16
Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 1 EKURHULENI- NOORD LEWENSORIËNTERING GR. 9 14 NOVEMBER 2017 Moderator: Christine du Plessis Tydsduur: 1 ½ uur Puntetelling: 70 Instruksies: (7 bladsye) 1. Hierdie is ‘n invulvraestel. Skryf netjies. 2. Lees instruksies sorgvuldig voordat jy antwoord. 3. Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings: Afdeling A, B en C. Jy moet al die vrae beantwoord in Afdeling A (28 punte) en Afdeling B (28 punte) asook twee vrae in Afdeling C (14 punte) = 70 punte. STERKTE ! Naam van skool: _______________________________________________ Gr.9___ Naam van leerder: _______________________________________________ Afdeling A (28 punte= laer orde) Beantwoord al die vrae in hierdie afdeling. 1.1 Die veiligste manier om jouself teen ongewenste swangerskap, seksuele oordraagbare infeksies (SOI’s) en MIV te beskerm is deur ... A jouself te laat toets. B slegs een seksmaat te hê. C voorbehoedmiddels te gebruik. D die weerhouding van seks. (1) 1.2 ʼn Mediese toestand wat jou die hele tyd hartseer en bekommerd laat voel en jou dikwels verhoed om ʼn normale lewe te lei. A Rou B Stres C Depressie D Skok (1) VRAAG 1: Vier moontlike antwoorde word vir elk van die volgende vrae/stellings verskaf. Kies die korrekte antwoord en onderstreep dit. [10] __ 70

Afdeling A (28 punte= laer orde) Beantwoord al die vrae in ... · _____ (2) 7.2 Thabo wil graag aansoek doen vir die werk, maar hy is een van die beste . spelers in sy sportspan en

  • Upload
    lethien

  • View
    242

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 1

EKURHULENI- NOORD

LEWENSORIËNTERING GR. 9 14 NOVEMBER 2017 Moderator: Christine du Plessis Tydsduur: 1 ½ uur Puntetelling: 70 Instruksies: (7 bladsye) 1. Hierdie is ‘n invulvraestel. Skryf netjies. 2. Lees instruksies sorgvuldig voordat jy antwoord. 3. Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings: Afdeling A, B en C. Jy moet al die vrae beantwoord in Afdeling A (28 punte) en Afdeling B (28 punte) asook twee vrae in Afdeling C (14 punte) = 70 punte. STERKTE !

Naam van skool: _______________________________________________ Gr.9___ Naam van leerder: _______________________________________________ Afdeling A (28 punte= laer orde) Beantwoord al die vrae in hierdie afdeling. 1.1 Die veiligste manier om jouself teen ongewenste swangerskap, seksuele

oordraagbare infeksies (SOI’s) en MIV te beskerm is deur ... A jouself te laat toets.

B slegs een seksmaat te hê. C voorbehoedmiddels te gebruik. D die weerhouding van seks. (1) 1.2 ʼn Mediese toestand wat jou die hele tyd hartseer en bekommerd laat voel

en jou dikwels verhoed om ʼn normale lewe te lei. A Rou B Stres C Depressie D Skok (1)

VRAAG 1: Vier moontlike antwoorde word vir elk van die volgende vrae/stellings verskaf. Kies die korrekte antwoord en onderstreep dit. [10]

__ 70

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 2

1.3 ... is die vermoë om met selfvertoue te praat en opreg te wees. A Passief

B Spekuleer C Selfversekerd D Aggressief (1) 1.4 Vryheidsdag word elke jaar op ... gevier. A 27 April B 27 Maart C 1 Mei D 16 Junie (1) 1.5. Die mees waarskynlike manier om ʼn seksuele oordraagbare infeksie (SOI) op te doen is deur____

A iemand te omhels. B onbeskermende seks te hê. C handdoeke en ander gereedskap te deel. D masturbasie. (1) 1.6 “Soos ek by die deur uitstap, na die hek wat na my vryheid sou lei, het ek geweet dat indien ek nie my bitterheid en haat agterweë laat nie, ek nog steeds ʼn gevangene sou wees.” Hierdie is ʼn bekende aanhaling van___ A Nelson Mandela. B Trevor Noah. C Albertina Sisulu. D Jacob Zuma. (1) 1.7 Om vinnig deur ‘n teks te lees op soek na spesifieke inligting word______ genoem: A Oppervlakkig lees B Vluglees C Lees vir plesier D Studielees (1) 1.8 Wanneer jy jou vakke vir Graad 10 kies, moet jy _____ oorweeg. A jou ouers se belangstellings B jou sportprestasie C jou belangstellings D jou vermoë en aanleg. (1) 1.9 ____verwys na die gebruike, idees en leefwyse van ʼn groep mense. A Familie B Vriende C Geloof D Kultuur (1) 1.10 Die Wet op _____bevorder werknemerdeelname aan besluitneming deur die vestiging van werkplekforums. A Gelyke indiensneming B Basiese Diensvoorwaardes C Arbeidsverhoudinge D Vaardigheidsontwikkeling. (1)

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 3

VRAAG 2: Voltooi die sin deur die woorde in die onderstaande woordbank te gebruik. [5]

(2.1) _______________ is die beginsel waar jy jou (2.2) ________________ en (2.3) _______________ aanbied tot voordeel van ander in die gemeenskap as ʼn (2.4) _______________ verantwoordelikheid eerder as vir enige (2.5)____________ vergoeding.

VRAAG 3: Pas die term in Kolom A by die beskrywing in Kolom B. Skryf slegs die regte LETTER in Kolom C neer. [5]

Kolom A Kolom B Kolom C

3.1 Lewenslange leer A ‘n Risikofaktor wat tot die vlak van tienerswangerskap kan bydra.

3.2 Versoening B Besluite gegrond op die kennis van reg en verkeerd.

3.3 Studieplan C ‘n Manier vind om verskille op te los.

3.4 Morele oordeel D Ons ingebore reg om met respek regverdig behandel te word net omdat ons mense is.

3.5 Middelmisbruik E Help leerders om hul studierooster en aktiwiteite te beplan.

F Die proses om vir die res van jou lewe lewensvaardighede en kennis op te doen.

G Depressie. H Menseregte.

VRAAG 4: Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is (Onderstreep). KORRIGEER die onwaar stellings. [5]

4.1 Weerhouding en gedragsverandering is strategieë om gesonde seksuele gedrag te hanteer. (WAAR/ONWAAR) (1) ________________________________________________________________ 4.2 Oneerlike staatsbeamptes gebruik hul posisies om poste vir hul vriende en familie te gee. Dit word korrupsie genoem. (WAAR/ONWAAR) (1) ________________________________________________________________ 4.3 Negatiewe rolmodelle behoort die grondwetlike waardes te handhaaf en goeie voorbeelde vir tieners te stel. (WAAR/ONWAAR) (1) ________________________________________________________________ 4.4 Die beste liggaamlike gesondheid word verkry deur die kombinasie van fisiese aktiwiteite en gesonde eetgewoontes. (WAAR/ONWAAR) (1) ________________________________________________________________ 4.5 Adolessente beleef fisieke en emosionele veranderinge. (WAAR/ONWAAR) (1) ________________________________________________________________

finansiële; energie; sosiale; tyd; vrywilligerdiens; ekonomie; kultureel.

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 4

VRAAG 5: DIE WÊRELD VAN WERK: Beantwoord die volgende vrae: [3] 5.1 Die vier verpligte vakke in die VOO fase is ____________,

_____________, _____________en _______________ (2) 5.2 Noem die twee moontlike rigtings beskikbaar nadat jy graad 9 voltooi

het.___________________ en _____________________ . (1) Totaal Afdeling A: 28 Punte

AFDELING B (28 Punte= middel orde) Antwoord al die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 6: GEWELD Lees Tamara se dagboekinskrywing en antwoord die vrae wat volg. [14] 23 Maart Ek is so kwaad vir my pa. Hy het weer dronk by die huis gekom en het nie aandete geëet nie. Hy het begin skree en die meubels geskop. Toe my ma probeer het om hom te kalmeer, het hy nog meer gewelddadig geraak. Hy het haar in die maag geslaan en geskop en haar aan haar hare gesleep. Toe ek skree dat hy moet ophou, het hy my deur my gesig geklap en gesê ek het geen reg om op hom te skree nie. My broer het begin huil en my pa het ons gevloek en geskree dat ons almal nikswerd is. Ek voel so hartseer en hulpeloos. Ek weet nie wat om te doen nie.

6.1 Noem enige TWEE soorte mishandeling wat in Tamara se dagboekinskrywing voorkom. (2) _____________________________ en ___________________________ 6.2 Hoekom dink jy tree Tamar se pa so op? (2) ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ 6.3 Is dit reg dat Tamara op haar pa geskree het? Verduidelik jou antwoord. (2) ___________ Verduideliking: _______________________________________ ________________________________________________________________ 6.4 Watter uitwerking het die pa se gedrag op die hele familie? (2) ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ 6.5 Noem enige TWEE negatiewe gedragsafwykings wat Tamara se broer dalk later kan ontwikkel as ‘n gevolg van sy pa se voorbeeld. (4) 6.5.1 ____________________________________________________________ 6.5.2 ____________________________________________________________ 6.6 Tamara sê: “Ek voel so hartseer en hulpeloos. Ek weet nie wat om te doen nie. Wat dink jy kan sy aan haar situasie doen? (2) ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 5

VRAAG 7: DIE WÊRELD VAN WERK Lees die volgende advertensie en antwoord die vrae wat daaroor handel. [14]

Tydelike winkelassistente word benodig by Pick ʼn Pay, Phumelani Winkelsentrum vir die 2017 Desembervakansie. Pick ʼn Pay is ‘n gelyke geleentheidswerkgewer. Slegs eerlike, hardwerkende en toegewyde tieners behoort aansoek te doen. Werksure: Saterdae: 07:00 – 15:00 Sondae: 08:30 – 13:30 Werksomskrywing: Rakke pak en skoonmaak van stoorkamers. Terugbring van trollies vanaf die parkeerarea, hulp aan kliënte wat produkinligting benodig. Daaglikse was en skoonmaak van vloere na sluitingstyd. Loon: R40 per uur Alle aansoekers moet ‘n CV voor 30 November 2017 aan die winkelbestuurder voorlê. 7.1 Kan tieners van alle rasse aansoek doen vir die pos as winkelassistent? ___________ Motiveer jou antwoord: __________________________________ _____________________________________________________________ (2) 7.2 Thabo wil graag aansoek doen vir die werk, maar hy is een van die beste spelers in sy sportspan en hulle speel altyd wedstryde oor naweke. Dink jy dat Thabo tog moet aansoek doen vir die werk? ___________ Motiveer jou antwoord: __________________________________ _____________________________________________________________ (2) 7.3 Watter kwalifikasies word benodig vir die geadverteerde pos? (2) ________________________________________________________________ 7.4 Hoe sal Thabo voordeel trek uit die tydelike werk in die advertensie behalwe vir die geld wat hy gedurende die vakansie sal verdien? (2) ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ 7.6 Bereken die bedrag wat Thabo as loon sou ontvang as hy vier Saterdae en twee Sondae gedurende die Desember 2012 vakansie sou werk. Skryf al die nodige berekeninge neer. (5) ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ 7.7 Wat is ‘n CV? _____________________________________________________________ (1) Totaal Afdeling B: 28 Punte

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 6

AFDELING C (14 punte= hoër orde) Antwoord slegs twee van die drie vrae in hierdie afdeling. Beantwoord hierdie afdeling in volsinne en paragrawe. Die vrae in hierdie afdeling toets jou vermoë om jou kennis en vaardighede toe te pas. VRAAG 8: AFKNOUERY AS ‘n VORM VAN GEWELD [7] “Meeste afknouery is fisies. “ Kinders ly baie meer onder van aangesig-tot-aangesig afknouery deur boelies as onder aanlynafknouery. Dit is die bevinding van ‘n omvattende ondersoek. (Geneem uit Pta News 13/07/2017) Afknouery is die mees algemene vorm van geweld. Ongeveer 15 tot 30 persent van tieners was al by afknouery betrokke. Verduidelik die term “afknouery” (2) en beskryf hoe ‘n persoon hom/haarself kan beskerm teen dade van geweld soos afknouery.(5) _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

VRAAG 9: ONGESONDE SEKSUELE GEDRAG “Ouers, onderwysers en gemeenskapsleiers sien die “blesser/vroetelpappies” fenomeen, e-leer en ‘n gebrek aan kommunikasie as oorsake vir die hoë tienerswangerskapsyfers in Ekurhuleni. Dit volg op verlede maand se verslag dat 4 446 skoolmeisies swanger was in Gautengse skole verlede jaar (2016) waarvan 1 289 van Ekurhuleni was, wat dit die mees geaffekteerde area in die provinsie maak” (Geneem uit The Star, 13/07/2017)

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 7

Evalueer krities en noem 3 van die baie probleme en komplikasies wat ‘n tienermoeder en 2 wat ‘n tienervader sal ondervind as gevolg van tienerswangerskap. Noem ook 2 probleme wat die baba van so ‘n tienerouer kan ervaar. [7] Moeder:______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Vader:_______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Baba:____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ VRAAG 10: GESONDE GEES, GESONDE LIGGAAM

Een van die mees belangrike dinge wat ouers hul kinders kan gee is om hulle aan te moedig om betrokke te raak by sport-aktiwiteite. Gesonde ouer-,en kinderdeelname aan georganiseerde en informele sportaktiwiteite, help nie net om die kind se liggaam gesond te hou nie, maar dit is ook die sleutel tot die verbetering van die kind se selfbeeld.

(Geneem uit Investigating Our Lives Grade 9) 10.1 Wat dink jy beteken “gesonde ouer-, gesonde kinderdeelname” na aanleiding van die insetsel hierbo? (2) _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ 10.2 Noem TWEE maniere waarop ouers hulle kinders kan ondersteun om deel te neem aan skoolsportaktiwiteite. (2) _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ 10.3 Jou vriend wil deelneem aan sport en fisiese fiksheidsaktiwiteite vir tieners. Gee hom/haar DRIE praktiese veiligheidswenke. (3) _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________

Totaal Afdeling C: 14 Punte Afdeling A: 28

Afdeling B: 28 Afdeling C: 14

TOTAAL : 70

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 8

MEMORANDUM EKURHULENI-NOORD

LEWENSORIËNTERING GR. 9 14 NOVEMBER 2017 Moderator: Christine du Plessis Tydsduur: 1 ½ uur Puntetelling: 70 Instruksies: (9 bladsye) 1. Hierdie is ‘n invulvraestel. Skryf netjies. 2. Lees instruksies sorgvuldig voordat jy antwoord. 3. Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings: Afdeling A, B en C. Jy moet al die vrae beantwoord in Afdeling A (28 punte) en Afdeling B (28 punte) asook twee vrae in Afdeling C (14 punte) = 70 punte. STERKTE !

HOD MOET DIE DISTRIKSVRAESTEL MODEREER VOOR DIT GEDUPLISEER WORD VIR LEERLINGE OM TE SKRYF.

DOEN SPANNASIENWERK IN SKOLE MET BAIE KLASSE SPANBESPREKING VAN DIE MEMORANDUM IS BAIE BELANGRIK VOORDAT

ONDERWYSERS BEGIN NASIEN. STERKTE!

Afdeling A (28 punte= laer orde) Beantwoord al die vrae in hierdie afdeling. 1.4 Die veiligste manier om jouself teen ongewenste swangerskap, seksuele

oordraagbare infeksies (SOI’s) en MIV te beskerm is deur ... A jouself te laat toets.

B slegs een seksmaat te hê. C voorbehoedmiddels te gebruik. D die weerhouding van seks. (1) 1.5 ʼn Mediese toestand wat jou die hele tyd hartseer en bekommerd laat voel

en jou dikwels verhoed om ʼn normale lewe te lei. A Rou B Stres C Depressie D Skok (1)

VRAAG 1: Vier moontlike antwoorde word vir elk van die volgende vrae/stellings verskaf. Kies die korrekte antwoord en onderstreep dit. [10]

__ 70

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 9

1.6 ... is die vermoë om met selfvertoue te praat en opreg te wees. A Passief

B Spekuleer C Selfversekerd D Aggressief (1) 1.4 Vryheidsdag word op ... elke jaar gevier. A 27 April B 27 Maart C 1 Mei D 16 Junie (1) 1.5.Die mees waarskynlike manier om ʼn seksuele oordraagbare infeksie (SOI) op te doen is deur ...

A iemand te omhels B onbeskermende seks te hê C handdoeke en ander gereedskap te deel D masturbasie. (1) 1.6 “Soos ek by die deur uitstap, na die hek wat na my vryheid sou lei, het ek geweet indien ek nie my bitterheid en haat agterwee laat nie, ek nog steeds ʼn gevangene sou wees.” Hierdie was ʼn bekende aanhaling gemaak deur ... A Nelson Mandela. B Trevor Noah. C Albertina Sisulu. D Jacob Zuma. (1) 1.7 Om vinnig deur ‘n teks te lees op soek na spesifieke inligting: A Oppervlakkig lees B Vluglees C Lees vir plesier D Studielees (1) 1.8 Wanneer jy jou vakke vir Graad 10 kies, moet jy ... oorweeg. A jou ouers se belangstellings B jou sportprestasie C jou belangstellings D jou vermoë en aanleg. (1) 1.9 ... verwys na die gebruike, idees en leefwyse van ʼn groep mense. A Familie B Vriende C Geloof D Kultuur (1) 1.10 Die Wet op … bevorder werknemerdeelname aan besluitneming deur die vestiging van werkplekforums. A Gelyke indiensneming B Basiese Diensvoorwaardes C Arbeidsverhoudinge D Vaardigheidsontwikkeling. (1)

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 10

VRAAG 2: Voltooi die sin deur die woorde in die onderstaande woordbank te gebruik. [5]

(2.1) vrywilligerdiens is die beginsel waar jy jou (2.2) _____tyd________ en (2.3) ____energie______ aanbied tot voordeel van ander in die gemeenskap as ʼn (2.4) ___kulturele______ verantwoordelikheid eerder as vir enige (2.5)__finansiële_ vergoeding.

VRAAG 3: Pas die term in Kolom A by die beskrywing in Kolom B. Skryf slegs die regte LETTER in Kolom C neer. [5]

Column A Column B Column C

3.1 Lewenslange leer A ‘n Risikofaktor wat tot die vlak van tienerswangerskap kan bydra. F

3.6 Versoening B Besluite gegrond op die kennis van reg en verkeerd. C

3.7 Studieplan C ‘n Manier vind om verskille op te los. E 3.8 Morele oordeel D Ons ingebore reg om met respek regverdig

behandel te word net omdat ons mense is. B 3.9 Middelmisbruik E Help leerders om hul studierooster en aktiwiteite

te beplan. A

F Die proses om vir die res van jou lewe lewensvaardighede en kennis op te doen.

G Depressie. H Menseregte.

VRAAG 4: Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is (Onderstreep). KORRIGEER die onwaar stellings. [5]

4.1 Weerhouding en gedragsverandering is strategieë om gesonde seksuele gedrag te hanteer. (WAAR/ONWAAR) (1) ___________________________________________ongesonde____________ 4.2 Oneerlike staatsbeamptes gebruik hul posisies om poste vir hul vriende en familie te gee. Dit word korrupsie genoem. (WAAR/ONWAAR) (1) __________________nepotisme_____________________________________ 4.3 Negatiewe rolmodelle behoort die grondwetlike waardes te handhaaf en goeie voorbeelde vir tieners te stel. (WAAR/ONWAAR) (1) Positiewe________________________________________________________ 4.4 Die beste liggaamlike gesondheid word verkry deur die kombinasie van fisiese aktiwiteite en gesonde eetgewoontes. (WAAR/ONWAAR) (1) ________________________________________________________________ 4.5 Adolesente beleef fisieke en emosionele veranderinge. (WAAR/ONWAAR) (1) ________________________________________________________________

finansiële; energie; sosiale; tyd; vrywilligerdiens; ekonomiese; kulturele.

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 11

VRAAG 5: DIE WÊRELD VAN WERK: Beantwoord die volgende vrae: [3] 5.3 Die vier verpligte vakke in die VOO fase is Huistaal (HT),

Eerste Addisionele Taal (EAT), Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid en Lewensoriëntering (2)

5.4 Noem die twee moontlike rigtings beskikbaar nadat jy graad 9 voltooi het. Nasionale Senior Sertifikaat en Nasionale Vaardigheidsertifikaat . (1) Totaal Afdeling A: 28 Punte

AFDELING B (28 Punte= middel orde) Antwoord al die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 6: GEWELD Lees Tamara se dagboekinskrywing en antwoord die vrae wat volg. [14] 23 Maart Ek is so kwaad vir my pa. Hy het weer dronk by die huis gekom en het nie aandete geëet nie. Hy het begin skree en die meubels geskop. Toe my ma probeer het om hom te kalmeer, het hy nog meer gewelddadig geraak. Hy het haar in die maag geslaan en geskop en haar aan haar hare gesleep. Toe ek skree dat hy moet ophou, het hy my deur my gesig geklap en gesê ek het geen reg om op hom te skree nie. My broer het begin huil en my pa het ons gevloek en geskree dat ons almal nikswerd is. Ek voel so hartseer en hulpeloos. Ek weet nie wat om te doen nie.

6.1 Noem enige TWEE soorte mishandeling wat in Tamara se dagboekinskrywing voorkom. (2) Fisieke mishandeling_ en emosionele/verbale mishandeling 6.2 Hoekom dink jy tree Tamar se pa so op? (2) Hy is onder die invloed van drank/het gedrink 6.3 Is dit reg dat Tamara op haar pa geskree het? Ja of Nee? Verduidelik jou antwoord. (2) Nee: Want al skree hy op haar, dit bly haar pa en sy moet hom altyd respekteer. Ja: Miskien is sy moeg om te sien hoe hy hulle mishandel en is dit die enigste manier hoe sy dit kan keer. 6.4 Watter uitwerking het die pa se gedrag op die hele familie? (2) Die gesin is nie gelukkig in sy teenwoordigheid nie. Die gesinslede weet al dat hy dronk huis toe sal kom en hul dan mishandel. 6.5 Noem enige TWEE negatiewe gedragafwykings wat Tamara se broer dalk later kan ontwikkel as a gevolg van sy pa se voorbeeld. (4) 6.5.1 Hy kan ook leer om drank te misbruik. en 6.5.2 om sy gesin te mishandel 6.6 Tamara sê: “Ek voel so hartseer en hulpeloos. Ek weet nie wat om te doen nie. Wat dink jy kan sy aan haar situasie doen? (2) Sy moet hulp soek by veiligheidsorganisasies of die polisie/kerk ens.

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 12

VRAAG 7: DIE WÊRELD VAN WERK Lees die volgende advertensie en antwoord die vrae wat daaroor handel. [14]

Tydelike winkelassistente word benodig by Pick ʼn Pay, Phumelani Winkelsentrum vir die 2017 Desembervakansie. Pick ʼn Pay is ‘n gelyke geleentheidswerkgewer. Slegs eerlike, hardwerkende en toegewyde tieners behoort aansoek te doen. Werksure: Saterdae: 07:00 – 15:00 Sondae: 08:30 – 13:30 Werksomskrywing: Rakke pak en skoonmaak van stoorkamers. Terugbring van trollies vanaf die parkeerarea, hulp aan kliënte wat produkinligting benodig. Daaglikse was en skoonmaak van vloere na sluitingstyd. Loon: R40 per uur Alle aansoekers moet ‘n CV voor 30 November 2017 aan die winkelbestuurder voorlê. 7.1 Kan tieners van alle rasse aansoek doen vir die pos as winkelassistent? ____Ja___ Motiveer jou antwoord: Die advertensie verwys nie na velkleur nie(2) 7.2 Thabo wil graag aansoek doen vir die werk, maar hy is een van die beste spelers in sy sportspan en hulle speel altyd wedstryde oor naweke. Dink jy dat Thabo tog moet aansoek doen vir die werk? Ja: omdat die meerderheid sportspanne in Desember vakansie het en rus. OF Nee: hy moenie aansoek doen nie. Hy mag dalk ‘n geleentheid verbeur/mis om gekies te word wanneer professionele afrigters na sy klub kan kom opsoek na nuwe vars talent. (2) 7.3 Watter kwalifikasies word benodig vir die geadverteerde pos? (2) Hierdie pos vereis geen akademiese kwalifikasies nie. Die tieners moet net eerlik, toegewyd en hardwerkend wees. 7.4 Hoe sal Thabo voordeel trek uit die tydelike werk in die advertensie behalwe vir die geld wat hy gedurende die vakansie sal verdien? (2) Dit sal hom werkservaring gee wat hom kan help wanneer hy vir ‘n ander werk aansoek doen. 7.6 Bereken die bedrag wat Thabo as loon sou ontvang as hy vier Saterdae en twee Sondae gedurende die Desember 2012 vakansie sou werk. Skryf al die nodige berekeninge neer. (5) Een Saterdag = Aantal ure per dag x uurlikse loon = 8 ure x R40 = R320 per Saterdag Dus is 4 Saterdae = R320 x 4

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 13

= R1280 Een Sondag = 5 ure x R40 =R200 Dus is 2 Sondae = R200 x 2 = R400 Totale loon = R1280 + R400 = R1 680_ 7.7 Wat is ‘n CV? Curriculum Vitae: ‘n samevatting van ‘n person se opvoedkundige en professionele geskiedenis, word gewoonlik voorberei om aansoek te doen vir ‘n werk. ____ (1) Totaal Afdeling B: 28 Punte AFDELING C (14 punte= hoër orde) Antwoord slegs twee van die drie vrae in hierdie afdeling. Beantwoord hierdie afdeling in volsinne en paragrawe. Die vrae in hierdie afdeling toets jou vermoë om jou kennis en vaardighede toe te pas. VRAAG 8: AFKNOUERY as ‘n VORM VAN GEWELD [7] “Meeste afknouery is fisies. “ Kinders ly baie meer onder van aangesig-tot-aangesig afknouery deur boelies as onder aanlynafknouery. Dit is die bevinding van ‘n omvattende ondersoek. (Geneem uit Pta News 13/07/2017) Afknouery is die mees algemene vorm van geweld. Ongeveer 15 tot 30 persent van tieners was al by afknouery betrokke. Verduidelik die term “afknouery” (2) en beskryf hoe ‘n persoon hom/haarself kan beskerm teen dade van geweld soos afknouery.(5) Afknouery kan gedefinieer word as ʼn doelbewuste daad van aggressie of manipulasie. Dit vind plaas wanneer herhaalde, sistematiese en kwetsende woorde of gedrag deur een persoon aan ʼn ander oorgedra word.√ (2) Dit is somtyds baie moeilik om te weet wat om te doen as iemand jou probeer afknou/boelie. Party mense wil terugbaklei en party mense raak baie hartseer en praat met niemand daaroor nie. Nie een van hierdie optredes sal die probleem oplos nie en dit sal ook nie help om jou goed oor jouself te laat voel nie. Hier is maniere om met boelies te deel:

• Stap weg (vermy geweld): dit werk somtyds, alhoewel dit moeilik is om te doen.

• Fogging/ Voorgee: Dit is wanneer jy met die boelie saamstem sover jy kan. Byvoorbeeld as jy sê: “Dit is waar, dit kan waar wees. Ek kan sien hoekom jy kan dink dis waar” ens.

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 14

• Liggaamstaal: Beskerm jouself deur sterk te lyk: hou oogkontak, praat duidelik met selfvertroue, staan regop en moenie vroetel nie. Tree braaf op, al is jy bang.

• Maak vriende met ander kinders: wat jou kan help met die boelies. • Praat met ‘n volwassene wat jy vertrou. Jy mag dalk dink dit sal die

probleem vererger, maar as hul nie weet wat gebeur nie, kan hul nie iets daaraan doen nie.

• Oefen jou selfgeldingsvaardighede. • Probeer om die konflik met gesprekvoering eerder as geweld op te los. • Loop in groepe eerder as alleen as jy kan. • Kinders het volwassenes in hul lewe nodig wat hul kan vertrou en wat

vir hul omgee. • Kinders benodig positiewe ouerlike rolmodelle wat hul kan navolg in die

ontwikkelingsfases deur hul lewens. • Ouers moet hul kinders kommunikasievaardighede en

probleemoplossingsvaardighede leer. Ook om te kan redeneer en te kan praat. (enige ander aanvaarbare antwoord) (5) VRAAG 9: ONGESONDE SEKSUELE GEDRAG “Ouers, onderwysers en gemeenskapsleiers sien die “blesser/vroetelpappies” fenomeen, e-leer en ‘n gebrek aan kommunikasie as oorsake vir die hoë tienerswangerskapsyfers in Ekurhuleni. Dit volg op verlede maand se verslag van 4 446 skoolmeisies wat swanger is in Gautengse skole verlede jaar (2016) waarvan 1 289 van Ekurhuleni was, wat dit die mees geaffekteerde area in die provinsie maak” (Geneem uit The Star, 13/07/2017)

Evalueer krities die baie probleme en komplikasies wat ‘n tienermoeder (3) en vader (2) sal ondervind as gevolg van tienerswangerskap. Noem ook 2 probleme wat die baba van so ‘n tienerouer kan ervaar. [7] Tienermoeders: Negatiewe gevolge: (3 punte)

• Sosiaal: word dikwels slagoffers van stigma en diskriminasie, verloor hul vriende, kanse word skraler om te trou.

• Moet somtyds die skool verlaat: ontsteld omdat hulle dikwels hul drome moet prysgee.

• Tienerswangerskap bring baie keer armoede in ‘n gesin. • Voel onseker; beskik nie oor genoeg kennis oor hul geldsake/ finansies om hul

kinders groot te maak nie. • Groter risiko van sterftes gedurende die geboorteproses. • Gaan dikwels nie gereeld vir hul mediese ondersoeke nie gedurende hul

swangerskappe nie en ook nie daarna nie: komplkasies/probleme kan voorkom

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 15

• Vroeggebore babas is dikwels die gevolg van geen mediese ondersoeke. • Party probeer self die baba aborteer, wat hul gesondheid in gevaar stel: die

gevolg is mediese probleme agterna en party sterf self agterna. • Vrugbaarheidsprobleme: sommige tienermeisies mag dalk nooit weer swanger

raak later in hul lewe nie, ens.

Tienervaders: Negatiewe gevolge (2 punte) • Party is verplig om skool te verlaat om vir die nuwe baba te voorsien • Skok, skaamte, vernedering, teleurgesteldheid en frustrasie wanneer met

swangerskap gekonfronteer word. • Sukkel om werk te kry en om vir die moeder en baba te sorg. • Jongmense word te jonk ouers. Die gebruik van alkohol en onbeskermde seks,

kan swangerskappe veroorsaak.

Kinders: Negatiewe gevolge (2 punte) • Party keer is babas ondergewig en het gesondheidsprobleme • Sukkel party keer om in die skool te vorder: swakker verstandelike ontwikkeling • Kinders het soms gedragsprobleme soos die misbruik van alkohol, ens. • Minder ondersteuning en stimulerende huislike omstandighede omdat die

moeder haarself nog ‘n kind is. • Aanranding en verwaarlosing: deur hul tienermoeder/vader omdat hul ouers nog

nie volwasse en verantwoordelik genoeg is nie en steeds wil uitgaan saam met hul vriende en dan word die babas die verantwoordelikheid van hul gesinslede.

VRAAG 10: GESONDE GEES, GESONDE LIGGAAM

Een van die mees belangrike dinge wat ouers hul kinders kan gee is om hulle aan te moedig om betrokke te raak in sportaktiwiteite. Gesonde ouer- en gesonde kinderdeelname aan georganiseerde en informele sportaktiwiteite help nie net om die kind se liggaam gesond te hou nie, maar dit is ook die sleutel tot die verbetering van die kind se selfbeeld.

(Geneem uit Investigating Our Lives Grade 9) 10.1 Wat dink jy beteken “Gesonde ouer- en kinderdeelname” na aanleiding van die insetsel? (2) Dit mag beteken dat as ouers deelneem aan sport, sal hul kinders hul

voorbeeld volg en albei sal gesond wees.

10.2 Noem TWEE maniere waarop ouers hulle kinders kan ondersteun om deel te neem aan skoolsportaktiwiteite. (2)

• Hul kan gaan kyk as hul kinders aan sport deelneem by die skool of waar

ookal.

• Ouers kan sorg dat hul kinders altyd die nodige sportgereedskap het. • Ouers kan privaat afrigters reël en betaal.

Ekurhuleni-Noord, Lewensoriëntering Gr.9, 14 November 2017, Distrikseksamen 16

10.3 Jou vriend wil deelneem aan sport en fisiese fiksheidsaktiwiteite vir tieners.

Gee hom/haar DRIE praktiese veiligheidswenke. (3)

• Waarsku hul om nie alleen of snags te gaan oefen nie. • Hul moet nie verkeerde middels misbruik nie. • Hul moet klein begin en dan meer oefen. • Hul moet die geskikte kleredrag vir die sport dra

wanneer hul oefen. (Enige ander aanvaarbare antwoord)

_______________________________________________________________

Totaal Afdeling C: 14 Punte Afdeling A : 28 Afdeling B : 28 Afdeling C : 14

TOTAAL : 70

.