3
REEKS —deur Peter Hammond » Psalms “Prys die Here om die eer van Sy Naam! Buig voor die Here by Sy heilige verskyning!” Ps 29:2 D ie Psalms is vol brandende toewyding aan God. Om deur hierdie versameling geestelike gedigte te lees, is om deur die psalmdigter se intense entoe- siasme vir God oorweldig te word. Die gees van lofprysing versterk ’n mens; ek is altyd verfris en opnuut geïnspireer nadat ek dit gelees het. Terwyl die Psalms se aanbid- dingswoorde ons deurdrenk, spoel die geloof in God en die liefde vir Hom soos ’n snelvloeiende berg- stroom oor ons dorstige siele. Manne wat God innig liefgehad het Die Psalms is geskryf deur manne wat God met ’n diepte liefgehad het wat selde in vandag se oppervlakkige samelewing aangetref word. Hulle is vol van dié soort vurige geloof van diegene wat God deur hulle eie ervaring leer ken het. Manne soos Dawid, Moses en Esra het hulle gebede, hulle bepeinsing van God se Wet en hulle aanbiddingsliedere aan en oor die Here God in hierdie gewyde gebedsboek in die Bybel opgeteken. Dawid word beskryf as ’n man na God se hart; wanneer ons die Psalms lees, dit sing en bid, word dit duidelik waarom. Wanneer ons in die Psalms ’n vars blik op ons almagtige soewereine God se wonderlike glorie en majesteit kry, kan ons nie help om ook aan die aanbidding mee te doen nie. Aanbid saam Wat is die mens se hoofdoel? Om God te aanbid en ons vir ewig in Hom te verheug! Die Psalms is liedere en gebede geskryf deur ’n man na God se hart. “Ek wil U lof verkondig, my God en Koning, ek wil U Naam altyd loof... Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, Sy grootheid is ondeurgrondelik...Ek sal die lof van die Here verkondig. Laat al wat leef, Sy heilige Naam vir altyd prys.” Psalm 145:1,3,21. Die hart van die Bybel Psalms is die gesange- en gebedsboek van die Bybel. Dit is die langste, sowel as die middelste boek van die Bybel. Dit is ook die mees geliefde en mees aangehaalde boek uit die Bybel. Dawid het die meeste van die Psalms geskryf, bykans 1 000 v. C. Daar is egter ’n Psalm van Moses wat dateer uit die tyd van die Eksodus, asook Psalms wat deur Esra gedurende die tyd van die terugkeer van ballingskap uit Babilon geskryf is. Dr. Martin Luther het Psalms beskryf as: “Die Bybel binne die Bybel” – die Bybel in die kleine. Die Psalms behandel die skep- ping, die patriarge, die Eksodus, die geskie- denis van Israel, monargie, verdeelde en verenigde koninkryke, ballingskap en die terugkeer na Jerusalem. Inspirerende gesange Van die bekendste gesange in die geskie- denis is op die Psalms gebaseer, insluitend dr. Martin Luther se, ‘A mighty fortress is our God,’ (Psalm 46) en Isaac Watt se, ‘Jesus shall reign,’ (Psalm 72). Emosies in die Psalms Die Psalms behandel elke emosie en situ- asie, van smart tot vreugde, van mislukking tot oorwinning. Die Psalms verwoord negatiewe emosies: aggressie, frustrasie, wanhoop, vrees, jaloesie en afguns. Hulle weerspieël ook talle positiewe emosies: liefde, vreugde, vrede, hoop, opwin- ding, en opgewektheid. Die profete Die profete het herhaaldelik uit die Psalms aangehaal. Jona se gebed haal uit vyf verskillende Psalms aan. Habakuk het in sy profesie drie keer uit die Psalms aangehaal. Nie al die Psalms word egter in die boek Psalms aangetref nie. Ons sien ook Psalms in Eksodus 15: die lied van Miriam; Rigters 5: die lied van Debora, 1 Samuel 2: die lied van Hanna. Daar is ook Psalms in Job, Jesaja en Openbaring. Langste en kortste Die kortste hoofstuk in die Bybel is Psalm 117. Die langste hoofstuk is Psalm 119 (176 verse). Die middelste hoofstuk van die Bybel is Psalm 118. Die middelste vers in die Bybel is: “Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou. Om by die Here te skuil, is Psalms is die gesange- en gebedsboek van die Bybel, gepas vir enige situasie. Wanneer ons ’n vars blik op ons almagtige God se wonderlike glorie en majesteit kry, kan ons nie help om ook aan die aanbidding mee te doen nie. » Persoonlik asook kollektief Die Psalms is persoonlik en maak gebruik van persoonlike voornaamwoorde: ‘ek’ en ‘my’. Ander Psalms is kollektief, gepas vir gesamentlike aanbidding en gebruik die voornaamwoord: ‘ons’. Koning Dawid het die meeste van die persoonlike Psalms geskryf. Hulle is omvattend en hanteer elke Bybelse tema en leerstelling. Dit onderrig, bevat geskiedenis, profesie, berou, dankseg- ging, vertroue, lof en aanbidding. Van die Psalms handel oor die Wet van God (Psalm1,19 & 119), ander oor die skepping (Psalm 29 & 104). Ander Psalms behandel God se oordeel (Psalm 52). Baie is Messiaanse Psalms (Psalm 2, 22 & 53). Die Psalms behandel die verwoesting van Israel, Israel se Verlosser en Israel se verlossing. Dawid het meer as die helfte van die Psalms geskryf. Sy ervarings as ’n herder, musikant, sol- daat, vlugteling en koning word in baie van sy Psalms weerspieël, soos byvoorbeeld die herder in Psalm 23. Dawid het Psalm 2 vir sy seun, Salomo, se kroning geskryf. Dawid se skatkis 22 JUIG! TYDSKRIF JUIG! TYDSKRIF 23 Die Bybel in ’n neutedop PSALMS

Die Bybel Persoonlik asook kollektief in ’n neutedop Articles/Neutedop-Psalm… · ning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd. Verbly julle, poorte, wees

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die Bybel Persoonlik asook kollektief in ’n neutedop Articles/Neutedop-Psalm… · ning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd. Verbly julle, poorte, wees

REEKS

—deur Peter Hammond

»

Psalms“Prys die Here om die eer van Sy Naam! Buig voor

die Here by Sy heilige verskyning!” Ps 29:2

Die Psalms is vol brandende toewyding aan God. Om deur hierdie versameling

geestelike gedigte te lees, is om deur die psalmdigter se intense entoe-siasme vir God oorweldig te word. Die gees van lofprysing versterk ’n mens; ek is altyd verfris en opnuut geïnspireer nadat ek dit gelees het. Terwyl die Psalms se aanbid-dingswoorde ons deurdrenk, spoel die geloof in God en die liefde vir

Hom soos ’n snelvloeiende berg-stroom oor ons dorstige siele.

Manne wat God innig liefgehad hetDie Psalms is geskryf deur manne wat God met ’n diepte liefgehad het wat selde in vandag se oppervlakkige samelewing aangetref word. Hulle is vol van dié soort vurige geloof van diegene wat God deur hulle eie ervaring leer ken het. Manne soos

Dawid, Moses en Esra het hulle

gebede, hulle bepeinsing van God se Wet en hulle aanbiddingsliedere aan en oor die Here God in hierdie gewyde gebedsboek in die Bybel opgeteken.

Dawid word beskryf as ’n man na God se hart; wanneer ons die Psalms lees, dit sing en bid, word dit duidelik waarom. Wanneer ons in die Psalms ’n vars blik op ons almagtige soewereine God se wonderlike glorie en majesteit kry, kan ons nie help om ook aan die

aanbidding mee te doen nie.

Aanbid saamWat is die mens se hoofdoel? Om God te aanbid en ons vir ewig in Hom te verheug! Die Psalms is liedere en gebede geskryf deur ’n man na God se hart. “Ek wil U lof verkondig, my God en Koning, ek wil U Naam altyd loof...Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, Sy grootheid is ondeurgrondelik...Ek sal die lof van die Here verkondig. Laat al wat leef, Sy heilige

Naam vir altyd prys.” Psalm 145:1,3,21.

Die hart van die BybelPsalms is die gesange- en gebedsboek van die Bybel. Dit is die langste, sowel as die middelste boek van die Bybel. Dit is ook die mees geliefde en mees aangehaalde boek uit die Bybel.

Dawid het die meeste van die Psalms geskryf, bykans 1  000 v. C. Daar is egter ’n Psalm van Moses wat dateer uit die tyd van die Eksodus, asook Psalms wat deur Esra gedurende die tyd van die terugkeer van ballingskap uit Babilon geskryf is.

Dr. Martin Luther het Psalms beskryf as: “Die Bybel binne die Bybel” – die Bybel in die kleine. Die Psalms behandel die skep-ping, die patriarge, die Eksodus, die geskie-denis van Israel, monargie, verdeelde en verenigde koninkryke, ballingskap en die terugkeer na Jerusalem.

Inspirerende gesangeVan die bekendste gesange in die geskie-denis is op die Psalms gebaseer, insluitend dr. Martin Luther se, ‘A mighty fortress is our God,’ (Psalm 46) en Isaac Watt se, ‘Jesus shall reign,’ (Psalm 72).

Emosies in die PsalmsDie Psalms behandel elke emosie en situ-

asie, van smart tot vreugde, van mislukking tot oorwinning. Die Psalms verwoord negatiewe emosies: aggressie, frustrasie, wanhoop, vrees, jaloesie en afguns. Hulle weerspieël ook talle positiewe emosies: liefde, vreugde, vrede, hoop, opwin-ding, en opgewektheid.

Die profeteDie profete het herhaaldelik uit die Psalms aangehaal. Jona se gebed haal uit

vyf verskillende Psalms aan. Habakuk het in sy profesie drie keer uit die Psalms aangehaal.

Nie al die Psalms word egter in die boek Psalms aangetref nie. Ons sien ook Psalms in Eksodus 15: die lied van Miriam; Rigters 5: die lied van Debora, 1 Samuel 2: die lied van Hanna. Daar is ook Psalms in Job, Jesaja en Openbaring.

Langste en kortsteDie kortste hoofstuk in die Bybel is Psalm 117.

Die langste hoofstuk is Psalm 119 (176 verse). Die middelste hoofstuk van die Bybel is Psalm 118. Die middelste vers in die Bybel is: “Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou. Om by die Here te skuil, is

Psalms is die gesange- en gebedsboek van die Bybel, gepas vir enige situasie.

Wanneer ons ’n vars blik op ons almagtige God se wonderlike glorie en majesteit kry, kan ons nie help om ook aan die aanbidding mee te doen nie.

»

Persoonlik asook kollektief Die Psalms is persoonlik en maak gebruik van persoonlike voornaamwoorde: ‘ek’ en ‘my’. Ander Psalms is kollektief, gepas vir gesamentlike aanbidding en gebruik die voornaamwoord: ‘ons’. Koning Dawid het die meeste van die persoonlike Psalms geskryf. Hulle is omvattend en hanteer elke Bybelse tema en leerstelling. Dit onderrig, bevat geskiedenis, profesie, berou, dankseg-ging, vertroue, lof en aanbidding. Van die Psalms handel oor die Wet van God (Psalm1,19 & 119), ander oor die skepping (Psalm 29 & 104). Ander Psalms behandel God se oordeel (Psalm 52). Baie is Messiaanse Psalms (Psalm 2, 22 & 53). Die Psalms behandel die verwoesting van Israel, Israel se Verlosser en Israel se verlossing.

Dawid het meer as die helfte van die Psalms geskryf. Sy ervarings as ’n herder, musikant, sol-daat, vlugteling en koning word in baie van sy Psalms weerspieël, soos byvoorbeeld die herder in Psalm 23. Dawid het Psalm 2 vir sy seun, Salomo, se kroning geskryf.

Dawid se skatkis

22 JUIG! TYDSKRIF JUIG! TYDSKRIF 23

Die Bybel in ’n neutedop

PSALMS

Page 2: Die Bybel Persoonlik asook kollektief in ’n neutedop Articles/Neutedop-Psalm… · ning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd. Verbly julle, poorte, wees

beter as om op hoë mense te vertrou.” Psalm 118:8-9.

Vyf boekeDie Psalms bestaan uit vyf boeke wat met die eerste vyf boeke van die Bybel oor-eenstem – die Wet van Moses. Net soos Genesis handel oor die skepping, Ekso-dus – verlossing, Levitikus – aanbidding, Numeri – rebellie, en Deuteronomium – die

Wet, kom daar in die vyf groeperings van die Psalms soortgelyke temas voor. Elk van die vyf boeke sluit af met ’n doksologie (lof-sang). (Psalm 41, 72, 89, 106 & 150.)

Hosanna aan die KoningPsalm 113 tot 118 staan bekend as die Hallel-psalms en is tydens die Pasga ge-sing. Die term ‘Hosanna’ kom uit Psalm 118. Die mense het “Hosanna!” uitgeroep terwyl Jesus Jerusalem op ’n donkie binnegery het. Die skare het stil geraak toe Jesus daarna die Joodse geldwisselaars met ’n sweep uit die Tempel verdryf het.

Ander outeursSalomo het Psalm 72 en 127 geskryf. Esra

het Psalm 49, 50 en 119 geskryf. Psalm 90 is deur Moses geskryf.

Treurende PsalmsDaar is treurliedere wat uit persoonlike wanhoop, onrus en tragedie geskryf is. In die 42 Psalms wat treurliedere is, vind ons frustrasie, wanhoop, kommer en klagtes wat aan God voorgelê word. Elkeen van die treurpsalms volg ’n vyfvoudige formaat:

1. ’n Roepe na God.2. ’n Klagte oor wat fout is. 3. ’n Belydenis van vertroue in God.4. ’n Versoek wat God aanroep om in te gryp.5. ’n Belofte om God te dank en te loof wan-

neer verlossing kom.

Hoewel baie van hierdie treurpsalms persoon-lik van aard is, is sommige namens die nasie geskryf (Psalm 44, 74, 79, 80, 83, 85 en 90).

Psalms van dankbaarheidPsalms van dankbaarheid is die tweede grootste groepering van Psalms.

Hierdie dankseggingspsalms het ’n viervoudige patroon:1. ’n Verklaring: “Ek sal U prys...”

REEKS

28 JOY ! MAGAZINE34 JOY ! MAGAZINE34 JOY ! MAGAZINE32 JOY! MAGAZINE

Psalmtoebroodjie• Psalm 22 tot 24 vorm ’n belangrike

trilogie: Psalm 22: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” handel oor die Kruis.

• Psalm 23: “Die Here is my Herder...” han-del oor die herderstaf.

• Psalm 24: “Wie is hierdie magtige Ko-ning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd. Verbly julle, poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die magtige Koning wil ingaan!” handel oor die kroon.

• Psalm 22: Redder.• Psalm 23: Herder.• Psalm 24: Heerser.

God van die Psalms dring aan op my aanbidding – en nie alleenlik mý aanbidding nie, maar ook die aanbidding

van elke wese, wêreldwyd, oral, in elke nasie.

2. ’n Stelling van waarvoor die aanbidder God gaan loof.

3. ’n Getuienis van God se voorsiening.4. ’n Gelofte om voort te gaan om God te

prys vir wat Hy gedoen het.

Hierdie Psalms dank God vir wie Hy is en wat Hy doen, vir Sy skepping, soewereiniteit, ingryping, voorsiening, beskerming, verlos-sing en openbaring.

Psalms van berouDerdens is daar Psalms van berou (inslui-tend: Psalm 6,32, 38, 51, 130 & 143).

Koninklike PsalmsDie koninklike Psalms (Psalm 2, 18, 20, 21, 45, 72, 89, 101, 110, 132 & 144) was die in-spirasie vir talle Europese volksliedere. Die Britse volkslied is byvoorbeeld gegrond op verskeie van hierdie Psalms. Die leeu waarna daar in Psalm 22 verwys word, verskyn steeds op die Engelse wapenskild.

Psalms van wysheidDie Psalms van wysheid handel oor die regte lewenswyse en oënskynlike teenstry-dighede in die lewe. Psalm 1 begin met twee weë, twee soorte mense en twee eindbestemmings. Die boek Psalms is vir diegene wat die regte pad bewandel, in

God se Woord gevestig is, wat deur die strome van lewende waters verfris

word en die vrug van die Gees openbaar.

Die wyse en die dwaasDie dwase is diegene wat aan die kant van die goddeloses staan, met hulle omgaan, wat deur slegte geselskap beïnvloed word. Uiteindelik doen hulle mee en word met die wêreld bevriend. In Sy bergpredikasie verduidelik Jesus Psalm 1 wanneer Hy praat oor die wyse man en die dwaas; die goeie en die slegte boom; die goeie en die slegte vrug; die huis op die rots van God se Woord

en die huis gebou op die sand van menslike inspanning, die breë en die smal weg, die-gene wat staande bly en diegene wat op die dag van onheil struikel.

Met die oog op die EwigheidPsalm 73 takel die probleem van slegte mense wat oënskynlik wegkom met hulle bose dade, terwyl goeie mense dikwels ly. Psalm 73 beoordeel geregtigheid in die lig van die Ewigheid.

Verheerliking van GodDie Psalms vier die eienskappe van God: Sy almagtigheid, alwetendheid en alomteen-woordigheid. God is almagtig, alwetend en alomteenwoordig! Die Psalms verheerlik God se skeppings- en verlossingsdade. Die Psalms verklaar dat God die Goeie Herder, die Opperbevelhebber, die Ewige Regter, die Verlosser, die Voorsiener en die Helper is.

Teologie lei tot doksologieIn die Psalms lei teologie spoedig tot dokso-

Maak gebruik van die Psalms wanneer jy nie woorde het as jy bid nie. Hulle is ryk en bied woorde van wanhoop, dankbaarheid, berou, wysheid, lof en feesviering.

Die boek Psalms is vir diegene wat die regte pad bewandel, in God se Woord gevestig is, wat deur die strome van lewende waters verfris word en die vrug van die Gees openbaar.

»

24 JUIG! TYDSKRIF

Die Bybel in ’n neutedop

PSALMS Psal msDie krag van ’n

eenvoudige GEBED

New York TimesTopverkoperskrywer

Max Lucado

Volg ons!

NUUT

Beskikbaar by jou naaste boekhandelaar

VOOR AMEN_JUIG.indd 1 2014/10/30 4:12 PM

Page 3: Die Bybel Persoonlik asook kollektief in ’n neutedop Articles/Neutedop-Psalm… · ning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd. Verbly julle, poorte, wees

REEKS

logie. Waarheid moet onvermydelik tot aan-bidding aanleiding gee. Baie van die liedere in die Nuwe Testament is op die Psalms geskoei (Lukas 1-2). Die Apostels het hulle tot die Psalms gewend wanneer hulle bedreig is (Handelinge 4) en het die Psalms gebruik wanneer hulle preek (Handelinge 13). Baie van die briewe, soos Hebreërs, haal oorvloe-dig uit die Psalms aan.

Ons Here Jesus Christus het dikwels uit die Psalms aangehaal wanneer Hy in die openbaar lering gegee het, tydens die berg-predikasie, terwyl Hy die Tempel gereinig het, tydens die Nagmaal, op die Kruis en op weg na Emmaus. Hy het Sy dissipels daaraan herinner dat die Wet, die profetiese boeke in die Bybel en die Psalms oor Hom leer.

Psalms in ons daaglikse leweAs gelowiges moet ons die Psalms lees. Ons moet die Psalms sing. Ons moet die Psalms bid. Ván die Psalms moet uitgeroep word! Die Psalms moedig ons aan om ons hande op te hef, soms hande te klap en te dans, om op te kyk en om in nederigheid voor God te kniel. Ons word in die Nuwe Testament be-veel om van die Psalms in ons gesamentlike aanbidding gebruik te maak (Efesiërs 5).

Psalms vir elke geleentheidDaar is niks wat ons tydens hospitaalbe-soeke kan doen wat meer betekenisvol en heilsaam is as om uit die Psalms voor te lees nie. By siekbeddens, langs die graf, voordat jy reis, op hartseer dae en op vreugdevolle dae; daar is Psalms gepas vir elke geleent-heid. Dit sou ’n goeie gewoonte wees om ’n Psalm per dag te lees.

Daar is 150 Psalms, dit sal jou dus vyf

maande lank neem om deur die Psalms te bid. Lees ’n Psalm voor ontbyt, of tydens middagete, of ná aandete.

Die Psalms is vir almal wat in gevaar ver-keer, in die moeilikheid is en gebrek ly. Die Psalms is vir die soldaat, die verpleegster, die brandweerman, die dokter, die onder-wyser, die ouer en die kind, vir die koning en die koningin, vir leiers en werkers. Vir ge-vangenes, bannelinge, boere en vaders. Die Psalms is te alle tye en in alle situasies ons gebeds- en liedereboek.

Ons God verdien lofprysing’n Openbaring lei tot verhouding, dissipelskap, sending en aanbidding. Lees die Psalms. Be-peins die Psalms. Bid die Psalms. Sing die Psalms. Verheug jou in die Psalms. Verkondig die Psalms.

Deel die Here se glorieHoe meer ons die Here prys, hoe meer neem die brandende begeerte toe om Sy glorie met ander te deel. Sy grootheid dring aan op

my aanbidding – en nie alleenlik mý aanbid-ding nie, maar ook die aanbidding van elke wese, wêreldwyd, oral, in elke nasie. God is die boodskap van die Psalms en die aard en volmaaktheid van God vereis dat Hy ver-heerlik en geprys word, verkondig en geloof word, wêreldwyd aan elkeen in elke nasie en aan elke opvolgende geslag verkondig word (Psalm:145:4,12).

God, waaroor ons in die Psalms lees, is waardig om geloof te word. Hy is waardig om gedien te word; om verkondig te word; om alle opoffering, eer en verheerliking te ontvang.

PETER HAMMOND is ’n sendeling, Bybelleraar en outeur. Vir meer inligting: Skakel: 021 689 4480; www.frontline.org.za

Die Bybel in ’n neutedop

PSALMS Psalms

Name van GodDie twee belangrikste name wat vir God in die Psalms gebruik word, is Jahweh en Elohim. Elohim beteken die Allerhoogste God. Dit is meervoudig wat op die begrip van God se drie-enige aard dui. Elohim dra die voortref-likheid van God aan ons oor. Hy is ver bo ons verhewe en geheel en al an-ders as ons. Die ander naam vir God wat deurgaans in die Psalms gebruik word, is Jahweh, wat op ’n verhouding en intimiteit met God dui. Hy is immanent. Hierdie ewewig tussen God se voortreflikheid en inwonende teenwoordigheid word deurgaans in die Skrif aangetref.

26 JUIG! TYDSKRIF

www.christianlibertybooks.co.za

PO Box 358 Howard Place 7450 Pinelands Cape Town South AfricaTel / Fax: 021 689 7478

[email protected]

Christian Liberty BooksResources for Reformation and Revival