12
Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOS Hfst 5:6 – “Vra na die wil van die Here, dan sal julle lewe.” Bedieningsriglyne - 3de Kwartaal 2016

Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 2: Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

18 Julie 2016

Hallo almal,

ʼn Skrywer maak die stelling dat die koerante jou op hoogte hou van “dinge wat nasionaal en

internasionaal verkeerd en korrup is. Dit is presies wat die boek Amos doen – nie net met

betrekking tot sy tyd nie, maar juis ook vir die tyd waarin ons leef.

Daar is egter ʼn belangrike verskil tussen Amos en ʼn koerant. Dit wat verkeerd is, word in die

boek Amos met God in verband gebring. As Amos dinge in die gemeenskap uitwys wat

verkeerd is, doen hy dit nie op grond van wat mense meen reg en verkeerd is nie. Amos

beoordeel menslike optrede uit God se perspektief. Dit maak Amos vir ons ʼn aktuele

boek, want hier hoor ons wat God dink van wat mense doen. Ons kan Amos tipeer as die

profeet van God se geregtigheid.”

Die boek Amos begin met ʼn reeks uitsprake teen Israel se bure wat hulle van alle kante

omring. Elkeen hiervan is nie Amos se interpretasie nie, maar as profeet begin hy elkeen met

“ So sê die Here........”

Hy skroom ook nie om Israel se ongehoorsaamheid aan te spreek nie. Na ʼn visioen sluit

hierdie profesie af met verlossing en herstel. Die Here maak heel wat stukkend is!

Amos verkondig die Here as die enigste God.

God het sy volk gekies en is naby hulle.

God stel eise aan sy volk.

God is genadig en barmhartig.

Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word en

daarna strewe om na die wil van die Here te vra. (Amos 5: 6)

Groete en liefde

Di. Gerhard, Danie en Petrus

Gerhard – [email protected] - 071 613 3160 (langverlof tot 15 Aug 2016)

Danie – [email protected] – 072 272 9631 Petrus – [email protected] 082 456 0235 en 012 997 2010

Page 3: Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

Week 1 Inleiding

Bybelstudie: Maandag 18 Julie 19:00 by die kerkgebou. Voorbereiding: Week 1 en 2 se vrae as

vertrekpunt. Senior Bybelstudie Donderdag 21 Julie 13:30 in die konsistorie – Almal is welkom!

Voorbereiding: Openbaring 3:7-13

Die boek Amos, tydgenoot van Jesaja, Jona, Miga en Hosea, volg derde in die ry van die

Twaalf Kleiner Profete, waarskynlik om die wydverspreide problematiek van

ongeregtigheid aan te roer, veral sosiaal-polities (verdrukking, uitbuiting, mensehandel,

afpersing, mishandeling en uitbuiting van armes en weerloses tot eie voordeel,

onsedelikheid, geweldadigheid – veral geweld teenoor vroue en kinders, verontregting en

omkopery in die regstelsel, kontrakbreuk, ongebreidelde geldgierigheid) en geestelik-

godsdienstig (sinkretistiese afgodediens, godsdiens sonder geregtigheid).

Amos roep ook die Noordelike tienstamme ryk op tot hereniging met die Suidelike

tweestamme ryk van Juda, gemotiveer met die belofte van die herstelde Dawidiese

koninkryk met Jerusalem as sentrum.

Amos was die eerste van die Skrifprofete en tree op in die tyd van koning Ussia van Juda,

en Jerobeam II van Israel, twee jaar voor die aardbewing van 760 v.C

Die naam en die skrywer van die boek Die boek dra die naam van die profeet Amos deur wie die Here tot sy volk hierdie profesieë gespreek het. Die profeet se naam beteken lasdraer. Anders as by van die ander profete word Amos se vader se naam nie genoem nie. Amos distansieer homself ook van die bekende profetegroepe (7:10-17) en meld dat hy maar net ʼn boer is wat deur die Here in diens geneem is om as profeet op te tree. Hy het met skape en wildevye geboer. Hy is afkomstig van Tekoa wat sowat sestien kilometer suid van Jerusalem in Juda geleë is.

Die agtergrond van die skrywer en die boek Die buitelandse omstandighede was in dié tyd vir Israel baie rooskleurig. Sirië kon die die Assiriese imperialisme bedwing. Dus was die noorde vir Israel in hierdie stadium veilig. Jerobeam en Ussia was albei bekwame en effektiewe konings. Hulle het die volk tot die hoogtes gebring wat baie naby was aan die tyd toe Salomo geregeer het. Dit is nou wat politieke stabiliteit, materiële voorspoed en veiligheid betref. Dit is veral die boonste deel van die samelewing wat uit hierdie welvaart voordeel getrek het. Hulle het oorgenoeg gehad om te eet en fees te vier. Maar sulke welvaart het ook nadele. Die inflasiespiraal het kleinboere laat sug en bedrog en korrupsie het toegeneem. Die armes is veral uitgebuit.

Ten spyte van die ooglopende onreg wat geheers het, was die volk godsdienstig baie besig. Hulle het gereeld hulle feeste gevier waar hulle offers gebring het. Die heiligdomme by Bet-el, Gilgal en Dan is druk besoek. Baie was oortuig dat die Here aan hulle kant was en valse gerustheid het by hulle posgevat. Hulle het maar net gewag dat die Here die vyande van die volk sou verdelg. (Aangehaal)

Page 4: Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

Week 2 Amos1

Huisgodsdiens

Maandag 25 Julie 1. Wat is van Amos bekend? 2. Teen watter agtergrond vind die profesie van Amos plaas? 3. Konings - 2 Kon 14:23vv

- 2 Kron 26 Dinsdag 26 Julie 1. Waarom word daar telkens na “drie, nee ‘n vierde sonde” verwys? (3,6, 9, 11, 13) 2. Waarom is die beeldspraak wat Amos gebruik opvallend? 3. Watter volk het in Damaskus gewoon en waarom is hulle verdelging vir Israel so

belangrik? (v3-5) 4. Let op die ligging van Filistea, Tirus en Edom. God voltrek sy oordeel rondom Israel.

Ten einde laaste word die sirkel al nouer getrek totdat Israel self geoordeel word. Woensdag 27 Julie 1. Watter omstandighede beïnvloed God se oordeel oor die volke? (3b, 6b, 9b, 11b, 13b) 2. Wat openbaar God hierdeur van Homself?

Donderdag 28 Julie 1. Probeer om die sondes van die verskillende volke soos dit moontlik vandag kan

voorkom, konkreet te beskryf: v3 – marteling by Gilead – v6,9 – wegvoer van ballinge – v11 – mensemoordenaars - (vgl Gn 27:40) – Esau se nakomelinge is Edomiete v13 – gebiedsuitbreiding – (vgl 1 Sam 11, Rigt 3;12-14)

Vrydag 29 Julie 1. Watter simboliese betekenis het die vuur waarmee die Here alles verteer?

Page 5: Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

Week 3 Amos 2

Bybelstudie: Maandag 01 Aug 19:00 by die kerkgebou – Almal is welkom! Voorbereiding: Amos 2

Senior Bybelstudie Donderdag 04 Aug 13:30 in die konsistorie- Openbaring 3:14-22

Huisgodsdiens

Maandag 01 Aug 1. Wie was die Moabiete? 2. Waarom was dit ‘n oortreding om beendere te verbrand en waarom voltrek die Here sy

oordeel met vuur (v2)? 3. Waarmee is Moab uitgewis en watter simboliek lê daarin? Dinsdag 02 Aug 1. Wat was die hoofelement van Juda se sonde (v4,5)? 2. Watter ander stam was deel van Juda (2 stamme ryk)? 3. Is die aanwesigheid van meer sondes rede vir ‘n groter veroordeling (klein/groot

sonde)? 4. Deur wie en wanneer is God se oordeel oor Juda voltrek? Woensdag 03 Aug 1. Waarom veroordeel God mensehandel (v6)? 2. Na watter sonde word in vers 7 verwys? 3. Wat leer ons van die sonde in vers 7b? Lees ook Rm 2:24 en 1 Kor 5:1 Donderdag 04 Aug 1. Waarom was dit ‘n oortreding om iemand se klere te vat? Eks 22:26,27 2. Waarom is daar vandag nie meer nasireërs nie? 3. Waarteen waarsku v13-16? Vrydag 05 Aug 1. Let op hoedat vers 1 en vers 16 met dieselfde woorde begin en eindig 2. Watter oortredinge bestaan daar in my lewe/omgewing? 3. Hoe gaan ek hierteen optree?

Week 4 Amos 3

Huisgodsdiens

Maandag 08 Aug 1. Waarom verwys die Here na “al die stamme” wat Hy uit Egipte laat trek het? 2. Bespreek die feit dat hulle uitgekies is en nou gestraf word. Dinsdag 09Aug 1. Wat is die bedoeling van die retoriese vrae in vers 3-7? 2. Wat is die verband tussen die leeu wat brul en God wat praat? (v8) 3. In vers 9 word die uiterlike skoonheid van die huise beskryf. Wat is vir God

belangriker?

Page 6: Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

Woensdag 10 Aug 1. Teen watter gevaar waarsku die Here in vers 11? 2. Op watter manier word die Here se oordeel in vers 12 voltrek? Donderdag 11 Aug 1. Waarom laat die Here al die altare verdwyn? (v14) 2. Waarom laat die Here al die huise verdwyn? Vrydag 12 Aug 1. Watter waarskuwing word vir ons hierin opgesluit? 2. Op watter terreine moet ons ons eie sake dringend in orde kry?

Week 5 Amos 4

Bybelstudie: Maandag 15 Aug 19:00 by die kerkgebou – Almal is welkom! Voorbereiding: Amos 4

Senior Bybelstudie: Donderdag 18 Aug 13:30 in die konsistorie – Almal is welkom! Voorbereiding:

Openbaring 4

Huisgodsdiens

Maandag 15 Aug 1. Is vers 1 ‘n kompliment of ‘n belediging? 2. Watter gedrag het die koeie van Basan getoon? 3. Vergelyk en bespreek die vrou in Spr 31, 1 Pt 3 en die in Amos 4?

Dinsdag 16 Aug 1. Watter deugde is belangrik? 2. Watter oortreding het die vroue begaan? 3. Waarom het die Here ‘n eed geneem? Woensdag 17 Aug 1. Watter oordeel het al begin aanbreek in vers 3? 2. Waarom was Gilgal en Betel belangrik (Jos 4)? 3. Is dit moontlik dat die Here die mens aanmoedig om te sondig? (v4-6) Donderdag 18 Aug 1. Waaraan het die volk hulle in v4-6 skuldig gemaak? 2. Hoe het die Here probeer om die volk tot bekering te roep? 3. Hoe word ons vandag tot bekering geroep? Vrydag 19 Aug 1. Bespreek die kontras tussen “God van rampe” (v6-11) en die “Here” in vers 13. 2. Waarna verwys vers 11? 3. Watter reaksie is daar op God se oordeel? 4. Vergelyk vers 12-13 met Psalm 19 en toon die terreine aan waar God eer en vrees

moet ontvang.

Page 7: Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

Week 6 Amos 5

Huisgodsdiens

Maandag 22 Aug

1. Wanneer word ’n treurlied gesing? By watter of na watter geleenthede en omstandighede?

2. Is dit gepas om die treurlied voor die hierdie gebeurtenis reeds te sing? Hoekom het Amos dit nou reeds geskryf?

3. Kan Israel uit eie krag weer opstaan? Het hulle weermag enige kans?

Dinsdag 23 Aug

1. Waarna moet die volk soek (Vers 4)? 2. Hoekom sal hul lewe as hul na die wil van die Here soek? 3. Wat was in Bethal, Gilgal en Berseba waarna die volk sou gaan vir raad?

Woensdag 24 Aug

1. Hoe word die oordeel van die Here teenoor Josef se nageslag uitgebeeld? Kan ons die wil van die Here keer?

2. Vers 5-9 vind ons ʼn loflied van die Here. Selfs in hierdie treurlied kan daar nie anders om die lof en grootheid van die Here te besing nie. Hoe word die besing?

3. Sal uitbuiting en korrupsie altyd bly staan? Hoe staan sulke persone teenoor die waarheid? Verse 10-13.

Donderdag 25 Aug

1. Vers 13. Hoekom bly die verstandige mens stil in hierdie tyd? 2. Vers 14-15. Alhoewel vers 14 noem dat die verstandige mens moet stilbly, hoe moet

die optrede van die volk/oorblyfsel wel lyk? 3. Die gedeelte as treur lied word weer in vers 16 en 17 uitgelig. Is daar enige plek of

iemand wat nie deur die straf van die Here geraak word nie?

Vrydag 26 Aug

1. Wat het die volk verwag gaan gebeur met die dag van die Here? Wat gaan egter

gebeur? Vers 18 en 21.

2. Hoekom is die volk se offers en feeste nie vir die Here aanneemlik nie? Wat soek

die Here van hulle? Vers 21-25

3. Op wie het die volk hulle hoop gestel? Gaan dit hul help as die oordeel van die

Here kom?

Page 8: Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

Week 7 Amos 6

Bybelstudie: Maandag 29 Aug 19:00 by die kerkgebou, Amos 6, asook Senior Bybelstudie

Donderdag 01 Sept 13:30 in die konsistorie, Openbaring 5 – Almal is welkom!

Huisgodsdiens

Maandag 29 Aug

1. Hoe leef die mense wat ryk geword het deur die uitbuitting van ander? Vers 1. 2. Waarop maak die koningshuis staat? 3. Hoe vergelyk hulle mag/koninkryk teenoor die van hulle bure? Hierdie stede het

almal tot ’n val gekom.

Dinsdag 30 Aug

1. Waarmee hou hulle hulleself besig in vers 3-6? 2. Is hulle bekommerd oor hulle ewige bestemming? Is die mense rondom ons vandag

bekommerd oor wat hulle ware lot is? 3. Wat is die uiteinde van hierdie volk in vers 7?

Woensdag 31 Aug

1. Hoekom lê die Here ʼn eed af by Homself? Vers 8. 2. Waarvan/waaroor het die Here veral ʼn afsku aan Jakob? Vers 8.

Donderdag 01 Sep

1. Vers 9-11 gaan weer oor die toorn van die Here oor Israel. Hoekom moet die bene/liggame verbrand word?

2. Hoekom is die mense bang om selfs die Naam van die Here te noem? Hoe is ons verhouding egter nou met die Here deur die verlossingswerk van Christus? Hoe spreek ons die Here aan?

3. Is dit net die mense wat vernietig word deur die Here se oordeel? Wat word van die huise?

Vrydag 02 Sep

1. Vers 12 gebruik twee beelde om aan te wys hoe ontmoontlik/onvanpas dit is om hierdie dinge te doen. Wat doen die volk egter met die regspraak?

2. Lo Dabar beteken niks. Waaroor het hulle dan verheug? 3. Wat gebeur sodra ons staatmaak op ons eie krag? 4. Hoe gaan die nasie oor hulle heers wat die Here gaan stuur? Van die noorde tot die

suide gaan in vyandshande val.

Page 9: Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

Week 8 Amos 7

Huisgodsdiens

Maandag 05 Sep 1. Watter gevolg sou die sprinkane se optrede in vers 1 hê? 2. Hoe sou die vuur die landbou beïnvloed? 3. Kan ‘n mens die Here van sy voorneme laat afsien? Wat beteken dit as God berou

kry? Dinsdag 06 Sep 1. As Amos vir die volk intree, besef hy ‘n goue waarheid waarop hy aanspraak maak.

Wat is dit volgens vers 2 en 5? 2. Amos tree as voorbidder na vore. Wat is voorbidding?

Waarom moet ons vir ander bid? Het God ons gebede nodig? Kan ons sy besluite verander?

3. Noem nog voorbeelde waar voorbidding die afloop van gebeure geraak het. Woensdag 07 Sep 1. Waarvoor is ‘n skietlood gebruik en wat is die betekenis hiervan? 2. Hoe werk God vandag in sy gebou/kerk? Donderdag 08 Sep 1. Watter verskil is daar in die optrede van Amos en Amasia? 2. Van wie ontvang Amos sy gesag? In watter mate is ons optrede gesagvol? 3. Wat leer vers 12-14 ons oor die kerk?

Volkskerk

Volk van God

Vrydag 09 Sep 1. Waar is die grens tussen kerk en staat? 2. Let op die verskriklike gevolge van die Here se straf in vers 16 3. Wat sou die Here sien as die skietlood by Rietvallei aangelê word.

Page 10: Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

Week 09 Amos 8

Bybelstudie: Maandag 12 Sept 19:00 by die kerkgebou, Amos 7, asook Donderdag 15 Sept 13:30

in die konsistorie, Openbaring 6:1-8. – Almal is welkom!

Huisgodsdiens

Maandag 12 Sep

1. Vers 1: Waaraan laat ʼn mandjie ryp vrugte jou dink? Is ryp vrugte aan die begin of einde van die seisoen?

2. Let mooi op die woordspeling tussen “ryp vrugte” en die “tyd is ryp”. Wat sal dan gebeur?

Dinsdag 13 Sep

1. Wie moet luister na die woorde van die Here? Vers 4. 2. Waaraan dink hulle wanneer hulle die feesdae van die Here bywoon? Vers 5. 3. Wens ons ook Sondae en feestye soos Paasfees en Kersfees verby sodat ons kan

voortgaan met ons werk? Spandeer ons die nodige tyd met ons gesin en met osn medegelowiges?

Woensdag 14 Sep

1. Vers 6. Dink jy daar is nog sulke praktyke in ons land en omgewing? Wat is egter die verloop/uiteinde wanneer jy die oneerlik is in jou besigheid?

2. Wie moes die trots van Jakob gewees het? 3. Watter dade sal die Here nooit vergeet nie? Beteken dit dan dat die Here nie sonde

vergewe nie? Wat doen die Here egter met ons sonde?

Donderdag 15 Sep

1. Watter omstandighede beskryf verse 8-10? 2. Wat gaan hulle uiteinde wees? Hoekom dink jy het die volk nie ag geslaan opal

hierdie verskriklike waarskuwings van die profete nie?

Vrydag 16 Sep

1. Na wat gaan die mense honger?

2. Leef ons van brood alleen of kan jy ʼn ander hongersnood in jou lewe hê?

3. Gaan hulle egter die woord van die Here vind? Hoekom nie? Is dit nie wreed van

die Here nie?

Page 11: Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

Week 10 Amos 9

Huisgodsdiens

Maandag 19 Sep

1. Wat gaan met die heiligdom/altaar gebeur? 2. Wat gaan met hierdie persone wat daar aanbid het gebeur? Kan hulle enigsins

wegvlug van die Here se oordeel? 3. Wat leer die Here egter ook vir ons oor sy liefde en genade? (Rom 8:35-39 en

Psalm 103:1-4).

Dinsdag 20 Sep

1. Verse 5 en 6 beskryf die almag van God. Sien ons die almag van God net in sy skeppingsmag?

2. Wat gaan gebeur as Hy die aarde aanraak?

Woensdag 21 Sep

1. Het die Here mag oor die ongelowige nasies ook? 2. Waaruit sien ons weereens die Here se genade in vers 8? 3. Wat is verkeerd met die waarde van die volk in vers 10?

Donderdag 22 Sep

1. Watter beeld kry ons in vers 11? 2. Hoekom gaan die Here dit doen? 3. Gaan Hy dit doen?

Vrydag 23 Sep

1. Vers 13 klink dit amper vreemd dat dit wat eintlik die gewone is gaan gebeur, die

volk wat vir lank in ballingskap nie dit gaan ervaar nie.

2. Vers 13 en 14 kry ons weer die seën van die Here, ook van dit wat die grond gaan

oplewer.

3. Vers 14 is die ommekeer nadat die res van die boek grotendeels gehandel het oor

die oordeel wat wag, maar tog is daar weer seën en liefde by die Here.

4. Vers 15 is dit nie net die wingerde wat herplant gaan word nie, maar die volk word

as ware ook weer geplant en gaan groei en vrug dra.

5. Wat is die belofte wat in vers 15 gegee word?

Page 12: Die Gereformeerde Kerk Rietvallei AMOSgkrietvallei.co.za/gkr16/wp-content/uploads/2016/06/... · Mag ons in die volgende weke deur die Heilige Gees tot ware selfondersoek gelei word

Week 11 SLOT

Bybelstudie: Maandag 26 Sept 19:00 by die kerkgebou asook Donderdag 29 Sept 13:30 in die

konsistorie – Almal is welkom! Voorbereiding: Amos 9 en Openbaring 6:9-17

Huisgodsdiens

Gebruik die voorafgaande weke se Bybelstudie vir ware selfondersoek en bid om die leiding

van die Heilige Gees om die volgende tabel te voltooi:

Voorbeelde: Reg en geregtigheid, Onreg, Genade, Uitbuiting, Dag van die Here ens.

Ek moet die volgende in orde kry

Aksiestappe Sake vir voorbidding

1 Maandag 26 Sept Voorbeeld: Onreg

Bely en tree eerlik op

Dat ek my eie onreg raaksien.

2 Dinsdag 27 Sept

3 Woensdag 28 Sept

4 Donderdag 29 Sept

5 Vrydag 30 Sept