16
997 2010 FIFA WÊRELDBEKER JAAR Die jaar 2010 is beslis 'n geskied- kundige jaar vir Suid-Afrika. Dit is 'n jaar gekenmerk deur ongetwyfeld die grootste enkele gebeurtenis dusver – gemeet aan uitgawes, betrokkenheid, kontroversie en nog 'n klomp ander oorwegings. Suid-Afrika is die gasheer van hierdie 19de FIFA Wêrelbeker wat geskeduleer is om tussen 11 Junie en 11 Julie vanjaar plaas te vind. Dit is die kulminasie van 'n kwalifikasie- proses wat in Augustus 2007 begin het en waaraan 204 van 'n moontlike 208 FIFA nasionale spanne deelgeneem het. As sodanig ewenaar dit die 2008 Somer Olimpiese-Spele as die sportgeleentheid met die meeste deelnemende nasies. Hierdie is die eerste maal wat hierdie toernooi aangebied word deur 'n Afrika -nasie, nadat Suid-Afrika vir Marokko en Egipte uitgestof het in 'n Afrika- alleen bod-proses. Italië is die verdedigende kampioene. Die trekking vir die finale wedstryde het op 4 Desember 2009 in Kaapstad plaasgevind. Afrika was as gasheer gekies as deel van 'n nuwe beleid om die gebeurtenis te roteer tussen sokkerfederasies (welke beleid later in Oktober 2007 ge- abandoneer is). Vyf nasies het gebie vir die geleentheid om as gasheer op te tree in 2010: Egipte, Libiê/Tunisië (gesamentlik), Marokko en Suid-Afrika. Nadat FIFA se Uitvoerende Komitee besluit het om nie gesamentlike aanbiedinge toe te laat nie, het Tunisiê Die Doringtak Nr. 48 Januarie 2010 Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND Posbus 3501, Pietersburg 0700 ( (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 295 7016 E-pos: [email protected] Bank: J J Steinberg Bond, ABSA Spaarrekening 38065851803. Tak Kode 632005 998 $24 miljoen – Naaswennersposisie $30 miljoen – Wenners As 'n eerste vir die Wêreldbeker, sal daar ook vanjaar deur FIFA betalings gemaak word aan die tuisklubs van die spelers wat hulle lande verteen- woordig by die toernooi. 'n Totaal van €26 miljoen (L.W. Euro’s!) sal so uitbetaal word, wat net meer as €1000 per speler per dag beloop. Die amptelike gelukbringer vir die toernooi is Zakumi, 'n vermenslikte luiperdjie met groen hare. Sy naam is saamgestel uit “ZA”, die internasionale afkorting vir Suid-Afrika, en “kumi”, 'n woord wat “tien” beteken in verskeie Afrika tale. Sy kleure, geel en groen, weerspieël Suid-Afrika se spelers se wedstrydkleure. Die amptelike wedstrydbal vir die Toernooi word genoem “Jabulani”, wat beteken “bring vreugde vir almal” in isiZulu. Dit word gemaak deur Adidas. Die getal “11” speel 'n prominente rol in die nuwe tegnologies gevorderde bal: dit is die 11de Wêreldbeker- toernooi waarvoor dié Duitse sporttoerustingvervaardiger spesiaal die balle vervaardig, een vir elke speler in die span, en daar is 11 amptelike tale in ons land. Daarby begin die toernooi op die 11de dag van Junie, en eindig op die 11de dag van Julie. Soos met enige gebeurtenis van hierdie omvang, is die organi-seerders geteister met allerlei bedenkinge, en opportunistiese politieke en werkers- groepe het die prominensie van die geleentheid aangegryp om misnoeë met 'n verskeidenheid van omstandighede te betuig op allerlei maniere ... feitlik op ‘n afpers-basis. onttrek. Libië se bod is afgekeur omdat die land nie aan al die neergelegde vereistes voldoen het nie. Na slegs een rondte van stemming het FIFA president Sepp Blatter op 15 Mei 2004 by 'n media-konferensie in Zürich aangekondig dat die gasheer-regte aan Suid-Afrika toegeken is, en dat ons Marokko en Tunisië uitgestof het. As die gasheer-nasie het Suid-Afrika outomaties gekwalifiseer, maar omdat die kwalifiserings-rondtes gelyktydig gedien het as kwalifisering vir die 2010 Afrika-Nasies Beker, moes Bafana- Bafana nogtans aan die uitdunne deelneem. Sodoende was Suid-Afrika die eerste gasheerland sedert 1934 wat aan die kwalifiserings-uitdunne deelgeneem het. Ongeag die uitslag het Suid-Afrika egter gekwalifiseer omdat ons die gashere is. Die verdedigende kampioen, Italië, het nie outomaties gekwalifiseer nie, maar moes hulle plek oopspeel. Gebaseer op Oktober 2009 se ranglys wat vir die hooftrekking gebruik is, was Suid-Afrika in posisie 86 die laagste geplaaste span in die toernooi. Die totale prysgeld vir die toernooi, soos bevestig deur FIFA is $420 miljoen, (R3 066 000 000) wat 'n 60% verhoging is op dié van die 2006 toernooi. Voor die toernooi begin, sal elke deelnemende span $1 miljoen (R7,3 miljoen) ont-vang vir voorbereiding-koste. Die spanne wat deelneem maar op die groepstadium uitval, sal elkeen $8 miljoen ontvang. Daarna sal die prysgeld as volg verdeel word: $9 miljoen - Ronde van 16 $18 miljoen Kwarteindronde $20 miljoen – Semi- Finale

Die Doringtak 48

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

Citation preview

Page 1: Die Doringtak 48

997

2010 FIFA WÊRELDBEKER

JAAR Die jaar 2010 is beslis 'n geskied-

kundige jaar vir Suid-Afrika. Dit is 'n jaar gekenmerk deur ongetwyfeld die grootste enkele gebeurtenis dusver – gemeet aan uitgawes, betrokkenheid, kontroversie en nog 'n klomp ander

oorwegings. Suid-Afrika is die gasheer van hierdie 19de FIFA Wêrelbeker wat geskeduleer is om tussen 11 Junie en 11 Julie vanjaar plaas te vind. Dit is die kulminasie van 'n kwalifikasie-proses wat in Augustus 2007 begin het en waaraan 204 van 'n moontlike 208 FIFA nasionale spanne deelgeneem het. As sodanig ewenaar dit die 2008 Somer Olimpiese-Spele as die sportgeleentheid met die meeste deelnemende nasies. Hierdie is die eerste maal wat hierdie toernooi aangebied word deur 'n Afrika-nasie, nadat Suid-Afrika vir Marokko en Egipte uitgestof het in 'n Afrika-alleen bod-proses. Italië is die verdedigende kampioene. Die trekking vir die finale wedstryde het op 4 Desember 2009 in Kaapstad plaasgevind. Afrika was as gasheer gekies as deel van 'n nuwe beleid om die gebeurtenis te roteer tussen sokkerfederasies (welke beleid later in Oktober 2007 ge-abandoneer is). Vyf nasies het gebie vir die geleentheid om as gasheer op te tree in 2010: Egipte, Libiê/Tunisië (gesamentlik), Marokko en Suid-Afrika. Nadat FIFA se Uitvoerende Komitee besluit het om nie gesamentlike aanbiedinge toe te laat nie, het Tunisiê

Die Doringtak Nr. 48 Januarie 2010 Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

Posbus 3501, Pietersburg 0700 ( (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 295 7016 E-pos: [email protected]

Bank: J J Steinberg Bond, ABSA Spaarrekening 38065851803. Tak Kode 632005

998

• $24 miljoen – Naaswennersposisie

• $30 miljoen – Wenners

As 'n eerste vir die Wêreldbeker, sal daar ook vanjaar deur FIFA betalings gemaak word aan die tuisklubs van die spelers wat hulle lande verteen-woordig by die toernooi. 'n Totaal van €26 miljoen (L.W. Euro’s!) sal so uitbetaal word, wat net meer as €1000 per speler per dag beloop. Die amptelike gelukbringer vir die toernooi is Zakumi, 'n vermenslikte luiperdjie met groen hare. Sy naam is saamgestel uit “ZA”, die internasionale afkorting vir Suid-Afrika, en “kumi”, 'n woord wat “tien” beteken in verskeie Afrika tale. Sy kleure, geel en groen, weerspieël Suid-Afrika se spelers se wedstrydkleure. Die amptelike wedstrydbal vir die Toernooi word genoem “Jabulani”, wat beteken “bring vreugde vir almal” in isiZulu. Dit word gemaak deur Adidas. Die getal “11” speel 'n prominente rol in die nuwe tegnologies gevorderde bal: dit is die 11de Wêreldbeker-toernooi waarvoor dié Duitse sporttoerustingvervaardiger spesiaal die balle vervaardig, een vir elke speler in die span, en daar is 11 amptelike tale in ons land. Daarby begin die toernooi op die 11de dag van Junie, en eindig op die 11de dag van Julie. Soos met enige gebeurtenis van

hierdie omvang, is die organi-seerders geteister met allerlei bedenkinge, en opportunistiese politieke en werkers-groepe het die prominensie van die geleentheid aangegryp om misnoeë met 'n verskeidenheid van omstandighede te betuig op allerlei maniere ... feitlik op ‘n afpers-basis.

onttrek. Libië se bod is afgekeur omdat die land nie aan al die neergelegde vereistes voldoen het nie. Na slegs een rondte van stemming het FIFA president Sepp Blatter op 15 Mei 2004 by 'n media-konferensie in Zürich aangekondig dat die gasheer-regte aan Suid-Afrika toegeken is, en dat ons Marokko en Tunisië uitgestof het. As die gasheer-nasie het Suid-Afrika outomaties gekwalifiseer, maar omdat die kwalifiserings-rondtes gelyktydig gedien het as kwalifisering vir die 2010 Afrika-Nasies Beker, moes Bafana-Bafana nogtans aan die uitdunne deelneem. Sodoende was Suid-Afrika die eerste gasheerland sedert 1934 wat aan die kwalifiserings-uitdunne deelgeneem het. Ongeag die uitslag het Suid-Afrika egter gekwalifiseer omdat ons die gashere is. Die verdedigende kampioen, Italië, het nie outomaties gekwalifiseer nie, maar moes hulle plek oopspeel. Gebaseer op Oktober 2009 se ranglys wat vir die hooftrekking gebruik is, was Suid-Afrika in posisie 86 die laagste geplaaste span in die toernooi. Die totale prysgeld vir die toernooi, soos bevestig deur FIFA is $420 miljoen, (R3 066 000 000) wat 'n 60% verhoging is op dié van die 2006 toernooi. Voor die toernooi begin, sal elke deelnemende span $1 miljoen (R7,3 miljoen) ont-vang vir voorbereiding-koste. Die spanne wat deelneem maar op die groepstadium uitval, sal elkeen $8 miljoen ontvang. Daarna sal die prysgeld as volg verdeel word: • $9 miljoen - Ronde van 16

• $18 miljoen – Kwarteindronde

• $20 miljoen – Semi-Finale

Page 2: Die Doringtak 48

999

Ons blanke Suid-Afrikaners is tradisioneel nie groot sokker-aanhangers nie en ek glo nie daar sal groot getalle van ons op die pragtige nuwe stadions wees om die wedstryde te sien nie. Jy sal maar bra eensaam en ontuis voel. En daai vuvuzela’s! Ons Suid-Afrikaners het egter ‘n liefde vir sport en ek voorspel dat baie van ons ten spyte van onsself die toernooi op TV sal volg. Ongeag hoe die Bafana-Bafana vaar, sal die top wêreldspanne se vaardighede ons meesleur en by ons ten minste ‘n respek, al is dit nie ‘n liefde nie, vir hierdie mees omvangryke sportsoort op aarde kweek, soos wat die 1995 Rugby Wêreldbeker by die ander rassegroepe in ons land vir Rugby gedoen het. My opregte bede is dat 2010 die jaar sal wees waar ons almal positiewe gesindhede oor ons land teenoor die buitewêreld sal uitstraal met al sy suksesse en moontlikhede. Kom ons laat die kultuur van negatiwiteit wat so maklik en destruktief kop uitsteek, agter ons. Kom ons wees hartlik en gasvry teen-oor die derduisende internasionale toeriste en sokkergeesdriftiges wat ons land gaan besoek. Diegene van hulle wat hulle ordentlik gaan gedra en in die beskaafde lae van ons mooi land gaan ontspan en hulle belangstellings opvolg , sal veilig wees en onvergeetlike tye voor, tydens en na die sokkertoernooi beleef. En, hulle gaan $ Miljarde bestee. Diegene wat kom om hulle vermaak en afleiding te vind in die neste en hole van ons land, moet maar hulle kanse vat. Kom ons dra by om hierdie jaar, sover dit in ons vermoë is, ‘n opwindende en genotvolle jaar vir ons almal te maak!

___________________

DIT KOM VAN VER AF ... Pierre Francois Steenberg (b11.c1.d5.e5.f3.g2.h4.) skryf dat hulle Suid-Afrika ‘n aantal jare terug verlaat het hoofsaaklik oor die misdaadvlakke en politieke redes. Hulle woon in ‘n pragtige dorpie genaamd Hollister (47 000 inwoners) in Kalifornië. Daar is geen verkeersknope nie en die landerye rondom die dorp is altyd pragtig. Binne 20 minute se ry van hulle af is al die winkels en groot besighede wat enige mens kan nodig hê. Hulle beplan nie om terug te kom Suid-Afrika toe nie tensy die Here baie sterk lei. Pierre is 'n predikant en is ook betrokke in die akademie. Hy dien op verskeie rade wat skole bestuur en is tans besig met ‘n tweede doktors-graad. Hulle het taamlik voeling verloor met wat in Suid-Afrika gebeur. Hy mis sekere kossoorte waaraan hulle in Suid-Afrika gewoond was. Baie mense wat hoor dat hulle van Suid-Afrika is, sê dat hulle nog S.A. toe wil gaan vir vakansie. Pierre is ‘n entoesiastiese en uitstekende fotograaf. Hy besoek baie graag die Yosemite Nasionale Park - (met sy 3 080 vierkante kilometer ongeveer 16% so groot soos ons Nasionale Kruger Park). Van sy puik foto’s kan gesien word op: www.alamy.com - tik in Pierre Steenberg. Getroue

Doringtaklesers sal onthou dat in Die Doringtak

1000

stewige bande met tweede en derde-geslag Steinberg afstammelinge behou, al het hulle ander vanne. Sampie is die jongste seun van wyle Anna Margaretha Landman (geb. Steynberg - b11.c7.d2.e4.f1.) en wyle F J (Frik) Landman van Carolina. Rosina Elizabeth „Elbie“ Viljoen, geb. Steynberg - b11.c5.d1.e7.f1.g6 en haar man Dawie, laat weet vanaf die Bloedrivier Erfenisterrein dat hulle ‘n stil feesseisoen beleef het. Dit was sekerlik te wyte aan die 60-jarige herdenking van die bestaan van die Voortrekkermonument en die mense wat daarheen gegaan het. Die mense wat wel Bloedrivier besoek het, het tente en woonwaens staan-gemaak en gesellig oor en weer gekuier. Die 16de Desember was redelik bedrywig en die restaurantjie en die winkel was oorvol en hulle moes bontstaan. Die weer was baie warm en die mense het die sement-plaasdam terdeë geniet. Daar was ook van daardie wêreld se alom-bekende donder-storms! Dawie sê it is nogal skrikwekkend as die telefoon in die huis se proppe ontplof en die blitse by jou verbytrek in die bad-kamer! By die hoof-gebou is die alarm uitgeslaan asook die elektriese hek en van die waaiers in die gebou. Hulle doen ‘n beroep op die familie om Bloedrivier te kom besoek. Die monument is immers die handewerk van ons eie Coert Steynberg waarop ons baie trots behoort te wees.

__________________

PÊREL VAN DIE PAARL

Chrismarie Enslin van die Paarl Gimnasium het 9 onderskeidings in die 2009 matriekeksamen behaal. Hierdie prestasie is reeds voorspel toe sy in Junie 2009 die top akademiese leerling in

No. 7, Maart ’87, berig is dat Pierre op 16 jaar in die Teletien TV-program hier in Suid-Afrika 'n kamera in 'n fotografie-kompetisie gewen het. Hy beoefen vandag nog met groot geesdrif daardie stokperdjie. Pierre se gunsteling kossoort daar waar hy woon, is die Persimmon - 'n vrug met die tekstuur van 'n appel maar ‘n heel verskillende smaak. Die Suid-Afrikaanse lekkerny wat hy die meeste mis is biltong. Wat hy die meeste van sy nuwe tuisland geniet, is dat alles nie gepolitiseer is nie. Hy vind die werkkultuur baie dieselfde as onder blanke Suid-Afrikaners, die mense werk hard. Ina Steynberg, weduwee van wyle Reinhard Steynberg (b11.c10.d4. e2.f5.g1.) se skoonvader Abraham Jacobus Steynberg (f5.) het op 7 Oktober 2009 91 jaar oud geword. Hoewel hy op 88 jaar ‘n aaromleiding gehad het, is hy nog baie gesond. Sy gehoor en sig raak egter swakker. Sy vrou, Christina Elizabeth (Chrissie - gebore Groenewald) is op 86 jaar nog vol lewe. Sy besit en bestuur nog self haar damesmode-winkel in Boshoff. Barend (Bok) (b11.c7. d2.e4.f3.g3.) en Annette Steinberg van Levubu het onlangs ‘n bietjie vakansie gehou. Tydens hulle omwandelinge het hulle op Rawsonville by Sampie en Janita Landman gekuier. Dis eintlik wat Die Doringtak van Bok waardeer. Hy maak gedurig kontak met familie en doen dan die moeite om vir Ron te voorsien van name en besonderhede. ‘n Verdere voorbeeldige eienskap van Bok en sy vertakking van die Steinbergs, is dat hulle

Page 3: Die Doringtak 48

1001

Graad 12 geblyk te wees het met 91.4% gemiddeld. Chrismarie is die dogter van Marie (geb. Steynberg - b7.c6.d6.e6.f6.g1.) en Chris Enslin van die Paarl. Pragtig Chrismarie!

VERLOWING Francois Steynberg, seun van (wyle) Danie (b11.c10. d4.e2.f2.g1.h1.) en Annalies Steynberg van Rustenburg, het in Oktober 2009 verloof geraak aan Eurika van der Walt. Die huweliks-klokkies sal in Maart lui. Francois is ’n ingenieur en Eurika is ’n onderwyseres en albei woon in Rustenburg.

_________________

GEBOORTES Jacob Johannes (Jaap) Steynberg en Petro (geb. Botha) van Nylstroom,

se dogter Carina Tolmay het op 4 September 2009 aan hulle ‘n derde kleinkind, en ‘n boetie vir Cayleigh (25/12/2004) en Minette

(24/1/’07) besorg, genaamd Petrus Johannes (Juan) Tolmay. Errol Steenberg (b11.c11.d4.e3. f6.g1.) en Emma van George,

se kleinseun, Errol-Durand (Ed) de Waal is op 1 Oktober 2009 gebore. Die trotse ouers is Durand en Beatrix de Waal. Dis moeilik om te sê wie die trotsste is, Oupa Errol of Pappa

Durand! Errol en Emma se drie dogters, Estelle,

Debbie en Beatrix woon aldrie in George en

Errrol en Emma in Outeniquastrand, net ‘n paar kilometer daarvandaan. Errol en Emma vind dit wonderlik om hulle drie kinders so naby hulle te hê en is diep dankbaar

vir die besondere omgee– en respekvolle verhouding tussen hulle almal. Christoffel Andries Petrus Steynberg (b11.c5.d2.e4. f1.g2.h1.i1.) en Michelle Sune (geb. Schoeman) het op 14 Desember 2005 die trotse ouers geword van Johnathan Cristiaan Steynberg.

_____________________ HUWELIK

Cornelis Phillipus (Corne) Steenberg (b11.c5.d2.e8.f1.g3.h2.) van die Strand is op 26/12/’09 getroud met Elsabe van Rensburg van Piketberg. Die paartjie is deur Corné se moeder, Christine, aan mekaar voorgestel en die res het gou geskie-denis ge-word. Baie hartlik geluk julle twee. Ons is saam met julle bly.

ONTKOMING? Ron Steynberg (b7.c6.d6.e6.f1.g1) en Issie vind onlangs dat hulle ‘n voertuig te veel het - ‘n Hyundai Tucson 2.7 4X4 met outomatiese ratkas - en besluit om die motor te verkoop.

‘n Advertensie in die Autotrader het glo die grootste trefkrag het en

Ron plaas een met foto’s en al vir drie weke vanaf 8

Oktober in dié tydskrif wat ook op die Internet sal verskyn vir twee weke. Die advertensie kos R550 en die voertuig se prys is R155 000. Die eerste dag al word hulle oorval deur ‘n klomp

1002

Hy sal saam na Ron se bank in Klerksdorp gaan om die kontant in te betaal. Daarna kan hulle saam na Klerksdorp se polisiestasie gaan waar hulle ‘n “affidavit” saam kan maak en al die papierwerk voltooi. Hy sal vir Ron gesertifiseerde afskrifte van sy ID -dokument en sy paspoort gee. Hy verlang nie die voertuig se registrasie en lisensiepapiere nie, net fotokopieë. Die oorspronklikes sal hy kry wanneer hy die voertuig kom haal. Hy vra mooi of Ron vir hom ‘n klompie foto’s van die motor sal saambring om vir sy vrou kan gaan wys want “dis eintlik vir haar” wat hy die voertuig wil koop - so ‘n regte gesinsmotor daar in hulle wêreld. Veiliger en meer gerusstellend kan ‘n mens nie kry nie. Kontantkopers vir R150 000 is maar yl gesaai en as jy een gevind het, doen jy alles in jou vermoë om hom nie te verloor nie. So vra Ron sy seun Johann (h3.) om hom op Maandag 12 Oktober Klerksdorp toe te neem om die transaksie te gaan finaliseer. Vyfuur Maandagoggend trek hulle weg uit Polokwane en 11 uur ontmoet hulle vir Elo by die KFC in Klerksdorp. Hy is ‘n skraal, blas kleurling met ‘n effense haaslip-litteken en ‘n half-senuagtige haastigheid aan hom. Hulle sit by ‘n tafeltjie en Ron wys vir hom ‘n klompie foto’s van die Hyundai, die registrasie-dokumente en ‘n afskrif van Ron se ID. Toe dit Elo se beurt is om sy paspoort en ID te wys, sê hy nee, hulle moet eers gou die geld gaan haal en dit in Ron se bank kry. Die geld word vir hom gehou by ‘n “jeweller” hier in Klerksdorp, want hy kan tog nie so ‘n groot bedrag in kontant by hom dra nie. So ry die drie manne toe in Johann se BMW na die jeweller toe. Elo sit agter en beduie die pad. Sommer gou verlaat hulle die sentrale sakegebied van Klerksdorp en naderhand is hulle

motorbedryfs-aasvoëls wat graag “die paaiemente op die voertuig wil oorneem.” Genadiglik is die voertuig ten volle betaal en is daar geen versoeking om voor hierdie bedenklike aanbiedinge te swig nie. Op 9 Oktober kry Ron ‘n oproep van ene Elo Hambo uit Klerksdorp. Hy praat lekker pront Afrikaans en vertel hy woon eintlik in Windhoek, maar werk as ‘n diamantsorteerder in Oranjemund. Hy is egter met ‘n groot abnormale-vrag trok van sy werkgewer-maatskappy in Klerksdorp om by ‘n myn aldaar ‘n baie swaar masjien te haal. Hy stel baie belang in die Hyundai maar wil darem net hoor of daar nie so ‘n bietjie afgekom kan word met die prys nie. Daar is maar altyd ‘n bietjie ruimte vir onderhandeling in ‘n prys ingebou en Ron kom af met R5000. Hiermee is Elo baie tevrede en hy sê hy het die koopsom in kontant beskikbaar. Dis natuurlik nie vir hom moontlik om met sy werkgewer se massiewe trok die 500 kilometer na Polokwane te ry om die transaksie te beklink nie en hy verneem of Ron nie moontlik na Klerksdorp toe kan kom om die papierwerk te kom doen en die kontant te ontvang nie. Gerusstellend verdui-delik Elo dat Ron glad nie met die Hyundai moet kom nie. As alles gefinaliseer is, sal hy so oor drie weke ‘n paar dae verlof neem om die Hyundai in Polokwane te kom haal.

Page 4: Die Doringtak 48

1003

in ‘n minder gerusstellende township met krotte en hier en daar ‘n netjiese baksteenhuis. Voor ‘n kleinerige aan-treklike nuwe baksteenhuis met ‘n teëldak word stilgehou en Elo stap alleen die huis binne om die geld te gaan haal. Sekondes later keer hy terug saam met die jeweller, ‘n swart man in ‘n pak klere wat duidelik meer gekos het as wat ‘n gewone man in ‘n maand verdien, kosbare mansjetknope, ‘n onbeskryflik mooi hemp en skoene om oor te droom. Ron se mond hang oop en hy hoor nie eers toe die jeweller homself op sy voornaam voorstel nie. Die jeweller sê hulle was met ‘n ander kliënt besig en het ongelukkig nog nie Elo se geld klaar getel nie. Sal Ron-hulle omgee om gou iewers ‘n koeldrank te gaan drink? Hy sal binne twintig minute bel as die geld gereed is en dan kan dit gehaal word. By ‘n nabygeleë drankwinkel word koeldranke gekoop en Elo vra vir Johann R275 om lugtyd vir sy selfoon te koop, hy sal dit netnou terugbetaal wanneer hy sy geld by die jeweller gekry het. Johann, minder goedgelowig as sy pa, het nie hiervoor lus nie maar gee hom darem R50. Voor hulle koeldranke klaar gedrink is, kom die oproep wat sê die geld is gereed. Johann word gevra om die BMW in die klein erfie se oprit in te trek en daarna word Ron en Johann genooi om saam met Elo die huisie

binne te gaan. In ‘n posseëlgrootte sit– eetkamertjie pas Ron, Johann en Elo saam met die jeweller en sy handlanger of vennoot net-net rondom ‘n ovaal tafel in die vertrekkie in. Instede van geld, kom die jeweller met ‘n klein toegevoude velletjie wit papier vorendag wat hy voor Elo oopvou. Daar is ‘n handjievol glasagtige klippies in. Hy verduidelik vir Elo dat hulle hom R12 500 per karaat daarvoor sal betaal. Toe daal die besef op Ron neer: dis diamante, 17 stene met ‘n totale gewig van 78.3 karaat wat hulle besig is om by Elo te koop! Elo protesteer dat hulle hom tevore R13 500 per karaat betaal het. Waarom dan nou R1000 per karaat minder? Tussen die onderhandelings deur, verseker die jeweller ‘n paar maal vir Ron dat hulle geregistreerde diamant– en goudkopers is en dat hierdie transaksie heel wettig is. ‘n Brokkie Shakespeare kom sommer so ongevraag by Ron op waar die groot dramaturg gesê het: “methinks the gentleman doth protest too much!” of woorde tot dié effek. Die jeweller vat die grootste diamant - ‘n knewel amper so groot as ‘n man se wysvingernael, en bekyk hom met so ‘n loerdingetjie. Die diamant, soos etlike ander op die tafel, het glo ‘n lelike kraak en heelwat onsuiwerhede in. Daarom is die prys vandag minder.

Na ‘n rukkie se wik en weeg besluit Elo baie teësinnig om maar die aanbod te aanvaar. Die handelaar se hand-langer haal ‘n tas te voorskyn wat hy langs Ron op die vloer neersit en die deksel oplig. Dis volgepak met vet pakkies banknote. Die

1004

afgehandel is. Ron bid intussen kliphard dat Elo net genoeg kontant nou moet vat om hom sy R150 000 te kan gee sodat hy en Johann tog asseblief net kan wegkom uit hierdie grillerige situasie voordat diamantspeurders op hulle toeslaan of dalk nog iets erger gebeur. Daarvandaan ry hulle volgens Elo se instruksies terug na Klerksdorp-sentraal terwyl Elo aanhoudend foon-oproepe maak op ‘n gedempte toon. Tussendeur verduidelik hy dat die pakkie diamante in sy sak eintlik van ‘n man uit Angola af kom. Hy verkoop dit namens hom. Hy reël ‘n ontmoeting met dié man naby ‘n skool in die dorp. Toe hulle naby die skool kom, sê Elo dat Ron en Johann hom nou moet cover. Hulle moet voorgee dat hulle

die voornemende kopers is, maar dat die gehalte van

die betrokke pakkie klippies van so ‘n

minderwaardige gehalte is en dat hulle nie bereid is om meer as R500 000 daarvoor

te betaal nie. Dit wil nou voorkom asof hy beplan om die

(hopelik) wettige eienaar te verkul deur hom net

R500 000 te betaal en dan die balans van R480 000 vir homself te hou - waaruit hy dan skynbaar vir Ron sy R150 000 vir die Hyundai sal betaal. Ron weier botweg om iets met hierdie plan te doene te hê. Elo pleit letterlik by hom totdat hulle stilhou by ‘n man wat skuins voor ‘n hoërskool op die randsteen langs die straat sit. Ron deel Elo mee dat hy en Johann nou na die Klerksdorpse tak van Ron se bank gaan ry, waar hulle ‘n halfuur sal wag. As Elo dan nog nie bevestig dat hy op

jeweller verduidelik dat hierdie net R500 000 is, wat Elo solank moet vat. Dan sal hulle die balans oor ‘n halfuur vir hom bring na sy bank toe. Ron wil juig want nou kan hy sy R150 000 vat en terugry Pietersburg toe. Tot sy teleurstelling weier Elo. Hy sê hy soek nie “halwe geld” nie. “Ek soek my hele geld!” Die jeweller sê dat 78.3 karaat teen R12 500 ‘n bedrag van R978 750 maak, maar dat hulle bereid is om vir Elo ‘n ronde bedrag van R980 000 te betaal, ‘n hele R1250 meer! Na ‘n oomblik se huiwering hou Elo voet by stuk ... hy soek sy héle geld. As hulle dit nie nou alles vir hom kan gee nie, dan vat hy sy diamante en loop. Wanneer sy “hele geld” reg is kan hulle bel en dan sal hy weer kom. Daarop rol die jeweller die 17 blink klippies styf in hulle velletjie wit papier toe en haal ‘n breë rol kleefplastiek uit waarmee pakkies vir posversending verseël word, en woel seker 10 lae van die klewerige repe kruis en dwars om die pakkie. Hy gee die “parceltjie” vir Elo en sê hulle sal hom bel as die geld gereed is. As die “parceltjie” egter oopgemaak is, is die “deal” af en sal hulle van voor af weer moet begin weeg, ondersoek en waardeer. Hulle vat nie die kans dat hy nou van die diamante kan vervang met ander nie. Hulle sluit Ron en Johann by die gesprek in, duidelik onder die indruk dat hulle ook kenners, of kopers of moontlik handelaars (“smokkelaars?”) is. Elo verduidelik vir die jeweller dat hy nog ‘n pakkie diamante hier in Klerks-dorp het wat hy sal bring sodra hierdie eerste transaksie bevredigend

Page 5: Die Doringtak 48

1005

pad daarheen is met die volle koopprys vir die Hyundai nie, dan gaan hy en Johann maar terugry huis toe. Ron en Johann sit meer as ‘n halfuur by die betrokke bank terwyl Elo herhaaldelik bel en vra dat Ron vir hom R275 se selfoon lugtyd koop en dit vir hom SMS. Ron weier dit en eindelik vertrek hulle terug Noorde toe. Vir die eerste 100 km bel Elo nog ’'n paar maal met beloftes om die koopprys in Ron se bankrekening in te betaal. Ron het egter nou genoeg gehad. Wanneer Elo die R150 000 in kontant inbetaal het, kan hulle weer praat. Tot dan wil hy nie eers weer van Elo hoor nie. Die volgende dag sit Ron nog en wonder of hy en Johann ternouernood aan betrokkenheid by ‘n onwettige diamanttransaksie ontkom het, toe lui sy foon weer. Dis ene Jerry van Rustenburg wat vra of die Hyundai wat in Autotrader verskyn, nog beskikbaar is. Hy stel baie belang en wil die motor vir sy vrou koop. Ron sê vir hom die prys en dat hy dit in kontant in sy rekening verlang voordat iets verder aan die transaksie gedoen sal word. Jerry vra dat Ron sy bankbesonder-

hede vir hom SMS na die nommer waarvandaan hy gebel het. Ron stem in, maar toe Jerry aflui blyk dit dat sy nommer nie op Ron se foon vertoon nie. Vrydagoggend bel Jerry weer, half ergerlik oor Ron nog nie sy bank-besonderhede gestuur het nie. Toe hy hoor dat sy selnommer nie vertoon word wanneer hy bel nie, maak hy verskoning en SMS sy nommer vir Ron wat dadelik die gevraagde inligting terug SMS. Saterdagoggend bel Jerry weer. Hy het nou glo die geld inbetaal en wil weet wanneer hy die kar kan kom haal. Sy vrou verjaar die volgende dag en hy wil die Hyundai graag vir haar as ‘n geskenk gee. Ron sê hy het pas op sy rekening gekyk en geen betaling wys nog daarop nie. Jerry verseker hom dat die geld inbetaal is. Eintlik het sy vrou ‘n fout gemaak en R5000 te veel inbetaal! Ron stel hom gerus: hy sal die R5000 terugbetaal as alles afgehandel is. Ron gaan kyk weer en waarlik, daar is pas R155 000 gedeponeer. Die bedrag is egter nog nie beskikbaar nie. Hy bel vir Jerry wat volhou dat die geld enige oomblik as beskikbaar sal toon

1006

en die familie het haar elke dag opgedra aan ons Hemelse Vader. Op 15 Januarie het haar dogter Bettie Borcherds ons egter die treurige nuus meegedeel dat hulle moeder vroeër die dag op die geseënde ouderdom van 96 jaar oorlede is. Meegaande foto is op haar 96ste verjaarsdag geneem. Al 36 familielede wat nog vir laas heerlik saam met hulle moeder al kuierend haar verjaardag kon vier vanaf die Saterdag tot Dinsdag is diep dankbaar dat hulle die besondere geleentheid gehad het. Sy is 18-12-1941 getroud met Izak Jacobus Steynberg (b7.c6.d7.e5.f2.) en hulle vestig hulle op die plaas Waterkloof in die Graaff-Reinet distrik. Later verhuis hulle na Goedehoop, die aangrensende plaas. Sy was die oudste van die sewe kinders van Ben Raubenheimer Spies en Jacomina Hendrina Klopper en is op 10 November 1913 gebore in Ugie, waar haar vader ‘n onderwyser was. Na skool het sy haar bekwaam as kraamsuster en haar opleiding ontvang aan die Provinsiale Hospitaal, Port Elizabeth. Sy laat haar tweeling susters: Emmerentia de Wet, ‘n afgetrede skoolhoof en Latella Loots, ‘n afgetrede kindertuininspektrise, woon-agtig in die Kaap na. Aldrie haar broers: Ben Spies, ‘n skoolhoof van Oos Londen, professor Abé Spies en hulle jongste broer Johan Spies, ‘n vlieënier wat jonk in ‘n vliegongeluk oorlede is, het haar reeds ontval. ‘n Suster, Helena Nel, Kindertuindosent aan die destydse Graaff-Reinet Onder-wyskollege en later Kindertuin-inspektrise is ook reeds oorlede. Haar 3 kinders, Jannie en Bennie

aangesien dit ‘n kontantoordrag van sy bank na Ron se bank was. Hy wil sommer weet of hy nou maar Sondag die Hyundai kan kom haal? Ron sê nee, eers as die bedrag beskikbaar is. Saterdagaand gaan Johann op die Internet in en verkry afskrifte van Jerry se depositostrokie en die tjek (nie kontant nie!) wat hy inbetaal het. Dinsdag kry Ron van sy bank kennis dat betaling van die tjek gestaak is. So wat dink julle? Het Ron weens sy koppigheid ‘n baie lonende transaksie verloor? Of het hy ternouernood ‘n baie meer ernstige en skadelike ervaring vrygespring?

Hy krap nou nog kop. _____________________

VAARWEL AAN OUMA BETTIE

Ina van der Merwe (geb. Steynberg - b7.c6.d7.e5.f2.) van Middelburg, Kaap, het in November vir Die Doringtak laat weet dat haar moeder, Elizabeth Magdalena (Bettie) Steynberg Steynberg, op 10 November 2009 haar 96ste verjaardag gevier het. Die familie het op gebruiklike wyse bymekaargekom op die plaas Sunnydell van George en Bettie (kleindogter) Borcherds in die Middelburg distrik ter viering van die goue geleentheid. Die familie was diep dankbaar dat die Here haar so lank vir hulle gespaar het. Sy het gewoon in Huis Karee, Middelburg. Haar liggaam was op daardie ouderdom maar broos

Page 6: Die Doringtak 48

1007

Steynberg, en Ina van der Merwe, 10 kleinkinders en 18 agterkleinkinders bedank die Hemelse Vader vir ‘n Godvresende, liefdevolle en voor-beeldige moeder en ouma en vir haar lang gespaarde lewe. Die familie het besondere dank betuig aan die medici, aptekers en personeel van Wilhelm Stahl Hospitaal vir hulle deernisvolle behandeling van Tant Bettie. Eweneens is opregte dank uitgespreek teenoor die matrone, die personeel, die verpleegsters en lede van die komitee en ook die inwoners van Huis Karee wat bygedra het tot Tant Bettie se jarelange baie gelukkige verblyf, al die uitstekende maaltye en liefdevolle versorging wat sy ontvang het.

____________________

'n KIERIE BETYDS

Ek, Ron, korrespondeer nogal met verlangse bloedverwant Oom Coert Erasmus van Centurion, een van Die Doringtak se getroue medewerkers en vriend, al is hy nie ‘n Steynberg nie. Op 'n dag sê hy vir my hy het nog een van daardie kieries wat Lieselore en wyle Oom Ulrich (haar man) destyds met die groot familiebyeenkoms by Hennopsrivier vir die lede voorsien het. Ek kon destyds nie daar wees nie en so het ek nie ook 'n kierie gekry nie. Oom Coert sê hy raak nou oud en sy kinders is nie Steynbergs nie so hulle sal nie juis in die kierie belangstel nie en hy vra of ek dit graag sou wou hê. Ek aanvaar die geskenk toe met groot dank en opwinding en reël sommer dadelik dat my suster Leonie dit by Oom Coert sal gaan haal. Die kierie was eintlik 'n soort van 'n bestiering want net na die familie-byeenkoms daar op Kleinfontein is Issie en ek saam met Leonie en Dawid, haar man, vir 'n week na die Kruger Park Lodge met sy ken-merkende troppies rooibokke op die gholfbaan, net buite Hazyview. Leonie het intussen die kierie by Oom Coert gaan haal en vir my saam-gebring. Vandaar het ons daagliks die Wildtuin binnegery en 'n heerlike tydjie saam deurgebring. Op die laaste oggend voordat ons huis toe vertrek, het ek gou gaan stort. Die stort is een van die tipe wat alkante glas het en op 'n stadium toe my gesig en hare vol seep was, leun ek 'n slag teen wat ek geglo het 'n sy-muur was. Dit was toe in werklikheid die deur wat dadelik oopgaan en ek stort daar ter aarde neer met 'n slag wat omtrent 7 op die Richterskaal kon gemeet het. As dit nie so pynlik was nie kon dit heel komies gewees het. Ek lê toe op die badkamervloer met my rug uit lit (as so iets fisies moontlik is) reg in die pad sodat die badkamerdeur nie kon

1008

hulle vorentoe en sê dat aan hom geopenbaar is dat dié twee mense geroep is om ‘n gemeente in Alberton tot stand te bring wat duisende mense se lewens gaan raak, maar dat hierdie werk groot teenstand gaan kry. Die Steenbergs was betrokke by die leierskap en evangelisasiewerk van die AGS Meyersdal. Hulle het gereeld ervaar dat mense tot bekering kom, maar moeilik by ‘n Pinksterkerk inskakel omdat dit te raserig en vreemd was vir mense wat uit ‘n Gereformeerde agtergrond kom. Juis in daardie tyd het die sogenaamde Toronto Blessing van Rodney Howard ‘n groot impak op talle Pinkstergemeentes gehad waar mense onbedaarlik gelag en soms soos wolwe gehuil het. Die Steenbergs het ‘n selgroep by hulle huis gehad met mense uit beide ‘n Pinkster– en ‘n Gereformeerde agtergrond. Vriende uit die Pinksterkerke was weer nie gestimuleer deur die doodsheid en dogmatisme wat sommige gere-formeerde gemeentes gekenmerk het nie. Hieruit het die oortuiging begin groei dat daar ‘n behoefte was vir ‘n gemeente in Alberton wat as ‘n middeweg tussen die Pinkster– en Gereformeerde tradisies kon dien. Hierdie siening het sterk teenstand uitgelok en eindelik het Wikus en Marlien die eredienste van AGS Randburg begin bywoon en hulle selgroep-lede het hulle vergesel. Die Steenbergs se Kombi het elke Sondagoggend en –aand mense na Randburg se eredienste aangery. By geleentheid het Dr Johan Geyser van die AGS Randburg vir Wikus gesê dat hy nie die stigting van so ‘n gemeente kon steun nie aangesien die AGS Meyersdal dit teenstaan. Die Steenbergs sluit toe as lidmate aan by die AGS Randburg.

oopgestoot word nie. Die vloer was nat en glad en ek kon skaars uit die pad skuif, wat staan nog self opstaan. Dit was 'n hele gesukkel om met die hulp van my swaer Dawid weer op die been te kom en toe het ek vir 'n hele tyd werklik goeie diens uit daardie kierie gekry. Op enige ongelyke terrein het ek geweldige pyn verduur en dan het die kierie sy waarde getoon. Vir weke het ek maar erg gesukkel om oor die weg te kom, maar dit het gelukkig gou begin beter word. Die kierie is 'n mooi aandenking. Die plastiese plakkertjie daarop sal egter nie onbepaald hou nie en is al 'n bietjie verslete. Ek het besluit om 'n metaal-

plaatjie te laat graveer met dieselfde bewoording en dit met twee skroefies daarop vas te sit.

____________________

WIKUS EN MARLIEN Sewentien jaar gelede het Marc Bredenkamp ‘n preek by die AGS Meyersdal onderbreek en onverwags gesê dat hy die vorige aand ‘n man en ‘n vrou in ‘n visioen gesien het. Hy vra die gemeente om te sing terwyl hy deur die kerk stap. Hy steek toe vas by Jacobus Lodewikus (Wikus) Steenberg b11. c11.d4.e1.f6.g5.h2 en Marlien en roep

Page 7: Die Doringtak 48

1009

Hulle selgroep het steeds bedrywig gebly en Wikus en Marlien het begin om evangelisasie– en ander kursusse aan te bied in samewerking met Johan en Theo Geyser. Wikus en Marlien was ook direkteure van Nova Shalom wat gereeld ‘n puik huweliks-verrykingskursus aangebied het. Mettertyd het die ryery na Randburg ‘n probleem begin word en Wikus-hulle vra toe vir Johan Geyser om ‘n bus vir die selgroep beskikbaar te stel. Weens ander groot finansiële verpligtinge, kon AGS Randburg nie help nie. Johan Geyser kon ook weens werksdruk nie meer Woensdae die selbyeenkomste bedien nie. Hy stuur Andries Enslin in sy plek, maar hy weier dat die selgroep ‘n aparte gemeente begin. Saam met Past. Johan Jacobs het Johan Geyser die Steenbergs kom spreek en meegedeel dat hulle geen finansiële steun van AGS Randburg sou ontvang nie. Die selgroep moes doen wat hulle goed dink. In dieselfde tyd berig Andries Enslin aan Wikus dat die Here met hom praat om ‘n nuwe gemeente te begin. Wikus verduidelik toe vir Andries hoe hy oor ‘n nuwe gemeente dink in terme van ‘n middeweg tussen die Gereformeerde en Pinksterkerke. Andries vind dat Wikus se beskrywing van so ‘n gemeente ooreenstem met wat Rick Warren in sy Purpose-driven Church voorstel. Toe hulle dié visie met Johan Geyser deel, stem hy daartoe in. So kom die Alberton Lewensentrum in Oktober 1999 tot stand met 54 lidmate. Teen Oktober 2000 staan die ledetal op ± 100 lidmate; Oktober 2001 ± 200; Oktober 2002 reeds ± 400. Hierdie 100% groei per jaar word vir jare gehandhaaf. Toe die ALS in Oktober 2003 na sy

nuwe kerkgebou trek, tel die lidmate 800 en ‘n jaar later staan hulle op 1500. Ten spyte van ‘n moeilike finansiële fase van 2003 tot 2004, was die tydperk geseënd wat uitbreiding van lidmaatgetalle betref. Teen Oktober 2005 trek die getal by 2300 en in Oktober 2009, hulle 10de jaar, trek hulle by 5000. Die ALS se merkwaardige eerste dekade van groei en die ontwikkeling van sy visie en missie, waardes en beginsels, het nie sonder groeipyne verloop nie, maar oor alles staan geskryf die genade van God wat mense geroep, bemagtig en gebruik het.

____________________

DIE SKEDELKUS WOESTYN

(Sien twee pentekeninge deur Lieselore self.)

Lieselore Steynberg van Tam-boerskloof, die steeds bedrywige en alombekende skrywer van ons pragboek EEN FAMILIE Steynberg/

Steenberg/Steinberg en haar suster Barbara het onlangs ‘n ongewone toertjie onderneem. Hulle die 30 km breë strook langs die Namibiese kus, bekend as die Skedelkuspark, besoek.

Dis ‘n woestyn waar nòòit ‘n druppel reën val nie en dit strek van Torra Baai in die suide tot teen die grens van Angola waar die Kunenerivier in die Atlantiese oseaan vloei. Streng natuurbewaring word daar toegepas en weens waterskaarste word daar nooit meer as twaalf toeriste op ‘n keer toegelaat nie. Hulle het met ‘n ligte vliegtuig van Eros lughawe in Windhoek af vertrek vir ‘n vlug oor ‘n landskap wat ‘n oor-heersende indruk van eensaamheid en verlatenheid laat. Iewers in die

1010

water wat glad nie eers brak is nie. Die mis klaar eers teen die middag op en dis ongelooflik dat die sonpanele in die paar uur sonskyn genoeg hitte kan opvang sodat daar altyd warm water is. Ook al die krag vir kook en beligting in die herberg word uit sonkrag verwek en slegs vir brood bak word gas gebruik omdat dit vinniger is. Lekker warm, varsgebakte brood-rolletjies was dan ook altyd by ontbyt voorgesit. Jonas, hulle Nama gids het hulle per 4X4 die wondere en geheime van die woestyn gaan wys. Daar is ‘n swart duin wat bedek is met klein stukkies swart gruis wat uit sekere minerale bestaan. ‘n Ander duin is weer rooi en van dié rooi klippies kon hulle optel. Jonas het die name genoem van die verskillende minerale waaruit die steentjies bestaan, maar wie kan dit alles onthou? Hier en daar is ‘n duin van spierwit waaisand en op so ‘n duin groei klein wit alge op die gruis. ‘n Volgende duin is bedek met fyn mos wat groen vertoon. Die klammigheid van die daaglikse mis maak dit moontlik vir die mos en alge om in die strawwe klimaat te groei en hierdie klein gewasse word deur springbokke gevreet. Wat hulle op een plek vir ‘n bos aangesien het, was eintlik ‘n boom wat deur wind toegewaai is met sand sodat net die kroon se verskillende takke so ‘n meter of wat uitsteek. Nog ‘n voorbeeld van aanpassing waarby Jonas stilgehou het, was ‘n

woestyn het hulle geland waar twee gidse, Jonas en Benjamin, hulle verwelkom het. Die Skedelkus was toe nie so skrik-wekkend as wat hulle verwag het nie. Hulle het in die breë droë bedding van die Kuamibrivier gery. Aan die een kant was ‘n hoë duin en langs die oorkanste oewer was digte bosse met jakkerende ape. Jonas het verduidelik dat goeie reëns in die binneland die rivier soms sterk laat afkom en die sand van die duin wegspoel. Dan waai die wind wèèr sand aan en bou die duin oor jare geleidelik weer op. Dis waarom ‘n sandduin nooit oor ‘n rivier beweeg nie. Die ondergrondse water is skynbaar vlak. Êrens in die rivierbed moes daar ‘n fonteintjie gewees het want hulle het afgekom op ‘n yl stroompie helder water wat ‘n entjie verder skielik weer in die sand verdwyn. Die droë sand is oortrek met spore van wild wat daar kom water soek. Hulle gids het spore uitgewys van springbokke, koedoes, jakkalse, olifante en ‘n enkele leeu, maar buiten die ape en heelwat voëls het hulle geen wild daar gesien nie. Foto’s wat hier geneem word, het ‘n spesiale karakter en is gewild by die makers van die beste almanakke. Teen skemer het hulle die enigste gastehuis in die Park bereik met ‘n asemrowende uitsig oor veraf duine. Dis uit donker hout gebou en staan op stutte. Ses gerieflike kleiner hout-huisies het elkeen sy eie sonpaneel wat te alle tye vir kokende warm warm sorg. Elke oggend is alles in ‘n digte mis gehul. As jy jou hand oor die syerige saad van ‘n graspol trek, is jou hand sopnat van

Page 8: Die Doringtak 48

1011

groot kraaines van groen doringranke. Om verdamping te vermy, is die blare aangepas tot groen dorings. Die vrugte is lekker, maar die dorings beskerm die bos en maak dit net vir olifante met hulle lang slurpe en vir gemsbokke met hulle lang horings moontlik om dit by te kom. Van spore rondom en onder die bos kon hulle aflei dat dit ‘n veilige skuilplek bied vir klein diertjies soos veldmuise. Lieselore sê hoe nader hulle aan die kus gekom het, hoe meer het sy ‘n onheilspellende sensasie van gevaar gevoel. Tussen seewier lê boom-stompe, planke, bene van walvisse en seevoëls, dromme, dele van ou skeepswrakke en selfs die motor van ‘n vliegtuig. ‘n Yskoue wind waai oor die eensame gedenksteen van twee manne wat in 1942 die lewe gelaat het met die reddingspoging van die Dunedin Star. Die Doringtak vind dit jammer dat Lieselore of Barbara nie ‘n foto van hierdie gedenksteen geneem het nie, want Ron het die Internet gefynkam en kon nêrens so ‘n foto vind nie. Die Dunedin Star was ‘n 160 meter lange verkoelde vragskip wat op pad was van Liverpool af na Saldanha-Baai, Aden en Egipte. Aan boord was ammunisie en voorrade as deel van die Geallieërde Magte se 2de Wêreldoorlog poging, maar daar was ook 21 betalende passasiers aan boord wat aan die Blitz in Duitsland ontkom het. Drie dae voor hulle Saldanha Baai sou

bereik, het die boot ‘n onderwater voor-werp getref, wat later deur ‘n hof van ondersoek beoordeel was om deel van die swak gekarteerde Clan Alpine Shoal te wees. Die skip het so vinnig begin lek dat die pompe dit nie kon hanteer nie. In ‘n poging om die lewens van die passasiers en bemanning te bewaar, het die kaptein besluit om die skip op die strand te laat loop, 80 km suid van die Kunene se monding. Die skip het op die sand vasgeloop 500 meter van die strand af wat ontruiming van die mense aan boord in hoogs onstuimige waters per motorboot genoodsaak het. Twee-en-veertig passasiers en bemanningslewe was ontruim voordat die motorboot na drie ritte die gees gegee het en drie-en-veertig siele aan boord die Dunedin Star gelaat het. ‘n Reddingsleepboot, die Sir Charles Elliott, van Walvisbaai af, het die gestrande skip bereik en ‘n klompie van die mense aan boord verwyder. Op pad terug na Walvisbaai het die Sir Charles Elliott gestrand naby Rocky Point waar twee bemanningslede gesterf het terwyl hulle probeer het om strand toe te swem. Drie dae later het vier skepe opgedaag en die oorblywende 43 mense aan boord gered. Nie een van die skepe kon egter die strand bereik nie as gevolg van baie ongunstige weers-toestande. ‘n Vliegtuig was toe ontbied om voedsel en water vir die skip-breukelinge te verskaf. ‘n Ventura bomwerper het voorrade op

1012

robbe rond op soek na kos. Hulle het ook een bruin Hiëna gesien wat ‘n robkarkas wegsleep, seker na sy kleintjies toe. Met al sy natuurkennis, kon Jonas ook poetse bak. Hy het hulle kaalvoet oor sand laat loop op ‘n plek waar hulle skielik kniediep in modderige dryfsand weggesak het. Dit voel asof die modder jou insuig. Blitsvinnig het die gidse hulle uitgetrek en almal het dit as ‘n groot grap beskou. Nog ‘n ondervinding was die sing-skreeugeluid as ‘n mens teen ‘n duin afseil. Hulle het hoopvol die groot vars spore van woestynolifante gevolg, maar dié het hulle bly ontwyk. Hulle het egter

wel springbokke, koedoes, gems-bokke, zebras, poue, akkedisse en kewers gesien asook verskillende voëls. Daar waar die oulike jakkals gereeld oor duine draf, lê sy spoor

soos ‘n fyn potloodstreep. Alle diere en plante in die dorre woestyn is afhanklik van die oggendmis vir lafenis. Die Skedelkus het ‘n eiesoortige bekoring wat gelukkig nog nie deur ‘n stroom toeriste versteur is nie. Lieselore wonder hoe lank dit nog so gaan bly.

_____________________

NICO SKRYF: Vanwaar die

Steynbergh’s? Nicolaas Johannes Daniel (Nico)Steynbergh (b11.c11.d9.e5.f1.) skryf onlangs en betuig sy dank en waardering vir ons redakteur se geduld en moed wat dit neem om Die Doringtak in sirkulasie te hou. Hy

die strand laat val. Later, in ‘n poging om vrou-ens en kinders te red, het die vliegtuig op ‘n nabygeleë sout-pan geland, maar die wiele het deur die oppervlakkige kors gebreek, die vliegtuig beskadig en dit in die sand laat vasval. Na vier dae se spit en grawe kon die vliegtuig met bemanning eindelik weer opstyg, net om 43 minute later in die see neer te stort. Die bemanningslede het nie alleen die ongeluk oorleef nie, maar daarin geslaag om strand toe te swem en later ook by die reddings-konvooi uit te kom. Die vlieëniers, tesame met die oorspronklike wrak-oorlewendes, het Windhoek eindelik bereik, 26 dae na hulle op die onherbergsame Skedelkus gestrand het. Nou ja, Lieselore-hulle skat dat daar seker ‘n paar miljoen robbe op die strand lewe en die stank is van ver af merkbaar. Hulle het afgekom op ‘n kolonie wat op die strand lê en slaap, maar met hulle naderkoms het hulle lomp die see ingehuppel. So onbeholpe as wat hulle op strand tussen die rotse beweeg, so grasieus en flink is hulle in die water en skiet soos pyle die branders in. Enkele robbe het bly lê en Lieselore het gedink hulle is dood, maar Jonas het gewaarsku dat hulle gevaarlik kan byt. Hy het een rob gekielie en hy het kwaai na hulle gehap voor hy see toe gesukkel het. Die eetlus van hierdie hordes robbe veroorsaak ‘n groeiende skaarste aan vis aan die Weskus. Daar lê heelwat dooie robbe op die strand wat sekerlik die stank vererger. Jakkalse trippel ongesteurd tussen die

Page 9: Die Doringtak 48

1013

gesels soms met ander familie wat sê hoe verwonderd hulle is oor die veskeidenheid van nuus en die wyse waarop dit oorvertel word. Hy het groot waardering vir die tyd en kragte wat spandeer word om die familieregister op datum te hou en die voortbestaan daarvan te bevorder. Hy is werklik spyt dat hy, as stigterslid van die Bond in 1983, nie die 25-jarige herdenking van die bestaan van die Johan Jost Steinberg Familiebond kon bywoon nie. Net ter opdatering die volgende: Sy seun André Johannes Steynbergh, (g3.) en Etricia (geb. Van Aswegen) se seun André Johan (h2.) is nog ongetroud. Sy jongste seun, Lourens Christo (h2.) getroud met Wilma Bosch, se seun, Louwrens Nico (h1.) is nog ongetroud. Noemenswaardig is die feit dat Nico op 4 Junie 2006 so stil-stil in die huwelik getree het met die weduwee Gericke (geb. Erasmus). Nico se verdere vertelling word woordeliks hieronder weergegee: “Dit maak my gelukkig voel deur Sy genade om op hierdie bevorderde leeftyd, kortliks iets mee te deel oor vertellings wat ek kan onthou om in ons familie koerant “Die Doringtak” te laat plaas sodat die familie ook kan weet waar ons kom aan die “h”. My oorlede vader Mechiel Daniel Cornelis Steynbergh b11.c11.d9.e5. is gebore op 30 November 1888 te Reitz in die Vrystaat, uit die tweede huwelik van Nicolaas Jacobus Steenberg b11.c11.d9. met J M de Bruyn, en was die vyfde kind. Na sy moeder se dood, is hy aan familie gegee en het opgegroei te

Liebenbergsvlei, Heilbron distrik. As tienerseun het hy en ‘n maat van hom by die Kommando aangesluit van Genl. Christiaan de Wet om perde op te pas. Met min skoolopleiding kry hy later aanstelling as stasievoorman op Kroonstad. Hier kry hy baie te doen met familie name soos Steenberg, Steinberg, Steynberg en Steynsburg. Toe in 1910 besluit hy om sy van Steynberg te verander na STEYNBERGH. Hy tree toe in die huwelik met die jong meisie A.G. Steyn op 22/07/’22, want aangesien hy toe veespekulant was het hy by vendusies met Oom Douw Gerbrand Steyn in aanraking gekom wat hom na sy plaas Rietkuil genooi het om na sy slagvee te kom kyk. So het hy dan later self ‘n boer geword op Elandskuil, distrik Ventersdorp. Tydens die Droogte-jare moes ons verskuif na die “Diamantvelde” Bakerville en Grasfontein, Distr. Lichtenburg. Na die goeie reëns is ons weer terug plaas toe. Daar te Elandskuil was die Laerskool tot Std 6 waar ek toe eksamen aflê vir Studie Beurs vir Hoër Onderwys. Vir ses maande was ek in die koshuis in Ventersdorp, en later na die Hoofstad Pretoria. Na enige jare het ek die Staatsdiens Eksame C afgelê en aanstelling gekry in die Hoof Poskantoor, Pretoria. Deur verdere Studies en Korres-pondensie het ek my bekwaam in die Teologie en het as voltyd student aan die einde van 1943 my kursus voltooi en as Pastoor van die Apostoliese Geloof Sending van S.A. Georden. Het deur Sy Genade op verskillende Rade en Komittees in verskillende dorpe in S.W.A. “Namibia” en in die Republiek in hele aantal Dorpe en Stede vir 36 jaar gemeentes bedien. Danksy my vrou wat vir 60 jaar aan my sy gestaan

1014

RP Steynberg, Bus 6992, Ausspanplatz, Windhoek, Namibië FA Venter, Posbus 3908, Venita, Swakopmund, Namibië FJ Steynberg, Posbus 11591, Windhoeki, Namibië J Dreyer , Sophiestraat 18,Veni ta, Swakopmund, Namibië IJ Steynberg, Posbus 632, Ellisras Dit blyk dat Namibiese lede tans ‘n bedrag van R18.40 moet inbetaal om hulle Doringtakke te ontvang omdat die standaard Suid-Afrikaanse posgeld te min is om sulke koeverte in Namibië af te lewer. Dit is moontlik dat diesulkes die betaling ontsien en dan eerder Die Doringtak nie afhaal by hulle poskantoor nie. Sekere Namibiërs het reeds versoek dat ons hulle nuusbriewe nie meer aan hulle pos nie, maar dat dit per e-pos gestuur moet word. Ons voldoen met graagte aan hierdie versoek Vir diegene sonder e-pos adresse, het ons ongelukkig nie ‘n goedkoper plan nie. Die terug-ontvangde Doringtakke het elkeen een van die volgende notas op: R18.40 betaalbaar a.g.v. Onvoldoende posgeld (Namibië); Terug na Sender, Posbus gesluit, Onbekend: Vertrek, Vertrek - geen adres gelaat, Hierdie adres onbekend, geen so ‘n straat (!), geen straat-aflewering nie.

_______________________

Voornaam Koert Gewaardeerde valk-oog Doringtak-medewerker, Willem Johannes “Wian” Steynberg (b11.c1.d2.e2.f1.g. h4.) het Die Doringtak 47 geniet in interessant gevind. Op bladsy 974 het hy by die beriggie oor wyle Koert Nicolaas Steynberg (b7.c6.d3.e5.f2.g2.) die opmerking gelees dat Koert die enigste Steynberg was wat hierdie voornaam met ‘n “K” geskryf het. Wian deel ‘n stukkie interessante inligting met ons.

het. Nou eers weer terug na die Steynbergh’s. Toe ek my aanstelling in die poswese ontvang moes ek my Geboorte Sertifikaat toon. Deur die jare heen het ek my van “Steynberg” opgegee. Wat was my ontnugtering toe ek sien dit is Neucolaas Johannes Daniel Steynbergh. My oorlede vader moes ‘n “guine” £1.1 en verklaring onderteken dat ek sy seun is. Ek het ‘n goeie vriend gehad, werksaam in die Uniegeboue die Argief Afdeling: Geboortes, Huwelike en Sterfgevalle. Ek was nou baie nieuskierig waarom al hierdie ander spellings. Ek was dan altyd “Nicolaas” nou “Neucolaas” en “h” agter Steynbergh. Hy het baie tyd geneem, en naslaan werk gedoen. Toe gevind dat ‘n sekere sendeling van “Finland” ‘n “Duitse Jood” deur die Finse Sending aan die einde van die 17de Eeu na Suid Afrika gestuur was. Dit is hoe hy sy naam “Neucolaas” Steynbergh geskryf het. Hy is toe later weer terug geroep na sy land van herkoms.”

VERLORE LEDE? Die volgende lede se Doringtak 47 het onafgelewer teruggekom: T Enslin, Bus 51651, Wierda Park 0149 CHJ Steenberg. Cuylerstr. 10, Birchleigh, 1618 HM Emslie, Huis 89, Loubser Park Oos, Hoofweg, Walmer, 6070 JB Combrink, Amber Valley 23, HartyStr., Cowies Hill, 3610 CAP Steynberg, Montgomeryhof 401, Plumerstraat, Witbank, 1035 AT Steenberg, Bus 13989, Witbank, 1035 PJ Steijnberg, Bus 36669, Menlopark, 0102 Dr WF Steynberg, Bus 160, Roodepoort, 1725 H Steenberg, Bus 504, Magaliesburg, 1791

Page 10: Die Doringtak 48

1015

Hy en sy suster is in besit van 'n gips kerfwerk wat sy oom Coert, die beeldhouer b11.c1.d2.e2.f1.g1. (in EF foutiewelik as “g2.” aangedui) gemaak het van sy suster Debora Gertruida (g2. - geb. 13/11/1907’ oorl. 31/12/1924 - foutief in EF as “g3.” getoon). Daar was aanvanklik ook 'n borsbeeld van haar maar dié het verlore geraak. Hierdie twee beelde was 'n geskenk van die beeldhouer Coert aan sy moeder (Wian se ouma) na tant Debora se oorlye. Dit het later na sy vader toe gekom en na dié se afsterwe is dit nou in Wian en sy suster se besit. Agterop die kerfwerk het oom Coert self sy naam met 'n 'K' uitgekerf met die datum 12/8/26. Wian reken die rede hoekom hy sy naam as 'Koert' gespel het, ons nou nooit meer sal weet nie. Hy vermoed persoonlik maar dat dit in daardie tyd gegaan het oor patriotisme en nasionalisme. Hy vermoed ook dat dit in daardie tydperk was dat sy oupa, Johannes Lodewikus (b11.c1.d2. e2.f1) sy van verander het van Steinberg na Steynberg. Dis slegs 'n vermoede, maar wat hy vir 'n feit weet is dat sy vader Albertus Hendrik Hamman Steynberg (in EF verkeerdelik g4.) en oom Coert (Koert ?) albei as Steinberg by geboorte aangegee is en dat hulle albei beëdigde verklarings en getuigskrifte moes voorlê dat hulle wel die bedoelde Steynberg kinders in sy oupa se testament was by die afhandeling van sy oupa se boedel na sy oorlye in 1952. Wian reken daar kan in dieselfde trant dalk nog gespekuleer word dat oom Coert dalk nog oorspronklik Koert was en eers later Coert geword het (?), want soos bo genoem het hy self sy naam met 'n 'K' gespel in 1926.

___________________________________________________________________________

SLIM VANG SY BAAS

In die tydskryf WegRy van Desember 2009 skryf ‘n dame van Standerton dat hulle op ‘n keer vir Kersfees van Standerton af na Barberton toe op pad was. Tussen Ermelo en Chrissiesmeer besluit haar man hy wil die grondpad tot op Badplaas ry omdat die omgewing so pragtig is. Net voor die afdraai na Badplaas kom hulle op ‘n handgemaakte bord af wat ‘n ompad deur ‘n gasteplaas aandui. Na hulle lekker daaroor gelag het, draai hulle van die provinsiale grondpad af en kom op ‘n 4X4 Toyota Hilux af wat nie self deur die modder wou sukkel nie (die derde opsie op die bord). Kort daarna sien hulle ‘n nat modderige deel in die pad. Vol vakansiemoed sê haar man neerhalend: “Is die Hilux bang vir ‘n ou bietjie modder?” Net daar besluit haar ervare 4X4-man om hulle rooi 1994 Range Rover nie te verneder nie en hy be-storm die modder-massa met vertroue. Die rooi Rover vorder net enkele treë die modder in voor hy in ‘n gat vasval met sy agteras tot op die grond, ‘n agterwiel sonder vaste aarde onder hom en die sleepwaentjie met sy disselboom in die grond. En daar sit hulle. Die dusver onoorwonne Rooi Leeu, wat al sovele kere dik sand, modder, steiltes en slote getrotseer het, sit! Die rympie; “Low range, diff lock”, wat

die mans gewoonlik aframmel, wou dié slag nie werk nie. Slim 4X4 man besluit toe om maar uit te klim. Onmiddellik sak hy tot by sy knieë in die modder weg. Hy kon

1016

nodig nie. Na jare van hierdie storie moes sy stil-verdraagsame vroulief iewers na ‘n ver dorp toe om haar moeder tydens ernstige siekte te gaan bystaan. Na ‘n

week kan hy dit nie meer hou nie en hy bel om te hoor wanneer sy dan terugkom. Sy sê, “Jong, dit kan nog ‘n hele ruk neem. Maar jy sê dan altyd jy is piekfyn so op jou eie. Jy het niemand nodig nie!” “Ja,” sê hy, “maar ek soek iemand hier by my om te sien hoe goed ek alleen regkom!” Eintlik kan ek goed kos maak - mits Issie vir my die be-standdele, vooraf geskil, gesnipper of heel, ge-weeg of afgemeet soos nodig - stoof toe bring, en by my staan en gesels. En die regte pan of kastrol opdiep, en die rasper, en die knoffel, en nog so ‘n paar ander goed waarvan sy eintlik die meeste aan die hand doen. Maar kosmaak, dié kan ek. Met braai dieselfde. En pannekoek! Daar is min mense wat by my kan kers vashou as dit kom by pannekoeke in die lug gooi om om te draai. Mits die beslag natuurlik vooraf berei en gereed is. Vat nou gisteraand. Hier in Polokwane is dit deesdae warm. En die deure staan heeldag oop - afgesien van die veiligheidshekke natuurlik. Ek is darem nie dom nie! Ek woon op ‘n kleinhoewe tien kilometer buite die dorp. Altans, dit was tien kilometer toe ons destyds hier ingetrek het. Maar die dorp bekruip ons, ek glo dis nou vier kilometer.

ook glad nie die waentjie se disselboom opgelig kry om dié af te haak nie. Die wit Hilux het intussen omgedraai om te kyk of Slim en sy Rooi Leeu die modder kon baasraak. In plaas daarvan om by sy oorspronklike besluit te hou, durf hy die modder deur die veld aan. Skaars in die modder val die Hilux óók vas. Soos in onbeweeglik! Na hulle ‘n ruk gesukkel het, kom daar ‘n trekker aangery met ‘n seun van omtrent 12 jaar in die saal. Sonder om te vra, draai hy die trekker om en begin saam met ‘n handlanger gereed maak om die voertuie uit te sleep. Voor die seun wegry met sy R40 in sy sak, vertel hy die 4X4-manne daar is ‘n fontein in die middel van die paadjie, vandaar die moddermassa. Slim hoor vandag nog nie die einde van sy “onverantwoordelike optrede| nie. Sedertdien stel hy deeglik ondersoek in (soos hy op sy 4X4-kursusse geleer het) voor hy sommer ‘n handgeverfde bord ignoreer. Die plaas is natuurlik die gasteplaas Florence van Nico en Ané Steinberg naby Chrissiesmeer en die kordaat 12-jarige entrepreneur, hulle seun, Wilhelm.

_____________________

MAN ALLEEN (deur Ron Steynberg b7.c6.d6.e6.f1.g1.)

As julle dan nou moet weet, Issie het my verlaat. Alweer. Blykbaar net vir ses dae terwyl sy en ‘n groepie vriendinne op ‘n plesierboot langs die Natalse kus opflenter na Mosambiek se kant toe. Maar dit kon netsowel vir ‘n jaar of vir altyd gewees het. Laat my dink aan die ou wat altyd beweer het dat hy heel gemaklik alleen op sy eie is. Hy het niemand

Page 11: Die Doringtak 48

1017

So skemeraand los ek Die Doringtak so halfklaar en ek stap kombuis toe. Net langs die oop voordeur steek daar ‘n stertjie uit agter ‘n groot pot met ‘n doringrige plant in. Ag ou akkedissie, sê ek vir myself en vat hom so liggies aan sy stertjie. Toe blaas iets vreeslik en die stertjie verdwyn. Nou, die akkedisse wat ek ken maak nie daardie geluid nie. En ek is ‘n man van aksie. En hoof van die huis wat sy huismense moet beskerm. Ek is ook nie vreeslik bang vir ‘n slang nie, solank ek hom kan sien of presies weet waar hy is ... So, nou weet ek presies waar hy is, maar om die sambok te gaan haal, moet ek kombuis toe stap. En wie sê die slang versit nie intussen na ‘n ander onbekende posisie nie? Ek is nog kaalvoet boonop. En Issie is nie hier om vir my te sê waar my Steynberg-kierie is wat Oom Coert Erasmus vir my present gegee het in 2008 nie (berig elders hierin.) Maar aksie moet geneem word. My oog val op ‘n plastiese besempie wat my besige kleindogter Xanthé die middag hier laat lê het. Dis ‘n bietjie lig maar al wat beskikbaar is. Nou, ‘n man soos ek wat weet van slange, slaan nie ‘n slang met ‘n stywe stok of kierie nie. Probeer maar. Jy slaan ewig die punt duskant of anderkant hom vas en hy skrik, maak jou skrik - en hy kom weg. Nee kyk, ‘n slang kan nie goed sien nie. Hy reageer net op skielike beweging. Jy benader hom sta-a-adig, maak seker dat jy sy kop mooi sien, bring jou kierie se punt regaf en tydsaam tot mooi bokant sy kop en met een netjiese stamp verbrysel jy sy kop soos die Skrif sê in Genesis, en die stryd is oor. Maar nou is ‘n plastiek besemsteeltjie ‘n ander ding. Eerstens is hy kort. Dan het hy nog so ‘n geel plastiek-ringetjie

vooraan waaraan hy opgehang word. Maar as hy al is wat jy het, en jou vrou is nie hier om alternatiewe van ‘n veilige afstand af te noem en aan te gee nie, moet hy eenvoudig doen. Alles verloop volgens plan. Ek skuif die pot effens weg en hoor daardie selfde geblaas nou nog duideliker. Die

slang het nogal ‘n verbasende diep stem! Ek loer versigtig agter die pot in. Die kostebesparende gloeilampie gooi ‘n groterige skaduwee agter die pot. Meteens besef

ek my bi-fokale lense is nie regtig bedoel om op daardie afstand te fokus nie. En vroulief is nie byderhand om gou my ander bril te bring nie. Die ongedierte se kop is ook heelwat groter as wat die dikte van sy stertpunt my laat glo het. So stiksienig soos ek is, sien ek vaagweg waar ek meen die kop is want sy lang lyf lê nou in ‘n soort kraaines wat bly wriemel en roer, maar ek besluit, nou mik ek sommer so “op die adres” soos my oom Ulrich altyd gesê het as hy ‘n besondere lang skoot in die jagveld waag. Die steeltjie is egter korter as die hoogte van die pot en my hand kon nie mooi agter die pot inkom nie. Hoe ookal, dis mis. Die slang peul daar uit, lig sy voorlyf ‘n hele ent op en trek sy kop vir my bak terwyl hy my blasend ‘n paar dinge toesnou. Maar ek is reg en ek sla-a-at na hom, maar die steeltjie is nie reg nie. Die vloek val toe plat en kronkel blitsig by die voordeur uit en verdwyn agter ‘n nog groter pot, en ‘n rare kunstige ornament wat niemand weet wat dit voorstel nie en ‘n paar keramiekduiwe in. Toe onthou ek, die familiekierie staan in die gangkapstok twee en ‘n halwe treë van my af. Toe ek hom in die hande het, die veiligheidshek se

1018

of om rou vleis te probeer eet nie. So ek sit dit maar terug en besluit om terug te val op ‘n ou suksesresep van my, maalvleis met bykosse; in hierdie geval ‘n paar opgesnyde tamaties. Daar is nooit twyfel of maalvleis rou of gaar is of nie. Ek hou nogal daarvan om maalvleis ‘n bietjie op te dollie deur ‘n paar skudde by te voeg van allerlei goete wat ek in die lang kas kry. ‘n Gunsteling is daardie geel sout wat in die later jare so gewild geword het. Daar staan ‘n potjie daarvan, maar hy is leeg. Ek weet egter uit ervaring, vroulief sal wel ‘n hervulpakkie iewers hê, as ek dit net kan vind. Na ‘n paar minute se moedige soek, kry ek dit. Nou net gou die houertjie onder oopmaak, dit hervul en aangaan met my gereg. Ek dop die houertjie om en benader dit met ‘n lepel in die hand. Jy druk mos die lepel so onder ‘n lippie in en hefboom die bodempie uit met een seker beweging, vul die houer, en Mugabe is jou oom - of hoe sê die Engelse? Probleem: hierdie soutpotjie het nie so ‘n lippie soos dié wat ek laas gebruik het nie. My goeie ou vriend Alex het my geleer: “When all else fails, read the instructions!” Ek bekyk die potjie van alle kante en vind die instruksie om die potjie vir gebruik oop te maak en dit is heel eenvoudig. Verder af vertel hulle: “To refill your Knorr Aromat canister (‘n woord wat in my opinie eintlik blik of trommel beteken, maar laat ons nou nie hare kloof nie) turn it upside down, pull the tamper tab towards you, then use a spoon to lift the bottom seal open, and empty in a refill sachet. It’s that easy!” Nogal met ‘n uitroepteken! So eenvoudig. Behalwe dat dit onmoontlik is. Daar is nie ‘n “tamper tab” (wat dit ookal mag wees) nie en ook niks

sleutel gevind en die hek oop het, skuif ek baie lugtig genoemde hindernisse uit die pad, maar ta is weg. Seker met die trappe af en weg - ek hoop na ‘n ander adres toe. (• Ek sou nou vir julle kon gesê het watter soort slang dit was, maar, soos julle weet, Issie is nie hier om vir my te sê waar die slang-boek is en dit vir my te bring nie.) Nou stap ek maar terug studeerkamer

toe. Daar skiet ‘n brandpyn in my voet op en ek weet: die bakkop het my uitoorlê! Ek kyk rond, maar daar is geen slang nie. Ook geen bloed onder my voet nie. Dronkgeslaan stel ek

fyner ondersoek in. My oog val op ‘n blink glinstering in die mat - 'n staal papierkrammetjie wat in die mat se vesels vasgewoel is en wat die stofsuier nie kon optel nie, het my gesteek. Verlig, met die voordeur tòè, stap ek weer kombuis toe. Ek het kos nodig. Vleis is kos. Hulle noem nie verniet die res bykosse nie. Daar is geen bruikbare vleis in die yskas nie. Die vrieskas lewer net allerhande verpakkinge op wat te groot is vir een persoon. Maar wag, daar is ‘n interessante pak met so ‘n plat hoender in. Rooibruin van ‘n marinade of goeters wat daar opgesit is. Op die prys-plakker staan “CHIC GRILLR”. Dan is daar ‘n mooi gedrukte etiket wat my vermoede bevestig: “Chicken - Guaranteed Fresh”, en om seker te maak ek kry die boodskap, nog ‘n keer “FRESH”. Nou weet ek alles, behalwe een ding: Beteken die herhaalde versekering dat dié produk vars is in die sin van gewaarborg nog nie áf te wees (soos in vrot) nie, of beteken dit rou, ek moet dit nog gaarmaak? Die kleur verraai niks. Ek het egter nie lus om gaar vleis weer ‘n slag te braai

Page 12: Die Doringtak 48

1019

anders wat ek “towards” my kan trek nie. Daar is ook nie ‘n plek waarin jy enige deel van ‘n lepel kan maak haak om die bodem oop te hefboom nie. Tog doen Issie dit blykbaar gereeld. Vrouens is net nie logies nie. Ek moes die ding half breek en met ‘n vurk (nie ‘n “spoon” nie) die bodem uitforseer. So het ek eindelik ‘n groot bak van my maalvleis-spesialiteit gereed gekry. Nou is ek gestel vir die duur van Issie se verdere afwesigheid. My gereg is ‘n baie veelsydige kossie. Jy meng ‘n paar lepels vol sommer met ‘n paar eiers en bak so ‘n tipe pannekoek daarvan. Met koffie. Of jy skep ‘n paar lepels vol op brood of rooster-brood; koud of warm. Met koffie. Of jy skep ‘n paar lepels vol in ‘n bakkie, koud, met ‘n paar lepels may-onnaise ingeroer. Met koffie. Vir variasie kan jy gerasperde kaas by enigeen van gemelde opdienvoorstelle inwerk; meng dit in, strooi dit bo-oor, rooster dit ‘n bietjie. Die moontlikhede is legio. Ek begin dit oorweeg om ‘n resepte-boek te skryf. Die lekker hiervan is dat jy nie moeg word daarvan nie. Jy kan dit vir elke ete in ‘n ander vorm eet. En die alternatief is te aaklig om aan te dink. Ek hoop nou net ek het genoeg gemaak om te hou tot Issie kom. Dis darem nou nie meer so lank nie. Snaaks, ek loop nie meer graag in ‘n half skemer gang nie. Gelukkig het my selfoon ‘n skaflike flitsie wat my help kyk waar ek trap. ‘n Mens wil tog nie graag in die donker op ‘n nat padda kutteltjie trap nie! • Voetnota: Issie is nou terug. Volgens die boek was dit ‘n Mosambiekse spoegkobra (Naja mossambica); nogal ‘n kwaai knaap met sitotoksiese - weefselvernietigende - gif.

______________

AANGENAME KENNIS Op die tweede dag van hierdie jaar

ontvang Die Doringtak ‘n e-pos van Elsabee Steynberg wat wil weet of daar nog EEN FAMILIE boeke beskikbaar is. Sy wil ook sommer weet of daar al ‘n latere, opgedateerde weergawe veskyn het. Omdat Ron nog nie tevore die naam Elsabee met hierdie spelling teëgekom het nie, stel hy belang en vra ‘n bietjie meer besonder-hede sodat hy haar in die geslagregister kan identifiseer. Dit blyk dat sy Elsabee Helena Steynberg (b11.c5.d1.e6.f4.g1.h3) is en dat sy later met Dieter Sauerbier getroud was. Sy het egter haar nooiensvan behou. ‘n Interessante verskynsel is dat, volgens EEN FAMILIE, bladsy 135, haar oupa Gerhardus (f4.) sy van Steijnberg gespel het ('n spelwyse wat wel hier en daar in die familie voorkom) en dat haar ouma, Elsabe, haar naam met net een “e” aan die einde gespel het. Elsabee het egter geen twyfel dat albei laasgenoemde spellings foutief was nie. Haar pa en verdere seuns, se vanne is ongetwyfeld Steynberg en sy het juis haar voornaam (met die twee “e”s aan die einde) by hierdie ouma geërf. Haar oupa Gerhardus en ouma Elsabee is albei in 1972 oorlede. Sy sê dit was ‘n tipe van “liefdestragedie”. Haar ouma is op 24 Junie ‘72 na ‘n lang siekbed oorlede en haar oupa het hom letterlik binne sewe dae dood getreur - hy is die 1ste Julie in sy slaap oorlede. Elsabee se vader, Nicolaas (g1.) en sy twee broers, Matthys (g2.) en Gerhardus (g3.) is aldrie reeds oorlede. Soos sy vertel, het sy ook ‘n sterk streep tipiese Steynberg-moedswilligheid in haar. Sy werk by die Wilgers Hospitaal in Pretoria. By geleentheid neem sy ‘n baie deftige en duidelik “vername” dame as pasiënt

1020

soos hulle dit noem, en sy hou nie daar skool nie. Haar ouers, Leon & Ellen Steynberg, bly in Hazyview. Leon het jare met piesangs geboer maar weens ‘n grondeis op hulle plaas moes hulle so ‘n drie jaar gelede hervestig op ‘n ander kleiner plaas en het hy by ‘n bou-onderneming begin werk. Haar moeder Ellen is, soos die mooi

Afrikaanse uitdrukking dit stel, ‘n tuiste-skepper. Ellen, wat mal is oor blomme en tuine, werk ook by ‘n

bloemiste wat hoofsaaklik blomme verskaf aan al die lodges en vakansieplekke in Hazyview. Haar ouer suster, Lenelle, is ‘n haarkapster in Hazyview. Sy het twee dogtertjies, Mieke (Gr. 2) en Leané (Gr. R).

Haar sonderlinge voornaam het Dohmé te danke aan 'n voorstel van haar ouma se suster, hoewel niemand weet waar sý daaraan gekom het nie. Volgens soeke op die internet, het dit geen besondere betekenis nie. Dis net 'n naam met 'n besondere klank wat vir haar ouers mooi was. Dohmé het in Witrivier aan Hoërskool Rob Ferreira gematrikuleer in 1995. Sy was ook 'n kranige sportvrou op skool wat Oos-Transvaal kleure in atletiek verwerf het, en Laeveld-kleure in hokkie. Sy het Sport- en Oefenkunde-Tegnologie gaan studeer (1996-1999) by die ou Technikon Pretoria, nou Tswhane Universiteit van Tegno-logie. Sy is baie lief vir sport en is steeds self aktief betrokke by hokkie. Atletiek bly 'n groot passie van haar, en sy het ook Gauteng-Noord kleure verwerf daarin, veral as 100m en 200m atleet! Sy ry graag bietjie bergfiets ook; het al 2 Argusse gery, die 94.7 padwedren asook die

op. Na aanleiding van haar naamspeldjie, verneem die dame of sy verwant is aan die wynboer of die beeldhouer. “Nee,” sê sy, “ek is ‘n afstammeling van die perdedief!” Haar broer Gerhardus (Gert) (h2.) het duidelik dieselfde streep. Na ‘n hartaanval en gepaardgaande omleiding, lig die kardioloog hom in dat hy nou sy lewensgewoontes sal moet aanpas en verbeter: Nie meer rook nie, minder alkohol en vetterige kosse inneem, meer oefening en dies meer. Gert wil toe weet, “Hoekom dokter, het jy dan die operasie verbrou?” In hulle vertakking van die familie is manlike nasate maar skaars. Haar vader Nicholaas Jacobus het net een seun gehad, haar broer Gerhardus. Hy het net een seun, Nico. Haar oom Matthys het net twee seuns gehad, waarvan slegs die een twee seuns gehad het en sy broer slegs ‘n dogter. Haar jongste oom, Gerhardus, het twee seuns gehad, waarvan slegs die een twee seuns gehad het en sy jonger broer slegs ‘n dogter. Al drie haar broers was aan die myne verbonde in Balfour se wêreld en Welkom. Hulle seuns was ook in die mynbou en enkeles het in die polisiemag beland. Die dogters het hoofsaaklik onderwyseresse of verpleegsters geword. Dohmé Steynberg, (b7.c6.d7.e9.f4. g1.h2.) wat opval deur XXX haar foto’s en lewenslustige inskrywings op Face-book, skryf na aanleiding van Ron se navraag: sy is 'n hokkie afrigter by Hoërskool Overkruin, 'n buite afrigter

Page 13: Die Doringtak 48

1021

Mountain Bike wedren, en ook ander wedrenne. Bedags is sy 'n sport-afrigter. Sy het 'n Playball Franchise in Pretoria. Playball is 'n program vir kin-ders tussen 2 en 9 jaar, en hulle gebruik sport as 'n basis om elke aspek van 'n kind se lewe te ontwikkel. Dit sluit in groot motoriese vaardighede (koördinasie, balans, ens.) en lewensvaardighede (selfver-troue, onafhanklikheid, ens.) Sy rig hokkie af sedert 1997, o.a. by skole soos Laerskool Constantia Park, Laerskool Theresa Park, Hoërskool Wilgers, en Hoërskool Akasia en Diocesan School for Girls, en sy het by Overkruin aangesluit in 2007, waar sy begin het met die o/14's, Gr. 8. Elke jaar het hulle hard gewerk om iewers te kom, en die vrugte is in 2009 gepluk as o/16's, toe hulle tot die kwarteind-rondte vir die Stadsbeker deurgedring het. Ongelukkig het Hoërskool Menlo Park hulle geklop en dis waar hulle paadjie gestop het. Hulle was aangewys as Hoërskool Overkruin se hokkiespan van die jaar 2009! Sy is ook gevra om die o/18 D Gauteng-Noord span af te rig, en is ook baie trots om te sê dat hulle 3e in die B toernooi geëindig het, en beter gevaar het as die C span! Sport is haar lewe en sy dra die Steynberg naam met trots.

DIRK EN MARIE

Dirk Arnoldus Steynberg (b7.c6.d3. e6. f2. g1.), sy liewe vrou Marie en Ron kom maar net nie bymekaar uit nie alhoewel hulle taamlik gereeld korrespondeer en mekaar op papier al taamlik goed ken. Dirk reken as hy ‘n verduideliking moet gee vir hulle rondswerwery, moet dit dalk wees dat sy en Marie se arms ewe maklik gedraai word.

Dirk het selfs in die laaste tyd so met een vinger leer tik en kom mooi reg. Hy is gebore in Carnarvon, net betyds om nog op eenjarige ouderdom sy Oupa en naamgenoot op die plaas Kalkdam naby Rietbron te sien. Matriek het hy geslaag, seker ook maar net, reken hy, want sy pa, wat ook sy onderwyser was, is gedurende die eksamen oorlede. Sy plek op U.P. was al bespreek maar skielik was daar nie meer fondse beskikbaar nie … Sy moeder, musiekonderwyseres en orrelis, moes gou plan maak. Sy skakel die Dekaan van die Skaap en Wol-Fakulteit, ‘n oud Carnarvon-seun. Sy was darem sy musiekonder-wyseres ook (en sy vader sy onderwyser). Hy doen toe moeite en ‘n beurs word aan Dirk toegestaan. Op universiteit ontmoet hy vir Marie (van Kenya afkom-stig), hulle trou en word na Dordrecht gestuur om ‘n nuwe kantoor oop te maak vir die Dept. van Land-bou. Na vyf jaar word Dirk met verhoging verplaas na Eshowe, Natal, waar hy werk tot in 1980 (12 jaar). Daar het hulle ook ‘n suiker- en veeplaas gehuur en in hulle vrye tyd suksesvol geboer. Na 20 jaar in die Dept. bedank hy en hulle neem die hotel, winkel en drankwinkel oor in Rhodes. Daar was hulle ook betrokke by baie ander aktiwiteite. Na byna 20 jaar verhuur hulle die besigheid en gaan tree af in Kidds Beach net Suid van Oos-Londen Die huur verval na drie jaar en hulle gaan terug na Rhodes tot 2002. Die besigheid word verkoop en hulle koop ‘n plaas in Willowmore. Hier maak hy dadelik ‘n geleentheid om die begraaf-plaas te besoek en sy oupa se grafsteen te sien met sy eie naam daarop (sy Oupa het al sy lewe in die Rietbron distrik, naby Willowmore, geboer). Met die hulp van Bo sien hulle een van

1022

rond te ry en nuwe plekke te ontdek. Daar is darem baie gawe bure en vriende en ‘n groot kerk waarby hulle reeds aangesluit het. Daar is Steynbergs in die omgewing. Jan het ‘n groot plaas naby Oesterbaai, sy seun boer tussen Humansdorp en Jeffreysbaai, hulle het Sakkie en Sanet al ontmoet en hulle voel tuis en ontspanne in die omgewing - as die swerfgogga net nie dalk weer byt nie ... Hulle het ruim geleentheid om met die kinders te jag naby Somerset Oos, hy kon die 15-jarige tweeling (Frederik Johannes s’n ) hul eerste bok laat skiet en ook hulle dogter, Maria Elizabeth (Lee) en Gary se seuntjie Dylan leer jag. Hy het ook geleentheid gekry om hulle jongste dogter Suzanne, wat reeds goed kon skiet, haar eerste bok laat skiet, ‘n taak wat sy foutloos be-meester het. Hy bedank Ron vir die foto van homself. Marie sê hy lyk vir haar soos ‘n regte Steynberg. So ‘n foto bring mens sommer nader aan mekaar.

Van Hunks Flo Steenberg, eggenote van Prof David Herculaas (Dawie) Steenberg, (b1.c11.d5.e6. f10.) herinner Die Doringtak onlangs dat Duiwelspiek 1000 meter hoog staan, net minder as Tafelberg se 1087 meter. (Terloops, albei is sigbaar vanaf Lieselore Steynberg se huis in Tamboerskloof.) Min Suid-Afrikaanse kinders - en voormalige kinders - het nog nie die verhaal gehoor hoe Duiwelspiek sy naam gekry het nie. In die koerant-bylaag “Bysaak” van 12 Desember 2009, gee Wynand Beukes die

die ergste droogtes in mense-heugenis kom en verkoop na drie jaar die plek waar hulle van hulle gelukkigste jare deurgebring het. Dirk glo ‘n mens moet nooit sê jy sal iets nooit doen nie … Marie het gesê sy sal o.a. nooit op ‘n Karoo-plaas bly nie en ook nooit in Willowmore nie. Tog was hulle baie gelukkig daar. Albei van hulle het

menigmaal gesê hulle sal nooit in P.E. bly

nie en ook nooit op ‘n klein-hoewe nie. Hulle dogter en skoonseun koop toe ‘n wonderlike plasie by Maitlands Mouth

net Suid van P.E. en hulle vestig hulle suksesvol daar. Hulle nooi Dirk-hulle om dringend na hul aangrensende plasie te kom kyk - ‘n mooi plek, nege hektaar groot, oortrek met natuurlike bos, ‘n pragtige ou drie slaapkamer-huis, met buitegeboue, ‘n groot swembad wat uitkyk oor die see met Jeffreysbaai in die agtergrond. Hulle koop dadelik en trek weereens in ‘n paradys in. Hulle boerderyplanne werk egter nie uit soos beplan nie. Muskeljaatkatte vang maklik ‘n dosyn hoenders in een nag. Van die dosyne bosluis-spesies in die omgewing is almal teenwoordig en die beeste vrek met eentonige reëlmaat. Die gewasse wat hulle aanplant word genadeloos afgemaai deur bosbokke, duikers, ystervarke, bosvarke en ape. Hulle finansiële reserwes kry ‘n loesing en toe hulle uit die bloute ‘n reddende aanbod kry, verkoop hulle na drie jaar. Dirk sê hulle sit nou rustig in Humansdorp, sonder al die verlede se uitgawes (en inkomstes) met nie altyd genoeg om te doen nie, behalwe om

Rhodes Hotel

Page 14: Die Doringtak 48

1023

resultate van sy baie interessante navorsing oor waar die sterk Kaapse suidooste-wind vandaan kom, en oor die rookkompetisie wat teen die hange van Tafelberg plaasgevind het. Die naam kom uit 'n volksverhaal oor 'n Hollandse man genaamd Jan van Hunks, wat 'n berugte pyproker was en aan die voet van die berg geleef het rondom die jaar 1700. Hy is deur sy vrou verplig om die huis te verlaat wanneer hy sy pyp wou rook. Een dag, terwyl hy sy pyp teen die hange gerook het, het hy 'n vreemdeling ontmoet wat ook pyp gerook het. Die twee het begin spog oor hoeveel elkeen rook, en vinnig het dit verval in 'n pyprook-kompetisie. Aan die einde van die verhaal het dit geblyk dat die vreemdeling die Duiwel was en dat Van Hunks uiteindelik gewen het, maar nie voordat die rook wat hulle gemaak het die hele berg bedek het met die "tafeldoek"-wolk nie. Menings verskil oor waar die van Hunks-verhaal ontstaan het. Enersyds word beweer dat dit as ‘n volksverhaal onder die Maleier-bevolking die lig gesien het. Aan die ander kant word beweer dat dit die skepping van ‘n 20ste-eeu-se skrywer was. Hieroor sal daar nog lank meningverskil wees. Waarskynlik is die verhaal geskep deur sekere Ian Colvin onder die opskrif “How Table Mountain got its Cloud” in sy boek “Romance of the Empire - South Africa, wat in 1909 gepubliseer is. Die verhaal is dus ongetwyfeld nou ouer as 100 jaar. Talle weergawes het die lig gesien sedert Colvin se debuut-relaas verskyn het. Insgelyks bestaan daar talle verskillende sienings oor wie Van Hunks nou eintlik was. Colvin reken hy was ‘n jagter in diens van goewerneur van der Stel. Izak van Tonder reken hy was ‘n deurtrapte ou seerower. Meer as tien weergawes het in verskillende geskrifte en bundels verskyn oor die afgelope eeu. Die sprokiesheld se van word meermale verskillend ge-publiseer, onder meer as Van Hunk, Van Honk, Van Plots, Van Donck en van Donk. Ook die redes verskil waarom Van Hunks

so gereeld die berg gaan uitklim het. Een waarnemer skat hy wou van sy vrou se vlymskerp tong wegkom. ‘n Ander sê die aanhoudende gekyf van sy vrou oor sy stinkende pyp was die eintlike rede vir sy gereelde staptogte die berg uit. Ook die ontmoeting tussen Van Hunks en die Duiwel word heeltemal uiteenlopend weergegee. Skrywers gis voort oor die prys wat die wenner van die rookkompetisie sou ontvang, en hoe die strawwe kompetisie uiteindelik afgeloop het en wat met die twee karakters daarna gebeur het. Dit lyk egter asof Van Hunks se vrou die eerste “ROOK VERBODE” reël aan die Kaap gemaak het, wat deesdae so algemeen in Suid-Afrika voorkom.

____________________

VERSPOTTE HOLLANDERS

Wie het nog nie gegiggel oor 'n lawwe of selfs kru Hollandse van nie? Wat is dan nou eintlik die storie agter hierdie vreemde name? In 1811 het Napoleon Bonaparte wie se Franse magte Nederland beset het vanaf 1795 tot 1813, 'n dekreet uitgevaardig dat elke Hollander wat nog nie 'n geregistreerde van gehad het nie, een moes kies. Die meeste Hollanders wat toe nog nie geregistreerde vanne aangeneem het nie, het hierteen geprotesteer. As protes, want hulle het geglo die Franse besetting sou gou oor wees, het hulle 'n grap hiervan gemaak en absurde name gekies. Hulle was toe reg, want teen 1813 hét die Franse vertrek, maar die verpligting om 'n amptelik geregistreerde familienaam te hê, het ongelukkig bly staan en die grapmakers het gesit met die resultaat van hulle lawwigheid. Daarom vind ons vandag nog vanne soos Boterhoofd, Platvoet, Katzenellenbogen, Naaktgeboren, Armoedzaaier, Schijthuis, en Pies (urine). Daar was skynbaar geen perke aan die Hollanders se begeerte om van die naamgewery 'n bespotting te maak nie en daarom dra duisende vandag nog vanne waarop hulle sekerlik nie trots kan wees nie. Dink aan voorbeelde soos

1024

kontak met nog jong en potensiële nuwe lede nie, of voel dat almal wat hulle ken, se name reeds aan Die Doringtak voorsien is. 100% glo dat die huidige ledegeld van R20 p.j. (R15 / pensoenarisse) te min is.

Menings wissel vir persone bo 65 vanaf R25 tot R50 p.j. Vir persone onder 65 wissel die menings vanaf R30 tot R100 per persoon (of gesin) per jaar. Wanneer die voorgestelde bedrae se gemiddeldes vir die twee ledegroepe bereken word, dan skyn die algemene gevoel te wees dat vir die Pensioen-arisse (persone bo 65) die jaargeld R36 moet wees, en vir die jonger lede R50.40. Om die bedrae af te rond, lyk dit asof ons dit moet maak R35 vir die ouer groep, en R50 vir diegene onder 65 en dit is dan op eg demokratiese wyse so bepaal. Ledegeld vir persone (of egpare) bo 65 jaar, is dan nou vanaf Januarie 2010 jaarliks R35. Vir persone onder 65 jaar (of egpare waarvan die senior persoon onder 65 jaar oud is), is die ledegeld vanaf Januarie 2010 die bedrag van R50. Dit klink soos 'n weghol-oorwinning in 'n algemene verkiesing wat enige kandidaat se hart sal laat swel van dankbaarheid en trots. As daar egter uit 'n totale bevolking se stemgeregtigde kiesers minder as 5% gestem het, doen dit geweldig afbreuk aan die legitimiteit en geloofwaardigheid van ‘n regering wat tot stand kom op sterkte van so ‘n uitslag. Ongelukkig is dit rofweg die situasie met ons meningspeiling. Saam met die jongste Doringtak het ek

Billepeuter (Agterentkrapper), Gladpootjes, Godhelp, Heetebrij (warm pap), Natvantranen, Komtebedde (kom bed toe), Zonderkop, Poepjes, De Koe (koei) en Koevoet (koeivoet), De Scheele (oë kyk oormekaar), Suikerbuik, Spring in ‘t Veld, Uittenbroek, Uiekruier (uiedraer), Naaktgeboren, Schooier (Bedelaar), Scheefnek, Rotmensen, Zeldenthuis, Zondervan, Borst, Piest (urineer). Daar is talle meer! 'n Skreeusnaakse een in daardie plat land was seker Van den/der Berg (van die berg af)! Is jy nie ook dankbaar dat Johan Jost Steinberg 'n Duitser was nie!

_______________________ UITSLAG VAN MENINGSPEILING

LEDEGELD VERHOOG Vir my wat Ron is, is dit lekker om te weet dat 100% van die lede wat die

peilingsvorms teruggestuur het, graag wil sien dat die Familiebond en Die Doringtak voortbestaan. 100% is ook gelukkig met en geesdriftig tot

hoogs begeesterd met die huidige formaat, styl en gehalte van Die Doringtak. Positiewe en baie waarderende kommentaar het my hart sommer laat gloei van bevrediging, lus en besieling om voort te gaan en nog beter te doen. 100% het onderneem om gereeld inligting aan Die Doringtak te stuur oor geboortes, sterftes, en huwelike in hulle onmiddellike familie-kring. 100% onderneem om hulle ledegeld in Januarie van elke jaar te betaal. 79% onderneem om familielede wat nog nie lede is van die Familiebond nie (veral jonger persone) se name en adresse aan die sekretaris te stuur. Die paar wat nie hierdie onderneming kon of wou gee nie, is skynbaar nie in

Page 15: Die Doringtak 48

1025

meningsopname-vorms per pos uitgestuur na 370 egpare of individuele lede. Daarvan het 14 as onafgelewer teruggekom, wat 356 gelaat

het wat kon reageer op die peiling. Daar het 17 voltooide vorms teruggekom, d.w.s. ongeveer 4,6%! Van hierdie 370 lede was sekerlik 90% reeds lede toe ek in 2003 as sekretaris en redakteur oorgeneem het. Van hùlle het meer as 70%, ten spyte van die feit dat hulle sedertdien elke jaar gemiddeld drie Doringtakke ontvang het: 1. nooit een sent ledegeld betaal nie; 2. nooit laat weet dat hulle die nuusbrief nie meer wil ontvang nie; of lid van die Bond wil wees nie. 3. nooit enige familie-inligting, staaltjies, nuus of enige ander bydrae tot Die Doringtak gemaak nie. 'n Mens wonder of die oorgrote meerderheid ooit sal agterkom as Die Doringtak net stil-stil verdwyn en daar nie weer een gepubliseer word nie. Die erns in die artikels “TERUGBLIK EN BESINNING” en “OOR RAND EN SENT” op bladsye 977 en 986 in Die Doringtak No. 47 het geen merkbare

effek gehad nie. Daar is 'n kern van getroue en lojale familiebondlede met wie 'n positiewe en hartlike verhouding bestaan en wat gereeld hulle

tevredenheid met en waardering vir die redakteur se pogings betuig en ook daadwerklike steun verleen en bydraes maak. Tog, is daar talle van hulle, met wie ons gesellig saamkuier by familiebyeenkomste, en wat oor die jare ge-waardeerde vriende geword het, wat hulself nie so ver kan bring

om gereeld, indien ooit, hulle ledegeld te betaal nie. Ons word gedra deur die getroue en welwillende bydraes en gereelde bykomstige

donasies wat 30% van ons lede maak! Juis dit maak dit moeilik om hier 'n ingrypende besluit te neem. As hulle dan maar liewer wou kritiseer en fout vind. Dan kon ek stappe doen om aan hulle verwagtinge te probeer voldoen, of hulle kon optree om ‘n verandering in die bestuur en redaksie te maak. Dink maar terug of jy nie dalk beloftes van beriggies of inligting oor sekere sake aan my gedoen het waarby jy net nooit uitkom nie! Onthou jy dalk daardie faks of e-pos wat jy vir my sou stuur? Heelwat van julle hoef nie eers ver terug te dink nie.

Enige maatskappy waarvan die jaar-verslag en syfers so doods is as die JJ Steinberg Familiebond s'n, sou dit bitter moeilik vind om Likwidasie en Bankrotskap mis te loop. Die meerderheid van ons

lede sien klaarblyklik nie die Bond met sy Nuusbrief as waardevolle besittings of bates van die familie nie. Hulle sal dit waarskynlik sonder enige gevoel van verlies laat verlore gaan. Dis jammer. Ek wat Ron is het geglo dat ons hier met 'n unieke en kos-bare Familiebate te make het wat talle van ons op 'n besondere wyse saambind, trots maak om te behoort, om te weet waar-vandaan ons kom en waarheen ons op pad is. Dis 'n ideaal waar-voor ek bereid is om min of meer elke vier maande ten minste 100 tot 150 uur te bestee om 'n

1026

binne die volgende maand of twee, (wat werklik my opregte wens is!) sal ek met graagte met hierdie taak voortgaan solank my kragte en verstand hou, en solank die familie dit so wil hê. Anders sal die volgende Doringtak die finale een wees wat uit hoogstens een dubbelvel papier sal bestaan, net om die ontbinding van die Familiebond aan te kondig en die Doringtak tot stilstand te bring. My hart gaan uit na almal wat my oor die tyd getrou gedra het en goedvertrouend my hande, en Lieselore s'n voor my, gesterk het en my moed en geesdrif hoog gehou het en nou erg teleurgesteld mag wees. Dankie. Dit was vir my heerlik en ek sal julle nooit vergeet nie. As daar geesdriftige, invloedryke en bekwame familielede is wat graag hieroor 'n vergadering wil belê om 'n nuwe bestuur daar te stel en 'n meer gewillige en/of bekwame sekretaris en redakteur aan te stel om met hierdie inisiatief voort te gaan, sal ek my volle samewerking verleen met die reël van so 'n vergadering.

Laat maar weet.Laat maar weet.Laat maar weet.Laat maar weet. MMMMeeeetttt mmmmeeeeeeeerrrr hhhhaaaarrrrttttsssseeeeeeeerrrr aaaassss iiiieeeettttssss

anders.anders.anders.anders. HHHH aaaa rrrr tttt llll iiii kkkk eeee familiegroetefamiliegroetefamiliegroetefamiliegroete

leesbare nuusbrief se stof uit te snuffel, na te vors, te orden, te illustreer en so interessant moontlik voor te sit, en te versend. Ons praat hier van 300 tot 450 uur per jaar – sonder vergoeding! Dit staan gelyk aan 38 tot 56 dae van 8 ure elk, wat meestal ingepas word in tye wanneer die res van die famile ontspan of rus of slaap! Ek en enkele ander entoesiaste en idealiste kleef duidelik aan ‘n illusie, ‘n droom-beeld wat bes moontlik nie langer bestaan-baar is nie. Ek wonder soms of daar lede is wat geïrriteerd raak omdat so baie van Die Doringtak se inhoud om my en my gesin se ervaringe draai. Glo hulle dat ek so ydel is dat ek graag my en my naaste familie se name en gesigte voortdurend op papier wil sien? Het jy

nog nie oorweeg dat elkeen van daardie “eie ek” beriggies daar is omdat jy, of iemand soos jy, nie vir my interessante of boeiende inligting oor JOU vertakking van die familie voorsien het wat ek in daardie spasie kon gebruik het

nie? Baie dankie, maar hierdie voorreg is nie meer vir my 'n voorreg nie. Ek kan sekerlik hierdie tyd en energie bestee aan ‘n hele paar ander baie meer verdienstelike, of selfs meer lonende sake. Neem dus kennis dat hierdie waarskynlik die tweede-laaste Doringtak sal wees. As daar 'n kragdadige ommeswaai in gesindheid en medewerking, en veral finansiële steun, sal wees

Page 16: Die Doringtak 48

1027

Ron

Polokwane Polokwane Polokwane Polokwane Januarie 2010Januarie 2010Januarie 2010Januarie 2010

1028