Upload
others
View
3
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
M.S.K. Mashishi
Asemhalingsiektes byhoenders
DEPARTEMENT: LANDBOU
○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○2002
Saamgestel deur Direktoraat Landbou-inligtingsdienste, Departement van Landbou insamewerking metLNR-Onderstepoort Veeartsenykunde-instituut
Gedruk en uitgegee deur Departement van Landbouen verkrygbaar vanResource Centre, Direktoraat Landbou-inligtingsdienste,Privaatsak X144, Pretoria, 0001 Suid-Afrika
Hierdie publikasie is beskikbaar op die webwerf: www.nda.agric.za/publications
Inligting verskaf deurAnimal Health for Developing Farmers
LNR-Onderstepoort Veeartseny-instituutPrivaatsak X05, Onderstepoort 0110
Tel (012) 529 9158
1
Wat is asemhalingsiektes?Asemhalingsiektes tas die sinusse (gebied in die kop tussen die oëen die snawel) asook die lugpyp en longe aan
Wat is die oorsake daarvan?� kieme soos bakterieë, virusse en swamme
� behuisingsprobleme soos swak belugting wat deurammoniumopbou, trekke en uitermatig baie stof veroorsaak word
Wat is die tekens by lewende hoenders?� moeitevolle asemhaling
� afskeiding deur oë en neusopeninge
� nies
� geswelde sinusse
Wat is die tekens by dooie hoenders?� die neus en lugpyp kan aan die binnekant rooi wees of met slym
gevul wees
Asemhalingsiektesby hoenders
2
Hoe bevestig �n mens die siekte?� Deur middel van �n nadoodse ondersoek of laboratoriumtoetse
Wat is die behandeling?� Daar is medikasie beskikbaar vir die behandeling van
asemhalingsiektes. Antibiotika soos tetrasiklien, kinolien enpenisillien kan by die kos of water gevoeg word. Die meestehiervan kan alleenlik met �n voorskrif van �n veearts gekoop word,maar tetrasiklien kan oor die toonbank gekoop word
Voorkoming en beheer� Beoefen goeie biosekuriteit (maatreëls wat voorkom dat siektes
wat produksie laat daal en/of tot vrektes lei, die plaas bereik)
� Indien moontlik, ent teen siektes soos Newcastle-siekte enbesmetlike brongitis
� Verbeter behuisingsbestuur
� Voorsien voer van goeie gehalte
Asemhalingsiektes wat deur virusseveroorsaak word
Newcastlesiekte (NCD)Besmetlike brongitis (BB)Aansteeklike laringotrageïtis (AL)PokkePneumovirus
3
Dit is virussiektes wat asemhalingstekenssowel as daling in eierproduksie bylêhoenders tot gevolg het. Hoenders kan siekword wanneer hulle met die mis vanaangetaste hoenders in aanraking kom, ofbesmette druppeltjies inasem. Diepokkevirus word deur muskietbyte oorgedra
Tekens by lewende hoendersAfskeiding deur die neusgate, moeitevolle asemhaling, uitgestrektenek tydens asemhaling, nies, geswelde sinusse en ooginfeksies(konjunktivitis/oogvliesontsteking)
Tekens by dooie hoendersRooi lugpyp, slym en etterproppe in die lugpyp en sinusse
BehandelingDaar is geen behandeling vir virussiektes nie. Antibiotika soostetrasikliene kan gebruik word vir sekondêre bakteriële infeksies watdie virussiekte kan kompliseer
Beheer en voorkoming� Beheer die beweging van hoenders van en na die plaas of werf
� Moenie hoenders by onbetroubare handelaars koop nie. Koopdagoud kuikens wat teen Newcastle-siekte geënt is
� Ent al jou hoenders volgens �n inentingsprogram
� Slag alle hoenders wat met NCS besmet is
� Sny alle gras rondom plekke waar hoenders gehuisves word afom muskiete te beperk
4
Asemhalingsiektes wat deur bakterieëveroorsaak word
Mycoplasma gallisepticum (MG)Mycoplasma gallisepticum dra tot dieasemhalingsiektekompleks in hoenders by. Kuikensvan besmette henne word reeds in die eier besmet.Hoenders kan ook deur kontak met besmettehoenders die siekte opdoen. Alle hoenderrasse is virdie siekte vatbaar
Tekens by lewende hoendersAfskeiding deur die oë en neusgate
Tekens by dooie hoenders� Lugsakke is verdik, ondeursigtig en wit en met �n gelerige
wit laag bedek
� Die buitenste lae van die lewer en hart is met �n witterige laagbedek
Behandeling
Dien antibiotika soos tilosien in die voer of water toe
Voorkoming� Koop hoenders wat MG-vry is
� Pas bestuursmaatreëls noukeurig toe op die plaas
HemofilusverkoueHierdie is �n bakteriese siekte wat lê- enbraaihoenders aantas. Die hoenderskry die siekte deur kontak met diebakterieë, byvoorbeeld in drinkwater ofdeur inaseming. Dit lei tot gesweldesinusse en �n afname in eierproduksie
5
Tekens by lewende hoenders
Geswelde gesig, moeitevolle en vinnige asemhaling, afskeiding deurdie neus en oë, en ook groen diarree
Tekens by dooie hoenders
Geswelde sinusse en soms �n waterige jellielaag onder die kopvel
Behandeling
Dien gepotensieërde sulfanomiede in die drinkwater, of tetrasiklienein die voer toe om sekondêre bakteriese komplikasies te behandel,Sulfanomied-behandeling mag dalk herhaal moet word
Voorkoming
Entstof is beskikbar. Dit moet tweemaal toegedien word en moetverkieslik die C3-lyn bevat
Asemhalingsiektes wat deur swammeveroorsaak word
Aspergillose (kunsmoeder ofkwasskimmel-siekte)Aspergillose is �n infeksie wat deur swamme veroorsaak word.Hoenders raak besmet wanneer hulle tydens die uitbroeitydperk indie broeimasjien die spore inasem en, in �n mindere mate, uit dieomgewing, besmette voer en skropgoed. Hierdie besmetting komhoofsaaklik by hoenders voor wat in hokke aangehou word
Tekens by lewende hoendersMoeitevolle, vinnige en oopbek-asemhaling
Vir verdere inligting kontak joudieregesondheidstegnikus of veearts
of
Animal Health for Developing FarmersLNR-Onderstepoort Veeartsenykunde-instituut
Privaatsak X05, Onderstepoort 0110Tel (012) 529 9158
of
Resource Centre, Departement van LandbouTel (012) 319 7141/7085
Tekens by dooie hoenders
Wit gedeeltes in die longe
BehandelingGeen
Beheer� Koop hoenders by betroubare handelaars
� Vermy nat skropgoed, muwwerige en stowwerige voer