43

Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,
Page 2: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

2

GEESTELIKE DEKKING Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking van:

• El Shaddai Christelike Kerk, Durbanville Pastoor Ken Turner

• Hatfield Gemeente, Vaaldriehoek

Pastoor Eddie Gibbens

• Intercessors International Noël Bell, Australië

Daar is geen kopiereg op hierdie materiaal nie. Geen gedeelte van hierdie materiaal mag egter gereproduseer en/of aangebied word vir persoonlike gewin nie. Alle regte van hierdie materiaal word voorbehou om die Koninkryk van die Here Jesus Christus alleenlik te bevorder. Gepubliseer deur Kanaän Bedieninge Posbus 15253 7506 Panorama Kaapstad, Suid-Afrika Vir verdere inligting of die plaas van ‘n bestelling, kontak ons asb. by: Posbus 15253 John Vorsterrylaan 27 Panorama Plattekloof Uitbr. 1 7506 Parow 7500 Kaapstad Kaapstad

Suid-Afrika Suid-Afrika Tel: (+27) (021) 930 7577 Faks: (+27) (021) 930 7070 E-pos: [email protected] Kantoorure: 9 vm. – 3 nm.

Page 3: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

3

INHOUD

Bladsy Voorwoord 4 Deel I: Alle Aspekte van Outoriteit en Rangorde

1. Parameters / Definitiewe Sfeer van Goddelike Outoriteit 5 2. God se Soewereiniteit as Regter 6 3. Die Wysheid van Selfbeheersing / Bedwang 7 4. Die Fout van Verguising / Uitkryting 8 5. ‘n Valse Magsgevoel 9 6. God se Gedelegeerde Outoriteit 12 7. ‘n Hemelse Weermag 13 8. Strategie is Nodig (Geestelike Kartering) 14 9. Wat sê God oor Geestelike Outoriteit 15 10. Gedelegeerde Outoriteit 16 11. Outoriteit van die Liggaam 18 12. Drie vereistes vir Gedelegeerde Outoriteit 19 13. Verskillende Gedelegeerde Outoriteite 20 14. Midde in Oorvloedige Wetteloosheid 23 15. Ons Persoonlike Verhoudings 24 16. Drie Onbuigsame Opdragte 25

Deel II: Praktiese Toepassing van Outoriteit en Rangorde 26

1. Rangorde: Is dit Skriftuurlik? 26 2. Praktiese Toepassing 28 3. Outoriteit in die Area waar jy woon 29 4. Internasionale Outoriteit 30 5. Outoriteit en Rangorde in die Okkulte 30

Deel III: Territoriale Oorlogvoering 32

1. Proklamasies vs Oorlogvoering oor Territoriale Gebiede 32

2. Territoriale Oorlogvoering 34 3. Fondasies van die Vesting 35 4. Toring van Boosheid 35 5. Stad en Berg van God 36 6. Boosheid Gewortel in die Geskiedenis 38 7. God se Weermag in Geestelike Oorlogvoering 38

Slotsom 42 Bronne 43

Page 4: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

4

OUTORITEIT EN RANGORDE IN DIE KONINKRYK VAN GOD Hoe om te Lewe in ons Gedelegeerde Outoriteit

VOORWOORD Ek het hierdie boekie geskryf om ‘n paar insigte i.v.m. geestelike oorlogvoering te deel en om ‘n woord van onderskeiding aan te bied. Ek doen dit met nederigheid, omdat ek nie daardeur te kenne wil gee dat ek oor AL die antwoorde beskik i.v.m. geestelike oorlogvoering nie. Allermins. Ek hoop dat u die onnodige hartseer sal kan vermy wat baie intersessors en bevrydings-bedienings oor die jare te beurt geval het a.g.v. ‘n gebrek aan onderskeiding en begrip van rang en gelid in die Here se weermag. Die omvang van hierdie boek: Ek glo dat indien u nie die parameters van ons gedelegeerde outoriteit en sommige praktiese riglyne verstaan waarbinne ons behoorlik in geestelike oorlogvoering behoort te beweeg nie, daar ‘n sterk moontlikheid bestaan dat u die ongelukkige prooi kan val van oorlog. Dit is my gebed dat u ‘n groter begrip sal hê van hoe om uself, asook u gesin en bedienings-spanne, te beskerm teen die onvoorsiene en ongemerkte geestelike aanvalle wat so baie gelowiges al geteister het omdat hulle nie gewerk het volgens hierdie beginsels / riglyne / parameters nie. In Efesiërs beskryf Paulus satan se struktuur / hiërargie, volgens rang en gelid:

1. Owerhede 2. Magte 3. Heersers van die Duisternis 4. Demoniese magte van Boosheid

God besit egter ook ‘n struktuur:

- Ou Testament: Hoë Priester / Priester / Leviete / Mense – Vader / Gesin

- Nuwe Testament: Jesus / Vyfvoudige Bediening / Kerk / Mense – Vader / Gesin

Met die verskillende gawes en “roepings”, kom verskillende verantwoordelikhede. Met elke verantwoordelikheid kom aanspreeklikheid en dus word outoriteit verbind met my begaafdheid en dan met my roeping. Hierdie boek is steeds in ‘n ontwikkelende stadium en ons sal dus terugvoering van diegene wat dit gebruik het, verwelkom. Aanbevelings vir verbetering sal veral waardeer word, asook enige getuienisse wat voortgevloei het uit die gebruik van hierdie boek en die toepassing daarvan op u lewe. Baie dankie aan Christo Bester vir die redigering en ook aan Zanne Mouton vir ure se tikwerk.

Page 5: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

5

DEEL I – Alle Aspekte van Outoriteit en Rangorde 1. PARAMETERS / DEFINITIEWE SFEER VAN GODDELIKE OUTORITEIT Die regte betrokkenheid in geestelike oorlogvoering is in wese ‘n eenvoudige saak van goddelike outoriteit. Laat ons Outoriteit definieër: Webster: Outoriteit AUTHOR’ITY, n. [L. Auctoritas.] 1. Wettige mag, of ‘n reg om te beveel of op te tree; soos die gesag van ‘n prins oor

onderdane, en/of ouers oor kinders. Mag; heers; heerskappy. 2. Die mag verkry uit opinie, respek of aansien; invloed of karakter of amp; krediet;

soos die outoriteit van ouderdom of voorbeeld, waaraan onderdanigheid gebied word of gerespekteer word, in sommige mate as ‘n wet, of reël of aksie. Dit waarop aanspraak gemaak word in regverdiging of ondersteuning van opinies en maatreëls.

3. Getuienis; getuie; of die persoon wie getuig; soos die Evangelies of die evangeliste,

is ons outoriteite i.v.m. die wonderwerke van Christus. 4. Gewig van getuienis; geloofwaardigheid; as ‘n geskiedkundige met geen outoriteit. 5. Gewig van karakter; aansien; waardigheid; soos ‘n magistraat of groot outoriteit in

die stad. 6. Volmag; bevel; toestemming. Met watter gesag doen U hierdie dinge? Mat. 21. Hand. 9. 7. Voorwaardes; besluite van ‘n hof, amptelike verklarings, gerespekteerde opinies en

gesegdes, ook die boeke wat hulle bevat, word genoem outoriteite, omdat hulle die opinies van ander beinvloed; en in die wet, het die besluite van hooggeregshowe ‘n bindende mag op ondergeskikte howe, en word outoriteite genoem.

8. Regering; die persone of die liggaam wat mag of bevele uitoefen; soos die plaaslike

outoriteite van die state. (In Connecticut, USA, besit die regters van vrede die burgerlike outoriteit.)

Page 6: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

6

Laat ons Oorlogvoering definieër: Webster: Oorlogvoering OORLOGVOERING, n. [oorlog en voering] 1. Militêre diens; militêre lewe, oorlog.

Die Filistyne het hul leërmagte bymekaargemaak vir oorlogvoering. 1 Sam. 28. 2. Stryd; worsteling met geestelike vyande. Die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie. 2 Kor. 10. OORLOGVOER, Om ‘n militêre lewe te lei, om voortdurend oorloë te voer. Voordat ons outoriteit kan beoefen, moet ons:

• eerstens verstaan onder wie se outoriteit ons opereer, • tweedens, herken en ons onderwerp aan die outoriteit wat oor ons geplaas is,

• derdens, die parameters / sfeer / gebied ken waarvoor ons ‘n mandaat van ons

struktuur / hiërargie / roeping besit, en

• laastens, die reëls van die geveg vasstel (hoe om te veg), sodat outoriteit nie verlore gaan nie.

Om God se outoriteit te besit en Sy krag te gebruik, is wonderlik. Dit is egter baie maklik om jou outoriteit te misbruik. (Dit gebeur wanneer ons in hoogmoed beweeg). Ons moet ons outoriteit reg gebruik. Ons moenie vooraf besluit wat om te doen en dan eers vir God raadpleeg en verwag dat Hy ons bewegings moet seën nie. Jesus het aan ons die behoorlike manier gedemonstreer waarop outoriteit gebruik moet word. Hy het niks op eie outoriteit uitgevoer nie, maar slegs wat die Vader Hom gesê het om te doen. Joh. 5:19: Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so.

2. GOD SE SOEWEREINITEIT AS REGTER God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde , spreek die Here, en weer: Die Here sal Sy volk oordeel.

Page 7: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

7

God en God alleen, is in staat om satan te straf. Daar kom ‘n dag wanneer God vir satan, wat deur Hom geskape is, sal vernietig. Tot dan, laat God hom toe om te bestaan. God het algehele heerskappy oor Sy skepping en Hy behou die reg tot veroordeling van die hemelse realms vir Homself. Jes. 27:1 In die dag sal die Here met Sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviatan, die vinnige slang en oor die Leviatan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat die groot water is. Job 40:20-28; 41:1-2 Kan jy die krokodil met ‘n hoek uittrek? En met ‘n tou sy tong afdruk? Kan jy ‘n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met ‘n haak deurboor? Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde? Sal hy ‘n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem? Sal jy met hom soos met ‘n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders? Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans? Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met ‘n vissersharpoen sy kop? Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie. Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal ‘n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie? Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou? Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne. Omskrywing:

“Wie is jy om Satan te tart? Hoe kan jy dink dat jy Satan gevange kan neem? Dink jy jy kan Satan jou slaaf maak? Of hom tem asof hy ‘n dier is? Of hom doodmaak deur harpoene na hom te gooi? Om sulke dinge te probeer, is dwaas, verbeelding en vals hoop.”

Onthou, eens op ‘n tyd het satan (‘n aanvanklike hoë rangorde engel met groot mag en aansien), die outoriteit wat God aan hom gegee het, misbruik. Dit het gelei tot ongehoorsaamheid, rebellie en oordeel. Hierdie keer het satan nie net sy Godgegewe outoriteit een maal verkeerdelik gebruik nie, maar gekies om permanent in teenkanting tot God te beweeg.

3. DIE WYSHEID VAN SELFBEHEERSING / BEDWANG Daar is tye wanneer ons onvernietigbaar voel – gewapen en gevaarlik! Maar, deur ‘n helde-mentaliteit aan te neem, kan ons aangemoedig word om dinge te doen wat aanvanklik baie heldhaftig mag lyk, maar later duidelik as dwaas sou uitwys. Sonder wysheid en selfbeheersing / bedwang, kan ons maklik die poorte van die vyand stormloop op ‘n wyse wat sal veroorsaak dat God se doel nie bereik sal word nie.

Page 8: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

8

In plaas daarvan, sal dit fisiese en/of emosionele skade bring, ook aan ander rondom ons. In ons ywer om die Koninkryk van God uit te brei, kom ons dikwels wysheid kort wanneer ons gewikkel raak in geestelike stryde. Sommige stryde is nodig, soos wanneer ons aangeval word en selfverdediging moet toepas, of wanneer God ons beveel om demone aan te val wat iemand anders teister. Maar om onnodige verliese a.g.v. nalatige geestelike oorlogvoering te ignoreer en voortdurend daaronder te ly, toon ‘n gebrek aan strategiese wysheid. Ons moet groter insig, nederigheid en selfbeheersing demonstreer in ons stryd om die aarde te onderwerp en God se Koninkryk uit te brei. Selfbeheersing / bedwang, impliseer nie bloot dat ‘n individu ernstig moet oorweeg of hy toegerus is om in oorlogvoering uit te beweeg nie, maar ook dat hy in elke situasie moet evalueer of die tyd om vorentoe te beweeg in werklikheid korrek is. Ons sien ‘n goeie voorbeeld hiervan in die lewe van Abraham. Hy word uit die land Ur geroep, weg van afgodsaanbidding, na die land Kanaan en na die aanbidding van God as die Een en Enigste God. Abraham se doel en eindbestemming moes wees:

a) Lewe ‘n regverdige lewe en b) Bring geestelike doel na die land van Kanaan.

Selfs al was dit deur God bepaal (hy het die outoriteit van God ontvang om te heers en te regeer in die land), het Abraham nie ingestorm nie. Hy het die aanvanklike tyd gebruik om deur die land te gaan waar hy:

a. vier altare vir God gebou het; b. die grens waar God se Teenwoordigheid sou manifesteer, vasgestel het; c. Die doel en eindbestemming van elke van die volgende stede gevestig

het:

Betel (Gen. 12:8), Sigem (Gen 12:6,7), Beerseba & Jerusalem. Slegs nadat hierdie platform gevestig was, het Abraham en sy familie van ±300, oorlog gaan voer om die land in besit te neem.

4. DIE FOUT VAN VERGUISING / UITKRYTING Wat bedoel ons met “Verguising”? Webster: REVI’LING, ppr. Beskuldiging; gebruik taal van veragting. REVI’LING, n. Die daad van verguising of behandel met verwytende woorde. Jes 51. Verguising beteken: Verbale mishandeling, belediging, skrobbering, stry lawaaierig, bestraf met woede.

Page 9: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

9

Hoflikheid is die kenmerk van God se Koninkryk. Onhoflikheid is die kenmerk van satan. Toe Hy met die duiwel in stryd was, het Jesus ferm, maar met respek gepraat. Hy het nie “verguis” toe Hy satan op sy versoekinge geantwoord het nie. Ook het Hy nie onhoflik, sonder respek of onbeskof gepraat of afbrekende name vir satan toegevoeg nie. Nee, Hy het bloot Skrif gekwoteer om die duiwel te weerstaan. Judas 9: Maar toe Migael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou! As ‘n gewese hoë rangorde engel van groot aansien en mag, behoort satan nie ligtelik of oneerbiedig behandel te word nie. God het satan geskape met ‘n skerp intelligensie en ongelooflike outoriteit en Hy het aan hom ‘n posisie na aan die Troon gegee (Eseg 28). Alhoewel satan boos geword, en God sy outoriteit verwyder het deur ons opgestane Here Jesus, het Hy nie sy gawes weggeneem nie, aangesien alle gawes uit God se Hand, onherroeplik is. (Rom 11:29). Deurdat hy satan se geskape begaafdheid herken het, het die aartsengel Migael, wie ook beskik oor hoë rangorde en outoriteit, slegs geveg in ooreenstemming met God se hoflike natuur. Indien die aartsengel Migael gekies het om satan nie te verguis nie, is dit nie dwaas as ons dit doen nie?

5. ‘N VALSE MAGSGEVOEL Baie Christene wat betrokke raak in bevryding of geestelike oorlogvoering, neem aan dat deur satan te verguis, hulle op een of ander manier meer mag sal verkry. Maar helaas, deur hul onkunde op hierdie manier te vertoon, hou vir ons almal mislukking in. Wanneer ons beledigende uitlatings maak of ons woede laat losbars oor die vyand, oortree ons God se geskape orde en vra ons eintlik vir afbrekende teen-aanvalle. Toe satan geval het, het hy hemelse wesens saam met hom geneem. (Open 12:9). Daarom is dit heelwaarskynlik so, dat baie wat saam met satan geval het, ook oor hoë rangordes beskik. Bv., die meeste van satan se volgelinge wat gerebelleer het, was moontlik daardie gevalle engele wat die naaste aan hom was, asook onder sy outoriteit. En, net soos satan, het hulle vanuit hul verhewe posisies wat hulle gehad het in die Derde Hemel, geval na die Tweede Hemel, a.g.v. dieselfde sonde van hoogmoed. (Open14:11-14; 1Tim 3:6) Satan sou vanselfsprekend aan hulle posisies van outoriteit bied vergelykend met dit wat hulle voorheen gehad het in die Derde Hemel. Die definisie van die Derde Hemel volgens Adam Clark’s Commentary on the Bible: In die heilige skrifte word slegs drie hemele genoem. Die eerste is die atmosfeer, wat waarskynlik beteken rekia, die gewelf of uitspansel, Gen_1:6. Die tweede, die sterrehemel; waar die son, maan, planete en sterre is; maar hierdie twee word dikwels genoem onder die een term shamayim, die twee hemele, of uitspansels, en in Gen_1:17, kom dit voor dat beide uitgedruk word as ekia hashshamayim, die gewelf van die hemel. En, derdens, die plek van die geseënde, of die troon van die Goddelike heerlikheid, moontlik uitgedruk deur die woorde shemei hashshamayim, die hemele van hemele. Maar, die Skrif is nie duidelik oor hierdie onderwerp nie, en die leser moenie op hierdie onderskeid staatmaak nie.

Page 10: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

10

God sou nie hul gawes onttrek en daardeur Sy eie wet oortree het nie. (Rom 11:29). Hy het slegs hul reg op die Derde Hemel opgesê. Meer nog, ons moet daarvan bewus wees dat dit heeltemal moontlik is dat hierdie demoniese wesens oor gawes beskik wat by verre bo ons vuurmaakplek is. Dit is belangrik om te besef dat satan ‘n magtige, bose heerser is en sy mag moet met respek beskou word deur nie vir hom of sy demoniese magte te verguis nie. Daardeur laat ons God se goddelike protokol (korrekte prosedure) onaangeraak. Om teenoor satan te kere te gaan, dra ‘n swaar straf – onnodige lyding, vernietiging of ontydige dood. Ons beweeg buite ons rangorde (die area waarvoor u mandaat besit) indien ons nie hierdie geestelike waarhede verstaan nie. (Verwys na voorbeelde op bl.25). Ons sal beslis nie die duiwel oorwin deur soos hy te word nie. Ongelukkig, in hierdie situasie, is onkundigheid oor die vyand se mag en rangorde nie ‘n grap nie, omdat onkunde ‘n stywe straf tot gevolg kan hê. Onkunde (deur nie God se goddelike protokol te gehoorsaam nie), kan geestelike deure (wettige reg) oopmaak, wat ons blootstel vir aanvalle van satan. Gedeeltelike ingeligtheid is soms net so gevaarlik.

Page 11: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

11

Nations of Families

3rd Heaven Spiritual

2nd HeavenSpiritual

1st HeavenNatural

2 Cor 12:2Eph 2:6

Eph 6:12

Gen 4: 6, 7Rom 6: 12, 16, 23

SIN & DEATH

Page 12: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

12

6. GOD SE GEDELEGEERDE OUTORITEIT God het aan beide Adam en Eva outoriteit gegee om alles wat beweeg op die aarde, te onderwerp. Adam het ook ‘n mandaat gehad om die grond te onderwerp. (Gen 2:15). Die belangrikheid van hierdie stelling is ‘n definisie van verantwoordelikheid en die nodige outoriteit om die taak waarvoor hy geskape was, uit te voer. God het hom ook opdrag gegee om die diere name te gee. Om ‘n dier ‘n naam te kon gee, het beteken dat Adam aan elke dier ‘n karakter, doel en einddoel moes toesê – m.a.w., deur iets ‘n naam te gee, het aangedui wat daardie geskape wese veronderstel was om uit te leef en te word. Ons kan slegs dit wat ons skep, benoem. God se beginsel is dieselfde, of dit nou die benoeming van diere of mense is. Verder, deur iets ‘n naam te gee, dui ook op outoriteit daaroor. Outoriteit toon nie hier ‘n dissiplinêre siening nie , maar liewer een van verantwoordelikheid / proklamasie wat dui op doel en einddoel. Bv., God het Adam se naam gegee – Hy het outoriteit gehad oor Adam. Adam het vir Eva haar naam gegee en hy het outoriteit oor haar ontvang. Ouers benoem hul kinders en hulle het outoriteit oor hulle totdat hulle oud genoeg is om vir hulself verantwoordelik te wees. Hierdie outoriteit / verantwoordelikheid gaan nie weg nie, selfs al is hulle later verantwoordelik vir hul eie dade, word jy steeds verantwoordelik gehou voor God vir jou eie skepping. Nadat Adam die vrugte geëet het, het hy nie soos God geword soos die slang gesuggereer het nie. In stede daarvan, is sy Godgegewe outoriteit om die aarde te onderwerp, van hom weggeneem, ingepalm deur die misleidende slang. Deur satan se woorde bo die van God te plaas, het Adam ‘n ondergeskikte in satan se koninkryk geword en het hy die aarde onderwerp aan satan se korrupsie. ‘n Kind wat weier om sy/haar ouers te eer terwyl hulle nog onder hul dak woon, beweeg in presies dieselfde situasie in. Jes. 24:5, 6 (a) Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; Rom. 8:19,20 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe – nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het. Die Mens se outoriteit is herstel deur Jesus Na Sy dood, het Jesus neergedaal na die hel (1 Pet. 3:19). Daar het Jesus alle outoriteit van satan gestroop toe Hy die sleutel van die dood van hom weggeneem het op die opstandingsdag, sodat God se outoriteit om die aarde te regeer, teruggegee is aan die mens, in geloof, deur die voltooide werk van die Messias te aanvaar.

Page 13: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

13

Mat. 28:18 En Jesus het gesê ... aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde ... M.a.w., Jesus het wettige outoriteit in die hemele en op die aarde. Hy het die mensdom herstel in outoriteit om oor die aarde te heers. Dus, satan het mag, maar hy het nie outoriteit om dit te stop wat God aan die Kerk gegee het om te doen nie. Maar, satan het die mag van misleiding en verleiding behou, wat veroorsaak dat ons dink hy het outoriteit, terwyl hy nie het nie. Ons is geroepe om ons Godgegewe mag en outoriteit uit te oefen om die werke van die vyand te vernietig, deur ‘n lewe van gehoorsaamheid aan God se gebooie te leef, en ons verstande so te vernuwe dat ons in lyn sal kom met God se siening van ons potensiaal en doel. “Halakha” – die manier waarop ons ons geloof beoefen. In Mat. 18:19 kry ons die vers wat sê: Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Volgens die Hebraïse begrip van die vers vind ons iets wat verskil van die algemeen aanvaarde boodskap van die binding en losmaking van demone. Gevolglik dra Jesus ‘n graad van outoriteit oor aan Sy dissipels sodat hulle besluite kon maak met betrekking tot die wyse waarop ons ons geloof in ons daaglikse wandel uitleef. Die Bybel/Torah bied nie aan ons presiese detail oor hoe om al God se gebooie uit te voer nie. Beide op ‘n individuele en ‘n korporatiewe vlak vandag, is dit nodig om besluite te neem te midde van die omstandighede soos hulle huidiglik bestaan. Die Bybel/Torah is ons basis van ewige waarheid. Elke besluit/beslissing wat gemaak word, behoort in lyn te wees met daardie beginsels, sodat die gemeente die beslissende outoriteit kan herken. In die Ou Testament vind ons die struktuur soos opgestel deur Moses en sy ouderlinge, en in die Nuwe Testament, die Jerusalem Raad soos beskryf in Handelinge. In Hand. 15 bepaal die Jerusalem Raad die riglyne waarvolgens Heidene wat tot die geloof gekom het, ‘n lewe sal leef van heiligheid/gehoorsaamheid. Ons het dus outoriteit (sleutels van die Koninkryk) om heersende, relevante beslissings te maak wat in lyn is met Bybelse beginsels.

Page 14: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

14

7. ‘N HEMELSE WEERMAG God het ontelbare geestelike wesens geskape wat normaalweg vir ons onsigbaar is (totdat God ons geestelike oë open). Engele, bekend as boodskappers in beide Grieks en Hebreeus, word uitgestuur om boodskappe van God oor te dra, mense te bedien, of om sekere oordele van God uit te voer. Engele kan spesifieke opdragte van God oordra en het spesifieke take om uit te voer soos genesing, versterking óf om ons te bemoedig. Engele is magtig, kragtig, intelligent en glorieryke bonatuurlike wesens. (2 Sam 14:20; Ps 103:20; Mat 25:31) Die Derde Hemel het ‘n hoogs ontwikkelde strukture van rangorde. Engele en ander hemelse wesens het verskeie funksies, posisies en karaktertrekke. Sommige engele bedien mense op die aarde, terwyl ander in die onmiddellike teenwoordigheid van God verkeer (Luk. 1:19). Ongeag hul verhewe rangorde, opereer die totale hiërargie van engele binne God se outoriteits-struktuur. Almal is onderdanig aan die soewereine wil van God. Die kerk wat sy mikpunte en doele uitvoer, behoort gestruktureer te wees as ‘n spieëlbeeld van die geestelike ondersteunings-struktuur deur God geskep.

8. STRATEGIE IS NODIG (GEESTELIKE KARTERING): Soos genoem in bogenoemde paragraaf, sien ons dat God ‘n skare van engele in ‘n rangorde struktuur geplaas het om ons te help om ons doel en einddoel te bereik. Ons sien ook (Voorwoord: Omvang van hierdie boek), dat God ‘n struktuur of ketting van bevel op die aarde vooraf bepaal het. Hierdie strukture komplimenteer mekaar. Vanuit hierdie struktuur is dit duidelik dat enige aanval teen die koninkryk van duisternis die beginsels van strategiese oorlogvoering sal moet volg. Dit beklemtoon ‘n punt vroeër genoem (3. Die Wysheid van Selfbeheersing / bedwang), dat individue nie moet handel vogens hul eie kennis / persepsie nie, behalwe waar dit persoonlike bediening betref. Korporatiewe sake (soos van ‘n dorp / stad / provinsie / staat / gebied), behoort uitgevoer te word binne die raamwerk van ‘n korporatiewe outoriteit. Sulke outoriteit sal verantwoordelik wees vir die ontwikkeling van ‘n suksesvolle plan van aksie / aanval. Die volgende elemente is almal belangrike komponente van ‘n plan op korporatiewe vlak:

1) Inligting versamel (geestelike kartering) 2) Definisie van bronne (maak seker dat alle tersaaklike partye

geaktiveer is) 3) Definisie van ondersteunings-dienste (aktivering van gebed /

intersessie-groepe, ens.) 4) Ontwikkeling van die Plan en Bystand (God se Visie – Rhema

– openbaring van die oomblik) 5) Koordinasie (kommunikasie stelsels en toewyding van bron) 6) Toepassing (van die gebeure)

Page 15: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

15

7) Hersien die proses (gedurige evaluasie van die aktiwiteit van die gebeure om nuwe/veranderde feite vas te stel)

8) Hersiening / Wysiging (Rhema profesie/Woord) Dit dui beslis duidelik daarop dat leierskap op enige vlak van korporatiewe aktiwiteit beslis:

1) verenig moet wees in die visie; 2) toegewy wees aan die Plan, 3) betrokke by sy uitvoering moet wees,

om die vereiste vlak van korporatiewe outoriteit benodig, te aktiveer.

9. WAT Sê GOD OOR GEESTELIKE OUTORITEIT? Die handelinge van God word uitgevaardig vanaf Sy Troon, en Sy Troon is gevestig op Sy outoriteit. Alles word geskep deur God se outoriteit en Sy outoriteit onderhou alle fisiese wette van die heelal. (Kol. 1:16). Slegs God is die outoriteit in alle dinge; al die outoriteite van die aarde is onderworpe aan God. Daar is vlakke van hiërargie van outoriteit wat kom vanaf God die Vader deur Jesus die Seun in elke situasie in die heelal. Om God se outoriteit uit te daag, is ‘n rebellie wat veel ernstiger is as om God se heiligheid aanstoot te gee. Die grootste van God se opdragte vir die mens is nie om die kruis te dra, te dien, offerandes te bring of homself dinge te ontsê nie, maar bloot om te gehoorsaam. (Heb. 5:9; Mat. 7:21; 1 Sam. 15:22). Die wil van God behoort die hoof fokus te wees en moenie eindig by die verlossing verkry deur die kruisiging van Christus nie. In diens van God, is ons nie geroep tot selfverloëning of offerande nie, maar om God se wil te gehoorsaam. Paulus en Jakobus stel dit duidelik dat ons ‘n lewe moet leef wat die Heerlikhe id van God weerspieël – ‘n instelling van liefde as gehoorsaamheid aan Sy gebod. In diens van God moet ons die outoriteite wat oor ons geplaas is, nie verontagsaam nie, behalwe wanneer daardie outoriteite dade voorstaan wat in teenstelling is met die Woord van God. God se doel is om Sy outoriteit in die wêreld te manifesteer deur die Kerk. God se outoriteit kan gesien word in die koordinasie van die verskeie lede van die Liggaam van Christus. Voorbeelde uit die Nuwe Testament sluit in Barnabas en Paulus, Paulus en Timotheus en Petrus en Markus wat saamwerk. Sommige is geroep tot ‘n posisie van outoriteit, terwyl ander geroepe is tot ‘n bediening van hulp. Waarskuwing: God het ons almal onder outoriteit geplaas, maar Hy stel ‘n struktuur daar wat elkeen toelaat om op sy vlak van bevoegdheid te funksioneer. Wie ookal probeer dien sonder om eers saam te kom met outoriteit, bied vreemde vuur aan. Enigeen wat sê, as hy kan, kan ek ook, is in rebellie. Rebellie verander die aard van die vuur. Nadab en Abihu, Aaron se seuns, het nie saam met hul vader gewerk nie. Die gevolg was die dood deur vuur (Lev. 10:1,2). Die betekenis van vreemde vuur is om te dien sonder ‘n opdrag, om te dien sonder gehoorsaamheid aan outoriteit.

Page 16: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

16

Enigiemand wat outoriteit verontagsaam, beweeg uit onder sy dekking van die vlak bo hom. Net so is enigeen wat weier om toe te laat dat diegene onder hom, funksioneer a.g.v. sy eie vrees of ontoereikendheid, in rebellie met God se doel. Daar is geen plek vir geïsoleerde individuele diens nie. In God se Koninkryk moet almal in koördinasie dien. Elke bediening behoort altyd te identifiseer met ‘n plaaslike gemeente. Wanneer daar op bedienings toere gegaan word, behoort elke persoon betrokke, amptelik uitgestuur te wees deur ‘n plaaslike kerk en wanneer hy terugkeer, behoort daar ‘n verslag gelewer te word aan die gemeente wat hom uitgestuur het. Paulus en Barnabas het hierdie gebruik vasgelê in Hand. 13:3 en Hand. 14:26,27. Hierdie praktyk verseker kontinuiteit in verhoudings, eenheid in doel, gebedsdekking en die demonstrasie van leierskap. 10. GEDELEGEERDE OUTORITEIT (GEESTELIK) ‘n Gedelegeerde outoriteit is om God se outoriteit te verteenwoordig, en nie om jou eie outoriteit te veronderstel nie. 10.1 In die huis Efes. 5:22-24 Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook die Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees. Efes. 6:1-3 Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder – dit is die eerste gebod met ‘n belofte – sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde. Kol. 3:18, 20, 22 Vroue, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik. Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees. God het die man as die gedelegeerde outoriteit van Christus gestel, met die vrou as die verteenwoordiger van die kerk. Dit sal vir die vrou moeilik wees om onderdanig te wees aan haar man indien sy nie die gedelegeerde outoriteit in hom waarneem wat deur God daar geplaas is nie. Sy moet besef dat dit in werklikheid God se outoriteit is, nie haar man s’n nie.

Page 17: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

17

Indien ons die outoriteit van die Here in ons lewens eer, sal ander die Here se outoriteit in ons respekteer. ‘n Man se gesin is die toetsgrond vir sy openbare bediening. Wanneer hy effektief kan heers en bedien in sy eie huis, word hy ‘n kandidaat vir bevordering in publieke leierskap. (1 Tim. 3:4,5) 10.2 In die Kerk 1 Tess. 5:12, 13 Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan; en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar. 1 Tim. 5:17 Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer. Heb. 13:7, 17 :7 Gedenk aan julle voorgangers wat die Woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. :17 Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie. Dit is duidelik dat daar vanaf die kant van kerk-leierskap verwag word dat hulle outoriteit moet uitoefen en dissipline moet handhaaf. Om die waarheid te sê, waar die leierskap nie hierdie funksies verrig nie, is dit nie korrek, volgens die Skrif, om te praat van ‘n “kerk” nie. In Hand. 14:21-23 het dit leierskap gekos om die groep dissipels in ‘n kerk te vorm. Die Griekse woord vir “kerk” is “ecclesia” = regerings samekoms. God plaas in die kerk outoriteite soos “die ouderlinge wat goed regeer” en “diegene wat arbei in prediking en lering”. Hulle is diegene wat gehoorsaam moet word. Die vraag kan miskien gevra word: ‘Wat as die outoriteit verkeerd is?’ Die antwoord, glo ek, is indien God dit waag om Sy outoriteit aan die mens toe te vertrou, kan ons waag om te gehoorsaam. Of die persoon in outoriteit reg of verkeerd is, behoort nie vir ons ‘n kwessie te wees nie, omdat hy direk aan God verantwoording moet doen, behalwe wanneer sy dade direk in teenstelling met God se Woord is. Die gehoorsame moet slegs gehoorsaam; die Here sal ons nie verantwoordelik hou vir enige foutiewe gehoorsaamheid nie, maar liewer die gedelegeerde outoriteit vir sy verkeerde daad. Dit is daarom duidelik dat geen menslike element betrokke is in hierdie saak van outoriteit nie. Indien ons onderdanigheid bloot gerig is tot ‘n mens, gaan die hele betekenis van outoriteit verlore. Wanneer God Sy gedelegeerde outoriteit instel, is Hy deur Sy eer verbind om daardie outoriteit te handhaaf.

Page 18: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

18

Om gedelegeerde outoriteit te verwerp, is ‘n belediging vir God. Die hele gelykenis soos in Luk. 20:9-16 dui op die geval van gedelegeerde outoriteit. God het nie persoonlik gekom om Sy betaling in te vorder nadat Hy die wingerd aan die huurders uitgehuur het nie. Drie keer het Hy Sy dienaars gestuur en die vierde keer het Hy Sy eie Seun gestuur. Hierdie was almal Sy gedelegeerdes. Uit God se oogpunt: diegene wie Sy dienaars verwerp, verwerp Hom. Dit is vir ons onmoontlik om God se Woord te hoor en te gehoorsaam en nie die woorde van Sy afgevaardigdes nie. Dit is die rebelse aard van die mens wat maak dat hy net God se direkte outoriteit wil aanvaar sonder om onderdanig te wil wees aan die gedelegeerde outoriteite wat God daargestel het nie. 11. OUTORITEIT VAN DIE LIGGAAM 1 Kor. 12:12-21 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie – behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie – behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees? Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie. Dit is onmoontlik vir enige lid om ‘n hele liggaam te wees; elkeen van ons moet leer om in die posisie te staan van ‘n lid en om die funksies en gawes van die ander lede te aanvaar. Om die funksies/gawes van ander lede te aanvaar, is om die volheid van die Hoof te aanvaar. Slegs deur die funksies van ander te aanvaar – hul outoriteit te aanvaar – ontvang mens die rykdom van die hele Liggaam. Weerspannigheid bring armoede, wantroue, suspisie en woede mee. Die verwarring wat heers wanneer daar onenigheid is, veroorsaak altyd ‘n verlies vir die hele Liggaam. Ons verstaan dikwels outoriteit verkeerdelik as iets wat ons gaan onderdruk, seermaak en moeilikheid gee. God het nie so ‘n konsep nie. Hy gebruik outoriteit om ons tekortkominge aan te vul. Sy motief om outoriteit daar te stel, is om Sy rykdomme op ons uit te giet en om aan die behoeftes van die swakkes te voorsien. God plaas bokant jou die broers en susters in die kerk wie geestelik meer volwasse is, sodat jy hulle oordeel kan aanvaar as jou oordeel. Dit sal jou dan in staat stel om hul rykdom te besit sonder dat jyself deur hulle pynlike ervaringe hoef te gaan.

Page 19: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

19

Dus, outoriteit bring rykdom in die kerk. Om outoriteit te verwerp, is om die weg na genade en rykdom te verwerp. In Efes. 1:22-23 gee Paulus ook ‘n tweede beeld van God se volk hier op aarde. Hy sê, “die kerk, wat Sy Liggaam (Christus) is.” In 1 Kor. 12:27 brei Paulus uit op hierdie tema: “Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik”. Hy gebruik verskeie voorbeelde van die fisiese liggaam om te beklemtoon dat, as Christene, ons almal interafhanklik is en almal mekaar nodig het. Die mees volledige en gesaghebbende beeld van die kerk as die Liggaam van Christus, word gegee in Efesiërs. Dit is baie betekenisvol Paulus dat dwarsdeur hierdie sendbrief voortdurend praat van Christene in die meervoud. Hy het feitlik niks te sê vir of oor individuele Christene nie. In Efes. 1:3-12 sê Paulus bv. die volgende: God het ons geseën – Hy het ons gekies – Hy het ons voorbestem – Hy het ons aanvaarbaar gemaak – ons het redding – Hy het aan ons die geheimenis van Sy wil bekend gemaak – ons het ‘n erflating verkry – ons behoort tot lof te wees van Sy heerlikheid. As ‘n mens die res van die sendbrief noukeurig deurlees sal gesien word dat dit die boodskap is wat daarin voorkom van begin tot einde. Daar is geen beloftes en geen gebede vir enige individu nie. Behalwe in die laaste ses verse is daar een kort uitsondering: Paulus sluit af deur te vra vir spesiale gebed vir homself. Hierdie fokus op die kollektiewe Liggaam van Christus bereik sy hoogtepunt in Efes. 6:10-18 waar Paulus praat van ons geestelike oorlogvoering. In vers 12 is al die sleutelwoorde in die meervoud – beide die wat verwys na God se volk en die wat verwys na die opponerende magte: Ons worstel teen owerhede – magte – heersers – bose geeste ... Die geestelike oorlogvoering wat hier uitgebeeld word is nie ‘n konflik tussen individue nie, maar ‘n eindelose oorlog tussen opponerende weermagte. Daar is nie plek hier vir “alleenlopers” wat hul eie individuele doelstellings het nie. Oorwinning vereis beheersde en georkestreerde aksie deur God se volk wat saamwerk as lede van een Liggaam. Dit sal dissipline vereis, asook ‘n bereidwilligheid om aan geestelike outoriteit te onderwerp. 12. DRIE VEREISTES VIR GEDELEGEERDE OUTORITEIT 12.1 ‘n Persoon moet weet dat alle outoriteit van God kom Die mens self is nie die outoriteit nie en niemand kan homself in outoriteit plaas nie. Slegs dit wat van God kom, vorm outoriteit en vereis die mens se gehoorsaamheid. ‘n Gedelegeerde outoriteit is om God se outoriteit te verteenwoordig, en om nooit te aanvaar dat hyself daardie outoriteit besit nie.

Page 20: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

20

Onsself het nie in die minste outoriteit in die huis, die wêreld of die kerk nie. Al wat ons doen, is om God se outoriteit uit te voer; ons kan nie vir onsself outoriteit skep nie. Om in outoriteit te staan, hang nie af van ons eie idees en gedagtes nie, maar eerder van om die wil van God te ken. Die mate van iemand se kennis van God se wil, is die mate van daardie persoon se gedelegeerde outoriteit. 12.2 ‘n Persoon moet homself verloën Waarskuwing: Persone met baie opinies, idees en subjektiewe gedagtes, moet gevrees word. Hulle verkies om op te tree as almal se beraders. Hulle gryp elke geleentheid aan om hul idees op ander af te dwing, en om in te meng met ander se sake. Hulle gee voor dat hulle alles in die kerk weet, en ook alles in die wêreld. So ‘n persoon het nooit dissipline geleer nie, en daar is nog nooit ernstig met hom gehandel nie. Hy kom voor asof hy alles weet en alles kan doen. Indien ons nie algeheel breek voor die Here nie, is ons nie gekwalifiseer om God se gedelegeerde outoriteit te wees nie. God roep ons om Sy outoriteit te VERTEENWOORDIG, nie om Sy outoriteit te VERVANG nie. Slegs wanneer so ‘n persoon deur God gekasty is, sal hy begin om in vrees en bewing voor Hom te leef. 12.3 ‘n Persoon moet gedurig in gemeenskap met die Here bly Enigiemand wat sy opinies vryelik aanbied en onversigtig spreek in die Naam van die Here, is ver van God af. Hoe nader iemand aan die Here is, hoe duideliker sien hy sy eie foute. Hy het geen vertroue in sy eie vlees nie. Joh. 5:19, 30 Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so. Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en My oordeel is regverdig, omdat Ek nie My wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

Page 21: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

21

13. VERSKILLENDE GEDELEGEERDE OUTORITEITE Die outoriteite wat God het in die gesin deurgestel het, is die ouers in verhouding met hul kinders, die mans in verhouding met hul vroue, en die werkgewers in verhouding met hul werknemers. In die wêreld is die outoriteite die konings in verhouding met hul onderdane, die wêreld/heersers in verhouding met God se volk en die werkers in verhouding met hul werk. Al hierdie verskillende outoriteite het hul onderskeie voorwaardes. 13.1 Manne Die Bybel leer ons dat vroue aan hul mans onderdanig moet wees; tog behoort mans hul outoriteit uit te oefen met ‘n voorwaarde. Daar word drie keer in Efesiërs 5 ‘n beroep gedoen op die manne om hul vroue lief te hê soos hulle hulself het. Ongetwyfeld is daar outoriteit in die gesin, maar dan moet diegene in outoriteit God se vereistes nakom. Die liefde van Christus vir die kerk stel die voorbeeld vir die tipe liefde wat mans vir hul eie vroue behoort te hê. Soos Christus die kerk liefhet, so moet manne hul vroue liefhê. Die liefde van die manne behoort dieselfde te wees as die liefde van Christus vir Sy kerk. Indien manne graag God se outoriteit wil verteenwoordig, moet hulle hul eie vroue liefhê. 13.2 Ouers Ongetwyfeld behoort kinders hul ouers te gehoorsaam. Nie temin, het die ouers se outoriteit ook sy verantwoordelikheid en voorwaarde. Die skrif sê: ‘Vaders, moenie jul kinders vertoorn nie.’ (Efes. 6:4). Ten spyte van die feit dat ouers outoriteit besit, moet hulle leer hoe om hulself voor God te beheer. Hulle behoort nie met hul kinders te handel volgens hul eie grille en giere nie, terwyl hulle reken hulle het die absolute reg om so te doen omdat die kinders uit hulle gebore en hulle hul grootmaak nie. Selfs al het God ons geskape, het Hy ons nooit mishandel nie. Dit is nie reg om aan kinders te doen wat iemand nooit ooit aan vriende, studente, ondergeskiktes of familie sou doen nie. ‘n Oorheersende behoefte vir ouers is om hulself te beheer, dit is, om selfbeheersing toe te pas deur die Heilige Gees. Daar is ‘n grens aan wat ouers met hul kinders mag doen. Die doelstelling van al die outoriteit wat ouers teenoor hul kinders moet hê, is “voed hulle op in die tug en vermaning van die Here”. (Efes. 6:4). Geen gedagte van oorheersing of straf is betrokke nie. Die intensie is vir opvoeding en liefdevolle beskerming.

Page 22: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

22

13.3 Werkgewers Die werknemers behoort gehoorsaam te wees aan hul werkgewers, maar dan is die posisie van werkgewer ook voorwaardelik. Werkgewers behoort nooit hul werknemers te dreig of te vertoorn nie. God sal nie Sy gedelegeerde outoriteite toelaat om ongematig op te tree nie; hulle moet die vrees van God binne hulle hê. Hulle moet weet dat Hy wat beide hul Meester en hul werknemers se Meester is, in die hemel is en dat daar by Hom geen partydigheid is nie (Efes. 6:9). Onthou ook dat werkgewers ook onder outoriteit staan. Alhoewel mense onder hul outoriteit staan, is hulleself ook onder outoriteit – die outoriteit van God. Om hierdie rede kan hulle nie ongetem optree nie. Hoe meer iemand weet van outoriteit, hoe minder onkundig en intimiderend word hy. Die onontbeerlike ingesteldhede van diegene in outoriteit, is teerheid en liefde. Indien iemand ander dreig en oordeel, sal God hom spoedig oordeel. Daarom behoort werkgewers voor God te sidder. 13.4 Heersers Ons behoort onderdanig te wees aan die regerende outoriteite. Nêrens in die hele Nuwe Testament is daar enige aanwysing oor hoe om ‘n heerser te wees nie. Die Ou Testament egter, beskryf aan ons die voorwaardes van heersers. (Eks. 18:21). Die basiese vereistes vir regerende outoriteite is geregtigheid, onpartydigheid, regverdigheid en sorg vir die armes. Hierdie is die beginsels wat heersers moet nakom. Hulle moenie hulself onderhou nie, maar moet absolute regverdigheid beoefen. 13.5 Ouderlinge Die ouderlinge is die outoriteite van die plaaslike gemeente. Die broeders behoort te leer om onderdanig te wees aan die ouderlinge. Een belangrike kwaliteit van ouderlinge, soos verduidelik in Titus 1, bring onderdanigheid. Die ouderlinge moet eerstens streng selfbeheersend wees. Die wettelose kan nooit die wet toepas en nog minder kan die rebelse ander na onderdanigheid lei. Die ouderlinge moet eerstens streng wees op selfbeheersing. Hoe oorweldigend is die verskynsel onder manne van ‘n gebrek aan weerhouding. Gevolglik kan slegs hoogs gidissiplineerde manne gekies word as ouderlinge. Aangesien die ouderlinge aangewys word ten einde sorg te dra vir die kerk, moet hulle self eerstens weet hoe om te gehoorsaam en onder beheer te wees voordat hulle voorbeelde aan ander kan bied. God stel nooit iemand aan wat daarvan hou om homself eerste te plaas as ouderling nie (soos Diotrefes, 3 Joh. 9). Deur in die hoogste outoriteit in die plaaslike samekoms te wees, moet ouderlinge dus persone wees met selfbeheersing. In 1 Tim. 3 & 4 word nog ‘n baie belangrike kwaliteit van ‘n ouderling genoem: Hy moet in staat wees om sy eie huishouding goed te bestuur. Hierdie huishouding verwys nie bloot na ouers of vroue nie, maar veral na die kinders. Die kinders moet in onderdanigheid gehou word, sowel as respekvol in alle opsigte. Hy wat weet hoe om ‘n goeie vader te wees, mag gekies word as ‘n ouderling. Slegs deur behoorlike outoriteit uit te oefen tuis, kan iemand kwalifiseer as ‘n ouderling in die kerk.

Page 23: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

23

‘n Ouderling moet nie ‘n self-verwaande persoon wees nie. Hy wat hooghartig word wanneer outoriteit aan hom toegeken word, is nie geskik vir ouderlingskap nie. Die ouderlinge van ‘n plaaslike gemeente behoort nie vatbaar te wees vir mags-bewustheid nie. Wie oorbewus is van outoriteit, is nie geskik vir ‘n ouderling nie, en kan ook nie die sake van die kerk bestuur nie. Slegs mense wat ly aan verwerping en minderwaardigheid is hoogmoedig; hulle kan nog nie God se heerlikheid of Sy vertroue dra en dit gebruik nie. Dus, ‘n pasgebore bekeerling moenie gekies word as ‘n ouderling nie, sodat hy nie opgeblase kan raak en onder die veroordeling van die duiwel kan val nie. (Die Griekse betekenis van ‘n nuweling word geillustreer deur ‘n leerling-skrynwerker wat vir die eerste keer ‘n byl hanteer.) 13.6 WERKERS In Titus 2:15 word die voorwaardes vir werkers as gedelegeerde outoriteite by die werk, uitgestippel. Titus was nie ‘n ouderling van die kerk nie, maar het die Here gedien as ‘n apostel. Paulus het hom vermaan: “Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie”. Ten einde nie verag te word nie, moet ‘n lewe van heiligmaking geleef word. Indien mens niks verskil van ander in lewenswyse en gedrag nie (indien iemand los lewe en sonder dissipline), kan veragting nie ontduik word nie. Dit kos ‘n leefstyl van heiligheid om respek van ander te kry en om jouself te kan kwalifiseer as God se verteenwoordiger. Paulus praat op dieselfde trant met Timotheus. Alhoewel dit so is dat ‘n werker nie heerlikheid en eer van ander mense soek nie, kan hy homself nog steeds nie toelaat om verag te word a.g.v. ‘n gebrek aan heiligheid nie. Slegs twee boeke in die hele Nuwe Testament is geskryf aan jong werkers. In beide vermaan Paulus dat hulle nie moet toelaat dat hulle verag word a.g.v. hul jeug nie; inteendeel, hulle behoort ‘n voorbeeld te stel vir die ander gelowiges. Hulle moet alle menslike kriteria verwerp wat mag veroorsaak dat hulle verag kan word, omdat slegs God se kriteria belangrik is. Om in outoriteit te staan, kos duur; diesulkes moet geheilig wees van die res en gereed wees vir ‘n eensame lewe. Diegene wie voorbeelde is, verskil van die res omdat hulle hulself afsonder tot heiligheid. Niemand behoort homself egter te verhoog nie, maar hy moet ook nie toelaat dat daar veragting insluip nie. 14. MIDDE IN OORVLOEDIGE WETTELOOSHEID Een eienskap van die einde van die huidige geslag is dat Jesus Sy dissipels gewaarsku het oor ‘n toename in wetteloosheid. Mat. 24:12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Jesus het aangedui dat baie Christene besoedel sou word deur hierdie oorvloedige wetteloosheid en as gevolg daarvan, sou hul liefde vir God en Sy volk afkoel. Die kern van wetteloosheid is ‘n verwerping van outoriteit. Dit het ‘n baie duidelike kenmerk geword van ons kontemporêre kultuur. Daar is ‘n wydverspreide ongeduld vir enige reëls of regulasies wat inmeng met ‘n persoon se individuele vryheid.

Page 24: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

24

Mense is baie aggressief wanneer hulle hul “regte” afgedwing wil kry, maar baie traag om hul ooreenstemmende verantwoordelikhede te erken. By tye is die gevolg ‘n toestand wat grens aan anargie. As Christene moet ons waak teen hierdie soort ingesteldheid. Dit is nodig dat ons ons respek toon vir wettige, sekulêre outoriteit. Maar eerder moet ons ‘n ingesteldheid van respek en gehoorsaamheid teenoor God ons Vader en Jesus ons Redder, ontwikkel en behou. Dit sal uitdrukking kry in ‘n ooreenstemmende ingesteldheid van respek en gehoorsaamheid vir God se Woord, die Skrif. Joh. 14:23-24 Jesus antwoord ...as iemand My liefhet, sal hy My Woord bewaar ... hy wat My nie liefhet nie, bewaar My Woorde nie ... Ons mag dalk daarop aanspraak maak dat ons God liefhet en ons kan dalk lang, vloeiende gebede bid, of lang preke preek en welsprekende dienste hou. Maar, ons eer God nie deur godsdienstige dade sonder ‘n leefstyl van heiligheid nie. Te midde van oorvloedige wetteloosheid sal dit vir elkeen van ons paslik wees om ‘n vars bevestiging te maak van ons onvoorwaardelike en algehele onderdanigheid aan die outoriteit van die Skrif. 2 Tim. 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee ... 15. ONS PERSOONLIKE VERHOUDINGS Een hoof area waarin ons onderdanigheid aan God en Sy Woord getoets sal word, is in die area van persoonlike verhoudings. Jesus het ‘n paar baie streng reëls vasgelê. Bv., Hy spreek Hom uit aangaande die vergifnis van mense: Mark. 11:25-26 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie. Weereens, aan die einde van die gebedspatroon wat Jesus Sy dissipels geleer het in Mat 6:9-13, voeg Hy een ding by: “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe (v.14). Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.” Ons moet altyd onthou dat om iemand anders te vergewe, nie ‘n uitdrukking van emosie is nie, maar ‘n daad van selfdissipline. Hiervoor kan ons op die Heilige Gees staatmaak, Wie die Gees van “krag, liefde en selfbeheersing is”. (2 Tim. 1:7).

Page 25: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

25

Selfdissipline word ook benodig om die soort ingesteldheid voort te bring wat deur Paulus beskryf word in Efes. 5:21: “...en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God”. Hierdie ingesteldheid van wedersydse onderdanigheid is die sleutel tot die regte verhoudings in beide die huis en in die kerk. Christene wat weier om ander te vergewe of om aan mekaar onderdanig te wees, weerstaan die Skrif. Die wortel van hul probleem is wetteloosheid. Hulle het hulself oopgemaak vir die gees wat oorvloedig is in die wêreld rondom hulle. Dit sal hul ongetwyfeld kwesbaar maak vir bose engele wat hul onverbiddelike vyande in die hemelse plekke is. 16. DRIE ONBUIGSAME OPDRAGTE Ons word gekonfronteer met drie areas waarin die Skrif duidelike, ontoegeeflike opdragte van God openbaar, wat van toepassing is op alle Christene.

1. Respek vir Christus se outoriteit wat in en deur elke plaaslike gemeente opereer.

2. Ongekwalifiseerde vergifnis vir almal wat ons onreg of skade aangedoen het. 3. ‘n Ingesteldheid van onderdanigheid teenoor al ons mede Christene.

Gehoorsaamheid in hierdie drie areas voorsien Christene van ‘n dekking van geestelike outoriteit wat hulle beskerm teen die aanvalle van sataniese magte / demone in die hemelse plekke. Aan die ander kant, veroorsaak ongehoorsaamheid onvermydelik dat Christene kwesbaar is vir sulke aanvalle. Mens moet natuurlik ook duidelik verstaan dat aanvalle kan voorkom a.g.v:

a) Betrokkenheid in bewustelike, onbelyde sonde b) ‘n Toets of beproewing wat van God kom (Job)

Op grond van baie jare se ervaring in die Liggaam van Christus is ons, as gebedsleiers daarvan oortuig dat die gevolge van die verontagsaming van hierdie drie vereistes in die Skrif uiters tragies kan wees. Ons glo dat dit een belangrike rede is hoekom baie goeie, toegewyde dienaars van die Here “ongevalle-sake” geword het. Ons bid dat God aan ons almal ‘n nuwe respek vir die outoriteit van Christus oorgedra aan Sy Kerk sal skenk, en dat Hy in elkeen van ons ‘n ingesteldheid van vergifnis en onderdanigheid sal hernu.

Page 26: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

26

DEEL II – PRAKTIESE TOEPASSING VAN OUTORITEIT EN RANGORDE 1. RANGORDE: IS DIT SKRIFTUURLIK? 2 Kor. 10:12-18 v. 13 – Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as ‘n maat toebedeel het om ook julle te bereik. v.14 – Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, want ons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus. v.15 – Ons roem nie buite die maat in die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof toeneem, in hoër mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring. Elkeen van ons het ‘n mate van rangorde (“metron”) ontvang. Voorbeelde uit die Woord, bv:

a. Simson Rigters 13:5 ... want die seun sal van die moederskoot af ‘n Nasireër van God wees, en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne. Die Filistyne was die hoë rangordes; die sterkste van die nasies wat God daar gelaat het om Israel se gehoorsaamheid te toets en beproef (Rigters 3:1-4). Hulle het die reg gehad om daar te wees en God het iemand nodig gehad om teen hulle op te tree en om die land terug te neem wat hulle beheer het. God het toegelaat dat Simson met ‘n Filistynse vrou trou (Rigters 14:4) en dit het hom wettige reg gegee te midde van Israel se vyande. Vir sy opleiding moes Simson eers ‘n jong leeu takel en toe moes hy 30 manne verslaan (Rigters 14:5, 6, 19). Sy vrou is aan sy beste vriend gegee (verraad) en daar is teen hom gesondig, maar hy het die krag en outoriteit om te veg ontvang. In Rigters 15 vang hy jakkalse en vosse (simbole van verraad) en maak fakkels van hul sterte en steek daarmee die graanlande van die Filistyne aan die brand. Hulle, in weerwraak, verbrand sy vrou en vader. Weereens bied dit aan hom mag en outoriteit a.g.v. hierdie groot sonde wat teen hom gepleeg is. Hy verslaan ‘n groot aantal manne (v 8). Rigters 15:11 – Simson word deur sy eie broers verraai. Rigters 15:15 – Hy verslaan 1000 manne met die kakebeen van ‘n donkie.

Page 27: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

27

Rigters 16 – Die tyd het aangebreek waarop Simson beweeg het in herwinning van die land deur ‘n greep te kry op die stadspoorte en twee kosyne, hulle uit te trek – grendel en al (vers 3). Rigters 16:5 – verwys na die prinse van die Filistyne. Simson het dus gestyg in rangorde en was nou in stryd met die hoë rangorde leiers in die vyand se kamp. Nadat sy oë uitgesteek is (v 21) en hy sy krag verloor het, het die Filistynse prinse byeen gekom om ‘n groot offerande te bring aan Dagon, hul god, omdat hy Simson aan hulle uitgelewer het. Die gebou was vol (v27); al die Filistynse prinse was daar saamgetrek, bestaande uit 3000 manne en vroue. Simson het uitgeroep na God en het beide hande op die twee middelste pilare van die gebou geplaas ... en gedruk! Sy outoriteit is herstel en hy het meer mense verslaan in sy sterwensuur as gedurende sy hele leeftyd. Hy het dus die topstruktuur van die Filistyne oorwin. Ons leer baie duidelik uit Simson se lewe dat sy outoriteit progressief gegroei het vanaf sy vertrekpunt, deur ‘n leeu te oorwin, totdat hy die Filistynse prinse vernietig het.

b. Dawid As ‘n jong skaapherder-seun is hy reeds gesalf as koning oor Israel, maar het nie onmiddellik daardie amp opgeneem nie. Hy moes progressief “opgroei” in die salwing en roeping op sy lewe. Elke toets wat voor hom geplaas was, het bepaal of hy sou klim na die volgende vlak. Eerste van dit die leeu, toe die beer, toe Goliat, toe is hy leier gemaak oor ‘n paar manne, totdat, soos hy die toetse geslaag het, hy uiteindelik sy bestemming as koning oor Israel bereik het. Ons leer baie uit die lewe van Dawid – sy hart vir aanbidding, hy het vinnig bely, hy het ‘n gebroke en neergeboë gees openbaar, hy was nederig en baie, baie meer. Hy was ‘n man na God se hart. As kinders van God in die Nuwe Testament, ontvang ons ‘n erflating as konings en priesters. Ons is geroep om te heers en te regeer en om die aarde te onderwerp. Aan ons is gegee krag en outoriteit oor al die mag van die vyand, MAAR net soos Dawid, moet ons eers “opgroei” in ons roepings en bestemmings. Ons sal ook deur baie toetse, beproewings en versoekinge gaan (Jak. 1). God sal ons karakter toets, asook ons hart en ons gehoorsaamheid aan Sy gebooie. Ons vlak van geloof moet groei.

Page 28: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

28

2. PRAKTIESE TOEPASSING

Hoe groei ek in outoriteit en rangorde? Sleutel: Gehoorsaamheid; doen dit wat jy weet jy moet doen; nie net hoor nie, maar voer dit uit en pas toe dit wat jy elke dag uit die Woord van God leer. Daar is aan jou outoriteit gegee oor sewe areas in die volgende orde:

1. Persoonlik Jy moet eerstens handel met persoonlike worstelinge, bv. rook, verslawingspatrone, negatiewe gedagtes, finansies, wellus, ens. Wanneer jy hierdie vlakke oorwin het, ontvang jy rangorde vir die volgende vlak.

2. Gesin Nou het jy outoriteit om te handel met gesins-aanvalle en worstelstryde, bv. huwelik, kinders, siekte van gesinslede, ens. Wanneer jy oorwinnings behaal het in hierdie areas en jy is getrou bevind, ontvang jy “bevordering” in die gees.

3. Kerk Die gesin is sterk en stabiel met God se orde in plek en nou word die gesin gebruik in selgroepe of verskillende bedieninge in die kerk. Soos jy getrou bevind word in die bedieninge by die kerk en soos jou gawe vir jou ruimte maak (Spr. 18:16), word jy bevorder om te bid vir die Kerk van Jesus Christus in jou gebied.

4. Gebied Doen geestelike kartering, geestelike wandelinge, ens. in jou buurt. Soos die Liggaam van Christus saamkom en in eenheid werk in die verskillende areas van die stad of dorp, kan jy begin bid vir jou stad.

5. Stad Nou lei dit tot stede/dorpe wat saamstaan in die vorm van gebedsgroepe wat vir die land bid.

6. Land Deur vir jou land te bid, lei dit tot wêreldwye gebed.

7. Internasionaal Dit is die hoogste vlak.

Page 29: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

29

Onthou: Al het jy oorwinnings behaal op die verskillende vlakke, beteken dit nie dat jy nooit weer worstelstryde op hierdie gebiede gaan hê nie. Jy sal getrou moet bly en handel met die vyand elke keer as hy sy opwagting maak en op wag staan vir God se Koninkryk. Waarskuwing: Wees versigtig om nie buite jou rangorde of outoriteitsvlak te beweeg nie (ons moes al baie mense bedien wat dit gedoen het en ernstig aangeval is deur die vyand). Voorbeelde:

1. ‘n Jong man, vol ywer vir die Here maar sonder wysheid, het probeer om die sterkman oor die dorp Vereniging (SA) te bind en was vir ‘n week verlam totdat ons hom bedien het. Hy het bely dat hy opgetree het vanuit hoogmoed en verwaandheid en ons kon hom terugtrek onder die beskermende bedekking van die Here.

Jesus Christus is die Bevelvoerder van Sy weermag en indien Hy ons nie roep tot ‘n spesifieke stryd terwyl Hy voor ons uitry nie, MOENIE GAAN NIE! Moenie handel in verwaandheid nie. Die “ouderlinge” van die stad of dorp is deur God geroep om in die poorte van die stad te sit. Deur in die poorte te sit, is ‘n geestelike beginsel van wie in outoriteit is oor die stad (sien Kursus 6 deur Kanaan Bedieninge). ‘n “Voet soldaat” kan nie vir die “generaal” vertel om van sy stoel van outoriteit af te klim nie!

2. ‘n Dame met ‘n sterk bediening onder plaaswerkers in die Standerton distrik (SA)

het van haar kop geraak nadat sy in die gaping gestaan het vir al die toordokters in Suid Afrika! Na ‘n baie lang tyd van bediening het ons haar verstand helder genoeg gekry sodat sy dit wat sy gedoen het kon bely, en toe kon ons haar terugtrek onder God se beskerming. Vandag is sy by haar volle verstand, bedien weer, maar is baie versigtig om nie die verkeerde vlakke aan te val wanneer sy oorlogvoering in gebed doen nie.

3. OUTORITEIT IN DIE AREA WAAR JY WOON

God het aan jou outoriteit gegee in die huis en die straat waar jy woon. Die kerk het outoriteit ontvang in die area waar dit geleë is. Kerkleiers van die areas het outoriteit ontvang oor die stad of dorp. Stadsleiers weer, het nasionale outoriteit ontvang en wêreldleiers het internasionale outoriteit. Jy kan nie skielik in ‘n stad of dorp aanland en geestelike oorlogvoering doen soos “jy gelei voel” nie. Jy het geen wettige reg in die gees daartoe nie, en sal hewige teenaanvalle van die vyand ervaar.

Page 30: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

30

Slegs indien jy deur die plaaslike kerk van daardie dorp of stad genooi word en outoriteit gegee is deur daardie leiers, kan jy bedien. [Natuurlik geld dit nie vir plekke waar daar geen kerk bestaan nie, soos bv. in sendingwerk]

4. INTERNASIONALE OUTORITEIT Internasionale outoriteit is ‘n mantel wat deur God aan Sy ambassadeurs gegee is. Hierdie mantel dien as ‘n paspoort in die gees. Hierdie paspoorte is alreeds uitgereik in die Hemel, maar dit kan nie afgelewer word alvorens die “volheid van die tyd” (totdat jy gegroei het in outoriteit tot internasionale vlak nie). God plaas ‘n roeping op jou lewe en dan begin die opleidingsproses. God stel dan die tyd en seisoen in jou lewe vas en sal dan ‘n internasionale mantel aan jou toeken, wat vir jou deure na ander nasies sal oopmaak (jy forseer nooit deure oop of probeer om jouself of jou eie bediening te promoveer / bemark aan ander nasies nie). Daar is baie mantels en mens kan nooit ‘n sekere mantel vir ‘n sekere nasie ontvang, behalwe as mens daarvoor geroep en uitgestuur is deur die Here nie. Baie probeer om na ‘n nasie te gaan terwyl hulle hul eie mantels van outoriteit gebruik, maar glo my, die demone ken die verskil! Aan die een kant sal die demone net vir jou lag en jou ignoreer. Aan die ander kant mag hulle dalk besluit om jou as teiken-oefening te gebruik! Wanneer jy werklik geroep is na ‘n nasie, sal jy ‘n sekere outoriteit ontvang in daardie nasie.

5. OUTORITEIT EN RANGORDE IN DIE OKKULTE Satan is ‘n nabootser en boots patrone na wat hy waargeneem het toe hy nog een van die aartsengele was in God se troonkamer voor sy rebellie. God is ‘n Vader en het seëninge belowe aan duisende geslagte. Satan, as ‘n valse en nagemaakte vader, werk ook met die geslagte en het ‘n wettige reg daartoe, a.g.v. die vloek wat in God se Woord uitgespreek word. Die sondes van die vader sal besoek word aan die kinders en hul kinders, in die derde en vierde geslagte. Jes. 24:5,6 Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor.

Page 31: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

31

Eks. 34:7 ...wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag. Rangorde in die okkulte is meestal voorafbepaal deur die oorgeërfde roeping en gawes wat deur die bloedlyn ontvang is. Die meeste “genesers”, “shamans”, “heldersiendes”, ens. het hul vermoëns geërf. Dit is moontlik om buitestaanders op te lei indien daar waargeneem word dat hulle oor “gawes” beskik. Rangorde of die vlak van outoriteit of krag van die gawe word dikwels sterker wanneer dit “deur”gegee word na die volgende geslag. Die praktisering van die okkultiese gawes deur elke afstammeling, versterk die krag en roeping in die okkultiese gawes. Krag en vermoëns kan toeneem deur uiterste toewyding aan die magte, ens., maar hierdie afstammelinge word normaalweg gemotiveer deur die ingebore geneigdheid (oorgeërfde okkultiese vermoëns) binne die persoon. Normaalweg is iemand beperk tot die spesifieke vlak alreeds in die baarmoeder aan hom toegesê, net soos die Goddelike roeping wat reeds in die baarmoeder geaktiveer word. (Jer 1:5; Ps 139:16). Toewyding, inisiasie en verbondstipe rituele versterk reeds bestaande rangorde en roeping. Hierdie seremonies sal onvermydelik lei tot ‘n tipe van beheer wat oorgegee word aan hierdie inwerkende magte en kan lei tot wêreldlike besetting, dit sal rangorde in die huidige en toekomstige geslagte versterk en vermeerder. In die kultus word rangorde vasgestel deur oorerwing en die “guns” van satan. Hierdie rangorde word versterk deur rituele en seremonies. Hoe meer grusaam, pynlik en afbrekend die rituele, hoe kragtiger is dit. Hierdie soort van rituele sal die mees kragtige geeste oproep en dus lei tot ‘n toename van mag in die spesifieke persoon.

Page 32: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

32

DEEL III: TERRITORIALE OORLOGVOERING

1. PROKLAMASIES vs OORLOGVOERING OOR TERRITORIALE GEBIEDE ‘n Proklamasie is ‘n aankondiging, verklaring, uitvaardiging of in kennis stelling. Proklamasies kan gedoen word deur elke kind van God, ongeag die vlak van volwassenheid of posisie in die Liggaam, en te eniger tyd. Dit versterk die vermoë van God se Hemelse struktuur om slaags te raak op God se bevel. Jy proklameer die Woord van God aan die owerhede en magte. Jy verklaar wat die Woord sê i.v.m. die Heerskappy van Jesus Christus. Jy spreek die Woord in elke situasie. Oorlogvoering is wanneer jy in werklikheid die owerhede en magte aanspreek en hulle bind. Dit is waar die weermag benodig word bv. wanneer die bewyse van ‘n bose mag (verkragting, geweld, dwelmhandel, ens.) op ‘n punt kom in ‘n area / gebied / dorp / stad waar dit blyk dat dit momentum begin kry en probeer om oor te neem, moet die korporatiewe Kerk besluit om op God se beloftes te staan en in oorlogvoering inbeweeg. Die poorte van die hel sal teruggestoot word en die Kerk sal die grondgebied terugeis vir God. Dit is ‘n tyd wanneer oorlog verklaar word en ons bly in die stryd totdat die Heilige Gees ons lei om te stop. Selfs diegene wie nie aktief betrokke is in die stryd nie, sal die effekte van die oorlog voel. PROKLAMASIES

Efes. 3:10-11 ...sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word, volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here Efes. 6:12 ...owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. VERSKIL TUSSEN: Hemelse plekke Hoë Plekke Leërmagte van God (Open. 5) Leërmagte van satan

Page 33: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

33

PROCLAMATIONS

Eph 3:10-11 …to the intent that now the manifold wisdom of God might be made known by the Church to the principalitiesand powers in the heavenly places, according to the eternal purpose which He accomplished in Christ Jesus our Lord.Eph 6:12 …principalities and powers in high places…

DIFFERENCE BETWEEN:Heavenly placesHosts of God (Rev 5)

High placesHosts of satan

Heavenly places - angels

High places -demons

Believer speaks the Word

Ps 119:130 The unfolding of Thy Words give light…

Page 34: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

34

2. TERRITORIALE OORLOGVOERING (gebiede, nasies, stede, ens.) Elke groot generaal en elke oorwinnaar weet dat, ten einde ‘n koninkryk in besit te neem, dit nodig is om die stad binne te gaan, weg te doen met die vorige regering en die ‘n nuwe een daar te stel. Die stad is ‘n regerings-struktuur, ‘n vesting in ‘n ontwikkelde samelewing. Dit verteenwoordig ‘n plek van politieke, godsdienstige en sosiale invloed en dit is hier waar belangrike besluite geneem word. Anders as ‘n klein dorpie, het ‘n stad binne sy grense ‘n baie groter kompleksiteit in al sy organisasie, ontwikkeling en infrastruktuur. Die stad is die mees volmaakte simbool van die verteenwoordigheid van die Koninkryk van God in die Bybel. Ons sien dit in die wonderlike hemelse Stad, beskryf deur die apostel Johannes in Openbaring. Hierdie stad, “Die Nuwe Jerusalem”, spreek tot ons van die groot, ewige heerskappy van God met die mens. Ons moet besef dat elke deel daarvan, die mure, poorte, torings, fondasies en alles daarbinne, simbole is wat die Allerhoogste Koning van die heelal verteenwoord ig in Sy majestieuse Koninkryk. God het Homself aan Dawid bewys as ‘n kasteel, ‘n sterk toring, ‘n versterkte muur en al hierdie strukture is bydraers van die groot vestings in stede van lank gelede. Dit is van die grootste belang om ‘n stad met uiterste presisie te ken in al sy aspekte, omdat dit is wat die panorama vir ons oopmaak om die groot getal van konsepte in die geestesrealm te kan verstaan. Stede verteenwoordig die setel van ‘n troon, heerskappy, of spesifieke regering. In die ou dae het hulle mure en skanse rondom hul stede gebou om dit te versterk en die vyand buite te hou (Mexicans in Victory Conference, April 1994, Dr Rony Chaves). ‘n Aanvallende weermag kan al die veldslagte wen, maar eers wanneer hulle die stad in besit neem, sal die vyandige regering onttroon word. Josua moes die vesting van Jerigo penetreer voordat die kinders van Israel die Beloofde Land kon begin inneem. God het hom die strategie gegee, en die mure het geval. Eers toe kon die Israeliete die vyand se regering vernietig – eers toe hulle die stad ingeneem het, wat die setel van die opponerende mag was. Om stede in te neem, was die nodige strategie om die land van Kanaan te oorwin. Dit is belangrik om werklik die geestelike werklikheid agter die bloedige oorloë te verstaan wat geheers het gedurende die oorwinningstydperk onder Josua in Israel se geskiedenis. As ons die effektiwiteit ken van hierdie strategie, is dit belangrik vir ons om te verstaan hoedat satan, wat slegs ‘n nabootser van God is, eienaarskap van hierdie konsep geneem het om sodoende sy eie koninkryk te bou en hoedat die bou van vestings in die geestesrealm die manier is waarop hy nasies, stede, dorpe en distrikte regeer.

Page 35: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

35

3. FONDASIES VAN DIE VESTING Hoe en waarmee bou die vyand? In die natuurlike wêreld moet die grond eers voorberei en die fondasie gelê word voor daar met die bouery begin kan word. Hierdie selfde beginsel is ook toepaslik op die geestesrealm. Na die groot vloed is die aarde weereens gevul met mense deur die wat oorgebly het van Noag en sy gesin. Ongelukkig was die saad van boosheid steeds diep gesaai in die mens se hart. Noag se seun, Gam, wie meer boosheid geërf het as die ander, het met sy vader gespot en hom getreiter oor sy onopsetlike naaktheid. Daaropvolgend het Noag, sy vader, een van Gam se seuns, Kanaan, vervloek. Uit daardie tak, na verloop van tyd, is daar ‘n sterkman, genaamd Nimrod gebore – ‘n man wat vandag nog uitstaan as ‘n simbool van boosheid. Skrif vertel ons dat Nimrod ‘n “magtige krygsman” was en ‘n “magtige jagter” (Gen. 10:8,9). Nie die naam Nimrod, ook nie die frase “magtige jagter”, word goed verstaan nie. Die basiese betekenis van Nimrod is “rebel”; en volgens antieke, Joodse tradisie, is hy die man wie sy vuis in woede gelig het in uitdaging tot die Here. Nimrod vestig stede in Sinear (lees Gen. 10:10), wat sentrums word waar die mens se trots en arrogansie jeens God verteenwoordig word. Soos die mens ooswaarts beweeg het, het hulle ‘n vlakte in Sinear gevind en daar gebly. Hulle het vir mekaar gesê, “Kom, laat ons stene maak en dit goed bak”. Hulle het stene i.p.v. klip gebruik en teer vir messelklei. Toe het hulle gesê, “Kom laat ons vir onsself ‘n stad bou, met ‘n toring wat tot by die hemel reik, sodat ons naam kan maak vir onsself en nie verstrooi kan word oor die hele aarde nie (Gen. 11:2-4). Hierdie stad, Babilon, is die oorsprong van die hele afgodsstelsel van die duiwel, die wieg van alle valse godsdienste, afgodery, okkulte en al die huidige filosofieë wat ons beskawing vandag beinvloed tot boosheid.

4. TORING VAN BOOSHEID Die Toring van Babel (Gen. 11:9) in Babilon is ‘n fisiese weerkaatsing van wat satan in die geestesrealm gebou het deur die afskuwelikhede van die mens. Klip, wat normaalweg gebruik is vir bouwerk, simboliseer dit wat van God kom, terwyl mensgemaakte stene simbolies is van die begeerte om te vervang dit wat van God kom – dit wat die mens geskep het. In die geestesrealm, simboliseer steen en teer die werke van sonde wat die mens aan die duiwel gee as boumateriaal. Nimrod, vol van die sataniese gedagtepatrone, wou die idee in hierdie wêreld vaslê dat die mens die hemel kan bereik deur sy eie dade. Deur hom het satan sy beheer van die fort gevestig, omdat daar alreeds ‘n vesting in die geestesrealm was wat die duiwel gebruik het om die bewoonde aarde te oorheers. Die Toring van Babel was dus die visuele manifestasie in die natuurlike wêreld van die vesting wat die duiwel gebou het.

Page 36: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

36

Tot vandag toe is die wêreld gevul met sulke torings van boosheid – vestings in die hemele – gereflekteer op die aarde wanneer stede opvul met korrupsie, beheer deur owerhede, magte en heersers van duisternis. Die gevolg is dat miljoene mense beheer word soos marionette.

5. STAD EN BERG VAN GOD Alhoewel die duiwel vestings opgestel het wat blykbaar onvernietigbaar lyk vir die menslike verstand, het Christus gekom om die Stad van God op aarde te vestig. Hierdie stad is die kragtigste struktuur in die heelal omdat dit gefundeer is op Jesus Christus en opgebou is, nie met mensgemaakte stene nie, maar met lewende boublokke – manne en vroue gevul met die Gees van God. Dit is die stad gebou op ‘n hoë berg, Sion. Berge is ‘n simbool van koninkryke, en hulle is onder meer van satan se gunsteling plekke om sy regerings en strukture op te rig. Maar die Skrif sê dat ‘n Heilige Berg gevestig word, ‘n Berg wat elke hoë berg van satan sal gelykmaak: Jes. 2:2 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. Ons moet ons kinderagtige vrese agterlaat en die waarheid insien: Satan is nie in beheer nie; God is in beheer! Satan het vestings gebou oor die hele aarde, maar die tyd het gekom vir die berg van God om in glorie op te rys bo elke ander berg. Dit is tyd vir die Kerk om sy posisie van outoriteit in te neem en elke berg aanspreek om “in die see te val”. (Mark. 11:23). Die berge sal moet val en die regerings van die duiwel sal moet val, omdat ‘n glorieryke Kerk opgerig word. Daar is manne en vroue van God, geklee in ‘n krag so groot dat hulle sataniese vestings neerwerp, met uitvaardigings soos Serubbabel: Wie is jy groot berg? Voor Serubbabel sal jy tot ‘n gelykte word! (Sag. 4:7) Die Skrif sê van die Here: En in die dag sal Sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word (Sag. 14:4). God is besig om profete op te rig, soldate van God wat weet dat die voete van die Here die berge sal vertrap, die koninkryke van die duiwel sal verkrummel. Ons sien die vervulling van wat die Here aan Josua gesê het: Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het (Jos 1:3). Daar bestaan geen mensevoet met ‘n sool wat die duiwel se regering nietig kan maak en aan ons die aarde vir Christus kan gee nie. Slegs deur die heiligheid van die voetsool van Jesus Christus, uitgedruk deur Sy dienaars, kan vir Hom ‘n voetstoel van Sy vyande maak. Die Here werk deur Sy dissipels. Hul voetsole word gebruik om die berge sataniese vensters te vertrap. Hulle het hulself in so ‘n mate van alles ontsê, dat niks van hulself oorgebly het nie. Die stroom van God se lewe en krag kan slegs vloei deur die voete van diegene wat sulke nederigheid en selfverloëning toepas.

Page 37: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

37

Broers en susters: Moet nooit ophou om gewillig te wees vir iets groots om in jou lewe te gebeur nie, omdat God besig is om profete op te rig met die voete van Christus – manne en vroue wat nie alleen die hemele sal laat sidder nie, maar ook die aarde! Voorheen is gemeld dat die mens se sondige dade die materiaal aan die duiwel bied om te bou. Vanweë die feit dat alle waarheid parallel is, kan ons interessante gevolgtrekkings bereik indien ons individue beskou as die basiese eenhede wat ‘n samelewing uitmaak. Soos ons sal sien, ly ons steeds a.g.v. verbonde wat ons voorouers gemaak het met demoniese magte lank gelede. Die mens is in essensie ‘n gees wat binne ‘n liggaam lewe en met die buitewêreld kommunikeer deur die siel. Net so is ‘n nasie ‘n “gees” wat gevestig is in ‘n gebied (sy “liggaam”) wat homself uitdruk aan die wêreld daarbuite deur die persoonlikheid van sy mense (sy “siel”). Op dieselfde manier word ‘n menslike siel beïnvloed deur seer, gewelddadige impakte, verwerping en okkultiese en afgodspraktyke en verbonde. Die siel van ‘n groep mense, by gebrek aan ‘n beter uitdrukking, ontvang ook dieselfde impakte vanuit diesulke praktyke, en dit bring skade en demoniese onderdrukking oor die land mee. Ons sien hierdie waarheid in die Bybel wanneer God verwys na Israel of na een van haar stamme asof dit ‘n persoon is wat deur boosheid of pyn gebind is: Saamgebind is die ongeregtigheid van Efraim, weggebêre is sy sonde. En weer verklaar Hy, Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die Here jou [Israel] geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou [Israel se] God. Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! (Jes. 54: 6, 11). God beskryf ook die restourasie van Israel in persoonlike terme: In die dag, spreek die Here, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het. Dan sal Ek die wat kreupel was, tot ‘n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot ‘n magtige nasie. (Miga 4:6,7). Deur die geskiedenis is daar sommige nasies wat so beseer is deur sosiale onreg en wat geskend is deur afskuwelike oortredinge van rassisme dat baie gedryf is tot by die punt van uitwissing deur onbeskryflike dade van menseslagting. Nasies is beseer deur tirannie en korrupte regerings gelei deur mense wat in verbond met die duiwel gestaan het. Sulke dade het veroorsaak dat nasies eintlik verwond word deur die Hand van God, soos Hy Israel so lank gelede verwond het. Al hierdie boosheid gaan voort terwyl God se volk nie optree nie, terwyl ons nie tot die volle bewustheid kom van die geestelike toestand van ons stede en lande nie. Ons glo sterk dat die Heilige Gees vandag besig is om ons wakker te maak vir die diepgaande waarhede wat ons lande baie kritiek beinvloed. Daar is in ons midde onbelyde sonde, sondige verbonde en ede wat nie gebreek is nie. Voorouerlike deure wat oopgemaak is om vreemde gode binne te nooi ten einde beheer te neem van ons land, is nog nie toegemaak nie. Die mag van bloedoffers wat nie gekanselleer is deur die versoenings Bloed van Jesus Christus nie, bied steeds aan die duiwel wettige reg om in ons nasies te werk.

Page 38: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

38

6. BOOSHEID GEWORTEL IN DIE GESKIEDENIS

Om die land skoon te kry van sulke boosheid, is dit van uiterste belang dat ons ‘n stad se geskiedenis vanaf sy stigting moet analiseer. Net soos die dratydperk van ‘n fetus in sy moeder se buik en die eerste lewensjare bepaal hoe daardie persoon gaan ontwikkel, so bepaal die beginsels waarop die stad gebou is, sy latere ontwikkeling. Net soos die siel van ‘n kind diepgaande gemerk kan word deur omstandighede wat plaasvind terwyl dit in die baarmoeder is, so kan die geestelike fondasies wat ‘n stad sal regeer, versterk word wanneer dit opgerig word. Sekerlik sal die gebede van individue wie opreg vir God opsoek, ‘n uitwerking hê op die verlorenes. Maar die Gees wil ons oë oopmaak en ons lei om te verstaan dat nie alleen individue nie, maar ook stede en nasies gebind word deur satan se kettings. Ons almal dra skuld daaraan. Indien ons nie hierdie sondes bely op familievlak, groepsvlak, plaaslike vlak en selfs nasionale vlak nie, en onsself nie identifiseer met God as Sy ware priesters nie, sal hierdie sondes voortgaan en die dood teweegbring. Hulle sal toeneem in die Liggaam net soos wonde wat nog nooit herstel het nie en hul infeksie versprei in die individu se liggaam. Om hierdie redes is die aarde vervloek en siek. Die grond kan nie genees word deur belydenis en toegewyde lewens van geisoleerde individue nie. Korporatiewe sondes, gepleeg deur mensegroepe, moet mee gedeel word op die korporatiewe vlak deur onsself te identifiseer met, en onsself in te sluit in ‘n spesifieke kategorie van menslike wesens en vergifnis vra vir die sondes van die nasie of groep. Daniel was nie ‘n man wat aan die sonde oorgegee was nie; glad nie; hy het ‘n lewe van dienslewering aan God geleef. Maar die Here het vir hom gewys dat sy persoonlike voorbidding vir die volk van Israel, die sleutel was om hulle uit gevangeneskap en slawerny te verlos. Om intersessie / voorbidding te doen is om te identifiseer met die sondaar, om jouself in die sondaar se plek te plaas, om tussen God en die oortreder te staan. Natuurlik sal dit slegs effektief in die geestesrealm wees indien diegene wie bely namens hul volk, alreeds hul eie sondes (sondes van voorgeslagte) in nederigheid bely het.

7. GOD SE WEERMAG IN GEESTELIKE OORLOGVOERING Die rol van gebedsstryders Vir jare mobiliseer ons nou al die Kerk om te bid, omdat gebed die mees kragtige manie r is waarop God se bonatuurlike ingryping kan manifesteer vir die verandering van die koers van menslike gebeure. Ons sien dat die Heilige Gees ons lei in ‘n meer doelgerigte tipe van gebed en ook dat elke gebedsstryder sy/haar korrekte plek vind. As gevolg hiervan, maak gebedsstryders ongelooflike stredes en vernietig hulle die duiwel se vestings soos nog nooit voorheen nie.

Page 39: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

39

Tesame met die uitstorting van die Heilige Gees, wat die profetiese mantel meebring, is daar ‘n glorieryke ontwaking van God se weermag op pad. Soos nooit tevore nie, sien ons gebedsgroepe, geestelike oorlogvoerings-afdelings en massiewe byeenkomste van intersessie wat opgerig word. Die geestelike stryd wat op ons is, beweeg honderde Christen skrywers, leiers en predikers. Asemrowende openbaring word gegee aan diegene wat die uitdaging aanvaar om die magte van die hel aan te val totdat hulle onderwerp is. Dit is asof ‘n golf van goddelike wysheid die wonderlike geheime van God openbaar maak – dit wat eenkant geplaas is vir die la aste dae. Daar was geprofeteer dat wetenskaplike vooruitgange sal toeneem gedurende die laaste eeue en saam met hierdie geweldige ontwikkeling wat ons in die natuurlike wêreld sien, sal die kennis van God voortgaan om openbaar gemaak te word op ‘n wonderlike wyse in die geestesrealm. Deur meditering oor die progressiewe werk van restourasie wat gedoen word deur die Heilige Gees, kan ons waarneem hoe God meer en meer Sy vyande onder die voete van Christus plaas, net soos ons in Heb 2:8 lees: Alle dinge het U [God] onder Sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan Hom [Jesus] het Hy niks uitgesonder wat aan Hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan Hom onderwerp is nie. Die skrywer gaan voort deur te sê dat Jesus “vir altyd gaan sit aan die regterhand van God en wag nou verder totdat Sy vyande gemaak is ‘n voetbank van Sy voete”. (Heb. 10:12,13) Hierdie verse wys duidelik dat die geestelike stryd, die onderwerping van die duiwel se ryk aan die Koninkryk van God, ‘n proses is wat aangegaan het deur alle tye. Alhoewel Jesus die werk van redding algeheel afgehandel het aan die Kruis van Golgota, gee Hy ons die voorreg om deel te wees van Sy groot oorwinning, beklee ons in Sy krag sodat ons die hele sataniese mag gevange kan neem. Waarlik, Sy bedoeling was: ...sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word. (Efes. 3:10). Verwaande optrede Ps. 19:14 – “hou U kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.” Gebed en geestelike strydvoering behoort ‘n werk te wees gelei deur die Heilige Gees. Ons moenie die geesteswêreld binnetree op ‘n nonchalante wyse sonder rigting nie. Dr. C. Peter Wagner vertel van twee sendelinge wie, teen die advies van plaaslike Christen inwoners in, besluit het om ‘n boom af te kap waar verskillende sataniese seremonies plaasgevind het. Beide is doodgeslaan op die presiese plek. (C. Peter Wagner and F. Douglas Pennoyer, eds., Wrestling with Dark Angels. Ventura, CA: Regal Books, 1990, p.87). Ons behoort hieruit te leer hoe gevaarlik dit is om ‘n posisie in ‘n stryd te beklee waarvoor ons nie opgelei is nie. In menige weermag is daar posisies wat intensiewe opleiding vereis, asook diep interne voorbereiding. Alhoewel ons nie die mag van die duiwel behoort te verheerlik of oorbeklemtoon nie (want hy is ‘n oorwonne vyand), moet ons ook nie sy geslepenheid (insig, goeie oordee l en persepsie) onderskat nie, en nog minder sy kapasiteit vir die stryd.

Page 40: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

40

Om ons menslike swakhede te herken, bring ons in nederigheid in die plek van algehele afhanklikheid van God. Alhoewel die mag van satan beperk is, is hy sonder enige twyfel die meester van misleiding en boosheid. Dit is geskrywe dat in die laaste dae die boosheid sal toeneem op die aangesig van die aarde, en daar sal ‘n verswakking in geloof kom wat sal veroorsaak dat sommige, selfs van die uitverkorenes, mislei sal word. Jesus het gevra, ...maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind? (Luk 18:8). Sonder twyfel val satan aan met alles waartoe hy beskik in hierdie laaste dae. Dit is een van die basiese redes waarom dit so belangrik is om die funksies van die weermag vas te stel en ook die strategieë vir elke stryd. Die generaals in die stryd God is besig om die moderne tyd se profete toe te rus vir die rol van doelgerigte geestelike oorlogvoering, net soos generaals in die natuurlike realm toegerus word om weermagte te begelei. Die bediening en mantel van die profeet is absoluut noodsaaklik in die koordinering van die geestelike weermag en om God se strategie vir die stryd te openbaar. Hierdie bedienings-amp en die van die apostels, vorm God se dekking vir Sy weermag. Hulle lei, rig en beskerm die weermag, terwyl hulle in wysheid die strategieë van aanval en die regte tydsberekening uitwys om dit uit te voer. Ten einde ten volle te verstaan wat die Heilige Gees wil doen en wanneer Hy dit wil doen, benodig ons visie en begrip. Dink jou in om ‘n vyandige vesting te konfronteer met ‘n hele weermag opgelei vir oorlogvoering; en ‘n groep voortvarende soldate, a.g.v. eenvoudige entoesiasme, wat voortydig besluit dat dit nou die tyd is om aan te val. Indien “nou” die oomblik is wanneer die vyand op sy beste voorbereid en paraat is, sal die klein afdeling definitief verslaan word. Aan die ander kant, indien God deur Sy profete die oomblik openbaar wanneer die vesting verswak is, terwyl baie van sy troepe op ‘n ander sending is, kan die vyandige vesting maklik ingeneem word en oorwinning is gewaarborg. Die profetiese bediening, met sy offisiere en intelligensie -korps, kan die tydsberekening en strategieë onderskei van die Allerhoogste Generaal – Jesus Christus. Die Intelligensie-korps God se intelligensie -korps bestaan uit Sy spioene, wie die geskiedenis ondersoek en bewus is van al die aanvalle wat die vyand beplan om te onderneem. Soldate in die goddelike intelligensie-korps is in tred met die varsste nuus in die massa media. Hulle ontleed kaarte en ontdek die plekke waar die duiwel pilare van ongeregtigheid opgerig het – plekke van intense sondige aktiwiteit binne die bevolking. Hierdie is die soldate wat die geestelike kartering doen.

Page 41: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

41

Die Kommando’s Onder die offisiere is afdelings kommando’s (Green Berets soos genoem in sommige lande). Hierdie is hoogs gespesialiseerde soldate wat spesifieke take lanseer om vestings in te neem. Hul hooftaak is om die sterkman/ne wat die stad beheer, te bind en neer te werp. God se kommando’s is bedienaars met profetiese eienskappe ; hulle is effektiewe intersessors wat begaafd is met dapperheid om owerhede en magte van aangesig tot aangesig te konfronteer. Hulle beweeg in sleutelposisies, aangewys deur die Heilige Gees en, soos die profete van die Ou Testament, gehoorsaam hulle die stem van God, selfs tot die dood toe, maak nie saak hoe belaglik die goddelike orde blyk te wees nie. Hierdie groepe sluit in soldate wat in groot bevrydings bedienings staan. Die Artillerie brigade God se weermag sluit ook ‘n brigade in wat in bevel staan van die wapens van massiewe aanval. In die natuurlike wêreld bestaan die ligte artillerie uit granate en diegene wie die kanonne, masjiengewere ens., dra. In die geestesrealm, is hierdie die bedienaars van lofprysing, groepe tamboerynspelers wat die vegters aanmoedig en bedienaars van oorlogsdanse. Die swaar artillerie in die natuurlike wêreld is die gepantserde tenks, duikbote en oorlogsvliegtuie. In God se weermag, bestaan die artillerie uit intersessors met ‘n profetiese salwing wie met soveel krag in die Gees sal kreun, dat hul gebede soos ware bomme is. Binne hierdie range sal ons ook karavane motors sien wat stede omring met intersessie en gebedswandelinge. Hierdie strategie word gebruik om geestelike mure van ongeregtigheid in ‘n gebied neer te werp, en om die grense van gebiede wat vir Christus geneem word, af te merk. Gebedswakers maak ook deel uit van die artillerie korps, omdat dit deur kragtige gebed is wat God die vestings verswak wat deur Sy volk ingeneem moet word. Dit is baie belangrik om hierdie troepe te gebruik in die uitvoering van ‘n strategie teen die magte van satan. Die Infanterie ‘n Weermag se infanterie bestaan uit die voetsoldate. In sommige weermagte is hulle gewapen met bajonette en gewere. Hierdie is die soldate wat belas is met die werklike storm-aksie op ‘n stad. In die geval van ‘n hoogs-beskermde vesting, kom hulle in beweging die oomblik wanneer die kommando’s die sterkman en die poorte van die stad ingeneem het, of dit is deur die kommando’s of die swaar artillerie. Hulle maak ook ‘n verdedigingskorps uit wat gefortifiseerde stede inneem. In God se weermag, is hierdie die mense wat in der waarheid handgemeen raak. Dit is die evangelistiese aksie en die werk van persoonlike bevryding wat siele een vir een uit die duiwel se gevangeskap terugruk.

Page 42: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

42

Hierdie kort beskrywing van ‘n weermag kan in baie vollediger besonderhede beskryf word. Die punt is dat ons moet begryp wat die diversiteit van posisies is wat ‘n weermag uitmaak en die belangrike deel wat elke tipe soldaat speel in die sukses van ‘n oorlog. Selfs diegene wat ons sou beskou as die minste belangrik, kan ‘n groot openbaring ontvang, asook geestelike krag, en in die verlede het sommige van hulle al uitgestaan as groot helde in die stryd. SLOTSOM Oor die jare het hierdie wêreld – die ewig toenemende duisternis van hierdie wêreld het woorde met Goddelike betekenis / doel geneem en dit bederf met hierdie woorde. Vandag, a.g.v. ons geskiedenis van oorlog, pyn en bedrog, ervaar ons ‘n woord soos “outoriteit” in ‘n negatiewe lig – ons sien dominering, beheer, self die terreur van Nazi Duitsland of die Suid Afrikaanse apartheids sisteem. God se bedoeling van die woord bevat egter die element van meegevoel – Goddelike leierskap met die hart van ‘n dienskneg. Die regte begrip van God se doel en die implementering van God se plan, die funksies van die Liggaam in eenheid sonder enige persoonlike ambisies, sou beteken dat elkeen binne die Liggaam veilig sou voel om onderdanig te wees en om te kan funksioneer binne hul maksimum vermoë. Hierdie graad van vryheid sal ongelooflike krag, energie en rigting losmaak in die stryd teen die magte van duisternis. Ons weet dat soos duisternis meer word, word die Lig ook meer. Ons weet dat die Kerk sal groei van Heerlikheid tot Heerlikheid en daarom het ons geloof dat God se orde vir Sy Koninkryk in plek sal val. In Openbaring sien ons die Tweede koms van die Messias. Ons sien dat Hy ‘n weermag begelei. Ons sien dat daar ‘n strategie en ‘n plan is – ons sien die hulpbronne gereed vir gebruik op die regte tyd – ons sien die eindtyd resultaat. Die Messias sal regeer en almal se knieë sal buig – Prys God – die tyd vir oorlog sal verby wees – ons sal altyd leef onder Sy Outoriteit! AMEN.

Page 43: Autoriteit en Rangorde - Kanaan Ministries...God behou die reg op wraak vir Homself. Heb. 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here,

43

BRONNE

1. Bevere, J. Under Cover. Nashville: Thomas Nelson Publishers; 2001. 2. Méndez, A. Shaking the Heavens. Ventura, California, USA; Renew from A

Division of Gospel Light; 2000. 3. Watchman, N. Spiritual Authority. New York: Christian Fellowship Publishers,

Inc., 1972. 4. Jackson, J.P. Needless Casualties of War. North Sutton, New Hampshire:

Streams Ministries International; 2000.