118
Waarom weet ons so min van die verlede? “The farther backward you can look, the farther forward you can see.” Winston Churchill 1

Makro idees 2016.2 cn

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Makro idees 2016.2 cn

Waarom weet ons so min van die verlede?

“The farther backward you can look, the farther forward you can see.”Winston Churchill

1

Page 2: Makro idees 2016.2 cn

Die woorde ken en verstaan is nie sinoniem nie. ’n Student kan ’n akkurate en deeglike kennis van iets hê sonder om te verstaan waarom die kennis geregverdig is, wat die kennis beteken, of wat kan gedoen word met die kennis?

2

Page 3: Makro idees 2016.2 cn

Een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde historici. In die 33 jaar wat hy aan Unisa verbonde was, het hy hom nie alleen onderskei as ’n toegewyde dosent en pligsgetroue administrateur nie, maar ook sy naam gevestig as een van ons voorste geskiedskrywers.

“Die vak GESKIEDENIS word bestudeer met behulp van ’n verskeidenheid van prosesse, vaardighede en konsepte, wat toelaat dat die studente ’n breër en dieper begrip van mense, plekke en situasies kan ontwikkel. Die toepassing van sulke konsepte in historiese kennis laat toe dat indivudue krities kan dink.” CFJ Muller

3

Page 4: Makro idees 2016.2 cn

GESKIEDENIS is ’n

werkwoord en nie ’n

selfstandige naamwoord nie.

4

Page 5: Makro idees 2016.2 cn

1. KINDERS moet meer skepties en agterdogtig wees teenoor inligting wat hulle aangebied word – Hulle moet leer om dit te bevraagteken wat hulle hoor en vertel word. (In ’n wêreld van onbegrensde inligting en ’n sensasiesoekende media) moet hulle meer krities en/of skeptiese denke ontwikkel om werklike verantwoordelike burgers te word. 2. KINDERS moet geleer word om meer verdraagsaam teenoor ander mense te word en om te besef dat daar ’n diverse en interessante wêreld rondom hulle is, wat bestaan uit allerhande soorte mense .

Wat is doel van hierdie lesplanne?

5

Page 6: Makro idees 2016.2 cn

3. KINDERS moet aanvaar dat daar verskille tussen mense bestaan. 4. KINDERS moet ook besef dat in ’n toenemend globale wêreld, dit vir hulle belangrik is om beter wêreldburgers te wees. 5. KINDERS moet hul eie [AFRIKANER] geskiedenis goed ken, MAAR ook verstaan wat die konteks daarvan is OM al vier bogenoemde sake toe te pas .

Wat is doel van hierdie lesplanne?

6

Page 7: Makro idees 2016.2 cn

Metode wat gevolg word: Leerlinge word hier betrek by die HISTORIESE PROSES!! 1. Elke aksie/les sentreer rondom ’n sentrale historiese vraag wat gevra word vanuit ’n spesifieke MAKRO-IDEE. 2. Historiese bronne word in die aksie gebruik. 3. Daar word aanvaar dat LEES baie belangrik is. 4. Die aksie is so ontwikkel dat leerlinge met verskillende leesvaardighede /vlakke van lees saam kan werk en/of dat leerlinge alleen kan werk – indien hy op die vlak van die dokumente kan lees.

7

Page 8: Makro idees 2016.2 cn

5. Die webwerf help/ondersteun leerlinge HOE om historiese vrae te verstaan deur gebruik te maak van strategieë soos Verkryging van basiese inligting / kontekstualiseer / noukeurige lees, asook stawende lees. 6. In plaas van om HISTORIESE FEITE te memoriseer, moet leerlinge begin om ’n verskeidenheid historiese perspektiewe te gebruik om dieselfde gebeurtenis te beoordeel. 7. Leerlinge moet dus leer om historiese standpunte in te neem wat op bewyse berus.

Leerlinge leer deur te doen. PIAGET , 1950

8

Page 9: Makro idees 2016.2 cn

Die lesplanne se benadering is daarop gebaseer om getuienisse te analiseer en te verstaan dat bestaande historiese kennis op die produk van deeglike historiese navorsing berus. Leerlinge word blootgestel aan ’n verskeidenheid van perspektiewe en menings. . Die korrekte metode is: Geskiedenisonderrig moet gebou word rondom die dissipline se sentrale doel – BRONGEBASEERDE INTERPRETASIE. Dit sal leerlinge help om die volgende oor die werk te vra: “Hoe weet jy dit” – nadat die relevante bronne geraadpleeg is eerder as om die volgende antwoord te kry – “Die handboek/onderwyser sê so.”

9

Page 10: Makro idees 2016.2 cn

Leerlinge het die geleentheid om self bronne krities te lees indien daar gedurig gefokus word op brongebaseerde onderrig. Kennis van geskiedenis is van groot belang vir die leeswerk en die ontwikkeling van historiese argumente. Leerlinge benodig daarom agtergrondkennis van die inhoude, bronne om sodoende die konteks van die bronne beter te interpreteer. Die CAPS-dokument lê baie klem op geskrewe argumente, MAAR swyg oor DIE PROSES waarin dit in die klaskamer moet plaasvind. Die realiteit van die meeste klaskamers is dat daar net EEN storielyn aangebied word deur die onderwysers en die handboeke. Daar is nie plek vir kompeterende sienings nie en die leerlinge MOET die eenogige storie as ’n gegewe aanvaar en “leer”.

10

Page 11: Makro idees 2016.2 cn

Hierdie lesplanne glo NIE dat mense geskiedenis leer deur lang lyste van feite te memoriseer nie, MAAR dat daar: 1. krities na historiese artifakte gekyk moet word 2. asook om vrae daaroor te vra – Historiese denke word daardeur ontwikkel. 11

“As jy leer SONDER om te dink, is jy verlore.”

Page 12: Makro idees 2016.2 cn

Die lesplanne se werkswyse berus op: die Historiese metode, om beter te kan lees en om historiese inhoude en konsepte korrek te hanteer.

12

Page 13: Makro idees 2016.2 cn

“Come on, Bart. History can be fun. It’s like an amusement park exceptinstead of rides, you get to memorize dates.”

-Marge Simpson in “Margical History Tour”, an episode ofThe Simpsons that aired on December 22, 2004

DAARDIE “geskiedenis” is net om datums te memoriseer – dit is stereotipiese verkeerde geskiedenis!!!!

13

Page 14: Makro idees 2016.2 cn

Die vak GESKIEDENIS word bestudeer met behulp van ’n verskeidenheid van prosesse, vaardighede en konsepte. Dit help leerlinge om ’n breër en dieper begrip/insig oor mense, plekke en situasies te ontwikkel.

14

Page 15: Makro idees 2016.2 cn

Study the historian before you begin to study the

facts. This is, after all, not very abstruse.

E.H. Carr

15

Page 16: Makro idees 2016.2 cn

Geskiedenis is ’n seleksie van die verlede en WAT “lewendig gemaak” word deur die interpretasie van alle beskikbare bronne. Geskiedenis is dus iemand se poging om sin en orde te maak uit die chaos van die allesheid [alle beskikbare bronne].

16

Page 17: Makro idees 2016.2 cn

Ontknoop die “ingewikkelde” historiese begrippe. * “The past is never dead. It’s not even past.” * Alles op aarde is die produk van gister. * Of ons bewus is van die verlede of dat dit plaasgevind het of nie? * Nie slegs die voorwerpe, geboue, strate en stede waarin jy beweeg nie, maar ook die sosiale, politieke en kulturele wêrelde waarin jy jou daagliks beleef, is ’n duidelike bewys dat daar gebeurtenisse voor NOU plaasgevind het. 17

Page 18: Makro idees 2016.2 cn

Die verlede as ’n eenheid [volledige gebeurtenis] is heeltemal weg... sommige oorblyfsels bly egter agter amper soos die rommel van ’n piekniek. Hierdie materiële oorblyfsels kan nooit vir hulself praat nie. In werklikheid is dit slegs spore totdat iemand ’n vraag vra daaroor. Die spore kan ook uitgewis word – doelbewus of per ongeluk.

18

Page 19: Makro idees 2016.2 cn

19

Page 20: Makro idees 2016.2 cn

1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE Historici is soos speurders wat getuienisse soek tussen ’n verskeidenheid van beskikbare bronne. * Hierdie beskikbare bronne word dan gebruik as getuienisse om gebeurtenisse te ondersoek en te ontknoop of te probeer om dit te ontknoop. Kan alle probleme altyd ontknoop word?

20

Page 21: Makro idees 2016.2 cn

1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE God het aan alle mense die vermoë geskenk om te kan dink. Mense kan emosies beleef , redeneer, onderskei, dink, verbeelding gebruik en selfs om te kan bespiegel. Ons kan inligting bymekaar maak, dit sorteer, kategoriseer en dit dan liasseer in die voue van ons onderbewussyn. Ons hele wese draai om ons verstand en die korrekte werking daarvan. 21

Page 22: Makro idees 2016.2 cn

1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE

René Descartes het gesê: “Cogito ergo sum – ‘Ek dink; daarom is ek’.” Na my mening is dit die fondament van menswees. Ons dink aan tienduisende dinge per dag. Dit lei soms kreatiewe mense om die mooiste poësie, melodieë, komedies en verhale te skep.

22

Page 23: Makro idees 2016.2 cn

1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE

• Geskiedenis is vir historici ’n argumentasie oor wat feite behoort te beteken - al kan historici die basiese storie van die verlede bymekaar plaas gebeur dit soms dat hulle nie saamstem oor wat die betekenis daarvan is nie of wat dit veroorsaak het nie. * Historici argumenteer verder oor die betekenis van die verlede en wat dit vir ons vandag moet beteken.

23

Page 24: Makro idees 2016.2 cn

1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE Maar, kan jy vra, as die geskiedenis reeds plaasgevind het, wat is daar om oor te argumenteer? Oorvloed van redes. bv. * Was die ANC daarop ingestel om PW Botha en sy regering te ontsetel of was hulle besig om hulself te verryk? * Was die Koue Oorlog werklik ’n konflik van demokrasie teenoor kommunisme of ’n stryd tussen twee supermoondhede vir oorheersing?

24

Page 25: Makro idees 2016.2 cn

1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE Uiteenlopende menings krul om hierdie vrae - opinies wat leerlinge aan die praat kan kry, MAAR ook kan leer hoe om krities te dink en te skryf. In geskiedenis is ’n oortuigende mening een wat altyd gerugsteun word deur relevante bewyse.

25

Page 26: Makro idees 2016.2 cn

Geskiedenis is ’n voorstelling van die verlede gebaseer op interpretasies van beskikbare getuienisse (primêre en sekondêre bronne). Daarom behoort die geskiedenis gebou te wees op kennis.

26

1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE

“Historical knowledge is largely based on trustworthy sources of information.” GM Theal

Page 27: Makro idees 2016.2 cn

’n Algemene feit is dat wenners altyd die geskiedenis skryf

Die wenners skryf dan dat hulle baie heldhaftig was en dat hulle altyd die korrekte iets gedoen het en daarom ignoreer hulle enige negatiewe aspekte van hul optrede.

27

STEM JY SAAM ? Verskaf redes vir jou antwoord

Page 28: Makro idees 2016.2 cn

2. Ontwikkeling van HISTORIESE WERKSWYSE Jy voel miskien dat historici meer weet as jy van historiese gebeure. Maar dit is nie noodwendig die geval nie. Nie eens op doktorale vlak kan historici die feitelike kennis oor elke onderwerp besit nie. DIE VERSKIL: Historici/geskiedkundiges gebruik die “historiese benadering” om hul navorsing te doen. Hierdie benadering KAN ’n NUWE wêreld vir onopgeleide lesers/leerlinge oopsluit.

28

Page 29: Makro idees 2016.2 cn

2. Ontwikkeling van HISTORIESE WERKSWYSE * Voor ’n dokument bestudeer word, begin die historikus om ’n aantal vrae oor die dokument te beantwoord – oor die skrywer, konteks, tydperk. Met die antwoorde gaan die historikus ’n raamwerk probeer skep waardeur die bron verder beoordeel gaan word. Die sleutel van hierdie lesplanne is dus NIE die memorisering van feite nie, MAAR die gebruik van die historiese benadering. 29

Page 30: Makro idees 2016.2 cn

· Wie het dit geskep?

· Waar is dit geskep?

· Wanneer is dit geskep?

· Waarom is dit geskep?

· Wat was die outeur se perspektief toe dit geskep is?

· Is dit betroubaar?

2. Ontwikkeling van HISTORIESE WERKSWYSE Indien jy met bronne/bewyse werk, moet jy altyd afleidings maak: • Gebruik konteks• Soek na meer en relevante bronne • Die ontwikkeling van vrae vir verdere ondersoek• Pas stawende/kruiskontrolering toe Die volgende vrae moet beantwoord word oor elke afsonderlike bron:

30

Page 31: Makro idees 2016.2 cn

2. Ontwikkeling van HISTORIESE WERKSWYSE

Werk met historiese bronne - OEFENINGE

Oefening 1: WO 2 Oefening 2: Viëtnam-oorlog Oefening 3: Apartheid Oefening 4: Vrede na WO 1 Oefening 5: VOC

31

Page 32: Makro idees 2016.2 cn

3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees

32

NB: Indien jy probleme ondervind met jou lees is daar twee spesiale programme wat jy alleen of saam met ’n maat /groep/fasiliteerder of ouers kan deurwerk – klem is op spoedlees en veral om begrip te verbeter. DIT IS BAIE BELANGRIK DAT JOU LEESVERMOË en JOU LEESBEGRIP GOED MOET WEES. EKSTRA MODULES

1. Leesstrategieë: Help jouself om beter te lees 2. Hulp-Leesprogram

Page 33: Makro idees 2016.2 cn

3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees Die rol van lees en skryfOm primêre en sekondêre bronne effektief te hanteer, is lees en skryf die kern daarvan. Werklike geletterdheid is die sleutelwoord, want in die onderrig van geskiedenis is lees en skryf die kern van alles. 1. Skryf is ’n fundamentele intellektuele

aktiwiteit. Dit bevorder die ontdekking van nuwe kennis, probleemoplossing en die organisasie van die nuwe kennis.2. Skryf help jou om die geskiedenis te leer. Ons leer die beste as aktiewe leerders, want dit verskaf betekenis vir ons as leerders. 3. Skriftelike verduideliking van die onderwerp gee begrip daarvan. Skryf neer wat jy weet, want dit help jou om te hersien, te organiseer en te onthou. Deur jou vrae op papier te stel, of te verduidelik waaroor jy verward is, begin jyself sien waar die probleem lê.

33

Page 34: Makro idees 2016.2 cn

3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees

BASIESE REDES WAAROM LEES DEEL VAN GESKIEDENIS BEHOORT TE WEES:

Daar is drie konsepte wat die basis vorm van die integrering van lees en geskiedenis. 1. Historiese interpretasie of argumentasie is die sentrale doel om geskiedenis te bestudeer. 2. Analisering van bronne en historiese vraagstelling van die bronne is krities om geskiedenis te bestudeer en te verstaan. 3. In die studie van geskiedenis is lees, denke en skryf geïntegreerd. Elkeen van hierdie konsepte versterk kerninhoude van die kurrikulum, asook die MAKRO-IDEES.

34

Page 35: Makro idees 2016.2 cn

LEES, DINK en SKRYF is verweef met mekaar Lees, dink, en skryf is aktiwiteite met een doel wat dieselfde is: Die bevordering van leerinhoud. Lees, skryf en dink is almal met mekaar verbind om geskiedenis te bestudeer.

35

3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees

Page 36: Makro idees 2016.2 cn

* Resente navorsing toon duidelik dat LEES baie belangrik in die studie van geskiedenis is. * MAAR die integrering van lees, met aspekte soos interpretasie, kan vir sommige leerlinge moeilik en uitdagend wees. Die volgende aspekte moet daarom toegepas word: 1. Verskaf sentrale/kern historiese vrae wat beantwoord moet word. 2. Verskaf self die historiese bronne wat deur die leerlinge ondersoek moet word om die vrae te beantwoord. 3. Ontwikkel leerlinge se agtergrondkennis om hulle te ondersteun in hul historiese denke.4. Pas gereeld die kurrikulum by die leerlinge se behoeftes aan. 5. Hou aan om op ’n deurlopende wyse dissiplinêre denke te onderstreep.

36

3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees

Page 37: Makro idees 2016.2 cn

Wenke vir die Historiese Skryf 1. Aanvaar jou gehoor weet niks van die historiese onderwerp af nie.2. Geskiedskrywing is gebaseer op feite.3. Chronologie en volgorde is belangrik vir die organisering van geskiedskrywing.4. Historiese feite moet deur verklarings of redes ondersteun word.5. Gebruik die toepaslike historiese tyd.6. Maak geskiedskrywing interessant. 7. Organiseer historiese inligting duidelik sodat dit ’n impak op die gehoor kan hê. 8. Gebruik die eerste persoon as jy oor ’n historiese figuur skryf.

37

3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees

Page 38: Makro idees 2016.2 cn

BRONanalisering: VRAE 1. Watter van hierdie bronne het die grootste invloed op die

gebeurtenis gehad? Verskaf redes vir jou antwoord.

2. Identifiseer elkeen van die verskillende bronmateriaal [oor

elke onderwerp]. Wat is dit? Van watter soort getuienisse is dit

voorbeelde?

3. Watter feite kan jy vanuit elke bron leer – nadat jy die bron

beoordeel het?

4. Hoe verskil enige twee bronne van mekaar [oor dieselfde

onderwerp] in hul doel en in benadering?

5. Wat is die hoofgevoel van elke bron?

6. Watter ander kontak bestaan daar tussen die vier bronne

[dieselfde onderwerp] as dieselfde onderwerp?

7. Kies ’n bron en toon die partydigheid aan wat in die bron

voorkom.

8. Kies enige bron en verduidelik waarom dit belangrik is.

9. Kies twee bronne en toon aan waar hulle mekaar weerspreek.

10. Kies een bron en verduidelik waarom dit betroubaar is.

38

3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees

Page 39: Makro idees 2016.2 cn

Gebruik die volgende om die bronne beter te verstaan .

a. Gebruik agtergrondkennis: Gebruik historiese inligting en kennis om die dokument te verstaan: * Wat weet ek alreeds oor hierdie onderwerp? * Watter kennis het ek nog nodig om die werk beter te verstaan? b. Lees die stiltes:Identifiseer wat is uitgelaat of ontbreek uit die dokument deur vrae te vra. Na die dokument gelees is, vra studente om te dink oor wat hulle nie gehoor het nie.

39

3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees

Page 40: Makro idees 2016.2 cn

Oorweeg om studente aan verskeie spesifieke strategieë vir die lees van historiese dokumente bloot te stel: 1. Verkryging van basiese inligting 2. Kontekstualiseer 3. Noukeurige lees 4. Stawende lees

40

Page 41: Makro idees 2016.2 cn

1. Verkryging van basiese inligting * Waarom het die skrywer die bron geskep/geskryf? * Maak ’n opsomming oor die basiese inhoud van die boek. * Begin doelbewus vrae vra waarmee die inhoud bevraagteken word: Wie het hierdie dokument geskryf? Wanneer? Vir watter doel? Hoe betroubaar kan hierdie bron wees? Hoekom?

41

Page 42: Makro idees 2016.2 cn

2. Kontekstualiseer

Kyk na die groter prentjie * Wat was anders as nou toe die primêre bron geskep is?* Wat was dieselfde as nou toe dit geskep is?* Hoe kan die omstandighede waarin die primêre bron geskep is, die inhoud daarvan raak? * Watter gebeure, tyd, plek en persone het ’n invloed op die boek of dokument? * Watter konteks is nodig om die boek/bron te verstaan?

42

Page 43: Makro idees 2016.2 cn

3. Noukeurige lees

Leer ken jou primêre bron

* Wat beweer die skepper van die bron was belangrik toe die bron geskep is?

* Watter bewyse gebruik die skepper om die konteks te verstaan?

* Watter soort taal probeer die skepper gebruik om jou as leser tot sy standpunt oor te haal?

  

43

Page 44: Makro idees 2016.2 cn

3. Noukeurige lees

* Skryf al jou gedagtes neer terwyl jy die boek/bron lees. Lees die gedagtes en kyk of dit jou kan help om jou siening oor die boek te verwoord. Byvoorbeeld, kan jy interessante woorde of frases identifiseer ("Ek het nog nooit gehoor dat die uitdrukking gebruik word nie"), oorweeg kontekstuele leidrade oor tyd, plek of mense ("Waarna word hier verwys") of bevraagteken feite, menings en perspektiewe ("Ek wonder of dit is wat regtig gebeur het?") .

44

Page 45: Makro idees 2016.2 cn

4. Stawende lees

* Wat sê ander bronne hiervan?

* Wat is ander moontlike primêre bronne?

 * Wat is die mees betroubare bronne? * Vra vrae oor belangrike besonderhede van elkeen van die bronne om die punte van ooreenkomste en verskille te bepaal.* Watter vrae het nou ontstaan, na deeglike lees en interpretasie van die dokument? * Watter ander primêre bronne kan die sieninge staaf of weerlê?

45

Page 46: Makro idees 2016.2 cn

3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees

OEFENINGE

Oefening 1: WO 2 Oefening 2: Viëtnam-oorlog Oefening 3: Apartheid Oefening 4: Vrede na WO 1 Oefening 5: VOC

46

Page 47: Makro idees 2016.2 cn

4. Hantering van historiese inhoude en konsepte

47

Page 48: Makro idees 2016.2 cn

48

4. Hantering van historiese inhoude en konsepte

Page 49: Makro idees 2016.2 cn

4. Hantering van historiese inhoude en konsepte

Van die magdom of ontelbare geleenthede wat al ooit plaasgevind het of die mense wat ooit geleef het, en hoe ons kan besluit wat leerlinge moet leer? IS BAIE BELANGRIKE VRAE. Die volgende soort vraag moet beantwoord word: Wat maak ’n gebeurtenis wat twee eeue gelede plaasgevind het of ’n persoon wat drie eeue gelede geleef het histories betekenisvol?Hierdie vraag het nie ’n eenvoudige antwoord nie. Nietemin, geskiedkundigesprobeer om dit te beantwoord deur die aanvaarding van die verantwoordelikheid om te besluit wat is beduidend genoeg om na te vors EN opvoeders MOET KEUSES maak oor wat is belangrik genoeg om te leer.

49

Page 50: Makro idees 2016.2 cn

Daar is net te veel geskiedenis om dit alles te onthou. Hoe kan ons ’n keuse maak oor watter geskiedenis moet ons leer? Een belangrike kriteria kan wees: Watter belangrike gebeure het glei tot ’n groot verandering, oor ’n lang tyd en vir groot getalle mense? Die Tweede Wêreldoorlog is verby die toets vir geskiedkundige belang in hierdie sin. Betekenis hang af van ’n mens se eie perspektief en doel.

50

4. Hantering van historiese inhoude en konsepte

Page 52: Makro idees 2016.2 cn

Wat is “MAKRO-IDEES?”

52

4. Hantering van historiese inhoude en konsepte

Page 53: Makro idees 2016.2 cn

“A person who understands something is capable of going beyond the information given.”

Jerome Bruner, 1973

53

Page 54: Makro idees 2016.2 cn

Wat is Makro-idees ? Volgens Jay McTighe en Grant Wiggins is dit waarmee leerlinge gehelp word om “binne die onderwerp te kom” en hulle verder help om later dit reg te kry om sonder al die feite effektief te onthou.

54

Page 55: Makro idees 2016.2 cn

• ’n “MAKRO-IDEE” bied ’n konseptuele raamwerk waarbinne ’n leerling toegelaat word om vrae te beantwoord wat nodig is om belangrike vrae te beantwoord.

• Vrae soos … – Waarom is dit belangrik ?– Wat sou ons nie kon doen indien ons dit nie verstaan

het nie …?– Wat sal ek kan verstaan wat ek oor 5 jaar nog sal kan

verstaan?

MAKRO-IDEES

55

Page 56: Makro idees 2016.2 cn

* is ’n deurlopende begrip * kan vir altyd gebruik word om te onthou * vra vrae soos: “Waarom leer ek dit” of “Wat is die punt eintlik”? * help ons om kreatief te wees en daardeur begrip vir onsself te skep * kan op verskillende vakke toegepas word, maar selfs in die lewe self gebruik word

’n “MAKRO-IDEE” …

56

Page 57: Makro idees 2016.2 cn

* is breed gebaseerde idees wat rondom die kurrikulum georganiseer word * verskaf ’n konseptuele lens van wat gestudeer word of waardeur die onderwerp bekyk word * is verstandelik konstrukte * is tydloos en universeel * is breed en abstrak * het min woorde * gaan baie verder as onderwerpe * gaan verder as dissiplines – MAKRO KONSEPTE

MAKRO-IDEES …

57

Page 58: Makro idees 2016.2 cn

Waarom is dit belangrik?• Kurrikulumontwikkeling vereis van ons om

keuses te maak oor wat NOU belangrik is om ons leerlinge in die TOEKOMS te help.

• Leer WAT NIE gekoppel is aan regtig-wêreld-ondervindinge nie, word vinnig vergeet.

58

Page 59: Makro idees 2016.2 cn

NAVORSING – Dit is belangrik

Die nuutste breinnavorsing toon duidelik dat inhoude georganiseer moet word binne konseptuele raamwerke en nie afsonderlik nie, want groter oordrag word daardeur verseker. Hierdie RAAMWERKE laat toe dat leerlinge baie meer inligting kan herroep en ook baie beter en meer nuwe kennis “op die korrekte plek in jou brein kan plaas”.

59

Page 60: Makro idees 2016.2 cn

Dink hieroor Navorsing wat die afgelope 20-30 jaar gedoen is, is oorweldigend: Leerlinge verstaan nie regtig die inhoude wat hulle moet leer nie. Hulle besit dus nie oor die kapasiteit om kennis wat hulle geleer het in ’n ander of verskillende opset toe te pas nie.  

60

Page 61: Makro idees 2016.2 cn

KERNVRAE help ons om die MAKRO-IDEES te ontsluit …

Die beste vrae vir die stimulering van denke van leerlinge is dié wat nie maklik beantwoord kan word nie. Trouens, die beste vrae het dikwels geen antwoord nie – ten minste geen voor die handliggende "regte" antwoord nie. Sulke vrae word kernvrae genoem, en hulle is in die hart van Geskiedenis.

Maar wat presies is kernvrae? Hoe verskil hulle van die vrae wat dikwels in die klas gevra word? Hier is ’n paar eienskappe daarvan:

1. Aspekte/konsepte wat onseker en ook belangrik is om oor te argumenteer2. Dit is in die hart van die onderwerp3. Aspekte/konsepte wat gereeld herhaal moet word 4. Aspekte waarop gefokus moet word - uitdagende aspekte van die onderwerp 5. Dikwels verhoog belangrikste konseptuele of filosofiese kwessies die vlak van die gesprek/ondersoek 6. Veroorsaak betekenisvolle leer

61

Page 62: Makro idees 2016.2 cn

LEER

62

Page 63: Makro idees 2016.2 cn

1. Jy moet leer en verstaan dat SA baie stories het en dat elkeen belangrik is en deeglik bestudeer en beoordeel moet word. 2. Jy moet ’n wyse van denke ontwikkel waardeur jy die konsepte van historiese denke kan ontwikkel en dit ook verstaan. 3. Jy sal ook leer hoe om historiese ondersoek te kan toepas, inligting te versamel, interpretasie en ontleding van historiese bewyse en inligting uit ’n verskeidenheid van primêre en sekondêre bronne te ondersoek, oordele te maak oor kwessies en gebeure van historiese belang.

Die taak van die gebruiker van hierdie lesplan JOU TAAK

63

Page 64: Makro idees 2016.2 cn

NB* Leerders beskik oor verskillende vermoëns en belangstellings, daarom moet onderrig so beplan word dat hierdie behoeftes van die leerders op ’n deurlopende basis aangespreek word. * Om bostaande te laat plaasvind – makliker en meer effektief te laat plaasvind – gebruik ons die taksonomie van BLOOM. * Die oorspronklike taksonomie is die afgelope 20 jaar aangepas by die onderrig van Geskiedenis en verdeel in VIER verskillende vlakke.

64

Page 65: Makro idees 2016.2 cn

RS Bloom het in 1956 die voortou geneem in die proses van formulering van ’n klassifikasie van opvoedkundige aktiwiteite en doelstellings. Bloom en sy span het ’n hiërargie van opvoedkundige doelstellings geformuleer, maar ook die kognitiewe doelstellings in onderafdelings verdeel, wat wissel van die eenvoudigste optrede tot en met die ingewikkeldste. Drie domeine van opvoedkundige aktiwiteite is deur hom en sy span geïdentifiseer, nl.:

KOGNITIEF – Sluit kennis en die ontwikkeling van intellektuele gesindhede en vaardighede in.AFFEKTIEF – Waardes, moreel en emosies.PSIGOMOTORIES – Fisiese ontwikkeling, fyn en groot motoriese vaardighede.

.

65

Page 66: Makro idees 2016.2 cn

Die vier vlakke is ontwikkel vanuit die ses vlakke van BLOOM: 1. SOEK, NOEM EN LEER 2. BESKRYF EN DRA OOR 3. VERDUIDELIK 4. EIE OORDEEL Alle beginsels wat deur Bloom ontwikkel is, pas daarby aan.

66

Page 67: Makro idees 2016.2 cn

SOEK, NOEM, LEER 1. Leerder kry ’n spesifieke opdrag om uit te voer.2. Leerder soek spesifieke voorbeelde ingetuienisse/bronne.3. Leerder soek meer as een voorbeeld.4. Dit wat die leerder vind, moet dan mondelings/skriftelik verslag oor gedoen word.

BESKRYF EN DRA OOR

1. Leerder moet dit wat gevind word, presies beskryf.2. Alle gevraagde detail moet weergegee word.3. Die aksie kan skriftelik/mondelings of beeldend wees.

VERDUIDELIK 1. Leerder moet die gebeurtenis in die korrekte konteks plaas.2. Relevante oorsake en gevolge moet gegee word.3. Skriftelik/mondeling kan gebruik word.

EIE OORDEEL 1. Onderskei tussen feite en menings.2. Spreek ’n oordeel uit.3. Verskaf redes vir jou antwoord.

67

Page 68: Makro idees 2016.2 cn

LEERUITKOMSTE MAKRO-IDEES wat in die verstaan van die verlede gebruik kan word

Historiese vaardighede

HISTORIESE ONDERSOEK Kennis en begrip kan slegs bestaan/geskep word indien die gebeure van die verlede deeglik en effektief nagevors word.

A. Bepaal historiese belangrikheid 1. Kommunikeer alle inligting 2. Vra historiese vrae 3. Skryf inligting korrek neer wat d.m.v. navorsing bekom is

HISTORIESE INTERPRETASIE Indien daar korrek en effektief tydens die ondersoek van bronne gesoek en beoordeel word, kan die gebeure verstaanbaar gemaak word.  

B. Gebruik primêre bronne as getuienisse

C. Verstaan historiese perspektief

D. Verstaan etiese dimensies van historiese interpretasie

4. Maak afleidings vanaf/vanuit historiese bronne 5. Bewus wees van meer as een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan

HISTORIESE KENNIS + BEGRIP Sonder Kennis is daar geen Begrip nie.  

E. Identifiseer aaneenlopendheid en verandering F. Analiseer oorsaak en gevolge

8. Verstaan die korrekte historiese taal en konsepte9. Plaas verhaal en artefakte/ verhaal/gebeurtenis in volgorde 10. Verskaf redes waarom ’n historiese gebeurtenis plaasgevind het11. Onderskei tussen verskille in verskillende tydperke

68

Page 69: Makro idees 2016.2 cn

MAKRO-IDEES WAT IN DIE LESPLANNE GEBRUIK WORD In geskiedenis is dit krities dat leerlinge nie net ’n klomp feite moet leer nie, MAAR ook die vermoë ontwikkel om histories te dink en om die inhoude so te verpak dat dit begrip van die inhoude kan verbeter.

69

Page 70: Makro idees 2016.2 cn

Waarom is BEGRIP van belang?

Kennis vermeerder teen ’n ontstellende spoed. Leerlinge moet daarom die vaardighede aanleer wat hulle sal help om massas databronne te kan beoordeel, asook hul vaardighede inspan om bronne kreatief, krities te gebruik, en hul geïntegreerde denke te gebruik om data te assimileer, te sorteer en inligtingspatrone te skep.

70

Page 71: Makro idees 2016.2 cn

In geskiedenisonderrig moet ons werk in die rigting van …

* ’n Kurrikulum van idees en konsepte en denke, en* Nie van ’n kurrikulum van onderwerpe, vaardighede, feite en kennis nie. Dit is ’n paradoks in ons onderwysstelsel dat ’n leerling ’n A kan behaal, MAAR nie ’n beginsel, konsep of ’n idee kan verstaan nie. “A person who understands something is capable of going beyond the information given.” Jerome Bruner, 1973

71

Page 72: Makro idees 2016.2 cn

Die onderstaande verduideliking daarvan kan met vrug gebruik word: “Die raamwerk van begrip werk amper soos VELCRO – feite word daaraan vasgesit of weer losgemaak. Die feite word makliker onthou omdat die doel en konteks beter verstaan word.” Carol Ann Tomlinson

72

Page 73: Makro idees 2016.2 cn

In die onderrig van BEGRIP, verskaf feite * ’n kritiese basis vir inhoud en kennis * die werktuig om insig te verwerf deur die konseptuele idees daarvoor te gebruik * die ondersteuning vir elke MAKRO-IDEE se fokus * die voertuig vir die leerlinge om nuwe kennis wat hulle bekom, te kan integreer by reeds verwerfde kennis

73

Page 74: Makro idees 2016.2 cn

Verduideliking van MAKRO- IDEES wat op die webwerf gebruik word.

74

Page 75: Makro idees 2016.2 cn

1. Bepaal historiese belangrikheid 2. Gebruik primêre en sekondêre bronne as getuienisse 3. Verstaan historiese perspektief 4. Verstaan etiese dimensies van historiese interpretasie 5. Identifiseer aaneenlopendheid en verandering 6. Analiseer oorsaak en gevolge

75

Page 76: Makro idees 2016.2 cn

Rigtingwysers 1. Gebeure, mense en ontwikkelinge wat uitloop op verandering 2. Gebeure, mense en ontwikkelinge is belangrik indien hulle onthullings veroorsaak – werp lig op belangrike of opkomende onderwerpe 3. Historiese belangrikheid is gekonstrueer; pas goed in ’n storie 4. Historiese belangrikheid verskil met verloop van tyd en van groep tot groep

1

76

Page 77: Makro idees 2016.2 cn

1. Bepaal historiese belangrikheid Die konsep van BELANGRIKHEID hou verband en kan toegeskryf word aan spesifieke aspekte van die verlede soos: gebeurtenisse, ontwikkelinge, ontdekkings, bewegings, mense en historiese plekke.

1

77

Page 78: Makro idees 2016.2 cn

1. Bepaal historiese belangrikheid Wat kan beskou word as histories belangrik?

78

Gebeurtenis * Shaka word koning * Jan van Riebeeck land in die Kaap

Mense * CR de Wet * Mantatisha * Autosmatho

Ontwikkelings * Gariepdam word gebou * Goudmyne word by Welkom gebou

Oorsake * VOC-skepe het baie hout nodig gehad * Groepsgebiedewet word aanvaar

Probleemareas * Swak onderwysstelsel * Malaria is ’n probleem * VIGS is ’n gevaar

Veranderinge * PW Botha skaf apartheidswette af * ANC aan bewind

1

Page 79: Makro idees 2016.2 cn

1. Bepaal historiese belangrikheid

79

PROBLEME EEN: Geskiedkundiges maak gebruik van verskillende stelle kriteria waarmee hulle bepaal of die historiese konsepte/gebeure, mense belangrik is of nie. TWEE: Onderwysers/politici hou daarvan om vir leerlinge te sê wat hulle dink belangrik is, eerder as om die leerlinge te vra wat hulle dink belangrik is.

1

Hoe belangrik is die foto?

Page 80: Makro idees 2016.2 cn

1. Bepaal historiese belangrikheid

80

Wat maak ’n onderwerp werklik waardig dat ons aandag daaraan moet gee?

* Waarom is een onderwerp deel van die kurrikulum en ander nie? * Wat is die basis van hierdie seleksie van inhoude wat aangebied moet word? * Wie neem hierdie besluite en wat is hulle werklike doel om die keuse te maak? * Hoeveel kennis besit hulle om die reuse keuse te maak?

1

Page 81: Makro idees 2016.2 cn

1. Bepaal historiese belangrikheid

81

Hoe belangrik was dit vir die mense wat daardie tyd geleef het?Geskiedenis is volgepak met belangrike gebeurtenisse, invloedryke mense en werklike interessante plekke sodat ons net nie alles kan bestudeer nie. In plaas daarvan moet ons ingeligte besluite/oordele maak oor wat belangrik genoeg is om bestudeer te word. Om te bepaal of ’n gebeurtenis, ontwikkeling, ontdekking, beweging, persoon of plek historiese belangrikheid besit, kan ons die volgende vrae gebruik: * Hoe het dit die mense se lewens beïnvloed? * Hoeveel mense se lewens is daardeur beïnvloed? * Hoe wydverspreid en hoe lank het dit ’n effek op die mense gehad? * Kan die effek vandag nog gevoel of beleef word? * Jou eie ouderdom, geslag, etniese agtergrond, godsdienstige geloof, nasionale en familieverbintenis, verskillende gebeurtenisse en mense vanuit die verlede, sal belangrik wees in ’n groter of kleiner mate .  

1

Page 82: Makro idees 2016.2 cn

1. Bepaal historiese belangrikheid

82

Die beoordeling van historiese belangrikheid is ’n belangrike uitdaging. Ons kan dit gebruik om verskillende gebeurtenisse vanuit die verlede, sleutelpersone, asook ontdekkings te meet en te vergelyk. Dit kan verder gebruik word om die belangrikheid van individue of selfs verskillende standpunte oor die verlede te meet en te vergelyk. Die volgende DRIE KERNAREAS moet ontwikkel word: 1. Die vermoë om te identifiseer, toe te pas en om sy eie kriteria te skep waarmee historiese belangrikheid gemeet kan word. 2. Die vermoë om te analiseer, evalueer en die belangrikheid van ontwikkelinge, gebeure en mense te vergelyk. 3. Die vermoë om historiese belangrikheid te beoordeel binne die konteks van waarbinne dit plaasgevind het.

1Meting en evaluering van HISTORIESE BELANGRIKHEID

Page 83: Makro idees 2016.2 cn

Kan jy die belangrikheid bepaal? Geoffrey Partington stel voor dat die volgende kruis-kurrikulêre kriteria gebruik word om al die vrae te probeer beantwoord. Dit kan jou help om self die vrae oor belangrik-heid te beantwoord en te verstaan .

83

Page 84: Makro idees 2016.2 cn

1. Bepaal historiese belangrikheid

84

1

Page 85: Makro idees 2016.2 cn

1. Bepaal historiese belangrikheid

85

Keerpunte Alle gebeure het gevolge, MAAR ’n belangrike historiese gebeurtenis het ’n geweldige invloed oor ’n lang tydperk wat baie keer ’n abstrakte invloed en nie ’n konkrete invloed is nie. Dit beïnvloed oor ’n lang tydperk en die gebeurtenis word dan baie keer gesien as baie belangrik, lank nadat dit plaasgevind het.

1

Page 86: Makro idees 2016.2 cn

1. Bepaal historiese belangrikheid

86

Spesiale fokus: Vroue se rol in die geskiedenis? Die geskiedenis van die vrou in Suid-Afrika, tot die sowat laaste 50 jaar, het een sentrale leuse gehad: vryheid of die dood. Haar bereidwilligheid om alles op te offer vir hierdie ideaal het vir 300 jaar geslagte besiel. Haar innerlike krag, trots, dapperheid, geduld en die beskawingsfaktor wat sy hoog gehou het ten tye van nood en lyding, het haar oor die wêreld hoog aangeskrewe gemaak, en in ons vroeëre letterkunde, is haar ontbering en liefde vir volk en vryheid vereer. Dit kan gestel word dat vanaf Jan van Riebeeck se tyd, dwarsdeur die Groot Trek, die Vryheidsoorloë, armoede, depressie en Rebellie, dit hierdie beskawingsfaktor van die vrou was wat ’n groot rol in die proses van volkswording gespeel het.

1

Page 88: Makro idees 2016.2 cn

1. Bepaal historiese belangrikheid

88

1

1. Waarom is hierdie monument opgerig ? 2. Is dit ’n waardevolle monument ?

Page 89: Makro idees 2016.2 cn

Die ontwikkeling en verspreiding van SHAKA se ryk was belangrik aangesien dit die grootste dele van die binneland van Suidelike Afrika beïnvloed het, asook die inwoners en die leefwyse. Sommige aspekte is vandag nog sigbaar soos die ZULU-koningryk en hul koning.

1

89

Page 90: Makro idees 2016.2 cn

2. Gebruik primêre bronne as getuienisse

Geskiedkundiges gebruik primêre bronne vir bewyse. Uiteindelik is die grondslag vir alle bewyse in bronne – dit is die spore wat oorgebly het – vanuit alle tye waarin gebeure plaasgevind het. As ons staatmaak op die werk van die vorige geskiedkundiges, moet ons weet dat hierdie geskiedkundiges ook moes staatgemaak het op primêre bronne.

90

Page 91: Makro idees 2016.2 cn

2. Gebruik primêre en sekondêre bronne as getuienisse Getuienisse is die inligting wat ingesamel word vanuit historiese bronne. Die konsep van getuienisse is ’n baie belangrike deel van historiese ondersoek. Getuienisse kan vanuit verskillende bronne verkry word soos: onderhoude, menslike beskrywings van gebeurtenisse, briewe, dagboeke, films, kaarte, koerante, artefakte, voorwerpe, geboue, skilderye, foto’s, liedlirieke, kleure en spotprente. MAAR hoe moet ons dit gebruik om die bronne stuk vir stuk bymekaar te sit om die verhaal van die verlede te skryf. Ons kan natuurlik ’n ingeligte raaiskoot [hipotese] waag en dan inligting soek om dit te ondersteun. Inligting kan basies vanuit twee soorte bronne bekom word.

2 91

Page 92: Makro idees 2016.2 cn

Rigtingwysers 21. Geskiedenis is interpretasie-gebaseerd wat afleidings vanuit primêre en sekondêre bronne maak. 2. Om goeie vrae oor ’n bron te vra, kan dit in getuienisse verander. 3. Bronbeoordeling begin baie keer al voor dit gelees word met vrae oor wie en wanneer dit geskep is, sieninge van die outeur – baie keer bewustelik of selfs onbewustelik. 4. Enige bron behoort geanaliseer te word in verhouding met die konteks van die bron se omgewing en tyd. 5. Afleidings vanuit ’n bron kan nooit alleen staan nie – dit moet altyd beoordeel word teenoor ander beskikbare bronne.

92

Page 93: Makro idees 2016.2 cn

Die “oorblyfsels” van geskiedenis – briewe, dokumente, dagboeke, tekeninge, koerante en ander dele en stukkies van wat mense agtergelaat het en nie meer op aarde is nie – is skatte vir die historikus. Dit is primêre bronne en hulle verraai die geheime van die verlede. Historici leer om die bronne te vind, te lees en te interpreteer.

93

2

Page 94: Makro idees 2016.2 cn

Primêre bronne – Voorwerpe wat gemaak of geskryf is tydens die tydperk wat ondersoek word; VOORBEELD: amptelike dokumente, soos wette en ooreenkomste, persoonlike dokumente soos dagboeke en briewe, foto’s en films. Hierdie oorpronklike eerstehandse beskrywings word deur historici geanaliseer om hulle te help om hul vrae oor die verlede te beantwoord.

2

94

Page 95: Makro idees 2016.2 cn

Sekondêre bronne – Dokumente oor die verlede wat lank daarna geskep is en wat gewoonlik die primêre bronne gebruik en wat ’n spesifieke interpretasie van die verlede verskaf. VOORBEELD: beskrywings van historici, ensiklopedieë, dokumentêre programme, geskiedenishandboeke en webwerwe. Historici kom nie altyd ooreen oor bronne en die interpretasie daarvan nie. Hulle het dikwels verskillende menings of standpunte oor dieselfde bron. Dit is die rede waarom historici gedurig besig is om na nuwe bronne te soek. Hulle wil ’n hele verskeidenheid van bronne raadpleeg, van verskillende aard, om ’n volledige prent van die verlede te bekom.

2

95

Page 96: Makro idees 2016.2 cn

3. Verstaan historiese perspektief Die konsep van perspektief is ’n belangrike deel van historiese ondersoek. Perspektief is ’n gesigspunt – die posisie van waar mense dinge sien en verstaan hoe dinge in die wêreld plaasvind. Mense sal verskillende sieninge [perspektief] van dieselfde gebeurtenis, persoon, gemeenskap, artefak hê, maar sal deur hul eie ouderdom, geslag, sosiale posisie, godsdienstige geloof en waardestelsel beïnvloed word. Net soos alle ander mense, het historici hul eie menings wat hul sieninge kan beïnvloed oor dit wat hulle skryf . Ongeag van hul eie perspektiewe moet historici poog om nie hul eie waardes en geloof te gebruik om oor ander mense te skryf nie. 3 96

Page 97: Makro idees 2016.2 cn

Rigtingwysers 31. ’n Oseaan van verskille kan tussen die huidige wêreldbeskouings (oortuigings, waardes en motiverings) en dié van vroeëre tydperke van die geskiedenis lê. 2. Dit is belangrik om te weet dat indien vandag se perspektief gebruik word om die verlede te beoordeel, die oplegging van die huidige idees oor mense in die verlede vermy moet word. Nietemin, kan versigtige verwysing na universele menslike ervarings ons help om verband te hou met die ervarings van historiese akteurs. 3. Die perspektiewe van geskiedkundige akteurs kan die beste verstaan word deur die oorweging van hul historiese kontekste. 4. Die perspektief van historiese akteurs beteken dat afleidings van hoe mense gevoel en gedink het in die verlede in ag geneem moet word. Dit beteken nie dat die historikus wat dit ondersoek homself met dié mense moet identifiseer nie. Geldige afleidings is dié wat op bewyse gebaseer is. 5. Verskillende historiese akteurs met diverse perspektiewe op die gebeure waarin hulle betrokke is moet altyd in ag geneem word. Verken hierdie is die sleutel tot die verstaan van historiese gebeure.

97

Page 98: Makro idees 2016.2 cn

3. Verstaan historiese perspektief Dit is belangrik dat jy die volgende vra: * Hoe kan ons die kompleksiteit van die verlede verstaan en dit ook ontrafel? Geskiedenis word dikwels gedefinieer as die verhaal van verandering oor tyd. Maar die geskiedenis is meer kompleks: ONTHOU – sekere dinge verander nooit; ander verander aaneenlopend; ander dinge verander vinnig; en ander baie stadig en verander glad nie; ’n paar dinge verander vinnig en dan stadig; terwyl ander dieselfde bly.   

98

Page 99: Makro idees 2016.2 cn

3. Verstaan historiese perspektief Geskiedkundiges gebruik historiese perspektiewe. “Die verlede is ’n vreemde land.” Wat het mense se lewens gevorm en aksies laat plaasvind? Ons moet probeer om hulle deur die oë van die mense van daardie tyd te sien en “beoordeel”. Ons moet nie lense van ons tyd gebruik om die mense en gebeure te beoordeel nie . Historiese perspektief beteken: ’n poging om gebeurtenisse deur die oë van die mense wat dit beleef, te sien – WAT soms ver verwyder is van ons hedendaagse lewe.

3

99

Page 100: Makro idees 2016.2 cn

4. Verstaan etiese dimensies van historiese interpretasie Empatie help ons om die impak van gebeure in die verlede op ’n spesifieke individu of groep, insluitend ’n waardering van die omstandighede wat hulle in die gesig gestaar en die motiverings, waardes en houdings agter hul optrede verstaan. Op ’n ander manier gestel, empatie is die vermoë om te “loop in iemand anders se skoene” – om bewus te wees van en sensitief vir hul gevoelens, gedagtes en ervarings.Empatie bring die geskiedenis tot lewe. Dit verbind ons as mense, ongeag van hoeveel tyd is verby.

4 100

Page 101: Makro idees 2016.2 cn

4

Rigtingwysers 1. Skrywers/skeppers van bronne maak implisiete of eksplisiete etiese uitsprake in hul bronne. 2. Beredeneerde etiese uitsprake van die verlede, maar neem nie historiese konteks van die skrywers in ag nie. 3. Wanneer ons etiese oordeel wil uitspreek, is dit belangrik om versigtig te wees oor die hedendaagse standaarde van reg en verkeerd en om dit op die verlede toe te pas. 4. Billike evaluering van die etiese implikasies van die geskiedenis kan ons help om ons verantwoordelikhede na te kom om te onthou, te reageer op die bydraes, opofferings en ongeregtighede van die verlede. 5. Ons begrip van die geskiedenis kan ons help om ingeligte besluite oor kontemporêre kwessies te neem. 101

Page 102: Makro idees 2016.2 cn

Die konsep van empatie het betrekking op verduidelikings of interpretasies van gebeure in die verlede. Geskiedkundiges regoor die wêreld het dikwels toegang tot baie verskillende bronne. Geskrewe rekords kan foute bevat, of kon verander of vervals wees nadat hulle geskryf is. Dit kan lei dat verskillende geskiedskrywers verskillende gevolgtrekkings het oor dieselfde saak.

4 102

Page 103: Makro idees 2016.2 cn

Een van die opwindende DINGE in geskiedenis is dat dit oop vir ’n debat is. Daar is dikwels geen regte antwoord nie, en geskiedkundiges is altyd op soek na ’n meer volledige begrip van die verlede. 4 103

Page 104: Makro idees 2016.2 cn

5. Identifiseer aaneenlopendheid en verandering Geskiedkundiges erken dat sekere dinge kan verander terwyl ander weer dieselfde kan bly. Hierdie konsep verwys na kontinuïteit en verandering. Voorbeelde van kontinuïteit en verandering kan gesien word in elke beskawing en enige gegewe periode van tyd.Historici verwys na aspekte van die verlede wat dieselfde oor tyd bly. Aspekte van die verlede wat nie dieselfde bly nie, staan bekend as veranderinge.

5 104

Page 105: Makro idees 2016.2 cn

Rigtingwysers 51. Kontinuïteit en verandering is verweef; albei kan saam bestaan . Chronologie – die volgorde van gebeure – kan ’n goeie beginpunt wees. 2. Verandering is ’n proses, met wisselende treë en patrone. Draaipunte is oomblikke wanneer die proses van verandering verskuif in die rigting of tempo. 3. Vordering en afname is breë evaluering van verandering oor tyd. Afhangende van die impak van verandering, kan dit vordering vir een volk wees, maar daling vir ’n ander. 4. Periodisering help ons om ons denke oor kontinuïteit en verandering te organiseer. Dit is ’n proses van interpretasie, deur wat ons besluit watter gebeure of ontwikkelings vorm ’n tydperk van die geskiedenis.

105

Page 106: Makro idees 2016.2 cn

5. Identifiseer aaneenlopendheid en verandering Leerlinge het soms ’n verkeerde begrip van geskiedenis deur te dink dat dit ’n lys van datums is. Die oomblik as leerlinge verstaan dat geskiedenis ’n komplekse mengsel van aaneenlopendheid en verandering is, ontwikkel hulle ’n fundamentele gevoel vir die verlede. Daar is baie dinge wat op enige tyd en plek in die verlede plaasgevind het. Sommige dinge verander dadelik terwyl ander weer oor ’n lang tyd verander. 5

106

Page 108: Makro idees 2016.2 cn

Historiese kontinuïteit beïnvloed hoe ons optree en vandag LEEF. Jy sal onmiddellik in staat wees om te vertel wat hierdie man doen. Diskus gooi, is ’n ou sport wat terugdateer na die 5de eeu v.C. Die sport het sy oorsprong in antieke Griekeland, maar is nou ’n roetinedeel van elke moderne baan- en veld-kompetisie, om nie te praat van ’n gewilde geleentheid by die Olimpiese Spele nie. Diskus gooi is ’n goeie voorbeeld van ’n historiese kontinuïteit.

108

5

Page 109: Makro idees 2016.2 cn

Bestudeer beide foto’s saam en probeer om ’n paar van die verskille tussen hulle te identifiseer:• een is ’n man, die ander is ’n vrou• een naak, die ander dra klere• die antieke diskus is groter as die moderne diskus.

Hierdie verskille is historiese veranderinge. In die antieke tyd in Griekeland was net mans toegelaat om te kompeteer, het hulle vereis om naak mee te ding, en die tegniek en toerusting (die diskusse) wat hulle gebruik het, was nie so gesofistikeerd as dié van vandag nie.5 109

Page 110: Makro idees 2016.2 cn

6. Analiseer oorsaak en gevolge Die konsep van oorsaak en gevolg word deur geskiedkundiges as kettings van gebeure en ontwikkelings geïdentifiseer, beide in die kort en in die lang termyn. Oorsaak en gevolg het ten doel om die redes waarom die gebeure plaasgevind het en die gevolglike gevolge of uitkomste te identifiseer, te ondersoek en te ontleed. Dit help om te dink aan oorsaak en effek as die 'hoekom' en 'wat' van die geskiedenis.

6 110

Page 111: Makro idees 2016.2 cn

Rigtingwysers

61. Verandering word gedryf deur verskeie oorsake en kan verskeie gevolge veroorsaak. Hierdie skep ’n komplekse web van onderlinge korttermyn- en langtermynoorsake en -gevolge. 2. Die oorsake wat lei tot ’n bepaalde historiese gebeurtenis verskil in hul invloed, want party is belangriker as ander. 3. Gebeurtenisse word veroorsaak deur die wisselwerking van twee tipes akteurs/mense: (1) die historiese akteurs (individue of groepe), wat aksies wat historiese gebeure veroorsaak neem, en (2) die sosiale, politieke, ekonomiese en kulturele omstandighede waarbinne die akteurs werk. 4. Historiese akteurs kan nie altyd voorspel wat die effek van die toestande op opponerende aksies kan wees nie, en wat die onvoorsiene reaksies gaan wees nie. 5. Die gebeure van die geskiedenis is nie altyd onvermydelik nie. Dit is so dat indien ’n enkele aksie of toestand, en ’n gebeurtenis anders was, kon die gebeure anders verloop het.

111

Page 112: Makro idees 2016.2 cn

Soms is die skakel tussen oorsaak en gevolg baie duidelik. Byvoorbeeld: swaar reën oor ’n paar weke (oorsaak) lei tot vloede en die vernietiging van gewasse (effek). Dikwels is hierdie skakel nie heeltemal so voor die hand liggend nie. Oor die algemeen is daar baie oorsake (redes) wat lei tot ’n gebeurtenis of aksie. Daar kan ook baie effekte (uitkomste) wees. Soms is die uitwerking maklik om te identifiseer, terwyl hulle in ander gevalle moeiliker is om te voorspel, en kan selfs nie waargeneem word tot lank na die gebeurtenis nie.

6 112

Page 115: Makro idees 2016.2 cn

115

Page 116: Makro idees 2016.2 cn

116

Page 117: Makro idees 2016.2 cn

117

Page 118: Makro idees 2016.2 cn

118