3
-bl 2 van 2 OKTOBER 2016 BOEDELBEPLANNING EN TESTAMENTE Weet u waar u Testament is? Het u na u egskeiding ‘n nuwe testament opgestel? Het u al ‘n volledige boedelbeplanning laat doen? Met die jaar wat nou vinnig einde se kant toe staan, is u testament seker die laasste saak waaraan mense nou wil dink. Tog kan ‘n tydjie wat jy nou hieraan spandeer werklik die lewe vir u erfgename aansienlik vergemaklik. Moenie ‘n leeftyd aan jou boedel bou en dan nie tyd en geld spandeer om jou testament profesioneel te laat opstel en boedelbeplanning te doen nie. Dit is belangrik om te bepaal of u wense prakties uitvoerbaar is en of daar genoegsame kontant gaan wees om die beredderingsproses af te handel. Die eerste en belangrikste aspek is om ‘n eksekuteur aan te stel. Wanneer u oorweeg wie die persoon moet wees, moet u die volgende oorweeg: - Ken die persoon die familie en die testeur/-trise se situasie. - Het die persoon ondervinding om ‘n boedel te beredde. Dit help nie u stel u eggenoot/-note aan en die persoon het geen ondervinding nie. Tydens ‘n rouproses neem persone gewoonlik nie die beste besluite nie en daarom is my advies om die persoon die tyd te gee om te rou, sonder om hierdie groot verantwoordelikheid te dra. - Vertrou u die persoon, dat hy/sy u wense en wil sal uitvoer en die boedel so gou as moontlik sal afhandel om sodoende die finansiële bekommernisse van die erfgenename te beperk. Tweedens is dit belangrik om boedelbeplanning te doen. Onthou boedelbeplanning is skuiwe wat jy doen terwyl jy nog leef, om sodoende boedelbelasting en bereddering van boedel te vergemaklik en so koste effektief moontlik te doen. Jy moet ook met die beplanning voorsiening maak vir jou aftrede. Die volgende sake moet hier oorweeg word: - Besit u ‘n besigheid? Maak seker u bemaak die besigheid aan iemand wat die kennis en belangstelling het om die besigheid winsgewend te bedryf. Onthou as u bekwame sleutelpersoneel indiens het, moet u ook hierna kyk. Die persone gaan vinnig deur die kompetisie opgeraap word na u afsterwe, wat dan beteken dat die besigheid moontlik gaan sluit. Indien u erfgename nie die besigheid sal kan voortsit nie, oorweeg dit om koop- en verkoop polisse uit te neem op sleutelpersoneel se naam, sodat so ‘n persoon die besigheid kan oorneem en die opbrengs van die polis aan u erfgenaam betaal word. - U ken u familie, u weet wie gaan saam kan werk in besigheid en wie nie. Sorg dat u besluite familie harmonie sal meebring. -bl 1 van 2

BOEDELBEPLANNING EN TESTAMENTEsonjasteenkampaccountants.co.za/wp-content/uploads/2016/...o Likwiditeit van die boedel ,maw is daar genoegsame kontant in boedel om die oordrag van vaste

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: BOEDELBEPLANNING EN TESTAMENTEsonjasteenkampaccountants.co.za/wp-content/uploads/2016/...o Likwiditeit van die boedel ,maw is daar genoegsame kontant in boedel om die oordrag van vaste

-bl 2 van 2

OKTOBER 2016

BOEDELBEPLANNING EN TESTAMENTE

Weet u waar u Testament is? Het u na u egskeiding ‘n nuwe testament opgestel? Het u al ‘n volledige

boedelbeplanning laat doen?

Met die jaar wat nou vinnig einde se kant toe staan, is u testament seker die laasste saak waaraan mense nou

wil dink. Tog kan ‘n tydjie wat jy nou hieraan spandeer werklik die lewe vir u erfgename aansienlik

vergemaklik. Moenie ‘n leeftyd aan jou boedel bou en dan nie tyd en geld spandeer om jou testament

profesioneel te laat opstel en boedelbeplanning te doen nie.

Dit is belangrik om te bepaal of u wense prakties uitvoerbaar is en of daar genoegsame kontant gaan wees

om die beredderingsproses af te handel.

Die eerste en belangrikste aspek is om ‘n eksekuteur aan te stel. Wanneer u oorweeg wie die persoon moet

wees, moet u die volgende oorweeg:

- Ken die persoon die familie en die testeur/-trise se situasie.

- Het die persoon ondervinding om ‘n boedel te beredde. Dit help nie u stel u eggenoot/-note aan en die

persoon het geen ondervinding nie. Tydens ‘n rouproses neem persone gewoonlik nie die beste besluite nie

en daarom is my advies om die persoon die tyd te gee om te rou, sonder om hierdie groot

verantwoordelikheid te dra.

- Vertrou u die persoon, dat hy/sy u wense en wil sal uitvoer en die boedel so gou as moontlik sal afhandel om

sodoende die finansiële bekommernisse van die erfgenename te beperk.

Tweedens is dit belangrik om boedelbeplanning te doen. Onthou boedelbeplanning is skuiwe wat jy doen

terwyl jy nog leef, om sodoende boedelbelasting en bereddering van boedel te vergemaklik en so koste

effektief moontlik te doen. Jy moet ook met die beplanning voorsiening maak vir jou aftrede. Die volgende

sake moet hier oorweeg word:

- Besit u ‘n besigheid? Maak seker u bemaak die besigheid aan iemand wat die kennis en belangstelling het

om die besigheid winsgewend te bedryf. Onthou as u bekwame sleutelpersoneel indiens het, moet u ook

hierna kyk. Die persone gaan vinnig deur die kompetisie opgeraap word na u afsterwe, wat dan beteken dat

die besigheid moontlik gaan sluit. Indien u erfgename nie die besigheid sal kan voortsit nie, oorweeg dit om

koop- en verkoop polisse uit te neem op sleutelpersoneel se naam, sodat so ‘n persoon die besigheid kan

oorneem en die opbrengs van die polis aan u erfgenaam betaal word.

- U ken u familie, u weet wie gaan saam kan werk in besigheid en wie nie. Sorg dat u besluite familie

harmonie sal meebring.

-bl 1 van 2

Page 2: BOEDELBEPLANNING EN TESTAMENTEsonjasteenkampaccountants.co.za/wp-content/uploads/2016/...o Likwiditeit van die boedel ,maw is daar genoegsame kontant in boedel om die oordrag van vaste

-bl 2 van 2

- Verder moet daar ook gekyk word na

o Bate beskerming

o Likwiditeit van die boedel ,maw is daar genoegsame kontant in boedel om die oordrag van vaste

eiendom te doen

o Beheer versus buigbaarheid. Dit beteken dat jy nooit 100% beheer van jou bates weggee (gee bv

bates vir Trust) net om belasting te spaar nie, betaal dan eerder die belasting.

o Neem ook kapitaalwins en ander belastings in ag, sodat genoegsame kontant beskikbaar is.

Derdens moet daar na die volgende sake gekyk word in die testament:

- Moenie uit die graf uit probeer regeer nie, dit plaas onnodig spanning op erfgename

- Benoem voogde vir minderjarige kinders

- Indien moontlik, bly weg van vruggebruik

- Moenie ‘n vaste eiendom aan meer as een persoon laat vererf nie, dit is beter om die eiendom dan aan ‘n

trust te bemaak met erfgename as begunstigdes.

- Maak seker jou testament is geldig. Indien die testament ongeldig is, sal jy intestate sterf

- As daar spesifieke wense is byvoorbeeld waar u organe geskenk moet word, meld dit in die testament.

Onthou ook om u eksekuteur te raadpleeg oor ‘n “lewende testament”, waarin u wense bepaal indien u in

toekoms byvoorbeeld in ‘n situasie sal verkeer waar u onbevoeg is om besluite te neem.

Ter afsluiting onthou elke testament behoort jaarliks hersien word

Bydrae gelewer deur: Sonja Steenkamp, Professionele Rekenmeester SA, Professionle Belastingpraktisyn SA

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingsblad en moenie as professionele advies beskou word nie.

Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige foute, verlies of skade as gevolg van die gebruik van die inligting vervat in

die artikel nie. Kontak ons kantore vir konsultasie indien u gespesialiseerde advies benodig.

Page 3: BOEDELBEPLANNING EN TESTAMENTEsonjasteenkampaccountants.co.za/wp-content/uploads/2016/...o Likwiditeit van die boedel ,maw is daar genoegsame kontant in boedel om die oordrag van vaste

-bl 2 van 2

-bl 2 van 2