdie stad, op `n taamlik hoë heuwel staan `n tempel, wat slegs aan die wysheid gewy was. In hierdie tempel staan geen afgodsbeeld nie, maar op `n altaar lê allerhande boeke en oeroue geskrifte. Daarin staan allerlei wyse woorde om oor na te dink en baie profesieë uit die oudste tye. [6] Op die vierde dag besoek ons hierdie tempel met sy drie ou priesters. Ons was daar met vierhonderd mense, omdat baie uit die stad ons gevolg het, want ons het daar allerlei siekes genees, blinde siende en dowes horende gemaak, en baie het die leer aangeneem en het voortaan volgens haar reëls vir die lewe geleef. [7] Toe ons by die tempel aankom en die drie priesters die Romeinse owerste in die oog kry, kom hulle uit die tempel, wat andersins meestal gesluit was, tevoorskyn en vra baie eerbiedig aan die owerste wat hy op hierdie ongewone tyd wens. [8] Maar die owerste wys na My en sê: 'Hierdie Eerste en Vernaamste van alle eerstes en vernaamstes het gekom en wil julle wysheidstempel sien en die geskrifte bekyk. Open daarom die poort en laat ons die heilige sale binnegaan!' [9] Die priesters sê: 'U versoek kom vir ons wel baie ongeleë, maar omdat u dit gebied, doen ons dit; maar u moet self alle verantwoordelikheid op u neem, selfs teenoor die streng, onverbiddelike gode!' [10] Die owerste sê: 'Ja, ja, dit doen ek sonder meer, want ek moet my immers self daarvan oortuig of dit wel so in julle oudste boek staan, soos hierdie Allerwyste en man wat met alle mag van die gode begaaf is, my vertel het.' [11] Toe eers gee die drie priesters heeltemal toe en open na enkele buigings voor die tempel die poort, wat bepaald nie tot die grootste behoort het nie. Ons gaan nou na binne en die priesters haal van onder die altaar `n ou boek tevoorskyn wat in die oud-Indiese taal geskryf was; slegs één van hulle kon dit lees en ten dele verstaan. [12] Ek wys hom egter Self die plek aan wat hy moet lees en dan moes vertaal. [13] Hy bestudeer die woorde goed, lees dit en vertaal dit toe as volg: 'Uit die berge, waar die koukies (kauka) in groot groepe nestel, ontspring `n rivier wat magtig, breed en ver stroom. Aan sy oewers sien ek groot en klein stede, en hy dra op sy breë rug talle laste. En kyk, ek sien `n las op sy rug dryf, - daar lê `n diep nag oor die hele wye omgewing vanaf die begin van die rivier tot daar waar hy eindig in die groot wêreldsee. Maar `n mens dra die las, wie se gesig meer straal as die son, en uit sy mond skiet vlammende pyle en swaarde. Aan die oewer lê talle dooies, en wie deur die pyle uit sy mond getref word, begin hulle te beweeg, word lewend, en dit word volledig dag om hulle heen. Maar nog meer mense dra die las, hulle leef en het ook `n lig in hulleself en hulle straal soos die vol maan. Ook uit hulle mond kom daar `n lig, wat lyk soos die lig van die môrester, en diegene wat deur die lig geraak word, word hoewel hulle eers dood was, weer lewend en beweeg hulle vervolgens voort soos op `n klaarligte dag. Dit maak egter dat die hele rivier baie gou lig word. Toe die hele stroom lig gee, word dit vrolik aan die oewers, en baie haas hulle daarheen en was hulle gesigte, en sien, almal wat die rivier ingaan en hom in die ligte gloed daarvan reinig, straal lig uit! [14] Maar toe ek die rivier later weer sien, sien ek geen lig meer nie, opnuut rus die donkerste nag op sy rug, en ek kyk baie lank, en sien, dit wil nie meer lig word nie! En ek hoor `n stem soos die geruis van baie winde deur dor struikgewas, en die stem praat: 'Wee jou, gewer van die nag, wanneer Ek sal terugkom! My oordeel sal jou dubbeld so hard tref; want jy was lig en het weer nag geword! So sê Ek dit aan jou en vertel jy dit verder so aan jou wurms! So wil die Eerste en die Laaste, die Alfa en die Omega!" [15] Toe buig die priester nogmaals diep voor sy boek en lê dit, in die fynste linne gehul, weer op sy vorige plek.

[16] Daarop sê die owerste vir hom: 'Verstaan jy ook wat jy so goed gelees het?' [17] Die priester sê: 'Heer as ek dit sou verstaan, sou ek in Delphi op die drievoet van die Pythia gesit het!' [18] Die owerste sê: 'Kyk, wat jy nie verstaan nie, verstaan ek, as soldaat, nou baie goed en ek kan dit vir jou uitlê! Kyk, hier staan die Man wat uit die hemele na ons mense toe gekom het en nou die lig versprei van Melitene tot hier in Serrhe! Luister na Hom, dan sal julle wat nou dood is, lewend word en in die stralendste lig julle heil sien! En hierdie ander manne, wat saam met Hom gekom het, is hulle wie se gesigte straal soos die vol maan. Hulle woorde is `n egte lewensmôrester, en hulle, wat dit aanneem, straal dan in hulle hart vol lewe net soos die woorde wat in julle boek van die wysheid met die beeld van die môrester aangedui is. Julle moet nou verstaan watter tyd aangebreek het!' [19] Toe verbaas die priesters hulle oor die wysheid van die owerste en vra hom baie eerbiedig wie Ek was en waar Ek dan vandaan gekom het. [20] Die owerste sê: 'Ek het julle tog al gesê waar hierdie Elohimmens vandaan kom; en as julle dit weet, weet julle sonder meer wat julle te doen staan. Sorg nou daarvoor, dat ook julle deur Hom lewend gemaak word, sodat julle dan ook lig kan gee aan alle mense wat by julle sal kom om by julle die ware lewenswysheid van die siel te kom haal!' [21] Toe kom een van die drie priesters na My toe en sê: 'Verhewene uit die beligte hoogtes van die hemele, gee ons die ware wysheid!' [22] Ek sê: 'Daar staan My leerlinge, rig julle tot hulle, dan sal hulle julle die weg wys waarlangs julle tot die korrekte ware Wysheid kan kom as julle Haar bewandel en daarvolgens handel, - maar nie hier in hierdie tempel nie, maar in die huis van die owerste in die stad! Kom daarheen en laat julle onderrig!' [23] Die priester sê: 'O Verhewene, dit is vir ons `n baie moeilike saak, omdat ons volgens ons voorskrifte eintlik nooit van hierdie wysheidshoogte mag afdaal na die laevlakte nie! Want simbolies woon die wysheid steeds maar net op die suiwer hoogte en daal nooit in die vuil laagte af nie, soos wat die verstand van elke mens ook in sy hoof setel, in die hoogste deel van sy liggaam.' [24] Ek sê: 'As dit waar sou wees, sou Ek die beligte, hoogste wysheidshoogtes van die hemele ook nooit moes verlaat het nie! Maar omdat Ek dit vir julle mense gedoen het, sal ook julle hierdie waardelose wysheidshoogte ook in julle lewe terwille van `n hoër wysheid moet verlaat; want om die hoogste te kry, loon dit wel die moeite om so `n heuwel te verlaat. Van nou af aan sal elkeen in die diepte van sy eie deemoed moet afdaal as hy die ware lewenswysheid wil bereik.' [25] Toe die een priester dit van My gehoor het, gaan hy terug na sy twee medepriesters en vertel hulle wat Ek hom gesê het. Hulle kyk aanvanklik wel baie bedenklik, - maar na `n rype beraad gee hulle tog toe, kom na die owerste en vra hom vir toestemming om in sy huis te mag kom, omdat Ek dit so wou hê. [26] Toe sê die owerste: 'Daaroor is ek self baie bly! Kom nou maar dadelik saam - want ons gaan dadelik terug, - en wees vandag en môre my gaste, omdat hierdie verhewe Man van alle manne van die gehele aarde ook nog môre baie barmhartig by my wil bly!' [27] Die priesters bedank ons en gaan dadelik met ons op die pad; hulle gee slegs hulle vroue en kinders eers nog aanwysings oor wat hulle moes doen en sê as daar `n wysheidsoeker mag kom gedurende die tyd dat hulle weg sou wees.

Die wondermaaltyd in die huis van die owerste. Wese en werking van die liefde 138 Nouliks het ons met die talryke geselskap in die stad aangekom, of `n groot aantal mense kom ons tegemoet, begroet ons van alle kante en roep: 'Heil u, groot Verlosser, en ewige dank, want U het ons deur u wonderbaarlike almag verlos van `n groot las!' [2] Daaroor was die drie wysheidspriesters baie verbaas, soveel te meer toe hulle ook die ander priesters tussen die volk ontdek. [3] Ons kom nou by die groot huis van die owerste aan. Daar neem alle begeleiers afskeid en gaan na hulle huise en wonings; Ek en alle leerlinge gaan egter met die owerste en sy swaer, die hoofman van Samosata, en die ander huisgenote die huis binne om die middagete daar te gebruik. Ons het egter behoorlike teenslae, want die vrou van die hoofman en die vrou van die owerste, wat `n goeie kok was, het in die haas vergeet om hulle bediendes opdrag te gee om iets vir die middagete klaar te maak en daarom was daar dus nou nog niks gereed nie. [4] Toe word die owerste ietwat vererg en ontsteld, maar hy vermaan homself gou en sê: 'Wel, doen dan nou almal julle uiterste bes, sodat ons nie vanaand eers ons middagete hoef te gebruik nie!' [5] Maar Ek sê vir die owerste: 'Laat dit maar; open nou maar die deure na die groot eetsaal, dan sal ons alles daar aantref wat ons nodig het!' [6] Die owerste doen dit en was nie weinig verbaas nie toe hy sien dat alle tafels daar gedek gestaan het

met die beste en kostelikste spyse. Toe vra hy natuurlik die vroue waarom hulle hom dit nie dadelik gesê het toe hy daarna gevra het nie. [7] Maar die vroue verontskuldig hulle nogmaals en sê dat hulle net so verbaas daaroor was soos hyself, omdat hulle van die toebereiding van die middagete selfs net so weinig af geweet het soos hy. Dit moes beslis ook `n wonderwerk gewees het. [8] Toe bekyk die owerste die eetgerei en die hele bediening en bestek ietwat noukeuriger en sê dat alle skottels, lepels, messe en drinkbekers van suiwer goud gemaak was. Hy kom vinnig na My toe en sê: 'Heer, Heer, dit is U werk! Hoe is ek, arme sondaar, `n duistere heiden, deur U vir so `n barmhartigheid waardig bevind?! Ek is immers glad nie werd dat U mees heilige voete my onrein huis betree nie, - laat staan nog vir so `n ongehoorde eer, wat selfs vir `n keiser van Rome te groot sou wees!' [9] Ek sê: 'Wat daar is, is daar; en nou gaan ons aan tafel en eet en drink opgewek wat daar op die tafels staan! Want as julle kinders van God wil word, skaad dit immers ook nie dat julle nog in die lewe `n keer ervaar hoe mens as kind in die vaderhuis eet en drink nie.' [10] Daarop gaan almal welgemoed aan die tafel en begin om te eet en te drink. Maar toe weet hulle nie hoe hulle dit het nie, die owerste, die hoofman, sy seun en beide vroue, hulle dogters en die tien broers van die hoofman, en ook die ander uitgenooide gaste, want hulle verklaar dat hulle nog nooit sulke hemelse lekker spyse en so `n onvergelykbare heerlike wyn geproe het nie, en die vroue omring My en vra hoe dit moontlik was om sulke onbeskryflike smaaklike spyse voor te berei. [11] Maar Ek sê: 'Ja, beste mense, dit vind julle nie op aarde nie; maar soos die erkende woord van God onder die mense op aarde, waar eenmaal die korrekte vuur van die liefde tot God en tot die naaste intensief aanwesig sal wees, sal die mense by die vuur sekerlik ook spyse vir homself berei wat net so goed en dikwels nog beter sal smaak as hierdie. Ek sê vir julle: Die ware, suiwer Liefde is die edelste heilige vuur; Sy kan alles doen. Sy is die beste kok, die beste herbergier, die beste krui vir alle spyse en die beste spys self. Waarlik, wie deur die suiwere Liefde gevoed word, word waaragtig goed gevoed, en wie deur Haar versadig word, sal in ewigheid geen honger hê nie! As die Liefde julle lewend sal maak, sal julle ewiglik geen dood voel, nog smaak nie. Doen daarom julle beste vir die suiwere liefde tot God en julle naaste; want die liefde sal julle alles gee wat julle meer as salig kan maak! En hoe die liefde daar uitsien, het julle in die afgelope drie dae gehoor, en dus hoef Ek julle niks verder daaroor te sê nie.' [12] Toe dank almal My vir hierdie les en beloof My plegtig om soveel moontlik in die liefde te groei. [13] Toe sê een van die drie wysheidspriesters: 'Hoe kan `n sterflike, stoflike mens egter `n ewige onsterflike en suiwer geestelike God liefhê? Sou so `n menslike vermetelheid `n God nie in hoë mate vererg nie? Wat sou `n aardse koning nie sê as een van ons hom `n liefdesaansoek doen nie? Wat is `n koning egter vergeleke met `n God!' [14] Ek sê: '`n Dom en baie trotse koning, wat sy onderdane egter nie self geskape het nie, sou wel nie so vriendelik daarop gereageer het wanneer `n baie gewone, dom iemand by hom sou kom en sê: 'O groot koning, ek voel `n groot liefde vir u! Kom van u hoë troon af en laat u deur my omarm en gekus word!' Die koning sal so iemand beslis vir `n dwaas aansien en hom deur sy dienaars die deur laat wys; en as hy nie goedskiks gaan nie, dan sal hy hom moet laat welgeval dat hy `n tugtiging sal kry. Maar as die onderdane aan so `n koning `n waaragtige, daadwerklike liefde betuig, sal hy dit ook sekerlik baie goedgunstig aanvaar en beloon, en niemand die deur laat wys nie. [15] God, die ewig ware, lyk egter nie soos `n dom heiden van hierdie aarde nie. Hy is Self suiwer liefde en dus ook die hoogste wysheid Self, wat as sodanig ook alle wêrelde en die mense uit Hom geskape het. [16] Omdat Hy dus Self suiwer liefde is, wil Hy ook, dat alle mense Hom in die eerste plek bo alles sal liefhê, en vervolgens ook - omdat alle mense Sy werk is - elkeen wedersyds lief sal hê soos wat elkeen homself liefhet. As God egter alle mense meer liefhet as die beste vader sy kinders, waarom dan sal die mense Hom dan nie van hulle kant ewe-eens bo alles liefhê nie, sodra hulle Hom eenmaal goed herken het? [17] Waarlik, Ek sê vir julle: Sonder die ware liefde sal julle God nie vind nie, Hom nooit goed herken en Hom sodoende ook nooit kan nader nie! Slegs die liefde toon julle die sekerste weg na Hom, - julle verstand egter ewig nooit nie! En wie die weg na God nie vind nie, vind ook nie die weg na sy hoogste eie lewe nie en dwaal daarom in die duister en op die weë van die oordeel en die ewige dood. Onthou dit van My; die res sal julle later wel van My leerlinge hoor.' [18] Daarop swyg die drie wyses en hulle eet en drink lustig verder. [19] Maar een van hulle was `n taamlike puntenerige man, en hy sê selfs later vir die ander twee: 'Hierdie wonderbaarlike man praat die volle waarheid. Laat ons dus na hom luister, dit sal vir ons die beste wees; want hy is ons in suiwere wysheid wel duisendmaal duisend keer die baas!' [20] Ek sê egter tydens die hele maaltyd verder niks meer nie; na die maaltyd keer die drie wyses hulle tot die leerlinge, en hulle onderrig hulle in die vernaamste grondreëls van My leer, wat die drietal baie sterk

aanspreek. [21] Self gaan Ek met die familie van die owerste en die hoofman na buite en laat die leerlinge nou slegs alleen werk. Dit spreek vanself dat alle nuwe leerlinge steeds ywerig aanwesig was terwyl die ou leerlinge onderrig gegee het, en vir hulleself ook die hoofpunte opgeskryf het. Eers teen die aand het ons weer bymekaar gekom.

Die Judese smouse 139 Op hierdie middag besoek Ek met die owerste, die hoofman en hulle familielede enkele arm Judeërs, wat in hierdie omgewing met alles handel gedryf en gesmous het, maar min verdien het, omdat die slim Grieke hulle orals vóór was. Die owerste en die hoofman gee hulle ietwat; maar Ek raai hulle aan om na hulle huise te gaan en daar hulle hande te gebruik en met werk wat hulle kon doen hulle daaglikse brood te verdien. Want in die land waar iemand met weinig talente gebore is, moet hy bly en vir homself en syne vir `n redelike bestaan sorg. Slegs aan mense met talle, groot talente behoort net soos die son die hele aarde toe, omdat hulle geestelike lig die lewensweg van alle ander mense moet verlig. [2] Toe merk `n Judeër op: 'Heer, waarom het ons dan so min talente van JaHWeH gekry vir die reis deur hierdie armsalige wêreld? Sou Hy ons ook nie vinnig ietwat meer talente kon gee nie?' [3] Ek sê: 'O, ongetwyfeld; maar Hy weet die beste wat daar vir elke mens goed is, en daarom het Hy julle ook presies soveel talente gegee as wat julle nodig het. Want deur baie talente word geen mens salig nie, omdat dit geen menslike verdienste, maar slegs God se werk en verdienste is. Wie baie gekry het, sal ook oor baie rekenskap moet gee; wie maar weinig gekry het, sal slegs oor weinig rekenskap hoef af te lê. Dieselfde sonde sal by ryk getalenteerdes later op die weegskaal van die goddelike geregtigheid baie swaarder weeg as by geringe getalenteerdes. Want wanneer `n wetgewer self teen sy wette handel, is dit stellig erger as wanneer hulle daarteen sondig, aan wie die wet gegee word. Laat daarom niemand `n mens beny aan wie God baie groot talente geskenk het nie; want so iemand sal op aarde altyd ook baie moet verduur. Wees daarom bly dat julle maar met weinig talente deur God geseënd is!' [4] Toe die Judeër dit hoor, sê hy: 'Heer, U het baie wys en reg gepraat, en so is dit ook; maar ek is tog van mening dat iemand wat met baie weinig lig snags op pad is, beslis makliker in `n afgrond sal val as hulle wie se weg deur `n behoorlike son verlig word! Maar as jy eenmaal verpletter en dood in `n afgrond lê, maak dit niks meer saak of jy met weinig of met baie lig in die afgrond die dood gevind het nie. En dan vind ek dat die met baie lig begaafde mens tog altyd beter daaraan toe is as die met weinig lig begaafdes, omdat die eerste die afgrond al van ver kon sien en ontwyk, terwyl die met weinig lig begaafdes dikwels `n afgrond nog nie kan sien nie, ook al staan hy vlak by die rand.' [5] Ek sê: 'Daarin het jy ook gelyk, maar juis daarom kan iemand wat met weinig lig begaafd is, maar liewer tuis bly, waar hy die bodem waarop hy staan ook snags ken en sy treë met sekerheid kan stel. In jou eie huis sal elkeen die beste weet hoe hy moet loop om geen misstap te maak nie; maar in `n groot vreemde huis, waarvan hy nie weet hoe dit van binne daar uitsien nie, sal hy moeilik die weg vind met sy swak lamplig. Wie God die Heer dus minder lig gegee het, het Hy sekerlik ook as kinders lief, omdat Hy daardeur hulle opgawe van die aardse lewensproewe so lig moontlik gemaak het, terwyl Hy die weg van die groot geeste met baie dorings besaai het, sodat die bewandeling daarvan gladnie so maklik is nie. Daarom, klein Judese geeste, skep moed en gaan weer na julle land! Daar sal julle werk in oorvloed vind wat pas by julle lig; maar hier is vir julle niks te verdien nie.' [6] Toe sê die owerste ook: 'Ja, ja, beste mense, die Heer het volkome gelyk! Sover ek weet gaan dit hier met julle baie miserabel en sleg, en ek kan julle situasie egter nie verbeter nie. Gaan dus na julle eie land, daar sal julle beslis beter ontvang word as hier! Julle gesmous bring julle niks in nie, en ons werk kan julle nie doen nie, omdat julle geen ervaring daarin het nie, daarom sal julle tuis baie beter voel. Maar sodat julle makliker in julle land kan kom, sal ek julle uit liefde vir hierdie Heer, wat ook `n Judeër is, reisgeld gee.' [7] Toe die arm Judeërs dit hoor, hardloop hulle na die huis waar hulle gewoon het, gaan haal hulle kinders en sê dat hulle die reis moeilik tot ver agter Bethlehem kon maak met die kinders, aangesien hulle nou geen lasdiere meer besit het nie. [8] Toe sê die owerste: 'Ek sal julle dan ook nog voldoende lasdiere gee; maar dan moet julle ook onmiddellik gaan! Want as julle dan nog hier sou wou bly, sal ek genoodsaak wees om julle met geweld te verdrywe!' [9] Toe stem almal dadelik toe en sê dat hulle liewer vandag as môre sal weggaan. Dadelik word alles gereël en binne `n uur het hulle alles en reis ook af. [10] Hulle was ongeveer sewentig, en daarom het hulle vir hierdie stad, wat self baie van sy eie armes gehad het, egter tot las geword. Tuis het die meeste hulle eie besittings gehad, waarvan hulle die bewerking aan goedkoop knegte oorgelaat het, omdat hulle gedink het om meer deur hulle gesmous te verdien. Hulle het egter verarm en was nou weer deur My verlos uit hulle groot nood. [11] Dit was dan tog sekerlik ook `n baie goeie werk! Laat elke ware navolger van My leer hom daarom inspan om sulke gevangenes uit hulle nood te bevry as hy die middele daartoe het, dan sal Ek hom dit

reeds hier en meer nog aan die ander kant vergeld, soos wat Ek by hierdie geleentheid, die owerste met duisend pond suiwer goud, en wel reeds vooraf, ook vergeld het, omdat Ek ook reeds vroeër geweet het wat hy sou doen! [12] Verder het daar in hierdie plek niks meer gebeur wat spesiaal vermeld moet word nie. Die leerlinge het die drie priesters volledig bekeer, en Ek het ook in hierdie stad `n gelowige dokter geseën, sodat hy daarna deur handoplegging in My Naam in staat was om baie siekes volledig te genees. En so het ook die volgende dag gou verloop.

Die terugreis na Kapernaum. Die reus en sy preek vir die Judeërs 140 Gedurende die nag bly ons nog in Serrhe en die volgende dag gaan ons onder baie betuigings van liefde weer te voet stroomopwaarts, en wel na Seugma, - ook `n klein ou stadjie aan die Eufraat. Ons kon nie vanuit Samosata na hierdie plek gaan nie, omdat die hoofman vanweë sy familie na Serrhe moes gaan; daarom gaan ons vanuit Serrhe terug daarheen. Van Samosata na Serrhe is die weg wel meer as tweemaal so ver as na Seugma, maar vanuit Seugma is dit dan weer korter na Deba as vanuit Samosata en sekerlik vanuit Serrhe, dit volgens die huidige maatstawwe - omdat daar in hierdie tyd nouliks nog iets van hierdie plek te vinde is - wat wel dertig myl van Samosata vandaan lê. [2] Wel, in Seugma doen ons dieselfde dinge as in die ander plekke. Die heidene aan die Eufraat was reëlmatig deur Judeërs besoek en het derhalwe ook kennis van hulle Elohimsbegrip, en daarom was dit nie so moeilik om almal te verstaan nie. [3] Vir `n korrekte begrip kan hier nog ten oorvloed bygevoeg word, dat die plekke wat deur ons besoek was, wat voor My tyd ongeveer agthonderd jaar aan Sirië behoort het, hulle nou tot Capadocië gereken het; maar Deba, waar Ek na twee dae met My leerlinge heengegaan het, het wel aan Sirië behoort, wat in My tyd aan die eintlike Galilea grens was en eintlik Noord-Galilea was. [4] In Deba het ons nie lank gebly nie, omdat daar, vanweë hulle varkhandel, nie baie met die bewoners aan te vang was nie. [5] Van Deba het ons na Cyrrhus gegaan, `n belangrike Griekse handelstad; daar het ons ongeveer sewe dae gebly, waar ons bykans op gelyke wyse as in Chotinodora `n baie groot aanhang gekry het. [6] Vandaar het ons na die groot stad Antiochië getrek, waar ons byna `n volle maand gebly het. Antiochië was reeds baie oud, en het `n uitgebreide handel met die hele Klein-Asië en selfs met Europa gehad. Vandaar het My boodskap tot in die mees westelike provinsies van Klein-Asië gekom, en `n klein koning uit Lydia, genaamd Abgarus, het van daar af na Antiochië getrek om My te leer ken. Hy het My leer volledig aangeneem, het hom selfs laat doop, het sy volk tuis bekeer en het verskeie briewe aan My geskryf, wat Ek ook steeds beantwoord het; maar aan sy hartlike uitnodiging om na hom toe te kom, kon Ek om wyse redes geen gevolg gee nie. [7] Vanuit hierdie stad het ons onsself weer na ons eintlike Galilea teruggetrek, het daar nog `n aantal klein plekkies en dorpies besoek en het met die nuwe leer steeds baie sukses gehad. [8] Met hierdie reis, wat baie vrugbaar genoem kan word, was ons die hele somer besig, en toe ons weer by ons herbergier Matthias in Kapernaum aangekom het, was dit al herfs en het die loofhuttefees begin. [9] Die herbergier het hom verbaas oor die tien nuwe leerlinge, waarvan veral die ware reus - wat ruim nege handspanne, dus volgens die huidige maatstawwe nege voet lank was - wat hom eerbiedige bewondering afdwing. Hy kon sy oë maar nie van hierdie man afhou nie omdat hy nog nooit so `n reus gesien het nie; maar die reus was ook in sy spraak `n reus en het met sy waaragtig donderende woorde `n baie goeie indruk gemaak. In sy Romeinse bekleding sien hy nog geweldiger daaruit, en dit plaas nog meer krag in sy woorde. Teenspraak duld hy in geen geval nie, want ten eerste was hy nou goed tuis in My leer, wat hy baie oortuigend gebring het, en ten tweede het hy hom ook deur die omgang met die leerlinge, veral in die afgelope tyd met ons sogenaamde Judese Grieke, uit die ou profete baie sy eie gemaak, en so weet hy deur sy besondere redenaarstalent elke ding wat die goddelikheid van My wese teenspreek, en om daarmee elke teenstander, dermate te oordonder, dat hulle alle moed verloor om hulleself langer met hom in `n woordestryd in te laat. [10] Tydens My rusperiode van ongeveer tien dae in die huis van ons Matthias kom daar baie burgers en handelsliede wat hom na sy beroep vra en wat wou weet wat hy nou van plan was om in Kapernaum te doen. [11] Dan kyk hy (Matthias) hulle baie ernstig aan en sê: 'As heiden en Romein sal ek oor julle regspreek, julle ellendige, ongelowige Judeërs! Beëlsebul moes julle verwek het, dat julle so blind kan wees dat julle nie kan sien dat Hy die enigste draer is van dieselfde Gees wat eindeloos lank gelede as hoogste Gees die hemel en hierdie aarde en alles, wat daarop en daarin bestaan, leef, asemhaal en dink, enkel deur Sy wil geskape het en vaste vorm gegee het. [12] Ons blinde heidene het dit met die eerste teken duidelik herken, hoewel ons niks daarvan geweet het

dat Sy koms op hierdie arme aarde reeds verskeie honderde jare gelede al baie eenstemmig deur talle profete voorspel is nie, en dat dit selfs met tyd, plek en `n aantal ander omstandighede presies omskrywe was, wanneer, waar en hoe Hy, die Almagtige Self, uit Sy hoogste hemel as mens na hierdie aarde toe sou neerdaal. Hier by ons bly die Verhewenste! Waarom glo julle dit tog nie? Omdat julle kinders van Beëlsebul is en onmoontlik kinders van God kan wees nie! Maak dat julle wegkom, anders verpletter my toorn julle!' [13] Toe hy so begin te praat, maak elkeen hom gou uit die voete, want niemand het sin gehad om hom nog meer te prikkel nie.

Die mislukte aanval van die owerste van die sinagoge 141 Op `n dag kom die reeds bekende owerste van die sinagoge met sy Fariseërs en Skrifgeleerdes by Matthias aan en eis om met My te praat, omdat hulle gehoor het dat Ek en My leerlinge opnuut hier verblyf gehad het. Want hulle het uitdruklik van Jerusalem bevel gekry om noukeurige inligting oor hierdie Nasarener in te win, oor wat hy doen en waarmee hy nou besig was. Ja, hulle moes hom selfs gryp en hetsy dood of lewend aan Jerusalem uitlewer. [2] Toe sê Matthias: 'Meneer, Hy woon by my, maar ek raai u aan om ook nie die geringste teen Hom te onderneem nie - want dan is u met al u helpers reddeloos verlore!' [3] Die owerste sê: 'Vergeet nooit dat sy toordery niks aan die heilige priesters van God kan doen nie!' [4] Matthias sê: 'Goed, - daar in die groot kamer bly Hy met al Sy leerlinge en Hy sit juis aan vir die middagete! Gaan na binne en praat maar self met Hom!' [5] Toe gaan die owerste na die toe deur en bons geweldig hard met sy vuiste daarop. [6] En Ek sê vir die reus: 'Laat hom binne en praat jy met hom, want Ek ag hom geen woord waardig nie!' [7] Toe maak die reus die deur oop en brul op die owerste: 'Kom maar binne, allerellendigste booswigte en skurke! Julle mooi plan is reeds lankal aan ons bekend, en ons het juis hierheen gekom om dit uit julle drakemonde te hoor. Dus na binne, julle wilde nag- en moerasdiere, en praat, sodat die gereg nie te lank opgehou word om julle na verdienste te verpletter nie!' [8] Hierdie woorde maak op die owerste en sy soortgenote so `n indruk dat hulle begin te bewe en geeneen van hulle in staat was om ook maar iets te sê nie. Hulle het die reus as `n Romeinse vise-diktator beskou, wat - deur die keiser met alle mag toegerus was – en wat alle Judeërs oor die afgrond wou jaag. Terwyl hierdie besoekers vol vrees en skrik voor die geopende deur gestaan het, begin die agterstes sigbaar aanstaltes te maak om vandaar af weg te gaan. [9] Toe roep die reus met `n donderende stem op die herbergier: 'Sluit alle deure goed af, sodat geeneen van hierdie onmense my kan ontkom nie!' [10] Nouliks het die reus dit gebrul, of die herbergier het te min tyd om die deure dig te maak; want hierdie sin gee die voete van die ondersoekers buitengewone vleuels, sodat hulle halsoorkop vandaar af vlug. [11] Maar die reus spring na die owerste en gryp hom dadelik aan sy jas, tel hom soos `n veertjie in die lug op en vra hom toe wat hy wou hê. [12] Die oweste sê bewend en bibberend: 'Heer, meester, ek wou maar net in opdrag van Jerusalem met die Profeet praat, en toe kom u, `n vreeswekkende persoon, vir my, die owerste van die sinagoge van hierdie plek, so skrikaanjaend tegemoet, - en daarom kon ek nie met Hom praat nie!' [13] Die reus sê: 'Ellendige skurk, jy is dit ook ewig nooit werd om hierdie ware Elohimmens ook maar op tienduisend treë te nader nie, laat staan om met Hom te praat! Ek weet presies wat die ellendige skurke in Jerusalem en jy en jou kwaadaardige handlangers teen die hoogste verhewe Elohimmens het. Wee julle, as julle dit ooit sou waag om Hom met julle Beëlsebul-kloue aan te raak! Dan sal julle die groot Romein leer ken!' - Daarop plaas hy die owerste weer op die grond en sê toe nog vir hom: 'Het hierdie suiwere, almagtige Elohimmens dan nog geen tekens hier by julle gedoen nie, sodat julle kan glo dat Hy dieselfde Messias is waarvan al julle profete voorspel het dat Hy juis in hierdie tyd en in hierdie land ter wêreld sou kom om die mense van die ewige dood te verlos nie? Praat, ellendeling!' [14] Die owerste sê: 'Natuurlik wel, het Hy maar al te veel tekens gedoen, sodat alle mense hom naloop en ons, die ou priesters wat ook deur God aangestel is, die rug toekeer, en dit is nou juis die rede waarom die hoëpriesters in Jerusalem hom so vyandiggesind is! Ons is egter na gelang van Jerusalem en moet doen wat Jerusalem ons voorskryf.' [15] Die reus sê: 'Hoe kom dit dan, dat alle heidene uit die stede langs die Eufraat bykans slegs vanweë Sy verhewe leer aanhangers van Hom geword het, en dat hulle wat Hom volg ook dadelik die beskikking kry oor die een of ander suiwer goddelike krag?! `n Dokter in Serrhe het die wonderbaarlike gawe gekry om al sy siekes slegs deur die geloof in die almagtige Naam van hierdie Elohimmens so te genees - en wel in één enkele oomblik, - dat die sieke daarna so gesond is asof hy nooit iets makeer het nie. Ja, selfs dooie mense kry weer `n nuwe lewe en is dan so fris en gesond soos `n sorgelose bokkie in die hooggebergte!

As die heidene dit egter kan doen en insien, waarom dan nie julle Judeërs nie, waarvan tog geskryf staan dat hulle die uitverkore volk van God is? Ek sê julle egter in die Naam van die hoogste verhewe Elohimmens: Julle kan dit nie omdat julle al van julle geboorte af aan ondergeskikte kinders van Beëlsebul is en daarom die mees deurtrapte vyande van God is. As julle dit egter ontken, verdien julle nie beter as om heeltemal van hierdie aardbodem af verdelg te word nie.' [16] Toe die owerste dit van die reus hoor begin hy te smeek en allerlei dinge te belowe. Daarop laat die reus hom onder allerlei dreigemente gaan en kom toe weer in huis terug. [17] Maar die herbergier hou sy hart vas, omdat hy die groot wraaksug van die owerste geken het. [18] Maar die reus sê vir hom: 'Maak jou maar nie bekommerd nie en vertrou op die mag van Hom, wat dooies opwek, berge verplaas en yster afgodsbeelde deur Sy wil vernietig! Ek sê jou: honderd legioene van sulke skurke maak my nog nie bang nie, laat staan hierdie een!' [19] Toe sê die herbergier, ietwat meer gerusgestel: 'Ja, ja, jy het heeltemal gelyk! Wat myself betref, ek is ook nie bang vir hulle nie, en self het ek sekerlik die grootste vertroue in die Heer, wat ek al vanaf Sy prilste jeug ken net soos Sy aardse ouers, omdat Hy as sagmoedige seun al dinge gedoen het wat maar net vir God moontlik is; maar ek is maar net ietwat bekommerd oor julle, my baie gewaardeerde gaste, dat julle daarvoor hier in Kapernaum onaangenaam deur hierdie booswigte bejeën sal word! Want ek ken hierdie skurke maar al te goed!' [20] Die reus sê: 'Laat hulle maar hierlangs kom, dan sal ek op my eentjie goed met hulle afreken! Want hierdie ellendelinge is dit immers ewig nie werd dat die Heer, die Mees Heilige van ewigheid af, hulle met Sy almagtige wil teenhou en tugtig nie!' [21] Vervolgens kom die reus weer na ons toe, gaan aan tafel sit en vertel hoe hy in sy regverdige toorn met die springhaas van Babel omgespring het. [22] Ek sê: 'Dit was weliswaar baie goed, en Ek het dit toegelaat dat jy die heerssugtige Fariseër so behandel, - maar ook die herbergier het gelyk: Ons sal nie so lank hoef te wag voordat hulle met `n aantal gewapende geregsdienaars hier sal wees en ons almal sal wil boei en gevange neem nie. Wat doen jy dan?' [23] Die reus en saam met hom ook sy nie minder kragtige nege broers sê: 'Heer, leen ons dan slegs `n klein deeltjie van U almagtige barmhartigheid, dan sal ons vir altyd `n einde maak aan hulle gemene praktyke!' [24] Ek sê: 'Wel dan, probeer dit, maar dood niemand nie!' [25] Daarop drink hulle almal hulle bekers leeg, gaan na buite en rapporteer hulleself by die pad, elkeen gewapen met `n ware Herculesknuppel. Dit het nie baie lank geduur nie, of daar kom al `n groot groep van veertig lansknegte en geregsdienaars aan, met die kommandant en die owerste met sy handlangers daaragter. [26] Die reus word woedend en sê vir sy broers: 'Ons laat hulle tot tien treë naderkom en dan sal ek hulle toeskreeu dat hulle moet bly staan! Doen hulle dit, dan sal ons praat, - doen hulle dit nie, dan gebruik ons ons knuppels!' [27] Toe kom hulle tot op tien treë afstand, en die reus brul met sy vreesaanjaende stem: 'Staan stil, of julle is almal kinders van die dood!' [28] Die Romeinse soldate aarsel en bly staan. [29] Daarop vra die reus hulle: 'Wat wil julle hê, en wie bring julle hierheen?' [30] Toe sê die soldate vir die tien manne, waarvan hulle gedink het dat hulle hoë Romeine was: Meneer, die owerste van die sinagoge het by die kommandant verklarings gemaak dat gevaarlike volksopruiers hulle hier ophou, en dat ons hulle moet gevange neem en onskadelik maak!' [31] Daarop brul die reus: 'O ellendige skurk van `n owerste! Wag maar, jy sal die koningseun uit die Kaukasus leer ken wat nou Romein is! Soldate, gaan onmiddellik terug en lê die lanse neer, anders gaan dit sleg met julle afloop!' [32] Maar hulle sê: 'Dit kan ons nie doen nie, want agter ons staan die hoofman wat die bevel voer.' [33] Toe beveel die reus vyf van sy broers om die owerste, sy helpers en die kommandant te bemeester, terwyl hyself met die soldate sou afreken. [34] Dit gebeur alles bliksemsnel. Die soldate word soos deur `n storm die see ingeblaas en kon hulle met moeite swemmend van `n verdrinkingsdood red. [35] Intussen bemoei die reus hom met die owerste, gryp hom vas, hef hom omhoog en sê: 'Ellendige booswig, hou jy so jou gegewe woord?! Hierdie keer kom jy, infame leuenaar, nie meer so maklik uit my hande nie! Waar is die volksopruiers en landverraaiers? Ons het rustig daar by die herbergier gesit en ons het hier `n paar dae uitgerus omdat ons ietwat vermoeid was van die ver reis, en hierdie swarte dier gee ons aan as volksopruiers en landverraaiers! - Hoofman, waar is die see die diepste, dat ek hierdie

ellendeling daarin kan slinger sodat hy daar met sekerheid aan sy einde sal kom?' [36] Die hoofman sê: 'Vriend, laat hom los; want nou verstaan ek waaroor dit eintlik gaan! Hierdie hond wou my maar net die Verlosser uit Nasaret, wat ek baie hoog ag, laat gevange neem! O, as ek dit maar net vermoed het, sou hy heelwat anders van my te hore gekry het! Maar laat hom nou maar gaan, die res sal ek wel met hom afhandel, en ek sal hom laat sien wat dit beteken om `n Romein deur `n valse en versinde verklaring aan te stel tot `n verkeerde ampshandeling! Maar bring my nou by die Heer van my lewe!' [37] Daarop slinger die reus die owerste nog `n keer in die lug, sodat hoor en sien bepaald vergaan, en plaas hom toe taamlik sonder ontsag op die grond neer. Toe hardloop hy met sy helpers weg en sweer by homself om vir die res van sy lewe nooit meer iets teen My te onderneem nie. Vervolgens kom die tien manne saam met die hoofman weer na My toe terug in die huis in, nadat die hoofman eers die soldate, wat uit die water geklim het, beveel om huistoe te gaan.

Die hoofman werf die reus en sy broers vir Rome. Werke van die liefde is vir God die ware verdienste 142 Toe die hoofman My sien, kry hy trane in sy oë, sodat hy van vreugde nouliks iets kon sê. Hy vra My om vergewing, dat hy so-iets teen My kon onderneem het. [2] Ek stel hom egter gerus en sê: 'Wie iets doen en nie weet dat hy sondig nie, sondig nie, en jy het dus ook nie! Die owerste is egter `n ellendige booswig; maar van nou af aan sal hy hom wel rustig hou. Neem daarom geen verdere vyandige maatreëls teen hom nie!' [3] Dit beloof die hoofman en hy eet en drink saam met ons, en Ek lê hom Self uit waar die tien vandaan gekom het, waaroor hy hom baie verheug. Toe hou die hoofman `n onderhoud met die tien en gee hulle aanwysings hoe hulle deur middel van hom, owerste Cornelius en opperstadhouer Cyrenius na Rome kon gaan en daar dadelik `n hoë amp kry, waardeur hulle dan baie goed vir hulleself sou kon doen. [4] Maar die tien sê: 'Edele vriend en ampsgenoot van ons broer in Samosata! Die voorstel is weliswaar baie prysenswaardig en mooi, - maar ons is nou eenmaal leerlinge van die allerhoogste Heer en Leraar, en dit voldoen duisendmaal as geldige rede om egter nie u aansienlike, vriendelike voorstel op hierdie oomblik aan te neem nie. Ja, wanneer ons eenmaal ons lewenskool deurloop het, kan u vriendelike voorstel miskien ook nog uitgevoer word!' [5] Die hoofman was baie bly oor die openhartigheid van die tien en sê: 'Dat julle daarin volkome gelyk het, spreek vanself; maar wanneer julle al, soos wat ek kan vasstel, alle hoofbeginsels van die leer volledig onder die knie het en presies weet wat julle te doen staan, sou dit volgens my vir julle ook tyd wees om julle onder die heidene te begewe en hulle moontlikerwys ook oor die groot barmhartigheidslig van God vertel wat julle ten deel geval het. - Wat dink julle daarvan?' [6] Die reus sê: 'Vriend, daaroor het ons self heeltemal geen mening nie; ons doen slegs wat die Heer en Leraar wil! As ons sou ingaan op u voorstel en sou doen wat u ons voorgestel het, sou ons dit in die eerste plek doen ter wille van ons agtergelate geboorteplek en om aan die nog baie ruwe en wilde bewoners hierdie leer van lig, liefde, gees en lewe by te bring!' [7] Nou eers sê Ek: 'Ja, ja, julle het volkome gelyk, en daarom kan julle die voorstel van die hoofman wel aanneem! Want deur nou nog langer of korter aan My kant besig te wees, wen julle nie meer Lig, Liefde, Gees, Krag en Lewe nie; dit kry julle alles deur die getroue navolging van My leer. En as julle per geleentheid `n hoër krag nodig sal hê as getuie vir die Waarheid van die Wysheid wat julle deur My verkry het, vra My dan in julle hart daarvoor, dan sal dit, waarvoor julle julleself vraend tot My gewend het, aan julle gegee word! [8] Wanneer Ek Self egter binnekort weer hierdie aarde persoonlik sal verlaat, sal Ek die Heilige Gees van alle Waarheid oor al My getroue leerlinge en broers uitstort. Die sal hulle dan volgens alle Waarheid, Wysheid, Mag en Krag rig, lei, die weg wys en ophef, en julle siele verenig met die Gees van die Liefde uit God aan die ander kant en so die wedergeboorte van die gees in julle tot stand bring, waarsonder geen waaragtige, vrye, ewige lewe moontlik is nie, maar slegs `n gebonde en geoordeelde lewe, wat vergeleke met die ware, vrye lewe van die gees `n egte dood is. [9] Want as `n mens nie vry en uit homself, maar slegs as `n masjien deur die almag van die goddelike wil leef, dan is hy in en op sigself dood en geen haar beter daaraan toe as `n klip, `n plant of `n dier sonder verstand nie. Wie egter streng volgens My leer sal leef en handel, sal ook sekerlik dit kan verwag wat Ek nie maar nou net hier nie, maar orals reeds baie dikwels gesê en beloof het. Of iemand nou hier persoonlik met My saamgaan of nie, maak nie saak nie; inteendeel, diegene wat slegs in die gees - sonder My persoonlike aanwesigheid - getrou met My sy weg gaan, sal deur God met nog meer welgevalle aangesien word! [10] Cornelius en Cyrenius ken My egter al vanaf My geboorte. Hulle sal julle goed opneem en in alles bystaan.'

[11] Daarmee was die tien manne tevrede, en hulle neem die voorstel van die hoofman aan; hulle vra slegs of hulle solank nog by My mag bly as wat Ek hier in Kapernaum sou wees. [12] Toe sê Ek: 'Dit kan julle altyd doen, hoewel dit julle nie as `n besondere verdienste aangereken sal word nie; want `n ware verdienste vir My is slegs dit wat in My Naam liefde verwek volgens My leer. Want vir My kan julle onmoontlik iets goeds doen omdat Ek van niemand `n diens nodig het nie; en ook al doen iemand iets goeds vir My, dan kan Ek dit hom altyd duisendvoudig vergeld, en bowendien kan niemand My iets gee wat hy nie eers van My gekry het nie. [13] Maar iemand wat uit liefde vir My in My Naam iets goeds doen vir sy naaste, sien Ek as `n ware, verdienstelike werker op My akker, en hy sal sy loon daarvoor oes. Want wat julle in My Naam vir die armes sal doen, sal Ek altyd beskou asof julle dit vir My gedoen het. Of julle nou vandag of môre hier vertrek, julle sal daarom nie verder van My weg of nader aan My wees as nou nie; maar as julle in My Naam iets goeds sal doen vir die mense van hierdie aarde, dan sal julle in die gees baie nader aan My wees as nou. [14] My liggaam is nie My ‘Ek’ nie, maar slegs My Gees is My waaragtige Ek; met My Gees is Ek alomteenwoordig en voortdurend werksaam in die hele oneindigheid. [15] Wat slegs My liggaam wil, gebeur nie, maar ewiglik slegs dit wat My Gees wil. Waar julle ookal mag wees, daar is Ek ook te midde van julle, en as julle in My Naam dinge doen, werk Ek met en in julle; en as julle in My Naam spreek, is Ek die een wat jou die gedagtes in jou hart gee en die woorde in jou mond lê. [16] Dus kan julle, as julle werksaam bly in My leer, julleself onmoontlik ooit van My verwyder, julle sou julle slegs van My kan verwyder as julle My woord sou verlaat en, net soos wat baie doen, `n suiwer dienaar van die wêreld sou word. Maar dit sal julle nooit doen nie, en dus kan julle op enige oomblik My sigbare persoon sonder die minste skade vir julle siel verlaat!' [17] Met hierdie uitleg was die tien meer as tevrede en hulle was toe ook bereid om dadelik met die hoofman te vertrek. [18] Dit verskaf die hoofman baie genoeë om sulke manne vir Rome te gewen het, wat as krygers die keiser sou beval en as troue volgelinge van My leer baie goed in staat sou wees om dit ook op velerlei wyse aan die heidene by te bring. Die hoofman bedank My daarvoor ook nog heel in die besonder en beloof My om veral vir die reus dit gedoen te kry dat hy reeds as hoofman met sy broers na Rome na die keiser gestuur sou word.

Amp en eer. Alles is barmhartigheid: slegs die goeie wil is verdienste (Lukas 17: 10) 143 Ek sê: 'Die wêreldse gaan My niks aan nie, want dit is `n saak van die menslike, wêreldse verstand. Die mens kan wêrelds word, waarby hy baie fatsoenlik kan wees, dit tel by My heeltemal niks nie, maar by My tel slegs dit wat hy sal doen volgens My leer en sodoende volgens die wil van God. [2] Die uiterlike aansien van `n mens het by My nie die minste waarde nie, maar wel die aansien van sy hart wat deur God se woord verlig is, wat vol lewe is deur die liefde tot God en die naaste. Maar as iemand `n hoë wêreldse amp beklee, is hy daardeur ook in staat gestel om meer goed te doen; en doen hy dit, dan sal ook sy funksionering vir My waarde hê, - maar nie die hoë amp op sigself nie. [3] Keiser en bedelaar is vir My volkome gelyk en het as sodanig geen waarde vir My nie, - hy het vir My slegs waarde hoe hy dit in My Naam doen; want vir My geld wêreldse aansien op sigself glad nie. Laat jou dit duidelik en nadruklik gesê word! [4] Ellendig is diegene wat sy naaste minag omdat hy self `n hoë wêreldse amp beklee! Die amp moet gerespekteer word, en die amptenaar slegs in soverre hy sy amp verteenwoordig; maar die beampte moet hom veral nie daarop laat voorstaan nie, omdat hy slegs `n dienaar van die amp is en nie die amp self nie! [5] Ek sê dit maar net hier vir julle om te sorg dat niemand hom vanweë `n wêreldse amp baie belangrik moet ag nie; want wie dit sal doen, sal hom nie meer in My liefde bevind nie, en sy amp dien hom dan nie tot lewe nie, maar tot sy ondergang.' [6] Toe sê My ou leerlinge: 'Heer in die geval is dit nie goed om `n amp te aanvaar nie! Ons het ook van U `n amp aanvaar en sal mettertyd egter niks daaraan kan doen as ons vanweë die amp deur die mense geëer en miskien op `n voetstuk geplaas word nie.' [7] Ek sê: 'Dat die mense julle daarvoor nie mag eer nie, het Ek nog nooit voorgeskryf nie, maar as julle julleself oor hierdie rede inbeeld dat julle meer sou wees as hulle wat julle eer, dan het julle daardeur julle loon alreeds gekry, en julle werk sou dan vir My geen werk wees nie en dus ook heeltemal sonder verdienste. [8] Wil julle as verdienstelike en goeie werkers deur My aangemerk word, wanneer julle alles so gewetensvol moontlik in My Naam gedoen het, sê dan in julle hart: 'Heer, ek was `n lui en nuttelose kneg

vir U gewees! (Lukas 17:10 ) As julle waaragtig in julleself daarvan oortuig sal wees en sal insien dat julle slegs vrywillige dienaars net van My werkende Gees is, sal Ek julle werk so sien asof Ek dit Self gedoen het, maar die regverdige loon daarvoor aan julle gee.' [9] Sommige van die leerlinge sê: 'Heer, in die geval kan U ons wel heeltemal mis; want U het tog wel die mag om alles sonder ons hulp Self te doen! As ons uit ons self niks kan doen en steeds moet bedink dat U alles, selfs wat ons met opoffering van ons lewe in U Naam doen, slegs doen en ons dus maar net U blinde werktuie is, dan kan ons by U tog onmoontlik aanspraak maak op loon na verdienste! Watter verdienste kan `n dooie geweefde tou vir `n wewer hê, wat dit maar net gebruik om sy linne makliker daarop te vervaardig?' [10] Ek sê: 'Die geweefde tou het geen vrye wil nie; maar julle het dit wel, en kan heeltemal vry doen wat julle wil. As julle julle dus vry onderwerp aan My erkende wil en dit opvolg, doen julle dit nie self nie, maar dan werk My wil, wat net goed is, in julle! Wat se verdienste het julle dan vanweë julle dade? Kyk, julle verdienste lê nie in julle dade nie, - maar wel in die ondergeskikmaking van julle bose, wêreldse wil aan My enige goeie wil, waardeur julle één met My geword het deur die hulp van julle geloof. [11] Waarlik, Ek sê vir julle: Sonder My kan julle niks verdienstelik doen vir die ewige lewe nie! (Johannes 15:5) Eers wanneer julle in julle hart daarmee instem, is julle My ware leerlinge - en nog meer: Daardeur is julle ook My egte broers in die Gees van God!' [12] Toe sê `n paar leerlinge weer: 'Die woorde is wel baie mooi en ook baie wys, maar ons gee openlik toe dat dit alles ietwat hard en ook nie baie begryplik klink nie. Want met die eintlike vryheid van die eie wil sien dit dan nie so gunstig daaruit nie! En as mens iets goeds gedoen het, gaan dit die vrywillige weldoener heeltemal niks aan nie; vir die daad kan hy geen loon verwag nie, maar slegs vir die feit dat hy hom vrywillig as werktuig laat gebruik het deur die erkende goddelike wil. Dit is baie vreemd! Die mens is en bly op die manier tog niks anders as `n werktuig van die goddelike almag nie, en is in en op sigself ewig `n suiwer niks. Waarlik, met so `n leer sou selfs ons, wat al soveel van U gehoor en gesien het, swak in ons geloof kon word!' [13] Maar toe sê die reus: 'Beste vriende, hoewel ek nog maar pas leerling van hierdie Heer en Elohimmens geword het, deel ek nie hierdie mening nie! Hoe gaan dit dan met `n kind, waarin `n bose wil ook dikwels baie vroeg tot uiting kom? Moet dit nie die wyse wil van sy ouers gehoorsaam nie, en sy eie wil uiteindelik maar net gebruik om dit te doen wat sy ouers wil nie? En as hy mettertyd meer en meer gewoond geraak het aan die wil van sy ouers, word hy self wys, weet dan wat reg en goed is en verafsku uit homself die bose, verkeerde en onregverdige. Daardeur kom hy eers tot die ware selfbewussyn en tot die ware, redelike selfstandigheid. Sou die kind egter ooit sover gekom het as hy die wil van die wyse ouers nie syne gemaak het nie?! [14] En so kan ook ons mense eers dan tot die ware selfbewussyn en tot die ware lewenselfstandigheid kom, as ons deur ons vrywillige gehoorsaamheid wat ons openbaar, die goddelike wil geheel ons eie maak; want in die goddelike wil moet tog duidelik ook die hoogste vryheid heers, omdat God Self die mees wyse en dus mees vrye wese is. En as ons ook maar ooit aanspraak wil maak op `n ware lewensvryheid, dan kan ons dit maar net bereik deur geheel één met Hom te wees in ons denke, gevoel en wil en dan ook volledig daarvolgens handel. - Het ek gelyk of nie?' [15] Die leerlinge sê: 'Ja, ja, in die opsig het jy wel gelyk, en daarvoor kan ons jou maar net prys! Maar dit is tog ook waar dat elke mens uiteindelik volkome tevrede moet wees met die gesig wat hy gekry het; want desondanks alle ontevredenheid sou hy geen ander een kry nie . En kort en goed, alle eer aan die groot Wysheid, Mag en Goedheid van ons Heer en Leraar, - maar `n mens word daardeur tog nooit `n vrye God, en God nooit `n beperkte mens nie! En daarmee het ons baie en alles gesê, want dat `n mens met sy hoogste beperkte kragte tog alles moet doen en uiteindelik nog by homself moet sê - en dit selfs met `n volledige innerlike oortuiging, - dat hy heeltemal niks gedoen het nie en slegs `n onverantwoordelike, lui en nuttelose kneg was, is so `n vreemde eis, soos wat daar geen tweede op hierdie aarde ooit gehoor is nie! [16] `n Wyse vader sal sy kinders maar net prys wanneer hulle ywerig op sy veld gewerk het; hieroor word daar egter nie net niks gesê nie, maar ook nog geëis dat mens daarna bowendien, wanneer mens alles met die grootste ywer gedoen het, homself nog diep moet verag. Ag, so-iets kan tog nie wees nie! Hoe kan `n mens ooit geesdriftig word vir die doen van iets goeds, as hy homself vanweë die goeie daad moet verag?! Ja, `n mens moet homself verag en verafsku vanweë `n sonde, wat hy moontlik op ligsinnige wyse begaan het, - maar nie vanweë `n goeie daad nie! Daaraan moet hy maar net ware vreugde beleef, en sy eie hart moet homself in stilte op verheffende wyse loof en sy gewete moet gerus wees, ook dan, as die hele wêreld hom vanweë die goeie daad sou verag! Maar om homself nog daarvoor te verag, en om met homself uitermate ontevrede te wees as mens alles met alle moontlike ywer gedoen het wat mens volgens die goddelike wil as goed en reg beskou, is egter te veel verlang van `n mens, wat tog al swak is! [17] Heer, daaroor vra ons U meer uitleg, anders gaan ons ook weg, net soos diegene wat al vroeër weggegaan het! U het na ons toe gekom, en ons het aan U roep gehoor gegee en U altyd volkome geglo;

maar dit kan ons, op die manier waarop ons dit verstaan en insien, egter nie van U aanneem nie, - want dit kan bykans op geen ander manier ingesien en verstaan word nie!'

Die afhanklikheid van die mens van God se barmhartigheid 144 Ek sê op `n baie gemoedelike, ernstige toon: 'Dit is beslis nie baie prysenswaardig van julle om julle skielik so hier te gedra nie! Is daar dan buite God nog êrens lewe, krag en mag? God wil julle egter so vry en selfstandig moontlik vir ewig lewend maak, en toon julle wat julle moet doen om julle aan `n God gelyk, volkome vry en `n volledig selfstandige lewe julle eie te maak. Waarom vererg julle julle dan oor die liefde van God vir julle?! [2] Is die lewe dan met die natuur as medium dalk iets anders as maar net die arm, waarmee julle die ware goddelike lewe na julle toe kan gaan haal? In die geval het dit eintlik tog geen ander waarde as slegs die waarde wat God daaraan gegee het nie. [3] As julle nou egter slegs nog soos natuurlik lewende mense handel en in die handel julle eie eer soek, soos wat julle julleself goed vind, dan is julle net soos die Fariseërs in die tempel wat hulle voor God regverdig, en dan sê julle ook: 'Heer, ek dank U dat ek nie is soos wat talle ander is nie, en dat ek my van die eerste tot die laaste letter aan die wet hou en alles presies gedoen het wat Moses en die profete voorgeskryf het!' Weliswaar het Ek julle al `n keer hierdie gelykenis gegee, - maar julle het dit vergeet! As julle hom sou onthou het, weet julle ook dat nie die Fariseër nie, maar slegs die baie vernederende tollenaar voor God geregverdig die tempel verlaat het. [4] As julle sê: 'Ons het dit of dat goed gedoen!', dan lieg julle ten eerste vir julleself, en vervolgens vir God en ook teen julle naaste, omdat geen mens iets goeds uit homself kan doen nie, en wel omdat ten eerste sy natuurlike lewe - maar ten tweede ook die leer waarvolgens hy moet lewe en handel - slegs deur God aan hom gegee is. As `n mens dit nie insien of verstaan nie, stel hy nog niks voor nie, en is daar by hom van selfstandigheid nog lank geen sprake nie, omdat hy nog geen onderskeid kan maak tussen sy eie dade en dit wat God in en deur hom doen nie, en beide sake as één en dieselfde voel en sien. Die mens kom eers binne die sfeer van die lewenselfstandigheid, as hy gewaarword dat sy eie lewenswerk niks voorstel nie en slegs die goddelike werke in hom die enigste goeie is. [5] Sien `n mens dit in, dan sal hy hom ook sekerlik steeds meer beywer om wat hy doen te verenig met die duidelike besef van die goddelike, en homself so langsaam maar sekerlik volledig met die lewenskrag van God in homself probeer verenig. Deur die vereniging kom die mens eers tot ware lewenselfstandigheid, omdat hy dan weet en duidelik besef dat die goddelike dade wat vroeër soos van buite af gebeur het, nou, deur sy deemoed en ware liefde tot God, sy eie dade geword het. En daarin lê die eintlike rede waarom Ek vroeër vir julle gesê het: En ook al het julle alles gedoen, sê en erken dan tog: 'Heer, slegs U het dit alles gedoen; ons was in ons egoïsme slegs lui en nuttelose knegte!' (Lukas 17:10) [6] As julle dit volkome oortuig in julleself sê, sal die goddelike krag julle ondersteun en vervolmaak; wanneer julle dit egter nie vol begrip in julleself erken en in plaas daarvan slegs jouself op die altaar van eer plaas omdat jy van jou eie krag oortuig is, dan sal die krag van God jou nie ondersteun nie en Hy sal jou baie moeisame lewensvoltooiing aan jouself oorlaat, en dan sal dit weldra sigbaar word hoe ver jy met jou eie krag sal kom. En daarom sê Ek dan ook vir julle dat julle, sonder My, niks verdienstelik en doelmatig kan doen nie. (Johannes 1:8 en 5) As Ek julle nou niks weerhou het van wat absoluut noodsaaklik is vir die verkryging van die ware, vrye en volledige selfstandige lewe van julle siel nie, waarom vererg julle julle dan oor My sorgsame en wyse moeite teenoor julle?' [7] Andreas sê: 'Dit vererg ons egter nie; maar ons vind dit nie so aangenaam as U by bepaalde geleenthede met iets nuuts te voorskyn kom wat heeltemal teenoorgesteld lyk teenoor iets wat reeds vroeër gegee is, en as U ons dan geen verdere uitleg daaroor uit Uself gee nie, maar dit meestal daarop laat aankom dat ons dit van U moet vra. U moet met U ware alwetendheid immers tog goed insien wat ons kan insien en verstaan! Want dit is egter nie so aangenaam om U om nadere uitleg te vra nie, omdat ons dan altyd `n nie so aangename teregwysing van U af kry. As U ons in die vervolg weer iets nuuts wil leer, gee ons dan ook dadelik die korrekte uitleg daarby, sodat dit dan vir ons nie nodig sal wees om U met allerlei vrae lastig te val nie! U is sonder meer die goedheid in persoon - wat ons almal maar al te duidelik insien; - maar met U onderrig is U so nou en dan baie onverteerbaar! [8] Ek en ons almal weet en glo dat U die Seun van die lewende God is en dat die Godheid in al Haar volheid liggaamlik in U woon; maar dit verhinder my glad nie om altyd openlik vir U te sê wat ons bedruk maak nie, ook al wil U die druk dikwels Self negeer. Want solank ons lewe is ons mense en voel ons allerlei spanninge; en omdat dit so is, moet ons ook die vrye keuse gelaat word om teenoor God te mag uiting gee oor wat ons bedruk maak en pyn aandoen. As God ons wil help, doen Hy goed daarmee, - en wil Hy dit nie, dan moet Hy Hom laat welgeval dat ons teen Hom sal kla solank as wat Hy ons in die beklaenswaardige lewe sal laat. - Dit verstaan ons almal nou baie goed en ons sal onsself ook getrou daarby hou; maar gee ons in die vervolg geen les meer sonder `n uitleg nie!'

[9] Ek sê: 'Broers, as Ek iets doen, weet Ek die rede waarom Ek dit of dat so doen; maar van wat julle doen en sê, sien julle nog lank nie die rede in nie! Maar eendag sal die tyd kom waarin ook julle die rede sal insien van alles wat Ek geleer en gedoen het. [10] Maar nou is dit genoeg! Die oomblik nader waarop die tien nuwe leerlinge ons gaan verlaat, en dit is nodig om hulle nog spesiale krag op hulle weg saam te gee, sodat hulle in staat sal wees om vir julle ook in `n ander wêrelddeel weë voor te berei; want vir die goeie doel besit hulle genoeg kennis van My nuwe lewensleer.' [11] Daarop sê Ek vir die tien: 'Sodat julle as mense van heidense afkoms die ander heidene die oortuigende bewys kan lewer dat Ek, wat julle gestuur het, Die Een is wat julle leer ken het, gee Ek daarom aan julle die gawe om alle siekes te genees, wat Ek ook die dokters in Chotinodora en in Serrhe gegee het. [12] Lê die siekes julle hande in My Naam op, dan sal dit dadelik met hulle beter gaan en hulle sal julle woorde glo! En nou het julle voorlopig niks meer nodig nie; wanneer Ek egter opgevaar het na waar Ek vandaan gekom het, sal My uitgestorte Gees, wat Ek oor julle sal stuur, julle wel in alle verdere Waarheid en Wysheid binnelei. So is dit en geskied dit!' [13] Daarvoor bedank die tien My uitbundig, en die hoofman verheug hom baie daaroor en hy vra My hoe lank Ek nog op hierdie plek sou bly. [14] En Ek sê: 'Vriend, dit hang af van die omstandighede en die wil van Hom wat My na hierdie wêreld gestuur het; want ook Ek, suiwer as mens gesien, moet My streng hou aan wat die Vader in die hemel My opdra! Alles wat van die Vader kom, is weliswaar ook van My, en Ek en die Vader is eintlik één, - maar tog tel die Liefde by My meer as Haar Lig, die Wysheid. Daarom kan My Wysheid ook niks vir My Liefde voorskryf nie, maar slegs omgekeerd. Jy sal dit egter nog wel te hore kry solank Ek nog hier sal bly.' [15] Die hoofman bedank My toe, staan op en gaan saam met die tien manne na die huis, waar sommige sake nog op hom wag. [16] Hierdie middag het hulle by hom gebly; die volgende môre stuur hy hulle egter met goeie leiers en spesiale aanbevelinge na Sidon en na Cyrenius toe, wat by hulle aankoms buite homself van blydskap was toe hy hoor dat hulle by My was en My leer aangeneem het. Hy hou hulle meer as `n maand by hom en stuur hulle met `n goeie en veilige geleentheid na Rome, waar hulle ook baie goed deur die keiser ontvang word en dadelik hoë militêre funksies kry, en waar die reus selfs in die paleis van die keiser as sy lyfwag `n lang tyd verblyf kry en baie goeie dinge doen, omdat die keiser hom dikwels en graag oor baie geheime sake raad gevra het.

Die verwyte en die twyfel van die leerlinge 145 Ek het die hele dag saam met die leerlinge in die huis van Matthias gebly en hom baie vertel van wat My alles op hierdie reis van verskeie weke oorgekom het, wat die herbergier in `n hoë mate geïnteresseer het. Die leerlinge gaan egter gesamentlik na buite - behalwe Johannes en Matthéüs, wat tot die aand hulle aantekeninge georden het en met mekaar ooreengestem het. Ook die twintig Judese Grieke het na buite gegaan en die sig van die baie lewendige, bewegende see geniet. [2] Eers laat die aand kom alle leerlinge weer in die huis in, toe die aandete al `n geruime tyd gereed gestaan het. Ons gebruik die aandete in alle stilte en begewe ons gou daarna ter ruste. Vervolgens bly ons nog enige dae daar en hou ons met allerlei goeie en nuttige dinge besig. [3] Die hoofman self was elke dag by My, en Ek genees, slegs deur My woord, verskeie siekes waaroor hy My vertel het. Enkele van My eerste leerlinge vererg hulle heimlik daaroor dat Ek dit alles Self doen en Ek hulle geen opdrag gee om dit in My Naam te doen nie, wat volgens hulle mening meer sou getuig vir My leer as om steeds maar Self tekens te doen. Want dit getuig wel vir Myself en van My goddelike Meesterskap, maar gladnie spesiaal vir die feit dat My leer ook deur My leerlinge werk nie, omdat die mense sê: 'Nou trek hulle al so lank met Hom rond en tog het hulle nog maar weinig geleer, want hulle kan haas niks doen nie!' [4] Ek sê egter vir hulle: 'Vriende en broers! Vir julle sal die tyd ook kom waarin julle in My Naam tekens sal doen; maar nou is dit nog nie sover nie. Ek het egter aan die meeste van julle ook dieselfde krag gegee om alle soorte siekes te genees, en julle het hulle ook genees, en julle besit nog steeds dieselfde krag, behalwe een van julle wat hom daarvoor laat betaal het. Maar as julle by My is, is dit egter nie nodig dat julle in My teenwoordigheid tekens doen nie; waar dit egter nodig is, laat Ek julle ook baie spesiale tekens doen. Wat wil julle dan nog meer hê?! Ek het nog nie opgevaar na die plek waar Ek vandaan gekom het nie, na My God en na julle God, en Ek het nog nie die Heilige Gees van God oor julle uitgestort nie, wat julle sal binnelei in alle Waarheid en Wysheid. Wees dus geduldig tot dan, - daarna sal ook julle dit doen wat Ek nou doen! - Is julle nie daarmee tevrede nie?' [5] Toe sê Thomas: 'Heer, ons is wel daarmee tevrede, maar één ding van U verstaan ons nog steeds nie! Kyk, by die heidene het U, wat betref die doen van tekens, Uself werklik byna oortref! Die heidense

tempels en afgode het U in `n oogwenk vernietig, en die koppigste priesters het soos lammers na U toe gekom; waarom doen U ook nie dieselfde in Judea nie? Die tempeldienaars sou lankal U leerlinge gewees het, as U hulle tempel met dieselfde gemak weggeblaas het, soos wat U die afgode by die heidene aan die Eufraat weggeblaas het! Doen dit ook in Judea, en U leer is gewaarborg!' [6] Ek sê: 'Julle sê wat julle verstaan, en Ek sê wat Ek vanuit die Vader weet, en wat Ek dus ook baie goed verstaan! Julle ken nie die rede waarom bepaalde dinge moet gebeur om `n bepaalde doel met sekerheid te bereik nie; Ek weet dit egter maar al te duidelik en presies waarom bepaalde dinge moet gebeur om `n bepaalde doel met sekerheid te bereik. Daarom is dit egter nie gepas dat julle My nou wil voorskryf wat Ek moet doen nie! Ek het julle egter al by verskillende geleenthede duidelik uiteengesit waarom Ek bepaalde dinge doen en waarom die verhouding van die mense tot God nou so sleg en duister is, en waarom dit selfs sal gebeur dat My liggaam in Jerusalem gedood sal word. [7] Maar julle onthou niks nie en dink ook nooit dieper daaroor na nie, sodat My woord nooit heeltemal goed in julle kan wortelskiet nie; en sien, juis daarom is die geloof in My nog lank nie lewend by julle nie, en julle is dan ook juis daarom nie geskik en in staat om tekens te doen waardeur die mense sou sien dat julle waaragtig My leerlinge is nie! - Waarom onthou julle tog so weinig en dink julle ook so weinig daaroor na?' [8] Weer sê Thomas: 'Heer, versterk ons geheue, dan sal ons ook sekerlik alles onthou, en nadink oor wat ons alles uit U mond verneem het!' [9] Daarop sê Ek: 'Dit het Ek tog al gedoen vir sover dit moontlik was; maar verder as wat julle natuur is, gebeur dit nie. Sodra die Gees egter oor julle sal kom, sal Die julle sonder meer in alle Wysheid binnelei, en julle sal dan in die vervolg julle aardse geheue nie meer nodig hê nie. Maar terwille van die vorming van die siel is die mens ook `n aardse geheue gegee, wat by `n werklike vaste wil sterk genoeg is om `n ontelbare hoeveelheid woorde, waarhede en handelinge te onthou; slegs as die mens totaal onverskillig by allerlei dinge en gebeurtenisse verbygaan, sal dit ook nie in sy geheue vasbly nie, daarvan het Ek julle die rede by Césarea Philippi helder en duidelik laat sien. Dink daaroor na, dan sal julle dit wel vind!' [10] Op wat Ek nou gesê het, het geen enkele leerling `n teenwoord gehad nie, en vervolgens praat Ek oor baie dinge met die hoofman wat gedurende hierdie dae steeds aanwesig was, waardeur vir hom nou in hierdie tyd allerlei toestande in die wêreld ook duidelik word. [11] Maar die leerlinge onderhou hulle op hulle manier en onderling wissel hulle gedagtes uit oor allerlei dinge. Iemand beweer dat God tog in Sy mag beperk moes wees, omdat Hy by alles wat Hy wou laat ontstaan, ook gebonde moes wees aan bepaalde voorwaardes, sowel wat tyd asook wat aard aanbetref, sonder watter voorwaarde Hy heelwat dinge gladnie nie tot stand sou kon bring nie. Ander sê weer dat God dit nie doen terwille van Homself nie, maar terwille van Sy skepsele, om hulle die vastheid te gee waardeur hulle vir die ewigheid deeglik en bestendig moet word. Bowendien sou dit Hom Self hemelse vreugde moes skenk as Hy Sy werke in `n bepaalde orde, wat Hy Self vasgestel het, eers geleidelik aan tot Hom omhoog sien ryp word. Dat God egter deur die almag van Sy wil ook oombliklik iets tot stand kan bring, daarvoor het Ek hulle al baie bewyse gelewer. [12] Daarop volg daar weer `n kommentaar, - kort en klaar, en by die grootste deel van My leerlinge word die geloof self daardeur ietwat wankelrig gemaak, en sommiges beweer dat Ek miskien tog nie meer was as `n groot profeet nie, ongeveer te vergelyk met Moses of EliJaH, by wie dit ook nooit aan verbasingwekkende tekens ontbreek het nie. Met dergelike beskouinge en vergelykings kom die aand en ons gaan na die aandete weer rus.

Die ontevrede leerlinge gaan alleen na die loofhuttefees. Die Heer gaan hulle in die geheim agterna (Evangelie van Johannes 7:2-13) 146 In die oggend kom daar reeds baie Judeërs uit die hele omgewing agter Kapernaum daarheen om per skip oor see na Jerusalem te reis, omdat die loofhuttefees van die Judeërs voor die deur gestaan het. (Johannes 7:2) Vir die doel het daar ook van alle kante en plekke langs die see skepe hierheen gekom om die talle bedevaartgangers oor die see te vervoer. [2] Na die oggendete gaan Ek ook saam met alle leerlinge na buite aan die see en ons kyk na die skepe en die talle pelgrims. [3] En gou kom die hoofman ook na My toe en sê: 'Heer, wat vind U van al hierdie blinde dwase? Vir baie geld gaan hulle daarheen om met baie moeite Hom te soek wat hier so baie naby hulle is!' [4] Ek sê: 'Hou op daaroor, ook vir hulle sal die tyd nog wel kom dat hulle oë geopen sal word! Maar tog trek daar ook `n aantal voor My op na Jerusalem, omdat hulle van mening is om My daar aan te tref.' [5] Toe die leerlinge, wat nou ook aangesteek word deur die reislus waarmee hulle van ouds af mee vertroud was, dit van My hoor, roep hulle na My: 'Maak U dan klaar om van hier na Jerusalem te gaan, en reis dan ook weer in Judea rond sodat U talle leerlinge ook U werke daar kan sien. (Johannes 7:3) Niemand

doen tog iets in die verborgene as hy wil dat dit aan die hele wêreld bekend moet word nie; omdat U dit egter ook wil en U dade en werke ook daarvolgens is, maak U nou dan ook duidelik aan almal bekend!' (Johannes 7:4) [6] Die broers het dit maar net gesê omdat hulle geloof in My egter baie swak geword het. (Johannes 7:5) [7] Menigeen sal hom nou afvra hoe dit moontlik was by die talle tekens en lesse. O, dit is by elke mens baie goed moontlik! Hy hoef homself maar net êrens op iets te laat voorstaan en hom in te beeld dit wat hy kan, of sy siel bevind haarself dadelik in `n twyfelagtige duisternis, waar maar net een of ander klein verdeemoediging haar sal kan uithelp. [8] En dit was dan ook hier by My broers die geval, waarom Ek hulle dus nie berispe nie, maar net sê: 'Julle het maklik gepraat! My tyd het nog nie gekom nie, - julle tyd is egter altyd daar! (Johannes 7: 6) Die wêreld kan julle nie haat omdat julle tot op hede nog nooit openlik teen haar getuig het dat haar werke sleg is nie; daarom het julle ook nog orals die tyd en `n gevaarlose weg. Maar vir My haat die wêreld allerweë, omdat Ek openlik getuig dat haar werke boos is. (Johannes 7:7) [9] Maar as julle almal so feeslustig is, gaan dan net na die fees! Ek wil egter nog nie na dit fees gaan nie, want My tyd is nog nie vervul nie.' (Johannes 7:8) [10] Toe kyk die broers mekaar aan en weet nie waaraan hulle toe was nie. [11] Een sê: 'Laat ons gaan! Vanweë die vier tot vyf dae wat ons weg sal wees, sal niks gebeur nie!' [12] `n Paar ander dink toe egter dat Ek hulle so-iets miskien tog sou kwalik neem en intussen êrens heen sou kon gaan waar Ek nie weer maklik teruggevind sou word nie; want hulle was nie van plan om My te verlaat nie. Ander meen weer dat dit tog raadsaam sou wees om te gaan, omdat mens dan self by hierdie geleentheid baie sou kon hoor van wat die mense nou oor My te sê gehad het. By hierdie mening sluit almal hulle aan en hulle besluit om net na die fees te gaan. [13] Intussen lê die skip van Simon Juda (Petrus) egter aan die oewer, en hy kom na My toe en sê; 'Heer, laat ons dan alleen gaan! Binne hoogstens vyf dae is ons weer hier!' [14] Toe sê Ek: 'Ek het julle alreeds gesê wat julle moet doen, gaan almal maar!' [15] Nadat Ek dit vir hom gesê het, gaan hulle dadelik aan boord en voer af. Ek het egter nog hier in Galilea gebly. (Johannes 7:9) [16] Maar toe al die broers al meer as halfpad was, oorval `n groot verdriet en berou hulle plotseling, sodat hulle weer wou terugkeer om My om vergewing te vra vir die smadelike woorde waarmee hulle by My aangekom het. [17] En Petrus sê hardop: 'Heer, Heer, watter duiwel het ons dan hierdie keer so gek gemaak dat ons U kon verlaat? O, laat U nog eenmaal deur ons terugvind, ewige Seun en Vader in één persoon, dan sal ons U nooit weer so verlaat nie!' [18] Johannes en Matthéüs huil en wou beslis terug; maar daar steek juis agter hulle rûe `n sterk wind op wat die skip met groot snelheid na die oewer aan die oorkant agter Tiberias dryf, waar die Jordaan die see verlaat het. Toe hulle daar aan land gaan, voel hulle so verlate dat hulle nouliks die moed gehad het om verder met die pad na Jerusalem te gaan. [19] Maar Jakobus sê: 'Dat ons almal baie verkeerd gehandel het, daaraan is heeltemal geen twyfel nie; want die kragtige wind wat ons so gou hierheen gedryf het en juis opgesteek het toe ons berouvol wou terugkeer, is `n sprekende bewys daarvan dat Hy ons vir altyd van Hom af verstoot het. Ons dom, blinde osse wil Hom, die Alwyse en Almagtige gaan voorskryf wat Hy moet doen! O, wat se miserabele dwase is ons nie! Waar is die gemene Satan wat ons dan so gek gemaak het? Laat die mees ellendige dier van die diere hier kom, dan sal hy ondervind wat dit is om hom aan die vriende van die Heer te vergryp!' [20] Toe verskyn daar plotseling `n verligte gestalte, wat op `n baie ernstige toon vir hulle sê: 'Julle beskuldiging tref die verlore seun nie werklik nie, want julle eie oormoed het dit julle aangedoen. Kla julle daarom self aan, aan julle is baie barmhartigheid betoon, en laat hom met rus wat hierdie keer geen deel aan julle domheid het nie!' [21] Daarop verdwyn die gestalte en die leerlinge sê: 'Heer, wees ons arme sondaars barmhartig en betoon medelye aan ons!' [22] Vervolgens gaan hulle stil en rustig op die pad voort en kom, al taamlik laat in die aand, by die reeds bekende herbergier in die dal by Jerusalem aan. Toe hy hulle sien en herken, verskaf dit hom baie genoeë; maar toe hy My nie te midde van die broers aantref nie, word hy baie bedroef en vra hulle waarom Ek nie hierdie keer saam met hulle gekom het nie. [23] Toe sê Petrus: 'Kyk, vriend, ons wou na die fees gaan, sodat geen Judeër ons uiteindelik sou kon aanvryf dat ons Samaritane was nie. Maar die Heer wou hierdie keer nog nie saamgaan nie en het ons alleen laat gaan, omdat dit vir ons altyd tyd was maar vir Hom het die regte tyd nog nie gekom nie; en so is ons nou hier. Die Heer Self het egter in Galilea agtergebly, en wel nie ver van Kapernaum nie, waar Hy ons

ook beslis weer sal verwag.' [24] Die herbergier sê: 'Dit glo ek nouliks, want Hy is waaragtig ewig ondeurgrondelik in Sy geheime raadsbesluite! Oormôre is dit die groot Sabbat; wie weet of Hy nie nog na die tempel toe sal kom voordat ons die voorhof sal betree nie!' [25] Petrus sê: 'By God is alle dinge sekerlik moontlik, maar dit is iets wat ek nou weer nouliks glo. Maar nou eers, beste vriend, - kan ons vandag onderdak by jou kry?' [26] Die herbergier sê: 'O sekerlik; want by my is daar nog genoeg ruimte! Uit groot liefde en agting vir julle en ook vir my Heer en Leraar gee ek alles gratis aan julle solank julle maar by my wil bly!' [27] Daarop word daar dadelik vir `n goeie aandete gesorg; maar geeneen van die broers het veel begeerte om te eet en te drink nie, want in hulle hart voel hulle nog steeds die brandende wroeging oor hulle gedrag teenoor My in Kapernaum. [28] Na die maaltyd vertel hulle die herbergier baie oor My reise en op die manier bly hulle bykans die hele nag wakker; en deur oor My te praat het hulle dit ook minder moeilik gehad. Eers teen die oggend slaap hulle in en word gou wakker. Hierdie dag bring hulle nog halfpad by die herbergier deur, die ander helfte egter in Bethanië by Lasarus, wat My ook baie gemis het; maar die talle verhale oor My dade en lesse tydens My reise in groot-Galilea vervang enigsins My aanwesigheid. [29] Nadat, soos wat egter nou vertel word, My broers na die fees vertrek het, gaan Ek `n dag later ook op pad na Jerusalem, vertel niemand egter waarheen Ek gaan nie, hoewel die herbergier en die hoofman My dringend daarna gevra het; want Ek Self wou dit nie rugbaar laat word dat Ek ook in die geheim na Jerusalem na die fees sou gaan nie. (Johannes 7:10) Ek gaan dan ook slegs oor afgeleë paaie en het slegs - heel begryplik - `n baie kort tyd vir hierdie reis nodig gehad. [30] Op die dag van die fees, toe al My leerlinge en broers, wat vroeg op die tempelplein aangekom het, deur Judeërs, wat My goed ken, opgemerk word, dink hierdie Judeërs toe: 'Aha, dit is immers die leerlinge van die Nasarener! Dan sal Hy Self ook wel hier wees!' [31] En daarom soek hulle My links en regs en vra verskillende leerlinge waar Ek tog wel was. (Johannes 7:11) [32] En die leerlinge sê: 'Die keer weet ons nie waar Hy is nie; want ons het alleen na die fees gegaan en Hy het êrens in Galilea agtergebly.' [33] Toe begin die Judeërs hewig onder mekaar te mompel, en mense opper heelwat verskillende menings en vrae betreffende My persoon. [34] Baie sê: 'Hierdie man is baie vroom, en God het hom alle gawes van die profete geskenk soos eens aan Moses, en slegs Hy is geskik om ons van die juk van die heidene te verlos!' [35] Ander sê: 'As Hy dit was, dan hoef hy nie bang te gewees het vir die Fariseërs en Skrifgeleerdes nie, en kon hy na die fees gekom het en ons eers duidelik uitgelê het wat hy eintlik wil! Maar soos bekend, is hy meer `n vriend van die Romeine en die Grieke, en daarom kan Hy by ons Judeërs nie baie aanhang vind nie.' [36] `n Ander weer kom daarby en sê - maar natuurlik nie te hard nie: 'Ag wat, hy is niks anders as `n verloopte Esseen nie, in die besit van alle toorkunste, en hy verlei die volk op `n baie netjiese manier!' [37] Niemand durf egter te openlik iets teen My te laat hoor nie, uit angs vir al die Judeërs wat vas in My geglo en op My gehoop het. (Johannes 7:13) [38] Maar te midde van die druk feesgewoel en die bedwelmde en onsinnige volk gaan Ek, deur niemand herken en opgemerk nie, die tempel binne.

Die Heer in die tempel Die mislukte aanslag van die tempeldienaars (Evangelie van Johannes 7:14-36)147 Toe Ek op `n spreekgestoelte in die tempel gaan staan, gebied Ek stilte en die Judeërs herken My en vra heimlik aan mekaar hoe Ek nou so skielik op die fees gekom het, omdat hulle My leerlinge tog daarna gevra het, en hulle niks oor My geweet het nie. Maar Ek begin die volk eenvoudig maar baie veelseggend vas te gryp deur die vierde en vyfde hoofstuk van die profeet JeshaJaH woord vir woord voor te dra, en gee daarna `n skerp omlynde en goedbegryplike uitleg daaroor, wat heeltemal gepas het in hierdie tydperk wat presies van toepassing was op die halsstarrige, hoogmoedige Judeërs. (Johannes l:14) [2] Daarop verwonder die Judeërs hulle en sê: 'Hoe is dit moontlik dat hy die Skrif so goed ken, terwyl hy dit sover ons weet nooit bestudeer het nie? (Johannes 7:15) Sy leer is dus geen valse leer nie, omdat hy immers tog heeltemal volgens die Skrif is.' [3] Maar Ek gee hulle antwoord en sê: 'Hierdie leer volgens die Skrif, wat julle My leer noem, is nie van My nie, maar van Hom wat My gestuur het! (Johannes 7:16) As iemand hom aan hierdie leer wil hou en wil handel volgens die uitgesproke wil van God, sal hy merk dat hierdie leer van God is, of dat Ek daarin oor

Myself praat! (Johannes 7:17) Wie oor homself praat, soek ook sekerlik slegs sy eie eer; wie egter, soos Ek, maar net die eer soek van Hom wat My gestuur het, is waaragtig, en in hom is geen ongeregtigheid nie!' (Johannes 7:18) [4] Toe word daar `n paar Fariseërs wrewelrig en hulle sê onder mekaar: 'Nou word dit tog wel tyd om hierdie man te gryp en te dood, dan hoef ons hom ook nie meer teen hoë koste op allerlei plekke te laat soek waar hy hom maklik kan versteek nie. Sy leer is immers duidelik teen ons gemik en maak ons by die volk verdag van allerlei skandelike dinge. Dus met fris moed daarteen aan en weg met hom!' [5] Ek was egter goed op hoogte van wat hulle onder mekaar bespreek het en sê vir hulle: 'Het Moses julle nie die wet gegee nie? Julle sê wel: 'Ja', maar waarom doen niemand van julle dan meer wat die wet voorskryf nie?' [6] Die Judeërs protesteer en sê: 'Hoe kan jy sê dat ons Moses se wette nie gehou het nie?' [7] Eers daarop sê Ek: 'Goed dan, - as julle julle aan die wet van Moses hou, waarom probeer julle dan om My dood te maak?' (Johannes 7:19) [8] Toe praat die volk: 'Is u dan besete? Wie probeer U te dood?' (Johannes 7, 20) [9] Ek sê heel ernstig: 'Nie julle nie, maar hulle daar, julle leiers! Kyk, één enkele ding het Ek enige maande gelede gedoen vir `n man wat agt-en-dertig jaar lank siek was en daaroor het julle julle almal vererg en verbaas! Ek word as skender van die Sabbat vervloek. (Johannes 7:21) [10] Moses het julle opgedra om tot die besnydenis toe te tree - nie omdat hy dit wou hê nie, maar die aartsvaders wou, - en julle besny die mense nog hede ten dage ook op die Sabbat. (Johannes 7:22) Maar as julle ook op die Sabbat mense besny, sonder om angs te hê dat die wet van Moses daardeur geskend sou word, - waarom is julle dan vir My kwaad omdat Ek `n mens op die Sabbat gesond gemaak het?! (Johannes 7:23) Ek sê julle: As julle dan wil oordeel, oordeel dan nie volgens die niksseggende skyn nie, maar fel `n regverdig oordeel op grond van die volle waarheid!' (Johannes l, 24) [11] Toe sê sommige vooraanstaande mense uit Jerusalem onder mekaar: 'Is dit nie Hy wat getrag het om die eerwaarde Fariseërs met die Pasga te dood nie? (Johannes 7:25) Kyk eers, hy praat nou heeltemal vryuit en hulle sit heel rustig daar en bring niks teen Hom in nie! Erken ons owerste dan nou sonder meer dat Hy die Messias is? (Johannes 7, 26) Maar dit kan hy tog nie wees nie; want ons weet immers almal waar Hy vandaan kom. As die Messias sal kom, sal niemand weet waarvandaan Hy gekom het nie!' (Johannes 7:27) [12] Toe verhef Ek My stem in die tempel en gaan met My onderrig aldus verder: 'Ja, julle ken My persoon goed en weet ook goed waarvandaan Ek kom; maar julle weet nie dat Ek as mens nou nie uit Myself gekom het nie, maar dat dit `n Waaragtige is wat My gestuur het, en Die ken julle nie, en daarom weet julle ook nie waarvandaan Ek eintlik kom nie. (Johannes 7:28) Maar Ek ken Hom goed wat My na hierdie wêreld gestuur het. (Johannes 7:29) Omdat julle Hom egter nie ken nie, ken julle My ook nie! - Het julle My verstaan?' [13] My toespraak vererg die trotse mense van Jerusalem en hulle soek na middele om My te gryp en dan ook te straf; maar omdat My tyd nog nie gekom het nie, was niemand in staat om die hand aan My te slaan nie. (Johannes 7:30) [14] Die volk het egter merendeels in My geglo en die mense sê vir mekaar: 'Dink julle dat as die Messias kom Hy dan meer en groter tekens sal doen as wat hierdie Man doen?' (Johannes 7:31) [15] Wat die volk oor My sê, bereik egter gou die vername Fariseërs. [16] Toe roep hulle: 'Kyk net hoe Hy die volk verlei!' [17] Dadelik sonder hulle hulle knegte af om My te gryp en met toue te bind. (Johannes 7:32) [18] Ek sê vir hulle: 'Doen dit nie nou nie! Ek bly tog nog maar `n baie kort rukkie by julle, en dan gaan Ek na Hom toe wat My na hierdie wêreld gestuur het. (Johannes 7:33) Dan sal julle My soek en waarlik nie vind nie! En waar Ek heen gaan, kan julle My nie volg nie.' (Johannes 7:34) [19] Die knegte bly staan en niemand slaan `n hand aan My nie. [20] Maar die Judeërs mompel onder mekaar: 'Waar wil hy dan heengaan dat ons hom nie kan vind nie? Wil hy miskien na die Grieke gaan, wat orals verspreid woon, en hulle onderrig gee? (Johannes 7:35) Wat is dit vir `n wonderlike uitspraak, wanneer Hy sê: 'Julle sal my soek en nie vind nie!' en 'Waar ek is, daar kan julle nie kom nie!' (Johannes 7:36) Ag, die man praat wel heeltemal verward! Hy is sekerlik bang vir die hoëpriesters en praat so om nie deur hulle gegryp te word nie.' [21] Ek sê: 'Voordat dit My tyd is, sal niemand My kan gryp nie!' [22] Daarop skreeu enkele Judeërs, Skrifgeleerdes en Fariseërs: 'Dit sal ons dadelik sien, of ons nie in staat is om jou nou op staande voet te gryp nie!' [23] Hulle dring hulle na My toe; maar toe hulle My wou gryp, verdwyn Ek plotseling uit die tempel en die Judeërs en Fariseërs kyk mekaar verbaas aan en sê: 'Waarheen het hy nou so plotseling verdwyn? Dit is werklik `n wonderwerk!'

[24] Maar die Fariseërs sê vererg: 'Wat se wonderwerk, wat se wonderwerk, - het julle dan nie gemerk hoe Beëlsebul Hom weggetrek het toe Hy in gevaar gekom het nie?! Hom kan ons nou nog lank soek, en ons sal hom sekerlik nie vind as hy êrens in `n hoek van die hel verborge sit nie!' [25] Die woorde veroorsaak egter `n geweldig protes onder alle Judeërs wat in My geglo het en daar gaan harde stemme op die sê: 'Die ellendige Fariseërs sien tog werklik deur die bome die bos nie meer nie! Hulle is self die allerergste Beëlsebubs en met huid en haar verkoop aan die hel; om hulle growwe verdorwenheid vir die dom volk egter goed te praat sê hulle dat hierdie man van God, wat kennelik met alle goddelike mag toegerus is, `n kneg van Beëlsebul is. O wag maar, julle egte Beëlsebubs! Ons sal julle skynheiligheid nog wel baie passend uitdrywe! Ons sal julle maskers afruk sodat dan sigbaar word wat julle eintlik is! Nou wag maar, julle swart en grys booswigte, die dag van die afrekening sal vir julle nie lank op hom laat wag nie!' [26] Toe die volk hierdie gedagtes taamlik hardop laat hoor, was daar baie gou geen Fariseër meer in die tempel te sien nie, en die knegte wat My moes gryp, het ook skielik onsigbaar geword. Binnenshuis kry hulle natuurlik baie moeilik met die Fariseërs, omdat hulle hulleself moes verantwoord vir die feit dat hulle My nie dadelik gegryp het nie. [27] Maar die knegte sê: 'O, waarom het julle dan nie self die hand aan hom geslaan nie, of ons ten minste in beweging gesit toe ons soos verlam aarsel nie?' [28] `n Hooggeplaasde Fariseër sê: 'Is so-iets dan wel passend vir ons op `n Sabbat?' [29] Maar die knegte sê: 'Ook ons is Judeërs en moet net soos julle die Sabbat heilig!' [30] Toe sê die Fariseër: 'Nou goed dan! As julle Hom môre of oormôre teëkom, wanneer die Sabbat verby is en nog alleen twee gesellige feesdae volg, gryp Hom dan en bring Hom dadelik na ons toe!' [31] Die knegte sê: 'O ja, dit kan ons goed doen, solank al daardie volk maar niks daarteen sal hê nie!' [32] Die Fariseër sê: 'Wie hou daar nou rekening met die volk, wat lankal vervloek is?' [33] `n Kneg sê: 'Ja, vervloek of nie, - wanneer die vervloekte volk ons en julle dan vas en sekerlik daarvoor sal stenig, wat dan?! Vandag het dit hulle nie baie geskeel nie! As ons die tempel nie so gou verlaat het nie, sou dit nie so goed met ons gegaan het nie! Die vervloekte volk sou ons sekerlik die vloek wat ons hulle gegee het, met woeker teruggegee het! Wat vandag egter nog nie gebeur het nie, kan maklik môre of oormôre gebeur. Dit lyk vir ons beter om die man met rus te laat! As Hy `n profeet is, en deur God gestuur, sal ons met al ons mag niks teen Hom kan uitrig nie; is Hy dit egter nie, dan sal die saak vanself wel doodbloei.' [34] Die Fariseër sê: 'Julle sê dit sonder enige kennis van sake! Staan daar dan nie geskryf dat daar uit Galilea, waarheen maar net misdadigers verban word, nooit `n profeet sal opstaan nie?!' [35] `n Kneg sê: 'Dit is wel waar, maar vir sover ons van ander mense gehoor het - wat ook uit ons besnydenisboeke blyk - is Hy geen Galileër nie, maar gebore in Bethlehem, en dit is immers juis die ou stad van Dawid waar hy sy voorspellinge neergeskryf het. Bowendien is ook nog bekend dat die profeet Jesaja baie dikwels en langdurig in Galilea verblyf gehad het, net soos die profeet Jeremia, - en dit was tog wel die grootste profete!' [36] Toe sê die Fariseër: 'Is julle dan ook al van die duiwel?! Wie vertel julle dit?' [37] Alle knegte antwoord: 'Dit het julle nog onlangs self gedoen tydens `n toespraak oor die profete; toe julle die volk vertel het wie die profete was, hoe en waar hulle gebore was, en waar hulle hulleself opgehou en gewerk het! Mag ons dan ook nie meer onthou wat julle self gepredik het nie?' [38] Daarop word die Fariseër baie verleë, sê verder niks meer nie en trek hom terug. Die knegte gaan egter ook weg en lag heimlik in hulle vuis omdat dit hulle geluk het om die hoë, magtige Fariseërs ook eens die skrik op die lyf te jaag.

Die besoek van die Heer aan Lasarus in Bethanië 148 Ek kom egter self buite die tempel in `n afgeleë herberg met My broers en leerlinge saam. Dit was dieselfde herberg waar Ek tydens die feeste dikwels met Josef en Maria en die broers oornag het. Die blydskap van die broers, toe Ek by hulle aangekom het, was natuurlik onbeskryflik, want hulle het almal treurig bymekaar gesit en bespreek of Ek My ooit weer oor hulle sou erbarm en hulle weer sou aanneem. [2] Maar Ek vra hulle: 'Kinders, vriende en broers, het julle iets te ete en te drinke?' [3] Toe val almal aan My voete neer en vra My om vergewing. Ek beveel hulle egter om dadelik op te staan en eerlik teenoor My te praat, omdat hulle die beste weet dat Ek nooit kwaad word as iets opreg gesê word nie. Toe staan die broers op en dank My dat Ek hulle nie verlaat het nie. [4] Terwyl Ek egter so met hulle praat, kom die twintig Judese Grieke ook haastig aangeloop. En toe hulle My sien, sê hulle: 'Heer, U is ons voor! Ons was in die tempel en het U wyse toespraak gehoor; toe U egter tydens die ontsettend brutale aanval van die Judeërs en Fariseërs opeens onsigbaar geword het, het ons

ook gou uit die tempel uitgegaan so goed as wat dit met die groot drukte moontlik was, en ons wou nou juis die broers vertel dat U daar was, wat hulle sekerlik in `n hoë mate sou verheug, - en nou tref ons U alreeds hier aan! Ja, dit is vir die broers sekerlik nog baie beter, en ook ons is uitermatig bly, om U, o Heer, weer in ons midde te hê! In die vervolg sal so `n skeiding beslis nie meer voorkom nie!' [5] Ek sê: 'O, daar sal nog tye en omstandighede hulle voordoen waar julle julle almal vir My sal vererg, en wanneer die herder geslaan word, sal die skape vlug en hulleself versprei! Maar as die herder dan terugkom, sal Hy die goeie skape nogmaals vir altyd om hom heen versamel. Wel, vir die Fariseërs sou dit vandag baie sleg gegaan het as Ek nie so gou uit die tempel verdwyn het nie; want in die tempel was die aantal van hulle wat in My glo, verreweg die meeste, en as iemand die hand aan My sou geslaan het, sou daar in die tempel `n groot oproer ontstaan het, en die vername mense uit Jerusalem sou daar tesame met die Fariseërs, Skrifgeleerdes en tempeljode baie sleg daarvan afgekom het. Om dit te vermy, het Ek dan ook die tempel verlaat en is Ek nou hier. [6] Môre doen ons niks en vandag ook niks meer nie, maar oormôre, wanneer, soos wat bekend is, die fees met die grootste praal gevier sal word, sal ons ook in die tempel verskyn en die volk onderrig. Maar nou verlaat ons hierdie herberg, wat te streng en te dom volgens oud-Joodse gebruik ingerig is; want hier kry ons voor sonsondergang niks te drinke en glad niks te ete nie. Laat ons daarom na Bethanië gaan; daar sal ons dadelik ietwat te ete en te drinke kry!' [7] Daarmee was almal dit volkome eens; maar toe kom die herbergier van die herberg aangeloop en sê: 'Ja, wat is dit nou?! Is my herberg dan nie goed genoeg vir julle nie? Waarom wil julle van my af weggaan, en veral jy, seun van Josef uit Nasaret, jy was tog al so dikwels saam met jou ouers hier in die herberg gewees, en ek is selfs baie nou verwant aan Josef?' [8] Ek sê: 'Jy is vir My ten eerste teveel Joods en jy vind al die uiterlike baie belangrik, - maar die innerlike, ware en lewende is vir jou vreemd; daarby kom dit nog dat `n mens orals altyd beter opgeneem word as in die huis van die naaste bloedverwant, wat die rede is waarom Ek My ook maar uiters selde in Nasaret laat sien, - want `n profeet is nêrens so onbelangrik as in sy vaderland nie!' [9] Die herbergier sê: 'Maar jou vader Josef het tog altyd graag by my vertoef, en ons het altyd baie met mekaar gepraat oor Moses en alle ander profete, en hy het my ook baie merkwaardige dinge oor jou vertel! Waarom wil jy dan nou beslis nie in my huis bly nie, terwyl jy tog al vir byna drie jaar nie in Jerusalem was nie?!' [10] Ek sê: 'As jy ook maar êrens navraag sou gedoen het, sou jy wel te wete gekom het dat Ek bykans tydens elke fees hier was! Maar jy is `n ortodokse Jood en daarby ook nog `n ortodokse herbergier, en as sodanig kan dit jou ook niks skeel wat belangriks daar in die stad gebeur nie! Bly jy daarom maar soos wat jy is, en Ek en hierdie leerlinge van My sal ook bly soos wat ons is! Ons skuld jou ook niks, omdat ons nog niks gebruik het nie; en daarom gaan ons!' [11] Daarop staan ons op en gaan vinnig weg na Bethanië. [12] Agteraf sê die herbergier egter vir sy mense: 'Ek is egter bly dat hulle vertrek het; want by verwante is daar vir `n herbergier altyd baie weinig verdienste!' [13] Ek vertel dit aan die leerlinge en hulle word baie verontwaardig oor hierdie herbergier wat die mense na die oë kyk. [14] Maar by Bethanië sê Ek vir die broers: 'Gaan julle nou vas vooruit en vra aan Lasarus of hy nie `n goeie middagete wil gereedmaak nie; maar praat nog nie oor My nie! Daarna sal Ek kom, en dit sal hom groot genot verskaf.' [15] Toe gaan die broers met die ander twintig leerlinge vinnig vooruit en bring die boodskap aan Lasarus oor. [16] Hy vra egter dadelik na My en sê: 'Ja, my beste vriende, aan julle wens sal dadelik gehoor gegee word; maar ek sou wat daarvoor gegee het as die groot, heilige Heer ook by julle was! `n Halfuur gelede het hier `n paar Grieke verbygekom en ek vra hulle toe of hulle nuus gehad het oor die fees. Want ek was maar `n uur in Jerusalem gewees en toe vinnig huiswaarts gekeer, omdat ek my vererg het vir die hoogs dwase feesgedoe en daarom kon ek dus ook nie weet wat verder daar gebeur het nie. [17] Toe sê die Grieke: 'Ons het gehoor dat die beroemde towenaar uit Galilea in die tempel besig was; maar ons het hom nie gesien nie, omdat ons deur die gedrang nie binne kon kom nie.' Wel, dit sê die twee Grieke vir my. Daarop het ek toe dadelik `n paar van my knegte uitgestuur om oor Hom navraag te doen en dit dan dadelik aan my te meld, sodat ek dan self daarheen kon gaan, Hom opsoek en Hom as mees geliefde gas na my toe kon uitnooi; maar die uitgestuurde knegte het nog nie teruggekom nie. - Sê my, beste vriende, of julle ook iets dergeliks in die stad gehoor het!' [18] Die vraag bring die leerlinge in `n geringe verleentheid, en hulle weet nie wat hulle daarop moes sê nie. Maar toe maak Ek `n einde aan hulle kort verleentheid, deur op daardie selfde oomblik die kamer van Lasarus binne te kom en hom as broer te begroet. Lasarus was buite homself van blydskap en beide sy

susters huil trane van geluksaligheid omdat Ek weereens gekom het. Kortom, daar heers nou `n blydskap in die hele huis van Lasarus soos nooit tevore nie.[19] Dadelik word almal aan die werk gesit om vir ons `n buitengewone, skitterende maaltyd klaar te maak. Daarvan mag die egte Judeërs en Fariseërs natuurlik niks te wete gekom het nie, omdat so-iets voor sonsondergang die heilige feessabbat in `n hoë mate sou geskend het. Maar op hierdie Sabbat het alle Fariseërs dit in die tempel baie druk gehad en hulle dienaars ewe-eens, en daarom kon daar in Bethanië baie gebeur het, waarvan die tempel nooit iets sou verneem nie. Terwyl die maaltyd voorberei was, bestyg ons buite die reeds bekende heuwel, gaan onder die skaduryke palms op die grasbank sit, en Ek vertel Lasarus wat Ek die dag in die tempel beleef het. [20] Johannes en Matthéüs skryf toe ook hulle evangelie daar, natuurlik slegs die hoofpunte, met weglating van die meeste bysake. [21] En toe Lasarus My die vierde en vyfde hoofstuk van die profeet JeshaJaH hoor uitlê, sê hy: 'Ja, Heer, dit verwys tog baie duidelik op die huidige tyd en haar mense, sodat daar geen enkele puntjie is wat nie hierop van toepassing is nie! Ja, dan is dit wel baie begryplik dat die tempeldienaars dit op U gemik het! O, hierdie les was baie heilsaam vir hulle; want die kêrels maak nou immers al asof hulle self gode en engele is!'

`n Voorspelling van die Heer oor ons hedendaagse tyd. Die noodsaak van goddelike openbaringe 149 Ek sê: 'Vriend, soos wat dit nou is, sal dit oor ongeveer tweeduisend jaar weer wees, en die aanloop daartoe sal al baie vroeër begin! In ons tyd is die Judeërdom baie erger as die heidendom - want die heidene gebruik tenminste nog hulle verstand, terwyl dit by die Judeërs met die voete vertrap word; - maar in dié tyd sal My leer, dus die Christendom, erger wees as die Judeërdom en die heidendom tesame. Daar sal dan groot geestelike nood onder die mense wees. [2] Die lig van die ware, lewende geloof sal uitgedoof wees en die liefde sal volledig verkil. Die hoogmoed van die welgestelde mense sal alle grense te buite gaan, en die heersers en priesters sal hulle nog baie belangriker waan as wat die onbekende JaHWeH nou vir die Judeërs is en Zeus vir die heidene. [3] Maar ook dan sal Ek van tyd tot tyd manne en maagde opwek en hulle die korrekte lig gee, en die lig sal steeds sterker en kragtiger word, en uiteindelik alle werke van die groot hoer van Babel (Babilon) verswelg. Verwonder jou dus nie dat dit nou so is nie; want dit was al dikwels so en erger, en dit sal eers nog erger word. [4] Die wêreld sal altyd wêreld bly, maar tog sal Ek Myne steeds lei, en My oordeel oor die wêreld laat kom wanneer hulle so sleg geword het dat daar naas alle wêreldse dinge, geen vonkie van die ware lewenslig uit God meer kan bestaan nie. [5] Nou is weer so `n punt bereik dat, sonder Johannes en sonder My, in die hele Judese land elke vonk van die ware Elohimskennis sou verstik het, en daarom moes Ek Self as mens na hierdie wêreld toe kom om alle mense met goeie wil, die verlore lewenslig terug te gee, en om opnuut aan hulle die weë na die ware kennis van God te toon. Daar sal weliswaar nog dikwels `n stryd wees tussen My kinders en die wêreldse kinders, omdat die aantal wat aan My behoort, op die aarde steeds kleiner sal word as die aantal wêreldse kinders; maar uiteindelik sal Myne tog oor die hele wêreld seëvier, en geen skade sal meer aan hulle berokken kan word nie. Want ook al vind julle alle materie nou nog so hard en onverwoesbaar, dit sal uiteindelik tog moet wyk voor die mag van die Gees. [6] Maar slegs God is Heer oor alles, en Hy weet die beste wat, hoe, en waarom Hy die een en ander toelaat en verorden, en daarnaas die Ware Lig oor die mense uitgiet en dit in alle erns by Sy kinders in stand hou, sodat niemand kan sê: 'As daar `n alwyse God sou wees, wat alles wat die eindelose ruimte vul, geskape het, dan moes Hy tog wel soveel insig, verenig met liefde gehad het, dat Hy Hom aan Sy verstandige en denkende skepsele, wat tog mense is, tenminste in soverre sou openbaar en laat sien het, dat hulle daaruit sou kon uitmaak dat Hy die ware grond van alle dinge is en wat die mense van Hom kan verwag, en hoe hulle moet lewe om die verwagting te realiseer!' [7] As God Hom glad op geen enkele wyse sou wou openbaar nie, sou die mense ook volkome die reg gehad het om aan geen enkele god te glo nie, en elke mens wat sou beweer dat daar tog `n god of wel meer onsigbare gode sou wees, neer te slaan en te sê: 'Wat het ons te doen met jou dwase fantasiegod?! As daar een is, laat hy hom dan sigbaar maak en ons vertel wat hy met ons wil doen! As hy dit nie wil doen nie, dan bestaan hy in werklikheid ook nêrens anders nie as maar net in die bederfde fantasie van `n dwase leegloper! [8] `n God wat volledig van Homself bewus sou wees as die sentrale punt van alle Wysheid en Mag, sou met die mense, as sy volmaaktste skepsels, in soverre hy tog wel redelik rekening gehou het dat Hy Homself vroeër of later aan hulle sou openbaar en hulle sou toon waarom Hy daar is en wat Hy uiteindelik

verder met hulle sou wil doen. As dit egter nie die geval is nie, en as daar nie een of ook meer kere volledig na waarheid aangetoon kan word dat Hy daar is nie, dan bestaan Hy ook nie, en dan verdien hulle, wat oor `n goddelike bestaan praat en skryf, om baie swaar gestraf te word. [9] Want dit is voldoende dat die, met alle verstand en insig begaafde en van homself maar al te duidelik bewuste mens, alle ten hemel skreiende probleme van die deur hom buite sy skuld verkreë lewe moet dra, laat staan dat hy hom vir niks en niemand deur `n nêrens bestaande God bepaalde harde en teen elke natuur ingaande wette moet laat voorskryf nie. Want `n God, wat hom maar net by monde van `n gek en arbeidsku dwaas aan ons mense kan en wil openbaar, is óf niks anders as `n hersenskim van die genoemde dwaas, óf hy bestaan maar net uit die een of ander ruwe, dom, blinde krag, met so `n geringe selfbewussyn en verstand, dat hy, as hy nie uitgelag wil word nie, hom maar net baie stilletjies heimlik aan `n dom, nikswetende en niksbegrypende, liggelowige dwaas durf kenbaar maak.' [10] Kyk, elke verstandige mens sou geregtig gewees het om so oor die godheid te dink, indien die godheid homself maar net, en nie anders aan die mense sou laat sien en openbaar, as deur middel van lui en waardelose priesters nie! [11] Maar as ons teruggaan tot op Adam, dan sal ons tydruimtes ontdek, wat baie kort op mekaar volg, waarin God Homself aan duisendmaal duisend mense, sekerlik wel op die mees gedenkwaardige wyse geopenbaar het, en aan hulle Sy wil en Sy wyse doel met die mense meegedeel het; maar omdat die mens, as aan hom sy vrye wil nie gelaat word nie, heeltemal geen mens sou wees nie, doen hy ook met die goddelike woord presies wat hy met die menslike woord doen. [12] `n Klein deeltjie van die mense hou vir `n tydlank nog rekening daarmee; maar die grootste deel vergeet dit gou-gou totaal, en beskou uiteindelik alles as waardelose bedenksels en `n gekwetter van mense, geniet met volle teue van die wêreldse vreugde en beskou die wyses as dwase en dwepers, wat ter wille van `n baie onsekere en onaanwysbare hemelryk aan die ander kant, die ware hemelryk van hierdie aarde met hulle voete vertrap. [13] Deur sulke opvattinge gaan die geloof in `n ware God dan aan die een kant wel onherroeplik verlore, en dit te meer omdat aan die anderkant, die lui priesterstand deur hulle selfsugtige vervalsing van die geopenbaarde woord van God, die nugter en volwasse denkende mense mettertyd tog die oë moet laat open vir die feit dat so `n geopenbaarde wil van God, selfs vir die domste mens op aarde nog te dom moet wees. Die leer bestaan uit louter onbegryplike geheime, wat egter deur die blinde mensdom tog as heilig beskou moet word omdat hy homself veels te onwaardig beskou om sulke groot, diep en heilige geheime ooit te kan verstaan. [14] Of is dit dalk vandag anders? Gaan die dom, blinde volk nie na die tempel om die Skrif te aanbid nie? Maar van dit wat daarin staan, weet hulle weinig of niks nie, en hulle het ook geen behoefte om iets daarvan te weet nie, want hulle stel hulleself volkome tevrede daarmee dat die heilige priester van God dit verstaan, en dat die gewone mens niks anders nodig het as wat die priester hom vertel nie, en om te doen wat die priester wil hê nie; want die priester weet verseker wel waarom. [15] Maar as die mensdom altyd so met die geopenbaarde woord en die wil van God omgegaan het, is dit tog geen wonder dat die mense al binne honderd jaar, na watter geweldige openbaring van die waarheid dan ook, nouliks méér weet en glo as slapende kinders weet van dit wat hulle in hulle wakker toestand gedoen het nie?! Desondanks hou God egter nooit op om Homself op die mees verskillende wyses so te openbaar, dat die mens by enige nadenke dadelik kan vasstel dat dit daarby nie op `n natuurlike wyse gegee is nie.'

Egte en valse profete en openbaringe 150 (Die Heer:) 'Op groot skaal openbaar God Hom by monde van profete wat deur Hom geroep is. Sulke profete is, vir mense met `n meer ontwaakte gees, altyd goed herkenbaar, - ten eerste deur hulle geskrifte en gesproke woord, ten tweede deur ekstra wondergawes, byvoorbeeld deur, om in noodgevalle, toekomstige dinge aan die mense te verkondig, sodat die mense dit vir hulleself kan aantrek en hulleself kan verbeter en God vra of Hy die aangekondigde onheil van hulle sou afwend, soos wat dit by Nineve die geval was. Ten derde kan sulke ware profete, wat deur God se wil opgewek is, ook deur hulle gebed en deur handoplegging siekes genees, as die genesing heilsaam vir die siel van die sieke sou wees. En ten vierde kan hulle ook tesame met die wil van God `n strafoordeel oor die onverbeterlike mensdom uitspreek, of, in die teenoorgestelde geval, `n volk seën. [2] Deur hierdie en nog `n aantal ander, karakteristieke eienskappe is die ware profete, wat deur God opgewek is, baie maklik van die valses te onderskei, en mens kan dit veral goed sien aan die feit dat hulle as ware profete altyd vol deemoed en naasteliefde is, terwyl die valse profete in allerlei besondere, opvallende klere rondloop, baie hoogmoedig en vreeslik selfsugtig is, hulle slegs op bepaalde, geheiligde plekke laat sien, weinig praat en dan ook nog baie dom en onsinnig, en op bepaalde tye allerlei

skynwondere verrig deur middel van streng geheim gehoude natuurlike middele - en wee diegene wat hulle sou nadoen!, - terwyl die ware profeet van sy egte wonderwerke geen geheim maak nie, maar selfs die mense nog aanpor en aanspoor deur hulle te seën, sodat hulle ook op dieselfde ware, korrekte wyse presies dieselfde wonderwerke kan doen. [3] Uit die feit dat die ware profete dus baie maklik van die valses te onderskei is, en elke nugter mens wel kan vasstel dat daar dus werklik ware en valse profete is – waar die laasgenoemde sekerlik nooit sou gekom het as die ware hulle nie voorgegaan het nie, - kan die mense tog ook wel baie maklik aflei dat daar `n egte God is, wat die mense nooit heeltemal verlate op die aarde laat rondloop het nie, maar altyd Sy wil aan hulle meegedeel het en aan hulle die groot, wyse plan wat Hy met hulle het, ook steeds openbaar. [4] Hierdie manier van openbaring is vir mense, wat hulle openlik daarvolgens wil rig, steeds die heilsaamste, omdat hulle geen buitengewone dwang daarvan ondervind nie. By die groot openbarings, wat maar selde voorkom, wen die mense baie minder vir hulle siele, omdat sulke openbarings meer `n oordeel is vir die ontaarde mensdom, as iets heilsaam. [5] Toe Adam in die paradys op hierdie aarde teenoor God gesondig het, omdat hy as mens met `n vrye wil hom nie wou steur aan die wil van God wat aan hom welbekend was nie, het hy weldra `n groot openbaring van God gekry en betreur toe sy sonde; maar hierdie groot openbaring was `n oordeel vir hom. [6] Daarna het die mense vanweë die ontaarde, wêreldse kinders wat in die dal gewoon het, meermale `n groot openbaring van God gekry; maar dit was vir die wêreldse kinders steeds `n oordeel. [7] Ten tye van Noag het die mense weer `n groot openbaring van God gekry; maar dit was vir hulle `n baie groot oordeel. [8] Ten tye van Abraham het daar weer `n groot openbaring plaasgevind, en wel vanweë die ontsettende ontaarde bewoners van Sodom, Gomorra en die omliggende tien kleinere stede. Dit was opnuut `n oordeel vir hierdie mense; die Dooie See gee tot op die huidige dag nog `n sprekende getuienis daarvan. [9] Vader Jakob kry weer `n groot openbaring van God; maar sy kinders moes dit in Egipte boet. [10] Ten tye van Moses was daar `n nuwe, buitengewone groot openbaring van God, en op kliptafels moes God se donderende woorde vir die mense ingegriffel word. Maar wat `n vreeslike oordeel was hierdie openbaring van God nie, by name vir die blinde, hoogmoedige en onmenslik geworde Egiptenare, wie se vernaamste glorie volledig gebreek was; maar ook van die Israeliete was niks deur die vingers gesien nie. [11] Toe die Israeliete die woestyn onder Joshua verlaat, kom daar weer `n groot openbaring van God en die groot Jerigo verdwyn van die aardbodem. [12] So was dit ten tye van Samuel en EliJaH en ook ten tye van die vier ander groot profete; en gaan lees maar watter oordele daarop gevolg het! Selfs die klein profete was nie sonder oordeel na hierdie wêreld gestuur nie. [13] Nou vind die grootste en mees regstreekse openbaring van God aan die mense, voor julle oë plaas; maar die daaropvolgende buitengewone groot oordeel vir die Judeërs sal nie lank op hom laat wag nie. [14] Van nou af aan sal daar vir byna 2000 jaar lank tallose sieners en profete opgewek word, omdat `n nog groter aantal valse profete en baie hoogmoedige, heerssugtige en liefdelose, valse christusse (gesalfdes) sal opstaan. Maar ook hierdie oordeel sal steeds aangaan, en daar sal selde `n heerser wees wat nie met sy volk, vanweë die duisternis, `n strenge oordeel sal moet ondergaan nie. [15] Teen die einde van die genoemde tyd sal Ek steeds groot profete opwek, en met hulle sal die oordeel ook vermeerder en uitgebrei word. Daar sal ook swaar aardbewings kom en verwoestende storms, groot prysstygings, oorloë, hongersnood, epidemies en nog baie ander kwaad, en, soos wat Ek al voorheen gesê het, sal daar geen geloof wees nie - behalwe by baie weiniges onder die mense, wat in die ys van hulle menslike hoogmoed heeltemal sal verkil en die een volk sal teen die ander optrek. [16] Die mense sal ook gewaarsku word deur sieners en besondere tekens aan die hemel, waaraan egter slegs My geringe aantal volgelinge hulle sal steur, terwyl die wêreldse mense dit alles slegs as seldsame, natuurlike fenomene sal beskou en dit aan elkeen wat nog in My glo, sal wil wysmaak. [17] Maar daarna sal die grootste openbaring plaasvind deur My tweede koms op hierdie aarde; hierdie openbaring sal egter ook voorafgegaan word deur `n baie groot en skerp oordeel en gevolg word deur `n algemene sifting van die wêreldse mense deur die vuur en sy projektiele, waarna Ek dan Self `n heel ander kweekskool vir ware mense op hierdie aarde sal kan vestig, wat dan sal duur tot aan die einde van die tye van hierdie aarde. [18] Ek sê dit nou vooraf vir julle, om te voorkom dat julle gaan dink dat alles na My net so volmaak sal word as in My hemele. Ja, weiniges sal wel aan My engele gelyk wees, - maar baie nog baie erger as die mense nou in ons tyd. [19] Maar oor dit alles mag julle julle nie vererg nie, want Ek het julle almal immers al baie dikwels gesê dat die mens, sonder sy volledige vrye wil, heeltemal geen mens sal wees nie, maar slegs `n mens sou wees wat soos `n dier lyk.

[20] In die beste geval sou mens sulke mense dan wel net soos diere vir `n bepaalde doel kon afrig; maar mens sou hulle nooit sover kon bring dat hulle insien dat die arbeid vir ware mense en diermense goed en nuttig is nie, waardeur hy dan so ver sou kom om aan homself voor te skryf om die nuttige arbeid op die regte oomblik te verrig. [21] `n Mens wat teen die wet sondig, toon daardeur net so goed aan dat hy `n vry mens is soos hy wat homself vrywillig aan die wet hou. Daarom moet julle ook niemand oordeel en verdoem nie, maar hom slegs met alle geduld en sagmoedigheid onderrig gee, en aan die verdwaalde die korrekte weg toon. As hy die weg wil gaan, is dit geskik en goed vir hom; wil hy dit egter nie, dan moet julle hom ook nie daartoe dwing nie, maar hom hoogstens verwyder uit `n gemeente wat beter en suiwerder is, - want `n gedwonge gelowige mens is tienmaal slegter as iemand wat openlik ongelowig en afvallig is. [22] Kyk na die Fariseërs! Hulle is louter gedwonge skyngelowiges; in hulle harte glo hulle heeltemal niks nie en doen hulle alles wat hulle maar wil. [23] Pas daarom goed op, wanneer julle weer in My Naam opvolgers vir julle sal kies, dat julle ten eerste absoluut niemand daartoe dwing nie, en ten tweede niemand aanneem, wanneer jy al van ver af kan sien dat hy vanweë tydelike belang, julle amp sou wil aanvaar nie.[24] Julle sal wel daarop moet let, maar tog sal daar ontelbare van hierdie soort julle werk gaan doen, ten dele deur dwang van buite af en ten dele deur die vooruitsig om in die amp `n goeie en sorglose versorging te vind. Maar diesulkes sal almal deur My by die leër van die Antichris gereken word, en hulle werke sal by God in `n bose geur staan en lyk soos `n stinkende kadawer. [25] Waarlik, Ek sê vir julle: Al julle opvolgers, wat nie deur My nie, maar slegs deur mense, in bepaalde wêreldse skole tot julle ampsopvolging voorberei is, sal Ek nie ag nie; want slegs die Antichris sal sy leerlinge so geskik maak. [26] Diegene by wie julle egter die hande sal oplê en wie julle sal doop in My Naam, sal vervul word met My Gees; want hulle is ook die wat Ekself altyd as julle opvolgers uitkies en met die waaragtige gawe van My Gees bevestig. [27] Maar in latere tye sal daar maar baie weinig daarvan wees, omdat die Antichris sy aanhang te veel sal uitbrei; wanneer hy egter sal meen dat hy die allerhoogste in die wêreld is, sal hy ook vir altyd tot `n val gebring word! - Het julle dit nou goed en duidelik in julle opgeneem?'

Die kenmerke van die Antichris 151 Daarop sê Johannes, My liefling: 'Heer, dan loon dit nouliks om, ter wille van die dom mense, soveel moeite te doen! Want as U helder lewenslig, wat U nou aan die mense gegee het, al so gou weer verduister gaan word deur die moeite van die Satan, wat altyd met sukses bekroon word, laat hy die mense dan maar kry soos wat hulle nou is, heeltemal ryp vir sy helse wêreldryk. Waarom moet hierdie mense dan nou eers met U lewenslig begenadig word?! Waarlik, as die vrugte van U goddelike leer so daaruit sal sien, beteken dit wel - as mens vernaamlik die wêreldse mense in U leer sou wou onderrig – dat alle swyne van die wêreld U lewenspêrels as doodgewone voedsel sal verwerp! Gee hulle gladnie die edel stof nie, dan kan hulle dit ook nie bederf en verontreinig nie!' [2] Ek sê: 'Ja, My vriend, vir die mense wat nie daarin sal glo nie, en dit terwille van wêreldse gewin alles wat hulle oor My leer hoor, ook nog sal vervals, word die lewensleer ook nie deur My gegee nie; want vir die verdere, moontlike ontwikkeling van die siele van sulke mense, het Ek nog eindeloos baie groot skole in die hele oneindigheid. [3] Ek gee hierdie leer slegs vir My ware kinders op hierdie aarde, en vir hulle geld ook die ware verlossing van die ewige dood. Hulle sal hierdie leer steeds suiwer hou en sal hulle nooit oorgee aan die mag van die wêreldbedrog nie, maar rotsvas aan die ewige lewenswaarheid vashou. [4] Wat is ons aan alle wêreldse mense geleë? Ook hulle is die geleentheid gegee om hulle in die ry van die kinders van God te skaar. Ag hulle dit ernstig, dan sal hulle op geen enkele wyse daarin gehinder word nie, - en as hulle dit nie wil doen nie, laat hulle dan doen wat hulle wil, en julle hoef julle dan ook nie oor hulle te bekommer nie! [5] Kyk, so staan die saak daaroor! Want Ek het nie gekom om moontlikerwys die wêreld van haar ou boeie van die oordeel te bevry nie, maar slegs om My kinders te bevry van die wêreld en haar oordeel. En soos wat Ek dit nou doen, sal ook julle en julle opvolgers dit in die vervolg doen. [6] Wat daar op hierdie aarde in en volgens My orde bevry kan word, dit bevry julle ook, en wat julle so sal bevry, sal ook dadelik by My in die hemel bevry wees; wat egter nie te bevry is nie, laat dit gebonde bly, of wanneer iemand julle bevryding nie die moeite werd vind nie, laat hom dan in sy boeie en bind hom, sodat hy julle nie lastig kan val nie, - en waarlik, Ek sê vir julle, ook vir My in die hemel sal hy gebonde wees en baie lank `n slaaf van sy duistere wêreldse wil bly! - Kyk, so staan dit daarmee!' [7] Johannes sê verder: 'Maar hoe kan ons sulke duistere antichristene herken? Want ek besef nou wel

baie goed dat U leer deur baie aangegryp sal word, en by name deur die talle towenaars, om hulle toorkunste daarmee op te sier. O, vertel ons ook van bepaalde kenmerke, sodat ons hulle gou kan herken en dan dadelik kan bestry!' [8] Ek sê: 'Julle sal hulle baie maklik aan hulle dade herken! Want op dorings groei geen druiwe en op distels geen vye nie. Wie iets gee en nog meer daarvoor wil terughê, is beslis geen leerling van My nie! Want sien, Ek gee alles vir Myne, uiteindelik selfs die lewe van My liggaam, en Ek neem van niemand daarvoor `n wêreldse offer aan nie, maar Ek wil slegs dat die mens My bo alles liefhet, sodat Ek hom dan nog eindeloos baie meer en baie groter dinge kan gee. [9] Dink julle dat die Antichris dit ook sal doen? O, glad nie! Hy sal sy aanhangers ontsettend weinig gee - bykans niks nie behalwe los, versinde beloftes vir die groot hiernamaals, - maar hy sal groot offers daarvoor eis, soos wat die tempeldienaars nou doen, wat hulle vir hulle ellelange gebede baie goed laat betaal; maar hierdie gebede het vir niemand enige nut nie, nie vir hierdie wêreld nie en nog minder vir die wêreld aan ander kant nie! En kyk, so sal die Antichris dit ook doen en Myne sal hom en sy leerlinge en volgelinge baie maklik aan hierdie waardelose en hol vrugte herken! [10] Wat doen die Fariseërs nou met alle moontlike sondaars? Kyk, hulle wil betaling vir die sonde hê, hetsy in die vorm van geld of van ander ryk offers, en hulle gee daarop aan die sondaars `n vrybrief vir die reeds begane sonde en ook vir die sonde wat mense in die toekoms trag om te begaan, want daarvan is daar genoeg te vinde, veral in die ryk wêreld, en hulle sê vir die mense: 'As dit wat die wet jou oplê, te swaar is, kan jy iets beter offer!' En so hef die tempeldienaars die gebod van God op en gee in die plek daarvoor hulle eie selfsugtige, wêreldse voorskrifte, omdat hulle maar net ten koste van die arme, blinde mensdom `n goeie lewe wil lei. [11] Kyk, presies so sal die Antichris en al sy leerlinge ook doen, en julle sal hom baie maklik daaraan herken! En as sy leerlinge dan orals ter wêreld met oopgesperde mond sal skreeu: 'Kyk, hier is die ware die Messias(Christus)!' of' Daar is hy!', laat niemand van My hulle dan glo nie! Laat die egte wêreldse kinders egter met rus en roep hulle nie, sodat julle met rus gelaat kan word deur die Draak en sy aanhang; want hy sal hom `n tyd lank groot mag toeëien en sy vyande baie boos behandel! Maar juis daarmee sal hy sy oordeel en sy ondergang self bewerkstellig.[12] In dieselfde tyd sal Ek die mense egter allerlei groot uitvindinge laat doen, wat soos gloeiende pyle in die duister kamers van die Draak sal dring en wat sy bose, bedrieglike kunste en valse wonderdade kragdadig sal verniel, en hy sal naak daar staan, selfs tot skande van sy vurigste aanhangers, wat hulle weldra in groot groepe van hom sal afkeer. [13] Daarom moet daar geen sorg wees oor wat daar mettertyd met My leer sal gebeur nie, want slegs Ek weet wat daar in hierdie wêreld alles moet gebeur, en wat daar toegelaat moet word, sodat die stralende lewenslig ook eens in die blinde wêreld sal skyn! [14] Maar so gou as wat julle dit vir julle voorstel, gaan dit nie wees nie; want slegs Ek ken die lewenselemente in hierdie aarde, en weet ook die beste wat daarvoor nodig is om dit gedurende die loop van die tyd na `n hoër lewenslig te lei. Vra daarom nie verder nie en wees opgewek! [15] Kyk, vir My is daar in hierdie wêreld nog baie vreemde, droewige ervarings te wagte, wat eintlik glad nie lank op hulle sal laat wag nie! Maar tog sal julle nie opmerk dat Ek daaroor treurig is nie. Laat kom wat wil, slegs Ek is die Heer! Daar kan niks bo My Wysheid en My wil uitgaan nie. Wat daar gebeur en nog sal gebeur, is daarbo bereken en bepaal, en het sy diepste, mees heilige rede. Wie in sy hart en in sy liefde en in sy wil met My is, sal deur die wêreld, hoe vreeslik ookal, nooit geraak kan word nie, maar wie slegs in sy wysheid een is met My, sal in die wêreld `n baie harde stryd moet deurstaan; want die wêreld met haar materiële verstand sal ewig nooit insien dat, wat vir haar skynbaar iets is, geestelik werklik niks is nie. - Laat dit voldoende vir julle wees en wees nou bly in My!'

Die groot afwisseling onder die skepsele en hulle doel 152 My woorde maak dat elkeen bly word, en ons word deur Martha vir die middagete uitgenooi. Ons eet en drink opgewek en daar heers `n vrolike stemming. Lasarus vertel My wat hy tydens My afwesigheid alles van die tempeldienaars te verduur gehad het, en dat hy hom uiteindelik, ondanks al sy geduld, dermate vererg het dat hy daardeur gewoonweg siek geword het. [2] By name vertel hy: 'Heer, daar bestaan op aarde geen insek wat so hardnekkig is nie! Jy raak hulle nie kwyt nie, wat jy ookal probeer! Dreig jy hulle met die wette van Rome, dan probeer hulle jou dae lank soos kronkelende slange te bewys dat slegs hulle alle reg aan hulle kant het en geen enkele wêreldlike wet hulle iets kan voorskryf nie, omdat hulle die enigste wetgewers ter wêreld is. Elke mens, sonder uitsondering, het slegs van hulle al sy wel en wee te verwagte. [3] Ek word het egter kwaad geword vir hulle bewyse en sou my byna aan die verdorwe huigelaars vergryp het en ek verbied hulle om my huis ooit weer te betree. Maar dit help alles niks. Vandag jaag ek tien daar

weg, - môre kom daar weer twaalf ander in hulle plek en begin heel onskuldig en gladjies oor dieselfde onderwerp te praat wat gemaak het dat ek hulle voorgangers my huis ontsê het, en hulle gedra hulle daarby so asof daar tussen my en hulle nooit iets voorgeval het nie! [4] Hierdie maand was ek egter tog genoodsaak om vir baie geld op alle toegangsweë na my huis Romeinse wagte te plaas met die uitdruklike opdrag om geen enkele tempeldienaar tot my huis toe te laat nie. Toe het ek nou wel uiterlik `n bietjie gerus, maar innerlik gladnie; want die onbeskaamde tempelbooswigte stuur allerlei dreigbriewe vir my en val my toe op die manier lastig, omdat hulle dit persoonlik nie meer kon doen nie. As U, o Heer, My slegs van hierdie plaag sou wou bevry, sou ek in hierdie wêreld reeds heeltemal geseënd wees! [5] Wel, tydens hierdie drie dae sal daar wel niemand uit die tempel hierheen kom nie, en daarom het ek ook die wag gedurende hierdie tyd laat weggaan; maar na die drie feesdae sal ek hulle weer moet laat kom, anders sal die irriterende tempelwespes my nie met rus laat nie. Ek weet goed dat U groot wondergenesing van `n halfjaar gelede en die vriendelikheid wat U my toe bewys het, die eintlike hoofoorsaak was waarom hierdie tempeldienaars my so agtervolg. Maar as ek vir hulle sê dat dit die rede is, gee hulle my nie gelyk nie, maar noem as enigste rede my onwil om hulle nie minstens agt tot tien dienaars te gee nie. Ek sê vir die tempeldienaars: 'Bespreek dit dan met die dienaars! Julle mag hulle selfs almal kry as hulle daarmee instem!' Maar toe sê hulle: 'Dit sê jy maar slegs aan ons in ons gesig; heimlik raai jy dit vir jou dienaars af, en daarom kom hulle nie na ons toe nie! Daarvoor sal God jou streng tot verantwoording roep!' Op die manier gaan dit maar so deur en daarom het ek Romeinse wagte geneem! Wat nog verder daarvan sal kom, weet U'. [6] EK sê: 'Laat dit maar; ook die wag sal jy nie verder nodig hê nie. Ek sal `n wagter vir jou uitplaas wat meer sal kan doen as alle leërlegioene van die Romeine en Grieke! Môre laat ons die fees en sy dwaashede vir wat dit is; maar oormôre, wanneer die fees op sy hoogtepunt is, sal Ek weer na die tempel gaan en die Judeërs `n spieël van hulle doodsonde voorhou, sodat hulle hulleself sal skaam en sal moet wegkruip vir die volk om nie gestenig te word nie. Laat ons dus maar baie rustig en opgewek wees, want ons is die keer veilig teen hulle besoek!' [7] Toe sê Petrus: 'O Heer, as U dieselfde hier sou doen as aan die Eufraat, dan sou die duisterlinge baie gou `n heel ander mening oor U kry!'[8] EK sê: 'Jy sê dit omdat jy dit nou so sien, maar binne `n paar jaar sal jy ook baie anders praat! Kyk eers na die bont afwisseling van die blomme op die velde, al die verskillende soorte gewasse, bome en hulle vrugte, dan nog al die verskillende diere in die water, op die grond en in die lug, asook alle verskillende minerale en om nie te vergeet, alle verskillende soorte sterre aan die hemel nie! Kan jy My sê waarom daar soveel verskillende soorte en onderlinge verskille is? Sê jou eenvoudige verstand nie veeleer: Eintlik kan God Self nie so `n wyse rede daarvoor gehad het nie, maar Hy het dit net uit `n soort goddelike gril gedoen, omdat Hy Self `n bepaalde genoeë daarin vind om Sy aarde so bont moontlik uit te dos en haar dan net so bont deur almal te bevolk. Want waarom sien `n vyeboom baie anders daaruit as `n appel- of peerboom? Waarom het beide vrugte nie één en dieselfde vorm en nie één en dieselfde smaak nie? [9] Kyk, as God nie die geweldige plan gehad het om op hierdie aarde, mense wat deur Hom geskape is, as Sy kinders op te lei nie, sou Hy ook maar net die aarde vir hulle met die strengste noodsaaklikste en maar `n paar soorte vrugte en enkele mak huisdiere kon bevolk het, soos wat Hy dit ook op tallose talle ander hemelliggame gedoen het, omdat die menslike skepsele daar nie dieselfde hoë bestemming het nie! Met die doel om op hierdie aarde die mens `n uitermatige goeie geleentheid te gee om hom in die beskouing en denke te oefen en daardeur sy volledige vrye wil te leer ken, het God hierdie aarde as lewensskool soveel afwisseling gegee, dat die mens, vanaf sy wieg tot aan sy graf, genoeg het om oor te dink en daarby allerlei beskouinge en vergelykinge kan maak om die een, wat vir hom aantreklik en goed lyk, te kies en die ander, wat hom teenstaan, te verwerp. [10] Die tallose talle soorte diere is op die mees uiteenlopende maniere besig; laat deur allerlei geluide van hulle hoor en maak allerlei bewegings, en die mens het daarmee ruimskoots die geleentheid om van die diere allerlei nuttige dinge af te kyk en dit te vervolmaak en hulle in `n groot en samehangende geheel oor te bring. So was voëls, baie vlieë, kewers, krekels en selfs paddas, die eerste sangleraars vir die natuurmense, en seeslakke het die mense geleer om skepe te bou en om seile te gebruik om ver reise te maak. [11] Maar soos wat God, maar net ter wille van die mense op hierdie aarde, so `n buitengewone verskeidenheid van alles wat maar moontlik is in alle ryke van die natuur soos dit ontstaan het, so het Hy ook die mense self in so `n buitengewone, onafsienbare verskeidenheid, sowel na gestalte as karakter, laat ontstaan, sodat jy moeilik uit `n duisendmaal duisend mense ooit twee sal kan vind wat soos twee druppels water na mekaar lyk. Dit doen God egter ook sodat die mense hulle in alles en baie van mekaar te laat onderskei, sodat hulle mekaar juis daardeur, elkeen wedersyds met meer liefde tegemoet sou kom. En om te sorg dat hulle almal steeds meer liefde sal skenk, is hulle ook met baie verskillende bekwaamhede

toegerus. [12] En wat gesê is van die mens as sodanig, geld ook vir gemeentes en selfs vir hele volke. Maar omdat dit so is - wat ook orals uit alles blyk, - moet julle nie altyd dink dat alle mense op één en dieselfde manier opgewek en geleer kan word nie, en vir die lig en lewe te wen is. Wat egter ten voorskrifte van mense as sodanig geld, geld ook vir hele gemeentes en ganse volke.'

Voorspelling van die Heer oor die oordeel oor die Judeërs. Die verganklikheid van die materie 153 (DIE MEESTER:) 'Die Judeërs van Jerusalem moet baie anders behandel word as die Galileërs of Samaritane of selfs heidene, en die laasgenoemdes weer baie anders na gelang die land of die gemeente waar hulle vandaan kom. [2] Julle moet veral let op hulle natuurlike en morele ontwikkeling. Eers as jy dit ken, kan jy bepaal op watter manier jy bepaalde mense met sukses kan benader en hulle vir die waarheid en vir die lig van die lewe kan wen. Daarom sal ons hier in Jerusalem baie slegte resultate bereik as ons met die middele van Chotinodora, Malaves, Samosata, Serrhe en dergelike, hierdie mense tot die lig sou wil bekeer. [3] Die heidene sit tog al tot ver oor hulle ore in die duisterste oordeel. As Ek `n groot teken daar verrig om hulle ou bygeloof en hulle ou oordeel deur `n nuwe oordeel te verbreek, skaad dit hulle nie, omdat hulle deur `n sagte oordeel van hulle ou en harde bygeloof bevry sou geword het, en hulle onder die nuwe oordeel heeltemal vry kon beweeg deur hulle geloof in God en deur hulle liefde tot Hom. Wanneer Ek egter hier in Jerusalem - veral nou in hierdie tyd - dieselfde sou doen soos aan die Eufraat, sou daar heelwat Judeërs van louter skrik en angs wegkwyn en sterwe, en dan sal ons nie soveel mense meer hê om die evangelie aan te verkondig nie. Die wat nog in die lewe sou bly, sou vir ons vlug, en die priesters sou huil, vloek en skreeu: 'Kyk, nou het Beëlsebul die werk van JaHWeH vernietig! Wee ons! JaHWeH het ons, Sy volk, verlaat en ons aan die duiwels oorgelewer!' [4] Ek het vir hulle oë slegs `n klein wonder gedoen, - en toe skreeu hulle al dat Ek `n sabbatskender en godloënaar was en My dade met behulp van Beëlsebul tot stand gebring het! Wat sou hulle dan wel sê en vervolgens doen, as Ek nou in `n flits die tempel met alles wat hom daarin bevind, sou vernietig?! O, as Ek dit nou sou doen, sou julle gruwel op gruwel beleef en uiteindelik selfs baie gou moes vlug. Maar omdat daar geskryf staan dat die verlossing vanaf Jerusalem sal uitgaan, moet ons hier slegs deur woorde werk, en uiteindelik liewer self die liggaamlike dood deurstaan as om die volk met bo-aardse krag aan te pak, waardeur dit liggaamlik en geestelik sekerlik vernietig sou word. [5] Ja, Ek sê vir julle: Hierdie stad en die tempel sal op sy verste binne vyftig jaar sodanig vernietig word dat `n mens gladnie meer sal weet waar die tempel gestaan het nie; dit sal egter deur die uiterlike krag van die Romeine plaasvind. Dit sal `n geweldige tugtiging van God wees, en die Judeërs sal na alle windstreke verdrywe word, nooit meer `n volk wees nie en sal deur almal verag word, en sal by die heidene in ellende hulle brood moet verdien. Die land sal hulle vir altyd ontneem word en deur die heidene in `n woestyn verander word! [6] Maar hierdie groot besoeking, wat met sekerheid kom, sal die gemoed van die mense in die land tog nie so verwoes soos wat die geval sou wees wanneer Ek nou hulle tempel sou laat verdwyn nie; want die eersgenoemde sal hulle toeskryf aan die wreedheid van die Romeine, en dan sal baie hulle weer tot God bekeer. Maar die laasgenoemde oordeel sou vir hulle die weg tot God totaal versper; want hulle sou dit uitlê as `n baie duidelike, onversoenbare oordeel van JaHWeH, en ook as vasstaande aanneem dat Hy Sy groot, onversoenlike toorn juis daardeur te kenne gegee het deur voor hulle oë - en bowendien ook nog op `n belangrik fees! - die tempel met die allerheiligste, suiwer deur Beëlsebul te laat verdwyn en hulle so almal aan hom oor te lewer. [7] As die arme volk nie in gedrang was nie, sou ons onsself, slegs vanweë die priesters, sekerlik geen oomblik bedink het om die tempel op so `n wyse te ontdoen van sy bose inhoud nie; maar terwille van die arme volk, wat tog baie aan die tempel hang, omdat hulle nog glo dat God se Gees daarin aanwesig is, wil en sal ons hier absoluut geen verwoesting veroorsaak nie. [8] Maar hierdie liggaam van My, as tempel van die ware Gees van God, sal afgebreek word en weer Self deur My in drie dae opgebou word. En dit sal `n dodeliker getuienis teen hulle wees en `n erger oordeel oor hulle wees, wat nou na eie willekeur in die tempel besig is, as wanneer Ek nou duisend van hulle tempels uit die weg sou ruim. Want wat daar met My tempel gaan gebeur, sal alle gelowiges teen die misdadigers in die tempel die harnas injaag. Hulle sal hulle afkeer en steun by die Romeine vind. Dit sal die ryk priesterkaste gloeiend van woede maak teen die Romeine. Hulle sal heimlik van orals af huurlinge verwerf en die Romeine uit die land probeer verjaag. En kyk, dan sal hulle einde kom! Dink daarom nou nie verder daaroor na nie; want alles sal so gebeur soos wat Ek julle nou vooraf meegedeel het! [9] Waarlik, Ek sê julle: Hierdie aarde en hierdie sterrehemel met al die wêrelde wat julle nou sien, sal ook

eens vergaan, - maar My woorde en hulle wat dit lewend besit, sal ewig nie vergaan nie! Want niemand gebruik `n werktuig langer as wat dit vir hom bruikbaar is nie; as dit eenmaal totaal verslete is, dan werp mens dit weg en skaf `n mens vir hom `n nuwe een aan. En kyk, Ek doen presies dieselfde! [10] As iemand al talle jare lank geesryke wyn in `n sak bewaar het, sal hy die sak dan nog wel langer gebruik, wanneer dit verteer is en die wyn eerder uitsypel? O nee, hy sal die ou sak weggooi en `n nuwe een neem. Kyk, dieselfde doen Ek ook, - soos wat Ek ook met `n ou, verrotte boom doen, doen Ek ook met `n ou, voos geworde wêreld. Want as al My gedagtes en idees wat Ek in `n wêreld vasgelê het, eenmaal in `n vrye, selfstandig, suiwer geestelike lewe oorgegaan het, dan is so `n aarde tog net `n leë dop, wat geen nuwe, sterk lewe meer kan dra en tot ontwikkeling kan bring nie. Dan word die leë dop ontbind, en in haar plek kom `n nuwe, met `n nuwe lewenskiem, gevulde aarde. Alles in tyd en ruimte verouder, word swak, sterf en vergaan; slegs die suiwer, denkende, skeppende gees bly ewig.

Oor die noodsaak van die verganklikheid van die materie 154 Een van die Judese Grieke sê: 'Maar Heer, noudat U tog weer so besig is om ons sulke buitengewone belangrike dinge te onthul, wil u dan ook so goed wees om ons te vertel waarom niks stoflik nou eintlik vir ewig as sodanig kan bly bestaan nie! Rotse verweer, reusagtige bome wat dikwels so tweeduisend jaar alle storms getrotseer het, soos wat die oerseders dit in elk geval op die Libanon gedoen het, sterwe, verrot en niks bly daarvan oor nie. Ook mere en seë droog uit, kortom, mens sien op die hele aarde niks anders as `n voortdurende ontstaan en vergaan nie! Slegs aan die sterrehemel bly dit steeds nog baie goed by die oudheid, want dieselfde sterre wat Adam gesien het, staan nog steeds selfs onveranderlik en onverganklik op dieselfde plek. Wanneer U egter sê dat dit ook eenmaal sal vergaan, kom `n mens natuurlik tot die uitermatig belangrike vraag: As, volgens wat U sê, hierdie ontsettende groot hemelliggame al gedurende so `n onuitspreeklike lang reeks aardse jare bestaan, sou hulle tog net so goed ook vir ewig kon bestaan. Hoe lank gelede het hulle ontstaan, wie kan die tyd meet en in jare of selfs in tienduisende jare besyfer? Vir ons menslike verstand bestaan hulle so goed as ewig en kan ook net so goed verder die hele ewigheid deur bly bestaan. Waarom moet hulle dan uiteindelik tog vergaan?' [2] EK sê: 'Vriend, dit kom omdat hulle nie eintlik uit materie bestaan nie, maar net uit gees wat in die oordeel is. Ek het julle tog al by `n ander geleentheid gesê, dat al die sigbaar geskape dinge niks anders is as `n gedagte van God is nie, vasgehou deur die almagtige wil van God. [3] Solank `n belangrike gedagte van God deur Sy wil vasgehou word, solank verskyn dit ook as iets wat bestaan, en is daardeur in `n sekere sin afgesny van die tallose talle ander gedagtes sodat hulle hulleself kan konsolideer en vir altyd `n selfstandige ‘ek’ word. Waarom sou die gedagte van God, nadat Hy hierdie taak volbring het, en dit na alle kante vry en selfstandig gemaak het, dan nog langer deur die mag van die goddelike wil vasgehou en volledig van alle ander belangrike gedagtes van God afgesny wees? [4] Waarom sou `n mens, sodra hy die innerlike, geestelike lewensrypheid volledig bereik het - waarvoor hy `n stoflike liggaam nodig het, - dan nog die liggaam verder en langer en ook steeds moeisamer moet rondsleep? Sal iemand, wat `n huis heeltemal opgebou het, sodat dit volledig bewoonbaar is, die boustellasies om die voltooide huis laat staan?! Of laat jy vleis, wat jy in `n pan goed gaar gebraai en eetbaar gemaak het, so in die pan staan? Sekerlik nie. Jy sal dit met die braaivurk uit die pan haal en die leë pan wegsit! Kyk, daarom het alles op hierdie wêreld sy tyd! [5] Gestel dat jy in die voorjaar `n boom sien wat heeltemal in die knop staan. Sê jy dan dalk ook: 'Wat het jy aan die verganklike knoppe?' Die knoppe swel, ontvou hulle steeds meer, en daar kom blare en mooi, lieflike, geurige blomme te voorskyn. Jy bewonder hulle, omdat hulle jou baie geval. Maar gou begin hulle te verwelk en hulle val af. Dan vra jy weer ontsteld: 'Waarom word die pragtige, verhewe skoonheid van die boom nou bederf?' Ja, jy het gelyk, bloeiende bome sou altyd baie lieflik gewees het om te sien; maar slegs van sien word geen mens versadig nie, en daarom moet die blomme dus, wat dien om die vrugkiem lewend te maak, na haar volbragte diens, weer weggeneem word, sodat die egte vrug homself vervolgens vry en selfstandig kan ontwikkel. En jy sien daarna baie gou `n hele spul soet vrugte aan die takke van die boom, wat jou baie geval. Wel, moet die vrugte dalk ook vir ewig aan die boom bly hang?' [6] Toe sê die Judese Griek, wat `n burger van Jerusalem was: 'Dit, o Heer, besef ek heeltemal. Die een kom uit die ander voort, en dit gaan sekerlik so ver en so lank deur tot dit via die talle ontwikkelinge `n bepaalde hoofdoel bereik het. Maar waarom moet die boom dan, wat dikwels gedurende talle jare goeie vrugte vir die mense gedra het, uiteindelik sterwe, verrot en volledig ten gronde gaan? Hy verrig immers `n goeie diens, maar moet tog plek maak vir `n ander!' [7] Ek sê: 'Kyk, alle materie is `n tydelike houer om `n bepaalde hoeveelheid van die geestelike lewenselemente in op te neem! Elke jaar ontwikkel `n bepaalde deel daarvan, maak homself vry en gaan oor in `n hoër lewensfeer. Na `n groter of dikwels ook geringer aantal aardse jare het die laaste vonk van die lewenselement egter uit die reeds harde en onbruikbare boom verdwyn en in `n hoër lewenspotensiaal oorgegaan, en dan besit die boom geen lewe meer nie.

[8] Moet jy dan nuwe lewenselemente in die ou, harde, onbruikbaar geworde boom bring om deur die reeds grof geworde materie van die boom bederf te word, soos wat selfs ook die beste wyn bederf word as `n mens so dom sou wees om dit in `n ou vuil houer te giet? Is dit dan nie verstandiger om nuwe wyn in nuwe, skoon houers te tap en die oue weg te gooi nie, veral as mens `n onuitputlike aantal nuwe houers het? - Wat dink jy daarvan?' [9] Die Judese Griek sê: 'Heer, ek gee oor. Slegs U besit die hoogste Wysheid en weet alles van die hele skepping af, en slegs U het daarom ook in alle dinge volledig gelyk. Ons kan slegs vrae aan U stel en alles wat U vir ons sê, gelowiglik aanvaar. Alles is soos wat U, o Heer, dit barmhartiglik vir ons uitlê. Dit is egter tewens die grootste en oortuigendste bewys vir die feit dat juis U, in U Gees, alles wat daar ook maar in die hele oneindigheid is, van ewigheid so georden en geskape het. [10] U leerling Johannes het in sy inleiding oor wat U gesê het, van U die mees korrekste en waaragtigste getuienis gegee, deur te sê: 'In die begin was die Woord, die Woord was by God, en God was die Woord. Die Woord het vlees geword en woon onder ons. Hy het na Syne gekom en hulle het Hom nie herken nie.' [11] Kyk, Heer, so is dit ook! U het na ons mense gekom, en hoe weinig het U herken, en hoe baie herken U nou nog nie, ondanks al die groot tekens en mees wyse lesse! Dit is tog baie merkwaardig, hoe verskriklik dom en verblind die mense is!' [12] Ek sê: 'Dit is nou eenmaal so, en jy kan tog niks daaraan doen nie; want ons mag hulle nie die vrye wil ontneem nie, omdat hulle dan sou ophou om mense te wees. Om hulle nog meer tekens te gee, sou vergeefse moeite wees; want ons sou daarmee niks anders bereik as net dit wat Ek julle al duidelik uiteengesit het, toe julle meen dat Ek ook hier dieselfde as aan die Eufraat moes doen. [13] Ons het vir die volk maar net woorde; wie se oë daardeur nie geopen word nie, hulle oë sal ook nie deur tekens oopgaan nie. Maar hulle sal nog wel tekens te siene kry, - egter nie vir hulle behoud nie, maar vir hulle versekerde ondergang. [14] Ek sê vir julle: Die laaste teken wat hier in Jerusalem gedoen sal word, sal bykans gelyk wees aan die van die profeet Jona vir Nineve, toe hy drie dae in die buik van `n groot vis deurgebring het. En vanweë die teken sal die groot oordeel dan oor hulle losbars, wat hierdie bedrywers van alles wat sleg is, sal verswelg soos `n vurige draak sy ellendige prooi. - Maar nou hou ons op daaroor en ons sal nou na buite gaan, voordat die son ondergaan!' [15] Daarmee was almal dit eens, en ons staan van tafel af op en klim weer ons heuwel uit vanwaar `n mens ook `n deel van Jerusalem kon sien.

Ongelukke en siektes wat nie deur eie skuld ontstaan nie 155 Toe Ons Onsself op die heuwel gemaklik gemaak het, sê Lasarus: 'Werklik, dit is ewiglik jammer van hierdie groot mooi stad, om eensklaps so totaal verwoes te word! Maar wie kan iets daaraan doen, as haar slegte bewoners dit self so wil hê?' [2] Ek sê: 'Daarmee is Ek dit heeltemal eens, want aan iemand wat iets vir homself, hoe gretiglik dan ook, wil deurgaan, geskied daar in ewigheid geen onreg nie. Ek was al dikwels daar en wou hulle onder My beskermende vleuels versamel het, soos wat `n hen haar kuikens bymekaarmaak; maar tot op hede was alle moeite tevergeefs, en daarom is hulle heeltemal self skuldig aan alle teenspoed wat hulle sal oorkom. [3] Tog sal Ek nie ophou met die gee van allerlei lesse en streng vermanings nie, om tog nog sommiges van hulle te kan red. En wat Ek nou Self doen, sal julle na My nog makliker doen, omdat die laaste en grootste teken wat Ek in Jerusalem sal verrig, julle daartoe in staat sal stel. Wie julle sal hoor, sal My ook hoor - omdat julle slegs sal praat wat My Gees julle in die mond sal lê, - en hulle sal geholpe raak. Diegene wat egter in hulle ou kwaad sal volhard, sal ook die vrugte daarvan oes. [4] Moet Ek dalk, omdat, water sowel as vuur vir `n mens dodelik is, wanneer hy wel in diep water val of by `n groot brand deur die vuur gegryp word, geen water en geen vuur meer op aarde laat bestaan nie? O, sekerlik nie! Daarvoor het `n mens sy verstand en krag en vrye wil. Van beide water as van vuur ken hy die goeie en die bose eienskappe. Beide moet hy met verstand gebruik en dan sal beide elemente hom van diens wees. Wanneer hy egter moedswillig of uit groot onversigtigheid in diep water val of in `n kalkoond spring, dra hy duidelik - vrywillig of dikwels nog onvrywillig - self skuld daaraan as hy daarby sy aardse lewe verloor. Met iemand wat werklik verstandig en versigtig en wys is, sal so `n ongeluk nie gou gebeur nie - en diegene wat volgens My leer lewe, glad nie!' [5] `n Judese Griek sê: 'Heer, maar orals is die menslike verstand met al sy versigtigheid tog nie voldoende nie! Neem eens die volgende voorbeeld: Gestel dat ek vir dringende sake per skip oorsee na Rome moet reis. In die middel van die see begin daar egter `n storm. Die skip ly skipbreuk teen `n ondersese rots en vergaan met man en muis. Wie se skuld is dit dan? Sekerlik nie my skuld nie, en van die kaptein van die skip ook nie; want hoe kon hy geweet het dat die storm so plotseling sou opsteek, en hoe kon ek dit dan geweet het?'

[6] Ek sê: 'My vriend, as so-iets gebeur, is dit baie sekerlik om goeie redes `n toelating van bo, en dit is te vergelyk met iemand wat aan `n bepaalde siekte ly, omdat die siekte kwaadaardig en ongeneeslik is. Want geen mens op die hele aarde bly vir ewig in sy aardse liggaam nie, en daarom kan `n mens dus ook sowel in die water as in die vuur heeltemal sonder skuld sy lewe verloor. Ek glo dat ons geen woorde meer daaraan hoef te verspil nie. En dus gaan ons nou oor na iets anders wat baie belangriker is!

Die op hande synde maansverduistering 156 (Die Heer:) 'Kyk, die son het al ondergegaan, die lug is onbewolk en daar sien ons al enkele sterre; daar in die ooste kom die volmaan nou net uit bokant die horison, wat in mis gehul is. Maar vandag nog sal daar binne twee uur `n maansverduistering plaasvind deur die natuurlike skadu van die aarde, wat dan juis tussen die son en die maan te staan sal kom. Dit sal by die mense in Jerusalem, en veral by die dom Fariseërs, `n verskriklike spektakel veroorsaak, omdat die maan hierdie keer byna `n halfuur lank heeltemal sal verdwyn. Daar sal gejammer word en daar sal groot offers in die tempelkas gemaak word; maar ons sal die klein skouspel van die natuur hier baie rustig gadeslaan en dit geniet. [2] Origens is die baie natuurlike verskynsel gunstig vir ons huidige omstandighede hier; want sowel die priesters as die volk beskou so `n verskynsel as `n teken van God se toorn, en die volk wat in My glo, sal die priesters luidkeels verwyt omdat hulle My vandag wou laat gryp het, en dan sal die priesters dit swaar te verduur kry. Maar dan sal die priesters hulle verontskuldig en die Essene, wat hulle bo alles haat, die skuld in die skoene skuif en hulle hartgrondig verwens en verdoem. Intussen sal die maan weer te voorskyn kom en die priesters sal baie hoogdrawend vir die volk sê: 'Kyk, ontsettende blinde en dom volk, omdat ons die ergste vyande van God nou met ons volkome mag, wat slegs God aan ons verleen het, tot orde geroep het, het die toorn van God weer bedaar, en kan ons weer vry asemhaal en uit groot dankbaarheid ryklik offers in Sy offerkis gee!' [3] Vervolgens sal daar dadelik weer snags rondgegaan word om te offer, en die blinde, dom volk sal offer soveel hulle maar kan. Maar My talle aanhangers sal weinig daartoe bydra en baie aanwesige Essene sal die Fariseërs uitdaag en op hulle beurt `n prediking hou oor die maansverduistering, soos wat jy dit nie so dikwels sal hoor nie; want die Essene weet presies wat die oorsaak van die maansverduistering is en het dit, net soos verskeie ander, al van te vore bereken, wat hulle die priesters in die teenwoordigheid van die volk sal meedeel. [4] Dan sal die volk die priesters die vuur na aan die skene lê en baie sal hulle offers terugvra, maar nie kry nie; want die priesters sal hulle vertel dat die offer vir `n bepaalde goeie doel gebruik sal word. Dit sal `n deel van die volk tot bedaring bring, die ander deel sal egter nog erger te kere gaan, sodat daar `n ware onstuimigheid in die tempel en ook buite die tempel sal ontstaan, en die Romeinse wag sal gewapend ingryp en met groot strengheid weer die rus herstel. Kyk, dit alles sal in hierdie nag deur die heel natuurlike maansverduistering veroorsaak word; maar dit sal ons nie in die minste steur nie. Sommiges sal wel hierheen vlug voor die strengheid van die Romeine uit, maar daarvoor hoef ons nie bang te wees nie. - Wel, hoe vind julle dit?' [5] Almal sê: 'O Heer, buitengewoon, die slegte priesters kom net nog veels te goed daarvan af! Vir hulle sou `n steniging, altans deur die Essene, tog wel in plek wees!' [6] Ek sê: 'O, dan vergis julle julleself baie! Die steniging met woorde, wat die Essene doen, is baie passender en beter; want hulle gaan aan die volk die natuurlike karakter van die verskynsel duidelik uitlê, en die volk sal die priesters dan eers goed te lyf gaan, en hulle sal van nou af aan die geloof in hulle heeltemal opsê en sal vanweë hulle sweer om nooit weer in die tempel te kom nie. En kyk, so-iets sal vir die tempeldienaars erger wees as wanneer hulle met klippe getrakteer sal word!' [7] Lasarus sê: 'Heer, as die maansverduistering nie nou dadelik sal begin nie, dan kan ons nog eers die aandete gebruik!' [8] Ek sê: 'Beste broer, ons het pas `n uur gelede van die tafel af opgestaan, en dit sou dus oordrewe wees om nou al die aandete te gebruik. Laat ons wag tot die hele verskynsel verby is, wat in totaal drie ure sal duur, - dan sal ons wel daarna `n versterking inneem!' [9] Lasarus was daarmee tevrede en sê vir beide sy susters dat hulle nou geen rekening meer hoef te hou met `n aandete nie, maar wel later met die gereedmaak van `n stewige nagmaal. Daarop vra Lasarus My wat die maan nou eintlik presies was. [10] Ek sê: 'Beste broer, kyk, dit weet My leerlinge presies, en Ek Self het julle ook al eens - onder vier oë - vertel wat die son, sterre en maan is; maar dit lyk of jy die hele ding nie goed verstaan het nie. Maar dit maak nie saak nie! Ek sal julle geestesoog straks open, en dan sal julle die maan net so kan bekyk, soos die aardse landskap nou, en dit sal beter wees as wanneer Ek julle hierdie dinge met talle duisende woorde sou uitlê.' [11] Dit vind almal goed en hulle bedank My al by voorbaat.

Die sien van die maan deur die geestesoog 157 Maar toe begin die skadu van die aarde op die maan al sigbaar te word. Alle oë was nou op die maan en volg die voortskryding van die skadu. Weldra word die hele maan donker, en by hierdie geleentheid word daar `n baie groter aantal sterre sigbaar as vroeër by die lig van die volmaan. [2] Toe vra Lasarus My: 'Heer, hoe gebeur dit dat daar nou soveel sterre sigbaar geword het, wat `n mens vroeër nie kon sien nie?' [3] Ek sê: 'Dit gebeur, beste broer, omdat die sterk lig van die volmaan jou oog nie beïnvloed nie. Die pupil van jou oog is nou baie verwyd en jy kan daardeur ook die baie swak ligskynsel van baie ver weg staande sterre waarneem. Oordag sien jy glad geen sterre nie, omdat die lig van die son die pupil van jou oog noodsaaklikerwys baie verklein. Die oog van die mens is deur God so kunstig gevorm, dat dit elke gradering van die lig kan waarneem en selfs presies kan bereken. [4] Maar hoe kunstig die liggaamlike oog van die mens ookal gebou is, dit is tog nie te vergelyk met die wonderbaarlike geestesoog nie, wat alles in die korrekte verhoudings en ook deur en deur kan sien. [5] Let maar eers goed op hoe die kleinste sterre langsaam maar sekerlik sal verdwyn wanneer die maan nou uit die skadu van die aarde kom, dan kan jy jou daarvan oortuig dat dit as gevolg van die steeds sterker wordende lig van die maan kom. [6] Dit is baie anders met die oog van die siel. Dit word nie beïnvloed deur die aardse lig nie, en nagtelike duisternis van die aarde of helder dag maak vir die oog geen verskil nie. Vir die siel is dit maar net voortdurend dag en nooit nag nie, dit wil sê, vir `n siel wat in My lig leef en werk; maar vir `n siel wat maar net in die lig van hierdie wêreld werk, dit wil sê, volgens die wêreldse leer leef, is daar aan die ander kant ook maar net nag en duisternis. [7] Let almal nou egter op! Ek sal julle vir enkele oomblikke, in `n sekere sin met geweld, innerlik laat ontwaak en die maan so laat sien asof julle daarop staan!' [8] Toe wil Ek dit, en almal snak tegelykertyd `n kreet van ontsetting, en Lasarus vra My om sy geestesoog weer te sluit, want hy vind die maan te woes, te verlate en te leeg. [9] Maar Ek sê: 'Kyk eers ietwat beter, dan sal julle wel wesens ontdek wat soos mense van hierdie aarde lyk!' [10] Toe span almal hulle in om nog beter te sien en toe ontdek hulle menslike wesens, en wel op die kant wat steeds na die aarde gekeer is, `n soort lugtige, byna geheel deursigtige en daarby tog baie kommervolle uitsiende klein menslike wesens, wat volkome vreemd voorkom; maar op die ander kant van die maan beval dit hulle heelwat beter. Omdat hulle dit egter nou tydens die veertien dae durende die nag van die maan sien, vind hulle ook vanweë heel natuurlike, op die maan heersende toestande dat die mense en die paar diere daar in `n diepe slaap is. [11] Toe almal die hele maan so besigtig het en begin het deur te sê dat hulle die maan nou meer as lank en goed genoeg gesien het en Ek hulle ook weer die innerlike gesig kan ontneem, doen Ek dit dan ook; want elkeen word `n bietjie bang dat hy nou miskien selfs in hierdie baie treurig uitsiende wêreld sou moes bly.[12] Toe hulle almal weer die maan met hulle liggaamlike oë sien, was hulle baie bly, en een van die oudstes van die Judese Grieke sê vir My: 'Heer, as daar in U groot skepping êrens `n wêreld is waar die siele as verdoem gekwel word, dan is die maan volkome geskik daarvoor, veral op die kant wat na ons gekeer is! En die vreemde, baie lelike, donkergrys deursigtige en mistige lugtige menslike wesens is sekerlik niks anders as sulke onbenydenswaardige, ongelukkige siele nie. As `n mens op ons aarde deur streke en lande reis, kom hy van die een mooi streek dikwels in `n nog baie mooier streek; maar op die wêreld daarbo is dit presies omgekeerd. Reeds die eerste en sekerlik nog die beste plek wat mens sien, sien al so ontsettend wild en woes daaruit, dat mens daarvan skrik soos vir `n monster. Die ander plekke en streke is egter nog baie afskrikwekkender en ontsettender, en in die streke woon menslike wesens wat so treurig en verskrompel daaruit sien, dat mens die bewoners van ons slegste en stinkendste poele vergeleke met hulle, ware konings sou kon noem. Heer, Heer, wat se wesens is dit tog?' [13] Ek sê: 'Ja, ja, dit is nou nie bepaald baie gelukkige wesens nie, en hulle het baie van die hel in hulle, maar hulle kan en sal mettertyd tog na `n beter lewe oorgaan, - maar dit sal nie so gou gebeur nie. Diegene wat hom op die oppervlakte van die maanaarde beweeg en `n bepaalde deursigtigheid gekry het, is in elk geval al beter daaraan toe; maar vir diegene wat nog in die diep hole, gate en kraters woon, gaan dit nog sleg, en dit sal nog `n geruime tyd duur voordat hulle na `n beter lewenstoestand toe sal oorgaan. [14] Kyk, dit is siele van mense van hierdie aarde, wat tydens hulle liggaamlike lewe hulleself bomatig oorgegee het aan `n ontsettende liefde vir die wêreld en vir hulleself. Hierdie siele, wat feitlik merendeels stoflik ingestel is, kry op die maan uit hulself `n tipe halfstoflike liggaam, waardeur hulle ook nog die bose stoflike indruk, soos koue, hitte, asook die lig van die son en die skaduwee van hierdie aarde en die ander planete kan waarneem; maar hulle kan hulle hebsug nie meer met iets aards stil nie. Hulle sien die aarde

baie goed, en weet ook hoe goed hulle eens op haar bodem geleef het, waar hulle baie goedere en aansien besit het en baie mense hulle gedien het; maar nou is hy slegs aan homself oorgelaat en naak, en het behalwe die baie dun lug glad geen voedsel nie, selfs geen water en heeltemal geen wyn nie. Die bodem van hulle aarde is `n soort puimsteen, en daar groei selfs geen mos nie. [15] En daarom is die maan vir sulke siele `n baie geskikte plek om behoorlik van al die materiële ontdaan te word en tot insig te kom dat alle aardse goedere baie bedrieglik en waardeloos is; en uiteindelik raak die verlange om heeltemal te vergaan en nie meer te bestaan nie, van hulle meester. [16] Baie probeer om hulleself dood te maak, ander poog om hulleself deur `n soort slaap te onttrek van alle verdere wêreldbeskouings; maar nóg die een nóg die ander slaag. Dan begin hulle te soek of daar nie die een of ander uitweg uit die hole en dale van hulle lyding voer na `n streek waar hulle miskien wyser mense sou kon ontmoet om met hulle oor die oorsaak van hulle baie treurige bestaan te praat nie. En kyk, dan vind hulle met baie moeite en inspanning `n uitweg. Dan kom hulle op `n groot vlakte, klim die baie hoë berge en ontmoet ook wyse geeste daar, wat hulle wyse lesse gee en ook vertel dat daar `n almagtige, wyse, goeie God bestaan, in wie hulle moet glo en wat hulle moet liefhê, en dat dit met hulle ook gou beter sou gaan as hulle dit sou doen. [17] Dit neem hulle dan graag aan en hulle word daarna gou bevry van hulle materie en kry `n geestelike gewaad en word vervolgens na `n ander aarde, soos byvoorbeeld Venus of Mercurius, later na Jupiter, Saturnus en nog ander planetêre aardes gebring. Daar ontdoen hulle hulleself dan gewoonlik van al die stoflike, juis deur die materie van die klein en groot aardes wat hulle moes deurloop. Daarna kan hulle na die son oorgaan, waar hulle vir hulleself dan baie wysheid en ook liefde hulle eie kan maak. Dan word hulle eers suiwer geeste en gaan hulle oor na die suiwer geestelike son, waar waarlik geen gebrek is aan tallose, baie wyse leerskole nie. [18] So word sulke mense, wat baie aan die stoflike geheg was, dan na verloop van `n baie lang tyd ook suiwer, en kan geniet van `n groot saligheid; maar hulle kan nooit kom waar een van die minste van My kinders sal kom nie. [19] Maar ook hierdie ellendige maanbewoners sal verlos word wanneer Ek weer teruggekeer het na die plek vanwaar Ek gekom het. - Dus weet julle nou wat die maan is?' [20] Lasarus sê: 'Ja, Heer, dit weet ons nou presies, dit wil sê, wat betref die kant wat na ons toe gekeer is! Maar die agterkant skyn meer ooreen te kom met ons aarde. Ons sien daar gewasse en water, en ons sien daar ook wolke aan die hemel. Wat is dan daar?' [21] Ek sê: Presies sulke natuurlike mense soos byvoorbeeld in die hoë noorde van hierdie aarde, maar natuurlik vanweë die heel ander dag- en nag omstandighede van die maan ietwat anders georganiseerd. Die res sal die gees julle leer. En omdat die verskynsel nou ook verby is, kan ons maar weer na binne gaan en `n ligte nagversterking gebruik.' [22] Almal was dit nou daarmee eens, en ons gaan na binne, waar Ek elkeen die advies gee om die ander mense niks oor die visioen te vertel nie.

Die gevolge van die maansverduistering. Wedergeboorte en geestelike gawes 158 In die kamer gaan ons soos gewoonlik aan die groot tafel sit, en Lasarus laat brood en wyn bring, omdat daar verder niks voorberei was nie. Martha wou egter tog na die kombuis gaan om in elk geval vir My iets beter klaar te maak. [2] Maar Ek sê vir haar: 'Doen dit nie, suster, brood en wyn is immers die beste kos vir die liggaam van die mens! En as jy nou vuur gaan maak, kan vlugtelinge uit Jerusalem dit merk en na binne kom, - wat sowel julle as Ek Self nie aangenaam sou vind nie. Doen dus nie wat vir ons nie nodig is nie! Môre sal homself wel beter skik.' [3] Toe sien Martha van haar voorneme af en ons eet en drink. [4] Maar toe ons ons liggame voldoende gesterk het, kom daar `n paar knegte van Lasarus na ons in die kamer en vertel dat daar buite die mure, waarmee Bethanië omring was, groepe mense rondloop, wat onder mekaar vertel dat daar in Jerusalem tydens die plaasvind van die maansverduistering so `n groot opskudding uitgebreek het, dat die Romeine uiteindelik met die wapens in die hand die rus moes herstel omdat alles andersins `n heel bedenklike wending kon geneem het. [5] Talle pelgrims het die stad verlaat. Maar diegene, wat hierheen gevlug het, probeer om binne te kom; dit kon hulle egter nie doen nie omdat ons vandag al by sonsondergang alle poorte goed gesluit het. Sommiges vra hulle af of die profeet uit Galilea dalk hier in Bethanië was. Maar ander sê daarop: 'O, daarvoor is hy te verstandig, Hy het sekerlik vanmôre al onraad bespeur en het nog betyds verdwyn!' - Heer van die huis, wat moet ons met hierdie mense doen? Moet ons hulle binne laat of nie?' [6] Ek antwoord in plaas van Lasarus: 'Laat hulle maar buite; die mense sal hulle nie verder agtervolg nie! Môre sal die lug weer opgeklaar wees en die fees sal weer sonder enige storing verloop.'

[7] Toe gaan die knegte weer na buite en hou met die ander knegte wag sodat niemand uiteindelik oor die muur op die groot binneplaas sou kom nie. [8] Toe herinner Ek almal aan dit wat Ek hulle vroeër op die heuwel oor die gevolge van die maansverduistering in Jerusalem gesê het, en hulle was almal verbaas dat Ek so presies kon weet wat die verskynsel se uitwerking sou wees, sonder dat Ek in Jerusalem aanwesig was. [9] Maar Ek sê vir hulle: 'Waarom vind julle dit so wonderlik? Kyk, net soos Ek, kon `n ander wyse en verstandige mens julle dit ook voorspel het, as hy uit lang ervaring met sekerheid sou geweet het hoe die hebsugtige tempeldienaars hulle by sulke geleenthede gedra, en hoe hulle met al sulke natuurverskynsels steeds vir hulle voordeel weet wat om te doen! Om iets vas te stel wat, vir elkeen wat goed nadink, dit volkome voor die handliggend is, is gladnie so besonders nie; maar wie sonder berekening kon bepaal wanneer so `n verskynsel verskyn, dit is heeltemal meer uitsonderlik, alhoewel die Essene, wat dit ook deur berekening, taamlik akkuraat vooraf kon bepaal, en ook altyd van hierdie geheime rekenkuns gebruik gemaak het. [10] Die latere opvolgers sal egter, hoewel hulle geensins alwetend is nie, sulke verskynsels nog baie noukeuriger deur berekeninge kan vasstel en daarom is dit ook nie so belangrik soos wat julle dink nie. [11] Baie belangriker is dit om die gedagtes van `n mens in sy hart na te gaan! Wie dit sal kan doen, is net soos God, alwetend en alsienend en alvoelend. Diegene wat volgens My leer sal lewe en daardeur die wedergeboorte van die gees in hulle siel bereik, sal dit ook kan doen; diegene wat dit egter nie sal bereik nie, sal ook nooit tot iets werklik geestelik in staat wees nie. [12] Die liggaam van die mens sal ewiglik nooit ontdek wat daar alles in die mens verborge lê nie, want dit het geen oog om te sien wat daar innerlik in hom is nie. Maar slegs die gees, wat homself in die innerlike van die mens bevind, sien en weet alles wat daar in die mens is. Laat elkeen daarom na die ware wedergeboorte van die gees strewe; want sonder die wedergeboorte kan niemand die ryk van God binnegaan nie. [13] Voordat Ek sal opvaar, sal niemand egter in staat wees om die volledige wedergeboorte van die gees in sy siel te bereik nie, - maar na My hemelvaart sal elkeen wat in My sal glo en volgens My leer sal lewe, dit bereik.' [14] Toe sê die leerlinge: 'Heer, hoe en wanneer sal dit dan gebeur?' [15] Ek sê: 'Dit sal julle weldra beleef en met julle eie oë sien. Meer hoef julle nie vir die tyd te weet nie. Bedink egter liewer dat ons tot dan nog baie te doen sal hê, en dat Ek eers nog baie sal moet ly, sodat die hele oordeel waarin alle mense hulleself nou bevind, van die angel van die dood ontdaan word! - Maar nou gaan ons rus om môre weer hard aan die werk te kan gaan; want `n slaperige mens is nooit in staat tot geestelike arbeid nie.' [16] Daarop gaan ons rus en slaap vas totdat dit weer lig word.

Die belewenisse van die leerlinge op die fees in Jerusalem 159 Toe ons ontwaak - wat hierdie keer ruim `n uur later as ander tye plaasgevind het, - staan die oggendete al kant en klaar op die tafel. Ons gaan dan ook dadelik aan tafel en gebruik opgewek die goed toebereide maal. Daarna vra die leerlinge aan My wat Ek alles op hierdie dag gaan doen. [2] Ek sê: 'Hierdie dag bestem Ek tot `n dag van rus en daarom sal Ek nie so besonder baie doen nie. Julle kan egter na die fees toe gaan en sien wat daar alles gebeur en luister na wat daar alles gesê word! En as julle dan gedurende die middag terugkom, kan julle My vertel wat die mense alles oor My sê; want Ek wil vandag met My Geestesoog en -oor by die fees aanwesig wees, omdat daar vandag `n suiwer heidense fees gevier sal word. Wie egter hier wil bly, bly en dink nie aan die dom fees nie!' [3] Daarop staan enkele leerlinge op en wandel rustig na die fees; maar Petrus, Johannes, Jakobus, Andreas, Simon en Matthéüs bly, en die Judese Grieke bly ook by My, - want hierdie laasgenoemdes het heeltemal geen sin om in die stad deur iemand, ondanks hulle Griekse kleding, herken te word nie. [4] Toe die paar leerlinge egter op die fees kom, word hulle baie gou deur enkele Judeërs herken, wat na hulle toe kom en nogal heftig vra: 'Is julle nie Galileërs en leerlinge van die timmerman uit Nasaret nie? Waar is Hy, dat ons na hom toe kan gaan en self met Hom praat?' [5] Die leerlinge gee op hierdie vraag egter geen antwoord nie. Toe dring die Judeërs nog meer by hulle aan. [6] Dit vererg Nathaniël, en hy sê vir die opdringerige mense: 'Waarom vra julle dit tog? Loop heen en soek Hom self! Ons is hier net sulke goeie bedevaartgangers as julle, en julle het geen rede om ons met enigiets lastig te val nie. Maar as julle aanhou, dan sal ons julle wel deur die Romeine laat verwyder.' [7] Daarop mor die Judeërs en laat die leerlinge met rus; vervolgens loop die leerlinge in die voorhowe van die tempel rond.

[8] Daar word egter op verskillende plekke druk oor My gepraat, en baie Judeërs wat in My glo, soek My, en vra ander of iemand My êrens gesien het. Maar niemand weet waarheen Ek gegaan het nie. [9] En sommiges sê: 'Hy het gister tog gelyk gehad toe Hy sê: 'Julle sal My soek en tog nie vind nie! En waar Ek is, sal julle nie kan kom nie!" [10] Daar was egter verskeie wat sê dat Ek `n suiwer bedrieër en geskoolde towenaar was. Ander sê dat Ek kennelik `n profeet was, omdat Ek dinge doen wat nog nooit deur `n towenaar gedoen was nie. Nog ander sê dat Ek vernaamlik `n baie vroom mens was. Daarteen protesteer ander weer wat sê dat Ek van `n magtige gees uit die onderwêreld besete was, wat deur My sy wonderwerke doen en daardeur die mense verlei. Maar niemand beweer of glo dat Ek die Christus (Gesalfde) was nie. [11] Die fees kom egter vir die leerlinge baie verlate en woes voor en hulle gaan daarom weer gou terug. Toe hulle weer in Bethanië aankom, word hulle dadelik gevra hoe dit op die fees gegaan het. En hulle vertel haarfyn wat hulle meegemaak het, en wat hulle gesien en gehoor het. Toe vererg Lasarus en die ander leerlinge en die Judese Grieke hulle daaroor dat die volk so baie verstok was. [12] En Lasarus sê: 'Nee, die onbegryplikste vind ek tog wel dat die volk so ontsettend verstok is! Watter tekens is daar nie al gedoen nie, en watter lesse is daar nie al gegee nie, - en alles tevergeefs?! Nee, nee, dit is te veel! Iemand soos U, o Heer, wat die mense maar net voortdurend die grootste weldade bewys, en na my wete nooit van iemand ook maar `n stater (geldstukkie) gevra het nie, maar soveel armes tog wel oorgelukkig gemaak het, en elkeen wat aan U `n vriendediens bewys het, dadelik duisendvoudig daarvoor beloon het, sien die stokblinde volk as `n bedrieër! O Heer, gee vir my U almag slegs vir `n paar oomblikke, en hierdie plek sal in `n oogwenk van al sy ou vuilheid gereinig wees! O, hopelose mensdom! Nee, dit het geen vyftig jaar meer nodig om ryp te word vir `n baie swaar oordeel nie; dit is daarvoor nou al meer as ryp!' [13] Ek sê: 'My beste broer, wen jou nie so daaroor op nie en bedink dat Ek Self wel die beste kan insien waarom daar toegelaat word dat hulle hulleself so onsinnig gedra! Tog sal ons hulle nie oordeel nie, maar die goed verstaanbare woord wat Ek so dikwels heeltemal tevergeefs tot hulle gespreek het, sal hulle oordeel. Maar dit is goed dat julle ook nou gehoor het hoe die oorgrote deel van die volk oor My die oordeel vel. Môre, op die grootste feesdag, sal Ek weer in die tempel onderrig gee en hulle baie presies vertel wat se soort mense hulle is, en wat hulle as sodanig kan verwag. - Daarom hou ons nou op daaroor en sal ons met iets beter besig hou!' [14] Lasarus sê: 'Ja, Heer, dit sal wel die beste wees! Maar is daar dan iets wat ons nou dadelik kan doen? Die middagete sal eers oor `n uur gereed wees.' [15] Ek sê: 'O, bekommer jou maar nie daaroor nie, - daarvoor sal Ek wel sorg!'

Die sewe waakhonde van Lasarus. Die sterrewêrelde as skole vir geeste 160 (Die Heer:) 'Kyk, toe Noag op aandrang van God die ark gebou het, is hy deur die baie wêrelds geworde bure bespot en uitgelag, en die mense het gesê: 'Kyk nou net na die ou dwase dromer! Hier hoog op die berge, ver van die see, bou hy `n huis vir die water, dinkende dat God soveel water sal laat kom dat die golwe selfs tot oor hierdie hoë berge sal slaan, en daarin sal hy dan met syne gaan sit om nie te verdrink nie!' [2] Die opmerkings en nog erger moes Noag aanhoor; ja selfs sy broer Mahal het hom uitgelag, en het met sy dogters na die dal van Hanoch gegaan. Die bure wou Noag egter die begeerte om te bou ontneem, deur snags herhaaldelik te verniel wat hy oordag gebou het. Toe vra hy God om van die plaers verlos te word. En sien, God het toe aan hom `n aantal groot, kwaadaardige honde gestuur, en wie hom snags in die buurt van die bouwerk gewaag het, was deur die honde verskeur, en so kry Noag genoeg tyd om die ark af te handel. [3] Jy het nou vir baie geld Romeinse soldate gehuur om jou huis te bewaak! Ek kan jou egter baie ander bewakers besorg; hulle sal jou maar weinig kos en hulle daarby tog deur niemand laat omkoop nie! Hulle sal jou vyande instinkmatig dadelik herken en hulle onder geweldige gehuil tot ver oor die grense van jou eiendom verjaag; maar tewens sal hulle die egte vriende van jou huis goed ken en hulle nie wegjaag nie, maar hulle ongestoord laat binnekom. [4] Lasarus antwoord: 'O Heer, gee my tog vinnig sulke bewakers; hulle sal by my niks tekortskiet nie!' [5] Ek sê: 'Wel, kom dan maar saam na buite, dan sal die bewakers dadelik daar wees!' [6] Toe gaan ons na buite op die groot binneplein, en dadelik kom daar sewe groot honde ons tegemoet, blaf hardop en loop toe kwispelstert om ons heen. Hulle was almal so groot soos tweejarige osse en het `n kragtige gebit en `n bruin, ruie haredos gehad. [7] Lasarus was baie bly daaroor en vra My hoe `n goeie blyplek vir hierdie diere daar moes uitsien. En in `n oogwenk, slegs deur die mag van My wil, en op die mees geskikte plek, maak Ek een vir hom, wat Lasarus baie verbaas; maar die leerlinge lê dit vir hom uit en beskryf hoe Ek vir mense voltooide

woonhuise geskep het. [8] En Lasarus sê: 'Sulke dinge doen die Heer alles en nog glo die ellendige volk daar bo nie in Hom nie, en sê nog bowendien dat Hy `n bedrieër is! O, wat wil die mense met hulle slegtigheid, en waar eindig hulle gemeenheid?!' [9] Maar Ek sê vir hom: 'Laat dit maar! Die tyd is ewig en die ruimte oneindig; wat daar ookal gebeur, daar is vir elke daad `n plek. Vannag, tydens die maansverduistering, het jy tallose sterre gesien, en dit was nouliks `n tienduisendste deel van die sterre wat binne die bereik van ons oë gelê het. Ek sê egter vir jou dat al hierdie moontlike sigbare sterre slegs `n verwaarloosde deel vorm van die somtotaal van die sterre wat nog nooit gesien is nie, selfs nie deur die skerpste siende oog van `n Birmaan (Bramaan) uit bo-Indië nie, terwyl baie van die skerpsieners uit bo-Indië sulke skerp oë het, dat hy die berge en kraters op die maan goed kan waarneem. En kyk, al hierdie oneindige talle wêrelde is skole vir allerlei geeste, en daaruit sal jy eers goed kan verstaan waarom daar in die Skrif staan dat God se raadsbesluite onnaspeurbaar en Sy weë ondeurgrondelik is! Maak jou daarom nie bekommerd oor alles wat skynbaar volkome onbegryplik gebeur nie; want God weet alles en ken die geeste en die weë waarop Hy hulle na hulle doel laat gaan!'

Die gee van `n voorbeeld as beste les en vermaning. Waar erns en dreiging op hulle plek is 161 (Die Heer:) 'Vir elkeen wat uit My mond die weë van die lig en die lewe ken, geld egter dat hy suiwer voor God moet staan en geen oordeel moet vel oor sy naaste nie! Wie dit doen, doen alles en gee deur sy voorbeeld sy broer die beste en doeltreffendste onderrig. [2] As jou broer jou goed en edel sien handel, sal hy weldra na jou toe kom en jou vra: 'Waarom doen jy dit eintlik?' En jy sal hom dan na waarheid vertel waarom, en sê: 'Gaan en doen dit ook, dan sal jy lewe!' En kyk, hy sal gaan en weldra begin te doen wat hy jou sien doen het! As jy hom egter sy foute gaan voorhou en hom eers daarna vertel hoe hy hom in die vervolg moet gedra, sal hy kwaad word en jou vra: 'Wie gee jou die reg om oor my te oordeel? Kyk na jouself, ek kan goed vir myself sorg! [3] Daarom sê Ek vir elkeen: Laat goeie werke die leer voorafgaan, dan kan die mense die vinnigste sien dat julle waaragtig My leerlinge is! Wees selfs vir julle vyande goed, dan sal julle gloeiende kole op hulle hoofde stapel! [4] Neem almal van My `n voorbeeld! Want Ek Self is van ganser harte deemoedig en sagmoedig, en oordeel niemand nie en verdoem niemand nie; maar elkeen wat vermoeid is en onder allerlei kwale gebuk gaan, moet na My toe kom, dan sal Ek hom verkwik! (Matthéüs 11:28) [5] Soos wat Ek Self teenoor alle mense is, moet julle ook wees! Of kan julle, My eerste leerlinge, van My sê dat Ek hard en wreed was teen oerslegte mense, waar dit buite hulle beheer was, en wat na toe My gebring was? [6] Slegs `n geringe aantal mense wat vóór die tyd van bo af bepaal is en opsetlik kwaadaardig vir My en vir julle wil vernietig, kry die vuur van My regverdige toorn te verduur. Ook daarmee gee Ek `n voorbeeld wat julle by voorkomende, soortgelyke gevalle kan navolg; want aan krag daarvoor sal dit julle nie ontbreek nie. Maar voordat julle streng gaan optree, moet julle geen enkele milde manier onbeproef laat nie. Strengheid moet slegs gebruik word as die mense julle moedswillig boosaardig bejeën, julle vervolg en van geen versoenende woord wil weet nie. [7] Gee `n streng vermaning aan diegene wat julle om My Naam ontwil sal vervolg, vir `n beloning van die hoëpriesters en hulle trawante! As hulle na julle vermaning luister, laat hulle dan in vrede gaan; as hulle egter na driemaal se vermaning niks wil hoor nie, dreig hulle dan ernstig! Luister hulle ook glad nie na die dreigement nie, bring dan die dreigement ten uitvoer, as waarskuwende voorbeeld vir almal wat hulle voorgeneem het om julle, ter wille van aardse gewin, hardnekkig te agtervolg! Maar dit is ook die enigste geval waarin julle streng moet optree.' [8] Petrus sê: 'Heer, wat moet ons dan aanvang met iemand wat die moeite sou doen om ons deur leuens en vleiende woorde te verlei? Die bose opset sou ons natuurlik dadelik goed deursien, maar as ons dit deursien het en die persoon hou aan en hy ons tog, ondanks alle plegtige versekeringe, bly verlei, - wat moet ons dan met so iemand doen?' [9] Ek sê: 'Maar kan julle nog steeds nie so ver dink en deur vergelyking tot die slotsom kom dat dit nie gaan oor die middel nie, maar oor die doel wat mens deur die middel bereik, en op watter wyse jy dit dan ook by iemand wil bereik? Of iemand wat swaard, lans, kettings of met leuenagtige, vleiende praatjies iets wil bereik, maak nie saak nie; luister hy nie na julle herhaalde waarskuwings nie, dan moet hy bedreig word, en luister hy ook nie na die bedreiging nie, dan moet dit aan hom voltrek word! Ek dink dat julle nou goed sal kan insien hoe en wanneer daar in die ware sin van die woord met alle erns opgetree moet word. [10] Maar daarby moet daar nog met die volgende rekening gehou word, naamlik: Wanneer elkeen se tyd sal aanbreek, soos wat My tyd binnekort sal aanbreek, tel die eie erns nie meer nie, maar dan moet `n

mens hom die erns van God laat welgeval, as mens geestelik tot God wil kom.'

Oorsaak en doel van siektes en lyding 162 Toe sê een van die Judese Grieke: 'Heer, maar waarom kan `n mens, wat tog al arm is en op sterwe lê, maar net via allerlei pyn en lyding tot God kom? Kan dit nie ook sonder lyding gebeur nie, maar deur gesond te lewe volgens die erkende wil van God?' [2] Ek sê: 'Hoe die mens dit wil hê, hang merendeels van homself af. Die meeste liggaamlike siektes is selfs `n gevolg van allerlei sonde wat die mens al vanaf sy jeug tot aan sy ou dag herhaaldelik, en uiteindelik uit `n soort gewoonte, begaan het. Baie siektes van die mense is `n erfenis van ouers en voorouers aan hulle kinders en kindskinders, omdat die ouers en voorouers reeds gesondig het. Jy kan God nie die skuld gee as die mens aan hom self allerlei siektes, pyn en lyding besorg nie. Wel sou jy vir My kon sê: 'As `n mens dadelik deur God onderrig was oor wat hy moet doen om binne die korrekte orde op die wêreld te lewe en te bestaan, en hy handel en gedra hom nie daarvolgens nie, is dit duidelik sy eie skuld as hy allerlei lyding oorkom; maar as die mens alles uit die natuur moet leer, en deur allerlei aaklige en dikwels baie nare ervaringe verstandig moet word, dan is hy nie skuldig aan sy lyding nie, en die betreurenswaardigste skepsel op aarde!' [3] Ja, sê Ek Self, dit sou die mens ook beslis wees, as dit so was! Dat dit egter nie so is nie, bewys die skepping van die eerste mensepaar in die paradys, wat bykans ononderbroke deur God vir meer as `n honderd jaar lank in alles onderrig was. Bowendien het God in die eerste mensetydperk op hierdie aarde voortdurend nog sieners en profete opgewek, wat die steeds meer wêrelds geworde mense onderrig het en aan hulle die wil van God geopenbaar het. [4] Onder sulke omstandighede kon geen mens beweer dat hy van niemand gehoor het hoe hy volgens God se wil moes lewe nie. Maar die mense het hulle aardse woonwêreld maar al te gou verbou, stede gebou, en die een pragtige bouwerk na die ander gemaak, en het so op hulle wêreld verlief geraak, en het God deur al die wêreldse dinge vergeet, en het selfs godloënaars geword. Sodra daar dan ook `n siener, wat deur God opgewek was, na sulke mense toe gegaan het, was hy maar net uitgelag en niemand het op die betekenis gelet van wat hy gesê het nie. [5] Wel, hierdie soort mense moes dan natuurlik maar deur allerlei bitter ervaringe wys word, en daaruit vir hulleself moeisaam `n leefreël opstel. Hierdie leefreëls, soos wat julle dit nou byvoorbeeld by baie heidene vind, was egter al vir die grootste deel sonde teen die ware, goddelike orde, en daardeur moes noodsaaklikerwys allerlei liggaamlike en geestelike kwale, uiteenloop en inslag vind onder die mense. [6] As God dan so `n mensesiel vir die ewige lewe wil behou, moet Hy haar deur allerlei liggaamlike lyding daarmee help, en wel deur so `n te sterk aan die wêreld gehegte siel deur baie lyding en pyn meer en meer van die wêreld losmaak, om te voorkom dat sy heeltemal na die materie van die wêreld oorgaan, en dus na haar dood en oordeel sou terugtrek om opgesluit te word. En kyk, dit is nou die rede waarom die mense op aarde so dikwels en so baie moet ly! [7] Maar ook ons sal baie moet ly ter wille van mense wat deur eie skuld misvorm is. - Maar ons lyding sal nie oor ons kom omdat ons geen kennis van die suiwer goddelike lewensorde sou hê of omdat ons dade daarmee in stryd sou wees nie, maar ons sal deur ons lyding die blinde mense siende maak, omdat hulle aan ons sal kan sien hoe weinig waarde ons aan die lewe van hierdie wêreld heg en hoe groot die waarde van die lewe van die siel moet wees om daarvoor alle aardse voordele weg te wys. En kyk, daaruit sal dan eers die eintlike verlossing van die mense van die dood na die lewe bestaan! - Maar genoeg oor dit alles! Omdat die middagete nou heeltemal gereed is, gaan ons weer na binne en aan tafel!' [8] Die Judese Grieke kon egter nie so goed verstaan dat ook hulle as latere verkondigers van My woord nog daarvoor sou moes ly nie, ja selfs hulle lewe op die spel sou moes plaas. [9] Maar Ek spreek die bekende woorde vir hulle: 'Van nou af aan sal elkeen wat sy lewe liefhet, dit verloor; wie dit egter verag en loslaat, sal dit vir ewig behou!' [10] Toe sê die Judese Grieke: 'Wat beteken dit? Wie kan dit verstaan?' [11] Ek sê: 'Dit beteken: Wat sou `n mens daaraan hê as hy met die aardse lewe die hele wêreld sou wen, maar skade sou ly aan sy siel? Wat kan so `n mens dan gee om sy siel te verlos? Daarom moet `n mens die liggaamlike lewe maar net gebruik om die ewige lewe van die siel daardeur te wen. As `n mens sy liggaamlike lewe nie in die eerste plek daarvoor gebruik nie, is dit sy eie skuld as hy die lewe van sy siel verspeel het, of dit minstens sodanig verswak het dat die siel later aan die ander kant dikwels `n baie lang tyd sal nodig hê om so ver tot haarself in te keer, dat sy in `n ietwat ligter en beter geesteslewe sal kan oorgaan. Want solank `n siel nog met enige liefde aan haar liggaamlike lewe en die voordele daarvan hang, kan sy in haar gees nie volledig wedergebore word nie; `n siel wat egter nie volledig in haar gees wedergebore is nie, kan ook nie in die ware ryk van God ingaan nie, omdat geen atoom van iets materieel daarin kan bestaan nie. - Nou weet julle genoeg, laat ons dus na binne gaan!'

[12] Ons gaan nou na binne en nuttig die goed voorbereide middagete en tydens die ete word daar maar weinig gepraat.

Die lot van selfmoordenaars. Om die leer te verkondig sonder om `n goeie voorbeeld te gee, is nutteloos. Geloof sonder werke is dood 163 Na die maaltyd staan `n oudste van die genoemde Judese Grieke egter op en sê vir My: 'Heer, ek het tydens die ete diep daaroor nagedink dat jy jou liggaamlike lewe gladnie moet liefhê nie, maar veeleer moet verag en loslaat, om daardeur die lewe van die siel te verkry en te behou! Dit het vir my nou wel taamlik duidelik geword; maar daar bly tog nog `n punt oor wat ek nog nie heeltemal verstaan nie. Daar is ook mense wat ware aartsvyande van hulle eie lewe is, en homself doodmaak as hy om die een of ander rede genoeg daarvan gekry het. Hy sou dan tog sekerlik die lewe van die siel moet verkry! - Wat sê U daaroor?' [2] Ek sê: 'Het God hulle dan die liggaamlike lewe gegee om te vernietig?! Die lewe van die liggaam is die middel wat God die mens gegee het, waardeur hy die lewe van die siel vir ewig kan en moet verkry. As hy egter die middel te vroeg vernietig, hoe moet hy dan die lewe van sy siel behou en eintlik eers verkry? As `n wewer eers sy weefstoel stukkend slaan en vernietig, hoe kan hy dan daarna sy linne weef? Ek sê vir jou: Selfmoordenaars - uitgesonderd waansinniges - sal moeilik ooit of ook heeltemal nooit die ryk van die ewige lewe besit nie! Want as iemand eenmaal so `n vyand van sy lewe geword het, het hy geen liefde vir die lewe nie; `n lewe sonder liefde is egter geen lewe nie, maar die dood. – Weet jy nou waaraan jy toe is?' [3] Die Judese Griek sê: 'Ja, Heer en Leraar, nou is dit vir my duidelik, en dit sal vir my ook `n hooftema van U leer wees, wat aan die mense nie genoeg gepreek kan word nie!' [4] Ek sê: 'Baie goed, - maar vóór alles moet die prediker self heeltemal volgens die orde wees, alvorens hy iemand anders onderrig kan gee; want anders is die onderrig sonder inhoud en laat dit ook by die leerling niks agter nie. As iemand self ywerig doen wat hy leer, sal sy leerlinge hulle ook inspan om net so volmaak te word as hulle meester. As die leerlinge egter dadelik al hier en daar gebreke en onvolkomenhede aan hulle meester ontdek, sal hulle ook baie gou minder ywerig word en uiteindelik sê: 'Die meester is self `n sukkelaar - wat sal tog van ons word?!' En Ek sê vir jullie: Die leerlinge sal so `n meester baie gou die rug toekeer; want `n sukkelaar is altyd iets alledaags en hoort nooit tot die sfeer van die kuns, en nog minder tot die sfeer van die Wysheid nie. Daarom moet julle eers self in alles volmaak wees, dit wil sê, in die leer en die toepassing daarvan, omdat julle andersins nie in staat sal wees om ware verkondigers van My evangelie te wees nie. [5] Gestel dat daar êrens nog `n ou heldeskool bestaan het, waarin die sterkste en moedigste mense tot oorlogshelde opgelei word. Die meester sou by hulle veral die nadruk laat lê op doodsveragting en sê dat `n lafhartige mens, wat die dood vrees, nooit `n egte held sal kan word nie. As dit dan egter op `n ernstige proef sou aankom, waarby die heldemeester aan sy leerlinge sou moes toon hoe `n mens die dood koelbloedig tegemoet moet tree, en hy sou dan aarsel en uiteindelik self op die vlug slaan, - sou dit sy heldeleerlinge dan tot ware moed aanspoor? Beslis nie, want die leerlinge sou dink: 'Ag, hy wil ons maar net met goedgekose woorde doodsveragting inpraat; maar as dit daarop aankom, is hy honderdmaal banger vir die dood as die bangste van ons! Hy kan maar eerder lafaards in plaas van helde oplei!' [6] Heel ander reaksies sal die heldemeester oproep as hy ten aanskoue van sy leerlinge `n geveg aangaan met `n leeu, en hom deur sy krag en behendigheid oorwin en in die stof laat byt. Dan sal sy leerlinge hom bewonder en by hulleself steeds meer sin kry om so gou moontlik ook so `n geveg aan te gaan. En die spreuk bly steeds waar, dat slegs die gees van die daad lewe bring, die dooie letter van die woord slegs dood. Want wat self dood is, kan as sodanig geen lewe skenk nie, maar die gees wat deur die lewende daad vorendag kom, maak alles lewend. [7] Ek sê vir julle: Hy sal nie die ryk van God binnegaan, wat vir My sal sê: 'Heer, Heer!' nie, maar slegs hy wat die erkende wil van My Vader in die hemel sal doen! Dit is nie genoeg dat iemand glo dat Ek die die Messias(Christus), die Gesalfde van God is nie, maar hy moet ook doen wat Ek geleer het, anders het sy geloof geen sin nie; want sonder die werke is die grootste geloof dood en gee aan geen enkele siel die ewige lewe nie. - Besef dit alles goed en handel daarvolgens, dan sal julle lewe!' [8] Na hierdie les van My vra niemand meer iets nie, want hulle het almal genoeg om oor na te dink en onder mekaar te bespreek.

Lasarus se houding ten voorskrifte van die tempel. Ergernis en die skadelike gevolge daarvan 164 Ek gaan met Lasarus en beide sy susters na buite. Toe ons op die groot binneplein kom, merk die groot honde dat onbekendes die plek Bethanië nader, en hulle hardloop hardop blaffende na die poort van die groot binneplein, en Lasarus vra My wat dit kan beteken. [2] Ek sê vir hom: 'Enkele Judeërs en `n paar ou Fariseërs, wat vandag niks te doen het nie, wil jou besoek

en jou tewens teen My waarsku; maar hulle doen dit maar net om van jou te wete te kom of ek My dalk by jou bevind, of waarheen Ek uiteindelik van jou af gegaan het. En kyk, die honde merk presies dit wat geen vriende van jou en My is nie, en hardloop daarom na die poorte om te sorg dat die Judeërs en Fariseërs gou terug gaan! Want sodra iemand wat kom, ook maar van ver af hierdie diere in sig sal kry, sal hulle oombliklik omkeer en so vinnig as wat hulle voete hulle kan dra, daarvandaan weggaan. Daarna sal die honde ook weer heel rustig terugkom. [3] Ons gaan toe in dieselfde rigting as die honde. Nog maar nouliks het ons die poort bereik, of ons sien ook al `n swart groep mense. Die honde verlaat die poort onder geweldige geblaf en hardloop die komendes in woeste vaart tegemoet. Maar toe hulle die honde onder oë kry, keer hulle pylsnel om en gaan soos skreeuendes daarvandaan weg. [4] Toe hulle sien dat hulle nie meer deur die honde agtervolg word nie, begin hulle stadiger te loop en was baie kwaad vir Lasarus, wat hom nou al deur verskeurende diere laat bewaak om homself en sy huis te beskerm teen die besoek van die manne van die tempel; maar hy moes die geduld van die tempel nie op die spits dryf nie, anders sou dit met hom nog baie sleg kan gaan. Waar sou hy nou tog dié diere vandaan gekry het? En so mopper hulle totdat hulle in Jerusalem kom; maar tuis sê hulle niks nie, omdat hulle skaam was dat hulle vir honde op die vlug moes slaan. [5] Toe Ek dit aan Lasarus meedeel, vra hy My wat hy in die uiterste geval van die tempeldienaars te vrees het. [6] Ek sê vir hom: 'Heeltemal niks nie; want as hulle jou iets sou wil aandoen, staan jy immers onder die Romeinse reg, en daarmee het jy genoeg wêreldregtelike beskerming, omdat hierdie einste plek al vir meer as vyftig jaar geheel en al onder die uitsluitlike gesag van die Romeine staan. Ja, as dit nie so was nie, sou die tempeldienaars jou wel baie anders aangepak het; maar so het hulle geen reg nie. Hulle probeer slegs vir jou, as Judeër, op hierdie manier vir hulle voordeel uit te buit, en uiter maar net los dreigemente teenoor jou; maar in werklikheid kan hulle niks aan jou doen nie. Jou verpligtinge kom jy altyd gewetensvol na en dus kan hulle regtig niks teen jou inbring nie. Dit is dan ook die vernaamste rede waarom hulle so kwaad is vir jou. [7] Hulle weet maar al te goed dat jy die rykste man in die hele Judea is, omdat jou besittings as sodanig reeds `n klein land vorm, en wat heeltemal onder die Romeinse jurisdiksie staan. Hulle het dus geen reg om jou belasting op te lê nie en dit is vir hulle `n gruwel. Hulle sou dit graag so wou bewerk dat jy jou losmaak van die Romeine en jouself dan tot suiwer onderdaan van die tempel verklaar. Omdat jy dit egter, ondanks al hulle opdringerigheid, nie wil doen nie, val hulle jou orals op jy eiendom lastig, rui jou bediendes op, en steek nou weer dit, dan weer dat aan. Maar van nou af aan is jy beveilig; en dus mag hulle heimlik hoe kwaad wees vir jou, hulle kan tog niks aan jou doen nie, - en daarom kan jy van nou af volkome gerus wees!' [8] Lasarus sê: 'Heer, ek dank U vir u goeie uitleg! Ek voel my nou baie gerusgestel, en helaas, ek haal nou weer vryer asem; maar ek vind dit tog nog baie onaangenaam dat ek nou teen myself moet sê: 'Jy het as mens altyd volgens jou beste kennis en gewete baie bereidwillig al die moontlike gedoen wat mens ook maar met die skyn van wettigheid van jou verlang het, en bowendien het jy nog openlik en verborge uit goedhartigheid baie goed gedoen, wat mens nooit van jou kon verlang het nie, - en daarvoor word jy nou nog deur die ellendige tempeldienaars gehaat!' Ag, Heer, dit word vir my egter te veel! [9] Die ellendige skepsels wil alles maar net self besit en hou absoluut geen rekening daarmee nie dat ek, om die tempel sy verpligte koste vir die onderhoud van die armes te bespaar, jaarliks minstens duisend armes heeltemal onderhou en bowendien nog elke jaar `n baie behoorlike bedrag in hulle geldsakke stop. Ek het die tempel ook al baie groot gifte gegee, - en dit alles tel nie meer by die ellendelinge nie! In plaas daarvan probeer hulle nou bowendien nog om my heeltemal ten gronde te rig, - wat hulle selfs op `n Sabbat oombliklik sou doen as dit vir hulle moontlik was! Ja, Heer, ek weet maar al te goed dat hulle my niks kan doen nie, maar dit vererg my tog ontsettend dat hierdie ellendelinge my nou nog haat, terwyl ek tog soveel dienste aan hulle bewys het!' [10] Ek sê: 'Maar kyk dan eers na My! Het Ek nie hierdie aarde en son, maan en alle sterre geskape nie? Versorg Ek nie voortdurend die aarde, sodat sy allerlei soorte voedsel vir alle skepsele voortbring nie? Sorg Ek nie vir die lewe van elke mens nie? Ek het hierdie aarde voorbestem vir die kweek van My kinders, Ek het nou Self volgens alle bekende voorspellinge na hierdie aarde gekom om My deur woord en daad as Heer van hemel en aarde in die gedaante van `n mens te toon, om hulle daardeur Self sodanig onderrig te gee dat hulle waaragtig My ewebeeld sal word. En wat doen hierdie tempelhelde? Hulle haat My, vervolg My en ook elkeen wat in My glo, omdat Ek aan hulle wys dat hulle dade sleg is. Hulle probeer voortdurend om My dood te maak en weldra sal die tyd kom dat Ek Self sal toelaat dat hulle ook die gruweldaad aan My sal verrig. En kyk, Ek voel geen ergernis oor hulle in My nie! Aan die ander kant sal Ek egter ook ewiglik Heer bly, en hulle sal sekerlik vergeld word vir wat hulle hier doen! [11] Omdat Ek as die Oereerste en as die enigste, grootste weldoener van die mense, My egter nie

daaroor vererg nie, moet jy jou ook nie vir hulle vererg nie, want vergeleke met My, het hulle jou iets baie gering aangedoen! Kyk eers na die klip, hier op die weg voor ons! Wie sorg daarvoor dat dit bly wat dit is, - behalwe Ek? As Ek op die oomblik My wil, wat dit in stand hou, terugtrek, bestaan dit nie meer as materie nie, maar gaan dit oor in sy geestelik-spesifieke toestand, dus terug in die sfeer van My oerideës, en dieselfde sou Ek ook oombliklik met die hele aarde kon doen as die dade van haar bewoners My sou vererg. Omdat dit My egter nie vererg en nooit kan vererg nie, bly alles bestaan en laat Ek My son toe om selfs te skyn oor die goeie en die bose, regverdiges en onregverdiges. Eers aan die ander kant sal die groot verskille aan die lig kom, en elkeen sal sy regter in hom dra. [12] As jy egter aan die ander kant volledig by My wil wees, dan moet jy ook daarin aan My gelyk word dat jy jou oor niemand vererg nie. Wie My navolg, moet My in alles navolg, omdat hy andersins nie volledig My leerling is nie. [13] Daar kom nog iets by, naamlik, dat ergernis glad nie bevorderlik is vir jou noodsaaklike, liggaamlike gesondheid nie; want daardeur ontstaan daar te veel gal, en dit verpes die bloed en bring die menslike lewe elke oomblik in gevaar. Verhoed dus ook in hierdie opsig ook die te groot ergernis, anders kan jy baie gou jou liggaamlike lewe kwytraak! Bedink dit alles goed, dan sal jy ook nie bang hoef te wees vir liggaamlike kwale nie!'

Invloede van geeste en die vrye wil van die mens. Die bestemming van die siele van diere 165 Lasarus sê: 'Ja, dit sien ek nou maar al te goed in, maar ek kan U tog nie heeltemal verseker dat ek myself, selfs al neem ek my so goed moontlik voor, by gelyksoortige, nare gevalle nie weer sal vererg nie, want om my te vererg het by my al `n tweede natuur geword. Selfs met die beste wil kan ek geen onreg verdra nie! [2] Maar op hierdie aarde sien jy merkwaardige dinge: Elke mens weet dat hy eenmaal moet sterwe en al die tydelike moet loslaat; hy ken die wette van die goddelike orde en die goddelike wil; hy het insig en verstand om die onware te onderskei van die ware, die bose van die goeie, die reg van die onreg en die nag van die dag; hy weet - deels uit openbaringe en deels dikwels uit self meegemaakte, verligte momente, - dat die siel na die dood van die liggaam voortleef in dieselfde vorm waarin sy op aarde beliggaam was en geleef het; en tog streef hy maar net na die dooie, aardse goedere, keer die goddelike wette bewustelik die rug toe, vertrap al die korrekte, goeie en ware met die voete, haat alles behalwe homself, en begaan die een doodsonde na die ander; hy hoereer, pleeg egbreuk, bedrieg, steel, roof en pleeg moord, en God beteken niks vir hom nie! Ja, dan vra jy jou tog af hoe dit moontlik is dat God dit kan toelaat! [3] As `n mens dit alles uit eie vrye wil doen, is hy tog wel erger as die Satan en al sy duiwels, waaroor die Skrif herhaaldelik praat; word hy egter net soos Saul deur `n bose gees tot al die bose aangedrywe, sodat hy onmoontlik iets goeds kan doen terwyl hy tog die goeie en ware insien en as sodanig erken, dan is hy self, omdat hy deur onsigbare kragte gedwing word, tog sekerlik duidelik onskuldig, en die skuld lê dan by die bose verleier en ten dele - eerlik gesê - ook by Hom wat die versoeking vir die arme, swak mens toelaat. Want teen `n sigbare vyand kan mens hom op allerlei wyse beskerm, maar wie kan hom teen `n onsigbare vyand beskerm en daarmee `n beslissende stryd aangaan, soos wat `n gees die mens totaal gevange kan neem en selfs op die menslike wil `n geweldige druk kan uitoefen? - Kyk, Heer, dit is merkwaardige dinge, wat selfs die verstandigste en beste mense nie kan tuisbring nie! [4] As die mens sonder enige bose invloed van iemand anders, suiwer uit eie vrye wil die bose doen, dan vind ek hom `n afskuwekkende sondaar, wat as sodanig uit alle goeie gemeentes verwyder moet word - want so `n onmens verdien volgens my oordeel sekerlik vir ewig niks beter nie, as hy sy lewe nie ernstig in alle opsigte wil verbeter nie, - maar wie kan iemand wat deur `n duiwel verlei is, veroordeel?! So `n veroordeling sou vir my dieselfde wees as die straf van iemand wat `n gevaarlike siekte gekry het. - Heer, lê My ook dit eers goed uit!' [5] Ek sê: 'Ja, beste broer, Jou oordeel oor hierdie saak bevat baie goeie dinge, en Ek kan nie vir jou sê: 'Kyk, nou het jy verkeerd geoordeel nie!' Maar tog is die saak aanmerklik anders, en daarom is jou oordeel heeltemal misplaas! [6] Op `n wêreld, waar dit daarom gaan dat die mense tot volmaakte kinders van God opgevoed word, moet hulle, behalwe `n vrye wil en `n helder verstand, ook deur God gegewe wette hê waarin God se wil duidelik na vore kom, en hulle wil moet die wette aanvaar en toepas. Maar hoe sou hulle dit kan doen as daar in hulle ook geen kragtige prikkel sou wees om die wette nie te hou nie? [7] Hierdie teenoorgestelde prikkel verskaf die menslike wil immers volmaakte vryheid en gee hom ook die volledige krag om hom te weerstaan en die gekende wil van God in die plek daarvoor te stel. [8] Ek sê vir jou: `n Mens wat nie in homself die volledige vermoë besit om `n voltooide duiwel te word nie,

kan ook nooit `n volledige op God lykende kind van God word nie. [9] Sou die oneindigheid van die ruimte nog wel `n oneindigheid wees as dit een of ander beperking het, of sou God wel volkome almagtig wees as dit vir Hom onmoontlik sou wees om ook maar die kleinste ding te skep? Of is God minder God omdat Hy naas heilsame kruie ook skadelike, giftige plante geskape het, en omdat Hy die talle onkruid net soos die koring van saad voorsien, sodat dit net soos die edel plante kan voortwoeker? [10] Kyk, soos wat geen enkele beperking in God Self kan optree nie, in watter vorm dan ook, - nóg na bo nóg na benede, eweso kan en mag daar ook in die mens, waaruit `n egte kind van God moet ontstaan, nooit enige beperkende optrede wees nie - nóg na bo nóg na benede; - want met so `n beperking sou die mens geen mens meer wees nie, maar slegs `n meer intelligente dier, wie se wil maar net `n skyn van vryheid het, die dier daardeur juis tot die sake gedryf word waarvoor dit `n instinktmatige moontlikheid besit, - maar ewigheid ook geen haar meer as dit nie! [11] Uit `n eenvoudige dieresiel kan daar egter nooit `n mensesiel ontstaan nie, en daarom sê mens ook dat die dieresiel met die dier sterf, - wat egter natuurlik maar net so verstaan moet word, dat `n dieresiel na die dood van die dier, byvoorbeeld van `n os, volledig ophou om die siel van `n os te wees, omdat sy haar by die verlaat van die diereliggaam dadelik met nog baie ander vrye dieresiele tot `n nuwe, volmaakte siel verenig, haar gedurende enige tyd kwalifiseer as mensesiel en vervolgens in `n menseliggaam tydens die verwekking opgeneem kan word, - `n ou wetenskap, wat by die oervaders baie duidelik en volkome gebruiklik was en by die bo-Indiërs nog hede ten dage baie voorkom. [12] Maar om nou nog verder daaroor te praat, sou nutteloos wees, omdat dit volkome voldoende is as die mens besef dat hy mens is, en daardeur God as sy Skepper, Weldoener en uiteindelik as sy enige ware Vader erken, aan Wie hy as mens in sy gees volledig in alles gelyk moet en ook kan word, as hy maar wil. Sê My nou eers of jy dit alles goed verstaan het!' [13] Lasarus sê: 'Ja, Heer en Leraar van die ewigheid! - Maar die aand breek nou vinnig aan. Wat sou U daarvan sê as ons weer na binne gaan?' [14] Ek sê: 'Laat ons dit doen! Maar sê die leerlinge niks oor alles wat ons hier onder mekaar bespreek het nie; want hulle weet eintlik baie oor die dinge, en daarom is dit glad nie nodig om dit weer vir hulle te vertel nie. Ons sal nou vannag nog `n klein skouspel beleef, maar dit sal nie angswekkend wees nie; daarom moet jy ook nie bang wees wanneer dit gebeur nie. Maar nou gaan ons, anders word ons gehaal, want jou susters het al die aandete gereed!'

Wat meteoriete en komete eintlik is. 166 Ons gaan na die huis, en toe ons ongeveer dertig treë daarvandaan was, vlieg daar `n groot vurige meteoor vanuit die noorde presies oor ons hoofde na die suide en wel met so `n snelheid dat hy van horison tot horison nouliks enkele oomblikke nodig gehad het om die afstand, wat minstens vierhonderd uur deurgaans bedra, af te lê. [2] Toe sê Lasarus, wat aan sulke verskynsels nog sommige bygelowige waarde heg, met `n sekere opwinding vir My: 'Heer, dit beteken niks goeds nie!' [3] Ek sê: 'Waarom dan? Waarom sou dit dan op iets boos dui?' [4] Lasarus sê: '`n Baie ou volkssage verklaar dergelike verskynsels as volg: Wanneer daar êrens op aarde `n groot booswig sterf, gryp sewe van die allerergste duiwels sy siel en sleur dit deur die lug. Van pure skrik, angs en pyn laat hy alles los en omdat die siel nou eenmaal tot die onderste hel behoort, bestaan alles wat sy in haar angs loslaat natuurlik uit vuur. Sulke duiwels en helse afval verpes egter die lug, en waar daar soms `n deel daarvan op die aarde val, gebeur dan ook die een ongeluk na die ander, en daarvoor is daar heelwat offers en gebede nodig om so `n plek van die ongeluk te suiwer. - So lui die ou volkssage. Ek glo dit weliswaar nie sonder meer nie; maar dit is tog vreemd dat soveel dinge, wat mens as kind in `n sekere sin met die moedersmelk ingekry het, nie so baie maklik uit `n mens te verwyder is nie. Daar bly altyd `n soort geloof daaraan hang, dat dit van tyd tot tyd by sulke origens heeltemal onbegryplike verskynsels, weer hernu word en die gemoed met vrees en angs vervul. - Sê U nou eers, o Heer, wat daarvan waar is!' [5] Ek sê: 'Die ou sage bevat nie die minste waarheid nie; maar die verskynsel self, wat heel natuurlik is, moet waar wees, omdat dit anders nooit sou gebeur nie. Wat die verskynsel as sodanig voorstel, sal Ek jou in die praktyk laat sien. Let nou dus op! [6] Kyk, daar lê `n klip! As iemand deur middel van `n buitengewone krag in staat sou wees om hierdie klip so kragtig deur die lug te slinger dat hy binne `n oomblik honderd uur ver sou trek, dan sou hy deur die sterk wrywing met die lugmassa oombliklik so gloeiend word soos vloeibare erts. Maar ook die lug waar die klip sou deursny, sou gloeiend word en agter die weggeslingerde, vlieënde klip `n spoor vorm wat gloeiend daaruit sien, wat egter gou sou afkoel en verdwyn, - net soos wat jy dit by die so effe verbyvlieënde

meteoor gesien het. So `n spoor is dan geen afval van `n siel wat haar in die kloue van die duiwel bevind nie, maar slegs die baie vinnige vlug en die klip se gloeiend gemaakte lug. Om jou dit egter nog makliker te laat verstaan, sal Ek nou hierdie klip neem en hom deur die krag van My wil met groot snelheid laat rondvlieg en hom dan weer hierheen lei, waardeur jy dan heeltemal bevry sal wees van jou ou kindergeloof.' [7] Toe tel Ek die ongeveer tien pond sware klip op en laat hom bliksemsnel gedurende enkele oomblikke in groot kringe deur die lug gaan, sodat hy nog meer lig afgee as die vroeëre volledige natuurlike meteoor, en toe hy voor ons neerval, was hy nog so gloeiend soos gesmelte erts en straal hy `n groot hitte uit wat nouliks te verduur is; en as mens hout daarop sou lê, sou dit dadelik aan die brand geslaan het. Dit verbaas Lasarus toe. [8] En Ek sê op `n gemoedelike toon vir hom: 'Kyk, broer, daar het jy nou jou siel van `n booswig wat deur sewe aartsduiwels gedra word! Binne enkele ure sal hy wel weer heeltemal afgekoel wees. [9] Maar het jy dan nog nooit by jouself gedink dat die priesterdom altyd geweet het om al die buitengewone natuurverskynsels by die dom volk tot hulle eie voordeel uit te buit nie?! Maans- en sonsverduisterings, komete, swaar storms en groot vurige verskynsels in die lug en nog ander seldsame verskynsels lê hulle as buitengewone, slegte voortekens uit die hemele en hulle skryf dadelik baie gebede en offers voor. Dit word alreeds vir die kinders bygebring, en as so `n verskynsel dan plaasvind, loop die angstig gemaakte volk dadelik na die priesters toe, wat dan voorskryf wat hulle die meeste voordeel bring. - Nou, broer, vra Ek jou, of jy nie hierdie angel herken nie!' [10] Lasarus sê: 'Ja, nou herken ek dit natuurlik goed; maar vroeër was dit vir my immers nie moontlik nie. Maar hierdie priesters is tog wel egte deurtrapte duiwels! Wel, ek dank U, o Heer, vir hierdie uitleg; want eers nou is dit vir my duidelik hoe ek oor hierdie swart volksbedrieërs moet dink. - Maar komete is tog ernstige voorbodes van oorloë?' [11] Ek sê: 'Dit is hulle - en dit is hulle nie! Hulle is dit, omdat die volk dit glo, en die teken word ook deur die engele, wat op sigself baie onskuldig is, gebruik om losbandige mense die toelaat van `n oordeel aan te kondig. As die mense daarna glo en boete doen, sal daar na `n komeet geen oorlog volg nie; verbeter hulle hulleself egter nie, dan sal die oorlog nie uitbly nie, wat altyd die voorloper is van allerlei daaropvolgende nog groter onheil as die oorlog self. [12] Op sigself is komete niks anders as aardes in wording nie, wat hulle langsaam maar sekerlik volgens die goddelike plan ontwikkel tot dit wat hulle moet word, - en dan is dit geen voorbodes van oorlog nie. [13] Nou meen jy weliswaar dat God `n wêreld ook in `n oogwenk sou kon skep. O ja, dit sou Hy baie goed kon doen; maar dan sou daar in God geen orde wees en ook nie in die geskapene wat so plotseling ontstaan het nie. Maar God skep `n wêreld volgens Sy orde, en daar ontstaan dit een na die ander, en so ontstaan `n volmaakte eenheid uit die tallose veelheid van die goddelike gedagtes en idees. [14] So `n komeet is ook `n groot oordeel in wording vir bepaalde soorte geeste. Dit moet langsaam, maar sekerlik steeds inniger en inniger saamgaan, sodat hy in ruimte en tyd uiteindelik `n bont, stoflike massa vorm. Hierdie vorming van sigbare, vaste massa noem ons die omhulling van die geestelike potensies, en hierdie omhulling is die eintlike oordeel, waaruit daar dan na `n lang tyd, geeste wat in die oordeel gevange gehou word, hulle selfstandige lewensvryheid kan bereik. En omdat komete dus oordele in wording is, het hulle ook hierdie invloed as hulle naby `n reeds lank bestaande aarde kom, of hierdie invloed word ook deur God se engele vir `n ou aarde gebruik, omdat hierdie invloed `n oordeel daar opwek en hierdie mense by name teen mekaar opsteek, - natuurlik maar net as dit noodsaaklik is, dit wil sê, wanneer die mense God heeltemal begin te vergeet en hulleself as gode begin aansien. - Nou weet jy dan ook wat jy van komete moet dink, en dus kan ons nou hierdie plek maar verlaat. Of wil jy eers nog iets vra?' [15] Lasarus sê: 'Heer, nog net twee klein dingetjies; want ook al weet ek nou deur U goedheid dit wat ek weet, om my kennis ietwat af te rond, sou ek daarby nog wil weet! Die twee klein dingetjies is dat ek in die eerste plek nog van U sou wou hoor waar die volkome natuurlike meteoriete vandaan kom, wie hulle met so `n onmeetlike krag die lug ingeslinger het, en in die tweede plek waar die komeet heengaan as hy langsaam maar sekerlik uit die sig verdwyn.' [16] Ek sê: 'Meteoriete het `n tweërlei oorsprong. Dit kan uitgeworpe materiaal van die son wees; want die son is `n duisendmaal duisend maal groter aarde as hierdie waarop ons staan. Aan haar oppervlakte vind dan ook so nou en dan verhoudingsgewys groot en heftiger uitbarstings plaas soos op hierdie aarde. By sulke uitbarstings word daar altyd `n groot aantal groot en kleinere, harder en dikwels ook sagter massas, met vir jou volledig onbegryplike krag, in die wye heelal na buite geslinger, en daarvan beland daar ook steeds `n aantal in die omgewing van hierdie aarde. En sodra hy enigsins binne die sfeer van die lug van hierdie aarde kom, begin hy te gloei en word as vallende sterre sigbaar. En dring hy te diep deur in die digter lugmassa van die aarde in, dan word hy in sy snelheid afgerem en deur hulle swaarte deur hierdie aarde aangetrek, en dan val hy ook heel natuurlik op die bodem van hierdie aarde, hetsy op die droë grond of in die water, wat op hierdie aarde aanmerklik meer ruimte beslaan.

[17] Dit is dus die een soort van meteoriete wat die meeste op hierdie aarde voorkom. `n Ander en meer seldsame soort meteoriet, soos die een wat nou net daar was, ontstaan egter hier op die aarde self. Te midde van die groot aantal berge op ons aarde is daar ook wat in verbinding staan met die binneste van die aarde en voortdurend deur bepaalde groot organe gevoed word. Hierdie voeding gaan langsaam maar sekerlik steeds meer aan om te gis, waardeur groot hol inwendige ruimtes opgevul word met gasse, wat maklik ontbrand, wanneer dit te veel onder druk te staan kom. As daar so `n inwendige ontbranding voorkom, verwoes die brandende gasse die minder vaste deel van die berg, breek as gloeiende vuurmassas deur en sleur die los stukke saam en slinger dit - net soos ons dit vroeër gesien het - dan met ooreenkomstige, immense krag hetsy reg omhoog, of dikwels ook in die een of ander rigting skuins oor die aarde, soms tot op enkele ure afstand van die plek van hulle ontstaan. Daar val hy dan na benede sonder om die aarde daardeur enige skade te berokken. [18] Tot ver in die omgewing van `n vuurspuwende berg sal jy sulke verskynsels dikwels van baie naby te siene kry; maar van die berge uit die Kaukasus kom die stukke maar net hierheen, wat toevallig tydens die uitbarsting so `n rigting kry dat hy hier moet beland, en ook moet hy met voldoende krag uitgewerp word. Bowendien moes hy hom ook reeds by die uitwerp in `n gloeiende toestand bevind het, waardeur hy makliker die weerstand van die lug, wat hulle hinder in hulle vinnige vlug, kan oorwin, omdat dit deur hulle hitte oombliklik verdun word en daardeur hulle vlug minder belemmer as koue en daarom digter lug. [19] En nou het Ek vir jou hierdie saak heeltemal op natuurlike wyse, volgens wêreldse begrippe uitgelê, en daarmee kan jy baie tevrede wees. `n Diepere, geheel geestelike uitleg daarvan kan Ek jou nie nou gee nie, omdat jy dit nie sou verstaan nie; wanneer Ek die Gees van Waarheid egter oor julle almal sal stuur, sal die julle ook in alle wysheid binnelei. - Maar nou is dit ook al die beste tyd om in die huis te gaan. Kyk, beide susters kom ons al haal!' [20] Toe gaan ons na binne, neem dadelik aan die tafel plaas en eet en drink opgewek. [21] `n Paar leerlinge vra wel wat ons so lank daarbuite gedoen het. [22] En EK sê: 'Dit wat julle nie gedoen het nie; en dit was dan ook belangriker as julle woordestryd oor die vae persoonlikheid of onpersoonlikheid van Beëlsebul. Maar eet en drink nou, sodat julle môre krag kan hê om opgewasse te wees teen `n hete dag!' [23] Daarop vra niemand meer iets nie, en elkeen eet en drink wat voor hom staan.

Lasarus word eienaar van `n oliebron 167 Toe die aandete egter verby was en die een leerling na die ander deur slaap oorval word, sê Ek: 'Maar kan julle dan nie eers wag met slaap nie?' [2] Petrus sê: 'Ek weet egter self nie waarom ons vandag - en wel nou na die maaltyd - deur so `n erge slaap oorval word nie, terwyl ons tog byna die hele dag meer gerus as gewerk het!' [3] Ek sê: 'Wees daarom steeds in My Naam besig, dan sal julle baie minder slaperig wees!' [4] Terwyl Ek nog praat, klink daar `n harde knal asof `n bliksemstraal daar vlakby ingeslaan het. Die mure tril en die deur van die kamer gaan oop en slinger heen en weer. Toe is die leerlinge dadelik gladnie meer slaperig nie, en almal wil na buite om ondersoek in te stel wat daar gebeur het. [5] Maar Ek hou hulle teë en sê vir hulle: 'Dit is nie veilig om nou na buite te gaan nie! Hier vlakby is daar `n belangrike naftaleenbron, maar tog nog taamlik diep onder die grond. Bo die bron is daar `n groot, na alle kante toe stewige geslote ruimte. In die onderste deel is hy, vanweë `n vuuraar wat hom in die omgewing bevind, byna gloeiend en daarom heers daar in hierdie ruimte voortdurend `n buitengewone groot hitte, wat maak dat die naftaleen van die bron wat in hierdie ruimte uitmond, dadelik verdamp en sodoende die hele ruimte met naftaleendamp vul. Wanneer die verdamping nie so sterk is nie, word die damp deur die steenmassas opgesuig, wat die hol ruimte omring. As die bepaalde steenwand nou en dan egter meer gloeiend word, veroorsaak dit ook `n groot verdamping van die naftaleen. Die klipwande kan so `n groot toevoer dan nie volledig opneem nie en dan hoop die spanning van die naftaleendamp in die groot hol ruimte steeds meer op, wat dan op die gloeiend hete rotswande te veel druk uitoefen en wrywing veroorsaak en daardeur maklik ontbrand. [6] En kyk, juis nou het daar so `n onderaardse aktiwiteit van die natuurgeeste plaasgevind. Dit was egter baie gunstig, want deur hierdie ontbranding van die naftaleendamp is die steenkors van twintig manshoogte dikte oopgebars en jy, Lasarus, kry daardeur `n baie rojale naftaleenoog. Die oopspring van die grot het so goed verloop, dat jy baie maklik by die eintlike naftaleenbron kan kom en met geringe moeite daagliks ongeveer honderd pond kan wen. [7] Hoe algemeen bekend en gesog naftaleenolie is, weet jy goed, en so het jy nou `n nuwe bron van inkomste gekry, wat jou met baie geringe inspanning, talle duisende ponde goud en silwer sal inbring. Want sulke weldoeners soos jy moet ook op aarde geld soos water besit, om waaragtige versorgers van die armes en swakkes te kan wees. Ek sal jou môre alles laat sien, - maar vannag sou dit nie raadsaam

wees om in die omgewing van die digte damp te kom nie, en dit sou niemand se liggaamlike gesondheid goeddoen nie. Maar môremiddag sal ons die plek sonder enige beswaar kan nader.'[8] Lasarus sê: 'Heer, dit het U almag weer teweeggebring! Want geeneen van my voorouers, nóg ekself het ooit iets van `n naftaleenbron opgemerk nie. Slegs so nou en dan het mense op baie warm dae snags buite `n baie ligte naftaleengeur waargeneem, waarvan mens altyd gedink het dat dit deur die wind meegevoer was uit Jerusalem; want in Jerusalem was baie aardolie versteek, wat merendeels uit Persië en Arabië deur handelaars hiernatoe gebring was, maar wat altyd baie duur was. Maar dat daar so `n seldsame bron op my grond kon wees, dit sou niemand ooit gedink het nie! Ja, ek kan, o Heer, niks anders doen as om my dank teenoor U uit te spreek, namens my en alle arm mense wat nou goed versorg sal word daardeur nie!' [9] Ek sê: 'Laat dit maar staan! Dat jy jou aardse skatte gebruik volgens die wil van God, soos wat ook jou aardse vader dit gedoen het, weet Ek; maar na jou en na jou susters, omdat julle geen nakomelinge het nie, sal die kinders van die broer van jou vader hierdie goedere van jou in besit kry. Druk daarom jou erfgenaam op die hart dat hy verder in jou voetspre moet gaan; want as hy sy eie, wêreldse weg wil gaan, dan sal die besitting van hom afgeneem word en sal hyself tot die bedelstaf verval; die besitting sal dan in die hande van die heidene kom. Maak hom dit dus duidelik, sodat hy goed weet wat hom te doen staan! - Maar nou het die tyd aangebreek om te rus, laat ons daarom ons ledemate ietwat rus gun!' [10] Daarop begeef elkeen hom ter ruste.

Lasarus en die tempelspioene 168 Vroeg in die môre word elkeen in die huis deur die luide geblaf van die sewe honde uit die slaap gewek, en Lasarus gaan saam met sy knegte om te kyk wat daar aan die gang was. Hy ontdek `n groot skare mense, manne en vroue, wat hulle buite die ingangspoort opgestel het, maar wat sodanig deur die honde ingesluit was, dat hulle geen tree voor- of agterwaarts durf maak nie. Toe hulle Lasarus, wat hulle goed ken, met al sy knegte sien aankom, roep en smeek hulle om hulp. Lasarus roep die honde terug en vra die mense wat hulle al so vroeg in Bethanië soek. [2] `n Jong Leviet doen vir almal die woord en sê: 'Vriend, ons het vannag `n kragtige, donderende knal vanuit hierdie rigting gehoor, en ons wil maar net hier navraag doen of jy ons nie ietwat meer daaroor kan vertel nie. Toe ons hier aankom, loop hierdie vreeslike kwaadaardige honde ons soos rasendes met `n verskriklike gehuil tegemoet en maak duidelik aanstaltes om ons oombliklik in duisend stukke te skeur! Eén so `n ontsettende sterk leeuhond is al genoeg vir honderd ongewapende mense, - waarom het jy dan selfs sewe?! So kan geen mens tog ooit by jou gasvrye huis inkom nie!' [3] Toe sê Lasarus vir die Leviet: 'In God se groot natuur gebeur daar tog dikwels genoeg iets ongewoons, - waarom dan ook nie `n keer `n harde knal nie? Gaan na Sicilië; daar sal jy baie dikwels sulke knalle hoor! Ons het die harde knal net so goed as julle gehoor en het ook geskrik, - maar ons het nie op `n ondersoek uitgegaan om te sien waar die knal vandaan gekom het nie; want daarvoor is daar nog genoeg tyd! Waarom is julle uit Jerusalem dan so besonder geïnteresseerd in die harde knal? Ek glo eerder dat julle om `n baie ander rede so vroeg en so gou hierheen gekom het, en nie vanweë die knal nie! Julle het met bose bedoelinge gekom, en dit het my wagters baie goed geweet, en daarom het hulle julle so woedend tegemoet gekom. Sê eers eerlik wat julle eintlik hier soek!' [4] Daarop aarsel almal en een sê op sagte toon: 'Nou kan jy op hierdie wêreld glad niks meer doen nie, - ons is alweer verraai! Jy kan nou selfs nie meer die vier mure van jou woonkamer vertrou nie, ja selfs jou eie gedagtes nie meer nie; want die mense lees baie duidelik van jou gesig af wat jy gedink het!' [5] Lasrus, wat goed gehoor het wat daar gesê was, sê: 'Ja, jy het gelyk! Die mense het dit nou al so ver gebring, dat hulle jou met baie groot sekerheid kan sê wat daar oor tien jaar met jou sal gebeur, en daarom vra ek julle nog `n keer baie vriendelik, waarom julle eintlik so vroeg hierheen gekom het. Die knal was maar `n voorwendsel, maar eintlik - om julle `n antwoord te bespaar - het julle maar net so vroeg gekom, om by my te kom spioeneer wie hom onder my dak bevind. Omdat julle as tempeldienaars julleself so vir my vererg, beraam julle selfs vandag, op so `n skitterende feesdag, planne om my van iets te beskuldig! Omdat ek egter lankal al die gemene planne teen my duidelik deursien het, het ek, omdat ek nou volledig Romeinse burger is, vir julle `n stewige grendel op my deur geplaas, wat julle met al julle ingebeelde krag nooit sal kan wegskuif nie. Ek sal altyd my verpligtinge as Judeër nakom, maar slegs - sê maar - dit, wat Moses voorgeskryf het; alle ander dinge gaan my niks meer aan nie! Het julle my verstaan? [6] Gaan nou maar terug, en sê dit maar duidelik vir al julle meerderes! Sê ook vir hulle: Wee die tempeldienaar wat dit ooit sal waag om my huis met vyandige voornemens te besoek! Helaas, dit sal met hom sleg gaan! Ek laat almal met rus en gee elkeen sondermeer wat hom toekom. Wie meer van my wil eis, is `n dief en `n rower; want hy eis dit wat hom nie toekom nie, maar wat aan sy arm naaste behoort. En so iemand - ook al is hy duisendmaal `n priester - is my vyand, en mag solank ek lewe nooit in die

omgewing van my huis kom nie! Onthou dit goed en hou rekening daarmee vir julle eie beswil! En maak nou dat julle wegkom, anders laat ek my wagters weer los!' [7] Toe sê hulle geen woord meer nie en almal maak hulle so gou as moontlik uit die voete. [8] Toe hulle in die tempel kom, vra die mense hulle dadelik wat hulle gesien en beleef het. [9] Maar die Leviete sê: 'Met al ons slimheid kry ons niks meer daar gedoen nie, - daarmee is dit eens en vir altyd verby! Maar as julle, menere van die tempel, dit nie wil glo nie, gaan dan self en laat julle deur sy leeus verskeur en opvreet! Die honde is so afgerig dat hulle die mees geheime gedagtes van die mense ruik; julle hoef maar net `n bepaalde vyandige gedagte teen Lasarus te koester, - en die honde ruik dit al op `n afstand, en dan is dit met julle gedaan! Dit het ons gesien en vir `n deel ook enigsins ondervind. As Lasarus self nie op ons geroep, met minstens honderd knegte as hulp, geantwoord het nie, sou ons liggame hulle nou al in die buik van die groot verskeurende honde gewees het! Dit is alles wat ons gesien en beleef het; as julle ons egter nie glo nie, gaan dan daarheen en oortuig julleself!' [10] Toe sê die owerste niks meer nie, maar inwendig verberg hy sy woede, en hy sê vir almal: 'Dit doen die laaghartige Galileër! As ons Hom nie gou gryp en uit die weg ruim nie, sal Hy die hele volk verlei, en dan kan ons almal maak dat ons wegkom! As die Galileër uiteindelik vandag weer na die fees toe sal kom, dan moet alles in werking gestel word om Hom uit die weg te ruim!' [11] Toe sê die Leviet; 'Sien maar daarvan af. Staan die helfte van die volk dan nie al agter Hom nie?! En ken julle Sy onbegrensde mag goed? Hy deursien julle gedagtes lank voordat julle dit nog gedink het, en Hy kan julle daarom ook al vroeër vernietig as wat julle sou verwag!' [12] `n Owerste sê: 'Wat kan Hy aan ons doen? Sy mag kom van Beëlsebul!' [13] Die Leviet sê: 'Sekerlik, maar dan het hy sekerlik ook die leeus van Lasarus verbeëlsebul! Gaan daarheen met die voltooide ark van die verbond, met die staf van Aäron in jou hand, dan sal die woeste honde jou wel sê wat vir `n beëlsebulstyd dit is! Die Galileër was immers al meermale hier in die tempel om die volk ongehinderd en openlik onderrig te gee; wat kon julle toe met al julle woede uitrig? Niks! Wat sal julle dan vandag teen Hom kan uitrig? Hy sal kom, en onderrig gee waar julle by is, en julle sal teen Sy sogenaamde mag van Beëlsebul niks kan uitrig nie!' [14] `n Owerste sê: 'Is julle dalk ook deur Hom verlei soos die dom volk, wat daarvoor vervloek is?' [15] Die Leviet sê: 'Dit beslis nie; maar soveel gesonde verstand het ek wel, dat ek baie duidelik kan insien wat moontlik en wat nie moontlik is nie! Ons het van baie betroubare en waaragtige getuies gehoor waartoe die Galileër alles in staat is. Maar as julle tog `n konfrontasie met Hom wil aangaan, dan sal dit uiteindelik ook egter goed blyk wie daar sonder enige twyfel dan net so sekerlik aan die kortste end sal trek, soos ons ook vandag in Bethanië aan die kortste end getrek het!' [16] Die Owerste sê: 'Dit sal ons almal nog goed sien; ons is nie bang vir Hom nie! - En gaan nou aan met julle werk!' [17] Daardeur het die Leviet sy meerdere tog nog laat twyfel, en daarom kon Ek daarna vryer in die tempel rondbeweeg.

Die verwysing van die Heer na sy kruisdood 169 In die huis staan die oggendete gereed toe Lasarus weer na binne gekom het, wat ons terstond inneem. Lasarus wou ons alles vertel wat in die vroeë oggend buite gebeur het. [2] Maar Ek sê: 'Laat dat maar, want Ek weet immers alles, en Ek het, terwyl jy buite was, die leerlinge ook vertel wat daar alles gebeur het, en ook alles wat die weggestuurde Leviet juis nou aan sy meerdere vertel het oor Bethanië, - nie wat hy van jou moes vertel nie, maar iets heeltemal anders, wat baie daartoe bygedra het dat Ek My vandag makliker in die tempel sal kan beweeg! Dit wat vanmôre gebeur het, kom dus baie goed te pas. Nou maak ons onsself ook dadelik gereed om op te trek na Jerusalem; want vandag op die derde en laaste dag van die fees, wanneer dit altyd die meeste skitter en die meeste van volk trek, sal Ek nogmaals in die tempel optree en aan die volk onderrig gee.' [3] Toe sê Nathanaël: 'Heer dit sal `n enorme opskudding veroorsaak; ek hoop maar dat ons heelhuids daarvan sal afkom!' [4] Ek sê: 'Maak jou maar oor iets anders besorg; julle sal selfs nog heelhuids daarvan afkom wanneer Ek tussen misdadigers aan die kruis sal hang!' [5] Lasarus sê: 'Wat sê U, o Heer? Word U aan die kruis gebind? Nee, voordat dit gebeur, laat ek die hele tempel deur my knegte aan die brand steek en alle verdorwe tempeldienaars tot as verbrand!' [6] Ek sê: 'Hou op daaroor, broer! Want as die mens volledig aan God gelyk wil word, moet sy wil so oneindig vry gelaat word dat hy homself, as hy kwaad wil word, ook aan sy God en Skepper moet kan vergryp. Want - soos wat Ek jou al gesê het - as die mens nie die moontlikheid het om `n volmaakte aartsduiwel te word nie, dan het hy ook nie die moontlikheid om volledig aan God gelyk te word nie.

[7] Die mens het dus `n volkome vrye wil, wat hy deur die gegewe wette in homself herken. Maar wat sou die wette en wat sou die vrye wil van die mens wees, as hy in homself nie die prikkel sou hê om die wette te oortree soos, hoe en wanneer hy maar wil nie?! Sonder die prikkel sou die mens slegs `n dier gewees het, wat nie anders kan handel as volgens die dwang van die wet wat daarin gelê is nie. [8] Aan die mens is egter, vir sover dit sy geestelike deel betref, geen dwingende wet saamgegee nie, maar slegs `n geestelike wet wat as volg geformuleer is, 'Jy behoort...'. En so is die mens in sy wil en verlange heeltemal vry gelaat, en kan hy hom selfs aan My liggaam vergryp, wat nou draer van die Gees is en wat ook voortaan vergeestelik sal bly bestaan.[9] Ek het dit nou vir jou gesê, sodat jy dit nie vreemd sal vind wanneer dit met My liggaam sal gebeur nie, - maar die bose opset van die mense wat dit sal doen, sal heeltemal tevergeefs wees; want Ek sal daarna op die derde dag tog net so volledig weer te midde van julle wees, soos wat Ek nou by julle is. Eers daarna sal die oordeel oor die bose tempelgebroedsels begin. Omdat julle dit nou almal weet, kan julle My opgewek na die tempel volg!' [10] Daarna staan ons almal op en gaan na die tempel.

Die Heer gee onderrig in die tempel (Evangelie van Johannes 7: 37-49) 170 Toe ons in die tempel kom, hou die leerlinge hulleself meer op die agtergrond en meng hulle met die volk om te hoor wat daar oor My gesê word. [2] Ek gaan egter in die middel in die tempel op `n verhoog staan, terwyl allerlei feesseremonies nog vol aan die gang was, en roep Ek hardop tot die volk: 'Wie dors het, kom na My en drink!' (Johannes 7, 37) [3] Toe merk `n paar Judeërs, wat om My heen staan, dit op en sê: 'Wat het U dan vir ons te drinke?' [4] Daarop sê Ek: 'Wie in My glo, soos wat die Skrif sê, uit sy liggaam sal stromende water stroom!' (Johannes 7, 38)[5] Toe kyk die Judeërs mekaar aan, en vra hulle af wat dit kan beteken; want hulle wis nie dat Ek maar net oor die Gees gepraat het wat diegene sou ontvang wat in My glo nie. Want - soos wat Ek al meermale uitgelê het - die Heilige Gees kon vóór My verheerliking nie hier aanwesig wees nie, behalwe in My. (Johannes 7, 39) [6] Baie uit die volk, wat hierdie woorde gehoor het, sê egter onder mekaar: 'Waarlik, die Galileër praat soos `n ware profeet en is dus ook `n volkome egte profeet.' (Johannes 7, 40)[7] Ander weer, wat My beter deur My dade geken het, sê: 'Watter profeet, watter profeet! Hy is die Messias(Christus), die beloofde Messias! Want selfs God kan geen groter dinge doen as wat Hy doen nie!' [8] Maar sommiges vra: 'Moet die Messias(Christus) dan wel volgens die Skrif uit Galilea kom? (Johannes 7, 41) Sê die Skrif nie: 'die Messias(Christus) sal van die geslag van Dawid wees en uit die gehuggie van Bethlehem kom nie, waar Dawid geleef het'?!' (Johannes 7, 42) [9] Toe sê sommiges, wat goed op hoogte was van My afkoms en My geboorte: 'Ja, as julle dit verlang, dan is dit by hierdie profeet sonder meer van toepassing! Ten eerste is hy `n seun van Josef, die alombekende timmerman uit Nasaret, en van Maria, `n dogter van Joachim en Anna, en dit is bewys dat hulle beide van die stam van Dawid is. En ten tweede weet elkeen dat Hy in Bethlehem in `n stal tydens die algemene volksregistrasie van keiser Augustus gebore is, en agt dae daarna deur Simeon besny is en die Naam Jesus gekry het. Waarom twyfel ons dan nog of Hy die Messias(Christus) is?' [10] Daar was dus op hierdie wyse verdeeldheid onder die volk oor wie Ek eintlik was. (Johannes 7, 43) [11] Etlike vriende van die Fariseërs word egter deur die ander Fariseërs aangepor om My te gryp; want die tempeldienaars kon nie meer verdra dat selfs die bestes onder die volk My as die Messias(Christus) begin aanroep nie. Daar kom toe `n paar na My toe om My te gryp; maar in My nabyheid verloor hulle moed en geeneen van hulle durf `n hand na My uitsteek nie. (Johannes 7, 44) Behalwe aan hulle vriende, gee die Fariseërs ewe-eens aan hulle knegte opdrag om My te gryp en na hulle toe te bring; maar ook hulle bly by My staan, en luister na die manier waarop Ek die volk die gebod van God en die gebod van die liefde uitlê, soos wat Ek dit op ander plekke al dikwels uitgelê het, sodat die reeds dikwels gegewe uitleg nie ekstra hier vermeld hoef te word nie. Die knegte sien egter ook die groot volksmenigte wat in My glo, en durf My ook daarom nie gryp nie.[12] Toe Ek tydens die lering `n pouse hou, keer die knegte onverrigtersake na die Fariseërs terug. Toe hulle egter weer sonder My terugkom, vaar die Fariseërs woedend teen hulle uit en sê: 'Waarom het julle Hom nie gegryp en na ons toe gebring nie? Sien julle dan self nie in dat Hy ons juis in die middel van die pragtigste fees steur en bowendien nog die hele volk by ons wegvat nie? Waarom het julle Hom dan nie gegryp en vir Sy verdiende straf aan ons oorgelewer nie?' [13] Toe antwoord die knegte: 'Luister, daar het nog nooit `n mens so wys gepraat soos hierdie Galileër

nie! (Johannes 7, 46) Hy moet werklik met God se Gees vervul wees!' [14] Toe antwoord die Fariseërs: 'Wat beweer julle nou? Is julle dan ook al deur hom verlei? (Johannes 7, 47) Is daar dan ook maar één Fariseër of owerste wat in hom glo?! (Johannes 7, 48) Nee, - maar slegs die dom volk, wat niks van die wet weet nie en daarom vervloek is!' (Johannes 7, 49) [15] Toe sê die knegte: 'Ons het julle die laaste keer al gesê hoe dit met julle volk staan wat deur julle vervloek is, en daarby bly dit! As julle egter nie daarmee eens is nie, gaan dan self onder die volk en sê dat hulle vervloek is omdat hulle in die Galileër glo, - dan sal die volk julle goed laat sien hoe tevrede hulle met julle vloek is! Julle het julle kennelik voorgeneem om elke andersdenkende te verdoem, sonder om te ondersoek of die geloof van die naaste miskien nie in menige opsig beter is die van ons nie! Maar ons as baie gewone knegte vind dit nie waar nie; want solank God `n mens nie rig en verdoem nie, solank moet ook ons sterflinge Hom nie vooruitloop nie, en die Alwyse op die manier te verstane gee dat ons aardse wurms nog wyser as Hy is. Vervloek ook maar eers die geloof van die Romeine - maar wel baie openlik!, - hulle sal julle dan wel vertel wat hulle van julle oordeel dink!' [16] Die Fariseërs sê: 'Verdwyn, want ons sien dat julle ook al verlei is!' [17] Die knegte sê: 'Sleg genoeg van julle dat julle ons en die volk geen beter onderrig kan gee nie! Want julle kan tog nie van ons eis dat ons eerbied moet hê vir julle valse, miserabele wonderwerke nie, terwyl ons steeds self met die wonderwerke saamhelp en heimlik die wonderwerke produseer?! Die wonderwerke boesem egter nog altyd eerbied vir julle by die volk in, terwyl al julle preke en lesse, omdat hulle heeltemal teen Moses ingaan, selfs vir die allerdomste mense te dom en te sleg is! Julle kan ons egter niks aandoen nie, anders verraai ons al julle ou, niksseggende wonderwerke aan die volk, en dan moet julle maar sien hoe julle met die volk gaan klaarkom!' [18] Toe word die Fariseërs vriendeliker teenoor die knegte, waarna hulle weggaan.

Die Fariseërs en Nikodemus (Evangelie van Johannes 7:50-53) 171 Maar toe die knegte weg was, wend die Fariseërs hulle tot die owerste Nikodemus - wat `n groot wysgeer was en destyds, toe Ek vir die eerste keer openlik in Jerusalem met die twaalf leerlinge rondgeloop het, in die nag na My toe gekom het - en hulle vra wat daar volgens die wet te doen was. [2] Toe sê Nikodemus vir hulle (Johannes 7, 50): 'Julle het julle weliswaar baie vererg oor die brutale teenspraak van ons knegte, maar ek moet self openlik beken dat hulle beslis gelyk het. Want soek self of daar `n bepaalde wet is waarin daar staan dat `n mens reeds veroordeel is voordat hy verhoor is en dit dan blyk dat wat hy moontlikerwys gedoen het, strafbaar is! (Johannes 7, 51) Ek as skrifgeleerde ken nie so `n wet nie; volgens watter wet wil julle dan iemand al veroordeel nog voor julle hom gehoor het?' [3] Toe sê die Fariseërs: 'Jy is sekerlik een van ons belangrikste skrifgeleerdes, dit kan niemand betwis nie, en is daarom ook owerste onder die skrifgeleerdes; maar jy is ewenwel `n Galileër en dus ook `n vriend van hierdie Galileër! Maar kyk eers in die Skrif, dan sien jy dat daar geskryf staan: Uit Galilea kom geen profeet nie!' (Johannes 7, 52) [4] Nikodemus sê glimlaggend: 'Hoewel dit waar is, en julle my nie op die Skrif hoef te wys nie, omdat ek dit egter van begin tot end beter ken as julle almal saam, wys ek julle op iets anders, en wel op die besnydenisverslag uit die jare van die eerste volksregistrasie van keiser Augustus, en daar sal julle ontdek dat hierdie huidige Galileër nie in Galilea nie, maar in Bethlehem, die ou stad van Dawid, gebore is, en dat beide sy ouers in die direkte lyn van Dawid afstam! [5] Julle aangehaalde uitspraak uit die Skrif kan dus nie in die verste verte op hierdie Galileër toegepas word nie, te meer omdat die wet ook uitdruklik sê: Vir elke Judeër geld die gebied waar hy gebore en besny is, lewenslank as geboortestreek, en die gemeente moet vir hom sorg wanneer hy swak en arbeidsongeskik geword het. Maar `n heiden kry sy domisilie (woonplek) daar waar hy tot Judeër besny en ingeskryf is, en moet as `n eie lid van die gemeente gesien en aangeneem word. [6] Kyk, vriende, omdat ons hierdie wet nie kan ophef nie, en omdat dit tewens deur die besnydenis- en registrasieverslae van Augustus onweerlegbaar vas staan dat hierdie Volksleraar geen gebore Galileër is nie, het die volk inderwaarheid ook heeltemal geen rede om hierdie man nie as `n egte profeet te beskou nie!' [7] Die Fariseërs sê: 'Dan moet ons egter slim genoeg wees om hierdie verslae uit die weg te ruim!' [8] Nikodemus sê: 'O ja, wel die verslae wat in ons argiewe lê, - maar nie die, wat hulle helaas in die argiewe van die Romeine bevind nie! En hulle kontroleer en vergelyk elke jaar ons tempelverslae baie krities! Wee ons, as daar iets sou ontbreek of verander is! Ek sou dan gladnie in enigeen van ons se skoene wil staan nie!' [9] Die Fariseërs sê: 'Hm, hm, dit is natuurlik nie so goed nie!'

[10] Daarop weet hulle nie wat om meer in te bring nie, verlaat stilletjies die tempel en die fees, en elkeen van hulle gaan baie rustig na sy huis. (Johannes 7, 53) [11] Terwyl hierdie onderhandelinge in die tempel tussen die knegte, Fariseërs en Nikodemus plaasgevind het, wat hier uitgebreid sonder enige weglating, sowel van die gebeure as van die gespreekte woord, woordeliks weergegee is, gee Ek die volk sonder enige verdere probleme onderrig en laat hulle ook in verstaanbare taal die waardelose en volledig onwettige huigelagtigheid en bedrieëry van die tempeldienaars sien. En daar was dan ook nie één wat My teengewerp het dat Ek onware dinge oor die tempeldienaars aan die lig gebring het nie, en almal vra My ook om ook die volgende dag na die fees toe te kom, om hulle weer met die opwekkende, eenvoudig verstaanbare Waarheid te verkwik. [12] En baie sê: 'Heer, ons dank U vir hierdie goddelike drank; want ons het al baie lank na die Waarheid verlang, en U het ons groot verlange nou egter sodanig gestil dat ons tot in ewigheid nie meer so `n verlange sal hê soos wat tot op die oomblik die geval was nie! U is waarlik Dawid se nakomeling en die beloofde Gesalfde van God!' [13] Ek sien hulle egter vriendelik aan en beloof om ook nog die volgende dag na die tempel te kom en aan hulle `n nog groter lig te gee, waarop die hele volk My toeroep: 'O kom, kom en gee ons lig in hierdie tempelnag!' [14] Daarna verlaat Ek die tempel saam met al die leerlinge en Lasarus.

Die Heer op die Olyfberg.

Die Heer en Syne in die herberg van Lasarus op die Olyfberg (Evangelie van Johannes 8:1) 172 Toe ons buite was, vra die leerlinge en Lasarus hulleself af: 'Wat gaan ons nou doen? Sal ons na Bethanië teruggaan, of sal ons iets anders in Jerusalem onderneem?' [2] Lasarus vra My na My mening. [3] En Ek sê vir hom: 'Julle kan doen en laat wat julle wil, maar Ek kan nie vandag na Bethanië toe gaan nie, want die tempeldienaars het spioene langs die weg na Bethanië uitgesit om uit te vind of Ek My miskien by jou ophou. En as hulle dit sou uitvind, sou hulle julle vervolgens nog meer narigheid besorg. Ek het My daarom voorgeneem om hierdie dag en ook die nag op die Olyfberg, in die klein en nog steeds baie armsalige herberg, deur te bring.' [4] Lasarus sê: 'Dit is pragtig, want die helfte van die Olyfberg en die herberg is immers ook my eiendom! O, daar sal ons dit goed na ons sin hê! Die herberg was drie jaar gelede nog baie druk besoek, maar sedert my struweling met die tempel, het die besoeke sterk afgeneem, omdat die Fariseërs verklaar het dat dit `n sonde vir elke Judeër is as hy my herberg op die Olyfberg besoek. Die oorsaak skyn eenvoudig slegs te wees dat ek ook hierdie besitting van my onder die Romeinse jurisdiksie gestel het, toe die tempeldienaars alle moeite daarmee gedoen het om my besit met hulle praatjies te ontneem. Daardeur het ek hulle planne gedwarsboom, wat hulle natuurlik vreeslik ergerlik gemaak het. Maar omdat hierdie besitting nou ook onder Romeinse opperbestuur staan, het die tempeldienaars dit as absoluut onrein verklaar, en elke Judeër wat die herberg besoek, is vir `n volle jaar verontreinig. Kyk, dit is die eint like rede waarom my herberg op die Olyfberg nou baie minder besoek word as voorheen; slegs Romeine en Grieke kom dikwels daar. Maar desnieteenstaande is die herberg tog goed voorsien van alles, en ons sal niks daar kortkom nie. Juis vanuit die herberg het mens `n pragtige uitsig oor bykans die hele Jerusalem en die wye omtrek, en ek is daarvan oortuig dat dit U bo alles baie goed sal beval.' [5] Ek sê: 'Pragtig, beste broer! Ek weet dit, en juis daarom het Ek My voorgeneem om hierdie dag en hierdie nag op die Olyfberg deur te bring; want daarbo is ons veilig teen alle vervelende besoeke van Judeërs en Fariseërs. En daarom kan ons nou wel daarheen gaan!' [6] Almal was baie tevrede daarmee, en Ek gaan met die leerlinge die Olyfberg op (Johannes 8, 1). Lasarus loop egter gou vooruit om sy bediendes te sê wat hulle te doen staan en wat hulle moet gereedmaak. Dadelik word daar alle voete en hande flink aan die werk gesit om vir ons `n ware feestelike middagete te berei. [7] Ons neem egter meer tyd daarvoor en beklim ons Olyfberg baie op ons gemak, wat so heet omdat sy rotsvrye vlakke baie dig met olyfbome beplant was. Ons Lasarus het egter die grootste deel van hierdie olieryke berg besit; die kleiner deel nader aan die stad geleë en wat meer rotsagtig was, was egter die eiendom van `n Griek, wat hom baie weinig aan die besit gesteur het en die jaarlikse olie-oes altyd vir `n paar silwerlinge aan Lasarus oorgelaat het, en hy was sodoende ook die halwe besitter van die deel van die Olyfberg wat aan die kant van die stad geleë was. [8] Die Olyfberg was nie so `n hoë berg nie, maar het tog `n paar plekke gehad wat taamlik steil was, en

mens het daarom tog byna `n halfuur nodig gehad om heeltemal tot op die hoogste punt te kom. Die tempel het ook op `n taamlike hoogte gestaan en was self `n baie hoë bouwerk, maar vanaf die top van die Olyfberg moes `n mens sy blik tog behoorlik na benede rig om die hoë koepel van die tempel te kon sien. Kortom, in die omgewing van Jerusalem was die Olyfberg wel die hoogste berg. [9] Ons kom weldra die vooruitgelope Lasarus agterna en neem plaas onder die olyfbome rondom die herberg en kyk rond totdat Lasarus kom en ons vra om aan tafel te gaan. Ons staan op en gaan die herberg binne, waarvan die eetsaal beslis nie tot die kleinste behoort het nie, want `n honderd gaste kon baie gerieflik `n rojale plek daar vind. Die groot tafel was ruimskoots voorsien van brood, wyn en allerlei edel vrugte, en in die braaipanne geur goed toebereide visse uit die Jordaanrivier en uit die kragtig stromende Kedronspruit. Die leerlinge se monde water al ten aanskoue daarvan. Ons neem dan ook dadelik plaas, en eet en drink na hartelus. [10] Dit doen Lasarus baie genoeë dat Ek ook met baie genot en eetlus eet en drink. [11] Maar Ek sê vir hom: 'Vriend, dit doen jou nou baie genoeë dat Ek ook so goed eet en drink, maar glo My: Hoe goed dit wat hier op die tafel staan ook vir My smaak, tog het vandag se oggendete in die tempel vir My nog beter gesmaak, - want vandag het Ek baie geoes vir My ryk in die hemel. Maar môre sal die volgende oes vir My ryk wel aanmerklik slegter uitval. Wat vandag van My word, sal van My bly; maar môre sal daar nie baie nuus bykom nie. Die swart gebroedsel daar benede sal My versoek, - maar daarvoor aan die skandpaal gesit word voor die volk! - Maar laat ons nou eet en drink en dan weer na buite gaan! Vandag sal julle nog baie sien.'

Die beskouing van die Heer by die aanblik van Jerusalem. Die oordeel oor Jerusalem 173 Binne `n uur was ons met die maaltyd klaar, staan van die tafel af op en gaan dadelik na buite; want daar was, veral by die aandlig na die ooste toe, `n baie mooi uitsig, en dit kom ons by ons beskouing baie goed te pas. [2] Toe ons so na die groot, uitgestrekte stad met haar talle paleise kyk, sê Lasarus: 'Hoe het hierdie stad tog nie `n lieflike uitstraling nie! En wat `n skande dat `n deel van die mense vir al die ander `n goeie voorbeeld moes wees! [3] Daar benede lê die tempel, waarvoor die groot Dawid as die man na God se hart reeds die materiale byeengebring het. Salomo, sy seun, het hom gebou, sodat die hele Judese volk hulle op die vasgestelde tye daar kon versamel en aan God eer kon gee. Maar wie eis nou die eer van die mense op? O, lankal nie meer God nie, maar die ellendige Fariseërs, skrifgeleerdes en die hoëpriesters! Die ou, wonderbare ark van die Verbond het al sedert byna vier-en-twintig jaar oorgegaan na die argief van die dooie, kragtelose relikwie, en die nuwe is dood en het geen krag meer nie; maar tog offer die blinde Judeërs nog meer daaraan as wat hulle ooit aan die ou, egte ark geoffer het. [4] Daaraan sien jy tog wel baie duidelik hoe die miserabele tempelhere die arme, onskuldige volk bewerk, en dat hulle hoegenaamd nie aan `n egte en enige God glo nie, omdat hulle Sy wette, wat hy aan Moses en alle ander profete gegee het, so skandelik onder hulle voete vertrap, en in plek daarvan hulle eie voorskrifte aan die volk oplê, onder bedreiging van die dood, wat as suiwer waansin, deur geen enkele verstandige mens meer geglo kan word nie. O wat `n groot skande! Alles sug onder die ondraaglike las, wat vernaamlik van die kant van die tempelhere af kom, en tog het niemand die moed om hierdie baie duidelike volksbedrieërs in hulle gesigte te spuug nie, en om hulle te wys op die groot misdade wat hulle teen die mensdom bedrywe nie. [5] Slegs U, o Heer, het die mense se oë geopen, met die doel om hulle nou te laat sien waaraan hulle met die tempeldienaars toe is. Maar ook dit help slegs weinig, want desondanks doen hulle tog op die brutaalste wyse in die wêreld wat hulle wil, en geen bestraffende bliksem skiet uit U wolke op hulle neer nie! U, o Heer, is nou Self aanwesig op hierdie aarde as `n mens met `n liggaam, - `n verskynsel wat sy weerga nie gevind het in die hele verbygegane ewigheid nie, en dat dit die hoogste barmhartigheid is wat God aan Sy skepsele geskenk het. Duisende en nogmaals duisend mense, waaronder selfs talle heidene, erken dit met die grootste vreugde en dankbaarheid, en hulle daar benede hoor hardop van alle kante en van groot en klein hoe hierdie heilige waarheid bevestig word. Maar in plaas daarvan om hierdie boodskap met alle blydskap as volledig waar aan te neem, vervloek hulle nog die volk wat dit wil aanvaar as die waarheid! Dan vra jy jouself af: Wat is sulke dieragtige mense dan werd?' [6] Ek sê: 'Beste broer, bekommer jou tog nie so nie; want jy sien immers dat alles op hierdie wêreld sy bepaalde tyd het, en dat jy geen ou seder soos `n dun stok oor jou knie kan breek nie! Kyk, Ek wil en sal nou nog `n aantal dae hier deurbring en daagliks gedurende sewe dae onderrig gee in die tempel. Wie hom wil bekeer, sal goed daaraan doen; wie egter in sy blindheid, en daardeur ook in sy slegtigheid, wil volhard, sal omkom op die dag van die oordeel wat oor Jerusalem sal losbars en alle skepsele ten gronde

sal rig. [7] Kyk julle almal maar eers goed na die groot stad! Helaas, geen klip sal op die ander gelaat word nie! Maar alle blindes en alle swanger vroue sal smeek dat die oordeel tog maar nie op `n Sabbat sal losbars nie, omdat hulle dink dat julle op `n Sabbat nie kan en mag vlug nie; want dan kom daar geen Judeër lewend daarvan vanaf nie. [8] Maar voordat die oordeel oor al hierdie goddeloses sal kom, sal nog talle, groot tekens eers aan die hemel en op aarde gebeur. Dan sal die oordeel en die einde van hierdie stad egter nog nie kom nie; want daar sal gewag word of iemand hom nie sal verbeter of bekeer nie. En slaan mense geen ag op die tekens nie, dan sal daar `n groot beproewing toegelaat word, sodat die mense hulle tot God kan bekeer. As dit egter ook geen uitwerking sal hê nie, sal Ek nog profete stuur, wat met hulle harde stem, wat sal klink soos oorlogsbasuine, in al die vier windstreke sal probeer om diegene wat egter geestelik dood is, te wek. Hy wat hom laat wek tot die lig van die lewe, sal ook in die ewige lewe opstaan; maar diegene, wat op die basuingeroep van My bodes slegs sal ontwaak in hulle toorn en woede teen My en My woord, sal opstaan - maar nie tot die lewe nie, maar tot die dood deur die oordeel, - en na die plek uitgewerp word waar die ewige duisternis heers in die oordeel, waar daar baie gehuil en tandegekners sal wees. [9] Wanneer die oordeel egter kom, laat elke regverdige dan vlug! Wie dan reeds op die dak van die kennis van die suiwer, goddelike waarhede staan, laat hy nie meer afdaal in die huis om `n ou Joodse mantel (voorskrifte van die Fariseërs) te gaan haal nie, maar laat hy op sy nuwe verligte hoogte bly! En wie hom reeds op die veld van sy nuwe werk, volgens My leer, bevind, laat hy nie na sy ou geboortestreek van die blinde en waardelose seremonies terugkeer nie, maar laat hy op sy nuwe veld bly, dan sal hy sy lewe behou! [10] Dan sal dit egter gebeur dat daar twee in een en dieselfde huis sal wees wanneer die oordeel kom; dan sal die een gered word en die ander sal ten gronde gaan. Wie volgens My leer sal handel, sal gered word; wie egter My leer sal hê, maar volgens die ou suurdeeg van die Fariseërs sal handel, sal ten gronde gaan. [11] Eweso sal daar twee op die veld wees en twee by `n meule; dan sal die een ook opgeneem word tot die lewe en die ander in die oordeel gelaat word. - Vermy jy dus die ou suurdeeg van die Fariseërs, want helaas, daarmee sal niemand die oordeel ontsnap nie!'

Die voorspelling van die groot oordeel van die huidige tyd 174 (Die Heer:) 'Soos wat dit egter met die oordeel oor Jerusalem sal gaan, so sal dit ook gaan met `n toekomstige, groot oordeel oor die wêreld, wanneer Ek `n definitiewe einde sal maak aan die groot hoer van Babel. Dit sal dan `n oordeel wees soos ten tye van Noag en ten tye van Sodom en Gomorra. [2] Dan sal daar ook groot tekens op aarde, op see en aan die hemel plaasvind, en Ek sal knegte opwek wat vanuit My woord die komende oordeel op velerlei wyse sal voorspel. Maar as gevolg van die hoogmoed van die mense sal hulle nie daarna luister nie, en as hulle daarna luister, sal hulle hulle woorde tog nie glo nie, maar hulle uitlag asof hulle dwase is. Maar juis dit sal met die grootste sekerheid bevestig dat die groot oordeel, wat alle boosdoeners deur die vuur sal verteer, onherroeplik in aantog is. [3] So sal in dieselfde tyd ook talle jongelinge visioene hê, en talle jong vroue sal voorspel oor die dinge wat sal kom. Geseënd is diegene wat hom daardeur sal verbeter en hom waaragtig sal bekeer! [4] Die voortekens sal mens net so maklik kan herken as wat aan `n vyeboom te sien is dat die voorjaar kom sodra sy takkies sappig word en gaan uitloop. [5] Dan sal daar hier en daar tussen die volke groot oorloë voorkom, en die een volk sal optrek teen die ander; ook sal daar `n groot skaarste intree en sal daar allerlei epidemiese siektes uitbreek, soos wat dit by die mense tot dan toe nog nooit voorgekom het nie. Ook sal dit deur groot aardbewings voorafgegaan word, om te maak dat die mense mekaar daardeur tot boetedoening en liefdadigheid sal aanspoor. Geseënd is diegene wat hom daardeur sal laat lei! [6] Maar besonder baie sal hulle niks daarvan aantrek nie en alles toeskrywe aan die blinde kragte van die natuur, en die profete sal bedrieërs genoem word, en baie sal mense ter wille van My Naam in kerkers gooi en hulle onder bedreiging met swaar straf verbied om in My Naam te praat en `n komende oordeel aan te kondig. Wie nie sal doen wat die groot hoer van Babel wil hê nie, sal dit baie moeilik kry. [7] Al hierdie dinge moet eers gebeur, ongeveer sewehonderd jaar voor die oordeel, sodat niemand daarna kan sê dat hy nie voldoende gewaarsku was nie. Maar van nou af sal daar nog geen volle twee duisend jaar verbygaan voordat die groot oordeel op hierdie aarde sal plaasvind nie; en dit sal dan duidelik die jongste, maar tewens ook die laaste oordeel op hierdie aarde wees. [8] Eers daarna sal die paradys op aarde kom, en die wolf en die lam sal vreedsaam in één stal woon en saam uit één skottel eet. [9] As die oordeel naderkom, sal die teken van die Menseseun ook aan die hemel te sien wees, wat beteken dat die hemel in die mens My as die enigste Heer van hemel en aarde sal erken, en die siel van

die mens sal My prys en die hoogste lof gee. [10] Dit is dan egter nog nie die voleindiging van die mens nie. Maar wanneer Ek, lig en stralend in die wolke van die hemele, met alle hemelmagte, onder geskal soos van talle oorlogs- en oordeelsbasuine in die lewende woord vir alle mense sal optree in die egte hemel, wat in die hart van die mens is, dan het die wêreldoordeel gekom. [11] Die ware mens sal dan My glansrykheid binnegaan, en die boosdoeners sal verteer word deur die vuur van My regverdige toorn, en binnegaan in die ryk van hulle bose dade, wat gereedgemaak is vir alle onverbeterlike duiwels. Want laat diegene wat uit homself vrywillig die hel kies, dan ook daarin vervloek wees, soos wat hulle in hulself vervloek is. Soos wat die goeie egter ewig goed sal bly, so sal ook die bose in homself ewig boos bly en die ewige, geoordeelde ondergrond sal vir My ewig as voetbank moet dien. [12] Ekself, as oergoddelike Persoon, sal egter niemand oordeel nie, maar dit sal My woord doen wat Ek tot julle gespreek het. Want wanneer Ek eenmaal opgevaar het na My ryk, sal Ek nooit meer in die vlees op hierdie aarde terugkom nie, maar enkel in die Gees, in die Woord, en dit sal so wees soos wat dit in die begin was, waaroor geskryf staan: In die begin was die woord, die woord was by God, en God was die Woord. Die Woord het egter Vlees geword en het onder die mense gewoon. Hy, dit wil sê, Ek, het gekom na My eiendom, en Myne het My nie herken nie; want die wêreld en haar vlees het hulle almal blind en doof gemaak. [13] Ek is nou in die vlees by julle as `n mens; maar Ek kan julle tog nie al die krag van My Gees skenk nie. Wanneer Ek egter later nie meer in die vlees, soos wat Ek nou is, maar slegs in die Gees, by julle sal wees, sal Ek julle ook alle Krag en Mag van My Gees kan skenk, wat Ek natuurlik van ewigheid Self is. In die Gees en in Haar Krag sal Ek by julle bly tot aan die einde van die tyd wat hierdie aarde nog sal bestaan, en totdat Sy die laaste geoordeelde gees tot rypheid gebring het. Maar dan sal hierdie aarde ook vir ewig as die wieg van die kinders van God verdwyn. Vanaf daardie tyd sal alles geestelik geoordeel word. [14] Ek het julle egter al meermale vertel en laat sien hoe dit besig is om op hierdie aarde te word. Wag daarom geduldig op die versekerde verlossing, wat beslis sal kom, en wens nie te gou vir `n voortydige wêreldoordeel nie! Want wanneer dit sal kom, sal dit nog te vroeg wees vir julleself, en nog meer vir hulle wat nog geleer moet word; want in die oordeel is liefde en medelye ver te vinde, en elke siel sal dan aan haar eie krag oorgelaat word om met bitterheid te ervaar hoe totaal nutteloos die ydele, tydelike hulp van wêreldse mense was. - En sê My nou, of julle dit alles goed verstaan het!'

Lasarus se twyfel aan die goddelike leiding van die mensdom 175 Lasarus sê: 'Ja, ek het dit in elke geval goed verstaan! Eerlik gesê: die hele geskiedenis van die mensdom sien nou nie bepaald goed daaruit nie! In feite is die mense tog merendeels nie self skuldig daaraan dat hulle so sleg is nie, maar veeleer die omstandighede waaronder hulle verwek, gebore en opgevoed is. Dan lyk elke oordeel tog wel asof dit `n baie eiemagtige en tirannieke daad is van die kant van Die Een wat die mag het om die mense te oordeel. [2] Mense sê weliswaar: God gee elke mens die korrekte kennis van waar en onwaar en van goed en kwaad; maar wanneer gebeur dit? Volgens my ervaring dikwels eers dan, wanneer die mens reeds so vas sit in alles wat verkeerd en boos is, dat geen enkele ware leer hom ooit meer sal kan help nie. Wanneer die mense etlike honderde jare sonder enige voelbare goddelike invloed gebly het, gaan hulle God noodsaaklikerwys steeds meer vergeet en maak dan eie wette en lewensvoorskrifte, waardeur ondanks baie streng navolging, die geluk van die mense nie tot stand gebring kan word nie. Sodra die mensdom dan uiteindelik heeltemal verdierlik is, kom daar, aanvanklik slegs klein, openbaringe deur geroepe mense. En werp dit geen vrugte af nie, dan volg daar eers groter openbarings. En het dit ook geen uitwerking nie, dan volg daar `n strafgerig. Heer, waarom dit nou eintlik so moet wees, verstaan ek self nog lank nie! [3] Van Adam tot Noag, en veral by die nakomelinge van Kain, was daar van besondere openbaringe bykans geen sprake meer nie. Ten tye van Noag het daar wel allerlei tekens en openbaringe plaasgevind, maar te laat, omdat die volk, veral die uit die dal, al heeltemal duiwels was. Die volk het hulle toe natuurlik niks meer daaraan gesteur nie en verder geleef in sy roes; maar daarna het dan ook dadelik `n verskriklike oordeel gekom. [4] Daarna het dit tot Abraham geduur, gedurende die lang tyd waar bykans geen openbaring plaasgevind het nie. Met Abraham het die goddelike openbaring weer begin; maar spoedig daarna het dan ook die oordeel oor Sodom en Gomorra en die omliggende tien stede gevolg. [5] Via Abraham, Isak en Jakob het dit toe weer verder gegaan tot by Moses. In die tyd van hierdie profeet het iets buitengewoon vanuit die hemele vir die mense plaasgevind. Hulle het vir die eerste maal bepaalde wette gekry waarvolgens hulle hulle lewe moes rig; maar die oordeel was dan ook buitengewoon. Die Egiptenare moes met talle honderd duisende in die stof byt, en met die bevryde Israeliete het dit daarna vir die volle veertig jaar in die woestyn nie so baie goed gegaan nie. Hulle almal, Egiptenare en Israeliete, het

immers te lank geen enkele spesiale openbaring meer meegemaak nie en het louer en louer geword. Die vroeëre geloof, wat lewendiger was, het `n lui en tradisionele geloof geword, en dit is nie baie beter as heeltemal geen geloof nie. Maar soos wat die geloof is, so gaan dit ook met die hou van die leefreëls wat daarby hoort! [6] As openbaringe dan nog langer uitbly, dan verloor die mense hulle geloof heeltemal in `n ware God, gaan maak dan na hulle eie goeddunke gode, en verval daardeur tot voltooide afgodery. Kan mens hulle dit egter, suiwer verstandelik gepraat, as eie skuld toereken? Na my mening, wat meestal baie redelik en menslik is, egter nie! [7] Tydens die rigters en later ook onder enkele konings was daar by ons Judeërs wel steeds profete opgewek, - maar altyd eers nadat die mense hulle al behoorlik aan doodsondes skuldig gemaak het; en dan het daar ook altyd dadelik `n oordeel gekom wat die sondaars vernietig het. [8] O Heer, nou is U Self daar. Die mense kry nou tog wel die allergrootste openbaring, maar die oordeel sal ook nie lank op hom laat wag nie. Oor slegs `n paar honderd jaar sal die mense, as hulle nie nogmaals `n openbaring gegee word nie, selfs wat U leer betref, geen haar beter wees as die tempeldienaars daar onder nie! Die bekeerde heidene sal weer heidene word, en die Judeërs nog slegter as wat hulle nou is, en so sal dit nooit heeltemal lig en goed op hierdie aarde word nie. Daarom vind ek dat die duidelike openbaring van U goddelikheid van nou af aan nie solank agterweë moet bly nie, omdat die nakomelinge, wat by hierdie huidige openbaring nie aanwesig kan wees nie, sonder hulle eie skuld weer in die ou duisternis sal versink. [9] Die Filistyne is vanweë hulle goddeloosheid verdelg en vernietig en het, sover ek weet, nooit `n openbaring gekry nie; so ook die ou Fenisiërs, en ook die Trojane, die Babiloniërs, die Nineviete en nog ander volke wat, sover dit aan my bekend is, ook nooit `n spesiale openbaring gekry het nie. [10] Wat is tog die rede van hierdie ongunstig gesinde spel met die mense van hierdie aarde? Kyk, geen enkele mens kan iets daaraan doen dat hy bestaan nie! Maar as hy eenmaal volgens U almagtige wil bestaan, dan is hy ook al vanaf die wieg tot aan sy graf heeltemal ongelukkig en moet hy hom die een oordeel na die ander laat welgeval. Waarom is dit tog so?'

Oor die werkers in die wingerd. Doel, wese en werking van die openbaringe 176 Ek antwoord Lasarus en ook die ander leerlinge, omdat hulle met die opgewonde mening van Lasarus eens was: 'Luister, Ek sal julle hier `n gelykenis vertel; wat julle die antwoord op die vraag van Lasarus sal gee! [2] Daar was eendag `n meester wat arbeiders vir sy wingerd gehuur het. Hulle kom die môre en die meester kom met hulle ooreen vir `n stuiwer per dag. En om twaalfuur gaan hy na `n plek waar hy nog mense sonder werk aantref en hy sê: 'Waarom is julle nie aan die werk nie? Gaan na my wingerd, dan gee ek julle waarop julle reg het!' En hulle gaan daarheen en werk. Maar teen die aand sien die meester van die wingerd nog `n aantal werkers werkloos rondstaan. En hy gaan daarheen en sê aan hulle: 'Waarom staan julle die hele dag en niksdoen nie?' En hulle antwoord: 'Heer, niemand het ons gehuur nie!' Toe sê die meester aan hulle: 'Wel, gaan julle dan ook na my wingerd, en werk die een laaste uur van die dag, dan sal ek julle ook nog gee waarop julle reg het!' Toe gaan hulle heen en werk nog vol ywer die laaste uur van die dag. [3] Die aand roep die meester eers die arbeiders wat vanaf die oggend gewerk het en gee elkeen die afgespreekte stuiwer. Toe roep hy hulle wat slegs `n halwe dag gewerk het, en gee ook elk `n stuiwer. Daarna roep hy hulle wat slegs `n uur gewerk het en gee elkeen ook `n stuiwer. [4] Toe sê diegene wat die hele dag gewerk het: 'Heer, waarom gee u hulle wat maar `n uur gewerk het, dieselfde as ons, wat tog die hele dag moeite en hitte moes deurstaan?' Toe sê die meester: 'Wat gaan dit julle aan as ek goed en barmhartig is? Is ek dan onregverdig as ek uit My goeie wil ook die laaste dieselfde gee as julle? Het ons dan nie oor `n stuiwer ooreengekom nie? Julle het self nie meer gevra nie! En as ek julle nou gee wat julle gevra het, wat wil julle dan nog meer van my hê? Is ek dan nie meester oor my eie vermoë waarmee ek kan doen wat ek goeddunk nie?!' Daarop het die eerste arbeiders geen antwoord gehad nie en hulle was toe tevrede met hulle dagloon. [5] En Ek sê aan julle almal dat ook My Vader wat in My is, by julle dieselfde sal doen, - en dan sal ook die eerstes die laastes en die laastes die eerstes wees. [6] Die wynstokke in die wingerd stel die oorspronklike mense van hierdie aarde voor wat bewerk moet word. Hulle het geen diensverband met My nie, maar hulle moet bewerk word om `n goeie vrug te lewer vir JaHWeH God. [7] Alle profete is egter, soos wat julle nou hier is, wat betref hulle siel, nie afkomstig van hierdie aarde nie, maar hulle is van bo aangestelde werkers, en het eers `n deeglike kontrak met My gesluit ten opsigte van die verkryging van die kindskap van God, wat slegs op hierdie aarde moontlik is.

[8] Alle groot profete vanaf die begin tot op hede, julle ingereken, wat `n groot openbaring ontvang, is die eerste gehuurde werkers vir die wingerd van die Heer. [9] Die klein profete, wat slegs `n halwe diens moet verrig, naamlik die instandhouding van die eens gegewe groot openbaring, is diegene wat in My Naam na julle toe sal kom, wat ook wel self bepaalde kleinere openbaringe sal ontvang en daarmee voorspellings sal doen, maar die krag en mag wat Ek julle gee, sal hulle nie besit nie. Hulle sal ook dieselfde loon ontvang, omdat hulle geloof sterker moet wees; want omdat hulle nie sien wat julle nou almal sien en meemaak nie, sal hulle geloof wat uit hul vrye wil voortkom, ook as `n groot lewensverdienste toegereken word. Wanneer hulle dus dieselfde loon sal kry as julle, bedink dan dat hulle dit moeiliker sal hê om dit te glo wat nou tot heil van alle skepsele gebeur, omdat hulle nie soos julle getuie van dit alles was nie. [10] Ten slotte sal daar nog heelwat later nogmaals, vlak voor `n groot oordeel, sieners gewek en toegelaat word, wat kortliks met groot inspanning sal moet werk om die baie onsuiwer geworde leer te suiwer, sodat dit behoue kan bly en nie deur die meer verligte denkende mensdom as ou priesterbedrog verwerp sal word nie. Hierdie derde groep arbeiders in My wingerd sal nie deur groot wonderdade nie, maar slegs deur die suiwer woord en die Skrif werk, sonder om een of ander opvallende openbaring te kry as net die innerlike, lewende woord in hulle gevoel en in hulle gedagtes van hulle hart, en hulle sal vol wees van helder, verstandige geloof en so, sonder wonderwerke, die verdorde mensewynstokke in My wingerd oprig, en dan van My ook dieselfde loon kry as wat julle as arbeiders vir `n hele dag sal kry; want dit sal vir hulle baie moeiliker wees om vas en sonder twyfel dit te glo wat meer as duisend jaar vóór hulle hier gebeur het. [11] Ook al lê die groot openbaringe dus behoorlik ver uitmekaar, tog sorg God steeds daarvoor dat daar altyd dadelik weer nuwe gewekte sieners onder die mense kom, sodra die lesse van die groot openbaring enigsins onsuiwer begin te word, en dit gebeur op so `n manier dat die vrye wil van geen enkele mens enige dwang daarby ondervind nie. Want die groot openbaringe word juis lang tye na mekaar gegee om daarvoor te sorg dat die vrye wil van die mense so min as moontlik aangetas word. [12] Wanneer die wêreld die mense uiteindelik weer te ver van hulle geestelike baan laat afwyk het, bly daar natuurlik niks anders oor as om oor te gaan tot `n groot openbaring, wat egter altyd `n oordeel met hom saambring, omdat die openbaring self `n treurige oordeel vir die mense is. Want solank jy die dooie hout nie aansteek nie, sal dit nie brand nie; maar die vuur ontsteek dit. En kyk wat die vuur vir die hout is, dit is `n groot openbaring vir die mense. - Verstaan julle dit nou?'

Die profete as draers van die openbaring. Liggelowigheid en onvoorwaardelik geloof 177 Lasarus sê: 'Ja, ek verstaan goed wat U daarmee wil sê; maar ek het nog `n bygedagte, waarvan ek nog nie so presies weet wat ek daarmee moet maak nie. Moet al die mense wat dus direk `n groot openbaring kry, beskou word as mense wat onder die oordeel val? En kan slegs hulle `n seën van die groot openbaring verwag, wat slegs indirek, dus suiwer wat hulle geloof aanbetref, daaraan deel het? [2] Dit is dan tog wel baie nadelig vir die oorbringers van die openbaring, omdat, hulle vanuit hulle herkoms al beter en suiwerder mense was, wat in staat moes gewees het om `n belangrike, groot openbaring in hulle op te neem en goed te verstaan. Want die eintlike, suiwer wêreldse mense sou `n groot openbaring immers nooit sonder meer kan verstaan nie, omdat hulle selfs die kleinste openbaring nie kan verstaan nie, maar staan daarby soos hoenders wat `n bliksemstraal uit die wolke sien skiet.' [3] Ek sê: 'Wie sê dan dat oorbringers van `n groot openbaring as mense gesien moet word wat onder die oordeel val? Ek sal tog wel presies weet wie Ek moet kies om die hoof verantwoordelikheid te dra van `n groot openbaring, sodat dit self geen skade ly nie! [4] Moses het sonder meer die verantwoordelikheid van `n baie groot openbaring gedra; maar onder hom was daar baie, wat slegs indirek aan die openbaring deel gehad het en uiteindelik tog baie vaster geglo het as Moses self, wat by homself getwyfel het aan die belofte dat Ek die Israeliete die Beloofde Land, waar melk en heuning stroom, sou gee. Omdat Moses die belofte nie volkome geglo het nie, mag hy die Beloofde Land wel gesien het vanaf `n hoë berg, maar self nie ingegaan het nie. [5] Dit bewys egter meer as voldoende dat niemand van hulle, wat die verantwoordelikheid van `n openbaring dra, self ooit gebonde was nie, en van nou af aan nog minder as ooit gebonde sal wees, maar vir hulleself altyd volkome vry sal bly in geloof en handeling, die enigste waardeur hulle salig kan word; want iemand word nie salig omdat hy die verantwoordelikheid van `n openbaring dra nie, maar slegs wanneer hy die openbaring self glo en daarvolgens leef. [6] Dieselfde is dan ook met julle almal die geval. Julle is nou deur My dade natuurlik meer gedwing om te glo dat Ek die die Messias(Christus) is en dat My woorde God se woorde is, as hulle wat slegs mondelings die evangelie van julle sal hoor. Maar daarenteen sal daar by julle nog genoeg twyfel oor My opkom, waardeur julle geleentheid sal hê om julleself in julle geloof te versterk. Want wanneer die herder geslaan sal word, sal die skape vlug en heeltemal verstrooid raak; maar op die regte oomblik sal Ek hulle wel weer

versamel en hulle geloof versterk. Dus val niemand wat die verantwoordelikheid van `n ware openbaring dra, onder die oordeel nie. Want ten eerste kom so iemand altyd van bo en kan `n openbaring hom nie ekstra dwing nie, omdat sy siel reeds `n voorproef gehad het van die liggaamlike lewe op `n ander aarde en daarom beslis baie deegliker en vaster is as `n siel wat haar eers op hierdie aarde tot een geheel moes vorm; en ten tweede word aan die siel van so `n profeet ook groter geloofsproewe opgelê as aan `n siel van hierdie aarde, wat dikwels maar al te liggelowig is. `n Siel van hierdie aarde het genoeg aan die woord en het nouliks `n teken nodig. Maar siele wat van bo kom, het meer nodig, want hulle glo nie so gou nie en het ook duideliker en groter bewyse nodig voor hulle van geloof vervul sal word en daardeur tot dade oorgaan. [7] Ja, as Ek nou byvoorbeeld na Persië sou gaan, of na Indië of Athene of na Rome, en daar sulke tekens sou doen soos wat Ek al hier by julle gedoen het, dan sou geen mens daar ooit iets anders durf doen as wat Ek voorgeskryf het nie. Sulke suiwer aardse siele sou duidelik in `n hoë mate hulle vryheid kwyt wees, en met die beproewing van hulle vrye wil sou dit dan vir `n lang tyd heeltemal gedaan wees. Maar My tekens skaad julle nie in die minste nie, omdat julle absoluut nie liggelowig is nie; want voor mens julle sover het dat julle vas en verseker glo, moet mens julle ook al baie laat sien het, en selfs dan sit julle nog vol met allerlei twyfel en vra nou eers dit en dan weer dat. Wie dit egter by My doen, het geen gedwonge geloof nie, maar `n vry geloof; want hy eis om volledig in te sien en te verstaan wat hy glo, en wat hy nie insien en verstaan nie, glo hy ook nie. [8] Die beste bewys daarvoor is dat Ek dadelik moet uitlê en bespreek wat julle van My hoor. Julle weet tog wie Ek is, en sou ook, sonder dat Ek alles spesiaal moet uitlê, van My kan glo wat Ek julle leer. Maar dit doen julle nie, en julle het My al enkele kere laat blyk dat julle My in verband met `n baie geheime leer nie geglo het nie; en julle sê My in My gesig dat dit `n harde leer is; en dit is nog geen sewe dae gelede nie dat julle My almal verlaat het, ook vanweë lesse wat julle nie verstaan het nie. [9] Daaruit blyk dit dat julle siele sterker is as die siele van die eintlike kinders van hierdie wêreld. Sulke mense soos julle nou, sal daar altyd op hierdie aarde wees, en Ek sal hulle opwek en ook, net soos julle, uit My die innerlike woord van die Gees gee, en hulle sal die eintlike kinders van hierdie aarde onderrig, waardeur hulle wil heeltemal vry sal bly. Die leraars mag hulle daarom egter nie inbeeld dat hulle as leraars en wyses hoër by My aangeskrewe staan as die kinders van hierdie aarde nie; want Ek sê steeds, en dit sal altyd geld: Laat hierdie kleintjies na My toe kom en belet hulle nie! Want wie nie word soos hierdie kinders nie, sal My ryk nie binnegaan nie, want dit behoort aan hulle en dit is ter wille van hulle gemaak. Wie egter `n wyse is en derhalwe `n leraar en daarby van ganser harte deemoedig en sagmoedig is, hulle sal eendag ook daar wees, waar Ek as `n ware Vader van ewigheid tot ewigheid te midde van My kinders sal wees! [10] Toe alle leerlinge die onderrig van My gehoor het, swyg hulle en hulle weet nie wat hulle vir My moet sê nie.

Twee soorte mense op aarde: siele van bo en siele van benede 178 Slegs Lasarus vra: 'Heer en Leraar, is ek dalk ook een van bo?' [2] Ek sê: 'Ongetwyfeld, want anders sou jy die tekens wat Ek jou al meermale laat sien het, nie so rustig en gelykmoedig aanvaar het, asof dit iets heel natuurliks was nie. Alles het jou maar net op die oomblik wat dit gebeur het verras, - enkele oomblikke later het jy jou nie meer daaroor bekommer nie; want jy het by jouself gedink: `n Mens kan onmoontlik iets dergeliks soos die vlug van die voëls deur die lug tot stand bring. Maar omdat Ek nou eenmaal volledig God is, is dit ook volkome natuurlik dat alles vir My net so moontlik moet wees soos die vlieg van `n voël deur die lug, en daarom is dit beslis net so `n wonder soos alle ander dinge wat deur My geskape is. Die maan, die son, die sterre en hierdie aarde en alles wat daarin, daarop en daarbo is en leef en beweeg, is blywende wonderwerke van My Wysheid en Mag, en die huidige wonderwerke is slegs `n verbygaande getuie daarvan dat Ek presies Dieselfde Een is wat reeds van die ewigheid af die oneindigheid met tallose, blywende wonderwerke gevul het. Jy dink dat wanneer Ek as God wonderwerke doen, dat niks wonderbaarlik is nie, maar dat die eintlike wonderbaarlike aan My, My onbegryplike liefde vir julle, My skepsele is, en My groot vriendelikheid en onselfsugtige goedheid, sagmoedigheid, geduld en groot deemoed vir die mense, wat Ek met één sug in die suiwerste niks sou kon laat verdwyn. [3] 'Ja', sê jy verder by jouself, 'as `n mens ook dit sou kon doen, sou dit wél `n wonder wees; so goed as wat dit baie wonderbaarlik sou wees as `n mens hom soos `n voël in die lug sou kon verhef en in die lug sou kon rondsweef.' [4] Kyk, as jy nie van bo was nie, sou jy dit nie kon bedink nie, en Ek sou, om jou vrye wil oor te sien, sulke tekens soos wat Ek dit gedoen het, wyslik nie gedoen het nie! Hulle daar benede is egter nie van bo afkomstig nie, maar van hierdie wêreld, en Ek mag hulle daarom nie sulke tekens laat sien soos aan jou en My leerlinge nie. Hulle mag maar net van hoorsê daaroor praat, maar nie baie daarvan sien nie; want as

hulle die groot tekens sou sien wat Ek doen en gedoen het, sou dit hulle volledig gedood het. Daarom moet hulle slegs aan My woorde knaag. [5] Maar hulle sal ook nog wel `n teken gegee word, maar geen ander as die van die profeet Jona nie; want soos wat hy slegs drie dae in die buik van die vis gebly het en toe lewend op die oewer geplaas is, so sal ook Ek drie dae in die graf deurbring en dan weer lewend te voorskyn kom, tot groot skrik en oordeel vir hulle daar benede. [6] Onthou dit alles goed, dat die kinders van hierdie aarde nie deur tekens nie, maar slegs deur die lewende woord vir My ryk gewen moet word! Want die meeste kinders van hierdie aarde - as hulle nie al te veel bederf is deur allerlei valse tekens nie - is liggelowig, maar nie te traag van begrip nie - en kan daarom deur die korrekte woorde gou en maklik vir die waarheid gewen word; maar deur te opvallende tekens sou hulle al hulle eie denke en wil volkome kwyt wees. - Weet jy nou, Lasarus, of jy van bo of van benede kom?' [7] Lasarus sê: 'Ja, ek sien nou goed in dat ek ook op die een of ander manier van bo gekom het; maar hoe kan ons dan sien, wie van die mense wat ons teëkom, van bo of van benede afkomstig is?' [8] Ek sê: 'As dit nodig is, sal die Gees in jou dit wel vir jou sê. Maar daar is ook `n uiterlike teken wat selde bedrieg, waardeur die goeie aan `n mens dadelik te sien is, waarvandaan hy kom wat sy siel aanbetref. [9] Kyk, die siel hou ook in haar noodsaaklike, duistere liggaam `n seker gevoel van waar sy vandaan kom, en rig selfs haar liggaamlike ore en veral haar oë graag in die rigting van waar sy oorspronklik vandaan gekom het. Mense wat hulle blik graag na bo rig en graag berge klim, en ook graag geluide hoor wat êrens van bo-af hulle oor bereik, is sekerlik ook van bo afkomstig. Maar mense wat hulle blik vernaamlik na die grond rig, en daarin rondwoel en allerlei skatte soek, en maar selde hulle oë en ore na bo rig, is ook baie sekerlik van benede afkomstig. Op hierdie wyse kan julle, as julle daarop let, baie goed sien wie jy voor jou het. [10] Mense wat van bo afkomstig is, is gewoonlik ook baie vindingryk en bevind hulleself op die gebied van kunste en wetenskappe; maar hulle neem nie alles so sondermeer aan nie, want hulle wil alles baie duidelik bewys sien. Die Griek Philopold in Kana by Kis het nie voorheen geglo nie, eers nadat Ek hom die sonaarde getoon het waarop hy vir die eerste keer `n liggaam gehad het; en bykans alle sinici is presies net so. Vir hulle sou jy wêrelde kon skep sonder dat dit meer indruk op hulle sou maak as by `n mens van hierdie aarde waarvoor jy sal sê: 'Gaan en doen dit!' Hulle sal jou nouliks vra: 'Ja, maar waarom dan?', maar hy sal dit gelowiglik doen, omdat `n wyse mens dit vir hom gesê het; die rede hoop hy dan nog om vroeg genoeg te ervaar. Maar `n mens wat van bo kom, sal jou aankyk en ernstig vra: 'Waarom moet dit gedoen word? Sonder rede doen ek niks nie! Verklaar jouself beter, dan sal ek wel sien hoe belangrik dit is wat jy sê: Gaan en doen dit!' [11] Want Ek sê vir julle dat dit baie belangrik is dat julle julleself daarvan vergewis met watter soort mens jy as leraar te make het, en met watter wynstokke in My wingerd geplant word; want dieselfde woord kan die beste, maar ook die slegste gevolge hê, as mens dit goed of nie, ooreenkomstig die karakter van die toehoorder gebruik. [12] Die swak, klein kindertjies van hierdie aarde glo, soos wat reeds gesê is, alles wat mens hulle wil laat glo, gou en maklik, en het eers agterna uitleg nodig, sodra hulle `n hoop geloofsreëls hulle eie gemaak het. Daarom moet daar by hulle goed opgelet word dat hulle altyd die suiwer waarheid gepredik word, - en wee diegene wat die kleintjies van die aarde met allerlei valse leerstellings en voorbeelde sou wil pla, soos wat Ek julle dit al `n keer met `n kleiner voorbeeld in Galilea laat sien het! Maar by die kinders van bo moet die uitleg, hetsy reeds vantevore of tog minstens saam met die leer gegee word, omdat hulle andersins nie maklik iets vir die volle waarheid sal aanneem nie. [13] Julle was reeds dikwels getuie daarvan hoe Ek dit by die Grieke en Romeine gedoen het; doen julle ook dieselfde, dan sal julle hulle makliker wen omdat julle My en My werke as voorbeeld het, waarop julle julle altyd met sukses kan beroep! As dit nodig is sal julle ook self tekens kan doen; maar wees daarmee suinig en doen eers `n teken wanneer julle in die gees daartoe gedwing word! `n Teken veroorsaak weliswaar iets goeds, maar `n ware, lewende woord is duisendmaal beter, omdat geen dwang deur die woord aan die mensehart opgelê word nie. [14] Want die woord verlig eers die verstand van die mens. Dit wek dan vervolgens die wil en die liefde in die mensehart op. Die liefde word `n geweldige vlam. Dit verlig die wil in die hart en bring hom tot lewe, en hy handel dan volgens voorskrif van die eie verstand; en wat die mens op die wyse vry uit homself doen, is eie, verdienstelike werk, en dan het die mens eers sy eie lewenshaard gevind. [15] Maar die teken verlam die menslike verstand vir `n lang tyd, en skrik slegs die liefde en haar wil tot handeling op. Die handeling is egter soos `n weggewerpte klip, wat hom slegs solank deur die lug laat beweeg as wat die krag van die gewerpte reik; sodra dit egter ophou, val die klip deur sy eie gewig weer dood en onbeweeglik op die grond en bly daar in sy ou oordeel lê.

[16] Die siel van `n bekeerde mens wat deur `n teken opgewek is, lyk presies soos so `n weggewerpte klip, en handel blind, uit angs vir die teken; wanneer die teken mettertyd sy krag verloor, verslap die liefde en die wil van die siel en word heeltemal traag, veral by die nakomelinge wat geen teken gesien het nie, en hy beskou die teken, hetsy as `n toorkunsie of gewoonweg as `n leuen en `n versinsel van die voorouers. Want as die siel aan die verstand vra wat die teken beteken, kan hy haar geen verklaring gee nie, omdat hy self nog nooit een gekry het nie, en hy oordeel dan heel eenvoudig so: 'Is ons as mense dan minder as ons voorouers, wat allerlei tekens gekry het en dan so maklik kon glo? Ons moet nou glo wat ons nie verstaan nie, en die tekens waaroor ons maar net gehoor het, moet ons laat glo? Nee, dit werk beslis nie! Dit kan `n wyse God, as Hy bestaan, ewiglik nooit van ons swak mense verlang nie! Daarom verlang ons ook tekens of minstens `n verklaring wat `n korrekte lig werp op wat ons moet glo en moet doen, sodat ons die regte rede kan ken. Want die redes waarom ons wil glo, moet vir alle mense vir alle tye aanvaarbaar wees, en dit moet nie so wees dat ons eers moet glo, om daarna ook dit te kan glo waartoe ons deur hulle gedwing was om te glo nie.' [17] Kyk, so oordeel die verstand van die mense dan, en dit selfs tereg! Want as die leer ook na die gee van tekens vir die menslike verstand nie te verstaan is nie, dan gaan hy baie gou met alle tekens ten gronde, en die mense verloor dan alle geloof en val terug in hulle ou, trae, wilde lewe in, totdat die een of ander slim towenaar hulle oorval en hulle met valse tekens maklik en gou aan sy kant bring. [18] Daarom sê Ek nog eenmaal baie nadruklik aan julle almal: Gee helder en duidelike onderrig, en wees in `n hoë mate spaarsaam met tekens, dan sal julle blywende en vaste leerlinge kweek! Want die teken vergaan, maar die verligte, suiwere waarheid bly ewig, en het vir haar bevestiging heeltemal geen teken nodig nie, omdat Hy self die hoogste Teken is wat altyd uit die hemele gegee word aan die mense wat dit soek. [19] Maar daar is ook bepaalde tekens wat julle wel kan verrig; dan moet die teken egter maar net `n ware weldaad wees vir arm, gebrekkige mense, sonder onderskeid van stand of geloof, en nie `n spesiale bewysmiddel vir die suiwer goddelikheid van My leer nie. [20] Die leer moet deur haar lig self ook sonder alle ander besondere tekens suiwer goddelik blyk te wees en elkeen wat daarvolgens handel die innerlike, lewende bewys van haar volledige egtheid gee. As julle daarop sal let, sal julle later egte, goeie leerlinge vir My oplei; maar as julle dit nie so noukeurig opneem nie, sal julle self die poorte open vir die Antichris, en dan sal julle self genoodsaak wees om daardeur te gaan.'

Die Antichris 179 Daarop gaan ons na die huis, en Lasarus laat dadelik voldoende brood en wyn opdien. Ons gaan aan die tafels sit en versterk onsself. [1] Lasarus sê: 'Heer, wat moet ons dan onder die Antichris verstaan?' [2] Ek sê: 'Die Antichris sal ontstaan deurdat bepaalde slim, arbeidsku mense die leer ook sal aanneem, sodra hulle sal sien dat dit steeds meer aanhangers kry, en dat dit met My leerlinge steeds beter gaan. En as hy oor die tekens sal hoor wat Ek gedoen het, en ook oor die wat julle by bepaalde geleenthede sal doen, dan sal hy net soos die heidense towenaars groot tekens begin te doen deur met baie natuurlike middele goëltoertjies uit te voer, net soos wat die Essene dit doen. Dit sal die liggelowiges aantrek, en einde ten laaste sal hulle soveel word dat hy baie van julle daarna, dit wil sê julle volgelinge, as valse leraars en profete sal aansien en sal vervolg. [3] Sorg daarom daarvoor, dat julle van hulle wat die evangelie sal aanneem, maar net die noodsaaklikste vir julle lewensonderhoud aanvaar! Want as luiaards sou sien dat die prediking en `n teken baie geld vir julle inbring, sou hulle sekerlik alles daarvoor oor hê om julle te verdring. Daarom sal mens egte van valse profete die vinnigste kan onderskei deur hulle gedrag. Want egte profete sal altyd selfs armer as Ek rondtrek, en van hulle gemeente maar net aanneem wat hulle nodig het om van te lewe; valse profete sal hulle egter gedra soos wat die Fariseërs nou doen - en in baie opsigte nog baie erger - en hulle vir alles wat hulle sogenaamd in My Naam vir die gemeente doen, baie duur laat betaal, en alle mense sal gestraf word as hulle hulle nie as heilige dienaars van God aansien nie, en glo dat God maar net hulle gebede verhoor en in hulle offers groot welgevalle het. Maar terwyl daar nou vir alle Judeërs slegs hierdie een tempel is, sal die antichristene tallose pragtige tempels bou en daarin vir die mense hulle toorkunste en hulle offers verrig, en die slegste toesprake hou, wat vir hulleself ten goede kom. In vreemde tale sal hulle bid, om die volk te laat glo dat hulle taal die suiwerste en dus ook vir God die mees welgevalligste is. [4] Dit is vir elkeen voldoende om `n valse profeet te herken en hom duidelik van `n ware te onderskei. Hulle sal natuurlik luidkeels hulle stem laat hoor en die hele wêreld toeroep: 'Kom almal na ons, want hier is die die Messias(Christus), en waar ons is, is Hy!' Maar glo dit nie, ook al roep hy hoe hard en doen hy wat se groot tekens; want hulle sal nooit as te nimmer My volgelinge wees nie, maar hulle is verleide

volgelinge van Beëlsebul, van wie hulle hulle loon in die poel sal oes onder gehuil en tandegekners! Let goed op daarna, en doen so min as moontlik tekens, maar hou julle by die woord en sy ewige waarheid, dan sal die suiwer leer te midde van talle mense bly tot aan die einde van die wêreld! - Maar nou gaan ons weer na die huis, en Lasarus, bring jy vir ons wyn en brood, want Ek is dors!'

Oor die korrekte seën en die korrekte gebed 180 Tydens ons maaltyd praat Ek min, maar toe die heerlike wyn die tonge van die leerlinge begin losmaak, word dit baie gou lewendig in die herberg. Ook die herbergier van die herberg, wat dit vir Lasarus bestuur, kom met sy mense na My toe en vra of Ek ook vir hom en sy familie My seën sou gee, want dit sou `n kragtige middel wees teen die vloek van die tempeldienaars. [2] Ek sê vir hom: 'Vriend, waar Ek is, is ook alle seën met My; meer is egter nie nodig nie! Leef ook jy maar volgens die leer wat Ek My leerlinge gegee het, daardeur sal jy eers die ware, lewende seën ontvang, wat jy nie net vir hierdie wêreld, wat vir elkeen slegs van baie kortte duur is nie, maar ook vir jou siel, wat ewig sal lewe, van groot nut sal wees! Maar `n seën soos wat jy jou dit voorstel, is waardeloos. Kyk net na die Fariseërs, wat alle soorte seën uitdeel en hulle daarvoor laat betaal; wie van hulle wat so `n seën gekry het, het egter ooit iets daaraan gehad? Ja, die Fariseërs het wel iets daaraan gehad, - maar die geseënde moes hom met sy geloof troos en daarin enige rus vind. [3] Ek seën die mense egter volgens waarheid, slegs deurdat Ek hulle die ware lewenslig gee en daardeur die ewige lewe, as hulle My leer in praktyk bring. Al die sogenaamde magiese seën is niks werd nie en vergroot slegs die bygeloof van die mense. Wie egter My leer toepas, en glo dat Ek die ware die Messias(Christus) is, kan `n sieke in My Naam die hande oplê en dan sal dit beter gaan met hom. En ook as die sieke hom ver weg bevind, en jy in My Naam vir hom bid en jou hande na hom toe uitstrek, sal hy gesond word, soos dit hom tot seën strek. En kyk, dit is `n baie beter seën as die, wat jy volgens jou mening van My wou gehad het! - Sê My nou of jy daarmee tevrede is!' [4] Die herbergier sê: 'O Heer, ek dank u daarvoor, want ek sien goed in dat die suiwer waarheid vir die mense die grootste seën is, en die leuen en bedrog die grootste vloek. Maar nou sou ek van u, o Heer, tog nog wil hoor, of die gebede van die priesters by God dan ook geen waarde het en ook dan niemand iets help nie, as iemand in die ware sin gelowig is en van mening is dat hy nie waardig is om tot God te bid nie, na `n priester gaan en hom betaal om vir hom tot God te bid. Hoe moet mens dit volgens waarheid glo en verstaan?' [5] EK sê: 'Staan daar nie geskryf nie: 'Sien, - die volk eer My met die lippe, maar hulle harte is ver van My af'? Hoe kan `n gebed waarvoor iemand betaal het, hom nou help? Hy, die gelowige, durf nie tot God te bid nie, en die betaalde priester bid nie tot God nie en kan dit selfs duidelik nie doen nie, omdat hy self nie in `n God glo nie. Want as hy in `n God sou geglo het, sou hy hom nie vir sy gebede laat betaal het nie, maar vir die gebedsbetaler gesê het: 'Elke mens - ook al sou hy soveel sonde gehad het soos wat daar gras op die aarde en sand in die see is - kan berouvol en deemoedig tot God bid, en God sal sy gebed verhoor. Die naasteliefde wat God vir my voorskryf, lê my al sonder meer die plig op om alle mense in my gebede te gedenk, gaan jy dus maar self tot God bid, want slegs dit kan en sal jou help; want `n betaalde gebed is `n gruwel vir God!' [6] Kyk, dit sou `n gelowige priester vir hulle moet sê wat hom vir `n gebed wou betaal! Maar omdat die priester self nie in God glo nie, laat hy hom vir die gebed betaal, wat hy uit `n boek, sonder om ook maar iets daarby te dink en te wil, in `n huigelagtige, vroom houding laat welgeval, en daarom is hy `n voltooide leuenaar en bedrieër. Hoe kan so `n gebed deur God op prys gestel word? [7] Ek sê vir jou: Ook al sou God die mens vanweë sy vermeende onwaardigheid, wat nie tot Hom wou durf bid nie, terwille van sy deemoed uit die een of ander nood help, dan sal Hy hom in hierdie geval egter beslis nie help nie, om hom daardeur langsaam maar sekerlik van sy bygeloof te bevry. [8] Wanneer jy `n arme sien wat om noodsaaklike hulp tot God bid, gaan dan na hom toe en help hom, as jy wat iets het om hom te help; het jy egter niks, bid dan self ook vir hom tot God, en Ek sê vir jou: God sal jou gebed en die gebed van die arme verhoor! Want wanneer daar twee of drie waaragtig tot My bid, sal hulle gebed ook sekerlik altyd verhoor word. Maar laat niemand hom terwille van dom en suiwer wêreldse dinge hom biddend tot God rig nie, want God sal hom nie verhoor nie; as iemand egter bid vir iets wat noodsaaklik is vir die lewe van die liggaam en vir die versterking van die geloof en die siel, dan sal dit hom nie weerhou word nie. - Kyk, dit is die waarheid oor die egte gebed, wat ook `n ware en egte seën van God in die hart van die mens is! Verstaan jy dit?' [9] Die herbergier sê: 'Ja, Heer, dit is baie maklik te verstane, omdat dit immers `n baie duidelike waarheid is; maar die magiese gebede van die priesters het ek nog nooit verstaan nie, en wel om die heel eenvoudige rede dat hulle as suiwer bedrog gladnie te verstaan is nie. O die gemene bedrieërs! Hoe hulle tog hulle uiterste bes doen om die volk hulle waardelose gebede só voor te stel asof dit egter stapsgewys

steeds werksamer en kragtiger sou word, namate hulle deur hoër priesters op bepaalde baie heilige plekke gebid word, en asof een en dieselfde gebed deur een en dieselfde hoëpriester gebid word - en wel op die gewydste plek, in krag en uitwerking sou toeneem, namate dit met meer ponde goud en silwer betaal word! En kyk, nog baie mense glo dit sonder meer! Wee diegene, wat hulle dit sou afraai en sou sê dat die God van Abraham, Isak en Jakob geen welgevalle aan so `n gebed sou kon hê nie, en dat Hy ook baie onregverdig sou wees as Hy slegs na die gebed van die mense sou luister wat dit deur priesters vir baie geld laat bid het, en armes wat dit nie kan doen nie, sonder om hulle te verhoor en sonder enige hulp sou afwys! O, dit sou by hierdie blinde dwase heeltemal geen sin maak nie! Hulle sou so `n wyse volksvoorliger slegs as `n godslasteraar en tempelskender beskou en hom as sodanig ook by die tempel aangee, waarna hy dan sekerlik baie gou vir alle ewigheid so goed versorg sou word, soos wat `n mens dit maar sou kon verlang. [10] Ag, verhewe vriend en goddelike Heer, vir `n eerlike en ontwikkelde mens is daar geen bestaan meer nie! Helaas, hierdie herberg is tog baie meer `n ware tempel van God as die van Salomo se voorhof daar benede; want daar vind jy nou verder net nog leuens en bedrog en die ergste mensehaat! Ek was al sedert tien jaar nie meer in die tempel gewees nie - en sal ook in die toekoms baie daarvoor oppas! `n Fees kan my nog wel die minste na die tempel lok, want dan word die grootste bedrieëry daar op brutale wyse bedrywe, en geen wet beskerm my daarteen nie. Op die feeste vang die tempeldienaars, asof hulle gode is, sonder enige verantwoordelikheidsgevoel, die grootste onsin aan; dit kan ek egter nie sonder die grootste moontlike ergernis aansien nie en daarom bly ek liewer weg. - Het ek gelyk of nie?' [11] Ek sê: 'Absoluut, want jy kan niks daaraan verander nie, en daarom is dit vir jou beter om van die plek af weg te bly waar jy niks goeds en waar kan beleef nie en jy jou as `n Judeër van die ou stempel moet vererg. Maar Ek het gekom om alles wat krom is, reg te maak, en wat blind en doof is, siende en horende te maak. Laat ons nou egter oor die tempel ophou, want die totale onbruikbaarheid daarvan is aan julle maar al te bekend! [12] Ons sal egter binnekort nog meer gaste kry, naamlik egte Romeine en Grieke. Hulle sal hier eet en waarskynlik hier ook oornag, want benede is daar in die hele stad bykans geen onderdak te vind nie, en jy as herbergier kan jou daarop ietwat voorberei.' [13] Toe die herbergier dit hoor, gaan hy vinnig na buite na sy mense toe en lig hulle in; en hulle kyk toe of die gaste al aankom. Toe hy na benede na die tuinpoort kyk, waar `n mens moes deurgaan om op die Olyfberg te kom, sien hy reeds `n groep van dertig mense wat deur die poort ingaan, en hy gaan dus gou om alles te reël om die gaste wat baie gou daar sou wees, iets behoorliks voor te sit. Die kamer, waarin ons ook sit, was groot genoeg om honderd gaste te herberg. Ook was daar nog baie ruim sykamers, wat baie goed vir naglosies ingerig was, en niemand hoef hom dus te bekommer oor `n goeie ontvangs vir die aankomende vreemdelinge nie, waarvan die gids `n vryburgeres van Jerusalem was wat haar baie met vreemdelinge besig gehou het. Ons sal haar later nog wel beter leer ken.

Die aankoms van die Romeinse vreemdelinge in die herberg 181 Dit duur natuurlik nie lank nie, of die vreemdelinge kom daar aan. Die herbergier en ook Lasarus gaan hulle hoflik tegemoet en verwelkom hulle. Daarop kom die vreemdelinge na binne, begroet ons volgens hulle gebruik, en ons groet hulle terug. Hulle gaan aan `n tafel sit en vra dadelik te ete en te drinke, want hulle was baie honger en dorstig, omdat daar in die stad nêrens iets behoorlik meer te vinde was nie. [2] En die herbergier sê: 'Brood en wyn kan u dadelik kry, maar vir `n behoorlike aandete sal u wel ietwat langer moet wag!' [3] Dit vind hulle die beste, en hulle kry dadelik ruim voldoende brood en wyn en eet en drink baie opgewek, prys die wyn en was in `n baie vrolike stemming. Ook die vrou was baie goed geluimd en vertel hulle allerlei vrolike dinge. Maar ons hou ons rustig, en die leerlinge, wat die Griekse en ook die Romeinse taal magtig was, luister aandagtig na wat hierdie vreemdelinge alles vertel. [4] In hulle midde is daar `n baie vername man. Dit was `n Romein wat nou vir die eerste keer in Jerusalem is. Hy sê vir die ander: 'Luister, na soveel gekheid kan ons nou ook wel iets ernstiger sê, sodat die geëerde geselskap wat ons hier aangetref het, nie by hulleself sal dink dat ons maar net `n stel grapmakers is nie. Ek begin dus maar dadelik en sê: [5] Ons het almal uit Rome hier na die groot stad van die Judeërs gekom, wat deur hulle gewyd genoem word. Deur die goeie dienste van ons mooi Judese meisie het ons in hierdie bergherberg aangekom, wat volgens ons gids weliswaar by die Joodse priesterdom `n baie slegte naam het, maar desondanks sedert `n lang tyd altyd as die beste en goedkoopste van geheel Jerusalem sy waarde bewys het. Wat ons beste gids dus van hierdie herberg as goed aangeprys het, word nou volkome bevestig; want ons is nou self daar, en die brood, die besondere goeie wyn en die baie spesiale vriendelikheid van ons herbergier is vir ons die beste bewys daarvan. Daarom moet ons ons mooi gids ook veral baie dankbaar wees, wat volgens

ons ou Romeinse gebruik ook sekerlik die geval sal wees. [6] Ons is nou al etlike dae hier in hierdie stad en het ons laas nag met die slegste herberg moes help, en die goeie gode het ons vandag iets beters toegebring. Dat ons gister slegs al deur die soek van onderdak geen tyd gehad het vir Hom, waarvoor ons eintlik uit Rome hiernatoe gereis het, is nie moeilik om te verstaan nie; maar nou het ons dan `n beter onderdak, en daarom is dit na my mening nou ook al tyd om aan Hom te dink, waarvoor ons die lang en gevaarlike reis onderneem het. Want die reis van Rome hierheen was egter geen kleinigheid nie! Ons liewe gids, wat ons die weg na hierdie goeie herberg gewys het, sal môre miskien ook in die opsig inligting kan gee, - of miskien ook wel ons herbergier; maar hom moet ons eers nog ietwat beter leer ken, omdat dit by die Judeërs ietwat moeilik skyn te wees met dit wat - onder ons gesê - altyd agter die elmboog lê. [7] Dat ons mooi gids egter `n baie eerlike en opregte persoon is, daarvan het ons onsself al `n paar keer oortuig; daarom sal ons onsself heimlik tot haar wend, en dan kan sy wel so vriendelik wees om ons goed in te lig, sodat ons te wete kan kom of ons ons reis hierheen nie verniet gemaak het nie. Want as enige waarheid daarin skuil, bly ons net solank hier tot ons presies weet wat daarvan waar is; maar as dit niks voorstel nie, dan sal ons binne `n paar dae al weer na ons huise teruggaan. [8] `n Onweer sien op `n afstand ook altyd baie gevaarliker en dreigender daaruit as kort daarna, wanneer dit naby is, en so sal dit waarskynlik ook in die geval wees. Natuurlik is dit vreemd dat ons hier in die Judese land nog bykans niemand daaroor hoor praat het nie. Maar ondanks dit sal ons ietwat intensiewer inligting inwin, en daarom sal ek jou, ons aanvallige gids, wil vra of jy iets gehoor het oor `n nuwe Judese Profeet wat kort gelede opgestaan het, wat ongelooflike, wonderbare dinge kan doen. [9] Vertel ons eerlik en volgens waarheid, of en wat jy oor die Profeet gehoor het, en wat eintlik daarvan waar is! Het jy Hom al `n keer self gesien en hoor praat, of ander geloofwaardige mense oor Hom hoor praat? En as hulle oor Hom gepraat het, sal jy miskien ook gehoor het wat hulle oor Hom gesê het? Sê ons alles wat jy oor hierdie saak weet, en ons sal jou - soos wat reeds gesê is - besonder erkentlik wees!'

Die gesprek van die gids met die Romeine oor die Heer 182 Daarop sê die jong vrou: 'Ja, geagte vriende, wat dit betref kan ek julle egter nie van diens wees nie! Ek het wel - so meer in die algemeen - die een en ander oor Hom gehoor, maar alles wat die mense oor Hom vertel, klink nog baie ongeloofliker as die verhale oor u gode.[2] Maar volgens wat algemeen in die beste kringe vertel word, moet Hy wel `n baie wyse en buitengewoon goeie mens wees; naas Sy wysheid duik daar egter dadelik weer allerlei wonderdade op, wat `n mens wat sy verstand gebruik, selfs dan nie sou geglo het nie, as hy dit nie self deur die profeet gesien doen het nie! Self glo ek dit dan ook nie van die Man nie, maar by die mense gaan dat nou eenmaal so. Sodra daar `n slim mens opstaan, te midde van `n groot groep dom mense, en hy hulle wys op hulle groot domheid, en die blindes naderhand insien dat hy waaragtig `n egte wyse man is, beskou hulle hom ook al dadelik as `n God! Ook al gee hy dan staaltjies van sy kennis ten beste wat gewoonweg op baie natuurlike beginsels berus, dan sien hulle dit dadelik as wonderwerke deur `n God verrig, en die mense van al die streke van die aarde loop agter hom aan! Ek glo dus dat dit ook die geval is by hierdie goeie, en tog wel baie verstandige man, wat net so min `n profeet sal wees as een van ons. [3] Hy was ook al `n paar keer hier in Jerusalem gewees, en ook `n paar wonderwerke gedoen en vervolgens die volk op Sy manier onderrig; maar toe moes Hy in botsing gekom het met die Fariseërs, en hulle het Hom, glo ek, baie nadruklik verbied om in die openbaar op te tree, - en daarom sou Hy op die oomblik wel minder dikwels in hierdie stad te sien wees. Hy moet vernaamlik in Galilea werk, daarom weet mense hier minder oor Hom as byvoorbeeld in `n stad in Galilea. [4] Ek het Hom self nog nooit gesien en ek het ook geen spesiale behoefte om Hom te sien nie. Van Sy besondere wysheid sou ek maar weinig verstaan, en allerlei toorkunsies het ek ook al dikwels genoeg gesien - veral by die Essene, wat selfs dooies weer lewend en gesond maak, - en daarom voel ek my nie so baie geroepe om die so alomberoemde wonderprofeet te sien nie. Dit is dan ook alles wat ek weet en ek kan u verder niks meer, nog pro nog kontra, oor hierdie profeet sê nie. [5] Origens moet ek baie eerlik toegee dat ek van geen enkele profeet ooit iets besonders verwag het nie; want ten eerste was hulle almal so vervelend en somber soos `n newelige dag laat in die herfs, ten tweede so onbegryplik soos die sterrehemel en ten derde so donker en onvriendelik as `n onweersnag in Egipte. Wie kan dan ooit vriendskaplik met sulke mense omgaan? Maar dit is maar net my private mening, wat ek aan niemand wil opdring nie; want helaas was ek nog nooit `n profetes gewees nie, en dit maak aan my gladnie saak wat die mense glo nie, as hulle maar net goed en eerlik is.' [6] Die Romein sê: 'Wel kyk nou eers, jou gewone natuurlike verstand is nog gladnie so sleg nie! Jy het `n gesonde instelling, wat ons heeltemal goed beval; maar desondanks moet daar agter die groot, nuwe Profeet tog meer skuil as wat jy ons oor Hom vertel het. Dat dit jou weinig of ook gladnie kan interesseer

nie, kom wel omdat jy nog baie jonk is en deur jou vroulike wispelturigheid; maar ons is reeds taamlik opgevoede mense, en manne uit die vernaamste en grootste stad van die tot nou toe bekende wêreld, en ons is beslis baie geïnteresseerd in so `n seldsame man, anders sou ons nie so `n groot reis hierheen vir Hom gemaak het nie, - en daarom kan jy goed verstaan dat ons nog meer inligting oor die man moet kry. Maar jy is so ingelig, dat jy tog wel sal weet of ons so-iets aan die herbergier kan vra, want die huurlinge van die priesters en van Herodus moet hier baie groot ore en oë so skerp soos `n adelaar hê. Hulle hoort tog sekerlik nie daarby nie?' [7] Die jong vrou sê: 'O, bekommer uself nie daaroor nie! Die herbergier swyg soos die graf en het, sover ek weet, nog nooit iemand verraai nie. U kan hom die beste vra, en die ongeveer dertig gaste skyn vriende te wees van die eintlike eienaar, genaamd Lasarus, en hy is self heeltemal teen die tempel, en daarom dwarsboom die priesters hom so veel as wat hulle maar kan. Maar hy is onbetwisbaar een van die rykste mense in die hele land, dus kan hulle hom nie so maklik iets aandoen nie, en nog baie minder omdat hy met al sy besittings heeltemal onder Romeinse beskerming staan. O, sowel met die een as met die ander kan u volkome vryuit praat en niemand sal u verraai nie! Ek wel die allerminste; want hoeveel agting ek vir die tempel het, dit het ek u benede al baie presies uitgelê, en daaraan hoef ek wel niks by te voeg nie!' [8] Die Romein, wat die Griekse taal magtig was, sê: 'Goed gepraat, beste gids! Dit is heel in orde, want ons weet nou met wie ons hier te doen het; al die ander sal dan wel vanself kom!' [9] My leerlinge sit saggies ondermekaar en mompel oor hierdie vreemdelinge en maak kritiese opmerkings, en let nie soveel op na die nogal ligvaardige meisie nie, maar Ek gee hulle te verstane dat hulle nie voortydig iets moes sê nie. En dit doen hulle dan ook. [10] Baie gou daarna kom Lasarus en die herbergier die kamer binne en kondig aan dat die aandete binnegebring sou word. Dit was vir die vreemdelinge natuurlik `n verrassende goeie berig. [11] En toe daar dadelik rojale hoeveelhede baie lekkerlykende voedsel in edel houers op die tafels gesit word, maak die vreemdelinge groot oë, en sê: 'Waaragtig, smaakvoller kan jy dit ook nie in Rome nie kry!' [12] Maar toe hulle begin eet, word hulle heeltemal entoesiasties en hulle hou nie op om die loftrompet te blaas oor die kwaliteit van die voedsel nie. Ook ons tafel word ryklik van voedsel voorsien, en ons eet en drink; maar ons doen dit nie so entoesiasties nie, wat vir die vreemdelinge ietwat vreemd voorkom, en hulle dink toe dat ons spyse miskien ietwat minder goed was. [13] Lasarus en die herbergier, wat aan ons tafel eet, sê egter: 'Beste vriende, dit is by my altyd dieselfde! Elke gas, hoog of laag, word heeltemal op gelyke wyse bedien! Elkeen kry met alle genot die beste aangebied wat ek het.' [14] Hierdie woorde stel die vreemdelinge heeltemal gerus, hulle eet en drink en vra tydens die ete niks verder nie.

Die Romein vra die herbergier en Lasarus na die Wonderman Jesus 183 Na die oorvloedige maaltyd begin dit in die eetsaal eers rumoeriger te word, en omdat die wyn die vreemdelinge ook meer moed gee, begin hulle steeds opnuut oor hulle ou tema van die nuwe profeet, en ons vooraanstaande Romein wend hom nou tot ons herbergier en vra vir hom: 'Beste herbergier, jy sal dit my tog nie kwalik neem as ek jou vir iets heel spesiaals vra nie!? [2] Kyk, vanuit Judea tot selfs in Rome het die storie versprei dat daar êrens in die Judese land `n buitengewone Man, `n soort Profeet, opgestaan het, wat toekomstige dinge voorspel, en aan wie se wil alle natuurkragte hulle volkome moet gehoorsaam! Ons wou dit vir lank nie geglo het nie, maar daar het eers kort gelede, van `n baie betroubare kant af hernude berigte na Rome gekom en dus ook na my toe - omdat ek een van die vernaamste patriarge van Rome is, - en ek en al hierdie vriende van my, wat ook tot die aansienlikste van Rome behoort, dag toe: Iets daarvan moet tog waar wees, - maar wat? Skepe het ons genoeg en seeliede by die honderde, laat ons `n reis na Asië maak en wel na Judea! Daar sal ons die maklikste ervaar wat daarvan waar is! [3] Wel, ons het veertien dae gelede vertrek, het ten dele `n redelike gunstige wind gehad en is nou hier! Maar merkwaardig genoeg, in Rome het ons duidelik meer te wete gekom as hier in die land waar die Wonderman Homself moet ophou! Hulle, wat ons onderweg hierheen gevra het, weet of heeltemal niks of nouliks meer as wat ons uit Rome saamgebring het. [4] Jerusalem, as hoofstad van die land, moes dan tog wel as die eerste alles oor hierdie saak geweet het! Daarom het ons ook juis hierheen gekom. Maar ook hier is alles stil! Ons pragtige gids, wat ons vandag slegs aangeneem het om ons die stad te laat sien, het ons weliswaar nog die meeste vertel, maar vir so `n buitengewone saak kan ons dit beslis nie voldoende vind nie. Daarom het ek my nou vir hierdie aangeleentheid tot u oordeel oorgegee om te vra of u ons meer daaroor sal kan vertel. Sê my eers! Bestaan daar in Judea so `n man, en wat doen hy? Wat weet u van hom af?' [5] Die herbergier kyk My aan en vra My in `n sekere sin met sy oë of hy My bekend mag maak. Maar hy

hoor in homself die duidelike antwoord: ' Nog nie noual nie, hy sal My wel later self herken!' [6] Daarop sê die herbergier vir die Romein: 'Ja, baie geagte vriend, die Man bestaan presies soos wat u dit in Rome gehoor het; maar ons meer as selfsugtige en heerssugtige priesters is Hom en ook elkeen wat Hom goed ken in `n hoë mate vyandig gesind, en daarom moet ons, om ons huid te spaar, liewer nie so veel of te hard oor Hom praat nie. [7] Ek ken u natuurlik gladnie en weet ook nie met watter doel u eintlik nou meer inligting wil hê nie, u sal dit my voorlopig dus ten goede moet hou as ek u nou nie meer oor Hom kan sê nie as: Hy bestaan presies soos wat Hy in Rome aan u beskryf is; maar waar Hy nou is, en wat Hy doen, kan en mag ek u nie sê nie. [8] Ook hierdie meester hier, wat tans eienaar is van die hele ou stad Bethanië, net soos hierdie berg met hierdie herberg, ken Hom baie goed en weet wat die groot Man kan doen! Hy kan ook volkome na waarheid getuig dat die Wonderman nog bestaan en aktief is; maar oor die waar sal ook hy swyg. Ons weet wel dat al ons priesters, wat hulleself as gode beskou, hom ewig niks sal kan doen nie; maar desondanks wil ons alle opsien vermy, om rus van die giftige priesters te hê. Meer kan en mag ek u nie sê nie.' [9] Die Romein sê: 'Daarmee is ek ook al tevrede; ek sou nog slegs deur u, meester van die huis, hierdie uitspraak bevestig wil sien! Wat sê u oor die beroemde man?' [10] Lasarus sê: 'Wat die herbergier vir u gesê het, is waar, en meer kan en mag ek u ook nie sê nie! Maar omdat u môre en ook oormôre nog nie afreis nie, kan dit baie goed gebeur dat u Hom, as u goed met Hom bedoel, nog maklik persoonlik sal leer ken! Want Hy kom graag by hulle wat opreg is en `n waaragtige goeie wil het; maar verraaiers haat Hy, nie oor hulleself nie, maar vanweë hulle eie, verwerplike slegtigheid. Sy wil is so kragtig dat Hy slegs hoef te wil en dit wat Hy wil, gebeur oombliklik. Hy sou byvoorbeeld kon wil dat hierdie hele aarde nie meer bestaan nie en dan is sy ook nie meer daar nie! Hy vrees ook geen vyand nie; maar is hom nie vyandiggesind nie, nie omdat Hy `n vyand ook maar enigsins sou vrees nie, maar omdat Hy Self wil dat die mense hulle maar net daarop moet toelê op die wedersydse liefde. Daarom is groot vyande van die mensdom vir Hom `n gruwel, en wee diegene wat Sy regverdige toorn tref! Kortom, Hy is die wyste, beste en magtigste, waaragtige Elohimmens op die hele aarde! Meer hoef ek u nie te sê nie.' [11] Die Romein sê: 'Daarmee is ek al volkome tevrede! U kan daarvan verseker wees, dat ons almal maar net, besiel met die beste bedoelinge vir die besondere man, hierheen gekom het! As ons al ons skatte by ons sou hê wat ons vir die grootste deel in ons skip agtergelaat het, sou ek dit alles as onderpand gegee het vir ons goeie planne met die beroemde man! Maar jy kan ons wel vertrou, want `n egte Romein doen alles openlik en verag agterbaksheid. Gestel dat ons Hom ook maar êrens sal ontmoet, dan sal Hy ons agting vir Hom nie slegs deur woorde en diep buiginge nie, maar deur kragtige, belangrike dade leer ken!' [12] Lasarus antwoord: 'Met goud, silwer en edelstene hoef u egter nie by Hom aan te kom nie, want as Hy iets begeer, kan Hy Self berge in blinkende goud verander! Vir Hom geld niks anders as slegs `n suiwer en goeie hart nie. Wie Hom met hierdie grootste skatte tegemoetkom, is Sy vriend, en vir hom doen Hy ook alles waarvan Hy sien dat die ander dit nodig het. Maar goud en silwer kan mens beter tuislaat, want Hy haat dit, omdat dit die mense hard en sleg maak. Alles wat vir die wêreld groot en skitterend genoem kan word, is in Sy oë `n gruwel. Nou weet u hoe Hy is; gedra u daarvolgens as u Hom sal vind, dan sal Hy u graag Sy liefde, die waarheid en die ewige lewe gee!'

Lasarus vertel die Romeine oor die Heer 184 Die Romein sê: 'Ek kan aan u sien dat u die waarheid praat en nie lieg nie, en ons verlange om die besondere Man persoonlik te leer ken het daardeur nog groter geword. As Hy egter ongetwyfeld so is soos beide van u vir ons met dieselfde woorde beskrywe het, dan sou Hy Hom selfs maklik teen die koning van die Judeërs kon opwerp. Want dan sou die mag van Sy wil tog al voldoende wees om ons Romeine weg te jaag en dit daarna ook so te reël dat daar in die vervolg nooit meer `n Romein in die land sou kom nie! Ons Romeine weet ook al sedert lank gelede dat alle Judeërs volgens die teks van hulle ou profete op `n groot koning wag. Uiteindelik kan dit wel eens so wees dat hulle langdurige hoop deur hierdie groot Man volledig vervul is, en dat ons Romeine op `n mooi môre daar deur Sy almagtige goddelike wil bliksemsnel uitgewerk sal word! Wat dink u daarvan?' [2] Lasarus sê toe: 'Daarvoor hoef die Romeine beslis nooit as te nimmer bang voor te wees by Hom nie; want ten eerste is Hy `n groot vriend van die Romeine, en ten tweede moet die voorspelling van die ou profete so opgeneem word dat Hy in die verste verte nie van plan is om as Messias, wat nou na waarheid volgens die ou profesieë gekom het, `n aardse ryk op hierdie aarde te vestig nie, maar om `n geestelike ryk van liefde en ware wysheid van God te vestig vir alle mense van die aarde wat Sy leer oor God, oor Sy hemelryk en die ewige lewe van die siel na die liggaamlike dood aanneem en volgens Sy bekendgemaakte

wil sal lewe en werk. Kyk, dit is Sy suiwere en ware bedoeling; maar van `n verdrywing van die Romeine uit die land is daar by Hom sekerlik nooit geen sprake nie! [3] Ja, dat baie geestelik blinde Judeërs dit glo, kan ek sekerlik nie oor stry nie; maar sonder uitsondering beskou hulle ons groot Man nie daarvoor nie. En as Hy vir hulle sê dat Hy die Beloofde is, glo hulle Hom tog nie, ondanks alle wonderwerke wat Hy hulle laat sien, maar beskuldig Hom nog van godslastering, en noem Hom `n sabbatskender, en as dit nou moontlik sou wees, sou hulle die eerstes wees wat Hom sou doodmaak! Wat ek u hier sê is die volle waarheid, en u hoef in elk geval nie in die minste bang te wees dat Hy ooit die Judeërs van u Romeine sal bevry nie, eerder die teendeel!' [4] Die Romein sê: 'Wel, in daardie geval kan hy maar eerder na Rome gaan; daar sal die mense hom beslis op die hande dra en verafgod! Wat doen so `n groot en unieke man by die bekende dom Judeërs, wat hulle as God se kinders beskou, maar in hulle denke, spraak en handel dommer is as die Skittieërs uit die noorde?!' [5] Lasarus sê: 'As Hy dit in Sy ondeurgrondelike, diepe wysheid sou wou gehad het, sou Hy ook lankal in Rome gewees het! Wie sou Sy almagtige wil kon weerstaan?! Maar Hy sal wel weet waarom Hy vernaamlik maar net by ons Judeërs bly! Ons mense is almal te dom om vir Hom te kan sê: 'Heer, doen dit, of doen dat!'; want slegs Hy is waaragtig `n Heer in alle Wysheid en alle Mag. Wie kan Hom dan iets aanraai?!' [6] Die Romein sê: 'Ja, in die geval sal daar moeilik met Hom te praat en te onderhandel wees! Nou, hoe dit ook al sy, ons sal Hom tog in `n hoë mate dankbaar wees as Hy ons slegs één keer waardig sou ag om Hom êrens te siene te kry! Ons sal egter goed weet om U beide te beloon as u ons op een af ander wyse die geleentheid sou gee om Hom te sien!' [7] Lasarus sê: 'Dit sou baie ligsinnig van u wees! Want as ek en my herbergier hebsugtig sou wees, sou dit nie so moeilik wees om iemand oor te haal om teen goeie betaling hom aan u voor te doen as die groot Man nie; en as u hom sou vra of hy die groot wonderman was, sou hy u dan ook `n baie goeie en waar klinkende antwoord kon gee, - want ook daarvoor sou ons al vooraf kon sorg. Kyk, dit sou dus nie slim wees van u nie en sleg van ons! U sal Hom wel uit uself herken, sonder dat ons, om u klinkende beloning te verdien, aan u sou moes sê: Kyk, die of dit is Hy!' [8] Toe die Romein die antwoord van Lasarus hoor, loof hy hom en prys hom as `n seldsame verstandige, eerbare man.

Die genesing van die besete jong vrou Maria Magdalena 185 Maar kort daarna, ongeveer na `n kwartier, kry die gids van die Romeine, wat andersins as publieke vrou met ontugtige manne verkeer, vanweë teveel van die genoemde wyn geweldige krampe, en sy jammer en vertrek haar gesig terwyl haar ledemate en spiere vreeslik vol krampe word. [2] Die Romeine was daardeur hewig ontsteld, omdat hulle so `n verskynsel as `n buitengewone slegte Malum Omen* beskou het. Hulle sê: 'Wee ons, die gode het baie kwaadgeword vir ons, omdat ons `n vreemde God gaan opsoek het! Wat doen ons nou?' *(slegte voorteken)[3] Lasarus sê: ‘Bly gewoon rustig! Want ek ken hierdie persoon al geruime tyd; sy het al `n aantal jare las van hierdie siekte, en sy het dit al meermale gehad, veral as sy ietwat te veel wyn gedrink het. Ons Judeërs noem dit besetenheid deur één of dikwels ook meer bose geeste. In vroeër tye, toe daar nog baie vroom mense onder die Judeërs te vinde was, kon sulke bose geeste deur die gebed van `n vroom mens verjaag word; maar in hierdie tyd bestaan dit nouliks meer. Natuurlik sou ons besondere Man dit wel oombliklik kon doen, as Hy dit wou hê! [4] Kyk, dit is die oorsaak van die verskynsel en verder heeltemal niks nie! Hoe kan julle gode vir julle kwaadword, terwyl hulle tog nêrens anders kan bestaan as in die fantasie van mense wat van `n ware God niks weet nie, omdat hulle nog nooit iets oor Hom gehoor het nie? Waarom nie? Dit lê in die ewige groot wysheidsplan ingesluit van Hom wat die mense geskape het.' [5] Dit stel die Romeine gerus, en hulle kom toe weer na die gids kyk, wat haar in `n ellendige toestand bevind, en ietwat medelye vir haar voel. [6] Die vernaamste Romein kom na ons tafel toe, waar ons baie rustig sit, soek juis vir My uit en sê: 'Beste vriend, is daar dan glad niemand onder u wat die ongelukkige meisie bietjie kan help nie? U sit egter so ongeïnteresseerd daar, terwyl hierdie arme vrou met die dood veg! Ek sou haar beslis graag gehelp het as ek `n middel teen die kwaal sou ken; maar dit is by ons Romeine nog baie sleg gestel met die genees van die spesiale soort kwale.' [7] Ek sê: 'U het uself tot My gewend, sonder om te weet wie Ek is; maar u halwe vertroue dat daar aan ons tafel iemand is wat die besetene sou kon help, het u na My toe gebring. En Ek sê u dat u gees u al die regte Man aangewys het, wat haar ook sal help tot haar liggaamlike welsyn en tot welsyn van haar siel. Let dan goed op met watter middele Ek hierdie jong vrou vir altyd sal help!'

[8] Toe staan Ek van My stoel af op, gaan na die heeltemal verstyfde jong vrou wat op die grond lê, strek My hande oor haar uit en bedreig die sewe bose geeste in haar. [9] Maar die geeste skreeu hardop uit haar buik: 'O Jesus, Seun van Dawid, laat ons nog `n kort tydjie in dié huis van ons!' [10] Maar Ek dreig hulle nog `n keer, en hulle verlaat die jong vrou op dieselfde oomblik. [11] En die jong vrou staan op en was vrolik, fris en gesond asof sy nooit iets makeer het nie. Maar toe sy My langs haar sien en mense haar vertel dat Ek haar gehelp het, kyk sy My strak aan en sê: 'Ag, dit is tog die geweldige man vir wie my hart al sedert `n jaar gelede steeds vinniger klop! En juis Hy, wat ek oneindig liefgehad het en nog liefhet sedert ek Hom slegs eenmaal in die verbygaan gesien het, kom my nou te hulp! O vriend, U kon my maar eerder laat sterwe het in plaas daarvan dat ek U nou tot groot verdriet van my hart weer moet sien, sonder om ooit die hoop te hê om ook deur u bemin te word! Want U is `n suiwer mens en ek is `n verdorwe hoer!' [12] Daarop val sy aan My voete neer, omklem dit knielend en maak hulle nat met trane van liefde en berou. [13] Toe kom `n paar leerlinge na vore, wil haar van My voete wegtrek, en sê vir haar dat so-iets hier nie van pas is nie. [14] Maar Ek sê vir die leerlinge: 'Wat gaan dit julle aan?! Is Ek dan nie Heer oor Myself en nou ook oor haar nie? As dit vir My teveel word, sal Ek wel vir haar sê wat gepas of nie gepas is nie! Ek sê vir julle: Hierdie jong vrou het baie gesondig, - maar sy hou ook meer van My as julle almal saam; daarom sal haar ook baie vergewe word. En verder sê Ek nog vir julle, dat orals waar My evangelie gepredik sal word, ook oor die voorval en hierdie jong vrou gepraat sal word.' [15] Toe trek die leerlinge hulle terug en sê niks meer nie. [16] Maar Ek sê daarop vir die jong vrou: 'Staan op, want jy is geholpe, en al jou sonde is jou vergewe! Maar gaan nou heen en sondig nie meer nie, sodat jy nie nog iets erger sal oorkom nie! Want as `n bose gees `n mens verlaat het, trek hy deur dorre streke en woestyne en soek na `n woning, en as hy niks vind nie, kom hy weer terug. Dan vind hy sy ou woning skoongevee en gereinig, sodat hy `n groot begeerte kry om weer daarin te trek. As hy egter sien dat hy te swak is, gaan haal hy sewe ander geeste, wat nog erger is as hy, en gesamentlik trek hulle dan met geweld in die gereinigde woning in, en hierdie tweede toestand van die mens is dan nog baie erger as die eerste. Let dus goed op dat dieselfde jou nie oorkom nie! Staan daarom op, gaan heen en sondig dus nie meer nie!' [17] Toe staan die jong vrou op en weet van louter liefde en dank vir My byna nie wat sy moes doen nie. Na `n oomblik vra sy My of sy tog hierdie nag nog hier in die herberg mag bly, omdat dit al laat in die nag geword het. [18] En Ek sê vir haar: 'Ek praat nie teen jou liggaam nie, maar teen jou siel en haar talle wêreldse begeertes; met jou liggaam kan jy gaan waar jy wil!' [19] Dit was voldoende vir die jong vrou en sy gaan weer aan tafel sit, - maar haar oë wend sy vir geen oomblik van My af nie.

Die Romeine en die jong vrou eer die Heer 186 Maar nou begin die Romein My ook ietwat noukeuriger te bekyk, en hy sê vir My: 'Vriend, vergeef my dat my hart my dwing om U nou ook met `n belangrike vraag lastig te val! My vroeëre navorsing na die besondere man uit dié land sal u nie ontgaan nie. U het nou hierdie jong vrou so wonderbaarlik genees soos ek nog nooit vroeër meegemaak het nie. U genees haar slegs deur die krag van U wil. Sou dit kon wees dat U uiteindelik die besondere man, die ware Elohimmens is, waaroor mense heeldag in Rome praat?! En mag U dit miskien nie wees nie, dan sal U sekerlik iets van Hom af weet. As dit so is, bring ons dan by Hom, en wat ek aan skatte by my het, sal aan U geskenk word!' [2] Daarop sê Ek: 'Omdat u daarvoor vanuit Rome die ver reis met u reisgenote hierheen gemaak het, sê Ek u dat u reeds op die korrekte plek is; want Ek is Die Een wat u gesoek het. Wat wil u nou doen? Waarom was dit vir u soveel werd om My te vind?' [3] Die Romein, wat heeltemal in die wolke was oor My mededeling, sê: 'O vriend, as U Die Een is, dan het ek met al my reisgenote my heil gevind; want ek wil U onderrig self meemaak en U groot Mag en Glansrykheid sien. Maar ons sal U eerder môre verder lastig val; hierdie nag wil ons as ou, goeie vriende deurbring. [4] Allereers dank ek U nou vir die genesing van hierdie liewe jong meisie. En julle beide as gashere, laat nou nog meer wyn bring; want ons het nou ons hoogste heil gevind, en môre sal alle armes van hierdie stad op ons koste te ete kry! Fiat*!' *(ek het gespreek!)[5] Lasarus en die herbergier gaan haal nog `n goeie hoeveelheid wyn en die drinkbekers word gevul.

[6] Daarop gryp die Romein die vol beker en sê: 'Heil ons, en eer, liefde en dank aan U, groot Heer! Ook al herken die duistere, dom Judeërs U nie, dan sal die Romeine U nog beter herken!' [7] Hierop drink hy die beker in één teug leeg en prys daarna die wyn. Vervolgens doen die ander almal dieselfde. Slegs die jong vrou drink nie, omdat sy bang was om weer `n aanval te kry. [8] Maar die Romein sê vir haar: 'Luister, liewe jong vrou! Ons Romeine het `n ou spreekwoord wat lui: 'As die dokter daarby is, kan jy niks oorkom nie!' En hier het ons `n Opperdokter, en daarom kan jy ook ter ere van Hom wel `n beker leegdrink!' [9] Toe sê die jong vrou: 'As ek weet dat ek Hom eer kan bewys deur die wyn te drink, sal ek alle sakke in die hele Palestina wil leegdrink en dan vir Hom sterwe; maar ek weet, dat ek deur die drink van wyn Sy eer nie in die minste vergroot nie. Omdat Hy deur alle magte van die hemel en van die natuur van hierdie aarde ten hoogste geëer word, is naas die hoogste eer, my eer soveel as niks, en daarom drink ek nie nou die wyn so nie; maar ek drink die wyn uit liefde vir Hom en ook vir u, goeie manne uit Rome! En laat daarom hierdie beker vol wyn soveel beteken as: My hart is slegs vir Hom, en my agting vir u almal!' [10] Na hierdie goeie toespraak drink sy die beker leeg, staan van haar sitplek op, kom na My toe en sê: 'O groot Heer, laat `n onwaardige jong vrou die soom van U kleed aanraak en soen om haar hart daardeur ietwat te verlig!' [11] Daarna kniel sy neer, gryp die soom van My gewaad en soen dit talle kere, maak dit nat met haar trane en kon dit toe gladnie meer loslaat nie. [12] `n Paar leerlinge protesteer en sê: 'Maar Heer, jaag haar tog weg; sy maak U goeie klere vuil!' [13] Ek sê: 'Waaroor bekommerd julle julleself! As Ek dit goed vind, waarom vind julle dit dan nie goed nie?! Sy was `n sondares, is nou `n ware boetvaardige vrou en het My juis daarom liewer as baie regverdiges wat geen behoefte het om boete te doen nie. [14] Kyk, daar was eens `n mens wat honderd skape gehad het! En op `n keer verdwaal daar op die groot weiveld `n skaap in die bossies. Toe hy die aand sy skape tel, merk hy dat daar `n skaap makeer. Hy dink nie lank nie, laat die nege-en-negentig skape staan en gaan gou die verlore skaap soek. En toe hy dit na `n lang en inspannende gesoek gevind het, neem hy hom van blydskap op sy skouers en dra hom na die huis. Toe hy weer by die ander nege-en-negentig kom, verheug hy hom meer daaroor oor hom wat geseënd teruggevind is as oor die nege-en-negentig wat nooit soek was nie. [15] En kyk, so sal daar ook in die hemel meer vreugde wees oor één sondaar wat waaragtig boete doen, as oor nege-en-negentig regverdiges wat nooit boete hoef te gedoen het nie! [16] So was daar ook `n vrou wat van haar geld `n stuiwer verloor het. Sy het baie getreur oor die verlore stuiwer, het dadelik `n lamp aangesteek en hom gesoek totdat sy hom teruggevind het. Toe sy die stuiwer teruggevind het, nooi sy haar bure uit, en gee `n maaltyd om hulle ook in haar groot vreugde te laat deel. [17] Kyk, dit sal ook in die hemel gebeur wanneer `n sondaar hom deur ware boetdoening laat terugvind het! Want die engele van God sien altyd Sy aangesig, let goed op die doen en late van die mense en is uitermatig bly wanneer `n mens uit homself die sonde loslaat en hom in al sy doen en late na God rig. [18] En daarom verheug Ek Myself ook oor hierdie sondares wat haar nou vir altyd van haar sonde afgewend het; en sy is ook bly dat sy haar egte en ware heil gevind het. Laat sy daarom haar vreugde geniet!' [19] Daarop sê die leerlinge, wat ietwat jaloers was, niks meer nie, drink hulle bekers uit en laat dit ook dadelik weer aanvul.

Oor die werking van die wyn 187 Maar Ek sê vir hulle: 'Beste vriende en broers, as wyn in die korrekte maat gedrink word, is dit versterkend en maak alle liggaamsdele kragtig en gesond; maar wanneer dit oormatig gedrink word, wek dit die bose geeste in die liggaam op en verdoof die sintuie. Die bose geeste wek dan egter liggaamlike luste op, by name onkuisheid en ontug, waardeur die hele siel dan vir `n lang tyd onrein, en daardeur ook ontevrede, twissiek, traag en dikwels haas heeltemal doodgaan. Let daarom by die drink van wyn op die korrekte maat, dan sal julle liggaam rustig bly!' [2] Petrus sê: 'Heer, is ons dan ook besete, omdat U nou praat oor bose geeste in ons liggaam?' [3] Ek sê: 'Sekerlik; want die liggaam en die bloed van elke mens sit vol natuurlike, bose geeste, wat boos genoem kan word omdat hulle onder die oordeel staan; as hulle nie onder die oordeel sou gestaan het nie, sou hulle nie in julle vlees en bloed gewees het nie. Maar wanneer die liggaam van julle afgeneem word, sal dit nie lank daarna uiteenval, en sy geeste sal dan reeds na `n vryer bestemming gelei word. [4] Maar nie net in julle liggame nie, ook in alle elemente is sulke geeste, wat nog lank nie goed genoem kan word nie. Slegs vir diegene wat reeds deur My rein geword het, is alles rein en goed deur die bestemming wat dit vanuit God in hom dra.

[5] Kyk, `n klip wat heeltemal dood op die grond lê, is eintlik slegs skyndood! Beledig hom maar eens deur hom hard te slaan of te vryf, dan sal hy julle wel deur wegspattende vonke toon dat hy heeltemal uit geoordeelde geeste bestaan! En as jy hom baie verhit, sal hy sag word en uitmekaar vloei. En as dit nie so was nie, waarvan sou die mense dan andersins hulle geliefde glas van gemaak het? [6] Dus, bose en nog onsuiwer natuurgeeste is orals waar liggame, water en lug is, en die aardse vuur is niks anders as `n verlossing van reeds ryper geworde geeste nie, wat daarna dan weer `n hoër bestemming kry. [7] Maar tog is daar `n groot verskil tussen die bose geeste waardeur mense dikwels besete word, en die onsuiwer natuurgeeste waaruit die hele aarde in al haar deeltjies en elemente bestaan; maar hulle het wel so `n verwantskap en wedersydse wisselwerking, dat `n mens wat sy liggaamlike natuurgeeste nie te veel opwek nie, ook nie maklik liggaamlik deur die egte bose mensesiel-geeste besete kan word nie. [8] Juis daarom waarsku Ek julle dan ook vir alle hartstog, want dit is op sigself `n gevolg van die wakkerskud van verskillende vlees-en bloedgeeste. As hulle eenmaal wakker is, voeg onrein siele van gestorwe mense, wat hulleself dikwels nog in hierdie onderste aardse sfeer bevind, hulle ook nog baie gou daarby; en as dit gebeur, is so `n mens in volle erns besete. - Verstaan julle dit?' [9] Die leerlinge sê: 'Ja, Heer, want sulke dinge het U ons immers al meermale uitgelê, maar tog nooit so onomwonde en duidelik soos nou nie, en daarvoor is ons U baie dankbaar en ons sal in hierdie nag dan ook geen wyn meer drink nie.' [10] Ek sê: 'Doen dit, dan sal dit in die oggend met julle goed gaan; want in `n nugter liggaam sit `n gesonde siel, en `n gesonde siel is die beste dokter vir `n siek liggaam!'

Die waarde van die denke en die liggelowigheid 188 Die Romein sê: 'Luister, groot Heer, ook al sou ek geen wonderwerk gesien het nie, maar slegs U woord gehoor het, dan weet ek tog dat daar baie van `n waaragtige Goddelike Gees in U moet woon! Sonder die se invloed kan geen mens so wys praat nie, en op U is ons ou spreuk: ‘Sine afflatu divino non exsistit vir magnus!*’ volledig van toepassing; want U is beslis deur die hoogste God die meeste beasem! Met so `n buitengewone wysheid is dit ook goed verstaanbaar dat die wil ongewoon kragtig moet wees, want hy weet maar al te duidelik wat hy wil en watter middel vir die verwesenliking geskik en noodsaaklik is. `n Dom mens sal in sy hele lewe niks groots en wonderbaarlik tot stand bring nie, maar wel hy, wat volledig bewus is van sowel die werk wat verwesenlik moet word, as van die middele wat daarvoor noodsaaklik is. *(sonder goddelike inspirasie, bestaan geen besondere mens nie) [2] Wie wys is in sy spraak, sal dit ook in sy dade wees; wie egter om woorde verleë sit en selfs dom is, sy werke sal beslis nooit deur die mense bewonder word nie. Ook al slaag `n blinde hoender dikwels om `n koringkorrel met haar snawel op te pik, dan is sy daarom nog geen sinnebeeld van wysheid soos wat die naguil, wat ook snags goed kan sien waar haar volgende buit homself bevind, is nie. [3] Die mense wat die bekende boukundige wonderwerke gebou het, het vooraf beslis `n bouplan ontwerp, waarin vooraf al presies vasgelê was hoe die groot kunswerk daar moes uitsien en watter funksie dit moes hê. Die boumeester van so `n wonderbouwerk wat nou reeds - soos die piramides van Egipte - etlike duisende jare getrotseer het en waarskynlik ook verder nog duisende jare sal trotseer, was beslis geen blinde hoenders nie, maar naguile wat ook snags duidelik kon sien, omdat dit vir hulle anders onmoontlik sou gewees het om so `n bouwerk tot stand te bring. En daarom is ek van mening dat slegs die groot wysheid van `n mens wat deur `n magtige God besiel is, in staat is om wonderbare dinge ten aanskoue van die ander swak mense te verwesenlik, omdat die wysheid in die eerste plek meesteres en versterkster van die wil is, en sy die enigste is wat die deugdelike middele ontdek waardeur sy dit wat sy wil, ook altyd gedoen kry, en sodoende ook onvermydelik en ongehinderd die beoogde doel bereik. [4] Groot wyse Heer, U hoef daarom vir my gladnie meer deur enige wonderwerk die bewys te lewer dat alles moet gebeur wat U in U groot wysheid maar wil nie; want U onbegryplike groot wysheid en die groot beslistheid van U woord lewer aan my die sekerste en ongetwyfeldste borg daarvoor. - Het ek as Romein gelyk of nie?' [5] Ek sê: 'Vergelyk hierdie heiden nou eers met die Judeërs, wat sê dat God hulle Vader is! Hulle vind alle groot tekens wat Ek al so dikwels en so veelvoudig sigbaar en hoorbaar vir hulle gedoen het, nie voldoende nie, en hierdie heiden herken My aan My woord! Daarom sê Ek vir julle Judeërs daar benede in die groot stad: Die hemelse lig sal van julle weggeneem word en aan die heidene gegee word! [6] Maar aan jou, My beste Agricola, sal Ek tog `n teken gee, omdat jy My ook sonder `n teken geglo het; want die genesing van hierdie jong vrou wat Ek nou Self baie lief gekry het, is vir denkers van julle formaat te gering, want sommiges uit jou geselskap het tog heimlik by hulself gedink: 'Kyk, dit is `n slim man! Hy het met die genesing gewag net totdat hy duidelik kon sien dat dit al vanself beter gaan met die jong vrou! Toe die oomblik kom waarop beterskap vanself ingetree het, wat `n dokter duidelik kan sien, het hy haar

eers geroep en sy het ontwaak, soos wat sy ook sonder sy geroep sekerlik sou ontwaak het!' Kyk, dit het jou intelligente metgeselle toe by hulself gedink en ten dele het jy dit ook gedink! [7] Maar daarmee verwyt Ek niemand nie, want `n selfstandige denker is vir My altyd beter as `n duisend liggelowige siele vir wie dit niks saakmaak of `n mens hulle `n alfa of `n omega laat sien nie. Want wie nie dink nie, leer en begryp ook niks nie, en vir hom is goud en lood uiteindelik dieselfde; maar die denker koop nooit `n kat in `n sak nie. Daarom het jy ook na die genesing van hierdie liewe jong vrou by jouself gesê: 'Die teken het wel goed geslaag vir Hom, - maar ek moet Hom eers hoor praat, dan eers sal dit blyk of Hy werklik uit Sy wysheid die kennis besit om sulke tekens slegs deur Sy wil te verwesenlik!' Toe jy My egter hoor praat het, het jou twyfel verdwyn; want My woorde het vir jou en ook vir jou metgeselle `n borg van die volle waarheid geword van die teken en vir die eintlike doel van My aanwesigheid. [8] Omdat julle, jy met jou metgeselle, egter slegs die woord en nie die teken geglo het nie, daarom wil Ek dan nou ten aanskoue van julle ook `n groot teken doen. [9] Kyk, waar Ek is, is waaragtig nie Ek alleen nie, maar daar dien tallose skares magtige, verligte engelgeeste uit alle hemele My! As `n keiser of `n koning vanweë `n belangrike regeringsaangeleentheid êrens heen reis, reis hy ook nie net alleen nie, maar hy neem nog `n groot en talryke gevolg met hom saam. En kyk, so is dit dan ook by My die geval. Ook Ek het vanweë `n uitsonderlike groot, nuwe regeringsaangeleentheid op wêreldse- en geestelike gebied, as die enigste Heer van die hele oneindigheid, nou in die wêreldse tyd juis op hierdie aarde, in die liggaam van `n mens, `n uitermatige belangrike reis onderneem, wat nodig was, omdat geen mens van hierdie aarde andersins ooit `n waaragtige, ewig lewe sou kon bereik nie! [10] En dat Ek as `n baie groot monarg hierdie (reis) op aarde uit baie gewigtige lewensmotiewe onderneem het, kan julle julleself wel voorstel, dat baie legioene van My diensbare engele nou ook die reis tesame met My maak en ook steeds rondom My is, en op My wenke wag en My bevele op alle sterre uitvoer.[11] Met julle liggaamlike oë kan julle hulle weliswaar nou nog nie sien of waarneem nie; wanneer Ek egter ter enige tyd julle innerlike gesigsvermoë sal ontsluit, sal julle hulle wel sien en hoor, en julle sal selfs met hulle kan praat en iets van hulle kan verlang. Maar eers moet Ek aan julle vrye wil die baie belangrike vraag stel of julle die begeleiers van My ook in alle erns wil sien en spreek, want dwang vind by My nooit plaas nie!' [12] Toe aarsel selfs die Romeine, want hierdie mededeling van My vind hulle tog wel ietwat te gek. [13] Maar Agricola sê vir die ander: 'Sal ek julle eers iets sê? Ons laat Hom Sy gang gaan en dan sien ons wel verder! `n Paar dinge het by my nou weer spesiaal opgeval! Wie het Hom vertel hoe ek heet?! Want uit `n sekere versigtigheid het ek hier nog aan niemand my naam genoem nie. Hoe kan Hy dit dan weet? Maar nog meer! Wie kon aan Hom ons gedagtes verraai het?! En kyk, tog weet Hy alles! Ag, neem van my aan dat dit egter geen kleinigheid is nie! Nou sê Hy weer dat Hy nie slegs alleen hier is nie, maar dat daar tallose skares magtige geeste by Hom is! Vriende, as dit so is, is Hy absoluut `n volmaakte God in optima forma, en het ons die geluk, wat nog nooit vroeër voorgekom het nie, om die egte Jupiter persoonlik te sien! Ons gaan dus almal daarmee akkoord om dit te sien en te hoor wat Hy ons juis nou voorgestel het. Wel, ons wil dit dus en daarom vra ons Hom om aan ons Sy magtige reisgeselle te laat sien, as dit vir Hom moontlik is!' [14] Almal, selfs My vorige leerlinge was dit heeltemal daarmee eens dat hulle dit wou sien. [15] En Agricola kom na My toe en sê: 'Groot Heer, toon ons U tallose, magtige, geheime en onsigbare begeleiers as dit vir U moontlik is, dan sal ons sien watter wesens dit wel is. Ons almal vra U om ons te laat sien wat U ons nou net in die vooruitsig gestel het!' [16] Ek sê: 'Dit sal ook dadelik gebeur! Maar bly veral kalm, want wat julle nou sal sien, sal, ook al is dit deur My wil versag, julle baie aangryp, ondanks die feit dat julle dapper Romeine is!' [17] Die Romein sê: 'Heer, ons lyfspreuk is: Si totus illabatur orbis, impavidum ferient ruinae!* Wie geen vrees vir die dood het nie, is ook nie bang vir die goeie geeste nie en nog minder vir die boses, wat wel nie te veel mag sou kon hê nie! Ons is volledig op alles voorbereid, ook al is dit hoe buitengewoon, en U kan U teken wel laat begin. Ons is almal baie benoud!' [18] Ek sê: 'Staan dan van julle sitplekke af op en kom saam met My na buite! Daar sal julle `n uur lank die glansrykheid van God die Vader sien, wat My, dit wil sê in die liggaam, in hierdie wêreld gestuur het vir die verlossing van die mense.' [19] Toe Ek klaar gepraat het, staan almal van hulle sitplekke af op en gaan saam met My na buite.

Die Romeine sien die engelewêreld 189 Toe ons dus, saam so `n sewentig mense, buite `n plek gevind het, sê Ek teenoor almal: 'Epheta', dit beteken 'Open julleself!'

[2] En almal bevind hulle in die tweede gesig en sien onafsienbare skares stralende engelgeeste, waarvan daar `n aantal na hulle, dit wil sê na die Romeine, afdaal en met hulle praat. [3] Die Romeine was baie verbaas, en Agricola sê vir My: 'Heer en Leraar, dit lyk wel vir ons soos `n fabelagtige Olimpus! Nee, wat `n tallose skare! Wie sou dit ook maar in sy helderste droom kon beleef! Sê my eers of dit eg is! Of is dit maar net so deur U wilskrag in ons `n opgeroepte fantasie, wat ons nou plasties, skynbaar buite ons, waarneem? Hierdie wesens sien volledig liggaamlik daaruit, veral hulle wat hier op die aardbodem by ons rondloop! Hoe moet ons dit opneem?' [4] Ek sê: 'Kyk, langs jou staan `n engel, vra dit vir hom, en hy sal jou `n antwoord gee!' [5] Toe rig Agricola hom tot die engel en sê vir hom: 'Praat, merkwaardige wese! Is jy `n egte wese, of is jy maar net `n produk van my fantasie wat op hierdie oomblik nogal verhit is? As jy `n egte wese is, gee dan `n oortuigde bewys daarvan, sodat ek dit heeltemal kan glo!' [6] Die engel sê met `n helder stem: 'Ons is baie meer werklik as julle mense; want julle liggame is beslis geen werklikheid nie, omdat dit nie is wat dit skyn te wees nie. Julle het wel `n menslike vorm, wat julle met julle ledemate volgens die wil van die siel laat beweeg, maar as hierdie vorm vergaan, gaan julle dadelik weer in tallose ander vorme oor. Slegs die suiwere is `n egte werklikheid, alles anders aan julle mense, wat nog aards is, is skyn en noodsaaklike sinsbedrog. Want solank `n mens terwille van sy liggaam werk om vir hom skatte van hierdie wêreld te versamel, solank bevind sy siel haarself ook in die begogeling van haar liggaam wat self in die grootste begogeling is; want hulle wat die liggaamlike lewe as lewe opneem en ook dink dat dit lewe is, hulle siele moet as dood beskou word solank hulle self nie besef dat die lewe van die materiële liggaam die eintlike dood is nie. [7] Ons is egter `n volledige werklikheid omdat ons geen veranderlike liggaam het nie, maar die totale lewenskrag self is wat nooit verander of op enige wyse vernietig kan word nie. Alles wat julle as liggaamlike mense op die wêreld ook maar waarneem of sien, kan julle liggaam verwoes en verander. As `n klip op jou kop val, maak dit jou dood. As jy in die water of in die vuur val, is jy dood. Kort en klaar, jou liggaam kan in alle elemente `n sekerlike dood vind. Maar by ons is dit nooit moontlik nie, want ons is self volledig uit God, die lewenskrag self, en deurdring alles, en geen enkele stoflike element kan ons ooit skade aandoen nie. In ons het ons die onoorwinlike mag en krag om alle stoflike elemente in `n oogwenk te vernietig, of `n wêreld te skep uit die elemente. Ons beheers alles; maar ons kan self ewiglik nooit deur iets anders beheers word as slegs deur ons self nie, omdat ons die volmaakte uitdrukking van God se wil is. [8] Om jou, as denkende Romein, nog meer daarvan te oortuig, moet jy hierdie klip neem en dit so hard as moontlik na my kop gooi, en dit sal my heeltemal niks doen nie! As ek egter by jou dieselfde sou doen, sou jy oombliklik liggaamlik dood wees. Probeer dit maar, en oortuig jouself dat dit so is en nie anders nie!' [9] Die Romein probeer dit, en die klip val deur die engel heen op die grond, en die engel staan onbeskadig voor die Romein. [10] Toe tel die engel die klip weer op en sê: 'As ek dit nou met jou sou doen, sou jy met `n verpletterde hoof dood op die grond lê; maar dit wil ek jou nie aandoen nie, in plaas daarvan doen ons iets anders. Kyk eers hoe hard die klip is! Neem hom nou eers in jou hand, en probeer om hom te vernietig!' [11] Die Romein neem die klip en probeer sy fisieke krag uit op die hardheid en die groot vastheid van die klip; maar slaan of gooi op die baie harde rotsbodem help nie, - die klip bly behalwe vir `n paar krapmerke, volkome onbeskadig. [12] Daarop neem die engel die klip uit die hand van die Romein en sê: 'Kyk, dit is die klip wat jy nou net deur my heen gegooi het, en wat jy nou probeer om te vernietig! Jy sien, dat ek die klip net soos jy in my hand kan hou, en sekerlik heelwat stewiger as jy hom nou net vasgehou het. Probeer om hom uit my hand te haal, dan sal jy jou van my krag kon oortuig!' [13] Die Romein probeer dit uit alle mag, maar dit was vir hom nie moontlik om die hand van die engel ook maar `n haarbreedte na links of na regs of na bo of na onder te beweeg nie, en nog minder geluk dit hom om die klip uit die hand van die engel te kry. [14] Toe sê die engel: 'Kyk, dit moet tog wel meer wees as maar net jou verhitte fantasie?!' [15] Die Romein sê: 'Ja, vriend, wie of wat u ookal is! As ek nou droom, sou ek die stad wat daar benede lê, sekerlik nie gesien het nie, en die lawaai van die volk hierbo nie gehoor het nie, en dan sou ek langs my ook nie al my metgeselle en hierdie herberg op so `n natuurlike wyse gesien het nie! Ek het naamlik al baie dikwels helder drome gehad en daarin ook reeds op aarde bestaande streke gesien; maar nooit het dit so presies daar uitgesien soos dit egter nou daar uitsien nie. Slegs as ek oor een van my vriende gedroom het, het dit steeds so daaruit gesien - tenminste wat gesig en spraak aanbetref, - asof dit in die natuurlike wêreld was, gepraat en gewerk het. Maar hier is dit nie die geval nie; want ek sien hier al die natuurlike soos wat dit is, en daarby sien ek ook julle onnatuurlike wesens, en dus beskou ek julle as die egte en nie as gedroomde werklikhede nie. - Wat wil jy egter nou met die klip doen?' [16] Die engel sê: 'Dit sal jy dadelik sien! Kyk, jy het nou net probeer om hierdie klip te breek, maar die klip

bied uiterste hardnekkige teenstand! Maar nou sal ek jou laat sien hoe ek hierdie klip in my hand onmiddellik volledig sal verpoeier! Kyk, nou is die klip nog heel, en kyk, nou is daar honderde stukkies! En kyk nou eers! Waar is hulle nou? Daar is niks meer daarvan oor nie! Ek het hulle heeltemal in hulle oersubstansie opgelos! [17] As ek as gees dit met die grootste gemak kan doen, is my suiwer geestelike bestaan dan nie oneindig volmaakter as die bestaan van alle liggaamlike mense op hierdie klein aarde nie?! Daarom is slegs óns bestaan `n egte bestaan, en die van julle op hierdie aarde is dit slegs in soverre dit `n lewe is volgens die wil van die Heer, wat nou eindeloos barmhartig by julle leef en julle waaragtig leer lewe, en Hy alleen van die ewigheid af alles in alles is, na Wie julle moet luister en volgens wie se woorde julle moet lewe en werk.'

Die verskil in lewensopgawe van engele en mense 190 Die Romein sê: 'Ja wel, ja wel, dit sien ek nou baie goed in, - maar omdat julle magtige geeste nou eenmaal daar is en julle bestaan duidelik meer eg is as die van ons nou, waarom laat julle julleself dan nie dikwels sien om ons te leer en te troos nie? Ons het julle nou gesien, en as ons dit aan ons medemense sal vertel, sal sommiges dit wel glo, maar baie ander sal daaroor lag en ons as dwepers en halwe dwase beskou. Sou dit dan nie goed wees as daar soms iemand van julle julleself laat sien om van die waarheid van wat ons sê, `n oortuigende bewys te lewer nie?' [2] Die engel sê: 'Ons doen altyd presies die wil van die Heer; slegs wat Hy wil is goed, en dit doen ons dan! [3] As dit vir die aankomende geslag van hierdie aarde goed en vir hulle sieleheil noodsaaklik sou wees, sal ons ook by hierdie mense voortdurend sigbaar wees; maar omdat dit nie die geval is nie, mag ons die mense slegs onsigbaar lei, sodat hulle vrye wil geen dwang sal ondervind nie. Want niemand kan voor God bestaan as hy nie eers `n sekere tyd skynbaar heeltemal van ons geïsoleerd die volledige lewensvryheidsbeproewing in sy liggaam deurgemaak het nie. Dit is die liefde, die wysheid en die wil van die Heer en daarom moet alles dus so gebeur, bestaan en wees; en as iets nie op hierdie manier gebeur, bestaan en is nie, dan is dit ook so goed as heeltemal niks. As julle mense egter van nou af aan so sal lewe en werk soos wat die Heer dit wil hê, dan sal julle ook na die aflegging van julle liggaam, so word en wees soos wat ons nou is; want ook ons was eers op `n hemelliggaam soos wat julle nou is. [4] Maar selfs die geringste mens van hierdie aarde is reeds in die wieg baie meer as ons, ondanks al ons grootsheid, wysheid en mag; want die ware mense van hierdie aarde is kinders van die suiwer ewige liefde van God, en die hoogste wysheid en mag moet Haarself by hulle algeheel vry, uit hulle liefde tot God, hulle waaragtige Vader, ontplooi. Ons het egter as skepsele uit Sy Wysheid voortgekom; daarom moet ons ook eers vanuit ons groot wysheid die liefde tot God in onsself skep, en jy kan nouliks verstaan hoeveel moeiliker dit is, as wat jy uit liefde tot God die hoogste wysheid en mag in jou vind. [5] Maar juis omdat julle mense van hierdie aarde uit die suiwer liefde in God voortgekom het, dus self die liefde in God is, mag ons wysheidswesens julle nie in die minste steur in julle vrye ontwikkeling uit julle oerliefde van God nie, en jy, aardse broer, sal nou iets beter verstaan waarom ons, engele van God, julle nie sigbaar mag begelei nie. Want ons mag die Elohimsliefde in julle sluimerende wysheid en mag slegs saggies en baie ongemerk wek, maar julle nooit ook maar `n vonk van ons eintlike wysheid inblaas nie; want dit sou julle wysheid nie wek nie, maar slegs verstik. [6] Dit is ook al so by julle aardse mense die geval. Want wat sou daar van `n kind teregkom as julle hom vanaf die voedster direk in `n hoërskool sou plaas, waar wyse en hooggeleerde leraars hulle goed voorbereide leerlinge die hoogste en vir gewone mense volledig onbegryplike wetenskappe en geheime kunste sou aanbied? So `n kind sou uiteindelik wel woorde van die leraar kon nasê, maar die diep sin en betekenis daarvan nooit kan verstaan nie. Laat die kinders daarom eers deur die voedster opvoed en deur allerlei speletjies tot die eerste kinderlike denke gebring word. Van jaar tot jaar word die kind dan ryper en meer geskik vir `n hoër onderrig. [7] Wat julle nou met julle kinders doen, doen ons engele ook met julle mense, en dit moet ons doen omdat julle mense van hierdie aarde kinders* van die Heer is. *('kinders' is toegevoeg) [8] As julle op die wêreld sou gebore word waarop ons eens in `n liggaam geleef het, sou julle reeds alle nodige wysheid in die wêreld saamgebring het en bykans maar net onderrig nodig gehad het vir die ontdekking van die liefde van God in die lig van julle groot wysheid. [9] Bekyk eers alle diere op julle aarde! Dit is ook skepsele van God se wysheid; daarom het hulle ook geen onderrig nodig om eers moeisaam te leer wat hulle volgens hulle geskiktheid en aard moet doen nie. Dit bring hulle alles al dadelik by die geboorte saam, en op hulle manier is hulle dadelik volleerde kunstenaars. Wie het `n by ooit kennis oor kruie bygebring, wie het haar getoon waar die heuning in die bloemkelke sit en waar die was waarmee gebou word? Wie leer haar om haar sel te bou en in haar maag

uit die soet blommedou die geurende heuning te berei? Waar het die spinnekop geleer om haar draad te spin en daarmee `n uiters bruikbare net te weef? Kyk, dit alles ontvang die diere uit die Goddelike Wysheid, waarvan hulle direk die produk is! Omdat hulle egter voorlopig ook nie meer is as dit nie, het hulle wat hulle het ook ten volle vervolmaak, maar hulle kon, omdat hulle die liefde en die diensbare vrye wil bykans heeltemal ontbeer het, hulle kennis baie weinig vergroot. [10] Tog is daar ook diere wat in `n sekere sin reeds bepaalde simptome van die hoër liefde saamgekry het. En kyk, sulke diere is derhalwe dan ook al in staat om sydelings onderrig van die mense aan te neem, en daarom kan hulle ook vir `n aantal dinge afgerig word! En hoe meer liefde daar ophande is by bepaalde diere, soos byvoorbeeld by `n hond of by `n aantal voëls, hoeveel te meer is sulke diere ook geskik om vir verskillende handelinge geoefen te word, [11] By menslike skepsele op ander hemelliggame is dit egter in hoë mate die geval, omdat hulle reeds alle denkbare gawes het as hulle op die wêreld kom. Hulle hoef niks meer in een of ander skool te leer nie. Omdat die liefde haar egter slegs baie geleidelik as `n produk van hulle wysheid ontplooi, het hulle skole waarin geleer word hoe mens van die suiwer wysheid tot die vrye liefde en `n vrye wil kan kom. Eers sodra so `n mens dit dan na baie moeite geleer het, is hy in staat om God en ook Sy kinders van hierdie aarde te nader. [12] En miskien sien jy nou al weer ietwat duideliker waarom julle egte mense van hierdie aarde tydens julle ontwikkeling in die wysheid nie in sigbare en voelbare kontak met ons mag bly nie. Kort en klaar, dit is julle lewensopgawe om uit die liefde die wysheid te suiwer en te ontplooi, en ons opgawe was om uit die wysheid God se liefde te suiwer en te ontplooi. [13] Die onbeskryflike groot verskil is maar net dat julle mense van hierdie aarde aan God gelyk kan word, maar ons nooit nie, - behalwe wanneer ons self nog `n keer `n aardse liggaam sal aanneem, waartoe ons tot op hede egter werklik nog geen al te groot begeerte in ons gevoel het nie; want ons is almal met ons lot meer as tevrede en sien graag volledig af van `n beter lot. [14] Wie `n volmaakte kind van God kan word - waarvoor egter baie nodig is, - is natuurlik ook wel eindeloos geseënd; maar ons is ook met ons lot volmaak tevrede, en `n beter en hoër het ons nie nodig nie! [15] Wel bevind daar by hierdie tallose skare wat nou voor jou vir `n kort tyd nog sigbaar sal wees, ook al `n paar egte kinders van God, - maar julle, wat nou deur die Allerhoogste van die ewigheid geleer en gelei word, is oneindig baie beter daaraan toe! Want dit is beslis nie dieselfde of jy `n seun van die huis is of slegs `n kneg nie. Vir die kinders is alles wat die verhewe Vader besit, vir die knegte maar net dit wat die Heer hulle wil gee. - Verstaan jy dit, my beste Agricola?' [16] Agricola staan nou bykans sprakeloos en hy weet egter nie wat hom oorgekom het nie; want van die woorde van die engel gaan `n te groot oortuiging uit, en daarteen kan hy natuurlik niks inbring nie. Daarby ontbreek dit die origens baie opregte Romein aan alle moontlike, suiwer geestelike kennis om met die engelgees `n verdere gesprek te kan voer. [17] Daarom kom hy na My toe en (Agricola) sê : 'Ongeëwenaarde Heer en Leraar, dit is tog beslis geen droom nie, en die gees - of wat hy verder ook maar kan wees - ontwikkel vir my idees waarvan geen mens ooit gedroom het nie! Wat moet iemand soos ek egter nou daarvan verstaan?! Die mooiste is, dat hy sê dat ook hy eens `n liggaamlik mens op die een of ander hemelliggaam was. Dan vra ek myself af waar daar naas hierdie aarde, nog `n ander hemelliggaam kan wees! Ek en tallose ander mense het nog nooit iets daarvan gehoor nie. Wat is dit dan vir `n nuwe verhaal?' [18] Ek sê: 'Rustig aan, My vriend! Gaan maar na hom toe, dan sal hy jou die ander aardes nog goed laat sien, waarvan daar ontelbare in die eindelose ruimte is! Ek sê jou dat hierdie gees jou niks gesê het wat nie waar is nie; gaan dus maar na hom toe en laat jou nader inlig oor die dinge waaraan jy twyfel, en hy sal dit alles baie prakties vir jou laat sien en uitlê!'

Oor die tweede en derde gesig 191 Die Romein bedank My hartlik vir hierdie raad en gaan weer na die engel toe en sê vir hom: 'My beste engelgees, ek is jou weliswaar baie erkentlik vir al die wyse woorde wat jy teenoor my gespreek het, - maar ons burgers van hierdie aarde, wat die aankomende kinders van God moet wees, of respektiewelik moet word, kan beslis nie oor die weg kom met julle boaardse wysheid nie! Wat weet ons nou van nog ander aardes in die eindelose groot ruimte, terwyl ons ons eie aarde nog lank nie goed genoeg ken nie! Wees daarom so goed om my eenvoudige bewyse vir jou verklaring te gee, want anders sal jy met al jou wysheid egter nie baie resultate met ons hê nie!' [2] Die engelegees sê: 'Jy verlang baie van my, wat ek jou nou wel moet toestaan, omdat die Heer dit so wil. Jou gesig is nou in soverre verruim, dat jy met die oog van jou siel ons suiwere geeste, kan sien, - maar dit is ook maar net so omdat ons onsself, uit julle uitstralende lewensfeer, in `n sekere sin in `n

substansiële liggaam gevorm het. [3] As ons as suiwer geeste by julle sou wees, dan sou julle ons ondanks julle huidige tweede gesig tog nie gesien het nie. Wanneer julle egter eers suiwer geestelik sal kan sien - wat julle die derde gesig of die geestelike gesig kan noem, - dan kan julle ons wel as suiwer en rein geeste sien. Die derde gesig is juis noodsaaklik om net soos ons, alle ander hemelliggame te kan sien, wat ooreenkomstig in miniatuurvorm ook in jou aanwesig is, maar nie deur jou siel opgemerk kan word alvorens sy met die gees uit God een word nie. [4] Met toestemming van die Heer kan ons egter by julle mense ook vir `n kort tydjie maak dat julle gees heeltemal ontwaak en dus in die verrukking van die derde en daarmee hoogste en suiwerste gesig verplaas word. [5] Ek sal julle dan eers tussen die maan en hierdie aarde plaas, dan kan julle sien dat hierdie aarde ook maar `n bol is, net soos wat julle met julle liggaamlike oë die maan en die son sien. Dan sal ek julle heeltemal op die maan, vervolgens op die son en daarna eers op verskillende wêrelde en aardes bring. - Is julle dit met my voorstel eens?' [6] Die Romein sê: 'Sekerlik, maar sal dit tog nie te veel tyd neem nie? Want as die sterre niks anders as wêrelde is nie, groter as hierdie aarde, dan moet hulle wel ontsettend ver van hierdie aarde af staan, omdat hulle so klein daaruit sien, en dan praat dit wel vanself dat `n geestelike reis daarheen, ook al gaan dit hoe gou, tog wel nie net so `n kort tydjie sou neem nie.' [7] Die engel sê: 'Vir `n suiwere gees bestaan daar nóg tyd nóg ruimte. Hier en eindeloos ver van hier is één en dieselfde, en 'nou' en 'vir eons jare' is dit ook één en dieselfde. Daarom kan julle in `n suiwer geestelike toestand ook in één oomblik meer sien en meemaak as wat jy liggaamlik amper in enige duisende jare langs die weg van mondelinge onderrig slegs vaag te wete kan gekom het, waarvoor die lewenstyd van die mens op aarde natuurlik veels te kort is. Dit het ook nog die groot voordeel dat die siel by ons dan ook in `n oomblik baie meer en suiwerder leer en ondervind, as waartoe sy hier op aarde in reekse van jare in staat sou wees. Want as `n siel haar ook maar enigermate in haar liggaam selfstandig gemaak het, is dit vir haar `n groot lewensvoordeel as haar swaar en lydende liggaam afgeneem word, en sy dan in ons geselskap kom en deur ons volledig lewend die ware lewensonderrig deurmaak. [8] Maar let nou almal op, want ek sal julle nou dadelik vrymaak in julle gees, wat die eintlike liefdeslewe uit God is, en waardeur julle ook kinders van God is, of tog heel sekerlik kan word, as julle na die wil van God so sal lewe soos wat dit julle baie uitvoerig uitgelê was. Dit is so! Word vry, en sien nou die aan julle verwante, ewige skepping van God!' [9] Nadat die engel, soos wat Ek dit wil, dit uitgeroep het, val almal liggaamlik aan die slaap, maar kon daarby tog nog praat, hoewel hulle in hierdie toestand volledig van al hulle sintuie beroof was.

`n Besoek aan die Universum 192 Almal lê op die grond. Slegs Agricola sit op `n bank en begin die volgende te sê: 'Dus, die groot bal daar benede is die aarde en daar bo is die maan soos `n kleinere bal en daar nog dieper onder die aarde onmiskenbaar die son! O, dit is `n wonderbaarlike gesig, en die skynbaar leë ruimte is vol met wesens van my soort! Sommige sweef na benede na die aarde, en ander sweef weer daarvandaan. En, o, o, daar is die maanaarde al! Sy lyk baie soos ons aarde, maar alles sien so doods en verlate daaruit. Dit sou my egter nie daar beval nie en dit skyn ook dat dit haar bewoners ook nie al te goed beval nie, want hulle trek almal baie bedroefde gesigte en sien daar baie kwynend uit.' [2] Die engel sê: 'Dit is slegs bepaalde aardse siele wat daar in `n sekere sin losgemaak word van hulle groot liefde vir die wêreld, sodat hulle dan geskik word vir `n hoër geestelike vorming. Kyk, hier op die ander kant van hierdie aarde sien dit daar al vroliker en natuurliker uit! Dit is die werklike bewoners van hierdie maanaarde.' [3] Dit stel die Romein gerus en hy bekyk alles met groot verbasing en verwondering. [4] Vandaar gaan hulle na die son. [5] Toe Agricola in die omgewing van die son kom, sê hy vir die engel: 'Vriend, hierdie wêreld is vir my te groot! Ek vergaan tot `n volkome niks. Bring my na `n kleinere aarde!' [6] Die engel sê: 'Ja, vriend, dit kan ek nie doen nie, want ek moet die wil van die Heer uitvoer! As ons op die oppervlakte van hierdie ligwêreld sal staan, sal hy hom wel vriendeliker aan jou voordoen. Dus, daar gaan ons!' [7] Oombliklik bevind hulle hulle op die mooiste punt van die middelgordel. Daar word die Romein oorweldig deur die grootste prag. En toe hy daarna ook nog die mense sien, wat buitengewoon mooi was, wou hulle nie meer daar weggaan nie, en hy smeek die engel of hy nie `n jong vrou van hierdie groot aarde kon saamneem na die klein aarde toe nie, sodat die mense hulle almal daarvan sou kon oortuig dat die son ook `n wêreld is, waarop baie mooier en ook baie beter mense woon.

[8] Die engel sê: 'Ja, vriend, ook dit kan weer nie! En ook al sou ek haar na die aarde kon bring, dan sou dit vir haar tog onmoontlik wees om verder op aarde te lewe, omdat die lug van die aarde vir haar presies dieselfde sou wees wat water vir die liggaamlike mense op die aarde is. So sien jy goed dat die mense van die ander wêrelde so geskape is dat hulle maar net op hulle aangewese wêreld kan bestaan. - Maar nou gaan ons weer verder!' [9] Na die son word nog planete en `n paar nabygeleë sonne besoek, waarop die Romein dit steeds die meeste na sy sin het, sodat hy dit voortdurend jammer vind dat hy nie `n bewoner van so `n groot, pragtige, mooi ligwêreld geword het nie. [10] Maar die engel sê vir hom: 'Ja, my vriend, juis op hierdie ligwêreld het jou siel vierduisend jaar lank liggaamlik gewoon! Kyk, daar staan jou pragtige huis nog; en die mense wat daar in- en uitgaan, was liggaamlik jou naaste bloedverwante. [11] Maar toe `n rondtrekende wyse wese jou vertel dat daar êrens in die eindelose groot skeppingsruimte `n wêreld is waarop die mense vroeër of later volledige kinders van die groot God kon word, as jy kan besluit om jou siel van hierdie wêreld los te maak, om op die aarde van God nog eens in `n onbeholpe liggaam `n lewe in die vryheid van die liefde deur te maak - egter sonder enige herinnering aan hierdie pragtige wêreld, omdat die lewe daar nie die siende wysheid, maar slegs, veral in die begin, die volkome blinde liefde as basis sou hê, - het jy daarmee ingestem. En kyk, daarna word jy dadelik verander, en nadat jy vrygeword het van jou siel, was jy gou in `n aardse moederliggaam verwek, en wel in die pragtigste stad van die aarde van God, sodat jy in bepaalde, verligte drome nie `n heimlike verlange sou kry om weer hier te wees nie! [12] En kyk, jy was dus al `n keer op so `n mooi wêreld, iets wat jy nou in jou gees baie goed besef en waarby jy jou ook alles herinner wat jy vir ongeveer vyftig aardse jare alles gedoen het! Maar om te sorg dat jou verlange om hier te bly nie te veel ontwaak nie, sal ons dadelik weer na ons aarde van God gaan.' [13] Op die oomblik was hulle almal, dit wil sê alle Romeine, weer uit die derde gesig teruggeplaas in die vroeëre tweede en word daarom weer wakker, maar met `n presiese herinnering aan alles wat gesien is, en ook duidelik gehoor is. [14] Toe hulle almal ook weer opgestaan het, sê die Romein 'Ek het dit en dat gesien! Het julle ook so-iets gesien of gehoor?' [15] Elkeen vertel in kort wat ook hulle gesien en gehoor het. [16] En Agricola sê: 'Nou glo ek ook, dit wat ek gesien, en wat ek gehoor en meegemaak het, werklik so is, omdat julle almal presies dieselfde gehoor en gesien het. Dit is dus louter sonne en aardes, en die meeste ontsettend baie groter en mooier as ons aarde, - en dit alles moet deur die gees van hierdie wonderbaarlike Judeër geskape wees?!' [17] Die engel sê: 'Ja, aardse broer, dit alles en nog eindeloos baie meer, groter en wonderbaarliker! En Hy, die verhewenste, ewige gees, het nou terwyl Hy ook `n mens van julle aarde is, die teken gedoen sodat ook julle Hom waaragtig erken, volgens Sy woorde sal lewe en dan as Sy kinders meer as salig kan word. En gaan dank Hom nou almal uit die grond van julle hart daarvoor dat Hy julle so-iets groots geopenbaar het, en julle laat sien het dat slegs Hy die Heer is van alle dinge en alle lewe!' [18] Daarop doen almal dit, en Ek laat hulle ontwaak uit die tweede gesig, en alle engelenskares word weer onsigbaar. [19] Ek vra hulle hoe hulle die teken ervaar het. [20] Almal sê: 'Onbeskryflik goed!' [21] Maar hulle verlang nou almal na rus en sê dat hulle eers die volgende dag nugterder daaroor sou kon praat. En dus gaan ons weer na ons kamer om te rus.

Die geestelike ooreenkoms van die dagtye 193 Die oggend was ons met sonsopkoms alweer buite. Dit was `n helder dag en die son het wonderlik suiwer opgegaan. [2] Ek kyk met die leerlinge na die mooi natuurtafereel, en Johannes sê vir My: 'Heer, ek weet egter nie waarom so `n mooi oggend op my altyd so `n rustige uitwerking het en op my hart so `n verhewe, versterkende indruk maak nie, terwyl die middagson my heeltemal onverskillig laat en die aandson my meer ernstig en droefgeestig stem nie!' [3] Ek sê: 'Dit kom deur die beter en korrekter lewensgevoelens van die mens. Die oggende lyk soos die vrolike, onskuldige jeug van die mens, en daarom stem hy ook elke suiwer en werklik voelende mens jeugdig en vrolik. [4] Die middag lyk soos `n sterk man wat in die sweet van sy aanskyn sy brood moet verdien; daarom sal die middag ook nie meer sulke teer gevoelens opwek soos die oggend nie. Want tydens die ernstige

mansleeftyd het die jeugdige lewenspoësie opgehou, en `n bepaalde, besorgde lewenserns het in sy plek gekom, en dit wek in `n suiwer aanvoelende hart ook egter niks bekoorlik nie, maar slegs `n sekere erns waaraan die hart nou eenmaal nooit baie vreugde beleef nie, hoewel die erns daarvoor die verkryging van die ware lewe moet wees. [5] En die aand uiteindelik, as sinnebeeld van die aardse dood en die vergaan van alle dinge, kan op `n suiwer aanvoelende hart niks anders as net `n duistere indruk maak nie, hoewel die aand ook net so noodsaaklik is as die oggend en die middag. Want as daar geen lewensaand vir die mens sou wees nie, dan sou ook die ewige lewensmôre nooit vir hom te voorskyn gekom het en tot ewige waarheid geword het nie. [6] Kyk, dit is die eenvoudige rede van jou ware gevoel, wat egter ook nie by alle mense dieselfde is nie! Want daar is mense wat die aand baie lekkerder vind as die oggend; ja daar is mense op wie juis die oggend `n baie onaangename indruk maak, die middag `n bietjie beter, en die aand en veral die nag die allerbeste. Maar mense wat so voel, hoort merendeels tot die verkeerde soort, en dit is moeilik om sulke mense `n beter insig te gee en hulle op die korrekte geloofs- en gevoelsweg te bring; want hulle het hulle in hierdie wêreld met alle energie maar net die skatte versamel wat gaan roes en wat die motte gaan verteer. En dit is moeilik om hulle wat eenmaal op die standpunt staan, daarvan af te bring. [7] Daarom sê Ek ook vir julle almal: Versamel vir julle in hierdie wêreld nooit sulke skatte wat deur roes aangetas en maklik deur motte verteer kan word nie! Maak julle geen sorg vir die komende dag oor wat jy sal eet en waarmee jy jou sal beklee nie! Dit is voldoende dat elke dag self sy eie sorg met hom saambring. Die Vader in die hemel weet presies wat julle nodig het. Kyk na die mossies op die dak en die blomme op die veld! Hulle saai nie en hulle oes nie en word tog deur die Vader in die hemel in alles ryklik versorg. Het die mossies nie `n verepak en voedsel nie, en is die blomme op die veld nie pragtiger gekleed as wat Salomo ooit in al sy prag was nie? Maar is julle nie baie beter as die mossies, waarvan mens daar `n dosyn vir `n penning kan koop nie, en beter as die gras op die veld wat vandag nog bloei, maar môre egter afgemaai is, vervolgens verdroog en, omdat dit te sleg is om aan die diere te voer, in die oond gegooi en verbrand word?! Noudat Ek julle dit egter vertel het, gedra julle dan ook so en handel daarvolgens, dan sal julle as My uitverkore leerlinge `n goeie bestaan in julle amp hê! [8] Moses het tog gesê, toe hy vir die priesterstam Levi, die gee van die tiendes ingestel het: 'Wie die altaar dien, moet ook van die altaar lewe!' En Ek sê vir julle nou dieselfde, al is dit ook met ander woorde. Daarom het Ek dit nou ook slegs vir julle en voor julle gesê, en daarom wil Ek geen gebod saamgee waardeur niemand meer `n akker gaan bebou en nooit `n wynstok in die wingerd sal versorg en plant nie, maar dit geld slegs vir julle as uitverkore werkers in My Geestelike wingerd; want vir die ander sê Ek: Wie nie werk nie sal ook nie eet nie! Wie egter My ryk en sy geregtigheid soek, die sal, soos julle, al die ander as `n vrye toegif daarby gegee word.' [9] Toe dank veral Johannes My vir hierdie les en vra My of hy dit ook moes opskryf. [10] Ek sê: 'Sekerlik, maar vernaamlik net vir julle en julle opvolgers; want as dit vir alle mense sou geld, sal dit gou op die aarde baie woes daar uitsien.'

Die Heer karakteriseer die dertig Romeine 194 (Die Heer) 'Ons Romeine is egter ook al weer op die been en sal dadelik hier by ons wees; bemoei julle egter nie te veel met hulle nie! Ek sal wel die nodige met hulle afhandel. Vir heidene is hulle eintlik goeie mense; maar tog is hulle slegs heidene en hulle slaap nog diep. Julle kan julle dadelik self daarvan oortuig hoe min hulle vandag as nugter mense rekening sal hou met wat hulle gister alles gehoor en gesien het. Hulle herinner hulle goed van alles, maar dit kom vir hulle voor asof hulle dit maar net baie lewendig gedroom het. Daarom sê Ek vir julle, dat julle hulle nie moet aanspreek om hulle daaraan te herinner nie. [2] Die jong meisie het vanmôre vroeg al weggegaan, nadat sy eers die herbergier, wat al op was, van liefde `n brandende groet vir My gegee het, met daarby die uitdruklike versekering dat sy in die vervolg nooit meer sal sondig nie. En Ek sê vir julle dat sy haar gegewe woord ook sal hou. Dus hou julle by wat Ek julle nou met betrekking tot die Romeine vir die oomblik gesê het, en doen dit so goed as wat julle kan, want julle sal julleself weldra daarvan oortuig dat slegs Ek altyd en ewiglik gelyk het!' [3] Die leerlinge verwonder hulle daaroor dat hierdie dertig Romeine, wat gisteraand so buitengewoon vir My in vuur en vlam gestaan het, dit vandag almal slegs as `n lewendige droom sou beskou. [4] Ek sê: 'Verbaas julle nie te veel daaroor nie, want hierdie mense het gister benede in die stad al ietwat teveel van die goeie geniet en daarna hier ook nog wel sewe maal meer as ons almal. Daarom het hulle ook meer gedroom as wat hulle wakker was, want iemand wat dronk is, droom met oop oë. Daarom kom alles wat hulle gisternag beleef het, vir hulle soveel te meer as `n helder droom voor. Maar die mooiste van die saak is dat hulle elkeen nou hulle droom vertel, en elkeen presies dieselfde droom vertel. Dit verstaan hulle nie en hulle gee die wyn die skuld, wat miskien deur `n towenaar getoor was. Die jong vrou mis hulle

nog nie eers nie. [5] Daarom het Ek ook juis tydens hulle roes so `n buitengewone teken vir hulle gedoen. Want as hulle volledig nugter sou gewees het, sou hulle My beslis as een van hulle gode aangesien het en as sodanig aangeroep het; maar so is dit goed, en dit is vir die vryheid van `n menslike hart altyd beter dat hulle `n onthullende teken in die droom gekry het, as in `n volledig nugtere, wakende toestand. En dit was dan ook gister by hierdie Romeine die geval. Julle sal dadelik sien wat daar uit hierdie saak sal voortkom.' [6] Nadat Ek dit met die leerlinge gespreek het, kom Lasarus en die herbergier buite na ons toe, en die herbergier bring My eers die liewe groete van die jong meisie oor. [7] En Lasarus sê vir My: 'Maar Heer, daar is egter tog iets vreemds met die Romeine, en by name met Agricola, wat gisternag so spraaksaam was! Vandag is die spraaksaamste so stil soos `n muis en almal beskou die buitengewone teken wat gister deur U gedoen is, as `n droom; en die mooiste is dat hulle natuurlik almal presies dieselfde droom tot in detail aan mekaar vertel! `n Deel soek die oorsaak by die werking van die wyn, wat beslis getoor moes gewees het; Agricola sê egter dat die droom ontstaan het deurdat hulle fantasie hulleself teveel besig gehou het met die beroemde Judeër, en hulle daardeur onder mekaar tegelyk, sonder dat hulle daarvan bewus was, die beeld geskape het wat hulle almal gedurende hierdie nag besig gehou het. Maar die allermooiste is, dat hulle eintlik gladnie weet hoe hulle in hierdie bergherberg gekom het nie! Ek het vir Agricola gesê dat hy al baie laat in die aand deur `n jong meisie na bo gebring was; maar nou kon hy dit ook nie meer onthou nie! Ja, laat iemand maar probeer om hierdie mense te verstaan, - ek weet daar geen weg meer nie!' [8] Ek sê: 'Bekommer jou maar nie daaroor nie! So is dit goed in orde; want as hierdie mense gister heeltemal nugter was, sou Ek My nie so aan hulle kon openbaar nie. Maar omdat hulle in hulle dronkenskap meer gedroom het as wanneer hulle wakker was, het dit tog baie goed geslaag. Pasop daarvoor dat julle My nie verraai nie! As hulle weer vir een van julle na die beroemde Judeër sal vra, sê dan vir hulle dat hy vanoggend in die tempel sal praat! Dan sal hulle gou na die tempel gaan om My te wil sien en hoor. Daarna sal hulle eers ryper wees om iets meer oor hulle sogenaamde droomgesig te ervaar. [9] Lasarus sê: 'Pragtig! Maar Heer, die oggendete is nou ookal klaar! Wil U dit nie eers met U leerlinge gebruik en dan daarna na die tempel gaan nie?' [10] Ek sê: 'O, sekerlik; maar sit dit in `n ander vertrek, sodat ons nie in die sig van die Romeine sal sit nie! Daar sal gou `n aantal na buite kom en oor alles vra. My leerlinge het al bevele wat hulle moet doen; Ek sal geen moeite met hulle hê nie. Sit jy intussen ons oggendete in `n ander vertrek, dan sal ons dadelik kom om te eet, waarna ons na die tempel sal afgaan!'

Die dertig Romeine soek die Heer 195 Toe beide dit hoor, gaan hulle onmiddellik weer die huis binne en doen alles soos wat Ek gesê het. Hulle was egter nog maar nouliks in die huis, toe daar al `n aantal Romeine na buite kom en met volle teue die pragtige uitsig vanaf hierdie berg geniet. [2] Een van hulle gaan na `n leerling toe en vra hom of hy gedurende die nag in hierdie herberg was, en die ander wat by hom was, miskien ook. [3] Maar die leerling wys na My en sê: 'Hy daar is ook u taal magtig, gaan maar en praat met Hom!' [4] As Romein, wat ook `n bietjie Hebreeus verstaan het, verstaan hy dit en hy kom dadelik na My toe en vra My dieselfde wat hy aan die leerling gevra het. [5] En Ek sê vir hom: 'Waarom vra u dit aan ons? Ons het u tog ook nie gevra of u die nag in hierdie herberg deurgebring het nie! Ons was wel hier gewees, maar dit sal u, vreemdelinge, tog niks aangaan nie, omdat ons u slaapgeleentheid beslis in geen enkele opsig met ons aanwesigheid belas het nie! Maar sê u My nou eers waarom u dit van ons wil weet!' [6] Die Romein sê: 'Ag, ons het gister en ook eergister al baie intensief na die beroemde Judeër gesoek en deur toeval het ons in hierdie herberg uitgekom! Maar ons was almal deur die swaar wyn ietwat dronk, en toe ons geslaap het, het ons almal dieselfde wonderlike droom gehad: Ons het die wonderbare Judeër gevind. Hy bring ons sondermeer na die punt en toon ons daar sy hele goddelike mag en glansrykheid, sodat ons buitengewoon entoesiasties was, en die wonderbare Judeër vir `n God aangesien het wat vir enige tyd pro forma `n menseliggaam aangeneem het om so die beter mense te onderrig oor `n hoër lewe. Maar dit is slegs baie in kort die inhoud van ons droombeeld. Ewenwel, as slegs één van ons dit sou gedroom het, - wel dan sou dit `n baie aardige, seldsame mooi droom gewees het; maar nou het ons almal, sonder uitsondering, volmaak één en dieselfde droom gehad, wat beslis nie normaal is nie! Ons gee die wyn die skuld en wil u nou vra, as u ook hier oornag het, of u self dalk ook `n soortgelyke droom gehad het. Neem my dit nie kwalik nie!' [7] Ek sê: 'O nee, nie in die minste nie! Maar kan u u dan gladnie meer herinner hoe die beroemde Judeër daar uitgesien het nie?'

[8] Die Romein sê: 'Ja, dit gaan nou ietwat moeilik wees; maar as ek dit self moes gesê het, sien hy volgens my vae herinnering byna soos U daaruit, beste vriend! Ek vra U egter om nie kwaad te word daaroor nie!' [9] Ek sê: 'Nou ja, dit is nie so erg nie; uiteindelik kan dit tog Ek self gewees het!' [10] Die Romein sê glimlaggend: 'Hm, hm, beste vriend, u maak sekerlik `n grappie? Maar ek sê vir u: Die vreemde droom was beslis geen grap nie; want as u ook so `n droom sou gehad het, sou u ook baie opgewonde daaroor gewees het!' [11] Ek sê: 'U kan tog nie weet of Ek ook nie presies dieselfde gesien het as u nie! Maar laat ons daaroor ophou! Ons bly ook vanaand hier, en as u ook nog daar sal wees, sal ons nog wel na die onderwerp terugkom. Maar nou gaan ons dadelik die oggendete gebruik en dan aan die werk! Waar die wonder-Judeër vandag nog te hoor en te sien sal wees, dit sal die meester van hierdie herberg u straks nog wel sê, want hy sal dit beslis weet.' [12] Die hoflike Romein sê: 'Dan wens ek dat u smaaklik sal eet! Die huisheer sal dan wel so goed wees om ons te vertel waar die beroemde Man te sien en te hoor sal wees!' [13] Ek sê: 'Prima! Maar bly nugter, anders verslaap en verdroom u Hom weer, soos wat dit al baie gegaan het en soos wat dit nog baie sal gaan! Maar nou na die tafel!' [14] Ons verlaat die Romeine en gaan die vertrek binne waar die maaltyd reeds op ons gewag het. Die Romeine doen dieselfde, maar dan net soos gister in die groot eetsaal. Ons was natuurlik vinnig klaar en daal toe gou na die stad af, waar ons eers ietwat rondgekyk het; want voor nege uur was daar in die tempel niks te doen nie, dat wil sê op hierdie huidige eerste dag na die fees.

Die Heer gee onderrig in die tempel Die oordeel van die luisterende volk(Evangelie van Johannes 8:2) 196 Maar toe die tempel geopen word, gaan Ek die môre betyds met die leerlinge na binne en was sodoende daar as een van die eerstes. (Johannes 8:2) En toe die volk sien dat Ek die tempel binnegegaan het, kom hulle in groot getalle na My toe, en Ek gaan sit en begin hulle deur gelykenisse, beelde en voorbeelde te onderrig, soos wat dit veelvuldig in die Evangelies voorkom. [2] Ek wys hulle op die groot liefde, goedheid en regverdigheid van God, die Vader, en ook laat Ek hulle sien waaruit die ryk van God eintlik bestaan wat nou so naby hulle gekom het. [3] En baie glo in My. [4] En sommiges sê: 'Hy is egter `n groot profeet, en dit verwonder ons baie dat die Fariseërs Hom nie wil erken nie! Hy is tewens in `n hoë mate onbaatsugtig; want ook al het hy na ons beste wete baie mense buitengewoon gehelp, tog het hy hom nooit deur iemand iets laat betaal nie, en dit staan vas dat hy, orals waar mense hom en sy leerlinge nog na die ou gebruik gasvry opgeneem en versorg het, die gasheer steeds op wonderbaarlike manier `n weldaad bewys het, wat beslis meer werd was as duisendmaal dit wat Hy van die gasheer ontvang het. Bowendien is Hy geen swartkyker nie en gaan Hy met alle mense op dieselfde manier om, en as Hy nou sê: 'Kom almal na My toe wat belas en belaai is, Ek sal julle almal verkwik, en julle sal by My die ware lewenstroos en die ware rus vind!' dan moet ons dit sekerlik glo! [5] `n Mens, wat so wys en goedhartig praat, en self ook daarvolgens handel, en sulke groot tekens doen, is tog waarlik `n groot profeet, en dan maak dit tog nie saak waar hy vandaan kom nie! En as die Messias sal kom, dan is dit maar `n vraag of Hy groot tekens sal doen! As Hy nie met donder en bliksem en swaelreën sal kom nie, sal die Fariseërs net so min in Hom glo as in hierdie man!' [6] Ander sê weer, wat nog meer geloof gehad het: 'Ons hoef op geen enkele ander Messias meer te wag nie, want vir ons is Hy al die ware een! Want Sy woorde het krag en lewe, en Sy dade is volkome goddelik, en dus is Hy vir ons al volledig die ware Messias. Hy wat op `n ander wil wag, moet maar wag en homself bedrieg!'[7] Ander sê nog: 'Ons staan nog te veel onder die gesag van die Fariseërs, en kan nie doen wat ons wil nie. Wat het ons aan die waarheid en die geloof, solank die Fariseërs die mag in die hande het, en nou onder die Romeine selfs nog meer as ooit?!' [8] Maar toe sê Ek: 'God Self is die ewige Liefde en die Waarheid self! Niks ter wêreld kan julle vrymaak as net die Waarheid nie. Wie die sonde doen, wat altyd `n leuen is, is ook `n kneg van die sonde en `n slaaf van ander nog groter sondaars wat geen gewete en geen liefde het as wat hulle eie skandelike ek hulle ingee nie. Wie egter die Waarheid in hom het, is `n magtige vyand van die leuen en van die sonde, en is vry; want niemand kan hom beskuldig van `n sonde nie. Kies daarom vir die Waarheid en vrees nie hulle wat wel jou liggaam kan doodmaak nie, maar jou siel verder niks kan doen nie; vrees veeleer God wat jou siel tesame met jou liggaam kan dood en ten gronde kan rig! [9] Die skade aan jou liggaam sal God eendag duisendvoudig vergeld; maar die skade aan jou siel sal God

jou nooit vergeld nie. Want God het die siel verstand, begrip, gewete, `n vrye wil en die wet gegee om daarmee goed te kan beoordeel wat goed en sleg is, en sy kan met haar wil die een of die ander kies. Volgens haar keuse sal sy ook deur haarself geoordeel word, hetsy vir die dood of ten behoewe van die lewe. [10] Maar die Vader in die hemel wil dat julle almal die ewige lewe ten deel val, en daarom het Hy My in hierdie wêreld na julle toe gestuur. Daarom sê Ek julle nog eens: Wie in My glo, sal die ewige lewe hê; wie egter nie glo dat Ek deur die Vader na julle toe gestuur is nie, sal die lewe verloor wat hy nou maklik kon aanneem. Die Vader in die hemel het My egter lief en ook almal wat in My glo, en Ek Self sal hulle in die waarheid van My woorde die ewige lewe gee!' [l 1] Toe sê sommiges: 'Dit is tog vreemd wat die man weet om te sê, waarby hy homself bykans gelykstel aan God. Dit is `n ware wonder dat die Fariseërs hom vandag so lank sy gang laat gaan!' [12] Ander sê weer: 'Hy praat vry en openhartig, en ons ontdek niks onbetaamlik in sy woorde nie! Hy praat openlik die volle waarheid en die Fariseërs sal moeite hê om iets teen hom te vind!' [13] Nog ander sê: 'O bekommer jy jou maar nie daaroor nie; hulle sal gou genoeg iets vind!' [14] Een tollenaar wat langs hulle staan, sê: 'O ja, waarna hulle weer, soos altyd sal wegsluip! Die luilakke vind al lankal niks meer teen hierdie opregte man nie!' [15] Daarna daal daar `n klein stilte oor almal, en die Fariseërs word woedend en breek hulle koppe daaroor hoe hulle My byvoorbeeld deur een woord of deur een vraag wat aan My gestel is, kon vang, om My dan van `n onwaarheid te kon betig en baie misbaar aan die volk te kon sê: 'Kyk nou eens, dit is nou julle waaragtige profeet of julle mooi Messias! Daar staan hy nou as leuenaar!' Maar ondanks al hulle ingespanne denke kon hulle niks geskik vind nie.

Die egbreekster (Evangelie van Johannes 8:3-11) 197 Maar terwyl hulle so sit en redekawel, bring die geregsdienaars wat hulle uitgestuur het, `n egbreekster wat hulle op heterdaad betrap het en nou volgens die wet van Moses gestenig moes word, wat egter deur die huidige Fariseërs – as die egbreekster ryk was, - altyd in `n groot geldboete verander kon word. En as sy arm was, maar jonk en mooi, was sy gewoonlik gegesel en daarna verplig om die tempeldienaars te dien, en `n ou en lelike een was alreeds deur die natuur beveilig teen egbreuk. Die aanwesige egbreekster was nog baie jonk en arm, maar wou by `n ryk vreemdeling tydens die feestyd `n rojale appeltjie vir haar dors byverdien, om haar daarna makliker in die lewe te kon onderhou. Sy sou beslis die eiendom van die tempel geword het as Ek nie daar was nie, en as die tempeldienaars nie gedwing was om hierdie vernaamste middel te gebruik om my daarmee, soos wat hulle gedink het, met sekerheid te vang nie.[2] Dus word die arme egbreekster deur die wyse Fariseërs voor My gebring en ook te midde van die volk wat My van alle kante omring. (Johannes 8:3)[3] Toe die vrou, deur doodsangs gekwel, voor My staan, vra een van die hooggekwalifiseerde Fariseërs My: 'Hierdie vrou is op heterdaad tydens egbreuk gegryp. (Johannes 8, 4) Moses het ons in sy wet gebied om so `n persoon te stenig, - en die wet van Moses is bykans gelyk aan God se wet. Wat het jy daarop te sê?' (Johannes 8, 5) [4] Dit spreek wel vanself, dat hy dit maar net gedoen het om My, na sy denke, deels deur die streng wet van Moses, en deels deur My toespraak oor die groot barmhartigheid van God die Vader, en ook deur My goedheid vir die sondaars, wat aan hulle welbekend was, onvermydelik in verleentheid te bring, waardeur hy My dan sou kon beskuldig en vervolgens teen die volk, soos wat reeds gesê is, met groot, indrukwekkende betoog onmisbaar sou kon sê: 'Kyk nou eers na die groot bedrieër en volksverleier, wat ons nou tereg sal gryp en aan die gereg sal oorlewer!' [5] Maar so gou as wat hy dit wil, gee Ek geen antwoord op sy vraag nie, maar Ek buk neer en skryf die skuld van die sondares in die sand op die grond (Johannes 8, 6); want daar het by sulke groot feeste altyd baie sand op die grond gelê, omdat die tempel eers nadat die hele fees verby was, weer gevee word en die byeengeveegde vuilheid verkoop word aan allerlei bygelowige Judeërs. [6] Toe die Fariseërs en die tempeljode egter bly vra, rig Ek Myself op en sê vir hulle: 'Dit is volkome waar dat Moses so `n wet gegee het; maar hy wat die reg het om so `n sondares te stenig, moet sonder sonde wees, - dit staan ook geskryf! In elke geval moet hulle wat die eerste klip na die sondares werp, volkome rein en sonder sonde wees! Wie van u dus sonder sonde is, werp die eerste klip na hierdie sondares! (Johannes 8, 7) God se barmhartigheid word nie daardeur geskaad nie, want Moses het die mense wyse wette gegee. Wie dit ken en dit nie hou nie, het homself geoordeel en sy doodsvonnis bevestig.' [7] Daarop buk Ek weer na die grond en skryf verder. (Johannes 8, 8)

[8] Toe hulle egter hierdie woorde van My hoor, waarmee hulle nie gereken het nie, en hulle gewete hulle sê: 'Julle is tog self veelvoudige sondaars en egbrekers, en die hele volk ken julle as sodanig!', toe sê van die hoogste tot die laagste niemand meer iets nie en elkeen verlaat die tempel so vinnig hy maar kon en verdwyn. [9] Na enkele oomblikke was daar niemand van die Fariseërs en Tempeljode, die Leviete, knegte en geregsdienaars meer binne in die tempel nie. Slegs Ek en die sondares was nog daar, en natuurlik staan die volk en My leerlinge in `n groot sirkel om ons heen. (Johannes 8, 9) Die volk verbaas hulle en was baie bly dat Ek die Fariseërs met so min woorde op die vlug gejaag het. [10] En `n aantal sê baie hardop: 'O, as hulle ook maar één klip sou gegryp het, sou ons hulle verskeur het, die ou sondebokke! Want `n sondaar kan en mag sekerlik iemand wat baie minder gesondig het, glad nie oordeel nie.' [11] Toe rig Ek My weer op en sien niemand van die regters binne die kring nie , slegs die vrou wat gestenig moes word. [12] En Ek vra haar: 'Wel, waar is jou aanklaers? Het niemand jou dan veroordeel nie? ' (Johannes 8:10) [13] Die egbreekster sê: 'Nee, Heer, niemand het my veroordeel nie, maar hulle het almal so vinnig moontlik weggegaan' (Johannes 8: 11) [14] Toe sê Ek vir haar: 'Dan veroordeel Ek jou ook nie! Maar gaan nou na jou woonplek en sondig voortaan nie meer nie! Want as jy sondig, sal dit met jou sleg gaan! ' (Johannes 8:11) [15] Toe bedank die sondares My vir die bewese barmhartigheid, maar vra My egter of Ek haar sou wil sê hoe sy veilig na haar huis kon gaan, want sy was tog bang dat die geregsdienaars van die Fariseërs haar onderweg sou gryp en kwaad sou aandoen. [16] Toe sê Ek: 'Wees nie bang vir hulle nie, want hulle sal bly wees om jou nie onder oë te kry nie! Gaan nou egter onder die volk, wat jou goed sal beskerm en jou behoue sal tuisbring! Kyk maar eers daar by die voorhangsel van die tempel, dan sal jy almal sien wat juis nou hier gestaan het! Want die volk het hulle buite gevra waarom hulle almal so haastig uit die tempel gevlug het. Hulle het hulle egter geskaam om die waarheid te spreek, bedink toe `n onbeholpe smeerkampanje en keer deur die poort wat na die ooste staan, weer baie stilletjies terug. Maar gaan jy nou onder die volk wat in My glo, dan sal daar niks met jou gebeur nie! Ek sal die volk nou verder onderrig en dan sal hulle hulleself dadelik weer aanmeld en hulle na My toe laat deurdring; want hulle is nou nog baie kwaad vir My, omdat Ek hulle beskaamd gemaak en jou uit hulle kloue gered het. Maar gaan nou maar gerus daar waar Ek jou gesê het, wees vroom en sondig voortaan nie meer nie!' [17] Toe gaan sy bedeesd weg tussen die volk in, wat haar vriendelik opneem en haar onder luide bedreiging teen die Fariseërs moed inpraat.

Die Heer maak hom in die Tempel bekend (Evangelie van Johannes 8:12-29) 198 Toe dit daarna weer rustig geword het in die tempel, sê sommiges uit die volk: 'Heer en Leraar, laat Uself nie deur die Fariseërs van stryk bring nie en leer ons meer oor U sending en die ryk van God; want as U praat, is ons almal die ene oë en ore, en slegs vir U klop ons harte vinniger!' [2] Daarop sê EK vir die volk: 'Luister dan en let goed op, want Ek sal dit openlik vir julle sê, en dit nie meer vir julle verborge hou wie Ek is nie! [3] Luister! Ek is die Lig van die wêreld, wie My volg, sal nie in duisternis wandel nie, maar hy sal die ware lewenslig hê.' (Johannes 8, 12) [4] Toe begin die volk hard te juig en te roep: 'Ja, dit is heeltemal waar, want U, Heer, het soos `n helderskynende lig in hierdie wêreld gekom, en U lig doen ons siel, wat solank in die donker nag rondgedwaal het, goed!' [5] Dit was vir die woede van die Fariseërs te veel. Hulle dring hulle weer deur na My toe en sê: 'Omdat jy dit oor jouself sê, is jou bewering nie waar nie!' (Johannes 8, 13) [6] Daarop sê Ek: 'Ook al sou Ek iets oor Myself sê, dan sou My bewering tog waar wees; want Ek weet vanwaar Ek gekom het, en Ek weet ook waarheen Ek sal gaan. Slegs julle Fariseërs weet, vanweë julle hoogmoed, nie waar Ek vandaan gekom het en waarheen Ek sal gaan nie. (Johannes 8, 14) Julle oordeel en veroordeel alles soos wat julle liggame julle dit ingee, omdat julle geen gees ken nie. Maar so oordeel Ek niemand nie, (Johannes 8, 15) en as Ek oordeel, dan is My oordeel waar; want Ek is hier nie net soos wat julle dink nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het, is hier (Johannes 8, 16) en staan daar nie in julle wet geskryf dat die getuienis van twee mense geldig is nie? (Johannes 8, 17) Ek is ten eerste die Een wat van Myself getuig, en ten tweede is daar die Vader, wat My na hierdie wêreld gestuur het, wat van My getuig. Hoeveel meer getuienis wil julle nog hê?' (Johannes 8:18)

[7] Toe stoom die Fariseërs op en sê: 'Dink jy dat jy ons vir die gek kan hou? Waar is jou vader dan, sodat hy jou getuie kan wees?' [8] Toe staan Ek op en gaan na die pilaar waar die sogenaamde offerkis van God homself bevind, wat vanweë die offers vir die tempel die naam gehad het, en Ek roep hard in die kis in: 'Julle blindes ken nóg My nóg My Vader! Want as julle My sou geken het, sou julle My Vader ook geken het! ' (Johannes 8, 19) [9] Toe Ek die woorde hard in die offerkis van God geroep het, vra hulle My waarom ek dit gedoen het. [10] Ek sê: 'Omdat dit geen verskil maak of Ek die woorde in julle gesig sê of in die kis nie, wat nou leeg en dood is! Die kis het die woorde ten minste geduldig aanvaar, wat by julle nie die geval was nie.' [11] Dit val by die volk op goeie aarde en hulle eis van die Fariseërs dat hulle My ongestoord sou laat praat. Toe trek die Fariseërs hulle weer ietwat terug. [12] Ek gee die volk toe verder onderrig en laat My ongenadig oor die Fariseërs uit, en hoe meer Ek hulle skanddade aan die volk onthul en dit op My vingers aftel vir watter sake hulle alles nog meer verdoem sou word, hoe meer juig die volk en hoe woedender word die Fariseërs. Maar hulle gryp My nie, omdat My tyd nog nie gekom het nie. (Johannes 8, 20) [13] Toe kom daar egter sommige ander Judeërs na My toe, wat nog baie waardering vir die Fariseërs gehad het, maar My in bepaalde opsigte ook nie heeltemal ongelyk gegee het nie, en sê: 'Maar sê nou eers vir ons wat nou eintlik die bedoeling is van alles wat jy sê!' [14] Toe sê Ek nogmaals vir hulle: 'Luister! Ek sal van hier gaan op `n manier wat julle nie ken nie, en julle sal My soek en nie vind nie en daarby in julle sonde sterwe! Want waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie.' (Johannes 8, 21) [15] Toe sê hulle onder mekaar: 'Wil hy hom dalk nou, omdat hy die Fariseërs so rasend gemaak het en hulle wraak nie meer maklik sal kan vryspring nie, homself uit vertwyfeling doodmaak? Want anders sou hy nie met `n bietjie gesonde verstand gesê het: 'Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie' (Johannes 8, 22) [16] Maar EK sê baie opgewek vir hulle: 'Breek maar nie julle koppe daaroor nie! Ek sal julle dadelik die ware rede vertel, en dan sal julle dadelik insien waarom julle so is, soos wat julle nou is, en nie daar kan kom waar Ek sal heengaan nie. [17] Kyk! Julle is van benede en sal weer daarheen gaan; Ek is egter van bo en sal baie sekerlik ook weer daarheen terugkeer, en julle sal My nie kan volg nie.' (Johannes 8, 23) [18] Toe word ook hierdie Judeërs kwaad en sê: 'Wat wil jy daarmee sê? Kan jy dalk selfs voorspel dat ons na die hel gaan?' [19] Ek sê: 'O nee, maar die saak staan so: Julle is van hierdie wêreld en dit geld ook vir julle siele; Ek is egter nie van hierdie wêreld nie!' [20] En die Judeërs sê: 'Waar is daar `n ander wêreld? Ons ken geen ander nie!' [21] Ek sê: 'Ja, dit klop dat julle geen ander ken nie! En daarom sê Ek dit vir julle, omdat julle deur julle ongeloof sal sterwe in julle sonde. Want as julle nie glo dat Ek die beloofde en nou die Messias is wat na julle toe gekom het nie, sal julle sterwe in julle sonde en nooit daarheen gaan waar Ek sal wees met My uitverkorenes nie. (Johannes 8, 24) En as dit nie so sou gewees het nie, helaas, dan sou Ek as suiwer mens soos wat julle is, nooit die moed gehad het om dit vir julle te sê nie!' [22] Toe sê die Judeërs: 'Wat sê jy van jouself? Sê openlik wie jy dan so baie presies is!' [23] En Ek sê: 'Dit is moeilik om vir totaal dowe ore te praat. Omdat julle My daarom nie verstaan nie, luister dan nou na My! Ten eerste is Ek Die Een wat juis nou met julle praat!' (Johannes 8:25) [24] Die Judeërs sê: 'Wel, en wie is jy dan in die tweede plek?' [25] Ek sê: 'Rustig nou, die 'ten tweede' sal julle self wel uit My woorde kan uitmaak; want Ek moet julle nog baie vertel en duidelik maak! Luister! Hy wat My gestuur het, besit die hoogste graad van waarheid, en slegs dit wat Ek steeds van Hom gehoor het, maak Ek nou aan die wêreld bekend, en dit is aan julle almal.' (Johannes 8, 26) [26] Maar omdat hierdie blinde Judeërs weer nie verstaan (Johannes 8, 27), dat Ek met hulle praat oor die Vader of oor die ewige liefde in My nie, vra hulle weer: 'Maar by die tempel en by Sinai! Wie is dan Hy wat jou gestuur het?' [27] Toe sê Ek, ook met `n baie ernstige gesig, vir hulle: 'Luister! Wanneer julle die Menseseun sal verhoog, sal julle, weliswaar te laat, besef dat Ek die Een is, wat as mens niks uit Myself doen nie, maar altyd praat en handel soos wat My Vader My geleer het. (Johannes 8, 28) En Ek sê vir julle daarby nog uitvoeriger: Die Vader wat My gestuur het, is nie êrens verweg nie, maar Hy is hier by My. Die Vader laat My nooit alleen nie; want slegs Ek doen altyd dit wat vir Hom welgevallig is, en Ek vrees, net soos Hy, geen enkele mens in die hele wêreld nie. (Johannes 8, 29) Want as dit nie so was nie, sou Ek dit ook nie gesê het nie.'

Die Heer en Sy teenstanders (Evangelie van Johannes 8:30-49) 199 Toe Ek dit baie ernstig vir die Judeërs gesê het, trek baie van hulle groot oë en sê: 'Helaas, die man praat soos iemand wat mag het, en niemand durf Hom aan te raak of te verbied om so in die tempel te praat nie! As iemand van ons dit openlik in die tempel teen die Fariseërs sou gesê het, sou hulle hom al tien keer gestenig het, - en Hom laat hulle toe om duidelik teen hulle nadeel te praat en hulle durf nie meer naby kom nie. Dit is egter iets bomenslik, dus glo ons wat hy sê!' (Johannes 8:30) [2] Toe sê Ek vir die Judeërs wat in My begin te glo: 'As julle sal bly by wat Ek sê, sal julle daardeur ook My ware leerlinge word. (Johannes 8:31) Julle sal die daarin liggende waarheid herken, en die waarheid sal julle vrymaak, soos wat Ek dit al vroeër aangegee het.' (Johannes 8:32) [3] Daarop antwoord die meer ongelowige deel van die Judeërs: 'Weet dat ons Abraham se saad is en nooit iemand se knegte of selfs slawe was nie! Hoe kan ons dan as vrye here en burgers nog vryer word?' (Johannes 8:33) [4] Daarop sê Ek vir hulle: 'Waarlik, waarlik, Ek sê vir julle: Wie sonde doen, is knegte van die sonde, soos wat Ek dit al voorheen gesê het! (Johannes 8:34) `n Kneg is egter geen vry man nie, omdat hy steeds die luste en hartstogte van sy liggaam moet gehoorsaam. Die kneg bly nie ewig in die huis nie, maar slegs die seun. (Johannes 8:35) Elke sondaar is egter `n kneg, en die huis is die Ryk van God en Sy Geregtigheid, en die Seun is die Waarheid. As Ek julle nou egter as die ware Seun van die Ryk van God vrymaak, dan is julle ook waaragtig en eg vry.' (Johannes 8:36) [5] Die ongelowiges sê weer: 'Vergeet nie dat ons Abraham se saad is en nooit iemand se kneg was nie! Waarom bly jy dan sê dat jy ons sal vrymaak?' [6] Ek sê: 'O, Ek weet goed dat julle nakomelinge van Abraham is, - Ek is dit liggaamlik ook! Maar hoewel julle sê dat julle as saad van Abraham nooit iemand se kneg was nie, was julle vadere in Egipte en later in Babilon dit wel, en nou is julle die knegte van Rome, - as julle dit dan oor uiterlike verhoudinge wil hê. Maar Ek het dit oor die innerlike lewensverhoudinge, en volgens dit was julle altyd knegte van julle hartstogte, en julle laat julleself daardeur as besetenes beheers. En dat dit so is, bewys die omstandigheid dat julle trag om My te dood, net soos wat die Fariseërs dit ook uit alle mag probeer. En dit doen julle, omdat wat Ek sê nie tot julle deurdring nie en julle dit nie verstaan nie, en My haat omdat Ek die volle waarheid teen julle spreek. (Johannes 8:37) Ek spreek tot julle maar net van wat Ek steeds van My Vader sien en hoor, en julle vind dit nie belangrik nie, maar het dit voortdurend maar net oor wat julle ook van julle vaders gesien en gehoor het, terwyl dit volkome onbelangrik is.' (Johannes 8:38) [7] Toe Ek dit hulle onder die neus gevrywe het, sê hulle opnuut': 'Vergeet dit nie dat Abraham ons vader is! Dit hef alle beskuldiginge teen ons op. - Verstaan jy dit?' [8] Ek sê: 'O, Ek verstaan julle baie goed! O, was julle maar Abraham se kinders, dan sou julle ook Abraham se werke gedoen het (Johannes 8, 39) Maar nou probeer julle om My dood te maak as `n gevaarlike misdadiger, en dit maar net omdat Ek julle die waarheid vertel het wat Ek steeds van God gehoor het. Helaas, dit wou Abraham nooit met die drie jongmanne doen toe hulle vir hom die waarheid vertel het nie. (Johannes 8, 40) Julle doen weliswaar die werke van julle vader, - maar nie die van vader Abraham nie! Verstaan dit tog!' [9] Toe sê die reeds heeltemal woedende ongelowige Judeërs: 'Vriend, ons is nie buite-egtelik gebore nie! Ons het almal een vader, en dit is God Self!' (Johannes 8:41) [10] Ek sê vir hulle: 'O, as God julle Vader sou gewees het, sou julle My liefgehad het soos wat hulle My liefhet wat My herken het; want Ek het, wat My Gees aanbetref, van God uitgegaan en kom uit God. Want waarlik, Ek het nie, soos wat byvoorbeeld `n mens is, uit Myself gekom nie, maar God het My gestuur, dat wil sê die liggaam waardeur Hy Homself nou aan julle openbaar, en watter liggaam julle nou probeer om dood te maak. (Johannes 8, 42) Waarom kan julle dan nie My stem hoor nie, as julle God se kinders is?' (Johannes 8, 43) [11] Die Judeërs sê: 'Hoor ons jou dalk nie?' [12] Ek sê: 'O ja, julle hoor My beslis goed met julle liggaamlike ore, - maar Ek vra julle maar net waarom die betekenis van My woorde julle nie geval nie. Waarom geval dit dan wel die baie ander, selfs die Romeine daar, wat hulle om die offerkis van God opgestel het?' [13] Toe swyg hulle en weet nie wat hulle My daarop moes antwoord nie; want hulle was bang vir die volk en het dit nie gewaag om hulle antwoord hardop kenbaar te maak nie, want dit sou natuurlik baie grof en beledigend gewees het. [14] Maar die volk roep tot My: 'Heer en Leraar, sorg tog dat U hierdie ryk, duistere figure kwytraak; want ons sou nou graag heilsame, verligtende woorde van U wil hoor, maar nie die voortdurende, meer as dom teësprake van hierdie blindes nie. Sê hulle eers duidelik en ronduit wat en hoe hulle is, sodat hulle dan kan gaan!'

[15] Ek sê: 'Wees maar geduldig! Ek het hulle al gesê dat hulle geen kinders van God is nie, en dit sou tog wel voldoende vir hulle moet wees!' [16] Die Judeërs sê totaal verbitterd: 'Hoe kan jy sê dat ons geen kinders van God is nie?!' [17] Toe sê Ek dan ook met `n baie ernstige gesig: 'Ek het julle die rede klaar en duidelik uitgelê. Wat wil julle dan nog meer weet?! Ja, Ek sal julle ook nog wel sê wat julle is, omdat julle so aanhou! Besef wie se kinders julle is: Julle is kinders van die vader van die duiwels! Vanaf die begin was hy `n moordenaar en hy bly nie in die waarheid nie; want die waarheid was nooit in hom (in die materie) nie. Wanneer hierdie gees, wat julle vader is, lieg, praat hy uit homself; want hy was altyd `n leuenaar en `n vader van die leuen. ' (Johannes 8, 44) [18] Toe sê die verergde Judeërs: 'Wie gee jou die reg om dit in die teenwoordigheid van die hele volk oor ons te sê? Waarom is ons kinders van die Satan?' [19] Ek sê: 'Omdat Ek die waarheid teenoor julle spreek en julle My nie glo nie! ' (Johannes 8, 45) [20] Die Judeërs sê: 'Waarom moet ons jou dan glo?' [21] Ek sê: 'Om nie te sterwe in julle sonde nie, maar om salig te word!' [22] Die Judeërs sê: 'Jy is ook `n mens soos wat ons is, waarom moet juis jou woord ons nou salig maak?' [23] Ek sê: 'Ja wel, Ek is nou ook maar `n mens, - maar `n mens wat kan sê: 'Wie van julle kan My van `n sonde beskuldig?'! As Ek egter soos een voor God en alle mense as `n sondelose mens die waarheid praat, waarom glo julle My dan nie? (Johannes 8, 46) Wie uit God is, hoor ook graag God se woord. En julle wil nou egter juis My woord, wat God se woord is, nie hoor nie, omdat julle nie uit God is nie' (Johannes 8, 47) [24] Toe sê die Judeërs heeltemal verdwaas van pure woede: 'Is dit nie so dat jy `n Samaritaan is en die duiwel in jou het in plaas van die Gees van God nie?' (Johannes 8, 48) [25] Ek sê: 'Ek is geen Samaritaan nie en het nog minder `n duiwel, soos wat duisende dit oor My kan getuig, maar Ek eer altyd waaragtig vir God, My Vader. Waarom maak julle My tot skande? (Johannes 8, 49) Waarom maak soveel ander My dan nie tot skande nie, wat My en die Vader wel herken het?'

Die wese van die Heer. (Evangelie van Johannes 8:50-59) 200 Toe word die gelowige volk weer ongeduldig en sê: 'Heer, ons smeek U, jaag hierdie blinde dwase by U weg; want hulle steur U en ons! As hulle nie gou ophou nie, sal ons met geweld `n einde daaraan maak, want ons het vir U hier aangebly, ons wil U hoor en nie hierdie dom duisterlinge nie. Want `n kind in die wieg is heel dikwels al verstandiger as hierdie onsinnige dwase! [2] Ons almal, so `n tweeduisend man, besef baie goed wat U en U goddelike sending beteken. Ons het baie goed gemerk wat U bedoel het toe U gesê het: 'Ek is nie alleen nie, maar die Vader is orals by My!' Maar hierdie domore merk dit nie en sal dit ewig nie merk dat die Vader en U één en dieselfde is nie, en dat U, wanneer U sê: 'Die Vader het My gestuur!' maar net die menslike, swak verstand te verstane wil gee dat U, Ewige, vir Uself `n liggaam geskape het om vir ons wurms van hierdie aarde in ons groot nood `n sigbare God, Leraar en Trooster te wees. U heilige liggaam is U Seun, en U is in Uself Vader vir ons arme sondaars en wurms van hierdie aarde! [3] En hierdie dwase verstaan dit nie, terwyl hulle sê dat hulle alle profete op die punte van hulle vingers ken, wat tog uitdruklik genoeg in geure en kleure die tyd voorspel het waarin die Messias sal kom. En die tyd het nou heeltemal aangebreek; waarom sal die Beloofde dan nie gekom het nie? [4] As die groot, van God se Gees vervulde sieners in hierdie huidige tyd ongeveer duisend jaar gelede, presies soos wat dit nou is, dit kon aankondig, en as hierdie tyd nou presies so gekom het soos dit vroeër beskrywe was, waarom sou die beloofde Messias dan juis in hierdie tyd weggebly het?! Maar Hy het ook nie weggebly nie, Hy is onder ons; ons het Hom gou en maklik herken! [5] Maar hierdie blinde nakomelinge van hulle wat reeds in die woestyn aan die voet van die Sinai, terwyl JaHWeH op die berg onder bliksem en donder die heilige wette aan Moses gegee het, die goue kalf aanbid en JaHWeH nie geëer het nie - ofskoon Hy vlak voor hulle neus Sy wette verkondig hardop het, - is nou voor die aangesig van God nog dieselfde aanbidders van hulle goue kalf, en by al hulle matelose domheid tog nog brutaal genoeg om hulle selfs aan U, o Heer, te vergryp. O Heer, laat hulle gaan, en leer ons dat ons U beter en dieper kan ken - en ook ons ergste sonde wat ons so dikwels teenoor U begaan het!' [6] Ek sê vir die volk: 'Hou julle rustig, want Ek moet immers ook vir hierdie mense sê wie Ek is, sodat hulle hulleself nie eendag sal kan verontskuldig dat dit nie vir hulle gesê was nie en dat hulle nie gewaarsku was nie! Ek het al vir hulle gesê dat Ek My eer nie soek nie, en by hierdie mense ook gladnie, en dat daar Eén is wat dit soek en oordeel. (Johannes 8, 50) Maar hierdie blinde en verkeerde soort (saad: vertaler) sal dit nooit insien en verstaan nie, totdat die byl aan hulle wortels gelê sal word. Daarom sê Ek egter nog eenmaal vir hulle: Waarlik, waarlik, as iemand My woord sal hou, sal hy die dood ewiglik nie sien nie' (Johannes 8, 51)

[7] Toe sê die Judeërs wat nou al heeltemal blind van woede was: 'Nou besef ons eers goed dat jy die duiwel in jou het! As jou woord gelyk is aan God se woord, dan was dit tog ook God se woord waaraan Abraham, Isak en Jakob en alle profete hulle gehou het, en tog het hulle almal gesterf! Is jou woord dan goddeliker as die van die Vader en die profete, sodat jy kan sê: 'Wie My woord sal hou, sal die dood in ewigheid nie smaak nie!'? (Johannes 8:52) Is jy dan meer as ons vader Abraham wat gesterf het, en die profete, wat almal gesterf het? Wie dink jy wel is jy?' (Johannes 8, 53) [8] Ek sê: 'As Ek Myself sou eer, sou My eer geen waarde hê nie; maar dit is My Vader wat My eer, waarvan julle sê dat Hy julle God is. (Johannes 8, 54) Julle ken Hom egter nie, maar Ek ken Hom. En as Ek sou sê: 'Ek ken Hom nie!', sou Ek `n leuenaar wees, net soos julle dit sê dat Hy julle Vader is! Ek ken Hom egter werklik en hou dus Sy woord! (Johannes 8, 55) [9] Ek sê julle egter nog iets, om julle te laat sien dat julle vader Abraham nie aan My onbekend is nie. Kyk, Abraham was bly dat hy My tyd op hierdie aarde sou sien! Julle sê wel dat Abraham gesterf het; maar Ek sê julle, dat hy ewenwel My tyd hier vanaf My eerste dag voortdurend gesien het, en baie vreugde daaraan beleef het (Johannes 8, 56); hy sien My tyd nog steeds en is bly!' [10] Dit was vir die blinde Judeërs iets te ongeloofwaardig en hulle sê met wyd oopgesperde mond: 'Wat?! Jy is nog geen vyftig jaar oud nie en jy het Abraham gesien?' (Johannes 8, 57) [11] Ek sê: 'Waarlik, waarlik, Ek sê vir julle: Ek was daar oneindig baie lank voor Abraham!' (Johannes 8, 58) [12] Dit maak dat die Judeërs van woede bars. Hulle het geen woorde meer om hulle oorgrote verontwaardiging uit te druk nie. Toe buk hulle en raap los brokke klip op, waarvan daar genoeg in die tempel gelê het, omdat mense selde tyd aan die bodem bestee het, en wou dit na My gooi; maar Ek verberg My gou, word volledig onsigbaar en Ek verdwyn uit middel van die tempel toe Ek tussen hulle deurgaan. (Johannes 8, 59) Die leerlinge en Lasarus met die Romeine kom My baie gou agterna, en ons gaan vervolgens vinnig weer ons Olyfberg op. [13] Maar in die tempel vind daar nou iets seldsaam plaas, wat hom tydens feesdae bykans nog nooit voorgedoen het nie. Die volk stort hulle op die Judeërs en begin hulle dermate in die noute te dryf dat daar soldate gaan haal moes word om die rus enigermate te herstel. Maar die volk laat hulle nouliks kalmeer en eis van die Romeinse soldate dat alle woedende Judeërs, wat die rus so geweldig versteur het, geboei aan die gereg oorgelewer moet word, wat dan - in elke geval pro forma - ook gebeur. Toe eers was die volk weer tevrede. [14] Daarop gaan `n skrifgeleerde in die middel tussen die volk staan om hulle teen My op te steek; maar hy het nog geen tien woorde gesê nie of hy moes al die bene roer.

Die ontmaskering van die verleier van die egbreekster 201 Die was al ver na twaalf toe die grootste deel van die volk ook die tempel verlaat en hulle onderdak gaan opsoek, en ons egbreekster dus ook na haar huis gegaan en haar man alles vertel wat daar in die tempel met haar gebeur het. [2] Toe word die man bedroef en sê: 'Nie hierdie brawe vrou nie, maar ek is die meeste daaraan skuldig!' [3] Daarop vra een van hulle wat die vrou na hom toe teruggebring het: 'Hoe kan dit nou wees dat jy die oorsaak is van die egbreuk van jou vrou?' [4] Die man: 'Vriende, slegs uitsonderlike groot nood het my en my vrou daartoe gedwing om die illustratiewe aanbod van `n vreemdeling aan te neem! Maar die vreemde moes óf `n vermomde geregsdienaar, óf selfs `n geil Fariseër gewees het, wat lankal `n ogie op my vrou gehad het. Want toe ek die geld aanneem en dit na `n ander kamer bring, kom die geregsdienaars alreeds en trek my vrou uit die arms van die vreemdeling. Helaas het ek deur my eie skuld my dierbare vrou in die diepste ellende gestort. Omdat sy nou weer terug is, moes daar iets besonders gebeur het; want geeneen van al die mense wat op hierdie wyse gevange geneem was nie, het ooit weer teruggekom nie. Hoe het dit gebeur dat my vrou weer vry is? Beste manne, julle was beslis getuie van alles wat daar in die tempel gebeur het. Wil julle my nie vertel wat julle gesien het nie?' [5] Die manne sê: 'Dit sal jou vrou jou wel alles vertel. Die arme vrou het haar bevryding maar net te danke aan die groot Profeet uit Galilea. Maar Hy sê ook, dat sy in die vervolg nie meer mag sondig nie; want anders sal dit met haar nog baie erger gaan. Daaraan sal julle julleself dus gedurende julle verdere lewe moet hou!' [6] Toe vra die man, of die groot geluk hom ten deel kon val om die profeet êrens te ontmoet om hom op passende wyse te kan bedank. [7] Die manne sê: 'Waar hy Hom nou ophou, kan ons egter nie sê nie; maar ons het wel gehoor dat Hy, as Hy na Jerusalem kom, altyd by Lasarus van Bethanië verblyf het. Daar wil ons Hom self gaan opsoek. Doen dit ook! Ons sal in elke geval daar hoor waar Hy uiteindelik heengegaan het.' [8] Die man sê: 'Dan is hy miskien op die Olyfberg, omdat Lasarus tydens die feeste gewoonlik daar gaan

bly, want hy besit `n groot herberg daar, wat druk deur vreemdelinge besoek word.' [9] Die manne sê: 'Soveel te beter! Dan sal ons Hom eerstens daar gaan soek! En as Hy nie daar is nie, dan gaan ons na Bethanië!' [10] Die man en ook sy vrou bedank die manne en maak hulleself reisvaardig. Hy sluit sy klein huisie toe en gaan saam met die manne, waarmee hulle goed ooreenkom. Onderweg kom hulle egter `n aantal Fariseërs tee, waaronder daar één was wat die vrou en ook die man dadelik duidelik herken as die vreemdeling wat in Romeinse kleding die oggend die mooi jong vrou vir geld tot egbreekster gemaak het. Die twee sê dit vir die manne wat hulle begelei. [11] Toe stap die manne na die Fariseër toe en die man vra hom baie bars: 'Haai, vriend, ken jy hierdie vrou, wat jy vanmôre, soos `n Romein geklee, vir geld tot egbreuk verlei het? Dat dit jy was, bewys jou kaal hoof, en beide van ons het jou ook al van ver af herken! Wat het jy nou daarop te sê? Kyk, ons is hier met ongeveer twee-en-sewentig man en sal jou nou voor die Romeinse gereg sleep. Wat dink jy nou daarvan?' [12] Die drie wil vandaar wegvlug; maar die manne laat dit nie toe nie, hou hulle tee en stel die kaal geskeerde man nog een keer dieselfde vraag. Maar hy begin hulle te vervloek en te besweer dat dit nie hy was nie. [13] Maar die man en die vrou sê: 'Al die miserabele beswerings help jou heeltemal niks nie, want jy weet dat die getuienis van twee mense vir die gereg geldig is. Kom dus nou maar saam met ons na die regter, ellendeling, dan kan jy self in die kuil val wat jy vir ons gegrawe het!' [14] Toe begin die drie te smeek en hulle wil die man baie geld gee. Die neem hy egter nie aan nie, maar eis van hulle dat hulle in die vervolg deur die tempel met rus gelaat moet word. Dit beloof hulle dan ook plegtig, en die manne laat die drie verder gaan, maar wel nadat hulle gedreig is dat hulle dadelik na die goewerneur sou gaan as hulle ook maar die minste aanwysing sou kry dat die tempel hulle ongunstig oor hulle uitgelaat het. Dat die egpaar daarna volkome deur die tempeldienaars met rus gelaat was, kan `n mens hom maklik voorstel. [15] En daarom het hierdie voorval dan ook deur My wil plaasgevind; want anders sou die arme egpaar die kwaad in Jerusalem moes verduur, en sou steeds in groot gevaar gewees het.

Arbeiders besoek die Heer op die Olyfberg 202 Daarna gaan almal teen die Olyfberg op, waar Ek juis met die leerlinge en met Lasarus gesit en eet het en waar die dertig Romeine hulleself ook bevind en ook gesit en eet het. Daar aangekom, vra hulle `n kneg van die herberg of Ek daar was. En die kneg beaam dit. Toe die ongeveer sewentig man die heuglike berig hoor, juig hulle en vra die kneg om na binne te gaan en My te vra of hulle by My in die vertrek mag kom. [2] Die kneg gaan na binne en vra dit vir My. [3] En Ek sê vir hom: 'Gaan na buite en sê vir hulle, die Een wat jou gestuur het sê: ‘Wie honger het, laat hulle kom en hulle versadig, en wie dors het, laat hulle kom en drink! Want wie deur My versadig word, sal in ewigheid geen honger meer hê nie, en wie van My wyn gedrink het, sal nooit meer dors hê nie; want uit sy lendene sal bekers lewende water stroom.’ - Gaan nou na buite en sê dit vir hulle!' [4] Die kneg gaan gou na buite en bring dit woordeliks aan die manne oor. [5] Toe hulle dit hoor, weet hulle nie waaraan hulle toe was nie en vra hulleself af of Ek hulle dalk hier vir niks wou laat eet het, maar hulle vind hulleself te onwaardig om dit aan te neem. [6] Daarom sê hulle, (die sewentig), vir die kneg': 'Doen ons `n guns en gaan nog een keer na binne en sê vir die goeie Heer en Leraar, dat ons nie hierheen gekom het vir ete of drinke nie, maar slegs om van Hom af nog `n paar woorde van lig en lewe te hoor!' [7] Daarop gaan die kneg weer die kamer binne. [8] Maar Ek kom hom self tegemoet en sê vir hom: 'Ek weet al wat jy vir My moet sê. Gaan jy maar weer aan met jou werk, Ek sal wel self met die manne praat!' [9] Die kneg verdwyn, en Ek kom na buite na die manne toe en sê vir hulle: 'Wie ore het, laat hulle hoor en verstaan, en wie oë het, laat hulle sien en verstaan! Julle het hierheen gekom ter wille van die ware spys en die ware drank wat Ek julle wil gee. Voedsel vir die liggaam doen niks vir die ewige lewe van die siel nie, dit doen slegs My woord en julle geloof, en die handeling volgens die woord. My woord is die ware spyse, en julle geloof en julle handelwyse is die ware drank. Kom daarom almal wat vermoeid en belaai is na My toe, want Ek wil julle almal versterk!' [10] Die manne sê: 'O meester, hoe goed en wys is U! As U dit toelaat, sou ons graag in die vertrek wil inkom en daar wag op die geestelike spys van U, o Heer en Leraar; belig ons met `n paar woorde van sterkte om ons op te wek. Maar kyk, by ons is sy wat deur U groot wysheid vandag in die tempel aan die brutaliteit van die Fariseërs ontkom het, en ook haar armsalige eggenoot! Hulle het beide saam met ons

gekom om U nog eens te bedank vir die groot weldaad wat aan hulle bewys is! As U wil, kan hulle ook saam met ons in die vertrek ingaan.' [11] Ek sê: 'Ek het tog in hierdie wêreld gekom sodat almal na My toe sal kom wat op een of ander wyse vermoeid en belas is. Want Ek is `n ware geneesheer, wat na die siekes gaan en hulle help, en is nie na hulle gestuur wat die geneesheer nie nodig het nie. Kom almal dus nou in die vertrek in!' [12] Ek gaan dus weer die vertrek in en almal volg My. [13] Die herbergier het intussen al `n groot bruilofstafel neergesit waaraan die ongeveer sewentig man en die vrou ruim plek kry. Toe almal aan die tafel gesit het, vra die herbergier hulle of hulle iets wou eet of drink. [14] Daarop antwoord een van hulle: 'Vriend, ons is almal min of meer arm en het nie voldoende geld om `n beker wyn te bestel nie; bring ons daarom maar net brood en `n paar kruike water, daarmee is ons ook tevrede! Ons is almal dagloners en lewe van die werk van ons hande. Hierdie tien feesdae is vir ons die slegste tyd, omdat ons dan nie mag werk nie. As ons egter geen werk het nie, het ons ook geen inkomste en dus geen geld waarmee ons, behalwe ons daaglikse brood, nog iets anders sou kon aanskaf nie, omdat die bietjie wat ons gespaar het, al byna op is.' [15] Die herbergier sê: 'Maar julle het tog sekerlik vroue en kinders! Waarvan lewe hulle dan, as dit al so sleg met julle manne gaan?' [16] Die man wat so ewe gepraat het sê: 'O vriend, die geluk is vir ons, behalwe hy wie se vrou by ons is, nie beskore nie! Vroue is daar nou slegs vir die rykes op die wêreld; ons armes kan geen vrou neem nie, laat staan nog onderhou. Kyk, ons is ongetroud en hoef nie vir `n vrou en kinders te sorg nie! In hierdie uiterste slegte tyd kan ons nouliks vir ons self sorg; hoe sou dit dan wel met `n vrou en kinders moet gaan? Dank JaHWeH God dat ons ongetroud is!' [17] Toe sê Lasarus: 'Maar, beste mense, as julle in Jerusalem so knap daarin sit, waarom kom julle dan nie na my toe in Bethanië nie? Daar sal julle werk in oorvloed vind! En by my kan niemand homself bekla dat hy dit ooit te knap het nie.' [18] Die man sê: 'Dit is aan ons bekend; maar ons weet ook dat elkeen uit die verre omtrek na u toe gaan en by u werk en verdienste soek, en daarom durf ons u nie lastig val nie. Maar binnekort sal ons wel van u aanbod gebruik maak.' [19] Daarop gee Lasarus die herbergier opdrag om al hierdie mense ryklik van brood en wyn te voorsien. En die herbergier met sy bediendes bring voldoende brood en wyn. [20] Toe hierdie gaste ook die wyn sien, spreek hulle hulle dank uit, en een van hulle sê vir Lasarus: 'Heer, die drink van die wyn sal goed gaan, maar die betaal sal minder goed gaan! Ons sal die rekening egter beslis na die feesdae terugbetaal.' [21] Lasarus sê: 'Eet en drink sonder sorg; want wat julle hier verteer, is reeds voor betaal!' [22] Almal vra nou wie dit alles al betaal het; want dit wou hulle graag weet om sodoende hulle dank op passende wyse vir die weldoener te bring. [23] Maar Lasarus sê: 'Vra nie daarna nie, maar eet en drink; want die weldoener is al volkome tevrede met julle goeie wil!' [24] Daarop staan almal op en sê: 'Hiermee bring ons dan ons groot dank aan die weldoener wat onbekend wil bly!' [25] Eers toe gaan hulle weer sit en begin om te eet en te drink.

Die rede van die ongeloof van die tempeldienaars 203 Ook ons eet en drink, en die Romeine doen dieselfde en praat baie onder mekaar oor My; hulle kon egter nie so goed verstaan hoe en waarom Ek, met My Goddelike Krag en Mag, vir die handjievol Judeërs uit die tempel kon vlug nie. [2] Ek sê vir Agricola: 'Jy vergis jou as jy dink dat Ek uiteindelik uit angs vir die Judeërs gevlug het! Maar Ek weet waarom Ek dit gedoen het. Dit gaan vernaamlik daaroor dat die volk My herken het en dat hulle ook die slegte, ongelowige, selfsugtige Judeërs beter leer ken het as wat voorheen die geval was. Daarom het hulle hulleself later ook aan hulle vergryp, en het aan hulle `n toejuiging besorg wat hulle hulle lewe lank nie weer sal vergeet nie. Waarom moes Ek My aan die boosaardige mense vergryp, terwyl ek tog vooraf geweet het wat hulle te wagte was, sodra Ek die tempel sou verlaat? Hier sit sewentig getuies wat baie goed weet hoe dit met die woedende Judeërs na My vertrek gegaan het.' [3] Die Romein sê: 'Luister, goddelike Heer, ons as Romeine, het slegs `n beperkte kennis van die godsdiens van die Judeërs, en tog glo ons dat U waaragtig die Messias is wat aan die Judeërs beloof is! Waarom glo juis die Judeërs dit dan nie, wat tog beslis die meeste met U godsdiens vertroud is? Watter rede het hulle om dit nie te glo nie, terwyl hulle tog sien dat talle ander dit wel glo?'

[4] Ek sê: 'Dit doen hulle selfsug, hulle onbegrensde hoogmoed en hulle ewe-eens onbegrensde heerssug. Volgens hulle denke moet die Messias met `n hemelse prag, wat alle begrippe te bowe gaan, en onder donder en bliksem, uit die hemele neerdaal, sy intrek in die tempel neem en die Hoëpriesters, Fariseërs en Skrifgeleerdes beklee met alle mag en alle glans, die Romeine die land uitjaag, en die tempeldienaars aan sy kant met alle mag en gesag uitrus, sodat hy dan weldra oor die hele wêreld kan heers. [5] Omdat Ek egter op `n heel ander wyse, wat reeds voor die skepping van hierdie wêreld presies vasgestel was, uiters armoedig en behoeftig op hierdie wêreld gekom het, glo hierdie blindes nie dat Ek die Beloofde is nie, en hulle haat My omdat hulle goed insien dat deur My al hulle aansien en al hulle mag binnekort verlore sal gaan. [6] Die volk het hulle nou eers goed leer ken en het geen eerbied meer vir hulle nie, wat hulle baie goed opmerk, en hulle probeer daarom steeds of hulle My kan doodmaak. As julle eers goed daaroor nadink, kan julle goed insien waarom die priesters nie in My glo nie. [7] Daar het egter ook al `n aantal priesters na My toe oorgekom, omdat hulle egter besef het dat Ek die Messias is, en hulle sit hier aan My tafel in Griekse kleding en trek, soos My leerlinge, nou al meer as `n halfjaar saam met My rond en is getuie van baie van My onderrig en dade. Vra dit vir hulle, dan sal hulle julle alles vertel! [8] En hierdie twaalf, wat hier die naaste aan My sit, was vanaf die begin van My optrede by My gewees, en weet bykans alles wat Ek onderrig en wat Ek tot heil van alle mense gedoen het. Ook met hulle kan julle praat, en hulle sal niks vir julle verborge hou nie. Maar nou eet en drink ons; later sal ons dan verder praat!' [9] Met hierdie uitleg was die Romeine baie tevrede en Agricola sê: 'Priestervolk hoort tog orals by Pluto! `n Mens sou dit heeltemal moet afskaf en slegs U waaragtige, suiwere goddelike leer aan alle mense verkondig!'

Die opvoeding van die mensdom in die kennis van God 204 Ek sê: 'Vriend, wat jy wens, sal ook gebeur! Maar so maklik soos wat jy dit vir jou voorstel, sal dit egter nie gaan nie. Want die ou priesterdom is al te diep gewortel en dit hef jy nie van vandag tot môre op nie! Daarvoor het jy eeue nodig. En selfs dan sal dit dikwels nog `n vraagstuk wees; en binne `n paar duisend jaar sal hierdie aarde nog lank nie bevry wees van alle priesterdomme en nog minder van alle heidendomme nie. [2] Die wêreldse mense skep behae in die wêreld, en daarom moet `n godsdiens ook heel wêrelds daar uitsien, as dit by die mense wil weerklank vind. [3] Die waarheid sal steeds net bedek aan die mense van hierdie aarde gegee moet word; want onbedek sou die mense haar net so min kan verdra as wat jy die lig van die middagson met oop oë kan verdra. Die mense moet leer dink, vervolgens gaan soek en self vind. En as `n mens die innerlike lig van die lewe nie self gevind het nie, help duisend leraars hom nie en maak dit vir hom uiteindelik niks saak of hy die lig as duisternis of die duisternis as lig beskou nie. [4] Daarom moet `n mens wel `n drang kry om die waarheid te gaan soek, maar moet nie die waarheid ten volle kry nie, want as dit opeens heeltemal duidelik vir hom sou word, sou geen mens dit kan verdra sonder om sy aardse lewe te verloor nie. En dus sal ons by die mense van hierdie aarde ook nog vir `n lang tyd nie met die hele, volle waarheid so vinnig vorendag kan kom nie. Jy is `n suiwer verstandelik gevormde Romein, en Ek kan daarom met jou ook nie anders as baie natuurlik praat nie. Maar oordeel nou eers self of Ek nie heeltemal gelyk het nie!' [5] Die Romein sê: 'Sekerlik; maar ek verstaan tog nie die Wysheid van God nie, en Sy almag nog baie minder! Het Hy dan nie die hele aarde, insluitend die mensdom geskape nie, en hang al die bestaande nie van Hom af nie?' [6] Ek sê: 'Beslis, maar veral ook die ware, innerlike lewensvorming en veral die moontlike, volledige selfstandigheid en eie krag van die geskape lewe van elke mens! En dit kan God slegs langsaam maar sekerlik teweegbring deur Hom so veel moontlik op die agtergrond te hou en slegs baie sag in te werk op die gemoed van die mense. [7] Daarom moet `n mens aanvanklik maar net deur allerlei verskynsels in die stoflike wêreld, en vervolgens selfs deur drome en deur klein innerlike dorinkies, sover gebring word dat hy oor alle verskynsels en waarnemings begin nadink, - en dit geld nie dadelik vir elke mens nie, maar slegs vir hulle wat heel in die geheim deur God daarvoor bestem is. Die ander sal dit eers later hoor van so `n gewekte mens, hulle let ook daarna op en dink ook daaroor na. [8] Eers as besondere gewekte mense baie daaroor begin nadink, word dit toegelaat dat hy vanself op die spoor kom dat daar `n God moet wees, wat alles tot aanskyn geroep het en alles orden en lei. Op hierdie wyse ontwikkel daar langs `n baie natuurlike weg by hom die erkenning van `n almagtige, goeie en alwyse Goddelike Wese.

[9] Eers as die mensdom eenmaal in breë kringe tot hierdie erkenning gekom het, word daar groot openbaringe en meer akkurate vasstellings toegelaat, waaruit die mense al duideliker en met groter vertroue die goddelike wese leer ken, maar waarby hy tog nog `n groot, vrye speelruimte het om alles wat aan hom geopenbaar is, as waarheid aan te neem en daarvolgens te handel, of ook nie aan te neem en nie daarvolgens te handel nie. [10] Wie die openbaring as waar aanneem en daarvolgens sal handel, sal dan ook baie gou tot `n steeds duideliker besef en tot die ware, selfstandige, vrye lewe kom. Wie dit egter nie sal aanneem nie, maar slegs op sy verstand en sy ervaringe vertrou en daarvolgens sal handel, begaan geen sonde nie, maar hy bly tog agter, en hy sal dit vir `n baie langer tyd moet oordoen, voordat hy tot `n suiwer kennis van God en tot vervolmaking van sy innerlike, ware lewe sal kom. [11] Wie egter die volle waarheid van `n openbaring aanneem en dit met sy verstand duidelik insien, maar eiesinnig daarteen ingaan, sondig, en bederf daardeur ook dikwels sy lewe in die hiernamaals vir `n onvoorspelbare lang tyd; want hy besit heeltemal geen innerlike lig nie, omdat hy nóg aan sy absolute verstand, nóg aan die goedverstaanbare openbaring gewilliglik gehoor gegee het. [12] Wanneer `n siel egter op hierdie wyse deur haar eie skuld in die dikste lewensduisternis beland, kan God haar met al Sy almag ook nie help nie, maar moet Hy haar solank in haar eie toestand laat totdat sy, wat altyd nog moontlik is, tog nog iets gaan besef. Is dit die geval, dan het God se liefde en wysheid `n eindelose hoeveelheid passende middele om so `n siel baie ongemerk in orde te bring. En kyk, so staan die verhouding tussen God en alle mense op hierdie aarde, wat daar is om die kinders van God te dra. [13] Hoe die verhouding van die mense van ander aardes tot God daar uitsien, gaan die mense van hierdie aarde heeltemal niks aan nie; eers wanneer hulle, as kinders van God, volmaak sal wees, sal hulle die volste reg van God, hulle Vader, kry om hulle ook daaroor te bekommer. [14] Maar nou laat God vir die mense van hierdie aarde wel die grootste openbaring plaasvind; want meer as Ek Self in `n menslike liggaam, kan ewiglik nooit na die mense van hierdie aarde kom nie. Dit gaan met hom goed wat in My glo, wat hom nie oor My vererg nie en vervolgens so leef en handel soos wat Ek hier duidelik leer! Want wie hom by My woorde sal hou en heeltemal daarvolgens sal leef en handel, sal weldra besef dat hierdie woorde wat Ek vir julle sê en gesê het, geen mense woorde nie, maar goddelike woorde, wat op sigself lewe, lig en ewige waarheid is. [15] Daarom laat ons hulle daar benede hulle gang gaan, ook al wil hulle nie in My glo nie; want daarnaas is daar immers al baie wat in My glo en daardeur die ware, ewige lewe reeds nou volledig in hulle het; want helaas, daar is reeds wat die dood nie sal voel en smaak nie! Ek is `n egte bruidegom, en wie in My glo en My liefhet is waaragtig My bruid! En die bruid sal die ewige lewe net so in haar hê as wat Ek dit in Myself het en wat dit ook kan gee aan wie Ek dit wil. - Verstaan julle dit?'

Die wilsvryheid en die geestelike opdrag van die mens op aarde 205 Die Romein sê: 'Waarlik, U is `n God! Want as U slegs mens was soos wat ek is, sou U nooit so wys kon praat nie. U wonderwerke van gister kry eers deur hierdie woorde van U, asook deur die van vandag in die tempel, die volledige bevestiging dat dit die waarheid is. Ons het al baie oor U in Rome gehoor wat vertel is; maar al die verhale is tog niks in vergeleke met hierdie werklikheid nie. Maar nou moet ons weer eet en drink; want die gehoorde is eindeloos verhewe en diepsinnig, en ons moet dit eers behoorlik verstaan om daarna in staat te kan wees om iets meer van U barmhartigheid en liefde te hoor. Want U praat nie soos wat `n gewone verstandige mens praat oor `n kunssinnige en skitterende gebou nie, maar U praat soos `n boumeester wat die gebou vanaf die grond opgebou het. En daarom moet jy jouself, met wat U sê, goed inspan en dit behoorlik van punt tot punt in jou opneem en verstaan, as jy daaruit vir jou lewe die ware nut wil haal. Daarom hou ons nou `n kleine pouse; die brood en wyn sal dit vir ons makliker maak om tot dieper insig te kom!' [2] Daarna eet en drink die Romeine daar weer vrolik, en ons eet en drink ook. Ook die ongeveer sewentig manne en die geredde vrou eet en drink na hartelus, en praat onder mekaar oor wat Ek vir die Romeine gesê het, en ook oor die getuienis wat die Romein My so openlik en ronduit gegee het. [3] Ook My leerlinge verwonder hulle in `n hoë mate oor die verstand van die Romein en sê: 'Kyk nou eens hoe gou hierdie uitgesproke heiden alles verstaan, terwyl die Judeërs daar benede nog steeds nie die bos vanweë die bome kan sien nie! Dit is tog wel in `n hoë mate vreemd dat sulke mense, selfs ter wille van hulle groot aardse belang, nie vol vreugde die stralende lewenslig wil of kan sien nie!' [4] Een van die dertig Joodse Grieke sê: 'O, hulle sou dit die beste kan verstaan; maar hulle wil dit nie, omdat hulle dink dat hulle daardeur hulle aansien, hulle groot rykdom en hulle goeie lewetjie sal kwytraak. En al daal die engele dan sigbaar uit die hemele na hulle toe af om hulle te vertel dat ons Heer en Leraar die die Messias(Christus) is, dan sal hulle dit tog nie aanneem nie, vanweë dit wat ek so ver na vore gebring het, - en ek weet dit wel die beste, omdat ek weet hoe hulle hulleself ten tye van die vroom

hoëpriester Sagaria gedra het. Ek en talle ander het gesien hoe die engel van God met die vroom man gepraat het en was self volkome daarvan oortuig dat dit `n egte verskyning was; maar die onbegrensde hoogmoed van die ander Fariseërs en hulle selfsug was ver verhewe bo al die waaragtige, en hulle het hom dadelik daarna tussen die offeraltaar en die allerheiligste gewurg. Soos wat dit egter toe was, so is dit tot op hierdie uur nog, en hulle sou selfs ten tye van Moses met JaHWeH die stryd aangeknoop het, as hulle toe sou gelewe het. En dit is nog steeds deur U, o Heer, toegelate priesters en sogenaamde dienaars van God, terwyl hulle tog lankal vir die Satan te sleg sou wees!' [5] Ek sê: 'Laat ons nou daaroor ophou; want Ek het immers juis nou vir die Romeine uitgelê hoe die hele mensdom deur My vir die lewe opgevoed moet word, en die priesters is tog ook mense. Maar hoe erg hulle vrywillige koppigheid ook is om in alle sonde te volhard, dit gee julle tog tewens `n duidelike bewys hoe erg die menslike vrye wil as die enigste kiem tot verkryging van die selfstandige, vrye, ewige lewe van die siel deur God eerbiedig en beskerm word. En omdat dit so eerbiedig en beskerm word, bewys dit ook uitdruklik dat God die mense nie slegs vir hierdie aarde en vir hulle kort lewenstyd geskape het nie, maar vir `n ewige, geestelik lewe, wat egter slegs juis deur die totale wilsvryheid van die siel tydens die kort liggaamlike lewe volkome bereik kan word, - maar dat dit egter ook verlore kan gaan as `n mens tot aan die end vrywillig in sy verstoktheid volhard. Dit wil sê: Die siel sal nooit volledig ophou om siel te wees nie; maar wat se siel, is `n heel ander vraag. Want in die hiernamaals kan die volmaaktheid nie bereik word soos in hierdie lewe nie. Die rede daarvoor het Ek julle al dikwels aangegee. Wanneer ons onsself nou sal versterk het, sal ons verder daaroor nadink en oor die groot barmhartigheid van God praat.' [6] Maar vandag sal daar nog allerlei sondaars en tollenaars en ook `n aantal verklede Fariseërs hierheen kom, wat gehoor het dat Ek My hier ophou. Met hulle sal ons die hande vol hê; - maar laat ons die aanwesige voedsel opeet en daarna weer met ons werk aangaan! Solank Ek nou egter rus en eet, moet julle My nie met enigiets lastig val nie! Laat dit so wees!' [7] Daarop eet en drink elkeen in stilte op wat hy nog aan spys en drank gehad het, en was die sitting aan tafel baie gou ten einde.

Oor sonde en offer 206 Dit was nog nouliks drie uur voor sonsondergang toe ons van die tafels af opstaan en na buite gaan. Ongeveer `n kwartier lank loop ons ietwat op die berg rond en gaan toe onder `n groep olyfbome sit. Intussen kom daar al baie mense die berg op, wat aan die bediendes van die herberg vra of Ek My dalk daar bevind. Die bediendes bevestig dit en wys na waar Ek My bevind. Omdat die aankomelinge egter baie mense om My heen sien, durf hulle nie na My toe kom nie. [2] Maar Ek sê vir Lasarus: 'Laat die mense hierheen kom; want dit is hulle, van wie Ek daarbinne gesê het dat hulle sou kom. Hulle soek My, en daarom sal hulle My ook vind.' [3] Lasarus gaan daarheen en sê dit vir hulle, en hulle kom aarselend na My toe. [4] Toe hulle by My kom, staan Ek op en vra hulle waarom hulle na My toe gekom het. [5] En `n tollenaar skep moed en sê: 'Heer en Leraar, ons is groot sondaars, wat vanweë ons amp al `n aantal jare nie die feeste, offers en prediking van die tempel kon bywoon nie; maar vandag was ons ter wille van U in die tempel en het U woorde gehoor. Deur hierdie woorde het ons baie verlig geword en ons het tot die oortuiging gekom dat U ongetwyfeld die beloofde Messias is, alhoewel die Fariseërs U nie as sodanig wil of verlang om te erken nie. [6] Ons het egter uit U waaragtige woorde opgemerk dat U Self nie so besonder baie vir die tempel oor het nie, en daarom wil ons U, Waaragtige, vra hoe ons van God vergewing van ons groot sondes kan kry. Wat sê U, Heer en Leraar, oor ons sondes? Kan ons nog hoop dat God ons barmhartig sal wees? U het tog in die tempel gesê dat almal wat vermoeid en belas is, na U toe moet kom en dat U hulle dan sal verkwik, en daarom het ons nou ook na U toe gekom om die ware verkwikking van U met sekerheid te ontvang.' [7] Ek sê: 'Luister, wat Ek vandag in die tempel gesê het, geld ook vir julle hier op hierdie berg! Wie sondig, is `n kneg van die sonde, en die waarheid is nie in hom nie; en waar geen waarheid in die mens is nie, is ook geen vryheid nie. [8] Dat julle vanweë julle amp die tempel en sy dienste nie besoek nie, sal helaas nie julle grootste sonde wees nie; maar baie dikwels het julle die armes wat julle tolhuis moes oorsteek, te swaar belas, en dikwels het julle hulle wat vir julle werk, die loon vir hulle dienste teruggehou. Kyk, dit is waaragtige sonde en wie dit begaan, kom nie in die hemel nie, maar in die oordeel en die dood! [9] Want wie geen liefde vir sy naaste het nie, het nog minder liefde vir God, wat hy tog bo alles moet liefhê. Want hoe kan hy wat sy naaste nie liefhet nie wat hy sien, God liefhê wat hy nie sien nie? Die liefde vir God en daaruit die liefde vir die naaste is egter die lewe van die siel; wie die liefde nie het nie, het in homself ook geen lewe nie, maar slegs die oordeel en die dood. [10] Ek sê nou egter vir julle dat wat My aanbetref, julle sonde vergewe is, omdat julle dit erken, berou en

verafsku het; maar vir volledige vergewing van julle sonde is dit ook absoluut noodsaaklik dat julle soveel moontlik diegene wat deur julle op enigerlei wyse te kort gedoen is, die skade sal vergoed, en dat julle in die vervolg nie meer sondig nie. Wie nie tot op die laaste sent alles sal betaal wat hy sy broers en susters skuldig is nie, sal nie later in die ryk van God binnegaan voordat hy nie goedgemaak het wat hy aan sy broer gesondig het nie. Doen dit, dan sal julle die ewige lewe ontvang, en dan is julle sonde volledig vergewe! [11] Niemand kan egter vir God en die mammon van hierdie wêreld gelyktydig dien nie; want wie die mammon soek en liefhet, kan God nie liefhê nie. Wie God egter nie liefhet nie, het geen egte lewe uit God in hom nie, maar slegs `n skynlewe uit die vors van hierdie wêreld, wat in homself dood is en niemand ooit iets anders as slegs die dood kan gee nie, wat sy wese vir ewig is. Julle weet nou wat julle te doen staan; doen dit dus en julle sal tot in ewigheid lewe!' [12] Die tollenaar sê: 'O Heer en Leraar, ons dank U uit die diepste van ons hart vir hierdie groot troos! Ons sal alles daaraan doen om alles baie sekuur uit te voer, maar vra U tog nog of U ons nog heel barmhartig advies wil gee. Kyk, ons het as Judeërs baie teen die tempel gesondig! Bedoel U nou dat ons die tempel ook alles moet vergoed wat ons deur ons afvalligheid nagelaat het?' [13] Ek sê: 'Ook dit kan julle doen, - maar God hou geen rekening daarmee nie; want by God geld niks anders as `n suiwer, sagte, deemoedige en liefdevolle hart nie. Wat julle egter in plaas daarvan kan doen, is dat julle dit met mate en oordeelkundig aan die armes kan gee, en veral aan die arm weduwees en wese; want dit is vir God welgevallig. Maar om die tempel nog ryker te maak as wat hy alreeds is, het by God nie die minste waarde nie. [14] Weet julle wat daar in die profete staan oor die verering van God in die tempel? Kyk, so staan dit in die profete: 'Die volk eer My met die lippe, maar sy hart is ver van My!' Ek sê vir julle: Alle groot offers, insluitend die brandoffers, is `n gruwel voor God; want Hy het dit alles nie nodig nie. Want waarom sou jy God aardse dinge gee, wat jy tog self eers van Hom gekry het?! God het die brandrook van geslagte diere nie nodig nie; maar as julle Vader het Hy van julle, Sy kinders, die brandende liefde van julle harte nodig. - Het julle dit nou goed verstaan?' [15] `n Fariseër wat agter gestaan het, wat egter verkleed was, sê toe om My te versoek: 'Heer, as offers dan vir God heeltemal geen waarde sou hê nie, waarom het Moses en Aäron dit dan op bevel van JaHWeH ingestel?' [16] Ek sê: 'Om vir julle `n beeld te gee van die offer van Hom wat Hom nou in hierdie tyd vrywillig vir alle mense uit suiwer liefde opoffer. Maar die brandoffer en die slagoffer was ook ingestel as getuienis teen julle, sodat julle julleself altyd daarmee sou kon herinner dat julle steeds sondaars was en afvallig van die ware God en daarom `n soenoffer nodig gehad het wat julle as sprekende sinnebeeld altyd sê, dat julle julle deur julle talle sondes van God afgewend het en `n middelaar nodig het, wat julle weer met God kan verbind en verenig. [17] En daarom het die ingestelde offer maar net waarde as lering. As julle dit bring, het dit ook heeltemal geen daadwerklike waarde wat uiteindelik ook vir God sou geld nie, maar het vir julle slegs die waarde van `n onderwysende, bindende woord van God, in `n ooreenkomstige teken gegee wat sekerlik vir `n wyse mens baie goed verstaanbaar is. Wie dit verstaan, besit dan ook alles wat die teken leer. As die teken egter ook vir die mens by God waarde moet hê, dan moet hy vanuit sy hart handel ooreenkomstig die geestelike sin van die teken. [18] Die eintlike, geestelike sin van die offer wat julle nou nog steeds, maar heeltemal blind en sinloos bring, en dit daarom ook vir glad niemand meer enige waarde het nie, bestaan egter daaruit dat julle God bo alles en jou naaste soos jouself moet liefhê, en dat julle nie allerlei ontug, hoerery en egbreuk sal pleeg nie. - Verstaan jy dit?' [19] Toe rek die Fariseër sy oë groot oop en sê vir hulle wat naas hom staan: 'Wat dink julle daarvan, wat sê die man en wat leer hy?' [20] Die gevraagde sê: 'Die man het `n helder verstand, dit is seker, maar nou sal ek hom eers `n vraag stel, en dan sal ons wel sien wat hy daarop te antwoord sal hê.' [21] Daarna rig hy hom tot My en praat: 'Heer, dit het u goed gesê; maar as mens die naaste moet liefhê as jouself, doen hom die vraag voor, wie dan eintlik my naaste is.' [22] Ek sê: 'Allereers elke mens wat op een of ander wyse jou hulp nodig het, en ten tweede ook elke vreemde, ook al is dit `n heiden van die ander end van die wêreld. Maar Ek sal julle `n gelykenis gee, dan kan julle beoordeel wie nou presies julle naaste is.' [23] Daarop vertel Ek hulle almal die gelykenis van die barmhartige Samaritaan en vra toe aan die vraesteller: 'Wie was nou die naaste van die halfdood geslane man?' [24] Hy sê: 'Die wat hom gehelp het!' [25] Ek sê: 'Goed, gaan dan heen en doen iets soortgelyk, dan sal jy aan God `n baie welkome en ware

offer bring, wat beter sal wees as julle brand- en slagoffers!' [26] Daarop sê geeneen van die verklede Fariseërs meer iets nie; maar alle ander prys God dat Hy hierdie wysheid aan een Mens gegee het.

Die beskouing van die Heer oor Jerusalem en die eindtyd van die aarde. Die duisendjarige ryk en die vuuroordeel 207 Ek rig My nou heeltemal op en gaan met die leerlinge ietwat verder op. Daar was ter wille van die mooi uitsig `n aantal banke en andersoortige sitplekke gemaak. Op die plek staan Ek stil en gaan sit. Van daar af oorsien `n mens Jerusalem die beste. [2] Die leerlinge kyk na die mooi stad en Johannes sê weemoedig teenoor My: 'Heer, my liefde, is dit nie `n ewige sonde van hierdie stad dat sy volgens U voorspelling binnekort so jammerlik verwoes sal word nie?' [3] Ek sê: 'Geliefde Johannes, jy het hier op hierdie plek `n baie steekhoudende opmerking gemaak, en ook Ek kry trane in My oë daarvan. Maar wat kan nog verder daaraan gedoen word?! Kyk, om ter wille van die behoud van hierdie mure alle inwoners deur `n engel van die verderf te laat dood, sou sekerlik nie baie wys wees nie, maar baie betreurenswaardig; want daar lewe nou immers nog verskeie duisende mense binne hierdie mure wat met verloop van tyd tog nog in My sal glo! En kyk net na die ongeveer sewentig man, en al die tollenaars en die verklede Fariseërs en Skrifgeleerdes; hulle sal reeds vandag al heeltemal in My glo, en so is daar ook nog baie onder die volk wat hierna nog bekeer kan word. Daarom moet hierdie plek ook solank gespaar bly vir elke te groot uitvallende oordeel. Maar wanneer alle goeie vissies uit hierdie vywer uitgehaal sal wees, en nog net adders en weersinwekkende paddas daarin sal rondswem, dan sal die oomblik aanbreek om die ellendige moeras deur vuur en aardbewing te demp. [4] O, kyk nou net na hierdie hele omgewing! Hoe het dit daar tienmaal duisendmaal duisend jaar gelede uitgesien?! Toe was daar nog baie weinig vaste grond, en daar was nog geen spoor van al hierdie berge en dale nie, wat nou so weelderig begroeid is. Eers deur latere, vele duisende jare durende, vir julle verstand onvoorspelbaar grootse en bykans oor die hele aarde woedende vuuruitbarstings, het die aarde langsaam maar sekerlik aan hierdie vorm gekom. [5] En kyk, net soos die natuurlike vorming van die aarde plaasvind, so gaan dit ook die geestelike vorming van die mens! Nou is die harte van die mense nog almal vol woedende storms en wilde uitbrekende vuur. Die wildste hartstogte laai op en verwoes alles in en bo homself. Maar dit kom weer reg, - want daar sal `n tyd kom waarin al die hartstogte sal verander in `n rustige en vrugbare bodem, en eers dan sal dit volkome lig en vreugdevol by die mense word! Maar daar sal altyd `n geringe aantal waaragtige, goeie en suiwer mense wees, as wat daar mense sal wees wat hulle steeds min of meer deur hulle wêreldse hartstogte laat beheers. [6] Die beter tyd sal duisend en meer jare duur en sal lyk soos die huidige gesteldheid van die aarde, wat nou, slegs deur weinige storms belaai, haarself in `n periode van sekere rus en orde vol weelderige, vrugbare velde bevind, maar daarnaas tog baie meer onvrugbare en stormagtige woestyne tel as rustige en vrugbare lande, - afgesien van die groot oseaan. [7] Maar na die meer as duisendjarige tydperk, sal die aarde opnuut `n groot vuurproef moet deurstaan. In die tyd sal die berge op hierdie aarde ook vlak en vrugbare land word, en die see sal `n groot deel van die dooie land, wat nog in haar dieptes begrawe lê, moet teruggee, en die beter mense sal dit in besit neem en binne `n kort tyd tot `n paradys omvorm. Daar sal dan vir altyd, tot by die volledige ontbinding van die hele aarde, ware vrede heers en die dood sal nooit of te nimmer meer enige reg hê nie. [8] Maar soos wat die berge van die aarde eers `n vlak land sal word, so sal die mense ook hulle hoogmoed deur harde beproewinge heeltemal moet aflê, omdat dit andersins op aarde nooit by die mense tot ware, innerlike vrede sal lei nie. Want oorlog kom maar net voort uit die hoogmoed van die mense; as die hoogmoed verdwyn, dan verdwyn afguns, nyd, gierigheid, haat, ontevredenheid en daarmee alle twis, rusie, stryd en oorlog ook. [9] En so sal hierdie wêreldberoemde en byna oudste stad, vir die mure waarvan die groot koning van Salem reeds die basis gelê het, en dit nou `n hoë hoogmoedsberg geword het, moreel en materieel baie verneder en tot `n vlak land verlaag word. Dit sal met haar gaan soos met `n ou, hoë seder, wat, omdat hy dor, verrot en dood is, tydens `n storm afbreek van sy vrot wortels af en dan deur die houtkappers in stukke gesaag word, met die byl gekloof en in die vuur verbrand word. [10] By die boom was sy natuur die oorsaak, by die mens is dit egter sy bose wil, wat ook die mees wyse wet nie wil opvolg nie, soos wat die Hanogiete eens deur hulle tomelose ongehoorsaamheid die sondvloed oor hulle gebring het, waarin hulle almal in hul boosheid omgekom het. Hoeveel duisende keer is hulle nie deur My, via `n aantal sieners gewaarsku om die berge met rus te laat nie! Maar niemand van hulle het daarop gelet nie. Hulle het geëet, gedrink, geswelg en gesondig op alle moontlike maniere, hulle was vry

en het groot huweliksfeeste gehou totdat die vloed van alle kante oor hulle geval en hulle almal verdrink het. So sal dit ook hier gaan. [11] Die meer as hoogmoedige slanggebroedsel sal hulle mettertyd in hulle blindheid en magswaan bo die Romeine verhef en hulle uit die land wil verdrywe. En dit sal hulle einde wees. Die veldheer, en later tewens keiser, is al gebore wat hierdie stad en haar volk die genadeslag sal gee. [12] En teen die einde van die tyd van hierdie aardse bevolking - en dus nie van hierdie aarde nie - sal dit presies so gaan: Die mense sal in die tyd weliswaar geen berge tot hulle diepste fondamente afgrawe nie, soos wat die goud en edelstene soekende Hanogiete dit gedoen het nie, ook sal hulle geen Romeine meer teen hulle die harnas in kan jaag nie; maar hulle sal deur allerlei masjiene, deur die krag van vuuraandrywing, begin om via ongelooflike diep skagte en gate in die binneste van die aarde te dring, waardeur baie brandbare gasse in groot massas na die oppervlakte van die aarde sal kom. En as die atmosfeer te veel met sulke gasse versadig sal word, sal dit bykans rondom die hele aarde ontvlam en alles tot as verbrand. Slegs min mense sal daarby in die lewe bly. Maar wat sal oorbly, sal dan ook egte mense wees. Hulle sal dan werklik`n hele hernieude aarde bewoon, en julle en baie wat na julle toe sal kom en in My Naam gewek sal word, sal hulle leraars en leiers wees. [13] Eers dan sal My ryk, wat heeltemal oor hierdie aarde uitgebrei sal wees, tot stand kom, en die mense van die son sal met My kinders van hierdie hernude aarde, `n volledige gelykberegtigde gemeenskap vorm en opgroei in die liefde van My ware kinders. [14] Maar hou dit wat Ek nou vir julle gesê het, vir julleself; want in hierdie tyd sou dit niemand enige seën bring as hulle dit alles ook presies sou weet nie. Op die regte oomblik sal Ek dieselfde mense, sodra hulle diepere dinge kan verdra, uitvoerig meedeel. - Het julle nou almal alles goed verstaan?' [15] Johannes sê: 'Heer, My enige liefde, dit het ek goed verstaan; want U het dit weereens baie duidelik gesê, en daarom kon ek U ook baie goed volg! Of die ander broers dit ook alles so verstaan het, sal hulle natuurlik self die beste weet!' [16] Toe sê almal behalwe Judas, dat ook hulle alles baie goed verstaan het. [17] Slegs hierdie leerling (Judas) sê, 'Heer, ek verstaan nie alles nie!' [18] Ek sê: 'As dit vir die ander broers duidelik is en nie vir jou nie, terwyl jy jou nog altyd die meeste laat voorstaan op jou verstand, gaan dan na die broers, dan sal hulle jou die onbegryplike wel begryplik maak! Deemoed verstaan alles eerder as starre, eiesinnige hoogmoed, wat, as jy nog langer daaraan toegee, jou duiwel, jou regter en jou dood sal wees. Wat het jy meer as al die ander, dat jy jou so daarop kan laat roem?! Verdeemoedig jouself, sodat jy die strikke van die Satan kan vryspring!’ [19] Toe draai Judas hom om en gaan na Nathanaël toe, waarmee hy nog die beste klaargekom het, en vra hom die een en ander wat hy voorheen nie verstaan het nie, en Nathanaël lê dit vir hom uit. En toe hierdie leerling dan ook so ongeveer verstaan wat Ek daarmee aan die leerlinge voorspel het, maak hy asof hy aan die slaap raak en vra niks meer nie. [20] Een van die Joodse Grieke, wat ook by My was, vind egter dat dit miskien tog geen kwaad kan doen as mens die ander Judeërs ook iets daaroor sou vertel nie. [21] Ek sê: 'Wat uiteindelik nodig is, sal hulle nog wel op die regte tyd ervaar; hulle hoef egter beslis nie te alles weet nie. - Maar daar kom ons Lasarus. Ons wag hom hier in! Hy het baie met die verklede tempeldienaars bespreek en nou sal ons sien wat hy vir ons te sê het.'

Die verhaal van Lasarus oor die ongelowige Fariseërs 208 Lasarus kom gou en sê: 'Heer en Leraar! Dit spyt my ontsettend dat ek nie hier by U kon bly nie; maar ek besef dat U rus wou hê, en daarom het ek na die volk teruggegaan om hulle teen te hou, sodat hulle U nie dadelik agterna kon gaan en U in U rus sou steur nie. Natuurlik word daar oor niks anders gepraat as net oor U nie, en wel baie ten gunste van U en weinig ten nadele van U. [2] Die Romeine het die groep verklede tempeldienaars op `n baie indringende wyse bewerk, sodat hulle uiteindelik niks meer ingebring het nie. Twee kon wel eens daar naby gewees het om in U te glo, maar die ander het dit nog steeds daaroor deurdat daar uit Galilea geen profeet kan opstaan nie. Maar die geredde vrou het dit baie goed geantwoord deur te sê: 'U het heeltemal gelyk, want daar staan werklik geskryf dat daar uit Galilea geen profeet sal opstaan nie, maar hierdie man is immers geen profeet nie, Hy is die Messias, dus die Heer Self, wat Hom voorheen deur die profete aangekondig het! Daar staan egter nêrens geskryf dat die Messias nie Self uit Galilea sal opstaan nie! Bowendien het ek juis nou gehoor dat hierdie manne vertel dat juis hierdie Heer en Leraar, wat U vervolg en aan wie u nie wil glo nie, nie êrens in Galilea nie, maar in Bethlehem in Judea gebore is en op die agtste dag na Sy baie gedenkwaardige geboorte in die tempel besny is en die Naam Jesus uit Bethlehem gekry het. Maar as die dinge met betrekking tot hierdie Elohimmens nou so staan, hoe kan u dan sê dat daar geen profeet uit Galilea sal opstaan nie?

[3] Heer, toe hierdie bekoorlike vrou die tempeldienaars bewerk het, kry hulle van alle Romeine, en die ongeveer sewentig man en ook van alle aanwesige tollenaars volledige byval, en hulle daag die tempeldienaars uit om die deeglike toespraak van die vrou te weerlê; maar geeneen van hulle kon haar enige teëspraak gee nie en dus behaal die vrou vir die volk `n behoorlike oorwinning oor die wyse Fariseërs en Skrifgeleerdes, - wat `n ware balsem vir my hart was. Daarom het ek die vrou en haar man ook dadelik beloof dat hulle daarvoor hulle lewe lank by my versorg sal word met alles wat hulle nodig sal hê, - waaroor dit die tempeldienaars wel tot nadenke laat stem het, maar waaroor hulle verder niks durf te gesê het nie. [4] Toe rig die Romein, Agricola homself tot die tempeldienaars wat die mees ongelowigste was, en sê: 'Vriende, dit is werklik baie vreemd en vermaaklik van julle! Julle as priesters en leraars van die volk is tog sekerlik goed op hoogte van julle geskrifte en leringe, waarin juis baie duidelik oor hierdie Man geskryf word. Alle omstandighede waaronder julle Messias na julle toe sal kom en wat in die profete genoem is, is haarfyn van toepassing op hierdie man en stem met alles ooreen. Hoe kan julle dan nog sê dat hy nie die Een is waarvoor hy Homself deur woord en daad, vir elkeen sigbaar sonder enige terughoudendheid, uitgee nie?! [5] Julle is tog ook mense en het voldoende geld, sodat een van julle hom die beste in goud en kant sou kon klee. En in keiserlike prag geklee sou hy homself aan die volk kon voorstel en sê: 'Luister volk, ek is die beloofde Messias van die Judeërs!' - helaas, dit sou selfs die sluuste en vermetelste van julle nie durf doen nie, omdat hy al vooruit sou weet hoe so `n verklaring deur die volk en deur sy vroeëre kollegas opgeneem sou word. Wie gee dan hierdie onopvallende, heel eenvoudige man die moed om aan julle en die hele wêreld te verkondig dat juis Hy die beloofde Messias van die Judeërs is en eintlik van alle mense van hierdie aarde?! En wat Hy oor Homself sê, bevestig Hy deur woord en daad. As dit nou voor alle oë en ore van die mense gebeur, - waarom glo julle dit dan nie? Waarom kan ons heidene dit dan sonder enige twyfel glo - en waarom julle nie? Omdat julle vol hoogmoed en vol van die allerlaagste eieliefde sit! [6] Daarvan het ons Romeine egter nog nooit las gehad nie, want by ons geld nog steeds die ou regsbeginsels: Gee elkeen wat syne is, beledig en bedrieg niemand nie, en leef deugsaam! Ondersoek alles en behou die ware en die goeie, en wat jy doen, doen dit verstandig en dink aan die gevolge! - Aan hierdie beginsels van ons hou elke opregte Romein hom en hy staan met sy hele siel vir al die groot en wonderbare oop. Julle glo van julleself dat julle sondermeer al tipe gode is; en as daar by julle iets opduik wat werklik goddelik is, haat julle dit meer as die dood en wil julle niks daarvan weet of hoor nie. Ja, wat se soort mense is julle dan?' [7] Daarop sê een van die verklede manne: 'Ja, ja, vir julle Romeine, wat nou ons meesters en gebieders is, is so `n swak Messias, wat Homself meer met julle as met ons ophou, natuurlik goed van pas, en julle sal begryplikerwys altyd met so iemand ingenome wees; maar as die ware, magtige Messias sal kom, sal hy julle uit die land verdryf en Self heers in ons land, en dan weldra ook oor die hele wêreld!' [8] Toe hou die Romein homself in en sê baie beheersd: 'Dat julle die messias vir julleself so voorstel, is vandag aan ons tydens die maaltyd deur die Messias, waaraan julle nie glo nie en wat julle nie aanneem nie, presies aangetoon. Maar ek sê vir julle: Op so `n Messias sal julle tevergeefs wag! As julle egter beweer dat hierdie Messias ons Romeine te pas kom omdat Hy swak is en geen mag het nie, dan is julle kwaadwillige leuenaars en verloën julle dit wat julle maar al te goed van hierdie man af weet! Ek sê vir julle: Hierdie Een het eindeloos meer mag en krag in Sy wil, as alle ryke van die hele wêreld, ook al is hulle hoe magtig! Dit weet ons en dit is aan ons bekend, omdat ons dit van baie geloofwaardige oog- en oorgetuies tot selfs in Rome gehoor het. En julle is hier en sê ons Romeine onbeskaamd in ons gesig dat ons Hom goedgesind is vanweë Sy swakte?! Nou, wag maar, as Hy terugkom sal ons Hom vra om julle `n voorbeeld van Sy almag te gee, dan sal ons eers sien of julle nog sê dat Hy swak is!' [9] Toe swyg die verklede manne, en die Romeine bespreek onder mekaar wat hulle sou doen; want die saak met die verklede manne skyn hulle nie onverskillig te laat nie. [10] Omdat ek duidelik kon sien dat `n paar heethoofdige Romeine uit die groep die onbeskaamdheid van - sê maar - slegs twee verklede Fariseërs baie hoog opneem, sê ek vir hulle: 'Beste manne uit Rome, die groot keiserstad! Let tog nie op die sinlose gepraat van hierdie twee blindes nie! As hulle ook maar `n bietjie helder verstand sou gehad het, sou hulle so-iets sekerlik nie gesê het nie. Ons almal, en om ons, is tog ook Judeërs, en ons Heer en Leraar is dit ook, en ons het hoogagting vir julle en is die wyse regering in Rome baie dank verskuldig; want hulle is ons beskutting en beskerming teen die onderdrukking deur die tempel en deur die landpagter Herodus, wat dikwels alle perke te buite gaan. Ons weet wat ons aan die Romeine het; maar hulle, wat dink dat hulle hulle eie baas is, weet dit nie of wil dit nie weet nie, let dus maar nie op hulle praatjies nie! Maar ek sal die Heer Self op my knieë vra om hierdie blindes `n proesel van Sy mag te gee, sodat hierdie dwase u nie kan verwyt dat u Hom maar net vanweë Sy swakte steun nie!' [11] Met hierdie woorde kalmeer ek die Romeine en eers daarna kom ek hierheen, en vra ek U dan ook of

U nie vir al hierdie blinde Fariseërs wil wys dat U geen swak, maar `n almagtige sterk Messias is nie!'

Die wonder in die herberg 209 Ek sê: 'O, vriend en broer! Hierdie mense wat deur hulle eie bose wil blind is, weet maar al te goed dat Ek baie magtig is, en hulle het geen groter bewys van My Wysheid, Krag en Mag nodig nie, want hulle haat My juis omdat hulle bang is vir My, vanweë My Wysheid en Mag. Daarvoor is dit egter nie nodig om hierdie blindes `n nuwe bewys van My Mag te gee nie; maar ter wille van die Romeine sal Ek heel onverwags tog iets doen, om die Romeine daardeur iets teen hulle in die hande te gee. - Maar omdat die son al naby die horison staan, breek ons op en gaan ons na binne. Wie ons wil volg, die sal ons dan wel in die huis vind, want buite sal Ek vandag nie meer praat of iets doen nie. Laat ons dus na binne gaan!' [2] Lasarus sê: 'Heer, my huis het weliswaar `n groot saal, maar of dit al die mense wat nou hier is, sal kan bevat, dit weet ek nie!' [3] Ek sê: 'Bekommer jou nie daaroor nie, want daar gaan baie mak skape in `n kraal in! Van die twee ietwat skurfagtige Fariseërs sal dit nie afhang nie. Kom nou!' [4] Toe stel ons onsself in beweging en was baie gou binne aan ons tafel waarop daar reeds brood en wyn op was. Ons het nog maar net gaan sit, toe die mense, wat voorheen buite nog baie lewendig gedagtes verwissel het, almal die groot eetsaal binnekom; maar ondanks hulle groot getal was daar tog ruim voldoende plek, en Lasarus en sy herbergier verwonder hulle daaroor. [5] En die herbergier sê: 'Of die mense het kleiner - of die saal het groter geword! Soveel mense het ek nog nooit in hierdie een saal bymekaar gesien nie! En waar het al die netjiese opgestelde tafels en stoele vandaan gekom, en waar kom soveel brood en wyn opeens vandaan? Ek het nog geen druppel wyn en ook geen stukkie brood opgedien nie. Hoe het dit dan gebeur? Het u heimlik die bediendes opdrag gegee om dit te doen?' [6 LASARUS sê: 'Ek sekerlik nog minder as jy! Dit het die Heer dus weer so gereël met Sy almagtige wil. Ek en die Romeine het Hom vanweë die blinde, verklede, hier aanwesige Fariseërs vir `n teken gevra, en soos wat ek nou duidelik sien, het Hy dit ook al baie ongemerk gedoen. Kyk maar eers na die tafel van die Romeine! Hulle wynkruike is van suiwer silwer en hulle drinkbekers van blinkende goud! Het jy dalk so-iets om jou gaste mee te bedien?!' [7] Toe rek die herbergier sy oë groot op, maar die Romeine nog groter. [8] Agricola was buite homself van bewondering oor die onderskeiding en sê vir Lasarus: 'Vriend, waarom eer jy ons eers vanaand op hierdie wyse en waarom het jy dit nie al gisteraand en vandag oordag gedoen nie? Want dit is tog so `n skitterende eerbewys, dat diegene wat dit besit, dit uitsluitend vir `n keiser sal doen.' [9] Lasarus sê: 'Beste vriende! As ek die tafelgerei gister en vandag gehad het, sou ons u steeds daarmee bedien het; maar dit het heeltemal sonder dat ek dit weet hier in die huis gekom en is op u tafel geplaas, en daarom dink ek dat dit reeds die genoemde kragproef sal wees vir hulle wat aan Sy mag twyfel! [10] Alles wat hier gebeur is nou wel baie wonderbaarlik. Kyk eers na al die tafels in die saal! Hulle is daar, en nóg ek, nóg my herbergier weet waar hulle vandaan gekom het! Ook staan daar op alle tafels groot hoeveelhede brood en wyn, en nóg die een, nóg die ander het die herbergier of ek of een van ons bediendes op `n tafel gesit! Bowendien weet ek maar presies vir hoeveel gaste hier in die uiterste geval plek is. Nou is daar sekerlik vyf keer soveel gaste, en tog sien die saal, wat werklik baie groter is, nog presies dieselfde daaruit! As ek eers goed oor hierdie saak nadink, is dit alles tog wel iets meer as kragproef van die suiwer wil van ons Heer en Leraar wat deur u aangevra is!' [11] Die Romein, wat byna omval van verbasing, sê: 'Ja, vriend, ek glo dat jy heeltemal gelyk het! Want ook al sou jy op `n verborge wyse vir ons die kosbare vaatwerk uit Bethanië hierheen kon laat bring het, waarby ons, met so `n dertig, tog sou gemerk het dat daar iets in die huis ingebring word - tensy jy van hier na Bethanië `n onderaardse gang het, wat baie te betwyfel is, - dan sou jy in die paar uur tog nooit al die tafels en stoele kon laat haal en die saal kon vergroot het nie! En dus is dit waarlik `n ongehoorde wonderwerk, en die Een wat dit tot stand kan bring, is `n God en geen mens meer nie!' [12] Die vyf Fariseërs en sommige Leviete wat bymekaar staan staar slegs en weet nie wat hulle daarop moes sê nie. [13] Omdat dit egter baie gou behoorlik donker in die saal geword het, moes daar ligte aangesteek word, wat altyd sommige besware saambring, want mense het in die tyd nie sulke aanstekers gehad soos vandag nie. As die sogenaamde ewige lig, wat elke huis het, uitdoof, dan moes mens na `n buurman gaan en daar gaan vuur leen, of `n mens moes bepaalde droë stokkies so lank teen mekaar vryf totdat hulle begin brand. Hierdie keer was die vuur egter ook in dié huis heeltemal gedoof, en die bediendes het die genoemde stokkies gewring, wat hierdie keer egter nie wou brand nie. En so word dit steeds donkerder, en niemand kon lig maak nie.

[14] Toe kom Lasarus na My toe en sê: 'Heer, in die hele huis is die vuur uitgedoof en nou kan ons geen lig maak nie! Vir U is alles tog moontlik; as U wil, maak U dan lig!' [15] EK sê: 'Sit die lampe dan op die tafel en bring ook die muurlampe, dan sal Ek sien of ons kan vuur maak!' [16] Alles word neergesit en in orde gebring en Ek sê: 'Soos wat in die eerste boek van Moses geskryf staan, praat God teen die duisternis: 'Laat daar lig wees!', en dit word lig in die skeppingsruimte, so het Ek ook die mag om te sê: Laat daar lig wees in hierdie hele saal en in die hele huis!' [17] Sodra Ek dit gesê het, brand alle lampe oombliklik in die hele saal en ook in die hele huis, en in die kombuis brand die hout in die stowe sodat die kokke kon begin met die klaarmaak van die ete. [18] Toe die Fariseërs dit sien, was hulle heeltemal oorbluf, kyk na die Romeine en wag vir wat hulle uiteindelik oor die gebeure sou sê. Maar die Romeine was self heeltemal sprakeloos van pure verbasing, sodat daar byna `n halfuur verstryk het voordat iemand weer iets gesê het. [19] Maar toe staan Agricola op, loop na die tafel waar die verklede manne heeltemal apart sit en sê vir hulle: 'Sê my eers hoe die swakte van hierdie ware Messias julle beval! Noem julle dit nou ook nog `n swakte, of kan julle miskien dieselfde doen slegs deur julle wil? Kan julle ook sulke kosbare drinkgerei skep en met kostelike wyn vul? Kan julle ook heerlike brood uit die lug te voorskyn toor, en tafels en banke? Julle tafel en julle banke en stoele is tog egter wel stewig genoeg, en hulle is nie gemaak nie, maar slegs geskape deur die wil van Die Ene, van wie julle beweer dat ons Romeine Hom maar net goedgesind is, omdat ons in `n sekere sin van Sy swakte niks te vrees sou hê nie. Wat sê julle nou daarvan?'

Die twyfel van die Fariseërs oor die Heer as Messias 210 Daarop sê `n Fariseër baie verleë: 'Dit is alles baie besonders, en ek het nog nooit ooit gehoor dat mense so-iets gedoen het nie! Maar ons het wel meer towenaars gesien wat ook onbegryplike dinge tot stand gebring het, - hetsy met natuurlike middele, of ook met behulp van diensbare geeste, dit kon ons nie beoordeel nie, en dus kan hierdie man ook geheime besit wat hy hom uiteindelik deur sy groot talent sy eie gemaak het, en wat hy aan niemand openbaar nie. As mens dan so `n man as God kan aanneem, moet mens wel baie en eintlik wel heeltemal alles ondersoek, en daaruit eers uitmaak wat mens nou presies in hom het. Ek bestry nie die moontlikheid dat hy die ware Messias kan wees nie, maar om dit sonder `n behoorlike ondersoek aan te neem, is altyd `n bedenklike saak. [2] By ons Judeërs bestaan daar volgens die wet slegs één God waaraan ons moet glo, en ons mag geen vreemde gode naas Hom hê nie. As ons hierdie man ook as God aanneem, wat moet ons dan met die ou wet doen? Dan moet ons in twee gode glo, ten eerste aan `n sigbare wat hier vlakby ons is, en vervolgens aan die onsigbare, waarvan tewens gesê word dat geen sterfling Hom kan sien en daarby in die lewe kan bly nie. [3] Julle Romeine het dit dan met julle godeleer baie makliker. Julle het in totaal verskeie duisende gode wat julle vereer, en daarom maak nog een nie saak nie, wat julle dan weer ter gedagtenis aan julle Olympus en julle Pantheon kan toevoeg. Maar by ons Judeërs is dit heeltemal anders. Ons kan ons by die messias wat moet kom vir onsself maar net `n magtige profeet voorstel, van die grootte van Moses of EliJaH, wat in elke geval die geestelike krag sal hê van `n hoëpriester en ook die van `n koning, soos wat Dawid eens was, maar dat die beloofde Messias die ou JaHWeH Self moet wees, of op sy minste `n egte seun van Hom, is ondanks alle werklike buitengewone tekens wat Hy ons nou laat sien, vir ons Judeërs wat met die ou wet te maak het, moeilik aanvaarbaar. [4] Hy sê weliswaar dat hulle wat in hom glo die ewige lewe sal hê; maar dan sou die ou JaHWeH Homself tog ook eers moet laat hoor, en aantoon dat hierdie Nasarener werklik Sy Seun is, en dan moet Hy die ou wet wat ons vreeslik druk, ophef, dan sal ons graag in plaas van aan één, wel aan twee gode glo. Maar so-iets gebeur nie, ten minste nie sigbaar en hoorbaar vir ons nie, en daarom bly vir ons voorlopig jammer genoeg niks anders oor as om by die ou wet te bly nie.' [5] Die Romein sê: 'Jy het nou weliswaar baie gepas gepraat, maar ons Romeine weet maar al te goed hoeveel waarde julle aan die ou wet heg. Dit gaan vir julle maar net oor die opbrengs van julle godsdiens en julle tempel. Elkeen van julle verkoop vir JaHWeH, sowel as Moses en die ander profete vir `n paar ponde goud en silwer! As dit nie so was nie, sou julle die Samaritane nie gehaat en vervolg het omdat hulle julle nuwe voorskrifte nie aangeneem het nie, maar vas by Moses en die ander profete gebly het! [6] Kyk, ons is weliswaar Romeine, maar ons weet in Rome alles oor die toestande in ons Asiatiese lande! En dus weet ons ook baie presies dat julle wel uiterlik vir die volk priesters is, maar innerlik ateïste, nog erger as ons sinici en Epikuriste (om lekker te kan lewe), Julle glo aan geen enkele God nie en staan daarom ook steeds klaar om in die geheim die grootste en gruwelikste misdade teen elke burgerlike - en nog meer teen elke goddelike wet te pleeg. As julle nie vir ons wêreldse wette, wat altyd onverbiddelik streng gehandhaaf word, sou teruggedeins het nie, sou daar sekerlik lankal geen lewe meer vir julle gewees het

nie. [7] Dat julle nou hierdie ware Elohimmens nie soos Die Ene wat Hy ongetwyfeld is, wil aanvaar nie, kom nóg deur julle JaHWeH nóg deur Moses, maar slegs deur die angs wat julle aansien en groot inkomste wat daardeur sou kon verminder. Julle is in julle gewetenloosheid maar al te bly dat julle elke vonkie van geloof in `n God kwyt is! Nou moet julle opeens weer baie ernstig aan `n God gaan dink, - wat vir julle gevoellose gewetes wel baie lastig sou wees! En daaraan dink julle beslis nie! Maar één ding kan julle nie onverskillig laat nie, en dit is sonder meer dat daar nou so baie mense sal wees wat in hierdie waaragtige Elohimmens glo, en wat daardeur wys en verstandig sal word en hulle dan tog van julle sal afkeer. En dan sou ek ook vir julle wil sê: Hinc ergo illae lacrimae?* Na my mening het ek julle nou maar net openlik die volle waarheid gesê het; maar desondanks kan julle doen wat julle wil!' *(Vandaar dus die trane! D.w.s. Dit is die rede)[8] Na hierdie energieke toespraak van die Romein, wat Ek hom, goed herkenbaar, in die mond gelê het, was een van die twee weerbarstigste Fariseërs heeltemal verbouereerd en van woede weet hy nie wat hy vir die Romein moet sê nie. [9] Maar toe sê `n ander, wat gelowiger was en heimlik in My begin glo, vir die Romein: 'Beste vriend! Jy het ons tog wel `n bietjie te kru afgeskilder! Daarmee wil ek nie sê dat daar miskien nie sulke mense by ons is, soos wat jy beskrywe het nie; maar ek en nog die meerderheid hoort egter nie daarby nie. Ons glo nog vas in die ou JaHWeH en die profete! Ons het die nuwe voorskrifte nie verdag en tot niet gemaak nie; ons moet hulle egter wel hou, omdat hulle nou eenmaal daar is. Ons is egter van mening dat hulle nooit kon ontstaan het as JaHWeH nie daarmee ingestem het nie; want in die ou tye mag die priesters tog niks aan die ou wet verander het nie. En as iemand dit gewaag het, dan was daar dadelik al die strafroede en ook die profeet wat dit aankondig. Maar nou is reeds lank meer geen sprake daarvan nie. God moet tog wel heeltemal instem met die nuwe voorskrifte van die tempel, omdat Hy Hom gladnie aan ons kenbaar maak en ons ook geen aanvaarbare profeet stuur nie. [10] Ons Galileër hier het weliswaar alle kenmerke van `n profeet, en ons sou hom ook as profeet aangeneem het, as hy maar nie as sodanig in Galilea sou opgestaan het nie. Dieselfde was ook met Johannes die Doper die geval. Sy woord het heeltemal soos die van `n egte profeet geklink; maar verder was hy ook `n oer-Galileër, en daarom kon ons, as mense wat in die Skrif glo, tog nie sonder meer aanneem dat hy `n egte profeet was nie. Origens is dit wel waar dat beide geen gebore Galileërs nie, maar gebore Judeërs was; maar in die Skrif word nie die geboorte nie, maar die opstaan as egte profeet bedoel. Omdat daar dus staan dat geen profeet uit Galilea sal opstaan nie, kon ons ook nie so maklik soos u dink, aanneem dat dit heeltemal egte en ware profete kon gewees het nie. En u kan daarom nie vir ons kwaad word as ons sê dat ons eers nog baie sal moet ondersoek voordat ons die Násarener as profeet kan aanvaar. Daarna kan ons eers sien hoe dit daar met die Messias uitsien. U het tog self gesê dat u, Romeine, alles eers goed ondersoek en daarna eers die goeie behou! Doen ons dan verkeerd as ons u wyse raad opvolg?' [11] Die Romein sê: 'O, dit sekerlik nie! Maar hier is niks meer wat nog ondersoek moet word nie, hier heers die volle en onmiskenbare waarheid, wat net iemand wat volslae blind is, nie kan opmerk nie, omdat die blinde ook nie die son om twaalf uur smiddags sien nie. [12] Ons Romeine en Grieke hoort beslis nie tot die baie liggelowige mense nie en is skerpsinnig genoeg om `n mens wat ons iets uitsonderlik laat sien, van alle kante te toets. Ook in die sfeer van die magie is ons heeltemal deurknie, en sowel die Egiptiese asook die Indo-Persiese geheime is beslis nie aan ons onbekend nie; maar dinge soos wat hierdie Man doen, met Sy woorde en onderrig daarby, het geen mens nog ooit gedoen of gepraat nie. En dit is tog vir elke vrydenkende mens bewys genoeg wat vir hom moet sê: 'Kyk, hierdie is geen mens meer nie, maar `n God, aan wie ons die hoogste eer verskuldig is!' Dan kom dit nie meer daarop neer dat mens dit maar net glo nie, maar dat mens kom, sien en die onmiskenbare God aanbid en liefhet! [13] Maar die waarheid herken slegs hy, in wie die waarheid al tuis is; wie die lig van die siel egter nie het nie, kan ook, net soos julle, die lig nooit herken nie. Julle wil die werke en wat hierdie Elohimmens leer, ondersoek?! Dan vra ons Romeine julle waarmee wil julle dit doen. Wie Hom vooraf wil toets, moet self allerlei kennis en vaardighede grondig sy eie gemaak het. Maar waar het julle dit ooit vir julleself julle eie gemaak? In julle verroeste tempel sekerlik nie, - en verder was julle ook nêrens heen gewees waar julle iets goed, nuttig en deeglik kon leer nie. Julle ou Skrif verstaan julle nie en julle nuwe Skrif is geen stuiwer werd nie. En wat ken julle nog meer?! Omdat julle dus baie seker niks anders verder ken nie, hoe en waarmee wil julle dan hierdie Elohimmens toets? Sê self eers of ons Romeine julle nie heeltemal deur die ore het nie!'

`n Weddenskap tussen Agricola en `n Fariseër 211 Een van hulle wat gelowiger was, sê: 'Daarin het julle nie heeltemal ongelyk nie, maar by ons Judeërs is tog ook mense wat geleer het, en dus ook ietwat verstaan en daardeur ook die een en ander kan

ondersoek en beoordeel. En so is daar ook priesters wat meer verstaan as wat `n mens as vreemdeling sou dink.' [2] Die Romein sê: 'Ag, ek dink ook dat julle Judeërs die een en ander moes geleer het! Maar wat julle geleer het, is tog lank nie voldoende om die verstand van `n Romein te beoordeel nie, laat staan nog die wysheid van hierdie Elohimmens, wat werklik onbegrens is en waarvoor ons die grootste eerbied het. [3] Ek wil met julle sewe `n weddenskap vir duisend pond goud aangaan, dat julle my op geen enkele vraag wat ek persoonlik kan bedink, die korrekte antwoord sou kon gee nie. En as dit so seker is dat julle dit nie kan doen nie, hoe wil julle dan vir ons bewys dat hierdie Elohimmens nie die volkome regte en ware Messias is nie? Laat julle knapste kop hier kom, en selfs met hom gaan ek die genoemde weddenskap aan! As teenbewys sal ek dan hierdie Elohimmens, in julle teenwoordigheid die moeilikste vraag stel en dan verwed ek tienduisend pond goud daarop dat Hy my alles sal beantwoord. As Hy egter vir my vrae sal stel, sal ek Hom op duisend vrae nie één kon beantwoord nie, hoewel ek sekerlik duisendmaal meer kennis het as die meeste wyses van julle.' [4] `n Fariseër sê: 'Vriend, dan speel jy `n baie gewaagde spel met jou goud, want ons het ervaring op baie terreine!' [5] Die Romein sê: 'Goed, die goud stel vir my niks voor nie, want ek besit nog meer as duisendmaal die bedrag van hierdie weddenskap! Maar wat ek as Romeinse patrisiër (edelman) sê, daaraan hou ek my ook met lewe en dood! Verstaan julle dit? Laat my dus vrae aan julle stel! Beantwoord julle die vrae goed, dan het julle duisend pond goud verdien; as julle dit egter nie kan nie, betaal julle my slegs honderd pond as straf vir julle aanmatiging teenoor ons Romeine wat julle base is!' [6] Die sewe bespreek hierna onder mekaar of hulle hierdie pragtige weddenskap sou aangaan. Eén dink dat dit tog wel baie gewaagd was, omdat jy tog nie kon weet wat die Romein alles sou vra nie. [7] Maar een van die mees ongelowiges van hulle sê: 'Ek glo dat die heiden my geen enkele verstandige vraag sal kan stel wat ek nie sou kon beantwoord nie. Ek neem die weddenskap aan; maar daar moet ook skeidsregters by wees, wat sal vasstel of my antwoord goed en waar is.' [8] En hy sê vir die Romein: 'As ons hier `n kundige en onbevooroordeelde skeidsregter kan kry, neem ek die weddenskap aan!' [9] Die Romein sê: 'Goed, stel julle maar een aan! Hier is nou `n paar honderd mense, - hulle sal tog wel kan beoordeel of jou antwoord waar, goed en ter sake kundig is? Ek het alreeds my skeidsregter.' [10] Daarop sê die Fariseër smalend: 'Dit is goed, vra maar, - die weddenskap begin!' [11] Die Romein staan op en sê nog `n keer vir die Fariseër: 'Vriend, nie so ligsinnig nie! Want ek sê vir jou nog één keer dat jy my die antwoord op elke vraag sal skuldig bly, en die honderd pond goud sal nie aan jou geskenk word nie.' [12] Die Fariseër sê baie trots: 'Dit is goed, die weddenskap het begin! Ek stel slegs nog die voorwaarde dat jy daarvoor dieselfde aantal vrae deur my aan jou gestel moet beantwoord. Eers as jy daarby geen enkele korrekte antwoord skuldig gebly het nie, kry jy die honderd pond goud.' [13] Die Romein sê: 'Ek stem heeltemal in met die voorstel, en ek sal jou in totaal slegs tien vrae stel. Luister dus! [14] Omdat ons Romeine ook oor die algemeen baie weet van julle profete, sou ek graag `n korrekte uitleg wil hê van wat die profeet JeshaJaH in die tiende hoofstuk bedoel het, toe hy gesê het: [15] 'Wee die Skrifgeleerdes wat onware wette maak, en dit gebruik om `n onregverdige oordeel uit te skryf ten einde die belang van die armes te verkrag en die goeie reg van die armsaliges onder My volk geweld aan te doen, sodat daardeur die weduwees hulle prooi en die wese hulle buit moet word! Wat dink jy om te doen op die dag van die groot oordeel en op die dag van die groot beproewing wat van ver weg oor julle heen sal kom? Na wie toe wil jy dan vlug om hulp te kry? En waar sal julle julle eer laat om te voorkom dat dit onder die gevangenes gebuig sal word en onder die verslaenes sal val? In dit alles hou die toorn van JaHWeH nie op en Sy hand is oor julle uitgestrek.' JesaJaH 10 (‘Wee hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe, om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder My volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder. Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre? Hulle kan maar net buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is. Ondanks dit alles is Sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.’)[16] Dit, my vriend, is die eerste vraag, heeltemal op julle terrein, sodat jy nie kan sê dat ek jou oor iets onbekends gevra het nie. Gee my die korrekte antwoord daarop!' [17] Toe die hoogdrawende Fariseër hierdie vraag hoor en hierdie teks van die profeet, waaroor hy hom dodelik verleë voel, word sy tong volledig lamgelê, en hy weet nie wat hy daarop moes sê nie, omdat juis in hierdie teks die gruweldade van die Fariseërs, presies soos wat hulle was, baie duidelik na vore kom. [18] Toe die Fariseër met die antwoord peusel, sê die Romein: 'Ja vriend, as jy die orige nege vrae ook so

sal beantwoord, sal ons skeidsregters dit maklik hê met hulle oordeel! Ken jy dan nie julle Skrif nie?' [19] Ten slotte sê die Fariseër: 'O, ek ken dit goed; maar dit is nie passend om dit hier uit te lê nie, dit kan slegs in die tempel gedoen word, en selfs daar is dit vir die volk beter as hulle dit nie alles ervaar en verstaan nie!' [20] Die Romein sê: 'O, dit glo ek graag; want as julle dit aan julle reeds heeltemal uitgeplunderde volk sou voorgelees en uitgelê het, dan sou hulle julle al lankal as weeluise weggebrand het! Doen ek julle `n onreg aan as ek julle in julle gesig sê dat julle aan geen enkele God glo nie? Want sou julle aan `n God geglo het, dan sou julle mees beroemde profeet julle nie so `n goddelose getuienis gegee het nie. Ek sê dit vir julle: Nou is die tyd van julle groot oordeel en julle ongeluk het gekom! Waar wil julle heen vlug om hulp te kry? [21] Maar genoeg daaroor! Die eerste vraag is so goed as verby. Ons gaan na die tweede oor; miskien vaar jy daarmee beter!' [22] Die agterdogtige Fariseër sê: 'Maar ek eis nadruklik `n beter vraag!' [23] Die volk het egter in stilte leedvermaak en sou die Romein op staande voet wou omhels het.

Agricola verklaar die voorspelling uit JeshaJaH 212 Die Romein gaan nou oor tot die tweede vraag en sê: 'Let op! Die tweede vraag lui duidelik: Wat is volgens julle die betekenis van die teks uit dieselfde profeet, wat lui: [2] 'Die volk wat in die duisternis gewandel het, het `n groot lig gesien en bo hulle wat in die duister land woon, skyn dit helder.' [3] Waar is die volk wat in die duisternis wandel? Waar is die duister land, en wie is die lig? Gee tog antwoord op hierdie baie maklike vraag!' [4] Die sluwe Fariseër besef goed wat die Romein deur hom gesê wil hê en hou daarom weer sy mond. [5] Maar toe die Romein hom nogmaals aanspoor om te praat, sê die Fariseër: 'Dit is alweer `n vraag wat slegs in die tempel beantwoord kan word, en daar ook maar net onder vier oë en agter geslote deure. Daarom kan ek geen antwoord hierop gee nie.' [6] Die Romein sê: 'Ek sien dat jy hier baie duidelik `n onwaarheid spreek. Kyk, ek het selfs in Rome in die openbaar deur een van julle apostels al julle profete hoor voorlees en uitlê, en ook gladnie so sleg nie! Die apostel het sy voordragte byna vir `n hele jaar in die openbaar gehou, en by hulle wat hom persoonlik alles dieper en duideliker wou laat uitlê, het hy aan huis gekom en hom onderrig gegee vir `n bedrag deur homself bepaal. Ek self het my volle drie jaar privé (voorreg) deur hom laat onderrig. Die apostel was volgens wat hy gesê het, ook `n priester uit julle tempel. Waarom kon en mag hy dan baie ver buite julle tempel die profete aan ons Romeine uitgelê het en waarom nie nou jy nie? Kyk, dan sal ek jou ook nou weer die ware rede sê waarom jy hierdie teks nie wil uitlê nie! Luister! Jy is bang vir die volk hier, - alhoewel jy vir God, aan wie jy nie glo nie, glad nie bang is nie! Want die volk weet dat hulle die volk is wat deur julle, skrifgeleerdes in die duisternis gehou word, en dat dit ook juis die land is, wat deur julle al sedert `n lang tyd duister gemaak was. [7] Maar daar aan die tafel sit die groot Lig wat nou baie goed deur die volk gesien word, want dit skyn baie helder in die duister land. As die volk egter die lig uit God goed sien en daardeur baie bly is, waarom sien julle dit dan nie? Julle wil dit nie sien nie, omdat julle vol hoogmoed, vol selfsug en vol onbegrensde heerssug is, en wil hê dat son, maan en alle sterre en die hele wêreld hom onder julle septer sal buig. Daarom sal egter ook binnekort met julle gebeur wat die aangehaalde groot profeet juis oor julle voorspel het toe hy in die tiende hoofstuk vanaf vers 16 sê: [8] 'Daarom sal die JaHWeH van die Skeppingsleërmag dorheid (julle starheid) stuur te midde van Sy gegoede (wat julle is), en Sy glansrykheid (Sy groot mag en wysheid) sal Hy voor julle ontsteek (soos wat juis hier die geval is), sodat hy sal brand soos `n magtige vuur.' [9] Die Lig, wat daar by ons sit, is nou die vuur in Israel, en Sy Heilige daar is die vlam en die sal julle soos Sy dorings en struikgewas ontbrand en verteer op één dag. Die ou heerlikheid van Sy bos en Sy veld sal verdwyn. Wie Sy bos en Sy veld is, hoef ek julle waaragtig nie van naderby uit te lê nie! Van julle siele tot op die laaste vesel van julle liggaam, wat nou julle ware god is, sal vir julle vernietig word en julle sal smelt soos botter in die son en verdwyn soos `n oggendnewel in haar strale. Julle as die oorblywende bome van Sy bos sal maklik deur `n seun getel en opgeskryf kan word. [10] Kyk, ek as Romein verstaan julle Skrif beter as julle, die vernaamste Judeërs in die middel van julle land en in die middel van julle Elohimstad! Maar daaroor gaan dit nie nou nie. Die weddenskap is afgesluit en `n Romein trek hom nie terug van dit waaroor hy onder getuie gewed het nie. Die tweede vraag is ook verlore, en dus gaan ons nou na die derde!' [11] Die Fariseër sê: 'Verloor ons nou al omdat ons die eerste twee vrae nie kon beantwoord nie?' [12] Die Romein sê 'O, julle het nie met iemand te doen wat op wins uit is nie! As julle slegs één van my

tien vrae goed kan beantwoord, het julle die weddenskap gewen! Maar ek vra julle wat ek wil. As julle vervolgens vir my wil vrae stel - soos wat ons dit afgespreek het, - dan sal ook ek julle nie voorskryf waaroor julle my moet vra nie. En daarom nou na die derde vraag! [13] Kyk, ek las in JeshaJaH die twaalfde hoofstuk by, en daar staan: [14] 'In dieselfde tyd (wat daar nou is) sal jy (Israel) sê: Ek dank U, o Heer, dat U toornig op my gewees het, en dat U toorn afgewend is en U het my vertroos. Sien, God is my heil, ek sal vertrou en niemand vrees nie; want JaHWeH God is my sterkte, my Psalm en my heil. Ek sal met vreugde water (wysheid en lewe) skep uit die bron van heil (die liefde van die Heer), en julle volke sal in dieselfde tyd sê: Dank die Heer, predik Sy Naam (woord van die lewe), maak Sy werke bekend onder die ander volke, verkondig dat Sy Naam (die woord van God) so groot is! Sing vir die Heer `n lofsang, want Hy het Hom heerlik vertoon! Laat dit bekend word in alle lande! Juig en prys jouself, inwoonster van Sion (die agtergeblewe kennis (kinders) van die Judeërs), want die Heilige van Israel is by jou!' [15] Wel, blinde vriend, wat sê jy van hierdie buitengewone ontboeseming van die groot profeet? Tot wie is dit wel gerig? Wys alle tekens nie onomstootlik daarop dat die Heilige onder Israel is nie?' [16] Toe kyk die Fariseër die Romein heeltemal verward aan en sê na `n oomblik: 'Vriend, sê my tog, waar en wanneer het jy jou ons Skrif so goed jou eie gemaak! Jy ken alle profete so goed asof jy `n skrifgeleerde uit die tempel is! Ek ken die hoofstuk wel baie goed, maar dit het `n suiwer geestelike betekenis en het na my mening heeltemal niks te make met ons teenswoordige tyd nie. Dit is heel gebruiklike, geestelike, lofprysinge van `n profeet, wat gladnie geskik is vir `n gewone mens nie. Dit is `n soort Psalm vir God, die Heer.' [17] Die Romein sê: 'Vriend, dan is jy erbarmlik sleg ingelig! Ek as heiden sê vir jou dit wat nou reeds honderdduisende vir jou sal sê: Die Heilige van Israel sit daar aan die tafel by hulle wat baie goed en nog baie beter op hoogte is van wat ek jou sover gesê het! Jy weet nou, soos wat ek jou ondubbelsinnig bewys het, dat jy sedert jou kinderjare nooit in `n God geglo het nie. Wat verhinder jou dan nou om in hierdie ware Heilige Israeliet te glo, wat die enige is van wie jy die ewige lewe kan ontvang?' [18] Die Fariseër sê: 'Ek is nie die hoogste in rang in die tempel nie, en ek het gesweer om my te hou by dit wat die hoof van die tempel my opdra; want daarvan hang my bestaan en my veiligheid af. As my beroep deur die een of ander God nie goed gevind was nie, dan kon Hy met Sy wysheid en almag baie maklik verhinder het dat ek geword het wat ek nou is; maar omdat Hy dit egter nie verhinder het nie, is ek dit wat ek is, en praat en doen ek wat die tempel aan my opdra. As ek daardeur `n onreg doen, dan is God Self- as Hy mag bestaan - daaraan skuldig, omdat Hy my dit laat word het. En omdat ek dit nou eenmaal is en my wêreldse versorging daardeur gevind het, bly ek ook dit wat ek sonder my skuld en sonder dat ek iets daaraan kan doen, geword het. [19] Ek weet maar al te goed dat ons Moses en alle ander groot en klein profete niks anders is nie as beelde uit die fantasieë van talle ou priesters nie, en dat geen enkele woord waar is oor `n moontlike godheid nie -heidens of joods; - maar die dweepsieke mense het nou eenmaal in hulle niksseggende fantasie `n God uitgedink, en het vir ons daarmee vir die liggelowige volksmenigte `n erfenis nagelaat, en ons dwase kultiveer en hou hierdie oermenslike onsin in stand solank dit gaan. As die sisteem van ons eenmaal aan die wankel sal raak, sal ons die onderspit delf, - wat vir my nou maar reeds al te duidelik is. [20] Daarna sal die leer van hierdie baie wonderbare mens hoogswaarskynlik vir `n tyd lank voortwoeker; maar uiteindelik sal ook dit dieselfde lot te wagte wees. Want alles wat die sterflike mens oprig, vergaan net soos hyself; slegs dit wat `n ewige onbekende God geskape het, bly ook ewig dieselfde, soos byvoorbeeld die son, maan, sterre en hierdie aarde. En nou het jy dus van myself gehoor dat ek persoonlik in niks glo nie, maar die ou dinge en sake ter wille van die arme volk regop hou, omdat daar andersins onder die volk die grootste barbaarse toestande sou uitbreek waardeur alles ten gronde sou gaan, omdat daar nou, ondanks al ons waaksaamheid, al soveel gebeur het wat die mensdom beslis nie tot eer strek nie. [21] Daaruit kan jy goed sien dat ek in niks glo nie, en wel die allerminste in so `n God wat eers aan die mense van hierdie aarde wette sou gegee het. As daar `n God sou bestaan wat alles uit Homself sou geskape het, sou hy deur die mag van Sy wil belangrike wette in die natuur vasgelê het, maar dat so `n wese ooit vir `n mens bepaalde morele wette sou gegee het, glo ek myself slegs daarom nie, omdat Hy eens in die oudheid slegs aan één mens vir alle mense wette gegee het, terwyl alle mense tog volgens my gelyk is. Noudat ek dus vir jou laat sien het hoe ek is en wat ek dink, vra ek jou om my geen vrae meer uit ons Skrif te stel nie, want ek glo nie in die egtheid daarvan nie!'

Die onwetendheid van die Fariseër oor die son en die sondvloed 213 Die Romein sê: 'Ek weet wel dat jy en waarskynlik baie van jou soortgenote nie in `n God glo nie, maar die volk tog dwing om in julle te glo, en dat julle maar net allerlei wette voorskryf wat vir julle self

voordeel bring! Maar nou gaan dit nie daaroor nie; die voorwaarde van die weddenskap moet nagekom word! As jy dus beslis geen vrae meer uit die Skrifte wil hê nie, dan sal ons dadelik ander vrae stel. Hier kom dus die vierde vraag! [2] Vertel eers wat die son nou eintlik is! [3] Kyk, dit is `n baie natuurlike vraag! Beantwoord dit, - maar korrek en waaragtig!' [4] Die Fariseër sê: 'Dit is tog `n belaglike vraag! Wie kan dit weet? So `n vraag kan jy wel aan `n God stel, maar nie aan `n mens nie! Wie was dan by of selfs op die son gewees om te kan sê wat die son as sodanig is?! Ons mense kan slegs dit oor hom sê wat ons daarvan sien en waarneem. [5] Hy bestaan uit `n taamlike groot, baie sterk liggewende skyf, en sy groot ligsterkte verwek warmte en selfs, soos wat dit wel eens in die groot woestyn van Egipte was, `n sodanige hitte dat klippe kan smelt. Verder gaan die son op en onder, wat op aarde dag en nag veroorsaak. Dan gaan hy reëlmatig in die winter in die suide laer en in die somer weer verder na die noorde hoër op, en die wisseling veroorsaak die jaar en die vier jaargetye. Tewens veroorsaak die lig van die son, na gelang van die gradasie van die lig en die warmte, die groei van die plante en die geboorte van tallose talle insekte. Soms word hy verduister, wat egter selde voorkom. Hoe so `n verduistering veroorsaak word, sal geen mens op die hele aarde weet nie, ewemin waar hy homself snags bevind. [6] Kyk, dit is dan ook alles wat ons mense van die son weet en kan weet, en meer kan ek jou daarom ook nie vertel nie! Dat hy inwendig waarskynlik uit `n groot vuur sal bestaan, laat hulle ten dele vermoed uit die feit, dat sy lig so ver weg nog so `n groot warmte versprei; maar daarby is dit baie vreemd dat dit op die hoë berge altyd baie kouer is as hier benede, hoewel die hoë bergtoppe nader aan die son staan as die dal. Meer of nog nadere gegewens het ons mense - soos wat reeds gesê is - nie oor die hemelsterre nie. - Het jy op die antwoord ook iets aan te merk?' [7] Die Romein sê: 'O, meer as genoeg! Want wat jy daar gesê het, weet elke gewone dagloner wat geen skrifgeleerde is nie, en wie se wysheid, net soos die van jou, nie baie voorstel nie en sonder dat hy homself deur die volk laat aanbid, anders as wat julle dit van die volk vereis. Waarom is ons Romeine, en alle leerlinge van ons groot Heer en Leraar, dan so presies van hierdie dinge op die hoogte en waarom jy nie? Kyk, dit gebeur omdat jy in geen God glo nie, soos wat die meeste van jou soort is! Kom daar egter iemand wat julle baie sou kon leer, dan vervolg julle hom dadelik met alle mag; want julle is bang dat sy groot wysheid die aansien van julle ou verroeste domheid baie sou verminder. En daarom wil julle self niks hoërs leer en te wete kom nie, en laat julle dit ook nie toe dat julle stokblinde aanhangers dit leer en te wete te kom nie. Om die rede is julle self egter ook dubbel strafbaar. [8] Wie in geen God glo nie, is duidelik `n goddelose. Sonder God is die siel egter duister en so goed as dood, en sien en hoor niks van alles wat God alles volledig volgens waarheid in haar gees ingeskape het nie. Die van God besielde en verligte mens sien egter alles en verstaan ook alles. Hy kan daarom ook die son en die maan, die sterre en die hele aarde so in homself bekyk asof hy self daar was. En as hy dit gedoen het, weet hy dus ook wat die son is en hoe hy daaruit sien en ewe-eens al die ander. [9] Ek en talle ander wat ook hier is, val die barmhartigheid ten deel; daarom weet ons nou ook almal wat die maan, wat die son en wat die sterre is. Omdat jy dit nie weet nie en nog nie eens soveel weet as wat die Essene weet nie, wat ons Romeine baie goed ken, daarom het jy ook hierdie vierde vraag baie ontoereikend en onwaar beantwoord. As jy jou daarvan self wil oortuig, het ons wel middele om jou ook daarvan te oortuig.' [10] Die Fariseër sê: 'O, dit hoef nie! Want mense soos julle, wat heeltemal ingewy is in alle magie en toordery, sou my nog ver bo die wolke in die son kon intoor, - en vir so `n lugreis is ek niks lus nie! Ek gee my al gewonne en gee toe dat ek ook hierdie vierde vraag bykans nie beantwoord het nie. Stel my dus maar die vyfde vraag!' [11] Die Romein sê: 'Dit sal met alle vrae wel so met jou gaan! Dat jy nie baie van die hemel af weet nie, het ek al gesien; miskien gaan dit met jou op hierdie aarde beter! [12] Wat weet jy van die sondvloed van Noag af? Was dit algemeen of slegs van plaaslike aard? Het Noag wel van elke diersoort `n paar in sy ark saamgeneem? Hoe het hy saam met sy familie die groot aantal diere gevoer? Waar het hy vir die verskeurende diere die vleis en vir die viseters die vis vandaan gekry? Waarvan het die roofdiere naderhand geleef, toe Noag weer uit die ark uitgegaan het? Want toe was die aarde nog woes en eensaam en nêrens was daar `n skaap- of varkkudde wat as voedsel vir die leeu, die tier, die hiëna, die wolf ensovoorts kon dien nie. Die water moes in die algemeen nog baie hoër as selfs die hoogste berge op aarde gestaan het. Waarheen het dit uiteindelik heen gestroom, as die hele aarde orals self hoog onder water gestaan het? [13] Gee my eers `n redelike antwoord daarop! Want dit is selfs vir my iets ongelooflik, en ek kan beslis niks wys word daaruit nie. Miskien kan jy my op jou manier `n bevredigende uitleg gee? Praat!' [14] Heeltemal verbouereerd sê die Fariseër: 'Vriendjie, jy vra my iets wat jy self nie skyn te verstaan nie!

Wat doen jy dan as ek dit aan jou sou vra?' [15] Die Romein sê: 'Dan sal jy niks verloor nie! Of ek egter hierdie saak self net so min verstaan as jy, is `n ander vraag, en dit sal later nog wel blyk. Nou is jy aan die beurt om iets te sê!' [16] Die Fariseër vervolg: 'Ja, my vriend, oor die baie mistieke punt uit die boek van Moses is ook weer nie soveel te sê en uit te lê nie! Want hierdie saak is, soos wat ons dit met ons eie verstand beoordeel het, oor die geheel geneem, `n volkome teennatuurlike onsin. Ons het geen ander historiese gegewens daaroor nie en dit beteken dus: Óf om die onsin te glo soos wat dit gegee is, en daarby in die tyd aan `n baie grillerige almag van God as groot helper te dink - óf die hele ou kraam oorboord te gooi! [17] Die boek praat van `n baie algemene vloed, wat volgens ons beter bekende natuurwette tog steeds volkome onmoontlik is. As jy dit vir die ou Indiërs vra, wat nog ouer boeke besit as ons, dan ken hulle glad nie `n sondvloed van Noag nie. Maar wel sê hulle dat `n groot stertster talle duisende jare gelede baie naby die aarde gekom het. En die ster het suiwer uit water bestaan, en die aarde het die water na hom toe aangetrek. Daardeur was `n groot deel van die vlakte in Indië onder water geplaas, wat eers baie geleidelik in die groot Indiese oseaan verdwyn het. In die tyd het alles verdrink wat in die dale gewoon het; mense en diere. Diegene wat op die berge gewoon het, het dit opgeskrywe, om dit deur te gee aan hulle kinders en kindskinders. Dit is `n Indiese en ook `n Persiese sage. [18] Die ou Egiptenare ken, behalwe die oorstroming van die Nyl, geen enkele ander vloed nie. Slegs sommige More sê dat daar waar die groot Saharawoesyn nou lê, eens water gestaan het en dat dit `n groot meer was. [19] Ook het ons teruggekeerde apostels vertel van `n groot ryk aan die uiterste ooste van Asië, aan die ander kant van die groot muur, en hulle het met die wagters in die Indiese taal gepraat. Hulle het ook vrae oor die groot sondvloed gestel, en of die muur voor of na die algemene vloed gebou was. Maar die gemoedelike wagters kon hulle wel baie oor groot bergbrande vertel, maar oor so `n groot watervloed het niemand iets geweet nie. Hierdie kennis het ons deur allerlei ervaringe opgedoen. Dit is daarom baie moeilik om aan `n algemene sondvloed te dink, laat staan nog te glo. [20] Julle Romeine praat in julle godeleer ook terstond van twee groot oorstromings: Die Ogygische (obskure antieke tyd: vertaler) en die van Deucalion (Noagitiese vloed) en Pyrrha. (Filosofiese twyfel). Of dit egter plaasgevind het of nie, kon nóg ons Judeërs, nóg julle Romeine beoordeel en weet. Maar as die sondvloed van Noag nie as `n algemene oorstroming gesien moet word nie, dan verval ook die ark en al die ander dinge. [21] Die beeld van die vloed van Noag het beslis `n baie ander betekenis as maar net dit, - wat nie geloofwaardig is nie omdat soveel ander feite daarteen spreek. Maar wie het die sleutel daarvoor? - Uit dit alles blyk dus wel dat ek jou daaroor ook geen verstandige antwoord kan gee nie, en jou vraag is dus bykans nie beantwoord nie, maar terdeë verontskuldig’. [22] Die Romein sê: 'Ja, dit het ek baie goed uit jou woorde verstaan; en dit beteken net mooi niks vir my nie, en ek sien by jou as priester steeds maar die onaangename, dat jy van die mense onvoorwaardelike geloof vereis vir dinge wat jy self as baarlike onsin uitmaak. Maar ek sê vir jou dat hierdie verhewe Heer en Leraar van ons, jou presies en glashelder sal kan vertel hoe die vurk in die hef steek met die sondvloed van Noag; maar omdat jy nie aan `n God glo en nog minder aan die suiwer goddelike sending van hierdie Elohimmens nie, sal jy nog steeds in die nag van die oordeel van jou siel bly! Met die beantwoording van my vyfde vraag is dit dus ook bykans nul! Dus gaan ons oor na die sesde vraag! Miskien het jy meer geluk daarmee!'

Oor die boek Job en oor die tempel Jabusimbil 214 (Die Romein sê) 'Sê my eers: Hoe vind jy die boek Job? Hoe beval die tweegesprek tussen God en Job jou en die tussen God en Satan? Wat dink jy daarvan, en hoe kan jy hierdie vreemde geskiedenis vir my verklaar?' [2] Die Fariseër sê: 'Alweer so `n vraag wat deur geen enkele verstandige mens beantwoord kan word nie! Hoe vind jy dan jou Icarus, Bacchus en Orpheus? Ons Job het nooit bestaan nie, en alles is `n vrome sage, bedink deur die een of ander ou siener, wat toentertyd sy versinsel met `n sweem van `n duistere moraal so opgeskryf het soos wat hy dit self verstaan het. Ons sien daarin `n uiters opregte man aan wie God groot waarde geheg het. God laat Hom dan ten eerste deur Satan wysmaak dat ook hierdie Job sou val, as hy - Satan - hom aan die tand mag voel. God gee daarop ten tweede aan Satan die reg om die geduld van Job op die skandelikste wyse te beproef, en wel net so lank totdat die arme Job uiteindelik sy geduld verloor het en behoorlik teen God in opstand gekom het. Daarna het God hom `n segsman gestuur wat die arme Job baie skerp tereggewys het; en wanneer Job homself dan weer volledig geskik het volgens die harde wil van God, het God weer barmhartig geword. [3] Wel, wie daarin iets wys kan ontdek van die kant van `n God af, wat baie wys moet wees, moet wel uit die tyd van hierdie baie geplaagde man stam! Ons lees hierdie geskiedenis met teësin en het dit lankal as

apokrief verklaar, want in hierdie geskiedenis sit net so min waarheid en wysheid as in die van jou Atlas, wat die hele hemel voortdurend op sy skouers moet dra, en daaroor is ook geen wyse en verstandige antwoord te gee nie.' [4] Die Romein sê: 'Nou, nou, dit gaan wel goed so by julle! Omdat julle te traag is om te soek, te dink en te leer, daarom verwerp julle liewer alles wat nie in julle lui kraam pas nie! Al met die eerste oogopslag sien ek in Job die innerlike, geestelike vorming van die mens, en julle noem dit apokrief. Word daarin nie baie duidelik getoon hoe die siel haar langsaam maar seker moet skei van alles wat wêrelds en liggaamlik is nie? [5] `n Mens wat in alle opsigte in welstand leef, kan God maklik loof en prys, want dit gaan met hom baie goed daarby; maar vir sy siel het dit nog maar weinig waarde. Maar dan word die mens op die proef gestel hoe hy homself in die ellende en in die nood teenoor God vertoon, en deur middel van Job is daar `n heerlike beeld gegee hoe mens nie net in welstand nie, maar ook in die grootste ellende vir God moet erken, loof en prys. En so-iets noem jy oneg en dit betitel jy as sinnelose en onbegryplike kletspraatjies?! O, jy staan nog heeltemal onder in die poel van die oordeel en die dood! En jy het dus nou al ses vrae verspil! Maar daaroor praat ons nie, en ek sal jou nou as sewende vraag iets baie natuurlik en maklik vra! Luister dus! [6] Kyk, in Opper-Egipte bestaan, nog baie goed bewaar, in `n granietberg, `n uitgekapte tempel van God! Sy naam is Ja-bu-sim-bil. Hierdie tempel - heel iets anders as die tempel in Jerusalem! - is deur die oerbewoners van die gedenkwaardigste land in die hele wêreld, dus deur die toenmalige kenners van God, met die onbeskryflikste moeite in die wêreld tot stand gebring. Voor die toegangsdeur is in sittende, dus in ewige rustende houding, die vier elemente van hierdie aarde as gepersonifieerde weergegee. Hulle kolossale weergawe moet die geweldige krag van God in die wette van die totale natuur voorstel, en in hulle rus die onveranderlike orde van die Goddelike Gees. Die binneste van hierdie tempel, `n baie ruim saal, bestaan uit drie afdelings. In die eerste staan reusagtige mensegestaltes, in die tweede mense van ons geslag, en in die derde, met verskillende tekens heeltemal op die agtergrond, weliswaar sterk verweer, staan die woordsimbole Ja-bu-sim-bil te lees. - Hoe sou jy, as skrifgeleerde, vir my die inwendige van hierdie gedenkwaardige aardse tempel uitlê? Want ek hoop dat dit nie vir jou onbekend is nie.' [7] Die Fariseër sê: 'Ja, ja, daarvan het ek baie gehoor, en dit sal wel presies so wees soos wat jy my nou beskrywe het; maar die tempel is verskriklik oud, en wie kan sê wie die volke was wat die tempel gemaak het? Hulle tekens is vir ons onleesbaar, en wie kan presies raai wat dit beteken?! Dit lyk nie in die minste soos ons skrif nie, en sodoende is dit vir ons dood. Julle skryf van links na regs, en ons omgekeerd, en daarom kan julle die oerskrif van Egipte ook makliker lees as ons, omdat mense sê dat die ou Egiptenare ook van links na regs geskryf het. Ons skryf omgekeerd en kan daarom egter nie die ou skrif meer ontsyfer nie. Wat kan die drie sale en die vreemde groot en klein beeldhouwerke in die eerste twee sale beteken, en wat uiteindelik die derde saal met die bepaalde inskripsies, wat ons Judeërs nie kan lees nie?' [8] Die Romein sê: 'O, julle, wat die veronderstelde kinders van God moet wees, en wat deur alle wysheid van die wêreld soos groot moeraspaddas opgeblase rondloop - asof julle die hele aarde geskape het! Dit wat voor die hand liggend is, verstaan julle nie, en tog wil julle opvoeders en leiers wees van, volgens julle Skrif, God se uitverkore volk! Niemand kan iets weggee wat hy nie het nie, maar slegs dit wat hy het! Julle besit maar net domheid en onwetendheid in alle dinge! Wat kan die arme volk dus van julle leer? Niks anders as julle onbegryplike domheid nie! Want helaas, ek het in Rome al dikwels `n baie ou spreekwoord gehoor: 'Kyk, die man is nog dommer as `n Jood!', en nou merk ek self dat dit waar is! [9] Ons Romeine het dit nog nooit benede ons waardigheid geag om onsself van die geestelike godeleer van elke verowerde volk presies op die hoogte te stel en ons uitgebreid daaroor te laat inlig nie, en tog noem mense ons heidene, - en julle, as die volk van God, glo nie in julle groot God nie, maar verag ook nog alle ander godekennis sonder om dit ooit in die minste van naderby te ondersoek! Wat se soort mense is julle dan? Waarlik, julle is nog erger as die meeste gewone Epikuriste, wat mense geword het wat uitsluitlik maar net dink aan hulle maag en hulle buik! [10] Kyk, ek, `n heiden vanaf my geboorte, sal jou nou sê wat die gedenkwaardige tempel by Ja-bu-sim-bil as betekenis het, wat my ook merendeels baie ander begrippe van die ware Godheid bygebring het, as wat ek vroeër gehad het. [11] Toe ek op `n keer, ongeveer tien jaar gelede, vir staatsake na Opper-Egipte moes reis, het ek ook by die genoemde tempel uitgekom, wat `n onbeskryflike indruk op my gemaak het. Ek het alles met die grootste opmerksaamheid bekyk en het my daar deur `n aanwesige, heeltemal verarmde priester en bewaker van die ou bouwerk laat uitlê wat al die dinge nou beteken. Die ou man, wat baie liefdevol en deemoedig was, was uitermate behulpsaam en het alles so goed vir my uitgelê, dat ek vir myself moes sê: Kyk, die man is wys en praat die volle waarheid! [12] Hy sê toe vir my: 'Kyk, vriend, die reuse figure aan die regterkant stel die sewe geeste van God voor, waardeur die mens op hierdie aarde tot allerlei kennis kom en hom daarop dan talle en grootse dinge

inbeeld! Die figure aan die linkerkant is voorstellinge van die wilde en onbeheerste hartstogte van die mens, en daarom sien jy ook aan hulle voete allerlei tekens van dood en oordeel. En kyk eers na die tweede saal! Die is ietwat laer as die eerste, en jy kom daar deur `n taamlik nou deur in. Dit gee die deemoed van die mens weer, waarsonder jy onmoontlik tot die egte kennis van God kan kom. Daarom sien jy hier ook baie beskeie mensefigure in diep geboë houding. En nou hier in die derde en laaste saal sien jy maar net geestelike dinge, voorgestel deur ooreenkomstige tekens. En daar, heeltemal bo-in sien jy in `n kring die tekens: Ja-bu-sim-bil, - dit is: God se woord in die hart van elke mens wat God liefhet en soek. En die tekens beteken: Ek Was - Is - en sal wees. Ek is die Al-Een, en buiten My is daar geen God nie!' [13] My vriend, wie soek sal vind, en ek het van my jeug af aan gesoek en baie gevind! Maar die Allerhoogste wat ooit in hierdie wêreld êrens te vinde was nie, het ek hier gevind, maar nie in die blindheid van julle tempel nie, maar daar! Daar sit Hy in mensegestalte heel vriendelik by ons, waarvan in die ou tempel in die derde saal geskryf staan: Ja-bu-sim-bil! Dit maak egter heeltemal niks saak of jy en nog baie meer van jou soortgenote dit glo of nie; want desondanks is dit tog soos wat ek en talle duisende dit nou glo en altyd sal glo. [14] Die sewende vraag het hiermee egter ook onbeantwoord gebly en ek sal jou nou die agste vraag stel en sien of jy by jouself `n antwoord daarop sal kan vind!'

Die orakel van Delphi. Oor die verdere lewe na die dood215 ( Die Romein) 'Luister! Wat dink jy dan van die nog bestaande orakel van Delphi? - Hierdie vraag is tog egter wel kort en heeltemal op jou terrein! Praat!' [2] Die Fariseër sê: 'Daaroor het ek wel eendag iets gehoor, maar hoe kan ek jou nou vertel wat ek van iets dink, as ek nouliks meer daarvan weet as die naam?! Dat daar in Delphi `n waarsegster is wat Pythia heet, op `n driepoot sit en die mense vir geld baie slim antwoorde op hulle vrae gee, soveel weet ek wel; maar hoe die Pythia dit doen, hoe die tempel van hierdie waarsegster en haar driepoot daar uitsien, en of haar waarseêry enige waarde het of nie, dit weet ek nie en ek kan jou dan ook geen ander antwoord gee as dit wat ek jou al gegee het nie.' [3] Die Romein sê: 'Waarlik, ek het jou tog wel as meer ervare beskou as wat jy in werklikheid en volgens waarheid is! En met julle ongeloof en met soveel onwetendheid waag julle dit om die wysste van die wyses te toets en te beproef?! Nee, dit is tog wel ietwat te veel! In Rome het ek al egter gehoor hoe julle die volk by julle sabbatstoesprake oor alles wat die heidendom aanbetref ernstig die leviete voorlees, en elke Judeër op afskuwelike wyse met ewige verdoemenis dreig wat dit sou waag om ooit so `n tempel te bekyk, en hom te laat inlig oor die gebruik daarvan, om so daardeur in staat gestel te word om die lig en skaduwees van die ander volke te leer ken. [4] Maar ek stel nou vir jou die negende keer `n vraag en sê: Hoe kan julle dit doen, terwyl julle tog geen floue vermoede daarvan gehad het waaruit die eintlike heidendom bestaan nie? Julle Skrif verstaan julle nie, in julle God glo julle nie, en tog wil julle regters wees oor mense, wat dit belangrik vind om hulle gees te verhef deur ervarings wat elders opgedoen is! Sê my eers waarom julle dit doen!' [5] Baie verleë antwoord die Fariseër: 'Dit moet ons doen omdat die owerste van die tempel dit ten strengste voorgeskryf het. Oor die eintlike rede moet ons onsself gladnie bekommer nie en dit gaan ons ook niks aan nie; want hy het ons gebied dat dit sy verantwoordelikheid is. Ons is slegs hulle masjiene, wat daarby `n goeie lewe het en die hele wêreld heimlik kan uitlag; want hoe dommer hulle is, hoe beter gaan dit met ons. Daar was by ons ook mense gewees wat met alle moontlike offers en opofferinge die ryk van God gesoek het en uiteindelik tog niks anders as die dood gevind het nie, wat ons almal ook weldra sal vind. Is diegene wat hulle lewe geniet nie duidelik wyser as die een of ander eienaardige wat homself ontman ter wille van `n hemelryk waarop hy hoop en dit totaal onbekend en nog meer onseker is, en dan uiteindelik niks meer eet as sprinkane en wilde heuning wat die wilde bye en hommels in hulle aardholtetjies byeen vergaar het nie? Hulle kan sê wat hulle wil, maar ek bly heeltemal daarby dat jy moet sorg dat jy goed, gesond en so sorgeloos as moontlik leef, en dat al die ander nie die moeite werd is nie! Wie nie baie geleer het nie, hoef aan die einde ook nie baie te vergeet nie. [6] En aan die einde van ons lewe sal dit tog wel niks saak maak of ons met baie geleerdheid en kennis, of as dwase deur die wurms geëet gaan word nie! Of daar weereens `n opstanding, of `n sielelewe na die dood van die liggaam sal wees, is `n vraag wat geen sterfling andersins as net deur sy blinde geloof beantwoord sal kry nie. Die antwoord, dink ek, sal wel aan jou vraag voldoen?!' [7] Die Romein sê: 'Hoor eers, man, jy is so ontsettend dom en jou siel is so leweloos, dat iemand van ons op so `n uitspraak - en nog wel waar die volk bystaan! - geen antwoord meer kan gee nie! Ek het tog al met baie oor geestelike dinge gepraat, maar nog nooit, selfs nie by die meeste fanatieke heidene, het ek so `n stokblinde dwaas teëgekom nie! Ek, as heiden, sou wel honderde sprekende bewyse kon gee van die lewe

van die siel na die verlaat van die liggaam in die helderste en sekerste lig, - en jy as priester praat dommer as die slegste dier, as dit kon praat! [8] Kyk, as vriend van die lig en van die waarheid sal ek vir jou, in plaas van die tiende vraag, `n baie kort ware voorval vertel, wat ek self in die teenwoordigheid van talle getuies beleef het, en daarop sal ek baie graag jou antwoord wil hoor! [9] Sewe jaar gelede was ek in diens van die staat na Hispania (Spanje) gestuur. Saguntus noem hulle die plek waar ek moes wees. Ek het saam met my bediendes in een van die grootste herberge van die plek vertoef, waar ek baie goed versorg was. Vroeg op die oggend van derde dag, terwyl ek heeltemal wakker was, kom my oorlede vader, wat reeds twintig jaar gelede oorlede is, presies soos wat hy eertyds daar uitgesien het, na my toe en roep my so hard op my naam dat al my bediendes dit ook gehoor het, - terwyl hulle hom ook almal gesien het. [10] Ek vra die gees wat hy wou hê. [11] En die gees sê: 'Wat julle sterflinge nog lank nie vermoed nie, sien ons onsterflikes al baie duidelik vooruit! Verlaat op die laatste binne `n uur hierdie herberg en gaan drie uur lank ook in geen ander tuis nie, maar bly buite, ver van die mure; want binne hierdie tyd sal daar `n aardbewing kom, waardeur die huis en ander swak geboude huise ineen sal stort, en daarby sal `n aantal mense en diere die lewe laat! Slaan egter vooraf alarm op die plein van die stad, sodat nog meer mense hulleself kan red! As alle gevaar verby is, sal daar `n jong seun na julle toe kom en julle na `n veilige herberg bring!' [12] Daarop verdwyn die gestalte en ons word almal deur `n onheilspellende huiwering bevang. Ons hardloop bepak en besak na buite toe en wek deur ons lawaai die mense in huis, wat ook na buite hardloop en nog baie ander mense wakker roep, wat ook so gou moontlik uit hulle huise vlug; want hierdie mense was baie liggelowig en het in ons visioen geglo, het gevlug en red daardeur hulle lewe. [13] Die onheilspellende uur het gekom en daar was tewens `n heftige aardskok, waardeur ongeveer twintig huise, waaronder ook ons vroeër bewoonde herberg, dadelik tot op die fondamente uitmekaar geskud was. Daarna volg `n paar trillings, waardeur geen verdere skade egter aangerig was nie. Na drie uur se treurige wag kom die jong seun toe ook na ons toe en bring ons in `n ietwat hoër op geleë, maar volledig onbeskadigde herberg, wat ons opgeneem het en waarin ons veilige onderdak gevind het. Vir die volledige waarheid van hierdie gebeurtenis staan al my huidige metgeselle in, want hulle was toe ook by my. [14] Sê my nou eers wat jy van hierdie ware gebeurtenis dink! Leef die siel na die liggaamlike dood verder, of sterf hy vir altyd tesame met die liggaam?' [15] Die heeltemal verbouereerde en verwarde Fariseër sê nou: 'As die verhaal waar is, sou mens tog kon aanneem dat `n siel verder leef; maar wat die siel is, en hoe en waar sy verder leef, kan ons tog nie weet nie.' [16] Die Romein sê: 'As die gees van my vader geweet het wat daar sou gebeur, en waar ek my bevind het, dan moet sy lewe en bestaan beslis meer volmaak en verligter en dus ook beter wees as die blinde liggaamlike proeflewe. As ons heidene dit egter weet en nog steeds soek om altyd iets meer daaroor te wete te kom, waarom doen julle dit dan nie, en waarom vervolg julle Die Een wat julle die hoogste en suiwerste lig daaroor sou kon gee? Waarom probeer julle Hom in julle blindheid selfs dood te maak, - soos wat julle vanmôre in die tempel maar al te opvallend laat blyk het?' [17] Toe sê alle Fariseërs: ‘Net die laaghartige Judeërs wou dit doen en nie ons nie! Maar ons het nou nie vanweë die tempel nie, maar vanweë onsself hierheen gekom, om te sien en te toets waaroor dit gaan. Moet ons glo of nie glo nie? Maar tot op hede voldoen dit wat ons gesien en gehoor het, nog gladnie, en ons wag daarom nog op iets meer. As ons oortuiging groter sal word, kan ook ons leerlinge van hierdie Heer word. Jy moet daarom nie aandring nie! Jy, vriend, het ons nou weliswaar met jou vrae gewen, en ons is jou die honderd pond goud skuldig; maar nou het ons die reg om tien vrae aan jou te stel! As jy hulle almal beantwoord het, kry jy ook dadelik die honderd pond. Stem jy daarmee in?' [18] Die Romein sê: 'Volkome, vra maar! Vir `n antwoord sal uitstekend gesorg word!'

Die sewe boeke van Moses 216 Die Fariseër, wat voorheen aan die woord was, vra daarop aan die Romein, of hy die vrae aan hom mag stel, of `n ander een. [2] Die Romein sê: 'Dit maak nie saak nie! Elkeen wat maar wil en kan vra, mag vra!' [3] Met die antwoord was hy tevrede en `n ander stap na vore, `n Skrifgeleerde van die hoogste rang, die sê: 'Luister! As jy `n vraag nie tot algemene tevredenheid kan beantwoord nie, verloor jy volgens jou eie verklaring duisend pond goud!' [4] Die Romein sê: 'Dit weet ons al! Dink nou maar nie aan die goud nie, maar aan `n verstandige vraag! Want dit sal jy nodiger hê as die afgesproke goud, wat jy nog lank nie gewen het nie. Stel nou jou eerste

vraag, sodat ek die strekking daarvan kan leer ken!' [5] Toe dink die Fariseër na oor watter vraag hy die eerste sou stel, waarop die Romein moontlik nie te maklik sou kon antwoord nie. Dit val hom by dat die Romein nie sou kon weet hoeveel boeke Moses geskryf het nie. Want oor die algemeen was dit slegs by die volk bekend dat Moses nie meer as vyf boeke geskryf het nie. Maar omdat Moses eintlik sewe boeke en nog `n suiwer profetiese aanhangsel geskryf het - wat die Fariseër goed geweet het, maar waarvan hy tog bykans seker was dat niemand buite die mees ingewydes van die tempel dit sou weet nie, - vra hy die Romein daarom of hy dalk weet hoeveel boeke Moses geskryf het. [6] Daarop glimlag die Romein - wat die ernstige Romeine selde doen - en hy sê vir die Fariseër: 'Helaas, jy kon my geen beter vraag gestel het nie, want uit my betroubare antwoord sal baie duidelik vasgestel kan word dat julle julleself al sedert `n lang tyd absoluut niks aan God- en Moses-geleë dinge gesteur het nie! Julle was, na my beste kennis, al sedert die tyd van Samuel meer vyande as vriende van God en die volk, en daarom het julle ook sonder enige vrees vir God en die volk, twee van die belangrikste boeke en die profetiese aanhangsel, waarin julle gewetenlose handelwyse en julle einde haarfyn beskrywe staan, vanaf Samuel se tyd tot op hierdie uur, van die volk weerhou het. Maar in die tyd toe julle deur ons Romeine verower was, moes al julle boeke, van die alfa tot omega, by ons Romeine ingelewer word om ons `n duidelik insig te gee en om oorgeskrywe te word, en so het ons Romeine ook agter al julle geheime gekom en dus weet ons baie goed dat Moses sewe boeke en nog `n profetiese aanhangsel geskryf het. [7] In die sesde boek berig hy noukeurig oor die natuurlike ontstaan van die aarde, en beskryf hy haar toestand, van die begin tot aan sy tyd, en vanaf daar profeties verder tot by haar volledige uiteenval. Juis in die sesde boek beskryf die groot man ook die sterrehemel, hierdie son, die maan van hierdie aarde en haar bewegings, asook die bewegings van alle planete, wat hulle is, hoe hulle daar uitsien, en hoe hulle as wêrelde funksioneer. Hy beskryf ook die komete, die sons- en maansverduisteringe en laat sien, hoe goeie rekenkundiges dit voorheen presies kon bereken. En uiteindelik laat hy ook nog sien wat die vaste sterre is, wys op hulle grootte en die reusagtige afstande waarop hulle van hier af staan, en sê aan die einde van die belangrike boek, dat dit alles goed aan die volk oorgebring moes word, sodat die volk van God in alle waarheid op aarde en onder die sterre sou wandel en nie in allerlei verkeerde, heidense dwalinge sou verval nie. [8] Maar julle priesters het toe vinnig anders daaroor gedink. Julle het geweet dat die blinde volk altyd `n groot vrees gehad het vir die buitengewone verskynsels aan die hemel. Toe dink julle: 'Waarvoor het die volk die kennis nodig? Dit sal volstaan as net ons dit sal besit! Ons sal self die verduisteringe bereken, en die volk, wat niks daarvan weet nie, dreig en hulle tot groot offers dwing, en hulle sal offer en glo dat ons die verduistering van die maan of van die son verdryf het!' Met nog meer van die beperkinge van julle het julle die volk baie gewetenloos van die sesde boek van Moses ontneem en vir julle aardse voordeel gebruik. [9] Die sewende boek bevat die ware skepping van die mens, sy geestelike ontwikkeling deur die voortdurende invloed van die Gees van God. Dit lê die eerste boek van Moses vir elke mens begryplik uit en berig oor die boeke van die aartsvaders Kenan, Henog en Lameg en lê hulle uit. Aan die einde beskryf hy die oorloë van JaHWeH, of die getroue geskiedenis van die volke van die laagtes van die aarde, en heeltemal aan die einde staan weer `n dringende en baie dreigende vermaning aan die leraars van die volk, om dit alles goed vir die volk te leer, en niemand te laat trou of `n amp te laat beklee voordat hy nie die hele inhoud van die boek volkome sy eie gemaak het nie. [10] Maar die vermaning het julle ook in die wind geslaan en julle sê: 'Dit is beter vir die volk om onwetend oor dit alles te bly; want as mens die volk te ver sou inwy, sou hulle baie gou heeltemal geen priesters meer nodig hê nie, en dit sou hulle dan noodsaak om te sien dat hulle ook met hulle hande hulle daagliks brood moet verdien.' Hierdie veronderstelling was egter beslis baie dom, omdat Moses tog self gebied het dat die stam van Levi van die tiendes moes lewe. [11] Dan volg daar nog, byna as `n afsonderlike boek, `n aanhangsel by die sewende boek. Die is heeltemal profeties, maar gee tog baie duidelik aan dat die priesters en die regters en die konings in alles teen God se wil sal handel, en hoe Hy hulle steeds daarvoor sal straf. [12] Daarin word die groot Messias ook beskrywe, hoe Hy in hierdie wêreld sal kom, hoe Hy sal lewe, wat Hy sal doen, watter leer Hy sal verkondig en hoe Hy deur die priesters gehaat en vervolg sal word. Dan kom die ondergang van die Judeërs, dan die gemeente van die Messias, haar langdurige vervolging deur die anti-Messias(Antichris), dan kom die einde daarvan en vervolgens die groot heerlikheid van die suiwer gemeente van God op aarde. Heeltemal aan die einde van die aanhangsel staan weer `n dringende en kragtige waarskuwing dat die aanhangsel ook altyd deur die volk ter insae moet wees. - Het julle dit ooit gedoen? [13] Ja, reeds ten tye van die profete, het julle nooit iets daarvan vir die volk gesê nie, en daarom het ook die profeet JeshaJaH, deur die profesie van Moses op te neem, dit opnuut in die tiende hoofstuk vermeld

waaroor ek julle in my eerste vraag `n uitleg gevra het. En so het alle profete - veral die vier groot profete, dit aan die volk teruggegee, wat Moses in sy aanhangsel geskryf het, wat julle egter altyd van die volk weerhou het, om julle redes wat maar al te bekend is, en julle was in die laaste tyd te lui om daarin te studeer en moet julle nou laat welgeval dat die Essene julle selfs die aardse voordeel wat julle daarvan gehad het, afgeneem het; want hulle is ten minste op hoogte van wat aan die hemelruim te sien is, hulle bereken die verskynsels en gebruik dit vir hulle aardse voordeel. Kyk, ook dit is `n regverdige straf van bo! En ek is nou heeltemal daarvan oortuig dat ek jou eerste vraag geheel volgens waarheid en streng wetenskaplik beantwoord het.' [14] Die Skrifgeleerde sê baie verleë: 'Ja, jammer genoeg maar al te presies en waar! Ek glo dat ek jou nou maar heeltemal geen tweede vraag meer moet stel nie. Want vir `n man met so `n uitgebreide kennis is dit moeilik om te vra. Ons kan jou maar liefs dadelik die honderd pond goud betaal as om jou nog meer vrae te stel! Met elke vraag verraai ons onsself immers opnuut en raak ons vir die volk, wat verseker nie hulle mond daaroor sal hou nie, steeds in `n groter verleentheid.' [15] Die Romein sê: 'Dit skeel my weinig! Die weddenskap moet deurgaan, ook al sou die aarde tesame met ons daarna `n puinhoop word, en jy moet my dus die volgende vraag stel! Vra, en ek sal jou antwoord; want nou is ek eers trots daarop dat ek `n Romein is!' [16] Toe sit die sewe tempeldienaars hulle koppe bymekaar en beraadslaag oor wat hulle die Romein verder sou vra.

Oor die Hooglied van Salomo 217 Na lang vrae en beraadslaging kom hulle op die gedagte om die Romein te vra hoeveel sandkorrels daar in die see is en hoeveel grasspriete daar op aarde is. [2] Die Romein sê: 'Slegs dwase en mense wat nooit nadenkend is, of nie hulle verstand gebruik nie, kan so `n vraag stel, waarvan die numeriese korrekte antwoord self ewiglik vreemd en volkome onbekend vir hulle sal bly en ook moet bly, ten eerste, omdat die tel daarvan om baie verstaanbare redes vir elke sterfling volkome onmoontlik is; en ten tweede - gestel dat byvoorbeeld die tel van die gras op aarde moontlik sou wees - omdat daar tans tog geen enkele getal aan ons bekend is, wat die totaal van die gras op die hele aarde sou kon weergee nie; en uiteindelik ten derde - gestel dat ek julle deur `n bykans eindelose reeks van ons bekende grootste getalle en syfers die totaal van die sand in die see en die gras op aarde sou meedeel - bly daar nog die vraag: Wie sal kan sê of ek die oneindige groot getal te hoog of te laag aangegee het? En as iemand dit kan sê, dan is ek as hoë Romein en deur die keiser met baie staatsmag voorsien, volkome gemagtig om van my teenstander op lewe en dood die volledig rekenkundige bewys of teenbewys te eis, wat geen mens aan my, maar slegs God sou kon gee; want die man sou eers onder toesig van baie getuies die sand en die gras moes tel, wat tog heeltemal onmoontlik sou wees, sowel volgens die elementêre verhoudings as vanweë die menslike leeftyd, en dus kan julle my in duisend en nogmaals duisend jaar absoluut geen geldige teenbewys lewer nie. [3] Waarom so `n belaglike vraag, waar die mossies op die dak die onsin daarvan moet kan insien? Julle kan my maar net sulke dinge vra waarvan julle kan bewys dat julle dit self presies weet en hoogstens kan vermoed dat ek nie daarvan op die hoogte is nie. Maar met vrae waarop ek kan antwoord wat ek wil, en waarvan julle my nooit bewyse kan gee dat ek julle `n onware antwoord gegee het nie, verslaan ek julle die maklikste! Julle het dus nou met julle tweede vraag nog meer afgegaan as met die eerste; gee my dus nou `n derde, maar verstandige vraag!' [4] Nou begin die volk te juig vanweë die domheid van die skrifgeleerde en hulle prys die Romein vanweë sy nugter, helder verstand. Maar die Romein vra vir stilte, omdat hy nog nie klaar was nie. Wanneer hy klaar sou wees, kan hulle na hartelus jubel. Toe word die volk weer rustig, en die Romein vra vir die derde vraag. [5] Na `n kort pouse vra die Skrifgeleerde aan die Romein: 'Omdat jy so besonder baie van ons Skrif af weet, vra ek jou of jy die Hooglied van Salomo ken en wat die betekenis daarvan is.' [6] Die Romein sê: 'O ja! Die lied is vanweë sy sterk poëtiese karakter en mistiek reeds vir lank baie geliefd by my. Ek verstaan tot op hede nie die diep sin daarvan volledig nie, maar omdat ek Hom nou gevind het op Wie dit uitsluitend van toepassing is, verseker ek julle dat daar geen vers in voorkom wat vir my nie so duidelik is as die son op die middel van `n onbewolkte dag nie. As julle dit aangenaam vind, wil ek vir julle hier, waar al die volk by is, dadelik `n voorbeeld daarvan gee dat ek die lied nou goed verstaan.' [7] Toe dink die Skrifgeleerde dat hy die Romein liewer nie verder daaroor moet uitvra nie, want hy het goed gemerk dat die Romein alles baie sinvol op My en My leer betrek, wat tog die nuwe gemeente (kerk) is wat in My haar gesogte vriend gevind het, en My uitgenooi het as gas van die liefde en die lewe. [8] Daarom sê die Skrifgeleerde: 'Ons sien al dat ook hierdie vraag `n mislukking is en verklaar dit vrywillig as verlore. Maar omdat ons u tog iets moet vra, wil ons u `n ander vraag stel en dit word dus die

vierde vraag. [9] Wat is die siel van die mens, en waar bevind sy haarself in die liggaam? - Dit is tog sekerlik `n baie behoorlike vraag waarteen niks ingebring kan word nie!' [10] Die Romein sê: 'O, beslis niks, en ek sal haar ook volgens die sielkunde en volgens my eie ondervinding baie akkuraat en volledig volgens waarheid beantwoord, alhoewel ek maar al te goed weet dat geeneen van julle weet wat die siel is en waar sy in die liggaam woon nie!'

Agricola praat oor die wese van die siel 218 (Die Romein:) 'Kyk, die siel as geestelike substansie, is heeltemal mens, sowel wat betref gedaante asook wat betref alle ledemate en bestanddele van die liggaam! En as dit nie so sou gewees het nie, kon sy ook nie van haar liggaam so volmaak moontlik gebruik gemaak het nie. Die hande van die siel bevind haar in die hande van die liggaam, haar voete in die voete van die liggaam, en so verder alle dele van die siel in die ooreenkomstige deel van die liggaam. Word die liggaam êrens siek, dan is die siel ook in die siek liggaamsdele aanwesig en span haar baie in om dit weer gesond te maak. Slaag sy nie, dan word sy daarin passief en die gevolg daarvan is dat so `n liggaamsdeel heeltemal verlam, bykans gevoelloos en dus onaktief skyn te word. Dit is `n goeie en korrekte leer van alle ou en ook nuwe sielkundiges. Maar nou vra jy jou af hoe die geleerdes agter die geheim gekom het. Die vraag is baie maklik te beantwoord. [2] Allereers kom iemand wat nugter dink met sy verstand daarop af; want as die siel heeltemal die eintlike lewensbeginsel in alle dele van die mens is, dan moet sy ook in alle dele van die liggaam aanwesig wees, omdat die bepaalde deel van die liggaam andersins sekerlik geen lewe sou bevat het nie en op gelyke wyse net so dood sou gewees het as wat die hele liggaam dood is sodra die siel dit verlaat het. Omdat die hele liggaam dus aktief is, moet ook die siel, as oorsaak van die lewensaksie, deur die hele liggaam verspreid wees. En dus is die siel al net volgens die logiese denke van `n suiwer en gesonde mens, ongetwyfeld heeltemal mens in geestelike stof en het haar basis - nota bene - in die hele liggaam. [3] Iemand sou egter daarteen kon inbring: 'Ja, dit klink baie goed, maar waar is die tasbare bewyse daarvoor, wat as enige houbare getuie kan dien vir die volle waarheid van die verstandelike redenering?' [4] O, ook sulke tasbare bewyse het ons deur veelvuldige ervaringe gedurende alle tye, lande en volke! Eerstens geld natuurlik dit, wat `n mens as gesonde en waarheidsliewende mens self opgedoen het, en daarna kan die ervaringe van talle ander mense die eie ervaring ondersteun en die waarheid daarvan bevestig. [5] Die vreemde geskiedenis van Saguntus in Hispania ken julle. Die ewiglewende gees van my vader was op gelyke wyse mens soos wat hy tydens sy lewe was. Dit bewys dat hy as siel ook in die liggaam moes gewees het, naamlik heeltemal `n mens met kop, liggaam, hande en voete. [6] Maar dit is nie die enigste ervaring op die gebied nie. Toe ek `n aantal jare gelede na Egipte toe moes reis, maak ek die volgende baie vreemde gebeurtenis mee: Ek was met die meeste van my metgeselle, wat hier aanwesig is, in Sicilië om vandaar per skip na Egipte te reis. Ons skeep ons vroegoggend in op ons groot, stewige skip, wat reeds talle storms getrotseer het. Ons beveel ons aandagtig en innig binne die beskerming van die gode en ek roep heimlik ook nog die beskerming van die God van die Judeërs in, wat ek uit julle Skrif leer ken het. Toe ons wil afvaar, was die skip met geen moontlikheid vlot te kry nie. Ek laat dadelik alles baie sorgvuldig ondersoek en nêrens was iets te vinde wat die skip ook maar in die minste kon belemmer het om vlot te kom nie. Toe word alles probeer om die skip, wat tog in baie diep water gelê het, van die land te du; maar alles was vergeefse moeite. Ek het met `n aantal van my metgeselle vol woedende gedagtes op die dek gestaan, omhoog en omlaag en links en regs en oor boord na benede in die see gekyk om uiteindelik tog die een of ander rede te ontdek waarom die wegvaar nie slaag nie. [7] Toe ontdek ek skielik `n wit geklede manlike gedaante aan die oewer van die see, wat heen en weer gewandel het met sy oë op die skip gerig en hy het dit nie uit die oog verloor nie. Ek roep `n aantal van my metgeselle na my toe en maak hulle op die gedaante opmerksaam. Hulle dag toe dat dit miskien `n oewer towenaar was, en dat mens hom offers moes gee om die skip los te laat. Ons gaan derhalwe uit die skip uit aan land na die gedaante toe, wat ons met vaste blik ingewag het. By die gewaande towenaar aangekom, vra ek manmoedig aan die gedaante: 'U hou my skip vas met u toormag. Waarom doen u dit? Verlang u van ons `n offer as losgeld vir die skip? Praat, want my reis na Egipte is dringend!' [8] Die gedaante kyk my strak en ernstig aan en sê hardop en goed verstaanbaar: 'Ek is geen towenaar en eis geen offer van jou nie. Maar omdat jy die beskerming van die God van die Judeërs gevra het, was ek hierheen gestuur om jou van ondergang te bewaar. Want as jy vandag afvaar, sal jy in die derde uur van die nag tesame met die skip `n prooi van die see word! Twintig uur van hier oor die water sal `n swaar storm woed. Wee diegene wat sy woede tref! Môre kan jy egter afvaar, en dan sal jy jou vaart geseënd volbring, ' [9] Toe vra ek die gees: 'Wie is u dan, hoe heet u?'

[10] Toe antwoord die gees: 'Ek was jou oergrootvader gewees, ek was `n eersame patriciër (edelman) en was altyd teenoor almal goed en regverdig en is daarom nou ook salig, ook al is dit nog nie heeltemal volmaak nie. Jy sal nog groot dinge op aarde beleef. As dit egter sover gekom het, dink dan aan my, wat dit nou, met goedkeuring van die enige ware God, aan jou meegedeel het!' [11] Toe verdwyn die gees, en ons bly aan land. [12] Wel dit was `n gees wat deur ons almal gesien is, of die verder lewende siel van `n reeds lank gestorwe en vergane liggaam, wat `n volmaakte mensegestalte gehad het en goedverstaanbare woorde vir my welsyn gepraat het en `n wilskrag getoon het waarteen al ons fisieke krag volkome in die niet verdwyn. Hierdie verskyning is volkome waar en kan deur die meeste van my metgeselle hier bevestig word. - Laat ons egter verder gaan met `n ander een, wat ons in Opper-Egipte meegemaak het!'

Siel en liggaam 219 (Die Romein:) 'Ons reis na Memphis en kry onderdak, wat die plaaslike owerste en goewerneur ons in sy groot paleis besorg. Gedurende die eerste drie dae bekyk ons die stad, haar omgewing en die ou tempel met haar entourage (omliggende dele), wat ons Romeine natuurlik baie interesseer. [2] Op die derde dag, nog baie vroeg, merk ek dat daar iets homself in my groot slaapvertrek ophou en beweeg. Ook die bediendes wat by my wag gehou het, bemerk dit. Ek vra hulle dadelik wat dit was, en wat dit beteken. Maar die bediendes weet dit nie en sweer dat hulle so-iets nog nooit voorheen waargeneem het nie. Dit lyk nou eers soos `n skaduwee op die muur en dan weer rook wat van die vloer van die kamer af opstyg en heen en weer sweef asof dit deur `n ligte sagte windjie beweeg word. Daar kon egter niks maklik aan die brand raak nie, omdat bykans alles van klip was, selfs die tafels, beddens en stoele. Ons staar `n tydjie in stomme verbasing na die skynbare spel van die natuur, en elkeen wag met `n sekere angs op wat uiteindelik daaruit sou voortkom. [3] Dit duur egter nie baie lank tot die skaduwee- en rookspel opeens verdwyn nie. Daarna word `n sterk geruis hoorbaar en `n baie jeugdige maar origens baie bedroefde uitsiende vroulike gedaante kom te voorskyn; deur haar vreemde klere lyk sy soos `n vrou uit die ou Egipte. [4] Ek skep moed en vra haar met die stem van my hart wie sy was, en wat sy hier wou hê. [5] Oombliklik rig die wese haar op en sê: 'Ek is `n dogter van Sesostris en my naam is Isia. Jy is ook van dieselfde stam en jy kan my vrymaak uit hierdie vesting van ellende en vertwyfeling waarin ek al `n lang aardse tyd bly. Vertel my van `n egte, ware God! Slegs Hy sal my kan bevry van hierdie lang kwelling; maar jou en my gode is maar net dooie gedagtes van die blinde mense.' [6] Ek (Agricola) sê: 'Rig jouself dan tot die God van die Judeërs!' [7] Toe ek dit gesê het, word die gedaante heeltemal wit en verdwyn. [8] Wat daar verder gebeur het, is egter nie hier tersake nie. Die verskyning was hierdie keer vroulik en het presies gelyk soos `n meisie van hoogstens drie-en-twintig jaar. As dogter van Sesostris het sy beslis ook eens liggaamlik op hierdie aarde geleef, en dit sou my baie verwonder het as sy nie volkome soos haar toenmalige liggaamlike gedaante gelyk het nie. [9] Maar dit lewer tog wel `n volledige en onomstootlike bewys, dat elke liggaamlike mens ten eerste `n onsterflike siel het, en dat sy tydens die lewe van die liggaam die hele liggaam bewoon, en na die vergaan van die liggaam self heeltemal dieselfde gedaante het as wat sy vroeër in die liggaam gehad het. Meer het julle nie gevra nie, en dus het ek julle ook niks verder te vertel nie. [10] Maar dat die siel die hele liggaam van die mens inneem, kan ek julle deur nog `n self beleefde gebeurtenis bewys, luister dus verder! [11] Ek ken in Rome `n man wat in `n veldslag `n been tot bo sy knie verloor het en in die lewe gebly het. Toe ek die man vra of hy nooit meer iets van die verlore been, soos die ware gevoel vanuit sy herinnering, merk nie, en of hy voel dat hy geen been het nie, sweer die man dat dit vir hom voel asof hy heeltemal geen been kwyt was nie. Deur die gevoel het dit hom al meermale oorgekom dat hy op die voet, wat daar nog steeds blyk te wees, wou gaan staan, en daardeur het hy ook al `n aantal kere behoorlik hard geval. [12] Uit die ware voorval kan ook weer dadelik tot die slotsom gekom word dat die siel, in die eerste plek die hele liggaam deurdring en geen ledemaat verloor nie, ook al word die liggaam heeltemal vermink, en ten tweede dat die siel self onsterflik is en na die liggaamlike dood verder bly lewe en haar verder ontwikkel. [13] Ek glo dat ek julle vraag nou heeltemal ordelik beantwoord het. Ek sal julle nog wel `n aantal sulke feite uit die ou tye en van alles oor ons bekende volke kon vertel; maar dit sou die waarheid van my antwoord nie vergroot nie. En dus het ek ook hierdie vraag heeltemal volledig beantwoord en kan julle my nou wel die vyfde vraag stel! Wat dink julle daarvan?' [14] Die Skrifgeleerde sê: 'Dat jy hierdie vierde vraag buitengewoon goed beantwoord het, moet ons almal

toegee. Maar ons gee ook toe dat ons jou geen vrae meer kan stel nie; want jy is `n uitermatige geleerde man met baie ervaring, by wie ons almal in die leer sou kon gaan. Wat moet of kan ons jou nog verder vra?! Ons sal jou die honderd pond goud betaal en daarmee hou die saak op.' [15] Die Romein sê: 'Beste! Inmiddels kan ons hierdie geskiedenis wel laat vir wat dit is, omdat julle nou kan insien dat ons Romeine nie so dom is as wat julle gewoond was om van ons aan te neem nie. Julle het nou gesien dat ons alles deeglik ondersoek en daarby die gevinde goeie en ware behou. Maar omdat julle nou goed daarvan oortuig is, vra ek julle: Het ek gelyk, as ek julle nou julle groot dwaasheid verwyt om die Elohimmens wat daar sit, nie as sodanig te wil en te kan erken vir wat Hy volgens my mening onteenseglik is nie?' [16] Die Fariseërs sê: 'Beste, werklik baie wyse vriend! Dit wil ons ook, en ons is selfs heimlik daarvan oortuig dat die Galileër baie goed die beloofde Messias kan wees en ook sal wees; maar ook ons kan `n ou spreekwoord van julle aanhaal, en dit lui: Ultra posse nemo tenetur.* En dit is by ons die geval. Ons kan dit nie glo vanweë die betrekking wat ons jammer genoeg beklee nie. Want as ons openlik sy leerlinge sou word, sal ons deur die tempel, sonder enige oorweging, vervloek en uitgestoot word. Waarheen moet ons dan, en wat doen ons dan, en wie sal ons kos en inwoning gee? *`n Mens moet van niemand meer verwag as wat hy kan nie.[17] Ja, as iemand kon lewe soos `n voël in die lug, dan sou dit baie maklik gewees het om `n leer te aanvaar, wat op sigself wel vol van die suiwerste waarheid is, maar absoluut die teenoorgestelde is van ons huidige Judeërdom! Ons kan dit dus maar net heel in die geheim vir onsself aanneem en glo. Na buite toe moet ons daarteen wees, omdat ons anders niks sou hê om van te lewe en êrens te woon nie. Wie dit bedink, sal beslis goed kan insien wat ons kan of nie kan doen nie.' [18] Die Romein sê: 'Hierdie verontskuldiging van julle is so waardeloos en so leeg soos `n uitgeblase eier en bevat nie die minste rede om julle van die aanneem van die waarheid af te kan hou nie. Want noudat julle weet en wel moet erken wie hierdie Elohimmens is, kan julle tog onmoontlik vra wat julle sal eet, waarmee julle julleself sal klee en waar julle sal woon. As die hoogste Gees van God in Hom woon, wat hemel en aarde geskape het en alles onderhou en bestuur, en as elke asemhaling en elke polsslag slegs van Hom afhang, dan sal Hy ook wel diegene wat in Hom glo en Hom liefhet alles gee wat hulle vir hulle liggaamlike lewensonderhoud nodig sal hê. [19] Kyk eens al na hierdie mense hier! Hulle eet en drink en is goed gekleed. Ook al het hulle hulle klere al vroeër gehad, dan tog nie die voedsel wat hulle nou hier gebruik nie. Ook drink julle nou wyn wat nog nooit voorheen in `n sak was nie, en eet brood wat nog nooit in `n bakkersoond was nie. As julle nou net soos ons Romeine daarvan oortuig moet wees, hoe kan julle julleself dan met sulke waardelose redenasies verontskuldig? [20] Maar wat het julle uiteindelik aan julle teenswoordige funksie en liggaamlike versorging? Sal dit julle verseker van die ewige lewe? Wie sal eendag julle siele versorg as julle Hom die rug toekeer wat alleen dit kan doen, soos wat Hy julle Self vanmôre in die tempel duidelik genoeg gesê het dat hulle wat in Hom glo, die dood in ewigheid nie sal sien, voel en proe nie?! As julle nou volgens julle siening erken dat Hy die groot Beloofde Een is, bestaan daar tog vir julle en vir glad geen iemand `n geldige rede om nie openlik voor alle mense in Hom te glo en volgens Sy leer te lewe nie. - Het ek gelyk of nie?' [21] Alle aanwesiges sê: 'Ja, verhewe Romein, u het heeltemal gelyk; want so is dit en ewig nie anders nie! Heil aan elkeen wat nou die geseënd is om die Heer te sien en Sy goddelike leer te hoor, soos wat ons almal dit gelukkig beleef en wat dit nie in die minste werd is nie!'

Die wat hulle van die wêreld afkeer en die ryk van God 220 Daarop sê Ek: 'En salig is ook hulle wat hom nie vir My vererg nie! Julle blinde Fariseërs sê: 'As die lug in die aand rooi is, sal dit môre `n mooi dag wees; maar is die oggend rooi, dan sal die dag somber wees!' Hierdie tekens kan julle beoordeel; waarom sien julle dan nie die groot tekens van hierdie tyd, wat deur My aan julle gegee word nie? Die tekens sien julle ook goed en julle verstaan dit ook; maar vanweë julle wêreldse ryk wil julle dit nie aanneem nie en hou julle ook die volk daarvan af. En dus wil julle self nie in die hemelryk ingaan nie, maar laat julle ook niemand anders daarin toe nie; en daarom sal julle eendag ook des te meer verdoem wees! [2] As `n blinde teen `n rots stamp, kan niemand hom dit kwalik neem nie. Maar as `n siende dit doen, is dit duidelik `n growwe fout; want hy kan tog sien dat daar `n rots in die pad lê. En dit is soveel meer by geestelike dinge die geval. Wie op grond van sy sieleblindheid hierdie tekens en woorde wat Ek doen en praat nie kan verstaan nie, vir hom sal dit ook nie as `n sonde aangereken word nie - maar wel word dit diegene wat sien en tog vyandig teenoor die waarheid staan, veelvoudig aangereken! [3] Dit is tans by julle Fariseërs en Skrifgeleerdes die geval. Julle sien self baie goed in dat Ek die Beloofde is; maar julle sien daarnaas ook in dat julle totaal geruïneerde Judeërdom naas My leer nie kan bestaan nie, omdat julle Moses en die profete bykans heeltemal vervang het deur julle eie voorskrifte om die volk,

die weduwees en die wese te kan onderdruk, en nie om hulle te steun nie. En omdat julle dit doen en julleself nie tot My bekeer nie, bly julle sonde in julle, en daarmee ook die oordeel en die dood! Helaas, met dieselfde maat waarmee julle nou meet, sal julle eens deur My ware Vader vergeld word!' [4] Toe sê `n Fariseër wat eers nog heeltemal ongelowig was: 'Heer, dit vind ek `n vreemde redenasie van U! Is dit dan gladnie moontlik dat ons van nou af aan ook U leerlinge kan word nie?' [5] Ek sê: 'Julle kan wel leerlinge van My word, maar nie so maklik as wat jy dink nie; want wie `n leerling van My wil word, moet heeltemal met die wêreld breek en mag nie na haar verlokkings kyk nie; want die hele wêreld is in `n aanhoudende oordeel en in `n voortdurende dood! Wie die wêreld liefhet, is nie geskik nie en is ondeugdelik om `n egte leerling van My te word; want die liefde tot die wêreld het geen lewe in haarself nie, maar slegs die oordeel en die dood. Ek het egter geen dooie, maar volkome vrye, lewende leerlinge nodig. As julle dit kan word, dan kan julle ook by My bly! [6] Want Ek het nie in hierdie wêreld gekom om al die blinde en kortsigtige mense te oordeel nie, maar Ek het slegs gekom om die verlorenes te soek, die siekes te genees, die geboës op te rig en alle gevange mense vry te maak. Wie Ek help, sal ook vir ewig geholpe wees; wie egter My hulp nie wil aanneem nie, die sal niemand nóg in die hemel nóg op hierdie aarde kan help nie. [7] Ek bedoel hier egter nie Myself as persoon nie, maar My leer; want dit is die ryk van God wat nou vlak by julle gekom het en elkeen wat daarvolgens leef, die ewige lewe sal gee. Waarlik, Ek Self sal niemand oordeel nie; maar die woord wat Ek tot julle spreek sal julle oordeel, soos wat ook die waarheid oordeel en dood bring aan die leuen!' [8] Daarop sê die Skrifgeleerde: 'Heer, U het nou baie goed en wys gespreek en so is dit ook; maar tog is daar nog iets waarmee ek dit nog nie so goed eens kan wees nie, en dit is die volgende: U sê dat mense die wêreld nie moet liefhê nie, omdat die wêreld die oordeel en die dood is. Nou, dit is op sigself heeltemal waar, - maar bedink nou eers hoe groot hierdie wêreld is en hoeveel mense onvrywillig op haar lewe! Wie gaan na hulle toe en bring vir hulle troos, en `n evangelie uit die hemele? Hulle groei wild op soos die onkruid op `n veld en ken niks en weet niks nie. Moet sulke mense ook deur die almagtige wil van God heeltemal blind op hierdie aarde geplaas word, en geen liefde vir hierdie aarde hê wat hulle dra en voed nie? [9] Ons Judeërdom is al byna meer `n heidendom as `n egte Judeërdom; hoe sien dit dan met die ander volke en mense daaruit? Want, sover ons weet, ons denke en herinnering reik, kan geen mens tog iets daaraan doen dat hulle volkome willoos in hierdie slegte en ellendige wêreld gebore is nie! As hulle egter eenmaal daar is, dan word hulle dadelik vanaf hulle geboorte tot aan die rand van die graf voortdurend met al die moontlike gepla waarmee `n mens maar gepla kan word. Uiteindelik volg daar dan `n pynlike en bittere dood. [10] Ja, as jy maar `n bietjie goed daaroor nadink, dring die belangrike vraag homself onwillekeurig aan jou op: Waarom is ek eintlik `n mens? Wie het my in die tranedal geplaas, en waarom? [11] As die mens sy hele ellende so bekyk, kan jy dit hom tog egter nie kwalik neem dat hy in die wêreld op soek gaan na `n plekkie waar hy sy lot ietwat draagliker kan maak nie. Wel, na baie pyn en moeite het hy eindelik so `n plekkie verower, waar dit met hom ietwat beter en rustiger sou kon gaan vir die res van sy lewe, - en dan kom daar dadelik profete en ander bodes vol van die Gees van God en verkondig aan hom die toorn van God, die oordeel, die dood en `n aantal ander nie sulke opwekkende dinge, en met die moeisaam verkryde rusplekkie is dit finaal uit. [12] Ja, as die mens vanaf sy geboorte al met `n God `n ooreenkoms gesluit sou gehad het onder watter voorwaarde hy op hierdie wêreld sou lewe, dan sal dit natuurlik alles baie anders wees! Maar jy word heeltemal naak en blind en byna so goed as bewusteloos in die wêreld gebore en dadelik deur alles gekwel. En as jy na allerlei lyding en wedervaringe eindelik `n man geword het - sê maar - selfs gesond van lyf en lede, en in staat om uit die lewe miskien so hier en daar tog `n aangename dag te ontrafel, dan reën dit al van alle kante stapels wette van allerlei soort, en met die aangename dag is dit gedaan! Want as ek hom deurgebring het, dan het ek teen `n aantal wette gesondig wat daarna my kwellende gewete aktiveer; maar het ek die wette voor oë gehou, wel, dan bly daar van die aangename dag ook niks meer oor nie! Ja, waarom is dit alles dan so? [13] Ek glo nou wel, dat u die Een is wat ons volledig kan help; maar wat gebeur daar met die tallose talle ander mense wat op hierdie aarde lewe? Wie sal hulle help? En waarom was ons Judeërs en die Grieke en Romeine nie vroeër geholpe nie?'

Die goddelike leiding van die mense 221 Ek sê: 'Luister, hoe die mensdom op hierdie aarde behandel moet word, weet slegs Hy wat hulle geskape het, helaas die allerbeste! En Hy het dit selfs geen dag laat ontbreek aan allerlei aanwysings uit die hoogste lewenshemele nie, om die mense op die regte weë te wys waarop hulle moet wandel, om die

doel wat God vir hulle gestel het, op eenvoudige wyse te bereik. As die mense hulle egter deur wêreldse lekkernye en haar valse en verganklike prikkels steeds opnuut laat verlei het en steeds opnuut van God afgeval en die goue kalf en die Mammon van die wêreld aanbid het, wat hulle in hulle blinde inbeelding en ydele fantasieë self tot iets baie belangrik verhef het, kan God dan niks daaraan doen dat die mense Sy onderrig en Sy raad verwerp het en vir hulle in die plek daarvan wette gemaak het waardeur hulle vir hulleself steeds meer van die verderflike Mammon kan inpalm nie?! [2] Het God julle nie by monde van Moses al die moontlike van Sy oneindige oorvloed in die skepping baie duidelik laat sien nie, en uitgelê dat dit alles maar net so is, ter wille van die mense van hierdie aarde nie?! Het God nie laat sien wat die mens van hierdie aarde is en wat daar uiteindelik van hom gaan word nie?! Moses het aan julle die rede van die hele materiële skepping baie presies uitgelê, en goed laat sien waarom elke siel die weg van die vlees moet deurmaak om na die aflegging van die liggaam as `n gees wat selfstandig en aan God volledig gelyk moet wees, vir God te kan nader. [3] Dit alles het God reeds in die oudste tye veelvuldig via Adam, Set, Enos, Kenan, Henog, Lameg, Noag en daarna steeds maar deur tot by Abraham, Isak en Jakob vir die mense laat sien. Hy het dikwels selfs persoonlik by hulle vertoef en hulle geleer om op die regte weë van verlossing te gaan. Waarom het julle mense dit alles verwerp en julle wêreldse wysheid in die plek van die goddelike openbaringe geplaas?! [4] Wie was Melgisédek, die enigste hoogste priester, wat koning van Salem was? Waar is sy leringe en sy wyse, liefdevolle wette wat hy aan alle mense gegee het?! Kyk, julle vaders het dit vernietig! [5] Moses het in sy groot sesde en sewende boek al dit wat verloor was, nogmaals gegee, en julle het dit weer vir die volk verstop en in die plek daarvan afval gegee. [6] As die hele mensdom nou moet ly deur die skuld van die selfsugtige priesters en ander heerssugtige mense, kan God dan iets daaraan doen?! [7] God het die mens `n vrye wil gegee om uit homself en vir homself te kan handel; God het die mens egter ook die rede en die verstand gegee, sodat hy die raad en wette van God kan neem en kan verstaan, en Hy het hom ook die krag verleen om daarvolgens te handel. As `n mens hom daarby egter tog uit eie vrye wil deur die wêreld wil laat beheers en geen ag wil slaan op die raad van God nie, is dit dan nie sy eie skuld as hy, omdat hy deur sy eie skuld niks wou weet van die hele orde van God nie, van die een ellende in die ander in moet val?! [8] Maar omdat dit nou egter al te erg onder die mense geword het en die lig hulle te veel ontbreek, het Ek nou nogmaals Self gekom as die ou Melgisédek, selfs in die vlees na julle toe, soos wat Ek dit reeds lank vantevore deur alle profete laat aankondig het. [9] Ek is nou hier om die mense weer opnuut op die weg van die ware lig en die lewe te help, en leer en doen tekens sodat julle sal glo dat Ek die Een is! - en julle glo dit nie, en gun dit ook nie vir die ander mense wat glo dat hulle daardeur salig en volkome geseënd sou word nie! Wie se skuld is dit dan as julle met julle blinde aanhang in die ellende bly? Ek waaragtig nie! En julle sal dit op julle eie rekening moet skryf as dit met julle later nog duisendmaal slegter sal gaan as nou! [10] Die Romein het julle die ware rede gegee waarom julle nie wil glo dat Ek die beloofde Messias is nie. Maar Ek sê vir julle nog één keer: Wie in My glo, sal die ewige lewe hê, en daar sal strome lewende water uit sy lendene vloei; wie egter nie glo nie, sal die ewige lewe nie in hom hê nie, maar slegs die wêreldse dood en alle oordeel! Maar Ek dring My daardeur aan niemand op nie, maar laat alles oor aan elkeen se vrye wil. [11] Omdat Ek egter vir die verlossing van alle mense in hierdie wêreld selfs in die vlees na julle toe gekom het, moet Ek julle tog laat weet dat Ek daar is, sodat julle nie weer kan sê dat niemand dit vir julle gesê het nie, en dat God die mense goed geskape het en hulle uit vroue laat gebore word, maar Hom dan gladnie meer oor hulle bekommer nie en hulle steeds maar laat versmag. [12] Ek is nou daar om alle mense te help, en stuur My engele uit na alle volke van die aarde om aan hulle te wys op die regte manier van voorligting gee. Wie hom daarvolgens sal rig, sal nie verlore gaan nie, ook al bevind hy hom hoe ver hiervandaan. Maar niemand sal daartoe gedwing word nie. Dit sê Ek nou vir julle, sodat julle kan weet dat Ek daar is en waarom. Maar julle kan doen wat julle wil.' [13] Die Fariseër sê nou vir sy metgeselle: 'Wat moet ons doen? Die Man praat geweldig, en baie glo in hom. Ons kan nie sê: 'Hy is Die Een!', - maar ook nie: 'Hy is dit nie!' Na my mening kan ons eers die Skrif beter nalees. As alles met hom ooreenstem, dan kan ons nie anders as om volledig in Hom te glo nie; stem alles egter nie met Hom ooreen nie, dan bly ons wat ons is! Wat dink julle daarvan?' [14] Die Skrifgeleerde sê: 'Dan sal ons baie moet doen; want die Skrif is lank en moeilik vir ons om te verstaan. Daar sal ons sonder meer min kan uithaal! Ek dink dat ons nog langer by Hom, en veral by Sy leerlinge moet bly, en met hulle bespreek wat hulle vanaf die begin alles van Hom gehoor en gesien het. En dit sal ons beslis `n beter bewys oor Hom gee as al ons onbegryplike boeke. Ek is nou al meer vir die geloof in Hom as vir die teendeel! Wat sê julle ander daarvan?'

[15] Een van die ander wat meer geloof het, sê: 'Die geloof is geen probleem meer by my nie; maar hoe kom ons van die tempel af weg? Dit is `n heel ander vraag, wat vir ons eers moeiliker is om te beantwoord as al die ander!' [16] Daarop sê die Romein: 'As dit die enigste is waaroor julle vassit, dan dink ek dat dit baie vinnig verhelp kan word. Na my wete stuur die tempel altyd ervare priesters orals heen om ander vir die geloof te wen. As julle vir julle meerderes sal sê dat julle daarvoor deur my, Agricola, uitgenooi is, sal niemand beslis iets daarop teë hê nie, en hulle sal julle laat gaan. - Hoe vind julle dit?' [17] Toe sê die Skrifgeleerde: 'Dit klink goed, ons sal dit probeer. Maar as die hoëpriester nie daarop ingaan nie, wat dan?' [18] Die Romein sê: 'Dan vorder ek julle van hom af met my keiserlike volmag, en dan sal julle hoëpriester niks meer daarteen kan inbring nie!' [19] Daarmee was almal tevrede, - slegs die een Fariseër begin nog oor die honderd pond goud. [20] Die Romein sê egter: 'As julle my volg, skeld ek dit kwyt!' [21] Daarmee was almal tevrede en hulle gaan na die leerlinge, praat met hulle oor `n aantal sake en word daardeur nog gelowiger.

Rein en onrein voedsel 222 Terwyl die groep Fariseërs hulle met die leerlinge besig gehou het, praat Ek met Lasarus en sy herbergier oor baie gewone aardse dinge. Die talle aanwesige tollenaars, met hulle aanhang, luister egter aandagtig na alles wat Ek met Lasarus en sy herbergier bespreek en let goed daarop wat hulle by hulle landbou en hulle veeteelt goed kan gebruik. [2] Ek wys hulle op baie wortelvrugte wat hulle deur My omskrywing goed kan herken, verbou en daarna as voedsel kan berei. Ook vertel Ek hulle hoe hulle die vleis van varke, herte, reebokke, gemsbokke, gaselle, wilde en mak hase en `n aantal voëls kon voorberei om dit te kan eet , sonder dat dit skadelik vir hulle was. So vertel Ek hulle ook, hoe en wanneer mens die diere die maklikste kon vang en doodmaak en hoe mens die vleis daarvan dan gemarineerd en goed gerook vir langer tydperke kon bewaar om, indien nodig, daarvan te eet. [3] Dit hoor die Romeine ook, en ons Agricola kom van sy tafel af na My toe en sê: 'Heer en Leraar, ook van hierdie onderrig het ek alles gehoor en dit doen my baie genoeë dat U ons ook oor dergelike dinge inlig! Kyk, ons is gewoond om vir die misdadigers in die kerkers rivier seekreef te ete te gee! Hierdie diere word, wanneer hulle gevang kan word, in soutwater, waarby tiemie toegevoeg is, gekook. Wanneer hulle rooi word, is hulle voldoende gekook. As hulle so voorberei is, gee mens hulle vir die gevangenes om te eet. In die begin word hulle, soos wat mens weet, slegs deur erge honger genoodsaak om die voedsel te eet; maar na verloop van tyd smaak hierdie kos vir hulle baie goed, en hulle word tewens kerngesond, sien by die dag beter daaruit, en elkeen verheug hom uiteindelik oor die krewe. Hulle wat hulle straftyd agter die rug het, eet ook later bykans niks anders as kreef nie, as hulle dit tenminste kan kry. - Hoe vind U ons kos? Sou dit raadsaam wees as ander mense dit ook wil eet?' [4] Ek sê: 'Ja seker, - maar slegs in bepaalde maande wat aan julle bekend is, en dan moet hulle natuurlik vars en lewend wees! Die bereidingswyse is baie goed. Maar rivierkreef is beter as die uit die see.' [5] Daarmee was Agricola baie tevrede. [6] Sommige leerlinge sê toe onder mekaar: 'Kyk nou tog eens na ons Heer en Leraar! Oor sulke dinge het Hy vir lank niks meer gesê nie! Hoe is dit dan dat Hy dit nou sê?' [7] Maar ook die Fariseërs, wat met die oudste leerlinge oor My gepraat het, hoor wat Ek sê, skud hulle koppe en sê: 'Nou vertel Hy dinge wat in stryd is met die wet van Moses, en die Romeine bring niks daarteen in nie, terwyl Hy ons tog verwyt het dat ons die instellinge van Moses verwerp het en vervang het met die van ons! Weet Hy dan nie wat Moses voorgeskryf het nie, en dat die vleis van onrein diere die mense ook alreeds verontreinig as mens dit maar net aanraak? Wat het die voorbereiding daarmee te doen! Wat onrein is, bly ook by die beste voorbereiding onrein en verontreinig diegene wat dit eet! Ietwat vreemd van Hom dat hy so praat!' [8] Jakobus sê heimlik vir My: 'Heer, hoor U nie hoe die Fariseërs U prys nie? Sê tog iets terug!' [9] Ek sê: 'Wat maak dit aan My saak wat die blinde Fariseërs sê! Hulle is blinde leiers van blindes! As die een blinde egter die ander lei, val beide in die sloot en die een kan die ander nie help nie. Let daarom nie op wat hulle sê nie!' [10] Die Fariseërs het dit egter ook gehoor en hulle begin hulleself af te vra of Ek dit ook nou op hulle bedoel het, terwyl hulle tog gelowig geword het. [11] Maar Ek gaan staan en sê vir hulle: 'Ja, dit slaan ook op julle! Blinde dwase! Wat deur die mond na binne gaan en via die mond in die liggaam beland en langs die natuurlike weg weer die liggaam verlaat,

verontreinig nie die mens nie; maar wat deur die mond uit die hart kom soos slegte gedagtes, slegte en onfatsoenlike praatjies, eerroof (laster), meineed, allerlei leuens, bedrog, nyd, gierigheid, ontug, hoerery en egbreuk en vraat- en swelgsug, dit verontreinig die hele mens, ook as hy rein spyse eet! [12] Slaan maar na in die Skrif, dan sal julle wel vind waarom Moses maar net die gebruik van suiwer en rein voedsel aanbeveel het! Dit het hy gedoen vanweë julle groot belustigheid vir vleis en vanweë julle buitensporige sinlikheid en geilheid. Ek sê egter nou, dat vir diegene wat in sy hart rein is, ook al die ander rein is, maar vir diegene wat in sy hart onrein is, alles onrein is. [13] Wat julle vir die noodsaaklike instandhouding van julle liggaam eet of drink, sal julle nóg salig nóg ooit onsalig maak nie, maar slegs wat julle glo en hoe julle handel! Glo julle verkeerde dinge, dan kan julle niks doen wat reg en werklik goed is nie; want dan is die waarheid nie in julle nie. Maar daardeur sal julle siel nie in die oordeel bly nie, want dan sou alle heidene verlore gewees het en daar is geen sprake daarvan nie! Maar as julle die waarheid gehoor het en ook verstaan het, en tog verkeerd handel, sal die waarheid julle oordeel, egter nie tot die lewe nie, maar tot die dood van julle siele! Want soos wat die lig die dood van die nag is, so is ook die waarheid die dood van die leuen en die onwaarheid. Maar noudat die dag van julle siel gekom het, waarom wil julle dan na die nag van die oordeel en van die dood terugkeer?!' [14] Die Skrifgeleerde sê: 'Heer, ek weet wel dat U die waarheid praat; maar U het ons tog verwyt dat ons die wette van Moses opgehef het en ander in die plek daarvan gestel het! En kyk, ons bestry dit nie, omdat dit werklik so is, maar as U nou alle Judeërs toelaat om ook die vleis van die onrein diere wat deur Moses genoem is, te eet, nadat hulle op `n bepaalde manier voorberei is, dan hef U ook immers op hierdie punt die wet van Moses op, net soos wat U dit ook nie altyd so streng gehou het, deur ook op die Sabbat siekes te genees nie! Want daar staan geskryf: 'Ses dae sal jy arbei, die sewende dag sal jy rus en aan JaHWeH God wy!' Met watter reg doen U dan so-iets self?' [15] Ek sê: 'As Ek Die Een is wie Ek is, wat in hierdie wêreld gekom het, dan doen Ek dit nou met presies dieselfde reg as waarmee die Vader, wat in My is, deur Moses in die woestyn vir julle Israeliete die wette gegee het. Ek hef egter, soos wat jy dink, beslis geen wet van Moses op nie, maar Ek Self vervul die wet in alle opsigte. Ek laat julle maar net julle onbegrip sien ten aansien van die beoordeling van die wette van die profeet. Julle hou julle by die letter, die dood, en kan die gees nie lewend maak nie. Ek openbaar egter nou aan julle die Gees wat alles lewend maak; hoe kan jy dan sê dat Ek die wet van Moses ophef? [16] Julle lettersifters voed wel die muggies met letters en daarvoor verslind julle kamele; want as julle dan so onwrikbaar letterlik aan die wette van Moses wil hou, hoe kan julle dan vir baie geld en ander offers aan ryk Judeërs vrystelling daarvan gee?! [17] Julle eet selfs op die Sabbat gesuurde brood, julle eet wilde voëls en gee ook nog aan julle apostels verlof om alles te eet wat die mense in `n bepaalde land eet. Dit gaan vir julle egter maar net oor die aardse voordeel, en dit maak nou juis dat julle die wet breek; Ek gee die mense egter nou uit suiwer liefde en medelye hierdie raad en verlang geen offers vir die vrystelling nie en hef daarom ook nie die wet van Moses op nie! Want as die mens, wanneer hy honger het, sy liggaam versadig met watter eetbare voedsel dan ook, sondig hy teen geen enkele wet van Moses nie. Maar as `n Israeliet suiwer uit smulpapery (vraatsug) en om sy verhemelte onnodig te streel, tot ergernis van sy medemense die vleis van onrein of verstikte diere eet, terwyl hy voldoende vleis van rein diere het, dan sondig hy omdat hy sy swak medemens daarmee vererg. [18] Hiermee sê Ek niks anders as: `n Mens kan, indien nodig, ook die vleis van al die diere wat deur My aangegee is, eet en hoef geen gewetensaak daarvan te maak nie; maar hy moet dit eers voorberei soos wat Ek juis nou vertel het, dan sal dit hom nie skaad nie! Maar bloed, veral van verstikte diere, moet niemand eet nie, omdat baie bose (besoedelde) geeste daarin verberg sit! Julle weet dit goed, en tog eet julle in die geheim die vleis van verstikte hoenders, kalwers en lammers, omdat dit vir julle beter smaak en julle daarvan bedwelmd en geil en uiteindelik heeltemal gevoelloos word. [19] Dink eers oor jouself na, oor wat jy doen, en daarna kan jy eers vir My sê of Ek die wet van Moses ophef! Hoe kan jy vir jou buurman sê: 'Kom, laat my die splinter uit jou oog haal!', terwyl daar in jou eie oog `n behoorlike balk sit?! Dwaas! Haal eers die balk uit jou eie oog en kyk dan eers wat jy aan die splinter in die oog van jou buurman kan doen! Laat elkeen eers sy eie straatjie vee en dan eers na sy buurman toe gaan en sê: 'Voor my deur is dit nou skoon, as jy wil, sal ek ook voor jou deur vee, sodat die verbygangers hulle nie aan ons vuilheid sal vererg nie."

Regte en verkeerde Sabbatsviering 223 (Die Heer:) Presies soos wat dit met die eet van die vleis van onrein diere staan, so staan dit ook met die Sabbat. Allereers is elke dag `n dag van JaHWeH, en die ware mens moet elke dag goed doen, nie slegs op die Sabbat nie! En ten tweede staan daar maar net geskryf dat `n mens hierdie dag moet heilig, en dan nie, as dit nie nodig is nie, swaar slawearbeid moet verrig nie; maar dat `n mens op die Sabbat ook

geen goeie werke mag doen nie, daarvan staan in die hele wet van Moses geen enkele woord nie! [2] Maar as die profeet sê: 'Sonder noodsaak en wettige toestemming sal jy op die Sabbat geen swaar knegtewerk verrig nie!', hoe kom julle dan daarby uit dat Ek die Sabbat skend as Ek op die dag `n sieke kosteloos gesond maak? Julle gee tog self op die Sabbat voer aan die os en julle bring die esel en die beeste en die skape en varke na hulle drinkplek! En laat julle `n os of esel in `n put verdrink as hy op `n Sabbat daar sou inval? Maar as julle dit al vir julle huisdiere doen, waarom mag `n mens dan nie op `n Sabbat gehelp word nie? Is `n mens nie meer werd as `n dier nie?! [3] O julle blinde dwase! Hoe ver het julle julleself van die waarheid verwyder! Ja, dit is waar, wat daar van julle geskryf staan: 'Sien, die volk eer My met die lippe; maar sy hart is ver van My!' [4] Vertel eers: As daar `n mens by julle sal kom en sê: 'Ek het dit druk met my oes, en die tyd is gunstig! As ek op die Sabbat mag deurgaan, offer ek die drievoudige tiende, `n gemeste (vetgemaakte) os en drie vet kalwers!', dan skryf julle tog dadelik `n vrybrief vir hom uit, sodat hy daarmee ook vir die Sabbat arbeiders kan huur. Is dit nie `n groter skending van die Sabbat, as wanneer `n mens `n sieke op `n Sabbat help nie?! [5] Op `n Sabbat mag jy voor sonsondergang geen brood breek en ook nie eet nie; maar as julle die hele dag deur in julle kamers - ook al is dit `n Sabbat - swelg en smul en dit ook aan ander vir geld toestaan - maar nie aan `n arme, omdat hy nie daarvoor kan betaal nie, - dan vra Ek: Is dit geen godslasterlike skending van die Sabbat nie?! [6] Verder vra Ek: Waarom het julle dan gesê dat die sesde en sewende boek van Moses later gedateer is, om dit so tesame met die profetiese aanhangsel te verwerp? Dit sou tog vir elkeen `n verligtende leidraad gewees het, wat hom duidelik sou laat sien het wat hom in alle voorkomende gevalle te doen staan. In plaas daarvan kry julle `n kabbala, wat uit die oud-Egiptiese Horus stam. Sowel dit as die ou Horus verstaan julle nie, en Moses en die profete, waarvoor julle klip gedenktekens opgerig het, en wat julle vaders gestenig het, wil julle nie verstaan nie, maar julle leer die volk dat hulle saam met julle hierdie Skrifte maar net hoog moet vereer en aanbid en dat dit voldoende is. Is dit nie `n groter skending van die Sabbat as wanneer Ek `n sieke op `n Sabbat gesond maak nie?! [7] Maar EK IS wat EK IS, ook `n Heer van die Sabbat! En dus sê Ek: Dit wat julle van die Sabbat gemaak het, skenk My geen vreugde nie, en Ek doen ook op die Sabbat wat Ek wil, soos wat Ek ook op die Sabbat - spreek JaHWeH - die son op- en onder laat gaan, en die riviere laat stroom, die winde laat waai en die groot storms loslaat, en die maan en die sterre langs hulle voorgeskrewe baan laat gaan en die gras laat groei en die soet sap in die druif laat ryp word! As dit egter alles in My absolute mag lê, moet Ek julle dan miskien vra wat Ek op `n Sabbat mag doen?! Praat nou en gee `n behoorlike en verstandige antwoord!'

Die teenwoord van die Fariseër 224 Na hierdie repliek van My weet die Skrifgeleerde nie wat hy daarop moet antwoord nie; want aan die een kant voel hy hom te veel geraak, en aan die ander kant juig die volk hardop oor hierdie geweldige woorde wat Ek praat oor My reg. En so staan die sewe tempeldienaars nou asof aan die grond vasgenael, en nie een was in staat om `n verstandige woord teen My in te bring nie. Bowendien het hulle inwendig ook baie kwaad vir My geword, omdat Ek hulle sonder enige oorweging die volle waarheid in hulle gesigte gespreek het. [2] Maar na `n oomblik beheers die Fariseër hom weer en sê: 'Maar Heer en Leraar, wat U nou vir ons daar gesê het, weet ons al lankal! Dat ons nie anders kan optree nie, sal U ook goed kan verstaan! Dit alles en nog meer kon U ons vertel het, sonder dat ons onsself daaroor druk sou gemaak het, - maar dan wel op `n ander manier! Maar U vertel dit alles asof ons self die laaste boeke van Moses verwerp het, - en asof ons die profete sou gestenig het! As U Self ook liggaamlik persoonlik by ons was, dan sou dit nooit so ver gekom het nie; nou het U skielik gekom en nou is ook alles dan heeltemal foutief, - en dit kan ons tog nie alles van vandag tot môre verander nie! Wat kan ons sewe teen vyfduisend soortgenote doen?! [3] Ons sal self voortaan nie baie in die tempel te doen hê nie; maar dit is dan ook nie net ons skuld dat die dinge daar so sleg staan nie. Sê vir ons, wat kan ons dan ten voorskrifte van die tempel anders doen as om hom op `n goeie manier die rug toe te keer? Want as ons môre begin om oor U ware en goeie saak te praat, dan word ons môre gestenig, en daardeur sou U saak niks gewen het nie; - as ons egter, soos wat die Romein voorgestel het, onder een of ander voorwendsel Jerusalem en sy valse leer vir altyd die rug toekeer, dan glo ek dat ons, deur U leer aan te neem, alles gedoen het wat ons in ons huidige toestand as swak sterflike mense maar kon gedoen het, en meer kan U, selfs as God, nie van ons verlang nie! Gee ons U almagtige wil, dan sal ons gou met die tempel afreken! Maar dat U, vir ons, terwyl ons in U wil glo, onbeskryflik sleg, vals en boosaardig noem, vind ek in elke geval nie baie prysenswaardig nie!' [4] Ek sê: 'Beste mense, vir die blindes kan jy moeilik iets opskryf en vir die dowes moeilik kwaad preek! As Ek julle julle saak, wat ook nog sterk aan julle persoon hang, ter verbetering voor oë stel, bedoel Ek dit dan

op julle persoonlik?! Wat Ek reflekteer is die gees van julle tempelwerk, en dit gaan nie net vir julle aan nie, maar alle Judeërs. [5] Die waarheid is die son van die gees, en dit moet alle mense suiwer en sonder hoflikheidswolke beskyn! Die beskynde wolk is egter geen son nie, en dwase hoflikheid is dieselfde as `n opgepoetste leuen, wat niemand tot die ware verlossing van sy siel kan bring nie. Daarom moet elkeen openlik die waarheid praat wat nut het; want met `n halwe waarheid word niemand gedien nie! By My is geen terughoudendheid en geen konsiderasie nie, maar slegs liefde en lig! En sou Ek nie so waaragtig gewees het soos wat Ek is nie, waar sou die hemel en hierdie aarde dan gewees het, en waar en wat sou julle mense wees?! Maar Ek het nie gekom om die mense te vlei nie, maar om hulle die waarheid te leer en om hulle deur die waarheid die ewige lewe te gee. En daar kan jy geen terughoudendheid en oorweging gebruik nie. - Bedink dit eers en sê dan eers of Ek hard teenoor julle was!' [6] Die Fariseër sê: 'Ja, U het wel heeltemal gelyk, en die mense is U liefde nie werd nie en kan U van nou af aan nie genoeg dank dat U in die vlees gekom het om hulle die ware lig te gee en hulle die ware weg na die ewige lewe te wys nie. Maar één ding is daar tog deur ons mense ten voorskrifte van U op te merk, en dit is die volgende: U was so, soos hierdie keer, nog nooit by die mense gewees om hulle U wil te leer en hulle bestemming te onderken nie. Steeds was die baie ervare en geesgedrewe mense - profete genaamd - wat beweer dat hulle deur U gees gegryp is; en dat dit nie hy was wat gepraat het nie, maar U gees deur hulle mond. Hulle doen ter bekragtiging van hulle verklarings ook tekens, dikwels van die mees buitengewone aard soos wat `n mens in die boeke lees; maar hulle was tog mense en moes sterwe, alhoewel hulle baie dikwels oor die ewige lewe gepraat en geskryf het. Selfs Moses was nie daarvan uitgesonder nie. Net van die unieke EliJaH sê die Skrif, dat hy in `n vurige wa na die hemel opgevaar het en slegs sy mantel agterlaat vir sy leerling Elisa. Hierdie geskiedenis is egter tog ietwat ongeloofwaardig en kan nie as norm dien nie, omdat mens so-iets nooit daarvoor en ook nooit daarna op watter groot wyse dan ook meegemaak het nie. [7] Maar omdat al hierdie profete gesterf het en geen mens na hulle dood meer iets van hulle te wete kon kom nie, het die mense steeds langsamerhand meer daaraan begin te twyfel of daar na die liggaamlike dood nog `n voortlewe van die siel bestaan, en uiteindelik het hulle vir hulself `n makliker lewensnorm gemaak as dit wat die profete ingevoer en voorgeskryf het. [8] Wanneer daar dan weer `n profeet onder die volk opstaan en te kenne gee dat God deur hom praat, dan word die mense maar net vererg oor so iemand en dan sê die mense vir hom: 'Bewys maar eers dat jy net so onsterflik is soos EliJaH!' of 'Roep die reeds lank gestorwe vaders en profete, sodat ons hulle kan sien en hulle vir ons in lewende lywe kan getuig - ten eerste, dat daar werklik `n lewe na die dood is en hoe, en ten tweede, dat jy `n egte profeet is! As jy nie vir ons hierdie bewys kan gee nie, glo ons jou net so min soos wat ons nou en in die toekoms die ou profete geglo het en ooit sal glo; want hulle het gesterf soos wat jy ook sal sterwe, en niemand het na hulle dood ooit meer iets van hulle gehoor nie. Ons het wel hulle geskrifte bewaar, maar dit is deur die onversadigbare aarde verslind. Wat het ons egter aan hulle geskrifte vol lesse oor die ewige lewe, wanneer hulle as leraars, ons nie na hulle dood die oortuigende bewys kon gelewer het dat hulle leer waar was nie?!' [9] Kyk, Heer en Leraar, so sal die mense met verloop van die tyd dink en optree, en hulle het die profete ook gedood, wat meestal gebeur het omdat hulle nie opgehou het om hulle allerlei straf van God te voorspel nie! Waarom word dit dan nie toegestaan dat `n gestorwe profeet af en toe weer na hierdie aarde toe kom en deur sy verskyning getuig van wat hy tydens sy aardse lewe geleer het nie? En waarom word die ongeloof van die mense steeds as skuld vir hulle aangereken? [10] As daar maar net één keer iemand kon gekom het - natuurlik wel op `n manier dat `n mens hom sou kon herken as die een wat hy liggaamlik op aarde was, dan sou dit die geloof bevestig het, en die mense sou dan ook beslis volgens sy leer gelewe het. Maar vir sover ons weet, het dit nog nooit voorgekom nie, en daarom is dit ook baie natuurlik dat die mense wantrouig en ongelowig word. Dat die tempel tans en al baie lank gelede bykans heeltemal anti-messias geword het, vind sy oorsaak vernaamlik in dit wat ek gesê het, en kom ook omdat die Sadduseërs, wat van ons afgeskei het, baie openlik nie meer aan die onsterflikheid van die siel glo nie. En wie kan hulle streng genome en redelikerwys ongelyk gee? En daarom is die tempeldienaars dan eintlik nie heeltemal alleen skuldig aan die slegtigheid wat nou in die tempel heers nie, maar hulle kan steeds maar nie bewys lewer van die lewe na die liggaamlike dood nie. As die sterk en oortuigende bewyse ontbreek daarvoor, dan verdwyn die geloof in `n God ook vanself; en ook al glo `n mens nog aan die bestaan van God, dan het mens tog geen regte agting en liefde vir Hom nie en beskou `n mens die gebod wat Hy aan die mense gegee het, as `n menslike bedenksel wat binne `n bepaalde tydperk en vir die menslike lewensverhoudinge wat in daardie tyd gegeld het, baie goed kon gewees het, maar vir die teenswoordige tyd nouliks meer te gebruik is. Dit sê ek nie om ons en die tempel uiteindelik goed te wil praat nie; maar dit is tog geen onwaarheid dat dit so was en nou nog ook so is nie. [11] U, Heer en Leraar, toegerus met die volheid van God se Gees, is vir ons nou natuurlik wel die sterkste

bewys, en borg vir `n ewige lewe van die siel na die dood; maar buiten ons is daar nog tallose talle mense wat altyd die baie duidelike bewyse sal mis. Kan dit hulle dan as skuld aangereken word as hulle nie in `n ewige lewe na die liggaamlike dood glo nie, en uiteindelik die son of die vuur as God aanbid? Sou dit dan nie moontlik wees, dat die gestorwe ouers in elke geval na hulle kinders kon gaan om hulle te vertel wat hulle na die verlaat van die liggaam te wagte staan nie, wat die siel is, en hoe sy daar uitsien nie? [12] Maar so-iets gebeur nie, en daarom is alles wat dan oor die hiernamaals gesê word, `n soort fabel, waaraan net `n swaksinnige mens kan glo, maar wat `n dieper denkende mens nooit volledig as waarheid sal kan aanvaar nie! En ons priesters verrig selfs iets goeds as ons die volk so dom as moontlik hou en dit met baie bombasme en erns hulle van alles wysmaak wat dui op `n hiernamaals. Want as ons die volk net so wys sou maak soos wat ons is, sou dit baie gou afgeloop wees met die Judese godsdiens, en die mense sou hulle gou in `n afgryslike toestand bevind het. [13] Slegs ons priesters hou die volk in toom en moedig hulle aan om die aarde vlytig te bewerk en om die tiende gewetensvol aan ons te gee, - en daarmee is hulle tevrede. Maar die tevredenheid sal natuurlik gou verdwyn wanneer ongevraagde profete elke oomblik aan die volk verskyn en hulle teen ons oprui. Daarmee bedoel ek nie U nie, Heer en Leraar, omdat U geen profeet nie, maar die Heer Self is; ek bedoel slegs die profete soos wat ek dit vroeër aangegee het. [14] Het ek nou goed gepraat en ons geloof, soos wat dit is, volgens waarheid belig of nie? Elkeen wat dit beter en waaragtiger kan uitlê, sal ek baie dankbaar wees; want dit is beslis geen grappie om altyd aan die dood en aan die sekere en ewige vernietiging te moet dink nie, waarvan mens nêrens ter wêreld die teenbewys kan vind nie. Want alles sterf en vergaan en kom nie terug nie. Selfs `n klip verweer en los hom in vlugtige stof op waaruit geen harde klip meer ontstaan nie, soos wat ook geen mens ooit meer uit die graf sal opstaan op die een of ander jongste dag nie, hoewel ons dit aan die volk moet leer! - Ek het gepraat.'

Invloede van geeste en kontak met die ander kant. Selfstandigheid en wilsvryheid van die mens 225 Ek sê: 'Gepraat het jy nou wel en met die toespraak sou jy in `n skool van die Sadduseërs, Stoïsyne en Epikuriste baie opsien gebaar het; maar hier het jy net so geoordeel soos `n blinde oor die lig en die kleure, en soos `n dowe oor die harmonie van `n goedgestemde harp. [2] Nóg `n mens en nóg minder `n reeds oorlede gees kan jou die lewe van die siel laat sien en bewys. Dit moet jy in jouself vind; en dit is maar net moontlik deur die ware liefde tot God en deur die liefde tot die naaste. [3] Jy dink dat die terugkeer van `n reeds oorlede siel die geloof in die onsterflikheid van die siel en die geloof in God die meeste sou versterk, en Ek sê vir jou dat jou mening fundamenteel foutief is! Ten eerste het `n oorlede siel aan die ander kant vir haarself en hulle wat daar haar naaste is, meer as genoeg te doen, en in `n sekere sin nie so baie vrye tyd om meermale weer, in en uit die lug van die aarde in haar aangeskafde liggaam, by die aardse mense te verskyn en hulle te leer hoe dit aan die ander kant is en hoe dit daar uitsien nie, en ten tweede kan elke volmaakte gees sonder meer, sonder beperking van die vrye wil, baie goed op die mense inwerk, en so `n onsigbare inwerking is vir die mens baie heilsamer as die sigbaarheid en hoorbaarheid van `n oorlede gees. Want as `n goeie en al baie verligte gees goeie en edele gedagtes en gevoelens in jou hart lê, dan is dit al so goed asof jy dit self bedink het; sy verenig haar met jou lewe en spoor jou tot dade aan. [4] As `n gees egter, soos byvoorbeeld die van Moses, voor jou verskyn en vir jou sal sê: 'Dit en dat moet jy doen as jy tot die lewe wil ingaan; doen jy dit nie, dan val jy onder die oordeel van die almagtige God en dan is `n volledige gelukkige opstanding uit die dood van die oordeel baie moeilik!' dan sal jy volgens die vermaning bewe, en jou lewe lank niks anders durf doen as wat die gees van Moses jou beveel het nie. [5] In hoeverre is dit dan `n verdienste van jouself? Kyk, heeltemal niks nie; want die eie beterwete van jou vrye wil het jou nie beter laat handel nie, maar die mag van die gees wat na jou toe gekom het, en dit het vir jou siel bykans geen waarde nie! Dit is byna dieselfde as wanneer julle mense `n os of `n esel of ook `n ander dier vir `n bepaalde werk afrig. Sonder stok, spies of gesel sal niemand maklik iets met `n dier gedoen kan kry nie; maar as jy `n dier vir growwe veldwerk afgerig het, dan is dit maar net jou verdienste en nie die verdienste van die dier nie. [6] As Ek deur My almag sou wil dat geen mens ooit `n sonde sou begaan nie, dan sou geen mens ook ooit meer gesondig het nie; want hy sou hom geen tree buite My wil kon waag of beweeg nie, soos wat ook niemand sy liggaam anders kan vorm as wat dit deur die wil van God gevorm is nie, en ook sy liggaamlike lewe nie na willekeur sal kan verleng nie, omdat dit alles van die almagtige wil van God afhang. As God dit nie sou toestaan dat `n mens ooit `n sonde sou begaan nie, wie sou dan die verdienste gehad het van die sondevrye lewe van die mens wat alleen deur God se almag so gelei word, soos wat die groei van die

bome en van alle ander vrugte gelei word en die wêrelde gelei en begelei word deur die eindelose ruimte? Tog sekerlik niemand anders as net God nie, omdat die mens in die geval slegs `n speelpop in die hande van God sou wees! Dit sou vir God baie makliker gewees het, soos wat dit vir Hom ook makliker is om die meeste verskillende diere met hulle veelsoortigste en seldsaamste eienskappe te skep en hulle dan te lei en elkeen op sy wyse besig te laat wees. [7] Maar die mense van hierdie aarde is voorbestem om vrye en volledige selfstandige kinders van God te word, en dus moet hulle ook so gelei word dat hulle noodsaaklike vrye wil daarby nie die geringste dwang mag ondergaan van die kant van `n sterker gees nie, maar moet slegs deur openbaring en lering en deur uiterlike wette sodanig gelei word dat hy uit homself die ware en goeie wat hy geleer word, met sy vrye wil aangryp en dit uit eie beweging gaan doen. [8] Kyk, om rekening te hou met die vrye wil van die mens van hierdie aarde gaan God selfs sover dat Hy nie eers altyd toesien op wat een of ook meer mense dink, wil en doen nie. Slegs wanneer hulle te ver van God afgewyk het, sien God na hulle om en verwek weer sieners, leraars en profete, om die mense weer die wil van God en sy planne met hulle opnuut mee te deel. Hou die mense rekening daarmee, dan gaan dit weer heeltemal goed; hou hulle hulleself egter nie daarby nie, en bespot en vervolg hulle die sieners, leraars en profete, wat deur God vir hulle opgewek is, dan word God gedwing om `n uiterlike strafoordeel oor die mense, en dikwels oor `n hele volk te laat kom. Maar selfs so `n oordeel gaan nooit direk vanaf die almagtige wil van God uit nie, maar kom altyd deur die blinde en boosaardige verkeerdheid van die mense. [9] Die magtige Hanogiete was meer as honderd jaar lank gewaarsku dat hulle nie ter wille van goud en edelstene en ook nie ter wille van `n makliker voer van hulle oorloë, hele berge moes verwoes en heeltemal tot op die grond moet afgrawe nie, omdat hulle daardeur die groot onderaardse watersluise sou oopmaak en almal sou verdrink. Maar dit het alles niks gehelp nie; hulle het gedoen wat hulle wil, nog dieper in die berge gegrawe en die watersluise geopen. Kyk, dit het God dus nie direk deur Sy almag nie, maar slegs deur Sy toelating laat gebeur, wat noodsaaklikerwys moes volg, omdat die mense geen gehoor wou gee aan Sy tydige waarskuwing nie! [10] God kon die mense immers deur Sy almag gebind het, sodat hulle die berge nooit verder kon verwoes nie! Ja, dit sou vir God baie maklik gewees het; maar die mense sou dan opgehou het om mens te wees en sou daarna in die geesteryk ook nie meer as vrye mense kon bestaan nie. God het egter eerder toegelaat dat `n groot mensegeslag deur hulle eiesinnige wil liggaamlik ten onder gaan, as dat hulle siele, wat betref hulle vrye wil en volledige selfstandigheid, ook maar iets moes inboet. [11] So is `n volkstam ook nog verskeie kere deur die koning van Salem gewaarsku om nie in die omgewing van Sodom en Gomorra te gaan woon nie, omdat daar op die bodem baie swawelhoudende aardlae was en daar ook aardpik voorgekom het. Dit was vir die volk ook duidelik en begryplik uitgelê dat daar uit die aardlae voortdurend onrein geeste is wat hulleself losmaak en die mense tot ontug prikkel; want, soos wat daar ontuggeeste in die wyn gevind word, wat die liggaam tot ontug aandryf, as `n mens teveel daarvan gedrink het, so is die geeste ook in swawel en aardpik aanwesig. Die volk was ook vertel dat daar in so `n omgewing dikwels aardbewings, bergbrande en baie swaar onweersbuie voorkom, wat dikwels groot skade aanrig, waarna hongersnood en pes maklik kon ontstaan; maar al die goeie raad, selfs uit die mond van JaHWeH, het niks gehelp nie. Omdat die omgewing verder baie weelderig begroeid en vrugbaar was, het die mense tog daar gaan woon en binne tweehonderd jaar was daar al, buiten Sodom en Gomorra, nog tien stede gebou. Die mense het heeltemal sinlik geword en het begin om allerlei onbeskryflike ontug en die allerafkuwelikste hoerery te bedryf, selfs met diere. [12] Hulle word nogmaals in Nahor en opnuut in Tera se tyd gewaarsku en word aangeraai om die slegte streek te verlaat; maar niemand het hulle daaraan gesteur nie. Tera se seuns was Abraham, Nahor - wat na sy grootvader genoem was - en Haran, wat Lot verwek het. Haran het self daarheen gegaan en op God se bevel gepredik, maar het ook niks bereik nie. Lot, sy seun, het dieselfde gedoen gedurende `n aantal jare, het hom afwisselend dan in die een en dan weer in die ander stad opgehou en het daarby self byna `n slagoffer van die gees van ontug geword. [13] Toe kom daar sigbare engele, wat eers vir Abraham besoek het, en JaHWeH was onder hulle en het Abraham presies vertel hoe Sodom en die ander stede sou vergaan. En beide die engele, in die gestalte van twee sterk jongmanne was daarheen gestuur om nog vir Lot te red. Die volk het gladnie na die jongemanne geluister nie, maar wou nog die mees onnatuurlike ontug met hulle gepleeg het. Lot het ontkom deur die waarskuwing van beide die jongmanne. Slegs sy vrou het `n slagoffer geword omdat sy getalm het uit nuuskierigheid; sy het liggaamlik `n soutpilaar geword, soos wat die jongmanne voorspel het. Want hulle het gesê: 'Ons moet nou dadelik vlug en ons nie eers die tyd gun om om te kyk nie; want die onderaardse vuur gryp vinnig om hom heen, en die vrykomende dampe verstik dadelik orals al die natuurlike lewe en verander alles in `n steenagtige sout!' Maar Lot se vrou het tog `n paar oomblikke gebly staan en is deur die dampe ingehaal en het daardeur `n slagoffer geword. [14] Kyk, toe het God se almagtige wil opnuut in beginsel die volledige ondergang van hierdie slegte

landstreek veroorsaak; want dit wat tydens Abraham se tyd gebeur het, moes hierdie onryp plek tog ook deur sy aard te wagte gewees het. Maar dat soveel mense daarby ten gronde gegaan het, was enkel en alleen die skuld van die ongehoorsaamheid van hulle vrye wil. [15] God kon hierdie mense natuurlik wel met Sy almagtige wil daar weggeneem het en na `n ander gesonde landstreek verplaas het; maar dit sou duidelik teen hulle wil gewees het. Omdat God egter die meeste daarmee rekening hou en ook moet hou, laat Hy liewer toe dat hierdie mense almal liggaamlik ten gronde gaan, as wat daar ook maar net `n atoom van die vrye wil van hulle siel verwoes word. Want selfs vir God is dit die grootste meesterwerk van Sy Liefde, Wysheid en Mag, om mense te skep wat in Hom in alles volkome gelyk kan word. [16] Om dit te bewerkstellig, moet die mens bykans sonder krag in die grootste verlatenheid van hierdie wêreld gebore word en sy onderrig geleidelik aan in die uiterlike wêreld opdoen. Eers as hy so vir hom sekere kennis en vaardighede vergader het, gaan die goeie en ook slegte geeste wat hom omring, baie ongemerk op hom inwerk, - die goeie op sy gemoed en die slegte op sy fisieke natuur, sodat die siel steeds in `n volkome vrye ewewig bly. [17] As `n mens teen alle aanvegtinge van sy sintuie in, vrywillig gehoor gegee het aan die goeie raad en vermanings wat van buite kom, en sy lewe daarvolgens ingerig het, word die stille invloed van die goeie geeste ook steeds kragtiger, wat geen mens egter andersins voel en mag voel as wat dit deur homself gewil word nie. As die invloed van die goeie uit die hemele deur die eie wil van die mens eenmaal so kragtig geword het, dat die siel heeltemal daarin oorgegaan het, word die ware goddelike gees van die liefde in haar wakker, deurdring die siel heeltemal, en dan eers het die siel die eerste fase van haar vervolmaking ingegaan, is dan al onveranderlik vry en kan, ook al is sy nog in die liggaam, verskynings en openbaringe van geeste en selfs van die hoogste engele ontvang. [18] En dan gebeur dit dikwels dat sulke mense verskynings kry, met siele aan die ander kant praat en haar persoonlik deur hulle laat voorlig en daarvan ook aan ander, nog heeltemal natuurlike mense getrou en waaragtig kan berig. Wie hulle glo, doen sekerlik goed daaraan, - hulle moet net nie dadelik eis om ook dieselfde te ervaar nie; want dit kan nie gebeur alvorens hulle nie die hiervoor beskrewe geestelike sielerypheid bereik het nie. [19] Elke mens moet homself egter eers gelowig volgens die ontvangde goeie lesse rig en dan op sy gemoed let, maar ook op die dikwels sluimerende, bose hartstogte in sy liggaam, wat hom in traagheid, arbeidskuheid, wellus, eieliefde, starheid, hoogmoed, nyd, gierigheid en heerssug maar al te duidelik kenbaar maak. Aan hierdie laaste moet hy deur die krag van die liefde tot God en deur die liefde tot die naaste, deur geduld, deemoed en sagmoedigheid die hoof bied, dan sal hy glad nie lank hoef te wag voordat die goeie geeste hulle meer voelbaar en duideliker aan hom sal openbaar nie. [20] Origens is daar byna geen enkele mens wat nie een keer `n paar toegelate bepaalde wenke en selfs gesigte uit die hiernamaals gekry het nie. Maar wanneer die mens dit alles daarna in die wind slaan en dit maar net as sinsbegogeling beskou, kan `n mens hom nie help nie. Ek glo dat Ek jou beswaar en teenwerping nou volgens die ewige waarheid volkome belig het, en elkeen moet daaruit kan sien hoe hierdie saak met die mense op hierdie aarde staan. - Het jy miskien nog iets daarteen in te bring?'

God se wese en ewige skeppingsvreugde. Die verandering van alle materie in die geestelike. Die lewe van die mens aan die ander kant 226 Die Fariseër sê: 'Heer en Leraar, daarteen is niks meer in te bring nie; want die waarheid van alles wat gesê is, is maar al te goed sigbaar! Maar as daar uit die siele van die mense van hierdie aarde uiteindelik louter gode ontstaan, waar sal hulle dan ruimte hê om hulle in hulle goddelike vryheid, selfstandigheid en mag te beweeg en te regeer en te heers? Want ook `n gees het `n bepaalde ruimte en ook tyd nodig, ook al staan hy deur sy goddelike eienskappe bo ruimte en bo alle tyd.' [2] Ek sê: 'O kleingeestige en volledig verskrompelde gemoed! Het jy nog nooit `n sterrehemel gesien nie? Weet jy nog nie wat hierdie sterre is wat in so `n groot aantal vir jou sigbaar is nie?! Kyk, as daar uit elke atoom van hierdie aarde twaalfduisend siele sou ontstaan - wat so `n enorme aantal sou oplewer dat in hierdie tyd ook die beste rekenkundige dit nie as moontlik sou beskou nie, - dan kom daar nog maar nouliks één siel op `n sonwêreld in die groot skeppingsruimte, laat staan op wat op `n nog baie groter aantal aardes is, wat hulle dikwels met talle duisende om `n enkele sonwêreld beweeg. [3] Dink jou dan eers in die eindelose groot ruimte van die hemele van God in en die ewe-eens eindelose aantal van haar gemeenskappe, wat so ooreenkom met die wêrelde in die materiële ruimte van byvoorbeeld hierdie aarde, wat bykans die kleinste is, waar tot op hede al honderdduisend maal honderdduisende as reeds bestaande aangeneem kan word! Hoeveel mensesoorte daar nog uit hierdie aarde gevorm sal word, weet slegs God, omdat Hy die oneindige aantalle duidelik as `n eenheid in Homself het. As daar egter uit die mense van hierdie aarde sulke tallose talle gemeenskappe in die groot

hiernamaals gevorm kan word, hoeveel dan nie uit al die ontelbare talle wêrelde nie, waarvan daar baie is wat fisies al so groot is dat hierdie aarde daarby vergeleke nouliks `n sandkorrel is? [4] As jy dit nou bedink het, sal dit vir jou tog miskien `n bietjie duideliker word of `n eindelose groot aantal van die ware Elohimskinders eensklaps vir die gesamentlike, ewige, eindelose hemel te groot sal word! Dink jy dan, dat vir die ewige groot God, `n getal wat deur jou menseverstand beperk word, vir ewig voldoende sou wees?! Tel slegs die skepsele van hierdie aarde, dink aan die orals oneindige vrugbaarheid- en voortplantingsmoontlikhede van plante en diere, en dan kan jy daaruit al tot die gevolgtrekking kom dat alles by God tot in die oneindige voortgaan en niemand kan sê dat dit geen nut sal hê nie! [5] Want as God dit nie in die plante en diere sou gelê het nie, dan sou julle binne `n kort tydjie geen brood meer gehad het en geen vleis en geen melk, geen wyn en geen vrugte nie; maar omdat `n koringkorrel, as hy in die aarde gelê word, honderdvoudige vrug gee, het julle steeds brood genoeg en eweneens al die ander. As God dus steeds in alles oneindige dinge skep volgens Sy Allerhoogste Wysheid en eindelose Mag, kan iemand dan sê dat die ewige en eindelose skepping uit God iets nutteloos is? Julle eie alledaagse lewensbehoeftes leer julle al die suiwer teendeel, omdat julle nie sonder voedsel sou kon bestaan nie! - Verstaan jy nou, waarom God voortdurend so eindeloos baie skep?' [6] Die Fariseër sê nou baie verbaas: 'Ja, Heer en Leraar, dit sien ek nou goed in en ek bewonder U Wysheid ten diepste, - ek moet slegs nou tog openlik sê dat ek begin te huiwer vir die eindelose grootte en mag van die Skepper, en ek vra U slegs nog of God ewig deur bly skep; want volgens U kom daar bykans geen einde aan die skepping nie. Daarom vra ek U om dit ietwat duideliker vir my te maak, omdat ek andersins heeltemal duiselig kan word daarvan.' [7] Ek sê: 'Dit kon jy wel vanuit My uitleg uitmaak. As God ewig is, dan sal Hy ook beslis van ewigheid af geskape het! Want wat sou Hy anders in die ewigheid vóór die tyd van die deur jou veronderstelde skepping van hierdie wêreld, van die son, die maan en alle sterre gedoen het, terwyl Hy tog ewig op dieselfde wyse volmaak was?! [8] God is geestelik ewig en oneindig. Alles ontstaan en bestaan uit Hom, alles is in Hom, alles is die ewige, eindelose oorvloed van Sy gedagtes en idees van die kleinste tot die grootste. Hy dink hulle in die heldere lig van Sy selfbewussyn en wil dat hulle werklikheid word, en dan is dit reeds, wat dit as oerbegin moet wees. Daarby lê Hy dan die ligkiem van Sy liefde daarin in `n sekere sin uit Sy persoonlikheid na buite gebringe gedagtes en idees, maak hulle lewend, sodat hulle dan as selfstandige wesens bestaan, en lei hulle dan deur Sy voortdurende en steeds groot geestelike invloed tot die hoogste moontlike trap van die onverwoesbare selfstandigheid. [9] Hierdie wesens is dan - omdat die goddelike liefde in hulle, hulle lei en in stand hou - self ook vol skeppende krag, reproduseer hulleself en kan hulleself tot in die oneindige vermeerder. En elke wese wat uit hulle ontstaan, lyk nie net soos die voortbringer nie, soos kinders na hulle ouers nie, maar is ewe-eens toegerus met dieselfde eienskappe, wat daartoe dien dat verwekker en verwekte die goddelike liefde in hulleself vermeerder, wat maklik moontlik is. Daardeur kan hulle uiteindelik heeltemal uit die materie in die suiwer geestelike oorgaan en in die geheel aan God gelyk word en tog sy individuele selfstandigheid behou, en dit vir ewig. [10] So keer die eens na buitegebringde gedagtes en idees van God weer volledig na en in God terug, maar nie meer suiwer soos wat hy na buite gebring het nie, maar as volledige lewende, van homself duidelik bewuste en self handelende wesens, wat dan heeltemal, soos van God onafhanklik, op sigself kan bestaan, werk en handel, - en daarom het Ek dan ook vir My leerlinge gesê: 'Word net so volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is!' [11] Ek doen nou groot dinge voor julle oë en ore; maar julle self sal nog groter dinge doen in My Naam, wat die Liefde van God in julle harte is, waarsonder niemand iets effektief vir die ewige lewe kan doen nie, omdat die Liefde van God die eintlike, onverwoesbare lewe, sowel in God Self, as in elke uit God ontstaande wese is. [12] Maar al die eens aardse geskapenes vind as sodanig dan eers hulle einde, as hulle vervul word met die goddelike liefde en langsaam maar sekerlik oorgegaan het in die suiwer geestelike; en so sal ook hierdie aarde nie vir ewig bestaan nie, maar langsaam maar seker in die geestelike oorgaan. Maar volgens die tydsberekening van hierdie aarde sal dit vir julle huidige verstand nog baie lank duur totdat die vuur van die goddelike liefde alle materie in haar oorspronklike geestelike opgelos het.[13] Die oplossing van `n wêreld sal egter op gelyke wyse plaasvind soos waarop elke ander aardse wese opgelos word, waarby die uiterlike dood gaandeweg steeds meer intree en sigbaar word. As jy na `n boom kyk, sal jy sien dat hy langsaam maar sekerlik versiek. Hy word oud en verrot, slegs `n paar takke vertoon nog lewe, ander is vrot en vermolm en val met verloop van tyd van die stam af. Mettertyd word die stam ook gedeeltelik verrot en gaan dood, en dit gaan net so lank aan totdat die hele boom uiteindelik verrot, vermolm en op sigself dood is. Maar selfs as boom, wat op sigself reeds volkome dood is, bevat hy tog nog

lewensgeeste; daarom sal julle, as hy deur die storm omgewaai in die bos lê, mos en ander kruidgewasse uit hom sien groei; ook sal allerlei wurms hom inwendig deurboor; en selfs `n groot aantal insekte knaag en teer solank op die vleis en murg van die gestorwe boom as wat daar nog iets aan sit, totdat daar miskien na honderde jare van die hele boom geen spoor meer te vinde is nie. [14] So, ook al is dit dan groot in omvang, sal dit ook gaan met `n sterwende en uiteindelik heeltemal gestorwe wêreld. Maar waar `n boom sterf, groei baie gou `n ander in sy plek. So vergaan daar dus ook `n wêreld, - maar dan kom daar een, en kom daar selfs `n aantal ander, in haar plek en neem die oorgeblewe lewensgeeste van die hele gestorwe en volledig tot niet gegane ou wêreld op om hulle verder te versorg en te ontwikkel. En kyk, so kom daar aan die eintlike skepping ewiglik geen einde nie, omdat God ook ewig nooit kan ophou om in Sy ewige onbegrensde Liefde en Wysheid te dink en te wil en lief te hê nie! [15] Ek dink dat dit nou wel vir elkeen heeltemal verstaanbaar moet wees! Vir hulle vir wie dit tog nog te onverstaanbaar mag wees, sê Ek nog bowendien: Dink jouself in as `n ewige jeugdige kragtige onsterflike en voortlewende op `n wêreld! Sal jy ooit ophou met dink en wil? Sal jy ooit heeltemal niks gaan doen nie, of sal jy jou nêrens meer wil geniet nie? Beslis nie, maar jy sal steeds meer gaan doen, ywerig besig wees en alles daarvoor gee om jou steeds meer en groot genoeë van die lewe te verskaf; want die liefde en die ware lewe van die liefde kan nooit rus nie, maar moet besig wees, omdat die lewe self niks anders is as om deurlopend besig te wees nie. [16] Laat niemand van julle daarom dink dat hy hom eenmaal aan die ander kant in `n ewige passiewe, soete rus sal bevind nie; want dit sou juis die ware dood wees vir die gees of die siel. Hoe geesteliker `n mens innerlik word, hoe aktiewer word hy ook, en dit deur en deur. As dit egter in hierdie wêreld al sigbaar en duidelik herkenbaar die geval is, hoeveel te meer sal dit dan aan die ander kant nie die geval wees nie, waar geen swaar liggaam die siel in haar besigwees sal belemmer nie! - Wel, sê nou of jy dit goed verstaan het!'

Nie die bewustheid, maar die handeling uit liefde maak salig. Oor ywer en spaarsamigheid met Regverdige rykdom 227 Die Fariseër, wat buitengewoon verbaas was, sê: 'Heer en Leraar, nou eers besef ek dat U vol van die Goddelike Gees moet wees; want oor sulke dinge kan slegs God vir die mens `n ware en volledige uitsluitsel gee! Wat is die verstand van die grootste wyse van hierdie aarde vergeleke daarmee, wat hom deur enige ervaring en beskouing van die uiterlike vorme van die dinge sy eie gemaak het?! Wat is die klein beperkte mens teenoor God?! Daarom kan die mens ook nooit uit homself vir God deurgrond nie en ewemin Sy ewige heerskappy, sy werksaamheid en skeppingskrag![2] Ek sou nou maar wou gehad het dat die hele tempel van die lig vervul moet word! Maar dit is by die algemene verhardheid van die tempel gladnie denkbaar nie! Ons, met so sewentien, het tog dikwels oor sulke sake - natuurlik meer kontra as pro - nagedink, en hoe moeilik was dit vir ons om die lig binne te gaan! Hoe sou dit dan vir ons kollegas en medepriesters wees, wat miskien nog nooit oor hierdie sake nagedink het nie - nóg pro, nóg kontra, - maar wat maar net bedag was daarop hoe hulle hulle buike steeds meer kon vul! O Heer en Leraar, U sal wel die beste weet wat U met die tempel en sy meer as blinde priesters sal doen! Die huiwering loop oor my rug as ek hierdie lig vergelyk met die mees fundamentele duisternis van die tempel. Hoe groot en almagtig waan iemand van ons soort homself nie in die tempel nie, en hoe oneindig klein sou hy wees as hy in hierdie lig sou kom! [3] O Dawid, hoe waar was dit toe jy sê: 'O, wat is al die mense nietig in vergeleke by U, o Heer! Verlaat jou nie op die hulp van die mense nie; hulle kan julle almal nie help nie! 'Ja, hoeveel al die wette en selfsugtige lesse in die tempel ons gebaat het, sien ons eers nou goed in en sal ons in die vervolg beslis nog beter insien! Heer en Leraar, verlaat ons nooit met U Gees nie!' [4] Ek sê: 'Wie in My leer bly, bly ook in My, en Ek bly in hom; wie egter deur sy dade My leer verlaat, verlaat ook vir My, en die lewe is nie in hom nie. Ek is die ware lewensdag. Wie op hierdie dag voortgaan, sal hom nie stamp nie en wie op hierdie dag werk, sal die ware lewensloon ontvang. [5] Nou weet julle voorlopig die belangrikste; julle sal nog voldoende geleentheid hê om al die ander te hoor. Maar kennis alleen maak nie salig nie, slegs die handeling daarin! [6] Daar is egter `n tweevoudige handeling: `n Handeling vir die wêreld uit eiebelang - en `n werklike handeling in die wêreld uit ware liefde tot God en uit liefde vir die naaste. Uit die eerste verkry die mens die oordeel en maklik die ewige dood, uit die tweede egter die liefde en barmhartigheid van God en die ewige lewe van die siel. [7] Daarmee sê Ek nie dat iemand nie met alle ywer die aarde moet bebou nie, en dat hy nie spaarsaam moet wees nie, want Ek Self raai vir elkeen vlytigheid en `n korrekte spaarsamigheid aan. Maar dit alles behoort mens te doen om voldoende voorraad te hê om op elke oomblik die armes te kan bystaan. Want wat iemand aan die armes in My Naam sal doen, sal Ek so aanneem asof hy dit aan My gedoen het, en Ek

sal hom seën hier en aan die ander kant; wie egter slegs vir homself en suiwer vir sy kinders werk en sorg, en dit hom nie hinder om iets op oneerlike wyse in besit te neem nie, die sal geen seën van My kan verwag nie, en aan die ander kant sal hy nie voor My regterstoel bestaan nie, maar hy sal uitgewerp word in die kerker van die buitenste duisternis. Daar sal baie gehuil en tandegekners wees, en so `n siel sal moeilik ooit tot volle aanskouing van God kom. [8] Wie egter van sy egoïstiese spaarsamigheid oorgaan na volkome gierigheid, is reeds hier `n duiwel in mensegestalte, wat die Gees van God, wat suiwer Liefde is, altyd weerstaan en daarom vir altyd van die saligheid uitgesluit sal bly. Want so sekerlik as wat daar `n hemel is, so sekerlik is daar ook `n hel, waarvan die wurm nooit sterf en die vuur nooit uitdoof nie. Wie totaal uit eie wil daar inkom, sal ook nooit deur eie wil meer daaruit kom nie, - en dit is die ware ewige dood van die siel. Let ook goed daarop, en pasop daarvoor dat julle nie in selfsug, eieliefde, nyd, gierigheid en wêreldse hoogmoed verval nie! Want alle ander sonde raak die mens makliker kwyt as juis hierdie wat nou genoem is. [9] Kyk net na ons Lasarus, wat nou stoflik gesien, wel een van die rykste mense in die hele Judea is, - maar hy is nie ryk vir homself nie, maar vir talle duisende armes, wat altyd by hom werk en `n regverdige goeie onderdak vind; daarom is hy ook geseënd, en as hy liggaamlik sou sterwe, dan sal Ek hom tog opwek, sodat hy nog lank vir die armes sal lewe. En verder sal hy geen dood meer sien, voel of smaak nie, maar dit sal hom vry staan om sy liggaam te verlaat en binne te gaan in My ryk wat altyd vir hom oopstaan. In die huis waar Ek ewig sal woon, sal ook hy ewig woon! [10] Julle sien daarin, dat Ek nie maar net `n vriend van die armes is nie, maar ook `n vriend van die rykes is, indien hulle hulle rykdom volgens die ware en korrekte bedoeling van God benut en gebruik. Wie ryk is, moet so handel, en hy sal lewe!' [11] Toe sê Lasarus, heeltemal ontroer van liefde: 'Maar Heer, U is te goed, wat se goed doen ek dan wel dat ek, arme sondaar, so deur U geprys word?' [12] Ek sê: 'Ek weet goed hoe en wat jy doen; verwonder jou daarom nie as Ek jou verdienstelik prys in die teenwoordigheid van baie mense nie! [13] Teen `n ander ryke, wat My ook wou volg, maar daarby sy rykdom baie liefgehad het, het Ek gesê: 'Verkoop eers al jou goedere, verdeel die opbrengs onder die armes, en kom dan eers om My te volg!' - Maar omdat hierdie man sy rykdom baie liefgehad het, het hy dadelik bedroef geword en weggegaan. [14] Vir jou sê Ek egter: Koop nog meer goedere; want wat jy joune noem, is eintlik die besitting van die talle armes, wat die oorgrote deel van jou goedere verbruik! [15] Vir `n ryke, wat sy rykdom as sodanig of ter wille van homself te veel liefhet, sê Ek, dat `n kameel makliker deur die oog van `n naald sal gaan as dat so `n ryke eendag in die hemel sal kom! [16] Maar daar is ook baie armes wat na `n goedhartige ryke toe gaan en hom vir `n aalmoes smeek, en as hy een daar gekry het, dit verspil, en bowendien nog baie ondankbaar is teenoor sy weldoener. Maar laat `n weldoener hom niks daarvan aantrek nie; want hoe minder dank julle op hierdie wêreld sal ontvang, soveel groter sal julle loon aan die ander kant wees; want daardeur toon sulke rykes eers dat hulle na God lyk, wat ook die son oor die goeie en bose laat opgaan en skyn. [17] Ja, Ek sê julle nog meer: Doen aan julle vyande goed, bid vir hulle wat julle vervloek, en seën die wat julle haat en agtervolg, dan sal julle daardeur die vinnigste gloeiende kole op hulle hoofde opstapel en hulle slegte gemoed die vinnigste na die verbeterde en hoëre keer! Leen jy oorvloedig geld aan hulle wat jou nie met rente kan terugbetaal nie, en nooi diegene as gaste van wie jy dit nie kan terugvra nie, dan sal jy daardeur in die hemel groot skatte vir jou siel versamel! [18] As daar egter iemand as ryke na jou toe sal kom, wat jy al sommige kere gehelp het, maar wat jou goedheid misbruik, vermaan hom dan in `n goeie gesprek; weerhou egter nie jou liefde van hom nie! As hy hom verbeter, dan het jy `n dubbele goeie werk aan hom gedoen; verbeter hy hom nie, word dan nie kwaad vir hom daaroor nie, - want naas die fisiese armoede, bestaan daar ook `n geestelike armoede, wat altyd groter en betreurenswaardiger is as die fisieke.

Naasteliefde, kennis en liefde van God 228 (Die Heer): 'Daar staan weliswaar geskryf dat mens hom, wat jou iets kwaad aangedoen het, sewe maal volledig moet vergewe; maar Ek sê vir julle: sewe-en-sewentig maal sewe maal sal jy jou belediger vergewe, voordat jy hom voor die regter sal laat aankla! Verbeter hy hom ook dan nie, verstoot hom dan uit die gemeente! Wie egter nie tel hoe dikwels iemand hom beledig het nie, die sal ook nie in die hemel aangereken word hoe dikwels hy teenoor God gesondig het nie. [2] As iemand jou vir `n guns vra, bewys hom dan met vreugde nog meer as waarvoor hy jou gevra het! As iemand byvoorbeeld in die winter by jou kom en jou vir `n bokleed vra, omdat jy `n aantal boklede het, gee hom dan ook nog `n mantel daarby; en as iemand jou vra om `n uur saam met hom te gaan, omdat hy die weg nie ken nie, gaan dan twee uur saam met hom, sodat jy hom meer liefde bewys as wat hy jou gevra

het! Wat jy meer vir iemand gedoen het, sal jou in die hemel tien-, dertig- en ook honderdvoudig vergeld word. [3] Hoe groter die naasteliefde is waarmee iemand sy behoeftige medemense help, soveel te meer sal dit hom weer vergeld word. Julle moet dit alles goed bedink en daarvolgens handel, dan sal julle as waaragtige kinders van God die ewige lewe hê en vir ewig sy onmeetlike skatte oes! Ek sê vir julle: `n Son vir hulle, wat uit ware naasteliefde met sy naaste en arm broer ook maar `n penning gedeel het!' [4] Toe sê die Fariseër, wat nou al baie gelowig was: 'Heer, wat moet iemand met `n son doen?' [5] Ek sê: 'Is die son nie die lig van die dag nie, en verwarm sy nie die hele wêreld en maak sy nie deur haar lig en haar warmte dat alles groei en bloei op aarde nie? As Ek egter sê :'`n Son vir diegene wat My leer in alles navolg!', dan bedoel Ek daarmee geen stoflike son nie, maar `n volledige geestelike son in sy hart, wat dieselfde is as die volledige God-gelykheid van sy siel. - Verstaan jy dit goed? [6] Bowendien sê Ek nog vir jou, dat wanneer sulke sielegeeste, wat volledig aan God gelyk is, ook die natuurlike sonne moet gaan bestuur, wat oneindig baie sê; want daardeur kry hy ook die opperste leiding oor alle aardes wat om `n son wentel. En aan nog ander, meer volmaakte kinders van God, sal die volledige leiding van die sentraalsonne in hulle hande gegee word, waarvan die leiers van die kleinere planeetsonne by besondere geleenthede hulle riglyne vanaf sal kry. Maar om dit te kan wees, moet mens eers `n volledige, hele geestelike son in sy binneste berg. [7] Want wat jy ook maar sien, dit word alles deur geeste gelei, omdat hulle van God af die bekwaamheid daarvoor kry. En die saligheid van elke gees lê in die feit dat hy so deur God voorsien word met alle krag en mag, om God dienend besig te kan wees. [8] Aan julle almal op hierdie aarde is slegs iets gering toevertrou; maar wie in die kleine getrou is, sal eendag oor iets groots aangestel word. Maar Ek sê ook vir julle, dat niemand God en Mammon tegelykertyd kan dien nie; nóg die een en nóg minder die ander is tevrede met `n halwe diens. -Verstaan jy dit?' [9] Die Fariseër sê: 'Heer, dit verstaan ek nou al baie goed; maar ek het in my huidige funksie baie van Mammon verwerf. Wat moet ek daarmee doen?' [10] Ek sê: 'Soos wat jy dit verkry het, so moet jy dit ook weer verdeel onder hulle wat dit nodig het! Want wie egter My leerling en volgeling wil wees en ook sal wees, sal, as hy dit in alle erns wil, geen bekommernis hoef te hê vir die komende dag, wat hy sal eet en drink en waarmee hy homself sal klee nie, maar laat hy slegs ywerig die ryk van God en Sy Geregtigheid soek! Al die ander wat hy nodig het om te lewe, sal hom daarby gegee word; want die Vader in die hemel weet altyd wat Syne nodig het. Hy, wat die gras op die veld voed en alle diere hulle voer en hulle bekleding gee, sal vir die mense, wat in Sy liefde en in Sy welbehae wandel, tog nog meer versorg; want so `n mens is meer werd as alle plante en alle diere van die hele wêreld. - Verstaan jy dit?' [11] Die Fariseër en die ander ses sê: Ja, Heer, ook dit verstaan ons nou en ons sal ook dit doen wat U ons nou so wyslik aangeraai het. Slegs hier in Jerusalem kan ons dit voorlopig nie so maklik kan doen nie; maar ons neem alles saam wat ons het en dan sal ons nog wel genoeg geleenthede vind waar ons U raad sal kan toepas, - want die aarde is orals van God en die mense beslis nie minder nie! - Heer, is dit goed?' [12] Ek sê: 'Dit kom egter nie daarop aan of julle hier of êrens anders die armoede bekamp nie, maar daar aan die tafel, waar die vrou sit wat Ek vandag uit die geil kloue van die tempel gered het, sou `n weldaad van pas wees. Die vrou en haar man is arm, en die ander manne aan dieselfde tafel ook. Gee die honderd pond wat julle verloor het, maar aan Lasarus, dan sal hy, as My ware broer, daarvoor sorg dat hierdie armes `n behoorlike bestaan daardeur kan lei!' [13] Die Fariseërs sê: 'Heer, nie slegs die honderd pond nie, maar ons sal duisend pond goud aan Lasarus daarvoor gee, en daaroor kan hy volgens U wil beskik. Want die lig wat ons van U gekry het, is eindeloos meer werd, en U geduld met ons is ewig onbetaalbaar! Dit is maar goed dat ons nie almal in die tempel woon nie, omdat ons self baie ryk is en daarom kan ons met ons privaatgeld en -skatte doen wat ons wil. Die taamlike hoë inlêgeld in die tempel is natuurlik sonder meer weg. Want ook al reis ons erepriesters as sendelinge, dan hoef ons tog geen vergoeding van die tempel te verwag nie, - maar die tempel ook van ons niks meer as wat hy alreeds het nie; en dus sal ons nog vannag die geld aan Lasarus besorg. - Is dit reg so?' [14] Toe sê Ek: ' Om My nog meer daaroor te vra is heeltemal onnodig; want julle sal nou goed kan insien dat elkeen meer verdienste verwerf, namate hy meer wil offer en namate hy dit meer met ware liefde tot God en die naaste doen. Volg dus julle goeie wil en dit sal julle vergeld word!' [15] Daarop vra die sewe of daar `n aantal sterk manne is, wat by die vrou aan tafel gesit het, wat saam met hulle sou gaan om die geld te dra. Toe staan almal, in totaal twee-en-sewentig man, op en gaan saam met die sewe en bring die duisend pond swaar goud binne `n uur. Toe hulle almal in die saal was, lê hy op My aandrang die goud in honderd swaar sakke aan die voete van Lasarus, en Lasarus bedank My eers dat

Ek hom die barmhartigheid waardig ag om so vir die armes te mag sorg, en daarna eers prys hy ook die teruggekeerde sewe manne, wat My ook in hulle hart herken het. [16] Ook die armes dank My en een van hulle sê: 'Heer, as ons ook U leerlinge sou kon word, dan sal ons afsien van hierdie buitengewone ondersteuning; want dit is beter om U leerling te wees as om al die goud van die hele wêreld te besit! Want vir wie U sorg, o Heer, hulle is vir die hele ewigheid goed versorg!' [17] Ek sê: 'Dit is nie hierdie nag die tyd om daaroor te praat nie, maar daar kan nog enigiets gebeur, omdat Ek eers vandag oor sewe dae Jerusalem vir `n wyle sal verlaat. Bespreek egter nog later met My ou leerlinge die hoofinhoud van My leer; wat julle nie weet nie, sal julle op die oomblik dat julle dit nodig het, in die mond gelê word. [18] Maar nou sê Ek vir julle almal: Omdat Ek vandag so `n goeie oes gehad het, is Ek daarom ook bly, en daarom sal ons gedurende hierdie nag opbly en tog sal elkeen van julle môre so versterk wees asof hy die hele nag goed geslaap het. Maar ons sal tot die oggend toe nog `n aantal sake behandel, wat julle op `n hoër stand van die kennis van God sal bring; want om God so goed as moontlik te leer ken, is vir elke mens die belangrikste. [19] Want wie God nie goed ken nie, kan nooit volmaak in `n God glo nie, en Hom nog minder bo alles liefhê nie en dus ook nooit volledig deel hê aan die Gees van God nie. Want uit `n onware kennis van God kom mettertyd, as gevolg van die vrye wil van die mense, allerlei soorte dwalinge onder die mense, wat dan as `n duisendkoppige hidra* voortwoeker, wat mense tot afgodsdienaars maak en hulle die poort tot die ware, ewige lewe versper, sodat hulle dan aan die ander kant moeilik as siele ooit kan binnekom; want wat `n siel hier binne `n dag vir haar lewensvervolmaking kan doen, kan sy aan die ander kant dikwels nie in duisende aardse jare doen nie. My ou leerlinge het al wel baie uitgebreide kennis oor God; maar julle nuwelinge is nog swak daarin, en daarom wil Ek julle daarin versterk.' *(hi´dra, - Veelkoppige, onsterflike waterslang (mit.); draak, gedrog)[20] Almal sê: 'Heer, doen dit en hou niks vir ons agterweë nie; want ons smag daarna soos verdorde gras na lewebringende reën!' [21] Ook die Romeine sê: 'Ook ons, - soveel te meer omdat ons nog volledig nuwelinge is in hierdie belangrikste kennis van alle kennis!' [22] Ook Petrus sê: 'Ook vir ons oudstes sal dit van groot nut wees; want ook ons staan nog gladnie so stewig daarin nie!' [23] Ek sê: 'En waaroor het julle dan nog moeilikheid?'

God-Vader, God-Seun en God-Heilige Gees 229 Petrus sê: 'Toe U aan die Jordaan Uself deur Johannes laat doop het, het die hemele geopen, en die Gees van God het in die vorm van `n vurige duif bo U hoof gesweef, en uit die hemele het mense `n helder stem gehoor wat die volgende woorde uitgespreek het: 'Dit is My geliefde Seun in Wie Ek `n welbehae het, na Hom moet julle luister!' En ook by `n ander geleentheid het ek presies dieselfde woorde gehoor, waaroor ons eintlik tot op hede U nog nie so presies om nadere uitleg gevra het nie. Maar omdat U nou Self vir ons almal God nog duideliker wil laat ken, glo ek dat dit nou ook die oomblik sou wees om dit vir ons beter uit te lê, natuurlik as dit volgens U goddelike wil is. [2] Want tot nou toe is U vir ons maar net die waaragtige Seun van die Allerhoogste, soos wat ons selfs uit die mond van U liggaamlike moeder gehoor het, dat die aartsengel Gabriël aan haar verskyn het en haar aldus toegespreek het: 'Gegroet is jy, omdat jy barmhartigheid voor God gevind het! Die Heilige gees sal u oorskadu en u sal `n jong seun baar, wat u die Seun van die Allerhoogste sal noem!' [3] Kyk, Heer, dit en nog baie meer weet ons en ons kan nie ontken dat daar `n Allerhoogste God-Vader in die hemel is nie. U is Sy Seun, sonder enige twyfel, en `n Derde, beslis ook aan God, die Vader en U gelyk, is tog duidelik die Heilige Gees! - Het ons ongelyk as ons ons geloof hierop baseer?' [4] Ek sê: ‘Die oomblik het nog nie heeltemal gekom om dit volledig vir julle te ontsluier nie; maar dit sal ook nie lank op hom laat wag nie. Maar Ek het julle immers tog al op verskillende kere gesê, toe julle My gevra het om die Vader te sien: Wie My sien, sien ook die Vader; want Ek en die Vader is volledig één. Die Vader is in My en Ek insgelyks in die Vader. - Hoe het julle dit dan verstaan?' [5] Petrus sê: 'Ons verstaan dit so, en dit geld vir ons almal: U is altyd deurdring van die volledige Krag van die Vader in soverre U dit hier maar nodig het op hierdie aarde, en so bevind die ewige en oneindige Vader Homself ook in U. U is Sy volledige ewebeeld. Omdat die Vader dus as die oneindige, ewige en alomteenwoordige God ook in U is en U sekerlik in die besonder omgeef, daarom moet U ook in die Vader wees!' [6] Ek sê: 'Goed, - en hoe staan dit dan met die Heilige Gees? Wat dink julle dan van hom?' [7] Petrus sê: 'Heer, daarvan verstaan ons almal niks nie, hoewel U Self sê dat `n mens alle sonde vergewe kan word, maar nooit `n sonde teen die Heilige Gees nie! U is egter kennelik nie die Heilige Gees nie, omdat U sê dat sonde teen die Seun vergewe kan word. Die Vader is dit ook nie, omdat ook sonde

teen die Vader, nog eerder vergewe sou kon word. Wel, wie en wat is die Heilige Gees dan? Ons het hom in die vorm van `n vurige duif gesien. Is hy nou die derde goddelike persoonlikheid wat aan alle mense vanaf Adam verborge gehou was, of is hy één met die Vader of één met U? Hy kan tog nie meer gewyd wees as die Vader en U nie? En tog sê U, dat sonde teen die Heilige Gees nooit as te nimmer vergewe kan word nie! Hy moet dus op nog `n wyse, wat heeltemal aan ons onbekend is, beslis die Mees Heilige van alle hemele wees. [8] Daaruit sien U, dat selfs ons oudleerlinge, nog baie ontbreek aan suiwer kennis van God, en daarom het ook ons alle rede om ons daaroor te verheug as U ook aan ons God nog suiwerder sal laat ken. [9] By Moses staan dit baie streng: Ek, JaHWeH, is slegs Eén, en julle enige God! Jy sal vir jouself geen vreemde gode naas My maak en bedink nie! - En volgens ons beperkte begrippe het ons nou drie daar, en tog moet ons slegs aan één God glo! O Heer, daaroor sou `n ietwat beter en duideliker uitleg ons baie help; want dit is nog geensins vir ons heeltemal duidelik nie!' [10] Ek sê: 'Slegs aan Eén Enige, omdat daar van ewigheid nooit meer was nie en ook ewig nooit meer sal wees nie! [11] Julle geheue is bepaald nie julle sterkste punt nie, dat julle My nou iets kon vra wat Ek tog al by geskikte geleenthede dikwels genoeg uitgelê het, - en tog is die hoofsaak vir julle nog steeds onduidelik; want toe Ek vroeër gesê het dat die volmaakte kennis van God die hoofsaak van die lewe is, omdat by die ontbreking daarvan, daar geen egte lewe is nie, maar dat dit slegs `n verwarde masjienagtige lewe is, toe het Ek julle kort daarna uitgelê wat en wie God is, - maar julle geheue is swak en kort!' [12] Die leerlinge sê: 'Heer, versterk ons geheue!' [13] Ek sê: 'Sê liewer: 'Heer, versterk ons liggaam en ons wil!', want die sterkte van die geheue hang altyd af van die sterkte van die wil. Julle siel is weliswaar baie gewillig, maar julle vlees is swak, en daardeur ook julle geheue, wat eers later sterker sal word wanneer Ek die Heilige Gees oor julle sal stuur. - Maar let dan nou goed op, en wel met gespanne aandag!'

Die drie-eenheid in God en mens 230 (Die Heer:) 'Maar wat julle nou sal hoor, moet julle voorlopig vir julleself hou en nie voortydig rugbaar maak nie! Wanneer die korrekte tyd egter daarvoor aangebreek het, sal julle dit deur My Gees, wat die eintlike Heilige Gees is, wel in julle self opmerk. [2] Die Vader, Ek as Seun en die Heilige Gees is herkenbaar van ewigheid af één en dieselfde. [3] Die Vader in My is die Ewige Liefde en as sodanig die oergrond en die eintlike oerstof van alle dinge, wat die hele ewige oneindigheid vervul. [4] Ek as Seun, is die Lig en die Wysheid, wat voortkom uit die Vuur van die Ewige Liefde. Die kragtige Lig is die ewige, volmaaktste selfbewussyn en die helderste selfkennis van God en die ewige Woord in God, waardeur alles wat bestaan, gemaak is. [5] Omdat dit alles meer eg gemaak moet word, is die magtige Wil van God nodig, en dit is dan die Heilige Gees in God, waardeur die werke en wesens hulle volledige bestaan kry. Die Heilige Gees is die groot uitgesproke woord 'EK IS!' - en dan is dit daar, wat die Liefde en die Wysheid in God ingesluit het. [6] En kyk, dit alles bevind Hulleself nou in My: Die Liefde, die Wysheid en alle Mag! En daarom is daar maar één God, en dit is Ek, en Ek het maar net hier `n liggaam aangeneem om My aan julle mense van hierdie aarde, wat Ek volkome na My ewebeeld geskape het, uit die oersubstansie van My Liefde, in julle indiwidualiteit van naderby te kan openbaar, - soos wat dit juis nou die geval is. [7] Dat julle egter ook die drie-eenheid in julle het, en wat heeltemal met My ooreenkom, sal julle dadelik so duidelik moontlik uitgelê word. [8] Kyk, elke mens het liefde in hom en as gevolg van die liefde ook `n wil; want die liefde op sigself is `n begeerte en verlange, en in die begeerte en verlange lê nou juis die wil. Dit is ook eie aan alle plante en diere, en in `n sekerlik opsig ook aan die ander materie. [9] Selfs die ruuste en mees onopgevoede mens het liefde en `n wil. Maar wat doen hy daarmee? Hy is maar net uit op die bevrediging van sy laagste en stoflikste behoeftes, wat homself instinkmatig uit sy growwe liefde in sy wil vertaal, waarvan sy verstand niks anders as `n flou vermoede opvang nie. Kyk maar net of die dade van sulke mense, nie baie slegter is as die van diere nie, by wie die liefde en die verlange deur `n beïnvloeding van bo gelei word! [10] Maar baie anders staan dit met die liefde en haar wil (by die mense)* van wie die verstand `n helder lig geword het; dit skyn dan deur die liefde en haar wil, en daardeur deur die hele mens. Dan eers sorg die liefde vir die suiwer middele, sy orden die lig of die wysheid, en sy aktiveer die wil. As die mens egter, as ewebeeld van God, ook die moontlikheid in hom het, bestaan hy dan uit drie mense of is hy slegs één mens?' *(toegevoeg)[11] Almal sê, en veral die oudleerlinge: 'Ons dank U, o Heer, dat U nou weereens so baie duidelik gepraat

het; want dit is egter nie altyd U gewoonte om so te praat en te leer nie. Nou weet ons eers heeltemal hoe dit met die volkome eenheid van God staan, en U is dus dan tog baie volmaak God, soos wat ons dit al dikwels gedink het.'

Die oneindigheid en alomteenwoordigheid van God en Jesus. Die verskyning by die doop van die Heer 231 (Die leerlinge:) 'Maar daar bly nou nog `n vraag oor, en dan sal ons taamlik goed op hoogte wees! [2] Kyk, Heer, God is naas al Sy eienskappe egter ook oneindig en daardeur alomteenwoordig! Hoe is dit dan by U moontlik, terwyl U Uself, tog net soos ons, binne één noukeurige begrensde persoon liggaamlik by ons bevind?' [3] Ek sê: 'Kyk, beste oudleerlinge van My, dit is alweer `n ou denkfout van julle! Weet julle nie meer dat julle vir My, toe ons van Samaria na Galilea gegaan het, bykans dieselfde vraag daar gestel het nie? En het Ek julle nie deur `n teken aan die son bewys dat Ek deur My wil ook op die son, net soos op aarde, op gelyke wyse aanwesig is nie?! En nou vra julle My alweer bykans presies dieselfde vraag! Ook het Ek julle dieselfde laat sien by Césarea Philippi, by die herbergier Matthéüs in Kapernaum toe Ek die baie diep versonke gat oombliklik opgevul het, en in Chotinodara met die afgodemeer, en nog steeds verstaan julle nie die geheim van die ryk van God nie en nog minder die geheim van God?! [4] Is My Ewige Liefde, wat deurgloei van haar vlammelig, wat die Wysheid van God is - dan nie die deurstralende wil wat juis vir julle so `n onbegryplike Heilige Gees is nie, wat ewig onophoudelik van My uit die hele oneindigheid vervul word nie?! En deur die 'EK IS' en dus ook deur My ‘IS’ en bestaan, is Ek orals teenwoordig soos wat Ek nou in My eintlike wese persoonlik by julle aanwesig is. My oudleerlinge en broers, dit het Ek julle al baie kere duidelik laat sien, en julle het dit tog vergeet; maar julle sal dit die keer miskien wel onthou?! [5] Ek sal egter nie altyd so met My hele oerwese by julle bly nie, en tog sal Ek as die Dieselfde by julle bly, dit wil sê by almal wat getrou volgens My woorde sal handel en lewe, en wel tot aan die einde van die tye van hierdie aarde! [6] Want Ek sal nou ook, wanneer die tyd sal kom, die menslike deur baie lyding en baie groot vernederings nog op hierdie wêreld heeltemal in My oergoddelike verander en daarna opvaar na My God wat in My is en na julle God wat nou by julle is en julle dit leer met Sy Mond.' [7] Ander sê: 'Heer, dan sou dit vir ons tog beter gewees het dat U ewig so by ons bly; want waar U is, o Heer, daar is ook al die hoogste hemel, en ons verlang ewiglik geen beter een nie' [8] Ek sê: 'Dit sê nie julle gees nie, maar julle liggaam, waarin julle siel nog baie diep begrawe lê! [9] Omdat die suiwer geestelike lewe van die siel in My ryk vir julle nog volkome vreemd is, sou julle natuurlik graag liewer dadelik maar ewig hier wil lewe; maar as julle geweet het dat julle in één oomblik in My ryk meer en onbeskryflike groot salighede sal beleef as in `n duisend jaar met `n gesonde liggaam op hierdie aarde, dan sou julle nie so gepraat het nie. Julle, My oudleerlinge, het Ek wel al menige voorproewe gegee, - maar omdat julle geheue altyd en ewig kort is, weet julle nie meer daarvan nie. Maar Ek sal julle in die opsig geen nuwe bewyse gee nie; want wanneer My Gees te eniger tyd oor julle sal kom, sal Die julle alle wysheid meedeel!' [10] Toe sê Thomas, wat nog steeds die mees ongelowigste was, skielik: 'Heer, waarom het ons dan die Heilige Gees in die vorm van `n vurige duif gesien, en waarom het ons die stem van die Vader uit die geopende hemel gehoor?' [11] Ek sê: 'Ek het goed geweet dat jy ook nog met `n vraag sou kom, en Ek neem jou ook nie heeltemal kwalik nie; want jy hoort ook by hulle wat selde of byna nooit iets vra nie.[12] Kyk, die beeld van die duif beteken vir julle beperkte sintuie ten eerste die groot sagmoedigheid en ten tweede die groot vliegbekwaamheid van My Wil, wat die eintlike Heilige Gees is; want waar Ek met My Wil iets tot stand wil bring, daar is Ek ook al tot in die eindelose verte aanwesig en bring Ek iets tot stand. [13] Wat die stem betref wat van bo uit die hemele blyk te gekom het, dit het ook maar net My Gees gedoen, wat uit My gekom het en Sy hele vervullende liefde, wat alom met My Wil net soos in My, so innig verbonde is. Dat die stem uit die hemele blyk te gekom het, moes vir julle aantoon en leer dat al die ware en goddelik-goeie eers van bo kom, soos wat ook die mens in sy hart dan eers goed word, sodra die mensehart vanuit die verligte verstand deur God verlig en daardeur werklik veredel word. [14] Eers as die hart eenmaal verlig is en in die ware liefde ontvlam, word dit heeltemal lig en lewend in die mens. Dan gaan jou liefde ook praat en sal jy sê: 'Die lig in my is my liewe seun, in wie ek `n welbehae het, na hom - dit wil sê, na al my verlange, begeertes en hartstogte – moet jy luister!' - Nou My leerling, wat dink jy daarvan? Is dit so of nie?' [15] Die leerling sê: 'O, hoe sou dit anders kan wees? In U, o Heer, is die hoogste Liefde en Wysheid! U kan ons immers alles baie duidelik uitlê; maar dit sou tog nie so baie verkeerd wees as ook ander

gelowiges dit net so vinnig sal verstaan soos ons nie?!' [16] Ek sê: 'Hulle vir wie dit vooraf nodig is om hierdie groot geheime beter te verstaan, het Ek nou hierdie uitleg van die geheim van God gegee. Hoe sal die ander, wat nog nie eens iets verstaan van die aardse sake en dinge van hierdie wêreld nie, sulke diep geestelike dinge kan verstaan en begryp? [17] Vir kinders is daar ander voedsel as vir ryp manne. Hoe wil jy aan iemand iets wat dieper geestelik is, verstaanbaar maak, as hy die aarde wat hom dra en voed, nie heeltemal ken nie, en nog minder besef wat die sterrehemel alles omvat en bevat nie? Maar Ek het alles vir julle geleer, sodat julle julleself veral `n lewendige begrip van die grootte en van die wyse orde van God kan vorm, en daarom kon julle die hoër en suiwer geestelike ook makliker verstaan; die ander wat hier is, het al baie in die wêreld beleef, en het daardeur `n basis om ook iets hoërs te verstaan, waartoe hulle groot liefde tot My hulle egter die meeste geskik maak. En so is nou aan almal wat daarvoor geskik was, die groot en diepe geheim deur My uitgelê; al die ander moet wag totdat hulle geskik is om dit van My Gees te ontvang.'

Die wese van die komete 232 Toe sê Lasarus ook: 'Heer, U het my laas in Bethanië ook baie oor die sterrehemel uitgelê; ek het U toe ook net gevra na die aard van die komete wat so baie deur die volk gevrees word, maar die antwoord het waarskynlik om baie wyse redes tot nou toe nog uitgebly. Wil U so vriendelik wees om my nog iets daaroor te vertel?' [2] Ek sê: 'O ja, baie graag! Kyk, soos volgens My ou, dit wil sê ewige orde, geen vrugte aan `n boom gelyk ryp word nie, so word ook geen sentrale son, geen planetêre son en geen aarde soos hierdie, opeens heeltemal kant en klaar geskape, bewoon en met alle moontlike vrugte begroei nie, maar dit gebeur geleidelik; want vir God is dit immers nie nodig om met iets êrens oorhaastig te wees nie, omdat Hy van die een ewigheid tot die ander tog genoeg tyd het, - ofskoon dit nie buite die moontlikhede van God lê om `n hele son, sowel as `n hele aarde of tallose talle wêrelde van beide soorte in één oomblik tot aansyn te roep nie. [3] So `n komeet is derhalwe `n langsaam wordende son, wat homself uit die ligstof vorm wat voorkom uit die eindelose ruimte, homself in die vrye eter langsaam maar sekerlik verdig, en dus uit die aanvanklike geestelike substansie in die stoflike begin oor te gaan, en na vir julle ondenkbare lang tydruimtes `n werklike son word en waaruit, wanneer hy sy volle rypheid bereik het, eers dan planete of aardes, soos wat hierdie een daar is, net soos kuikens uit `n eier gebore word, maar aanvanklik ook as net merendeels baie los gasmassas met baie weinig vaste liggaamsmassa. Hy word deur die innerlike, groot natuurlike krag van die son in die verre vrye ruimte as’t ware na buite geslinger; en as hy die korrekte afstand bereik het wat by hulle grootte en spesiale swaarte hoort, dan begin hy ten gevolge van die groot en sterk aantrekkingskrag van die son, in `n sekere sin weer na die son terug te val. [4] So `n terugval duur dikwels duisende aardse jare. In die tyd het so `n nuwe sonkind homself reeds van tallose kante meer en meer verdig deur ontmoetende ligsubstansies. Wanneer die komeet dikwels na baie jare van die een of ander weer in die omgewing van die son kom, word hy deur die mense van hierdie aarde en ook deur mense van ander aardes as `n ster, gewoonlik met `n lang, liggewende dampstert, gesien. As gevolg van `n bepaalde afstotende krag van die son, kan hy egter nooit meer in die son in terugval nie, want die afstotende krag - veral naby die omgewing van die son - bestaan uit baie heftige uitstromings van lig, waardeur so `n komeet, wanneer hy as baie ligte liggaam in die omgewing van die son kom, hom byna met die snelheid van die lig verder beweeg, omdat hy daardeur `n nuwe heftige stoot kry en homself in die groot diepte van die ruimte verloor, waarop hy aan die uiterste grens van sy verwydering weer na die son begin terugval. [5] Julle kan op hierdie aarde `n klein voorbeeld daarvan sien by `n groot brand. Die vuur, dryf die hitte en die sterk lig in `n groot hoeveelheid gloeiende vonke hoog in die lug in. As dit eenmaal so hoog is dat die uitgeworpe krag van die vuur nie meer op hulle kan inwerk nie, val hulle weer baie gou terug; maar sodra hulle weer in die omgewing van die vuur kom, word hulle dadelik weer met groot heftigheid weggestoot en deurloop weer hulle vroeëre baan. [6] Dit is egter alles in die oergoddelike orde vasgelê, en alles wat maar natuur heet, moet haarself volgens hierdie wette rig. - Nou weet jy ook wat komete is, en kan jy dit ook aan denkende mense oordra. [7] Wat die komete egter betref waaruit sonne ontstaan, hulle kom nooit in die omgewing van `n ander planetêre son nie, maar sweef vir julle in die onmeetlike dieptes van die ruimte en sal so nou en dan gedurende latere tye deur die hooggeleerde mense met bepaalde oogwapens ontdek word. - Verstaan jy dit goed?' [8] Lasarus sê: 'Heer en Leraar van die ewigheid, dat ek U woorde in hulle algemeenheid verstaan het is seker, maar tog sien ek nog aansienlike dinge wat ek nog nie verstaan nie!' [9] Ek sê: 'En dit is?'

[10] Lasarus sê: 'Heer, wat so `n komeet is, weet ek nou goed; maar wat is sy stert? Wat se betekenis het dit? En so dui U ook aan dat daar in latere tye sulke hooggeleerde mense sal wees, wat bepaalde oogwapens sal uitvind waardeur `n mens in die groot diepte van U skepping die groot komete sal ontdek, waaruit na ongeveer eons jare van hierdie aarde nuwe sonne sal ontstaan. Wat sal dan so besonder aan sulke oogwapens wees? Waaruit sal dit bestaan? Hoe sal hulle daar uitsien, en hoe sal hulle gebruik word? Kyk, ek is nou ontsettend nuuskierig om iets meer van U daaroor te hoor, omdat U beslis baie presies sal weet wat die mense oor tienduisend jaar en nog eindeloos langer daarna sal doen, en wat hulle alles sal uitvind! As dit U heilige wil sou wees, kan U vir my en vir ons almal ietwat meer daaroor vertel! [11] Ek sê: 'O ja, waarom nie?! Want hoe meer ware en egte kennis iemand besit, soveel makliker kom hy tot suiwer insig.'

Die belang van kennis 233 (Die Heer:) 'Moses was self `n groot meester in alle moontlike vakke van die menslike kennis. Daar het in Egipte geen groot misterie bestaan waarin hy nie ingewy was nie, en die ou Egiptenare het ook sulke oogwapens besit, ook al was dit nie so volmaak soos die van die genoemde latere geleerdes nie, en hulle kon die planete daardeur baie goed ontdek en hulle kringloop ook redelik goed bereken, waarvan hulle diereriem te Diathira nog hede ten dae die duidelikste bewys lewer. Die suiwere wetenskap en hoofwetenskap was natuurlik slegs in die hande van die priesterkaste; die gewone volk moes hulle tevrede stel met wat die priesters sê. [2] Maar Moses, wat in `n sekere sin `n prins aan die koninklike hof was, was in alles ingewy, sonder om daardeur ook maar in die minste te begin twyfel aan die geloof van Israel, wat hy van sy moeder, wat aan die hof sy voedster was, geleer het. En so kon Moses dan ook eerste tot die heel suiwere kennis van God kom, omdat sy hele verstand al `n suiwer en passende vooropleiding ondergaan het. [3] Daarom sê vir Ek julle ook dat `n suiwer en goed gefundeerde kennis van die hele aarde - so moontlik in al haar dele - en haar beweging, en haar presiese grootte, en die sterrehemel in al haar verskynings daarby, vir `n suiwer gemoed voortreflik daarvoor kan sorg om tot die ware samehangende kennis van God te kom, waarsonder dit vir die mense geen ware heil inhou nie. Want slegs hy wat God waarlik ken, kom tot God en is eintlik reeds by God; maar hy wat God nie ken nie, kan ook nie by God kom nie, omdat hy God nie ken nie en dus ook nie by God is nie. [4] Want tot God kom beteken, om reeds deur die suiwer kennis en liefde by God te wees, omdat sonder die suiwer en ware kennis ook niemand God waaragtig kan liefhê nie. [5] Wat het jou siel daaraan as jy ook aan `n God glo wat êrens agter alle sterre aanwesig is en ook glo dat Hy van daar af, soos uit `n eie sentrum, deur Sy almag alles hoor en sien en alles skep, onderhou en regeer, en dat Hy so met Sy mag alles deurdring en orals teenwoordig is. Dan ken jy God tog nie in die minste nie en is jy in jou hart nog baie verder van Hom af verwyder as die eindelose afstand waarop jy Hom vir jou voorgestel het! Jy is dus deur so `n baie mistige nagtelike besef van God, beslis nog baie ver van Hom af, kan Hom onmoontlik liefhê, maar slegs so `n halfgelowige vae vrees en eerbied vir Hom hê. En met hierdie kennis- en gemoedsinstelling kan niemand by God wees nie, en van `n ware liefde kan in hierdie geval nooit sprake wees nie. [6] Of wat sou `n troulustige jongman sê wat naby in die buurt sommige dogters ken wat hom baie goed aanstaan, en waarvan hy een wat daar is met sy hele hart sou liefhê, wanneer mense vir hom sou sê:' Hoor eers, hier is niks vir jou nie! Vir jou is daar `n bruid in die verste uithoeke van die wêreld, word verlief op haar, reis daarheen en neem haar tot jou vrou!?’ Sal hy julle dan nie vra nie: 'Ja, maar waar is sy? Is sy in die ooste of in die weste, in die suide of in die noorde'? En julle sal hom onmoontlik na waarheid iets anders kan sê as: 'Ja, dit weet ons self nie, maar sy sal êrens iewers wees, hou maar van haar en soek haar!' Dink julle dat die jongman ooit op `n meisie verlief sal kan word wat so ver van hom af weg is, of dat hy so gek sal wees om haar in al vier windstreke te gaan soek? Ek sê vir julle dat hy gladnie daaroor sal kwel nie! - En met die liefde vir `n volkome onbekende en êrens ontsettende ver weg synde God gaan dit nie baie beter nie. [7] Maar wat is dan die ander bose gevolg daarvan? Omdat die mense `n verafgeleë en te onbekende God nie ken en nog minder kan liefhê nie, maak hy vir homself naby-gode, wat hy dan eer, liefhet en aanbid, en waaraan hy allerlei offers bring. Vir die een ware God bou hy weliswaar ook `n leë tempel, waarin slegs baie min lig mag deurdring, - en dit word aan die onbekende God gewy. Die Romeine het daarvan hulle blinde fatum (noodlot) gemaak, wat selfs oor al hulle gode heers. Daardeur kom tog wel voldoende na vore waartoe `n slegte kennis van God die mense mettertyd bring. [8] En omdat Ek, as die steeds so verweg gedinkte en geloofde JaHWeH, nou julle mense se allernaaste is, daarom verklaar Ek julle graag dit wat julle en julle nakomelinge tot die ware kennis van God en tot die trouste liefde vir Hom kan bring. En dus sal Ek dan ook jou twee vrae baie kortliks beantwoord.

[9] Kyk, die komeet waaroor jy `n uitleg gekry het, het op groot afstand van die son heeltemal geen stert nie, maar slegs `n newelagtige damp om sy kern! Eers wanneer hy in die omgewing van die son kom, vorm hy `n stert, as gevolg van sy baie groot snelheid. Want deur hierdie snelheid, wat by baie komete so buitengewoon is dat hulle in die omgewing van die son dikwels in enkele oomblikke 80, 90-100 000 ure ruimteweë aflê, kan die baie ligte eterdamp nie so gou deur die ruimte vlieg soos die aanmerklike swaarder kern en die direk omgewende digter damp nie, en so geskied daardeur ongeveer dieselfde as wanneer jy `n nog sterk gloeiende en `n net so sterk rokende stuk hout sou neem en dit ver weg deur die lug sou gooi; jy sou dan sien dat die rook as `n baie ligte liggaam agter die gloeiende vlieënde stuk hout, ook as te ware, `n komeetstert vorm. [10] Hierdie atmosferiese lug is weliswaar baie digter as die suiwer eter, maar by so `n snelheid word dit ook al in die eter sigbaar. Want ook dit bevind homself nog in tyd en ruimte en is dus `n stoflike iets, hoewel sy oergrondstof, vergeleke met die verdigte stof van `n aardse wêreld, bykans gewigloos is, soos wat ook hierdie aardse lug wat op sigself altyd nog `n liggaam is wat gewig het - anders sou dit by `n sterk beweging nie in staat gewees het om die magtigste bome te ontwortel nie, - maar onder water lyk lug volledig gewigloos. [11] Omdat eter op sigself ook iets stoflik is, kan hy die damp van `n komeet by sy baie groot snelheid dus ook wel in `n natrekkende dampstert verander. - Dit kan jy nou goed verstaan?!' [12] Toe sê Lasarus en al die ander: 'Ja, Heer, U, ons enige liefde, dit is nou sonhelder! As hierdie dinge so uitgelê word, moet selfs `n kind dit verstaan! Ons aarde was dan sekerlik ook so `n komeet?' [13] Ek sê: 'Baie beslis, - weliswaar nie uit hierdie son gebore nie, maar uit `n ander, baie groot son, maar dit maak egter nie saak nie; want ook uit die oersentraalson word sulke aarde vormende komete met nog groter krag in die onmeetlike ruimte na buite geslinger, kom dan in die omgewing van die kleinere planetêre sonne en word daardeur aangetrek, onderhou en netjies as haar eie kinders versorg en tot behoorlike aardliggame opgevoed. [14] Dit weet julle nou, en dus sal ons op die versoek van Lasarus nog `n blik op die eens komende kykwapens werp. Wel, om dit vir julle uit te lê, sal ietwat moeilik wees, maar ons sal sien wat daaraan gedoen kan word!'

Uitvindings en hulle doel 234 (Die Heer:) 'Kyk, die ou Egiptenare was in staat om sekere spieëls te maak waarmee hulle die sonstrale opgevang het. Alle strale wat op `n groot wiskundig presiese uitholling van so `n spieël neerkom, word deur hierdie hol spieël oor `n afstand van 50-100 manslengtes op `n punt, die grootte van `n kop saamgebundel, wat soveel lig uitstraal dat jy nie daarna kan kyk nie, en die strale ontwikkel daar so `n groot hitte, dat witgloeiende yster daarby vergeleke nog maar koel water is. Die natuurlike gevolg daarvan was dat `n voorwerp waarop die gloeiende punt gerig word, oombliklik aan die brand geslaan en vernietig is, soos wat julle, maar veral die Grieke en die Romeine al wel dikwels gehoor het. [2] Wel, hoe was dit dan moontlik? - So `n spieël neem `n groot hoeveelheid strale op en gee dit weer baie gekonsentreerd terug, terwyl `n vlak spieël dit maar net weer dieselfde terugkaats wanneer dit op sy oppervlak kom! [3] As iemand voor `n vlak spieël gaan staan, verskyn hy daarin slegs so groot as wat hy is; sou hy egter voor so `n genoemde hol spieël gaan staan dan sou hy reusagtig groot sigbaar word.' [4] `n Romein sê: 'Ja, dit weet ek uit eie ervaring; want ek het so `n spieël in Memphis gesien. Hy was gemaak van `n baie harde soort swart marmer en was in mate ongeveer twee manslengtes in deursnee. Die vlak was gedeeltelik al wel ietwat mat, maar oor die geheel het dit nog goed weerkaats, en as mens voor die spieël gaan staan, het `n mens homself as `n kolossale reus daarin gesien. Enkele van ons het dit gesien. [5] Ook is daar in Rome `n paar mense wat glas maak en dit daarna in allerlei vorme giet, waaronder ook sulkes wat aan beide sye ietwat afgerond is, waarmee `n mens dan `n tontel (droë brandbare materiaal), soos wat dit in Illirië voorkom, of ook droë strooi, goed kan aansteek. Ook die Vestaalse maagde steek hulle lampe, as dit eers gedoof is, met die vuur uit die son aan. As `n mens egter deur so `n glas die een of ander voorwerp, wat natuurlik nie te groot moet wees nie, bekyk, dan sien mens dit baie groter as wat dit in werklikheid is.' [6] Ek sê: 'Wel, daar het ons dan al die geval met die kykwapens! So `n spieël of so `n glas, natuurlik matematies so suiwer moontlik, is al ten dele `n kykwapen. [7] Later wanneer, deur die instroming van My Gees, die mense in staat sal wees om sulke spieëls en ook sulke glase van verskillende grootte en brandpuntafstande te maak, sal hulle ook vinnig die vroeër genoemde kykwapens saamstel waardeur hulle die sterrehemel sal bekyk, en sal baie daar ontdek wat tot nou toe, by name vir die meeste Judeërs, verborge gebly het.

[8] En Ek sal dit en nog baie meer in die later tyd deur die mense laat uitvind, omdat dit moet dien en ook sal dien vir die onderdrukking en vir die algehele verdwyn van die valse profete, wat met groot krag en wêreldse glorie sal uitroep: 'Kyk, hier is die Messias(Christus)!' of 'Daar is Hy!'; maar luister dan nie na hulle nie, en ontwyk hulle soos `n pesvlaag! Want alles wat hulle in die skole en tempels sal leer en predik, sal niks anders as bedrog wees nie, wat onder die mense die grootste ellende sal veroorsaak wat ooit in die wêreld was. Want baie mense sal hulle aanhang vanweë die valse tekens en wonderwerke wat hulle sal verrig soos die Essene en die Indiese towenaars. [9] Daarom sal Ek eers die Gees van Ware Wetenskap en allerlei Vaardighede by die mense opwek en vervolgens ook eers die baie rein Gees van die Waarhede uit die hemele, en alle valse profete, tesame met hulle leier, sal dan kerm en weeklaag, en al diegene na die hel vervloek en op alle moontlike maniere beleër, wat hulle vir ewig die rug sal toekeer. Maar dit sal hulle almal nie help nie; want die ewige ondergang van die leuen bestaan altyd daaruit, dat hy in die gesig van die waarheid tot skande word, soos wat die ys, wat hom so hard as klip sou wil voordoen, maar deur die son in water verander word, waarna dit met sy hardheid en vastheid verby is. [10] In die hoë noorde van hierdie aarde, waar dit baie koud is, bou die Skithiërs in die winter woonhutte van ys. Maar wat gebeur daar met hierdie hutte wanneer daar, wat weliswaar korter duur, `n baie warm somer kom? Binne enkele dae het al hierdie woonhutte weggesmelt! En net so sal dit in die tyd met die groot, pragtige hutte van die valse profete gaan: Nog voor hulle behoorlik baie daarin sal hê, sal hulle pragtige woonplekke ook al weg wees! - Verstaan julle dit nou goed?'

Oor die valse profete 235 Lasarus sê: 'Maar Heer, mens sou tog nie kon glo en aanneem dat hierdie leer van U ooit êrens vervals sou kan word nie! Want soos wat ons dit van U ontvang het, so sal ons haar immers ook deurgee aan ons nakomelinge, en daar sal niks toegevoeg en niks weggelaat word nie; ons kan ook skryf, en sal dit wat ons nou van U gehoor en gesien het, woordeliks opskrywe, en ons mense sal dit almal punt vir punt hoor en ook opvolg. In die geval verstaan ek nie hoe dit moontlik kan wees dat daar valse profete kan opstaan nie!' [2] Ek sê: 'Presies soos wat jy nou praat, het die direkte aanhangers van Moses ook eens gepraat toe Ek op Sinai die wette gegee het. Die wetgewing duur toe, dit sal julle sekerlik nog goed weet, iets meer as sewe volle jare, en het daarna nog ongeveer drie-en-dertig jaar meer in die geheim geduur en was nie vir elkeen waarneembaar nie, - en reeds in die eerste sewe jaar was die goue kalf gegiet en aanbid! Kyk, so is die mense! [3] Dat My leer by julle en by julle geringe aantal nakomelinge nog lank suiwer sal bly, gee Ek wel toe; maar in algemene sin sal dit baie anders daar uitsien! [4] Waar ook maar iets groots en buitengewoon op die wêreld gebeur, word dit deur mense wat sonder besigheid sit, en deur hulle winsbejag en hebsug, baie gou op die een of ander manier uitgebuit en omvorm tot hulle aardse bron van inkomste, - wat so waar is as die waarheid self. As Ek sulke aktiwiteite moes voorkom, dan moes Ek maar net wurgengele op hierdie wêreld laat kom, wat vroegtydig al hierdie soort mense om die lewe moet bring, maar wat as gevolg van die vrye wil van die mens, egter nie kan gebeur nie, net so min as wat die aangaan van die onkruid op `n koringakker op één slag vernietig kan word, wat selfs vir die koringakker nie goed sou wees nie, omdat die onkruid uiteindelik selfs bemesting vir die koringakker word. [5] Soos wat die onkruid egter op die koringakker toegelaat word, so word ook dit toegelaat, egter nie sonder `n straf wat altyd vroeër of later sal volg nie. Kyk, dit is dus nie volledig te verhinder nie! [6] Daarom sê Ek slegs, dat almal wat nou die suiwere van My, en later van julle sal ontvang, altyd goed op hulle hoede moet wees, sodat ook hulle nie in versoeking kom nie; want die bose gees trek deur die hele wêreld soos `n brullende en hongerige leeu en probeer alle edel en suiwer siele te verslind. Behoed julle daarom teen die valse profete! Dit is alles wat Ek julle nou daarteen kan saamgee.' [7] Petrus vra: 'Heer, as hulle dalk al in ons tyd sou opduik, hoe sou ons hulle dan kan herken?' [8] Ek sê: 'Aan hulle vrugte! Op doringheinings word geen vye ryp nie, en op distels geen druiwe nie! Slegs Ek is, deur My leer, die deur van die skaapstal; wie êrens anders in die stal inbreek, is `n dief en `n rower. Slegs Ek is die ware deur, die Weg, die Lig, die Waarheid en die Lewe. Wie dus na My toe wil kom, moet deur My en in My gaan op My Weg, in My Lig, wat die ewige, onveranderlike Waarheid in God is. [9] Elke goeie arbeider is weliswaar sy loon werd, maar `n huurling wat hom laat uithuur om werk te doen vir sy eie in een of ander selfbelang by die werk, is selde sy loon werd. Want hy sal slegs vir die skyn ter wille van sy loon werk; maar die werkgewer sal daarmee sleg gedien wees. En so en nog erger sal alle valse leraars en profete wees. Want hulle motief sal - soos nou by die Fariseërs - Mammon wees; daarvoor sal hulle onderrig gee, dom en verkeerde dinge voorspel, die mense fisies aanvat en nog meer geestelik bedrog pleeg, die eiendom van weduwees en wese opsluk en hulle daarvoor die hemel belowe, en

uiteindelik sal hulle die wat by die suiwer waarheid bly, as die grootste ketters te vuur en te swaard vervolg en onder groot geskreeu sê: 'Ons is die ware volgelinge van die Messias(Christus), die Seun van God!' Ek sê julle dit nou vooruit, sodat julle en julle ware volgelinge kan weet hoe julle julleself moet gedra wanneer dit sal gebeur – en wat ten dele ook reeds begin het!' [10] Petrus sê: 'Heer, hoe kan dit nou al moontlik wees?' [11] Ek sê: 'Baie maklik; want hoe dikwels het Ek al voor `n groot menigte gepraat, en dan was daar altyd mense by wat nie kom luister het vir die heil van hulle siel nie, maar vir die heil van hulle geldgordel. Iets beleef hulle self, iets laat hulle hulleself deur ander vertel, en die meeste voeg hulle self daarby, versin sodoende leuen op leuen, maak vervolgens reise na alle windstreke, sê dat hulle deur My gestuur was en verdien daarmee baie geld. - Wat sê jy dan daarvan?' [12] Petrus en Johannes sê: 'Heer, het U dan geen bliksem en donder meer nie vir sulke misdadigers nie?' [13] Ek sê: 'Ai, ai, is julle nou kinders van die donder of kinders van God! Die bliksem verwoes en vernietig wel waar hy inslaan, maar die kinders van God het `n ander wapen, en dit heet: geduld, sagmoedigheid en liefde. [14] Daarby is hierdie mense nog van mening dat hulle God `n goeie en aan Hom welgevallige diens bewys. Julle sal sulke mense nog baie teëkom, en baie sal hulle bekeer. As ons hulle nou dadelik met bliksems uit die wolke sou verdelg, hoe sou julle hulle dan ook nog kan bekeer? Laat ons dus nie dadelik ons toevlug tot bliksems neem nie! [15] Die waarheid is die beste bliksem teen sulke valse leraars en profete! Julle kan eerder alle seën van die aarde drooglê as om ooit `n dam te bou teen die stroom van die waarheid. Met My sal julle alles kan doen, sonder My kan niemand egter iets doen nie; want Ek is die Waarheid, die Lig en die Lewe! - Verstaan julle dit goed?'

Die geestelike alomteenwoordigheid van die Heer. Die eerstes sal die laastes wees Waarskuwing teen jaloersheid en hoogmoed. 236 Philippus sê: 'Ja, Heer, as U altyd, soos nou, by ons sal bly, dan sal dit natuurlik goed gaan; maar U sal, volgens wat U al meermale gesê het, maar net `n kort tydjie by ons bly, en dan sal dit nie so effektief gaan soos nou nie, noudat U sigbaar onder ons werksaam is!' [2] Ek sê: 'Ek sal julle in wese wel verlaat, dit wil sê met die wese van My persoonlikheid, omdat dit moet gebeur om vir julle, net soos vir almal wat deur julle in My sal glo, `n ewige, geluksalige woonplek te berei; maar met My Gees, wat die oneindigheid vervul, sal Ek by julle bly tot aan die einde van die wêreld, en dit nog effektiewer as nou, en julle sal dan nog groter dinge doen as wat Ek nou Self doen. [3] In wie My leer hom huisves, dus My Lig en daarom die ewige Waarheid, in hom huisves ook My Krag en My Mag. Wat wil julle dan nog meer hê?' [4] Philippus sê: 'U Self, Heer, omdat ons U bo alles liefhet!' [5] Ek sê: 'Ook dit sal julle volledig gegee word; want waarlik, Ek sê vir julle: Waar daar ooit slegs twee of drie ernstig in My Naam byeen sal wees, daar sal Ek ook by hulle wees, of wel sigbaar of waarneembaar werkend in die gees, en dit sal tog ook wel My wese wees?! [6] Kyk, in later tye, soos die mense meer en meer in allerlei wetenskap, pen en kunste bedrewe sal word as hulle nou is, dan sal Ek maar baie selde sigbaar aan hulle verskyn, maar meer intenser werk deur My Gees. En Ek sê vir julle: Hierdie mense sal meer saliger word, omdat hulle dit wat julle nou sien, nie sal sien nie, maar tog sonder om te twyfel sal glo en daarvolgens sal lewe! Julle het My lief omdat julle My sien; die mense in die toekomende tye egter, sal My liefhê sonder om My ooit te gesien het. Hoeseer sal hulle My dan nie liefhê as hulle My in My ryk sal sien nie! Daarom het Ek julle eens `n beeld gegee waarin gesê was: En so sal maklik die eerstes die laastes word, en die laastes die eerstes! Want helaas, daar is meer voor nodig om niks te sien en tog te glo en te lewe volgens die geloof, as om alles te sien en dan eers te glo en daarvolgens te lewe! - Is julle dit nie ook almal van mening nie?' [7] Toe sê Lasarus: 'Dit is beslis so; want om niks te sien nie en tog rotsvas te glo, is duidelik `n groter verdienste as om al die tekens te sien en al die toesprake en leringe uit die suiwer goddelike mond te hoor, wat iemand met onweerstaanbare krag tot geloof dwing, en dan te glo. En dus sal die swakste in die geloof in U, o Heer, wat tog gewetensvol daarvolgens sal handel, beslis eerder die hoogste hemel verdien, as een van ons, wat die sterkste geloof het, die laagste hemel. O, dit is vir my in elke geval baie duidelik!' [8] Die leerling Andreas sê toe: 'Vir my nog nie! Wat kan ons dan daaraan doen dat ons juis nou in die wêreld is? Ons sal in hierdie eerste baie kritieke tyd tog las en hitte moet dra, en moet ons dan daarvoor sonder dat dit ons skuld is, die laastes wees? Dit klink egter ietwat vreemd!' [9] Ek sê: 'Dit klink slegs vir hulle vreemd, wat My woorde nog steeds nie verstaan nie! Wat maak dit saak as mense uiteindelik geag word om voor julle eerstes te wees en julle eerstes niks meer as die laastes nie?! Of sal jy, wanneer jy eenmaal salig in My hemele sal wees, dalk ietwat minder salig wees as die laastes wat net so salig sal wees soos jy? Kyk eers, hoe blind jy nog is!

[10] Ek sê vir julle: Op aarde is daar jammer genoeg naywer, - maar in die hemel sal daarvan ewig niks meer na vore kom nie; want `n afgunstige mens sal nie daar binnekom nie. [11] In die hemel sal slegs hy die eerste en die grootste wees, wat vind dat hy self die minste en kleinste is; want laat dit julle glorie word, dat julle almal in julle hart aan die kinders gelyk word! Wie in sy hart nie word soos die kinders nie, sal nie in die ryk van God kan binnegaan nie; want die weg na die hemel is `n baie smal paadjie, en is besaai met allerlei dorings. Die grootste doringrige hindernis is en bly egter die hoogmoed en die hele legioen wat daarvan afgelei is. [12] Laat elkeen hom daarom behoed teen eersug, omdat dit die vader is van die nyd, die selfsug en uiteindelik, as hy voedsel gevind het, van die grootste hoogmoed, wat sy oervaderland in die hel het! - Het jy, leerling van My, dit verstaan?' [13] Andreas sê: 'O ja, en ek dank U, o Heer, uit die diepte van my hart vir hierdie les van U, wat o, so heilsaam is!' [14] Ek sê: 'Alles is alweer in orde. Wie daarvolgens handel, sal die ewige lewe oes.'

Hemel en hel 237 Daarop kom die Romein na My toe en sê: 'Heer en leraar, dat alles in die hele oneindigheid van die grootste tot die kleinste aan U bekend is, daarvan is ek volkome oortuig, en niemand kan my hierdie salige oortuiging meer ontneem nie! Maar nou is daar al verskeie kere sprake gewees van die hel, en ek moet eerlik beken dat ek nog steeds nie in die minste weet wat ek eintlik daarvan moet dink nie. Is dit `n bepaalde baie duister en treurige oord, waar die kwaaddoeners vir ewig vir hulle sonde gepynig, of sonder onderbreking gemartel word, of is al die groot martelinge uiteindelik, te oordeel aan U ewige liefde en goedheid, tog slegs die uiterste middele om uiteindelik selfs die mees slegte geeste na `n ondenkbare lang tyd weer terug te bring tot die korrekte besef? Waar is die onsalige oord, en hoe sien dit daar uit?' [2] Ek sê: 'My baie gewaardeerde vriend, daaroor kan jy by My eerste leerlinge baie presies uitsluitsel kry - want Ek het hulle alles laat sien, - maar daarnaas bevat die ewige Liefde en Wysheid van God tog nog baie wat jy, ook al sou Ek dit jou vertel, nou nog nie sou kon verstaan nie. Origens is die hel op sigself net so min `n bepaalde plek as die hemel self, maar die hel, net soos die hemel, is heeltemal net na gelang van die innerlike toestand van die mens. [3] So kan `n engel en die ergste duiwel vlak langs mekaar wees, staan of sit, terwyl hulle geestelik tog eindeloos ver van mekaar verwyderd is, en die engel bevind hom onbeïnvloed deur die duiwel, wat uiteraard naby aan hom is, en die duiwel bevind homself op gelyke wyse in die hel en weet nie die minste van die engel wat so naby aan hom is nie. Maar dit kan jy nou nie so maklik verstaan nie, want geestelike verhoudinge is baie anders as die van hierdie aarde. [4] Maar vir die opmerksame waarnemer is daar ook hier genoeg dergelike verskynsels te vinde, wat baie presies met die in die hiernamaals korrespondeer. So kan jy byvoorbeeld fisies naby `n mens staan, wat innerlik jou grootste vyand is en dag en nag daarop uit is hoe hy jou op die gevoeligste manier skade kan berokken, en tog geestelik ver van hom verwyder wees. Hy kan jou nie vat vanweë jou hoë posisie nie, omdat hy dit eerder self wou gehad het; hy is egter slim en weet hoe om sy innerlike toegevoegde gesindheid vir jou so te verberg, dat jy dit op geen enkele manier ook maar sal vermoed nie. As jy dus by hom kom, sal hy jou met die grootste vriendelikheid ontvang en jou alle eer gee, terwyl hy in werklikheid, as daar nie sulke streng strafwette sou gewees het nie, jou dadelik sou wou vernietig. Maar hy dink by homself: 'Jy is nou hoog bo en ek nog diep benede! Jy moet my eers nog omhoog help, en as ek eenmaal hoog bo is, sal daar wel voor gesorg word dat jy in die afgrond stort!' Kyk, dit is reeds `n volmaakte duiwel, en hy bevind hom al met liggaam en siel in die hel, terwyl jy as man wat altyd opreg en eersaam is, jou dus in die hemel bevind. [5] En kyk, as jy en jou slegte buurman bymekaar is, dan is hemel en hel, fisies gesien, vlak langs mekaar; maar tog kan die hel jou niks doen nie, omdat die wet `n steil en onneembare afskeiding tussen julle twee vorm. Maar hoe hemelsbreed verskillend is julle morele toestande en hoe ver van mekaar verwyderd is julle nie! [6] Kyk, hieraan kan jy sien hoe ver hemel en hel van mekaar af staan! En nou sal Ek jou nog `n voorbeeld gee van die aard van die hel op sigself; let dus goed op! [7] Stel jou twee mense voor, byvoorbeeld twee naburige, trotse en heerssugtige konings! Uiterlike is hulle baie vriendskaplik. As die een die ander besoek, oorbie hulle mekaar in voorkoms en hulle omarm en kus mekaar soos die beste en intiemste vriende; maar heimlik dink en wens elkeen vir homself: 'O, as ek jou maar so gou moontlik onder my voete in die stof vertrap sien lê!' Elkeen loer slegs op `n geskikte en gunstige geleentheid om sy buurman, wat hy bo alles haat, heeltemal te kan vernietig. Wie egter daarop uit is om met sy buurman `n oorlog te begin, vind ook baie gou `n rede daarvoor. Kortom, beide raak gou met mekaar in oorlog gewikkel, en die sterkere oorwin die ietwat swakkere, en daar bly niks anders oor as om dan te vlug nie.

[8] As hy sy vel so gered het, gaan hy so vinnig moontlik na `n derde nog magtiger buurman, vertel hom oor sy ongeluk, verraai alles oor sy vroeëre vriend, gee die derde advies hoe hy hom maklik kan oorwin en bied homself as aanvoerder aan. Daarop word krygsknegte te perd vinnig vir goeie soldy gewerf en onverwags word die voormalige oorwinnaar, voordat hy baie daarvan te wete kan kom, oorval en beroof van al sy goedere en grond. As die tweede, wat nou oorwin is, homself nog deur te vlug kan red, sal hy gou `n vierde vind wat teen die derde wil optrek en hom moontlikerwys oorwin, en dan breek daar `n skynbare periode van rus aan. Maar die oorwonnes rus innerlik gladnie, maar elkeen soek vir homself die geleentheid om hom op alle oorwinnaars op ongeëwenaarde wyse te wreek. En kyk, so word `n heeltemal helse gemoed steeds verder en verder gedryf deur sy innerlike wurm, wat nie sterf nie! [9] En wat jy nou in hierdie voorbeeld van beide konings gesien het, dit vind jy in die algehele hel. Hoe dink jy kan die swart gemoed van hierdie wesens verbeter word?! - Hoe beval hierdie saak jou?'

Die gevegte in die hel 238 Die Romein sê: 'Ja, Heer, as dit so in die hel daar uitsien, is daar aan `n einde van hierdie wedersydse buitengewone vyandelikhede natuurlik in ewigheid nie te dink nie, en dan sien dit baie anders daaruit as wat ek my ooit voorgestel het! Sulke geeste is dus vanweë hulle innerlike bose toestand uit hulleself nooit in staat om egte bewoners van die hemel te word nie?' [2] Ek sê: 'Baie seker; as hulle vir `n duisend ewighede so gelaat word, word hulle uit hulself in plaas van ooit beter, ewig steeds maar slegter! Dink jou maar eers ontelbaar baie van sulke geeste in, wat van niks anders as die mees grenslose selfsug en onbeperkte hoogmoed vervul is nie, hoe hulle dan onder mekaar moet huishou! Bedink daarby nog dat hulle aan die ander kant heeltemal vry is, dat geen enkele wet hulle op watter manier dan ook bind nie, en elkeen kan doen wat hy wil! As jy dit eers goed vir jou kan indink, sal jy daar `n anargie sien waarvan op aarde geen voorbeeld te vinde is nie. [3] Elkeen wil dadelik die hoogste heerser wees; slegs diegene wat op gelyke wyse kwaad en sleg is, gaan saam teen die ander wat op `n ander manier kwaad en sleg is, en so is daar ewige rusie, getwis, oorlog en wedersydse verminkings van die gruwelikste aard. En versamel die verminktes hulle weer, dan is hulle éérs heeltemal wraakgierig en probeer met hulle voorstellings en goëltoertjies as towenaars en kunstenaars die aandag te trek. As hulle daardeur langsaam maar seker `n groot aanhang gekry het, wee dan hulle wat hulle vermink het! [4] En so is daar vir elke soort kwaad en bedrog baie groot gemeenskappe, wat slegs kortliks in `n skynharmonie met mekaar lewe. As sy `n ander bepaalde gemeenskap bestorm, uitmekaar slaan en buit gemaak het, dan wil elkeen wat aanvoerder was, by die verdeling dus ook die grootste deel van die buit opeis. Daardeur ontstaan daar dan stryd binne die oorwinnende gemeenskap. Eers word lootjies getrek. As iemand deur die lot die grootste deel toegewys word, dan vra mense hom of hy dink dat hy nog allerlei proewe van `n egte helse aard sal wil deurstaan. Daarby word aan hom die mees skitterende dinge uitgebeeld, selfs die kroning tot koning en god van alle gemeenskappe. As hy nie op die proef gestel wil word nie, kry hy die kleinste deel van die buit, wat hom natuurlik al heimlik woedend maak; as hy die voorstel daarenteen aanvaar, word hy vreeslik gemartel en moet hy alle moontlike bespottings ondergaan en selfs die grootste pyn standvastig verdra. [5] Dan geld julle Romeine se spreekwoord: Aut Caesar, aut nihil (alles of niks). As hy toegestem het en die proewe deurstaan het, dan word hy weliswaar `n skynkoning, - maar die eer duur nie lank nie. Baie gou kom daar opstand en die gemartelde koning word afgesit, en `n diktator neem sy plek in en gee dekreet na dekreet, waarby elkeen dan goed vir sy eie sak sorg. Dan is daar weer hulle wat nie daarmee saamstem nie, en dit kweek dan ook weer sameswerings, waaruit `n muitery van `n baie gruwelike aard baie gou te voorskyn kom. En so kan daar nooit orde ontstaan nie. [6] Van tyd tot tyd word daar ook beter leraars na sulke baie ontredderde gemeenskappe gestuur; maar dit gaan met hulle nie baie beter as wat met die engele in Sodom en Gomorra gegaan het nie. Die slegte geeste sou hulle graag as sterk wesens gebruik om al hulle vyande te vernietig. Hieraan kan jy goed sien hoe dit met die verbetering van hierdie geeste staan.'

Die tweede skepping van God 239 (Die Heer:) 'Alle helse geeste kan hulle baie goed anders voordoen as wat hulle is. Hulle verskyn dikwels uiterlik as engele, terwyl hulle innerlik net verskeurende diere is en bly. Hulle vermommingskuns gaan so ver, dat hulle selfs engele sal kan verlei, en Ek het vernaamlik daarom liggaamlik op hierdie aarde gekom, om vir ewig teen die hel `n dam op te werp, wat hulle in alle ewigheid nooit sal kan oormeester nie. [2] Ek, as God van die ewigheid, sou natuurlik wel met My wil die hel kon vernietig, maar met haar dan ook die hele skepping. Maar wat dan? Dalk met `n nuwe skepping begin? Ja, ja, dit sou wel kon gebeur; maar `n nuwe skepping van stoflike wêrelde is in geen ander orde denkbaar as die van die teenswoordige nie,

omdat die materie die vasgelegde en noodsaaklikerwys geoordeelde medium is waarin `n wese, wat in alle opsigte aan My gelyk moet word, heeltemal los van My, die proef van die vryheid van wil moet deurstaan om tot die ware lewenselfstandigheid te kom. [3] Daarom is dit beter om alles te laat bestaan, maar in goeie orde van mekaar geskei. Dit kon egter maar net deur My verwesenlik word deurdat Ek Self mens geword het, Self alle materie deurdring het, en daarmee al haar oudste, geoordeelde geestelike inhoud geskik gemaak het om salig te word. [4] En dit is nou die tweede skepping, wat Ek reeds van ewigheid af voorsien het, waarsonder `n mens van hierdie, of `n ander aarde, nooit volmaak salig sal kan word nie; want vir hierdie koms van My op aarde was Ek ewig `n onsigbare God, soos wat dit ook in Moses staan dat niemand God kan sien en in die lewe bly nie. Van nou af aan is Ek vir elkeen `n sigbare God, en elkeen wat My sien, leef en sal ewig lewe. [5] Die verlossing bestaan egter in die eerste plek uit My leer, en in die tweede plek uit My menswording, waardeur die oorheersende mag van die ou hel heeltemal gebreek en oorwin is. [6] Dit het die profeet JeshaJaH reeds aangekondig toe hy in die 63e hoofdstuk vers 1-9 sê: 'Wie is Hy wat van Edom kom, die kleed uit Bosra bespat, reggeskape gekleed, voortskrydend deur die grootheid van Sy krag? - [7] Ek, wat praat in geregtigheid, magtig om te red! [8] Waarom het U gewaad `n rooi kleur en lyk U gewaad soos die van `n druiwetrapper? [9] Slegs Ek trap die druiwepers, en uit die volk niemand met My nie! Daarom vertrap Ek die (die hel) in My toorn (geregtigheid) en verpletter hulle in My woede (die hoogste orde van die goddelike wysheid). Daarom is die oorwinning op My gewaad gespat (die ware van die leer en die geloof); want die dag van die wraak is in My hart, en die jaar van My verlossing het gekom. My arm bring My heil (die menslike van die Heer); na die aarde afdalend oorwin Ek haar (die hel). Hy praat: Kyk, die kinders is My volk (deur die hel verlei), daarom word Ek hulle verlosser, weens My liefde en My mildheid het Ek hulle verlos.' [10] En verder vind julle ook by hom in sy 59e hoofstuk: 'Hy sê dat daar niemand was (dit wil sê geen liefde en geen waarheid) en verbaas Hom dat daar geen verteenwoordiger was nie; daarom bring Sy arm (die menslike van die Heer) Hom heil, en die geregtigheid rig Hom op (die goddelike orde in die menslike van die Heer). Daarom trek Hy geregtigheid aan soos `n pantser en die helm helaas op Sy hoof en trek die gewaad van die wraak (die waarheid) aan en bedek Hom met ywer soos met `n mantel. Toe kom vir Sion `n verlosser!' [11] In Jeremia lees julle (hfst.46): 'Hy het die moed verloor, want hulle (van die hel) helde is verslaan. Hulle slaan op die vlug en kyk nie om nie. Die dag (tot eer en prys) is vir die Heer JaHWeH Van die Skeppingsleërmag `n dag van wraak, waarop Hy wraak sal neem op Sy vyande en Sy swaard sal vreet en sat sal word.' [12] En in die 45ste psalm, vers 4-8, lees julle iets heel voortreflik, wat lui: 'Gord die swaard (ook die menslike van die Heer) om die lendene, Magtige! U pyle (die waarheid) is gepunt. Volke (van die hel), wat in hulle hart vyande van die koning (die goeie en ware) is, sal onder U val. Vestig U troon (die gemeente van JaHWeH) vir die tyd wat kom en die ewigheid! U hou van geregtigheid; daarom het God U gesalf.' [13] Daar is nog baie dergelike plekke waarin duidelik gemaak word dat Ek vernaamlik in die liggaam in hierdie wêreld gekom het om al die groot intense inmenging van die hel vir ewig `n halt toe te roep.'

Die verhouding tussen hel en wêreld 240 (Die Heer:) 'Laat niemand van julle egter dink dat Ek ook die hel eens op `n tyd geskape het nie! Dit is ver van My en van julle almal! Dink ook nie, dat dit `n plek van ewige bestraffing van die boosdoeners van hierdie aarde is nie! Hy het hom vanself gevorm uit al die talle mensesiele wat op hierdie aarde elke goddelike openbaring weghoon, God verloën, slegs doen wat hulle uiterlike sinlikheid behaag, maar homself uiteindelik goddelike eer laat bewys en laat die hele volk deur hulle howelinge onderrig word dat hulle self gode was en dat die hele volk hulle moes aanbid, soos wat Nebukadnesar dit in Babilon gedoen het. Hulle bedink opnuut afgodery en dwing die volke om dit te aanbid en groot offers aan hulle te bring; wie dit nie doen nie, word onmenslik gemartel. [2] Daaruit kan julle goed sien wat se mag die hel oor die hele aarde uitoefen, en hoe dringend dit nodig was dat Ek Self in die materie moes afdaal om die ou, maar noodsaaklike oordeel met My hele inset te deurbreek en daardeur teen die hel, wat homself geskape het, `n dam op te werp wat hy nooit weer so sal deurbreek soos wat dit tot nou toe die geval was nie. [3] Ek, die Allerheiligste, moes My met die onheiligheid van die swakheid van die mense van die geskapene beklee, om soos `n sterk held die hel te kon nader om dit te oorwin. Ek het nou na haar toe gekom, is daar in die middel, en alle duiwels en satans vlug voor My soos los kaf in die stormwind. [4] En hiermee het Ek julle nou met `n voorbeeld laat sien wat die hel is, wat hy doen, ten dele nog doen, en wat die verlossing is. - Het julle dit wel enigsins verstaan?'

[5] Nou sê Agricola vol verbasing: 'Heer, so `n beskrywing van die hel het my nog nooit ter ore gekom nie! Ons Romeine het haar in ons fantasie onder die aardbodem geplaas, en dan spesiaal op die plek waar daar, soos wat by ons is, van die berge is wat voortdurend rook en van tyd tot tyd groot, alles verwoestende vuurmassas uitspu. Ag, maar so sien die saak baie anders daaruit! Dan is die hele aarde immers nou, met `n mensegeslag wat buitengewoon losbandig is, `n volmaakte hel; want in hierdie wêreld gaan dit nou net so, soos U ons die hel in der waarheid beskrywe het!'?[6] Ek sê: 'Ja, my vriend, die wêreld en die hel is net so één soos liggaam en siel één is. Die groot hellesiel bedien haarself net so van die uiterlike wêreld as wat die siel haarself van haar liggaam bedien. As die siel `n engel is deur haar liefde tot God en die naaste, dan sal die liggaam ook maar net goed doen, omdat die siel, wat die liggaam lewend maak, niks kwaad wil en kan doen nie; maar as die siel al volledig `n duiwel is, dan is haar liggaam dit ook. [7] Ek het egter nou in hierdie wêreldliggaam gekom om al die legioene maal legioene duiwels daaruit te verdrywe. Ek het julle gister met die jong vrou in die kleine `n voorbeeld gegee van wat ek nou in die grote doen. Ek sal nou die huis skoonvee van die ou duiwels; maar as die mense hulle nie daarby sal hou nie, dan sal hulle gou gereed wees met `n nuwe hel en haar duiwels, en die sal dan baie gou in die gereinigde huis intrek en `n toestand in die wêreld teweeg bring wat nog erger sal wees as wat die eerste vir My was. [8] Want soos voorheen, moet elke siel ook nou en in die vervolg haar wils- en kennisvryheidsproef in die liggaam deurmaak, en dit kan nooit as te nimmer sonder toegelate prikkels tot die goeie en die bose plaasvind nie. Maar nou het die mense My hulp byderhand en hulle kan die hel, wat hom in hulle wil uitbrei, altyd met glans oorwin, wat nou juis die gevolg van My verlossing is. Die wat dit egter nie sal doen nie, sal nog diensbaarder aan die nuwe hel wees as die voriges wat tot op hierdie tyd was.' [9] Agricola sê: 'Ja, Heer, sou dit dan nie beter wees om sulke nuwe hellesiele na hulle liggaamlike lewe maar dadelik heeltemal te vernietig nie?!' [10] Ek sê: 'Ja, my vriend, dit kan nie; want alle siele, goeie en slegte, is uit My, en van My kan ewig nooit iets vernietig word nie, dus ook nie die slegste siel nie, maar elke siel sal volgens haar liefde verder lewe. - My vriend, verstaan jy dit so `n bietjie?' [11] Toe sê almal: 'Heer en Leraar! Hierdie saak is vir ons nou heeltemal duidelik; maar daar gebeur nou iets anders by ons, naamlik, `n baie spesiale treurige gevoel in ons hart laat hom geld, en noodsaaklikerwys om twee redes: Die eerste is dat ons met liggaam en siel duidelik in die volmaaktste hel lewe en die tweede is dit altyd verreweg die grootste deel van die mense van hierdie aarde kennelik niks anders as hellegeeste word nie, en dit ook duidelik vir ewig. Is daar dan vir sulke hellegeeste werklik ook by U, o Heer, geen moontlike hulp meer denkbaar nie?'

Lasarus wil die sondaars help 241 Maar toe sê die Fariseërs en Skrifgeleerdes, wat in die geheim nie baie met die uitleg oor die hel tevrede was nie: 'Ag, daaroor is ons gladnie bekommerd nie en ons laat dit aan Sy goedheid en wysheid oor. Ons het immers gemopper omdat Hy soveel sondaars en tollenaars aanneem, wat tog ook egter geen hemelse geeste was nie, dus sal Hy ook wel vir geeste wat reeds werklik hels is, `n uitweg hê! Want in Sy wysheid sal nog baie verborge lê wat Hy nie aan ons sal openbaar nie. Wat ons nodig het, sal Hy aan ons openbaar; wat ons egter beslis nie nodig het nie, daaroor moet ons onsself ook nie bekommer nie. As `n duiwel uit eie wil so blind en dom is en as hy geen lig wil aanneem nie, - wel, laat hom dan in ewigheid `n duiwel bly! As hy voortdurend die geleentheid het om homself te verbeter, en as dit hom nie aan begrip en verstand en ook nie aan die wil daarvoor ontbreek nie, maar as hy tog die goeie en ware nie wil nie en dit in `n sekere sin `n eer vind om teen die wil van God in te gaan, wel, laat die nar dit dan doen solank dit hom waarskynlik genot verskaf, en God en alle salige gewydes sal niks daarby verloor nie! - So is dit ons baie nugter mening.' [2] Lasarus sê: 'Ja, ja, julle mening is volkome korrek, en die Romeine het ook heeltemal gelyk as hulle sê: 'Aan hom wat dit self wil, geskied geen onreg nie!', maar ek sê: Die droë wêreldse regsfilosofie praat maar net so. Maar as ek `n mens sien wat hom uit vertwyfeling van die lewe wil beroof, of ek sien egter `n onervare mens wat giftige bessies versamel om te eet, dan is dit tog nie net my menslike plig om hom te verhinder om te doen wat hy hom voorgeneem het nie, maar ook om hom baie ernstig daarvan af te raai en hom te vertel watter gevolge dit vir hom kan hê. [3] Natuurlik, as ek nie weet of sien dat daar êrens vir `n mens deur sy handelwyse gevaar dreig nie, dan het ek ook geen gevoel vir hom en kan ek hom ook nie help nie; maar as ek dit sien, weet en voel, dan mag ek `n mens, al is hy hoe dom en eiesinnig, nie deur sy eie wil aan sy ondergang prysgee nie, en dit kan `n voelende hart nie onverskillig laat of daar tussen duisend mense nege-honderd nege-en-negentig verlore gaan of nie. En ek kan daarom slegs al diegene prys wat hartseer en treurig word as hulle besef dat daar so ontsettend baie is wat so goed as vir ewig verlore is, en ek vind dit nou ook baie natuurlik dat

hierdie edel voelende mense hulle op die wyse vir die Heer uitgespreek het. Want van Hom kan mens tog wel met die volste vertroue verwag, dat Hy ons in die opsig `n korrekte verklaring, ook al is dit deur een of ander beeld, sal gee. - Heer, het ek reg geoordeel of nie?' [4] Ek sê: 'My beste broer Lasarus, jy het baie korrek geoordeel! Ook al mopper alle Fariseërs en Skrifgeleerdes daaroor, tog is slegs Ek die Heer, en kan doen wat Ek wil, en niemand kan My ter verantwoording roep en sê: 'Heer, waarom doen U dit of dat nie?' [5] Ek sal julle egter oor die ware barmhartigheid van God `n paar voorbeelde gee, en oordeel julle dan self aan die hand daarvan, hoe dit daarmee staan. - Luister dus na My!'

Drie gelykenisse oor die barmhartigheid van God. Die geheim van die liefde 242 (Die Heer:) 'Waar vind jy `n man, wat honderd skape het en as hy één daarvan verloor, nie dadelik die nege-en-negentig in die woestyn sal agterlaat en op die pad sal gaan na die verlore skaap en so lank na hom sal soek totdat hy hom terugvind, en, as hy hom gevind het, dit op sy skouers neem van vreugde? En as hy dan tuiskom, sal hy al sy bure na hom uitnooi en sê: 'Wees bly saam met my, want ek het my skaap wat verlore was, teruggevind en ek gee `n feesmaal!' [2] En Ek sê julle: So sal daar ook meer vreugde wees oor één sondaar wat verlore was, wanneer hy hom egter verbeter het, as oor nege-en-negentig regverdiges wat nooit boete hoef te doen nie! (Lukas15, 3-7) [3] Of watter vrou, wat tien stuiwers het en één daarvan verloor, sal dan nie dadelik `n lig aansteek, die hele huis op sy kop keer en bly soek tot sy die verlore stuiwer gevind het nie? En as sy die verlore stuiwer teruggevind het, sal sy dan nie haar vriendinne en buurvroue bymekaar roep nie en sê: 'Wees bly saam met my, want ek het my stuiwer gevind, wat ek verloor het!'? [4] En Ek sê: So sal daar ook in die hemel by die engele van God `n groot vreugde wees oor één sondaar wat verlore was, maar deur ware en ernstige boetedoening homself weer vir die hemel laat vind het! (Lukas 18, 8-11) [5] Luister nou verder na `n beeld wat ook baie veelseggend is! Daar was eens `n baie aansienlike en buitengewone ryk man, wat twee seuns gehad het. En die jongste seun gaan na sy vader en sê vir hom: 'Gee my die deel of die waarde van my goedere wat my as erfgenaam toekom; want ek wil weggaan en my geluk in die wêreld beproef!' Die vader verdeel die goed van die seuns en gee die jongere sy deel. [6] Baie gou daarna versamel die jongste al sy besittings en gaan weg na `n ver land. Toe hy `n plek vind wat hom aanstaan, verkwis hy al sy geld daar. Nadat hy baie gou deur al sy besittings gejaag het, kom daar `n groot skaarste in die land en hy begin gebrek te ly. Daarop gaan hy na `n burger van die land en vra hom vir werk, en die stuur hom na sy akker om sy varke op te pas. Na `n paar dae van varke oppas, kry hy egter `n groot honger en wou sy buik vul met die peule wat die varke eet, maar niemand gee vir hom daarvan nie. [7] Omdat hy egter so `n honger gehad het en hom, toe die nood die hoogste was, slegs met wortels en gras gevoed het, kom hy eindelik tot homself en sê in sy gedagtes: 'Hoeveel dagloners het my vader tuis wat brood in oorvloed het en ek vergaan van die honger! Ek sal egter op die pad na my vader gaan en vir hom sê: 'Vader, ek het gesondig in die hemel en voor u! Ek is voortaan nie meer werd dat ek u seun is nie; maar neem my aan as een van u minste dagloners!' (Jeremia 3:12 en Psalm 51:6) [8] En so gaan die seun op die pad en reis na sy vader. Op `n groot afstand sien die vader die seun al aankom, en hy kry medelye met hom. Daarom loop hy hom met oop arms tegemoet, val hom om die hals en kus hom. Die seun sê egter vir hom: 'Vader, ek het in die hemel en voor u gesondig; ek is in die vervolg nie meer werd dat ek u seun genoem word nie!' Maar die vader sê vir sy knegte: 'Bring dadelik die beste gewaad en trek dit vir hom aan, en gee hom `n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! En bring `n gemeste kalf, slag dit en laat ons eet en vrolik wees! Want hy, my seun, was dood en het weer lewend geword, hy was verlore en is gevind! Laat ons nou dus sing en vrolik wees!' [9] Maar die oudste seun was op die veld, en toe hy na die huis terug kom, hoor hy `n gesing en gedans. En hy roep een van die knegte na hom toe en vra hom wat dit was. Die kneg sê vir hom: 'U broer het gekom, en u vader het vir hom `n gemeste kalf geslag omdat hy sy verlore seun weer gesond terug het.' Toe word die oudste seun kwaad en wou nie na binne gaan nie. Die vader gaan egter na buite en vra hom dringend. Maar die oudste seun sê vir sy vader: 'Kyk, ek dien u soveel jaar en het nooit u gebod oortree nie, en u het my nooit ook maar `n bok gegee om daarmee met my vriende `n slag fees te vier nie! Maar noudat hierdie seun van u gekom het, wat sy besit met hoere deurgebring het, nou het u vir hom `n gemeste kalf geslag!'- 'My seun, jy is altyd by my', praat die vader, 'en alles wat myne is, is ook joune! Daarom moet jy nou ook vrolik wees, want hierdie broer van jou was dood en is weer lewend, en hy was verlore en is teruggevind!' Toe gaan die oudste broer ook na binne en was baie bly oor sy jongste broer. (Lukas l5:11-32) [10] Kyk, hierdie beelde sê vir julle alles wat diegene nodig het wat met hulle liefhebbende hart na die Vader in die hemel kyk; hy wat egter maar net wys is, voel nie die groot behoefte van die liefde in die Vader nie.

[11] Dawid, die man na God se hart, het ook twee seuns gehad wat hy besonder liefgehad het. Wat sou Dawid, ondanks die feit dat Absalom hom vervolg het en hom met alle middele wou oorwin, nie wou gegee het aan hulle wat aan hom sy baie geliefde seun lewend sou teruggebring het nie! Salomo was wel die wysheid self en steeds by Dawid, maar Dawid se liefde en toegeneentheid het na Absalom uitgegaan. [12] O beste mense, die beeld sê oneindig baie! Wat `n vreugde sal Dawid se hart nie voel wanneer sy verlore Absalom hom eens weer lewend tegemoet sal kom nie! [13] In die liefde lê nog baie verborge wat geen wysheid deurgrond het nie; daarom is die Vader, as die ewige Liefde, ook groter as die Seun, wat as Haar lig hier voor julle staan. [14] Daarom sê Ek: Baie is selfs vir die meeste wyse mense onmoontlik, wat by God in Sy liefde tog alles moontlik is! - Glo julle dit van My?' [15] Lasarus sê vol blydskap: 'Heer, ons dank U baie innig vir hierdie mededeling; want wie nie met sewevoudige duisternis van sy siel en sy hele gemoed geslaan is nie, moet tog wel sonder meer verstaan wat U daarmee aangedui het. Ek het U in elk geval baie duidelik verstaan, en dit sal wel by baie die geval wees.' [16] Ook bykans almal wat hier aanwesig was, sê dat hulle die gesproke woord goed verstaan het.

Die gevolge van die verkeerde voorstelling van die ander kant 243 Net die Fariseërs was dit nog nie eens daaroor nie, en die Skrifgeleerde sê: 'Die geheel klink weliswaar baie hoopvol, maar pas nie by die begrip van `n daarteenoorstaande ewige beloning nie. Want as die goeie mens vir sy goeie handelinge, en vir sy geduld met alle soorte pyn en lyding, skadeloos gestel word deur `n ewige beloning aan die ander kant, dan moet ook die boosdoener, wat op hierdie wêreld maar net `n goeie lewe gelei het, ewig bestraf moet word. [2] En as `n mens die mense sou vertel dat daar uiteindelik ook nog verlossing uit die hel moontlik is, dan sal daar nog meer boosdoeners op die aarde kom! Nou nog hou die vrees vir die ewige straf in die hel baie mense van bose handelinge af, en die hoop op die bereik van die ewige geluksaligheid spoor die mense aan tot die goeie! Maar as ons aanneem dat die verdoemdes ook nog `n moontlike kans het om eenmaal salig te word, dan sal die goeie homself ook meer en meer by hulle voeg, en die suiwer goeie sal op aarde baie gou net so seldsaam word as diamante. Dit is alles wel baie troosryk vir `n week hart, - maar die gevoel van regverdigheid verdwyn daarby! So is dit my eerlike mening.' [3] Ek sê: 'Vir jou kan dit wel baie eerlik wees, maar vir My is dit baie krom! As jy glo dat hetsy die hel of die hemel as beweegrede moet dien om die mense van die bose af te hou en na die goeie toe te bring, dan gaan jy tog wel van `n baie foutiewe gedagte uit; want die volkome slegte mens lag oor jou hel en oor jou hemel, en die volkome goeie is ook goed sonder jou hel en sonder jou hemel. Want op die manier waarop jy die saak voorstel, is die hel en die hemel eers heeltemal geskik om elke mens so sleg as moontlik te maak.[4] Want wie goed doen slegs vanweë die loon, leen sy geld teen hoë rente uit, en wie dit doen, besit geen naasteliefde nie, en nog minder liefde vir God. Want hoe kan iemand sy naaste wat hy sien, nie liefhê nie, maar wel vir God liefhê wat hy nie kan sien nie? [5] Neem egter net die hemel en hel weg, en kyk dan na jou vroom mense! Hulle sal nog erger te kere gaan as `n winsbejagte makelaar wat agterkom dat sy skuldenaar met die geleende geld weg is; en omdat hy geen helse straf meer te verduur het nie, sal sulke mense dan maar net deur die bekragtigde wêreldse wette in toom gehou word. [6] Dit was dus al van die begin af aan verkeerd gewees van die mense, dat die oudstes die hel vir hulle kinders so warm as moontlik verduidelik het en die hemel afgeskilder het met alle kleure van die lig en met alle genietinge wat die menslike sintuie streel. Daardeur het hulle wel `n soort vroomheid veroorsaak, wat egter vanweë die hel, waar jy baie maklik in kan beland, en vanweë die hemel, wat te moeilik bereik kan word, nooit in ware liefde tot God en die naaste kon oorgaan nie, wat by die swakker karakters in `n steeds groot vrees ontaard het en by die sterkeres, wat meer verlig was, oorgegaan het in `n totale onverskilligheid ten voorskrifte van God en die medemens. Want hierdie sterker mense glo self heeltemal niks nie, maar werk pro forma saam om die gewone volk die geloof te laat behou, sodat hulle nie in opstand sou kom teen hulle vir wie hulle moet werk nie, sodat hulle vir hulleself, in die plek van die verlore geloof in God en die hemel en die hel, op die wêreld `n hemel non plus ultra kon berei. [7] Die gevolg daarvan is egter die huidige byna totale goddeloosheid onder die mense, wat, as die wêreldse wette van Rome hulle nie met die swaard daarvan weerhou het nie, hulle lankal in groot woede teen die natuurlike heersers sou opgestaan het en hulle mettertyd sou gevra het waarom hulle hulle moet dien en hulle onderdanig moet wees. [8] Kyk, dit alles is `n gevolg van die regverdigheidsgevoel in die siel van die mens, wat altyd net soos jy, die mense met die skerpste woorde vertel dat God weliswaar die goeie vir ewig in die hemel beloon, maar

as gevolg van sy onverbiddelike geregtigheid die slegtes ook ewig in die verskriklikste hel onder ongehoorde marteling ewig sonder enige versagting straf! [9] O, julle dwase! Bestaan daar wel `n vader wat ook maar enige liefde vir sy kinders het, wat `n kind, wat teen sy gebod in handel, lewenslank in `n kerker sou laat gooi en hom daarby nog elke dag wat hy leef, sou wou laat tugtig?! As `n menslike vader dit nie eers sal doen nie, wat in die aard van menswees tog sleg is, hoeveel te minder sal die Vader in die hemel dit dan doen, wat die ewige en suiwer liefde en goedheid Self is! [10] Of stel jou eers op aarde `n waaragtige wyse en `n baie verstandige mens voor! Sal hy ooit `n ewigdurende bestraffing van `n sondaar kon goedkeur, of sal hy so `n straf vir iemand oplê? Beslis nie, - en die baie wyse God nog soveel minder! [11] Ek sê julle egter, dat daar in die toekoms onder My ware volgelinge selfs heeltemal geen tydelike straf sal bestaan nie, hoewel dit tot nou toe was: lewe om `n lewe, oog om `n oog en tand om `n tand, - maar as iemand jou `n klap in jou gesig gee, gee hom dan nie een terug nie, maar keer hom ook jou ander wang toe, sodat hy jou nog `n klap kan gee as hy nog kwaad vir jou mag wees, sodat daar dan vrede en enigheid tussen julle mag wees! As iemand jou `n oog sou uitslaan, doen dan met hom nie dieselfde nie, maar vergeef hom en jy sal as lydende sy hart verbeter. Vergeld nooit kwaad met kwaad nie, dan sal julle as My waaragtige leerlinge rus hê in die wêreld en ook juis daardeur toon dat julle waaragtig My leerlinge is!'

Oor regspraak en straf 244 Toe sê die Skrifgeleerde: 'Heer en Leraar, ek sien nou wel dat U net goed en waaragtig is, en dit is wel die beste om jou so te gedra, en so te glo en te praat, soos wat U dit nou alles uitgelê het! Net met die ophef van die doodstraf kan ek my nog nie heeltemal verenig nie; want as die lewe van `n mens nie die lewe van `n moordenaar sou kos nie, dan sou geen mens immers sy lewe binnekort meer seker wees nie. Slegs die versekerde doodstraf hou baie van die allergrootste gruweldade af!' [2] Ek sê: 'Ja, dit is weer jou mening, maar My mening is `n heel ander mening! Die een tier bring die ander voort, so bring `n leeu, `n luiperd en `n hiëna ook sy gelyke voort. [3] As `n ruwe, dierlike verwaarloosde mens, deur sy dierlike hartstogte gedrewe, `n mens doodmaak, sou die gestorwene eintlik die reg hê om hom wat hom doodgeslaan het, ook te dood; `n derde wat die doodslaner egter nooit kwaad aangedoen het nie, het eintlik glad geen reg om hom in die plek van die verslane, op sy moordenaar te wreek nie. Maar omdat so `n dierlike mens ook vir ander mense gevaarlik kan word, kan daar op hom jaggemaak word. As die mense hom gevang het, dan moet mens hom in `n goeie gevangenis plaas, onderrig gee en probeer om van hom `n mens te maak! Slaag dit, dan het jy van `n duiwel `n mens gemaak, waarvoor jy meer van die ware lewensloon in jou te verwag het, as wanneer jy die moordenaar sou gedood het. Dit sou dus iets wees wat die allerbeste met `n moordenaar gedoen kan word. [4] Of maak in `n ander geval, as die moordenaar `n te berugte en heeltemal liggaamlike duiwel sou wees, ook jag op hom en vra hom dan, wanneer julle hom gevang het, die rede waarom hy die gruweldade gepleeg het, en of hy geen berou daaroor het nie! Praat hy (die waarheid)*, doen dan soos wat ek nou net gesê het; loën hy die daad egter of gee hy op julle vraag geen behoorlike antwoord nie, hoewel julle daarvan oortuig is dat hy die booswig is, sorg dan daarvoor dat hy verder onskadelik gemaak word vir die menslike samelewing, maar nie deur sy dood nie, maar hetsy deur hom agter stewige tralies te plaas, deur die verblinding van sy oë of deur `n verbanning na `n sodanige ver streek aan die see, dat hy nooit meer daarvandaan sal kan kom nie. [5] Dit is My raad hoe julle julleself ook in so `n geval as My egte leerlinge sal moet gedra. Julle kan die misdadigers in julle gemeente verbeter of julle van hulle suiwer, maar julle mag geen regter speel nie! Want wie oordeel, sal eendag ook deur My geoordeel word. Wie egter nie oordeel nie, sal ook nie deur My geoordeel word nie. As julle hulle wat teen julle sondig sal vervloek en verdoem, dan kan julle eendag van My dieselfde te wagte wees; as julle egter volgens My leer wandel, sal julle ook nie verdoem en vervloek word nie. [6] Julle moet selfs nie eers 'raka'* teen julle broers sê nie; want daardeur maak julle julleself al aan `n oordeel skuldig omdat jy, as jy dit ernstig bedoel, oor `n broer `n oordeel gevel het. Nog minder moet julle teen `n broer, al is hy ook hoe dom, in alle erns sê dat hy `n dwaas is; want as julle wyser is as hy, dan is julle dit deur God se barmhartigheid. As julle egter trots geword het daaroor en dit gebeur dat julle julleself vanweë `n dom mens skaam, nie met hom wil praat nie en sê: 'Wie kan dan met `n dwaas praat?', dan stam so `n oordeel in jou uit die kiem van die hel, en maak jy jou skuldig aan die helse vuur. Dit is egter nie passend as daar in My egte leerlinge helse vonkies deur so `n valse impuls sou ontsteek nie, want ook uit die kleinste vonkie kan `n groot brand ontstaan. *(agterbakse mens) ,

[7] In die hel is die hoogmoedsvuur die hoogste, en in die hemel skyn slegs die lig van die grootste deemoed en beskeidenheid, en die sagte vuur van die liefde verwarm alles en maak alles lewend. - Verstaan julle dit?'

Die groot skeppingsmens in die universum 245 Die Skrifgeleerde sê: 'Ja, Heer en Leraar, nou is dit ook alles vir my duidelik; maar ons almal tesame sal niks kan inbring teen die mag van die wêreldheersers nie! En hulle sal hulle strafkode daarom nie verander nie, en hulle sal hulle doodsoordele vel soos voorheen, en U leer sal in die opsig nie die wil van die wêreldheersers en magtiges buig nie!' [2] Ek sê: 'Net soos jy, weet Ek ook goed hoe dit orals met die wêreldheersers ter wêreld staan. Ek het ook nie vir hulle gepraat nie, maar vir julle! Julle sal ook na die wêreldheersers gaan en aan hulle My wil meedeel. Wat dit sal aanneem, sal ook daarby baat, - die wat dit egter nie sal aanneem nie, maar hulle regspraak sal hou soos voorheen, sal ook daarna hulle loon van daar af ontvang van waar hulle hulle oordeel gaan haal het; want hulle wat dit nie van My gekry het nie en dit voortaan ook nie wil hê nie, kon dit tog ook nêrens anders vandaan gekry het nie as uit die hel, en dus sal hulle ook die loon daarvoor van haar af oes!' [3] Die geleerde Fariseër sê: 'Ja, Heer, as hulle die beeld van die verlore seun hoor en verstaan, sal hulle uiteindelik nie so baie bekommerd wees oor die hel nie!' [4] Ek sê: 'Maak jy jou maar oor nêrens anders besorg nie! Die tyd, waarbinne die verlore seun* die genoemde hoop gegee is, is nie so kort soos wat jy jouself miskien voorstel nie. Ek sal aan jou die duur van die geoordeelde wêrelde duidelik maak, luister dus! *(die groot skeppinigsmens)[5] Die aarde is sekerlik geen klein hemelliggaam nie, en die son is juis duisendmaal duisendmaal groter as hierdie hele aarde; maar die naaste sentrale son is alreeds meer as tien maal honderdduisend keer groter as hierdie son, wat hierdie aarde verlig en weldra sal opgaan, en het meer volume as talle tienhonderd maal duisend maal duisend planetêre sonne saam met al hulle aardes en mane en komete, wat hulle almal in, vir julle onvoorstelbare uitgestrekte kringe met hulle aanhang met groot snelheid om so `n sentrale son beweeg en tog, veral die verste verwyderde, dikwels duisendmaal duisend jare van hierdie aarde nodig het om slegs eenmaal hulle uitgestrekte baan te deurloop en weer by die beginpunt terug te kom. [6] Nou bestaan daar egter nog `n tweede soort sentrale son, waaromheen daar in nog `n oneindige groot baan `n hele songebied met hulle sentrale sonne beweeg, waarvan die verste verwyderde gebied reeds `n eon van hierdie aardse jare nodig het om slegs eenmaal om hierdie tweede sentrale son te sirkel. So `n tweede sentrale son, waaromheen nou hele songebiede met hulle sentrale sonne draai, sal ons tesame met haar duisend maal duisend sonnegebiede `n sonneheelal noem. [7] Stel jou nou egter weer net so `n groot aantal van die sonneheelalle voor! Die het weer op `n afstand, wat vir geen menseverstand meer te meet is nie, `n gemeenskaplike sentrale son, wat op sigself as hemelliggaam, nog tien maal duisendmaal duisend maal groter is as die sonneheelalle wat in onmeetlike wye kringe om haar heen draai. [8] Die sonneheelal-geselskap, met `n sentrale son, sal ons `n sonne-al-al noem. Sulke al-alle is daar weer in, vir julle `n ontelbare aantal, en almal het op `n eindelose diepte weer `n ongehoorde groot sentrale oerson, waaromheen hulle sonder versteuring van hulle talle afsonderlike bewegings soos één liggaam in `n, slegs vir `n engel meetbaar, wye baan deurloop, en so `n sonne- en wêreldesisteem sal ons, om dit tot `n verstaanbare begrip te maak, `n sonne- en wêrelde-hulssfeer noem, omdat alle hiervoorgenoemde al-alle wat na alle rigtings om die sentrale oerson sirkel, `n onmeetlike groot bal vorm en as gevolg van hulle noodsaaklikerwys bykans gedagtesnelle beweging en die daardeur veroorsaakte sentrifugale krag, natuurlike vir julle onmeetbare diepte en verte, `n soort huls vorm, waarvan die digtheid die van die atmosferiese lug van hierdie aarde benader en van binne na buite `n deursnee het wat, gereken volgens die afstande op aarde, selfs met duisendmaal duisend eons nog veels te min sou wees.' [9] Toe sê die Skrifgeleerde, die Romein en Lasarus: 'Heer, ons word duiselig van hierdie meer as verskriklike grootte van U skepping! Kan `n engel dit wel ooit oorsien en die waarheid daarvan bevat?' [10] Ek sê: 'Baie seker, want anders was dit geen engel nie! Maar laat jou duiseligheid maar vaar, want dit word nog erger; want nou het Ek julle nog maar nouliks `n stippeltjie van die grootte van My skepping laat sien! [11] Ons het by die groot huls as gemeenskaplike omhulling van al die tallose talle al-alle bly staan. Hoe die omhulling tot stand gekom het, het Ek julle al kortliks aangedui. Maar waarom was hulle gevorm? [12] Kyk, alles wat een geheel vorm, van die grootste tot die kleinste, het ter bedekking en ter beskerming van sy uiterste kunstige binneste `n omhulling! Hierdie omhulling het egter ook nog die baie belangrike doel om die onreine van die binneste meganisme van `n lewende liggaam in hom op te neem en as iets wat vir die organiese lewe ondeugdelik is, na buite te bring, maar daarvoor dan van buite af gesuiwerde

lewensvoedingsstof op te suig en ter versterking van die lewe aan die inwendige, organiese liggaamslewensmeganisme toe te voer. Daaruit kan julle vir julleself nou in elke geval `n duidelik begrip vorm waarom ek die geheel van sonne- en wêrelde-al-al kompendium `n omhulde bol of 'hulssfeer' noem. [13] Maar vra nie na die grootte en lengte van die deursnee van so `n hulssfeer nie! Want vir die mens sou daar wel moeilik ooit op hierdie aarde `n getal uitgedink kon word, waardeur `n mens, soos mens die afstand van hierdie aarde na die son, wat tog ongeveer 44 maal duisend maal duisend uur bedra, as eenheidsmaat sou neem, so-iets toereikend sou kon bepaal nie, want eons maal eons van sulke afstande is nouliks voldoende vir `n sonnewêreldal-algebied, waarvan daar binne `n hulssfeer, soos wat reeds aangedui is, `n bykans ontelbare aantal is. Nou het Ek by julle tog nog die begrip vir die byna oneindige grootte van `n hulssfeer gevorm, en op hierdie basis kan ons dan wel verder bou. [14] Kyk, so `n hulssfeer is eintlik slegs `n enkel punt in My groot skeppingsruimte! Hoe jy jou dit egter moet voorstel en om dit te moet verstaan, sal Ek julle almal dadelik laat sien. [15] Dink julle nou in as heeltemal buite die reusagtige groot omhulling of buitenste huid van `n hierbo beskrewe sfeer wat hom na alle kante toe uitstrek, in `n ontsaglike ruimte wat heeltemal leeg is, en gaan dan in julle gedagte totdat, selfs iemand met baie skerp oë van die hele bykans eindelose groot hulssfeer maar net nog `n flou skemering en nog `n baie klein puntjie daarvan sou kon sien, en in die teenoorgestelde rigting ook weer so `n puntjie, wat natuurlik ook weer `n hulssfeer is. Dit gee dan so ongeveer `n indruk van die afstand tussen twee hulssfere, wat beide selfs groot is, maar deur die enorme afstand reeds halfpad weg tot `n nouliks waarneembare skemerige puntjie ineenkrimp, en so het ons dus kennis gemaak met twee naburige hulssfere. [16] Wat sal julle egter sê as Ek julle nou vertel dat daar van sulke hulssfere in die eindeloos groot skeppingsruimte, ook al is jou begrip as mens hoe groot, werklik ontelbare aantalle is, wat egter al volgens My orde in hulle totaliteit presies `n mens in optima forma voorstel? [17] Dan vra julle julleself af hoe groot so `n mens dan wel moet wees, as `n enkele hulssfeer reeds so eindeloos groot is en die afstand van die een hulssfeer na die ander nog eonsmaal eons maal groter is! [18] Maar ook hierdie mens is aan die buitekant, net soos elke afsonderlike hulssfeer, met `n soort vel omgewe. Weliswaar is die vel nog onnoemlik baie dikker - om begryplik te praat - as die van `n hulssfeer, maar dit het tog in die algemeen dieselfde doel en is volgens julle begrippe oneindig belangrik, net soos die omhulling van `n enkele hulssfeer. Julle sal julle nou wel afvra wat daar dan buite hierdie mens is, en waarop hierdie byna eindeloos groot mens staan en wat hy as mens doen. [19] Buite hierdie wêreldmens strek die vrye eterruimte homself na alle kante vir ewig uit, waar hierdie mens in `n, vir julle begrippe, werklik eindeloos groot kring, deur My wil aangedrewe, met `n snelheid wat vir julle onvoorstelbaar is, deurvlieg ter wille van die voedingsstof uit die eindelose etersee, waar hy in `n sekere sin soos `n vis rondswem. Omdat daar in die vrye, groot eterruimte geen onder of bo is nie en geen wese nóg na die een nóg na die ander kant êrens heen kan val nie, bevind hierdie mens hom dus net so stewig en vas in die eterruimte soos wat hierdie aarde, die son en al die eonsmaal eons sonne hulleself in `n hulssfeer bevind. [20] Die bestemming waaraan hy werk is om alle groot gedagtes en idees van God wat hy bevat, tot rypheid te bring vir die toekomstige volkome vrye en selfstandige bestemming van die geesteslewe.'

Die verlossing van die wêreldmens 246 (Die Heer:) 'Soos julle nou, sal nog talloos baie uit hom ontstaan, en dit net vir so lank totdat alles wat in hom geoordeel is en die gevange gehoude lewe sal oorgaan in die vrye geestelike lewe; en solank as wat hierdie hele wêreldmens nie volledig in die vrye, selfstandige geestelike opgelos sal wees nie, solank sal die oordeel en die hel ook voortbestaan. En dus hoef niemand van julle hom daaroor bekommerd te maak dat die hellegeeste van die ergste soort uiteindelik in die lyding en die kwellinge wat hulle hulleself aandoen het, te kort sal kom nie. [2] Die omlooptyd van hierdie son om haar sentrale son beslaan `n tydsruimte van ongeveer 28 000 aardse jare, wat vir die son self dus een jaar is, dit wil sê ongeveer een jaar op die son. [3] Voordat hierdie aarde daar was, het die son, as dit wat sy nou is, hierdie weg al tallose kere deurloop, maar saam met hierdie aarde ook al so dikwels, dat julle vir die totaal van die sonjare in julle rekenkunde heeltemal geen getal ken wat groot genoeg is om dit te bereken nie, en daar sal nog minder `n getal te bedink wees vir die aantal kere wat sy haar groot kringloop nog sal bly volbring tot by haar volledige oplossing nie. Ek sê vir julle: eons maal eons van die sonjare sou nog bykans niks wees nie! [4] Maar wat is die ouderdom van `n planetêre son vergeleke by die van `n sentrale son van `n songebied, wat eindeloos vroeër ontstaan het, voor daar ook maar één planetêre son was wat haar omringende planete verlig het?! Maar wat is hierdie bestaansduur dan weer vergeleke met die van `n sentrale son van `n sonne-al, en die weer vergeleke by die bestaansduur van `n sentrale son van `n sonne-al-al, en byna

heeltemal niks vergeleke by die van `n sentrale oerson in `n hulssfeer, wat eintlik die allereerste grootmoeder van alle sonne en wêrelde in `n hulssfeer is?! [5] Watter rekenkundige kan bepaal hoe oud so `n sentrale oerson is, en hoe oud dit nog sal word?! Hoeveel sentrale sonne en hoeveel hele sonnegebiede het reeds uit haar ontstaan wat lankal heeltemal opgelos is, en hoeveel sal daar oor onvoorstelbare lang tye nog opgelos word en hoeveel nuwes het daar al onheuglik lank gelede in hulle plek gekom, en hoeveel nuwes sal daar weer in hulle plek kom?! [6] Maar ook hierdie sentrale oerson sal eers, wanneer alle ander sonne eers uit haar in die loop van eindelose lang tydsruimtes, opgelos wees, ook opgelos word, maar die hele groot wêreldmens nog lank nie; want soos wat die afsterwe by `n mens geleidelik gaan, so gaan dit ook by die groot wêreldmens. [7] Waarom word die liggaam van `n ouer geworde mens langsaam maar seker steeds swakker? Omdat bepaalde vesels en senuwees geleidelik aan afsterwe en nie meer werk nie, - wat die veroudering en swakker word van die liggaam veroorsaak. En daarby kan die mens tog nog talle jare deur bly lewe sonder dat hy iets aan geestelike krag sal inboet, veral as hy steeds volgens die wil van God geleef het. En so sal dit ook eendag met die groot wêreldmens die geval wees. Ook al sal daar in hom al eons hulssfere opgelos het, dan sal hy daarom tog nog vir julle begrippe eindeloos lank kan voortbestaan, want die hulssfeer in hom is dit, wat by julle vesels en senuwees is. [8] Nou hierdie, aan julle voorgestelde groot wêreldmens, is in die algemeenste sin van die woord wat julle vroeër oor die voorgestelde verlore seun gehoor het, en nou op sy terugkeer, en die Vader wat hom tegemoet kom is Ek, nou as mens by julle, en Ek neem hom in elke mens wat volgens My leer leef, weer in My Vaderhuis op. [9] Heil die sondaar wat boete doen en berouvol na My terugkeer! Laat niemand daarom dink dat die algehele ommekeer miskien binne `n kort tydsbestek sou kan plaasvind nie en dat die bewoners van die hel of van die oordeel soms te kort vir hulle wandade deur hulle selfgeskape wanorde sou moet ly en smag nie! Die hardnekkigste sal natuurlik die langste ly en die wat vroeër tot inkeer kom, sal ietwat minder ly. - Het jy as skrifgeleerde dit nou goed verstaan?'

Die Heer as Verlosser van die groot wêreldmens. Die geestelike formaat van die mens 247 Die Fariseër sê heeltemal oorbluf: 'Heer, Heer, almagtige, ewige God, volgens u maar al te duidelike voorstelling is daar vir die verdoemdes in die hel maar ontsettend weinig hoop op saligheid; want die eindelose tydruimtes sonder tal en sonder maat, is immers dieselfde as die ewigheid as sodanig! Ag, dit is tye waaraan tot op hede nog geen mens ook maar in die verste verte gedink het nie! Hoe word `n mens daarby nie oneindig klein nie! O God, waarom is U dan so oneindig groot, wys en magtig en is ons mense so ontsettend nietig, dom en swak?! Heer, helaas, nou oorval `n groot angs my vir U, omdat U in U Gees te ewig, te eindeloos groot, te wys en te almagtig is! En dit is vir my nou die aller onbegryplikste, hoe U in U hele goddelike volheid in die baie beperkte liggaam van `n mens na ons toe op hierdie nietige aarde kon gekom het!' [2] Ek sê: 'Maak jou maar nie ongerus daaroor nie; want Ek doen in ewigheid niks sonder `n baie wyse rede nie. Dit spreek egter vanself dat `n wyse en ervare dokter, as hy by `n sieke kom, veral daarna sal kyk en oplet waar die vernaamste bron van die siekte in die liggaam setel. As hy dit goed gediagnoseer het, sal hy dadelik met sy middele probeer om die mees siekste senuwee in die mens, ook al is dit hoe klein, te genees en aktief te maak. As die senuwee weer gesond is, word die hele mens daarna vinnig gesond. [3] En kyk, so weet Ek ook die beste waar die siek senuwee in die groot wêreldmens sit, en daarom het Ek juis na hierdie siek senuwee toe gekom om dit eers te genees, sodat die hele groot mens dan gesond kan word! - Verstaan jy die saak nou beter?' [4] Die Skrifgeleerde sê: 'Ja, ja, groot God en Heer, dit is weer prima in orde, maar desondanks sink ek vir U steeds meer in `n suiwer allesoorheersende niks weg.' [5] Ek sê: 'Is Ek dan liggaamlik nie selfs goed om iets kleins te wees, vergeleke met die grootte van die hele skepping wat nou aan julle getoon is nie?! En tog oortref My Gees dit eindeloos!' [6] Die Skrifgeleerde sê: 'Ja, by U baie verseker; maar waar bly my gees in vergelyking daarmee?' [7] Ek sê: 'Wel, het jou gees hom nie met die van Myne bo alle byna eindelose groot hulssfere en uiteindelik selfs nog eindeloos ver bo die hele Groot Mens verhef nie?! Het jy nie saam met My die byna eindelose groot hulssfere soos flou skemerende puntjies gesien en selfs ook die hele Groot Mens nie?! En het jy jou nie met My eindeloos ver buite die vel van die groot wêreldmens in die vrye ruimte na buite verhef nie, sodat selfs die hele Groot Mens in die geestelike beeld van jou gedagte nouliks vir jou so groot voorgekom het soos `n wasige mier?! As jy My egter in jou gees in die eindelose skeppingsdiepte kan volg, en wel so, dat dit vir jou uiteindelik gewoonweg niks sal word nie, hoe kan jy dan sê dat jy en ook `n ander mens heeltemal niks is in vergelyking met die eindelose groot skepping nie?!

[8] Kyk eers uit die oop raam uit, dan sien jy juis die Regulus in die Groot Leeu! Kyk, dit is nou die sentrale oerson in hierdie hulssfeer! Haar groot afstand wat nie van hier af te bereken is nie, het haar saamgedruk tot `n punt. Hoeveel van sulke Regulusse sou jy jou nou wel naas mekaar kon voorstel? Ek sê jou: `n enorme aantal, - soos wat jou gees homself ook daar naas die Groot wêreldmens in die eindelose ruimte nog `n aantal begin voorstel het! En met sulke suiwer goddelike moontlikhede in jou gees toegerus, sê jy dat `n mens nog minder as niks sou wees nie?! Ja, jou liggaam as materie is natuurlik niks; daarom moet die groot en onsterflike mens ook nie vir sy tydelike en materiële niks sorg nie, maar vir sy geestelike alles, dan sal hy in die vervolg nooit kan sê dat hy minder as niks is nie, maar in en met My alles in alles! [9] Kyk, al het die onthulde gesig van die natuurlike grootte van My skepping jou ook in die niks saamgedruk, dan sê Ek tog vir jou dat die kleinste in My ryk in alles onvergelykbaar groter sal wees as dit wat vir jou nou so eindeloos groot voorkom! - Verstaan jy dit?' [10] Toe haal almal weer verlig asem en hulle was bly dat Ek hulle uit die niks, wat hulle almal wou verpletter, deur My laaste uitleg weer ietwat meer bestaan gegee het.

Die beweging van die wêreldmens en sy hulssfeer. Die dubbelsonne 248 Nou kom Lasarus na My toe en vra My: 'Heer, het so `n hulssfeer, wat ek my deur U barmhartigheid, ondanks haar reusagtige grootte, nou baie goed kan voorstel, geen ander beweging as die algemene van die groot wêreldmens nie?' [2] Ek sê: 'O, ja, `n beweging om haar eie as, en die rede daarvoor is dat haar huid voortdurend teen die geheel en al omringende eter vryf en daardeur `n behoorlike hoeveelheid elektriese vuur opwek, soos wat die bliksemstraal produseer, wat dan as vernaamste voedsel vir alles in so `n sfeer aanwesige hemelliggaam dien; want `n ontsettende groot hoeveelheid van hierdie stof, wat by die wrywing tussen die sfeer en die buite eter ontstaan, vul die eterruimte in die sfeer. Deur die beweging van die ontelbaar talle hemelliggame binne `n bol word hierdie stof deur middel van die atmosfeer wat hulle omgewe, weer geaktiveer, versprei hulle eers in ruim mate in hierdie atmosfeer, en vervolgens op die hemelliggame self. Hoe groter `n hemelliggaam is - soos byvoorbeeld `n son of selfs `n sentrale son - en hoe geweldiger sy beweging is, soveel meer word daar van hierdie lig- en voedingstof op hom geproduseer. Vanaf die sonne word dit wat teveel is, aan die planete deurgegee. [3] Daaruit kan jy dan goed sien dat ook `n hulssfeer dus `n beweging moet hê, en die draaiing om haar as, wat ongelooflik vinnig is, is vir haar behoefte meer as voldoende; en nog meer uitgebrei is die beweging van die groot wêreldmens in die groot, vrye eterruimte. Sy bewegingsnelheid binne `n oneindige groot kring is so buitengewoon, dat hy in `n oogwenk die afstand van duisend hulssfere deurloop, maar tog het hy honderdmaal duisendmaal duisend sonjare nodig om weer op die ou plek aan te kom. [4] Daaruit kan julle vir julleself ten eerste `n begrip vorm, hoe groot die kring is wat hy steeds weer opnuut moet deurloop, en dat daar vir die voeding van al sy senuwees en vesels baie goed gesorg is. En ten tweede kan julle vir julleself ook `n helderder begrip maak van die mag, wysheid en orde in God, as wat tot nou toe die geval was. - Verstaan julle dit goed?' [5] Die Skrifgeleerde sê: 'Heer, nou het alles vir my duidelik geword! Voorheen het U gesê dat `n mens God onmoontlik na waarheid sou kon liefhê as hy Hom nie eerste leer ken het nie, en die waarheid van U woord sien ek nou eers goed in. Nou ken ek God en het Hom nou dan ook in U, o Heer, buitengewoon lief. Maar hier is God ook maklik te herken wanneer U, as God Self, Hom aan ons op so `n ongehoorde wyse te kenne gee, en dit is ook natuurlik heeltemal geen verdienste van ons nie, omdat dit alles maar net U barmhartigheid is. Maar wie van alle mense van die hele aarde sou ooit die onmeetlike dieptes van U kon deurgrond en onthul het?! Dit kan slegs Hy wat dit geskape en baie wys en kunstig georden het! [6] Ons kan hier niks anders doen nie, o Heer, as om U uit die diepste van ons hart ons liefdevolste dank te bring, maar ook daarby te vra of U ons voortdurend in U barmhartigheid sou wil bewaar en ons daarin steeds meer sou wil versterk. - Heer, U eerste leerlinge sal al wel meermale iets van U grootte gehoor het; mag ons hulle vra om dit alles vir ons te vertel?' [7] Ek sê: 'O, baie verseker, - hulle weet al heelwat daarvan! Dit word al gou dag en dan sal julle genoeg geleentheid daarvoor vind. Maar nou moet elkeen van julle dit wat hy nou gehoor het, eers goed oordink en dit nougeset onthou vir hulle wat julle in My Naam sal toespreek! [8] Maar nou gaan ons na buite om na die komende dag en die sonsopgang te kyk en laat iedereen se hart hom verbly! Intussen kan die mense van die herbergier vir `n oggendete sorg!' [9] Die herbergier gee dadelik aan sy mense opdrag en dit word baie gou lewendig in die huis; maar ons staan op en gaan na buite. [10] In die weste was daar nog `n aantal groot vaste sterre nog baie goed sigbaar en Lasarus vra My of daar nie ook dalk `n sentrale son is nie. [11] Ek sê: 'By hulle, wat nou nog sigbaar is, is daar geen; maar baie ver daaragter is daar selfs baie,

waarvan egter vir baie skerp oë in `n donkere nag hoogstens `n paar soos nouliks merkbare wasige puntjies te siene sal wees. [12] Daar is egter ook nog spesiale soorte sonne, wat veelvuldig in elke afsonderlike songebied voorkom. Dit is die dubbelsonne, wat egter tog geen sentrale son is nie, maar slegs minder voorkomende soort planetêre sonne, en een van beide is altyd `n ent groter as haar begeleidster. Beide sonne is selde meer as sesduisendmaal duisendmaal duisend uur deurgaans van mekaar verwyderd. Die kleinere son lê haar baan soos `n groot planeet om die groot son af; maar tog beweeg daar om beide `n behoorlik aantal groot en kleinere planete, waarop hulle bewoners `n goeie bestaan het. Want ten eerste is dit by hulle byna nooit volkome nag nie en ten tweede nooit baie koud nie, en dit geld veral vir die kleinere planete tydens hulle deurgang tussen albei die sonne. [13] Maar daar is ook groot planete wat om beide sonne `n groot elliptiese baan beskryf. Die bewoners van hierdie groot planete het dit daarby nie so goed soos die op die kleinere planete nie. [14] Hierdie dubbelsonne het egter in elke songebied `n baie belangrike funksie, want hulle is die natuurlike reëlaars van die beweginge van die ander enkele, planetêre sonne en die verdelers van die bekende voedingstof vir `n hele songebied, en hulle is so verdeel, dat daar op elke sewenhonderd tot duisend enkele sonne een so `n dubbelson voorkom. Maar in My ryk sal julle dit alles baie duidelik leer ken, want hier is alle kennis daarvan slegs onbeduidende stukwerk. [15] Maar nou rig ons ons oë weer na die sonsopgang; want dadelik sal ons son in al haar prag en majesteit opgaan, en die huidige sonsopgang moet julle almal baie goed in julle opneem!'

Einde van die sesde deel.

INHOUDSOPGAWEVOORWOORD DEUR DIE VERTALERS

Vertalingsnotas

Die Heer en die tempelpriesters1. Die genesing van `n sieke by Bethesda2. Die Heer getuig van Homself en van Sy sending as Messias 3. Die Heer praat oor die betekenis van Sy dade 4. Die verstoktheid van die Tempeljode 5. Die Fariseërs in Bethanië 6. Die bekentenis van die Fariseërs 7. Die Heer met Sy mense op `n heuwel by Bethanië 8. Moses en EliJaH verskyn op bevel van die Heer. Moses se aanklag teen die Tempeljode 9. Die aanklag van EliJaH 10. Die selfbeskuldiging van die priesters 11. Die goeie voornemens van die pasbekeerde Judese priesters 12. Die nagtelike storm tydens die onweer 13. Die nuwe ster en die nuwe Jerusalem. Die voorwaarde vir die ewige lewe 14. Bekentenis van `n Judese priester 15. Die Judese priesters word studente van die Heer 16. Die bekeerde priesters breek met die tempel 17. Die selfsugtige handelwyse van die priesters in die tempel 18. `n Evangelie van blymoedigheid 19. Die reiniging van die sonde 20. Die verganklikheid van die materie 21. `n Wonderwerk met wyn: Die werk in die wingerd van die Heer 22. Die valse leraars van die Evangelie 23. Die Heer en Sy mense in Bethlehem. Genesing en versorging van baie siekes 24. Die genesings van die Heer in `n plek by Bethlehem 25. Die reis van die Heer na Kisjonah 26. Die filosofiese vrae van Philopold 27. Die rypwording van die mens

28. Tyd en ruimte 29. Die mate van krag 30. Die krag van die lig 31. Die Goddelike en die menslike wese van die Heer 32. Die geestelike in die natuurlike 33. Hemel en hel 34. `n Groot visvangs 35. Judas Iskáriot in die huis van Kisjonah 36. Vertrek uit Kis en aankoms by die herberg van Lasarus 37. Die wyses uit Persië 38. Die bekwaamheid en die dade van die drie wyses 39. Die goeie doel heilig nie die bose middele nie 40. Die invloed van die liggeeste

Aan die See van Galilea. Evangelie van Johannes.41. Die spysiging van die vyfduisend42. Die studente vaar oor die See na Kapernaum. Die geestelike betekenis van die vermeerdering van

die brode en visse 43. Die brood van die lewe44. Die doel van die Heer se menswording op aarde volgens die wil van JaHWeH. Die vlees en bloed

van die Heer45. Die oordeel van die volk oor die toespraak van die Heer. Die studente van Jesus se getrouheid word

op die proef gestel46. `n Toets vir die studente van die Heer47. Judas Iskáriot48. In die herberg van die herbergier van Kapernau49. Die geduld van die Heer met Judas Iskáriot50. Die ryk visvangs. Die heerlik smakende edelvisse51. Oor vas en boete doen. Die geheim van die Fariseër en die tollenaar.52. Oor die versoeking en die swakke. Oefen die denke 53. Die bestemming van die skepsele 54. Die opstanding van die vlees 55. Oor die siektes en oor die vroegtydige dood 56. Die vernaamste oorsake van die siektes 57. Die springvloed 58. Petrus en die ryk inwoner van Kapernaum 59. Die wese van die wêreldse mens 60. Die onverskilligheid van die kooplui op geestelike gebied 61. Oor reïnkarnasie. Die aarde as skool vir God se kinders 62. Die groot seeslang 63. Die rede vir die menswording van God 64. Die ongeloof as bewys van rypheid vir `n nuwe openbaring. Vergelyking van die mense ten tye van

Noag en van Jesus. Die geestelike toestand van die mense65. Die leiding in die hiernamaals van die mense wat vóór Jesus se tyd geleef het. Oor die hemelryk 66. Die hebsugtige owerste van Kapernaum 67. Die onsterflikheid van die siel van die mens 68. Die oorsaak van die vrees vir die dood 69. Die Goddelike Liefde, haar sorg en wysheid 70. Die versonke stuk land 71. Die wese van die bose geeste 72. Invloed van geeste by natuurlike gebeurtenisse as toelatings van die Voorsienigheid 73. Die verdrinkte dogter van die herbergier en haar opwekking

74. Die skip van die Fariseërs op die woeste see 75. Hoe die natuur beskou moet word 76. Die oorsake van die verval van die mens. Teokrasie en monargie. Eindtyd en gerig 77. Op `n berg by Kapernaum 78. `n Gesprek tussen die herbergier en die owerste oor die Heer

Die Heer in die noorde van Galilea. 79. Die afskeid van die herbergier te Kapernaum. Die innerlike woord as Godsgeheim in die hart van die

mens80. Die besoek by die herberg in Kana. Die genesing van die siek kind. `n Evangelie vir sogende

moeders. 81. Die Heer in die noorde van Galilea 82. Die studente en die streng tollenaar 83. Die Heer wek die gestorwe seun van die tollenaar op 84. Die wegstuur van die drie artse 85. Die kuns om te lewe 86. Die Heer as leraar van die lewenskuns 87. Die innerlike ontwikkeling van die geestelike mens 88. Die grondslag vir die geestelike vervolmaking. Die Wese van God 89. Tweegesprek tussen die arts en die herbergier oor die Heer 90. Die menslike en die Goddelike in die Heer 91. Die arts ontvang van die Heer die krag om deur handoplegging siekes te genees 92. Die Christen as sakeman. Oor die betaal van beskerming en die aanhou van slawe. Die gedrag ten

opsigte van afgodepriesters 93. Die besoek aan die heilige bos. Die vernietiging van die afgodsbeelde 94. Die vraag van die priester om herstel van die afgodsbeelde. Die heilige meer 95. By die maaltyd in die huis van Jored, die tollenaar. Die lewensleer van die Heer 96. Oor die astrologie 97. Die Heer genees siekes in `n vissersdorpie 98. Die handige verdedigingstoespraak van die heidense priester 99. Jored se arm vissersdorpie word wonderbaarlik deur die Heer geseën100. Die terugkeer na Chotinodora 101. Die Heer verklaar die geskiedenis van Daniël 102. Die listige vroue van die heidense priesters 103. Die goeie getuienis van die priestervroue oor die Heer 104. Die twyfel van die geleerde vroue aan die hiernamaals 105. Die misnoeë van die Heer oor die hoogmoedige, kritiese vroue 106. `n Skrifgeleerde ondersteun die opvattinge van die priestervroue 107. Die verkeer met die ander kant. Bewyse vir die voortlewe na die dood 108. Die ateïstiese toespraak van die welsprekende vrou van die priester 109. Gedagtewisseling tussen die skrifgeleerde en die priesteres 110. Die uiteensetting van die skrifgeleerde oor die wese van God 111. Die weg om God te leer ken en lief te hê 112. Die bygelowige visserbaas aan die Eufraat 113. Die korrekte manier om godsdienstige onderrig te gee 114. Die slang as voorbeeld 115. Die houtdiewe 116. Die vloteienaars en die Heer 117. Die geskiedenis van die ryk man en sy werkliede 118. Die skuld van die vlotbase 119. Die eerbied van die priestervroue vir die Heer 120. Die Heer gee uitleg oor die maanwêreld en oor maansug

121. Kenmerke van die maansiele wat op die aarde geïnkarneer is 122. Die Heer waarsku teen die terugval in die materiële. Die wese van die materie. Die oneindigheid van

die Heer 123. Oor gebed en godsdiens 124. Oor die ontwikkeling van die mense 125. Die gees van die mentor van die priestervroue verskyn 126. Die betekenis van die Judese volk vir die heidene 127. Die Heer oorwin die rivierrowers 128. Die Heer in Samosata 129. Die genesing van die seun van die hoofman wat aan koors gely het130. Die bekering van die afgodspriesters 131. Die Romeinse hoofman vind sy broers 132. Die klagte van die hoofman oor die oorlog in die diereryk 133. Oor die sieleleer. Wese en doel van die materie. Die vrye ontwikkeling van die mens tot die kindskap

van God 134. Die verhaal van die hoofman oor die wyse Illiriër 135. Die persoonlikheid van God. God se wil en die wil van die mens. Die krag van die wil 136. Die gevoel vir skoonheid `n blom van die waarheid 137. Die besoek aan die tempel van die wysheid 138. Die wondermaaltyd in die huis van die owerste. Wese en werking van die liefde 139. Die Judese smouse 140. Die terugreis na Kapernaum. Die reus en sy preek vir die Judeërs 141. Die mislukte aanval van die owerste van die sinagoge 142. Die hoofman werf die reus en sy broers vir Rome. Werke van die liefde is vir God die ware verdienste 143. Amp en eer. Alles is barmhartigheid: slegs die goeie wil is verdienste 144. Die afhanklikheid van die mens van God se barmhartigheid 145. Die verwyte en die twyfel van die leerlinge 146. Die ontevrede leerlinge gaan alleen na die loofhuttefees. Die Heer gaan hulle in die geheim agterna 147. Die Heer in die tempel Die mislukte aanslag van die tempeldienaars 148. Die besoek van die Heer aan Lasarus in Bethanië 149. `n Voorspelling van die Heer oor ons hedendaagse tyd. Die noodsaak van goddelike openbaringe 150. Egte en valse profete en openbaringe 151. Die kenmerke van die Antichris 152. Die groot afwisseling onder die skepsele en hulle doel 153. Voorspelling van die Heer oor die oordeel oor die Judeërs. Die verganklikheid van die materie 154. Oor die noodsaak van die verganklikheid van die materie 155. Ongelukke en siektes wat nie deur eie skuld ontstaan nie 156. Die op hande synde maansverduistering 157. Die sien van die maan deur die geestesoog 158. Die gevolge van die maansverduistering. Wedergeboorte en geestelike gawes 159. Die belewenisse van die leerlinge op die fees in Jerusalem 160. Die sewe waakhonde van Lasarus. Die sterrewêrelde as skole vir gee161. Die gee van `n voorbeeld as beste les en vermaning. Waar erns en dreiging op hulle plek is 162. Oorsaak en doel van siektes en lyding 163. Die lot van selfmoordenaars. Om die leer te verkondig sonder om `n goeie voorbeeld te gee, is

nutteloos. Geloof sonder werke is dood 164. Lasarus se houding ten voorskrifte van die tempel. Ergernis en die skadelike gevolge daarvan 165. Invloede van geeste en die vrye wil van die mens. Die bestemming van die siele van diere 166. Wat meteoriete en komete eintlik is167. Lasarus word eienaar van `n oliebron 168. Lasarus en die tempelspioene 169. Die verwysing van die Heer na sy kruisdood

170. Die Heer gee onderrig in die tempel 171. Die Fariseërs en Nikodemus

Die Heer op die Olyfberg. 172. Die Heer en Syne in die herberg van Lasarus op die Olyfberg 173. Die beskouing van die Heer by die aanblik van Jerusalem. Die oordeel oor Jerusalem 174. Die voorspelling van die groot oordeel van die huidige tyd 175. Lasarus se twyfel aan die goddelike leiding van die mensdom 176. Oor die werkers in die wingerd. Doel, wese en werking van die openbaringe 177. Die profete as draers van die openbaring. Liggelowigheid en onvoorwaardelik geloof 178. Twee soorte mense op aarde: siele van bo en siele van benede 179. Die Antichris 180. Oor die korrekte seën en die korrekte gebed 181. Die aankoms van die Romeinse vreemdelinge in die herberg 182. Die gesprek van die gids met die Romeine oor die Heer 183. Die Romein vra die herbergier en Lasarus na die wonderman Jesus 184. Lasarus vertel die Romeine oor die Heer 185. Die genesing van die besete jong vrou Maria Magdalena 186. Die Romeine en die jong vrou eer die Heer 187. Oor die werking van die wyn 188. Die waarde van die denke en die liggelowigheid 189. Die Romeine sien die engelewêreld 190. Die verskil in lewensopgawe van engele en mense 191. Oor die tweede en derde gesig 192. `n Besoek aan die Universum 193. Die geestelike ooreenkoms van die dagtye 194. Die Heer karakteriseer die dertig Romeine 195. Die dertig Romeine soek die Heer 196. Die Heer gee onderrig in die tempel Die oordeel van die luisterende volk197. Die egbreekster 198. Die Heer maak hom in die Tempel bekend 199. Die Heer en Sy teenstanders 200. Die wese van die Heer201. Die ontmaskering van die verleier van die egbreekster 202. Arbeiders besoek die Heer op die Olyfberg 203. Die rede van die ongeloof van die tempeldienaars 204. Die opvoeding van die mensdom in die kennis van God 205. Die wilsvryheid en die geestelike opdrag van die mens op aarde 206. Oor sonde en offer 207. Die beskouing van die Heer oor Jerusalem en die eindtyd van die aarde. Die duisendjarige ryk en die

vuuroordeel 208. Die verhaal van Lasarus oor die ongelowige Fariseërs 209. Die wonder in die herberg 210. Die twyfel van die Fariseërs oor die Heer as Messias 211. `n Weddenskap tussen Agricola en `n Fariseër 212. Agricola verklaar die voorspelling uit JeshaJaH 213. Die onwetendheid van die Fariseër oor die son en die sondvloed 214. Oor die boek Job en oor die tempel Jabusimbil 215. Die orakel van Delphi. Oor die verdere lewe na die dood216. Die sewe boeke van Moses 217. Oor die Hooglied van Salomo 218. Agricola praat oor die wese van die siel

219. Siel en liggaam 220. Die wat hulle van die wêreld afkeer en die ryk van God 221. Die goddelike leiding van die mense 222. Rein en onrein voedsel 223. Regte en verkeerde Sabbatsviering 224. Die teenwoord van die Fariseër 225. Invloede van geeste en kontak met die ander kant. Selfstandigheid en wilsvryheid van die mens226. God se wese en ewige skeppingsvreugde. Die verandering van alle materie in die geestelike. Die

lewe van die mens aan die ander kant 227. Nie die bewustheid, maar die handel uit liefde maak salig. Oor ywer en spaarsamigheid met

Regverdige rykdom 228. Naasteliefde, kennis en liefde van God 229. God-Vader, God-Seun en God-Heilige Gees 230. Die drie-eenheid in God en mens 231. Die oneindigheid en alomteenwoordigheid van God en Jesus. Die verskyning by die doop van die

Heer 232. Die wese van die komete 233. Die belang van kennis 234. Uitvindings en hulle doel 235. Oor die valse profete 236. Die geestelike alomteenwoordigheid van die Heer. Die eerstes sal die laastes wees Waarskuwing

teen jaloersheid en hoogmoed237. Hemel en hel 238. Die gevegte in die hel 239. Die tweede skepping van God 240. Die verhouding tussen hel en wêreld 241. Lasarus wil die sondaars help 242. Drie gelykenisse oor die barmhartigheid van God. Die geheim van die liefde 243. Die gevolge van die verkeerde voorstelling van die ander kant 244. Oor regspraak en straf 245. Die groot skeppingsmens in die universum 246. Die verlossing van die wêreldmens 247. Die Heer as Verlosser van die groot wêreldmens. Die geestelike formaat van die mens 248. Die beweging van die wêreldmens en sy hulssfeer. Die dubbelsonne