42
Sintaksis vir Afrikaansonderwysers Marelize Swanepoel [email protected] Blog: https://www.wiziq.com/tutorials/marelize-swanepoel

Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Embed Size (px)

Citation preview

Page 2: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Sintaksis het onder meer te doen met hoe

sinne opgebou word, want die volgorde van

die sin speel dikwels 'n belangrike rol by

die betekenis wat oorgedra word.

Page 3: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Sv1TOMPv2I • Die basiese samestelling van ‘n Afrikaanse sin.

• Baie belangrik om STOMPI in sy totaliteit te verstaan

en as kortpad aan leerders te leer.

• Is nie meer net ‘n Afrikaans ADDISIONELE taal

kortpad nie.

Page 4: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Die realiteit… • Jongmense word gekonfronteer met ‘n mengelmoes van Afrikaans wat cool gemaak

is deur die gebruik van Engelse woorde. • Tegnologie is ‘n groot uitdaging. Jongmense het nie meer die geduld om na lang

verduidelikings te luister nie, hulle soek die kort metodes. • Min jongmense verstaan werklik hoekom iets “korrek” voel en klink in hul

moedertaal. Jongmense kan nie verduidelik hoekom hulle ‘n sin op ‘n betrokke manier benader het nie, want hulle werk op gevoel.

• Afrikaans Addisionele Taal leerders het dikwels meer kennis oor hoe ‘n taalreël werk en kan motiverings gee vir hul antwoorde.

• ‘n Handjievol onderwysers is instaat om sintaksis korrek aan hul leerlinge te verduidelik.

• Leermateriaal is frustrerend. Daar word nie na sintaksis se onderafdelings as ‘n geheel gekyk nie. Dit word bietjies-bietjies aan jongmense oorgedra as losstaande onderwerpe.

Page 5: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Die hoop…

• ‘n Toegewyde onderwyser word nie beperk deur ‘n handboek nie. • ‘n Toegewyde onderwyser se frustrasie baan die weg vir vooruitgang in

die vak Afrikaans. • ‘n Toegewyde onderwyser sal vir ure met verwante sinne sit en speel en

‘n patroon probeer raaksien wat sy in stappe kan omskep om die leer vir haar kinders makliker te maak.

• ‘n Toegewyde onderwyser se benadering tot Afrikaans is van ‘n wetenskaplike oogpunt, Afrikaans word constant gesien as ‘n navorsingsprojek.

Page 6: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Visuele Wiskunde vs. Visuele Afrikaans • Charmaine van der Merwe het die konsep van Visuele Wiskunde uit nood

ontwikkel. Lees meer oor haar konsep: http://www.litnet.co.za/Article/hoop-vir-jou-kunssinnige-kind-ndash-visuele-wiskunde

• Haar benadering behels die volgende: Die gebruik van kleur om reëls en konsepte vas te lê. Heelbrein leer word ingespan. Hoewel tegniek baie suksesvol

aangewend word met die visuele regterbrein-leerder. Haar tegnieke verskil van die hoofstroom onderrigmodel. Gereelde hersiening van reëls is van belang omdat regterbrein

leerders geneig is om die reëls te vergeet. Wiskunde toets die studente se kennis van reëls: Jy moet ken om te herken!

Page 7: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Visuele Afrikaans - Sintaksis

• Kleur moet gebruik word wanneer sintaksis aan leerlinge verduidelik word. • Die realiteit is dat meer as 75% van ons leerlinge regterbrein kinders is wat

visuele stimulasie nodig het om werk te verstaan. • Onderwysers moet aangemoedig word om kleur binne-in die klaskamer te

bring en daarmee rond te speel. Ek het nie besef dat ek al van 2007 besig was met Visuele Afrikaans totdat ek nie Charmaine van der Merwe se artikel oor Visuele Wiskunde gelees het nie.

Page 8: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers
Page 9: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Leerlinge moet kan sien watter veranderinge in die sin plaasvind. Die basiese kleurpatroon bestaan uit blou, rooi en groen. Enige ander kleure kan

daarna gebruik word.

Page 10: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Sintaksis wentel om Sv1TOMPv2I SU

BJEC

T O

NDE

RWER

P VE

RB O

NE

GES

EGDE

EEN

TIM

E BY

WO

ORD

VA

N TY

D O

BJEC

T VO

ORW

ERP

MA

NN

ER

BYW

OO

RD V

AN

WYS

E PL

AC

E BY

WO

ORD

VA

N P

LEK

VERB

TWO

G

ESEG

DE TW

EE

INFI

NITI

VE

INFI

NITI

EF

Page 11: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Sin is geneem uit Afrikaans Huistaal Model 2014 Vraestel 1: http://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=a%2bICM%2fbDehQ%3d&tabid=1202&mid=3315 Skryf dr. Du Toit se eerste sin in paragraaf 3 in die toekomende tyd.

Ek moes gereeld die berge aandurf om verkleurmannetjies tussen die

fynbos en in die woude te gaan soek.

Page 12: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Belangrik: Die vraag moet ontleed word:

In watter tyd is die sin gegee? In die verlede tyd.

In watter tyd moet dit volgens die vraag verander word? Toekomende tyd

Onthou dat TYE sinne se verandering slegs plaasvind deur na die werkwoorde te

kyk. Die posisie en soms die vorm van die (hulp)werkwoorde moet verander om die

tyd van die sin te verander.

moes verlede tyd hulpwerkwoord verander na “moet”

Onthou dat Infinitief werkwoorde NOOIT verander word nie. Tye veranderinge

vind slegs plaas met werkwoord een en werkwoord twee.

Page 13: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Die stappe: 1. Leerling moet besef dat daar van ‘n saamgestelde sin gebruik gemaak word

waar die infinitief uitgebrei is.

2. Die sin sou soos volg lyk as STOMPI streng toegepas is: Ek moes gereeld die berge aandurf om verkleurmannetjies tussen die fynbos te gaan soek. Ek moes gereeld die berge aandurf om verkleurmannetjies in die woude te gaan soek. (verbind deur en) Die blou gedeeltes is onnodige herhaling. Die enigste nuutste inligting is addisionele inligting in die infinitief-posisie naamlik “in die woude”.

Dis van kardinale belang dat leerders verstaan hoe sinne aanmekaargesit word. Die kennis help leerders om moontlike strikvrae raak te sien in die eksamen.

Page 14: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Ek moes gereeld die berge aandurf

(om verkleurmannetjies tussen die fynbos

en

in die woude te gaan soek.)

Die infinitief word baie maklik uitgeken. Die infinitief kan onbeperkte hoeveelheid woordsoorte bevat (selfs werkwoorde), maar alles van

“om…..te” tot die einde van die sin word as die infinitief beskou.

Page 15: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Die stappe: 1. Leerling moet besef dat daar van ‘n saamgestelde sin gebruik gemaak

word waar die infinitief uitgebrei is. 2. Werkwoorde:

a) Onderstreep of glans die werkwoorde, wat wel kan verander, met groen en identifiseer die eerste werkwoord.

b) Verplaas “moet” tot reg voor die tweede werkwoord en vervang die eerste werkwoord met die toekomende tydsvorm “sal”

Sintaksis reëls moet saam geleer word. Die hulpwerkwoord reël is van toepassing wanneer Indirekte Rede sowel as Groep 3-voegwoorde ter sprake is:

Hulpwerkwoorde sal verskuif tot voor die tweede werkwoord behalwe as die eerste werkwoord ‘n

hoofwerkwoord of die hulpwerkwoord “het” is. In die geval sal die hoofwerkwoord of die “het” na die tweede werkwoord geplaas word.

Page 16: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Ek moes gereeld die berge aandurf (om

verkleurmannetjies tussen die fynbos en

in die woude te gaan soek.)

Hulpwerkwoord in verlede tyd: Verander na “moet”

moet

Verplaas “moet” tot voor v2 en vervang v1 met toekomende “sal”

moet sal

Page 17: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Die stappe: 1. Leerling moet besef dat daar van ‘n saamgestelde sin gebruik gemaak

word. Die voegwoord “en” skei die twee sinne van mekaar.

2. Werkwoorde: a) Onderstreep of glans die werkwoorde, wat wel kan verander, met groen en

identifiseer die eerste werkwoord. b) Verplaas “moet” tot reg voor die tweede werkwoord en vervang die eerste

werkwoord met die toekomende tydsvorm “sal”

3. Herskryf die korrekte antwoord in die nuwe volgorde.

Page 18: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Ek moes gereeld die berge aandurf (om

verkleurmannetjies tussen die fynbos en

in die woude te gaan soek.)

Hulpwerkwoord in verlede tyd: Verander na “moet”

moet

Verplaas “moet” tot voor v2 en vervang v1 met toekomende “sal”

moet sal

Antwoord: Ek sal gereeld die berge moet aandurf om verkleurmannetjies

tussen die fynbos en in die woude te gaan soek.

Page 19: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Watter voorafkennis is in hierdie eenpunt vraag getoets?

• Verlede tyd en toekomende tyd.

• Die gebruik van die infinitief.

• Kennis van hulpwerkwoorde.

• Die samestelling van ‘n sin met die gebruik van voegwoorde.

Dis eintlik verregaande dat daar soveel werk ingesit word in ‘n vraag wat slegs EEN punt tel.

Page 20: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Sintaksis het onder meer te doen met hoe sinne opgebou word, want die volgorde van die sin

speel dikwels 'n belangrike rol by die betekenis wat oorgedra word.

Ons moet besef dat sintaksis meer is as net die leer van onafhanklike reëls. Kennis van sinne pas soos bou-blokke opmekaar. As die een blok nie teenwoordig is nie, sal die konstruksie inmekaar

tuimel.

Page 21: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Sin is geneem uit Afrikaans Addisionele Taal Feb/Mrt 2014 Vraestel 1: http://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=H3zSB/F6QWM=&tabid=1216 Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE vorm. Duisende mense soen hierdie klip. Skryf die hele sin oor en begin só: Hierdie klip ...

Page 22: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Belangrik: Die vraag moet ontleed word: Sin moet herskryf word in die Lydende vorm. Dit beteken dat die sinstruktuur grootliks

aangepas gaan word.

STOMPI-struktuur vir Lydende vorm:

Die sin wat gegee word moet ook ontleed word: Dit is ‘n eenvoudige STOMPI-sin met een werkwoord. Sinne wat slegs een werkwoord het,

word dadelik as teenwoordige tyd geklassifiseer.

Die enigste negatief tov die vraag: Die voorwerp word reeds aan die leerders gegee. Leerders met goeie onderrig sou dadelik besef dat die “antwoord” nie nodig was nie.

Page 23: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Die volgende voorafkennis is nodig:

• Kennis van tye: verlede-, teenwoordige- en toekomende tyd.

• Kennis van STOMPI.

• Die gebruik van die Lydende werkwoord-tabel.

Page 24: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Bedrywende vorm

Lydende vorm

v1 v2 v1 v2 Teenwoordige tyd

Werk woord

word...deur ...ge-

Verlede tyd het ge- is...deur ...ge-

Toekomende tyd

sal NIE ge-

sal...deur ...ge-...word

T + M

Page 25: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Stappe om ‘n Lydende sin te skryf:

Stap 1: Verdeel sin in Sv1TOMPv2I. Stap 2: Onderstreep die werkwoorde, identifiseer tyd en vervang met Lydende werkwoord. Stap 3: Plaas Tyd en Wyse tussen die Lydende werkwoord en deur. Stap 4: Begin met die Object van STOMPI. Stap 5: Herskryf die sin in die Lydende STOMPI-formaat.

Page 26: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Duisende mense soen hierdie klip.

Stap 1: Verdeel sin in Sv1TOMPv2I.

S O v1

Page 27: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Duisende mense soen hierdie klip.

Stap 1: Verdeel sin in Sv1TOMPv2I. Stap 2: Onderstreep die werkwoorde, identifiseer tyd en vervang met Lydende werkwoord.

S O v1 Teenwoordige tyd: word …….. deur ge-

v1 v2

Page 28: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Duisende mense soen hierdie klip.

Stap 1: Verdeel sin in Sv1TOMPv2I. Stap 2: Onderstreep die werkwoorde, identifiseer tyd en vervang met Lydende werkwoord. Stap 3: Plaas Tyd en Wyse tussen die Lydende werkwoord en deur.

S O v1 Teenwoordige tyd: word …….. deur ge-

v1 v2

Daar is geen Tyd of Wyse in die sin nie.

Page 29: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Duisende mense soen hierdie klip.

Stap 1: Verdeel sin in Sv1TOMPv2I. Stap 2: Onderstreep die werkwoorde, identifiseer tyd en vervang met Lydende werkwoord. Stap 3: Plaas Tyd en Wyse tussen die Lydende werkwoord en deur. Stap 4: Begin met die Object van STOMPI.

S O v1 Teenwoordige tyd: word …….. deur ge-

v1 v2

Antwoord: Hierdie klip

Page 30: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Duisende mense soen hierdie klip.

Stap 1: Verdeel sin in Sv1TOMPv2I. Stap 2: Onderstreep die werkwoorde, identifiseer tyd en vervang met Lydende werkwoord. Stap 3: Plaas Tyd en Wyse tussen die Lydende werkwoord en deur. Stap 4: Begin met die Object van STOMPI. Stap 5: Herskryf die sin in die Lydende STOMPI-formaat. S O v1

Teenwoordige tyd: word …….. deur ge-

Antwoord: Hierdie klip word deur duisende mense gesoen.

Page 31: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Sin is geneem uit Afrikaans Huistaal November 2013 Vraestel 1: http://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=KlTKfHuHwtk=&tabid=1105 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 10 in die aktief/bedrywende vorm. Tintelende sangaande word tydens teatrale kaggelaande vir uitverkore toergroepies gereël.

Page 32: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Belangrik: Die vraag moet ontleed word:

Sin moet herskryf word in die bedrywende vorm. Dit beteken dat die sin na die

normale STOMPI-sinstruktuur terug verander moet word.

STOMPI-struktuur vir Lydende vorm:

Die lydende sinstruktuur gebruik “word” - sin is in die teenwoordige tyd.

Die tweede werkwoord sal daarom terugverplaas moet word na die eerste

werkwoord posisie.

gereël “ge-” as verlede tydsvorm val weg. reël

Page 33: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Tintelende sangaande word tydens

teatrale kaggelaande vir uitverkore

toergroepies gereël.

Stap 1: Verdeel sin in Sv1TOMPv2I.

T O v1 P

v2

Page 34: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Stap 1: Verdeel sin in Sv1TOMPv2I. Stap 2: Onderstreep die lydende werkwoorde, identifiseer tyd en vervang met Bedrywende werkwoord.

Tintelende sangaande word tydens

teatrale kaggelaande vir uitverkore

toergroepies gereël.

T O v1 P

v2 Teenwoordige tyd: word …….. deur ge-

reël

Page 35: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Tintelende sangaande word tydens

teatrale kaggelaande vir uitverkore

toergroepies.

T O v1 P

reël

Stap 1: Verdeel sin in Sv1TOMPv2I. Stap 2: Onderstreep die werkwoorde, identifiseer tyd en vervang met Lydende werkwoord. Stap 3: Herskryf sin in die die oorspronklike STOMPI volgorde. Hou ingedagte dat die Onderwerp in oorspronklike sin opsioneel is. Plaas enige voornaamwoord in Subject posisie sodat sin sinmaak.

Hulle reël tydens teatrale kaggelaande tintelende sangaande vir uitverkore toergroepies.

Page 36: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Sin is geneem uit Afrikaans Eerste Addisionele Taal Feb. –Mrt. 2014 Vraestel 1: http://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=H3zSB/F6QWM=&tabid=1216 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE. Die man sê: “Ek hou nie van daardie opmerking nie.” Skryf die hele sin oor en begin só: Die man sê dat ...

Page 37: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Belangrik: Die vraag moet ontleed word:

In watter tyd is die sin gegee? In die teenwoordige tyd.

Die sin moet herskryf word in die indirekte rede.

Die volgende stappe is van toepassing met Indirekte rede:

Verwyder die direkte rede leestekens wat nie in die indirekte rede teenwoordig is nie.

Vervang die dubbelpunt met “dat” omdat dit ‘n stelsin is. Onthou dat “DAT” ‘n groep

3 voegwoord is en daarom beweeg die v1 na die einde van die sin, maar voor die

negatief.

Verander die voornaamwoorde soos nodig.

Page 38: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Die man sê: “Ek hou nie van daardie

opmerking nie.”

Verwyder die direkte rede leestekens wat nie in die indirekte rede teenwoordig is nie.

Page 39: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Die man sê Ek hou nie van daardie

opmerking nie.

:

Verwyder die direkte rede leestekens wat nie in die indirekte rede teenwoordig is nie. Vervang die dubbelpunt met “dat” omdat dit ‘n stelsin is. Onthou dat “DAT” ‘n groep 3 voegwoord is en daarom

beweeg die v1 na die einde van die sin, maar voor die negatief.

dat

hou nie.

Page 40: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Die man sê Ek hou nie van daardie

opmerking nie.

:

Verwyder die direkte rede leestekens wat nie in die indirekte rede teenwoordig is nie. Vervang die dubbelpunt met “dat” omdat dit ‘n stelsin is. Onthou dat “DAT” ‘n groep 3 voegwoord is en daarom

beweeg die v1 na die einde van die sin, maar voor die negatief.

dat

hou nie.

Verander die voornaamwoorde soos nodig.

hy

Die man sê dat hy nie van daardie opmerking hou nie.

Page 41: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers

Group 1 Group 2 Group 3 MEOW + Dog , maar en of , want , dog Óf...óf

Conjunctions starting with “d” (NOT dat) Dan, daarna, dus, daarom, derhalwe. Plus a few others: Nogtans, anders, al, tog.

Conjunctions that ends on “dat”, wat and all question words. dat, omdat, totdat, voordat, nadat, sodat. Wanneer, hoeveel, waar, waarom, omdat. Wie, sodra, terwyl, mits, sedert.

Sentence structure Sentence structure Sentence structure

No change. Sentence 1 Conjunctions Sentence 2

Subject and verb 1 in second sentence swop places. Sentences 1 Conjunctions Verb 1 + Subject Rest of STOMPI.

Verb one goes to the end of the sentence before the Infinitive and “nie”. Sentence 1 Conjunctions STOMP(v2+v1)I NB: Exceptions do apply.

Examples: Group 1 Die man eet die appels vinnig. Hy is vandag honger. (want)

Die man eet die appels vinnig, want hy is vandag honger. Group 2 Die man eet die appels vinnig. Hy is vandag honger. (nogtans)

Die man eet die appels vinnig nogtans is hy vandag honger. Group 3 Die man eet die appels vinnig. Hy is vandag honger. (omdat)

Die man eet die appels vinnig omdat hy vandag honger is.

Group 1: You will not change!! There is no change in the sentence order. Only the capital letter of the second sentence is changed into a small letter. Group 2: Finger is in the middle, which means that the change happens in the middle. The capital letter is changed to a small letter. The Subject and the verb one swops positions. Group 3: The finger is in the end, which means that the change will happen in the end of the second sentence. The capital letter is changed to a small letter. The verb one in the second sentence moves to the end before the Infinitive, but after the verb two. Note that exceptions do exist.

VOEGWOORDE

Page 42: Sintaksis vir Afrikaansonderwysers