View
1
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
DIE RONDEBOSSIE
Tel: 021 686 4315 E-pos: ngkrbos@mweb.co.za Besoek ons by: www.ngrondebosch.com
ABSA Claremont, Rek 2870141125 Tak 632005
Maandblad van d ie NG Kerk Rondebosch September 2019
Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.
We are an inclusive family which reaches out to our community
1 Sep
Jeremia 2:4-13
Psalm 81:1, 10-16
Lukas 14:1, 7-14
Hebreërs 13:1-8, 15-16
Ondanks die Here se goedheid en sorg, het die volk weggedraai van Hom af.
Die volk het voorgegee dat hulle die Here dien, maar hul dade getuig dat hulle Hom vergeet het.
Jesus daag die geloofsgemeenskap uit om goed te doen sonder om iets terug te verwag.
Wees ’n gemeenskap van gasvryheid en liefde, doen goed aan jou medemens.
8 Sep
Jeremia 18:1-11
Psalm 139:1-6, 13-18
Lukas 14:25-33
Filemon 1-21
Die Here is net goed vir sy volk, maar hulle lewe net soos hulle wil.
Die feit dat die Here ons sit en opstaan ken is vertroostend en gerusstellend.
Navolgers van Jesus moet bereid wees om alles op die spel te plaas ter wille van gehoorsaamheid aan Hom.
Ontvang, beskou en behandel jou ondergeskiktes as medegelowiges.
15 Sep
Jeremia 4:11-12, 22-28
Psalm 14
Lukas 15:1-10
1 Timoteus 1:12-17
Die volk tree dwaas op, hulle luister nie. Hulle sal die effek van hul ongehoorsaamheid in die natuur sien.
Wees tog gehoorsaam, moenie so goddeloos optree nie. Dis dwaas!
Wie sy lewe verander en doen wat die Here wil, is belangriker as baie ander wat dink dis nie nodig nie.
Lewe in toewyding en gehoorsaamheid aan die Here.
22 Sep
Jeremia 8:18-9:1
Psalm 79:1-9
Lukas 16:1-13
1 Timoteus 2:1-7
Die Here is bedroef oor sy volk en ly saam met hulle.
Die volk beroep hulle op God se on5erming, want hulle is in die moeilikheid.
Werk so met jou besi6ngs dat ander ook daaruit voordeel kan put.
God sluit niemand uit nie, moet dus niemand behandel asof hul uitgesluit is nie.
29 Sep
Jeremia 32:1-3a, 6-15
Psalm 91:1-6, 14-16
Lukas 16:19-31
1 Timoteus 6:6-19
Daar sal weer ’n tyd kom dat dit beter sal gaan.
Die Here beskerm ons van gevare omdat Hy ons lief het.
Moenie dink dat – indien jy swaar kry op aarde – dit noodwendig ook so sal wees in die lewe hier-na nie.
Wees tevrede met wat jy het en volg Jesus getrou na.
HARTSAFDRUKKE
Voor die era van fotostaatmasjiene en ander modern tegniese hulpmid-
dels, was daar ‘n onmisbare hulpmiddel wat allerdaags gebruik was, nl.
DEURSLAGPAPIER. Dit word tans steeds in sekere gevalle, soos in
kwitansieboeke, gebruik.
Maar dit bly steeds iets wat onaangenaam is om mee te werk:
* dit smeer maklik af aan jou;
* dit kreukel, dit kleef vas;
* dit is selfs moeilik om mee te werk,
* maar die afdrukke is onuitwisbaar!
Sit dit tussen twee velle wit papier en skryf bo-op, dan kom alles in
duplikaat uit. Mooiste van alles is, niks kom deur op die onderste vel
behalwe dit wat jy self bo-op skryf nie.
Wat deurkom is JOU skrif, JOU tekens.
So skryf ek en jy ook elke dag in die boek van ons lewe.
Ons lewe kreukel maklik en is soms moeilik om te hanteer.
Maar steeds bly ons afdrukke onuitwisbaar.
Wat ons skrywe, net wat ons SELF skrywe-niks meer en niks minder
nie, word geregistreer op die onderste vel: DIE HIERNAMAALS by
GOD.
Ek skrywe, jy skrywe, die lewe registreer … God lees hierdie skrif.
Mag ons lewe so geskryf word dat ons eendag onbeskaamd voor die Reg-
terstoel van God kan staan.
“Help my, Here, om vandag waar ek ook al gaan , HARTSAFDRUKKE
te laat, afdrukke van regverdigheid en deernis, van begrip en liefde, van
barmhartigheid en vriendelikheid”
Mag dit wat ek skryf, ‘n hart aanraak en ‘n afdruk van U liefde laat.
Geskryf deur: James Horne
Bo is drie van die “groot
kanonne” wat teen
duwelspiek uitgestap het vanaf
Rhodes Gedenkteken.
Regs: (Vlnr)
Pieter Janse van Rensburg,
Gerrit van der Merwe,
Grant Duddy en
ds Jan Momsen..sommer nog
heel aan die begin van die
roete.
Op 3 Augustus gaan stap
vier manne Duiwelspiek uit
via Rhodes Gedenkteken se
roete. Hulle beleef mooi
uitsigte en stuur vir ons ‘n
paar baie mooi foto’s van
wat hulle gesien en beleef
het. Ek wou hierdie keer
meer foto’s plaas as
skryf...so stap ons wat nie op
die berg was nie...saam!
Links: Bertus en Betsie
Brand het onlangs by Huis
Lückhoff ingetrek en
hulle lidmaatskap oor-
gedra na ons gemeente.
Hulle het verhuis vanaf
Strand en is familie van
Ansie van den Heever.
Baie welkom julle!
Links: Stella de Kock is nie ‘n nuwe
gesig onder ons Huis Lückhoff -lidmate
nie. Sy is eintlik lankal deel van ons ge-
meente, maar sy het hierdie maand lid-
maat geword van ons gemeente, toe ons
haar lidmaatskap van Bellville-Uitsig
gemeente af oorgeplaas het.
Welkom Stella!
Regs: Driekie en Jan Linde is ook
nuwe gesigte by Huis Piet du Toit.
Hulle verhuis vanaf Vishoek na
Rosebank en plaas hulle lidmaatskap
oor na ons gemeente.
Baie welkom julle!
Indien jy ‘n nuwe intrekker is of van
iemand weet wat graag deel wil word van
ons gemeente, skakel gerus die kerkkan-
toor. Dit is baie lekker om nuwe gesigte
welkom te heet.
AUGUSTUS IS ROSEDON HUIS-MAAND
Ons wil graag elkeen bedank wat bygedra het vir Rosedon Huis. Ons het die volgende ontvang:
Seep 12 Roll-on 9 Waslappe 12
Sop 1 Sout 1 Rys 1
Blikkies 29 Tee 2 Melk 1
T/Borsels 2 Ingelegde vrugte 2
Sopmengsel, lensies en kekerertjies 7
Bo: sluit ons die Rosedon Huis-maand af met NAGMAAL en nooi dr Johan ons Rosedon-lidmate om by die tafel aan te sit. Ons neem ook ‘n deuroffer van R505.40 op.
Baie dankie vir julle omgee en bydra vir hierdie lidmate.
Ons neem afskeid
Ek weet ons het reeds
‘n gedeelte geplaas
oor die afsterwe van
Petro Johanna Swart,
maar ons wou graag die
kinders van tannie
Corrie Shrönen (tannie
Petro se enigste oorbly-
wende suster) bedank
dat hulle haar na tannie
Petro se roudiens
gebring het. Dit was ‘n
mooi nagedagtenis.
Nagmaal by
Grosvenor Square
Van ons gemeentelede besoek een keer ’n maand die lidmate van Grosvenor Square. Van tyd tot tyd bedien dr Johan nagmaal aan almal wat die geleentheid bywoon.
Skakel gerus die kerkkantoor indien jy hierdie geleentheid wil bywoon. Dit neem slegs ‘n uur van jou tyd, een keer ‘n maand om ‘n verskil te maak.
Anna Van Wyk 09/04
Vic Proctor 09/05
Betsie Rabbolini 09/08
Paula Marais 09/10
Karen Bagnall 09/11
Marie Coetzee 09/11
Irine Wucherpfennig 09/11
Thelma Raath 09/12
Rosemary Steenkamp 09/12
Stefan Weitz 09/12
Doreen Kalamdien 09/13
Charlotte Janse V Rensburg 09/16
Eden Russell 09/16
Juanita Du Plessis 09/17
Maatjie Greeff 09/19
Philip Geldenhuys 09/20
André Swart 09/20
Babette Van der Linde 09/22
Elizabeth Kluge 09/23
Ena Regenstein 09/23
Coert Snyman 09/23
Stella De Kock 09/24
Adrian Richter 09/27
Maria Opperman 09/28
Leeza Theron 09/28
Maggie Swart 09/29
Brink Nelson 09/30
Dit is amper tyd vir Taizé
2019. Help ons om dit ‘n
wonderlike ondervinding
te maak vir dié wat van
ver af kom. Daar is nog ‘n
laaste kans om jou huis
oop te maak...
Recommended