Upload
others
View
2
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
SUID-AFRIKA KANTOOR: Posbus 242 Carnarvon NK 8925 [email protected] +27(12)807 2763 +27(83)628 6488/+27(84)506 3399 Kontak asb kantoor vir bankbesonderhede
Boodskap van Mike Burnard, INcontext International
Ons het gister van ’n lewens-veranderende besoek aan
Sirië teruggekeer. Woorde kan op hierdie oomblik nie ons
harte en emosies beskryf nie. Ons het die moedigste,
toegewydste, vriendelikste, vrygewigste en gasvryste mense
ontmoet wat ons oorlaai het met liefde en inspirasie. Ons
het ’n lewende Kerk gevind. Ons het gevind lig vrees nooit
vir duisternis nie. Ons het lewende stene gevind tussen die
geraamtes van geboue. Ons het blomme by die grafte
gevind. En ons het die Lewende God Self gevind wat
woon tussen die mense van Sirië (Open 21:3-5). Ons het
God gevind wat besig is om alles nuut te maak.
Dankie aan al die heiliges wat ons in Sirië ontvang het,
aan ons helde van Libanon wat ons begelei het, en ons
vriende van oor die wêreld wat ons in gebed vergesel het.
Verenig asb saam met ons in voortdurende gebed
waar ons Sirië voor die troon van God bring. Bid vir
die Kerk, die mense en die leierskap. Bid vir vrede. Bron: Mike Burnard, INcontext International
Christenskap se bestaan in Sirië word bedreig
In vennootskap met Libanese Christen leiers, wat hul lewens waag
om Sirië te besoek wanneer omstandighede dit toelaat, beoog
INkonteks om kos, klere, medisyne en ander basiese lewensmiddele
aan die Kerk in Sirië te voorsien.
Met die oorlog in Irak en Sirië steeds onopgelos, fokus die media hoof-
saaklik op die onseker uittog na Europa wat baie onderneem, en op
die moeilike lewensomstandighede van baie wat in kampe in Libanon,
Jordanië en Turkye vasgevang is. Meeste finansiële hulp en gebede
fokus op hierdie gebiede. En met reg: die 65.3 miljoen migrante is die
‘storie van ons tyd’ en vereis ontsteltenis en aksie.
Maar wat van dié wat agtergebly het? Daar word
min gepraat van die agtergeblewenes, en hulle het
net soveel (of meer) hulp nodig as die vlugtelinge.
Lees volledige artikel:
https://www.incontextinternational.org/project-hero/
Kopiereg © 2018 SAT-7 www.sat7sa.org www.sat7.org
www.sat7uk.org
Wêreldwyd assossieer mense outomaties die Arabiese taal
met die Islam geloof. Dit is ook waar van die mense in
Turkye waarvan 98 present van die bevolking Moslems is.
Die dokumentêre program, Mersin Ortodokse Kerk Paasfees
is gedurende Paasfees uitgesaai om hierdie persepsie uit te
daag. Die program het ses pragtige Arabiese liedere, wat
die lewe van Jesus Christus besing, ingesluit.
“Mense was sekerlik aanvanklik geskok en verbaas om
Christelike liedere in Arabies te hoor. Hulle kon nietemin
ervaar hoe Christene hul gevoelens uitdruk en die Arabiese
lirieke deur middel van subtitels volg,” vertel Yazıroğlu,
SAT-7 TÜRK se Vervaardiger van die program.
Daar is baie verskillende etniese Christen groepe en
denominasies in Turkye, en elkeen vier Paasfees verskillend.
Nietemin is die kernboodskap, dat Jesus opgestaan het uit
die dood, vir almal dieselfde.
“In hierdie dokumentêr wou ek die Christelike boodskap
in die Ortodokse kultuur met sy eiesoortige liturgie en
rituele, illustreer. Ek wou geleentheid vir die Ortodokse
Christene skep om te verduidelik wat hulle doen en wat dit
beteken,” verduidelik Yazıroğlu.
Daar is nie baie inligting oor die Ortodokse geloof
beskikbaar in Turkye nie en misverstande is algemeen.
Die dokumentêr spreek wanpersepsies aan wat mense in
Turkye mag hê.
Hierdie SAT-7 TÜRK dokumentêr is in lyn met die
bediening se doelwit om begrip en eenheid tussen
verskillende Christen denominasies en etniese groepe
in die MENA streek te bevorder
“Met hierdie dokumentêr wou ek geleentheid skep vir
openlike bespreking waar mense mekaar nie oordeel nie,
maar wil leer van ander,” verduidelik Yazıroğlu verder.
BID
Bid vir die Christene in Turkye; vir hul veiligheid, vry-
moedige getuienis en eenheid tussen denominasies.
Bid dat God vooroordeel teen Christene sal afbreek.
Mei 2
01
9
INkonteks span in Sirië
In Sy getrouheid en genade, hou God aan om op on-
verwagte maniere na individue uit te reik. Rad, ’n kyker
in Afghanistan, het SAT-7 gekontak in sy soeke na
antwoorde nadat hy ’n ontmoeting met God gehad het.
“Sowat ses maande gelede het ek dieselfde droom twee
keer in dieselfde week gedroom, iets wat ek baie vreemd
gevind het. Ek het gedroom ’n hand reik na my uit, en
hoewel ek nie die person se gesig kan terugroep nie,
onthou ek die stem wat met my gepraat het. Die stem
was warm en innemend. Hy het gesê: ‘Kom na my toe,
my kind.’”
“Ek het desperaat probeer uitvind wat my drome be-
teken en het oral gevra, maar nie een van die antwoorde
wat ek gekry het, was oortuigend nie. Ek was op die punt
om op te gee toe ek toevallig ’n SAT-7 PARS program
gekyk het. In die program het hulle oor Jesus gepraat
wat gesê het: ‘Kom na my toe almal wat vermoeid en
oorlaai is’. Ek het geweet dit is die uitleg van my droom!
Ek moes eenvoudig meer oor die Christelike geloof
uitvind. Ek het julle nommer gekry en julle gekontak,
want ek wil Jesus Christus volg, as kind van God.”
Rad het ’n Bybel en boeke gekry om hom te help
om die Christelike geloof beter te verstaan. Hy is ook
in gereelde kontak met die SAT-7 PARS span wat hom
bystaan in sy baie vrae.
Bid asb vir Rad en ander soos hy, waar hul God se
soekende liefde ontdek. Bid dat God sal voortgaan
om mense in die MENA se lewens te verander.
Bid asb vir ons kykers
terwyl jy hul boodskappe lees:
KYKER IN TURKYE
“Ons woon nou reeds vyf jaar as vlugtelinge in
Turkye. Ons hoop en sterkte is in die Here. Bid asb
dat ons hierdie jaar ’n permanente tuiste sal kry.”
KYKER IN IRAN
“Nadat ek my lewe aan Christus oorgegee het, het
ek dwelms gelos, ophou rook en ander na Christus
gelei. Ek is gearresteer en was tien dae in eensame
aanhouding gewees, maar ek dank Christus vir wat
Hy vir my gedoen het.”
KYKER IN SIRIË
“Moet ons bly of moet ons gaan? Bid vir my en my
man om te weet wat God se wil vir ons is. Wat ons
ookal besluit, dit sal moontlik nie maklik wees nie.”
KYKER IN EGIPTE
“My vrou is verslaaf aan dwelms en nie in staat
om vir ons drie kinders te sorg nie. Bid dat sy Jesus
sal ontmoet en gewillig wees om ’n rehabilitasie
program te volg.”
23 JAAR SEDERT SAT-7 SE EERSTE UITSENDING
Loof God vir die toenemende geleenthede wat
Hy SAT-7 gee om Sy liefde sigbaar te maak in
die Midde-Ooste en Noord-Afrika.
Bid asb vir ons kykers
terwyl jy hul boodskappe lees:
KYKER IN IRAN
“Nege kerklidmate is onlangs gearresteer. Die valse
aanklagtes teen hulle is ernstig. Bid vir hulle vry-
moedigheid, innerlike vrede en vrylating.”
KYKER IN IRAK
“Ek het teruggekeer na my tuisdorp, maar ons huis
is net ’n murasie. Daar is feitlik geen elektrisiteit of
water nie. Vra God om ons die wilskrag en voor-
rade te gee om te herbou.”
KYKER IN TURKYE
“Vrede vir julle. Ek kyk gereeld na jul programme.
Bid asb vir my seun. Hy is, op grond van sy geloof,
die slagoffer van afknouery by sy werksplek.”
KINDERKYKER IN JEMEN
“Kan ek vriende wees met julle? My vriende het
my gelos omdat ek Jesus liefhet.”
(Bid vir hierdie jong kind om vertroosting en vriende te vind.)
NUWE GELOWIGES
Visioene, drome, satelliet TV, en internet
bedieninge bring duisende nuwe gelowiges in.
Ongelukkig is ervare leiers wat hul kan help om
geestelik te groei skaars in die MENA lande.
Bid vir opgeleide werkers om hierdie nood aan
te spreek.
Foto slegs vir illustrasie doeleindes