Upload
others
View
6
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 1
Die KOSMOS
Jaargang 34 uitgawe 7 Mei 2013
Jaargang 35 uitgawe 6 Februarie 2013
OORDENKING
AS DIE STORMS OM JOU WOED- Lk.8: 22-25.
Wat kan ‘n mens alles doen om te oorleef as jy in ‘n storm op ‘n boot is en die water
binne in die boot ophoop?
Gooi die anker uit? As jy ‘n sterk swemmer is, spring oorboord?
Maak die boot ligter deur alles wat opgetel kan word oorboord te gooi?
Begin om soveel as moontlik van die water uit te skep?
Wat het die dissipels gedoen om uit die situasie te kom?
Hulle maak vir Jesus wakker, sodat Hy hulle kan help. “Meneer, Meneer, ons
vergaan!”= een van die korste gebede in die Bybel.
Wat moet ons doen in die storms wat oor ons lewe kan kom? Moet ons self eers ons
probeer red of moet ons na Jesus toe gaan om ons te help?
Ons moet doen wat die dissipels gedoen het – hulle het direk gegaan en Jesus
wakker gemaak! Ons kan in gebed gaan en Jesus vra om ons te help. Anders gestel:
ons moet net vir Jesus wakker maak en Hy sal ons kom help.
Die wonderlike evangelie is dat Jesus nadat Hy opgevaar het, Hy aan die regterkant
van die Vader gaan sit het, sodat Hy kan kyk waar Hy ons kan help.
Sien 2 Kron.16:9a
Watter mense sit by die see op hoë stoele om te kan sien of daar mense is wat sukkel
om uit die branders uit te kom?
Ja-lewensredders! Jesus kyk uit die Hemel neer om te sien waar Hy ons kan help! Hy
is in elke situasie ons lewensredder!
SLOT: GODISNOWHERE
Die dissipels op die boot kon of gelees het: GOD IS NO WHERE! en kon maar self
gepoog het om hul situasie te beredder.
OF
Gelukkig het hulle gelees: GOD IS NOW HERE! en het dadellik vir Jesus om hulp
genader.
Gepreek Te: Hopefield.Secunda
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 2
INHOUDSOPGAWE
Oordenking……….…............…..1
Redaksie………..…………..........2
Van die Voorsitter………..….......3
Voogdelys…………….….…........4
Verjaarsdae……………...............5
Huweliksherdenkings…..............5
Nuttige Wenke............................5
Lekkerbek……..….……...…........6
Streeks Baadjies.........................7
Voorraad.....................................7
Lief en Leed................................7
Ek en My Wa…………......…......8
Uit God se Apteek.......................9
Spinnekop byt.............................9
Uit die Natuur………………..….10
Toekennings.............................10
Saamtreknuus……….…...........11
Tegnies.....................................13
Tieners......................................14
Senior Burgers..........................14
Kleuters……………...…….…....15
Oplossing van Blokkiesraaisel.16
Blokkiesraaisel..........................17
Jaarprogram………..………......18
REDAKSIE
Hallo Sawanante
Ek en Andre het beurte gemaak om
‘n week by die huis te bly met griep.
Ek is nog nie gesond nie ! Ek hoop
regtig dat die winter elke een van
julle genadig sal wees.
Verdere nuus is dat ek vir ses
maande afgeboek is by die werk. Ek
dink dit het net betyds gekom vir die
winter.
Geniet die winter maande met ‘n
glasie rooiwyn voor ‘n kaggelvuur, of
dalk met jou woonwa op ‘n warmer
plek as Secunda. Geniet dit !
Marianne
REDAKSIE
Teen die tyd wat jul die Kosmos
onder oë kry is ons al in die 6 de
maand van die jaar.
Ek doen weer ‘n beroep op elkeen
om vir ons artikels, wenke, resepte
en nuus te stuur. Dit is ons
NUUSBRIEF, en kan nie tot sy reg
kom sonder nuus nie. Vertel ons van
jou nuwe woonwa/ motor, van ‘n
oulike kampplek, jou kind se troue,
geboorte van ‘n nuwe baba, enige
iets.
Sterkte vir die lekker koue Secunda
winter en mag jou Oosvaal hart
warm klop.
Alta Grobler
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3
‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE
Dagsê Vriende
Dit is al die middel van jaar, Junie maand is hier en die koue kan al gevoel
word. Die gebiedskamp het goed afgeloop by Loskopdam, die weer was
fantasties en ons het lekker gekuier saam met ons vriende van die ander
streke in die gebied.
Lance was weer verkies as Gebiedsvoorsitter op die gebiedsvergadering
gedurende die kamp tot en met die kongres die jaar. As die nuwe SAWA
struktuur ingestem word dan verval die gebied struktuur soos voorheen
bespreek.
Oosvaal het nie kampe gereël vir Junie en Julie nie aangesien ons ‘n toer wou
reël Natal noordkus toe, die toer sal dan nie meer voortgaan as gevolg van ‘n
gebrek aan belangstelling.
Daar is wel ‘n nasionale kamp gedurende 14 -17 Junie 2013 te Warmbad in
Bela Bela teen R840 vir die naweek. As julle belangstel kontak die SAWA
kantoor (Juliana) of vir my om julle plek te boek.
Ons volgende kamp is die naweek van 9-11 Augustus 2013 by Malonjeni
Vereeniging, dit is ons AJV. Ek nooi julle graag almal hartlik uit om die kamp
by te woon, soos ek ook verlede maand en in my e-pos geskryf het al is dit
die enigste kamp wat jy kan bywoon die jaar sal dit fantasties wees. Dit is ons
spog kamp van die jaar en ‘n platform waar jy ook kan deel hê aan die
beplanning van ons streek vir die volgende jaar.
Kyk mooi na julle self en geniet die leesstof in die uitgawe van die Kosmos.
Vriendelike Oosvaal groete
Mooi bly
Andre Erasmus
ADVERTENSIE
Ons bied die geleentheid vir julle om
besighede, koop/verkoop hoekie te adverteer in
ons nuusbrief teen ‘n geringe fooi. Kontak vir
Marianne of Alta gerus indien jul belangstel.
-Red
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 4
VOOGDELYS
Andre en Marianne Erasmus (Tel Andre 0833007706; Marianne 0828902019) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Middelbultstr 25, Secunda
Martiens en Alta Grobler (Tel Martiens 0824668110; Alta 0812708916) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Kleynstraat 2, Secunda
Johan en Karin Burger (Tel Johan 082 923 5614) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Vermeerstraat 18, Secunda
Johan en Magda van Dyk (Tel Magda 072 142 3229) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: William Hogge straat 1, Secunda
John en Yolanda Brummer (Tel Yolanda 079 883 6226) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Waterson straat 11, Secunda
Andre en Annemarie Fourie (Tel Annemarie 082 852 0657 ) e-pos
Adres: [email protected]; Straatadres: Krokodilrivierstr 7,
Secunda
Lance & Retha Batts; Hennie & Monica Oosthuyzen; David & Ria van As; Gregor & Ria van Deventer; Paul & Anriëtte van Schalkwyk; Neil & Henriëtte van Wyk; Henry Viviers en Gerrie & Amelia Brits
Kobus & Annatjie Bester; Janke Britz; Peet & Elsie
Jonker; Corné & Christa Thirion; Chris & Thiana
Bornman; Alta van Heerden; Peter & Vernice
Richard en Mario & Mitsi Weyers
Francis & Marlize Hodgeman; Edwin & Rene
Sieberhagen; Tinus & Marie Labuschagne en Francois
& Mariane Ueckermann
Nico Botha; Danie & Annelie Meyer; Neels & Bettie
Malan en Sakkie & Gretha Mocke
Ronnie & Magda Moorcroft; Theo & Elize Saayman;
Simon & Risella van Renssen; Frans & Ohna Steyn en
Neil & Marietta Parks
Jacques Fourie; Pierre Fourie; Div & Bella de Villiers;
Wimpie & Rita Meintjes; Gert & Lena van Rensburg en
Gerhard & Ankia van Niekerk
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 5
VERJAARSDAE
Junie
04 – Neels Malan
04 – Lena van Rensburg
05 – Chrizané Venter
07 – Div de Villiers (JD)
25 –Thiana Bornman
30 – Ohna Steyn
30 – Marietta Parkes
Mei
03 – Marie Labuschagne
10 – Gregor van
Deventer
11 – Michelle Parkes ‘03
13 – Chris Bornman
14 – Janke Britz
19 – Danie Meyer
19 – Magda van Dyk
23 – Corné Thirion
26 – Theo Saayman
HUWELIKSHERDENKINGS
Mei
06 – Simon & Risella van Renssen
Junie
13 – Gert & Lena van Rensburg
16 – Paul & Anriëtte van Schalkwyk
25 – Corné & Christa Thirion
NUTTIGE WENKE
AI TOG DIE STORT!!!!!
Die sakkie vir die wasmasjien wat al die kleingoedjies bymekaar moet hou
werk lekker vir ‘n badkamersakkie – dis deurskynend en van gaas gemaak
so geen water kan onderin versamel nie.
Die vierkantige matjies wat inmekaar pas soos ‘n legkaart werk heerlik
binne en voor die stort. Dit suig nie water op nie en word maklik droog.
Gebruik mikrovesel lappe om op te staan – dit vou lekker klein op en
absorbeer baaaaaaie water.
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 6
LEKKERBEK – Ontvang van Martiens Grobler
Blackberry Swirls recipe
Ingredients
300g blackberries
3 tbsp water
2 tsp cornflour
6 tbsp granular Canderel
500g pot reduced fat Greek yogurt
grated rind 1/2 lemon
sprigs mint, to decorate
Directions
To make the berry compote, put the blackberries in a pan with the
water. Bring to simmer and cook gently for 2-3 minutes until the
juice begin to run.
Blend the cornflour with 1 tbsp water and add to the fruit. Continue
to cook until the juices thicken squishing a few of the berries to
add more colour.
Remove from the heat and stir in half of the Canderel. Set aside to
cool.
Stir the lemon zest and remaining Canderel into the yogurt. Layer
the berry compote with the yogurt into individual glasses. Chill
until ready to serve.
Serve with a sprig of mint on each if liked
Servings
Serves 4
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 7
STREEKS BAADJIES
Sawanante
Ons is baie opgewonde oor die nuwe baadjies vir die die Streek. Sien foto onder.
Plaas asseblief so gou moontlik jul bestellings by Martiens en Alta Grobler
S - L XL – 2XL 3XL – 5XL
Mens All weather jacket R 207.94 R 228.74 R 249.54
Ladies All weather jacket R 207.94 R 228.74 R 249.54
Bogenoemde prys sluit die koste van die borduur uit. Kontant met alle bestellings
asb.
LIEF EN LEED
Alta Grobler is gebyt deur ‘n
spinnekop. (Sien foto op bl 9)
Lance & Retha het ‘n nuwe kar
gekoop en by ‘n nuwe huis ingetrek
(Sien foto by Ek en my Wa bl 8)
VOORRAAD
Voorraad Beampte:
Annemarie Fourie
Sweetpakke Boshoed Sirkel & Snorre Windjakker Windjakker (Waterdig) Oosvaalhemde Oosvaalpette Alle verkope – Kontant met
bestelling
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 8
EK EN MY WA – Lance en Retha Batts
WAARMEE SLEEP JY? ? Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel
WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model
WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer Loskopdam toe gesleep
en het soos ‘n droom gesleep. Het voertuig nou eers 2 maande.
WAT IS JOU SLEEPSPOED? 90 tot 110 km/u.
WAT IS DIE MAHINDRA SE BRANDSTOF VERBRUIK? Mahindra is nog nie ingeloop nie
maar ek het 11.0km/l met die wa saam gekry en 13km/l daarsonder. Het egter gelees dat die
verbruik optel na 16km/l sodra voertuig ingeloop is.
WAARMEE HET JY VOORHEEN GESLEEP?
- Audi A4 Triptronic – Super Sport – 2 jaar, engine krag te min met automatiese ratkas
maar was baie ekonomies
- Chrysler 3.3 LX automaties – Super Sport – 2 Jaar, krag was goed gewees maar
voertuig was baie dors - 2.5km/l
- Toyota Camry 2.2 SEL - Camppride – 5 Jaar, geen klagtes baie goed gesleep net my
alie het gejeuk
AS JY WEER KON KIES: - Sal eers bestaande kombinasie hou en uittoets en sien wat kry ek
uit die voertuig uit. Maar sover is ek baie tevrede met my voertuig.
HOE LANK IS JY ‘N SLEPER? 20 Jaar.
HOE HET JY VOORHEEN VAKANSIE GEHOU? Baie lekker dankie Nee ernstig het
tyddeel gehad en in chalets
WAAR HOU JY GEREELD VAKANSIE? In die Kaap en probeer om nie dieselfde oord twee
keer te besoek nie. Hou daarvan om nuwe oorde te ontdek en uit te toets. Die jaar is die Ou
Skip in Melkbosstrand vir 3 weke. Ek is nie juis ‘n see mens nie maar verken die nuwe
omgewing baie. Ook visvang trek my nie.
HOE GEREELD KAMP JY? As Sawanant een keer per maand, maar soms is dit twee keer ‘n
maand agv my verpligtinge as Gebiedsvoorsitter, maar ek kla nie. Ek lief die kamp lewe dan
een maal per jaar ‘n lekker kamp vakansie saam met my familie.
WAAROM KARAVAAN KAMP? Waarom nie. Daar is niks lekkerders as om ‘n naweek saam
ander kampeerders te kuier in die natuur nie. Kampeerders is gemaklike mense en ons maak
so baie vriende regoor die land. En mens kan die Here se natuurskoon soveel te meer geniet
en waardeer. En ek het die kans om aan ‘n wonderlike organisasie te behoort waar ek my
kultuur en christelike waardes saam met ander kan uitleef - SAWA
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 9
UIT GOD SE APTEEK – Cayenne Pepper (Rooi
peper)
Rooipeper se gesondheidsvoordele is legio. Dit moet egter in groot genoeg
hoeveelhede ingeneem word. Koop leë kapsule doppies by die apteek en vul dit
met rooipeper. Drink dit soos wat jy jou gewone pille sou drink. Net so kan jy
doppies met gemmer en borrie ook vul en sodoende genoegsame hoeveelhede
inneem.
As jy sukkel met koue voete sal dit help as jy dit vir 5-10 minute week in water
waarin 5ml rooipeper opgelos is. Dit stimuleer die bloedsomloop deurdat die are
breër maak en sodoende die voete warmer maak
Dit verlig die ongemak van artritus en rumatiek. Week ‘n waslappie in warm
water wat met rooipeper gemeng is en plaas dit oor die gewrig.
Dit bevorder metabolisme, en kan dus help met gewigsverlies.
Dit is ‘n uitstekende antiseptikum.
Dit verlig spiersaamtrekking.
Cayenne peper bevat flavonoïdes wat die hartselle gesond maak sowel as
beskerm. Dit bevat vitamienes wat bakterieë beveg en die immuunstelsel
versterk.
Swanger vroue en persone wat borsvoed mag dit nie gebruik nie, en persone
met lae bloeddruk mag dalk ‘n bietjie lighoofdig voel as hulle dit neem.
SPINNEKOP BYT
Alta se voet na ‘n week. Sy is
vermoedelik deur ‘n viooltjie
spinnekop gebyt. Ons het ‘n
artikel oor die viooltjie spinnekop
op die volgende bladsy
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 10
UIT DIE NATUUR
Vioolspinnekop word vir baie Blameer Tans is daar verskeie
berigte wat die rondte doen dat vioolspinnekoppe nou vollop in huise voorkom en enige oop
wond is nou ‘n “vioolspinnekop” byt.
Suid-Afrika het ‘n ryk spinnekopfauna en meer as 2000 spesies is reeds beskryf. ’n
Verskeidenheid spinnekoppe kom in en om huise voor en kom dus in aanraking met mense.
Meeste spinnekoppe vermy egter kontak en sal slegs uit self verdediging byt wanneer hulle
vasgedruk of bedreig word.
Vioolspinnekoppe is nie volop in huise in Suid-Afrika nie en dit is belangrik dat indien ’n
spinnekop iemand byt dit deur spesialiste geïdentifiseer word. Die vioolspinnekop kan moeilik
vanaf ’n foto geïdentifiseer en ons vind dat in 80% of meer gevalle die oorspronklike
identifikasies verkeerd is. Die vioolspinnekoppe het ’n afgeplatte borsstuk, ses oë, lang bene
en is bruin tot rooi-bruin met donker patrone op die agterlyf en ’n dowwe viool-vormige merk
op die borsstuk.. Hulle is in die nag aktief, wanneer hulle rond beweeg op soek na kos.
Die byt is pynloos en word gewoonlik nie waargeneem nie en in die proses word geen
spinnekop gesien nie. Na 2-3 uur swel die bytplek en vorm ’n rooi area met ‘n donker pers
kern. Oor ’n dag of twee vorm die wond ’n nat blaas wat donker raak van kleur. Gewoonlik na
die vierde dag verminder die swelling en infeksie. Die nekrotiese weefsel sterf af en dit laat ’n
wond wat soms sukkel om te genees. Daar is geen antivenien beskikbaar en behandeling
moet fokus op voorkoming van sekondere infeksies agv bakteriële besmetting
As persone vermoed dat hulle moontlik vioolspinnekoppe het is hulle welkom om fotos te
neem en te stuur aan [email protected] . Prof. Ansie Dippenaar-Schoeman Specialist Scientist
Landbounavorsingsraad
TOEKENNINGS
Andre en Marianne
Erasmus kry 75
Algemeen en 60 Streeks
Toekenning
Die arme vioolspinnekop (Loxoceles) is nou in die nuus en verskeie valse berigte word versprei deur die internet en eposse oor hierdie groep spinnekoppe. Hulle behoort aan die familie Sicariidae en word in Suid-Afika as ’n skaars spinnekop beskou. Daar is byvoorbeeld oor ‘n 40 jaar periode nog geen vioolspinnekop in huise en tuine in Pretoria versamel nie. In die Nasionale Versameling van Arachnida wat meer as 150 000 spinnekoppe bevat is slegs 120 eksemplare vioolspinnekoppe en
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 11
Annetjie besig met ‘n slaai
Lance met ‘n snytjie brood
Ons kuier by ‘n dooie vuur
Oosvaal verskaf die roosters en die
vuur
SAAMTREK NUUS
Gebiedskamp: Loskopdam
24 tot 26 Mei 2013
Ek, Kobus en Annatjie Bester was
bevoorreg om al die Donderdag by
Loskopdam te arriveer vir ‘n heerlike
Gebiedskamp naweek. Sarie en Hennie
van Suidoos het later die dag by ons
aangesluit. Annatjie het die aand heerlike
bunny chows vir ons gemaak. Met ons
maggies vol is ons almal vroeg bed toe.
Vrydag oggend begin die dag met ‘n
lekker ontbyt saam. Die middag begin die
res van die gebied se lede stuk-stuk
arriveer en gou kry elkeen ‘n staanplek.
Jurie en Kittie Dreyer ons voog en
Nasionale Voorsitter het ons vereer en
saam met ons kom kamp die naweek.
Gou was die waens – as ek reggetel het
was ons 35 waens gewees – opgeslaan.
Ons het lekker saam gebraai of eerder
probeer braai. Sou sweer ons braai vir
die eerste keer want sonder dat ons vleis
‘n teken van gaar word getoon het, het
ons vure uitgebrand en daar sit ons
sonder houtskool. Andre vlieg so 20:00
daar weg hek toe en gaan koop nog
houtskool en siedaar ons vleis word mooi
gaar hehehehe. Na ‘n heerlike saam
kuier is ons bed toe.
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 12
SAAMTREK NUUS
Vervolg
Saterdag oggend het die
Gebiedsbestuurslede om 9:00 aangesit
vir ons Gebiedsbestuurs vergadering.
So voor 11 uur was ons klaar en kry
ons ook kans vir ontspan. Daar is ook
aan elke wa ‘n spesiale geskenkie
gegee. Baie dankie aan Retha wat
haar tyd opgeoffer het om die
geskenkies te gaan koop. Ook vir die
laat aande se werk wat jy ingesit het
om die Oosvaal- en Gebieds embleme
op te plak.
Saterdag middag steek Andre en
Kobus die vure aan terwyl ek, Retha
en Annatjie met die pap begin.
Marianne en Andre het die heerlikste
sous gemaak. Om 18:00 kom almal by
Kobus se wa byeen en word daar tot
laat saam gebraai.
Johan Opperman van Luiperds het
Sondag oggend vir ons ‘n besondere
boodskap gelewer, dankie Johan. Daar
oorhandig ons die kollekte van R780-
00 wat ge-in is by die diens oor aan
tannie Charlote van Huis Betsie Louw.
Na afsluiting trakteer ons vir Jurie,
Kittie, Vossie en Hannetjie op ‘n
heerlike ontbyt en kuier ons vir oulaas
saam.
Weereens baie dankie vir ‘n heerlike
saam kuier naweek julle. Andre en
Marianne, Kobus en Annatjie en
laaste maar nie die minste Retha baie
dankie vir jul hulp met die aanbied van
die Gebiedskamp. Ek het geweet ek
kon op jul staat maak. Andre en
Marianne ‘n spesiale dank dat jul
steeds bereid was om te kom kamp al
was jul siek gewees met griep. Ek
waardeer jul opoffering. Die wat die
kamp gemis het, het ‘n baie lekker
kamp gemis asook ‘n werklike mooi
geskenkie. Sien jul weer op die
volgende kamp.
Lance Batts
Marianne en Retha besig met die sous
Kamp kommandante vir die naweek
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 13
Ek het ’n groot probleem met die uitlaatpype van die
wasbakke in my woonwa. Die wasbak se uitlaatpyp is
onder die woonwa te kort afgesny, met die gevolg dat
vuil water op jou staanplek uitloop en jou tentarea
binnestroom en poeletjies maak wat vlieë lok.
Ek weet nie of die vervaardigers van party
woonwaens net suinig is, of nie dink nie.
Die handewasbak binne die woonwa se pyp is amper
lank genoeg, maar dit is so styf vasgemaak met
kabelstroppe dat jy dit nie in ’n opvangkan se opening
kan kry nie. ’n Mens kan nie die handewasbak vir
tande borsel gebruik sonder dat die tandepasta-water
oral op die grond onder my woonwa is nie.
Ek het met die eenvoudige idee gekom om die
uitlaatpype te verleng sodat die water wat ons gebruik
in ’n opvangkan opeindig, en nie op die vloer nie.
Jy benodig ’n 25mm-buigbare leipyp (die gewone is
20 mm), lasse, kabelstroppe, PVC-gom, en
metaalhakies wat die pyp vashou terwyl jy ry.
Sny die lengtes van die pype sodat dit lank genoeg is
om by die opvangkan uit te kom. Gom die een ent van
die verlengingspyp aan dié van jou woonwa se
uitlaatpyp met die PVC-gom vas.
Die metaalhakies onder die woonwa se bakwerk
klamp die ente van die pype vas sodat dit nie rond
fladder as jy ry nie. Die kabelstroppe hou die pyp in
die lengte aan die bakwerk van die woonwa vas. Die
pype het nog nooit losgekom terwyl ek ry nie.
Sit die uitlaatpype in ’n opvangkan onder jou woonwa
ná jy kamp opgeslaan het, en maak dit elke oggend
leeg.
Artikel: WegSleep #17 | November 2009
TEGNIES
Weg met grys water
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 14
Moet nooit,
Opkrop as jy iets op die hart het nie
Stilbly as jy ‘n opinie het nie
Moed opgee as jy sukkel nie
Kwaad word as jy teleurgestel word nie
Ongeduldig raak as jy nie jou sin kry nie
Bly lê as jy geval het nie
Persoonlik raak as jy in die rug gesteek word nie
Sinies raak as liefde nie uitwerk nie
Oordeel as jy iemand nie ken nie
Verwyt as iemand ‘n fout begaan nie
Haat as iemand jou seermaak nie
Ophou glo as jou vertroue geskend word nie
Bang wees as jy alleen is nie of
Twyfel in jouself nie
WANT…..
JY is baie spesiaal en elke liewe ding wat met jou gebeur
En elke liewe mens wat oor jou pad kom, is vooraf vir jou beplan
Om jou sterker, wyser en slimmer te maak
En jou diepte en karakter te gee.
Geniet jou lewensreis…
Onthou……..
HOOP maak die die reis moontlik,
GELOOF maak dit makliker en
LIEFDE maak dit onvergeetlik mooi !
Ingestuur deur Lance Batts
SENIOR BURGERS
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 15
VIR DIE KLEUTERS
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 16
OPLOSSING VAN VORIGE
BLOKKIESRAAISEL
M I T S I K A M P
A O L
R I T S S U A
I M A R I A N N E
O G W T K
W O O N W A D I E N
E D E I
Y S E E
E E R N A T A L
R A A O
S O P N A T T E I E R
T U R U
E T E U S
E W A R M B A D
H E K A L
O T A L
E K E N A
V O O R D E N K I N G
E B O
L O O P A F S T A N D
D O T R
T O A
F F
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 17
BLOKKIESRAAISEL
S U R E G S E E W W E E E
O N O O R D Y U I O P W B
B I D A M A S D L F G G L
N C N I E L K A A N N M Y
E O A B D E D F I G H I D
T R N M D N A L I E L K E
R D O P E R A S T U V W P
A A E G E B S M A D A Y O
H M R K A I A M A N Z I O
G E A M A L O N J E N I R
B S A A L K E K M A A N T
E L A N D S K L O O F H T
K A I Y A B O I A S C B R
A L D A R O O P B N S O O
S O E N N E R D A L S O O
P S O E A U I R O E A M P
O I D G R A N A D E E S M
D P A A K O K A R I B A O
P P B S S S E I O O L P K
O O M E R T N E I R E N E
O K R S I U T S E W S O O
L O A A M A D P O K S O L
M O W B R S A A L P D A B
Soek 20 kampeer terreine
Oplossing in volgende Kosmos
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 18
KONTAK ONS
SAWA Webwerfadres - http://www.sawa.org.za/
SAWA eposadres - [email protected]
Die KOSMOS word uitgegee deur Streek Oosvaal van die SA Woonwa-Assosiasie (SAWA). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van Sawa is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word
deur die Redakteur verantwoord.
OOSVAAL BANK
BESONDERHEDE
Penningmeester:
Johan Burger
Bank : Standard Bank, Secunda
Rekeningnommer : 137501072
Takkode 05344
Nuusblad van Streek
Oosvaal van die Suid‐Afrikaanse Woonwa‐Assosiasie
Redakteur en bladuitleg:
Marianne Erasmus,
Posbus 5666, Secunda, 2302
Tel: 082 890 2019 (Sel)
Epos: [email protected]
Drukwerk en verspreiding: Andre en
Marianne Erasmus
Oosvaal 2013 jaarprogram
Datum Plek Tarief
22 – 24 Mrt Presidente - Klipdraai Meyerton
19 – 21 Apr Badplaas R170 per nag
24 – 26 Mei Gebieds Kamp - Loskopdam R175 per nag
14 – 16 Jun Wintersaamtrek – Warmbad
28 Jun – 11 Jul See Toer {Natal Noordkus}
Afgestel – geen belangstelling
08 – 11 Aug AJV Malonjeni R200 per nag
13 – 15 Sept Nasionaal (Koppiesol)
20 – 24 Sept Sondela (te vêr & te duur) Word verskuif
11 – 13 Okt Kongres (Buffelspoort)
25 – 27 Okt Monateng, Pretoria R330 per nag
22 – 24 Nov Eastco (Magaliesburg) R205 per nag
NB: Ons sal die tariewe insit soos dit beskikbaar kom