35
Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 1 Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen September 2009 Deel 1 Selfstudie Aktekursus Vraag1 - Modelantwoord [10] 1.1 Opgestel deur my TRANSPORTBESORGER Frantzen E Aansoek kragtens Artikel 45bis(1A) van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 Ons, die ondergetekendes, 1 John Smith Identiteitsnommer 601203 5544 08 7 ongetroud 2 Mary Smith Identiteitsnommer 680209 0004 08 8 ongetroud doen hierby aansoek kragtens artikel 45bis(1A) van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 by die Registrateur van Aktes te Pietermaritzburg, vir die endossering van Akte van Transport T1234/1988 met betrekking tot Erf 23 Glen Morgan Registrasie Afdeling E.T., Provinsie van KwaZulu Natal Groot 950 (nege honderd en vyftig) vierkante meter Nademaal elkeen van ons op ½ (een halwe) aandeel in die bogemelde eiendom geregtig is kragtens ‘n egskeidingsbevel uitgereik deur die Hoë Hof van Suid-Afrika (KwaZulu-Natal Hoë Hof, Pietermaritzburg) op 1 September 2009;

2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

  • Upload
    vancong

  • View
    227

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 1

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen

September 2009

Deel 1

Selfstudie Aktekursus

Vraag1 - Modelantwoord [10]1.1 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Frantzen E

Aansoek kragtens Artikel 45bis(1A)

van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937

Ons, die ondergetekendes,

1 John Smith

Identiteitsnommer 601203 5544 08 7

ongetroud

2 Mary Smith

Identiteitsnommer 680209 0004 08 8

ongetroud

doen hierby aansoek kragtens artikel 45bis(1A) van die Registrasie van Akteswet

47 van 1937 by die Registrateur van Aktes te Pietermaritzburg, vir die endossering

van Akte van Transport T1234/1988 met betrekking tot

Erf 23 Glen Morgan

Registrasie Afdeling E.T., Provinsie van KwaZulu Natal

Groot 950 (nege honderd en vyftig) vierkante meter

Nademaal elkeen van ons op ½ (een halwe) aandeel in die bogemelde eiendom

geregtig is kragtens ‘n egskeidingsbevel uitgereik deur die Hoë Hof van Suid-Afrika

(KwaZulu-Natal Hoë Hof, Pietermaritzburg) op 1 September 2009;

Page 2: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2

-2-Nou derhalwe is ons,

1 John SmithIdentiteitsnommer 601203 5544 08 7ongetroud

2 Mary SmithIdentiteitsnommer 680209 0004 08 8ongetroud

elkeen geregtig op ½ (een halwe) aandeel in die voormelde eiendom asof onsformeel transport daarvan ontvang het en mag ons vrylik daarmee handel.

Geteken te Pietermaritzburg op 16 September 2009 Mary smith John Smith

[8]1.2 Geen hereregte is betaalbaar nie, aangesien die betaling daarvan vrygestel

is in terme van die Wet op Hereregte. [2]

Vraag 2 - Modelantwoord [5]

2.3 1 volmag om oordrag te gee2 huidige titelakte T4276/19883 hereregtekwitansie4 uitklaringsertifikaat5 toestemmings, kragtens artikel 15(2) van die Wet op

Huweliksgoedere deur Sally Mekwe en Charmaine Jones6 Huidige verbandakte7 Aansoek en toestemming deur die nuwe vennootskap en

verbandhouer onderskeidelik tot substitusie kragtens artikel 57 [5]

2.4 Al die vennote, in hul individuele hoedanighede sou skriftelik moes aansoekdoen by die Registrateur van Aktes dat ‘n endossement kragtens artikel24bis(2) op die titelakte aangebring word. Bewys van ontbinding van dievennootskap sou die aansoek en die huidige titelakte moes vergesel, sowelas ‘n beëdigde verklaring deur die vennote dat die aandeelhouding van dievennote tussen die datum van registrasie van die eiendom in die naam vandie vennootskap en ontbinding van die vennootskap nie verander het nie. ‘nHereregtevrystellingsertifikaat sou in hierdie geval ingedien moes word,sowel as ‘n uitklaringsertifikaat. Die individuele vennote sou dan geregtigwees om met hul onderskeie aandele te handel asof hulle formeel transportdaarvan ontvang het. Indien daar ‘n verband oor die eiendom geregistreeris, kon die verband óf gekanselleer word óf die individuele vennote konskiftelik aansoek doen om gesamentlik en afsonderlik as skuldenaars onderdie verband gesubstitueer te word en afstand doen van die regseksepsie deduobus vel pluribus reis debendi en die verbandhouer sou in laasgenoemdegeval dan ook moes toestem tot sodanige substitusie. [5]

Page 3: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

1 Toestemmings kragtens artikel 15(2) van die Wet op Huweliksgoederedeur beide Sally Mekwe en Charmaine Jones moet saam met dietransport ingedien word.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 3

Vraag 2 - Modelantwoord [30]1.1 Opgestel deur my

Vorm ETRANSPORTBESORGER

Frantzen E

Akte van Transport

Hierby word bekendgemaak dat

Erinda Frantzen

voor my, die Registrateur van Aktes verskyn het te Kaapstad, sy die genoemde

komparant synde behoorlik daartoe gemagtig deur ‘n volmag aan haar verleen

deur

Vuzi Mekwe

Identiteitsnommer 751219 5579 08 2

getroud binne gemeenskap van goed met Sally Mekwe 1

en

Edward Jones

Identiteitsnommer 700912 5579 08 7

getroud binne gemeenskap van goed met Charmaine Jones

en

Maphuti Mahlangu (voorheen Lamola)

Identiteitsnommer 721201 0079 08 8

ongetroud

wie gesamentlik in vennootskap handel dryf as Mekwe en Assosiate

gedateer die 1ste dag van September 2009 en geteken te Kaapstad

Page 4: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

2 Aangesien die huidige titelakte die een is waarkragtens die eiendom virdie heel eerste keer as ‘n entiteit op sy eie gehou is - (die kaart is aanhierdie akte aangeheg) is vorm TT in hierdie huidige akte gevolg. Vorm UU aangepas moet derhalwe vir die daaropvolgende transportgebruik word.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 4

-2-

En genoemde komparant het verklaar dat die gemelde Vuzi Mekwe, kragtens ‘n

ooreenkoms gedateer 5 Januarie 2009 uit die vennootskap uittree en dat kragtens

gemelde ooreenkoms sy aandeel in die ondergemelde eiendom deur die

oorblywende vennote oorgeneem sal word

Nou derhalwe sedeer en transporteer gemelde komparant, in haar voormelde

hoedanigheid aan en ten gunste van

Edward Jones

Identiteitsnommer 700912 5579 08 7

getroud binne gemeenskap van goed met Charmaine Jones

en

Maphuti Mahlangu

Identiteitsnommer 721201 0079 08 8

ongetroud

wie gesamentlik in vennootskap besigheid bedryf as Jones en Mahlangu

Versierders

hulle erfgename, eksekuteurs of regsverkrygendes in volkome en vrye eiendom

Gedeelte 1 van Erf 114 Solwezi

in die Stad van Kaapstad, Afdeling Kaap, Provinsie Wes-Kaap

Groot 2 500 (twee duisend vyf honderd) vierkante meter

Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van Transport

T4276/1988 met kaart L.G. Nr. A351/1988 wat daarop betrekking het. 2 [15]

2.2 Die ou vennootskap kan vervang word met die nuwe vennootskap as

verbandgewers onder die verband in terme van artikel 57 van die Registrasie

van Akteswet. Gemelde artikel bepaal dat indien die eienaar (ou

vennootskap) van grond wat met ‘n verband beswaar is, sodanige grond in

geheel aan iemand anders (nuwe venootskap) transporteer en vir homself

geen saaklike reg oor die grond uitgehou het nie, die registrateur die

transportgewer deur die transportnemer (nuwe vennootskap) as skuldenaar

onder die verband kan vervang. Skriftelike toestemming deur die

verbandhouer en die transportnemer (nuwe vennootskap) in voorgeskrewe

vorm W tot die vervanging van die ou vennootskap met die nuwe

vennootskap as die skuldenaar onder die verband moet tesame met die

reeds geregistreerde verband ingedien word. [5]

Sien bladsy 2 vir die antwoord op vraag 2.3 en 2.4

Page 5: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

3 Sien September 2008 (Deel 1), vraag 2.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 5

Vraag 3 - Modelantwoord 3 [6]

a) Hierdie ooreenkoms is onderhewig aan die opskortende voorwaarde dat die

koper suksesvol is om ‘n ander eiendom van hom, naamlik Erf 1003

Heatherton Dorpsgebied te verkoop, binne 90 dae na ondertekening van

hierdie ooreenkoms vir ‘n koopprys van nie minder nie as R975 000,00 (nege

honderd vyf en sewentig duisend rand). Die koper sal geregtig wees om in sy

uitsluitlike en absolute diskresie ‘n laer koopprys vir sodanige eiendom te

aanvaar in welke geval hierdie voorwaarde geag sal word as vervul te wees.

b) Die verkoop van die koper se eiendom sal nie op sy beurt onderhewig wees

aan die verkoop van enige verdere eiendomme of enige ander opskortende

voorwaardes, anders as daardie wat verband hou met verbandfinansiering

van die koper se koper nie. Hierdie opskortende voorwaarde met betrekking

tot verbandfinansiering in die koopooreenkoms van die eiendom genoem in

paragraaf (a) hierbo, moet nie later nie as 28 dae na ondertekening daarvan

vervul word.

c) Die koper sal, binne 5 (vyf) dae na die verkoop van die eiendom na verwys in

paragraaf (a) hierbo, ‘n afskrif van sodanige ooreenkoms aan die verkoper

verskaf.

d) Oordrag van die koper se eiendom genoem in paragraaf (a) en die eiendom

verkoop kragtens hierdie ooreenkoms sal gelyktydig geregistreer word en die

opbrengs van die eiendom genoem in paragraaf (a) sal aangewend word ter

betaling van die koopprys van die eiendom verkoop in terme van hierdie

ooreenkoms.

Page 6: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

4 Sien Voorbeeld 5 C-1 in Deel 4 van die Selfstudie Aktekursus virProkureurs.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 6

Vraag 4 - Modelantwoord [8]Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGERLe Roux GJ

Spesiale Volmag 4

Ek, die ondergetekende,

John SmithIdentiteitsnommer 550619 5789 08 2ongetroudin my hoedanigheid as eksekuteur in die boedel van wyle Irene Smith,boedelnommer 7891/2009, behoorlik daartoe gemagtig kragtenseksekuteursbrief uitgereik deur die Meester van die Suid Gauteng Hoë Hof,Johannesburg op 15 Junie 2009en in my hoedanigheid as langslewende gade van die oorledene met wie ekbinne gemeenskap van goed getroud was

nomineer en stel hiermee aan Sam Smith

om die verkoping van die ondergemelde eiendom te behartig en om diekoopkontrak sowel as alle ander dokumente te onderteken wat ookal nodig magwees om transport te laat plaasvind van -

Erf 100 Acacia DorpsgebiedRegistrasie Afdeling I.Q., Provinsie van GautengGroot 1 200 (een duisend twee honderd) vierkante meter

Gehou kragtens Akte van Transport T49194/1983

aan die koper daarvan, onderhewig aan die volgende voorwaarde -Die binnegemelde eiendom sal nie verkoop word vir ‘n koopprys van minderas R1 150 000,00 (een miljoen een honderd en vyftig duisend rand) nie,welke koopprys eiendomsagentekommissie mag insluit.

En om die opbrengs van die koopprys namens gemelde prinsipaal in ontvangs teneem en te hou.

Geteken te Johannesburg op 16 September 2009

As getuies1

2 John Smith in my voormelde hoedanighede

Page 7: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 7

Vraag 5 - Modelantwoord [7]

Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

Aansoek kragtens artikel 37

van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937

Ek, die ondergetekende

Pieter Louw

Identiteitsnommer 490508 5236 08 4

ongetroud

doen hierby aansoek by die Registrateur van Aktes te Pretoria om, kragtens artikel

37 van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937, aan my, ingevolge die bepalings

van artikel 35 van dieselfde wet, ‘n sertifikaat van geregistreerde titel uit te reik, met

betrekking tot my gesamenlike aandeel in die ondergemelde eiendom, naamlik

5/8 (vyf agtste) aandeel in en tot

Erf 123 Pretoria Dorpsgebied

Registrasie Afdeling J.R., Provinsie van Gauteng

Groot 1000 (eenduisend) vierkante meter

Gehou deur die volgende titelaktes in die volgende aandele, naamlik

1/4 (een kwart) aandeel kragtens Akte van Transport T1234/2000;

1/4 (een kwart) aandeel kragtens Akte van Transport T567/2005; en

1/8 (een agste) aandeel kragtens Akte van Transport T789/2008.

Geteken te Pretoria op 16 September 2009

Pieter Louw

Page 8: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

5 Regulasie 41(1), bepaal dat waar begeer word om grond besit onderspesiale voorwaardes waarby die regte van die eienaar beperk word,met verband te beswaar, kan die Registrateur verlang dat genoemdevoorwaardes in die verband uiteengesit word of dat ‘n geskikteverwysing daarna gemaak word.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 8

Vraag 6 - Modelantwoord [15]

6.1 Die Plaas Mooigedacht 108

Registrasie Afdeling J.R., Provinsie van Gauteng

Groot 365,1234 (drie ses vyf komma een twee drie vier) hektaar

Gehou kragtens Akte van Transport T951753/2003

Onderhewig aan die voorwaardes van titel en spesiaal onderhewig aan die

serwituut van lewenslange vruggebruik ten gunste van Linda Wally,

identiteitsnommer 451215 0003 08 7, ongetroud, voorkeur ten opsigte

waarvan daar afstand gedoen word, soos hieronder uiteengesit 5 [6]

6.2 Afstanddoening

i GENOEMDE Erinda Frantzen verskyn ook, synde behoorlik daartoe

gemagtig deur 'n volmag, geteken te Pretoria op die 16 September 2009, en

aan haar verleen deur

Linda Wally

Identiteitsnommer 451215 0003 08 7

ongetroud

ii EN die komparant het verklaar dat die gemelde Linda Wally afstand doen

van haar voorkeurreg wat sy kragtens die vruggebruik oor die bogemelde

eiendom hou, kragtens notariële akte nr K472/1987S, met die bedoeling dat

sy nie in 'n posisie sal wees om as gevolg van sodanige vruggebruik met die

verbandhouer, sy opvolgers in titel of regverkrygendes, mee te ding nie,

maar dat in die geval waar die bogemelde eiendom in eksekusie of

insolvensie verkoop word ter uitvoering van 'n vonnis vir die verhaal van

enige som geld onder hierdie verband, sodanige verkoop en 'n gevolglike

transport van die eiendomme aan die koper daarvan mag geskied vry van

sodanige vruggebruik, en sal die verbandhouer geregtig wees om die totale

opbrengs van sodanige verkoping aan te wend vir betaling van alle gelde wat

nog in terme van hierdie verband verskuldig is plus koste en rente

verskuldig.

. [9]

Page 9: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 9

Vraag 7 - Modelantwoord [10]

7.1 En die komparant het verklaar dat -

Nademaal in die saak waarin ABSA Bank Beperk die eiser was en James

Dickens, identiteitsnommer 660123 503508 2 die verweerder was, in die Hoë

Hof van Suid-Afrika (Noord Kaap Hoë Hof, Kimberley), saaknommer

1234/2009, daar op die hiernagemelde eiendom wat in die naam van die

gemelde James Dickens geregistreer is, kragtens ‘n eksekusielasbrief

uitgereik deur die Griffier van Hoë Hof van Suid-Afrika (Noord Kaap Hoë Hof,

Kimberley) op 2 Augustus 2009 beslag gelê is deur die balju en per

openbare veiling aan die ondervermelde transportnemer, Marc Williams

verkoop is op 16 September 2009. [5]

7.2 En die komparant het verklaar dat -

Nademaal Julius Ceaser, wie op 15 Junie 2009 gesterf het, die

geregistreerde eienaar van die ondergemelde eiendom is, onderhewig aan ‘n

fideicommissum ten gunste van Jonas van der Merwe;

En nademaal die gemelde Jonas van der Merwe op die ondergemelde

eiendom geregtig is as synde die enigste oorlewende fideikommisêre

erfgenaam, kragtens die bepalings van die testament van wyle Magaret

Ceaser gedateer 15 Desember 2000. [3]

7.3 En die komparant het verklaar dat -

sy prinsipale op 16 September 2009 waarlik en wettiglik die ondergemelde

eiendom geskenk het aan die ondergemelde trasportnemer, onderhewig aan

‘n lewenslange reg van vruggebruik ten gunste van die gemelde

transportgewers, soos meer volledig hieronder uiteengesit; [2]

Vraag 8 - Modelantwoord [10]

8.1 die gemeenskaplike boedel van wyle John Smith

boedelnommer 1234/2009

en sy langslewende gade Margaret Smith

identiteitsnommer 490123 0045 08 7

weduwee

hulle erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes [3]

8.2.1 John Paul

Identiteitsnommer 801212 5748 08 2 en

Mary Paul

Identiteitsnommer 820308 0052 08 8

getroud binne gemeenskap van goed met mekaar

hulle erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes [3]

Page 10: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 10

8.2.2 Peter BakerIdentiteitsnommer 650218 5412 08 8 enSue BakerIdentiteitsnommer 680808 0004 08 8getroud binne gemeenskap van goed met mekaarhulle erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes [1]

8.2.3 Marlene JoubertIdentiteitsnommer 660209 0065 08 2getroud binne gemeenskap van goed met Victor Joubert, met die uitsluitingvan die gemeenskap van goed met betrekking tot die ondergemeldeeiendom ingevolge die bepalings van die testament van wyle Shane Jansegedateer 6 October 2000haar erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes [3]

Vraag 9 - Modelantwoord [10]

9.1 sedeer en maak hiermee oor al my reg titel en belang in die bogemeldeverband aan en ten gunste van - ABC Bank BeperkRegistrasienommer 1960/001234/06as sekuriteit vir die terugbetaling van enige bedrae verskuldig onder dieoortrokke fasiliteit toegestaan deur ABC Bank Beperk.

Ek verklaar dat die volle bedrag onder die verband nog uitstaande is. [3]9.2

Die antwoord op hierdie vraag verskyn op die volgende bladsy

9.3 stem hiermee toe tot die registrasie van ‘n serwituut ten gunste van ESKOMom elektrisiteit te gelei oorErf 3 Montana Dorpsgebied, Registrasie Afdeling J.R. Provinsie van GautengGroot 900 (negehonderd) vierkante meterGehou kragtens Akte vanTransport T1348/2000, soos meer vollediguiteengesit in die aangehegte notariële akte van serwituut, geparafeer viridentifikasiedoeleindes, vry van die verband. [3]

Vraag 10 - Modelantwoord [4]

Kragtens artikel 14 van die Wet op die Beheer van Aandeleblokke 59 van 1980,mag ‘n aandeleblokmaatskappy nie sy leningsverpligting verhoog of enige van sybates met ‘n verband beswaar, tensy die verhoging of beswaring goedgekeur isdeur ‘n besluit van minstens 75%, in getal van die lede van dieaandeleblokmaatskappy nie, die aandeleblokontwikkelaar uitgesluit, wat die reg hetom by die betrokke vergadering te stem en wat gesamentlik minstens 75% van dietotale getal stemme van al daardie lede hou (uitgesonder die stemme wat deur dieaandeleblokontwikkelaar gehou word).

Page 11: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 11

9.2 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

Toestemming tot die notering van ‘n gedeeltelike afbetaling

Ek, die ondergetekende

Alicia Brandt in my hoedanigheid as tekenbeampte en behoorlik daartoe

gemagtig kragtens ‘n besluit van die raad van direkteure van

ABC Bank Beperk

Registrasienommer 1960/001234/06

die wettige houer van die ondergemelde verband, naamlik -

nommer B123456/2006

gepasseer deur Mandla Mekwe

Identiteitsnommer 680212 5498 08 4

ongetroud

ten gunste van ABC Bank Beperk

Registrasienommer 1960/001234/06

vir die bedrag van R900 000,00 (negehonderd duisend rand ) en ‘n

addisionele bedrag van R180 000,00 (eenhonderd

en tagtig duisend rand)

stem hiermee toe tot die registrasie van ‘n gedeeltelike afbetaling van R145 000,00

(eenhonderd vyf en veertig duisend rand) teen bogenoemde verband.

Geteken te Pretoria op 16 September 2009

As getuies

1

2

A Brandt nms ABC Bank Bpk

Page 12: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

6 Hierdie selfde vraag is gevra in Mei 1995 (Deel 1), vraag 3.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 12

Vraag 11 - Modelantwoord [15]11.1 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Frantzen E

Volmag om oordrag te gee 6

Ons, die ondergetekendes

1 Adriaan Boshoff

in my hoedanigheid as eksekuteur in die boedel van wyle Chris White

Boedelnommer 1234/2009 behoorlik aangestel kragtens eksekuteursbrief

uitgereik deur die Meester van die Noord Gauteng Hoë Hof, Pretoria op 20

Julie 2009

en

2 Susan White

Identiteitsnommer 650217 0094 08 2

ongetroud, in my persoonlike hoedanigheid as langslewende gade van die

oorledene met wie ek binne gemeenskap van goed getroud was

nomineer en stel hiermee aan Gabriel Jacobus le Roux en/of Erinda Frantzen

met mag van substitusie om my ware en wettige agent en prokureur te wees en om

namens my voor die Registrateur van Aktes te verskyn en daar en dan te verklaar

dat -

Nademaal, kragtens die gesamentlike testament gedateer 7 Julie 2007 van wyle

Chris White, wie op 4 April 2009 oorlede is en sy nagelate eggenote Susan White,

met wie hy binne gemeenskap van goed getroud was, die hiernagemelde eiendom

spesiaal aan hul seun John White bemaak is, onderhewig aan die betaling van ‘n

bemakingsprys van R880 000,00 aan die langslewende testateur, Susan White;

En nademaal die langslewende testateur die bepalings van die testament aanvaar

het en die hiernagemelde transportnemer die hiernagemelde eiendom aanvaar het

onderhewig aan die betaling van die bemakingsprys;

Nou derhalwe magtig ons hiermee die komparant om te transporteer aan en ten

gunste van

John White

Identiteitsnommer 721220 0073 08 8

ongetroud

die volgende eenheid, naamlik -

Page 13: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 13

-2-

‘n eenheid bestaande uit -

(a) Deel nr. 3 soos aangetoon en vollediger beskryf op deelplan

SS193/2007 in die skema bekend as Heather Hights, ten opsigte van

die grond en gebou of gebou geleë te Rosebank Dorpsgebied,

Plaaslike Bestuur: Munisipaliteit van Johannesburg, van welke deel die

vloeroppervlakte volgens voormelde deelplan 100 (eenhonderd)

vierkante meter groot is; en

b) ‘n onderverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom in die

skema aan genoemde deel toegedeel ooreenkomstig die

deelnemingskwota soos op die genoemde deelplan aangeteken

Gehou kragtens Akte van Transport ST3791/2008

Geteken te Pretoria op 9 September 2009

As getuies

1.

Adriaan Boshoff

2.

Susan White

[9]

11.2

Die antwoord op vraag 11.2 verskyn op die volgende bladsy

11.3 Geen hereregte is betaalbaar met betrekking tot die een halwe aandeel

verkry vanaf die oorledene nie. Hereregte is egter wel deur John White

betaalbaar met betrekking tot die een halwe aandeel in die eenheid wat hy

vanaf sy moeder verkry het. [1]

Page 14: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 14

11.2 Transportbesorgersertifikaat itv artikel 15B(3)(a)

Van die Wet op Deeltitels 95 van

1986

Ek, die ondergetekende

Erinda Frantzen

‘n praktiserende prokureur, sertifiseer hiermee dat met betrekking tot die

ondergemelde eiendom, naamlik -

‘n eenheid bestaande uit -

a) Deel nr. 3 soos aangetoon en vollediger beskryf op deelplan

SS193/2007 in die skema bekend as Heather Hights, ten opsigte van

die grond en gebou of gebou geleë te Rosebank Dorpsgebied,

Plaaslike Bestuur: Munisipaliteit van Johannesburg, van welke deel die

vloeroppervlakte volgens voormelde deelplan 100 (eenhonderd)

vierkante meter groot is; en

b) ‘n onderverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom in die

skema aan genoemde deel toegedeel ooreenkomstig die

deelnemingskwota soos op die genoemde deelplan aangeteken

Gehou kragtens Akte van Transport ST3791/2008

1 Die regspersoon gesertifiseer het dat op datum van registrasie alle gelde wat

deur die transportgewer aan die regpersoon verskudig is met betrekking tot

die eenheid betaal is of dat voorsiening tot bevrediging van die regspersoon

gemaak is vir die betaling daarvan

2 Geen saaklike reg van uitbreiding, soos bedoel in artikel 25, is ten gunste

van die ontwikkelaar of die regspersoon geregistreer nie.

Geteken te Pretoria op 10 September 2009.

Transportbesorger

E Frantzen

Page 15: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

7 Aangesien Erf 100 op ‘n algemene plan aangedui word, sal ‘n nuwekaart vir Erf 100 deur die landmeter opgestel word wanneer ditonderverdeel word, tesame met die kaart vir Gedeelte 1 van Erf 100,welke L.G. nommers chronologies opmekaar sal volg.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 15

Vraag 12 - Modelantwoord [15]

12.1 Erf 100 Nelspruit Uitbreiding 60 Dorpsgebied

Registrasie Afdeling J.T., Provinsie van Mpumalanga

Groot 900 (negehonderd) vierkante meter

Soos aangedui op algemene plan L.G., Nr 10/2006 en gehou kragtens Akte van

Transport T200/1997 [7]

12.2 Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van Transport

T8000/2006 met algemene plan L.G. nr 10/2006 wat daarop betrekking het[4]

12.3.1 ‘n Onderverdelingskaart moet deur die Landmeter-Generaal

goedgekeur word;

Daar moet aan al die vereistes van die plaaslike bestuur voldoen word;

en

‘n Skriftelike aansoek deur die geregistreerde eienaar van die eiendom

vir die uitreiking van ‘n sertifikaat van geregistreerde titel kragtens die

bepalings van artikel 43 van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937

moet ingedien word vir Gedeelte 1 van Erf 100 Nelspruit Uitbreiding 60

Dorpsgebied. [2]

12.3.2 Aanvanklik oorgedra kragtens Akte van Transport T8000/2006 met

kaart L.G. nr 123/2007 7 wat daarop betrekking het en gehou kragtens

Akte van Transport T200/2007. [2]

Vraag 13 - Modelantwoord [15]

En die komparant het verklaar dat -

Nademaal, kragtens die gesamentlike testament gedateer 16 Februarie 2000 van

wyle Irene Smith, wie op 20 April 2009 oorlede is en John Smith, wie binne

gemeenskap van goed met mekaar getroud was, die testateurs hulle boedels

saamgesmelt het en hulle totale boedel bemaak het aan hul enigste dogter, Sandra

Smith, onderhewig aan ‘n lewenslange vruggebruik ten gunste van die

langslewende gade;

En nademaal John Smith die bepalings van die testament gerepudieër het;

Nou derhalwe sedeer en transporteer die komparant aan en ten gunste van -

Page 16: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

8 Hierdie vraag is ook in September 2008 (Deel 2), vraag 8 gevra.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 16

Sandra Smith

Identiteitsnommer 790204 0045 08 1

ongetroud

haar erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes

in volkome en vrye eiendom

½ (een halwe) onverdeelde aandeel in en tot -

Erf 100 Silver Sands

geleë in die Sol Plaatjie Munisipaliteit, Distrik Kimberley, Provinsie Noord-

Kaap

Groot 860 (agt ses nul) vierkante meter

Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van Transport T512/2007 met

algemene plan L.G., nr. 200/2006 wat daarop betrekking het.

Vraag 14 - Modelantwoord [14]

Sien die volgende bladsy vir die antwoord

Vraag 15 - Model antwoord [10]

Sien die bladsy na die volgende bladsy vir die antwoord

Vraag 16 - Modelantwoord 8 [12]

16.1 Sy langslewende gade is geregtig op R125 000,00 (aangesien hierdie

bedrag hoër is as ‘n kindsdeel van R83 750,00)

Elkeen van die drie kinders sal gelykop in die balans van die geld, met ander

woorde elkeen is geregtig op R70 000,00. [4]

16.2 Sy vader is geregtig op 50% van sy boedel, naamlik R150 000,00. Die

oorlewendes aan sy moeder se kant is geregtig op die ander helfte. Sy twee

broers is derhalwe geregtig op R50 000,00 elk en die twee kinders van sy

oorlede suster is elkeen geregtig op R25 000,00. [4]

16.3 Sy vrou, die kind gebore uit hul huwelik en hul aangenome kind is elkeen

geregtig op R160 000,00. [4]

Page 17: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

9 Sien voobeeld 9F in die Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs (Deel 4),praktiese voorbeelde.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 17

Vraag 14 - Modelantwoord [14]

Opgestel deur my

Vorm WW TRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

Aansoek en toestemming in terme van artikel 40(5)(a) 9

van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937

Ek, die ondergetekende,

Goodwin Mahlangu

Identiteitsnommer 400605 5054 081

ongetroud

die eienaar wat aansoek gedoen het om die uitreiking van ‘n sertifikaat van

verenigde titel ten opsigte van

Erf 8 Hoekpunt

Distrik van Kimberley, Noord-Kaap Provinsie

Groot 3000 (drie duisend) vierkante meter

soos aangedui op kaart L.G. nr 55/2009

bestaande uit - Erf 6 Hoekpunt

Distrik van Kimberley, Noord-Kaap Provinsie

Groot 2000 (twee duisend) vierkante meter

beswaar met verband B171/2000 en ander grond

Doen hierby aansoek dat die gekonsolideerde grond soos op gemelde kaart

aangedui, in die plek van die voornoemde grond wat met voornoemde verband

beswaar is, met die verband beswaar word.

Geteken te Hoekpunt on 16 September 2009

As getuies

1

2

G Mahlangu

Page 18: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 18

-2-

en ek, die ondergetekende Austin Powers, die tekenbeampte van

Power Bank Beperk

Registrasienommer 1970/005832/06

behoorlik hiertoe gemagtig kragtens ‘n besluit deur die raad van direkteure van

voormelde bank, die voormelde bank synde die wettige houer van die voornoemde

verband

stem hiermee toe dat die gekonsolideerde grond soos op die genoemde kaart

aangedui, in die plek van die voornoemde grond wat met die genoemde verband

beswaar is, met die verband beswaar word.

Geteken te Kimberley op 10 September 2009

As getuies

1

2

A Powers nms Power Bank Bpk

Vraag 15 - Modelantwoord [10]

Kansellasieooreenkoms

aangegaan deur en tussen

James Cooke

Identiteitsnommer 620108 5437 08 4

ongetroud

(Hierna na verwys as die verkoper)

en

Alistar Coetzee

Identiteitsnommer 520419 5438 08 8

ongetroud

(Hierna na verwys as die koper)

Nademaal die verkoper en die koper ‘n koopooreenkoms aangegaan het op 14

Augustus 2009 vir ‘n bedrag van R1 250 000,00 (een miljoen twee honderd en

vyftig duisend rand) met betrekking tot die volgende eiendom, naamlik -

Erf 311 Farrarmere

Registrasie Afdeling I.N., Noord-Wes Provinsie

Groot 950 (nege vyf nul) vierkante meter

Gehou kragtens Akte van Transport T1234/2000

En nademaal die partye ooreengekom het om die bogemelde ooreenkoms te

kanselleer ooreenkomstig die bepalings en voorwaardes soos hieronder

uiteengesit;

Page 19: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

10 Hierdie vraag is ook in Mei 1995 (Deel 2), vraag 16 gevra

11 Hierdie vraag is ook gevra in Mei 1998 (Deel 2), vraag 4. Sien ookSelfstudie Aktekursus vir Prokureurs, deel 1 hoofstuk 6-11.

12 Met ander woorde ‘n voorwaarde wat die uitoefening van enige reg ineiendomsreg van onroerende goed beperk.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 19

Nou derhalwe kom die verkoper en die koper ooreen om die bogemelde

koopooreenkoms te kanselleer

Die partye bevestig dat geen vergoeding deur of namen die koper aan die verkoper

of aan enige ander persoon betaal is vir die kansellasie van die koopooreenkoms

nie.

Geteken te Vryburg op 16 September 2009

As getuies

1

James Cooke

2

Alistar Coetzee

Vraag 17 - Modelantwoord 10 [4]

‘n Endossement kragtens artikel 16 van die Registrasie van Akteswet kan slegs

gebruik word indien die Staat al die eiendom gehou kragtens een titelakte bekom.

‘n Sertifikaat van geregistreerde titel kan in terme van artikel 36 van die Registrasie

van Akteswet uitgeneem word met betrekking tot die eiendom wat deur die Staat

bekom is en dan kan registrasie van oordrag plaasvind kragtens artikel 16

(kragtens endossement).

Vraag 18 - Modelantwoord 11 [5]

Kragtens die laaste voorbehoudsbepaling in artikel 65(1) van die Registrasie van

Akteswet, mag ‘n negatiewe 12 persoonlike serwituut direk in ‘n transportakte

geskep word en hoef nie kragtens ‘n notariële akte geskep te word nie. Dit beteken

dat die voorwaarde geskep kan word deur dit in die volmag om oordrag te gee

vanaf die ontwikkelaar aan die koper te beliggaam en dit dan vorentoe te bring in

die transportakte. Hierdie huiseienaarsverenigingvoorwaarde is ‘n persoonlike

serwituut (dit is ten gunste van die huiseienaarsvereniging) en dit is ‘n negatiewe

persoonlike serwituut. Die voorwaarde moet afgedwing kan word deur ‘n persoon

(die huiseienaarsvereniging) wat in die voorwaarde vermeld word en die

huiseienaarsvereniging moet sy aanvaarding van die voorwaarde in sy guns (in die

volmag of in ‘n aparte dokument), te kenne gee, welke aanvaarding saam met die

transport by die aktekantoor ingedien moet word.

TOTAAL [200]

Page 20: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 20

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen

September 2009

Deel 2

Selfstudie Aktekursus

Vraag 1 - Modelantwoord [4]

1.1 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Frantzen E

Aansoek kragtens artikel 45bis(1A)

van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937

Ons, die ondergetekendes

1 Koos Louw

Identiteitsnonner 601203 5544 08 7

ongetroud

2 Sannie Louw

Identiteitsnonner 680209 0004 08 8

ongetroud

doen hierby aansoek kragtens artikel 45bis(1A) van die Registrasie van Akteswet

47 van 1937 by die Registrateur van Aktes te Kaapstad vir die endossering van

Akte van Transport T6578/1999 waarkragtens die volgende eiendom gehou word,

naamlik -

Erf 1234 Belville

geleë in die Stad van Kaapstad, Afdeling Kaap, Provinsie Wes-Kaap

Groot 950 (nege honderd en vyftig) vierkante meter

Page 21: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 21

-2-

Nademaal ons huwelik op 27 April 2005 ontbind is deur ‘n hofbevel uitgereik deur

die Hoë Hof van Suid-Afrika (Wes Kaap Hoë Hof, Kaapstad) onder saaknommer

876/2005;

En nademaal elkeen van ons op ½ (een halwe) aandeel in die bogemelde eiendom

geregtig is in terme van sodanige egskeidingsbevel;

Nou derhalwe is ons

1 Koos Louw

Identiteitsnommer 601203 5544 08 7

ongetroud

2 Sannie Louw

Identiteitsnommer 680209 0004 08 8

ongetroud

elk geregtig op ½ (een halwe) aandeel in die bogemelde eiendom asof ons formeel

transport daarvan in ons onderskeie name ontvang het en mag ons vrylik daarmee

handel.

Geteken te Kaapstad op 16 September 2009

Koos Louw

Sannie Louw

[12]

1.2 Dokumente vir indiening by die aktekantoor

1 Huidige titelakte vir endossering

2 Afskrif van die egskeidingsbevel, gesertifiseer as ‘n ware afskrif deur

die Griffier van die Hoë Hof

3 uitklaringsertifikaat [3]

Vraag 2 - Modelantwoord [9]

2.1 Artikel 42(2) van die Boedelwet 66 of 1965 vereis dat in die geval van ‘n

verkoping van onroerende eiendom uit ‘n bestorwe boedel deur die

Page 22: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

13 Hierdie vraag is in September 1999 (Deel 2), vraag 11.4 gevra. Sienook Voorbeeld 5A van die Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs, Deel4.

14 Hierdie vraag is ook gevra in September 2008 (Deel 2), vraag 1. Dit isnie nodig om die artikels en regulasienommers van die wet aan te haalnie. Dit word hier bloot gegee vir daardie persone wat deur die wet selfwil werk.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 22

eksekuteur, die Meester moet bevestig dat hy nie enige beswaar teen die

transport het nie.

Ten einde die toestemming van die Meester te bekom om ‘n artikel 42(2)

sertifikaat (endossement op die volmag) uit te reik, moet ‘n aansoek by die

Meester ingedien word. Vir hierdie doel moet ‘n vorm JM33 volledig deur die

eksekuteur voltooi en onderteken word. Hierdie vorm bevat ‘n lys van die

vereistes wat nagekom moet word voordat die Meester die volmag sal

endosseer. Ten einde die Meester se toestemming te verkry, moet die

volgende dokumente by die Meester ingedien word, naamlik:-

a) die aansoekvorm JM33

b) skriftelike toestemming tot die verkoping deur die erfgename

c) gesertifiseerde afskrif van die koopooreenkoms

d) die volmag om die Meester se endossement te ontvang.

2.2 Die opsteller aanvaar verantwoordelikheid dat -

a) die eksekuteur behoorlik in die boedel aangestel is

b) die eksekuteur in ooreenstemming met die magte wat aan hom

verleen is optree

c) indien die eksekuteur sekerheid moes stel, dat die nodige

sekerheidstelling aan die Meester gedoen is 13 [3]

Vraag 3 - Modelantwoord [6]

3.1 Uitsonderings waar die titelakte nie ingedien hoef te word nie:- 14

a) Waar onroerende goed oorgedra moet word ter uitvoering van ‘n vonnis van

enige hof, bv ‘n eksekusieverkoping en die balju skriftelik verklaar dat hy nie

in staat is om die titelakte op te spoor nie - (regulasie 51(2)).

Page 23: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

15 Paragrawe (b) en (c) is as een uitsondering volgens diemodelantwoorde van LEAD gelys.

16 Hierdie vraag is ook gevra in September 2008 (Deel 2), vraag 2.

17 Dit is nie nodig om die artikel- en regulasienommers aan te haal nie. Dit word hier aangegee om diegene te help wat deur die bepalings vandie wet self wil gaan.

18 In die modelantwoorde van LEAD, word nommers 2,3 en 4 as eenuitsondering beskou.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 23

b) Waar onroerende eiendom getransporteer word deur ‘n amptenaar of

beampte aangestel kragtens ‘n wet aangaande insolvensie - (regulasie

51(2)). 15

c) Waar onroerende eiendom getransporteer word deur ‘n eksekuteur soos

bedoel in artikel 56(1)(b) van die Registrasie van Akteswet (met ander

woorde ‘n eksekuteur wat ‘n insolvente bestorwe boedel beredder) -

(regulasie 51(2)).

d) In die geval van onteiening van grond (of waar grond kragtens wetgewing in

die Staat, provinsie of plaaslike owerheid vestig) is dit nie nodig om die

titelakte in te dien nie, mits die transportnemer met ‘n beëdigde verklaring

verklaar dat hy nie in staat is om die titelakte op te spoor nie - (artikel

31(2)(b)).

e) Waar onroerende goed by wyse van ‘n hofbevel in terme van artikel 33(1)

van die Registrasie van Akteswet oorgedra word (registrasie van titel deur ‘n

ander prosedure as die gewone) en die transportnemer verklaar dat hy nie in

staat is om die titelakte op te spoor nie - (artikel 33(11)).

(Enige drie van bogenoemde) [3]

3.2 Uitsonderings waar die verband nie ingedien hoef te word nie

Dit is nie nodig om die verbandakte vir kansellasie (ontheffing) in die

volgende omstandighede in te dien nie, naamlik:- 16

1 oordrag deur die balju ter uitvoering van ‘n vonnis van die hof - (artikel

56(1)(a)); 17

2 oordrag vanaf ‘n insolvente boedel - (artikel 56(1)(b)); 18

Page 24: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 24

3 oordrag vanaf ‘n insolvente bestorwe boedel - (artikel 56(1)(b));

4 oordrag vanaf ‘n maatskappy of beslote korporasie in likwidasie -

(artikel 56(1)(b));

5 oordrag deur ‘n trustee aangestel onder die Wet op Landboukrediet 28

van 1966 - (artikel 56(1)(b));

6 oordrag kragtens ‘n hofbevel (waar ‘n hof beveel dat dit nie nodig is

om die verband in te dien nie) - (artikel 56(1)(c));

7 oordrag van onteiende grond (of waar grond gevestig het in die Staat,

provinsie of plaaslike owerheid) - (artikel 31(1)).

(enige drie van bogemelde) [3]

Vraag 4 - Modelantwoord [10]

Persone geregtig om die opstelklousule te teken -

1 verwys na in regulasie 43 -

a) ‘n transportbesorger

2 verwys na in regulasie 44 -

a) ‘n praktiserende prokureur; of

b) ‘n praktiserende notaris; of

c) ‘n praktiserende transportbesorger

d) Indien dit deur ‘n prokureur of notaris onderteken word, moet dit mede-

onderteken word deur ‘n transportbesorger

e) ‘n prokureur, notaris of transportbesorger in diens van die Staat wat in

die loop van sy diensbetrekking enige dokument opstel wat vereis

word vir die uitvoering van enige funksie wat uitgevoer moet word deur

die department waar hy in diens is.

Verantwoordelikheid wat aanvaar word in terme van artikel15A(1) & (2) tot die

omvang waartoe voorsiening gemaak word in regulasie 44A -

1 dat, alle afskrifte van aktes of dokumente, wat vir registrasie bestem is,

op datum van indiening identies is;

Page 25: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 25

2 dat, in die geval van transportaktes en titelsertifikate

a) al die toepaslike titelvoorwaardes wat vervat is in die bestaande

titelakte of wat daarteen geëndosseer is

b) tesame met enige toepaslike geproklameerde

dorpstigtingsvoorwaardes

korrek na die nuwe transportakte of titelsertifikaat oorgedra is;

3 dat, met betrekking tot ‘n volmag, aansoek, toestemming of

verdelingooreenkoms, geteken deur ‘n persoon in sy hoedanigheid as

eksekuteur, trustee, voog, kurator, likwidateur of geregtelike bestuurder -

a) sodanige persoon inderdaad in daardie hoedanigheid aangestel is;

en

b) in ooreenstemming met die magte aan hom verleen optree; en

c) dat die nodige sekerheidstelling aan die Meester gedoen is.

4 dat, na die beste van sy wete en oortuiging en nadat behoorlik navraag

gedoen is -

a) die name , identiteitsnommer en/of geboortedatum en huwelikstaat

van enige natuurlike persoon; en

b) in die geval van enige ander persoon of ‘n trust, sy naam en

registrasienommer (indien enige)

korrek weergegee is in daardie akte of dokument;

5 dat, met betrekking tot ‘n volmag, aansoek of toestemming of

verdelingsooreenkoms -

a) die nodige magtiging verkry is vir die ondertekening van sodanige

dokument in ‘n verteenwoordigende hoedanigheid namens 'n

maatskappy, beslote korporasie, kerk, vereniging, genootskap, trust of

ander liggaam van persone of 'n instelling; en

b) die transaksie soos dit daaruit blyk, gemagtig en in ooreenstemming is

met die konstitusie, regulasies, stigtingsverklaring, of trustdokument

van 'n trust, na gelang van die geval, van enige kerk, vereniging,

beslote korporasie, genootskap, trust of ander liggaam van persone, of

'n ander instelling as 'n maatskappy, behalwe 'n aandeleblok-

maatskappy, wat 'n party by sodanige dokument is.

Page 26: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 26

6 dat, met betrekking tot ‘n transportakte, titelsertifikaat en verband -

a) die name, identiteitsnommer en/of geboortedatum en huwelikstaat van

enige natuurlike persoon; en

b) in die geval van enige ander persoon of ‘n trust, sy naam en

registrasienommer (indien enige)

korrek vorentoe gebring is vanaf die die spesiale volmag of aansoek wat

daarop betrekking het.

Vraag 5 - Modelantwoord [10]

Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

Aansoek kragtens artikel 17(4)

van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937

Ek, die ondergetekende

John Brian Clark

Identiteitsnommer 630102 5123 08 7

getroud binne gemeenskap van goed met Mary Elizabeth Clark

verklaar hiermee dat -

1 Ek is op 6 September 1993 binne gemeenskap van goedere met Mary

Elizabeth Clark, identiteitsnommer 640602 0080 08 0, getroud en die huwelik

bestaan nogsteeds.

2 Aangeheg is ‘n afskrif van ons huweliksertifikaat en ‘n beëdigde

huwelikstatusverklaring as bewys dat ons binne gemeenskap van goed

getroud is.

3 Die ondergemelde eiendom is slegs in my naam geregistreer kragtens Akte

van Transport T1234/1990 maar die gemelde eiendom is ‘n bate in die

gemeenskaplike boedel van my en my gade Mary Elizabeth Clark.

4 Die voormelde eiendom is nie met verband beswaar nie en is daar geen

onderling afhanklike akte(s) wat endossering benodig nie.

Page 27: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

19 Hierdie vraag was ook gevra in September 1994 (Deel 2), vraag 15.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 27

-2-

Ek doen hiermee aansoek by die Registrateur van Aktes te King William’s Town vir

die endossering van Akte van Transport T1234/1990 kragtens artikel 17(4) van die

Registrasie van Akteswet, waarkragtens die volgende eiendom gehou word,

naamlik -

Erf 10023 King William’s Town

Plaaslike Munisipaliteit van King William’s Town, Afdeling Oos London,

Provinsie Oos-Kaap

Groot 800 (agt honderd) vierkante meter

tot die effek dat ek nou ‘n party tot ‘n huwelik binne gemeenskap van goed is.

J B Clark

Vraag 6 - Modelantwoord 19 [9]

6.1 Nee - (artikel 77(2) van die Registrasie van Akteswet). [1]

6.2 Nee - (artikel 56(1)(b) van die Registrasie van Akteswet). [1]

6.3 Ja. Toestemming tot ontheffing van die gedeelte wat getransporteer word

uit die werking van die verband. [1]

6.4 Geen formele toestemming is nodig nie. Dit is egter gewoonlik ‘n

voorwaarde van die eerste verbandhouer wat die verbandhouer se

toestemming tot die registrasie van ‘n verdere verband ten gunste van ‘n

ander verbandhouer vereis - (nie-benadelingsklousule waar die

verbandhouers verskillende persone / entiteite is) [1]

6.5 Ja. Toestemming tot kansellasie of tot konsolidasie en substitusie van die

komponent eiendomme met die gekonsolideerde eiendom as sekuriteit

onder die verband. [1]

6.6 Nee. [1]

6.7 Ja. Toestemming tot kansellasie van die serwituut ten gunste van die

verbandbeswaarde eiendom. [1]

6.8 Ja. Toestemming tot die uitreiking van ‘n sertifikaat van geregistreerde titel,

uitgereik in terme van artikel 43 van die Registrasie van Akteswet. [1]

Page 28: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

20 Op die aanname dat die ontwikkelaar vir BTW geregistreer is.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 28

6.9 Ja. Toestemming tot kansellasie. Artikel 56(1)(b) van die Registrasie van

Akteswet is nie van toepassing nie. [1]

Vraag 7 - Modelantwoord [5]

7.1 Ja. [2]

7.2 Hy kan uitsluitlike gebruiksgebiede toeken deur die bestuursreëls van die

skema te wysig deur die invoeging van die reg tot uitsluitlike gebruik van

sekere uitsluitike gebruiksgebiede aan die eienaars van sekere eenhede.

Aangesien die regspersoon nog nie tot stand gekom het nie, benodig hy nie

eens ‘n eenparige besluit (wat wel ‘n vereiste is indien daar ‘n regspersoon

is) om die reëls te wysig nie. Die volgende moet by die reëls aangeheg

word-

a) ‘n uitlegplan volgens skaal waarop die ligging van die duidelik

genommerde uitsluitlike gebruiks- en genotsareas en die doel

waarvoor sodanige areas gebruik mag word aangetoon word; sowel as

b) ‘n skedule wat aantoon aan welke eienaar elke area toegeken is -

Artikel - Section 27A. [3]

Vraag 8 - Modelantwoord [10]

Dokumente vir indiening by die aktekantoor -

Wit indienomslag

1 sertifikaat van geregistreerde deeltitel vir eenheid 1

2 volmag om oordrag te gee

3 konseptransportakte vir eenheid 1

4 hereregtevrystellingsertifikaat 20

5 artikel 15B(3)(a) transportbesorgersertifikaat

6 uitklaringsertifikaat vir die eenheid

7 uitklaringsertifikaat vir die grond waarop die skema ge-open is

8 beëdigde verklaring deur die ontwikkelaar met betrekking tot die

toepaslikheid van artikel 10 - (artikel 15(b)(3)(c) verklaring)

Page 29: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

21 Sien Hoofstuk 2 van die Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs, Deel 3. Hierdie vraag is gevra in September 2005 (Deel 1), vraag 11.2 enherhaal in Mei 2006 (Deel 2), vraag 17.2.

22 Artikel 3(1) van die Wet op Vervreemding van Grond.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 29

Geel (gekleurde) indienomslag

1 sertifikaat van instelling van ‘n regspersoon (in duplikaat)

Wit indienomslag

1 Sertifikaat van saaklike reg van uitsluitlike gebruiksgebied

2 Eensydige notariële akte van sessie van uitsluitlike gebruiksgebied

3 Uitklaringsertifikaat vir die eenheid

Geel indienomslag

1 huidige verband

2 toestemming deur die verbandhouer tot die ontheffing van die eenheid en

uitsluitlike gebruiksgebied uit die werking van die verband

Vraag 9 - Modelantwoord [10]

9.1 Verkoop, verruil of skenk, ongeag of sodanige verkoop, ruil of skenking aan

enige opskortende of ontbindende voorwaarde onderhewig is. [2]

9.2 ‘n Akte van vervreemding is ‘n ooreenkoms in terme waarvan grond verkoop,

geskenk of verruil word. ‘n Kontrak is ‘n akte van vervreemding in terme

waarvan grond verkoop word vir ‘n koopprys wat in meer as twee

paaiemente oor ‘n tydperk van meer as een jaar betaalbaar is 21 [4]

9.3 Alle kontrakte vir die verkoop, verruil of skenking van grond moet in ‘n

skriftelike dokument vervat wees en deur die partye of hul behoorlik

gevolmagtigde agente handelend uit hoofde van ‘n skriftelike magtiging,

onderteken word. [3]

9.4 Nee 22 [1]

Page 30: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 30

Vraag 10 - Model antwoord [5]

Ek sal Peter adviseer dat die bepalings van die Wet op Onderverdeling van

Landbougrond 70 van 1970 nie van toepassing is met betrekking tot die oordrag

van die plaas aan sy vier kinders nie, aangesien die testateur voor 1971 gesterf het

en verdermeer dat die fideicommissum termineer wanneer die plaas na sy kinders

oorgedra word. Hierdie kinders sal dan elk geregtig wees op sy of haar een-kwart

(1/4) aandeel in die eiendom.

Vraag 11 - Model antwoord [8]

Dokumente vir indiening by die aktekantoor -

1 aansoek vir die registrasie van die deelplan van konsolidasie

2 twee afskrifte van die deelplan van konsolidasie

3 deeltitel titelaktes vir die dele wat gekonsolideer staan te word

4 indien die dele aan ‘n verband(e) onderhewig is -

a) enige deelverband(e) geregistreer teen elke deel, tesame met

b) toestemming van die verbandhouer(s) tot -

i) kansellasie van die verband; of

ii) die registrasie van die deelplan van konsolidasie en die

substitusie van die ou dele met die gekonsolideerde deel-

(indien al die dele wat gekonsolideer staan te word aan

dieselfde verband onderhewig is); of

iii) die registrasie van die deelplan van konsolidasie en die

substitusie van die voorheen met verbandbeswaarde deel met

die gekonsolideerde deel - (in die geval waar artikel 40(5)(a) van

die Registrasie van Akteswet van toepassing is)

5 ‘n sertifikaat van geregistreerde deeltitel opgestel ooreenkomstig Vorm Q

met betrekking tot die nuwe gekonsolideerde deel;

6 sodanige ander dokumente en besonderhede as wat voorgeskryf mag wees.

Page 31: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

23 Kragtens Registrateurskonferensiebesluit 43/1989, moet dietoestemming van die kurator elke keer aangevra word vir ‘n handeling,tensy die kurator in sy aanvanklike toestemming vermeld het dat dieinsolvent vrylik met die eiendom mag handel. In die praktyk is kuratorsnie altyd geneë om in hul toestemming ook te vermeld dat die insolventvrylik met die eiendom mag handel nie. Hierdie sin kan dan uitgelaatword uit die toestemming en sal so deur die aktekantoor aanvaar word,maar indien die insolvent dan weer met die eiendom wil handel, saldaar weer ‘n toestemming deur die kurator vir die nuwe transaksieingedien moet word.

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 31

Vraag 12 - Modelantwoord [3]

12.1 Nee, nie sonder die medewerking van sy kurator nie. [1]

12.2 Ja, ‘n vrystelling (“disclaimer”) deur die kurator wat in die insolvente boedel

aangestel is, moet ingedien word tesame met die registrasie van die

verband. Die vrystelling moet die volgende vermeld, naamlik -

1 dat die trustee toestem tot die registrasie van die verband; en

2 dat hy nie enige aanspraak op die eiendom van die insovent maak

nie.23

[2]

TOTAAL: [100]

Page 32: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 32

Page 33: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 33

Page 34: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 34

Saamgestel deur

Erinda FrantzenBCom(Regte)(UP) LLB (UNISA)

Prokureur, Transportbesorger en Notaris van die Hoë Hof van Suid-Afrika

en

Gawie le RouxBA(Regte)(UP) LLB (UP) BA Honours (UNISA)

Prokureur en Transportbesorger van die Hoë Hof van Suid-Afrika

en gepubliseer deur

Selfstudie Kursus BK Registrasienommer 1994/016876/23

Posbus 74047

Lynnwoodrif

0040

451 Flinderslaan

Lynnwood, Pretoria

Tel: (012) 361-1715

Faks: (012) 361-1108Webwerf: www.aktepraktyk.co.za

BRONNE

Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs

Modelantwoorde van LEAD

The Consolidated Practice Manuals of the Deeds Office of South Africa

Relevante wette, regulasies en voorgeskrewe vorms

Registrateurskonferensiebesluite

Page 35: 2009 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - Centre for Conveyancing ...Afr)_Dele_1-2.pdf · Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2-2-Nou derhalwe is ons, 1 John Smith Identiteitsnommer

Deel 1 - 16 September 2009 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 35