20
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za September/Oktober 2013 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser Foto geneem deur: Johan Smit NUUS VAN HERDERSPAAR DON’T JUDGE ….. OORGAWE GEBED SKAAKMAT JOU BESTE TYD SOEK DIE ANTWOORD FOTO NUUS ONS STEL BEKEND DIE SKEPPER SE DIEËT HARDLOOP, DISSPEL ……. AL BRUIS DIE JORDAAN ADVERTENSIES Foto : Laagwater Bruggie Malmesbury

Aptytwekker sepokt 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Geestlike Pitkos, Maandlikse Nuusblad

Citation preview

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

September/Oktober

2013

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

Foto geneem deur: Johan Smit

♦ NUUS VAN HERDERSPAAR

♦ DON’T JUDGE …..

♦ OORGAWE GEBED

♦ SKAAKMAT

♦ JOU BESTE TYD

♦ SOEK DIE ANTWOORD

♦ FOTO NUUS

♦ ONS STEL BEKEND

♦ DIE SKEPPER SE DIEËT

♦ HARDLOOP, DISSPEL …….

♦ AL BRUIS DIE JORDAAN

♦ ADVERTENSIES

Foto : Laagwater Bruggie

Malmesbury

2

‘n Geestelike leier is soos die kaptein van seilskip. Wanneer die skip sy bestemming nader, begin die bemanning na die eerste teken van land uitkyk. Die kaptein het al gevaar op al wat ’n see is, en het elke moontlike seiltoestand ervaar. Sy bemanning, aan die ander kant het heelwat minder ervaring as die kaptein. In die een stadium roep ‘n matroos op-gewonde uit: “Land, kyk!” Maar al wat hy gesien het, is wasem wat weens die warm son van die water af opstyg. Netnou roep nog ‘n matroos uit dat hy land gesien het, maar dis nog ‘n vals alarm. Die “land” is net ‘n klomp walvisse. Die kaptein kyk versigtig oor die see uit en bespeur die onmiskenbare vorm van land na die oostekant.

Wat het gebeur? Die bemanning het dieselfde sigvermoë as hul kaptein. Maar hulle onervaren-heid ter see het hulle verward gemaak. Wat maak die kaptein met sy bemanning? Sê hy: “Dis als in die haak. Dis my taak om te sien waarheen ons gaan. Of tik hy sy bemanning oor die vingers omdat hulle so blind is? Nee, hy weet dat sy oë niks beter as sy bemanning s’n is nie. Hulle kan leer om die land net so goed raak te sien soos hy – as hulle geleer word. Hy leer hulle dus. Hy help hulle om te weet wanneer ‘n vorm

in die verte ‘n rots of walvis is. Op die ou end hoef die kaptein nie meer op die dek te wees en na land te soek nie maar kan hy aan ander belangrike take sy aandag geen wat uitsluitlik net vir hom bedoel is. Sy bemanning weet ook hoe om dit te doen.

Dis waarmee ons besig is Sondag vir Sondag en ook nog deur die week wanneer kursusse aan-gebied word en selfs ook in die Selgroep, om opleiding te gee. Elkeen het sy roeping en bediening en taak as gelowige (1 Pet. 4:10). En so word u geleer en geskool om u plek vol te staan in die liggaam van Christus en een man hoef nie ander of almal se taak te doen nie.

Lees asb. Efe. 4:11-13 - “En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, (v.12) om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, (v.13) totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;”

Past. Piet & Susan Smit

NUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAAR

3

These six things doth the Lord hate: yea, seven are an abomination unto him:

A proud look, a lying tongue,

and hands that shed innocent blood,

an heart that deviseth wicked imaginations,

feet that be swift in running to mischief,

a false witness that speaketh lies, and he that soweth discord among

brethren. Proverbs 6:16-19

If you’ve made a commitment to keep strife out of your home, you may have noticed a new frontline battle: more pressure than ever to get in strife in your church!

Maybe the devil has provoked someone to be rude to you and hurt your feelings. Or maybe he made sure you found out about something someone else did wrong, and then you talked about it to others.

When he presents you with those opportunities, turn him down—fast! Treat that temptation to gossip and stir up strife like you would a poisonous snake, because in the eyes of God, participating in strife in the Church is one of the most serious of sins (Proverbs 6:16-19).

God considers stirring up strife such a grave sin that He lists it alongside

murder and lying. So stay away from it.

Ask God to reveal to you if you’ve entered into strife inadvertently. He may remind you of a time you

passed along some gossip or criticized the pastor.

If He does, repent, and be more conscious of those things in the

future. Determine in your heart that from now on, if you see your brother sin,

you’ll believe God for him and pray for him instead

of perpetuating that brother’s problem by talking to everyone about

it.

I realize sometimes that seems extremely difficult to do. But here’s something that will help you. When you’re tempted to get in strife by judging a fellow believer, remember Romans 14:4 and ask yourself,

“Who art thou that judgest another man’s servant?”

The devil will try to push you into making a decision about that person, to say whether he’s guilty or not guilty. But don’t give in to that pressure. It’s not your job to judge others. (Isn’t that a relief?) First Corinthians 4:5 says, “Judge nothing before the time, until the Lord come, who both will bring to light the hidden things of darkness, and will make manifest the counsels of the hearts:

(Continued on page 12)

(Gloria Copeland)

4

As jy God werklik wil ken en ‘n lewe

van oorgawe wil leef, bid dan die

volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in

die Naam vanvan die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die

Naam van die Here aanroep, sal

gered word (Rom 10:31). Ek roep

U aan! Vergewe my die sonde wat

tussen my en U staan. Ek het

berou daaroor, want dit het U

heilige Naam onteer. Was dit weg

met U bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die Here

van my lewe, kom in my lewe om

die beheer van my lewe oor te

neem en my te wederbaar tot ‘n

nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg is,

weet om goeie gawes aan julle

kinders te gee, hoeveel te meer

sal julle Hemelse Vader julle die

Heilige Gees gee aan die wat

Hom bid:” (Luk. 11:13).

Ek vra U ook om my nou te vervul

met U Heilige Gees en dat dit sal

word soos strome van lewende

water wat uit my binneste kom

(Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek

verwag om in tale te spreek soos

die Gees aan my gee om uit te

spreek

(Hand. 2:4)”

Begin om God te prys. Spreek die

woorde en klanke wat die Heilige

Gees aan jou gee - nie jou eie taal

nie. Jy moet jou eie stem gebruik.

God sal jou nooit forseer om te

praat nie. Aanbid God elke dag in

tale. Jy sal nooit weer dieselfde

wees nie!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-

Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat

uit skeuring ontstaan het nie. Laat

jou doop in water (Mark 16:16,

Hand. 2:38) en word deel van God

se familie!

Ons sal graag vir u

behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

Oorgawe gebed

5

Om van elke dag die beste dag ooit te maak is om te weet ... * dat elke nuwe dag ons die geleentheid bied om oor te begin; * dat ons gesindheid teenoor die lewe die sleutel tot alles is; * dat wonderwerke elke dag gebeur danksy God se genade; * dat opregte vriende soos kosbare pêrels is; * dat ‘n oor wat luister baie meer werd is as enige woorde; * dat ‘n sagte hart ‘n siel kan aanraak; * dat ‘n helpende hand iemand weer moed kan gee; * dat ‘n drukkie iemand weer kan laat glo; * dat ‘n glimlag iemand se dag kan maak; * dat ons soms net iemand nodig het wat in ons glo; * dat alles gebeur met ‘n doel; * dat probleme oor ons pad ons kom toerus vir die toekoms; * dat ouer mense se wysheid en insig goud is wat verniet uitgedeel word; * dat ons nooit alleen is nie; * dat dankbaarheid vreugde bring; * dat die lewe ‘n gawe en ‘n voorreg is; * dat geluk ‘n keuse is wat net onsself kan maak; * dat die dag van more vir niemand gewaarborg is nie; * dat liefde die begin en einde van alles is; * dat hoop alles moontlik maak; * dat geloof alles waarborg; * dat liefde in ons harte alles onbeskryflik mooi en vreugdevol maak; * dat al ons drome en wense wel waar kan word … as ons net opreg glo.

oOo

(Marlene Goosen)

6

(Vervolg vanaf Jul/Aug )

HOOFSTUK 11

JEAN DE FERRIÈRES VERTEL: JEUG EN BEKERING

Ek is in Johannesburg gebore op 7 September 1908. My vader se familie is een van die oudste adellike Franse families, terwyl my moeder weer van die Engelse adel is. Ons huistaal was Engels.

My hele jeug was gekenmerk deur ‘n groot stryd teen liggaamlike swakheid en siektes van allerlei aard. Ten spyte daarvan het my vader tog baie hoë ideale vir my gekoester. Toe ek slegs sewe jaar oud was, het hy my by ‘n Handelskollege ingeskryf en moes ek begin met ‘n tik- en snelskrif kursus. ‘n Jaar later het ek my eerste snelskrifeksamen geslaag. Dit was ‘n wêreldrekord vir my ouderdom. Ek is nou nog in besit van die telegram van gelukwensing wat Pitmans van Londen aan my ouers gestuur het. As seuntjie van tien jaar moes ek toe vir my vader die notules van vergaderings tik.

My vader was ‘n direkteur van goudmynmaatskappye en daarbenewens het hy sy eie

maatskappy gehad waarvan hy die voorsitter was. Met sy span geoloë en Franse wetenskaplikes het hy vasgestel dat daar ‘n baie ryk goudrif vanaf Johannesburg deur die Westelike Transvaal loop. Dit was nog voor my geboorte. Destyds het die mense hom daarvoor uitgelag en gesê dat sy idees ongegrond was. Tog, is daar vandag van die rykste goudmyne presies waar hy vasgestel het dat die goudrif was! Ongelukkig het hy op daardie tydstip byna al sy geld verloor en kon nie met sy navorsingswerk voortgaan nie.

My vader het homself bestempel as ‘n agnostikus (een wat die bestaan van God nog aanvaar nog verwerp). Hy was egter ‘n baie eerbare man.

Toe ek tien jaar oud was, het hy besluit dat my suster en ek beide vioolkunstenaars moes word. Ons het dadelik met ons studies begin. My gesondheid het egter swakker en swakker geword. Dikwels het ek vir maande aaneen in die verpleeginrigting of tuis gelê. Ek ken siekte en eensaamheid in hul wese!

My vader het ons nie toegelaat om na publieke skole te gaan

(Vervolg op bl. 15)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

7

(Oorgeneem)

Daar was jare gelede in die beroemde Louvre Museum in Parys in Frankryk ‘n skildery met die titel: “SKAAKMAT”. Dit het ‘n skaakspel voorgestel – die bord op die tafel, met die duiwel aan die een kant en ‘n man aan die anderkant. Die duiwel het ‘n selfvoldane glimlag op sy gesig gehad. Hy het pas “Skaakmat!” geroep – die oorwinningskreet wat in die skaakspel gebruik word, wat ‘n speler sê wanneer hy weet dat hy sy opponent geklop het.

Die man daarenteen het met ‘n stroewe uitdrukking op sy gesig na die bord voor hom sit en staar. Die spel was verby. Hy het teen die Satan verloor. Hy is verlore en ‘n verskriklike ewigheid wag op hom.

‘n Museum is ‘n plek waar ‘n mens jou ordelik moet gedra. Mense gesels nie eintlik met mekaar nie, beweeg stadig in die gange en besigtig al die wonderlike dinge wat uitgestal is.

Maar op ‘n dag hoor die kurator [die opsigter van die museum] ‘n vreeslike lawaai. Hy gaan dadelik uit sy kantoor om te gaan kyk wat aan die gang is. Iemand is besig

om die vrede en stilte in die museum te versteur. Hy sien ‘n klompie mense wat saamdrom, en toe sien hy ‘n man wat na die spesifieke skildery van die skaakspel wys. “Dis ‘n leuen!!” sê die man. “Dis nie waar nie!! Dis ‘n leuen!!” roep hy weer uit. Die kurator probeer hom stilmaak en vra vir hom om nie so in die museum te lawaai nie.

Maar weer roep die man uit, terwyl hy na die skildery wys: “Dis ‘n leuen!! Ek sê vir julle dis ‘n leuen!!” “Wat bedoel jy met ‘Dis ‘n leuen’?” vra die kurator. “Dis tog maar net ‘n skildery. Wat is ‘n leuen?”

“Dis ‘n leuen!” sê die man weer. “Ek is ‘n kampioen-skaakspeler. Die spel is nie verby nie. Die koning het nog een skuif oor! Die koning het die laaste skuif! Die man kan die spel wen!”

Halleluja!! Ek glo jy kry die boodskap.

Moses staan voor die Rooi See. Farao storm aan en die volk moet deurgaan. Die duiwel skree: “Skaakmat!”, maar die Koning het nog ‘n skuif.

Daniël word in die leeukuil gegooi en sy vriende in die

(Vervolg op bl. 12)

S K A A K M A TS K A A K M A TS K A A K M A TS K A A K M A T

8

Terwyl ek deur 2 Samuel lees vanaf hoofstuk 8 tot 10 en ek sien Dawid se oorwinninge en sy opgang, is my hart eintlik benoud vir sy part, omdat ek besef in hoofstuk 11 val ons held in sonde ... Kyk net hoe maak hy opgang, hoe eskaleer hy in die spiraal van sukses:

· 2 Sam. 8:1 – “En daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem”

· 2 Sam. 8:2 – “Hy het die Moabiete ook verslaan ... en die Moabiete het Dawid se belastingpligtige knegte geword.”

· 2 Sam. 8:6 – “Die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.”

· 2 Sam. 8:13 – “En Dawid het naam gemaak ...”

· 2 Sam. 8:14 – “... en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.”

In my Bybel het ek die volgende woorde geskryf teenoor vers 14:

“Hoe gevaarlik as dit so gaan,” want dit het gemaak dat Dawid oorgerus geraak het. Dit het gemaak dat Dawid homself bevind het op sy paleis se dak terwyl hy saam met die leër moes uitgetrek het. Sy waaksaamheid was verslap toe hy van die dak vir Batseba gesien het ... met rampspoedige gevolge.

Hoe gevaarlik die tyd van voorspoed en sukses in die kind van die Here se lewe. Dit kan maak dat mens minder afhanklik van God begin lewe. Jy begin die gebed afwater en die Woordstudie verflou algaande en

voor jy jou kom kry, dryf jy weg van die Here af ...

Ek dink dat die beste tyd in die lewe van Dawid was toe hy in diepe vertroue en afhanklikheid naby God geleef het:

Toe hy sy pa se skapeopgepas het en alleen die beer en die leeu moes trotseer.

(Vervolg op bl. 19)

JOU BESTE TYD (Past. Piet Smit)

9

BAIE GELUK!!!

• Eugene & Simone Nieman met die geboorte van Marno - 08/07/2013

• Steve & Anna-Marie Leander met geboorte van Stefnay - 18/07/2013

• Natie & Terina vd Merwe met die geboorte van Franco. 15/08/2013

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by: corpuschristi@cybersmart. co.za

VORIGE KEER SE ANTWOORD

Die twee domste diere in die Bybel is die donkie (Ps. 32:9)

en die volstruis (Job 39:20). Niemand kon die antwoord vind nie.

HIERDIE KEER SE VRAAG

Noem die name van die 5 bekende stede van die destydse Filistyne.

SOEK DIE ANTWOORD

10

FOTO-NUUS

Regs:

Susters

van die

AGS

Corpus

Christi

Talente aand—21 Julie 2013

Peace Makers

Jeug van AGS Corpus Christi

Japie Muller

Emile Smit

Ons musikante

Michaela Smit Stephan Cloete Anrich Cloete

11

Potjiekos kompetisie 27 Julie 2013

Bid op Kasteelberg - 4 Augustus 2013

Daar was 26 wat die berg aangedurf het.

Die oudste was 87 jaar oud. Kom jeug!!!

Hier is van die kinders wat

saam geklim het.

Pretloop

Potjiekos WENNER!!!

Herman Aucamp Teetafel

Roosterkoeke!!!

12

and then shall every man have praise of God.”

If you’re in a church where the pastor has done wrong, and you feel you don’t want to follow him, that’s fine. I don’t blame you. Leave that church and go to one with a pastor you can trust and respect. But do it quietly. Don’t sow discord before you go. Most important of all, wherever you go, be sure to go in love. Go in love and guard diligently against strife. When you do, you will keep your faith strong and your blessings out of the devil’s hands. Walk in love and you will always live in victory!

oOo

(Continued from page 3)

(Gloria

vuuroond. Die duiwel skree “Skaakmat”, maar die spel is nog nie verby nie. Koning het nog ‘n skuif.

‘n Vrou word op ‘n daad van sonde betrap. Hulle bring haar na die Here Jesus toe. Die duiwel skree “Skaakmat!”, maar die Koning het nog een skuif.

Die Here Jesus hang aan die kruis en die duiwel skree “Skaakmat”, maar die spel is nog nie verby nie. Die Koning het nog

‘n skuif.

Dalk is jy in ‘n slegte posisie in jou lewe en jy dink [die duiwel sê vir jou] dis ‘n “Skaakmat” situasie, maar Koning Jesus het nog ‘n skuif. En met daardie een skuif wen Hy elke keer vir ons die spel. Hoeveel keer in die verlede het ons al die duiwel se “Skaakmat!”-leuens gehoor. Tog laat die Koning ons elke keer triomfeer. 2 Kor. 2:14.

oOo

(Vervolg vanaf bl. 7)

S K A A K M A TS K A A K M A TS K A A K M A TS K A A K M A T

SIMPATIE Ons innige meegevoel

aan:

◊ Charlotte Rossouw met die afsterwe van haar broer Derek. 02/05/13 ◊ Nellie Mentoor se suster. ◊ Susan Smit se pappie. 15/08/13

There are times when prayer is the only GIFT we can

give to the people we care for, so I do PRAY to God to take care of YOU, always.

13

♦ WAAR IS BROER GEBORE? Elsiesrivier ♦ WATTER SOORT WERK DOEN BROER? Fibre glass laminator ♦ BEOEFEN BROER ’N SPORT? Nee ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Almal se vriendelikheid en die blote feit dat ek welkom hier voel en dat ek hier wil wees.

♦ WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Past. Piet Smit ♦ WIE IS BROER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Tommy Saayden ♦ WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Die groot verandering wat die Here in my lewe gebring het.

♦ WAT IS JOU GUNSTELING GEREG?

Kerriekos ♦ HOE ONTSPAN JY? Die koerant lees en televisie kyk. ♦ WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Wou eintlik in my pa se voetspore gevolg het om ‘n polisieman te wees. ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir my vrou.

♦ WAT BEGEER BROER NOG VAN DIE HERE?

Dat die Here my kinders, veral my seun op die regte pad sal bring.

♦ WAT FRUSTREER VIR BROER DIE MEESTE? Mense wat nie opreg is nie en wat leuens vertel.

♦ WAT IS VIR JOU DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP?

Liefde & omgee vir mense.

oOo

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

George Karstens

14

Rol, beweeg, oefen, staan op en doen iets!

Sommige erkende “rusbankbewoners” het met selfvertroue hulle onverskillige benadering tot die lewe verdedig deur die vers “For bodily exercise profiteth little” (1 Timoteus 4:8) uit die King James Bible aan te haal. Hulle vergeet gerieflikheidshalwe dat Timoteus heel waarskynlik orals heen geloop het waar hy wou gaan, en meer oefening ingekry het as wat die meeste mense vandag in ‘n week inkry. Nuwe vertalings van die Bybel is meer akkuraat en verwyder die skuiwergat deur te sê “Om jou liggaam te oefen, het wel ‘n bietjie waarde” (1 Timoteus 4:8, klem bygevoeg).

Waarvoor het jy nou weer gewag?

Ons het ‘n wêreld om te ontdek en te beheer, en ons kan dit nie doen as ons liggame vet vergader en ons spiere, gewrigte en organe besig is om agteruit te gaan nie. Ons het almal oefening nodig. Vir ongeveer drie dekades het die verlengde-

inspanning teorie van aerobiese oefening in mediese en fisiese gesondheidskringe hooggety gevier. Hierdie teorie beweer dat maksimum gesondheid verkry word wanneer die kardiovaskulêre sisteem geoefen word deur verhoogde of maksimum spanningsvlakke. Dit moet vir volgehoue of ononderbroke tydsperiodes (gewoonlik dertig of meer minute) geskied. Dit is veronderstel om die kardiovaskulêlere sisteem te oefen of te versterk, soos wat ‘n liggaamsbouer spiere oefen deur toegepaste spanning om maksimum grootte of sterkte te bereik. Dit mag dalk waar wees, maar die swakheid van hierdie teorie lê in die foutiewe “verstopte are/hoë cholesterol”-teorie van kardiovaskulêre siektes. Laer cholesterolvlakke het geen verband met ‘n laer voorkoms van hartaanvalle of hartsiektes nie. Dit is beter om die akkurate homosisteien-vlakke en oksidatiewe spanning as risikofaktore te gebruik.

(Vervolg volgende maand)

DIE SKEPPER SE DIËET

(Jordan S. Rubin)

15

nie. Ons het ‘n privaatonderwyser gehad wat daagliks na ons huis gekom het. Op sestienjarige leeftyd, net voor ek my laaste musiekeksamen sou aflê, was ek verplig om die vioollesse te staak om al my kragte vir my ander studies te spaar.

Nadat ek matriek geslaag het, het ek begin werk in ‘n elektriese groothandelsfirma as die konfidensiële klerk van die besturende direkteur.

Na my agtiende jaar was my gesondheid so swak dat ek tot by die poorte van die dood gekom het. Die grootste spesialiste van Suid-Afrika het my ouers verseker dat daar geen hoop op herstel was nie.

Toe ek ongeveer twintig of een en twintig jaar oud was, het ek eendag besef dat ek aan die einde van my kort loopbaan gekom het. My hele liggaam was verswak, my longe aangetas, my lewer en ingewande was verlam, my rugwerwels was op verskillende plekke uit posisie. Ek was neuroties en wanhopig, ‘n senuweewrak sonder hoop op enige beterskap.

Eendag het ek my oë opgehef

na die hemel en gefluister: ,,Jesus help my!” Waarom ek dit gedoen het, het ek self nie geweet nie, want ek het min van God geweet en glad nie aan sy bestaan geglo nie. My enigste kennis van Jesus Christus was deur ‘n boekie wat my vader vir my en my suster voorgelees het toe ek ongeveer ses jaar oud was. Ek was nooit in my lewe in ‘n Sondagskool nie en slegs ‘n paar keer in ‘n kerk, net vir ‘n begrafnis of huwelik.

Vanaf die oomblik dat ek daardie gebed, wat uit drie woorde bestaan het, gebid het, was dit vir my of ek bewus was van ‘n onsigbare invloed rondom my.

‘n Kort tydjie daarna het ek ‘n natuurgeneeskundige spesialis ontmoet wat net pas in Suid-Afrika aangekom het. Hy was ‘n baie beroemde man en ek het geglo dat ek spoedig onder sy behandeling gesond sou word. Nieteenstaande al sy pogings het ek steeds swakker en maerder geword tot ek slegs drie en negentig pond geweeg het, alhoewel ek ses voet twee duim lank is.

(Vervolg volgende maand )

(Vervolg vanaf bl. 6)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

16

Voorblad Foto

Die volgende mense het die antwoord reggehad.

Robert Moreland, Magriet Smit &

Hilda Casaleggio

Die foto is geneem by Yzerfontein

Baie dankie vir die deelname!

Onthou jy vir Forrest Gump? Hy

was die fliek karakter wat regoor

die VSA gehardloop het. Gedurig

het hy vir homself gesê: “Run,

Forrest, run!” Dit is

presies wat Paulus vir

Timoteus in 1 Timoteus

6:11 sê, en ook vir ons

elkeen wat Jesus

navolg. Ons moet

hardloop. Waarvoor?

Nee, die vraag is eerder

van wat af? Verkeerde

dinge, dis wat! Ons moet wegvlug

van daardie dinge wat teen God

se wil is. Ons moet sorg dat

onsself en daardie dinge wat ons

lewens verwoes nooit op

dieselfde tydstip op dieselfde plek

is nie.

Nogtans is wegvlug nie genoeg

nie. Ons moet in dieselfde asem

ook na Iemand toe hardloop. Ons

moet vorentoe vlug, na Christus

toe. Dan eers is ons veilig. Dan is

verkeerde dinge minstens

een tree te stadig vir ons.

Dan verloor boosheid die

resies in ons eie omgewing.

Om bloot net weg te

hardloop, maak ons

doodmoeg. Maar om in

Christus se arms in te

hardloop, maak ons veilig.

By Hom vind ons rus. Hy is ons

Rots. Hy is ons Vesting. Hy

bewaar ons as onheil op die

horison verskyn. Hy omring ons

met sy hemelse teenwoordigheid.

Vlug weg van verkeerde dinge af,

maar vlug reguit na Jesus toe!

%%%

Hardloop, dissipel, hardloop! (Stefan Joubert)

17

“En hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf. Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik

geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.

Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van

God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.”

Mark. 10:13-16

Bo: Natalie & Ryan

Liedeman met hul

dogtertjie Michke.

Bo: Heidi & Francois v/d

Westhuizen met hul dogters, Mia

& Ilze.

Bo: Simone & Eugene Nieman met hul

seuntjie Marno.

Links:

Janille Mouton &

Marilin Julies met hul

dogtertjie Bri’githa.

Bo: Andries & Mari Zeeman met hul

dogtertjie Madri.

18

EEEE lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die

hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd.Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit (022-487 2200)

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind,

is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek

vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!

MET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOEL

WIL JY GEDOOP WORD?

19

Toe hy vertrouend op sy God, vir Goliat genader het en besef het: “As die Here my nie vandag help nie is ek dood.”

Toe hy met een tree tussen hom en die dood moes leef (1 Sam. 20:3) en hy nie anders kon as om naby die Here te bly nie.

Gaan jy tans deur ‘n swaar tyd van beproewing? Dan wil ek jou bemoedig en vertroos en terselfdertyd aanmoedig: Dis heelwaarskynlik jou beste tyd! Jy leef gevolglik baie naby die Here. Jy bid en soek jou antwoorde by Hom alleen. Indien dit nie jou

beste tyd is nie, máák dit dan jou

beste tyd deur jou totaal op die Here te verlaat!

Mag die Here spoedig ons krisisse oplos ... maar mag ons nog altyd naby die Here leef wanneer die stryd verby is!

@@@

(Vervolg vanaf bl. 8)

JOU BESTE TYD

Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.

Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

20

SWART SWART SWART SWART SAKKESAKKESAKKESAKKE

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk! Probeer my !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

KontakKontakKontakKontak Hendrik BurgerHendrik BurgerHendrik BurgerHendrik Burger 082 649 4653082 649 4653082 649 4653082 649 4653

BP Atlantic

Verskaffers van GAS en OLIE

asook groothandel DIESEL

Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3

P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299

Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za

Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

MMR FINANSIËLE DIENSTE

Adriaan Slabber RFPTM

Onafhanklike Finansiële Adviseur E-Pos: [email protected]

Sel:082 801 1906 Tel: 022 482 1661

Fax: 022 482 2586 Webwerf: www.makelaars.co.za

Drie Gewels Sentrum, Markstraat Malmesbury 7300 Vir betroubare, onafhanklike, Goedgekeurde Finansiële Advies sedert 1992, in Boedel; Aftree; Beleggingsbeplanning, Kortermyn en Mediesefondse

Goedgekeurde Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer FSB Lisensieno. 12017

FSB Lisensieno. 12017