8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 1 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212 HILDERINE SCHRÖDER Die idee dat spaanders en ander oorblyfsels van die bloekoms wat langs die Breederivier verwyder word ’n toksiese invloed op ander plante en die rivier sélf kan hê, is absoluut belaglik. Só sê dr. Ben du Toit, ’n dosent in bosbou aan die Universiteit Stellen- bosch, ná ’n inwoner van McGregor onlangs haar kommer oor dié moont- likheid uitgespreek het. Die inwoner, wat versoek het dat haar identiteit weerhou word, is be- kommerd oor die uitwerking wat al- lelopatie op onder meer plantegroei en die Breederivier kan hê. Allelopa- tie is ’n chemiese verskynsel waarty- dens een organisme die groei, oorle- wing en reproduksie van ander orga- nismes kan beïnvloed. Die verwydering van honderde bloekombome wat vroeër vanjaar be- gin is, het menige Valleier rooi laat sien. Terwyl baie dié verwydering skerp veroordeel het weens die impak wat dit op diere, voëls en insekte het wat dié bome hul tuiste kan maak, kan die uitwerking baie groter wees, het die bekommerde inwoner aan die Gazette gesê. “Daar is letterlik tonne hout langs die rivier en weens allelo- patie kan die hele rivier vergiftig word. Mense wil nie die gevaar sien nie. Dit kan ’n ramp afgee.” Sy het die eerste keer van allelopa- tie te hore gekom toe sy self die moontlikheid ondersoek het om van die spaanders in haar eie tuin te ge- bruik. ’n Boer het haar egter gewaar- sku dat niks gaan groei waar sy dié spaanders gooi nie, vertel sy, waarop sy navorsing op die internet begin doen het. “Hoe meer ek gelees het hoe meer bekommerd het ek geword,” sê sy. Volgens Du Toit is vrese dat die ge- valle bloekoms die rivier en grond waar dit lê gaan vergiftig, geheel en al ongegrond. “Die oorblyfsels van die bome hou absoluut geen toksiese gevaar in nie,” sê hy. “Allelopatie is ’n baie natuurlike proses by ’n plant of boom om die ont- kieming van ander plante te inhi- beer. Dit is nie beperk tot bloekombo- me nie, maar kom ook by ander spe- sies voor, insluitend baie inheemse boom- en plantspesies.” Volgens Du Toit bestaan daar geen navorsing wat staaf dat bloekombo- me so toksies is as wat sommige in- ternetbronne beweer nie. “As dít die geval is, waarom floreer die natuurlewe in Australië?” sê hy. Die verwydering van die bloekoms is die gevolg van ’n projek deur die departement van omgewingsake se Werk vir Water-program. Dié program sal uiteindelik die verwydering van uitheemse plant- spesies oor ’n afstand van 75 km langs die Breederivier sien. Die af- stand strek vanaf Rawsonville tot buite Bonnievale. Die verwydering, het Monique van Wyk, projekbestuurder by die Sen- traal Breederivier Watergebruikers- vereniging, vroeër aan die Gazette gesê, is ’n wetlike vereiste wat in die Wet op die Bewaring van Landbou- hulpbronne, 1983 (Wet No. 43 van 1983) vervat word. Die Sentraal Breederivier Water- gebruikersvereniging behartig die verwydering van die bome namens die departement van omgewingsake. Oorblyfsels van die eens statige bloekombome is al wat oor is ná daar vroeër vanjaar in alle erns begin is om die bome te verwyder. ’n Dosent aan die Universiteit Stellenbosch het vrese die nek ingeslaan dat dié oorblyfsels (soos die houtspaanders in die agtergrond) ’n nadelige invloed op die res van die ekostelsel kan hê. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER Bergraafplaas van gevalle bome

Breederiviergazettebz 20140701

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederiviergazettebz 20140701

Citation preview

Page 1: Breederiviergazettebz 20140701

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 1 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212

HILDERINE SCHRÖDER

Die idee dat spaanders en anderoorblyfsels van die bloekoms watlangs die Breederivier verwyderword ’n toksiese invloed op anderplante en die rivier sélf kan hê, isabsoluut belaglik.

Só sê dr. Ben du Toit, ’n dosent inbosbou aan die Universiteit Stellen-bosch, ná ’n inwoner van McGregoronlangshaarkommeroordiémoont-likheid uitgespreek het.Die inwoner, wat versoek het dat

haar identiteit weerhou word, is be-kommerd oor die uitwerking wat al-lelopatie op onder meer plantegroei

en dieBreederivier kanhê.Allelopa-tie is ’n chemiese verskynselwaarty-dens een organisme die groei, oorle-wing en reproduksie vanander orga-nismes kan beïnvloed.Die verwydering van honderde

bloekombomewatvroeërvanjaarbe-gin is, het menige Valleier rooi laatsien.Terwylbaiediéverwyderingskerp

veroordeel het weens die impak watdit op diere, voëls en insekte het watdié bome hul tuiste kan maak, kandie uitwerking baie groter wees, hetdie bekommerde inwoner aan dieGazette gesê. “Daar is letterlik tonnehout langs die rivier enweens allelo-patie kan die hele rivier vergiftig

word. Mense wil nie die gevaar siennie. Dit kan ’n ramp afgee.”Sy het die eerste keer van allelopa-

tie te hore gekom toe sy self diemoontlikheid ondersoek het om vandie spaanders in haar eie tuin te ge-bruik. ’nBoerhet haar egter gewaar-sku dat niks gaan groei waar sy diéspaandersgooinie, vertel sy,waaropsy navorsing op die internet begindoen het.“Hoe meer ek gelees het hoe meer

bekommerd het ek geword,” sê sy.VolgensDuToit is vrese dat die ge-

valle bloekoms die rivier en grondwaar dit lê gaan vergiftig, geheel enal ongegrond. “Die oorblyfsels vandie bome hou absoluut geen toksiese

gevaar in nie,” sê hy.“Allelopatie is ’n baie natuurlike

prosesby ’nplantofboomomdieont-kieming van ander plante te inhi-beer.Dit isniebeperktotbloekombo-me nie, maar kom ook by ander spe-sies voor, insluitend baie inheemseboom- en plantspesies.”VolgensDuToit bestaan daar geen

navorsing wat staaf dat bloekombo-me so toksies is as wat sommige in-ternetbronne beweer nie.“Asdítdiegeval is,waaromfloreer

die natuurlewe in Australië?” sê hy.Dieverwyderingvandiebloekoms

is die gevolg van ’n projek deur diedepartement van omgewingsake seWerk vir Water-program.

Dié program sal uiteindelik dieverwydering van uitheemse plant-spesies oor ’n afstand van 75 kmlangs die Breederivier sien. Die af-stand strek vanaf Rawsonville totbuite Bonnievale.Dieverwydering,hetMoniquevan

Wyk, projekbestuurder by die Sen-traalBreederivierWatergebruikers-vereniging, vroeër aan die Gazettegesê, is ’n wetlike vereiste wat in dieWet op die Bewaring van Landbou-hulpbronne, 1983 (Wet No. 43 van1983) vervat word.Die Sentraal Breederivier Water-

gebruikersvereniging behartig dieverwydering van die bome namensdiedepartementvanomgewingsake.

Oorblyfsels van die eens statige bloekombome is al wat oor is ná daar vroeër vanjaar in alle erns begin is om die bome te verwyder. ’n Dosent aan die Universiteit Stellenbosch het vrese die nek ingeslaan datdié oorblyfsels (soos die houtspaanders in die agtergrond) ’n nadelige invloed op die res van die ekostelsel kan hê. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Bergraafplaas van gevalle bome

Page 2: Breederiviergazettebz 20140701

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 1 Julie 20142

Kry jou lyf reg vir komende somer’n Nuwe behandeling is nou plaaslikbeskikbaar vir enigeen wat graag,voor die somer aanbreek, hul somer-lywe wil regkry, of net wil ontslaeraakvan ’npaarvetrolletjieswatpla.Cavi Solutionneem jouna ’nnuwe

vlak met die vermindering en voor-komingvan selluliet, dreineringvangifstowwe en die verbranding of uit-wis van “harde, ou vet’’.

Geen snykunde, operasie of her-stelperiode is nodig nie. Dit is ook sogerieflik dat jy tydens joumiddagete’n sessie kan bespreek.Cavi Solution werk met golf-

frekwensies wat die probleemareateiken en op die onderliggende vet-sellewerkwaar dit vette dadelik ver-brandenuitwis.Ditbevorderookdiedreinering enuitskei vangifstowwe,

sowel as bloedsirkulasie. Deur mid-del van waterinname dreineer hier-die stowwe uit die liggaam.Hierdie behandeling word aanbe-

veel vir dié wat sukkel met ’n oortol-lige magie wat nie sommer verdwyndeur oefening nie.Vir meer inligting of ’n sessie, bel

René smiddae ná 13:00 by072 334 9605.

Cavi Solutionsal jou helpom ontslae teraak van onge-wenste vet enselluliet.

Watter bruid gaan kroon dra?As jy oortuig is jou troudag oor-tref alle ander, is die Gazette seBruidskompetisie, wat in same-werkingmetdieRobertsonLen-teskou aangebied word, nét dieding vir jou!

Alle bruide van Robertson, Ash-ton,BonnievaleMcGregorenMon-tagu wat van Julie 2013 tot Augus-tus 2014 die knoopdeurgehaakhet,kom in aanmerking vir deelnameaan dié kompetisie en met grootpryse wat op die spel is, is dié ’ngeleentheid wat bruide beslis niedeurhul vingersmoet laat glipnie.Een van die talle bruide wat ’n

kans het om later vanjaar met diépryse weg te stap, is Lulinda Pock-pas wat as die Vallei se nuutste fi-nalis aangewys is.Pockpas sal saam met finaliste

wat reeds aangewys is die geleent-heid hê om op 10 Oktober by ’n gal-ageleentheid by die Lenteskou aswenbruid gekroon te word.’n Naweek vir twee tel onder die

pryse wat vir die Bruid van dieJaar op die spel is. Ander pryse isonder meer ’n gratis bootreis vanViljoensdrift, geskenkbewysedeur AP Stipp, Country Styles, Ro-bertson Apteek en Peckers/BonAppetit, ’n vrugtemandjie van Lo-carno Droëvrugte, twee bottelsFour Cousins-vonkelwyn en ’n ys-bak van Van Loveren, gratis was-enblaassessies byCathy&Sarah’sHair, ’n uur lange fotosessie van CPhotography, ’n geskenkbewysvan Cara-Le Linne ter waarde vanR500 en ’n wegbreeknaweek vanRivierzicht-rivieroord.Die inskrywingsfooi is R60 per

vollengte-foto.Vir meer inligting oor die kom-

petisie, belAnneldaGrootboombydie Gazette se kantoor by023 626 5212.Om vir jou gunsteling bruid te

stemSMSdiewoord“Bruid”endie

bruid se naam na 35405. SMS’e kosR1,50.Wenners word bepaal deur le-

sers se stemme. Die Gazette hetgeen invloedopdieaanwysvandiewenners nie. Die beslissing ten op-sigte van wenners is finaal.

Lulinda Pockpas (née Carolus) is die Ga-zettesenuutsteBruidskompetisie-finalis.

Gail de Wee (née Anthony), van Ashton,is verlede jaar op 26 Oktober getroud.

Nóg ’n finalis gekiesANNELDA GROOT-BOOM

“Ek het geweet Ed-ward gaan my manword. Met die eerstesoen was daar ietswat my dié oortui-ging gegee het.”Só sê Amber Ter-

blanche van Robert-son, wat verledeweekgekies isas fina-lis in die Gazette seBruidskompetisie,met ’n breë glimlagoor haar wederhelf,Edward.Sy en Edward het

mekaar vier jaar ge-lede deur een van haar vriende ont-moet.Nadiéontmoetinghethulkon-taknommersuitgeruil envandié tydhet hul baie lekker begin saamkuieren die vriendskap en liefde het ge-groei. Op 20 Desember 2011 het sy enEdward verloof geraak in De Kel-ders-restaurant in Worcester.OmdatAmber al voorheen liefdes-

teleurstellings gehad het was sy ookmaar skrikkerig, maar het diesprong gewaag en vandag is sy baie

gelukkig. Sy en Ed-ward het verlede jaarop 21 Desember dieknoop deurgehaak.Sy beskryf haar

man as ’n liefdevollemens wat haar op diehandedra enaltyduitsy pad gaan om haargelukkig tehou.Ensyhande vind altyd ietsom te doen, soos was-goedwas enhy bederfhaar in die kombuismet sy kosvernuf.Gevra hoe sy die

huwelik sien ant-woord sy baie gemak-lik: “As jou huwelikgebou is op die rots,

Jesus, sal dit kan staan. Die man ensyvroumoetaltydsaambid.Respek,kommunikasie en liefde vir mekaarmoet altyd teenwoordig wees in diehuwelik.”Virhaarbetekendiekleindingetjies in die lewebaie ,sooswan-neer net hulle twee gaan uitry en hyhaar bederf.Amber, Edward en hul seun, Dea-

con, woon tans in Ravensmeadwaarsy na haar skoonmoeder en na ’nvriendin se kind omsien.

Amber TerblancheFOTO: ANNELDA GROOTBOOM

Kansa hou wedrendag op AshtonDie Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Ashton-skakel-komiteebiedSaterdag(5Julie)van10:00tot13:00’nBikersenCarRace-dag by die Kogmanskloof-sportte-rein op Ashton aan.Die doel vandie dag is omdie ge-

meenskapbewus temaakvankan-

ker en die dienste wat Kansa bied.Daarsalverskeiekosstalletjies,ak-tiwiteite, ’n springkasteel en ’nspray-a-thon wees.Toegang kos R5.Vir meer inligting, bel Jurene

Horne by 0 023 342 7058 of Theavan Nooi by 072 671 3736.

Page 3: Breederiviergazettebz 20140701

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 1 Julie 2014 3

Klaasvoogds-pad geteer’n Samewerkingsooreenkoms tussenplaaslike grondeienaars en die KaapseWynland Distriksmunisipaliteit hetvoleinding bereik met die amptelikeopening van die Klaasvoogdspad tus-sen Robertson en Ashton.

Diéteerpad,dieprodukvanjaresemooi-praat endringendevertoë, is verledeweekamptelikdeurdieonderburgemeestervandie Kaapse Wynland Distriksmunisipali-teit (KWDM), Henry Jansen, geopen.Die geleentheid is deur raadslede van

die KWDM sowel as die Langeberg-muni-sipaliteit, kontrakteurs van die konstruk-siemaatskappy verantwoordelik vir diebouwerk aan die pad en inwoners van dieKlaasvoogdsgebied bygewoon.Die bou van die teerpad volg ná ’n inwo-

ner van die gebied in 2011 die inisiatief ge-neem het om ’n brief aan die KWDM te rig

rakende die moontlikheid om die Klaas-voogdspadte laat teer,hetJanseninsy toe-spraak gesê. “Soos met enige groot projekwas daar nie oornag resultate nie,” het hybygevoeg.Eersmoesdaar indie begrotingvoorsie-

ning vir die projek gemaak word, waarnadaar met grondeienaars in verbinding ge-tree is. Teen die einde van 2012 is ’n kon-trakteuraangestel ennánógvergaderingsen verskeie konsultasies, is daar met dieprojek begin.Die totale koste van die projek, aldus

Jansen, het altesaamR33,9 miljoen beloopmet konstruksiekoste wat R29,6 miljoenhiervan uitgemaak het. Die Wes-Kaapseregering en grondeienaars het in gelykedelemetR2 miljoenelk totdieprojekbyge-dra.Jansen het alle rolspelers bedank wat

bygedra het tot die sukses van die projek.

Verteenwoordigers van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, Langeberg-munisipaliteit en inwo-ners van die Klaasvoogds-gebied was onder diegene wat die amptelike opening van die nuwe Klaas-voogds-teerpad bygewoon het.

Stem vir jou gunstelingbabaWil jydiekans staanom ’nrits fantastiesepryselos te slaan? Maak dan seker jy skryf jou klein-ding in vir die Gazette se Babakompetisie.Tashwill Standaar (in die kategorie 0-18

maande), hierdie week se skattige wennertjie,kom saammet Priyanka Rose Floris en Jermai-ne Davids, die vorige tweeweke sewenfinaliste(almal indiekategorie 0-18maande), inaanmer-king om as wenbaba gekroon te word.Die pryse vir die kategoriewenners sluit in

’n R250-geskenkbewys van Spur vir elke wen-ner, ’nButterflyWorld-geskenkbewys terwaar-de van R125, twee doen-dit-self partytjies vir 10kinders van Beauty@Heart Events van Worce-ster (kliënt moet dit self gaan haal en aflewer),’n uur lange fotosessie vir albei wenners en hulgesinne deurMarykeZeelie fotografie terwaar-de van R450 elk, ’n geskenkbewys vir ’n spring-

kasteelvir ’npartytjiedeurMadeleinvanJaars-veldt (MadAboutCakes) engeskenkbewysdeurShoprite Robertson, wat ’n bababad en beno-digdhede insluit.Valleiers wat hul kleinding wil inskryf kan

’n gesigfoto van hul baba na die Gazette se kan-toor by Paul Krugerstraat 22 (Absa-gebou)bring. Kleingoed ding mee in twee kategorieë:0-18 maande en 18 maande tot drie jaar.Lesers sal van die Dinsdag wat die koerant

verskyn tot die volgende Maandag om 10:00 virhul gunstelingbabas kan stem deur BABA, ge-volg deur die baba se naam, na 35405 te SMS.SMS’e kos R1,50. Diewennersword bepaal deurlesers se stemmeendieGazettehet geen invloedop die aanwys van die wenners nie. Die beslis-sing tenopsigtevanwenners is finaal.Sienhier-die week se inskrywings elders op dié bladsy.

Tashwill StandaarOndersteun asseblief Gazette se kombersprojek

Metdieysigetemperaturewatdieafgelopetydheers, doen die Gazette opnuut ’n beroep oplesers om sy kombersprojek te ondersteun.Dié projek is daarop gemik om ’n helpende

hand uit te reik na uiters behoeftige menseindieLangeberg-omgewingwatniedie luuks-hedevan’nwarmhuis,dienodigewinterklereen talle dik komberse het nie.

’n Beroep word op Valleiers gedoen om eni-ge warmklere en komberse te skenk, wat danmet die hulp van plaaslike organisasies aandiegene uitgedeel sal word wat dit nodig het.Komberse en klere kan by die Gazette se

kantoor by Paul Krugerstraat, 22 (Absa-ge-bou) afgegee word. Vir meer inligting skakeldie Gazette by 023 626 5212 of 023 626 6299.

Page 4: Breederiviergazettebz 20140701

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 1 Julie 20144

Charlotte Davidsis ’n gebore en ge-toë Robertsonner.Sy woon al 30 jaarin dié dorp.

) Wat maak dieLangeberg vir jouspesiaal?Die vriendelike

mense, natuur entoerisme-aantrek-likhede.

) Wat sou jy indie Langebergwouverander?Die misdaad,

tienerswanger-skappe, rassisme,werkloosheid enjeugontwikke-ling.

) As jy nie hier gebly het nie, waar sou jybly?Oorsee. Australië.) Watter werk doen jy en hoekom geniet jy

dit?Ek is ’n winkelassistent by Peckers. Die

mense is vriendelik en ek het die lieflikstewerkgewer.

) Watterdriemense sou jygraagvir etewounooi (hede of verlede) en waarom?Willie le Roux, hy speel so goed rugby en

is ’n rolmodel. Helen Zille, sy is nie vals nie.My werkgewer, Riaan Mouton, hy is ’n Godsent.

) Wat is die beste raad wat jy al gegee ofontvang het?Moet nooit bakhand by jou man of vrou

staannie.Wees onafhanklikwant jyweet niewat die dag van môre inhou nie.

Charlotte Davids

Meet a localMeet a local

Bly te kenneBly te kenne

Page 5: Breederiviergazettebz 20140701

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 1 Julie 2014 5

OndersteunwinterprojekDieMontagu-polisie, in samewerkingmetdieRobertsonTafelrondeenMon-tagu Toyota, hou op 23 Julie vanaf18:00 tot omstreeks 21:00 sy WinterNights-projek.Tydens dié geleentheid sal beamp-

tes en lede van die Tafelronde inT-hemde en kortbroeke om vuurkon-kas by Montagu Toyota te sien wees,simbolies van die koue en ontberingwat hawelose mense op ’n daagliksebasisgedurendediewintermaandeer-vaar.Valleiersword genooi omdié projek

te steun deur warm klere, komberseen nie-bederfbare kosprodukte sowelas kontantskenkings by die punt byMontagu Toyota af te laai. Skenkingskan ook voor die tyd by die Montagu-polisiekantoor afgelaai word. Menseword versoek omaan te dui virwatterarea hul donasies aangewend moetword.

Page 6: Breederiviergazettebz 20140701

Breederivier Gazette Schools - Skole Dinsdag 1 Julie 20146

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

VAN WYK CORNELIUSGeb.20/03/1951-Gest.25/06/2014Dankie Liewe Jesus vir ’neggenoot wat u vir mygeleen het. ’n Godvresendeman wat die Here gekenhet. Hy was altyd daar virsy familie, kinders enagterkleinkinders. Ons saljou altyd onthou al is jy niemeer daar nie, jou opoffe-rings. Jy was altyd daar virmy en dankie vir die padwat jy vir my oopgetraphet. Die Roudiens vindplaas Donderdag, 3 Julieom 19:00 by die huis inRolbosstraat 44. Begraf-nisdiens Saterdag 5 Julieom 9:00 by die huis en10:00 by Langebrg Skool-saal.

BRUWER ANNEMARIEMET groot hartseer neemons afskeid van ’n geliefdemens. Rus sag tot onsmekaar weer sien. Baiesterkte aan familie. LiefdeJohnny Vermeulen engesin.

JONES MARIAGeb.04/01/1944Gest.26/06/2014Met mooi herinneringeneem ons afskeid van onsMa en ouma. Die Roudiensvind plaas Donderdag,3 Julie om 19:30 by diehuis in Sonneblomstraat 3.Begrafnisdiens Saterdag5 Julie om 9:00 by die huisen 10:00 by die Nuwe Apo-stoliese kerk in Kloof-straat. Sal met liefdeonthou word deur die kin-ders. skoonseuns, skoon-dogters, kleinkinders,agterkleinkinders, auntAnne & Rita en familie.

GELUKWENSINGS

1030

ABRAHAMS AVA-LEIGHKyk wie word môre 2 jaaroud?Baie geluk Ava-Leigh metjou verjaarsdag. Van:Mammie, Daddy, oupas enoumas, Jay-Dean, familieen al die kinders in diehuis.

Raai wie word 1 op2 Julie?KRIEL DEVONPikkewyntjie, ons wens jou’n gelukkige verjaarsdagtoe. En mag die HemelseVader jou met baiegesonde jare seën. Tonneliefde van Mammie, Pappaen Dwight.

SAKE

DIENSTE

2420

J J CONSTRUCTION.Vir alle Bouwerk. KontakAndré 081 855 1725

Laerskool viervyftig jaar in stylDaar is lekker gekuier, gelagen staaltjies, skandes en ska-des opgediep toe die WillemBuchholz Primêre Skool syvyftigjarige bestaan met ’nswierige dinee gevier het.

Ouers en oudleerders van diéskool buite Robertson het vanheinde en verre gekom om diéspesiale geleentheid in die Calliede Wet-saal by te woon.Onder die eregaste was die eer-

ste hoof van die skool, Cecil de Ja-ger, en sy vrou, Terina, die onder-burgemeester van die KaapseWynland Distriksmunisipaliteit,Henry Jansen ( wat sélf ’n leerder

aan dié skool was), Aubrey Mi-chaels (Wes-Kaapse Onderwys-distrik-kurrikulumbestuurder)en Derek Prins, eienaar van dieplaas waarop die skool staan.Die De Jagers is op 4 April 1964

getroudenhet saamdrie dae laterby Willem Buchholz begin skool-hou.Die skool se huidige hoof, Juri-

na Swanepoel, is al 34 jaar by dieskool.Sý en die skool se personeel, te-

same met die ondersteuning-span, beheerliggaam en ouers,vormsaam’ngedugte spanomdiéskool van krag tot krag te laatgaan.

Die eerste hoof van die Willem Buchholz Primêre Skool, Cecil De Jager, hiér saammet sy vrou, Terina, was die hoofspreker by die skool se onlangse viering van syvyftigste bestaansjaar.

Henry Jansen, onderburgemeester van die Kaapse Wynland Distriksmuni-sipaliteit, was self ’n leerder by Willem Buchholz. By hom is sy vrouGeorgina.

Aubrey Michaels, kurrikulumbestuurder by die Kaapse Wynland Onder-wysdistrik, en sy vrou Lucille, was ook onder die eregaste.

Die eienaar van dieplaas waarop dieskool staan, DerekPrins, en sy vrou,Anchan, het ook diegeleentheid byge-woon.

Wen metBoland MediaWil jy ’n skootrekenaar vir jou skool wen?

DiesewetitelsvanBolandMedia(dieGazette,DistriksPos, Hermanus Times, Eikestadnuus,Paarl Post, Worcester Standard en Weslander)wil ’n skootrekenaar in een skool in ons ver-spreidingsgebied weggee. Jy kan ons help om’n wenner te kies!Ons soek stories by leerders van alle skole

indieBoland,Weskus,OverbergenHelderbergoor waarom hul skool die Beste in die Bolandis. Hulle moet dit op ons webwerf laai, en onspubliseer dit dan onder die Jeugjoernalis-afde-ling op onswebwerf vir al ons lesers om te sien.Die idee is nie om te besluit watter skool is

waarlik die beste in die streek nie,maar eerderwatter skool se leerders vir ons die beste enmees entoesiastiese motiverings gestuur het.As ons jou storie gepubliseer het, “share” dit

op Facebook of twiet dit op Twitter.Moedig joumaats aan om ook in te skryf en vermeerderjou skool se kans om te wen. Ons wil graag hêjy moet ons webwerf ontdek. Dit is so maklikis soos 1-2-3 om jou nuus op ons webwerf te pu-bliseeren tedeel –nienet tydensdiekompetisienie. Dit is vinnig, daar is onbeperkte spasie,dit kan gedeel word, en dit gaan oor jou.

Hoe skryf jy in?Registreer as gebruiker op ons webwerf (jy

kan ook met Facebook registreer). Klik dan op“Tell your story”.Die aanlynvormpie wat dan verskyn is so

maklik om te gebruik soos Facebook. Dit is be-langrik om jou naam en van in te vul, ’n fotovan jouself op te laai en ook jou skool se naamêrens te noem (dit is verbasend hoe maklik ’nmens dit vergeet!).Stories moet ongeveer 300 woorde lank wees

en kan tot die einde van die Julie-vakansie op-gelaai word.Ons sal die wenner in die eerste week van

die nuwe kwartaal aankondig. Wat die wen-skoolmet die skootrekenaar doen, is heeltemalhul eie besluit.Gaan dus na www.bolandgazette.co.za en

skryf in!

IN MEMORIAM1015

Page 7: Breederiviergazettebz 20140701

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 1 Julie 2014 7

MONTIESPORTDAG:Die LaerskoolMontaguhet onlangs sySPARSportdagaangebied.Skole vansover asCaledon,wat1 400deelnemersaandie rugby- ennetbalwedstrydegesien het, het aandié geleentheid deelgeneem.Hierdie jaar het die o.7-netbalspeler-tjies ook die geleentheid gehad om deel te neem. Op die foto is die LaerskoolMontagu in aksie teen die Laerskool Kleinmond.

TENNIS:Dié leerders aandie Laerskool Ashtonhet onlangs uitstekend presteer by die afgelo-pe Robertson Wilson Tennistoernooi en hetal drie silwermedaljes losgeslaan. Van linksis Jandre Mellet (o.13, Afdeling A), Chris Car-stens (o.10, Afdeling B) en Nisha Fabricius(o.12, Afdeling A).

KULTUUR: Die Laerskool Montagu het onlangs sy jaarlikse Grondslag-fase Kultuurmiddag aangebied. Die Worcester-Noord Primêre Skool,Worcester Primêr en Laerskool Montagu se junior kore en redenaarshet aan dié geleentheid deelgeneem. Die redenaars Kristen Boshoffen Alexa Viljoen vanWorcester-Noord Primêr het die eerste en tweedeplekke verower en Lara de Wet van Worcester Primêr was derde.Die Laerskool Montagu se vasvraspan, Nina Stemmet, Anri Gous,Jaylin Verhoog en Brayden Baartman, het die vasvra gewen. Op diefoto is Elize Fortuin (ATKV-streekorganiseerder) saam met die wen-ners.

LIGVOETS: Dié leerders aan die Laerskool Ashton, agter (van links) Lara Barnard,Elmi Bruwer en Ameli Bruwer en voor, Marli Barnard, Karla Theron, almal studenteby die Danza La Vida Dansskool in Bonnievale, het onlangs die Red Medal-eksamen,wat deel is van die Vereniging vir Internasionale Dansonderwysers, suksesvol afgelê.Dié eksamen fokus op die kreatiewe sye van dans. Hul volgende eksamen sal opdie tegniese aspekte van dans konsentreer.

MUSIKAAL: Dié leerders aan die Hoërskool Robertson,Engela Smit (fluit graad 3), Féroll-Jon Davids (klarinetgraad 7) en Dewald Esterhuizen (klavier graad 6) hetonlangs uitstekend gevaar in hul Unisa-musiekeksa-mens. Férrol-Jon het veral uitnemend presteer en 95%in sy eksamen behaal.

ONNIES SPEEL KELNER: Personeel aan die Robertson Voorbereidingskool hetonlangs die bordkryt en swartbord vir voorskote en skinkborde (en ’n grootglimlag!) verruil tydens hul jaarlikse geleentheid waartydens hulle ouers enleerders by die Rapid River Spur op Robertson bedien het.

WOORDSMID: AnjeMaraisvan die Laerskool Robert-son het onlangs aan dieATKV-redenaarskompeti-sie deelgeneem. Sy hetmet haar toespraak “Van-dag se ouers wil die trappevan sukses namens hulkinders klim” deurgedringna die halfeindronde watby die Laerskool De Kuilenin Kaapstad gehou is.

Page 8: Breederiviergazettebz 20140701

Breederivier

Year 18 • 1 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212

Sakeliga vol pret, gelagDis nie aldag dat mededinging met grootpret en baie gelag plaasvind nie, maar dítwas die afgelope paar weke beslis die gevaltydens die Robertson-rolbalklub se jaarlik-se sakeliga.

Altesaam 42 spanne het in dié opwindendereeks wedstryde kragte gemeet en terwyl niealmal rolbalspelers van formaat is nie, het dieuitnemende spangees beslis hiervoor vergoed.Naweke se taaimededinging het die sakeliga

onlangs ten einde geloop met die Shamrocks,wat vroeg in die stryd reeds hul merk gemaak

het,watmetdie louereweggeloophet. Dieagter-hoede is gedek deur die Plaasjapies wat dienaaswenners in die A-seksie was. In die B-sek-sie het Kliphard koning gekraai, met La Colinewat die naaswenners was.Omvoort tebouopdiesuksesvandieafgelope

sakeliga het die Robertson-rolbalklub besluitom voortaan spesiale sosiale rolbalaande opWoensdae aan te bied waartydens belangstel-lendes,waaronder diegenewat aandie afgelopesakeliga deelgeneem het, hul vaardighede kanslyp. ’n Aankondiging rakende dié rolbalaandesal binnekort volg.

Die Shamrocks was die algehele wenners van vanjaar se Robertson Sakeliga. Van links is Cobus Marais, Johandu Toit, Pieter Marais en Henry Marais.

Die Plaasjapies was die naaswenners in die A-seksie. Van links is André Gelderblom, Colin Conradie, DominiqueConradie en George Gordon.

MUURBAL: Die Bonnievale-muurbalspan het die tweede span van Bredasdorp onlangs behoorlikdie loef afgesteek toe hy al vier sy wedstryde teen dié span gewen het. Bonnievale beklee tansdie eerste plek op die tweede liga se punteleer. Van links is: Jean Aubry, Gustav Swanepoel, Wilhelmde Wet en Carl Robberts. Bonnievale het Bredasdorp met 12 potte teenoor 1 geklop.Die uitslae was as volg: Wilhelm de Wet klop Jandré Binneman (3 – 0), Gustav Swanepoel klopLeon Binneman (3 – 0), Jean Aubry klop Gert van Niekerk (3 – 1) en Carl Robberts klop SamRossouw (3 – 0).

VOORSLAG KARATEKAS: Dié karatekas het onlangs hul Bolandkleure in Goju Kai karate verwerf. Hiermeehet hulle gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse karate-kampioenskappe wat Augustus in Johannesburgplaasvind.

BUREMEET KRAGTE: Die Robertson Voorbereidingskool het onlangs sy jaarlikse sportdag aangebied. Altesaamvyf skole van omliggende dorpe – die Laerskool Swellendam, Laerskool Ashton, Laerskool Montagu, HoërskoolBonnievale en Worcester Voorbereidingskool – het tydens dié geleentheid teen spanne van Robertson Voorbe-reidingskool kragte gemeet. Al die skool se spanne het die geleentheid gekry om ’n wedstryd te speel;selfs die gr.R-leeders het sokker gespeel. Die sportdag se hoofborge was Robertson Superspar en RapidRiver Spur. FOTO: DEON VAN DEVENTER