9
By Kim Arendse • Photographs Elza Cooper Leer & PROBEER Deur Kim Arendse Foto’s Elza Cooper T erwyl die Merbold-gesin in 2010 besig was met die opknap van hul ouderwetse huis in Pretoria, het die indrukwekkende gedaantewisseling hulle laat besef dat die tuin en werf ook dringend aandag kort. Maar die koste van die opknap het sy tol geëis. “Ons het heelwat werk aan die huis gedoen; ek het selfs my praktyk op die eiendom gevestig,” sê Rouxlene, ’n mediese dokter en eienaar van Rejive Skin & Body Clinic. “Toe stel my man voor ons herstel eers van die uitgawes wat ons tydens die 10 maande lange opknap aangegaan het!” Twee jaar later was hulle gereed vir die volgende transformasie. Hulle het ’n landskap-onderneming se hulp ingeroep vir die ontwerp. Maar pas nadat hulle begin het om die beddings, trapklippe en besproeiing aan te lê, het die eienaar aangekondig dat hy emigreer en die onderneming sy deure sluit. Dis toe dat Rouxlene en Werner besluit om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses van leer en probeer. Drie boomaalwyne staan wag by die ingang van die Merbolds se huis. 44 tuis WERF 2018 lesertuin

Deur By Kim Arendse • Elza Cooper Leer · om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Deur By Kim Arendse • Elza Cooper Leer · om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses

By Kim Arendse • Photographs Elza Cooper

Leer & PROBEER

Deur Kim Arendse • Foto’s Elza Cooper

Terwyl die Merbold-gesin in 2010 besig was met die opknap van hul ouderwetse huis in Pretoria, het die

indrukwekkende gedaantewisseling hulle laat besef dat die tuin en werf ook dringend aandag kort. Maar die koste van die opknap het sy tol geëis.

“Ons het heelwat werk aan die huis gedoen; ek het selfs my praktyk op die eiendom gevestig,” sê Rouxlene, ’n mediese dokter en eienaar van Rejive Skin & Body Clinic. “Toe stel my man voor ons herstel eers van die uitgawes wat ons tydens die 10 maande lange opknap aangegaan het!” Twee jaar later was hulle gereed vir die volgende transformasie.

Hulle het ’n landskap-onderneming se hulp ingeroep vir die ontwerp. Maar pas nadat hulle begin het om die beddings, trapklippe en besproeiing aan te lê, het die eienaar aangekondig dat hy emigreer en die onderneming sy deure sluit.

Dis toe dat Rouxlene en Werner besluit om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses van leer en probeer.

Drie boomaalwyne staan wag by die ingang van die Merbolds se huis.

44 tuis WERF 2018

Die landskapargitek wat hul tuin moes oordoen, is landuit, toe spring die Merbolds self in en skep die werf en tuin van hul drome – op eie stoom!

lesertuin

Page 2: Deur By Kim Arendse • Elza Cooper Leer · om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses

Rouxlene se mediese praktyk (regs van die loopgang) is tydens die opknap by die voorkant van die huis aangebou en die paartjie wou ’n treffende nuwe ingang hê wat by die opgeknapte fasade sou pas. AJ Smit van Palin Smit Architects het die paadjie met die hoë mure tussen die praktyk en garage ontwerp.

Piouter-hanglamp van African Affair

WIE WOON HIER? Rouxlene en Werner

Merbold en hul tiener seun, Günther

WAAR Pretoria GROOTTE 1 872 m²

Page 3: Deur By Kim Arendse • Elza Cooper Leer · om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses

opknap

’n Skanskorfmuur skei die braai-area van die voordeur. Werner het ’n stopteken, wat hy

langs die pad opgetel het, gebruik as blad vir

’n prettige kanttafel.

Porselein-vloerteëls van Union Tiles

Die kikoejoe-grasperk is groot genoeg dat Günther boogskiet, sokker en hokkie hier kan oefen. Lae, netjies gesnoeide heinings omring die grasperk en braaihoekie met sy leiklip-bedekte bankies en vormgesnoeide Viburnum tinus-boompies in potte. Werner het die braai uit stukke gietyster en ’n geroeste vragmotor- wielvelling gemaak.

46 tuis WERF 2018

Wenk Rouxlene glo aan KAN

en Efekto Karbadust elke agt tot 12 weke om die grasperk so welig

en groen te hou.

lesertuin

Page 4: Deur By Kim Arendse • Elza Cooper Leer · om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses

Dit kan moeilik wees om ’n groot werf te onderhou. Jy moet bereid wees om dinge self te doen – selfs daai takies wat nie so

lekker is nie. Enigiets wat die moeite werd is in die lewe vra moeite en sorg. – Rouxlene

Dié groen muur van 3 x 3 m spog met

self onderhoudende hidroponiese panele.

Dit tree ook op as ekostelsel en verskaf nitrate aan die visse

in die dam daaronder. Teen die muur, wat

Vertical Landscapes geïnstalleer het (en

maandeliks onderhou), groei Ornithogalum,

gemengde grasse, Freylinia en

aspersievarings.

Patiostel van Builders; metaalemmers van ’n

straatstalletjie in Thabazimbi

Page 5: Deur By Kim Arendse • Elza Cooper Leer · om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses

Groot stapeldeure verbind die eetkamer met die oordekte braaistoep en ronde swembad; laasgenoemde se vorm is geïnspireer deur dié van ’n tipiese plaasdam. In die agtergrond het kruipvy (Ficus pumila) een muur van Rouxlene se praktyk so te sê toegerank.

Seagrass Squares-mat van Coirtex; tafel van Amatuli; bank van Sinkhuisie Antiques; grys stoele van La Grange Interiors

Die braaistoep is die hart van ons huis, veral in die somer. Ons maak graag vuur, al braai

ons nie. – Rouxlene

Page 6: Deur By Kim Arendse • Elza Cooper Leer · om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses

opknap

’n Halfronde verhewe bedding huisves ‘n nuut aangeplante

groentetuin; teen die smeeyster-heining rank wingerdstokke op.

“Ná ’n lang dag ontspan ek en Werner

graag hier in die boma met ’n koppie koffie.

Dit gebeur dikwels dat ons dan sommer op

die muur se rand gaan sit en in die bedding

begin werskaf,” sê Rouxlene. Donkergrys bougruis is gebruik as

grondbedekking.

lesertuin

50 tuis WERF 2018

Tekstuur is ingebring met ’n leiklip-fokusmuur en ’n

dekoratiewe staal-reënwatertenk wat die ander tenke elders in die

tuin komplementeer.

Page 7: Deur By Kim Arendse • Elza Cooper Leer · om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses

• Verdeel jou buiteruimte in verskeie klein fokuspunte sodat jy dit stuk vir stuk kan aanpak.• As jy jaarplante vir kleur wil hê, plant dit in potte, en dalk in een of twee beddings; die res van die tuin moet min moeite verg. • Versier met enkele treffende bykomstighede wat ’n storie vertel.• Ruil steggies uit! Ek is dankbaar vir al die plante wat ek gekry het – dit het baie dooie hoekies in my tuin help opkikker. • Met ’n besproeiingstelsel moet jy op jou hoede wees. Werner hou ekstra onderdele in voorraad sodat hy self herstelwerk kan doen en verseker dat daar nie water vermors word nie. Ons het ook ’n reënsensor wat die stelsel outomaties afskakel. • Raadpleeg kenners met goeie verwysings sodat jy nie tyd of geld mors nie. Aanvanklik het ek

beplan om die vertikale tuin self aan te lê, maar ná ’n bietjie navorsing het ek besef dis ’n groot taak en sou baie onderhoud vra. • Praat met jou gesin! Ek het onlangs al die struike in ’n hoek van die tuin uitgehaal, maar my man en seun was ontevrede, want dit het hul dubbelverdieping-boomhuis oop en bloot gelaat; ek het hul “woud” verwoes! • Tuinplae kan ’n probleem wees. Ná die somerreën kry ons dikwels ’n wurm-infestasie op die gras-perk, maar daar’s niks wat Efekto Karbadust nie kan regruk nie. • Kry die nodige hulp om jou tuin te onderhou sodra dit eers gevestg is. Ek en Werner werk voltyds en is so gelukkig dat ons tuinier, Mchacha Beg, twee keer ’n week na die tuin kom omsien – hy hou sy hand daarop en maak seker dit lyk altyd op sy beste. >>

WERK SLIM IN JOU TUIN Rouxlene se wenke

Rouxlene het versamelings potplante van wisselende hoogtes en style op verskillende plekke gebruik vir visuele trefkrag.

Page 8: Deur By Kim Arendse • Elza Cooper Leer · om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses

Round concrete pavers softened by echeveria succulents form a path to the garage; low-growing Nandina domestica shrubs lining the pathway turn fiery-red in autumn and winter, echoing the colour of the pebbles and the nearby raw brick wall. A 5 000L galvanised corrugated-iron rainwater tank from Heunis Steel stands on an Eva-Last composite deck installed by Decking 4 Africa.

reader garden

A learning curve“Apart from the original design, nothing else had been planned which was rather daunting,” says Rouxlene. “At first, we weren’t even sure which plants to plant where. I grew up with a mother who loved to garden and I learnt quite a bit from her, but I’m no fundi. Let’s just say that we learnt some hard lessons, especially after buying beautiful plants but underestimating their needs regarding exposure to sunlight, pot size and water. But we got better with experience…”

The Merbolds divided their yard into several nooks and simply tackled them one at a time. They did most of the work themselves with help from Mchacha but called in the professionals for big jobs such as the hydroponic vertical garden.

“It’s been amazing to see these spaces evolve over the years. It usually started with me having a creative idea in the middle of the night or after finding inspiration in Home; then Werner had to implement those ideas. The love and patience this man has for me…”

Werner made many of the items in the yard, including the lamps and a few decorative pieces, and he built the braai for the outdoor braai nook.

These days, the couple like nothing better than taking time to enjoy their lush, textured and low-maintenance outdoor space – it suits their modern family home perfectly.

“We’ve learnt so much during this process; if we can do it, anyone can,” Rouxlene says. “Start with a simple layout and then create interesting areas in stages. Use what you have and add to the look gradually. Rome wasn’t built in a day!”

Rouxlene picked up a discarded street sign and hung it from a downpipe painted dark grey (Fired Earth Battleship Grey) to provide contrast against the lighter surrounding walls.

Page 9: Deur By Kim Arendse • Elza Cooper Leer · om die reusetaak aan te durf en die tuin self verder op te knap. Oor die volgende vyf jaar het hulle hul werf oorgedoen deur ’n proses

Wenk Met ’n verhewe

bedding hoef jy minder te buk wanneer jy in

die tuin werk.

tuis WERF 2018 53

Dwergmondogras kontrasteer pragtig met die woestynrosies by die boma se ingang.

VERSKAFFERS African Affair 044 343 1008, africanaffair.net Amatuli 011 440 5065, amatuli.co.za Builders 0860 284 533, builders.co.za Coirtex 021 762 2227, coirtex.co.za Decking 4 Africa 083 645 4616, decking4africa.comHeunis Steel 012 372 0021, heunis.co.za La Grange Interiors 011 444 5379, lagrangeinteriors.co.za Lots of Pots Garden Centre 012 348 6650, lotsofpots.co.za Palin Smit Architects 012 346 7391, palinsmitarchitects.co.za Sinkhuisie Antiques 071 245 6179, sinkhuisieantiques.co.za Union Tiles 011 663 2000, uniontiles.co.za Vertical Landscapes 073 486 6288, verticallandscapes.co.za