8
ALLIENUUS UITGAWE 1 Julie2016 DUDIE EN DUDE-AAND 2016 -Laruschka Smit As jy Dudie en Dude 2016 misgeloop het, dan het jy vir seker geskiedenis in Hoërskool Alberton gemis! Ons 10 handsomeste seuns en ons 10 pragtigste meisies het meegeding om die prys huis toe te vat. Ons sê baie geluk aan die volgende wenners: 2de Prins- Caltino Jones 2de Prinses- Robyn Erasmus 1ste Prins- Lunga Molele 1ste Prinses- Jeanine Lindsay Dude 2016- Ian v d Merwe Dudie 2016- Zandri Basson Mnr Fotogenies- John-Lloyd Dadswell Mej Fotogenies- Zandri Basson Mnr Persoonlikheid- Ewart Schwab Mej Persoonlikheid- Tandice Rynhoud En oulikste Paartjie- Tharien Erasmus en Billy Senekal Ons sê ook wel gedaan aan al die finaliste, asook die komitee wat deelgeneem het. Julle het 'n goeie taak afgehandel en beslis geskiedenis in Allieland gemaak!

ALLIENUUS - hsalberton.co.zahsalberton.co.za/docs/gebeure/Allienuus-uitgawe-1-Junie-2016.pdf · hetsy op die sportveld, kultuur- of akademiese gebied. Leef die ... Die hele skool,

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

ALLIENUUS

UITGAWE 1 Julie2016

DUDIE EN DUDE-AAND 2016 -Laruschka Smit

As jy Dudie en Dude 2016 misgeloop het, dan het jy vir seker geskiedenis in Hoërskool Alberton gemis!

Ons 10 handsomeste seuns en ons 10 pragtigste meisies het meegeding om die prys huis toe te vat. Ons sê baie geluk aan die volgende wenners:

2de Prins- Caltino Jones

2de Prinses- Robyn Erasmus

1ste Prins- Lunga Molele

1ste Prinses- Jeanine Lindsay

Dude 2016- Ian v d Merwe

Dudie 2016- Zandri Basson

Mnr Fotogenies- John-Lloyd Dadswell

Mej Fotogenies- Zandri Basson

Mnr Persoonlikheid- Ewart Schwab

Mej Persoonlikheid- Tandice Rynhoud

En oulikste Paartjie- Tharien Erasmus en Billy Senekal

Ons sê ook wel gedaan aan al die finaliste, asook die komitee

wat deelgeneem het. Julle het 'n goeie taak afgehandel en beslis geskiedenis in Allieland gemaak!

Dit is ʼn geskarrel, ʼn gekwetter, ʼn gelag en gesels. Dis ʼn vreemde dorpie met snaakse mense en snaakse gebeure. Dit is snaaks en uitdagend, super “cool” en vreeslik opwindend... DIT is Hoërskool Alberton se Tienertoneel 2016 en dit is aan die brand!

Daar is twee-en-twintig opgewonde spelers, ʼn verhoogbestuurder, klank- en beligtingouens, souffleurs asook ʼn wonderlike regisseur en afrigters wat almal hard oefen om gereed te wees

vir hulle eerste optrede by die Roo-depoortteater. Hulle het vir die eerste keer ingeskryf vir die ATKV-Tienertoneel en moet uitdun om ʼn plek in die finale rondte te kry. Almal in Allieland sal later vanjaar kans kry om ons akteurs en aktrises op die verhoog te sien wan-neer Moerkoffie tydens ons kultu-uraand op die planke gebring word. Intussen groet ons julle met die tradisionele teatergroet: “break a leg”! Mag julle groot sukses

behaal

– Zoë Salzwedel

Lewenswetenskap

V: Wat is die doel van die kies- en oogtande?

A:Die kiestande kou die kos terwyl die oogtande net kyk hoe hulle die werk doen.

V:Hoe word dou gevorm?

A:Die warm son skyn op die blare en dan sweet hulle.

Wiskunde

V: Wat is teenoorgestelde hoeke?

A: Hoeke wat vir mekaar kyk.

Aardrykskunde

V: Wat is die ewenaar?

A: Wanneer meneer naar is en ek ook naar is, dan is ons ewenaar.

Afrikaans

V: Wat is die manlike vorm van ʼn weduwee?

A: ʼn Skaduwee.

Toerisme

V: Hoe kan jy ʼn kaping voorkom?

A: Klim net in die kattebak.

RTT

V:Waarom moet rekenaarge-bruikers gereeld rugsteunkopieë maak?

A: Sodat hulle nie rugpyn kry nie.

LO

V: Wat is ʼn terminale siekte?

A: As jy op die lughawe siek word.

Gasvryheid

V: Wat is etiket?

A: Klein goedjies wat ʼn mens nie graag wil doen nie

Eksamenflaters – Cindy Van der Westhuizen

Tienertoneel 2016

Vanjaar sê ons totsiens aan een van Allieland se bekendste- en mees geliefde onderwysers. Na sestien jaar by Hoërskool Alber-ton is dit moeilik om vir Me Schoeman te groet.

Ons as skool wil net graag vir Jufrrou dankie sê vir dit wat Juffrou vir ons gedoen, beteken en geleer het (Of ons nou by Juffrou klas gekry het of nie!) Juffrou los ‘n leemte in die hart van Allieland en ons gaan beslis

na Juffrou verlang.

Ons wens Juffrou net die beste toe en hoop dat Juffrou elke oomblik saam met Juffrou se geliefdes sal geniet.

Allies, juffrou Schoeman los ons met die volgende gedagte:

“Allies, woeker met julle talente, hetsy op die sportveld, kultuur- of akademiese gebied. Leef die lewe van julle drome en begin al vandag- op elke manier wat jy kan.”

-Leandra Merrick

Dekor 2016

As gevolg van die herstel-werk in Allieland, kon die dekorkomitee ongelukkig nie vanjaar ʼn agtergrond vir die Groentjiekonsert skilder nie. Maar wees gerus: hulle het kliphard gewerk om die Doedie en Dude-agtergrond klaar te kry. Die lede van die

komitee is vreeslik opge-wonde oor dié wit-en-swart skildery en ons is beslis trots om sulke goeie kun-stenaars in Allieland te hê!

– Ingrid Scholtz

Allieland groet mev. Schoeman

Met al die sport en kultuur is die belangrikste steeds akademie . Soos almal weet moet jy goed doen op akad-emiese gebied om eendag ‘n goeie werk te kry en dan ‘n suksesvolle lewe te hê. Ons by die Allienuus wil geluk sê aan al die kinders wat in die top 10 is en ons hoop julle hou die skool se naam hoog

met al julle prestasies. Kom almal werk vir die res van die jaar ‘n bietjie harder. Wie weet, dalk sien ons jou ook eendag op die verhoog saam met die ander top 10- leerders.

-Zanrich Smit

Akademie

Foto:

Ankia Ackermann

I said Brrr… It’s cold in here, there must be some NAMIES in the at-mosphere!

I said Sjoeee… It’s hot in here, there must be some ALLIES in the atmosphere!

By die Interhoër van 2016 het die ander skole baie duidelik nie geweet wat hulle getref het nie. Ons dirigente het uitgeslaan met ‘n “BANG” en ‘n baie oorspronk-

like Mario-Allies tema. Al wat die ander skole se dirigente kon doen, was om hulle koppe in skaamtet e laat sak.

As ‘n Allie kan ek werklik sê dat ek trots is (en was) op ons dirigente. Hulle is en bly die lewe van ons skool en die Interhoër sonder ons Mario-Allies sou die Interhoër werklik droog gewees het.

Dirigente, dankie vir julle lang ure

van oefen, laat nagte en baie harde werk, want dit was werklik die moeite werd gewees! Julle is die beste en ons is trotse Allies.

–Chanté Nepgen

Hokkie is een van die oud-ste sportsoorte waarin spanne teen mekaar mee-ding. Die slim “ou mense” vertel dat mense al 4000 jaar gelede speletjies met stokke en ‘n bal gespeel het wat baie soortgelyk was aan die Hokkie wat ons vandag ken en speel. Dit was in Egipte, en wie weet, dalk het Moses ook hokkie gespeel toe hy groot ge-word het in die Faro se paleis?

Vandag speel ons Allie Hok-kie-Bokkies nogsteeds hierdie stokou sport. Elke liewe een met ‘n stok in haar hand en Allie-bloed wat deur haar are pomp, sal vir jou die wonderlike gevoel beskryf as jy in maroen en blou op die hokkieveld uit draf!

Ons seisoen het afgeskop met wedstryde teen Hoër-skool Standerton. Al ons spanne het goed gevaar. En

alhoewel nie almal gewen het nie, het ons met tevredenheid in ons harte na Alberton terug gekeer.

Die eerste hokkiespan het in Maart na Groblersdal getoer, waar hulle hard gewerk het, nog harder ge-oefen het en sommer baie geleer het. Ons dank juffrou Coston en elke an-der persoon wat dít vir ons moontlik gemaak het!

- Bronwin Thomas

Hokkie in Allieland!

#MarioAllies

Die “vreemde kreature” het lang ure geoefen om hulself gereed te kry vir die Groentjiekonsert. Nog voordat hulle hulle oë kon uitveë, was die groot aand hier! En sommer ook die groot oomblik wat elke Al-lie vir altyd sal onthou. Ons almal hier in Allieland weet tog: “Jy IS nie ‘n Allie nie. Jy WORD ‘n Allie!”

Hulle was vol gemengde emosies en niemand kon meer wag om ware Allies te word nie. Hulle konsert was vir elke persoon in die gehoor soos iets uit ‘n sto-

rieboek. Jy kon die aand saam met Hansie en Griet-jie, Rooikappie, die “skewe sewe”, Aspoestertjie en die Drie Varkies geniet.

Die gelukkige einde het gekom toe die graad aggies ontek dat Allieland die beste skool is! Ons sê baie geluk aan 8C – die Drie Varkies- wat aan die einde van die aand as die wen-ners van die Groent-jiekonsert aangewys is. Hulle harde werk word beloon met ‘n uitstappie na Gold Reef City.

Die splinternuwe Allies het die skoollied gesing en so het hulle die konsert af-gesluit. Uiteindelik is hulle nou ware Allies en ons hoop en vertrou dat hulle in die toekoms die Al-lienaam sommer baie hoog sal hou. Baie dankie aan elke onderwyser, URL-lid en graad aggie wat van hierdie aand ‘n sukses ge-maak het.

- Cherise Havenga

SIEN JY

DUBBEL?

Moenie so vining bekommerd raak nie, die Allies spog met ‘n paar tweelinge.

-Denise Beetge

Welkom in Allieland!

Aandag alle Allie- afrigters (van alle sportsoorte hier in Al-lieland): as julle graag ʼn fiksheidsessie nodig het, stuur julle spanne gerus na ʼn pom-pom oefening.

Van vroegoggend tot laataand- hetsy by die skool, in die stort of selfs voor die spieël in jou kamer- oefen ons. Maar raai wat, Allies? Op die ou einde, na

baie lang oefentye, min slaap en BAIE energiedrankies was dit alles die moeite werd gewees en het ons die toeskouers be-hoorlik op hulle voete gehad! Dit het gelyk of die stadion bewe van al die Allies wat saam beweeg en selfs meneer Freek Erasmus het probeer dans (wat ʼn belewenis!)

Een ding is seker: ons Allies se

gees is en bly die beste in die dorp!

Dankie aan die Allie-familie vir die ondersteuning, gees en toewyding

– Leonie van Sittert

Ons kan terugkyk op ‘n baie suksesvolle atletiekseisoen!

Hoërskool Alberton het die at-letiekbane behoorlik aan die brand gehardloop. Voor die sei-soen behoorlik aan die gang was, het die atlete en afrig-ters dag na dag voorberei.

Die Prestige-atletiek van 2016 is agter die rug, maar sal nie som-mer vergeet word nie. Terwyl ons atlete die ander gewys het wie is baas, was dit duidelik dat die Allies die meeste gees daar gehad het.

Die hele skool, ouers en onderwysers, was op hulle voete met luidkeelse aanmoed-

iging toe die Allies gewys het wie is baas in die aflosse.

Dis duidelik dat elke atleet die skool se leuse, “Deur inspan-ning tot sukses” , uitgeleef het.

Baie dankie aan elke atleet wat hulle harte in hulle items gesit het.

Allie-atletiek -Andruschka Kaltwasser

POM-POMS 2016

Jy IS nie ʼn Allie nie, jy WORD ʼn Allie en toe ons 0/14 rugbygroep die kans kry om op die rugbyveld te kom, het hulle gesorg vir groot opwinding op en langs die veld. Ons het hierdie jaar ʼn baie op-windende span. Die manne kom uit verskillende laerskole, maar het sommer vinnig een span ge-word in die Allietrui.

Die 0/15-span speel goeie rugby teen baie sterk opponente en hulle moenie onderskat word nie!

Die Allies se 0/16’s het sterk begin,

en het ook die voorreg gehad om die Mauritz Hansen-rugbyweek by te woon. Hulle het baie goed in die toer-nooi gevaar en het ʼn algehele derde plek uit twintig spanne behaal.

Ons tweede span se seisoen het op ʼn hoë noot begin met meer as veertig spelers wat bereid was om aan hierdie wonderlike spel deel te neem. Toe die wedstryde begin, het die span gemengde welslae behaal.

Opwindende rugby word deur ons eerste span gespeel. ! Hulle het lekker fiks EN styf teruggekeer van ʼn

suksesvolle oefenkamp en is meer as gereed vir al die groot kragmetings wat die seisoen vir hulle inhou.

Baie sterkte aan al ons rug-byspanne, dit gaan kliphard wees, maar dit is hoe dit moet wees

– Jeanrique Prinsloo

Ontgroening 2016 Elke jaar verwelkom ons nuwe goeter-tjies hier in Allieland. Ons noem hulle groentjies, eerste jaars, outcasts… Elke jaar net leliker as die vorige! Dis darem nie te lank voor hulle as vol-waardige Allies die skoolhekke binne stap nie. Vir dit om te gebeur, moet hulle eers ‘n paar dinge deurmaak en dit ook oorleef… ek grap net, eintlik is

dit nie so erg nie!

Ons is trots om te sê dat ons een van die min 100% Afrikaanse skole in die omgewing is en ons is van plan om

nog lank so te bly!

Dis vet pret om ontgroen te word, want dis al manier hoe jy ‘n Allie gaan

word… ‘n trotse Allie! Ene met “guts” !

Die eerste week van ’n nuwe skooljaar lyk dit kompleet asof ons Allies skool gaan saam met ‘n trop diere van ‘n heeltemal ander spesie , maar selfs dit

kom tot ‘n einde!

Die Gr8’s van 2016 het die

Ontgroening en ook die Groentjiekonsert gate uit geniet! Skewe-Sewes julle was n ‘Hit’ hoor… Selfs julle is welkom hier in

Allie-land … “nudge nudge wink wink”

-Calista Welken

RUGBY

Hierdie fassinerende sport het op ‘n hoë noot begin.

Met die afskop van die seisoen was die woord “bootcamp” op almal se lippe. Die “bootcamp” het die net-balsterre ‘n geleentheid gegee om te werk aan spanwerk en ook om hulle afrigters bietjie beter te leer ken. Die netbal het ‘n goeie sei-

soen gehad, waar al die spanne tot aan die einde hulle bes gegee het.

Die Allie-meisies het weereens gewys wat in hulle steek en het uiters goed in die liga gevaar. Die onder 14 A, 17 A, 17 B en 2de span het deurgedring na die D16

uitspele en het beslis Allies se naam hoog gehou!

– Celine

Duncan

Netbal

www.rawrsomepartyplanning.co.za 0713851630

Soft Play Jumping Castle Water Slides

Balloon Décor and arches Cakes

Full Party set ups for all ages

Info @rawrsomepartyplanning.co.za Please visit our Facebook: Page Rawrsome Party Planners

Merke, gereed, TRAP!

Dit was ‘n getrap en ‘n gesweet, ‘n gelag en ‘n gejuig. Dit was ‘n deurnag-sessie met laatmiddag pret en vroegoggend kampvure. Dit was Allie teen Allie, ryer teen ryer, graad teen graad… DIT was die Allies se Fietsrymarathon 2016!

Die laaste klok het op 19 Februarie om 12:00 gelui om die begin van ‘n opwindende reis aan te kondig. Die Allies gaan Kaap toe! En dit sonder om Allieland werklik te verlaat. “Trap daai fiets. Trap daai fiets. Ry hom vinnig. Trap daai fiets” (SO het meneer Basson ons vir ure met sy kletsrym vermaak)

Daar was hope lekkergoed, baie energiedrankies en vroegoggend koffie te koop en jy kon selfs LAN-rekenaarspeletjies in die voorportaal speel. Daar was ‘n getrap en ‘n gekuier soos net Allies weet om te doen. Dit was graad teen graad of eerder ryer teen kilometer en Allie teen slaap.

Teen ses uur Saterdagoggend, 1500 km later, het daar orals slapende Allies lam gelê of met moeë oë na die vuur gesit en staar. Die afstand was net te veel en deurnag was net te moeilik, maar ons het ALMAL hope pret gehad! Dit is een van die min kere waarop elke Allie met opwinding kan vertel hoe hy/sy by die skool geslaap het- en nee, NIE teen sy/haar wil nie! Dit was beslis vet pret en ‘n behoorlike avontuur.

“Het julle toe ooit die Kaap bereik?”

Wel, kom ons stel dit so: Ons kon darem Tafelberg in die verte gewaar en die sout van die see in lug proe. En DIT alles sommer net hier in Allieland!

- Zoë Salzwedel