Upload
amgrund
View
246
Download
7
Embed Size (px)
Citation preview
1
Grundlingh, Andries (TWP Limpopo)
From: Johan <[email protected]>
Sent: 25 November 2011 10:43 AM
To: Coetzee, Scheepers (TWP Limpopo); Gideon De Klerk; Viljoen, Kobus (TWP
Limpopo); Philip Snyman; Arnold Venter; HANNES MULLER; Adriaan Van Der Walt
Subject: Fw:
Ek dink hierdie is baie interessant. Dit kan 'n baie groot verskil maak.
Groete
Johan Viljoen
Senior Finansiële Beplanner
082 940 8830
Fax: (086) 547 9060
WONDERGEWAS VIR VEEBOERE
Wetenskaplike name: Chamaecytisus palmensis, Chamaecytisus proliferous, Cystisus proliferous
WAT MAAK BOOM LUSERN SO WONDERLIK?
1. Dit het dieselfde voedingswaarde as gewone Lusern, maar groei as 'n struik wat netso afgevreet kan
word, atyd vars en altyd groen, regdeur die jaar.
2. Boom Lusern bevat geen blousuur nie en bees kan heel jaar daarop loop en selfs 1 Kg per dier per dag
gewig aansit. Diere kan geen skade optel nie, anders as met gewone lusern waar diere kan vrek.
3. Boom Lusern sit 80-300N stikstof gratis in die grond omrede dit 'n peulgewas is. Dis is dieselfde as
ongeveer R1000-R3000 se gratis kunsmis per hektaar per jaar (teen 700-1000 bome per ha) en is veral goed
vir gras groei tussen in die boomlusern struik lanings in die interry.
4. Die plant lewe vir 60-80 jaar en is immergroen – dit verskaf heel jaar groenvoer kos.
5. Die plant verhoog drakrag tipies tot tienkeer van gewone veld na 'n aangeplante boom lusern blok. Veld
wat 1 ton gras per hektaar per jaar lewer, lewer tipies so 8-10 ton eetbare boom lusern per hektaar. Die
2
bepalende faktor is water met een ton eetbare metariaal vir elke 100mm reen (of vog in die grond reserwe).
Indien daar 'n vlak water tafel is produseer boomlusern teen ongeveer dubbeld die jaarlikse reenval in
tonnemaat. In Bothaville met 800mm reen sal boom lusern bv ongeveer 16 ton eetbare materiaal kan lewer
indien die plant die watertafel kan bykom. Dit is elke jaar, heel jaar, met net 'n eenmalige aanplanting.
6. Die plant groei die beste in diep sand of diep dreinerende grond met 'n PH van 4-8 en kan strawwe winters
van tot minus 10 grade Celcius oorlewe- voor net die punte begin doodryp (waarna dit weer uitloop). Die
enigste ryp risiko is met baie jong plantjies, ouer boom lusern is geweldig gehard teen beide koue, vuur en
droogte. Dis 'n woestyn plant.
7. Dit word aanbeveel dat daar stelselmatig 10% van 'n veeplaas met Boom lusern gevestig word, wat dan tipies
die drakrag verdubbeld. Dit vind plaas omrede gras op kritieke tye gerus kan word. Die effek is dat vee in die
SA winter in kondisie bly en vet die nuwe seisoen begin.
8. Die minimum water vereiste is so 200mm water per jaar en die maksimum potensiaal tot soveel as
3500mm water per jaar (bv drup besproeing).
9. Die aanbevole digtheid is blok aanplantings van so 700-1000 plante per hektaar wat in (enkel of dubbel) rye
10 meters uitmekaar geplant word met plante in die ry so 2-3 meter uitmekaar. Die interry is tipies
aangeplante meerjarige gras soos Smutvinger or Erogrostis. Die tipe meerjarige grasse produseer fantasties
omrede hulle toegang kry tot die gratis stikstof van die boom lusern.
10. Die beste manier van aanwending is drukbeweiding per blok, intens vir 'n kort ruk (paar weke). Dit kan bv
100 skape/40 beeste per hektaar vir 'n paar weke wees wat met druk selbeweiding in n rotasie stelsel bewei
word. Dit gee die plant kans om te herstel, en hoe meer die plant dan gevreet word, hoe meer verbete groei
dit. Na 'n tyd ontwikkel die plant n bossie struik vorm.
11. Die plant word as 'n saailing gevestig vir vinnigste vestiging en kan binne 10 maande die eerste keer ligweg
bewei word, en is in kommersiele produksie van jaar twee.
DIE WONDER AKSIE VAN BOOM LUSERN
1. Die wonder aksie van die plant is dat dit met ‘n vertikale penwortel van tot 10 meters diep vog uit die aarde
optrek, en dit dan met ‘n proses van “Ondergrondse Besproeing” deur middel van horisontale haarwortels
uitlek. Die horisontale haarwortels groei tot 15 meters weg en sit stikstof in die grond. So sirkuleer die plant
grondstowwe van baie diep (tipies fosfaat en ander dinge wat deur die jare uitgeloog het) op na bo en
uitwaards . Die proses was grondstowwe los wat uitgeloog het en nie andersins beskikbaar is nie. Die
grondstowwe en water word dan aan die boom lusern en ander plante soos Smutsvinger gras in die interry
beskikbaar gestel naby aan die oppervlak. Op die wyse word diep ondervog en minerale grondstowwe
hersirkuleer. Die vraag is nie meer wat kom die gras wortels in die boonste 30 cm van de grond by nie, maar
wat kom die boomlusern in die onderste 10 meter van die grond by. Dit stel ‘n nuwe standaard van produksie
en winsgewendheid.
2. Rhizobium noduleer op die wortels en neem stikstof uit die lug en stel dit aan die plant beskikbaar. Die plante
word met ‘n spesifieke Tagasaste entstof behandel wat saam met die saailinge verskaf word. Dit wissel van
3
tussen 80N tot soveel as 540 N wat per hektaar per jaar gratis in die grond gesit word. Die effek hiervan op
die 2/3 gras wat in die land tussen die boom lusern lanings groei is fenominaal in terme van kwantiteit en
kwaliteit. Dit is soos om met 100N se chemiese Stikstof kunsmis op graslande te boer, maar jy betaal nie vir
die kunsmis nie en jou grond bly gesond en jou drakrag hou net aan verhoog, standhoudend. Vir meer
hieroor loer na http://en.wikipedia.org/wiki/Tagasaste
3. Mychorrhizal Fungi groei tussen die plantwortels en die grond. Die fungi vegroot die voedings area van die
plantwortels met tot 7000 keer en neem water, grondstowwe en ander voeding op wat de plantwortels nie self
kan ontsluit nie (bv in klei) en voer dit dan die vir die plant in ruil vir water, suiker en stikstof van die plant af.
Vir meer hieroor loer na http://en.wikipedia.org/wiki/Mycorrhizal_fungi Dit is ‘n symbiotiese verhouding tussen
mikro organisms en die plant self, waar die plant suiker en voeding aan die organismse lewer en hulle
stikstof, voeding en water aan die plant beskikbaar maak in ‘n mini ekosisteem. Dit is hierdie groep
organismes wat grondgesondheid aanhelp en ‘n ontploffing in mikrobiese lewe tot gevolg het. Met verlang
van tyd val daar meer mis van die vee, en styg die vlak van mikrobiese lewe.
OPSOMMING:
4. Dit is die kombinasie van ondergrondse besproeing, die stikstof en die fungi wat boom lusern so ryk aan
proteine maak (15-25%), vir 12 maande van die jaar, in strawwe droogtes en waternood wat ander plante sou
verskroei.
5. Boom lusern verskaf ‘n 12 maande voedingspeil aan diere, omrede die wortels, rhizombium en fungi aan die
plant ‘n 12 maande voedingspeil verskaf. Die plant delf dinge uit die aarde los wat gewone gewasse nie kan
bykom en losmaak nie, en dit is wat Rande in jou sak sit.
FOTO VERHAAL: KERN IMPAK OP VEE
Dor Sand vlakte tydens droogte Bob Wilson se plaas Australia 1985
4
Dieselfde Kamp by Bob Wilson Australia met Boom Lusern in die 1990’s.
Dieselfde Bob Wilson sanderige plaas vandag-sonder erosie, met groenvoer en 2000 hektaar Boom Lusern en
derduisende stuks vee wat jaarliks afgerond word.
BOOM LUSERN OPSOMMING IN KORT:
5
• Dieselfde voeding as gewone Lusern, maar sonder die risiko (blousuur en ontydige reen) en kostes (baal en
sny). Dit is groenvoer wat as ‘n lewendige hooimied dien (“living haystack”). Grootvee en wild word spekvet,
terwyl kleinvee begin meerlinge gooi en suksesvol speen danksy ‘n 12 maande voedingspeil veral in die
winter.
• Daar is twee tipes boom lusern – ‘n groter boom wat meer vir beeste (“Bees” tipe) is, en ‘n kleiner een wat
meer vir kleinvee (“Skaap” tipe) is.
• Indien boom lusern nie in lanings geplant word nie groei hy uit as ‘n 4-6 meter boom. Let veral hoe die
onderkant van die boom gelyk afgevreet word deur vee.
'
‘n Boom Lusern plant wat toegelaat is om enkel alleen uit te groei na 4-6 meter
SKAAP TIPE BOOM LUSERN
6
Die skaap tipe Boom lusern wat afgevreet is
Dieselfde skaap tipe Boom lusern net 6 weke later!
SKAAP FOKUS:
• Skape kan tot 850 gram per dag groei, asof op gewone lusern, sonder die risiko van gewone lusern (opblaas
en vrektes met ongereguleerde toegang). Daar is ook nie baal kostes en die risiko van ontydige reen wat ‘n
normale gesnyde lusern oes vinnig kan laat vrot nie.
• Skaap sal die plant dood vreet indien hulle heel jaar op hom loop. Dit gebeur omrede hulle elke blaartjie kan
verwyder (wat fotosintese stop) en ook lief is om die bas te begin afstroop van die smaaklike plant waneer
daar nie meer ander kos is nie. Jaag hulle uit as die kos min raak.
VUUR:
• Boom lusern is ‘n droogte en brand buffer. Groen plante brand nie en maak uitstekende brandbane. Die vuur
brand tot by hom en brand dan dood. Groen bome brand nie.
DROOGTE:
• In droogte “myn” die plant en fungi vorige jare se grondvog 10 meters diep en 15 meters wyd en presteer asof
dit ‘n nat jaar is. Jy het ‘n benutbare reserwe water in die droogte, in jou grond!
• Die plant verskaf ook baie goeie beskerming teen ysreen en yswind en uitermatige koue as ‘n windskerm. Dit
verhoed erosie.
7
LAMMERS:
• Boom Lusern vervang basies hand en wei mielies. Ooie kan op die boom lusern loop en hulle lammers
grootmaak in die tradisionele dor lam seisoen.
• Boom lusern se voedingspeil laat ‘n 12 maande lam periode toe.
• Boom Lusern = Meerlinge = wins.
• Die verskil tussen boom lusern en tradisionele konvensionele weidings gewasse is dat dit geld in die boer se
sak sit, instede van die kunsmis maatskappy, die saad maatskappy, die diesel maatskappy en die trekker
maatskappy, die baaltou handelaar en die stoor verskaffer. Daar is minder vermorsing en meer
voedingswaarde aan ‘n lewendige plant.
• Hoekom pille maak as jy kan lewendige groenvoer gee. Hoekom vermorsing, moeite, koste en risiko loop
indien jy met ‘n eenmalige aanplanting vir jou 60 -80 jarelange voeding kan vestig. Die Ram, die Bul en die
Boom Lusern moet werk.
8
Lam kampie Boom lusern met ogiesdraad toegespan vir Skaap Ooie, Perde, Lama’s, Apacha’s en selfs Buffels en
wilde diere.
WEI STRATEGIE:
• Die skaap tipe boom lusern is die heel beste vir kleinvee omrede dit struikagtig in vorm is en nie te hoog kan
groei vir kleinvee nie. Beide die bees en skaap tipe kan egter deur beide grootvee en kleinvee gewei word,
met die bees tipe wat meer algemeen beskikbaar en bekostigbaar is. Die skaap tipe se saad is baie skaars
en is eers onlangs geteel.
• Die beste strategie is drukbeweiding in ‘n roterende stelsel, waar die skaap vir 6 weke op die boom lusern
kan loop en dit dan weer vir 6 weke rus, waarna dit weer gewei kan word.
• Wat belangrik is, is dat alle blare nie afgevreet word en die bas van die struike afgestroop word omrede dit so
smaaklik is nie. As die boom lusern kos min raak, jaag die vee uit en laat die plant herstel. Die boom lusern
groei dan net nog meer verbete, en die mis van die diere dien as natuurlike kunsmis en kompos wat deur die
baie mikro organismes in die grond benut word. Drakrag hou dan aan styg jaar vir jaar agv toenemene
standhoudende grondgesondheid. Baie neem die stikstof en mikrobes in die grond toe, asook die humus,
koolstof, water retensie en dies meer. Kyk die prentjies indien jy nie verstaan nie.
• Met tyd neem drakrag toe, tipies van 1 na 10 skape per hektaar in die 550mm reenval zone op diep sand, en
dan na so 5 jaar op na 15 skape per ha, en na 10 jaar na ongeveer 20-25 skape per ha per jaar drakrag. Dit
is soos die grondgesondheid toeneem en mis wegsak en komposteer met die geweldige baie stikstof wat die
plant produseer. Soos die mikrobviese lewe en koolstiof, water retensie en erdwurms in die grond meer word,
verhoog drakrag. Die lang termyn ideaal is gesonde herstelde grond wat intens in groot getalle gewei en
bemis word, met ‘n gesonde herstel fase vir die plant elke paar weke. Drup besproeing tot by 3500mm water
is ook moontlik wat tot 35 ton boom lusern per hektaar moontlik maak. Dit is sinvol om voeding via die water
by te voeg. Meer water verkort die herstel periode aansienlik, en verhoog drakrag (!).
• Die maksimum wins strategie is om van tyd tot tyd fosfaat kunsmis (Superfosfaat) by te voeg tot die plant
omrede dit maksimum diereprestasie moontlik maak. Die diere sit dan die meeste gewig moontlik aan. Tipies
9
word daar n 1kg meer gewig per bees aangesit vir elke addisonele kg superfosfaat wat toegedien word per
ha.
• Onthou egter dat die plant dit wat deur die jare uitgeloog het gaan “myn” en hergebruik. Die kern vraag is
watter vog en grondstowwe is daar binne 10 meters diep en 15 meters wyd om die plant? Dit bepaal
prestasie, met water as die beperkende faktor. Ou lande kan baie ekonomies presteer as gevolg van die
kunsmis geskiedenis lekker diep uitgeloog. Onthou, die plant maak sy eie stikstof en dis nie nodig om dit toe
te dien nie.
VERVUIL DIE PLANT?
• Nee. Die rede is dat die plant nie nie blomme of peule maak waneer dit deur vee bewei word nie. Die plant
skrik en sit al sy groei in nuwe lote in, wat dan weer afgevreet word. Dan skrik die plant sy gat af en groei vir
‘n vale, en so hrhaal die proses me boom lusern as a weidings gewas. Hoe meer die plant gevreet word, hoe
meer verbete groei dit.
Opslag word ook onmiddelik doodgevreet deur weidende diere.
• Bye is baie lief vir die blomme van aleen staande lusern bome.
• Hase, konyne en voeltjies is ook baie lief vir die plant.
• Jou probleem is nie dat die plant mettytd vervuil nie, maar eerder dat jy 'n uitdaging het om dit die eerste maal
gevestig te kry omrede al wat 'n dier is dit sou afwei indien hulle kon.
• Span dit toe en maak die hek goed vas. Die beste raad is om genoeg te vestig dat jy voorkom en dat n enkele
dier nie als opvreet nie.
• Boom lusern kan na so 10 maande die eerste keer ligweg bewei word om struikagtigheid te bevorder.
IMPAK OP DRAKRAG
• Dit word aanbeveel dat ‘n mens so 10% van jou grond met boom lusern plant teineinde jou drakrag met vee
te verdubbel. Dit is veral moontlik omrede gras op kritieke tye gerus kan word. Dit bied dan n buffer in droogte
jare en is ‘n effektiewe bestuurs opsie. Waneer ander diere verkoop in droogte jare, koop jy aan.
• Die mees ekonomiese aanwending is om bv speenkallers te koop, vet te maak en dan te verkoop, sonder
sentiment of jou eie aanteel kudde. Draai soveel diere soos jy kan, met ‘n kg per dier per dag fokus, vir 12
maande van die jaar. Dink voeromset, nie aanteel.
10
• Die tipiese verbetering is van veld wat 1 skaap per ha kan dra na 10-15 skape drakrag per ha. Dis ‘n
voerkraal in die veld vir 12 maande van die jaar. Maksimum wins kom met maksimum benutting. Jou eie
aanteel is dalk effe min en effe stadig. Rond af vir ander indien dit sin maak. In Australia is daar duisende
hektare boom lusern wat vir afronding beskikbaar gemaak word en waar die eienaar 30% van die
gewigstoename as betaling ontvang. Dit werk, veral in die winter, en veral in droogte.
• Die beste plek om dit te vestig is binne in bestaande graslande en reeds aangeplante weidings. Basies word
1/3 van die land in rye gedis en dan word daar met ‘n “auger” gate gemaak. Boom lusern word dan op die 1/3
geplant (700-1200 plante per ha). Die gras wat verloor word, word in volume opgemaak deur die 2/3 gras wat
oorbly. Die rede hiervoor is die 100N se stikstof wat die boom lusern tot die hele land toevoeg, gratis, elke
jaar, as stikstof bemesting. Water is die beperkende faktor.
• Die ander 1/3 is groenvoer, tipies boom lusern lote wat n hele paar keer ‘n jaar afgewei kan word, dan loop
die plant weer uit. Dis die nodig om te baal nie, omrede dit vars bewei kan word sonder enige vermorsing of
meganiese kostes en slytasie.
• Dit is baie goedkoper om vertikaal uit te brei as om grond by te koop-met ‘n plant wat ‘n eenmalige vestiging
behels, en wat dan elke jaar amper kosteloos gewei kan word, teen die effek van gewone lusern. Beheer en
bestuur is ook makliker en goedkoper.
• Dis makliker om 15 skape op 1 hektaar te bestuur, as om 15 skape op 15 hektaar te bestuur. Dis die beste
om 100 skape op 1 hektaarboom lusern vir net 30 dae te bestuur, in 12 kampies van 1 hektaar elk, reg deur
die jaar. Jaag hulle elke 30 dae na die volgende kampie.
• Dis goedkoper om dit wat jy reeds het maksimaal te laat produseer, as om nuwe grond te moet beykoop teen
heersende mark pryse. Werk uit wat kos 1 hektaar se boom lusern en wat kos 1 hektaar se grond. Die politiek
leen hom tot vertikale uitbreiding. Dis goedkoper om jou grondgesondheid te herstel, met ‘n plant wat
mikrobiese lewe voed en gratis stikstof uit die atmosfeer oes, as om dit uit ‘n sakkie te moet finansier en
uitstrooi, met die lang termyn negatiewe gevolge (dooie erdwurms, verbrakking en verdigting van grond etc).
• Die heel beste metode om wins te genereer is om hulpbronne meer doeltreffend te benut. Vertikale
uitbreiding waar vog en uitgeloogte historiese grondstowwe 10 meters diep gedelf en benut word is meer
sinvol as om meer hektare veld gras te wil aankoop en ekstenstief te benut.
• Die gras benut die boonste 30 cm water ondergronds, die boom lusern die onderste 10 meter water. Indien
iets soos Honey Locut bome ook aangeplant word benut dit waters tot 60 meters diep. Dit is ‘n baie meer
produktiewe status waar jy gras, struike en bome in een aanplanting het, as om slegs op n enkel gewas te
fokus wat nie die totale vog en grond diepte ten volle benut nie.
• Boom lusern is ‘n kopskuif wat inpas by organiese veeboerdery, standhoudend, met die minimum insette en
die maksimum uitsette, waar jy meer in die grond inset op ‘n natuurlike wyse as wat jy daaruit haal. Jy boer
met erdwurms, mirkrobes, plante en diere, en strewe na ‘n gebalanseerde ekosisteem wat maksimaal die
energie van die son omsit in vleis
VOORDELE VAN VERTIKALE UITBREIDING
• Dis makliker om 15 skape op 1 hektaar te bestuur, as om 15 skape op 15 hektaar te bestuur. Dis die beste
om 100 skape op 1 hektaarboom lusern vir net 30 dae te bestuur, in 12 kampies van 1 hektaar elk, reg deur
die jaar. Jaag hulle elke 30 dae na die volgende kampie.
• Dis goedkoper om dit wat jy reeds het maksimaal te laat produseer, as om nuwe grond te moet beykoop teen
heersende mark pryse. Werk uit wat kos 1 hektaar se boom lusern en wat kos 1 hektaar se grond. Die politiek
leen hom tot vertikale uitbreiding. Dis goedkoper om jou grondgesondheid te herstel, met ‘n plant wat
mikrobiese lewe voed en gratis stikstof uit die atmosfeer oes, as om dit uit ‘n sakkie te moet finansier en
uitstrooi, met die lang termyn negatiewe gevolge (dooie erdwurms, verbrakking en verdigting van grond etc).
11
• Die heel beste metode om wins te genereer is om hulpbronne meer doeltreffend te benut. Vertikale
uitbreiding waar vog en uitgeloogte historiese grondstowwe 10 meters diep gedelf en benut word is meer
sinvol as om meer hektare veld gras te wil aankoop en ekstenstief te benut.
• Die gras benut die boonste 30 cm water ondergronds, die boom lusern die onderste 10 meter water. Indien
iets soos Honey Locut bome ook aangeplant word benut dit waters tot 60 meters diep. Dit is n baie meer
produktiewe status waar jy gras, struike en bome in een aanplanting het, as om slegs op n enkel gewas te
fokus wat nie die totale vog en grond diepte ten volle benut nie.
• Boom lusern is ‘n kopskuif wat inpas by organiese veeboerdery, standhoudend, met die minimum insette en
die maksimum uitsette, waar jy meer in die grond inset op n natuurlike wyse as wat jy daaruit haal. Jy boer
met erdwurms, mirkrobes, plante en diere, en strewe na ‘n gebalanseerde ekosisteem wat maksimaal die
energie van die son omsit in vleis
SILVOPASTURE
Dit is n vertakking van bosbou waar boom en struik gewasse deur vee benut word. Boom Lusern aanplantings
resorteer onder die tipe Boerdery. Jy is ‘n veeboer wat met mikrobiese grondlewe liewe boer, wat jou erdwurms voed.
Jou gesonde grond voed jou plante (gras boom en struik). Die plante voed jou vee, en die vee voed jou bank
rekening. Die gedagte is om ‘n kapitale inset te vestig wat ‘n lang termyn kapitale rendement lewer, en wat jou kinders
se kinders eendag gaan benut. Die kern fokus is egter kapitaal onder die grond, deur meer in te sit as wat mens
uithaal. Boom lusern is die sleutel tot hierdie kopskuif. Die ekonomiese perspektief is eenmalige vestiging met
jaarlikse benutting vir 60-80 jaar lank deur vee. Dis die minste risiko vir jou vee faktor, droogte ryp en vuur bestand.
Dit is n organiese manier van boer wat ekonomies baie meer sin maak as om elke jaar chemiese kunsmis oor
aangeplante weidings uit te strooi. Dit maak meer sin as om te sny en te baal elke jaar. Vestig die boom lusern, laat
dit jou gras voed, en wei dit as ‘n lewendige hooimied waneer jy dit die nodigste het.
Boom Lusern van naderby
12
Boom Lusern korrek geplant en bestuur
Boom lusern tydens droogte waneer geen ander groenvoer beskikbaar is nie
DIE GROOTSTE PROBLEEM MET VESTIGING VAN DIE LUSERN BOOM:
• Boom Lusern is poeding, en kan veral deur hase, duikers en ystervarke gevreet word waneer dit ‘n baie klein
plantjie is. Indien via saad gevestig moet sulke probleem diere voor die tyd beheer word. In een Woord, PMP.
• Wanneer ‘n mens saailinge vestig is dit ‘n baie meer geharde plantjie wat reeds oor die mees kritieke fase is
(waar ‘n tarentaal bv die plantjie afknip of ‘n haas dit uittrek). Hou egter alle weidiere weg van die aanplanting
om maksimale groei te bewerkstellig. Dit sit die plantjie terug as dit vroeg gevreet word.
• Die tweede groot probleem is ander plante soos veldgras wat water steel. Dis ‘n strook so 2 meters wyd of
spuit Round-up 2 meters wyd en maak alle gras dood. Dit verseker dat daar maksimaal water beskikbaar is
vir die plant se vestiging. Dit is kritiek in jaar een.
1. Kostes en plant Opsies:
1-2 Hektaar:
o Saailinge teen R7 per saailing (bees tipe).
o Saailinge Skaap tipe R10
o Saad R5 per saadjie (bees tipe)
o Saad R7 per saadjie (skaap tipe)
5-10 Hektaar:
13
o Vir saad tussen R10 000 en R19 999 is dit R2 per bees tipe saadjie (500-1000 bome per hektaar
aanbevole plant digtheid).
o R10 000 koop dus 5000 bees tipe saadjies (genoeg vir 5 hektaar). Dis genoeg vir 5-10 hektaar.
o R10 000 koop 2000 skaap tipe saadjies. Dis genoeg vir 2-4 hektaar.
20-40 Hektaar:
o R20 000 koop 20 000 bees tipe saadjies (genoeg vir 20-40 hektaar).
o Dit word aanbeveel dat Boereverenegings en Produsente groepe saam bestel vir hefboom krag en dit
onder mekaar verdeel in kleiner hoeveelhede.
o Skaap tipe is R5 per saadjie.
40 Hektaar en groter:
o R1 per saadjie, dus R500-R1000 per hektaar vir bees tipe.
o R5 per saadjie vir die skaap tipe. Dus so R2500 per hektaar.
Aanbeveling plant metode:
o Kyk na on Download seksie vir meer inligting oor hoe om te plant.
o Plant die saad direk in die grond so 1-2 cm diep. Tipies in n rip rye of saadbed, of bo op n auger gat.
o Vul die haasbekrye (plante wat dit nie maak nie, dalk doodgevreet word deur wilde diere en peste)
later aan met so 10% saailinge wat U self maak en in reserwe hou.
Bestel Prosedure en kontak nommers.
Algemene Informasie
16. Vir kommersiele bestellings van 500 plante of meer (0.5 tot 1 Hektaar @R3500) kontak ons: Justice Malanot
+27 82 3245982 of gebruik die bestel vorm hieronder
17. Bank rekening: ABSA Tak: Brooklyn Pretoria Tjek Rekening #: 4059501706 Dit is die enigste rekening wat
gebruik word vir bestellings. Naam van die Rekening is Bushmail Pretoria trading as Tree Lucerne.
18. Verwysings Nommer: Jou Naam .
19. Email Bewys van Betaling na [email protected] met jou kontak besonderhede en die bestellings
besonderhede.
20. Ons werk op n "progressive number" sisteem en eerste in is eerste uit. Kry jou nommer en bevestiging van jou
bestellings en lewerings details.
21. Laat n 2-4 weke bestellings periode toe en berei solank U lande voor (maak gate, maak nat, maak die gras en
hase dood, skiet die probleem diere, maak die drade reg, gooi n handjie fosfaat kunsmis in elke gat en n bietjie
kompos, dalk kalk).
22. Ons verwag van kliente om die plantjies self te kom haal in Bothaville, of om met ons te koordineer rakende
vervoer. Die vervoer is vir U koste. Ons dra pos kostes vir saad.
23. Plante word aan U gelewer met entstof vir maksimale prestasie reeds toegevoeg.
24. Die plante kom in 2 liter sakkies en dit word aanbeveel dat U dit spoediglik uitplant deur die sakkie om te dop en
die saailing in sy bestaande plantsakkie grond in die gat te vestig.
14
25. Onthou, boom lusern groei die beste in goed gedreineerde grond met n PH van 4-8 en meer as 300mm reen.
Dis die ideaal, maar dis nie kritiek nie. Bly egter uit vleie en plekke waar die wortels sal versuip. Indien daar baie klei
is, boor die plant gat n meter diep. Loer gerus na ons Downloads seksie vir meer agtergrond inligting.
26. Koordineer met ons vir n faktuur van Bushmail Pretoria trading as Tree Lucerne.
27. Vir navrae rakende saailinge bel vir Anton Kordier 0833751537 op Bothaville, of vir Michris Janse van Rensburg
op Bultfontein op 0734544111.
28. Vir bestellings van R10 000 en meer bel Justice Malanot op 082 3245982. Ons is ook oop vir Strategiese
Samerwerkingsooreenkomste in SA en in buurlande.