12
ANHC 1 ANHC AANVULLENDE GESONDHEIDSORG ABET VLAK 4 JUNIE 2004 ABET VLAK 4 SOMMERENDE ASSESSERING NKR VLAK 1 DEPARTEMENT VAN ONDERWYS AANVULLENDE GESONDHEIDSORG KODE: ANHC JUNIE 2004 TYD: 3 URE PUNTE: 100 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

ABET VLAK 4 SOMMERENDE ASSESSERING NKR VLAK 1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · As 'n ABET-Vlak 4-Aanvullende Gesondheidsorgleerder, hoe sal

  • Upload
    others

  • View
    27

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

ANHC 1 ANHC AANVULLENDE GESONDHEIDSORG ABET VLAK 4 JUNIE 2004

ABET VLAK 4 SOMMERENDE ASSESSERING

NKR VLAK 1

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

AANVULLENDE GESONDHEIDSORG

KODE: ANHC

JUNIE 2004

TYD: 3 URE

PUNTE: 100

Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

ANHC 2 Junie 2004

Blaai asseblief om

INSTRUKSIES 1. 2. 3. 4. 5.

Lees AL die vrae sorvuldig deur.

Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

Volg die instruksies aan die begin van elke vraag.

AFDELINGS A, B en C is VERPLIGTEND.

Moet nie te veel tyd aan een vraag spandeer nie.

ANHC 3 Junie 2004

Blaai asseblief om

AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Kies die korrekte antwoord uit die gegewe opsies en skryf slegs die letter langs die vraagnommer neer, byvoorbeeld 1.16 D.

1.1 Werkloosheid is een van die faktore wat armoede in ons gemeenskap

bevorder. Die gemeenskap moet dan by ... betrokke raak om armoede uit te skakel.

A 'n groentetuinprojek B die steel van ander mense se voertuie C onbeskermde seks D 'n protesoptog (1) 1.2 'n Gesondheidsbevordering-aksieplan help om ... A die gemeenskap te mislei. B die gemeenskap te lei met al die aktiwiteite wat beplan word. C die gemeenskapbetrokkenheid by aktiwiteite te verwar. D misverstande in die gemeenskap te bevorder. (1) 1.3 In die geval van 'n brand in 'n gebou, is dit wys om die ... te gebruik om die

gebou te ontruim.

A nooduitgang B hysbak C dak D leer (1) 1.4 Lug gaan deur die neus of mond na die agterkant van die ... in die lugpyp in. A maag B hart C keel D oog (1)

ANHC 4 Junie 2004

Blaai asseblief om

1.5 Vir 'n normale neusbloeding, sit in 'n stoel met jou kop effens vorentoe en ...

vir ten minste 15 minute.

A gooi 'n emmer vol water oor die pasiënt B sluit jou oë C huil D knyp die neusgate toe (1) 1.6. 'n Pasiënt wat aan tuberkulose ly moet baie behandeling ondergaan. Een

van die bestuursdoelwitte wat toegepas moet word is, …

A die bevordering van terapie of behandeling wat direk waargeneem

word.

B die bevordering van goeie mond higiëne. C ernstige longontsteking. D tuisgemaakte soutmondspoelmiddel. (1) 1.7 Een teken van seksueel oordraagbare siektes, wat deur beide mans en vroue

ondervind word, is ...

A 'n ulkus op die geslagsdele. B 'n loopmaag. C swangerskap. D neusbloeding. (1) 1.8 Dit is baie belangrik om te onthou dat MIV/VIGS deur ... versprei kan word. A voedsel en water B seksuele omgang C eetgerei te deel D in een huis te woon (1)

ANHC 5 Junie 2004

Blaai asseblief om

1.9 'n Gevaar kan as 'n potensieel skadelike gebeurtenis, verskynsel of menslike

aktiwiteit gedefinieer word, wat ...

A daartoe mag lei dat mense ryk word. B daartoe mag lei dat mense fees vier. C tot lewensverlies of besering mag lei. D tot vrede en geluk mag lei. (1) 1.10 ... behels die integrasie van baie aktiwiteite en funksies om sodoende lewens

en eiendom teen moontlike gevaar te beveilig.

A Gevaar B Rampbestuur C Populasie D Vloed (1) 1.11 Rampe kan tref bloot omdat mense wat daarvoor vatbaar is, eenvoudig … A nie weet hoe om die vroeë waarskuwingstekens raak te sien nie. B weet hoe om die vroeë waarskuwingstekens raak te sien. C goeie swemmers is. D hulle trots behou. (1) 1.12 Suid-Afrikaners word deur menseregte en pasiëntregte beskerm. Dit is dan vir

hulle nodig om ...

A slegs hierdie regte te ken. B hulle regte en verantwoordelikhede te ken. C dit te ignoreer. D dit verkeerd te verstaan. (1)

ANHC 6 Junie 2004

Blaai asseblief om

1.13 Nadat die pasiënt vir MIV/VIGS getoets is, het die pasiënt die reg om sy/haar

status bekend te maak of nie bekend te maak nie. Kies die reg wat op hierdie stelling betrekking het:

A Privaatheid en vertroulikheid gedurende en na die ondersoek B Sorg vir jou eie lewe C Vra vrae indien instruksies onduidelik is D Word na dokters en spesialiste verwys wanneer nodig (1) 1.14 Terminale siektes is dié wat ... is. A Geneeslik B Ongeneeslik C slegs aansteeklik D slegs epidemies (1) 1.15 Daar is baie oorsake van gewigsverlies in MIV/VIGS. Dit sluit die volgende in: A Hou gewig stabile B Voorkom spierverlies C Verbeter wondgenesing D Depressie en angstigheid (1) [15] VRAAG 2: WAAR OF ONWAAR Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer.

2.1 Sanitasie is almal se verantwoordelikheid, dit is huishoudings, plaaslik,

provinsiaal, nasionale regering, NROs en die privaatsektor.

(1) 2.2 Vroue wat met MIV besmet is, het die reg om keuses ten opsigte van hulle

swangerskappe te maak.

(1) 2.3 Wanneer jy jou baba stukkies kos gee om te eet, hou hom/haar fyn dop om

seker te maak dat hy/sy nie verstik nie. (1)

2.4 Vroue raak nooit swanger as gevolg van verkragting nie. (1)

ANHC 7 Junie 2004

Blaai asseblief om

2.5 Natuurlike gevare is natuurlike verskynsels wat tot 'n ramp kan aanleiding gee

en wat volgens oorsprong geklassifiseer kan word.

(1) 2.6 Rampbestuursbeleid moet ook daarop gemik wees om uitvoering te gee aan

die reg tot lewe, gelykheid, waardigheid, omgewing, eiendom, gesondheid-sorg, voedsel, water en sosiale sekuriteit in terme van die Grondwet.

(1)

2.7 Burgers het regte maar ook verantwoordelikhede om beheer te neem van

hulle eie gesondheid.

(1) 2.8 Werkgewers moet nie ‘n so veilig as moontlik werksomgewing voorsien nie,

insluitend die verhoging van die risiko om met MIV by die werk besmet te word.

(1)

2.9 Krisisingryping is 'n korttermyn-hulpverleningsproses met die doel om onmid-

dellike verligting in 'n noodsituasie te verskaf.

(1) 2.10 Die neem van ‘AZT’ binne drie maande van besmetting het die virusdeeltjies

in sommige pasiënte laat verminder en kan dus die vorderingstempo tot VIGS vertraag.

(1) [10]

ANHC 8 Junie 2004

Blaai asseblief om

VRAAG 3: AFPARINGSITEMS Pas die stellings in KOLOM B by die woorde in KOLOM A. Skryf die korrekte letter langs die vraagnommer neer, byvoorbeeld 3.18 P.

3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 3.6 3.7 3.8 3.9 3.10 3.11 3.12 3.13 3.14 3.15

KOLOM A Onverbeterde puttoilet Die pasiënt kan flou word of inme-kaarsak Dwelmmisbruiker Seksueel oordraagbare siektes Tuberkulose 'n Ramp Die rampfase Swak sanitasie Wanvoeding Pasiëntregte Pasiëntverantwoordelikheid Gesondheidsorgwerker Tuisgebaseerde versorging Aansteeklike siektes Die asemhalingstelsel

A. B. C. D. E. F. G. H. I. J. K. L. M. N. O.

KOLOM B die neus, lugpyp en longe laat ons toe om suurstof in te asem, wat in die bloed opgeneem word en as koolsuurgas uit-geasem word ‘n siekte wat van een persoon na 'n ander oorgedra kan word versorg die siek persoon by die huis 'n opgeleide persoon wat met gesond-heidverwante aangeleenthede soos pri-mêre gesondheidsorg, versorging van bejaardes en gestremdes help sien om na eie gesondheid word met respek en waardigheid behan-del oorvoeding of ondervoeding diarree die periode, waartydens buitengewone maatreëls getref moet word om lewens te red, eiendom te beskerm en lewens-bestaan te verseker die resultaat van gevare se impak op die gemeenskap hoes, sweet gedurende die nag en waterverlies siektes wat deur seksuele intimiteit opgedoen kan word misbruik van alkohol, kokaïne en 'ecstacy' geen weerstand teen baie hoë tempe-rature 'n topstruktuur rondom en/of oor 'n put, gewoonlik ongevoer waar grondtoes-tande toelaat met 'n voetstuk of hurkplaat

[15]

TOTAAL AFDELING A: /40/

ANHC 9 Junie 2004

Blaai asseblief om

AFDELING B (VERPLIGTEND) VRAAG 4: GEVALLESTUDIE 4.1 NOODHULPPROSEDURES:

Die Muzonke-familie het 'n dogter, Nokuzola, wat Graad 12 in 2002 geskryf het. Nokuzola was op en af in die strate saam met haar vriende, selfs met die eksamen ophande; sy het nooit tyd gehad om te studeer en haarself vir die jaareindeksamen voor te berei nie. Die tyd het vir hulle aangebreek om eksamen te skryf, dit het verder verloop en die uitslae is op 27 Desember 2002 uitgereik. 'n Mens kon op al die leerders wat geskryf het se gesigte die vrees sien. Nokuzola se naam was nie in die koerant nie en sy kon dit nie glo nie. Sy het na die skool gegaan om haar verslag met die uitslae te sien. Sy het baie swak punte behaal, terwyl haar vriende geslaag het. Die volgende dag, baie vroeg het ek my bure hoor skree: ‘Nokuzola! O tog, mense help my!’ Ek het vermoed dat iets nie reg was nie. Ek het te hulp gesnel en het Nokuzola bewusteloos op die vloer gevind as gevolg van gif wat sy gedrink het.

Beantwoord die volgende vraag:

As 'n ABET-Vlak 4-Aanvullende Gesondheidsorgleerder, hoe sal jy help om Nukuzola weer by te bring deur die beste toepaslike Noodhulpprosedures toe te pas vir 'n persoon wat gif gedrink het en bewusteloos is?

[20]

4.2 PASIëNTREGTE

Muzuki Marivate was in 'n rolstoel aangesien hy semiverlam is nadat MIV sy ruggraat aangetas het. Hy het ook TB gehad en 'n massiewe klier in sy nek. Hy is altyd na die toilet geneem. Dit het hom twee jaar gelede laat berus in sy lot.

'n Familielid en 'n verpleegster het hom van Keswa kliniek vertel. Hy het nie gehuiwer nie en het reguit soontoe gegaan. Hy is deur dr. Pat Senatla geadviseer en is op 'n TB- en VIGS-behandelingsprogram geplaas. Die VIGS-Gesondheidsorgfonds het hom gefundeer deur R2 000 per maand vir sy mediese behandeling te gee. Hy het ook gratis antiretrovirale behandeling ontvang. Muzuki Marivate het die behandeling gereeld geneem en het na alle mediese advies geluister. Hy eet goed, is van TB genees, weeg 69 kg en is besig om vinnig te herstel.

Tans kan Muzuki Marivate loop, huishoudelike takies onderneem en aandag gee aan sy tuin.

ANHC 10

Beantwoord die volgende vrae:

4.2.1 Muzuki Marivate se regte tot 'gesondheidsinligting' is nie geskend nie. Noem TWEE mense wat hierdie reg bevorder het.

(4)

4.2.2 Wat was die DRIE verantwoordelikhede wat Muzuki Marivate met

betrekking tot sy oorlewing gehad het?

(6)

4.2.3 Dit is 'n pasiëntreg om 'goeie kwaliteit gesondheidsorg op die basis van kliniese behoefte te ontvang'. Noem DRIE rolle wat die kliniek gespeel het ten opsigte van Muzuki Marivate se herstel.

(6)

4.2.4 Dit is nie die alleenverantwoordelikheid van die kliniek (Departement

van Gesondheid) om die 'lewens van pasiënte te red nie'. Gee, uit die leesstuk, 'n voorbeeld wat 'n vennootskap soos hierdie aard ondersteun.

(2)

4.2.5 Wat dink jy is die belangrikheid daarvan om die MIV/VIGS-status

bekend te maak? Gee EEN rede.

(2) [20]

TOTAAL AFDELING B: /40/ AFDELING C (VERPLIGTEND) VRAAG 5: OPSTELSKRYWING Jy woon in 'n twee-slaapkamerhuis in Ikageng. Jy moet jou ouma van 70 jaar, wat terminaal aan kanker siek is en nie uit die bed kan kom nie, versorg. Met haar laaste chemoterapiebesoek is ontdek dat sy TB ontwikkel het en dat haar bloeddruk gestyg het. Skryf 'n opstel van EEN bladsy oor Hoe jy in haar emosionele, geestelike en fisiese behoeftes gaan voorsien.

[20]

TOTAAL AFDELING C: /20/ GROOTTOTAAL: 100

ANHC 11 Junie 2004

Blaai asseblief om

ANHC 12 Junie 2004

Blaai asseblief om