18
[)IE VAL VA~ ()RETORIA Op 9 ,Oktober 1899 het die Suid-Afrikaanse Republiek, bygestaan deur die susterrepu- bliek, die Oranje-Vrystaat, 'n ultimatum aan die Britse Regering versend wat uitgeloop het op die Tweede Anglo-Boereoorlog. In diedaaropvolgende oorlog het die republieke in die eerste maande heldhaftig hul grense verdedig totdat lord Roberts met 'n sterk troepemag daaringeslaag het om die B'oere- magte te ontsetel uit 'hulle stellings en gaan- deweg daarin geslaag het om vanuit die Kaapkolonie noordwaarts op te ruk deur die Vrystaat. Bloemfontein het op 13 Maart 1900 geval en op 24 Mei het lord Roberts aan Jie Vaalrivier gestaan waar hy by wyse van pro- klamasie die Oranje-Vrystaat geannekseer het in die naam van Haar Majesteit, koningin Vic- toria van Engeland. Die spoed waarmee lord Roberts opgeruk het eersna die Bloemfon- teinse en daarna na die Transvaalse hoof- stede, het die Boeremagte onkant gevang. Binne enkele maande moes hulle telkens van een stelling na die valgen'de terugval terwyl ruim 4000 burgers uit hul skrale geledere ge- vange geneem is met die slag van Paardeberg. Met ,die Britte op Transvaal se grense was vooruitsigte op 'n spoedige oorwinning skraal en baie burgers wou moedverlore die wyk neem. Ander het pal gestaan want, so het hulle geglo, Pretoria, 'die hoofstad van Trans- vaal, sal nie maklik val nie. Daarvoor is hy veels te sterk gefortifiseer. Na die Jameson-inval het breedvoerige planne om Pretoria te verower, aan die lig gekom. Vir die ingesetenes sowel as die Volksraad was hierdie feite onrusbarend sodat daarna in erns aandag geskenk is aan die verdedi- ging van Pretoria. Op aanbeveling van 'n kommissie wat oor die aangeleentheid ver- slag moes lewer, is daar besluit om teen 'n bedrag van R516000,00 'n versterkte ammu- nisieopslag-plek en vier forte om Pretoria te bou. Hierdeur is strategiesgelee koppies om die stad gefortifiseer am die vernaamste poorte wat toegang tot 'die stad verleen, te beskerm. Die Duitse firma Krupp het forte Schanskop, Klapperkop en Wonderboompoort 22 opgerig terwyl 'n Franse maatskappy, Le Creusot, fort Wesfort (op Daspoartrand) op- gerig het. Bergkanonne en ander grofgeskut is bestel vir die forte maar almal was nie voor die uitbreek van die oorlog afgelewer nie. Die doeltreffende funksionering van die forte is verhoog deurdat 'n telegraafnetwerk be- hoorlike kommunikasiefasiliteite vir die be- manning verseker het. 1 In sommige kringe is die groat koste veroan- de aan die oprigting van die forte heftig ge- kritiseer maar toe die oorlog uitbreek, was dit die atgemene gevoel onder die burgers dat daar veiligheid en sekuriteit gewaarborg was in die sterk gefortifiseerde Pretoria. Wat lord Roberts en die meeste burgers in die veld egter nie geweet het nie, is dat met die ver- loop van die oorlog mettertyd grofgeskut so- wei as bemanning uitdie forte onttrek is 50- dat die vestingwerke teen dieeinde van Mei 1900 in'derdaad skadeloos was. Terwyl die burgers dus die vyand tydens sy opmars na Johannesburg orals voorgele het en sy voor- uitgang so ver moontlik vertraag het, het hulle heimlik vooruitgesien na die groot slag wat sou plaasvind in die randjies en deinveld om Pretoria. In die hartjie van die hoofstad was daar op hierdie stadium egter gewaarwordings aan die roer wat presies net die teenoorgestelde ge- dagtes laat ontstaan het. Op Maandag 7 Mei toe die Suid-Afrikaanse Republiek se Volks- raad vir die laaste keer in die hoofstad by- een gekom het, was dit diep onder die besef van kanongebulder digby Transvaal se grense wat die afgevaardigdes hulle plekke in die Raadsale ingeneem het. Tog het oorlogstoe- stande geen afbreuk gedoen aan die seremo- niele wyse waarop hierdie gebeurtenis, 5005 talle tevore, aangepak is nie. In die Eerste Volksraad het die voorsitter, genl Lucas Meyer die verrigtinge geopen. Daar was 'n klomp lee stoele in die Raadsaal: genls L. Botha, Koos de la Rey en S. J. du Toit en raadslid Stoop was afwesig op komman'dodiens terwyl genl P. Cronje reeds krygsgevange geneem was. Sy stoel is vir die byeenkoms met die Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

[)IE VAL VA~ ()RETORIA - African Journals Online

Embed Size (px)

Citation preview

[)IE VAL VA~ ()RETORIA

Op 9 ,Oktober 1899 het die Suid-AfrikaanseRepubliek, bygestaan deur die susterrepu-bliek, die Oranje-Vrystaat, 'n ultimatum aandie Britse Regering versend wat uitgeloophet op die Tweede Anglo-Boereoorlog. Indiedaaropvolgende oorlog het die republiekein die eerste maande heldhaftig hul grenseverdedig totdat lord Roberts met 'n sterktroepemag daaringeslaag het om die B'oere-magte te ontsetel uit 'hulle stellings en gaan-deweg daarin geslaag het om vanuit dieKaapkolonie noordwaarts op te ruk deur dieVrystaat. Bloemfontein het op 13 Maart 1900geval en op 24 Mei het lord Roberts aan JieVaalrivier gestaan waar hy by wyse van pro-klamasie die Oranje-Vrystaat geannekseer hetin die naam van Haar Majesteit, koningin Vic-toria van Engeland. Die spoed waarmee lordRoberts opgeruk het eersna die Bloemfon-teinse en daarna na die Transvaalse hoof-stede, het die Boeremagte onkant gevang.Binne enkele maande moes hulle telkens vaneen stelling na die valgen'de terugval terwylruim 4000 burgers uit hul skrale geledere ge-vange geneem is met die slag van Paardeberg.

Met ,die Britte op Transvaal se grense wasvooruitsigte op 'n spoedige oorwinning skraalen baie burgers wou moedverlore die wykneem. Ander het pal gestaan want, so hethulle geglo, Pretoria, 'die hoofstad van Trans-vaal, sal nie maklik val nie. Daarvoor is hyveels te sterk gefortifiseer.

Na die Jameson-inval het breedvoerige planneom Pretoria te verowe r, aan die lig gekom.Vir die ingesetenes sowel as die Volksraadwas hierdie feite onrusbarend sodat daarnain erns aandag geskenk is aan die verdedi-ging van Pretoria. Op aanbeveling van 'nkommissie wat oor die aangeleentheid ver-slag moes lewer, is daar besluit om teen 'nbedrag van R516 000,00 'n versterkte ammu-nisieopslag-plek en vier forte om Pretoria tebou. Hierdeur is strategiesgelee koppies omdie stad gefortifiseer am die vernaamstepoorte wat toegang tot 'die stad verleen, tebeskerm. Die Duitse firma Krupp het forteSchanskop, Klapperkop en Wonderboompoort

22

opgerig terwyl 'n Franse maatskappy, LeCreusot, fort Wesfort (op Daspoartrand) op-gerig het. Bergkanonne en ander grofgeskutis bestel vir die forte maar almal was nie voordie uitbreek van die oorlog afgelewer nie.Die doeltreffende funksionering van die forteis verhoog deurdat 'n telegraafnetwerk be-hoorlike kommunikasiefasiliteite vir die be-manning verseker het.1

In sommige kringe is die groat koste veroan-de aan die oprigting van die forte heftig ge-kritiseer maar toe die oorlog uitbreek, was ditdie atgemene gevoel onder die burgers datdaar veiligheid en sekuriteit gewaarborg wasin die sterk gefortifiseerde Pretoria. Wat lordRoberts en die meeste burgers in die veldegter nie geweet het nie, is dat met die ver-loop van die oorlog mettertyd grofgeskut so-wei as bemanning uitdie forte onttrek is 50-

dat die vestingwerke teen dieeinde van Mei1900 in'derdaad skadeloos was. Terwyl dieburgers dus die vyand tydens sy opmars naJohannesburg orals voorgele het en sy voor-uitgang so ver moontlik vertraag het, het hulleheimlik vooruitgesien na die groot slag watsou plaasvind in die randjies en deinveld omPretoria.

In die hartjie van die hoofstad was daar ophierdie stadium egter gewaarwordings aan dieroer wat presies net die teenoorgestelde ge-dagtes laat ontstaan het. Op Maandag 7 Meitoe die Suid-Afrikaanse Republiek se Volks-raad vir die laaste keer in die hoofstad by-een gekom het, was dit diep onder die besefvan kanongebulder digby Transvaal se grensewat die afgevaardigdes hulle plekke in dieRaadsale ingeneem het. Tog het oorlogstoe-stande geen afbreuk gedoen aan die seremo-niele wyse waarop hierdie gebeurtenis, 5005

talle tevore, aangepak is nie. In die EersteVolksraad het die voorsitter, genl Lucas Meyerdie verrigtinge geopen. Daar was 'n klomplee stoele in die Raadsaal: genls L. Botha,Koos de la Rey en S. J. du Toit en raadslidStoop was afwesig op komman'dodiens terwylgenl P. Cronje reeds krygsgevange geneemwas. Sy stoel is vir die byeenkoms met die

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

vierkleur gedrapeer. Die stoele van die eertyd-se vise-president, kmdt genl Piet Joubert, genlJ. H. M. de Koc:<, uitvoerende raadslid Bar-nDrd en raadslid Tosen was vir altyd leeg."Die oorlog het op kennel ike wyse in die hartvan die regering self sy slagoffers geeis. Togmoetdie werksaamhede van die Raad voort-gaan en afgevaardigdes is oudergewoonte be-noem om Sy Edele, President S. J. p. Kru-ger, na die opening van die volksraadsittingom 3 nm geleide te doen. OS H. S. Bosmanis amptelik versoek om die vergadering metgebed te open en die lede van die TweedeVolksraad is soos gewoonlik ook uitgenooiom die opening by te woon.3

Raadslede P. J. Schutte, D. J. Louw en W. H.van Niekerk het die eer te beurt geval om diegryse president tydens sy laaste opening vandie Volksraad in die Raadsaal op Kerkplein,Pretoria, geleide te doen!

Aan luister het dit nie ontbreek nie. Die pre-sident het per koets by die saal gearriveer endie Raadsaal van die Eerste Volksraad binne-gegaan waar raadslede, buitelandse verteen-

woordigers, en ander amptenare en belang-stellen'des byeengekom het om na sy ope-ningsrede te luister. Sy toespraak in hierdiedonker uur van sy volk se geskiedenis toon 'nintense bewustheid van die offers wat ge-vra word. Hy verduidelik dat uit dokumen-tare bewyse in besit van die regering dit virhom duidelik geword het dat die oorlog on-vermydelik was. Oor die stemregkwessie,waarvan lord Milner en mnr Joseph Chamber-lain in die laaste dae voor die oorlog so baiegewag gemaak het, het hy tot die slotsomgekom dat, 'AI het ons 1 jaar gegee, sou ditnie aangeneem werd.' Die enigste troos enbemoediging wat die gryse president toe aansy volk kon gee, was om nie te wanhoop niemaar om in God te g10.5

Die sitting het slegs drie dae geduur. Volks-raadslid en landsburger kon eweneens aanniks anders dink en oor niks anders praatnie as die oorlog. Van die barbaarse oorlogs-praktyke van die vyand is by herhaling ge-wag gemaak. Baie was reeds in rou gedom-pel; ander weer bekommerd oor bloedver-

(Foto: Africana Museum)'n Voorstelling van die kunstenaar C. E. Fripp van President Kruger se besoekers, 1900

23

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

wante wat 'oor die see' verskeep is na af-sondering in 'n vreemde land terwyl 'n aan-tal verongenoegdes sondebokke gesoek hetvir die ellende waarin hulle skielik gedompelis. Daar was ook 'n stl~rk gevoel onder diepubliek, gesteun deur lltaatsekretaris F. W.Reitz en die staatsmyningenieur J. H. Mun-nik, om die Johannesburgse goudmyne op teblaas want, so het hulle gese: 'Dit is mos diekapitaliste se skuld dat ons in oorlog ge-dompel is!' Hulle het oDk 'n pamflet, getitelBezint eer gij begint v'3rsprei waarin, aldusDe Volkstem van 15 Mei 1900 'gepoogdwordt om argumenten bij te brengen tegeneen eventuele onbruikbaarmaking onzer goud-mijnen.' Hierdie pianne is deur die tydige tus-senkoms van waarnernende kmdt genl L.Botha in die wiele gery."'

Die front skuif nader

Intussen het die handelaars wat oor grootvoorraadskure beskik het, in spanning gelewewant 'n aanval op Pretoria kon maklik grootfinansiele verliese vir hulle tot gevolg he. Aangenl S. Burger, bygestaan deur 'n kommis-sie, is opdrag gegee om Pretoria se verdedi-gingstelsel te organiseer maar hy - en talleander - was so besorgd oor ander problemedat daar oenskynlik hoegenaamd niks daad-werkliks in die verband gedoen is nie. Hy hettrouens ook nie genoeg tyd gehad om veelte vermag nie."

Die daaglikse lewe in Pretoria het sy gang ge-gaan en niemand het op 15 Mei daaraan ge-dink dat lord Roberts voor die einde van diemaand in Johannesburg sal wees nie. In die\i\andel is daar met verontwaardiging gewaggemaak van die talle moedelose burgers watvan tyd tot tyd hul opwagting in Pretoriagemaak het. Teenoor diegene wat gepraathet van wapens neerle, het andere gestaanwat verontwaardig uitgeroep het: 'Ach, hoevernederend voor ons volk. En wat zal debuitenwereld . . . nu wei van die Afrikanerhelden-natie denken.' Ander het weer gewon-der hoe afstammelinge van die 'kloeke Voor-trekkers so wankelmoedig' kan wees.8 Daaris selfs voorgestel dat oorlewende Voortrek-kers na die front gestuur moes word om diemoreel op te bou. As hierdie tendens 'n bronvan kommer was, het dit die daaglikse lewenie veel be'invloed nie. Sosiale aktiwiteite hetnormaalweg verloop. So het 'n sekere mej

24

Lord Roberts

Van der Hoven onderneem om 'n liefdadig-heidskonsert in St Andrews Hall te hou op25 Mei." Almal het hulself veilig gewaan indie hoofstad veral nadat 'n besielde burgervanaf die front vol selfvertroue aan die re-daksie van De Volkstem verklaar het dat 'deVaalrivier . . . voor de moede Engelse sol-daat ... een vreselijke positie (sal) blijkente zijn en ongetwyfeld zal binnen weinig da-gen de natuurlike zuiderlike grenslijn van dieZAR rood gekleurd zijn van het bloed van deongelukkige instrumenten in de handen van detegenwoordige Engelse politici' .10

Ondanks die moadeloosheid van sommigeburgers, was die tuisblyers oenskynlik hout-gerus en nog baie veglustig. Van die skonergeslag het selfs gespeel met die gedagte om'n vrouekommando op die been te bring: ietswaarvan die plaaslike mans nie wou hoor nie.Intussen het lord Roberts se lang kollonnemet rasse skrede gevorder. Op 25 Mei wasdie vyand skaars 100 kilometer vanaf Johan-nesburg.

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

Britse krygsgevangenes in Ladysmithstraat. Waterval(Foto: Staatsargief. Pretoria)

Op hierdie dag het die Uitvoerende Raadskynbaar vir die laaste keer in Pretoria byeen-gekom. Inderhaas is 'n kommissie benoem om'n kamp op Machadodorp te bou vir die Brit-se krygsgevangenes. op daardie stadium noggehuisves te Waterval net noord van Preto-ria. Dit word hulle op die hart gedruk om 'indezen aile spoed aan te wend om. indien hetnoodzakelijk wordt. de krijgsgevangenen zon-der verwijl daarheen te kunnen verplaatsen.'llDie idee was goed maar te laat om te vol-voer en slegs 'n negehonderd tot een duisendsoldate is betyds verwyder.

Die aand van 29 Mei, toe It genl J. D. P.French reeds noordwes van Doornkop byJohannesburg was. het pres Kruger en 'nklompie amptenare stilweg per koets uit Pre-toria vertre'k na Eerste Fabrieke waar sy spe-siale spoorwegwa gereed gestaan het omhom na Machadodorp te vervoer. Die bestuurvan die stad is gelaat in die hande van 'ndertigtal prominente inwoners met die han-delaar T. W. Beckett, wie se winkel jarelank'n bekende baken op die hoek van Kerk- enVan der Waltstrate was, as voorsitter. Netvoor hul vertrek het genl Lucas Meyer engenl Schalk Burger 'n brief geskryf aan P. J.Potgieter, burgemeester van Pretoria. 12Daar-in is aan hom opdrag gegee om Pretoria aandie Britte te oOr'handig. In dieselfde brief isook versoek dat hy met die Britse offisierewat in die Staatsmodelskool in Pretoria ge-vange gehou is. onderhandel om die 3 000krygsgevangenes by Waterval in bedwang

25

te hou totdat hulle deur die Britte ontsetword.

Intussen het genl Botha met skaars. 3 000burgers al vegtend en vlugtend teruggevalvoor lord Roberts wat op hierdie stadiumruim 20 000 man tot sy beskikking gehad het.Nadat die Boeremagte hul linie suid van Jo-hannesburg moes ontruim. het die burgersvolgens J. F. Naude wat saam met die lateregenls C. F. Beyers en J. C. G. Kemp ge-veg het, reik1halsenduitgesien na die besker-ming wat hul hoofstad sou bied. 'Immersdaar waren de kostbare forten random, enmet die vier groote Creusots daarin en deburgermachten op de randen rondom. welkewij verwachten ook al gefortificeerd te vin-den. zou het egter dan een Colenso en Pie-tershoogte zijn; daarheen trokken de burger-machten nu af.'13

Reeds op Johannesburg moes sommige vanhulle die teleurstellende nuus verneem: dieforte is sonder hulle Creusot-kanonne. Ditwas volgens genl B. Viljoen noodlottig virwaarnemende kmdt genl L. Botha se defen-siewe beplanning. Burgers het in toenemendegetalle skaamteloos van die kommando's ge-dros om oor eie huis en haard te waak engroepies mans het te perd in Pretoria beginaankom: party omdat hulle geglo het dat hulleso sou meehelp om die val van Pretoria tevoorkom; ander omdat hulle nie meer kon gloin sukses vir die Boeremagte nie; nog andere,soos Deneys Reitz, om voorrade aan te vul virdie verdere stryd.

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

Staatsmodelskool in Pretoria waar Britse krygsgevangenes aangehou is (Foto: Africana Museum)

-r J('" .I ,'-- ~bt_ •..) J,~ 0'..... Jh""'- k"",,, .---;: I..< ~ • , •••. t'- rJ.>'Y<- ~r 1'''_ /L/..J/~:""" tI,,,,,, <

;,; ,y';. ~7 ':'r-t{.... ~/~ /7"••

!<"i{,j'7 ,,'r..~'

J.~ ••.•• 11-.(- ti.. ,,~~~ f"'7 ~""C>~

•• c. ...<r..,.:~~ ,~ A. w.••__ .~ ~<'

J" ..,. ,,-I' J"" "~~;'." "'If. ,/..'~'-~"f~ "7,~r, .,./ r •• ~.~Jc..,o.-r I..<./~)~ k-1.•..•_4 ..- 1'i"'L/• .4... 14.4-/ /.e-.....<

.c_ 'l'rf:....I: l' Io..-.-~ ,~ ...:.t.. 1 k••<~. I

j ,....d.' f-':' f "...1' .4'._(, J.AJ ,.". ~,J- .•;r.:.....,..I.... '~, ~ ' {".f 7 4.-~,,":"z;..,. ~ '~-:'7.'f~ 1,_ ;~.. fr... .c..:J.-.'.- . 7L; ., r~'-5-h(----r ~.c. (...:..,.L•.._; )'_GL-J~""-7 .L~ r- ..Z~ ..

, t ). '. ,7,rt:.i7 .'l) /"7 ,~< •• ',.. ~".. ../ ••• d.

, 'J...~ '.rio' ••.•.•.. ''7 /" ~ .L~< j'-"':' ""' ••

r .!.,. ''';. >

/"'-1

/-a~tJJO(Y1L!1::-ri

~;~:,::(~~ ..;f.~~

J~~

r.d>---",(''''~''' J..-.....,.J. <

,~14 \'..< 'f ;na,'~~.Z. A-:t?

.' h; C-, ~(Foto: Staatsargief. Pretoria)

Winston Churchill (later sir). oorlogskorrespondentvan die Morning Post wat in die Staatsmodelskoolaangehou is en daarin geslaag het om te ontsnap.Hy is by Chievely deur genl Botha se manskappe

gevange geneem

~ ( y •

• .~..l.

(Foto: Staatsargief, Pretoria)'n Pleidooi om vrylating van Winston Churchill ge-

dateer 8 Desember 1900

26

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

Verdediging van Pretoria

Suid van Pretoria het genl Botha sy kom-mando's stelling laat inneem om lord Robertsse opmars vanuit Johannesburg te stuit maardie afgelope maande se geskiedenis kon geeningesetene meer laat twyfel aan die feit datdie vyand binne enkele dae op hul drumpelin Pretoria sou wees nie.

Bowendien was die kmdt genl se beplanningverder in die wiele gery deur pres S. P. J.

Kruger se definitiewe opdrag in die verband.Op 2 Junie 1900 het hy getelegrafeer: 'OmPretoria te beschermen is goed doch zulksmoet ver langs geschieden en maak het dieofficieren en burgers op dit punt zeer duide-lijk ... en waak toch er voor dat die stadnie gebombardeerd worden want in dat gevalwaar moeten de onschuldige vrouwen en kin-deren dan heen?,ll

Teen die aand van 30 Mei was dit allerweebekend dat die regering Pretoria verlaat het

(Foto: Stadsraad, Pretoria)President Kruger en staatsamptenare in sy salonwa waarmee hy na Machadodorp gereis het

en veilig in die wete dat daar nie n gesag-heb'bende liggaam bestaan om orde te hand-haaf nie, het boosdoeners hul kans afgewag.

So het Donderdag 31 Mei 1900 aangebreek:On 'swart' dag in die geskiedenis van Preto-ria. In die nag ;,et plunderaars hul kans waar-geneem en by die regeringsmagasyn en sink-gebou op die hoek van Paul Kruger- en Vi-sagiestrate) ingebreek. Sommige is selfs metdie koms van die daglig nie verdryf nie. Van

27

die nuwe rekrute in die polisiemag wat inder-haas saamgestel is, het juis van hul amp ge-bruik gemaak om aan die kwaad mee teaoen.'"

Allerlei gerugte het die wat daaraan geglo het,paniekbevange gemaak. So was gerugte vandie afbranding van huise wat op lord Robertsse bevel geskied het en ander barbaarse oor-logspraktyke van die vyand van huis tot huisoorgedra - 'n bron van kommer vir menige

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

(Foto: Stadsraad. Pretoria)Plundering van die regeringsmagasyn op die hoek van Paul Kruger- en Visagiestrate

boervrou. Ontstellend was oak 'n gerug datdie 3 000 Britse soldate by Waterval uitge-breek het en (natuurlik vol wraakgedagtes)uit die noorde in aantog is na Pretoria.

Om sake te vererger het die skie/ike besluitvan die regering am soos die Vrystaatse re-gering vaal' die val van Bloemfontein. na 'nveiliger oord te verhuis. bygedra am paniekte verhoog."; Oit was we/iswaar onder om-standighede die verstandigste am betydsvoorsorgmaatreels te tref en te sorg dat dieTransvaalse regering nie in die vyand se han-de val nie. ma;:,r vir die publiek. wat nie oarhierdie stap ingc::a is nie. het dit amper naverraad gelyk. Staatsekretaris Reitz se seun.Oeneys. moes van openlik vyandiggesindebure verneem dat sy vader en die presidentvoet in die wind oeslaan het en dat Pretoriaas ope stad aan die genade van lord Robertsuitgelewer was.1;

Op 31 Mei 1900 het Johannesburg geval. In-tussen het waarnemende kmdt genl L. Bothamet die probleem geworstel hoe am Pretoria

t1flw dtw'IH:J~/. /~14~~,/Z' I ./...7N.:~J

i{L//~ ? d- ..~ ..w-..~-k/ ~ .~.r~ L-. ~

.~k-~4~.~.n-.~~4~~?/.be:.-~-P-iJ ~ -4/.~/~}{;. ad ~ ~ /)~.~ v~-:!~~

. ~ tl."'-' k~~ ".kt ....•.~t..{."

Z'~Cf~a-s::r ~/&-

.«~~~:~ A;.~.~~

.~~ ""- ~~ ~~ /~~~ ~ ~,,- /)... ~-£--

...-e..... crnI.,.~ L--~ t'7.-- •..Lh--V7.R.L<-~5 -'),~ ~ ~';A

~ d.t-, :t'l~ /..t', ~~ ...<; ~.<; "~ ~ L ..,& - /.,477f}/t'~ /!~ ~,,-,.d..~ a... r//::;p!. ~:":c.. :/!-, tf ~P-~ -' £...A'.A1'-.-S "";'_'7: Y<~ ~ . ,,!-<u'J. . -~.~~ ~/ / ,

28

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

(~~'~"~ ~,

JE"~i "2 ;:;::4 ~ ~l'

. ',4~~~~. A.- ~ n--'U<.44' A, ~ ."

~;r..e- ~ C'~ ..

d- f~rr---:r~:0J~. ~ ~<,~J-~u.- ~;P' _~"iU-~4' .~.~'/' .~/?/ .,Y . ~

. .;I~,e-.L/ '''~~'C (.(",---4/ ~

~ .. ~~je~:~u/~~~~,4 ;C;:,~~~~-V-~- /~ ~t,_ lilA" :z.:., .p~~ ,"(-w1/ d .'P4 " /'..to.,?nL/,t- J!d;L Z~ t'-';fM-..;1 J'~ w~.~~ ,h'~ L.~ _~ .:1L1.dv'i~f.-?v /1'l~'> A~~ ~~

'/h~A'k ~.A- ~~ ~'./~j //. ./e-L<A4' ,r:.LL~ .z, ~ ,z'thf ,.YwL

• J' I

~-1~:~ L/~~'.L'.,;o'uh~ '.

~

AA~ /--. . .•... /. 7~dR..- ~~.. k,~ ~ //~~~ ~

~ ~.fl.-- cu?h.r ,'~'~J~~ 7M CZ<-v.)

~ ,n'-e/~'-~""'" .<1,. ~;f 4',~~.~~4.J~. .

Jz~ d..- 4f?'etA.-<.~ ~T' -;l ,J. U'

:J: tZ /:v: \4 //,U/rr2A~ ":"n"7,.., .-Yt:>-rJ - .'

-. .ll!7.V'~ /. ~y~ l/'.4, It._.~ ':-C>#"~"', h--~.;;), . -:t- ~ T

(Foto: Stadsraad, Pretoria)

Vise-president Schalk Burger se laaste opdrag aandie burgemeester van Pretoria gedateer 29 Mei 1900

te beveilig totdat die Britse troepe arriveer.Die finale beslissing oor die lot van diehoofstad het uiteindelik op sy skouers geval,ofskoon hy onder die moeilike omstandighedenie eintlik 'n ander keuse gehad het nadatdie Uitvoerende Raad nie verdedigingsmaat-reels getref het nie. Sonder behoorlike grof-geskut in die forte en terwyl sy burgers reedsorals tekens van oorlogsmoegheid getoon het,het hy ook besluit om Pretoria self nie te ver-dedig nie: 'n antiklimaks vir die vooruitsigtevan menige strydende burger.

Die vyand is egter op strategiese punte tus-sen Johannesburg en Pretoria ingewag. Ledevan 'n krygsraad wat by Irene byeengekom

29

het, was volgens Naude baie verontwaardigoor die feit dat die Uitvoerende Raad nie be-tyds beter voorsorgmaatreels getref het virdie verdediging van Pretoria nie. Inderdaadwas die ondoeltreffende definisie van gesag5-Iyne tussen krygsraad en regering noodlottigin krisistye, soos op die vooraand van die valvan Pretoria wei die geval was.

Die ordeloosheid in Pretoria is aan bande geletoe genl Botha op 2 Junie 1900 die reelings-komitee, welke liggaam hy as te groot enlomp beskou het om sake te hanteer, afge-dank het. Op dieselfde dag het hy 'n prokla-masie uitgereik waarin hy verklaar het dat,aangesien die veglinie nou Pretoria se om-streke bereik het, hy die gebied as binne sygesagsveld beskou.18 Om orde en rus in Pre-toria te verseker, het hy die administrasie op-gedra aan 'n driemankommissie bestaande uitdie plaaslike landdros, die plaaslike veldkornetP. F. Zeerderberg wat op grond van oorlogs-diens intussen tot kommandant bevorder isen Botha se persoonlike sekretaris, C. G. S.Sandberg .

Van die belangrikste take van die kommissiewas om die orde te handhaaf en om manlikeinwoners as wagte snags om die stad op te5tel.19

Genl Botha se handjievol manskappe wasreeds in hulle stellings: genl L. A. S. Lemmerin die koppies oos en noord van die Irene-stasie en langs Sesmylspruit. Langs hom hetgenl De la Rey met ses kanonne Kwagga-poort beset terwyl aan genl S. P. du Toit op-gedra is om by Kalkheuwel en Si.lkaatsneklord Roberts se linkervleuel te beveg.

Op 3 Junie is lord Roberts uit Johannesburgmet die verwagting dat daar vir hom grootteenstand voorle alvorens die sterk gefortifi-seerde Pretoria, hoofstad van die Transvaal,sou val. Van sy stafoffisiere was gekant teensy besluit om Pretoria aan te val aangesienhulle gevoel het dat hulle kommunikasielynete lank en onbeskermd was.20 Lord Robertswouegter munt slaan uit die tydelik gedemo-raliseerde Boeremag en besluit dus om teen-kanting ten spyt, Pretoria aan te val. Hy be-plan 'n direkte aanval met aile beskikbarer.lanskappe en is later heftig gekritiseer oorhierdie skema in die uitvoering waarvan hynie genoeg aandag gegee het aan die ver-owe ring van die spoorlyn oos van Pretoria

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

w o

~e5~ort

~

Spoatl'fr,c..

_

(M.Grant:History

ofthe

war

inSouth

Africa

1899-1902)

Grant

sevoorstelling

vandiegevegteom

Pretoria

soos

deur

skryfster

aangepas

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

nie, want langs die weg is die Boeremagtevinnig ooswaarts ontruim.

Met It genl I. Hamilton in d:e agterhoede asreserwemag, het hy genl J. D. P. French saammet genl maj E. T. H. Hutton op sy linker-vleue! ver wes om Pretoria laat verbytrek metdie opdrag om die spoorlyn na die noorde vanPretoria af te sny.

Ongeveer 1400 uur op 3 Junie bots hierdiemag met die Boere se regtervleuel onder genlS. P. du Toit wat die randjies voor Kalkheuwelbeset het. Die Boere was op hierdie stadiumvan die oorlog al reeds goed onderle in dieBritse nebruik om sodra sy hoofmag teen-stand teenkom, d:e vyand met 'n om-vleuelingsbeweging to probeer insluit. Hierdietaktiek is telkens gefnuik deurdat die Boereby die geleentheid ook weer hulle stellingsvroegtydig verlaat het om maar weer eldersposisie in te neem en sodoende die vyand insy opmars te vertraag. Generaal French wougraag die Welgegunddrif oar die Krokodilri-vier bereik voor donker en nadat die Boereoenskynlik verdwyn het, het 1 Brigade op-drag ontvang am voort te gaan. Die Boere,versteek in 'n digbegroeide kloof, is nie deurdie verkenners ontdek nie. Toe die voorstepatrollies van genl French die kloof binnegaan,het hulle hul vasge!oop in kleingeweervuurwat hul momenteel paniekbevange laat terug-val het. Genl French, wat met sy staf hier aandie front teenwoordig was, het aimal gelasam skuiling te soek. Daarna het 1 BataljonBerede Infanterie onder kol E. A. H. Alderson,gesteun deur twee kanonne en die brigadevan genl maj J. B. B. Dickson, op omliggenderandjies stelling ingeneem on daarin geslaagam die Boere die aand uit hul posisies tedryr.21 Hierdie nag het genl French op dieplaas Kalkheuwel, 30 km suidwes van Pre-toria kamp opgeslaan terwyl genl Du Toit r,ymanskappe onttrek het in die rigting vanl1ustenburg.

Genl French het dus die volgende oggendsander vocrval die Krokodilrivier by Welver-dicnd oorgesteek en beide Kommando- enSilkaatsnekke beset. Op 4 Junie was genlFrench wes teenoor Pretoria opgestel en ge-reed am indien nodig, met sy volle mag diestad uit hierdie rioting aan te val.

Tot dusver het lord Roberts se opmars naPretoria na skedule verloop. Die nag van 3

31

Junie was genl Ian Hamilton, op sy linker-vleuel by Diepsloot, die hoormag met die op-perbevelvoerder se hoofkwartier by Leeukopen die regtervleuel onder brig genl J. R. P.Gordon 10 km verder in die rigting vanOlifantsfontein. Van hier het sy verkennersdie nag vasgestel dat die Hennopsrivier, in-dertyd meer bekend as Sesmylspruit, swakverdedig is. Vroeg op 4 Junie is Gordon sebrigade oos van die Germistonpad op dieaanval. Genl Botha se linkervleuel wat veralgekonsentreer was am Irenestasie, het dieaanval afgeweer en hul posisies behou.22 EI-ders langs die Sesmylspruit was die Iyn eg-ter swak verdedig sodat kol St. G. C. Henrysander ongeval die Wierdabrug oar Sesmyl-spruit kon kruis. Gordon was egter verpligom sy opmars voort te sit langs 'n omwegwant blykbaar het die burgers by Irene in hu\posisies gebly tot die aand. Alvorens hulle '1aPretoria teruggeval het, is die plaaslike spoor-brug opgeblaas.

Intussen is die Britse vloot se 12 ponder-ka-nonne in posisie gebring en artilleriste het,met fort Schanskop voor hulle, die eerstebomme in die rigting van Pretoria afgevuur.Nadat die eerste paar duidelik geen reaksieuit die fort gelok het nie, is daar heeltemalmet reg tot die gevolgtrekking gekom dat diefort onbeset gelaat is. Daarna is die, vir diekanonniers onsigbare, Pretoriastasie gebom-bardeer am te voorkom dat die Boeremagteper trein ontruim word.

Die bomme het oenskynlik nie veel skadeaangerig nie. Staatsprokureur Smuts het metbehulp van 'n kommando 'n ietwat onwilligeban'kbestuurder verplig am die kontant engoudstawe van die Staat aan hom te oor-handig. Tussen bomskerwe deur is die gaudin spoorwegwaens gelaai en ooswaarts ver-send en so is die fondse wat die oorlog nagmaande later moontlik gemaak het, gered.23

Die hoofmag van lord Roberts het oak onge-deerd die Sesmylspruit deurkruis. Toe man-skappe van 18 Brigade egter op die kruin vanSwartkop te voorskyn kom, is hulle onver-wags heftig gebombardeer deur genl De laRey se burgers in die Kwaggaspoort. Met ar-tillerieversterking kon hulle die Boere se ka-none die swye ople sodat dit teen 1300 uurvir lord Roberts gelee was am persoonlik die

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

kop te bestyg om vandaar die geveg verderte hanteer.24

Intussen moes veral die linkervleuel van kolHenry, die Essex regiment, erg deurloop onderkleingeweervuur vanuit die Kwaggapoortrantetotdat It genl C. Tucker se mag gearriveerhet. Laasgenoemde het met verdrag al driebatterye van die Royal Field Artillery ondersy bevel in die veld gestoot teen De la Reyse manne.

Lord Roberts het genl I. Hamilton se reser-wemag wat om 1400 uur via 'n drif op sylinkervleuel die Sesmylspruit deurkruis het,nou ook in die veld gestoot. Die hoe randjieswaarop die Boere verskans was, sou nie son-der groot verliese met 'n infanterie frontaan-val ingeneem kon word nie. Lord Roberts her-haal toe sy beproefde resep en stuur 2 Kaval-lerie Brigade onder bevel van brig genl R. C.Broadwood om die Boeremagte te omvleuel.Die heuwelagtige omgewing tussen Mooiplaasen Schurweberg het die kavallerie egter ver-plig om ver wes by die Schurwebergpas deurte gaan met die gevolg dat hulle eers donkerdie aand 'n posisie agter Kwaggapoort bereik'het.25

Intussen het It kol H. de B. de Lisle 'nsoortgelyke opdrag ontvang. Met sy 2Mounted Infantry Corps, die West Australianen die New South Wales Mounted Rifles, hethy gebroke terrein aangedurf en 'n korterdeurgang gesoek. Sy troepe het by 'n steilnekkie op Mooiplaas oorgegaan wat hulle on-middellik wes van die Kwaggapoortrante ge-bring het. Genl de la Rey se manskappe moesin alleryl terugval sodat hulle 'n Maximkanonmoes agterwee laat. Vlugtende voor die be-rede infanteriste het burgers op die westelikefront Pretoria-Wes binnegegaan sodat koeelsvan hul agtervolgers selfs in die dorp gevalhet.2G Hierna moes die oostelike vleuel ook diewyk neem toe die infanteriste met hul front-aanval slaag.

Om 1645 uur was It kol De Lisle op die heu-wei wes van Pretoria wat sedertdien bekendstaan as Proklamasieheuwel. Hiermee is dieoorlog tot binne die poorte van Pretoria ge-bring. Ofskoon genl L. Botha eers laat dieaand vanaf die front na Pretoria teruggevalhet. was vir aile praktiese doeleindes, die ge-veg om die besit van Pretoria met De Lislese sukses besleg.

32

Oorgawe

n Wes-Australiese offisier It W. W. RussellWatson van Sidney wat onder bevel van De

Lt kol H. de B. de Lisle wat op 4 Junie 1900 opoorgawe van die stad aangedring het

Lisle homself die dag onderskei het, het dievolgende vertel oor wat verder gebeur het:

'Colonel De Lisle came up, beaming withdelight, and said, "Now, lad, you have doneso well, are you fit to take the white flag intothe city and demand the surrender of the cityin the name of lord Roberts and the BritishArmy?" "Rather'" said I. So we tied a hand-kerchief on to a whip, and after saying good-bye to Holmes and the others, I started Jorthe Landdrost of the capital with the whiteflag in the air alone and unarmed.

I had not gone far when I was stopped byan artillery man, so requested him to takeme into town. He did so; but the Landdrost ...,the Burgomaster .... the Commandant-General.were still fighting on the hills about the city.so . . . he conducted me to Commandant-General Botha's private residence.'";

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

"By die huis was Robert Emmett die broer vangeneraal Botha wat nadat hy die offisier ont-vang het, die heer Sandberg geskakel het. Oitwas 'n baie verbaasde Sandberg wat moesverneem. 'Sandjie, hier is 'n AustraEese oHi-sier by ons met 'n boodskap van lordRoberts. Een van ons burgers het hom g!odie pad beduie.'

Sandberg het self 'n moeilike dag of twee ag-ter die rug gehad. Op een stadium het hy be-rig ontvang dat 'n hele kommando besig wasom die regeringsmagasyn te plunder. Vol ver-ontwaardiging het hy die mans wat die kos-voorrade geplunder het, verjaag deur hulledaarop te wys dat daar nog talle vroue enkinders sonder kos in Pretoria sal agterbly.

By die Botha's gekom, het hy dadelik 'nboodskap aan die generaal gestuur.28

uitgesien na die stem van 'n Creusot uit eenvan die forte om Pretoria, om die vyandelikegrofgeskut te beantwoord. Namate die dagten einde gesnel het, het dit vir hulle duidelikgeword dat geen kanonvuur vanuit die fortedie gesag van die Britse artillerie sou betwisnie. In elke fort het slegs een manskap oor-gebly om die fort aan die oorwinnaar af tegee. Vir hulle wat dae agtereenvolgens veg-tend en vlugtend in die rigting van Pretoriateruggeval het. vol moed dat die hoofstad vanTransvaal nie sonder geweldige verliese deurdie vyand beset sou word nie. was dit 'ngroot teleurstelling. J. F. Naude herinner homlater die volgende gewaarwording gedurendedie dag:

'Hier bereikte die moedeloosheid haarhoogste graad. De :zan ging onder enduisternis daalde op Pretoria; alzoo ver-

Spoorbrug by Irene deur die Boeremagte opge'J!aas alvorens hul die gebied moes ontruim.

Intussen het die Boeremagte onder genlBotha by Irene hul posisies sterk verdedig.As die een lidietbom na die ander tussenhulle bars en die geel stofdampe al wat kosen water is bevlek en dus onbruikbaar maak,het hulle van vroeg die oggend al afwagtend

33

dween de laatste vonk van hoop inmenig Burgers hart en daalde de donkeremoedeloosheid daarin neder.'c!J

In Pretoria self kon die inwoners die dag ka-nongebulder en kleingeweervuur aanhoudendhoor. Tot hul ontsteltenis het bomme agter

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

~.

.y.

•(

''-1ijto

~o~.

~.

,LJ.

I.~

$'fi..

c.:'

,~~

l">~

~.".

~•

~t.

~""

1.

~~0

.0

\•

~~

i~1..~1t.~~.

y~0:

.~

Ii~

~J~~~~~J.1~¥JJ~_

~~

jit~

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

.. ------- -- ----L.-C-

--J/. (/? .{~_-'~;J~,/ L£-(..--<., IL~ '~</

_ ..._-----

?-.~~

,J ~_._)/ /~ //';.(/ tvZ-~

. ~~:(-<.A~/ .J~

$?r),t-t~

'.

Q,. ~. .~ __,~~ ~~~~/G'a4

I '~---t!'~/~_<-- ~~~~/~ ~7:'~~ 1- ~ /4.-y~U d~ #~.~.??'~~~'

~~~/tL~~7

(Foto: National Army Museum, Londen)Brief wat deur die burgemeester van Pretoria op 5 Junie 1900 aan lord Roberts in die omgewing van

die Fonteinedal oorhandig is.

Klapperkop en Skanskop naby sommigewoonbuurte geval. Geel lidietstof het die sta-sie geverf terwyl die bewoners agter die forteook by geleentheid onder skoot gekom het.Vir mense soos mevroue genl Joubert enVan Warmelo (Iaasgenoemde op Harmonie,digby Sunnyside) was dit 'n besige dag; 'nlaaste kans om die kommissariaat van veg-tende familielede uit eie haard aan te vul al-vorens die Britse mag enige verdere kontakonmoontlik'maak.

Die krygsgevangenes het weldra ook gewishoe sake staan en die offisiere, vol moed oor'n spoedige vrylating, geweier om hulle telaat verwyder na 'n ander oord.:Hl

Vo/gens die Australiese offisier wat op 4Junie met sy witvlag Pretoria binne gery het,het mev Botha hom op koffie en toebroodjiesgetrakteer gedurende die twee ure wat hy opdie koms van waarnemende kmdt genl Botha

gewag het. Die generaal het dadelik 'n krygs-raad byeen geroep. Ofskoon lord Roberts segeledere reeds aansienlik uitgedun was omdattroepe garnisoendienste langs die spoorwegmoes behartig, kon hy nog ruim 20 000 manin die veld stoot teen Pretoria. Dit was ookgenoeg om die stad mee te beleer met on-sekere gevolge vir die ingeslote Boeremagte.Derhalwe is daar besluit om die Britse Opper-bevelvoerder daarvan te verwittig dat die stadnie verdedig sal word nie en is daar om 'nwapenstilstand gevra ten einde vroue en kin-ders te verwyder. Uiteindelik is Sandberg,vergesel van kmdt Sarel Oosthuizen van dieKrugersdorpkommando, afgevaardig om diebrief aan lord Roberts te oorhandig.

Vergesel van die Australiese offisier, het hulleeers by De Lisle se kamp aangedoen en isvan daar na lord Roberts. Dit was reeds am.per middernag en vir Sandberg onmoontlik

35

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

(Foto: Staatsargief, Pretoria)P. J. Potgieter, burgemeester van Pretoria, 1900

(Foto: Staatsargief, Pretoria)C. G. S. Sandberg, sekretaris van kmdt genl LouisBotha, wal. die laaste drie dae voor die val vanPretoria, lid van die driemanskapbestuur van die

stad was

36

om vas te stel presies waar hulle lord Robertsin sy veerwaentjie die nag aangetref het. Ditwas waarskynlik in die omgewing van die la-tere Roberts Heights (t:lnS Voortrekkerhoog-te) in welke rigting die hoofmag afgetrek hetnadat genl De la Rey sy stellings die middagontruim het.Terwyl genl Botha se brief aan die BritseBevelvoerder oorhandig is vir beantwoordinghet Sandberg en sy r,letgesel hulle verkluim-de Iiggame hierdie winternag verwarm om 'nvuurtjie van die Britse wagte.:J1 Dit was in dievroee oggendure dat genl Botha verneem hetvan Roberts se eis om onvoorwaardelike oor-gawe van die stad. Hy sou Botha 1000 uur dievolgende oggend te woord staan maar dieBoeregeneraal was die mening toegedaan datin lig van lord Roberts se besluit, so 'n by-eenkoms geen doeI kon dien nie. LordRoberts 'het waarskynlik algehele oorgawevan die Transvaalse magte in gedagte gehad,maar die Boereleiers sou nog maande hiernadie Britse besetting van hul gebied betwis.Botha en sy kommando's het die nag Pretoriaontruim en hulle na Eerste Fabrieke begewe.Met die slag van Sesmylspruit het hulle tweeI3ritse manskappe gedood en 25 gewond.""

Dinsdagoggend 5 Junie 1900 is deur die in-gesetenes van Pretoria en omgewing met ge-mengde gevoelens ingewag. Burgers wat hul-Ie nog in die stad bevind het, het inderhaasooswaa~ts uitgewyk. In die Sentrale Gevan-genis in Pretoria waar die Natalse en KaapsesoldClte van die Britse leer gevange gehou is,het die nuus dat lord Roberts se magterondom Pretoria gereed stClan om die stad inte neem, oak rugbaar geword. Weldra washulle op vrye voet en het jillend van blyd-skap die stad ingevaar om sy koms af tewag. Terwyl die burgemeester, P. J. Potgieterna die Fonteinedal vertrek het om die stadformeel aan die Britse leer af te gee, hetSandberg die polisieoffisier, S. H. Van Dig-gelen, gelas om staatsgeboue in die dorp aandie Britte uit te wys."" Hiermee het die drie-daagse bestuur van die stad onder die drie-manskap dan ook tot 'n einde gekom.

Om negeuur die oggend het die hertog vanMarlborough en die joernalis, WinstonChurchill, wat in Desember 1899 u:t dieStaatsmodelskool, waar hy krygsgovangenewas, ontsnap het, by die krygsgevange of-fisiere in die staatsmodelskool opgedllag metdie goeie nuus dat Pretoria geval het. Die vol.

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

"ll ... ~ o ... iii'

.•...•

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

gende dag is die drieduisend verheugde ge-vangenes te Waterval ook daarvan in kennisgestel waarna hulle gou bordjies verhang hetmet die paar wagte wat hulle nog bewaakhet."" Genl De la Rey, wat genl French se op-mars na die noordelike spoorlyn probeer stuithe!, moes uiteindelik voor die getalleoorwigvlug. So was die pad na Pretoria vanuit dienoorde ook gebaan vir die Britse troepe.

Lord Roberts In Pretoria

In hierdie laaste ure a}vorens lord Roberts inPretoria aangekom het, het enkele burgers,soos Sandberg tot oormaat van ramp uitge-vind dat daar in Pretoria nie meer een perd tevinde was nie. Enige dier wat die vorige nagonbewaak moes deurbring, het wei 'n nuweeienaar gevind. Onder diegene wat blykbaarop hierdie wyse vervoer 'opgekommandeer'he!, was Deneys Reitz wat in sy herinnering-skrif sy persoonlike ervarings verhaal."" Sand-

berg het uiteindelik teen 1200 uur die middagop 'n versukkelde dier uit Pretoria ontsnap.Met baie mooipraat en soebat kon hy diedier darem oorreed om hom na Eerste Fabrie-ke te neem waar hy weer by genl Botha aan-gesluit het.

Op Kerkplein en in die omliggende streke hetbelangstellendes en nuuskieriges van vroegaf reeds saamgedrom om ooggetuies te weesvan lord Roberts se aankoms in Pretoria. Hierhet 'n grysaard met bedroefde gelaat gedinkaan 1877 toe sir Theophilus Shepstone metag staatsamptenare an vyf-en-twintig konsta-bels Transvaal geannekseer het; daar het 'nplaaslike handelaar genoeglik geglimlag in sybaard omdat die dorp so sonder slag of stootgeval het: sy groot voorraadskuur nog onge-skonde, wagtend op Tommie se soldy. 'nKlein seuntjie met die vierkleurband om syhoed, draai verontwaardig om as 'n pas be-vryde soldaat die kleure as aandenking opeis;

(Foto: Staatsargief, Pretoria)Nuuskierige inwoners wag die korns van lord Roberts at

38

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za

dit terwyl hy hom vergaap aan die 3000troepe wat na kerkplein marsjeer om lordRoberts se aankoms in die stad op luisterykewyse te laat geskied. Johanna Brandt, ookmet haar vierkleurband, vertel hoedat die Brit.se infanteriste honger en vermoeid langs diestrate neergesak het om te eet of net te rus.'Thank God, the war is over: se een. MejBrandt en baie ander republikeine het andersgevoel oor die saak: 'Tommy Atkins, the warhas just started.':w

Om 1400 uur is alles voor die ou Raadsaal inPretoria in gereedheid gebring. Die UnionJack, spesiaal deur lady Roberts aan haar eg-genoot oorhandig, word op die Raadsaal ge-hys terwyl die orkes 'God save the Queen'speel. Om presies 1420 uur is lord Robertsdeur sy soldate gesalueer.:l7

In Kerkstraat-Wes stap 'n paar ander so/datedie eertydse presidentswoning binne. Metheimwee in die oe en stil gelaat word hulledeur Gezina Kruger ontvang. Woordeloos enmagteloos sien sy toe hoedat hulle op haarprivaatheid inbreuk maak om die interieur vandie huis te fotografeer.:l8 So word onbewuste-lik deurhierdie soldate in beeld vasgele dielaaste grepe uit 'n era in ons geskiedenis watop daardie oomblik verbygegaan het. Na diepresidentswoning sou die Transvaalse presi-dent nooit weer terugkeer nie.

Pretoria het geval.

Verwysings

1. J. Ploeger en H. J. Botha, Die Fortifikasies van Pre-toria, pp 79 en 83. Pretoria, 1968.

2. EVR 559, No. 329 Uitgaande Stukke; De Volkslem, 8 Mei1900.

39

3. EVR 559, Brieweboek. Brief 7/5/1900 van W. J. Fochens,Sekretaris van die Eerste Volksraad aan Os. H. S. Bosman,aan die Staatspresident en aan die Tweede Volksraad; DeVolkslem, 8 Mel 1900.

4. EVR 180. Notule van die Eerste Volksraad, 7 Mei 1900.5. EVR 180: Notule van die Eerste Volksraad, 7 Mei 1900, De

Volkslem, 8 Mei 1900.6. C. G. S. Sandberg, Twintig jaren onder Kruger's Boeren

in voor en tegenspoed, p 309. Amsterdam, 1943; R. H.Kierman, General Smuts, p 31. Londen, 1948.

7. J. Ploeger el ai, op cil, p 78; F. J. du T. Spies, Bladsyeuil die mililere geskiedenis van Preloria. Pretoria 1855-1955, p. 102. Pretoria, 1955.

8. De Volkslem, 15 en 16 Mei 1900.9. De Volkslem, 26 Mei 1900.10. Ibid., 15 Mei 1900.11. LA 681/48, Uitvoerende Raadbesluit Art 86, van 25 Mel

1900.12. SP Engelbrecht, e.a., Eeufees - Album. Pretoria se eerste

eeu in beeld, p 73. Pretoria, 1952; Sandberg op cil, p 310.13. J. F. Naude, Vechten en vluchten van Beyers en Kemp

"B6kant" De Wet. p 108. Rotterdam, 190.14. H. D. J. Bodenstein, Was generaal Botha in 1900 'n ver-

rader? p 65. Pretoria, 1916.15. S. P. Engelbrecht e.a., op cit, p 74; San.oberg, op cil,

p 312.16. Johanna Brandt, Die kapple kommando. p 12. Pretoria,

1913.D. Reitz, Commango, P 109.17. Ibid.18. F. J. du T. Spies, op ell, p 103.19. Sandberg, op cit, p 312.20. L. S. Amery, The Times history of Ihe war in South

Africa 1899-1902,vol IV p 153. Londen, 1906.21. History of the war in South Africa 1899-1902compiled by

direction of His Masjesty's Government, pp 96-97. London,1908.

22. Amery, op cil, p 157; Naude, op cil, p 108.23. Kiernan, op cil, p 31.24. Official History of the War in South Africa 1899-1902,

op cil, p 98; Amery, op cil, p 157.25. Amery, op cil p 157; Official History of the War In South

Africa, op cil, p 101.26. Ibid, p 101; Louis Cresw'cke, South Africa and the Trans-

vaal War, vol V, p 188. Cape Town.27. Ibid, p 189.28. Sandberg, oP. cil, p 315.29. Nauoe, op c'l, plIO.30. Official hislory of the War in South Africa, op cil, p 102.31. Ib:d, p 541.32. Sandberg, op cil, p 318.33. Engelbrechi, e.,a. op cil, p 70; Official history of Ihe war

in South Africa, op ell, p 102.34. Reitz, op' cil, pill; Sandberg, op cit, p 318.35. Brandt, op cil, pp 36-37.36. Engelbrecht, e.a. op cit, p 75; Reitz op cil, p 102.37. Creswicke. op cil, p 190; H. H. Wilson, With the flag to

Pretoria. Vol II, p 673. London 1901.

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 5, Nr 3, 1975. http://scientiamilitaria.journals.ac.za