View
7
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
Die Gees van
Afsondering
Ru’ag HaKodesh
`dqh jwr
dja hwhy Wnyhla hwhy lar`y [m`
Sh'ma Yisra'el Yahuah Eloheinu
Yahuah eghad.
Luister, Yisra'el, hwhy is ons God;
hwhy is een
Yog 7:37 Op die laaste groot dag (Hoshana
Rabbah) van die fees, het Yeshua opgestaan
en verklaar: “As iemand dors het, laat hom
na My toe kom en drink! 38 Elkeen wat in
My vertrou, soos die Skrif sê: ‘Riviere van
lewende water sal uit sy binneste vloei’.” 39
Dit het Hy gesê van die Gees, waarvoor dié
wat in Hom vertrou, voorberei word om
Hom te ontvang, want die Gees was nog nie
gegee nie omdat Yeshua nog nie opgelig en
vereer is nie.
1. Outoriteit
2. Krag, vermoë en wysheid om
taak te doen
3. Lewe
Yeg 37:8 Ek het gekyk en let op, daar was
senings aan hulle, vlees het gegroei en ’n vel
het hulle bedek, maar daar was geen gees in
hulle nie. 9 Toe sê Hy vir my: “Profeteer tot
die asem, profeteer, seun van ’n mens en sê
vir die asem: ‘So sê hwhy-God: “Kom vanuit
die vier windstreke, o asem en blaas in
hierdie dooies in sodat hulle lewendig kan
word.”’” 10 Ek het geprofeteer soos Hy my
beveel het en die gees het in hulle ingekom
en hulle het lewendig geword en op hulle
voete gestaan; ’n uitermate groot leër! ....
14 Ek sal My Gees in julle plaas en julle sal
lewe en Ek sal julle in jul eie land sit; dan
sal julle weet dat Ek, hwhy, gepraat en dit
gedoen het,” verklaar hwhy.’”
Tanakh (OT)
Sporadiese werking
Yeg 3:24 Die Gees het in my ingekom en my op
my voete laat staan en Hy het met my gepraat
en vir my gesê: “Gaan, sluit jouself toe in jou
huis.
Deur Outoriteit
Deur Profeet
Deur Priester
Nuwe Verbond
Dit is voorspelYo’el 2:28
Yeshua het hulle herinner - Hand 1:8.
Op Shau’ot vervul – Hand 2:16,17
16 hiérdie is wat deur die profeet Yo’el gesê is: 17 ‘Dit sal
gedoen word in die laaste dae, sê God: Ek sal My Gees
uitstort op alle mense en julle seuns en julle dogters sal
profeteer en julle jongmense sal visioene sien en julle
oumense sal drome droom Inlywing van ‘n nuwe tydperk
waar die Gees vryelik werk deur die Kind van God.
Deur die liggaam
Deur die individu
Dit is ‘n opdrag - Mat 10:7
Ons kan vra daarvoor - Mat 7:7-11
- Luk 11:11-13
Dit sal lewe bring – Yog 7:38-39
I. Die Inwoning van die Gees.
Die Gees is betrokke by en werk die
wedergeboorte in ‘n person se gees.
Niemand kan kind van God wees sonder die
inwoning van die Gees en die Gees neem net
inwoning in Kinders van God. Yog 14:16,17
en is reeds besig om baie in die persoon se
lewe te doen. Hy oortuig en werk herstel en
vertroue en doen die volgende:
1. Verlig sy verstand. Efe 4:12,23
2. Woon in hom. I Kor 6:19
3. Troos. Hand 9:31
4. Leiding Yog 16:13
5. Sonder hom af Rom 15:16
6. Gee ‘n boodskap I Kor 2:13
7. Gee rigting Hand 13:2
8. Help in swakheid Rom 8:26
9. Stop om foute te maak. Hand 16:6,7
10. Wys altyd na Yeshua. Yog 16:13-14
11. Oortuig van sonde Yog 16:7-11
12. Rus toe vir diens Efe 4:12
13. Gee versekering van geloof Rom 8:16
Sonder die Gees van God kan
niemand die dinge van die Gees van
God aanvaar nie. I Kor 2:14
Hy gee net die Gees aan hulle wat
gehoorsaam is. Hand 5:32
Hand 9:31
Hierna het die gemeentes deur die hele
Y’hudah, die Galil en Shomron vrede,
gesondheid, voorspoed en
vergenoegdheid gehad en is opgebou.
Hulle het voortgegaan in die
respekvolle vrees van hwhy en het
gegroei in die ondersteuning van die
Gees van Afsondering.
Dit is net vir Sy kinders.
Yog 14:17
Hy is die Gees van die Waarheid, wat
die wêreld nie kan ontvang nie
omdat dit Hom nie gesien het of
Hom geken het nie, maar julle ken
Hom omdat Hy by julle bly en in
julle is.
Hand 2:38-39
38 Shim’on sê vir hulle: “Draai weg van
julle sondes na God toe en laat elkeen
van julle gedoop word in die Outoriteiten Karakter van hwhy-Yeshua, tot
bevryding van sondes sodat julle die
geskenk van die Gees van Afsondering
kan ontvang,
Gal 4:6
6 maar omdat julle kinders is, het God
die Gees van Sy Seun in julle verstand,
wil en emosie gestuur, wat uitroep tot
die Vader: “Ons Vader!”
Die selfde Gees wat Yeshua uit die dood uit
opgewek het, is die Gees wat in Sy
kinders is. Efe 1:19
Al die kinders van God wys nie hierdie
hierdie krag of die oorwinning wat
Yeshua behaal het deur die kruis nie.
Hoekom is daar ‘n verskil in die lewens en
vrugte van die kinders van God as hulle
almal dieselfde Gees het?
Ek glo dit is omdat die Gees teenwoordig is
in hulle gees, maar nie vrygestel is in
hulle wil, verstand en emosie of hulle
liggame nie. Dit is soos ‘n pot met ‘n
deksel op. Die deksel moet afgehaal word
vir die inhoud om oor te loop. Dit kan net
vrygestel word wanneer die persoon
bereid is om alle beheer oor te gee.
Dit gebeur by die aanvanklike vervulling
met die Gees – ook genoem die doop met
die Gees van Afsondering.
Die Natuur van die mens
(Soma)
(Psyche)
(Pneuma)
2. Natural
1. Physical
Sight
SmellSound
Taste
Touch
I Cor 3:14
I Cor 8:1
Faith, Hope, Worship, Love
Intelect
Will
Emotion
Reason
Concience Imagination
I Thess 5:23 Heb 4:12
Die Doel en rede hoekom ons
die Gees ontvang.
• Efe 4:10 Die Een wat afgekom het, is dieselfde Een wat opgegaan
het ver bo al die hemele sodat Hy alles kon herstel 11 en Hy het
sommige as afgevaardigdes, sommige as profete, sommige as
boodskappers van die goeie boodskap en sommige as herders en
sommige as leermeesters gegee, 12 om die afgesonderdes volledig
te maak vir hulle dade in die bediening tot opbouing van die
liggaam van Die Gesalfde Een 13 totdat ons almal een sal wees in
vertroue en in kennis van die Seun van God, een man, tot die mate
van die volgroeidheid van Die Gesalfde Een. 14 Ons sal ook nie
meer kinders wees wat geskud word en gepla word deur elke wind
van lering nie; deur die bedrog van mense, wat deur slinksheid
beplan om te mislei nie, 15 maar ons is standvastig in liefde en dat
alles waarmee ons besig is, mag vermeerder in Die Gesalfde Een,
wat die Hoof is 16 en vanuit Hom is die hele liggaam
inmekaargepas en een gemaak by elke ligament, volgens die gawe
wat elke ledemaat na mate ontvang het, vir die groei van Sy
liggaam sodat Sy gebou in liefde voltooi kan word.
17 Dit sê ek en getuig ek in hwhy dat julle van nou af nie
langer moet leef soos die ander van ander nasies, wat
leef in die leegheid van hulle denke, nie.
23 Julle moet die gees van julle denke voortdurend
vernuwe 24 en die nuwe mens aantrek wat in God, in
onpartydige opregtheid en in die reinheid van die
waarheid geskape is.
Dit gaan alles oor die herstel
van die Koninkryk
Yeg 36:27
Ek sal My Gees in julle sit en julle
in My instellings laat loop en julle
sal versigtig wees om My wette na
te kom.
Yog 14:26
sal julle alles leer en julle herinner
aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Yog 16:12,13 maar wanneer Hy,
die Gees van die Waarheid, gekom
het, sal Hy julle in die hele
waarheid lei, want Hy sal nie uit
Homself praat nie, maar alles wat
Hy hoor, sal Hy sê en die toekoms
aan julle openbaar.
Efe 4 Die 5 areas van dienswerk
• 11 - sommige
– Afgevaardigdes = Eerste grond oopbreek
– Profete = Beskerm en gee rigting aan.
– Verkondiger / Boodskapper = Om uit
– te reik en te dien in liefde.
– Leermeesters = Vir groei en opbou.
– Herders = Om die kudde te voed en
– voor te loop in leiding.
• 12 om (Rede)
– Volledig te maak vir hulle dade in die
bediening
– Tot opbouing van die liggaam van Die Gesalfde
Een
– 13 Een sal wees in vertroue en in kennis van
die Seun van God,
– Nie meer kinders wees
• Wat geskud word
• Gepla word deur elke wind van lering nie
• Die bedrog van mense, wat deur slinksheid
beplan om te mislei nie,
– 15 standvastig in liefde
– alles waarmee ons besig is, mag vermeerder
– Die Gesalfde Een, wat die Hoof is
– 16 hele liggaam inmekaargepas en een
– volgens die gawe wat elke ledemaat na mate
ontvang het
– vir die groei van Sy liggaam
• Wat anders is - gevolge
– 17 nie langer moet leef soos die ander
van ander nasies nie
– 23 Julle moet die gees van julle denke
voortdurend vernuwe
– 24 en die nuwe mens aantrek
• wat in God,
• in onpartydige opregtheid
• in die reinheid van die waarheid
geskape is.
Begeer net dit wat deel is van die Koninkryk
Mat 6:31 Julle moet daarom nie bekommerd weesen vra: ‘Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of watsal ons aantrek nie,’ 32 want dit is die ander nasieswat konsentreer op al hierdie dinge. Julle hemelseVader weet dat julle ook al hierdie dinge nodig het, 33 maar soek eerste die Koninkryk van God en Syonpartydige opregtheid en al hierdie dinge sal ookvir julle bygesit word.
Dit is moeilik as ek in beheer is.
1 Yog 5:18 Ons weet dat elkeen wat vanuit God
gebore is, nie sondig nie, maar Hy wat vanuit
God gebore is, beskerm sy lewe en die Bose een
raak nie aan hom nie.
Y’hu 1:18 wat vir julle gesê het: ‘In die laaste
tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie
begeertes agter boosheid aangaan.’ 19 Dit is
hulle wat die natuurlike mens uitlig, want die
Gees is nie by hulle nie. 20 Julle egter, vir wie
ons lief is, wees bemoedig in julle afgesonderde
vertroue van bo af deur die Gees van
Afsondering terwyl julle bid.
Rom 9:1 Ek praat die waarheid in eenheid met
Die Gesalfde Een en ek lieg nie; my gewete getuig
vir my in eenheid met die Gees van Afsondering
Rom 14:17 want die Koninkryk van God is nie
eet en drink nie, maar onpartydige opregtheid,
vrede, gesondheid, voorspoed, vergenoegdheid en
vreugde in die Gees van Afsondering, 18 want
wie ook al Die Gesalfde Een hierin dien, is
pragtig voor God en goedgekeur voor die mense.
19 Laat ons nou vrede en mekaar se opbouing
najaag
Rom 15:13 Die God van hoop sal julle vol maak met alle
blydskap, vrede, gesondheid, voorspoed en
vergenoegdheid deur die vertroue sodat julle oorvloedig
kan wees in Sy versekerde verwagting deur die krag
van die Gees van Afsondering! 14 Ek is ook, my broers,
oortuig van julle, dat julle self ook vol is van wat goed is
en vol van alle kennis, in staat om ook ander te leer.
1 Kor 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel
van die Gees van Afsondering is, wat in julle bly, wat
julle van God gekry het, nie? Julle behoort nie aan
julleself nie, 20 want julle is gekoop vir ’n prys. Bring
daarom eer, lof en aanbidding aan God in julle liggaam
en in julle gees wat aan God behoort.
1 Kor 12:11 Al hierdie dinge doen die een Gees
en deel uit aan elkeen soos Hy wil, 12 want net
soos die liggaam een is en baie ledemate het,
maar al die dele van die liggaam, al is hulle baie,
een liggaam is; so ook met Die Gesalfde Een, 13
want ons is ook almal deur een Gees gedoop tot
een liggaam, of ons Jode of Arameërs, slawe of
vrymanne is en ons is almal van een Gees gegee
om te drink, 14 want ook die liggaam is nie een
ledemaat nie, maar baie.
Tit 3:4 maar toe Sy sagtheid en die liefdevolle goedheid
van God, ons Lewegewer, openbaar is, 5 het Hy ons
Lewe gegee; nie op grond van die dade van
onpartydige opregtheid, wat ons gedoen het nie, maar
deur Sy eie liefde, deur die wassing van die geboorte
wat van bo af is en deur die vernuwing van die Gees
van Afsondering;
Efe 5:8 want julle was eers duisternis, maar nou is julle
lig in eenheid met ons Meester. Leef daarom soos
kinders van die Lig, 9 want die vrug van die Lig
bestaan in alle goedheid, onpartydige opregtheid en
waarheid. 10 Onderskei wat voor ons Meester
aanvaarbaar is
Die vrugte van die Gees is nie
sporadies of ‘n keuse of net aan
sekeres nie
- Die Skrif is duidelik – as jy nie
vrug dra nie word jy uitgekap.
Gal 5:22 Die vrugte van die Gees is liefde,
blydskap, vrede, geduld, sagte omgee, goedheid,
vertroue, 23 nederigheid en selfbeheersing.
Teen sulke dinge is geen wet in plek nie, 24
maar dié wat aan Die Gesalfde Een behoort, het
die menslike natuur met al sy passies en
begeertes gekruisig. 25 Ons moet daarom in die
Gees leef en aan die Gees oorgee 26 en laat ons
nie sonder lof en eer wees nie; mekaar slegmaak
en jaloers wees op mekaar nie.
Die Gawes
Die Gawes van die Gees het niks tedoen met persoonlike ambisie of
beroepskeuse nie. Hulle is niegegee om individuele reputasie tebou – hoër posisie in die plaaslike
gemeente te gee of om jougeestelike groei uit te beeld nie.
Hulle is nie trofeë nie, maar gereedskap (middele) om ander se
lewens aan te raak en te sëen.
Die algemene leer is dat jy ‘n gaweontvang en dit is altyd joune en jy
funksioneer net daarin.
Dit is die gawe van die Gees.
Wanneer nodig binne ‘n gegewe tyden situasie sal die gawe deur joufunksioneer wat nodig is vir die
Koninkryk van God om opgelig teword.
Sy Gees wil deur mense beweeg, maar sommige is nie gereed en
mis die geleenthede.
Teologie en leringe staan in die pad om te erken dat Vader in en deur
elkeen werk en nie net sekerekaraktertrekke en spesiale mense
nie.
Die Gawes
1 Kor 12; Rom 12 en Efe 4
1. Afgevaardigde – Om vry te wees om te gaan - Sendelinge.
2. Profeet – Verklaar die wil van God – waarsku, maar nooitin vrees.
3. Boodskapper – Bring die goeie nuus van Yeshua aanongelowiges.
4. Leermeester – Om gelowiges te leer sodat hulle kanverstaan
5. Herder – Sorg vir en lei mense
6. Onderskeiding – Onderskei die waarheid van die leuen en valse.
7. Kennis – Om bonatuurlike kennis te hê oor ‘n saak of aangeleentheid wat nie geleer is nie.
8. Wysheid – Insig in kennis / soos God dit sien
9. Vertroue – Te alle tye vir wat nodig is – sonder om te sien.
10. Dienskneg – Om ander eerste te plaas
11. Onderskraging – Om die 2de myl saam te loop
12. Gee – Sonder om terug te hou
13. Omgee – Dra die las saam met iemand – passie vir die behoeftige
14. Leierskap – Om voor te loop en te staan – nie baasspelerig of oorheersend = voorbeeld
15. Administrasie – Organiseer en orden dinge
16. Raadgewer – Roep tot aksie / adviseer
17. Genesing – Verskillend deur vertroue
18. Wonderwerke – Kragtige vertoon van God se krag bo die normale
19. Tale – Ongeleerde aardse taal – Hemelse taal vir persoon of gemeente met vertaling.
20. Vertaling van tale – Bevestiging van Boodskap
Die gawes van die Gees is nie trofëe,
talente, jobs of speelgoed nie. Die
gawes van die Gees is Vader se
bonatuurlike uitdrukking van liefde,
omgee, sagtheid, genesing en lewe wat
op ons uitgestort word.
Ons Vader wil saam met ons in die koel van die
aandwind loop soos saam met Adam in die begin;
vir dit om te gebeur, moet ons getrou wees om ons
deel te doen. Ons moet voortgaan om te werk aan
eenheid in die vertroue om ons voor te berei vir
wat kom. Om van een gedagte en Gees te wees
was die getuienis van die afgevaardigdes voordat
hulle gevul is met die Gees by Shavu’ot; dit moet
ook ons getuienis wees. Maf Vader jou sëen soos
wat jy ywerig soek na Hom en die eenheid van
vertroue.
Waarskuwing!!
Satan sal nie gelukkig wees nie. – verwag
aanvalle om jou Vrede, Vreugde en Blydskap
te steel. Hy sal twyfel bring, maar weerstaan
dit in die Naam van Yeshua. Jy weet jy het die
outoriteit.
God se Gees sal aan jou dinge uitwys wat nie
reg is in jou lewe nie – Gee toe aan die Gees so
gou moontlik.
Recommended