18
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 8 PUNTE: 60 TYDSDUUR: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Educationafgelope twee eeue dat regte, rasionele geneeswyses vir tandpyn gevind is, al was die vroegste tandchirurgie waarskynlik so eenvoudig

  • Upload
    others

  • View
    13

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

    AFRIKAANS HUISTAAL

    VRAESTEL 2

    NOVEMBER 2015

    GRAAD 8

    PUNTE: 60

    TYDSDUUR: 2 UUR

    Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 2 van 13

    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

    AFDELING A: LEESBEGRIP 30

    AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES 30

    TOTAAL: 60

    INSTRUKSIES

    1. Beantwoord AL die vrae.

    2. Lees die instruksies by die vrae versigtig deur.

    3. Begin ELKE AFDELING op ʼn nuwe bladsy.

    4. Nommer al jou antwoorde presies soos op die vraestel.

    5. Laat ʼn reël tussen die antwoorde oop.

    6. Skryf netjies en leesbaar.

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 3 van 13

    AFDELING A: BEGRIPSLEES

    Maak gebruik van die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat daarop volg:

    TOT DIE TANDE TOE GEWAPEN!

    1. Gewapen met my skootrekenaar en

    woordeboek op die lessenaar voor

    my, drink ek die soveelste koppie

    koffie. My opdrag is duidelik aan my

    uitgespel: tande! Ek moet ‟n artikel

    oor tande skryf en dit moet môre voor

    saktyd op sy lessenaar lê.

    En dít, liewe leser, is ‟n mondvol.

    2. Die mens is tevrede met sy mondvol tande. Hy word nou wel nie daarmee gebore

    nie, maar begin vroeg in sy lewe reeds tandjies sny, so op vyf tot agt maande.

    Partykeer gebeur dit selfs voor die geboorte en in die beste families boonop.

    Koning Lodewyk XIV van Frankryk, het op 3 September 1638 met twee tande in

    die wêreld gekom.

    3. Reeds van vroeg af is ons maar te deeglik bewus van die waarde van tande en

    span ons hierdie spierwit pitte baie gou in om ons wêreld makliker te maak. Tande

    word reeds van kindsbeen af ingespan om te verdedig en om gesag af te dwing.

    Ma‟s van kleuters is al met rooi gesigte gelaat wanneer die kleuterskooljuffrou

    hulle inlig dat Boetie of Sussie die ander kindertjies geniepsig byt!

    4. Om tande te wissel is beslis nie kinderspeletjies nie! Jy wikkel-wikkel daardie

    tandjie totdat dit behoorlik net aan ‟n velletjie hang. Ma knoop die garing

    sorgvuldig om die tandjie en pluk dit sommer liefdevol uit. Pa‟s is gewoonlik meer

    bloeddorstig! So wil dit vir my voorkom. Pa neem sommer die tand in ‟n stewige

    greep en siedaar …

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 4 van 13

    5. Dit is egter Ouboet wat van die tandetrek-episode ‟n riller maak. Vra maar vir

    enige persoon wat onder sy onkonvensionele slaan-die-deur-toe-trek-die-tand-metode deurgeloop het.

    Ek sal my lewe vir my boetie gee, maar my voortande:

    NOOIT!

    6. Dan kom klop die tandemuis ook nog aan die deur. Vir sommiges is dit ‟n

    verbeeldingryke avontuur waaruit hulle kan muntslaan. Die “tandemuis” dop sy

    beursie om en as Pa vrygewig is, is die inhoud van die pantoffel belowend. Tog is

    daar ook tande wat nie deur die kerkmuise onder ons opgeëis kan word nie.

    7. Van tandhigiëne (en die waarde van fluoried in drinkwater) word ons van kleins af

    geleer, want wie wil nou rêrig met ‟n mondvol kunstande loop as jy dit kan

    verhelp?

    8. Hoe ook al, baie van ons weet ook hoe ons tande ons teen die mure kan uitdryf

    wanneer hulle bedorwe raak. Gelukkig vir ons is die moderne tandheelkunde ‟n

    besliste triomf oor duisende jare se onkunde en lyding. Dis maar eers in die

    afgelope twee eeue dat regte, rasionele geneeswyses vir tandpyn gevind is, al

    was die vroegste tandchirurgie waarskynlik so eenvoudig soos om ‟n seer tand

    met ‟n klip uit te moker.

    9. En hier sit ek nou met ‟n mond vol tande. Wie kan elfuur in die aand opgewonde

    raak oor tande? Hierdie artikel moet môre op ons redakteur se lessenaar lê en ek

    het nog nie twee woorde getik nie!

    Oorgeneem en verwerk uit: www. mieliestronk.com

    VRAE

    1.1 Die titel en paragraaf 1 van bostaande leesstuk sluit direk by mekaar aan.

    Skryf TWEE woorde neer wat die titel met die paragraaf verbind. (2)

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 5 van 13

    1.2 Watter beroep volg die spreker? (1)

    1.3 Wie is die „sy‟ na wie daar in paragraaf 1 verwys word? (1)

    1.4

    1.4.1 Watter opdrag het die spreker ontvang? (1)

    1.4.2 Dink jy sy het daarin geslaag om die opdrag uit te voer?

    Motiveer jou antwoord. (2)

    1.5 “Koning Lodewyk XIV van Frankryk, het op 3 September 1638 met

    twee tande in die wêreld gekom.” (paragraaf 2)

    Is bostaande aanhaling ‟n feit of ‟n mening? Motiveer jou antwoord. (2)

    1.6 Skryf TWEE redes neer waarom kinders byt? (2)

    1.7 Die spreker maak dit duidelik dat sy nie haar voortande vir haar boetie

    sal gee nie. Die woord “voortand” is hier letterlik (denotatief) gebruik. Skryf die figuurlike (konnotatiewe) betekenis van hierdie uitdrukking neer. (1)

    1.8 Waarom dink jy, sien sy nie kans dat haar boetie haar tande trek nie? (1)

    1.9 Noem TWEE metodes wat die skrywer van die leesstuk gebruik om uit te lig dat sy beslis nie haar boetie sal toelaat om haar tande te trek nie? (2)

    1.10 Waarom is die woord “tandemuis” (paragraaf 6) in aanhalingstekens

    geskryf? (1)

    1.11 “Tog is daar ook tande wat nie deur die kerkmuise onder ons opgeëis kan word nie.” (paragraaf 6)

    Wat wil die spreker vir ons daarmee sê? (1)

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 6 van 13

    1.12 Hoe kan jy verhoed dat jy eendag kunstande gaan dra?

    Noem TWEE voorsorgmaatreëls, volgens die leesstuk, wat jy kan tref. (1)

    1.13 Skryf ‟n woord uit paragraaf 8 neer wat dieselfde beteken as: oorwinning. (1)

    1.14 In paragraaf 8 kom die woord “moker” voor. Hierdie woord is ‟n voorbeeld van emotiewe taal. Skryf die volgende aanhaling in neutrale taal oor deur die woord “moker” met ’n onemosionele woord te vervang.

    “ ... al was die vroegste tandchirurgie waarskynlik so eenvoudig soos

    om ‟n seer tand met ‟n klip uit te moker.” (1)

    (20) VRAAG 2

    Kyk na die spotprent en beantwoord die vrae.

    Oorgeneem uit Beeld, 9 Julie 2012

    VRAE

    2.1 Waaruit kan jy aflei dat die twee mans in die spotprent diewe is?

    Gee TWEE visuele bewyse as antwoord. (2)

    TANDLOSE HOND IN

    S.A.

    Die hare gaan

    waai !

    HOND SONDER

    TANDE … HA – HA !

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 7 van 13

    2.2 Waarom is die diewe nie bang vir die blaffende hond nie? (1)

    2.3 Dink jy die diewe weet dat daar twee honde op die werf is?

    Motiveer jou antwoord. (1)

    2.4 Wat beteken die opmerking: “Die hare gaan waai.”? (1)

    (5)

    VRAAG 3

    Lees die strokie en beantwoord die vrae daaronder.

    1. 2. 3. 4.

    VRAE

    3.1 Skryf ‟n voorbeeld van klanknabootsing uit bostaande strokiesprent

    neer. (1)

    3.2 Waaruit kan jy aflei dat die spreker in Raampie 3 erge tandpyn het?

    Gee TWEE redes. (2)

    3.3 Waar het dr. Uys die pasiënt in Raampie 4 ontmoet? (1)

    3.4 Dr. Uys is jammer oor die misverstand. Hoe dink jy het die misverstand ontstaan? (1)

    (5)

    TOTAAL AFDELING A: 30

    TRIENG--TRIENG!

    Dr. Uys wat praat! Kan ek help? TANDPYN?!

    Oeps! Jammer oor die nare

    misverstand…

    Ek wil asseblief ‟n afspraak met jou reël. Vandag nog,

    asseblief.

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 8 van 13

    AFDELING B TAALLEER

    Maak gebruik van die onderstaande leesstukkies en beantwoord die vrae wat daarop volg.

    VRAAG 4

    WELKOM BY DIE WONDERWÊRELD VAN TANDO: DIE BEROEMDSTE TANDMUIS IN AFRIKA.

    1. Dié Superman van dentale dinge vernietig vyande vinniger as wat Batman booswigte kan laat les opsê. En met meer bravade as Spiderman en „n groter hart as die aartsbiskop, staan sy stert vir g‟n avontuur verkeerd nie. Hy‟s mos „n muis met „n massiewe missie – beveg plaak met hand en tand, wat dit ook mag verg!

    2. In die wyse woorde van Tando: “Waarom sit met „n mond vol tande? Gee dit liewer vir Tando.”

    Onlangs ʼn melktand verloor?

    Besig om een te wissel?

    Of ken jy iemand wat een gaan wissel?

    3. Dan is hierdie pragtige kinderboek die perfekte geskenk, want hier maak ons kennis met Tando, die Tandmuis van Muizenberg – die muis wat enige melktand op enige plek sal kom haal. Terwyl kinders in droomland speel, sal die brawe muis vyande oorwin om hul tande te kom optel. Maar los asseblief tog vir hom „n lekker happie… Volg Tando se avonture, bewonder die uitgebreide illustrasies, leer wat hy met die tande doen en, net so belangrik, verstaan hoe belangrik dit is om (4.10) jou tande om te sien.

    Oorgeneem en verwerk uit: www. mieliestronk.com

    VRAE

    4.1 Waarom word Superman (paragraaf 1) met ‟n hoofletter geskryf? (1)

    4.2 Die woord “vinniger” is die vergrotende trap van vinnig.

    4.2.1 Skryf die oortreffende trap van vinnig neer. (1)

    4.2.2 Skryf die intensiewe vorm van vinnig neer. (1)

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 9 van 13

    4.3 Benoem die onderstreepte klank (vokaal, konsonant, diftong) in die

    volgende woorde:

    4.3.1 avontuur (paragraaf 1)

    4.3.2 kinderboek (paragraaf 3)

    4.3.3 uitgebreide (paragraaf 3) (3)

    4.4 Skryf die basisse van die woord “kinderboek” (paragraaf 3) neer. (1)

    4.5 “Terwyl kinders in droomland speel, sal die brawe muis vyande

    oorwin om hul tande te kom optel.” (paragraaf 3)

    Verduidelik die gebruik van die komma in bostaande sin. (1)

    4.6 Benoem die volgende vraagsin volledig.

    “Waarom sit met ‟n mond vol tande?” (1)

    4.7 Waarom word die woord “g’n” met ‟n afkappingsteken geskryf? (1)

    4.8 Herskryf die volgende sin in die ontkennende vorm.

    Ek ken iemand wat onlangs ‟n tand verloor het. (1)

    4.9 Dié Superman van dentale dinge vernietig vyande vinnig.

    4.9.1 Vervang die onderstreepte woord met ‟n ander voornaamwoord. (1)

    4.9.2 Skryf die gesegde van bostaande sin neer. (1)

    4.9.3 Skryf ‟n ander woord neer wat min of meer dieselfde beteken as:

    booswigte. (1)

    4.10 Vul die ontbrekende voorsetsel in. Skryf slegs die woord neer.

    “... verstaan hoe belangrik dit is om ___ jou tande om te sien.” (1)

    (paragraaf 3)

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 10 van 13

    4.11 Tando is die beroemdste tandemuis.

    Kies die korrekte woord tussen hakies en skryf slegs die woord neer.

    Die boelie in die klas is (beroemd / berug) daarvoor dat hy kinders

    afknou. (1)

    4.12 Waarom word “wonderwêreld” met ‟n kappie geskryf? (1)

    4.13 Die woord “leer” is in paragraaf 3 as ‟n werkwoord gebruik.

    Skryf jou eie sin neer waarin “leer” as ‟n selfstandige naamwoord

    gebruik word. (1)

    4.14 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die nommer van jou keuse neer.

    Die klankverskynsel wanneer ons “tande” as “tanne” uitspreek, noem ons...

    A vokaalreduksie

    B ontronding

    C assimilasie

    D nasalering en vokalisering (1)

    4.15 Dan is hierdie pragtige kinderboek die perfekte geskenk, want hier maak ons

    kennis met Tando.

    Gee die rede vir die gebruik van die komma in bostaande sin. (1)

    (20)

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 11 van 13

    VRAAG 5

    Or-to-don’sie s.nw Afdeling van die tandheelkunde wat onreëlmatig groeiende tande regbuig en ander gebreke van die gebit behandel. (G. odon tand)

    Geneem uit: HAT, Perskor 1994

    VRAE

    5.1 Skryf die denotasie (woordeboekbetekenis) van die woord “ortodonsie”

    neer. (1)

    5.2 Benoem die onderstreepte woordsoorte:

    5.2.1 Ortodonsie is ‟n duur proses. (1)

    5.2.2 Onreëlmatig groeiende tande word reggebuig. (1)

    5.3 Skryf slegs die lettergreep in die woord ortodonsie wat die hoofklem dra,

    neer. (1)

    5.4 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die nommer van jou keuse neer.

    Uit watter taal kom die woord “ortodonsie” oorspronklik?

    A Frans

    B Maleis-Portugees

    C Nederlands

    D Grieks (1)

    (5)

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 12 van 13

    VRAAG 6

    Tandesorg en mondhigiëne

    Moenie dat die toestand in jou mond só handuit ruk dat tand uitruk nodig raak nie!

    Hier volg ’n paar goue reëls wat elke dag nagekom moet word:

    1. Elke liewe keer ná ‟n maaltyd, sonder uitsondering, moet die mond gespoel

    en die tande geborsel word.

    2. Borsel met sirkelbewegings - twee tande op ‟n slag - met goeie tandepasta

    en ‟n goeie tandeborsel. Tandepasta met fluoried versterk en beskerm jou tande.

    Daaglikse vlos is ook noodsaaklik. Raak ontslae van alle kosreste wat tussen

    die tande vassit, en spoel jou mond met water telkens nadat jy gevlos het.

    3. Maak ten minste elke ses maande ‟n draai by jou tandarts sodat hy jou tande

    kan nagaan en betyds kan sien as daar gaatjies is wat gestop moet word -

    voordat dinge dalk handuit ruk en tand uitruk nodig word.

    Hopelik is hy minder bang vir die plastiese chirurg!

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 13 van 13

    VRAE

    6.1 Waarom word “vassit” (paragraaf 2) met twee s‟e geskryf? (1)

    6.2 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die nommer van jou keuse neer.

    ‟n Tydperk van ses maande is ‟n ...

    A semester

    B termyn

    C kwartaal

    D dekade (1)

    6.3 Verdeel die woord “mondhigiëne” in lettergrepe. (1)

    6.4 Herskryf die volgende sin in die lydende vorm. Begin soos aangedui:

    Tandepasta met fluoried versterk en beskerm jou tande.

    Jou tande ... (1)

    6.5 “Elke liewe keer ná ‟n maaltyd, sonder uitsondering, moet die mond

    gespoel en die tande geborsel word.”

    Kies die korrekte antwoord tussen hakies:

    Bostaande sin is ‟n (enkelvoudige / saamgestelde) sin. (1)

    (5)

    TOTAAL AFDELING B: 30

    GROOTTOTAAL 60

  • ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

    AFRIKAANS HUISTAAL

    MEMORANDUM

    NOVEMBER 2015

    VRAESTEL 2

    GRAAD 8

    PUNTE: 60

    Hierdie memorandum bestaan uit 5 bladsye.

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 2 van 5

    AFDELING A: BEGRIPSLEES

    VRAAG 1 ANTWOORD PUNT

    1.1 gewapen √ en tande √ 2

    1.2 joernalis / skrywer √ 1

    1.3 redakteur √ 1

    1.4.1 Sy moes ’n artikel skryf oor tande. √ 1

    1.4.2 Nee, √ dit was reeds elfuur in die aand en sy het nog steeds nie twee woorde getik nie./ ... begin nie. √ (Indien die motivering ontbreek, verbeur die leerder albei punte.)

    2

    1.5 Feit. √ Dit is gekoppel aan ’n datum. √ 2

    1.6 Om te verdedig √ en om gesag af te dwing. √ 2

    1.7 Jy sal alles gee. √ 1

    1.8 Hy het nie baie genade nie. / Sy is bang dat hy haar kan seermaak. (Enige aanvaarbare verduideliking.) √

    1

    1.9 Die woord “nooit” staan in hoofletters geskryf √ en dit staan alleen in ’n reël of paragraaf. √

    2

    1.10 Daar is nie regtig ’n tandemuis nie. √ 1

    1.11 Daar is ouers wat nie die tande kan koop nie, want hulle het nie geld nie. √

    1

    1.12 tandhigiëne √ en fluoried in die water. √ 2

    1.13 triomf √ 1

    1.14 “... al was die vroegste tandchirurgie waarskynlik so eenvoudig soos om ’n seer tand met ’n klip uit te slaan.” √

    1

    (20)

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 3 van 5

    VRAAG 2 ANTWOORD PUNT

    2.1 Die huis se venster is gebreek. Die een man se mus is oor sy oë getrek. Hulle dra huishoudelike toebehore weg. Die honde se reaksie. (Enige TWEE aanvaarbare bewyse) √√

    2

    2.2 Die hond het nie tande in sy mond nie. / Die kennisgewingbord dui aan dat daar ʼn tandlose hond op die erf is en hy dus nie gevaarlik is nie. √

    1

    2.3 Nee, die groot hond het vinnig om die draai gekom. / Hulle hoor net een hond wat blaf. / Die dief praat net van een hond. (in die enkelvoud) √

    1

    2.4 Daar gaan moeilikheid wees. √ 1

    (5)

    VRAAG 3 ANTWOORD PUNT

    3.1 Trieng-trieng √ 1

    3.2 Daar is ’n serp / verband om sy kop gebind. / Daar is sterretjies langs sy kakebeen. / Hy dring daarop aan om die tandarts nog dieselfde dag te sien. (Enige TWEE) √√

    2

    3.3 In ’n restaurant / eetplek / kafee √ 1

    3.4 Dr. Uys het gedink die persoon wou hom net ontmoet. / Hy het nie besef die persoon is ’n pasiënt met tandpyn nie. / Die pasiënt se taalgebruik was verwarrend, want ’n mens reël nie ’n afspraak by ’n dokter nie, maar jy maak ’n afspraak.

    (Enige aanvaarbare antwoord) √

    1

    (5)

    TOTAAL AFDELING A: (30)

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 4 van 5

    AFDELING B: TAALLEER

    VRAAG 4 ANTWOORD PUNT

    4.1 Dit is ’n eienaam. √ 1

    4.2.1 die vinnigste √ 1

    4.2.2 blitsvinnig √ 1

    4.3.1 konsonant √ 1

    4.3.2 vokaal √ 1

    4.3.3 diftong / tweeklank √ 1

    4.4 kind + boek √ (Albei moet korrek wees.) 1

    4.5 Dit staan tussen twee gesegdes. √ 1

    4.6 spesifieke vraagsin √ 1

    4.7 Dit dien as weglatingsteken. (vir “geen”) √ 1

    4.8 Ek ken niemand wat onlangs ’n tand verloor het nie. √ 1

    4.9.1 Hierdie / Daardie √ 1

    4.9.2 vernietig √ 1

    4.9.3 diewe / skelms / misdadigers √ (enige aanvaarbare sinoniem in die meervoud)

    1

    4.10 na √ 1

    4.11 berug √ 1

    4.12 Die kappie dui ’n lang klank aan. √ 1

    4.13 Die leer staan teen die muur. (Maak seker dat dit wel ’n s.nw in die sin is.) √

    1

    4.14 C √ 1

    4.15 Staan voor die voegwoord. √ 1

    (20)

  • Afrikaans Huistaal Graad 8 November 2015

    Bladsy 5 van 5

    VRAAG 5 ANTWOORD PUNT

    5.1 Ortodonsie is die afdeling van die tandheelkunde wat onreëlmatig groeiende tande regbuig en ander gebreke van die gebit behandel. √

    1

    5.2.1 selfstandige naamwoord / soortnaam √ 1

    5.2.2 deelwoord 1

    5.3 - don - √ 1

    5.4 D √ 1

    (5)

    VRAAG 6

    6.1 Dit is ’n samestelling waarvan die eerste basis eindig met ’n s en die tweede basis begin met ’n s. √

    1

    6.2 A √ 1

    6.3 mond-hi-gi-ë-ne √ 1

    6.4 Jou tande word deur tandepasta met fluoried versterk en beskerm. √

    1

    6.5 saamgestelde sin √ 1

    (5)

    TOTAAL AFDELING B: 30

    GROOTTOTAAL 60