1
9 September 2016 www.Landbou.com | Landbouweekblad | 47 Elke dag van die jaar word gesonde melkbeeste in Suid-Afrika besmet met die BLV-virus. SÓ VIND BESMETTING PLAAS Die retrovirus is streng geassosieer met die limfosiete van die witbloedselle. Die direkte uitruil van bloedselle tussen die besmette dier en die gesonde, onbesmette dier veroorsaak besmetting. Die virus word oorgedra deur bloedbesmette naalde, plastiekhandskoene wat gedurende dragtigheidsondersoeke ge- bruik word, oortange, onthoringsapparate en chirurgiese instrumente (iatrogenese, of probleme deur veeartse veroorsaak). Besmetting is ook moontlik met bloed- oortapping en met tuberkulientoetse. ’n Klein hoeveelheid bloed (een honderdste van ’n bloeddruppel, wat nie met die oog waarge- neem kan word nie) kan die siekte oordra. Meganies kan beesleukosevirus deur die bloedsuiende steekvlieg (Tabanus fusci- costatus) oorgedra word. Die oordra van die virus na kalwers deur melk, asook kolostrum (biesmelk), is bewys. Kongenitale besmetting (kalf in baarmoe- der besmet) kom by 4-8% van besmette koeie se kalwers voor. Hierdie kalwers word dus besmet gebore. Daar is nog nie bewys dat bosluise, soos die hartwaterbosluis, die virus oordra nie. Dit lyk ook nie of liggaamsvloeistof of uit- skeidings, soos speeksel en mis, ’n rol in besmetting speel nie. Navorsing onder leiding van prof. Ger- trude Buehring van die Universiteit van Kalifornië, Berkley, het bewys dat BLV-be- smetting ’n verbintenis met borskanker in die mens het. Daar moet nog bepaal word of die besmetting plaasgevind het voor of nadat die borskanker voorgekom het – en ook hoe dit plaasgevind het. Die virus kan moontlik oorgedra word deur die inname van onge- pasteuriseerde melk, halfgaargemaakte vleis of deur mense wat reeds besmet is. SIMPTOME Nadat die dier met die beesleukosevirus be- smet is, ontwikkel teenliggame binne twee tot drie weke. Hierdie diere se bloed sal po- sitief vir EBL toets. Sigbare simptome in besmette diere ont- staan gewoonlik eers ná drie jaar. Drie tipes simptome of omstandighede word waargeneem: Besmette beeste ontwikkel teenliggame (toets positief vir EBL) en die simptome is onopvallend in ’n sekere persentasie bees- te. Hierdie beeste bly lewenslank besmet, maar ontwikkel geen sigbare letsels nie. Dertig present en meer van die besmette diere ontwikkel blywende limfositose (’n verhoogde limfosiet- of spesifieke witbloed- seltelling). Hierdie vorm van besmetting gee nie tipiese simptome van die siekte nie. Party koeie bly vir hul produksieleeftyd in die voorkliniese siektestadium sonder sigbare simptome en met blykbaar min prestasie-aantasting. Baie van die diere word egter uitgeslag omdat hulle swak presteer weens ’n onderdrukte immuunsta- tus. Diere met ’n onderdrukte immuniteit het ’n verhoogde voorkoms van sekondêre besmettings, verhoogde somatiese seltel- lings, ’n afname in produktiwiteit en repro- duksie, en ’n korter lewensverwagting. ’n Klein persentasie (0,1 tot 10%) besmette diere ontwikkel tussen 4 en 8 jaar gewas- se (limfosarkoom). Hierdie koeie is mees- tal in hul derde tot sesde laktasie. Sowat 5-10% van die diere wat sigbaar siek is, vrek skielik. Diere met gewasse het gewoonlik die volgende simptome: Vreet nie of vreet sleg, vermaer, onderpresteer en het dalende melkproduksie. Die vergroting van een of meer limfknope is van die eerste tekens wat gesien word. Wydverspreide aantasting van limfknope en limfoïede weefsel kan voorkom en gewasse kan in die beenmurg, milt, longe, lewer en baarmoeder ontwikkel. Meer as 50% van siek diere het bloedar- moede (anemie). Kankerselle penetreer die beenmurg en onderdruk rooibloedsel- vorming. In die terminale stadium van die siekte ontwikkel die meeste diere leuke- mie (oormatige abnormale witbloedselle). Ander kliniese simptome wat ontwikkel, HEEL BO: Dr. Jan du Preez. BO: Kongenitale besmetting (kalf in baarmoe- der besmet) kom in 4-8% van besmette koeie se kalwers voor. Die kalf word met ensoötiese beesleukose gebore. AANGETEKENDE GEVALLE VAN EBL (2013-2015) WES-KAAP NOORD-KAAP OOS-KAAP INDIESE OSEAAN NOORD- WES KWAZULU- NATAL LIMPOPO GAUTENG MPUMALANGA VRYSTAAT KAART: DR F.S. MALAN

AANGETEKENDE GEVALLE VAN EBL (2013-2015)hulp.landbou.com/wp-content/uploads/2008/11/EBL-2.pdf · 2016-09-20 · die borskanker voorgekom het – en ook hoe dit plaasgevind het

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: AANGETEKENDE GEVALLE VAN EBL (2013-2015)hulp.landbou.com/wp-content/uploads/2008/11/EBL-2.pdf · 2016-09-20 · die borskanker voorgekom het – en ook hoe dit plaasgevind het

9 September 2016 www.Landbou.com | Landbouweekblad | 47

Elke dag van die jaar word gesonde melkbeeste in Suid-Afrika besmet met die BLV-virus.

SÓ VIND BESMETTING PLAASDie retrovirus is streng geassosieer met die limfosiete van die witbloedselle. Die direkte uitruil van bloedselle tussen die besmette dier en die gesonde, onbesmette dier veroorsaak besmetting. Die virus word oorgedra deur bloedbesmette naalde, plastiekhandskoene wat gedurende dragtigheidsondersoeke ge­bruik word, oortange, onthoringsapparate en chirurgiese instrumente (iatrogenese, of probleme deur veeartse veroorsaak).

Besmetting is ook moontlik met bloed­oortapping en met tuberkulientoetse. ’n Klein hoeveelheid bloed (een honderdste van ’n bloeddruppel, wat nie met die oog waarge­neem kan word nie) kan die siekte oordra.

Meganies kan beesleukosevirus deur die bloedsuiende steekvlieg (Tabanus fusci-costatus) oorgedra word. Die oordra van die virus na kalwers deur melk, asook kolostrum (biesmelk), is bewys.

Kongenitale besmetting (kalf in baarmoe­der besmet) kom by 4­8% van besmette koeie se kalwers voor. Hierdie kalwers word dus besmet gebore.

Daar is nog nie bewys dat bosluise, soos die hartwaterbosluis, die virus oordra nie. Dit lyk ook nie of liggaamsvloeistof of uit­skeidings, soos speeksel en mis, ’n rol in besmetting speel nie.

Navorsing onder leiding van prof. Ger­trude Buehring van die Universiteit van Kalifornië, Berkley, het bewys dat BLV­be­smetting ’n verbintenis met borskanker in die mens het. Daar moet nog bepaal word of die besmetting plaasgevind het voor of nadat die borskanker voorgekom het – en ook hoe dit plaasgevind het. Die virus kan moontlik oorgedra word deur die inname van onge­pasteuriseerde melk, halfgaargemaakte vleis of deur mense wat reeds besmet is.

SIMPTOMENadat die dier met die beesleukosevirus be­smet is, ontwikkel teenliggame binne twee tot drie weke. Hierdie diere se bloed sal po­sitief vir EBL toets.

Sigbare simptome in besmette diere ont­staan gewoonlik eers ná drie jaar.

Drie tipes simptome of omstandighede word waargeneem:

■■ Besmette beeste ontwikkel teenliggame (toets positief vir EBL) en die simptome is onopvallend in ’n sekere persentasie bees­te. Hierdie beeste bly lewenslank besmet, maar ontwikkel geen sigbare letsels nie.

■■ Dertig present en meer van die besmette

diere ontwikkel blywende limfositose (’n verhoogde limfosiet­ of spesifieke witbloed­seltelling). Hierdie vorm van besmetting gee nie tipiese simptome van die siekte nie. Party koeie bly vir hul produksieleeftyd in die voorkliniese siektestadium sonder sigbare simptome en met blykbaar min prestasie­aantasting. Baie van die diere word egter uitgeslag omdat hulle swak presteer weens ’n onderdrukte immuunsta­tus. Diere met ’n onderdrukte immuniteit het ’n verhoogde voorkoms van sekondêre besmettings, verhoogde somatiese seltel­lings, ’n afname in produktiwiteit en repro­duksie, en ’n korter lewensverwagting.

■■ ’n Klein persentasie (0,1 tot 10%) besmette diere ontwikkel tussen 4 en 8 jaar gewas­se (limfosarkoom). Hierdie koeie is mees­tal in hul derde tot sesde laktasie. Sowat 5­10% van die diere wat sigbaar siek is, vrek skielik. Diere met gewasse het gewoonlik die volgende simptome: Vreet nie of vreet sleg, vermaer, onderpresteer en het dalende melkproduksie. Die vergroting van een of meer limfknope is van die eerste tekens wat gesien word. Wydverspreide aantasting van limfknope en limfoïede weefsel kan voorkom en gewasse kan in die been murg, milt, longe, lewer en baarmoeder ontwikkel. Meer as 50% van siek diere het bloedar­moede (anemie). Kankerselle penetreer die beenmurg en onderdruk rooibloedsel­vorming. In die terminale stadium van die siekte ontwikkel die meeste diere leuke­mie (oormatige abnormale witbloedselle). Ander kliniese simptome wat ontwikkel,

HEEL BO: Dr. Jan du Preez.

BO: Kongenitale besmetting (kalf in baarmoe-der besmet) kom in 4-8% van besmette koeie se kalwers voor. Die kalf word met ensoötiese beesleukose gebore.

AANGETEKENDE GEVALLE VAN EBL (2013-2015)

WES-KAAP

NOORD-KAAP

OOS-KAAP

INDIESE OSEAAN

NOORD- WES

KWAZULU-NATAL

LIMPOPO

GAUTENGMPUMALANGA

VRYSTAAT

KAART: DR F.S. MALAN