Upload
others
View
4
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 18
Die KOSMOS
Jaargang 35 Uitgawe 6 Februarie 2014
Jaargang 35 uitgawe 6 Februarie 2013
Al onse kinders wat boo-boo’s gekry het die naweek omdat hul vir
Oom André met water balonne bestook het. Wonder waar het hul
al die balonne gekry ??? Saam met André en Alta staan Bianca,
Jason, Anko, Henriko, Morgan, Kayden, Amelia en Leah.
Kinders maak Kamp pret
DIE KOSMOS BLADSY 2 VAN 18
OORDENKING
HOEKOM GENEES GOD NIE
GEAMPUTEERDES NIE?
Sommige mense gebruik hierdie vraag in ‘n poging
om die bestaan van God verkeerde te bewys. Daar
is tot self ‘n anti-Christelike webblad wat net gewy
word aan die argument “Why won’t God heal
amputees?”
http://www.whywontgodhealamputees.com/. "As
God so almagtig is en as Jesus belowe het om
enige iets te doen wat ons vra (of so dink ons gaan
dit), hoekom genees God dan nie geamputeerde
mense nie. God genees kankerlyers, diabetes ens.
maar hy laat nooit arms en bene terug groei nie. Die
feit dat ‘n geamputeerde so bly is, bewys dat God
nie bestaan nie en dat gebed doelloos is, dat
godsdiens ‘n mite is. "Bogenoemde argument word
gewoonlik aangebied in ‘n deurdagte, wel
geredeneerde wyse met teksgedeeltes om dit meer
geloofbaar te maak. Maar, dit is ‘n argument wat
gebasseer is op ‘n verkeerde siening van God en is
‘n wanvoor-stelling van Sy Woord. Die redenasie
bevat ten minste 7 vals veronderstellings:
Een van die veronderstelling is: God het nog nooit
‘n geamputeerde genees nie. Wie is ons om te sê
dat God nog nooit in die geskiedenis van die wêreld
‘n ledemaat van ‘n geamputeerde persoon laat
terug groei het nie? Dit is ‘n gevolgtrekking wat nie
water dra nie. Ons het historiese rekord dat Jesus
mense genees het, self melaatses wat sekerlik
stukkies van hulle ledemate verloor het. In elke
geval is die melaatse volkome genees. (Mark 1:40-
42; Luk 17:12-14). En so is ook Malchus se oor wat
weer gesond gemaak is nadat dit afgekap is. (Luk
22:50-51). Om nie eers te praat van die dooies wat
Jesus opgewek het nie. (Mat 11:5; Joh 11). Al
hierdie gevalle is onteenseglike bewys dat NIKS vir
God onmoontlik is nie. As God dooies kan opwek
kan Hy beslis geamputeerde mense genees.
Afgetrek van Internet: Oordenking
INHOUDSOPGAWE
Voorblad Nuus............................1
Oordenking……….…............…..2
Redaksie………..…………..........3
Van die Voorsitter………..….......3
Voogdelys…………….….…........4
Verjaarsdae……………...............5
Huweliksherdenkings…..............5
Lief en Leed................................5
Lekkerbek……..….……...…........6
Streeks Baadjies.........................7
Voorraad.....................................7
Uit God se Apteek.......................8
Uit die Natuur………………..…...9
Saamtreknuus……….…...........10
Oplossing van Blokkiesraaisel..12
Blokkiesraaisel..........................13
Tegnies.....................................14
Tieners......................................15
Senior Burgers..........................16
Kleuters……………...…….…....17
Jaarprogram………..………......18
DIE KOSMOS BLADSY 3 VAN 18
‘n PAAR WOORDE VAN
ANDRE
Dagsê Geagte Vriende
Wat ‘n lekker kamp het ons gehad by
Loskopdam. Die weer het ook mooi
saam gespeel en ons het heerlike koel
weer gehad met n bietjie reën.
Die rede vir die lekker kamp was die
klompie kinders wat daar was, iets wat
ons lanklaas gehad het in Oosvaal,
kom ons hou so aan.
Ons maak nou reg vir die Toer in
Maart en die Presidente in April. Nie
baie gesinne gaan die Toer meemaak
nie, maar ons gaan voort en ander
gaan na die wildtuin by ons aansluit te
Swadini. Sien baie uit daarna.
Ek het vir almal die aansoekvorm vir
die Presidente gestuur, dankie aan
julle wat reeds jul besprekings gemaak
het. Ek nooi julle almal weer uit om die
groot geleentheid in SAWA mee te
maak. Julle mis ‘n ervaring wat nie
sommer vergeet gaan word nie en as
jy eers die eerste een doen dan mis jy
nie weer ‘n Presidente kamp nie. Kom
ons kry vir die jaar meer as 10
woonwaens daar. Dit sal wragties
lekker wees, kom ouens stuur in die
aansoekvorms en kom kamp saam.
Sien Julle by die Presidente!
Vriendelike Groete
Andre Erasmus
REDAKSIE
Hallo Vriende
Dit was nogal lekker om weer
soveel kinders te kon sien die
afgelope naweek te Loskopdam.
André het die kinders baie geniet.
Sien die boo-boo’s wat al die
kinders gekry het op die voorblad.
Lyk my die Oosvaal kinders word
al hoe meer. Bring maar nog!
Ek sien André het reeds in sy
verslag gepraat van die
Presidente, en ek wil graag van
my kant ook vir julle vra om ons te
kom ondersteun gedurende die
feestyd wat SAWA elke jaar
aanbied. Julle mis uit!
My en André se amptelike verlof
begin nou Vrydag die 7de, en ons
sien vreeslik uit daarna. Ons
begin met ‘n week in Clarens. Dit
sal die eerste keer wees wat ek in
daardie rigting ingaan. Net daarna
gaan ons op die toer na die
Wildtuin. Baie om na uit te sien!
Die volgende wat julle weer van
ons hoor is na die toer.
Hoop ons sien julle gou weer!
Marianne
DIE KOSMOS BLADSY 4 VAN 18
VOOGDELYS
Andre en Marianne Erasmus (Tel Andre 0833007706; Marianne 0828902019) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Middelbultstr 25, Secunda
Martiens en Alta Grobler (Tel Martiens 0824668110; Alta 0812708916) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Kleynstraat 2, Secunda
Johan en Karin Burger (Tel Johan 082 923 5614) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Vermeerstraat 18, Secunda
David en Rea van As (Tel David 071 867 0129) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Waterberg straat 9, Secunda
John en Yolanda Brummer (Tel Yolanda 079 883 6226) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Waterson straat 11, Secunda
Andre en Annemarie Fourie (Tel Annemarie 082 852 0657 ) e-pos
Adres: [email protected]; Straatadres: Krokodilrivierstr 7,
Secunda
Lance & Retha Batts; Hennie & Monica Oosthuyzen; Gregor & Ria van Deventer; Paul & Anriëtte van Schalkwyk; Neil & Henriëtte van Wyk en Henry Viviers
Kobus & Annatjie Bester; Peet & Elsie Jonker; Corné
& Christa Thirion; Chris & Thiana Bornman; Alta van
Heerden en Peter & Vernice Richard
Francis & Marlize Hodgeman; Edwin & Rene Sieberhagen en Francois & Mariane Ueckermann en Johan & Magda van Dyk
Ronnie & Magda Moorcroft; Theo & Elize Saayman;
Frans & Ohna Steyn; Brad & Astrid Blake en Neil &
Marietta Parks
Nico Botha; Danie & Annelie Meyer en Sakkie &
Gretha Mocke en Gerhard & Ankia van Niekerk
Jacques Fourie; Pierre Fourie; Div & Bella de Villiers;
Wimpie & Rita Meintjes; Gert & Lena van Rensburg
DIE KOSMOS BLADSY 5 VAN 18
VERJAARSDAE
Maart
17 – Edwin Sieberhagen
31 – Annalie Meyer
HUWELIKSHERDENKINGS
Februarie
13 – André Fourie 26 – Sakkie Mocke
LIEF EN LEED
LEED
Dit is wonderlik om te noem
dat ons nie bewus is van
enige leed in ons streek nie.
Miskien is ons dalk net on-
ingelig, of miskien is ons net
geseënd?
LIEF
Michelle Parks breek die 1200m
rekord met 10 sekondes in
atletiek. Die rekord het gestaan
vir 13 jaar. Baie geluk Michelle!
Maart
04 – Kobus & Annatjie Bester
11 – Neil & Marietta Parkes
14 – Sakkie & Gretha Mocke
27 – David & Rea van As
29 – Martiens & Alta Grobler
Februarie
01 – Ronnie & Magda Moorcroft
02 – Gregor & Ria van Deventer
14 – Francis & Marlize Hodgman
DIE KOSMOS BLADSY 6 VAN 18
LEKKERBEK – PATATROL
Resep ingestuur deur Rea van As
BESTANDELE: 1,5 kg patats gaar sonder suiker gekook 250ml suiker 250ml botter 5ml sout 2 rolle skilferkors 20ml kaneel METODE:
Verhit oond tot 180°C Rol deeg dunner. Skep afgekoelde patats op deeg en sny in skywe. Pak pan. Smelt botter en suiker en giet oor die rolle. Bedek met foelie en bak vir nog 10 minute tot bruin. Moenie die kaneel vergeet nie!
DIE KOSMOS BLADSY 7 VAN 18
STREEKS BAADJIES
Sawanante
Ons is baie opgewonde oor die nuwe baadjies vir die die Streek. Sien foto onder.
Plaas asseblief so gou moontlik jul bestellings by Martiens en Alta Grobler
S - L XL – 2XL 3XL – 5XL
Mens All weather jacket
R 250 Ladies All weather jacket
Bogenoemde prys sluit die koste van die borduur uit. Kontant met alle bestellings
asb.
VOORRAAD
Voorraad Beampte: Annemarie Fourie
Sweetpakke Boshoed Sirkel & Snorre Windjakker Windjakker (Waterdig) Oosvaalhemde Oosvaalpette Alle verkope – Kontant met bestelling
DIE KOSMOS BLADSY 8 VAN 18
UIT GOD SE APTEEK – Patats
Artikel uit TUISAPTEEK van Anna Eksteen
Patats is glad nie familie van die gewone aartappel nie en het ‘n laer glikemiese indeks as aartappels.
Patats bevat uiters min vet, werklik baie vitamien E, asook vitamien C en B6 en 'n magdom minerale, antioksidante, yster, betakaroteen, mangaan, sink, kalium en natuurlik ook 'n hoë oplosbare vesel inhoud.
Die ekstra kalium en magnesium in patats help om die simptome van menopouse te reguleer.
Patats is die antwoord vir ‘n gesonde vel. Dit bevat betakaroteen wat die liggaam help om vitamien A te vervaardig en help om jou vel gesond te hou. Betakaroteen gee ook jou immuunstelsel ‘n hupstoot.
UIT GOD SE APTEEK – Pietersielie
Artikel uit TUISAPTEEK van Anna Eksteen
Alhoewel altwee tipes baie gesond is, is die plat-blaartipe, met die sterker smaak, die een wat die meeste voordele inhou.
Pietersielie word gewoonlik vir garnering gebruik, maar het jy geweet dit is goed vir jou niere? Pietersielie bevat chemikalieë wat die niere stimuleer en sodoende urienweginfeksies en waterretensie teenwerk.
Pietersielie verskaf vitamien A, wat wondgenesing versnel, vitamien C en B12 wat belangrik is vir die vorming van rooibloedselle en vir die instandhouding van die senuweestelsel.
Te veel knoffel geëet? Kou aan 'n takkie pietersielie. Dit is 'n wonderlike mond en asem verfrisser, en die vitamien C stimuleer die proses waarmee die mond homself skoonmaak.
Dit kan jou liggaam se vermoë om yster uit ander kosse op te neem met tot 60% verbeter.
Dit ontgif die liggaam en help vir artritus, jig, rumatiek, koors, skete en pyne as gevolg van hoë suurvlak en werk sagkens om hoë bloeddruk te beheer. Dit verlig ook prostaatprobleme.
Pietersielie is ook baie goed om jou niere te reinig en kan selfs help om nierstene op te los.
Blaasontsteking gebeur met die beste van ons, maar moenie bekommer nie. Dit is ‘n goedkoop geneesmiddel vir dié kwaal wat jy sommer in jou tuin kan groei.
As jou liggaam bietjie hulp nodig het met spysvertering, is pietersielie ‘n móét in jou kombuis. Dit help jou liggaam om vinniger van ongewensde stowwe ontslae te raak.
Siende dat pietersielie anti-inflamatories is, verlig dit enige pyn in jou gewrigte en sal ook help vir stywe spiere ná ‘n strawwe oefen sessie.
Pietersielie gee die immuniteitstelsel ‘n stewige hupstoot en beskerm teen hartkwale sowel as kardiovaskulêre siektes.
Wil jy jou man vermoor so paar dae voor jy begin menstrueer? Eet eerder ‘n handvol pietersielie. Dié groen krui help ook met waterretensie, ‘n opgeblaasde gevoel, slegte spysvertering en winde.
Weereens is dit beter om pietersielie rou te eet. Sodra jy hom kook, verloor hy baie van sy voedingswaarde en gesondheidsvoordele.
DIE KOSMOS BLADSY 9 VAN 18
Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die diep roep van die Bromvoël kan tot 4 km ver gehoor word. Die mannetjies het ‘n rooi gesig, nek en keelsak en die wyfies het ´n blou merk op die keel. Hulle is karnivore. Die Breëkoparend (Polemaetus Bellicosus; Martial Eagle) Die Breëkoparend kom wydverspreid in Suid-Afrika voor. Hy is lief vir ´n omgewing met groot bome vanwaar hy sy jagveld kan bespied en waarin hy sy yslike groot nes bou - 2 meter breed en 2 meter hoog. Die Swartaasvoël (Torgos Tracheliotus; Lappet-Faced Vulture / Nubian Vulture) Dié aasvoël maak nie baie lawaai nie maar tree erg dominant op wanneer daar aan ´n karkas gevreet word. Sy nes is breër as dié van die Breëkoparend (3m in deursnee) maar nie so diep nie (wissel van 50cm tot 1m). Die Visuil (Fish Owl) Die Visuile lewe graag naby water en in groepe van twee tot drie. Hulle is nagvoëls en kan tot 2kg per dag verorber. En natuurlik, waterdiertjies is hulle lieflingsdisse - selfs ´n klein krokkodilletjie is nie te versmaai nie. Die glibberige diertjies kan hulle gemaklik vang omdat hulle kloue met hakies toegerus is wat hulle gemaklik in die prooidier kan inkap. Die Gompou (Ardeotis Kori; Kori Bustard) Die Gompou is ´n groot en indrukwekkende voël - hy het ´n wit maag en ´n grysbruin rug. As hulle nie broei nie vorm hulle groepe van ongeveer 40 lede. Behalwe sade, insekte, klein diertjies en oorskietvleisies by ´n vangs is hulle baie lief vir die gom van die Akasiabome. Dit verklaar ook die woord 'gom' in hulle naam. Die Saalbekooievaar (Saddlebilled Stork) Die langbene en die rooi snawel en statige houding is opvallende kenmerke van dié spesie.
UIT DIE NATUUR - Die Groot Ses - Voels
Onder die ongeveer 507 voëlspesies wat in die Kruger Nasionale Wildtuin aangetref word, tel
die sogenaamde "Groot Ses", naamlik die Bromvoël, Breëkoparend, Swartaasvoël, Visuil,
Gompou en die Saalbekooievaar.
Bromvoël Breekop Arend Swart Aasvoel
'n Pragtige Visuil n Pragtige Gompou Saalbekooievaar
DIE KOSMOS BLADSY 10 VAN 18
SAAMTREK NUUS
Loskopdam
21 tot 23 Februarie 2014
Die kampkommandante geniet ‘n koppie
koffie
Onse “busy body” besig met iets?
Kuiertyd
Eettyd
Die eerste wa het reeds om 11 uur by die
kampterrein opgedaag – angstig om weer
te kamp en plek vir die vriende te hou. Die
Groblers het teen 3 uur opgedaag en was
net klaar opgeslaan voordat die reën
uitgesak het. Die res moes maar die reën
verduur maar teen 6 uur het almal hulle
staan gekry en kon die naweek in alle erns
begin. Ses waens en een tent het
opgedaag. Ons was bly om nuwe
Sawanate, naamlik Brad en Astrid Blake
met kinders Morgan en Kayden te
verwelkom. Kobus en Hannetjie Roets met
kinders Anko en Henriko asook Hein
Greyvenstein het as besoekers saam
gekamp. (Ons hoop om julle weer te sien).
Na boekevat het almal jaffels geëet en nog
‘n bietjie gesels voordat die kooie
opgesoek is.
Saterdag het helder aangebreek – ‘n
volmaakte kampdag. Na boekevat het
almal ontbyt genuttig en toe die dag met
swem, wildkyk en rondry deurgebring.
Vroeg middag het die vure begin brand en
is skaapskenkels- en hoenderpotjies
voorberei. Die wag was te lank vir die
kinders en hulle het Oom André vir ‘n
watergooi oorlog uitgedaag. Almal was
later papnat. Daarna het ons almal heerlik
om die kampvuur aan die potjies gesmul
en tot laat gesels.
DIE KOSMOS BLADSY 11 VAN 18
SAAMTREK NUUS…Vervolg
Loskopdam
21 tot 23 Februarie 2014
Die besoekers Kobus; Annatjie; Hein en
kinders Anko en Henriko
Die kampkommandante kry erkenning
Yolanda kry die groot boo-boo omdat sy
haar skoene die naweek vergeet het en
omdat sy haar woonwa se goed by die
deur uitgooi
Paul is ons ster van die naweek omdat
hy sy kragkabel (lead) opgesny het om
vir André te help met krag na sy wa
Sondag was ook ‘n heerlike dag. Na kerk
is die formaliteite soos Boo-Boo’s uitdeel,
afgehandel. Almal het rojaal bygedra tot
die koue ete tafel. Ons het heerlik gesmul
voordat die oppakkery begin het.
Sien julle by die volgende kamp!
Johan en Karin
Die manne bespreek iets baie
ernstig...karre??
Die ete na kerk Sondag
Kuiertyd onder die boom Sondag
DIE KOSMOS BLADSY 12 VAN 18
BLOKKIESRAAISEL OPLOSSING
A E I L E O F R E F N A K
G F T B E R G B I E T O U
A R F L Y G A S O N T A S
P A A O S A N V Y G I E G
A N N U D D G Y M S P O O
N G S R P I E P G S B E U
T I V E L T L L L O O K S
H P A E Y R I E A R E E B
U A A N S E E E S T R E L
S N L A B E R G T E E P O
W I S S E I U L E A J G M
H I A S I N T E E A A N T
E E P A R M L O B H S I O
U P A P I E R B L O M R P
N E P A S S T O U R Y E M
I N E G E P O S O A N I E
N S L I E K Y L A S S P O
G I L T R E S E V T O E N
B E N D I T E L Y E L I M
L S A N D U I I R R B J E
O A G S T R R E K L A T O
M S M A L P G N I S R A N
S A N O D E O G I O O K R
Affodille
Agapanthus
Angelier
Aster
Bergbietou
Bergtee
Bloureën
Boerejasmyn
Boslelie
Frangipani
Glastee
Heuningblom
Hiasinte
Kanferfoelie
Katjiepierings
Kooigoed
Kusgousblom
Lelies
Narsing
Noem-noem
Papierblom
Pensies
Roos
Sandui
Vygie
Lelies
Vygie
DIE KOSMOS BLADSY 13 VAN 18
BLOKKIESRAAISEL
Soek die name van 23 boksoorte
B N R Z E B R A B E S T T
L J Y O R L E B E S E S T
O A S P T O B L O U B E S
U L E F F U B A L A A N W
S A B K N W P O T K S B A
B T O A I I U D A O A P T
O Z E B B L I N N B K O E
K R K E L D K A A S K S R
E I N A N E E L J O I O B
T E Y F K B L E S B O K O
S P P R O E O N I R L K
E O R I B E A K B O B I B
E I G E M S B O K S Y P L
B L R L U I K E R I T S Y
E K Y K L O P A B S K P K
T R S O O R K I B O S R O
R E B P E H R O B P L I B
A K O E D O E T B O A N G
H I K E E K E H O B N G N
I U K R K I N I L B I E I
O D O D R E T S O N E R R
O E R V A A R K I E S E P
R S N E P T I W T R A W S
DIE KOSMOS BLADSY 14 VAN 18
Do You Need a Caravan Stabiliser?
The short answer to this question would have to be no. We don’t NEED a
caravan stabiliser and they should never be used as a replacement for careful
driving and towing but they can add an extra layer of safety and comfort while
towing high sided trailers like caravans.
Three Ways to Better Caravan Stability
Yes only three that is all it takes to ensure you have better caravan stability and
one of them is not to add a caravan stabiliser.
1. Make sure the car you have is not only capable of towing the caravan but
is safe to do so. Many small cars are more than capable of towing larger
caravans but when other factors are included like high winds or steep hills
then they are just not safe enough to be pulling something bigger than
themselves.
2. Load the caravan correctly. Heavy things should be ideally in the boot of
the car but if you must have them in the caravan ensure they are low
down secured and on or near the axel of the caravan.
3. Tyre pressure. Sounds simple I know but you would be surprised the
number of people who rely on the garage to check their tyre pressures,
even on their cars. Before any long journey back home or away you
should check the tyre pressures.
If you take head of these three simple points then you may be forgiven for asking
why do we waste our money on buying a caravan stabiliser. While it is true that
these three points will help improve the stability of your caravan while being
towed there will be external forces that no matter how much towing skills and
experience you have will cause your caravan to rock and sway. It’s for these type
of incidents that a caravan stabiliser was developed, so using this as an extra
layer of safety, is the best way to consider caravan stabilisers.
TEGNIES
Caravan Stabiliser
DIE KOSMOS BLADSY 15 VAN 18
Terwyl ‘n vrou een aand die tafel
dek en haar dogtertjie haar help,
sê die dogtertjie skielik:
“As ek kon kies, sou ek liewer ‘n lepel wees!”
“’n Lepel? Wat van ‘n mes of ‘n vurk?” wou
die Ma by die dogtertjie weet.
“Vurke is te gryperig, hulle steek altyd goed
en vat goed asof dit hulle s’n is!”
“Goed, wat van ‘n mes?”
“Nee, messe is scary; hulle sny dinge op en
vernietig dit!”
“Maar lepels” het die dogtertjie gesê, “kan
baie goed optel en dit selfs aangee. Hulle is
net…..”
“Goed en glad en vriendelik?” stel die Ma toe
voor.
Die dogtertjie se gesiggie het opgehelder:
“presies! Daarom wil ek eerder ‘n lepel
wees!”
Wees ‘n lepel in ‘n wêreld vol vurke en
messe. Lepelmense dien ander. Dis wat
Maria was toe sy daardie fles parfuum
oopgebreek het en oor Jesus se voete
uitgegooi het.
Ingestuur deur Magda van Dyk
NUWE LEDE
Baie welkom aan die Blake gesin. Brad,
Astrid en die kinders Morgan en Kayden
DIE KOSMOS BLADSY 16 VAN 18
SENIOR BURGERS
Herrie se kerrie:
Die afgelope paar dae het die Herries twee keer besoek ontvang van ‘n gebore Afrikaner maar nou van
Panama, Ian Eloff. Van Zastron se wêreld oorspronklik waar sy pa ‘n sendingdokter was. Oor hoe Ian sy
Engelssprekende meisie van Wellington ontmoet het, hoe haar ma haar met ‘n kennis van prins Charles wou
laat afhaak, en hoe sy toe sy op die boerklong besluit en onterf is, gaan oom Herrie nog ‘n lekker storie skryf.
Maar oom Herrie gaan nie die eerste wees nie. Een van Ian se seuns het ses boeke oor sy ouers se verhaal
geskryf, alles terwyl hy nie gebruik van sy arms gehad het nie, en met ‘n stokkie moes tik en ‘n muis wat
spesiaal vir sy voete aangepas is. Dis nie ‘n storie wat oom Herrie gou-gou kan afblits nie, en byna nog niks
van die merkwaardige verhaal is hier vertel nie. Maar Ian, op besoek aan Suid-Afrika om die 150se
bestaansjaar van St Andrews te kom bywoon, is nog ‘n boere-storieverteller ook. Hiervoor kyk hy en vroulief
doer in Panama na Vetkoekpaleis en Orkney Snork nie, maar veral lees hulle Herman Charles Bosman se
stories. Die man wat in Engels die Afrikaanse idioom en styl so meesterlik kon weergee.
Oorkant die rivier van Zastron, in die Noordoos-Kaap het ‘n jong boer, Gert, gewoon, en hy en sy maat Frans
gaan jag by geleentheid in die Kalahari. Hulle skiet ‘n leeu, en sien toe eers dat die leeu ‘n welpie gehad het.
Die welpie verhuis toe plaas toe. Hans, die welpie, word toe ‘n yslike oorlamse Kalaharileeu. So mak soos
Hans was, het dit nietemin die jong boer se kanse om vrou te vat in die wiele gery, en Gert bel die dieretuin in
Johannesburg om te verneem of hulle dalk in Hans sou belangstel. Die dieretuin is gewillig, maar weens ‘n
geldknyp verneem hulle of Gert nie maar self vir Hans sal bring nie. So vertrek Hans agterop die bakkie, met
sy baas en Frans voorin, uit die Noord-Kaap Sodom toe. Maar dis ver, en die verveling raak erg, en hoe
nader die spulletjie aan Parys kom (lank voor die tolpad), hoe meer word gewonder of daar nie dalk in plaas
van Barrage en Goldenhoofweg by Uncle Charlie’s verbygery, nie dalk liewer Fochville om gery moet word
nie.
“Wanneer laas het jy ‘n myner gem*or” wil die erg verveelde Gert by sy maat wees.
Nee, Frans kan nou nie onthou of hy al die “voorreg” gehad het nie. So is dit uitgemaak – daar sal oor
Fochville gery word. In Fochville is die kroeg toe ook goed vol myners toe hulle instap. En nie lank nie, toe
word daar geskoor, en nou ja, Frans en Gert kom toe ordentlik laaste en tweede laaste, en word na ‘n
deeglike afranseling uitgesmyt.
Hulle kom langs die bakkie tot verhaal, van waar Hans hulle vraend van bo betrag.
“Dink jy wat ek dink?” vra Gert vir Frans toe hy so in Hans se vraende oë kyk.
“Ja!”
Hans word losgemaak, en so aan die tou gelei stap Gert en Frans met Hans die kroeg in.
‘n Oomblik later is die kroeg ontruim. Hans klouter op die kroegtoonbank van waar hy die chaos van
omgekeerde tafels, stoele en glase dromerig betrag.
Gert en Frans skink weer omdat die myners laas hul glase uitgegooi het – oom Herrie meen dis waar die
uitdrukking “leeuplesier” vandaan kom – en teug rustig aan hul drankies toe die polisie opdaag.
Die seniors druk die jongste onder hulle eerste by die kroeg in, en gebruik daarvoor ‘n masjiengeweer se
loop. Maar binne gewaar almal dat Hans nou nie juis gevaar inhou nie, en Hans betrag die polisie ook net
dromerig. Die situasie word verduidelik.
Die twee boere word mooi gevra om hul drankies asseblief klaar te drink, vir Hans te vat en Johannesburg se
dieretuin toe te ry sonder om iewers weer stil te hou om met myners te skoor.
Jare daarna het besoekers aan die dieretuin nog vertel, het Hans daar op ‘n groot rots gesit en die wêreld so
betrag, kompleet soos daai dag op Fochville se kroegtoonbank.
Herman Toerien
DIE KOSMOS BLADSY 17 VAN 18
VIR DIE KLEUTERS
DIE KOSMOS BLADSY 18 VAN 18
KONTAK ONS
SAWA Webwerfadres - http://www.sawa.org.za/
SAWA eposadres - [email protected]
Die KOSMOS word uitgegee deur Streek Oosvaal van die SA Woonwa-Assosiasie (SAWA). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word
deur die Redakteur verantwoord.
OOSVAAL BANK
BESONDERHEDE
Penningmeester:
Johan Burger
Bank : Standard Bank,
Secunda
Rekeningnommer : 137501072
Takkode 05344
Nuusblad van Streek
Oosvaal van die Suid‐Afrikaanse Woonwa‐Assosiasie
Redakteur en bladuitleg:
Marianne Erasmus,
Posbus 5666, Secunda, 2302
Tel: 082 890 2019 (Sel)
Epos: [email protected]
Drukwerk en verspreiding: Andre en
Marianne Erasmus
Oosvaal 2014 jaarprogram
Datum Plek Tarief
24 – 26 Jan Tamboti Vreugdeplaas Verby
21 – 23 Febr Loskopdam Verby
21 Mrt – 4 Apr
Wildtuin Toer Onder Sabie 21-25 Maart Maroela 26-29 Maart Swadini 30 Maart – 5 April R218 per nag
17 – 21 Apr Presidente (Klipdraai) R150 per nag
23 – 25 Mei Soetdoring R250 per nag
27 – 29 Junie Badplaas R190 per nag
Tarief nie bevestig nie
18 – 20 Julie Natal Spa R110 per persoon per nag kinders (6-12j)
R70 per nag
15 – 17 Aug AJV Malonjeni R200 per nag
Tarief nie bevestig nie
19 – 21 Sept Nasionale Kamp (Koppisol)
24 – 26 Okt Riverside Lodge R160 per nag
21 – 23 Nov De Voetpadkloof R230 per nag
NB: Ons sal die tariewe insit soos dit beskikbaar kom