Upload
others
View
3
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
DIE DIENSTE VAN DIE ORTODOKSE KERK BY DIE AFSTERWE VAN 'N GELOWIGE
1. IN DIE KERK. bl. 3 2. BY DIE GRAF. bl. 75 "Salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe."
Openbaring 14:13.
2
3
Die Diens vir die Oorledenes In die Kerk
Wanneer die liggaam van die afgestorwene by die kerk aankom, gaan die priester, geklee in rasson en epitragilion en met die wierookvat dit by die kerkdeur tegemoet en begelei dit na die soleas, terwyl die Trisagion stadig gesing word. Volk:
Die priester trek die felonion aan en die diens neem 'n aanvang: Priester: Geseënd is ons God, immer nou en altyd en tot in ewigheid. Volk:
4
Die eerste gedeelte van Psalm 119(118) word dan gesing, met die "Halleluja" aan die einde van elke vers.
Psalm 119(118)
Leser Welgeluksalig is die onskuldiges van weg, wat in die wet van die Here wandel.
Volk: Refrein:
Leser: Lofwaardig is U, o Heer, leer my u gebooie. Volk:
Leser: My siel het begeer om altyddeur na u oordele te verlang. Volk:
Leser: My siel het gesluimer as gevolg van nalatigheid. Versterk
my met u woorde.
5
Volk:
Leser: Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie. Volk
Leser: Wanhoop het my aangegryp vanweë sondaars wat u wet
verlaat. Volk:
Leser: Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en dié wat u
bevele onderhou. Volk:
6
Leser: Eer aan die Vader en aan die Seun en aan die Heilige Gees, nou en altyd en tot in ewigheid. Amen.
Volk:
Priester: Wees ons barmhartig, o God, volgens u groot
barmhartigheid, ons bid U, hoor ons en wees barmhartig.
Volk:
Diaken: Weer bid ons vir die rus van die siel van die ontslape dienaar (dienares) van God, N ______ , sodat hy (sy) vergifnis mag verkry van al sy (haar) opsetlike en onopsetlike sondes.
Volk:
Diaken Sodat die Here God sy (haar) siel daar sal plaas waar die regverdiges rus. Om die barmhartighede van God, die Koninkryk van die Hemele en die vergifnis van sy (haar) sondes, laat ons Christus ons onsterflike Koning en God vra.
7
Volk:
Diaken: Laat ons bid tot die Heer.
Volk:
Priester: Want U is die Opstanding en die Lewe en die salige rus van u ontslape dienaar (dienares) N ______ , Christus ons God; en tot U stuur ons die lof omhoog, soos ook tot u beginlose Vader en u alheilige, goeie en lewendmakende Gees; nou en altyd en tot in ewigheid.
Volk:
Hierna begin die tweede gedeelte van Psalm 118(119) volgens Toon 5 met die refrein "Here, Here, ontferm U oor my.) Leser: U hande het my gemaak en my gevorm; maak my
verstandig, en ek sal u gebooie leer.
8
Volk:
Leser: Want ek het geword soos 'n leersak in die ryp; u
voorskrifte het ek nie vergeet nie. Volk: Here, Here, ontferm U oor my. Leser: Aan U behoort ek: verlos my, want ek het u bevele
gesoek. Volk: Here, Here, ontferm U oor my. Leser: Ek het van u oordele nie afgewyk nie, want Ú het my reg
geleer. Volk: Here, Here, ontferm U oor my. Leser: Ek het my hart geneig om vir ewig u voorskrifte uit te
voer, ter wille van die beloning. Volk: Here, Here, ontferm U oor my. Leser: Dit is tyd vir die Here om te handel: hulle het u wet laat
vaar. Volk: Here, Here, ontferm U oor my. Leser: Eer aan die Vader en aan die Seun en aan die Heilige
Gees, nou en altyd en tot in ewigheid. Amen. Volk: Here, Here, ontferm U oor my. Indien daar ‘n tweede priester is, doen ook hy die volgende gebed. Indien daar net een priester is, volg die derde deel onmiddellik. ________________________________________________ Diaken: Laat ons bid tot die Heer.
9
Volk:
Priester Want U is die Opstanding en die Lewe en die rus van u ontslape
dienaar (dienares) N ______ , Christus ons God; en tot U stuur ons die lof omhoog, soos ook tot u beginlose Vader en u alheilige, goeie en lewendmakende Gees; nou en altyd en tot in ewigheid.
Volk:
________________________________________________ So neem die derde deel van Psalm 119(118) dan nou 'n aanvang, in Toon 3, met die refrein: "Halleluja."
Leser: Wend U tot my en ontferm U oor my, volgens die reg van
dié wat u Naam liefhet.
10
Volk:
Leser: Ek is jonk en verag, maar u voorskrifte het ek nie vergeet
nie. Volk:
Leser: Hoor my stem na u barmhartigheid; o Here, maak my
lewend volgens u oordeel. Volk:
Leser: Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart het
gevrees vanweë u woorde. Volk:
11
Leser: My siel sal lewe en U loof; en u oordele sal my help. Volk:
Leser: Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want
u gebooie het ek nie vergeet nie. Volk:
Indien ‘n derde priester teenwoordig is, doen ook hy die gebed op bladsy 9. Indien nie, volg die Evlogitarieë onmiddellik hierna
Refrein:
Troparion
12
Let wel: By die begrafnis van priesters en diakens is dit die gebruik dat die volgende twee "Evlogitaria", onmiddellik na die eerste een hierbo ook gesing word.
Refrein:
13
Troparion
Refrein:
14
Troparion
Einde van die twee bykomende Troparia vir Priesters en Diakens
15
________________________________________ Refrein:
Troparion
16
Refrein:
Troparion
17
Refrein:
18
Troparion
19
20
21
Die Kontakion word nou gesing.
22
Terwyl bo-staande gesang gesing word, bewierook die priester die kis anti-kloksgewys aan al vier die kante, die ikonostasis en die volk. Dan volg die gesange van die Heilige Johannes Damaskenos in die agt tone.
23
IDIOMELA VAN DIE HEILIGE JOHANNES DAMASKENOS Toon 1
24
25
Toon 2
26
27
Toon 2 (alternatief)
28
29
Toon 3
30
31
Toon 4
32
Toon 4( alternatief)
33
34
Toon 5
35
36
Toon 6
37
38
Toon 7
39
Toon 7( alternatief)
40
41
Toon 8
42
43
Leser Eer aan die Vader en aan die Seun en aan die Heilige Gees.
44
Toon 8
45
Leser Nou en altyd en tot in ewigheid. Amen.
Toon 8
46
DIE SALIGSPREKINGE
47
48
Toon 6
49
Toon 6
50
Toon 6
51
52
Toon 6
53
54
Toon 6
55
Toon 6
56
Toon 6
57
58
Toon 6
59
Die Prokimenon Diaken: Wysheid! Leser: (Die Prokimenon in die sesde Toon) Salig is die weg wat jy
vandag bewandel, want vir jou is 'n oord van rus berei. Volk:
Leser: (Vers uit Ps.28{27}) Ek sal U aanroep, o Here.
O my God, draai nie stilswygend van my weg nie. Volk:
60
Leser: Salig is die weg wat jy, o siel, vandag bewandel, Volk:
Diaken: Wysheid. Leser: Die lesing uit die eerste brief van die heilige Apostel Paulus aan
die Thessalonicense. Diaken: Laat ons aandag gee.
Apostellesing Leser (1 Thes. 4:13-17) Broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet
wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
Priester: Vrede vir jou. Leser: En vir u gees. Halleluja! Halleluja! Halleluja!
61
Volk:
Diaken: Wysheid! Laat ons opstaan. Laat ons luister na die heilige
Evangelie. Priester: Vrede vir almal. Volk:
Diaken: Die lesing uit die heilige Evangelie volgens Johannes. Volk:
Diaken: Laat ons aandag gee. In daardie tyd het die Here vir die Jode wat na Hom gekom het
gesê: (Joh. 5:24-30) Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe. Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê. En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. Moenie julle
62
hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling. Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
Volk:
Priester: Wees ons barmhartig, o God, volgens u groot
barmhartigheid, ons bid U, hoor ons en wees barmhartig. Volk:
Priester: Weer bid ons vir die rus van die siel van die ontslape dienaar (dienares) van God, N ______ , sodat hy (sy) vergifnis mag verkry van al sy (haar) opsetlike en onopsetlike sondes.
By die begrafnis van 'n priester of diaken is die bewoording vir bo-staande bede:
Weer bid ons vir die rus van die siel van die ontslape dienaar van God, N ______ , (diaken, priester),wat ons broer en mede-selebrant was, sodat hy vergifnis mag verkry van al sy opsetlike en onopsetlike sondes.
_____________________________________________________ Volk: Here, ontferm U, Here, ontferm U, Here, ontferm U.
63
Priester: Sodat die Here God sy (haar) siel daar sal plaas waar die regverdiges rus. Om die barmhartighede van God, die Koninkryk van die Hemele en die vergifnis van sy (haar) sondes, laat ons Christus ons onsterflike Koning en God vra.
Volk:
(Hier word die Gebede vir die opheffing van enige banvloek en ekskommunikasie teen die afgestorwene deur die biskop gelees, indien hy teenwoordig. Hierdie gebede verskyn op bladsy 71.) Priester: Laat ons bid tot die Heer. Volk:
Priester: (Saggies) God van die geeste en van alle vlees: U het die dood vertrap, die duiwel vernietig en aan die wêreld die lewe geskenk. Heer, laat rus die siel van u ontslape dienaar (dienares) N ______ , in 'n plek van lig, 'n plek van groen weivelde, 'n plek van verkwikking, waar alle pyn, smart en sugting die wyk geneem het. Vergeef hom (haar) as die goeie en, mensliewende God, alle sondes wat hy (sy) deur woorde, dade of gedagtes begaan het. Daar bestaan immers geen mens wat leef sonder om te sondig nie. U is tog alleen die Sondelose. U geregtigheid duur tot in ewigheid, en u woord is Waarheid.
(Hardop) Want U is die Opstanding en die Lewe en die salige rus van u ontslape dienaar (dienares) N ______ , Christus ons God; en tot U stuur ons die lof omhoog, soos ook tot u beginlose Vader en u alheilige, goeie en lewendmakende Gees; nou en altyd en tot in ewigheid.
64
Volk:
DIE WEGSENDING
Priester: Eer aan U, o God, ons hoop, eer aan U.
Mag Hy wat as onsterflike Koning heers oor die lewendes en die dooies, en wat opgestaan het uit die dode, Christus, ons ware God, deur die gebede van sy al-onbevlekte, heilige Moeder, van die heilige, glorieryke en alomgeëerde Apostels, van ons eerbiedwaardige en Goddraende vaders, van die heilige en glorieryke voorvaders, Abraham, Isak en Jakob, van sy heilige en regverdige vriend Lasarus, wat vier dae dood was, en van al die Heiliges, die siel van Sy dienaar (-ares) wat van ons af heengegaan het, vestig in die tente van die regverdiges, hom/haar rus gee in die boesem van Abraham en hom/haar reken by die regverdiges; en ons barmhartig wees en ons red, want Hy is 'n goeie, mensliewende en barmhartige God.
Volk:
Priester: Ewig is jou gedagtenis, ons geluksaligheidwaardige en onvergeetlike broer (suster).
Volk:
65
Die begrafnisrede word nou gelewer waarna die afskeidskus plaasvind terwyl die onderstaande gesing word. Toon 2
66
67
Toon 2
68
Theotokion Toon 2
69
70
By die voltooiing van die afskeid, begelei die priester, met kruis, die liggaam na die ingang van die kerk, terwyl die "Trisagion" stadig gesing word.
By die deur gee die priester die slotseën, soos volg:
71
Priester Want U is die Opstanding en die Lewe en die rus van u ontslape
dienaar (dienares) N ______ , Christus ons God; en tot U stuur ons die lof omhoog, soos ook tot u beginlose Vader en u alheilige, goeie en lewendmakende Gees; nou en altyd en tot in ewigheid.
Volk:
Priester Deur die gebede van ons heilige Vaders, Here Jesus Christus
ons God, ontferm U oor ons en red ons. Volk:
As 'n biskop teenwoordig is en die diens lei, lees hy een van die volgende gebede onmiddellik na die bede " Wees ons barmhartig, o God, volgens u groot barmhartigheid ……….. , laat ons Christus ons onsterflike Konining en God vra." (bl.63)
GEBEDE VIR DIE OPHEFFING VAN ENIGE BANVLOEK EN EKSKOMMUNIKASIE TEEN DIE AFGESTORWENE
DEUR DIE BISKOP GELEES Priester Laat ons bid tot die Heer. Volk:
72
Biskop: O Here ons God, in u onuitspreeklike wysheid het U die mens uit
die aarde geskep, hom gevorm en gestalte en skoonheid gegee as 'n waardevolle en hemelse skat tot lof en eer van u heerlikheid en koninkryk en hom gemaak na u beeld en gelykenis. Maar toe hy u gebod oortree het, en deel aan die beeld gehad het maar dit nie bewaar het nie, het U, sodat hierdie boosheid nie onsterflik moes wees nie in u liefde vir die mensdom, as die God van ons Vaders, beveel dat hierdie verbinding en vermenging, en die onverbreekbare band deur u goddelike wil afgesny en ontbind moes word; en dat die siel tot die algemene opstanding moet gaan na die plek waar dit sy ontstaan ontvang het, en dat die liggaam ontbind moet word in die elemente waaruit dit saamgestel is. Daarom bid ons U, die vlekkelose Vader, en u eniggebore Seun en u alheilige en eenwesenlike en lewegewende Gees: Laat U skepsel nie deur vernietiging verswelg word nie; maar gee dat die liggaam ontbind in die elemente waaruit dit saamgestel is, en wys die siel toe aan die skare van die regverdiges.
Ja, Here ons God, laat u onmeetlike barmhartigheid en u weergalose liefde vir die mensdom heers; en as u dienaar/ares onder die vloek van vader of moeder, of sy eie vloek gekom het, of as hy enige van die kerklike amptenare verbitter het, en deur enige van hulle onderwerp is aan enige band waarvan hy/sy nie vrygestel is nie, of 'n sware band deur enige biskop opgelê is, en deur agtelosigheid of luiheid nie vergifnis verkry het nie, vergeef hom/haar deur my, u sondige en onwaardige dienaar; ontbind sy/haar liggaam in die elemente waaruit dit saamgestel was, en wys sy/haar siel toe aan die woonplek van die heiliges. Ja, Here ons God wat hierdie gesag aan u heilige dissipels en Apostels gegee het om kwytskelding van sondes te verleen deur vir hulle te sê: "Alles wat julle bind of ontbind, laat dit gebonde of ontbonde wees;" en wat in u mensliewendheid, deur hulle, hierdie groot gawe aan ons oorgedra het, selfs al is ons dit nie waardig nie, ontbind u dienaar/ares N _______ , wat ontslaap het, van alle sondes van siel en liggaam, en laat hom/haar in die teenswoordige tyd en in die tyd wat kom, vergewe word. Deur die gebede van u alreine en immermaagdelike Moeder en van al u Heiliges. Amen.
73
'N ALTERNATIEWE GEBED
Priester Laat ons bid tot die Heer. Volk:
Biskop: O Meester ryk aan barmhartigheid, Heer Jesus Christus ons
God, wat na u heilige Opstanding uit die dode op die derde dag die sleutels van die hemelse koninkryk aan u heilige dissipels en eerbiedwaardige Apostels gegee het, en hulle, deur u genade, die mag gegee om die sondes van mense te bind of te ontbind, sodat alles wat deur hulle op aarde gebind is, ook in die hemel gebind sou wees, en alles wat deur hulle op aarde ontbonde word, ook in die hemel ontbonde sou wees; wat ons, u nederige en onwaardige dienaars, in u onuitspreeklike menseliefde as hulle opvolgers hierdie selfde hoogheilige gawe waardig geag het, sodat ook ons die dinge wat onder u volk gebeur mag bind of ontbind; vergeef U dan Self, algoeie Koning, u dienaar/ares N _________ deur my, u nederige en onwaardige dienaar, watter oortredinge hy/sy ookal in hierdie lewe as mens begaan het. Vergewe hom/haar al sy/haar sondes in woord of daad of gedagte; bevry hom/haar van enige band wat op hom/haar rus, van watter aard ookal, of hy/sy nou as gevolg van onbesonnenheid of om enige ander rede hom-/haarself gebind het, of deur 'n biskop of enige ander persoon gebind is, en so in hierdie ernstige toestand beland het deur die afguns en medewerking van die Bose. Daar U alleen goed en ryk aan barmhartigheid is, gee dat sy/haar siel gevoeg mag word by die gemeenksap van die heiliges wat U oor die eeue heen behaag het, en dat sy/haar liggaam terug besorg mag word aan die natuur wat deur U geskep is. Want U word geloof en verheerlik tot in alle ewigheid. Amen.
74
GEBED DEUR 'N BISKOP VIR 'N ONTSLAPE PRIESTER
Priester Laat ons bid tot die Heer. Volk:
Biskop: Ons dank U, o Here ons God, want u lewe alleen is onsterflik, en
u heerlikheid onbegryplik, en u barmhartigheid onmeetlik, en u liefde vir die mens onuitspreeklik, en u heerskappy sonder opvolging, en by U, Here, is daar geen partydigheid teenoor mense nie; want U het vereis dat alle mense dieselfde skuld betaal wanneer die volle maat van hul lewe voltooi is. Daarom pleit ons by U, o Here ons God, om in die boesem van Abraham en Isak en Jakob rus te skenk aan u dienaar N ______ , priester, ons broer en mede-selebrant, wat ontslaap het in die hoop op die opstanding tot die ewige lewe. Soos wat U hom aangestel het om die Liturgie in u Kerk op aarde te vier, laat hom dit nou ook doen voor u hemelse altaar, Heer; soos U hom onder mense met geestelike waardigheid getooi het, aanvaar hom ook nou onder die Engele in u heerlikheid; soos wat U sy lewe op aarde verheerlik het, maak ook nou sy heengaan uit hierdie lewe 'n ingaan onder u heiliges, en reken sy gees by almal wat U oor die eeue heen behaag het.
Want U is die opstanding, die lewe en die rus van u ontslape dienaar N _________ , priester, ons broer en mede-selebrant, o Christus ons God, en tot U stuur ons die lof omhoog, soos ook tot u beginlose Vader en u alheilige en lewendmakende Gees, nou en altyd en tot in ewigheid. Amen.
75
BY DIE BEGRAAFPLAAS
Die Trisagion vir die Dooies word gesing. Priester Geseënd is ons God, immer, nou en altyd en tot in ewigheid. Volk
Leser/Priester Heilige God, Heilige Magtige, Heilige Onsterflike, ontferm
U oor ons. Volk Heilige God, Heilige Magtige, Heilige Onsterflike, ontferm
U oor ons. Leser/Priester Heilige God, Heilige Magtige, Heilige Onsterflike, ontferm
U oor ons.
Volk Eer aan die Vader en aan die Seun en aan die Heilige
Gees, Leser/Priester nou en altyd en tot in ewigheid. Amen. Volk Alheilige Drie-eenheid, ontferm U oor ons. Here, reinig ons van ons sondes. Meester, vergeef ons ons oortredinge. Heilige, besoek en genees ons swakhede, om u Naams ontwil. Leser/Priester Here, ontferm U. Here, ontferm U. Here, ontferm U. Volk Eer aan die Vader en aan die Seun en aan die Heilige
Gees, Leser/Priester nou en altyd en tot in ewigheid. Amen. Volk Onse Vader, wat in die hemele is, laat U naam geheilig word. Laat U koninkryk kom. Laat U wil geskied soos in die hemel net so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood en vergeef ons ons skulde
76
soos ons ook ons skuldenaars vergewe en lei ons nie in versoeking nie maar verlos ons van die bose. Priester Want aan U behoort die Koninkryk en die krag en die
heerlikheid, aan die Vader en die Seun en die Heilige Gees, nou en altyd en tot in ewigheid.
Volk
Toon 4
77
Leser: Eer aan die Vader en aan die Seun en aan die Heilige Gees. Volk
78
Leser: Nou en altyd en tot in ewigheid. Amen. Volk
79
Priester: Wees ons barmhartig, o God, volgens u groot barmhartigheid,
ons bid U, hoor ons en wees barmhartig. Volk
Priester: Weer bid ons vir die rus van die siel van die ontslape dienaar (dienares) van God, N ______ , sodat hy (sy) vergifnis mag verkry van al sy (haar) opsetlike en onopsetlike sondes.
By die begrafnis van 'n priester of diaken is die bewoording vir bo-staande bede: Weer bid ons vir die rus van die siel van die ontslape dienaar van God, N ______ , (diaken, priester),wat ons broer en mede-selebrant was, sodat hy vergifnis mag verkry van al sy opsetlike en onopsetlike sondes.
_____________________________________________________ Volk: Here, ontferm U, Here, ontferm U, Here, ontferm U. Priester: Sodat die Here God sy (haar) siel daar sal plaas waar die
regverdiges rus. Om die barmhartighede van God, die Koninkryk van die Hemele en die vergifnis van sy (haar) sondes, laat ons Christus ons onsterflike Koning en God vra.
80
Volk:
Priester: Laat ons bid tot die Heer. Volk:
Priester: (Saggies) God van die geeste en van alle vlees: U het die dood vertrap, die duiwel vernietig en aan die wêreld die lewe geskenk. Heer, laat rus die siel van u ontslape dienaar (dienares) N ______ , in 'n plek van lig, 'n plek van groen weivelde, 'n plek van verkwikking, waar alle pyn, smart en sugting die wyk geneem het. Vergeef hom (haar) as die goeie en, mensliewende God, alle sondes wat hy (sy) deur woorde, dade of gedagtes begaan het. Daar bestaan immers geen mens wat leef sonder om te sondig nie. U is tog alleen die Sondelose. U geregtigheid duur tot in ewigheid, en u woord is Waarheid.
(Hardop) Want U is die Opstanding en die Lewe en die salige rus van u ontslape dienaar (dienares) N ______ , Christus ons God; en tot U stuur ons die lof omhoog, soos ook tot u beginlose Vader en u alheilige, goeie en lewendmakende Gees; nou en altyd en tot in ewigheid.
Volk:
81
Die priester giet olie kruisgewys oor die afgestorwene se liggaam terwyl hy sê: Priester: U sal my besprinkel met hissop, en ek sal gereinig word; U sal
my was en ek sal witter word as sneeu. Hy strooi dan 'n bietjie grond oor die afgestorwene se liggaam en sê:
Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en almal wat daarop woon. Uit die aarde is jy en tot die aarde sal jy terugkeer.
DIE WEGSENDING
Priester: Eer aan U, o God, ons hoop, eer aan U.
Mag Hy wat as onsterflike Koning heers oor die lewendes en die dooies, en wat opgestaan het uit die dode, Christus, ons ware God, deur die gebede van sy al-onbevlekte, heilige Moeder, van die heilige, glorieryke en alomgeëerde Apostels, van ons eerbiedwaardige en Goddraende vaders, van die heilige en glorieryke voorvaders, Abraham, Isak en Jakob, van sy heilige en regverdige vriend Lasarus, wat vier dae dood was, en van al die Heiliges, die siel van Sy dienaar (-ares) wat van ons af heengegaan het, vestig in die tente van die regverdiges, hom/haar rus gee in die boesem van Abraham en hom/haar reken by die regverdiges; en ons barmhartig wees en ons red, want Hy is 'n goeie, mensliewende en barmhartige God.
Volk:
Priester: Ewig is jou gedagtenis, ons geluksaligheidwaardige en onvergeetlike broer (suster).
Volk:
82
Priester Deur die gebede van ons heilige Vaders, Here Jesus Christus
ons God, ontferm U oor ons en red ons. Volk: