12
1 Waterkruik JAARGANG 54 NO 36 17 September 2017 VANOGGEND SE EREDIENS Dr. Douw is vir die naweek weg met die Belydeniskatkisante. Ons heet Ds. Paul van den Berg van Centurion, wat vanoggend se erediens lei, hartlik welkom in ons midde. Ons bid u die seën van die Here toe op die verkondiging van die Woord. DIENSBEURTE Vandag: Wyke 5 & 6 Ouderlinge: Dewald de Beer en Renier van der Merwe Diaken: Deon van der Merwe Volgende Sondag: Wyke 7 & 8 Ouderlinge: Jac van der Walt en Giel de Lange Diaken: Jacques Tredoux KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag en volgende Sondag : Kerkkas. VANAAND SE EREDIENS Ds Danie Snyman van die GK Magalieskruin lei vanaand se erediens. Skriflesing: Psalm 25 (AV 1983/91) Teks: Psalm 25:6-7 (AV 1933/53) Preektema: Die Here vergewe ook jong-dae sondes Sang: Psalm 98 : 2 en 3; Psalm 103 : 3 en 4 en Psalm 25 : 3 “Die Here is goed en regverdig: Hy wys selfs vir sondaars die pad aan.” Psalm 25: 8

WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

1

Waterkruik JAARGANG 54 NO 36 17 September 2017

VANOGGEND SE EREDIENS Dr. Douw is vir die naweek weg met die Belydeniskatkisante.

Ons heet Ds. Paul van den Berg van Centurion, wat vanoggend se erediens lei, hartlik welkom in ons midde. Ons bid u die seën van die Here toe op die

verkondiging van die Woord. DIENSBEURTE Vandag: Wyke 5 & 6 Ouderlinge: Dewald de Beer en Renier van der Merwe

Diaken: Deon van der Merwe Volgende Sondag: Wyke 7 & 8 Ouderlinge: Jac van der Walt en Giel de Lange Diaken: Jacques Tredoux

KOLLEKTE BY DIE DEURE

Vandag en volgende Sondag : Kerkkas. VANAAND SE EREDIENS Ds Danie Snyman van die GK Magalieskruin lei vanaand se erediens. Skriflesing: Psalm 25 (AV 1983/91)

Teks: Psalm 25:6-7 (AV 1933/53) Preektema: Die Here vergewe ook jong-dae sondes Sang: Psalm 98 : 2 en 3;

Psalm 103 : 3 en 4 en Psalm 25 : 3

“Die Here is goed en regverdig: Hy wys selfs vir sondaars die pad aan.”

Psalm 25: 8

Page 2: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

2

TEESKINKBEURTE Baie dankie aan die susters van wyk 8 wat vanoggend o.l.v. Maureen Kruger tee en koffie bedien.

As gevolg van die langnaweek en skoolvakansie al daar eers weer op die 15e

Oktober tee en koffie bedien word.

Aktiwiteite vir die week Maandag Katkisasie vir hoërskoolleerders soos gereël

Donderdag Bybelstudiegroepe

08:30 Groep 1: In die Konsistorie 09:30 Groep by Nasarethhuis 10:15 Groep 2: In die Konsistorie, konsentreer op Joh. 12: 12-50

18:30 Bybelstudiegroep by die Pastorie 19:30 Kerkjeugaksie vir jongmense tot ongeveer 30 jaar: in die Pastorie

Groep 1 en die 18:30-groep behandel die komende Sondag se preek.

VERJAARSDAE

Ons wens die volgende broeders, susters en kinders van harte geluk met hulle verjaarsdae. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vir julle en

julle geliefdes vreugde en ryke seën sal inhou.

“Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle geskenk word.” Judas: 2

Vandag Br.Louwrens Dreyer(jnr)083 390 9127 Maandag 18 September Br. Deon Bos 082 631 2016 Ethel Coetzee (jnr) 13 012 362 8489

Br. Louis Nel 082 772 2491 Tjibbe Spoelstra(jnr) 17 082 331 3108 7

Br. Jacques Tredoux 073 245 8307 Christiaan v d Merwe(11) 0827737829

Dinsdag 19 September Br. Ian de Villiers 082 336 6519

Br. Herman Hamersma 061 003 9129 Sr. Elaine Nel 072 100 0975

Page 3: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

3

Br. Piet Robbertse 083 400 8796 Vrydag 22 September Br. Hennie Nel 083 302 1625

Saterdag 23 September Br. Gerrie Alberts 012 310 9142 Sr. Janca Nortje 082 480 2167

Hartlik geluk aan br. Louis Nel wat Maandag sy tagtigste verjaardag vier en br. Piet Robbertse wat Dinsdag 87 word. Mag die Here u ryklik seën in die nuwe lewensjaar en mag Sy genade elke dag vir u genoeg wees. MEELEWING Ons dink graag in ons gebede aan alle ouers met jong kinders en bid hulle

genade, wysheid en insig toe om hulle kinders op te voed tot eer van die Here.

“Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want

die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.” Matt. 19:14

ROEPING VAN OUDERLING Br. Gerrit Broos is ter aprobasie geroep om as ouderling te dien.

Ons vra u voorbidding vir hom met die oorweging van die roeping. BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug. Die tema van die kamp is: “Hoe verstaan ek die Skrif en hoe weet ek watter betekenis het ‘n gedeelte vir my?” Hulle is Tjibbe Spoelstra, Carli van der Merwe, Monique van der Merwe, Chrina

van Staden en Ockert van Wyk.

Page 4: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

4

KUIERKAFEE Dit is September, dit is lente en elke

dag is ons meer bewus van hoe ‘n vaal,

stowwerige, droë winter amper oornag

verander in groen kleur en geur. Ons wéét van die nuwe lewe in die

natuur. En net so is dit moontlik in die lewe van ‘n mens!

Op Dinsdag 26 September om 10:00 in die Kuierkafee in die kerksaal

vertel Marie Botha van haar nuwe lewe na ‘n nieroorplanting en leer

terselfdertyd wat orgaanskenking behels.

Almal is baie hartlik welkom. As vervoer ‘n probleem is, skakel Hannie

Kruger 082 414 0325 of An Venter 012 460 9166.

Net ‘n vriendelike versoek: Om verwerping van die nuwe nier te

voorkom, word Marie se immuniteit onderdruk en is sy gevolglik baie

vatbaar vir siektes. As u griep, verkoue, erge hoes of so-iets onder

lede het, bly liefs weg.

KOM ONS LEER GOD DEUR DIE BYBEL KEN (2) God is regverdig :”’As die tyd vir my optrede aanbreek’, sê God, ‘oordeel Ek regverdig”’ (Psalm 75:3).

God is barmhartig : “Die Here julle God, is ‘n genadige God. Hy sal julle nie in die steek laat of om die lewe bring nie. Hy sal nie die verbond vergeet wat Hy met ‘n eed aan julle voorvaders bevestig het nie “ (Deut.4:31).

God is ons Trooster : “Aan God die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig” (2 Kor. 1:3 – 4)

Page 5: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

5

God is alomteenwoordig : “ Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan U teenwoordigheid te ontkom ? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei U hand my, hou U regterhand my vas” (Psalm 139: 7-10).

God is jaloers : “Julle mag nie ‘n ander god vereer nie, want Ek die Here vereis onverdeelde trou aan My. Daarom noem hulle My:’Die God wat onverdeelde trou eis’” (Eksodus 34:14)

HERVORMING 500 : SPESIALE AKSIES Die Redaksie bring graag die volgende onder u aandag :

1. Pretoria FM (vroeër Radio Pretoria) is besig om te reël dat alle kerke met kerkklokke hulle klokke sal laat lui vir ‘n minuut lank om 6.59 op 31 Oktober

(ongelukkig het ons gebou nie klokke nie!) 2. Pretoria FM beplan om die gesamentlike herdenkingserediens op 29 Oktober direk vanaf die NG Kerk Universiteitsoord (Pretoria) uit te saai.

3. Deur die inisiatief van Fontein Uitgewers word ‘n sg. Reformasie Kuns en Letterkunde Kompetisie gereël. Persone word uitgenooi om bydraes wat

betrekking het op die Hervorming in te stuur met die volgende as temas : kuns, drama, kortfilm, video, fotografie, skryfkuns en beeldende kuns.Die bydraes sal in die volgende kategorieë deelneem : laerskool, hoërskool, student, volwassenes en

groepe. Daar is pryse om te wen maar besonderhede daaroor sal later bekend gemaak word. Die sluitingsdatum vir bydraes is 10 Oktober.

Belangstellendes kan vir Marlize Rossouw kontak by 012 332 2557 of 084 064 1192 of [email protected]

DIE 95 STELLINGS VAN MARTIN LUTHER – HOE LUI DIT Vir diegene van u wat belangstel in die veel geroemde stellings wat Luther op die

kerkdeur van die kerk in Wittenberg vasgespyker het, het ons kantoor ‘n beperkte aantal kopieë van die Afrikaanse vertaling daarvan gemaak. U kan vir u ‘n kopie neem by die vakkies by die hoofdeur agter in die kerk.

Page 6: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

6

Ons gemeente het ‘n aantal kaartjies vir beide opvoerings gekoop. Om teleurstelling te voorkom, skakel Nienke by ons Kerkkantoor 012 460 6925 om kaartjies te bekom.

FONDSINSAMELING VIR ONDERSTEUNING AAN DIE PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS, PRETORIA

Saterdag 14 Oktober om 17:00 op ons (Waterkloofrand) Kerkterrein. Ondersteun ons in die projek aangebied deur die

Vriendekring van die Kinderhuis met vermaak vir die hele gesin.

Craft Bier & Burger-pairing @ R150 per volwassene met vyf glase bier en vyf burgers met verskeidenheid van vulsels ingesluit, aangebied deur Ampie Kruger,

eienaar van Wild Clover Breweries van Stellenbosch. Burgers & sap/soda vir kinders @ R50.00 onder 12 met vermaak aangebied deur die

senior kinders en personeel van die Kinderhuis. Korporatiewe tafels beskikbaar @ R3 000 per tafel van 10 persone. (3 korporatiewe

tafels beskikbaar met ekstra drinkgoed en happies op die tafel)

Page 7: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

7

Veilige parkering met sekuriteit by Laerskool Anton van Wouw, h/v Lange en Dey strate.

PROGRAM: Bier & Burger-pairing, veiling en gesellige kuier met musiekvermaak voor en na die

proe vir die volwassenes en vermaak vir die kinders. Navrae gerig aan Marianna du Plessis by [email protected]

(Waterkloofrand gemeente) vir kontantbydraes of aanbied van items vir veiling (wegbreeknaweke, tyddeel en enigiets met opveilwaarde)

Kaartjies: Lihana van der Walt (Wapadrant Gemeente) by 082 826 1552 of direk deur Quicket – http://qkt.io/4dGro6

ALLERLEI

RIVIERTOER · Waar: Plaas Zorgvliet – Tweeling distrik naby Frankfort

· Wanneer: 29 November 2017 tot 3 Desember 2017. · Wie: Hoërskoolleerders (Gr. 8-12)

· Koste: R770 per kind · Hoe: inskrywingsvorm verkrygbaar by ds Struwig · Tema: Strome …

Ons ontvang elke jaar ook graag kinders uit ons twee Kinderhuise en met

groot dank is daar elke jaar genoeg borge om dit vir hulle moontlik te maak. Enige individu of gemeente wat graag hierdie jaar ‘n kind (of meer) wil borg, kan asseblief met my in verbinding tree.

Ockie Struwig (VDM)

Die Gereformeerde Kerk Frankfort Tel: 058 813 1231; Sel: 083 653 1989 Epos: [email protected]

===============

TSHWANE NORTH OUTREACH (TNO) : behoeftes Afgesien gesien van finansiële ondersteuning bly ons enkele grootste deurlopende

behoefte kos o.a. vir diegene wat kospakkies van ons ontvang. Selfs al is dit net een of twee blikkies kos, 'n sakkie mieliemeel, suiker, pasta, rys, tee, koffie, groente en ook bederfbare produkte (ons het verkoelingsgeriewe) sal dit 'n groot verskil

maak.

Page 8: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

8

Die somer is hier en dit raak al lekker warm! Ondersteun ons asb met somersklere, veral vir kinders. Ons hou op 1 Desember 2017 die jaarlikse Kersboomfunksie vir die kinders

betrokke by die projek. Dit is seuns en dogters van gr R tot gr 12. Ons het hulp nodig om vir die sowat 200 Kerskospakkies goedjies te kry en het u ondersteuning

baie nodig. U kan 'n donasie van R150 gee of goedere met daardie bedrag skenk. Ons rekeningbesonderhede is Wolmer Gemeenskapsprojek, ABSA tjekrekening 630 674 255, takkode 632005 (Gerbruik asb “Kersfees” as verwysing). Skakel Nadia de

Jonge, ons administrasieklerk, by 012-565 6332 of [email protected] vir meer besonderhede.

Ons is ook alreeds besig om skryfbehoeftes vir die kinders bymekaar te maak vir volgende jaar. Enige donasie van papier tot potlode sal hoog op prys gestel word.

Besoek ons webblad www.wolmercommunityproject.co.za vir inligting oor aanlynbydraes en meer. Dankie dat ons op jou welwillendheid kan reken. Ons kan van enigiets wat in jou huis oortollig geraak het, gebruik maak mits dit nog in 'n

werkende toestand is. Sit jou donasie in die kombuis neer of skakel Nienke 012 460 6925 vir meer inligting. Indien u grootgoed wil skenk soos meubels ens. kan hulle dit by u huis kom haal.

FUNKSIONARISSE VAN DIE GEMEENTE EN ANDER INLIGTING

PREDIKANT SKRIBA Dr. Douw Breed Eddie Trollip Duikerlaan 52 083 230 4245

MONUMENTPARK 012 460 0700

ATTESSKRIBA OUDL SKRIBA Tinus Erasmus Corrie Skinner 012 807 5213 082 494 0309

082 410 2252 VOORSITTER DIAK. ORRELIS

Loutjie Coetzee Ansie Wichmann 083 457 8489 072 605 675

e-pos kerk:[email protected] webwerf:

www.gkwaterkloofrand.org.za Op die webwerf kan u etlike jare se preeksketse van dr. Douw lees en daar is ook

skakels wat u neem na oudio- en videouitsendings van eredienste van die afgelope 12 maande.

SONDAGKOSTER:

André Els: 082 828 1910

WEEKKOSTER: Nienke vd Walt: 083 398 9080

KANTOOR: Nienke vd Walt 012 460 6925 en 012 998 0912

KANTOORURE: Donderdag en Vrydag: 9 – 12vm. U kan egter enige tyd die kantoor skakel en

jou oproep sal beantwoord word omdat die telefoon deurgeskakel is na die selfoon.

BANKBESONDERHEDE Kerk:

ABSA : Gereformeerde Kerk Waterkloofrand Rek no. 000 340 685 Diakens:

ABSA: Diakonie Spaar Rek. No. 9139785681

PARKERING

Page 9: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

9

Veilige parkering is ook beskikbaar tydens

oggenderedienste op die terrein van die Laerskool Anton van Wouw, h/v Lange- en Deystraat.

VERVOLGING VAN CHRISTENE* IN DIE WêRELD (5)

Rangorde Land (in rangorde) Bevolking Primêre Christene

Getal Christene

Geloof as % ongeveer

1 Noord Korea 25,405,000

Ateïste + tradisioneel 1.20% 304,000

2 Somalië 11,392,000 Islam onbekend honderde

3 Afghanistan 34,169,000 Islam onbekend etlike duisende

4 Pakistan 196,744,000 Islam 2% 3,934,000 5 Sudan 42,166,000 Islam 5% 2,108,000

6 Sirië 18,907,000 Islam 4.20% 794,000 7 Irak 38,654,000 Islam 0.60% 231,000

8 Iran 80,946,000 Islam 0.90% 728,000

9 Yemen 28,120,000 Islam onbekend paar duisend

12 Nigerië 191,836,000 Christen/Islam 50% 9,590,000

14

Saudi

Arabië 32,743,000 Islam 4.30% 1,407,000 15 Indië 1,342,513,000 Hindoe 4.80% 63,640,000 17 Vietnam 95,415,000 Boedisme 8.80% 8,396,000

18 Kenia 48,467,000 Christene 82% 39,700,000 37 Turkye 80,418,000 Islam 0.20% 160,000

39 Sjina 1,388,233,000 Ateïste +

tradisioneel 7% 97,100,000

TOTAAL 3,656,128,000

228,092,000

*Open Doors definieer ‘n Christen vir hulle opnames enigiemand wat hom-/haarself identifiseer as ‘n Christen en/of iemand wat behoort aan ‘n Christengemeenskap

soos gedefinieer deur die betrokke kerk se geloofsbelydenis.

Page 10: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

10

“Dit waarop jy vertrou, waaraan jou hart vasklem, dit is jou God.”

~Martin Luther~

HERVORMING 500 - besonderhede oor feesvierings wat gaan plaasvind

Datum Tyd Plek Produksie Navrae

Son 22 Okt 17.00 Amfitiater, Puk, Potch Martin Luther Feesdiens [email protected]

Woen 25 Okt 19.00 GK Centurion Uit Diep van Donker Nagte Tickets.tixsa.co.za/vent/udvdn

Don 26 Okt 19.00 GK Centurion Uit Diep van Donker Nagte Tickets.tixsa.co.za/vent/udvdn

Vry 27 Okt 19.00 GK Centurion Uit Diep van Donker Nagte Tickets.tixsa.co.za/vent/udvdn

Sat 28 Okt 19.00 GK Centurion Uit Diep van Donker Nagte Tickets.tixsa.co.za/vent/udvdn

Son 29 Okt 6.59 Suid-Afrika Kerke se kerkklokke lui Pretorius - Pretoria FM

Son 29 Okt 9.00 GK Kempton Park Feesdiens Prof SP v d Walt sel.072 310 0250

Son 29 Okt 15.30 NG Kerk Universiteitsoord Pretoria TKR Feesdiens sel.082 377 1112

Son 29 Okt 18.30 NG Kerk Universiteitsoord Pretoria TKR Feesdiens sel.082 377 1112

Son 29 Okt 16.00 Eeufeessaal Krugersdorp Fees met koor en orkes Van Tonder 082 544 2879

Son 29 Okt tyd ? Witbank Martin Luther sel.084 550 6130

Maan 30 Okt aand GK Randburg Martin Luther [email protected]

Dins 31 Okt aand Noorde van Pretoria Martin Luther ds Ben Fourie 082 745 4117

Don 2 Nov oggend Dirk Postmaskool,Pta Martin Luther [email protected]

Vry 3 Nov 19.30 NG Kerk Rubinsteinstr.Pta Houtkruis itickets.co.za 086 1000 291

Vry 3 Nov 17.45 Diamantvallei, Rayton Aanbiedings,lesing ds Le Cornu Van Deventer 072 342 8528

Sat 4 Nov 11.00 NG Kerk Rubinsteinstr.Pta Houtkruis itickets.co.za 086 1000 291

Sat 4 Nov 15.00 NG Kerk Rubinsteinstr.Pta Houtkruis itickets.co.za 086 1000 291

Sat 4 Nov 8.00-22.00 Diamantvallei, Rayton

Werkwinkels, aanbiedings, koor Van Deventer 072 342 8528

Son 5 Nov 15.00 NG Kerk Rubinsteinstr.Pta Houtkruis itickets.co.za 086 1000 291

Son 5 Nov 9.30-12.00 Diamantvallei, Rayton Erediens,sang,ete Van Deventer 072 342 8528

Page 11: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

11

OGGENDDIENS 2017-09-17 SKRIFGEDEELTES: Numeri 12

TEKSVERS: Numeri 12: 2,9

PREEKSKETS Die aanvaarding van gesag oor ‘n mens, is nie sommer iets wat vanselfsprekend kom nie. Normaalweg sal ‘n mens graag sy eie idees en verwagtings probeer

bevorder tot sy of haar eie voordeel. In hierdie hoofstuk kom dit na vore dat Mirjam en Aȁron nie soseer teen Moses se huwelik nie met die Kussitiese vrou was

nie, maar eerder naywerig op sy Godgegewe en Godgewilde leiersposisie was. Aangesien Mirjam die een is wat gestraf was, was sy vermoedelik die aanhitser om

teen Moses se gesag in opstand te kom. God se antwoord op Mirjam en Aȁron se opstand teen Moses is iets besonders.

Mag jy groei in jou onderwerping aan gesag wat deur die Here bepaal is sodat daar in jou lewe en in ons land die nodige vrede mag wees.

Ps 145:1,2,12 (Totius)

Skb 9-3:1 Ps 139:1, 12 (Totius) Skb 2-4:1,2

Ps 147:1,4 (Totius)

AANEREDIENS

Skriflesing: Psalm 25 (AV 1983/91) Teks: Psalm 25:6-7 (AV 1933/53) Preektema: Die Here vergewe ook jong-dae sondes

PREEKSKETS Die aanvaarding van gesag oor ‘n mens, is nie sommer iets wat vanselfsprekend

kom nie. Normaalweg sal ‘n mens graag sy eie idees en verwagtings probeer bevorder tot sy of haar eie voordeel. In hierdie hoofstuk kom dit na vore dat

Mirjam en Aȁron nie soseer teen Moses se huwelik nie met die Kussitiese vrou was nie, maar eerder naywerig op sy Godgegewe en Godgewilde leiersposisie was.

Page 12: WATERKRUIK › wp-content › uploads › 2017 › 09 › Wa… · BELYDENISKAMP Die belydenisklas het Vrydag vertrek na ‘n plaas net anderkant Bela Bela en kom vandag weer terug

12

Aangesien Mirjam die een is wat gestraf was, was sy vermoedelik die aanhitser om teen Moses se gesag in opstand te kom. God se antwoord op Mirjam en Aȁron se opstand teen Moses is iets besonders.

Mag jy groei in jou onderwerping aan gesag wat deur die Here bepaal is sodat daar

in jou lewe en in ons land die nodige vrede mag wees.