If you can't read please download the document
Upload
duonghuong
View
260
Download
8
Embed Size (px)
Citation preview
DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 19
Die KOSMOS
Jaargang 36 Uitgawe 2 September 2014
Jaargang 35 uitgawe 6 Februarie 2013
BESTE NUUSBRIEF IN SAWA
Toe wen ek die trofee vir die beste nuusbrief in SAWA !
Dit is die eerste keer in Oosvaal se geskiedenis dat dit gebeur
het.
Baie dankie aan almal wat bygedra het om hierdie mylpaal
moontlik te maak.
DIE KOSMOS BLADSY 2 VAN 19
OORDENKING
Hoe moet ons die Bybel
verstaan?
Geskryf deur Prof. Gerrit Smit VERVOLG.
Die gebruik van gereedskap om die Bybel beter te
verstaan
Ons het die Bybel tot ons beskikking. Ongelukkig
weet baie Bybellesers nie altyd waar om te begin as
hulle die Bybel bestudeer nie. Ander haak by
moeilike gedeeltes vas en raak ontmoedig omdat
hulle die Bybel nie verstaan nie. Dit is interessant dat
baie mense nie besef hoe moeilik dit eintlik is om die
Bybel reg te verstaan nie. Hulle glo dat as mens die
woorde in sekere sinne verstaan, jy verstaan wat die
teks s. Dit blyk egter onwaar te wees as mens in die
Bybel begin delf. Die verstaan van die Bybel word
voorafgegaan deur bepaalde kennis van die
agtergrond van die teks self. n Taal is lewend en
dinamies, en dieselfde woord(e) kan in verskillende
kontekste verskillend vertaal word.
Die probleem by die regte verstaan van die Bybel is
dat ons nrens in die kerkgeskiedenis, selfs nie eens
by die kerkvaders onderling, n eenvormige metode
van Skrifuitleg gehad het, sodat gelowiges die Bybel
eenvormig gelees of interpreteer het nie. Dit word
baie duidelik as ons Chrysostomos se interpretasie
van die Romeineboek vergelyk met di van
Augustinus, of selfs die allegoriese Skrifuitleg van
Origenes vergelyk met die tipologiese uitleg van
Methodius van Olympus. Klaarblyklik het hulle God
verskillend gehoor, al lees hulle dieselfde tekste.
Vervolg in volgende uitgawe.
INHOUDSOPGAWE
Voorbladnuus.............................1
Oordenking...............2
Redaksie............3
Van die Voorsitter.........3
Voogdelys..........4
Verjaarsdae...............5
Huweliksherdenkings..............5
Lief en Leed................................5
Lekkerbek..............6
Ietsie uit ou n Kosmos.7
Uit God se Apteek.......................8
Handige Wenke..........................8
Uit die Natuur.....9
Saamtreknuus............10
Toekennings....11
Voorraad...................................11
Tegnies.....................................12
Tieners......................................13
Senior Burgers..........................14
Kleuters........18
Jaarprogram........19
http://oordenking.blogspot.com/
DIE KOSMOS BLADSY 3 VAN 19
i
n PAAR WOORDE
VAN ANDR
Dags Geagte Vriende
Ek het nou die vooreg om ietsie te
skryf in die beste nuusbrief in SAWA.
Weereens baie geluk aan Marianne
vir die wonderlike erkenning wat sy
ontvang het vir haar harde werk.
Soos julle nou al weet begin ons
reeds beplan vir die wildtuinkamp
volgende jaar. Die plekke word al hoe
minder so maak seker dat jul plekkie
bespreek word by Skukuza.
Onthou van die feeskamp in Oktober
waar SAWA se 45ste betaansjaar
gevier gaan word. Die kamp vind
plaas by Koppisol die naweek van 10-
12 Oktober 2014, bespreek deur die
SAWA kantoor of kontak my as julle
hulp soek met die bespreking.
Kyk mooi na julle self. Sien julle by
die volgende kamp.
SAWA Groete
Andr
REDAKSIE
Hallo Vriende
Ek het n paar foute reggemaak ten
opsigte van die kampprogram vir
volgende jaar. As julle van die
datums aangeteken het, verander
asb.
Johan Burger het uitgetree as ons
tesourier en is vervang deur Rea
van As. Johan gaan nog vir Rea
bystaan in haar nuwe amp. Sterkte
Rea!
Ons het al n hele paar woonwaens
wat saam met ons gaan kamp in
die Wildtuin volgende jaar.
Bespreek nou om teleurstelling te
voorkom. Onthou om ons te laat
weet sodra julle bespreek het om te
verseker dat ons met julle
kommunikeer oor enige relings.
Buiten die rubriek van Johan Burger
oor die vervlo dae, het ek ook nou
met n nuwe rubriek begin oor
artikels in ou Kosmosse. Ek het n
paar ou Kosmosse by Willie Lundell
gekry, en sal elke keer n ietsie
plaas wat interesant is. Daar is
nogal heelwat! Baie dankie Willie.
Groete en mooi bly.
Marianne
DIE KOSMOS BLADSY 4 VAN 19
VOOGDELYS
Andr en Marianne Erasmus (Tel Andr 0833007706; Marianne 0828902019) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Middelbultstr. 25, Secunda
David en Rea van As (Tel David 071 867 0129; Rea 083 235 0921) e-pos Adres: [email protected]; [email protected] Straatadres: Waterbergstr. 9, Secunda
Martiens en Alta Grobler (Tel Alta 0812708916) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Kleynstr. 2, Secunda
Andr en Annemarie Fourie (Tel Annemarie 082 852 0657 ) e-pos
Adres: [email protected]; Straatadres: Krokodilrivierstr. 7,
Secunda
Lance & Retha Batts; Hennie & Monica Oosthuyzen; Gregor & Ria van Deventer; Paul & Anritte van Schalkwyk; Neil & Henritte van Wyk; Henry Viviers; Francois & Mariane Ueckermann en Johan & Magda van Dyk
Kobus & Annatjie Bester; Peet & Elsie Jonker;
Corn & Christa Thirion; Chris & Thiana
Bornman; Alta van Heerden; Brad & Astrid
Blake ; Gert & Lena van Rensburg en John &
Yolanda Brummer
Ronnie & Magda Moorcroft; Theo & Elize
Saayman; Frans & Ohna Steyn; Neil & Marietta
Parks; Jacques Fourie; Pierre & Alisa Fourie;
Div & Bella de Villiers en Wimpie & Rita
Meintjes;
Kobus & Hannatjie Roets; Nico Botha; Danie &
Annelie Meyer; Sakkie & Gretha Mocke; Francis
& Marlize Hodgeman; Edwin & Rene
Sieberhagen en Johan & Karin Burger
mailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]
DIE KOSMOS BLADSY 5 VAN 19
VERJAARSDAE
Oktober
02 Amelia Brummer 06 03 Annemarie Fourie 24 Bartho Saayman
25 Paul van Schalkwyk
27 Hannatjie Roets
HUWELIKSHERDENKINGS
September
04 Alta van Heerden 11 Kobus Bester 11 Jason van Wyk 11 Monica Oosthuyzen 13 Anritte van Schalkwyk 20 Ria van Deventer 21 Andr Erasmus 24 Elize Saayman
LIEF EN LEED
Michelle Parks het ongelukkig n besering opgedoen en kan nie aan die SAs
deelneem nie. Leane kon ook nie deelneem nie, omdat onder 9 meisies nie
mag nie, maar het wel deelgeneem aan die Mpumalanga skole landloop en
behaal n 4de plek. Mooi gedoen Leane!
Ons het baie slegte nuus ontvang dat Dries Bouwer die afgelope naweek ,toe
ons Kongres gehou het, oorlede is aan n hartaanval. Puirette, ons gebede is
met jou.
Sterkte vir die ouens wat betrokke is by die Sasol afsluiting. Moet net nie dat
dit inmeng met julle kampery nie!
Oktober
25 Neil & Henriette van Wyk
30 Kobus & Hannatjie Roets
September
30 Wimpie & Rita Meintjes
DIE KOSMOS BLADSY 6 VAN 19
LEKKERBEK Eendborsies met Granaat
sous
Resep bron: Pasella
Marilou Marais, sjef by die Oude Libertas Sentrum in Stellenbosch het Pasella gewys hoe om eend gaar te maak toe
ons op Saterdag daar by die Stellenbosch Varsgoedmark gekuier het.
(Bedien 4)
4 eendborsies
sout en swartpeper suurlemoensap, na smaak
gemengde kruie en slaaiblare 1 rooi ui, gekap
feta vars granaat*
Maak diamantvormige skywe aan die velkant van die borsie.
Braai die eend in 'n bietjie olyfolie, vetkant eerste. Draai om en geur met sout en peper. Voeg suurlemoen by en sit op 'n bakplaat. Bak 35 minute in die oond by 180C. Bedien
mediumrou.
Maak granaatsous vir die eend: Druk die granaatpitte en stroop uit en meng met balsemiekasyn, kaneel, naeltjie- en
neutpoeier, suurlemoensap en heuning. Bedruip die eend daarmee.
*As dit buite granaatseisoen, kies enige bessies, maar proe vir
suurigheid en maak soeter met die heuning indien nodig.
DIE KOSMOS BLADSY 7 VAN 19
IETSIE UIT N OU KOSMOS
Kosmos.Eie aan die Omgewing
Net soos mynhope, skagte en nywerheidsreuse se torings n kenmerkende gesig van ons
omgewing is, so ook is die kosmosblom eie aan die gebied. In die laatsomer begroet n kleurprag
van kosmos die besoeker aan die gebied. Langs paaie en op oop stukke grond staan die blomme
bankvas en omskep die hele omgewing in n kleurprag. Soos die Namakwalanders met hul
madeliefies spog, kan ons Hovelders hier met ons komos pronk. Vele oorsese besoekers slaan
die hande saam ten aanskoue van die blommewonderprag.
PERDEKOS
Die blommeprag was egter nie altyd eie aan die gebied nie. Dis m