8
07 September 2014 Met die Here, vir mekaar en uit na die wêreld! Oggenderediens: Ds Reinder Kingma Preektema: Eensgesind wees! Aanderediens: Ds Johan Fleischmann "Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie." (Joh. 3:3) Ontmoet Ons: God is hier teenwoordig Lied 159: 1, 2, 3 Heilig, heilig, heilig, Here Lied 231: 1, 2 (m/v), 3 Ons het op ons hart... Here, God van liefde Lied 286 God: Genade en vrede vir julle! Seën Ons: Hy roep net en dit het geskied Ps. 33-1: 5, 8 (m/v), 11 (a/m/v) Bid Woord God: Oorgemaak om te kan sien Joh. 3: 1-16 "Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie." (Joh. 3:3) Antwoord Ons: Bid Liefdegawe ... in u diens gebore... Ps. 116-1: 1, 9, 10 God: Seën Ons: Amen Sb 13-3 Sing: Ps. 84: 1, 6 (p. 424) Ontmoetingsdiens Votum Groetseën Sing: Ps. 96: 5, 6 (p. 483) Geloofsbelydenis Verootmoedig- en versoeningsdiens Wil van die Here Sing: Ps. 106:3 (p. 529) Woorddiens Gebed Sing: Ps. 106:7 (p. 529) Skriflesing: Romeine 15: 1-13 Teksverse: Romeine 15: 5, 6 Tema: Eensgesind wees! Sing: Ps. 133: 1, 2 (p. 651) Dankdiens Gebed Liefdegawes Sing: Ps. 105: 1, 2 (p. 514) Seën van die Here

07 September 2014 - gkbo.org.za · PDF fileLeendert Dekker . Ons het die volgende kaartjie van Basjan en Martie (van Namibië) ontvang

  • Upload
    lykiet

  • View
    234

  • Download
    9

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 07 September 2014 - gkbo.org.za · PDF fileLeendert Dekker . Ons het die volgende kaartjie van Basjan en Martie (van Namibië) ontvang

07 September 2014

Met die Here, vir mekaar en uit na die wêreld!

Oggenderediens: Ds Reinder Kingma

Preektema: Eensgesind wees!

Aanderediens: Ds Johan Fleischmann

"Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie

sien nie." (Joh. 3:3)

Ontmoet Ons: God is hier teenwoordig Lied 159: 1, 2, 3

Heilig, heilig, heilig, Here Lied 231: 1, 2 (m/v), 3

Ons het op ons hart...

Here, God van liefde Lied 286

God: Genade en vrede vir julle! Seën

Ons: Hy roep net en dit het geskied Ps. 33-1: 5, 8 (m/v), 11 (a/m/v)

Bid

Woord God: Oorgemaak om te kan sien Joh. 3: 1-16

"Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie

sien nie." (Joh. 3:3)

Antwoord Ons:

Bid Liefdegawe ... in u diens gebore... Ps. 116-1: 1, 9, 10 God: Seën Ons: Amen Sb 13-3

Sing: Ps. 84: 1, 6 (p. 424)

Ontmoetingsdiens Votum

Groetseën Sing: Ps. 96: 5, 6 (p. 483)

Geloofsbelydenis

Verootmoedig- en versoeningsdiens

Wil van die Here

Sing: Ps. 106:3 (p. 529) Woorddiens

Gebed

Sing: Ps. 106:7 (p. 529)

Skriflesing: Romeine 15: 1-13 Teksverse: Romeine 15: 5, 6

Tema: Eensgesind wees! Sing: Ps. 133: 1, 2 (p. 651)

Dankdiens Gebed

Liefdegawes Sing: Ps. 105: 1, 2 (p. 514)

Seën van die Here

Page 2: 07 September 2014 - gkbo.org.za · PDF fileLeendert Dekker . Ons het die volgende kaartjie van Basjan en Martie (van Namibië) ontvang

Predikante

Ds. Reinder besoek vanmiddag Elsiesrivier gemeente met konsulentswerk. Ons bid hom en die gemeente die seën van die Here toe met hulle werk onder baie moeilike omstandighede.

Aanbouings aan die kerkgebou

Die skedule vir die aanbouings aan die kerkgebou moes ongelukkig aangeskuif word, as gevolg van die konsolidasie van die erwe waarop die kerkgebou en gemeentesentrum staan. Die bouery sal nou eers vroeg 2015 kan begin, en ons behoort die nuwe gedeeltes te kan betrek met die aanvang van die derde kwartaal volgende jaar..

"Baie dankie aan al

die tannies vir die

mooi Beanies."

Pre-primêre klas Loxton in

die hart van die Groot Karoo

KOLLEKTES:

VANDAG: Sondag 14 September

Diakonale Kas en Med Hulpfonds (Klassis Boland) Diakonale Kas en Bolandse Bedieningsfonds

TEESKINK: Vandag: Son 14 September: VR 1 en VR 2 VR 3 en TY 1

DIENSBEURTE

Vandag: Son 14 September: Oudl. Louis Boshoff Oudl. Kobus vd Walt Diak. Elize Opperman Diak. Eugene Pio

MAAND: Augustus

KUILSRIVIER- HOSPITAAL

Joukje & Reint Berg 021 903 3027

CAPE GATE MEDI KLINIEK

Philip & Lida Kruger 021 981 9685

(07/09 – 13/09) ANDER HOSPITALE Rina Amoraal 082 430 1847

Indien u weet van enige siektegevalle, skakel

gerus die Chrisante vir ‘n besoek!

Page 3: 07 September 2014 - gkbo.org.za · PDF fileLeendert Dekker . Ons het die volgende kaartjie van Basjan en Martie (van Namibië) ontvang

Here, leer ons bid … om nie van U verlate te wees nie.

(Ons onderbreek die Onse Vader reeks die week met `n vraag wat ons gekry het.) Wat doen ek as ek van God verlate voel? Meeste van ons het al `n droogte tyd in ons geloofs - en gebedslewe ondervind, maar was dit al so erg dat ons uitroep “ Here waar is U? Hoekom los U my? Waarom antwoord U nie my gebede nie? Ek voel nie meer lus om te bid nie, want U luister in elk geval nie. Dit voel of my geloofslewe net `n leë dop geword het. Ek het nie meer krag oor om myself te beskerm teen die aanvalle van die satan nie” Daar is verskeie redes hoekom ons so voel: ons kan ons verhouding met God verwaarloos het; ons was moontlik ongehoorsaam aan God se wil vir ons lewe; ons het die duiwel vatkans gegee deur nie elke dag die volle wapenrusting aan te trek nie. Wat die rede ook al is, daar is seisoene in ons gebeds-/geloofslewe waar ons voel dat ons totaal bo ons kragte beproef word en dit is werklik moeilik om deur te werk, veral as ons `n lewe naby God leef. My God my God waarom het U my verlaat en bly U vêr as ek om hulp roep? My God ek roep bedags en U antwoord nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie. Hierdie woorde van Ps. 22 is ook die woorde van Jesus aan die kruis. Dit is die woorde van Dawid wat baie swaar gekry het en van God verlate gevoel het en verwys na die leiding van Jesus aan die kruis. Jesus roep die woorde uit wat ons nooit ooit hoef te gebruik nie My God my God, waarom het U My verlaat? Hy het al die leiding op Hom geneem en dit volbring!! Ons moet net weer besef dat die lewe `n gawe van God is. In Job 38-41 is dit so asof die Here vir Job soos `n klein seuntjie aan die hand neem en deur die tuin loop en sê kyk, sien jy die blomme? Sien jy die diere? En die.. en die... en die.... Ek het alles gemaak. En die seun dink sy pa is grootste, wonderlikste op aarde. So kan ons ook na ons God kyk. Hy is wonderbaarlik groot en goed en ons kan net sê saam met die Here sal ek deur hierdie vuur stap en sê” My God, my grote God, wat kan gee en kan neem, ek sal U prys in lewe en in sterwe!!!. Die Here sê nie ons is immuun teen gevare, skade, krisis en ongeluk nie, maar ek hoef nie alleen te staan nie. Hy is altyd by my en met my geloofsfamilie wat saam met God hulle hande onder my sit. Mag elkeen van ons wat so voel of nog so mag voel, God se rus en vrede ervaar en binne gaan. Wat doen ek as ek so voel: 1) Kry “back up” m.a.w. deel jou smart en pyn met `n mede gelowige. Vra jou geloofsvriend(in) om

vir jou te bid om die Gees van God weer in jou te herstel.

2) Al is dit hoe moeilik, moet nie opgee en jou rug op God draai nie. Hou aan om Hom te loof en te

prys, al is dit hoe moeilik.

3) Onderskei wie se stem jy hoor, God s`n of die satan of jou eie.

4) Lees Heb. 13:5 weer en weer. God belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie

5) Lees Jes. 43: 1-5. Selfs deur water en vuur sal Hy ons nooit verlaat nie.

6) Lees Ps. 22: 22 +.

Gebed: U het my gebed verhoor. Ek sal tot eer van U Naam in die gemeente getuig en U in die volle vergadering prys! Die nood van die hulpelose het U nie verontagsaam en gering geskat . My loflied in die volle vergadering kom van U af. Die wat na U wil vra sal U prys. Hulle sal lank en gelukkig lewe. Mense oor die hele wêreld sal U erken en hulle tot U bekeer. Alle volke sal U as koning erken, want die koningskap behoort aan U o Here; U heers oor alle volke. Ons sal van U verlossingsdade getuig en sê: U het dit gedoen. Ons dank U getroue God in die Naam van Jesus ons Here. Amen! (n.a.v. Ps. 22:22 +)

Die Gebedsfamilie bid Sondag oggende om 8:45 by die kerkkantoor (bo die ou konsistorie) en Sondae aande na die diens in die kerkhuis.

Page 4: 07 September 2014 - gkbo.org.za · PDF fileLeendert Dekker . Ons het die volgende kaartjie van Basjan en Martie (van Namibië) ontvang

Meelewing Piet Aucamp (021 910 2065) het Maandag ‘n geslaagde oogoperasie gehad. Ons is bly

alles het goed afgeloop, en dat sy sig herstel is.

Ietje Berg (082 410 2365) is tuis nog besig om te herstel van die motorongeluk waarin sy betrokke was. Die frakture in haar voet word op hierdie stadium konserwatief behandel en geen operasie word op die oomblik beplan nie. Vinnige beterskap, Ietje.

Klein Lisa-Mari Goodey is oorgeplaas na die Christiaan Barnard Hospitaal in die stad. Daar word steeds gewag op uitslae van ‘n klompie toetse. Ons hou haar en haar ouers George en Valerie (021 976 8350) in ons gebede!

Janneke Meyer is ontslaan en sterk tuis aan. Ons bid haar ‘n volkome herstel toe!

Daan Opperman (082 3201 823) het sedert sy galblaasoperasie las van aritme van die hart. Hy word Maandag opgeneem sodat die hartritme reggeskok kan word. Baie sterkte, Daan !

Lydia Raath (021 948 1996) was ook in ‘n motorongeluk betrokke maar het genadiglik nie baie ernstige beserings opgedoen nie. Haar motor is egter afgeskryf. Ons is die Here baie dankbaar daarvoor!!

Roelf Smith (021 948 1996) was in die N1-stad opgeneem vir mediese toetse en mag moontlik geopereer moet word. Ons is dankbaar dat hy nou weer tuis is.

Henk van der Laan (021 949 1404) was in Durbanville Medikliniek met baie ernstige blaasontsteking. Hy is intussen ontslaan en sterk nou tuis aan. Mag dit sommer baie vinnig beter gaan!

Willy Wiebenga (Huis Boland) is uit die intensiewe eenheid na ‘n gewone saal in Durbanville Medi kliniek. Ons vra volgehoue voorbidding vir haar.

Baie dankie

Dit is nie moontlik om al die medegelowiges persoonlik te bedank vir hulle ondersteuning van

Susan en my op so baie maniere en oor so ‘n lang tyd nie. Ek moet wel by name vir ds. Kingma

bedank vir sy optrede by die graf en die vertroostende kerkdiens, prof. Cassie vir soveel

toewyding en huisbesoeke, en die Susters vir verversings op kort

kennisgewing

Ek kan net baie, baie dankie sê. Die groot dank kom ons Here toe. Sy

liefde straal uit u liefde. Ons het die krag van u voorbidding met

verbasing ervaar. Die Here was by haar, en aan die einde het sy in

verbasende helderheid rustig haar intrek by Hom geneem.

Leendert Dekker

Page 5: 07 September 2014 - gkbo.org.za · PDF fileLeendert Dekker . Ons het die volgende kaartjie van Basjan en Martie (van Namibië) ontvang

Ons het die volgende kaartjie van Basjan en Martie (van Namibië) ontvang. Basjan was hier vir

kankerbehandeling en Martie was gereeld by ons in die erediens.

ONS SPENS

BAIE DANKIE AAN BOKOMO VIR DIE SKENKING!!

ONS WAARDEER DIT!!

Page 6: 07 September 2014 - gkbo.org.za · PDF fileLeendert Dekker . Ons het die volgende kaartjie van Basjan en Martie (van Namibië) ontvang

Verjaarsdae hierdie week

Spesiale gelukwense aan twee lidmate wat vandag verjaar Douw

Coetzee (70) en Sally van Eeden (87). Vrydag verjaar beide Heybey

Stoltz (79) en Hilda Willemse (ook 79). Hartlik geluk aan al die lidmate wat

komende week verjaar. Geniet ‘n lekker dag saam met familie en

vriende. Ons bid julle die seën van die Here toe.

Huisgodsdiens vir Huis Boland Daar word steeds gesoek na ‘n paar lidmate wat bereid is om te help met die huisgodsdiens op ‘n Vrydag by Huis Boland. U kan met Piet Aucamp skakel indien u daarmee kan help. (Piet Aucamp : 021 910 2065 / 073 204 8845 / [email protected]

Die rooi sambreel Tydens die Troosdiens van Susan Dekker, het Muller en Aletta du Plessis (Jaco se ouers) hul rooi sambreel op die kapstok by die nuwe kleedkamers gehang. Dit is daar verwyder, en ons vra dat enige iemand wat dit dalk per abuis geneem het, dit groot asseblief aan Jaco sal terugbesorg. Baie dankie

07/09 Vandag DOUW COETZEE KE1 021 976 8292 083 638 9814

JOLENE DU TOIT DN3 072 042 9083

JUSTIN ESTERHUIZEN DN1 072 108 9950 (Ma)

ANDREA HAASBROEK DN4 076 876 9244

WYNAND JURG BR5 082 812 7191

HENRI SNYMAN KE1 084 456 7801 (Ma)

RINSKE VAN DER BIJL VR1 084 477 6533

SALLY VAN EEDEN TY2 021 556 0062 082 561 8964

JACO VENTER ST3 021 976 4547 084 645 3726

08/09 Ma RINA AMORAAL VR4 021 981 7462 082 430 1847

LOUIS KOEN TY2 083 795 9749

09/09 Di ADRIAAN MINNAAR GF08 021 919 7113 084 929 7113 (Ma)

TIAAN SMIT OA2 021 910 0469 082 302 4342

10/09 Wo JACO BEAN VR4 071 330 4884

KARLA WESSELS ST4 084 366 3490 (Ma)

11/09 Do MADRé GROBBELAAR OA2 076 837 0107

SCHALK VAN DER MERWE ST2 021 919 9347 082 490 4764

12/09 Vr ANINA BEZUIDENHOUT ST2 021 910 3975 072 255 3322

DANIËL SNYMAN DN4 021 975 4128

HEYBEY STOLTZ OA1 021 945 2258 076 531 3900

LIEZL VAN HEERDEN GF02 021 913 1845 083 259 2146

HILDA WILLEMSE ST1 021 910 0955 073 217 2886

13/09 Sa CORNELIS AMORAAL VR4 021 981 7462 082 377 4855

HENRY GRAY VR6 021 981 0537 084 080 7597

ROELF SMITH OA2 079 493 9704

Page 7: 07 September 2014 - gkbo.org.za · PDF fileLeendert Dekker . Ons het die volgende kaartjie van Basjan en Martie (van Namibië) ontvang

Koningskinders

Die Koningskinderskamp lê om die draai. Soos die gewoonte is, vra ons weer ons

oupas en oumas om die kinders te bederf met lekker koekies. Dit kan tuisgebak of

“winkel”koekies wees. Veral tussen werksessies (ja, ons werk ook met hulle op

die kamp) gee ons graag vir hulle ‘n lekker koekie of lekkerny saam met die koffie

of koeldrank. Dis vir hulle regtig ‘n groot bederf. Merk asseblief u skenkings met

“Koningskinders” en sit dit vir ons of by die mediateek of by die J58 tafeltjie neer. Indien u u

houer na die kamp wil terughê, merk dit asseblief duidelik met u naam, en sal dit aan u

terugbesorg.

Ons benodig ook dringend enige tweedehandse klere – veral seuns !! Die kinders

wissel tussen die ouderdomme van so 9/10 tot so 12/13. Ons vind dikwels dat

kinders byvoorbeeld nie genoeg warm klere het nie, of nie genoeg sokkies

nie.(soms het hulle net een paar en word dit elke dag gedra !) Daar is regtig by

hierdie kinders ‘n groot tekort aan klere.

Ek is op soek na nog sowat 20 blikkies, soortgelyk aan tunablikkies. (Net die leë blikkie – nie die

tuna nie - baie dankie vir die blikkies wat ek al reeds ontvang het.) Groot asseblief – u kan dit

in ‘n sak in die kombuis laat, gemerk Koningskinders, of vir my by die kerkkantoor afgee.

Baie dankie!! Jenny Gerber (021 919 4303 / 073 1569 685)

Page 8: 07 September 2014 - gkbo.org.za · PDF fileLeendert Dekker . Ons het die volgende kaartjie van Basjan en Martie (van Namibië) ontvang

NOODHULP KURSUS

Vir ouers met klein babas, oumas en oupas of enige iemand wat met babas werk.

20 September 2014 - 9:00 tot 12:00 in ons Gemeentesentrum R100 per persoon (of praat met kontakpersoon.)

Daar is slegs 10 plekke oor ! Slegs volwassenes. U kry 'n sertifikaat dat u die kursus bygewoon het.

Ligte verversings in teepouse. Gelukkige trekking. As u wil weet wat om in 'n krisis te doen dan is hierdie nou jou kans om

beter voorbereid te wees en dalk te help om 'n lewe te red. Kontak: Marietjie van Biljon 082 808 2256

Help asseblief om baba-beanies te brei vir die

J58-projek. Afskrifte van die patroon is ook beskikbaar op die J-58 tafeltjie.

Navrae: Marietjie van Biljon 082 8082 256 [email protected]

Kyk ook op die webwerf vir meer inligting en die patroon – www.gkbo.org.za

Versoek van Shiloh Naaldwerk Projek : Klipheuwel

Die dames doen nou Kwilts en ons wil hulle na die volgende stap van uitmuntendheid neem om dit as ‘n entrepreneurskap projek te ontwikkel. Ons behoeftes vir die laslap-klasse (Quilting) is soos volg:

Materiaal - verkieslik katoen, maar daar kan n bietjie poliëster in wees, dit kan ook werk. Stukke is ook goed, solank dit mooi gesorteer is.

Ons gebruik hoofsaaklik roomkleurige gare.

Tweedehandse naaimasjiene, in 'n redelike werkende toestand. Aangesien ons die dames wil bemagtig om self ‘n inkomste te verdien uit hierdie vaardigheid, het hulle die nodige toerusting nodig om ook tuis te kan werk.

“Batting”

Ons het ook snyborde, rollem-snyers, quilters liniale ens. nodig, maar aangesien dit so ‘n spesifieke aanwending het, is dit beter om dit nuut aan te koop, want nie baie mense het dit nie.

As jy weet van iemand of moontlik 'n kontak het, waar ek shwe-shwe, of sis materiaal kan koop, teen goedkoper pryse sal dit wonderlik wees, want dan bring mens 'n Suid Afrika element in elke kwilt in en so kan mens jou mark vergroot vir sulke kwilts.

Baie dankie dat ek weet ek is nie alleen nie, en dit bly 'n voorreg om Jesus se hande en voete te wees. Groete, Delene Kleyn

(Enige donasies kan by Jenny by die Kerkkantoor afgelewer word.)