Upload
others
View
5
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
VANOGGEND SE DIENS GELOWIGES WAT GLO SING GRAAG
KOL. 3:16-17
(DR WILHELM BURGER)
As ons die Kolosensebrief lees, is die sentrale boodskap
wat telkens deurkom, dat Christus die Heer is. Elke
keer wat Paulus hierdie boodskap beklemtoon, voeg hy
by dat die gemeente daaroor moet sing! Dankbaarheid
en vreugde bepaal die styl van die gemeente. Dit is die
enigste gepaste reaksie by mense wat werklik glo dat
Christus die Here is.
Vandag het ons die voorreg dat kinders ons lei in lof.
Dit gaan ‘n ware feesdiens wees met die Ainos Koor
(Kinders wat die Here prys) uit Centurion wat ons be-
soek. Baie welkom in Onrusrivier!
HARTLIK WELKOM Die Psalmdigter herinner ons:
“Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel !” (Ps. 22:4).
Ps 148 roep ons op om God te prys saam met die hoë
hemel; die engele; die hemelwesens, die son, die maan en
die sterre. En hier in Hermanus kan ons saam met die
seediere (en die walvisse!) God prys.
Ons word uitgenooi om in te val by die massakoor en saam
te sing onder die begeleiding van ‘n merkwaardige sim-
fonie.
Hoekom sal ons by die koor wil inval en saam sing?
Ps 147 sê weer vir ons dat ons God sal wil dank.
Hoekom?
Want dit is ons God wat die lewe gee, die natuurskoon,
wat sorg vir mens en dier. In kort die almagtige Skepper
God is lief vir ons. Hy sorg vir ons. Hy red ons. Ja, Hy ken
ons elkeen by name. Hy het ons gemaak. Ons is Sy kosbare
kinders.
Kom ons luister na die koor.
Kom ons sing saam.
Kom ons dank die
Here uit volle bors!
Immers, God woon
onder die lofge-
sange van Sy
kinders!
TEKS VIR DIE WEEK (Son. 19 Okt.) Dr Wilhelm Burger
Tema: “Praat jy of skree jy? Die kuns van luister”
Ons dink hierdie week na oor verhoudings, veral die huwe-liksverhouding.
Lees Kol. 3:12-15 in die groep of alleen. Hoe kan hierdie eienskappe ons help met kommunikasie in
verhoudings? Waarom sukkel ons dan so met kommunikasie?
Wees Lig!
Hartklop 12 Oktober 2014
Ons almal saam in diens van
JESUS CHRISTUS
oral, altyd en in alles
DOOP VANOGGEND
‘n Spesiale welkom aan die
doopouers
André en Marisa Wessels
met baba
Dandré Frans
Deurkollekte Vanoggend: Spes Koll: VGK Zwelihle
Ook ‘n spesiale welkom
aan die
AINOS KOOR
(Centurion)
olv Ané Hartman. Baie dankie vir die seën
van jul pragtige stemme.
MA. 13 OKTOBER DI. 14 OKTOBER WO. 15 OKTOBER
SKOLE OPEN
10:00 DIENSSENTRUM: Kom stap
saam. Ons begin stap om 10h00 vanaf
die diens-sentrum en kom drink dan lek-
ker tee/koffie saam wanneer ons terug
is. Welkom!
Sopkombuis
09:45 Golden Harvest diens.
10:00 DIENSSENTRUM: Kom wees
kreatief saam met Joan Ollewagen 028 316
2127/082 710 2787 by die dienssen-
trum. Ons sal jou kom oplaai!
10:00 DIENSSENTRUM Kliniek Indien u bekommerd is oor u bloeddruk,
suiker ens. kontak vir sr. Calitz by 072 152
5623 en maak ‘n afspraak.
DIENSSENTRUM
08:00 Voete– & hande versorging. Maak
afspraak by Marilyn (082 532 6931).
10:00 Trimgim deur ‘n bio-kinetikus in
die sysaal. Almal is welkom
11:00 LOFDANSE in die Sentrum.
15:00 FLIEK in Anneks (Dienssentrum)
DO. 16 OKTOBER VR. 17 OKTOBER SA. 18 OKTOBER
10:00 DIENSSENTRUM: Kom kyk na
‘n opbouende en motiverende DVD van
Nick Vujicic “No arms, no legs, no
worries!” Kom luister hoe hanteer ‘n
jongman wat sonder arms en bene ge-
bore die lewe met al sy uitdagings.
16:00 Gesamentlike gebed by die VGK
Mount Pleasant. Almal baie welkom.
09:30-11:30 Die Kolwyntjie Teetuin
@ Dienssentrum is oop. Welkom!
10:00 Ons BID saam (Gebedskamer).
19:00 Wynveiling - Baie dankie vir al u
ondersteuning en skenkings.
ONS BID VANDAG VIR AL ONS
SKOOLKINDERS EN ONDERWYSERS. ONS
BID DAT GOD HULLE SAL SEËN EN DRA
IN DIE LAASTE KWARTAAL VAN DIE
JAAR.
WAT GEBEUR SONDAG 19 OKTOBER ?
09:00 Familiediens: Dr Wilhelm
Burger lei die diens. Ons verwelkom
ook die PROMUSICA koor by ons.
Deurkollekte:
Spes Koll: Kospakkies
WYKE DIENSBEURTE
Gebed (Konsistorie) (Wyk 4)
Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 28)
SIEKTE & NOOD
Here, vandag is ons harte vol van
dankbaarheid en LOF! Soms
staan ons verstom oor die guns
wat U ons bewys. Here, help ons
om ons liefde aan U te betuig -
elke dag en oral waar ons gaan.
Ons eer U vandag as die
Lewende God.
Amen.
Ps 139 Here, U self het my diepste wese gemaak. Ek loof U omdat U my so besonders gemaak het. U het my
gesien voor ek gebore is. In U boek is alles opgeteken, elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was. Here, ek wil elkeen van hierdie dae gebruik om tot U eer te lewe en U lof te sing. Laat my dankbaar lewe, want aan U liefde en goedheid is daar geen einde nie.
Ps 92 : 2 – 6 en Ps 89 : 2 – 3 Ek wil U eer, my God en Koning, en U vir altyd prys. Dit is wonderlik om U te
prys en te eer met my lied. Dit is wonderlik om soggens van U liefde te vertel en saans van U getrouheid. Here, ek is so bly oor wat U gedoen het en ek wil bevestig dat U liefde vir ewig bly en dat U getrouheid so vas staan soos die hemel self.
Deon Smith
Wilkie du Toit
Kobie Swart
Anneline Nöthling
Peet van den Berg
Jaap Sadie
Sarie van Staden
Isabella Corbett
Anne Theron
Hanlie Visser se klein-
dogter (3jr) - kanker
Minnette Snyman
Lorraine Fourie
Johan & Hestia Barnard
Louis Lennard
Tokkie Vorster
Dehan Pretorius (8jr -
kanker - Marietjie le
Roux kleinseun)
Ons bid ook vir alle
bejaardes in ‘n
siekeboeg.
DANKIE HERE
VERSOEKE Annette 072 903 9189
NOODKETTING Sheila 084 800 0947
ZAbba Vader . . .
Spr 4 : 20 Vader, laat my baie goed na U luister en my ore spits vir U woorde. Help my om dit altyd in gedagte te hou,
want U woorde beteken lewe vir my. Here, laat my versigtig wees met wat in my hart aan-gaan; met wat ek sê en waarop ek gefokus is. Help my om my pad reguit te loop en nie van koers af te gaan nie en om weg te bly van law-we praatjies en van wat verkeerd is.
EK VOEL NOU KLEIN GENOEG
EN GOD GROOT GENOEG
Verskeie Psalms Here, my God, U her-stel my kragte; U verdryf my duister-nis. As U, my God, by my is, kan ek 'n
hele leër aanval en bo-oor hulle versperrings klim. U, ons God, is die sterkste rots wat daar is. U maak die pad voor my uit gelyk. U maak my vol krag. U laat my loop op veilige plekke, sodat ek nie struikel nie.
1Tim 1: 17 Vader, ons wil aan U al die eer gee en U grootheid erken tot in die eindelose
ewigheid, want U is die Koning wat regeer deur al die eeue heen. U kan nie oud word nie of doodgaan nie. U alleen is God !!
KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)
BYBELGROEPE Gr 1 - 4 tydens die Erediens
Gr 5 - 7 direk na die Erediens
TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens
NUWE INTREKKERS
Aug & Sept 2014
SONDAG
9 NOV. 2014
NG Kerk Onrus
18:30
Onderwerp:
IDENTITEIT
Chris & Eleanor Niehauss met Anje & Charlotte (Wyk 3b)
Clarisse & Gerhard Faasen (Wyk 8a)
Japie & Anneke Louw met
Anja & Robbie (Wyk 10)
Joe & Sandra Nel (Wyk 12)
June van Jaarsveld (Wyk 16)
Cathy & Billy van WyK (Wyk 16)
Jan & Marie Ras (Wyk 16)
Irma Burger (Wyk 18)
Mienie & Hennie Hendriks (Wyk 19)
Quentin & Sinet Vogel (Wyk 21)
Lizette & Hannes Coetzer (Wyk 28)
Hugo Haumann (Wyk 30c)
Amanda Bester (Wyk 30c)
Adele & Pierre Nortje (Wyk 31)
Annekie & Wessel Fourie (Wyk 33)
Josua & Martie Blom (Wyk 33)
Lizet & Gerrit Oosthuizen (Wyk 34a)
U word uitgenooi na ‘n
bespreking van Robert
en Kathie Fetveit,
direkteure van Elijah
House van Amerika.
Hulle besoek verskillende
Elijah House skole deur
Suid-Afrika en hulle
doel is om lewens te
verander deur gebed en
geestelike waardes geïn-
spireer deur die Heilige
Gees. U is almal welkom!
VERJAARSDAE bo 80
God se seën word u toegewens.
Mev Ina Burger (1/10)
Mnr Ferdie Relling (3/110)
Mev Eulogy Kroon (8/10)
Mnr Gerrie Pheiffer (9/10)
Mev Joy Arangies (10/10)
Mev Drienie Roux (10/10)
Mev Alida Kotze (11/10)
Mev Babs Loubser (13/10)
Mnr Henry Erasmus (18/10)
Mnr Neels v Niekerk (19/10)
Mev Johanna Groenewald 25/10)
Mev Hester v Tonder (29/10)
RIEKERT BOTHA REEKS OP DVD Die stelle het geland! Kom haal gerus u bestelling
af by die kerkkantoor.
Indien u nog reekse wil bestel is u baie welkom.
Koste is R72 vir 6 dvd’s (onthou betaling asb met
bestelling). Bestel asb voor of op 27 Oktober by
die kerkkantoor. Welkom!
TIENDEMAAND DANKOFFER SONDAG 26 OKT
Wees lig! God is die eerste Ligbron. “ Laat daar lig wees” (Gen 1:3).
En God stel daarna baie ligbronne aan:
Die son, weerlig, vuurvliegies, kerse, fakkels en lampe.
En dis nie al nie: God stel ook kerke aan as ligbronne:
Onrusrivier, jy en ek (Matt 5:14).
Kan jy jou ‘n wêreld indink sonder lig …?
Kan jy jou ‘n wêreld indink sonder ‘n kerk wat lig maak …?
Kan jy jou ‘n kerk indink sonder ‘n Tiendemaand Dankfees …?
Nee, en daarom: Baie dankie vir u bydrae – u is ook God se
Oktober LIGBRON.
Vir enige navrae oor die Tiendemaand Dankoffer, kontak
asb vir Philip Opperman by 082 9000 697.
SPOELKLIPPE TREINRIT NA SIMONSTAD
Sakka-pakka, sout en peper
Gee my stoom dan loop ek beter!
Wat 'n belewenis van nostalgie was dit nie om deel van
die groep van 60 te wees nie!
Dit was 'n volmaakte dag waarmee ons VADER ons
geseën het.
Die gefluit van die stoomlokomotief by spooroor-
gange, die vakansiegangers op die strande langs die
spoorlyn met hul kamera's of gewaai na ons in die
trein, het ons baie spesiaal laat voel.
AL DIE DANK EN ERE AAN DIE HERE VIR SY
LIEFDE EN GROOT GENADE!
NS. Foto's sal Vrydag die 17 de by DIE KOLWYNTJIE
beskikbaar wees om te bestel @ R5 per foto.
FLIEK-PROGRAM IN DIE ANNEKS @ 15:00, ELKE WOENSDAG WO. 15 Okt: Patch Adams WO. 22 Okt: Die laaste Tango
BYBELSKOOL Ons is gesluit vir die vakansie. Ons program vir die nuwe kwartaal. Dr Johan van Schalkwyk bied ‘n mini-reeks aan oor die periode tussen die Ou en Nuwe Testament 15 & 23 Oktober. Dr Clifford bied die volgende 3 weke ‘n (DVD-) reeks aan oor Jerusalem. Hoekom baklei nasies deur die jare vir hierdie stad? Hoekom kan Jood, Christen en Islam nie die stad se heligdomme deel nie? Hoekom me-kaar uitmoor? Lees gerus Simon Montefiore se Jerusalem - The Biography. Navrae: Dr Clifford by 028 316 4895 of Dr Johan 028 316 3959 / 082 335 8811.
KERSMELODRAMA 14 NOV @ NG ONRUS Kom luister na die Phantom of the Opera
(past. Herman Breedt), Elvis (ds Corné Kemp), Shakin Stevens (ds Neil Olwagen) en
die Grafsteensangers. Sonja Herholdt en YMCA - al die dominees en vele meer! Kaartjies beskikbaar by Mariet Basson
078 329 7888.
DIENSSENTRUM DONDERDAG 23 OKT 10:00 KIDBROOKE se koor o.l.v Annemarie Kotze kom ons besoek. Ons sien baie uit daarna om as gasheer op te tree. Kom drink ‘n koppie tee saam met ligte versnap-peringe en ontmoet nuwe vriende.
SPOELKLIPPE-AFSLUITING 21 NOVEMBER: Betaal asb R50 pp by Kerkkantoor voor Vrydag 14 Nov. Sjerrie met vingerete 18:00 Musiek-potpourri om 19:00 Dit beloof om ‘n heerlike aand van musiek en ontspanning te wees! Almal is meer as welkom, maar veral ons nuwe intrekkers.
GEMEENTESTAP IN DIE FERNKLOOF BERGE SATERDAG 1 NOV @ 08:00 (meer inligting binnekort). Bespreek solank die dag!
VROUEKAMP BY WORTELGAT aangebied deur die NG Kerk Hermanus op 25 – 26 Oktober 2014 (LIEF DIE LEWE) tyd met God · praise & worship · ontspan · mooi natuur · herlaai batterye · ‘bond’ met ander vroue van God · Leef vol-uit in Christus. Besprekings: Projek Hoop 072 244 0233; 082 375 3613 NGK Hermanus , [email protected]
GESOEK KALENDERBORGE VIR 2015 Liewe vriende, ons wil graag besighede en individue nooi om volgende jaar se ge-meentekalender te borg. Die koste beloop R2000 per maand wat jy borg. Jou be-sigheid se logo en informasie verskyn op die bladsy se onderkant en daar is ook ‘n bor-geblad waar meer inligting oor jou be-sigheid beskikbaar is. Vir enige navrae, kon-tak asb vir Karin by die Kerkkantoor (028) 316-2116 of 084 305 2086.
KOLWYNTJIE TEETUIN
@ DIENSSENTRUM VRY. 17 OKT. 09:30-11:30
Die LYNDANSERS besoek
ons met hulle vrolike musiek en
dansies! Moet dit nie misloop nie!
Almal is meer as welkom!
WAAR kan WAAR kan
ek DIENek DIEN??
LIGBOEKLIGBOEK
KOSPAKKIES 20 OKT
Daar is 'n tekort van koffie, kookolie & toiletpapier. 'n Bydrae hiervan sal baie waardeer word. Baie dankie dat ons die vry-moedigheid het om dit vir julle te kan vra.
ONTHOU: Alle navrae oor die
Dienssentrum, alle inbetalings en gelde van
die Dienssentrum word nou by die sentrum
self hanteer vanaf Maandae tot Vrydag van
09h30 – 12h30. TEL: 028 316-1745.
OMGEE ENGELTJIES: Indien u ‘n engeltjie is en nog aktief betrokke
is by die projek, kom gee asseblief u naam in
by Mervian (kerkkantoor). Baie dankie!
Koster
KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -
13h00
Tel (028) 316-2116
DS MICHIEL DE KOCK
028 316 4174 (K)
083 468 8194 [email protected]
DR WILHELM BURGER
028 316 2110 (K)
083 448 1651
DR CLIFFORD HEYS
028 316 4895
VOORSITTER KERKRAAD
Piet van Zyl
082 339 9871
EVANGELIS
Chookie Naudé
072 355 9633 [email protected]
VERSORGINGSKOÖRD.
Dr Erika Oosthuysen
028 316 3115 (K)
079 322 0998
KOMMUNIKASIE BEST.
Karin de Bruin
084 305 2086 [email protected]
ONTVANGS
Mervian van der Merwe
084 875 7875
REK BEAMPTE
Rika Eveleigh 082 679 1312
ADMIN BEAMPTE
Hanna de Jager
082 441 9759 [email protected]
KOSTER
Hennie Davies
084 745 4531
Vir navrae en kommentaar
op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)
KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00
Tel (028) 316-2116 [email protected]
www.ngkonrusrivier.co.za
DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier
Bank: ABSA
Rek. 406 215 2718
SENDING Geloof Belofte Offer
Bank: ABSA
Rek. 916 9799 886
the
Framery
Alle tipes raamwerk van skilderkuns,
fotos, tapiserieë, truie, medaljes ens.
Professionele,
vriendelike diens teen bekostigbare pryse.
Skakel Marlene by 028 316-1374
Hoofweg 36, Onrusrivier