11
IMPIMPI

Impimpi Kwartaal 3 2013

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Impimpi Kwartaal 3 2013

IMPI

MPI

Page 2: Impimpi Kwartaal 3 2013

Inhoud

SportRugby

Netbaltoer

Sportdae: Lorraine

Stulting

Junior sportdag

Tennistoernooi

AlgemeenOuma en oupadag

Boeresportdag

Mnr. en mej. Handhaaf

Loslitdag

Gr. 1 Opedag

Page 3: Impimpi Kwartaal 3 2013

NetbalKimberleytoer

Hierdie was beslis die hoogtepunt van die jaar en wie het gesê dis net seuns wat kan kattekwaad aanvang?!

Ons het interessante plekke besoek insluitend die Sand du Plessis Teater, die spookroete en casino. Ons was ook bevoorreg om twee “celebrities” te ontmoet naamlik “Shorty” van die Leon Schuster flieks en Johan Goosen.

Ons het teen Karel Theron in Middelburg gespeel en wen 22-18. In Kimberley speel ons teen Newton en speel gelykop. Laastens neem ons in Bloemfontein deel aan ‘n toernooi en wen 2 van ons 3 wedstryde.

Die toer het ons as groep nader aan mekaar gebring en ons wil graag al ons ouers, borge en onderwysers bedank vir ‘n onvergeetlike toer!

Page 4: Impimpi Kwartaal 3 2013

Rugby

Laerskool Handhaaf beleef ‘n uitstekende rugbyseisoen!

Uit die 29 wedstryde wat Handhaaf se o/13A rugbyspan gespeel het, verloor hul slegs teen 3 Weskaapse skole en was die 2de en 3de kwartaal onoorwonne.  Die span teken 900 punte aan en staan slegs 151 punte af.  Die span lewer ook 5 Uitenhage Sub-unie spelers en 6 OP rugbyspelers op.  Baie dankie aan al ons borge en ouers vir hul ondersteuning.

Page 5: Impimpi Kwartaal 3 2013

BoeresportdagOp 23 Augustus het Handhaaf weer lekker boeresport gehou. Dit was ‘n heerlike dag vol pret en baie opwindende speletjies. Die kinders kon hulself vermaak met ritte op die donkiekar, treintjie, trapkarre en 4x4 motors. Vir die wat minder wou waag was daar “tenpin bowling”, “fishing 4 coke”, hare verf en vele meer.

Hierdie dag is ons Handhawers se dag vir pret en plesier en om glimlaggies op almal se gesigte te sien. Baie dankie aan me. Davis en mev. Jacobs vir ons fantastiese dag!

Page 6: Impimpi Kwartaal 3 2013

Tennistoernooi Junior Sportdag Vrydag 30 Augustus het ons 1ste

span aan die tennistoernooi by Stulting deelgeneem. Die spelers het teen 7 ander skole meegeding. Ons 3de paar, K.J. Botha en Chanri Strydom, was 1ste in hul afdeling. Gesamentlik was Handhaaf 2de. Ons het slegs met 1 punt teen Stulting verloor. Die ander spelers in die span was Britney du Piesanie, Shani Botha, Janu Schoonraad en Mornanté Basson.

Vanjaar se junior sportdag het plaasgevind op die 31ste Augustus. Die

klomp juniors het omtrent uitgehaal en gewys. Van die netbal tot die rugby het goed afgeloop ten

spyte van slegte weersomstandighede.

Dankie aan al die organiseerders, helpers en ouers om van die dag

‘n sukses te maak.

Page 7: Impimpi Kwartaal 3 2013

Oupa en Ouma dag

Handhaaf se jaarlikse oupa en ouma dag is op die 22ste Augustus gehou. Die oupas en oumas is ingewag deur ons eie klein oupatjies en oumatjies. Die bejaardes is heerlik bederf met Handhaaf se beste sang, dans, voordrag en ander opvoerings. Na die heerlike kulturele ervaring is die oupas en oumas bederf met tee en ‘n heerlike bordjie eetgoed. Wat ‘n fees om die kleingoed met soveel lewenslus te kan sien optree. Ons sê baie dankie aan me. Nel vir haar moeite om ons oupas en oumas so lekker te bederf met al die vermaaklikhede van die dag!

Page 8: Impimpi Kwartaal 3 2013

Stulting Lorraine Ons sportdag teen Laerskool

Stulting was op die 17de Augustus. Soos gewoonlik moes Handhaaf hulle storie ken, aangesien Stulting sterk kompetisie is. Ongelukkig het die netbal uitgereën en die manne het maar gesukkel met die rugby so tussen die reën deur. Die dag was nogtans ‘n groot sukses en ons sien uit om volgende jaar weer kragte te meet.

Op 27 Julie het die Handhawers vir Laerskool Lorraine uitgedaag tot ons jaarlikse sportdag. Natuurlik het beide skole gespog met hul spanne se vaardighede. Die netbal en die rugby het beide goed gedoen en ons wens ons spanne hartlik geluk.

Sportdae

Page 9: Impimpi Kwartaal 3 2013

Gr. 1 Opedag

Op 13 September het Handhaaf hul jaarlikse opedag gehad vir volgende jaar se nuwe graad 1’s. Mnr. K. Botha, beheerliggaam voorsitter, het al die ouers en voornemende leerders van 2014 hartlik welkom geheet. Hierna is mevv. R. de Klerk, M. Swanepoel en C. Hanekom voorgestel. Die kleingoed het die saal saam met hul nuwe juffrouens verlaat en hul nuwe klasse gaan besoek. Hulle het na stories geluister en ‘n poppekasvertoning bygewoon.Die ouers is vermaak met ‘n DVD van Handhaaf se bedrywighede, skooluniform, skryfbehoeftes, sport, ens. Hulle het ook ‘n heerlike koppie tee saam met mnr. Hugo geniet. Ons sien opreg uit na die nuwe kleingoed van 2014 en hoop almal sal sommer gou en maklik by ons inskakel.

Page 10: Impimpi Kwartaal 3 2013

Loslitdag

Hierdie jaar het Laerskool Handhaaf iets nuut probeer en die Boeresportdag en Loslitdag as twee aparte geleenthede aangepak. Loslitdag het op 6 September plaasgevind. Die tema van hierdie jaar se Loslitdag was “Go big or go home”. Die leerlinge het omtrent groot gegaan met hul uitrustings. Daar is uit elke graad 5 leerders aangewys as wenners en hulle het na die saal gegaan waar die beoordelaars die beste uitrustings aangewys het.

Page 11: Impimpi Kwartaal 3 2013

Mnr. en mej. Handhaaf Vanjaar bied Handhaaf iets splinternuut! Ons eie mnr. en mej. Handhaaf!! Danksy

mevv. S. Geyser en B. Meyer is daar ‘n spoggeleentheid op die planke gebring, waar ons kon spog met ons graad 7 seuns en meisies. Die aand is gevul met asemrowende uitrustings, musiek, sangitems en danspassies. Teen slegs R40 ‘n kaartjie was dit beslis die winskoop van die jaar vir die spoggeleentheid. Dankie aan al die hande wat gehelp het om die aand ‘n reuse sukses te maak asook die afrigters, ouers, deelnemers en ondersteuners.

Mnr. Handhaaf: Louis Hugo Mej. Handhaaf: Chanri Strydom