Upload
others
View
1
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
19 JANUARIE 202008:00 en 10:00Prediker: Ds. Hardus van Niekerk
08:00 en 10:00 Kinderkerk
09:00 Sondagskoolopening in die kerk
Deurkollekte: Sondagskool
Baie welkom aanbesoekers en nuwe
intrekkers. Nuweintrekkers is welkomom na die tyd voor
die kansel bymekaarte kom of na die
Inligtingstoonbankin die saal te gaan
tussen die twee eredienste. Ons wil
julle graag ontmoet.
KERKLIKE JAARVandag is die tweede Sondag na Epifanie. Epifaniefees val op 6 Januarie. Die tyd daarna word die tyd ná Epifanie genoem. Hierdie seisoen eindignet voor Aswoensdag, wat Lydenstyd inlei. TydensEpifanie vier ons die werk van Christus terwyl Hy op aarde was, in besonder die genesings- enwonderverhale. Christus self het gesê: “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep enherstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig: (Lukas 4:18-19). Die stêrvan Bethlehem is die sterkste visuele simboolvan hierdie tyd. Die stêr as simbool van lig in die duisternis is ‘n simbool van hoop. Die dominante kleur is groen, behalwe op Verheerlikingsondag, dan is dit wit.
PROGRAM VIR DIE WEEKVandag 09:00 Sondagskoolopening in die kerk
Ma. 20 Jan. 18:00 Erediensbedieningsvergadering
Di. 21 Jan. 18:00 Gemeentebedieningsvergadering
Wo. 22 Jan. 09:00 Vrouebybelstudie
ATTESTATE ONTVANGBELYDENDE LIDMATE Daniël Wilhelmus Hattingh en
Anna Magaretha Hattingh (neé Pienaar) en
DOOPLIDMATE Hendrik Johannes en Johanna Amelia Hattingh vanaf
NG Witrivier
DOOPRegistrasie vir die
doop op 8 Maart, sluit op 31 Januarie.
Almal is baiewelkom om saammet ons ‘n gratis
koppie koffie of tee te drink tussen die twee eredienste by die kombuis in die
saal.
HANDE VAT GROEI
EN DIEN UITREIK
BEDIENING (HVGD)
071 464 0532Hierdie nommer is beskikbaar vir enige navrae
rondom die volgende projekte wat deel vorm van die
Hande Vat Groei en Dien (HVGD) Uitreik Bediening.
Maandelikse Kospakkies: Word uitgedeel vir 3
maande aan gesinne wat groot nood ervaar. Hierdie
pakkies word gepak en uitgedeel deur gemeentelede
aan die einde van elke maand. Die volledige
voedsellys vir die opmaak van hierdie pakkies is
beskikbaar op ons HVGD sakke. Skakel bogenoemde
nommer as jy graag so ‘n sak wil bekom. Ons het tans
blikkieskos, soya maalvleis, langlewe melk,
ontbytpap, rys, pasta, toebroodjiesmeer,
soppoeier, koffie, tee, suiker, vleis, groente
en toiletware nodig asseblief.
Sopkombuis: Woensdae om 09:00 by die
kerkkombuis. Ons het asb hulp nodig. Persone wat
Woensdae by die kerk kan help, wat kan kosmaak by
jou huis en Woensdae hier kan aflaai. Voorraad wat
beskikbaar is vir ons maandelikse kospakkies word
tans gebruik. Enige verdere skenkings soos maalvleis,
wors, hoender, melk, kaas, eiers, meel, bakpoeier,
rys, pasta sal waardeer word spesifiek vir die
Sopkombuis.
Gevriesde Borde Kos: Ons het gereeld mense wat
instap en honger is. As jy dalk ‘n ekstra porsie kerk
toe bring vir sulke gevalle kan dit ons baie help.
Klerebank: GROOT BEHOEFTE AANMANSKLERE EN
-SKOENE, GORDYNE EN BEDDEGOED ASSEBLIEF
BAIE DANKIE AAN ALMAL WAT ONS REEDS
OP ‘N GEREELDE BASIS ONDERSTEUN
FNB Tjek Rekening nr 6278513323
Takkode 250655, Middelburg Mall
Verwysing: Sponcer number
GEDENKMUURAs jy meer wil weet oor
‘n nissie, kontak asseblief
vir Johan by
082 977 1699
Ons Finansiële
kantoor is op
Donderdae gesluit.
Jammer vir die
ongerief.
VROUEBYBELSTUDIEWoensdae in die
kerksaal om 09:00. Kontak Minnie vir meer
inligting by 073 790 3043.
VERJAARSDAE 19 – 25 Januarie19 JANUARIE Bianca Swart Rohan Wentzel Monique Pieterse
Maricia Conradie Graham Thesner Marguerette Zietsman Gottie Smit
Monica de Swardt Anton van Aarde 22 JANUARIE Erik Stoltz
Isabell Dowling Alida van Aardt Leonie du Plooy Neels van Aswegen
Jaco du Plooy Petro van der Lith Guilliame du Preez 24 JANUARIE
Pieter du Plooy Carien van der Merwe Dolla Hogan Mariska Grobler
Xander du Preez Venessa van Niekerk Jo-Lene Koorts Annelise la Grange
Francois Faasen Maralize van Rooyen Carli Kruger Sanet Maré
André Henning Minnie van Rooyen Johannes Ludick Arista Strydom
Shannen Neethling Merisha Visagie Stefan Mellett Dirk van der Bank
Jacques Saunders Chloé Wiehahn Magriet Pretorius 25 JANUARIE
Duané Smit 21 JANUARIE Henru Smit Rina Coetzee
Quintin Smith Michelle Botha Ruan Swart Karmen de Klerk
Grietjie Swart Tanya Botha Danie van Niekerk Dirika Fourie
20 JANUARIE Elzaan Conradie Magda van Noord David Hay
Mandy Coetzer Nans de Bruyn Noël Wehmeyer Maria Hugo
Ronel Cremer Ernst Eloff 23 JANUARIE Davie Pypers
Nicolene de Jager Nastachia Fourie Lika Allers Divan Steenkamp
Dylan de Jongh Denéche Grace Johannes Botha Jolanda Strydom
Amanda Jansen Danny Lowe Rolene Combrinck Chantelle van Aarde
Bernecia Moolman Ashton Muller Charl du Toit Erwee van Brakel
Christo Moolman DJ Rossouw Gene Fourie Willem Viljoen
Phillip Olivier Pieter Strydom Lené Geel
Werner Pirow Ina Viljoen Joey Matias
Veels geluk aan almal wat die komende week verjaar.
Tannie Dolla Hogan word op Woensdag, 22 Januarie, 90 jaar oud.
Oom Davie Pypers word op Saterdag, 25 Januarie, 89 jaar oud.
Tannie Rina Coetzee word op Saterdag, 25 Januarie, 83 jaar oud.Oom Willem Viljoen word op Saterdag, 25 Januarie, 81 jaar oud.
God's rykste seën word u toegebid. Geniet die dag dag en mag die nuwe jaar oorvloedig geseënd wees.
ALLES WAT DRYFOns pretdag op 25 Januarie by Witbankdam is ongelukkig
gekanselleer en sal nie meer plaasvind nie. Jammer vir die ongerief.
AFLAAI VAN SKENKINGS EN
DONASIESTydens kerkkantoorure08:00-13:00 by die
Pastorale Sentrum (bruin palisade heining regs van
die kerkkantoor) of Sondae in die houers by die kerkdeure asseblief.
PERSONE AAN DIENS VANDAGDeurdiens voor die 08:00 erediens:
Elfrieda Kruger, Retha Labuschagne enHeleen van Heerden
Deurdiens voor die 10:00 erediens:
Rhonda Botes, Amelia Steynberg enHettie Nelson
Inligtingstoonbank tussen die twee
eredienste: Theo Homann en Nellie BadenhorstMediarekenaar: Kruger HenningBaie dankie aan elkeen wat op ‘n Sondag help om
die erediens en alles agter die skerms glad te laat
verloop. Van die prediker, kreatiewe- en
musiekbedieninge, die koster, persone bo genoem,
teeskinkers, Sondagskool- en Kinderkerkpersoneel,
die adminpersoneel en betrokke kerkraadslede,
skoonmakers en karwagte. Elke bydrae en
betrokkenheid is baie kosbaar.
VERGETE EN VERLORE ITEMSOns het ‘n hele paar brille,
sleutels, juweelstukke, skoene, Bybels, ens. by die kerkkantoor in veilige
bewaring. As jy iets verloorhet, mag ons dit dalk hê.
PERSOONLIKE INLIGTINGLaat weet asseblief die kerkkantoor as
jou adres, kontaknommers, huwelikstatus of gesin groter of
kleiner geword het. Laat weet ons as jy die gemeente verlaat of trou. Ons
wil ons data op datum hou en het elkeen se samewerking nodig.
BOODSKAPPE AAN
KERKKANTOORJy kan ‘n whatsapp boodskap enige
tyd (selfs na-ure) stuur na ons
broadcast nommer 060 970 8277.
Slegs die kerkkantoor sal die
boodskap sien en die volgende
oggend terugskakel of die saak
aanspreek. Dié nommer is slegs vir
whatsapp boodskappe en oproepe
sal nie beantwoord word nie. Die
landlyn by die kerkkantoor sal slegs
tussen 08:00 en 13:00 beantwoord
word. Dinsdae slegs tot 11:30.
GEBEDSVERSOEKEIndien jy ‘n gebedsversoek
het of iemand op ons lys wilplaas, kontak asseblief 072
387 5147 of stuur ‘n whatsapp.
Ons weeklikseafkondigings is op die gemeente se webbladby www.midsuid.co.za
FLINKE VROUE VAN SUID
Ons gemeente se dames (die ou Vrouediens) kom
gewoonlik die eersteDinsdag van die maand
bymekaar om 17:30. Hou asseblief die almanak dopvir datums. Almal is baie
welkom. EREDIENSTYE TYDENS SKOOLKWARTALE OM 08:00 &
10:00 EN TYDENS SKOOLVAKANSIES EN
LANGNAWEKE OM 09:00
WERKSOEKBORDAs jy werk soek of werk het vir
iemand, gebruik gerus ons
inligtingsbord in die saal gratis.
DEURDIENSOns het nog persone nodig
om volgende jaar te help
met deurdiens voor elke
erediens. Dit behels dat so
een keer per kwartaal ‘n
beurt kry om ‘n halfuur
voor kerk by ‘n deur staan
om almal welkom te heet
en afkondigings uit te deel.
Kontak asseblief vir Sanet
by die Kerkkantoor as jy
jou weg oopsien.
MOEDERSKAMER
EN
KLEINSAALTJIEOns moederskamer
is slegs vir mammas
met babas. Ouers
met peuters en
kleuters is baie
welkom in die
“kleinsaaltjie”. Dis
die gedeelte heel
regs, onder in die
kerk (as jy na die
preekstoel kyk). As
die kinders daar jou
pla, sit asseblief
êrens anders in die
kerk.
Baie dankie dat jy
verstaan.
NAALDWERKKLASSE VIR
HUISWERKERSDie naaldwerkklasse elke tweede
Saterdag in die kwartaal om 13:30 –16:30 in die kerksaal. Die volgende
klas is op 25 Januarie. As jy dalk skêre, handwerknaalde, spelde, materiaal of
enige naaldwerktoerusting of items het wat jy wil skenk, sal ons dames dit baie handig kan gebruik. Baie dankie vir die skenkings wat ons ontvang. Sonder dit, sal die naaldwerksters nie so flink kan vorder nie. Kontak Marianna vir meer
inligting by 071 463 0842.
JEUGFAMILIE(Dis ons tema vir die jaar)- Ons kort ‘n Sondagskoolaanbieder vir graad 2.
As jy geroepe voel om so te dien, skakel asb vir
Lorraine by die kerkkantoor.
- Vandag: Sondagskoolopening 09:00 in die
kerk. Alle kinders van graad 1 tot graad 10 kom
in die kerk bymekaar.
- Registrasiefooi (R140) kan betaal word by
registraisetafels by konsistorie of kind se
kategeet of EFT.
- Volgende Sondag 26 Januarie, het ons
Sondagskoolklasindeling 09:00 - Graad 0 tot graad
6 in die kerk.
Graad 7 tot graad 9 - Kyk op die bord voor die
grasperkie by die Sondagskoolklasse vir jou naam
en klasnommer.
Graad 10's - in kerk, ds Hardus gaan met julle
praat.
Belydenisklas 2020 (graad 11's) begin om 18:00.
- Dinsdag 28 Januarie - Belydenisonderhoude vir
2019 klas. Maak self 'n afspraak by tannie Lorraine.
- Woensdag 29 Januarie - MXIT vir hoërskoolkids
begin om 18:00
- Donderdag 30 Januarie - Belydenisonderhoude
vir 2019 klas.
Die Kreatiwiteitsbedieninghet nog persone nodig wat kan help om die Liturgiese
ruimte (voor die kansel) mooi te maak vir
eredienste. Jy kry omtrenteen keer per kwartaal ‘n
beurt. Kontak asseblief virSanet by die kerkkantoor
as jy meer wil weet en lus is om jou kreatiwiteit in te
span.
PASTORALE SENTRUMAs jy meer wil uitvind oor die
werksaamhede van die PastoraleBedieningsentrum en dienste en kursussewat aangebied word, kontak vir Maud by die sentrum 013 243 3765 van 08:00 tot
13:00 of vir Zelna by 072 699 0853.
GEMEENTEKAMP28 FEBRUARIE TOT 1 MAART 2020 BY
DEVOETPADKLOOFDie Besprekings en betalings sluit
stiptelik op 28 Januarie. As jy die kampwil meemaak en ‘n staanplek, chalet of
safaritent wil bespreek, kontak dringenddie kerkkantoor asseblief.
CROSSing BOUNDARIES FIETSRENSaterdag 15 Februarie
Ons benodig borge vir uitgawes soos medaljes en tydhouers, asook pryse
en “goody bags” vir fietsryers. Ons het baie hande nodig vooraf en op die
dag om alles glad te laat verloop asseblief, soos by:- Borge soek, roete
merk, terrein voorberei, inskrywings, waterpunte, fotograwe, eindpunt en
opruim. As jy kan help, kontak asseblief vir Peet by 082 887 1763 of Lizette
by 084 602 8385 vir meer inligting.
A tot Z Huis /
Kantoorverbeterings &
Nutsman dienste
Lukas 083 236 6417Alle herstel, restourasie en
verbeteringswerk, sowel as
installering van nuwe toerusting in
badkamers & kombuise van alle
geboue. (Teël & loodgieterswerk
ingesluit.) Verf van huise/kantore &
dakke. Herstel van daklekke,
installering/herstel van plafonne,
polystyrene cornish, kaste, deure,
skirting, ens. Oprigting, verf en herstel
van omheinings. Sweiswerk. Basiese
herstel & installering van elektriese
bedrading, ligte, muurproppe,
stroombrekers, ens. Voltydse toesig.
(Een projek op ‘n slag). U kan my
met u huis se sleutels vertrou. Baie
billike tariewe. Gratis kwotasies.
1
As jy hier wil adverteer, kontak die
kerkkantoor asseblief. R30 per Sondag.
Pastorale Sentrumse noodnommer
na-ure 072 387 5147
Onthou julle kan die Zapper app op julle selfone aflaai. Ditmaak betalings vir jou baie
makliker en veiliger. Hierdie is die kode vir NG SUID. Jy kandit gebruik vir dankoffers enenige betaling by die kerk.
(Basaar)
Hierdie QR kodekan jy op jou foon
aflaai. Dit het die kerk se
kontakbesonderhedevir maklikeverwysing.
2