36
Copyright Juta & Company Limited D E JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) Citation 1964 (1) SA 446 (A) Court Appèlafdeling Judge Steyn HR , Rumpff AR , Botha AR , Wessels AR en Hoexter Wn AR Heard September 3, 1963 Judgment December 2, 1963 Annotations Flynote : Sleutelwoorde Verkoop - Merx 'n plaas met sekere vee en plaasgereedskap. - Pretium twee ander plase met vee, 'n ploeg, R7,000 kontant, ens - Koper het 'n bedrieglike wanvoorstelling gemaak in verband met die bome op een van die twee plase - Doel om die kontantbedrag te verminder - Koper het daarin geslaag - Verkoper eis skadevergoeding - Bewys van skade - Rekening van skadevergoeding - Skenking - Ander redes as suiwer vrygewigheid en welwillendheid daarvoor - Nie 'n egte skenking nie - Registrasie onnodig - Wet 50 van 19 56, art. 5. Headnote : Kopnota Volgens ons reg is enige belofte, behoudens sekere uitsonderings, wat met erns en voorbedagtheid gemaak word, afdwingbaar. Indien hy, wat die belofte gemaak het, aanspreeklikheid daaronder ontken op grond daarvan dat die belofte 'n skenkingskontrak is wat ingevolge die bepalings van artikel 5 van Wet 50 van 1956 ongeldig en dus onafdwingbaar is, rus die bewyslas op hom om te bewys dat wel 'n skenking gemaak was wat, in die geval van twyfel, nie vermoed word nie. As daar ander redes as suiwer vrygewigheid en welwillendheid vir 'n belofte is, is dit geen egte skenking vir die geldigheid waarvan registrasie nodig is nie. Luidens 'n sogenaamde koopkontrak was die respondent die verkoper en die appellant die koper. Die merx word beskrywe as die plaas Saucyskuil, tesame met sekere vee en plaasgereedskap. Die pretium het te bestaan uit die plase Magermanskraal en Melkhoutefont ein, tesame met sekere vee, 'n ploeg, R7,000 kontant en 'n onderneming van die koper om die verkoper se verband van £18,000 op Saucyskuil oor te neem. In sy dagvaarding teen die appellant het die respondent, onder andere, skadevergoeding van die appellant geëis op grond daarvan dat hy op die plaas Magermanskraal 'n bedrieglike wanvoorstelling gemaak het deurdat hy voorgegee het dat daar 9,000 bome ter waarde van £1 elk op die plaas was terwyl in die waarheid daar nie meer as 5,000 was, die waarde waarvan sl egs 50c elk was. Die bedrog het slegs een doel gehad, nl. om vir die doeleindes van die berekening van die kontant bedrag wat die appellant sou moes inbetaal, Magermanskraal as faktor in daardie berekening op 'n hoë prys gestel te kry, sodat die kontantbed rag minder sou wees, en daarin het hy geslaag. Hy het die respondent wysgemaak dat die bome 'n onmiddelike kontantwaarde van R18,000 het terwyl die werklike waarde van die bome slegs R1,544 was. Die verskil was R16,456. 'n Provinsiale Afdeling het R15,000 skadevergoeding toegestaan. Op 'n appèl was dit

DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A)

Citation 1964 (1) SA 446 (A)

Court Appèlafdeling

Judge Steyn HR, Rumpff AR, Botha AR, Wessels AR en Hoexter Wn AR

Heard September 3, 1963

Judgment December 2, 1963

Annotations

Flynote : Sleutelwoorde

Verkoop - Merx 'n plaas met sekere vee en plaasgereedskap. - Pretium twee ander plase met vee,'n ploeg, R7,000 kontant, ens - Koper het 'n bedrieglike wanvoorstelling gemaak in verband met diebome op een van die twee plase - Doel om die kontantbedrag te verminder - Koper het daaringeslaag - Verkoper eis skadevergoeding - Bewys van skade - Rekening van skadevergoeding -Skenking - Ander redes as suiwer vrygewigheid en welwillendheid daarvoor - Nie 'n egte skenkingnie - Registrasie onnodig - Wet 50 van 1956, art. 5.

Headnote : Kopnota

Volgens ons reg is enige belofte, behoudens sekere uitsonderings, wat met erns envoorbedagtheid gemaak word, afdwingbaar. Indien hy, wat die belofte gemaak het,aanspreeklikheid daaronder ontken op grond daarvan dat die belofte 'n skenkingskontrak is watingevolge die bepalings van artikel 5 van Wet 50 van 1956 ongeldig en dus onafdwingbaar is,rus die bewyslas op hom om te bewys dat wel 'n skenking gemaak was wat, in die geval vantwyfel, nie vermoed word nie. As daar ander redes as suiwer vrygewigheid en welwillendheid vir'n belofte is, is dit geen egte skenking vir die geldigheid waarvan registrasie nodig is nie.

Luidens 'n sogenaamde koopkontrak was die respondent die verkoper en die appellant diekoper. Die merx word beskrywe as die plaas Saucyskuil, tesame met sekere vee enplaasgereedskap. Die pretium het te bestaan uit die plase Magermanskraal enMelkhoutefontein, tesame met sekere vee, 'n ploeg, R7,000 kontant en 'n onderneming van diekoper om die verkoper se verband van £18,000 op Saucyskuil oor te neem. In sy dagvaardingteen die appellant het die respondent, onder andere, skadevergoeding van die appellant geëisop grond daarvan dat hy op die plaas Magermanskraal 'n bedrieglike wanvoorstelling gemaakhet deurdat hy voorgegee het dat daar 9,000 bome ter waarde van £1 elk op die plaas wasterwyl in die waarheid daar nie meer as 5,000 was, die waarde waarvan slegs 50c elk was. Diebedrog het slegs een doel gehad, nl. om vir die doeleindes van die berekening van die kontantbedrag wat die appellant sou moes inbetaal, Magermanskraal as faktor in daardie berekeningop 'n hoë prys gestel te kry, sodat die kontantbedrag minder sou wees, en daarin het hygeslaag. Hy het die respondent wysgemaak dat die bome 'n onmiddelike kontantwaarde vanR18,000 het terwyl die werklike waarde van die bome slegs R1,544 was. Die verskil wasR16,456. 'n Provinsiale Afdeling het R15,000 skadevergoeding toegestaan. Op 'n appèl was dit

Page 2: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

betoog dat die ooreenkoms ondeelbaar was en dat die respondent het versuim om te bewysdat wat hy uit die ooreenkoms verkry het van minder waarde was as wat hy aan die appellanttoegegee het, en dus dat hy versuim het om enige skade te bewys.

Beslis, per STEYN, H.R., waarmee BOTHA, A.R., en WESSELS, A.R. saamgestem het, maarRUMPFF, A.R. en HOEXTER, WN - A.R., dissentiente het, dat die appèl van die hand gewysmoet word.

Die beslissing in die Kaapse Provinsiale Afdeling in Grunder v de Jager bebevestigd, maar diebevel gedeeltelik verander.

Flynote : Sleutelwoorde

Sale - Merx a farm with certain cattle and farming equipment - Pretium two other farms with cattle, aplough, R7,000 cash, etc - Purchaser making a fraudulent misrepresentation in connection with thetrees on one of the farms - Object to reduce the cash payment - Purchaser having succeeded in hisobject - Seller claiming damages - Proof of damage - Assessment of damages - Gift - Reasonsother than pure generosity and benevolence therefor - Not a proper gift - Registration unnecessary -Act 50 of 1956, sec. 5.

Headnote : Kopnota

According to our law any promise, with certain exceptions, which is made seriously and withpremeditation, is enforceable. If he who has made the promise denies liability thereunder on theground that the promise was a donation which, in terms of the provisions of section 5 of Act 50of 1956, is invalid and thus unenforceable, the onus rests on him to prove that a donation wasindeed made, which, in case of doubt, is not presumed. If there are reasons other than puregenerosity and benevolence for a promise, it is no proper gift for the validity of whichregistration is necessary.

In terms of a so-called deed of sale the respondent was the seller and the appellant thepurchaser. The merx was described as the farm Saucyskuil, together with certain cattle andfarm equipment. The pretium purported to consist of the farms Magermanskraal andMelkhoutefontein, together with certain cattle, a plough, R7,000 cash and an undertaking on thepart of the purchaser to take over the seller's bond of £18,000 on Saucyhill. In his summonsagainst the appellant, the respondent, inter alia, claimed damages from the appellant on theground of his having made a fraudulent misrepresentation in that he had represented that therewere 9,000 trees to the value of £1 each on the farm whilst in truth there were no more than

1964 (1) SA p447

5,000, the value whereof was only 50c each. The fraud had but one object, namely, for thepurpose of calculating the cash amount which the appellant would have to pay in, to get ahigher price for Magermanskraal as a factor in that calculation, so that the cash amount wouldbe less, and he had succeeded therein. He had informed the respondent that the trees had animmediate cash value of R18,000, while the actual value of the trees was only R1,544. Thedifference was R16,456. A Provincial Division had granted R15,000 damages. In an appeal itwas contended that the agreement was indivisible and that the respondent had failed to provethat what he had obtained out of the agreement was of less value than what he had granted to

Page 3: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

the appellant, and thus that he had failed to prove any damage.

Held, per STEYN, C.J., BOTHA, J.A. and WESSELS, J.A., concurring; RUMPFF, J.A. andHOEXTER, A.J.A., dissenting, that the appeal should be dismissed.

The decision in the Cape Provincial Division in de Jager v Grunder confirmed but the orderaltered in part.

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Kaapse Provinsiale Afdeling (BANKS, R.). Die feite blyk uit dieuitspraak van HOEXTER, WN - A.R.

A. P. Burger, namens die appellant: Vir die beginsel waarvolgens skadevergoeding berekenword, sien Trotman v Edwick, 1951 (1) SA te bl. 449, bevestig in Harvey's Trust v OranjezichtEstates, 1958 (1) SA te bl. 479; Scheepers v Handley, 1960 (3) SA te bl. 58. Behalwe insoverre die ooreenkoms deelbaar is, is die ooreenkoms wat in gedrang is, die heleruiltransaksie. 'n Koopkontrak of ruilkontrak moet behandel word net soos enige anderooreenkoms. Die skade of vermindering in vermoë ontstaan net uit die aangaan van dieooreenkoms, en om vas te stel wat die vermindering is, kyk 'n mens na die vermoë onmiddellikvoor die ooreenkoms gesluit is en onmiddellik daarna; of anders gestel, wat hy prysgegee wordgestel teenoor wat hy deur die transaksie verkry. Dit volg dat die gunstige newewerking wat diebedrogene in die kontrak tot voordeel kom, teen sy verlies afgesit moet word; sien VictoriaDiamond Mining Co v de Beers, 1 Buch. A.C. 300, en kommentaar daarop in Victoria Falls andTransvaal Power Co. Ltd v Consolidated Langlaagte Mines Ltd., 1915 AD te bl. 28. Hoewel diemaatstaaf by kontrakbreuk die positiewe interesse is, word by die bepaling vanskadevergoeding dieselfde beginsel gehandhaaf en ook die gunstige newewerking inaanmerking geneem; sien de Wet & Yeats Kontraktereg, 2de uitg., bl. 154; Victoria Falls saak,supra te bl. 28; Versfeld v SA Citrus Farms, 1930 AD te bl. 458. So ook by onregmatigeverryking; sien de Vos, Verrykingsaanspreeklikheid,

1964 (1) SA p448

STEYN HR

bl. 144 - 6. Die partye het nooit bedoel om aparte verkoopsooreenkomste ten opsigte van dieverskillende plase te sluit nie, maar het dit behandel as een transaksie. Wat deelbaarheidbetref, sien Williston, Contracts, para. 863, met goedkeuring aangehaal in Claassens vPretorius, 1950 (1) SA te bl. 45. Sien ook American Restatement of the Law ('Contracts', para.266 (3)); Collen v Rietfontein Engineering Works, 1948 (1) SA te bl. 435; Pothier, Verhandeling(v.d. Linden se vertaling, 1.2.3. par. 315, bl. 346). Om vas te stel of die ooreenkoms deelbaar isof nie, moet die kontrak in die eerste instansie vertolk word voordat daar na omringendeomstandighede gekyk word; sien Claassens se saak, supra; Collen se saak, supra te bl. 435;Delmas Ko-op v du Plessis, 1955 (3) SA 454. Die regsgevolge van 'n skenking is nie in alleopsigte dieselfde as by 'n kontrak waar 'n teenprestasie gelewer word nie, so bv. gee 'n skenkernie dieselfde stilswyende waarborge teen gebreke nie; sien Voet, 39.5.10, Digesta, 21.1.62.

C. E. L. Beck, namens die respondent: In the final analysis of the evidence, respondent's loss

Page 4: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

of £7,500 was just as real as it would have been if he had entered into a straightforwardagreement of sale with appellant for Magermanskraal for £12,000 cash, under the fraudulentmisrepresentation complained of. The fact that the £12,000 was not paid in cash, but was takeninto account as a credit in a larger agreement of exchange, or of sale, can make no differencein principle; see Antonie v Price Controller and Another, 1946 T.P.D. at p. 193. Thus the Judgea quo was wholly correct in his application, to the facts found, of the broad principlesenunciated in Trotman v Edwick, 1951 (1) SA 443; Bill Harvey's Investment Trust (Pty.), Ltd vOranjezicht Citrus Estates (Pty.) Ltd., 1958 (1) SA 479; Scheepers v Handley, 1960 (3) SA 54.See discussion of these cases in Annual Survey of South African Law, 1960 (pp. 91 - 4 by J. C.de Wet).

Burger in repliek.

Cur. adv. vult.

Postea (Desember 2).

Judgment

STEYN, H.R.: Die vrae wat in geskil is, asook sekere feite in verband daarmee, blyk uit dieuitspraak van my kollega HOEXTER.

Wat die eis vir skadevergoeding betref, gaan dit om die regte maatstaf, in 'n geval soos dieonderhawige, vir die bepaling van die deliktuele vermoënskade wat die eiser (die respondent)moes bewys. Die advokaat vir die appellant het nl. aangevoer dat die onderhawige kontrakbehandel moet word soos enige ander ooreenkoms, dat die vermoënskade slegs uit dieaangaan van die ooreenkoms ontstaan en dat die bestaan daarvan bepaal moet word deur watdie respondent luidens die kontrak as geheel prysgee, te stel teenoor wat hy ingevolge diekontrak as geheel verkry. Blyk dit uit so 'n vergelyking dat hy nie meer prysgegee het as wat hyverkry het nie, dan het hy niks verloor nie en kan hy niks verhaal nie. As ek hom reg verstaan,dan kom sy betoog daarop neer dat dit regtens die enigste grondslag is waarop die

1964 (1) SA p449

STEYN HR

aanwesigheid van vermoënskade by bedrog in kontraktuele verband bepaal kan word. Hy steunm.a.w. op 'n beweerde regsreël wat in al sulke gevalle van toepassing is. Hierdie betoog maakdit nodig, meen ek, om nader in te gaan op wat deur hierdie Hof besluit is in Trotman andAnother v Edwick, 1951 (1) SA 443 (AA); Bill Harvey's Investment Trust (Pty.) Ltd v OranjezichtCitrus Estates (Pty.) Ltd., 1958 (1) SA 479 (AA) en Scheepers v Handley, 1960 (3) SA 54 (AA).

In eersgenoemde saak het eiser as gevolg van 'n bedrieglike wanvoorstelling 'n perseel gekoopteen 'n prys wat £2,500 hoër dan die waarde daarvan was, en het daardie bedrag by wyse vanskadevergoeding geëis. In die Hof benede het die Verhoorregter in daardie saak bevind dat by'n aksie op grond van bedrieglike wanvoorstelling die skade in die geval van 'n koop te vind is indie verskil tussen die prys wat betaal is en die billike waarde ten tyde van die koop. Nadat VANDEN HEEVER, A.R., 'n ander voorgestelde basis van berekening verwerp het, bevind hy op bl.

Page 5: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

449:

'On the facts before us it seems to me there can be only one logical answer: plaintiff was induced by fraud to buyfor £11,212 10s. something which was worth no more than £8,930 and the loss he suffered was the difference.'

Die betoog dat so 'n maatstaf onbillik is omdat die prysfaktor kontraktueel bepaal word,onafhanklik van werklike waardes, het hy verwerp. As rede daarvoor het hy bygevoeg dat dieverweerder as gevolg van sy bedrog 'n wins van £2,282 10s. gemaak het, en met verwysing naVoet, 4.3.12, gesê:

'It would be a poor system of law which allowed such a person to retain the fruits of his fraud at the expense ofthe party deceived.'

Hy het aanvaar dat die delikpleger die benadeelde in dieselfde posisie moet plaas as dié waarinhy sou gewees het as dit nie vir die delik was nie. Verder het hy hom (bl. 450) uitdruklikdaarvan weerhou om 'n algemene formule vir berekening van skade in soortgelyke gevalle tebepaal, omdat gevalle hulle kan voordoen waarin ander faktore in aanmerking kom by dieomvang van die skade wat uit bedrieglike wanvoorstelling ontstaan. Dit is dus duidelik dat,howel die Hof in die omstandighede van genoemde saak die bestaan van vermoënskadebepaal het deur 'n vergelyking van die kontrakprys met die waarde van die gekoopte goed,d.w.s. van prestasie met teenprestasie, so 'n vergelyking nie gestel is as die enigste moontlikegrondslag vir die bepaling van vermoënskade by 'n aksie van hierdie aard nie.

Uit die Bill Harvey-saak blyk dit dan ook dat so 'n grondslag nie vir alle gevalle sou deug nie. Indaardie saak het die eiser 'n sitrusplaas teen 'n prys wat aansienlik hoër dan die markwaardewas, gekoop, en het die verskil op grond van bedrieglike wanvoorstelling geëis. Die verweerderhet die bedrog erken, maar ontken dat daar enige kousale verband bestaan tussen die bedrogen die gevorderde skade, dat die verskil tussen die koopprys en die markprys ten tyde van diekoop die maatstaf vir die skade is, en dat enige skade hoegenaamd gely is. Die wanvoorstellingwas dat daar bepaalde getalle sitrusbome van bepaalde ouderdomme op 'n deel van die plaasis. In 'n vergelykende verwysing na die Trotman-saak, sê MALAN, A.R., op bl. 484:

'Two fundamental differences between the two cases emerge. Firstly, in Trotman's case the misrepresentationsinjuriously affected the value of the property as an indivisible whole whereas in the present case therepresentations did not

1964 (1) SA p450

STEYN HR

so affect its value but affected it merely in respect of the portion to which the representations were directed.Secondly, in Trotman's case the causal connection between the misrepresentation and the damages awardedwas clearly established whereas in the case under consideration the evidence is clear that the representationplayed no part in inducing the plaintiff to pay the additional sum of £11,405. It is obvious that under the cloak ofthe misrepresentations the plaintiff is seeking to re-imburse himself, and thus escape the consequences of, avery disadvantageous transaction.'

Die Hof besluit (bl. 483) dat die vraag is hoeveel meer die eiser beweeg is om te betaal deurdathy hom op die waarheid van die wanvoorstellings verlaat het, en bevind (bl. 484) dat dit duidelikis dat hy, indien die ontbrekende bome op die plaas was, geen verlies sou gely het nie en datdit daaruit volg dat die vergoeding wat hy kan vorder, die waarde van daardie bome is. Hoewel

Page 6: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

ook in hierdie saak aanvaar is dat die eiser meer dan die waarde van die grond betaal het, isdaardie omstandigheid nie as 'n voorvereiste gestel vir 'n geslaagde aksie van hierdie aard nie.Weereens het die Hof hom van so 'n algemene stelling weerhou, met die uitdruklike verklaring(bl. 483) dat die metode vir die vasstelling van vermoënskade in elke saak volgens sy eie feitebepaal moet word, en het volstaan met die bevinding dat die maatstaf vir skade ('the measureof damages') by so 'n aksie die werklike vermoënsverlies is wat die koper as die redelike ennatuurlike of die beoogde gevolg van die wanvoorstelling gely het. Uit die benadering van dieskadeprobleem kan dit nie afgelei word dat die Hof die eiser vergoeding sou ontsê het indien ditnie geblyk het dat die koopprys meer dan die markwaarde was nie.

Ook in die Scheepers-saak is die maatstaf in die Trotman-saak nie aangewend nie. Daar hetdie koper 'n plaas van 766 morg gekoop terwyl hy as gevolg van 'n valse voorstelling gemeenhet dat die plaas 997 morg beslaan. Die prys was £16 per morg, bereken op 997 morg. Hy het£3,696 vergoeding geëis, d.w.s. die koopprys van die ontbrekende 231 morg. Die Verhoorhofhet hom £2,310 toegeken, d.w.s. £10 per morg vir die ontbrekende getal morge, met diehereregte wat hy op daardie bedrag betaal het. By appèl het hy aangevoer dat sy id quodinterest die waarde van die ongelewerde deel van die merx is, en dat daardie waarde op £16per morg te staan kom. Hierdie Hof het bevind (bl. 59) dat die eintlike vraag is hoeveel meer diekoper beweeg is om te betaal deurdat hy hom op die waarheid van die valse voorstelling verlaathet. Omdat daar verbeterings op die plaas was en die ontbrekende getal morge onverbeterdegrond sou gewees het, is die koper se betoog verwerp en die skadeberekening van dieVerhoorhof gehandhaaf. In hierdie saak is daar twee ander aspekte wat ek wil noem. Die een isdat die Hof uitdruklik by die bepaling van die vermoënskade die beginsel gevolg het wat vantoepassing sou gewees het by 'n kontraktuele eis vir 'n prysvermindering uit hoofde van 'ntekort in die grootte van gelewerde grond. Bedoelde beginsel is dat 'n hof eers die aard van diegrond wat ontbreek, en dan, dienooreenkomstig, die waarde van die tekort moet bepaal. Dieander is dat die Hof bevind het dat die koper nie die waarde van die 766 morg wat hy ontvanghet, bewys het nie, en dat die maatstaf in die Trotman-saak gevolglik geen aanwending konvind nie, al sou die Hof veronderstel dat dit in casu gevoeglik toegepas kon word.

1964 (1) SA p451

STEYN HR

In geeneen van bogenoemde sake is daar enige melding van so'n vergelyking vanprestasiewaardes as altyd geldige voorvereiste nie. In die Scheepers-saak is inderdaad van so'n vereiste afgesien en in beide die Trotman - en die Bill Harvey-saak is inteendeel beklemtoondat geen algemene reël neergelê word nie en dat skade in elke saak volgens eie feite bepaalmoet word. Dit, sou ek meen, is geredelik te begryp. Die bestaan en omvang van skade is 'nfeitevraag, en daar is so 'n verbluffende verskeidenheid van moontlike gevalle van bedrogskadein kontraktuele verband, d.w.s. nie net by koopkontrakte nie, maar ook by ander kontrakte, datdit onwenslik wou wees, indien nie gevaarlik nie, om hulle almal in 'n enkele eenselwige patroonte wil indwing. Wat bewys moet word, is werklike skade, in kousale verband met die bedrog, enom te sê dat werklike skade, in so 'n verband, alleen kan blyk uit 'n waardevergelyking tussenprestasie en teenprestasie, en uit niks anders nie, is na my oordeel onjuis. Die bestaan vanskade moet bepaal word volgens die feite van die besondere geval, en sou, na gelang van diegeval, ook op 'n ander wyse bepaal kan of moet word. Die moontlikheid dat skade met 'n

Page 7: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

kontraktueel verhaalbare bedrag kan ooreenstem, sonder dat dit tuis te bring is onder so 'nwaardevergelyking, kan nie uitgesluit word nie. Dit blyk, meen ek, uit die geval in dieScheepers-saak behandel. Die afwesigheid in daardie geval van die ontbrekende morgewaarvoor die eiser moes betaal, en wat ook tot 'n kontraktuele vordering aanleiding kon gegeehet, was geen denkbeeldige skade nie, maar werklike skade. 'n Ander geval van 'nooreenstemmende skadebegrip is te vind in Corbett v Harris, 1914 CPD 535, wat gegaan hetoor 'n quanti minoris-eis ten aansien van die koopprys van 'n Karooplaas waarop daar ongeveerses morg minder gevestigde lusern was dan deur die verkoper by kontraksluiting voorgegee.Die verkoper het onder meer met bewyse aangevoer dat die plaas in elk geval die kooppryswerd is, en het beweer dat die koper daarom geen verlies gely het nie. Daaromtrent sê KOTZÉ,R., op bl. 547:

'The question appears to me to be, not whether the plaintiff has made a good bargain or not, but whether he hasin reality' and in substance sustained a loss. The evidence points to the clear conclusion that the absence of sixmorgen of established lucerne land has materially depreciated the value of the farm. The plaintiff has, therefore,proved that he has suffered loss.'

(Vgl. Beukes v Bekker, 1924 E.D.L. 4 op bl. 14). Dit was 'n aksie uit kontrak waarby geenbedrog aangevoer is nie, maar wat by so 'n aksie 'n werklike verlies uitmaak, hoef nie buite alleskadebegrip te val nie, sodra dit na bewering deur bedrog veroorsaak is. Die oorsaaklikeverband met die bedrog sal natuurlik bewys moet word, maar die aard van die bedrogsaksiebring nie mee dat wat by 'n kontraktuele aksie werklike skade sou uitmaak, onder geenomstandighede met bedrogskade kan saamval nie.

Om 'n koper teen sulke skade herstel te ontsê by 'n bedrogsaksie, waar die bedrieër hompresies daardie skade met voorbedagte rade aangedoen het, slegs omdat die koper niebuitendien 'n slegte koop aangegaan het nie, en om die bedrieër sodoende bo 'n kontrakbrekersonder bedrog te begunstig, sou 'n anomalie wees wat ek nie sonder dwingende regsgesagkan onderskryf nie.

Dat die bedrogskade toevallig in so 'n geval naastenby of selfs presies met kontrakskade sousaamval, beskou ek as geen geldige beswaar nie.

1964 (1) SA p452

STEYN HR

Dit het ook in die Scheepers-saak gebeur. By 'n aksie van hierdie aard is die bedrog trouensnie van die kontrak los te maak nie. Die uitwerking daarvan kan alleen binne die bestek van diekontrak en sy insidente beoordeel word. Dit hoef dus geen verbasing of verdenking vanonjuistheid te wek indien die skadeberekening in 'n bepaalde geval die patroon vankontraktuele verhaalbaarheid volg of by benadering daarmee ooreenstem nie.

In al drie hierdie sake het dit om 'n enkele grondstuk gegaan en by twee daarvan, waar diebedrieglike wanvoorstelling slegs 'n deel daarvan getref het, was die vasstelling vanvermoënskade meer bepaald op daardie deel toegespits. In die onderhawige geval het ons tedoen met 'n meervoudige transaksie waarby drie afsonderlike plase, losgoed van uiteenlopendeaard en 'n kontantbetaling betrokke was. By 'n transaksie van hierdie aard ontstaan voor diehand liggende bedenkings teen die aangevoerde voorvereiste vir die verhaal van skade uit

Page 8: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

hoofde van 'n delik.

Die betoog ten gunste van so 'n vereiste skyn uit te gaan van die veronderstelling dat diekontrak as geheel regtens die gevolg van die bedrog is. Daarom soos ek die betoog verstaan,word aangevoer dat die wedersydse prestasies ingevolge die kontrak, ook waar 'n veelvouddaarvan aan elke kant beding is, teen mekaar opgeweeg moet word ten einde te bepaal of diebedrog skade veroorsaak het. Dit is egter 'n veronderstelling wat heel dikwels nie geldig salwees nie. Voet 4.3.3 trek 'n verskil tussen dolus causam dans contractui en dolus in contractumincidens. Die eerste sou aanwesig wees waar die bedrog iemand wat nie wil kontrakteer nie,beweeg om dit te doen, terwyl hy dit glad nie sou gedoen het as daar geen bedrog was nie; dietweede waar iemand uit eie beweging kontrakteer, maar bedrieg word in die wyse waarop hydie kontrak aangaan, soos wat die prys betref of op 'n ander wyse. Hierdie verskil bring, meenek, nie mee dat bedrog, in elke geval waar dit beweer of bewys word dat die kontrak niedaarsonder aangegaan sou gewees het nie, as die oorsaak van die kontrak aan te sien is nie.Veral by 'n kontrak met veelvuldige prestasies is daar velerlei faktore, 'n onbegrensdeverskeidenheid van conditiones sine quibus non, waarvan met reg, wat elkeen afsonderlikbetref, gesê sou kan word dat die kontrak nie daarsonder tot stand sou gekom het nie. Ditmaak nog nie van elkeen afsonderlik die direkte en effektiewe oorsaak van die kontrak metalles wat daarin voorkom nie. Dit sou bv. kan vasstaan dat die kontrak nooit gesluit sou geweeshet as die partye mekaar nie op 'n bepaalde tyd en plek raakgeloop het nie. Die ontmoeting sounie om dié rede regtens, vir die huidige doeleindes altans, as die oorsaak van die kontrak kangeld nie. Dit kan gebeur dat die partye dit eens is oor bedinge A, B en C maar verskil oorbeding D. Deur die een se bedrog word die verskil uit die weg geruim. Daarna word verderebedinge E en F bygevoeg. Die bedroëne sou met waarheid kan beweer dat hy die kontrak niesou gesluit het as hy nie met beding D bedrieg was nie, maar dit beteken tog seker nie sondermeer dat die bedrog waardeur daardie beding in die kontrak gekom het, die causa causans isvan al die ander nie, wat hul aard ook al mag wees, selfs van 'n later bygevoegde beding datdie bedrogpleger die transport - of verlydingskoste moet betaal, en

1964 (1) SA p453

STEYN HR

daarom van die hele kontrak. Dit sou dus verkeerd wees om die waarheid van so 'n beweringop gesigswaarde te aanvaar as bewys van oorsaaklikheid tussen die bedrog en die kontrak asgeheel, met al die bepalings wat daarin voorkom; en waar werklike oorsaaklikheid ontbreek,verval die hele grondslag vir 'n waardevergelyking van alle prestasies ten einde die skade tebepaal wat deur die bedrog veroorsaak is.

Die oorsaaklikheidsvraag, wat die kontrak as geheel betref, is veral belangrik waar, bymeervoudige prestasies, die bedrogpleger daarop aanspraak maak om die bedrogsnadeel wathy by een daarvan veroorsaak het, te verreken teen 'n ander batige prestasie waaruit syteenparty voordeel trek. Waar hy bv. twee plase, A en B, moet lewer, en die bedrog slegs 'ndeel van plaas A geld, sou so 'n waardevergelyking, met die veronderstelling waarop dit rus,meebring dat die voordeel van 'n batige koop van plaas B, 'n voordeel wat die koper toekom,aangewend sou moet word om die bedrogsnadeel wat hy ten opsigte van die deel A ly, teverminder of uit te wis. Daardeur sou die bedrieër homself vir sy slegte transaksie met die plaas

Page 9: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

B kan vergoed deur sy eie bedrog ten opsigte van genoemde deel van A. Dit sou alleengeregverdig kan word indien die voordeel wat die koper by plaas B toeval, eweseer as dienadeel by plaas A, in werklike kousale verband met die bedrog staan. Alleen dan sou dit asgunstige newewerking daarvan teen die nadeel verreken kan word. Vir dié doel sou, meen ek,bewys van die kousale verband tussen die bedrog en die voordeel net so nodig wees soosbewys van die kousale verband tussen die bedrog en die skade. Soos reeds aangedui, sou ditin sigself nie voldoende wees nie dat die bedrog by die kontraksluiting 'n rol gespeel het, of datdie kontrak nie daarsonder gesluit sou gewees het nie. Al is dit die geval, sou die werklikeoorsaak van die batige prestasie ewegoed die bedrogpleger se onkunde of onervarendheid konwees, of die koper se sakevernuf. (Vgl. die Bill Harvey-saak, supra).

'n Verdere beswaar geld die so te sê onmoontlike bewyslas wat met so 'n voorvereiste insommige gevalle op die eiser sou rus. Indien, in 'n geval soos die onderhawige, die bedrogslegs ten opsigte van een stuk plaasgereedskap gepleeg is, sou die eiser ante omnia moetbewys, met die duisternis van getuies wat hy nodig sou hê, en die afskrikkende koste daarvanverbonde dat hy met die transaksie as geheel skade gely het, voordat hy bedrogskade tenopsigte van die stuk gereedskap kan verhaal. Prakties sou die bedrogsaksie daardeur 'nbedenklike beperking ondergaan, en die bedroëne sou, waar hy geen kontraktuele eis het nie,geen dienlike regsmiddel tot sy beskikking hê nie.

Daarmee wil ek by die feite van hierdie geval kom. Die meeste daarvan het my kollegaHOEXTER reeds in sy uitspraak genoem. Uit die staanspoor was dit duidelik dat die appellant'n bedrag sou moes inbetaal, want die waarde van wat hy aangebied het, was klaarblyklikminder dan die waarder van wat hy van die respondent sou ontvang. Om bedoelde bedrag tekon bepaal, moes hulle eers omtrent die ruilwaardes van die drie plase en die ander goedonderhandel. In hierdie verband bevind die Verhoorregter:

'According to the evidence in this case, in order to arrive at the amount of the equalising payment the paymentthe parties fixed the prices of the various properties. Defendant insisted on a price of £12,000 forMagermanskraal and £15,000 for Melkhoutefontein, including the sheep and cattle. Plaintiff initially

1964 (1) SA p454

STEYN HR

wanted £60,000 for Saucyskuil, but later agreed to accept £51,500 for the farm, livestock and implements.Defendant thereafter persuaded plaintiff to accept £48,500.'

Hierdie bevindings word nie betwis nie. Die advokaat vir die appellant het egter betoog dat dieruilwaardes kunsmatig opgedrewe waardes is, waarmee die partye mekaar wou uitoorlê by dievasstelling van die bedrag wat die appellant sou moes bybetaal, dat hulle daarom, meer inbesonder by 'n vergelyking van prestasies ten einde vermoënskade te bepaal, nie as werklikepryse beskou kan word nie, en dat die vergelyking gevolglik gemaak moet word tussen diewerklike waardes en nie tussen die ooreengekome ruilwaardes nie. Op daardie basis sou dierespondent, volgens die bevindings van die Verhoorregter, niks deur die bedrog verloor het nie.Die werklike waarde van die twee plase, losgoed en geld wat hy ontvang het, is nl. nie minderdan die werklike waarde van die plaas en ander goed wat hy gegee het nie. Die betoog komhierop neer dat die hele transaksie deur die bedrog veroorsaak is, en dat deur die gunstigenewewerking van die bedrog, die respondent se skade ten opsigte van die bome op

Page 10: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

Magermanskraal uitgewis is. Die gunstige newewerking sou vermoedelik gesoek moet word bydie waarde van die twee plase en die losgoed wat die appellant moes lewer, die verband opSaucyskuil wat die appellant moes oorneem, en die bedrag wat hy moes bybetaal, invergelyking met die waarde van wat die respondent moes gee.

Wat die onegtheid van die ruilwaardes betref, steun die appellant veral op die respondent severklaring dat hy nie die appellant R120,000 vir Saucyskuil sou gevra het, as die appellant nieR54,000 vir Magermanskraal en Melkhoutefontein wou gehad het nie. Hy het geweet 'dit is baiegeld' en het daarom sy eie prys opgestoot. Wat Magermanskraal betref, het die Verhoorregter'n onegte ruilwaarde verwerp. Hy bevind nl.:

'Defendant informed plaintiff, and I am satisfied that plaintiff believed defendant, that the trees onMagermanskraal were worth £9,000, and plaintiff could not have thought that the land was worth less than£3,000. If, therefore, he thought the price of the property to be exchanged had been too high, he could notreasonably have intended to refer to Magermanskraal.'

Met hierdie bevinding is daar geen fout te vind nie. Indien die respondent gemeen het dat dieprys van Melkhoutefontein te hoog is, dan kon dit ook alleen sy aanvanklike prys van R120,000vir Saucyskuil beinvloed het. Daardie prys, as waardebepaling vir die doeleindes van dieberekening, is egter in die loop van die onderhandelings met R23,000 verminder, maar dieuiteindelike bedrag van R97,000 het losgoed ingesluit wat volgens bevinding R6,384 werd was.Eintlik het hy dus R29,384 op sy oorspronklike prys vir die plaas laat val. Volgens bevindingwas die werklike waarde van Melkhoutefontein R11.800. Al sou hy besef het - wat die getuienisbeslis nie aantoon nie - dat die appellant ongeveer R18,000 te veel vir die plaas vra, dan het hyveel meer dan dit op sy oorspronklike prys laat val. Daarby kom dat hy Saucyskuil, volgensopdrag aan Louw, vir R100,000 in die mark gehad het, en die appellant se aanbod om dittesame met die respondent se losgoed, teen R90,000 in rekening te bring, verwerp het. Dit lykmy daarom duidelik dat R97,000 vir Saucyskuil tesame met losgoed ter waarde van R6,384, nieas 'n opsetlik opgedrewe waarde aangemerk kan word nie. Ek kan geen rede vind om dit, netsoos die ruilwaarde

1964 (1) SA p455

STEYN HR

van Magermanskraal, nie as 'n werklike waardebepaling te beskou nie. Al sou dieooreengekome ruilwaarde van Melkhoutefontein as kunsmatig opgedrewe moet geld, dan soudit vir die respondent alleen 'n ongunstige uitwerking kon gehad het, en sou in elk geval, na mybeskouing, vir huidige doeleindes nie ter sake wees nie.

Ek verwys na hierdie getuienis en bevindings om, in verband met die aangevoerde vergelykingtussen prestasiewaardes, te kom by die opmerkings van Voet Com. 21.1.5. Hulle handel oordie actio quanti minoris. Voet wys daarop dat genoemde aksie daarop gerig is dat uit die prysterugbetaal word soveel as wat die saak minder werd is. Indien meerdere sake tegelyk vir 'nenkele prys verkoop word, dan moet die waarde van die nie-gebrekkige eweseer as dié van diegebrekkige bepaal en daaruit afgelei word hoeveel van die prys teruggegee moet word. Hyvoeg egter by dat die posisie anders is indien die prys nie vir almal tesame (confuse) vasgestelis nie, maar die waarde van elk afsonderlik bepaal is, en dié van die geheel daarna te staan

Page 11: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

kom op soveel as wat die saamtelling van afsonderlike sake uitmaak. Hy verwys in hierdieverband o.a. na Dig., 21.1.36 en 38.13. Volgens laasgenoemde bewysplek word by die verkoopvan 'n tweespan muile waarvan een 'n gebrek het, nie bloot na die gebrekkige dier gekyk om tebereken hoeveel minder die span werd is nie, maar ook na die ander een, want omdat albei vir'n enkele prys verkoop is, kan die prys nie gedeel word nie, maar kan gevorder word soveel aswat albei tesame minder werd sou wees. Eersgenoemde bewysplek stel, in verband met dieverkoop van 'n aantal slawe, die verskil wat Voet trek. Hieruit blyk, meen ek, dat die waarde vandie geheel slegs dan die vergelykende grondslag is wanneer, wat die gebrekkige saak betref,daar geen ooreengekome prys was nie. Ek kan nie aanneem dat die verskil wat Voet trekongeldig sou wees waar die totale prys bereik is deur sametelling van 'n ooreengekome prys virdie gebrekkige saak, plus 'n enkele prys vir 'n aantal ander sake nie.

Hoewel die actio quanti minoris sy eie besondere insidente het en wat by daardie aksie geld niesonder meer by 'n bedrogsaksie aanwending kan vind nie, wil dit my voorkom dat wat Voet hiersê in verband met die geval waar die prys die resultaat is van meerdere ooreengekome pryse,gevoeglik toegepas kan word in die onderhawige geval. Wat ook al van die ander plase gesêkan word, R24,000 vir Magermanskraal, met die beweerde bome daarop, was 'n egtewaardebepaling en teen daardie syfer is dit in rekening gebring om die transaksie af te sluit. Ditis gevolglik reg, meen ek, dat die respondent se skade, soos die Verhoorregter gedoen het,dienooreenkomstig bepaal word, sonder inagneming van die pryse of waardes van die andergoed. Daar is des te meer rede om dit te doen, omdat daar geen werklike oorsaaklike verbandbestaan nie tussen die bedrog en enige voordeel wat die respondent ten aansien van die anderplase of goed mag toegeval het. Dit is nie deur die bedrog insake die bome dat 'n voordeligeprys vir die respondent se grond beding is nie. Sy syfer vir Saucyskuil en sy losgoed was 'negte syfer en staan buite alle verband met die bedrog, en enige voordeel wat hy daaruit moggetrek het, was geen newewerking daarvan nie. 'n Moontlike gunstige newewerking ten opsigte

1964 (1) SA p456

STEYN HR

van enige ander prestasie kan ek nie bespeur nie. Die respondent se saak op die pleitstukkewas dan ook nie dat die bedrog die kontrak as geheel veroorsaak het nie. Hy het slegs beweerdat hy die kontrak aangegaan het terwyl hy hom op die waarheid van die wanvoorstellingverlaat het. Hy het weliswaar in sy getuienis verklaar dat hy die kontrak nie sou aangegaan hetas hy nie bedrieg was nie, maar soos reeds hierbo aangedui, staan dit nie gelyk met 'nerkenning van werklike kousaliteit nie. Hierdie is nie 'n geval, soos deur Voet supra beskryf,waar die bedroëne glad nie wou kontrakteer en deur bedrog beweeg is om dit te doen nie. Dierespondent wou uit eie beweging die transaksie aangaan en is slegs bedrieg ten aansien vandie wyse waarop 'n onderdeel daarvan afgehandel is. Dit sou meer met die werklikheidooreenstem om te sê dat hy, indien hy nie bedrieg was nie, 'n hoër bybetaling sou beding het.

Die advokaat vir die appellant het trouens tereg toegegee dat die bedrog slegs een doel gehadhet, nl. om vir die doeleindes van die berekening van die kontantbedrag wat die appellant soumoes inbetaal, Magermanskraal as faktor in daardie berekening, op £12,000 gestel te kry,sodat die kontantbedrag minder sou wees. Dit was die appellant se spesifieke oogmerk, endaarin het hy geslaag. Hy het die respondent wysgemaak dat die bome 'n onmiddellike

Page 12: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

kontantwaarde van R18,000 het. Hy het gesê die bome kan dadelik gekap word en dierespondent het gemeen dat hy daardie bedrag in kontant kon kry. Nie net die respondent nie,maar ook die agent Louw, wat teenwoordig was, het dit geglo. Kort na die gesprek het Louwaangebied om met 'n firma waarmee hy bekend was, te reël vir die verkoop van die bome. Diewerklike waarde van die bome was slegs R1,544. Die verskil is R16,456. Die appellant het metvoorbedagte rade 'n gevolg van hierdie aard beoog. Sy listige opset was direk en spesifiekdaarop gerig. Dit is wat hy wou teweegbring en inderdaad bereik het. Dit is nie direk aan dierespondent gestel nie, maar dit is haas vanselfsprekend dat die respondent, indien hy nie misleiwas nie, nie sou ingestem het om Magermanskraal teen so 'n hoë syfer in te reken nie, en dathy gevolglik 'n groter kontantbedrag sou beding het. Dit sou redelik wees om te verondersteldat hy bereid sou gewees het om die plaas teen sy billike markwaarde in rekening te bring. Ookop dié basis kom sy skade te staan op die bedrag wat hom toegewys is. Deur die toekenningdaarvan sou hy, sover dit doenlik is, op die grondslag in die Trotman-saak aanvaar, in dieselfdeposisie geplaas word as dié waarin hy sou gewees het as dit nie vir die delik was nie. Dieverskil wat die bedrog gemaak het, sou vereffen wees. Dit sou ook die antwoord wees op dievraag wat hier sou ooreenstem met die eintlike vraag in beide die Bill Harvey en dieScheepers-saak genoem, nl. hoeveel minder kontant het hy ontvang deurdat hy hom op diewaarheid van die voorstellings verlaat het?

Om genoemde redes moet die appèl, wat die toekenning van skadevergoeding betref, na myoordeel, van die hand gewys word.

Wat die eis insake die trekker betref, stem ek saam met my kollega BOTHA, en wat die andereis betref, is ek dit eens met my kollega HOEXTER.

1964 (1) SA p457

RUMPFF AR

Wat betref die eis vir skadevergoeding en die eis insake die trekker, word die appèl van diehand gewys. Wat die ander eis betref, word die bevel van die Hof benede verander na 'n bevelten gunste van die eiser vir betaling van die bedrag van R1,557.27, met rente daarop vanaf 11Augustus 1960 tot op die datum van betaling. Wat die koste van appèl betref, moet dieappellant vier-vyfdes van die respondent se koste, en die respondent een vyfde van dieappellant se koste, betaal. Die appellant of die respondent kan egter, met kennisgewing vaneen maand vanaf die datum van hierdie uitspraak, wat by die Griffier ingelewer moet word, om'n wysiging van hierdie kostebevel aansoek doen.

RUMPFF, A.R.: Ek stem saam met wat my kollega HOEXTER in sy uitspraak gesê het en datdie appèl gehandhaaf moet word met koste en dat die bevel van die Hof a quo verander wordsoos deur hom uiteengesit.

Wat betref die eis om skadevergoeding sou ek nog die volgende opmerkings wil byvoeg tot watin sy uitspraak verskyn.

Skadevergoeding by kontrakbreuk in ons reg word benader vanuit die standpunt dat diebenadeelde, wat sy vermoë betref, in die posisie geplaas moet word asof die kontrak behoorlikuitgevoer is. By delik is dit natuurlik anders. Daar is die grondslag dat die benadeelde in die

Page 13: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

posisie geplaas moet word asof daar nooit 'n delik plaasgevind het nie.

'A litigant who sues on contract sues to have his bargain or its equivalent in money or in money and kind. Thelitigant who sues on delict sues to recover the loss which he has sustained because of the wrongful conduct ofanother, in other words that the amount by which his patrimony has been diminished by such conduct should berestored to him,'

Appèlregter VAN DEN HEEVER in Trotman and Another v Edwick, 1951 (1) SA 443 (AA) te bl.449.

Wanneer 'n koper beweer dat hy as gevolg van 'n bedrieglike wanvoorstelling 'n koopkontrakaangegaan het, kan hy kansellasie van die kontrak eis, met teruggawe wedersyds van dit watkragtens die kontrak oorhandig is, en gevolgskade as daar is, om hom in dieselfde posisie teplaas asof daar geen delik plaasgevind het nie. Hy kan egter ook besluit om hom aan diekontrak te hou en 'n bedrag as skadevergoeding te vra wat hom in dieselfde posisie sal plaasten opsigte van sy vermoë, asof die bedrog nie gepleeg is nie.

Na my mening geld die volgende oorwegings dan by die berekening van die skade wat hy kaneis. As die koper die merx hou en kla dat hy op grond van die wanvoorstelling te veel betaalhet, moet hy bewys wat hy wel sou betaal het as daar geen wanvoorstelling was nie. Prakties isdit in die algemeen natuurlik moeilik vir die koper om te bewys oor watter bedrag hy en dieverkoper ooreen sou gekom het as daar geen wanvoorstelling was nie en derhalwe kan, bygebrek aan ander getuienis, aanvaar word, op grond van billikheid teenoor beide die koper enverkoper, dat die koper die markwaarde van die merx sou aangebied het en dat die verkoper ditsou aanvaar het. In kort, normaalweg kan aanvaar word dat die koper die merx teenmarkwaarde sou gekoop het. Sou die koper beweer dat hy vir 'n bedrag minder as diemarkwaarde kon gekoop het, nl. die markwaarde - x, moet hy dit bewys. As hy dit bewys, sousy skade wees die verskil

1964 (1) SA p458

RUMPFF AR

tussen die koopprys en die markwaarde - x. As dit bewys sou word dat die koper in elk gevalmeer as die markwaarde sou aangebied het, nl. markwaarde + x, word dit vanselfsprekendaanvaar dat die verkoper daardie hoër bedrag sou aangeneem het. Die koper se skade sal danwees die verskil tussen die koopprys en die markwaarde + x.

Uit bogaande volg dit, dat indien in 'n geding aanvaar word dat die koper die markwaarde vir diemerx sou betaal het, as daar geen bedrog was nie, en dit blyk dat die markwaarde van die merxdieselfde is as die koopprys, of hoër, die koper geen skade gely het nie.

In die lig van wat hierbo gesê is, en onderhewig daaraan kan dit gesê word dat, by 'n gedingvan hierdie aard, om vas te stel of die koper skade gely het, die waarde van wat uit die koper seboedel uitgegaan het, kragtens die kontrak, geweeg moet word teen die waarde van watingekom het. Is die waarde van die merx minder as die koopprys, het die koper skade gely.

Dit moet beklemtoon word dat hierdie skade wat die koper op grond van die wanvoorstelling ly,suiwer delikskade is, en nie skade wat deur kontrakbreuk veroorsaak is nie, en derhalwe kan

Page 14: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

die koper nie onder die dekmantel van 'n aksie vir skadevergoeding weens 'n delik probeer om'n kontrak af te dwing nie.

Hoe presies die omvang van die skade bereken moet word, hang af van die omstandighedevan elk geval. Dit blyk o.a. uit die beslissings van hierdie Hof in Trotman and Another v Edwick,1951 (1) SA 443 (AA), Bill Harvey's Investment Trust (Pty.) Ltd v Oranjezicht Citrus Estates(Pty.), Ltd., 1958 (1) SA 479 (AA) en Scheepers v Handley, 1960 (3) SA 54 (AA).

Die saak Trotman is eenvoudig. Die koper koop 'n stuk grond en weens 'n valse voorstellingvan die verkoper dink hy dat die grond 'n sekere grootte het. In werklikheid behoort 'n deel vandie grond, wat hy dink dat hy gekoop het, aan die stadsraad. Toe hy vir die koopprysaangespreek word eis hy nie restitusie nie maar skadevergoeding, en hy bewys dat diemarkwaarde van die grond wat aan hom gelewer is, minder is as die koopprys. Klaarblyklik hetdie Hof aanvaar dat die koper, sonder bedrog, die markwaarde sou betaal het en daarom isaan hom toegeken die verskil tussen koopprys en markwaarde. As aanvaar word dat hy diemarkwaarde sou betaal het, volg dit m.i. ook dat as die markwaarde gelyk gestaan het met diekoopprys, of hoër was, hy geen skade sou bewys het nie.

Die saak van Harvey's Investment Trust is, met respek, ook eenvoudig. Die eiser koop 'n plaasvir £55,500 nadat daar 'n voorstelling was dat daar op 35 morge 5,750 sitrusbome geplant is. Inwerklikheid is daar op 25 morge 4,892 bome geplant. Hy eis skadevergoeding, en wel dieverskil tussen die markwaarde van die plaas en die koopprys. Volgens die getuienis blyk dit datdie markwaarde van die plaas, met 5,750 bome, £44,098 sou gewees het. Dit volg dat eiserdus in elk geval veel meer as die markwaarde betaal het en sou betaal het selfs al sou daarinderdaad 5,750 bome gewees het. Hy kon dus onmoontlik die verskil eis tussen die koopprysen die markwaarde. Aangesien eiser beweer het dat hy weens die valse voorstelling 'n hoërkoopprys betaal het as wat hy anders sou betaal het, is die enigste skade wat hy kon

1964 (1) SA p459

RUMPFF AR

eis die verskil tussen die koopprys en die prys wat hy sou betaal het as hy geweet het dat daar858 minder bome op die plaas was. Die bedrag wat hy sou betaal het, is die koopprys min diewaarde van 858 bome, sodat die skade wat hy gely het die waarde van die 858 bome is.

In Scheepers v Handley het die koper weens 'n wanvoorstelling gedink dat hy 997 morge koopterwyl hy in werklikheid 766 morge gekoop het. Hy eis skadevergoeding nl. die verskil tussendie koopprys en die markwaarde. Daar is getuienis dat die plaas deur hom gekoop is op 'nveiling teen £16 per morg en dat daar 'n goeie huis op die plaas was en verbeterings, tesameter waarde van £7,000. Die eiser bring geen direkte getuienis nie oor die markwaarde van die766 morge (met huis en verbeterings), maar voer aan dat die skade wat hy gely het die verskilis tussen die koopprys en die prys wat hy sou betaal het as hy geweet het dat daar 231 morgeminder was. Sy betoog is natuurlik reg en hierdie Hof sê dan ook:

'. . . the essential enquiry is how much more the purchaser has been induced to pay by reason of his havingrelied upon the truth of the representation (see Harvey's Investment Trust case, supra at p. 483)'.

Die appèl in Scheepers v Handley is gerig teen die bevinding dat bedrog gepleeg is, nie teen

Page 15: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

die bedrag wat toegeken is nie. In die teenappèl kom die bedrag ter sprake en word dit betoogdat dit te min is. Daar word nie beweer dat die bedrag te veel is nie en hierdie Hof het gevolgliknet ingegaan op die vraag, wat skade betref, of daar nie te min toegeken is nie. Die eiser hetaangevoer dat as hy geweet het daar 231 morge minder was, hy 231 x £16 minder as diekoopprys sou betaal het. Hy beweer dus eintlik dat hy vir 766 morge ook £16 per morg soubetaal het en nie minder nie. Hierdie houding van die eiser is m.i. nie heeltemal korrek nie.Wanneer 'n plaas met waardevolle verbeterings op die mark geplaas word, sal die bydrae vandie verbeterings tot die grondwaarde per morg van die plaas minder word hoe groter dieoppervlakte van die plaas is, omdat die waarde van die verbeterings oor 'n groter oppervlakteversprei word. Omgekeerd hoe kleiner die oppervlakte hoe groter sal die bydrae wees van dieverbeterings tot die grondwaarde per morg. Die waarskynlikheid is dus dat die eiser meer permorg sou betaal het as £16, as hy geweet het dat die plaas 766 morge groot was. 'n Moontlikemetode van berekening wat hierdie Hof ook gevolg het, is om die verbeterings af te trek van diekoopprys en die balans te deel deur 997 wat 'n som gee van byna £9 per morg wat die eiser vironverbeterde grond sou betaal het. Vir 766 morge sou dit £6,894 gewees het en as dieverbeterings van £7,000 daarby gevoeg word, sou die bedrag £13,894 gewees het. As hierdiebedrag afgetrek word van £16,010 laat dit £2,116. Hierdie Hof het volgens dieselfde berekeningbevind dat die eiser vir onverbeterde grond minder as £10 per morg sou betaal het maar hetverder gesê dat eintlik die eiser 231 morge onverbeterde grond nie gekry het nie, en:

'The misrepresentation complained of is, in essence, that instead of getting the improvements plus 997 morgenof prairie land, respondent got the improvements and only 766 morgen of prairie land. The shortfall of 231morgen thus relates solely to prairie land.'

Hierdie benadering is m.i. onsuiwer omdat dit die wesenlike aard van die skade wat vergoedmoet word, vertroebel. As verder beslis word dat die eiser tereg vergoed is op die basis datdaar aan hom 231 morge

1964 (1) SA p460

RUMPFF AR

nie gelewer is nie, word die saak benader asof die eiser beding het dat die 231 morge gelewersou word, d.w.s. asof eiser hom op die vervulling van 'n kontrak beroep.

Wat die onderhawige saak betref, het die respondent op ondubbelsinnige wyse vergoeding vandeliktuele skade geëis. Die Verhoorhof kon hom dus nie so vergoed asof hy nakoming van diekontrak geëis het nie.

Volgens die getuienis in die onderhawige saak blyk dit dat in 1960 respondent sy plaasSaucyskuil van 7,400 morge wou verkoop omdat hy weens knellende droogte in geldelike noodverkeer het. In 1956 het hy die plaas gekoop vir £37,000, d.w.s. £5 per morg. Met losgoedinsluitende 1,800 - 2,000 skape het die prys £50,000 beloop en die hereregte was ongeveer£3,000. Respondent het deur 'n agent in aanraking gekom met appellant wat twee kleiner plaseMelkhoutefontein en Magermanskraal wou verkoop. Appellant het respondent naMelkhoutefontein geneem en respondent het onmiddellik gesê hy stel gladnie belang in dieplaas nie. Appellant het die plaas egter aangeprys en verder gesê dat hy £15,000 daarvoor vra.Daarna is die partye na Magermanskraal waar appellant gesê het dat daar 9,000 bome is wat

Page 16: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

£1 stuk werd is. Hy het £12,000 vir Magermanskraal gevra. Daarna het die partye gaan koffiedrink en volgens respondent het die volgende plaasgevind:

'Het julle toe gepraat oor wat die prys is van Magermanskraal? - Ja, en hy het my gesê £12,000 virMagermanskraal en £15,000 vir Melkhoutefontein.

Het hy gesê van enige verband wat op Melkhoutefontein of Magermanskraal is? - Nee.

Wat het jy hom gesê van jou plaas? - Hy het gevra wat ek wil hê vir my plaas, en ek het mnr. de Jager gesê myplaas kos my oor die £60,000 en ek wil weer £60,000 hê. Toe vra hy my, hoekom maak jy die prys so hoog; mnr.Louw het vir my gesê £50,000'. En toe sê ek, 'ja, mnr. de Jager, as ek jou twee plase moet koop vir £27,000, watbaie hoog is, dan moet ek my prys ook opstoot'; en hy sê toe, 'ons sal na die plaas kom kyk'. En toe het hy enmnr. Louw na die plaas kom kyk.'

Appellant het daarna Saucyskuil gaan besigtig en respondent het verklaar:

'Nadat mnr. de Jager daar aangekom het, wat het jy gedoen? - Ek het my bakkie gevat en ons het die plaasdeurgery. Ek het hom al die kampe gewys en lusernlande. En toe het ons teruggekom en in die sitkamer; en mnr.de Jager het toe gesê hy sal £51,500 vir die plaas gee. Toe het ons 'n bietjie gestry oor die prys, maar ek hetlater ingewillig en verkoop hom die plaas vir £51,500 net soos dit staan.'

Het mnr. de Jager die vee gesien? - Alles gesien, die skape. Dit was merinoskape.

Waar het hy dit gesien? - By elke water waar ons stilgehou het, het 'n klomp skape by die water gelê. Die skapewat ek aan mnr. de Jager verkoop, dit was al skaap, dit was 1,200 skape, en ek het nie meer skape daardie tydgehad nie. Die skape was in 'n swak kondisie, hulle was maer, want ons moes hulle voer.'

Dokumente is opgestel waarin die partye wedersyds die plase aan mekaar verkoop maarappellant het later beweer dat die dokumente 'n opsie aan hom gegee het, en het aanrespondent eers £45,000 en later £48,500 aangebied vir Saucyskuil, wat respondent aanvaarhet. 'n Kontrak is opgestel waarvolgens appellant Saucyskuil met 'n aantal skape en losgoedkoop en die koopsom bestaan uit Magermanskraal en Melkhoutefontein, 'n aantal skape enlosgoed; appellant neem 'n verband op Saucyskuil oor van £18,000 en sal verder £3,500 inkontant aan respondent betaal.

1964 (1) SA p461

RUMPFF AR

Verwysende na die wanvoorstelling aangaande die bome het respondent in sy dagvaarding inpara. 10 beweer:

'The said representation was material and was made with the object of inducing plaintiff to act thereon, andrelying on the truth thereof plaintiff entered into the said agreement.'

In sy getuienis het respondent soos volg verklaar:

'Deur mnr. Cooper: Mnr. Grunder, ons kom nou by hierdie kontrak. Voordat u besluit het om die twee plaseMagermanskraal en Melkhoutefontein en die ander goed - voordat u besluit het om die ooreenkoms aan te gaanmet mnr. de Jager, was u beïnvloed gewees deur wat hy gesê het op Magermanskraal? - Ja, ek was beïnvloedgewees.

Sou u daardie ooreenkoms geteken het indien u geweet het dat daar nie 9,000 dennebome was teen £1 werdnie? - Ek sou dit nie gedoen het nie.

Page 17: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

Waarom nie? - As ek geweet het die bome is nie £1 per boom werd nie, ek het gereken ek kon daardie bomedadelik verkoop vir £9,000, so is dit aan my vertel.

Deur die Hof: Wanneer, en wie het dit gesê? - Dieselfde agtermiddag, Edelagbare.

Het hy bygevoeg dat dit verkoop kan word teen daardie prys? - Ja, Edelagbare. Mnr. de Jager het bygevoeg dat,dit kan verkoop word teen £1 per boom, dit is £9,000 en dan betaal jy vir Magermanskraal maar £3,000.

Deur mnr. Cooper: Toe jy aanhangsel A geteken het, was jy nog onder die indruk dat daar 9,000 bome op dieplaas was teen £1 werd? - Ja, Edelagbare.

Wat u kan verkoop vir £9,000? - Ja, Edelagbare.

Sou u hierdie koopkontrak, aanhangsel A, geteken het indien dit nie so was nie? - Ek sou dit nie geteken het nie.

Sou u enige deel van die ooreenkoms aangegaan het as u dit geweet het? - Nee, ek sou nie. As ek geweet hetdat die bome nie so was as hy gesê het nie, dan sou ek nie die kontrak aangegaan het nie.'

Respondent het verder in sy getuienis gesê dat nadat hy uitgevind het wat die werkliketoestand ten opsigte van die bome was, hy beswaar gemaak het by die appellant en datappellant gesê het hy sal respondent vergoed. Respondent sê dan verder:

'Deur mnr. Cooper: Waar was die gesprek gewees? - Op sy plaas Welgevonden. Na 'n paar maande het ek weerna mnr. de Jager gegaan en toe sê hy my, 'Man, as jy weer praat oor die bome dan gaan ek moeilikheid maak,die bome is reg'. Toe het ek na mnr. Miller gegaan. Daarna het ek en my vrou na mnr. de Jager gegaan opWelgevonden en ons het hom gesê ons sal die koop kanselleer, hy vat sy twee plase en ek vat my plaas. Toe sêhy, hy is jammer, hy kan dit nie doen nie want die plaas op Beaufort-Wes is al op sy seun se naam, Saucyskuil.Toe het ek na mnr. Miller gegaan en toe het ons die saak begin.'

Die getuienis toon aan dat respondent se posisie so was dat hy 'n baie groot bedrag kontantnodig gehad het. Afgesien van 'n tweede verband van £7,000 vir Saucyskuil, met sekere rente,wat hy aan 'n sekere Freedman verskuldig was, sou hy aan die einde van 1960 'n bedrag vanongeveer £3,500, synde agterstallige rente en premie, aan die Landbank verskuldig wees. Aan'n bank en sekere koöperasies het hy ongeveer £3,300 geskuld.

Na my mening was die wanvoorstelling aangaande die bome, waarvolgens respondent gedinkhet dat hy as 't ware £9,000 in kontant sou kry, buite en behalwe die waarde van die plaas, dieoorsaak waarom hy die kontrak aangegaan het, en op die getuienis is dit m.i. duidelik dat as ditnie was vir hierdie kontantverwagting nie, hy die kontrak gladnie sou aangegaan het nie.Vandaar dat hy aanvanklik ook wou kanselleer en restitusie teweeg bring.

Eiser kon dus beweer dat hy weens die bedrog 'n kontrak aangegaan het en dat hy vernietigingvan die kontrak eis met gevolgskade, indien daar sou wees. Hy kon ook beweer dat hy deur diekontrak wat hy op grond van bedrog aangegaan het, skade ly, dat hy die kontrak in stand

1964 (1) SA p462

RUMPFF AR

wil hou maar dat hy vergoeding van die skade eis wat deur die aangaan van die kontrakveroorsaak is. Die vraag sou dan ontstaan hoeveel respondent deur die kontrak armer gewordhet, of anders gestel, wat is die verskil tussen sy vermoë indien geen bedrog plaasgevind hetnie (en daar geen kontrak was nie) en sy vermoë nadat die kontrak aangegaan is. Die

Page 18: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

Verhoorhof het bevind - en sy bevinding is op appèl nie aangeveg nie - dat volgens diegetuienis aangaande die waardes van die plase, respondent se vermoë, na die uitvoering vandie kontrak, nie slegter daaraan toe was nie, as wat dit sou gewees het indien geen kontrakaangegaan was nie. Die respondent het dus nie bewys dat hy weens die sluiting van diekontrak, skade gely het nie.

Indien die vraagstuk van skadevergoeding in hierdie saak benader moet word asof daar sonderbedrog wel 'n kontrak sou gewees het, maar met ander prysvasstellings, en dus 'n groterkontantbedrag wat aan respondent sou toegekom het, sou respondent moes bewys het dat diepartye, sonder bedrog, op 'n kontrak sou ooreengekom het waarvolgens hy 'n groterkontantbedrag sou ontvang het. As aanvaar sou word dat die partye wel 'n kontrak souaangegaan het, het respondent in elk geval nie probeer bewys wat die partye seprysvasstellings, sonder bedrog, sou gewees het nie, en sal aanvaar moet word dat die partyemarkwaardes sou vasgestel het. Op daardie basis sou respondent ook geen skade bewys hetnie.

'n Benadering vanuit 'n standpunt dat respondent geregtig sou wees op die verskil tussen dieprys wat op Magermanskraal geplaas is gedurende die onderhandelings en die markwaardevan daardie plaas, kan ek nie onderskryf nie.

Hierdie benadering beskou die prysvasstelling deur die partye van die afsonderlike items asooreenkomste en veronderstel dat as daar geen bedrog ten opsigte van die een prysvasstellingwas nie, die ander prysvasstelling nog dieselfde sou gebly het, m.a.w., die bedrog word geagalleen die een prysvasstelling te getref het. As die respondent in hierdie saak sou bewys het datdie ander prysvasstellings dieselfde sou gebly het, sou hy inderdaad sy skade bewys het. By 'nkontrak soos hierdie is dit egter waarskynlik dat die prysvasstellings van die ander items ookdeur die bedrog geraak is. Dit geld veral die prys van Saucyskuil wat appellant aanvaar hetnadat hy sy eie prys van £12,000 op Magermanskraal geplaas het. Op watter grond moetveronderstel word dat, as daar geen bedrog was nie, appellant bereid sou gewees het om 'nruilkontrak aan te gaan waarvolgens hy, wat waardes betref, in 'n baie ongelyke en nadeligeposisie sou geplaas word? Na my mening kan hier dus nie van veronderstellings gebruikgemaak word nie. Respondent het in hierdie saak nie probeer om te bewys dat by afwesigheidvan bedrog die ander prysbepalings dieselfde sou gewees het nie en het dus nie sy skadebewys nie. Indien die prysvasstellings as ooreenkomste beskou moet word, is daar, na mymening, geen verskil tussen hierdie saak en die geval van 'n koper wat beweer dat as daargeen bedrog was nie, die verkoper minder as markwaarde vir die merx sou aangeneem het. 'nHof sal dit nie veronderstel nie - dit moet bewys word, en as dit nie bewys word nie, sal die Hofaanvaar dat die verkoper markwaarde sou aangeneem het.

1964 (1) SA p463

BOTHA, A.R.: Ek is dit met die geleerde HOOFREGTER eens dat die appèl, wat dietoekenning van skadevergoeding betref, van die hand gewys moet word. Wat die appèl metbetrekking tot die eerste vordering betref, stem ek saam met die bevel wat my kollegaHOEXTER maak. Ek meen egter dat die appèl teen die eis insake die trekker, ook van die handgewys moet word.

Page 19: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

Volgens ons reg is enige belofte, behoudens sekere uitsonderings wat nie nou ter sake is nie,wat met erns en voorbedagtheid gemaak word, afdwingbaar. (Conradie v Rossouw, 1919 AD279). Indien hy, wat die belofte gemaak het, aanspreeklikheid daaronder ontken op gronddaarvan dat die belofte 'n skenkingskontrak is wat ingevolge die bepalings van art. 5 van Wet50 van 1956 ongeldig en dus onafdwingbaar is, rus die bewyslas, na my oordeel, op hom om tebewys dat dit wel 'n skenking was wat, in die geval van twyfel, nie vermoed word nie. (Avis vVerseput, 1943 AD 331 op bl. 345 en 377 en Timoney and King v King 1920 AD 133 op bl.139).

Alhoewel dit uit eiser se bewering, sowel in sy uiteensetting van eis as in sy getuienis, blyk datverweerder onderneem het om 'n trekker gratis aan eiser te verskaf en dat geen quid pro quodaarvoor beding was nie, volg dit nog nie bloot daaruit dat die belofte 'n skenking was nie. (Avisv Verseput, supra op bl. 368). Of dit 'n skenking was al dan nie sal nog afhang van diebeweegrede wat tot die belofte aanleiding gegee het. Was die dryfveer iets anders as suiwervrygewigheid en welwillendheid jeens die eiser, was dit geen skenking nie (ibid.).

In Avis v Verseput, supra, verklaar Appèlregter TINDALL op bl. 366 -

'In my opinion the question whether a donation promised verbally arose from sheer liberality or not is one of factwhich can be proved by a balance of probabilities. Of course the Court cannot profess to be able to divine whatwas in the donor's mind. But the proved facts may in a particular case be strong enough to justify an inference asto the donor's real motive. I use the word motive in its ordinary sense - that which moves or induces a person toact in a certain way, a reason which influences a person's volition; see Shorter Oxford Dictionary. In my opinionthe Roman-Dutch authorities, in saying that a genuine donation is one made out of pure liberality, mean adonation in which the donor's motive (using the word in the above sense) is liberality, that liberality is the reasonwhich influences him to make the gift. The language used supports this view, for instance, ac propter nullamaliam causam facit quam ut liberalitatem et munificentiam exerceat (Voet, following the Digest), quod quis exmera liberalitate, nullo jure cogente, in alium confert (van Leeuwen, Cens. For.), simplex quae sit ex absolutaliberalitate (Huber, Praelect. ad Inst., 2.6.4), uit loutere liberaelheyt ende goedwilligheyt nevens den donataris(Huber, Hed. Rechts.).'

In sy verweerskrif ontken verweerder nie die belofte waarop eiser steun nie. Sy verweer is ooknie dat die belofte 'n onafdwingbare skenkingskontrak uitmaak nie, maar dat hy sy belofte, ineiser se aanwesigheid en met sy goedkeuring gedoen, om aan Louw R300 te betaal ten eindeLouw in staat te stel om 'n bepaalde trekker vir eiser te koop, nagekom en vervul het.

Volgens eiser was hy gedurende 1960, nadat die ruiltransaksie tussen hom en verweerderaangegaan was, op die plaas Melkhoutefontein. Verweerder en sy seun het daar aangekom opdie plaas. Eiser het soos volg voortgegaan:

'Ek was toe half moeilik en ek sê toe vir mnr. de Jager, 'Kyk hoe lyk jou drade en jou bome en hier is nie eers 'ntrekker op die plaas nie en jy het my 'n

1964 (1) SA p464

BOTHA AR

trekker belowe. Jy het aan die agent gesê die man wat die plaas koop sal jy 'n trekker gee, en hier is niks op dieplaas om mee te werk nie'. En toe sê hy, 'All right, man, ek sal vir jou 'n trekker koop'. En toe sê mnr. Louw, 'ekweet van 'n baie goeie trekker wat ek kan koop vir £150'. En toe sê mnr. de Jager, goed Louw, ek sal vir jou £150gee om die trekker te koop'.'

Page 20: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

Louw, wat aanwesig was, se getuienis met betrekking tot hierdie insident lui ietwat anders. Hysê dat eiser teenoor verweerder gekla het dat daar geen trekker op die plaas is nie en gevrahet hoe hy sy lande gaan ploeg want hy het al sy implemente en goed saam aan verweerderverkoop. Hy het verweerder toe om 'n trekker gevra. Toe Louw opmerk dat hy weet waar hy 'ntrekker vir £150 kon kry, het verweerder gesê dat Louw dit moes koop en dat hy die £150daarvoor sou gee.

By bepaling van die beweegrede vir verweerder se belofte, is die omstandighede waaronder diebelofte gemaak is, van die grootste belang. Alhoewel die belofte gemaak is nadat dieruiltransaksie tussen eiser en verweerder reeds aangegaan is, en dus nie daarvan afhanklikwas nie, staan dit, na my mening, nie geheel-en-al los van daardie transaksie nie.

Eiser was nog op Saucyskuil en verplig om die goed wat verweerder van hom gekoop het, enwat nog öp die plaas was, op te pas. Verweerder was bewus van die feit dat hy 'n bedrieglikewanvoorstelling aan eiser omtrent die dennebos op Magermanskraal gemaak het, wat eisermoes beweeg het om Magermanskraal teen 'n hoër prys in die ruil in berekening te bring as wathy andersins bereid wou gewees het om te doen. Verweerder het geweier om die oorspronklikeruilkontrak te onderteken waarvolgens Saucyskuil met losgoed deur hom vir £51,500oorgeneem sou word sodat eiser 'n kontant bedrag van £6,500 sou uitkry. Hy het met die flouen klaarblyklik onware bewering gekom dat dit slegs 'n opsie was, en dat hy nie meer bereidwas om £51,500 vir Saucyskuil en die losgoed te betaal nie. Uiteindelik het hy daarin geslaagom eiser te oorreed om sy plaas en losgoed vir £48,500 aan hom te verkoop sodat hy slegs£3,500 in kontant sou uitkry. Nou word hy ook nog daaraan herinner dat hy aan die agent 'nbelofte sou gemaak het dat hy aan die man wat sy plaas sou koop, 'n trekker sou gee.

Onder hierdie omstandighede kan dit nouliks beweer word dat vrygewigheid en welwillendheidjeens die eiser die rede vir verweerder se onderneming was om eiser van 'n trekker te voorsien.Hy het waarskynlik 'n skuldige gewete gehad oor die wyse waarop hy vir eiser om die bos geleihet. Hy het nie geweet wat eiser moontlik sou doen as hy sou uitvind, soos hy uiteindelik moes,dat sy voorstelling met betrekking tot die dennebos op Magermanskraal vals was nie. Dit soutot sy voordeel gestrek het om eiser, sover moontlik, tevrede te stel, liewer as om hom verder indie harnas te jaag, veral wanneer hy aan sy belofte aan die agent om 'n trekker te gee aan dieman wat sy plaas sou koop, herinner word.

Ek meen dat verweerder waarskynlik uitsluitlik deur oorwegings soos hierdie, liewer dan deursuiwer vrygewigheid en welwillendheid, beweeg was om te onderneem om eiser van 'n trekkerte voorsien.

Dit is duidelik uit die uitsprake in Avis v Verseput, supra op bl. 353 en 366, en in Kay v Kay,1961 SA 257 (A.A.) op bl. 261, dat die

1964 (1) SA p465

BOTHA AR

Romeins-Hollandse regsreël dat registrasie van 'n skenking bo £500 'n vereiste was vir diegeldigheid daarvan, slegs gegeld het ten opsigte van skenkings wat uit suiwer vrygewigheid enonbaatsugtige welwillendheid ontstaan het. Voet, 39.5.3, trek 'n verskil tussen 'n donatio propria

Page 21: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

en 'n donatio impropria. Slegs eersgenoemde is 'n eigentlike skenking, en dit word omskryf as'n skenking wat iemand maak vir geen ander rede as om mildheid en weldadigheid te betoonnie. Ook Hubr, Hed. Rechts, 3.14, verdeel skenkings in 'eygentlyke ende oneygentlykeschenkinge'. 'Eygentlyke' skenkings, sê hy, 'geschiedt uit loutere liberaelheyt endegoedwilligheyt nevens den donataris', terwyl 'oneygentlyke' skenkings die is wat

'om bewegende reden geschiet, als tot betooninge van dankbaerheyt, voortzetten van houwelijk, ende alle dieom uitgedrukte oogmerken ende oorsaken geschieden, om dit of dat ter eeren te doen ende uit te voeren, naegeleegenthyt der saken'.

Die vereiste van registrasie geld slegs ten opsigte van 'eygentlyke' skenkings,

'maer de oneygentlyke schenkingen hebben soodanige registratie niet van nooden, om dat de oorsake der selverbekent zynde, dien te nevens soo licht geen bedrog gevreest kan worden'.

Ny my oordeel is dit duidelik dat daar ander redes as suiwer vrygewigheid en welwillendheidwas vir verweerder se belofte om eiser van 'n trekker te voorsien, en dat dit dus geen egteskenking was vir die geldigheid waarvan registrasie nodig sou gewees het nie.

Die bepalings van art. 5 van Wet 50 van 1956 uit hoofde waarvan

'geen skenking . . . bloot op grond van die feit dat dit nie geregistreer of notarieel verly is, ongeldig (is) nie',

het, meen ek, betrekking slegs op egte skenkings vir die geldigheid waarvan registrasie ofnotariële verlyding anders nodig sou gewees het, naamlik skenkings wat uit suiwervrygewigheid en onbaatsugtige welwillendheid gemaak is, want met betrekking tot daardieskenkings wat Huber 'oneygentlyke schenkingen' en Voet donationes impropriae noem, sou diebepalings onnodig en doelloos gewees het. Die voorbehoudsbepaling by bedoelde art. 5,waarvolgens geen skenkingskontrak waaronder nog presteer moet word, geldig is nie tensy ditin 'n deur die skenker ondertekende geskrif beliggaam is, kan slegs met betrekking totdieselfde skenkings geld as wat in die substantiewe bepalings van die artikel bedoel word, wantdie onderwerp van 'n voorbehoudsbepaling kan nie wyer wees dan die onderwerp van diesubstantiewe bepaling wat dit kwalifiseer nie. (Sien Craies Statute Law, 5de uitg. op bl. 201 - 2).In iedere geval was die bedoeling van die Wetgewer klaarblyklik om die beperkende bepalingsten opsigte van egte skenkings te verslap en nie om beperkings op te lê ten opsigte vanoneigentlike skenkings wat aan geen beperkende bepalings onderworpe was nie.

Dit volg dat na my oordeel verweerder se belofte om eiser van 'n trekker te voorsien, nieingevolge die bepalings van art. 5 van Wet 50 van 1956 ongeldig is nie.

Die volgende vraag is of 'n afdwingbare ooreenkoms tussen eiser en verweerder bewys is. Diebelofte wat eiser beweer verweerder aan die agent sou gemaak het dat hy 'n trekker - sonderom dit blykbaar te omskryf - aan die persoon sou gee wat sy plaas sou koop, sou, selfs indieneiser daardie aanbod sou heet te aanvaar het, onafdwingbaar

1964 (1) SA p466

WESSELS AR

gewees het op grond van die onbepaaldheid en onbepaalbaarheid van die prestasie. Eiser

Page 22: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

steun egter nie op daardie belofte nie, maar wel op die belofte wat verweerder na die sluitingvan die ruiltransaksie gedurende 'n gesprek op Melkhoutefontein sou gemaak het.

By daardie gesprek het verweerder opnuut onderneem om 'n trekker vir eiser te koop. As ditdaarby gebly het, sou die prestasie nog onbepaald en onbepaalbaar gewees het, maar tengevolge van die tussenkoms van Louw met die bewering dat hy weet waar hy 'n trekker virR300 kon kry, en verweerder se onderneming om bedoelde trekker vir eiser te koop, is dieaangebode prestasie, wat eiser stilswyend aanvaar het, bepaal. Verweerder se onderneming is'n onderneming om die bepaalde trekker waarna Louw verwys het, vir eiser te koop. In syverweerskrif erken verweerder trouens dat hy onderneem het om Louw R300 te gee ten eindehom in staat te stel 'om 'n bepaalde trekker vir eiser aan te koop'. Die feit dat die partye, opgrond van Louw se bona fide bewering, onder die verkeerde indruk, soos later sou blyk, verkeerhet dat die bepaalde trekker teen R300 beskikbaar was, doen geen afbreuk aan diebepaalbaarheid van die prestasie nie.

In sy uiteensetting van eis beweer eiser nie dat verweerder onderneem het om hom 'n bepaaldetrekker te gee nie, maar wel 'n trekker 'of a value of R300'. Dit is egter duidelik uit die getuienis,wat nie aangeveg is nie, dat wat belowe was, 'n bepaalde of bepaalbare trekker was, naamlikdie trekker waarna Louw verwys het en volgens hom teen R300 beskikbaar was, en nie 'nonbepaalde trekker van 'n bepaalde waarde nie, alhoewel die partye onder die indruk verkeerhet dat die trekker teen R300 beskikbaar was.

Volgens Louw se getuienis blyk dit dat hy wel R300 van verweerder ontvang het om die trekkervir eiser aan te koop. Hy was dus klaarblyklik verweerder se agent vir die doel van dieverkryging van die trekker en die lewering daarvan aan eiser. Louw het dan ook die R300 aandie eienaar van die trekker oorhandig, maar toe hy lewering van die trekker aanvra by diemotorgarage waar dit vir herstelwerk was, is hy meegedeel dat die eienaar van die trekker nog'n bedrag van R300 verskuldig is ten opsigte van herstelwerk wat aan die trekker gedoen is, endat die trekker onder die omstandighede nie afgelewer kan word voordat bedoelde bedragbetaal is nie. Gevolglik is die trekker nooit aan eiser gelewer nie.

Daar is geen getuienis oor die waarde van die trekker nie, maar met die oog op Louw segetuienis, moes dit minstens R300 werd gewees het.

Dit blyk ook nie uit die getuienis dat die trekker nog beskikbaar was vir lewering aan eiser nir,maar aangesien hy in die alternatief R300 vorder, wat minstens die waarde van die trekkermoes gewees het, was hy geregtig op uitspraak ten opsigte van hierdie bedrag.

Ek stem saam met die bevel wat die HOOFREGTER maak.

WESSELS, A.R.: Ek stem saam met my kollega, die HOOFREGTER, dat die appèl, wat dietoekenning van die skadevergoeding betref, van die hand gewys word. Wat sy redes vir daardiebesluit betref, wil ek die volgende nog byvoeg.

1964 (1) SA p467

WESSELS AR

Page 23: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

In 'n bedrogsaksie, waar skadevergoeding gevorder word, moet 'n eiser bewys dat dieverweerder hom (d.i. die eiser) deur opsetlike misleiding daartoe beweeg het om tot syvermoënsregtelike nadeel te handel, en dat hy as gevolg daarvan werklike (d.i. bepaalbare)vermoënsregtelike verlies gely het. Hierdie maatstaf vir die berekening van die bedrogskadewat gevorder word blyk, o.m., uit Trotman & Another v Edwick, 1951 (1) SA 443 (AA); BillHarvey's Investment Trust (Pty.) Ltd v Oranjezicht Citrus Estates (Pty.), Ltd., 1958 (1) SA 479(AA); Scheepers v Handley, 1960 (3) SA 54 (AA).

Hierdie regsreël is van algemene toepassing by bedrogsaksies, en dus ook waar dit beweerword dat die vermoënsverlies in kontraktuele verband gely is.

'n Oppervlakkige beskouing van die aangehaalde gewysdes kan daartot lei dat die grondslagwaarop die werklike vermoënsverlies in elke geval bepaal is tot 'n regsreël verhef word, en datdie sg. regsreël dan heel verkeerdelik as maatstaf toegepas word in 'n feitekompleks waar ditlogies gladnie tuishoort nie.

In die geval van Trotman and Another v Edwick het die Vehoorhof dit gestel dat,

'the measure of damages in an action on fraudulent misrepresentation in the case of a sale is the differencebetween the price paid and the fair value at the time of the purchase'.

Die eiser het bewys dat hy £11,212 10s. vir die eiendom betaal het en dat die billike waardedaarvan slegs £8,930 was. Die Verhoorhof het hom £2,282 10s. as skadevergoeding toegeken(d.i. die verskil tussen die twee bedrae). Hierdie Hof het die Verhoorhof se grondslag beaam. Insy uitspraak stel VAN DEN HEEVER, A.R., dit egter te bl. 449:

'A litigant who sues on contract sues to have his bargain or its equivalent in money or in money and kind. Thelitigant who sues on delict sues to recover the loss which he has sustained because of the wrongful conduct ofanother, in other words that the amount by which his patrimony has been diminished by such conduct should berestored to him.'

By bl. 450 rig VAN DEN HEEVER, A.R., die volgende waarskuwing aan die leser in verbandmet die gebruik van die grondslag in omstandighede wat verskil van dié wat in Trotman se saaktersprake was:

'I wish to guard myself against seeming to lay down a formula for the assessment of damages in all cases similarto the one with which we are dealing. Conceivably situations may arise in which other factors will enter into themeasure of damages arising out of fraudulent misrepresentation. In each case the question will arise whether theplaintiff has established the causal connection between the fraudulent misrepresentation and the allegedpatrimonial loss.'

Ten slotte word dit dan te bl. 450 gestel:

'It is plain that he suffered loss as a result of being misled and there are and can in the circumstances of thiscase be no other data from which the extent of that loss can with reasonable exactitude be calculated than thoseadopted by the Court a quo.'

Na my beskouing blyk dit uit die uitspraak dat die eiser nooit beweer het dat die misleiding asbeweegrede by hom gegeld het by sy besluit om die eiendom te koop nie. Sy eintlike klagtewas dat die opset en gevolg van die misleiding betrekking gehad het op die bepaling deur homvan die koopprys waartoe hy hom verbind het. Soos dit my tref blyk dit dat sy werklike beswaarwas dat hy deur die misleiding beweeg was om meer te betaal vir die eiendom as wat hy, as 'n

Page 24: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

redelike koper wat te goeie trou onderhandel, sou onderneem het om te betaal indien sywaardebepaling nie deur die misleiding beïnvloed was nie.

1964 (1) SA p468

WESSELS AR

Hierdie bewering moet 'n eiser bewys indien hy dit as grondslag vir die berekening van sywerklike vermoënsverlies aan die hand doen. Die prys wat 'n koper sou betaal het indien hy niemislei was, sou nie altyd met die werklike waarde in verband gebring kan word nie; dit kan ofmeer of minder as die billike waarde wees. 'n Effense verandering van die feite in Trotman sesaak toon, na my beskouing, die behoorlike gebruik aan van billike waarde ('n denkbeeldigebedrag) as grondslag vir die berekening van bedrogskade wat na bewering opgedoen is inomstandighede waar die misleiding met waardebepaling, wat deur die bedroëne in kontraktueleverband gedoen word, in verband staan. Gestel dat die koper, nog voor onderhandelingsaangeknoop word, van 'n raadgewer verneem dat 'n gedeelte van die omheinde gebied nie aandie verkoper behoort nie, dat die billike waarde van die verkoper se eiendom £8,930 is en datdie verkoper reeds 'n aanbod van £9,750 afgewys het. By die aanvang van die onderhandelingsbied die koper aan om £10,000 vir die eiendom te betaal. Die koper dring dan aan op 'n hoërprys, nl., £11,212 10s. en deel die koper mee dat hy onder 'n verkeerde indruk verkeer waar hydink dat die hele omheinde gebied nie aan die verkoper behoort nie. Hoewel dit 'n opsetlikewanvoorstelling is, glo die koper dit, aanvaar dat sy raadgewer se inligting verkeerd was, enstem toe tot 'n koopprys van £11,212 10s. Indien dit die feite in Trotman se saak sou geweeshet, dan sou die Hof na my beskouing nie die verskil tussen die koopprys en die billike waardeas skadevergoeding toegeken het nie, maar die verskil tussen die koopprys en £10,000 (nl., diebedrag wat die eiser, as redelike koper wat te goeie trou onderhandel, sou betaal het indien hynie mislei sou gewees het nie). In hierdie feite-kompleks was die billike waarde nie 'n tersaaklike element nie, omdat die getuienis bewys wat die eiser sou betaal het indien hy niemislei sou gewees het nie. Anders gestel die getuienis bewys 'n kousale verband tussen diemisleiding en die koopprys wat die koper onderneem het om te betaal slegs vir sover dit van£10,000 na £11,212 10s. verhoog was. Vir sover die koper aanvanklik £10,000 aangebied het,het die misleiding geen rol gespeel nie. (Vgl. Beukes v Becker, 1924 E.D.L. 4).

'n Eiser sou ook kon bewys dat hy die merx vir minder as die billike waarde sou verkry hetindien hy nie deur die verkoper mislei sou gewees het nie, en sy werklike vermoënsverlies souna my beskouing dan die verskil wees tussen die koopprys wat hy as gevolg van die misleidingonderneem het om te betaal en die bedrag wat hy sou betaal het indien hy nie mislei sougewees het nie. Gestel dat in Trotman se saak dit bewys sou gewees het dat die koper 'n agentsou aangestel het om so 'n voordelig moontlike opsie van die verkoper te verkry en dat dieagent daarin sou geslaag het om 'n opsie te verkry om die eiendom teen £7,000 te koop. Dieagent deel die koper mee dat hy die opsie verkry het. Op die laaste dag waarop die opsieuitgeoefen kan word gaan die koper na die verkoper met die opset om sy regte onder die opsieaf te dwing. By sy aankoms deel die oneerlike verkoper (wat intussen verneem het dat 'n anderkoper bereid is om £11,212 10s. te betaal) die koper mee dat hy (die koper) dit mis het waar hyonder die indruk verkeer dat hy 'n opsie het, en dat hy daar

Page 25: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

1964 (1) SA p469

WESSELS AR

en dan sal moet besluit of hy £11,212 10s. sal betaal aangesien 'n ander koper reeds op pad isom te onderhandel. Die koper glo dat die verkoper die waarheid praat en vermoed dat sy agent'n fout begaan het. Hy koop dan die eiendom teen die bedrag van £11,212 10s. Na mybeskouing sou die korrekte grondslag vir die berekening van die bedrogskade nie na aanleidingvan 'n vergelyking tussen die koopprys en die billike waarde geskied nie, maar wel naaanleiding van 'n vergelyking tussen die koopprys en wat die eiser sou betaal het indien hy niein verband met die opsie mislei was nie.

Na my beskouing moet die gebruik van die billike waardefaktor in Trotman se saak in hierdie liggesien word, nl., as getuienis van wat die koper, as redelike persoon wat te goeie trouonderhandel, sou betaal het indien hy nie mislei sou gewees het nie. Hierdie feit, nl., wat soudie koper betaal het (indien dit in die bedrogsaksie die factum probandum is), word soos enigeander feitegeskil beoordeel volgens die getuienis en met inagneming van die inslag van diebewyslas wat op die eiser rus. Waar geen ander relevante getuienis beskikbaar is nie, vra dieeiser dat die Hof getuienis van die billike waarde van die merx aanvaar as bewyskragtig tenopsigte van die feit wat hy moet bewys. Tensy dit anders uit die getuienis blyk, sou dit redelikwees om te aanvaar dat 'n koper na alle waarskynlikheid bereid sou gewees het om 'n prysgelykstaande aan die billike waarde te betaal indien hy nie mislei was in sy waardebepaling vandie merx nie.

In Bill Harvey's Investment Trust saak het die Hof die regsreël wat in Trotman se saaktoegepas is beaam, maar nie dieselfde grondslag vir die berekening van die bedrogskadeaangewend nie. Die esier het aansienlik meer betaal as die billike waarde van die merx, en hetdus as gevolg van die aangaan van die transaksie inderdaad in 'n swakker vermoënsregtelikeposisie verkeer. Die Hof het egter bevind dat daar maar 'n beperkte kousale verband tussenhierdie vermoënsverlies en die misleiding bewys is, en gevolglik is die bedrag vanskadevergoeding nie bereken na aanleiding van die verskil tussen die koopprys en die billikewaarde nie, maar eintlik na aanleiding van die verskil tussen die billike waarde en wat dieredelike koper meer sou betaal het indien sy waardebepaling deur die gewraakte misleidingbeïnvloed sou gewees het. Vir sover die eiser nog meer as dit betaal het, het die getuienis nie'n kousale verband tussen die misleiding en daardie verdere verhoging in die prys bewys nie.Die benadering is heeltemal logies en die uitwerking daarvan billik vir sowel die bedrieër as diebedroëne. (In 'n bedrogsaksie word die bedrieër nie gestraf nie. Die opset is om dit wat opbedrieglike wyse van die bedroëne verkry is aan laasgenoemde terug te besorg.) Indien A 'nwanvoorstelling doen wat 'n redelike persoon sou beweeg om hoogstens 'n addisionele R100by die koopprys te voeg, kan B kwalik vra dat, waar hy as gevolg van gebrekkige sakevernuf ofverkeerde inligting 'n R1,000 byvoeg, die bedrieër hom die volle R1,000 moet terugbesorg.

In Handley v Scheepers was die eiser mislei ten opsigte van 'n plaas wat hy by 'n veilinggekoop het. Die aanbiedinge was by wyse van 'n prys per morg. Soos blyk uit die uitspraak wasdaar geen getuienis met betrekking tot die billike waarde van die plaas nie. Die eiser se

Page 26: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

1964 (1) SA p470

WESSELS AR

bod van £16 per morg was aanvaar. By die veiling was dit bedrieglik voorgegee dat die groottevan die plaas nagenoeg 997 morge is; in werklikheid is die grootte slegs nagenoeg 766 morge.As gevolg van die wanvoorstelling betaal die koper dan 'n koopprys van £16 per morg op diegrondslag dat die voorstelling i.v.m. die plaas se grootte korrek is. By die berekening van diebedrogskade wat die eiser sou gely het word daar gladnie ingegaan op die billike waarde vandie eiendom nie. Hierdie Hof het die reeds vermelde regsreël nogmaals beaam, maar besluitdat die besondere omstandighede nie die aanwending van die grondslag of formule, wat inTrotman se saak toegepas was, regverdig nie.

Die eiser het as skadevergoeding geëis die verskil tussen die koopprys en die billike waardevan die plaas gegrond op 'n tekort van 231 morge teen £16 per morg (bl. 57 G van dieuitspraak).

Die benadering van die Hof tot die korrekte grondslag blyk uit die volgende passasie uit dieuitspraak van OGILVIE THOMPSON, A.R., te bl. 59:

'Where a purchaser sues, in contract, for a reduction of the purchase price by reason of a shortfall between thequantity of land purchased and the quantity of land delivered, it is, I think, clear - and is, indeed, only commonsense - that the Court must first enquire into the nature of the land comprising the shortfall (i.e. whether it becultivated or merely grazing lands etc.) and, that ascertained, must then value the shortfall accordingly (see Voet18.1.7 (Gane's translation vol. 3, p. 262); Corbett v Harris, 1914 CPD 535 at p. 547). Pothier on Sale sec. 259(Cushing's translation p. 161), after saying that the purchaser's action for a defect of quantity is to obtain from theseller a proportionate deduction from the price, states:

'This deduction is easily made, when there is a declaration, in general terms, of the quantity of the entirething sold; as, if it be declared, that a lot of land contains ten acres, and it contains only nine: in whichcase, it is evident, that the tenth part of the price ought to be deducted.

But, if it is declared, that, in a farm composed of lands of different kinds, there is a certain quantity of sucha kind, as, for example, so many vines, it is necessary to make a valuation, in order to estimate the defectof quantity in the vines, in proportion as they are more valuable than the lands of other kinds of which thefarm is composed.'

This principle appears to me to be equally applicable where, as here, the purchaser sues for damages on theground of fraudulent misrepresentation as to the extent of the land sold. In such a case, the essential enquiry ishow much more the purchaser has been induced to pay by reason of his having relied upon the truth of therepresentation (see Harvey's Investment Trust case, supra, at p. 483). Addressing myself to that enquiry, I am,for the reasons that follow, unable to accept the figure of £16 per morgen for 231 morgen contended for by Mr.Miller.'

Na my beskouing sou die Hof na alle waarskynlikheid 'n ander grondslag toegepas het indiendie feite ietwat anders sou gewees het. Gestel dat die grootte van die plaas 766 morge was.Die eiser besoek die plaas voor die veiling en verneem van 'n raadgewer dat die grootte tussen750 en 800 morge is. Die raadgewer deel eiser mee dat wat ookal die grootte van die plaas souwees hy tot R20 per morg daarvoor kan aanbied. By die veiling word die plaas op homtoegeslaan teen sy bod van R20 per morg. By die opstel van die koopbrief mislei die afslaer dieeiser deur te sê dat die grootte van die plaas 800 morge is. Eiser aanvaar dit en verbindhomself om R16,000 as koopprys te betaal wat hy dan ook doen. By die verhoor word bewys

Page 27: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

dat die grootte 766 morge is, en dat die billike waarde van die plaas inderdaad R16,000 is. Namy beskouing sou die Hof geen ag op die billike waarde geslaan het nie, en sou die werklikevermoënsverlies

1964 (1) SA p471

WESSELS AR

bereken gewees het bloot deur te vergelyk wat hy betaal het (R20 x 800) met wat hy sou betaalhet indien hy nie ten opsigte van die grootte van die plaas mislei was nie (nl. R20 x 766). Ditvolg ook dat die eiser nie 'n groter bedrag sou kon geëis het nie op grond van 'n bewering datdie billike waarde van die plaas slegs R15 per morg is.

Om op te som. Die gewysdes bied geen steun vir die betoog wat voor ons namens appellantgedoen is nie, nl., dat by die berekening van bedrogskade, wat na bewering in kontraktueleverband opgedoen is, 'n regsreël van toepassing is dat die eiser ante omnia moet bewys dat diebillike waarde van wat hy ontvang het as gevolg van die uitvoering van die kontrak minder is asdie billike waarde van sy eie prestasie. Na my beskouing bestaan daar nie so 'n regsreël nie.Na my beskouing het appellant hom in sy benadering laat mislei deur 'n grondslag wat inTrotman se saak van pas was tot 'n algemene regsreël te verhef.

As daar op die gewysdes afgegaan word blyk dit dat, wat keuse van grondslag betref, die Hofstiptelik sal let op die aard en opset van die misleiding, hoe die misleiding eiser as beweegredetot handeling beinvloed het, die vraag of werklike vermoënsverlies bewys is en of daardieverlies of enige gedeelte daarvan kousaal verbind is met die misleiding. M.a.w., die trefgebiedvan die misleiding en die uitwerking daarvan op die eiser se vermoënsposisie moet behoorlikbepaal word.

Wat die omstandighede van hierdie saak betref blyk die volgende van belang te wees. Diepartye wou plaaseiendomme en losgoed (lewende hawe en implemente) verruil. Hulle het besefdat appellant na alle waarskynlikheid 'n aansienlike kontant betaling by sy twee plase en dielosgoed sou moes voeg teneinde 'n ruiling teweeg te kan bring. Hierdie kontantbedrag konvasgestel word of deur regstreeks daaroor ooreen te kom, of onregstreeks deur by ooreenkomswaardes aan die plase en losgoed te heg. Hulle verkies om laasgenoemde prosedure te volg.Hoewel die waardes waarop hulle ooreengekom het in 'n sekere sin denkbeeldig was, was hullegerig op 'n werklikheid, nl., watter kontantbedrag moet appellant by sy eiendom voeg in ruil virrespondent se eiendom. Die partye het klaarblyklik besef van watter belang die vasstelling vanhierdie waardes is, ondanks die feit dat hulle nie noodwendig met die billike waardes van dieeiendomme in verband sou staan nie. Dit is op hierdie grondslag dat die partye met mekaaronderhandel.

In die dagvaarding beweer die respondent (as eiser):

'The said representation was material, and was made with the object of inducing plaintiff to act thereon, andrelying on the truth thereof plaintiff entered into the said agreement.'

In sy getuienis sê respondent dat hy glad nie die ruilooreenkoms sou aangegaan het nie indienhy nie in verband met die aantal bome en die waarde daarvan mislei sou gewees het nie.

Page 28: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

Nietemin blyk dit tog dat daar altyd helderheid by die partye was oor wat die respondent sewerklike klagte was. Hoewel dit nooit met duidelikheid geformuleer was nie, blyk dit uit diegetuienis dat sy beswaar was dat appellant hom mislei het in verband met die vasstelling van 'nwaarde in die geval van Magermanskraal, en dat hy vermoënsverlies gely het omdat hy asgevolg van die misleiding 'n te hoë

1964 (1) SA p472

WESSELS AR

waarde aan Magermanskraal geheg het en na aanleiding daarvan toegestem het tot 'n kleinerkontantbedrag as wat die geval sou gewees het indien hy nie mislei sou gewees het nie.

Die wanvoorstelling was dat daar 9,000 bome op Magermanskraal was en dat hulle R2 elk werdwas. Appellant het aan respondent verduidelik dat indien hy tot die bedrag van R24,000 soutoestem, die plaas hom slegs R6,000 sou kos aangesien die bome vir R18,000 verkoop soukon word.

Hoewel die respondent in sy getuienis gesê het dat die wanvoorstelling hom beweeg het om dieruilkontrak te sluit, blyk dit dat dit hom in hoofsaak beïnvloed het in verband met die ruilwaardewat aan Magermanskraal geheg kan word. Die respondent was klaarblyklik beïndruk deur diefeit dat indien hy tot die waardebepaling toestem hy 'n 'kontantoes' ter waarde van R18,000 soubekom en dan nog die plaas vir slegs R6,000 verkry. Die opset van die wanvoorstelling was juisom hierdie indruk by respondent te skep, en appellant het besef dat hy 'n vermoënswins tenkoste van respondent kon verkry indien hy hom kon oorreed om tot hoë waardes vir sy(appellant) se eiendom in to stem en om 'n lae waarde vir sy (respondent) se eiendom teaanvaar. Hierdie vermoënswins kon appellant slegs ten koste van respondent verkry. Diegetuienis bewys dat appellant die bedrieglike wanvoorstelling gedoen het om hierdievermoënswins te verkry.

Die vraag ontstaan of die getuienis bewys dat respondent werklike vermoënsregtelike skadegely het. In hierdie verband is dit van kernbelang om te besluit watter grondslag vir dieberekening daarvan toegepas behoort te word. Dit is namens appellant betoog dat dietransaksie as 'n geheel benader moet word en dat 'n vergelyking getref moet word tussen diebillike waarde van die eiendom wat respondent gelewer het en die waarde van dieteenprestasie wat hy ontvang het. Dit was gemenesaak dat respondent langs hierdie weg geenvermoënsverlies bewys het nie. Volgens appellant se betoog sou die partye by ooreenkoms 'nhoër waarde as die billike waarde aan respondent se eiendom geheg het, en daardie verskilmoet dan as 'n vir die respondent gunstige newewerking van die bedrog beskou word. Vir dieredes wat hierbo uiteengesit is, is die maatstaf wat namens appellant aan die hand gedoenword nòg van toepassing as regsreël nòg as logiese grondslag vir die berekening vanbedrogskade in die omstandighede wat in hierdie saak uit die getuienis blyk. Diewanvoorstelling het in werklikheid nie die ruilkontrak in sy hele omvang getref nie, maar slegsdie enkele beding ten opsigte van die kontantbedrag wat appellant sou moes betaal enrespondent geregtig sou wees om te ontvang. Om in hierdie geval gevolg te gee aan dievoorstel dat die voormelde sg. gunstige newewerking in werking gestel moet word soumeebring dat dit van respondent verwag word om 'n bedrogsverlies teen 'n vermoënswins wat

Page 29: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

hom volgens kontrak toekom te verreken. Ek weet van geen regsreël wat so 'n gevolg beoognie.

Dit is namens respondent betoog dat daar slegs op Magermanskraal gelet moet word, en datdie vermoënsregtelike verlies die verskil is tussen die bedrag van R24,000 en die billike waardevan Magermanskraal,

1964 (1) SA p473

WESSELS AR

nl., R9,000. Hoewel die toepassing van hierdie maatstaf tot dieselfde gevolg lei, is ek nogtansvan mening dat dit nie 'n suiwer benadering is nie. Respondent se benadering was ook dat virsover dit Magermanskraal betref 'n vergelyking getref moet word tussen 'n 'koopprys' en diebillike waarde van die merx wat as teenprestasie ontvang word.

As daar gelet word op die aard en opset van die wanvoorstelling en hoe dit die respondent sehandeling ten opsigte van sy vermoënsposisie beïnvloed het, is ek van oordeel dat dit korreksou wees om na aanleiding van die beskikbare getuienis vas te stel watter waardebepalingrespondent, as redelike persoon wat te goeie trou onderhandel, aan Magermanskraal sougeheg het indien hy nie ten opsigte van die aantal bome en die waarde daarvan mislei sougewees het nie. Na aanleiding hiervan sou bepaal kon word hoeveel minder kontant respondenttoegestem het om te ontvang as gevolg van die misleiding, en dit sou 'n werklike en niedenkbeeldige vermoënsverlies wees nie. In hierdie verband moet onthou word dat dierespondent met 'n bewyslas beswaar is om 'n kousale verband tussen die bedrag wat gevorderword en die misleiding te bewys.

Daar is geen direkte getuienis oor watter waardebepaling respondent in verband metMagermanskraal sou gedoen het indien hy nie onder beïnvloeding van die wanvoorstellingverkeer het nie. Na my beskouing kan daar in hierdie geval na aanleiding van die getuienisbetreffende die billike waarde van Magermanskraal besluit word dat respondent bereid sougewees het om daardie waarde aan Magermanskraal te heg. Uit die aard van die saak sou diebenadering anders gewees het indien appellant, bv., by die verhoor getuienis voorgedra het datrespondent aanvanklik, en voordat die wanvoorstelling gedoen is, sou voorgestel het dat hybereid is om 'n waarde van bv. R20,000 aan Magermanskraal te heg. Indien diewaardebepaling dan tot R24,000 verhoog sou gewees het as gevolg van die wanvoorstelling,sou respondent hom nie op die billike waardefaktor kon verlaat het nie. Indien respondentaanvanklik R24,000 sou aangebied het en geweier het om die waardebepaling na aanleidingvan die wanvoorstelling te verhoog (ondanks die feit dat hy nie aan die waarheid daarvangetwyfel het nie) sou hy klaarblyklik geen bedrogskade kon bewys het nie, al sou dit blyk dat hyas gevolg van die aangaan van die ruiltransaksie 'n aansienlike verlies gely het.

Na my beskouing het die respondent dus daarin geslaag om ante omnia te bewys dat hy 'nvermoënsverlies van R15,000 gely het as gevolg van die feit dat appellant hom op diegewraakte manier mislei het.

Ten besluite moet bepaal word of die respondent ook nog bewys het dat daarin kousaleverband is tussen die misleiding en die bedrag wat hy as bedrogskade vorder. M.a.w., dit moet

Page 30: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

bewys word dat respondent as gevolg van die misleiding 'n hoër waardebepaling gedoen het endat die hele omvang daarvan wat hy as bedrogskade vorder aan die misleiding gewyt kan word.Die getuienis bewys dat appellant repondent nie slegs ten opsigte van die aantal bome niemaar ook ten opsigte van hulle waarde mislei het. Dit is in hierdie opsig wat

1964 (1) SA p474

WESSELS AR

die onderhawige geval na my beskouing van die Bill Harvey's Investment Trust saak onderskeikan word. Indien appellant met 'n wanvoorstelling dat daar 9,000 bome is sou volstaan het,sonder om nog 'n waarde daaraan te heg, sou dit die benadering tot die bepaling vanbedrogskade geaffekteer het. Indien die getuienis sou bewys het dat die gewone redelike koper'n waarde van hoogstens R1 per boom aan die plantasie sou geheg het, maar dat respondentas gevolg van verkeerde inligting op 'n oordrewe waarde van R2 per boom sou besluit het, soudaar na my beskouing geen werklike kousale verband tussen die misleiding en die addisioneleR1 per boom bestaan nie.

Dit volg dus, na my beskouing, dat die respondent in hierdie saak hom gekwyt het van diebewyslas ten opsigte van die vraag of die hele omvang van die verhoging aan die misleidinggewyt kan word. Die hele omvang van die verhoging moet dus aangewend word om te bepaaltot watter mate respondent werklike vermoënsverlies gely het by die uiteindelike berekeningvan die kontantbedrag wat appellant kragtens die ruilkontrak sou moes betaal.

Dit dien daarop gelet te word dat dit in hierdie verband is waar daar wel behoorlik gevolg gegeeword aan die sg. gunstige newewerking vir die respondent van die misleiding waaroor hy kla.Die misleiding was nie bedoel om 'n aparte waardebepaling van die plantasie te doen nie, maarom 'n waardebepaling van die plaas met die plantasie daarop te doen na aanleiding van diewaarde van die plantasie. Die respondent het na aanleiding van wanvoorstelling 'nwaardebepaling van die plaas en die plantasie gedoen op die veronderstelling dat die plantasieR18,000 werd is en die plaas R6,000. Die werklikheid was dat die plaas en die plantasieR9,000 werd was, en dat R1,545.10 daarvan die waarde van die plantasie was, en R7,454.90die waarde van die plaas sonder die plantasie. Die verskil tussen R7,454.90 en R6,000 gelddus vir die voordeel van appellant as gunstige newewerking vir die respondent van diegewraakte misleiding. Indien die plaas sonder die plantasie nog 'n ekstra R1,000 werd sougewees het sou daardie addisionele bedrag klaarblyklik ook as gunstige newewerking dieomvang van die bedrogskade verminder het.

Wat hierbo gestel is dui na my beskouing ook daarop dat die respondent nie langs 'n omwegkontrakskade vorder nie. Indien die appellant sou ingestaan het vir die waarde van die bome,sou die respondent meer as R15,000 kon gevorder het, nl., die verskil tussen R18,000 (diegewaarborgde waarde) en R1,545.10 (die werklike waarde wat gelewer is). Hoe dit ookal sy,die toevallige feit dat die bedrogskade gelyk aan kontrakskade is, dien nie om 'n Hof af te skrikom eersgenoemde vordering toe te staan waar die getuienis die omvang daarvan bewys nie.

Die respondent het dus na my beskouing bewys dat hy werklike vermoënsbenadeling tenbedrae van R15,000, as die redelike, natuurlike en beoogde gevolg van die misleiding, gely het.

Page 31: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

Wat die eis insake die trekker betref, stem ek saam met my kollega BOTHA, en wat die andereis betref, is ek dit eens met my kollega HOEXTER.

Ek is dit ook eens met die bevel wat in die HOOFREGTER se uitspraak gedoen word.

1964 (1) SA p475

WESSELS AR

HOEXTER, WN - A.R.: Die onderhawige appèl spruit voort uit 'n memorandum vanooreenkoms deur die partye onderteken op 19 Julie 1960. Volgens die opskrif van diememorandum was die ooreenkoms 'n koopkontrak, en luidens die sogenaamde koopkontrakwas die eiser (nou respondent) die verkoper en die verweerder (nou appellant) die koper. Diemerx word beskrywe as die plaas Saucyskuil, in die Beaufort-Wes afdeling, tesame met sekerevee en plaasgereedskap. Die pretium heet te bestaan uit die plase Magermanskraal en.Melkhoutefontein, albei in die afdeling van Riversdal, tesame met sekere vee, 'n ploeg, R7,000kontant en 'n onderneming van die koper om die verkoper se verband van £18,000 opSaucyskuil oor te neem. Die kontrak het bepaal dat die bedrag van R7,000 nie later dan 10Augustus 1960 betaal moet word nie

'en op die verdere voorwaarde dat betaling nie sal geskied voor die wedersydse prokurasies entransportdokumente onderteken is nie'.

Dit is dienstig om op hierdie stadium te verwys na die dagvaarding waarmee die eiser sy saakin die Rondgaande Hof te Mosselbaai aanhangig gemaak het, vanwaar die saak later na dieKaapse Provinsiale Afdeling verplaas is. In sy dagvaarding verwys die eiser na die kontrak van19 Julie 1960 en maak dan die volgende bewerings:

'5. The necessary powers of attorney and transfer documents aforesaid were duly signed before the 10thAugust, 1960, and the said sum of R7,000 became due and payable on that date;

6. This notwithstanding defendant fails and/or refuses to pay to plaintiff the said sum of R7,000 in whole orpart;

7. On or about the 25th June, 1960, and at the farm 'Magermanskraal', Riversdale District aforesaid,defendant orally represented to plaintiff that on the said farm there were 9,000 pine trees of a value of £1each.

8. The said representation was false in that there were not more than 5,000 pine trees on the said farm, andthese were of a value of not more than 50 cents each.

9. When making the said representation defendant was aware of its falsity, or, alternatively, he made itrecklessly, not caring whether it was true or false.

10. The said representation was material, and was made with the object of inducing plaintiff to act thereon,and relying on the truth thereof plaintiff entered into the said agreement.

11. In consequence of the said representation plaintiff has suffered damages in an amount of R15,500 forwhich amount defendant is, in the premises, in law liable.

12. At or about the beginning of August, 1960, and at the farm 'Melkhoutefontein', Riversdale Districtaforesaid, defendant undertook to provide plaintiff, gratis, with a tractor of a value of R300.

Page 32: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

13. Despite due demand defendant fails and/or refuses to deliver to plaintiff such tractor.

By reason of the aforesaid plaintiff claims:

(a) Payment of the sum of R7,000;

(b) Payment of interest on the said sum of R7,000 a tempore morae;

(c) Payment of the sum of R15,500 as and for damages;

(d) Delivery of a tractor to the value of R300, alternatively, payment of the sum of R300;

(e) Alternative relief;

(f) Costs of Suit.'

Die uitspraak van die Kaapse Hof was soos volg:

'(a) In respect of the claim of R7,000 due in terms of the contract dated 19/7/1960, judgment in favour ofplaintiff in an amount of R1,907.27;

(b) Interest a tempore morae thereon from the 11th August, 1960, to date of payment;

(c) Payment of damages in an amount of R15,000 as and for damages for fraudulent misrepresentation;

(d) On the claim for delivery of a tractor to the value of R300 or payment of R300, judgment for plaintiff asprayed.'

1964 (1) SA p476

WESSELS AR

Teen hierdie uitspraak kom die verweerder nou in hoër beroep. Ek behandel eerstens die eis virskadevergoeding. Die verweerder betwis nie die bevinding van die Verhoorregter nie dat hyhom wel skuldig gemaak het aan die bedrieglike wanvoorstelling in die dagvaarding vervat. Sybetoog is dat die Verhoorregter 'n dwaling begaan het wat betref die bepaling van dieskadevergoeding. Hier volg die beredenering van die Verhoorregter:

'There remains, in regard to this claim, the question of damages. It seems clear that in the case of a sale, a sellerwho abides by a contract induced by fraudulent misrepresentation and sues for damages, claims in delict.Trotman and Another v Edwick, 1951 (1) SA 443 (AD): Bill Harveys's Investment Trust (Pty.) Ltd v OranjezichtCitrus Estates (Pty.) Ltd., 1958 (1) SA 479 (AD); Scheepers v Handley, 1960 (3) SA 54 (AD). The purchaser mustprove not only that he has suffered patrimonial loss but also that he has suffered that loss as a consequence ofthe misrepresentation.

In the present case the contract is one of exchange. The parties placed a value on the farms, livestock and othergoods exchanged and there was an equalising payment which was for less than the values of the propertiesexchanged. However I can see no reason why the principles set out above should not also be applicable to acontract of this nature.

Mr. Burger, for the defendant, argued that in deciding whether plaintiff had sustained patrimonial loss one musttake into account the value of all the property exchanged and the patrimonial loss, if any, is the differencebetween the total value of all the property exchanged by plaintiff on the one hand and all the property exchangedand the money paid by the defendant, on the other hand. If the plaintiff suffered an overall loss, that would be thepatrimonial loss. If he did not, there was no patrimonial loss and the action must fail. On the other hand Mr.Cooper, for plaintiff, contended that in determining whether there has been patrimonial loss, the Court must have

Page 33: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

regard solely to the farm Magermanskraal and the value placed on it by the parties.'

Die Verhoorregter het die argument van mnr. Cooper aanvaar. As hierdie beslissing juis is, danis die uitspraak van skadevergoeding onaanvegbaar, maar indien die argument van mnr.Burger opgaan, dan is die eiser nie op enige skadevergoeding geregtig nie want dieVerhoorregter het bevind dat daar op daardie basis geen bewys, dat die eiser enigevermoënskade gely het, gelewer is nie. Hierdie bevinding word nie deur die eiser in twyfelgetrek nie.

Om mee te begin, beaam ek die stelling van die Verhoorregter dat die eisoorsaak op 'n delikberus (Molinaeus Tractatus de eo quod interest, para. 156), en dat

'the purchaser must prove not only that he has suffered patrimonial loss but also that he has suffered that loss asa consequence of the misrepresentation'.

In die Trotman-saak, supra, waarin dit gegaan het oor 'n bedrieglike wanvoorstelling wat dieoorsaak van 'n koopkontrak was, lui die uitspraak van hierdie Hof soos volg op bl. 449:

'The litigant who sues on delict sues to recover the loss which he has sustained because of the wrongful conductof another, in other words that the amount by which his patrimony has been diminished by such conduct shouldbe restored to him.

The Roman-Dutch authorities I have consulted are not helpful and merely state that the plaintiff is entitled to hisid quod interest, but I suppose they take the obvious for granted and imply that damages should be assessed onthe same principles as in, say, the Aquilian action.'

Hierdie sienswyse word bevestig deur die uitspraak in die Harvey-saak, supra op bl. 483.

Die toepassing van die reël dat eiser vermoënskade moet bewys is maklik indien die bedrieglikewanvoorstelling die oorsaak is van 'n koopkontrak waarin die merx uit net een saak bestaan.Dan is daar vermoënskade indien die markwaarde van die merx minder is as die

1964 (1) SA p477

WESSELS AR

pretium. In daardie geval het die misleide as gevolg van die bedrieglike wanvoorstelling 'nkontrak aangegaan, die uitvoering waarvan sy vermoë verminder het. Dit kom nie daarop aannie of net 'n deel van die merx deur die wanvoorstelling geraak word; die vraag bly nog of diehele merx se markwaarde minder is as die pretium. Indien nie, dan het die koper geenvermoënskade gely nie. As 'n plaas verkoop word, dan is daar regtens net een kontrak,alhoewel dit moontlik is om die grond en die verbeterings daarop apart te waardeer. Die vraagis nie of die merx denkbeeldig deelbaar is nie maar wel of die aangegane kontrak regtensdeelbaar is. Indien daar net een ondeelbare koopkontrak is, dan moet die markwaarde van diehele merx, al bestaan dit uit meer as een saak, vergelyk word met die pretium om vas te stel ofdie koper vermoënskade gely het. Ook in daardie geval kom dit nie op aan nie of diewanvoorstelling gemik is op al die sake wat deel uitmaak van die merx of net op een ofsommige daarvan. Die benadering is dieselfde in 'n ruilkontrak, buiten en behalwe dat diemarkwaarde van die sake aan weerskante vasgestel en vergelyk moet word. Die vraag is en blyof daar regtens net een kontrak is. Indien wel dan moet die markwaarde van alles wat deur dieeen party verruil word vergelyk word met die markwaarde van alles wat deur die ander party

Page 34: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

verruil word.

In die onderhawige saak was daar regtens net een ondeelbare kontrak alhoewel albei diepartye meer as een saak geruil het. Dit volg dat die markwaarde van die prestasie van die eiservergelyk moet word met die markwaarde van die teenprestasie van die verweerder. As ditgedoen word dan blyk dit, volgens die onbestrede bevinding van die Verhoorregter, dat dieeiser nie daarin geslaag het nie om te bewys dat hy enige vermoënskade gely het. Wat betrefdie eis vir skadevergoeding behoort daar dus aan die verweerder absolusie van die instansietoegestaan te word.

Ek gaan nou oor tot die behandeling van die eis van R7,000. Die verweer hierteen lui as volg:

'Die verweerder sê dat hy die bedrag van R7,000 soos bepaal in die gemelde koopkontrak, Bylae 'A', aan dieprokureurs M. J. Harris en Kie. betaal het en dat die gemelde bedrag tesame met 'n verdere lening van R18,000aangewend is ter delging van die eiser se skulde, soos meer volledig blyk uit die Staat hierby aangeheg gemerk'B'. Daar is 'n saldo ten gunste van eiser ten bedrae van R1,557.27.'

Gedurende die verhoor van die saak het eiser erken dat hy geregtig is op betaling, nie vanR7,000, maar net van R1,907.27. Die verskil tussen wat die eiser eis en die verweerder toegeeis maar net R350, en dit was dan ook, wat hierdie eis betref, die enigste gedingpunt tussen diepartye. Die Verhoorregter het hierdie gedingpunt soos volg behandel:

'The first claim is for the payment of R7,000 due in terms of para. 3 of the 'koopkontrak'. It is clear that defendantpaid this amount to his attorney, Harris, and plaintiff admitted that Harris was authorised to deduct amountstotalling R5,092.73 therefrom. Defendant's case is that Harris was entitled to deduct a further amount of R350 forraising a bond for plaintiff with defendant in an amount of R18,000, and that plaintiff is entitled to judgment in anamount of R1,557.27 only. Plaintiff denies that defendant was authorised or entitled to deduct the amount ofR350.

Lengthy evidence was led on the question whether Harris was entitled to commission on the R18,000 loangranted by the defendant to plaintiff. It is impossible to decide this issue in an action between plaintiff anddefendant. As no question of set-off arises, the simple answer to the defence is that defendant

1964 (1) SA p478

WESSELS AR

was under an obligation to pay to plaintiff the amount of R7,000, less the amounts which defendant and his agentHarris were authorised to deduct. No authority was granted to either to deduct an amount in respect ofcommission. The only authorised deductions amounted to R5,092.73, and, therefore, plaintiff is entitled tojudgment in an amount of R1,907.27.'

Die staat wat aan die verweerskrif aangeheg is lewer egter die onbestrede bewys dat Harris dievolle bedrag van R7,000 op las en ten behoewe van die eiser uitbetaal het nog voordat dielening van R18,000 toegestaan is. Die ware toedrag van sake is dus eigenlik dat dieverweerder bewys het dat hy op die eis van R7,000 niks hoef te betaal nie, maar hy hetnogtans toegestem tot uitspraak ten gunste van die eiser ten bedrae van R1,557.27 met rente atempore morae. Dit behoort dan ook die uitspraak van die Hof te wees.

Die derde en laaste eis gaan oor die trekker. Ek herhaal hier hoe die eiser die oorsaak van syeis in die dagvaarding geformuleer het:

'At or about the beginning of August, 1960, and at the farm Melkhoutefontein . . . defendant undertook to provide

Page 35: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

plaintiff, gratis, with a tractor of a value of R300.'

Die verweer van die verweerder lui as volg:

'(a) Verweerder sê dat hy op die plek en datum vermeld deur eiser in eiser se teenwoordigheid, en met sygoedkeuring, onderneem het om aan ene Louw R300 te betaal ten einde die gemelde Louw in staat testel om 'n bepaalde trekker vir eiser aan te koop.

(b) Die verweerder het die gemelde Louw die bedrag van R300 betaal en het al sy verpligtinge kragtens diegemelde transaksie nagekom en is geen verdere bedrae aan eiser verskuldig nie.'

In sy betoogpunte het mnr. Beck, wat namens die respondent opgetree het, met 'n opregtheidwat hom eer aandoen, die Hof verwys na art. 5 van Wet 50 van 1956, wat as volg lui:

'Geen skenking wat na die inwerkingtreding van hierdie Wet aangegaan word, is bloot op grond van die feit datdit nie geregistreer of notarieel verly is, ongeldig nie: Met dien verstande dat geen skenkingskontrak waarondernog gepresteer moet word en wat na die inwerkingtreding van hierdie Wet aangegaan word, geldig is nie, tensydie bepalings daarvan in 'n deur die skenker ondertekende skriftelike dokument beliggaam is.'

Mnr. Beck het dan ook tereg toegegee dat, indien die betrokke eis op 'n kontrak van skenkinggegrond word, dit nie kan slaag nie omdat die kontrak nie in 'n deur die skenker ondertekendeskriftelike dokument beliggaam is nie.

Grotius, 3.2.1, omskryf skenking as volg:

'Schenking is een toezegging, waer daar yemand een ander niet zynde verbonden, uyt weldadigheyt hem zelveverbind om dien yet van 't zyne te geven, zonder yet wederom van hem te genieten, ofte t'zynen bate tebespreken.'

Gelees in die lig van hierdie omskrywing sorteer die eis, soos in die dagvaarding geformuleer,onder die regsfiguur van skenking. Dit dien daarop gelet te word dat die pleitbesorger hom gladnie op enigiets beroep nie wat voor die aangaan van die ruilkontrak plaasgevind het. Volgensmy mening is daar in die getuienis ook geen afwyking van die regsfiguur van skenking. Ek haaldie volgende aan uit die getuienis van die eiser oor wat in Augustus 1960 op die plaasMelkhoutefontein plaasgevind het:

'Ek was toe half moeilik en ek sê toe vir mnr. de jager, 'Kyk, hoe lyk jou drade en jou bome en hier is nie eers 'ntrekker op die plaas nie en jy het my 'n trekker belowe. Jy het aan die agent gesê die man wat die plaas koop saljy 'n trekker gee, en hier is niks op die plaas om mee te werk nie.' En toe sê hy, 'All right, man, ek sal vir jou 'ntrekker koop'. En toe sê mnr. Louw, 'Ek weet van 'n baie goeie trekker wat ek kan koop vir £150.' En toe sê mnr.de Jager, 'Goed, Louw, ek sal vir jou £150 gee om die trekker te koop.''

1964 (1) SA p479

WESSELS AR

Volgens my mening is die verwysing na wat vantevore gebeur het net 'n poging om dieverweerder se weldadigheid gaande te maak. Daar was voorheen geen aanbod wat die eiserkon aanneem nie en hy het ook nie voorgegee dat hy enige vorige aanbod aanneem nie; sybedoeling was om die verweerder oor te haal om 'n nuwer en bindende belofte te maak. Asdaar dus 'n kontrak aangegaan is dan was dit 'n skenkingskontrak waaronder nog presteermoes word. Dit sou dus lynreg teen die bepalings van die aangehaalde wetsartikel indruis om

Page 36: DE JAGER v GRUNDER 1964 (1) SA 446 (A) - …learning.ufs.ac.za/KON214_OFF/Resources/1 Resources... · Diamond Mining Co v de Beers , ... Collen v Rietfontein Engineering Works

Copyright Juta & Company Limited

die eis vir die trekker of sy waarde toe te staan.

Die appèl behoort dus met koste gehandhaaf te word en die bevel van die Hof a quo deur dievolgende vervang te word:

'In respect of claim (a) there will be judgment for the plaintiff in the sum of R1,557.27. In respect of claim (b)interest on that sum is awarded to the plaintiff from the 11th August, 1960, to date of payment. Claims (c) and (d)are dismissed. The plaintiff is ordered to pay the costs of action.'

Appellant se Prokureurs: Truter & Lombard, Kaapstad; Davidson & Marais, Bloemfontein.Respondent se Prokureurs: N. Miller & Kie., Kaapstad; Dennis Nathan & Botha, Bloemfontein.

1964 (1) SA p479