16
Tydskrif van die Senwes Groep • Februarie 2007 Laat SEB vir jóú werk – doen sake met Senwes Vrystaat boer loods SEB-projek Vrystaat boer loods SEB-projek fokus op presisieboerdery fokus op presisieboerdery

SEB-projek SEB-projek

  • Upload
    vuliem

  • View
    266

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SEB-projek SEB-projek

Tydskr i f van d ie Senwes Groep • Februar ie 2007

Laat SEB vir jóú werk – doen sake met Senwes

Vrystaat boer loods

SEB-projekVrystaat boer loods

SEB-projek

fokus oppresisieboerdery fokus oppresisieboerdery

Page 2: SEB-projek SEB-projek

Deursettingsvermoëen samewerking maak

SEB-projek suksesvol

Deursettingsvermoëen samewerking maak

Hoewel die toepassing van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in die landbou reeds‘n realiteit is, is die suksesvolle implementering van dié konsep in ‘n kommersiëleboerdery, op sigself ‘n uitdaging. Daar is verskeie modelle of benaderings wat in dieproses gevolg kan word.

Johan du Toit

12 Senwester, Februarie 2007

Vir Japie Grobler van die plaas Karookom in die Bothaville-distrik, was dit reeds met die vrystelling van die AgriSEBkonsepwetgewing duidelik dat dit deel van sy oorhoofse

boerderystrategie sal moet wees. Hy het daarom virSenwes Landboudienste genader om hom met die proseste help.

Paul Avenant (dosent by die universiteitvan die Vrystaat) gee opleiding oor weid-ings en grasse.

Page 3: SEB-projek SEB-projek

Daar is reeds gedurende Mei 2004 met die beplanning vandie eerste projek begin en die proses kan in die volgendefases saamgevat word:

• KonseptuaIisasie• Beplanning• Onderhandeling• Implementering• Monitering

Dit was van die begin af duidelik dat ‘n spanbenaderinggevolg sou moes word ten einde die projek te laat slaag.Die volgende rolspelers is deurgaans betrek: begunstigde

plaaswerkers, ‘n rekeningkundige beampte, ‘n prokureur,‘n opleidingsinstansie, handelsbank en die Vrystaatsedepartement van grondsake.

1. KonseptualiseringsfaseJapie se strategie is om breëbasis swart ekonomiesebemagtiging in sy boerdery toe te pas. Ten einde aan dievereiste van ekonomiese volhoubaarheid te voldoen engegewe ‘n voltydse werkerskorps van meer as 30, is besluitom twee agtereenvolgende projekte te loods. (Vir dié doelis twee plase van onderskeidelik 700 ha en 600 ha voorafbekom.) Dit het omtrent ‘n jaar en ‘n half geneem om dieeerste projek se implementeringsfase te voltooi. Dietweede projek se beplanningsfase is reeds grootliks afge-handel en daar word nou gewag op die amptelike goed-keuring deur die Noordwes departement van grondsake.

Kritiese suksesfaktore waaraan die projekte moetvoldoen• Erkenning te gee aan personeel vir hul lojaliteit en by-

drae tot die sukses van die bestaande onderneming.• Bevordering van toegang en deelname aan die groter

landbou-ekonomiese aktiwiteit.• Sosiale opheffing.• Mede-eienaarskap en bestuur in ‘n nuwe boerdery-

onderneming.• Vaardigheidsontwikkeling. • Volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne.• Ekonomies lewensvatbaar met ‘n skuldlasverhouding

van minder as 10%.• Hoewel afsonderlik bestuur, moet die aard van akti-

witeite goed inskakel by dié van die bestaande groterboerdery-eenheid.

Sonder om verwagtinge te skep, maar terselfdertyd deur-sigtigheid te verseker, is daar reeds gedurende hierdiefase met die werkers in gesprek getree.

2. BeplanningsfaseSeleksie van projekbegunstigdesAgt werkers en hul gades (soos vereis vir deelname aan dieLRAD-skema) is vir die eerste projek en sewe werkers methul gades vir die tweede projek geïdentifiseer. Inkoopge-reedheid, tydperk in diens, opleibaarheid en verantwoorde-likheidsin is as die vernaamste keuringskriteria gebruik.

Besigheidsmodel, struktuur en befondsingVanweë voor die hand liggende voordele, soos die verse-kering van kontinuïteit, buigsaamheid van toe- en uittrede,mentorskap (oordra van besigheidskennis, ervaring envaardighede), makliker marktoetrede, bedingingsmag endie gesamentlike dra van risiko deur mede-eienaarskap, isaandeelhouding, eerder as alleen-eienaarskap, as basisgeneem vir die samestelling van die besigheidsmodel.

Daar is besluit dat die oprig van ‘n afsonderlike privateboerderymaatskappy die aangewese regsentiteit is metJapie en ‘n werkersbesigheidstrust as die enigste twee aan-deelhouers. Twee trustees is uit die werkersbesigheidstrust(begunstigdes) verkies wat saam met Japie en syboekhouer as mede-direkteure op die direksie van diemaatskappy dien.

14 �

13Senwester, Februarie 2007

hoofstorie

Page 4: SEB-projek SEB-projek

Die geniet van gelyke status deur alle begunstigdesbinne die werkersbesigheidstrust, word as vereiste deurdie departement van grondsake gestel.

Gegewe die hoë kapitale uitleg wat die tot stand bring van‘n nuwe boerdery verg, tesame met die relatiewe lae wins-gewendheid waardeur die landbou gekenmerk word, isbesluit dat die boerdery so na as moontlik op ‘n kontant-basis gefinansier en bedryf moet word. Gegewe die huidi-ge formule waarvolgens die departement van grondsakedie LRAD grant (skenkingsbedrag) bereken en die aantalbegunstigdes, was die skenking bykans voldoende om ‘n30% aandeelhouding te bekom. Die tekort (< R100K) isdeur ‘n termynlening by ENB gefinansier. Japie se 70%belang is uit eie fondse gefinansier. ’n Klein oorbruggings-fasiliteit is ook in plek gestel vir tot ná die bemarking vandie eerste groep speenkalwers.

Winsdeling geskied volgens aandeelhouding na dievereffening van leningsrekenings. Die ooreenkoms maakook voorsiening vir die koop van verdere aandele in dieSEB-maatskappy deur die werkersbesigheidstrust nagelang van die beskikbaarheid van kontantfondse.

Fisiese hulpbronbeplanning en vertakkingsamestellingInskakeling by die bestaande groter boerdery-eenheid, diebeperking van produksie- en afsetrisiko’s, bestuursinten-siteit, voorkeure en natuurlike aanvoeling van begun-stigdes, asook die produksiepotensiaal en ligging van dieplase, is alles faktore wat in aanmerking geneem is toedaar besluit is op ‘n semi-ekstensiewe vleisbees-produk-sievertakking (speenkalfstelsel) vir beide projekte. Nabereiking van volle kapasiteit, sal dié produksievertakkingbestaan uit twee kuddes van onderskeidelik 200 en 100vroulike diere.

Met behulp van Senwes Landboudienste is die tweeplase gekarteer en herbeplan. Medium en lae potensiaallande word oor ‘n driejaar periode omgeskakel na meer-jarige aangeplante weiding. Vir die interim word die landeop ‘n deelsaaibasis aan ‘n derde party verhuur.

Opstel van besigheidsplan‘n Volledige boerderybesigheidsplan is opgestel deur

Senwes Landboudiens-te in samewerking met aldie vermelde rolspelers.Die besigheidsplan iseers aan die plaaslikekomitee (vir beginsel-goedkeuring en verwy-sing) en daarna aan dieprovinsiale keurings-komitee van die de-partement van grond-sake voorgelê vir finalegoedkeuring, waarnabegin is met die opstelvan alle regsdokumen-tasie (oprig en regis-trasie van werkersbe-sigheidstrust en privaatmaatskappy, opstel vankoop- en verkoops-ooreenkoms).

‘n Belangrike aspek

Deursettingsvermoë en samewerking...Deursettingsvermoë en samewerking...13 �

Produsente besig om ‘n jong kalf met toue neer te trek sonderdie gebruik van ‘n drukgang.

Figuur 1: Besigheidstruktuur

Page 5: SEB-projek SEB-projek

wat hier in gedagte gehou moet word, is dat die opstellervan die besigheidsplan deur die departement van grond-sake aangewys moet word ten einde aanspraak te kanmaak op vergoeding.

OpleidingVanweë die lang tydsverloop gedurende die onderhande-lingsfase, is daar besluit om ná die verkryging van begin-sel-goedkeuring vir die projek reeds met die opleidings-program van die eerste groep plaaswerkers te begin. Insamewerking met professor HO de Waal van die departe-ment vee-, wild- en weidingkunde van die fakulteit natuur-en landbouwetenskappe aan die universiteit van dieVrystaat, is ‘n bestekopname van die basiese kennisvlakkevan werkers gedoen. Daarna is begin met die opleiding inspesifieke weiding- en veeproduksie en verwante aspekte.Die opleiding het bestaan uit vier een-dag praktiesesessies wat oor ‘n periode aangebied is ten einde vasleg-ging te verseker.‘n Finale opskerping- en evalueringsessie is vir vroeg

2007 beplan, waarna aandag aan verdere opleiding inaspekte soos finansiële- en bemarkingsbestuur gegee salword. Ten einde effektiewe kommunikasie van veral nuweterminologie en begrippe te verseker, word daar deur-gaans van die dienste van ‘n tolk gebruik gemaak. Fondsevir opleiding is goedgunstiglik bewillig deur ENB.

3. OnderhandelingsfaseTen spyte van die feit dat die provinsiale departement vangrondsake van die begin by die proses betrek is, kan dit asdie tydrowendste en frustrerendste fase beskou word waargeduld tot die uiterste beproef is.

Kritiese aspekte wat aandag geverg het was ondermeer die identifisering van die werklike besluitnemers enverduideliking van die eiesoortigheid van ‘n aandeleske-ma, tesame met die feit dat LRAD-befondsing na regte niemeer daarvoor aangewend mag word nie (dit het niefisiese oordrag van grondeienaarskap tot gevolg nie); dieontwikkeling van wedersydse vertroue en insig; asook die

feit dat daar in die proses met nie minder nie as drieprovinsiale direkteure van grondsake onderhandel moesword. Dit alles het die proses bemoeilik en meegebring datverskeie wysigings aan die trustaktes en die koop-ooreenkoms aangebring moes word wat telkens na dieprovinsiale grondkeuringskomitee verwys moes word virgoedkeuring.

Die lang tydsverloop, te midde van ‘n skerp styging indie vraag (en prys) na teeldiere, het tot gevolg dat minderkoeie deur die begunstigdes uit hul skenkingsbedrag(LRAD grant) aangekoop kon word, wat gaan meebringdat die projek langer sal neem om volle produksie/wei-dingskapasiteit te bereik.

Ten einde te voldoen aan die beginsels van deur-sigtigheid en deelname, is die werkers ook gedurendehierdie fase deur die departement besoek en te woordgestaan.

4. Implementeringsfase Ofskoon sekere fasette van die projekte reeds geïmple-menteer is, het die algehele implementering van projekeen gedurende Oktober 2006 ná oorbetaling van begun-stigdes se fondse ‘n aanvang geneem.

5. MoniteringsfaseDie sukses van SEB op kommersiële plaasvlak sal, soosenige ander projek, gemeet word aan duidelike, voorafopgestelde en gekommunikeerde prestasiedoelwitte, soosuiteengesit in die projek se besigheidsplan. Die ontwikke-ling van vaardighede, mede-eienaarskap en besluitne-ming, asook ‘n verhoging in lewenstandaard deur volge-houe winsdeling, is belangrike kriteria wat deurlopendgemoniteer sal word.

Met die jarelange goeie verhouding wat daar tussenJapie en sy werkers bestaan, asook die gesondebesigheidsbestuursbeginsels wat gehandhaaf word, is diebereiking van vermelde doelwitte wel haalbaar.

Johan du Toit is die bestuurder van Senwes Landboudienste. Kontakhom by (018) 464-7543.

hoofstorie

15Senwester, Februarie 2007

Van die werkers wat betrokke was by die SEB-projek is van links voor Isaac Tladi, AbelNcobo en Elias Ncobo. Agter van links staan Japie Grobler, David Sello, FrankMogupudi, Isac Hyman en Johan du Toit (bestuurder Senwes Landboudienste).

Page 6: SEB-projek SEB-projek

Elmarie Cronje Kry dievoordeel van

presies boer

Kry dievoordeel van

presies boer

Frikkie Kirsten se definisie van presisieboerdery is “om presies te boer”. Hy glo datpresisieboerdery ‘n logiese volgende stap is vir ‘n produsent wat reeds die basiesedinge reg doen. Elmarie Cronje het by hom op sy plaas Dowwespruit gaan kuier ommeer te leer.

16 Senwester, Februarie 2007

Page 7: SEB-projek SEB-projek

Frikkie het reeds in 1990 saam met sy pa, Jan, begin boernadat hy in 1988 op Wolmaransstad gematrikuleer endaarna sy weermagopleiding voltooi het. Hy het in 2003begin oorskakel na presisieboerdery met behulp vanSenwes se Presisieboerdery-afdeling. Die boerdery-

onderneming wat deur hom en sy pa behartig word, staanbekend as Kirsten Boerderye.

Mielies word as hoofgewas op die plaas verbou, terwylsonneblom en grondbone ook in ‘n mindere mate aange-plant word. Kirsten Boerderye het ook ‘n veefaktor, wat uitkommersiële beeste (Limousin en Brahman-kruisings)bestaan. Die plaas bied natuurlike en aangeplante weidingvir die vee.

Frikkie is die derde geslag wat op Dowwespruit boer endie plaas is reeds 100 jaar in die Kirstens se besit. “My pahet my van kleintyd by die boerdery betrek en gewys hoedinge op die plaas werk. Dit is waar my liefde vir boerderybegin het en as ek my lewe kon oorhê, sou ek dit glad nieanders wou gehad het nie. Ek sal enigeen aanraai om indie landbou in te gaan as hulle ‘n liefde daarvoor het,” hetFrikkie gesê.

Die kuns van presisieboerdery “Presisieboerdery is nie iets wat ‘n mens sommer oornagdoen nie. Dis beter om in dit in te groei. As jy in een jaarwil oorskakel het jy groot kapitaal nodig,” het Frikkie gesê.Hy glo egter dat die toekoms na presisieboerdery beweegen sê dat die uiteindelike voordele van presisieboerdery dituit en uit die moeite werd maak. “Jy kan in vyf jaar jou uit-gawes gemaklik terugmaak,” het hy verder gesê.

“Die eerste ding wat jy moet doen is om te belê in dieregte harde- en sagteware vir jou rekenaar. Daarna gebruikjy jou neutronvogmeter om die vog in die grond te meet,sodat jy kan bepaal watter lande geplant kan word en wat-ter moet oorlê,” verduidelik Frikkie die stappe na pre-sisieboerdery. “Volgende word die grondontledings vol-gens ‘n grid-monster geneem. Daarna kan jy stropermo-nitors op jou stroper sit om die gewasopbrengs grafiesvoor te stel. Laastens word al jou data gekombineer om ‘nvoorskrifbemestingskaart vir elke land op te stel.”

Die voorskrifbemestingskaarte laat jou natuurlik toe omelke sone volgens sy unieke behoeftes te bemes en skakelonder andere mineraaltekorte in die grond uit. Frikkie glodat presisieboerdery ‘n instrument is wat gebruik kan wordom die produsent te help om ‘n hoë opbrengs teen laeinsetkoste te lewer, sodat hy steeds winsgewend kan boer,al is die pryse laag.

17Senwester, Februarie 2007

profiel

Frikkie se persoonlike gunstelinge

Kleur GroenMotor ToyotaSport Rugby en fietsryRugbyspan Blou BulleSportpersoon Naas BothaTyd van die dag VroegoggendTrekker John DeereSanger Danie BothaReuk Die reuk van reënKos Rooivleis (nie volstruis nie)Drankie CokeNagereg FlambéVakansieplek Hartenbos

Frikkie Kirsten verbou mielies as hoofgewas.

18 �

Page 8: SEB-projek SEB-projek

Bewerking van grondeSpoorverkeer-bewerking word by Kirsten Boerderyetoegepas, omdat dit insetkoste laag hou en winderosiebeperk. “Ons is baie dankbaar teenoor Graan SA dat onslaasjaar meer as ‘n derde van ons lande laat rus het, wantnou pluk ons die vrugte,” het Frikkie van sy oorlêstelselgesê. Hy sê ook verder dat die mielies wat vanjaar op dieoorlêlande geplant is sommer baie mooi vertoon teenoor

die ander.Daar word ook met

verskillende kultivarsproewe op die plaasgedoen. Kunsmisproe-we word in samewer-king met Omniagedoen om die gebruikvan vloeibare kunsmisen ook NH3 Ammoniakte beproef. VolgensFrikkie verkies hullevloeibare kunsmis bodie korrel-kunsmis,omdat dit makliker isom te berg en ook min-der arbeidsintensief is.

“Ons het ook nouoorgeskakel na ‘n ses-ry vyf-voet stelsel, waarons voorheen drie-ryvyf-voet geplant het. Dithet ons dieselverbruikmet die helfte gesny enbaie waarde tot dieboerdery toegevoeg,”het hy verder gesê.

GesinsleweFrikkie en Ria is reedstwaalf jaar getroud enhet twee dogters,Charlene (9) en Lieneke(3). Ria het in dieomgewing grootge-word en is baie be-trokke by die boerdery.“Toe ek en Ria mekaarleer ken het, het eksommer geweet sy isdie vrou vir my,” hetFrikkie oor sy huwelikgesê. “Ek is ook baielief vir my dogters en salhulle nooit verruil vir ‘nseun nie,” het hy verdergesê.

Take the guesswork

out of farming

Now, guesswork in farming is a thing of the

past.

AutoTrac proves its worth throughout the

entire year

Now available on John Deere 6000, 7000,

8000 and 9000 Series tractors new

9000i Series STS, CTS and WTS combines

What counts today is maximum

productivity because without it, the return on

your investment can't be what it should be.

That's why you need the AutoTrac satellite

assisted steering system from John Deere. It's

the perfect system for the success of your

farming operation. Why? AutoTrac means high

precision without stress. You do the thinking, it

does the work with an accuracy of 10 cm!

regardless of the crop at hand. You

can always count n AutoTrac whether you want

to till, sow, fertilise, spray or harvest. Less pass

to pass overlap can save you up to 10% fuel

and reduces costs for seed, fertiliser and

chemicals and you can work at higher speeds,

making you more efficient.

and on

for the ultimate in harvesting productivity both

day and night.

AutoTrac changes farming and your

business for the better. Now your work is

more precise, convenient and profitable.

See your John Deere dealer and take the

guesswork out of farming.

AutoTrac and your arable farming business

Reliability is our Strength

Kry die voordeel van presies boer

Presisieboerdery word op Dowwespruit in die saailandetoegepas.

17 �

Page 9: SEB-projek SEB-projek

Boodskap aan ander produsente“In vandag se moeilike ekonomiese omstandighede is dit‘n moet dat ‘n boerdery soos ‘n besigheid bestuur word.Ek glo dat as jy eerlik en opreg besigheid doen en op jouknieë bly voor die Here, sal Hy jou pogings seën,” wasFrikkie se boodskap.

‘n Laaste gedagteProdusente is voortdurend op soek na maniere om hulboerderye te verbeter en meer winsgewend te maak en,soos Frikkie bewys het, kan presisieboerdery ‘n antwoordwees vir produsente wat reeds suksesvol is en graagverder wil verbeter. Vir meer inligting oor presisieboerdery,skakel Etienne Nel (bestuurder Senwes Presisieboerdery)by (018) 464-7526 of gesels met Frikkie by 082 890 8150om meer uit te vind.

19Senwester, Februarie 2007

profiel

Doen die basiese dinge reg

Volgens Frikkie is dit belangrik om eers die basiesedinge in jou boerdery reg te doen voordat jy dit oorweegom na presisieboerdery oor te skakel. Let dus op dievolgende:

• Jou berekeninge wat op papier gedoen word en dítwat in die praktyk gebeur, moet ooreenstem. Dit sluitjou plantestand en bemestingskalibrasie in.

• Bewerkingspraktyke moet goed toegepas word. Jymoet ook die nuutste navorsing in ag neem met be-werkingspraktyke en gewasnavorsing.

• Jou lande moet reg bemes en bewerk word.

Sonneblom is een van die gewasse wat in ‘n mindere matedeur Kirsten Boerderye verbou word.

Frikkie saam met Alwyn Nomodway, een van sy 21 permanente werkers.

Kirsten Boerderye het ook ‘n veefaktor, wat bestaan uit kom-mersiële beeste.

Die katte op die plaas hou grotendeels die rotteplaag in diestore onder beheer.

Frikkie saam met sy vrou, Ria, en drie-jarige dogter Lieneke.

Wat is presisieboerdery?

Met die toepassing van presisieboerdery word akkuratearea- of sone-spesifieke monitering en insette gedoenen die spesifieke behoefte van elke sone binne ‘n landbehandel. Dit vervang die idee van gemiddeldeboerdery, waar die totale land, ongeag die opbrengs-potensiaal en chemiese variasie van sones binne dieland, dieselfde behandeling ontvang.

Die voordele van presisieboerdery sluit in:• Die produsent kan oorspandering op lae potensiaal

areas uitskakel. • Insette op hoë potensiaal areas kan verhoog word en

onnodige opbrengsverliese so uitgeskakel word. • Voedingstofwanbalanse word aangespreek en die

land lewer dus graan van ‘n hoër kwaliteit.

Senwes se Presisieboerdery-afdeling bring die nuutsteboerdery-tegnologie na die produsent op ‘n wetenskap-like en praktiese wyse. Senwes Presisieboerdery onder-steun produkte wat betroubaar, aanpasbaar, opgradeer-baar en gebruikersvriendelik is. Vir meer inligting oorbeskikbare produkte en dienste, besoek gerus die web-werf by www.senwes.co.za en kyk onder Insetver-skaffing – Presisieboerdery.

Page 10: SEB-projek SEB-projek

20 Senwester, Februarie 2007

The first point to acknowledge is that variability across aland does exist. Figure 1 is a yield monitor map for a landthat was regarded as a uniform unit and treated as such. Itis seen that in the lower southwestern corner (A) the yieldsare less than 4 t/ha, while just north of this (indicated as B)above 10 t/ha was recorded. In the eastern section (right-hand side), areas recorded ~10 t/ha (C) and 4 t/ha to 7 t/ha (D). These differences are significant and haveimportant monetary implications and thus it is important toknow the causes. The linear strip of lower yields in the mid-dle of the land (E) is obviously due to human error; naturalinfluences do not have distinct transition lines, but thereare transition zones.

A second principle to acknowledge was originally statedin the 1840s and is known as Liebig’s law of the minimum:

This principle is very effectively illustrated by using thewell-known analogy of a wooden barrel filled with a liquid(Figure 2). The level of water in the barrel represents thelevel of crop production, while the wooden slats are essen-tial growth factors, e.g. light, heat and nutrients. For the

first barrel, nitrogen is the limiting factor. When the nitrogenlimitation is corrected (barrel on right) the level of crop pro-duction is raised until it is controlled by the next limitingfactor, in this case potassium.

The essential growth factors include climate (light, heatunits and moisture), physical environment (soil physicalproperties and situation in the landscape) and soil nutrition-al status (mainly nitrogen, phosphate and soil acidity).These are the factors that must be quantified when assess-ing the resource potential for grain production. If there is aphysical limitation, this limit must be identified and accept-ed as the ultimate limitation since little can be done to rec-tify it. However, if there are negligible physical environmentlimitations and the limit is of a nutritional nature, this can berectified by liming and appropriate fertilisation. In this case,the question is: To what extent can one go? To treat a 3 t/haportion the same as a 6 t/ha portion doesn’t make sense;either inputs will be wasted on the lower production portionor the full potential of the high portion will not be realised.

Considering the physical environmental factors individual-ly, the following is known:• Light intensity for photosynthesis is never limiting in the

grain production areas of South Africa, so it does nothave to be considered.

• There are normally ample heat units during summer formaize production in the main grain production areas.From 1 October until 31 March the growth degree days

Key factors that determine resource potential for

precision farming

Figure 1: Yield monitor map illustrating yield variability.

“The level of plant production canbe no greater than that allowed by

the most limiting of the plantgrowth factors”.

Figure 2: An illustration of the law of the minimum (after Brady, 1990).

Dr Neil du Sautoy

For precision farming to work at its best, certain key factors must be investigated andcorrected in the soil of a land.

Page 11: SEB-projek SEB-projek

21Senwester, Februarie 2007

Jacques Odendaal (Senwes Soil Surveying Services, left) discussing a soil core with a client.

(doC) are ~ 1500 for Bethal, while in Koster the value is~ 1700 doC, an increase of 14%. This is why plantingmust be done earlier (optimum planting date being midOctober) in the cooler eastern regions. It is only in theEastern Free State where heat units can be insufficientduring a wet summer.

• Moisture is undoubtedly the most limiting factor in cropproduction. The summer rainfall events are high intensi-ty showers with hot dry periods between events. Themid-summer “drought” is a common occurrence.

From the above it is obvious that to evaluate a soil withrespect to yield potential, its ability to store and hold waterso that it can supply the crop during the dry periodsbetween rains is of cardinal importance. In previous arti-cles published in the Senwester, the importance of soildepth and the clay content of the soil profile have beenhighlighted. Simply stated, soil depth determines howmuch water a profile can hold and clay content determineshow long the water is held. If this is coupled to the relative

position in the landscape (i.e. is it in a run-off position orwater catchment position?), then a very good indicator ofyield potential can be made. It is these aspects that theSenwes Soil surveying team evaluates when they do a soilpotential survey.

Finally, if it has been established that a soil has thecapacity to store adequate water, then the nutritional sta-tus must be assessed. This can only be done throughchemical analysis of soil samples that have been properlytaken. One must not disregard the practice of band plac-ing of fertilisers. Thus it is of the utmost importance thatsoil samples are correctly taken and a composite samplecorrectly representing the sampling site is sent to the laboratory.

If further information regarding soil surveying for yieldpotential and nutrient status is required, contact JacquesOdendaal on 083 458 1296, Johan Thiart on 082 375 8908,Koos van Rensburg on 083 440 1496 or Dr Neil.

Dr Neil du Sautoy is a senior soil scientist with Senwes AgriculturalServices. Contact him at (018) 464-7391 or 082 419 0949.

focus on precision farming

Page 12: SEB-projek SEB-projek

22 Senwester, Februarie 2007

Die probleem met die tegnologie-golf is egter dat daarsoveel inligting beskikbaar is dat die doel waarvoor ditaangewend word, begin vervaag.

Om tegnologie reg aan te wend in ‘n veeproduksie-stelsel, of enige boerderystelsel, moet die doelwitte vandie onderneming duidelik gedefinieer word. Dan kan slegsdie tegnologie wat jou doelwitte bevorder, ingespan word.Kom ons neem as voorbeeld ‘n ekstensiewe speenkalfpro-duksiestelsel. Die doelwitte in só ‘n stelsel sou wees:• Maksimum speenpersentasie• Speenmassa van 240 kg• Interkalfperiode van minder as 400 dae• Bemarkbare produk

Baie produsente sou voel dat ‘n goeie rekordhouding-stelsel waarskynlik bo aan die lys moet staan. Dit is egternie so nie. ‘n Rekordhoudingstelsel gee slegs weer watgebeur het en laat nie die koeie kalf nie.

Watter produksietegnologie kanprestasie met rekordhouding monitor?‘n Paar produksiepunte waarvoor uitstekende tegnologiebeskikbaar is, na jare se praktyknavorsing en produkontwikkeling, kan gelys word. Geen bestuursinset

wat in ‘n stelsel ingebou word, bring ‘n verbetering van20% mee nie, maar vier insette wat elk 5% verbeteringbring, is wel haalbaar. Dié vier insette is: hulpbronbenut-ting, aanvulling, gesondheidsbestuur en telingsbestuur.

HulpbronbenuttingIs daar ‘n beplande benuttingspatroon wat dit moontlikmaak om die kudde in harmonie met die hulpbron tebenut? Maak die voervloei voorsiening vir ‘n noodvoer-bank in die geval van laat reën? Onthou die doelwit vanspeenmassa en -persentasie – as jy nie ‘n kalfseisoen hetnie, is jou doelwit baie vaag en geld die benutting van teg-nologie nie noodwendig vir jou stelsel nie.

AanvullingIs daar ‘n geskeduleerde aanvullingsprogram om te helpmet voorsiening waar tekorte voorkom vir onderskeie pro-duksiegroepe? Daar kan nie van ‘n koei in swak kondisieverwag word om die vermoë te hê om konstant te reproduseer nie. Die inligting en produkte vir hierdieonderwerp is in oorvloed beskikbaar. ‘n Aanvullings-program het waarskynlik die grootste impak op jou nettoboerdery-inkomste.

Laat tegnologie in jouveeboerdery wérk

Outomatiese melkmasjiene – sonder handearbeid – wat monitering (onder andere bot-tervet) per koei doen, mastitis aanmeld en die koei se voeding aanpas vir die volgende24 uur op grond van haar prestasie en homself dan skoonmaak, is enige melkpro-dusent se droom! Dit is egter nie meer net ‘n droom nie. Dié stelsels is reeds in diepraktyk in werking. Jy kan selfs monitor hoeveel treë jou melkkoei per dag loop!

Johan Mouton

Page 13: SEB-projek SEB-projek

fokus op presisieboerdery

GesondheidsbestuurOnthou jy nog die dae van enkelinentings vir elke siekte?Die gekombineerde entstowwe wat tans beskikbaar is,tesame met die kennis om dit doeltreffend aan te wend, islegio. Met die huidige tegnologie wat op hierdie gebiedbeskikbaar is, is gesondheidsbestuur aansienlik maklikeras in die verlede.

TelingsbestuurDie stoetbedryf span die Blup-tegnologie in om met ver-stommende akkuraatheid ‘n bul aan jou te verkoop watklein kalfies met geboorte sal gee wat swaar speen. Diekeuse is joune om dit te gebruik al dan nie. Genetiesevordering is egter blywend van aard.

Nou het ons die beskikbare tegnologie vir produksie inlyn gebring met wat die kuddedoelwitte is. Om te monitorof die doelwitte behaal word, is rekordhouding wat ‘nhandkaartstelsel met nommers benut waarskynlik vol-doende, maar dit het sy tekortkominge. Ons gebruik niemeer enkelentings nie, so hoekom handkaartstelsels?

Die tendens waarheen landbouproduksie internasio-naal beweeg, word die beste beskryf deur die soge-naamde drie T’s, wat staan vir:• Trust (vertroue)• Transparency (deursigtigheid)• Tracebility (naspeurbaarheid)

Hierdie konsep is al so sterk gevestig dat sekere lande,soos die VSA, tans ‘n vrywillige stelsel vir produsente

daargestel het om die drie T’s te help monitor. Aangesiendit markgedrewe is en die verbruiker wil weet wat die pro-duksiegeskiedenis van die produk (vleis) is en ‘n premiehiervoor begin betaal, vind grootskaalse deelname aan diestelsel plaas. Moet nie organiese produksie hierin lees nie,bloot produksiegeskiedenis.

Wat is tans beskikbaar in SA? Daar is ‘n verskeidenheid sagteware beskikbaar wat almalmin of meer dieselfde doen. Die Suid-Afrikaanse program,beskikbaar by die LNR, is uitstekend en voldoen ook aandie stoetteler se behoefte. Die probleem was altyd dienommer van die diere, die neerskryf van nommers engewigte van die oorplaatjie en dan die inlees van die datain ‘n handstelsel of rekenaar. Dit is ‘n tydrowende prosesen laat ruimte vir foute.

Elektroniese oorplaatjies neem toe in gewildheid.Hierdie oorplaatjies vergemaklik die insameling en ver-werking van data. Die plaatjies kan hoofsaaklik in tweegroepe verdeel word: bolusse (sogenaamde “chip”) en/ofvariasies van die staafkode-tegnologie. Ons gaan hierslegs een van die beskikbare stelsels kortliks bespreek watdie produsent ‘n idee sal gee van wat beskikbaar is enteen watter koste.

Die bolusse neig nog om duurder te wees, maar diestaafkode-tegnologie raak meer beskostigbaar. Intervet, ‘nspesialis-dieregesondheidsmaatskappy, benut ‘n staaf-kode-plaatjie met ‘n unieke nommer wat gekoppel wordaan ‘n sentrale databasis. Die plaatjie kan gekoop word

24 �

Page 14: SEB-projek SEB-projek

Figuur 2: ‘n Voorbeeld van die staafkode-plaatjie wat met ‘nskandeerder gelees kan word. (Figuur verskaf deur Intervet.)

teen minder as R10 per bees. Die unieke nommer kan ookgekoppel word aan jou persoonlike nommerstelsel. Dieskandeerder vir die plaatjies beloop ongeveer R3 000.Rekenaarkoste is nie in berekening gebring nie.

Hoe werk die stelsels in praktyk? Gestel ‘n groep diere word ‘n sekere enting toegedien:lees die plaatjie met die skandeerder; waarna die rekenaarself die nommer stoor. ‘n Beskrywing van wat gedoen is,word eenmalig ingelees en alle opdaterings vir elke dierword outomaties gedoen. Die stelsel kan gekoppel wordaan ‘n skaal. Die skandeerder lees die oorplaatjie, dieskaal weeg, koppel die gewig aan die nommer en die data-basis is opgedateer. Op dié wyse kan alle bestuursinsettevasgelê word sonder die hantering van papier en pen. Indie nabye toekoms (twee tot ses maande) sal die tegnolo-gie voorsiening maak daarvoor dat jy net met die skan-deerder in die veld kan werk terwyl jou rekenaar by diehuis staan. As jy klaar in die veld is, is die databasis reedsopgedateer! Moenie bekommerd wees dat die skanderingmoeisaam is nie, indien die skandeerder binne 30 cm vandie oorplaatjie kom, is dit voldoende.

Die oproep van akkurate data om te bepaal of die kud-dedoelwitte bereik is, is bloot die druk van ‘n knoppie ver.Die data kan oorgedra word na ‘n sentrale databasis. As ‘nprys vir speenkalwers byvoorbeeld met die voerkraal be-ding word, kan jy met die druk van ‘n knoppie diegeskiedenis van die kalf se gesondheidsbestuur sien enbesluit of hul bereid is om ‘n premie te betaal of nie. Ditgaan selfs verder: die dier behou sy unieke nommer sylewe lank en die verbruiker kan sien waar die kalf grootge-word het en waar hy gevoer, geslag en verwerk is. Vir diestoetbedryf kan ‘n DNA-monster van die dier aan dieunieke nommer gekoppel word om naspeurbaarheid teverseker. Die DNA-monsters word in ‘n sentrale biblioteekgestoor. Hierdie tipe stelsels is ‘n wêreldtendens wat besigis om vastrapplek in Suid-Afrika te kry.

Ter afsluitingMaak seker dat alle beskikbare produksietegnologie eers

ingespan word om die kudde ekologies ten beste te be-stuur voor rekenaartegnologie ingespan word om dievordering te monitor. Doen dus eers die basiese reg.Bekostigbare rekenaartegnologie wat aan internasionalestandaarde ten opsigte van naspeurbaarheid voldoen, isbeskikbaar in Suid-Afrika. Indien jy die besluit neem om opdie tegnologie-wa te klim met die oog op ekonomiese vol-houbaarheid vir jou kudde, maak laastens seker dat daarprodukondersteuning met ‘n naverkoopdiens is waarop jykan staatmaak, nou en in die toekoms.

Dankie aan dr Sunelle Strydom en Albert van Rhyn vanIntervet dieregesondheid vir hul insette/hulp.

Eienskappe en voordele van die Intervet staafkode-plaatjies en sagteware:• Identifikasie deur middel van ‘n unieke nommer per

dier wat bestaan uit “machine readable” (MR) en“human readable” (HR) komponente.

Verwysings:http://www.beefpro.net/http://beef-mag.com/http://www.gmptags.co.za/

Johan Mouton is ‘n senior vee- en weidingkundige by SenwesLandboudienste. Kontak hom by (056) 212-4241.

Laat tegnologie in jou veeboerdery wérk

Figuur 1: Moderne melkkoei-tegnologie.

23 �

24 Senwester, Februarie 2007

Page 15: SEB-projek SEB-projek

fokus op presisieboerdery

25Senwester, Februarie 2007

Die druk op die winsgewend-heid van graanproduksie is viralmal in die graanbedryf ‘n grootbekommernis. Slegs wanneerdaar winsgewend geboer kanword, sonder agteruitgang vandie hulpbronne, kan dit vol-houbaar wees.

InsetkosteDie prys van insette het dit kri-ties belangrik gemaak om dieeffektiwiteit van insette te ver-hoog. Die vraag kan daaromgevra word:• Hoekom dien ons kalk op ‘n

deel van ‘n land toe waar ditnie nodig is nie?

• Hoekom ‘n gemiddelde stik-stof (N) toediening per landvan byvoorbeeld 70 kg N/ha gee,waar toediening van 50 kg - 120 kgN/ha vir maksimum wins op die-selfde land kan wissel?

• Hoekom moet laer potensiaalgronde se grondvrugbaarheid net sohoog opgebou word as hoër poten-siaal gronde?

Om bogenoemde vrae te beantwoordis betroubare inligting nodig. Omni-Presies™, die presisieboerdery-beenvan Omnia Nutrilogie®, maak dusdoodseker dat die inligting wat inge-samel word, die beste is.

VoorwaardesVan die voorwaardes wat akkurate enbetroubare inligting waarborg, isonder andere:• Wanneer fisiese en chemiese grond-

data ingesamel word, word ‘n eenhektaar ruitpatroon ("grid") verkies.Daar is onlangs by ‘n InternasionalePresisieboerdery-kongres in Amerika(VSA), beklemtoon dat ‘n een hek-taar ruitpatroon chemiese data diebeste met opbrengsdata vergelyk.

• Maak seker dat die individu ofinstansie wat die aanbevelingsmaak, bewys kan lewer van hul

kundigheid en suksesse.• Moet nie die boerdery as geheel in

net een jaar na presisieboerderyprobeer omskakel nie. Begin daarwaar die grootste rendement uit dieinligting verdien kan word en boudan voort op die resultate enondervinding.

KundigheidDie swakste skakel in presisie-boerdery is nie toerusting nie, maarkundigheid. OmniPresies™ beskikoor ‘n span kundiges wat jaarliks uit-gebrei word om aan die toenemendevraag na presisieboerdery te voldoen.Omnia Nutrilogie® se landboukundi-ges word ook jaarliks rondom pre-sisieboerdery opgeskerp.

Presisieboerdery-inligting regoorSuid-Afrika asook Zambië, Zimbabwe,Malawi en Mosambiek stel Omni-Presies™ in staat om hierdie uitgebrei-de kennis en ondervinding tot voor-deel van die produsent aan te wend.

WaardeOmniPresies™ se geografiese inlig-tingspesialiste skep waarde en van dielesse wat geleer is, is:• Lae en hoë-gewaspotensiaal

gronde reageer verskillendwaar gronde se chemiesebalanse variërend reggestelis. Dit kan selfs gebeur datlae potensiaal gronde beterop die regstellings reageer.

• Die oorgrote meerderheidvan die oppervlak waar fosfor(P) laag ontleed is, was bydie hoë gewaspotensiaalgronde. Die implikasie hier-van is skrikwekkend, aange-sien dit beteken dat die bestegronde nie optimaal kan pro-duseer nie. Winsgewend-heid kan drasties verhoogword indien hierdie hoëpotensiaal gronde optimaalkan produseer.

• Die beste grondtipe vir elkegewas verskil tussen streke. Wat diebeste grondtipe vir mielies in eengebied is, is dalk nie die beste in ‘nander nie. Dan is daar ook verskilletussen gewasse oor gebiede.OmniPresies™ beskik oor die kennisom dit tot voordeel van die pro-dusent aan te wend.

• Die afname in mielie-opbrengs waarkalsiumvlakke nie voldoende wasnie, was gemiddeld 690 kgmielies/ha gewees. Inligting uit dieGIS-databasis dui daarop dat tussen‘n derde tot die helfte van die aange-plante mielie-oppervlak kalsium-tekorte kan ervaar. Met ‘n mielieprysvan R1 200 per ton beteken dit ‘nverlies van R828/ha.

VerbintenisOmniPresies™ is reeds vyf jaar in pre-sisieboerdery betrokke. Dit is elkeenin die span se passie om ‘n produsentse winsgewendheid met die beskik-bare tegnologie, inligting en kennis teverbeter. Skakel gerus die naasteOmnia Nutrilogie™ landboukundigeom in hierdie welvaart te deel.

Cobus Burger is die bestuurder van Omni-Presies™ van Omnia Nutrilogie®.

OmniPresies™ – die winsgewende, volhoubare alternatief

Hoër winsgewendheid, laer risiko en moontlik laer insetkoste, is die resultaat van pre-sisieboerdery-tegnologie soos wat dit deur OmniPresies™ geïmplementeer word.

OmniPresies™ se Presisieboerdery-span voor ‘n mega-niese grondboor. Links agter is Louis Strydom (grondklas),Neels Benadie (toerusting) , Mariska Combrink (GIS) , AdriMeistre (GIS) en Jannie Putter (grondklas). Links voor isCobus Burger (bestuurder), Marine Pienaar (GIS),Charmaine Wilson (GIS) en Deon van Zyl (grondklas). Nieop foto: Adriaan Dreyer (grondklas).

Promosie-artikel: OmniPresies

Page 16: SEB-projek SEB-projek

26 Senwester, Februarie 2007

fokus op presisieboerdery

Produsente wat reeds in die toerustingbelê het, ervaar die voordele van dietoerusting en die positiewe resultaatbinne hul boerdery. Dit is ongelukkigwaar dat van die pionier-produsentewat eerste in die tegnologie belê het, insommige gevalle ook duur betaal het,veral weens verkeerde produkkeuseen swak ondersteunende diens.Danksy die produsente wat reeds dieafgelope jare van die toerustingaangekoop het, is meer inligting aan-gaande die toerusting beskikbaar enkan veiliger keuses gemaak word.

Dit is tyd dat die produsent diebeskikbare landbou-elektronika in-span ten einde sy besigheid se:• insetkoste te snoei,• produksie te verhoog,• produk-kwaliteit te verseker,• bestuurseffektiwiteit te verbeter en• netto resultaat te verbeter.

Terugvoer uit die veld:• Verhoogde bestuursvermoë.• Uitmerkkoste verdwyn.• Besparing op diesel, arbeid en

werktuie.• Marge bo bemestingskoste ver-

hoog met meer as 20% (UVS –Zeilinga in 2004).

• Besparing op kalk beloop 20% tot50% (UVS – Zeilinga in 2004).

• Verbeterde graankwaliteit.• Oorbespuiting van onkruid- en

plaagdoders word gehalveer.• Verhoogde opbrengste per mm

beskikbare vog van 20% tot 50%.• Verhoogde netto inkomste per mm

beskikbare vog van meer as 50%.

KEE Technologies (’n TOPCONmaatskappy) fokus reeds die afgelope24 jaar op hoë kwaliteit landbouelek-tronika wat die produsent ondersteunin die bestuur van die produksiepro-ses vir optimale gewasproduksie. Dieverspreiders van KEE Technologies seprodukte word streng gekeur opgrond van hul nasorgdiens aan die

gebruiker. Alle verspreiders worddeurentyd opgelei en het plaaslikeondersteuning, sowel as direkte toe-gang tot spesialis ondersteuningsper-soneel van KEE Technologies inAustralië.

Die produkte van KEE Techno-logies is van top kwaliteit. Die ZYNXbeheerstelsel is ‘n toonaangewende,multifunksionele, Windows-gebaseer-de beheerstelsel met ‘n kleur “touchscreen”. Die ZYNX is beskikbaar intwee modelle, naamlik die X20 met sygroot skerm en kragtige prosesseringen die meer ekonomiese X15. DieZYNX-beheerstelsel is gebruikersvrien-delik en maklik opgradeerbaar. ‘nGroot verskeidenheid funksies eninligting is gelyktydig moontlik en sig-baar, asook die posisie van die werk-tuig op die land. Die ZYNX bied aan dieprodusent ’n verskeidenheid funksies:• Navigasie met die ZYNX bied die

gebruiker ‘n 3D-rigtingaanwyser watver vooruit kyk ten einde pro-aktiefregstellend te navigeer. Die naviga-siestelsel van die ZYNX stel die ge-bruiker in staat om gelyktydigParallel, Kontoer en Om-&-Om tenavigeer. Op die skerm word diereeds bewerkte oppervlakte inge-kleur terwyl lesings soos oppervlak-te, spoed en die werktuig se geogra-fiese posisie deurentyd aangetoonword.

• Outomatiese stuurstelsel (Pro-Steer) vir navigasie met die ZYNX.ProSteer kan alle navigasie-metodes hanteer en vir die meestewerktuie met hidroulies onder-steunde stuurmeganismes.

• Strooierbeheer met die ZYNX isoor en oor die belegging werd.Beide bandspoed en spinnerspoedkan beheer word en enige strooierkan maklik omgeskakel word.

• Spuit- en Outomatiese seksiebe-heer (ASC) maak die ZYNX ‘neerste keuse onder vervaardigers eneienaars van spuite. Beheer tot 30

seksies en twee spuitlyne ou-tomaties. Met ASC verseker diegebruiker dat areas wat reeds be-spuit is, nie weer bespuit word nie.

• Saad- en Kunsmisbeheer met dieZYNX is aanpasbaar tot bestaandesaaikaste, toedieners, planters,voor- en topbemesstelle asook NH3-gastoestelle. Tot vyf produkte wordgelyktydig en onafhanklik beheer.

• Veranderlike Toediening (VRA)met die ZYNX kan intyds tot vyf pro-dukte gelyktydig, onafhanklik,veranderlik en volgens voorskriftoedien. Die VRA kan droë envloeibare kunsmis, NH3-gas, saaden spuitstowwe wees. Alle toedie-nings word intyds vasgelê, gestooren is op die skerm in kleur sigbaar.

Die multifunksionaliteit van die ZYNX isbyna onbeperk en die verskuif-baarheid van die ZYNX bied diegebruiker die geleentheid om dieZYNX maklik tussen sy strooier, spuit,planter, bemestingstel, ensovoorts tegebruik.

KEE Technologies en Topcon sedoelwit is om markleiers te wees inboerdery-elektronika en GPS tegnolo-gie en dit te bly, ten einde die pro-dusent te ondersteun in die verbete-ring van sy eindresultaat. Kyk maar uitvir die nuwe funksies wat deurentydtot die ZYNX gevoeg word, soos ou-tomatiese spuitbalk hoogtebeheer(Maart 2007) en die monitering vanKEE toerusting in die veld vanuit joukantoor.

Kontakte:Etienne Nel (Senwes) Vrystaat en Noordwes: 083 298 1553.Mario Wolvaardt (Suidwes Landbou) Vrystaat enNoordwes: 082 800 2208.Kas van der Merwe (LantekSA) Limpopo,Mpumalanga en Natal: 082 374 4760.Emile Renke (ITE) Wes-Kaap: 082 441 7255.Pietman van Rensburg (TechniFarm) Wes-Kaap:082 491 4400. Christo Helm (KEE Technologies Africa): 083 233 5497.

Dit is tyd...Boerdery het die afgelope vyf jaar groot tegnologiese veranderinge beleef, veral opelektroniese vlak. Elektroniese toerusting wat die produsent die vermoë gee om pro-sesse te beheer, is eers in die afgelope vyf jaar beskikbaar gestel. Hierdie veran-deringe is nog maar net die begin van tegnologiese vordering in die boerdery en daarkan verwag word dat die toerusting ’n onontbeerlike hulpmiddel sal wees vir effek-tiewe en volhoubare boerdery.

Promosie-artikel: KEE Technologies