AFDELING A: KLIMATOLOGIE - Web viewlug word . bokant. koue. lug. opgeforseer. f. Gea. sso. sieer. met . stygende, warm. vogtige. lug (1x5)(5) M. EERKEUSIGE VRAE. Die volgende stellings

Embed Size (px)

Citation preview

GEOGRAFIE GRAAD 10 2014 EKURHULENI-NOORD DISTRIK D6

GEOGRAFIE: KABV TEORIE DATUM: JUNIE 2014

VRAESTEL 1 TYD: 2 UUR

GRAAD 10 TOTAAL: 140

INSTRUKSIES:

1. Beantwoord AL die vrae.

2. Skryf netjies en leesbaar.

3. Nommer die vrae soos op die vraestel gedoen is.

AFDELING A: KLIMATOLOGIEVRAAG 1

1.1 KORTVRAE

Pas die terme in KOLOM A by EEN stelling in Kolom B. Skryf die nommer van die term langs die letter van die korrekte stelling neer, bv. 1.1.6 a

KOLOM AKOLOM B

1.1.1 Doupunttemperatuura Renval wat in Gauteng voorkom

1.1.2 Orografiese renb Punt waar kondensasie begin

1.1.3 Frontale renc Waterdamp verander na water

1.1.4 Konveksierend Warm, vogtige lug word langs n berg opgeforseer

1.1.5 Kondensasiee Warm, vogtige lug word bokant koue lug opgeforseer

f Geassosieer met stygende, warm vogtige lug

(1x5)(5)

1.2 MEERKEUSIGE VRAE

Die volgende stellings het vier antwoorde. Skryf die vraagnommer neer en langsaan die korrekte letter, bv. 1.2.6 A.

1.2.1Inkomende/invallende sonlig vanaf die son is...

Asonenergie.

Binsolasie.

Cradiasie.

Dsolarkonstant.

1.2.2 Die atmosfeer kry meeste van sy hitte vanaf

Ainsolasie.

Babsorpsie

Caardstraling

DStrooiing en weerkaatsing.

1.2.3 Atmosferiese temperature word gemeet met n

Atermometer.

Bbarometer.

Chigrometer.

Danemometer.

1.2.4 Wat is die korrekte volgorde van prosesse?

Averdamping, kondensasie, wolkvorming, neerslag.

Bverdamping, wolkvorming, kondensasie, neerslag.

Cverdamping, neerslag, kondensasie, wolkvorming.

Dkondensasie, wolkvorming, verdamping, neerslag.

1.2.5 As die droboltemperatuur- en die natboltemperatuurlesings

dieselfde is

Asal dit begin ren.

Bis relatiewe humiditeit 50%.

Csal verdamping plaasvind.

Dis die atmosfeer versadig. (1x5)(5)

[10]

1.3 LAE VAN DIE ATMOSEER

Bestudeer onderstaande FIGUUR 1.3 en beantwoord die vrae. Die atmosfeer is ongeveer 140km dik en is verdeel in vier lae.

(TROPOSFEER) (STRATOSFEER) (MESOSFEER) (TERMOSFEER) (FIGURE 1.3 FIGUUR 1.3)

1.3.1 a) Noem die atmosferiese laag wat die belangrikste vir die mens is.

(1x2)(2)

b) Gee TWEE redes vir jou antwoord in 1.3.1 a). (2x2)(4)

1.3.2a) Hoe verander die temperatuur met hoogte in die Stratosfeer? (1X2)(2)

b) Watter geografiese term word gebruik om bostaande verandering

van temperatuur met hoogte te beskryf? (1X2)(2)

1.3.3 a) Noem die atmosferiese laag waarin die osoonlaag aangetref word.

(1x2)(2)

b) Bespreek enige EEN oorsaak van osoonvernietiging. (1x2)(2)

[14]

1.4 VERHITTING VAN DIE ATMOSFEER EN AARDVERWARMING

Verwys na onderstaande FIGUUR 1.4 en beantwoord die vrae.

(FIGUUR 1.4 Ons benodig energie om dinge te doen soos n motor te bestuur, n vliegtuig te vlieg of om goed in n fabriek te vervaardig. Ons moet energie verstandig gebruik om aardverwarming te beperk.)

1.4.1 Verduidelik die betekenis van aardverwarming. (1x2)(2)

1.4.2 Bespreek enige EEN oorsaak van aardverwarming. (1x2)(2)

1.4.3 Beskryf enige TWEE wyses waarop mense en die omgewing

geaffekteer sal word deur aardverwarming. (2x2)(4)

1.4.4 Jy is deur die regering gevra om voorstelle in te dien oor hoe om die

impak van aardverwarming te verminder.

Skryf n kort paragraaf waarin jy jou voorstelle oor hoe om

aardverwarming te beperk, weergee. (4x4)(8)

[16]

1.5 FAKTORE WAT DIE TEMPERATUUR AFFEKTEER

Bestudeer die kaart van Suid-Afrika asook die renvalgrafieke in FIGUUR 1.5 en beantwoord die vrae.

(Cold Benguela current Koue Benguelastroom)

(Kaapstad) (Warm Mozambique current Warm Mosambiekstroom)

Maande Maande Maande

FIGURE 1.5 FIGUUR 1.5

1.5.1Die gemiddelde temperatuur by Durban is 20C terwyl die gemiddelde temperatuur by Port Nolloth 14 C is. Watter faktor is verantwoordelik vir die verskil in temperature tussen Durban en Port Nolloth? (1x2)(2)

1.5.2Verduidelik waarom die Mosambiekseestroom en die Benguelaseestroom verskillende temperature het? (2x2)(4)

1.5.3Verwys na die renvalgrafiek van Kaapstad. Tydens watter seisoen ontvang Kaapstad die meeste ren? (1x2)(2)

1.5.4S watter van die drie stede, Windhoek, Durban of Kaapstad ervaar die

laagste jaarlikse renval. (1x2)(2)

1.5.5Windhoek is binnelands met n kontinentale klimaat. Verduidelik kortliks wat word bedoel met n kontinentale klimaat. (1x2)(2)

1.5.6 Beide Durban en Kaapstad, is langs die kus met n maritieme klimaat. Verduidelik kortliks wat n maritieme klimaat is. (1x2)(2)

[14]

1.6 SINOPTIESE WEERKAART

n Sinoptiese weerkaart is n opsomming van weerstoestande opgeteken teen 14:00 Suid-Afrikaanse standaardtyd. Verwys na FIGUUR 1.6 en beantwoord die vrae.

(FIGURE 1.6 FIGUUR 1.6)

( WEER BY KAAPSTAD) ( )

1.6.1 Wat noem ons die lyne wat plekke met dieselfde lugdruk verbind?

(1x2)(2)

1.6.2 Wat is die naam van die lugdruksel oor die binneland van Suid-Afrika?

(1x2)(2)

1.6.3 (a) Watter seisoen word op die sinoptiese weerkaart aangetoon?

(1x2)(2)

(b) GeeTWEE bewyse waarom jy hierdie seisoen gekies het. (2x2)(4)

1.6.4 Beskryf die weervoorspelling vir Kaapstad vir daardie dag en

gebruik die inligting op die stasiemodel vir Kaapstad. Verwys na:

(a) Wolkbedekking

(b) Windrigting

(c) Windspoed

(d) Temperatuur

(e) Doupunttemperatuur

(f) Weer (maak n voorspelling) (6x1)(6) [16]

TOTAAL: 70

AFDELING B: GEOMORFOLOGIEVRAAG 2

KORTVRAE:

2.1 PLOOIING

Verwys na FIGUUR 2.1, verskillende plooie en plooistrukture. By vrae

2.1.1 tot 2.1.5 skryf die vraagnommer en langsaan die korrekte woord VANAF DIE DIAGRAM - neer. Bv. 2.1.6 Been. Kies jou antwoorde uit die benoemings op onderstaande FIGUUR 2.1

(Asimmetriese plooi ) (Simmetriese plooi) (Antiklien) (FIGURE 2.1FIGUUR 2.1)

(Sinklien)

(Skuiwing) (Arm)

(Skuiwingslyn/foutlyn)

(Oorskuifplooi) (Oorplooi)

2.1.1Drukkragte is eweredig en redelik sterk aan albei kante

2.1.2Een kant van die plooi word oor die ander kant gestoot al langs die foutlyn

2.1.3Term vir n plooi wat opwaarts buig

2.1.4Term vir n plooi wat afwaarts buig

2.1.5Die sykante van opwaartse of afwaartse plooie

(5x1)(5)

2.2 BINNEKANT VAN DIE AARDE

Bestudeer FIGUUR 2.2, struktuur van aarde se binnekant, en beantwoord die

onderstaande vrae.

(FIGURE 2.2