View
4
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 1
Nuusbrief van Bougainvilla Aftree-oord / Newsletter of Bougainvilla Retirement Village Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020
KEN ONS DIREKTEURE
Johan Coetzee is deel van die Direksie vir die afgelope twee jaar en is tans die Voorsitter van die Direksie.
Wie is hy en waar kom hy vandaan
Gebore en groot geword in Namakwaland op ‘n dorpie met die naam Klawer. Dit was in hoofsaak ‘n spoorwegdorp wat gedien het as middelpunt vir die verspreiding van goedere na die res van
Namakwaland en Noord Kaap.
Vandaar die groot liefde vir stoom lokomotiewe
wat die trekeenhede was vir al die treine.
Skoolgegaan op Klawer en Matriek gemaak
(1959) op Vredendal
Na matriek op ‘n trein geklim en in Pretoria kom werk in die Staatsdiens in ’n finansiële
departement.
Dit was hier wat ek, as ‘n jong man, my groot liefde raakgesien het en ons is
getroud in Desember1963.
Rienie het gedien op verskeie skoolkomitees en ons was ook baie betrokke by die Kerk.
In 1966 is ons dogter Lynette gebore.
Lynette is getroud en ons het oupa en ouma geword van twee pragtige kleinkinders,
Arisca en Rickus.
Die Staatdiens het nie genoeg uitdagings gebied nie en ek het na Krygkor/Denel, die wapenvervaardiger, aanbeweeg.
Die landsbeleid het beperkend ingewerk op wapenaankope, wat groot uitdagings veroorsaak het om die land van
wapens te voorsien.
Hier het ek gevorder tot Groep Finansiële bestuurder van die “Ordnance Group” wat uit 13 Maatskappye bestaan
het.
Dit is met groot dankbaarheid dat ons terugkyk na hierdie tye en besef dat ons deel was van buitengewone
prestasies wat deur Denel en die land behaal was.
Op versoek van ‘n ouditfirma het ek, na aftrede by Denel, gehelp om firmas met probleme weer op die been te kry.
Dit was heerlik om baie jare se ondervinding te kom terugploeg.
Spesifieke liefdes
Stoomlokomotiewe en Familie Navorsing.
Wat is vir my belangrik?
My vrou, kinders en kleinkinders is bo-aan die lys.
Alles wat jy doen, veral teenoor jou medemens,
moet jy doen na die beste van jou vermoë.
Wat Irriteer my?
Ondankbare mense.
Oneerlike mense.
As ek vandag terugkyk na ons lewe, sien ek die oorvloed
seëninge wat ongevraag na ons gekom het.
Alle eer aan ons Hemelse Vader.
____________________ Johan Coetzee
Johan op sy fiets naby hulle
huis in Klawer
Johan en Rienie met hulle dogter Lynette en twee
kleinkinders, Arisca en Rickus
Die Coetzee-paartjie
as jong getroudes
Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 2
HOUVAS MY HAND.
Na ‘n verblyf van meer as vyf jaar in die Kaap
trek ons seun en sy gesin terug Pretoria toe.
Ek en Henri is te verstane baie dankbaar. Des-
te-meer omdat hulle twee skatlike dogtertjies
het. Tot op daardie stadium het ons so baie
van die kleintjies se grootword en
ontwikkeling gemis. Ek vertel hier van twintig
jaar gelede. Daar was geen selfone,
WhatsApps, foto’s, video’s of enig van
vandag se wonderlike tegnologie wat afstand kon krimp, en beeld materiaal vrylik beskikbaar gemaak het
nie. Nog groter was ons vreugde toe hulle een straat verder, om die hoek van ons, ‘n huis koop.
Baie gou het ek en hierdie Engels tweeling (vier jaar oud) mekaar gevind. Solank ek net nie met hulle Afrikaans
gepraat het nie, het hulle graag by my kom kuier as almal by die werk is. Die kinders was gelukkig om ‘n baie betroubare en oulike huishulp, Patricia, te bekom. Aanvanklik as die tweeling na my toe moes kom het sy
saam met hulle gestap tot by my en het ek hulle dan na die kuier weer veilig terug besorg by hulle eie huis.
Net vir gou egter het die tweetjies besluit hulle wil self en alleen na Ouma toe loop. Ons het toe ‘n plan bedink. As Patricia met hulle saam stap tot op die hoek, sal ek by die volgende straat staan en dan kan hulle op hulle
eie na my toe loop. Net so met die teruggaan na hulle eie huis. Ek stap saam tot op die hoek en Patricia wag
voor hulle huis op die sypaadjie vir hulle. Hulle mag dan van my tot by Patricia op hulle eie stap.
Met so ‘n geleentheid word dit toe die tyd vir hulle om huiswaarts te keer. Ek vat een aan elke hand en stap
so oor die straat. Nou is daar so ‘n halwe blok se stap tot by ‘n straat. Matty, die rustige enetjie, stap langs
my, hand aan hand. Maar Carla die rabedoe ruk en pluk om haar handjie los te kry. Ek buk totdat ek haar in
die ogies kan kyk en se sy mag tot op die hoek hardloop maar nie oor die straat gaan nie, op die hoek moet
sy vir my wag. So gesê so gemaak. Sy’s pragtig gehoorsaam en wag op die hoek, terwyl ek en Matty hand
aan hand tot by haar stap. Daar vat ek weer altwee se hande en stap oor die straat. Carla woel weer los en
met dieselfde vermaning om op die hoek van die straat vir my te wag, hardloop sy vooruit. Matty stap egter
dood gelukkig en tevrede aan my hand.
Dan struikel Matty oor die ongelyke sypaadjie. Alhoewel sy my met haar so saamtrek dat ek moes buk sodat
ek nie my greep op haar handjie verloor nie, bly haar handjie stewig in myne. Ek hou vas en sy val nie. Ek
gaan staan stil en help haar totdat sy weer haar ewewig herwin het. Ons stap rustig voort tot waar Carla
ongeduldig op die hoek staan en rondtrippel. Daar onder staan Patricia en wag. Ek gee elkeen ‘n soentjie en drukkie en sê ek is lief vir hulle, en hulle stap veilig huistoe.
Daardie dag het ek besef hoe dit werk as die Here ‘n pad met ons stap. Ons mag struikel, maar ons val nie
want Hy hou ons hand vas. Stewig vas, en kyk dat ons veilig is. Hy is lief vir ons. Hy sorg vir ons, pas ons op
en beskerm ons, Hy gee om vir ons. Elke dag kan ek met vreugde aanpak as ek ‘n pad saam met Hom stap.
Hy (die Here) sal nie toelaat dat jy struikel nie.
Ps 121:3
Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 3
2 3 4 1
This is why we cannot go to the barber shop
It’s so simple to be wise. Just think of something stupid to say and then don’t say it.
Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 4
JPES Engineering Services (Pty) Ltd
Cell: 0660 277 909 (James- sales and
marketing) P.O BOX 908138 - Montana
We do solar installations: Ons doen solar installasies: To lower electricity bills * Om koste op jou krag rekening te bespaar
Backup for load shedding * Rugsteun krag vir wanneer ons beurtkrag het
According to your needs and budget * Volgens jou behoeftes en begroting
We do any make and model of solar * Ons installeer slegs goedgekeurde toerusting
Bougainvilla aftree oord installasie. Eenheid 79
Contact James on: 0660 277 909. Kontak James op: 0660 277 909
Sr. Soreka Oosthuizen is ons nuwe
Oordsuster. Sy neem oor by Sr.
Annesta wat die diens verlaat het.
Soretha, baie welkom en ons
vertrou dat jy baie gelukkig in
Bougainvilla Aftree-Oord sal wees.
Dra asseblief julle maskers en moenie
net sê “ons doen” nie. Ek sien veral
familie wat kom kuier of kos afgee,
sonder maskers loop.
Indien iemand in jou huis moet kom
werk is dit net goeie voorsorg dat jy ook
‘n masker dra al is dit in jou eie blyplek.
Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 5
Testamente
Boedels
Trusts
Persoonlike diens in
die gemak van u
woning.
Bekostigbare
eksekuteursfooie.
Hein Klokov
Praktiserende prokureur (LLB)
Lid van Fiduciary institute of
Southern Africa
Kontakbesonderhede
084 581 8146
012 543 1806
Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 6
Ons SENIOR INWONERS (80 en ouer) wat in Junie agter geslote deure ‘n verjaardag
gevier het. Veels geluk en ons is hoopvol dat die volgende mylpaal ook vir u beskore
sal wees.
Ons wens ons SENIOR INWONERS (80 en ouer) wat in Julie en Augustus verjaar ‘n geseënde jaar toe.
80 EN OUER WAT IN JULIEVERJAAR 80 EN OUER WAT IN AUGUSTUS VERJAAR
Dag Naam Van Eenheid Dag Naam Van Eenheid
2 CHRISTA DU PLOOY 28 3 HETTIE VICTOR 2309
5 FRANCI VAN DER LAAN 5212
4 JURIE LOMBARD 8
9 JENNY VILJOEN 61 7 MARTHA NEL 41
13 STOLLE VAN ZYL 128 8 ERIK VISSER 72
14 AREND ADRIAANSE 145 11 ANDREW VAN DER BERGH 3102
16 HESTER HATTINGH 71 12 MARIE DE VILLIERS 66
16 MIEMIE VAN WYK 244 12 KOOS STRAUSS 179
17 MAGRIETHA VISAGIE 192 14 ELIZE VAN DYK 140
19 HOPPIE VAN JAARSVELDT 160 15 MATTY VAN DEN BERG 11
20 COEN HANEKOM 4113 18 LOUISA VAN ASWEGEN 181
23 CHRISTO LOMBARD 2308 19 WILLEM VAN DER MERWE 5112
23 BETTIE VAN ZYL 1208 19 LOUIS DESPLAND 221
23 LUCAS STOLTZ 1002 20 GERTIA VAN BLOMMESTEIN 1217
24 GEORGE DOMIAN 113 21 DINA VAN JAARSVELDT 160
25 MAGDALENA VAN DER MERWE 138 21 KATHY DE BRUYN 185
25 TINEKE VORSTER 1215 22 MIKE RAUBENHEIMER 303
27 RINA VAN ROOYEN 2009 23 ELIZE CAMPHER 4211
27 MAGDALENA VAN DER WALT 165 26 HUBERT NIEHAUS 5208
28 MIEMS VAN DER WALT 1107 30 PETRUS VAN HEERDEN 21
28 ADRIANA ALBERTS 290 31 PIET LOUW 129
28 ORIEL THERON 4013
29 JOHNNY O'CONNEL 4306
30 HEINZ GIESE 3202
30 GEZINA KAMSTRA 103
30 ENSIE BOTHA 15
31 CHRISTA ALTONA 203
Dag Naam Van Eenheid
Dag Naam Van Eenheid
2 ANNETJIE DU PLESSIS 18 15 BREGGIE LANDMAN 1309
6 RIA GERTZEN 5102 15 HERMANUS VISAGIE 192
7 FRANSIE DE KLERK 69 16 PETRO KOCH 27
7 FREDA BRUYNS 31 16 ANNA STEYN 186
7 IVO PETR 246 16 THYS CORNELIUS 5209
7 KOWIE STRIJDOM 133 19 ETTA VAN COLLER 223
8 PAUL JOUBERT 195 22 ANNIE BOUCH 292
9 THERESA ROSSI 5006 23 KOOS STEYN 167
9 ERIC GELDENHUYS 255 24 PHOEBE WAGENER 1311
11 MARIE STRIMER 258 25 HENNIE CRONJE 112
13 JOHANNES SMITH 9 25 CHRISTINE COETSER 220
13 HANNIE UPTON 3105 27 MARI VAN DEVENTER 3002
14 JOHNNY DE BRUYN 234 29 IDA PRETORIAS 151
29 JACOB CLASSEN 123
Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 7
WHICH ARE YOU
Some members keep a group so strong,
While others just join to belong.
Some dig right in: serve with pride.
Some go along just for the ride.
Some volunteer to do their share,
While some lie back and just don’t care.
Some do their best, some help, some make;
Some do nothing, only take.
Some greet new members with a smile,
And make their coming so worth wile.
While some go on their merry way,
No greeting or kind word to say,
Some help the group to grow and grow,
When asked to help to help they don’t say ‘No’.
Some drag, some pull, some don’t, some do
Consider, which of these are you?
- Author unknown.
BLOKKIESRAAI
1^ ?Oord bestuurder se naam en van
2> Faktotum se naam
3> Kombuis operateur
4> - Oord koerant naam
5> Blonde ontvangsdame
6af- Oord Naam 8af- Familie naam 9> ESkimo se huis 10> Nie vuil 11> Bestuursagent van oord
12> Nie onder 13af- 5 aan voet 14> Dier met horings
15 > - Iemand wat les gee
16af - Simbool vir getroud wees
17^ Loop op spore 18af- Wat jy saai sal jy ……
19> Nie af 20> Dankie
(Antwoorde op bl 8)
DANKIE STOFFEL EN ANNETJIE
Soos met baie van ons, het ons te
veel skilderye saamgebring toe ons
hier ingetrek het. Stoffel en Annetjie
het ‘n aantal skilderye en prente geskenk om van die woonstelle se
gange te vervraai. Indien u dalk
oortollige skilderye het wat u wil
skenk sal ons dit baie waardeer Daar
is nog baie woonstelgange met kaal
mure. Kontak gerus vir Chris Hőll
(Tel 6055)indien u iets wil skenk.
Stoffel staan by die skilderye en prente wat geskenk is.
Bougainvilla Informant Nr. 51 Jul 2020 – Aug 2020 8
BLOKKIESRAAI SE ANTWOORDE
1^ ?Oord bestuurder se naam en van ricus groenewald
2> Faktotum se naam frik 3> Kombuis operateur fedics 4> - Oord koerant naam informant
5> Blonde ontvangsdame dana 6af- Oord Naam bougainvilla
8af- Familie naam van 9> Eskimo se huis iglo 10> Nie vuil skoon 11> Bestuursagent van oord csi 12> Nie onder bo 13af- 5 aan voet toon 14> Dier met horings bok 15 > - Iemand wat les gee leraar 16af - Simbool vir getroud wees ring 17^ Loop op spore trein 18af- Wat jy saai sal jy …… maai 19> Nie af an 20> Dankie ta
IMPORTANT PHONE NUMBERS
NB: For medical emergencies or fire: Use panic button.
Security: 6363 / 1126
Dr. Stephanie Gouws: 012 940 2724
Frail care (Sr. Lea): 7020/1130
Clinic: (Sr. Soreka) 1127
Electrician: (Charl) 082 086 0397
Plumber: (Gerrie) 071 194 2153
Kitchen: 7018/7023/7030
Hair salon: 7019
Beauty salon: 7005
Laundry: 7021
Village manager: 7003
Reception: 9 /7001 /7002 or 012 000 4437
Bougainvilla emergency maintainance: 064 812 0093
Other important numbers:
Ambulance 086 011 2911
Firebrigade 10177 / 012 310 6300
Die menings en kommentaar wat in hierdie
blad verskyn is nie noodwendig diè van die
redaksie, direksie of bestuursagent van
Bougainvilla Aftree-oord nie. Die redaksie
behou die reg voor om bydraes te korrigeer of
te verkort. Nie alle berigte of fotos wat
ontvang word sal noodwendig geplaas word
nie. Sommige mag oorstaan na ‘n volgende uitgawe. Indien die redaksie van mening is dat
‘n bydrae onvanpas is sal die berig nie geplaas
word nie en die outeur sal sodanig in kennis
gestel word. Geen produkte wat in
INFORMANT geadverteer word, word
onderskryf nie. Berigte en artikels kan gestuur
word na Henri Braak #25, Didi en Dana by
ontvangs. E-pos: henribraak@gmail.com.
Die DSTV groep bied goeie waarde vir
geld. O.a. is daar al die sportkanale,
talle nuuskanale, Kyknet, vele
fliekkanale en baie meer.
Vir meer besonderhede kan u die
volgende persone kontak
Jan Buter (Voorsitter) 6042
Susan Van Zyl (Ondervoorsitter) 6127
Aansoekvorms om aan te sluit is by
ontvangs beskikbaar.
Algemene Metrofibre inligting
Aansoekvorms om aan te sluit is by
ontvangs beskikbaar.
Vir meer inligting kan Chris Hőll by
6055 gekontak word.
Metrofibre kan benewens ’n Wifi-
dataverbinding ook ’n telefoon lyn
verskaf maar nie die telefoon self nie.
U kan enige standaard telefoon
gebruik of ‘n telefoon by die kantoor
koop teen R350
BOUGAINVILLA
AFTREE-OORD
DSTV GROEP
BAIE DANKIE
Ons as inwoners van Woonstelblok D sê baie dankie aan
ons blokleier, Elize (5110), vir al haar hulp en bystand, nie
net tydens die grendeltyd nie, maar ten alle tye.
Elize gebruik haar persoonlike tyd, voertuig en brandstof
om op versoek vir ons kruideniersware te gaan aankoop.
Sy sien ook na-ure om na mense wat hulp nodig het,
sorteer kosaflewerings uit wanneer dit nie reg is nie en
vele meer.
Dit word opreg deur ons almal waardeer en ons is
bevoorreg om haar as blokleier, te hê.
Recommended