8
June 2015

Agribulletin 20150626

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Monthly Agricultural Publication

Citation preview

Page 1: Agribulletin 20150626

June 2015

Page 2: Agribulletin 20150626

June 20152

Your agriadvertising solution provider

’n publikasie van Bulletin

Uitgewer:Francois Aucamp

[email protected]:Louis Roux

[email protected]:

Jacques [email protected]

Uitleg en ontwerp:Tamryn Branch

[email protected] Thompson

[email protected] 8, Tzaneen,

0850015 307 7248015 307 7684

www.bulletin.us.comDrukker/Printer: Paarl-

Coldset

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin.

Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin.

Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved.

Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Jacques Smuts071 268 2543

[email protected]

Almonds are still the world’s favorable nut type, consuming 1 077 000 tons or 30,3% of the global nut production last year.

South Africa was the biggest exporter of macadamia nuts in this period, but it compris-es only 1,2% of all nuts in the export market.

The SA Macadamia Growers As-sociation (Samac) attended the world congress of the in-ternational nut and dried fruit council (INC) in Tur-key last month, where Mr Carl Henning, chairman of Samac, gave a signi� -cant contribution on maca-damia production.

Walnuts are second on the list of popular nuts with 18.4%, followed by pista-chios (17,9%), cashew nuts (17,7%), hazel nuts (9,5%) and pecans (3%). At the bottom end are

pine nuts (1,1%) and Brazil nuts (0,7%).The forecast for macadamias in SA for

2015/16 is 46 950 tons (nut in shell), while the industry expands with a thousand ha annu-ally. Samac’s membership showed an increase of twenty percent over the past six months.

The export market to China came into the spotlight recently, with

Samac appointing a spe-cialized market research company in China to ana-

lise the distribution and consumer pattern in the continent, said Henning.

There is, however, a “grey market” to China of smug-

gled consignments which was brought to an end with the arrest of

thirty people in the smuggling chain. Importers and agents have now become wary in fear of

getting caught up in this illegal network.In SA the theft of macadamias has become a

major issue. Henning said a minimum expert standard for export nut in shell macadamias was drafted by Samac to ensure that only the best quality leaves the country. A kernel standard will follow, because much of the sto-len nuts are processed to kernel for sale in the local and export markets.

The theft issue not only brings the reputability of the entire SA nut industry into question but also raises serious food safety concerns. Stolen nuts are often processed in very poor hygienic conditions with no basic food safety systems in place, such as a certi� ed HACCP process.

Several new measures of control are now introduced to wipe out thefts in unguarded orchards.

— Louis [email protected]

The almond stays on top

Die uitvoer van SA vrugte na Rusland is vol-stoom aan die gang, nadat die eerste skeeps-vrag met meer as vierduisend ton sitrus, appels en pere einde Mei in St Petersburg aangekom het.

Sitrus word nie in Rusland verbou nie en die SA besendings word goed ontvang, omdat dit teen ‘n billiker prys as sitrus uit ander dele van Europa aangebied word. Die Russe het

wel appels, pere en druiwe, maar dit word eers in die laatsomer en herfs geoes. SA se lew-ering meng dus nie in met hul produksie nie.

Mnr Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging (CGA), sê vrugte-uitvoer na Rusland het in 1994 begin, maar het intussen so sterk gegroei dat twaalf persent van alle SA uitvoere daarheen gaan. Dit het verlede jaar 200 duisend ton beloop.

Bande is intussen ook versterk na pres Ja-cob Zuma se staatsbesoek aan pres Vladimir Putin in Augustus verlede jaar, waar groter handel in landbou- en voedselprodukte uit SA bepleit is.

Intussen berig Fresh Fruit Portal dat Rus-land 120 ton sitrus na Egipte teruggestuur het, nadat besmetting van die Mediterreense vrugtevlieg (med� y) daarin opgespoor is.

Die Russe eet graag SA vrugte

Page 3: Agribulletin 20150626

June 2015 3

AgriLimpopo is aan die woel met ‘n plan om die provinsie se land-bougemeenskap op te hef tot ‘n status waaruit almal ewe groot voordeel kan trek, sonder om af-breuk te maak aan bestaande ordes in die bedryf.

Dit behels die betrokkenheid van alle landbougerigte organisasies en insetverska� ers om saam te snoer tot ‘n bedingingsmag wat vir elke boer vorentoe sal saak maak.

Mnr Willem van Jaarsveld, uitvoe-rende hoof van AgriLimpopo, sê die plan het as ‘n vooruitskouing by ‘n vergadering begin, maar het reeds

soveel belangstelling gelok dat die raamwerk daarvan reeds gestalte gekry het.

Een van die pilare in die raamwerk is die steun aan opkomende boere wat hul sout werd is. Skakeling met verskeie groepe en instansies het reeds ver gevorder en sal tydens vergaderings met boereverenigings op sakelyste duideliker word.AgriBulletin verneem betroubaar

dat AgriSA glo met belangstelling na Limpopo se planne kyk en dit na verwagting ter sprake sal kom wan-neer die liggaam op 30 Junie weer oor grondhervorming beraadslaag.

Limpopo is steeds by verre die grootste sitrusproduse-rende provinsie in die land, met byna 27 000 ha. Dit is ‘n groei van byna 3 000 ha meer as verlede jaar.

Die jongste boordsensus is pas deur die Sitruskwe-kersvereniging (CGA) vrygestel, waarin getoon word dat Limpopo, die Oos- en WesKaap ‘n gemiddeld van twaalf persent meer sitrus aangeplant het. Daar was veral ‘n toename in sagte sitrus (21%) en suur-lemoene (13%).

Mpumalanga se produksie het die skerpste gedaal (44%) tot net 5 255 ha teenoor die vorige syfer van 9 375 ha. KwaZulu het ook 34% minder sitrus en die Noord-Kaap 23% minder.

Mnr John Edmonds van die CGA het egter verduidelik dat die daling in Mpumalanga in die regte perspektief gesien moet word. Hulle is nie baie bekommerd daaroor nie, omdat heelwat sitrusboere in die distrik nie uitvoer nie en dus nie by die CGA geregistreer is nie. In ander

gevalle soos by Groblersdal en Marble Hall is getalle by Limpopo ingesluit, waar dit voorheen by Mpumalanga se statistiek betrek is.

Die CGA se syfers sluit ook nie produksie in wat vir verwerking (soos versapping) bestem is nie, maar werk hoofsaaklik op uitvoere.

Die verslag dui ook aan dat valencias met vyf persent verminder het na 25 652 ha en pomelo’s met ses persent na 8 798 ha.

AgriLimpopo het groot planne

Limpopo is steeds grootste sitrusstreek

Die Groot Letabarivier lyk plek-plek soos ‘n moeras weens die opeenhoping van hiasinte. Dit is ‘n bron van kommer vir boere langs die oewer, want dit versprei ook na damme en aanlegte langs die rivier wat verstoppings tot gevolg het. Mnr Pieter Vorster, voorsitter van AgriLetaba, sê die departement van wa-terwese het ‘n helikoptervlieënier gekontrak-teer om die hiasinte met glufosaat te bespuit,

maar weens verskeie spanningsdrade oor die rivier was die spuitwerk nie doeltre� end nie. Die middel moet teen ‘n hoogte van nage-noeg twee meter toegedien word. Vor-ster sê ‘n middel is beskikbaar, maar boere moet by waterwese aansoek doen om dit self toe te dien. Die enigste ander uitweg is vir oewerboere om die hiasinte fisies uit die water te verwyder.

Page 4: Agribulletin 20150626

June 20154

agri©10161wk150227dm

Cor Greyling | Cell: 082 856 5445 • Steve Smuts | Cell: 071 819 3269

Vir `n volledige reeks:• Mikro-element blaarvoeding• Na-oesbederfmiddels• Plaagdoders• Swamdoders• Citrosol Wakse

Wenkem S.A.(EDMS) BPK. (PTY) LTDReg № 1988/003854/07

[email protected]@wenkem.co.za

Wenkem S.A.

agri©10161wk150227dm

agri©10161wk150227dm

071 819 3269

agri©10161wk150227dm

Sakata het die afgelope paar jaar bekendheid verwerf vir hul hoë gehalte botterskorsieva-riëteite. Met soorte wat baie hoë opbrengste, sterk, groeikragtige plante en siekteweerstand teen Poeieragtige meeldou bied, het Sakata nuwe standaarde gestel vir dié produk in Suid-Afrika. Sakata se botterskorsies word in Brasilië gekweek, wat ‘n soort-gelyke klimaat het as Suid-Afrika - die variëteite is dus baie goed aangepas vir Suid-Afrikaanse toestande en presteer uit-stekend regoor die land.

Pluto het geen bekendstel-ling in die SA mark nodig nie. Dit is reeds vir die afgelope paar jaar die markleier in bot-terskorsievariëteite, met hoë opbrengste, uitstekende gehalte en baie eenvormige vrugte. Bykomend tot Pluto, spog Sakata ook met an-

der bekende variëteite soos At-las, die eerste keuse vir verwerk-ers; Veenas, wat ‘n kleiner vrug gee en hoofsaaklik geskik is vir uitvoere en voorafverpakking; asook Cosmos, wat die enigste bostipe botterskorsie in SA is.

Sakata het onlangs nóg ‘n uitstekende variëteit, naamlik Quantum, bekendgestel. Deur die behoefte raak te sien vir ‘n kleiner vrug gedurende die warmer maande, werk Quan-tum perfek vir kettingwinkels wat ‘n aanvraag het na medium grootte botterskorsies. Quan-tum staan nie terug vir Pluto wanneer dit kom by hoë op-brengste en eenvormige, hoë gehalte vrugte nie. Dié byvoe-ging tot die reeks gee die pro-

dusent die keuse om Quantum te plant gedurende die warmer tye van die jaar om ‘n medium grootte vrug te

kry, en dan Pluto te produseer in die koeler tye wanneer Quantum weer te klein kan wees.

Quantum is ‘n volrank tipe, met baie aanpasbare en groeikragtige plante, wat dit minder vatbaar maak vir siektes. Quantum het ook intermediêre weerstand teen witroes (Poeieragtige meeldou). Die opbrengspotensi-aal is uitstekend, en die vrugte is ook nie geneig om te bars nie. Die variëteit het ‘n uitstekende vrugsetvermoë, en kan oor ‘n lang tydperk vrugte dra omdat die plante lank gesond bly. Die vrugte het ‘n tipiese Waltham-vorm, met ‘n medium grootte van 0.8 – 1.2 kg. Die vleis het ‘n diep-oranje kleur, met uitstaande smaak en hoë suikerinhoud. Volwasse vrugte het ‘n lang raklewe, wat dit ook geskik maak vir verwerking en uitvoere.

Quantum is nóg ‘n wenner-variëteit wat Sakata se huidige botterskorsiereeks voltooi.

Vir meer inligting oor Sakata se botterskorsie-reeks, skakel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 of besoek Sakata se webwerf, www.sakata.co.za.

Quantum versterk mark vir botterskorsies

AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne geba-seer. Aangesien gewaspres-tasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die � siologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die pres-tasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aan-vaar ons enige aanspreeklik-heid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat te-wyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers as-seblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoops-voorwaardes voordat saad

bestel word.

Pluto, die markleier, is goed aangepas vir koeler seisoen produksie waar klein tot mediumgrootte

vrugte in aanvraag is.

Page 5: Agribulletin 20150626

June 2015 5

Page 6: Agribulletin 20150626

June 20156

Liefde vir jou soort boerdery is die enigste resep tot ge-sonde sukses. Hoe meer jy aan jou onderneming deel-neem, hoe groter die vreugde.

Dis die voorskrif van mnr André Lategan, ‘n papajaboer van Trichardtsdal, wat sy produkte jaarliks sonder tierlantyntjies land-wyd bemark.

Hy boer al 23 jaar op die plaas Peculiar, waar ‘n groot deel van die 144 ha onder simmetriese blokke papajas staan. Hy lewer aan al die groot varsproduktemarkte in Suid-Afrika onder die handelsmerk Peculiar en AALbdy (AA Lategan Boerdery).

Sy papajas wissel van groot tot middelslag en klein, maar net die beste word vir die markte voorgesit. Wat oorbly, gaan aan bakkieverkopers, vir versapping deur die sapverwerker Granor Passi in Letsitele en droging.

Dan is daar ook ‘n mark vir die oorryp en beskadigde papajas. Hulle beland in die kosbakke van instansies wat ape en bobbejane elke dag moet kos gee. Selfs beeste word op afval-papajas gevoer en niks gaan verlore nie.

Lategan het vroeër in die omge-wing van Taganashoek geboer, maar het later Trichardtsdal toe geskuif. Een van die grootste knel-punte was die beskikbaarheid van water. Vandag sorg dertig boor-gate op die plaas dat dit nat moet wees waar dit nat hoort.

“My vrou Estelle het destyds gesê ons het van een droe plaas na ‘n ander verskuif. Ons het laat boor en dit het ons miljoene rande gekos.”

Simmetrie was deel van sy bestuurs-plan. Die boorde is opgedeel in blokke van 1,25 ha elk en die land-skap lyk soos ‘n almanak. Die bome word tot agt jaar oud en elke blok wat verwyder word, kry ‘n vervanging van dieselfde om-vang elders op die plaas. Hy laat die grond van ‘n uit-gekapte boord vir vyf jaar rus voor ‘n nuwe aanplanting.

In die vroeë jare van papajaverbouing was dit noodsaaklik dat manlike en vroulike plante byeen ge-plant moes word om ‘n oes te verseker. Deesdae staan die boorde vol tweeslagtige bome (hermafrodiete) wat die bestuiwingsprobleem uitskakel.

Hulle lewer ‘n ovaalvormige vrug teenoor die bolvor-mige papaja van die vroulike plant. Dit is makliker om te hanteer en geniet voorkeur in die verbruikersmark. In die volksmond is dit bekend as die papino, maar dié is ‘n

geregistreerde handelsnaam van ‘n ander kweker elders in die land.

Lategan praat nie graag oor sy verbouingstegnieke nie, maar sê ‘n groepie van tot ses plantjies word op elke standplaas geplant. Sodra hul geslag vasgestel is, word net die hermafrodiete behou en die ander word verwy-der. Dié metode van seleksie het hom in staat gestel om boorde te skep wat nooit voorheen moontlik was nie.

Na drie tot vier jaar van drag word die papajabome skouerhoogte afgekap. Dit groei opnuut en vrugte kan reeds binne ses maande verskyn. Dié bome kan tot nog vier jaar vorentoe oeste lewer.

Aalwurmbesmetting is egter ‘n groot vyand en kan boorde se lewensiklus ernstig beïnvloed. Hy het egter ‘n bi-ologiese beheermiddel om dié plaag mee teen te werk.

In sy kantoor pluk Lategan ‘n lêer na vore en wys die opbrengs wat elke blok papajas die afgelope vyf jaar voortgebring het. Die reëlmaat is ver-stommend.

“Ons is gelukkig om in ‘n gebied te boer wat redelik vry van natuurrampe is. In my 23 jaar op Peculiar het ek net drie haelstorms beleef, maar hulle het ons groot skade berokken. ‘n Papaja met die geringste haelmerk is nie be-markbaar nie.”

Toe hy en Estelle destyds met die papaja-projek begin het, was presisie die wagwoord. Elke meter se ontwik-keling is aangeteken, saam met ele-mente soos reënval, koue toestande, markpryse en ‘n reeks ander ekono-miese invloede.

Vandag staan dié papajaboer onder ‘n veel groter afdak. Sy seun, Louis, en sy twee skoonseuns, Theuns Kotzee en Sybrand van Jaarsveld, het hulle by hom aangesluit. Hulle draf Peculiar elke dag plat om te sorg dat die bedryf � oreer.

Aanpasbaarheid is nog ‘n sleutel tot Lategan se suksesresep. Elke werker op die plaas is toegerus met ‘n te-lefoon waarmee hy opdragte kry om sekere take te verrig. Of dit Blok 1 of Blok 25 is, kry hy sy instruksies on-middellik. Die rekenaar in die kantoor weerspieël die hele plaas se ritme.

Lategan sê hy het ‘n gesonde ver-standhouding met sy bure, wat swart entrepreneurs insluit. Die meerder-

heid van sy werkers bly in Sekororo, waar hy goeie ver-houdings met stamhoofde handhaaf.

“Ons bou daagliks brûe tussen mekaar, sodat almal daaruit kan voordeel trek. Dis nie ‘n buitengewone ver-haal nie, maar ‘n volgehoue proses tot selfbeskikking.”

So met die loopslag sê hy vir oulaas: “Ek eet papajas in die oggend, smiddags en saans. En ek eet hulle som-merso tussenin ook, want ek is lief vir my boerdery.”

Estelle en André Lategan

So lyk ‘n “dragtige” tweeslagtige papajaboom.

Peculiar se papajas word droog verpak. Dit gaan nie deur ‘n badproses nie en geen waks word aangewend nie. Lategan sê die papaja het sy eie, natuurlike wakslaag en die vrugte

kom skoon uit die boorde.Die gewildste verpakkings is die 2 kg en 4,2 kg

kartonne.

Nuwe palette word vir elke besending papajas gebruik. Verpakkingsmateriaal is duur en hap

groot aan die winste van die maatskappy.

Theuns Kotzee, skoon-seun, is ook voorsitter van die Trichardtsdal/Of-colaco boerevereniging.

Skoonseun Sybrand van Jaarsveld.

Hierdie papajas floreer met liefde

Page 7: Agribulletin 20150626

June 2015 7

More bakkie for your buck!The BMT Plus 1-tonner from only R1199* per month from MahindraWhatever small business you own, the BMT Plus 1-tonner can make your life a whole lot easier. An incredible R 127 995* gets you a super fuel-efficient bakkie with a large load box capacity and low operating costs.

Call your dealer today to arrange a test drive and lighten your load with the Bolero Maxitruck Plus.

0861 333 549 www.mahindra.co.za

* T&Cs apply (With Mahindra Finance in association with ABSA. Calculated on 20% deposit with 30% residual and interest rate 9.5% over 72 months. (RRP R127995.00)

www.mahindra.co.za www.mahindra.co.za

Mahindra Polokwane 106 Landros Mare Str

Polokwane

Tel: 015 287 [email protected]

www.mgmmotors.co.za

FSP: 18300sms your NAME and BMT to 083 279 5403 for more info

More bakkie for your buck!The BMT Plus 1-tonner from only R1199* per month from MahindraWhatever small business you own, the BMT Plus 1-tonner can make your life a whole lot easier. An incredible R 127 995* gets you a super fuel-efficient bakkie with a large load box capacity and low operating costs.

Call your dealer today to arrange a test drive and lighten your load with the Bolero Maxitruck Plus.

0861 333 549 www.mahindra.co.za

* T&Cs apply (With Mahindra Finance in association with ABSA. Calculated on 20% deposit with 30% residual and interest rate 9.5% over 72 months. (RRP R127995.00)

More bakkie for your buck!The BMT Plus 1-tonner from only R1199* per month from MahindraWhatever small business you own, the BMT Plus 1-tonner can make your life a whole lot easier. An incredible R 127 995* gets you a super fuel-efficient bakkie with a large load box capacity and low operating costs.

Call your dealer today to arrange a test drive and lighten your load with the Bolero Maxitruck Plus.

0861 333 549 www.mahindra.co.za

* T&Cs apply (With Mahindra Finance in association with ABSA. Calculated on 20% deposit with 30% residual and interest rate 9.5% over 72 months. (RRP R127995.00)

Page 8: Agribulletin 20150626

June 20158