View
304
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
DIE BETROKKENHEID VAN DIE
NG KERK BY DIE STRYD TEEN
ARMOEDE, WERKLOOSHEID EN
MAATSKAPLIKE ONGEREGTIGHEID
Navorsingsprojek vir die
Algemene Sinode van die NG Kerk
Julie 2013
Uitgevoer deur: Hugenote Kollege
Finale navorsingsverslag opgestel deur: Dr M.A. van der Westhuizen
| i
INHOUDSOPGAWE
Hoofstuk 1: Agtergrond tot die navorsingstudie en die navorsingsmetodologie
Bl
1.1 Inleiding 1
1.2 Agtergrondinligting 1
1.3 Navorsingsvraag 8
1.4 Navorsingsdoel en –doelstellings 8
1.5 Die navorsingsmetodologie 10
1.6 Geldigheid van die data 15
1.7 Etiese aspekte wat as vertrekpunte gebruik is 16
1.8 Leemtes in die studie 16
1.9 Slotsom 17
Hoofstuk 2: Literatuurstudie en die konseptualisering en operasionalisering van sleutelbegrippe
2.1 Inleiding 18
2.2 Menslike behoeftes 18
2.3 Armoede 24
2.4 Werkloosheid 30
2.5 Maatskaplike ongeregtigheid 32
2.6 Slotsom 36
Hoofstuk 3: Navorsingsbevindinge
3.1 Inleiding 37
3.2 Navorsingsbevindinge 38
3.2.1 Bevindinge met betrekking tot die profiel van respondente en deelnemende gemeentes 38
3.2.2 Bevindinge met betrekking tot die bestryding van armoede 49
3.2.3 Bevindinge met betrekking tot die bestryding van werkloosheid 57
3.2.4 Bevindinge met betrekking tot die bevordering van maatskaplike geregtigheid 63
3.2.5 Bevindinge rakende stremminge wat ervaar word tydens dienslewering en aspekte wat bydra
tot dienslewering
82
3.2.6 Voorbeelde van suksesvolle dienste 89
3.3 Slotsom 93
Hoofstuk 4: Gevolgtrekkings en aanbevelings
4.1 Inleiding 94
4.2 Gevolgtrekkings vanuit die beskrywing van die data 95
4.2.1 Gevolgtrekkings rakende die profiel van die respondente en deelnemende gemeentes 95
4.2.2 Gevolgtrekkings met betrekking tot die bestryding van armoede 97
4.2.3 Gevolgtrekkings met betrekking tot die bestryding van werkloosheid 101
4.2.4 Gevolgtrekkings met betrekking tot die bevordering van maatskaplike geregtigheid 103
4.2.5 Gevolgtrekkings rakende stremminge wat ervaar word tydens dienslewering en aspekte wat
tot dienslewering bydra
107
4.2.6 Gevolgtrekkings vanuit voorbeelde van suksesvolle dienste 108
4.3 Aanbevelings vir riglyne aan gemeentes 110
4.3.1 Riglyne rakende gemeentes se betrokkenheid 110
4.3.2 Riglyne rakende die kerk se publieke getuienis ten opsigte armoede en maatskaplike
ongeregtigheid
111
4.4 Aanbevelings vir verdere navorsing 115
4.5 Slotsom 115
Bronnelys 116
Aanhangsel A: Vraelys 121
| ii
Lys van tabelle Bl
Tabel 1: Wanvoeding onder Suid Afrikaanse kinders 2
Tabel 2: Operasionele elemente identifiseerbaar in Maslow se hiërargie 23
Tabel 3: Operasionele elemente van fundamentele menslike behoeftes 23
Tabel 4: Operasionele elemente van universele menslike behoeftes 24
Tabel 5: Fokusareas in gemeenskapsontwikkeling 27
Tabel 6: Afrika-gebaseerde benaderings van volhoubare gemeenskapsontwikkeling om armoede
te bestry
27
Tabel 7: Armoedeverligting en armoedebekampingsteorieë 28
Tabel 8: Strategieë vir die aanspreek van verskillende oorsaaklike faktore van armoede 30
Tabel 9: Intervensieraamwerk vir die aanspreek van werkloosheid en die ontwikkeling van
ekonomiese onafhanklikheid
31
Tabel 10: Operasionele elemente vir die ontwikkeling van maatskaplike geregtigheid 36
Tabel 11: Statistiese beskrywing van lewering van dienste wat fokus op beskerming teen
elemente in die aanspreek van menslike behoeftes
50
Tabel 12: Statistiese beskrywing van aktiwiteite wat fokus op psigo-sosiale beginsels 52
Tabel 13: Organisasies waarmee vennootskappe aangegaan is 53
Tabel 14: Statistiese beskrywing van die toepassing van samewerking as ‘n benadering in
dienslewering
54
Tabel 15: Die aanmoediging van vertroue in die medemens, die kerk en in eiewaarde 56
Tabel 16: Statistiese beskrywing van die aanbied van persoonlike ontwikkelingsprogramme 59
Tabel 17: Statistiese beskrywing van die benutting van programme wat op entrepeneurskap
fokus
60
Tabel 18: Aspekte van maatskaplike geregtigheid wat by ontvangers van dienste bevorder word 69
Tabel 19: Riglyne aan die hand van die bevindinge 112
Lys van figure Bl
Figuur 1: Maslow (1954) se hiërargie van menslike behoeftes 20
Figuur 2: Universele menslike behoeftes volgens Hertnon (2005) se teorie 22
Figuur 3: Vlakke van burgerskap 35
Figuur 4: Amp/rol in die gemeente 39
Figuur 5: Tydperk in die betrokke amp/rol in die gemeente 40
Figuur 6: Ouderdomverspreiding 41
Figuur 7: Geslag van respondente 41
Figuur 8: Ligging van die gemeente 42
Figuur 9: Sinodale area 43
Figuur 10: Aantal lidmate 44
Figuur 11: Persone wat baat vind by dienste en aktiwiteite 45
Figuur 12: Toegang tot kundigheid/dienste 48
Figuur 13: Verspreiding van voedselvoorsieningsprojekte in die aanspreek van menslike
behoeftes
50
Figuur 14: Verspreiding van projekte met die fokus op beskerming teen elemente in die
aanspreek van menslike behoeftes
51
Figuur 15: Aktiwiteite wat fokus psigo-sosiale beginsels 52
Figuur 16: Verspreiding van gedeelde hulpbronne, kennis en vaardighede 55
| iii
Figuur 17: Verspreiding van die aanbied van persoonlike ontwikkelingsprogramme 58
Figuur 18: Verspreiding van korttermyn inkomste ondersteuning 60
Figuur 19: Verspreiding van die benutting van bewusmakinggeleenthede 64
Figuur 20: Verspreiding van die benutting van mobiliseringsgeleenthede 65
Figuur 21: Verspreiding van skakelingsmoontlikhede met hulpbronne 66
Figuur 22: Verspreiding van aktiwiteite wat fokus op die ontwikkeling van moraliteit 67
Figuur 23: Verspreiding van aktiwiteite wat op die bemeestering van lewensvaardighede fokus 68
| 1
DIE BETROKKENHEID VAN DIE NG KERK BY DIE STRYD TEEN
ARMOEDE, WERKLOOSHEID EN MAATSKAPLIKE ONGEREGTIGHEID
Hoofstuk 1
Agtergrond tot die navorsingstudie en die navorsingsmetodologie
1.1 Inleiding
Hierdie navorsingstudie fokus op ‘n voorlopige verkenning van die aard en omvang van die NG
Kerk se betrokkenheid by die bestryding van armoede, werkloosheid en maatskaplike
ongeregtigheid. In hierdie hoofstuk word die agtergrond van die studie aan die hand van ‘n
beskrywing van die sleutelbegrippe bespreek. Dit word aangevul deur ‘n bespreking van die
relevansie van die studie in terme van die Suider-Afrikaanse konteks en die kerk se behoefte om ‘n
aktiewe rolspeler in die bestryding van armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid te
wees om sodoende by te dra tot ‘n effektief-funksionerende Suider-Afrikaanse samelewing. Daarna
word die navorsingsvraag en -doel, sowel as die navorsingsmetodologie waarvolgens die studie
uitgevoer is, beskryf.
1.2 Agtergrondinligting
Konseptualisering van die begrip “armoede” bly ‘n uitdaging. Alhoewel armoede primêr verwys
na onvoldoende toegang tot materiële bates, kan dit ook verwys na gebrekkige toegang tot nie-
materiële bates soos hulpbronne en/of geleenthede (The Measurement of Poverty in South Africa
Project: Key Issues, 2007:10; Witskrif vir Maatskaplike Welsyn, 1997:1). Die interaksie tussen
armoede aan bates (materiële gebrek), kwesbaarheid in terme van werkloosheid en die
blootstelling aan ongelyke maatskaplike magsbasisse moet ook in ag geneem word (Du Toit,
2005:4). Nie alle persone wat aan armoede blootgestel word, word vanselfsprekend slagoffers
daarvan nie. Die kwesbaarheid van individue word enersyds bepaal deur die persoon se unieke
reaksie op ‘n gebrek aan bates, hulpbronne en/of geleenthede. Andersyds word kwesbaarheid ook
bepaal deur die mens se vermoë om met veerkragtigheid te kan reageer wanneer hy/sy probleme
ervaar. Persone wat kwesbaar is weens gebrekkige toegang tot nie-materiële bronne en
geleenthede maar wat oor veerkragtigheid beskik behoort, met behulp van maatskaplike
ondersteuning, armoede te kan hanteer en dit te bowe kom. Die kerk is een van ‘n groep
rolspelers wat hierdie ondersteunings- en hulpverleningsfunksie aanpak (The Measurement of
Poverty in South Africa Project: Key Issues, 2007:11).
| 2
Die Millennium Ontwikkelingsdoelstellings (MOD), soos uiteengesit in die Ontwikkelingsprogram
van die Verenigde Nasies, stel as eerste doelstelling die uitwissing van armoede en honger. In
aansluiting hierby en in ooreenstemming met die beskrywing van armoede hierbo, verwoord die
Mediumtermyn Strategiese Raamwerk van die Suid-Afrikaanse regering die volgende mikpunte:
werkskepping,
die ontwikkeling van maatskaplike infrastruktuur,
die versterking van vaardigheide en
die ontwikkeling en mobilisering van menslike hulpbronne (Millenium Develpment Goals,
Country Report 2010:17).
Laasgenoemde verslag dui aan dat die aantal Suid-Afrikaners wat onder die broodlyn leef, tussen
2000 en 2006 afgeneem het van 28,5% tot 24,8% (Millenium Development Goals, Country Report
2010:29). Du Toit (2005:5) argumenteer egter dat die algemene situasie rondom armoede nie na
wense verbeter nie. Die skrywer verwys na die sogenaamde twee-ekonomieë-debat en president
Zuma se standpunt dat baie mense in Suid-Afrika “vasgevang” word in ‘n Derde Wêreldekonomie,
terwyl hulle langs ‘n Eerste Wêreldekonomie ‘n bestaan probeer voer. Ten spyte van bovermelde
afname in persone wat onder die broodlyn leef, het die aantal ondervoede kinders in Suid-Afrika
toegeneem van 9.3% in 1994 tot 10.2% in 2005 (Millenium Develpment Goals, Country Report
2010:25). Ter illustrasie van die reikwydte van armoede binne die Suid-Afrikaanse samelewing
word die voorkoms van wanvoeding by kinders in die verskillende provinsies in die tabel hieronder
uiteengesit.
Tabel 1: Wanvoeding onder Suid-Afrikaanse kinders (Millenium Develpment Goals, Country
report 2010:32)
Provinsies
Wes-
Kaap
Oos-
Kaap
Noord-
Kaap
Vrystaat KwaZulu
Natal
Noordwes Gauteng Mpumalanga Limpopo
Stat
istiek
(%)
3.8
8.1 9.8 5.1 13.3 9.4 6 5.4 4.4
Ten einde die kompleksiteit van armoede te akkommodeer, behoort ‘n onderskeid getref te word
tussen armoedeverligting, armoedevermindering en die uitwissing van armoede. Armoedeverligting
fokus op noodmaatreëls om die simptome van armoede te verlig (byvoorbeeld deur te verseker
| 3
dat wanvoeding onder kinders bekamp word deur skoolvoedingsprogramme). Een van die Suid-
Afrikaanse strategieë om armoede te verlig, is die verskaffing van maatskaplike toelaes. Steele
(2006:86) meld egter dat, alhoewel maatskaplike toelaes as ‘n noodmaatreël wel armoede verlig,
dit nie armoede verminder nie. Armoedevermindering, aan die ander kant, fokus op volhoubare
strategieë om die aantal mense wat onder armoede gebuk gaan te verminder. Die uitwissing van
armoede is die ideaal waarna daar gestreef word (The Measurement of Poverty in South Africa
Project: Key Issues, 2007:14).
Die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn (1997:1) verwys na armoede en werkloosheid as twee
toonaangewende en verbandhoudende kwessies wat die algemene welsyn van die Suid-Afrikaanse
samelewing beïnvloed. Statistiek Suid-Afrika (2011) beraam dat 4.4 miljoen Suid-Afrikaners
werkloos is. Hiervan is 2.5 miljoen (56.8%) mense tussen die ouderdomme van 18 en 24 wat nie
besig is om te studeer of opleiding te ontvang nie (Paton, 2010:33). Alhoewel die Suid-Afrikaanse
Grondwet (Wet 108 van 1996) nie spesifiek na ‘n persoon se reg op ‘n spesifieke vlak van
inkomste of reg op indiensneming verwys nie, word verskeie menseregte deur armoede geraak. So
byvoorbeeld benadeel werkloosheid die persoon (en veral die kind) se reg op behuising,
genoegsame kos en water, gesondheidsorg en opvoeding. Van die nege geïdentifiseerde kwessies
wat volgens die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030 (NOP) 2030 dringend aandag moet geniet,
word werkloosheid as prioriteit genoem (Nasionale Ontwikkelingsplan 2030, 2011:15).
Maatskaplike geregtigheid verwys na die “ideale toestand waarin alle lede van ‘n samelewing
dieselfde basiese regte, sekuriteit, geleenthede, verpligtinge en maatskaplike voordele het” (Nuwe
Woordeboek vir Maatskaplike Werk, 1995:37). In terme van maatskaplike ongeregtigheid
binne die konteks van armoede en werkloosheid, verwys Schenck (2001:10) na die begrip
“minimumloon” wat deur regerings vasgestel word om te voorkom dat, indien ‘n persoon wél
werk bekom, hy/sy uitgebuit word. Die skrywer meld egter dat, alhoewel die bedoeling van hierdie
beginsel op maatskaplike geregtigheid gerig is, dit nie die kwessie van ‘n “lewensloon” insluit nie.
Laasgenoemde begrip verwys na dit wat die persoon in sy/haar konteks nodig het om in sy/haar en
sy/haar afhanklikes se basiese behoeftes te voorsien.
Met die voorafgaande beskrywing van armoede in terme van materiële en nie-materiële behoeftes
(byvoorbeeld toegang tot dienste en bronne) as uitgangspunt, postuleer Handmaker en Remko
(2010:x) dat maatskaplike geregtigheid in die Suid-Afrikaanse samelewing ernstig ondermyn word
deur maatskaplike ongelykhede in terme van toegang tot basiese hulpverlening en maatskaplike
dienste. Die skrywers meld dat burgerlike aksiegroepe en rolspelers (waaronder die kerk) op
verskillende vlakke poog om maatskaplike geregtigheid te laat geskied aan veral die armstes van die
armes. Die skrywers is voorts van mening dat burgerlike groepe ‘n potensieel noodsaaklike rol in
| 4
die realisering van maatskaplike geregtigheid vervul deur middel van verskeie innoverende
praktyke. In terme van diensverskaffing (as ‘n poging om maatskaplike geregtigheid aan te spreek)
verwys Morton (2012:59) na die rol van die kerk in die versorging van siek persone wat nie
mediese sorg kan bekostig of bereik nie. Die fokus van hierdie dienste is hoofsaaklik gemik op die
deurgee van inligting, om persone geestelik te begelei om ingeligte besluite te kan neem en om sin
uit die lewe en omstandighede te kan maak.
Wanneer daar dus gekyk word na die rol van die kerk in die bestryding van armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid, word die klem geplaas op:
aktiewe deelname van diensontvangers tydens alle fases en prosesse van dienslewering,
vennootskappe met die staat, nie-regerings- en ander Christelik-gebaseerde organisasies en
die ontwikkeling van volhoubare omgewings (Witskrif vir Maatskaplike Welsyn, 1997:3).
Die NOP 2030 (Nasionale Ontwikkelingsplan, 2011:14,22) beklemtoon deurgaans dat, benewens
prosesse met formele rolspelers, die insluiting en deelname van en samewerking met die publiek
van die uiterste belang is ten einde die nasionale visie te vervul. Du Toit (2005:13) meld dat die
wyse waarop hierdie rolspelers in interaksie met mekaar tree, sowel as met mense wat onder
armoede gebuk gaan, ‘n kompliserende faktor is. Die skrywer argumenteer dat die klem steeds op
die “ryk versorger versus die arm afhanklike” val. Aan die anderkant sukkel diensverskaffers
dikwels self om genoegsame bronne te bekom om dienste effektief te kan lewer (Du Toit,
2005:14).
Bogenoemde aspekte word deur Burger en Mhlobo (2003:6) beklemtoon as deel van die kerk se
betrokkenheid by dienste. Die skrywers identifiseer die volgende ses bakens vir dienslewering
deur die kerk aan Suider-Afrikaanse gemeenskappe:
1. Bemagtiging
2. Evangelisasie
3. Die kerk se inname van standpunte in die hantering van teologiese kwessies
4. Nakom van maatskaplike verantwoordelikheid (byvoorbeeld die bestryding van armoede)
5. Opbou en instandhouding van ekumeniese verhoudings
6. Administrasie van dienste, bronne en bates (verantwoordbaarheid)
| 5
Bemagtiging van persone en die nakom van maatskaplike verantwoordelikheid word beskou as
sleutelbegrippe in terme van die kerk se rol in die bestryding van maatskaplike kwessies
waaronder armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid. Met verwysing na besluite
geneem tydens ‘n kerkkonferensie rakende armoede in Bloemfontein in 2000, word die
noodsaaklikheid van die herstel van die teologiese balans (praxis) tussen geestelike en maatskaplike
aksies beklemtoon. Kommunikasie tussen kerke en die uitbou van kapasiteit binne gemeentes
moet dus aandag geniet (Burger en Mhlobo, 2003:6). Cilliers (2007:2-3) bou voort op die
bogenoemde beskrywing van die rol van die kerk en verwys na die “sewe bybelse reuse” na
aanleiding van Dawid wat vir Goliat aangedurf het. Die sewe maatskaplike reuse wat in 2003 deur
SACLA (South African Christian Leadership Association) geïdentifiseer is, is:
MIV en VIGS,
Misdaad en korrupsie,
Geweld,
Armoede,
Werkloosheid,
Seksisme en rassisme en
Die krisis binne die Suider-Afrikaanse gesin.
Soortgelyk identifiseer die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn (1997:39-57) verskeie kwesbare
groepe wat aanklank vind by die bogemelde sewe fokusareas. Hierdie kwesbare groepe sluit in:
Gesinne, jeug, kinders, bejaarde persone, vroue, persone met gestremdhede en persone met
spesiale behoeftes (insluitend verslawing en chroniese siektes).
As ‘n praktiese voorbeeld bespreek Pienaar (2012:11) dienste deur die Anglikaanse Diakonale
Dienste in Zambië wat fokus op die kerk se rol in die nastreef van die Millennium
Ontwikkelingsdoelstellings. Hier bestry die kerk byvoorbeeld armoede deur die ontwikkeling van
programme wat gemeenskappe help om onafhanklik te funksioneer en in hul eie basiese behoeftes
te voorsien.
‘n Uitdaging wat rolspelers soos die kerk in die gesig staar, is die feit dat die eiesoortige aard van
verhoudings tussen burgerlike groepe (waaronder die kerk sou kon val), sakesektor en die staat
dikwels meebring dat dienslewering belemmer word (Gabriel, 2012:5). Daar ontstaan dikwels
verwarring oor “wie verantwoordelik is vir wat”. Mowzer (2012:27) verwys na die belangrikheid
| 6
van ‘n geïntegreerde poging om armoede suksesvol aan te spreek en beklemtoon die waarde van
‘n samewerkingsooreenkoms tussen die staat, maatskaplike diensverskaffers (waaronder die kerk
sou val), sakesektor en unies. Solidariteit en samewerking tussen alle rolspelers is volgens Mowzer
(2012:27) ‘n voorvereiste vir geslaagde, volhoubare inisiatiewe. Dit is dus belangrik dat die kerk, as
‘n rolspeler, spesifiek moet kan antwoord “wat” gedoen word om armoede, werkloosheid en
maatskaplike ongeregtigheid te bestry. Die waarde van verantwoordbaarheid lê daarin dat die kerk
as gespreksvennoot erken kan word en dus ‘n “maatskaplike stem” en “advokaat” word vir
persone wat onder armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid gebuk gaan.
Bogenoemde beskrywings fokus op die maatskaplike kwessies van armoede, werkloosheid en
maatskaplike ongeregtigheid binne die konteks van die kerk as ‘n rolspeler in die bestryding
hiervan. In aansluiting hierby is hierdie studie voorts gegrond op die volgende behoeftes vanuit die
NG Kerk:
Die Algemene Sinode van die NG Kerk het in 2011 kommer uitgespreek oor die voortdurende
hoë vlakke van armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid binne die Suider-Afrikaanse
samelewing. Terselfdertyd het die Algemene Sinode erkenning verleen aan die talle projekte op die
terrein van armoedebestryding en maatskaplike ontwikkeling waarby die kerk reeds betrokke is.
Die Sinode het ook besluit dat volgehoue pogings om armoede te bestry ‘n prioriteit op die kerk
se agenda behoort te wees. Die Sinode het versoek dat daar as ‘n saak van dringendheid riglyne
aan gemeentes, ringe en sinodes beskikbaar gestel moet word oor wyses waarop die kerk
voortaan by die bestryding van die drie gemelde kwessies betrokke kan bly.
Dit is bekend dat die NG Kerk nog altyd ‘n sensitiwiteit vir die nood van lidmate en
medelandsburgers gehad het. Sedert die veertigerjare van die vorige eeu het dié kerk, in
vennootskap met die staat, omvangryke maatskaplike welsynsdienste ontwikkel. Die stryd teen
armoede en die gevolge daarvan was deurgaans een van die prioriteitsareas van die dienste.
Statutêre vereistes het mettertyd daartoe gelei dat hierdie maatskaplike welsynsdienste in
selfstandige kerklike welsynsorganisasies georganiseer is wat hoofsaaklik binne die sinodale gebiede
funksioneer. Gedurende die afgelope paar jaar het die onderskeie organisasies hulleself in die
Kerklike Maatskaplike Diensteraad (KMDR) georganiseer. Die doel van die KMDR is geformuleer
as: Om die gemeenskaplike belange van die sinodale diensorganisasies te bevorder.
Die ontwikkeling van sinodaal-georganiseerde maatskaplike diensorganisasies het egter meegebring
dat daar ‘n skeiding ontstaan het tussen die professionele maatskaplike dienste waarby die kerk
betrokke was en die diakonale aksies van gemeentes. In die NG Kerk word die selfstandigheid en
| 7
selfbeskikkingsreg van gemeentes besonder hoog geag. ‘n Uitvloeisel hiervan is dat gemeentes
onder geen verpligting staan om die kerkverband (ringe, sinodes en die Algemene Sinode) in te lig
oor die diakonale aksies wat hulle uitvoer nie. Die gevolg hiervan is dat die NG Kerk as
denominasie nie in staat is om op omvattende wyse rekenskap te gee oor die aard en omvang van
die kerk se betrokkenheid by die bestryding van armoede, werkloosheid en maatskaplike
ongeregtigheid nie. Die kerk kan tans hoogstens (met die hulp van die KMDR) ‘n oorsig oor die
professionele maatskaplike dienslewering van die onderskeie sinodale maatskaplike
diensorganisasies gee. Hierdie gebrek aan ‘n omvattende databasis oor die kerk se diakonale
betrokkenheid by die stryd teen armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid bring mee
dat die kerk nie die impak van sy/haar betrokkenheid by armoedebekamping op gesaghebbende
wyse kan evalueer nie. Hierdie leemte belemmer ook die kerk se openbare getuienis oor die stryd
teen die gemelde kwessies. ‘n Verdere gevolg is dat dit moeilik sou wees om gepaste riglyne vir
gemeentes, ringe en sinodes te ontwikkel, gewoon omdat nóg leemtes nóg bestaande dienste tans
omvattend genoeg geidentifiseer kan word.
In die lig van bogenoemde behoefte het die Moderamen van die Algemene Sinode (ASM) besluit
om navorsing te onderneem ten einde die aard en omvang van die NG Kerk se betrokkenheid by
die bestryding van armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid te dokumenteer.
Hiermee hoop die ASM om ‘n databasis daar te stel wat verdere navorsing kan stimuleer en
terselfdertyd gemeentes kan inlig oor moontlike en effektiewe projekte en programme wat in die
stryd teen armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid aangewend kan word.
Samevattend berus die rasionaal vir die studie dus op
die feit dat armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid steeds (ten spyte van
omvattende wetgewing en beleid) ‘n akute kwelpunt binne die Suider-Afrikaanse
samelewing bly,
die onmiskenbare verband tussen armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid
en die kerk,
die relevansie van die kerk as ‘n rolspeler en vennoot in die aanspreek van die gemelde
kwessies en
die behoefte aan ‘n databasis oor die kerk se bestaande aksies wat die gemelde knelpunte
aanspreek.
| 8
Hierdie fokus word ook deur Du Toit (2005:24-25) beklemtoon as ‘n aspek wat verder nagevors
moet word, met spesifieke klem op hoe maatskaplike kapitaal benut kan word om armoede aan te
spreek sowel as om verhoudings tussen gemeenskappe te bevorder.
Met die bogemelde inligting as vertrekpunt is die navorsingsvraag, -doel en –doelstellings
geformuleer.
1.3 Navorsingsvraag
Die formulering van ‘n navorsingsvraag verleen fokus aan die navorsingsprojek deurdat dit
duidelikheid gee oor die “wat” (aspekte wat ondersoek word), “wie” (instansie/groep/individue
wat ondersoek word) en die “hoe” (met watter navorsingsmetode) die ondersoek gedoen sal
word (Maree en Van der Westhuizen, 2007:29). Vir die doeleindes van hierdie betrokke
navorsingsprojek is hierdie aspekte in die volgende navorsingsvraag geïnkorporeer:
Wat is die aard en omvang van aktiwiteite en dienste van die NG Kerk om armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse samelewing te
bestry?
Die navorsingsdoel en –doelstellings is vervolgens geformuleer ten einde die bogemelde
navorsingsvraag te kon beantwoord.
1.4 Navorsingsdoel en –doelstellings
Die navorsingsdoel sluit aan by die fokus van die navorsingsvraag. In terme van die “wat” wat
nagevors gaan word, omskryf die doel duidelik die afbakening van die onderwerp en, waar
moontlik, ook die “wie” wat ondersoek sal word. Die beskrywing van die proses, “hoe” die
navorsing gedoen sal word, verwys na die verkennende, beskrywende, verduidelikende en/of
evaluerende aard van die studie (Rubin en Babbie, 2005:123-126). ‘n Verdere aspek wat binne die
doelformulering aandag moet geniet is die bydrae wat sodanige studie tot die wetenskap en/of
praktyk sal maak (Kreuger en Neuman, 2006:23). Die doel van die hierdie betrokke studie, ten
einde bogenoemde navorsingsvraag te kan beantwoord en binne die vermelde teoretiese
raamwerk, is –
Om die aard en omvang van aktiwiteite en dienste van die NG Kerk wat armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse samelewing bestry te
| 9
verken en beskryf en die Algemene Sinode van riglyne te voorsien waarvolgens gemeentes,
ringe en sinodes
o toegerus word om ‘n verdere bydrae ten opsigte van die stryd teen armoede,
werkloosheid en die bevordering van maatskaplike geregtigheid te kan maak en
o ‘n maatskaplike stem en advokaatrol te ontwikkel wat op die bestryding van
armoede en werkloosheid en die daarstelling van maatskaplike geregtigheid fokus.
Ten einde hierdie einddoel te kon bereik en die navorsingsvraag te kon beantwoord, is
navorsingdoelstellings (stappe) identifiseer waarvolgens die navorsingstudie binne ‘n
wetenskaplik korrekte raamwerk uitgevoer kon word. Hierdie doelstellings kan dus beskou word
as die operasionalisering van die navorsingsdoel. Die doelstellings vir hierdie studie is om –
‘n Literatuurstudie te doen oor relevante sleutelbegrippe verwant aan armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid, ten einde ‘n vraelys te kan saamstel;
‘n Vraelys te ontwikkel om dienste van die NG Kerk wat armoede, werkloosheid en
maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse samelewing bestry te verken;
‘n Populasie te identifiseer en steekproefneming te doen;
Kwantitatiewe data in te samel wat die gemelde dienste van die NG Kerk verken;
Die ingesamelde kwantitatiewe data statisties te analiseer;
‘n Statistiese beskrywing te gee van die omvang van dienste deur die NG Kerk wat
armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse
samelewing bestry;
Kwalitatiewe vrae by die vraelys in te sluit, ten einde dienste en programme wat nie in die
vraelys genoem word nie te kan identifiseer, asook om beste praktyke, en stremminge en
sterkpunte wat ervaar word te kan identifiseer en beskryf;
‘n Kwalitatiewe beskrywing te gee rakende die aard van dienste en programme, bestaande
beste praktyke en stremminge en sterkpunte wat ervaar word en
Gevolgtrekkings en aanbevelings te maak vir voorlegging aan die Algemene Sinode van die
NG Kerk.
Die navorsingsmetodologie wat gevolg is om hierdie doelstellings te kon bereik word vervolgens
beskryf.
| 10
1.5 Die navorsingsmetodologie
Ten einde die navorsingsvraag te kon beantwoord en die navorsingsdoel te kon bereik, is die
volgende benaderings, ontwerpe, metodes en tegnieke binne die raamwerk van die wetenskaplike
navorsingsproses benut (Maree en Van der Westhuizen, 2007:34).
1.5.1 Die navorsingsbenadering
Flick (2006:141) onderskei soos volg tussen die kwantitatiewe en die kwalitatiewe
navorsingsbenaderings:
Die kwantitatiewe navorsingsbenadering verskaf ‘n gestruktureerde plan waarvolgens die
steekproef geneem word, data ingesamel en ge-analiseer word. ‘n Verdere kenmerk van
hierdie benadering is dat data statisties beskryf word. Die kwantitatiewe navorser kies
gevolglik een navorsingsontwerp wat struktuur aan die navorsingsproses sal verleen.
Die kwalitatiewe navorsingsbenadering, aan die ander kant, verskaf ‘n raamwerk
waarvolgens die navorser die deelnemers identifiseer, data insamel en analiseer. Die proses
wat gevolg word is minder gestruktureerd en kan aangepas word namate die
navorsingsproses vorder. Data is daarop gemik om die “storie” van die deelnemers te
ontdek en word dus in woorde beskryf.
Die benutting van die kwantitatiewe navorsingsbenadering vir hierdie studie word om die
volgende redes voorgestel: Die verkenning en beskrywing van die huidige aard en omvang van
dienste deur die NGK Kerk om armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid in die
Suider-Afrikaanse samelewing aan te spreek is gebaseer op –
Die objektiewe insameling van data,
Die numeriese aard van data,
Die benutting van ‘n groot genoeg steekproef (wat beide die eksterne en interne geldigheid
van die bevindinge sal verhoog) en
Die statistiese beskrywing van data ten einde ‘n verteenwoordigende geheelbeeld van die
aard van die navorsingsonderwerp te verskaf (Maree en Pietersen, 2007:145)
| 11
Alhoewel die kwantitatiewe navorsingsbenadering as primêre benadering benut word, is
kwalitatiewe vrae (dit wil sê “oop vrae”) ook ingesluit om die aard van beste praktyke en
stremminge wat ervaar word vanuit die respondente se perspektief te kan beskryf.
1.5.2 Die navorsingsontwerp
Vir die doeleindes van hierdie studie en binne die kwantitatiewe raamwerk, is ‘n nie-
eksperimentele navorsingsontwerp benut. Hierdie ontwerp is veral geskik vir beskrywende
navorsingstudies (Maree en Pietersen, 2007:152). Die spesifieke eienskappe wat ‘n gestruktureerde
raamwerk vir die uitvoering van hierdie studie verskaf het, is as volg:
Geen manipulasie van veranderlikes vind plaas nie;
‘n Opname word deur middel van ‘n vraelys, wat gefundeer word op ‘n literatuurstudie,
gedoen;
Data word by ‘n steekproef ingesamel wat verteenwoordigend is van die geïdentifiseerde
populasie;
Die data word opgesom en beskryf deur middel van persentasies en frekwensies en
Gevolgtrekkings word gemaak wat na die populasie veralgemeen kan word (Leedy en
Ormrod, 2005:183-184).
1.5.3 Die populasie en steekproefneming
‘n Populasie in ‘n navorsingstudie verwys na die individue, groepe of objekte wat spesifieke
karaktereienskappe het wat met die navorsingsonderwerp verband hou (Gravetter en Forzano,
2003:465). Ten einde die dienste van die NG Kerk wat armoede, werkloosheid en maatskaplike
ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse samelewing aanspreek te verken en beskryf, is die volgende
populasie as geskik vir hierdie studie beskou:
Alle gemeentes verbonde aan die Algemene Sinode van die NG Kerk
Alhoewel dit teoreties moontlik is om die totale populasie te identifiseer, te kontak en te betrek
by die navorsingstudie maak koste- en tydbeperkinge dit ‘n besonder moeilike taak (Yates,
2004:25). Om hierdie rede word ‘n verteenwoordigende steekproef getrek, wat sal verseker dat
die data verteenwoordigend van die totale populasie is (Marlow, 2005:136). Monnette, Sullivan en
DeJong (2005:134) beveel aan dat navorsers wat kwantitatief te werk gaan, van die
| 12
waarskynlikheid steekproefnemingsmetode gebruik maak omdat al die elemente van die
populasie ‘n gelyke kans tot deelname sal hê, wat die verteenwoordige aard van die steekproef sal
verseker.
Die gestratifiseerde toevalige steekproefnemingstegniek is gekies om die
steekproefneming in hierdie studie te doen. Hierdie tegniek behels die volgende proses, wat
tydens hierdie studie gevolg is:
1. Die populasie is geïdentifiseer deurdat die Algemene Sinode versoek is om die navorsers
van relevante besonderhede oor alle gemeentes en kontakpersone te voorsien.
2. Die populasie is in verskillende groepe/subgroepe (stratums) verdeel in terme van
geografiese streke om te verseker dat alle provinsies, stedelike en plattelandse areas
ingesluit sou word
3. Elke stratum is vervolgens benut vir die seleksie van die steekproef
4. ‘n Proporsionele steekproef is getrek om verder te verseker dat elke subgroep
proporsioneel verteenwoordig is (Grinnell en Unrau, 2005:160).
Die kriteria vir insluiting in die steekproef vanuit die populasie van gemeentes is soos volg
geformuleer:
Die streke wat as strata geïdentifiseer is:
Plattelandse gemeentes: ’n Gemeente wat in ’n dorp geleë is wat so groot is dat daar twee
tot vier NG leraars werksaam is (ongeag die aantal gemeentes). Dit sluit ook klein
plattelandse gemeentes in: ’n Gemeente wat op ’n klein dorpie/gemeenskap geleë is waar
daar net een leraar is.
Stedelike gemeentes (groot dorp en voorstedelike gemeentes): ’n Gemeente wat geleë is in ’n
dorp met meer as vier NG leraars, ongeag die aantal gemeentes. ’n Gemeente in ’n
voorstad geleë wat woonhuise, meenthuise en woonstelle insluit. Dit kan ook kleinhoewes
insluit.
Die sinodes waaruit die strata geïdentifiseer is:
Wes-Kaap
Oos-Kaap
Noord-Kaap
| 13
Natal
Vrystaat
Wes-Transvaal
Noordelike provinsie
Hoëveld
Oostelike provinsie
Namibië
Die steekproefgrootte is bepalend vir die geldigheid van die studie. ‘n Groot populasie sal ‘n
kleiner persentasie van respondente benodig, terwyl ‘n kleiner populasie ‘n groter persentasie van
respondente benodig (Strydom, 2011:225). Die populasie het bestaan uit 1160 NG Kerk
gemeentes. ‘n 25% steekproefgrootte is benut. Die terugvoering persentasie is 36.6% (70
respondente, sien asseblief ook die afdeling waar leemtes in die studie bespreek word).
1.5.4 Data-insameling
Die kwantitatiewe data is deur middel van vraelyste ingesamel (sien Bylae A). Die ontwikkeling van
die vraelys het eerstens ‘n literatuurstudie behels. Die literatuurstudie is gebaseer op riglyne vanuit
Denscombe (2002:52) en het die volgende behels:
Die sleutelbegrippe van die navorsingsonderwerp is identifiseer as armoede, werkloosheid
en maatskaplike ongeregtigheid
Menslike behoeftes (as ‘n verwante begrip)
Inligting is ingesamel en gedokumenteer ten einde bovermelde begrippe te kon
konseptualiseer en operasionaliseer in meetbare terme
Bronne wat benut is het die volgende ingesluit: Standaard teoretiese bronne soos vakkundige
boeke en vaktydskrifte, internetdatabasisse, navorsingsverslae en beleidsdokumente (sien Rubin en
Babbie, 2005:122; Kreuger en Neuman, 2006:468-470).
Tweedens is nominale en ordinale vlakke van meting benut. Dit het die volgende behels:
| 14
Nominale meting het plaasgevind deur antwoorde in kategorieë te plaas (byvoorbeeld Ja of
Nee) (Kreuger en Neuman, 2006:189).
Ordinale meting het plaasgevind deur skale te benut om data te klassifiseer (byvoorbeeld
numeriese aanduiding van die orde van belangrikheid, voorkoms/aard van ‘n diens en
opinies). Antwoorde is dus in terme van ‘n rangorde verskaf. Ten einde hierdie vrae te
ontwikkel is daarop gefokus om ‘n duidelike verskil tussen die klasse te verseker. Sodoende
kon respondente maklik met ‘n spesifieke klas identifiseer (Maree en Pietersen, 2007:148).
Die volgende eienskappe van ‘n vraelys is geïnkorporeer om te verseker dat die vraelys aan
wetenskaplike standaarde voldoen het (Delport en Roestenburg, 2007:192-195):
Duidelike begrippe is in kort sinne vervat.
Elke vraag het op slegs een aspek gefokus.
Vrae is konkreet geformuleer wat misverstande voorkom.
Die afsonderlike begrippe is in afsonderlike afdelings behandel.
Die vraelys is kort en maklik om te voltooi ten einde die respondente so min as moontlik
te verontrief en/of te verwar.
Die vraelys is aan ‘n voorstudie onderwerp deurdat twee respondente gevra is om dit te
voltooi sodat die navorsers kon verseker dat die vraelys verstaanbaar is, dat respondente
gemaklik is om dit te voltooi en dat die antwoorde die navorsers in staat sou stel om die
navorsingsvraag te beanwoord.
Die navorsers het die kontakpersone wat deur middel van steekproefneming identifiseer is deur
middel van e-pos van ‘n vraelys voorsien. Die doel van die studie, asook die Algemene Sinode se
beoogde uitkoms van hierdie studie, is deurgegee. Die navorsers het ‘n keerdatum verskaf en die
respondente wat nie die vraelyste betyds via e-pos teruggestuur het nie, is weer gekontak ten
einde terugvoering te verseker.
1.5.5 Data-analise
Die ingesamelde data is statisties verwerk deur middel van ‘n rekenaarprogram (in Excel-formaat)
en data is in terme van statistiese en grafiese voorstellings beskryf. Sentrale geneigdhede is voorts
aan die hand van die gemiddelde beskryf. Hierdie aspekte het die volgende behels:
| 15
Data is voorberei deurdat die vraelyste gekontroleer is (Sarantakos, 2005:364)
Die data is vervolgens in die rekenaarprogram ingepons. Die verskillende afdelings en vrae
het elk ‘n aparte bladsy gehad waarop data ingepons kon word (Rubin en Babbie, 2005:556)
Statistiese beskrywing het behels dat antwoorde deur middel van persentasies beskryf is
(die antwoorde wat gebaseer is op die nominale vlak van meting het primêr hierop berus)
Sentrale geneighede is ook aangedui deurdat die “tipiese” antwoord op ‘n spesifieke vraag
deur middel van gewoonte beskryf is. Die gemiddelde het behels dat die wiskundige
middelpunt van die tellings, wat al die tellings van die steekproef verteenwoordig het,
bepaal is.
1.6 Geldigheid van die data
Die interne en eksterne geldigheid van die data is soos volg verhoog (sien Maree en Pietersen,
2007:151-152):
Interne geldigheid
Meetinstrumente: Die vraelys is deur middel van ‘n voorstudie getoets en is konstant deur
die verloop van die studie benut.
Die insluitingskriteria in die steekproef het verseker dat respondente wel op ‘n toepaslike
wyse die vrae in die vraelys kon beantwoord.
Daar is gepoog om mortaliteit te bestuur deur middel van herhaalde kontak met moontlik
respondente.
Eksterne geldigheid
Eksterne geldigheid verwys na die mate waartoe die resultate veralgemeen kon word na ander
populasies of situasies. In hierdie studie is die steekproef op grond van die insluitingskriteria
verteenwoordigend van die populasie van die studie en sodoende is veralgemeenbaarheid van
bevindinge verhoog.
| 16
1.7 Etiese aspekte wat as vertrekpunte gebruik is
Moet nie skade aanrig nie: Respondente is beskerm teen fisiese, emosionele, sosiale en
geestelike skade wat deur die navorsing veroorsaak kon word. Deelname het nie inbreuk
op daaglikse aktiwiteite gemaak nie, aangesien respondente die vraelys kon voltooi op ‘n
tyd en by ‘n plek wat vir hulle gerieflik is (Babbie, 2007:27).
Die volgende aspekte is verder ingesluit om te verseker dat skade nie aangerig sou word nie:
Bekom ingeligte toestemming: Respondente is vooraf ingelig rakende die doel en formaat
van die studie. Hulle is ook die geleentheid gegun om vrae te vra en aspekte waaroor hulle
bekommerd is met die navorsers te bespreek (Grinnell en Unrau, 2005:37). Die vraelys het
ook ‘n inligtingsbrief ingesluit (sien Bylaag A).
Vrywillige deelname: Respondente is bewus gemaak van die feit dat hul deelname vrywillig
is en dat hulle ter enige tyd aan die studie kon onttrek (sien Bylaag A). Respondente is ook
verseker dat ‘n besluit om nie deel te neem nie geen negatiewe impak op hulle sou hê nie
(Rubin en Babbie, 2005:71).
Reg tot privaatheid: Privaatheid, in die konteks van hierdie navorsing, verwys na
konfidensialiteit, wat ook anonimiteit insluit. Privaatheid het behels dat slegs die navorsers
toegang tot die vraelys sou hê. Konfidensialiteit het behels dat demografiese besonderhede
van individulele respondente nie bekendgemaak sou word nie (Babbie 2007:65). Die reg tot
privaatheid is ook verbind met toestemming, sodat die respondent verstaan het dat hy/sy
vrywillig deelneem en dat hy/sy ter enige tyd deelname aan die projek kon staak.
1.8 Leemtes in die studie
Die lae persentasie terugvoering word as ‘n leemte beskou. Die verspreiding van respondente in
terme van plattelandse of stedelike gemeentes en sinodale areas is egter van so ‘n aard dat die data
verteenwoordigend is van die profiel van die NG Kerk. Hierdie leemte is ook benut om
gevolgtrekkings te maak en word in Hoofstuk 4 van hierdie dokument bespreek.
‘n Verdere leemte kan beskou word as die feit dat die meeste respondente manlik is (71%). Die
“vroulike stem” is dus in ‘n mindere mate verteenwoordig.
| 17
1.9 Slotsom
Hierdie hoofstuk het die agtergrond van die studie beskryf en die navorsingsvraag, -doel en
-doelstellings wat op die genoemde agtergrond gefundeer is, verskaf. Die navorsingsmetodologie
wat benut is, die metode waarvolgens die geldigheid van die data verseker is, die etiese aspekte
wat in ag geneem is en die leemtes van hierdie studie is vervolgens bespreek.
Hoofstuk 2 fokus op ‘n teoretiese beskrywing van die sleutelbegrippe, asook die konseptualisering
en operasionalisering van die begrippe. Hierdie inligting vanuit die literatuur is vir die ontwikkeling
van die vraelys benut. Die beskrywing van die data word in Hoofstuk 3 verskaf, terwyl die
gevolgtrekkings en aanbevelings vir riglyne in Hoofstuk 4 beskryf word.
| 18
Hoofstuk 2
Literatuurstudie en die konseptualisering en operasionalisering
van sleutelbegrippe
2.1 Inleiding
Die doel van hierdie navorsingstudie is om die aard en omvang van aktiwiteite en dienste van die
NG Kerk wat armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse
samelewing bestry, te verken en beskryf. Die begrippe armoede, werkloosheid en maatskaplike
ongeregtigheid is in Hoofstuk 1 van hierdie dokument beskryf in terme van hul verbandhoudende
aard, sowel as die kerk se rol in die bestryding van hierdie maatskaplike kwessies. Hierdie
verbandhoudende aard word deur Du Toit (2005:10) beklemtoon in terme van hoe die gebrek aan
materiële middele om in basiese behoeftes te voorsien aanleiding gee tot ‘n afhanklikheid wat weer
aanleiding gee tot ‘n gebrek aan opvoedkundige ontwikkeling om vanuit armoede te ontsnap. ‘n
Verdere verbandhoudende begrip is “menslike behoeftes”. Armoede, werkloosheid sowel as
maatskaplike ongeregtigheid beïnvloed die mate waartoe menslike behoeftes vervul word, met
spesifieke verwysing na basiese menslike behoeftes. Die bestryding van genoemde maatskaplike
kwessies dra dus direk tot ‘n effektief-funksionerende samelewing by.
In hierdie hoofstuk word die volgende begrippe vanuit die literatuur gekontekstualiseer:
a) Menslike behoeftes
b) Armoede
c) Werkloosheid
d) Maatskaplike ongeregtigheid
Genoemde begrippe is aan die hand van literatuur gekonseptualiseer en geoperasionaliseer en het
die navorsers in staat gestel om operasionele elemente wat in die vraelys benut kon word, te
identifiseer.
2.2 Menslike behoeftes
Burton (1990) het dekades gelede ‘n waarskynlike verband tussen onbevredigde menslike
behoeftes en die ontstaan van konflik uitgewys. Volgens hierdie skrywer verskaf ‘n duidelike teorie
| 19
oor menslike behoeftes ‘n objektiewe vertrekpunt wanneer maatskaplike kwessies soos konflik en
ongelykhede ondersoek of begryp moet word. Du Toit (2005:14) beklemtoon ook die feit dat
armoede dikwels lei tot konflik rondom toegang tot hulpbronne, asook konflik tussen die
verskaffer en ontvanger van dienste. Ook Rubenstein (2001) verwoord die “behoefte aan ‘n
behoefte-teorie” en verwys na die konserwatiewe siening dat mense gewelddadig mag optree
wanneer hul basiese behoeftes nie bevredig word nie – verwysend daarna dat mense se
oorlewingsinstinkte oorneem omdat hulle die behoefte het om die mag te bekom waarmee hulle
hul onbevredigde behoeftes kan aanspreek.
‘n Meer liberale siening is egter dat mense anders (dit wil sê nie noodwendig geweldadig nie) kan
optree wanneer hul eksterne omstandighede – wat potensieel behoeftebevrediging vergemaklik –
aangespreek en verbeter word (Mitchell en Black, 1996). Burton (1990) het na hierdie twee pole
verwys as “die innerlike dryfkrag” (waar instink bepalend is) en die “eksterne dryfkrag” (waar die
manipulering van die eksterne omgewing bepalend is).
Die inagneming van menslike behoeftes wanneer daar na die bestryding van maatskaplike kwessies
gekyk word, word dus gebaseer op die siening dat die manipulering van die eksterne omgewing om
aan menslike behoeftes te voldoen tot ‘n meer verdraagsame samelewing sal lei. Die
sleutelbegrippe in hierdie studie (wat later in hierdie hoofstuk beskryf word) word dus vir die
doeleindes van hierdie studie gedoen met inagneming van menslike behoeftes. In hierdie afdeling
word die relevansie van die teorieë van Maslow, Max-Neef en Hertnon as konseptuele raamwerk
vir die aanspreek van maatskaplike kwessies ondersoek. Daarna word die teorieë
geoperasionaliseer ten einde die vraelys aan respondente van hierdie betrokke navorsingstudie te
kan ontwikkel.
Maslow (1954) se hiërargie van menslike behoeftes het in die vroeë 1940’s vanuit ‘n post-Tweede
Wêreldoorlograamwerk ontwikkel en het spesifiek op die rol van menslike behoeftes in
motivering gefokus. Hierdie teorie word vervolgens bespreek.
2.2.1 Maslow se hiërargie van menslike behoeftes
Maslow (1954:236) teoretiseer dat mense in elkeen van vyf onderskeibare, hiërargiese
ontwikkelingstadia spesifieke behoeftes ervaar. Persone se intrinsieke pogings om hierdie
behoeftes te vervul, gee volgens die skrywer aanleiding tot menslike motivering, wat menslike
| 20
gedrag bepaal. Die onderstaande figuur illustreer die vyf vlakke en die behoeftes wat in elk ervaar
word:
Figuur 1: Maslow (1954) se hiërargie van menslike behoeftes
Met verwysing na vlakke 1 tot 4 verduidelik Maslow (1954:236) dat dit as die “tekort-behoeftes”
gesien moet word. Wanneer daar ‘n tekort aan vervulling op die eerste vlak is (byvoorbeeld kos
en water), word die liggaam in gevaar gestel. Wanneer daar ‘n tekort aan veiligheid (Vlak 2),
liefde/behoort (Vlak 3) en erkenning (Vlak 4) is; sal die mens angstig optree en dus sal algemene
funksionering ingeperk word. Dit beteken weer dat die persoon se basiese potensiaal nie tot
vervulling kan kom nie en selfverwesentliking (Vlak 5) dus nie kan plaasvind nie (sien ook Wahba
en Bridwell, 1976:232; Tang, Ibrahim en West, 2002:50; Du Toit, 2005:15). Vir die doel van hierdie
studie word slegs op vlakke 1 (fisiologiese behoeftes in balans: armoede in terme van ‘n gebrek aan
byvoorbeeld bestaansmiddele), 2 (veiligheidsbehoeftes: werkloosheid en maatskaplike geregtigheid
[moraliteit]) en 4 (erkenningsbehoeftes: maatskaplike geregtigheid in terme van respek) van
menslike behoeftes gefokus.
Kritiek teen die bovermelde teorie, wat ‘n hiërargiese bevrediging van die behoeftes vanaf Vlak 1
tot Vlak 5 impliseer, is deur Max-Neef (1989) ondervang met sy teorie van nege fundamentele
menslike behoeftes.
5
4
3
2
1
Selfverwesentliking: Moraliteit, kreatiwiteit,
spontaniteit, probleem-oplossend, nie-
veroordelend, aanvaarding van feite
Erkenning: Selfbeeld, selfvertroue,
prestasie, respek
Liefde/behoort: Vriendskap,
familie, seksuele intimiteit
Veiligheid: Van liggaam, werk,
hulpbronne, moraliteit, familie,
gesondheid, eiendom
Fisiologiese behoeftes in balans: Suurstof, kos, water, seks, slaap,
ekskresie, bestaansmiddele
| 21
2.2.2 Max-Neef se teorie van fundamentele menslike behoeftes
Hierdie teorie fokus op basiese menslike behoeftes wat deurlopend by alle mense bestaan, ongeag
kultuur en lewensfase. Die fokus is op fundamentele menslike behoeftes, wat as “wants” (“wil hê”)
beskryf word en wat tydloos en onversadigbaar is. Die onderskeid in terme van lewensfase en
kultuur is hoe hierdie behoeftes bevredig word. Max-Neef se taksonomie is gebaseer op hoe
gemeenskappe hulle rykdom en armoede volgens hulle fundamentele behoeftes evalueer en
identifiseer (Max-Neef met Elzlde en Hopenhayn, 1989:18). Hierdie teorie bou verder op die visie
dat mense in staat is om vlakke van onafhanklikheid te ontwikkel, samehangend met die toegang
tot tegnologie, kwaliteit lewe en outonomie (Tay en Diener, 2011:354). Fundamentele menslike
behoeftes word verder, volgens Max-Neef se teorie, gedefinieer in terme van eksistensiële
kategorieë van -
bestaan,
hê,
doen en
interaksie.
Max-Neef se taksonomie van behoeftes word soos volg geklassifiseer:
I. Bestaansreg,
II. Beskerming,
III. Liefde,
IV. Begrip,
V. Deelname,
VI. Ontspanning en reflektering,
VII. Kreatiwiteit,
VIII. Identiteit en
IX. Vryheid (Max-Neef met Elzlde en Hopenhayn, 1989:18).
Die eerste, tweede en vyfde behoeftes is geïdentifiseer as relevant tot hierdie studie. Maslow het
menslike behoeftes in ‘n hiërargiese struktuur beskryf. Max-Neef het hierop voortgebou deur die
fundamentele aard van behoeftes te beklemtoon. Hertnon, in ‘n latere teorie, plaas die klem op die
universele aard van menslike behoeftes.
| 22
2.2.3 Hertnon se teorie van universele menslike behoeftes
Hierdie teorie is ‘n meer onlangse teorie oor menslike behoeftes en fokus soos Max-Neef se
teorie op universele menslike behoeftes. Hertnon (2005) identifiseer agt behoeftes wat met vier
doelstellings verbind word. Behoeftes word verder verdeel in twee kategorieë, naamlik oorlewing
en verbetering. Volgens Hertnon se teorie is die vervulling van die eerste vier oorlewingsbehoeftes
noodsaaklik vir die vervulling van die verbeteringsbehoeftes. Die vyfde en sesde behoeftes lei tot
geluk, terwyl die sewende en die agste behoeftes tot tevredenheid lei. Hertnon (2005)
argumenteer verder dat daar op alle behoeftes gefokus moet word, aangesien geluk en
tevredenheid mense weerbaar maak en dus toerus om te oorleef. Die fokus van hierdie studie oor
armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid blyk dus relevant te wees. Indien
maatskaplike geregtigheid geskied, behoort mense meer weerbaar te word om armoede en
werkloosheid te kan bestry. Hierdie teorie word in die onderstaande figuur uiteengesit.
Figuur 2: Universele menslike behoeftes volgens Hertnon (2005) se teorie
Die gekonseptualiseerde teorieë word vervolgens geoperasionaliseer, ten einde indikatore te
identifiseer.
Verbeteringsbehoeftes
Individuele behoeftes
Individuele doelstellings
Menslike behoeftes
Menslike doelstellings
1 Fisiese gesondheid
2 Geestesgesondheid
5 Respek van ander
6 Goeie selfbeeld
Bestaan Geluk
3 ‘n Veilige en gesonde omgewing
4 Voortplanting geboortebeperking
7 Waardering vir die lewe
8 Doen goeie dade vir ander
Menslike oorlewing Tevredenheid
Oorlewingsbehoeftes
| 23
A) Maslow se teorie: Operasionele elemente
Tabel 2: Operasionele elemente identifiseerbaar in Maslow se hiërargie (Maslow, 1954; Wahba en
Bridwell, 1976; Tang, Ibrahim en West, 2002)
Vlak van behoefte Operasionele elemente Sleutelbegrippe
Vlak 1: Fisiologiese
behoeftes in
balans
Kos (kospakkies, voedselskemas skoolvoedings-
programme)
Hitte (komberse, klerasie)
Beskerming teen natuurelemente: koue, vloede,
aardskuddings, brande
Armoede
Armoede
Armoede
Vlak 2: Veiligheid Werk (werkskeppingsprojekte)
Beskerming teen elemente (behuising)
Hulpbronne (netwerke rakende opvoeding, medies)
Moraliteit (voorligting, berading)
Werkloosheid
Armoede
Maatskaplike geregtigheid
Maatskaplike geregtigheid
Vlak 4: Erkenning Selfbeeld (deelname)
Selfvertroue (deelname)
Respek (deelname)
Bemeestering van lewensvaardighede (byvoorbeeld
ouerskapsvaardighede)
Maatskaplike geregtigheid
Maatskaplike geregtigheid
Maatskaplike geregtigheid
Werkloosheid
B) Max-Neef se teorie: Operasionele elemente
Tabel 3: Operasionele elemente van fundamentele menslike behoeftes (soos aangepas uit Tay en
Diener, 2011:360)
Behoefte Bestaan
(kwantiteit)
Hê (materieel) Doen (aksies) Sleutelbegrip
Bestaansreg Fisiese
gesondheid
Geestes-
gesondheid
Kos
Behuising
Werk
Verskaf kos
Verskaf
klere
Werk
Armoede
Werkloosheid
Maatskaplike
geregtigheid (toegang
tot bronne)
Beskerming Versorging Geestelike
sorg
Werk
Veilige
omgewing
Deelname
Saamwerk
Help ander
Beskerm
Werkloosheid
Maatskaplike
geregtigheid (toegang
tot bronne)
Deelname Taakgroepe Dien op
taakgroep
Assosieer
met
Vennoot-
skappe
Reg tot
deelname
Bemagtiging
Maatskaplike
geregtigheid (toegang
tot bronne)
| 24
gemeenteakti
witeite
Verantwoord
elik-hede
Take
Reg om ‘n
opinie te
gee
Reg om
keuse uit te
oefen
C) Hertnon se teorie: Operasionele elemente
Tabel 4: Operasionele elemente van universele menslike behoeftes (soos aangepas uit Hertnon,
2005)
Oorlewingsbehoeftes Verbeteringsbehoeftes Sleutelbegrippe
Individuele
behoeftes
1. Fisiese gesondheid
(kos, toegang tot
dienste)
2. Respek van ander
(toegang tot dienste,
deelname aan dienste)
Armoede
Maatskaplike geregtigheid
Individuele
doelstellings
Bestaan Geluk
Menslike
behoeftes
3. ‘n Veilige en gesonde
omgewing
(vaardigheidsontwik-
keling, werkskepping,
skuiling)
4. Doen goeie dade vir
ander (deelname aan
dienslewering)
Armoede
Werkloosheid
Maatskaplike geregtigheid
Menslike
doelstellings
Menslike oorlewing Tevredenheid
2.3 Armoede
Bovermelde teorieë oor menslike behoeftes erken gemeenskaplik die mens se universele behoefte
aan toegang tot kos, skuiling en water (materiële behoeftes), asook die behoefte aan toegang tot
basiese mediese en opvoedkundige hulpbronne/dienste (nie-materiële behoeftes). Armoede kan
dus hiervolgens in die mees algemene sin van die woord beskou word as ‘n gebrek aan toegang tot
die basiese materiële en nie-materiële behoeftes van die mens (Bradshaw, 2005:4). Oud-president
Mbeki het reeds in 2004 die relevansie van hierdie beskouing van armoede in die Suid-Afrikaanse
konteks beklemtoon. Hy het die klem geplaas op die feit dat endemiese en wyd-verspreide
armoede steeds Suid-Afrika se toekoms beïnvloed en het spesifiek ‘n verband tussen
voortslepende armoede en die lae vlakke van menswaardigheid (maatskaplike geregtigheid) binne
| 25
die Suid-Afrikaanse samelewing getrek (The Measurement of Poverty in South Africa Project: Key
Issues, 2007:i).
Armoede het ‘n maatskaplike komponent. ‘n Gemeenskap wat onder armoede gebuk gaan is ‘n
weerspieëling van die maatskaplike interaksies en prosesse binne daardie gemeenskap. Die mate
waartoe die regering, die sakesektor en die burgerlike gemeenskap (insluitend die kerk) toetree
tot die stryd teen armoede beïnvloed dus die maatskaplike welsyn van die spesifieke gemeenskap
(The Measurement of Poverty in South Africa Project: Key Issues, 2007:4). Die belang van
vennootskappe tussen die genoemde rolspelers is daarin geleë dat indien samewerking plaasvind
dit tot ‘n regverdige verdeling van hulpbronne, kennis, vaardighede en verantwoordelikhede kan lei
(sien Handmaker en Remko, 2010:ii; Die NOP 2030 (Nasionale Ontwikkelingsplan, 2011:14). Die
regering is egter primêr verantwoordelik vir die ontwikkeling en mobilisering van hierdie
vennootskappe, wat die begrip ‘armoede’ ook ‘n duidelike politieke komponent gee (Meth, 2006).
Vir die doeleindes van hierdie studie word daar op basiese behoeftes gekonsentreer (sien Afdeling
2.2) en vervolgens word die onderskeid tussen armoedeverligting en armoedevermindering (soos
ook in Hoofstuk 1 genoem) ondersoek, ten einde hierdie twee konsepte te konseptualiseer en
operasionele elemente te identifiseer.
Armoedeverligting verwys na beleide en intervensies (residuele en institusionele
benaderings) wat ten doel het om op die korttermynverligting en ondersteuning te verskaf
aan persone wat onder armoede gebuk gaan. Die oorspronklike doel was dat hierdie tipe
hulp slegs tydelik verleen sal word in reaksie op krisissituasies, soos byvoorbeeld na ‘n
omgewingsramp (byvoorbeeld droogte of brande).
Armoedevermindering daarteenoor verwys na ‘n ontwikkelingsgerigte benadering wat
poog om deur middel van programme wat vaardighede en bronne ontwikkel, ‘n volhoubare
uitkoms te verskaf aan persone wat onder armoede gebuk gaan. Maatskaplike toelaes is
een vorm van armoedevermindering, maar die ideaal is dat die langtermyndoelstellings van
hulpverlening tot onafhanklike funksionering sal lei (The Measurement of Poverty in South
Africa Project: Key issues, 2007:14).
Die relevante opererasionele elemente voortspruitend uit bogenoemde begrippe is identifiseer as:
Noodleningingsplanne, byvoorbeeld die verspreiding van komberse, klere en
voedselvoorraad
| 26
Die ontwikkeling van die vaardighede van persone wat maatskaplike toelaes ontvang om
onafhanklike funksionering te bevorder, byvoorbeeld
o beroepsvaardigheidontwikkelings-;
o handvaardigheids- en
o begrotingsvaardigheidsprogramme
Volgens Suid-Afrikaanse beleid moet die bogemelde programme gegrond word op die
gemeenskapsontwikkelingsbenadering (Witskrif vir Maatskaplike Welsyn, 1997:1). Hierdie
benadering is in die 1960s en 1970s deur die Verenigde Nasies bekendgestel. Die fokus was op die
potensiaal van onderontwikkelde en ontwikkelende lande om te kan groei tot ‘n menswaardige,
onafhanklike bestaan (Roodt, 1996:313). Weyers (2011:37) verskaf die volgende indikatore wat
bydra tot ‘n gemeenskap se vermoë om te kan groei en ontwikkel:
Die vermoë van verskillende rolspelers (insluitende die ontvangers van ‘n diens) om saam
te werk om
o Probleme en behoeftes te identifiseer;
o Konsensus te bereik rakende doelstellings vir die effektiewe aanspreek van die
probleme en behoeftes;
o Konsensus te bereik rakende werkswyses wat gevolg sal word om probleme te
hanteer en behoeftes te bevredig en
o Suksesvol verantwoordelikhede te verdeel en na te kom en take tydens die
implementering van aksieplanne te voltooi.
Rolspelers in die implementering van gemeenskapsontwikkelingsprogramme word beskou as
interne en/of eksterne hulpbronne wat as veranderingsagente optree om groei en ontwikkeling
binne die gemeenskap te stimuleer (Weyers, 2011:40). Die doelstellings van
gemeenskapsontwikkeling word aan agt fokusareas gekoppel. In ooreenstemming met hierdie
fokusareas fokus armoede, in die konteks van hierdie studie, nie slegs op materiële behoeftes nie.
Die tabel hieronder illustreer die fokusareas en verskaf operasionele elemente vir die fokusareas
(armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid) wat betrekking op hierdie studie het.
| 27
Tabel 5: Fokusareas in gemeenskapsontwikkeling (Weyers, 2011:38)
Fokusarea Operasionele element rakende armoede
Ekonomie
Psigo-sosiaal Programme wat fokus op –
Geloofsoortuigings
Deelname aan siviele aksies (byvoorbeeld maatskaplike dienste deur nie-
regeringsorganisasies binne die gemeenskap)
Bio-fisiologies
Geestelik-
kultureel
Programme wat fokus op –
Die ontwikkeling van geestelike welsyn
Die ontwikkeling van die vermoë om verantwoordelikheid vir self en ander te
neem
Tegnies
Omgewing
Opvoedkundig Ontwikkeling van programme wat fokus op –
Programme wat handvaardigheid bevorder
Programme wat probleemoplossendevaardighede ontwikkel
Polities Betrokkenheid by programme wat fokus op –
Voedselskemas
‘n Verdere kenmerk van die gemeenskapsontwikkelingsbenadering is die insluiting van die beginsels
van deelname en samewerking wanneer armoede beveg word (sien Witskrif vir Maatskaplike
Welsyn, 1997). Maser (1997:191-192) verwys in hierdie verband na die volgende benaderings wat
Afrika-gebaseerd is en die volhoubaarheid van verandering as mikpunt stel:
Tabel 6: Afrika-gebaseerde benaderings van volhoubare gemeenskapsontwikkeling om armoede
te bestry
Beginsel Operasionele elemente
Eenheid Programme wat fokus op –
Die ontwikkeling van die gesinseenheid as primêre ondersteuningsnetwerk
Die ontwikkeling van die gemeenskapseenheid (vir die doel van hierdie studie
die gemeente-eenheid) as sekondêre ondersteuningsnetwerk
Selfbeskikking Beplanning van dienste is gebaseer op insette van die ontvangers van die dienste
Kollektiewe werk en
verantwoordelikheid
Ontvangers van dienste vorm deel van die aksiekomitee en het sekere
take/verantwoordelikhede
Samewerking Gemeente-eenheid impliseer:
Gedeelde hulpbronne
Gedeelde kennis
Gedeelde vaardighede
| 28
Kreatiwiteit Programme fokus op ‘n visie – die uitkoms van wat die program moet bereik is
duidelik en meetbaar
Doel Die ontwikkeling van programme word verbind met geestelike betekenisse van
die individuele en gemeentedoelstellings
Geloof Geloof in terme van –
Die vertroue in die medemens
Die vertroue in sisteme (kerk)
Die vertroue in eiewaarde (my plek in die kerk en die gemeente)
‘n Verdere aspek wat binne hierdie afdeling oorweeg is, is die bestudering van verskillende teorieë
rakende armoedeverligting en armoedevermindering en die identifisering van operasionele
elemente. Vyf teorieë is hiervoor benut en word in die onderstaande tabel beskryf:
Tabel 7: Armoedeverligting en armoedebekampingsteorieë (Bradshaw, 2006; Loewen, 2009)
Teorie Beskrywing Operasionele element
Armoede
veroorsaak deur
individuele
tekortkominge
Persone lewe in armoede as gevolg van
swak keuses en ‘n gebrek aan eienaarskap
vir eie situasie (Bradshaw, 2005:6)
Persone werk nie hard genoeg nie en is
nie in staat om die uitdagings van die
samelewing te hanteer nie (Loewen,
2009:7)
Werkskeppingsprojekte
Korttermyn noodhulpprogramme
Langtermyn hulpverlening in terme van
kos, klere en toelaes
Armoedekultuur Word ook beskou as ‘n generasie-
oordrag van armoede: Die blaam is dus
nie op die individue nie, maar op die
disfunksionele sub-kultuur waarbinne
hy/sy grootgeword het (Bradshaw,
2005:8)
Individue word ingeperk deur hulle
omgewing wat waardes, norme en gedrag
insluit wat armoede in stand hou
(Loewen, 2009:7)
Jeugprogramme gemik op die
ontwikkeling van ‘n toekomsvisie
Stimulering van gemeenskapsaktiwiteit
om houdings, persepsies en gedrag te
verander, byvoorbeeld kompetisies vir
die ontwikkeling van ‘n groentetuin,
verfraaiing van die omgewing
(speelparke)
Strukturele
armoede
Word veroorsaak deur die oneweredige
verspreiding van hulpbronne en
geleenthede (Loewen, 2009:7)
Politieke, ekonomiese en maatskaplike
diskriminasie lei tot gebrekkige toegang
tot dienste (Bradshaw, 2005:10)
Advokaatrol om toegang tot dienste
(byvoorbeeld skole) te bepleit
Bemagtiging op grondvlak om
gemeenskapslede in staat te stel om
toegang tot voordele, dienste en/of
geleenthede te eis
Ontwikkeling van alternatiewe
instellings, byvoorbeeld ‘n skool,
werkskeppingsprojek
| 29
Geografiese
armoede
Armoede word veroorsaak deur ‘n
gebrek aan toegang tot dienste as gevolg
van ‘n geografiese posisie – byvoorbeeld
platteland, informele nedersettings in
stede (Bradshaw, 2005:12)
Ontwikkeling van infrastruktuur
byvoorbeeld vervoer na
werksgeleenthede of dienste
Advokaatrol om sakesektor te
motiveer om die geografiese gebied te
benut
Gemeenskapsbemagtiging om hulself
aan sakesektor te bemark
Kumulatiewe en
sikliese armoede
Armoede word veroorsaak deur
probleme wat nie aangespreek word nie
en dan geleenthede beperk – probleme
bou op mekaar en inperking word
verhoog (Bradshaw, 2005:14)
Inkomstegenererende projekte
Opvoedkundige projekte om
vaardighede te ontwikkel ten einde die
werksmark te betree of om probleme
aan te spreek
Ontwikkeling of ondersteuning van
netwerke om hulpbronne in die
gemeenskap effektief te benut
Leierskapsprogramme
Spesifiek relevant tot die Suid-Afrikaanse konteks (teen die agtergrond van Apartheid), word die
strukturele oorsaak van armoede soos hierbo deur Bradshaw (2005:10) en Loewen (2009:7)
beskryf ook aangevul deur Jordan (2005:22-24) se bespreking van die invloed van historiese
gebeurtenisse op strukturele armoede wat voortduur selfs nadat praktyke van diskriminasie
gestaak word. Beide Bradshaw (2004:10) en Rank (2004) verwys na drie basiese
gemeenskapsontwikkelingstrategieë om strukturele armoede te bestry, naamlik:
a) Sosiale aksie op grondvlak: Die persone wat gebuk gaan onder armoede word bemagtig om
by relevante sisteme aan te dring op gelyke regte en toegang tot geleenthede.
b) Die ontwikkeling van alternatiewe dienste deur organisasie wat deernis het met persone
wat onder armoede gebuk gaan en gebrekkige toegang tot effektiewe dienste. Hierdie
organisasie gebruik innoverende teorie en praktyk om dienste te ontwikkel wat sal lei tot
armoedeverligting en armoedevermindering.
c) Organisasies wat as “stem” en “advokaat” vir armes optree kan betrokke raak by die
ontwikkeling van beleid rakende die bestryding van armoede.
Loewen (2009:11) beskryf oorsake van armoede. Hierdie beskrywing word vir die doeleindes van
hierdie betrokke studie kontekstueel bespreek in terme van die verskillende tipes armoede,
kenmerke van die verskillende tipes armoede en die bestrydingstrategie wat gevolg moet word.
| 30
Tabel 8: Strategieë vir die aanspreek van verskillende oorsaaklike faktore van armoede (Loewen,
2009:11)
Tipe armoede Kenmerke Strategieë / operasionele
elemente
Absolute armoede Gebrek aan hulpbronne om
basiese oorlewingsbehoeftes aan te
spreek
Noodhulp in terme van kos,
skuiling, klere
Relatiewe armoede Gebrek aan hulpbronne om sosiaal
aanvaarbare lewenstandaard te
handhaaf
Verbind met hulpbronne om
lewenstandaard aan te
pas/verbeter
Armoede as ‘n afhanklikheid Gebrek aan vermoë of persoonlike
bates om volhoubaar eie behoeftes
te bevredig
Skep platform waar gemeenskap
self probleme identifiseer en
oplos
Armoede as gevolg van
uitsluiting
Gebrek aan toegang tot dienste en
geleenthede
Ontwikkel netwerke wat alle
persone se toegang tot dienste
en geleenthede verseker
Armoede as gevolg van ‘n
gebrek aan vaardigheid
Gebrek aan vermoë en vaardigheid
om siviele, ekonomiese, politiese
en maatskaplike regte uit te oeften
Menslike ontwikkeling:
Opvoedkundige programme om
selfstandigheid te bevorder
2.4 Werkloosheid
Hope en Timmel (2003:221) verwys na die rol van die regering in die ontwikkeling van ‘n gesonde
goedfunksionerende samelewing waar gemeenskapslede in staat gestel word om hulle volle
potensiaal te ontwikkel. Dit behels die beskikbaarheid van en toegang tot geleenthede en bronne
vir alle landsburgers. Die realiteit is egter dat werkloosheid binne die Suid-Afrikaanse samelewing
‘n kommerwekkende werklikheid is. In die derde kwartaal van 2012 was ‘n persentasie van 25,5%
werkloosheid aangedui. Die hoogste werkloosheidsyfer was in Maart 2003 aangedui as 31,2%
(South Afrika Unemployment Rate, 2012). Bovermelde persentasie word egter nie deur ander
bronne bevestig nie. Bridge (2012) berig dat 42% van jongmense onder die ouderdom van 30
werkloos is. Wanneer die situasie in getalle uitgedruk word, berig Paton (2010:33) dat 2.5 miljoen
jongmense werkloos is en Statistiek Suid-Afrika (2011) meld dat 4.4 miljoen Suid-Afrikaners
werkloos is. Die Mail en Guardian (Unemployment in South Africa ‘exeptional’, 2012) berig egter
in Augustus 2012 dat daar nie, soos in Brasilië, ‘n konstante afname in werkloosheid is nie. Die
vraag word dus in hierdie koerantberig gevra of die regering werkskepping werklik as ‘n prioriteit
beskou.
| 31
Die oorsake van werkloosheid in Suid-Afrika is legio. Levinsohn (2007:2) verwys na die feit dat
daar binne ‘n post-apartheidsera ‘n oorvloed van ongeskoolde arbeid in die arbeidsmark ontstaan
het en dat vroue ‘n groter toeganklikheid tot die arbeidsmark bekom het. Dit het as bydraende
faktore kompetisie om betrekkings verder verhoog.
Die sosio-ekonomiese koste van werkloosheid word deur Levinsohn (2007:4) uitgelig as 1) ‘n
verlies aan ekonomiese uitsette, 2) die dinamiese impak van die feit dat werkloosheid daartoe lei
dat vaardighede en kennis nie uitgebrei word nie en 3) die moeilik meetbare verskynsel dat ‘n
samelewing hoop verloor. Die gemeenskaps-ontwikkelingsbenadering (Witskrif vir Maatskaplike
Welsyn, 1997) is spesifiek relevant wanneer daar gekyk word na intervensies wat daarop fokus om
‘n maatskaplike kwessie soos werkloosheid aan te spreek. Gebrekkige ekonomiese groei, ‘n gebrek
aan infrastruktuur en ‘n algehele gevoel van ‘hooploosheid’ is tipiese etiologiese faktore wat tot ‘n
gebrek aan ontwikkeling (van werksgeleenthede) bydra (Weyers, 2011:153). Binne Weyers se
gemeenskapsontwikkelingsmodel word die gemeenskap bemagtig om werk te skep en toegang tot
werksgeleenthede te bekom deur middel van die ontwikkeling van vaardighede en ‘n self-
helphouding (Weyers, 2011:155). Die rol van die veranderingsagent (in die geval van hierdie studie,
die kerk) is om die gemeenskap te ondersteun om hul potensiaal te ontwikkel deur middel van
toegang tot geleenthede, hulpbronne en dienste (Weyers, 2011:157).
Wanneer daar spesifiek na die kerk as rolspeler/veranderingsagent gekyk word, moet die kerk nie
as ‘n potensiële werkgewer beskou word nie. Die funksie van die kerk, binne die raamwerk van die
gemeenskapsontwikkelingsmodel, is spesifiek om gemeenskapshulpbronne met mekaar te verbind,
sodat “die gemeenskap die gemeenskap help” (Weyers, 2011:151). Wanneer die kerk dus sodanig
betrokke raak word ‘n volgende funksie vervul, naamlik dat die kerk as “stem” van die gemeenskap
optree.
Vir die doeleindes van hierdie studie is die intervensieraamwerk vir die aanspreek van
werkloosheid en die ontwikkeling van ekonomiese onafhanklikheid soos beskryf deur Loewen
(2009:14-18) benut. Die fokusareas van hierdie intervensies word te same met strategieë en
operasionele elemente aangedui.
Tabel 9: Intervensieraamwerk vir die aanspreek van werkloosheid en die ontwikkeling van
ekonomiese onafhanklikheid (Loewen, 2009:14-18)
Fokusarea Strategie Operasionele elemente
Werksmagontwikkelin
g (Lang- of
korttermyn
Persoonlike
ontwikkelingspro-
gramme
Behandeling- en ondersteuningsprogramme vir
middelafhanklikheid wat potensiaal inperk
Geletterdheidsprogramme
| 32
bemagtigingsprogram) Finansiële geletterdheidsprogramme
Ontwikkeling van ‘n CV
Vaardighede om onderhoude te voer
Werksgereedheids-
programme
Netwerke met moontlike werkgewers om vaardighede
te identifiseer en opleidingsgeleenthede te skep
Ontwikkeling van
spesifieke
vaardighede
Generiese vaardighede om bemarkbaarheid te verhoog
Identifisering van spesifieke vaardighede wat in die
mark adverteer word as nodig vir betrekkings
Entrepeneurskap Opstel van besigheidsplan
Toegang tot hulpbronne om besigheid van die grond af
te kry
Ontwikkeling van ‘n mark vir besighede
Inkomste-
ondersteuning
(korttermyn hulp
totdat die persoon
werk en onafhanklik
funksioneer)
Bestuur van skuld Ooreenkomste met skuldeisers
Goedkoper dienste Onderhandel vir goedkoper dienste, byvoorbeeld
skoolgeld, mediese sorg
Noodhulp Eenmalige noodhulp in die vorm van kos, huurgeld of
elektrisiteit
2.5 Maatskaplike ongeregtigheid
Die begrip ‘maatskaplike geregtigheid’ verwys na sekere etiese en morele kodes/reëls wat binne ‘n
samelewing toegepas word om menslike welsyn te bevorder. Maatskaplike ongeregtigheid, aan die
ander kant, verwys na ‘n gebrek aan sodanige reëls, of die toepassing daarvan, wat daartoe lei dat
sommige individue en/of groepe in die samelewing benadeel word (Smith, 2005:46). Mische (2007)
verduidelik dat die behoefte aan norme ‘n universele verskynsel is, maar dat wat hierdie norme
behels en hoe dit toegepas word van gemeenskap tot gemeenskap verskil.
Oezemena (2010) dui op ‘n duidelike verband tussen armoede, werkloosheid en maatskaplike
ongeregtigheid. Die skrywer verduidelik dat die voortdurende armoede onder vroue in
plattelandse areas ‘n tipiese voorbeeld van maatskaplike ongeregtigheid is, aangesien dit meebring
dat hierdie vroue steeds van groei en ontwikkeling weerhou word weens ‘n gebrek aan toegang
tot geleenthede. Die Suid-Afrikaanse regering gee wel erkenning aan spesifieke fokus van dienste
en ontwikkelingsgeleenthede vir weerlose persone soos vroue, kinders en persone met
| 33
gestremdhede (sien Witskrif vir Maatskaplike Welsyn, 1997). In 2009 is ‘n spesiale
staatsdepartement vir Vroue, Kinders en Persone met Gestremdhede op die been gebring met die
oog op die bemagtiging van hierdie groepe (Ozoemena, 2010).
Maatskaplike geregtigheid beteken dus dat alle gemeenskapslede die reg het op:
Menswaardige behandeling;
Toegang tot dienste;
Dienste wat op ‘n respekvolle wyse verskaf word en
Geleenthede tot ontwikkeling (Ozoemena, 2010).
Mische (2007) sluit by bostaande beskrywing aan en verduidelik dat, wanneer
individue/groepe/gemeenskappe ‘n gevoel van maatskaplike ongeregtigheid ervaar, dit sal lei tot
onvergenoegsaamheid, konflik en gebrekkige tot geen samewerking. Die gevolg is dus ‘n
gefragmenteerde samelewing waarbinne wantroue groei en ontwikkeling belemmer word.
Burgerlike organisasies, soos die kerk, het ‘n beduidende (selfs magtige) rol in die vorming van
idees rakende die norme wat binne die samelewing aanvaar en toegepas word (Mische, 2007). As
rolspeler in die bevordering van maatskaplike geregtigheid kan die kerk dus die gemeenskap
ondersteun om:
Betekenis te verwoord rakende wat ‘geregtigheid’ van ‘ongeregtigheid’ onderskei;
Maniere te identifiseer om ongeregtigheid uit te roei en geregtigheid te bevorder; en
Te aanvaar dat dit ‘n langdurige stryd is om maatskaplike geregtigheid binne samelewings te
handhaaf.
Met die spesifieke fokus op die rol van die kerk in die ontwikkeling van maatskaplike geregtigheid,
verleen die begrip “diakonie” ‘n beskrywing van fundamentele aksies deur die kerk wat fokus op:
Ontwikkeling van ‘n verhouding tussen die kerk en die gemeenskap;
Voorkoming;
Opheffing en
| 34
Vermindering van maatskaplike behoeftes (Church of Norway, 2008:15-27; Danish
Diaconal Council, 2008:2; Diakonie Texte/Dokumentation, 2008:8-12).
Hierdie verhouding tussen die kerk en die gemeenskap impliseer dat die kerk, deur middel van
hierdie verhouding, menslike behoeftes aanspreek en maatskaplike geregtigheid bevorder. Die kerk
word dus ‘n spreekbuis vir onderdruktes en die bestryding van onregverdige praktyke in die
samelewing. Diensvelde waarop daar deur die kerk gefokus word sluit die volgende in:
Bejaardes,
Arm en/of huislose persone,
Persone met gestremdhede,
Kinders in nood (Church of Norway, 2008:15-27; Danish Diaconal Council, 2008:2;
Diakonie Texte/Dokumentation, 2008:8-12).
Die noodsaaklikheid van ‘n voortdurende gesprek in die samelewing word beklemtoon wanneer
daar in ag geneem word dat verskillende persone/groepe verskillende betekenisse aan die begrip
maatskaplike geregtigheid koppel (spesifiek relevant in die diverse Suider-Afrikaanse samelewing).
Hier moet die idee van die kerk as “stem” weer na vore kom. Die kerk is dus die ideale rolspeler
om as ‘n fasiliteerder van hierdie gesprekke (Mische, 2007) op te tree.
Die Departement van Kuns en Kultuur (Creating a caring and proud society, 2012:11) verwys na
burgerskap as ‘n aspek wat tot maatskaplike geregtigheid kan bydra. Die beginsels van deelname
en bemagtiging van landsburgers word as sentrale konsepte in die toepassing van maatskaplike
geregtigheid beskryf (Creating a caring and proud society, 2012:19). Die figuur hieronder bied ‘n
illustrasie van drie vlakke van burgerskap, met die operasionele elemente van elke vlak.
| 35
Figuur 3: Vlakke van burgerskap (Creating a caring and proud society, 2012:11-12)
Burgerlike groepe wat op moraliteit gefokus is (insluitend die kerk), is dikwels kampvegters teen
maatskaplike ongeregtigheid in ‘n samelewing. Aksies wat gemik is op die ontwikkeling van
maatskaplike geregtigheid fokus op:
Regverdige praktyke in terme van gelykheid ongeag ras, taal, kultuur, godsdienstige
oriëntasie of geslag;
Regverdige hantering van geskille, verskille of oortredings;
Regverdige vergoeding vir prestasies en
Objektiewe beoordeling van feite (Smith, 2005:57).
Bogemelde fokusareas word binne die kerk aangespreek op twee maniere, naamlik 1) deur
barmhartigheidsdiens (insluitend dienste wat fokus op menslike behoeftes en die verligting van
armoede en werkloosheid, soos in die vorige afdelings omskryf) en 2) optrede as ‘n sosiale
spreekbuis wat beleide beïnvloed ten einde maatskaplike geregtigheid te laat geskied. Dit is dus
noodsaaklik dat die kerk se dienste aan en betrokkenheid by maatskaplike dienslewering bekend
gemaak word, ten einde te verseker dat die kerk as rolspeler erken en ingesluit word by openbare
debatvoering.
Vlak 1
Vlak 2 Vlak 3
Bemagtigende burgerskap: Ken regte
en verantwoordelikhede
Toegang tot forums en
prosesse om regte uit te
oefen
Regverdige burgerskap:
Hulpbronne word
regverdig verdeel en almal
het toegang
Inklusiewe burgerskap:
Almal kan deelneem aan
prosesse en forums
Amal het toegang tot dieselfde
geleenthede
| 36
Die Departement van Kuns en Kultuur beveel die volgende strategie, gekoppel aan fokusareas, vir
die bevordering van maatskaplike geregtigheid aan (Creating a caring and proud society, 2012:55-
57):
Tabel 10: Operasionele elemente vir die ontwikkeling van maatskaplike geregtigheid (Creating a
caring and proud society, 2012:55-57)
Strategie Fokusareas Operasionele elemente
Platforms vir gesprek-
voering
Bewusmaking
Mobilisering van gemeen-
skappe
Aanmoediging tot aktiewe
burgerskap (deelname aan
programme, forums en
prosesse)
Gesprekke en aktiwiteite rakende vroue-
en kinderregte
Gesprekke en aktiwiteite rakende die
regte van persone met gestremdhede
Motiveringsaktiwiteite om aktiewe
burgerskap te bevorder
Deelname aan forums en netwerke
Betrokkenheid by anti-xenofobiese
projekte
2.6 Slotsom
Hierdie hoofstuk bevat ‘n literatuurgebaseerde bespreking van die konsepte menslike behoeftes,
armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid. Hierdie beskrywings het gelei tot ‘n
konseptuele raamwerk waarbinne die betrokke studie kon plaasvind. ‘n Verdere uitkoms is dat die
konsepte afgebaken kon word tot operasionele elemente, wat benut is vir die ontwikkeling van ‘n
vraelys om die kwantitatiewe data vir die studie in te samel (sien Bylae A). Hoofstuk 3 verskaf ‘n
beskrywing van die bevindinge van hierdie studie in terme van die steekproef en verwerkte data.
Die navorsers se gevolgtrekkings en aanbevelings wat op hierdie bevindinge gebaseer is, word in
Hoofstuk 4 beskryf.
| 37
Hoofstuk 3
Navorsingsbevindinge
3.1 Inleiding
Hierdie navorsingstudie is gebaseer op die Algemene Sinode van die NG Kerk se kommer oor die
voortslepende hoë vlakke van armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid binne die
Suider-Afrikaanse samelewing. Die talle projekte op die terrein van armoede-bestryding en
maatskaplike ontwikkeling waarby die kerk reeds betrokke is, word as vertrekpunt geneem om
verdere riglyne aan gemeentes, ringe en sinodes beskikbaar te stel oor maniere waarop die kerk
sinvol by die bestryding van genoemde kwessies betrokke kan bly. Die Hugenote Kollege in
Wellington is getaak om behulpsaam te wees met die insameling van inligting sodat sodanige
riglyne ontwikkel kan word. Die doel met hierdie navorsingstudie is om die aard en omvang van
aktiwiteite en dienste van die NG Kerk wat armoede, werkloosheid en maatskaplike
ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse samelewing bestry, te verken en beskryf en die Algemene
Sinode van riglyne te voorsien waarvolgens gemeentes, ringe en sinodes
toegerus kan word om ‘n verdere bydrae te maak ten opsigte van die stryd teen armoede,
werkloosheid en die bevordering van maatskaplike geregtigheid en
‘n maatskaplike stem en advokaatrol kan ontwikkel wat fokus op die bestryding van
armoede en werkloosheid en die bevordering van maatskaplike geregtigheid.
Die doel van hierdie studie is dus NIE om bestaande dienste te evalueer nie, maar wel om ‘n
geheelbeeld van dienste te verkry ten einde die volgende navorsingsvraag te kan beantwoord: Wat
is die aard en omvang van aktiwiteite en dienste van die NG Kerk om armoede, werkloosheid en
maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse samelewing te bestry?
Die kriteria vir insluiting by die steekproef van 70 respondente is as volg:
Die gemeente is lid van die Nederduits-Gereformeerde Kerk,
in Suid-Afrika en Namibië en
die gemeente lewer dienste om armoede, werkloosheid en/of maatskaplike ongeregtigheid
te bestry.
| 38
‘n Kwantitatiewe navorsingsbenadering is gevolg deur die benutting van ‘n vraelys om ‘n statistiese
beskrywing van die aard en omvang van aktiwiteite en dienste deur die NG Kerk te verskaf. Die
vraelys is gebaseer op die operasionele elemente wat vanuit die bestudering van bestaande teorie
en literatuur geïdentifiseer is. Kwalitatiewe data is ook deur middel van oop vrae in die vraelys
ingesamel. Hierdie bevindinge word vervolgens bespreek.
3.2 Navorsingsbevindinge
Die beskrywing van die navorsingsbevindinge word in ses afdelings aangebied, naamlik:
1. ‘n Profiel van die respondente en deelnemende gemeentes
2. Bevindinge met betrekking tot die bestryding van armoede
3. Bevindinge met betrekking tot die bestryding van werkloosheid
4. Bevindinge met betrekking tot die bevordering van maatskaplike geregtigheid
5. Bevindinge rakende stremminge wat ervaar word tydens dienslewering en aspekte wat
bydra tot dienslewering
6. Voorbeelde van suksesvolle dienste
Die bevindinge word primêr statisties voorgestel, en word aangevul deur kwalitatiewe data wat ‘n
verdere beskrywing van die bevindinge verskaf.
3.2.1 Bevindinge met betrekking tot die profiel van respondente en deelnemende
gemeentes
Hierdie afdeling handel oor a) die respondente en b) die deelnemende gemeentes se
identifiserende besonderhede om die konteks van die data te beskryf.
Die profiel van respondente
Respondente het vyf ampte/rolle binne die deelnemende gemeentes vertolk. Leraars het 65.7% van
die data verskaf, terwyl 14.3% van die data deur skribas verskaf is. Ouderlinge het 8.6% van die
data verskaf en gemeentebestuurders en saakgelastigdes het 5.7% elk van die data verskaf.
| 39
Figuur 4: Amp/rol in die gemeente
Bogenoemde respondente is ‘n gemiddeld van 11.4 jaar reeds in genoemde ampte in hulle
gemeentes betrokke. Die standaardafwyking van hierdie gemiddeld is 8.66 jaar met ‘n beduidende
aantal respondente wat in die eerste twee kategorieë val (1-5 en 6-10 jaar in die amp/rol). Die
verpreiding van die tydperke in die betrokke ampte/rolle word hieronder geïllustreer.
| 40
Figuur 5: Tydperk in die betrokke amp/rol in die gemeente
Die gemiddelde ouderdom van respondente is 51.4 jaar. Dit plaas die gemiddelde respondent dus
in die lewensfase van middel volwassenheid, waar die bydrae in die samelewing ‘n beduidende rol
speel. Die standaardafwyking van hierdie gemiddeld is 10.98 jaar. Dit is beduidend dat die grootste
hoeveelheid respondente (60%) 51 jaar oud en ouer was. Die jongste respondent is 27 jaar oud,
terwyl die oudste respondent 69 jaar oud was. Geen respondente het in die ouderdomsgroep 31
tot 35 jaar geval nie, terwyl slegs ‘n klein persentasie (5.7%) in die ouderdomsgroep 36 tot 40 jaar
geval het. Die jongste ouderdomsgroep tussen 26 en 30 jaar het 8.6% respondente
verteenwoordig, terwyl 14.3% respondente in die ouderdomsgroep 41 tot 50 jaar geval het. Die
ouderdomsgroep 46 tot 50 jaar is verteenwoordig deur 11.4% van die respondente.
| 41
0
2
4
6
8
10
12
14
16
26-30 31-35 36-40 41-45 46-50 51-55 56-60 61+
Figuur 6: Ouderdomverspreiding
Die respondente is hoofsaaklik manlik, soos in die figuur hieronder aangedui.
Figuur 7: Geslag van respondente
| 42
Die gemeente
Die verspreiding tussen landelike en stedelike gemeentes is eweredig. Die standaardafwyking is
besonder klein (2.1). Die gemiddeld in die statistiese verwerking is dan ook 50%.
Figuur 8: Ligging van die gemeente
Die verspreiding tussen die sinodale areas is ook eweredig. Die gemiddelde hoeveelheid
respondente vanuit die verskillende sinodale gebiede is 7, terwyl die standaardafwyking ‘n betreklik
klein 3.4 was. Die grootste verteenwoordiging is vanuit die Wes-Kaap, terwyl Gauteng en Vrystaat
die tweede meeste respondente verteenwoordig.
| 43
Figuur 9: Sinodale area
Die grootte van gemeentes is op grond van die aantal lidmate in die volgende kategorieë verdeel:
1-500, 501-1000, 1001-1500, 1501-2000 en 2001 en meer lidmate. Die aantal lidmate per
deelnemende gemeente het beduidend verskil met ‘n standaardafwyking van 12. Die grootste
aantal respondente se gemeentes het bestaan uit tussen 501 en 1000 lidmate, terwyl die minste
respondente se lidmaatgetal tussen 1501-2000 was.
| 44
Figuur 10: Aantal lidmate
‘n Beduidende meerderheid van die respondente het aangedui dat lidmate sowel as nie-lidmate by
hul dienste baat vind. Hierteenoor dui twee studies onder NG Kerk lidmate gedurende 2006 en
2010 op ‘n groei in gemeenskapsbetrokkendheid van 28.5% tot 40% (Van Wyk, 2013:9). Dit moet
egter in ag geneem word dat laasgenoemde studie spesifiek op aktiwiteite binne gemeentes oor
die algemeen gefokus het terwyl hierdie studie spesifiek op gemeenskapsbetrokkenheid in terme
van die bestryding van armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid gefokus het.
| 45
Figuur 11: Persone wat baat vind by dienste en aktiwiteite
Kriteria waaraan persone moet voldoen om in aanmerking vir dienste te kom
Respondente is gevra om kwalitatiewe data te verskaf rakende die vereistes wat gestel word om in
aanmerking vir dienste te kom. Vier temas is vanuit die kwalitatiewe data geïdentifiseer:
1. Geen kriteria vir die lewering van dienste
2. Spesifieke fokusareas vir dienslewering
3. Beskrywing van evaluering van behoeftes voordat hulp verleen word
4. ‘n Beskrywing van die aard van dienste in die algemeen
Hierdie temas word vervolgens beskryf.
Geen kriteria vir die lewering van dienste
Respondente het die volgende stellings gemaak om te verduidelik waarom geen spesifieke kriteria
gevolg word nie:
“Enige een in nood.”
| 46
“Daar is geen kriteria nie. Ons bedien en verleen hulp, daar waar mense in nood is, maak nie
saak wat die geslag, ras, taal of kerklike denominasie is nie.”
“Daar is geen kriteria of word geensins onderskeid getref nie. Almal wat in nood is, word voor die
voet gehelp en van hulp en kundiges voorsien soos die behoeftes daartoe lei. Ons sal met
ondersteuning en hulp werklik uit ons pad gaan om van hulp te wees.”
“Gemeentelede kan enige persoon wat behoeftig is, aanmeld.”
“Enige hulpbehoewende persone wat binne die bedieningsarea van die gemeente woon.”
‘n Respondent het na die gemeente se visie en missie verwys en ook aangedui dat gemeentelede
eerste prioriteit kry: “Ons riglyne word bepaal deur ons gemeente se visie en missie: Jesus alles in elkeen
en Elkeen doelgerig ’n dissipelmaker (Kol.3:11b - Hier is Christus alles en in almal; 1 Kor.15:1-8; 15:28;
Ef.1:10; Ef.4;4-6; Fil.1:21; 3:8-9). Ons gee wel voorkeur aan gemeentelede.”
In aansluiting by laasgenoemde stelling, het respondente ook daarna verwys dat hulle binne hulle
vermoëns hulp verskaf.
“Ons het geen voorgeskrewe kriteria waaraan mense moet voldoen nie. Baie mense kom klop aan
vir hulp, maar ons kan nie almal help nie. Ons hulp is beperk tot fondse en kapasiteit beskikbaar.
Ons help so ver ons kan.”
“Ons glo as iemand in nood oor ons pad kom, moet ons help waar ons kan.”
“Die vraag wat beantwoord moet word is: val die persoon se behoefte in die raamwerke van
waarmee die gemeente kan help en ook die parameters van begroting. Die kriteria is onder
andere sal die hulp die persoon help om self verder haar/homself te help indien dit hulpverlening is
wat meer as net basiese behoeftes aanspreek.”
Die verskaffing van hulp is ook gekoppel aan die geleentheid om verhoudings te bou met mense in
nood: “Geen kriteria, maar wel 'n proses van verhoudingsbou met persone wat hulp ontvang.”
Spesifieke fokusareas vir dienslewering
Die volgende stelling dui daarop dat enige persoon wat hulp benodig vir hulpverlening kwalifiseer:
“Hulp aan haweloses, vlugtelinge wat in die land aankom of diegene wat hul werk verloor het ensovoorts.”
Respondente het egter kinders, enkelouers, bejaardes en siekes uitgesonder as persone wat
spesifiek gehelp word:
| 47
“Mense in nood, spesifiek weeskinders.”
“Sending vanuit ons gemeente, werkloos – enkel ma’s en bejaardes.”
“Gehospitaliseerdes.”
“Senior burgers.”
“Bewysbare armoede en ongeskiktheid om te werk, bv. siekes en verswakte bejaardes.”
Beskrywing van evaluering van behoeftes voordat hulp verleen word
Die volgende beskrywings is gegee rakende hoe daar besluit word om hulp te verleen:
“Kerkraadslede evalueer behoeftes van persone wat moontlik hulp nodig het.”
“Die Kerkraad fokus ten opsigte van mense buite die gemeente op vreemdelinge, vlugtelinge en
haweloses. Die persoon wat aanklop om hulp se storie word gekontroleer deur die feite wat
aangebied word na te gaan en te kontroleer/verifieer.”
‘n Beskrywing van die aard van dienste in die algemeen
Die volgende standpunt beskryf die aard van dienslewering in die algemeen: “Drie-maande noodhulp
en verwysing na hulpbronne vir langtermyn hulp.” Genoemde verwysing na langtermyn hulp word ook
aangevul deur die beskrywing van verwysing na ander diensverskaffers: “As ‘n persoon teen die derde
keer kom, vra ons die hulp van die maatskaplike werker.”
Toeganklikheid en/of beskikbaarheid van dienste word ook statisties soos volg uitgebeeld:
| 48
Figuur 12: Toegang tot kundigheid/dienste
| 49
Toegang deur gemeentes tot professionele dienste blyk goed verspreid te wees met ‘n gemiddeld
van 46 [n=70] toegang tot ‘n tipe diens. Die standaardafwyking is 4.86.
Toegang tot regeringsinstansies is egter minder, met ‘n gemiddeld van 40.5 [n=70]. Die
standaardafwyking is hier hoër met 6.3. Toegang tot die Suid-Afrikaanse Polisiediens en hospitale is
beduidend meer as toegang tot staatsdepartemente.
3.2.2 Bevindinge met betrekking tot die bestryding van armoede
Hierdie afdeling handel oor dienslewering om armoede te bestry en word in twee kategorieë
beskryf, naamlik die aanspreek van menslike behoeftes en die onderliggende benaderings en aard
van dienste/programme/aktiwiteite.
Die aanspreek van menslike behoeftes as deel van armoedebestryding
a) Voedselvoorsiening
Kospakkies word deur 88.6% van die deelnemende gemeentes verskaf, terwyl 60% betrokke is by
voedselskemas in gemeenskappe en 48.6% betrokke is by skoolvoedingsprogramme. Die
verspreiding van die dienste word in die figuur hieronder statisties beskryf. Die standaardafwyking
van die gemiddeld van 46 [n=70] is 7.2. Die grootste fokus is op voedselvoorsiening aan
individue/gesinne, terwyl skoolvoedingsprogramme die kleinste fokus is.
| 50
Figuur 13: Verspreiding van voedselvoorsieningsprojekte in die aanspreek van menslike behoeftes
b) Beskerming teen elemente
Komberse en klerasie word deur ‘n beduidende aantal respondente verskaf, terwyl nooddienste
en skuiling ook as fokus van dienslewering dien. Die verskaffing van behuising word deur ‘n kleiner
hoeveelheid respondente as deel van dienste hanteer. Die tabel hieronder verskaf ‘n beskrywing
van die persentasie deelnemende gemeentes wat betrokke is by dienste wat fokus op die
beskerming teen elemente.
Tabel 11: Statistiese beskrywing van lewering van dienste wat fokus op beskerming teen elemente
in die aanspreek van menslike behoeftes
Diens % Gemeentes wat diens lewer
Nooddienste 42.9
Komberse 88.6
Klerasie 82.9
Behuising 14.3
Skuiling 31.4
| 51
In ooreenstemming met bogenoemde beskrywing, varieer die verspreiding van die tipe dienste om
beskerming teen elemente te verskaf met ‘n standaard afwyking van 11.37 vanaf die gemiddeld van
36.4 [n=70].
Figuur 14: Verspreiding van projekte met die fokus op beskerming teen elemente in die
aanspreek van menslike behoeftes
Onderliggende benaderings en aard van dienste/programme wat fokus op die
bestryding van armoede
Benaderings wat vanuit die literatuur geïdentifiseer is, is soos volg: Psigo-sosiaal, geestelik-
kultureel, opvoedkundig, nasionale belang, eenheid, selfbeskikking, kollektiewe werk en
verantwoordelikheid, samewerking, kreatiwiteit, doel en geloof.
Psigo-sosiaal
Die uitbou van geloofsoortuigings en die ontwikkeling van vennootskappe met ander
diensverskaffers is deur die meeste respondente aangedui as die fokus van dienslewering wat op
die psigo-sosiale beginsel gegrond is. Gespreksgeleenthede om probleme te bespreek en
opvoedkundige programme word ook deur ‘n beduidende hoeveelheid respondente as fokus van
dienslewering aangedui, terwyl Welsynsorganisasies in diens van gemeentes,
| 52
gemeenskapsaktiwiteite om verandering te stimuleer en jeugprogramme word deur ‘n kleiner
hoeveelheid respondente benut.
Tabel 12: Statistiese beskrywing van aktiwiteite wat fokus op psigo-sosiale benaderings
Aktiwiteit
% Gemeentes betrokke by die
aktiwiteit
Uitbou van geloofsoortuigings 82.6
Welsynsorganisasies in diens van gemeente 28.6
Vennootskappe 62.9
Gemeenskapsaktiwiteite om verandering te
stimuleer 31.4
Gespreksgeleenthede om probleme te bespreek 48.6
Opvoedkundige programme 40
Jeugprogramme 34.3
Die verspreiding van die aktiwiteite wat aangedui is in terme van psigo-sosiale benaderings word in
die figuur hieronder uitgebeeld. Die gemiddelde benutting van genoemde aktiwiteite is 32.8
[n=70], terwyl die standaardafwyking 6.9 is. Die grootste afwyking word tussen die uitbou van
geloofsoortuigings en welsynsorganisasies in diens van die gemeente waargeneem.
Figuur 15: Aktiwiteite wat fokus psigo-sosiale benaderings
| 53
Die respondente het vervolgens tipe organisasies waarmee vennootskappe aangegaan is, soos
aangedui in die onderstaande tabel, geïdentifiseer. ‘n Beduidende aantal vennootskappe is met nie-
regeringsorganisasies, en spesifiek met kerklike nie-regeringsorganisasies aangegaan.
Tabel 13: Organisasies waarmee vennootskappe aangegaan is
Organisasies waarmee vennootskappe
aangegaan is
% Gemeentes wat ooreenkomste
met die organisasies het
Skuilings vir haweloses 2.9
Losieshuise vir geestesgestremde persone 2.9
Dept Maatskaplike Ontwikkeling 2.9
Miracle Foundation 2.9
Kerklike nie-regeringsorganisasies 48.6
Ander nie-regeringsorganisasies 11.4
Geestelik-kultureel
Programme wat fokus op die ontwikkeling van geestelike welsyn word deur 57.1% van die
respondente aangebied, terwyl programme wat fokus op die ontwikkeling van die vermoë om
verantwoordelikheid vir self en ander te neem deur 51.4% van die respondente aangebied word.
Opvoedkundig
Opvoedkundige programme wat fokus op handvaardigheid word deur 31.5% van die respondente
aangebied en 25.7% respondente bied programme aan wat probleemoplossende vaardighede
ontwikkel.
Nasionale belang
Sodanige programme fokus op betrokkenheid by nasionale krisisse. In hierdie verband het 55.7%
respondente aangedui dat hulle betrokke is by noodvoedselskemas en 40% het aangedui dat
korttermyn noodhulpprogramme aangebied word.
| 54
Eenheid
Programme wat fokus op die ontwikkeling van die versterking van die gesinseenheid as primêre
ondersteuningsnetwerk word deur 42.9% van die respondente aangebied, terwyl 28.6% van die
respondente aangedui het dat programme op die ontwikkeling van die gemeenskapseenheid as
sekondêre ondersteuningsnetwerk fokus.
Selfbeskikking
Selfbeskikking in terme van die aard van dienste word deur 34.3% respondente toegepas deur
middel van beplanning van dienste wat op insette van die ontvangers van die dienste gebaseer
word.
Kollektiewe werk en verantwoordelikheid
By 45.7% van die deelnemende gemeentes vorm ontvangers van dienste deel van die aksiekomitee
en het hulle sekere take/verantwoordelikhede.
Samewerking
Samewerking as ‘n beginsel tot dienslewering impliseer gemeente-eenheid deur middel van
gedeelde hulpbronne, kennis en vaardighede. Die tabel hieronder verskaf ‘n statistiese beskrywing
van die toepassing van hierdie beginsel.
Tabel 14: Statistiese beskrywing van die toepassing van samewerking as ‘n beginsel in
dienslewering
Implikasie van gemeente-eenheid % Benutting
Gemeente-eenheid impliseer gedeelde hulpbronne 54.3
Gemeente-eenheid impliseer gedeelde kennis 51.4
Gemeente-eenheid impliseer gedeelde vaardighede 51.4
| 55
Die gemiddelde benutting van gedeelde hulpbronne, kennis en vaardighede is 36.7 [n=70] met ‘n
klein standaardafwyking van 1.1. Die verspreiding van gemeente-eenheid in terme van genoemde
fokus areas word vervolgens in die figuur hieronder uitgebeeld.
Figuur 16: Verspreiding van gedeelde hulpbronne, kennis en vaardighede
Kreatiwiteit
Kreatiwiteit as ‘n beginsel om armoede te bestry, verwys na programme en dienste wat fokus op
‘n duidelike uitkoms wat die program/diens moet bereik. ‘n Totaal van 48.6% respondente het
aangedui dat kreatiwiteit benut word tydens dienslewering.
Doel
Dienste wat verbind word met geestelike betekenisse van die individuele en gemeentedoelstellings
word deur 48.6% van die respondente benut.
Geloof
Geloof as ‘n beginsel in die bestryding van armoede verwys na i) die aanmoediging van geloof by
die ontvangers van dienste in terme van die vertroue in die mede-mens, ii) die aanmoediging van
geloof by die ontvangers van dienste in terme van die vertroue in die kerk en iii) die aanmoediging
| 56
van geloof by die ontvangers van dienste in terme van die vertroue in eiewaarde (my plek in die
kerk en die gemeente). Die tabel hieronder verskaf ‘n illustrasie van die benutting van hierdie
beginsel deur die respondente.
Tabel 15: Die aanmoediging van vertroue in die medemens, die kerk en in eiewaarde
Aanmoediging in vertroue in.... % Respondente wat beginsel toepas
... die mede-mens 68.6
... die kerk 60
... eiewaarde (my plek in die kerk en die gemeente) 65.7
Bo en behalwe die feit dat die persentasie betrokkenheid daarop dui dat hierdie beginsel deur die
meerderheid van die respondente benut word, is die verspreiding tussen die drie fokusareas
eweredig met ‘n standaardafwyking van 3.05 met ‘n gemiddeld van 45.3 [n=70] respondente wat
op hierdie beginsel tydens dienslewering fokus.
Beskrywings van ander dienste om armoede te bestry wat nie in die vraelys genoem is
nie
Die respondente het kwalitatiewe beskrywings verskaf van verdere dienste gerig op die bestryding
van armoede. Hierdie beskrywings word tematies as volg saamgevat:
1. Bewusmaking deur prediking en modellering
2. Verspreiding van kospakkies
3. Voorsiening in materiële behoeftes van bejaardes, kinders en siekes
4. Voorsiening in materiële behoeftes van kinders
Bewusmaking deur prediking en modellering
Prediking ten einde gemeentelede bewus te maak van ander in nood, sowel as die waarde van
modellering van dienslewering is deur die respondente uitgesonder:
“Prediking fokus sterk op die behoefte van ander.”
“Die voorbeeld van leraarspaar wat betrokke raak by armoede en arm mense.”
| 57
Verspreiding van kospakkies
Alhoewel hierdie aspek in die vraelys gedek was, het respondente ook die aard van die lewering
van kospakkies beskryf.
“Skenkings van kospakkies en klere aan plaaslik BADISA-tak.”
“Projek: “Pak ‘n sak en vul ‘n magie” – dan is daar meestal ‘n kospakkie beskikbaar vir mense in nood
wat aanklop.”
“Sonskynprojek: verskaf onbederfbare kos, klere en huisraad aan ± 300 persone.”
“Elke Maandag word kos gegee aan hulpbehoewendes.”
Voorsiening in materiële behoeftes van bejaardes, kinders en siekes
Dienste aan bejaardes en siekes fokus nie net op voedsel nie, maar ook op ander materiële
behoeftes, soos deur onderstaande stellings beskryf:
“Betrokke by ‘n tehuis vir arm bejaardes deur verfraaiing van kamers. Verf, beddegoed en stoffering
van meubels.”
“Betaal vir bejaardes se verblyf in ouetehuis.”
“Help met etes vir bejaardes.”
“Toiletware aan bejaardes.”
“Ons het ‘n “pakkies van hoop-projek” met kos en klere vir bejaardes en persone wat Vigs het.”
Dienste aan kinders word gerig op kinders in alternatiewe versorging. “Toiletware aan
kinderhuiskinders.” Die fisiese versorging van siek kinders is ook as ‘n diensaksie beskryf: “Versorging
van kinders met Vigs deur gemeentelede.”
3.2.3 Bevindinge met betrekking tot die bestryding van werkloosheid
Hierdie afdeling handel oor dienslewering om werkloosheid te bestry met die spesifieke fokus op
fokusareas en strategieë wat benut word.
| 58
Fokusarea: Werksmagontwikkeling (Lang- of korttermyn bemagtigingsprogram)
Die strategieë wat deur die respondente gevolg word om hierdie fokusarea aan te spreek, word
vervolgens grafies voorgestel:
a) Persoonlike ontwikkelingsprogramme
Die gemiddelde benutting van persoonlike ontwikkelingsprogramme is 14 met ‘n
standaardafwyking van 4.
Figuur 17: Verspreiding van die aanbied van persoonlike ontwikkelingsprogramme
Middelafhanklikheid word deur die meeste respondente aangespreek (28.6%), terwyl die
ontwikkeling van vaardighede om werksonderhoude te voer deur die minste respondente
aangespreek word (14.3%). Geletterdheidsprogramme word deur 22.9% van die respondente
aangebied, terwyl 17.1% van respondente finansiële geletterdheidsprogramme en programme vir
die ontwikkeling van ‘n Curriculum Vitae aanbied.
| 59
Tabel 16: Statistiese beskrywing van die aanbied van persoonlike ontwikkelingsprogramme
Tipe diens Hoeveelheid
gemeentes wat
diens aanbied
% Gemeentes wat
diens aanbied
Middelafhanklikheidbehandeling en -ondersteuning 20 28.6
Geletterdheidsprogramme 16 22.9
Finansiële geletterdheidsprogramme 12 17.1
Ontwikkeling van ‘n Curriculum Vitae 12 17.1
Vaardighede vir werksonderhoude 10 14.3
b) Werkgereedheidsprogramme
Programme wat daarop fokus om persone vir die werksopset gereed te maak word deur 17.1%
van die respondente gelewer. Hierdie programme sluit in die ontwikkeling van kennis en
vaardighede rakende arbeidspraktyk en –wetgewing, asook netwerking met potensiële
werkgewers om vaardighede te identifiseer en opleidingsgeleenthede te skep.
c) Ontwikkeling van vaardighede
Die ontwikkeling van generiese vaardighede om bemarkbaarheid te verhoog word deur 11.4% van
die respondente toegepas, terwyl 8.6% van respondente ook betrokke is by die identifisering van
spesifieke vaardighede wat in die arbeidsmag vereis word. Die gemiddelde benutting is 7 [n=70]
met ‘n standaardafwyking van 1.4.
d) Entrepeneurskap
‘n Gemiddeld van 8 respondente [n=70] fokus met dienslewering op die ontwikkeling van
entrepeneurskap met ‘n standaardafwyking van 2. Die onderstaande tabel verskaf ‘n statistiese
beskrywing van die benutting van programme wat op entrepeneurskap fokus.
| 60
Tabel 17: Statistiese beskrywing van die benutting van programme wat op entrepeneurskap fokus
Aktiwiteit Hoeveelheid
gemeentes wat
aktiwiteit aanbied
% Gemeentes wat
aktiwiteit aanbied
Opstel van besigheidsplan 6 8.6
Fasiliteer toegang tot hulpbronne om besigheid te
vestig
8 11.4
Ontwikkeling van bemarkingsgeleenthede en -
vaardighede
10 14.3
Fokusarea: Inkomste-ondersteuning (korttermyn hulp totdat die persoon werk en
finansieel onafhanklik funksioneer)
Die strategieë wat deur die respondente gevolg word om hierdie fokusarea aan te spreek, word
vervolgens grafies voorgestel:
Figuur 18: Verspreiding van korttermyn inkomste-ondersteuning
| 61
Die gemiddelde diensverskaffing rakende korttermyn inkomste ondersteuning is 28 [n=70] met ‘n
standaardafwyking van 13.9. Die meeste respondente is betrokke by eenmalige noodhulp in die
vorm van kos, huurgeld of elektrisiteit (62.9%) terwyl 28.6% van respondente ook dienste rakende
skuldbemiddeling en onderhandeling vir goedkoper dienste, byvoorbeeld skoolgeld en mediese
sorg, lewer.
Beskrywing van ander vorm(e) van dienslewering wat nie in die vraelys genoem is nie
Die volgende temas en sub-temas is geïdentifiseer vanuit die kwalitatiewe data wat deur die
respondente weergegee is:
1. Die skep van geleenthede om ‘n inkomste te genereer
a. Die skep van geleenthede om in eie bestaansmiddele te voorsien
b. Die skep van werksgeleenthede waarby die gemeenskap baat vind
2. Vroeë kindontwikkelingsprogramme wat as voorkomingsprogram kan dien
3. Motiveringsprogramme om verandering te bewerkstellig
4. Ondersteuning om werk te bekom of om bemarkbaarheid te verhoog
Die skep van geleenthede om ‘n inkomste te genereer
Respondente het beskryf hoe geleenthede daargestel word vir werklose persone om ‘n inkomste
te kan genereer deur die volgende voorbeelde:
“Kleremark waar artikels goedkoop beskikbaar gestel word en weer op eie inisiatief verkoop word om
eie finansies te genereer.”
“By alles in die gemeente ten opsigte van eiendomme (onderhoudswerk, reparasies,
skoonmaakdienste, tuindienste) word lidmate se kundigheid, vaardighede en gawes maksimaal
aangewend sover as moontlik. Onderhandelinge oor vergoeding word gedoen.”
“Herwinningsprojek waar kinders ‘n skyfie ontvang na die inhandiging van glas, plastiek, tin, ensovoorts
en dan volgens aantal skyfies koop hulle skryfbehoeftes, kos, lekkergoed en speelgoed.”
“Speserybotteltjies: leë botteltjies word ingegee en dit word verkoop vir herwinning.”
Hierdie tema het ook daarop gedui dat die skep van inkomstegenererende geleenthede fokus op
selfonderhouding deur die volgende subtema.
| 62
Die skep van geleenthede om in eie bestaansmiddele te voorsien
“Ons het ‘n aktiewe samewerking met CMD [Christelike Maatskaplike Diens] waar
hulpwerkers mense help met ‘selfhelp’ programme soos die ontwikkeling van
groentetuine.”
“Bystand van haweloses / vreemdelinge / vlugtelinge om projekte waarmee hulle
selfonderhoudend kan raak te befonds met “seeding capital”, begeleiding en deur
diesulkes in kontak te bring met ander programme / mense wat hulle kan bystaan.”
“Ontwikkeling van ‘n groentetuin deur die VIGS pasiënte.”
Die beskrywing van die skep van geleenthede om ‘n inkomste te genereer het ook verwys na
inkomstegenererende geleenthede waarby die gemeenskap kan baat vind, soos in die volgende
subtema beskryf.
Die skep van werksgeleenthede waarby die gemeenskap baat
“Ons het ‘n organisasie naamlik AKM –Aksie Kinder Mobilisasie. Ons lei vroue op en
bemagtig hulle om in hul eie veraf plattelandse gebiede of in plakkerskampe pre-primêre
skole te begin. My 2012-2013 verslag rapporteer dat ons tans 2 200 kinders in 66
geregistreerde AKM skooltjies oor die hele land het met 145 opgeleide onderwysers. Ons
lei elke jaar ongeveer 40 onderwysers op en spandeer gemiddeld N$ 100 000.00 per jaar
aan skoolmateriaal. Onderwysers word bemagtig om hul eie privaatskooltjies te bou of
verkry, self te bestuur, eie fondse te genereer en kinders deeglik voor te berei vir die
“groot-skool”.
Vroeë-kindontwikkelingsprogramme wat as voorkomingsprogram kan dien
In ooreenstemming met die skep van inkomste-genererende geleenthede hierbo genoem het ‘n
respondent ook aangedui dat vroeë-kindontwikkelingsprogramme aangebied word om sodoende
voorkomend op te tree en kinders van jongs af te bemagtig: “Voorskoolse groep met 4-5 jariges:
stimuleringsprogramme vir skoolgereedheid.”
| 63
Motiveringsprogramme om verandering te bewerkstellig
Die volgende stelling dui daarop dat daar, te same met praktiese programme om werkloosheid aan
te spreek, ook op geestelike vlak aandag aan hierdie aspek gegee word: “Weeklikse besoeke aan
plaaslike gevangenisse – bied motivering om nuwe geleenthede te ondersoek.”
Ondersteuning om werk te bekom of om bemarkbaarheid te verhoog
Die respondente het spesifiek verwys na geleenthede wat geskep word om persone te ondersteun
om werk te bekom en/of te ondersteun om vaardighede te ontwikkel wat bemarkbaarheid sal
verhoog.
“Skatkis: Link werkgewers met werknemers.”
“Finansiële en praktiese bystand in die verkryging van opleiding en slyp van vaardighede sodat hulle
indiensneembaarheid verhoog: rekenaargeletterdheid program in die Vlugtelingekamp, gedeeltelike
befondsing van tersiêre studies aan Unam [Universiteit van Namibië] en die Politechnikon deur
ondersteuners te werf; vaardigheidskoling in motorwerktuigkunde en paneelklopwerk, ensovoorts.”
“Ons help soek werk en geleenthede waar hulle op die voete kan kom.”
“Waar ons kan stuur vir skolastiese, universitêre of tegniese opleiding.”
“Soms word daar in die gemeente afgekondig dat iemand met ‘n spesifieke vaardigheid dringend werk
soek.”
“Lidmate word ingelig as daar poste beskikbaar gestel word en ook waar daar gevra word om diere te
versorg as mense met vakansie is en om na die huise en plante om te sien en ligte aan en af te sit.”
“Pensionarisse word aangewend om toesig te hou by besighede, daar word altyd eers navraag by die
kantoor/leraar gedoen.”
3.2.4 Bevindinge met betrekking tot die bevordering van maatskaplike geregtigheid
Hierdie afdeling handel oor dienslewering om maatskaplike ongeregtigheid te bestry en word in
drie afdelings aangebied, naamlik geleenthede om maatskaplike ongeregtigheid te bestry, die
aanspreek van menslike behoeftes as deel van die bestryding van maatskaplike ongeregtigheid en
respondente se persepsies en ervarings rakende die mate waartoe gemeentelike dienste (insluitend
dienste gemik op armoede en werkloosheid) maatskaplike geregtigheid bevorder.
| 64
Geleenthede om maatskaplike ongeregtigheid te bestry
Die fokus in hierdie afdeling is op a) bewusmaking, b) mobilisering van gemeenskappe en c) die
aanmoediging tot aktiewe burgerskap.
Bewusmaking
Gesprekke en aktiwiteite rakende vroue- en kinderregte word deur 45.7% van die respondente
benut, terwyl 48.6% van respondente betrokke is by gesprekke en aktiwiteite rakende die regte
van persone met gestremdhede. Die verspreiding van die data dui op ‘n gemiddelde benutting van
33 respondente [n=70] met ‘n standaardafwyking van 1.4.
Figuur 19: Verspreiding van die benutting van bewusmakinggeleenthede
Mobilisering van gemeenskappe
Mobilisering deur middel van deelname aan forums en netwerke word deur 40% van die
respondente benut, terwyl 11.4% respondente betrokke is by anti-xenofobiese projekte. Die
beduidende verskil in persentasie betrokkenheid hierbo word ook weerspieël deur die
| 65
standaardafwyking van 14.1 met ‘n gemiddelde van 18 respondente [n=70] betrokke by die twee
mobiliseringsgeleenthede.
Figuur 20: Verspreiding van die benutting van mobiliseringsgeleenthede
Aanmoediging tot aktiewe burgerskap (deelname aan programme, forums en prosesse)
Motiveringsaktiwiteite word deur 34.3% van die respondente as geleentheid tot die ontwikkeling
van aktiewe burgerskap benut.
Die aanspreek van menslike behoeftes as deel van die bestryding van maatskaplike
ongeregtigheid
a) Skakeling met hulpbronne
Die benutting van netwerke om menslike behoeftes as deel van die bestryding van maatskaplike
ongeregtigheid aan te spreek fokus eerstens op die ontwikkeling van netwerke rakende opvoeding.
Dit word deur 34.3% van die respondente geïmplimenteer. Tweedens fokus dit ook op die
ontwikkeling van netwerke rakende mediese dienste, wat deur 20% van die respondente benut
word. ‘n Gemiddelde implementering deur 19 respondente [n=70] word deur die statistiese
| 66
verwerking aangedui met ‘n beduidende standaardafwyking van 7.1. Die verspreiding van die
benutting van die twee skakelingsmoontlikhede word in die figuur hieronder illustreer.
Figuur 21: Verspreiding van skakelingsmoontlikhede met hulpbronne
b) Ontwikkeling van moraliteit
Die benutting van geleenthede om moraliteit te ontwikkel, is deur ‘n meerderheid van die
respondente benut. Voorligtingsdienste (byvoorbeeld rakende die huwelik en kindersorg) word
deur 65.7% van respondente gelewer en 68.6% van respondente lewer beradingsdienste
(byvoorbeeld huweliksberading en ouer-kind berading). In ooreenstemming met hierdie statistiese
beskrywing fokus 47 respondente [n=70] op hierdie aspek met ‘n standaardafwyking van 1.4.
| 67
Figuur 22: Verspreiding van aktiwiteite wat fokus op die ontwikkeling van moraliteit
c) Bemeestering van lewensvaardighede
Soos met die vorige afdeling fokus dienste deur die meerderheid respondente ook op die
bemeestering van lewensvaardighede. Ouerskapsvaardighede word deur dienste van 54.3% van die
respondente bevorder, terwyl 57.1% van respondente dienste wat fokus op
verhoudingsvaardighede lewer. Die gemiddelde toepassing van programme wat op die
bemeestering van lewensvaardighede fokus is 39 [n=70] met ‘n standaardafwyking van 1.4.
| 68
Figuur 23: Verspreiding van aktiwiteite wat op die bemeestering van lewensvaardighede fokus
Persepsies en ervarings rakende die mate waartoe gemeentelike dienste (insluitend
dienste gerig op armoede en werkloosheid) maatskaplike geregtigheid bevorder
Die beskrywing van data in hierdie afdeling is gebaseer op die volgende stellings:
1) Ontvangers van dienste se selfbeeld word bevorder deurdat hulle aan die beplanning en
implementering van dienste deelneem
2) Ontvangers van dienste se selfvertroue word bevorder deurdat hulle aan die beplanning
en implementering van dienste deelneem
3) Ontvangers van dienste ervaar die gevoel dat hulle gerespekteer word deurdat hulle aan
die beplanning en implementering van dienste deelneem
4) Ontvangers van dienste neem verantwoordelikheid vir hul eie situasie deurdat hulle aan
die beplanning en implementering van dienste deelneem
5) Ontvangers van dienste beleef ‘n gevoel van aanvaarding deurdat hulle assosieer met en
aan gemeente-aktiwiteite deelneem
6) Ontvangers van dienste het sekere teenprestasies waaraan hulle behoort te voldoen om
eienaarskap te verseker
| 69
Die skaal wat benut is:
1 = Diens/program het geen impak op die bevordering van maatskaplike geregtigheid nie
2 = Diens/program het ‘n geringe impak op die bevordering van maatskaplike geregtigheid
3 = Diens/program het ‘n redelike impak op die bevordering van maatskaplike geregtigheid
4 = Diens/program het ‘n beduidende impak op die bevordering van maatskaplike geregtigheid
5 = Diens/program het ‘n sterk impak op die bevordering van maatskaplike geregtigheid
Tabel 18: Aspekte van maatskaplike geregtigheid wat by ontvangers van dienste bevorder word
Aspekte van
bevordering van
maatskaplike
geregtigheid
Skaal (%) Standaardafwyking
vanuit ‘n gemiddeld van
20
1 2 3 4 5
Selfbeeld 22.8 17.1 28.6 22.9 8.6 7.6
Selfvertroue 28.7 22.8 22.8 20 5.7 8.6
Respek 28.6 14.3 25.7 20 11.4 7.3
Verantwoordelikheid 31.3 17.1 34.7 11.3 5.6 12.6
Aanvaarding 22.9 14.3 25.7 31.4 5.7 10.1
Teenprestasies en
eienaarskap
45.7 14.3 17.1 14.3 8.6 14.7
Die standaardafwyking by al die aspekte is hoog. Dit is veral beduidend ten opsigte van die fokus
op verantwoordelikheid, aanvaarding, teenprestasies en eienaarskap. Die statistiese data in die
bostaande tabel word vervolgens beskryf:
Selfbeeld: ‘n Redelike impak word deur die meeste antwoorde verteenwoordig, terwyl ‘n
beduidende en geen impak daarop volg, met ‘n klein verskil tussen laasgenoemde. Die
geringe impak verskil met 5.8% van laasgenoemde twee kategorieë, terwyl daar ‘n verskil
van 8.5% is tussen ‘n geringe impak en ‘n sterk impak.
Selfvertroue: Geen impak word deur die meeste hoeveelheid antwoorde verteenwoordig,
gevolg deur ‘n gelyke aantal antwoorde wat op ‘n geringe en redelike impak dui (5.9%
verskil). Daar is ‘n verskil van 2.8% tussen laasgenoemde en ‘n beduidende impak. ‘n Groot
verskil tussen ‘n beduidende impak en ‘n sterk impak word waargeneem (14.3%).
Respek: Daar is ‘n klein verskil van 2.9% tussen die twee kategorieë wat die meeste
verteenwoordig word (geen en redelike impak). Dit word gevolg met ‘n verskil tussen ‘n
| 70
redelike en ‘n beduidende impak van 5.7%, asook ‘n 5.7% verskil tussen ‘n beduidende en ‘n
geringe impak. Die verskil tussen ‘n geringe impak en die kategorie wat die minste
verteenwoordig word (sterk impak) is 29%.
Verantwoordelikheid: ‘n Redelike impak word deur die meeste antwoorde
verteenwoordig, met ‘n verskil van 3.3% met die daaropvolgende geen impak. ‘n Geringe
impak word deur 14.2% minder antwoorde verteenwoordig, gevolg deur ‘n verskil van
5.8% met ‘n beduidende impak. Die verskil tussen die kategorieë wat die minste
verteenwoordig word (beduidende en sterk impak) is 5.7%.
Aanvaarding: ‘n Beduidende impak word deur die meeste antwoorde verteenwoordig met
‘n 5.7% verskil met ‘n redelike impak. Daar is ‘n klein verskil van 2.8% tussen ‘n redelike
impak en geen impak. Die verskil tussen geen impak en die kategorie wat deur die tweede
minste antwoorde verteenwoordig word (geringe impak), is 8.6% asook ‘n 8.6% verskil met
die mins-verteenwoordigende kategorie (sterk impak).
Teenprestasie en eienaarskap: Daar is ‘n groot verskil (28.6%) tussen geen impak, wat die
meeste antwoorde verteenwoordig en die daaropvolgende redelike impak. Laasgenoemde
verskil met 3.2% van ‘n geringe en beduidende impak. Die kategorie wat die minste
verteenwoordig word (sterk impak), verskil met 5.7% van laasgenoemde twee kategorieë.
Bogenoemde data word ook deur die volgende kwalitatiewe data ondersteun:
Beskrywings rakende die bevordering van ontvangers van dienste se selfbeeld
Die respondente het een negatiewe ervaring in hierdie verband beskryf:
Voortdurende afhanklikheid staan in die pad van die ontwikkeling van ‘n selfbeeld en
deelname aan projekte
Die nadelige invloed van ‘n ontvangkultuur is gerapporteer en word deur die volgende stellings
beskryf:
“Sommige gevalle word gevind dat persone selfonderhoudend raak en meewerk aan die verbetering
van hulle omstandihede, maar dikwels bly die afhanklikheid voortduur sonder ‘n merkbare poging deur
hulle om hulle omstandighede te verbeter.”
“Die ‘gereelde’ ontvangers wil net ontvang en nie deelneem. Die ‘nuwe’ ontvangers is te skaam en wil
anoniem bly.”
| 71
“Hierdie persone poog nie om hulleself te help nie, maar vereis later dat hierdie diens deur die kerk
gelewer word. Slegs een gesin reageer positief.”
“Ongelukkig is daar ook ‘n minderheidsgroep wat baie keer voel hulle moet net ontvang en wil nie deel
neem aan enige iets nie, selfs al word hulle betrek by die diens of program.”
“My beskeie mening is dat hulpsoekers ‘n bykanse arrogansie reflekteer: Eis hulp van die kerk
aangesien dit die kerk se “job” (verantwoordelikheid) is om hulle te help. Soms word die neus opgetrek
vir die kos en soek hulle eerder geld, reisgeld of behuising. Ek is by een geleentheid met die dood
gedreig en moes ek vir ‘n tyd bewaak word omdat ek ‘n hulpsoeker nie na sy onbillike eise wou help
nie. Die kerk moes so ver gaan as om ‘n hofbevel te kry om lidmate op te hou treiter. Hy het
weduwees getreiter en aangerand ten einde blyplek in hul huise te kan bekom. Dit was ‘n eenmalige
geval.”
Ander ervarings, wat positief van aard is, word in die volgende temas beskryf.
Ontvangers van dienste se selfbeeld word bevorder wanneer hulle bemagtig word om self
hul omstandighede te verbeter
Dienste wat daarop gemik is om persone te bemagtig om onafhanklik te funksioneer, en waardeur
hulleself hul omstandighede kan verbeter, lei volgens die stellings hieronder tot die ontwikkeling
van ‘n gesonde selfbeeld.
“Dit is altyd moeilik om hulp te moet ontvang, maar waar ontvangers aktief betrokke is by die
verbetering van ook hul eie omstandighede bevorder dit hul selfbeeld en gee dit vir hulle ‘n sin van
trots.”
“Ons voedselskema help gesinne in tye van krisis, maar die aanplant van groente en
pluimveeboerderye waarmee ons hulle help gee hulle kans om goed te voel en selfversekerd te wees
omdat hulle kans kry om ‘n eie inkomste te genereer.”
“Waar ons die ontvanger ingeskakel het by die beplanning en besluitneming oor die intervensie, het
hulle eienaarskap geneem en die algemene selfwaarde het waarneembaar gestyg. Byvoorbeeld iemand
wat ‘seeding capital’ gekry het om met informele haarkappery te begin (vleg van Afrika hare en style)
het self die besigheidsplan bedink en saamgewerk aan die beplanning. Sy het binne ses maande daarin
geslaag om haar en haar gesin uit die straat te kry en ‘n skuiling in die plakkerskamp te kon bou –
hulle het ook waarneembaar verbeter in higiëne, beter kleding en het begin deelneem aan die
gemeente se aktiwiteite.”
“’n Vlugteling wat programme uitgedink het – rekenaargeletterdheidsprojek, groente verbouingsprojek
in die vlugtelingekamp, visverwerkingsprojek, wat bygedra het tot die bekom van in Taxi en vele meer
| 72
het uitgestyg sodat die VNHV (UNHCR) hom identifiseer het as iemand wat hulle kan gebruik om
mense in vlugtelingkampe hoop te gee deur hom na die kampe te neem sodat hy met die mense en
veral die leiers kon werk om oordrag te gee aan dit wat hy ervaar het en wat hom motiveer en dryf.”
“Sigbare verskil wanneer mense geld verdien en diensbaar is met take wat verrig word.”
“Dames betrokke by die handwerkgroep het ‘n diepe trots op hul produkte en die werk wat hulle daar
doen.”
“By ons is dit geensins ‘n geval van ontvang nie, maar meer geleentheid kry om hulle eie groente en
hoenderboerdery te begin vir kos vir hulself maar ook vir verkoop vir ‘n inkomste.”
Betrokkenheid by projekte lei tot ‘n gevoel van “ek lewer ‘n bydrae”
Bogenoemde bemagtiging word ook, deur die stellings in hierdie tema, aangevul deur
betrokkenheid by gemeenskapsaktiwiteite.
“Die gemeente is self in ‘n oorlewingstryd en moet deur middel van spysenieringsprojekte oorleef en
fondse genereer om hulp aan behoeftiges te kan lewer. Die persone self is op hulle beurt by die
projekte betrokke en word so ingebind in die gemeente en word hul eie selfwaarde bevorder omdat
hul deel is van ‘n poging groter as hulself om nie net hulself nie, maar ook ander te help.”
“Saam doen die gemeenskap (al die kerke saam – blank en nie-blank en bruin) ook gemeenskaplike
dienste, soos bv. begrafplaas of dorp skoon maak, waar almal uitgenooi word om deel te neem en na
die tyd sal almal saam eet.”
“Lidmate word medeverantwoordelik deur eienaarskap aan te neem en om aan die gemeente en
gemeenskap hulle vaardighede en dienste aan te bied met reparasies, onderhoud en herstelwerk.
Dames sal gratis mediese versorging aanbied en omsien na verswakte bejaardes en hulle tuis gaan
versorg. Kankerpasiënte word vervoer om bestraling en chemo te kan ontvang. Tydens begrafnisse en
krisisse word daar sonder om te skroom voedselversorging aan die lydendes verskaf. Almal wil graag
betrokke wees, wil graag van diens wees, wil graag bruikbaar wees en help werk. Hulle kan nie altyd
geld gee nie, maar gee hul gratis dienste, kundigheid, raad en ondersteuning.”
Die sub-tema wat volg brei verder op hierdie aspek uit.
Aktiewe deelname en gemeenskaplike fokus op kerk aktiwiteite bevorder selfbeeld
‘n Respondent het spesifiek gefokus op ‘n voorbeeld waar gemeente aktiwiteite tot die
ontwikkeling van ‘n selfbeeld bydra: “Ek glo dat dit ‘n goeie en selfs sterk impak sal hê op hulle, omdat
| 73
hulle waardig genoeg geag word om deel te wees van die beplanning, bevordering en implementering van
‘n sekere diens/program. In ons gemeenskap hou blank, nie-blank en bruin saam lofprysingsdienste en vier
saam mekaar in ekumeniese dienste - al die Christus gebeurtenisse. Almal beplan saam en werk saam
aan hierdie dienste en dit het ‘n baie goeie blywende effek op almal.”
Deelnemende besluitneming bevorder selfbeeld by ontvangers
Deelname, wat ook besluitneming insluit, blyk verder tot die ontwikkeling van ‘n gesonde selfbeeld
by te dra.
“Ons is betrokke by Jakaranda Kinderhuis en die tieners se selfbeeld word bevorder deurdat hulle
deelneem aan die besluitneming in hulle huis.”
“Ons het ‘n gemeenskapsprojek in ‘n minder bevoorregte gemeenskap waar die mense deel is van die
beplanningsforum. Ons sien hoe hulle groei en ontwikkel. Hulle getuig ook hoe hulle baat vind hierby.
Hulle sê hulle word erken as mense en voel menswaardig.”
Selfbeeld word uitgebou deur op die ontwikkeling van gesonde verhoudings te fokus
“Ons probeer enige ontvanger van dienste help om vaardig en gesond te wees in sy/haar basiese
verhoudings. Vir sommige is dit bemagtigend om te weet hulle tot verhoudings in staat. Vir ander
weerhou ‘n swak selfbeeld hulle van deelname aan verhoudings.”
Beskrywings rakende die bevordering van die selfvertroue van ontvangers van dienste
‘n Stelling deur ‘n respondent verbind bogenoemde afdeling met hierdie afdeling as volg: “Selfbeeld
en selfvertroue loop natuurlik hand aan hand.”
Drie temas is uit die data identifiseer, naamlik deelname wat i) eiewaarde en sodoende selfvertroue
ontwikkel en ii) wat tot hoop lei en iii) kerklike aktiwiteite wat tot die ontwikkeling van
selfvertroue lei.
| 74
Deelname lei tot die bevordering van eiewaarde en selfvertroue
Hierdie tema dui daarop dat deelname eerstens belangrik is vir die ontwikkeling van ‘n gevoel van
eiewaarde. Laasgenoemde verhoog dan weer selfvertroue.
“Ontvangers van die dienste het nie altyd die kognitiewe vermoë om die planne te beraam nie, maar
hul is meer as gewillig om met die uitvoering daarvan betrokke te wees. Wanneer hulle uiteindelik
deelneem is daar tog ‘n vordering in hul selfvertroue.”
“Van die inwoners van die tehuis vir bejaardes het self begin betrokke raak by die verfraaiing van hul
kamers en het dit sekerlik ‘n gevoel van eiewaarde en daarmee saam selfvertroue gegee. Personeel
wat betrokke was het selfvertroue deur hul deelname gekry.”
“Wanneer die mense uit ons omgewing deelneem aan die geletterdheidsklasse en hulle ‘n inset kan
lewer in die uitkoms, verhoog dit hulle selfwaarde.”
“Die gemeente is self in ‘n oorlewingstryd en moet deur middel van spysenieringsprojekte oorleef en
fondse genereer om hulp aan behoeftiges te kan lewer. Die persone self is op hulle beurt by die
projekte betrokke en word so ingebind in die gemeente en word hul eie selfwaarde bevorder omdat
hul deel is van ‘n poging groter as hulself om nie net hulself nie, maar ook ander te help.”
Deelname wat tot hoop lei verhoog selfvertroue
In ooreenstemming met die vorige tema lei deelname ook tot ‘n gevoel van hoop wanneer
omstandighede verbeter, wat dan weer selfvertroue ontwikkel.
“Wanneer jy sien dat jy iets aan jou situasie kan doen kry ‘n mens al klaar meer selfvertroue om op
ander terreine jou standpunt en deelname te implementeer.”
“Om ‘n eie inkomste te genereer laat mense voel dinge kan beter raak, en dan verhoog die mense se
gevoel van selfwaarde.”
Die ontwikkeling van selfvertroue by gemeentelede deur middel van kerklike aktiwiteite
Die volgende stelling dui daarop dat ‘n algemene fokus op die ontwikkeling van selfvertroue deur
kerklike aktiwiteite ook daartoe lei dat lidmate mekaar begin ondersteun: “Gawes, talente,
vaardighede kan ontwikkel/ontdek word wat lei tot ‘n eie besigheid van soos brood bak en verkoop,
handwerk maak en verkoop daarvan. Ons het elke einde van die maand ‘n markdag by ons kerksaal waar
die gemeenskap stalletjies kan huur vir R50 en hul eie gebak, handwerk en produkte kom verkoop om
| 75
sodoende hul pensioen, toelaes en salarisse aan te vul. Goeie verhoudinge en mooi vriendskappe het al
hierdeur ontwikkel waar ons mekaar se dienste ‘verkoop’ deur positiewe terugvoering.”
Beskrywings rakende die bevordering van ontvangers van dienste se gevoel dat hulle gerespekteer
word
In die twee voorafgaande besprekings (rakende selfbeeld en selfvertroue) het die respondente die
waarde van betrokkenheid by gemeente-aktiwiteite beklemtoon. Hierdie aspek word ook verbind
met respek. Die volgende stellings dui daarop dat ontvangers wat by gemeente-aktiwiteite betrek
word ook daardeur respek afdwing, deurdat hulle bydrae ook as belangrik beskou word:
“Hul hoef nie hand in die hoed te staan nie, maar gee hulself deur betrokkenheid by die gemeente
se aktiwiteite.”
“Lidmate voel ‘gerespekteerd’ wanneer hulle in gemeente aangewend word en hul diensbaar kan
wees en hul dienste kan aanbied. Hulle kom self na vore en maak voorstelle vir projekte en lê die
hele plan van aksie voor. Die samewerking en mede-verantwoordelikheid maak dat hul nog méér
wil doen.”
Aan die ander kant dui die volgende stelling daarop dat die betoning van respek nie van die
ontvanger se betrokkenheid afhang nie: “Dit hang van elke individu af, maar elke persoon wat deel het
aan hulp moet met respek behandel word of hul deelneem aan beplanning of nie.”
Die voorafgaande stelling verwys na deelname (of nie) aan besluitneming. Die stellings hieronder
dui daarop dat respondente van mening is dat respek vir die ontvanger se mening van waarde is:
“By die naaldwerklasse word die deelnemende dames gevra watter projek gelewer moet word en
dan word daar terugvoer aan die gemeente gedoen.”
“Mense word nie net ‘n oplossing gebied of afgedwing nie, maar voel hulle mening is ook van
belang en sodoende dat hulle gerespekteer word.”
“Ons het byvoorbeeld leiers identifiseer waarmee ons gereeld vergader. Ons luister dan na hulle
behoeftes en implementeer van hulle voorstelle. As hulle dit sien ervaar hulle dat hulle menings tel
en dat ons hulle as mense respekteer.”
| 76
Beskrywings rakende die bevordering van ontvangers van dienste se verantwoordelikheid vir hul
eie situasie deur middel van deelname
Deelname lei tot die neem van verantwoordelikheid vir eie situasie
Soos in die vorige afdelings, het respondente die waarde van deelname beklemtoon en die
volgende voorbeelde verskaf:
“By die groentetuin in Ya Bana (Shoshanguwe) kan die kinders deelneem aan die plant en oes van
groente wat insluit dat hulle help beplan.”
“‘Adopt a farm’: Skoolgaande kinders op naburige plase ontvang geestelike en fisiese onderrig en
hulp. Hulle help met die beplanning van wat hulle gaan doen.”
Die ontvangers neem selde verantwoordelikheid vir hulle eie situasie
Die volgende stellings dui daarop dat respondente se ervarings en belewenisse insluit dat
ontvangers nie wil deelneem en eie verantwoordelikheid vir hul situasie en oplossings wil neem
nie.
“Baie selde dat persone 100% verantwoordelikheid neem.”
“Ek glo dit maak ‘n mate van verskil, ongelukkig kry mens ook baie mense wat graag ‘n sê wil hê in
die beplanning, maar nie bereid is om verantwoordelikheid te neem wanneer die daad by die woord
gevoeg moet word nie.”
“Ongelukkig is my ervaring meer negatief. Ek ervaar meer ‘n verbruikers-houding. Sodra ons mense vir
‘n langer termyn help begin hulle kla oor die kos, raak die ‘demands’ oor die blyplek meer. Hulle weier
dat ander dakloses hulle kamer of fasiliteite deel en gaan selfs rekeninge aan op die basis van die kerk
se adres en besonderhede. Drinkvriende en prostitute word onthaal en eindelose probleme word
ervaar as die polisie en bure die dominee in die nag uitroep om mense wat op kerkterrein bly, te kom
uitsorteer.”
“Daar is ‘n redelike impak, maar daar is altyd die gevaar dat ‘n kultuur ontstaan van ‘ontvang’. Dan
staan verantwoordelikheid nie voorop nie, byvoorbeeld ek wil die vis kry maar nie leer visvang nie.”
“As ons vir die persoon werk kry word ons dikwels sleg teleurgesteld as hulle nie opdaag nie, swak
werk lewer of drink. Hulle verdedig dan hulleself deur werkgewers te beskuldig van rasisme, swak
betaling of werk soos slawe. Ons kerk het al ‘n naam – Dis al weer die kerk se ‘customers’ wat werk
soek.”
| 77
Een respondent meld dat die neem van verantwoordelikheid ‘n leerproses is: “Die ontvangers is nie
altyd in staat om bogenoemde te kan doen nie en het baie leiding nodig. Ons werk baie nou met hulle
saam.”
Beskrywings rakende die bevordering van ontvangers van dienste se gevoel van aanvaarding
Die waarde van aanvaarding van mekaar word soos volg beskryf: “Die gemeente en gemeenskap is
so klein en intiem by mekaar betrokke, dat niemand kan bekostig om ander te veroordeel of te verwerp
nie. Daar is ‘n openheid en ‘n eerlikheid by lidmate om foute te erken en hulp te vra, al is hul ook hoe
skaam.”
Betrokkenheid en deelname as ‘n manier om ‘n gevoel van aanvaarding te skep, word deur die
volgende stellings aangedui:
“Kry nie aalmoese nie – is deel van die oplossing en gebruik hul talente (hande) om te werk ten einde
vir almal ‘n beter lewe te gee.”
“Daar word hard probeer om geen onderskeid te tref wie jy is wanneer deelneem aan
gemeenskapsaktiwiteite. Gemeentelede is ongelooflik toeganklik vir enige iemand en almal in
aktiwiteite.”
“Ons probeer mense se gawes identifiseer en hulle dan by gemeente aktiwiteite betrek.”
“Inskakeling by die gemeente is vrywillig, so as hulle inskakel word hulle as deel van die gemeente
aanvaar en behandel.”
Ander stellings dui daarop dat geleenthede geskep word waar ontvangers van dienste wat nie
gemeentelede is nie met gemeentelede kontak het.
“Kinders van ‘Jakaranda’ en ‘Ya bana’ besoek die gemeente.”
“Wanneer die naaldwerkers klaar is met ‘n projek kom hulle die gemeente wys.”
Die aspek van ‘n ontvangkultuur, soos ook reeds in die vorige afdelings genoem is, word wel deur
die volgende stelling as ‘n negatiewe aspek beskryf: “Daar is klaarblyklik weliswaar aanvaarding maar
dan in ‘n negatiewe sin: Die wat die langste op die terrein is neem ‘n outoriteitsposisie in en is baasspelerig
oor nuwe inkommers. Hy bekom ‘n sleutel vir die stoorkamer waar ons in nood vir hom skuiling gegee het
| 78
en dan word dit sy kamer waar niemand toegang kry nie. As ons sê dit is slegs vir een aand of week bly hy
vir maande of selfs een persoon het drie jaar so gebly.”
‘n Ander respondent beklemtoon, soos ook in die voorafgaande afdeling, dat die ontwikkeling van
‘n gevoel van aanvaarding ‘n proses is en dat leiding nodig is: “Ontvangers wil nie net altyd ontvang
nie, maar het nie om te gee nie. Ons wys hulle hoe hulle op ander maniere kan gee deur diensbaar te
wees vir ander ook. Almal in die gemeente is nog nie 100 % ontvanklik en gereed vir die totale
aanvaarding en deelname aan gemeente-aktiwiteite nie. Dit is ‘n proses en ‘n kopskuif wat gemaak moet
word. Die gemeente sal uitreik en daar gaan help, maar die oopstel en toelaat op hulle gebied vind nog nie
plaas nie.”
Beskrywings rakende die bevordering van eienaarskap by ontvangers van dienste deur middel van
die verwagting van teenprestasies
Respondente het al bostaande aspekte, sowel as die kwessie van eienaarskap soos volg saamgevat:
“So, ja, om die ontvangers van dienste te betrek by die beplanning, bevordering en implementering
van dienste en programme is ‘n goeie manier om selfbeeld, selfvertroue, respek,
verantwoordelikheid, aanvaarding en eienaarskap te skep by mense.”
“Wanneer mense ‘n teenprestasie lewer, verbeter hulle selfbeeld en selfvertroue en hulle neem
eienaarskap van hul eie lewens en word so onafhanklik.”
Die belangrikheid van eienaarskap word soos volg deur ‘n respondent beklemtoon: “Ek dink die
ontvangers van die dienste sal dalk voel dat omdat hulle dalk ‘n slegte verlede gehad of ‘n slegte hede, kan
hulle (of vedien hulle nie) ‘n betere toekoms, een van eienaarskap nie. Maar sodra ‘n gevoel soos dit
teenwoordig is by mense moet dit dadelik stop gesit word, want anders gaan hulle nooit eienaarskap kan
aanvaar nie en nooit waardig voel nie, so dan is selfbeeld en selfvertroue ensovoorts alles by die venster
uit.”
Die volgende stelling dui egter aan dat die lewering van ‘n teenprestasie ‘n moontlike nadelige
invloed kan hê: “Hulle hoef nie eers ‘n slegte verlede gehad het of enige vorm van teenprestasie nie, want
sodoende sal daar weer ‘klasse’ geskep word. As almal nie op gelyke vlak kan deelneem nie, dan help die
‘oefening’ absoluut niks.”
| 79
‘n Respondent sluit aan by bogenoemde stelling en meld: “Ek wil eerder sien dat persone daar wil
wees as daar moet wees.” Vrywillige diens by bestaande projekte word soos volg aangemoedig: “Ons
betrek die persone as vrywilligers by projekte soos die alkoholistegroep, dienssentrum vir bejaarders,
noodspens en voedselskemas, ondersteuning aan kinders op straat en naaldwerk (maak en verkoop van
artikels).”
Ontvangers word ook aangemoedig om by geestelike werk van die kerk in te skakel. Persone wat
hulp ontvang kan ook geestelik ondersteun word wanneer daar van hulle verwag word om by
eredienste in te skakel:
“Persone wat op maandelikse gereelde basis van hulp voorsien word, word van verwag om gereeld
eredienste by te woon en kinders moet in kategese wees.”
“Dienste word gekoppel aan voorwaardes, wat insluit inskakeling by gemeente-aktiwiteite sodat
hulle nie net in fisiese nood gehelp word nie, maar ook geestelik ondersteun word.”
Ander respondente is egter van mening dat teenprestasies en die neem van verantwoordelikheid
as deel van dienslewering beskou moet word:
“Mense wat gehelp word moet ook wys hul wil gehelp word. Dit help nie daar word net gegee
nie.”
“By ons is deelname ‘n teenprestasie en deel van ontvang want die persone moet self die tuine en
pluimvee in stand hou.”
“Mede-eienaarskap en verantwoordelikheid is vooraan by die bou van hulpverlenings- en ander
verhoudings.”
Sommige ontvangers van dienste wil egter nie ‘n teenprestasie lewer nie, soos volg beskryf:
“Die oomblik as ons bepaalde verwagtings by die hulpsoeker openbaar, skuif die persoon na ‘n
ander kerk vir hulp.”
“Enkele hulpsoekers is so radeloos dat hulle aanvanklik belowe om allerlei ad hoc werkies in en
om die kerk te doen. Wanneer dit realiseer, eis hulle betaling. Straatkinders wat kos ontvang by
die kerk is traag, onwillig of hardloop eenvoudig weg as daar opgeruim moet word of as ons vra
om bietjie tuinwerk te verrig. Die oomblik as ons vir hulle skuilplek gee en hulle as’t ware nes op
die kerkterrein geskop het, is hulle nie meer so angstig om werk te soek nie. Die wat wel verf of
herstelwerkies gedoen het, is vir dienste betaal.”
| 80
“Ons ervaar dikwels hier ‘n breuk in verhoudings met mense wat dienste ontvang. Dikwels op
hierdie punt is hulle eerlik dat hulle nie gekry het wat hulle wou hê nie, en dit is die bevrediging
van behoeftes sonder ‘n teenprestasie.”
Beskrywings van ander vorm(e) van dienslewering wat nie in die vraelys genoem is nie
Soos ook in die bespreking van die voorafgaande afdeling beskryf, meld ‘n respondent die feit dat
persone nie positief op hulp reageer nie: “Ek het al in persoon heelwat huisloses, verinneweerde vroue
en kinders, ‘n transvestiet, twee of meer selfmoordpogings, alkoholiste of senuleiers in die pastorie
ingeneem vir selfs so lank as ‘n jaar wat ‘n groot risiko en aanpassing van ons huis met drie kinders
geplaas het. Die hoop was dat mense wat in ‘n gesonde huishouding geplaas het, beter sou presteer.
Retrospektief kan ek nie een sogenaamde sukses uitwys nie. Die alkoholiste het voortgegaan om te drink
in die pastorie, die transvestiet het weggeloop omdat hy skuldig gevoel het en is vermoor, die
selfmoordpoging het met sy lewe probeer voortgaan maar was met sy vlg probeerslaag suksesvol ens. Dit
skep ‘n donker prentjie.”
Dieselfde respondent dui egter aan wat moontlik persone motiveer om positief op hulp te
reageer: “Waar ons wel groot suksesse beleef het was mense wat nie sodanig dakloses of kosloses
ensovoorts was nie, maar mense wat hulle lewe, huwelik en gees net wou verryk.”
Die volgende temas is identifiseer vanuit die kwalitatiewe data wat onder hierdie afdeling verskaf
is:
1. Die verskaffing van fasiliteite vir dienslewering deur ander diensverskaffers as ‘n vorm van
bydrae tot die ontwikkeling van maatskaplike geregtigheid
2. Skenkings aan welsynsorganisasies, projekte en gemeenskappe as ‘n manier om
maatskaplike geregtigheid te bevorder
3. Bewusmaking deur middel van prediking en inligtingspamflette
4. Ondersteuningsdienste tydens trauma
Die verskaffing van fasiliteite vir dienslewering deur ander diensverskaffers as ‘n vorm van
bydrae tot die ontwikkeling van maatskaplike geregtigheid
Die volgende stellings dui daarop hoe vennootskappe daartoe lei dat die gemeente se fasiliteite dit
moontlik maak om dienste te lewer:
| 81
“Die gemeente se fasiliteite word kosteloos aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling
beskikbaar gestel om die gemeenskap in staat te stel om pensioene se aansoeke en hernuwings te kan
doen.”
“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens gebruik die gemeente se fasiliteite vir vergaderings en byeenkomste
wat die gemeenskap raak.”
“Geestesgesondheid bied gemeenskapsprojekte in die gemeente se fasiliteite aan.”
Skenkings aan welsynsorganisasies, projekte en gemeenskappe as ‘n manier om
maatskaplike geregtigheid te bevorder
Gemeente-aktiwiteite, asook aksies deur individue en groepe, bou voort op die verskaffing van
dienste wat maatskaplike geregtigheid bevorder.
“Noodfonds vir eenmalike hulp en jaarlikse projek waar die hele gemeente kos en klere insamel en
aan die maatskaplik werk organisasies skenk.”
“Individuele lidmate is betrokke by verskeie projekte van welsynsorganisasies. Skenkings deur selgroepe
aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder armoede gebeur.”
“Breiprojek vir babaklere vir vigswesies.”
“Die gemeente vorm deel van die plaasopset en lidmate lewer daagliks dienste aan die plaaswerkers
en hulle gesinne deur vervoer te verskaf, onderrig aan die leerders te ondersteun, vir hulle te help met
die aankoop van skoolklere en onderrigmateriaal.”
“Die gemeente hou jaarliks ‘n fondsinsameling wat hoofsaaklik aangewend word vir armoedeverligting
en voedselverskaffing aan hulle wat nie het nie.”
“Groepe lidmate met dieselfde belangstellings, kundigheid en vaardighede vind groot aanklank by
mekaar en beplan dan as ‘n groep saam waar hulle gaan werk om die nood te verlig soos byvoorbeeld
‘n behoeftige gesin se huis is heeltemal opgeknap, ruite is vervang, dit is uitgeverf en daar word in die
gesin se basiese behoeftes voorsien.”
Bewusmaking deur middel van prediking en inligtingspamflette
Die volgende beskrywings plaas die fokus op bewusmaking van maatskaplike geregtigheidskwessies
binne kerkverband:
“Maatskaplike ongeregtigheid word aangespreek deur prediking en inligting in die gemeenteblaadjie.”
| 82
“Die gemeente het nie self so ‘n ge-organiseerde bediening nie, maar die bediening in die gemeente
om lidmate te help om ware dissipelskap te leef, lei mense om betrokke te wees by die verligting van
nood in hulle omgewing.”
“Ons werk interkerklik. Daar word ook vir lidmate geleenthede tydens eredienste gegee om te kom
getuig, oor hul projekte uit te praat en beroep te doen op betrokkenheid.”
“Ons gemeente gaan bied konferensies byvoorbeeld Daniël, Ester en Carry His Name, by minder
gegoede omgewings aan en borge maak dit vir inwoners moontlik om dit by te woon.”
Ondersteuningsdienste tydens trauma
Respondente het die volgende dienste uitgelig:
“Egskeidingsbegeleiding”
“Ondersteuning van verkragtingslagoffers”
“Sterwensbegeleiding”
3.2.5 Bevindinge rakende stremminge wat ervaar word tydens dienslewering en
aspekte wat bydra tot dienslewering
‘n Beskrywing van die belangrikste faktore wat gemeentes se bestryding van armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid bemoeilik
Die volgende temas en sub-temas is identifiseer uit die kwalitatiewe data:
1. ‘n Tekort aan fondse belemmer dienslewering
a. Werkloosheid en armoede as ‘n realiteit in die Suider-Afrikaanse gemeenskappe
2. ‘n Tekort aan betrokkenheid van staatsdiensorganisasies belemmer dienslewering
3. ‘n Ouer generasie lidmate belemmer die vermoë om dienste te lewer
4. ‘n Gebrekkige ingesteldheid
a. Verhoudings lei tot nood
5. ‘n Tekort aan vrywilligers
a. Veiligheid van die vrywilligers
6. Die aard van maatskaplike kwessies in die Suider-Afrikaanse samelewing
| 83
‘n Tekort aan fondse belemmer dienslewering
Die stellings in hierdie tema dui daarop dat ‘n tekort aan finansies, asook die aard van die nood
wat hanteer moet word dienslewering belemmer.
“Tekort aan finansies.”
“Agtergeblewe gemeenskap van +/- 4 – 5 miljoen kan nie deur so ‘n klein gemeente behartig word
nie.”
“Beperkte finansies.”
“Fondse is maar ‘n probleem. Ons gebruik op die oomblik donateurs vir spesifieke projekte, maar
meestal behels dit dat ons fondsinsamelings moet hou (wat harde werk verg) om projekte te kan
aanpak.”
“Ons is ‘n gemeente wat taan in lidmate en fondse met ‘n groeiende nood van die gemeenskap.”
“As ‘n klein gemeente wat self baie hulpbehoewende lidmate het en lidmate wat nie meer ekonomies
aktief is nie, is befondsing ‘n knelpunt.”
Die volgende stellings weerspieël ‘n gevoel van moedeloosheid:
“Die nood is so groot en dit voel of jy nie ‘n verskil maak of die probleem oplos nie.”
“Die getalle by die sopkombuis het oor die jare nie minder geword nie.”
Werkloosheid en armoede is spesifiek uitgesonder as deel van hierdie tema en word vervolgens as
‘n sub-tema aangebied:
o Werkloosheid en armoede as ‘n realiteit in die Suider-Afrikaanse gemeenskappe
“Persoonlike betrokkenheid van lidmate by familie wat self gebuk gaan onder werkloosheid
en gepaardgaande armoede.”
“Die omvang van armoede en werkloosheid en die tekort aan hulpbronne.”
“Ons het nie altyd die bronne om armoede en werkloosheid regtig aan te vat nie.”
“Armoede vererger weens al hoe meer afdankings, dus werkloosheid.”
“Wit professionele mans sukkel om werk te bekom en ongeskoolde blankes kry glad nie
meer werk nie.”
“Te min werksgeleenthede.”
| 84
“Werkloosheid, werkloosheid, werkloosheid.”
‘n Tekort aan betrokkenheid van staatsdiensorganisasies belemmer dienslewering
In ooreenstemming met die statistiese beskrywing van vennootskappe waarbinne dienste deur
gemeentes gelewer word, verwys die volgende stellings na die gebrekkige betrokkenheid van
staatsdepartemente:
“Staatsbetrokkenheid wat ver tekort skiet.”
“Die gebrek aan ondersteuning deur die regeringsinstansies en strukture, byvoorbeeld die verkryging
van mediese hulp en persone waar mense hulle net teen ‘n muur van onwilligheid en onbekwaamheid
van amptenare vasloop.”
“Die regering asook die gemeenskap plaas al meer verwagting dat die kerk ‘n verskil moet maak,
maar met ‘n sukkelende beursie lol dit.”
“Swak diens by kantore byvoorbeeld Binnelandse sake – ID boekies, geboortesertifikate.”
“‘n Groot frustrasie met die regeringsinstansies wat as ‘n dooploopstraat beleef word.”
‘n Ouer generasie lidmate belemmer die vermoë om dienste te lewer
Die stellings hieronder dui daarop dat lidmate ouer word en nie meer aktief by dienslewering
betrokke kan wees nie.
“Baie bejaardes wat nie meer aktief kan deelneem nie.”
“Ouerwordende lidmate.”
‘n Gebrek aan die regte ingesteldheid
Respondente is van mening dat die vermoë om dienste te kan lewer deur lidmate se ingesteldheid
belemmer word.
“Selfsug, liefdeloos en verwaandheid. Mense sal dienste lewer of daaraan deelneem hier in ons
gemeente, maar dit moet iets vir hulle inhou op sosiale vlak. Hier is bitter min mense wat dit doen om
geestelik te groei of uit liefde uit en omdat hulle ‘n verskil wil maak. Daardie ‘Eie-Ek’ is die grootste
struikelblok.”
“Selfsug en individualisme.”
| 85
“Mense wat in ‘n gemaksone is en nie bereid is om hulle denkpatroon te verander nie.”
Hierdie tema word ook verbind met interpersoonlike verhoudings en word in die volgende sub-
tema beskryf.
o Verhoudings lei tot nood
“Onvermoë van mense om sinvol in verhoudings te wees. Gebroke verhoudings lei tot gebroke
lewens en dan weer na gebroke verhoudings. Dikwels lei hierdie gebroke verhoudings tot
materiële armoede.”
“Diversiteit van die gemeenskap maak dat mense in ‘groepe’ leef.”
‘n Tekort aan vrywilligers
Tesame met die ouerwordende lidmate en die verkeerde ingesteldheid van gemeentelede, word
die gebrek aan persone wat vrywillige diens kan lewer ook as ‘n belemmerende faktor uitgesonder.
“Die vinnige tempo waarteen lidmate leef, wat impliseer dis vir hulle moeilik om deel te neem aan
projekte.”
“Tekort aan vrywillige werkers.”
“Gebrek aan betrokkenheid – alhoewel baie individue apart in verskillende rigtings diens lewer, is dit
moeilik om ‘n standhoudende groep vanuit die gemeente te organiseer wat armoede bestry. So nou is
dit meer korttermyn aksies.”
Die stelling wat volg verskaf ‘n moontlike verduideliking vir die gebrek aan vrywilligers:
“Verantwoordlikheid lê eerstens om in gesin se behoeftes te voorsien en te sorg vir onderwys en opleiding,
om sosiaal te wees, dan kom die kerk en dan die gemeenskap. Nie noodwendig by almal in die spesifieke
volgordes nie. Onkundigheid en oningeligtheid speel ook soms ‘n groot rol en onderskeiding van prioriteite.”
Nog ‘n rede wat genoem word vir die tekort aan vrywilligers is die bedreiging van vrywilligers se
veiligheid. Dit word vervolgens as ‘n sub-tema beskryf.
| 86
o Veiligheid van die vrywilligers
“Die veiligheid van vrywillige werkers is ‘n probleem. Insidente waar veiligheid bedreig was
maak dat mense nie kans sien om te help nie.”
“Gevaarlike omgewing.”
Die aard van maatskaplike kwessies in die Suider-Afrikaanse samelewing
Die aard van maatskaplike kwessies en die leefwyse van ontvangers van dienste word ook as ‘n
uitdagende en belemmerende aspek beskou.
“Drankmisbruik, dwelms, tienerswangerskappe en ouers wat kinders verwaarloos.”
“In die proses [van hulpverlening aan haweloses] het die kerk al minder veilige plek vir vroue en
bejaardes geword. Bedelaars en hulpsoekers intimideer kerkgangers, breek by motors in, beskadig die
kerkfasiliteite en mors baie wat kostes vir onderhoud verhoog.”
“Dwelms en afhanklikheid.”
“Ontvangers trek rond en hulp is dus nie op langtermyn.”
“Die kultuur van die betrokke armes is ook moeilik om by verby te kom.”
Die volgende stellings dui op die worsteling wat predikante en lidmate ervaar rakende hul rol:
“‘n Groot hoeveelheid hulpsoekers wat bloot soek na geld en hulp om krisis op te los maar
oënskynlik belangstel of klaarblyklik die vermoë het om hulleself op te hef nie, maak dit moeilik.
Waar trek mens die streep? Is daar ‘n streep in die oë van die Here? Ek en lidmate worstel om nie
langs die pad moedeloos of skepties te word nie.”
“Ons beleef egter nie dat die betrokkenheid by die armes baie suksesvol is nie. Ons beleef dat
hulle net meer afhanklik gemaak word. Ons wonder eerlik oor die toekoms en hoe ons in ‘n
beter/groter/meer suksesvolle mate ‘n verskil kan maak.”
‘n Beskrywing van die belangrikste faktore wat gemeentes se bestryding van armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid vergemaklik
Die volgende temas beskryf die kwalitatiewe data van faktore wat dienslewering vergemaklik:
| 87
Hulpbronne en finansiële vermoëns van gemeentelede dra tot dienslewering by
Die regte ingesteldheid by gemeentelede
Realistiese beplanning van dienste
Hulpbronne en finansiële vermoëns van gemeentelede dra tot dienslewering by
Respondente se stellings hieronder dui daarop dat bestaande bronne en die finansiële vermoëns
van lidmate dienslewering vergemaklik, maar meld ook dat indien hierdie posisie verander,
dienslewering ook daardeur beïnvloed sal word.
“Die feit dat lidmate nog is staat is om ‘n bydrae te maak tot die diens. Die stygende kostes en
die verhoging in lone, maak dat die kraantjie nou gaan toedraai en gesindhede verander. ‘n
Landbouer het nou die dag gesê dat, met die 52% verhoging in lone, hy nie meer vir die 15
plaaswerkerkinders jaarliks nuwe winterdrag vir skool kan koop en hul skoolfonds kan betaal -
soos hy altyd gedoen het nie.”
“Ons lokaliteit as middestadsgemeente met geboue en toerusting wat aan ons nagelaat is deur ons
voorgangers in geiler tye help ons.”
Die volgende beskrywing dui ook daarop dat die kultuur van dienslewering oor ‘n lang tydperk
ontwikkel word: “Die feit dat ons mense maklik beinvloed kon word om fisies self betrokke te raak by
die onmiddellike nood het opgekom uit ’n geskiedenis van ‘n sturende gemeente te wees wat baie
blootstelling aan die sending en barmhartigheidsuitdagings in die wêreld en in ons omgewing gekry het.
Hulle was deel van die proses om in ander lande sendelinge te plaas en in stand te hou wat gefokus het
op mense wat vanweë armoede in nood is en het gereelde terugvoer hieroor gekry as die sendelinge op
besoek gekom het jaarliks. Dit alles het die regte atmosfeer geskep.”
Die regte ingesteldheid by gemeentelede
In ooreenstemming met die beskrywing van die gebrek aan ‘n regte instelling wat dienste
belemmer, beskryf respondente in hierdie tema die waarde van ‘n regte ingesteldheid:
“Mense moet meer bewus gemaak word van omstandighede buite hulle eie tuistes. Wanneer hulle
sien, hoor, voel en ervaar wat dit beteken om armoede, werkloosheid en maatskaplike
ongeregtigheid, elke dag in die gesig te staar, sal hulle afklim vanaf hulle eie trone en deelneem en
deel word daar waar God besig is (“God has an preferential option for the poor”).”
| 88
“Skoling, verder opleiding en bewusmaking tydens eredienste, nuusberigte, radio-onderhoude en
werkskepping in gemeente en omgewing bring groter bewuswording en elkeen voel hulle klein en
geringe deel kan ‘n impak maak en ook ‘n verskil maak in ander mense se lewens.”
“Christenskap en die boodskap: Soos Jesus gestuur was word ons nou gestuur.”
‘n Respondent verskaf die volgende beskrywing van hoe ingesteldhede verander kan word: “‘n
Geestelike paradigmaskuif onder lidmate deur die jaar maak dat lidmate, myns insiens ‘n groter
toegeneentheid tot sukkelendes, straatmense ensovoorts ontwikkel. Lidmate sal nie meer kla as ‘n dronk
persoon of geestelik-versteurde die kerk inkom. Van die lidmate bring gereeld spontaan kos kerk toe
wetende daar is altyd behoeftiges. Wanneer straatmense Bybelstudie bywoon word hulle omhels, geldjie in
hand gestop en is hulle tranerig en regtig omgee-ontsteld as een weer terugval.”
Die respondente meld ook dat die regte ingesteldheid tot die ontwikkeling van ondersteunende en
hulpvaardige kultuur binne die gemeente lei.
“‘n Gemeenskap wat verantwoordelikheid neem vir homself en ‘n gemeente wat oop is vir almal
ongeag ras, taal of kultuur.”
“Empatie van lidmate.”
“Die gesindhede van lidmate wat regtig betrokke wil raak. Daar is ‘n honger om te help.”
“Lidmate wat net hulle beursies oophou vir ‘n ‘goeie saak’.”
“Die gemeente is baie behulpsaam met insameling van voedsel, klere en meubels waar nodig.”
“Dat mense meestal eie verantwoordelikheid neem vir hulle situasies asook gemeentelike
betrokkenheid en onder familie en vriende sake hanteer van nood in armoede.”
“Mense wat geroepe voel en aanmeld om te help.”
“Daar is van die lidmate en personeel wat positief en ontvanklik is hiervoor. Die eenheid in die
leierskorps wat dit ten volle ondersteun en begin voorstap en leiding neem sodat die res kan volg.”
Respondente het ook verwys na die sigbaarheid van die nood in die samelewing wat veroorsaak
dat mense bewus is van die noodsaaklikheid om ‘n bydrae te probeer maak.
“Ons is omring deur armoede wat konstant op mense se gewetes inspeel.”
“Ons is midde in die probleem-gebied.”
| 89
“Ons gemeente is geleë in die area waar al die behoeftes voorkom, dis dus ‘n werklikheid vir
gemeentelede.”
Eenheid en gedeelde kennis bevorder dienslewering
Die respondente rapporteer dat samewerking en gedeelde kennis dienslewering moontlik maak.
“Toegang tot goeie kennis van deelnemende lidmate; mobiliteit van mense wat dienste verskaf.”
“Positiewe samewerking tussen die kerkleiers en die gemeentelede.”
“Goeie samewerking deur sommige kerkgenootskappe in die gemeenskap.”
Realistiese beplanning van dienste
Die stellings wat volg dui daarop dat dienste gefokus is en dat dit as ‘n reeks stappe na ‘n groter
doel aangepak word:
“Die feit dat ons dit verstaan as proses en nie dienslewering nie. Ons dink groot en doen klein
want dit is volhoubaar.”
“Die gemeente se infrastruktuur – ons het planne en projekte in plek en almal weet hoe dit
werk.”
“Die professionele kundigheid in die leierskap.”
3.2.6 Voorbeelde van suksesvolle dienste
Respondente is versoek om ‘n beskrywing te verskaf van ‘n diens wat deur hulle gemeente gelewer
word en wat na hul mening ‘n suksesvolle impak op die bestryding van armoede, werkloosheid en
maatskaplike ongeregtigheid het in terme van:
Die tipe diens
Aan wie die diens gelewer word
Hoe die diens gelewer word
Hoe die lidmate bewus gemaak word van maatskaplike verantwoordelikheid en
aangemoedig word om kundigheid en hulpbronne te verskaf
Wie die diens bestuur
| 90
Hulpbronne wat benut word
Hoe lank hierdie diens reeds gelewer word
Die volgende voorbeelde is bekom:
‘n Gesamentlike aksie met ander diensverskaffers
“Die gemeente werk baie nou saam met alle ander instansies in die omgewing om gesamentlik ‘n groter
impak te kan maak. Daar word veral op direkte nood gefokus en veral kospakkies kry baie aandag. Die
gemeente doen allerlei projekte om fondse te genereer, waarby die wat daaruit baat ook betrokke is.
Vennootskappe met ander organisasies, kerke, besighede en persone word voortdurend uitgebou ten
einde hulpbronne te vermeerder en ten beste aan te wend. Die gemeente poog om sy eie hulpbronne tot
beskikking van soveel moontlik ander instansies beskikbaar te stel sodat lidmate ook uit die dienste
voordeel kan trek. Die plaaslike leraar is die dryfveer van die projekte, maar die kerkraad en gemeente
het ingekoop en ondersteun die planne ten volle. Die gemeente word reeds vir die afgelope 18 jaar op
die wyse bestuur, dit word net ‘n toenemend groter saak om van dag tot dag te bestuur. Enersyds
generering van fondse en andersyds dienslewering aan almal wat nood ervaar.”
“n Hulpbronbank: Lidmate sal eers kerkkantoor toe kom en hulle behoefte stel en daarvandaan sal ons
met hulp van leraar, en met toestemming van lidmaat meer mense en kundiges betrek. ‘n Weduwee se
grassnyer breek en een oproep verder is daar hulp beskikbaar. Drie verdagtes spring oor ‘n lidmaat se
muur en ons kon dadelik die eienaar en polisie bel en een van die mans in die straat vang hulle en hou
hulle aan totdat die polisie opdaag. Een van die dames gaan sny verswakte bejaardes se hare tuis.
Prokureurs in die gemeente help ons met regshulp, dienskontrakte en sake wat hul vir ons kan oplos. Ons
adverteer dit tydens preke, een-tot-een gesprekke, versoeke op ons gemeenteblad en afkondigings te
plaas, op die sosiale media adverteer en sms-boodskappe te stuur.”
“Ons diens om ‘n groentetuin en pluimveeboerdery vir mense te help begin. Ons samewerking met CMD
werk baie goed, want ons verskaf vrywilligers en help soek vir donateurs, terwyl CMD die projek beplan,
bestuur en monitor.”
“Die Departement Maatskaplike Ontwikkeling vorm deel uit van ons gemeente, want hulle deel kantore
met ons gemeente. Hulle lewer dienste aan almal in die gemeenskap wat kom aanklop. Daar word
insameling gedurende verskeie maande gehou deur elke Vrydag gemeentelede te vra om die Sondag
byvoorbeeld onbederfbare produkte saam te bring kerk toe.”
“Ons gemeente saam met die ander gemeentes in die dorp hou in vakansie tye n tipe van ‘fun days’
vir die gemeenskap se kinders. Weereens nie-blank, bruin en blank, Xhosa, Engels en Afrikaans neem hier
aan deel. Die gedagte is om die kinders besig te hou in vakansietye, sodat hulle nie verveeld is en
deurmekaar raak met dwelms en in bendes beland nie. Meeste van die minderbevoorregte kinder kom
vanuit gebroke huise, waar meeste van hulle nie ‘n vader-figuur ken nie, of ‘n vader-figuur het wat sleg is.
| 91
Dominee, pastoor, ens. doen gewoonlik eers ‘n opvoedingsessie met die kinders wat godsdienstig van aard
is; dan word daar ‘geestelike’ ysbreker-speletjies gedoen met die kinders, elke ysbreker het dus ‘n
boodskap wat dit inhou; daarna gaan speel die kinders sokker, rugby, krieket, hoopla-hoops, ‘you name it’.
Daar word vir hulle kos en koeldrank gee, met allerhande lekkernye en koek. Dit alles gebeur in ‘n veilige
ruimte waar die kinders hulleself kan geniet en hulleself kan wees. Die ‘fun-days’ word saam gereël deur
die verskillende kerke en daar is ‘n dame in beheer wat al die administrasie en logistiek doen vir die dae.
Almal wat wil, oud en jonk, neem deel aan die dae. Die gedagte is om die kinders, veral die
minderbevoorregte kinders van ons gemeenskap in te trek in die gemeenskap in, om vir hulle te wys jy kan
‘fun’ hê en nog steeds ‘n kind van die Here wees. Hierdie diens word nou al vir die afgelope vyf jaar
gedoen, maar dit het eers die laaste drie jaar begin om groot aandag te geniet.”
“Veiling: Die gemeente hou jaarliks ‘n veiling om die nood te verlig. Desember 2012 is R65 000 uitgedeel
aan organisasies wat kos in die gemeenskap voorsien en nood verlig.”
“Ons het ‘n stoor waar lidmate en borge hulpbronne byvoorbeeld voedsel, klere en komberse kom aflaai.
Ons het 60 organisasies identifiseer waaraan ons die hulpbronne besorg. Van die organisasies het
vervoermiddels en kom laai gereeld voorraad op. Die wat nie in ‘n posisie is om te kom oplaai nie, stuur
ons van ons werkers uit met ‘n voertuig om dit aan hulle te gaan voorsien. Daar word gereeld aan die
gemeente terugvoer gegee en getuienis gelewer. Met Pinkster maak ons ‘n punt daarvan dat mense
kruideniers en komberse na die dienste bring. Ons maak ook gebruik van ons afkondigings om ‘n beroep
op mense te doen om te gee, veral as ons ‘n spesifieke behoefte het. Die diens sorteer onder ons
gemeenskapsfokus afdeling en daar is drie werknemers aangestel wat vir die spesifieke doel. Hulpbronne
soos finansies, voertuie, personeel, vrywilligers, lidmate en maatskappye word gebruik.”
“In samewerking met twee ander NG Gemeentes is ‘n gebou in ‘n arm woonbuurt opgerig vanwaar
dienste aan behoeftiges gelewer word. ‘n Bestuurder is aangestel en die volgende dienste word gelewer:
Kos aan HIV geaffekteerde kinders
Naaldwerkklasse aan bejaardes (oumas van vigswesies)
Kralewerk wat verkoop word
Maak van skoolklere wat verkoop word
Geestelik opbouende programme deur ‘n welsynsorganisasie
Brei van skooltruie wat verkoop word
Geestelike bearbeiding deur plaaslike predikante
Ondersteuningsdienste wanneer daar ‘n krisis is”
Fokus op die verandering van gesindhede
“Ons is meestal betrokke by die verandering van die gesindhede van mense wat wel het en verder is ons
betrokke by die uitdeel van kospakkies. Die werk aan die gesindhede van die wat het, is baie suksesvol.
Mense wil graag betrokke raak en help.”
| 92
“Koninkryksopdrag: Die gemeente het vir twee jaar die projek geloods waar lidmate R200 ontvang het en
kinders R50 en hulle moes drie dinge by die Here gaan hoor oor Sy geld. (1) Wat wil die Here hê moet ek
met Sy geld doen – moet ek dit meer maak en daarmee woeker voor ek dit vir iemand in nood gee? (2)
Na wie toe stuur die Here my – waar moet ek met sy geld nood gaan verlig? Jy kon die geld gee vir wie
ook al die Here vir jou sê. (3) Kom sê net vir die gemeente wat jy met die Here se geld gedoen het. Meer
as R30 000 is, by twee geleenthede, aan 100 lidmate en 50 dooplidmate uitgedeel en getuienisse is
Sondae met die gemeente gedeel. Dit het veroorsaak dat gemeentelede vandag nog voortgaan met die
projek. Ons glo dat diens aan armes nie die roeping van ‘n kommissie van die kerkraad is nie, maar dat
elke gemeentelid sensitief vir ander se daaglikse nood moet wees en nood moet verlig.”
Betrokkenheid by spesifieke fokusareas
“Hulp en ondersteuning aan die Ya Bana kinderhuis vir arm kinders van Shoshanguwe. Dit behels ‘n
kleuterskool, behuising, voeding en skoolgelde. Daar is een dame wat verantwoordelikheid aanvaar en sy
herinner gemeente gereeld. Verder is die beheerliggaam van die kinderhuis verantwoordelik vir die dag-tot-
dag bestuur. Die gemeente benut lidmate se kennis, geld, vervoer, kos en klere om te help vir die afgelope
ongeveer ses jaar.”
“Noodspens (voedsel, toiletware, skoonmaakmiddels): Mense in nood kry ‘n pakkie per maand. Dit is
gewoonlik blankes wat deur die maatskaplike werker gestuur word. Die pakkies word afgelewer of mense
kan self kom haal. Ons maak die gemeente bewus deur afkondigings en die gemeente se maandbrief en
ons reël funksies ten bate van die noodspens. Dit word bestuur deur vrywillige lidmate wat gebruik maak
van donasies en skenkings van gemeentelede. Die diens word al vir 10 jaar gelewer.”
“SOS (siekes en sorgbehoewendes buite die gemeente): Voedselpakkies word weekliks aan arm
gemeenskappe afgelewer. Die gemeente word deur afkondigings en die maandblad bewus gemaak en
funksies word gehou. Vrywillige lidmate bestuur dit die afgelope 11 jaar en kry voedsel by supermarkte en
van donasie deur gemeentelede.”
“Ons kos-en-klerekas is ‘n sinvolle voorbeeld. Die diens word gelewer aan individue in nood sowel as
organisasies wat nood verlig. Dit bied vir ons ‘n geleentheid om met iemand ‘n verhouding te begin. Die
diens word op een tot een verhoudings gebaseer om so verligting en bemoediging te gee. Een predikant en
‘n paar vrywilligers bestuur die projek al vir so 7 jaar.”
“Ons lewer 2 maal ‘n jaar kospakkies aan behoeftige gesinne in die gemeenskap (net voor die winter en
met kersfees). Dit word afgekondig gedurende dienste en projekte (sakkies met koslysies word uitgedeel)
word aangepak om mense aan te spoor tot gee. Die barmhartigheidskommissie bestuur die diens. Die
diens is afhanklik van skenkings.”
| 93
“Kinderhuis: Die gemeente is betrokke by huis F vir dogters om aan die kinders die nodige te gee. Hierdie
jaar het die gemeente betaal vir die kinders se nuwe skoolklere. Elke kind kry met haar verjaarsdag ‘n
partytjie en die gemeente neem hulle op uitstappies en as die gemeente se kinders kamp, kom hulle saam.
Verder neem ons deel aan hulle jaarlikse basaar.”
“Lidmate is op ‘n daaglikse basis besig om nood te verlig en ‘n verskil te maak op plase. Dit wissel van
vervoer, skoolgelde vir die leerders, die mooimaak vir ‘n matriekafskeid tot studiehulp gedurende
matriekeksamen.”
“Ouetehuis: Die Diens van Barmhartigheid hanteer die diens. Die ouetehuis word voorsien van medisyne
wat nie ontvang word by hospitaal nie. Bejaardes se voorskrifte word gehaal en betaal deur ons.
Onderhouds-, reparasies-, tuin- en raadgeedienste. Tuisversorging en verpleging (bedwasse, inspuitings,
neem van bloeddruk) word deur vrywilligers gedoen. Vervoer na hospitale, vir bestraling en chemoterapie,
vervoer mense met vervoerprobleme.”
“Lidmate het werk verloor as gevolg van regstellende aksie en daaruit het hul eie tuis-besighede ontstaan.
Alle lidmate, vriende, familie en kennisse in onmiddellike omgewing in nood word betrek. Hulle motiveer
mekaar en adverteer onder mekaar en vriende die dienste.”
“Meelprojek wat bestuur word deur afgetredenes in die gemeente vir die afgelope 20 jaar. Meel en ander
kos word deur die gemeentelede geskenk (dit word gereeld afgekondig en in die kerkblad geadverteer). In
die winter kan mense ook komberse, klere, ensovoorts skenk. Daar is vier afsetpunte waar geïdentifiseerde
behoeftiges dit afhaal en waartydens hulle ook geestelike hulp en ondersteuning kry.”
3.3 Slotsom
Hierdie hoofstuk verskaf ‘n beskrywing van die bevindinge vanuit die vraelys. Hoofstuk 4 verskaf ‘n
bespreking van die gevolgtrekkings wat gemaak kan word vanuit hierdie bevindinge. Die
gevolgtrekkings, binne die raamwerk van die teorieë waarop die bevindinge gegrond is (sien
Hoofstuk 2), is benut om aanbevelings te maak rakende riglyne wat aan gemeentes voorsien kan
word vir verdere dienste/programme/aktiwiteite om armoede, werkloosheid en maatskaplike
ongeregtigheid te bestry.
| 94
Hoofstuk 4
Gevolgtrekkings en aanbevelings
4.1 Inleiding
Hierdie navorsingstudie het gepoog om die volgende navorsingsvraag te beantwoord: Wat is die
aard en omvang van aktiwiteite en dienste van die NG Kerk om armoede, werkloosheid en
maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse samelewing te bestry? Aansluitend hierby is
die doel dus om die aard en omvang van aktiwiteite en dienste van die NG Kerk wat armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse samelewing bestry, te
verken en beskryf. Die doel is verder om die Algemene Sinode van riglyne te voorsien
waarvolgens gemeentes, ringe en sinodes toegerus word om ‘n verdere bydrae ten opsigte van die
stryd teen armoede, werkloosheid en die bevordering van maatskaplike geregtigheid te maak en
om ‘n maatskaplike stem en advokaatrol te ontwikkel wat op genoemde areas fokus.
Die metodologie wat gevolg is om genoemde doel te bereik is in die doelstellings van hierdie
studie omskryf, naamlik om –
‘n Literatuurstudie te doen oor relevante sleutelbegrippe verwant aan armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid, ten einde ‘n vraelys te kan saamstel;
‘n Vraelys te ontwikkel om dienste van die NG Kerk wat armoede, werkloosheid en
maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse samelewing bestry, te verken;
Steekproefneming te doen vanuit die populasie van alle gemeentes verbonde aan die
Algemene Sinode van die NG Kerk;
Kwantitatiewe data in te samel wat die gemelde dienste van die NG Kerk verken;
Die ingesamelde kwantitatiewe data statisties te analiseer;
‘n Statistiese beskrywing te gee van die omvang van dienste deur die NG Kerk wat
armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse
samelewing bestry;
Kwalitatiewe vrae by die vraelys in te sluit, ten einde dienste en programme wat nie in die
vraelys genoem word nie te kan identifiseer, asook om beste praktyke en stremminge en
sterkpunte wat ervaar word, te kan identifiseer en beskryf;
‘n Kwalitatiewe beskrywing te gee rakende die aard van dienste en programme, bestaande
beste praktyke, stremminge en sterkpunte wat ervaar word en
| 95
Gevolgtrekkings en aanbevelings te maak vir voorlegging aan die Algemene Sinode van die
NG Kerk.
Die voorafgaande hoofstukke beskryf die agtergrond tot die navorsing, die implementering van die
navorsingsmetodologie, die literatuurstudie en die kwantitatiewe en kwalitatiewe data wat bekom
is, in diepte. Hierdie hoofstuk fokus op 1) gevolgtrekkings wat gemaak kan word vanuit die
ingesamelde data en 2) aanbevelings rakende riglyne wat aan gemeentes beskikbaar gestel kan
word.
4.2 Gevolgtrekkings vanuit die beskrywing van die data
Gevolgtrekkings word in die volgende ses afdelings aangebied:
1. Gevolgtrekkings rakende die profiel van die respondente en deelnemende gemeentes
2. Gevolgtrekkings met betrekking tot die bestryding van armoede
3. Gevolgtrekkings met betrekking tot die bestryding van werkloosheid
4. Gevolgtrekkings met betrekking tot die bevordering van maatskaplike geregtigheid
5. Gevolgtrekkings rakende stremminge wat ervaar word tydens dienslewering en aspekte
wat bydra tot dienslewering
6. Gevolgtrekkings vanuit voorbeelde van suksesvolle dienste
4.2.1 Gevolgtrekkings met betrekking tot die profiel van respondente en
deelnemende gemeentes
Dit is belangrik om kennis te neem van die lae persentasie terugvoering wat bekom is (36.6% uit ‘n
poging om ‘n 25% steekproef saam te stel). Die volgende moontlike redes kan oorweeg word: A)
Die tydraamwerk waarbinne die studie afgehandel moes word, het nie voorsiening gemaak vir ‘n
tydperk waartydens telefoniese opvolg van nie-response kon geskied nie. Dit sou ‘n tydrowende
en ook duur proses gewees het. B) Die toename in navorsingsprojekte in die Suid-Afrikaanse
samelewing kan ook daartoe bydra dat potensiële respondente moeg raak vir die tyd wat afgestaan
moet word, sonder dat dit hul situasie enigsins beïnvloed. Positief ten opsigte van hierdie aspek is
egter dat die verteenwoordigende aard van die profiel van respondente (soos hieronder aangedui)
die waarde van die studie verhoog. Die rykheid aan data dui ook daarop dat die vraelys
verstaanbaar en hanteerbaar vir die respondente was.
| 96
Die respondente het primêr uit manlike leraars bestaan. Die data is dus van “leiers” van
gemeentes bekom. Dit is ook van waarde dat die gemiddelde jare van betrokkenheid by die
gemeentes 11.4 jaar is. Dit beteken dat die respondente oor ervaring en kennis beskik, wat hulle
dan tydens hierdie studie kon weergee.
‘n Verdere beduidende kenmerk van die profiel van die respondente is dat hulle hoofsaaklik in die
hoër ouderdomsgroep geval het (60% respondente is ouer as 50 jaar). Die ouderdomsgroep wat
die minste verteenwoordig is, is tussen 31 en 40 jaar. ‘n Klein persentasie respondente het die
jongste ouderdomsgroep van tussen 26 en 30 jaar verteenwoordig (8.6%). ‘n Moontlike verklaring
vir hierdie verskynsel is die gedokumenteerde gevalle van gesinsimmigrasie. Crush en Williams
(2005:17-18) verwys na die sogenaamde “brain drain” en meld dat Suid-Afrika 720 000 inwoners
teen 2003 verloor het wat na hoofsaaklik die Verenigde State van Amerika, Kanada, die Verenigde
Koninkryk, Australië en New Zeeland immigreer het. In Australië verteenwoordig Suid-Afrikaanse
immigrante byvoorbeeld ‘n agste van die land se immigrantegemeenskap. ‘n Geraamde 9 657
individue het permanente status gedurende 2011 – 2012 bekom, waarvan 50% deur werkgewers
(wat werkers vir hul vaardighede werf) geborg was en ‘n verdere 45% wat toestemming vir
immigrasie weens hul spesifieke vaardighede bekom het (Department of Immigration and
Citizenship, 2013).
Die gemeentes wat deur die respondente verteenwoordig is, is goed verdeel tussen landelike
(54%) en stedelike (46%) areas, terwyl die verspreiding tussen die sinodale areas ook eweredig is.
Die gemiddelde respondente uit die areas is sewe. Die grootste verteenwoordiging is uit die Wes-
Kaap, terwyl Gauteng en Vrystaat die tweede meeste respondente verteenwoordig het. Die
gevolgtrekking is dus dat die data, die gevolgtrekkings en die aanbevelings op ‘n verteenwoordende
steekproef gegrond word.
Toegang tot ondersteunende dienste is as deel van die beskrywing van die konteks waarbinne
respondente funksioneer, ondersoek. Toegang tot privaat professionele dienste blyk eweredig
versprei te wees met ‘n gemiddelde van 65.7% toegang tot verskillende dienste. Toegang tot
mediese dienste is die hoogste, terwyl toegang tot veiligheidsdienste die laagste is. Aan die ander
kant is daar ‘n 57.8% gemiddelde toegang tot regeringsdienste gerapporteer. Toegang tot die
Departement van Binnelandse Sake en die Departement Maatskaplike Ontwikkeling is egter
beperk (17%). Die gehalte van dienslewering deur die kerk kan beïnvloed word deur die mate
waartoe ondersteuning verskaf word. Die strategieë vir maatskaplike ontwikkeling, soos omskryf
in die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn (1997:3) is voorts, onder andere, op vennootskappe met
die staat, nie-regerings- en ander Christelik-gebaseerde organisasies gebaseer. Hierdie
| 97
uitgangspunt word meer onlangs in die NOP 2030 beklemtoon met die klem op
vennootskapprosesse met formele rolspelers ten einde die nasionale visie te realiseer. Die
belangrikheid van vennootskappe tussen die genoemde rolspelers is dat, indien samewerking
plaasvind, dit tot ‘n regverdige verdeling van hulpbronne, kennis, vaardighede en
verantwoordelikhede kan lei (Handmaker en Remko, 2010:ii; Die Nasionale Ontwikkelingsplan
2030, 2011:14, 22).
Met in ag name van bogenoemde toegang tot ondersteunende dienste is dit beduidend dat 98%
van die respondente dienste aan lidmate en nie-lidmate voorsien. Die rol van die gemeentes in hul
gemeenskappe (en daarom in die breë Suider-Afrikaanse gemeenskap) word dus hier beklemtoon.
Kwalitatiewe data in hierdie afdeling het gefokus op ‘n beskrywing van die kriteria waaraan
persone wat dienste ontvang, moet voldoen. Die volgende 4 aspekte het na vore gekom:
1. Geen kriteria vir die lewering van dienste: Gemeentes lewer dienste aan wie hulle kan en
sover dit binne hul vermoëns is.
2. Spesifieke fokusareas vir dienslewering: Dienslewering word veral gerig op persone in
finansiële nood, bejaardes, kinders, enkelouers en siekes. Hierdie fokusareas val binne die
raamwerk van kwesbare groepe, soos in die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn (1997)
omskryf.
3. Beskrywing van evaluering van behoeftes voordat hulp verleen word: Die behoefte aan
dienste word geverifieer, ten einde seker te maak dat hoë prioriteitsgevalle identifiseer
word.
4. ‘n Beskrywing van die aard van dienste in die algemeen: Dienste is meestal korttermyn van
aard. Verwysings na professionele dienste vir langtermyn hulp word gedoen. Die belang van
vennootskappe, samewerking en koördinering van dienste tussen diensverskaffers word
dus beklemtoon.
4.2.2 Gevolgtrekkings met betrekking tot die bestryding van armoede
Die gevolgtrekkings rakende dienste/aktiwiteite/programme wat fokus op die betryding van
armoede, soos deur die data beskryf, word in twee sub-afdelings verdeel, naamlik: 1) Die
aanspreek van menslike behoeftes as deel van armoedebestryding en 2) onderliggende benaderings
en die aard van dienste/programme wat op die bestryding van armoede fokus.
| 98
Die aanspreek van menslike behoeftes as deel van armoedebestryding
Armoede veroorsaak dat basiese menslike behoeftes nie bevredig word nie. In terme van
strategieë vir die aanspreek van verskillende oorsaaklike faktore van armoede verwys Loewen
(2009:11) na absolute armoede as ‘n vorm van armoede wat gekenmerk word deur ‘n gebrek aan
hulpbronne om basiese oorlewingsbehoeftes aan te spreek. Noodhulp in terme van kos, skuiling
en klere word hier as die strategie vir hulpverlening voorgestel. Die data fokus dus op
voedselvoorsiening en beskerming teen elemente deur die kerk as ‘n manier om armoede te verlig.
Voedselvoorsiening: ‘n Gemiddelde van 69.4% van die deelnemers lewer dienste in hierdie
verband. Die meerderheid verskaf kospakkies (88.6%), terwyl 60% betrokke is by
voedselskemas in gemeenskappe en 48.6% betrokke is by skoolvoedingsprogramme.
Beskerming teen elemente: Komberse en klerasie word deur ‘n beduidende aantal
respondente verskaf terwyl nooddienste en skuiling ook as fokus van dienslewering dien.
Die fokus is hier op armoedeverligting. Dit het ten doel om op die korttermyn verligting en
ondersteuning te verskaf aan persone wat onder armoede gebuk gaan. Armoedevermindering, aan
die ander kant, verwys na ‘n ontwikkelingsgerigte benadering wat poog om deur middel van
programme wat vaardighede en bronne ontwikkel, ‘n volhoubare uitkoms te verskaf aan persone
wat gebuk gaan onder armoede (The Measurement of Poverty in South Africa Project: Key Issues,
2007:14). Die data dui daarop dat, behalwe dat die kerk se dienste daarop gemik is om armoede te
verlig, dit ook poog om armoede te verminder op wyses wat hieronder beskryf word.
Onderliggende benaderings en aard van dienste/programme wat fokus op die
bestryding van armoede
Hierdie aspek word gebaseer op Bradshaw (2005:14) se teorie van kumulatiewe en sikliese
armoede. Die uitgangspunt is dat armoede veroorsaak word deur probleme wat nie aangespreek
word nie, en dan geleenthede beperk. Afrikabenaderings wat benut kan word om volhoubaarheid
van verandering (en daarom armoedevoorkoming) te bewerkstellig, is as raamwerk vir hierdie
afdeling benut (Maser, 1997:191-192).
Psigo-sosiaal: Die meerderheid van die respondente fokus nie op hierdie aspek nie. Dienste
gegrond op die psigo-sosiale beginsel word deur 46.4% van die respondente gelewer. Die
volgende aktiwiteite word benut deur die respondente wat wel hierop fokus: Die uitbou
van geloofsoortuigings (82.6%); die ontwikkeling van vennootskappe met ander
| 99
diensverskaffers (62.9%); gespreksgeleenthede om probleme te bespreek (48.6%) en
opvoedkundige programme (40%). Vennootskappe is hoofsaaklik gesluit met kerklike nie-
regeringsorganisasies (48.6%), terwyl slegs 11.4% van die vennootskappe met
regeringsinstansies is. Soos in die vorige afdeling uitgelig, blyk dit dat die staat se
beklemtoning van vennootskappe met nie-regeringsorganisasies in beleidsdokumente dus
nie realiseer nie. Aktiwiteite wat verder uitgebou kan word is gemeenskapsaktiwiteite om
verandering te stimuleer en jeugprogramme.
Geestelik-kultureel: Hierdie beginsel word deur die meerderheid van die respondente
toegepas, naamlik: 1) Programme wat fokus op die ontwikkeling van geestelike welsyn
(57.1%) en 2) programme wat fokus op die ontwikkeling van die vermoë om
verantwoordelikheid vir self en ander te neem (51.4%).
Opvoedkundig: Hierdie aspek word onderbeklemtoon deur huidige
diensleweringsprogramme. Handvaardigheidsopvoedkundige programme word deur 31.5%
van die respondente aangebied, en probleemoplossende opvoedkundige programme word
deur 5.7% respondente aangebied.
Nasionale belang: Sulke programme fokus op betrokkenheid by nasionale krisisse. In hierdie
verband het 55.7% respondente aangedui dat hulle by noodvoedselskemas betrokke is en
40% het aangedui dat korttermyn noodhulpprogramme aangebied word. Eersgenoemde
aspek dui daarop dat die die kerk ‘n beduidenide rol speel in die regering se pogings om
deur middel van samewerking met verskillende rolspelers armoede te verlig. Hierdie aspek
is egter ook gefokus op korttermyn dienslewering.
Eenheid: ‘n Minderheid van die respondente se dienste fokus op hierdie aspek, wat ook
beskou kan word as ‘n voorkomende diens. Gesinseenheid as primêre
ondersteuningsnetwerk word deur 42.9% van die respondente aangebied, terwyl 28.6% van
die respondente programme aanbied wat fokus op die ontwikkeling van
gemeenskapseenheid as sekondêre ondersteuningsnetwerk.
Selfbeskikking: Selfbeskikking impliseer dat ontvangers van dienste bemagtig word met
vaardighede en insig om outonoom te kan funksioneer (as ‘n langtermyn doelstelling van
armoedevermindering). Dit behels dat besluitneming relevant tot die diensontvanger se
konteks moet wees (die behoeftes op grondvlak moet dus verstaan en erken word). ‘n
Minderheid van 34.3% van respondente pas hierdie beginsel toe deur beplanning van
dienste wat op insette van die ontvangers van die dienste gebaseer word.
Kollektiewe werk en verantwoordelikheid: Samehangend met bovermelde beginsel van
selfbeskikking word die betrokkenheid en verantwoordelikheid van ontvangers deur
kollektiewe betrokkenheid by aksiekomitees beklemtoon. Dit behels dat ontvangers sekere
take en verantwoordelikhede het tydens projekte/programme wat hul behoeftes aanspreek.
| 100
In hierdie verband fokus 45.7% van die deelnemende gemeentes se dienslewering op
hierdie beginsel.
Samewerking: Hierdie beginsel word deur die meerderheid van die respondente toegepas.
Samewerking as ‘n beginsel tot dienslewering impliseer gemeente-eenheid deur middel van
gedeelde hulpbronne (54.3%), kennis (51.4%) en vaardighede (51.4%).
Kreatiwiteit: ‘n Totaal van 48.6% van respondente benut kreatiwiteit in terme van
programme en dienste wat fokus op ‘n duidelike uitkoms van wat die program/diens moet
bereik.
Doel: Samehangend met ‘n duidelike uitkoms van dienste/programme dui dieselfde
hoeveelheid respondente aan dat dienste verbind word met geestelike betekenisse van
individuele- en gemeentedoelstellings.
Geloof: Geloof as ‘n beginsel in die bestryding van armoede word soos volg deur ‘n
meerderheid van die respondente toegepas: i) die aanmoediging van geloof by die
ontvangers van dienste in terme van die vertroue in die medemens (68.6%), ii) die
aanmoediging van geloof by die ontvangers van dienste in terme van die vertroue in die
kerk (60%) en iii) die aanmoediging van geloof by die ontvangers van dienste in terme van
die vertroue in eiewaarde (my plek in die kerk en die gemeente) (65.7%).
Die kwalitatiewe data in hierdie afdeling fokus op dienste om armoede te bestry wat nie binne die
vraelys uitgelig is nie en word deur die volgende temas beskryf:
1. Bewusmaking deur prediking en modellering: Respondente beskryf die waarde van die
inhoud van boodskappe aan gemeentelede en modellering deur leiers in die gemeente as ‘n
manier om gemeentelede van hul rol/verantwoordelikheid in die bestryding van armoede
bewus te maak.
2. Verspreiding van kospakkies: In ooreenstemming met die kwantitatiewe data, lig hierdie
tema die huidige fokus van dienste op korttermyn hulpverlening uit.
3. Voorsiening in materiële behoeftes van bejaardes, kinders en siekes: Soos ook in die vorige
afdeling uitgelig, fokus dienste op behoeftes van spesifieke kwesbare groepe soos in die
Witskryf vir Maatskaplike Welsyn (1997) omskryf.
Die benaderings wat toegepas word in huidige dienste met betrekking tot die bestryding van
armoede fokus dus primêr op korttermyn dienste, dienste wat fokus op die uitbou van geloof en
geestelik-kulturele benaderings, asook dienste gebaseer op die beginsel van samewerking. Areas
wat dus verder ontwikkel kan word sluit in: Psigo-sosiale ontwikkelingsprogramme,
opvoedkundige programme, die ontwikkeling van eenheid binne die gesin en die gemeente,
| 101
selfbeskikkingsreg en kollektiewe werk en verantwoordelikheid van diensontvangers en die fokus
op spesifieke uitkomste en doelstellings wat met kerklike benaderings saamhang.
4.2.3 Gevolgtrekkings met betrekking tot die bestryding van werkloosheid
Die gevolgtrekkings wat in hierdie afdeling gemaak word, word gebaseer op die volgende
teoretiese uitgangspunte: Die rol van die regering in die ontwikkeling van ‘n gesonde
goedfunksionerende samelewing waar gemeenskapslede in staat gestel word om hulle volle
potensiaal te ontwikkel soos deur Hope en Timmel (2003:221) beskryf, word ook onderskryf deur
die gemeenskapsontwikkelingsbenadering wat as benadering vir dienslewering in beleidsdokumente
beklemtoon word (Witskrif vir Maatskaplike Welsyn, 1997). Binne Weyers (2011:155) se model
word die gemeenskap bemagtig om werk te skep en toegang tot werksgeleenthede te bekom deur
middel van die ontwikkeling van vaardighede en ‘n self-helphouding (Weyers, 2011:155). Die rol
van die veranderingsagent (in die geval van hierdie studie, die kerk) is om die gemeenskap te
ondersteun om hul potensiaal te ontwikkel deur middel van toegang tot geleenthede, hulpbronne
en dienste (Weyers, 2011:157). Die kerk as rolspeler/veranderingsagent moet egter nie beskou
word as ‘n potensiële werkgewer nie, maar as ‘n veranderingsagent wat gemeenskapshulpbronne
met mekaar verbind, sodat “die gemeenskap die gemeenskap help” (Weyers, 2011:151). Strategieë
om armoede binne hierdie raamwerk aan te spreek sluit inkomstegenererende projekte,
opvoedkundige projekte om vaardighede te ontwikkel om die werksmark te betree of om
probleme aan te spreek, die ontwikkeling of ondersteuning van netwerke om hulpbronne in die
gemeenskap effektief te benut en leierskapsprogramme in (Bradshaw, 2005:14).
Die data van hierdie studie fokus dus op die ontwikkeling van ‘n werksmag en inkomste-
ondersteuningsprogramme.
Werksmagontwikkeling (Lang- of korttermyn bemagtigingsprogram)
Die volgende strategieë word deur die respondente gevolg word om hierdie fokusarea aan te
spreek:
Persoonlike ontwikkelingsprogramme: ‘n Gemiddelde van 20% van die respondente is
betrokke by sodanige programme, waarvan die meerderheid (28.6%) op
middelafhanklikheid fokus. Geletterdheidsprogramme word deur 22.9% van die
respondente aangebied, 17.1% van respondente bied finansiële geletterdheidsprogramme
en programme vir die ontwikkeling van ‘n Curriculum Vitae aan. Die ontwikkeling van
| 102
vaardighede om werksonderhoude te voer word deur die minste respondente
aangespreek, naamlik 14.3%.
Werkgereedheidsprogramme: Programme wat op die ontwikkeling van kennis en
vaardighede rakende arbeidspraktyk en –wetgewing fokus, asook netwerkvorming met
potensiële werkgewers om vaardighede te identifiseer en opleidingsgeleenthede te skep
word, deur 17.1% van die respondente gelewer.
Ontwikkeling van vaardighede: ‘n Gemiddelde van slegs 10% van respondente fokus op
hierdie aspek, naamlik: Die ontwikkeling van generiese vaardighede om bemarkbaarheid te
verhoog (11.4%) en die identifisering van spesifieke vaardighede wat in die mark vereis
word (8.6%).
Entrepeneurskap: ‘n Gemiddeld van 11.4% van respondente fokus tydens dienslewering op
die ontwikkeling van entrepeneurskap. Die primêre fokus is op die ontwikkeling van
bemarkingsgeleenthede en –vaardighede (14.3%), gevolg deur fasilitering van toegang tot
hulpbronne om sakeondernemings van die grond af te kry (11.4%). Diensontvangers word
ook met die opstel van ‘n besigheidsplan deur 8.6% van die respondente ondersteun.
Inkomste-ondersteuning (korttermyn hulp totdat die persoon werk en finansieel
onafhanklik funksioneer)
Die gemiddelde diensverskaffing rakende korttermyn inkomste-ondersteuning is 40%. Die meeste
respondente is betrokke by eenmalige noodhulp in die vorm van kos, huurgeld of elektrisiteit
(62.9%) terwyl 28.6% van respondente ook dienste rakende skuldbemiddeling en onderhandeling
vir goedkoper dienste, byvoorbeeld skoolgeld en mediese sorg, lewer.
Kwalitatiewe data wat op ander vorm(e) van dienslewering wat nie in die vraelys genoem is nie
fokus word deur die volgende temas en sub-temas beskryf:
1. Die skep van geleenthede om ‘n inkomste te genereer: Hierdie geleenthede sluit aktiwiteite
waar inkomste genereer kan word (byvoorbeeld ‘n kleremark en herwinningsprojek),
sowel as die benutting van diensontvangers vir los werk in die gemeente in. Die waarde van
vennootskappe met bronne in die gemeenskap word uitgelig. ‘n Waardevolle aspek is dat
langtermyn oplossings gesoek word deurdat hierdie aspek op die volgende fokus:
a. Die skep van geleenthede om in eie bestaansmiddele te voorsien
b. Die skep van werksgeleenthede waarby die gemeenskap baat
2. Vroeë-kindontwikkelingsprogramme wat as voorkomingsprogram kan dien: Ondersteuning
om kinderversorgingsprogramme te ontwikkel wat dan dien as ‘n inkomste vir die persoon,
| 103
maar ook as ‘n voorkomingsprogram vir kinders in die gemeenskap word aansluitend met
bostaande aspek uitgelig.
3. Motiveringsprogramme om verandering te bewerkstellig: Hierdie programme fokus op hoë
risikogroepe soos persone in die gevangenis.
4. Ondersteuning om werk te bekom of om bemarkbaarheid te verhoog: Die respondente
het spesifiek verwys na geleenthede wat geskep word om persone te ondersteun om werk
te bekom en/of om vaardighede te ontwikkel wat bemarkbaarheid sal verhoog.
Alhoewel ‘n minderheid van die respondente op die bestryding van werkloosheid fokus moet daar
kennis geneem word van kreatiewe maniere waarop respondente die kwessie van werkloosheid
aanspreek. Hierdie voorbeelde dien as ‘n raamwerk wat deur ander gemeentes benut kan word.
Ander aspekte wat aandag kan geniet is persoonlike ontwikkelingsprogramme,
werkgereedheidsprogramme, ontwikkeling van algemene en/of spesifieke vaardighede,
entrepeneurskap, skuldbemiddeling en onderhandeling vir goedkoper dienste. Laasgenoemde fokus
ook op die bevordering van maatskaplike geregtigheid wat vervolgens bespreek sal word.
4.2.4 Gevolgtrekking met betrekking tot die bevordering van maatskaplike
geregtigheid
Hierdie afdeling word bespreek met in agname van die duidelike verband tussen armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid (Oezemena, 2010). Die teoretiese raamwerk
waarbinne gevolgtrekkings gemaak word fokus op maatskaplike geregtigheid as die reg van alle
gemeenskapslede op menswaardige behandeling, toegang tot dienste, dienste wat op ‘n respekvolle
wyse verskaf word en geleenthede tot ontwikkeling (Ozoemena, 2010). Die kerk, as ‘n rolspeler,
het ‘n beduidende (selfs magtige) rol in die vorming van idees rakende die norme wat binne die
samelewing aanvaar en toegepas word (Mische, 2007). Met die spesifieke fokus op die rol van die
kerk in die ontwikkeling van maatskaplike geregtigheid, verleen die begrip “diakonie” ‘n beskrywing
van fundamentele aksies deur die kerk wat fokus op ontwikkeling van ‘n verhouding tussen die
kerk en die gemeenskap, voorkoming, opheffing en vermindering van maatskaplike behoeftes. Die
noodsaaklikheid van ‘n voortdurende gesprek in die samelewing word beklemtoon wanneer daar
in ag geneem word dat verskillende persone/groepe verskillende betekenisse aan die begrip
“maatskaplike geregtigheid” koppel (spesifiek relevant tot die diverse Suider-Afrikaanse
samelewing). Hier moet die idee van die kerk as stem weer na vore kom. Die kerk is dus die
ideale rolspeler om as ‘n fasiliteerder van hierdie gesprekke (Mische, 2007) op te tree.
Gevolgtrekkings kon gemaak word rakende geleenthede om maatskaplike ongeregtigheid te
bestry, die aanspreek van menslike behoeftes as deel van die bestryding van maatskaplike
| 104
ongeregtigheid en respondente se persepsies en ervarings rakende die mate waartoe gemeentelike
dienste (insluitend dienste gemik op armoede en werkloosheid) maatskaplike geregtigheid
bevorder.
Geleenthede om maatskaplike ongeregtigheid te bestry
Die fokus in hierdie afdeling is op a) bewusmaking, b) mobilisering van gemeenskappe en c) die
aanmoediging tot aktiewe burgerskap.
Bewusmaking: Die data dui aan dat 47.1% van die respondente by hierdie aspek betrokke is
waarvan 48.6% van respondente by gesprekke en aktiwiteite rakende die regte van persone
met gestremdhede betrokke is en 45.7% van respondente op gesprekke en aktiwiteite
rakende vroue- en kinderregte fokus.
Mobilisering van gemeenskappe: ‘n Gemddelde van 25.7% van respondente fokus op:
Mobilisering deur middel van deelname aan forums en netwerke (40%) en betrokkenheid
by anti-xenofobiese projekte (11.4%).
Aanmoediging tot aktiewe burgerskap: Die begrip ‘aktiewe burgerskap’ is omskryf as
deelname aan programme, forums en prosesse en word deur middel van
motiveringsaktiwiteite deur 34.3% van die respondente toegepas.
Die aanspreek van menslike behoeftes as deel van die bestryding van maatskaplike
ongeregtigheid
Aktiwiteite binne die deelnemende gemeentes wat menslike behoeftes aanspreek in terme van die
bestryding van maatskaplike ongeregtigheid fokus op skakeling met hulpbronne, ontwikkeling van
moraliteit en die bemeestering van lewensvaardighede.
Skakeling met hulpbronne: Die gemiddelde benutting van hierdie aspek is 27.1%. Netwerke
gerig op die bevordering van opvoeding word deur 34.3% van die respondente
geïmplimenteer, terwyl netwerkvorming vir mediese dienste deur 20% van die respondente
benut word.
Ontwikkeling van moraliteit: Die meerderheid respondente (67.1%) benut geleenthede om
moraliteit te ontwikkel. Voorligtingsdienste (byvoorbeeld die huwelik en kindersorg) word
deur 65.7% van respondente gelewer en 68.6% van respondente lewer beradingsdienste
(byvoorbeeld huweliksberading en ouer-kindberading).
| 105
Bemeestering van lewensvaardighede: Soos met die vorige afdeling fokus dienste deur die
meerderheid respondente (55.7%) ook op die bemeestering van lewensvaardighede.
Ouerskapsvaardighede word deur 54.3% van die respondente bevorder terwyl 57.1% van
respondente dienste lewer wat op verhoudingsvaardighede fokus.
Persepsies en ervarings rakende die mate waartoe gemeentelike dienste (insluitend
dienste gerig op armoede en werkloosheid) maatskaplike geregtigheid bevorder
Die gevolgtrekkings in hierdie afdeling word op kwantitatiewe, sowel as kwalitatiewe data
gebaseer.
Selfbeeld: ‘n Redelike impak word deur die meeste antwoorde verteenwoordig, terwyl ‘n
beduidende en geen impak daarop volg. Die perspesie is dat voortdurende afhanklikheid in
die pad van die ontwikkeling van ‘n gesonde selfbeeld staan en deelname aan projekte
ontvangers van dienste se selfbeeld bevorder. Wanneer hulle bemagtig word om self hul
omstandighede te verbeter, lei betrokkenheid by projekte tot ‘n gevoel van “ek lewer ‘n
bydrae”. Aktiewe deelname, gemeenskaplike fokus op kerkaktiwiteite en deelnemende
besluitneming bevorder selfbeeld by ontvangers. Deur te fokus op die ontwikkeling van
gesonde verhoudings word die selfbeeld verder uitgebou.
Selfvertroue: Geen impak word deur die meeste hoeveelheid antwoorde verteenwoordig,
gevolg deur ‘n gelyke aantal antwoorde wat op ‘n geringe en redelike impak dui. Die
persepsies van die respondente is dat deelname tot die bevordering van eiewaarde en
selfvertroue lei, wat tot hoop lei en selfvertroue verhoog. Selfvertroue kan deur middel van
kerklike aktiwiteite verhoog word.
Respek: Die meeste antwoorde dui op geen of ‘n redelike impak. Die respondente is van
mening dat ontvangers wat betrek word by gemeente aktiwiteite ook daardeur respek
betoon word, deurdat hulle bydrae as belangrik beskou word; dat die betoning van respek
nie afhang van die ontvanger se betrokkenheid nie en dat respek vir die ontvanger se
mening van waarde is.
Verantwoordelikheid: ‘n Redelike impak word deur die meeste antwoorde
verteenwoordig. Sommige respondente dui aan dat ontvangers selde verantwoordelikheid
vir hulle eie situasie neem, terwyl ander aangedui het dat deelname tot die neem van
verantwoordelikheid vir eie situasie lei. Die neem van verantwoordelikheid word ook as ‘n
leerproses beskryf.
Aanvaarding: ‘n Beduidende impak word deur die meeste antwoorde verteenwoordig.
Respondente beskryf betrokkenheid en deelname as ‘n manier om ‘n gevoel van
aanvaarding te skep. Die ontwikkeling van ‘n gevoel van aanvaarding word as ‘n proses
| 106
waarvoor leiding nodig is beskryf, en geleenthede word geskep waar nie-gemeentelike
ontvangers van dienste kontak met gemeentelede het. Respondente is wel ook van mening
dat die aspek van ‘n ontvangkultuur ‘n negatiewe aspek is wat aanvaarding beïnvloed.
Teenprestasie en eienaarskap: Daar is ‘n groot verskil tussen geen impak, wat die meeste
antwoorde verteenwoordig, en die daaropvolgende redelike impak. Respondente is van
mening dat ontvangers meestal nie ‘n teenprestasie wil lewer nie. Die lewering van
teenprestasies en eienaarskap word as ‘n manier om selfbeeld en selfwaarde uit te bou
beskou. Respondente is verder van mening dat teenprestasies (binne die konteks van die
kerk) ook negatief kan wees, omdat ontvangers dit moet wil doen. Aanmoediging om by die
geestelike aktiwiteite van die kerk in te skakel word dus as waardevol beskou.
Die data dui daarop dat die ontwikkeling van moraliteit en die bemeestering van
lewensvaardighede die fokus van huidige dienste is. Bewusmaking van kwesbare groepe se situasie
(vroue, kinders en gestremdes) geniet ook aandag. In terme van die respondente se persepsies
rakende die ontwikkeling van menswaardigheid deur middel van bestaande dienste word
aanvaarding, die ontwikkeling van ‘n selfbeeld en die ontwikkeling van ‘n sin vir verantwoordelik
aangedui as areas waar sukses behaal word. Areas wat verdere aandag kan geniet is mobilisering
van gemeenskappe, aanmoediging tot aktiewe burgerskap en skakeling met hulpbronne. Die data
dui ook aan dat verdere klem geplaas moet word op die uitbouing van selfvertroue, respek,
teenprestasie en eienaarskap. Die kwalitatiewe data wat hierdie gevolgtrekking ondersteun word
verteenwoordig deur die volgende temas.
Die verskaffing van fasiliteite vir dienslewering deur ander diensverskaffers as ‘n vorm van
bydrae tot die ontwikkeling van maatskaplike geregtigheid: Hierdie aspek word ondersteun
deur die beklemtoning van die noodsaaklikheid van vennootskappe in verskeie
beleidsdokumente.
Skenkings aan welsynsorganisasies, projekte en gemeenskappe as ‘n manier om
maatskaplike geregtigheid te bevorder: Die ondersteuning van ander diensverskaffers se
dienste is ‘n manier om by maatskaplike geregtigheid betrokke te raak.
Bewusmaking deur middel van prediking en inligtingspamflette: Respondente beskou
prediking en die benutting van inligtingsmedia binne die gemeente as ‘n manier om
bewusmaking te bevorder.
Ondersteuningsdienste tydens trauma: Die respondente dui aan dat dienste ook fokus op
slagoffers van trauma (verkragting, sterwensbeleiding en egskeidingsbegeleiding).
| 107
4.2.5 Gevolgtrekkings rakende stremminge wat ervaar word tydens dienslewering en
aspekte wat tot dienslewering bydra
Gevolgtrekkings in hierdie afdeling word op kwalitatiewe data gegrond.
Die belangrikste faktore wat gemeentes se bestryding van armoede, werkloosheid en
maatskaplike ongeregtigheid bemoeilik
Die volgende temas beskryf die beperkende faktore:
‘n Tekort aan fondse belemmer dienslewering: Werkloosheid en armoede as ‘n realiteit in
die Suider-Afrikaanse gemeenskappe word met ‘n tekort aan fondse verbind, terwyl dit ook
tot groter eise ten opsigte van dienslewering bydra. Respondente verwys spesifiek na die
toename in behoeftes en verwoord ‘n gevoel van moedeloosheid weens die tekort aan
fondse om in alle behoeftes te kan voorsien.
‘n Tekort aan betrokkenheid van staatsdiensorganisasies belemmer dienslewering: ‘n
Gebrek aan strukture en swak diens word uitgesonder. Respondente verwys daarna dat,
wanneer daar gepoog word om dienste van sodanige organisasies te benut, dit dikwels tot
‘n “doodloopstraat” lei.
‘n Ouer generasie lidmate belemmer die vermoë om dienste te lewer: In ooreenstemming
met die gevolgtrekkings rakende die profiel van die respondente, word daar vermeld dat
die gemeentelede ouer word en dat dit die gemeente se vermoë tot dienslewering beperk.
‘n Gebrek aan die regte ingesteldheid: Respondente is van mening dat gemeenskappe
(insluitend gemeentelede) se ingesteldheid van “selfsug, liefdeloosheid en verwaandheid”
dienslewering bemoeilik omdat vrywillige diens belemmer word deur “die gemaksone”
waar mense hul bevind. Hierdie aspekte word ook in verband gebring met die nadelige
invloed wat dit op verhoudings het en wat dan weer tot nood aanleiding gee.
‘n Tekort aan vrywilligers: Soos in die bostaande punt genoem belemmer, ‘n tekort aan
vrywilligers die gemeentes se vermoë om dienste te kan lewer. Nog ‘n aspek wat daartoe
lei dat vrywilligers nie benut kan word nie is die onvermoë om vrywilligers se veiligheid te
verseker wanneer dienste in gemeenskappe gelewer word.
Die aard van maatskaplike kwessies in die Suider-Afrikaanse samelewing: Die maatskaplike
kwessies wat dienslewering bemoeilik word beskryf as “drankmisbruik, dwelms,
tienerswangerskappe en ouers wat kinders verwaarloos”. Respondente verwys ook na die
ontvangkultuur, waar ontvangers nie na langtermyn oplossings vir hul situasie wil kyk
tydens dienslewering nie, maar slegs hulp vir hul onmiddellike behoeftes wil bekom.
| 108
Die belangrikste faktore wat gemeentes se bestryding van armoede, werkloosheid en
maatskaplike ongeregtigheid vergemaklik
Die volgende temas beskryf die kwalitatiewe data ten opsigte van faktore wat dienslewering
vergemaklik:
Hulpbronne en finansiële vermoëns van gemeentelede dra by tot dienslewering:
Respondente se stellings dui daarop dat bestaande bronne en die finansiële vermoëns van
lidmate dienslewering vergemaklik maar meld ook dat indien hierdie posisie verander,
dienslewering daardeur beïnvloed sal word. Beskrywings dui daarop dat die kultuur van
dienslewering oor ‘n lang tydperk ontwikkel word.
Die regte ingesteldheid by gemeentelede: In ooreenstemming met die bostaande
beskrywing van die gebrek aan ‘n regte ingesteldheid wat dienste belemmer, beskryf
respondente die waarde van ‘n regte ingesteldheid. Bewusmaking en die boodskap van
uitlewing van Christenskap word deur respondente beklemtoon as maniere om die regte
ingesteldheid te bewerkstellig. Die respondente meld dat die regte ingesteldheid tot die
ontwikkeling van ondersteunende en hulpvaardige kultuur binne die gemeente lei.
Realistiese beplanning van dienste: Die stellings van die respondente dui daarop dat dienste
gefokus is en dat dit as ‘n reeks stappe na ‘n groter doel aangepak word.
4.2.6 Gevolgtrekkings vanuit voorbeelde van suksesvolle dienste
Kwalitatiewe data het die volgende voorbeelde van suksesvolle dienste na vore gebring. Hierdie
voorbeelde kan ook as raamwerk vir toekomstige dienste dien.
‘n Gesamentlike aksie met ander diensverskaffers: Aspekte van belang wat binne hierdie
voorbeelde na vore kom, is as volg:
o Deelname deur diensontvangers, vennootskappe met ander diensverskaffers en die
feit dat die kerkraad en gemeente ingekoop het op die idee van die betrokke
dienste dra tot sukses en volhoubaarheid by.
o Die uitgangspunt is dat ‘n groter impak gemaak word wanneer ‘n verskeidenheid
diensverskaffers, elkeen met ‘n eie fokus, by dienste betrokke raak.
o ‘n Voorbeeld van netwerkvorming met ander diensverskaffers is ‘n “hulpbronbank”
wat benut word om verwysings vir spesifieke behoeftes wat aangespreek moet
word te doen.
| 109
o Die fokus is op gedeelde kennis, vaardigheid en hulpbronne. Die beskrywings dui
daarop dat daar ‘n duidelike raamwerk is wat aandui wie die projek beplan, wie dit
bestuur en wie dit monitor.
o Samewerking met ander gemeentes lei daartoe dat verskillende kulture saam aan
projekte deelneem wat weer tot die ontwikkeling van verhoudings binne
gemeenskappe toevoeg.
o Die kerk se bydrae is dikwels in terme van vrywillige dienste, die verskaffing van
hulpbronne soos geboue en terreine en die insameling van kos en klere.
o Een voorbeeld dui op ‘n gesamentlike projek van drie NG Kerk-gemeentes, wat ‘n
multi-fokusdiens aan ‘n minderbevoorregte gemeenskap lewer. ‘n Persoon vanuit
die betrokke gemeenskap bestuur die projek.
Fokus op die verandering van gesindhede: Aspekte van belang wat binne hierdie voorbeelde
na vore kom, is as volg:
o Daar word tydens prediking en deur middel van modellering gefokus op die
aanmoediging van persone “wat het” om by die bestryding van armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid betrokke te raak.
o ‘n Voorbeeld hiervan is ‘n projek genaamd die “Koninkryksopdrag”, waartydens
lidmate van ‘n bedrag geld voorsien is met die volgende opdragte:
(1) Wat wil die Here hê moet ek met Sy geld doen – moet ek dit meer maak en
daarmee woeker voor ek dit vir iemand in nood gee?
(2) Na wie toe stuur die Here my – waar moet ek met Sy geld nood gaan verlig?
(3) Kom sê vir die gemeente wat jy met die Here se geld gedoen het.
Hierdie projek het spontaan voortgegaan.
Voorbeelde van betrokkenheid by spesifieke fokusareas: In die lig van respondente wat
moedeloos is weens die groot nood wat met beperkte bronne bestry moet word, word
dienste op spesifieke fokusareas gerig wat haalbaar is en wat dan beteken dat ‘n verskil op
‘n spesifieke terrein gemaak word. Voorbeelde van fokusareas is as volg:
o Vrywillige diens en finansiële/materiële hulp aan kinderhuise en ouetehuise.
o Gereelde aflewering van kospakkies in behoeftige gemeenskappe. Die
betrokkenheid van supermarkte word ook aangemoedig. Sakkies met koslysies
| 110
word byvoorbeeld tydens eredienste uitgedeel om mense aan te moedig om te gee
en betrokke te raak.
o Die ontwikkeling en instandhouding van ‘n “spens” of ‘n “kos-en-klerekas” maak dit
moontlik om onmiddellik in ‘n tyd van krisis hulp te verleen.
o Betrokkenheid by plaaskinders, byvoorbeeld deur die verskaffing van vervoer,
ondersteuning met studies en studiemateriaal, skoolgelde en hulp om skoolfunksies
by te woon.
o Vervoer van siekes na hospitale, vrywillige tuisversorging van siekes en bejaardes en
die verspreiding van kospakkies na siekes en bejaardes.
o Die ondersteuning van lidmate wat hul werk verloor het deur ‘n netwerk te
ontwikkel waartydens hulle tuis-besighede begin en mekaar ondersteun, ook in
terme van motivering en bemarking.
4.3 Aanbevelings vir riglyne aan gemeentes
Die gevolgtrekkings in die vorige afdeling dui op twee areas waarop riglyne behoort te fokus,
naamlik:
1. Riglyne rakende gemeentes se betrokkenheid
2. Riglyne rakende die kerk se publieke getuienis ten opsigte armoede en maatskaplike
ongeregtigheid
4.3.1 Riglyne rakende gemeentes se betrokkenheid
4.3.1.1 Ten einde groter effektiwiteit en volhoubare verandering te verseker, is dit nodig dat ad
hoc-korttermyn aksies met langtermyn strategieë geïntegreer word. Verder moet
gemeentelike projekte en professionele kerklike maatskaplike dienste verskillende
projekte op een kontinuum, naamlik die kerk se betrokkenheid in die stryd teen armoede,
werkloosheid en ongeregtigheid, gesien word.
4.3.1.2 Die psigo-sosiale en geestelike ontwikkeling van mense is ‘n belangrike aspek van die stryd
teen armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid en gemeentes kan hierin ‘n
groot rol speel. In die implementering van programme behoort die waardigheid en
selfbeskikkingsreg van diensontvangers altyd voorop gestel te word. Om by mense
betrokke te raak, impliseer altyd ‘n verhouding. Dit behels ‘n doelgerigte proses wat deur
gemeenteleiers gefasiliteer moet word om gesonde, opbouende interpersoonlike
verhoudinge te ontwikkel, uit te brei en in stand te hou.
| 111
4.3.1.3 Alhoewel noodleniging en die voorsiening in die onmiddellike lewensbehoeftes van mense
‘n noodsaaklike komponent in die stryd teen armoede is, is langer termyn
ontwikkelingsprogramme en prosesse wat fokus op volhoubare verandering net so nodig.
4.3.1.4 In die beplanning van programme behoort die bepaalde drywers van armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid in ‘n gegewe konteks deeglik ondersoek te
word en voorkeur moet gegee word aan programme wat daarop fokus om die impak
daarvan teen te werk.
4.3.1.5 Alle gemeente programme behoort in samewerking met die diensontvangers en die
gemeenskappe waarin die programme gaan funksioneer, beplan en geïmplementeer te
word.
4.3.1.6 Fyn onderskeiding van die roeping en Christelike etos as dryfvere vir diensbaarheid moet
deurgaans voorgehou word.
4.3.1.7 Deelname in ekumeniese vennootskappe en gemeenskapsnetwerke kan gemeentes se
betrokkenheid in die stryd teen armoede, werkloosheid en ongeregtigheid verhoog. Aan
die een kant versterk vennootskappe en netwerke menslike kapitaal deurdat dit ‘n
verskeidenheid van kennis, vaardighede en hulpbronne verseker. Deelname deur
diensverskaffers aan hierdie programme en prosesse, aan die ander kant, bied die
geleentheid om sodanige vaardighede deur modellering te ontwikkel.
4.3.2 Riglyne rakende die kerk se publieke getuienis ten opsigte armoede en
maatskaplike ongeregtigheid
4.3.2.1 Ten einde die geloofwaardigheid van die kerk se publieke getuienis te bevorder, moet
gemeentes en die kerkverbande goed ingelig wees oor sowel die problematiek as die kerk
se betrokkenheid in die genoemde stryd.
4.3.2.2 Aktiewe gesprekvoering met die staat op al drie regeringsvlakke is nodig om die aard van
die vennootskap tussen die kerk en die staat te konseptualiseer in terme van die unieke
aard en bydrae van elk van die partye. In hierdie gesprek moet die staat as mede-vennoot
bewusgemaak word van die kerk se huidige rol en die omvang van die kerk se dienste
rakende maatskaplike kwessies, asook van die feit dat dienste aan mense in nood, ongeag
hulle kerkaffiliasie, gelewer word. Die gebrek aan finansiële steun vir dienste wat reeds
bestaan en ‘n verskil maak moet onder relevante departemente se aandag gebring word
asook moontlike impak op gemeenskappe indien hierdie dienste getermineer sou word.
4.3.2.3 In die stryd teen armoede en ongeregtigheid is die opneem van ‘n advokaatrol ‘n
kernaktiwiteit van die kerk. Die sinvolle uitleef van dié rol is afhanklik van die kerk se
vermoë om waarlik solidêr te wees met die belewenisse van arm en werklose mense en
diegene wat slagoffers van ongeregtigheid is.
| 112
Genoemde riglyne word in die onderstaande tabel geïllustreer:
Tabel 19: Riglyne aan die hand van die bevindinge
Bevinding Riglyn Toepassing
Dienste moet op
beide armoedeverlig-
ting en armoedever-
mindering fokus
Korttermyn noodhulpdienste
om armoedeverligting te
verseker
Aanspreek van basiese menslike
behoeftes in terme van materiële hulp
(kos, klere, komberse en skuiling)
Armoedevermindering deur
middel van inkomstegenere-
rende programme
Programme kan daarop gemik word om
ook die breë gemeenskap se belange te
bevorder, byvoorbeeld kindersorg en
voedselvoorsiening
Die ontwikkeling van
programme om verandering
te weeg te bring by kwesbare
persone
Dienste aan persone in gevangenisse en
persone wat van alkohol/dwelms
afhanklik is
Bemeestering van lewens-
vaardighede
Jeugprogramme behoort daarop gemik te
word om aktiewe burgerskap en die
uitleef van Christelike beginsels te
bemeester
Die bevordering van
onafhanklike funksionering
Werkgereedheidsprogramme
Ontwikkeling van algemene en/of
spesifieke vaardighede
Ontwikkeling van
entrepeneurskap
Skuldbemiddeling
Onderhandeling vir goedkoper dienste
Die beplanning van dienste Gestruktureerde dienste in terme van
spesifieke prosesse, uitkomste en
doelstellings wat saamhang met kerklike
beginsels
Die toepassing van
aktiewe burgerskap
moet aangemoedig
word
Die praktiese uitleef and
toepassing van geloofs-
oortuigings
Gemeenskapsaktiwiteite om houdings/
persepsies/gedrag te verander
Die praktiese uitlewing van
Christenskap
Die uitbou van geloof en die toepassing
en geestelike-kulturele benaderings deur
| 113
betrokkenheid by gemeente- sowel as
gemeenskapsaktiwiteite
Jeugprogramme vir die ontwikkeling van
‘n toekomsvisie en vaardighede om
aktiewe burgerskap te kan uitleef
Die aktiewe fokus op jeugaktiwiteite
kan ook benut word om die kommer
rakende ‘n ouer-wordende
gemeenteprofiel aan te spreek
Die ontwikkeling van
moraliteit by gemeentelede
Bewusmaking van ‘n “diensbaarheid” –
gemeentelede word dus aangemoedig
om Christenskap aktief uit te leef deur
betrokke te raak by projekte/programme
(met die fokus op vaardighede, kennis en
hulpbronne)
Samewerking binne
gemeente-verband in terme
van die deel van hulpbronne,
kennis en vaardighede
Dit behels dat gemeentelede bewus
gemaak word van die feit dat dienste en
betrokkenheid nie slegs finansieel van
aard hoef te wees nie, maar ook in
terme van tyd, kennis en vaardigheid
beskikbaar gestel kan word tot voordeel
van dienste aan behoeftiges
Gemeente-aktiwiteite kan
gerig word op mobilisering
van gemeenskappe
Dit behels dat gemeentelede en
diensontvangers aangemoedig word om
platforms te benut waar spesifieke
kwessies bespreek word
Die ontwikkeling van eenheid
binne die gesin en die
gemeente
Gesinseenheid word bevorder sodat die
gesin/familie die primêre ondersteuning
van gesinslede kan word
Gemeente-eenheid word bevorder as
sekondêre ondersteuningsbron
Die ontvangkultuur
by ontvangers van
dienste moet
aangespreek word
Die aanmoediging van
deelname en toepassing van
selfbeskikkingsreg
Goed gestruktureerde dienslewering
word as ‘n opsie aan diensontvangers
gegee, maar die ontvanger moet self kies
of hy/sy binne die struktuur van dienste
wil funksioneer
Die aanmoediging van kollektiewe werk
en veranwoordelikheid van diens-
ontvangers
Die ontwikkeling selfver- Deelname aan die beplanning van kort-
| 114
troue, respek, teenprestasie
en eienaarskap by ontvangers
van dienste
en langtermyndienste en betrokkenheid
by die implementering van dienste word
toegepas om diensontvangers se
selfvertroue te bevorder deur middel van
‘n nuwe ervaring (ek kan dit self doen en
is nie net afhanklik van ander nie)
Die belangrikheid van
vennootskappe en
netwerke moet
beklemtoon word
Die ontwikkeling van aktiewe
vennootskappe en/of net-
werke
Dienste word gelewer deur middel van
gedeelde hulpbronnie, kennis en
vaardighede
Psigo-sosiale ontwikkelings-
programme
Die ontwikkeling van netwerke waarby
die breë gemeenskap baat vind
Gespreksprosesse waar die gemeenskap
self probleme identifiseer en oplossings
vind
Dienste moet
gebaseer word op ‘n
sensitiwiteit vir
maatskaplike
geregtigheid
Toepassing van die
benaderings van aanvaarding,
die ontwikkeling van ‘n
selfbeeld en die ontwikkeling
van ‘n sin vir verant-
woordelikheid
Die toepassing van ‘n geloof dat
verandering en groei by alle mense
moontlik is
Die identifisering en uitbouing van
ontvangers van dienste se sterkpunte/
talente
Respek vir selfbeskikkingsreg gaan
gepaard met die verwagting dat die
ontvanger van dienste
verantwoordelikheid moet aanvaar vir
die langtermyn oplossing van probleme
en dat hulp wat op langtermyn oplossings
gebaseer word deur die ontvanger
aanvaar of verwerp kan word
Bewusmaking van die
behoeftes van kwesbares
Moontlike praktiese maniere om
betrokke te raak by dienste kan
ondersteun word deur modellering van
kerkleiers en gemeentelede – publieke
getuienis van dienste wat gelewer word,
betrokkenheid by ander en die waarde
hiervan
| 115
4.4 Aanbevelings vir verdere navorsing
Ten einde bogenoemde riglyne verder te ondersteun, word daar aanbeveel dat verdere navorsing
in die volgende areas gedoen word:
Die behoeftes van jonger generasie ten einde hul betrokkenheid by gemeente aktiwiteite
aan te moedig en te stimuleer
‘n Beskrywing van die profiel van ontvangers van dienste
Verdere navorsing vir die dokumentering van bestepraktyk-voorbeelde
‘n Evaluering van die impak sou bestaande dienste deur die kerk nie gelewer word nie
Die aard van die vennootskap tussen die NG Kerk-gemeentes en die KMDR-
welsynsorganisasies
4.5 Slotsom
Die navorsingsvraag is beantwoord deur middel van die bevindinge van hierdie studie. Dit voorsien
voorts inligting wat as ‘n raamwerk vir riglyne aan gemeentes kan dien. ‘n Verdere voordeel is dat
die areas waar bemagtiging nodig is om genoemde riglyne te kan toepas ook geïdentifiseer is.
| 116
Bronnelys
Babbie, E. 2007. The practice of social research. 11th Edition. Belmonth: Wadsworth Publishing
Company.
Bradshaw, T.K. 2005. Theories of poverty and anti-povery programs in community develpment.
Missouri: The Rural Poverty Research Centre.
Bridge, I.N. 2012. Zuma dwells on unemployment causes. Besikibaar by
http://www.moneyweb.co.za/moneyweb-south-africa/zuma-dwells-on-unemployment-
causes?sn=2009+Detail (toegang verkry op 24 November 2012).
Burger, I. en Mhlobo, G. 2003. Bringing christians together in reconciliation and unity – crossing
the divides. Verslag gelewer tydens ‘n konferensie van SACLA (South African Christian Leadership
Association). Pretoria: 7 tot 11 July, 2003.
Burton, J. 1990. Conflict: Basic Human Needs. New York: St. Martins Press.
Church of Norway. 2008. Plan for Diakonia. Oslo: National Council of the Church of Norway.
Cilliers, J. 2007. Creating space within the dynamics of interculturality: The impact of religious and
cultural transformations in post-apartheid South Africa. Verslag gelewer tydens ‘n internasionale
byeenkoms van die Akademie vir Praktiese Teologie. Berlyn: 30 Maart tot 4 April 2007.
Cray, A.; Nguyen, T.; Pranka, C.; Schildt, C.; Scheu, J. en Rincon Whitcomb, E. 2011. Job creation:
A review of policies and strategies. California: Berkeley University Institute for Research on
Labour and Employment.
Crush, J. en Williams, V. 2005. International migration and development: Dynamics and challenges
in South and Southern Africa. New York: Population Division, Department of Economic and Social
Affairs, United Nations Secretariat.
Danish Diaconal Council. 2008. Thesis on Diaconia. Copenhagen: Danish Diaconal Council.
Delport, C.S.L. en Roestenburg, W.J.H. 2011. Quantitative data collection methods:
Questionnaires, checklists, structured observation and structured interview schedules, in Research
at grass roots for the social sciences and human service professions, deur De Vos, A.S.; Strydom,
H.; Fouché, C.B. & Delport, C.S.L. 4de Uitgawe. Pretoria: Van Schaik Publiseerders.
Diakonie Texte/Dokumentation. 2008. Characteristics of diaconal culture. Stuttgart: Diakonsches
Werk der Evangelischen Kirche in Deutschland.
Denscombe, M. 2002. Ground rules for good research. London: Open University Press.
Department of Immigration and Citizenship. 2013. Government of Australia: Country report:
Profile of South Africa. Sydney: Government of Australia.
| 117
Du Toit, A. 2005. Chronic and structural poverty in South Africa: Challenges for action and
research. Cape Town: Chronic Poverty Research Centre.
Flick, U. 2006. An introduction to qualitative research. 3rd Edition. London: Sage Publications.
Gabriel, N. 2012. Prison break from poverty. Mail and Guardian, 2 November 2012:5.
Gordon, G. en Evans, B. 2002. Mission of Church and Role of Advocacy. Glasgow: Tearfund:
Christian Action with the World’s Poor.
Gravetter, F.J. en Forzano, L.B. 2003. Research methods for the behavioural sciences. Belmont:
Wadsworth/Thomson Learning.
Grinnell, R.M. en Unrau, Y. A. 2008. Social work research and evaluation: foundations of evidence-
based practice. New York: Oxford University Press.
Handmaker, J. en Berkhout, R. 2010. Mobilising social justice in South Africa: Perspectives from
researchers and practitioners. Pretoria: Centre For Human Rights, Faculty of Law, University of
Pretoria.
Hertnon, S. 2005. Theory of universal human needs. Beskikbaar by
http://www.nakedize.com/universal-human-needs.cfm#article (toegang verkry op 24 November
2012).
Hope, A. en Timmel, S. 2003. Training for transformation: A handbook for community workers.
Book 4. London: ITDG Publiseerders.
Jordan, G. 2004. The Causes of Poverty Cultural vs. Structural: Can There Be a Synthesis? The
Causes of Poverty, Spring 2004:18-34.
Kreuger, L.W. en Neuman, W.L. 2006. Social work research methods: qualitative and quantitative
applications. Boston: Pearson Education.
Leedy, P.D. en Ormrod, J.E. 2005. Practical research: planning and designing. 8ste Uitgawe. New
Jersey: Pearson Education Ltd.
Levinsohn, J. 2007. Two policies to alleviate unemployment in South Africa. Michigan: Ford school
of Public Policy.
Loewen, G. 2009. A compendium of poverty reduction strategies and frameworks. Waterloo,
Ontario: Tamarack Institute for Community Engagement.
Maree, K. en Pietersen, J. 2007. The quantitative research process, in First steps in research, deur
Maree, K. Pretoria: Van Schaik Publiseerders.
Maree, K. en Van der Westhuizen, C. 2007. Planning a research proposal, in First steps in
research, deur Maree, K. Pretoria: Van Schaik Publiseerders.
| 118
Marlow, C. R. 2005. Research Methods for generalist social work. London: Brooks/Cole.
Maser, C. 1997. Sustainable community development: principles and concepts. Delray Beach: St
Lucie Press.
Maslow, A. 1954. Motivation and personality. New York: Harper Publiseerders.
Max-Neef, M.A. met Elizalde, A. en Hopenhayn, M. 1989. Human scale development: conception,
application and further reflections. New York:Apex.
Mbengu, D.N. 2010. The prophetic witness of the church as an appropriate mode of public
discourse in African societies. HTS Teologiese Studies/Theological Studies, Vol. 66(1).
Meth, C. 2006. What was the poverty headcount in 2004? Draft Working Paper.
Kaapstad/Durban: UKZN/SALDRU UCT.
Mische, P.M. 2007. The significance of religions for social justice and a culture of peace. Journal of
Religion, Conflict and Peace. Vol 1.
Mitchell, C.R. en Banks, M. 1996. Handbook of Conflict Resolution: The Analytical Problem-Solving
Approach. London: Pinter Publiseerders, Ltd.
Monnette, D.R.; Sullivan, T.J. en DeJong, C. R. 2005. Applied social research. 6de Uitgawe.
Belmont: Brooks-Cole Publishers.
Morton, D.G. 2012. A critical assessment of the quality of community home-based care. ‘n
Ongepuliseerde tesis vir die graad DPhil in Sosiologie. Port Elizabeth: Nelson Mandela
Metropolitan Universiteit.
Mowzer, S. 2012. Solidarity must replace disunion: Implementing the povery action plan requires
all South Africans’ input. Mail and Guardian, 26 Oktober 2012:27.
Nuwe Woordeboek vir Maatskaplike Werk. Hersiene weergawe. 1995. Kaaptstad: CPT Book
Printers.
Ozoemena, T, 2010. Poverty alleviation strategies in South Africa: Creating dignified living for
women through social justice and development. Consultancy Africa Intelligence. Beskikbaar by
http://www.consultancyafrica.com/index.php?option=com_content&view=article&id=526:poverty-
alleviation-strategies-in-south-africa-creating-dignified-living-for-women-through-social-justice-and-
development&catid=59:gender-issues-discussion-papers&Itemid=267 (toegang verkry op 24
November 2012).
Paton, C. 2010. The jobless youth crisis. Financial Mail, 26 Maart 2010:32-39.
Pienaar, I. 2012. From hand-outs to sustainability. Mail and Guardian, 2 November 2012:11-12.
Rank, M. R. 2004. One Nation, Underprifileged. New York: Oxford University Press.
| 119
Roodt, M.J. 1996. Participatory development: A jargon concept? in Coetzee, J.K. en Graaf, J.
Reconstruction, development and people. Johannesburg: Thomson Publiseerders.
Rubenstein, R.E. 2001. Basic human needs: the next steps in theory development. The
International Journal of Piece Studies, 6(1).
Rubin, A. en Babbie, E. 2005. Research methods for social work. 3de Uitgawe. Boston:
Brooks/Cole Publiseerders.
Sarantakos, S. 2005. Social Research. 3de Uitgawe. New York: Palgrave Macmillan.
Schenk, C. 2001. From Poverty Wages to a Living Wage. Toronto: The CSJ Foundation for
Research and Education, Ontario Federation of Labour.
Smith, D.M. 2005. On the (im)possibility of social justice in South Africa. Transformation: Critical
Perspectives on Southern Africa. 58:45-65
South Africa Unemployment Rate. 2012. Beskikbaar by http://www.tradingeconomics.com/south-
africa/unemployment-rate (toegang verkry op 24 November 2012).
Statistics South Africa. 2011. Quarterly labour force survey: Quarter 2, 2011. Beskikbaar by
http://www.statssa.gov.za/publications/P0211/P02112ndQuarter2011.pdf (toegang verkry op 20
November 2012).
Steele, M. 2006. Report on Incentive Structures of Social Assistance Grants in South Africa.
Pretoria: Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
Strydom, H. 2011. Sampling in the quantitative paradigm, in Research at grass roots for the social
sciences and human service professions, deur De Vos, A.S.; Strydom, H.; Fouché, C.B. & Delport,
C.S.L. 4de Uitgawe. Pretoria: Van Schaik Publiseerders.
Suid-Afrikaanse Grondwet. 1996. The Constitution of the Republic of South Africa, Wet 108 van
1996. Pretoria: Regeringsdrukpers.
Suid-Afrika. 1997. Witskrif vir Maatskaplike Welsyn. Pretoria: Department van Welsyn en
Populasie Ontwikkeling.
Suid-Afrika. 2010. Millenium Development Goals: Country Report. 2010. Pretoria: Minister in die
Presidensie; Beplanning.
Suid-Afrika. 2011. Die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030. Pretoria: Nasionale
Beplanningskommissie.
Suid-Afrika. 2012. Creating a caring and proud society. Pretoria: Die Departement vir Kuns en
Kultuur.
| 120
Tang, T.L.; Ibrahim, A.H. en West, W.B. 2002. Effects of war-related stress on the satisfaction of
human needs: The United States and the Middle East. International Journal of Management Theory
and Practices, 3(1):35-53.
Tay, L. en Diener, E. 2011. Needs and subjective well-being around the world. Journal of
Personality and Social Psychology 101(2):354–365.
The Measurement of Poverty in South Africa Project: Key issues. 27 February 2007. Johannesburg:
Studies in Poverty and Inequality Institute.
Unemployment in South Africa 'exceptional'. 2012. Mail en Guardian, 28 Augustus 2012:15-19.
Van Wyk, C. 2013. Hoe lyk gemeentes in die spieël? Kruisgewys, Junie 2013:6-14.
Wahba, M.A. en Bridwell, L.G. 1976. Maslow reconsidered: A review of research on the need
hierarchy theory. Organizational Behavior and Human Performance, 15(2):212-240.
Weyers, M.L. 2011. The theory and practice of community work: A South African perspective.
Potchefstroom: Xerox, PU for CHE.
Yates, S.J. 2004. Doing social science research. London: Sage Publishers.
| 121
Bylaag A: Vraelys
DIE BETROKKENHEID VAN DIE NG KERK BY DIE STRYD TEEN
ARMOEDE, WERKLOOSHEID EN MAATSKAPLIKE ONGEREGTIGHEID
Vir Wie dit Mag Aangaan
Die Algemene Sinode van die NG Kerk het in 2011 kommer uitgespreek oor die voortslepende
hoë vlakke van armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid binne die Suider-Afrikaanse
samelewing. Terselfdertyd het die Algemene Sinode erkenning gegee aan die talle projekte op die
terrein van armoede-bestryding en maatskaplike ontwikkeling waarby die kerk reeds betrokke is.
Die Sinode het vervolgens besluit dat volgehoue pogings in hierdie verband ‘n prioriteit op die
kerk se agenda behoort te wees. Die Sinode het versoek dat daar riglyne aan gemeentes, ringe en
sinodes beskikbaar gestel moet word oor maniere waarop die kerk sinvol by die bestryding van
die armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid betrokke kan bly.
Die Hugenote Kollege (HK) in Wellington, en by name Dr. Marichen Van der Westhuizen en
Me. Nelleke Keet is as navorsers getaak om behulpsaam te wees met die insameling van inligting
sodat sodanige riglyne ontwikkel kan word. Die doel met hierdie navorsingstudie is om die aard
en omvang van aktiwiteite en dienste van die NG Kerk wat armoede, werkloosheid en
maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse samelewing bestry, te verken en te beskryf en
die Algemene Sinode van riglyne te voorsien waarvolgens gemeentes, ringe en sinodes
toegerus kan word om ‘n verdere bydrae te maak ten opsigte van die stryd teen armoede,
werkloosheid en die bevordering van maatskaplike geregtigheid en
‘n maatskaplike stem en advokaatrol kan ontwikkel wat fokus op die bestryding van armoede
en werkloosheid en die daarstelling van maatskaplike geregtigheid.
Die doel van hierdie studie is dus NIE om bestaande dienste te evalueer nie, maar wel om ‘n
geheelbeeld van dienste te verkry ten einde die volgende navorsingsvraag te kan beantwoord:
Wat is die aard en omvang van aktiwiteite en dienste van die NG Kerk om armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid in die Suider-Afrikaanse samelewing te
bestry?
U word spesifiek genader om namens u gemeente die meegaande vraelys te voltooi, aangesien die
gemeente aan die volgende insluitingskriteria vir die studie voldoen:
Die gemeente is lid van die Nederduits-Gereformeerde Kerk
in Suid-Afrika en Namibië en
| 122
die gemeente lewer dienste om armoede, werkloosheid en/of maatskaplike ongeregtigheid te
bestry
Die rede waarom die vraelys reeds ‘n maand vóór die keerdatum aan u gestuur word, is om te
verseker dat u self kan besluit oor wanneer dit u pas om die vrae te beantwoord. Die vraelys só
gestruktureer dat dit nie langer as 45 minute behoort te neem om te voltooi nie.
Wees asseblief daarvan verseker dat u deelname hoog op prys gestel sal word en belangrik is vir
die uiteindelike sukses van die projek. Die waarde van u deelname lê spesifiek daarin dat daar
beoog word om uit al die bydraes wat ontvang word, riglyne daar te stel wat hopelik toekomstige
dienslewering sal vergemaklik. U identifiserende besonderhede sal nie aan die antwoorde op die
vraelys gekoppel word nie. U is dus daarvan verseker dat inligting wat u verskaf konfidensieel
hanteer sal word. U deelname is ook vrywillig en u kan te enige tyd uit die studie onttrek, sou u
so besluit.
Indien u u weg oopsien om aan die studie deel te neem deur die vraelys te voltooi, word u
versoek om die toestemmingsvorm aan die einde van die vraelys te onderteken om te bevestig dat
u vrywillig aan die studie deelneem.
Indien u enige vrae of onsekerhede het, is u welkom om ons te kontak by:
Telefoonnommer: 021-8731181
Faks: 0862406288
E-pos: mvdw@hugenote.com / nelleke.keet@hugenote.com
Posadres: Hugenote Kollege
Vir aandag: Departement Navorsing en Ontwikkeling
Posbus 16
Wellington
7654
Ons waardeer u samewerking en vertrou dat hierdie studie ‘n waardevolle bydrae sal maak tot
voortgesette diens aan ons samelewing.
Vriendelike groete
Marichen van der Westhuizen en Nelleke Keet
NS: Stuur asseblief die voltooide vraelys per e-pos na: bestuur@hugenote.com nie later nie as
22 April 2013.
| 123
Vraelys
Hierdie vraelys bestaan uit 4 afdelings:
Afdeling A handel oor die respondent en die gemeente se identifiserende besonderhede.
Neem asseblief kennis dat hierdie inligting slegs benut word vir die daarstel van
‘n groepprofiel van al die respondente. Geen respondent of gemeente se individuele
besonderhede of antwoorde sal bekendgemaak word of uit die navorsingsverslag
geïdentifiseer kan word nie.
Afdeling B handel oor dienslewering om armoede te bestry.
Afdeling C handel oor dienslewering om werkloosheid te bestry.
Afdeling D handel oor dienslewering om maatskaplike ongeregtigheid te bestry.
Dit is belangrik om deurgaans in ag te neem dat dienslewering nie ge-evalueer word nie maar
dat u antwoorde daartoe sal bydra om ‘n beeld te verkry van die aard van dienste, sodat
aanbevelings vir toekomstige dienslewering gemaak kan word. Dit is dus van die uiterste belangrik
dat u u siening en belewenis openhartig op die vraelys sal aanteken.
AFDELING A: ALGEMENE INLIGTING
A.1 Die respondent: Gee asseblief inligting oor uself deur die REGTER-KOLOM te voltooi.
Inligting wat benodig word Respons
Wat is u amp/rol in die gemeente
Hoe lank is u reeds in hierdie
amp/rol betrokke by die
werksaamhede van die gemeente?
Tydperk in jare:________
Watter ander rolle/ampte het u
vantevore bekelee en vir hoe lank?
Rol/amp: _____________ Tydsduur: __________
Rol/amp: _____________ Tydsduur: __________
Rol/amp: _____________ Tydsduur: __________
Wat is u ouderdom op 1 Maart
2013?
Watter geslag is u? M ___ V ___
| 124
A.2: Die gemeente: Gee asseblief inligting rakende u gemeente deur die REGTER-KOLOM te
voltooi.
Inligting wat benodig word Respons
Merk asseblief die gepaste opsie met ‘n “X”
Ligging van die gemeente Dorp ___
Stad ___
In watter provinsie is u gemeente?
Hoeveel lidmate is in u gemeente?
Aan watter persone lewer u
gemeente dienste?
Slegs lidmate ___
Slegs persone buite die gemeente ___
Lidmate en persone buite die gemeente ____
Tot watter van die volgende
kundighede/dienste het die
gemeente toegang?
Sielkundige ___
Maatskaplike Werker ___
Welsynsorganisasies ___
Veiligheidsdiensverskaffer ___
Prokureur ___
Mediese Praktisyns ____
Regeringsinstansies:
Hospitaal ___
Polisie ___
Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ___
Departement van Binnelandse Sake ___
Indien u by A.2 (laaste vraag) aangedui het dat dienste aan persone buite die gemeente gelewer
word, gee asseblief die kriteria waaraan mense moet voldoen om vir dienste in aanmerking te
kom:
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
___
| 125
AFDELING B: Bestryding van Armoede
B.1: Die aanspreek van menslike behoeftes as deel van armoedebestryding
Dui asseblief in die REGTER-KOLOM aan watter van die volgende dienste in u gemeente
beskikbaar is en/of gelewer word deur ‘n SIRKEL om u keuse te trek.
Fokus van diens Beskrywing van aard van die diens Diens is beskikbaar
en/of
word gelewer
Voedselvoorsiening Kospakkies aan individue/gesinne
Voedselskemas aan gemeenskappe
Skoolvoedingsprogramme
JA / NEE
JA / NEE
JA / NEE
Beskerming teen
elemente
Nooddienste (bv. Ten tye van ‘n
vloed/brand)
Komberse
Klerasie
Behuising (permanent)
Skuiling (tydelik)
JA / NEE
JA / NEE
JA / NEE
JA / NEE
JA / NEE
B.2: Onderliggende benaderings en aard van dienste/programme wat fokus op die bestryding van
armoede.
Dui asseblief in die REGTER-KOLOM met ‘n X simbool aan watter diens(te) deur u gemeente
verskaf word.
Beginsel
waarop diens
gegrond word
Aard van dienste/programme wat gelewer word Dui asb met ‘n
“X” teken aan
indien relevant
Psigo-sosiaal Aktiwiteite wat fokus op uitbou van geloofsoortuigings
Maatskaplike dienste deur welsynsorganisasies in diens
van die gemeente
Maatskaplike dienste deur vennootskappe met
welsynsorganisasies
Indien wel, lys assseblief die organisasies
Stimulering van gemeenskapsaktiwiteite om houdings,
persepsies en gedrag te verander, byvoorbeeld
kompetisies vir die ontwikkeling van ‘n groentetuin,
verfraaiing van die omgewing (speelparke)
Skep van gespreksgeleenthede waar gemeenskap self
probleme kan identifiseer en oplos
Opvoedkundige programme om selfstandigheid te
| 126
bevorder
Jeugprogramme gemik op die ontwikkeling van ‘n
toekomsvisie
Geestelik-
kultureel
Programme wat fokus op die ontwikkeling van
geestelike welsyn
Programme wat fokus op die ontwikkeling van die
vermoë om verantwoordelikheid vir self en ander te
neem
Opvoedkundig Programme wat handvaardigheid bevorder
Programme wat probleemoplossende vaardighede
ontwikkel
Nasionale
belang
Betrokkenheid by programme wat fokus op
voedselskemas
Korttermyn noodhulpprogramme
Eenheid Programme wat fokus op fie ontwikkeling van die
gesinseenheid as primêre ondersteuningsnetwerk
Die ontwikkeling van die gemeenskapseenheid as
sekondêre ondersteuningsnetwerk
Selfbeskikking Beplanning van dienste is gebaseer op insette van die
ontvangers van die dienste
Kollektiewe
werk en
verantwoor-
delikheid
Ontvangers van dienste vorm deel uit van die
aksiekomitee en het sekere take/verantwoordelikhede
Samewerking Gemeente-eenheid impliseer gedeelde hulpbronne
Gemeente-eenheid impliseer gedeelde kennis
Gemeente-eenheid impliseer gedeelde vaardighede
Kreatiwiteit Programme en dienste word gefokus op ‘n duidelike
uitkoms van wat die program/diens moet bereik
Doel Dienste word verbind met spirituele betekenisse van
die individuele en gemeente doelstellings
Geloof Die aanmoediging van geloof by die ontvangers van
dienste in terme van die vertroue in die mede-mens
Die aanmoediging van geloof by die ontvangers van
dienste in terme van die vertroue in die kerk
Die aanmoediging van geloof by die ontvangers van
dienste in terme van die vertroue in eiewaarde (my
plek in die kerk en die gemeente
| 127
Gee asseblief ‘n beskrywing van ander dienste om armoede te bestry wat in u gemeente aangebied
word wat nie reeds in Afdeling B genoem is nie:
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
___
AFDELING C: WERKLOOSHEID
C.1: Fokusareas en strategieë om werkloosheid te bestry
Dui asseblief in die REGTER-KOLOM met ‘n X simbool aan watter van die onderstaande dienste
deur u gemeente beskikbaargestel/gelewer word.
Fokusarea Strategie Programme/Dienste Dui asb met
‘n “X” teken
aan indien
relevant
Werksmag
ontwikkeling (Lang-
of korttermyn
bemagtigingsprogram)
Persoonlike
ontwikkelings-
programme
Behandeling- en ondersteunings-
programme vir middelafhanklikheid
wat mense se potensiaal inperk
Geletterdheidsprogramme
Finansiële geletterdheidsprogramme
Ontwikkeling van ‘n CV
Vaardighede vir werksonderhoude
Werkgereedheids-
programme
Netwerking met potensiële
werkgewers om vaardighede te
identifiseer en opleidingsgeleenthede
te skep
Ontwikkeling van
spesifieke
vaardighede
Ontwikkeling van generiese
vaardighede om bemarkbaarheid te
verhoog
Identifisering van spesifieke
vaardighede wat in die mark
geadverteer word as nodig vir
betrekkings
Entrepeneurskap
Opstel van besigheidsplan
Fasiliteer toegang tot hulpbronne
om besigheid van die grond af te kry
| 128
Ontwikkeling van
bemarkingsgeleenthede en -
vaardighede
Inkomste
ondersteuning
(korttermyn hulp
totdat die persoon
werk en finansieel
onafhanklik
funksioneer)
Bestuur van skuld Skuld bemiddeling
Bemiddel vir
meer bekostigbare
dienste
Onderhandel vir goedkoper dienste,
byvoorbeeld skoolgeld, mediese
sorg
Verskaf finansiële
noodhulp Eenmalige noodhulp in die vorm van
kos, huurgeld of elektrisiteit
Beskryf asseblief enige ander vorm(e) van dienslewering deur u gemeente om werkloosheid te
bestry wat nie reeds in Afdeling C genoem is nie:
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
___
AFDELING D: MAATSKAPLIKE ONGEREGTIGHEID
D.1: Geleenthede om maatskaplike ongeregtigheid te bestry
Dui asseblief in die REGTER-KOLOM met ‘n X simbool aan watter van die volgende strategieë in
u gemeente aangebied/toegepas word.
Fokusareas Strategie om maatskaplike ongeregtigheid
te bestry
Dui asb met ‘n
“X” aan indien
relevant
Bewusmaking
Gesprekke en aktiwiteite rakende vroue- en
kinderregte
Gesprekke en aktiwiteite rakende die regte van
persone met gestremdhede
Mobilisering van
gemeenskappe
Deelname aan forums en netwerke
Betrokkenheid by anti-xenofobiese projekte
Aanmoediging tot
aktiewe burgerskap
(deelname aan
programme, forums en
prosesse)
Motiveringsaktiwiteite om aktiewe burgerskap te
bevorder
| 129
D.2: Die aanspreek van menslike behoeftes as deel van die bestryding van maatskaplike
ongeregtigheid
Beantwoord asseblief die volgende vrae deurdat u:
In die TWEEDE kolom ‘n X maak indien dienste deur u gemeente op die aspek betrekking
het.
In die DERDE kolom met ‘n X maak aan te dui wat die aard van die diens is.
Fokus van
diens
X om aan te dui
of dienste op
hierdie fokus
gerig word
Beskrywing van aard van die diens: X om
die aard van die diens aan te dui (indien
dienste wel hierop fokus)
Skakeling met
hulpbronne
Die ontwikkeling van netwerke rakende
opvoeding: ___
Die ontwikkeling van netwerke rakende mediese
dienste: ___
Ontwikkeling van
moraliteit
Voorligtingsdienste (bv rakende die huwelik,
kindersorg): ___
Beradingsdienste (bv huweliksberading, ouer-kind
berading): ___
Bemeestering van
lewensvaardighede
Ouerskapsvaardighede:___
Verhoudingsvaardighede: ___
D3: Persepsies en ervarings rakende die mate waartoe gemeentelike dienste (insluitend dienste
gemik op armoede en werkloosheid) maatskaplike geregtigheid bevorder
Gee asseblief u mening oor elk van die volgende 6 stellings oor die impak van dienste/programme
rakende maatskaplike geregtigheid. Dui u mening aan deur één SYFERWAARDE per stelling in
die toepaslike blokkie te merk.
Die syferwaardes word soos volg geïnterpreteer:
1 = Diens/program het geen impak op die bevordering van maatskaplike geregtigheid nie
2 = Diens/program het ‘n geringe impak op die bevordering van maatskaplike geregtigheid
3 = Diens/program het ‘n redelike impak op die bevordering van maatskaplike geregtigheid
4 = Diens/program het ‘n beduidende impak op die bevordering van maatskaplike geregtigheid
5 = Diens/program het ‘n sterk impak op die bevordering van maatskaplike geregtigheid
| 130
STELLINGS
(die impak van dienste tov
maatskaplike geregtigheid op
diensontvangers)
Skaal
(merk “X” in één blokkie om u mening in ‘n
syferwaarde aan te dui)
1
(geen
impak)
2
(gering
e
impak)
3
(redelik
e
impak)
4
(beduidend
e impak)
5
(sterk
impak)
1. Ontvangers van dienste se
selfbeeld word bevorder
deurdat hulle deelneem aan die
beplanning en implementering
van dienste
Verduidelik asseblief u mening en verskaf, waar moontlik, voorbeelde
2. Ontvangers van dienste se
selfvertroue word bevorder
deurdat hulle deelneem aan die
beplanning en implementering
van dienste
Verduidelik asseblief u mening en verskaf, waar moontlik, voorbeelde
3. Ontvangers van dienste ervaar
die gevoel dat hulle
gerespekteer word deurdat
hulle deelneem aan die
beplanning en implementering
van dienste
Verduidelik asseblief u mening en verskaf, waar moontlik, voorbeelde
4. Ontvangers van dienste neem
verantwoordelikheid vir hul
eie situasie deurdat hulle
| 131
deelneem aan die beplanning en
implementering van dienste
Verduidelik asseblief u mening en verskaf, waar moontlik, voorbeelde
5. Ontvangers van dienste beleef ‘n
gevoel van aanvaarding deurdat
hulle assosieer met en deelneem aan
gemeente-aktiwiteite
Verduidelik asseblief u mening en verskaf, waar moontlik, voorbeelde
6. Ontvangers van dienste het sekere
teenprestasies waaraan hulle
behoort te voldoen om
eienaarskap te verseker
Verduidelik asseblief u mening en verskaf, waar moontlik, voorbeelde
Gee asseblief ‘n beskrywing van ander vorm(e) van dienslewering deur u gemeente wat
maatskaplike ongeregtigheid bestry wat nie reeds in Afdeling D aangedui is nie:
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
____
Wat is na u mening die belangrikste faktore wat u gemeente se bestryding van armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid bemoeilik?
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
___
| 132
Wat is na u mening die belangrikste faktore wat u gemeente se bestryding van armoede,
werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid vergemaklik?
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
___
Verskaf asseblief ‘n beskrywing van ‘n diens wat deur u gemeente gelewer word wat na u mening
‘n suksesvolle impak op die bestryding van armoede, werkloosheid en maatskaplike ongeregtigheid
het in terme van:
Die tipe diens
Aan wie die diens gelewer word
Hoe die diens gelewer word
Hoe u u gemeentelede bewus maak van maatskaplike verantwoordelikheid en aanmoedig
om kundigheid en hulpbronne te verskaf
Wie bestuur die diens
Hulpbronne wat benut word
Hoe lank word hierdie diens reeds gelewer
Baie dankie vir u deelname
Marichen van der Westhuizen en Nelleke Keet
Recommended